DIE STAATKUNDIGE ONTWIKKELING VAN DIE SUIDAFRIKAANSE REPUBLIEK ONDER KRÜGER EN LEYDS TRANSVAAL 1844-1899 DEUR PHILIP R. BOTHA m SWETS & ZEITLINGER AMSTERDAM, KEIZERSGRACHT 471 1925 DIE STAATKUNDIGE ONTWIKKELING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE REPUBLIEK ONDER KRÜGER EN LEYDS. TRANSVAAL 1844—1899. DIE STAATKUNDIGE ONTWIKKELING VAN DIE SUID=AFRIKAANSE REPUBLIEK ONDER KRÜGER EN LEYDS. TRANSVAAL 1844-1899. AKADEMIESE PROEFSKRIF VIR VERKRYGING VAN DIE GRAAD VAN DOKTOR IN DIE REGSGELEERDHEID AAN DIE UNIWERSITEIT VAN AMSTERDAM OP GESAG VAN DIE REKTORMAGNIEFIKUS, Dr. P. RUITINGA, HOOGLERAAR IN DIE FAKULTEIT VAN DIE GENEESKUNDE, IN DIE OPENBAAR TE VERDEDIG IN DIE AULA VAN DIE UNIWERSITEIT OP DONDERDAG 10 DESEMBER 1925, OM HALF VIER UUR NAMIDDAG. DEUR PHILIP RUDOLPH BOTHA, GEBORE OP STETTYN, WORCESTER, SUID-AFRIKA. SWETS & ZEITLINGER AMSTERDAM, KEIZERSGRACHT 471 1925 In liefde en diepe erkentiikheid vir aanmoediging, steun en vertroue word hierdie boek opgedra aan SUSSIE MARIA en BOETIE JAN en ELLA. Aan U, Hooggeleerde Kleintjes, hooggeagte Promotor, is ek in die eerste plaas innige dank verskuldig vir die geesdrif, waarmee U dadelik instemming betuig het met die keuse van my onderwerp; vir die raad en leiding wat U my verskaf het in die bewerking van die stof; vir die nougesetheid en geduld, waarmee U die verskillende gedeeltes van my handskrif deurgelees en u opmerkings vir verbetering daaromtrent gemaak het; en vir die medegevoel en die bewys van vertroue, waar U my volkome vrygelaat het wat my werkwyse en die uitspreek van my eie menings betref. Die invloed wat U hiermee en deur middel van u lesse op my wetenskaplike vorming uitgeoefen het, sal my nog lank as 'n goeie gees gelei. U, Hooggeleerde van Embden, Kranenburg, Scholten, Hijmans en Nolens, U almal verseker ek by hierdie voltooiing van my akademiese studies van my opregte dank vir die eerbied en liefde vir die wetenskap wat U my ingeboesem het met u oortuigende voorlesings en weioorwoë uitsprake. Deeglike inwyding in die ingewikkelde beginsels van die Staathuishoudkunde en die Regswetenskap het U ook buite die klaskamers deur bemoedigende belangstelling en vriendelike aansporing by my bevorder. U het deur verryking van my verstand en gees my beter in staat gestel om my land en volk, wat U almal bewys het 'n warme hart toe te dra, van diens en nut te wees. Ook U, Hooggeleerde Cillié, Notcutt, Viljoen, Gie, Joubert en Malherbe mag ek in my dankbetuiging vir geestelike ontwikkeling nie verbygaan nie. Nog steeds is u besieling 'n hg op my pad. Aan sy HoogEdelGestrenge Dr. W. J. Leyds het ek die ontstaan, groei en gelukkige voltooiing van my proefskrif in die hoogste mate te danke. Hy het vir homself geen moeite, arbeid of tyd ontsien om my werk te doen slaag nie. Hy het steeds nuwe stof uit sy ryke argiewe opgediep en die handskrif noukeurig nagesien om dié aan die feite te toets. En die dae, waarop ek die heerlike gasvryheid van Dr. en Mevrou Leyds geniet het, sal steeds die eerste plek inneem onder die vele gelukkige herinnerings van my ruim sesjarige verblyf in Nederland. Innig waardeer ek ook die leersame gesprekke wat ek kon hê met Prof. Dr. S. R. Steinmetz, Prof. J. de Louter en Dr. J. B. Manger. Die boeke wat hulle my genoem en geleen het het veel bygedra tot die verbetering van my werk. In my eksamenstudie het ek onskatbare hulp ontvang van Dr. A. J. Hofman en my vriend Mr. E. A. Hofman. Nooit sal ek vergeet wat hulle vir my beteken het nie. Dit was my 'n groot voorreg om in die eerste jare van my verblyf hier deel uit te maak van die opstelraad van „De Toorts". In die weeklikse vergaderings van hierdie raad in Utrecht en in die hoofbestuur van die Dietse Bond het ek geleer werklik Groot-Nederlands voel en dink. Dank in hierdie opsig kom ook toe aan die Algemeen Nederlands Verbond vir die geleentheid om die vergaderings van die hoofbestuur by te woon. Ek kan onmoontlik al die vriende by name noem wat aan my vrou en my gasvryheid en hulp betoon het Ek sou egter in my plig tekortskiet, as ek nalaat om my innige waardering uit te spreek vir die wyse, waarop Prof. H. Burger en Mevrou Burger so gereeld alle Afrikaners in hulle huis onthaal het Aan hulle, aan die heer J. Ed. Karsen, en aan al die vele ander opregte Afrikanervriende betuig ek my hartlike dank vir wat hulle gedaan het om ons verblyf hier te veraangenaam. Die geleentheid om na 'n onderbreking van vyf jaar my akademiese studies te hervat en vir dié doel na Amsterdam toe te kom, is my in die eerste en vernaamste plaas verskaf deur my swaer en my suster, die heer en mevrou J. P. M. Stofberg, aan wie. naas my vrou, hierdie boek in diepe erkentlikheid opgedra is. Wat hulle vir my gedaan het. sal ek my lewe lank innig bly waardeer. Vergoed kan ek hulle dit nooit nie. Op baie hoë prys stel ek ook die hulp wat my verleen is deur my Boeta Theunis. deur die HelpmekaarVereniging van die Kaapprovinsie en deur die „Studiefonds voor Zuid-Afrikaansche Studenten" in Nederland. Aan my vriend F. C. L. Bosman kom veel dank toe vir die opoffering en toewyding. waarmee hy my die proewe help lees het. Hulpvaardigheid my betoon in die verskillende boekerye en deur die Nederlandsche Bank voor Zuid-Afrika en die Nederlandsen Zuid-Afrikaansche Vereeniging by gebruikmaking van hulle argiewe. het my werk bevorder en ten goede gekom. Ek stel dit op prys en verseker die betrokke persone van my beste dank. EERSTE BOEK. ONTSTAAN EN STAATSREGTELIKE ONTWIKKELING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE REPUBLIEK. HOOFSTUK I. ONTSTAAN EN ERKENNING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE REPUBLIEK. In 1842 was die Engelse so ver gevorder met die bestryding van die klompie Boeretrekkers in Natal. dat die land vergoed deur Britse troepe kon beset word. In 1843 is daardie landstreek ook na die vorm deur sy Engelse voog aangeneem. Die Boere wat geen genoeë geneem het met die opgedronge beskerming nie. het weer moet trek en het huileself metterwoon gevestig noord van die Vaalrivier en iets ten suide daarvan in die omtrek van Bloemfontein. Dat hulle Engeland se belangstelling hiermee nie ontglip het nie, blyk uit die feit, dat hulle agtervolg is met 'n proklamasie wat gegrond was op die Britse leer van 'n onveranderlike en onafskudbare onderdaanskap.*) Op die raad en aandrang van die Londense sendeling dr. Philip het die goewerneur van die Kaapkolonie, Sir George Napier, die land ten noorde van die Kolonie in inboorhngkoninkryke verdeel en traktate van bondgenootskap gesluit om hierdie kunsmatige staatjies teen die Boere te beskerm. Die koloniale beheer het daarby onderneem om die inboorlinge van geld en wapens te voorsien. (Leyds: Eerste 91?. P™Uama&te van Sir P. Maitland van 21 Augustus 1845 het uitdruklik die regte van die Kroon voorbehou om diegene wat tot J!^oiT^ataLgetre,k het' no? 8teeds 38 »y onderdanl te beskou, *T3 nh; Birdfvol. ü, b^f' rege'lng ^ ** " ^ 2 Slag van Boomplaas. Ann. bl. 75). Of daardeur op die regte van andere — Kafferstamme en Boeregemeenskap — inbreuk gemaak is, was blykbaar nie 'n ondersoek werd nie. Hoewel die meeste van die Grikwas onder die Britse vlag gebore^ is. is hulle as onaf hanklike nasie erken en was dit hulle as bondgenote van Engeland verseker, dat dit aan vuurwapens nie sou ontbreek nie. Die leer van onontkombare onderdaanskap is op hierdie halwe barbare nie van toepassing verklaar nie. In 1847 het Sir Harry Smith goewerneur van die Kaapkolonie en Hoë Kommissaris van Suid-Afrika geword en op 3 Februarie 1848 vaardig hy 'n proklamasie uit. waarby al die land noord van die Oranjerivier tot aan die Vaal en oostelik tot aan die Drakensberge aan Engelse gebied geheg word en 'n nuwe regeringsvorm kry as Oranjerivier-Soewereiniteit. Teen hierdie inpalming van hulle eiendom het die Boere sterk verset aangeteken, maar tevergeefs. Om hulle besware krag by te sit. was hulle verplig om in Mei van dieselfde jaar Andries Pretorius. die held van Bloedrivier en onvermoeide stryder teen Britse oormag. te versoek om hulle te hulp te kom „in die handhawing van hulle reg op onaf hanklikheid". (Leyds: Eerste Ann. bl. 80-82). Pretorius het nie lang op hom laat wag nie. Die 17de Julie neem hy Bloemfontein in en laat die Engelse amptenare oor die grens sit. Sir Harry Smith was onmiddellik klaar vir die stryd en begin met 'n beloning van £ 1000 uit te loof „vir die aanhouding van die verraderlike rebel Pretorius". Op 29 Augustus 1848 kom dit tot 'n hewige geveg by Boomplaas. waar die Boere verslaan word deur Engelse. Hottentotte en Grikwas. Hierna verhuis die mees besliste teenstanders van Engelse gesag ha die Transvaal. Die prys vir die aanhouding van Pretorius word verhoog tot £ 2000 en die beloning vir die Pretorius onderhandel. 3 verset van die Boere was die afkondiging van dienspüg vir alle weerbare manne in die gebied van die Soevereiniteit. Nou kry die Engelse sonde met Moshesh, die geslepe hoofman van die Basoetoes. Dit kom selfs tot 'n treffe op Viervoet, waarby die Engelse troepe en hulle bondgenote die onderspit delwe. Deur allerlei onoordeelkundige beskenningsmaatreëls neem die gesag van die Soewereiniteitsbestuur snel af. Verwarring is die onmiddellike gevolg. Die wanorde en die regeringsloosheid word so erg, dat die republikeinse party weer 'n smeekbede na Pretorius stuur om die amp van Administrateur-Generaal op hom te kom neem en die orde te herstel. Hoewel daar nog altyd op sy hoof die prys *) van £ 2000 rus, skrywe hy aan die Britse Resident in Bloemfontein op 9 September 1851, dat hy met die oog op die rus vers torings in die Soewereiniteit die opdrag ontvang het om oor te kom en onmiddellik aan die werk te gaan met die herstel van die orde. Hy meld verder, dat dit die wens was van die Transvaalse Boere om tot 'n goeie verstandhouding met die Britse owerheid te geraak en dat hy na sy aankoms in die Soewereiniteit oor hierdie punt onderhandelings sou wil aanknoop. Op 4 Oktober skrywe hy weer aan majoor WarderwGe Britse Resident in Bloemfontein, dat die Boere reeds geruime tyd verlangend is om in staat te wees om 'n duursame verdrag van vrede tussen huileself en die Britse regering te sluit. (Leyds: Eerste Ann., bl. 90). In die Kaapkolonie het Sir Harry Smith ook met groot moeilikhede tekampe gekry. Ernstige en aanhoudende plunderings is op die oostelike grense deur die Kaffers bedrywe wat die Kolonie binnegedring het en selfs die Kaffer- en ') Vlak voor die sluit van die Sandrlviertraktaat is hierdie prvs yeryalle verklaar by proklamasie van^ir H»ny Smith van 3 November 1851. — (Stuart, bl 234; Blouboek No. 1646 vaa 1853, bl 26) 4 Verdrag van Sandrivier. Hottentotpoliesie laat oproerig word het. Die Goewerneur was nie by magte om die orde wat deur sy politieke optree verstoor was, te herstel nie. (Leyds: Eerste Ann.. bl. 91). Ook in Engeland het Sir Harry se imperialistiese strewe verset en afkeuring uitgelok en twee onder-kommissarisse, C. M. Owen en majoor W. S. Hogge. is deur Graaf Grey aangestel om die verantwoordelikheid in Suid-Afrika met Sir Harry Smith te deel. dSfta'n persoonlike ondersoek van die stand van sake in en om die Oranjerivier-Soewereinitdt het die twee onderkommissarisse verslag gedoen van hulle bevindings en n leidraad vir toekomstige politiek aangegee. Die gevolg van. hulle optree was, dat hulle vir Pretorius en n aantal vo gelinge op 16 Januarie 1852 ontmoet op Sandrivier, die plaas van die heer P. A. Venter, ongeveer halfweg tussen die Vaalrivier en Bloemfontein. Die dag daarna, Saterdag 17 Januarie. was die onderhandelings afgeloop en is tussen Groot-Brittanje en die Suid-Afrikaanse RepubÜek 'n verdrag geteken. Die aanvang van hierdie verdrag was in die volgende ondubbelsinnige bewoording: „Art 1. Harer Majesteits Adsistent-Kommissanssen waarborgen in den volsten zin, namens het Britsche ".Gouvernement, aan de Emigranten-Boeren over de Vaal-rivier het recht om hunne eigene zaken te belstaren, en hun eigen Regeering te hebben, volgens hunne "eigene wetten1), zonder eenige bemoeienis van den kant "van Harer Majesteits Gouvernement; en dat het grondgebied ten noorden van de Vaal-rivier door het Britsche ".Gouvernement niet zal worden overschreden; met de u i„ hïp Rlouboek No. 1646 van 1853 kom die woorde "accordtag sinnetjie. Sien Bylae A. Gehele onafhanklikheid. 5 „verdere verzekering dat het de vurigste wensch is van „het Britsche Gouvernement om vrede, vrijen handel „en vriendelijke verstandhouding te bevorderen met de „Emigranten-Boeren nu wonende of die later zullen „wonen in die landstreek, met dien verstande, dat dit „stelsel, om elkander niet te bemoeilijken, verbindend is „voor beide partijen." ~ (Gbk. van 1884, bl. 1). Hierdie verdrag, bekend as die Sandrivier-Konvensie, is deur die Ryksregeerders beskou as 'n verdrag tussen onafhanklike moondhede. Dit blyk nie alleen uit die duidelike en ondubbelsinnige bewoording van Art. 1 nie, maar ook is dit anderhalwejaar later uitdruklik as sulks erken. By die voorbereidende maatreëls vir die toelating van die Oranje-Vrystaat tot die ry van vrye volke, het die Hertog van Newcastle as Britse Sekretaris van Staat vir Kolonies op 14 November 1853 aan Sir George Clerk gelas, dat die grondslae van die voorgestelde konvensie met die Oranje-Vrystaat sou wees „in die vorm van artiekels, waaraan die regering van Haar Majesteit sorgvuldig die bindende krag sou gee, vir so ver nodig, van 'n verdrag tussen onafhanklike moondhede. Die artiekels ooreengekom met die Transvaalse Boere skyn my 'n gereedliggende voorbeeld vir'n dusdanige konvensie, — (Blouboek No. 1758 van 1854. bl. 88). Ook in die mededeling van onder-KommissarisW. S. Hogge aan goewerneur Cathcart op 16 April 1852 het dit al gelui: nun toe te staan zoodanig onafhankelijk1) m2 ES dIï ïe du'deIik becogde doel van die Britse regering was. blyk ook uit die volgende briefwisseling. Lieut.-Generaal B. C Pine ™« ata' skrvw.e op 27 Mei 1852 aan S?r George Cathcart: «Anotner f-°1?5U+lnCe whlc.h' in the °Plnion of tne boers, flows from this treaty &«™Jh!l are 3bso,v«d from all aUegiance to Her Majesty. I do not C^nZ^ heT th's/«»ult was contemplated by HerMajesty's Assistant Commissioners, but I cannot help regarding ft as one scarcely to be 6 Betekenis van „Konvensie" Gouvernement daar te stellen als hun over de Vaalrivier het best zou voorkomen". - (Stuart, bl. 238; Blouboek No. 1646 van 1853, bl. 36). Die gebruik van die woord „konvensie" in plaas van „verdrag" het meermale as beweegrede gedien vir die bewering, dat die twee partye wat dit aangegaan het, nie op geiyke voet gestaan het nie, m.a.w. dat die Boere in hierdie ooreenkoms nie behandel is as 'n onafhanklike volk nie. Maar die Britse gesaghebbers het die twee uitdrukkings deurmekaar gebruik. In 1894 is hiervan nog *n bevestiging gelewer deur die Britse Onder-Sekretaris vir Kolonies, Sydney Buxton. Hy maak in die Parlement die opmerking: „Wanneer ons 'n verdrag met die Suid-Afrikaanse Republiek aangaan, dan noem ons dit 'n konvensie". Daarop stel iemand hom die vraag: „Maar is dit nou n verdrag of is dit nie? My antwoord: „Dan wil ek sê, dat dit 'n verdrag is". (Leyds: Eerste Ann., bl. 96; Hansard. Vol. XXVI, p. 685). Hierdie uitleg van die woord „konvensie" is gegee, nadat Lord Derby in 1883. maar voordat Chamberlain in 1896, die Sandrivier-verdrag aangedui het as niks anders nie dan desired and, I have reason to believe, ït was a concession uot exoected by he Boers...». Goewerneur Cathcart antwoord op 2 juhe 1852 "In answer, i have to state that my view of the case is, that shouid this treaty be approved and confirmed, the appointed boundary nf the Vaal Wver and Drakensberg witl become the limit of the territories over which Her Majesty at present reserves a sovere.gn S^i ln South Africa ....that as Her Majesty cannot be supposed S^faSS or conventions with Her «wn «ubjects^his negotiation if it be duly ratified, implies that Her Majesty is Iracfouslv oleased to grant and recognise the indepenSéacc° of the Trans vlal boers, settled beyond the llmjts of Sir Sovwignty». -(Blouboek No. 1646 van 1853, bl. 66 en 67. bie goedkeuflngvandie verdrag deur die Britsejegenng was tydens hiprdie briefwisseling net onder weg en Sir John Pakington het sy ÏÏedÏÏdtaï&m^iit geeindig : «fhave therefore tc,s.gn.fy to yon my approval of the convention with emigrante and of your Proctomation giving effect to it». - (Blouboek No. 1646 van 1853, bl. H5.) Onafhanklikheid erken. 7 'n blote „deklarasie" van Haar Majesteit teenoor haar onderdane. Kort na die sluiting van die Sandrivier-verdrag is Sir Harry Smith in sy amp as Hoë Kommissaris en Goewerneur vervang deur Generaal George Cathcart wat op 15 April 1852 as een van sy eerste bestuursdade 'n proklamasie uitgevaardig het om volle goedkeuring en bekragtiging aan die konvensie te verleen. (Stuart, bl. 237; Blouboek No. 1646 van 1853, bl. 37, 59 en 115). „De angstvallige wijze, waarop sommige Engelsche auteurs, die voorgeven geschiedenis te schrijven", sê Dr. Leyds, „vermijden eenige melding te maken van deze Conventie,1) toont duidelijk, dat zij het gewicht der feiten wel inzien, doch niet durven erkennen. Hun stilzwijgen is welsprekend... Het kan niet te dikwijls herhaald worden, — al ware het slechts om dit doodzwijgen van het feit, — dat in 1852 de algeheele onafhankelijkheid der Transvaalsche Boeren, en daarna die der Zuid-Afrikaansche Republiek door hen gesticht, werd erkend, niet alleen door Groot-Brittanje, maar ook door de andere voornaamste staten der wereld". (Leyds: Eerste Annex., bl. 98). ) Die waarheid hiervan word gestaaf deur die handelwyse van T. Baty wat in sy boek: „International Law in South Africa" nalaat om van die Sandrivier-verdrag melding te maak, hoewel hy 'n vergelykende opsomming gee van die konvensies in 1881 en 1884 tussen Engeland en die Transvaal en van die konvensie in 1854 tussen Engeland en die Oranje-Vrystaat aangegaan. HOOFSTUK II. EERSTE GRONDWETSREËLINQS. Die Sandrivier-verdrag het nie die stigting van die SuidAfrikaanse Republiek behels nie, maar was slegs die erkenning van dié staat na die vorm. Die bestaan van die Suid-Afrikaanse Republiek was reeds vóór die tyd al n feit. Dit was weliswaar nog geen internasionale regspersoon nie» want om dit te word en om in die ry van volke as lid van die internasionale regsgemeenskap op te tree, is erkenning nodig, stilswyend of uitdruklik. Engeland was daarop aangewese om die eerste te wees om die erkenning te doen, want hy was die enigste moondheid, behalwe Portugal, met wie die Republiek in aanraking gekom en, so te sê, daagliks verkeer gehad het. As 'n pasgebore staat nie deur ander state stilswyend erken word, deurdat hulle met hom in amptelike verkeer tree nie, kan hy om erkenning versoek. (Oppenheim I, bl. 134). Dit is 't wat Pretorius gedoen het in sy briewe van 9 September en 4 Oktober 1851 aan die Britse Resident in Bloemfontein. Aan hierdie versoek het Engeland voldoen met die aangaan van die Sandrivier-verdrag in Januarie 1852, wat dan eintlik ook nog meer was dan n blote uitdruklike erkenning, soos blyk uit die eerste artiekel. Drie jaar vroeër al, 23 Mei 1849, was die Suid-Afrikaanse Republiek as staat behoorlik ingerig met die goedkeuring van die „Drie-en-Dertig Artikelen, Zijnde Algemeene Bepalingen en Wetten voor de Teregtzittingen". Hierdie artiekels van staatsinrigting is reeds op 9 April 1844 in Potchefstroom opgestel en maak die ordening uit van 'n baie eenvoudige. Vlag en Wapen. 9 maar tog behoorlik ingerigte samelewing. Artiekels 2 en 4 spreek van die President, art. 6 van die Burgerraad, en art. 20 bepaal: „Alle jaren zal eene nieuwe electie plaats hebben, ten einde leden van den Volksraad te kiezen, en alle kieslijsten verzegeld en verzonden worden". Verder word melding gemaak van „Teregtzittingen", „Regtbank", „Regters", „Landdrost", „Commissarissen van Landerijen", ens. Art. 8 gee die rang aan van die aanvoerders van „de gewapende magt dezer maatschappij". In art. 9 word selfs die woorde „deze Republiek" gebruik. Hoe eenvoudig ook al ingerig, was in die Republiek voorsiening gemaak vir bestuur, wetgewing en regspraak. Om in onvoorsiene gevalle nie te kort te kom nie, het art. 31 bepaal: „In alle gevallen, waarin deze wetten tekort mogten komen, zal de Hollandsche wet tot basis strekken, doch op eene gematigde stijlvorm en overeenkomstig van het costuum van Zuid-Afrika en tot nut en welvaart van de maatschappij". By Volksraadsbesluit van 19 September 1853, art 39, is die naam van die jong staat vasgestel as „de Zuid-Afrikaansche Republiek". Twee maande later (21 Nov. 1853, art. 115) is deur n nuwe Volksraadsbesluit bygevoeg die woorde: „benoorden de Vaalrivier". Maar hierdie laasgenoemde besluit is nooit nagekom nie en die kortere naam alleen het in gebruik gebly. Die Grondwet van 1858 gee in art. 1 die naam van die staat ook net eenvoudig aan as „Zuid-Afrikaansche Republiek". Vyf jaar later en wel op dieselfde dag dat die Grondwet onder die bestuur van President M. W. Pretorius aangeneem is, is die vlag en die wapen van die Republiek vasgestel. Ook hierdie twee besluite is nie opgevolg nie, ten minste nie volledig nie. Die vlag word aangegee as volg: „te bestaan uit de volgende kleuren, rood, wit en blauw, horizontaal 10 Grondwet van 1858. even breed boven elkander gesteld, en groen perpendiculair langs den stok". Tot sover is die voorskrif geëerbiedig, maar nie wat die verdere bepaling betref nie: „daarop zullen de woorden geplaatst worden: Eendracht maakt Macht". Hierdie leuse is van die vlag af na die wapen toe verseil. Die wapen word aangegee as: „op een zilveren veld zal een wagen en een gouden anker staan en op dat wapen een arend rusten, op de rechterzijde van dat wapen een man, in 's lands klederdracht, gewapend met een geweer en toebehoren: aan de linkerzijde een leeuw". Die amptèlike wapen deur die Republiek gebesig en selfs op die munt geslaan, het mr. S. G. Jorissen nie alleen in stryd met die Volksraadsbesluit geag nie, maar ook heraldiek n fout. Hy het aan die hand gegee, dat man en leeu nie in die skild nie, maar as draers van die skild moes voorkom. (Jorissen: Codex, bl. XII). Op 2 Februarie 1858 is deur die Gekombineerde Krygsraad in Rustenburg besluit op watter wyse die Grondwet sou saamgestel word uit al die bestaande landswette. Volgens Art. 1. van daardie besluit sou n „Comitéraad" gekiesword deur die publiek. Die sittings van die „Comitéraad" is gehou op Rustenburg van die 2e tot die 13e Februarie en die nuwe Grondwet is vasgestel om volgens Art. 10 van die Krygsraadsbesluit dadelik as Landswet in werking te tree. Volgens Art. 11 van die Krygsraadsbesluit was verder vereis, dat die nuwe wette aan die goedkeuring van die Volksraad, benoem by Art. 11 en 12 van die Krygsraadsbesluit, sou voorgelê word. Dit het gebeur en in die sitting van hierdie Volksraad van 16 tot 19 Februarie is by Art. 19 die nuwe wet met eenparige stemme goedgekeur, ooreenkomstig voorskrif van Art. 11 van die Krygsraadsbesluit van 2 Februarie 1858. Hierdie Grondwet is aangeneem onder voorbehoud van die reg van die pubhek om besware in te dien volgens wet. Daarna is deur die Volksraad besluit om die voorstel Grondwet en Volksraad. 11 van die „Comitéraad" Art. 23 aan te neem. luidende: „Is besloten aan den Volksraad, op den 16den dezer, voor te stellen, een algemeene kiezing te openen voor leden van den Volksraad, overeenkomstig de order in de nieuwe wetten gemaakt". Mr. S. G. Jorissen, van wie hierdie feite oorgeneem word uit sy regterlike beslissing in die saak Doms vs. Bok, N. O., (Groenboek No. 1, 1898, bl. 106-111). kom hier tot die gevolgtrekking: „De Grondwet is niet in het leven geroepen door den Volksraad". Daarmee wou hy sê, dat die Volksraad nie bo die Grondwet verhewe was nie en dus geen wette mag maak wat die bepalings van die Grondwet kon wysig nie. Dit staan in verband met die vraag of die Hof die reg het om wette aan die Grondwet te toets, soos in die Verenigde State van Amerika geskied, en of Volksraadsbesluite krag van wet het. Mr. Jorissen het die toetsingsreg van die Hof aangeneem op grond van die feit, dat die Grondwet die Volksraad in die lewe geroep het en nie die Volksraad die Grondwet nie. Afgaande egter op die feite van grondwetsvasstelling wat hy self gee en dieselfde redenering volgende, kan n mens ook tot die teenoorgestelde slotsom kom. Die „Comitéraad" deur die Krygsraad ingestel het die Grondwet gemaak, kan n mens sê, en albei hierdie rade staan dus bo die Grondwet. Hulle werk, die ontworpe Grondwet, moes deur die Volksraad goedgekeur word. Dit kon niks anders beteken nie dan dat die Volksraad bo „Comitéraad" en Krygsraad staan en dus bo die Grondwet. Regter J. G. Kotzé het dit nie so volledig uitgeredeneer en uitgespreek nie, maar hy het dit tog so gevoel by die doen van sy afwysende beslissing oor die toetsingsreg van die Hof in November 1884. (Saak Mc.Corkindale; Groenboek No. 1, 1898, bl. 1-8). Wat die ontstaan van die 12 „Hoogste Gesag". Grondwet betref, het hy net die teenoorgestelde van regter Jorissen beweer: „De Grondwet heeft niet den Volksraad in het leven geroepen, maar wel omgekeerd, de Grondwet is door den Volksraad daargesteld. De Volksraad had reeds jaren lang vóór de Grondwet bestaan. Krachtens een Volksraadsbesluit werd de Grondwet door een Comitéraad opgetrokken en voor den Volksraad, voor zijne goedkeuring, op 2 Februarie 1858 gelegd. Zij werd evenals elke andere wet behandeld, en op den 13den Februarie 1858 keurde de Volksraad de Grondwet goed. In gemelde Grondwet (§§ 12 en 29) wordt verklaard: de Volksraad is het Hoogste Gezag, de Souvereine of Wetgevende Magt des lands. Herhaalde malen is de Grondwet door een Volksraad, evenals eenige andere wet gewijzigd". Of die Volksraad nou al vóór die Grondwet bestaan het of die Grondwet vóór die Volksraad, dit is tog die burgers van dieselfde maatskappy wat èn die Grondwet èn die Volksraad daarstel vir die reëling van hulle samelewing. Die Grondwet het nie uit die hemel geval of is nie soos die twee stene tafels van Moses deur die vinger van God self geskrywe nie. Die Grondwet is mensewerk en daar die mense en hulle maatskappy vir hulleself nie in die toekoms tot in alle ewigheid kan bind nie, omdat hulle nie alle omstandighede, behoeftes en node kan voorsien nie, spreek dit van self, dat n maatskappy vir homself, al is dit stilswyend, die reg voorbehou om die bakens te verset en die reëls tot ordening van die samelewing te wysig, as die belang van die maatskappy dit vereis. Gewoonlik bevat n grondwet 'n bepaling oor die wyse, waarop dit verander kan word en die verhouding van die aantalle stemme van volksverteenwoordiging of gehele bevolking wat vereis word om n wysiging tot stand te bring. Die Grondwet van die Suid-Afrikaanse Republiek het geen sodanige bepaling bevat Afwesigheid van Slawerny. 13 nie en dit is, telkens as dit nodig geblyk het, as n gewone wet gewysig. Dit was die enigste juiste oplossing, want volgens die Grondwet self was die wetgewende mag die hoogste gesag van die land. Dit is nog al merkwaardig, dat regter J. G. Kotzé later sy eie standpunt insake die ontbreek van die toetsingsreg van die Hof verwissel het vir die van regter Jorissen en daardeur n hewige stryd in die Republiek veroorsaak het tussen die uitvoerende en die wetgewende magte aan die een en die regterlike mag aan die ander kant. In n latere hoofstuk kom hierdie belangwekkende saak breedvoerig in behandeling. Die Grondwet van 1858 is geheel in die gees van die Sandrivier-verdrag en Art. 3 sê in ooreenstemming daarmee: „[Deze Staat] wil zich bij de beschaafde wereld als een onafhankelijk en vrij volk erkend en geëerbiedigd zien". Art. 11 kom ooreen met Art. 4 van die Sandrivier-verdrag, dat die volk geen slawehandel of slawerny in die Republiek wou duld nie. Die vermelding van hierdie afkeuring van slawerny in die verdrag van Sandrivier mag hoegenaamd nie opgevat word as n bewys daarvan, dat vóór 1852 slawerny wel onder die Boere in Transvaal in swang was en dat die Engelse dit met hierdie verdrag op n end gemaak het nie. Artt. 28 en 33 van die „Drie-en-Dertig Artikelen" wat reeds in 1844 opgetrek en in 1849 goedgekeur is, bewys duidelik genoeg, dat die Boere geen slawerny, slawehandel of iets wat daarop gelyk het, in die gebiede onder hulle beheer toegelaat het nie. Een van die sogenaamde beweegredes vir die inlywing van Transvaal deur die Engelse in 1877 was, dat daar n end moes gemaak word aan die toestand van slawerny, waarin die inboorlinge verkeer het. Theal (Vol. VI, bl. 152, 153) sê in verband hiermee: „Sedert 1877 werd hieromtrent veel opgehelderd, wat vroeger twijfelachtig was. Op 12 April van dat jaar werd de Zuid-Afrikaansche 14 Wetgewing en Regspraak. Republiek geannexeerd door Engeland, en. toen kort daarna een onderzoek werd ingesteld, kon geen enkele slaaf vrijgelaten worden, omdat er in het geheele land geen een was". Dr. Leyds teken hierby aan: „Om dit aan te toonen, tegenover zekere beschuldigingen uitgebracht door de Anti-Slavery Society (Genootschap tegen de slavernij), zond Sir Wilfred Lawson 15 Februarie 1881 aan de Times een open schrijven, waarin hij een belooning van £ 10.— uitloofde aan een ieder die den editeur voldoende bewijs kon leveren dat er slaven, al was het ook slechts één enkele, na de invoering van Britsch bestuur, waren vrijgelaten. Niemand, zelfs niet de Anti-Slavery Society, nam deze uitdaging aan, om de eenvoudige reden door Theal gemeld: „aan geen enkele slaaf kon de vrijheid geschonken worden, omdat er in 't geheele land geen slaaf te vinden was". (Leyds: Eerste Annexatie, bl. 162.) Origens was die Suid-Afrikaanse Republiek staatsregtelik ingerig volgens die driedeling van Montesquieu wat in alle beskaafde lande gevolg is. Die drie vernaamste staatstake: wetgewing, uitvoering en regspraak is van mekaar geskeie gehou om die misbruik van mag te voorkom. Die wetgewing is deur die volk toevertrou „in handen van eenen Volksraad, het Hoogste Gezag des lands, bestaande uit vertegenwoordigers of lasthebbers des volks, door de stemgeregtigde burgers gekozen, doch alleen voor zoo verre, dat aan het volk drie maanden tijds zal gelaten worden om over eene voorgestelde wet zijn oordeel aan den Volksraad desverkiezende te kunnen inleveren; behalve die wetten, die geen uitstel kunnen lijden". (Art. 12). In Artt. 29-60 word nadere bepalings gemaak omtrent die inrigting, bevoegdhede en pligte van die Volksraad. Die voorstelling en uitvoering van die wette dra die volk op aan 'n Uitvoerende Raad wat tewens die voordrag van alle landsamptenare aan die Volksraad doen. (Art. 13). President en Uitvoerende Raad. 15 Vir die handhawing van die orde is daar n krygsmag. (Art. 14). Die regterlike mag stel die volk in hande van n Hooggeregshof, Landdroste, Gesworenes en ander amptenare met regterlike bevoegdheid beklee en laat die aan hulle oordeel en gewete oor om „volgens landswetten te handelen" (Art. 15), nie volgens die Grondwet nie. Artt. 61-95 gee nader besonderhede aan oor die President en die lede van die Uitvoerende Raad, „de voorstellers der wetten". Die President van die Uitvoerende Raad word by meerderheid van stemme, vir die tyd van vyf jaar gekies deur die stemgeregtigde burgers (Art. 61). Hy is die eerste en hoogste amptenaar van die staat; alle landsamptenare is aan hom ondergeskik, maar met n uitsondering: „Dezulke echter die met de uitoefening der Regtsmagt bedeeld zijn, zijn in de uitoefening geheel en al vrij en onafhankelijk". (Art. 62). Die President mag geen ander betrekking of bediening (selfs geen kerklike) waarneem nie en homself nooit sonder toestemming van die Volksraad buite die land begewe nie. (Art. 63). Aan die President was ook opgedra die voorstel van wette aan die Volksraad, „hetzij eigene voorstellen, hetzij anderen van het volk bij hem ingekomen " (Art 66). Hy moes ook elke voorstel van wet voor die Volksraad verdedig. As hy dit nie in persoon kan doen nie, mag hy een van die lede van die Uitvoerende Raad daartoe aanwys diaA be madein pursüance thereof: and all treaties made. or which shall be made, under tie Lthoriry of the United States, shall be the «preme law of the land, and the Judges in every State shall be l^d U^bj. anythmg , in the Constitution or laws of any State to the contrary notwithstandmg. Onderskeiding tussen Wet en Besluit. 59 Werking gesteld, uitgezonderd in de gevallen vermeld in Art 219" ". Die beklemtoning van die woord vroegere deur skuinsdruk is deur die heer Kotzé self geskied en hy sê daaromtrent, dat die bedoeling hiervan was. dat die vroeëre besluite van die Raad, ewenas die vroeëre wette, deur daardie liggaam in die lewe geroep en in stryd met die Grondwet, as waardeloos sou geag word en nie dat volksraadsbesluite vir die vervolg van gelyke krag as wette sou beskou word nie. Hy slaag egter nie daarin om die indruk weg te syfer, dat w e 11 e en besluite hier op één lyn gestel word nie of dat hulle, vroeër dan tenminste, as van gelyke wetlike krag beskou is nie. Deur die beklemtoning van die woord vroegere kom die heer Kotzé gevaarlik digteby die omverwerping van sy eie stelling, want 'n mens kan uit die bepaling, dat v r o e ë r e wette en besluite strydig met die inhoud van die Grondwet geheel buite werking gestel word, as juiste en logiese gevolgtrekking maak, dat latere wette en besluite strydig met die inhoud van die Grondwet nie buite werking gestel sou wees nie. Buitendien word in Art. 220 slegs melding gemaak van die inhoud van die Grondwet en n i e van die vorm wat dit voorskrywe omtrent die ontstaan van wette en besluite nie. Hoofregter Kotzé beweer ook, in stryd met sy beslissing van 1884 en in navolging van regter Jorissen, dat ook -uit „Bijlage No. 1" van 1859 op die Grondwet nie volg, dat volksraadsbesluite deur die Grondwet tot wette verhewe word nie. „Het Handboek van Van der Linden", sê hy. „wordt alleen verklaard van toepassing te blijven op de wijze door de Drie en Dertig Artikelen bepaald, zoover zulks niet strijdt met o.a. de reeds genomen Volksraadsbesluiten". — (Gbk No. 1, 1898, bl. 15). Waarom die heer Kotzé die woorde „reeds genomen" voor 60 Bylaes van Grondwet van 1858. volksraadsbesluite voeg, is enigsins n raaisel. Sou die Wetboek van van der Linden in stryd met toekomstige volksraadsbesluite of wette mag toegepas word? Daarvan kon tog seker geen sprake wees nie. Die gemelde bylae bepaal: „Art. 1. Het Wetboek van Van der Linden blaft (voor zoover zulks, niet strijdt met de Grondwet, andere wetten of Volksraadsbesaüten) het Wetboek van dezen Staat". Die aanhef van hierehe bylae bewys ook stellig genoeg, dat volksraadsbesluite geag is wetskrag te besit: „Nademaal het gebleken is dat, ofschoon in Art. 31 der Drie en Dertig Artikelen, in de Instructie van de Weesmeesters en in verschillende andere wetten en raadsbesluiten, naar Hollandsche wetten verwezen worden, er nogthans onzekerheid bestaat welke Hollandsche wetten worden bedoeld; en nademaal deze onzekerheid tot groot nadeel van de burgers en moeite en twijfel voor de Regfers Verstrekt, zoo heeft..." Daar is egter van dieselfde datum as „Bijlage No. 1", n.1. 19 September 1859, ook nog 'n „Bijlage No. 2" wat o.a. die volgende inhou: „2. Ieder Hof zal alle Volksraadsbesluiten als Wet eerbiedigen, geene aanmerking of beoordeeling erover kunnen maken, en wat door den Volksraad is beslist of goedgekeurd zal niet meer aan de kennisneming van eenig gerechtshof mogen onderworpen worden. „3. Wanneer over dezelfde zaak verschillende Volksraadsbesluiten zijn genomen, zal het laatste besluit als wet door ieder Gerechtshof moeten geëerbiedigd worden". Hieruit blyk duidelik genoeg, dat dit n stelsel in die Republiek was, dat volksraadsbesluite sowel as wette bindende voorskrifte vir die burgers was en deur die Regbank as sulks moes toegepas word, sonder die bevoegdheid om die grondwettigheid daarvan na te gaan. Die volk het homself, sê weer die heer Kotzé, deur Art. 12 van die Grondwet teen plotselinge en onreëlmatige verande- Besluit is geen Wet nie. 61 ring van die wette beskerm. Hiervan uitgaande kom hy tot die gevolgtrekking: „De stelling, derhalve, dat een Volksraadsbesluit kracht van wet heeft, is in strijd met de Grondwet en onhoudbaar. Een volgens Grondwet behoorlijk gepasseerde wet kan dus niet door een Volksraadsbesluit worden teruggetrokken, gewijzigd of uitgelegd, om de eenvoudige reden, dat eene handeling of besluit van den Volksraad, niet behoorlijk in den vorm eener wet voorgesteld, behandeld, aangenomen en gepubliceerd, is geene wet". — (Gbk. No. 1, 1898 bl. 15). Hierdie slotsom kom egter in botsing met die stellige bepaling van Art. 32 van Wet No. 4 van 1890, later opgeneem as Art. 80 van die Grondwet van 18%, dat die wetlike krag van n wet of n besluit deur die President in die Staatskoerant bekend gemaak, nie mag betwis word nie. Hierop doen Hoofregter Kotzé die vraag: Wie twyfel dan aan die wetlike krag van n behoorlik tot stand gekome wet? Hierdie vraag is egter geheel onvanpas, want die artiekel sê juis, dat bekendmaking in die Staatskoerant moes beskou word as bewys, dat die wet of besluit op behoorlike manier tot stand gekom het. By die genoemde artiekel 32 kon die heer Kotzé glad nie verbykom nie en hy probeer dit afmaak met te sê: As die Hof volgens dié artiekel gebonde sou wees deur n eenmaal genome besluit van die Volksraad wat die President in die Staatskoerant laat verskyn het, dan is dié bepaling in stryd met die Grondwet. Die Grondwet kon nie, sê hy, op 'n dergehke wyse buite werking gestel word nie en waar n later wet in stryd was met die Grondwet, moes dit vir die Grondwet wyk. Die feit, dat Art. 32 van die Wet No. 4 van 1890 ih die Grondwet van 1896 in behoorlike vorm opgeneem is, bedui vir die heer Kotzé glad niks, daar hy slegs één Grondwet erken, nJ. dié van 1858 wat eintlik geen Grondwet was nie 62 Die Betekenis van Afkondiging. en in die loop van die tyd geheel gewysig is, deur wette, volksraadsbesluite en deur die grondwette van 1889 en 1896. Daarom kon hy tot die volgende stellings kom: „Om wettelijke kracht te hebben, moet het eerst eene wet zijn, en eene bepaling, die tegen de Grondwet strijdt, is geene wet Indien het Hof niet mag onderzoeken naar de Grondwettigheid van Art. 32, waar is dan de bescherming van den burger, hem door de Grondwet gewaarborgd? Stel dat de President iets in den vorm eener wet in de Staatscourant publiceert, dat slechts door een Volksraad bestaande uit vijf of zes in plaats van uit minstens twaalf leden zooals vereischt, is aangenomen, of dat hetgeen door den President in den vorm van eene wet of besluit is gepubliceerd, geheel niet voor de wetgeving is gelegd, zal men dan, met een beroep op Art 32, kunnen volhouden, het volk zoowel als de Rechtbank is gehouden door wat de Staatspresident alzoo heeft gepubliceerd? Stellig niet. Zoo eene bevoegdheid, die gelijk zou staan met eene afschaffende macht, bezit — ik zeg het met allen eerbied — de Staatspresident niet". — (Gbk. No. 1,1898, bl. 16). Die heer Kotzé vir wie se skerpsinnigheid en kennis n mens groot eerbied moet hê, stel hier egter baie teleur. Hy wil die Hoofregter verhewe sien tot opperste gesag in die staat en wel onder n Grondwet en omstandighede wat sulks nie kon regverdig nie. Hy wil aan die Volksraad sê, wanneer n wilsuitende maatreël wet is en wanneer nie. Hy vertrou nie die wetgewende of die uitvoerende magte in die uitoefening van die deel van die staatstaak wat aan hulle opgedra is en behoort te wees nie. Die Volksraad kan nie. soos die heer Kotzé veronderstel, n wet aanneem sonder die behoorlik bepaalde aantal lede nie, omdat die voorsitter of die sekretaris of een van die aanwesige lede die aandag van die vergadering by dié feit sal bepaal, soos selfs in n gewone debatsvereniging gebeur, en die lashebbers van die volk dit nie sou durf waag Beheer oor Afkondiging van Wette 63 om so n verantwoordelikheid op hulle te neem nie. En as soiets mag gebeur, sal dit die volgende dag uit die aantekeninge van die Volksraad blyk en sou die Raad self al die verrigtings van die vorige dag as onwettig bestempel en herroep. Buitendien was die sittings gewoonlik openbaar en sou n dergelike growwe onreëlmatigheid in die pers te berde kom en die openbare mening in beweging bring. Dan is daar nog die President en die lede van die Uitvoerende Raad self wat van n dergelike buitengewone toestand in die Volksraad geen misbruik sou durf maak nie. Wat die heer Kotzé veronderstel, kon alleen gebeur, wanneer èn die President èn alle lede van die Volksraad sowel as van die Uitvoerende Raad n stel buitengewoon grote skurke of domkoppe was, en die ganse volk ewenso. Die heer Kotzé skyn hier te vergeet, dat die Volksraad soiets het as n Reglement van Orde, waarna die werksaamhede gereël word en dat voorsitter, sekretaris en lede steeds daarmee rekening hou. Die heer Kotzé skyn geen een van hulle te wil vertrou nie. Wat was sy middel van toesig op hulle dan? Sou die toetsingsreg van die Hof hulle in toom hou? Dit is egter nouliks te verwagte dat onbetroubare regerings- en Volksraadslede betroubare regters sou benoem. Die heer Kotzé wek ook die indruk, dat die President maar so op eie houtje n wet in de Staatskoerant kon plaas, bindend op burgers en regbank. In die eerste plaas was daar n Uitvoerende Raad sonder wie die President geen regsgeldige daad kon verrig nie. (Art 67). In die twede plaas kon die President alleen n wet in die Staatskoerant laat verskyn, as hy daartoe magtiging van die voorsitter van die Volksraad ontvang het. Dit is neergelê nie alleen in die Reglement van Orde nie, maar ook al in die Grondwet, Artt, 49 en 69. Met hierdie voorskrifte is steeds rekening gehou, omdat die uitvoerende en die wetgewende magte mekaar 64 Volksraad cn Voorskrifte van Grondwet. oor en weer onder toesig gehou het Wat die neem van n volksraadsbesluit betref, is Sie saak waarop dit betrekking het, eers in die Uitvoerende Raad behoorlik oorweeg en dan aan die Volksraad voorgelê wat dit ook weer deeglik in beraadslaging neem en die moontlike invloed daarvan op die openbare belang van alle kante belig en bekyk. Wanneer die besluit aangeneem is, stuur die voorsitter van die Volksraad dit op aan die President en die Uitvoerende Raad om dit in die Staatskoerant te plaas en vir die uitvoering daarvan sorg te dra volgens Artt 49, 67 en 69 van die Grondwet. Die wetgewende en die uitvoerende magte het vir die behoorlike nakoming van die Grondwet seker nie minder eerbied gehad as die regters nie. As n mens dit alles in aanmerking neem, dan blyk duidelik genoeg, dat die beoordeling van die feit of n wet of besluit behoorlik in ooreenstemming met die inhoud en die voorskrifte van die Grondwet ontstaan het, heeltemal veilig was by die wetgewende mag. Die heer Kotzé het nie daarin geslaag nie om die juistheid te bewys van sy stelling, dat Art. 32 van Wet No. 4 van 1890 (as Art. 80 opgeneem in die Grondwet van 1896) in stryd was met die Grondwet van 1858. Ewemin het hy bewys, dat 'n volksraadsbesluit geen krag van wet sou hê nie. Hy wou hierdie stelling grond op die feit, dat n volksraadsbesluit „spontaan" in die Raad tot stand kom, terwyl die Grondwet bekendmaking drie maande vooraf eis, behalwe vir wette wat geen uitstel kon ly nie. Dog Artiekel 47 *) van die Grondwet sien hy skoon oor die hoof. Volgens hierdie artiekel verleen die Grondwet nie eens aan die voorsitter van die *) De voorzitter zal al de voorstellen van wet, bij den Volksraad ingekomen, in beraadslaging brengen, of deze 3 maanden voor de indiening aan den Volksraad aan het algemeen bekend zijn gemaakt, of dat dezelve tijdens de zitting van den Volksraad zijn ingekomen". Slotsom van Regter Ameshoff. 65 Volksraad die bevoegdheid om te ondersoek of die President aan die eis van bekendmaking' drie maande vooraf voldoen het nie. Hoe kon dan die regterlike mag vir homself dié bevoegdheid wil aanmatig? Regter H. A. Ameshoff wat ook in hierdie saak uitspraak gegee het, stel drie gevalle, waarin die vraag kon ontstaan of die Hooggeregshof die toetsingsreg besit. Die eerste geval kom voor, wanneer een van die partye voor die Hof kla dat n sekere wet deur die Volksraad aangeneem, in stryd was met die Grondwet en daarom die Hof versoek om dié wet nie toe te pas nie. Die vraag is dan of die Hof, indien dit van mening is dat die wet werklik in stryd is met die Grondwet, die toepassing daarvan onder die gegewe omstandighede moes weier, sonder dat dit nog die bevoegdheid het om die wet te vernietig. Die twede geval kom voor, wanneer die Hof geroep word om te oordeel of die vorm van n wet voldoen aan die voorskrifte deur die Grondwet dienaangaande gegee, en of die Hof, wanneer dit bevind dat die vorm nie behoorlik nagekom is nie, die toepassing van die wet sou moet weier. Die derde geval kon ontstaan, wanneer die Hof van mening was dat sekere volksraadsbesluite, wat in die Volksraad ontstaan is en as so danig bindende voorskrifte vir die regering en bestuur is, hetsy met die wet hetsy met die Grondwet in stryd was. Sou in hierdie geval die Hof kan weier om so 'n volksraadsbesluit toe te pas? Die lange en taamlik verwarde betoog van regter Ameshoff kan hier buite beskouing bly, daar hy tenslotte langs allerlei omweë tot dieselfde slotsom kom as Hoofregter Kotzé en eindig met te sê: „Wanneer het Hof dus het toetsingsrecht aanvaardt, spreekt het van zelf, dat het [het] in vollen omvang aanvaardt en is het dus niet noodig terug te komen op de onderscheiding in dit recht bij den aanvang van mijn 5 66 Uitspraak van Regter Morice. vonnis gemaakt". — (Gbk. No. 1. 1898, bl. 24). Regter George T. Morice was die derde lid van die Regbank wat moes uitspraak doen in die saak Brown versus Leyds N. O., maar hy het vir homself die aanmatiging van die toetsingsreg nie nodig geag om reg aan die klaers te laat wedervaar nie. Sy slotsom is die volgende: „De proclamatie van opschorting werd niet in de Staatscourant gepubliceerd tot op 20 JttB. Zij is wel gedateerd den leiden Juli, met andere woorden werd zij op dien dag door den Staatspresident geteekend. Onder die omstandigheden oppert zich de vraag of deze proclamatie kracht zou hebben van af datum van teekening door den Staatspresident of van publicatie Eigenlijk bestaat er geene proclamatie voordat zij gepubliceerd is; de teekening van eene concept-proclamatie brengt haar niet tot stand. De proclamatie, geteekend op 18 Juli. had dus geene kracht vóór 20 Juli, den dag van publicatie". — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 26 en 27). Die gevolgtrekking van regter Morice hieruit is, dat die oostehke deel van Witfontein op 19 Julie n ope goudveld was. Onder hierdie omstandighede kon die klerk nie weier om vergunnings uit te reik aan die eiser nie wat aan die vereistes van die Goudwet voldoen het. Die vraag het egter nog oorgebly of die handehvyse van die klerk wettig gemaak of beskerm is deur die volksraadsbesluit van 26 Julie. Regter Morice wys daarop, dat dit 'n beginsel van Romeinse en Engelse reg is, dat 'n wet moet uitgelê word om terugwerkende krag te hê, wanneer duidelik blyk, dat dit die bedoehng van die wetgewer was. Daar was geen twylel aan, dat die volksraadsbesluit van 26 JuHe bedoel was om terugwerkende krag te hê nie. „Er is echter een ander bezwaar tegen de toepassing van bet besluit op deze zaak en dit bezwaar komt mij voor onoverkomelijk. Toen de Volksraad het nam, was de dagvaarding Volksraad en hangende Hofsake. 67 in deze zaak reeds uitgenomen; de actie was begonnen. Nu, ik wil toegeven, dat volgens het algemeene recht een wet toegepast kan worden op hangende acties Volgens de Grondwet van de Transvaal aan den anderen kant, zijn de Wetgevende en Rechterlijke Lichamen afzonderlijke machten, onafhankelijk in hunne respectieve kringen. De functie van de Rechterlijke Macht is om zaken voor haar gebracht te beslissen. Het is niet de functie van die Volksraad zich met zaken voor de hoven in te mengen. Dus zonder te beslissen of de Grondwet door een wet of besluit veranderd kan worden, meen ik, dat wij tenminste aannemen kunnen, dat een besluit niet bedoeld wordt tegenstrijdig met den geest van de Grondwet te zijn, tenzij zulks duidelijk blijkt uit de bewoording van het besluit. En in het besluit is er geene melding van hangende acties of zaken. Ik kom derhalve tot de conclusie, dat het Volksraadsbesluit moet beschouwd worden als niet toepasselijk op de zaak thans voor ons en als niet ontnemende den eischer zijn verkregen rechten Het volgt dus uit deze redeneering dat, niettegenstaande het latere Volksraadsbesluit de Verantwoordelijke Klerk van Doornkop verplicht was hcentiën aan eischer uit te reiken op den ochtend van 19 Juk". — (Gbk No. 1, 1898, bl. 27 en 28). Die eiser ewenwel het geen reg verkry op die grond wat hy tog die oggend afgepen het nie, daar kragtens Art. 70e van Wet No. 14 van 1894 dit strafbaar was om sonder vergunning defwerserwe af te baken. Die Hof moes egter die klerk beveel om te doen wat hy op 19 Julie 1895 behoort te gedoen het. nl. aan eiser vergunning uitreik op die geproklameerde gronde. Hierdie uitspraak word vermeld om aan te toon, dat dit moontlik was om 'm billike en regVtrdige vonnis te wys en selfs die gees van die Grondwet daarby in aanmerking te neem sonder die aanmatiging van die toetsingsreg deur die Hof en sonder die verreikende verklaring, dat volksraads- 68 Volksverset teen Toetsingsreg. besluite geen krag van wet het nie. Die bowegenoemde uitsprake is gedaan op 22 Januarie 1897 en reeds op 20 Februarie daaraanvolgende is 34 versoekskrifte met 1862 handtekeninge by die Volksraad ingedien, „wijzende op de gevolgen van bedoelde uitspraak en verzoekende het ontslag van de Ed. Achtb. Leden van het Ed. Achtb. Hoog Gerechtshof, die zich niet wenschen te onderwerpen aan de wetten van het land". — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 29). Dit het die regering versterk in sy voornemens om n ontwerpwet in te dien teneinde die Volksraad te doen besluit om die aanmatiging van die toetsingsreg deur n aantal regters paal en perk te stel. Die ontwerp is op 23 Februarie 1897 aan die Volksraad voorgelê en is op 26 Februarie aangeneem as wet No. 1 van 1897. Dit het uitgegaan van die oorweging dat sedert die stigting van die Republiek die besluite van die Volksraad as wet erken en geèerbiedig is en die Regterlike Mag geen bevoegdheid besit het om wette en besluite op sy te set nie. In die aanhef word ook gewys op die duidelike bepalings hieromtrent in 1859 neergelê veral in „Bijlage No. 2" van die Grondwet en op die feit dat die Grondwet self bepaal, dat die Hof moes reg spreek volgens die ïandswette (Art. 15). soos ook blyk uit die eed wat n lid van die regterlike mag moes aflê by die aanvaarding van sy amp (Art. 139). Die Hooggeregshof het ook al herhaaldelik beslis, dat volksraadsbesluite wel krag van wet het en dat die Regterlike Mag geen sogenaamde toetsingsreg besit nie. Die wetgewing van die Republiek het dan ook in grote mate berus op volksraadsbesluite, terwyl buitendien in Art. 32 van Wet No. 4 van 1890 (later opgeneem as Art. 80 van die Grondwet) hierdie toestand van sake bestendig is deur die bepaling, dat die wetlike krag van wette en besluite deur die Staatspresident in die Staatskoerant bekend gemaak, nie be- Wet No. 1 van 1897. 69 twis kon word nie — dus ook nie deur die Regterlike Mag nie —, terwyl alleen die volk homself teen 'n wet of 'n besluit mag uitspreek. Die beslissing van die twee regters, dat volksraadsbesluite geen krag van wet het nie en dat die Hooggeregshof die bevoegdheid sou besit om te weier om n wet toe te pas, wanneer dit van oordeel mag wees dat dié wet na vorm of inhoud strydig is met die Grondwet van 1858, het die regsekerheid in die staat in grote mate benadeel. Nie alleen het die grootste deel van die wetgewing op volksraadsbesluite berus nie, maar verskeie wette en volksraadsbesluite was juis bedoel as veranderings van die Grondwet. Die Volksraad, lui dit verder, mag nie lydelik toesien nie, wanneer die Hooggeregshof weier om reg te spreek volgens die landswette en dit was sy plig om die pubhek te beskerm in ooreenstemming met die wil van die volk. Die wet bepaal dan, dat die Regterlike Mag nie die bevoegdheid sou hê om die sogenaamde toetsingsreg vir homself aan te matig nie en dat aan die regters daaromtrent n duidelike eed sou opgelê word. Die regter wat nie volgens hierdie bepaling handel nie, sou geag word skuldig te wees aan ampsnüsdryf en daarvoor aan vervolging blootstaan. Kragtens Art. 4 kon die President die lede van die Hooggeregshof vra of hulle dit beskou ooreenkomstig hulk eed of plig om reg te spreek volgens die bestaande en toekomstige wette en volksraadsbesluite en „zich het zoogenaamde toetsingsreg niet aan te matigen en verder wordt ZHEd opgedragen die leden, waarvan ZHEd óf een ontkennend óf een zijns inziens onvoldoend óf binnen den gestelden tijd in het geheel geen antwoord ontvangt, uit hunne betrekkingen te ontslaan". Op dieselfde dag dat die Wet No. 1 van 1897 aangeneem is, doen die heer Kotzé n beroep op Sir Henry de Villiers, 70 Verset van die Regters. die Hoofregter van die Kaapkolonie, hoewel laasgenoemde dit nie met hom eens was oor die uitspraak in die saak Brown nie. Kotzé vra de Villiers of hy en sy ampgenote oor geheel Suid-Afrika bereid sou wees om die Transvaalse regters te ondersteun deur n kragtige verklaring teen die houding van die Transvaalse regering. Besluite tot steun van die regters was reeds deur vele advokate en prokureurs in Johannesburg aangeneem. Op 1 Maart, toe die wet afgekondig is, het ook die regters n sterke verset daarteen in die Hof voorgelees en 'n beroep gedoen op die soewereine volk. — (Walker, bl. 290). Op 4 Maart 1897 word kragtens Art. 4 die gewigtige vraag aan Hoofregter Kotzé en regters Ameshoff en Jorissen gestel. — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 75 en 76). Alle vyf regters in Raadkamer vergader was egter van oordeel, dat die President geen magtiging gehad het om die vraag slegs aan enkele lede van die Regbank te doen nie en meld, dat die drie genoemde regters geen antwoord sou gee, voordat ook aan die orige die vraag gestel is nie. „Zij geven echter met ernst en nadruk den raad die brieven in belang van het recht van den souverein *— het volk — terug te trekken. Wordt deze raad niet opgevolgd, dan zal het bedienen van de Rondgaande Hoven ernstige verstoring lijden, terwijl er verder wellicht onherstelbare rechtsonzekerheid veroorzaakt kan worden". — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 77). Daar die regering vergoed n einde wou maak aan die moeilikheid, weier die President om die briewe terug te trek wat hy aan Kotzé, Ameshoff en Jorissen gerig het En hoewel nie geblyk het, dat regters Gregorowski en Morice die mag van wette en volksraadsbesluite in twyfel trek nie, word die vraag daaromtrent tog ook nog aan hulle gedaan. Die regters verklaar hulleself nou nie instaat om die Rondgaande Hof waar te neem nie en gee die benoeming van n Sir Henry de Villiers Bemiddelaar. 71 waarnemende regter daarvoor aan die hand. Hulle sou tot 17 Maart — die dag waarop hulle antwoord die President moes bereik — ten volle nodig hê om agterstallige vonnisse ef te doen, sê hulle. Die President het die wenk aangeneem en Dr. J. Esser as waarnemende regter benoem. Sir Henry de Villiers het intussen reeds aan Kotzé geskrywe, dat hy sy Brown-uitspraak nie as juis kon beskou nie en dat Kotzé ernstig oor die saak moes nadink, voordat hy die President se vraag beantwoord. Sodra Sir Henry verneem het, dat die President Wet No. 1 van 1897 werklik in toepassing begin bring het, bied hy sy dienste as bemiddelaar tussen die partye aan. Op 15 Maart was hy in Pretoria. Na 'n gesprek met Kotzé het hy die toestand twee of drie keer met die regters gesamentlik bespreek. Hy ontdek, dat hulle reeds 'n brief ontwerp het, waarin hulle weier'om die President se vraag te beantwoord. Sir Henry ontdek ook, dat Gregorowski, Morice en Esser geen aanspraak maak op die toetsingsreg nie. Hy probeer derhalwe om hulle almal oor te haal om die President se vraag te beantwoord as 'n maatreël van noodsaak, wat egter nie as voorbeeld vir die toekoms moes beskou word nie, en Wet No. 1 van 1897 te erken as deel van die wet van die land. — (Walker, bl. 291—293). Sir Henry de Villiers het van Kotzé geheel verskil omtrent die aard van die Transvaalse staatsregtelike inrigting. De Villiers het egter ook erken, dat die Grondwet wysiging behoef en dat die mag van 'n enkele kamer van volksvertegenwoordiging tot haastige wetgewing baie gevaarlik was. Tog was hy van oordeel, dat die Volksraad wel dié mag gehad het as 'n soewereine wetgewende liggaam en dat, hoe sterk hy ook al voorstander was van die onafhanklikheid van die Regbank, die Hof geen toetsingsreg besit nie. — (Walker, bl. 293 en 294). 72 Krüger en de Villiers. Op 18 Maart 1897 was President Krüger terug uit Bloemfontein, waar hy onderhandel het oor die nouere vereniging van die twee Republieke, en het de Villiers ook met hom n onderhoud gehad. Aanvanklik het die President onvoorwaardelike oorgawe van die regters geëis, maar eindelik het hy toegestem in 'n verstandhouding dat, indien die regters onderneem om die toetsingsreg nie uit te oefen nie, hy die toepassing van Wet No. 1 van 1897 sou nalaat en n wet sou voorstel tot waarborg teen haastige verandering van die Grondwet, soos in die Vrystaat die geval was. Hy het egter moeilikhede voorsien. Veronderstel, vra die President, dat hy nie daarin slaag om die wet tot wysiging van die Grondwet deur die Volksraad te kry nie, sou die regters dan hulle belofte as vervalle kan beskou? Buitendien sou sodanige wet nie gereed kan wees vóór 1898 nie, want 'n komitee moes benoem word om 'n wet te ontwerp en voor die volk te lê. Wanneer hy nie die wet in 1897 kon voorstel nie, sou dan nie beweer word, dat hy versuim het om sy belofte na te kom nie? Hierop het de Villiers geantwoord, dat die verstandhouding was dat die President die ontwerp sou voorstel en eerlik sou trag om dit tot wet verhewe te kry. As hy dit gedoen het, sou hy sy deel verrig het en sou die regters tog gebonde wees deur hulle belofte. Uit wat die regters de Villiers vertel het, het hy geglo, dat hulle tevrede sou wees met wetgewing in 1898. Hy het derhalwe belowe om sy bes te doen om hulle die voorwaardes van die President'te doen aanneem. — (Walker, bl. 295.) By Kotzé was daar twyfel. Hy wou n tydgrens van drie maande gestel hê vir die invoering van die nodige wetgewing, daar hy die President en die regering nie vertrou het nie. Gregorowski egter het te kenne gegee, dat die regters moes aanneem dat die President sy woord sou hou. De Villiers het 'n ontwerp-antwoord klaar gehad, waarin die regters Die Regters gee in. 73 moes verklaar, dat „dit ons plig sal wees om ons neer te lê by die bepalings van Wet No. 1 van 1897 en. nie die bevoegdheid uit te oefen van te toets of bestaande of toekomstige wette of volksraadsbesluite in ooreenstemming met die Grondwet is nie. Ons doen sulks onder die verstandhouding, dat UHEd. n maatreël sal voorstel, waardeur die Grondwet op n vaste grondslag sal geplaas word...." Die regters het die ontwerp-antwoord van de Villiers in enkele opsigte gewysig. Hulle wou nie sê, dat dit hulle plig was om Wet No. 1 van 1897 te erken nie. Hulle het ook beding, dat die President „so spoedig moontlik" sou optree. Hierdie woorde het de Villiers nie aangestaan nie, daar dit die President sou vrylaat omtrent die spoed, waarmee hy te werk sou gaan, terwyl 'n belofte om die nodige wetgewing in 1898 in te voer, soos hy voorgestel het, tenminste n bepaalde tyd aangegee het. — (Walker, bl. 295 en 296.) Die antwoord is tenslotte op 19 Maart gegee en daarin betreur die regters dit, dat die Volksraad die President gemagtig het om sekere vraag aan hulle te stel. Alleen buitengewone omstandighede noop hulle om op die vraag antwoord te gee. „Daarom is het, dat de Rechters vrijheid gevoelen het volgend antwoord te geven. In aanmerking nemende, dat er tegenstrijdige vonnissen van het Hooggerechtshof gevallen zijn aangaande het uitoefenen van het toetsingsrecht, en in aanmerking nemende, dat eenige der leden van het Hof van gevoelen zijn, dat het Hof dit recht niet bezit, zullen de Rechters, vooral ook na het besliste oordeel van den EdelAchtb. Volksraad op dit punt, de bestaande en toekomstige wetten en Volksraadsbesluiten niet aan de Grondwet toetsen. „De Rechters verklaren dit onder de verstandhouding dat UHEdele aan Ed. Achtb. Volksraad zoo spoedig doenlijk een ontwerp zult voorleggen waardoor de Constitutie of 74 Stappe vir Grondwetswysiging. Grondwet (waarborgende o.a. de onafhankelijkheid van het Hooggerechtshof) op een standvastigen grondslag zal worden geplaatst, zoodat geene veranderingen daarin zullen kunnen worden gemaakt dan alleen door bijzondere wetgeving, op het voorbeeld der bepalingen dienaangaande in de constitutie van den Oranje-Vrijstaat opgenomen. In het opstellen van zulk een ontwerp zijn de Rechter» bereid de Regeering en den Ed. Achtb. Volksraad alle mogelijke hulp te verleenen." — (Gbk. No. I, 1898, bl. 80.) Dr. Leyds het hierop geantwoord, dat die President met hierdie antwoord genoeë neem en meen, dat die regters wat vonnis gegee het in die saak Brown, sulks gedoen het eerlik volgens hulle gewete en oortuiging en dat die maatreëls in Wet No. 1 van 1897 vervat alleen daarom aan die Volksraad voorgestel is, omdat SHEd. gemeen het, dat die veiligheid van die staat en die sekerheid van tietel en eiendom deur dié vonnis in gevaar gebring is. „Het doet ZHEd. den Staatspresident genoegen te zien, dat wat door de Rechters is gezegd over de Grondwet, overeenkomt met de plannen en de voornemens die ZHEd. daaromtrent had. „ZHEd. laat de Rechters tevens danken voor hunne bereidverklaring om Regeering en Volksraad daarbij alle mogelijke hulp te verleenen". — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 81.) Aan hierdie voornemens is in Mei uitvoering gegee deur n voorstel aan die Volksraad om 'n kommissie van drie of vyf man te benoem, hetsy uit die Eerste Volksraad self, hetsy geheel of gedeeltelik daarbuite, om in oorleg met die regering voorstelle op te trek tot hersiening van die Grondwet onder die oorweging dat dit wenslik was om uit die Grondwet dié bepalings te hg wat in 'n Grondwet nie tuishoort nie; om die bevoegdhede en die onafhanklikheid van die verskillende staatsmagte op duidelike wyse vas te stel Kotzé ontevrede. 75 en te reël; en om bestaande wetgewing stelselmatig te rangskik en waar nodig aan te vul, te wysig en te verduidelik. Daarby moes sodanige voorsiening gemaak word, dat geen verandering in die Grondwet kon plaas vind nie dan alleen op die wyse as in die Grondwet self voorsien. — (Gbk. No. t, 1898, bl. 81 en 82). Die Eerste Volksraad het homself hiermee op 31 Mei verenig en 'n kommissie van vyf man uit sy midde benoem om die saak te ondersoek en verslag daaroor uit te bring. Hoofregter Kotzé was hiermee glad nie tevrede nie en het beweer, dat President Krüger afgewyk het van die verstandhouding, waaronder die regters op 19 Maart belowe het om wette en volksraadsbesluite nie aan die Grondwet te toets nie. Dit is, beweer hy, deur die President ongewysig aangeneem. Geen ontwerp is met behulp van die regters, soos hulle uit die brief van die President van 22 Maart rede gehad het om te verwag, aan die Volksraad voorgele nie. Volgens sy beskouing is die oplegging op n volksraadskommissie van die taak wat die President op homself geneem het, geen gevolg gee aan die getroffe verstandhouding nie. Die kommissie het, wat tydsbepaling betref, geen opdrag ontvang nie, wat die hersiening van die Grondwet vir lange tyd kon vertraag. Die stelselmatige rangskikking van die wetgewing van die land in één geheel, wat ook aan die kommissie vir verslag en raadgewing opgedra is, was 'n taak wat seker twee of drie jaar sou vorder, meen die heer Kotzé, en „niet in afwachting van zoodanige taak hebben de Rechters zich verbonden". Hy merk verder op, dat geen stelselmatige rangskikking van die wetgewing kon geskied, voordat die Grondwet eers aangeneem is nie, daar alle andere wette na die voorskrifte van die Grondwet moes gereël word. Vertraging was nie nodig nie, sê die heer Kotzé, want n ontwerp-Grondwet lê sinds Februarie 1894 klaar en was ook 76 Die Verstandhouding. reeds in die Staatskoerant bekend gemaak. Met enkele wysigings sou dié ontwerp in die behoefte kan voorsien. — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 82—84). Hierdie brief was geskrywe op 8 Julie en op 16 Julie 1897 antwoord die President met die opmerking o.a. dat hy die verstandhouding omtrent die hulp en die raadpleging van die regters nie aangeteken vind óf in die brief van die regters of in die antwoord nie. Die President maak derhalwe beswaar teen die beperkte betekenis deur Hoofregter Kotzé aan dié verstandhouding gegee, dat 'n ontwerp aan die Volksraad sou voorgele word. Die duidelike strekking van die ooreenkoms vat die President op as te wees, dat hy sy hulp toegesê het tot die verkryging van n Grondwet, waardeur o.a. gewaarborg sou word dat die onafhanklikheid van die Hooggeregshof op n standvastige grondslag sou geplaas word. Hieraan meen hy te voldoen het. Hierdie doel was nie te bereik sonder die medewerking van die Volksraad nie, Die inslaan van hierdie weg was te meer nodig, daar die jaar tevore n Grondwet vastgestel is, waar die Volksraad onwillig was om nuwe beginsels in neer te lê. Wat die ontwerp van 1894 betref, wys die President daarop, dat die Volksraad homself reeds eenmaal duidelik teen daardie ontwerp uitgespreek het. Dit sou dus nie bevorderlik wees aan die gewenste spoed om daardie ontwerp weer aan die Volksraad voor te lê nie. Tenslotte deel die President mee, dat wysigings van die Grondwet, veral wat die toestand van die Hooggeregshof betref, nie aan die Volksraad voorgelê sou word nie, sonder dat die regters geleentheid gehad het om daaroor hulle oordeel uit te spreek nie. — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 85—87). Die voorsitter van die Grondwetskommissie, die heer A. D. W. Wolmarans, het op 14 Julie 1897 Hoofregter Kotzé versoek om die regters uit hulle midde een of twee Kotzé ag Ooreenkoms vervalle. 77 man te laat aanwys om die kommissie behulpsaam te wees by die volvoering van hulle taak. Aan hierdie versoek is nie voldoen nie, maar regters Gregorowski, Morice en Esser was bereid om aan die kommissie die nodige raadgewings te verskaf, terwyl Kotzé, Ameshoff en Jorissen die vergaderings van die kommissie nie wou bywoon nie, maar tog op andere wyse bereid was om raad te verstrek, In November 1897 het geblyk, dat die werksaamhede van die kommissie weens dringende behandeling van ander sake in die Volksraad vertraag is en eers weer gedurende die besondere sitting van Februarie 1898 kon hervat word. Na aanleiding hiervan vind Hoofregter Kotzé dit op 15 Desember nodig om die aandag van die President op hierdie vertraging te vestig. Hy versoek die President om redes hoe dit gekom het, „dat van de verstandhouding omtrent een ontwerp-Grondwet is afgeweken en wat UHEd. nu voorstelt te doen, ten einde op den aangewezen weg terug te komen". — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 94). Nadat intussen 'n presidentsverkiesing plaas. gevind het, waarby Krüger met n verpletterende meerderheid bo Schalk Burger en Piet Joubert herkies is, kom die heer Kotzé op 15 Februarie 1898 op die verstandhouding tussen regering en regbank terug. Hy wys daarop, dat geen ontwerp by die vorige sitting van die Volksraad ingedien is nie en dat ook geen stappe gedoen is om Wet No. 1 van 1897 in te trek nie. Word die verstandhouding „door de eene partij niet nagekomen, of van afgeweken, dan is zij ook niet langer bindend op de andere partij; en deze is nu ongelukkig de positie waartoe wij zijn gekomen. De eenige bescherming die ik als rechter heb, en de eenige eerlijke en grondwettige weg dien ik kan volgen, is om UHEd. in kennis te stellen met het feit, dat ik genoemde verstandhouding van Maart 1897 als vervallen en niet meer bestaande beschouw". — (Gbk. 78 Kotzé kry Ontslag. No. 1, 1898, bl. 96 J. Die heer Kotzé sou wyser gehandel het, as hy die verstandhouding tussen Regbank en regering nie as 'n kontrak!1) beskou het nie en buitendien daarmee rekening gehou het, dat die Eerste Volksraad, die wetgewende mag en hoogste gesag van die land, deur die aanneem van Wet No. 1 van 1897 met grote meerderheid andermaal sy wil te kenne gegee het, dat bestaande en toekomstige wette en volksraadsbesluite nie aan die Grondwet sou getoets word nie, maar deur die regters sou toegepas word as wet wat nakoming verpiig, nadat bekendmaking in die Staatskoerant plaasgevind het. Kotzé het vergeet, dat die President geheel afhanklik was van die wil van die Volksraad en nie op eie houtjie n verandering van die Grondwet kon afdwing nie. President Krüger antwoord met op een en ander te wys en tenslotte te sê: „Aangezien mij door Art. 4 van Wet No. 1 van 1897 is opgedragen om die leden van het Hooggerechtshof, waarvan ik óf een ontkennend óf een mijns inziens onvoldoend óf binnen den gestelden tijd geen antwoord ontvang, uit hunne betrekking te ontslaan, en aangezien uw antwoord door mij nu beschouwd wordt als niet bestaande of indien bestaande als onvoldoende, ben ik tot mijn diep leedwezen verplicht ten uwen aanzien tot den laatsten stap over te gaan en wordt hierbij, in termen van Art. 4 van Wet No. 1 van 1897, ontslag verleend uit uwe betrekking van i) Gordon (blz. 363) sê hieromtrent: „There are many things in this letter which merit attention beside the brutal simplicity of the ceremony of dismissal. Chief among them is the trenchant clearness of the main proposition that a judge cannot make the discharge of the duties of his office the subject of bargainiflfl. The doctrine is so todisputably Sound and its statement so clear and well in point, that it tl easy to recognise here the work of a person of superior intelligence.... But it is a point worth noting that the Pretoria Government, although personified by an uncultivated Boer, is capable of taking a very accurate view of a situation and of making points in the most approved dialectic marmer." Gregorowski word Hoofregter. 79 Hoofdrechter der Zuid-Afrikaansche Republiek, ingaande op heden". — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 97). Kotzé beskou bierdie handelwyse van die President onwettig, omdat die President 'n dergelike vraag slegs eenmaal, en nie telkens nie, aan n regter sou mag stel. Verder kon hy die wettigheid van Wet No. 1 van 1897 nie erken nie. As regter, sê hy, is hy aangetsel vir sy lewe; in die onafhanklikheid van die uitoefening van sy regterlike pligte mag hy nie gestoor word nie; en as hy homself skuldig gemaak het aan enige vermeende ampsmisdryf, moes hy behoorlik aangekla word en kon hy alleen deur 'n besondere hof veroordeel en ges tra f word. Wet No. 1 van 1897, wat binne drie dae, en sonder vooraf aan die volk bekend gemaak te gewees het, deur die Volksraad aangeneem is, besit geen wetskrag nie en is geen wet nie, sê hy. Deur aanspraak te maak op en uitvoering te gee aan n bevoegdheid wat onwettig is, deur die waarborge van die onafhanklikheid van die Regbank te skend, was die voorwaarde, waaronder die Republiek as n bcskaafde en grondwetlik geregeerde land bestaan, verbroke. „Het spijt mij dus, dat ik om deze redenen mij niet met uwe zienswijze kan vereenigen, noch de wettigheid uwer handeling erkennen. Totdat ik behoorlijk op wettige wijze door een bevoegd Hof word schuldig gevonden en uit mijne betrekking gezet, ben en blijf ik Hoofdrechter". — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 98). Die President het egter by sy beslissing gebly, die saak as afgedaan beskou en die heer Gregorowski as Waarnemende Hoofregter benoem. Kotzé het wel nog aan die balie geskrywe, dat hy die Hof vir onbepaalde tyd verdaag, maar Dr. Leyds het toe die Griffier Juta ontbied en hom in teenwoordigheid van die heer Gregorowski meegedeel, dat as één amptenaar van die Hof iets doen in stryd met die mededeling aangaande die heer Kotzé se ontslag en die heer 80 Regbank nie aangetas nie. Gregorowski nie as Hoofregter erken en gehoorsaam nie, hy die gevolge daarvan sou moet dra. Gelukkig is die heer Gregorowski deur alle advokate dadelik as Hoofregter erken en behandel, waardeur sake baie vereenvoudig is. Die heer H. A. Ameshoff wat ook ten gunste van die toetsingsreg uitspraak gegee het, het tog nog homself daaroor by die regering kom bekla, dat hy nie Hoofregter as opvolger van Kotzé geword het nie. Eindelik het hy om dié rede sy ontslag van self ingedien en dit op 12 Maart 1898 verkry. Die loop van die regsbedeling het onveranderd voortgegaan na die ontslag van Kotzé. Deur sy laaste handelings het hy die bahe geheel van homself vervreem. Oor die benoeming van Gregorowski was daar in regsgeleerde en onbevange kringe algemene tevredenheid, hoewel die Uitlanders daaroor geraas het, omdat hy die regter was wat die Reformers veroordeel het. Die onafhanklikheid van die Regbank was deur die regering hoegenaamd nie aangetas nie. Die ontslag van 'n hoofregter deur n regering is natuurlik 'n saak van baie groot belang en n mens is geneig om jouself, ondanks die feite hierbo aangegee, tog af te vra of die heer Kotzé nie miskien, uit sy standpunt bekyk, gelyk gehad het in sy uitleg van die verstandhouding tussen hom en die regering nie. Dat hy na die benoeming van die Volksraadskommissie nie meer die steun van die ander regters gekry het nie, pleit reeds al sterk teen hom. Ook Sir Henry de Villiers wat as bemiddelaar by die geskil tussen die partye opgetree het, was daarvan oortuig, dat Kotzé ongelyk gehad het en te haastig was. Op 8 Julie 1897 skrywe Dr. Leyds uit Den Haag aan Uitvoerende Raadslid S. W. Burger o.a.: „Verder vertelde Sir Henry mij, even voor het vertrek van zijn boot uit Kaapstad een telegram ontvangen te hebben van Oordeel van de Villiers. 81 Kotzé, waarin stond wat de President van plan was te doen en dat de President dus niet zijn woord hield, enz Sir Henry heeft hem toen geantwoord, dat hij niet te haastig moest zijn en dat het hem voorkwam, dat wat de President deed, precies was wat hij beloofd had. 'Ik heb daarop', zei Sir Henry, 'de aanteekeningen nagezien, die ik gemaakt had tijdens mijn verblijf te Pretoria, toen ik de rechter-zaak met ZijnHoogEdele en U behandelde, en ik heb gevonden, dat wat ik uit het geheugen aan Kotzé gezegd had, volkomen correct was, namelijk dat de President volkomen zijn woord had gehouden. Ik begrijp dus niet wat Kotzé wil; het is mij een raadsel' ". Kotzé self was, volgens Walker (bl. 317 en 318), onder die indruk dat de Villiers die President teen hom gesteun het en hom in Maart 1897 mislei het omtrent die tydgrens vir die invoering van die nodige wetgewing. 'n Onderhoud, deur de Villiers aan die pers in Engeland toegestaan, het Kotzé verder teen hom in die harnas geja en na eersgenoemde se terugkeer uit Engeland het Kotzé hom in die openbaar aangeval na aanleiding van sy insigte omtrent die grondwetgeskil. De Villiers was hierdeur verplig om die aantekeninge van sy onderhoud met President Krüger openbaar te maak, wat geskied het in die Cape Times van 12 Februarie 1898. De Villiers het die uiteindelike ontslag van Kotzé toegeskrywe aan oorhaastige optree van sy ampgenoot, maar toe hom uit Pretoria gemeld word, dat die President skynbaar die verstandhouding van Maart 1897 as geen verstandhouding beskou nie, antwoord hy in 'n ope brief as volg: „Ek kan slegs sê, dat die verklaring deur die regters afgelê onderhewig was aan 'n verstandhouding wat gelyk gestaan het met 'n voorwaarde Ek het [die regters] beweeg om die twyfelagtige toetsingsreg prys te gee, waaroor daar geen eenstemmigheid onder die regters was nie, in ruil vir die 6 82 Oorlog maak Grondwet onnodig. bepaalde voordele wat die land sou verkry uit 'n maatreël wat die onafhanklikheid van die Regbank waarborg en in 'n behoorlike Grondwet voorsien ... Daar was geen ooreenkoms in die wetlike sin van die woord nie, maar die beloftes wat gedaan is, was in eer bindend op albei partye ". — (Walker, bl. 319). In antwoord op 'n brief van homself het de Villiers van Waarnemende Hoofregter Gregorowski tot sy gerusstelling verneem, dat die uitleg wat die President aan die brief van die regters gegee het, daarop neergekom het, dat hulle onvoorwaardehk onderneem het om Wet No. 1 van 1897 na te leef, terwyl hy 'n afsonderlike verpligting op hom geneem het, waardeur hy homself nog gebonde geag het. — (Walker, bl. 320). Die Grondwetskommissie het eers in Julie 1899 sy verslag en n ontwerp aan die Volksraad kan voorlê. Eind Augustus was die behandeling daarvan afgeloop, maar voordat dit aan die goedkeuring van die volk by wyse van openbare bekendmaking kon onderwerp word. het die oorlog uitgebreek en was n nuwe Grondwet, helaas, nie meer nodig nie. — (Notulen van den Eersten Volksraad van 1899, bl. 548 e.v.) Intussen het Kotzé 'n beurs aangeneem. waartoe hoofsaaklik Uitlanders bygedra het as bewys van waardering vir die dienste deur hom as onpartydige regter in die verlede verrig, en het hy homself as advokaat in Grahamstad gevestig. Weens sy rusie met de Villiers wou hy nie in Kaapstad praktiseer nie, waar dié Hoofregter was. In Augustus 1900 is Kotzé benoem tot Prokureur-Generaal van SuidRhodesië. — (Walker, bl. 320). Hy het later na die Kaap toe verhuis en 'n hoë betrekking in die regterlike mag van Suid-Afrika beklee. Wat sou die heer Kotzé besiel het om die gerugmakendie uitspraak in die saak Brown te gee en langs dié weg 'n on- Haastige Wetgewing. 83 versoenlike houding teenoor regering en Volksraad te skep? Hy was sonder twyfel n man van grote kennis, ervaring en wetenskaplike aanleg en 'n mens kan nouliks anders dan die indruk verkry, dat hy, aanvanklik tenminste, opreg was in sy mening dat die Regbank sekerder waarborge behoef het teen moontlike inmenging van die kant van regering en Volksraad. In hierdie mening het hy egter nie alleen gestaan nie. Ook die regering was oortuig van die onwenslikheid van oorhaastige wetgewing deur middel van volksraadsbesluit. Daar was dan ook veel te sê vir hierdie standpunt Dit het nie alleen gegeid vir volksraadsbesluite as sodanig nie, maar ook vir wette wat. in plaas van drie afsonderlike lesings deur tc loop, soms eenvoudig na één lesing en behandeling in komitee by volksraadsbesluit afgedaan is, soos inderdaad met Wet No. 1 van 1897 geskied het. By wette wat geen uitstel kon ly nie. was sulks miskien wel nodig, maar aanleiding tot misbruik het dit seker gegee. i Dog die aanmatiging van die toetsingsreg, waarvan die Volksraad meer dan eens sy duidelike afkeuring te kenne I gegee het, was die verkeerde weg vir die heer Kotzé om die 1 verlangde betere waarborge vir die onskendbaarheid van die Hof te verseker en dit nog wel in n uiters moeilike en veel bewoë tyd. Die Jameson-Inval was net agter die rug en die Republiek was betrokke in die groot worstelstryd met Chamberlain oor dié se ontkenning van die onbeperkte reg van die Republiek op wetgewing vir binnelandse bestuur wat ontstaan het na aanleiding van die Pers-, Uitsettings- en Vreemdelingewette. Kotzé het, miskien onbewus, vir Chamberlain tot bondgenoot gedien en die manier, waarop hy steun en aanmoediging en na sy afsetting selfs geld van die Uitlanders gekry het, moes die indruk wek, dat by hom ook politieke dryfvere aan die werk was. Die vonnis is vir meer dan n jaar voorbehou en voor die dag gehaal op die tydstip, 84 Politieke Dryfvere? dat Rhodes moes getuienis aflê voor die Britse Komitee insake die Jameson-Inval. Rhodes kon toe met voldoening die regtersvraagstuk aangryp as een van die bewyse van tekortkoming van die Transvaalse regering. Kotzé het inderdaad die politiek nie ongemoeid gelaat nie, daar hy in 1893 selfs kandidaat was vir die Staatspresidentskap, en ook 'n enkele keer genoem is as opvolger van Dr. Leyds. Onder sy ampgenote het die indruk geheers, dat sy uitspraak in die saak Brown 'n politieke agtergrond gehad het en dat dit Kotzé te doen was om die plek van Dr. Leyds in te neem. Hy sou homself teenoor een van hulle in hierdie gees geuit het: dat hulle hom nou wel sou neem om huileself uit die brand te help. In die Kaapkolonie is sy afsetting met grote vertoon van ontevredenheid deur die vyande van die Republiek begroet, vertel Walker (bl. 319), en 'n grote vergadering in Kaapstad het n woeste besluit van medegevoel met hom aangeneem, terwyl daar ook selfs sprake was van n beroep op Engeland.1) Die erkenning van die toetsingsreg van die Hof sou op daardie tydstip vir die Suid-Afrikaanse Republiek baie ernstige gevolge gehad het, nie alleen betreffende die beginsel van die soewereiniteit van die wetgewende mag nie, maar ook en veral aangaande die moeilikheid van praktiese ontkoming aan die regsonsekerhdd wat die skielike en onheil Gordon meld: „. ...be has come on a visit to England and, if newspaper reports may be believed, he has come with the dèdared object of inducing the British Government to take up hls quarrel as belng a matter arising out of a breach of the London Convention By a series of indis- cretions he has put himself so completely in the wrong, that even if he could convict the Pretoria Government of a dear breach of treaty, he could not put the British Government in a posidon to support hls own demand for reinstatement, because however irregular may have been the action of the Executive and of the Volksraad, it is dear that nobody could reasonably insist that the people of the Transvaal should confide to the hands of thelr judges such indefinite powers of binding and loosing as these for which Mr. Kotzé has seen fit to contend." — (BI. 366.) Die Wil van die Volksraad. 85 perkte toepassing van die toetsingsreg sou teweeggebring het. Veertig jaar lang het die Volksraad die land geregeer hoofsaaklik deur volksraadsbesluite. Kon die roer na so n lange tyd omgegooi word sonder ontwrigting van die staatsrègtelike grondslag van die Republiek?. In verband hiermee moet nog op een en ander gewys word en daarby verdien die handelinge van die Volksraad die aandag. Tydens die bespreking van Wet No. 1, 1897, het die heer A. Wolmarans gevra of die Volksraad, wanneer Art. 1 aangeneem word, die mag sou hê om n besluit te neem tot nadeel van n persoon, wat dié se eiendom betref, afgesien van die onteieningswet. Hierop het die Staatsprokureur Dr. H. Coster, geantwoord, dat van hom geen verdediging van volksraadsbesluite in die algemeen moes verwag word nie. Dit kom hom persoonlik baie onwenslik voor om wette deur middel van volksraadsbesluite te verander. Dit was egter nie die vraag nie, maar wel of die Volksraad daarop reg het om n besluit te neem en, as die wilsuiting van die Volksraad neergelê is, of almal daarvoor moes buig of nie, die Regterlike Mag sowel as iedere burger van die staat. Daarop was slegs één antwoord: sodra die Volksraad gespreek het, sodra hy sy wil kenbaar gemaak het, moes dit geëerbiedig word. „Het ligt aan den Volksraad om zijn macht op eene goede of eene verkeerde manier te gebruiken, maar wanneer de Volksraad eenmaal gezegd heeft: ik wil dit of dat, dan is het klaar en kon alleen het volk zeggen: ik wil de leden niet meer in den Volksraad hebben als mijn vertegenwoordigers, maar zoolang zoo n besluit niet door den Volksraad is terzijde gezet, is het wet voor iedereen. Wanneer nu de Volksraad eene wet of een besluit passeert, wat doet dan de Volksraad? Dat neergelegde besluit of die wet kan bij voorbeeld een punt van administratie zijn, iets waarmee het publiek niet in aanraking 86 Verantwoordelikheid van die Volksraad. komt, want ze hoeven niet altijd te zijn een algemeen bindende regel voor het publiek, maar zoodra de Volksraad gaat neerleggen, een wet of besluit dat voor allen bindend is, dan legt hij de vrijheid van elk individu door die wet of dat besluit aan banden en indien wij vrij willen zijn, moeten wij zijn de slaven van de wet. Eene wet maakt ons in vele punten tot slaven en eene speciale wet kan zeer hard zijn voor een enkel individu, maar toch noodig voor het geheele volk. Het kan noodig zijn in eene wet om een privaat persoon op de alleronbillijkste manier te behandelen, indien aangetoond wordt, dat het niet alleen in het belang, maar dat het zelfs noodzakelijk is voor het volk, dat die opoffering geschieden zal. De Volksraad zal niet goed handelen, wanneer hij het individu te veel gaat beperken, indien bij den man bijv. voor zijne opoffering niet een... [schadeloosstelling] geeft. ZEd. Gestrenge erkende het recht van den Volksraad om iemand te ontzetten van zijn eigendom ook zonder eenige vergoeding, maar zoon Volksraad zal, naar sprekers gedachte, niet de gelegenheid krijgen om ooit dit gebouw weer te betreden. Indien de Volksraad zijn plicht zoo weinig zou doorzien en niet in ziet, dat de opoffering aan den eenen kant moet worden gebalanceerd met eene opoffering van den anderen kant, dan zouden zulke Volksraadsleden niet zijn ware vertegenwoordigers van het volk en niet voor recht en billijkheid van den staat. Het is dus niet een kwestie van wenschelijkheid, maar alleen van recht en heeft de Volksraad eens beslist, al is het de grootste onbillijkheid van de wereld, al roept men ook „weg met den Volksraad", zoolang dat besluit er ligt, moeten wij allemaal het nakomen". — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 48 en 49). Dit is dieselfde stelsel wat die beer Kotzé in die McCorkindale-saak in 1884 ontwikkel het. Tydens die behandeling van die wet in die Volksraad het Versuim van Regters. 87 Dr. Leyds die regters die geleentheid gegee om middels aan die hand te doen tot oplossing van die moeilikheid deur verbeterings van die wet voor te stel. Hulle kon dit nie doen nie, omdat hulle, soos die Hoofregter verklaar het, geheel teen die strekking en inhoud van die wet was. Selfs is deur Dr. Leyds Voorgestel om die besprekings te verdaag om die regters n kans te gee om hulle menings bekend te maak. Die Raad het egter geweier om te verdaag op bevel va.n die regters, maar intussen het met die bespreking van die voorstel weer 'n dag verbygegaan, waarin die regters nog geen oplossing kon bring nie. Dr. Leyds het sy spyt daaroor te kenne gegee, dat die regters wat meer dan 'n jaar tyd gehad het om oor die vonnis na te dink en van wie verwag kon word dat hulle nie alleen oor die vonnis nagedink het nie maar ook oor die gevolge daarvan, nie die middel aan die hand kon gee, waarop hulle die uitsig gestel het nie. Die toestand wat deur die vonnis geskep is nl. die slotsom waartoe die regters gekom het, moes opgelos word. Die bedoeling was nie om die regte wat Brown verkry het, aan te tas nie. „Men stelt het voor, alsof de Volksraad iets doen wil om het privaat eigendom te schokken, om de zekerheid van claims, van grondbrieven, van titels aan te tasten. Men wil beweren, dat dit het doel is, dat de Volksraad door zijn handelingen wil bereiken. Het moet duidelijk zijn en ieder moet het weten en ervan overtuigd zijn, dat niet de Volksraad, maar het Hooggerechtshof dat gedaan heeft en iedereen moet het weten; dat het de Volksraad is, die aan den onhoudbaren toestand een einde wil en moet maken". —- (Gbk. No. 1, 1898, bl. 58). Die uiteensetting van die moontlike gevolge van die vonnis' Brown het Dr. Leyds aan die Staatsprokureur oorgelaat. Dit is n feit, sê laasgenoemde, dat 'n mens nie meer weet wat wet is nie. Slegte wette was kwaad, maar erger dan slegte wette was regsonskerheid, d.i. om nie te weet watter wette 88 Toetsingsreg bring Regsonsekerheid. hulle het nie, en dit was die toestand. Twee regters het beslis, dat n volksraadsbesluit geen krag van wet het nie en dat die Hooggeregshof die bevoegdheid besit om n wet of 'n volksraadsbesluit na inhoud of vorm te toets aan die Grondwet Die regters wil sê. dat, as hulle van mening is dat die inhoud of die vorm van n wet of n besluit in stryd is met die Grondwet van 1858, hulle daardie wet of besluit nie toepas nie, omdat dit dan geen wet is nie en geen wetlike krag besit nie. Die Grondwet van 1858 is in Februarie van daardie jaar goedgekeur. Reeds in September van dieselfde jaar bring die Volksraad wysigings aan in vyftien of meer artiekels. n Groot gedeelte van die Transvaalse wetgewing berus op besluite wat met die vorm en die voorskrifte van die Grondwet van 1858 strydig is; ook baie wette selfs was in dieselfde toestand. Dus het alle besluite en n groot deel van die wette ook krag gemis, tenminste na die oordeel van die Hof. Daar staan b.v. in die Grondwet, dat beskerm word die persoon en goedere van vreemdelinge sowel as van burgers. As daar één wet was wat inbreuk maak op die eiendomsreg, dan was dit die Goudwet. Waar iemand volgens die algemene reg aanspraak het nie alleen op die oppervlakte van die grond nie, maar ook op alles wat daarin sit ook op die delfstowwe in die grond, sê die Goudwet uitdruklik, dat alle edele metale en delfstowwe sal behoort aan die staat Daar kan dus gesê word, dat die Goudwet in stryd is met die Grondwet Wanneer die Hof uitspraak in dié sin sou gee, sou daar groot regsonsekerheid ontstaan. Die Hof het gewroet aan die wortels van die Goudwet. Die gehele krag van daardie wet kon in twyfel getrek word. Alle grote kapitale in die land het as gevolg van die uitspraak aan die swewe geraak, want niemand was seker of die regte wat onder die Goudwet verkry is, wel wesenlik bestaan of dat dit inbreuk maak op die Grondwet nie. Hoeveel was in die Goudwet nie Gevolge van die Vonnis. 89 by besluit gereël nie? Hoeveel verskillende besluite, het die Eerste en die Twede Volksraad nie geneem nie om die goudeiendomme te beskerm en die mynnywerheid te bevoordeel? Al hierdie dinge is op losse skroewe geset en die ganse samelewing was oorgelewer aan die mening van enkele regters wat op 'n gegewe oomblik kon sê, dat n wet of n besluit in Stryd is met die Grondwet of nie. Vandaar die regsonsekerheid wat baie nadelig moes werk op die bloei van die land. Volgens die uitspraak van die regters sou ook die Drankwet en meer andere in stryd met die Grondwet kan verklaar word. In 1884 is in die McCorkindale-saak beslis, dat 'n volksraadsbesluit wel krag van wet het en dat die Hof die toetsingsreg nie besit nie. Daarop het die volk en die Volksraad voortgebou. Hulle het voortgegaan met besluite te neem en die Grondwet te verander by besluit of wet, sodat hulle in besit was van 'n gehele plaaslike wetgewing wat, so nie geheel en al nie, dan tog vir die grootste gedeelte op volksraadsbesluite berus. Was dit seker, dat dit alles nie bestaan nie, dan kon dadelik middele te baat geneem word om alles bestaanbaar te maak. maar die onsekerheid bestaan daarin, dat niemand weet of n regter nie miskien sal gaan vertel, dat sodanige wet nie in stryd met die Grondwet sou wees nie. Die onsekerheid van die wet bestaan en niemand, ofskoon hy die wet voor hom het, weet of dit wet is of nie. Om daaraan n einde te maak was hoogs wenslik en die enigste weg om uit die moeilikheid te kom, was dié deur die regering in die Wet No. 1 van 1897 aangewys. Selfs die Hooggeregshof was in stryd met die Grondwet van 1858 ingestel, maar n mens kon nie verwag dat die Hof self sou verklaar, dat dit volgens die Grondwet van 1858 nie bestaan nie. Volgens die Grondwet sou ook slegs twee of drie Volksraadslede die reg hê om in die Raad te sit en was selfs die Staatspresident 90 Toestande verander sedert 1858. geen wettige President nie. - (Gbk. No. 1.1898, bl. 58 en 59). Artt. 31, 61, 89 en 90 van die Grondwet van 1858 het inderdaad bepaal, dat lede van die Volksraad en van die Uitvoerende Raad, President en Staatsekretaris lidmate moes wees van die Nederduitse Hervormde Kerk, die Staatskerk van daardie dae. Van die lede van die regering het alleen Dr. Leyds aan genoemde vereiste voldoen en was hy derhalwe die enigste wettige hd van die regering volgens die houding van die regters. Wat die Hooggeregshof betref, is in Art. 143 bepaal, dat dié sou samegestel word uit drie landdroste en twaalf gesworenes. Die Hooggeregshof van die heer Kotzé is eers in 1877 by volksraadsbesluit ingestel en die inwerkingtreding en breedvoerige reëling van hierdie hof is eers in 1881 geskied en nog wel by proklamasie van die Driemanskap, waarin tegelykertyd John Gilbert Kotzé as Hoofregter benoem is. Die drie landdroste van die ou hooggeregshof is deur die volk gekies en as gewone amptenare beskou, daar hulle ook ander werk dan regspraak verrig het. Hulle was deur die President afsetbaar, want hy kon hulle as enige andere amptenare op enige tyd ontslaan, wanneer hy meen, dat hulle nie in die belang van die land handel nie. By die besluit van 1877 sou die regters vir hulle lewe aangestel word, maar in hierdie geval sou hulle seker geen beroep wou doen op die onskendbaarheid van die Grondwet van 1858 nie. Ook die toelaes van die regters was by volksraadsbesluit toegeken en sou derhalwe ook om dié rede onwettig moet wees. Die ontwerp van Wet No. 1 van 1897 is sonder bekendmaking aan die volk vooraf as 'n maatreël wat geen uitstel kon ly nie, dadelik deur die Volksraad in behandeling geneem. Enkele lede het hierteen beswaar geopper en gemeen, dat die regters die wet daarom nie sou erken nie. Dit Sou Noodsaaklikheid van Wet No. 1 van 1897. 91 geen verskil maak nie. sê Dr. Leyds. In 1889 is n ontwerpwet drie maande vooruit bekend gemaak. Die Volksraad het toe nog verder gegaan. Die ontwerp is behoorlik vooraf aan die volk voorgelê en daarna in die Volksraad behandel en aangeneem met die Art. 32 wat die toetsingsreg verbied. Maar die wet is nog nie dadelik in werking gesteld nie, dog weer voor die volk gelê en eers in 1890 van krag gemaak. Selfs aan daardie wet heg die regters geen waarde nie en sê daarvan dat, wanneer die betekenis van Art. 32 was om hulle die toetsingsreg te ontneem, dan was dit 'n wet Wat geen krag het nie en deur hulle nie erken kon word nie. Watter waarborg het die Volksraad dat dit nie ook met die wet onder behandeling kon gebeur nie en dat die regters tog nie nog op die toetsingsreg sou aanspraak maak nie, al was die ontwerp behoorlik drie maande vooraf bekend gemaak? n Mens moes ook dink aan wat intussen kon gebeur. Daar kon in drie maande allerlei uitsprake gedaan word oor sake van groot belang wat selfs die onafhanklikheid van die Republiek raak. Iemand gee miskien aan die hand, dat die geregshowe vir dié tyd sou gesluit word. Sou die regters hulleself daaraan stoor? Hulle kon dit in stryd met die Grondwet ag, Afgesien daarvan is 'n land sonder geregshowe onmoontlik. Om b.v. alleen die Hooggeregshof te sluit, sou nie baat nie, want die laere howe kon vir huileself ook die toetsingsreg aanmatig. Ook van n ooreenkoms of kontrak met die Regterhke Mag kon geen sprake wees nie, want die Wetgewende Mag alleen bepaal wat wet is en niemand anders nie. Die regters kon nie op 'n ooreenkoms met die ander staatsmagte regspraak uitoefen nie, maar alleen volgens die Wette. Die wet (No. 1 van 1897) was n ongelukkige middel wat die Volksraad moes aangryp, maar die toestand was nie deur die Volksraad geskep nie. Die Raad was gedwonge om 'n maatreël van hierdie aard te neem. Die bedoeling was nie om die onaf- 92 Dr. Leyds oor die Toestand. hanklikheid van die regters of die regsekerheid aan te tas nie, maar om die regsekerheid te herstel en reg te laat segevier. — (Gbk. No. 1, 1898, bl. 59 en 60), In n brief van 20 Februarie 1897 aan gesant Jhr. Beelaerts van Blokland werp Dr. Leyds ook n helder hg op die toestand van sake, waarin Kotzé die Republiek laat beland het „Het zijn moeilijke dagen die we beleven", skrywe Dr. Leyds. „Het is de ernstigste tijd, dien ik ooit hier in de Republiek heb bijgewoond. „De toestand, waarin het vonnis van Kotzé en Ameshoff ons gebracht heeft, is onbeschrijvelijk. Niets is wet, niets is bindend. „Geen recht, privaat- of publiekrecht, bestaat, of ten minste men weet niet wat de rechters als zoodanig zullen believen te erkennen. „Het is een revolutie, gemaakt door de leden der rechterlijke macht Zij, wier taak het is rechtszekerheid te scheppen, hebben die vernietigd. „Kotzé wrijft natuurlijk de handen, dat de boel in de war is; in troebel water is het goed visschen, denkt hij.... „Voor de Engelschen is deze uitspraak een triomf. „De toestand van een land, waarin het mogelijk is, dat twee rechters zooiets uithalen, i s niet gezond. En als Rhodes nu bij het onderzoek met zijn vinger daarop wijst als een van de bewijzen, dat reform noodig is om rechtszekerheid voor persoon en eigendom te scheppen, is dat dan niet waar?" Soos nog sal blyk, was een van die griewe van die Uitlanders teen die Transvaalse regering die sogenaamde afhanklikheid van die Hof van die Uitvoerende Raad af. In Augustus 1899 het ook die Engelse staatsman G. J. Goschen aan die Nederlandse Eerste Minister Pierson na Beskuldiging van Goschen beantwoord. 93 aanleiding van die Transvaalse vraagstuk in die buitelandse politiek o.a. geskrywe: „Look at the administration of justice and the dependence of the Judges on the Raad. Look at the ease with which the Raad can override every article of the Constitution". — (Eenige Correspondentie, blz. 134.) Na insage van die brief van die heer Goschen het Dr. Leyds daarop aan die heer Pierson geantwoord: „Welnu, zulk een afhankelijkheid bestaat niet. De Heer Goschen heeft waarschijnlijk het oog op de recente rechterskwestie ten gevolge waarvan de Heer Kotzé is ontslagen als hoofdrechter. Daarbij waren het evenwel niet de Volksraad of de Regeering, die zich te buiten gingen: het waren de rechters zelf, die zich niet binnen hunne bevoegdheid hielden. De Regeering heeft zich in de crisis niets te verwijten gehad. Zij had alleen het ongeluk vart in den Heer Kotzé een rechter van zulk een extra-ordinair allooi te bezitten, overgaande tot zulke buitengewone maatregelen, dat ook de Regeering, ter wille van het pubhek belang, tot insgelijks buitengewone maatregelen gedwongen werd. „Wat is de kwestie? Langzamerhand was op dié wijze een wetgeving ontstaan, geheel en al afwijkende van de Grondwet van 1858. Plotseling nu, in 1897, verklaren Kotzé c.s., dat de rechters (derhalve zijzelf) een zoogenaamd toetsingsrecht bezitten, d.w.z. het recht om te onderzoeken of een Wet of Volksraadsbesluit in strijd is met de Grondwet. En verklaarde Kotzé verder: niet de verplichting te hebben om zulk een wet of besluit ongeldig te verklaren, maar de rechters behielden zich het recht voor om in zulke gevallen zelf te beslissen welke bepalingen zij als geldig zullen aannemen en welke niet! Onverantwoordelijke rechters zich dus constitueerende als wetgevende macht, over het hoofd der wetgevers heen! Het geheele land aan hun bon plaisir overgeleverd! Zooals ik zeide was langzamerhand de geheele wetgeving in den 94 Hooggeregshof en Uitlanders. lande af gaan wijken van de bepalingen der Grondwet. Bezaten de rechters de macht, die zij zich onrechtmatig aanmatigden (ik zal u niet vermoeien met argumenten tegen hun stelling maar zou volkomen bereid zijn ze te leveren) dan had het geheel en al van de rechters afgehangen den Volksraad, den Uitvoerende Raad (ik zou het eenige wettige lid daarvan geweest zijn, als behoorende tot een zekere in de oorspronkelijke grondwet genoemde kerk), den Staatspresident onwettig te verklaren, alle mijnbezit onwettig te verklaren, allen eigendom op losse schroeven te stellen, kortom alles te beschouwen als van nul en geener waarde. Het verbaast mij dat de Regeering een verwijt gemaakt wordt van de stappen toen door haar genomen. Als er iets in het belang der Uitlanders geweest is, dan waren het juist die stappen. Zij hebben de zekerheid van eigendom, de rechtszekerheid in het algemeen, hersteld, die door de rechters was aangevallen en bedreigd. ,, Af gezien nog van de gevaren die een toetsingsrecht met terugwerkende kracht voor de Z. A. R. medebrengt, meen ik het recht te hebben te wijzen op Engeland en Nederland waar de rechters ook niet het toetsingsrecht bezitten. „Hoe dat ook zij, ik houd vol dat terwijl aan onze rechters het toetsingsrecht werd onthouden, zij volkomen vrij zijn in hun rechtspraken en volstrekt niet afhankelijk van Volksraad of Uitvoerenden Raad. in geenen deele wordt hun voorgeschreven boe zij moeten recht spreken, noch zelfs wordt er pressie in die richting uitgeoefend. ,, ,Look at the ease with which the Raad can override every article of the Constitution', zegt de Heer G. Is dat niet dezelfde macht die het Parlement in Engeland heeft?" — (Eenige Corresp. bl. 140—142). Hiermee is meteen die grief van die Uitlanders teen die vermeende slegte regspleging in die Republiek beantwoord en kan verdere weerlegging van hulle beskuldigings agterweë bly. HOOFSTUK V. DIE EERSTE INLYWING DEUR BRITTANJE. Van 1852 tot 1867 het Transvaal geen las gehad van Britse kant nie. In laasgenoemde jaar egter is goud ontdek in die noorde van die republikeinse gebied en hierdeur is Britse belangstelling weer gewek. In 1871 het verdere ontdekking ia Soutpansberg gevolg, maar die pogings tot ontginning het nie veel wins opgelewer nie en daarom kom die eer van uitlokking van Britse bemoeiing aan die diamante toe wat langs die noordelike oewer van die Vaalrivier gevind is. n Paar Kaf ferstamme in daardie omtrek is dadelik deur Engelse raadgewers opgestook om teenoor Transvaal aanspraak op die betrokke gebied te maak. Dat Transvaalse burgers reeds n kwart eeu lang daar gewoon het, is vir die gemak oor die hoof gesien. Die Hoë Kommissaris neem dit ook somar as uitgemaak aan, dat dit die Boere was wat die inbreuk gemaak het op die gebied van die inboorlinge en stuur daaroor n waarskuwing aan die President op 19 September 1870. Hy beweer, dat daardie stamme in vriendskaplike bondgenootskap was met Groot-Brittanje, en daarby sien hy die feit verby, dat die Engelse verteenwoordigers wat die Sandrivier-Traktaat onderteken het, uitdruklik in daardie verdrag verklaar het, dat hulle „alle verbintenissen, van welken aard ook en met wie ook van die gekleurde natiën, ten noorden van de Vaalrivier" ontken. In dieselfde traktaat het Engeland ook belowe; „dat het grondgebied ten noorden van de Vaalrivier door het Britsche Gouvernement niet zal worden overschreden". Daar 96 Die Keate-Beslissing. was dus rede genoeg vir die Boere om verontwaardig te wees oor die optree van die Hoe Kommissaris. In Novembermaand van dieselfde jaar is op voorstel van President Pretorius n samekoms gehou tot bespreking van die geskilpunte. Dit het egter géblyk, dat ooreenstemming onmoontlik was en die partye kom ooreen om die saak aan n hof van skeidsregters voor te lê. Maar nog voordat hierdie hof kon vergader, laat die Hoë Kommissaris die magistraat van Kimberley regterlike gesag uitoefen oor die betwiste gebied, sogenaamd onder vohnag van Waterboer wat in belang van Britse planne voorgee om daaroor baas te wees. Die onregmatigheid van Waterboer se aansprake en die feit. dat dié maar voorwendsels was van Britse kant, blyk onder meer duidelik uit n brief wat die Hoë Kommissaris op 15 Augustus 1871 aan die Engelse Sekretaris van Staat geskrywe het en waarin hy sê: „Dit lyk my geheel onmoontlik om nog langer die fieksie vol te hou van in die naam van Waterboer te handel...". — (C. 508. bl. 5; Leyds: Eerste Annex. bl. 144). In Februarie 1871 word op Khpdrif n twede konferensie oor die saak gehou en word weer besluit om die saak vir beslissing aan n hof van skeidsregters te onderwerp, terwyl intussen die Republiek regterlike gesag sou uitoefen oor sy burgers in daardie gebied woonagtig. Die hof sou samegestel wees uit een skeidsregter deur die President en een deur die Hoë Kommissaris benoem, met R. W. Keate, die Engelse Luitenant-Generaal van Natal, as eindbeslisser. Die uitslag was vir die Republiek so ongunstig as niemand dit verwag het nie. Selfs die hele afdeling Bloemhof en n groot deel van die afdelings Potchefstroom en Marico is deur Keate aangedui as buite die grense van die Republiek te val. Die Volksraad weier om die uitspraak van Keate as bindend te erken op grond van die feit, dat President Pretorius sy bevoegdheid onder die Grondwet oorskry het, omdat hy Europese Politiek. 97 sy toestemming tot die skeidsgereg verleen het sonder die vereiste volmag. Die President is hard aangeval weens sy onversigtigheid by die voorbereiding van die saak en voel homself ver plig om sy amp neer te lê. As sy opvolger word begeer President Brand van die Oranje-Vrystaat tot bevordering van die vereniging van die twee repubheke. Brand weier egter om President van albei republieke tegelyk te wees of selfs van n vereniging van die twee tot één staat. Hy was bang vir gewelddadige ingryp van Brittanje. Op 1 Julie 1872 word Ds. T. F. Burgers President van die Suid-Afrikaanse Republiek. Vir veertig jaar lang is die aandag van Engeland byna uitsluitend deur Europese gebeurtenisse in beslag geneem. Die algemene omwentelingsbeweging van 1848 het vrysinniger denkbeelde versprei en die Imperialiste is in Europa en Amerika deur belangriker sake dan Boere-tergery besig gehou. In 1870 egter maak Pruise vir Frankryk onskadelik en hoef Engeland geen rekening meer te hou met die grille van Keiser Lodewyk Napoleon nie. Die tussenstaatse verhoudings het gunstig geword vir herhaling van Engeland se terggeesagtige politiek teenoor die klein Boerestate in Suid-Afrika. Die diamantvelde word ingepalm en ook word 'n poging aangewend om die Portugese uit Delagoabaai te verdrywe. Tot skeidsregter in hierdie saak is die Franse Staatspresident MacMahon benoem wat in 1875 uitspraak doen teen Engeland. In 1873 bring die Ashanti-veldtog van Sir Garnet Wolse» ley weer n bietjie verligting vir Suid-Afrika, maar in 1874 segevier die Imperialiste by die stembus in Engeland en kom Benjamin Disraeli aan die bewind, met Lord Carnarvon as Minister van Kolonies. Hiermee was die tyd aangebreek om die vrysinnige werk 98 Britse Buitelandse Politiek. wat in 1852 en 1854 in Suid-Afrika verrig is, weer ongedaan te maak. Wat toe as waardeloos losgelaat is, moes nou weer as beskermgebied verwerf word, daar Napoleon nie meer dreig nie, Dr. Leyds sê tereg, dat dit eintlik „geen ingrijpende verandering bracht in de koers van Groot-Brittanjes politiek in Zuid-Afrika. Door hun optreden werd slechts een reeds bestaande neiging versterkt Men had zich van de diamantvelden meester gemaakt onder het vaandel van Gladstone en Lord Kimberley. Alle ministers, van welke richting ook, verkregen van de permanente onder-secretarissen en andere ambtenaren in Londen en aan de Kaap de inhchtingen, waarop zij hun politiek grondden". - (Eerste Annex, bl 184/5). Die buitelandse politiek van Engeland bly homself steeds gelyk. Of Baldwin, Lloyd George, Asquith of Macdonald aan die roer sit, maak geen verskil vir die geweste wat deur Brittanje oorheers word nie. Die optree van Engeland teenoor die res van die wêreld word steeds aangegee deur dieselfde beginsels wat as onveranderlike oorlewerings die amptenare besiel en die politieke voormanne as rigsnoer dien. In sy buitelandse politiek het Engeland vir niks in die wêreld eerbied nie dan vir mag en geweld. En selfs dié kan hy gewoonlik uit sy berekening skakel deur die aangaan van voordehfe bondgenootskappe en deur op handige wyse party te trek van andere se onenigheid en verleentheid. In 1877 het die algemene politieke toestand Engeland vry gelaat om sy politieke listigheid en veglus bot te vier en Transvaal te bemagtig. Die meeste Engelse skrywers het getrag om aan te toon, dat die inlywing van die Suid-Afrikaansche Republiek deur Sir Theophilus Shepstone n daad van grootmoedige opoffering was van die kant van GrootBrittan je. Op skitterende en oortüigende wyse toon Dr. Leyds die teendeel aan. Southey, die Britse goewerneur van die diamantvelde, en Brittanje wapen Inboorlinge. 99 Sir Henry Barkley, die Hoë Kommissaris. het begin met die naturelle van vuurwapens te voorsien in stryd met die Sandrivier-Traktaat. „Zij [die naturelle] werden verder uitgenoodigd", vertel Froude, „zich tot Britsche onderdanen te verklaren, en de heer Southey berekende, dat hij op deze wijze in staat zou zijn de Transvaal geheel in te sluiten [met wapende naturellen]". — (Leyds: Eerste Annex. bl. 188/9). „Dit voorbedachtelijk verbreken der Conventie werd, geheel volgens de bedoeling, een politieke factor van de grootste beteekenis. Het zette de naturellen tegen de Boeren op. Wanneer dan daarna de naturellen de onderspit moesten delven, dan zouden de Britsche autoriteiten gelegenheid hebben te hunnen behoeve op te treden; en onder voorwendsel van ze te redden van de „Boeren-dwingelandij" zoude men de Transvaal kunnen annexeeren. Indien, omgekeerd, de Boeren bleken niet opgewassen te zijn tegen de naturellen, dan kon gezegd worden, dat het prestige der blanken in geheel ZuidAf rika op het spel stond en dat om die reden zoowel als in het belaag der Boeren zelf, het noodzakelijk geworden was hun land onder de bescherming der Britsche vlag te plaatsen. Hoe men ook redeneerde, altijd was mogelijk er een argument voor de annexatie uit te putten". — (Leyds: Eerste Annex. bl. 190/1). Die Engelse pers in Suid-Afrika en selfs binne die Republiek het by die dag harder geskreeu om inlywing. Die Wetgewende Raad van Natal het n besluit na Engeland gestuur, waardeur die inlywing van die twee Republieke in gunstige oorweging deur Haar Majesteit aanbeveel is. Lord Carnarvon wou in Suid-Afrika n groot bond van Britse geweste tot stand bring ewenas kort tevore in Kanada geskied het en in 1875 stuur hy generaal Wolseley met dié doel voor oë as Administrateur na Natal. Wolseley het die omstandighede nog nie gunstig genoeg geag vir oorweldiging van die repu- 100 Opdrag aan Shepstone. blieke nie en is na ses maande van sy opdrag onthef. In dieselfde jaar is die geskiedskrywer Froude deur Lord Carnarvon na Suid-Afrika afgevaardig om die stigting van die bond te bepleit en voor te berei. Die wyse, waarop te werk gegaan is, het sowel die Kaapse regering as dié van die Oranje-Vrystaat in die harnas geja. As gevolg hiervan moes die planne opgegee word vir sover dit die „konsütusionele middele" daartoe betref. Lord Carnarvon en sy handlangers het egter nog ander middele in hulle politieke pylkokers gehad en dié begin hulle nou toepas: laster, verdagmaking, klagtes, beskuldigings, tergery en geweld. Nadat die Engelse pubhek voldoende opgehits was teen die Boere, is Sir Theophilus Shepstone, gewese Sekretaris van Naturellesake in Natal, uitgestuur met *n besondere opdrag om te sien wat gedoen kon word om die land in besit te kry. Op 4 Januarie 1877 oorskry hy die Transvaalse grens „om 'n besondere ondersoek in te stel na die oorsprong, die aard en die omstandighede van die troebele en van die verskillende vraagstukke, die bestaan waarvan n bron is van soveel gevaar, met die oogmerk om, indien moontlik, vergoed die bestaande twiste en moeilikhede uit die weg te ruim". — (C. 1776, bl. 40; Leyds: Eerste Annex. 205). Na sy aankoms in Pretoria het die vermoede sterk pos gevat, dat daar 'n bedoeling was om n eind te maak aan die onafhanklikheid van die Republiek. Paul Krüger wat toe as Onder-President in die Uitvoerende Raad sitting gehad het, weier beslis om 'n bespreking te begin oor enige onderwerp wat op een of ander wyse die onafhanklikheid van die staat as republiek te na kon kom. Dit het vir Shepstone tydelik laat swyg. Hy kon egter sy kans rustig afwag. In Maart is Britse troepe byeengebring op Newcastle in Natal, vlak by die grens van die Republiek. Hulle sou sy bevele opvolg, sodra hy die geskikte tyd daartoe as aangebreek beskou. Transvaal ingelyf. 101 Shepstone het nou van verskillende omstandighede 1) gebruik gemaak om gronde te vestig vir inlywing van die Republiek. Die vernaamste was: die opstand van Sekokoeni, die houding van die Soeloes, die toestand van die Republiek se skatkis en die sogenaamde gewilligheid van die meerderheid van die Transvaalse blanke bevolking om Britse gesag te aanvaar. Op 9 April 1877 deel Shepstone die Uitvoerende Raad mee, dat hy van plan was om die land in naam van Haar Britse Majesteit by haar ryk in te lyf. Die 12de April vaardig hy daartoe 'n lang proklamasie en adres uit. Die Uitvoerende Raad en die President teken hierteen dadelik kragtige verset aan en besluit om n afvaardiging na Engeland toe te stuur om van die Britse regering die erkenning van die onafhanklikheid te verkry. Hulle was onder die indruk, dat die Britse owerheid mislei is en bereid sou weea om die regskending ongedaan te maak, wanneer hulle die juiste feite en toedrag van sake verneem. Paul Krüger en Dr. E. J. P. Jorissen word vir die uitvoering van hierdie taak aangewys. Dat nie onmiddellik na die wapens gegryp is nie, meen Dr. Leyds aan die volgende oorsake te moet toeskrywe: „Het was een zware worsteling om het bestaan, die deze jeugdige natie der Boeren door te maken had; zij hadden hun vertrouwen in hun staatshoofd verloren en waren nog niet in de gelegenheid geweest een opvolger te kiezen; zij werden door Shepstone bedreigd met een overval van Zoeloes, geruggesteund door de Britsche troepen; en bovenal: hun voorraad ammunitie was in den oorlog met Secocoeni zoo goed als uit- x) Besonderhede hiervan word duidelik deur Dr. W. J. Leydsuiteengesit In hoofstukke XIII—XVII van sy Eerste Annexatie van de Transvaal. 102 Beroep op Britse RegverdigheidsgevoeL geput en, met Brittanje als tegenstander, zoude het onmogelijk zijn geweest een nieuwen te bekomen. Weinig hoop stellende in gewapend verzet en, als een drenkeling aan een stroohahn, zich vasTklemmende aan de verwachting hun door hunne voormannen voorgespiegeld, dat de of facieele en nadruldcehfre protesten, hierboven aangehaald, het geweten van GrootBrittanje zouden wakker schudden bleef het ***** der burgers kalm en stil". - (Eerste Annex. bl. 273/4). Die onreg het verbittering gewek; eenpang was die Boere afkerig van Britse gesag, maar hulle wag slegs op die uitslag van hulle dringende beroep op Brittanje se regverigheidsgevoel. Shepstone, Sir Bartle Frere en Lord Carnarvon het vur mekaar, vir die Britse Parlement en die pubhek wys gemaak, dat die grote meerderheid van die Boere die msluiping van Britse gesag in Transvaal verwelkom. Hulle weier om die saak te onderwerp aan *n volkstemming. Die Boere het egter n middel gevind om duidehk te bewys wat die gevoele in die Republiek was. Nadat Krüger en Jorissen «it Engeland teruggekeer en die mislukking van huMe sending bekend gemaak het, is versoekskrifte m the land rondqestuur vir ondertekening teen of ten gunste van inlywmg. DTe Ldtekenings ten gunste daarvan het 587 getel en was natuurlik dié van die Engelse inwoners van die land. Lhe handtekenings teen inlywing het 6591 beloop, nadat n groot aantal, weens onreëlmatigheid in die opsendmg daarvan, *fDttergaderings van verset. die ondertekening van die versoekskrifte en die optree van Paul Krüger en andere om die inlywing ongedaan te maak. is beskou as oproer teen Haar Britse Majesteit. p , Nou word weer Generaal Piet Joubert saam met Paul Krüger na Engeland toe afgevaardig om andermaal verset aan te teken en die uitslag van die volkstemming mee te deeL Boere verlaag Vryheid. 103 By wyse van partikuliere gif te is onder die Boere £1,900 ingesamel tot dekking van die onkoste van die afvaardiging. Ook hierdie slag moes Krüger onverrigtersake uit Londen terugkeer. Transvaal was nou eenmaal Engels en moes dit bly. Op 11 Januari e 1879 bring die af gesante verslag van hulle sending uit op Wonderfontein aan die komitee van voormanne, waarvan Pretorius voorsitter was. Daar word besluit „om voort te gaan met te protesteeren tegen het begane onrecht" en „een Comité te kiezen ten einde verdere maatregelen te beramen ter verkrijging van onze onafhankelijkheid". Deur die aanwesiges word n plegtige verklaring onderteken wat as volg eindig: „Dat wij elkander de hand geven, als mannen, broeders, plegtig beloovende, trouw te houden aan ons land en volk en met het' oog op God zamen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek. „Zoo waarlijk helpe ons God Almagtig".— (Leyds: Eerste Annex. bl. 294). Die Engelse was op hierdie tydstip in 'n ongunstige oorlog met die Soeloes gewikkel, maar die Boere weerstaan die groot versoeking om ook nou hulle slag te slaan met die Soeloes als bondgenote. Hulle ag dit die blanke onwaardig om van Kaffers gebruik te maak teen ander blanke. Verskeie Boere het selfs nog die Engelse teen die Soeloes gaan help. Van Engelse kant word nou in Transvaal n beweging op tou gesit tot verkryging van n verteenwoordigende regeringsvorm, maar die Boere wou hiermee niks te doen hê nie. Al wat hulle sou kan te vrede stel, was, „dat de daad der annexatie zou worden te niet gedaan, en dat de nationale onafhankelijkheid en de vlag, die daarvan het zinnebeeld is, zouden worden hersteld". — (Leyds: Eerste Annex. bl. 310). Dit was bo n Engelsman se begripsvermoë verhewe. Immers alle volke hunker na die eer om onder Britse vlag te 104 Verset teen Britse Gesag. staan en deur Engelse geregeer te word! Wat die Boere betref kon dit derhalwe, na Engelse insig, nie anders wees nie. Dit moes van self spreek, dat ook hulle graag die seëninge van Engelse bestuur wou deelagtig word. Hulle sou slegs verset laat blyk, omdat die beloftes van n goeie beheer en n verteenwoordigende regeringstelsel deur Shepstone gedaan, nie nagekom is nie. Generaal Wolseley sou die Boere laat toekom wat hulle onbewus na verlang, volgens sy mening. Hy gee in die openbaar kennis, „dat het de wil en het vaste besluit van H. M.'s Goevernement is, dat dit Transvaalsche grondgebied voor altijd zal zijn en zal voortgaan te zijn een tot het geheel behoorend deel Harer Majesteits bezittingen in Zuid-Afrika". — (Leyds: Eerste Annex. bl. 315). Die Boere het daar anders oor gedink en 15 Desember 1879 het op Wonderfontein sowat 6300 man by mekaar gekom en besluit om te verklaar, dat die volk van die SuidAfrikaanse Republiek nooit onderdane van die Britse Koningin gewees het nie en dit ook nie wou wees nie; dat die regering van die Republiek sy werk moes hervat en dat so spoedig moontlik die Volksraad byeengeroep moes word. Die voorsitter en die sekretaris van hierdie vergadering, M. W. Pretorius en W. E. Bok, is n paar weke later, in die eerste dae van 1880, van hoogverraad beskuldig en gevange geneem. Hulle moes 'n borgtog van £ 3000 stort en is daarop voorlopig vrygelaat. Generaal Wolseley kry die indruk, dat hy met hierdie optree die Boere mak gemaak het en bied aan die voormanne, ook aan Pretorius wat nog beskuldig staan van hoogverraad, goed besoldigde baantjies tot versoening aan. Sy lokmiddels is met beslistheid van die hand gewys. Ook Gladstone wat die inlywing van Transvaal skerp veroordeel het, gee nou in sy betrekking as Eerste Minister te Stryd met Oor winning bekroon. 105 kenne, dat Engeland homself nie uit daardie gebied sou terugtrek nie. Die Boere hou huileself stil en wag hulle kans af tot Desember 1880. Die Volksraad van die ou Republiek word by Paardekraal byeengeroep. S. J, P. Krüger. M. W. Pretorius en P. J. Joubert word tot driemanskap benoem om as voorlopige regering te handel Hulle vaardig n kragtige beroep op die volk en n bekendmaking uit, „dat vanaf heden het land wordt verklaard te zijn in staat van beleg en onder de bepalingen van de Oorlogswet". Op 16 Desember, Dingaansdag, word die vlag van die Republiek op Heidelberg weer gehys. In gevegte by Bronkhorstspruit, Potchefstroom, Laingsnek, Ingogo-hoogte en Majoeba-berg (27 Februarie 1881) is die wapens van die Boere met oorwinning geseën. HOOFSTUK VI. DIE VERDRAG VAN PRETORIA» 1881. (Britse Soeseraniteit.) President Brand van die Oranje-Vrystaat het sy pogings tot toenadering tussen Transvaal en Brittanje ook né die uitbreek van die vyandelikhede voortgeset. Dog eers op 6 Maart kom Generaal Joubert en Sir Evelyn Wood ooreen om n wapenstilstand te sluit as regstreekse gevolg van 'n telegram deur President Brand op 4 Maart aan die twee generaals gestuur. Op 21 Maart word die vrede gesluit, waarby die voortbestaan van die Republiek verseker is, dog onder Britse beskermheerskap, met n Britse Resident op Pretoria en onder toesig van Engeland op die buitelandse verhoudings. f Die Boere het toegestem in Britse soesereiniteit volgens die uitleg daaraan gegee deur Sir Evelyn Wood. Dit was: „Het land heeft volkomen eigen Gouvernement wat aangaat binnenlandsche zaken, maar het kan geen stappen nemen (take action) tegen of met eene buitenlandsche mogendheid zonder permissie van den Suzerein". — (Staatskoerant van die Vryheidsoorlog, bl. 56). Hierdie duidelike uitlegging kan slegs een betekenis gehad het, meen Dr. Leyds (Eerste Annexatie, bl. 366), n.1., dat die Republiek die reg sou hê om, sonder tussenkoms van Groot-Brittanje, met buitelandse moondhede te onderhandel, maar dat die toestemming van die soeserein verkry moes word, voordat die Republiek homself kon bind. Hierop het die Boere vertrou, toe hulle die gunstige stellings Soesereiniteit gevestig. 107 op Laingsnek prys gegee en huiswaarts gekeer het. Dit was dus n onaangename ontnugtering, toe aan die Boere-voormanne n ontwerp-verdrag voorgelê word, waarin Engeland vir homself die reg voorbehou op die aangaan van verdrae en die reël van diplomatieke onderhandelings met vreemde mr>.nT\A\\0Ao Ac*t\r miAAcA van Rrits Hinlnmati>ke pn konsulêre amptenare in die buiteland. Hoe ontevrede die Boere ook al hiermee was, moes hulle die verdrag maar onderteken. Die Britse krygsmag was intussen aanmerklik versterk en vir die Driemanskap was die verantwoordelikheid te groot om te waag om die stryd te hervat. Op 3 Augustus 1881 is die verdrag op Pretoria onderteken deur Sir Hercules Robinson, Sir Evelyn Wood en Sir Henry de Villiers namens die Britse regering, en deur Paul Krüger, M. W. Pretorius en P. J. Joubert namens die volk van die Suid-Afrikaanse Republiek, hangende die goedkeuring van die Volksraad. Dit is die aanhef van hierdie verdrag wat Chamberlain homself later telkens op beroep het as grond vir sy inmenging in die inwendige bestuur van Transvaal, hoewel hierdie hele verdrag met aanhef en al in 1884 vervang is deur die Traktaat van Londen. Hierdie aanhef het aldus gelui: „Harer Majesteits Commissarissen voor de regeling van het „Transvaalsche Grondgebied, behoorlijk aangesteld als zoo„danig bij eene Benoeming gepasseerd onder de Koninklijke „hand en zegel, en gedateerd den 5den April 1881, ondernemen en waarborgen hierbij uit naam van Hare Majesteit, „dat van en na den 8sten Augustus 1881, geheel Zelfbestuur, „onderworpen aan de Suzereiniteit van Hare Majesteit, Hare ..erfgenamen en opvolgers, zal toegestaan- worden aan de „inwoners van het Transvaalsche Grondgebied, op de volgende termen en conditiën en onderworpen aan de volgende „beperkingen en grenzen". — (Groenboek 1884, bl. 2). 108 Bevoegdhede van Britse Resident. Dat die soesereiniteit wat Engeland by hierdie geleentheid oor Transvaal gevestig het, van buitengewone uitgebreide aard was, bewys die artiekels insake die benoeming en die bevoegdhede van die Britse Resident in Pretoria: „Art. 2. Hare Majesteit behoudt voor zich zelve, Hare „erfgenamen en opvolgers voor: „a. Het recht om van tijd tot tijd te benoemen een Britschen „Resident in en voor genoemden Staat, met zulke plichten en „bevoegdheden als hierna zijn omschreven. „b. Het recht om in tijden van oorlog troepen te vervoeren „door genoemden Staat, of in geval van vrees voor een „onmiddellijken oorlog tusschen de Suzereine macht en „eenigen Buitenlandschen Staat of Naturellen-stam in Zuid„Afrika, en „c. Het toezicht op buitenlandsche betrekkingen van genoemden Staat, insluitende het aangaan van tractaten en „het regelen van diplomatieke onderhandelingen met vreemde „mogendheden, moetende zulke onderhandelingen gevoerd „worden door middel van Harer Majesteits diplomatieke en „consulaire beambten buitenlands. „Art 18. De volgende zullen zijn de plichten en werkzaamheden van den Britschen Resident: „(1) Hij zal plichten en werkzaamheden volbrengen ge„lijkstaande met die, welke uitgeoefend worden door een „Zaakgelastigde en Consul-Generaal. „(2) Met betrekking tot Naturellen binnen den Transvaal„Staat zal hij (a) rapporteeren aan den Hoogen Commissaris „als vertegenwoordiger van de Suzerein over de werking en „nakoming van de voorzieningen van deze Conventie; (b) „aan de Transvaalsche autoriteiten rapporteeren eenigerlei „gevallen van mishandeling van Naturellen, of pogingen, om „Naturellen tot oproer op te stoken, welke hem ter kennis „mogen komen; (c) zijn invloed bij de Naturellen gebruiken Resident en Naturelle. 109 „ten gunste van wet en orde; (d) in het algemeen zoodanige „andere plichten volbrengen als door deze Conventie aan hem „zijn opgedragen en zoodanige stappen nemen voor de be„scherming der personen en goederen van de Naturellen, als „bestaanbaar zijn met de wetten van dit land. „(3) Aangaande Naturellen, niet in de Transvaal woonachtig, zal hij (a) aan den Hoogen Commissaris en de Trans„vaalsche Regeering rapporteeren eenigerlei inbreuk, die aan „hem gerapporteerd moge worden, als door ingezetenen van „de Transvaal gemaakt op den grond van zoodanige Naturellen, en ingeval van verschil tusschen de Transvaalsche „Regeering en den Britschen Resident, of er wel inbreuk „gemaakt is, zal de beslissing van de Suzerein finaal zijn. (b) „De Britsche Resident zal het middel van communicatie wezen „met de Naturellen buiten de Transvaal en, onderworpen aan „de goedkeuring van den Hoogen Commissaris, als vertegenwoordigende de Suzerein, zal hij het toezicht houden op het „sluiten van tractaten met hen, en (c) zal hij scheidsrechterlijke uitspraak doen in alle geschillen, tusschen ingezetenen „van de Transvaal en Naturellen buiten de Transvaal (als „aangaande daden, welke buiten de grenzen der Transvaal „gepleegd mogen zijn) die naar hem door de betrokken par„ tij en verwezen mogen worden. „(4) Met betrekking tot het voeren van briefwisseling met „Buitenladdsche Mogendheden, zal de Transvaalsche Regee„ring met Harer Majesteits Regeering correspondeeren door „den Britschen Resident en den Hoogen Commissaris". Die beloofde volkome selfbestuur was in sterke mate ingekort deur artiekels 3, 13 en 21. Artiekel 3 het b.v. bepaal, „dat „geene toekomstige wetsbepaling, speciaal betreffende de „belangen van Inboorlingen, eenige kracht of effect zal heb„ben in den gezegden Staat, zonder daarvoor de toestemming „van H. Majesteit vooraf verkregen te hebben 110 Volksraad teen Goedkeuring. ,.en die ter kennis gebracht zijn van het Gouvernement van „dén gezegden Staat door den Britschen Resident . . . . " „Art 13. Aan Inboorlingen zal veroorloofd zijn om grond „te verkrijgen, maar de schenking of transport van zuflten „grond zal in ieder geval gemaakt worden aan en geregistreerd „in den naam van de Commissie voor de Kaffer-locatie. „Art. 21. G^mtiddellijk na het in werking treden van deze „Conventie zal er eene Commissie voor Naturellen-locaties "gevormd worden, bestaande uit den President (of bij diens „afwezigheid den Vice-President) van den Staat, of iemand Idoor hem afgevaardigd, den Resident of iemand door hem "benoemd, en een derde 5 en zoodanige „Commissie zal een blijvend hchaam zijn voor de volbrenging „der plichten nader hierin omschreven'. Die Volksraad was tereg eenparig gekant teen goedkeuring van hierdie verdrag en het dit aan die Driemanskap opgedra om aan die Engelse regering 'n versoek om wysiging te stuur wat hierop neergekom het. dat die Verdrag strydig was met die voorwaardes en die gees van die traktaat in 1852 by Sandrivier gesluit. Die Verdrag was ook in baie opsigte 'n klare verbreking van die voorlopige vredesvoorwaardes. aangegaan deur Sir Evelyn Wood met die Boere-voormanne wat die wapens neergelê het in die vertroue, dat die beginsels daarin aanvaar behoorlik nagekom sou word. Artiekels 2 en 18 moes verander word, sodat Engeland slegs sou toesig hou oor die buitelandse betrekkings van die Republiek in plaas van die verkeer met vreemde moondhede namens die Republiek volkome vir eie rekening te neem. „Het was overeengekomen", lui verder die versoek, „dat de Staat volmaakt Zelfbestuur zou hebben; en, zooals rij thans lezen, maken Artikelen 3. 13 en 21 inbreuk op die plechtige overeenkomst. De Suzerein heeft geen recht om het Goedkeuring onder Verset. 111 récht van goed- of afkeuring te hebben op onze wetgeving. De Resident, een vreemdeling zijnde, kan geen curator zijn van goederen, die aan onze burgers behooren. Het is beneden de waardigheid van den President om lid te zijn van eenige Transvaalsche Commissie". — (C. 3098, bl. 87). Ook teen n paar ander artiekels is beswaar gemaak as oorbodig en aanstootgewend. Een hiervan was Art. 15, waarin die voorsienings van Art. 4 van die Sandrivier-Verdrag opnuut bevestig word, dat geen slawerny of inboeking, na slawerny swemende, deur die regering van Transvaal sal geduld word nie. Reeds is daar op gewys, dat 'n bepaling van hierdie. aard onnodig was teenoor die Boere, daar hulle nooit slawerny geduld het nie en dit self in hulle eerste grondwethke bepalihgs verbied het Hierdie soort bepalings in die verdrae met die Boere het die Engelse grond daarvoor gegee om te spog, dat hulle 'n einde gemaak het aan slawerny onder die Boere, soos Chamberlain gedaan het in n openbare rede op 7 Junie 1881 in Birmingham gehou met die verklaring: „In 1852 sloten wij een tractaat met hen; zij stemden toe, de slavernij op te geven, die tot dusverre in hun midden had geheerscht (1), en wij ondernamen, hunne onafhankelijkheid te eerbiedigen en te waarborgen " (Leyds: Eerste Annex. bl. 388/9). In antwoord op die vermelde versoek van die Driemanskap gee Engeland te kenne, dat hy geen voorsteüe tot wysiging van die konvensie in oorweging kon neem nie, voordat dit goedgekeur en die praktiese werking daarvan behoorlik getoets is. — (C. 3098, bl. 91). Die gevolg was, dat die Volksraad die Verdrag moes goedkeur „uit vrees voor nieuw bloedvergieten tusschen volken die geroepen zijn elkander te verdragen en hoog te achten". Die Volksraad gaan daar tog nie toe oor sonder aan sy ontevre- 112 Vrugte van Vryheidsoorlog. denheid uiting te gee nie, want die goedkeuring geskied, „alle bezwaren handhavende tegen de Conventie, zooals die in de zittingen Van de Koninklijke Commissie zijn aangegeven of in den Volksraad zijn opgesomd, en vooralsnog en voorloopig de artikelen der Conventie aan een practische toets onderwerpende". — (Leyds: Eerste annex.; C. 3098, bl. 95,96, 102). Dit was die vrugte van die Eerste Vryheidsoorlog. Dr. Leyds noem dit: „Geen grootmoedige en algeheele teruggave van de vrijheid, die hun was ontfutseld. Slechts een compromis, dat zij, willens of onwillens, wel moesten aannemen; een schikking met Groot-Brittanje, waarbij dit Rijk de rol speelde van een bankroetier, die zeer goed in staat was al zijn schulden te betalen, maar bedriegelijk een klein percentage aanbood in voldoening van zijn verplichtingen, en daarenboven nog bij de afbetaling een onrechtmatig voordeel trachtte te behalen". — (Eerste Annex, bl. 383). Die Transvalers sou egter by hierdie toestand van sake nie berus nie. Pogings tot volledige herstel van hulle reg op onafhanklikheid en eie nasionale bestaan sou hulle bly aanwend, totdat dit erken en verkry is of hulle in die stryd daarvoor ten onder gaan. HOOFSTUK VII. DDE VERDRAG VAN LONDEN, 1884. (Soesereiniteit opgehewe.) Die toets van die praktiese werking van die verdrag van 1881 het bewys, dat dit was „een hopeloos onbruikbaar staatsstuk. De Boeren hadden een Republiek, doch Groot-Brittanje was hun Suzerein; zij hadden een staatsschuld, maar slechts een deel daarvan was door henzelf aangegaan; zij waren verantwoordelijk voor de Naturellen, maar hadden geen vrijheid die naar eigen inzicht te bestieren; men had hun een grenslijn opgedrongen, maar in plaats van hun eigen vroegere grens was het er een, die het midden hield tusschen deze en de lijn van Goeverneur Keate. De toestand was onhoudbaar". <— (Leyds: Eerste Annex. p. 403). In 1883 is derhalwe 'n afvaardiging na Londen toe gestuur om die ondeugdelikheid van die Pretoria-Verdrag aan te toon en te probeer herstel te kry van dié regte wat in 1852 by Sandrivier erken is. Hierdie taak is opgedra aan Pres. Paul Krüger, Generaal N. J. Smit en Ds. S. J. de Toit, Superintendent van Onderwys. As sekretaris het adv. Ewald Esselen die drie afgevaardigdes vergesel. Dr. E. J. P. Jorissen het vooruit na Engeland gegaan en het daarvandaan gesein, dat die Engelse regering bereid was om die Transvaalse afvaardiging te ontvang en oor die wysiging van die Transvaalse regstoestand met hulle te onderhandel. As Staatsprokureur sou hy lid van die afvaardiging gewees het, maar Ds. du Toit het saam met Hoofregter Kotzé daarin geslaag om Dr. Jorissen as Staafs- 8 U4 Aanvang van Onderhandelings. prokureur afgesit te kry. omdat hy die nodige wetenskaplike regskundige ontwikkeling vir dié betrekking sou gemis het. *) — (Gedenkschriften, bl. 110). Die afgevaardigdes het in Augustus na Engeland vertrek en het op hulle deurreis na Kaapstad uit die hartlike onthale, op verskeie plekke ontvang, kan sien, dat die Kaapse Afrikaners meelewe in die bestaanstryd van hulle Transvaalse volksgenote. Op 28 September was hulle in Londen om die onderhandeling te begin met Lord Derby, die Minister van Kolonies. Dog hulle moes wag tot begin November, voordat die Engelse regering tyd sou hê om aandag te wy aan die wense van die Transvalera» Die eerste persoonlike onderhoud met Lord Derby het plaas gevind op 7 November en daarby het hy die versoek gedaan, dat die afgevaardigdes hom sou voorsien van 'n volledige uiteensetting van hulle griewe teen die Verdrag van Pretoria en van hulle voeestelle omtrent die gewenste wysigings. Op H November is aan hierdie versoek voldoen en verklaar, dat die Volksraad beswaar maak nie slegs teen enige bepaling* van die Verdrag van 1881 nie, maar teen die verdrag as geheel, omdat dit n staatstuk was wat to oorsprong, nóg in Strekking, nóg in praktiese werking voldoen aan die vereiste! van die land. Die hoofbesware het op die volgende neergekom. — (Groenboek, bl. 12: G» 3947, bl. 2). Die verdrag was nie die gevolg van vry onderhandeling tussen twee partye nie, maar n eensydige stuk opgetrek deur die Koninklike Kommissie, waarin Transvaal, ondanks dringende versoek daartoe, geen verteen- U Dr. Jorissen was gepromoveer in die godgeleei-dhetf.maar hy het homself InSuld-Afrika aan die studie van ttVièasgeleerdheid gewy en is in twee hooggeregshowe as advokaat toegelaat, n Breedvoerige behandeling van hierdie aangeleenthrtd is te vinde in sy Herinnering™. bl. 129 e.v. Besware teen Verdrag van 1881. 115 woordiging gehad het nie. — (C. 3114. bl. 50, 52). Die Kommissie het die Transvalera wel 'n gehoor toegestaan, maar sonder hulle die rang van onderhandelende party toe te ken. Die vedrag was derhalwe geen werkkke verdrag nie, maar 'n skikking aan die Transvalers opgelê teen hulle wil. Die ernstige besware herhaaldelik aan die Kommissie voorgel ê, is nie ia oorweging geneem nie. — (C. 3219). Latere gebeurtenisse het bewys, dat die besware op luiste gronde berus het. Die sogenaamde verdrag het ook in verskeie belangrike bepalings n skending bevat vaa die beginsels in die voorlopige vredesooreenkoms neergelê op 21 Maart 1881. Dit was slegs in die vaste vertroue, dat van dié vredesvoorwaarde» niks sou afgeding word nie, dat die gewapende burgers huistoe gegaan bet. Tog is die verdrag eensydig opgetrek met bepalings wat minder gunstig was vir die volk dan die vredesooreenkoms geregverdig het. Dit was nie Alleen die geval met die bevoegdhede wat onder soesereiniteit deur Haar Majesteit voorbehou is nie, maar ook met die bemoeiing in sake, wat die naturelle binne die grense betref. — (C. 3144, bl. 48—56). Bowendien skyn dit die afgevaardigdes toe, dat verskeie bepalings van die verdrag buite die perke gaan wat voorgeskrywe is in die opdrag van die Koninklike Kommissie. Die verdrag het ook duidelik die stempel gedra van u tydelike maatreël, ingevoer vir 'n tydperk van oorgang van die toestand, deur die inlywing en oorlog teweeggebring, tot eea van vrede en onafhanklikheid. Dit blyk tut die groot aantal artiekels van tydelike aard en uit die onsekere en verstrekkende bewoording, waarin aangedui is die bevoegdhede aan die Britse regering voorbehou. Die Volksraad het dan ook die verdrag slegs goedgekeur onder dwang, om bloedvergieting te voorkom, en nie voordat met erns, dog tevergeefs, op wysiging aangedring is nie. Op daardie tydstip het die Minister van Kolonies verklaar, dat die 116 Besware teen Verdrag van 1881. voorstelle vir verandering van die verdrag slegs dan in oorweging kon geneem word, -wanneer goedkeuring daaraan verleen en die praktiese werking daarvan behoorlik getoets is. Die ondervinding van twee jaar het bewys. dat die ernstige besware wat in die Kommissie en die Volksraad geopper is, op deeglike gronde aangevoer is. Nie alleen wat bysake betref nie, maar ook aangaande die hoofbeginsels kon die verdrag tereg as onuitvoerbaar beskóu word. Die onuitvoerbaarheid het die grens- en skatkisreéHags betref sowel as die soewereiniteitsregte. Die Transvaal het aanmerklike ongerief ondervind weens die ingewikkelde omweg, waarlangs iedere mededeling, hoe eenvoudig ook, aan 'n vreemde moondheid gedaan is. Dit moes geskied deur middel van Britse Resident, Hoë Kommissaris en die Engelse regering. Die bepaling, dat die Transvaal nie op eie gesag en verantwoordelikheid in verbinding kon tree met natureUehoofde buite die Republiek nie, maar vir daardie doel die Britse Resident moes "gebruik, het treurige gevolge had. Terwyl voorheen veediefstalle op die grense selde geskied het, was daar nou veelvuldige klagtes oor, omdat die Kaffers weet, dat hulle geleentheid het om sonder straf weg te kom met vee wat van inwoners van die Transvaal geroof is. By gebreke aan tydige beteuëling het die misdade op die grense begaan 'n veel ernstiger aansien gekry, meestal tot skade van die Kaffers self. Die Kafferhoofde was tewens in ernstige moeilikhede gewikkel weens die skurkery van n paar rowers. Die regering kon met die hoofde geen tydige oorleg pleeg nie, omdat hulle hande gebind is deur die bepalings van die Verdrag van Pretoria. Die voortdurende onderlinge twiste tussen die naturelle buite die Transvaal is aangemoedig en bevorder deur hierdie toestand van sake. Die bepaling, dat alle wette rakende die belange van die inboorlinge binne die Transvaal vooraf moes onderwèp word aan die goedkeuring van die Besware teen Verdrag van 1881. 117 Engelse regering, is bevind hoogs onprakties te wees. By verset en oproer was dit onvermydelik om vir gevalle wat nie vooraf te voorsien was nie, spoedeisende reëlings te kan tref sonder om eers verplig te wees om die Engelse regering, soveel duisende myle verwyder, op so 'n omslagtige en tydrowende manier te vra of sodanige stappe in alle besonderhede juis is na hulle insig. Die belange van die inboorlinge het daaronder gely. Milder en doeltreffender maatreëls kon geneem word, wanneer Transvaal die vryheid gehad het om dadelik dié voorsiening te maak wat toepaslik was op die voorkomende geval dan wanneer n algemeen vooraf goedgekeurde wet alle denkbare gevalle moes omvat. Na nog ook die besware teen die geldelike reëling uiteen te geset het, verwys die afgevaardigdes na Transvaal se historiese reg op die bepalings van die Sandrivier-Verdrag en verklaar hulle daarvan oortuig te wees, dat n bevredigende skikking van die onderlinge verhoudings nie sou ontstaan uit die wysiging van enkele artiekels van die Verdrag van 1881 nie, maar alleen'kon verwag word van nnuwe ooreenkoms. As grondslag van die nuwe skikking sou alleen die historiese regte van die Sandrivier-Verdrag bevrediging gee, „Het rechtsbesef, dat dit traktaat nog altoos zoo voor Harer Majesteits Regeering als voor de onze bindend en van kracht is, kan daarom nimmer door ons volk worden opgegeven; niet alleen, omdat dit traktaat het loon was voor ongelooflijke opofferingen, maar ook, omdat ons volk zich voortdurend door de nabuurschap van Uwer Majesteits macht in ZuidAf rika bedreigd zou gevoelen, zoolang de meening wortel kan schieten, dat een heilig lijk en in behoorlijken vorm gesloten traktaat geen steunpunt meer kan zijn voor onbeperkt wederzijdsch vertrouwen". Die wedersydse vertroue sou alleen dan voortlewe, wanneer die Britse regering ook die geldigheid van die Sandrivier- 118 Beroep op Sandrivier-Verdrag. Verdrag aanvaar aa historiese uitgangspunt van alk verdere reëlings. Hierdie verdrag staan op één lyn met die Verdrag van Bloemfontein, en, onder die bevolking van Suid-Afrika been die mening, dat n skikking as dié, waaronder die Oranje-Vry staat onafhanklikheid en geleidelike ontwikkeling bekom het, beskou moes word as n voorbeeld wat deur n ervaring van dertig jaar bewys het, hoe die verhouding tussen Brittanje en die Boere moes gereël word. Die burgers van Transvaal was daar versekerd van, dat hulle sou deel in die voorspoedige toestand van die Oranje-Vrystaat. indien weer tot die historiese reg, in die kwe geroep deur dk Sandrivier-Verdrag, teruggékeer word. Dit moes die uitgangspunt wees van alle verdere onderhandelings. Dan sou die gevoel van in hulk reg gekrenk te wees by die burgers verdwyn; sou vertroue in internasionak verdrae herlewe; sou die spanning ophou en dié weg bereik wees wat in Suid-Afrika kon lei tot die doel wat albei partye begeer. Die werking van die Sandrfvier-Verdrag is nie vernietig rite, maar slegs gestuit deur dk inlywing van 1877, want in die onderhandehngs van 1881 is die reg van kontrakterende party aan die Transvalere ontseg en het daardie Verdrag 'n fydehke karakter verkry as uitgangspunt vir 'n ktere en betere reëling. Op hierdie gronde gee dk afgevaardigdes die volgende wenke vir wysiging aan die hand:— 1) Dat die Verdrag van Pretoria sou vervang word deur n nuwe ooreenkoms, gegrond op die beginsels van dk Vólkereg en as uitvloeisel van die Sandrivkr-Verdrag. 2) Dat in hierdie nuwe ooreenkoms alle verband met Engeland nie verbreek sou word nie, maar dat vir dk verhouding van staatsregtelike afhanklikheid, waarin dk Transvaal tot die Britse Kroon staan, 'n vry kontrakterende moondheid in die plek tree. Transvaalse Voorstelle. lif 3) Dat die Transvaal sodanige uitbreiding van gebied as in botsing sou kom met die wetlike aansprake van die omringende inbeorhrigestanune of met die bandelsbelange van die naburige kolonies en state, nie begeer nie, maar uitsluitend die oog het op sodanige reëling van die verhoudings as doeltreffend bevind mag word vir die versekering van 'n toestand van duursame vrede en vryheid, 4) Dat alle beperkings, waardeur die Suid-Afrikaanse Republiek belet word om handelend op te tree ten bate van menslikheid en vrede, ooreenkomstig die eise van die oomblik in ay verkeer met die naturellestamme op sy grense, sou verwyder word. 5) Dat die regering van die Transvaal van harte bereid was tot erkenning en betaling op bestemder tyd van elke regverdige skuld, en voorstel dat Lord Derby van die Republiek alleen dié skulde sou eis wat vóór die inlywing aangegaan is, of tesame met die afgevaardigdes ondersoek watter bedrag aan skuld deur die Republiek verskuldig was. Lord Derby kry tenslotte nog die versekering, dat die regering van Pretoria geen ander oogmerk het nie dan dat alle regte van derdes wat neergelê is in die verbygaande bepalings van die Verdrag van Pretoria en nog nie ten volle nagekom is nie, in dk nuwe reëling opgeneem sou word. Die Boere was ook gewillig om op alle tye vir die regte en belange van die naturelle alle sodanige waarborge te verskaf as van Godsweë deur die gevoel van menslikheid gebode is. Hulle het ook geen beswaar teen latere skikkings met Brittanje oor bandelsbelange en ander sake nie, óf in die verdrag, waaroor onderhandel word, óf deur 'n afsonderlike verdrag. — (Groenboek, bl. 12—16: C. 3947, bl. 2—5). Lord Derby het nie in besonderhede op die voorstelle vaa die afgevaardigdes ingegaan nie, maar verdere uitleg gevra van die rigting wat Transvaal wens in te slaan met betrek- 120 „Verklaring" van Koningin. king tot 'n paar punte wat hy belangrik noem. Hy ontken, dat die Sandrivier-Verdrag nog enige krag besit. Daardie Verdrag was so min as die Verdrag van Pretoria 'n ooreenkoms tussen twee kontrakterende partye, maar — en hier maak hy homself skuldig aan die verdraaiing van 'n belangrike historiese feit, watter verdraaiing later woordelik deur Chamberlain herhaal is by sy bemoeiing met die inwendige sake van die Republiek — dit was 'n verklaring, deur die Koningin gemaak en aanvaar deur sekere persone, op daardie tydstip Haar onderdane, van die voorwaardes, waaronder en tot die omvang waarvan Haar Majesteit hulle kon toestaan om eie sake te reël sonder tussenkoms. Dit het niè, beweer Lord Derby, n Suid-Afrikaanse Republiek met 'n politieke organisasie en bepaalde grense in die lewe geroep nie, en die voorwaardes daarin vervat was tot 'n groot mate verdwene, voordat die inlywing van 1877 'n einde gemaak het aan „die onafhanklikheid van die Republiek" en die Siandrivier-Verdrag laat verval het, soos deur die Volksraad verklaar is in sy goedkeuring van die Verdrag van Pretoria. — (Groenboek, bl. 17, 18; C. 3947, bl. 6, 7). Lord Derby het ongetwyfeld daarin gelyk gehad, dat die Sandrivier-Verdrag nie die Republiek in die lewe geroep het nie. Dit kon nie. Die Republiek het reeds bestaan. Daardie verdrag — dit was n tweesydige verdrag en nie 'n eensydige verklaring nie —. was slegs die uitdruklike wyse, waarop Engeland die onafhanklikheid van 'n bestaande republiek en sy internasionale regspersoonlikheid erken het, al was dit dan ongaarne en noodgedwonge. Volgens die redenering van Lord Derby en later ook van Chamberlain sou n mens dink, dat op 'n eensydige plegtige verklaring van Brittanje nie mag gereken word as op 'n ernstig gemeende gegewe woord nie. Wat was dan die nut van sodanige verklaring en wat het Lord Derby bedoel met die Derby wil Nuwe Ooreenkoms. 121 „onafhanklikheid van die Republiek" wat deur die inlywing beëindig is? Hierdie standpunt verwonder n mens egter nie,' want in Suid-Afrika tenminste het Brittanje nooit byster veel eerbied vir sy plegtige verbintenisse getoon nie. Magsbelange was dit, en nie regverdigheidsin nie, Wat die handelwyse. van groot moondhede teenoor klein nasies bepaal het. Die inlywing van Transvaal in 1877 en die willekeurige skending van die Sandrivier-Traktaat by daardie en vorige geleenthede het dit ook bewys. Die bewering van Lord Derby, dat die Volksraad die opheffing van die Sandrivier-Verdra g deur die inlywing erken het, was sonder feitlike grondslag. Wat die Volksraad wel gedaan het, was om daarop te wys, dat die inlywing 'n skending was van dié verdrag. Gelukkig verwerp Lord Derby nie die voorstel, dat daar 'n nuwe verdrag sou gemaak word nie, as verkieslik bo'n wysiging van die bestaande Transvaalse Verdrag, en is hy bereid om te oorweeg of bepalings gelyksoortig aan sommige van die voorsienings van die Sandrivier-Verdrag nie aanvaar kon word nie. As die Konvensie van 1881 vervang moes word, moes daar 'n nuwe staatstuk kom. Lord Derby sou graag van die afgevaardigdes verneem in watter sin hulle begeer om in sodanige nuwe ooreenkoms enige verband met Engeland te bly handhaaf. — (Groenboek, bl. 19; C. 3947, bL 7). Omtrent die verband wat tussen Engeland en Transvaal moes behou bly. herhaal die afgevaardigdes hulle wens, dat die toestand van onafhanklikheid sou vervang word deur een van kontrakterende party. Hulle sien daar geen rede voor, waarom die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek nie in vriendskaplike verhouding tot Engeland sou staan nie en waarom alle punte van gemeenskaplike belang nie op. vriend- 122 Ontwerp-Verdrag van Boere. skaplike wyse gereël sou word nie, soos b.v. onderlinge beskerming van handelsbelange, 'n gemeenskaplike naturellepolitiek en dergelike. Die Transvalers gaan nog verder en verklaar, wat reeds herhaaldelik en openlik gedoen is deur die regering en die volk van die Suid-Afrikaanse Republiek, dat daar van hulle kant geen beswaar bestaan nie om hulle gunstige oorweging te skenk aan 'n stelsel van nouere aaneensluiting tussen die kolonies en state van Suid-Afrika, wat uitgaan van die Engelse regering en waarin die belange van die Imperiale regering behoorlik erken is, selfs in sover as 'n Britse beskermheerskap later verlang mag word teen enige poging van die kant van oorsese moondhede om deur geweld van wapens besit te neem van Suid-Afrika. - (Groenboek, bl. 20; C. 3947, bl. 8). Op 26 November 1883 stuur die Boere-afgevaardigdes aan Lord Derby 'n ontwerp-verdrag. Hoewel hulle geen afstand wou doen vaa hulle mening, dat die Sandrrvier-Verdrag nog geldig was nie, maak hulle daarvan in die ontwerp-verdrag geen melding nie terwille van Lord Derby se besware In verband met die naturèllepohtiek gee hulle aan die hand, dat die verskillende regerings in Suid-Afrika aan mekaar hulle naturellewette en maatreëls sou meedeel en deur middel van samesprekings probeer om tot 'n gemeenskaplike politiek te kom. Volgens hierdie ontwerp-verdrag sou Engeland die volledige onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Republiek erken, met die reg om sy eie sake te bestier, volgens sy eie wette, sonder tussenkoms van die kant van die Engelse Regering. Geen verandering of uitbreiding van gebied van een van die kontrakteerende partye sou plaas vind sonder kennis of goedkeuring van die ander party nie. Geen slawerny in watter vorm ook sou geduld Word deur een van die partye onder sy regering nie en geen van die partye sou 'n nuwe Derby nie bevredig nie. 123 reëling of bondgenootskap aangaan met watter Kafferstamme ook buite sy grense, sonder toestemming van die ander party nie. Ware wat die voortbrengsels was van die geweste en besittings van die een party, sou by invoer in die gebiede van die ander party aan geen verbod of regte onderhewig wees, as dit nie ook die geval was ten aansiea van dieselfde ware uit die gebiede van ander moondhede ingevoer nie. Ondanks bierdie bepaling kon besondere invoerooreenkomste getref word tussen die state en kolonies van Suid-Afrika. Geen van die kontrakterende partye sou die ander belemmer by die aankoop en vervoer van vuurwapens en skietgoed nie en die handel in hierdie ware met die naturelle sou deur albei partye verbied word. Wanneer geskille nie tot onderlinge bevrediging kon opgelos word nie, sou dit opgedra word aan *n kommissie van skeidsregters deur die partye gesamentlik aangewys. Wanneer sodanige kommissie nie tot ooreenstemming kon kom nie, sou die geskil verwys word na die oordeel van die President van die Verenigde State van Amerika of, by sy weiering, na die hoof van 'n ander onafhanklike staat. Die ontwerp was nóg wat vorm nóg wat inhoud betref van dié aard, dat die Engelse Regering dit kon aanvaar. — (Groenboek, bl. 31; C. 3947, bl. 18). Waarom? Lord Derby gee geen rede vir hierdie standpunt nie, maar 'n mens kan die rede maklik genoeg daarin sien, dat Brittanje teenoor so 'n klein staat self niks wou onderneem of belowe nie. Transvaal moes die beloftes doen. Engeland sou verklaar. Dit was in stryd met Brittanje se waardigheid om teenoor Transvaal as kontrakterende party aangedui te word, en teenoor Transvaal te belowe, dat hy b.v. geen slawerny in sy gebiede sou duld nie. Dit geld vir die yorm van die ontwerp. Wat die inhoud betref, waarteen Brittanje beswaar gehad het, hoef 'n mens slegs te let op die bepaling aangaande die onderwerping van geskille aan n skeidsgereg. Opperste 124 Grensreëling Eerste. skeidsregter, hoewel grootste belanghebbende in Suid-Afrika, sou Brittanje wees en Brittanje alleen. Die herhaling van n ongunstige uitspraak as die van die Franse President MacMahon in 1875 insake Engeland se aansprake op Delagoabaai, moes vermy word. Die hoofde van derde moondhede mag in Suid-Afrikaanse geskille nie meepraat nie. Voordat Lord Derby die ontwerp, deur die Transvalers voorgelê, in besonderhede ondersoek, wou hy eers die grensvraagstuk opgelos hê. — (Groenboek, bl. 32; C. 3947, bl. 18). Die afbakening van die grens, sê die Britse Minister, is die eerste artiekel van die Pretoria-Verdrag en voordat daardie verdrag vervang kan word deur 'n ander staatstuk wat groter onafhanklikheid van optree aan Transvaal gee, was dit nodig, dat die staat 'n duidelik bepaalde grens sou hê, waaraan die regering en die Volksraad hulleself later sou kan hou. — (Groenboek, bl. 43; C. 3947, bl. 25). Die Engelse regering het die noodsaaklikheid daarvan gevoel, dat hierdie vraagstuk op bevredigende wyse opgelos sou wees, voordat enige ander punte in oorweging geneem word. „En ek mag slegs daarby voeg," gaan Lord Derby voort, „dat hulle bly begeer, dat hulle in staat mag gestel word om viysinnige tegemoetkomings in uitvoering te kan bring met betrekking tot die buitelandse politiek, die inwendige bestuur en die skuld van die Transvaal-Staat". — (Groenboek, bl. 40; C. 3947, bl. 23). Wat het dit beteken? Niks anders nie dan dat die Britse regering die toegéwendheid van die Boere by die vasstelling van die grense van hulle staat wou koop met die belofte, dat, as Brittanje bierby bevrediging kry, die onafhanklikheid van hulle Republiek sou erken word. Die onderhandelings oor die vasstelling van die grense het dan ook meer dan twee maande geduur. Pas op 5 Februarie was soveel vordering gemaak, dat die Derby se Ontwerp-Verdrag. 125 Boere-afgevaardigdes 'n ontwerp kon tegemoetsien van die eerste artiekel van die nuwe verdrag, wat die grense sou aangee. Hulle versoek om toesending tegelykertyd van ..die ander artiekels van die nuwe verdrag, naamlik, dié betreffende die afskaffing van die soesereiniteit en die vermindering van die wetlike aandeel van die skuld van die Republiek, teneinde die volledige oplossing van die saak te verhaas". Op 8 Februarie vind weer 'n persoonlike onderhoud met Lord Derby plaas en op die 15de kon die afvaardiging 'n „ontwerp van die nuwe verdrag bekom wat Haar Majesteits regering voorstel tot vervanging van die Konvensie van Pretoria". — (Groenboek, bl. 76; C. 3947, bl. 43). In hierdie ontwerp is die artiekels van die Verdrag van Pretoria, wat nie langer van krag sou wees nie, afgedruk naas die voorgestelde nuwe artiekels. Waar 'n artiekel behou is en verandering ondergaan het, is die verandering aangetoon teneinde 'n duidelike uitleg te gee van die aangebragte wysigings. In die aanhef en deurgaans in die verdrag is voldoen aan die wens van die Transvalers, dat die benaming „ZuidAfrikaansche Republiek" die plaas sou inneem van „Transvaal-Staat". Bo-aan die ontwerp was die volgende noot geplaas: „Die woorde en paragrawe tassen hakies en skuins gedruk word voorgestel om ingevoeg te word, dié binne 'n swart Ign word voorgestel om weggelaat te wórd".1) Binne in die swart lyn staan in die eerste plaas die aanhef van die Konvensie van 1881. Lord Derby hét bedoel om dit weg te laat en het dit ook gedoen, want hy het dit vervang deur 'n nuwe aanhef. Dit was juis die aanhef van die Konvensie van 1881 wat die soesereiniteit van Engeland oor *) 'n Getroue afdruk van hierdie ontwerp word in Bylae B gegee. 126 Soesereiniteit afgeskaf. Transvaal uitdruklik gevestig het met die woorde:: „onderworpen aan de Suzereiniteit van Hare Majesteit, Hare erfgenamen en opvolgers .... Hierdie aanhef en hierdie woorde het Lord Derby weggelaat, omdat hy 'n einde wou maak en daarmee gemaak het aan die soesereiniteit. Wanneer Chamberlain in 1897 begin beweer, dat Brittanje soesereiniteit oor Transvaal besit, kon hy in n blote regskundige dwaling verval het. Wanneer hy egter dié bewering daarop wou grond, dat die soesereiniteit berus op die aanhef van die Verdrag van 1881, omdat daardie aanhef nooit verval sou wees nie, maak hy homself «kuldig aan verdraaiing van 'n belangrike historiese feit, wat niks minder nie as die lewe van 'n kleine staat geraak het, en wel op 'n wyse wat die vertroubaarheid van 'n verantwoordelike Britse staatsman maak tot 'n bespotting. Die ontwerp-verdrag wat Lord Derby die Transvaalse afgevaardigdes voorgelê het, bewys so duidelik as maar kan sy bedoeling om 'n einde te maak aan die Britse soesereiniteit oor Transvaal Dit blyk ook uit die veelvuldige gebruik van die woorde „nuwe verdrag" deur homself sowel as die Boere. Uit sy mededelings aan die afgevaardigdes blyk ook telkens hierdie bedoeling duideUt. Op 15 Februarie skrywe hy: „Deur weglating van daardie artiekels van die Konvensie van Pretoria wat aan Haar Majesteit en die Britse Resident sekere bepaalde bevoegdhede en ampsverrigtings in verband met die inwendige bestuur en die buitelandse verhoudings van fdie Transvaal-Staat toeken, sal u regering vry gelaat word om die land te bestuur sonder tussenkoms en om sy diplomatieke verkeer te reël en sy buitelandse politiek te voer, onderhevig alleen aan die vereiste vervat in die Vierde Artiekel van die Chamberlain teen Derby. nuwe ontwerp, dat enige verdrag met 'n vreemde staat geen krag sal hê sonder toestemming van die Koningin nie . - (Groenboek, bl. 77; C. 3947. bl. 43. 44). Die bedoeling van Lord Derby met hierdie woorde is duidelik genoeg. Transvaal sou volkome onafhanklik wees in *y binnelandse beleid, want Engeland versaak sy reg op inmenging in die inwendige aangeleenthede van die Republiek. Wat die buitelandse verkeer van Transvaal betref behou Engeland slegs toesig op die verdrae met ander moondhede wat aan Engeland se belange in Suid-Afrika skade kan toebring. Dit beteken maar net één ding: die soesereiniteit is opgehef! Daarom het Chamberlain in 1899 verklaar, dat hy hierdie brief van Lord Derby nie erken nie en beskou as nie geskrewe nie. — (Eenige Corrtsp» bl. 167). Tot soiets kon alleen 'n Chamberlain instaat weesl Daar was bepalings in die ontwerp wat geen onderwerp van bespreking tussen Lord Derby en die afgevaardigdes uitgemaak het nie, maar dit was slegs tot versekering aan alle partye, dat daar geen terugtrekking sou wees nie van daardie waarborge vir vryheid en gelyke behandeling wat Transvaal steeds voorgegee het, sê Lord Derby, om bereid te wees om te verleen. „Ek verwys egter veral na die 19de artiekel vaa die ontwerp, waarin voorgestel word, dat as vergoeding vir die opheffing van die regstreekse inmenging deur hierdie land in die regering en beheer van die inboorlinge binne die Transvaal, formeel sal verklaar word, dat u regering die versekerings sal aanvaar en uitvoer wat met hulle toestemming en goedkeuring aan daardie naturelle gegee is deur Haar Majesteit se Kommissarisse". — (Groenboek, bl. 77, 78; G. 3947, bl. 44). 128 Die Verdrag onderteken. Dit gee Lord Derby as die rede daarvan op, waarom in die nuwe verdrag nog melding gemaak is van die behandeling van die inboorlinge binne die Transvaal. Op 14 Maart, 1884, het Lord Derby ook weer aan Sir Hercules Robinson, die Hoë Kommissaris, geskrywe: „In die terugtrek van alle verantwoordelikheid vir die inwendige bestuur van die Suid-Afrikaanse Republiek, het Haar Majesteits regering dit goed gevind om die afgevaardigdes die versoek te doen om in die verdrag 'n verklaring in te sluit, dat die regering van die Republiek die getroue nakoming sal onderneem van die versekerings deur U aan die naturelle van die Transvaal gegee by die aangaan van die Konvensie van Pretoria". — (Groenboek, bl. 99; C. 3947, bl. 60). Met die behoud van soesereiniteit oor Transvaal het hierdie bepalings in sake die naturelle hoegenaamd niks te maak gehad nie. Die Transvaalse gevobnagtigdes het nie dadelik die ontwerp as geheel bevredigend aanvaar nie, maar op 27 Februarie was ooreenstemming tog bereik in so verre, dat die verdrag kon onderteken word. *) Die afgevaardigdes wou van hulle aanwesigheid in Europa gebruik maak om ook Nederland en Portugal te besoek tot reëling van geldelike sake en spoorwegaangeleenthede. Regtens kon hulle nog geen diplomatieke onderhandeling voer of traktate sluit nie, omdat die Londense Verdrag wat dit in Art. 4 moonthk maak, nog nie geratifiseer was nie. Derhalwe vertrou hulle op die welwillendheid van Lord Derby en versoek, „dat die bepaling in Art. 4 vervat mag *) Dié bepalings van die Londense Verdrag is te vütde in Groenboek van 1884. W. 85—96, in Blouboek C. 3947, bl. 47—58 en ia Bylae C van hierdie boek. Aanvang Diplomatieke Verkeer. 129 beskou word as reeds nou van krag te wees, sodat die afvaardiging kan oorgaan tot die sluit van verdrae, onderworpe aan die goedkeuring van Haar Majesteit". — (Groenboek, bl. 96; C. 3947, bl. 58, 59). Lord Dreby het oor hierdie versoek gunstig beskik en geantwoord, dat die Britse regering met genoeë sou help, in sover hulle dit regtens kon doen, met die verwydering van hinderpale wat in die weg mag staan van die uitvoering van die besigheid wat die Transvalers op die oog het, en dat die Engelse regering geredelik daarin toestem om af te sien van daardie bepalings van die Konvensie van Pretoria wat vir Haar Majesteit die voer van die diplomatieke verkeer van Transvaal met vreemde moondhede voorbehou. Hulle sou derhalwe die vryheid hê om persoonlik met die regerings van Nederland en Portugal te onderhandel ten opsigte van dié belange waarvan hulle melding gemaak het. Lord Derby voeg aan hierdie mededeling nog toe: „Indien dit U vir een of ander rede wenslik mag toeskyn, dat die verdrag, die terme waarvan U mag voorberei het, en waartoe U die bevoegdheid mag besit om in naam van die Suid-Afrikaanse Republiek aan te gaan, voltooi sal word, voordat die nuwe Konvensie in die Volksraad geratifiseer is, sal Haar Majesteit se regering gewillig wees (mits dit niks in stryd met Britse belange bevat nie) om dit te sluit namens en ten behoewe van die TransvaalStaat, soos bepaal in Art. 2 van die Konvensie van Pretoria, daar dit die enigste manier is, waarop dit regsgeldigheid kan verkry". — (Groenboek, bl. 97; C. 3947, bl. 59). Hierdie mededeling van Lord Derby onmiddellik na die die sluit van dié Londense Verdrag, waarby hy self die onderhandelings in naam van Brittanje gevoer het, is van groot belang as die eerste en dus belangrikste Britse amptelike uitleg van die bedoeling van die woorde „na de voltooiing ervan" in Art. 4. 9 130 Voltooiing van Verdrae. Die Britse Minister van Kolonies maak hier 'n ondubbel' sinnige onderskeid tussen die voorbereiding van terme en die voltooiing van 'n verdrag. Met „voltooiing" het hy al te seker op die oog die allerlaaste stappe by die totstandkoming van verdrae, n.1. die ratifikasie en die uitwisseling van ratifikasies. Op hierdie tydstip, bedoel Lord Derby, is die Konvensie van Londen nog nie geldig nie en kan Transvaal nog geen verdrae op eie gesag „voltooi" nie. As „voltooiing" dus nou al nodig is, moet Engeland dit doen kragtens Art. 2 van die Verdrag van 1881 wat nog in werking bh/, totdat die Londense Konvensie deur die Volksraad goedgekeur is. Die „voorbereiding van die terme", d.w.s. die ooreenstemming tussen die Republiek en 'n ander staat omtrent die inhoud van die verlangde ooreenkoms, is van weinig belang, omdat dit geen verbintenis skep nie. Dit mag die Transvaalse afgevaardigdes dus nou al verrig, hoewel die Verdrag van Londen nog nie geld nie. Hierdie eerste stappe in die totstandkoming van 'n verdrag beteken geen „voltooiing" nie, op hierdie tydstip nie, en sal ook na die inwerkingtreding van die Verdrag van 1884 nie „voltooiing" kan beteken nie. Dit is nodig om te wys op hierdie uitleg wat Lord Derby as Minister van Kolonies van Art. 4 gee, omdat dit ooreenstem met die standpunt wat die Suid-Afrikaanse Republiek later ingeneem het Maar deur Chamberlain is dit gewraak. Hy het „voltooiing" opgevat as in te tree nie pas na ratifikasie nie, maar onmiddellik na die vasstelling van die inhoud van die verdrag deur die partye, dus onmiddellik na die „voorbereiding van die terme". Met hierdie willekeurige uitleg van Art. 4 het Chamberlain die Suid-Afrikaanse Republiek baie onnodige las veroorsaak. Dit was een van die middels wat hy gebruik het om wantroue teen die Boere te saai en oorlogstemming te ver- Opvatting van Chamberlain. 131 wek. Hoe hy hierdie en ander middels van hom in toepassing gebring het, sal later blyk. Die Transvaalse afgevaardigdes het in 1884 volkome gelyk gehad met hulle oortuiging, dat Lord Derby en die Engelse regering bedoel het om aan hulle versoek tot opheffing van die soesereiniteit te voldoen. Die verklaring wat hulle hieromtrent in Julie in die Volksraad afgelê het, was duidelik en beslis genoeg, maar is nooit van Engelse kant teëgespreek nie. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 65 en 66). Wie die stukke wat by die onderhandelings gewissel is, behoorlik nagaan, kan tot geen ander slotsom kom nie. Hoe die beperking op die buitelandse betrekkings van die Republiek in Art. 4 neergelê moes beskrywe word. was 'n ander saak. Maar soesereiniteit was dit nie, wat die draagwydte van die betekenis ook al was wat n mens aan hierdie woord van betrekkke waarde wou heg, Hieroor was daar egter geen stryd nie, dog slegs oor die ongeoorloofde, bemoeiing van Chamberlain met die suiwer binnelandse aangeleenthede van die Republiek op grond van die soesereiniteit wat in die Verdrag van 1881 neergelê was en, volgens sy mening, geldig sou gebly het, ondanks die vernietiging van daardie verdrag in 1884. Dat Chamberlain tot hierdie middel sy toevlug moes neem, toon duidelik aan, dat hy met al sy spitsvondigheid uit die Londense Konvensie self geen bewysgrond vir Britse soesereiniteitsreg oor Transvaal kon put nie. HOOFSTUK VIII. AANKNOPINGSPUNTEN IN EUROPA. Né die ondertekening van die Londense Verdrag is die Boere-afgevaardigdes na Holland toe om steun te soek vir die ontwikkeling van die jonge Republiek wat deur Engeland andermaal as onafhanklik erken is. Die verwelkoming in Holland was buitengewoon hartlik en geesdriftig. Wie. wien Neêrlands bloed door de aderen vloeit, zag niet met blijdschap in die geestdrift de spontane en krachtige openbaring van een nationaliteitsbewustzijn, dat... bij een sterke prikkel plotseling met verrassende kracht ontwaakt? ... Al wat jong en gezond van hart is — zij het ook oud van jaren en zwak van lichaam — heeft, als door een electrieken schok ontvonkt, den machtigen invloed der nationale bloedverwantschap gevoeld en gedeeld... De veelsoortige openbaringen van sympathie met de Afrikaners waren slechts de kleurschakeeringen van een enkelen hchtstraal, die voor één oogenblik de nevelen van onzen staatkundigen hemel kwam verhelderen en verwarmen". - (De Louter: De Transvaalsche Deputatie, bl. 1, 2). Die heldemoed van die bestormers van Amajoeba, die hardnekkige vryheidsug van die Voortrekker-Boere, hulle regverdige saak teenoor 'n magtige en meedogenlose agtervolger, hulle godsdienssin en kinderlike geloof in die Grote Beskikker van hulle krtgevalle en tenslotte die'taal- en stamverwantskap het 'n onweerstaanbare aantrekkingskrag uitgeoefen op Medegevoel' in Europa. 133 die onverbasterde nasate van die beginselvaste grondleggérs van die Verenigde Nederlande. Die afgevaardigdes is in verskeie Hollandse stede op grootse wyse onthaal en die Rotterdamse huldiging het selfs gepaard gegaan met die plant van n boom in die Diergaarde deur President Krüger. Hierdie boom het as n sinnebeeld van 'n kragtige Afrikanervolk gesond opgeskiet en homself tot die huidige dag gehandhaaf. Dit is nog 'rx lewende herinnering aan die skone dae van 1884, toe die herstel van die onafhanklikheid sulke ryke verwagtings gewek het op n heerlike toekoms vir die jonge Republiek en die Afrikanervolk wat dit gestig het, en op vrye beskikking oor eie lot. Reeds in 1880 is onder leiding van Prof. Harting van Utrecht 'n Comité tot Behartiging van de Belangen der Transvaalsche Boeren opgerig wat tot ondertekening van 'n versoekskrif aan die Britse regering om die inlywing weer ongedaan te maak, opgewek en gelde ingesamel het vir die leniging van die oorlogsrampe, verpleging van gewondes en ondersteuning van weduwees en wese. Die hoofdoel egter was om die openbare mening in Engeland en op die vasteland Van Europa te bewerk ten gunste van die Boere. Hierdie beweging het oor geheel Noord-Nederland en Vlaandere kragtige weerklank gevind. Ook in Duitsland, Frankryk en Portugal is afkeuring van Engeland se houding en medegevoel met die Boere te kenne gegee. Selfs in Engeland het die Boere voorspraak begin kry deur middel van 'n Transvaal Independence Committee, wat tydens die Vryheidsoorlog opgerig is, sodat eindelik ook in regeringskringe daar deelneming gewek is, met die gunstige gevolge wat uiting gevind het in die herstel van die onafhanklikheid en die Verdrag van Londen. Die genoemde komitee vir behartiging van die belange van die Transvaalse Boere het homself op 22 Mei 1881 opgelos in die blywende ordening van die Nederlandsch Zuid-Afri- 134 Geldgebrek in Transvaal. kaansche Vereehiging. Kort daarna is ook 'n vereniging vit die bevordering van landverhuising opgerig. Pogings tot die aanknoop van regstreekse handelsbetrekkings en die voorbereiding van 'n stoomvaartverbinding het gevolg; en in 1883 is Dr. H. P. Jonkman selfs na Transvaal toe gestuur om te probeer uitvind wat die Boere van Hollandse kant behoefte aan het en wat vir hulle van Nederland uit kon gedaan word. Die gevolge van die laatste jare van gisting en stryd en ander moeilikhede van buitelandse sowel as binnelandse aard het 'n nypende geldgebrek laat ontstaan. Die enigste kredietinstelling in die staat was 'n verteenwoordiging van die Standaard Bank van Suid-Afrika wat aan die regering en handelaars slegs teen hoë rente geld voorgeskiet het. Hierdie besware het die Transvalere gemeen om uit die weg te ruim met die oprigting van n eie Nasionale Bank. Daarby egter het die vraag gerys of dié bank vanweë die staat met behulp van 'n lening dan wel deur 'n konsessie aan partikuliere moes tot stand gebring word. — (De Louter: De Transvaalsche Deputatie, bl. 13). n Aansoek van die Nederlandsche Handelmaatschappij op 5 Augustus 1881 gedaan om verlof tot oprigting van n Nasionale Bank van Suid-Afrika is óp baie raaiselagtige wyse verwaarloos en eers met erns te hand geneem, toe dit te laat was en die „Handelmaatschappij", afgeskrik deur die louheid van die ontvange antwoorde meer nog dan deur die ongunstige verandering van die geldmark, tot ander insigte gekom het en, jammer genoeg vir die Republiek en vir Suid-Afrika as geheel, sy aanbod in 1882 ingetrek het. — (De Louter: Dt Transvaalsche Deputatie, bl. 16). Toe is verskillende aanvrae van twyfelagtige waarde in oorweging geneem en bedenklike onderhandelings aangeknoop met persone wat agtereenvolgens gehoop het om in onderskeie lande van Europa kapitaal te vind. 'n Voorwaar- Nasionale Bank en Spoorweg. 135 delik verleende konsessie van 'n Engelse firma is nog betyds deur die Volksraad verwerp en, deels na aanleiding van reeds vroeër geopperde denkbeelde van die ouditeur-generaal, deels bok in oorleg met die afgevaardigde van die Ned. S. A. Vereniging, Dr. Jonkman, is eindelik in Junie 1883 die voorstel van 'n geldelike staatskommissie deur die Volksraad aangeneem en besluit om 'n afvaardiging van Afrikaners na Europa te stuur, teneinde in Nederland die onmisbare geldelike hulp té soek en die bestaande handelsverdrag met Portugal ten behoewe van die voorgenome spoorweg te verleng. — (De Louter: De Transvaalsche Deputatie, bl. 16). Die landverhuisingskommissie het daarin geslaag om ook in Transvaal 'n kommissie vir dieselfde doel te laat benoem, maar die praktiese gevolge was onbeduidend en die regering van die Republiek skyn voorlopig die landverhuising slegs onder sekere voorbehoud te durf aanmoedig; Die Boere-afvaardiging het in 1884 na Nederland toe oorgesteek ook om aan die stamverwante dank te bring vir dië hulp in 1881 betoon en om in Nederland en Vlaandere steun te soek teen die Engelse invloede wat op beskawingsgebied in Suid-Afrika oorwegend was, en tewens om die stroom van Suid-Afrikaanse jongelingskap van Engeland na Nederland te wend, teneinde die Engelsgesindheid van die hoëre klasse van 'n Dietse teëwig te voorsien. Dog die rede van hulle besoek aan Nederland was by uitstek geleë in praktiese belange van stoflike aard. Aanvanklik het die denkbeeld van 'n nasionale bank op die voorgrond gestaan. Dit sou deur die Staat opgerig word om in die lopende behoeftes van die skatkis te voorsien en ook aan handel en nywerheid die nodige kapitaal te kan voorskiet. Daartoe Is 'n kapitaal van ses miljoen gulde voldoende geag en die Volksraad het magtiging verleen om 'n lening tót dié bedrag aan te gaan. 136 Spoorweglening misluk. Vir die aanleg van die spoorweg Pretoria—Delagoabaai is die voorkeur gegee aan 'n konsessie aan partikuliere. Dog die deskundiges wat die afgevaardigdes as raadsmanne bygestaan het, was van oordeel, dat dit net andersom moes geskied, n Bank moes naas die regering staan en kon aan partikuliere oorgelaat word, terwyl die spoorweg 'n veel dringender behoefte was en as die slagaar van die land onder die regstreekse invloed van die regering moes bly. Daarom is die oorspronklike plan gewysig en sou in die eerste plek geprobeer word om 'n spoorweglening te sluit, wat 'n groter bedrag sou vorder. — (De Louter: De Transvaalsche Deputatie, bl. 43). Hierin egter het die Boere nie geslaag nie. — (Gedenks. bl. 112.) Die teleurstelling skyn in sekere mate sy ondergrond te gehad het in die Nederlandse inwendige politiek. As lede van die Gereformeerde Kerk het die afgevaardigdes huileself veral beweeg in die geesverwante kringe van die Anti-Rewolusionêre Party. Die Liberale kringe, waaruit eintlik die nodige geld moes kom, het blykbaar aanstoot geneem aan die engheid van staatsmansblik wat die Boere in hierdie opsig vermeen is te geopenbaar het, het daardeur in hulle geesdrif vir Transvaal verflou en die gewenste medewerking agterweë laat bly. Dit is beslis n verkeerde opvatting wat 'n mens nou nog af en toe in Nederland aantref en wat van die gedagte uitgaan, dat die groot diplomaat en staatsman, wat Paul Krüger was, homself hier aan bekrompenheid, of tenminste kortsigtigheid, sou skuldig betoon en vergeet het, dat hy nie 'n bepaalde kerk of party nie, maar 'n staat verteenwoordig het. Krüger was natuurlik nie op die hoogte van die inwendige politieke twiste in Nederland nie. Die manne van die Anti-Rewolusionêre Party, Abraham Kuyper en andere, het huileself van die geesverwante Transvalers, as 't ware, Politiek in Nederland. 137 meester gemaak en politieke munt vir eie baat probeer slaan uit die algemene geesdrif wat onder die Nederlandse volk geheers het vir die stamverwante wat toevallig ook Gereformeerdes was. Wanneer die Liberale om hierdie rede die gevraagde en hoogs nodige hulp aan die Transvaalse stambroers onthou het, dan was hulle nasionaliteitsbewussyn glad nie te sterk nie en het hulle staatsmansblik beperk gebly tot die enge grense van hulle partypolitieke wrok teenoor die AutiRewolusionêres. Onder die omstandighede was dit des te meer te betreur. (Paul Krüger het homself geen rekenskap gegee van die samestelhng van die ontvangskomitees nie, want aan watter politieke partye dié mense behoort het, was vir hom onbekend [en het by hom geen ag terdog van inwendige politieke sette gewek nie. Sowel in sy doen as in sy denke was Paul Krüger vrysinnig en hy het homself in sy amptelike optree nooit skuldig gemaak aan 'n vyandige gedrag teenoor mense van 'n ander godsdienstige opvatting as hy nie.1) Daar was bowendien in daardie tyd 'n aanmerklike kapitaalskaarste in Europa. Wat die oorsake ook al was, die vernaamste doel van die besoek aan Nederland, verkryging van geld vir die bou van die Delagoabaaise spoorweg, is nie verwesenlik nie. Die afgevaardigdes het egter hulle reis vol moed deur Europa voortgesit. Orals is hulle besonder hartlik verwel- *) Prof. J. de Louter druk homself op die volgende enigsins krasse wyse ' uit: „En wie mocht twijfelen aan de tegenwoordige gezindheid der invloedrijkste mannen, geve zich de moeite om de verhouding der deputatie tot de hoofden der anti-revolutionnairen hier te lande na te gaan ; hl) zal tot zijne verwondering ontwaren, hoe diep de kloof is, die gindsche oprechte Protestanten verwijdert van de politieke drijvers, die zich hunne geestverwanten noemen. In de Zuid-Afrikaansche Republiek heeft, Gode zij dank, dé goosdienst zijn zetel in het gemoedsleven nog niet verlaten, om zich van de staatkunde meester te maken en den politieken strijd te vergiftigen ten koste van eigen leven." — (De Transvaalsche Deputatie, bl. 38 en 39). 138 Onthaal in ander Lande. kom. In Parys ia vir hulle 'n groot feesmaaltyd aangebied en het die President van Frankryk persoonlik die Boere in gehoor ontvang. In Brussel en Madrid is hulle aan die konings van België en Spanje voorgestel. In Lissabon het hulle van die Portugese regering die toesegging ontvang, dat spoedig 'n begin sou gemaak word met die bou van die Portugese gedeelte van die Delagoabaai-spoorlyn. Dit was wenslik, dat die hele spoor in één hand sou kom, maar Portugal kon die hele lyn nie vir sy rekening neem nie. Gelukkig is by terugkeer van die afvaardiging in Holland n aantal here bereid gevind om 'n konsessie vir die Transvaalse deel van dié i spoorweg te aanvaar. Dit was die kiem van die Nederlandsche I Zuid-Afrikaansche Spoorweg-Maatschappij, wat later sulke I pragtige dienste bewys het by die stoflike en politieke ontI wikkeling van die Republiek. Die afgevaardigdes het ook die geleentheid waargeneem om Berlyn te besoek en hulleself te oortuig van die groot medegevoel wat die Duitse volk die Boere toegedra het. Die skerpsinnige Rykskanselier von Bismarck en Keiser Wilhelm I het in 'n persoonlike onderhoud met die afgevaardigdes ook duidelik blyk gegee van hartlike vriendskap vir die jongste lid van die gemeenskap van vrye state. Bismarck het des te meer rede gehad om die Boere openlik fsy vriendskap te betoon, daar hy teleurgestel is in sy verDuitsland het tog geen vaste betrekkings met die Boere lange, om sy koloniale politiek in ooreenstemming met Engeland uit te voer. — (Manger, bl. 145). aangeknoop nie, hoewel Paul Krüger in sy toespraak daarop skyn te gesinspeel het. Wanneer dit 'n kind sleg gaan, het die President gesê, dan kyk hy rond vir bystand en derhalwe was sy versoek, dat Keiser Wilhelm die Boere ook sou help, wanneer dit hulle eenmaal sleg mag gaan! Hierdie beroep op Duitsland is beantwoord met stilswyge, tenminste met geen Benoeming van Gesant. 139 verbindende toesegging nie. — (Reventlow, bl. 68). By die onderhandelings wat in Februarie uitgeloop het op die sluit van die Verdrag van Londen is die Transvaalse afvaardiging op bekwame wyse en belangeloos bygestaan deur die lid van die Nederlandse Twede Kamer van die Staten-Generaal, Jhr. Mr. G. J. Th. Beelaerts van Blokland. — (De Louter: De Transvaalsche Deputatie, bl. 40.) Dit was dus geen wonder, dat die keuse juis op hom geval het om as gesant van die Republiek in Europa op te tree nie. En ook dit het hy sonder geldelike vergoeding onderneem. So oortuig was die vernaamste Europese regerings van die hoë graad van die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Republiek, dat geen een daaraan gedroom het om die gesant van die Republiek erkenning te weier nie. In bierdie betrekking het Jhr. Beelaerts van Blokland die Transvaal by die staatshoofde van Europa op bekwame en getroue wyse verteenwoordig tot sy dood op 14 Maart 1897. Sy geloofsbriewe as gesant is aangebied aan en aanvaar deur Duitsland, Frankryk en Portugal. Dié was behalwe Engeland en Nederland die vernaamste lande, waarmee die Republiek in gereelde diplomatieke verkeer was. By die Nederlandse Hof kon Jhr. Beelaerts van Blokland nie as gesant optree nie. omdat hy as Nederlandse onderdaan geen ander land by sy eie regering diplomatiek kon verteenwoordig nie. — (Leyds: Eenige Corresp., bl. 2 n). Dit het egter nie verhinder, dat Nederland voortdurend in noue voeling met die Republiek kon verkeer nie. Die gesant het sy verblyf in Den Haag gehad, en later was Transvaal deur n konsul in Amsterdam verteenwoordig. Vir akkreditering van die gesant by die Engelse " Hof het geen aanleiding bestaan nie, daar alle gedagtewisseling deur middel van die Hoë Kommissaris in Suid-Afrika moes geskied, wat 'n amptenaar van Koloniale Sake was. Die gesant het dus in Londen niks te doen gehad nie. 140 Dr. Leyds word Staatsprokureur. Deur geen beswaar te maak teen die erkenning van die Transvaalse gesant by die vastelandse regerings nie en deur die amptelike aanraking wat die Britse gesante op die vasteland met hom gehad het, is ook deur Engeland die jus legationis, aktiewe gesantskapsreg, van die Suid-Afrikaanse Republiek in die praktyk aanvaar, in ooreenstemming met die reeds gemelde uitdruklike versekerings van Lord Derby. Dit was ook tydens hierdie besoek aan Holland, dat Pres. Krüger in aanraking gekom het met Dr, W. J. Leyds wat vir die volgende vyftien jaar saam met hom die wisselende lotgevalle van Transvaal sou bestier. Op 2 Oktober 1884 het Dr. Leyds in Pretoria aangeland en op 6 Oktober reeds het hy die pos van Staatsprokureur aanvaar, wat vry geraak het deur die afsetting van Dr. E. J. P. Jorissen. Oor sy ontmoeting met President Krüger in 1884 het Dr. Leyds een en ander vertel in Nommers 5 en 6 (Mei en Junie, 1918) van Dietsche Stemmen. In die artiekel getietel „Herinneringen aan President Krüger" kom onder andere die volgende voor: „Ik stel er prijs op om een incident te vermelden, dat toen tusschen ons is voorgevallen, omdat daaromtrent verkeerde berichten de ronde hebben gedaan. Ik bedoel het door nüj opperen van een bezwaar dat misschien gelegen zou zijn in mijn godsdienstige overtuiging. Ik zeide het mijn plicht te achten ZHEd. mede te deelen dat de mijne geheel afweek van de zijne en die van zijn volk, daar ik behoorde tot de zoogenaamd moderne, de vrijzinnige richting, dat ik geen overtuiging wilde huichelen die de mijne niet was en het mogelijk was dat dit verschil van overtuiging mij als Staatsprocureur minder wenschelijk maakte. ZHEd.'s antwoord daarop, met nadruk uitgesproken, was dat hij daarover geen bezwaar voelde, want dat het slechts daarop zou aankomen Ontmoeting van Krüger en Leyds. 141 of ik trouw en eerlijk mijn plicht deed. — En nooit heeft President Krüger (ik moet er bijvoegen: noch ook het volk of de Volksraad, ongetwijfeld op zijn voorbeeld) mij over mijn godsdienstige overtuiging lastig gevallen". Die verhaal van sy kennismaking met President Krüger en van sy gaan na Transvaal het Dr. Leyds nog met die volgende nadere besonderhede vir die skrywer aangevul. „Die 15de Junie 1884", vertel Dr. Leyds, „het ek gepromoveer tot Doktor in die Regte. Ek was nie jong meer nie. Die omstandighede het meegebring, dat ek eers laat met my studies kon begin. Na afloop van die promosieresepsie het een van die professore my tersyde geneem en begin van Krüger te praat. Hy wou my graag aan die President voorstel, sê hy. Dit het by my nogal verbasing gewek, want by die voorstellings wat ek vir myself van die toekoms gevorm het, het Suid-Afrika geen rol gespeel nie: ek het alleen aan Nederland en Nederlands-Indië gedink. Ook die promotor, Prof. G. A. van Hamel, het in sy rede met geen enkel woord van Suid-Afrika gerep nie, maar die nadruk gelê op my aanstaande Indiese loopbaan. Die afvaardiging, waartoe President Krüger behoort het, het enige tyd lang in Nederland vertoef, maar ek het my met hulle nooit bemoei nie; by hulle intog in Amsterdam het ek hulle op straat gesien. Dit was al. Intussen het die vooruitsig van 'n kennismaking met die merkwaardige Krüger, al het ek nie begryp met watter doel nie, my wel aangetrek. Ons het dan ook die volgende dag na die Amstel Hotel gegaan, waar die afvaardiging verblyf gehou het. Wat ons onderhoud, wat ook deur Generaal Smit bygewoon is, oor geloop het, staan my nie meer voor die gees nie. Maar al spoedig het Krüger voor die dag gekom met die vraag of ek lus sou hê om die amp van Staatsprokureur in die Transvaal op my te neem. „By ons weggaan verneem ek, dat die President hierdie 142 Aanbod ccrs afgewys. amp vroeër aan Prof. Moltzer self aangebied het, dog laasgenoemde het, om gesondheidsredes in die eerste plek, daarvan moet afsien. Hy het Krüger die raad gegee om 'n keuse te doen onder die jongere juriste, en sy aandag op my gevestig. „Intussen het ek, opreg gesproke, maar heel weinig van Suid-Afrika af geweet en van die Staatsprokureurskap het ek maar 'n vae begrip gehad. Die Vryheidsoorlog van 1880 —1881 het ek met geesdrif gevolg, maar wat ek later in die koerante gelees het oor die ontslag aan die Staatsprokureur Jorissen in sy afwesigheid verleen, het weinig my medegevoel weggedra. Hoe dit ook al 'sy, dit was n vererende aanbod vir n jonge man en ek het om n dag nadenke gevra, teneinde my verloofde te kan raadpleeg. Dit het daartoe gelei, dat ek nog dieselfde dag aan President Krüger my weigerende antwoord laat toekom het. Die volgende oggend ontvang ek die versoek om hom nogmaals te wil besoek, omdat hy gehoop het om my van besluit te doen verander. Dit het my aanleiding gegee om nogmaals met Prof. Moltzer en buitendien ook met die hooglerare N. G. Pierson en G. A. van Hamel te rade te gaan. Prof. Pierson, destyds direkteur van die Nederlandse Bank, wat my reeds die vooruitsig op n plek in dié iniigting geopen het, opper die denkbeeld, dat ek vir korte tyd, b.v. vir drie jaar, die amp van Staatsprokureur sou waarneem; ek sou dan 'n belangwekkende ondervinding kan opgedaan en 'n leerryke tyd deurgemaak het. In Holland teruggekeer, sou ek die plek aan die Bank nog vir my ope vind. „Op hierdie wenk het ek tenslotte ingegaan en het op Saterdag 14 Julie my bereid verklaar om vir drie jaar te gaan, mits by kontrak gewaarborg teen 'n bejegening gelyk deur Dr. Jorissen ondergaan. Hierdie kontrak is deur die steeds hulpvaardige en nobele Prof. Moltzer opgestel en deur ons Onkunde omtrent Republieke. 143 albei geskrywe en deur die partye onderteken, terwyl die rytuie gereed staan om die afvaardiging na die stasie te bring vir die aanvaarding van die terugreis na Suid-Afrika. „Ek het eers na my huwelik gevolg. Ons het in Kaapstad aangekom op Donderdag, die 17de September, en het die Dinsdag daaraanvolgende vertrek. Dit het my daar moeite gekos om te wete te kom watter weg om te kies vir die reis na Pretoria. In Holland kon niemand my dit sê nie, wat my nie bevreem het nie. Maar dit het my wonderlik gelyk, dat ek dit in Kaapstad ook nie kon verneem nie, nóg van Jan Hofmeyr, nóg van Dr. van Oordt van die Zuid-Afrikaan, om twee te noem. „Die lange weg deur Natal was uitgeslote, sodat alleen uit Bloemfontein en Kimberley te kies was. Oor die algemeen was die mense geneig om die weg oor Bloemfontein aan te raai, juis die mins goeie van die twee Ek het die raad my aan die poskantoor verskaf gevolg en oor Kimberley gegaan. „Oor die algemeen is ek in Kaapstad getref deur die byna volslae onbekendheid, van byna iedereen, met die persone, sake en toestande in die Republieke. Dit was of dié in 'n ander werelddeel gelee was, in barbaarse toestande, bewoon deur geheel onbeskaafde mense. Des te aangenamer het dit my by my aankoms in Pretoria getref, wat my by die eerste aanblik n paradysie gelyk het, vergeleke by wat ek op my deurreis deur die Kaapkolonie gesien het. „Op 22 September dan het ons met die trein uit Kaapstad vertrek. Die gewone trein het toe nie verder dan tot De Aar geloop nie. Die spore het egter al gelê tot Kranskuyl, waarheen ons in 'n ope trok vervoer is. En van daar moes ons met die poswa oor Hope Town na Kimberley. Nadat ons daar oornag het, het ons weer in 'n poswa gestap en Pretoria op die aand van die 2de Oktober bereik. „Daar was niemand om ons te verwelkom nie, wat enigsins 144 Aankoms in Pretoria. verkillend aangedoen het Maar du Toit aan wie ek uit Holland geskrywe het, was in Land Goosen, en President aan wie ek uit Kaapstad my aanstaande koms gemeld het, het — deur watter oorsaak is my onbekend — my brief nog nie gelees nie. Dit was egter in n klein stad as Pretoria spoedig bekend, dat ek daar was en die volgende möre het Generaal Nicolaas Smit (lid van die afvaardiging) ons kom besoek. Met hom het ek vir die eerste keer na die Volksraad gegaan, waar die Voorsitter my in n toespraak welkom geheet het „Op die 6de Oktober het ek, na die aflê, van die burgeren die ampseed, die amp van Staatsprokureur aanvaar". TWEDE BOEK. VERNAAMSTE GEBEURTENISSE IN EKONOMIESE EN MAATSKAPLIKE STREWE. 10 HOOFSTUK IX. BEGIN VAN DIE TREINSPOOR EN SPOORVERKEERSPOLITIEK. Die natuurlikste en beste weg na die see toe was vir die Suid-Afrikaanse Republiek oor Delagoabaai. Dit het die ou Boere al lang geweet en in 1868 het President Pretorius n proklamasie uitgevaardig, waardeur hy binne die grense van die Republiek aie alleen die hele loop van die Mapoetarivier gebring het nie, maar ook n stuk grond by dié se uitmonding wat as hawe moes dien. By ou verdrae met die Swasies is hierdie rivier tot aan die see aan die Republiek toegeken. Ook is sy mond deur Brittanje vry verklaar. Daar was destyds geen enkele blanke te vinde nie. — (C. 1361. bl. 33, 34; Leyds: Insluiten I, bl. 6; Bryce: Impcessions, bl. 146). Portugal het egter ook aanspraak gemaak op die baai en het by 'n traktaat van 1869 verkry, dat die Republiek afstand doen van sy regte op dié strook grond. Brittanje was gou by die hand met 'n oorlogskip om die Britse vlag in die baai te hys, maar die Portugese het op hulle regte bly staan en eindelik is in Julie 1875 deur die Franse Staatspresident MacMahon, wat as skeidsregter in die geskil aangewys is, die aansprake van Portugal ten volle erken. — (C. 1361, bl. .'• 247—249).*) Om te verhoed, dat Delagoabaai tog nog later ia die hande van die Boere of n ander moondheid sou val, *) Te vinde in Bylae D. 148 Pogings van Pres. Burgers. het Brittanje vóór die uitspraak van MacMahon met Portugal *n ooreenkoms gesluit, waarby albei partye huileself daartoe verbind, dat die een wat by die skeidsgereg sou win, geen afstand van die toegewese grondgebied sou doen nie, vóórdat die ander party die geleentheid gehad het om 'n redelike aanbod te doen vir die verkryging van daardie gebied, hetsy by wyse van aankoop of wel teen ander vergoeding. — (C. 1361, bl. 245, 246; Leyds: Insluiten, bl. 8; Bryce: Impressions. bl 147). Nadat reeds in 1874 deur die Volksraad n kommissie benoem is om met die regering saam 'n plan op te trek tot aanleg van 'n spoorweg na Delagoabaai, het President Burgers in die begin van 1875 na Europa vertrek, 'n nuwe verdrag van handel en vriendskap met Portugal gesluit en pogings aangewend om die spoorwegverbinding met Delagoabaai tot stand te bring, waardeur Transvaal onafhanklik sou word van die Britse hawens. In 1872 reeds was die eerste spoorwegkonsessie aan sekere Moodie verleen, maar toe hy daar nie in kon slaag om die nodige kapitaal te vind nie, het Pres. Burgers aan die Volksraad voorgestel om die konsessie terug te koop vir £ 5000, van verdere konsessies af te sien en 'n lening te sluit teneinde die spoorweg van staatsweë te bou. Die President het eers in Engeland probeer om £ 300.000 te leen te kry. Hy het daarin nie geslaag nie en toe is die traktaat van 1875 met Portugal gesluit, waardeur die samewerking van die twee buurstate op gunstige voorwaardes verseker is. Daarop is die leen van die vereiste kapitaal in Nederland geprobeer, maar slegs £ 93,833 is ingeskrywe. Met die Belgiese maatskappy „Société Cockerill" is tog 'n kontrak aangegaan vir die lewering van die nodige materiaal en die bou van die lyn tot by Klipstapel. Die spoorkonsessie is vervolgens op die LibomboSpoorwegmaatskappy in Pretoria oorgemaak. Britse Bemoeiing. 142 Gebrek aan voldoende fondse en die inlywing van Transvaal deur Engeland het aan die bestaan van bierdie maatskappy 'n vroeë einde gemaak. Een van die eerste bestuursdade van Shepstone was die ontbinding van die LibomboSpoorwegmaatskappy. Van die ganse veelbelowende plan het niks oorgebly nie dan 'n hoeveelheid spoorwegmateriaal wat deels in Lourenco Marqués deels in Vhssingen bly lê het. en later vir spotpryse deur die Engelse bestuur oorgeneem is. Bowendien het 'n spoorwegbelasting op persone en goed bly rus tot betaling van rente en aflossing van die lening, ofskoon nog geen sooi vir die bou van die spoor omgekeer was nie. Die Engelse bestuur het 'n nuwe opmeting van die spoor «gelas en 'n voordelige verdrag met Portugal gesluit; dog die trae voortgang van sake het selfs by die sogenaamde getroue onder dan e ernstige ontevredenheid gewek. Dat die Engelse geen geesdrif vir die voltooiing van hierdie spoor aan die dag gelê het nie, is te begrype. Dit het die oorheersing van Durban as deurvoerhawe bedreig en n bron van groot welvaart vir die Durbanse koopliede gedemp. Die begeerte om die bou van hierdie spoor te belet het geen geringe plek ingeneem onder die beweegredes vir die inlywing van Transvaal nie. — (De Louter: De Transvaalsche Deputatie, bl. 44, 45; Leyds: Eerste Annexatie, bl. 187). Weens die moeilikhede, waarmee die Republiek te kampe gehad het, het die denkbeeld van die spoorweg tot na dié Verd rag van Londen onuitgevoer gébly. Maar opgegee was dit nie. In 1883 het 'n Portugees, majoor J. Machado, by 'n besoek aan Pretoria tekeninge meegebring wat hy op las van sy regering gemaak het van 'n spoorweg van Lourenco Marqués tot Komatipoort. Aan hom is toe die opdrag gegee om ook die spoor van Komatipoort tot Pretoria op te meet. Hy het hierdie opdrag op uitstekende wyse uitgevoer. Sy plan is gebruik as leidraad by die kies van die beste rigting vir 150 Konsessie-Aanvrae. die aanleg van die Oostetryn. As hulde aan sy verdienstes dra 'n belangrike stasie op dié lyn die naam Machadodorp. — (In Mem., bl. 6). Hierdie lyn het Swasieland vermy, waardeur die Engelse as belanghebbende party uitgeskakel is. Weer is in Holland 'n lening gesoek om die lyn van staatsweë te bat bou, maar tevergeefs. Portugal het belowe om met sy deel gou 'n aanvang te maak. Engelse en Amerikane het by die Transvaalse en Portugese regerings kom aanklop om op min of meer aanneemlike voorwaardes die begeerde konsessie te verkry. Agter die Engelse aanvrae het ongetwyfeld politieke dryfvere geskuil. Hulle wou deur die invloed van kapitaal herwin wat deur krag van wapens en sedelike drang verlore gegaan het. Wie meester was van die Delagoabaaise spoorweg, sou die lewensaar van die Suid-Afrikaanse Republiek in hande hê en hierdie staat by goeie wil ewe onskatbare voordele besorg as by kwade wil onberekenbare skade berokken. Daarom is aan Nederland die geleentheid gebied om hierdie gewigtige lyn in hande te kry en die verbindingsweg te verseker tussen die ou nasie in Europa en sy veelbelowende loot in die Suidhoek van Afrika. — (De Louter: De Transvaalsche Deputatie, bl. 46). Dat Portugal tot samewerking bereid was. het die gunstige voorwaardes van die traktaat van 11 Desember 1875 bewys. Dit is oorspronkhk vir 20 jaar aangegaan en -het aan albei state wederkerige vrydom van in- en deurvoerregte verseker. Aan Portugal egter was vergun om in Lourenco Marqués op alle ware vir Transvaal bestem 'n deurvoerreg van 3 of des\ noods 6 ten honderd te hef, indien die eerste onvoldoende \ was vir die rente en aflossing van die kapitaal aan die spoorweg- en hawewerke op Portugese gebied bestee. Sodra hierdie kapitaal afgelos was, sou die deurvoerregte daal tot ten hoogste \y2 ten honderd. In Natal is van 7 tot 15 ten honderd Ooreenkoms met Portugal. 151 gehef op goed vir Transvaal bestem, in die Kaapkolonie was die verhouding nog ongunstiger. In die Kaapse en Natalse hawens is geen rekening gehou met goed wat vir Transvaal bestem was nie, maar is eenvoudig die gewone plaaslike invoerregte ook op Transvaalse goed van toepassing geag. Teen hierdie onregverdige praktyk was ook President Brand van die Oranje-Vrystaat verplig om voortdurend verset aan te teken aangaande ware vir sy land bestem. Portugal het ook belowe om vir die bou van die spoorweg op sy gebied geldelike ondersteuning te verstrek wat gelyk sou staan met die helfte van die koste, benewens die nodige terreine. Die konsessionaris, wie dié ook al mag wees, sou gedurende 15 jaar alle materiaal vir die hele spoorweg vry van regte kan invoer en die lyn uitsluitend mag beheer. Die Transvaalse regering sou dergelike voorregte verleen ten behoewe van die voortsetting van die lyn op sy gebied. Aan die Transvaalse afvaardiging is dit in 1884 geluk om behalwe die bevestiging en die verlenging van die traktaat vit 'n reeks van jare, ook die sekerheid te erlang, dat die konsessie wat deur Portugal reeds verleen was, aan die aanleg en beheer van die gehele lyn geen ernstige besware in die weg sou lê nie. Die Portugese het besef, dat die groei en belangrikheid van Lourenco Marqués afgehang het van hierdie verbindingsweg na die binneland van Suid-Afrika. — (De Louter: De Transvaalsche Deputatie, bl. 46, 47). Voordat die afgevaardigdes - huistoe vertrek het, is ia Amsterdam op 16 April, 1884, die konsessie vir die Delagoabaaise spoorweg toegestaan aan die here Prof. Mr. N. G. Pierson, J. GrolL D. Maarschalk, A. L. Wurfbain, A. C. Wertheün, G. M. Boissevain, H. ]. de Marez Oyens, Prof. Mr. J. P. Moltzer en A D. de Marez Oyens. Destyds was die bestaan van ryke goudvelde in Transvaal 152 Konsessie aan Nederlanders. nog nie bekend nie en geen van,blerdie here kon vermoed het, dat die spoorwegonderneming ooit meer sou oplewer dan die rente wat deur die Republiek gewaarborg was nie. Geldelike belang was nie die dryfveer van hulle aanvaarding van die konsessie nie. Die voorwaardes het hulle ook belet om die konsessie te verkoop. Hulle moes dit gratis oormaak aan 'n Nederlandse vennootskap. Die spoorweg moes in die eerste plaas gehou word uit die hande van persone en belange wat die Republiek op politieke gebied in gevaar kon bring. • By die Volksraad het 'n groot aantal versoekskrifte teen die bou van die spoor ingekom. Die President het egter die spoorwegplan op kragtige wyse verdedig en daarop gewys, dat die volk nie hoef te vrees vir nuwe belastings as die gevolg van hierdie planne nie. Die spoorweg sou die hulpbronne van die land oopmaak. Die verbinding met die see was onmisbaar vir die Republiek, omdat die Kaapkolonie die voortbrengsels van Transvaal sodanig belas het, dat die burgers geen mark meer gehad het nie. Daarop is die konsessie deur die Volksraad goedgekeur. — (Gedenks. bl. 113). Op 14 Desemberl883 is deur die Portugese regering, sonder oorleg met die Suid-Afrikaanse Republiek, aan die Amerikaan Maj. E. MacMurdo 'n konsessie verleen vir die aanleg en beheer van die spoorweg van Lourenco Marqués tot.die grens van die Republiek. Die Nederlanders moes hulleself dus met die Amerikaan in verbinding stel om samewerking te verkry. Wat hulle wel gekry het. was teëwerking, moeilikhede en sorg, wat ook duidelik blyk uit die Lotgevallen van ' den Spoorweg. Die Nederlandse konsessionarisse het op 1 Julie 1884 in Amsterdam n lening van 15.000.000 Gulde uitgeskrywe. Die geld het nie voor die dag gekom nie. Hulle probeer daarna om 5,000,000 Gulde te leen te kry, maar ook hierdie som bly agterweë, sodat hulle verplig was om die regering Kapitaal gevind. 153 mee te deel, dat hulle geen kans sien om die aangevange taak te volvoer nie. Die here Groll en Maarschalk egter het die moed nie verloor nie en het saam met die heer R. W. J. C. van den Wall Bake oordrag van die konsessie op hulle name verkry. Met 'n aantal Hollandse en Duitse bankiers is onderhandelings begin vir die bekoming van die nodige kapitaal. Voordat dit sover was, sterf die heer J. Groll op 21 April 1885 en die heer Maarschalk in' Januarie 1886. Die heer van den Wall Bake kry medewerking van die heer J. L. Cluysenaer, maar die voltooiing van die verlangde verbinding sou nog tot 1895 op homself laat wag. MacMurdo het nog met die Portugese konsessie as struikelblok in die weg bly staan. Einde 1886 het die Portugese regering besluit om die konsessie van MacMurdo in te trek, maar die Amerikaan het betyds daarin geslaag om sy regte op 'n Engelse vennootskap oor te maak, waardeur die toestand nog moeiliker geword het. Die Hollanders het by hierdie tyd nog nie die nodige kapitaal vir die uitvoering van' hulle onderneming in hande gekry nie en die Transvaalse regering moes hulle laat weet, dat hulle regte sou verval, as hulle nie op 2 November 1887 daarin geslaag het om 'n aanvang met die bou te maak nie. Gelukkig onderneem toe die Berbrier Handelsgesellschaft en Robert Warschauer 6 My. in Berlyn en Labouchère Oyens & My. in Amsterdam om 2,000,000 Gulde in aandele te neem en 'n lening van 6,000,000 Gulde teen 5 ten honderd te probeer plaas vir die oprigting van die Nederlandse SuidAfrikaanse Spoorwegmaatskappy. Op 21 Julie 1887 was die saak agtermekaar. As eerste bestuurders het opgetree die here van den Wall Bake en Cluysenaer, bygestaan deur 'n raad van sewe kommissarisse. Prof. Mr. J. P. Moltzer is benoem tot sekretaris 154 Bou vertraag. van die raad en regsgeleerde raadsman. In Nederland sou Jhr. Mr. G. J. Th. Beelaerts van Blokland optree as regerifltjskommissaris en in Transvaal Dr. W. J. Leyds, die Staatsprokureur. Weens te veel werk van ander aard moes Dr. Leyds bedank as jpoorwegkommissaris. Hy- is daarin opgevolg deur die heer J. S. Smit. As hoofingenieur is die heer R. J. Snethlage benoem en op 28 Julie 1887 het nog vyf Hollandse ingenieurs na Transvaal vertrek, sodat reeds in November 'n aanvang kon gemaak word met die opmetings by Komatipoort. Die Hollandse ingenieurs was egter nie bestand teen die verraderlike tropiese klimaat nie. 'n Paar is aldaar aan die koors oorlede, terwyl die andere genoodsaak was om die ongesonde streek tydelik te verlaat. Intussen was die moeilikheid met die Portugese gedeelte van die spoor nog nie opgelos nie. Die konsessionaris kon self sy vrag- en vervoerpryse vasstel en het dus die hef in hande gehad om die Transvaalse gedeelte van die lyn geheel van hom afhanklik te maak, dit kragtige lewe te gee of ia sy geboorte te verstik. Tevergeefs het die Republikeinse regering getrag om ooreenstemming insake die vervoerpryse te bereik. President Krüger en sy raadgewers het daarom tot 'n kras maar wys maatreël besluit. Hulle het die voortgang met die spoorwegbou verbied, totdat die vraagstuk van die ryloon na die sin van Transvaal op vaste grondslag gereël is. Dat die regering hierin goed gesien het, is later bewys deur die moeilikhede wat met die Kaapkolonie ontstaan en tot die Driftegeskil aanleiding gegee het. Gelukkig bet die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy nie nodig gehad om werkloos op reëling van die vragpryse te wag nie. De mynnywerheid van die Witwatersrand was by hierdie tyd al aan die gang en het met groot snelheid uitgebrei. Aan beter en sneller vervoermiddels dan Aanleg hervat. 195 die ossewa was die behoefte dringend geword. Vir gereelde en snelle aanvoer van steenkole moes gesorg word. Die „Randtram" van Boksburg na Johannesburg sou uitkoms bring. Die aanleg hiervan is aan die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy opgedra en op 17 Maart 1890 is hierdie lyn geopen. Verlenging in westelike rigting na Krügersdorp en in oostelike rigting na Springs het spoedig gevolg, n Maklilce werkie was dit nie, want die swaar materiaal moes deels oor Kimberley en deels oor Ladismith met ossewaens aangevoer word. Die Portugese het by hierdie tyd self ongeduldig geraak oor die dwingelandy van die MacMurdo-groep en het op 25 Juhe 1889 besluit om die konsessie in te trek op grond van die feit, dat die Portugese gedeelte van die lyn nie binne die bepaalde tyd voltooi was nie. Die Portugese regering sou self die beheer in hande neem. - (Lotgevallen van den Spoorweg, bl. 16). Spoedig het n billike reëling van vragpryse vir deurgaande vervoer tot stand gekom met die waarborg van Portugese kant, dat hierin geen verandering sou gemaak word nie, wie ook al later eienaar of beheerder van die Portugese lyn mag word. Onmiddellik is die verbod, om met die bou van die lyn voort te gaan, opgehef. Op 1 Januarie 1890 het die heer G. A. A. Middelberg die heer Cluysenaer as bestuurder in Transvaal opgevolg en 'in Mei van dieselfde jaar is weer 'n aanvang met die werksaamhede gemaak. Die vlugge ontwikkeling van die Witwatersrandse goudmyne het grote spoorweguitbreiding noodsaaklik gemaak en die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy verkry ook die konsessie vir die verlenging van die lyn van Pretoria na die Vaalrivier om by Vereeniging aan te sluit by die verbinding met die Kaapkolonie oor Bloemfontein. Hierdie kon- 156 Voltooiing van Verbindingslyne. sessie het aan die maatskappy ook die verpligting opgelê om 'n taklyn na Barberton te bou. 'n Hewige kapitaaltekort in Europa het vertraging in die aanleg gebring. Die steun van die Amsterdamse en Berlynse bankiers was net voldoende om die Delagoabaaise lyn tot Nelspruit te bou. Die lyn na Vereeniging moes wag op beter tye. Die Kaapkolonie het gelukkig sy belang in die spoedige totstandkoming van 'n verbinding van sy hawens met die goudvelde besef en het deur aankoop van obligasies van die Nederlandse maatskappy die benodigde kapitaal vir die voltooiing van die Suiderlyn verskaf. Die sogenaamde Sivewright-Verdrag is gesluit, waarby die Kaapse regering medegebruik van die lyn verkry het sowel as die reg om geheel na eie sin die ryloon te bepaal, alleen onder voorbehoud om aan die Nederlandse maatskappy 'n sekere deel van die ontvang ste uit te keer. — (In Mem., bylae 4). Reeds op 23 Mei 1892 was die hulpbrug oor die Vaalrivier klaar, op 15 September is die lyn Vereeniging—Elands fontein oopgemaak en op 1 Januarie 1893 was die spoorwegverkeer tussen die Kaapse hawens en Pretoria werklikheid geword. Die Oosterlyn, wat die hoofdoel van die oprigting van die spoorwegmaatskappy was, het nie so gou klaar gekom nie. Vir sy voltooiing moes die regering 'n staatslening in Europa gaan soek. Dit het geluk. Die lyn is toe van twee kante af aangepak en op 2 November 1894 kon President Krüger by Wilgerivier die laaste bout vasdraai. Die verbinding met Lourenco Marqués was tot stand gekom en op 1 Januarie 1895 is die gereelde diens tussen Pretoria en die Portugese hawestad volledig geopen. Die vaste diens tussen Durban en Johannesburg het 'n jaar later, 2 Januarie 1896, in werking getree. Die binnelandse spoorweg- of verkeerspolitiek van Trans- Die Konsessievoorwaardes. 157 vaal het veral geblyk uit die voorwaardes van die verleende konsessie. In die eerste plaas het die regering vir homself die reg voorbehou om self ook spoor- en tramweë aan te lê en die werking daarvan te bestier. Dus was dit nie vir die spoorwegmaatskappy alleen om te beoordeel of 'n bepaalde lyn sou gebou word of nie. As die maatskappy so 'n lyn as geldelik nadelig ag, dan was hy nie verphg om dit te bou nie, maar dan kon hy ook die regering nie daarin belet nie, wanneer politieke en andere oorwegings sodanige spooraanleg eis. Die regering het die naasting van die spoor, as dit nodig mag blyk, op eenvoudige wyse beding. Daarom is dk terreine vir dk uitvoering van die spoorwegbedryf aan die maatskappy slegs in bruikleen afgestaan. Ook daarvoor is gesorg, dat die spoorwegmaatskappy die aanleg van ander verkeerswee nie in die weg kon staan nie. Dié kon die treinspoor kruis, waar die regering sulks bepaal. Vir onbeperkte owerheidstoesig op spoorwegsake is voorsiening gemaak en in Nederland sowel as in Transvaal is 'n regeringskommissaris met uitgebreide regte en bevoegdhede in die maatskappy benoem. Sy telegraafdiens moes die spoorwegmaatskappy tot beskikking stel van die pubhek teen betaling, van die regering kosteloos. Die aandele en rente is deur die regering regstreeks aan die aandeelhouers gewaarborg en daarom is bepaal, dat een tiende van die gehele opbrengs van die maatskappy as reserwefonds sou dien, totdat dit £ 560 vir elke myl van aangelegde spoorweg bedra. Om die waarborg verder te versterk het die Republiek afstand gedaan van die inkomende regte wat gehef is op goed oor die spoorweg ingevoer. Bowendien is die maatskappy taamlik vrygelaat wat bedryfsreëling, aantal treine, die vasstelling van ryloon en dergelike betref. Om egter mis- 158 Die Konsessievoorwaardes. bruik van hierdie bevoegdhede uit hebsug te voorkom, moes die maatskappy, as 'n oorwins ontstaan, nadat bedryfsopbrengs en invoerregte meer dan voldoende geblyk het vir rente en reserwe, daarvan 85 ten honderd aan die regering en 5 ten honderd aan die amptenare en beamptes van die maatskappy afstaan. Geskille tussen regering en maatskappy sou deur twee skeidsregters beslis word. Wanneer hulle twee dit nie eens kon word nie, kon hulle gesamentlik 'n eindbeslisser benoem. As dit onmoontlik blyk, kon óf die Hooggeregshof van die Suid-Afrikaanse Republiek óf die Regbank van Amsterdam die eindbeslisser aanwys. Om te verhoed, dat die spoorweg in vyandige hande val, moes die konsessionaris ri Nederlandse vennootskap wees, die beheer waarvan vir minstens die helfte uit Nederlanders bestaan. By oorlogsgevaar, in oorlogstyd of in geval van binnelandse onluste, kon die regering in die belang van die verdediging of van die openbare rus, oor die spoorweg en oor alles wat tot die gebruik daarvan vereis word, beskik en die gewone vervoer daarop geheel of gedeeltelik doen staak en alle nodige maatreëls gebied, behoudens skadevergoeding aan die konsessionaris. Hierdie bepaling was van groot nut tydens die JamesonInval en die Engelse oorlog van 1899. Die denkbeelde van die ontwerpers van die konsessie het die toets van die praktyk glansryk deurstaan. Waar nog gevaar vir een van die partye uit die bepalings kon ontstaan, is dit steeds in gemeen oorleg voorkom. Die gereelde toeneming van die verkeer en die daarmee gepaard gaande gunstige uitkomste van die spoorwegbedryf het ia 1896 die vraag laat ontstaan of dit nie tyd was om sekere soorte van ryloon te verlaag nie. In die buitelandse Ryloonsverlaging. 159 verkeer het die Delagoabaaise lyn effens 'n kleiner aandeel gehad as die twee ander lyne oor Vereeniging en Volksrust, hoewel die eersgenoemde weg die kortste was van die drie. Dit was enigsins te wyte aan die ondoelmatigheid van die hawémrigtings ia Lourenco Marqués, wat n groter uitbreiding in die weg gestaan het. Hierin het gelukkig langsamerhand verbetering gekom. Hierdie verbetering en die verlaging van ryloon het die Delagoabaaise spoor n drukker verkeer besorg. Die jaar 1896 was een van seldsame vooruitgang. Die vertroue in die Republiek was herstel na die gelukkige afslaan van jameson, en eendragtige samewerking het geskyn die gevolg te wees van die bose opset en die deurstane moeilikhede. Handel en nywerheid het met groot stappe vooruitgegaan en die naaste toekoms van die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy kon skitterende genoem word. Groot voorspoed is die spoorwegmaatskappy deur die mynmagnate nie gegun nie. Telkens is 'n verwyt gedaan oor bowenmatige vragpryse wat moes blyk uit die gunstige uitkomste deur die spoor verkry. Hulle het beweer, dat die hoë ryloon na en in die Republiek, die dinamietmonopohe en sekere laste deur die regering nog opgelê, die hoofoorsake daarvan was, dat die goudnywerheid in sy ontwikkeling teëgehou is. Die regering het derhalwe besluit om 'n grondige ondersoek in te stel na die toestand van die mynnywerheid teneinde, so nodig, middele te beraam wat tot verbetering daarvan kon lei. Op 14 April 1897 is die benoeming van die Industrieële Kommissie van Ondersoek in die Staatskoerant verskyn en reeds op 20 April het die sittings 'n aanvang geneem. Die bestuurder van die spoorweg, die heer G. A. A. Middelberg, is ook as getuie voor die kommissie opgeroep en het begin met die indiening van ri skriftelike uiteensetting van die standpunt van die spoorwegmaatskappy. Hy het daarin dui- 160 Pleidooi van Middelbeig. delik laat uitkom, dat die spoorweg deur ryloonsverlaging slegs uittors weinig kon bydra tot die voorspoed van die mynnywerheid, wat by die aansienlike kapitale daarin vastgelê en die hoë koste van die bedryf, n baie groot vermindering van werkkoste vereis het om die verlaging van merkbare invloed te laat wees op die uitkomste. Hy het ook daarop gewys, dat die regering 85 ten honderd van die oorwins op die opbrengste ver kry. Hoe kleiner hierdie oorwins was, hoe meer belasting moes die staat hef vir sy openbare dienste. Die belastings druk ook op die myne, natuurlik. As die spoor die steenkole verniet vervoer het, sou dit die hele mynnywerheid met iets oor die £ 300,000 in die jaar bevoordeel het. As die noodlydende myne baat kon vind by verlaging van ryloon vir steenkole, dan was die maatskappy gewillig om tegemoetkoming te betoon, maar dan alleen aan dié myne wat geen diwidend uitkeer nie, en wel deur belangrike teruggewing van die som deur hulk vir steenkookanvoer bestee. 'n Mens moes vermy om aan die rykes nog meer rykdom toe te voeg. Daar is mense wat beweer, sê die heer Middelberg, dat die spoorweë moes tevrede wees met 'n rente van 2]/i tot 3/£ ten honderd. Daar was spoorweë in die wêreld wat hierdie ke rente betaal, maar dan kon dit nie anders nie. Tevrede daarmee was sodanige spoorweë nie. Daar was egter ook spoorweë in Europa wat ewe hoë diwidende betaal as die mynnywerheid daar. 'n Rente van 4 ten honderd was seker nie te hoog vir die Transvaalse spoorweë nie. Die mynnywerheid is aan groot wisselvalligheid onderhewig en daarom moes dit hoë rente betaal. In Transvaal het die lot van die spoorweg saamgehang met dié van die myne. Dit was dus 'n rede vir die spoor om ook hoë somme vir wins en aflossing uit te keer, waar die spoor staan en val Verslag van Industriële Kommissie. 161 met 'n mynnywerheid wat verklaar is uiters wisselvallig te wees, en deur die natuurlike loop van die omstandighede eenmaal aan sy einde moes kom. By die naasting en vragverlaging van die Transvaalse spoorweë kon dié van die ander lande van Suid-Afrika nie uit die oog verloor word nie. Watter aandeel van die opbrengste van die verskillende spoorweë in Suid-Afrika sou kan afgestaan word ten voordele van die mynnywerheid, sou alleen in gemene oorleg van die bevriende spoorwegbehere, en met die oog op die algemene belang, kan vasgestel word en nie deur misbruik te maak van die sleutel van die toestand nie, die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy. Die winste deur die Kaapse en Natalse spoorweë gemaak, was hoër dan dié van die Transvaal. Dit was te danke nie aan suiniger en beter beheer nie, maar aan geringere bedryfskoste en aanlegbesteding. Die moeilikhede by die aanvang van die spoorwegaanleg in Transvaal ondervonde, het na verhouding groter kapitale vereis. Buitendien was in Transvaal die lewenskoste veel hoër en dus die lone ook. Langsamerhand is gelukkig vermindering van bedryfskoste verkry, maar dit sou lang duur, voordat die peil van die ander spoorweë bereik is. Die oorskotte van die Kaap en Natal het 'n groter aandeel uitgemaak van die algemene opbrengste en ook van die opbrengste van die goederevervoer in die besonder. Dus sou die voordeel wat ryloonsverlaging in Transvaal die myne kon baat, betreklik gering wees, in verhouding met die algemene spoorwegvrag sowel as met die hele bedryfskoste van die myne. Op 27 Julie 1897 het die kommissie verslag gedaan aan die President en die Uitvoerende Raad. Die bevinding van die kommissie was, dat die pryse deur die spoorweg bereken sodanig was, dat die nywerheid belangrike baat sou vind by verlaging daarvan teen 'n bedrag van £ 500,000 die jaar, d.i. 11 162 Naastingsplanne. sowat 25 ten honderd. Hulle ag dit ook wenslik, dat die regering homself moes verseker van n stem in die reëling van die vragpryse. Die verlaging van ryloon moes m die eerste plek toegepas word op steenkool, hout. myngereedskap en voedingsmiddele. | Die verslag is in die hande van ri besondere kommissie uit die Eerste Volksraad gegee met die opdrag om dit in oorleg met die Uitvoerende Raad te ondersoek. Op 10 Oktober het hierdie kommissie sy taak voltooi gehad en aanbeveel, dat die spoorvragte sodanig verlaag word dat die maatskappy nie £ 500.000 nie, maar £ 200,000 minder in die jaar ontvang. Hiertoe was die maatskappy bereid en dit ^.gedaan. Tegelyk met hierdie vragprysverlaging het die Volksraad n besluit geneem tot die instel van ri ondersoek omtrent die koste van naasting, teneinde daaroor in 1898 te beslis. President Krüger egter het homself met krag teen die naastingsplanne verset op die voorwaardes in die konsessiekontrak bepaal. Dit was tog hoogs waarskynlik, dat ondanks die verset van die President naasting na kortere of langere tyd sou gevolg het, indien die oorlog nie *n einde aan die Suid-Afrikaanse Republiek gemaak het nie. Van sterke invloed op die beslissing daaromtrent sou gewees het die feit. dat nie alleen in Natal en die Kaapkolonie nie, maar ook in die OranjeVrystaat staatsbedryf van spoorweë reeds bestaan het met blykbaar goeie gevolge. By die presidentsverkiesing in 1898 kon die teenstanders van Krüger met hulle eis van spoorwegnaasting tog nog nie die ooiwinning behaal nie. Die volk het nog n te sterk vertroue gehad in die beleid van Krüger en het ook nog sy spoorwegpolitiek as juis aanvaar. Teen die inslaan van hierdie weg was daar twee besware: ten eerste, die moeilikheid om ri afdeling van staatsdiens in te rig wat so 'n groot onderneming kon baas raak: ten twede, die onwilligheid van die regering om reg- Regering koop Aandele op. 163 streeks die verantwoordelikheid op hulle te neem vir die sewe of ag miljoen wat nodig sou wees om die maatskappy uit te koop. Die Progressiewe was egter eenparig ten gunste van aankoop en derhalwe het hierdie saak saamgehang met die lotgevalle van daardie party, merk die heer Carl Jeppe op. Teen staatseiendom van die spoorweë as sodanig was Paul Krüger en sy regering egter nie en dit was selfs hulle voornemens om langsamerhand daartoe te kom. Op voorstel van Dr. Leyds is besluit om die aandele stuk vir stuk by geleentheid op te koop en langs dié weg in besit van die spoorweë te kom, sonder dat daar ri politieke saak van gemaak word, soos die geval was met die naastingsvoorstelle in die Volksraad gedoen. Met die opkoop van die aandele was reeds vóór die uitbreek van die oorlog aanmerklike vordering gemaak. Om die gevaar te ontwyk, dat Engeland hierdie aandele sou verbeurdverklaar en om die kontantgeld vir ander doeleindes te kan aanwend, is die spoorwegaandele gebruik om die kanonnerekening by die Franse firma Creusot te betaal. Die Franse sou daardeur geen of weinig skade ly, omdat Engeland aandele in vreemde besit nie kon onteien sonder skadeloosstelling nie. Paul Krüger het in sy spoorwegpolitiek ongetwyfeld die ekonomiese weg gevolg. Die staat het groot geldelike belang gehad by ri goeie werking van die spoorweg en het die hef in hande gehou om die spoor aan staatsbelange diensbaar te laat bly. Beheer deur partikuliere is beslis ekonomieser dan deur die staat Naasting van die spoor onder omstandighede in Transvaal sou geen voordeel gebring het aan die staat nie, maar seker wel aan bepaalde kapitalistiese belange. Vir die waarborg van rente, waarvoor die regering nooit iets hoef te betaal het nie. het die Republiek die volgende somme as sy aandeel in die oorwins ontvang: Voordele vir die Staat. 1895 £ 322,327-13-4. 18% ' £ 737,366 -0-2. 1897 "WÏ £ 676>305 '7'5- 1898 ' £ 574,880-10-7. 1899 651.712-12-1. Hieronder is wel bygereken die invoerregte deur die maatskappy gein/maar nog nie eens die diwidend en superdiwidend op aandele in owerheidsbesit nie. — (In Mem., bl. 68). Die goudmagnate en die groothandelaars van hulle afhanklik, het natuurlik hierdie somme liewers in hulle eie sakke sien vloei en by staatsbedryf sou hulle in grote mate hulle sin gekry het, in plaas van dat die geld bestee is ten bate van land en volk. Paul Krüger en sy raadsmanne het huileself nie alleen as staatsliede nie maar ook as in besit van gesonde ekonomiese sin bewese, toe hulle daarvoor geveg het om die spoorwegbeheer in hande te laat van mense wat voortreflike saakkundige bestuurders was en die staat veel sorg en pohtieke geknoei bespaar het. As die staat later in volle besit van die spoorweë gekom het. sou die beheer seker aan die Nederlandse Suid-Afrikaanse Maatskappy toevertrou gebly het. Dit is nie alleen op geldelike gebied nie. maar ook op maat| skapÜke dat die Nederlandse Suid-Afrikaansche Spoorwegmaatskappy met voldoening op sy werk mag terugsien. Deurgaans is nuttige en ekonomiese arbeid aan meer dan drie I' duisend blankes verskaf. Dat die helfte hiervan uit Neder1 land gekom het, was te danke aan die omstandighede. SuidAfrika het op spoorweggebied nog weinig ervare mense gehad. I Die aanvoering van Nederlandse werkkragte was ongetwyfeld van blywende voordeel vir Suid-Afrika en veral vir Transvaal wat behoefte gehad het aan versterking van die Dietse bevolkingsdeel as teëwig vir die tienduisende vyandehke / vreemdelinge van ander ras. Dat Suid-Afrika n groot deel Maatskaplike en Politieke Betekenis. 163 van hierdie Dietse bevolking weer verloor het, is een van die haas onherstelbare rampe wat uit die ongelukkige oorlog vir ons land voortgevloei het. In die voorwaardes van die konsessie was ook voorsiening gemaak vir tye van oorlogsgevaar. As deel van die openbare diens van die Republiek het die spoorweg van iedere amptenaar geëis, dat hy homself in dié diens ten volle aan die belange van die Republiek sou wy. Menigeen het gesneuwel op die veld van eer in die oortuiging, dat hy tot die laaste sy plig gedoen het teenoor die Republiek wat steeds tot die uiterste offer toe op sy liefde, toewyding en trou kon aanspraak maak. Op 12 September 1900 het die Britse besettingsowerheid beslag gelê op die eiendomme van die maatskappy. Die skikkingsvoorstelle van die Britse regering is pas in Oktober 1908 aangeneem en die ontbindingsrekening in April 1909 vasgestel. Dit was die einde van ri groot en nuttige Nederlandse instelling in Suid-Afrika. Wat die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatkappy ook op politieke gebied vir die Suid-Afrikaanse Republiek beteken het, is deur die teenparty beter besef dan deur die Afrikaners self waarskynlik. Hoewel ri partikuliere bedryf wat die bestuur betref, was die spoorweg een van die belangrikste, sterkste en nuttigste openbare dienste van die SuidAfrikaanse Republiek. En vir die ekonomiese ontwikkeling èn vir die verdediging van die land, kon die belang van die spoorweg en die gees van sy bestuurders en personeel nouliks oorskat word. Steeds is bewys, dat die belange van regering en land by hulle vóór alles gegaan het. Hieromtrent lewer die Engelse self onomstootbare bewys. In die verslag van die Transvaal Concessions Commission lui dit: „En ons dink derhalwe, dat hierdie konsessie een is wat in elk geval in behoorlike aanmerking sou kom vir vernietiging, selfs al het die bestuur van die saak geen aanleiding gegee tot redelike 166 Steun vir Strydkragte. klag nie. Maar in die loop van ons ondersoek is teen die maatskappy sulk ri buitengewone handelwyse in die oorlog tussen Groot-Brlttanje en die Suid-Afrikaanse Republiek bewese dat dit die moontlikheid uitsluit van sy voortbestaan in wat nou n Britse besitting is". - (Cd. 623. bl. 23). the bewyse van die kranige en onbaatsugtige werksaamheid van die Ned. S. A. Spoorwegmaatskappy en van die vaderlandsliewende en daadwerklike steun wat die bestuurder van Kretschmar en sy ondergeskiktes aan die Republikeinse strydkragte betoon het. is in grote voorraad voorhande ook in Blouboeke Cd. 624 en Cd. 625. Dat Krüger in die begin die belang daarvan besef het, dat { die spoorweg in beslis vriendskaplike. en wel Nederlandse, hande moes gegee word. bewys die betekenis van die gawe wat hy gehad het om staatsbelange na hulle juiste verhoudings te skat en die toekoms in te blik. HOOFSTUK X. SPOORWEGPOLITIEK TEENOOR DIE BUURSTATE, Toe in 1885 die een struikelblok op die ander in die weg kom van die verwesenliking van die Delagoabaaise spoor, het Transvaal sy oog gerig op ri spoorwegverbinding met die Kaapkolonie en wel van Kimberley af na Pretoria toe. Hieroor is briefwisseling met die Kaapse regering gevoer, maar dié het destyds geen voornemens gehad om die verlenging te bevorder nie en verwys die Transvaalse regering met sy aansoek na die Vrystaat toe. Hierdie spoorwegverbinding was in daardie tyd afhanklik van die aangaan van n tolverbond met die Kaapse regering, soos blyk uit ri antwoord in Januarie 1886 aan die heer S. Marks gegee op sy aansoek vir n vergunning om die lyn te bou. Die heer Marks het homself ook aangemeld vir die onderneming van die lyn tot aan die Portugese grens, maar die regering wou dit liewers aan die Hollandse maatskappy gun, hoewel laasgenoemde nog nie die saak agtermekaar gehad het nie. Aan die heer Marks is meegedeel, dat hy sy voorwaardes aanmerklik sou moet wysig, as hy die konsessie vir homself wou verseker. Na ri harde stryd in die Volksraad oor die verlening van spoorkonsessies, is Dr. Jorissen Holland toe om die konsessionarisse daar aan te spoor om die kans vir die verkryging van die onderneming nie te laat verbygaan nie. In die begin van 1887 het sake weer anders gestaan. Versoeke om spoorwegverbinding met Transvaal kom toe van die 168 Versoeke van omliggende State. ander kant af. Die Vrystaat en die Kaapkolonie wou verlenging van die spoor van Colesberg af oor Bloemfontein na Johannesburg toe. Natal soek spoedige verbinding met die goudstad van Durban af oor Charlestown. Die Vrystaat versoek Transvaal om vir 'n bepaalde tyd altans of totdat die onderwerp in die Mei-sitting van die Volksraad bespreek is, geen konsessie te verleen nie en geen ander lyn in verband met die Delagoabaaise aan te lê nie dan dié oor Bloemfontein. Daar was egter voorlopig geen gevaar voor nie. omdat die Transvaalse burgers van geen spoorweguitbreiding wou weet nie seker vernaamlik uit vrees vir die belastings wat weens die hoë koste van hierdie duur ondernemings op hulle sou te rus kom. , JDit aansoeke word almal in afwysende sin beantwoord. Transvaal moes voorlopig alle aandag wy aan die één lyn, Delagoabaai—Johannesburg. die sleutel van die hele toestand. President Krüger wou egter alles doen wat hy kon om te verhoed, dat die Vrystaat ekonomies in die hande van die Kaapkolonie val in plaas van die Suid-Afrikaanse Republiek te steun in sy stryd om selfstandigheid. Op 10 Oktober 1887 word op Bloemfontein n byeenkoms gehou vir nouere samewerking tussen die twee Republieke. Art. 1 van die ontwerpooreenkoms deur President Krüger voorgelê. het geëis: „De Oranje-Vrijstaat verbindt zich zelf geen spoorweg te bouwen of toe te laten, tusschen een van de Koloniën of Staten van Zuid-Afrika, aan de O. V. S. grenzende, en de Zuid-Afrikaansche Republiek, zonder daartoe de speciale toestemming van de Zuid-Afrikaansche Republiek te hebben bekomen . President Brand weier om daarin toe te stem. Hy wou die vryheid van sy staat in so 'n belangrike saak nie aan bande lê nie. Maar Krüger hou vas aan die noodsaaklikheid van één gesamentlike spoorwegpoktiek vir albei Republieke. Hy sou toestem in ri lyn Bloemfontein—Pretoria, dog was ten sterkste Verhouding tot Kaap en Vrystaat. 169 gekant teen ri verbinding van Bloemfontein met die Kaapkolonie, voordat die Delagoabaaise lyn klaar was, of binne tien jaar. In Desember 1887 word President Krüger uitgenooi na ri byeenkoms in Kaapstad vir bespreking van die vraagstuk van wedersydse invoerregte. Hierdie saak het ten nouste saam gehang met dié van die spoorweg. Die President sein aan die Hoë Kommissaris: „... dan vertrouw ik, dat de Kaapkolonie zal inzien hoe bij het verleenen van vrijen handel dezerzijds, het slechts billijk is om, met het oog op de voor de ZuidAfrikaansche Republiek zoo gewenschte ontwikkeling der Delagoabaai-spoorlijn, van haren kant te wachten met de verlenging der spoorlijn in de richting der Zuid-Afrikaansche Republiek." Daartoe wou die Kaapkolonie geen verbintenis aangaan nie en die Transvaal het derhalwe geen deel aan die byeenkoms geneem nie. Dit spreek van self, dat Pres Krüger nie teen spoorwegverbinding as sodanig met die Kaapkolonie was nie. Hy wou alleen verhoed, dat die bestaanskans aan sy Delagoabaaise lyn sou ontroof word deur andere ri te grote voorsprong te gee. Die lyne van die Kaap af kon Johannesburg eerder bereik, omdat hulle nog slegs gelyke en gemaklike terrein voor gehad het. In Oktober 1888 is aan die Vrystaat verlof gegee om die spoor van Colesberg af na Bloemfontein te verleng op voorwaarde, dat dit nie verder noordwaarts sou gebring word, voordat die Delagoabaaise lyn die Hoëveld verby was nie. Aan hierdie voorwaarde was die vrye handel van die Vrystaat met die markte van die Suid-Afrikaanse Republiek verbonde. Dieselfde het gegeid omtrent die voorwaarde, dat die spoorweg van Kimberley af nie verleng sou word nie, voordat die Delagoabaaise spoor Pretoria bereik het. — (Oranjeboek van O.V.S.: Tolverbond en Spoorwegen, 1889, Bl. 58). 170 Wysiging van Krüger se Politiek. President Brand is in Julie 1888 oorlede en as sy opvolger in die Vrystaat is die heer F. W. Reitz gekies wat ri sterker geloof gehad het in die samewerking en aaneensluiting van die twee Dietse Republieke. In Maart 1889 het hy op Potchefstroom besprekings met President Krüger gehou oor die wenslikheid van gesamentlike politieke optree tot wedersydse beskerming van die onafhanklikheid van die twee state. Gelukkig is ooreenstemming bereik en is ook insake spoorwegpolitiek n ooreenkoms getref, waarin die Suid-Afrikaanse Republiek aan die een kant belowe om geen spoorwegverbinding met Britse kolonies ten weste en ten suide van sy gebied toe te laat nie dan met toestemming van die Oranje-Vrystaat. Aan die ander kant onderneem die Oranje-Vrystaat om geen spoorwegbou oor sy gebied tot aan die Vaalrivier, sonder toestemming van die Suid-Afrikaanse Republiek, te laat geskied nie. *n Ernstige droogte in die jaar 1889 het bewys watter groot behoefte Johannesburg het aan spoorverbinding met die seehawens om sy bevolking van geredde aanvoer van lewensmiddele en ander benodigdhede te verseker. Hierdie feit het tesame met die politieke noodsaaklikheid van tegemoetkoming aan die Kaapse en Natalse spoorwegwense te betoon terwüle van 'n gunstige reëling van Swasielandse aangeleenthede, President Krüger aanleiding daartoe gegee om wysiging te bring in sy streng afsydige spoorwegpolitiek. waaraan hy nog tot begin 1890 vasgehou het. Eindik ook was toe sy saak al gewin, deurdat met die Portugese regering ri bevredigende reëling van die spoorvragte bereik is en die bou van die Delagoabaaise spoor snelle vordering gemaak het. Die spoorwegvraagstuk was vir die Republiek van baie groot belang en dit het ook en veral die Engelse besef. Daarom het hulle op allerlei maniere en by alle moontlike geleenthede getrag om Transvaal van sy vaste politiek van selfstan- Handelwyse van Loch. 171 digheid af te kry en aan die wü van Natal e» die Kaapkolonie ondergeskik te maak wat spoorweg- en invoerpolitiek betref. In Augustus 1890 het Sir Francis de Winton as lid van die gesamentlike kommissie insake Swasieland oa ook aanbeveel, dat die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek die verlenging in Transvaal sou toestaan van die spoorweë van die Kaapkolonie en Natal. — (Leyds: Insluiten II, bl. 67). In dieselfde jaar word hierdie verlenging as een van die voorwaardes in die Swasielandse Verdrag opgeneem en die regering van die Republiek verbind homself om alk teenstand te laat vaar teen uitbreiding van die Britse koloniale spoorwegstelsel tot aan die grense van die Republiek en om ook dk verlenging van die genoemde lyne tot aan Johannesburg en Pretoria in oorweging te neem. (Art. 2). — (Leyds: Insluiten II, bl. 98). Aan hierdie afspraak het die President homself gehou en in Junie 1891 kon hy die feestelike opening van die Natalse spoorwegverlenging tot aan Charlestown, by die Transvaalse grens, bywoon. Daar is hom ri besonder hartlike onthaal van Natalse kant te beurt geval. Maar die verlenging na Johannesburg is nog n tydlank teëgehou. Oor die bestuur van Swasieland vind van 18 tot 20 April op Colesberg en van 5 tot 7 Junie 1893 op Pretoria besprekings plaas tussen die President en die Hoë Kommissaris, Sir Henry Loch. Wat van die kant van die Republiek voorsien was, vind inderdaad plaas. Die Hoë Kommissaris spreek dadelik oor allerlei sake wat buite de Swasielandse vraagstuk staan, soos die tolverbond, die verlenging van die spoorweë van die Kaapkolonie en Natal, die spoorwegvragpryse en die regte en bevoegdhede van die Johannesburgse stadsbestuur of gesondheidskomitee. — (Leyds: Insluiten II, bl. 123). Op 7 Junie word n volksraadsbesluit aangeneem, waarin afgekeur word, dat ook ander onderwerpe in die Swasielandse 172 Die Weg na Kosibaai. saak ingelas is. Terwyl die Raad sy opdrag van 1892 in die oog hou omtrent die opmeting van die verlenging van die Natalse spoorweg, besluit hy om hierdie onderwerp in dieselfde sitting te behandel met inagneming van die belange van die Suid-Afrikaanse Republiek en van Natal. — (Leyds: Insluiten II, bl. 128). Die verdrag van 1890 het aan die Suid-Afrikaanse Republiek soewereiniteitsregte oor ri strook grond vir 'n spoorweg na Kosibaai geskenk, hetsy langs die Swasiegrens, hetsy langs die Pongolarivier, deur die gebied van Zambaan, Oembegisa en Zambili, benewens ri stuk grond aan die kus in Amatongaland vir 'n hawe. — (Leyds: Insluiten II, bl. 155). Aan die bepalings van die verdrag wat die spoorweg na Kosibaai betref, was deur die Transvaalse regering in sover uitvoering gegee, dat dit ooreenkomste gesluit het met Zambaan en Oembegisa omtrent 'n strook grond deur hulle gebied, vir die spoorweg benodig. Die konvensie van 1890 het n erkenning deur die Britse regering bevat, al was dit nie van alle nie, dan tog van enkele regverdige aansprake van die Suid-Afrikaanse Republiek, nl. sy regmatige strewe na n spoorweg see toe en na 'n hawe. — (Leyds: Insluiten II, bl. 156). Hoewel die spoorwegverbinding met Delagoabaai verseker was, het President Krüger gemeen om rekening te moet hou met die moontlikheid, dat ook hierdie hawe in Britse hande mag val. Buitendien was die besit van 'n eie onafhanklike uitweg na die see toe ri hartstogtelike verlange van President Krüger. Die enigste geleentheid daartoe het die baaie ten ooste van Swasieland gebied. Dat die Republiek reeds vroeg die oog gehad had op 'n onafhanklike spoorweg na die see toe, bewys ook ri traktaat Wat in 1875 gesluit is met Oembandene. opperhoof van die Amaswasiestam. waarin hy en sy regente huileself verbind Britse Misleiding. 173 het om handels- en ander weë te beveilig, te verbeter en vry en ongehinderd te laat tot algemene nut, „alsook het maken van spoorwegen". (Art. 8.) — (Leyds: Insluiten II, bl. 320). Dog in 1894 het die Engelse daarin geslaag om die Republiek om die tuin te lei met die opneming in die derde Swasielandse Verdrag van die volgende artiekel (12): „Geen spoorweg zal gemaakt worden buiten de oostelijke grens van Swaziland door het Gouvernement der Zuid-Afrikaansche Republiek, behalve onder voorzieningen van een verdere beoogde Conventie tusschen de Zuid-Afrikaansche Republiek en H. M. de Koningin of met toestemming van H. M.'s Gouvernement." — (Leyds: Insluiten II, bl. 350). Sir Henry Loch het volgehou, dat die saak van Kosibaai en die spoorwegverbinding in ri afsonderlike verdrag moes behandel word, maar hy het tog daarvoor gesorg om ook ander sake behalwe Swasielandse in hierdie verdrag te reel, want die Britse regering het nie die geringste voorneme gehad sodanige nadere ooreenkoms aan te gaan nie en die opneming van hierdie bepaling in die verdrag was slegs vir die skyn. Die inlywing van die gebiede van Zambaan en Oembegisa op 25 April 1895 het dit bewys. Daardeur is Transvaal geheel van die see afgesny. Dit het natuurlik in Transvaal al die groot verbittering teen die Engelse politiek bevorder. Om hierdie uitweg deur Swasieland na die see te verkry, het President Krüger Rhodesië en Mashonaland, sy aansprake op uitbreiding na die noorde soos erken in art. 4 van die Verdrag van Londen, opgegee en die Engelse daar n vry hand gelaat. In hierdie saak het Dr. Leyds van President Krüger verskil, omdat hy Kosibaai ongeskik geag het vir ri hawe, soos later sal blyk. By President Krüger was dit suiwer ri saak van hartstog om ri eie hawe te hê. Hy wou nie langer van andere afhanklik wees nie. Daarom was hy ook teen ri tolverbond met 174 Verbinding met Durban. die Engelse geweste, hoewel die Oranje-Vrystaat toegegee het aan ekonomiese ooreenstemming met die Britse kolonies. Die politiek van die Suid-Afrikaanse Republiek was daar deurgaans op gerig om die spoorwegverbinding met Lourenco Marqués soveel moontlik te bevoorreg en alles in die werk te stel om dit te bevorder teenoor ander verbindings met die see. solank 'n onafhanklike uitweg na n eie hawe onverwesenlik gebly het. In besonder is die Natalse verbinding met alle mag teëgehou. Jarelank het alle pogings van die Natalse cwerheid skipbreuk gely op die standvastigheid van Paul Krüger en sy Uitvoerende Raad. Einde 1893 egter het daar n ernstige wending in die sake gekom wat die regering van Tiansvaal magteloos gemaak en hom gedwing het om 'n ander houding in te neem. Daar Natal nie van die Republiek kon kry wat dit wou nie. het dit gedreig om homself te verbind met die Oranje-Vrystaat en die laasgenoemde het homself bereid verklaar om Natal te gemoet te kom, ondanks die feit, dat so 'n handelwyse in stryd kon wees met ooreenkomste met die Suid-Afrikaanse Republiek. Natal kon sy spoorweë in die rigting van Johannesburg verleng of van uit Charlestown óf van uit Harrismith. Die eersgenoemde verlenging wat Natal blykbaar die graagste wou hê, sou oor Transvaalse gebied gaan; die ander oor die Oranje-Vrystaat wat by die tolverbond met die Kaapkolonie aangesluit was. Hierdie laasgenoemde verbinding met Durban moes die Transvaal beslis voorkom, omdat dit oor vreemde gebied sou gegaan het. waaroor Transvaal alle beheer gemis het. Die enigste doeltreffende middel daartoe was die toestaan van die verbinding Charlestown—Johannesburg. Hoewel die Transvaalse regering dit ongaarne gesien het, was dit in elk fleval beter dan die spoor oor die Vrystaatse gebied en moes die minste van die twee kwade gekies word. Hierdie toestand van sake is op 15 Desember 1893 deur Redes vir Toestemming. 175 Dr. Leyds uiteengesit in 'n brief aan die bestuur van die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy. Daarin vra hy steun en medewerking sowel van die maatskappy as van die Portugese regering wat kragtens ri bestaande vragloonooreenkoms beswaar kon maak teen die verbinding Charlestown—Johannesburg. Om die spoorwegmaatskappy en die Portugese te oortuig van die voordeel van instemming met die voornemens van die Transvaalse regering, wys Dr. Leyds daarop, dat bepaal is, dat die verbinding oor Charlestown, as dit tot stand kom, nie regstreeks langs die kortste weg mag geskied nie, maar oor Standerton en Heidelberg, teneinde die lyn langer te maak en minder gevaarlik wat wedywer met Delagoabaai betref. Die lyn oor Harrismith sou groter mededinging vir Delagoabaai besorg, want hierdie weg na i Durban was korter en buitendien het die Vrystaatse Volksraad besluit, dat die verlenging van Harrismith af regstreeks [ en sonder omweg na die Vaalrivier toe mag gebou word, waarvoor toestemming ook reeds aan Natal verleen was. Onder hierdie omstandighede kon die spoorwegmaatskappy en die Portugese regering dan ook nie anders nie as instem ! met die plan om aan Natal verlof te gee om die lyn van Charlestown na Johannesburg deur te trek. Met Natal is in Februarie 1894 ri ooreenkoms gesluit insake verlenging van die spoorlyn van Charlestown tot in Johannesburg. Natal sou die lyn bou tot aan die grens van die Suid-Afrikaanse Republiek en Transvaal moes onmiddellik die lyn op sy gebied van twee kante af, Volksrust en Johannesburg, begin bou. Die voltooiing moes geskied nie later nie dan 31 Desember 1895. Die opening is inderdaad geskied op 15 Desember 1895. In hierdie verdrag het Transvaal en Natal ook ooreengekom, dat, „indien het bevonden zal worden, dat een der routes via Delagoabaai of Charlestown een zoodanig deel van 176 Houding van Kaapkolonie. het totale goederenverkeer van de zeekust naar Johannesburg en Pretoria vervoert, hetwelk de helft zal overtreffen, of hetwelk minder zal zijn dan een derde van dit totale goederenverkeer", die vasstelling van ryloon en vrag opnuut in oorweging sou geneem word. (Art. 18). Tussen die Transvaalse en die Portugese regerings was reeds in 1889 'n ooreenkoms gesluit, waarby die vragpryse en bevoegdhede van albei partye gereël is. Hierdie ooreenkoms het volkome aan sy doel beantwoord en het kragtig meegewerk om die vervoer te ontwikkel, veral weens die vryheid wat aan die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy gelaat is om te werk te gaan met inagneming van die eise wat deur die handel mag gestel word. — (In Mem. 49). Tussen Mosambiek en Transvaal aan die een kant en Natal aan die ander was *n ryloonswedywer dus uitgeslote en die verskillende belange op vriendskaplike wyse gereël. Met die Kaapkolonie was dit anders. By die voltooiing van die Delagoabaaise lyn op 31 Desember 1894 sou die Slvewright-ooieenkoms met die Kaap en die medegebruik van die spoor tussen Vereeniging en Johannesburg tot ri einde kom. Dit was in eie belang goed gesien van die Kaapkolonie om die Republiek te help om die verbinding tussen die Kaapse hawens en Johannesburg tot stand te bring, veral sö lang voordat die ander spoorweë na Johannesburg klaar was. Die handel het dus enkele jare lang byna uitsluitend oor Kaapse hawens gegaan en daar min of meer gevestig geraak. Dat die Kaap egter die voorrang in die oorsese handel met Transvaal nie kon behou nie, het sy politieke leiers geweier om te besef. Die byna viermaal kortere afstande van Durban en Lourenco Marqués na Johannesburg, was natuurlik voordeliger vir die buitelandse handel met die goudstad. Die Kaap egter wou deur middel van ri voordelige ooreenkoms met Transvaal en Natal die handel dwing om meer van die langere en duurdere Begin van Vragloonoorlog. 177 pad gebruik te maak in plaas van die natuurlike weg van die geringste weerstand te volg. Kort voordat die medegebruik van die spoorlyn tussen Vereeniging en Johannesburg deur die Kaapse regering sou eindig, in November 1894, kom die here Elliot en Price, van die Kaapse spoorwegbeheer, na Pretoria om te sien of hulle met die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy nie tot 'n voordelige reëling kon raak nie. Hulle stel voor, dat die spoorwegontvangste en die verkeer van die seehawens na Johannesburg en Pretoria tesame sou bereken word en dat die helfte daarvan aan die Kaapkolonie sou toegeken en die res verdeel word tussen die lyne van Delagoabaai en Durban. Hierdie voorstel word van die hand gewys en kort daarop verskyn Rhodes self in Pretoria om die President te probeer oorhaal om aan te sluit by 'n Suid-Afrikaanse tolverbond. Daar wou die President egter niks van weet nie. Die Kaapse regering weier beslis om te onderhandel op die grondslag van een derde vir Durban, een derde vir Lourenco Marqués en een derde vir die Kaapse spoor. Hulle wou niks minder dan die helfte hê nie. Daar die lengte van die lyn Vereeniging—Johannesburg slegs sowat vyftig myl was en dus ri baie klein gedeelte van die afstand tussen die Kaapse hawens en Johannesburg uitgemaak het, het die Kaapse regering gemeen om hulle sin te kan deurdrywe met eenvoudig die spoorvragte tot aan die Vaalnvier te verlaag en also die vervoer van die Delagoabaaise en Durban se lyne af te snoep. Dit was moontlik ondanks die grotere lengte van die lyn daar Natal te kampe gehad het teen steil hoogtes en die Delagoabaaise lyn sowel as die hawe van Lourenco Marqués nog n goeie reëling ontbreek het. Dit was vir die Kaapkolonie ook n groot voordeel, dat dit nog beheer gehad het oor die-lyn deur die Vrystaat. Daar die Nederlandse Suid-Afrikaanse 12 17g Vervoer met Ossewaens. Spoorwegmaatskappy 497 myl van spoorweg na Natal en Delagoabaai gelê het, was dit natuurlik dat hulle sou veg teen die inpalming van die gehele verkeer deur die Kaapkolonie se lyn, waarvan slegs 52^ van die 726 myl aan hulle behoort het Hulle het derhalwe die vragpryse selfs tot bo die hoogste loongrens verhoog met toestemming van die regering, sodat die hele vragprys van die Kaapse hawens of net so hoog bly as vroeër. Die handelaars in Johannesburg besluit derhalwe op aanraai van die Kaapse regering om hulle ware van die grens af met ossewaens te vervoer, wat ri ernstige ophoping van goed op die grens veroorsaak het In April 1895 word weer *n poging aangewend om tot n vriendskaplike skikking te geraak op ri byeenkoms in Kaapstad, waar die heer Middelberg, bestuurder van die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy, voorstel, dat die Kaap sy vragpryse sodanig moes verhoog, dat vervoer met ossewaens van Viljoensdrif af geen voordeel verskaf bo gebruikmaking van die treinspoor nie. Maar die Kaap bly by sy vyandige houding volhard en die byeenkoms moes uiteengaan, sonder dat iets anders bereik is dan die belangeverskÜle sterker te laat uitkom. Die Kaap neem nou self ri werksame aandeel in die vervoer met ossewaens en verlê sy spoor langs die Vaalrivier om ook van Sanddrif te kan gebruik maak. Ponte word in diens gestel om die watransport te bevorder. Die Transvaalse Invoerregtewet van 1894 het die diens van invoerpoorte en drifte gereël met die oog op die invordering van die inkomende regte. Toe die regering van die Kaap tot nadeel van die Republiek en die Nederlandse spoorwegmaatskappy die vraggoed van die trein aftrek om die met ander vervoermiddels na Johannesburg te bring. bepaal die Republikeinse regering, by proklamasie van 26 Augustus 1895. kragtens die genoemde wet van 1894, dat Viljoensdrif en Sluiting van Drifte. 179 Sanddrif vir die invoer van oorsese goed gesluit is. Hierdie sluiting het die invoer van goed in Suid-Afrika vervaardig en voortgebring nie getref nie. Transvaal wou die handel met die Vrystaat en die binnelandse verkeer van die Kaapkolonie self nie belemmer nie. Die gevolg was, dat die buitelandse goed oor die Kaapse hawens aangevoer, ri paar myl moes omry, groter koste vir transport meebring en dus voordeliger oor die spoor vervoer kon word. Hiermee was die Kaapse regering natuurlik ver van tevrede. Hulle kon op Engeland reken om hulle sin te help deurvoer en om dié hulp in te roep het hulle nie versmaad nie. Dit het die sogenaamde Driftegeskil ri veel onvangryker en ernstiger aansien laat kry. — (C. 8474, bl. 3 6). Lord Salisbury ag Engeland verplig om in diplomatieke aangeleenthede vir sy kolonies in die bres te tree. Derhalwe het hy in die saak die woord geneem as Minister van Buitelandse Sake. te meer ook, daar die heer Chamberlain op verlof afwesig was. As die Transvaal nie ri middel kon vind om die griewe van die Kaapkolonie uit die weg te ruim nie, sou hy die saak self in hande neem en hy belowe om sy hande nie terug te trek, voordat ri bevredigende oplossing bereik is nie. Hy wens die moeilikheid deur Transvaal op so ri wyse geskik te sien, dat sy inmenging onnodig sou wees. Kon die SuidAfrikaanse Republiek sulks nie doen nie, dan sou hy Chamberlain van sy verlof terugroep en moes die Transvaalse regering die gevolge dra. Dit was natuurlik nie die begeerte van die Republikeinse regering om met Engeland aan die stok te trek nie, maar om regstreeks met die Kaap tot ri verstandhouding te kom. Hulle laat Rhodes derhahvé weet, dat hulle bereid was om die saak van ri billike verdeling van die vervoer van die verskillende hawens af na die Republiek toe te bespreek en, as die Kaap daarmee kon instem, uitnodigings vir die bywoning van 'n 180 Vermeende Skending van Verdrag. samekoms aan Natal en Mosambiek te rig. Die voorgestelde grondslag daarvoor was weer. dat die Kaapkolonie een derde van die verkeer na Johannesburg en Pretoria sou kry. bereken na die som van ontvangste van die hawens af na genoemde twee stede en onder aanvaarding van 50 ten honderd van die ryloon derde klas as bedryfskoste. Die ooreenkoms sou vir vyf jaar kan aangegaan word. Rhodes antwoord, dat die algemene strekking van die voorstel hom beval en dat hy hoop. dat een of ander oplossing soü bereik word. Sy begeerte was. sê hy. om die gevoelens van verbittering en wrywing wat tussen die Kaap « die Transvaal begin te ontstaan, te verwyder. (Groenboek, bl. 13, 14). Na aanleiding van hierdie berig van Rhodes en om die konferensie die beste kans van welslae te gee, besluit die Republiek om die proklamasie, waarby gemelde drifte gesluit is. terug te trek van af 5 November, totdat op of na 15 November, indien vereis, hierin opnuut voorsiening sou gemaak word met n verdere proklamasie. Intussen egter het die Kaapse Prokureur-Generaal die heer W P Schreiner, gemeen te ontdek, dat die sluiting van die drifte in-stryd was met Art. 13 van die Verdrag van Londen j;- ^„onA» henaal het: ..Ook zal geen verbod blijven bestaan of worden opgelegd tegen den invoer binnen de ZuidAfrikaansche Republiek op eenig artikel komende van eemg deel van Harer Majesteits grondgebied, dat niet ook van kracht zal zijn op dezelfde soort van artikelen van eenig ander land of plaats". Die Republiek aan die ander kant was van mening, dat hy volkome binne sy bevoegdheid gehandel het, tensy die Kaapse ministerraad met die beskuldiging van onwettige optree van Transvaal bedoel, dat die sluiting van die drifte vir oorsese goed nie tewens van toepassing gemaak is op goed afkomstig van die aangrensende Britse kolonies we, As dit hulle bedoeling was. dan was Transvaal bereid om die Chamberlain dreig met Oorlog. 181 drifteslüiting ook op hierdie kolonies toe te pas. Die Republiek betreur die prikkeling, maar was deur die noodsaaklikheid gedwing om tot hierdie stappe oor te gaan, omdat die toestand geskape is deur die handelwyse van die Kaapkolonie self in sy pogings om die spoorweë van die Republiek skade aan te doen. Die heer Joseph Chamberlain was by hierdie tyd van sy verlof in Londen teruggekeer en ag homself geregtig te wees op die oorgaan tot gewelddadige stappe. Op 4 November, die dag waarop die spoorwegkonferensie in Pretoria byeenkom, stuur hy sy waarskuwing aan Transvaal. Die regskundige raadgewers van die Britse Kroon was van mening, dat die handelwyse van die Suid-Afrikaanse Republiek ri skending van Art. 13 van die Londense Verdrag behels het. Die Transvaal kon nie nou sy fout herstel deur die sluiting van die drifte algemeen te maak teneinde dit ook op koloniale goed toe te pas nie, as en wanneer dit die proklamasie opnuut uitvaardig. Die Britse regering was verwonder om te sien, dat die Republiek so ri voorneme koester. Hulle ag die sluiting van die drifte en veral die uitbreidng daarvan tot koloniale goed as so onvriendelik, dat dit die ernstigste verset uitlok. Terwyl hulle n vriendskaplike oplossing begeer, moes hulle verset aanteken teen wat hulle beskou as ri poging om druk op die Kaapse regering uit te oefen in die byeenkoms deur ri optree wat byna van die aard was van ri daad van vyandskap. Dit was niks anders nie as ri ultimatum en vóór die versending hiervan is die Kaapse regering gevra of hulle die helfte van die koste van ri krygsveldtog teen Transvaal sou dra. Engeland sou steun met vrywilligers en poliesie en vrye beskikking oor hulle spoorweë sou toestaan vir die vervoer van die nodige troepe. Hierin het die Rhodes-regering natuurlik toegestem. — (C. 8474, bl. 15 en 16). Teneinde verdere misverstand te voorkom, besluit die Repu- 182 Geen Skending van Verdrag. bliek sy antwoord hierop, sou die regering geen verdere proklamasie dienaangaande uitvaardig nie. alvorens met die Britse regering in briefwisseling te getree het om te wete te kom watter swarigheid Brittanje mag hê teen die reëling van die invoerpoorte langs die Vaalrivier. Die drifte was dus oop en sou oop bly, tensy die Transvaal homself in *n oorlog met Engeland wou wikkel in ri geval, waarin die kool die sous nie werd was nie. Die Repubkck het op hierdie tydstip ook geen wapens gehad vir die onderneming van so ri ernstige oorlog nie en hy moes bowenop rekening hou met die vyandigheid van die bevolking van Johannesburg. Art. 13 van die Londense Verdrag het aan Engeland en sy besittings geen voorkeursreg by invoer van hulle koopware in die Transvaal verskaf nie. maar was alleen bedoel om te belet, dat die Britse Ryk teenoor ander lande met sy handel in Transvaal in ri nadeel sou geplaas word. Dk proklamasie. waarby die drifte gesluit is, het met die bepaling van die Londense Konvensie wel deeglik rekening gehou en die genoemde drifte as invoerpoorte vir alle goed van oorsee gesluit Geen onderskeid is gemaak ten aansien van die land van herkoms n. r „.j- i..* rite nadruk daarop gele, aar oy einyc vervreemding van Portugese gebied in dié geweste. die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek ri eerste aanspraak meen te hê. Dit het ook gegeid by die verlening van regte op die riviere daar. Hy kry van die minister die stellige versekering. dat die Republiek daaromtrent gerus kon wees. Die Portugese regering sou geen uitsluitende regte op die bedoelde riviere verleen nie. Dit het riviere betref wat die Republiek met die see verbind en dit was dus ri saak wat die Transvaal in die eerste plaas aangegaan het. sodat die Boereregering in geen geval die verlening van règte aan andere sou kan goedkeur of onopgemerk kan laat verbygaan nie. By hierdie geleentheid het ook ter sprake gekom die afstaan van ri stuk grond aan die hawe geleë as los- en laaiplek vir Belangstelling deur Europa betoon. 215 die Nederlaadse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy. Dit sou die bou van 'n kade noodsaaklik maak. Daar bet egter beswaar skyn te bestaan teen die vergunning aan die spoorwegmaatskappy om dié kade self te maak. Die Portugese wou die pier bestem sien vir die algemene verkeer en het stappe gedoen om dit derhalwe self te bou. Hulle was waarskynlik bevrees, dat ri groot deel van die lossingsgelde sou moet gemis word, as die spoorwegmaatskappy, in besit van ri eie kade, van die regeringspkr geen gebruik hoef te maak nie. Die saak van ri eie los- en aanlêplek het natuurlik ook die Transvaalse stoombootplanne ten goede gekom en was dus vir die Republiek ook daarom van die grootste belang. Maat die pogings in dié rigting het aanvanklik geen gunstige gevolg opgelewer nie. Intussen het Dr. Leyds in Holland probeer belangstelling wek vir die begeerde stoomvaartmaatskappy, en is ook in Frankryk en België planne beraam vir die oprigting van ri dergelike onderneming. Selfs is gemeld, dat die benodigde kapitaal daarvoor in laasgenoemde lande reeds verseker was. Dit het vir Generaal P. J. Joubert aanleiding daartoe gegee om tot verwesenliking van sy planne na Europa te gaan. Hy sou eers probeer in Holland hulp kry en dan, as dit nie slaag nie, sou hy elders steun gaan soek. Die Volksraad het die moontlikheid van regeringsteun geopen, wat dit vir die Amsterdamse geldskieters gemakliker gemaak het om op die saak in te gaan. In ri geheime sitting van 16 Junie 1890 het die Volksraad oorweeg, dat met die oog op ri stoomvaartverbinding tussen Delagoabaai en elders, dit van hoë belang was om dié hawe soveel moontlik te ontwikkel en die handel daarlangs te bevorder. In verband hiermee het die Volksraad besef, dat die oprigting van ri nasionale stoomvaartbedryf nie sonder steun van staatsweë sou kan geskied nie en besluit derhalwe, dat dit wenslik was om die stoomvaartverbinding tussen Delagoa- 216 Nasionale Stoomvaartbedryf. óaai en ander hawens onder volkome beheer van die Republiek tot stand te bring en die beginsel goed te keur van geldelike steun aan die onderneming te verleen, óf by wyse van ri jaarlikse toelae óf deur middel van ri rentewaarborg. Die Raad magtig tenslotte die regering om 'n ooreenkoms op te trek en voorlopig aan te gaan, onderworpe aan die goedkeuring van die volksverteenwoordiging. Dat dit die owerheid erns was met die oprigting van die stoomvaartmaatskappy, bewys nie alleen hierdie volksraadsbesluit nie, maar ook ri brief van Staatsekretaris Dr. Leyds op 20 Desember 1889 aan Prof. Dr. T. M. C. Asser, die wereldberoemde Nederlandse regsgeleerde, gerig. Die Amsterdamse hoogleraar word daarin sy mening gevra oor die volgende punte: 1. Of ri stoomvaartmaatskappy in die Suid-Afrikaanse Republiek gevestig sy eie skepe kon laat vaar onder ri ander vlag dan die van die Republiek. 2. Onder watter vlag so ri maatskappy gecharterde of gehuurde skepe moes doen vaar. 3. Of, na algemene regsbeginsels, dit vir die Suid-Afrikaanse Republiek — wat nie aan die see geleë was nie — vrystaan om seebriewe uit te reik en sy vlag te doen voer. 4. As sulks met geen algemene regsbeginsels in stryd was nie, of dit in die praktyk moeilikhede sou kan oplewer; en watter voorbereidende maatreëls van wetgewende aard nodig was, voordat die regering tot die uitreik van seebriewe kon oorgaan. Prof Asser skrywe op 24 Desember 1889: „Ik heb de eer deze vragen als volgt te beantwoorden. „Ad. 1). Of eene Maatschappij als de door U bedoelde hare eigen achepen zou kunnen doen varen onder eene andere vlag dan die der Republiek, hangt hiervan af, of er een Staat zal gevonden worden die aan schepen, toebehoorende aan eene Raad van Prof. Asser. 217 buitenlandsche en in het buitenland gevestigde maatschappij zal vergunnen zijne vlag te voeren. „Voor zoover mij de wetten omtrent het voeren der vlag bekend zijn, moet ik deze vraag ontkennend beantwoorden. Het doel ware alleen langs een omweg te bereiken, indien de Maatschappij, namelijk, eene tweede vormde, gevestigd in het land, waarvan men de vlag wenscht te voeren, van welke tweede maatschappij alsdan de Zuid-Afrikaansche alle aandeelen nam en aan welke zij hare schepen overdroeg. Zulk eene wijze van handelen is echter weinig aanbevelenswaardig: bovendien zouden de schepen formeel ophouden eigendom der Zuid-Afrikaansche Maatschappij te zijn. „Ad. 2). Indien eene Zuid-Afrikaansche Maatschappij schepen van anderen huurt of chartert, zal de wet van het land, waartoe eigenaars dier schepen behooren, bepalen welke vlag zij zullen mogen voeren. De nationaliteit van hem die de schepen huurt of chartert komt hierbij niet in aanmerking. „Ad. 3) Naar algemeene rechtsbeginselen bestaat er niet het minste bezwaar, dat de Zuid-Afrikaansche Republiek, al is zij niet aan de zee gelegen, zeebrieven uitreikt en het recht verleent hare vlag te voeren.1) Door geen enkel schrijver2) wordt deze bevoegdheid uitsluitend toegekend aan staten die aan zee gelegen zijn. De bevoegdheid is een uitvloeisel der staatssouvereiniteit in algemeenen zin. „Of de nationaliteit der schepen, die de Zuid-Afrikaansche ') Dit is ook die mening van Oppenheim (I, bl. 419) en Huber (bl. 5—11). Sedert die wereldoorlog kan hieromtrent geen twyfel meer bestaan nie, daar in die Vredesverdrag van Versailles (1919) en wel by art. 273 erken is die vlag gevoer deur skepe van 'n Geallieerde en Geassosieerde moondheid wat geen seekus het nie. Maar die skepe moet ingeskrywe wees binne die betrokke land se gebied op 'n plek wat moet dien as inskrywingsnawe. s) Dit is wel later gedaan deur WesÜake (I, bl. 169). 218 Seevlag en Seebriewe. vlag zullen voeren, door andere mogendheden zal worden erkend, is eene vraag, die niet in het algemeen kan worden beantwoord. De beantwoording zal natuurlijk hiervan afhangen ofdevoorwaarden, waaronder de zeebrief verleend wordt, aan de vreemde mogendheden voorkomen voldoende waarborg op te leveren, dat de schepen werkelijk als ZuidAfrikaansche mogen worden aangemerkt. Ik kan intusschen de opmerking hierbij voegen, dat de laatste jaren dienaangaande eene zeer hberale opvatting schijnt te worden gehuldigd, zoodat b.v. ook de Nederlandsche Wet op de Zeebrieven, van 1869, waarbij het verkrijgen van het recht om de Nederlandsche vlag te voeren bijzonder gemakkelijk is gemaakt, tot dusver geen verzet van andere staten heeft uitgelokt. „Ad. 4). Zeer zeker zullen vele voorbereidende maatregelen noodig zijn, wil men niet bij het uitreiken van zeebrieven op praktische moeilijkheden stuiten. Men zal, zoodra men schepen van Zuid-Afrikaansche nationaliteit in het leven roept, tevens moeten regelen: a. de wijze van eigendomsverkrijging, eigendomsovergang en bezwaring der schepen (door middel van een openbaar scheepsregister); b. de privaatrechtehjke verhoudingen welke uit het reeden, bemannen, vervrachten, assureeren, enz. van schepen voortvloeien; c. de beginselen van strafrecht en strafvordering ten aanzien van aan boord of ook aan land door de equipage gepleegde misdrijven of overtredingen en de handhaving der tucht aan boord; d. het constateeren van geboorten, sterfgevallen, enz. aan boord. „Het is mij niet mogelijk thans deze punten meer in bijzonderheden uit te werken. Ik heb echter daarmede reeds een Chaddock se Aansprake op Limpopo. 219 aanvang gemaakt en stel mij voor U weldra met de resultaten van mijn arbeid bekend te maken.... Sowat ri jaar later het dit begin blyk, dat daar van ri bepaald Transvaalse stoomvaartmaatskappy niks tasbaars sou tereg kom nie. Die planne was wel min of meer agtermekaar, maar die denkbeelde van die oprigters het nog nie geheel met mekaar gestrook nie. Die grootste struikelblok egter was die ongunstige toestand van die geldmark. Die goedkeuring van die regering was reeds verleen vir die uitgifte van aandele 6 ten honderd teen ri koers van 115. Maar ongelukkig het ook weer die spoorwegmaatskappy geldgebrek gehad en moes dié eers versorg word, wat al moeilik genoeg sou gaan. Nog is verdere pogings aangewend om die saak deur te set, maar eindelik moes erken word, dat die uitvoering van die mooi plan op onoorkoomlike moeilikhede stuit. Reeds is hierbo melding gemaak van onderhandelings met die Portugese oor skeepvaartregte op die riviere wat hulle oorsprong in die Suid-Afrikaanse Republiek het en in die buurt van Delagoabaai in die see vloei. Dit het saamgehang met eienaardige aansprake van sekere Chaddock. Hierdie persoon het beweer, dat hy in 1884 die toegang in die mond en die waterweg van die rivier Limpopo gevind het, sodat hy slegs bakens hoef uit te geset het om dit vir iedereen moontlik te maak om met kleinere skepe die rivier in en op te vaar. Op grond hiervan het die heer Chaddock gemeen as ontdekker regte op die rivier te verkry en dié deur die plaatsing van bakens te kan vestig. Hy het gedink, naamlik, om deur die afbakening die reg te verkry om van die skepe wat gebruik maak van die vaarwater deur hom aangewys, baken- en ander gelde te hef. Hy het verder gemeen om hierdie regte te kan oordra, hetsy aan partikuliere, hetsy aan ri regering, in hierdie geval dié van die Suid-Afrikaanse Republiek. Die rivier Limpopo het sy oorsprong gehad in die Suid- 220 Houding van Portugese. Afrikaanse Republiek en het vervolgens die natuurlike grens ge vorm tussen hierdie staat, Brits Beetsjoeanaland en Ma tabeleland, om eindelik die Portugese gebied te deursny en daarop in dieaee uit te mond. Die heer Chaddock het natuurlik probeer om met die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek in aanraking te kom en sy regte, indien hy enige gehad het, aan die Boere te verkoop. Met die oog daarop het Chaddock in Desember 1889 in Amsterdam met Dr. Leyds 'n onderhoud gehad om besonderhede omtrent sy aansprake mee te deel. Die eerste gevolg hiervan was, dat die heer Chaddock vir ri paar jaar lang ri toelae van die Republiek geniet het om te voorkom, dat hy sy regte aan andere sou oormaak en dat Prof. T. M. C. Asser genader is om raad met die oog op die bepaling oor Riviervaart en ander punte van volkeregtelike aard in die Berlynse Congo-Verdrag van 26 Februarie 1885. Die Portugese owerheid het al dadelik ontken, dat aan die heer Chaddock enige reg sou toekom op die genoemde rivier en het geweier om uitsluitende regte daarop toe te staan. Dit het die Suid-Afrikaanse Republiek tot versigtigheid genoop en Dr. Leyds het dit nodig gevind om aan die Portugese Minister van Kolonies te verklaar: indien in die Republiek deur Chaddock of ri ander ri maatskappy mag tot stand kom of pogings daartoe gedoen word met die doel om die regte van die heer Chaddock of andere dergelike regte oor te neem en tot daadwerklike uitvoering te bring, dan moes die Portugese regering uit die feit, dat sulks in die gebied van die Republiek gebeur, nie dadelik aflei, dat sulks met instemming of onder goedkeuring en beskerming van die regering geskied nie. Die vraag of die bewering van die heer Chaddock gegrond was na algemene regsbeginsels is aan Prof. T. M. C. Asser voorgelê en op 24 Desember 1889 het die regsgeleerde as volg daarop antwoord gegee: Bevaarbare Riviere. 221 „Ik aarzel niet deze vraag ontkennend te beantwoorden. „De rivier behoort, blijkens het bovenstaande, tot het watergebied — wat haar eerste gedeelte betreft — van de ZuidAfrikaansche Republiek alleen, vervolgens (zoolang zij natuurlijke grens is) voor de helft tot dat der Republiek, voor de andere helft tot dat der andere bovengenoemde staten; — eindelijk' tot dat van Portugal. „Nu is het een vaste regel van staatsrecht, dat de staat den eigendom heeft der bevaarbare rivieren. — (Instituten II, 1 § 2; Code Napoleon, Art. 538; NederlandschBurgerlijk Wetboek, Art. 577, enz. enz.) Hierdoor wordt uitgesloten het recht der particulieren om zich die rivieren toe te eigenen of op eigen gezag bakengelden of andere rechten van dien aard te heffen. „Volgens de beweringen van den Heer Chaddock zelf is de rivier, die het hier geldt, be vaarbaar en was zij dit reeds in 1884. Door hem is dus niet eene onbevaarbare rivier bevaarbaar gemaakt, maar alleen de bevaarbaarheid ontdekt. „Hoe deze ontdekking hem een recht op de rivier zou hebben kunnen geven, is onverklaarbaar. De Heer Chaddock schijnt aan eene soort van auteursrecht of uitvindersrecht te denken, maar de toepassing is niet zeer gelukkig. Want — is zijn beweren overeenkomstig de waarheid —, dan zou juist zijn ontdekking hierin hebben bestaan, dat de rivier is een bevaarbare, — d.w.z. eene zoodanige, die niet slechts /ure publico behoort tot het watergebied der bovenbedoelde staten, maar die ook niet vatbaar is voorwerp van eigendom van particulieren te zijn, zooals ten aanzien van niet -bevaarbare rivieren wèl moet worden aangenomen. „Ware de bewering deze, dat de Heer Chaddock eene hem jare privato toebehoorende niet -bevaarbare rivier b evaarbaar had gemaakt, b.v. door uitbaggering, dan zou 222 Volkeregtelikc Reëlings. de vraag kunnen ontstaan of hij, ook na deze bewerking, den eigendom der rivier had behouden, — eene vraag die wellicht bevestigend zou moeten worden beantwoord. Hier, intusschen, behoeft deze vraag ons zelfs niet bezig te houden. „Het zij mij vergund eene opmerking van algemeenen aard aan het bovenstaande toe te voegen. „Indien de rivier Limpopo werkelijk bevaarbaar is, zou het mijns inziens voor de Zuid-Afrikaansche Republiek van belang en wel een offer waard zijn het vaarwater te kennen, maar tevens zou het dan wenschelijk zijn voor die rivier de beginselen te doen erkennen, bij de Weener Congres-Akte *) (Artt CVIII—CIX) aangenomen voor de bevaarbare rivieren die de grens tusschen staten vormen of die verschillende staten doorsnijden. „Welke de meest voorzichtige wijze zou zijn, waarop men zou kunnen beproeven dit doel te bereiken, zal door U beter dan door mij kunnen worden beoordeeld. Alken zij het mij vergund te herinneren, dat Engeknd en Portugal beide de Akte Général der Berlijnsche Conferentie *), van 28 Februari 1885, hebben onderteekend, waarbij omtrent rivieren nog verder strekkende beginselen, dan die der Weener Congres-Akte zijn gehuldigd". Die Republiek kon dus die verlangde regte alleen langs diplomatieke weg verkry, maar dk pogings daartoe is nie voortgeset nie. Brittanje wat ook 'n belanghebbende was, het die verkryging van sodanige regte nie bekmmer nie. In 1891 *" is tussen Engeknd en Portugal ri ooreenkoms gesluit waarby dk eersgenoemde onderneem het om geen beswaar te maak teen uitbreiding van dk Portugese invloedskring ten suide van »} DiT Cwigo-Kooferensie. Sien Oppenhelm I. bl. 317 en 708. Die Vredesverdrag van Versailles met Duitsland in 1919 gesluit. het met artt. 33|^J353 weer verdere en meer ingrypende wysigings gebring. Planne bly onuitgevoer. 223 Delagoabaai nie, tot 'n lyn van die samevloeiing van die riviere Mapoeta en Pongola tot aan die see. In verband hiermee word aan Transvaal meegedeel, dat die Britse regering gewillig was om steun te verleen aan enige aansoek van die Suid-Afrikaanse Republiek tot verkryging van dieselfde vryheid van skeepvaart en handel op die Mapoeta as aan Brittanje verseker is. Die Britse Agent voeg, op gesag uit Londen, hieraan toe, dat hierdie toesegging nie in die geringste mate invloed sou hê op die belange van die Republiek onder die Swasielandse Verdrag nie. Dit het egter nooit sover gekom, dat die Suid-Afrikaanse Republiek hierdie voordele vir sy ekonomiese ontwikkeling kon aanwend nie. Die Republiek het selfs geen ondersoek ingestel na die bevaarbaarheid van die genoemde riviere nie, omdat hy nóg die materiaal nóg die personeel gehad het om dié ondersoek te doen en ook van las van die kant van kapt. Chaddock nog nie ontsla sou gewees het nie. Die saak het die Republiek trouens al genoeg geld gekos. Bowendien was die skep van 'n skeepvaart op die riviere nie die moeite werd nie. Die skeepvaart alleen het geen verbinding met die verkeersmiddelpunte in die Republiek gestig nie. Daartoe was spoorweglyne nodig en na mate die kans op spoorwegverbindings met Lourenco Marqués, Durban en die Kaapse hawens toegeneem het en tot werklike uitvoering gekom het, is die belangstelling in die riviere op die agtergrond geraak. HOOFSTUK XIV. KABEL VERBINDING MET EUROPA. Die behoefte aan doelmatiger kabelverbinding met Europa teen ri voordeliger seinloon en met groter onafhanklikheid het homself in die begin van die neentiger jare, as gevolg van die voortdurende toeneming van handel, nywerheid en diplomatieke verkeer, sterk laat voel en gegadigdes laat vorentoe kom vir die onderneming van die aanleg. Dit het later aanleiding gegee tot skriftelike gedagtewisseling tussen Dr. Leyds as Staatsekretaris van die Suid-Afrikaanse Republiek en Sir James Sivewright as hoofverteenwoordiger van die Ooster- en Suid-Afrikaanse Telegraaf maatskappy. Die ondersese kabels langs die ooskus van Afrika, van Durban af oor Delagoabaai, Mosambiek en Aden, en langs dié weskus, van Kaapstad af oor Mossamedes, Benguela en Loanda, was die eiendom van die genoemde maatskappy. Hierdie kabels het by Aden en Loanda aangesluit by ander ondersese telegraaflyne na Europa. Die briefwisseling tussen Dr. Leyds en Sir James Sivewright het op 10 Februarie 1895 gelei tot ri ooreenkoms, waarby die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek onderneem het om gedurende vyf tien agtereenvolgende jare £ 10,000 die jaar aan die maatskappy in Londen te betaal in drie-maandelikse termyne. Die regering sou verder gewone telegramme teen 2d. en persberigte teen x/2&. die woord en amptelike mededelings kosteloos laat sein na die kabelkantore in Kaapstad, Durban of Delagoabaai. Van hierdie landingsplekke af sou die maatskappy gewone telegramme teen 5s., persberigte teen 2s. Ooreenkoms met Britse Maatskappy. 225 6d. en regeringsmededelings teen ls. 6d. die woord as hoogste seinloon na Europa toe oorkabel. (Artt. 1 en 2). Die ooreenkoms is vir die tyd van vyftien jaar aangegaan, maar dk regering het tog die reg voorbehou om reeds na tien jaar met 'n kennisgewing van twaalf maande vooraf die kontrak op te sê. Wanneer sodanige opsegging nie geskied het nk en die telegrafiese verkeer van geheel Suid-Afrika met Europa het van die elfde tot die vyftknde jaar na aftrek van bepaalde koste ri jaarlikse opbrengs van meer dan £ 180,000 opgelewer, sou die Suid-Afrikaanse Republiek van die helfte van die bedrag bo die genoemde £ 180,000 tien sewen-entwintigstes ontvang, maar in elk geval nie meer dan £ 10,000 die jaar nie. (Art. 11). Hierdie ooreenkoms was een van die maatreëls wat dk regering getref het ten voordele van Johannesburg. Dit was veral die groothandelaars en mynbase wat die grootste behoefte gehad het aan gemaklike en goedkope telegrafiese verkeer met Europa en die grootste nut getrek het uit dk ooreenkoms wat die staatskas met £ 10,000 die jaar belas het. Met die oog op hulle spekulasies in die eerste plaas het die Johannesburgse flinansiers herhaaldelik by die kabelmaatskappy aangedring op verlaging van seinloon. Die maatskappy egter het daar nie aan gedink om aan dié aandrang gehoor te gee nie, tensy die regering van die Republiek ri besondere toelae verleen het. Op aandrang van die regering het die Volksraad daartoe besluit en aan die bevolking van die Rand die bewys gelewer, dat die owerheid se oë vir hulle belange nie gesluit was nie, al sou die Boerebevolking by die uitgawe maar seer weinig voordeel behaal. Op 13 Mei 1895 het dk Twede Volksraad die ooreenkoms goedgekeur en op 20 Mei is dit deur die Eerste Volksraad vir kennisgewing aangeneem. Die reëling het egter in politieke opsig geen volkome be- 15 226 Misbruik van Monopolie. vrediging gegee nie. In die eerste plaas moes die Transvaalse berigte almal nog oor Londen gaan en kon hulle deur die Engelse gelees word. In die twede plaas het hoe langer hoe meer geblyk, dat vir die spoedige oorseining van nuus van en na Europa ri eie kabel onontbeerlik was. Op kritieke tye is herhaaldelik die breek van kabels voorgewend, teneinde die Britse owerheid sowel in Europa as in Suid-Afrika en die kapitaUate die uitsluitende gebruik daaroor te gee, met noodlottige gevolge vir die Republiek. Die wyse. waarop die kabelmaatskappy by die JamesonInval nog eens uitdruklik getoon het om homself weinig te stoor aan die verpligtings wat dit reeds by herhaling, ondanks Transvaalse vertoë, versuim het öm na te kom. het meer dan ooit die noodsaaklikheid laat blyk van 'n einde te moet maak aan die Britse monopolie. Die maatskappy het in Art. 6 van die ooreenkoms belowe om „alle telegrammen over te brengen in volgorde van den tijd van aanbieding door de afzenders, en zal. en mag geen voorkeur geven aan telegrammen naar en van eenigen anderen staat of kolonie '. Hierdie voorsorgsmaatreël het weinig gehelp. Tal van gevalle het aanleiding gegee tot briefwisseling en klagtes maar met weinig gevolg of voldoening vir die regering. Eén voorbeeld: die Times was in staat om in sy nommer van 7 Januarie 1896 verskillende kabelberigte oor die Jameson-Inval bekend te maak wat op 5 en 6 Januarie uit Kaapstad versend is, terwyl op dieaelfde 7de Januarie kabels, op die 2de uit die Republiek gestuur, nog nie hulle bestemming bereik het nie. Hierdie feit kon die kabelmaatskappy op ri klag van die regering nie weerspreek nie. Om hierdie redes het Dr. Leyds in die begin van 1896 tydens 'n verbb/l in Berb/n sy kragte ingespan om die toestand van die Republiek in hierdie opsig te verbeten Sy strewe was nie gerig op ri kabelverbinding met Europa as onderneming van die Republiek alleen nie. As niemand anders dan Trans- Planne vir Onafhanklike Kabel. 227 vaal by die kabel belang gehad het nie, sou ook niemand anders vir ,die beskerming daarvan opgekom het nie, wanneer dit aangerand of teëgewerk is van Engelse kant. Dr. Leyds het daarna gestreef om, behahve in Portugal wat Transvaal nodig gehad het, omdat die kabel oor Portugese gebied heen moes gelei word, ook belangstelling vir die saak te wek sowel by die Duitse as by die Franse regering, en albei daarin te betrek. Dit het nie so moeilik gelyk nie, want albei lande het kolonies aan die Ooskus van Afrika besit wat ook, by gebreke aan 'n eie kabel, afhanklik was van die willekeur van die Engelse. In die Republiek was de terrein reeds voorberei; die lede van die Volksraad was reeds oortuig van die noodsaaklikheid van aan die onwenslike toestand 'n einde te maak, al sou daarvoor aansienlike offers nodig wees. Dieselfde bereidwilligheid het Dr. Leyds verwag om by volkome gelykheid van belange ook by die Duitse en Franse regerings te vind. Dié bereidwilligheid is inderdaad betuig. In albei lande is onderhandelings aangeknoop met handelslui en finansiers van die allereerste rang om die saak vir gesamentlike rekening en in medewerking te doen. Die skone plan het egter skipbreuk gely op die eise van die Duitse regering. Hierdie eise is op 14 Februarie 1896 persoonlik aan Dr. Leyds meegedeel deur die Duitse PosmeesterGeneraal von Stephan en was van tweeërlei aard. In die eerste plaas mag die kabel nie in Frankryk land nie, dog êrens jn Italië of liewers in Oostenryk. Die stel van hierdie eis was nie onnatuurlik nie en Frankryk sou hierin wel toegegee het. Dit was egter anders gestel met die twede voorwaarde van Duitsland: die hele kabel moes in Duitsland vervaardig word. Toe von Stephan die voorstel, om aan Frankryk en Duitsland elk the vervaardiging van die helfte van die kabel op te dra, kortweg af wys, het vir Dr. Leyds niks anders oorgebly nie 228 Onmoontlike Duitse Eis. dan om die saak op te gee en te weier om aan Frankryk die vraag te stel of dit geneë sou wees om aan die onmoontlike Duitse voorwaarde te voldoen. Die neiging van die Duitsers om liefs alle voordele vir huileself te behaal en aan niemand anders iets te gun nie. het die plan van ri onafhanklike kabel doen misluk, waardeur ook Duitsland, tot sy eie nadeel, van hierdie verbinding verstoke gebly het. Die belangstelling vir die saak het veral van Franse kant lewendig gebly, maar dit was nodig om te onderskei wat suiwer Frans was en wat die Engelse agter gesit het. ri Aanvraag by die Portugese regering deur die sogenaamde Franse, dog in die wese van die saak Engelse, Banque Fcangaise de VAfrique du Sud in Junie en Julie 1896 het seker tot versigtigheid aangemaan. Onafhanklik daarvan het die Franse regering die vraagstuk bly bestudeer en in September en Oktober 1896 van die teenwoordigheid van die heer van Trotsenburg, die hoof van die Transvaalse telegraafdiens, gebruik gemaak om die saak te bespreek, al het van Trotsenburg daartoe geen opdrag gehad nie. Die Franse regering was by monde van Minister le Bon baie gunstig gestem. Die bedoeling was, dat die SuidAfrikaanse Republiek sou moet sorg vir die aanleg van die lyn tussen Lourenco Marqués en Madagascar, en die Franse regering vir dié van die lyn tussen Madagascar en Marseffle. Die twee ooreenkomste sou in mekaar moet sluit. Die kabel van Lourenco Marqués tot Madeira sou onder Franse beskerming staan. Die geesdrif vir die saak was groot. Sonder versuim sou die Franse konsul in Pretoria sy bevele ontvang en waarskynlik sou hy reeds in besit daarvan wees, voordat van Trotsenburg in Pretoria terug was. Dit het egter anders uitgeval. Die bevele het nie opgedaag nie en toe Dr. Leyds in Maart 1897 na Europa vertrek, het konsul Aubert nog geen woord oor die saak verneem nie. Wat die oorsaak was van Verwagtings op Franse Medewerking. 229 die stilswye teenoor konsul Aubert, is moeilik om te sê. Dit is egter seker, dat hy aan Buitelandse Sake vyande gehad het wat hom teëgewerk het. In Mei 1897 het Dr. Leyds die plan opnuut voorgelê aan die Franse Eerste Minister Hanotaux. Dié was egter toe van mening, dat dit om geldelike oorwegings beter was om nog enige jare të wag. Die ontwikkeling van die Transvaal het vooruitgegaan, het die heer Hanotaux gesê, en oor ri tydjie sou die Republiek in staat wees om beter voorwaardes te beding. Hy het daarby ook te kenne gegee, dat hy graag ri kabel- en stoomvaartverbinding as Franse onderneming tot stand sien kom, teneinde die ekonomiese bande tussen die twee republieke te versterk. Intussen het Hoffer, die verteenwoordiger van die Mozambique Compagnie, in Februarie 1897 ri aanvraag ingestuur, terwyl in Junie ri nuwe gegadigde homself aangemeld het in die persoon van sekere Treu wat voorgegee het, dat aan hom die medewerking van die Franse regering toegesê is vir die lê van ri kabel langs die ooskus. Die Franse was bereid, het Treu beweer, om ri ewe groot toelae as die Suid-Afrikaanse Republiek vir die uitvoering van die pjan te verleen. Die verwagtings in die Republiek was hoog gespanne. Dr. Leyds kry in Parys hiervan mededeling met die toevoeging dat Transvaal die onderneming sou steun met ri jaarlikse bydrae van £50,000 of met die versending langs dié lyn van een derde van alle Transvaalse kabelgramme. Die seinloon sou deur die twee regerings in gemene oorleg moet bepaal word. Ongelukkig het die Franse regering die samewerking met die heer Treu ontken en te verstaan gegee, dat hulle die kabel alleen in hande van ri vertroubare, onafhanklike Franse maatskappy sou wens. Hanotaux wat van April 1896 af aan die hoof van die Franse diens van Buitelandse Sake gestaan het, het egter 230 Franse Belangstelling duur voort. steeds sy belangstelling vir die kabelplan behou. Hy het selfs met die Portugese tot ooreenstemming gekom omtrent die landing van die kabel in Lourenco Marqués, die kontrak waarvan in die Journal Officiel van 15 Februarie 1898 te vinde is; hy het ook in die voorjaar van 1898 aan Aubert, wat op verlof in Parys vertoef het, die opdrag gegee om met die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek oor die totstandkoming van die verbinding te onderhandel. Na aanleiding hiervan het Dr. Leyds telkens die geleentheid te baat geneem om die lede van die Volksraad nogmaals die gewig hiervan op die hart te druk. Die algemene instemming en die algemene bereidwilligheid tot die bring van geldelike offers was nog steeds in Transvaal aanwesig. Groot was dus Dr. Leyds se verwondering, toe hy in Julie 1898 uit Pretoria die vraag ontvang of hy iets kon gedoen het sonder om geldelike ondersteuning toe te sê. Slegs één antwoord was moontlik: „In zake kabel niets te doen zonder geld". Hierdie onverwagte en sonderlinge vraag uit Pretoria het waarskynlik sy oorsprong gehad in die bewerings van aanvraers, dat dit bes moontlik sou wees om die saak tot stand te bring sonder om op regeringstoelaes te reken, 'n Dergelike bewering is te vinde in 'n hernude aanvraag van Hoffer wat, tydens 'n korte verblyf van Dr. Leyds in Pretoria, in 'n brief van 3 Februarie 1899 wel steun versoek het, dog „niet in den vorm van finantiëele subsidiën die voor den staat een last zouden zijn, maar alleen in het afstaan van een deel van het telegraaf-trafiek der Republiek". Afgesien van die vraag of dit ook nie 'n toelae in 'n ander vorm sou wees nie en in ieder geval geldelike offers sou kos nie, het dit vir Dr. Leyds nie in belang van die Republiek gelyk om Frankryk geheel terug te stoot nie, terwyl die wenslikheid om ook Duitsland in die aangeleentheid te betrek syns insiens nog altyd bly bestaan het. Met instemming van die Teleurstelling. 231 regering het Dr. Leyds, in Europa teruggekeer, in hierdie sin aan die werk gegaan. Hy is egter ook weer daarin deur die regering gestuit. By hierdie teleurstelling het die saak bly rus. HOOFSTUK XV. OM DIE BESIT VAN DELAGOABAAI. Dat Delagoabaai in 1875 vergoed aan Portugal toegewys is, was vir Engeland ri ernstige teleurstelling en telkens weer is pogings aangewend om hierdie belangrike en kosbare steunpunt in die suidelike wêreldhelf in hande te kry. Die Engelse regering het wel uiterlik geskyn te berus in die toestand van sake deur die skeidsgereg van MacMahon in die lewe geroep, maar die handlangers en die draers van die Britse heerskappygedagte oor die wye see het nie stil gesit nie. Veral Cecil Rhodes het gedurig ri begerige oog op Delagoabaai gerig gehou. Die grote behoefte om besit daarvan te kry, het vernaamlik by hom voor die dag gekom, nadat geblyk het, dat die Suid-Afrikaanse Republiek ri magtige ontwikkelingskrag uit sy spoorwegverbinding daarheen sou put By die planne vir die oprigting van die British South Africa Company wat grote onbeheerde gebiede ten noorde van die Transvaal vir die Britse Kroon in bewaring moes hou, is seker ook nie die moontlikheid van in besit te kom van Delagoabaai, oor die hoof gesien nie. Tuis net kort voor die amptelike afkondiging van die oprigting van hierdie Britse geöktrooieerde maatskappy het allerlei gerugte as in die lug gehang. Dit het President Krüger daartoe genoop om die Britse regering te vra of hulle gewillig was óm te verklaar, dat hulle geen voornemens het om die Portugese Delagoabaai-spoorweg in hande te kry of die oorheersende mag in daardie spoorweg of in die maatskappy van Krüger en Rhodes. 233 McMurdo te koop nie; en dat hulle geen voornemens het om die Transvaalse regering met betrekking tot daardie spoorweg teë te werk of te hinder nie. Pas byna vier maande later, 7 September 1888, kom hierop die antwoord, dat dit ten gevolge van die vaagheid van die bewoordings was, dat die Britse regering nie in staat gewees het om die versekering in die gevraagde terme te gee nie, maar dat die regering van Groot-Brittanje geen oogmerk het om in onvriendskaplike gees teen die Suid-Afrikaanse Republiek op te tree, wat die spoorweg of enige andere saak betref nie. Hierdie toesegging was, voorlopig altans, ri gerusstelhrig, maar sekerheid omtrent Britse belangeloosheid in Delagoabaai het dit nie verskaf nie. Onderwyl die pogings aan die gang was vir die verkryging van ri strook grond van die Portugese as uitweg vir Transvaal na die see, met die oog op ri onafhanklike skeepvaartbedryf, soos in ri vorige hoofstuk geskets, kom Rhodes — dit was in November 1890 — by die President in Pretoria op besoek. By dié geleentheid vind die volgende gedagtewisseling plaas, volgens ri brief van Dr. Leyds aan konsul Pott in Lourenco Marqués: „Rhodes: Gij moet Delagoabaai koopen. „President Krüger: Het zal te duur zijn. „Rhodes: O, ik zie een kans om het goedkoop voor U te krijgen. ,J*resident Krüger: Ja, als gij Portugal het pistool op de borst zet, zooals gij, d.w.z. Engeland, ook van anderen iets gedaan ziet te krijgen. Maar ik zal nooit gaan tegen Portugal. Ik zal alleen op vriendschappelijke wijze en in gemeen overleg met Portugal handelen. Al zou ik de baai voor niet kunnen krijgen, dan zou ik die niet willen hebben als het met twist (met Portugal) zou moeten gebeuren. 234 Gevaar vir Transvaal. „Ik wil geen vloek laden op mijn nageslacht". Hierdie tweegesprek het die uitdrukking bevat van die opregte gedagte van die President. Sy houding teenoor Portugal was nie vry van innerlike gevoel nie, want hy het sy bure a warm hart toegedra en die onderlinge verhouding was steeds van die mees vriendskaplike en welwillende aard. President Krüger het 'n weldaad teenoor homself of sy volk bewese nooit vergeet nie. Hierdie houding van hom teenoor die Portugese het ten grondslag gehad sy dankbaarheid vir die behandeling wat die Voortrekkers onder Louis Trichardt van die kant van die Portugese in Lourenco Marqués geniet het. „Toe ons volk swerwende was en swak", het die President pleeg te sê, „het die Portugese ons die helpende hand nie geweier nie. Nou dat ons sterk geword het, moet ons erkentlikheid bly betoon in plaas van goed met kwaad te vergelde". Die gevaar, dat Delagoabaai in Engelse hande sou raak, het die Suid-Afrikaanse Republiek steeds bo die hoof gehang. Die Portugese was wel trots op hulle koloniale besit, maar hulle was telkens in geldverleentheid en sou om dié rede miskien gedwonge kon word om ri stuk kosbare besit te vervreem. Met hierdie moontlikheid moes die Republiek nie alleen deurgaans rekening hou nie, maar sy owerheid moes sorg voortdurend goed op die hoogte te bly omtrent gebeurtenisse in Lissabon, want as die verkoop of die verpanding van Mosambiek aan die orde kom, dan was dit die plig van die Suid-Afrikaanse Republiek om as eerste en vernaamste belanghebbende daarvan gebruik te probeer maak. In Oktober 1893 het dinge die skyn gehad of dit sover kon kom; Daar was tenminste sprake van, dat Portugal aan iemand ri oktrooi oor Mosambiek aangebied het en dat ook Rhodes in Lissabon aan die werk was. Dit het aanleiding gegee tot grote ongerustheid in die Transvaal. Gelukkig was Houding van Duitsland. 235 daar net onderhandelings aan die gang oor die sluiting van ri uitleweringsverdrag tussen die Suid-Afrikaanse Republiek en Portugal, sodat die gesant van eersgenoemde, Jhr. Beelaerts van Blokland, ri goeie rede gehad het om na Lissabon te gaan sonder om die eintlike doel van sy reis te verraai: ondersoek na die gerugte omtrent Delagoabaai en na die moontlikheid om Portugal teenoor die Republiek deur geldverstrekking te verbind, Dr. Leyds het ook die vraag oorweeg in hoever dit wenslik was om Duitsland vir die Transvaal te laat werk. Om die Engelse uit Delagoabaai weg te hou, was die Duitsers wel dienstig, en daarvoor het hulle met ywer gewerk. Maar, was die vraag, doen hulle dit vir Transvaal of vir huileself? As Engeland daar vergoed uit was, sou Duitsland dan die kanse aan die Boere laat of self daarvan gebruik maak? Hierdie punt het die grootste omsigtigheid gevorder. Dit was moeilik vir Transvaal om te weet waar om sy vertroue te plaas. In 1894 het Duitsland sy onmiskenbare belangstelling in Delagoabaai bewys met die stuur van twee slagskepe daarheen tot betoon van verset teen onregstreekse Engelse inmenging in Portugese moeilikhede. Die Volkstem het aan Duitsland hiervoor namens die Transvaalse volk dank betuig en daarop gewys, dat Duitsland tot dusver steeds die Republiek alleen teenoor Engeland laat voortsukkel het. Eindelik skyn die regering in Berlyn die verkeerde van dié politiek in te gesien het. — (Reventlow, bl. 52). Vir die geld om by geleentheid aan Portugal voor te skiet, sou Transvaal ri lening moet plaas en wel sonder om die bestemming van die geld openbaar te maak. Die bankiers egter sou in vertroue moet geneem word. Dit was bedenklik. Die Republiek moes eers met sy aansoek na die Nasionale Bank gaan en dié moes na Rothschild kragtens ri vorige leningskontrak. Rothschild moes binne bepaalde tyd ri besluit 236 Rothschild en Rhodes. neem. Eers as hy die versoek om geld afslaan, kon die Republiek homself na ri ander wend. Dit sou nie so erg gewees het nie, maar tussen Rothschild en Rhodes het samewerking bestaan. Reeds was sekere Baron de Merck geruime tyd in Lissabon aanwesig om te beproef om ri oktrooi oor Mosambiek te verkry vir Rothschild, d.w.s. vir Rhodes. Sou Rothschild geld aan die Transvaal voorskiet om sy eie plan in die war te stuur? Was dit selfs wenslik om Rothschild op die hoogte te stel van die planne van die Republiek om vir Rhodes voor te spring? Inderdaad het die Suid-Afrikaanse Republiek hier in moeilike omstandighede verkeer. Grote versigtigheid, maar ook volharding en deursettingskrag, was 'n eerste vereiste vir welslae. In September 1894 het Transvaal skynbaar ri goeie slaggie geslaan. Sekere Cohen het ri konsessie gehad vir die bou en inbedryfstelling van ri landingskade in Lourenco Marqués. Met die oog op die doelmatige inrigting van die hawe en die spoorwegverkeer^ was dit van die grootste belang, dat hierdie konsessie in Transvaalse hande sou kom. Die firma Lewis & Marks sou uitkoms gebring en daarin geslaag het om Cohen se piervergunning af te koop, waardeur ri aantal belangrike verkeersregte vir die Republiek verseker is. Lewis & Marks kon, na gemeld is, dadelik volle voordeel trek van die bevoegdhede, hulle kragtens die vergunning verleen, en die hawe op doelmatige wyse inrig. Die konsessie sou selfs die seggenskap in alle hawegelde ingeshüt het en onder die omstandighede sou die beheer van die hawe feitlik kom te berus by die genoemde Transvaalse firma. — (Standard 6 Diggers News. Johannesburg, 14 September 1894). Maar die saak was nie so eenvoudig en so beslissend gereël as die koerant geglo het nie. Binne vier maande daarna het Reuter weer die Botre ri lekke skrik op die lyf geja met die berig, dat Rhodes daarin Openbare Verklaring van Duitse Keiser. 237 geslaag het om Delagoabaai en Kosibaai te koop. Maar dit was, soos Sir James Sivewright aan Dr. Leyds geskrywe het, niks anders dan verdigsels nie — nothing but romances. Sir James sou daaroor nader mededelings kom doen. Op 30 Januarie 1895 was hy dan ook in Pretoria en vertel aan die Staatsekretaris, dat tydens sy verblyf in Europa die heer Rhodes oor Delagoabaai onderhandelings gevoer het met die regering in Lissabon, maar dat die Portugese regering nooit daartoe sou kan gebring word nie. Ook Rothschild was in die saak betrokke en die onderhandelaar vir Rhodes was Baron de Merck. Maar, vertel die heer Sivewright verder, Rhodes en Baron de Merck het met mekaar twis gekry, waarmee hulle samewerking op ri end was. Hierdie feite het bevestiging verskaf van wat reeds in Pretoria bekend of tenminste vermoed was. Merkwaardig was in verband hiermee, dat die heer Sivewright, ri medewerker van Rhodes, as 't ware hier uit die skool klap. Wat eintlik wél van belang was vir Transvaal, het hy homself nie oor uitgelaat nie, naamlik, of Rhodes na die twis met Baron de Merck deur middel van ri ander persoon die onderhandelings met die Portugese regering voortgeset het. Onsekerheid en rede vir ongerustheid het bly voortbestaan. In Junie 1895 is die opening van die spoorweg Pretoria— Lourenco Marqués feestelik gevier. Dit was ri gebeurtenis van wereldbelang. Slagskepe van verskeie moondhede was by dié geleentheid in die hawe aanwesig. Ook die Duitse Condor en Cormoran was daar as „seer belangrike bestanddele vir die handhawing van die magsewewig in Suid-Afrika en as bewys van Duitsland se besef, dat Delagoabaai die hawe van Transvaal was". — (Reventlow, bl. 72). Aan boord van een van hierdie skepe het President Krüger ri telegram van gelukwens van die Keiser ontvang en beantwoord. Volgens die Duitse konsul in Pretoria, von Herff, was die bedoeling van die Keiser 238 Portugese nie te vrees nie. om te doen uitkom, dat Duitsland nooit sou toelaat, dat Delagoabaai Engels word nie. Daaromtrent was reeds in die begin van dieselfde jaar 'n mededeling in Londen oorgereik. Die telegram van die Keiser by hierdie geleentheid moes dien om dié mening openlik te verkondig. Die Engelse owerheid het egter nie in die openbaar blyk gegee van enige begeerte om in besit van die Portugese hawe te kom nie. Volgens ri uitlating van Sir Graham Bower, Sekretaris van die Hoë Kommissaris, het die Engelse die Portugese beskou as die mins beswaarlike bewaarders van Delagoabaai — the least objectionable custodians. Hy was dit eens, vertel hy Dr. Leyds, met die Kafferhoofman Oemzila, wat aan 'iemand gesê het, dat hy daar nie aangedink het om die Portugese in die see te drywe nie, maar hulle stil sou laat sit, omdat hulle die enigste nasie was wat hy nie voor bang was nie.1) Dit was seker nie deurgaans die opregte mening van die Engelse gewees nie, want na mate die mag en invloed van die Boere-Republiek toegeneem het, was dit hulle meer en meer ri behoefte geword om öf Delagoabaai óf die SuidAfrikaanse Republiek self in hande te kry. Merkwaardig genoeg is die bowevermelde verklaring deur Sir Graham Bower afgelê net ri paar weke vóór die uitvoering van die JamesonInval. Hierdie gebeurtenis, die opstand in Johannesburg en die moeilikhede wat huileself as nasleep daarvan voprgedoen het, was die oorsaak, dat die regstreekse stryd om Delagoabaai ri tydlank op die agtergrond geraak het. In April 1897 egter het persberigte aan die wêreld ver- i) Oemzila het volgens hierdie uitspraak tog nie gehandel nie, want hy het later wel probeer om die Portugese in die see te ja en toe is hy deur Monzinho d'Albuquerque, die Goewerneur-Generaal, gevange geneem en onskadelik gemaak. Die Portugese was dus wel die moeite werd om rekening mee te hou. Geldgebrek in Portugal. 239 kondig, dat Mosambiek aan Engeland verkoop of verpag is. Op regstreekse navraag in Lissabon is die gerugte ontken in ri telegram aan die Portugese saakgelastigde in Pretoria, met die mededeling, dat die Portugese regering hoegenaamd geen voornemens het om in watter vorm ook ri stuk van sy gebied in Afrika te vervreem nie en dat die regering van die Republiek goed sou doen om aan gerugte oor daardie onderwerp geen geloof te heg nie. Hiermee egter was die saak nog glad nie uit nie. Dr. Leyds was nou weer in Europa as gevolg van die oorlyde van die Transvaalse gesant, Jhr. G. J. Th. Beelaerts van Blokland, en is in Mei stilletjies uit Londen na Parys vertrek om daar iemand te ontmoet om oor die verkoop van van Delagoabaai te onderhandel deur bemiddeling van die Transvaalse Konsul-Generaal aldaar, die heer Pierson. Daar was beslis in Lissabon iets gaande ondanks die feit, dat die Portugese regering die een ontkenning na die ander die wêreld ingestuur het. Die geldelike toestand van Portugal was weer van dié aard, dat die regering iets sou moet doen om aan die oombliklike eise tegemoet te kom. Dr. Leyds het in Parys verskeie besoeke gekry van sekere Ochs wat belange gehad het in ri Portugese geöktrooieerde maatskappy, die sogenaamde Mogambique Compagnie. Hierdie persoon het voorgegee om met die Portugese regering in onderhandeling te wees en sekere beloftes te verkry het Hy kom met die volgende plan voor die dag. Die Portugese regering sou die Delagoabaai-spoorweg vir sover dié oor Portugese gebied geloop het, en enige andere regte afstaan aan ri maatskappy, wat nog moes opgerig word, in naam Portugees, teen ri bepaalde geldelike vergoeding aan die regering. Die reg van sodanige maatskappy op te rig sou toegeken word aan die Mogambique Compagnie, m.a.w. die laasgenoemde sou die vergunning bekom. Dit sou dan ri ooreenkoms aangaan met 240 Verskillende Planne. die saak Gebroeders Ochs wat die geld sou verskaf en dan weer met die Suid-Afrikaanse Republiek ri ooreenkoms tref, waarby dié die geld sou gee en Gebrs. Ochs 'n som sou ontvang vir hulle bemiddeling. Aan die Portugese regering sou die saak voorgestel word asof die geld verstrek is deur 'n internasionale groep. Ongelukkig kon Ochs geen skriftelike belofte van Portugal toon nie en Dr. Leyds skyn derhalwe nie veel vertroue in die saak te gehad het nie. Ochs is verwys na die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy en sou die saak verder bespreek met die heer van den Wall bake. Graaf de Burnay, die Belgies-Portugese finansier, so het 'n berig uit 'n ander bron weer gelui, het 'n geheime halfamptelike opdrag van die Portugese regering om oor die afstaan van regte in Lourenco Marqués te onderhandel. Hierdie opdrag sou die bevoegdheid ingehou het om met medewerking en toestemming van die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek ri internasionale maatskappy op te rig wat dan 'n oktrooi vir Lourenco Marqués sou verkry. Dit het mooi genoeg gelyk, maar niemand wou iets bepaalds op papier set nie, wat die gevolg gehad het, dat alles onseker en onbevredigend gebly het. Grote spanning is veroorsaak deur 'n dringende vertroulike berig van die Nederlandse Minister van Buitelandse Sake omtrent ri telegram wat hy van die Nederlandse gesant in Lissabon ontvang het. Dadelik is die heer Kretschmar as een van die bestuurders van die spoorwegmaatskappy op verkenning na Lissabon gestuur. Intussen het Dr. Leyds 'n besoek afgelê by die Franse Minister van Buitelandse Sake, Hanotaux, wat dit blykbaar eens was met die plan om vir die verkryging van regte in Delagoabaai 'n internasionale groep te vorm en daarby ook *n onderdak te verskaf aan die kabellyn en die stoomvaartmaatskappy. Voorstel van Spoorwegmaatskappy. 241 Dit was nou so goed as seker, dat die Portugese regering regte in Delagoabaai sou verkoop. Liefs sou hulle die saak aan 'n internasionale groep toevertrou het, maar hulle sou, deur die nood gedwonge, daar nie teen opgesien het om alles in Engelse hande te speel nie, want die Portugese volk was op hierdie tydstip veel minder teen die Engelse gekant as enkele jare vroeër. Die heer Kretschmar het op 10 Julie 1897 verslag uitgebnng van sy bevindings in Lissabon. Daar het wel, Volgens ingewonne inligtings, die moontlikheid bestaan, dat deur aanbieding van ri seer aansienlike som geld die Portugese regering geneig sou wees om in Delagoabaai enige voordele af te staan, maar daar was nie die geringste kans op, dat enige mngtmg, hetsy van die hawewerke, hetsy van die spoorweg sou kan gekoop of gehuur word nie. Aan die Portugese Minister van Geldmiddele, die heer Ressano Garcia is te verstaan gegee, dat dit nie die bedoeling van die Transvaal was om aan Delagoabaai besittings of uitsluitende regte te verkry nie, maar dat dit slegs te doen was om vergunning om die spoorweg in behoorlike toestand te bring en die hawe-inriotings sodanig uit te brei en te verbeter, dat dit aan die behoeftes van die verkeer sou beantwoord, natuurlik binne die grense van wat die Portugese regering aan die Transvaal wou toestaan Hoewel die vraagstuk van die inbedryfneming van groot belang was, was die spoorwegmaatskappy bereid om dit aan die regering oor te laat, mits eersgenoemde in die beheer slegs soveel invloed verkry het, dat ri gereelde gang van sake sou gewaarborg wees. Die bedoeling was, naamlik, dat ri l&rbe^foeëlt^ ^ ^ S°U hê 'n 9cmeenskaPVir hierdie voordele en vergunnings sou die Nederlandse buid-Afnkaanse Spoorwegmaatskappy bereid wees om aan die Portugese regering onder sekere voorwaardes ri som geld aan 16 242 Medewerking van Franse Kant. te bied waarvan die bedrag in hoofsaak sou afhang van wat daarvoor verkry word. Dié bedrag sou by voorbeeld kan wees £ 3 000.000 vir die spoorweg en die hawewerke wat onmiddellik daarmee in verband staan, soos die spoorwegpier en die inklaringsloods. Die bedrag kon nog oorskry word as vergoeding vir die orige inrigtings en by wyse van geldverstrekking vir die uitbreidings en die verbeterings wat nodig mag WDie heer Villars, Bestuurder van die Banque de Paris et des Paus Bas. was ook op hierdie tydstip in Lissabon en het homself bereid verklaar om met die Transvalere saam te werk tot veiwesenhking van die verlangde doel. Die Franse het in die oog gehad ri geldverskaffing aan die Portugese regering op ri soort oktrooi vir inbedryfneming van hawe, spoorweg en inklaringsregte. Die verstrekking van die geld kon dan gesamentlik deur Frankryk en Transvaal geskied. Maar ook die heer Villars het ondervind, dat die minister erg besluiteloos was en in hoë mate bevrees om iets aan andere in Lourenco Marqués af te staan, met die oog op verset van die kant van Engeland. Hy was dus van oordeel, dat alleen die vorm van ri skynbaar Portugese maatskappy met internasionale kapitaal vir die verwesenliking van die planne moontlik was. Maar selfs ook in hierdie vorm was die minister nie regstreeks geneig om mee te werk nie. Ook hierdie planneberamery het Veer tevergeefs geblyk. Portugal skyn met enige miljoene hulp te gekry het om in die ergste nood te voorsien. Dit was wel slegs ri tydelike uitredding uit die moeilikhede en die regering sou spoedig weer vatbaar wees vir aanbiedings. Ongeveer £ 8.000.000 sou nodig wees om die regering vir ri viertal jare uit alle moeilikhede te hou en hulle het gehoop om met hierdie som en in hierdie tydperk daarin te slaag om die geldelike toestand blywend te verbeter. Van hierdie bedrag sou miskien £ 3.000.000 uit Bemoeiing van Geöktrooieerde Maatskappy. 243 binnelandse bronnc verkry word, sodat nog £ 5.000.000 onvoorsien sou bly; en dit was die som wat enigsins as maatstaf kon dien vir wat die prys sou wees vir die verwerwing van regte in Delagoabaai. Die heer Villars egter het gemeen, dat in werklikheid veel minder sou nodig wees. Ook die Duitse gesant in Lissabon, von Derenthall, is in vertroue geneem en het die versekering gegee, dat Duitsland ri oplossing van die vraagstuk in die voorgestelde gees met instemming sou begroet, maar dat elke daadwerklike medewerking van Duitsland om daartoe te geraak, voldoende sou wees om die gehele saak te doen misluk, ten gevolge van die herlewing van die gerugte omtrent die bestaan van ri Transvaals-Duitse verbond teen Engeland. Vir ri jaarlank skyn daar niks besondere in verband met die saak te gebeur nie en dan begin ri ander gevaar te dreig in Julie 1898. Die Mogambique Compagnie het getrag om sy oktrooi uitgestrek te kry oor Lourenco Marqués. Dit was op homself nie so erg nie, maar daarby het planne gekom vir toenadering tussen die Mogambique Compagnie en die British South Africa Company. Die eerste gedagte van Dr. Leyds was, dat opkoop van die aandele van die eersgenoemde maatskappy in hierdie geval redding kon bring en daarop het hy begin aanstuur. Die groot som geld egter wat daarvoor nodig was, het hierdie uitweg onmoontlik gemaak. Die bemoeiings van die Britse geöktrooieerde maatskappy het nie alleen in die Transvaal weer ongerustheid gewek nie, maar ook in Frankryk. waar die Komitee tot Verdediging van Franse Belange in die Transvaal ri besluit na die Minister van Buitelandse Sake gestuur het om te pleit vir die neutralisatie van Delagoabaai. Hierdie plan het in Frankryk geweldige opgang gemaak. Die ontwerper daarvan en die dryfkrag van die beweging was Dr. Leyds wat aan die gesant van 244 Neutralisasie van Delagoabaai. Rusland in Parys ri stuk1) te hand gestel het om te wys op die algemene belangrikheid van Delagoabaai. Hy het daarby vermeld, dat die Suid-Afrikaanse Republiek reeds lang die waarde van hierdie uitweg na die see begryp het, omdat dit alleen sy handelsvryheid gewaarborg het en hom in sy betrekkings met die orige deel van die wêreld onafhanklik gemaak het van die Engelse kolonies wat hom omsluit. Die ontstaan en die moeilikhede van die spoorwegverbinding tussen Pretoria en Lourenco Marqués word vervolgens geskets. Dikwels is die mening verkondig, gaan Dr. Leyds in genoemde stuk voort, dat ten gevolge van die uitspraak van die skeidsregters in Bern die lyn van Lourenco Marqués tot die Transvaalse grens op ri ander sou kan oorgedra word. ri Dergelike wysiging in die stand van sake sou veral te betreur wees, indien die houers van die vergunning juis sou wees die besitters van Durban en die Kaap, naamlik die mededingers van Delagoabaai, omdat dié hulle belange bedreig. Daarom sou dit wenslik wees — as die spoorweg ontneem word aan die Portugese beheer en as dit nie in besit kon kom van die Suid-Afrikaanse Republiek nie —, dat dit dan oorgedra word aan ri internasionale maatskappy, liewers dan aan Engeland. Hierdieselfde oorwegings was natuurlik nop meer geldig vir Delagoabaai self, wanneer die geval homself sou voordoen, dat Portugal die baai aan sy geldmiddelepolitiek sou moet opoffer. As Engeland moes meester word van Delagoabaai, dan sou dit vir die Britse Ryk ri groot stap wees in die rigting van oorheersing van die gehele Suid-Afrikaanse vasteland. Dit was vir die ander nasies blykbaar van geen enkel belang nie, om dié moondhéid in besit te sien van alle hawens en van die gehele gebied van Suid-Afrika met uitsluiting van die ander lande wat daar geweldige belange het. Van alle kante *) Te sien in Bylae F. Gevaar vir Britse Oorheersing. 245 ingeslote deur die Engelse besittings, verstoke van die enigste uitweg wat sy handelsvryheid waarborg, sou die Suid-Afrikaanse Republiek ewegoed as die Oranje-Vrystaat in sy politieke onafhanklikheid bedreig word. Die moeilikhede wat die gevolg sou wees van die gevaar, waaraan die Republiek sou bloot gestel word, sou ongetwyfeld skade toebring aan die belange van dié state, waarvan die onderdane hulle kapitaal in die land gesteek het en daarin werksaam was. Na nog 'n dringende beroep te gedoen het op die Russiese volk en die Russiese Keiser, lê Dr. Leyds tenslotte weer nadruk op die feit, dat Delagoabaai nie Engels moes word nie, maar in sekere mate internasionaal. Dr. Leyds het dit hierby nie gelaat nie, maar het sy bemoeiinge in verband met die saak voortges et ook by die Franse regering. Voordat hy na Parys gegaan het vir hierdie doel. het hy eers *n bespreking gehad met die heer Gérard, die Franse gesant in Brussel wat persoonlik bevriend was met die Minister van Buitelandse Sake in Parys en deur daardie minister in alle gewigtige sake geraadpleeg is. Gérard was ook bekend om sy gesindheid teen Engeland. Hy het dan ook vir die Transvaalse saak vooraf by die minister belangstelling gewek en die koms van Dr. Leyds voorberei. Dr. Leyds het die heer Gérard gewys op die grote Franse belang in Delagoabaai. Lourenco Marqués en die spoorweg daarheen. Daar was veel Franse kapitaal in die myne gesteek. daar was 'n belangrike Franse handel op Delagoabaai deur Franse stoomvaartlyne wat reeds ri regstreekse verbinding daarheen het, daar was die moontlikheid van 'n kabelaanleg en daar was grote moontlikhede van Franse ingenieurswerk. Dit was nie in belang van Frankryk om geheel Suid-Afrika of al die vernaamste hawens Engels te laat word nie. Indien Portugal, wat die Republiek liefs in besit sou sien bh/ van Delagoabaai, om geldelike redes van sy soewereiniteit of die 246 Belange van Franse Geldskieters. fabedryfstelling sou wil afstand doen, was dit dan in Transvaal se belang, dat die inbedryfstelling sou geskied deur n internasionale groep, waarin ook die Republiek 'n stem sou hê, en nie deur 'n Engels-Duitse samewerking nie. waarby Duitsland vir homself alleen die reg sou voorbehou om geld te stort, maar nie om daarin mee te stem nie. Dit was so goed as seker, dat daar reeds ri Duits-Engelse verbond bestaan het. Die bepalings daarvan is nog geheim gehou, maar sover die heer Gérard kon uitvind, het die partye ten aansien van Delagoabaai nog nie tot ooreenstemming kan kom nie. Engeland wou dit in hande sien van ri Engelse maatskappy, terwyl Duitsland ri Portugese maatskappy geëis het. Dinsdag, 13 September 1898, het Dr. Leyds n onderhoud gehad met die Franse Minister van Buitelandse Sake wat hom in sekere mate tevrede gestel het. Frankryk het geprobeer om Portugal daartoe te beweeg om Delagoabaai of die inbedriyfstelling daarvan nie af te staan nie. Frankryk sou die geldelike moeilikhede uit die weg ruim, waarin Portugal toe verkeer het, deur Portugal aan ri lening te help, maar die regering het hulleself in ri moeilikheid bevind teenoor die geldskieters, wat reeds vroeër miljoene aan Portugal geleen het. Die enigste middel om Portugal aan geld te help het bestaan uit die vermindering van die rente op die vroeëre lenings. Dit was ri nadeel vir die besitters van die leningsbewyse. Die minister het verklaar, dat hy sy saak by die Franse regering reeds gewin het, maar was van mening, dat dit goed sou wees om te beproef om iets deur die Duitse Keiser gedaan te kry. Dr Leyds het ook beproef om in Portugal ri beweging op tou te set teen toegee aan Engeland. Dit het gebeur deur middel van die pers en deur bewerking van invloedryke kringe. Portugal was uit angs reeds sover gegaan, dat dit alles aan Engeland wou toegee. Daar was ri gees van opgee van Versekerings van Duitse Kant. 247 alle teenstand. Daarin is enige verandering gebring, maar Engeland sou dit tog nog win. hoewel nie in algemene sin nie. Die beweging is bevorder in oorleg en met medewerking van die Franse regering, om geen misverstand te veroorsaak nie en om koste te spaar. Intussen het die Portugese bankier van Belgiese afkoms, graaf de Burnay ook in sy geboorteland belangstelling vir Delagoabaai gewek. Hy het onder andere ri onderhoud met die Belgiese koning gehad wat dit nie onmoontlik geag het, dat hulp van België sou kom nie. Die plan was om verskillende kleinere sake, gegrond op kleinere konsessies, in die lewe te roep, wat jaarliks aan Portugal ri deel van hulle inkomste sou kan afstaan in plaas van ri groot som ineens te stort. Hierdie plan , het Dr. Leyds gemeen om te moet teëwerk, omdat België in Afrika geheel saamgewerk het met Engeland en Rhodes. Hy het gevrees, dat dit ri plan was om die Portugese kolonies langs ri omweg tog in die hande van Engeland te speel. Op 20 September was Dr. Leyds in Berlyn om te sien of hy daar iets kon uitrig vir Transvaal se belange in Delagoabaai. Op 21 September het hy ri gesprek gehad met die waarnemende Staatsekretaris vir Buitelandse Sake von Derenthall wat van 1894 tot 1897 Duitse gesant in Lissabon was en dus iets geweet het van die Duitse planne insake die Portugese kolonies. Von Derenthall het erken, dat daar ri reëling getref is tussen Duitsland en Engeland. Hy was nie geregtig om mee te deel waaruit dié reëling bestaan het nie, maar hy kon wel sê, dat Transvaal in die ooreenkoms nie genoem word nie en dat dit geen betrekking het op die spoorweg nie. „Die regeling is niet om veranderingen te maken in den status quo op het oogenblik. De regeling is preventief met het oog op eventualiteiten, die zich later kunnen voordoen. Ik kan mij begrijpen dat Portugal deze regeling niet gaarne 248 Duitse Keiser laat homself geld. ziet; het heeft al lang geleefd in het bewustzijn dat het bezit zijner koloniën afhing daarvan, dat Engeland en Duitschland het niet met elkaar eens waren, maar toch geloof ik, dat het in vele opzichten goed voor Portugal zal zijn, dat er eene betere stemming heerscht tusschen Engeland en Duitschland", het von Derenthall aan Dr. Leyds verklaar. Hy het sy mededelings geeindig met die wens uit te druk, dat Dr. Leyds sou probeer om die toon van die pers teenoor Duitsland minder onvriendelik te kat wees. Dit was ri belangrike wenk, maar een waaraan moeilik uitvoering te gee was. Dr. Leyds het voortgegaan me't die moeisame arbeid van te trag om Portugal daartoe te bring om nie te doen wat Engeland van hom verwag nie, maar uit geldnood gedwonge het Portugal inderdaad in 1898 reeds sy geneigdheid betoon om met Engeland ri ooreenkoms te sluit, waarby laasgenoemde homself daartoe sou verbind het om aan Portugal die nodige kapitaal na behoefte te verskaf, maar dat in ruil daarvoor Portugal se kolonies óf afgestaan óf verpand sou word. Dit het die Duitse Keiser ter ore gekom en dié het denhandig ri brief geskrywe, dat hy sulks nie sou toelaat nie. Hierdie brief het hy deur die Duitse gesant in uniform laat oorhandig. Die Duitse Keker het by sy beroep op Duitse belange ook gewys op sekere Duitse konsessies en geëis, dat ook dié in aanmerking sou geneem word. Daarna het die onderhandelings tussen Engeland en Duitsland begin wat geld het tot die verbond reeds hierbo vermeld in die onderhoud tussen Dr. Leyds en von Derenthall. Hkrdie onderhandelings het natuurlik ri tydlank geduur en was aan allerlei wisselings onderhewig, maar behoef geen uiteensetting nie. Dit was seker ri verdrag van groot belang, en van vèrrdkende gevolge tot nadeel van die Boere, wat op 30 Augustus 1898 tussen Engeland en Duitsland gesluit is. Geheimhouding omtrent die inhoud daarvan is vir knge jare bewaar, daar Ooreenkoms tussen Engeland en Duitsland. 249 dit een van die voorwaardes was, waartoe albei partye hulleaelf verbind het. Gelukkig hoef 'n mens nou nie meer te gis na die bepalings van hierdie verbond tussen die twee sterkste Europese moondhede nie, waarvan die eintlike slagoffer sou wees nie Portugal nie, maar Transvaal. Die ooreenkoms het die volgende behels. Ingeval Portugal ri lening wou sluit, sou dit in grotere deel deur Engeland en in kleinere deel deur Duitsland gelyktydig, maar nie gesamentlik nie, verstrek word. As onderpand sou die tolinkomste van die noordelike deel van Angola en van die suidelike deel van Mosambiek aan Engeland, dié van die suidelike deel van Angola en van die deel van Mosambiek ten noorde van die Sambesie sowel as van die Portugese gedeelte van die Suidseeeiland Timor aan Duitsland verpand word, terwyl albei moondhede 'n toesigsreg op die heffing van die invoerregte verkry. Hierdie bepalings was egter, wat Engeland betref, nie die hoof doel van die ooreenkoms nie. Daar het ri groot politieke set agter geskuil. Duitsland het ook belowe om geen verset aan te teken nie, wanneer na totstandkoming van die toltoesig die beheer oor die hawe Lourenco Marqués en oor die spoorweg van daar na Pretoria aan Engeland oorgaan. Daarnaas is nog vasgestel, dat gesamentlik sou opgetree word teen inmenging van derde moondhede. Wanneer Portugal sy kolonies wou vervreem, sou Engeland en Duitsland die dele daarvan vergoed kry, waar hulle die tolinkomste van in die hande het. By 'n gedeeltelike vervreemding mag geen van beide besit neem van ri deel nie, tensy die ander ri gelykwaardige verkry. — (Brandenburg, bl. 100 en 101). Die Duitsers het die ekonomiese hulpbronne van die Portugese kolonies sterk oorskat. Wellig was die Engelse daarvan beter op die hoogte en wis hulle, dat die vooropgestelde geval in afsienbare tyd nie sou intree nie Ook het die Engelse geen begeerte gehad om die intree van hierdie tydstip kunsmatig te 250 Vergissing van Duitsland. bespoedig nie, daar die uitskakebrig van die Duitse belang met betrekking tot Lourenco Marqués vir Engeland voldoende was en Engeland by die sterke invloed wat hy reeds lang in Portugal uitoefen, geen dringende verlange kon gevoel om 'n deel van die Portugese kolonies te neem nie, wanneer hy daarvoor die ander helfte aan Duitsland moes oorlaat. — (Brandenburg, bl. 101). Die enigste onmiddellike gevolg wat hierdie ooreenkoms vir die Europese politiek gehad het, was om die oorsake van wrywing tussen Duitsland en Engeland effentjies te verminder. Merkwaardig was ook in verband hiermee, dat Portugal self geen party by hierdie verdrag was nie. Ook dit het niemand destyds geweet nie. Uit bowestaande blyk, dat von Derenthall nie volkome gelyk gehad het, toe hy aan Dr. Leyds die versekering gegee het, dat die ooreenkoms geen betrekking het op Transvaal of op die Delagoabaaise spoorweg nie. Dit is duidelik, dat Duitsland afgestap het van sy standpunt van handhawing van die statos quo wat in 1895 as 'n Duitse belang uitgebasuin is, en hy die Suid-Afrikaanse Republiek nou aan sy lot oorgelaat het. Die Suid-Afrikaanse Republiek het geen verandering gebring in sy pohtiek teenoor die Portugese nie. Dit was steeds die strewe van die Transvaal gewees om die hawe van Lourenco Marqués tot ontwikkeling te bring sonder die aantasting van Portugal se regte in watter opsig ook. Waar Portugal se geldelike krag te kort geskiet het, was die Suid-Afrikaanse Republiek bereid om by te spring, mits die mag oor die Portugese kolonie aan die Delagoabaai nie afgestaan word nie aan 'n regering vir wie dit daarom te doen sou wees om die hawe te sluit in plaas van dit te open. Sedert die verbond met Engeland was Duitsland se belang teenoor Portugal juis die teenoorgestelde van dié van Trans- Die Gevolge. 251 vaal. Duitsland het volstrek nie begeer om Portugal uit die klem te sien geraak nie. Dit het inteendeel daarna verlang om die gebeurlikheid, waarop sy aangaan van die ooreenkoms gegrond was, te sien intree om te kan toegryp en in ri deel van die Portugese kolonies die Duitse vlag te kan hys. Hoe swaarder die geldelike druk op Portugal, des te beter was dit vir Duitsland, ri Poging om Portugal in die voorjaar van 1899 aan die nodige fondse te help, waaraan ook die Suid-Afrikaanse Republiek meegedoen het, is dus deur die Duitse regering teëgewerk en verydel. Daarby het Engeland homself nie aan Duitsland se kant geplaas nie. Waarom sou hy? Of Portugal geld kry of nie, het vir Engeland koud gelaat. Duitsland was nie meer gevaarlik nie. Hy het homself deur die verbond eenvoudig die hande vir onbepaalde tyd laat bind. In sy ywer om homself op diplomatieke gebied met Engeland te meet, het hy homself lamgeslaan. As Portugal geld kry, dan bly Duitsland magteloos. Wat Delagoabaai betref, het Engeland nie nodig gehad om homself ongerus te maak nie: Portugal sou tog wel doen wat Engeland verkies, al kom dit selfs tot ri oorlog met die Republiek. Die latere gebeurtenisse het bewys, dat Engeland daarin gelyk gehad het. Frankryk het buite hierdie beslommeringe gestaan. Dit het met die Portugese kolonies niks te doen gehad nie dan alleen in sover, dat dit begryp het om Engeland te moet teëwerk, wanneer laasgenoemde die hand op Beira en Delagoabaai sou wil lê. Dit sou ri bedreiging vir Madagascar word. Met krag is dus van Franse amptelike kant die pogings gesteun om Portugal te hulp te kom, ook dié van 1899, die laaste waaraan die Suid-Afrikaanse Republiek sy medewerking kon verleen. Die Engelse het in hierdie aangeleentheid met buitengewone handigheid te werk gegaan. Hulle het steeds teenoor die Por- 252 Engelse Diplomatieke Handigheid. tugese die stelling ingeneem van 'n welwillende en beleefde vriend wat al die moontlike doen om te help. Daarenteen het hulle Duitsland alle onaangename dinge laat sê, alle onaangename voorstelle laat doen en aan Portugal selfs beledigings laat toevoeg. Die gevolg was, dat Duitsland in Portugal veel meer gehaat was dan Engeland en dat daar by die regerende deel van die bevolking die begeerte ontstaan het om huileself in die arms van Engeland te werp teneinde beveilig te word teen die aanslae van Duitsland. Die Portugese was onder die indruk, dat Duitsland Angola wou inpalm en het desnoods bereid geskyn om dan Lourenco Marqués aan Engeland te gee, op voorwaarde, dat dit Portugal sou help om Angola te behou. Engeland het langs die weg van die verbond met Duitsland nje alleen daarin geslaag om Transvaal uit Lourenco Marqués te verdring nie, maar ook om Duitsland vergoed as belanghebbende party daar uit te skakel en sy eie hande vry te maak vir die gewelddadige aangryp van die Suid-Afrikaanse Republiek. Die Duitse diplomate is in hierdie geval bewys as geen portuur vir die Engelse te wees nie. Die gelag is betaal deur Duitsland sowel as Transvaal. HOOFSTUK XVI. MOEILIKHEDE MET DIE DINAMIETMONOPOLIE. By die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog in 1881 het iedere burger maar ri stuk of ses patrone kan kry om die stryd vir die onafhanklikheid mee te begin. Gelukkig het moed en vertroue die gebrek aan skiettuig ruimskoots vergoed en is telkens voldoende voorrade van die vyand buitgemaak vir die voortsetting en voleindiging van die worsteling. Dit was seker ri ongewenste toestand van sake wat onder ander omstandighede noodlottige gevolge kon hê en President Krüger het toe meer dan ooit ingesien, dat die vervaardiging van strydmiddele in die staat self en onder regstreekse toesig en beheer van die regering moes geskied om die verdediging van die land op behoorlike grondslag te plaas. In dieselfde jaar nog het die heer Nellmapius ri vergunning vir die vervaardiging van buskruit bekom. Dié het hy aan die here Lewis & Marks verkoop wat daaraan uitvoering gegee het en die eerste fabriek van hierdie aard in die Transvaal gebou het. Wins het dit egter nie opgelewer nie, en dit was die skerpsinnige sakeman Ed. Lippert wat eerste tot die besef gekom het, dat met die oog op die snelle ontwikkeling van die mynnywerheid wat intussen ontstaan het, die vervaardiging van ontplofbare stowwe goed 'betaalbaar kon gemaak word, wanneer in die vergunning inbegrepe was: ook die maak van dinamiet, In Desember 1888 is met die heer Lippert ri ooreenkoms aangegaan wat hom die uitsluitende reg gegee het vir die ver- 254 Klagtes van Engelse en Duitsers. vaardiging van ontploffingstowwe in die Suid-Afrikaanse Republiek en hierdie reg het hy oorgemaak aan ri maatskappy: ri Monopolie om dergelike goed te vervaardig was die Republiek volkome bevoeg om aan wie ook te verleen, maar ri monopolie om dit te verhandel sou in stryd gewees het met Art. 14 van die Verdrag van Londen, waarin aan alle inwoners gelyke handelsregte verseker is. ri Engelse maatskappy het spoedig by die Britse regering klagtes ingedien oor die beweerde feit, dat die invoer van dinamiet in die Republiek belet is, terwyl aan die heer Lippert toegestaan is om ten behoewe van die Zuid-Afrikaansche Maatschappij voor Ontplofbare Stoffen bereide dinamiet uit Frankryk in te voer. Na aanleiding hiervan is natuurlik weer aan die Republiek om uitleg en opmerkings gevra en die verwyt gerig, dat sy handelwyse in hierdie geval in stryd was met Art. 13 van die Verdrag van Londen, wat die bepaling inhou, dat geen andere of hoëre invoerregte of geen verbod sou gehandhaaf bly of opgelê word op die invoer in die SuidAfrikaanse Republiek van watter voorwerp ook afkomstig uit ri deel van die Britse besittings, wanneer dit nie eweseer uitstrek tot die invoer van ri dergelike voorwerp afkomstig uit ri ander plek of land nie. Daar die maatskappy oorwegend Frans was, het ook Duitsland verset aangeteken teen agter-stelhrig van sy nywerheid by dié van Frankryk. Om die juistheid van die gronde vir die Britse en Duitse klagtes te toets aan die werklikheid, is in April 1892 van regeringsweë ri kommissie aangestel om te ondersoek of deur die Suid-Afrikaanse dinamietmaatskappy wel gehandel is in ooreenstemming met die bepalings van die kontrak, veral wat die vervaardiging van dinamiet betref; watter stowwe eintlik ingevoer is en watter gebruik van die ingevoerde stowwe gemaak is. Die uitslag van die ondersoek was ongunstig vir die maatskappy, want dit het geblyk, dat die konsessionaris nie dina- Konsessie ingetrek. 255 miet vervaardig nie, maar ingevoer het. Die klagtes van die Duitse sowel as van die Britse regering was dus geregverdig ten aansien van die feit, dat wat die maatskappy ingevoer het, nie grondstowwe was om dinamiet te maak nie, maar dinamiet self. Dit is na die ondersoek deur die regering toegegee en erken, dat wat ingevoer is onder die naam van guhr impregné niks anders was dan dinamiet nie. — (Dr. Leyds aan waarnemende Staatsekretaris van Boeschoten, 26/27 September 1893). Daaruit het gevolg, dat die konsessionaris dus feitlik in hande gehad het ri handelsmonopolie, wat die regering nie kon gee nie, in plaas van ri vervaardigingsmonopolie wat die regering wèl bevoeg was om te verleen. In ooreenstemming met die Verdrag van Londen was die invoer van ontplofbare stof ook in die kontrak aan die maatskappy verbode. Die kontrak is dus geskend en daarop het die regering van sy reg gebruik gemaak om die konsessie te vernietig en is aan die Engelse, Duitsers en Franse die invoer van ri bepaalde hoeveelheid dinamiet toegestaan. Die maatskappy was hiermee natuurlik nie tevrede nie en doen ri beroep op die Hooggeregshof. Regter Jorissen gee voorlopig ri order as volg: „Dat een tule nisi worde verleend het Gouvernement der ZuidAfrikaansche Republiek oproepende om redenen aan te toonen, waarom een order niet verleend zal worden het Gouvernement bevelende: a) niet af te geven eenig permit tot invoer, vervaardigen of handel van dynamiet of andere ontplofbare stoffen of van stoffen voor het vervaardigen daarvan benoodigd dan aan de Zuid-Afrikaansche Maatschappij voor Ontplofbare Stoffen, Beperkt, of hare rechthebbenden; b) indien reeds zoodanige permitten aan anderen dan aan gezegde maatschappij zijn afgegeven, die permitten terstond in te trekken en in ieder geval het vervaardigen van of handeldrijven in dynamiet of andere ontplofbare stoffen aan anderen dan aan 256 Verdediging van Regering. gezegde maatschappij of hare rechthebbenden op afdoende wijze te beletten en onmogelijk te maken; c) indien reeds dynamiet of andere ontplofbare stoffen of stoffen voor vervaardiging daarvan benoodigd door anderen dan gezegde maatschappij of hare rechthebbenden zijn ingevoerd, die stoffen terstond van het grondgebied der Zuid-Afrikaansche Republiek te doen verwijderen of wel te doen vernietigen". Hierdie tule nisi sou ook werk as voorlopige interdik. Dr. Leyds het as Staatsekretaris die Hooggeregshof gemeld, dat dit in die land se belang was, dat die reeds verleende verlofbriewe en dié wat nog moes verleen word, van krag sou wees en dat daarop gehandel sou kan word, want, indien dit belet word, sou die regering in moeilikhede kan kom met twee grote moondhede met wie daaromtrent verbintenisse gesluit is. Daar het geen noodsaaklikheid bestaan om die interdik te verleen nie, daar die regering enige skade wat deur sy handelwyse veroorsaak word, kon vergoed. Die vermelde interdik het die regering verhinder om dinamiet en ontplofbare stowwe te verkry, indien benodig onder onvoorsiene omstandighede. Te enigertyd kon 'n groot hoeveelheid dinamiet en ander ontplofbare stowwe benodig word vir die verdediging van die land en hangende die order van die Hof sou dit vir die regering onmoontlik wees om die ontploffingstowwe aan te skaf. Die eiser het self ri verlofbrief vir die invoer van ontplofbare stowwe gevra en dié van die regering verkry. Die kontrak wat die eiser met die regering aangegaan het, was nie behoorlik nagekom nie en die regering het dit daarom as vervalle en nietig verklaar. Op hierdie gronde versoek Dr. Leyds namens die regering die Hof om die order opsy te sit. Hierop het dit Hof die tule nisi verander, dat dit nie as ri interdik kon dien nie en die verdere behandeling uitgestel tot 1 November, toe die saak deur die regering gewin is. Pleidooi van Maatskappy. 257 Dit het egter nog alleen die reg van verlening van verlofbriewe Vir invoer aan andere dan die klaende maatskappy betref. Daarmee was die vraag, of die verbod van invoer van deurtrokke „guhr" as ontplofbare stof wetlik in orde' was en of die regering geregverdig was om die kontrak vir nietig te verklaar, nog nie opgelos nie. Die konssesionaris het beweer, dat die stof wat hy invoer, die deurtrokke „guhr", wel ontplofbaar was, maar nie inbegrepe was in die ontplofbare stowwe, waarvan die invoer verbode was nie, en, al was dit so, dit die regering geen reg gegee het om die kontrak te vernietig nie. — (Dr. Leyds aan Boeschoten, 26/27 Sept, 1893). Hierdie punte moes nog beslis word en het gedreig om die Republiek in diplomatieke verwikkelings met Frankryk te bring. Die regering het toegestem, dat oplossing van die moeilikheid sou geskied by wyse van skeidsgereg, nie omdat daaromtrent 'n artiekel in die vernietigde kontrak gestaan het nie, maar slegs om die maatskappy tegemoet te kom en die Franse owerheid weer welwillend gestem te maak. Met die skeidsgereg is egter nie ver gekom nie, want die partye kon dit nie eens word omtrent een van die punte nie, n.1. die reg van 'n nuwe skeidsregter om getuies wat reeds vroeër gehoor is, weer op te roep. Daar is selfs geen akte van skeidsgereg gereken nie. Intussen is, om die mynnywerheid in sy werking nie te belemmer nie, aan Engeland, Duitsland en Frankryk toegestaan om 45.000 kiste in te voer en ingeval, dat die voorraad uitgeput sou wees, voordat die skeidsregterlike geskil uitgewys is, het die regering aan de genoemde moondhede te verstaan g^ gee, dat aan hulle gelyke aantalle van verlof briewe vir invoer sou uitgereik word, totdat die saak afgelope was. Aan hierdie toestand is in September 1893 deur die Volksraad 'n einde gemaak met die aanneem van bestuursmaatreëls vir die instel van ri staatsmonopolie vir die vervaardiging, inen uitvoer van en handel in kruit, skietgoed, vuurwerk, dina- 17 258 Staatsmonopolie. miet en ander ontplofbare stowwe. — (Groenboek No. 7, 1899, bl. 16—18). Daarmee is die invoer toegestaan aan 'n ieder wat daartoe 'n verlofbrief van die regering teen betaling van 'n besondere invoerreg verkry het, tensy die regering die invoer van bierdie stowwe belet het. Kragtens Art. 4 het die regering die reg verkry om die uitvoering van die monopolie op te dra aan ander persone. Deur hulle moes dan vir die huur van die regeringsfabrieke £ 3,750 die jaar betaal word. Die pryse van kruit en patrone sou om die drie jaar vasgestel word in ooreenstemming met die Europese markpryse. Die hoogste prys vir dinamiet No. 1 is vasgestel op £ 5, vir No. 2 op £ 4:7. en vir No. 3 op £ 3:15. die kis van vyftig pond gewig. Na ag jaar sou hierdie pryse hersien word volgens die stand van die Europese mark. In Art. 10 is aan die regering opgedra om te sorg, dat binne twee en 'n half jaar een of meer fabriekt opgerig is vir die vervaardiging van die benodigde ontplofbare stowwe. Daarby moes gebruik word alle grondstowwe wat binne die Republiek te vind was. Indien sou blyk, dat deur die fabrikante grondstowwe wat binne die Republiek in voldoende mate aanwesig was, van elders ingevoer is, sou 'n besondere belasting deur die regering kan opgelê word teneinde die invoer te strem. Vir elke kis dinamiet of ander ontplofbare stof moes die fabrikant aan die regering 5 s. betaal en bowendien 20 ten honderd van die oorwins. As die regering ontplofbare stof verlang, wat die fabrikant aie kon of bereid was om te vervaardig nie, kon hulle dit deur andere laat maak of invoer. Daarby het die owerheid nog die regte voorbehou om, wanneer die belange van die staat dit eis, die agentskap weer op te hef, eie oorbodige voorrade te verkoop, uitvoer te belas of te belet en regeringsbesteüings te kat afwerk vóór alle andere, en dergelike meer. Vergunning aan Vorstman. 259 Solank die fabrieke nog nie klaar was nie, kon die regering ontplofbare stowwe invoer. Maar hierdie toestand moes nie langer dan twee en 'n half jaar duur nie. In Mei 1894 is die uitvoering van die staatsmonopolie vir die duur van vyftien jaar opgedra aan die heer L. G. Vorstman wat vir dié doel opnuut die Zuid-Afrikaansche Maatschappij voor Ontplofbare Stoffen ingerig het. — (Groenboek No. 7, 1899, bl. 12—15). Volgens kontrak met hom het die regering onderneem om verlofbriewe vir die verkryging van ontplofbare stowwe uit te reik alleen teen 'n skriftelike ver" klaring, dat dit vir eie gebruik en vir slegs drie maande nodig was. Alle ontplofbare stowwe onder verlofbrief sou onderhewig wees aan ri besondere invoerreg van 8^ d. die pond bo die gewone belasting na die waarde. Die hoogste pryse wat die agent mag vra, was £ 4:15, £ 4:5 en £ 3:13 die kis vir die drie grade van dinamiet. Hy onderneem om die nodige fabrieke op te rig binne twee en ri half jaar van af 25 Oktober 1893, dus vóór 24 April 1896. Weens die beroerings ten gevolge van die inval van Jameson kon die fabrieke egter pas in gebruik geneem word op 22 Oktober 1896. Die agent Vorstman was ri vennoot gewees van die heer Lippert en die nuwe maatskappy wat opgerig is vir die uitvoering van die staatsmonopolie, het die oue in homself opgeneem deur die toekenning van ri groot aantal aandele aan die belanghebbendes. Die nuwe Zuid-Afrikaansche Maatschappij voor Ontplofbare Stoffen wat in Junie 1894 regspersoonlikheid verkry het, is gestig met ri kapitaal van £ 450.000 in aandele van £ 1. Daar was in 1894 in die dinamietnywerheid twee groot groepe: ri Duits-Engelse onder leiding van die Nobel-Trust en ri Franse, of sogenaamde Latynse ring, wat ri aantal maatskappye in Frankryk, Italië en Spanje beheers het onder leiding van die Société Centrale de Dynamite. Die Nobel-groep het 225.500 aandele in die 260 Kommissie van Ondersoek. Transvaalse maatskappy bemagtig en die Latynse ring 224,500. *) Feitlik was die hele dinamiethandel in Transvaal in hande van die Nobel-Trust Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse maatskappy in Pretoria, die heer Max A. Philipp Sr., was een van die kommissarisse van die Nobel-Trust in Hamburg, terwyl die hr. PhÜipp Jr. ook kommissaris was van albei maatskappye. Teenstanders het beweer, dat in 1895 en 1896 geweldige winste gemaak is deur eenvoudig dinamiet in te voer in plaas van dié in Transvaal te vervaardig in ooreenstemming met die konsessie. Dit het groot ontevredenheid gewek in en buite die Suid-Afrikaanse Republiek. Om die gegrondheid van die redes hiervoor na te gaan is in Februarie 1897 ri kommissie met die heer Carl Jeppe as voorsitter benoem om 'n ondersoek in te stel na die wyse. waarop die reëling van die staatsmonopolie nagekom word. In sy verslag wys die kommissie daarop, dat die regering in Art. 6 van die kontrak die agent belowe het om by die Volksraad aansoek te doen om verlenging van die tydperk vir die oprigting van die fabrieke en wel as volg: dat binne twee en 'n half jaar 'n nuwe fabriek sou opgerig word vir die vervaardiging van 40.000 kiste die jaar, terwyl die verdere uitbreiding van die fabrieke van tyd tot tyd met redelike tussenpose deur die regering sou bepaal word. Sodanige versoek is by die Volksraad ingedien in September 1894, maar die wetgewende vergadering het besluit om aan hierdie versoek nie te voldoen nie, geen bevoegdheid aan die Uitvoerende Raad vir dié wysiging van die vasgestelde maatreëls toe te staan nie en die regering te beveel om stip in ooreenstemming met die maatreëls te handel. *\ Hoe die aandele verder verdeel was onder die verskillende maatskappye in Europa is van weinig belang meer, maar is te vinde in Cd. 623, bl. 71. Goed ingerigte Fabrieke. 261 In Oktober 1896, vertel die kommissie, het die maatskappy fabrieke klaar gehad vir die vervaardiging van 80.000 kiste die jaar en het hulle by die Uitvoerende Raad met die versoek gekom om verlof om verdere fabrieke te bou wat sou voltooi wees binne twee en 'n half jaar. Die Uitvoerende Raad het hieraan toegegee, omdat dit die noodsaaklikheid ingesien het van binne die Republiek inrigtings te hê wat kon voldoen aan die aanvraag vir ontplofbare stowwe, vir die mynnywerheid en ander doeleindes benodig. Daartoe sou die voorsienings van Art. 10 van die bestuursmaatreëls vir nog twee en 'n half jaar van krag bly. Die kommissie egter ag hierdie besluit van die Uitvoerende Raad nie in ooreenstemming met die volksraadsbesluit van September 1894 nie. Die agent het die kommissie meegedeel, dat die maatskappy besig was om sy fabrieke uit te brei en dat dit voornemens was om binne twee en 'n half jaar die opbrengs te verdubbel en op 160.000 kiste die jaar te bring. Dit sou met inspanning kon opgevoer word tot 200,000 kiste. 'n Persoonlike besoek aan die fabrieke het die kommissie lede ri baie gunstige indruk daarvan laat kry en hulle daarvan oortuig, dat alle moontlike maatreëls geneem is vir die vermindering van die gevare van ontploffing en die omvang van die gevolge van so ri ramp. Die fabriek was op die doeltreffendste wyse ingerig en ri voorbeeld van reinheid en uiterste waaksaamheid. Die koste aan bou en inrigting bestee, het sowat £ 900,000 beloop. Wat die aanwending van binnelandse grondstowwe vir die vervaardiging van dinamiet betref, het die kommissie die indruk gekry, dat al die moontlike in dié rigting gedoen is. Daar was egter geen vooruitsig vir die vind van voldoende salpeter in die land nie. Vir die bereiding van swawel uit plaaslike grondstowwe het die maatskappy ri oond gebou en proewe geneem. Gliseriene was ri afvalproduk van kers- en seepfabrieke en 262 Plaaslike Nywerheid wenslik. die vooruitsig om daarvan voldoende in die land self te kry was uitgeslote. Die kommissie het geen verwagting gekoester, dat die vervaardiging van ontplofbare stowwe onafhanklik van ingevoerde bestanddele kon geskied nie. Kieselguhr is wel in Transvaal gevind, maar nie van dié hoedanigheid wat mees geskik was vir die maak van dinamiet nie. Die vooruitsig daarop was egter goed. Dog dit was van weinig belang, daar ingevoerde „guhr" goedkoper was dan die plaaslike, terwyl ontplofbare gelatiene meer en meer dinamiet vervang het, omdat eersgenoemde aanmerklik goedkoper, veiliger en doeltreffender was. Vir plaaslike doeleindes, stel die kommissie vas, is nog veel ontplofbare stowwe deur die regeringsagent ingevoer. Ontplofbare gelatiene en deurtrokke „guhr" is nè invoer weer op eenvoudige wyse in die fabriek verwerk deur dit in patrone op te maak. Die jaarlikse verbruik in die land was 200,000 kiste en sou 250,000 beloop vir die jare 1898, 1899 en 1900. Die maatskappy sou sy opbrengs verdubbel en bring op 160.000 kiste, maar daar sou oor die jare van 1897 tot 1900 tesame nog 'n tekort van 430,000 kiste moet ingevoer word. Dit was vir die kommissie derhalwe duidelik, dat die regeringsagent die belofte in die kontrak gemaak, nie nagekom het nie, naamlik, om dinamiet en ander ontplofbare stowwe in sodanige hoeveelhede te vervaardig as die behoefte en aanvraag in die Republiek sou eis. Hy sou vir lange tyd die tekort van sy fabriek nie inhaal nie. Tog het die kommissie geen begeerte gehad om die opheffing van die kontrak of herroeping van die regeringsmonopolie voor te stel nie. Die Volksraad het herhaaldelik die wenslikheid uitgespreek, dat die handel en invoer van kruit en ontplofbare stowwe in hande van die staat sou bly. Die kommissie was ook oortuig van die voordele wat verbonde was aan die vervaardiging van ontplofbare stowwe binne die land en was verder van mening, Groot Winste. 263 dat die inspannende pogings van die maatskappy om ri plaaslike nywerheid in die lewe te roep, ongetwyfeld ri strenge toepassing van die bepalings van die kontrak onwenslik maak. Nietemin het die staat teenoor sy teenparty wethk sterk gestaan. Dit was van besonder belang in verband met die vraag of die regering die agent verder sou toelaat om ontplofbare gelatiene en deurtrokke „guhr" in te voer wat niks anders was nie dan dinamiet No. 1, nog nie in patrone opgemaak nie. Hierdie invoer het vir die maatskappy buitengewoon groot winste opgelewer wat niks te maak het met dié wat ontstaan uit die stowwe deur die maatskappy vervaardig nie. Die winste deur die maatskappy gemaak op ontplofbare gelatiene en deurtrokke „guhr" het byna £ 2 die kis bedra en daarvan het die staat slegs 5 s. gekry. As die staat oor die volgende vier jaar vir eie rekening die tekort van 430,000 ingevoer het, sou die skatkis ri voordeel gekry het van £ 860.000. As die maatskappy voortgegaan het met die invoer, sou die staat slegs £ 107,500 maak, wat ri verskil was van £ 752,500. Die vraag was egter of die staat die ontplofbare stowwe so goedkoop sou kan bekom as die maatskappy, daar belangrike fabrieke in Europa groot aandeelhouers in die maatskappy was en dus teen gunstige voorwaardes aan die maatskappy gelewer het. Tenslotte gee die kommissie te kenne, dat hulle die tydstip daarvoor gunstig ag om met die maatskappy te onderhandel oor die verhoging van die uitkering aan die staat en ri verlaging van die prys van ontploffingstowwe, wat vir alle betrokke partye bevrediging sou gee. — (C. 8423, bl. 130—135). Die regering het egter nie dadelik stappe gedaan om die aanbevelings van die kommissie ten uitvoer te bring nie. Kort daarop, in April 1897, is die Industriële Kommissie ingestel om ondersoek te doen na alles wat die ontwikkeling van die mynnywerheid belemmer. Hierby het natuurlik ook die dinamietmonopolie in behandeling gekom en die kommissie 264 Verslag van Industriële Kommissie. het in sy verslag gesê, dat die pryse van ontploffingstowwe onredelik hoog was. Die oorvraging van 40 s. tot 45 s. die kis het die staat nie gebaat nie, maar het gedien om partikuliere, merendeels in Europa woonagtig, te verryk. Dit het die onregverdigheid van so ri belasting op die stapelnywerheid en die noodsaaklikheid om dit te verwyder, duidehker laat uitkom. Die fabriek het nie die doel bereik, waartoe dit opgerig is nie. Daar was goeie gronde vir die geloof, dat die agent in gebreke gebly het om die voorwaardes van die kontrak na te kom, wat geëis het die oprigting, voltooiing en werking, op of vóór 24 April 1896, van een of meer fabrieke vir die vervaardiging van dinamiet en ander ontplofbare stowwe om in die behoeftes van die land te voorsien. — (Groenboek No. 7, 1899, bl. 4 en 5). Die kommissie het aan die hand gegee, dat die saak aan die regsgeleerde raadsmanne van die Republiek sou voorgelê word met die doel om uit te vind of die kontrak kon opgehef word. Die regering kon gebruik maak van die bevoegdheid in Art. 15 van die bestuursmaatreëls vervat en self oorgaan tot die invoer van ontplofbare stowwe, onderworpe aan ri invoerreg van nie meer nie dan 20 s. die kis. Hierdie reg sou die skatkis nie alleen ten goede gekom het nie, maar ook voldoende beskerming daargestel het vir die plaaslike nywerheid. Die regering het egter nie aan die aanbevebrigs van die Industriële Kommissie gehandel nie en het in Augustus 1897 deur die Volksraad weer ri ander kommissie laat benoem om die verslag van die eersgenoemde in oorweging te neem. Op 16 Oktober is die nuwe kommissie se bevindings in die Volksraad bespreek. In die debat is die monopolie streng veroordeel o.a. deur Genl. Joubert wat van mening was, dat dieselfde redes wat bestaan het vir die opheffing van die monopolieLippert, ook vir die vernietiging van die staatsmonopolie gegeid het. — (Groenboek No. 7. 1899, bl. 6). Aanvalle op Monopolie. 265 Die uitslag van die besprekings was die volgende volksraadsbesluit op 4 November 1897: „De Eerste Volksraad... overwegende het rapport van de kommissie en uitleggingen en feiten door verschillende leden voorgebracht, dat de Maatschappij niet strikt volgens contract heeft gehandeld, besluit den Uitvoerenden Raad op te dragen deze zaak in handen van den Staatsprocureur en andere rechtsgeleerde autoriteiten te plaatsen, ten einde zich te vergewissen welke stappen in deze genomen kunnen worden, en daarna te handelen naar gelang van omstandigheden, ten einde de mijnen van goedkooper dynamiet te voorzien, hetzij door invoer onder permitten toe te staan, onderhevig aan de betaling van de gewone douanebelasting of op andere wijze zooals de Uitvoerende Raad wenschelijk acht'V Die gevolg hiervan was ri prysverlaging van dinamiet met 10 s. die kis. Die regering het sy reg op 5 s. laat vaar en die maatskappy sou met 5 s. die kis minder tevrede wees. Hierdie prysgee van geheel die regeringsreg van 5 s. op elke kis dinamiet, sê Chamberlain in sy aanval van 13 Januarie 1899, maak dit nog moeiliker om te begryp op watter wyse die monopohe nog as ri staatsmonopolie kon beskou word. Die regering kry nog weliswaar 20 ten honderd van die oorwins, maar ook hierdie klein aandeel in die wins kon nouliks, volgens sy mening, die saak ri staatsmonopolie maak. — (Groenboek No. 7, 1899, bl. 7). Op 15 November 1898 is in die Volksraad ri versoekskrif van die kamer van mynwese behandel om die monopohe te vernietig. Sover het die nie gekom nie, maar in die begin van 1899 was die regering voornemens om die monopohe vir vyftien jaar te verleng, die prys van dinamiet met 5 s. die kis te verlaag en die kontrak te wysig. Selfs na hierdie wysiging, sê Chamberlain, sou die maatskappy van 25 s. tot 30 s. die kis te veel vra. 266 Bemoeiing van Chamberlain. Dit sou vir die mynnywerheid 'n jaarlikse verhes van £ 250,000 tot £ 300,000 besorg en wanneer die verbruik in dieselfde mate toeneem as in die laaste vier jaar, sou teen die end van die vyf tien jaar die jaarlikse verlies op dinamiet vir die mynnywerheid te staan kom op £ 678,500 tot £ 825,000. Met die oog op die genoemde voorstel van die regering voel die Britse regering, verseker Chamberlain, dat hulle nie langer mag uitstel om hulle standpunt aan die Republikeinse owerheid mee te deel en verset aan te teken, nie alleen teen die' verlenging van die monopohe, wat hulle onverenigbaar met die Verdrag van Londen ag nie, maar teen verdere uitstel van stappe te doen om die konsessie te vernietig of sodanig te hervorm, dat dit in goeie trou vir die voordeel van die staat uitgeoefen word. Indien die regering van die SuidAfrikaanse Republiek volhard in die voorstel om die tydsduur van die monopolie te verleng, moes hulle duidelik verstaan, dat die Britse regering vir huileself die reg voorbehou om die verset te hervat, nieteenstaande die bestaan van sodanige verlenging en dat die Britse regering nie geag moes word as in watter sin ook die wettigheid van die oorspronklike konsessie of die verlenging daarvan te erken nie. — (Groenboek No. 7, 1899, bl. 8). Reeds op 18 Julie 1897 het Dr. Leyds uit Den Haag die Waarnemende Staatsekretaris laat weet, dat die regsgeleerde raadsmanne van die Britse Kroon besig was met die bestudering van die vraag of die reëling wat deur die regering met die dinamietmaatskappy omtrent die invoer van deurtrokke „guhr" getref is en die bewerking daarvan deur die maatskappy, solank die fabrieke nog nie klaar was nie, gronde bevat het vir klagtes van Britse kant. Na aanleiding hiervan het Dr. Leyds verwag, dat die regering binnekort oor hierdie saak 'n aanval van die heer Chamberlain kon tegemoet sien. Die maatreëls deur die regering getref in verband met die Britse Besware. 267 verlaging van die prys van dinamiet het die verwagte aanval uit Londen vertraag, maar in Januarie 1899 het dit tog voor die dag gekom, soos reeds hierbo geblyk het. Vir die heer Chamberlain het dit onmoontlik geskyn om daaraan te twyfel, dat die monopohe in stryd was met Art. 14 van die Verdrag van Londen, siende die voordele wat partikuhere behaal het uit die staatsmonopolie. Hy ag dit geen monopohe vir die voordeel van die staat in algemene sin nie en meen, dat dit nie die staatsdoel, om die Republiek van buitelandse bronne afhanklik te maak. bevorder het nie. terwyl geldelik die gevolg vir die staat 'n verhes was wat in honderdduisende ponde beloop het. Die Britse regering het egter nie dadelik hulle sienswyse bekend gemaak nie, sê die heer Chamberlain, omdat in April 1897 weer ri kommissie deur die Republiek benoem is om ondersoek te doen na alles wat die ontwikkeling van die mynnywerheid belemmer het Die Britse regering was daarvan oortuig, dat ri bekwame kommissie nie sou nalaat om die misbruike van die monopoliestelsel te veroordeel nie en het die verwagting gekoester, dat die regering van die Republiek op die aanbevehrigs van die kommissie in verband met dié misbruike sou handel. — _ (Groenboek No. 7, 1899, bl. 3). In dieselfde brief het Chamberlain erken, dat die instel van die monopolie ten gunste van die staat nie noodsaaklik onverenigbaar was met die Verdrag van Londen, selfs wanneer deur ri konsessionaris uitgeoefen nie, mits die konsessie bedoel is om in goeie trou tot voordeel van die staat in die algemeen te strek en nie eenvoudig ten bate van die konsessionaris nie. — (Groenboek No. 7, bl. 3). Uitgaande van hierdie erkenning merk Staatsekretaris Reitz in sy antwoord van 9 Maart 1899 op, dat daar geen gronde aangegee is vir die wyse, waarop die Britse regering tot die slotsom gekom het, dat die konsessie slegs ten voordele van 268 Staatsbelang van Algemene Aard. die kontraktant was en dus in stryd met die Verdrag van Londen nie. Hierdie slotsom was vir die Republiek nie duidelik en nie in ooreenstemming met die raad deur hulle verkry nie. Nóg die kontrak vir die vervaardiging van ontplofbare stowwe nóg die wyse, waarop dit uitgevoer is, was volgens ingewonne regsgeleerde raad in stryd met die verdrag.1) Die gees eh strekking van artiekel 14 wys duidelik in dié rigting, dat vreemdelinge in die Republiek dieselfde handelsregte en laste sou geniet en dra as burgers. Dit was onder die monopohe die geval. Solank die vervaardiging van ontplofbare stowwe in goeie trou as sulks geskied het, het die Republiek geheel binne sy regte gehandel en het hyself uitsluitend die reg gehad om te bepaal op watter voorwaardes dit sou plaasvind. Alleen die Republiek kon en moes beoordeel wat die beste was vir homself en by die beoordeling daarvan moes hy nie alleen geldelike oorwegings in aanmerking neem nie, maar alle omstandighede wat vir die land van belang was. By die Volksraad en die regering het ander oorwegings van staatsbelang dan enkel geldelike voordeel in aanmerking gekom. Buitendien het die geldelike voordele van die staat nie ongunstig afgesteek by dié van die kontraktant nie. Dit was die regering nie duidelik hoe die geskenk van 5 s. die kis aan die mynnywerheid die staatsmonopolie minder een van goeie trou gemaak het nie. Dit was tog seker geskied ten voordele van die staat in die algemeen en, al sou die regering van al sy inkomste uit die monopolie ri geskenk wil maak aan die mynnywerheid, dan sou niemand hom daarvoor ri verwyt kon maak of beweer, dat dit daardeur ophou om ri staatsmonopolie in goeie trou te wees nie. Afgesien van die vraag of die heer Chamberlain die kommissieverslae altyd goed begryp het en of die verslae nie ') Sien Bylae G. Monopolie Gehandhaaf. 269 soms die uitvloeisel was van verkeerde en onvolledige inligtings nie, was dit, redeneer die Staatsekeretaris, seker gevaarlik om onvoorwaardelik op die verslae te vertrou. Bowendien het die verslae toestande behandel van vroeër. Die voorgestelde hervorming van die kontrak sou ri inbreuk wees op bestaande en, gevestigde regte en dus dadelik bestem om ri nadelige invloed uit te oefen op die goeie naam en welvaart van die Republiek. Die Britse regering was nie, besluit die heer Reitz, geregtig op die gemaakte besware nie. — (Groenboek No. 7, 1899, bl. 9, 10). Chamberlain het hierop die Transvaal laat weet, dat hy sy verset handhaaf en sy regte in die saak voorbehou, en kry ten antwoord ri eenvoudige herhaling van die standpunt van die Transvaalse regering, dat Engeland geen reg van verset in die saak gehad het nie. — (Groenboek No. 7, 1899, bl. 14). Die uitbreek van die oorlog enige maande later het ook aan hierdie gedagtewisseling ri einde gemaak, dog die staatsmonopolie in dinamiet het een van die beweerde aanleidings gebly tot die oorlog wat, soos voorgewend, ten bate van die Uitlanders gevoer is. Dit lyk of die konsessie ook onder ri groot aantal Tranvaalse burgers ontevredenheid teweeg gebring het. Sterke aandrang is van verskeie kante op die regering uitgeoefen om dit op te hef, maar die regsgeleerde raadsman van die regering, Staatsprokureur Smuts, het in ooreenstemming met die bevinding van ri gekose komitee die vernietiging van die monopolie as onwenslik bestry met die oog op die skade wat kon aangerig word by die aantasting van gevestigde regte. Hy sou dit miskien moeilik lang kon teëhou. Maar sonder om dit te meen het die Britse regering die Transvaalse te hulp gekom in die redding van die konsessie, want om tot opheffing oor te gaan as gevolg van Britse bemoeiing, het alle burgers beslis en met verontwaardiging veroordeel en 270 Nobel en De Beers. teëgestaan. Die gevolg was, dat die kontrak in Augustus 1899 hernuwe is met enige wysigings, — (Cd. 623, bl. 82 e.v.). Die myne het ongetwyfeld 'n hoë prys vir dinamiet betaal en die maatskappy het 'n mooi wins gemaak, maar afgesien van regeringsteun sou die Nobel-Trust baie sterk gestaan het teenoor die mynbase. Die mededingers van Nobel in dinamietvervaardiging was betreklik klein sakies en die Transvaal, wat seker digby die helfte van die wêreldopbrengs in dinamiet verbruik het, kon in sy behoeftes nie sonder vertraging uit ander bronne voorsien nie. Dit sou jare geneem het vir ander fabrieke om hulle opbrengs tot die nodige mate op te voer of vir die mynmaatskappye om self in hulle behoefte te voorsien. Dit was seker 'n belangwekkende vraag in hoever die ekonomiese monopohe van Nobel sonder staatsbeskerming kon bly staan het, maar dit was in geen geval seker, dat die myne so maklik daarvan kon ontslae raak, as hulle veronderstel het nie, is die juiste opmerking van Hobson. — (bl. 93). Buitendien was daar rede om te glo, dat die mynnywerheid geen voordeel sou behaal het uit die opheffing van die monopolie nie, maar dat 'n ring sou gevorm geword het om die dinamiet te beheer en pryse te vra wat nie veel laer sou gewees het dan dié wat in swang was nie. Die De Beersmaatskappy het reeds 'n plan agtermekaar gehad vir die oprigting van 'n dinamietfabriek wat hulle sou in staat stel om die ineensmelting te bevorder wat plaasgevind het deur die nouere samewerking van Wernher, Beit & Co. en die Consolidated Goldfields. Met die dinamiethandel in hulle mag, sou De Beers een stap verder gedoen het in die rigting van in Johannesburg dié oorheersing tot stand te bring wat hulle al so lang in Kimberley geniet het: om teenstribbelende mededingers uit te stoot of hulle te dwing om huileself te onderwerp aan voorwaardes deur „hoër hand" voorgeskrewe. — (Hobson, bl. 93). Voordelige Sake. 271 Dat die hoë prys van dinamiet beskou moes word as 'n ondraaglike las vir die mynnywerheid, kan nie as vasstaande aanvaar word nie. In sy getuienis voor die Industriële Kommissie en ook weer in sy boek The Transvaal from Within het Fitzpatrick erken, dat die Kamer van Mynwese in 1893 bereid was om 'n ooreenkoms vir nie korter nie dan sestien jaar met Nobel aan te gaan vir die lewering van dinamiet teen 90 s. die kis. — (Hobson, bl. 94). In 1898 egter is die prys van hierdie soort dinamiet op 75 s. g eb ring en in 1899 is ri aanbod gedoen (wat nie aanneemlik was vir die mynbase en die Britse regering nie) om dinamiet aan die myne te lewer teen 70 s. — (Gedenkschriften, bl. 224). Daar is egter geen twyfel aan, dat die Suid-Afrikaanse Maatskappy vir Ontplofbare Stowwe uitstekende goeie sake gedaan het nie. Van af 18 Junie 1894 tot 30 September 1899 het dit fabrieke gekoop en gebou teen ri koste van £ 282.000. Dit het reserwes opgehoop tot ri bedrag van £ 320.000 en onverdeelde winste van £ 506.418. Teenoor ri gestorte kapitaal van £ 423,000 en ri skuldelas van £ 180.000 het dit eiendom besit ter waarde van £ 1,630,000. Die aandeelhouers het aan diwidende en besparings, by die kapitaal gevoeg, tesame £ 1,321,000 ontvang, terwyl aan die regering £ 264,000 uitgekeer is. — (Cd. 623, bl. 69). Met die handhawing van die dinamietmonopohe deur die regering het seker nie alles gegaan soos wenslik was nie. Die maatskappy het beslis goeie sakemanne en slim geldbase onder sy bestuurders getel en in sy onderhandelings met die regering die voordeel aan sy kant weet te kry, maar van opsetlike misbruike was hoegenaamd geen sprake nie. Selfs die aanval van Chamberlain kan iemand daarvan nie oortuig nie. Hierdie monopohe was maar een van die stokke wat die Randse kapitaliste gebruik het om die regering mee te slaan uit naywer op die voordele wat die maatskappy behaal 272 Regverdiging van Monopolie. het en uit ontevredenheid oor hulle mislukking om die beheer van die dinamiethandel in hande te kry. Hulle wou ekonomies sowel as politiek geheel baas wees oor Transvaal. In belang van die staat was dit seker nie, om hulle hulle sin te gee nie. Dit was beshs noodsaaklik vir die Republiek om in sy ekonomiese ontwikkeling ook ander belanghebbendes te hê as teëwig teen die mynmagnate. Die Engelse, of tenminste Engelsgesinde, oorheersing was reeds te sterk en moes in sy voortgang beperk word, as die Republiek sy onafhanklikheid wou handhaaf. Dit was 't wat die Staatsekretaris bedoel het met die verwysing na ander oorwegings van staatsbelang dan enkel geldelike wat by die owerheid aangaande die dinamietsaak in aanmerking moes geneem word. Die enigste sterk ekonomiese bondgenote wat die regering teen die myne gehad het, was die Nederlandse spoorkonsessie en die dinamietmonopolie. Om ook dié aan die genade van die Johannesburgse kapitaliste oor te gee, sou niks minder gewees het nie dan selfmoord van die Republiek. Om sake van so groot belang vir die veiligheid van die staat as die spoorweë en die vervaardiging van ontploffingstowwe in beheer van jou vyande te gee, is, ten alle tyde om die minste daarvan te sê, onverantwoordelik. Die gebruik wat hulle daarvan in Transvaal sou maak, het met die Jameson-Inval duidelik genoeg geblyk. President Krüger het dan ook tereg in die eerste plaas die oog gehad op die aanmaak van skietgoed, waarmee die maatskappy in die laaste oorlog teen Engeland voortgegaan het in belang van die landsverdediging. Daarby het gekom die hartstogtelike wens van die President om nywerhede in die Transvaal self te hê. HOOFSTUK XVII. BESONDERE WETGEWING OP ASIATE. Die onderwerp in hierdie hoofstuk behandel staan in die eerste plaas in verband met uiters belangwekkende regskundige vrae. Onder andere kom aan die orde die uitleg van Art. 14 van die Verdrag van Londen, die toestemming van die Britse regering in 'n wysiging van dié verdrag (waarvan ongelukkig deur die Republiek geen gebruik gemaak is nie) en die onderwerping van ri regskundige geskil tussen Brittanje en die Suid-Afrikaanse Republiek aan ri skeidsgereg, wat later in beginsel deur Chamberlain geweier is. Hierdie punte alleen al maak ri duidelike uiteensetting, van die saak nodig. Dit is in die twede plaas ri onderwerp van groot maatskaplike betekenis. Die verskillende dele van die Europese bevolking van die Transvaal het hieroor dan ook nie met mekaar in stryd verkeer nie, maar was geheel eens van sin. Selfs die Engelse inwoners van die Republiek het aan die kant van die Transvaalse owerheid gestaan teen die houding van die Britse regering in, omdat hulle dit besef het as ri stryd om die bestaan van die blanke ras in ri land, waar die Oosterlinge as ongewenste en gevaarlike indringers moes beskou word. In alle Europese volkplantings in vreemde wêrelddele, waar die inwoners van Asië nie inheems is nie, maar in grote getalle na toe uitwyk, is die houding van die blanke bevolking en die regering teenoor die Oosterlinge ri vraagstuk van die grootste belang. Vir Suid-Afrika wat reeds byna tien keer 18 274 Grondwet en Londense Verdrag. soveel swarte inboorlinge as blanke inwoners bevat, is bierdie vraagstuk ingewikkelder dan vir watter ander jonge staat ook en ver van ri oplossing te nader, neem die moeilikbede by die dag in omvang en erns toe. Derhalwe is ook weens die brandendheid van die vraagstuk in die algemeen en die grote belangstelling wat dit by voortduring in Suid-Afrika toekom, ri breedvoerige behandeling van die leersame Asiate-ppbtiek van die Suid-Afrikaanse Republiek nie alleen geregverdig nie, maar selfs gebode. Dit was eers na die herstel van die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Republiek by die Verdrag van Londen, 1884, dat ook Oosterlinge in groot getalle Transvaal binnegestroom en in meer dan een opsig gevaar vir die blanke beskawing opgelewer het Besondere wetgewing sou nodig wees om dié gevaar te verminder. Dit kon ingevoer word in ooreenstemming met die gees en die letter van die Grondwet wat in Art IX neerlê: „Het volk wil geene gehjkstelling van gekleurden met blanke ingezetenen toestaan". Wat egter wel besondere wetsvoorsiening teen die Asiatiese gevaar in die weg gestaan het, was die bewoording van Art 14 van die Londense Verdrag, waarin bepaal is, dat „Alle personen, geen inboorlingen zijnde", wat hulleself aan die wette van die Republiek onderwerp, volkome vryheid sou hê om te woon in elke deel van die Republiek, om daar vaste eiendomme te huur of te besit en om handel te drywe in persoon of deur verteenwoordigers. Hulle sou ook nie onderhewig mag gemaak word, wat hulle persoon of eiendom betref, aan belastings, algemene of plaaslike, wat nie tewens aan die burgers van die Republiek opgelê is of sou word nie. Nou het die vraag gerys of Asiate die ruime regte van „Alle persone" deelagtig sou wees, dan wel of hulle by die „inboorlinge" kon ingedeel word as „gekleurdes" kragtens Art IX van die Grondwet of op andere wyse verskillend van die Verset teen Oosterlinge. 275 blanke behandel kon word en nie op volledige gelykstelling aanspraak kon maak nie. Reeds in 1884, die jaar van die Londense Verdrag, is in Transvaal onder die blanke bevolking ri beweging ontstaan om die dreigende instroming van Asiate te beperk. Aan die Volksraad is verskeie versoekskrifte daaromtrent gerig. Die opstellers van hierdie stukke was van mening, dat by die ontwerp van die Londense Verdrag slegs aan die eintlike toestand in Suid-Afrika gedink is, wat die onderskeid tussen die blanke en die gekleurdes betref. Die vraagstuk van die instroming van Asiate in Transvaal is geheel buite aanmerking gelaat. Dit kon onmoontlik die bedoeling gewees het om Oosterse Koehes1) in alle opsigte gelyk te stel met blanke en te bevoorreg bo Afrikaanse inboorhrige wat in menige geval beter opgevoed en meer beskaafd was. As dit die bedoeling was om alleen Afrikaanse inboorhrige gelykstelling met blanke te ontseg, dan sou ook Austrabese en ander inboorhrige, by verhuising na Suid-Afrika toe, bo die eie inhoorlinge bevoorreg moet word. Die ongerymdheid van so ri toestand was duidelik. Een van die versoekskrifte het daarop gewys, dat na ri uitgebreide en noukeurige ondersoek wat gegrond was op die ervaring en die optree van wetgewende liggame in ander lande, die stelsel, waaronder Arabiere en Koelies toegelaat is om hulleself in enige deel van die dorpe van die Republiek en veral in die vernaamste strate te vestig, moes verbied word in belang van die inwoners van die staat. In die huise van hierdie Arabiere en Koelies is gesondheidsmaatreêls uitermate verwaarloos. Hulle wyse van lewe was walglik. Deur die AraDiere en Koehes toe te laat om te midde van die blanke bevolking te woon, word die ontwikkeling en verspreiding van *) In Suid-Afrika beteken die woord koelie nie eenvoudig kruier nie, maar is dit in besonder 'n aanduiding vir die inwoners van Voor-Indië. 276 Bepaalde Woonwyke. besmetlike siektcs versnel. Deur afsondering van die Arabiere en Koelies in aparte stadswyke word die bestryding en die beperking van die siektes vergemaklik. — (Groenboek No. 1 van 1899, bl. 25, 26.) ri Aantel Arabiese koopliede het egter ook ri versoekskrif aan die Volksraad gerig en die aandag gevestig op die verskil tussen hulle en die Koelies, Sjinese en andere Oosterlinge van mindere stand. Hulle smeek die Volksraad om, wat hulle betref, geen gevolg te gee aan die versoeke van die blanke nie. In verband met hierdie vraagstuk het die regering die raad gevra van Staatsprokureur Leyds, wat van oordeel was, dat die regering nie wetgewing van die begeerde aard kon invoer sonder in stryd te handel met die Verdrag van Londen nie. Op 6 Januarie 1885 stuur die Staatsekretaris hierdie versoekskrifte op na die Britse regering met die mededeling, dat die Volksraad geneë was om aan die wense van die blanke bevolking, geheel of gedeeltelik, tegemoet te kom deur by voorbeeld aan genoemde vreemde Oosterlinge afgebakende lokasies of wyke vir bewoning aan te wys. Aan die Britse regering word die vraag gestel of hulle meen, dat dit vir Transvaal onder die Verdrag van Londen vrystaan om ten aansien van bedoelde gekleurde persone sulke reëlings te maak as die Republiek voorkom in belang van die blanke inwoners te wees, )(Cn 2oo neen, of Harer Majesteits Gouvernement door zijn toestemming deze Regeering machtigen wil om geheel of gedeeltelijk tegemoet te komen aan de wenschen der memoriahsten van Europeesche afkomst". — (Groenboek No. 1, 1894, bl. 21). By die opstuur van hierdie brief en stukke aan die Britse regering wys die Hoë Kommissaris, Sir Hercules Robinson, op die gelykluidendheid van Art. 14 van die Verdrag van Londen met Art. 26 van dié van Pretoria. Laasgenoemde artiekel het oorspronklik aangevang met „De onderdanen van Hare 'n Britse Toestemming. 277 Majesteit ", maar Lord Kimberley het dit laat wysig in „Alle personen In verband hiermee merk Sir Hercules toe op: „Daar dit ongetwyfeld nie die bedoeling van Lord Kimberley was om die Transvaalse regering te verbied om, so nodig, besondere wetgewing aan te neem vir die reëling van Indiese en Sjinese Koelie-landverhuisers nie, sou ek geneë wees om aan te beveel, dat aan die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek meegedeel word, dat Haar Majesteit se regering gewillig sal wees om Art. 14 van die Verdrag te wysig deur invoeging van die woorde .Afrikaanse inboorhrige of Indiese of Sjinese Koelielandverhuisers' Die aldus gewysigde artiekel", het Sir Hercules Robinson bygevoeg, „sou die paar Arabiese handelaars wat tans in Pretoria is, die reg doen behou op die vryhede by die bestaande artiekel verseker aan ,AUe personen, geen inboorlingen zijnde', en ek sien geen voldoende gronde om hulle van hulle regte te beroof nie". — (Groenboek No. 1, 1894, bl. 27.) In verband met hierdie sinsnede het die vraag opgekom of Sir Hercules Robinson die regte onder Art. 14 opgesom alleen wou gehandhaaf sien ten opsigte van die Arabiere wat reeds in Pretoria woonagtig was of wel ook van alle Arabiere wat nog die land of Pretoria mag binnetrek. Die Transvaalse regering het uitdruklik in die betrokke wet bepaal, dat dit nie van terugwerkende krag sou wees nie. Die Arabiere wat reeds in Pretoria gewoon het, was derhalwe van sy bepalings uitgesluit. Sir Hercules egter wou alle Arabiere met blanke gelyk laat stel, soos later sal blyk. Lord Derby het in Maart 1885 hierop aan die Hoë Kommissaris geantwoord: „Ek het u wenk met betrekking tot die wysiging van die verdrag sorgvuldig in oorweging geneem en as U Van mening is, dat dit verkieslik en meer bevredigend vir die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek sou wees 278 Wet No. 3 van 1885. om op te tree as U voorstel, sal Haar Majesteits regering gewillig wees om die verdrag te wysig soos U aan die hand gee. Dit skyn egter om oorweging te verdien of dit nie juister vir die Volksraad sou wees nie om in die voorgestelde sin wetgewing in te voer, treke van Suid-Afrika bewoon het en waarmee die Hollanders eerste in aanraking gekom het. In teenstelling met die Kaffers wat swart is, word die Kaapse kleurlinge in die omgang genoem „bruinmense". Hulle het geen eie taal en beskawing meer nie, daar hulle dié van die Europeane aangeneem het en wel in hoofsaak van die Dietssprekende bevolking. Vertoog van Britse Agent. 299 weens andere en veel grotere sorge, teen die middel van 1897 nog nie gekom nie. Op 12 Julie van hierdie jaar het die Britse Agent in Pretoria daar aanleiding toe gesien om aan die regering ri vriendskaplike versoek te rig ten behoewe van die Kaapse kleurlinge. Hierdie versoek was. by wyse van uitsondering, nie gegrond op die Verdrag van Londen nie, maar slegs op die reg, word daarin gesê, wat die een beskaafde land het om homself tot die ander te wend met betrekking tot harde behandeling van sy onderdane. Hierdie behandeling was geleë in die toepassing van die Paswet, wat oorspronklik gemaak was om die kafferarbeid in die myne te reël, ook op die kleurlinge wat meestal werk verrig het as handwerksmense, koetsiers, diensbodes en dergelike. Die Staatspresident en die Superintendent van Naturelle, erken die Britse berig, is self van oordeel gewees, dat die Paswet nie op die kleurlinge moes toegepas word nie. Ook het die Staatsekretaris in Oktober 1896 aan die Britse Agent die versekering gegee, dat wysiging ten gunste van die Kaapse kleurlinge by die regering in oorweging was. Bowendien is versoeke van die kleurlinge self van tyd tot tyd deur die President in welwillende gees behandel. Die Kaapse kleurlinge was as klas matig, hardwerkend en aan die wet gehoorsaam, lui die mededeling, en kon in geen geval met die baar Kaffer wat in die myne werk, vergelyk word nie. Hulle het dan ook slegs onder die Paswet geval, omdat hulle toevallig in Johannesburg gewoon het. Die wet is in Pretoria nie uitgevoer nie. Die Britse regering versoek derhalwe die Republikeinse owerheid om stappe te doen om die volgende drie ongeriewe, waaraan die Kaapse kleurlinge onder Paswet bloot gestaan het, uit die weg te ruim. Dit was:— 1. Die verpligting om ri koperplaat om die arm te dra. 300 Ongeriewe van die Paswet. Dit was vernederend en het hulle verlaag tot die stand van die gewone Kaffers. 2. Die verpligting om 'n baas te hê. 'n Man kon nie altyd werk en 'n baas hê nie. Tog was hy onderhewig aan straf, indien hy vir langer tyd dan deur die wet bepaal buite werk en gevolglik sonder baas was. Aan die ander kant was 'n persoon wat aan 'n Kaapse kleurling 'n bewys gegee het, dat hy sy baas was, sonder om dit werklik te wees, self onderhewig aan boete. Dit was ri onmoontlike houding. 3. Die verpligting om 'n reispas uit te neem. Dit was nodig as hy Johannesburg selfs maar vir korte tyd verlaat. Die kleurling moes sy koperarmband vóór sy vertrek by die amptenaar af gee en sy reispas ontvang. By terugkeer moes hy die reispas terugbesorg. In verband hiermee is gelde gehef. Dit alles het veel verlies aan tyd en geld veroorsaak, gaan die mededeling voort. Dit kon nie anders nie dan mense wat die gewone beroepe uitoefen, in die verrigting van hulle werksaamhede bemoeilik. Die Britse regering beweer tallose klagtes te ontvang het oor harde behandeling en afpersing, waaraan Kaapse kleurlinge bloot gestaan het. Sware boetes het vele van hulle geheel ten onder laat gaan. Tenslotte was die Britse regering gewillig om, indien die Republiek die genoemde ongeriewe wou ophef, elke billike plan van belasting wat die Republiek nodig mag ag vir die verkryging van inkomste, te ondersteun. — (Groenboek No. 8, 1899, bl. 1 en 2). Dat die wetsbepalings egter nie so streng en onbuigsaam was as van Britse kant beweer is nie, blyk uit die uitspraak wat kort daarop, 5 Augustus 1897, gedaan is deur die Waarnemende Derde Landdros vir Kriminele Sake in Johannesburg, die heer C. Broeksma. Die feite was die volgende. Sekere P. Daniels, ri Kaapse kleurling, is in hegtenis Gevolge van 'n Regterlike Uitspraak. 301 geneem, omdat hy sonder pas was. Dit blyk in die Hof, dat hy reeds nege jaar in Johannesburg woonagtig was en daar die beroep van kleermaker uitgeoefen het. Die bevinding van die Landdros was, dat die aanvullende bestuursmaatreëls van die Johannesburgse Gesondheidskomitee (stadsbestuur), No. 385 van 8 November 1893, deur die Paswet nie aangetas is nie. Inteendeel, hy oordeel, dat hierdie bestuursmaatreëls nog ten volle geld. „Het is mij duidelijk volgens Artt 1 en 15 dier regulaties", verklaar landdros Broeksma, „dat beschuldigde niet onder de Paswet valt, want het werd duidelijk aan het Hof bewezen, dat beschuldigde niet alleen een zelfstandige persoon is, maar dat hij het beroep of ambacht van kleermaker uitoefent". — (Groenboek No. 9, 1899, bl. 6). Op hierdie gronde is Daniels van regsvervolging ontslaan. Na aanleiding hiervan het die regering op 12 Augustus by 'n volksraadsbesluit verduideliking in die Paswet laat aanbring. ri Paar dae later, 16 Augustus naamlik, laat die Britse agent weer van hom hoor en kom hy voor die dag met ri verklaring. Dit het ingehou, dat uit bowegenoemde regspraak geblyk het, dat alle Kaapse kleurlinge wat ri lange tyd terug vir die oortreding van die Paswet in hegtenis geneem en beboet is, sulks onwettiglik ondergaan het. Hy het ook klagtes ontvang oor die buitensporige boetes en strawwe wat in vele gevalle opgelê is, dog wat nie kon gevind word in die artiekels van die wet, waaronder, indien van toepassing, hierdie persone beboet en gestraf is nie. Al hierdie gevalle, beweer die Britse Agent, het eise vir skadevergoeding laat ontstaan ten gunste van die slagoffers van hierdie onwettige handelings. Maar met die oog op die omstandigheid, dat die regering van die Republiek by besluit van die Eerste Volksraad op 12 Augustus in die Paswet sekere wysigings met betrekking tot kleurlinge gemaak het, was die Britse regering geneë om 302 Britse Eise. alle kleurlinge wat Britse onderdane was en onder die Paswet onregverdig behandel is, aan te raai om die instelling van eise tot skadeloosstelling na te laat, indien die Republiek ri skriftelike versekering kon gee, dat:— 1) Alle Kaapse kleurlinge wat Britse onderdane was en hulleself in die gevangenis bevind het vir oortreding van die Paswet, onmiddellik sou vrygelaat word. 2) Alle boetes in verband met die beweerde oortreding van die wet deur hierdie mense betaal, dadelik sou teruggegee word. 3) In die toekoms alle Kaapse kleurlinge wat Britse onderdane en gewilhg was om £ 3 te betaal, as by die wet vasgestel onder nuwe maatreëls van bestuur teneinde vrygestel te word van die voorskrifte van die Paswet, daarop geregtig sou wees om sulks te doen en sodanige vrystelling sou verkry by betaling van genoemde bedrag, terwyl diegene wat daar die voorkeur aan gee om die koperband te dra en 24 s. te betaal, sou toegestaan word om sulks te doen. — (Groenboek No. 8, 1899, bl. 3, 4). Die Transvaalse regering het egter tot die oortuiging gekom, dat kleurlinge wat onder die Paswet gestraf en beboet is, dié behandeling nie onwettiglik ondergaan het nie. Die betekenis van die aangehaalde uitspraak van die landdros was nie wat die Britse Agent beweer het nie. Die uitspraak sou by verdere toepassing beperk word tot kleurlinge wat selfstandige persone was en ri beroep uitoefen. Die aangehaalde volksraadsbesluit het slegs enige verdere uitsonderings gemaak met betrekking tot sekere klasse van persone, geheel en al afgesien van die vraag van nasionaliteit, en het slegs ri verduidelikte lesing bevat van die twede gedeelte van Art. 32 van die Paswet. Persone wat vroeër mag gevonnis wees, het geen appél teen hulle vonnis aangeteken nie. Hulle het ook geen grond vir Versagte Maatreëls. 303 eise tot skadeloosstelling gehad nie, maar indien hulle wel onder dié indruk verkeer, staan dit hulle vry om hulleself daarvoor te wend tot die geregshowe van die land. Tog het die regering, ook na aanleiding van aanbevelings van dié Staatsprokureur, die billikheid daarvan oorweeg en 'n besluit daartoe geneem om alle kleurlinge of naturelle wat val onder die regsgebied van die Johannesburgse stadsbestuur en weens die betrokke oortreding gestraf is, van die straf hulle opgelê te onslaan of die boete deur hulle betaal terug te gee, indien hulle die nodige bewyse voorlê, dat hulle selfstandige persone was en 'n beroep of ambag uitoefen. — (Groenboek No. 8, 1899, bl. 4, 5). In hierdie sin is dan ook werklik deur die Uitvoerende Raad 'n besluit geneem en die doen opvolg, blykens ri mededeling aan Landdros van den Berg van Johannesburg. Daar die bepalings, deur die Eerste Volksraad tot nadere voorsiening in die lewe geroep, ri fakultatiewe en geen imperatiewe strekking gehad het wat die voorwaardes betref, waaronder die betrokke naturelle £ 3 kon betaal nie, sou dit aan diegene wat sulks verkies, vrystaan om van dié bepalings gebruik te maak of nie. As hulle dit nie verkies nie, bly hulle onder die wette of bepalings wat reeds bestaan het of nog sou gemaak word. Die regering het ook gesorg, dat die aanduiding van ri ambag, beroep of bedryf so vrysinnig moontlik sou toegepas word. Wanneer persone meen om klagtes te hê oor die toepassing van die gemaakte bepalings, dan het die howe van die land vir hulle oopgestaan. — (Groenboek No. 8, 1899, bl. 5). Die regering het werklik geen begeerte gehad om die kleurlinge en naturelle onreg te laat ly of onnodige vernedering te doen ondergaan nie en op 9 November 1897 is aan die pasuitdelers die volgende aanwysings deur Dr. Leyds verstrek. 304 Vrystellings onder Paswet. Vrystelling van die voorskrifte van die Paswet, soos deur die Volksraad bepaal, moes sonder beswaar uitgerejk word aan al die naturelle en kleurlinge wat daartoe aanvraag doen op grond daarvan, dat hulle ri hoëre graad van beskawing bereik het of ri ambag, beroep of bedryf uitoefen. Die regering het verstaan dat iedere naturel wat deur arbeid in eie onderhoud voorsien, geregtig was op die ontvang van 'n bewys, terwyl die verklaring van ri naturel, dat hy een of ander bedryf, ambag of beroep uitoefen, deur die pasuitdeler behoort aangeneem te word, aangesien die weigering tot uitreiking van ri bewys aan enige naturel wat daarop aanspraak meen te kan maak, beswaarlik deur die Hof te regverdig sou wees. Indien egter gevalle hulleself aan die pasuitdeler mag voordoen, waarin hy dit wenslik geag het en tewens bestaanbaar met die bepalings van genoemde besluit, was dit aan sy oordeel oorgelaat om ri bewys te weier. Hy moes dergelike gevalle dadelik aan die Uitvoerende Raad meld en doen vergesel gaan Van sy uitvoerige toeligtings en opmerkings. Wat betref die vrystelling, aan naturelle- en kleurlingpredikante en skoolonderwysers verleen van die uitneem van ri bewys met £ 3 aan seëls, dog in die plek daarvan slegs ri bewys met 10/- aan seëls deur hulle kon versoek word, moes behoorlike voorlegging van ri skriftelike verklaring geëis word wat onderteken is deür een of ander blanke predikant van een van die erkende kerkgenootskappe en wat bewys, dat die aanvraer uitsluitend as naturelle- of kleurlingpredikant of onderwyser werksaam was en geen ambag of bedryf uitoefen of loonarbeid verrig nie. Naturelle en kleurlinge wat buite en behalwe die amp van predikant of onderwyser, ri ander beroep, ambag of bedryf uitoefen, moes ri bewys met ri waarde van £ 3 aan seëls uitneem. — (Groenboek No. 8, 1899, bl. 7). Beweerde Mishandeling. 305 Op 29 Oktober 1898 het ri aantal pasbeamptes en poliesiedienaars onder leiding van veldkornet Lombaard ri aantal kleurlinge aangehou en sommige in hegtenis geneem weens die versuün om ri pas te dra. ri Maand later het lede van die South African League, die Uitlandergenootskap wat daarop uit was om die regering alle moontlike moeilikhede in die weg te lê, van hierdie mense beëdigde verklarings gaan afneem en dié aan die Britse Agent oorhandig. Hy het dit op sy beurt aan die regering besorg as bewys van hoe die kleurlinge mishandel word. Die regering het dadelik ri kommissie van drie benoem om die saak grondig te ondersoek. Van die betrokke persone is getuienis afgeneem en op 30 Desember kon die kommissie aan die regering verslag doen. DK het geblyk, dat daar onder kleurlinge van gemengde ras, afkomstig uit die Kaapkolonie en Natal, ri groot teësin bestaan het om hulleself aan die bepalings van die Paswet te onderwerp. Baie van hierdie kleurlinge was oordag werksaam in die myne en ander werkplase, sodat dit onmoontlik was vir die arbeidsinspekteurs om gedurende die dag uit te vind of hulle die bepalings van die Paswet nakom. Daarom het ri aantal arbeidsinspekteurs die hulp ingeroep van veldkornet Lombaard en twaalf dienders om op ri Saterdagaand uit te vind of die kleurlinge van passé en kenmerke voorsien was. Die kommissie het tot die oortuiging gekom, dat daar onreëlmatighede plaasgevind het, deurdat die kleurlinge in die ure wat bestem was vir hulle nagrus, uit hulle huise gehaal, ondersoek en in hegtenis geneem is sonder wettige lasbrief. — (Groenboek No. 8, 1899, bl. 15). Die arbeidsinspekteurs was dus ri bietje te ywerig in die vervulling van hulle plig van toesig op die nakoming van die paswetbepalings deur die kleurlinge. Die regering het nie versuim om sy sterke afkeuring te 20 306 Beskuldigings van Milner. kenne te gee oor die wyse van optree van die veldkornet en die pasbeamptes nie en het belowe, dat hulle 'n gepaste straf sou ontvang, indien die verslag van die openbare vervolger hulle ewe swaar sou beskuldig as die mededelings van die beëdigde verklarings. — (Groenboek No. 8, 1899, bl. 25). In Maart 1899 vat Sir Alfred Milner weer die saak op en beweer, dat die genoemde gevalle van hardhandige behandeling van die kleurlinge nie alleen staan nie. 'n Bedreiging tot üitsetting, sê hy, is voortdurend oor die hoofde van hierdie mense gehou en die uitvoering daarvan is slegs voorkom, as hulle daarin slaag om die stadsinspekteur om te koop. Sommige kleurlinge is in hegtenis geneem en beboet vir oortreding van die Paswet sonder selfs in hulle verdediging gehoor te wees. Daaronder was Britse onderdane uit St. Helena en Mauritius, hoewel die wet selfs nie voorgee om op hulle van toepassing te wees nie. Die trotserende aard van hierdie handelwyse, sê die Hoë Kommissaris, word toegelig deur die feit, dat in die geval van 'n St. Helenaman die pokesie en die magistraat ri bewys van nasionaliteit, deur die Britse konsul afgegee. opsy gelê het. Dit blyk ook, gaan hy voort, dat die veldkornet in die openbaar daaroor gespog het, dat die Staatsekretaris en die vertoë van die Britse Agent hom koud laat. Die Hoë Kommissaris kla ook daaroor, dat, toe die Waarnemende Britse Agent versoek het om ri afskrif van die kommissieverslag, hy verwys is na ri berig wat in die „Star" verskyn het. — (Groenboek No. 8, 1899, bl. 24—26). Sir Alfred Milner gee in hierdie berig ri herhaling, by wyse van oorsig, van die beëdigde verklarings en die getuienis wat voor die kommissie afgelê is en maak sy opmerkings daarby. Hy kla oor die feit, dat die veldkornet wat deur die Staatspresident in sy betrekking geskors is, weer daarin herstel is, omdat geen bepaalde bevele aan die amptenare gegee is omtrent besondere behandeling van Kaapse kleurlinge nie. Dit Beskuldigings van Milner. 307 het op die Hoë Kommissaris 'n pynlike indruk gemaak. Hy ag hierdie amptenare geheel ongeskik vir die vervulling van hulle pligte. Hulle het nie alleen ru en selfs wreed te werk gegaan nie, maar het ook in sommige gevalle die wet oortree wat hulle gehou was om uit te voer. Ondanks dit alles het die Staatsprokureur hulle handelwyse slegs gekenskets as ri „dwaling" om die huise na donker binne te gaan. Die Hoë Kommissaris meen, dat die verontskuldiging van ■ die Staatsprokureur vir die diensherstel van Lombaard ri nog ernstiger vraagpunt laat ontstaan. Deur te sê, dat die rede van diensherstel daarin geleë was, dat die jaar tevore deur dié regering geen bepaalde bevele gegee is omtrent besondere behandeling van Kaapse kleurlinge nie, neem die Staatsprokureur in werklikheid ten behoewe van sy regering die volle verantwoordelikheid op homself vir die dade van hierdie amptenare. Daarna is, gaan die Hoë Kommissaris voort, tot ri nuwe vervolging van kleurlinge oor gegaan, hoewel Dr. Leyds aan die Waarnemende Britse Agent die versekering gegee het, dat duidelike bevele aan die poliesie en pasamptenare omtrent die behandeling van kleurlinge sou verstrek word. As die regering vasbeslote was, word verder gesê, om aan die vervolging van die kleurlinge ri einde te maak, dan sou dit ophou. Dog die uitslag van die ondersoek en die diensherstel van Lombaard was weinig daarop bereken om die indruk te gee van sodanige beslissing. Die Hoë Kommissaris het verneem, dat die regering graag die onderhandelings omtrent die status van die kleurlinge sou voortset, dog geen toekomstige ooreenkoms sou van enige nut wees nie, tensy dit beter in ag geneem word deur die Republikeinse owerheid dan die reeds aangegane. Die Britse regering het geen nuwe ooreenkoms verlang nie, want Brittanje besit reeds die volste reg tot beskerming vaa sy 308 Verkeerde Mededelings. onderdane van watter ras ook teen sodanige vervolging as die onderwerp van hierdie vertoog uitmaak. — (Groenboek No. 8, 1899, bl. 30-^32). Brittanje was dan ook vasbeslote om sulks te doen, was die slotsin van hierdie skoolmeesteragtige en beledigende vermaning aan die adres van die Republikeinse regering wat as owerheid van ri selfstandige en onafhanklike staat tenminste reg gehad het op ri klein bietjie bewys van eerbied in ooreenstemming met volkeregtelike gebruike. Maar daartoe het Milner en Chamberlain hulleself nie verskuldig geag teenoor Transvaal nie. Buitendien was die Hoë Kommissaris wat die feite van die saak betref in meer dan een opsig aan die dwaal, weens die onwankelbare vertroue wat hy gestel het in die mededelmgs van die Waarnemende Britse Agent, Fraser1). In die eerste plek sou die Staatsprokureur. as daarom gevra is. nie geweier het om aan die redelike versoek te voldoen om ri afskrif van — ook vertel van 'n onderhoud wat hy in Maart 1890 met President Krüger oor die instelling van die Twede Volksraad gehad het. Die President het aan hom duidelik gemaak, dat die maatreël bedoel is as 'n brug teneinde heen te kom oor die tyd, waarin die behoudende lede van die Volksraad geneig sou bly om die Uitlanders met agterdog aan te kyk. „Wanneer", het die President gesê, „die ou burgers sien, dat die nuwelinge deelneem aan die wetgewende arbeid van die staat en dat daaruit geen onheil gebore word nie, dan kan die twee rade weer samesmelt, met behoorlike verteenwoordiging vir die Uitla nders". Die belangrikheid en aansien van die Twede Volksraad het steeds toegeneem en dit het ri vername rol in die staatsregtelike ontwikkeling van die Republiek gespeel, maar hy het geen einde gemaak aan die kuiperye van die Uitlanders nie, wat in Johannesburg ri vereniging opgerig het onder die grootse naam van Transvaal National Union. Hierdie liggaam was bestem om die bevolking van die goudstad in voortdurende gisting te hou deur griewe teen die regering te bedink en op astrante wyse herstel daarvan te vra. In 1894 het dié vereniging gemeen, dat dit ri pragtige kans gekry het om dit vir die regering lastig te maak. Vir die veldtog teen die brutale KafferkapteSn Malaboch is ook onderdane van vreemde moondhede gekommandeer. Enige Engelse hetgeweier om te gehoorsaam en vyf is onder arres geplaas, Terwyl andere gaan veg het en daarmee die Kommandering en Loch-Voorval. 327 volle burgerskap van die Republiek verdien het, is die ongehoorsames as toonbeelde van martelaarskap vir die Engelse nuusblaaie gefotografeer. 'n Beroep op die Hooggeregshof het hulle nie gebaat nie, daar hulle wetlik verplig was om krygsdiens te verrig. Die National Union het die saak van die wederstrewige Engelse ter harte geneem en die gemoedere teen die regering opgesweep deur besluite teen die owerheid aan te neem en allerlei ander middele van oproerigheid. Die Volksraad het egter enigsins aan hulle wense tegemoetgekom en bepaal, dat persone wat nog geen burgers kon wees nie, van kommandodiens sou vrygestel word teen betaling van 'n wetlik vasgestelde bedrag. *) Die Britse regering het hulleself natuurlik ook in die saak gemeng en die Hoë Kommissaris, Sir Henry Loch, gelas om na Pretoria te gaan en die saak met die regering te bespreek. By sy aankoms het ri oploop van Britse onderdane plaasgevind en sodra die President tesame met die Hoë Kommissaris in die rytuig plaas geneem het, is die perde deur die Engelse uitgespan en die rytuig onder die sing van gewone Engelse spotliedjies na die Transvaal-Hotel getrek. Een van die belhamels het met ri groot Britse vlag voor op die bok gespring.3) Voor die hotel het hulle die rytuig gelos en 'n adres aan Sir Henry voorgelees. Die President het alleen in die koets bly sit. Gelukkig merk ri aantal burgers wat plaasvind en trek hulle die rytuig met die President weg na die regeringsgebou toe. Hierdie gebeurtenis het by die burgers die haat teen die Uitlanders aanmerklik aangewakker. Selfs 1) In Oktober 1895 is in verband hiermee tussen Engeland en die Republiek 'n ooreenkoms gesluit wat op aandrang van Dr. Leyds amptelik „verdrag" genoem is in plaas van „konvensie", omdat steeds beweer is dat in die woord „konvensie" 'n bewys gelee was van die ontbreek van Transvaal se onafhanklikheid. 2) Liond Phillips vertel: „Two stalwarts climbed on to the box, waving a large Union Jack which occasionally fluttered into President Kruger's face, to this great annoyance". — (bl. 139). 328 Wenk van Loch aan Phillips. die Volksraad het die regering in ri besluit om uitleg gevra, waarom geen maatreëls getref is om die volk van die Republiek sulk ri beledigende handelwyse te bespaar nie. Spoedig was ri groot aantal burgers in die hoofstad met die voornemens om te waak teen ri herhaling van ri dergelike voorval. Die National Union het met sy werk van ophitsing voortgegaan en Sir Henry Loch uitgenooi om Johannesburg te besoek, alwaar hulle beter dan in Pretoria die kans gehad het om oproer te verwek. Die President het egter begryp, dat ri besoek van die Hoë Kommissaris aan Johannesburg tot ernstige verwikkelings sou lei en het Sir Henry sterk afgeraai van aan die versoek van die Uitlanders gehoor te gee. Die President het die Hoë Kommissaris privaat selfs laat verstaan, dat hy persoonlik daar verantwoordelik voor sou gehou word, as uit sy besoek aan Johannesburg moeilikhede ontstaan. Sir Henry het die wenk van die President ter harte geneem en in Pretoria gebly. Die Uitlanders het toe ri afvaardiging na Pretoria toe gestuur om by wyse van adres hulle griewe voor Sir Henry te lê. Hy het hulle in die openbaar aangeraai om hulle griewe kalm voor die Volksraad te lê, maar in die geheim het hy hulle tot opstand aangespoor met die vraag aan Lionel Phillips oor hoeveel gewere en patrone die Engelse in Johannesburg beskik en of hulle ri verSet teen die regering vir enige tyd kon volhou, totdat hy in staat sou wees om hulle te hulp te kom. Gelukkig het hulle nie voldoende skietgoed in voorraad gehad nie. Die wenk van Sir Henry Loch is egter nie vergeet nie en langs smokkelpaaie is langsamerhand ri voorraad ingevoer wat bestem was om later te dien tot ondersteuning van Jameson en sy vrybuiters. Dit het vir hulle duidelik geword, dat die opstand alleen dan sou slaag, wanneer dit op hulp van buite af kon reken. HOOFSTUK XX. UITLANDER-GRIEWE. Die aanduiding van die aard en die uiteensetting van die griewe wat die Uitlander-bevolking teen die regering van die Republiek gehad het, is op 26 Desember 1895 geskied in die oproep wat Charles Leonard1) as voorsitter van de National Union openbaar gemaak het. Daarin het hy begin met te sê, dat die National Union drie doeleindes nastrewe: die handhawing van die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Republiek; die verwerwing van gelyke regte; die verwydering van die griewe. Hulle het steeds, gaan hy voort, getrag om op grondwetlike en eerbiedige wyse hierdie doeleindes te verwesenlik. In die afgelope jaar het hulle drie dinge probeer ten uitvoer bring:— 1. Vir die Eerste Volksraad moes twaalf nuwe lede gekies word en hulle het gehoop om ri klas van man na die Raad toe te stuur wat vooruitstrewende hervormings sou help teweegbring. Alles wat die wet toelaat, is gedaan om die beste manne in die Raad te kry. Maar die gevolg was teleurstellend en aan hulle is vertel, dat die aard van die toesprake in Johannesburg gehou die vooruitstrewende lede van die Eerste Volksraad belemmer het in hulle pogings om die ') By die Britse Komitee van Ondersoek het die heer Leonard 'n manifesto ingehandig wat veel beknopter is dan dié wat volgens van Oordt (bl. 629—642) in Transvaal as oproermiddel aan die Uitlanders openbaar gemaak is. Die eersgenoemde stuk staan afgedruk in blouboek 311—1, bl. 576. 330 Leonard se Oproep. meerderheid van die lede op hulle kant te kry. Hervormings sou wel voor die dag kom, is beweer, as die Uitlanders hulle mond wou hou. Derhalwe is besluit om stil te bly en die opgewondenheid nie aan te wakker nie. 2. Hulle het alle moontlike invloed gebruik om die Volksraad te beweeg om die spoorwegkonsessie op te hef. Dog, helaas, die President het met trane in sy stem verklaar, dat die onafhanklikheid van die land daarmee gemoeid was en die onderdanige Raad het die versoekskrifte onder die tafel gewerp. 3. 'n Groot poging was die versoekskrif om die stemreg wat onderteken was deur 38.000 persone. Die gevolg hiervan was, dat die Uitlanders van ontrou beskuldig is, omdat hulle hulleself nie wou laat naturaliseer nie, hoewel naturalisasie beteken het, dat hulle oorspronklike burgerreg sou opgegee word, maar dat hulle niks daarvoor in die plek sou kry nie en hulleself aan onbevoegdhede moes onderwerp. Lede van die Volksraad het selfs durf beweer, dat die handtekenings vervals was. Volgens die bewoordings van die wet was hulle vir altyd verstoke van die stemreg en was hulle kinders beroof van 'die regte van burgerskap, tensy die ouers die eed van getrouheid aflê wat niks anders dan onbevoegdhede meebring nie. Die Uitlanders, beweer Leonard verder, maak ver weg die meerderheid van die inwoners van die Republiek uit. Meer dan die helfte van die grond van die land was hulle eiendom en, na die waarde bereken, selfs nege-tiendes. Tog het hulle geen stem gehad in sake wat betrekking het op hulle lewens, hulle vryhede en hulle eiendomme nie. Hulle is belas, sonderdat hulle verteenwoordiging het in die wetgewende vergadering. Die belastings was buitendien geheel onbillik, omdat 'n veel groter bedrag van die volk geëis is dan vir die behoeftes van die regering nodig was, omdat dit ri klasse- Uitlanders in Gevaar. 331 belasting was en omdat die lewensbenodigdhede te swaar belas is. Die uitgawes is nie nagesien deur ri amptenaar wat onafhanklik van die regering was nie. Groot somme is verspil en die Geheime Diens-Fonds was vir iedereen ri donker geheim. Die Wetgewende Mag was die hoogste gesag in die land, oënskynlik nie gebonde deur ri vaste Grondwet nie. Die toevallige wil van die meerderheid deur een derde van die bevolking gekies, was instaat om in alle opsigte baas te speel. Buitendien het die maghebbers tot ri ander ras behoort, ri ander taal gepraat en ri ander lewenswyse gevolg. Hierdie mense was sonder beskawing en hulle hartstogte is beïnvloed deur gewetenlose fortuinsoekers. Hulle het die Uitlanders met wantroue en vyandige gevoelens aangekyk. Onder hierdie omstandighede ag Leonard die Uitlanders in groot gevaar. Hy kla verder oor die voornemens van die regering om 'n wet tot bedwang van oproer daar te stel en hy meen, dat, as hierdie wet van krag geword het, die mag van die uitvoerende gesag van die Republiek net so volledig sou wees as dié van die Saar van Rusland. Dan sou die laaste vonkie van vryheid weg wees. Die Uitvoerende Raad het geen ware verantwoordelikheid teenoor die volk gehad nie, meen Leonard. Geen groot afdeling van staatsdiens was onder beheer van ri minister in die behoorlike sin van die woord nie. Die wil van die President het alles oorheers en deur ri eienaardige invloed oor die lede van die Raad, bygestaan deur ri bekwame dog vyandiggesinde Staatsekretaris, was hy die bewerker van elke wet wat gerig was teen die vryheid van die volk. Die Hooggeregshof, lui dit verder, is die enigste bewaker van die vryhede van die Uitlanders gewees. Maar die regters is sleg betaal, hulle salarisse is nooit met sekerheid vasgestel nie, die mees minagtende behandeling is hulle aangedaan en 332 Toestand van Regspraak. die onafhanklikheid van die Regbank is meer dan eens aangeval. Die President en die Uitvoerende Raad het pogings aangewend om die Regbank ondergeskik aan die uitvoerende gesag te maak. Daar was ook gevalle waar die Wetgewende Mag in verkrege regte ingegryp het. Die regterlike beheerswerk deur mindere amptenare het onrus in die land veroorsaak, beweer die oproep. Wat die ergste was: die reg om voor gesworenes wat hulle gelykes was, verhoor te word, is die Uitlanders ontseg. Slegs die burger of genaturaliseerde burger het die bevoegdheid gehad om 'n gesworene of jurieman te wees. Die Uitlanders het gevaar geloop om in die Hof veroordeel te word deur gesworenes wat in geen enkele opsig hulle gelykes was nie, wat tot ri verskillende ras behoort het, wat die Uitlanders met haat beskou het en wat derhalwe as swakke menslike wesens onder hierdie omstandighede die grootste onregverdigheid kon begaan. Verdere klagtes betref geldverspilling in die staatsbeheer en vir die Geheime Diens, verpanding van die staatskrediet aan die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy en roekelose oordadigheid met uitgawes vir die viering van die opening van die Delagoabaaise spoorlyn. Vir hierdie nuttelose feeste, lui dit, is £ 20000 gestem en omtrent £ 60000 werklik uitgegee, waarvan sekere begunstigde here uit Holland afkomstig die vernaamste voordeel getrek het. Dit is gesê, dat £ 400000 van die Uitlanders se geld na Holland toe gestuur is vir die een of ander buitengewone doel en met Dr. Leyds is £ 17000 die land uitgestuur vir geheime dienste. Omkopery en ri rotte toestand heers orals, gaan Leonard voort. „Ek glo, dat duisende van U oortuig is van die omkoopbaarheid van baie van ons amptenare". Hy noem dan ri paar gevalle hiervan en wys verder op tekortkomings in die bestuur van Naturellesake: veldkornette is deur die howe veroordeel Uitlanders en Mynbase veronreg. 333 weens wreedheid teenoor naturelle; die Plakkerswet is uitgevoer op onregverdige wyse deur bevoordeling van Boere bo Uitlanders; die aanvoer van Kaffers vir werk in die myne is deur die regering belemmer. Pogings is aangewend om die Republiek te verhollands en die Engelse taal dood te maak deur die wyse, waarop staatshulp vir onderwys verleen is. Die spoorweë was in hande van 'n maatskappy wat sy hoofkantoor in Holland het, met die geVolg dat die Uitlanders op allerlei maniere benadeel is. Die staat was aanspraaklik vir die gehele skuld en die spoorwegpolitiek het gevaar opgelewer vir die betrekkings met die buurstate. Die openbare diens is gevul met Hollanders. Ook die belastingpolitiek van die regering, veral wat die hef van invoerregte betref, word veroordeel; die konsessiepolitiek, in die eerste plaas die dinamietmonopolie, moet dit ontgeld. Die weigering om aan die wense van die Uitlanders insake die bestuur van Johannesburg te voldoen en die weigering om aan die Engelse taal amptelike erkenning te verleen, vul die lys van griewe aan. Die natuurlike gevolge van die bestaande toestand was, na die mening van Leonard, dat die ware eienaars van die myne dié mense was wat daar geen kapitaal in gesteek het nie: die regering, die spoorweg- en die dinamietkonsessionarisse en andere. „Die land is ryk en kan op wonderlike wyse ontwikkel word onder ri goeie bestuur, maar dit kan die uitsuiging deur die teenswoordige eise nie verdra nie. Ons het in hoë mate op buitelandse kapitaal geteer en die bedrag van die diwidende vir die aandeelhouers in maatskappye beskikbaar is belaglik klein in vergelyking met die gesamentlike bedrag wat in mynspekulasies gesteek is. Een dag sal die onontwykbare gevolg vir ons krediet en ons handel ons verras". Die oorspronklike politiek van die regering het sy oorsaak 334 Verdere Klagtes en die Eise. in ri bitter haat teen die Engelse bevolking. „Ons sien, dat ri politiek van geweld homself openlik vertoon. Om ri vesting by Pretoria gereed te maak moet £ 250000 uitgegee word; £ 100000 vir ri vesting om die inwoners van Johannesburg skrik aan te ja; groot bestellings vir swaar geskut is by Krupp geplaas; snelvuurgewere is bestel en selfs word verhaal, dat Duitse offisiere sal kom om die burgers te oefen. Is hierdie dinge nodig of blyk daaruit nie die voornemens van die regering om die mense te terg, totdat hulle dit nie langer kan uithou nie? Watter noodsaaklikheid bestaan daar vir die vestingwerke in vreedsame binnelandse stede? Waarom moet die regering probeer om ons te verplig tot onderwerping aan onbiüike wette, deur die mag van die swaard in plaas van homself gelief te maak by die volk deur middel van ri breë en regverdige politiek? Wat sal ri mens sê van ri staatkunde, waarvan elke daad ergernis, ontevredenheid of rassehaat veroorsaak en ri denkbeeld van republikeinse beginsels verdedig wat aan die meerderheid as enigste voorreg toeken om die inkomste op te lewer en om beledig te word, terwyl alleen diegene as republikeine beskou word wat ri sekere taal praat en min of meer in die voordele van die regerende klas deel?" Tenslotte kom die eise: 1. die vestiging van die gemenebes as ri ware Republiek; 2. ri Grondwet wat sou opgestel word deur bekwame persone, deur afgevaardigdes van die volk volgens beginsels deur hulleself neergelê, gekies; ri Grondwet, waarin behoorlike voorsiening sou gemaak word teen oorhaastige verandering daarvan; 3. ri billike wet oor stemreg en behoorlike verteenwoordiging; 4. gelykheid van die Hollandse en die Engelse tale; 5. verantwoordelikheid van die hoofde van die vernaamste afdelings van staatsdiens aan die Volksraad; Chamberlain aan die Woord. 335 6. opheffing van die onbevoegdhede weens godsdienstige gesindheid; 7. onafhanklikheid van die geregshowe, met voldoende en versekerde betaling vir die regters; 8. ri vrysinnige onderwysstelsel; 9. ri flinke staatsdiens, met behoorlike besoldiging en pensioene; 10. vryhandel in Suid-Afrikaanse voortbrengsels. „Dit is wat ons nodig het", eindig die oproep. „Daar bly tans nog oor die vraag wat op die byeenkoms van 6 Januarie voor U sal geplaas word: Hoe sal ons daartoe kom? Daarop sal ek van U ri duidelike antwoord verwag volgens u weloorwoë oordeel". Onder datum 4 Februarie 1896 en dus na die Jameson-Inval het minister Chamberlain in ri lang berig aan President Krüger ook ri uiteensetting gegee van die oorsake en aard van die klagtes wat die Uitlanders gemeen het om teen die regering te moet uit. — (Sien Groenboek No. 1, 1896, bl. 74—89). Die heer Chamberlain het in seker mate herhaal wat deur Leonard verkondig is en het die oproep van die Nationaal Union nog hier en daar aangevul. Hy begin met te sê, dat die nuwe bevolking bestaan het uit manne wat gewoond was aan die volledigste uitoefening van politieke regte. In ander gemeenskappe, waar landverhuising ri belangrike rol gespeel het in die opbou van die bevolking, was dit die politiek van die wetgewers om vrysinnige voorsiening te maak vir die toelating van nuwe aankomelinge wat begerig was om genaturaliseer te word, tot die regte en phgte van burgerskap na ri betrekkit korte proeftyd. Hierdie politiek is ten volle deur die gevolge geregverdig, daar die genaturaliseerde vreemdeling spoedig met die gebore burger meeding — as hy hom nie oortref nie — in die ywer van sy vaderlandsliefde. In die Suid-Afrikaanse Republiek egter was dit anders. Vir sover Chamberlain kon 336 Uitlanders bespot en beledig. uitvind, is die gevolg van verskillende wette gewees, dat, waar in 1882 die Uitlander na ri verblyf van vyf jaar volle burgerskapsregte kon kry, hy in 1896 nooit kon hoop om dié regte ten volle te verwerf nie. Die gedeeltelike genot daarvan is slegs toegestaan na so ri lange proeftyd, dat dit vir die meeste mense feitlik ri weigering van hulle aansprake beteken het. Deur hierdie loop van die wetgewing is die hele politieke rigting van sake en die hele reg van belasting gemaak tot ri alleenreg van ri afnemende minderheid van die bevolking, wat hulleself byna uitsluitend aan veeteelt en landbou wy. Aan die grote meerderheid van die manne wat deur hulle inspanning die inkomste van die land vermeerder het van sowat £ 76000 die jaar tot ri bedrag wat nie minder kon wees dan £ 200000 nie en wat agtien- of neentien-twintigstes van die inkomste oplewer, is 'n stem in die bestuur van die mees belangrike sake ontseg. Wat ook al die waarheid mag wees, gaan Chamberlain voort, omtrent die gebeurtenisse van die voorafgegane paar weke, die Uitlanders het vroeër binne die perke van grondwetlike optree gebly. Die mate van hulle welslae in hierdie rigting was egter ontmoedigend. Dit was waar, dat verwagtings aan hulle voorgehou is en dat hulle op tye gekry het wat hulle as beloftes beskou het, maar dié is feitlik nie vervul nie en hulle klagtes is by geleentheid met bespotting en belediging bejeën. Chamberlain wys dan op die vergadering van die National Union, in verband met die verkiesing van 1894 in Johannesburg gehou, waarop uitdruklik verklaar is, dat geen toevlug tot geweld beoog is nie, hoewel een van die vernaamste sprekers die regering gewaarsku het, dat, as die owerheid by die heersende politiek volhard, daar bloed sou gestort word in die strate van Johannesburg en dat die verantwoordelikheid daarvoor op die Volksraad sou rus. Daarop het matiging gevolg in die hoop om langs dié weg iets van die Volksraad te verkry, Geen Geweld beoog nie. 337 maar tevergeefs. Op 20 November 1895 het ook die heer Lionel Phillips as voorsitter van die Kamer van Mynwese verklaar, dat die toestand verdra is en waarskynlik nog langer sou verdra word en dat „niks verder van sy bedoeling was nie dan die begeerte om ri oproer te sien wat in iedere opsig noodlottig sou wees en wat waarskynlik sou eindig in die verskriklikste van alle moontlike oplossings in bloedstorting". Ook in die oproep van Leonard, sê Chamberlain, is geen sinspeling gemaak op 'n voorneme om geweld te gebruik nie. Daar was inderdaad van tyd tot tyd gerugte omtrent die oorweging van gewelddadige stappe, maar hierdie gerugte is voortdurend deur die feite geloënstraf, sodat op die duur die mening pos gevat het, dat die Uitlanders nie van plan was om ri botsing met die regering te waag nie. Vervolgens trag die heer Chamberlain die Britse oWerheidspersone vry te pleit van enige bekendheid met die planne vir ri inval in Transvaal, behandel hy sekere omstandighede in verband met die Johannesburgse opstand en die geregtelike vervolging van die aanvoerders en bespreek hy die verhouding van Brittanje teenoor die Suid-Afrikaanse Republiek. In verband hiermee merk hy op: „Wat die inwendige sake van die Republiek betref.... is Groot-Brittan je geregtig, in belang van Suid-Afrika as geheel sowel as van die vrede en bestendigheid van die Suid-Afrikaanse Republiek, op die aanbieding van vriendskaplike raad aangaande die nuwe bevolking wat hoofsaaklik uit Britse onderdane bestaan". Die lys van griewe waar die Uitlanders gebuk onder gaan, vervolg hy dan, is gedug in lengte en ernstig van aard. Hy kon nie voorgee ri volledige uiteensetting daarvan te doen of wens óm te verstaan te gee as in te hou, dat alles wat van tyd tot tyd as ri grief van die Uitlanders opgewerp is, inderdaad ri grief was nie. Die eerste moeilikheid betref die beswaarlikheid om natura- 22 338 Stemreg, Onderwys, Belastingdruk. lisasie en stemreg te verkry. Die oplossing ag die keer Chamberlain gelee in die toekenning van stemreg na 'n verblyf van vyf jaar, met 'n verandering van die eed van getrouheid teneinde die beswaarlike bestanddele daarin vervat te verwyder. Die aflê van sodanige eed, hoe dit ook al mag opgestel wees. sou volgens Britse reg die betrokke persoon op doeltreffende wyse sy Britse onderdaanskap ontneem. Van nouliks minder belang was die onderwysvraagstuk. Tot op daardie tydstip het dit feitlik onmoontlik geskyn vir kinders van Uitlanders om behoorlike onderwys te ontvang ia skole van die staat en deur die staat ondersteun. Die keer Chamberlain koester die hoop. dat in ooreenstemming met gedane beloftes 'n verstandhouding tussen regering en belaaghebbendes sou plaasvind, waardeur aan die klagtes van die Uitlanders tegemoet sou gekom word. 'n Verdere stel griewe betref die geldsake. Dit is beweer, dat in hierdie opsig wanbestuur geheers het en dat die uitgawes ontsnap het aan behoorlike beheer en nasien; dat belastings oor die behoeftes van die landsbestuur heen gehef is; dat onbiUike onderskeid by die invordering van persoonlike belastings aan die dag gelê is; dat die invoerregte op lewensbenodigdhede nie alleen swaar gedruk het op die werkende stand nie. maar ook die bedryfskoste van die myne sodanig verhoog het. dat dit die ontginning van die armere myne onmoontlik maak, wat tot die algemene voordeel kon bewerk word, indien die belastings beter verdeel was na die geskiktheid om dit te dra. Daar het ernstige grond vir *n grief skyn te bestaan, tenminste in teorie, in die buitengewone beperkings deur die wet insake die reg van openbare vergadering opgelê. Hierdie beperkings. is Chamberlain verplig om te erken, skyn nie baie eng toegepas te gewees het nie. Die politiek van staatsmonopolies te verleen op mynbeno- Monopolies, Poliesie. 339 digdhede en ander belangrike handelsvoorwerpe het aanleiding gegee tot veel ontevredenheid en, wat sommige daarvan betref, was dit moeilik om te begryp hoe selfs ri aanneemlike regverdiging daarvoor kon gegee word met die oog op die belange van die gemeenskap as geheel. Met betrekking tot die klagtes wat deur die mynnywerheid geuit is in verband met die arbeidsvraagstuk, bepaal Chamberlain homself by die uitdrukking van die hoop, dat, indien deur die vermindering van vormelikheid en nodelose beperkings en deur die behartiging van die belange van die naturelle-arbeiders sowel as deur die oplê van wyse bepalings wat drank en dergelike sake betref, die arbeidsaanbod kon vermeerder en die toestand van die arbeiders verbeter word, die President en die Uitvoerende Raad nie sou nalaat om hulle ernstige aandag aan die vraagstuk te gee nie. Die heer Chamberlain kon nie veronderstel, dat, met die oog op die groot belang wat die regering van die Republiek by die geldelike welslae van die spoorweë gehad het, daar enige aarseling kon wees by die herstel van die bewese griewe of by die invoering van maatreëls vir die verbetering van die personeel of van die verkeer en ander sake aangaande die lyne nie. Die enigste ander grief wat hy gewens het om aan te roer was die toestand van die poliesiemag. Die moeilikheid skyn te ontstaan het uit die sterke vooroordeel van die mees behoudende van die burgers teen die in diens neem van Uitlanders. ri Mens kon hiermee miskien nog instemming betuig, meen die heer Chamberlain, as dit nie was vir die duidelike feit nie, dat van ri bevolking soos die burgers nie kon verwag word om voldoende stof te lewer nie, waaruit kandidate vir hierdie afdeling van die openbare diens moes gekies word. Om besware te maak teen die benoeming van Uitlandeers was onder omstandighede ri weigering aan die Uitlandergemeenskap van wat een van die eerste regte was wat die geregeerdes mag eis van diegene wat onderneem om hulle te bestuur. 340 Selfregcting vir Mynstrcck. Die heer Chamberlain was homself volkome bewus van die feit, dat die herstel van griewe nie volbring kon word sonder uitgebreide veranderings in die wetgewing nie. Hy het gehoop, dat selfs die behoudende deel van die Boerebevolking uit die kortgelede voorafgegane gebeurtenisse genoeg geleer het om in te sien, dat die ware belange van hulle land geleë was in die aanvaarding van voorstelle wat egte oorsake van ontevredenheid sou wegruim en opskuddingslus sou ontwapen wat altyd ri moontlike bron van gevaar vir die regeringstelsel van daardie dae sou wees. Dit het nie Chamberlain se aandag ontsnap nie, dat die griewe hulle ontstaan gehad het op ri beperkte terrein van die Republiek, n.1. in die mynstreek. Hy het geweet, dat die omstandighede in die res van die land geheel verskillend was. Hy kon die moeilikheid van die President begryp, dat in die tegemoetkoming aan die wense van die Uitlanders, die oorsaak geleë mag wees van onderakikking van die belange van die ou burgers aan dié van die Rand. Met die oog hierop het die Britse regering noukeurig oorweeg of dit nie moontlik kon wees om aan die griewe van die Uitlanders tegemoet te kom sonder om die vastheid van die republikeinse riistelhrigs in gevaar te bring nie. Chamberlain gee aan die hand, dat die hele Randstreek sou vervat word in iets meer dan ri munisipaliteit in die gewone sin van die woord, dat dit naamlik ri gewysigde plaaslike selfregering sou verkry met mag van wetgewing oor suiwer plaaslike vraagstukke en onderhewig aan die veto van die President en die Uitvoerende Raad en dat hierdie wetgewende mag sou insluit die bevoegdheid van sy eie belastings te bepaal en te in, onderhewig aanbetaling aan die landsregering van ri jaarlikse skatting wat onmiddellik moes vasgestel word en met tussenpose hersien teneinde rekening te kan hou met inkrimping of uitbreiding van die mynnywerheid. Die Rand moes ook ri af- Self regering vir Mynstreek. 341 sonderlike hooggeregshof hê en dit sou natuurlik ri kenmerk van hierdie plan wees, dat die selfregerende liggaam beheer het oor sy burgerlike poliesie, openbare onderwys, mynbelange en alle andere sake wat sy inwendige huishouding raak. Die regering van die Republiek sou geregtig wees op die handhawing van alle redelike waarborge teen die koestering van ri omwentelingsbeweging of die opslaan van ri voorraad wapens vir verraderlike doeleindes in dié streek. Diegene wat die selfregerende gebied bewoon en deel het in die bestuur daarvan, sou nie na die mening van die heer Chamberlain geregtig wees op ri stem in die algemene wetgewing, die uitvoerende mag van die land of die presidentsverkiesing nie. Daardeur sou die burgers onthef wees van wat klaarblyklik ri voortdurende vrees was — volgens Chamberlain ri ongegronde —, dat die eerste gebruik wat die nuwe aankomelinge sou maak van hulle burgerskapsregte, sou wees om die republikeinse regeringsvorm omver te werp. As die burgers van bierdie vrees onthewe was, veronderstel Chamberlain, dat daar nie veel van hulle sou wees wat sou weier om die griewe van die betreklik weinige Uitlanders buite Johannesburg te behandel volgens daardie vrysinnige beginsels wat die vroeëre wetgewing van die Republiek gekenmerk het nie. Tot die doen van hierdie aanbevelings, sê Chamberlain, is hy aangespoor deur gevoelens van vriendskap teenoor die President en die Suid-Afrikaanse Republiek. Die behoorlike oplossing van die betrokke vraagstukke betref soveel besonderhede wat gemakliker en op meer bevredigende wyse deur persoonlike onderhandelings onder die oë kon gesien word, dat ky graag die geleentheid sou hê om die onderwerp met die President te bespreek, as dié na Engeland toe wou kom vir hierdie doel. HOOFSTUK XXI. WEERLEGGING VAN DIE IHTLANDER-GRIEWE. Op 1 Februarie 1896 het iemand wat homself noem ri Transvaal Uitbulder of Ten Years' Standing, op uitstekende en afdoende wyse die oproep van Leonard weerlê in die Daily Chronicle.1) Daar is, sê hierdie persoon, ongetwyfeld veel in die verlede om oor te kla en veel in die toekoms om te verbeter. Maar die foute wat deur die Krüger-regering begaan is en die dinge wat deur hulle nagelaat is, was die natuurlike gevolge van die vlugge en geweldige oorgang van ri staat, wat homself aan die landbou wy, tot een van die drukste mynbou en nywerheid, deur die heerskappy van die kapitaal oorrompel. Maar die begane foute nog die nalatings was sodanig om, in watter tyd en in watter land ook, gewapende teenstand selfs te regverdig. Nog nooit is die gelyke van so ri oproep aS die regverdiging van ri opstand die wereld ingestuur nie. Die lengte — vier nougedrukte nuusbladkolomme vol — is self al die veroordeling daarvan. As die kders ri saak gehad het, wat vir sy regverdiging soveel woorde in uitleg behoef, dan het hulle geen goeie saak gehad om voor hulle volgelinge te lê nie. In die mees ernstige beskuldigings, die wanbestuur van regeringsgelde, word gebruik gemaak van woorde as: „dit i) Van bierdie stuk is tesame met die artiekel van die heer F. Reginald Statham in die National Reviexv van Mei 1897 en onuitgegewe, dog wel privaat verspreide opstelle van die heer Carl Jeppe hier o.a. ook gebruik gemaak tot weerlegging van die beskuldigings wat deur die Uitlanders teen die Krüger-regering ingebring is. Geringe Mate van Omkopery. 343 word verklaar", „dit word gesê", „ons verneem", „ons glo" en word skandale wat reeds sewe jaar lang vergeet is, voor die dag gehaal om gebeurtenisse van die oomblik aan te vul. Die redes van verset in die lang oproep van Leonard aangevoer kan bes onder twee hoofde verdeel word. Die eerste is die klagtes oor stoflike dinge: omkopery, wanbestuur en ri fiskale politiek wat die mynnywerheid verwurg. Die twede betref politieke sake: die regering van die land deur ri klein klompie Hollanders, die taalgrief, die onderwysklag en die stemregeis. Dit kan nie ontken word nie, dat die groot versoekings, waarin ondergeskikte amptenare gebring is deur manne wat in ongelooflike korte tyd geweldige rykdom versamei het en elke gewetensbeswaar in kulle begeerte om die rykdom te vermeerder verdrink het, van hierdie amptenare tot ri val gebring het. Maar dit was onwaar, dat omkopery in die Transvaal uitgebrei is tot die hoogste amptenare of selfs tot enige aanmerklike aantal beamptes. Kon die geldsugtige stelsel wat omkopery in die Transvaal ingevoer het, toegelaat word om ri beroep te doen op Britse medegevoel en om hierdie omkopery aan te voer as ri regverdiging om die lewens van duisende manne, vrouens en kinders onder die genade van die swaard te plaas? As Pretoria in versoeking gekom het, dan was dit Johannesburg wat die hand van versoeking uitgesteek het „Ek glo nie", vertel die heer Carl Jeppe in verband hiermee, „dat die beskuldigings van omkopery wat herhaaldelik aangevoer is, ri slegter toestand van sake aan die dag lê dan in enige ander land sou heers nie, waar die amptenare onderhewig sou wees aan die sterke en skielike versoeking wat voortvloei uit die wonderbare vermeerdering van rykdom in ri klein gemeenskap soos dié van die Transvaal. En ri bc skuldiging van dié aard durf seker nie van die kant van die Uitlander kom nie. Reeds is twee mense tot tronkstraf ver- 344 Konsessies in hande van Uitlanders. oordeel vir die poging om amptenare om te koop. Dit is ongetwyfeld seker, dat die geweldige inspanning wat die wonderbaarlike snelle vooruitgang van die land van die staatsdiens geëis het, af en toe byna ri instorting veroorsaak het. Enige wette van ri baie nuttige strekking is nie behoorlik uitgevoer nie en dikwels het ergerlike vertraging in die uitvoering van openbare sake plaasgevind. Die oorsaak daarvan was, dat wat die Volksraad ook al gedoen het vir die voorsiening in nuwe afdelings en meer amptenare, die ontwikkeling van sake keer op keer bewys het, dat dié voorsiening nog onvoldoende was. Dit was ook nie so maklik om steeds goeie amptenare te vind nie". Was daar enige redes vir klagtes teen die konsessie- en fiskale politiek van die regering? Dit is ri feit, dat die meeste van die konsessies toegeken is aan die Ecksteins, die^Neumanns en hulle vriende, en hoewel hierdie here slim genoeg gewees het om die konsessies skynbaar onder ander name te verkry, besit hulle werklik die grootste belange daarin. Hulle het die water- en verligtingskonsessies in Pretoria, die tramkonsessie in Johannesburg, die sement-, yster-, Nasiona'e Bank- en Muntkonsessies gehad. Enkele jare tevore ket kierdieselfde mense aan die regering £ 50000 voorgeskiet met die oog op die aankoop van konsessies in Swasieland. Hulle ket daarby beding, dat hierdie geld sou terugbetaal word, sodra Swasieland by die Transvaal ingelyf is en as ri vergoeding sou hulle die water-, verligtings- en tramkonsessies in al die vernaamste dorpe in Transvaal ontvang. Die dinamietmonopolie is ook ri punt van aanval en selfs hierin het hulle ri aandeel gehad. Leonard verklaar, dat hierdie regeringsmonopolie ri ondraaglike las op die mynnywerheid lê, daar die regering die reg het om 90s. die kis vir dinamiet te vra, terwyl dit kon verkry werd teen 30s. Die feit is, dat die regering op hierdie tydstip nie 90s. nie, Die Prys van Dinamiet. 345 maar 85s. die kis vir dinamiet laat betaal het Dat dit teen 30s. kon verkry word, is nie waar nie. De Beers het by voorbeeld meer dan 60s. die kis betaal om dinamiet in. Kimberley gelewer te kry. Die Transvaalse dinamiet moes nog verhoog word met ryloon na Johannesburg toe, met opslagkoste, met besorging oor 'n mynstreek van veertig myl en aan konderd maatskappye, met versekering en invoerregte. Vir klagtes teen die te hoë prys van dinamiet was daar werklik geen grond nie, soos ook in die aparte hoofstuk oor die dinamietmonopohe aangetoon is. Om dit hier ook nog duideliker te laat uitkom, is slegs nodig om te wys op die verslag van die Crown Reef Company, waarin melding gemaak word van die feit, dat uit 'n gehele bedryfskoste van 30s. 2%d. die ton die werklike koste van alle ontploffingstowwe slegs ls. 2J^d. die ton bedra het. Dit was die ondraaglike las wat 'n omwenteling geregverdig het. Wat omtrent die ander belastings wat die mynnywerheid sou verwurg? Daar was geen land in die wêreld, waar die persoonlike belastings ligter was nie. Selfs die rykste man het nie meer dan £ 5 aan persoonlike belastings die jaar in Transvaal betaal nie. Wat die regstreekse belastings op die mynnywerheid betref, was daar ook geen rede vir klagtes oor verdrukking nie, laat staan vir gewapende verset Dit word duidelike genoeg bewys deur die jaarverslag van die myne. Die Crown Reef Company het die jaar tevore ri goudopbrengs van £ 420,106:19s.6d. gehad, het winste uitgedeel teen ri bedrag van £ 96,912:2s.5d. en het aan die regering betaal vir huur, vergunnings en alle regte en voorregte die som van £ l,101:9s.l0d. Die Robinson Gold Mining Company het die jaar tevore goud voortgebring tot ri waarde van £ 651,928:5s.4d„ het winste tot ri bedrag van £ 316,628:12s.6d. verdeel en het aan die regering vir huur, vergunnings en regte betaal die som van £ 395:1 ls.8d. 346 Belastings op Myne. Die New Chimes Company het ri goudopbrengs gehad van £ 93,013:16s.l ld., het aan winste uitgekeer £32,485:16s.3d. en het aan regte en vergunnings, tesame met versekeringskoste, betaal £ 664:16s.5d. Die Consolidated Land and Exploration Company, waarin die Ecksteins die grootste aandeelhouers was, het 250 plase van 6000 akkers elk besit. Alle belastings, insluitende die afwesigheidsbelasting, wat hulle moes betaal, het die jaar tevore £ 722:2s.6d. bedra. Die Transvaal Coal Trust het ri opbrengs gehad van 266,945 ton en moes aan die staat afstaan die som van £ 53: ls. Dat die regstreekse belasting op die mynnywerheid ver van dodend was, bewys ook die volgende: In 1894 was die nominale kapitaal in die myne belê £ 37,491,012. Die markwaarde was veel hoër dan hierdie som. In daardie jaar is aan delwersen prospekteursvergunning tesame £ 185,711 en aan delwersvergunning alleen deur die regering £ 43,465 ontvang. Dus het die bedrag aan die regering uitgekeer vir albei vergunnings 0.49 ten honderd en vir delwersvergunning alleen slegs 0.12 ten honderd van die nominale kapitaal bedra. „Maar zijn het wel alles belastingen die zij betalen? Ik beweer van niet. De mijnen behooren bij ons alle a a n d e n Staat. De staat laat de bewerking aan particulieren over. Een groot gedeelte nu van de inkomsten van den staat bestaat uit een deel van de opbrengsten van mijnen die zijn eigendom zijn. Kan men dan spreken van eigenlijk-gezegde belastingen? De staat verhuurt bouwgrond op langen termijn; kan men beweren, dat die huurprijs een belasting is?", skrywe Dr. Leyds in Augustus 1899 aan minister N. G. Pierson. — (Eenige Correspondentie, bl. 144). Die Uitlanders het ook gemeen om te moet kla oor die druk van die onregstreekse belastings. Ook hier was hulle Belastings. 347 grief sonder grond. Alle masienerie vir myndoeleindes was onderworpe aan ri invoerreg van slegs \l/2 ten honderd en die regering het die benaming masienerie tot sy uiterste moontlikheid gestrek om die myne tegemoet te kom en het daaronder ingeslüit ook plaatlood, sianiede, ens. Alle andere voorwerpe. waarvoor geen besondere invoerregte bestaan het nie, was onderworpe aan ri invoerbelasting van iy2 ten honderd van die waarde. In die Kaapkolonie was dit 12 ten honderd. Die voorwerpe wat aan ri besondere invoerreg onderhewig was en die blanke mynwerkers getref het, was tee, koffie, boter, rys, seep en suiker. In die meeste gevalle was hierdie regte laer dan in die Kaapkolonie: Kaapkolonie. Transvaal. Boter . . 3d. die pd. . . 5s.0d. die 100 pd. Kaas... 3d. die pd. . . 5s.0d. die 100 pd. koffie . . 12s.6d. die 100 pd. . . 2s.6d. die 100 pd. Rys . . . 3s.6d. die 100 pd. . . ls.6d. die 100 pd. Seep . . 4s.2d. die 100 pd. . . 5s.0d. die 100 pd. Suiker . . 6s.3d. die 100 pd. . . 3s.6d. die 100 pd. Tee ... 8d die pd. . . 5s.0d. die 100 pd. Op miehes, die vernaamste voedsel van die Kaffers, is in die Kaapkolonie ri invoerreg van 2s. die 100 pd. betaal en in die Transvaal 2s.6d. die 100 pd. Af en toe het weens droogte, sprinkhane en ander plae die prys van mielies geweldig gestyg en dan het die regering die invoerreg tydelik opgehef. Die enigste ander belasting wat die mynnywerheid getref het, was die pasgeld van ls. die maand vir iedere Kaffer. Die opbrengs hiervan het die regering oorhandig aan die Johannesburgse hospitaal wat uitsluitend gedien het tot gebruik van Johannesburg en sy myne. Uit bowestaande is dit seker duidelik, dat daar hoegenaamd geen grond was vir die bewering van die Uitlanders, dat die 348 Belastings. Republikeinse regering daarop uit was om die mynnywerheid dood te druk nie. Met sy grief teen die sware druk van die Transvaalse belastings het Leonard homself net belaglik gemaak. Onder kruisverhoor voor die Komitee van Ondersoek in Engeland na die ontstaan van die Jameson-Inval en die gegrondheid van die Uitlander-griewe moes hy erken, dat hy as prokureur en notaris in Johannesburg ri jaarlikse inkome gehad het van £ 10,000, waarvan hy uiters £ 150 as belasting aan die regering afgestaan het. — (Blouboek 311, bl. 423). In Engeland is destyds op £ 10,000 aan inkomstebelasting alleen £ 250 betaal en bet die staat met alle belastings tesame digteby die £ 1000 van ri dergelike inkome opgeëis. In die begroting van 1896 is die inkomste aangegee as £ 4,886,000, maar dit moet verminder word met ri paar aftrekposte van tesame oor ri miljoen, sodat die werklike inkomste sowat £ 3,800,000 bedra het, vertel die heer Jeppe. Die regstreekse belastings, deur die mynbevolking betaal, gaan hy voort, was die Prospekteer-, die Delwers- en die Standplaasvergunnings van tesame byna £ 700,000. Dit moet egter verminder word met ri bedrag van £ 300,000 wat uitgekeer is aan die eienaars van die gronde, hoewel dit deur die regering ingesamel is. In die mééste gevalle was dit die Uitlanders wat hierdie uitkerings kry. Die burgers het in grote mate bygedra in hierdie inkomste, daar ri groot deel van hulle ook klyms of standplase in besit gehad het. Van die gronden die persoonlike belastings het die burgers meer dan die helfte betaal, daar hulle die grootste in aantal was en die meeste van die land besit het. Die vernaamste bronne van inkomste was die invoerregte, wat beraam is op die oplewering van een en ri half miljoen. Dit is moeilik om te bereken hoedat hierdie bedrag verdeel is tussen die Uitlanders en die burgers. Die bedrag aan invoer- Belastings. 349 regte in Johannesburg betaal is geen betroubare gids nie, daar Johannesburg ook gedien het as uitdelingsplek vir die distrikte. Die bevolking van die goudvelde was uitsluitend verbruikers en het derhalwe meer ingevoer dan die burgers wat ri groot deel van wat hulle verbruik het, self voortgebring het. Aan die ander kant het die burgers groot famielies gehad, terwyl daar betreklik nog weinig vroue en kinders op die goudvelde was. Wit was tog egter waarskynlik, dat die Uitlander veel meer tot die invoerregte bygedra het dan die burgers. Maar ri baie groot naturellebevolking, waarskynlik meer dan ri miljoen siele, moes hier in aanmerking geneem word. Terwyl weinig vir hulle afsonderlik ingevoer is, laat hulle aantal die kafferhandel in die Republiek ri groot omvang aanneem. Buitendien is die voorwerpe wat hulle meestal koop, swaar belas, soos pikke, komberse, krale, ens. Dit was bes moontlik, dat die naturelle een vyfde of meer in die opbrengs van die invoerregte betaal het. Dit was seker te betwyfel of die Uitlanders meer dan twee-derdes in die invoerregte bygedra het. Die volgende grootste bron van inkomste was die oordragregte, waarvan die Uitlanders seker die grootste deel betaal het; wat ook die geval was met seëls, vergunnings, pos- en telegraafinkomste wat tesame £ 850,000 opgelewer het. Maar ook boerplase gaan in ander hande oor en vergunnings is oor geheel die Republiek betaal. Die delwersbevolking kon nouliks meer dan twee-derdes van hierdie belastings betaal hét, redeneer die heer Jeppe. Dit is beslis moeilik om ri juiste berekening te maak, maar die bewering van die heer Rhodes, dat die Uitlanders neentien-twintigstes van die belastings betaal het, was beslis ri groot oordrywing. Dit verdien ook opmerking, dat van die inkomste van £ 3,800,000 ri bedrag van byna £ 400,000 afkomstig was uit ander bronne dan regstreekse of onregstreekse belastings behalwe £ 130,000 uit hutbelasting en £ 265,000 uit die winste 350 Openbare Werke. van die spoorwegmaatskappy. Sodat die gehele inkomste uk alle belastings deur alle inwoners van die Republiek betaal, nie £ 3,000,000 oorskry het nie. Daarteenoor is vir doeleindes uitsluitend in verband met die goudnywerheid en die nuwe bevolking in 1897 meer dan £ 660,000 bestem. Hierby is nie ingesluit die aandeel in die algemene staatsdiens en die algemene uitgawes wat op die nywerheid behoort te val nie. Die heer Jeppe was dit nie eens met Lionel Phillips, dat die uitgawe vir Openbare Werke verkwis is nie. Afgesien van die koste van die vestingbou wat ri regstreekse gevolg is vaa die inval en die opstand en wat in 1895 nie aan gedink is nie, is grote en nuttige openbare werke uitgevoer. Daaronder was die poskantoor in Johannesburg vir ri bedrag van £ 80,000, die hooggeregshof in Pretoria teen sowat £ 170,000 en baie ander geboue. Buitendien is nog ri groot aantal yster- en steenbrüë gebou. Op baie vrygewige wyse is ri groot aantal openbare instellings uit die staatskas ondersteun. Die openbare hospitale het alleen al ri jaarlikse toelae van £ 62,000 gekry. Dat die griewe deur die National Union die wêreld ingeslinger op baie slegte gronde berus ket en in sommige gevalle selfs geheel denkbeeldig was, bewys ook die jaarverslae van die Kamer van Mynwese oor die jare 1894 en 1895, soos Statham op oortuigende wyse aantoon. Die oproep van Leonard kla oor die verlening van konsessies deur die regering. Op bladsy 141 van die jaarverslag van 1894 is die mening uitgespreek, dat as gevolg van die besluite van die Volksraad ri mens die konsessietydperk as geslote kon beskou, terwyl op bladsy 18 van die jaarverslag van 1895 vermeld word, dat in daardie jaar geen aansoeke vir konsessies gedaan is nie, en hoewel daar aansoeke was vir die aangaan vaa ooreenkomste vir die lewering vaa verskeie handelsvoorwerpe, die Volksraad geen enkele hiervan goedgekeur he* nie. Versoeke van Myne ingewillig. 351 Uit die genoemde jaarverslae blyk ook. dat die Volksraad alles gedoen het wat die Kamer van Mynwese voor gevra het met betrekking tot werk op Sondag; die maatreëls van bestuur aangaande arbeid, deur die Kamer aan die hand gegee, sonder wysiging ingevoer het; ri bevredigende wet gemaak het met betrekking tot die verkoop van drank aan naturelle; die aanbevelings van die Kamer vir die kodifikasie van die Goudwet aangeneem het; prospekteursvergunnings verlaag het; die Paswet vir die goudvelde in ooreenstemming gebring het met die wense van die Kamer; rekening gehou het met die standpunt van die Kamer wat die voorgestelde sianiedemonopolie betref; ri kommissie benoem ket om ondersoek te doen na die klagtes omtrent handeldrywe in mynstreke; ri staatsheffing op steenkool van 2J/£ tot 1 ten honderd verlaag het op ontvangs van ri versoekskrif van die Kamer. As voorsitter van die RoodepoQrt United Main Reef Gokt Mining Co. het die heer George Albu die moed gehad om op ri buitengewone vergadering van 5 September 1898 te getuig, dat die Transvaalse Mynwet een was wat geen gelyke gehad het vir billikheid of praktiese nuttigheid op die hele wêreld nie. — (Leyds: Eenige Corresp., bl. 119 n). Leonard se oproep kla ook oor die onvoldoende besoldiging van die regters, maar sien die feit oor die hoof, dat die Volksraad reeds by besluit hierdie besoldiging met meer dan 50 ten honderd verhoog het na aanleiding van ri versoekskrif vaa die Kamer van Mynwese, soos te lees staan op bladsye 150 en 151 van die jaarverslag van 1895. Ook die beskuldiging van owerheidsinmenging met die werk van die geregshowe is verkeerd voorgestel. Die Doms- en McCorkindale-sake, waarna telkens verwys is, was reeds twaalf jaar vroeër beslis. Sedert dié tyd was daar net twee gevalle wat mwfoltie" as inmenging met die howe kan beskou word of van terugwerkende aard was. In die een geval is 352 Bevolkingsgetalle. aan die Goudwet ri uitleg gegee om bestaande tietels te bevestig op versoek van die mynnywerkeid self; die ander geval was die oorsprong van die Brown-saak, waarin die mening van byna iedere regsgeleerde van gesag teen die regters was. Die verhouding van Uitlanders tot die burgers van die land is sterk oordrywe. In ri kabelbrief aan die New York World het Rhodes gesê, dat daar 100,000 Engelse was teenoor 14,000 Boere. Die amptelike syfers was die volgende:— Alle Inwoners 226,028, In Transvaal gebore 150,308. Uitlanders van alle nasionaliteite .... 75,720. Uitlanders uit Engeland afkomstig . . . 41,275. Uitlanders van alle ander nasionaliteite, insluitende Natallers en Kapenaars . . 34,445. Hierdie syfers maak die dwaasheid van die politieke eise van die Uitlanders duidelik, maar dit word nog duideliker, as ri mens van die 75,720 aftrek die 60,000 wat in die mynstreke van Johannesburg gewoon het. Dan blyk dit, dat die Boere oor die res van die land die Uitlanders met tien teen één oortref het. Kan ri mens verwag, dat ri land van groot uitgestrektheid moet geregeer word deur één enkele myndorp wat sy taal, onderwys en kiesreg betref? Om die juistheid van bowestaande syfers te toets, hoef ri mens slegs te bedink, dat daar op die lys van weerbare manne meer dan 25,000 Boere ingeskrywe was. Byna almal van hulle was getroud en het kinders gehad, gemiddeld vier. Dus het die Boerebevolking tenminste 150,000 siele getel. Hiervan het goed twee-derdes geen Engels verstaan nie. Was dit dus so onbillik om te eis, dat die amptelike taal dié sou wees van sowat twee-derdes van die bevolking? Maar hoewel die wetlike amptelike taal Hollands was, is daar geen regeringskantoor gewees, waar Engels- en Duitssprekendes nie in hulle eie taal gehelp kon word nie. In die howe het die regters Bevolkingsgetalle. 353 en landdroste die gebruik van die Engelse taal dikwels deur die vingers gesien en voor die laasgenoemdes het die prosesvoerders byna altyd in Engels gepleit. Die berekenings van die heer Jeppe vul bowestaande nog aan en is vermeldenswaard. Dit was 'n algemene gedagte, vertel hy, dat die manlike bevolking van Johannesburg die van die ou burgers oortref. Hierdie indruk is as verkeerd bewese. ri Baie noukeurige telling van die inwoners van Johannesburg in Julie 1896 het bewys, dat die aantal vólwasse manlike blanke, bo die ouderdom van 14 jaar, van geheel Johannesburg. met 'n omtrek van drie myl, 25669 uitgemaak het. Baie hiervan was burgers, veral nou dat soveel meer die stemreg verkry het. Die aantal blanke mynwerkers en amptenare op die Witwatersrandse goudvelde was iets oor die ag duisend. *n Aanmerklike aantal van hierdie mense het binne die omtrek van drie myl gewoon; dit is derhalwe duidelik, dat die volwasse manlike blanke Uitlanderbevolking van die Witwatersrandse goudvelde nooit meer dan 30,000 kon gewees het nie en sedert Julie 1896 het ri aanmerklike uitwyking uit Johannesburg plaasgevind tengevolge van die slapte. Daardeur sou die bowegenoemd aantal in grote mate afgeneem het. Daar het geen vertroubare statistieke omtrent die aantal van die Boerebevolking bestaan nie. Volgens die Afdeling van Landsverdediging het die aantal weerbare burgers 30 000 oorskry. As ons hierby 6000 nuwe burgers voeg, dan is dit duidelik, dat die oorwig ten gunste van die ouer bevolking was. Voor die Britse Komitee van Ondersoek (bl. 3) het die heer Rhodes verklaar, dat die Uitlanders in Transvaal die meerderheid van die bevolking uitmaak, meer dan die helfte van land besit, nege-tiendes van die rykdom van die land in hande het en neentien-twintigstes van die belastinas betaal. ö 23 354 Grondbesit en Grondwaarde. Hierdie bewerings was geheel onjuis, soas reeds in verband met sommige daarvan aangetoon is. Wat die aandeel van die Uitlanders in verhouding met die Boere was in die grondbesit en grondwaarde, het die heer Carl Jeppe ondersoek. Hy kom tot die gevolgtrekkings hieronder ^D^verslag wat die Registrateur van Aktes in 1896 aan die Volksraad voorgele het. toon aan. dat daar in die Republiek 11045 „geïnspekteerde' plase was. Daarvan het 5575 aan burgers van die land behoort en 664 aan eienaars wat nie burgers was nie. Daar was 525 plase ingeskrywe op name van mense wat nie in die Republiek gewoon het nie. 758 op die name van Transvaalse maatskappye en 1087 op die name van vreemde maatskappye. Die 2436 orige plase het aan die regering behoort tesame met 1200 ,,nie-geïnspekteerde . Dit blyk derhalwe. dat uit die 12245 plase van die Republiek 9211 die eiendom was van die regering en die burgers, sonder die 758 wat in hande was van Transvaalse maatskappye. daarby in te reken. Dit was uit die aard van die saak moeilik om die waarde van hierdie plase te bereken. Die Registrateur van Aktes het die waarde aangedui met die laaste koopprys. waarvoor hulle oorgedra is. Dit is natuurlik onvertroubaar: die meeste van die Uitlanders het hulle plase in die laaste tien jaar gekoop en derhalwe teen sterk verhoogde pryse. terwyl die meeste van die burgers hulle grond vele jare gelede verkry het. toe dit nog van weinig waarde was. Maar nieteenstaande hierdie feit het hulle vir hulle plase byna drie en ri half miljoen betaal, terwyl die ander kooppryse as volg aange9« ^ingesete Uitlanders £ 800000; nie-ingesete Uitlanders £ 3750ÜÜ; Transvaalse maatskappye £ 200.000; vreemde maatskappye £ 3,750,000; die regering £ 120000. Hierdie laaste syfer toon die onmooatlikheid aan van n Onderwys. 355 behoorlike berekening te verkry, daar dit slegs die koopprys verteenwoordig van ri paar plase deur die regering aangekoop uit die 3636 in regeringsbesit. Dit is seker, dat die meeste van die eiendom van groot waarde: dié wat goud en ander delfstowwe bevat het, in hande van die Uitlanders was. Aan die ander kant was hulle om spekulatiewe doeleindes in besit van baie plase wat onbewoon was en derhalwe van betreklik kleine waarde. Dié wat in besit van die Boere was, is byna almal gebruik vir landbou en veeteelt en terwyl hulle nie baie hoë waarde in vergelyking met die goudhoudende gronde gehad het nie, was hulle gemiddeld meer werd dan die sogenaamde spekulasieplase. Dit was na die mening van die heer Jeppe onwaarskynlik, dat die vaste eiendomme in besit van die Uitlanders dié van die Boere en die regering in waarde oortref het. Ook wat die onderwys betref, het die oproep van Leonard growwe onwaarhede verkondig. Hoewel die staatskole en die skole deur die staat ondersteun Hollands was, het die regering altyd gereed gestaan om aan Engelse skole volkome dieselfde steun as aan andere te verleen, mits langsamerhand in die hoër klasse die amptelike taal ingevoer is, sodat in die laere klasse alleen Engels gepraat is, terwyl in die hoogste klasse Hollands die voertaal moes wees. Die Duitsers in Johannesburg het vir hulle eie skool betaal. Die Engelse het geëis om op staatskoste hulle skole te hê, waarin Hollands miskien onderwys kon word, soos Lionel Philhps dit uitgedruk het, as daar ri bietj ie tyd oor was. By die prysuitdebrig van die President-Skool in Johannesburg op 21 Augustus 1899 het Eerw. J. T. Lloyd uiteengesit wat die Engelse aan die Krüger-regering te danke was op die gebied van onderwys. Die Transvaal Leader het daarvan in sy verslag slegs durf meld, dat die Eerw. Lloyd „ook ri 356 Onderwys. paar opmerkings gemaak het". In ri ingesonde stuk in die blad kom die volgende dag die heer Hugh J. Evans hierteen op en vertel hy wat die inhoud was van die opmerkings van Eerw. Lloyd, n.1. 1. Dat die regering van die Republiek vier staatskole gestig het, waarin die enigste voertaal Engels was. 2. Dat die regering van die Republiek ag staatskole gestig het, waarin die voertaal vir Engelse kinders Engels en vir die Hollandse kinders Hollands was. 3. Dat die regering van die Republiek jaarlikse toelaes verleen het aan ses ander skole. geen staatskole, waarin die enigste voertaal Engels was. 4. Dat die regering van die Republiek steeds gewillig was om, deur middel van die Afdeling Onderwys, Engelse onderwys te verskaf aan welke gemeenskap ook, wat daarom vra op die amptelike goudvelde. Die heer Evans staan in vir die juistheid van hierdie feite, gee daar nog bevestigende aanvulling van en wys op die tegemoetkoming steeds deur Dr. Mansvelt betoon. — (Hobson, bl. 38 en 39). ri Gevestigde en troue bevolking kan seker nie vir altyd van die stemreg verstoke bly nie. Maar was die bevolking van Johannesburg gevestig en was dit trou? Die Boere het tereg hulle sterke twyfel daaromtrent gehad. Waar was al die manne wat hulle fortuine in die Transvaal gemaak het? Waar was die Beits, Taylors. Neumann, Barnato, I^mnings en al die andere? Het hulle hulle lot met dié van die SuidAfrikaanse Republiek verbind? Hoegenaamd nie! Hulle woon in Londen, bestee hulle geld daar, beskou hulleself as Engelse en wou niks anders wees nie. Dieselfde manne wat met gevelde bajonet die stemreg geëis het, het hulleself nog steeds in die versoekskrifte en adresse aan die Hoë Kommisans aangedui as „Haar Majesteits mees getroue onderdane". Kan Die Trou van die Uitlanders. 357 'n mens daaroor verwonder wees, dat die Boer nie die dubbele trou kon verstaan nie, wat voorgee om aanhanklikheid aan die Transvaal te sweer sonder om dié aan Engeland op te gee? Was dit onwys van die Boere om te weier om somarso die stemreg toe te ken aan die Uitlanders wat die vyand, die Geoktrooëerde Maatskappy, in die land geroep het onder voorwendsel, dat die Boere gedreig het om vroue en kinders te vermoor, terwyl die Boere rustig op hulle plase gewerk het? Dit was Johannesburg wat duisende manne met ingesmokkelde gewere gewapen het. Die Boer het slegs één trou aan sy land geken, om vrou en kind, vee en land en selfs sy eie lewe te laat in die verdediging van die onafhanklikheid van sy dierbare Republiek. Was hierdie eienskappe in die neentiende eeu so goedkoop, dat drywers van windhandel in aandele, fortuinsoekers en hulle wetgeleerde raadgewers dit strafloos mag hoon en die goedkeuring van die Britse pubhek daarvoor wegdra? Moes die beslissing oor die vrede of die oorlog van wêrelddele in die hande van diesulkes wees? So was dit tog. Met juistheid het iemand Julie 1897 in die Edinburgh Revkw opgemerk: „Nou dat langsamerhand die feite één vir één voor die dag kom, kan ri mens nie meer ontken nie, dat die griewe van die Uitlanders sterk gekleur was teneinde ri regverdiging te vind vir ri aanval [teen Transvaal], ri Paar duisend landverhuisers wat ses of sewe jaar in ri vreemde land gaan deurbring met die doel om daar snel ryk te word, kan nouliks verwag, dat hulle taal sal onderwys word in die staatskole of dat hulle die sterkste invloed by die verkiesings sou hê. Hoelank het dit geduur vir die Hollands, die taal van die oorgrote meerderheid van die Britse onderdane in die i Kaapkolonie, om op gelyke voet gestel te word met Engels?" / (Aangehaal deur van Oordt, bl. 644). Die heer W. P. Schreiner wat Prokureur-Generaal was in 358 Getuicnis van W. P. Schreiner. die kabinet-Rhodes, het ook voor die Engelse Komitee van Ondersoek belangwekkende getuienis afgelê. 'n Uittreksel daarvan kom seker te pas as aanvulling van bowestaande weerlegging van die Uitlander-griewe. Die heer Schreiner redeneer op die volgende wyse:— In ri jong land is dit baie moeilik om die atelsel van die regering gelyke tred te doen hou met die snelle wisseling van omstandighede. Hier was ri klein staat, waarvan die inwoners hulleself vernaamlik besig gehou het met veeteelt. Plotseling kry dit 'n ontsettende instroming van bevolking wat vergader op die goudvelde. Dié bevolking bevat goeie bestanddefe. maar ook teenoorgestelde. soos elkeen kan opmerk wat hulle aan die seehawens sien aankom. Die griewe van die Uitlanders het steeds in die Kolonie medegevoel gekry vir sover dié op goeie gronde gesteun het. Dog ons het gevoel, dat die tyd die griewe sou verwyder. Wanneer mense ri groot aandeel van die inkomste van die land opbring en hulle word belet om hulle kinders in hulle eie taal te laat onderwys, dan is dit ongetwyfeld ri saak wat hulle ter harte gaan. Maar hierdie vraagstuk word opgelos... Tog is die grief nie so erg nie, want die kinderbevolking van Johannesburg is nie groot nie. In sulk ri jonge stad is daar weinig getroude mense en famiehes. Die vernaamste deel van die bevolking bestaan uit volwasse manne en dié gaan nie ' skool nie. Daar word dus meer van die onderwysgrief gemaak as die omstandighede regverdig. Die toestaan van konsessies en monopolies is nie n verstandige politiek nie ... Dog veronderstel, dat die here Rhodes en Jameson in hulle pogings geslaag het of laat ons aanneem, dat die Britse vlag vandag oor Transvaal waai, sou^ dan dadelik bestaande verpligtings teniet gedoen word? SekerH* nie! Die verleende konsessies sou moet bh/ bestaan; hulk rus op die volk en so moet dit bly, totdat deur die verloop van Hollanders in Staatsdiens. 359 die tyd, waarvoor hulle verleen is, hulle teniet gaan... As Johannesburg alleen gelaat is of as begryp is, dat dit verstandig was om op eie bene te staan en sy eie heil te probeer uitwerk sonder hulp van buite, dan sou na my mening sake sneller tot ri oplossing gekom het dan tans die geval is. President Krüger kan tog nie alles alleen doen nie; hy is, as ri mens alles in aanmerking neem, in die toestand van ri konstitusionele vors; hy moet werk deur middel van sy Raad... Ek vrees, dat die ware, gegronde griewe van die Uitlanders, wat reeds vóór hierdie tyd kon weggeneem gewees het of wat die regering besig was om weg te neem, tot ri soort van stokperdjies gemaak is vir ander doeleindes, om sake in Suid-Afrika te oorhaas (iets wat steeds gevaarlik is) in plaas van hulle op natuurlike wyse te laat ontwikkel. „Laat my toe om ook iets te sê oor die Hollander-vraagstuk. Hierdie grief het meer betrekking op die enkeling dan op die aantal. Daar is uitmuntende manne onder die Hollandera wat die werk op die landskantore op bewonderenswaardige wyse verrig. Daar is ook Hollanders wat daar om geen ander rede is nie, dan omdat hulle Hollands ken en Hollands is die amptelike taal van die land. ri Mens kan in die land self sulke manne nie kry nie, seker nie onder die Engelse bevolking nie, omdat geen een van hulle Hollands verstaan nie, en selfs onder die Afrikaners, soos die Kapenaars, kan ri mens die regte soort manne nie vind nie. Ek spreek uit ondervinding, daar ek in die Kaapkolonie aan die hoof van ri groot afdeling van staatsdiens gestaan het... Daar is in die laaste tien jaar soveel ander sake in Suid-Afrika gewees wat die beste en bekwaamste manne getrek het en derhalwe is dit moeilik om bekwame manne vir die openbare diens te kry. Dit is heel natuurlik, dat die President en die Uitvoerende Raad medegevoel het met dié mense wat in die dae van gevaar by die Republiek gestaan het en dit kan nie ontketf 360 Grief insake Hollanders c>órchTewe. word, dat 'n groot deel van die landsamptenare Hollanders is nie. Dog daar is rede vir die gebruik maak van ri groot aantal van hulle en daar mag ri seker voorkeur wees om sekere betrekkings deur Hollanders te laat beklee, b.v. op die spoorweë. Daar het ri mens ri Hollandse maatskappy en natuurlik word daar Hollandera gebruik. Dit is te begrype, dat die mense in die Transvaal wat geen medegevoel met die Hollanders het nie, dit minder aangenaam vind, dog ek glo, dat die heer Leonard in sy oproep die saak op redenaarsmanier oordrywe. ri Groot aantal Afrikaners of jonge manne van die Suide word in die openbare diens van die SuidAfrikaanse Republiek gebruik; baie kry aanstellings, dog daar is werklik nie genoeg om al die ope betrekkings te vul nie. Maar die Hollander verstaan die amptelike taal en daar hy gewoonlik ri man van opvoeding is, kry ri mens van hom ri hoër gehalte van werk wat die Republiek baie hoog skat en goed betaal". — (Blouboek 311, bl. 180. 181 en 204). Ook die heer Schreiner het egter nog die aantal Hollanders in die staatsdiens van die Transvaal oorskat. Ongelukkig was ri statistiek van die amptenare na verskillende nasionaliteite ingedeel teen die einde van 1895 nie te vinde nie Maar in Junie 1897 was ri dergelike statistiek beskikbaar en dit is juis in hierdie tyd, dat die heer Schreiner sy getuienis voor die Britse Komitee van Ondersoek afgelê het Die Republiek het toe 1958 amptenare gehad en daarvan was slegs 306 Hollanders. Van die orige 1652 was 682 Transvalers, 478 Kaapkolonialers, 105 Vrystaters, 42 Natallers, 107 Britte, 145 uit ander state van Suid-Afrika en 21 uit ander state van Europa en Amerika. Onder die laasgenoemde klompie was daar Dene, Nore, Beige, Switsers, Oostenrykers, Russe en burgers van die Verenigde State van Amerika. Ons sien dus hieruit, dat die Hollanders onder die amptenare nie alleen deur die Transvalers self ver oortref is nie. Kapenaars in Transvaalse Diens. 361 maar ook deur die Afrikaners uit die Kaapkolonie. Om te beweer, soos dikwels gedoen word, dat die Uitlanderpolitiek van Paul Krüger veral gemunt was teen die Afrikaners van die Kaapkolonie is niks minder nie dan onwaarheid en laster. Die Kapenaars het in verskillende regeringskantore selfs die Transvalers oortref in aantal, of tenminste met hulle gelykgestaan, soos uit onderstaande lys sal blyk:— Kantoor. Transvalers. Kapenaars. Hooggeregshof 2 8 Landdros Pretoria 2 9 Inspekteur van kantore 1 3 Insp.-Genl. Invoerregte 46 53 Staatsdrukkery 8 19 Landmeter-Generaal 3 8 Kom. van Poliesie 3 4 Tesourier-Generaal 6 8 Posmeester-Generaal 52 78 Res. Vrederegter Volksrust ... 1 3 Mynkom. Barberton 18 29 Mynkom. Klerksdorp 21 26 Landdros Middeburg 11 11 Landdros M. W. Stroom .... 3 11 Mynkom. Boksburg 9 18 Spes. Kommissaris Bremersdorp . . 6 10 Wat ri mens hieruit ook al kan aflei, seker nie dat daar in Transvaal ri politek tot uitsluiting van Kaapse Afrikaners gevoer is nie. Die rol wat manne soos Genl. Beyers en Genl. Smuts in die Transvaal gespeel het. bewys. dat daar ruimte was vir Kaapse Afrikaners. Maar waarom sou die Republiek geprobeer het om hulle uit te sluit of te ontmoedig om daarheen te kom? Dit was tog sonder twyfel in belang van die Transvaal self om soveel moontlik Afrikaners uit die ander kolonies en state te lok om die teëwig teen die Engelse te versterk. 362 Afrikaners as Hoofamptenare. Wat die politieke griewe betref, was dus die oordrywing van die Uitlanders nie minder erg nie. Die Hollanders vir wie hulle altyd belaster het, was net sowel Uitlanders as die here Phillips en die ander Engelse, Duitsers, Franse of watter vreemdelinge ook. Maar die Hóllanders het dit op die ander buitelandërs voor gehad, dat hulle die taal van die land gepraat het, terwyl vyf-en-neentig van elke honderd Engelse geweier het om dit aan te leer. Die feite bewys buitendien, dat die mag van die Hollanders sterk oordrywe is. Die President en al die lede van die Uitvoerende Raad, behalwe die Staatsekretaris, was Afrikaners. Die Kommissaris van Mynwese, die Tesourier-Generaal, die Ouditeur-Generaal, die Posmeester-Generaal, die Landmeter-Generaal, die Kommandant-Generaal en die Hoof van die Poliesie als almal Afrikaners. Die Staatsprokureur was in daardie tyd weliswaar ri Hollander, Dr. Herman Coster, maar sy twee voorgangers was Afrikaners en sy opvolger was ri Afrikaner, J. C. Smuts. Op één na was al die landdroste Afrikaners. Die regters van die Hooggeregshof het twee Afrikaners, twee Hollanders en een Skot geteL ri Telling van die landsamptenare het bewys, dat 83 ten honderd van hulle Afrikaners was en slegs 17 ten honderd Uitlanders. Dat hierdie Uitlanders grotendeels Hollanders was, is te wyte aan die feit, dat hulle die taal van die land geken het. In die belang van Rhodes en sy handlangers was dit natuurlik om die Afrikaners in die Kaapkolonie onder die indruk te bring, dat die Krüger-pohtiek ook teen hulle gemunt was. Hierdie doel is in grote mate bereik. Die Kaapse Afrikaners kon onmoontlik verwag om dadelik in Transvaal die volle burgerskapsregte deelagtig te word. Hulle was vreemdelinge wat die Republiek betref en wel Kapenaars nie uitgesluit nie. 363 Britse onderdane. Aan hulle kon daar geen voorregte verleen word, waarvan ander Uitlanders en veral ander Britse onderdane verstoke was nie. Waar die kennis van die Hollandse taal vir hulle in die staatsdiens beter kanse geopen het dan vir ander Uitlanders, daar is hulle van die genot daarvan nie uitgesluit nie en dié van hulle wat gewillig was om krygsdiens te verrig, het dadelik die volle burgerskapsregte verkry. HOOFSTUK XXII. DIE VOORBEREIDING VAN DIE INVALSPLANNE. Die groot beweegkrag van die invalsplanne was Rhodes. Hy het gedroom van die Britse vlag te laat waai oor een onafgebroke strook grond van Kaapstad tot Cairo en wou begin met die totstandbring van ri samevoeging van alle state suid van die Sambesie in ri bond soos dié van die Verenigde State van Amerika. Met hierdie doel voor oë het hy maats gemaak met die Dietse bevolking van die Kaapkolonie en niks openlik gedoen om die Uitlanders in Johannesburg te help nie. Hy het hulle geduld aangeraai. Paul Krüger was ri ou man en sou spoedig van die toneel moet verdwyn, ket Rkodes geredeneer. Maar in die somer van 1895 het hy uit Europa na Suid-Afrika teruggekeer en ri swenking gemaak wat groot verrassing ver oorsaak het. Die politiek van geduld het 'hy toe vaarwel gesê en besluit om ri werksame deel te neem in die ondersteuning van die ontevrede party in Transvaal. — (Stead, bl. 12). Maar sy taak was moeilik. Hy was ri leidende kapitalis van die Rand; hy was bestuurder van die Geoktrooiëerde Maatskappy van Rhodesië; hy was voorsitter van die De Beers-maatskappy; hy was Eerste Minister van die Kaapkolonie en lid van die Britse Geheime Raad. Sy verantwoordedelikhede was veelvuldig en groot, maar in ooreenstemming daarmee het hy beskik oor geweldige middele van persoonlike invloed, geldelike oorwig en politieke mag. Krüger in Rhodes se Weg. 365 Daar was gelukkig één man by wie Rhodes met sy persoonlike invloed niks kon uitrig nie. Dit was die President van die Suid-Afrikaanse Republiek. In die begin van 1894 het hy die President besoek met die doel om hom oor te haal om by die spoorwegverbond aan te sluit, wat na sy mening die voorloper was van die samevoeging van alle state van Suid-Afrika. Maar Paul Krüger het vasgehou aan die één doel van sy lewe: die handhawing van ri onafhanklike BoereRepubliek, vry van Britse oorheersing. Rhodes het by dié geleentheid sy humeur verloor en die President vertel, dat die eenheid van Suid-Afrika as staat so seker was as die opgang van die son die volgende oggend. Dit sou beter wees, wanneer dit deur hom en met hom dan teen hom en oor hom geskied, want dit was onmoontlik vir Transvaal om in die weg te bly staan van die vreedsame samevoeging van die state van Suid-Afrika. Die President het vir Rhodes sy onwrikbaarheid so duidelik laat verstaan, dat laasgenoemde moes verklaar: „Hy is beslis hopeloos en onversoenlik. Daar is nog tien jaar van baklei in die ou. Ons kan nie wag totdat hy verdwyn nie; Suid-Afrika ontwikkel te snel. Iets moet gedaan word om die bestuur van Transvaal in hande te gee van ri meer vooruitstrewende regeerder dan Oom Paul". — (Stead, bl. 16). Dit was n keerpunt in die sameswerings. Rhodes is na Engeland toe en het begin met die aanstelling te verkry van Sir Hercules Robinson as Hoë Kommissaris. Sir Hercules was al oud en swak, maar Rhodes wou van niemand anders as Hoë Kommissaris weet nie. Die Dietse inwoners van SuidAfrika het vertroue gehad in die man wat die onderhandelings gevoer het by die aangaan van die Verdrag van Londen in 1884. „Sonder die Dietse Afrikaners kan ri mens niks uitvoer nie", het Rhodes gesê. Die moeilikhede in Transvaal sou ri aanvang neem. Daarby sou Sir Hercules die vertroue van die 366 Rhodes se Medewerkers. Boere bly behou en kon sake kalm hulle gang gaan. Sir Graham Bower, die Koloniale Sekretaris, sou eintlik die werk doen en feitlik Hoë Kommissaris wees en vir Sir Hercules voor voldonge feite stel en dus agteraf sy toestemming kry vir dinge wat hy anders sou afkeur. — (Stead, bl. 17). Rhodes sou die Britse regering ook uitgeskakel het, as hy kon. Dog alleen die Minister van Kolonies kon Transvaal druk op grond van beweerde skendings van die Londense Verdrag en buitendien was die Britse regering in besit van die gebiede wat noodsaaklik was vir die voorbereiding van die gewapende ondersteuning van die IBtlander-omwenteling in Johannesburg. Met hierdie doel voor oë moes hy die Minister van Kolonies in sy vertroue neem. Hy het ook nog die poliesie van Beetsjoeanaland nodig gehad vir sy krygsbedryf. Die heer Chamberlain kon hom ook hier help. Alfred Beit sou sorg vir die geldelike steun wat Rhodes mag nodig hê en het ook in Johannesburg Rhodes se planne gaan bespreek met Lionel Pkillips en Charles Leonard. Op hierdie wyse kon Rhodes voorlopig agter die skerme bly. Dr. Rutherfoord Harris is Engeland toe gestuur om sake met Chamberlain te gaan probeer regmaak. Harris was die Suid-Afrikaanse sekretaris van die Geoktrooiëerde Maatskappy, privaat sekretaris van Rhodes, hd van die Kaapse Parlement en daarin sweep van die Rhodes-party. Harris was daarby ryk en vol eersug. Khama, die inboorlinghoofman van Beetsjoeanaland, was ook op hierdie tydstip in Engeland om onder die beskerming van die Sendinggenootskap verset aan te teken teen die verlening van ri protektoraat aan die Geoktrooiëerde Maatskappy oor sy gebied. Dr. Harris het dus die Sendinggenootskap teen homself en die Maatskappy gehad. Hy het in die openbaar voorgegee, dat die Maatskappy die strook grond nodig bet vir die bou van ri spoorweg. Maar daarvoor was oordrag Chamberlain sluit ri Koop. 367. van die grond aan hulle tog nie nodig nie. Aan Chamberlain is heel waarskynlik die werklike rede meegedeel om hom daartoe te beweeg om die grond af te staan. Chamberlain het dan ook van dié inligting gebruik gemaak om ri voordelige koop te sluit met die Maatskappy, deur te beding dat die grond sou afgestaan word, wanneer die Maatskappy afsien van die toelae van £ 200,000 wat die vorige Britse regering verleen het vir die bou van die spoor. Chamberlain was ook lid van die Gekose Komitee van die I Laerhuis wat moes ondersoek instel na die voorbereiding [ van die Jameson-Inval, hoewel hy ook self betrokke party | was. Hy wou voor die Komitee laat uitkom watter goeie koopmansakie ky gedoen ket met die afstaan van die grond. Rhodes erken in die Komitee dat deur die oormaak van die Beetsjoeanalandse poliesie aan die Geoktrooiëerde Maatskappy die Britse regering byna £ 60000 in die jaar sou bespaar. Die ondervraging op hierdie punt gaan voort:— ,.(2046) Die heer Chamberlain: Ons het ook gespaar, het ons nie, of sou spaar, as die ooreenkoms uitgevoer is, ri som van £ 200000 wat aan U deur my voorganger belowe is as ri toelae vir die spoorweg? „Die heer Rhodes: Ja, U het 'n uitstekende koop gedaan. „(2047) Die heer Chamberlain: En miskien bet U te meer rede gehad om ri goeie koop te maak, omdat U nog 'n paar ander doeleindes gehad het? „Die heer Rhodes: Ek vrees, dat U daarvan party getrek het". — (Blouboek 311, bl. 118). Dus, die heer Chamberlain het geweet van „ander doel- l eindes" wat Rhodes in die skild gevoer het, Hy het ook geweet wat die ander doeleindes was om daarvan party te kan trek. Dr. Harris het ook glad nie met heeltemal nuwe planne en voorstelle na die Ministerie van Kolonies gegaan nie. Sir 368 Die Plan van Loch. Henry Loch het as Hoë Kommissaris al 'n plan agtermekaar gehad om Transvaal in te lyf. Rhodes het van hierdie plan geweet en dit so verstaan dat, nadat oproer in Johannesburg uitgébreek het, ri telegram aan President Krüger sou ges tuur word om hom te herinner aan sy plig om die lewens en eiendomme van Britse onderdane te beskerm. Dit was seker, dat in sodanige oproer Britse onderdane skade sou ly. Die Hoë Kommissaris sou dan aan President Krüger sein, dat hy in gebreke gebly het ten aansien van die beskerming van die lewens en eiendom van Britse onderdane en die Hoë Kommissaris derhalwe stappe sou doen om dié beskerming te verseker wat die President nagelaat het. Dit sou daarin bestaan, dat die Hoë Kommissaris uit Beetsjoeanaland die Transvaal met ri troepemag sou binneval. As verteenwoordiger van die vernaamste moondheid in Suid-Afrika sou ky dan 'n beslissing geëis het onder voorwaarde, dat albei partye ontwapen, dat die Uitlanders die stemreg kry en dat die saak sou beslis word deur ri stemming van al die volwasse manlike inwoners van die Republiek. — (Stead, bl. 22). Hierdie plan het Loch ook in die Britse Hoerhuis openbaar gemaak. — (Hofmeyr, bl. 121). Dr. Harris was hiervan volkome op die hoogte en moes van Chamberlain toestemming kry om vir Rhodes en Jameson hierdie plan te laat uitvoer deur die afstaan van die poliesiemag van Beetsjoeanaland en ri strook grond aan die Transvaalse grens so dig moontlik by Johannesburg om gou by die hand te kan wees. In Junie 1894 — dus reeds meer dan ri jaar vóór die inval — was Sir Henry Loch in Pretoria as gas van die Republikeinse regering in verband met die reëling van Swasielandse sake en die vraagstuk van kommandering van Britse onderdane vir Transvaalse krygsdiens. Die Uitlanders het van die Hoë Kommissaris se aanwesigheid gebruik gemaak Loch hits Uitlanders op. 369 om 'n groot betoging teen President Krüger te hou. Dit kon hy waarskynlik nie voorkom het nie. Dog die amptelike verteenwoordiger van Brittanje het van die gasvryheid van die President growwe misbruik gemaak, soos later geblyk het uit die briewe van Lionel Phillips wat in Johannesburg in beslag geneem is. Phillips skrywe aan sy vriend Wernher: „Sir Henry Loch (met wie ek twee lang private onderhoude gehad het) het my ri paar baie stellige vrae gedaan, b.v. watter wapens ons in Johannesburg het, of die bevolking die plek vir ses dae lang beset kon hou, totdat versterking kom, ens„ ens., en het duidelik verklaar dat, as hier 3000 gewere en patrone was, hy seker sou oorgekom het. Hy het my verder meegedeel, en wel op betekenisvolle wyse, dat hulle die Swasielandse ooreenkoms vir ses maande verleng het, en gesê, dat hy veronderstel dat by dié tyd Johannesburg beter voorbereid sou wees, soveel te sê, as dinge dan veiliger is, sal ons handelend optree". — (Gbk. No. 2 1896 bl. 4). Phillips se plan was eers om tien of vyftien duisend pond bymekaar te kry teneinde te probeer om die verlangde hervormings in die Republiek met geld reg te maak. Wanneer dit geen baat bring nie, sou geweld die volgende middel wees. Daar die Hoë Kommissaris sulke planne gekoester het en met die Uitlanders bespreek het, is dit duidelik, dat ook die Britse regering of tenminste die Minister van Kolonies daar nie onbekend mee sou gewees het nie. Dr. Harris het ook j voor die Komitee verklaar: „Ek bet opdrag van die heer Rhodes gehad om Engeland te besoek en hierdie oorwegings onder die aandag van die Minister van Kolonies te bring. j Die heer Rhodes het dit aan my oordeel oorgelaat om by te voeg, as ek dit nodig ag, dat met die oog op die ernstige toestand in Johannesburg die onmiddellike oordrag [van die 24 370 Die Ministerie van Kolonies. strook grond] die plaatsing van ri koloniale poliesiemag in die geleentheid om op te tree sou vergemaklik, wanneer die omstandighede dit vereis". — (Blouboek 311. bl. 336 en 337). Dr. Harris het natuurlik ook met ander kopstukke van die Ministerie van Kolonies in aanraking gekom om sy saak te bevorder. Die vernaamste van dié manne was Fairfield, hoof van die Suid-Afrikaanse Afdeling. In die teenwoordigheid van Hawksley, die saakwaarnemer van Rhodes in Londen, het Harris sy planne openlik aan Fairfield meegedeel. Fairfield. Lojd.Selbourne, Onder-Sekretaris van Koloniale Sake, en ander amptenare op die Ministerie was almal op hoogte van die planne en sou hulle verantwoordelike hoof, Chamberlain, nie in die duister gelaat het nie, wanneer hy miskien nie 'uit die eerste hand ingelig is nie. As dit alles sonder sy medewete geskied het, waarom het hy hulle later nie gestraf, toe dit aan die hg gekom het nie? •n Sekere majoor Robert White het in April 1895 na SuidAfrika toe gekom as offisier in die poliesiemag van die Geoktrooiëerde Maatskappy. die British South Africa Company. ook Charteted Company geheet. Hy is as spioen na Transvaal toe gestuur. het daar die strategiese stelling van Pretoria nagegaan, aantekenings en sketse gemaak en het die artilleriekamp, die sterkte van die wag en die aantal en gebruikswaarde van die kanonne bespied. Vir die nodige geld om die uitvoering van die planne te bekostig het C. J. Rhodes en sy vriende met ruime vrygewigheid sorg gedra. Aan voldoende geldmiddels het dit dus nie ontbreek nie. Wat die oproerlinge in Johannesburg egter wel behoefte aan gehad het, was vuurwapens, 'n Jaar tevore het Sir Henry Loch hulle reeds daarop gewys. Maar om daarvoor voorsiening te maak was nie so maklik nie. Die staat het die alleenreg gehad vir die lewering van skietgoed en ontplofbare stowwe. Niemand kon 'n geweer of skietbenodigd- Insmokkeling van Vuurwapens. 371 hede verkry of invoer sonder ri verlofbrief van die Kommandant-Generaal nie. Oortreders van hierdie voorskrifte was aan sware strawwe onderhewig. Maar daarteen het die Uitlanders nie opgesien nie. Hulle sou die nodige vuurwapens insmokkel, want Engeland sou hulle wel beskerm teen die strafmaatreëls van die Republiek. Die uitvoering van die moeilike smokkeltaak is opgedra aan Kaptein Holden, 'n of fisier van die Rhodesiese poliesiemag. Gelukkig vir hom en die welslae van sy taak, kon hy gebruik maak van die naam en die terreine van die De Beers Consolidated Mines in Kimberley, waarin Rhodes byna alles te sê gehad het Kaptein Holden het langs hierdie weg daarin geslaag om vyf treinwaens, elk met sowat 700 gewere, veilig van uit Kimberley in die Simmer 6 /acfc-myne in Johannesburg te land. In groot olievate is ook drie snelvuurgewere, 125 kiste pattone en 1800 roers in Johannesburg besorg. Daar uit die kraantjies Werklik olie gedruppel het, is deur geen enkele amptenaar vermoed, dat daar iets anders dan olie in die vate was nie. Die goed het verpak gebly, totdat dit sou nodig wees vir die groot kragproef. — (C. 8380, bl. 8, ens.) Volgens Llonel Phillips het ri groot aantal van dié gewere, weens die onverwagte koms van Jameson, Johannesburg ri paar dae te laat bereik. In die twede helfte van November 1895 het Jameson self na Johannesburg gekom om te sien dat alles in orde was en om die laaste maatreëls vir die uitvoering van die plan te tref. Dit is toe ooreengekom, dat die opstand in Johannesburg op die aand van 28 Desember sou losbars. Op dieselfde oomblik sou ook ri aanval op die arsenaal in Pretoria gedoen word. Die wapens wat daar te vinde was, sou vernietig of na Johannesburg vervoer word. Reeds het drie bokwaens met uitgelese spanne muile daarvoor klaar gestaan. Sodra dit in orde was, sou Jameson ri waarskuwing kry en met sy troepe die Republiek binneval. — (Phillips, bl. 143 en 144). 372 „Uitnodiging" aan Jameson. Dit was by hierdie geleentheid en wel op 20 November 1895 dat Jameson van die National Union die sogenaamde uitnodiging in die vorm van ri brief gekry het om die Uitlanders in hulle stryd teen die owerheid te kom help. Hy het beweer, dat hy iets moes hê om sy handelwyse teenoor sy meerderes te regverdig. Die brief het voorlopig geen dagtekening gekry nie en, is eers later van die datum 20 Desember 1895 voorsien om die indruk te wek, dat dit werklik ri noodkreet van dié dag uit Johannesburg was. Hierdie brief het begin met die verwagting uit te spreek, dat, weens die kritieke toestand van sake in die Republiek, ri 'botsing tussen die regering en die Uitlanderbevolking binne korte tyd onvermydelik sou wees. daar die toestand vaa duisende Engels ondraaglik geword het Die klagtes in hierdie brie* teen die regering ingebring. was dieselfde as die wat vervat is in die reeds behandelde oproep van Leonard en kan dus hier buite beskouing gelaat word. „Om nie in besonderhede te tree nie", lui dit verder, „mag ons sê, dat die regering alle bestanddele in die lewe geroep het wat nodig is vir 'n gewapende botsing". Al wat die Johannesburgers verlang het, was regverdige behandeling, die handhawing van hulle onafhanklikheid en die behoud van daardie openbare vryhede. waarsonder die lewe geen waarde het nie. sê die brief. Al hierdie dinge sou die regering geweier het en die nasionale gevoel van die Engelse by iedere geleentheid gekwes het. Wat sou die toestand van die Uitlanders wees as 'n uitbarsting mag plaasvind? Duisende ongewapende manne, vroue en kinders van Engelse afkoms sou oorgelewer wees aan die genade van die goed gewapende Boere en eiendonune van ontsaglike waarde sou in groot gevaar verkeer, Was die noodkreet in antwoord op dié vraag geslaak. „Ons kan onsself die toekoms nie mdink sonder die grootste angs nie en ons gevoel, dat ons daarop geregtig is om elke stap te neem wat bloedvergieting kan Misbruik van „Uitnodiging'* 373 voorkom en die beskerming van ons regte kan verseker Die omstandighede is van sulke dringende aard, dat ons hierdie stap nie kan vermy nie en ons moet glo, dat U en die manne onder U nie sal nalaat nie om tot die hulp te snel van mense wat in so ri toestand verkeer. Ons staan borg vir alle redelike koste wat deur U sal gemaak word om ons te hulp te kom en ons vra U om te glo, dat niks dan strenge noodsaaklikheid ons daartoe gebring het nie om hierdie beroep op U te doen". — (Gbk. No. 2, 1896, bl. 45—47). Die brief is deur Charles Leonard geskrywe en die aanwesiges het gemeen, dat hy alleen dit ook moes onderteken as voorsitter van die National Union. Daartoe was hy egter nie bereid nie en die ondertekening is geskied, behalwe deur Charles Leonard, ook deur Francis Rhodes, Lionel Phillips, John Hays Hammond en George Farrar. — (Blouboek 311, bl. 417). Hierdie brief het Jameson laat skrywe waarskynlik om later daarmee te kan bewys, dat die plan sogenaamd geheel van Johannesburg uitgegaan het en dat sy aandeel slegs dié was van die rol van die barmhartige redder uit die nood. Die werklike gebruik wat hy daarvan gemaak het, was anders dan die National Union verlang of vermoed het. Toe hulle hom einde Desember te kenne gegee het om voorlopig af te sien van sy invalsplanne, het hy hierdie brief aangewend as skriftelike bewys van die feit, dat hulle hom sou geroep het en het hy dit aan sy manskappe voorgelees.*) Die oorpsronklike plan was om op 27 Desember ri monstervergadering in Johannesburg te hou en die opstand by dié geleentheid te laat uitbreek. Uitstel tot 6 Januarie 1896 j ) lionel Phillips sê: „The date was to be filled in when we gave the signal. The misuse of that letter, when the raiders determined to force the issue, will always add a stigma to what was otherwise only I an act of stupendous folly". — (bl. 143). 374 Vertraging. het egter nodig geblyk, maar Leonard het tog op 26 Desember sy groot oproep, die sogenaamde manifes, openbaar gemaak om die gemoedere voor te berei. Dat Jameson deur te grote voortvarendheid vir hulle sowel as vir Rhodes 'n poets sou bak, het hulle nie verwag nie. Op Pitsani Potlugo was begin Desember 1895 reeds sowat alles in orde vir die intog in Transvaal onder leiding van Jameson en onder mihtêre bevel van kolonel Wüloughby. Daar was natuurlik alle gevaar, dat die ware doel van die versameling van so 'n gedugte krygsmag op die Transvaalse grens sou uitlek of tenminste sterke vermoedens wek. Die man- i skappe van hierdie leër het reeds vroeg begin agterdog kry en het die offisiere lastige vrae begin stel. Selfs die voorwendsel, dat die troepe bestem was om teen die Kafferhoofman Linchwe J op te tree, kon die manskappe nie bevredig nie. Vir Jameson was ri spoedige optree dus gebode. In Johannesburg het die voorbereidings en skikkings nie so vlug gevorder as verwag is nie. Buitendien was die week tussen Kersmis en Nuwejaar minder geskik vir ri opstand, daar die mynwerkers dan plesier maak, deur wedrenne en fuifpartye in beslag geneem word en dus moeilik onder beheer kon gehou word vir die uitrigting van iets van ernstige aard. Daarom is uitstel van die inval en die opstand vir ri week wenslik geag. Jameson egter het aangedring eerder op vervroeging dan uitstel, daar die gevaar van uitlekking by die dag toegeneem het. — (Van Oordt, bl. 671 e.v.). • Onder die leiers in Johannesburg het daar ernstige verskil van mening ontstaan oor die vraag of geheel op die bevele van Rhodes sou gehandel word dan wel of die National Unhn die hef in hande sou hou. Daar was deurgaans groot wedywer tussen die Rhodes- en Eckstein-groepe om die kapitahstiese heerakappy oor die myne. Lionel Phillips het aan laasgenoemde groep behoort en wou glad nie na die pype van Rhodes dans Tweedrag onder Samesweerders. 375 nie uit vrees vir dié se oorheersing in Johannesburgse kapitaalaangeleenthede nè afloop van die omwenteling. Tot sy ontsteltenis was sy vennoot Beit dit reeds geheel eens met Rhodes wat die leiding van die aanslag op Transvaal betref het. Phillips wou Beit graag onder vier oë te spreek kry, maar Rhodes het vir Beit in Kaapstad gehou onder voorwendsel, dat hy ongesteld was en by die seekus moes bly vir sy gesondheid. Die National Union, of tenminste ri gedeelte van die bestuur daarvan, het verwikkel geraak in ri stryd met hulle bondgenote Jameson en Rhodes oor die vraagstuk van beleid nie alleen nie, maar ook oor dié van die einthke doel van die omwenteling. Leonard het op 19 Desember vir Jameson in ri draadberig duidelik te verstaan gegee, dat hy met die wense |Van die National Union rekening moes hou en dat die inval nie mag geskied, voordat die datum daarvoor deur die Union bepaal is nie. — (Blouboek 311, bl. 417). Aangaande die ware doel van die opstand het Lionel Phillips, Leonard en hulle medestanders ook rede gehad om sake nie geheel aan Rhodes oor te laat nie. Dit het begin bekend word, dat dit die plan van laasgenoemde was om die inval onder die Britse vlag te laat geskied en Transvaal by Brittanje in te fyf. Dit wou Phillips nie, maar wel dat die opstand alleen ri regeringsomwenteling binne die Republiek sou teweegbring sonder die vorm van die bestuur te wysig. Toe omtrent die planne van Rhodes in hierdie opsig op 25 Desember iets meer bekend geword het, is deur die Union besluit om die opstand beshs uit te stel tot 6 Januarie 1896 en die here Leonard en Hamilton na Kaapstad te stuur om die saak met Rhodes te bespreek en met hom tot ri duidelike verstandhouding te kom. Hierdie nuwe wending van sake is aan Jameson meegedeel tesame met die dringende versoek om te wag op nadere bevele. — (Blouboek 311, bl. 362 e.v.; bl. 415). 376 Tweedrag onder Samesweerders. Volgens Leonard se getuienis voor die Britse Komitee van Ondersoek het hulle met Rhodes ooreengekom, dat die Johannesburgers hulle vergadering op 6 Januarie maar kon hou en hulle voorbereidsels rustig treL Rhodes sou hulle steun met wapens om op gelyke voet te kom met die Boere. Hy sou Jameson enige maande lang op die grense kon hou as ri sedelike steun vir die opstandelinge. — (Blouboek 311, bt 415 en 416). Rhodes daarenteen het vertel, dat hy Leonard aan die hand gegee het, dat ri volkstemming sou moet gehou word oor die regeringsvorm. Dit sou dan tengevolge gehad het óf ri besluit om geheel onder Engelse heerskappy te kom óf om slegs vir plaaslike aangeleentkede die republikeinse bestuurstelsel te behou, maar wat spoorweë, invoerpolitiek en verdediging betref onder die gesag van ri Suid-Afrikaanse Federasie te staan. — (Blouboek 311, bl. 21). Wat ook al werklik die afspraak met Rhodes gewees het, die National Union was van mening, dat die saak nou geheel in hulle hande was en dat Jameson dit nie sou waag om die inval op eie houtj ie te maak nie. Hulle het egter te weinig rekening gehou met die aanhangers van Rhodes in hulle eie geledere. Hoewel Leonard, Hammond, Phillips en Farrar die omwenteling tot ri plaaslike wisseling van regering wou beperk, was F. Rhodes, A. Lawley, A. Bailey en die grote meerderheid van die Engelse bevolking ten gunste van inlywing van Transvaal deur Brittanje. Van hierdie verdeeldheid was Cecil Rhodes op die hoogte en hy het geweet om daarvan vir eie doeleindes party te trek, tenminste so skyn dit. Dit spreek vanself, dat Jameson slegs die bevele van Rhodes sou gehoorsaam, wat die National Union ook al mag verlang. Saterdag 28 Desember sein hy aan sy meester in Kaapstad, dat alles vir die intog in orde was. ri Aantal troepe se dienstyd was om en ky sou hulle verloor, Jameson word haastig. 377 as hy veel langer moes wag, daar hy hulle nie kon te kenne gee waarvoor hy hulle eintlik nodig gekad ket nie. In hierdie telegram vra hy aan Rhodes uitdruklik om hom toe te laat om die intog sonder verwyl te onderneem. Hy kry ten antwoord, dat hy gelyk het wat die gevaar vir uitstel betref, maar dat daar in Johannesburg vertraging ontstaan het en dat hy moes wag, totdat hy Kaptein Heany gesien het. Na nog enkele onbesliste telegramme van Dr. Harris, die handlanger van Rhodes, te ontvang het, sein Jameson terug: „Tensy ek I ten stelligste bevele van die teendeel kry, sal ek móre-aand vertrek". Hierdie telegram het op een of andere onverklaarbare wyse in plaas van dieselfde Saterdag pas die Maandag in! besit van Rhodes gekom en Jameson het dus geen afwysende \ bevele ontvang nie. as dit werklik die voornemens van Rhodes \ was om sodanige bevele te gee. — (Blouboek 311, bl. 23—25). Die genoemde kaptein Heany het Sondagoggend, 29 Desember, tussen 11 en 12 uur in die kamp op Pitsani aangeland, met die boodskap van die National Union, dat Jameson voorlopig van sy intog moes afsien. Heany het Jameson alles» behalwe aangeraai om hierdie boodskap te gehoorsaam, soos I uit sy getuienis voor die Bitse Komitee van Ondersoek blyk. Toe Jameson in stryd met die inhoud van die boodskap besluit om nog dieselfde dag Transvaalse gebied binne te val, wast Heany dadelik gereed om met hom mee te gaan. — (Blouboek« 311, bl. 321 e.v.). Jameson het byna onmiddellik na die aankoms van Heany bevel gegee om gereed te maak vir vertrek en het aan sy I troepe die brief voorgelees wat hy reeds op 20 November by sy besoek aan Johannesburg van Leonard ontvang het. ï Dje troepe sou natuurlik onder die indruk gewees het, dat dié \ brief dieselfde oggend pas deur Heany uit Johannesburg ge- f bring is. Die uitwerking van die boodskap was dus glad anders ' dan Leonard en sy vriende verwag ket. Toe hulle die bood- 378 Aanvang van die Intog. skap aan Heany gegee het, het hy hulle gesê, dat dit niks sou help nie, omdat Jameson desondanks tog sou kom. Dit is heel waarskynlik, dat Heany nog ri twede boodskap aan Jameson gehad het en wel van die Rhodes-groep in Johannesburg. Harris en Rhodes was op die hoogte van die bewegings van Heany en het selfs aan Jameson gesein om op Heany se aankoms te wag. Dit het hy dan ook gedoen en dieselfde oggend na Kaapstad gesein, dat hy die aand na Johannesburg vertrek. Vir die neem van hierdie besluit beroep hy homself op die brief van dieselfde mense wat hom die boodskap gestuur het om nie te kom nie. Hy sê, dat ri skikking met die skrywer van die brief getref is, dat indien hy mag verneem dat die Transvaalse owerheid vermoedens het omtrent hulle planne, hy dadelik, sonder om met hulle te raadpleeg, moes vertrek om die verhes van lewens te voorkom. „Ons gaan eenvoudig om almal te beskerm, solank hulle die teenswoordige oneerlike regering verander, en om die stem van die gehele land op te neem omtrent die vorm van regering deur almal vereis". — (Blouboek 311, bl. 314). Die plan van ri volkstemming oor die regeringsvorm was die van Rhodes en ri mens kan moeilik aanneem, dat Jameson sonder duidelike wenke van daardie kant sou besluit het ont Johannesburg toe te trek teen die uitdruklike bevel van die National Union in. Nadat Jameson nog aan Dr. Wolff gesein het om volgens afspraak die telegraaf dra de te sny en daarby vermeld het, dat hy groot vertroue stel in Hammond, Lawley en die gewere van die mynwerkers, het hy sy noodlottige intog begin. — (Blouboek 311, bl. 314). HOOFSTUK XXIII. DIE INVAL EN DIE EERSTE GEVOLGE. Op 30 Desember 1895 is Dr. L. S. Jameson met 'n krygsmag van tussen 500 en 800 man, ag snelvuurgewere en drie kanonne uit Beetsjoeanaland by Ottoshoop oor die grens getrek op ! weg na Johannesburg. Hoewel die telegraafdrade soveel I moontlik verniel is, het die regering uit Zeerust berig van hierdie feit gekry en dadelik burgers opgeroep en ri kom- 1 mando uitgestuur om die vyand te keer. Die President het op dieselfde dag ri proklamasie uitgevaardig om die kwaadwillige inwoners van Johannesburg te waarsku teen die verstoring van wet en orde. Hy het hulle ook die versekering gegee, dat lewe en eiendom sou beskerm word. Die regering was steeds bereid om alle griewe wat op behoorlike wyse voorgedra word, te oorweeg en aan die wetgewing sonder verwyl vir behandeling voor te lê. — (Groenboek, No. 1, 1896, bl. 4). Die Britse Hoë Kommissaris in Kaapstad, Sir Hercules Robinson, het President Krüger verseker, dat die stap van Jameson gedaan is sonder sy goedkeuring of voorkennis en dat hy terstond die invallende krygsmag bevel gegee het om terug te keer. — (Grb. No. 1, 1896, bl. 5). Intussen het klompies ruiters — die sogenaamde Bettington Horse — uit Johannesburg getrek om Jameson te gaan help. President Krüger versoek die Hoë Kommissaris om ook ri proklamasie uit te vaardig, waarin die Britse onderdane daar dringend op gewys word, dat, wanneer hulle verset pleeg teen die orde van die Republiek, hulle sulks doen op eie riesiko en 380 Jameson veronagsaam Bevele. dan nie sou kan reken op enige bystand en beskerming van die Engelse regering nie; en wanneer hulle gewapend en in troepe oor die grens van die Suid-Afrikaanse Republiek trek, maak hulle hulleself skuldig aan verbreking van die vriendskaplike verhouding tussen die regerings van Engeland en die Transvaal. — (Grb. No. 1, 1896, bl. 6). Die Hoë Kommissaris het by voorbaat aan die wens van die President voldoen, die gewapende skending van die gebied van die Suid-Afrikaanse Republiek deur Jameson afgekeur en hom bevel gegee om uit die land terug te trek. Op alle Britse onderdane is 'n beroep gedoen om hulleself te onthou van aan Jameson medewerking of steun te verleen.1) — (Grb. No. 1, 1896, bl. 9). Verskeie boodskappe en berigte is na die vrybuiters gestuur om hulle van die uitvoering van hulle dwase planne af te bring, maar vir Jameson was telegramme, boodskappe en selfs proklamasies van die Britse owerheid nie genoeg om hom te beweeg om sy aangevange taak op te gee nie. Hy antwoord in ri brief aan die Britse Agent in Pretoria, dat hy natuurlik graag sou verlang' om die bevele van die Hoë Kommissaris te gehoorsaam, maar hy het ri groot trop manskappe en perde wat hy moes voed. Die voorrade is opgebruik en dus moes hy dié oggend voortgaan tot Krügersdorp of Johannesburg. Hy moes egter ook beken, dat hy verlangend was om sy belofte na te kom en aan die versoek van die vernaamste ingesetenes van Johannesburg te voldoen en sy lotgenote in ') Volgens getulenis voor die Britse Komitee van Ondersoek afgelê, is hierdie proklamasie uitgevaardig op aandrang van Jan Hofmeyr. — (Blouboek 311, bl. 177). Wat Rhodes se houding was ten opsigte van hierdie proklamasie het adv. F. S. Malan, destyds hoofopsteller van Ons Land, vertel op die kongres van die Afrikanerbond op Burgersdorpdat, toen de Hooge Commissaris zonder zijn advies besloot zulk een proklamatie uit te vaardigen, hy [Rhodes] zijn best deed om de proklamatie te ontzenuwen en dat, toen hij daarin niet slaagde, hij trachtte de uitvaardiging daarvan te vertragen". — (Hofmeyr, bl. 401). Aanbod van Chamberlain. 381 hulle gevaar te hulp te snel. As hierdie doel bereik is, sou hy na Beetsjoeanaland terugkeer. Kommandant J. D. L. Botha van die Republikeinse burgers van Marico skrywe ook aan Jameson en sy offisiere om die gewapende mag onmiddellik te verwyder en terug te gaan oor die grens. — (Grb. No. 2, 1896, bl. 59). Ook aan hierdie waarskuwing steur Jameson homself nie, maar antwoord dat hy voornemens was om voort te gaan met sy oorspronklike planne, wat die bedoeling het om te voldoen aan die uitnodiging van die vernaamste ingesetenes van die land tot ondersteuning in hulle vraag „na geregtigheid en die gewone regte van iedere ingesetene van ri beskaafde staat". — (Grb. No. 1, 1896, bl. 6). Die dag na die inval ontvang President Krüger ri telegram van minister Chamberlain, dat hy dit betreur om van Jameson se optree te verneem. Tegelykertyd bied hy die President sy samewerking aan om te beproef om tot ri vreedsame skikking te kom wat afdoende sou wees vir alle belange in Suid-Afrika en bevorderlik vir die tegemoetkomings wat die President, waarvan hy verseker was, bereid was om te betoon. — (Grb No. 1, 1896. bl. 8). As Chamberlain werklik terwille van Transvaal die inval betreur het, sou hy seker nie daarvan gewag gemaak het tegelyk met die eis vir tegemoetkomings nie. As Jameson behoorlik sy tyd afgewag het tot na die uitbreek van die opstand in Jokannesburg, sou Chamberlain die inval glad nie betreur het nie, omdat dit dan volgens afspraak sou plaasgevind het en in ooreenstemming met die planne. waarin hy self ri deel gehad het. Op 1 Januarie 1896 merk die Hoë Kommissaris uit die koerante, so sein hy tenminste aan President Krüger, dat daar in Johannesburg ri oproer uitgebreek het en ri voorlopige bestuur verklaar is. Hy bied na aanleiding hiervan aan om 382 Sir Hercules na Pretoria. na Pretoria te kom en saam te werk tot bereiking van ri vreedsame skikking. — (Grb. No. 1, 1896, bl. 11). Die President neem hierdie aanbod aan, daar hy die berig ontvang het, dat Jameson geen gevolg gegee het aan die bevele om terug te keer nie en op Transvaalse burgers gevuur het, I Sir Hercules Robinson vertrek op 2 Januarie na Johannesburg om te voldoen aan die President se „uitnodiging"1) en hy versoek die President om die vyandelikhede op te skort tot sy aankoms. Die President vind dit nodig om dadelik die Hoë Kommissaris daaraan te herinner, dat sy koms deur homself voorgestel is om bloedvergieting te help belet Jameson was reeds by Krügersdorp verslaan en gevange geneem, maar die President was nog steeds bereid om pogings aan te wend tot voorkoming van verder bloedvergieting. — (Gbk. No. 1, 1896, bl. 12). Die ontvangs en verblyf van Sy Eksellensie in Pretoria het geskied as gas van die regering. — (Grb. No. 1, 18%, bl. 13). Dit het gebeur aan die een kant waarskynlik weens die grote agting wat die President vir die persoon van Sir Hercules gekoester het, maar aan die ander kant seker ook om ri soort van beheer te hê oor die Hoë Kommissaris se bewegings en sy aanraking met die Uitlanders. Hy is in die besonder versoek om nie in Johannesburg af te stap nie, maar regstreeks na Pretoria toe te kom. Wat die optree van die regering teen Jameson betref, het Kommandant Trichardt bevel gekry, dat die oorgawe van die vrybuiters onvoorwaardelik moes geskied, anders moes die burgers met vuur deurgaan. Op bevel van die Republi- M Volgens Stead (bl. 75) het Hoofregter Henry de Villiers en Jan Hofmeyr geëis, dat die Hoë Kommissaris slegs na Pretoria sou gaan. wanneer hy uitdruklik daartoe uitgenooi is. Rhodes aan die ander kant het van Chamberlain verwag om die Hoë Kommissaris te stuur met duidelike opdragte om die toestand in Engeland se voordeel te wend. — (Blouboek 311 — I, bl. 599). Onvoorwaardelike Oorgawe. 383 keinse aanvoerders het die beslissing tot onvoorwaardelike oorgawe binne vyf minute geskied. Alles is in beslag geneem; die manskappe is na Krügersdorp en die offisiere na Pretoria oorgebring. — (Grb. No. 1. 1896, bl. 15). In Londen het die gevangenes begin Maart 18% ri brief in die pers geplaas, waaruit moes blyk, dat hulle oorgawe nie onvoorwaardelik was nie, maar dat Kommandant Cronjé hulk skriftelik beloof het, dat, indien hulle onderneem om die koste wat deur hulk optree in Transvaal veroorsaak is, te vergoed en die wapens neerlê, dk lewens van almal sou gespaar word. — (Grb. No. 1, 1896, bl. 90, 91). Na aanleiding hiervan het die regering van dk kommandante wat by die oorgawe aanwesig was, beëdigde verklarings kat afneem. Daaruit het geblyk, dat Kommandant Cronjé wel ri briefie van sodanige inhoud aan Wilkughby gestuur het, maar dat later in teenwoordigheid van Kommandante Cronjé, Malan en Potgieter aan Jameson duidelik te verstaan gegee is, dat hulk geen voorwaardes kon maak nie, daar dk beslissing by die regering berus het. Wel kon hulk dk gevangenes waarborg, dat hulle lewens veilig was, totdat hulle in Pretoria aan die Kommandant-Generaal oorgelewer was. Hierin het Jameson berus en sy volgelinge bevel gegee om dk wapens neer te lê. Op hierdie tydstip het Kommandant Trichard ver skyn met die berig van dk Kommandant-Generaal, dat die oorgawe onvoorwaardelik moes wees. As instemming daarmee nie binne vyf minute verkry is nie, moes die Republikeinse troepe die vuur hervat en die oorgawe sonder voorbehoud afdwing. Verdere onderhandeling was nie moontlik nie en die oorgawe was onvoorwaardelik. — (Grb. No. 1 18%, bL 94). In Londen het die gerug geloop, dat die President bevel gegee het om die gevangenes dood te skiet. Chamberiain sein, dat hy dit nie kon gfo nie en dat hy vertrou op die 384 Chamberlain se Vertroue in President. edelmoedigheid van die President in die uur van oorwinning. Hy kry onmiddellik die versekering, dat soiets nie gebeur het nie en dat die saak teen die gevangenes weldra sou behandel word. Getrou aan die oorlewering van die Republiek is daar as skerp teenstelling met die ongehoorde handelinge van hierdie vrybuiters geen stap teen hulle gedoen in stryd met die wet nie. Daar is in Engeland, selfs in die mees invloedryke nuusblaaie, soveel leuenagtige en valse berigte versprei, dat die President dit raadsaam geag het om die versekering te gee, dat die gevange vrybuiters met die meeste voorkomendheid behandel is deur die burgers van die Republiek, nieteenstaande die Transvalers reeds meer dan eens genoodsaak gewees het om die wapens aan te gord tot beskerming van die onafhanklikheid van hulle duurgekogte Republiek. — (Grb. No. 1, 1896. bl. 16). Die gewondes is in die hospitaal op Krügersdorp deur vyf dokters verpleeg en die gesneuweldes is behoorlik deur die burgers begrawe. Chamberlain berig in antwoord hierop, dat hy altyd vertroue gehad het in die edelmoedigheid van die President. Hy het ri Imperiale offisier na Boeloewayo gestuur om toe te sien, dat die bevele van die Engelse regering uitgevoer word en om die moontlikheid van ri verdere inval te voorkom. Hy belowe uitdruklik om alle verpligtings van die Londense Konvensie strik na te kom. — (Grb. No. 1, 1896, bl. 20). Die President wys Chamberlain op die plig van die regering om rus en orde te herstel. Wat die belofte van die Engelse minister betref ten aansien van die verdragsverpligtings van 1884, het die President gehoop, dat dié verdrag nooit sou geskonde geword het nie. — (Grb. No. 1, 1896, bl. 28). Dit spreek vanself, dat daar in Engeland besorgdheid was oor die lot van die gevangenes. Ook Lord Salisbury het teenoor die Duitse gesant, graaf Hatzfeldt, aan sy grote sorg Uitlewering van Gevangenes aangebied. 385 uiting gegee, dat Jameson se lewe sou geneem word, wat sy taak as Eerste Minister sou bemoeilik. — (Grosse Politik, bl. 40). Maar Piesident Krüger was ontbloot van alle wraakgierigheid ea het alleen die belange van sy Republiek op die hart gedra. Hy was allermins geneig om die Engelse onnodig te prikkel en rede te gee vir 'n aanval op Transvaal en vir 'n verdere bedreiging, van die onafhanklikheid. Hy besluit derhalwe om die gevangenes aan Engeland vir bestraffing uit te lewer. Chamberlain gee hieroor sy~Völdoening te kenne en meen, dat hierdie daad ten gunste van die President sou gedy en lei tot die vrede in Suid-Afrika en tot die gemeenskaplike samewerking van die Britse en die Dietse rasse. — (Grb. No. 1, 1896, bl. 31). Of hierdie voldoening werklik suiwer en so erg groot was, ly seker 'n bietjie twyfel. Vir Lord Salisbury, die Eerste Minister, was die eis van President Krüger, dat die gevangenes na Engeland sou vervoer word, nie heeltemal geleë nie. Hy vrees, dat aan dié mense huldebetuigings sou ten deel val en dat dit volgens die stand van die wetgewing baie moeilik sou wees om voor die Engelse kriminele hof die veroordeling van die afsonderlike gevangenes te verkry. — (Grosse Politik, bl. 51). Buitendien sou ri streng en kras optree van die Republiek teenoor die vrybuiters water gewees het op die meul van opstokery teen die regering. Die Transvaalse owerheid het oor die saak egter geen beslissing wil neem, voordat die rus en orde in Johannesburg herstel was nie. — (Grb. No. 1, 1896, bl. 32). Op 10 Januarie stel die President die volgende voorwaardes aan die uitlewering van Dr. Jameson en sy handlangers. Hulle moes as gevangenes vervoer word na Volksrust op die grens tussen Transvaal en Natal. Daar moes hulle oorgeneem word 25 386 Voorwaardes vir Uidewering. onder bewaking van ri behoorlike wag wat soveel moontlik uit poliesie moes bestaan en nie uit soldate nie. Die vervoer van Pretoria af tot in Engeland moes geskied sonder enige betoging. In Durban moes hulle op ri Britse oorlogskip geplaas word en in Engeland deur die regering voor die regbank gebring en gestraf word. _ u .. Hiermee was die Engelse glad nie tevrede nie. Die Hoe Kommissaris antwoord, dat die gevangenes aan hom sou uitoelewer geword het, indien Johannesburg die wapens neerlê en onvoorwaardelik oorgee en dat hy onder die indruk was. / dat in dié geval dit aan die Engelse regering sou oorgelaat word om die gevangenes te behandel op die wyse wat deur daardie regering as regverdig en behoorlik mag beskou word. In hierdie mening het hy sy persoonlike invloed laat geld op die volk van Johannesburg en hulle aangeraai om die ultimatum onvoorwaardelik aan te neem. hoofsaaklik op die grond, dat die lot van Dr. Jameson en sy volgelinge uitsluitend in die hande van die Johannesburgers was. Die Britse regering het nou met verwondering verneem, dat voorwaardes aan dié uitlewering verbonde was, aan party waarvan onmoontlik kon voldoen word. Hulle verklaar hulleself bereid om Jameson en die ander leiers dadelik na Engeland toe te vervoer om daar tereg te staan, maar hoewel ri regering ri vervólging kon gelas, kon hy in ri vry land tot veroordeling nie dwing nie Wat die minderes betref, wat slegs die bevele van die leiers uitgevoer het, sou dit teen die gebruik van alle beskaaf de lande wees om hulle te laat vervolg. Die Britse regering kon dit nie onderneem nie. Diegene wat nie in Suid-Afrika woonagtig was nie. sou egter as gevangenes na Engeland vervoer en daar losgelaat word. Die res moes in Suid-Afrika in vryheid gestel en toegelaat word om huistoe te gaan. in groepe en op stille wyse. Jameson en die ander leiers. ri stuk of elf. sou in Engeland voor die hof moet teregstaan. — (Grb. No. I, 1896. bl. 47, 48). Die Uidewering en Johannesburg. 387 Na aanleiding hiervan moet opgemerk word, dat die uitlewering van Jameson en sy volgelinge in geen verband gestaan het met die ultimatum van onvoorwaardelike oorgawe van Johannesburg nie. Sir Hercules Robinson het ongetwyfeld 'n willekeurige uitleg gegee aan die bedoeling van die Republikeinse regering met hierdie wyse van beskikking oor die gevange vrybuiters. Die Transvaalse owerheid het slegs verlang, dat die Britse regering die persone voor ri bevoegde hof sou bring en straf, wanneer hulle skuldig bevind word. Maar nie alleen die leiers nie, ook die manskappe sou voor hierdie hof verantwoording moet doen. Sodra die gevangenes aan aan die Engelse owerheidspersone oorhandig is, sou die Transvaalse regering homself beskou as van alle verantwoordelikheid onthewe. — (Grb. No. 1, 1896, bl. 49, 50). Sö weinig het die regering die voldoen van Johannesburg aan die ultimatum van onvoorwaardelike oorgawe beskou as ri voorwaarde vir die uitlewering van Jameson — wat die Hoë Kommissaris beweer het —, dat, selfs indien Johannesburg die ultimatum nie aanvaar het nie en deur krag van wapens tot onderwerping moes gebring word, die regering tog nog sy belofte dienaangaande sou nagekom het. Hoewel die Transvaalse regering nie gedeel het in die sienswyse van die Engelse betreffende die verkeerde van ook manskappe te laat teregstaan vir deelneming aan die inval nie. wou hy geen moeilikhede in die weg lê nie en die Britte soveel moontlik tegemoetkom. Derhalwe is dit aan die Engelse owerheid oorgelaat om met die manskappe te handel soos deur die Hoë Kommissaris aan die hand gegee. — (Grb. No. 1, 1896, bl. 54). Hiermee was die Engelse tevrede en op 14 Januarie was Sir Walter Hely-Hutchinson, die goewerneur van Natal, op die grens om die gevangenes van die Republiek oor te neem. Dieselfde aand is die Hoë Kommissaris weg Kaap toe. (Grb. No. 1. 1896, bl. 83). HOOFSTUK XXTV. DIE OPSTAND IN JOHANNESBURG. Die oorsaak van die botsing met die Uitlanders was die moeilikheid om die twee verskillende klasse van die bevolking mekaar te laat verstaan. Om die ongeduldige nuweling, wie se aankoms in Transvaal op homself al sy swerwende en gevaar trotserende aard bewys het, dieselfde lewensbeskouing of gedagtegang as die versigtige en behoudende Boer te laat kry was n moeilike taak; om hierdie mense, so geheel verskil'lend sake te laat beskou op die enigste billike manier, dit is van mekaar se standpunt, het tyd en geduld vereis. Verskeie ongelukkige gebeurtenisse het hervorming vertraag. Maar, hoewel vooruitgang langsaam gegaan het, was dit tog seker. In tye van slapte wat gekom en gegaan het. was daar veel gemor en ontevredenheid en sterke meningsuiting in die koerante en op openbare vergaderings. maar sodra voorspoed ingetree het. is al hierdie klagtes vergeet en slegs bespreek as vraagstukke van bespieëlende aard. In die Volksraadsitting van 1895 het daar niks voorgeval wat n gevoel van hopeloosheid kon veroorsaak nie; inteendeel die Progressiewe het dit as taamlik bevredigend beskou. Een' van hulle is gekies as lid van die Uitvoerende Raad en een het sitting geneem op die Geldmiddele-Komitee, die vernaamste komitee van die Volksraad. Die verdehngs aangaande die meeste vraagstukke was baie gelyk en die Progressiewe het vas verwag, dat die volgende verkiesing hulle Maatreëls ten Voordele van Myne. 389 die meerderheid sou verskaf. Dit sou inderdaad gebeur het, wanneer een-van hulle nie gesterf het en ri ander nie in verkiesingsgedinge gewikkel geraak het nie, vertel die heer Carl Jeppe sonder egter die name van die betrokke persone te noem. Met die lid van die Uitvoerende Raad het hy waarskynlik die heer Schalk Burger bedoel, terwyl die heer Loveday dié sou Wees op die Geldmiddele-Komitee. Ook van die standpunt van die myne besien was die sitting bevredigend. Verskeie nuwe diensafdekrigs is geskep veral vir die voordeel van die myne; die Goudwet is verander in ooreenstemming met aanbevehrigs van die Kamer van Mynwese; ri Paswet, deur die Kamer van Mynwese opgetrek, is in sy voorgestelde vorm aangeneem. Die beginsel wat vir dit eerste keer aangeneem is, dat die naturelle wat nie werk nie, ri besondere belasting sou betaal, is ingevoer in die voordeel van die myne. Die Soutpansbergse spoorlyn is goedgekeur ook op grond van die feit, dat dié sou help om die noordelike goudvelde te open en die Kaffers as arbeiders na die myne toe te bring. Hoewel baie ander versoeke van die Raad nie toegestaan is nie, het hulle altyd ondersteuning gekry van sterke minderhede. Een voorval wat grote verontwaardiging in Johannesburg gewek het, die behandeling van die stemregversoek, is erg oordrywe. ri Volkome verkeerde lesing wat destyds versprei is ondanks besliste teenspraak, is telkens en telkens weer gebruik met die doel om die gemoedere op te sweep, soos by voorbeeld in die oproep van Leonard. Dit was wel waar, dat een van die lede van die Raad gesê het, dat, as Johannesburg die stemreg wou hê, dit daarom moes kom veg. Maar dit was onwaar om te beweer, dat sodanige verklaring die stem van die Raad was of nie afgekeur is nie. Voordat die heer Jeppe kans gehad het om tussenbeie te 390 'n Politiek van Geweld. kom vertel hy self. het die voorsitter die lid in sulke skerpe bewoordings berisp, dat hy die Raad verlaat het in n bu. van woede. Niemand het teen die opmerkings van die voorsitter opgekom nie. j Die versoek was slegs om die stemreg na n verblyf van twee jaar toe te staan. Hierdie hele saak het geen grond verskaf vir ri opskudding nie. Daar was drywers wat verwag het dat ingrypénde hervormings. elders die werk van tientalle van jare. moes ingewillig word na die twede of derde versoek daarom. Volgens die mening van alle gematigde manne sou geduld vir enkele jare die verlangde veranderings gebring het. Die National Union het ontdek, dat hulle met hulle openbare vergaderings meer kwaad dan goed doen. Politieke stokebrande het op dié vergaderings redevoerings losgelaat, wat deur die leiers van die vereniging self afgekeur is en oneindig veel kwaad gedoen het. Derhalwe is besluit om die ophitsing in die openbaar op te skort teneinde die pogings van die Progressiewe Party nie te belemmer nie. Die eerste teken van ri nuwe politiek van geweld m plaas van grondwetlike strewe is gegee deur middel van n rede van Lionel Phillips by geleentheid van die opening van die Kamer van Mynwese en het as ri donderslag die gehele gemeenskap opgeskrik. Sommige van die Progressiewe het die volgende dag vir Phillips op sy fout gewys en hom vertel, dat. as hy voornemens was om ri politiek van bedreiging m te lei die Progressiewe magteloos sou wees om iets vir die Uitlanders te doen en dat hulle sou weier om hulleself met sodanige optree te vereenselwig. Hy het belowe om aan die koerante te skrywe om ri versagtende uitleg aan sy uitdrukkings te gee, maar ket dit versuim. Die volgende openbare stap in die rigting van ophitsing was die bekendmaking van Leonard. Die lug was nou gevul met allerlei wilde gerugte wat die Britse Tussenkoms verwag. 391 bevolking aanmerklik in onrus gebring het. Die algemene mening was, dat die National Union van plan was om Engeland te dwing om homself in die Transvaalse sake te meng deur 'n openbare vergadering te hou, waarop hoogverraad sou gepreek word, die poliesie sou ingryp en 'n oproer sou ontstaan. Dan sou die deel van die Johannesburgse bevolking wat verkies om onder die Britse vlag te staan, as 'n ongewapende gemeenskap 'n beroep op Engeland doen vir beskerming teen 'n Boerekommando wat mag gestuur word om die oproer te onderdruk, wanneer die poliesie daartoe nie in staat sou blyk nie. Destyds het die algemene publiek nog niks geweet van die voorbereiding van 'n gewapende opstand nie. Die enigste openbare wenk, dat Johannesburg meer wapens gehad het dan verwag is, is op 28 Desember 1895 gegee. Die beweging' het hoegenaamd nie algemene goedkeuring weggedra nie. 'n Aantal mynwerkers het die land verlaat, maar daar was baie andere wat dit nie kon doen nie, hoewel hulle die opstand afgekeur het. Byna drie duisend man van die vreemdelinge het vrywillig na die regering gekom, die eed van getrouheid afgelê en om wapens gevra om die Republiek te beskerm. Baie andere, wat seker die meerderheid van die bevolking uitgemaak het, was beslote om hulle nie aan die een of die ander kant te skaar nie. Die Commercial Association wat ver die grotere deel van die handel in Johannesburg verteenwoordig het, het ri afvaardiging gestuur om die regering om wapens te vra om hulleself te verdedig teen iedereen wat die vrede mag wil verstoor. Dit was op Sondag die 29ste en op hierdie dag het die heer Jeppe vyf verskillende vergaderings toegespreek, waarop besluit is om die regering te steun of onsydig te bly. Teneinde vir homself die krag van die beweging te toets het die heer Jeppe dieselfde oggend ri aantal handwerksliede J92 Vcrsocncnde Houding van President. en mynwerkers wat in 'n deel van sy kiesafdeling woon, besoek en van kulle almal die versekering gekry, dat hulle geen twis met die regering gehad het nie, dat hulle tevrede was en gekke sou wees om hulleself in die stryd te meng. Maandagoggend vroeg het die heer Jeppe verskeie afvaardigings aan die President voorgestel. Sy HoogEdele het by dié tyd die oortuiging verkry, dat daar in Johannesburg 'n ernstige begeerte na hervormings was en dat daar werklike griewe moes gewees het om dit te veroorsaak. Hy ket die afvaardigings in 'n vriendskaplike gees ontvang. Wat die stemreg betref, het hy belowe om tegemoetkomings te ondersteun en dit voor ri buitengewone sitting van die Volksraad te lê. Hy het ook belowe om dadelik die invoerregte op ri aantal lewensbenodigdkede op te skort, daar alle voedingsmid dele geweldig in prys gestyg het as gevolg van die opkoping van die voorrade deur die Hervormingskomitee. ri Paar uur later is in ooreenstemming hiermee *n proklamasie uitgevaardig. Die President het ook onderneem om ri aantal skole op te rig, waarin die voermiddel Engels sou wees. Hy ket in die algemeen die wense van die afvaardigings op vriendskaplike wyse aangehoor. Op hierdie tydstip het die regering nog nie geweet, dat die Uitlanders 'n voorbereide opstand in die sin gehad het of dat wapens ingevoer en die hulp van Jameson ingeroep was nie. Die eerste berig van die feit, dat Jameson die grens oorskry. het, is die oggend om 11 of 12 uur in Pretoria ontvang. Terwyl stappe gedoen is om Jameson met ri krygsmag tegemoet te trek. is 'n regeringskommissie aangestel om töesig te hou opr Johannesburg. Die heer Carl Jeppe was een van die lede van hierdie kommissie. HuUe het bevel gekry om alles in hulle vermoë te doen om bbedvergieting of selfs wrywing in Johannesburg te vermy. solank as die regering die saak met Jameson afhandel. Verontrustende Berigte. 393 Maandag en Dinsdag het die planne omtrent die opstand algemeen bekend geraak, terwyl die omvang daarvan in grote mate oordrywe is. Die bevolking van Johannesburg is diets gemaak, dat ri baie groot aantal roers ingevoer is, wat deur die Star gestel is op 25,000. Nie alleen was Jameson op weg om die opstandehnge te help nie, maar ook kaptein Spreckly, aanvoerder van die skuttery in Rhodesië, was in beweging met die Rhodesiese krygsmagte, is vertel. Selfs uit die Kaapkolonie was ri vrywilligerstroep aan die kom en as dit alles nie gehelp het nie, sou die Engelse regering homself die lot van die Uitlanders aantrek, het die verspreide nuus ingehou. Aan die ander kant is die Boere ernstig onderskat as die mindere van die Johannesburgse bevolking. Dit alles het hierdie uitwerking op die gemoedere van die gemeenskap gehad, dat hulle die saak beskou het as alreeds beshs en dat, soos vele dit uitgedruk het, Suid-Afrika nou Engels was van die Kaap tot die Sambesie. Die gevolg was, dat baie wat aanvanklik besluit het om by die regering te staan of tenminste onsydig te bly, hulleself by die beweging aangesluit het en dat diegene wat teen die beweging was maar nie bereid om vir die regering te veg nie, hulleself baie stil moes hou. Die aantal wat tot die laaste oomblik by die regering gestaan het en bereid was om die wapens vir die Republiek op te neem, het drie duisend nie te bowe gegaan nie. Daar was ri aantal manne, waaronder baie uit die Kaapkolonie, wat onder die indruk van veronregting bereid was om vir die stemreg te veg. Hierdie aantal was klein en het nouliks ri paar honderd te bowe gegaan. Dan was daar ri groter aantal wat die Engelse vlag oor Transvaal wou sien waai het. Hierdie wens sou hulle graag vervul sien of daar griewe was al dan nie. Daar was ook nog ri derde en 'n groot deel wat die opstand beskou het as ri middel tot verwydering van laste wat volgens hulle mening op die myn- 394 Proklamasie van President. nywerheid gedruk ket Hulle was te ongeduldig om te wag op grondwetlike herstel of het dit onmoontlik geag. Maar al hierdie opstandelinge tesame het nog geen derde deel van die bevolking van die goudvelde uitgemaak nie. Die ander twee-derdes het geen werkende aandeel in die saak geneem nie of het by die beweging aangesluit. toe dit vur hulle gelyk het dat oorwinning seker was en hulle voordeel aan dié kant gelê ket. Meer dan een toonaangewende kapitalis het sulks uitdruklik verklaar, vertel die heer Jeppe, op die tydstip dat die intog van Jameson van uur tot uur verwag is. Toe dit bb/k. dat Jameson gevange is en dat die krag van die kervormers op sulk ri ongerymde wyse oordrywe is. het ri volkome omkering van gevoel by die volk plaasgevind. Aan die proklamasie wat op 30 Desember 1895 deur die Staatspresident uitgevaardig is om die kwaadwillige inwoners van Johannesburg te waarsku om hulleself rustig en binne die perke van die wet te hou. is deur vele geen gevolg gegee nie Tot voorkoming van bloedvergieting versoek die Presi\ dent die Hoë Kommissaris om die Britse onderdane in Johannesburg te beweeg om^Enne vier-en-twintig uur die wapens en skietgoed, waarvoor geen verlofbrief kon getoon word nie, onvoorwaardelik aan die regering uit te lewer. Vóór die I onvoorwaardelike neerlegging van die wapens sou die rege^ring in geen bespreking of beskouing van griewe tree nie. Die Hoë Kommissaris ket hierby geen aanwysing gekry van die stappe wat na ontwapening sou gedoen word nie. Die regering het homself eenvoudig gehou aan wat vervat was in die proklamasie van die President en omtrent die beskikking oor die gevangenes was ook nog geen beslissing geneem'nie. — (Groenboek No. 1, 1896, bL 25, 26). Die Reform Committee lê die wapens neer en plaas holkself en hulk belange geheel in die hande van Sir Hercules Robinson in die volste vertroue. dat ky sou toesien dat reg Onvoorwaardelike Oorgawe. 395 aan hulle gedoen word. In die besluit daaromtrent wat die komitee aan die Britse Agent oorhandig het, sê hulle, dat hulle aangespoor is deur 'n alles oorheersende verlange om die veiligheid van Dr. Jameson en sy manskappe te verseker, om die vriendskaplike bespreking van die skikkingsvoorwaardes met die regering aan te moedig en om die Hoë Kommissaris in sy pogings in hierdie saak te steun. Die Komitee het tenslotte versoek om verwydering van die gewapende burgerwagte uit die onmiddellike nabyheid van die stad teneinde alle gevaar vir die verbreking van die openbare orde te voorkom. — (Groenboek No. 1. 1896. bl. 26, 27). Hoewel die eis van die regering onvoorwaardelike oorgawe was, lyk dit volgens hierdie besluit van die Hervormingskomitee of hulle tog nog vir hulleself die reg aanmatig van voorwaardes by die oorgawe te stel. Die Transvaalse owerheid vind dit derhalwe noodsaaklik om weer uitdruklik te kenne te gee, dat, wat ook later mag plaas kê met betrekking tot 'n bespreking van sake of verdere onderhandelings van watter aard ook, in geen geval iets uit te staan sou hê met die neerlegging van die wapens nie. Terwyl die Hervormingskomitee gewag maak van 'n bespreking van griewe, en van ri dryfveer insake die veiligheid van Jameson, het die regering dit hoogs wenslik geag, dat die Hoë Kommissaris sonder \verw^i"dte" Komitee omtrent die ware toedrag van sake sou mlig. — (Groenboek No. 1, 18%, bl. 27, 28). Intussen is, soas reeds gemeld, die reëling van sake in Johannesburg opgedra aan ri regeringskommissie, bestaande uit Landdros von Brandis, Mynkommissaris van der Merwe, F. Koek, von Maltzahn, Carl Jeppe en die Kommandant van Pohesie Schutte. Op 7 Januarie is as gevölg van die genoemde proklamasie 1814 gewere, drie onbruikbaar gemaakte snelvuurgewere en ri paar kiste skietgoed by die owerheid ingehandig. Die rege- 396 Inlewering van Wapens. ring het egter goeie gronde gehad om te vermoed, dat slegs ri klein gedeelte van die wapentuig deur die Uitlanders in Johannesburg ingehandig is. Van voldoen aan die eise van die proklamasie sou in so'n geval geen sprake wees nie. Voordat die regering Verder kandelend optree, wou hulle van die Hoë Kommissaris weet wat hy van plan was om in die saak te doen. Sy antwoord het eenvoudig gelui, dat, wanneer die regering van mening was dat aan die gestelde eise nie voldoen is nie; die verantwoordelikheid op hulle rus om aan te toon waar wapens en skietgoed verberg is, waarvoor geen verlofbrief kon getoon word nie. As enige vyandige stap teen Johannesburg gedoen word, dan sou Sy Eksellensie dit beskou as die skending van ri ooreenkoms, waarvoor hy homself persoonlik verantwoordelik gestel het en sou hy die saak in hande van die Britse regering stel. — (Groenboek No. 1, 1896, bl. 30). Die Transvaalse owerheid het egter beëdigde verklarings gehad, as bewys van die vermoede, dat daar nog wapens agtergehou is. Die regering ag dit derhalwe wenslik om nog ri termyn te bepaal, waarin alle wapens en skietgoed moes ingelewer wees. Daar is ook ri amnestieproklamasie uitgevaardig, dat alle persone wat reeds wapens neergelê en ingehandig het of sulks doen vóór 6 uur op Vrydag 10 Januarie 1896, vrygestel sou word van alle vervolging weens die gepleegde in Johannesburg en omgewing, behalwe egter alle persone en liggame wat mag blyk koof misdadigers, voormanne, aanvoerders, opstekers of bewerkers van die onluste te gewees ket en wat hulleself daarvoor sou moet verantwoord voor die wettige howe van die Republiek. Hierop volg ri proklamasie van versoening en belofte uitsluitend aan die ingesetenes van Johannesburg gerig. Die President sê daarin: „Nu wend ik mij in vol vertrouwen tot U: sterkt de handen der Regeering en werkt met haar samen President se Beroep op Johannesburg. 397 om deze Republiek te maken tot een land, waar alle nationaliteiten als het ware broederlijk samenwonen". Maande en maande lang het hy beraam watter veranderings en verbeterings in die staatsbestuur wenslik sou geag kan word; maar die grusame opstokery, veral ook van die pers, het hom daarvan teëgehou. Dieselfde manne wat nou in die openbaar opgetree het as leiers, het verbeterings geëis op ri toon en ri wyse, wat hulle in hulle eie vaderland uit vrees vir die strafwet nie sou gewaag het om aan te slaan of te volg nie. Daardeur was dit vir die stigters van die Republiek onmoontlik om hulle ruwe voorstelle in oorweging te neem. Die President was voornemens om in die eersvolgende sitting van die Volksraad ri voorstel van wet te doen, waarby ri stadsraad met ri burgemeester aan die hoof van Johannesburg sou benoem word, aan wie die hele gemeentelike bestuur van die stad sou toevertrou wees. Die stadsraad sou deur regstreekse keuse van die ingesetenes aangewys word. „Ik vraag U met ernst", sluit die President sy Proklamasie, „legt de hand op het hart en beantwoordt mij deze vraag: 'Kan en mag ik, na ket gebeurde, dit aan de volksvertegenwoordiging voorstellen ?' Wat ik zelf op die vraag zeg, is dit: ,Ik weet, dat er duizenden in Johannesburg en omgeving zijn aan wie ik met vertrouwen die rechtstreeksche keuze kan toevertrouwen'. Ingezetenen van Johannesburg, maakt het nu de Regeering mogelijk om voor den Volksraad op te treden met de leuze: vergeten en vergeven". — (Groenboek No. 1, 1896, bl. 40, 41). Die Reform Committee het die Britse Agent meegedeel, dat daar nog slegs sowat 500 gewere uitstaande was tot beskerming van lewe en eiendom ia die stad. Hulle het iedere poging in die werk gestel om ook hierdie wapens bymekaar te kry vir oorhandiging aan die regering. Dit was waarskynlik, sê hulle, dat nie alle gewere sou in hande gekry word nie, daar party gesteel en ander verkoop is. ri Afvaardiging van 398 Einde van Verwikkelings. drie lede van die Komitee sou by die regeringskommissarisse hulle opwagting maak, behulpsaam wees in die ondersoek van verdagte plekke en gedurende die ondersoek as gyselaars dien tot waarborg van die waarheid van hulle verklarings. — (Groenboek No. 1. 1896, bl. 43, 44). Dat die regering getwyfel ket aan die behoorlike nakom van die proklamasie, het die opstandelinge aan hulleself te wyte gehad, want hulle het voorgegee om veel meer wapens te besit dan in werklikkeid die geval was. om hulle krag te laat oorskat sowel deur vriende en vyande as deur die onverskilliges en weifelaars. Op 11 Januarie het daar rede bestaan om aan te neem, dat die einde van die verwikkelings in Jokannesburg genader was en dat daar geen vrees meer vir verdere bloedvergieting hoef te bestaan het nie. Onder hierdie omstandighede het die regering geen aanleiding meer gehad om Sir Hercules te versoek om sy verblyf in Transvaal te verleng nie en bied hulle hom vóór sy vertrek gelukwense aan met die wyse, waarop die doel van sy koms vervul was. Dit sou die regering genoeë doen, sê die mededeling, om van Sy Eksellensie te verneem, wanneer hy dink om die terugreis te aanvaar, omdat die President en die lede van die Uitvoerende Raad ri persoonlike ontmoeting tot afskeid op hoë prys sou stel. Hierdie vermelding van die Hoë Kommissaris se vertrek, voordat hy self daarvan gewag gemaak het. het ongetwyfeld 'n soort wenk aan Sir Hercules bevat, dat op sy aanwesigheid in Transvaal nie langer prys gestel is nie. Sy verblyf aldaar en sy behartiging van die belange van die invallers en die opstandelinge het dan ook begin die aansien kry van die uitoefening van voogdyskap van Engeland oor die binnelandse aangeleenthede van die Republiek. Dit is dus begryplik. dat * die regering begin opgeskeep raaknet met die Britse verteenwoordiger in hulle midde, hoe goed gesind hy persoonlik ook Chamberlain se Verlange. 399 al was. Hierdie indruk word versterk deur 'n telegram wat die heer von Herff, die Duitse konsul in Pretoria, op 9 Januarie na Berlyn gestuur het, met die mededeling, dat die Hoë Kommissaris ontstem was oor die afwysende houding wat die regering ingeneem het teenoor sy voorstelle vir die wegruiming van Johannesburg se besware en dat die regering gehoop het op die afreis van Sy Eksellensie nog op dié dag. — (Grosse Politik, bl. 49). Die heer Chamberlain het die hoop gekoester, dat Sir Hercules in Pretoria só lang sou bly, totdat hy besliste versekerings van die President gekry het omtrent die aard van die hervormings wat aan die Uitlanders belowe is en omtrent die tyd, waarop die invoering daarvan kon verwag word. In verband hiermee het hy die insigte van die Britse regering aan Sir Hercules meegedeel. Dit was egter onmoontlik vir laasgenoemde om ri bespreking van dié onderwerpe aan die gang te kry, daar die regering geglo het om getuienis te hê omtrent die bestaan van ri wydvertakte sameswering om die Transvaalse staatsbestuur omver te werp. Reeds was hiervoor tussen vyftig en sestig Johannesburgers in hegtenis geneem. Voor die beëindiging van die voorlopige ondersoek in die howe wou die regering beslis nie die saak van toegewing aan die Uitlanders in behandeling neem nie. — (Groenboek No. 1, 1896, bl. 84). Sir Hercules Robinson self het sy taak in Transvaal nog nie as vervul beskou nie. Sy afwesigheid uit Kaapstad, terwyl daar ri nuwe ministerraad aan die bewind gekom het, het hy nie sonder skade vir die algemene belang van die Kolonie geag nie, dog hy moes nog aan die goewerneur van Natal die laaste bevele gee omtrent die oorneem van en die beskikkin g oor die gevange vrybuiters. — (Groenboek No. 1, 1896, bl. 49). HOOFSTUK XXV. DIE LOT VAN DIE GEVANGENES. Nadat die leiers van die omwenteling vyf weke lang in versekerde bewaring verkeer het en hulle saak ri slag uitgestel was, het die heer Chamberlain versoek, dat hulle op borgtog sou uitgelaat word. Hy het erken, dat die regering grote toegewendheid betoon het met betrekking tot voeding en ander geriewe, maar die gesondheid van die mense moes tog ly in die gevangenis. Wanneer hulk loslating geskied het, sou redelike bedinge kon gemaak word wat daarop bereken was om die belemmering van die loop van die reg te voorkom. Die Engelse minister verwag van die President vriendskaplike inagneming en gelyke behandeling van Britse onderdane as aan die Amerikaan Hammond ten deel geval het. — (Groenboek No. I. 1896, bl. 68). Veertien dae later, op 2 Maart, het dk heer Chamberlain weer onmiddellike inhgting geëis omtrent die oorsaak van die vertraging van die voorlopige geregtelike ondersoek van dk opstandelinge. In Engeknd, sê hy, was daar ontstemming weens die voortdurende hegtenis van vier Britse onderdane sonder verhoor op Pretoria. Die President moes hulk onder borgtog uitkat onder dkseHde voorwaardes as die burger van die Verenigde State, Tegemoetkoming in hierdie persoonlike aangekentheid sou toekomstige onderhandelings vergemaklik, dreig Chamberlain. — (Groenboek No. 1, 1896v bL 72, 73). Verhoor en Veroordeling. 401 Die antwoord was kort en bondig: die Staatsprokureur, by wie die vervolging berus, sou die voorlopige ondersoek op 11 Maart voortset. Die omstandighede aangaande die here Phillips, Farrar, Rhodes en Fitzpatrick, aan wie op versoek toegestaan is om onder borgtog van £ 1000 in 'n partikuliere woning op Pretoria te verbly, het nie gelyk gestaan met die geval van die Amerikaan Hammond nie. Aan laasgenoemde was verlof gegee om onder borgtog en staatstoesig tydelik in Johannesburg te verbly, omdat hy blykens ri bewys van die afdelingsgeneesheer swaar lydende was en langer verblyf in die gevangenis vir sy gesondheid gevaarlik geag is. Die onderskeid is alleen gemaak tussen ri siek man en gesondes en nie na aansien van onderdaanskap nie. — (Groenboek No. 1, 1896, bl. 73, 74). Die roemlose afloop van die inval en die opstand is reeds vermeld en al wat nog opwinding veroorsaak het, was die verhoor van die 63 Hervormers wat op Vrydag 24 April 1896 begin het. Die here Philhps, Hammond, Rhodes en Farrar wat die ondertekenaars was van die leuenagtige brief aan Jameson, het beken, dat hulle hulleself skuldig gemaak het aan die pleeg van hoogverraad en is daarvoor gevonnis en tot die dood veroordeel. Die ander beskuldigdes is weens die pleeg van gekweste majesteit veroordeel tot twee jaar gevangenisstraf, ri boete van £ 2000 wat by gebrek aan voldoening vervang Sou word met nog een jaar tronkstraf, en verbanning van die grondgebied van die Suid-Afrikaanse Republiek vir die tyd van drie jaar na afloop van die gevangenisstraf. Die Uitvoerende Raad het egter dadelik besluit, dat die doodvonnisse nie uitgevoer sou word nie. Die strawwe van al die andere is eers verminder en op 29 Mei is almal, behalwe die vier leiers en twee wat die regering om geen 26 402 Versagting van Vonnisse. wysiging van hulk straf wou vra nie, losgelaat, maar onder die volgende voorbehoude: „De gevangenisstraf hun opgelegd wordt hun verder kwüt gescholden: de boete ad £ 2000 hun opgelegd, met de daaraan verbonden sunsidiaire gevangenisstraf, blijft gehandhaafd; de veroordeeling tot verbanning voor een tijdperk van drie jaren blijft gehandhaafd, doch de uitvoering daarvan zal worden geschorst voor hem. die. na de opgelegde boete te hebben betaald (of na verloop der subsidiaire gevangenisstraf) in geschrifte zijn eerewoord zal hebben verpand, dat hij zich in het vervolg, noch direct noch indirect zal bemoeien met de binnenlandsche en buitenlandsche politiek der Zuid-Afrikaansche Republiek en zich als ordelijk en aan de wet gehoorzaam ingezetene van dezen staat zal gedragen, met dien verstande echter, dat op hem. die volgens het oordeel van den Uitvoerenden Raad zijn eerewoord als bovenvermeld niet gestand doet. het vonnis van verbannen zal toegepast worden. Op hem, die zijn eerewoord als bovenvermeld niet wenscht te geven, zal na rijn ontskg uit de gevangenis het vonnis van verbanning van volle kracht blijven". — (Hofmeyr, bL 335, 336). Na hulle vrykting het almal die President die hand gaan druk as dankbetuiging vir sy langmoedigheid. President Krüger is van alle kante gelukgewens, bedank en toegejuig. Die vier leiers het hulle doodstraf verminder gesien tot 15 jaar gevangenisstraf, maar op 11 Junie kat die Uitvoerende Raad, in oorkg met regter Gregorowski. hulle los onder betaling van ri boete van £ 25,000 elk. Phillips. Hammond en Farrar is na Johannesburg teruggegaan, maar nie voordat van hulle geëk is, dat hulle hulleself nooit met die politiek van die Republiek sou inlaat nie. Frank Rhodes het gewekr om sodanige belofte te onderteken en is oor die grense geset. Die edelmoedigheid van die Transvaalse owerheid sou ongetwyfeld op vele misleide Uitlanders nie verspil gewees Speeltuie. 403 het nie. Dog die sameswerings wat deur die Jameson-Inval f en die mislukking daarvan slegs Onderbreek is, het die heer Chamberlain voortgeset, totdat hy sy doel bereik het: ver- I nietiging van die onafhanklikheid van die twee Boere-! Republieke. Maar dit was nie politieke doeleindes wat in die eerste plaas die President sy vergewensgesindkeid ingeblaas het nie. „Slechts dit Boek", het Paul Krüger met sy hand op die Statebybel gesê, „heeft mijn gedragslijn tegenover de poli- . tleke misdadigers geregeld". — (Hofmeyr, bl. 335 n.). Die President het goed begryp, dat die meeste van hierdie mense slegs speeltuie was in die hande van groot draadtrekkers wat buite sy bereik was. „Wie is Jameson?", het hy aan J. B. Robinson gevra, „die leier van die Inval? U meen Rhodes se werktuig! Dr. Jameson en die offisiere wat saam met hom getrek het, is niemande. Hulle het slegs bevele uitgevoer wat hulle gegee is. Ek het geen gevoel gehad teen Jameson en sy manne nie, omdat ek geweet het, dat hulle slegs speeltuie was; en dit is die rede waarom ek hulle laat gaan en hulle na Engeland toe gestuur het Ek het hulle met volkome onverslulligheid beskou, — inderdaad met ri gevoel van volledige minagting. Dit is dié manne wat die inval op tou geset het, wat hierdie mense in diens geneem en in beweging gebring het, teen wie my gevoel gerig is... Dink U vir ri oomblik, dat ons nie die ware werking van hierdie inval weet nie? Meen U om my te vertel, dat U nie weet, dat die manne wat hierdie inval op tou geset en gereël het dit gedoen het vir hulle eie voordeel nie, en dat hulle besluit het hoe hulle Transvaal sou verdeel, hoe ieder van die partye sekere belange in hierdie land sou hê en dat vele van die Hervormers wat in die gevangenis gestop is, volkome onskuldig en onwetend was omtrent die planne van die manne wat in die binneste kring was?" — (Ogden, bL 26). 404 Verhoor van Jameson in Londen. Die Transvaalse regering was daarvan oortuig. dat die bewyse in besit van die Engelse regering voldoende die geregtelike vervolging van Rhodes. Alfred Beit en Dr. Rutherfoord Harris geregverdig en noodsaaklik gemaak het. — (.<-. 8423, bl. 31). .. v Hierdie here is deur die Gekose Komitee van die Kaapse Parlement bewese saam met Jameson ri hand te gehad het m die inval in Transvaal. _ (C. 8423; bl. 39). Chamberlain het op die versoek om hulle te vervolg niks meer te antwoord gehad nie dan dat sy regering alleen handelend kon optree op raad van die regsgeleerde amptenare van die Kroon en in ooreenstemming met die beginsels van die Engelse reg. - (C. 8423, bL 35). Hierdie kopstukke van die sameswerings teen Transvaal het nooit hulle regmatige straf gekry nie. Hulle was bfhartig i genoeg om slegs hulle handlangers die spit te laat afbyt. Minister Chamberlain het selfs nog vir Rhodes in beskerming qeneem. omdat hy homself daardeur ook beskerm het en sy Je vermoedelike medepbgtigheid wou dek. Maar daartoe was lal sy slinkse middele en planne nie toereikend me. Dr. Jameson en veertien ander aanvoerders van die invalstroepe het in Maart 1896 voor ri Londense magistraat verskynop beskuldiging. „dat hulle tesame met andere m Desember 1896. in Suid-Afrika. binne die geweste van Haar Majesteit en sonder verlof van Haar Majesteit, anmtttf* 'n krygsveldtog voorberei en uitgerus het om op te teek teen die gebied van ri sekere bevriende staat _ te wete. die SuidAfrikaanse Republiek, strydig met die bepahngs van die Foreian EnUstment Act, 1870", . Tafloop van die voorlopige verhoor op 15 Junie is ses van die beskuldigdes verwys na die Hoë Hof van Engeland m was Dr. Jameson. Sir John Willoughby. H. F. White, Aard van die Oortreding. 405 Raleigh Grey, Robert White en C. J. Coventry. Die verhoor voor hierdie hof het op 20 Julie 1896 ri aanvang geneem en die regspraak was in hande van drie regters en ri buitengewone bank van gesworenes. Die akte van beskuldiging het twaalf afsonderlike punte bevat wat berus het op Afdeling 11 van die Foreign EnUstment Act. Geregtelik was die vraag, of die gevangenes hulleself skuldig gemaak het aan die oortreding van ri wet (a Statute) en by vele was daar grote twyfel of daar ri oortreding gepleeg is op Mafeking of op Pitsani Potlugo en of hierdie plekke onder heerskappy en soewereiniteit van die Britse Kroon geval het. Wat Mafeking betref, kon daaromtrent geen twyfel wees nie, want dit was in Brits Beetsjoeanaland geleë, maar Pitsani Potlugo was in die nuwe gebied van die Geoktrooiëerde Maatskappy en Jameson het geen regstreekse Britse gebied gekruis, voordat hy die grens van die SuidAfrikaanse Republiek oorskry het nie. Britse heerskappy het hier nie regstreeks gegeid nie, hoewel die soewereiniteit beslis aanwesig was. Die hoofregter het ook die opmerking gemaak, dat die handelinge wat beoog is, van ri seer betwisbare wetlikheid was, geheel afgesien van die Statute, en die onderwerp kon gewees het van ri beskuldiging onder common law. Dit was ongetwyfeld juis. Die inval was ri gewelddadige en onwettige onderneming vir Britse onderdane en Engelse common law het ri wye omvang. Dog die beskuldiging was vir die oortreding van ri bepaalde wet en nie van common law nie. Onder hierdie oorwegings was dit vir die gesworenes moeilik om tot ooreenstemming te kom omtrent die uitbring van ri vonnis van skuldig, hoewel hulle bevestigend moes antwoord op die vrae wat aan hulle gestel is aangaande die feite van die inval. Die hoofregter het die bevestigende antwoord op die gestelde vrae beskou as die uitbring van ri 406 Jameson se Straf. vonnis van skuldig. Dog die gesworenes het geaarsel om ook hierdie gevolgtrekking te maak. Eindelik het hulle die standpunt van die hoofregter op sterke aandrang aanvaar. Na aanleiding hiervan wou die advokaat vir die verdediging appèl aanteken, maar van dié voornemens het Jameson hom afgeraaL Die uitspraak was tenslotte, dat Jameson en Willoughby tot vyftien maande; Robert White tot sewe maande; Grey. H. White en Coventry tot vyf maande gevangenisstraf sonder dwangarbeid veroordeel is. Dr. Jameson het gedurende sy hegtenis ernstig siek geword en moes selfs 'n operasie ondergaan. Om dié rede is hy reeds einde November 1896 deur die Koningin begenadig en vrygelaat. — (Colvin II. bl. 148—158). Hy het homself na enige tyd weer aan Suid-Afrikaanse politiek gewy en ket selfs Eerste Minister van die Kaapkolonie geword en ri Britse ridderskap ontvang. HOOFSTUK XXVI. DIE INVAL EN DIE VRAAGSTUK VAN BRITSE AMPTELIKE MEDEPLIGTIGHEID. Na aanleiding van die feit, dat sowel Chamberlain as die Hoë Kommissaris onmiddellik ontken het iets met die inval te doen te hê of daarvan iets af te weet, het Konsul von Herff aan die Minister van Buitelandse Sake in Berlyn gesein, dat in die Transvaal geen geloof geheg word aan die erns van -die miskenning van Jameson se optree deur die Britse owerheid nie. Die mense in die Transvaal was daarvan oortuig, dat die Engelse regering kennis gehad ket van die invalsplanne. In dieselfde berig sê die Duitse konsul: „Die optree van die Geoktrooiëerde Maatskappy wat sonder twyfel met voorkennis en goedkeuring van die Britse regering onderneem is, beteken niks anders nie dan 'n roekelose landroof". — (Grosse Politik, bl. 21). Het Konsul von Herff en het die Transvalers gelyk gehad met hulle oortuiging van Engelse amptelike medepligtigheid in die aanslag op die Suid-Afrikaanse Republiek? Die Transvaalse regering het 'n mededeling gekry, dat reeds op Sondag, 29 Desember 1895, in die namiddag omtrent 5 uur die hoof van die Kaapse Ministerraad, C. J. Rhodes, bekend was met die invalsplan van Dr. Jameson. Op die vraag waarom 'n kabinet van 'n bevriende staat die Transvaalse regering nie sonder verwyl gewaarsku het nie, ontken die Hoë Kommissaris nie die feit van die bekendheid nie, maar stuur hy 408 Verklaring van Kaapse Regering. ri brief van Sir Gordon Sprigg as toeligting van die rede waarom aan die Transvaal geen kennis gegee is van die dreigende inval nie. Sir Gordon Sprigg vertel, dat die kabinet, waarna die Transvaalse regering in sy brief verwys, opgebou het om te bestaan. Sir Gordon Sprigg, die nuwe Eerste Minister, en die heer Faure, Sekretaris van Landbou. was egter wk lede van die kabinet-Rhodes gewees en instaat om te verklaar, dat die rede waarom die vorige regering nie die Transvaal gewaarsku het nie, geleë was in die feit, dat die kabinet daar geheel onbekend mee was. Rhodes het aan sy medeministers daaromtrent geen mededeling gedoen nie. Die eerste wat hulle van die saak verneem het. was uit die berigte in die pers op die oggend van 31 Desember. Dit was vir hulle so ri verrassing, dat hulle dit eers self nie wou glo nie.1) — (Groenboek No. 1, 1896. bl. 57). In die uiteensetting wat Chamberlain omtrent die Uitlandergriewe en hulle ontwikkeling, op 7 Februarie 1896 in die bondon Gazette (die Engelse Staatskoerant) openbaar gemaak het, ruim hy ri belangrike deel in vir die bewering en die poging tot bewys, dat nog die Hoë Kommissaris nóg die Britse regering rede gehad het om te verwag, dat die inval waarskynlik was. Hy het op 1 Januarie die Hoë Kommissaris bevel gegee om in die pers mee te deel, dat die Britse regering, die Hoë Kommissaris en C. J. Rhodes die optree van Jameson verwerp. Dus sou ook Rhodes ontevrede gewees het oor die inval. As hy werklik die handelwyse van Jameson afgekeur het. waarom het hy dan daarvan ri dag tevore kennis gekry en die feit vir die betrokkenes verswyg? Chamberlain vertel ook, dat op 29 Desember aan hom ri aanduiding gegee is, dat die poliesiemag van die Geoktrooi- i) Die Kaapse Parlementslid Faure het reeds op 27 Desember 1895 uit Johannesburg aan Rhodes gesein om hom te versoek om die voorgenome inval te ontken. Rhodes het bly swyg. - (Hofmeyr, bl. 409). Chamberlain waarsku Hoë Kommissaris. 409 ëerde Maatskappy mag gebruik word met die doel om sake in Johannesburg op die spits te drywe. Hierdie aanduiding het hom as ongelooflik voorgekom en as voorsorgsmaatreël het hy dadelik aan die Hoë Kommissaris gesein om dié op ay hoede te laat wees en hom bevel gegee om, as hy dit nodig ag, Rhodes vir die gevolge te waarsku. Ongelukkig, sê ky, was Jameson toe reeds oor die grens van die Transvaal. Van watter kant af kon Chamberlain hierdie mededeling gekry het? Waarom moes juis Rhodes, die Eerste Minister van die Kaapkolonie, vir die gevolge gewaarsku word? Watter gevolge was dit? ri Mens kan nie aan die indruk ontkom nie, dat Chamberlain meer gewèet het van hierdie kuiperye teen Transvaal dan hy wou laat uitkom. Die samesweerders het ook kulle verteenwoordigers en handlangers in Londen gehad. As die planne nie bekend of vermoed was nie, kon ri dergelike aanduiding nie aan die Hoë Kommissaris toe gegee word nie. Wanneer, soos Chamberlain sê, hy op 29 Desember 'n waarskuwing aan die Hoë Kommissaris gestuur het omtrent die moontlikheid van ri inval in die Suid-Afrikaanse Republiek ten behoewe van die Britse opstekers in Johannesburg, kon die tyding van die uitbreek van die onluste daar nie so onverwags gewees het, as Sir Hercules in sy mededeling van 1 Januarie aan die Britse Agent in Pretoria te kenne gee nie. Die inval van Jameson as sulks op hierdie tydstip was miskien onverwags. Dit was seker in stryd met die oorspronklike planne. Eers moes die opstand in Jokannesburg uitbreek en dan moes die troepe na Johannesburg of Pretoria marseer om Britse belange te beskerm. Jameson was te haastig. Dit was juis aanhitsing uit Londen wat hom senuweeagtig gemaak het. Hy het rede gehad om te dink, dat hy aan die wense van Chamberlain voldoen. Hy was te seker van sy sege-intog in Johannesburg en het met sy oorhaasting die planne van 410 Britse Planne met Transvaal. Rhodes en heel waarskynlik ook van Chamberlain in die war gestuur. So 'n losse inval in die Suid-Afrikaanse Republiek kon Chamberlain en die Britse regering natuurlik nie openlik goedkeur nie. Hulle moes oënskynlik in ooreenstemming handel met die verdrags- en volkereg. Dog, wanneer daar ri opstand was in Johannesburg, sou Britse onderdane vir lewe en eiendom beskerming behoef en dan kon Brittanje teen die Republikeinse regering optree, sonder dat hom daarby die verwyt van regskending hoef te tref. Die hele wêreld sou dan goed te verstaan gekry het, dat die Transvaalse regering nie opgewasse was vir sy taak om in eie huishouding orde te handhaaf nie. Die onbevoegde Boere-regeerders sowel as die Britse onderdane sou beskerming nodig gehad het. Het Jameson nie oorhaastig opgetree en hierdie mooi planne in die war gestuur nie, sou die Britse vlag ri paar jaar vroeër oor die Transvaal gewaai het. Dat ri aantal Britse owerheidspersone met hierdie planne op die hoogte was, is moeilik weg te syfer. Sodra die opstand sou uitbreek, sou die Hoê Kommissaris as verteenwoordiger van die sogenaamde soesereine mag na Transvaal gaan teneinde die einddoel te volvoer: die afsetting van President Krüger en die instelling van ri regering wat in belang van Brittanje sou handel. Dit blyk uit die getuienis van Flora Shaw voor die Komitee van Ondersoek. — (Blouboek 311, bl. 469). Dit het Lord Loch ook openlik in die Britse Hoërhuis verklaar. — (Hofmeyr, bL 121). Maar in Johannesburg was hulle te stadig na Jameson se sin. Hy wou ri groot heldedaad verrig met die inval op eie houtjie en dan die opstand in Johannesburg lei Om homself te dek egter het hy ri brief aan homself laat skrywe, waarin die Uitlanders hom smeek om hulle uit hulle ellende te kom verlos. Bowendien het hy geweet uit die telegramme van Flora Shaw, dat Chamberlain om redes van internasionale politiek die sakie so gou moontlik wou opgeknap hê. „Vertraging gevaarlik" 411 „Vertraging gevaarlik. Simpatie nou volledig. Maar veel sal afhang van optree, voordat Europese moondhede tyd gekry het om verset aan te teken, wat, daar Europese toestand ernstig geag word, die regering mag verlam; algemene gevoel op die effektebeurs baie agterdogtig", sein Flora Shaw op 12 Desember 1895 aan Rhodes (No. 164). „Chamberlain vertroubaar in geval van tussenkoms van Europese moondhede, maar ek het besondere rede om te glo, dat hy begeer, dat U dit onmiddellik doen", hu' dit weer op 17 Desember 1895. _ (No. 106; Blouboek 311—1, bl. 598). Jameson het klaar gele om met sy troepe Transvaal binne te val. Die inhoud van hierdie telegramme sou nie vir hom verborge gehou gewees het nie, want Rhodes het juis daarvan gebruik gemaak om sy medepligtiges te oortuig van Chamberlain se goedkeuring van hulle planne. — (Stead, bl. 46). Merkwaardig genoeg was Jameson veertien dae vóór die inval die gas van Rhodes op Groote Schuur. — (Hofmeyr, bl. 409). Dit is geen wonder, dat hy as gevolg van hierdie prikkels ongeduldig geword het nie. Dat Chamberlain nie alleen van die planne geweet het nie, maar ook ri leidende aandeel in die sameswerings geneem het, skyn die telegramme van Flora Shaw aan Rhodes te bewys. Hierdie dame was hoof van die koloniale afdeling van die Londense dagblad The Times. As sulks het sy twee of drie keer die week die Ministerie van Kolonies besoek en gesprekke met Chamberlain gehad. Sy was een van die wakkerste samesweerders teen Transvaal en het steeds probeer om die inval te verhaas. Dit was ook sy wat aan die hand gegee het, dat die inval sou plaasvind op 16 Desember, Dingaansdag, omdat dit ook op hierdie datum in 1881 was, dat Krüger, Joubert en Pretorius hulle bekende proklamasie uitgevaardig het tot aansporing vir die herstel van die onaf- 412 Telegramme van Flora Shaw. hankhkheid. „Ek het opgemerk", vertel sy voor die Komitee. „dat daar 'n sekere historiese regverdigheid in sou wees, wanneer 'n aantal Engelse hulle onafhanklikheid op dieselfde dag verklaar". — (8826, Blouboek 311, bl. 466). Na sy vertrek uit Londen om by die inval in Transvaal by die hand te wees, het Dr. Harris haar as die vertroueling van die samesweerders aangesteL Sy was die skakel tussen Rhodes en Chamberlain. Op 17 Desember 1895 sein Flora Skaw aan Rhodes: „Onderhoud gehad met Sekretaris1) van Transvaal, Saterdag vertrek na Den Haag, Berlyn, Parys. Vrees in onderhandeling met hierdie partye. Chamberlain vertroubaar in geval van tussenkoms..." — (No. 106; Blouboek 311—1, bl. 598). Voor die Komitee het Flora Shaw verder vertel, dat sy hierdie telegram gestuur het na 'n besoek aan die Ministerie en ri opmerking van Fairfield, die hoofamptenaar: „Wel, as die inwoners van Johannesburg wil opstaan, is dit te hope, dat hulle dit gou doen". — (Blouboek 311, bl. 471). Al die kopstukke van die Ministerie was so goed ingewy in die sameswering, dat Flora Shaw rede gehad het om te glo, dat Fairfield namens die Ministerie en namens Chamberlain praat Op 27 Desember 1895 sein Dr. Harris aan Flora Shaw: ,,Alles uitgestel tot 6 Januarie. Ons is klaar, maar verdeeldheid in Johannesburg". — (No. 941; Blouboek 311—1 bl. 599). Die verdeeldheid in Johannesburg was ontstaan na aanleiding van die vraag of die inval sou gedoen word onder die Republikeinse2 ) dan wel onder die Britse vlag. Verskeie Uitlan- ) Dr. Leyds was op weg na Berlyn vir geneeskundige behandtlïug vaa sy keel. _ , *) In die Star het die sekretaris van die Reform Commtttee, Pitzpatrick, kennis gegee: „Het Reform Comité blijft bij het Manifest en wil de onafhankelijkheid van de Republiek bewaren". Dit was ook die Republikeinse vlag wat die Refocmecs op hulle kantoor gehys het. — (Hofmeyr, bi. 236, 244). Chamberlain en Flora Shaw. 413 ders, Amerikane en Duitsers veral, wou die omwenteling van binnelandse aard laat wees en in die plek van die Krüger-regering slegs ri ander bestuur instel wat meer in hulle voordeel sou wees. Dit was waarskynlik Chamberlain wat aangedring het op die gebruik van die Britse vlag met die oog op die inlywing van Transvaal. Op 30 Desember 1895 ontvang mej. Shaw van Dr. Harris weer die volgende telegram: „Streng vertroulik. Dr. Jameson in beweging om Engelse in Johannesburg te help, daar hy ri dringende brief ontvang het [l?t] met smeekbede om te kom, onderteken deur vooraanstaande inwoners. Hierdie brief sal möre woordelik aan U gesein word. Maak intussen geen melding in pers nie. Ons vertrou op welslae. Johannesburg verenig en sterk aan ons kant. Verdeeldheid is agter dié rug behalwe wat twee of drie Duitsers1) betref". — (No. 1503; Blouboek 311—1, bl. 599). Tegelykertyd ontvang sy ook telegrafies die inhoud van die swendelbrief omtrent die lyde van vroue en kinders in Johannesburg, wat vooraf opgetrek is om gebruik te word na die uitbreek van die opstand. — (Blouboek 311, bl. 470). Met hierdie telegramme in die hand is mej. Shaw om 10 uur in die voormiddag onmiddellik deur Chamberlain ontvang. Die inhoud het sy nie vir hom verborge gehou nie. — (311, bl. 470). Wat die onderwerp en die inhoud van hierdie twee se gesprek op hierdie oggend was, sou ongetwyfeld van groot belang wees om te weet. Dog die Komitee wat die ondersoek moes instel na die medepligtigheid in die sameswering, het nóg vir Flora Shaw nog vir Chamberlain daarna gevra. Ongelukkig het die Komitee sy taak opgevat as ri verpligting om soveel moontlik sake in die duister te hou en Minister Chamberlain te dek. Daarom het die Komitee ook die naam i) Twee van hierdie Duitsers was die here Albu en Wagner. 414 Chamberlain „verskrikHk kwaad". gekry van Komitee pan Geen-Ondersoek of Committee of No-Inqoirg. Die volgende oggend kry Flora Shaw opdrag om die sogënaamde brief van die Johannesburgers aan Jameson openbaar te maak. Tesame met hierdie brief het in die Times ri artiekel verskyn. waarin die houding van die heer Chamberlain afgekeur word ten opsigte van sy telegram aan die Hoë Kommissaris om Jameson te stop. Daar het nog twee telegramme van belang in die hande van die Komitee gekom. nadat Flora Shaw plegtig verklaar het, dat sy geen ander telegramme dan bowegenoemde van die Rhodes-mense ontvang het nie. Toe die telegramme opduik, het sy verklaar, dat sy onder al die drukte van daardie dae hulle bestaan skoon vergeet het. *i (Blouboek 311. bl. 518). Die eerste van hierdie telegramme was No. 1556 van „Rhodes aan Shaw, 30 Desember 1895. Deel Chamberlain mee, dat ek goed sal deurkom, as hy my ondersteun, maar hy moet geen kabel stuur soos hy aan die Hoë Kommissaris in Suid-Afrika gestuur ket nie. Die keerpunt vandag is: ek sal win en Suid-Afrika sal aan Engeland behoort". — (Blouboek 311—1, bl. 599). As hierdie telegram behoorlik op tyd oorhandig is, moes dR in haar besit gewees het, voordat sy die oggend haar besoek aan Chamberlain gebring het met die ander twee telegramme in haar hand. Dat sy die inhoud hiervan aan Chamberlain meegedeel het, blyk uit baar getuienis voor die Komitee dat sy op 1 Januarie ook ri telegram aan Rhodes gestuur het, waarvoor sy £ 2:15s. betaal het Hierdie telegram was egter nêrens te vinde nie, ook nie in die argiewe van die kabelmaatskappy nie, maar mej. Shaw het daarvan tog soveel onthou, dat sy haarself kon herinner aan Rhodes te gesein het, dat Chainberlain „verskriklik kwaad" was — (311, bl. 519). natuurlik oor die feit, dat Jameson oorhaastig ge- Opdragte aan Hoë Kommissaris. 415 handel het en alles in die verderf gestort het. Dit blyk uit 'n telegram wat op 30 Desember aan Beit gestuur is: „Jameson het bevele veronagsaam en die grens met 400 man oorskry". — (Stead. bl. 71). Rhodes het vir Jameson as vriend so veel moontlik probeer dek. Maar Chamberlain het geen rede gehad vir besondere toegéwendheid teenoor Jameson nie, want hy moes in die eerste plek vir homself skoon was van alle medepligtigheid in die plan, as ky daarvan geweet het, en in die twede plek moes hy as Minister van Kolonies sy gesag handhaaf en teenoor die wêreld in ooreenstemming met die volkereg en diplomatieke beleefdheid handel. Mej. Shaw het dus gelyk gehad met Rhodes te laat weet, dat Chamberlain „verskriklik kwaad" was en nie verwag kon word om iets vir die redding van Jameson te doen nie. Met sy vroegtydige inval het Jameson die plan van Loch en van Chamberlain, na ri mens rede het om te glo, in die war gestuur. Maar daar was nog ri telegram wat mej. Shaw van Rhodes ontvang het en intussen vergeet het, totdat dit in die Komitee weer voor haar oë gekom het. Dit was No. 1877: „Rhodes aan Shaw. Desember 31, 1895. Tensy U Chamberlain die Hoë Kommissaris kan laat bevel gee om dadelik na Johannesburg te gaan, is die hele toestand verlore. Hoë Kommissaris sal ri pragtige onthaal kry en nog die toestand in voordeel van Engeland wend, maar moet by kabel onmiddellik bevel kry. Die bevele moet besondere opdragte aangee, daar hy swak is en geen verantwoordelikheid sal aanvaar nie". — (Blouboek 311—1, bl. 599). Met hierdie telegram wou Rhodes- vir Chamberlain laat verstaan om die Hoë Kommissaris tog nog die oorspronklike plan te doen uitvoer, soos hierbo reeds aangedui. Op 31 Desember het dan ook die opstand in Johannesburg uitgebreek, in verband waarmee die Hoë Kommissaris aangebied 416 „Uitnodiging" aan Hoë Kommissaris. het om na Transvaal te kom en te help die bloedvergieting beperk. Dit het die President aangeneem, hoewel Jameson al op Transvaalse burgers geskiet het. Die Kaapse ministers sowel as Hoofregter H. de Villiers en die heer Jan Hofmeyr was ten gunste van hierdie stap. Ook Chamberlain het dit goedgekeur en dit is eindelik uitgevoer. Hoofregter de Vilkers en Jan Hofmeyr het egter hulle toestemming gegee onder beding, dat President Krüger die Hoë Kommissaris uitnooi. Die uitnodiging was baie verskillend van die oorspronklike plan, waarby die Hoë Kommissaris sou verskyn as verteenwoordiger van die sogenaamde soeserein in antwoord op die smeekbede van die Britse onderdane teneinde die welslae van die opstand te verseker. Sir Hercules Robinson ket teruggeskrik vir die verantwoordelikheid daarvan. Vandaar die telegram van Rhodes deur bemiddeling van Flora Skaw aan Chamberlain om die Hoë Kommissaris duidelike bevele te gee. Hierdeur het Rhodes bewys vertroue te hê in Cliamberlain se kuip by die uitvoering van sy planne. — (Stead, bl. 75) Die voorwaarde wat Hoofregter de Villiers en Jan Hofmeyr gestel het op die gaan van Sir Hercules Robinson na Pretoria, kon by die Hoë Kommissaris nie meer geld nie, sodra hy van Chamberlain bevel gekry het om te gaan. Soos reeds vermeld, het President Krüger die aanbod van Sir Hercules om bloedvergieting te kom belet, nie van die hand gewys nie, maar uitgenooi het die President hom nie. Waarom die Hoë Kommissaris later tog gepraat het van te voldoen aan dk „uitnodiging" van die President, is nie heel duidelik nie, maar miskien moes hy op dié manier de Villiers en Hofmeyr tevrede stel en aan die wêreld te kenne gee, dat dk Britse gesaghebbers hulleself nie op de houtjie in Transvaalse sake ingemeng het nie. Die berig in die pers van dk inval van Jameson en die opstand in Johannesburg kon nouliks vir die Hoë Kommis- Jameson en die Hoë Kommissaris. 417 saris so ri verrassing gewees het as hy aan President Krüger te kenne gegee het. Jameson het in die Komitee van Ondersoek verklaar, dat hy met Rhodes ooreengekom het, dat, sodra die opstand uitbreek, laasgenoemde na Johannesburg of Pretoria sou gaan tesame met die Hoë Kommissaris en Jan Hofmeyr vir die voer van die onderhandelings tussen die regering en die Uitlanders. „Uit my eie gesprekke met die Hoë Kommissaris", vertel Jameson, „wis ek, dat, wanneer die opstand uitbreek, ky na Johannesburg of Pretoria sou gaan, maar ek het nooit verwys na my samewerking met die mense in Johannesburg nie". — (Blouboek 311, bl. 260). Toe Jameson die grens oorskry, het hy van Rhodes verwag om die Hoë Kommissaris en Jan Hofmeyr Transvaal toe te bring en het hy sy offisiere vertel, dat hierdie mense net so gou in Pretoria sou wees as hulle. Jameson se plan was om Pretoria te bes et. Wat bet ky dan daarop van die Hoë Kommissaris verwag? Hy vertel self: „Natuurlik sou hy my sê om Pretoria aan hom oor te gee en dan sou dit in sy hande wees as verteenwoordiger van die regering van Haar Majesteit". — „Sou hy dit teruggegee het?", vra die heer Labouchère. — „Ek kan nie sê of hy dit sou teruggee of nie", antwoord Jameson. „Ek weet dat sy idee was (dit is uit ri gesprek met die Hoë Kommissaris), dat, as daar ri opstand in Johannesburg plaasvind, as hy daarheen gegaan het as bemiddelaar, dit ri goeie ding sou wees om te doen..., om ri volkstemming te hou; dit sou my en iedereen in Johannesburg tevrede gestel het". — (Blouboek 311, bl. 316/7). Dit was die verstandhoudings en verwagtings van die samesweerders en daarom was die skrik so groot, toe die Hoë Kommissaris ri proklamasie uitvaardig om die daad van Jameson af te keur en te misken. Volgens getuienis voor die Komitee afgelê, is hierdie proklamasie uitgevaardig op aandrang van Jan Hofmeyr wat gedreig ket, dat hy anders die 27 418 Verklaring van Sir Hercules Robinson. Afrikaners van die Kaapkolonie sou oproep om hulle Transvaalse broers te help. — (Stead, bl. 76). Of Jan Hofmeyr só ver sou gegaan het, klink enigsins onwaarskynlik. Seker is dit egter, dat ky in die aanvang van die moeilikhede besonder flink opgetree het in belang van Transvaal. Maar was dit die Britse owerheid erns met hierdie proklamasie? Op Nuwejaarsdag sein die hoofopsteller van die Cape 7unas, Garrett, aan sy beroepsgenoot van die Star in Johannesburg: „Jy moet 'n proklamasie verwag maar nie verkeerd verstaan nie, wat Jameson formeel ongelyk gee. Imperiale owerkeid het geen ander weg nie. Moenie dat dit julie verswak of verdeel nie. Dit is slegs vir jou inligting". — (Stead, bl. 16). Die samesweerders moes die mdruk kry, dat die oorkaastige inval van Jameson wel deur die Ryksowerheid noodgedwonge veroordeel is, maar dat hierdie veroordeling nie geld vir die Uitlanderopstand in Johannesburg nie. Weens die swakte van sy gesondheid was Sir Hercules Robinson ongelukkig nie in staat om getuienis voor die Komitee van Ondersoek af te lê nie. Maar op 24 Februarie 1897 het hy die volgende draadberig aan die heer Chamberlain gestuur: „In verband met die telegrafiese verslae. hier in die blaaie verskyn, van die getuienis voor die Suid-Afrikaanse Komitee af gelê, is dit waar dat ek dit oorweeg ket. dat ingeval van die plaasvind van 'n opstand in Johannesburg en van die aanvang van vegtery tussen Boere en Uitlanders, dit moontlik was dat Haar Majesteits regering van my mag verlang om daarheen te gaan en tussenbeie te kom; en dat ek hierdie gebeurlikheid met die heer Rhodes formeel bespreek het Ek wens egter duidelik te verklaar, dat indien ri mededeling van watter aard ook aan 'die Uitlanders gedaan is met betrekking tot die feit, dat ek Johannesburg sou besoek het in geval van 'n opstand, dit gedaan is sonder my verlof of kennis...". Medepligtigc Ryksamptenare. 419 Hierop het die heer Chamberlain geantwoord: „Ek aanvaar alle verantwoordelikheid vir u voornemens om tussenbeie te kom, as die geleentheid daarvoor sou ontstaan". — (Blouboek 311, bl. 59). Wat Sir Hercules Robinson betref, sê die verslag van die Komitee van Ondersoek, „dat daar hoegenaamd geen getuienis is, dat hy die geringste kennis van die sameswering of van die voorgenome gebruik van die gewapende mag binne die Transvaal gehad het nie, albei waarvan met opset vit hom geheim gehou is. Die Komitee... het van hom ri besliste ontkenning ontvang van enige sodanige kennis van sy kant". — (Witboek 311, Secand Report, bl. XII). Sir Hercules ket in elk geval die moontlikheid van ri opstand in Johannesburg voorsien en dit was nie meer as sy plig nie om vooraf sy optree by ri dergelike gebeurlikheid sowel met Rhodes, die Eerste Minister van die Kaap, as met die Britse Minister van Kolonies te bespreek. Daarin lê dan ook niks onterends of verkeerds nie. Rhodes, Bower, Newton en andere het agter die Hoë Kommissaris se rug om gewerk en hulle handlangers laat verstaan, dat sir Hercules die voorgenome opstand goedkeur en steun, wat seker nie die geval was nie. Van Jameson se plan was Sir Hercules nie op die hoogte nie, ofskoon Colvin dit skyn te wil beweer op gesag van Sir Francis Younghusband. Dié sou vertel het, dat Sir Hercules self aan hom gesê het, dat hy opdrag gehad het om die hervormingsbeweging te steun, deur geweld indien nodig, wanneer hy vir ri twede keer deur ri Liberale Minister na Suid-Afrika toe gestuur word. Hy het daarop ri troepemag van 10000 man geëis. Die troepe tot sy beskikking was egter veel minder. Is dit onmoontlik om te veronderstel, vra Colvin (II, bl. 170 en 171), dat Rhodes beloof het om die ontbrekende aan te vul? Die Britse Komitee van Ondersoek erken in hulle verslag. 420 Die Hawksley-Briewe. dat tenminste twee hooggepfeaste Ryksamptenare op die hoogte was van Jameson se plan. Dit lui: Sir Graham Bower, die Imperiale Sekretaris van die Hoë Kommissaris in Kaapstad, en die heer Newton, die ResidentKommissaris in die Beetsjoeanalandse Protektoraat, was bekend met die voornemens van die heer Rhodes om, by sekere gebeurhkhede' die troepemag op die grensejan die Transvaal versamei binne die Repubhek self te gebruik, en dit was duidelik kulk plig om die Hoë Kommissaris ü^besit van die feite te gestel het". - (Witboek 311, Second Report. bk XIII>. • , , . , Melding moet nog gemaak word van Hawksley se stel briewe wat op Vrydag, 5 Januarie 1900, dus enige maande »a die uitbreek van die oorlog tussen Engeland en Transvaal, in Brussel openbaar gemaak is deur die dagblad lndépendanc* Beige. Dk bfed het vir die egtheid van die briewe mgestaan en het beweer dit te ontvang het van iemand wat deelgeneem het in die Jameson-Invak Die blad verklaar, dat die briewe bewys. dat Chamberlain van die werk van Rhodes en Jameson in verband met die opstand in Johannesburg geweet en dit aangemoecbg het en ook. dat Chamberlain aan sy vertroude sekretaris Fairfield opdrag gegee het om te verkry. dat die Gekose Komitee van die Laerhnis vir Jameson en Rhodes vryspreek. Die briewe kwer ook. beweer die bla«i bewys, dat dk getuienis vk dk vervolging gedokter is en dat bepaalde stukke aan die ondersoek van die Gekose Komitee ontkou Enkele aankalings uit hkrdie Hawksley-bnewe sal die strekking daarvan aantoon. Op 22 luik 1896 skrywe Hawksky aan frairheld: Is dk gerug waar wat ek hoor, dat die regering besluit hei' om ri Gekose Komitee van dk Laerhuk aan te stel om ondersoek te doen na die omstandighede van Jameson je optree verkde Desember? Indien wel, veronderstel ek. dat dit Samestelling van Komitee. 421 moontlik sal wees, dat die sienswyse van die direkteur in sekere mate in aanmerking geneem word by die benoeming van enige van die lede? Mag ek in hierdie geval die name aan die hand gee van Carson, A. C. Cripps, George Wyndham?1) Sal dit moontlik wees om ri kans te hê om met U te bespreek die voorwaardes van verwysing na die Gekose Komitee?" Aan Beit telegrafeer hy op 27 Julie 1896: Het Burke, Wyndham en Fairfield gesien. Doen al die moontlike om Wyndham te verkry sowel as ri benoemde van Geoktrooiëerde Maatskappy . . . .". Op 1 Augustus doen hy weer die volgende versoek aan Fairfield: , Laat my weet van enige moeilikhede of veranderings betreffende samestelhrigs vaa die Komitee". Sy brief aan die voorsitter van die Komitee, W. L. Jackson, bewys nog sterker die knoeiery wat aan die gang was: „Bk stuur U ri aantekening omtrent Sir John Willoughby.... Wat die amptelike verslag betref, skyn dit my nie nodig, dat dit voorgelees moet word nie, maar Sir John sal sekere paragrawe merk en dié lees. Ek gee dit heer Nicholson verdere drukproewe vir ronddiening tussen die komiteelede". Een van die bestuurders van die Geoktrooiëerde Maatskappy was Graaf Grey. Hy was ri vertroude vriend van Chamberlain sowel as van Rhodes. Kort nè die inval is hy as administrateur na Rhodesië toe gestuur. Hy het nooit getuienis voor die Komitee afgelê nie, hoewel hy veel sou kan meegedeel het. Aan hom skrywe Hawksley op 20 Februarie 1897: U sal natuurlik verneem het, dat die Komitee herbenoem en weer aan die werk is. Ek stuur U amptelike drukproewe van die reeds afgelegde getuienis. Rhodes het goed *) Cripps en Wyndham het werklik lede van die Komitee geword. 422 Kabelgramme as Bcwysstof. daarvan afgckom en ek dink hy sal aan die top uitkom. Die eerste dag was hy senuweeagtig, hoewel sy getuienis selfs toe goed gewees het. Gister was hy eenvoudig skitterend. „Ek glo nie, dat ons al keeltemal veilig is nie, maar daar is ri kans, dat die pleidooi van die openbare belang nie erken sal word nie en dat die kabelgramme van die laaste helfte van 1895, of liewer die onderhandelings van daardie tydperk, nie bloot gelê sal word nie, hoewel ek verplig is om te sê, dat ek persoonlik dink dat die oorwig van waarskynlikheid is, dat hulle sal moet voor die dag kom. „As dit gebeur, sal die heer Chamberlain niemand anders dan homself daarvoor te danke hê niè ". Die kabelgramme wat Hawksley in hierdie brief van melding maak, was, soos hy hier aan Grey te kenne gee, van baie groot belang om die waarheid omtrent Chamberlain se medepligtigheid in die sameswering te onthul. Die Komitee van Ondersoek deur die Kaapse Parlement benoem, het probeer om hierdie kabelgramme in hande te kry, maar hulle het daarin nie geslaag nie, omdat die afskrifte binne veertien dae na Londen gestuur is. Die aanwesigheid van die kabelgramme in Londen is as een van die redes opgegee waarom die ondersoek juis daar sou plaasvind. Rhodes sou in Londen as getuie verskyn, wat al van groot belang was. Chamberlain het klaarblyklik nie die minste moeite gedoen om hierdie kabelgramme vir die Komitee in hande te kry of hulle vernietiging te belet nie. Dit was ongetwyfeld ri onverantwoordelike daad, van die kabelmaatskappy of van wie ook, om hierdie eeratehandse mededelings tussen die vermoedelike hoofsamesweerder en sy handlangers binne twaalf maande te vernietig, daar bekend was, dat hulle groot waarde het vir die ondersoek in verband met die Jameson-Inval en die ander sameswerings teen Transvaal. Adv. F. S. Malan het dan ook tereg op die kongres van die Afrikaner-Bond op Chamberlain ongerus oor Kabelgramme. 423 Burgersdorp openlik gewaarsku teen die vernietiging van bewyse. In Londen was die openbare mening daar oortuig van, dat bierdie kabelgramme die medepkgtigheid van Chamberlain sou bewys. As hy van die teendeel seker was, waarom het hy dan nie gesorg om hulle voor die dag te laat kom nie? Die kabelgramme wat tussen Rhodes en Harris gewissel is, het hy ook tot insage gehad. Hy het ook geweet, dat Rhodes van hierdie kabelgramme in Suid-Afrika gebruik gemaak het om die samesweerders daar te skraag met die wetenskap, dat die Minister van Kolonies hulle geknoei goedkeur en steun. Rkodes het geweier om die kabelgramme voor die dag te haal of vrae daaromtrent te beantwoord, daar hulle almal vertroulik was (473); en Chamberlain het in die Komitee laat uitkom, dat hy sy invloed by Rhodes nie sou gebruik om die kabelgramme te vertoon nie. — (9584—9589 van Blouboek 311). By die aankoms van Rhodes in Engeland het sy saakgelastigde Hawksley hom in Plymouth gaan ontmoet en saam met hom Londen toe gereis. Hy yertel Hawksley, dat hy die telegramme uit Londen ook aan ander mense in Suid-Afrika getoon en daarvan gebruik gemaak het om sy sameswerings te bevorder. Sodra Hawksley dit verneem, raai hy Rhodes aan om die Ministerie van Kolonies daarmee in kennis te stel. Hawksley het die mededeling aan Fairfield gaan doen om met hom vir 'n uur lang die saak bespreek. (8733). Fairfield het die saak weer met Chamberlain en andere in die Ministerie bespreek en vra Hawksley om afskrifte van die kabelgramme te kry en na hom toe te bring. Chamberlain wou graag weet „wat dit was wat hy en ons veronderstel is om te gesê het. Miskien ook kan U ons sê hoeveel van wat hiervandaan gestuur is, die vyf of watter aantal dit ook al was, bereik het en, indien wel. of dit skriftelik was of mondeling", skrywe Fairfield aan Hawksley. (8752). 424 Stilswyging bewaar. Hawksley antwoord: „Ek dag dat dit beter was om u voorbeeld te volg en derhalwe het ek Rhodes vertel van my gesprekke met U Grey, verstaan ek, het nooit iets na Suid-Afrika toe gekabel aie en dieinligtings aan die mense in Johannesburg gegee, was alles mondeling. Ek dink derhalwe dat miskien genoeg gedoen is en dat ons die sake hierby kan bat. Die heer C. weet, dat ek weet en kan sy handelwyse rig na hierdie kennis. U weet, en ek nie, wat gewissel is tussen die Hoë Kommissaris of sy sekretaris en die Ministerie van Kolonies. Soos ek hoop aan U duidelik te gemaak het, is daar nie die geringste voorneme om watter gebruik ook van vertroulike mededelings te maak nie. As U die openbaarmaking van die stuk omtrent die Uitlanders kan verhaas, sal dit veel goed doen". (8753). Hawksley het die afskrifte van die kabelgramme nie na Fairfield geneem nie, maar die self bewaar. Chamberlain wat vir Rhodes onmiddellik na sy aankoms twee uur lang in gesprek gehad het, het hom nie gevra na die gebruik wat hy van Harris se kabelgramme gemaak ket nie. (9559). Hy het ook vir maande lang geen poging aangewend om uit te vind wat in die kabelgramme gestaan het nie, wat Rhodes aanleiding gegee het om hulle te gebruik as getuienis van die medepligtigheid van die Ministerie van Kolonies teenoor aarselende bondsbroeders in Suid-Afrika. Chamberlain het hierdie kabelgramme eers in Junie 1896 onder die oë gekry. Hulle het blykbaar vir hom niks nuuts bevat nie. By die opsending van hierdie kabelgramme aan die Ministerie van Kolonies ket Hawksley hulle vergesel bat gaan van ri brief, waarin by onder andere die versoek gedoen het, dat hulk sou beskou word as vertroulik en na lesing weer teruggestuur word. In dié brief het egter nog meer gestaan, maar wat dit was, wou Chamberlato nie meedeel nie, al is in die Komitee daaromtrent uitdruklik geyra. Al wat Hawksley verder Pligsversaking deur Komitee. 425 wou meedeel, was dat die oorspronklike brief in besit was van die beer Chamberlain wat as lid van die Komitee by hierdie verklaring aanwesig was sonder om die brief voor die dag te haal. Die Prokureur-Generaal het ook die kabelgramme in hande gehad en deurgelees, maar ook hy het in die Komitee die inhoud daarvan nie verraai nie. — (Stead. bl. 43, 44). Hierdie gevaarlike telegramme het onderhoude weergee wat plaasgevind het tussen die afgesante van Rhodes met Chamberlain en amptenare van die Ministerie van Kolonies. Hulle bevat berigte uit Londen na Suid-Afrika toe gesein en is in Suid-Afrika deur Rhodes gebruik teneinde weifelende ondersteuners om te haal om aan sy onderneming deel te neem. Dit blyk uit die afgelegde getuienis en is deur niemand betwis nie. Dit was een van die eerste pligte van die Komitee van Ondersoek om hierdie kabelgramme in hande te kry om die waarheid aan die lig te bring. Wanneer dit onmoontlik geblyk het, moes die Komitee van diegene wat die telegramme gestuur het en diegene wat hulle ontvang het, probeer uitvind wat die afsenders bedoel het om met hulle berigte mee te deel en watter indruk die berigte op die ontvangers daarvan teweeggebring het. Ook diegene wat die kabelgramme in Suid-Afrika of in Engeland onder die oë gehad het, moes verplig geword het om hulle indrukke aan die Komitee mee te deel. Hierdie klaarblyklike plig het die Komitee skroomlik versaak. Die eerste getuie wat ondervra- is, was Rhodes, maar sodra hy vertel dat daardie mededelings vertroulik was, het geen lid van die Komitee hom daar verder oor ondervra nie. Dit was in sy mag om afskrifte van al die telegramme aan die Komitee voor te lê en as hulle daarop aangedring het. moes hy dit doen. Dit is nie gedoen nie en aan Rhodes is nie eens gevra of hy onder die indruk was. dat hierdie mededelings 426 Chamberlain beskerm Rhodes. getrou die inhoud weergee het van onderhoude wat op die Ministerie plaasgevind het nie. — (Stead, bL 46, 47). Daar is nog die vraag of Dr. Harris en mej. Flora Shaw die telegramme gestuur het met die bedoeling, dat hulle deur Rhodes sou gebruik word tot bevordering van sy sameswering, en of hulle van mening was, dat die telegramme, soos dié opgestel was, aan Rhodes die indruk moes gee, dat sy geloof in die medepligtigheid van die Ministerie geregverdig was of nie, deur inligtings wat hulle van die Minister of van die amptenare op sy kantoor gekry het. Omtrent die gewigtige saak, of hulle sou erken dat hulle Rhodes mislei of Cbamberlain verkeerd verstaan het, is hulk* nooit ondervra nie. Ook Hawsley, Beit en Maguire en lede van die Komitee wat die kabelgramme gesien het, is omtrent die inhoud daarvan en die indrukke wat hulle daarvan gekry ket, nie nader onder kruisverhoor geneem nie. Buitendien is nie ondersoek of die afsenders van die telegramme moedswilhg die waarheid verdraai het, toe hulle die telegramme vir die bevordering van die sameswering af gestuur het nie. — (Stead, bl. 47, 48). Ondanks al hierdie versuüne in hulle plig het die Komitee nie geaarsel om die mees stellige verklarings omtrent die onskuld van die Ministerie van Kolonies en die skuld van Rhodes op te trek nie. Chamberlain het as lid van die Komitee ook hierdie verklarings, in die verslag neergelê, onderteken, maar hy het tog weer in die Parlement verklaar, dat Rhodes aan geen onterende gedrag skuldig was nie. Chamberlain, hoe hy ook al in die gedrang gekom het weens die afgelegde getuienis van Dr. Harris veral is nooit vir kruisverhoor in die getuiebank ontbied nie. Twee keer het hy homself aangemeld om verklarings af te lê of tenminste uitleg te gee aan getuienis wat agterdog op hom gevestig het. Die eerste keer het dit gebeur tydens Dr. Harris Chamberlain in die Komitee. 427 se ondervraging en dit wel pas op 30 April, hoewel dk Komitee al van Februarie af in sitting was. Die twede keer het dit geskied, nadat ri paar telegramme van Dr. Harris en Flora Shaw voor die dag gekom het Die voorsitter lei hom toe in met die volgende opmerking: „Ek verstaan dat U wens om ri verklaring af te lê na afloop van die getuienis omtrent u herinnering van wat plaasgevind het en u herinnering van die telegramme vir sover U hulle onthou". Dit was al. ri Begeerte om twee verklarings af te lê, wat bedoel was om die krag van reeds afgelegde getuienis te verswak... dit was die omvang van Chamberlain se begeerte om by te dra tot die opheldering van die feite! Sou hy werklik niks gehad het om te verberg nie? Die Komitee het tot die beslissing gekom: „Nóg die Sekretaris van Staat vir die Kolonies nóg iemand van die amptenare van die Ministerie van Kolonies het enige inligtmg ontvang wat hulleself of iemand van hulle bewus gemaak het of kon gemaak het van die sameswering tydens die ontwikkeling daarvan". — (Stead, 38). Ondanks hierdie uitspraak het agterdog bly heers omtrent Chamberlain se daadwerklike medepligtigheid. Hiervan was hy homself bewus. Het hy iedere bron van inhgting uitgeput om hierdie agterdog te loënstraf? Ver daarvandaan. Daar het ongetwyfeld telegramme en mededelings bestaan tussen die Ministerie en die Hoë Kommissaris gewissel van die dag af, dat Harris ia Chamberlain se teenwoordigheid melding gemaak het van ri moontlike omwenteling in Johannesburg tot die oorskryding van die grens deur Jameson: aantekenings deur homself of deur amptenare van sy kantoor gedoen omtrent die aard van mededelings aan die afgesante en vriende van Rhodes tussen Augustus en Januarie gedaan na aanleiding van hulle besoeke aan die Mmistèrie; en briewe gestuur aan of ontvang van 428 Chamberlain weier Inligting. die verteenwoordigers van Rhodes, soos dié wat gewissel is tussen die Ministerie en Hawksley, toe die kabelgramme aan Chamberlain gestuur en deur hom terugbesorg is. sowel as die briefwisseling wat daarop gevolg het. — (Stead, bl. 38). Chamberlain het hierdie bewysstof nie voor die dag gehaal nie. Hy wou dit nie doen nie en die rede daarvoor is duidelik. In die debat wat in die Laerhuis ontstaan het na aanleiding van die verslag van die Komitee. het die heer Philip Stanhope aangedring op oorlegging van die brief wat Hawksley aan Chamberlain gestuur het saam met die telegramme. asook die briefwisseling wat daarop gevolg het. Chamberlain het hierop die antwoord skuldig gebly. n Paar dae later, 7 Augustus, 1897, eis Dr. Clark regstreeks dat die briefwisseling voor die dag sou kom. Ckamberlain weier om hieraan te voldoen met die bewering, dat daar geen persoonlike of partikuliere belange was om die openbaarmaking van die briefwisseling te regverdig nie. Hierby het dit gebly tot 19 Oktober 1899. Op dié dag stel die heer Philip Stanhope ri amendement op die Troonrede voor om andermaal die medepligtigheid van Chamberlain ia die Jameson-sameswering te berde te bring. Nadat die voorsteller opgemerk het. dat die Komitee van Ondersoek nie voldoen het aan die gekoesterde verwagtings nie en dat Chamberlain op sy vraag in 1897 omtrent die openbaarmaking van die briefwisseling met Hawksley nie ingegaan het nie. Sê hy: ,,'n Mens weet volkome goed waarom die Edele Heer dit gedoen het — dit was. omdat hy nie wou antwoord nie. En hy het nie dit alleen gedoen nie. maar, terwyl hy self ri lid was van die Suid-Afrikaanse Komitee wat opdrag gekry het om ondersoek in te stel na die onderhandelings wat deur geheel die openbare mening van die Britse Ryk en van die wêreld veroordeel is. het hy op die laaste oomblik in die debat opgestaan en van sy plek in die Parlement dié „Wrokkige Nuuskierigheid". 429 persoon witgepleister wat in die eerste plaas verantwoordelik was vir die inval, en in sekere sin die goed of voordeel geheel te niet gedoen wat uit die verslag van die Komitee mag ontstaan het". Stanhope maak verder melding van beskuldigings wat geuit is ten aansien van Chamberlain se medepligtigkeid in die sameswerings van Rhodes en sê, dat die Minister en sy mederegeerders dit nie onopgemerk mag verbygaan nie. — (Stead, bl. 84). Chamberlain was so warm, toe hy opstaan om te antwoord, dat die voorsitter hom tot orde moes roep. Hy sê: „Die Edele Lid het voortgegaan met hom uit te daag om die brief openbaar te maak wat hy aan die heer Hawksley, die saakwaarnemer van die Geoktrooiëerde Maatskappy, geskrywe het. Watter reg het hy vir sodanige uitdaging? Was die Edele Lid sy regter? Hy was nie geneig om aan die Lid se wrokkige nuuskieric h :id te voldoen nie... As die Leier2) van die Opposiesie of die Hoog Edele Lid *) vir Westmonmouth, wat albei op die Komitee was, aan ri begeerte of wens of belang in hierdie brief uiting gee, sou hy dit aan hulle met die grootste genoeë toon. Hulle was nie alleen Edele Lede nie, maar hulk was ook edele manne". — (Stead, bL 85). Met hierdie verhitte uitval het Chamberlain sy onskuld nog nie bewys nie. Deur te weier om te voldoen aan die „wrokkige nuuskierigheid" van die heer Stanhope het hy die agterdog omtrent sy medepligtigheid versterk. Maar die kabelgramme van Dr. Harris en mej. Flora Shaw wat ondanks die geheimsinnige gepraat van „vertroulikheid" tog aan die hg gekom het, was bewys genoeg van die onomstootlike feit, dat Chamberlain ri aanmerklike aandeel gehad het in die sameswerings teen Transvaal. Op daardie tydstip is dit nie so duidelik besef nie, omdat die telegramme stuks- *) Sir William Hercourt. *) Sir H. Campbell—Bannerman. 430 Ontdekking van Waarheid vermy? gewyse voor die dag gekom het en verlote geraak het tussen die massa van getuienis wat afgelê is, soos ri paar naaide in ri hooimiet. Ook deur die Kaapse Parlement is ri Komitee van Ondersoek ingestel wat die skuld van Rhodes vasgestel het. Hierdie ondersoek was taamlik volledig wat die voorplanne van die inval betref en die Transvaalse Groenboek No. 2, 1896, was by die verslag en getuienis af gedruk. Wat die Kaapse Komitee nie in hande kon kry nie. was die kabelgramme wat tussen Londen en Kaapstad gewissel is. Dié was na Londen, toe gestuur vir die ondersoek van die Laerhuis. Die taak van ondersoek na die omstandighede van die inval was dus reeds voltooi. Al wat vir die Britse Laerhuis vir ondersoek oorgebly het, was die beweerde medepligtigheid van die Ministerie van Kolonies in die planne van Rhodes. Maar in plaas van die waarheid hieromtrent te probeer vasstel, het die Britse Komitee sy tyd soek gebring met die afneem van getuienis omtrent die wyse, waarop President Krüger Johannesburg geregeer het en waarop die inval voorberei en uitgevoer is. Insake hierdie onderwerpe was niks nuuts aan die hg te bring nie, daar al die feite reeds voor die hand gelê het. Die eintlike saak van belang wat die eer van die Britse volk geraak het —die omvang van die medepligtigheid van die Ministerie van Kolonies — is spaarsaam behandel, blykbaar met die doel om die ontdekking van die waarheid te vermy. — (Stead, bL 36). HOOFSTUK XXVII. SKADELOOSSTELLING VIR DIE INVAL. Minister Chamberlain het erken, dat die Suid-Afrikaanse Republiek reg het op skadeloosstelling vir die inval wat Jameson in Transvaalse gebied gemaak en die koste wat die bestryding daarvan meegebring het. In ri berig van 5 Maart 1896 aan die Hoë Kommissaris sê hy dit duidelik genoeg, dat die regering van Haar Majesteit in vroeëre telegramme verklaar ket, dat hulle bereid sou wees om die redelike eise wat deur die President namens die Suid-Afrikaanse Republiek ingedien word, in oorweging te neem. Dat dié skadeloosstelling nie somarso verkry sou word nie, blyk uit die voorbehoud wat die heer Chamberlain op bedekte wyse daarby voeg. Hy twyfel daar naamlik nie aan nie, dat die President behoorlike gewig sou heg aan die feit — wat nog vars in sy geheue moes wees —, dat die Britse regering nooit enige vergoeding gekry het vir die sware onkoste, waartoe hulle verskeie kere gebring is weens invalle deur die onderdane van die Suid-Afrikaanse Republiek gedaan; hy verwys na die strooptogte van vrybuiters in die Land Gosen, Stellaland, Soeloeland, ens., wat seker, volgens die heer Chamberlain, ri skending van die Verdrag was en afkeuring vereis het deur die regering uit wie se gebiede hulle onderneem is, ewegoed as Dr. Jameson se inval van onlangs. — (Groenboek No. 1. 1896, bl. 93). Die President kon homself nie verenig met die vergelyking wat die heer Chamberlain getrek het nie tussen die inval van 432 Morele Skadevergoeding. Dr. Jameson en die aandeel wat deur onderdane van die Republiek (dit sou juister gewees het om te sê deur persone van verskillende dele van Suid-Afrika) in vroeër dae mag geneem gewees het in die moeilikhede van Gosen. Stellaland en Soeloeland. Hierdie handelwyse kon in geen geval ri inbreuk op die Verdrag genoem word nie, soos die handehrige van Dr. Jameson en die synes in alle opsigte wel was. — (Groenboek No. 1. 1896, bl. 98, 99). Die vorderinge van die Suid-Afrikaanse Republiek is op 16 Februarie 1897 aan die Britse regering gestuur en het onder twee hoofde geval, n.1.: a) stoflike ska de. f—b) morele of intellektuek skade. — (C. 8404, bl. 4; C 9343, bl. 4). As vergoeding vir morele of intellektuele skade is ri ronde som van één miljoen jpond sterling geëis. In antwoord op ri telegrafiese aanvraag van die Transvaalse konsul in Londen, die heer C. G. Montagu White, waarop die regering hierdie vordering gegrond het, is hy verwys na die werk van Hef f ter en wel bladsyde 219 en 220, waar onder andere die volgende voorkom:— „Kennt auch das Völkerrecht keine Verbreehen in dem Sinne des inneren Staatsrechtes, d.h. mit der Bedeutung rechtswidriger Handlungen oder Unterlassungen. wofür man von einer gewissen Autoritat zur Rechenschaft und Strafe gezogen werden kann: so gibt es doek auch nach Völkerrecht unerlaubte Handlungen, wenn eine unter seinem Schutze stehende Persörilichkeit an dieser oder an den damit zusammenhangendén wesentlichen Rechten, wekhe überall dieselbe Bedeutung haben, namentlich an Freiheit, Ehre und Eigentum gekrankt wird. ohne dass dem Verletzenden selbst ein Rechtsgrund hierzu zur Seite steht. Jede sokhe Verletrung verpflichtet den rechtswidrig Handlenden zu einer Genug- Die stoflike skade. 433 thuung des Gekrankten; denn überall, wo durch Willkür eine Ungleichheit hervorgebracht ist, muss es auch eine Wiederausgleichung geben; dies ist das Gesetz der Gerechtigkeit. „Die Genugthuung besteht in der Zufriedenstellung des Verletzten; zunachst also in der Erstattung des zugefügten Materiellen, d. i. ausserlich erkennbaren und schatzbaren Vermögensschadens oder angerichteten Nachteiles, ferner aber auch des intellektuellen Schadens, welcher der Würde des Gekrankten in seinem eigenen und Anderer Bewusstsein zugefügt wird". Ook ander skrywers ken ri staat die reg toe om vergoeding te eis vir morele skade aan sy waardigheid toegebring deur aantasting van sy onafhanklikheid, skending van sy grens, belediging van sy opperhoof of gesante en op die vele andere maniere deur die volkereg erken. — (Sien b.v. Oppenheün 1, bl. 249 e.v.). Die stoflike skade was bereken op die som van £ 677,938 3 s. 3 d. Hierdie bedrag het as volg ontstaan: 1. Krygs- en kommandodienste ... £ 136,733. 4 s. 3 d. 2. Aan die N.S.A.S.M. vir gebruik van die spoorweg 9,500. Os. 0 d. 3. Uitkerings aan nagelate betrekkings van gesneuweldes en gewondes . . „ 234.19 s. 6 d. 4. Lyfrentes, pensioene en uitkerings aan weduwees en kinders van gesneu wel de burgers; ook aan gewone burgers . 28,243. Os. Od. 5. Onkoste van die telegraafdiens weens meerdere oortyd, meerdere dienstelegramme in die Suid-Afrikaanse verkeer, meerdere kabelgramme ens 4,692.11 s. 9d. 28 434 „Shillings en Pennies" 225. Os. Od. 177. 8s. 3d. „ 462,120. Os. Od. „ 36,011.19 s. 1 d, £ 677,938. 3 s. 3 d. Die laaste eis is later teruggetrek, omdat die Oranje-Vrystaat die Suid-Afrikaanse Republiek te kenne gegee het, dat dit geen vergoeding vir sy koste van Transvaal verlang nie. Die noukeurigheid wat by die berekening van hierdie syfers in ag geneem is en 'n jaar se arbeid gekos het, is op die vasteland van Europe en veral in Holland altermins gewaardeer. Die mense daar het die spot gedrywe met die shillings en die pennies. Om dié rede het Dr. Leyds op 18 Mei 1897 uit Londen na Pretoria toe gesein: „Breng op de speciale rekening slechts punten in het algemeen en ronde cijfers. Ik beveel U aan om alles te vermijden wat spot zou kunnen uitlokken, bijvoorbeeld te veel détails zooals shillings en pence". Was die mening in Nederland, dat die Republiek te veel in besonderhede gegaan het, die Engelse het daar anders oor gedink. Terwyl omtrent die morele of intellektuele skadeloosstelling sonder opgee van redes alleen gesê is, dat die Britse regering homself daartoe nie geregverdig ag om dit aan die Geoktrooiëerde Maatskappy voor te lê nie. het die Britse Agent Greene in opdrag van dié heer Chamberlain op 3 Mei 1897 omtrent die verskillende bedrae hierbowe vermeld geskrywe, dat sy regering verlang om in besit gestel te word van 6. Hospitaalkoste weens verpleging van die gewonde en siek manskappe ens. van Jameson | 7. Onderhoud van famiehelede van opgekommandeerde burgers . . . 8. Vergoeding aan gekommandeerde burgers te betaal 9. Rekening van onkoste van die Oranje-Vrystaat Volle Besonderhede geëis. 435 volle besonderhede omtrent die wyse, waarop die verskillende somme verkry is. — (C. 9343, bl. 5 en 7). Op 1 Julie 1898 eis die heer Chamberlain nogmaals die oorlegging van besonderhede en bewyse so ver as moontlik. Tensy hierdie besonderhede op ri vroeë datum verskaf word, sou die Britse regering verplig wees om af te sien van verdere tussenkoms in die saak, voeg hy as bedreiging daaraan toe. Want hy kon nouliks glo, dat die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek ernstig was in die verwagting, dat oorweging sou geskenk word aan ri eis vir stoflike skade vir die geweldige som van £ 600,000 wat beweer word uitgegee te wees in verband met die strooptog van 500 man — wat drie dae na die oorskryding van die grens verslaan is —, sonder om besonderhede te verskaf. — (C. 9343, bl. 9). Wat ri ontsaglike arbeid nodig was om te voldoen aan Chamberlain se verlange, bewys die antwoord van Staatsekretaris Reitz van 9 November 1898. — (C. 9343, bl. 9—58). Die besonderhede beslaan ses-en-veertig bladsye van die blouboek wat, soos die leser weet, in folio gedruk is. Wat die morele of intellektuele skadevergoeding betref, het die regering op sy stuk bly staan. Die Staatsekretaris skrywe daaromtrent op 9 November 1898: „Deze regeering meent evenwel tot die moreele of intellectueele schadevergoeding geheel gerechtigd te rijn, niet alleen op beginsels van internationaal recht, maar ook op de gevestigde leer en praktijk der Engelsche zoowel als der RoomschHollandsche Rechtsgeleerden. Zij meent, waar eene partij, (zooals in het geval van den Jameson-Inval), opzettelijk en gewelddadig de rechten eener andere partij heeft geschonden, geminacht en vertreden, Engelsche rechters zoowel als rechters die het Romeinsch-Hollandsch recht toepassen, schadevergoeding toekennen aan de beleedigde partij, op eene basis geëvenredigd niet aan de schade werkelijk geleden maar aan 436 Morele Stedevergoeding geweier. den omvang van de aangedane beleediging en de brutaliteit der miskenning van eens anders rechten. „Dat de inval van Dr. Jameson en zijne volgelingen eene zoodanige growelijke en brutale miskenning van en inbreuk op de rechten der Republiek was, zal wel niemand ontkennen en is eene zaak, waarover de publieke opinie bij de beschaafde wereld reeds haar oordeel heeft geveld. „Evenmin kan er eenigen twijfel zijn omtrent de gerechtigheid dezer Republiek op schadevergoeding, berekend naar eene basis niet alleen van materieel leed, maar ook van abstracte beleedigingen haar aangedaan. „Zich alzoo op rechterlijke zoowel als op zedelijke gronden gerechtigd achtende tot moreele en intellectueele schadevergoeding meent deze regeering zich te mogen beroepen op het billijkheids- en rechtsgevoel van H. M. Regeering, om te zeggen of deze eisch als eene rechtmatige behoort betaald te worden of niet en de hoop te mogen koesteren, dat hare aanspraak alsnog in aanmerking zal worden genomen". — (Engelse vertaling in C. 9343, bl. 10, 11). Hierdie pleidooi het die heer Chamberlain onbewoë gelaat en hy het daarby gebly, dat hy van hierdie soort skadevergoeding niks wou hoor nie. Die Geoktrooiëerde Maatskappy het teen die uitbetaling van die stoflike skade allerlei besware geopper en eindelik voorgestel om die bepaling van die bedrag te laat geskied deur skeidsregters. Hiermee het die heer Chamberlain homself verenig. — (CL 9343, bl. 61. 62). Op 12 Junie 1899 is biervan deur middel van die Britse Agent mededeling ontvang en op 3 Julie het Staatsekretaris Reitz te kenne gegee: „Terwijl deze regeering neemt zij echter gaarne het aanbod van Harer Majesteifs Gouvernement aan om door arbitrage te laten uitmaken welk bedrag in werkelijkheid aan haar moet worden uitbetaald, maar aan Skeidsgereg aan die hand gegee. 437 zoodanige arbitrage zouden zij dan willen onderworpen zien zoowel de moreele en intellectueele als de directe schade". Tereg het die Suid-Afrikaanse Republiek geweier om die saak verder met dia Geoktrooiëerde Maatskappy af te handel. Die Britse regering was aanspraaklik vir die handelwyse van die Maatskappy en alleen deur middel van die Britse regering kon die Republiek sy vordering van die Maatskappy bekom. Om dié rede het die Staatsekretaris geskrywe: „Deze Regeering.... is volkomen genegen en bereid met Harer Majesteit's Gouvernement over deze aangelegenheid in verdere onderhandeling te treden om tot arbitrage met de Britsche Regeering over deze kwestie te geraken, maar Uwe Excellentie houde het haar ten goede, dat zij niet kan besluiten om de onderhandelingen, met Harer Britsche Majesteit's Gouvernement tot nu toe gevoerd, van nu aan verder met de Britsche Zuid-Afrikaansche Compagnie voort te zetten en met die Maatschappij in arbitrage te gaan, zooals zij uit uw schrijven thans onder beantwoording, meent te moeten opmaken". Verder het die saak nie gekom nie. Die oorlog het uitgebreek en die skadevergoeding het onbetaald gebly. Maar al het die oorlog hierdie onderhandelings nie onderbreek nie, was dit tog nog twyfelagtig of die Transvaal ooit sy skadevergoeding sou gekry het, omdat die heer Chamberlain so goed as seker sou geweier het om ook die vraag van die morele skadeloosstelling aan 'n skeidsgereg te onderwerp. Buitendien sou hy heel waarskynlik ook geweier het om in die skeidsgereg as party teen die Republiek op te tree. Sy standpunt was, soos later sal blyk, dat dit benede die waardigheid van die Britse regering was om 'n geskil met die Suid-Afrikaanse Republiek aan die skeidsregterhke beslissing van 'n vreemde te onderwerp. Dit is ongetwyfeld met die oog op 438 Vergoeding bly onbetaal. hierdie standpunt van Chamberlain dat die slotopmerking in die brief van die Staatsekretaris gemaak is. ri Vraag wat seker die moeite werd is om te ondersoek, is of die Transvaal na die Engelse oorlog en of die regering van die Unie van Suid-Afrika later nog aanspraak kon laat geld op die skadevergoeding wat die Geoktrooiëerde Maatskappy verplig was om te gee vir die wederregtelike skending van die gebied van die Suid-Afrikaanse Republiek. Hier behoort die behandeling daarvan in elk geval nie tuis nie. HOOFSTUK XXVIII. SAAMHORIGHEIDSGEVOEL VAN AFRIKANERS. Die moeilikhede, waarmee die Suid-Afrikaanse Republiek te kampe gehad het as gevolg van die beroerings in 1895 en 1896 het die saamhorigheidsgevoel van die Dietse ras in SuidAfrika in hoë mate versterk. Vele Afrikaners in die omringende Engelse kolonies het dadelik gereed gestaan en het ook toegesnel om hulle volksgenote in die uur van beproewing te ondersteun. Dit was so opvallend, dat die verantwoordelike ministers van Natal dit hulle plig geag het om die goewerneur daaromtrent opmerksaam te maak en dit langs die Hoë Kommissaris om tot die kennis van die Transvaalse regering te bring as ri soort van verwyt. Die Natalse ministers was van mening, dat die groot toeleg van almal op daardie oomblik moes wees om al die moontlike te doen om rassehaat te voorkom. Wanneer sommige van die Hollandse inwoners die bo-distrikte van Natal verlaat met wapen en skietgoed om Transvaal toe te gaan, dan sou dit baie moeilik wees vir die regering van dié kolonie om andere in bedwang te hou. Hulle versoek dringend die Republikeinse regering om die inwoners van Dietse ra* in Natal af te raai van enige aandeel te neem in die rusverstoring. Die Hoë Kommissaris stuur as gevolg van hierdie waarskuwing op 6 Januarie 18% die Britse Agent in Pretoria om sy Opwagting by die Waarnemende Staatsekretaris te' maak 440 Beweging in Natal. en hom hierdie klag van die Natalse regering voor te lees. Van die Transvaalse regering word verwag om die inwoners van Dietse stam in Natal te ontmoedig om deel te neem in die verwikkelings. — (Gbk. No. i, 1896, bl. 23, 24). Die regering was egter geheel en al onbekend met die betrokke beweging in Natal. Indien daar werklik iets dergeliks gaande was, dan kon die regering slegs veronderstel, dat dit in die eerste plaas opgewek is deur openbare uitings van Engelse koloniste in Natal en elders en is derkalwe van gevoele, dat, tensy, aan dié uitings paal en perk gestel word, die gevolge daarvan hulleself verder sou openbaar. Die Natalse ministers sou origens besef, dat dit kwalik op die weg van die Republikeinse regering lê om druk uit te oefen op die Natalse Afrikaners, wie se medegevoel met hulle stamgenote blyk opgewek te wees, maar die regering kon, indien sulks nog nodig mag wees, die versekering gee, dat die optree van die Natalse Afrikaners, soos beweer, hoegenaamd nie deur of vanweë die Transvaalse owerheid in die lewe geroep of aangemoedig is nie. — (Gbk. No. 1, 1896, bl. 45). Die wakker Vrystaatse regering was baie gou by die hand om die susterrepubliek te verseker van volle ondersteuning en kuip in die moeilikhede en die stryd. Op 30 Desember 1895 kry hulle amptelike kennis van die inval en van die bestaan van goeie gronde om te dink aan oorlog onder verwysing na Artt. 1 en 2 van die politieke verbond van Maart 1889. Die volgende dag is van Vrystaatse kant die Hoë Kommissaris gewys op die gevaar wat die inval van Jameson oplewer vir die vrede van Suid-Afrika. Die heer Blignault, Waarnemende President,'kry ewenas die Transvaalse regering van Sir Hercules Robinson die versekering. dat Jameson se gedrag deur die Engelse regering afgekeur word, en dat hy gelas is om terstond uit die Transvaalse grondgebied terug Houding van Vrystaat. 441 te trek. Dit word aan President Krüger in 'n draadberig meegedeel en daaraan word toegevoeg, dat, wanneer vereis, die Vrystaat natuurlik sy verpligtings kragtens verdrag getrou sou nakom, as deur ri aanval van buite die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Republiek mag aangetas word. Inmiddels was die regering gereed om dadelik ri afvaardiging na Pretoria toe te stuur om die toestand te bespreek en met President Krüger te raadpleeg op watter wyse die Vrystaat behulpsaam kon wees. Op 2 Januarie het die here A. Fischer en H. Kleinveld na Pretoria vertrek om die verlangens van die President te verneem. Die Vrystaatse burgers is selfs aangesê om hulleself gereed te hou vir oproeping. — (Gbk. No. t, 1896, bl. 7, 8). Dit was ook die Vrystaatse regering wat eerste die vraagstuk van die ontbinding van die Geoktrooiëerde Maatskappy te berde gebring het. Op 13 Januarie 1896 besluit die Volksraad om aan die Uitvoerende Gesag op te dra om die aandag van die Hoë Kommissaris daarop te vestig, dat volgens die beskouing van die Volksraad die bestaan van regerings as dié van die Geoktrooiëerde Maatskappy gebleke is te wees en vir die toekoms is, ri groot en dreigende gevaar vir die vrede van geheel Suid-Afrika. Die Volksraad meen, dat die vrede en die onderlinge vertroue wat tussen die state en kolonies van Suid-Afrika behoort te bestaan en so geskok is, weinig geleentheid besit om herstel en gehandhaaf te word vóór en aleer die oktrooi van die Britse Suid-Afrikaanse Maatskappy herroep is en die regerings van Brittanje en die Kaapkolonie onmiddellik die verantwoordelikheid van bestuur van die genoemde maatskappy op hulleself neem. Die Uitvoerende Gesag sou voorts intussen probeer om van die Ryksregering ri waarborg te erlang, dat die vrede van SuidAfrika nie weer uit dié geweste sou verstoor word nie. — (Gbk. No. 1, 1896, bl. 50). 442 n Belofte.van Sir Hercules Robinson. Die Transvaalse Volksraad gee die volgende dag uitdrukking aan sy gevoel van onuitspreeklike dankbaarheid vir die warme medegevoel en kragtige steun wat die Transvaalse volk van die susterrepubhek in hierdie haglike tydstip ondervind het. Die Transvalers is daarvan oortuig, dat dit daartoe sou bydra om die grondslag van die onafhanklikheid van albei vrye state van Suid-Afrika op nog hegter bodem te plaas en die band van vriendskap nog meer te versterk. — (Gbk. No. 1, 1896, bl. 55 e.v.). Die President het met groot ingenomenheid kennis geneem van die Vrystaatse besluit insake die aandring op die ontbinding van die Geoktrooiëerde Maatskappy en betuig sy hartlike dank vir die mededeling daaromtrent. Na aanleiding van hierde besluit het die Hoë Kommissaris die Waarnemende President verseker, dat hy die saak in ernstige oorweging neem en dat die Vrystaat daarvan oortuig kon wees, dat doeltreffende stappe sou gedaan word om ri herhaling van die betreurenswaardige gebeurtenisse onmoontlik te maak. — (Gbk. No. 1. 1896, bl. 56). Ongelukkig het Sir Hercules Robinson dit nie in sy mag gehad om hierdie skone belofte na te kom en volgens hierdie goeie oortuiging te handel nie. Sy opvolger, Sir Alfred Milner, sou ri ander oortuiging toegedaan wees en sorg vir die plaasgryp van gebeurtenisse van nog veel ernstiger aard en noodlottiger gevolge. Die Afrikaners van die Kaapkolonie het op hierdie oomblik ook op besondere wyse van hulleself laat spreek. Die Afrikaner-Bond het sy saamhorigheidsgevoel met die broers noord van die Oranje en die Vaal nooit weggesteek nie, hoewel dié gevoel lang sluimerend was onder die toordrankies van Cecil Rhodes. Toe Chamberlain op 26 Maart melding maak van die belangstelling van die Britse regering in die veiligheid van die Aanslag op Bestaansreg van Dietse Ras. 443 Suid-Afrikaanse Republiek en die algemene welsyn van SuidAfrika, as grond vir die bevoegdheid om homself in te meng in die binnelandse bestuursreëling van die Transvaal, kon Dr. Leyds, pas uit Europa teruggekeer, namens die Republikeinse regering daarop antwoord, dat hulle met genoeë verneem, dat die Britse regering die belange van geheel SuidAfrika op die voorgrond stel. Dié belange was die Republiek ook dierbaar en die Staatspresident kon homself met juistheid beroep op die feit, dat hy 'n aanmerklike deel van die openbare mening van Suid-Afrika nie alleen ken nie, maar ook verteenwoordig. — (Gbk. No. 1, 1896, bl 107). President Krüger en Dr. Leyds was daar albei bewus van, dat byna geheel die Dietse bevolking van Suid-Afrika aan die kant van die Transvaalse regering staan en na die beproefde ou President opgesien het as verteenwoordiger, leier en voorvegter vir die voortbestaan van die Afrikanervolk en die handhawing van hulle Dietse oorlewering, taal en beskawing. Daarvoor was reeds gesamentlik soveel kosbare offers gebring in die moeilike en ongelyke stryd veral juis teen dieselfde vyand wat nou weer die onafhanklikheid van Transvaal bedreig het, dat die Afrikaners nie anders kon nie dan die inval van Jameson beskou as ri aanslag op die bestaansreg van die Hollandse ras in Suid-Afrika. Die Kaaplandse Afrikaners het ook ri Gekose Komitee laat benoem om die aandeel en medepligtigheid van Rhodes in die Jameson-Inval te ondersoek. Hierdie komitee het 'n verslag1) kan uitbring, wat geen twyfel gelaat het omtrent die rol wat die Eerste Minister van die Kaap by die voorbereiding van die inval gespeel het nie. Cecil Rhodes het die politieke mag van die Dietse inwoners van die Kaapkolonie besef. Hy het ook hulle swakhede ontdek 1) Hierdie verslag Is vervat in Blouboek C 8380. 444 Kapenaars beskou as „dislojaal" en daarvan weet gebruik te maak vir die bereiking van sy doeleindes. Die Afrikaners was ordeliewend en getrou en onderdanig aan hulle owerheid. Daar was weinig, waarvoor hulle so bang was, as om beskou en uitgemaak te word vir „dislojaal", ontrou. Die beweerde bestaaa van ri groot Dietse sameswering teen Britse gesag in Suid-Afrika is deur Afrikaners van die Kaapland met krag en klem ontken. Veral die leiers van die Afrikaner-Bond skyn koue grille van skrtk en verontwaardiging te gekry het, sodra ri Engelsman durf twyfel het aan hulle trou teenoor Brittanje. Maar die blote feit, dat hulle geen Engelse was nie en"ri aparte politieke party gestig het, was vir die Engelsman genoeg om aan te neem, dat die Boere wou ontslae raak van Britse oorheersing ook in staatkundige en volkeregtelike sin. Wat die Bondsmanne ook al gedoen het om die indruk te vermy, dat hulle die Boere aanhits tot verset teen Britse gesag en hoe hulle hulleself ook al oorspan het om pogings tot vertoë en verset by hulle volgelinge teen die Britse optree in Transvaal te belet, kon hulle die Engelse nie oortuig van hulle trou nie. Al hulle versekerings van onderdanigheid en trou is beskou as lippetaal wat moes dien om die boosaardige venynigheid van ri Brits-vyandige hart te bedek. Die agterdogtigheid van ri skuldige gewete is met die beste waarborge nie weg te ruim nie! Die standreëls van die Bond het vermeld, dat die lede hulle doeleindes soek te bereik onder die Britse vlag. Om hierdie rede was die oorplanting van die Bond in die onafhanklike republieke ongewens. Om hierdie rede ook kon belangrike Britse staatsliede in Suid-Afrika sonder gewetensbesware die steun van die Bond soek en kon Rhodes, deur die oë van JagJHofmeyr en ander leiers te verblind, die Bond lei op ri weg wat eersgenoemde se oogmerke kon bevorder. Daar- Rhodes saai Tweedrag. 445 voor het hy middele gevind in die beweerde stoflike nadele wat die Transvaal die Kaap toegebring het met die volg van 'n onafhanklike spoorwegpolitiek, met te weier tot die tolverbond toe te tree en met die spoorvragte op bepaalde lyne binne die Republiek sodanig te verhoog, dat die invoer oor Lourenco Marqués geen skade ly nie as gevolg van die verlaagde spoorvragte wat Rhodes op die Kaapse lyne ingevoer het om die Delagoabaaise spoorweg die nek te breek. Hy het daarin geslaag om wantroue en selfs vyandskap te saai tussen die Afrikaners van Kaapland en Transvaal. Die vertroue en steun wat hy van die kant van die Afrikaners geniet het, was die bron van die groot invloed wat hy in Engeland en Europa sowel as in Suid-Afrika uitgeoefen het. Hoe ver Rhodes dit gebring het met die verblinding van die Bondsmanne, het geblyk op die Bondskongres 'wat in Maart 1891 op Kimberley gehou is. Afgesieh van die feit, dat die Diamantkonings die Boere so gul onthaal het, dat 'n voorgenome belasting op diamante voorlopig van die baan geraak het, is deur Rhodes ri rede gehou, waaruit geblyk het. dat hy veels te veel vertroue van die Bondsmanne geniet en met hulle goedkeuring, onder hulle toejuiging, dinge kon verkondig wat met die beginseja,yan die Bond niks uitstaande gehad het nie. Rhodes het uit Engeland net betyds aangekom om nog in grote haas die eetmaal tot eer van die Bondsmanne in Kimberley te kan bywoon en ri heildronk op dié vereniging in te stel as geleentheid tot verkondiging van Sy politieke beginsels en planne. In Engeland het hy net groot eerbetoon ingeoes en nog onder die indruk daarvan het hy op die Bondseetmaal verskyn. Hy het sy rede aangevang met te probeer aantoon, „dat er geenerlei strijd bestond tusschen hetgeen men in dit land en hetgeen men in het moederland erkende, dat het geheele denkbeeld der kolonie daarin bestond, dat het beginsel 446 ri Verenigde Suid-Afrika. van zelfbestuur in alle deelen erkend werd en de kolonie erkend moest worden bekwaam te atjn om elke binnenlandsche zaak ter hand te nemen. Het beginsel moest in Engeland erkend worden, dat de hier geboren Kolonisten, wier voorouders het land reeds lang bewoond hadden, beter geschikt waren tot het behandelen hunner zaken, dan zij die 7,000 mijlen ver af woonden. Dat was het beginsel van dea Afrikaner-Bond. Sommigen meenden wellicht, dat de betrekkingen tot het Rijk verandering behoefden, en dat op den duur eene afscheiding zou moeten plaats hebben. Daar wilde hij thans niet over spreken, maar hij hoopte, dat, onder het beginsel van zelfbestuur, de Kolonie nog lang een deel van het Britsche Rijk zou blijven, bijzondere voorrechten onder het invoertarief genietende ..." Nadat hy die Bondsmanne ri rukkie gevlei het oor hulle betekenis in die politieke lewe van die land, gaan hy voort in geheel andere gees, strydig met die strewe van die Dietse Afrikaners in die Kaap wat allermins daarop uit was om hulle volksgenote in die Republieke van hulle onafhanklikheid te berowe. Hy skrywe die Bond beginsels toe wat alleen syne was: „De beginselen van den Bond strekten niet om een veelheid van staten en partijen te scheppen, maar om een vereeniging van Zuid-Af rika te bewerken, door spoorwegen, tolvereeniging en onderlingen handel. Men wilde niet de misslagen van vroeger terugzien, toen de jonge lieden niet van de Kaapstad noordwaarts gingen en vandaar uit naar eene harmonische ontwikkeling streefden, maar onafhankelijke staten werden gesticht, wat tot eene ernstige wrijving aanleiding gaf, die juist de Bond wilde verwijderen. Die staten bestonden echter, zij hadden groot bezwaar Afskaffing van Onafhanklike State. 447 berokkend, en de politiek van den Bond was om dit bezwaar uit den weg der unie te verwijderen. Negen jaar geleden gevoelde bij, dat er geen onderscheid was tusschen zijn denkbeelden en die van den Bond. Ja, tusschen de politiek van Sir Bartle Frere en die van den Bond was geen verschil ... Slechts toen verschilde hij van den Bond, toen deze ten opzichte der noordelijke staten te zeef aan sentiment toegaf en al het noordergebied wilde laten varen in de hoop om er later weer mee vereenigd te worden ... Natuurlijk kon hij over hetgeen hij in bet Noorden deed, niet alle bijzonderheden" mededeelen en het was m ogelijk, dat hij iets doen zou, waar men niet terstond zou samengaan, maar dit kon hij zeggen, dat hij als Kaapsch Kolonist noordwaarts schreed. Was er iets, wat hem genoopt had om de positie van minister van de Kolonie te aanvaarden, dan was het de gedachte om haar tot Zambesi uit te breiden... Hadden niet de Vereenigde Staten van Amerika zich zeer uitgebreid, doordat Washington het denkbeeld eener unie had opgevat? Die Unie had NoordAmerika een vereenigd volk gegeven. Had h ij z ij n wensch, hij zou dit stelsel van onafhankelijke staten, aan ons vijandig, bezuiden de Zambesi afschaffen, maar hij zou er voor zorgen, dat de kaart des lands er zoo zou uitzien, dat men geen strijd van dien aard meer hebben zou. Hij zou de politiek van den Bond daardoor kunnen bevorderen, dat hij, zooals hij geloofde te mogen zeggen, het vertrouwen der bevolking van het moederland had verworven. Hij kon wellicht doen wat de Bond niet kon; hij kon het Engelsche volk doen gevoelen, dat de uitbreiding en de vooruitgang, die hij wilde, een was, waar het zijn zegel aan kon hechten. Die ontwikke- 448 Rhodes steun op die Bond. ling bracht mede, dat het Afrikanervolk er aan deel nam en met de politiek van een Vereenigd Zuid-Afrika, door den Bond voorgestaan, was hij het ten volle eens. Meenden wellicht sommigen, dat slechts door middel van het moederland zijn plannen konden volvoerd worden, dan zeide hij, dat hij op den steun van den Bond rekende, want zelfbestuur nam steeds toe. Zelfbestuur was het wat de Engelschen en Afrikaners zou vereenigen. Het was mogelijk om volledig zelfbestuur te hebben zonder dat men van hen eischte om hun gehechtheid aan het moederland te laten varen". — (Hofmeyr, bl. 106—113). Pas na die Jameson-Inval, die Uitlanderberoering en die uiteindelike vernietiging van die onafhanklikheid van die twee Boere-Republïeke het dit duidelik geword wat agter hierdie woorde van Rhodes geskuil het, maar dit is tog merkwaardig, dat die Kaaplandse Boere hierdie openlike bedreiging van dje Republieke kon verdra en selfs toejuig. ''Tn^dlé^Republieté ïs cBe ware betekenis van Rhodes se woorde vermoed en daar het die besef deurgedring, dat Rhodes moes opgepas word. Die „Express" van Bloemfontein het met nadruk op die gevaar van die Rhodes-politiek gewys en die Vrystaters het ri steeds sterker wantroue in die Kaapse Eerste Minister gekry. President Krüger het homself sterker dan ooit verset teen die pogings van Rhodes om die Republiek in sy geldelike en politieke mag te betrek. Van ri tolverbond en ri eenheidspolitiek van die Suid-Afrikaanse spoorweë wou die Transvaalse regering al lang niks meer weet, vóórdat 'h uitweg na die see en ri eie onafhanklike invoerhawe vir die Republiek verseker was nie. Met toenemende ywer is gewerk aan die voltooiing van die Delagoabaaise spoorweg. Die inval van Jameson het Vrystaters en Transvalers gelyk gegee. Dit het gelukkig ook die oë van die Kaaplandse Boere oopgemaak. Ware Gevoelens van Kapenaars. 449 Dadelik op verneem van die inval het Jan Hofmeyr vaa die Hoë Kommissaris 'n proklamasie geëis om Jameson se buittog te veroordeel en hy het met hartstog uitgeroep: „Ik sta thans weer, waar ik in '81 stond!" — (Hofmeyr, 387). Hy het Rhodes te veel vertrou en het homself en die Bond laat gebruik om sy volksgenote te belaag en hulle vryheid te bedreig. Gelukkig kon sy Dietse Afrikaaerhart onder hierdie skielike en sterke prikkel weer sy ware gevoelens verraai. ■ Die Dietse Bondsmanne kon die verwantskap van bloed en stambelange nie voortdurend wegsteek nie. Ook die sekretaris van die Afrikaner-Bond, Thomas Theron, het President Krüger laat weet, dat hy namens die Bond die inval tea> sterkste afkeur. Die heer D. P. van den Heever, een van die stigters, leiers en verteenwoordigers van die Bond in die Parlement, het aan die President gesein: „Hartelijke sympathie van mij en vele ware Afrikaners. God zij met de Transvaal". Dat die gevoel van die Dietse inwoners van Suid-Afrika in opstand sou kom teen die belaging van die Republieke, het Chamberlain geweet en om die gevolge daarvan te verswak het hy homself voorgedoen as ten seerste verontwaardig oor die daad van Jameson en as beskermer van die belange van Diets Suid-Afrika. Hy sein derhalwe aan die Imperiale Sekretaris: „Doe Hofmeyr weten, dat de regeering Harer Majesteit alle medeplichtigheid aan Jamesons daad ontkent en bezig is alles te doen, wat in haar vermogen is, ten einde het kwaad, dat hij heeft gedaan, weer goed te maken. Ik twijfel er niet aan of de invloed van Hofmeyr zal tot hetzelfde doel worden aangewend". — (Hofmeyr, bl. 390). Jan Hofmeyr dank Chamberlain vir hierdie „nadrukkelijke loochening van eenig aandeel in deze daad" en dring aan op diepgaande verandering wat betref die bestuur van die gebied wat onder beheer staan van die Britse Suid-Afrikaanse Maat- 29 450 Chamberlain en Hofmeyr. skappy. ..Ik vertrouw ook", sê Jan Hofmeyr. „dat een grondig onderzoek zal worden ingesteld door onpartijdige en flinke mannen, voor dit bijzonder doel naar Zuid-Afrika afgevaardigd". Maar ongelukkig bied hy Chamberlain ook, sonder om te besef wat dit beteken, sy medewerking aan om die Uitlanders te steun teen die Republikeinse regering: „Terzelfdertijd dat ik mij kant tegen iederen aanslag van vrijbuiters om de verschÜlende staten en koloniën van Zuid-Afrika in verwikkeling te brengen, zal ik ook, wanneer ik maar kan. mijn invloed aanwenden om bilÜjk herstel van grieven en zachte behandeling te verkrijgen voor de misleide mannen die de slachtoffers werden van gewetenloos-eerzuchtige finanaëele en andersoortige plannen". Chamberlain maak 'n handige gebruüc van noimeyr sc welwillendheid. Hy beloof ri volledige ondersoek, hy aanvaar Hofmeyr se medewerking voor „het gemeenschappelijke doel en sê verden „Op dit oogenblik is mijn hoofddoel om het toenemen der verbittering tusschen Engelschen en Afrikaners, dat zou kunnen voortvloeien uit hevige maatregelen tegen Johannesburg en de gevangenen, te voorkomen". Die inval en die gevolge daarvan vir Transvaal baar Chamberlain geen sorg nie. Sy h o o f d o e 1 is beskerming van die aanstigters en uitvoerders van die aanslag op die Republiek se onafhanklikheid. Hierby vind hy steun in Hofmeyr se begeerte vir „billijk herstel van grieven en zachte behandeling voor de misleide mannen . Die meeste van die Afrikanerleiers in die Kaap het teveel gehmk op twee gedagtêsTopkom vir die goeie reg vanhulk» volksgenote in Transvaal, en teen alle koste die indruk van ontrou teenoor hulle vreemde oorheerser vermy. Dit bewys die houding van Jan Hofmeyr en ook die vergadering wat in die Pêrel gehou is. Ds. A. Moorrees het in ri kragtige rede die inval afgekeur Kapenaars hink op twee Gedagtes. 451 en medegevoel met die Transvaalse regering uitgespreek. Ds. S. J. du Toit het in dieselfde gees gepraat en ri besluit tot veroordeling van die inval voorgestel. Die slot van hierdie » besluit egter het alle krag daaraan ontneem: „Met genoegen wordt ook vernomen, dat de Transvaalsche regeering bereid is om de redelijke grieven der Uitlanders (tot welke vele} Kolonisten behooren) in overweging te nemen en hun tegemoet te komen tot zoover als het mogelijk is op een Grondwettige wijze". — (Hofmeyr, bl. 393). Hierin word te kenne gegee, miskien sonder so ri bedoeling, dat die Transvaalse regering eintlik die inval en die opstand aan homself te wyte het, omdat dit tot nogtoe nagelaat het om tegemoet te kom aan die „redelijke grieven" van die Uitlanders, en die vermelde feit, dat daar ook vele Koloniste onder die Uitlanders was, gee die indruk, dat die Kolonie ook saam met Engeland herstel van die griewe moes eis. Dat Engelse daar griewe sou hê, Spreek vanself, en op hierdie feit het die Pêrelse Afrikaners nie nodig gehad om nadruk te lê nie. Dit was dan seker ook nie die bedoeling nie. Dog met hierdie onnodige byvoegsel aan hulle besluit i van veroordeling van die inval vra hulle aan die Engelse medeburgers en owerheid om verskoning, dat hulle as onderdanige oorheerstes dit durf waag om medegevoel met hulle bedreigde Republikeinse volksgenote aan die dag feTeT**" Van krag het ri dergelike houding nie getuig nie en die Engelse kon dan ook nie die besef kry, dat met die Dietse bevolkingsbestanddeel in Suid-Afrika hoef rekening gehou te word nie. ri Vergadering van inwoners van Graaff-Reinet het dit nodig gevind om hulleself aan te dui as „gehoorzame onderdanen van Hare Majesteit", maar hulle het tog meer moed getoon dan die Pêreliete: „men drukt zijne sterke sympathie uit met den President en de Burgers van de Z.A.R. en men 452 Klaar met Rhodes. vertrouwt, dat de gevaren en moeilijkheden, waarmee zij nu omringd zijn, spoedig zullen uit den weg geruimd zijn en dat alle vijandelijke plannen tegen dezen staat, door Gods genade zullen verijdeld worden". Die Graaffreinetse vergadering doen ook 'n beroep op alle stede en dorpe in die land om steun te verleen in die pogings om die bewaar van vrede en vriendskap tussen die Suid-Afrikaanse Republiek en die ander state van Suid- Afrika. — (Homeyr, 394/5). Veral in die noordelike afdehngs van die Kaapkolonie het die aanslag op die Republiek soveel verontwaardiging gewek, dat vele gereed gestaan het om die Transvalers te hulp te snel. 'n Afvaardiging uit Barkly Wes, wat deur Rhodes in die Parlement verteenwoordig is, het Jan Hofmeyr om raad kom vra en ten antwoord gekry, dat daar niks onwettigs in sou wees om die Transvaalse regering te gaan help nie, solank daar nie Britse troepe teen Transvaal gestuur word nie. Die Afrikaners was klaar met Rhodes en toe hy na sy aftree as Eerste Minister aan 'n groep aanbidders vertel: „Nou eers sal my politieke loopbaan begin!", was sy kans yerkyk om ooit weer die vertroue van die Dietse Afrikanerdom te geniet. Dit het pas duidelik geblyk op die Bondskongres wat in Maart 1896 op Burgersdorp vergader het. Die voorstel wat adv. F. S. Malan vir aanneming op die kongres voorgele het, was ondubbelsinnig, kragtig en warm. Die kongres, lui dit o.a., wens die President en die burgers van die Republiek geluk met die eensgezindheid en vaderlandsliefde, waarmee hulle die lae aanval op hulle land teruggeslaan het, en met die edelmoedigheid deur hulle betoon in die uur van oorwinning. Die vergadering beskou die inval van Jameson as nverraderlike aanslag op die gehele Afrikanernasionaliteit. Die vergadering dring ook by die Eerste Minister, Sir Gordon Sprigg. „Nasionale Afrikanerparty". 453 aan op die hou van 'n vroeë sitting van die Parlement vit die benoeming van 'n komitee om ondersoek in te stel na die wyse, waarop die Kolonie gebruik is vir voorbereiding van die Jameson-Inval en van ri gewapende opstand in Transvaal. Die kongres eis verantwoording van Rhodes en wou duidelik laat verstaan, dat, tensy Rhodes homself ten volle kon suiwer van die beskuldiging van voorkennis en aanmoediging van die sameswering, en dat hy die voormanne en leiers daarvan beskerm het, dit vir dienasi onale Af rikanerparty onmoontlik sou wees om met hom op politieke gebied saam te werk. — (Hofmeyr, bl. 398—401). Daar was seker durf toe nodig vir die Bondsmanne om hulle vereniging te noem ri nasionale Afrikanerparty. In hierdie besluit ontbreek ook die grote aarseling van die Pêrelse. Adv. Malan het alle lof verdién, dat hy dit sover gebring het, want Ds. du Toit wat die Pêrelse besluit voorgestel en bepleit het, was ook weer kier aanwesig en hoewel hy die voorstel van adv. Malan ondersteun, verklaar hy, dat hy na die kongres toe gekom het, met ri ander voorstel dan die hr. Malan gewapen. Hulle twee verteenwoordig twee gelowe wat nie altyd ooreenstem nie, dog met behulp van vriende het hulle die twee voorstelle ineengesmelt, omdat dit wenslik was, dat slegs één aan die kongres sou voorgele word en dat private beskouings plaas maak vir ri algemene politieke mening. Ds. du Toit wys ook daarop, dat hulle die saak nie behoorlik kon bespreek nie, omdat die moeilikhede in Transvaal lang nie geeindig was nie en die voorlopige oadersoek van die Hervormingskomitee nog nie afgelöop nie. Ook was Jameson en sy offisiere nog nie verhoor nie en die onderhandelings tussen Engeland en Transvaal nog nie aangevang nie. Soos sake staan, behoort ri mens uiters versigtig te Wees met wat jy sê of doen. Tussen die toesprake van die twee voorstellers is daar ri 454 Rede van F. S. Malan. duidelike verskil, dié van die warme, veglustige jeugdige nasionalis in teenstelling met die ou politieker wat in bestaande verwikkelings en verhoudings gevange gehou word. Du Toit het reeds lang met Rhodes saamgewerk en het dus geen egte nasionale Afrikanergevoel meer verteenwoordig nie. Adv. Malan vertel, dat die gevoel van die Afrikaners van die dag af toe die tyding van die nederlaag van Jameson bekend geword het, nooit beskrywe kon word nie. Hulle was opgewonde en besorg, omdat hulle onderlinge belange as één nasie op die spel was. Hoe seer die burgers van die Transvaal en die Kaapkolonie ook op punte van minder belang van mekaar verskil het, was dit één hart wat in hulle binneste klop, en wanneer iets gebeur wat hulle nasionale gevoel te na kom, was hulle eenparig van dieselfde mening. Hulle as Afrikaners — want dieselfde nasionale gees heers oor die Transvaal en die Kaapkolonie — voel van harte mee met die burgers van Transvaal en hulle kon niks minder doen nie, dan hulle gelukwens aan die President en die burgers van die Transvaal stuur. Hoe hulle ook al, vertel die heer Malan verder, die staatsmansbeleid van die heer Chamberlain bewonder, behoort hulle op die plek aan te dring op die aanstelling van 'n kommissie van ondersoek, teneinde die vernietiging van verswarende stukke, die verdwyn van getuies, ens., te voorkom. Die tyd van swyg was verby, gaan die heer Malan voort, en die tyd van spreek het aangebreek. Sir Gordon Sprigg het gesê, dat die saak die Kolonie nie aangaan nie, daar dit 'n saak was tussen die Transvaal en die Ryksregering. Maar daar was ook 'n koloniale kant aan die vraagstuk. Jarelank het die Afrikaners die Ryksbestanddeel in Suid-Afrika bestry. Hulle het steeds die beginsel voorgestaan, dat die Kaap geen Kroonkolonie was nie en dat die kolonie sy eie politieke vraagstukke en eie heil kon uitwerk sonder hulp van die Ryksregering. 'n Nasionale Saak. 455 Vandaar dat hulle iets te sê wou-hê in ri saak wat die inwoners so nou ter harte gaan en die belange van die land in die algemeen in sulk 'n groot omvang raak. Volgens die laaste berig van die heer Chamberlain was die dié heer besig om sy invloed aan te wend om sake in Transvaal te reël. Afrikaners voel van harte mee met Transvaal, en wat die hr. Chamberlain ook al doen, moes hy rekening hou met die gevoelens van die Afrikaners wat die moeilikheid as ri nasionale saak beskou. As die politieke loopbaan van die heer Rhodes met hierdie kriesis pas ri aanvang moes neem, soos deur hom op Kimberley beweer, dan sou dit die beste wees, dat hy die res van sy lewe buite Suid-Afrika slyt. Dié heer Malan hoop tenslotte, dat die vergadering eenparig die voorstel sou aanneem, opdat die wêreld kon sien, dat hulle hulleself beywer vir reg en geregtigheid en dat hulle sulke sameswerings altyd sou veroordeel. — (Hofmeyr, bl. 401-411) Hierdie uittreksel uit die eerste politieke rede van adv. F. S. Malan laat duidelik sien wat die ware gevoel was onder die Afrikaners van die Kaapkolonie. Hy het van hierdie oomblik af ri vername plek in die Bond en die politieke lewe van Suid-Afrika ingeneem. Hy is daardie dae tereg beskou as die mondstuk van die Kaapse Afrikanerdom. Ds. du Toit het die voorstel ondersteun. Hy wou geen rassehaat in Suid-Afrika opwek nie. Dit wou die Afrikaners in die algemeen ook nie. Hulle nasionaliteit was daar ri duidelike weerlegging van. Hulle was afstammelinge van Hollanders. Franse en Duitsers en hy daag iedereen uit om hom dié verskillende nasionaliteite in die Afrikaners aan te toon, Hierdie drie en ook ander nasionaliteite was ineengesmelt en vorm die groot Afrikanernasie. Hulle ras was internasionaal en het in homself verenig die opgeruimdheid van die Fransman,' die werksaamheid van die Duitser en die beginselvastheid van die Hollander. Hulle het hulle nasionaliteit deur heilige ge- 456 Rhodes die Skeidsmuur. boortereg bekom. Dit was die gemeenskaplike eiendom van die burgers van Vrystaat, Transvaal en Kaap. Hulle was volkome bereid om die Engelse in hulle nasionaliteit op te neem, maar dit moes nooit geskied volgens die leer, dat die Engelse as die geskikste van alle andere rasse op aarde dit moes win nie. — (Hofmeyr, bl. 411—415). Wat hierby tref, is die geheel verskillende standpunt, waarop die Afrikaner-Bond hier staan in vergelyking met die kongres op Kimberley in 1891, toe Rhodes met die vernietiging van die Republieke gedreig het „Ons Land", waarvan adv. F. S. Malan die hoofopsteller was, het dit duidelik besef en daaraan uitdrukking gegee: „Waarlijk, het Afrikanerdom over geheel Zuid-Afrika bevindt zich thans op het kritiekste oogenblik van zijn bestaan. Nu of nooit. Nu of nooit moet het fundament van een omvattend nationalisme gelegd worden. Het ijzer is gloeiend en het smedingsuur is gekomen. Niettegenstaande zijne groote diensten voor de Kolonie, is de Heer Rhodes een soort van scheidsmuur geweest tusschen de Koloniale Afrikaners en hunne broeders in de Republieken. Hij is dat geweest sedert zijn veelbesproken verklaring te Kimberley, dat zijn politiek die van Sir Bartle Frère was. Wy in de Kolonie dachten, dat die verklaring slechts een woordelijke misgreep was. Zoodra het gebleken was, dat de uitleg, dien men in de Transvaal en den Vrijstaat aan die verklaring hechtte, de rechte was, hebben wij hem vaarwel gezegd. De scheidsmuur is verdwenen. Laten wij nu pal bij elkander staan. Het gevaar is nog niet verdwenen; integendeel, nooit heeft het Afrikanerdom een politiek van Koloniale en Republikeinsche vereeniging meer noodig gehad.... Het bloed van den Voortrekker is hetzelfde als dat van den achtergeblevene. Zoo lang het spoor van den Voortrekker niet verdwijnt, zullen ook de banden, die elk deel van ons volk aan elkander binden, sterker en duurzamer zijn dan de grenzen. Ou Dagons en nuwe. 437 die ons verdeden. En zoolang onze Afrikaner-staatsmanschap zich aan het spoor getrouw houdt, is het machtige voortbestaan, zoo al niet de vreedzame overwinning, van het Afrikanerdom gewaarborgd". Wat Rhodes persoonlik betref, sê Nico Hofmeyr tereg, dat „Dagon in den Afrikaner-tempel gevallen" is, maar dat dit was „om nooit meer op te staan", is deur latere politieke gebeurtenisse as 'n verkeerde voorspelling bewese. JNog weer sou daar Dagons opstaan om Afrikaners van I hulle volks- en stamtrou af te rokkel. Jameson sou selfs weerI n rol kom speel en geëerde Boere-leiers sou hom en Rhodes roem as „groot Afrikaners*'. Manne met dieselfde gees as Khodes en Jameson besiel sou weer geld as leiers van n Afrikanerparty en dit na die vuurproef van die Twede Vry-l heidsoorlog en die vernietiging van die onafhanklike bestaan I van die twee Dietse Republieke. Sou daar nog 'n veel heter smeltkroes moet kom om die Afrikanervolk volkome te suiwer en te maak tot 'n waarhk eensgesinde en doelbewuste Dietse stamgemeenskap? HOOFSTUK XXIX. HERVORMING VAN DIE GEOKTROOIËERDE MAATSKAPPY. Wat die Geoktrooiëerde Maatskappy eintlik was en watter rol hy gespeel het in Suid-Afrika, hoef hier nie breedvoerig uiteengeset te word nie. Die karakter van hierdie politieke genootskap is duidelik ontleed en volledig geskets in die standaardwerk van Dr. W. J. Leyds: Het Insluiten van de Boeren* Republieken. Die inval in die Suid-Afrikaanse Republiek was maar een van die uitings van sy bedrywigheid. Die oktrooi van die Maatskappy is aan Lord Gifford, Rhodes en andere verleen en op 29 Oktober 1889 geteken. Dat Lobengoeloe, die Koning van die Matabeles, van ri dergelike gesag in sy gebiede nie gedien was nie, was vir die Engelse nie die moeite werd om in aanmerking te neem nie behalwe in sover as dit nodig was om die inboorhrige te uitoorlê. Om Lobengoeloe om die tuin te lei en hom te laat besef, dat verset ernstige gevolge kon hê, het Lord Knutsford hom op 15 No- . vember 1889 ri brief „van die Koningin" gestuur. Sy laat Lobengoeloe weet, dat sy daarvan oortuig was, dat ri mens 1 van die konsessionarisse kon vertrou, dat hulle die delf na I goud in die land van die Opperhoof sou verrig sonder om sy volk te hinder of hulleself op enige wyse te bemoei met die krale, tuine en vee van sy volk. Sy hoop, dat hy hulle sou toelaat om hulle mynwerksaamhede ten uitvoer te bring Publiekregtclike Bevoegdhede. 459 sonder bemoeiing deur sy onderdane. — (C. 5918, bl. 283, aangehaal deur Dr. Leyds in Insluiten II, bl. 249). Wat hierdie skone versekerings van die „Koningin" beteken het, wat „die delf na goud.... sonder om sy solk te hinder" en „mynwerksaamhede" in die algemeen ingesluit het, wie heer en meester sou wees in „dat gedeelte van Zuid-Afrika, hetwelk gelegen is onmiddellijk ten noorden van Britsch Beetsjoeanaland, ten noorden en ten westen van de Zuid-Afrikaansche Republiek en ten westen van de Portugeesche bezittingen" (Art. 1.), wie daar sou bak en brou, sou baas speel oor uitgestrekte gebiede, oor eiendomme en vee van tevrede inboorlingstamme, het in die vroeë toekoms nie alleen Lobengoeloe en ander opperhoofde nie, maar ook die Portugese en die Boere ondervind. Die konsessies wat die Rhodes-groep van Lobengoeloe verkry het, was uitsluitend gerig op die „delf en win van metale en minerale" en het geen duim grond of skaduwee van gesag toegeken nie. Maar ondanks die feit, dat die verlening van die oktrooi gegrond was op konsessies deur Lobengoeloe alleen vir mynontginning toegestaan, is die Maatskappy ingerig as publiekregtelike regspersoon met openbare inkomste afgeskei van sy kommersiële winste, kon hy maatreëls van publieke diens tref in die landstreke geleë binne die kring van sy werksaamhede en het hy die reg gehad om volkplantings te stig en landverhuising te ondersteun en te bevorder. Ook het hy die reg geniet om weë, spoorweë, telegrafe, hawens en ander werke te maak en te onderhou wat bevorderlik kon wees vir die ontwikkeling of verbetering van die „grondgebieden der Compagnie". Hierdie grondgebiede het die Maatskappy weliswaar nog nie gehad nie, tenminste nie regtens nie, dog die regmatige besitters en eienaars daarvan sou gou genoeg uit die weg geruim word. 460 „Vrede en Orde" Die Maatskappy kon, het Art. 10 van die oktrooi bepaal, soveel in sy vermoë was, vrede en orde bewaar met alle middele en op alle maniere wat hy noodsaaklik sou ag, en hy was geregtig om vir dié doel verordeninge te maak (onderworpe aan die goedkeuring van die Sekretaris van Staat) en'n poliesiemag opterigenin stand te hou. Kragtens Art. 22 het die Maatskappy ook die bevoegdheid verkry tot uitoefening van die r e g s m a g. Die Britse Laerhuislid John Burns het ri week na die Jameson-Inval in ri politieke rede die Maatskappy as volg raak gekenskets: „In Suid-Afrika was die toestand moeiliker, hoewel skynbaar eenvoudiger. Daar is die vraagstuk ingewikkelder gemaak deur die bestaan van die Geoktrobiëerde Maatskappy wat nooit moes toegelaat geword het nie, die belange waarvan in stryd was met die vaa die Britse Ryk, en die verteenwoordigers waarvan vir hulleself mag en beheer toegeëien het wat slegs Ryksamptenare mag uitoefen ... Dit het onder hulpelose stamme slagting aangerig, Kafferhoofmanne verraai, onskuldige barbare uit hulle grond ontset, terwyl die onteiening van Beetsjoeanaland, Masjonaland en Matabeleland 'n skandaal was vir die mensheid en ri oneer vir almal daarin betrokke... Die pers is mislei, telegraaflyne in beslag geneem, iedere agentskap ondergeskik gemaak aan eersugtige planne, die honger na land, die dors na goud". — (Ogden, bl. 32). Die Maatskappy het dan ook nie geaarsel om hierdie ruime bevoegdhede aelfs oor hulle ruimste sin heen in toepassing te bring nie. Dit was dan ook geen wonder, dat die regerings van die Transvaal en die Oranje-Vrystaat met krag aangedring ket op die intrekking of wysiging van die oktrooi nie. In die Kaapkolonie het cue inval in Transvaal nie veel minder verontwaardiging gewek dan in die Republieke nie. Op 12 Md 1896, het die here J. X. Merriman en J. W. Sauer Kaapse Gekose Komitee. 461 in die Kaapse Wetgewende Vergadering ri voorstel gedaan wat tot strekking gehad het, dat die uitoefening van soewereine regte deur ri handelsmaatskappy, soos die Britse SuidAfrikaanse, onverenigbaar was met die vrede en welvaart van Suid-Afrika. Die Engelse regering word derhalwe versoek om die saak in oorweging te neem en deur herroeping of ver-, andering van die bepalings van die oktrooi sodanige voorsiening vir die bestuur van daardie gebiede te maak as wenslik mag skyn. Die debat hieroor het geduur tot 28 Mei, toe ri amendement van die heer W. P. Schreiner aangeneem is, waarin die inval afgekeur en tewens die vertroue uitgespreek word, dat ri grondige ondersoek na die ontstaan en uitvoering van die inval sou ingestel word en maatreëls deur die Britse regering getref om ri herhaling te voorkom. Die heer Schreiner het in sy amendement ook voorgestel, dat ri Gekose Komitee sou benoem word om ondersoek in te stel na die omstandighede van die inval in sover dit die Kaapkolonie geraak het. Die heer J. Rose-Innes het hierop ri verder amendement te berde gebring, dat die beheer oor die burgerlike en bestuursmagte van die Maatskappy sou oorgeneem word deur die Britse regering. Hy wou ook in plaas van deur ri Gekose Komitee, die ondersoek geregtelik laat instel. Die amendement van die heer Schreiner is aangeneem en die ondersoek is opgedra aan ri Gekose Komitee. Die gevolg was ri meerderheids- en ri minderheidsverslag. Die eersgenoemde, onderteken deur die here Schreiner, du Toit, Rose-Innes, Jones, Fuller en Merriman, het o.a. tot die volgende besluite gekom:— 1) Geen lid van die Kaapse regering behalwe C. J. Rhodes het enige kennis of agterdog van die inyal gehad nie. 2) Behalwe een onder-of fisier kon geen staatsamptenaar beskuldig word van pligskending nie. 462 Skuld van Rhodes vasgestel. 3) Die vernaamste amptenare van die Britse Suid-Afrikaanse Maatskappy in Kaapstad, veral Beit, Rhodes en Harris, het saam met Jameson handelend opgetree as voorbereiders; die hele beweging is grotendeels van buite af gefinansiëer en gelei en sekere direkteure en amptenare van die Britse Suid-Afrikaanse Maatskappy het deurgaans daaraan meegewerk. Die datum van die inval is weke vooruit bepaal en die uitnodigingsbrief is vier weke voor die skyndatum verkry. 4) C. J. Rhodes was volkome bekend met die voorbereidings van die inval en het die Britse Suid-Afrikaanse Maatskappy, De Beers en die Goldflelds so beheer, dat die inval moontlik gemaak is. 5) Daar was geen getuienis, dat C. J. Rhodes van plan was om Transvaal sonder uitnodiging in te val nie; die geweld skyn eerder bedoel te gewees het om ri beweging van binne af te steun, maar as Jameson die hoofskuldige was, kon Rhodes geen verantwoordelikheid ontsnap nie vir die beweging wat met sy goedkeuring voorberei is om plaas te vind op die Juiste tyd, waarop dit geskied het, as omstandighede in Johannesburg dit moontlik gemaak het. Die heer Upington was dit met hierdie verslag nie eens nie. In sy mening was Rhodes onskuldig aan die saak. — (C. 8423, bl. 39; C. 8380. bL 7—9). Maar die meerderheidsverslag is deur die Wetgewende Vergadering sonder bespreking goedgekcur en aangeneem. Drie weke voor die goedkeuring van hierdie verslag het die Kaapse Parlement tog ri besluit geneem om by die Britse regering aan te dring op wysiging van die oktrooi. Maar Chamberlain het laat weet, dat hy niks kon doen nie, voordat die ondersoek van Britse kant voltooi is. Intussen, begin Mei, is in die pers verklaar, dat die Engelse regering voortgaan met die kant te neem van die direkteure Chamberlain maak Beloftes. 463 van die Britse Suid-Afrikaanse Maatskappy, veral die van Rhodes. Die Transvaalse regering was van mening, dat die? Geoktrooiëerde Maatskappy 'n bron van gevaar was vir SuidAfrika. Die inval in die Republiek is gedaan met offisiere, troepe en wapens van die Maatskappy en selfs die stellige verbod van die Britse regering was nie in staat om hulle in toom te hou nie, nieteenstaande die Maatskappy die internasionale verpligtings van Brittanje op hom geneem het.1) Die gedrag van die persone wat vooraf van die invalsplanne geweet en dit ondersteun het, word verdedig deur te sê, dat hulle dus gehandel het in die belange en vir die uit-; breiding van die Britse Imperialisme in Suid-Afrika. Die doel heilig nie die middele en die Engelse regering het seker nie gewens om deur misdaad gedien te word nie. Diegene wat die inval verdedig en verontskuldig het en aangedring het op toegéwendheid vir die rebelle wat in die tronk sit, het nie begryp watter kwaad en ongeluk hulle veroorsaak het nie. — (C. 8423, bl. 14). Chamberlain ontken, dat sy regering die medepligtiges aan die inval verdedig. Hy het ri volledige parlementêre ondersoek belowe, sodra die geregtelike stappe teen Jameson en sy offisiere afgeloop is, aangaande die oktrooi en die werking van sy bepalings, en om te oorweeg of verbetering wenslik is. Hierdie ondersoek moes afgewag word. Die President moes geen notiesie neem van onverantwoordehke uitlatings nie, besluit die Britse Minister van Kolonies. — (C. 8423, bl. 14). Vyf weke later moes die Transvaalse regering sy spyt te M Art. 22 van die Oktrooi bepaal: ,,De Compagnie zal onderworpen zijn aan, en zal nakomen en volbrengen al de verplichtingen, vervat of' door ons aangegaan in eenig traktaat, overeenkomst of schikking tusschen Ons en eenige andere Staat of Mogendheid, hetzij deze alreeds zijn aangegaan of later sullen worden aangegaan". 464 Stekelige Britse Antwoord. kenne gee oor die vertraging van die beloofde ondersoek. Die oortuiging is uitgespreek, dat dit dringend noodsaaklik was, dat geheel die beheer, burgerlik en militêr, deur die Britse regering uit die hande van die Maatskappy sou geneem word. — (C. 8423, bl. 31). i Maar die Engelse regering wou nie aan sy plig insake die Jameson-Inval herinner word nie en homself nie deur die Suid-Afrikaanse Republiek die tyd en wyse van die nakom van sy verpligtings laat voorskrywe nie. — (C. 8423, bl. 34). Vir hierdie stekelige antwoord het Chamberlain geen aanleiding gehad nie en dit gee ons 'n kyk in die gemoed van die onverbiddelike Imperialis wat sy gang wou gaan sonder om die belange, wense en gronde vir vrees van andere in aanmerking te neem. Dit laat 'n mens sien hoeveel waarheid daar was in sy herhaalde versekerings van vriendskap jeens die Republiek en van die belange van heel Suid-Afrika te wil bevorder. Die Transvaalse regering het besef, dat hulle teen ri dergelike gemoedstemming van hulle magtige wederpartyder niks kon uitrig nie. Maar die antwoord daarop was wat al te nederig. Die Suid-Afrikaanse Republiek verseker Chamberlain, volgens ri mededeling van Konsul-Generaal Montagu White van 25 Junie 1896, dat hy nie met ri vyandige gees besiel was nie, maar slegs gewens het om saam te werk tot die bestraffing van die skuldiges. Dit begeer rus en vertroue onder sy burgers. Deur die Engelse owerheid op gevare en tekens van onrus te wys, wat verwyder kon word, het dit eerder die vertroue in die Engelse versterk dan verswak. — (G78423TDlr35tr~ In watter mate Chamberlain sy verpligtings insake die ondersoek en die straf van die skuldiges nagekom het, is reeds aangetoon. Met die wysiging van die oktrooi van die vredeverstorende Aanvullende Oktrooi. 465 maatskappy sou hy ewemin haas hê en hy sou ewemin rekening hou met die wense en belange van die bevolking van Suid-Afrika as ooit tevore. Dit was nog na die Jameson-Inval, van Maart tot Augustus 1896, dat die Maatskappy in 'n ware verdelgingsoorlog die Matabeles ten onder gebring het. Pas op 8 Junie, 1899, het die Maatskappy ri aanvullende oktrooi verkry. Daarby is Art. 10 van die hoof oktrooi, in sover as dit die Maatskappy toestaan om verordenings te maak, ingetrek, dog hierdie bevoegdheid sou bly bestaan „tot tijd en wijle een voor Zuid-Rhodesië in te stellen Wetgevende Raad samengekomen zal zijn, en alsdan zullen alle zulke machtigingen geheel ophouden en een einde nemen". In Art. 4 is neergelê, dat niks in die hoofoktrooi die Maatskappy die reg sou gee om „eenigerlei militaire politiemacht op te richten of in stand te houden". Dog dat die Maatskappy met sy gewone poliesie geen oorlog mag voer nie, is nie verbied nie. Die aanvullende oktrooi het geen onmiddellike of bevredigende wysiging in die soewereine regte van die Maatskappy gebring nie. Die dringende versoeke van die Republieke en die Kaap-1 kolonie is eenvoudig in die wind geslaan. Die Geoktrooiëerde Maatskappy het feitlik gebly wat hy altyd was, ri publiekregtelike regspersoon en ri gevaar vir die vrede en welvaart van Suid-Afrika. Ook nadat die Boere-Republieke by Engeland ingelyf was, het die Maatskappy sy rol van Afrikaans-vyandiggesinde volgehou deur Boeretrekkers toegang tot sy gebiede soveel moontlik te belet. 30 VIERDE BOEK. DIE STRYD OM DIE VOLKEREGTELIKE RANG. HOOFSTUK XXX. HOUDING VAN DUITSLAND TEENOOR DIE ENGELSE POLITIEK IN SUID-AFRIKA. Dit is belangwekkend om na te gaan wat die houding was wat die grote moondhede ingeneem het in verband met die verwikkelings in Transvaal. Dit was veral die houding van Duitsland, waarvoor Engeland besondere gevoeligheid aan die dag gelê het, omdat die Duitse Ryk die sterkste mag gewees het op die vasteland en die vernaamste mededinger van Engeland in koloniale en ekonomiese opsigte. Sy prikkelbaarheid laat Engeland reeds in Februarie 1895 merk na aanleiding van ri heildronk wat Président Krüger aan die Keiser gewy het by geleentheid van dié se verjaardag. Die President het in sy toespraak onder andere gesê: „... .Ik heb vele moeilijkheden met de inboorlingen in deze Republiek gehad en ik moet zeggen, dat, hoewel Harer [Britsche] Majesteit's onderdanen zich goed gedragen en lojaal aan den Staat zijn, zij in zware tijden hunne toevlucht nemen tot Groot-Brittanje en zeggen, dat zij onderdanen van Hare Majesteit zijn. De Duitschers, die in dezen Staat zijn, zullen niet zoo in een dergelijk geval handelen. Zij gehoorzamen vroohjk en gewillig de wetten van dit land en laten zich niet in met opstoking der Transvalers tecjen—d£__wetten... Wij groeien op, en hoewel wij jong zijn, gevoelen wij dat als de eene natie ons tracht te vertrappen, de andere zal trachten het te verhinderen. Toen wij Harer Majesteit's Gouvernement 470 Engelse Beswaar teen Duitse Houding. Y om grooter kleêren vroegen, zeide het: ,Eh! Eh! Wat is dit?' en kon het niet zien dat wij groeiden. Wat betreft deze feestvf\ viering, ben ik zeer verheugd om U, Duitschers, hier te zien eer bewijzen aan uwen Keizer. Gij hebt hier bewezen rustige burgers te zijn en ik ben er verzekerd van, dat als de tijd Vf* ïkomt, dat de Republiek nog grooter kleêren moet dragen, gij 1 ^\ f V€ veel ertoe zult bijdragen om dat te doen geschieden. Het is mijn wensch die vriendschappelijke gezindheid te doen voort' \ duren en ik wensch ook Duitschland al den steun te geven, dien een klein kind aan een groot man kan geven. De tijd zal \jf aankomen, wanneer onze vriendschap sterker zal zijn dan ooit." — (Van Oordt, bl. 609, 610). Hierdie vergelyking tussen die gehoorsaamheid van die Duitse onderdane en die woeligheid van die Britte het die Engelse natuurlik maar matig aangestaan. Sir Edward Malet, die Engelse gesant1) in Berlyn, het dit op ri wenk van Lord Kimberley nodig geag hierdie aangeleentheid tot die onderwerp van 'n diplomatieke gesprek te maak met die Minister van Buitelandse Sake, Freiherr von Marschall von Bieberstein. Die Engelse gesant wys daarop dat volgens velerlei kentekens die houding van die Duitse regering teenoor die Suid-Afrikaanse Republiek in die Transvaal ri stemming wek wat met die internasionale toestand van laasgenoemde nie verenigbaar was nie. Hy erken, dat Engeland in 1884 sy soewereiniteitsregte prys gegee het en dat die Republiek alleen volgens verdrag verplig was om internasionale verdrae na vooraf verkrege toestemming van die Engelse regering te sluit. Die Republiek kon derhalwe ri verbond met ri ander staat aangaan slegs na verwittiging van hierdie voorwaarde. *) As diplomatieke verteenwoordiger van 'n grote moondheid by 'n grote moondheid het Malet natuurlik die rang van Ambassadeur gehad. Die woord gesant word egter deurgaans as algemene aanduiding vir diplomatieke verteenwoordigers gebruik sonder bedoeling om daarby 'n rang aan te gee. Wat Duitsland verlang. 471 Die Engelse regering was ten gunste van behoud van die bestaande toestand, maar hulle kon nie blind bly vir die waarneming nie, dat langsamerhand in Transvaal die oortuiging gewek word, dat die Republiek onvoorwaardelik op die ondersteuning van Duitsland kon reken. Dit was te vrees, dat hierdie oortuiging op die politiek van die Republiek 'n toonaangewende invloed sou uitoefen. Transvaal was, besluit Sir Edward Malet, vir Engeland ri gevoelige plek wat aan belangrikheid var Egipte nie onderdoen nie. Die antwoord van Baron von Marschall hierop was, dat die Duitse politiek eenvoudig daarop gerig was om die stoflike belange wat Duitsland vir homself deur die bou van spoorweë en die aanknoping van handelsbetrekkings in Transvaal geskep het, teen elke aantasting te beskerm. Hierdie belange gebied die instandhouding en die versekering van die bestaande toestand wat die spoorweë en Delagoabaai betref. Indien Lord Kimberley insgelyks die behoud van die bestaande toestand nastrewe, waarom stel hy dan nie aan Cecil Rhodes perke nie wat geheel openbaar in Londen die inslukking van Transvaal deur die Kaapkolonie aankondig? Sir Edward Malet het hierop toegegee, dat dit goed sou wees om Rhodes in bedwang te hou, maar hy glo dat Rhodes en Jameson nie die inlywing van Transvaal in die skild voer nie, maar slegs die gedagte wou ten uitvoer bring ten aansien van 'n nouere aaneensluiting op handelsgebied. Dit was juis in stryd met Duitsland se belange, omdat dit politiek die protektoraat en ekonomies die handelsmonopolie van die Kaapkolonie sou beteken het met as gevolg die uitsluiting van dié Duitse handel. Vir Duitsland het daar geen Transvaalse vraagstuk bestaan nie, beweer Baron von Marschall. Transvaal was ondanks die ongepaste beperking van die Verdrag van 1884 ri selfstandige staat wat dié ekonomiese betrekkings kon aanknoop wat dit self nuttig geag het. — (Grosse Politik, bl. 4 en 5). 472 Twede Skermutseling Malet—Marschall. Blykbaar sonder enige sterke aanleiding1) kom die Engelse gesant half Oktober 1895, twee maande vóór die JamesonInval, weer op die verhouding tussen Duitsland en Transvaal terug. Die Duitsers sou die Boere aangemoedig het tot ri vyandelike optree teenoor Engeland, wat vir Brittanje op die duur ondraaglik word. Transvaal het spoorwegvragloon ingevoer wat die handel met die Kaap beslis belemmer. Die voortsetting van die Duitse houding teenoor Transvaal sou tot ernstige verwikkelings kan lei. Die Duitse Minister van Buitelandse Sake antwoord op hierdie Britse uitval, dat Engeland deur sy eie handelings die verbittering van die Boere wek: die inlywing van Amatongaland, die belet van ri toegang tot die see, die drywery van Rhodes en ander politieke sette. Duitsland moes dit as ri swaar skending van sy belange beskou, wanneer Transvaal die selfstandigheid wat hom by verdrag verseker was, verloor en tot ri bestanddeel van die „Groot-Rhodesië" afsak. Die spoorlyn Pretoria-Lourenco Marqués was die brug vir die toenemende handel van Duitsland met Transvaal en Duitsland kon nie duld, dat dit in die hande van Rhodes val nie. — (Grosse Politik, bl. 6 en 7). Duitsland kon ri inlywing van die Boerestate by Rhodesië nie toegee sonder om in eie land ri storm van onrus te ontketen nie. Engeland mag wel bedink of hy soveel vriende in die wêreld besit, dat hy ri breuk met Duitsland gemaklik kon te voorskyn roep. Engeland besit middele, sê Malet hierop, om veel van sy vyande te bevredig en rustig te hou. Marschall meen van ja, wanneer Engeland Egipte, die Dardanelle, Gibraltar, Malta en Siprus wou opoffer; dit sou egter ri bietjie duur wees; liewers sou Engeland aan Duitsland ook klein koloniale voordele gun. — (Brandenburg, bl. 68 en 69). Die Keiser doen ook beklag by die Britse nülitêre verteen- ') Dit was net in die tyd, dat die Driftegeskil sy hoogtepunt genader het en daarmee het Duitsland regstreeks niks te doen gehad nie. Keiser soek Beskerming teen Engeland. 473 woordiger, Swaine, oor die oorlogsbedreigings wat Sir Edward Malet geuit het. Lord Salisbury verloën onmiddellik die optree van Sir Edward Malet en verklaar, dat aan ri verandering van regstoestand in Suid-Afrika nie gedink word nie. Hy ontken, dat Transvaal ri donkere punt tussen Duitsland en Engeland uitmaak en spreek selfs sy leedwese daaroor uit, dat Sir Edw. Malet by sy afskeid *) as gesant in Berlyn op ri dergelike wyse opgetree het. Hy het daartoe vanJLord Salisbury geen opdrag gehad nie. Ondanks hierdie ontkenning behou die Keiser die indruk, dat Engeland hom insake Transvaal ri soort van ultimatum wou gestel het. Derhalwe dring hy daarop aan, dat die vloot moes versterk word, sodat Duitsland by ri botsing nie weerloos was nie. Op ri versoek of Engeland nie tot die Driebond'") wou toetree nie, kom geen antwoord nie. Marschall is daaroor nie ontevrede nie; hy meen, dat as Engeland bondgenoot word, Duitsland nog een dag die Britse wêreldryk sou moet help verdedig, veral Indië teen Rusland. — (Brandenburg, bl. 69). Holstein, die hoofamptenaar met die grootste persoonlike invloed by Buitelandse Sake, raai aan om eers die Engelse tot die bewussyn te bring, dat Duitsland hulle nie nodig het nie. Duitsland het in Oos-Asië reeds met Rusland saamgewerk. Soortgelyke moontlikhede sou hulleself voordoen. Wellig, dink hy, kon ri algemene ooreenkoms met die Tweebond *) gesluit word, wanneer aan Frankryk die Kongo-staat en aan Rusland Korea oorgelaat word, en daarvoor die erkenning van die Italiaanse protektoraat in Abessinië, vir Duitsland ri kolestasie en handelsvoordele in Oos-Asië, vir Oostenryk toeseggings *) Sir Edward Malet is as gesant in Berlyn deur Sir Frank Lascelles opgevolg. *) Duitsland, Oostenryk en Italië. ') Frankryk en Rusland. 474 Behoud van Bestaande Toestand. oor die behoud van die bestaande toestand in die Balkan gevra word. — (Brandenburg, bl. 69 en 70). Hierdie skermutselings was ri voorspel van die verwikkelings wat sou ontstaan uit die beroerings in Transvaal kort daarop. Dit was polsings van Engeland ten aansien van die houding wat Duitsland sou inneem ingeval van ri Britse oorrompeling van die Boere-Republiek. Dit was ongetwyfeld weens die fiere houding van Duitsland en die onsekerheid omtrent die planne van ander moondhede wat vir Chamberlain aanleiding gegee het om homself buite skot te hou en vir Jameson die eerste kastanjes uit die vuur te laat haal. Toe einde Desember 1895 die Duitse konsul in Pretoria na Berlyn sein, dat rusverstorings van Engelse kant in Transvaal te wagte was, het Baron von Marschall die nuwe Engelse gesant, Sir Frank Lascelles, daar met klem op gewys, dat Duitsland die behoud van die onafhanklikheid van Transvaal na die maatstaf van die Verdrag van 1884 verlang en ri verandering in die bestaande toestand, deur Rhodes gesoek, as ri suiwere benadeling van die Duitse handelsbelange nie kon duld nie. — (Gtosse Politik, bl. 17). Die Duitse Minister van Buitelandse Sake het terselfdertyd Pretoria toe laat weet, dat om Duitsland se welwillendheid te behou, Transvaal elke prikkeling ten strengste moes vermy. Van Duitse ophitsing van Transvaal kon daar ongetwyfeld geen sprake gewees het nie, dog Duitsland het die Republiek in hierdie moeilike dae beslis aangemoedig om op sy regte te bly staan en nie vir die kuiperye te swig nie. Duitsland bied die President die landingsmanskappe van die „Seeadler" aan uitsluitend tot beskerming van die Duitse konsulaat en van die lewe en die eiendomme van die Duitse onderdane vir die duur van die onrus. Daarby moes konsul von Herff die President verseker, dat Duitsland homself nie in die inwendige verhoudings van die Republiek wou meng Duitsland bied Hulp aan. 475 nie, maar aanneem, dat die regering en die Volksraad hulleself nie sou laat bang maak en as gevolg daarvan maatreëls neem waardeur langs wetlike weg die bestuursmag in hande van die opstandelinge sou kom nie. Von Marschall het ook op dieselfde dag, 31 Desember 1895, by Goewerneur Weissmann in Dar-es-salaam laat aanvra of hy tot beskerming van Duitse belange tussen vier- en seshonderd man oor Delagoabaai na Transvaal kon stuur sonder om die veiligheid van DuitsOos-Afrika in gevaar te bring. Weissmann het hierop onvoorwaardelik bevestigend geantwoord. Tot hierdie aanvoering van Duitse koloniale troepe en ook tot 'n ingryp van manskappe van die „Seeadler" het dit nie gekom nie, daar President Krüger in die eerste plaas versoek het om van sodanige ingryp af te sien teneinde nie nog verwikkelings by te voeg nie. Dit het ook deur die mislukking van Jameson se intog onnodig geword. Vir 'n dergelike ingryp het dit ook nog ontbreek aan verlof van die Portugese regering tot landing van die kommando in Delagoabaai. Dié verlof is inderdaad op 31 Desember 1895 aangevra, maar alleen vir 'n klein afdeling van die „Seeadler" van ten hoogste vyftig man, en nie, soos von Eckardstein (Deel II, bl. 275) beweer, vir enige honderde man koloniale troepe uit Duits-Oos-Afrika en vir 'n afdeling van twee of drie voor Delagoabaai liggende kruisers nie. Daar was slegs een kruiser. Die twede kruiser „Condor" het eers op 9 Januarie in Lourenco Marqués aangekom. Van Portugese kant-is die versoek aanvanklik afgewys. Dog toe die Duitse regering die versoek op 5 Januarie dringend herhaal, is goedkeuring in die vooruitsig gestel vir die geval, dat nuwe gebeurtenisse andermaal lewe en eiendom van Duitse onderdane in gevaar sou bring.Volgens berig van gesant von Derenthall in Lissabon was vir die houding van die Portugese regering beslissend gewees die vrees om 'n presedentsgeval te skep. Vroeër, in 476 De Soveral as Vredesredder. 1894, is ri Engelse versoek om in Delagoabaai te land beslis van die hand gewys. — {Grosse Politik, bl. 20). Von Eckardstein gee van hierdie aangeleentheid ri spannende verhaal en vertel' dat die lot van die wereldvrede op daardie tydstip in die hand van een enkele persoonlikheid gelê het, en wel in die van Markies de Soveral wat net toevallig Minister van Buitelandse Sake in Portugal was. — (Eckardstein H, bl. 273 e.v.). De Soveral was sedert die middel van die tagtiger jare met korte onderbrekings Portugese gesant in Londen. Hy was alom baie graag gesien en een van die vertroudste persoonlike vriende van Koning Edward VII, ook al vóór diè se troonsbestyging. Hy het alles geweet van wat agter die skerme voorberei is en gebeur het. Toevallig is hy juis teen die end van 1895 — dus kort voor die inval van Jameson — na Portugal teruggeroep om as Minister van Buitelandse Sake op te tree. Hy het dié betrekking ook nie langer dan twee jaar beklee nie om op sy pos as gesant in Londen terug te keer. Op bevelende toon asof dit vanself gespreek het, dat Duitse troepe deur Portugese gebied mag trek — vertel Eckardstein vra von Marschall die regering in Lissabon om inwilliging van die deurtog. Markies de Soveral. wat die gevaar hiervan vir die wêreldvrede ingesien het, wys die aanvraag van dié Duitse regering beslis van die hand. Daar was in Berlyn weens hierdie weigering, aan die moontlikheid waarvan niemand gedinlr het nie, grote ontstemming teen de Soveral. sonder dat die Duitse regering vermoed het, dat ingeval van Portugese toestemming die uitbreek van openlike vyandelikhede tussen Engeland en Duitsland die onmiddellike gevolg sou gewees het. Von Eckardstein vertel verder, dat hy drie jaar later met Lord Salisbury oor hierdie saak gepraat het na aanleiding van die verhouding tussen Engeland en Duitsland. Die Britse Salisbury oor die Toestand. 477 Eerste Minister het hom by dié geleentheid onder andere gesê: „Die Jameson-Inval was seker ri sotte streek, sot veral, terwyl dit by voorbaat in sy grondslae misluk was en nooit vooruitsig op welslae kon gehad het nie. Wat julie regering daarby mag gedink het, toe hulle honderd man deur Portugese gebied na. Transvaal wou stuur, is my ri volledige raaisel. Wat kon en wou julie regering eintlik daar uitrig? Dit was in elk geval ri groot geluk, dat hierdie greep tengevolge van die kragtige houding van de Soveral agterweë gebly het. Wanneer die eerste Duitse soldaat die gebied van die SuidAfrikaanse Republiek betree het, was oorlog onvermydelik. Geen regering in Engeland sou die druk van die openbare mening kan weerstaan het nie. Het daar oorlog tussen ons uitgebreek, dan sou daaruit ri algemene Europese oorlog, weUig ri wêreldkryg, ontwikkel het. Courcel het my reeds in opdrag van die Franse regering meegedeel, dat ingeval van ri Engels-Duitse oorlog Frankryk teenoor ons ri baie welwillende onsydigheid in ag en waarskynlik tenslotte ook daadwerklike deel aan die oorlog sou geneem het Insgelyks het ek berig uit St. Petersburg ontvang, dat Engeland ingeval van ri oorlog met Duitsland van Russiese kant nóg in MiddelAsië nóg waar ook die geringste sou te vrees gehad het. Vir iedereen wat sy sinne bymekaar het moes dit duidelik wees, dat Duitsland met ri oorlog niks te win nie en alles te verhes gehad het". — (Eckardstein, bl. 275). Die Duitse regering is vir ri klein deel slegs in sy houding gelei deur die poging om sy ekonomiese belange in SuidAfrika te beskerm. Volgens Graaf Hatzfeldt, die gesant in Londen, se berekening was in Johannesburg 15,000 Duitsers en was daar 500 miljoen Mark Duitse kapitaal belê. Die Duitse regering, sê .Brandenburg, kon tog eers afgewag het om te sien of ri beskadiging van Duitse belange plaasvind. Die hoofdryfveer was ook nie die medegevoel vir die kleine •478 Waarskuwing en Les aan Engeland. state in hulle regte gekrenk, wie se regstoestand buitendien taamlik twyfelagtig was, teenoor 'n magtige bedreiger nie. ri Gevoel van stamverwantskap met die Boere was ook slegs in geringe mate voorbande en het daarom sulke vérstrekkende besluite by de Duitse regering beslis nie kan oproep nie. Sekerlik het Duitsland die aaneensluiting van die Boerestate met die Kaapkolonie en Rhodesië tot één groot Suid-Afrikaanse ryk nie begeer nie, terwyl te vermoede was, dat dan na die intrekking van Duits-Suidwes-Afrika sou gestreef word. Die bestaan van hierdie kolonie was van oudsher onaangenaam vir die Kaapse regering. Maar beslissend was dit alles nie, dog die wens om aan Engeland ri waarskuwing en ri les te gee. Duitsland wou Engeland daarop opmerksaam maak, dat Duitsland ri verdere uitbreiding van die Britse Ryk in Afrika Sonder vergoeding nie sou toelaat nie en dat dit in Engeland se belang was om homself met die Driebond te verstaan. — (Brandenburg, bl. 75). Dat dit ri baie ondeurdagte politiek was, sal niemand vandag betwis nie. Met watter middele kon Duitsland die Boere gehelp het, as Engeland homself vóór Jameson verklaar het of op ander gronde reeds toe die onafhanklikheid van.die Boerestaat wou ophef? Duitsland kon teen Engeland se wil nie één troepeafdeling oor die see gebring het nie. Dat dit werklik tot oorlog met Engeland kon lei, daaraan het niemand in Berlyn gedink nie. Hulle het geglo rustig skerp te kan optree, terwyl die Engelse politiek swak en van oorlog afkerig geag is en hulle sonder voldoende grond op ri bh/moedige meegaan van Frankryk en Rusland gereken het. — (Brandenburg, bl. 75). Waarskynlik het von Marschall dan die gesindheid van Frankryk en Rusland misreken of hy wou Engeland maar bang maak, toe hy op 31 Desember 1895 aan die Engelse gesant verklaar het, dat in Engeland die teenstelling van Engels-Duitse Handelswedywer. 479 yastelandse groepe oorskat word. Die Duits-Franse spanning was so goed as verdwyn, verklaar hy, en sonder om te dreig moes hy tog daarop wys, „dat die gedagte, dat die onopgeloste vraagstukke tussen daardie state sonder Engelse belange in aanmerking te neem en daarby ook Engelse belange as vergoedingsvoorwerpe te benut", nie sonder vooruitsig was nie. — (Brandenburg, bl. 70). Reeds vóór die Krüger-telegram van 3 Januarie 1896 is by verskéie geleenthede ontstemming van die Engelse volk sigbaar geword. Die diepere oorsake daarvan was geleë in die gevolge van die Duitse wedywer teen die Engelse op die wêreldmark. Steeds duideliker is bewese, dat die Engelse Handelsmerkbeskermingswet wat vir alle na Engeland of in Engelse skepe na Hie kolonies vervoerde Duitse ware die teken „Made in Germany" voorgeskrywe het, geheel buite sy bedoeling die afset van Duitse voortbrengsels nie verswaar nie, maar bevorder het. Soortgelyke verkeerde uitslae het die sogenaamde bespiedingstogte tot navorsing van die gronde van Duitsland se oorwig op nywerheidsgebied tengevolge gehad. Berigte van studiekommissies wat ri blik in die voortbrengingsloop en die werkwyse in die Duitse ystersmelterye. grootysterbedrywe en die kleinysterwerkplase gehad het, het gesluit met noodkrete en die eis om die grootste krag te ontvou teneinde die steeds gevaarliker wordende wedywer van die Duitsers weerstand te kan bied. Een van die eerste ampsdade van die nuwe Onder-Sekretaris van Buitelandse Sake in Junie 1895 was die verklaring aan ri afvaardiging van reders, dat teen die bedenkhke uitbreidende Duitse wedywer wetlike maatreëls tot beskerming van die Engelse skeepvaart sou geskied. — (Hammann, Bpmarck, bl. 51 en 52; Der Neue Kurs bl. 124). Juis in Suid-Afrika was buitengewoon sterke stoflike belange op die spel. Op die toeëiening van die diamantvelde moes die 480 Duitsland pols Frankryk. inlywing van die goudland Transvaal in die Britse SuidAfrikaanse koloniale besit volg. Die openbare mening m Londen het reeds lang in Rhodes die Napoleon van SuidAfrika gesien, en in die werksaamheid van Duitse ondernemingsgees in Delagoabaai en in die binneland sowel aa in die herhaalde Duitse begunstiging van die Boere hoogs lastige hinderpale vir die Britse geld- en handelsbelange. Na die Krüger-telegram wat nog getoon het, dat die Duitse regering geneig skyn goed verworwe of vermeende regte in oorsese gebiede teen Engeland te verdedig, het die naywer losgebars op die wakkere ekonomiese mededinger in n algemene verdoemingsvloek. — (Hammann. Bismarck, bl. 52) Met die oog op die naywer tussen Duitsland en Engeland kom dit as heel natuurlik voor. dat Graaf Munster, die Duitse gesant in Parys, die aanwysing kry om te pols of Frankryk nie bereid sou wees om met Duitsland saam te werk in koloniale vraagstukke nie na aanleiding van die voortdurende uitbreiding van die Britse Ryk. Die ander moondhede kon tog moeilik rustige toeskouers bly, terwyl Engeland voortdurend alles inpalm wat nog nie onder Europese heerskappy staan nie. Graaf Münster moes daarby van die Transvaalse vraagstuk uitgaan sonder die verdenking te wek asof Duitsland homself slegs vir hierdie vraagstuk van die ondersteuning van ander moondhede wou verseker. Veel meer sweef hulle die plan voor van *n vastelandse verstandhouding vir enkele nader aangeduide doeleindes. As doel van hierdie optree word uitdruklik vermeld die onderrigting van Engeland oor die gevare van sy afsondering en oor die noodwendigheid van homself by die Driebond aan te sluit. In soortgelyke sin spreek von Marschall selfs met die Franse gesant Herbette. — (Brandenburg, bl. 71). Intussen het die Duitse regering Transvaal laat weet, dat Duitsland teen bepaalde tegemoetkomings met betrekking tot Duitsland dreig Brittanje. 481 die uitbrei van die stemreg geen bedenking sou opper nie, terwyl von Marschall dit aan die ander kant begryplik vind, dat die Republiek die vergunning van algemene stemreg aan alle vreemdelinge weier, daar dit sou beteken die oorheersing van die Boere deur die Engelse party en die opgee van hulle onafhanklikheid deur die Boerestate. Wanneer die Engelse party sy vorderings deur bedreiging met wapengeweld dink deur te drywe en gewapende opstand voorberei, dan is die regering in hulle reg, as hulle elke sodanige poging met geweld afslaan. Die Times van 27 Desember 1895 het openlik gesê, dat slegs één weg moontlik was, dit was inlywing, vernietiging van die onafhanklikheid van Transvaal. Hierdie oplossing, beweer von Marschall, kon die Duitse regering nie aanvaar nie en hulle moes staan op die behoud van die bestaande toestand wat deur die Verdrag van 1884 neergelê is. Von Marschall gaan selfs so ver om op 31 Desember 1895 aan Hatzfeldt te sein: „Vra of die Britse regering die grensskending van Transvaal deur troepe van die Geoktrooiëerde Maatskappy goedkeur. Indien U die indruk kry, dat hierdie volkeregskending goedgekeur word, versoek dan om u passé. As dit nie die geval is nie, vra dan deur watter middele die Britse regering voornemens is om die regskending te herstel". — (Grosse Politik, bl. 19). Die afbreek van diplomatieke betrekkings deur Duitsland sou vir Engeland seker nie geleë gekom het nie. Dieselfde dag nog sein Lord Salisbury na Berlyn, dat Chamberlain deur berigwisseling met Sir Hercules Robinson en President Krüger die uiterste pogings aanwend om geweld te voorkom en rus te herstel. Chamberlain sou dan sterk gekant wees teen ri politiek van geweld en die beste verwagtings koester, dat die ontstaan daarvan sou afgeweer word. Hy erken ten volle, dat sodanige gewelddadige botsing baie skadelik sou wees vir die verskillende Europese belange in Suid-Afrika. 31 482 Marschall praat Padlangs. Op 1 Januarie 1896 stuur von Marschall hierdie telegram aan Keiser Wilhelm II met ri begeleidende brief, waarin hy onder andere sê: „Ek het Sir Frank geantwoord, dat hierdie mededeling tot my leedwese deur die gebeurtenisse reeds agterhaal skyn, daar die ,geweld' wat Chamberlain wens om te vermy op die oomblik reeds geskied het, deurdat oproerige bendes van die Geoktrooiëerde Maatskappy gewapend die gebied van Transvaal betree het. Ek vermag nie in te sien nie, op watter ander wyse die regering van Transvaal op hierdie vredesbreuk kan antwoord dan met gewelddadige verdrywing van die vredesverstoorder uit die Transvaalse gebied. Ons het die Engelse regering sedert twee jare herhaaldehk op die gevare opmerksaam gemaak, wat in daardie werelddeel uit die gedrag van Cecil Rhodes. dreig, maar nooit n klaar antwoord oor die houding van die Londense kabinet tot hierdie kuiperye verkry nie. Tot my spyt bevat die Tunes wat die voorval van die 30ste vandag eindelik weergee, reeds die bedreiging, dat Engeland geen tussenkoms in die aangeleentheid, van watter kant dit ook kom, sou duld nie. Daar het jy dit: Engeland duld geen tussenkoms nie. maar die grote moondhede wat regte en belange in Transvaal het sal die volkeregskendende tussenkoms van die heer Rhodes duld wat daar glad niks te soek het nie. Deur sulke bedreigings in die pers word die toestand slegs verskerp". — CGrosse Politik, bl. 22). Tenslotte het Sir Frank vertroulik opgemerk, gaan von Marschall voort, dat hy glo dat die grond vir die houding van sy regering tot dusver geleë was in die besorgdheid, dat die Kaapkolonie homself onafhanklik kon verklaar, as van Londen uit te skerp teen Rhodes opgetree word; dreigings in hierdie rigting skyn herhaaldelik voor te gekom het. Von Marschall het die Engelse gesant op hierdie sotte voorwend^ sel geantwoord, dat hy aan die erns van sodanige bedreigings Beweerde afskeidingsplanne van Rhodes. 483 nie kon glo nie. Wat Rhodes tot dusver bereik het, dank by aan die samehang van die Kaapkolonie met Engeland en die gesag van die Britse vloot. Daar Rhodes geen vloot besit nie, sou hy na die verklaring van die onafhanklikheid van •die Kaapkolonie van sy verstrekkende planne moet af sien en in ieder geval sy houding teenoor ander moondhede moet wysig, anders sou aan die ganse heerlikheid ras ri einde kom. — (Grosse Politik, bl. 22 en 23). Soos vermeld, het die Engelse regering dadelik alle medepligtigheid ia die onderneming van Jameson ontken. Lord Salisbury vra Duitsland selfs dringend om iedere woord te vermy wat as ri bedreiging mag klink. Die Duitse gesant kry in Londen die indruk, dat die optree van die Geoktrooiëerde Maatskappy vir die Engelse regering in ieder opsig nie gewens was nie en dat hulle derhalwe niks sou nalaat om hulle bevele deur Jameson te laat nakom nie. Dat die oorhaastige optree van Jameson die planne van die samesweerders in die war gestuur het, is reeds aangetoon. Nie die inval as sodanig nie, maar slegs die inval op daardie ongeleë tydstip was vir Engeland ongewens. Hatzfeldt het vir homself ook dieselfde storie op die mou laat speld wat Sir Frank Lascelles reeds in Berlyn verkondig het, naamlik dat die beweging van Jameson vir ri giroot deel die doel voor oë gehad het om ri Suid-Afrikaanse Engelse republiek te stig onder leiding van Rhodes. Dit sou dan nie na die wens van Engeland gewees het nie. Die Engelse regering was ongetwyfeld maar al te goed verseker van die imperialistieie strewe van Rhodes en sy handlangers om aan die moontlikheid ven soiets te glo. Rhodes was nie die man om republieke te stig nie, maar Republieke te vernietig. Von Marschall was nugter genoeg om aan hierdie gevaar vir die Britse ryk nie te glo nie blykens die antwoord wat hy aan Sir Frank Lascelles gegee het. Op 2 Januarie sein hy preer na Londen, dat aan die bevel van die Engelse regering 484 Duitse Spoedberig aan Engeland. om terug te trek deur Jameson geen gehoor gegee is nie. Dit het tot ri bloedige botsing gekom tussen die huurhrige van die Geoktrooiëerde Maatskappy en die Boere. Ooreenkomsüg opdrag aan hom moes hy verklaar, dat die keiserlike regenng teen hierdie handelwyse verset aanteken en nie genexg was watter veranderings ook aan te neem nie in die volkeregtehke toestand van die Suid-Afrikaanse Republiek soos deur verdrae verseker. — (Grosse Politik, bl 27). Dit moes Hatzfeldt by wyse van spoedberig aan Lord Salisbury oorhandig. Dieselfde dag egter kom die nuus van Jameson se nederlaag en kry Hatzfeldt bevel om die nota nie te oorhandig nie. Maar dit was reeds by Lord Sahsbury se kantoor besorg. Soos die toeval dit wou. was Lord Saksbury uit Londen afwesig en kry Hatzfeldt die nota weer m hande en nog wel ongeopen. Maar Hatzfeldtkry opdrag om Lord Salisbury tog te sê. dat hy bh/ was oor die verloop van sake in Transvaal, want daardeur was hy van ri pynlike opdrag onthef, omdat anders die oorhandiging van ri amptehke spoedberig aan Lord Sahsbury sou geskied het. Die hele voorval, sê Brandenburg (bL 71 en 72), moes in Londen n sonderhnge indruk gemaak het Maar die Engelse regering was seker^ook maar bly. dat die nota agterweë gebly het Dit sou vu- hulk die toestand beslis nie makliker gemaak het nie. Aan skerpte het dit in die spoedberig van von Marschall nie ontbreek nie, want hy het dit geeindig met die opmerking, dat hy aan die Engelse versekerings geen geloof heg nie. dog meen^dat iedere vertroue hier misplaas was. daar Engeland klaarblyklik , He vrugte van die politiek van Rhodes wou moes. Dat von Marschall met hierdie opmerking gelyk gehad het. blyk uit die feit dat Chamberlain sy bentiddeling ten behoewe van dfc vermyding van bloedvergieting aangebied het en die hoop uitgespreek het. dat die President die Uitlanders sou tegemoetkom in hulle eise. Transvaal vermy Prikkeling. 485 Die President het die gewig van die Duitse ondersteuning diep gevoel en dankbaar erken en het konsul von Herff versoek om mee te deel, dat hy alles gedaan het om prikkeling te voorkom. Dog sedert die indring van vreemde troepe uit Beetsjoeanaland en skending van die Verdrag was sy regering tot hulle leedwese verphg om die vrybuiters met geweld te verdrywe. Von Herff voeg hieraan toe, dat die Transvaalse regering inderdaad die uiterste aan tegemoetkoming gedoen het. Dit is ook deur Britse onderdane openhartig erken. Die optree van die Geoktrooiëerde Maatskappy wat sonder twyfel met voorkennis en goedkeuring van die Britse regering onderneem is, was niks anders nie dan 'n roekelose landroof. ■— (Grosse Politik, bl. 21). Intussen het die Duitsers in Pretoria aan hulle Keiser ri draadberig gestuur, waarin hulle Sy Majesteit eensgesind en eerbiedig smeek om onmiddellike tussenkoms tot verhoeding van oneindige ellende en bloedvergieting. — (Grosse Politik, bl. 20). Daar was ri gedurige wisselwerking van medegevoel tussen Duitsland en die Republiek. HOOFSTUK XXXI. GELUKWENS VAN DIE DUITSE REGERING AAN PRESIDENT KRUGER. Met die oog op die voorafgaande kom die afsending van die veeJbesproke Krüger-telegram van die Duitse Keiser as iets heel natuurliks voor. Op 3 Januarie sein die Keiser: ..Ek betuig U my opregte gelukwens, dat dit U, sonder om die hulp van bevriende moondhede in te roep. geluk is om met u volk uit eie krag teenoor die gewapende bende» wat as rusverstoorders u land ingeval het, die vrede te herstel en die onafhanklikheid van die land teenoor aanvalle van buite te verdedig". Die oorsprong van hierdie telegram is in Duitsland hewig betwis en het daar aanleiding gegee tot veel tydskrifartiekels en opmerkings in boeke oor die politieke gebeurtenisse van die laaste kwart van die vorige eeu. Die saak laat homself nouliks duidelik opklaar. Dog. wie dit ook al opgestel of wie dit gewysig het, is van minder belang vir ons dan vir die Duitsers, ri Mens kan die voorstelling van Adolf Stein (Wilhelm II, 1909) ongetwyfeld aanneem, dat die telegram nie aan die eie inisiatief van die Keiser ontspring is nie, maar ri weloorwoë daad1) van die Ministerie van Buitelandse Sake gewees het. Ook die Keiser self het hierdie voorstelhng beskrywe as beslis waar en geskiedkundig juis. Dit skyn selfs ») Dit is ook die mening van Reventkw (bl. 74) en van Otto Hammann (Der Neue Kws, bl. 121). Ontstemming in Engeland. 487 dat die Keiser gekant was teen die versending van die telegram, maar oorstem is deur Hohenlohe en von Marschall. — (Grosse Politik, bl 32). Dit was veral die slotsin van die telegram wat Engeland so oor verstoord was, naamlik: „die onafhanklikheid van die land teenoor aanvalle van buite te verdedig". Die ontwerp wat die Koloniale Sekretaris Kayser opgetrek het, het alleen melding gemaak van „die aansien van u regering". Die vervanging van hierdie onskuldige woorde deur die bowenaangehaalde berus op die eienhandige toevoeging van von Marschall wat die juiste mening toegedaan was, dat Transvaal onder geen soesereiniteit van Engeland staan nie, dog geheel onafhanklik was behalwe wat betref die beperking opgelê deur Art. 4 van die Verdrag van Londen. Niks het die openbare mening in Engeland so ongunstig vir die Keiser en die Duitse politiek beinvloed nie as hierdie telegram. Nog na jare is dit die Duitse staatsmanne as ri onvriendskaplike handeling voorgehou. — (Brandenburg, bL 72). Dit is nié te verwonder, dat die Engelse daarin die ontoelaatbare inmenging van ri buitelandse staat in die inwendige aangeleenthede van die Britse Ryk gesien het nie, daar Chamberlain die Transvaal as onder Engelse soesereiniteit beskou het en dus as deel van die Britse Ryk. Byna geheel die Londense pers het die keiserlike gelukwens gekenskets as ri onvriendskaplike daad teen Engeland, hoewel byna alle blaaie tot hiertoe die optree van jameson beslis gelaak het Dit het die Duitse gesant in Londen toegeskyn, dat die omswaai van die openbare mening vir Salisbury die taak om die betrokke vraagstuk soveel moontlik tegemoetkomend te behandel, nie weinig sou bemoelik het nie. — (Grosse Politik, bl 34). Die telegram van die Keiser was tegelyk die hoogtepunt van Duitsland se daadwerklike medegevoel met Transvaal en 488 Keerpunt in Duits-Engelse Verhouding. die keerpunt van Duitsland se openlike versetpolitiek teenoor Engeland. Die slegte indruk wat die telegram in Engeland teweeggebring het, het die Duitse diplomate probeer wegwerk met *n politiek van toenadering en skynbare welwillendheid ook ten koste van die Boere. Intussen is die gelukwens van die hoof van so ri magtige moondheid as Duitsland innig op prys gestel en het dit die klein veronregte volk tot steun en aanmoediging gestrek. Die President gee persoonlik sy waardering op die volgende wyse te kenne: Ik betuig Uwe Majesteit mijnen zeer innigen en diepst gevoelden dank voor Uwer Majesteits oprechten gelukwensen. Met Gods hulpe hopen wij verder al het mogelijke te doen tot handhaving van de duurbetaalde onafhankelijkheid en het voortbestaan onzer geliefde Republiek". - (Groenboek No. 1. 1896. bl. 17). Op 6 Januarie 1896 het die Britse gesant in Berlyn met von Marschall persoonlik gepraat oor die slegte indruk wat die Krüger-telegram van die Keiser op die openbare mening in Engeland gemaak het. Hy het ten.antwoord gekry, dat die Duitse Minister beslis verset aanteken teen die opvatting van die Engelse pers, dat dié telegram ri vyandelikheid teen Engeland en ri ingryp in Engelse regte inhou. In regsvrae was die Duitser baie gevoelig: hy was nie geneig om vreemde regte aan te tas nie, maar hy verlang dat sy eie regte geeerbiedig word. Dit kon onmoontlik ri vyandigheid teen Engeland wees, wanneer die Duitse Keiser die hoof van ri bevriende staat gelukwens by die sege oor gewapende skare wat in stryd met die volkereg in sy land gedring het en deur die Engelse regering self regteloos verklaar is. Duitsland het die reg gehad om van die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Republiek te spreek, daar dit in die Verdrag van 1884 deur Engeland met die Republiek gesluit, afgesien van die onbe- Britse Soesereiniteitsregte opgegee. 489 duidende beperking van Art. 4, erkenning gevind het. Daarenteen het die Engelse pers ongelyk gehad, wanneer dit van 'n soesereiniteit van Engeland oor die Suid-Afrikaanse Republiek praat, aangesien dit deur die verdrag formeel en materieel afgeskaf is. — (Grosse Politik, bl. 39 en 40). In antwoord hierop het Lord Salisbury die versekering gegee, dat geen verdere onderneming teen Transvaal te vrees was nie Die Engelse Eerste Minister het ook belowe om die pers onthouding van verdere persoonlike aanvalle op die Keiser te beveel. Lord Salisbury was dit nog nie met homself eens of hy sou antwoord gee op die bewering van von Marschall, dat Engeland op geen soesereiniteit teenoor Transvaal kon aanspraak maak nie. Hatzfeldt het hom daarvan afgeraai en daarop gewys, dat die aanspraak op werklike soesereiniteit homself nie voldoende laat bevestig nie. x) Tenslotte meen Sahsbury self, dat dit beter sou wees om die vraagstuk te laat rus en slegs van die behoud van die bestaande toestand te praat. — (Grosse Politik, bl. 41). Soveel vertroue het die houding van Duitsland tot hiertoe gewek, dat by die stel van die voorwaardes van versoening aan Engeland die President homself om raad wend tot Berlyn. Konsul von Herff sein op 4 Januarie aan Buitelandse Sake, dat die Republikeinse regering beslote was om die toestand goed te gebruik deur die onvoorwaardelike onderwerping van die Johannesburgse oproermakers te verlang en, wanneer nodig, af te dwing. Verder wou die regering die opheffing van die geskonde Londense Verdrag, die afdanking en be- *) Oor die soesereiniteitsvraagst.uk is op 6 Januarie 1896 'n mededeling aan Hatzfeldt gestuur, waarby tot steun van die Duitse standpunt aangevoer is, dat Lord Derby in 1884 die selfstandigheid van Transvaal erken het en Lord Kimberley nog aanvang 1895 die standpunt ingeneem het, dat Engeland deur die Verdrag van Londen sy soesereiniteitsregte opgegee het. 490 Dr. Leyds en die Duitse Gelukwens. Straffing van Rhodes eh die ontbinding van die Geoktrooiëerde Maatskappy deurset om so die mag van Rhodes in Suid-Afrika vergoed te breek. By die navolging van hierdie doeleindes het die Transvaal die moontlikheid van 'n oorlog met Engeland voorsien en von Herff vra watter houding die keiserlike regering en die ander betrokke moondhede, Frankryk en Holland, teenoor hierdie pogings van Transvaal sou inneem. — (Grosse Politik, bl. 35). Duitsland was intussen versigtiger geword en raai dringend af van voorstelle wat, soos die afsetting van Rhodes en die terugtrekking van die oktrooi, as 'n ingryp in inwendige Britse aangeleenthede en as 'n uidokking van oorlog met Engeland kon aangedui word. Ondanks hierdie waarskuwing het Transvaal tog op die bestraffing van Rhodes en die ontbinding van die Geoktrooiëerde Maatskappy bly staan. Von Herff kon aan die mededeling hieromtrent toevoeg, dat wantroue teen Duitsland by die Boere nie aanwesig was nie en dat daar in Transvaal groot vreugde geheers het oor die Keiser se telegram van gelukwens. — (Grosse Politik, bl. 36). Dr. W. J. Leyds, die Staatsekretaris van die Suid-Afrikaanse Republiek, was toevallig op hierdie tydstip net juis in Europa en wel in Berlyn. Van Engelse kant veral is dan ook die eintlike oorsprong van die Krüger-telegram aan hom toegeskrywe. Hoewel Dr. Leyds nie vir politieke doeleindes in Berlyn was nie, maar om gesondheidsredes vir die raadpleging van 'n keelarts, het die Duitse owerheidspersone tog met hom in verbinding getree om die vraagstuk van Duitse tussenkoms in Suid-Afrika te bespreek. Dr. Leyds het ri politiek van inmenging beslis afgeraai, omdat dit die Boere nie sou help nie, maar slegs Engeland sou prikkel en die moeilikhede vir die Boere nog groter en ingewikkelder maak. Met die stuur van die Krüger-telegram het Dr. Leyds niks te doen gehad nie. Die opstelling en versending daarvan is Houding van die Keiser. 491 geheel buite sy medewete geskied. Dit is eers na versending aan hom meegedeel. Welhg egter het Dr. Leyds onbewus meegewerk tot die bewoording van die telegram. By die eerste berig van Jameson se inval het von Marschall aan Dr. Leyds gevra of die binnelandse inrigting van die Republiek van dié aard was, dat hulle in staat sou wees om Jameson te weerstaan. Dr. Leyds het daarop ri volmondig toestemmende antwoord gegee. „Derhalwe", sê von Marschall toe, „julie het dan geen hulp nodig nie". Dr. Leyds antwoord: „Nee en ek versoek U daar nie aan te dink nie". Dit was geheel in ooreenstemming met die houding van President Krüger teenoor die Duitse konsul in Pretoria. Met die oog hierop is waarskynlik die woorde „sonder om die hulp van bevriende moondhede in te roep" in die telegram ingevoeg. Op 6 Januarie 1896 is Dr. Leyds op besoek by die Keiser toegelaat en het, blykens ri berig van Sy Majesteit aan die Rykskanselier Prins von Hohenlohe, in warme woorde sy dank betuig vir alle medegevoel wat aan die Republiek deur die Duitse volk in alle lae bewys is, veral vir die telegram van gelukwens. Die gesprek het ook gegaan oor nywerheid in Transvaal en die verdedigingsinrigting van die Republiek, waarby die Keiser sy bewondering uitgedruk het vir die rasse troepeversameling tot afweer van die vyand. Die Keiser meld Dr. Leyds ook, dat die bedoeling om Duitse matrose te land daarvan uitgegaan het om by uitbrekende stryd in die stede Duitse eiendom te beskerm. Ook is vir die geval, dat die Repubhek deur die vrybuiters oorweldig mag word, maatreëls in Berlyn beveel om militêre hulp eers uit Afrika te stuur om die Republiek weer te bevry. As die Repubhek daar nie in geslaag was om Jameson te weerstaan nie, „hatte ich ihn herausgeschmissen", was die woorde van die Keiser. Op die vraag van die Keiser of Dr. Leyds nuwe berigte 492 Duitse Protektoraat nie verlang nie. ontvang het. antwoord die Staatsekretaris: „Ja. baie gewigtige cn geheime, ri berig uit Lissabon, dat die Portugese aan die Engelse die besetting van Lourenco Marqués uit krag van skynbare oorrompeling so goed as belowe het". Hierop antwoord die Keiser, dat hy soiets nooit sou duld nie. Wanneer Lourenco Marqués van besitter verwissel, dan mag dit slegs in Duitse of in Boere-hande kom. Die konsul sowel as die kommandant van die skepe wat voor Lourenco Marqués lê. moes daaroor geheimlik ingelig word en met bevele voorsien. dat by die eerste teken van 'n bedoeling van die Engelse op Lourenco Marqués dit dadelik moes beset word. - (Grosse Politik, bl. 36 en 37). Met hierdie uitlatings het die Keiser redelike verpligtings van vérstrekkende aard vir die toekoms onderneem, waaraan egter nie voldoen is nie. Von Hohenlohe was nie so opgetoë oor Transvaal as die Keiser nie en antwoord, dat Dr. Leyds 'n wantrouige man was. wat ri Duitse protektoraat oor Transvaal nie minder verafsku as ri Engelse nie Dit was derhalwe aan te neem, sê Hohenlohe. dat Dr. Leyds uit die teenswoordige politieke toestand homself moeite gee om oor die Verdrag van 1884 heen voordele vir Transvaal te bewerk sonder om in aanmerking te neem of daaruit n oorlog tussen Duitsland en Groot-Brittanje ontstaan. In 'n dergelike oorlog sou Duitsland afgesonder nie kan optree me. Derhalwe moes dit Duitsland se vernaamste diplomatieke taak wees om meer en meer gelyke belange om hom te samel en in ieder geval geen afsonderlike stappe te doen nie of tenminste nie sulke wat aan Engeland vriende kan toevoer nie. Die Keiser het met volle duidelikheid te kenne gegee. dat hy die onafhanklikheid van Transvaal nie sou laat aantas nie gaan von Hohenlohe voort. Dit sou nou die taak van Transvaal self wees om by die moondhede stappe te doen teneinde vir homself vir die toekoms sekerheid daarteen te Duitsland vrees vir afsondering. 493 verskaf, dat soortgelyke aantastings herhaal word. As Transvaal sodanige voorstelle doen, dan sou die Repubhek deur die Duitse regering ondersteun word. Dit was af te wag. Iedere optree van Duitse kant was op die oomblik uitgesluit, as hulle nie die gevaar wou loop deur Frankryk en Rusland meer en meer teen Engeland geskuif en af gesonder te word I nie. Tekenend was reeds die houding van Frankryk. Sy regering het hulleself van die aanvang af stil gehou en dit ( grootmoediglik aan die Duitse Ryk oorgelaat om die regte } van Transvaal teen die inbreuke van Engeland te verteenwoordig. Die Franse pers het in die eerste oomblikke ontvlam in geesdrif vir die Suid-Afrikaanse Repubhek en in bewonde- f ring vir die Keiser se telegram. Maar reeds na vier-en-twintig $ uur was die eerste opwelling van die hart gedemp en spreek* die Franse blaaie weer van Elsas-Lotaringe. — (Grosse Politik, bl. 38). Daar Salisbury homself bereid toon om die status qua sonder uiteensetting van die soesereiniteitsvraagstuk te laat bestaan, om die offers van die stryd geldelik skadeloos te stel en die bevoegdhede van die Geoktrooiëerde Maatskappy met betrekking tot selfstandige politiek en krygsvoering te beperk, raai von Marschall op 11 Januarie Dr. Leyds aan om homself daarmee tevrede te stel, wat dan ook geskied. Dr. Leyds het hierby nie gehandel op die raad van von Marschall nie, maar het hom voorkom en reeds al in dié sin na Pretoria gekabel. Delagoabaai en Lourenco Marqués was vir die Franse besit van Madagascar van buitengewone betekenis. Engeland, in besit van dié baai, kon in twee dae met sy skepe Madagascar aan die Franse ontruk, sonder dat die Franse regering van sodanige besetting iets af weet, daar 'n kabel tussen Madagascar en Frankryk nie bestaan het nie. As Engelse skepe toe Lourenco Marqués geneem het, sou Brittanje homself 494 Britse skepe na Delagoabaai. in hierdie voorlopige besit nie lang verheug het nie — al het Engeland origens teenoor Portugal 'n voorkoopsreg besit —, want hierdie besetting sou as aanleiding daartoe gedien het, dat Frankryk daadwerklik in die Transvaal-vraagstuk ingryp en saam met Duitsland teen Engeland party kies. Die teenoorgestelde uitwerking sou egter intree, wanneer Duitsland homself van die baai meester maak en Lourenco Marqués bemagtig. Om dié redes raai von Hohenlohe die Keiser af van die besetting van die Portugese hawe deur Duitse skepe. — (Grosse Politik, bl. 38 en 39). Op 8 Januarie 1896 het die Tunes die sending van 'n Engelse smaldeel na Delagoabaai aangekondig; dog vereers sou slegs drie kleinere Engelse oorlogskepe van Sansibar af daarheen gaan. Hulle bereik werklik hulle bestemming op 15 Januarie. Volgens 'n berig van die Duitse mariene-verteenwoordiger in Londen, von Gülich, sou alle op die OosIndiese en Suid-Afrikaanse stasies vertoewende Engelse oorlogskepe hulleself bereid hou om in Delagoabaai aanwending te vind. Ook uit Lissabon kom die berig na Berlyn, dat Engeland die oog gehad het op 'n landing in die baai. Hierdie berig het die Keiser ernstig verontrus en die Ministerie van Buitelandse Sake aanleiding gegee daaromtrent op 16 Januarie aan Graaf Hartzfeldt in Londen nadere vrae te doen. Die volgende dag ontken Lord Salisbury teenoor die Duitse gesant die voornemens van ri landing en die stuur van ri vlootafdeling. — (Grosse Politik, bl. 38 en 39). Juis op 8 Januarie is deur die Engelse regering oor die bou van ri vlieënde smaldeel van twee slagskepe eerste klas. twee kruisers eerste en twee kruisers twede klas beskik wat bestem was om selfstandig in werking te tree óf tot versterking van die kanaal óf van die smaldeel in die Middellandse See te dien. Die Engelse maatreël wat sy spits openlik teen Duitsland gekeer het, is van Duitse kant nie teëgegaan Britse Vlootversterking. 495 nie. Ook die vérstrekkende nuwe Engelse vlootprogram, begin Maart 1896 ingebring en in sy grondtrekke reeds in November 1895 vasgestel. wat voorsiening gemaak het vir die aanbou van vyf slagskepe. vier kruisers eerste, drie twede en ses derde klas en ag-en-dertig torpedobootjaers, is deur Duitsland nie nagevolg nie. Enkel tot beskerming van die iDuitse oorsese belange is by die Ryksdag die toestaan van orie nuwe kruisers voorgestel, wat op 18 Maart gevolg het. Die Engelse voorbeeld van ri vlootprogram het van Duitse kent eers in 1897 navolging gevind. — (Grosse Politik, bl. 42). HOOFSTUK XXXII. POGING TOT TUSSENKOMS VAN DIE GROTE MOONDHEDE. Op dieselfde dag dat Jameson die Transvaalse gebied binneval. sein konsul von Herff aan von Marschall, dat die President die optree van die Geoktrooiëerde Maatskappy opvat as *n breuk van die Verdrag van Londen en reken op tussenkoms van Duitsland en Frankryk. Die Duitse regering het hierdie berig opgevat as 'n blote mededeling en nie as die oorbring van 'n versoek om tussenkoms nie. Dit blyk uit n verklaring van von Marschall op 13 Februarie 1896 in die Ryksdag afgelê: „Wanneer beweer word, dat President Krüger ons tussenkoms ingeroep het. is dit ri fout; my is daarvan niks bekend nie". — (Grosse Politik, bl. 17). Dat dit van die aanvang af die mening van von Marschall was. blyk uit ri vertroulike mededeling aan die President op 3 Januarie 1896. Von Marschall sê daarin, dat die verdrag met Engeland van 1884 in sekere rigting die reg van Transvaal beperk wat die aangaan van verdrae betref, maar nie uitsluit nie, dat die Repubhek homself tot die moondhede kon wend om hulle te versoek om in ri konferensie oor die volkeregtelike toestand van Transvaal oorleg te pleeg en die land welhg deur die erkenning van sy onsydigheid teen buitelandse kuiperye en vredesbreuk te verseker. Duitsland sou 'n dergelike voorstel van Transvaal ondersteun. Die keiserlike regering wou nie die eerste stap daartoe doen nie, terwyl die Toesegging van Duitse Ondersteuning. 497 President die betrekkings en belange van sy land beter ken en terwyl Duitsland nie in verdenking wou raak asof hy selfsugtige doeleindes nastreef nie. Die President was wel ten gunste van ri bespreking deur die moondhede, maar het geglo om die amptelike voorstel daartoe eers dan te moet doen, wanneer die eise onvervul bly wat die regering besluit het om aan die Hoë Kommissaris te stel. — (Gfosse Politik, bl. 31). Von Marschall het, soos reeds vermeld is. Transvaal afgeraai van voorstelle te doen wat as ri ingryp in inwendige Engelse aangeleenthede en ri uitlokking van oorlog met Engeland kon aangedui word. Dit was in belang van Transvaal om sodanige oorlog te vermy. Deur aansporing tot bespreking onder die moondhede sou hierdie gevaar verminder en tegelykertyd die toestand van Transvaal in die toekoms beveilig word. Duitsland sou die Transvaalse stappe ten opsigte van internasionale bespreking ondersteun, maar kon des te minder afsonderlik die eerste stappe doen, daar Duitsland dan die verdenking op homself sou haal asof hy protektoraatsplanne beoog. Die afwys van die Duitse aanbod om matrose te land en na johannesburg as beskermingstroepe te laat opruk ag von Marschall ri bewys, dat ook by die Boere ri dergelike wantroue bestaan. Hy verseker, dat die medegevoel vir Transvaal algemeen was en dat volhardende verdediging van sy regte verwag word, egter geen uittarting wat tot oorlog aanleiding kon gee nie. — (Gtosse Politik, bl. 36). Duitsland het geglo om sy rol te gespeel het, wanneer Transvaal deur sy, sover slegs sedelike, ondersteuning in staat gestel is om ri fatsoenlike ooreenkoms — met die behoud van die bestaande toestand as grondslag — met Engeland te sluit. Meer dan dit het Duitsland nooit verlang nie. In die regstreekse onderhandelings wou Duitsland homself glad nie inmeng nie. As dié misluk en Transvaal wend homself tot die 32 498 Opsegging van Verdrag Gevaarlik. moondhede. sou die moondhede hulleself in die loop van die besprekings groepeer. Intussen het Duitsland die eerste stap van die President se kant afgewag en die saak vooraf by die moondhede nie aangespoor nie. Wanneer dié besprekings in gang gekom het. sou Duitsland se houding homself bepaal by handhawing van die bestaande toestand. — (Grosse Politik, bl. 47). Op 9 Januarie 1896 sein von Herff na Berlyn: „President deel mee, dat Leyds gister magtiging verkry het om die byeenroeping van ri Europese samekoms in te lei". Verder vra hy mededeling oor die moontlik gevolg van hierdie stap, asook of dit vir die Repubhek raadsaam was om die vernietiging van die Verdrag van 1884 reeds toe of pas na die byeenroeping van die byeenkoms te verklaar. Hatzfeldt, die Duitse gesant in Londen, reken dit ontwyfelbaar, dat die Engelse regering in geval van eensydige opheffing van die Verdrag van Transvaalse kant deur die druk van die openbare mening in Engeland en in die Kaap genoodsaak sou word om, in ooreenstemming met hulle verklarings tot hiertoe, beslis daarteen stelling te neem en hulle standpunt tenslotte met dwang te laat geld. Vir Transvaal sou dan die geval intree, dat dit met die amptelike mag van Engeland te reken sou hê, terwyl dit tot hiertoe met ri handvol awonturiers te doen gehad het wat deur Engeland verstoot is. Vir die Londense jingo's sou dit in die smaak val, wanneer Engeland deur onversigtige optree van Transvaal geleentheid kry om die verhes aan gesag in die persoon van Jameson gelede, goed te maak en tegelykertyd die doel deur Rhodes en Jameson beoog — onderwerping en inlywing van die Suid-Afrikaanse Repubhek — te kan bereik. — (Grosse Politik, bl. 49 en 50). Ook Dr. Leyds was teë op die vernietiging van die Verdrag van Londen. Hatzfeldt het nie geglo, dat Engeland op ri bespreking Gevaar van ri „Kontinentalliga". 499 sou ingaan, wanneer ander moondhede op aansporing van Transvaal dit werklik wou hou nie. Die vraag sou dan nog wees of alle moondhede so ver sou gaan om aan ri byeenkoms deel te neem, waaraan Engeland toetreding weier, en besluite daarvan deur te voer. — (Grosse Politik, bl. 50). Dit was die kern van die hele vraagstuk van internasionale tussenkoms in Transvaal. Dit het die President en die Uitvoerende Raad gevoel, dog niemand was daarvan sterker deurdronge nie dan Dr. W. J. Leyds wat as voorwaarde gestel het, dat Engeland sou behoort tot dié moondhede wat Transvaal se onafhanklikheid sou moet waarborg. Dr. Leyds wou niks weet van die sogenaamde „Kontinentalhga*' teen Engeland nie. Dit sou Transvaal se verhouding tot Engeland nie verbeter nie en by botsing tussen die vastelandse moondhede en Engeland, sou Transvaal die kind van die rekening word. Wat bowestaande telegram van konsul von Herff betref, dat Dr. Leyds magtiging uit Transvaal gekry het om dié byeenroeping van ri Europese samekoms in te lei, meld Dr. Leyds self: „Dit telegram van mijn regeering was een antwoord op mijn mededeelingen van wat door mij geschied was, nadat het denkbeeld door Marschall von Bieberstein was geopperd, waaraan ik het voorstel toevoegde om mij te machtigen de eigenlijk-gezegde onderhandelingen verder te voeren. De regeering heeft mij daarop de vrijheid gegeven met de onderhandelingen door te gaan op eigen verantwoordelijkheid. Ik behoef wel niet te zeggen, dat hiermede aan de zaak de kop was ingedrukt. Op eigen verantwoordelijkheid kon ik natuurlijk niets doen en heb dan oök verder niets gedaan". — (Persoonlike mededeling). Dat Pretoria op hierdie ongelukkige wyse geantwoord het, was in hoofsaak te wyte aan Hoofregter Kotzé, wie se raad die Uitvoerende Raad ingeroep het en met wie Géneraal 500 Geen Duits-Transvaalse Kuiperye. Toubert saamgestem het. Die Hoofregter en die KommandantGeneliTt 'n verkeerde opvatting gehad van die optree vaTor. Leyds in Berlyn en van laasgenoemde se vermeende Ztsgesindheid. Hulle wis nie, dat Dr. Leyds net so afkeng was van ri Duitse voogdyskap as hulleself me. Op n eetmaal ten huise van ri bevriende Duitse vorstelike persoonlikheid het Dr. Leyds geleentheid gekry om ookmet Graaf Radolin, die Duitse gesant in St. Petersburg n onderhoud oor die saak te hê. Radolin is van die eetmaal af regui na die trein vir terugkeer na sy pos en het na sy aankoms L St Petersburg laat weet, dat Dr. Leyds maar: kon aangaanmed*planne in verband met die Europese byeenkoms oor die Transvaalse toestand. Dr. Leyds moes met sy stappe Ty Frankryk begin, vir wie se ondersteuning Rusl*, Ook von Marschall was van mening, dat alles m orde was en het deur middel van von Herff aan President Kruger gemeld dat hy maar die aanvraag om ri Europese samekoms kon instuur. Hierop het die President geantwoord, dat Dn Leyds reeds magtiging daarvoor gekry het. maar dit was ri maqtioing slegs in sover. dat die Staatsekretaris kon voortgaan op ek veLtwoordehkheid. Dit was niks anders me dan ri sagte manier om toestemming tot uitvoering van die planne " weier. Die feit. dat Lobanow gedraai het, is toe nog nie deur Marschall besef nie en vandaar sy raad aan ^n ri Amerikaanse boek oor die diplomatieke geskiedenis ,ran 1870 tot 19H word beweer, dat dit vasstaan. dat daar Z^SZZ en Transvaal voortdurend politieke kuiperye aTofc gang was sedert Krüger se Europese reis wat g volg het op dl ondertekening van die Londense Verdrag in 1884 1 (iW&oolt, ens.. bl. 482). Dit is onjuis. Die enigste geva . waarvan in hierdie sin miskien sprake kon wees. meld Dr I^dTwas sy poging om die onsydigheid van Transvaal deur Engelse Verset teen Tussenkoms. 501 die grote moondhede, Engeland inkluis, gewaarborg te kry. Maar van hierdie poging het niemand iets af geweet nie. Ook Erich Brandenburg verkeer onder 'n misverstand oor hierdie saak. Hy beweer: „Nadat die Engelse regering die versoek van Krüger om opheffing van die Verdrag van 1884 afgewys het, probeer die President inderdaad 'n sodanige byeenkoms tot stand te bring. Maar hy vind weinig tegemoetkoming". — (bl. 72). Dat die verantwoordelikheid daarvoor op Dr. Leyds se skouers geskuif is, kon hy natuurlik nie weet nie. Engeland sou heel waarskynlik aan besprekings deur die moondhede geen deel geneem het nie, want Chamberlain het in die openbaar verklaar, dat Engeland homself op ieder gevaar af en sonder rekening te hou met die koste teen inmenging van vreemde moondhede in die Suid-Afrikaanse vraagstuk sou verset. Hierby het hy natuurlik reeds van die standpunt uitgegaan, dat Engeland soesereiniteit het oor die Suid-Afrikaanse Republiek en het hy ook party getrek van die openbare mening wat inmenging van buite opgevat het as ri vergryp teen inwendige Britse regte en derhalwe as ri vyandige daad. — (Brandenburg, bl. 74). Maar intussen het Duitsland dit aan kragtige en besliste woorde nie laat ontbreek nie. ri Oplossing wat Duitsland bloot stel, kon von Holstein en die ander Duitse maghebbers nie aanvaar nie. Hulle het daarom dringend gewens, dat die onderhandelinge tussen Engeland en Transvaal tot ooreenstemming lei. Anders kon die saak nog baie verder gaan. Rusland het die andere laat besef, dat hy die enigste geleentheid om Duitsland teen Engeland te kan uitspeel, nie ongebruik sou laat nie. Frankryk moes dan ook mee, ondanks Elsas-Lotaringe, terwyl anders Duitsland die plek van Frankryk by Rusland sou inneem en die Duits-Russiese groep ri blywende bedreiging vir Frankryk sou word, waarteen die Britse vloot geen beskerming sou bied nie. — (Grosse Politik, bl. 41). 502 Keiser aan Saar. Rusland het aanvanklik die indruk gewek, dat hy volkome met Duitsland saamgaan in dié se opkom teen Engelse praktyke in Suid-Afrika. Die Russiese gesant het selfs in Berlyn verklaar, dat die Duitse Keiser deur sy telegram aan President Krüger nie vir ri Duitse belang nie, maar vir ri Europese opgetree het en daarvoor die grootste dank verdien. Ook die Saar het met erkentlikheid gespreek van die houding van Duitsland in die Transvaalse vraagstuk en het die Engelse politiek taamlik openhartig afgekeur wat volgens hom skynbaar daarop gerig was om Suid-Afrika met Egipte te verenig. Sy Majesteit het ook die Engelse optree in Turkye gelaak en weinig medegevoel met die Armeniërs geopenbaar. — (Gtosse Politik, bl. 42 en 43). Hierdie uitlatings was seker liefdevol, maar het Rusland tot niks verplig nie. Ook hy wou eers die kat uit die boom kyk. Die twee Keisers was ook in persoonlike briefwisseling oor die politieke toestand en begin Januarie 1896 skrywe Wilhelm II aan sy Russiese ampgenoot: „Die politieke gesigseinder is juis nou eienaardig. Armenië en Venezuela is ope vraagstukke wat Engeland voor die dag gehaal het en nou is skielik die Transvaalse Repubhek op 'n allergemeenste wyse aangeval en, soos dit skyn, nie sonder medewete van Engeland nie. Ek het in Londen baie kwaai taal gebruik en het met Parys in verbinding getree vir gemeenskaplike verdediging van ons bedreigde belange, daar Franse en Duitse koloniste dadelik uit eie beweging mekaar die hand gereik het om die veronregte Boere te help. Ek hoop, dat U ook die vraagstuk in vriendelike oorweging sal neem, daar dit een is van beginsel tot instandhouding van eens geslote verdrae. Èk hoop, dat alles sal regkom. Maar kom wat wil, ek sal die Engelse nooit toelaat om die Transvaal uit te delg nie!" Die Saar antwoord op 6 Januarie 1896: „Ek stem volkome Rusland draai Engelse Kant toe. 503 saam met alles wat U sê". Dit is al. Sy planne gee hy nie te kenne nie. — (Grosse Politik, bl. 42 en 43). Prins Lobanow het sowel as die Saar die houding van Duitsland tot dan in elke aangeleentheid goedgekeur. Hy het egter gevrees. dat die Boere wat tog in Transvaal in die minderheid was, op die duur teen die Engelse oormag nie opgewasse sou wees nie. Prins Lobanow gee toe, dat uitbreiding van die Engelse magsfeer, soos Rhodes dit droom, van Suid-Afrika tot die Nyl, nie meer so toelaatbaar was nie, maar hy was tog by hierdie tyd milder gestem teenoor Engeland. Dit het gelyk of hy agter die bestaan van ri Engels-Transvaalse verdrag die Engelse' houding wou regverdig. — (Grosse Politik, bl. 44). Die Engelse diplomate was intussen aan die werk en Rusland het begin draai na Chamberlain se standpunt toe, dat Engeland alleenreg het in Transvaal. Dog op 9 Januarie het von Marschall dit nog nie besef nie en aan Hatzfeldt gesein: „Dat Rusland in Londen niks doen om te waarsku nie, is maklik daaruit verklaarbaar, dat dié land groot belang daarby het, dat uit die Transvaalse vraagstuk waarby Duitsland vandag aan dieselfde kant as Rusland sal veg, ri oorlogstoestand ontwikkel word". (Grosse Politik, bl. 48). Engeland het daarin geslaag om Rusland van die Duitse kant af weg te rokkel. Wat Frankryk betref, sou Engeland se taak in hierdie opsig nog makliker wees. Baron de Courcel, die Franse gesant in Londen, het begin met aan Lord Salisbury te vertel, dat in Frankryk die beslissing van die regering afhang van die openbare mening. Ingeval die Transvaalse vraagstuk ri Europese karakter aanneem, was dit nie vooraf te sien watter houding die Franse regering volgens maatstaf van die openbare mening sou inneem nie. Maar hierdie verklaring het Baron de Courcel weliswaar nie belet nie om gelyktydig die poging aan te wend om die Duits- 504 Engeland soek Franse Steun. Engelse wrywing vir toenadering tussen Frankryk en Engeland uit te buit. — (Grosse Politik, bl. 45). . Die ondergrond van de Coursel se gedagte was waarskyn\ lik om aan Engeland te kenne te^gee. dat Frankryk insake \ Transvaal daar geen vaste beginsel of oortuiging op na hou l nie dog bereid was om die hoogste bod vir sy welwillendheid en ondersteuning af te wag. Op 15 Januarie 1896 het die Frans-Engelse ooreenkoms insake die grensreëling aan die Mekong in Siam sy ondertekening gevind. Daarby was die voordeel beslis aan Franse kant By hierdie gebeurtenis was in die Engelse pers veel sprake van ri toenadering tussen Engeland en Frankryk. Maar dit het die Franse pers egter onder verwysing na Franse begeertes teenoor Engeland in Egipte met agterhoudendheid opgevat. Daar was grond vir die gedagte, dat Engeland met toegee in Siam Franse welwillendheid wou koop. Frankryk skyn egter hieraan nog me qenoeg te gehad het nie. Duitsland het by dié tyd die omsingeling en afsondenng begin besef. Hy wou sy hande vry hê van die Transvaake verwikkelings. Holstein meen dus om die opheffing van die Londense Verdrag van Transvaalse kant as iets nuuts te beskou wat vir Duitsland die volle vryheid van handel sou teruggee, afwag of toesien, na die geval mag wees. Dmtsland het ook, afgesien van die wenk aan Graaf Munster,') dat hy in Parys geen toespeling op Transvaal sou maak nie aan geen qesant behalwe aan Hatzfeldt in Londen iets oor Transvaal verskaf nie, teneinde elke verdenking te vermy asof Duitsland voehng en aanleuning van buite soek. Duitsland sou in die uiterste oomblik, wanneer die geheel van die Engelse besit- Ondanks ^fS^ZL^Fra^k' oor die vorming van ri vastelandse groep teen Engeland. Frankryk het slegs één Vyand. 505 tings slegs nog as vergoedingsvoorwerpe in aanmerking kom, aan die Russe en Franse ri voldoende arbeidsloon kan bied. Maar die besef het begin deurdring, dat die instorting van Engeland se magstoestand vir Duitsland ri twyfelagtige gevolg sou hê. Die Duitsers moes hulleself daaroor verheug, as die saak afloop met ri klein diplomatieke resultaat vir Duitsland en ri klein politieke les vir Engeland. — (Grosse Politik, bl. 48 en 49). Wanneer die Duitse regering tenslotte die Boere tot matiging aanmaan, dan het daartoe seker bygedra die ontgoëling oor die gevolg van die stappe in Parys gedaan tot herstel van ri vastelandse groep teen Engeland. Parys deel die Duitse voorstel onmiddellik aan Engeland mee. Die Franse gesant in Londen sou by daardie geleentheid gesê het: „Frankryk het slegs één vyand en dit is Duitsland. Daarna kan Engeland sy politiek inrig". Inderdaad soek Engeland nou toenadering tot Frankryk en skyn Brittanje selfs tot toegewing in Egipte bereid. — (Brandenburg, bl. 73). Dit was vir Marschall ri waarskuwing om homself op Frankryk nie te verlaat nie. Engeland kon derhalwe doen wat hy wou. „Ons kan die wêreldtoestand betreur, maar dit voorlopig nie verander nie! Vir Duitsland bly nou slegs ri versigtige beskermingspolitiek oor", word uit Berlyn aan Radolin in St. Petersburg meegedeel. — (Brandenburg, bl. 74). Duitsland het rede gehad om sy diplomatieke stappe sorgvuldig te oorweeg. In Engeland het groot verbittering teen die Duitsers aan die dag getree. Aan Graaf Hatzfeldt is tal van smaad- en dreigbriewe gerig. Dit was weliswaar te wyte aan die onkunde van die Britse volk en die roem in die trotse gevoel, dat Engeland sterk genoeg was om al sy vyande te weerstaan. Dog die regering kon of wou homself nie teen die openbare mening verset nie en Salisbury het dit moeilik gevind 506 Die Doolhof van hoë Politiek. om die pubhek leiding te gee. Hy het ook geen poging aangewend om die openbare mening op te klaar nie. Die Engelse het volhard by die standpunt, dat Britse soesereiniteit oor Transvaal onbetwisbaar was en dat Duitsland uit pure boosheid homself teenoor Engeland in die saak gemeng het. . Engeland laat die geruis van vlootbou en oorlogstoerusting hoor en soek toenadering tot Frankryk. Dit mis sy invloed op die Duitse politiek nie. Duitsland ag dit nou in sy belang nog om die Britse mag te laat ineenstort nóg om Engeland in die arms van Frankryk te drywe. Dit moes Duitsland se taak wees, na met betrekking tot Transvaal die tande te gewys het, om kalmering te bevorder vir sover hy dit kon, sonder opgee van die beginsel van sy standpunt. In die groot politieke vraagstukke moes dieselfde houding ingeneem word as vóór die telegramvoorval: homself in geen rigting vir die toekoms die hande bind nie, solank geen onvoorsiene gebeurtenisse of verbonde intree nie wat noodsaak tot stelling te neem en Duitsland gelykertyd in staat stel om sy veiligheid en sy voordeel daarby te waarborg. — (Grosse Politik, bl, 55 en 56). Dog die voer van hoë politiek is nie so maklik nie. In verband met die ingewikkelde en belangrike vraagstuk van die saamgaan van Engeland met Frankryk en van Duitsland met Rusland beken Holstein op 20 Februarie 1896, dat hy in ri doolhof verkeer. Sy wantroue was weiniger gerig teen die Franse gesant in Londen dan teen die Engelse regering en volk. Waarna streef die Engelse pohtiek tog? Op die politieke skaakbord staan aanleidings en werkings in te grote wanverhouding om nie Duitse agterdog te wek nie. Geheel Engeland het homself beledig verklaar deur die telegram van die Keiser aan President Krüger. Wat egter was hierdie telegram met sy versigtige bewoordings in vergelyking met die Venezuela- Amerika en Brittanje. 507 boodskap 4) van President Cleveland? Tog word die Verenigde State met die grootste liefdevolheid deur die Engelse pers, met die grootste tegemoetkomendheid deur die Engelse regering behandel, terwyl uit die keiserlike telegram die aanleiding tot vlootuitbreiding getrek word, soos tot dusver in die geskiedenis van alle lande sonder voorbeeld was. ri Mens vra tevergeefs jouself af, waar Engeland homself deur Duitsland kon bedreig voel. Die bewering in die Engelse en die Franse pers uitgestrooi, dat Duitsland sy oog op Lourenco Marqués gerig het, kon welhg die doel vervul om die groot menigte van onoordeelkundige koerantelesers vir ri dag of wat op te hits; aan die leiers van die Engelse politiek wou Holstein geen onreg doen nie om te glo, dat hulle ernstig met dié moontlikheid rekening hou, dat Duitsland homself tussen die Engelse gebiede en die Franse Madagascar sou geplaas het om homself daardeur tot die voorwerp van albei se naywer te maak en die twee mededingers noop tot gesamentlike optree teen Duitsland. (Grosse Politiek, bl. 58). «? 5^ tussen Groot-Brittanje en Venezuela oor die westelike grens van Brits Guiana was meer dan 'n halwe eeu lang 'n bron van voortdurende wrywing tussen die twee regerings. In 1895 het die Verenigde Mate sy bemiddeling aangebied. Die antwoord van Engeland was so weinig na die sin van Amerika, dat Staatsekretaris Olney op 20 Julie 1895 fcngeland beskuldig het van gebied van Venezuela op onregmatige wyse n besit te geneem het, wat hy beskou as 'n uitdaging aan die Monroeleer. Hy beskuldifl Brittanje verder van sy aansprake te gegrond het op sy mag en die onvermoë van 'n swakke staat as Venezuela om sy regte krag by te set. Lord Salisbury het in antwoord hierop die reosgeldigheid van die Monroe-leer betwis en hy was nie bereid om die aanvaarding van dié leer in watter vorm ook deur die Britse regerinq te erken nie. " M In sy volgende boodskap aan die Kongres (17 Desember 1895) het President Cleveland Brittanje openlik beskuldig van besit te geneem het *f° , 9 \an ,een van ons naburi9e Republieke", andermaal die Monroe-leer aangehaa en vir die Verenigde State die reg opgeëis om die betwiste grenslyn te bepaal. Na die wisseling van nog n paar skerpe berigte, het Britten e einde ik ^.i.n, ;„ j-in.. -i„VJ__. uitsnraak _ IW»'a rJZ.1 u TX?'7—»*™* «onaregtermce 508 Engeland soek Skoor met Duitsland. Wat het Engeland van Duitsland te vrees gehad? Die gedagte lê nie ver nie, dat hierby, soos elders ook, die kapittel van doelbewuste ophitsings ri rol jpeeL Duitsland kry die aanduiding? dat die ekonóniiese mededinging vir Engeland langsamerhand so ondraaglik word. dat die Engelse politiek tot watter offer ook bereid was om onder gunstige voorwaardes met Duitsland vergoed te kan afreken, al mag weer ander sinspehrigs op Duitsland se planne gemaak word. Die vermelding van die Duitse gesant in Kopenhagen, dat daar van Londen uit aangevra is of Denemarke in geval van oorlog saam met Engeland sou stry. moes aan besorgdheid of arglis toegeskrywe word. Dit het in elk geval die bewys gelewer, dat Engeland hierdie keer teen sy gewoonte in meer dan blote halwe maatreëls in berekening geneem het. 'n Eenvoudige Engels-Franse entente cordiale, sonder waarborg vir vastheid en duur. deur Egiptiese tegemoetkomings te koop. sou vir Engeland die skgste ooreenkoms wees wat hy nog ooit gemaak het. is die selftroostende slotsom van Holstein se ontboeseming. — (Grosse Politik, bl. 58 en 59). Duitsland het begin glo. dat die ganse Transvaalse vraagstuk niks as 'n voorwendsel was nie om weens andere, hootsaaklik ekonomiese. wraaksug met Duitsland af te reken. Ingeval Engeland op die Egiptiese gebied vir die doel van toenadering tot Frankryk geen offers sku nie. sou dit m Berlyn vir ri duidelik bewys daarvan aangesien word. dat Engeland vir homself die vrye hand teenoor Duitsland om elke prys wou verkry. Duitsland sou dan ook nie talm om uit hierdie gegewens die gevolgtreklcings te maak nie. — (Grosse Politik, "'Dte Engelse pohtiek - geprobeerde Balkan-brand weens Armenië, afwysing insake Samoa, bespotting van die Italiaanse voorstel insake Zeila - maak, solank dit duur, Engeland tot ri nuttelose politieke bestanddeel. Of die Transvaalse ervaring Botsing vermy. 509 genoeg sou wees om Engeland tot die erkenning te bring van die noodwendigheid van ri vastelandse aanleuning, ag die Duitse regering baie twyfelagtig. Nuwe leerstellings en nuwe manne sou egter vir hierdie erkenning langsamerhand die weg baan. — (Grosse Politik, bl. 41 en 42). Die Engelse regering was so verstandig om van ri botsing met Duitsland op hierdie oomblik af te sien en die Duitse optree insake Transvaal op te vat as ri onbelangrike voorval. Om dié rede het die Krüger-verwikkelings vir Duitsland sonder ernstige regstreekse gevolge verbygegaan. Deur grote diplomatieke handigheid het Engeland later daarin geslaag om Duitsland as belanghebbende party in Delagoabaai geheel uit te skakel en daartoe te dwing om die gewelddadige oorrompeling van die Boere-Republieke werkloos aan te sien. HOOFSTUK XXXIII. DIE SLUITING VAN VERDRAE. Chamberlain was beslote om Transvaal vir geen oomblik met rus te laat nie en van elke skyn van 'n kans gebruik te maak om kragtige verset aan te teken teen vermeende skendings van die Verdrag van Londen. Shylock wou sy volk pond vlees hê nie alleen nie, maar ook dié gehele liggaam van sy teenparty dwing tot dienste, waarop hy geen reg het nie. Teen die middel van 1895 kom daar beslis ri ongunstiger wending in die verhouding tussen Engeland en Transvaal, want die heer Joseph Chamberlain neem as Minister van Koknies die onderhandelings met die Repubhek uit die hande van die Markies van Ripon. Voortaan sou Transvaal nie meer as onafhanklike staat behandel word nie, maar as leengebied, feitlik as koknie van Engeknd. Nie alleen vir sy buitelandse betaekkings nie, maar ook vir sy inwendige beleid sou die Republiek beskou word as onder die voogdyskap van Enge| knd te staan. Al die moeilikhede wat nou volg, vloei voort I uit die reg wat die Britse Minister van Kolonies homself aani matig om homself in te meng en te bemoei met die binnelandse \ aangeleenthede van die Suid-Afrikaanse Repubhek. Vir sy eie bestuursgerief het Engeland reeds in 1884 die versoek aan Transvaal gedoen om hom te rig tot die Minister van Kolonies in plaas van die Minister van Buitekndse Sake vir sy diplomatieke verkeer met Brittanje. Transvaal kon nie j anders dan toestem nie, want oor die inrigtings of werktuie Briefwisseling met Minister van Kolonies. 511 wat Engeland wou gebruik vir 'n deel van sy buitelandse verkeer, het die Repubhek niks te sê gehad nie. Die Hoë , Kommissaris1) was nou eenmaal Britse raadgewer oor SuidAfrikaanse sake en hy het onder die Minister van Kolonies gestaan. Engeland wou vermy, dat die Hoë Kommissaris genoodsaak sou wees om van twee ministers bevele te ontvang en aan twee verantwoording skuldig te wees. Engeland het hiermee ook vir homself eenheid van beleid insake Suid-Afrika verseker, wat die Repubhek later so duur te staan gekom het. Dit was in die belang van Transvaal self om die Hoë Kommissaris nie verby te gaan nie. As die Republikeinse regering, op hulle reg gestaan het om hulle briefwisseling regstreeks met die Minister van Buitelandse Sake te voer, sou hy tog sy lig gaan opsteek het by sy ampgenoot van Kolonies. Laasgenoemde sou die stukke na Suid-Afrika teruggestuur het om die raad van die Hoë Kommissaris in te win. Dit het tydverlies veroorsaak. Dit kon natuurlik ook gebeur, dat. briewe vir die Minister van Buitelandse Sake bestem deur Transvaal aan die Hoë Kommissaris gestuur word met die versoek om dit aan sy bestemming te besorg na toevoeging van die nodige opmerkings. So het dit in die begin 'n enkele keer geskied. In Februarie 1895 is van Engelse kant 'n klag ingedien, dat Transvaal reeds in November 1893 'n uitleweringsverdrag met Portugal aangegaan het, maar dat dit nog nie aan Engeland se goedkeuring onderwerp is nie. — (C. 8423, bl. 1). Dr. Leyds kon hierop antwoord, dat die verdrag wel onderteken, maar nog nie deur die Cortes aangeneem is nie. Dit was die bedoeling van die regering om soos gewoonlik die verdrag aan Engeland voor te lê nè bekragtiging. — (Groenboek No. 2, 1898, bl. 1; C. 8423, bl. 7). *) Dit was tot 1910 die üetel van die hoofverteenwoordiger van Brittanje in Suid-Afrika. In daardie jaar het die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom en het dié se verteenwoordiger in Londen die tietel van Hoë Kommissaris gekry. Die Britse verteenwoordiger in Suid-Afrika is van dié tyd at gewoonlik Goewerneur-Generaal genoem. 512 Verdrag met Portugal. Van hierdie saak verneem 'n mens niks meer nie. totdat Chamberlain aan die bewind gekom het. Dit is te begryp. dat hy met sy moedwillige verengde opvatting van Transvaal se volkeregtelike toestand ri baie beperkte uitleg gee aan die Verdrag van Londen. Die woorde van Art. 4: „terstond na voltooiing ervan" sou volgens hom beteken, dat ri verdrag met ri vreemde moondheid aan Engeland se goedkeuring moes onderwerp word, sodra insake die voorwaardes ooreenstemnnrig bereik is. Dus was die tyd volgens sy mening reeds lang verby dat die uitleweringsverdrag tussen die Repubhek en Portugal aan Engeland moes voorgele word. Die verdrag was reeds onderteken op 3 November 1893. dus byna twee ,aar tevore - (Gbk. No. 2. 1898, bl. 5; C. 8423, bl. 46). Hy voeg aan hierdie mededeling ook nog ri waarskuwing toe met die opmerking, dat Brittanje die grootste gewig heg aan die strikte inagneming van Art. 4 van die Verdrag van Londen. Dit was natuurlik sy voornemens om hierdie inagneming athanklik te laat wees van die eensydige en enge uideg wat dit Engeland gelief om aan die verdragsverphgurigs te gee. soos later sal blyk. , Die Transvaalse regering kon hulleself met Chamberlain se uitleg van Art. 4 nie verenig nie en wys daarop, dat Engeland by die behandeling van vroeër geslote verdrae ewemin die opvatting gehuldig het wat Chamberlain nou aan die Transvaal wens op te dring. Die Repubhek handhaaf sy standpunt, dat hy die verdrag eers na goedkeuring deur die Cortes aan Engeland hoef voor te lê. Hy sou aan sy verpligting voldoen, sodra dit moontlik was. - (Gbk. No. 2, 1898, bl. 7; C. 8423, bl. 59). Hierop swenk Chamberlain in ri ander rigting en gee voor, dat die Portugese regering daarvan wens verseker te wees dat die verdrag Engeland se goedkeuring wegdra alvorens dit by die Cortes vir bekragtiging in te dien. Engeland kon aan Transvaal se Verpligtings. 513 Portugal hierdie versekering nie gee, voordat die Republiek die verdrag aan Engeland voorgelê het nie. Chamberlain eis die voorlegging sonder verdere uitstel. — (Gbk. No. 2, 1898; C. 8423, bl. 71). As dit gegaan het om 'n verdrag van groot politieke belang, kon 'n mens Portugal se besorgdheid ten aansien van Engeland se houding nog enigsins begryp. Maar die juiste weg vir die Portugese regering in daardie geval sou gewees het om Transvaal regstreeks te laat weet, dat hulle bang was vir verwikkelings met Engeland, wanneer die Cortes die verdrag aanneem, voordat bekend was of Engeland daarmee genoeë sou neem. Maar selfs na goedkeuring deur die wetgewende liggaam verkry 'n verdrag nog geen krag nie. Dit geskied pas na uitwisseling van die bekragtigingsaktes. As Chamberlain gelyk gehad het omtrent die houding van die Portugese regering, bewys dit slegs hoe afhanklik Portugal van Engeland was, In ri brief van 15 Februarie 1884 het Lord Derby duidelik gemaak, dat dit die Transvaalse regering sou vrystaan om sy diplomatieke verkeer en sy buitelandse politiek in te rig alleen onderhewig aan die bepaling van Art. 4 van die Londense Verdrag, wat hy aldus opvat, dat geen verdrag met ri vreemde moondheid „van krag" sou wees sonder goedkeuring van Engeland nie Die Transvaalse regering meen derhalwe aan sy verpligtings in hierdie opsig te voldoen het, solank hulle daarvoor sorg dra, dat ri verdrag tussen Transvaal en ri ander moondheid dadelik na voltooiing en voordat dit „van krag" word, aan die goedkeuring van Engeland voorgelê is. Die gesant van Transvaal in Europa, Jhr. Beelaerts van Blokland, het meegedeel, dat die Portugese onderneem het om die verdrag sonder verwyl aan die oordeel van die Cortes te onderwerp. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 16). Te oordeel na die reeds vermelde mededeling van Chamberlain skyn dit, dat daar 33 514 Uideweringsverdrag met Nederland. öf misverstand gerys het óf verandering van planne by die Portugese regering plaasgevind het. Dit was jammer, dat Portugal in hierdie opsig in Engeland se hand gespeel het. want tussen die Portugese en die Boere het steeds die beste van verhoudings bestaan. Dit kon dan ook alleen gewyt word aan ri diplomatieke handigheid van Engeland en nie aan n wens van die Portugese om die Boere ri slegte diens te bewys nie. Op 9 November 1895 is ook ri uiüeweringsverdrag tussen die Suid-Afrikaanse Repubhek en Nederland onderteken en op 19 Junie 1896 het die uitwisseling van die bekragtigingsaktes tussen die twee regerings plaasgevind. Die verdrag is op 31 Juli daaraanvolgende deur die Hoë Kommissaris op die pos gedaan om vir goedkeuring aan die Engelse regering voorgelê te word. Toevallig ook juis op dié dag verskyn dit in die Nederlandse Staatskoerant. — (Gbk. No. 2. 1898, bl. 3; 8423, bl. 41. 42 en 47). Die heer Chamberlain verneem hierdie feite met verbasing, daar in die tussentyd geen mededeling en geen versoek om goedkeuring hom bereik het nie. Hy ag dit natuurlik n skending van die Verdrag van Londen, want die verdrae moes vóór hulle voleindiging aan Brittanje meegedeel word, sê Chamberlain, en dH kon nie beweer word te geskied het me, wanneer die verdrag voorgelê word na die heel laaste diplomatieke stap, die uitwisseling van die bekragügingsaktes. Chamberlain vra uitleg van die versuim en van die afwyking deur Transvaal van *n gebruik wat in die verlede gevolg is. — (Gbk. No. 2, 1898. bl. 3; C. 8423, bl. 42). Die Transvaalse regering kon, soos in die geval van die Portugese verdrag, geen instemming betuig met die uitleg wat Chamberlain aan Art. 4 van die Londense Konvensie gee nie, maar wens tog wat die uitwisseling van die bekragtigingsaktes betref, alle oorweging te skenk aan die opmerking van Britse Chamberlain gee Gedragslyn aan. 515 kant, dat in die behandeling van hierdie geval, hoewel dan ook sonder enige byoogmerk, afgewyk is van die gebruik wat oor die algemeen deur die regering in vorige gevalle gevolg is. In hierdie geval egter kon mededeling vöör uitwisseling van die bekragtigingsaktes tog geen invloed hê op die beskerming van die Britse belange nie, waarvan sprake is in Art. 4 van die Konvensie. Die regering gee die versekering, dat geen inbreuk op die nakoming van sy verpligtings bedoel is nie. Dit word bewys deur die feit, dat in afwagting van Engeland se goedkeuring nog geen bekendmaking van die verdrag geskied is deur die regering van die Repubhek nie. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 8; C. 8423, bl. 55). Chamberlain heg sy goedkeuring aan die verdrag, maar om skending van die Londense Konvensie vergoed te voorkom, wou hy duidelik die gedragslyn aangee wat van Transvaalse kant in ooreenstemming sou wees met strikte nakoming van Art. 4. Dit was, dat ri afskrif van ri verdrag of ooreenkoms tussen die Republiek en ri vreemde moondheid vir goedkeuring aan Engeland sou voorgelê word terstond na die ondertekening deur die onderhandelaars. Die bewoording van Art. 4 laat egter toe, erken hy, dat die regering van die Repubhek dadeUk na mededeling aan Engeland die verdrag voor die Volksraad kon lê en dat eweneens die regering van die ander moondheid die verdrag vir aanneming by sy wetgewende vergadering kon indien, al het Engeland nog nie sy goedkeuring daaraan geheg nie. Maar Chamberlain ag dit tog wenslik om, ter vermyding van geskil met die Volksraad, die verdrag nie voor dié liggaam te lê, voordat Engeland sy instemming daarmee betuig het nie. Wat betref die voorlegging van ri verdrag met Transvaal deur ri vreemde moondheid aan sy wetgewing, was dit ri saak vir dié regering om te beslis of hulle verkies om te wag met die voorlegging totdat hulle verneem het of Engeland se goedkeuring verkry is. 516 Enge Opvatting van Chamberlain. Daardeur sou hulle ri breuk van internasionale hoflikheid vermy wat die gevolg sou gewees het, wanneer Engeland se goedkeuring geweier is, nadat die verdrag reeds deur die vreemde wetgewing aangeneem is. Chamberlain verwag, dat die Repubhek hierdie verklaring omtrent sy verphgtings onder Art. 4 van die Londense Konvensie sou aanneem, teneinde alle twyfel opsy te set aangaande die gedragslyn wat in die toekoms gevolg sou word. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 12; C. 8423, bl. 71). Na die bekendmaking van die verdrag in die Transvaalse Staatskoerant het hy nog weer aanleiding gevind vir ri klag I en wel daaroor, dat by die bekendmaking geen besondere vermelding plaasgevind het van die feit, dat Engeland se goedkeuring aan die verdrag geheg is nie. — (Gbk. No. 2. 1898, bl. 20; C. 8423, bl. 115). Dit gee ongetwyfeld die indruk dat 1 Chamberlain met groot ywer en toegewydheid na redes vir klagtes en geleentheid om die klagtes te herhaal, gesoek het. Hy beweer hier andermaal, dat in verband met die verdrag tussen Nederland en die Repubhek ri duidelike breuk van die Konvensie en ri afwyking van die gebruik plaasgevind het. Dit spreek vanself, dat die Repubhek Chamberlain se uitleg van Art 4 van die Konvensie nie kon aanvaar nie. Geen verdrag kon in die strikte sin van die woord geag word voltooi te wees, voordat die uitwisseling van die bekragtigingsaktes plaasgevind het nie. Dit is onmoontlik om aan te neem, dat ri verdrag „voltooi" sou wees onmiddellik na die ondertekening deur die onderhandelende verteenwoordigers. In Art. 4 van die Konvensie kom die woorde voor „terstond na voltooiing ervan", en nie „na ondertekening" nie. Om Chamberlain se eis te aanvaar, sou ri onbillike beperking van die woord „voltooiing" insluit Baie omstandighede kon hulleself voordoen om te belet, dat die stukke deur die verteenwoordigers onderteken ooit ri verdrag word wat die partye bind. Selfs Transvaal se Uitleg van Art. 4. 517 nadat die wetgewing of ander bevoegde gesag, in albei lande, die onderhandelings van die twee regerings goedgekeur het, is die moontlikheid nie uitgesluit nie, dat die uitwisseling van bekragtigingsaktes nagelaat word en dat dus de verdrag nooit „voltooi" word nie. Dit sou alles behalwe redelik wees om as vereiste aan te neem, dat stukke wat miskien nooit bindende verdrae word nie, aan die goedkeuring van Engeland onderworpe moes wees. Sodanige vereiste was ook nie ooreen te bring met die woorde van Lord Derby nie, in sy brief van 15 Februarie 1884 gebesig, dat die Transvaalse regering „sal vrygelaat word om die land te bestuur sonder inmenging en sy diplomatieke verkeer te voer en sy buitelandse politiek te reël, onderhewig slegs aan die vereiste vervat in Art. 4 van die nuwe ontwerp, dat 'n verdrag met 'n vreemde moondheid geen krag sal hê nie sonder goedkeuring van die Koningin". — (C. 3947, bl. 43 en 44). Om verskillende redes mag dit vir Transvaal of vir die staat, waarmee hy 'n verdrag wou sluit, nie wenslik wees om tot na uitwisseling van die bekragtigingsaktes te wag met die aanvraag van Brittanje se goedkeuring nie. Dit was ook nie die reël in die algemeen deur Transvaal gevolg nie. Dog dit neem niks daarvan weg nie dat, wanneer maar dadelik na die uitwisseling goedkeuring aangevra is en genoegsame voorsiening gemaak is, dat die verdrag nie beslissend van krag sou word nie dan tot na verloop van ses maande, die tydperk in Art. 4 daarvan beding, gehandel is in strikte ooreenstemming met die voorskrif in Art. 4 van die Konvensie gestel. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 33—35; C. 8423. bl. 10—11). Aan hierdie redenering kon Chamberlain nie bra vat kry nie en hoewel hy verklaar, dat die Britse regering belang geheg het aan die handhawing van wat hulle as die juiste uitleg van Art. 4 van die Konvensie ag, was hulle bereid om hulle strenge regte tersyde te stel en tevrede te wees, wanneer verdrae vir hulle goedkeuring voorgelê word onmid- 518 ri Nuwe Britse Eis. dellik na instemming van die wetgewings van die betrokke lande daarmee verkry is; maar dan alleen wanneer die verdrae aanneming deur die wetgewings behoef en ri verklaring bevat, dat die verdrae nie van krag sou word nie. tensy hulle uitdruklik deur Engeland goedgekeur is of Engeland binne ses maande na voorlegging geen beswaar daarteen geopper het nie. _ (C. 8423. bl. 19 en 20). In antwoord hierop verklaar Dr. Leyds, dat hy bereid was om by die aangaan van verdrae, onderworpe aan Art. 4 van die Londense Konvensie. die ander party te wys op die bepalings in daardie artiekel neergelê. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 57). Hiermee was Chamberlain natuurlik weer nie tevrede nie, hoewel hy self erken, dat die praktiese gevolg dieselfde sou wees by die uitvoering van sy voorstel of die van die SuidAfrikaanse Repubhek. „Haar Majesteits regering kan onmoonthk", sê hy, „die onwilligheid van die regering van die Suid-Afrikaanse Repubhek verstaan om die voorstel van Haar Majesteits regering aan te neem, dat ri vergelyk sou tot stand gebring word deur die vereistes van die Konvensie — wat die regering van die Suid-Afrikaanse Repubhek nie betwis nie — by verdrae met vreemde moondhede in te lyf. So graag wou Chamberlain juis altyd sy sin hê en gehoorsaamheid en onderdanigheid by die Repubhek op sy voorstelle en wenke sien, dat hy aan sy verset die bedreiging toevoeg: „By gebrek aan ri ooreenkoms op hierdie punt sal Haar Majesteits regering gedwonge wees om die optree van die SuidAfrikaanse Repubhek te beskou as in stryd met die belange van Groot-Brittanje, en om Haar Majesteit die raad te gee om gebruik te maak van Haar reg van goedkeuring te weier aan enige verdrag of ooreenkoms wat nie vóór sy voltooiing aan Haar voorgelê is nie". - (C. 9507, bl. 29). Daar is reeds meermale op gewys, dat Art. 4 duidelik sê: „terstond na de voltooiing ervan". Chamberlain gaan dus hier so ver om Art. Chamberlain kry sy sin. 519 4 van die Konvensie op eie houtjie te wysig in sy voordeel. Dit is kenmerkend vir die houding wat hy homself teenoor die Suid-Afrikaanse Repubhek aangematig het. Al wat Staatsekretaris Reitz, wat intussen as sulks opgetree het, hierop te antwoord gehad het, was dat hy met verwondering kennis geneem het van hierdie stelling van die heer Chamberlain en dat hy dit nie van belang ag of by die aangaan van verdrae gewys word op die bepalings van die Konvensie deur afsonderlike briefwisseling nie dan wel deur ri byvoegsel aan of aanhangsel by die verdrag self, solank daar maar op gelet word, dat aan die gees en die letter van Art. 4 van die Londense Verdrag voldoen word. Derhalwe „heeft de Regeering dezer Republiek geen bezwaar tegen zulk een bijvoegsel of nota". — (Gbk. No. 5, 1899, bl. 9; C. 9507, bl. 32). Chamberlain kry sy sin en sien, dat hy met bedreigings sy I wil in Transvaal kon deurset. Van hierdie ondervinding het I hy hoe langer hoe meer gebruik gemaak. Was dit nie vir hierdie toegee van Staatsekretaris Reitz nie, sou die stryd oor die Nederlandse uitleweringsverdrag seker gunstiger vir die Repubhek afgeloop het dan die oor die Portugese. Die Nederlandse regering het ri beter besef gehad van Transvaal se volkeregtelike toestand, het selfstandiger op sy regsgronde bly staan en nie eers van Engeland op agterbakse wyse probeer verlof kry om die verdrag deur sy wetgewing te laat goedkeur nie. Die Nederlandse regering sou by hulle optree, naamlik die bekendmaking van die verdrag met Transvaal in die Staatskoerant, seker die bepalings van die Londense Verdrag in ag geneem het en het dieselfde juiste uitleg daaraan gegee as Transvaal. As daar maar meer moondhede was wat Transvaal met die daad op hierdie stille wyse gesteun het, sou Chamberlain ongetwyfeld ri minder aanmatigende en minder enge uitleg aan Transvaalse verpligtings teenoor Engeland durf gee het. 520 Konvensie van Genève. Ongelukkig het die grote moondhede in hierdie tyd almal om die een of ander rede Engeland se steun behoef en dit dus nie kon waag om Brittanje die voet dwars te set nie, seker nie ten opsigte van Transvaal wat vir geen een van hulle van groot regstreekse belang was nie. In die tussenstaatse verkeer was dit nog nie die reg nie, maar die mag en eie belang wat die gedrag van die state bepaal het. Die heer Chamberlain het afwisseling gehad in sy sug na die aanwys van oortredings van die Londense Verdrag wat deur Transvaal sou gepleeg geword het. Die toetreding van die Repubhek tot die Konvensie van Genève het weer op enigsins andere wyse die uitleg laat sien wat Chamberlain gegee het aan die verphgtings van Transvaal teenoor Engeland. In Maart 1896 het hy op aandrang van St John's Ambulance die Hoë Kommissaris versoek om aan die Repubhek te vra of hulle geen belang en geneigdheid gevoel om hulleself aan te sluit by die Konvensie van Genève1) nie. In Oktober daaropvolgende verneem hy van die Switserse regering, dat die Suid-Afrikaanse Repubhek die genoemde verdrag onderskrywe het en toe wou hy weet of dit geskied is op sy wenk dan wel langs selfstandige weg. Hy moes hoor, dat sy wenk Transvaal nooit bereik het nie en dat die Repubhek geheel selfstandig deur middel van sy gesant in Den Haag tot die verdrag toegetree het. Nou dan, redeneer Chamberlain, het Transvaal weer 'n verdrag met ander moondhede gesluit, sonder dat die toestemming van Engeland daarvoor gevra en verkry is. Andermaal dus is die Konvensie van Londen geskend. Omdat hy tog die toetreding aan die hand wou gegee het, sou hy sy goedkeuring aan die toetreding maar nie onthou nie. _ (C. 8423, bl. 54, 60, en 124). M Die Verdrag van Genève van 22 Augustus 1864 insake die versagting van die toestand van gewondes op die slagveld. — (Sien Oppenheim I, bl. 707). Britse Klag ongegrond. 521 Transvaal het vir ri verbintenis van hierdie aard die bepalings van die Londense Verdrag nie as geldend geag nie. Groot-Brittanje was lang vóór die Suid-Afrikaanse Republiek een vaa die partye tot die Konvensie van Genève en het volgens Art. 9 van die Konvensie ander regerings, en dus ook Transvaal, uitgenooi om toe te tree. „Die hoë kontrakterende moondhede", sê die artiekel, „het ooreengekom om die teenswoordige Konvensie mee te deel aan dié regerings wat geen gevolmagtigdes na die internasionale byeenkoms van Genève kon stuur nie, en om hulle uit- te nooi om toe te tree. Met hierdie oogmerk word die protokol oopgelaat".*) Die inhoud van hierdie verdrag was dus aan Engeland' nie alleen bekend nie, maar dit was ook deur Engeland goedgekeur by wyse van sy toetreding. Transvaal het dus feitlik met Engeland self, tesame met andere moondhede, ri verbintenis aangegaan. Hier kon dus voigens die betekenis en doel van Art. 4 van die Londense Verdrag geen sprake wees van ri verpligting om die verbintenis vir goedkeuring aan Engeland voor te lê nie Die Verdrag van Genève en dus ook die toetreding daartoe van Transvaal is derhalwe nie in stryd met nie, maar bevorderlik vir die belange van Brittanje. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 39; C. 8721, bl. 15). Chamberlain moes later self beken, dat sy besware nie berus het op die inhoud van die betrokke verdrae of verbintenisse nie, maar op die wyse waarop die Suid-Afrikaanse Republiek „geskyn" het om te soek na vermyding van die bepalings van Art. 4 van die Verdrag van Londen. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 44; C. 8721, bl. 20). Hy beken dus, dat hy die moei- 1) Les Hautes Puissances contractantes sont convenues de communiquer la présente Convention aux Gouvernements qui n'ont pu envoyer des plénipotentiaires a la conférence internationale de Genève, en les invitant a y accéder. Le Protocole est a eet effet laissé ouvert". ■— (Martens Xyfll, bl. 607). 522 Geen kwade Trou. likhede veroorsaak het alleen uit agterdog. Hy wou Transvaal selfs geen skyn van onafhanklikheid laat nie. Daarom het hy in alles maar „skendings" of „vermydings" van die bepalings van die Verdrag gesien. Die gedagte van kwade trou van Transvaal wou hy orals in bespeur. Hierdie gedagte van kwade trou werp Dr. Leyds van hom af met die grootste beshstheid. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 57). HOOFSTUK XXXIV. DIE UJTSETTINGSWET. Op 24 Julie 1896 deel die Waarnemende Hoë Kommissaris Luit.-Generaal Goodenough, aan Chamberlain mee, dat in die Volksraad van die Suid-Afrikaanse Repubhek ri wet voorgestel is om voorsiening te maak vir die uitsetting van gevaarhke vreemdelinge. Die ontwerp is na ri komitee verwys en daar het ri sterk vermoede bestaan, dat die ontwerp op die plank sou kom en nooit wet word' nie. Die wet was bedoel om die President mag te verleen om, met goedkeuring van die Uitvoerende Raad en na die Staatsprokureur te gehoor het, enige vreemdeling wat die regering gevaarlik ag vir die vrede en orde van die land, kennis te gee om binne veertien dae die Transvaal te verlaat. Slegs burgers van die Republiek sou die reg hê om teen sodanige verbanningsbevel ri beroep te kan doen op die Hooggeregshof. Die President kon ook vir gevaarlike vreemdelinge en burgers ri bepaalde woonplek binne die Repubhek aanwys of hulle verbied om in sekere streke van die staat verblyf te hou. Van sy handelinge in hierdie opsig sou die President by die eersvolgende sitting van die Volksraad verslag moet doen. Burgers kon alleen by regterlike vonnis verban word. Vreemdelinge wat die verbanningsbevel van die President nie gehoorsaam nie, kon ses maande lang in hegtenis gehou en dan oor die grens geset Word. Burgers was ook onderhewig aan ses maande hegtenis, wanneer hulle die bevel van die President of die regterlike vonnis veronagsaam. Van uitgesette vreemdelinge sou noukeurige beskrywing bewaar word. — (C. 8423, bl. 40, 41, 43 en 46). 524 In Stryd met Verdrag beskou. Die heer Chamberlain was een en al belangstelling vir hierdie wetsvoorstel en laat op 22 Augustus 1896 die Repubhek weet, dat sodanige wet in stryd sou wees met die Verdrag van Londen. Die Engelse regering het die saak in oorweging en intussen sou dit in belang van albei partye wees, as geen besliste stap in verband met die invoering van die wet geskied nie, sê die heer Chamberlain. Hy wag nog op die raad van die Minister van Buitelandse Sake en van die regsgeleerde caadgewers van die Kroon. — (C. 8423, bl. 46). Hoewel dit die heersende mening skyn te gewees het, dat die Volksraad die wetsontwerp sou verwerp, is op 25 September 1896 die twede lesing byna onveranderd aangeneem en is die ontwerp op 29 September wet geword. Na aanleiding van die besware van Engelse kant laat die regering aan die heer Chamberlain weet, dat in sy mededeling geen gronde vir sy verset aangegee word nie en dat die regering die regsgeleerde raad ontvang het, dat die strekking van die wet nie in stryd was met die Verdrag van Londen nie. Derhalwe vertrou die regering dat die Engelse sou saamstem, dat dk nie in belang van die land en sy inwoners was nie om die behandeling uit te stel van ri wet wat noodsaaklik geblyk het. — (C. 8423, bl. 52). Die regering het hulleself vooraf verseker van die feit, dat die wet nie in stryd was met die Verdrag nie, deur die raad van Prof. Asser in te win, soos te sien is in Bylae H., waarin ook die later verkrege oordele van Westlake en Chraet opgeneem is. Die Transvaalse regering was daartoe ten volle geregtig om, as uitvloeisel van die poliesiereg van die staat, maatreëls te tref sonder daardeur die Verdrag te oortree. Hulle was voornemens om die toepassing van die wet in belang van die orde só te laat geskied, dat Engeland geen rede vir beswaar sou hê nie. — (C. 8423, bl. 102 en 103). Maar Chamberlain wou nie aanneem, dat die Transvaal die reg het om vreemde- Dergelike Wet ook in Engeland. 525 linge te verban of in hulle vryheid te beperk, wanneer nie bewys is, dat hulle kort gekom het in die nakoming van die wette van die land nie. Hy behou vir homself derhalwe die reg voor om besware te maak teen handelings kragtens die wet uitgeoefen, wanneer dié mag lyk na skending van die Verdrag van Londen. — (C. 8423, bL 67). Engeland het natuurlik volkome die reg gehad om verset aan te teken teen onredelik of onregverdig strenge toepassing van hierdie wet op Britse onderdane. Dit is ri reg wat enige moondheid besit. Maar Engeland het geen reg gehad om die beswaar te maak teen die invoer van ri dergelike wet van algemene strekking of die geldigheid van sodanige wet nie Chamberlain het ook nie alleen die bevoegdheid gehad om te oordeel, wanneer ri Transvaalse wet insake inwendige bestuur strydig was met die Verdrag van Londen nie Dit was beslis ri ongeoorloofde aanmatiging van sy kant om te verwag, dat die Repubhek hom sou eerbiedig as hulle opperste wetgewer en iedere wet dadelik sou herroep, as hy daar maar beswaar teen laat blyk en in stryd ag met die Verdrag. Die bevoegdheid van ri staat om homself te beskerm teen ongewenste vreemdelinge is ri volkeregtelik erkende beginsel en een wat Engeland self in toepassing gebring het met sy Vreemdelingewet van 1894 (Aliens Act). Art. 6 van Deel II van dié wet deur Lord Salisbury voorgestel bepaal: „Wanneer een van die Britse Ministers rede mag hê om te glo, dat tot handhawing van die vrede en rus van enige deel van die Ryk of tot voorkoming van misdaad binne of buite die Britse geweste, dit raadsaam is om ri vreemdehng uit die Ryk te verwyder, sal dit wettig wees vir die Minister om ri bevel uit te vaardig, dat dié vreemdeling binne bepaalde tyd die Ryk sal verlaat. Wanneer aan ri dergelike bevel geen gehoor gegee word nie, sal die vreemdeling skuldig wees aan wangedrag en, as hy daartoe skuldig gevind is, kan die Hof hom 526 Transvaalse teenoor Engelse Maatreël. veroordeel tot een maand hegtenis vir die eerste oortreding en tot twaalf maande vir die twede en volgende oortredings. Elke bevel van dié aard sal voor die Parlement gelê word." _ (C. 8423, bl. 12). Art. 1 van die Transvaalse lütsettingswet is nog minder vaag en algemeen dan die aangehaalde artikel van die Engelse, want in Transvaal was dit nie net een persoon, die Minister, wat oordeel nie, maar die Uitvoerende Raad en daarby nog die Staatsprokureur, die hoogste regsgeleerd* gesag van die staat. Die misdrywe wat tot uitsetting aanleiding kon gee, is ook nog nader aangedui. Om die uitsettings nie in die geheim te laat geskied nie, maar om die uitvoerende gesag en die Staatsprokureur hulle verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap te laat voel en hulle te verseker dat die hg van openbaarheid op hulle dade sou val, is in Art. 4 bepaal, dat iedere optree kragtens die wet voor die eersvolgende sitting van die Volksraad sou gelê word. Die waarborge teen willekeurige optree is egter later nog nie voldoende geag nie. Op 15 Julie 1897 is wysiging van Art. I in die Volksraad voorgestel en wel in dié sin, dat geen persoon verban kon word, voordat hy daartoe veroordeel is deur 'n geregshof van die Repubhek nie. Die feit, dat iemand wat gevaarlik geag word vir die vrede en orde van die Repubhek, sonder gehoor kon verban word, maak die President tot regter, sê die voorsteller van die wysiging. Die oortreder moet verantwoording voor die Hof kan doen. ri Ander lid ag dit onmoontlik vir die Uitvoerende Raad om altyd gelyk te hê by die verbanning van iemand wat die wet mag oortree het Die beslissing moes aan die Hof oorgelaat word. ri Derde lid het sover gegaan om te sê: „Dit word veronderstel om ri vry Repubhek te wees, maar die vryheid in die land skyn hom beperk en eng toe. Daar was so ri ding as ri Hooggeregshof; laat alle oortreders openbaar volgens wet vervolg word. Sodra Wysiging van Uitsettingswet. 527 gemerk word, dat ri wet nie goed werk nie, moet dit verbeter word". Uit die toesprake kry ri mens nie die indruk, dat wysiging gebode was nie. Selfs die ondersteuners van die voorstel het die noodsaaklikheid vir verandering nie bewys nie. Dog die wysiging het bepaald ri vaster waarborg verskaf teen willekeurige optree van die uitvoerende gesag. Redes vir klagtes oor beperking van vryheid was daar in Transvaal beslis nie. Sowel vir burgers as vir Uitlanders was die vryhede eerder te groot dan te klein. Die regering het seker sy grootste moeilikhede gevind in die mate van tugteloosheid, waarvan burgers en vreemdelinge tegelyk misbruik gemaak het. Die voorstel is aangeneem met 15 teen 9 stemme en na die regering verwys om in ooreenstemming daarmee te handel. — (C. 8721, bl. 16). In ri brief van 16 Oktober 1897 het Chamberlain erken, dat die Uitsettingswet en die Perswet nie beskou kon word „as op hulleself noodsaaklikerwys in stryd met die Londense Verdrag nie". Die skending van die Verdrag kon miskien by die toepassing van die wette geskied, was sy vrees. Hy was bly om van die wysiging van die wet te verneem. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 44; C. 8721, bl. 20). Chamberlain sou vir homself en vir die Republiek veel sonde en moeite gespaar het, as hy met sy raadgewings en teregwysings gewag het, totdat ri skending van die Verdrag werklik kon aangetoon word. Die behandelde uitsettingswet is op 16 Junie 1898 herroep en vervang deur Wet No. 5 van 1898 wat byna geen verandering teweeggebring het nie behalwe dat in artt. 1 en 2 in gevoeg is, dat niemand kon uitgeset word nie dan „nadat de betrokken persoon door de Regeering in de gelegenheid zal zijn gesteld om zijne belangen voor te dragen". HOOFSTUK XXXV. DIE VREEMDELINGEWET. Die regering het op 26 November 1896 sy voornemens bekend gemaak om ri wet in te voer op die toelating van vreemdelinge tot die Repubhek. Alle vreemdelinge moes vir toegang tot die Repubhek voldoen aan die volgende vereistes. Nodig was in die eerste plaas die vertoon van ri paspoort verskaf deur die owerheid van die land van herkoms en voorsien van ri stempel deur ri konsul of konsulêre verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Republiek. Die vreemdeling moes bewys lewer van behoorlike bestaansmiddele of die geskiktheid om dié te verwerf. Die paspoort was egter geen noodsaaklike vereiste nie, wanneer die vreemdeling homself maar by aankoms aanmeld en kon bewys wie hy was en dat hy in staat was om in eie onderhoud te voorsien. Daarop sou reis- en verblyfpasse uitgereik word. telkens vir ses maande, en diegene wat in die Republiek wou bly woon. hoef slegs die passé om die jaar te laat vernuwe, mits hulle onder ede verklaar, dat hulle die wette van die land sou gehoorsaam. Hierdie wet was me van toepassing op vreemdelinge wat reeds in Transvaal gewoon het en behoorlik by die veldkornette ingeskrywe was me. — (C 8423 bl. 64 en 65). Met die oog op die gebeurtenisse wat in die begin van die jaar 1896 plaasgevind het. was die invoering van ri dergelike wet die natuurlikste saak van die wereld. Die inval van Jameson en die opstand in Johannesburg het bewys, dat daar soorte van Uitlanders was wat ri bron Die Wet geregverdig. 529 van gevaar vir die Republiek uitmaak. Maar afgesien daarvan is ieder staat geregtig daarop om toesig te hou oor die toegang van vreemdelinge tot sy gebied. Armlastiges, mense met gevaarlike siektes besmet, misdadigers en dergelike word 'n bron van gevaar vir die veiligheid van die staatsgemeenskap. Teen gevaarlike bevolkingsbestanddele onder sy eie burgers neem die staat beveiligingsmaatreëls. Hierdie taak mag hy terwille van sy eie gesonde en pügsgetroue burgery nie vir homself verswaar deur meer ongewenste inwoners van buite af vir sy sorg toe te laat nie. Maatreëls van dié aard is nou beslis nie ongewoon nie In daardie dae was dit egter ook al genoeg bekend. Suid-Afrika en veral Transvaal is gebruik as stortgrond vir die oortoüige en al te dikwels mindergewenste bevolkingsdele van opgehoopte nasies. Die strekking van die wet was dus in die goeie rigting. Dergelike maatreëls is ook deur ander state min of meer op dieselfde tyd nodig geag. Selfs Engeland het behoefte daaraan gevoel om homself te beskerm teen oorstroming van verbanne Jode uit Rusland en Lord Salisbury het 'n wet met dié doel ingedien. Die Verenigde State van Amerika het ook toe reeds strenge wette gemaak teen die toegang van mindergewenste vreemdelinge. In Transvaal was die noodsaaklikheid daarvan onder omstandighede ewe groot as waar ook. Transvaal was oorlaai met ongeskoolde arbeiders en Johannesburg het maatskaphke toestande te sien gegee wat die groot stede van Europa met hulle eeue-oue agterbuurtes moeilik sou oortref in misdadige neiging, onverantwoordelikheid en ellende. Die wet was reeds lang nodig gewees en as dit eerder ingevoer is, sou daar nie tal van misdadigers gewees het wat die mynnywerheid en die bevolking op die delwerye oor die algemeen tot groot las en nadeel was nie en sou daar nie honderde vreemdelinge in armoede verkeer het nie as slagoffers van ri opgedrewe toevoer met byoogmerke. Ondanks dit alles was 34 530 Verset van Britse Kant. Johannesburg die ordelikste goudveld in die hele wêreld weens sy uitstekende poliesie. Op 15 Desember 1896 laat Chamberlain die regering weet. dat hy die wet in stryd ag met Art. 14 van die Verdrag van Londen, in sover dat deur die wet nuwe en drukkende voorwaardes opgelê word op persone wat kragtens die Verdrag op die volle vryheid geregtig was om die Repubhek binne te kom en daar te woon, mits hulle die wette van die land gehoorsaam. Die voorwaardes ag hy in die meeste gevalle onmoontlik om nagekom te word. Hy vertrou, dat die President die wet nie op 1 Januarie 1897 sal invoer of dit sal toepas nie. Indien ernstige gevaar vir die Repubhek ontstaan het, gaan Chamberlain voort, weens die instroming van nooddruftige landverhuisers, sou die regte weg gewees het om die Engelse regering te nader met die oog op die verkryging van ooreenstemming liewers dan ri weg te volg wat op skending van die Verdrag uitloop. — (C. 8423, bl. 67). Dit was juis die vraag of die wet 'n skending van die Verdrag behels het, antwoord Dr. Leyds. Die heer Chamberlain alleen het nie daaroor die beslissing gehad nie. Die Transvaalse regering was van 'n ander mening as hy en het hulleself nie verplig of geregtig geag om die wet te wysig of te herroep nie. Art. 14 van die Verdrag sluit die toepassing van poliesiewette hoegenaamd nie uit nie, wat die bevoegde mag in die staat nodig ag vir die handhawing van orde en die beskerming en rus van sy inwoners. Die eis in Art. 14 gestel met die woorde ..die zich schikken naar de wetten van de Repubhek" steun hierdie oortuiging. want daarmee is tog seker die poliesiewette bedoel, waartoe die Vreemdelingewet behoort. Behoorlike pohesiesorg word deur die binnelandse omstandighede dringend vereis. Met die aanneem yan hierdie wet het die Volksraad voldoen aan die wens van die publiek, dat inkomende vreemdelinge in staat moes wees om aan te toon voldoende middele van bestaan te besit Die instroming Toepassing geskied. 531 van die laagste klas van nooddruftige vreemdelinge het op onrusbarende wyse toegeneem en strenger poliesiesorg noodsaaklik gemaak. Indien, sê Dr. Leyds aan die slot van sy antwoord, die Britse regering ri ander praktiese maatreël kort aan die hand gee, waardeur Britse onderdane wat om genoemde redes in Transvaal nie gewens was nie, weerhou word van hulle toevlug te soek op die grondgebied van die Repubhek en indien dié maatreël eweneens toepaslik was op onderdane van ander moondhede — want die wet maak in hierdie opsig geen onderskeid nie —, dan sou die regering bereid wees om hulle volle aandag daaraan te gee. Intussen is aan die amptenare bevel gegee om te sorg, dat by die toepassing van die wet onnodige las en onaangenaamheid vir vreemdelinge vermy word. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 11; C. 8423, bl. 88). In antwoord op ri vraag aan die Hoë Kommissaris moes Chamberlain verneem, dat die wet daagliks toegepas word. Op 24 Januarie 1897 is b.v. sewe werksmense, Britse onderdane, op die Vrystaatse grens by Viljoensdrif teëgehou. ri Paar dae later is hulle tog toegelaat om Transvaal binne te gaan, want aan tegemoetkomendheid het dit van Transvaalse kant beslis nie ontbreek nie, soos onder andere ook blyk uit die aanwysings deur Dr. Leyds aan Luitenant Tossel in hierdie en ander gevalle gegee. ri Mens kan begryp dat ontevredenheid en klagtes nie uitgebly het nie. Mense wat van Kaapstad, Oos-Londen, Port-Elizabeth of Durban af die reiskaartjie tot Johannesburg betaal het en dan op die grens belet is om deur te reis na hulle bestemming, het seker stof gekry vir klagtes. Maar as hulle voldoen het aan die eise van die' wet, sou hulle geen gegronde redes vir klagtes gehad het nie. Die algemene gedagte van die Engelse was ongelukkig, dat ri Engelsman homself nie aan die eise van ri dergelike wet hoef te steur nie, want die Verdrag van Londen sou vir 532 Tegemoetkomende Uitvoering. Engelse onderdane vir die uitoefening van alle moontlike en onmoontlike regte in Transvaal voorsiening gemaak het. Chamberlain en die Britse pers sou dit wel weet en dié laat dit so verstaan. Telkens blyk, dat die wet nie onnodig streng toegepas is nie. Selfs mense wat sonder paspoorte was, is toegelaat, wanneer daar rede was om aan te neem, dat hulle binne die Repubhek werk gehad het of sou kan vind en intussen vir enige weke in eie onderhoud kon voorsien. Chamberlain het veel onnodige klagtes verneem, hoewel die heer Conyngham Greene, die Britse Agent, steeds ri gewillige oor, tegemoetkoming en minder strenge toepassing van die wet by Dr. leyds gevind het, wanneer hy die moeilikhede van die landverhuisers aan die Staatsekretaris meegedeel het. Daar was meer dan eens ook oordrywings en vergissings wat onnodige lawaai, opgewondenheid en kwaad bloed veroor saak het In Februarie 1897 was daar b.v. ook in die pers ri taamlike geraas oor die beweerde onregmatige aanhouding van twee Engelse here in Johannesburg. Na ondersoek het geblyk, dat slegs die koetsier van hulle rytuig om sy pas gevra is. Uit Durban en Lourenco Marqués kom klagtes oor die weiering van Transvaal om Brits-Indiërs op sy gebied toe te laat Sodra hulle egter kon bewys, dat hulle aan die vereistes van die wet voldoen, is hulle nie langer buite gehou nie. — (C. 8423, bL 113 en 117). Selfs Dietse Afrikaners skyn deur die Engelse aanmatiging ten opsigte van regte in Transvaal aangetas te geword het. ri Prokureur en Vrederegter met n Dietse naam uit rwareking verneem naby Ottoshoop van ri berede poliesman, dat hy nie verder dan dié dorpie sou mag gaan sonder 'n paspoort nie. Hy draai daar en dan om en sein aan die Hoë Kommissaris, dat hy vry reg het om Transvaal binne te gaan kragtens Art 14 van die Verdrag van Londen en hy doen ri beroep op Klagtes van Engelse. 533 die Hoë Kommissaris om sy aanhouding aan Chamberlain bekend te maak en hom dié beskerming te verleen, waarop hy as Britse onderdaan reg het. — (C. 8423, bl. 129). Dié Minister van Kolonies ag dit natuurlik nodig om hieroor 'n sterke vertoog tot die republikeinse regering te rig. Sulke dinge het die gevoel en verhouding tussen Transvalers en Engelse nie verbeter nie en dit sonder rede. Gelukkig skyn dit 'n uitsondering te gewees het wat die Dietse Afrikaners betref. As dié prokureur homself by die veldkornet op Ottoshoop of Zeerust aangemeld het, in verbinding getree het met die regering of homself maar gerig het tot die Britse Agent, sou hy sonder moeite sy voorgenome reis na Johannesburg kan voortgeset het, soos verskeie gewone werksmanne in staat was om te doen weens die tegemoetkomende toepassing van die wet. Ongelukkig is daar al tyd mense van dié soort wat hulle klagtes regstreeks tot die hoogste gesag rig om hulle belangrikheid vir hulleself te bewys. Chamberlain het van besondere klagtes van hierdie aard maar graag genoeg party getrek om dit vir die Transvaalse regering lastig te maak. Sodra iemand met een of ander klag by die Hoë Kommissaris gekom het, is dadelik aangeneem, dat die klag gegrond was, en is aan die Republiek om verantwoording gevra. Die Transvaalse regering moes dan op ondersoek uitgaan, beëdigde verklarings afneem en die feite toets. Dit het veel kosbare tyd van die Repubhek geroof en verlammend op sy werksaamhede teruggeslaan. Hoe tegemoetkomend en sag die Transvaalse owerheid ook al te werk gegaan het met die nakoming van die bepalings van die Vreemdelingewet» was die toepassing daarvan tog ri feit. Teenoor niemand is onreg of selfs ri skyn van onbillikheid begaan nie, dog die feit van die inwerkingtreding alleen was vir die heer Chamberlain te veel. Hy het te kenne gegee, dat hy die toepassing nie wou sien nie en dit moes voldoende wees vir die Transvaalse regering om te gehoorsaam. Die regering 534 Inskrywing by Veldkornette. het dit juis op nougesette wyse probeer vermy om onnodig vyande te maak, maar niks het die heer Chamberlain bevredig nie. In verband met die uitvoering van die wet het ook nog 'n ander vraagstuk gerys, wat ontstaan het na aanleiding van Art. 7.\Die pasbepalings van die wet sou naamlik nie van toepassing wees op vreemdelinge wat reeds op die tydstip van die invoering van die wet in die Repubhek woonagtig en behoorlik volgens wet by die veldkornette ingeskrywe was, of hulleself binne 'n maand laat inskrywe het nie. Teen hierdie inskrywing het vele Uitlanders in die Repubhek woonagtig hulleself met krag verset. In Desember 1896, 'n maand voordat die Vreemdelingewet in werking getree het, het ri stortvloed van briewe, versoekskrifte en afgevaardigings by die Britse Agent aangeland om verset aan te teken teen die inskrywing. Die Britse onderdane wou weet of hulle gedwing kon word om aan die eis van inskrywing te voldoen. Wanneer die poging om die wet toe te pas na die oordeel van die Britse Agent in stryd was met die Londense Verdrag, sê hulle, sou hulle volstrek nie daaraan gehoorsaam nie. In dié geval sou hulle die beskerming van die Ryksregering inroep, tensy hulle van hoër hand aanwysing kry om hulleself by die eise van die wet neer te lê. Op hierdie bedreigings het Lord Rosmead, die Hoë Kommissaris, geantwoord, dat die vraag of die wet in stryd was met die Verdrag van Londen nie deur die Britse onderdane in Transvaal moes uitgemaak word nie, maar voorbehou bly vir die oordeel van die Britse regering. Hy raai derhalwe die Britse onderdane aan om die wette van die staat te gehoorsaam. Intussen sou hulle mededelings en blyke van verset in oorweging geneem word. — (C. 8423, bl. 76—79). Hierdie antwoord het natuurlik die gemoedere laat afkoel en die Britse onderdane in Transvaal die oortuiging verskaf, dat hulle nie Inskrywing geen Nuwigheid nie. 535 hoef te probeer om die streke van Jameson en die Reformert te herhaal nie. Opstand was onnodig. Die heer ChamberlaiH sou tans van amptelike kant hulle saak bepleit en beveg. Uit die stukke van verset blyk, dat die Britse onderdané in Transvaal — gelukkig glo lang nie almal nie — begin het om dieselfde standpunt in te neem as die heer Chamberlain, naamlik dat die reg om in Transvaal te woon en aldaar alle moontlike voorregte te geniet, gewaarborg was deur Art. 14 van die Verdrag van Londen en dat dié reg nie gewysig of beperk kon word deur wette van die Republiek sonder toestemming van Brittanje nie. — (C. 8423, bl. 77). Transvaal het dus volgens hulle nie alleen vir sy verdrae met vreemde moondhede goedkeuring van Brittanje behoef nie, maar ook vir die invoering van maatreëls vir binnelandse beleid en dié beskerming van die inwendige veiligheid van die staat. Die inskrywing van inwoners by die veldkornette, waarteen sulke hewige verset gekom het, was egter geen nuwigheid nie. Dit was al vereis kragtens Wet No. 2 van 1885 „Instructie voor de Veldcornetten en Assistent-Veldcornetten . . '. Hoewel hierdie bepaling sedert sy invoering steeds van krag gebly het, is dit nooit streng toegepas nie. In die reël is slegs dié persone ingeskrywe wat daarom aansoek gedoen het of die aandag van die veldkornet in besondere mate getrek het. Dit was ook nie 'n maatreël teen vreemdelinge alleen nie, maar was in belang van burgers en vreemdelinge tegelyk vir die uitoefening van burgerregte. Die inskrywing het gewoonlik geskied teen 1000 persone die jaar, maar na die invoering van die Vreemdelingewet het die aantal inskrywings opgeloop tot 2000 die maand. Dit was ook vereis ten opsigte van verhuising uit een afdeling na die ander en het ook hier vir burgers eri vreemdelinge tegelyk gegeid. Op persone wat slegs Transvaal deurreis. het hierdie bepaling geen betrekking gehad nie. Die inskrywing was glad nie iets bepaalds aan Transvaal eie 536 Chamberlain se Besware. nie, want orals is inskrywing op bevolkingsregisters nodig! Die bowestaande feite insake die inskrywing van inwoners by die veldkornette word deur die Britse Agent aan Chamberlain meegedeel en eersgenoemde kry daarop die opdrag om toe te sien of by die toepassing van die wet geen onderskeid gemaak word tussen Britse onderdane en ander inwoners nie. — (C. 8423, bl. 96). Hierdie onderskeid is nie gemaak nie. Op 6 Maart 1897 rig Chamberlain weer 'n stuk aan die Transvaalse regering. Hy wou nie aanneem dat die Vreemdelingewet gewone poliesiemaatreëls inhou nie. Die enigste voorwaarde, sê hy, wat Art. 14 van die Verdrag stel, is dat die vreemdelinge -hulleself skik na die wette van die Republiek. Maar wet No. 30 van 1896 lê verdere voorwaardes van beswarende aard op, soos die vertoon van paspoorte en die dra van reis- en verblyfpasse. Dit gaan die eise van die Verdrag te buite. Hy bly by die mening, dat die Repubhek die Engelse regering moes genader het om tot 'n verstandhouding te kom en nie die saak aangepak het sonder die bepalings van die Verdrag in ag te neem nie. Hy is bereid om die Britse Agent in Pretoria opdrag te gee om die saak met 'n verteenwoordiger te bespreek en voorstelle te doen vir oorweging deur albei partye. Intussen verklaar hy te moet vashou aan die standpunt dat die wet in stryd was met die Verdrag van Londen. Hy betreur dit, dat die wet tog in werking g et ree het en dat aan Britse onderdane tydelik werklik toegang tot die Republiek geweier is. Hy twyfel daar nie aan nie, dat na aanleiding van sy uiteensetting van die saak die President dadelik die wet sou herroep of opskort, hangende 'n beslissende ooreenkoms op die wyse deur hom aan die hand gegee. — (C. 8423, bl. 113). Die Repubhek het Chamberlain se besware teen die wet tereg beskou as 'n ongeoorloofde inmenging met sy binne- Praktiese Moeilikhede. 537 landse aangeleenthede en het beslis geweier om die wet te herroep of op te skort op aanwysing van Brittanje. Die wet het geen inbreuk gemaak op die bepalings van die Verdrag van Londen nie, het die juiste standpunt van die regering gebly. Dit was ri saak van beginsel, self eerbied en regshandhawing om die herroeping op die gronde deur Chamberlain aangevoer te weier. Die Volksraad van die Repubhek was binne sy goeie reg en het tewens voldoen aan sy plig om ri dergelike wet te maak tot beperking van die instroming van ongewenste vreemdelinge in sy gebied. Die noodsaaklikheid van sodanige beperking het vasgestaan. Daar was tog beweegredes vir die herroeping van die wet en die regering en die Volksraad sou hulleself aan onvergeeflike koppigheid en kleingeestigheid skuldig gemaak het, wanneer dié beweegredes opsy geset is, alleen omdat Chamberlain die herroeping op ander gronde geëis het. By die aanvang van die bespreking van die voorstel tot herroeping van die wet in die Volksraad verklaar die Staatspresident, dat dit van die wetgewende liggaam afhang of die heer Chamberlain onmiddellik gelyk sou kry en die Britse Agent sou toegelaat word om voorstelle te doen vir binnelandse wetgewing dan wel of die Raad homself daarmee sou verenig om die wet te herroep op die gronde deur die regering aangegee. Wanneer twee partye ri ooreenkoms aangaan en albei partye gee toe, dat ri fout begaan is, dan is dit die phg van albei partye om dit te herstel, maar in hierdie geval beweer die een party, dat die wet nie teen die Verdrag indruis nie. Chamberlain kon homself nie met die saak inlaat nie, omdat dit behoort tot die inwendige bestuur van die Republiek en derhalwe kon die regering nie op sy voorstel ingaan nie. ri Ceskil as hierdie kon aan ri skeidsgereg onderwerp word. Die hoof saak voor die Raad was egter dit, dat terwyl die regering die regsgeldigheid van die wet handhaaf, die Uitvoerende 538 Oorleg met Buurstate. Raad tot die oortuiging gekom het, dat dit terwille van die buurstate herroep moes word. Nè die herroeping sou met die buurstate oorleg gepleeg word aangaande die beste weg om instroming van ongewenste vreemdelinge te beperk. Die saak was reeds by ander regerings in Suid-Afrika onder behandeling. By die toepassing van die wet het geblyk, sê die regeringsverklaring, dat die wet sekere bepalings inhou wat die goedgesinde burgers van die naburige state en kolonies aan ongeriewe blootstel. Ooreenstemming was nodig omtrent vaste beginsels wat sodanige wet moes beheers en om sekere bepalings daarin op te neem, waardeur die goeie doel kon bereik word sonder nodelose ongerief te veroorsaak of die verkeer te belemmer. Die twee uiteensettings van die heer Chamberlain se standpunt is aan die Raad voorgelê, maar slegs tot kennisneming en tot verduideliking van die regering se houding. Dit was nie in die Raad onder behandeling nie, In die bespreking wat gevolg het, is deur die lede die klem daarop gelê, dat die wet nie in stryd met die Verdrag kon geag word nie en dat die Republiek inmenging in sy inwendige sake van Britse kant beslis moes afwys. Die wet is egter deur die Repubhek self bevind as nie te beantwoord aan sy doel nie. Die OranjeVrystaat, Natal en die Kaapkolonie was almal oortuig van die noodsaaklikheid om die instroming va* ongewenste vreemdelinge te bekt. Hulle was self besig met pknne daarvoor agter mekaar te set, maar dit was wenslik, dat hieromtrent algemene beginsek vir geheel Suid-Afrika vasgelê word, waardeur die onderlinge verkeer van die state nie onnodig belemmer word nie. Dit het geblyk, dat die Transvaalse Vreemdelingewet baie vriendskaplike mense buite hou en tog baie ongewenste persone nie kon belet om binne te kom nie. Die wet het bewys nadelig te werk sowel vir die buurstate as Vreemdelingewet herroep. 539 vir Transvaal self. As geheel opgeslote binnelandse staat kon Transvaal alleen oor die gebied van sy bure bereik word. Mense wat wou deurreis Transvaal toe, kon deur die buurstate by hulle seehawens nie teëgehou word nie, maar wannaar aan dié mense dan op die Transvaalse grens toegang tot die Repubhek geweier word. sit die bure met hierdie vreemdelinge opgeskeep wat geen werk kon kry nie en geen middele van bestaan gehad het nie. Tot verwydering van hierdie moeilikhede was ooreenstemming nodig tussen die verskillende regerings van Suid-Afrika. Die groot meerderheid van die Volksraadslede het die herroeping van die wet gesteun uitsluitend op die aangehaalde praktiese gronde en nie om te voldoen aan die eise van die heer Chamberlain nie. Dit is telkens uitdruklik in die redevoerings verklaar. Daar was drie lede wat teen die voorstel gestem het, maar om die wet te handhaaf en nie om Chamberlain gelyk te gee nie. Een van hulle wou met sy teenstem juis verset aanteken teen die voorlegging van Chamberlain se eise aan die Volksraad. Hy wou die indruk vermy sien as sou Chamberlain die reg hê om voorstelle voor die Volksraad te lê vir beslissing teenoor voorstelle van die regering. Die ander teenstemmers wou die wet handhaaf, omdat die Republiek teenoor sy bure en die buitelandse beleggers van kapitaal verantwoordelik was vir die goeie orde en dus verplig was om ongewenste bestanddele buite sy grense te hou. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 25). Die wet is herroep op 6 Mei 1897 en ieder vreemdeling het weer vrye toegang tot die Suid-Afrikaanse Republiek gehad. Was die heer Chamberlain tevrede dat die wet herroep is? Ver daarvandaan! Die wet is nie herroep op die gronde deur hom aangegee nie. Die gronde, waarop die Volksraad die herroeping goedgekeur het, het hom daarom des te beslister verset laat aanteken teen die onafhanklike en waardige 540 Die Reg van Selfverdediging. houding van Transvaal. As hy tevrede was. sou hy sy hele politiek teenoor Transvaal verloën het. Die wet self het nie meer redes vir klagtes van sy kant gegee nie, maar klagtes moes hy hê. In hulle mededeling omtrent die herroeping van die Vreemdelingewet en die gronde daarvoor sê die regering, dat die Verdrag van Londen moes uitgelê word volgens die algemeen aangenome beginsels van die volkereg. Hierdie beginsels kon nie geag word opsy geset te wees nie sonder uitdrukhke voorsiening tot dié einde in die Verdrag self. ri Dergelike voorsiening bevat die Verdrag nie. Nou, die beginsels wat berus op die gesonde verstand, ri bestanddeel wat by die uitleg van bepalings van die Verdrag nie ongebruik gelaat word nie, leer, dat elke staat die reg het en moet hê om buitelanders wat gevaarlik is vir die rus en veiligheid van sy ingesetenes, te weer. Elke staat het ri natuurlike reg van selfverdediging. Die bedoeling van Art. 14 van die Verdrag van Londen kon na die oortuiging van die Transvaalse regering geen andere wees nie dan hierdie: dat die status van Britse onderdaan of van vreemdeling op homself geen rede mag wees om toegang te weier nie. Die bedoeling kon nie wees, dat alle Britse onderdane, misdadigers, bedeeldes, siekes en dergelike persone daaronder begrepe of dat alle vreemdelinge maar sonder meer reg op toegang sou hê nie. Die woorde „die zich schikken naar de wetten van de Repubhek" gee duidelik te kenne, dat die reg van toegang tot die Repubhek alleen toegestaan is onderhewig aan gehoorsaamheid aan die wette van die Repubhek. Nog nooit is deur enige beskaafde staat beweer, dat die reg van toegang wat sy onderdane tot ander gebiede geniet, ook • dié reg insluit, dat misdadigers, siekes, persone sonder middele van bestaan of ander ongewenste bestanddele vry toegang sou hê nie. Die Verenigde State van Amerika lewer hierin met sy Maatreëls in ander State. 541 vreemdelingewetgewing die mees geskikte voorbeeld. Dergelike wetgewing bestaan nie op dieselfde wyse in die meeste Europese lande nie, omdat in die eerste plek die behoefte daaraan nie so groot is nie weens afwesigheid van die gevaar van ri oorstroming deur vreemdelinge; en in die twede plaas omdat dié state die reg van uitsetting van ongewenste vreemdelinge by maatreël, van bestuur en sonder opgee van redes in sy volle krag erken en toepas. Wetlike voorskrif vir uitsluiting van vreemdelinge het hulle dus nie nodig nie. Teen die strawwe vreemdelingewetgewing van die Verenigde State het Brittanje nog nooit ernstige verset laat blyk nie. Selfs Kanada het sedert 1893 wetgewing vir die uitsluiting van vreemdelinge ingevoer. Die Transvaalse wetgewing teen vreemdelinge kon nie geag word in stryd te wees met die volkereg nie. Vir hierdie standpunt vind die regering steun by baie vername skrywers op volkeregtelike gebied, soos die regsgeleerde oordeelvellings in Bylae } opgeneem duidelik en onomstootlik aantoon. Ook die Engelse regering self erken hierdie regsbeginsels blykens ri wet in 1894 deur die Eerste Minister Lord Sahsbury voorgestel om voorsiening te maak vir die weiering van ongewenste vreemdelinge. Die Vreemdelingewet van Transvaal berus op dieselfde grondslag as die voorstelle van Lord Salisbury wat bepaal het, dat in sekere hawens inspekteurs deur die Board of Trade sou aangestel word met die bevoegdheid om toegang te weier aan elke vreemdeling wat na die oordeel van die inspekteur is~„either an idiot, insane, a pauper, a person likely to become a public charge or a person suf fering from any dangerous, contagious of infectious disease", terwyl die eienaar van die skip verplig sou wees om die geweierde vreemdeling terug te neem na die hawe waar hy vandaan gebring is. Wanneer hierdie voorsienings na die oordeel van die 542 Transvaal se Standpunt. Engelse regering nie in stryd was met die bepalings omtrent vrye toegang en vry verkeer tussen Engeland en ander state neergelê nie, kon voorsienings van dieselfde aard in Transvaal getref onmoontlik in stryd wees met Art. 14 van die Verdrag van Londen. Dit was in belang van die staat in die algemeen en van sy ingesetenes in die besonder. Die nuweling moes homself skik na die groter belang van die gemeenskap. In die vertoon van paspoorte en reis- en verblyfpasse het niks ongewoons gesteek nie. Tereg meen die Transvaalse regering, dat hulle hulleself redelikerwyse nie kon laat weerhou van wette of bepalings te maak wat noodsaaklik was in die waaragtige belang van die land nie en dit wel deur 'n uitleg van die Verdrag van Londen wat in geen enkel opsig gebillik kon word nie. Die wet het 'n binnelandse aangeleentheid betref en daar was seker geen aanleiding vir die regering om Engeland voor die invoering daarvan te raadpleeg nie. Lord Derby het, soos reeds meermale vermeld is, in 1884 duidelik genoeg verklaar, dat die Transvaalse regering vrygelaat sou word om die land sonder tussenkoms te regeer. Die regering kon nie daarin toestem om in die saak oorleg te pleeg met die Britse Agent nie of om die wet te moet herroep het op grond van strydig te wees met die Verdrag nie. Die Uitvoerende Raad was tenslotte van gevoele, dat die vraag, of die Republiek die onbelemmerde reg besit tot die maak van ri wet as No. 30 van 1896, onder die gegewe omstandighede die beste deur skeidsgereg kon uitgemaak word. _ (Gbk. No. 2, 1898, bl. 30 e.v.) Chamberlain kon die redenering van die Transvaalse regering nie weerlê nie en hy was daaroor so gestoord, dat hy homself blykbaar vergeet en openlik voor die dag kom met die opvatting wat geheel sy houding teenoor Transvaal gekenmerk het: die onderworpenheid aan Britse Chamberlain hou Verset vol. 543 Soesereiniteit. Waar sy politiek steeds gegrond was op sy vaste wil om Transvaal te laat beskou, nie as onafhanklike staat nie, maar as leengebied van Engeland, was dit in sy voordeel om vol te hou, dat die Vreemdelingewet in stryd was met die Verdrag van Londen. Maar selfs al had hy daarin gelyk en was Transvaal nog onder Britse soesereiniteit, sou die Repubhek tog die reg gehad het om ri wet van hierdie aard te maak. Die Verdrag van Pretoria van 1881 sou immers ook nie die Repubhek belet het om die besproke wetgewing in te voer nie. Die feit van die herroeping vat Chamberlain op as bewys, dat hy gegronde redes gehad het om beswaar te maak teen die toepassing van die wet. As Transvaal in oorleg met die Britse Agent die bepalings van die wet wou hersien het, sou dit Engeland geregverdig het om sy strenge uitleg van Art. 14 van die Verdrag te laat vaar. Transvaal wou nou probeer om met die ander regerings in Suid-Afrika tot ooreenstemming te kom insake vreemdelingewetgewing. Chamberlain ag dit ook wenslik, maar hy sou nie af sien van sy eis om geraadpleeg te word nie, ten aansien van de invoering van wetgewing in die Repubhek wat hy in stryd ag met die Verdrag, want die ander state en kolonies in Suid-Afrika was geen partye tot dié Verdrag nie. Dit gaan alleen tussen Engeland en Transvaal. Engeland kon die uitleg wat die Repubhek gee aan Art. 14, nie aanvaar nie en hou vol, dat die Republiek belet word sonder goedkeuring van Engeland beperkings te lê op die toegang van vreemdelinge. Chamberlain plaas homself nou op die troon van die onbaatsugtige beskermer en weldoener van die Republiek. Hy het, sê hy, sy gewilligheid getoon om enige maatreël deur Transvaal voorgestel te oorweeg met betrekking tot sodanige beperking as noodsaaklik mag blyk vir die veiligheid en goeie bestuur van die land. Hy herinner die regering daaraan, dat 544 State op ongelyke Voet. Dr. Leyds, toe hy nog Staatsprokureur was, dit in stryd met die Verdrag van Londen geag het om wetgewing te maak tot uitsluiting van Asiate.1) Die woorde van Art. 14 wat nalewing van die wette van die Repubhek ri voorwaarde maak vir die reg om in te kom, te reis en te woon in die Repubhek, gee nie na die mening van Chamberlain aan die Repubhek die stilswygende bevoegdheid nie om wette te maak vir die uitsluiting van mense wat anders geregtig sou wees op die voordele wat die artiekel hulk* bied, deur voorwaardes op te lê wat onmoonthk kon nagekom word. Nou kom hy voor die dag met die werklike gees en doel wat sy politiek teenoor Transvaal besiel het: die Londense Konvensie was geen verdrag tussen state wat op gelyke voet staan nie. Die bewysgrond wat deur Transvaal aangevoer is en op die algemene beginsels van volkereg berus by die toepassing van gewone verdrae tussen onafhanklike moondhede was daarom nie van toepassing op die onderhawige geval nie. Die Konvensie was niks meer nie dan ri verklaring, beweer Chamberlain, deur die Koningin van Groot-Brittanje en Ierland gedoen ten opsigte van die voorwaardes, waarop Haar Majesteit volkome self regering aan die Suid-Afrikaanse Repubhek toegestaan het, onderhewig aan haar soesereiniteit. Hierdie voorwaardes is deur die afgevaardigdes van die Repubhek aanvaar en vervolgens goedgekeur deur die Volksraad. Die Suid-Afrikaanse Repubhek was verplig, sê Chamberlain, om hierdie voorwaardes strik na te kom en het geen reg om daaraan bevoegdhede te ontleen nie wat gegrond was op die *) 'n Mens kon die twee gevalle nie gelyk stel nie. Die raad indertyd deur Dr. Leyds as Staatsprokureur gegee het geslaan op 'n voorneme van die Volksraad om 'n wet in die lewe te roep, waarby die instroming van alle Asiatiese kleurlinge — dus van 'n bepaalde ras — geheel sou belet word. Die uitsluiting van 'n bepaalde ras kon tog nie op één lyn gestel word met die reëling tot toelating van vreemdelinge in die algemeen nie. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 56). Die Waardigheid van Brittanje. 545 regte van nasiés wat nie gebind is deur soortgelyke verpligtings uit soortgelyke omstandighede ontstaan nie. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 40 e.v.). Die natuurlike, maar verkeerde gevolgtrekking wat Chamberlain uit hierdie eensydige standpunt van homself maak, was dat hy kon weier om die vraag aan 'n skeidsgereg te onderwerp. Hy ag dit onbestaanbaar met die waardigheid van ri soeserein om die uitleg van die voorwaardes, waarop die soeserein beweer word aan die Repubhek selfregering toe te gestaan het, aan ri skeidsgereg te onderwerp. Dit kom hierop neer, dat die Verdrag van Londen aan Engeland geen verpligting of verbintenis oplê nie, maar slegs die reg verskaf om alleen te sê wat in Transvaal reg sou wees en wat nie. Die Suid-Afrikaanse Repubhek sou m.a.w. skaars die reg hê van ri kroonkolonie. Die meesterlike wyse, waarop Dr. Leyds die drogrede van Chamberlain op geskiedkundige en volkeregtelike gronde weerlê het, kom in ri volgende hoofstuk te pas. 35 HOOFSTUK XXXVI. DIE PERSWET. Op 14 Oktober 1896 is in die Staatskoerant die Perswet (No. 26 van 1896) bekend gemaak en onmiddellik deur die Hoë Kommissaris aan Chamberlain meegedeel. Die wet is bedoel om uitvoering te gee aan Art. 19 van die Grondwet en bepaal onder andere dat nuusblaaie en tydskrifte op elke uitgawe die naam en woonplek van die verantwoordelike opsteller sal vermeld, terwyl alle artiekels van politieke of persoonlike aard wat daarin verskyn, onderteken moes wees met die volle en ware naam van die skrywer. Die bepaling, waaruit die eintlike moeilikhede gespruit het, was dié in Art. 5 vervat, naamlik dat die Staatspresident te allen tyde die reg sou hê om met goedkeuring van die Uitvoerende Raad die verspreiding van gedrukte of uitgegewe drukwerke vir altyd of vir sekere tyd te verbied, wanneer die inhoud daarvan volgens sy oordeel strydig was met die goeie sede of gevaar opgelewer het vir die vrede van die Republiek. Die strawwe vir eerste oortredings het gewissel van 50 tot 250 pond sterling boete of van ses tot twaalf maande opsluiting. Vir herhalings kon die straf verdubbel word. — (C. 8423, bl. 56). Die toepassing van die wet het gou geskied en toe het die stryd ontstaan oor sy beweerde ongeldigheid in menige opsig. Op 19 Desember 1896 het President Krüger met die goedkeuring van die Uitvoerende Raad kragtens Art. 5 van hierdie wet ri verbod uitgevaardig teen die verskyning van die nuus- Toepassing op die Critic. 547 blad die Critic vir ses maande. Die grond vir die verbod was, dat die inhoud van die blad na sy mening gevaarlik was vir die vrede en die orde van die Repubhek. Henry Hess, opsteller, drukker, uitgewer en eienaar van dieBTad, was 'n Britse onderdaan en op die tydstip van die uitvaardiging van die verbod in Londen woonagtig, alwaar hy nog ri blad uitgegee het, die African Critic. Die bestuur van die saak in Johannesburg was opgedra aan agente, waarvan sy broer eea was. Maar hy self het nog gegeid as verantwoordelike opsteller en eienaar van die Johannesburgse blad. Dit is beweer, dat die Critic die mees verspreide blad in Transvaal was en na ri sesjarige bestaan ri jaarwins van 5000 pond sterling afgewerp het. Hess sou waarskuwings gekry het van adverteerders, dat hulle hom aanspraaklik sou hou vir die skade wat hulle geiy het, deurdat die blad nie verskyn nie en die ooreenkomste nie uitgevoer is nie. Die eerste beswaar wat Hess teen sy veroordeling onder die Perswet aangevoer het, was, dat die wet ia stryd was met die Verdrag van Londen en wel Art. 14 daarvan: „Alle personen, geene inboorlingen zijnde, die zich schikken naar de wetten van de Zuid-Afrikaansche Republiek..., mogen hunnen handel drijven in persoon of door zoodanige agenten als zij zullen goedvinden aan te stellen". In ri brief aan die heer Chamberlain sê die saakgelastigdes van Hess, dat Hess kragtens hierdie artiekel van die Verdrag dieselfde reg gehad het as enige burger van die Republiek om sy handel binne dié gebied te drywe. So was dit. Maar dit regverdig nog nie die uitleg van die artiekel in dié rigting nie, dat die Repubhek geen reg sou hê om wette te maak vir die binnelandse beleid en tot beperking van die handelsvryheid van al sy ingesetenes nie. Art. 14 lê nie op Transvaal alleen die verpligting om vreemdelinge toe te kat om in Transvaal handel te drywe nie. Dit gee ook 548 Maatreël vir binnelandse Beleid. aan die Republiek die waarborg, dat die mense wat daar bandel wü drywe. hulleself moes gedra in ooreenstemnung met die wette van die land. Die Perswet was ri algemene maatreël vir binnelandse beldd- dit het gegeid vir burgers sowel as vir vreemdelinge a het' d!e gedrag van Britse onderdane mee,^ an die van ander inwoners ri wet van dié aard nodig gemaak. Art I* "fdie Verdrag van Londen kon beshs nie in dié » uitgelé 2 TdaT dit die wetgewende bevoegdheid van die Repubhek Zerk nie. Dit was nie vir Engeland om te sê watter wette -1 en watter hy nie mag maak v* sy büinelandse bestuur en vir sy veiligheid en orde nie. As dit n wet ^s wat rStse onderdane as sodanig aan beperkts onderTe* het in teenstelhng met ander ingesetenes. dan sou dit ri onvriendskaplike daad teenoor Brittanje gewees heten dan aüeen sou Engeland die reg gehad het om langs d ploÏatieke weg verset aan te teken. Hierdie reg het Engeland ook tenoor ander moondhede sonder die nood^hkheid om hom^daarby te beroep op ^ZstZTsl reiniteit. Dit vloei voort uit die goeie trou van tussenstaatse verkeer kragtens volkeregtelike gebruik. Met dTe Perswet as sulks en met die veroordeling van n Bn^e onderdaan vir oortreding daarvan het Engeland mks fe maak gehad nie. In Art. H het Engeland immers vir Tran^aaUie waarborg gegee. dat sy onderdane daar ewenas ander ingesetenes in die drywe van hulle handel hulleself "t Wg^ r^gtes van Hess by Ch^erlStngedien he, was dat die Perswet *stryd was ZTZZT* Ï£Ê g-an of beperk^ deur ri blote daad van wetgewing soos die Perswet. Uor Perswet en Grondwet 549 hierdie punt het hulle die oordeel van die heer H. H. Asquith verkry. Sy mening was, dat die Perswet bedoel was, volgens die aanhef daarvan om bestuursmaatreëls te neem vir die uitvoering van Art. 19 van die Grondwet. Nou kom dit vir Asquith voor, dat Art. 5 van die Perswet in geen opsig kon beskou word as ri bestuursmaatreël vir uitvoering van die bepalings van die Grondwet nie, waarin die vryheid van die drukpers toegestaan word. Inteendeel, redeneer hy, Art. 5 van die wet bedoel om die uitvoerende gesag te magtig om feitlik op eie oordeel verspreiding van drukwerk te verbied sonder die lasterlike aard daarvan in aanmerking te neem. Hoe vaag die woorde „vryheid van drukpers" ongetwyfeld mag wees, skyn dit Asquith toe, dat met die nouste betekenis wat ri mens daaraan kan gee, Art. 5 nie verenig kon word en derhalwe nie geregverdig deur die Grondwet nie. Dit was juis in stryd met die Grondwet en dus van wetskrag ontbloot. Met hierdie uitspraak neem Asquith die reg van die Hof aan om wette te toets aan die voorskrifte van die Grondwet soos dit in die Verenigde State van Amerika bestaan. As die Hof die toetsingsreg gehad het, wat beslis nie die geval was nie, dan was dit vir Hess die juiste weg om na die Transvaalse Hof te gaan en die wet daar te laat toets deur die regter. Die reg om Transvaalse wette in stryd te verklaar met die Transvaalse Grondwet het Chamberlain nie gehad nie. Die pogings in Londen daartoe aangewend was die aanmatiging van ri bevoegdheid wat beshs onder geen omstandighede kon geld nie teenoor ri inwendig onafhanklike en vrye staat. ri Derde beswaar wat by Chamberlain voorgebring is teen die reg van die Repubhek om Britse onderdane kragtens die Perswet te veroordeel, was die bewering, dat die wet nie voldoen het aan al die vereistes wat die Grondwet stel vir be- 550 Onrcëlmatige Totstandkoming. hoorhke ontstaan van 'n wet nie. Die ontwerp is wel openbaar gemaak drie maande voor sy indiening by die Volksraad, maar dit was nie die geval met al sy bepalings nie, beweer die saakgelastigdes van Hess. Jnis in Art. 5, waaronder die Critic geskors is, is by die behandeling in die Volksraad 'n wysiging aangebring. Die enigste verontskuldiging, sê hulle nou, vir die versnim om hierdie belangrike wysiging ook voor die volk te lê, sou gewees het, dat dit geen uitstel kon ly nie. DU is beshs nie die geval nie. Die eis wat Art. 12 van die Grondwet stel vir die bekendmaking van wetsvoorstelle drie maande vóór behandeling in die Volksraad, was juis om die publiek en die verteenwoordigers ri geleentheid te gee om dié sorgvuldig te kan oorweeg en die nodige besware te opper es wysigings aan te bring. Om te wil eis, dat ook die wysigings weer drie maande lang aan die openbare mening vir oorweging moes onderwerp word, sou ri vertraging in die wetgewing teweeggebring het wat die volksverteenwoordiging tot ri bespotting maak. Dat vertraging nie begeer is nie. bewys juis die bepaling van bekendmaking vooraf alleen van wetsvoorstelle ander dan „die geen uitstel kunnen lijden". Dit is ook beweer, dat die wet nie volgens gebruik vir ri twede en derde keer in die Volksraad gelees is nie. Ook sou Art. 7 daarvan nooit bespreek, gelees of aangeneem gewees het in die Volksraad nie en tog as wet afgekondig wees. As dit waar was, dan het die wetgewende vergadering seker on* reëlmatig te werk gegaan. Dog, wanneer ri wet deur die owerheid op gesag van die voorsitter van die Volksraad bekend gemaak is in die „Staatskoerant", dan is dit Wet vir die burgery en vir die howe wat daarna uitspraak moet doen by oortredings. Wie daarteen in verset moet kom, is die openbare mening en wel teen die volksverteenwoordiging en die owerheid weens onvoldoende waaksaamheid vir die regte van die pubhek. Engeland het daar seker niks oor te sê gehad nie. Verbod strydig met Perswet. 551 Dit was n suiwer binnelandse aangeleentheid van Transvaal en vir sy volk en kiesers om te beoordeel en die onreëlmatige en wederregtélike optree van hulle owerheid af te keur en vir die toekoms te belet. Slegs die vierde rede van verset, deur Hess aangevoer teen die verbod van die President op die verskyning van die Critic, het enige grond gehad. Dit was, dat die verbod in stryd was met die Perswet self, op die krag waarvan dit juis voorgegee is om te berus. In die bevelskrif is aan die eienaar van die Critic nie meegedeel in watter opsig die inhoud van die blad gevaarlik was vir die vrede en orde van die land nie. Na geen besondere inhoud van die blad is verwys nie; oor dié rigting van 'die blad ten aansien van maatskaplike of politieke insigte is nie in besonder gekla nie, tenminste nie in die bevelskrif nie. Op hierdie punt is die oordeel gevra van die regsgeleerde F. C. Mackarness, wat die enigste man was wat in verband met hierdie saak die juiste standpunt ingeneem het In verband met die vrae of die Perswet in stryd was met die Verdrag van Londen, met die Grondwet of met bepaalde voorskrifte ten opsigte van die behoorlike ontstaan van wette, het hy homself nie geag as geregtig om ri oordeel uit te spreek nie. Die Perswet was as Wet afgekondig en was dus Wet van die Repubhek. Al verset wat Hess kon en moes aanvoer, was dat die bevelskrif teen die verskyning van sy blad in stryd was met die Perswet en dat die President sy bevoegdheid onder dié wet te buite gegaan het Mackarness gee dit as sy mening te kenne, dat die bevelskrif ultra vires was en wetlik ondeugdelik. Die Perswet, waaraan dit alleen krag kon ontleen, dra die naam van „wet betreffende de drukpers" en die bepalings daarvan lê ernstige beperkings op die vryheid van die drukpers. Art. 5 gee aan die President die reg om vir altyd of vir sekere tyd die ver- 552 Gevolgtrekking van Mackarness. Spreiding van „gedrukte of uitgegeven drukwerken" te verbied wanneer die inhoud daarvan na sy oordeel stryd*, was met de goede zeden" of „gevaarlijk voor den vrede en de orde van de Repubhek". Dit skyn Mackarness toe. dat die juiste uitleg van hterdie artiekel was, dat, nadat die President homself daanan oortuig het, dat die inhoud van bepaalde voortbrengsels van die drukpers vóór óf na verspreiding onder die pubhek gevaarlik was vir die algemene welsyn, hy die uitgee of, as dit reeds geskied het. die verdere verspreiding van sodanige aevaarlike voortbrengsels mag belet. Nou het die President in die geval van die Critic aangeneem. dat die artiekel hom magtig om vooraf voortbrengsels van die drukpers te belet en dit as uitgemaak te beskou dat die inhoud daarvan - wat hy nooit kon gesien het nie1) - van gevaarlike aard sou wees. Maar geen bevoegdhede van dié aard is aan hom verleen nie. Wanneer dit die bedoeling van die Volksraad was om sodanige mag te verleen, sou die gebesigde bewoordings baie anders gewees het om dié bedoeling té kenne te gee. , Die gevolgtrekking van Mackarness was derhalwe. dat die onderdrukking van die Critic vir ses maande ri beshste skending was van die Perswet van die Suid-Afrikaanse Republiek. _ (C. 8423, bl. 80—87). ' Hy het ongetwyfeld gelyk gehad. Die regering kon nie uit krag van Art. 5 by voorbaat persvoortbrengsels gaan Onderdruk in die vooropgestelde veronderstelling, dat dié voortbrensels in stryd met die goeie sede en die vrede souwees,nie Die regering kon alleen ri oordeel vel, nadat van die inhoud i\ nit „.reek vanself, dat die critfc nie verbied is alleen op die vernering van Mackarness. Skadevergoeding vir Hess geëis. 553 van die voortbrengsels kennis geneem is. Anders word die optree van die owerheid willekeurig en onbillik. Maar in hierdie geval is die weg van die benadeelde na die Hof van die Republiek, wat moes uitmaak of daar ri oortreding plaasgevind het wat die verbod van die regering regverdig en of dié regering sy bevoegdheid' nie oorskry het nie. Dit was geen saak vir die bemoeiing van Brittanje nie. Daar was geen noodsaak, geen regsgrond, vir die heer Chamberlain om skadeloosstelling vir die eienaar van die blad te eis nie. soos hy gemeen het om te kan doen en gedaan het. Sy voorstel dat deur die Hoë Kommissaris en die President tesame ri skatter sou aangewys word om die bedrag van skadeloosstelling te bepaal, was derhalwe ri besliste oorskryding van sy reg en ri belediging vir die regterlike mag van die Suid-Afrikaanse Repubhek. Die reg van Hess op skadevergoeding het by Chamberlain vooraf vasgestaan en hy eis nog dat die koste wat Hess sou maak om sy aanspraak te bewys, ook deur die Republiek sou vergoed word. Die skatter sou ook hierdie bedrag moet bepaal, as daaroor geskil ontstaan. — (Gbk. No. 2, bl. 48). - Die antwoord van die regering op die vertoë.en eise van die heer Chamberlain was dan ook heeltemal juis. Hess moes sy beklag doen by die geregshowe van Transvaal om èn die reg op èn die bedrag van skadevergoeding te laat bepaal vir die verhes wat hy as gevolg van die President se bevel sou gely het, deurdat die Critic nie kon verskyn nie. — (Gbk. No. 2, 1898, bl. 73). Dit is die weg wat die Ster ri paar maande later, einde Maart 1897, ingeslaan het, toe hy bevel gekry het om sy uitgawe drie maande lang te staak weens die gevaar wat hy oplewer vir die vrede van die Repubhek. — (C. 8423, bl. 135). Die Hooggeregshof was vir hulle oop en die regspraak in Transvaal was onafhanklik en onpartydig genoeg om ri uit- 554 Perswet enigsins verskerp. spraak teen die regering met koste te gee op grond van die feit, dat Art. 5 van die Perswet aan die President geen sodanige mag gee, as hy in verband met die onderdrukking van die blad aangeneem het nie. — (C 8423, bl. 141). Die uitspraak ten gunste van die Star het gelukkig ri loèristraf fing besorg van die sinspelings van die saakgelastigdes van Hess op die onregverdige optree van die regering en die afhanklikheid en partydigheid van die geregshowe van Transvaal. Ten onregte het hulle op Chamberlain ri beroep gedoen om die onderdrukking van die Critic te beskou as ri skending van die Londense Verdrag en vir Hess dié herstel en vergoeding te eis „wat slegs diplomatieke bemoeiing deur die Britse regering kan verkry van die regering van ri land wat skuldig is aan willekeurige, onregverdige en inkwisitoriale dade". Dit was water op Chamberlain se meul en hy het homself nie daarvoor gewag om van die vermeende geleentheid gebruik te maak nie om die reeds swaar beproefde Transvaalse regering die volle mate van oor las te veroorsaak. Hy moes later self erken, dat die wet nie in stryd was met die Verdrag van Londen nie. — (C. 8721, bl. 20). By die wet No. 14 van 1898 het die Perswet van 1896 ri wysiging ondergaan en wel in die eerste plaas in dié sin, dat die verantwoordelike opsteller ri persoon moes wees wat sy vaste woonplek binne die Republiek het. Naas die verantwoordelike opsteller kon ook gestraf word die drukker en die uitgewer „als dader van eene strafbare handeling door middel van eenig periodiek drukwerk gepleegd". Op die uitgewer is nog die verpligting gelê om so spoedig moontlik na elke openbaarmaking ri nommer van die openbaar verspreide drukwerk op die kantoor van die Staatsekretaris te besorg. Ook is die wet nog aangevul met voorsiening in die geval dat die drukker en uitgewer ri maatskappy, vereniging of andere liggaam is, teneinde ri bepaalde persoon te kan tref vir oortreding van die wette. Gevaarlike Persuitings. 555 Die bepalings van die Perswet is dus enigsins verskerp. Die vraag verdien nog korteliks beantwoording of daar vir dié verskerping en vir die toepassing van die Perswet in die algemeen rede bestaan het. Hobson sê, dat Suid-Afrika ri voorbeeld, enig in sy soort, verskaf het van ri groot pers wat in besit was van en in daardie tyd beheer en gedrywe is deur ri klein groepie van manne met die regstreekse doel om ri botsing te veroorsaak wat hulk geldelike belange sou bevorder. — (bl. 206). Nadat hy ri uiteensetting gegee het van die nuusblaaie wat onder beheer van Rhodes en sy partygenote gestaan het, merk Hobson op, dat daar iets bepaald grappigs was in die wyse, waarop daardie blaaie onder die Uitlandergriewe vertoon gemaak het van die onderdrukkende aard van die Perswet in ri tyd, waarop hulle dag aan dag toegelaat is om taal te gebruik wat, aelfs in tye van gewone kalmte, die inhegtenisneming en vervolging van opstellers en uitgewers in enige ander land van die wêreld dan Engeland en die Verenigde State sou verseker het en wat in albei laasgenoemde lande tenminste ewe gedugte weerwraak van vaderlandsliewende burgers sou uitgelok het. — (bl. 210). Hobson sien dan ook niks onderdrukkends in die hegtenis van Pakeman, opsteller van die Transvaal Leader, en die poging tot inhegtenisneming van Monypenny van die Star in September 1899 nie. Hy gee ri aantal treffende voorbedde van die toon wat hulle durf aanslaan het in hulle koerante. Die Leader het verkondig: „Even yet there is time for some strong and just man to arise and lead the burghers tb Pretoria and sweep the gang from power, to annul the decree of the Raad by a coup d' état and eject the dynamitards from the State ". „We will have no half settlements, and if we can't win a full and honourable citizen rank as British subjects, we shall 556 Oordeel van Sir William Butler. win it in another way ". — (Hobson, bl. 212). „Although some have talked of the necessity for reform and many have bewailed the disgrace brought upon the country by the tactics of the junta at Pretoria, nothing effective has been done, and it remains for the Paramount Power to effect what the people have shrunk from". - (Hobson, bl. 213). Daar is genoeg voorbedde van hierdie aard om boekdde mee te vul. maar aanhaling van meer is hier oorbodig. Van groot belang is die mening van Sir William Butler wat 'n tydlank Waarnemende Hoë Kommissaris was in afwesigheid van Sir Alfred Milner. Op bladsy 392 van sy Autobiography sê hy dat die koerante in die Transvaal buitensporig was in hulle taal van belediging en plagery. Bedrdging op bedreiging is elke dag teen die regering van die Repubhek en die mense van Dietse ras geslinger. 'n Mens moes in gedagte hou. sê Sir William op bladsy 400, dat Johannesburg waarskynlik uit die mees bedorwe. die onsedelikste en die leuenagtigste sameskoling van wesens op daardie oomblik in die wêreld bestaan het. Alle politieke verwikkelings in Suid-Afrika en byna alle berigte. uit Kaapstad na Engeland gestuur, is bewerk deur wat hy bestempel as *n ontsaglike sindikaat vir die versprdding van stelselmatige verdraaing van die waarheid. „Calumnies, contempt, taunts and insults were the everyday comments upon all things Dutch in the land". — (Bl. 404). HOOFSTUK XXXVII. BENOEMING VAN 'N KONSUL-GENERAAL IN KAAPSTAD. In Januarie 1899 het die Suid-Afrikaanse Repubhek besluit om in Kaapstad ri konsul-generaal te benoem en vir dié betrekking die heer Carl Jeppe aan te wys. Maar voordat oor die aanstelhng van die heer Carl Jeppe die eindbeslissing geneem word, is die Kaapse regering gevra of hulle enige beswaar het teen die genoemde aanstelling en of hulle bereid sou wees om die nodige stappe te doen vir die verkryging van die vereiste exequatur vir die optree van die heer Jeppe in genoemde hoedanigheid. — (Groenboek No. 3, 1899, bl. 5). Die Koloniale Sekretaris, die heer W. P. Schreiner, antwoord, dat dit by vreemde regerings gebruiklik was om hulleself, vir die erkenning van ri kbnsulêre benoeming in ri Britse kolonie, tot die Imperiale regering te rig met die aanvraag om exequatur. — (Gbk. No. 3, 1899, bl. 6). Vervolgens word dus die versoek gerig aan die Hoë Kommissaris. Sir Alfred Milnir was verbaas, gee te kenne, om te verneem, dat die regering van die Suid-Afrikaanse Repubhek sodanige aanstelling gemaak het sonder enige mededeling vooraf aan die Britse regering van die begeerte om sulks te doen. Voordat hy hieroor in verbinding tree met die Minister van Kolonies, sou hy graag inligting hê omtrent die redes wat die Suid-Afrikaanse Repubhek genoop het om die benoeming 558 Milner maak Moeilikheid. nodig te beskou en omtrent die aard van die pligte wat die konsul-generaal van die Republiek geag word om in die Kaapkolonie te vervul. — (Gbk. No. 3, 1899, bl. 7). Dit is goed te begryp, dat die Transvaalse regering oor bierdie bemoeisug van die Hoë Kommissaris baie ontstem was. Die Republiek het vroeër insake die benoeming van ri konsul in Durban presies so gehandel as in hierdie geval. In Maart 1894 het Dr. Leyds die Koloniale Sekretaris van Natal in Pietermaritzburg te kenne gegee, dat die Repubhek voornemens was om die heer J. H. A. Balwe tot konsul in die Kolonie Natal te benoem en hy vra of die Natalse regering daarmee genoeë neem. Die antwoord van die Koloniale Sekretaris het gelui, dat dit vir sy regering aangenaam was om toe te stem in die benoeming van die heer Balwe. Vervolgens is aan die Goewerneur meegedeel, dat die heer Balwe sy lettres de peo~ vision by Sy Eksellensie sou indien tot verkryging van die vereiste exequatur. Die Goewerneur het die aanstelling voorlopig goedgekeur en die exequatur van Engeland aangevra en verkry. — (Gbk. No. 3, 1899, bl. 8—10). Dat die Hoë Kommissaris die redes vir die benoeming wou weet, was niks andeas nie dan ri uitvloeisel van sy begeerte om die Repubhek in sy selfstandige optree orals te dwarsboom en onnodig moeilikhede te veroorsaak. Milner het tog seker geweet wat die gewone pligte van ri konsul wae en kon veronderstel het, dat die konsul van die Suid-Afrikaanse Republiek niks minder of niks meer sou moet doen nie dan enige ander konsul van ri vreemde staat in Kaapstad, naamlik, om die handel en nywerheid te bevorder, toosig te hou oor die skeepvaart, die onderdane van sy land te beskerm en raad te gee en bepaalde notariële werksaamhede te verrig. Tereg het Staatsekretaris Reitz die Hoë Kommissaris daarop gewys, „dat het geen internationaal gebruik is. als een Regeeriag een Consul aanstelt in een anderen staat, dat rij daarbij ét Benoeming van Konsuls. 559 redenen ontvouwt, die haar tot die aanstelling leiden". Die Republiek het dan ook gemeen om van hierdie algemeen aangenome internasionale gebruik nie te mag afwyk nie. — ( Gbk. No. 3, 1899. bl. 8). ri Staat hoef nie te vra of ri konsul vir ri bepaalde distrik in ri ander land mag aangestel word nie. Die benoeming geskied isonder raadpleging van die regering, waaronder die konsul moet gaan werk. Sy lettres de provision word dan deur die diplomatieke verteenwoordiger van sy land aan die betrokke owerheid oorhandig, wat daarop die exequatur verleen of dit weier om persoonlike redes. Volgens internasionale reg is ri staat weliswaar nie verplig om konsuls toe te laat nie. Maar die bandelsbelange van alle state is so sterk, dat in die praktyk elke staat konsuls van vreemde state moet toelaat, want die ,staat wat dit weier, sou op sy beurt nie toegelaat word om sy eie konsuls in die vreemde te hê nie. — (Oppenheim 1, bl. 588—606). Engeland het self in die Transvaal sy konsulêre amptenare gehad, vir wie op gebruiklike wyse exequatur aangevra en verkry is, en die Repubhek het reeds komsuls gehad in Durban en Londen behalwe ia baie ander plekke, sodat daar geen rede bestaan het om die benoeming van ri konsul-generaal in Kaapstad te weier nie. Transvaal het buitendien ook konsulêre amptenare van baie ander lande in sy gebied aangestel gesien. Waarom kon die heer Schreiner nie die handelwyse van die Koloniale Sekretaris van Natal gevolg het nie? Hy het ongetwyfeld sy aanwysings van die Hoë Kommissaris gekry. Sir Alfred Milner gee in antwoord op die Transvaalse verset te kenne, dat hy die weg wat by die benoeming van ri konsul in Natal gevolg is, as verkeerd beskou. Die feit, dat daarteen destyds geen beswaar gemaak is nie, het vir hom geen voldoende rede toegeskyn om in ri herhaling daarvan toe te stem nie. Daar was, volgens sy mening, eerder rede om 560 Uitleg van Milner. die verkeerde weg te verlaat, daar ri onreëlmatigheid. deur verskeie kere onopgemerk plaas te vind, die bekragtiging van ri gevestigde gebruik verkry. Die juiste wyse van te werk te gaan was, ag hy, om die goedkeuring van die hnpenale regering te vra vir die aanstelling van ri konsulêre amptenaar in ri deel van die Britse besittings vóór tot sodanige benoeming oor te gaan. Hy beskou dit vir die Republiek «te doende om van die Kaapse regering te verneem of hulle geen beswaar het teen die benoeming van ri bepaa de persoon as konsul en, als dit gereël is, die aanstelling te maak en equator by die Imperiale regering aan te vra nie. In die eerste plaas meen hy, moes die Imperiale regering genader word wat dan, as hulle dit nodig ag, die kolonie kon ^^„.e Sir Alfred Milner kon nie insien waarom die Transvaalse regering moes verbaas wees oor sy versoek om redes vur die benoeming van ri konsul vir die Kaapkolonie nie Vir ,are lang het die beste verhoudings tussen die Kaapko ome en d,e Transvaal bestaan sonder. vir sover hy homsel bewus was die geringste ongerief ontstaan het weens die in die Kaapkolonie geen konsulêre amptenaar van die Repubhek was nie. As hy hierin ongelyk gehad het en die SuidAfrikaanse Repubhek die behoefte aan sodanige amptenaar ondervind het. was dit vir hom moeilik om te gryp waarom die Republikeinse owerheid onwillig sou wees om, tot inhgting F ** . „5«,i_„ *p. aec van die omstandig- van die Britse regering, n uitleg te gee van hede, waaruit die behoefte ontstaan het. Tenslotte erken die Hoë Kommissaris die vryheid van die Republiek om geen redes vir die versoek om goedkeunng van n konsul op te gee nie, tensy sulks deur hulleself verkies word. - (Gbk. No. 3, 1899, bl. 11 en 12). Dit is duidelik. dat, toe die Hoë Kommissaris sy eerste=bnef geskrywe het. hy nie op hoogte was van die wexkgegaa. is by die benoeming van ri konsul van die Repu- Antwoord van Staatsekretaris Reitz. 561 bliek in Natal nie en dat hy nou sy ongeoorloofde optree wou goedpraat. Dit was geen onreëhnatige weg wat in Natal gevolg is nie. soos Staatsekretaris Reitz dan ook met juistheid in sy antwoord opmerk. Daar 'n konsul vir suiwer plaaslike doeleindes aangestel word, bring die volkeregtelike gebruik dit mee. dat by die betrokke regering die aanstelling gemeld werd met die vraag of die bepaalde persoon as konsul vir hulle aangenaam sou wees. As dit die geval blyk te wees, word die aanstelling bekragtig en aan die regering van die soewereine moondheid versoek om die vereiste exequatur te verleen. So het dit in Natal geskied en so moes dit in die Kaapkolonie gebeur het. Vir die Europese moondhede was dit die aangewese weg om regstreeks met die Britse regering in verbinding te tree insake die benoeming van konsuls in die afgekë Britse geweste, dog vir die Suid-Afrikaanse Republiek het dit vanself gespreek om homself in die eerste plaas te wend tot sy buurstaat, by wie die konsul sou moet optree. hoewel alleen Engeland bevoegd was om 'n geldige exequatur te verleen. Toe die Britse regering ri onder-konsul in Johannesburg wou benoem, liet hulle nie eers gevra of die heer Evans in dié hoedanigheid die Republiek aangenaam sou wees nie, maar is die benoeming somarso geskied en die Repubhek eenvoudig om erkenning van die onder-konsul gevra. — (Gbk No 3 1899, bl. 13). Die Suid-Afrikaanse Repubhek het natuurlik nie begeer om 'n geheim te maak van die redes wat hom genoop het om tot die benoeming van 'n konsul-generaal in Kaapstad oor te gaan nie, maar het Sir Alfred Milner die reg wil ontseg om opgawe van dié redes te eis. voordat die benoeming deur die Britse regering goedgekeur sou word. Hierdie redes word tenslotte meegedeel en was te vinde in die steeds toenemende verkeer tussen die Suid-Afrikaanse Repubhek en die Kaapkolonie. Baie Transvaalse burgers het Kaapstad besoek en het 36 562 Van Benoeming afgesien. ook daar deurgereis op hulle weg Europa toe en terug. Daar was behoefte aan ri verteenwoordiger van hulle regering, tot wie hulle kon gaan om raad en hulp. Buitendien het die wette van die Republiek geëis. dat bewysstukke van verbintenisse. deur burgers in die buiteland aangegaan, voor die howe geldig sou wees, wanneer die onderteken was deur 'n konsulêre amptenaar van die Republiek. Tot nogtoe was daar geen geskikte persoon in Kaapstad wat hierdie werk kon verrig nie. Die fat, dat die heer Jeppe, ri burger van die Suid-Afrikaanse Repubhek homself in die Kaapstad metterwoon gevestig het, het die regering in staat gestel om in die leemte te probeer voorsien. — (Gbk. No. 3, 1899. bl. 13). Tenslotte het die heer Jeppe geen konsul-generaal in Kaapstad geword nie. Die Republiek het die saak maar laat loop wat slegs ri onderdeel was van die groot vraagstuk van die soesereiniteit. Buitendien kon die heer Jeppe nie sy betrekking aanvaar sonder die vereiste exequatur te ontvang het me en daarvan was van Engelse kant onder omstandighede geen sprake nie. ri Ander saak wat aan die hierbo behandelde verwant is. hoewel dit daarmee nie in regstreekse verband staan nie. verdien hier nog vermelding. Einde 1886 is deur Brittanje beslote om as Britse konsulêre amptenaar in die Suid-Afrikaanse Repubhek die heer Ralph Williams aan te stel en word behoorlik gevra of sy benoeming as sulks die Transvaalse regering welgevallig sou wees. Daar het geen rede bestaan om teen die persoon van die heer Williams beswaar te maak nie en die Repubhek stem toe om hom na die indiening van sy ferrres de provision die gebruiklike exequatur te verleen. Die heer Williams het in April 18*7 in Pretoria aangeland en wel sonder lettres de provision, maar versoek nietemin die ri Britse Konsulêre Amptenaar. 563 regering om hom te erken as Britse konsulêre amptenaar wat belas sou wees met die gehele briefwisseling wat tot dan toe gevoer is tussen die goewerneurs van die Kaap en van Natal en die President. Die regering het die afwesigheid van die geloofsbriewe betreur, omdat hulle daaruit moes verneem in watter hoedanigheid exequatur verlang is. Die algemene term „konsulêre amptenaar" het alleen aangedui in watter groep die betrokkene moes geplaas word, maar nie watter rang hy daarin kon beklee nie. Die feit omtrent die rang, waarin sy regering gewens het, dat hy werksaam sou wees, moes eers aan die Repubhek bekend gemaak wórd, voordat dit moontlik sou wees om te voldoen aan die verlange om die heer Williams so spoedig moontlik in sy ampsverrigting te laat optree. Sy bewering, dat aan hom opgedra is om die hele briefwisseling tussen die President en die Engelse goewerneurs op hom te neem, was reeds al ri punt wat die regering eienaardig en onverklaarbaar voorgekom het, daar dit ri ampsverrigting behels het wat buite die gewone werksaamhede van ri konsulêre amptenaar geval het. Aan die Hoë Kommissaris is telegrafies om inhgtings gevra. Die regering het egter intussen beshs geweier om met ri konsulêre amptenaar in onderhandeling te tree oor diplomatieke sake. Op 13 Junie 1887 skrywe Staatsekretaris Bok aan die heer Wilhams: „Onder terugzending van het document onder de hand en het zegel van Zijne Excellentie den Hoogen Commissaris, hetwelk door U persoonlijk aan Z.H.Ed. den Staatspresident werd overhandigd, heb ik de eer U mede te deelen, dat ik in opdracht heb U in kennis te stellen met het besluit dezer Regeering om U toe te laten ad interim (overeenkomstig de correspondentie door deze Regeering met Z.Exc. den Hoogen Commissaris over dit onderwerp gevoerd) uit te oefenen functies gelijkvormig aan die van een consulairen 564 Die Britse Agent. ambtenaar, terwql verder deze Regeering U, wat uw rang aangaat, zal beschouwen als Consul-GeneraaL Wat andere dan hierbovengenoemde functies betreft, wenscht deze Regeering al vast op te merken, dat zij bezwaren gevoelt tegen het voeren van correspoödentie over diplomatieke onderwerpen met U als zijnde geen diplomatieke ambtenaar en dat zij derhalve in het schrijven over dergelijke onderwerpen het gebruik wenscht te volgen hierin tot dusverre bestaande". As die heer Williams voorsien kon word van geloofsbriewe as diplomatieke agent, sou Transvaal geen beswaar gehad het, so word te kenne gegee, in die voer van diplomatieke onderhandelings met hom nie. Dit is dan ook geskied en hieruit is die verteenwoordiging van Brittanje deur ri „British Agent" in Pretoria ontstaan. Die Britse Agent is deur Transvaal beskou as van laer rang dan ri „Minister Resident" en toe Portugal sy konsul-generaal in Pretoria vervang deur ri Chargé r landdroste. veldkornette, kommandante, ens., dog nie vir die lede van die Eerste Volksraad, vir die President of vir die Kommandant-Generaal nie. Hierdie soort kiesreg sou die vreemdeling binne twee jaar kan uitoefen en m plaas van £ 25 slegs £ 5 vir inskrywing betaal. Na vier jaar sou hy verkiesbaar wees vir die Twede Volksraad. Strewe na Uitbreiding van Kiesreg 613 Volle burgerreg, naamlik om ook vir die Eerste Volksraad te kan stem en daarin sitting te neem en om in die verkiesing van Kommandant-Generaal en President deel te neem, isou by eers na nog tien jaar kan verkry. Die wet van 1890 het op enkele wysigings na tot in 1899 in hoofsaak van krag gebly. Die inskrywingsgeld is later tot £ 2 verminder en van tyd tot tyd is besluit, dat almal wat die wapens gedra het tot verdediging van die Repubhek by voorbeeld teen vyandige Kaffers, die volle burgerreg daarop sou kry. 'n Bepaling, dat kinders die nasionaliteit van hulle vader sou volg, het aanmerklike ontevredenheid veroorsaak veral by diegene wat self Afrikaners was. Die rede vir dié bepaling was geleë in die oorweging, dat in baie ander lande die nasionaliteit van die kinders beslis is deur die van hulle vaders, en dat kinders wat opgroei onder die sorg van ouers wat weier om hulleself te laat naturaliseer en te vereenselwig met die belange van die land, nie geneig sou wees om enige ander gevoel te hê nie dan die van vervreemding teenoor die Republiek. Die Britse regering het aangaande hierdie kiesregbepalings nie onkundig gebly nie, maar het in daardie tyd hoegenaamd geen beswaar daarteen geopper nie, omdat dit ri saak was van suiwer binnelandse beleid. Die instelling van die Twede Volksraad het die vreemdelinge glad nie tevrede gestel nie met die gevolg, dat hulle voortdurend geveg het vir die uitbreiding van die kiesreg. Hierdie verlangens het ondersteuning gekry by ri aanmerklike deel van die Boerebevolking self en by die sogenaamde Progressiewe Party in die Volksraad. In 1894 het hierdie party voorgestel, dat aan die vreemdelinge na vyf jaar volle burgerreg sou toegestaan word, n.1. na twee jaar naturalisasie en drie jaar later volledige burgerskap. In 1895 is hierdie 6H Hinderpale vir die Stemreg. voorstel andermaal by die Volksraad ingedien en het dit een derde van die stemme van die Raad verkry. Die Progressiewe Party het die vaste hoop gekoester om hulle sin in hierdie opsig binne ri paar jaar te kry. Behalwe die vlagvoorval in 1890 en die Loch-voorval in 1894 was daar twee ander sake wat die spoediger toestaan van kiesreg aan die Uitlanders teëgewerk het. Die eerste van hierdie sake was die weiering van die vreemdelinge om hulleself as sulks te laat inskrywe by die veldkornette. Volgens ri baie ou wet van die Transvaal moes elke vreemdeling wat voornemens was om homself daar te vestig, van sy voornemens kennis gee aan die veldkornet. *) Dit het sy nasionaliteit nie gewysig nie, maar was nodig om aan te toon, dat hy van plan was om in die land te woon en nie slegs ri deurreisende besoeker was nie. Die bepaling van hierdie wet is herhaaldelik onder die aandag van die vreemdehnge gebring sowel deur die lede van die Volksraad en die National Union as deur die regering. Die straf vir nalating van inskrywing is meer dan eens toegepas. Ondanks dit alles het slegs ri paar duisend hulleself laat inskrywe, wat grond gegee het vir die bewering, dat die vreemdelinge nie van plan was om in die Republiek te bly woon nie. Die twede hinderpaal vir die spoedige invoering van volle stemreg was die handelwyse van ri groot deel van die grondeienaars in Johannesburg. By geleentheid van ri stemming oor die waterleidingslening het hulle die regering versoek om die stemme van die huurders weg te neem, daar laasgenoemdes die land mag verlaat en die eiendomme dan sou belas bly met die lening. Ook dit het aan die teenstanders van die stemreg ri bewys in hande gegee, dat die vreemdelinge nie voornemens was om in die land te bly nie. i) In die Grondwet van 1858 (art. 177) is ook al bepaal: „De Veldcornetten zullen nauwkeurig aanteekening houden van alle nieuwe inwoners die in hunne afdeeling komen", ens. Versoekskrif om Britse Tussenkoms. 615 Die Jameson-Inval en die verdere gebeurtenisse wat daarop gevolg het, het die wantroue teen die Uitlanders versterk en enigsins geregverdig. Daarby het nog gekom, dat die Uitlanders langsamerhand byna uitsluitend in ri paar plekke samegeskool het, terwyl daar in 1895 nog in byna iedere streek van die Repubhek vreemdelinge gewoon het. Baie van die laasgenoemdes was landverhuisers uit die Kaapkolonie en die Oranje-Vrystaat, wie ,se aansprake in die eerste plek op aangedring is en die spil van die voorgestelde hervorming was. Met die inval van Jameson het sowat almal van hierdie mense aan die kant van die regering gestaan en daardeur die volle burgerreg verdien en verkry. In Pretoria was daar by voorbeeld 600 van hulle, in Krfigersdorp 150, in Wakker stroom 300 en in Johannesburg enige 'duisende, waarvan 990 op één dag die volle burgerreg verkry het. Tesame is sowat ses duisend juis van dié mense wat die meeste reg gehad het om te kla oor die moeilike stemregbepalings, binne korte tyd tot volledige burgerskap verhewe. *) In Maart 1899 is ri versoekskrif, sogenaamd deur 21,684 Britse onderdane onderteken, aan die heer Chamberlain gestuur by wyse van ri beroep op tussenkoms in Transvaal tot verwydering van die druk, waaronder die Uitlanders beweer is om gebuk te gaan. Dit het die Minister van Kolonies opnuut ri aanleiding daartoe verskaf om op 10 Mei ri lang brief aan die Transvaalse owerheid te rig met die vermelding van ri groot aantal denkbeeldige griewe. Hierdie brief is egter pas op 13 Junie 1899 aan die regering oorhandig, nadat die besprekings tussen die President en Milner op Bloemfontein misluk geblyk het. Die heer Chamberlain het niks nuuts te vermeld gehad nie, ') Die eerste gedeelte van die hoofstuk tot op hierdie punt is in dank ontleen aan een van die onuitgegewe, dog privaat verspreide, opstelle van die heer Carl Jeppe. 616 Klagtes van Chamberlain. maar het in herhaling verval van wat hy reeds in Februarie 1896 en later oor te kla gehad het. Hy doen nou weer ri aanval op die sware belastings wat die Uitlanders sou te dra gehad het; op wanbeheer deur amptenare; op die monopoliepolitiek van die regering; op die onderwys en die stelsel van plaaslike bestuur in Johannesburg; op die weiering van die regering en die Volksraad om die sogenaamde Adviserende Raad toe te laat om toesig te hou oor die uitvoering van die Drankwet, die Paswet en die Wet op Gouddiefstalle; hy kla oor die beweerde en reeds weerlegde mishandeling van Britse onderdane (Kaapse kleurlinge); oor die doodskiet van sekere Edgar deur poliesman Jones; oor die opbreek van 'n vergadering van'die National Union deur 'n groep teenstanders van daardie politieke ophitsingsvereniging; hy verwys ook weer na die gebreke en onderdrukkende aard van die Perswet en die Vreemdelingewet en na die afsetting van die heer Kotzé wat beweer word same te hang met vermeende gebrekkige regsbedeling. — (Gbk. No. 11, 1899, bl. 2—13). Die heer Chamberlain skyn al hierdie opgeblase en denkbeeldige misstande te wil toeskrywe aan die feit, dat die Uitlanders geen algemener stemreg of sterkere verteenwoordiging in die bestuur van die land het nie. Sy lys van beskuldigings het min of meer *n weergawe behels van die genoemde versoekskrif nie alleen nie, maar ook van Milner se berugte „helote'-kreet wat op 4 Mei 1899 uit Kaapstad gesein is en Londen bereik het sowat vyf dae voordat Chamberlain die brief onderteken het. Milner se lang telegram het op die volgende wyse geeindig: „Die skouspel van duisende Britse onderdane wat by voortduring gehou word in die toestand van helote, gedurig onder ontwyfelbare griewe raas en tevergeefs na Haar Majesteits regering om herstel roep, ondermyn langzamerhand die invloed en goeie naam van Groot-Brittanje en die eerbied vir die Milner se Helote—Kreet. 617 Britse regering binne die gewesfe van die Koningin, ri Sekere deel van die pers, nie alleen in Transvaal nie, verkondig openlik en aanhoudend die leer van ri republiek wat geheel SuidAfrika moet omvat, en ondersteun dit met dreigende verwysings na die bewapening van Transvaal, sy bondgenootskap met die Oranje-Vrystaat en die werkdadige medegevoel wat dit in geval van oorlog .sou ontvang van ri deel van Haar Majesteits onderdane. Ek betreur dit om te sê, dat hierdie leer, met ondersteuning van ri onophoudelike stroom van kwaadwillige leuens omtrent die bedoeling van die Britse regering, 'n ernstige uitwerking teweegbring op ri groot aantal van ons Dietse medekoloniste. Dikwels word taal gebruik wat .skyn om in te hou, dat die Dietssprekendes ri soort hoêre reg het selfs in hierdie kolonie dan ons medeburgers van Britse geboorte. Duisende manne wat tot vrede gesind, en, indien met rus gelaat, volkome tevrede is met hulle toestand as Britse onderdane, word van hulle trou afgerokkel, en daar is ri ooreenstemmende verbittering aan die kant van die Engelse „Ek kan niks sien wat aan hierdie boosaardige propaganda ri end kan maak nie, behalwe ri treffende bewys van die voornemens van Haar Majesteits regering om nie verdrywe te word uit hulle stelling in Suid-Afrika nie. En die beste bewys van hulle krag en regverdigheid tegelyk .sou gelewer word deur vir die Uitlanders in die Transvaal 'n behoorlike aandeel te verkry in die regering van die land wat alles verskuküg is aan hulle arbeid. Dit kan volkome duidelik gemaak word, dat ons optree nie gerig was teen die bestaan van die Repubhek nie. Ons sou slegs eis die herstel van regte wat nou in die Oranje-Vrystaat bestaan en wat in die Transvaal self bestaan het ten tyde en lang na die terugtrekking van die Britse opperbestuur. Dit sou geen selfsugtige eis wees nie, daar ander Uitlanders behalwe die van Britse geboorte daarby sou voordeel behaal. Ons sou daarmee niks van andere vra wat ons nie self 618 Ruwe ingryp van Chamberlain. gee nie. En dit «ou seker die wortel van die politieke onrus in Suid-Afrika raak, en hoewel dit tydelik 'n verergering mag veroorsaak van die rassevete wat die vloek van die land is, sal dit die eindelik uitdoof". — (C. 9345, bl. 212). Chamberlain en Milner het mekaar goed verstaan. As daar miskien nog lede van die Britse kabinet was wat nie sterk genoeg vir oorrompeling van Transvaal gevoel het nie, dan sou hierdie noodkreet vir redding van die Britse ryk in SuidAfrika hulle wel daarvan oortuig het. Staatsekretaris Reitz kon al die beskuldigings van die heer Chamberlain op doeltreffende wyse weerlê. Hy wys daar ook op, dat die handtekeninge vir die versoekskrif, waarop die heer Chamberlain sy aanvalle gegrond het, grotendeels langs slinkse weë verkry is en geen juiste beeld gee van die aantal werklik ontevredenes nie. Daar was handtekeninge by van vrouens en kinders en van mense wat nooit self geteken het nie en selfs in sommige gevalle nie bestaan het nie. Reeds twee dae na die versending van bowegemelde brief van Chamberlain het Dr. Leyds die Transvaalse regering gewaarsku en daarby vermeld, dat Chamberlain die kapitaliste verbied het om verder met die regering te onderhandel,1) daar hy die saak in eie hande wou neem om vrugte te toon. Die algemene gedagte na aanleiding hiervan was dat Transvaal veel sou moet toegee. Engeland het gevoel, dat dit deur die verkiesingsnederlaag van die Rhodes-party in die Kaapkolonie aan gesag ingeboet het en wou dié weer op Transvaal verhaal. Engeland het by hierdie tyd reeds orals in die ') Begin Maart 1899 is op die wenk van Dr. Leyds onderhandelings met die Uitlanders begin, waarby die heer Ed. Lippert die rol van tussenpersoon gespeel het. Aanvanklik het dit gelyk of die doel, van vrede te stig versoening te bring en 'n einde te maak aan die verlammende persveidtog sou bereik word. Dog met ruwe hand het Chamberlain ingegryp en die Uitlanders teruggehou wat die Transvaalse regering tegemoet wou tree in dieselfde gees van versoening en vriendskap, waarmee hulle self genader is. — (Leyds : Eenige Corresp., bl. 1 en 198). Krüger geneig tot Hervorming. 619 wêreld die vrye hand gehad en Dr. Leyds twyfel derhalwe daaraan of iemand nog iets vir Transvaal sou doen. Van ri onderhoud met die amptenare van die Franse Ministerie van Buitelandse sake het hy ri ongunstige indruk gekry. „Men vraagt", sê Dr. Leyds, „of het niet mogelijk is eenige concessies te doen vóór de aankomst van Chamberlain's Nota". — (Eenige Corresp., bl. 25). Ook die Nederlandse Minister van Buitelandse Sake de Beaufort het aan President Krüger laat meedeel, dat hy as opregte vriend hom in die waaragtige belang van die land aanraai om homself so versoenlik en gematigd moontlik te toon. Die President het hierop aan konsul-generaal Domela Nieuwenhuis geantwoord, dat hy altyd toegewend gewees en nooit oorlog begeer het nie, dog die onafhanklikheid van sy land nie kon prysgee nie. Uit sy redevoerings op Heidelberg, Rustenburg en Johannesburg het sy geneigdheid geblyk om hervormings toe te staan. Die Engelse was bang vir ri vreedsame oplossing. Stemreg kon hy wel verleen, maar nie inwillig om die Engelse onderdane van die Britse Koningin te laat bly en tog stemreg in die Republiek te hê nie. Dit sou ri stilswygende erkenning van die Britse soesereiniteit wees. Die termyn vir die verkryging van die volle stemreg wou die President verkort van 14 tot 9 jaar en selfs vir persone wat reeds genaturaliseer was, die wet terugwerkende krag laat hê. As later die aantal van gevestigde burgers aangegroei het, sou hy stemreg wil verleen op nog korter verblyf in die Republiek. Engeland sou nooit tevrede wees, sê die President, solank die land nie weer Engels geword het nie. Transvaal het nooit aangeval nie, maar homself altyd verdedig teen die Engelse en op Gods bestier vertrou. — (Leyds: Eenige Cotresp., bl. 25 en 26 n). Die versoekskif aan die heer Chamberlain het ook een uitgelok aan die Transvaalse regering wat onderteken was deur 620 Standpunt van Tevrede Uitlanders. 22,500 Uitlanders van verskillende nasionaliteit. Daarin is aan die regering die versekering gegee, dat die ondertekenaars volkome tevrede was met die bestuur van die Suid-Afrikaanse Republiek. Hulle het geen ander regering daar begeer nie. Sonder foute was die regering wel nie, maar die Uitlanders het geweet en vertrou dat, as daar griewe was, dié verwyder kon word in gemene oorleg sonder inmenging van enige vreemde moondheid en sonder die raad van die kapitalise. — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 11). Dieselfde ondertekenaars het ook in 'n verdere stuk verklaar nie te deel in die gevoelens en menings wat uitdrukking gevind het in die versoekskrif aan die Britse regering nie, omdat hulle daarvan oortuig was, dat lewe en eiendom in die Republiek net so veilig en seker was as waar in die beskaafde wêreld ook. Die grootste vyande vir die vrede en die welvaart van die land was diegene wat probeer het om uit Europa, deur middel van besoldigde handlangers in Transvaal, bevele voor te skrywe insake die welvaart van die gevestigde bevolking en die binnelandse werksaamheid van die owerheid. Sodanige inmenging veroorsaak die ontstaan van tweedrag en die skep van onrus tot nadeel van die vooruitgang, handel en algemene welvaart van die volk. Die ondertekenaars was tevrede om in vriendskap in Transvaal te woon en hulle beroepe uit te oefen onder die beskerming van die regering van die land, terwyl hulle na die President opsien om met behulp van die Raad die kleine verskille wat nog bestaan het, uit die weg te ruim. — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 12). By die uiting van menings van hierdie aard, al kom dit van hoeveel Uitlanders ook van Britse nasionaliteit, het die here Chamberlain en Milner geen belang gehad nie. Griewe was hulle daaglikse drank uit die brouery van die NaHonat Union, die South African League en die politieke kapitaliste van die Rand. Aanvang van Bloemfonteinse Besprekings. 621 So begerig was President Krüger om ri beslissende oplossing van die moeilikhede te vind, dat hy nie daarteen opgesien het om op 31 Mei 1899 die Hoë Kommissaris, Sir Alfred Milner, op Bloemfontein te ontmoet vir besprekings oor die punte van Wrywing tussen die twee regerings nie, al het dié dan ook die binnelandse aangeleenthede van die Repubhek betref. Milner het dadelik na die opening van die konferensie begin met te sê, dat die oorsaak van die wrywing geleë was in die politiek van die Suid-Afrikaanse Repubhek teenoor die Uitlanders, vir wie medegevoel gewek is in Brittanje en oor die hele Britse Ryk. Indien die Republiek vrywillig geleentheid sou sien om sy politiek te verander, voordat sake erger word, en om maatreëls te neem, waardeur die gematigde mense onder die Uitlanders bevredig word, dan sou daardeur nie alleen die onafhanklikheid van die Republiek versterk word nie, maar ook ri beter gevoel ontstaan. Indien die Uitlander-vraagstuk nie op bevredigende en standvastige grondslag kon gereël word nie, sou binnekort tal van nuwe moeilikhede ontstaan, ri Meer vrysinnige behandeling van die vreemde bevolking sou Britse inmenging met Transvaalse sake op die duur .sterk laat afneem, sê Sir Alfred Milner. Indien die Britse onderdane in die toestand was om hulleself te help, sou hulle nie voortdurend ri beroep op Engeland en op die verdrae doen nie. — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 4). President Krüger het hierop antwoord gegee, dat hy volkome bereid was om sake breedvoerig te bespreek, selfs wat betref die inwendige bestuur, mits in verband daarmee slegs vriendskaplike wenke gegee word om misverstand uit die weg te ruim. Hy wys daarop, dat mense van allerlei nasionaliteit en spraak toegestroom het na die goudvelde. Dit het hom verwonder, dat in ander lande b.v. in Amerika die nuwelinge so lang moes wag om stemreg te verkry, hoewel daar soveel 622 Krüger oor Verlening van Stemreg. miljoene ou burgers was, dat van oorstroming en oorstemming geen sprake kon wees nie. In Transvaal was dit anders. Hy was van plan om die tyd vir die stemreg te verkort na mate die gevestigde burgers van die land toeneem in verhouding met die vreemdelinge. Reeds was *n plan voor die Volksraad gelê om die tyd vir verkryging van die stemreg met vyf jaar te verkort. Daar was egter baie vreemdelinge wat die stemreg nie wou hê nie, dog dit alleen as 'n voorwendsel gebruik om die Britse regering teen Transvaal op te hits. Dit word bewys deur die feit, dat hulle weier om by Kafferonluste of ander geleenthede die wapens tot verdediging van die Repubhek op te neem. Mense wat wel wapens opneem in belang van die land, kry dadelik die volle burgerreg. — (Gbk. No. 4, 1899, bL 5—7). Milner kla nou oor die geringe invloed wat die Uitlanders het op die wetgewing van die Repubhek. In die Eerste Volksraad was daar onder die ag-en-twintig lede geen enkel verteenwoordiger van die Uitlanders nie. President Krüger herinner hom aan die feit, dat vreemdelinge binne twee jaar kon stem vir lede van die Twede Volksraad en na nog twee jaar as lede van daardie wetgewende hggaam kon gekies word. Vyf jaar later kon hulle volle burgerreg verkry. Milner maak beswaar teen die eed van naturahsasie. Die eed moes 'n eenvoudige wees van getrouheid en afgeneem word op die tydstip. waarop die man sy volle burgerreg bekom. Die tydperk vir verwerwing van die stemreg moes dan ook nog verkort word. Daarvan wou die President nie hoor nie. hoewel hy gewillig was om van gedagte te wissel oor die eed. Hy bring verder die leuenagtige versoekskrif om tussenkoms van die Britse regering ter sprake. Milner ag dit van minder belang of die versoekskrif deur 21,000 dan wel deur slegs 5000 mense onderteken was, solank dit maar egte griewe was, waarvoor Voorstel van Milner. 623 hulle herstel sóek. Sy persoonlike beskouing was dat die Uitlanders ri sterke saak gehad het. Dit sou regverdig, raadsaam en wys wees van die President om toe te gee aan die eise van die Uitlanders. — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 15). Op die twede dag van die samekoms doen die Hoë Kommissaris die volgende voorstel: Dat elke vreemdeling wat genoegsaam kon bewys. dat hy vyf jaar lang in die land woonagtig gewees het, dat hy begerig was om die land tot sy vaste plek van inwoning te maak en dat hy gereed was om die eed af te lê, om die wette te gehoorsaam, om alle verpligtings van burgerskap op homself te neem en die onafhanklikheid van die land te verdedig, sou toegelaat word om burger te word by die aflegging van die eed. Hy sou verder moet bewys, dat hy ri seker vaste eiendom besit of ri seker jaarlikse inkome het en van goeie karakter was. Om hierdie voorstel van enige nut te laat wees vir die nuwe burgers wat veral in één distrik van die Republiek gewoon het, moes daar ri seker aantal nuwe kiesafdelings in die lewe geroep word. „Maar wat eene levenskwestie, van uit mijn oogpunt beschouwd, is, is dat het aantal van die kiesafdeekrigen niet zoo klein zal zijn, dat de nieuwe bevolking niet eene bespottehjke minderheid van vertegenwoordigers zal hebben in den Eersten Volksraad". — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 17). Die President wys daarop dat die meerderheid van die stemgeregtigde burgers die Koningstem in die Repubhek was. Wat sou van die ou bevolking word, as dadelik sestig of sewentig duisend Uitlanders die stemreg moes kry? Milner vind dit self onbillik, maar hy kon nie insien hoe hulle die andere inwoners in die Volksraad kon oorstem nie. Hy beskou dit in elk geval ri „lewenskwessie", dat regte sou gegee word £um die nuwe inkomelinge om *n sekere verteen*woordiging te kry in die Eerste Volksraad van die land. Hy 624 Stemreg aan tydelike Inwoners. sien die beswaar van die President omtrent die grote instroming van nuwe burgers, maar meen dat ri groot aantal mynwerkers oor 'n paar jaar weer sou weggaan. „S t a a t s p r e s i d e n t: Die hier tijdelijk komen, razen het ergste en ruien de anderen op. „H o o g e Commissaris: Zij willen geen burgers worden; ik sympathiseer ten volle met U, dat U niet begeert om personen in de rechten van het land te doen deelen. wanneer ze slechts voor korten tijd hier komen en niet de lasten van het burgerschap willen dragen. Die zullen ook niet trachten in te komen, en velen schreeuwen om het burgerrecht die het niet willen hebben, maar dan is de beste manier om het zulken aan te bieden, en indien ze weigeren om het te nemen, dan zal geen redelijk mensch ter wereld meer naar ze luisteren. Ik zeg niet, geef aan elkeen, maar ik beschouw dat het behoort gegeven te worden aan hen, die of een groote mate van eigendom bezitten of een aanzienlijke verdienste. Die 60.000 personen is slechts een spook, misschien denkt President anders, maar het zal een spook blijken te zijn. „Staatspresident: Uw Excellentie spreekt zoo door onbekendheid, anders zou U zoo niet spreken; iemand, die hier slechts vier jaar zou willen blijven, zou hier voor dien tijd de baas willen spelen en het stemrecht aannemen". — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 19). Milner het geen sin daarin gehad om met die President in bespreking te tree oor die skadevergoeding vir die JamesonInval, die onderwerping van geskille aan *n skeidsgereg of Swasieland nie. „Hoe sterk ik denk omtrent het punt van het stemrecht, ben ik niet van plan het stemrecht te koopen met eenige andere kwesties". „Staatspresident: Wanneer ik in den toon van Zijne Excellentie ook zou spreken, dan kon ik zeggen, dat ik iets zou moeten opgeven, n.1. het stemrecht dat aan mijn bur- Milner begin dreig. 625 gers wettig toekomt, zelfs aan menschen,die misschien bij den inval van Jameson als rovers in mijn land gekomen zijn; men kan alles een zwarte kleur geven. Wat Swazieland betreft, waarvan wij in het geloof geleefd hebben, dat die zaak later geen kwestie meer zal uitmaken, moet ook door mij gekocht worden met de rechten van de burgers ... „Hooge Commissaris: Ik ben bier gekomen in een tijd van crisis om te zien om een groote en ernstige ramp te vermijden, die ten gevolge zal hebben een open breuk tusschen de twee Regeeringen en ik vorder dat het voorstel, dat ik gemaakt heb, in dien geest zal besproken worden op zijn eigen merieten... Ik wensch nu wel te vragen of... de Staatspresident gereed zal zijn om op het punt betreffende het stemrecht in te gaan en te beantwoorden. „Staatspresident: Misschien wel, maar misschien ook niet, ik zal erover nadenken en Zijne Excellentie te 2 uren zeggen, daar U op geen ander punt wilt ingaan dan dat van het stemrecht, zal het niet mijn schuld zijn wanneer wij niet tot eene overeenstemming geraken". — (Gbk. No. 4, 1899 bl. 29). Dieselfde agtermiddag nog het die President ri voorstel aan Milner voorgelê. Daar die doel deur die President beoog veral daarin bestaan het om gronde van onenigheid uit die weg te ruim en voorts om voorsiening te maak vir die vrienskaplike reëling van die wyse van beslegting van toekomstige geskille deur middel van skeidsgereg, moes die volgende voorstelle met betrekking tot die stemreg beskou word as voorwaardelik en afhanklik van die bevredigende reëling van die eersgemelde punte en van die voorlegging, van die versoek om inlywing van Swasieland by die Suid-Afrikaanse Repubhek, deur die Hoë Kommissaris aan die Britse regering. „Onderworpen aan het voorgaande neem ik aan, om aan den Volksraad en het Volk zonder verzuim ter goedkeuring 40 626 Voorstel van Pres. Krüger. te onderwerpen de volgende voorstellen omtrent het stemrecht: „I. Ieder persoon, die zich metterwoon binnen de ZuidAfrikaansche Repubhek vestigt, zal zich binnen veertien dagen na aankomst op Veldkornetsboeken laten registreeren. volgens bestaande wet; zal zich na voldoening aan de voorwaarden onder 'A' vermeld na verloop van twee jaren kunnen laten naturahseeren. en zal vijf jaar na naturalisatie bij voldoening aan voorwaarden onder 'B' vermeld, het volle stemrecht krijgen. A. „1. Zes maanden kennisgeving van aanvrage om naturalisatie; „2. Twee jaren voortdurende registratie; „3. Verblijf in de Zuid-Afrikaansche Repubhek gedurende dien tijd; „4. Geen onteerend vonnis; „5. Bewijs van onderdanigheid aan wetten; geene daad tegen Regeering of onafhankelijkheid; „6. Bewijs van vol Staatsburgerschap en stemrecht of recht daartoe in vorig land; „7. Bezit van onbelast vast eigendom ter waarde van £ 150 ongeveer, of huurhuis tegen huur van £ 50 per jaar, of jaarhjksche inkomsten van minstens £ 200. „Niets zal echter de Regeering verhinderen, naturalisatie te verleenen aan personen, die niet aan deze voorwaarde voldaan hebben. „8. Aflegging van eed in vorm van Oranje-Vrijstaat. B. „1. Registratie voortdurend vijf jaar na naturalisatie; „2. Gedurig verblijf gedurende dien tijd; „3. Geen onteerend vonnis; Voorstel van Pres. Krüger. 627 „4. Bewijs van onderdanigheid aan wetten, enz. „5. Bewijs, dat applicant nog in bezit is van voorwaarden A (7). „II. Voorts zal het volle stemrecht ook op de volgende wijze verkregen worden: „a. Diegenen, die vóór inwerkingtreding van Wet No 4 van 1890 zich in de Zuid-Afrikaansche Repubhek metterwoon hebben gevestigd, en zich binnen zes maanden, na inwerkingtreding dezer Wet, laten naturahseeren, na voldoening aan de voorwaarden onder I (A), zullen het volle stemrecht krijgen, twee jaren na zoodanige naturalisatie op bewijs van voldoening aan de voorwaarden onder I (B) vermeld (met verandering van vijf in twee jaren). „Zij die niet binnen zes maanden zich laten naturahseeren, vallen onder artikel I. „b. Diegenen, die meer dan twee jaren in de ZuidAfrikaansche Repubhek metterwoon gevestigd zijn, kunnen zich na voldoening aan voorwaarden onder I (A) vermeld dadelijk laten naturahseeren en zullen na vijf jaren naturalisatie bij voldoening aan voorwaarden onder I (B) vermeld, het volle stemrecht krijgen. „c. Diegenen, die reeds genaturaliseerd zijn, zullen vijf jaren na naturalisatie, bij voldoening aan voorwaarden onder I (B) het volle kiesrecht verkrijgen". — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 30). Milner het erken, dat die voorstelle van die President ri aanmerklike vooruitgang was op die bepalings wat toe in swang was. In die eerste plaas is die verkryging van die volle kiesreg in tydperk verkort van 14 tot 7 jaar. Ook is besondere aandag gewy aan die persone wat onder die wet van 1882 die land binne gekom het en in 1890 voor ri veranderde toestand geplaas is tengevolge van nuwe wetgewing. In die derde plaas is die beswarende vorm van die eed vervang deur die instel- 628 Milner onbevredig. ling van die eed van die Oranje-Vrystaat l). Dit was belangrike veranderings, sê Milner, en wanneer die wet aangeneem is, sou dit langsamerhand lei tot die intreding van 'n deel van die Uitlanderbevolking in die geledere van burgerskap. Maar — hy voel, dat dit ver te kort skiet by die soort van oplossing wat hy aan die hand gegee het en wat vir hom skyn alleen ooreenkomstig te wees aan die behoeftes van die saak. Die stemreg vir die Eerste Volksraad was hoofsaak. Volgens die Grondwet het dié liggaam en die President in werklikheid die staat uitgemaak, sê Milner. Maar volgens die voorstel sou dit lang duur, voordat enige noemenswaardige aantal Uitlanders vir die Eerste Volksraad kon stem, en selfs dan sou hulle slegs een of twee setels kan bemagtig. Solank die verteenwoordigers van die nuwehrige volkome uitgesluit bly van die hoogste wetgewende raad, sou hulle as ri groep n minderwaardige kaste vorm. Daardeur sou die samewerking en die gekddelike samesmelting van die twee afdelings van die bevolking uitbly en die vyandskap en skeiding voortduur. Hy sien geen vooruitsig op vemesenhking van sy verlange om n meer vooruitstrewende stelsel van regering teweeg te bring nie of om die oorsake van wrywing tussen die regering van de Repubhek en Groot-Brittanje uit die weg te ruim nie. Om hierdie redes betreur ek dit om te sê, dat die voorstel my' so onvoldoende tceskyn, dat ek dink dat dit verspilling van tyd sou wees om die besonderhede daarvan te bespreek . — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 35). Die dag tevore het Milner aan die hand gegee, dat by gebreke van ooreenstemming omtrent die stemreg die President homself in staat mag ag om die eise van die Uitlanders in n ander rigting tegemoet te kom, nl. deur hulle toe te laat om die bestuur van hulle eie streek te voer, gedeeltelik tenminste. i) Sien Bylae J. Niemand kan twee Here dien nie. 629 Dog daar die President geskyn het nog sterker daarteen gekant te wees dan . teen die voorstel tot uitbreiding van die kiesreg, ag Milner homself gedwonge tot die slotsom, dat die samekoms geen vrug voortgebring het nie. In sy antwoord wys die President op die feit, dat die belange van die vreemdelinge in die hande van die Twede Volksraad geleë was. ri Mens kan vreemdelinge nie die bestuur van die land laat voer nie, want niemand kan twee here dien nie. Milner wou hulle juis laat ophou om vreemdehnge te wees, vertel hy self. By die aanvaarding van die volle burgerskap van die Republiek sou die Uitlanders se oorspronklike burgerskap ophou. „Het is moeielijk voor mij om aan hen voor te stellen, wier belangen ik voorsta, dat zij het burgerschap van den, staat, aan welken zij thans behooren, en dien zij herhebben, moeten opgeven, hetgeen zij niet gereedelijk zullen doen, indien zij geen burgerschap daarvoor terugkrijgen, maar ik ben er zeker van, dat dit de eenige oplossing van de zaak is. Indien ik hen echter die groote opoffering moet aanbevelen, moet ik hen kunnen aanwijzen, dat zij werkelijk iets van waarde daarvoor in ruil krijgen „Staatspresident: Ik houd vol dat Uwe Excellentie die zaak misvat: U maakt door het gepraat van die vreemdelingen van een klein een groot ding en ik houd tevens vol, dat bij het afleggen van den eed van naturalisatie, en waardoor zij gerechtigd worden om leden van den Tweeden Volksraad te kiezen, zij wettige burgers worden, en dat zij op dat oogenblik meer ontvangen dan zij in hun eigen land hadden, want daar kunnen ze binnen zuUc een kort tijdsverloop geen ministers, magistraten of dergelijke ambtenaren kiezen, en dat doen ze bij mij En het eenige verschil is, dat zij dan hunne volle stemrecht nog niet kunnen uitoefenen". — (Gbk. No. 4, 1899. bl. 36). 630 Aanvulling van President se Voorstel. By die voortsetting van die besprekings op Maandag, 5 Junie 1899, het die President ri aanvulling van sy voorstel gegee. Hy veklaar homself bereid om aan die Eerste Volksraad voor te stel en aan te beveel om die ledetal te vermeerder, sodat die goudvelde deur vyf in plaas van twee lede sou verteenwoordig word. Hy merk verder op, dat hy geen voornemens gehad het om verdere beperkende voorwaardes te heg aan die reeds voorgestelde bepalings nie, en dat die doel van sy voorstel was om die betreffende gedeeltes van die Kieswet te vervang. Persone wat vöör die inwerkmgtreding van die voorgestelde wet genaturahseer is, sou vyf jaar daarna die volle stemreg kry, sodat b.v. ri persoon wat vyf jaar |evore genaturahseer is, dadelik na die invoering van die wet geregtig sou wees op die volle stemreg. By Milner, gaan die President voort, skyn daar misverstand te bestaan omtrent die regte wat deur naturahsasie kon verkry word. Burgerskap sluit nie noodsaaklik volle stemreg in nie. Hierdie onderskeid is reeds in die Grondwet van 1858 erken. Daarin is bepaal, dat iemand burger word op 16-jarige leeftyd, met die reg om op 18-jarige leeftyd vir krygsoffisiere te stem. terwyl dié persoon alleen by meerderjarigheid (21 jaar) vir Volksraadslede en vir die President kon stem en alleen op dertigjarige leeftyd as lid van die Volksraad kon verkies word. Afgesien van burgerskap was daar vir die verkry van volle stemreg sekere hoedanighede nodig, waaronder nie alleen vaste eiendom of bepaalde inkomste nie, maar ook tyd van verblyf gereken word. Hierdie onderskeid word erken in die staatsreëling van byna alle beskaafde lande. In die Kaapkolonie en elders was ri sekere tydperk van inskrywing nodig vir die uitoefening van stemreg. Die feit, dat ri dergelike tydperk in die Suid-Afrikaanse Republiek langer moes wees dan elders, was te wyte aan die besondere omstandighede. Dat iemand by naturahsasie reeds volle burger word, blyk o.a. daaruit, dat Regte na Naturahsasie. 631 by die verkry van volle stemreg na die vereiste tyd van inskrywing geen verdere eedsaflegging gevorder word nie, maar slegs bewys van besit van die nodige hoedanighede. Deur naturalisasie verkry die nuwe bevolking nie alleen die burgerskap nie, maar ook stemreg vir die Twede Volksraad. Daarin kon hulle invloed doen geld op al die onderwerpe wat in besonder die algemene belange van die nuwe bevolking raak. Terwyl die inskrywingstermyn vir die volle stemreg benodig nog voortduur, het hulle reeds 'n stem in die meeste onderwerpe wat hulleself raak en kry hulle daardeur hulle regmatige aandeel in die wetgewing, waar hulle belang by het. Weliswaar het die Eerste Volksraad die bevoegdheid om die werk van die Twede in hersiening te neem, maar waar dit die belange van die mynbevolking betref, is daarvan selde gebruik gemaak. Behalwe hierdie invloed op die wetgewing van die Twede Volksraad het die genaturaliseerde burgers in die SuidAfrikaanse Repubhek ook die reg om as jurielede te dien, en selfs plaaslike amptenare, soos veldkornette, kommandante en landdroste te kies, waardeur hulle ri belangrike invloed kry op die plaaslike bestuur. Omdat hy homself bewus was van die groot gevaar, dat die ou burgers deur die nuwe kon oorstem word, kon die President homself nie verenig met die voorstel van Sir Alfred Milner nie. Die dadelike verlening van die volle stemreg aan diegene wat Milner daarop aanspraak wou gee, sou die onmiddelhke oormeestering van die ou burgers ten gevolge hê. „In elk geval zal het niet die samenwerking en trapsgewijze ineensmelting van de twee gedeeken der bevolking teweegbrengen, die het doel is zoowel van Zijne Excellentie als van mijzelf. En Zijne Excellentie zal gereedehjk erkennen, dat volgens mijn voorstel deze ineensmelting en samenwerking al reeds dadelijk zullen beginnen, te weten met hen, die reeds 5 of meer jaren genaturaliseerd zijn en twee jaar daarna ver- 632 Besware van Milner. sterkt zullen worden door hen, die vóór 1890 hierheen zijn gekomen en met rassche schreden jaar bij jaar zullen voortgaan en dat de verdeeldheid van zelf zal verdwijnen. Ik houd mij overtuigd, dat zoo deze beschouwing aan de nieuwe bevolking wordt duidelijk gemaakt, zij de billijkheid ervan zullen inzien". — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 39). Wat betref die plan deur Milner geopper omtrent plaaslike selfbestuur vir die Witwatersrandse goudvelde, wys die President daarop, dat dit reeds in ruime mate toegeken is. Indien na verloop van tyd die ondervinding sou leer, dat hierdie plaaslike selfbestuur nog moes uitgebrei word, dan was daar geen twyfel aan, dat die Volksraad daarvoor die nodige voorsienings sou maak nie. Dit sou natuurlik egter alleen kon gebeur onder voorbehoud, dat sodanige uitbreiding van selfbestuur geen staat in die staat sou in die lewe roep nie. Tenslotte het die President nog daaraan toegevoeg, dat die aanneming deur die volk en die Volksraad van die voorstel deur hom gemaak sou afhang van 'n behoorlike reëling van die sake in die aanhef van sy voorstel vermeld. Milner het dadelik begin met te sê, dat die voorstel van die President nie van die aard was dat hy dit aan die Britse regering kon aanbeveel as 'n beslissende oplossing van die heersende moeilikhede nie. Hy kon nie insien waarom persone wat van vöör 1890 in die land was, nie dadelik die volle stemreg kon kry nie. Veral iemand wat reeds sedert 1886 in die land was en in 1890 belet is óm in die volgende jaar die volle stemreg te kry, het daarop aanspraak. Hy vrees ook dat as onterende vonnis sou beskou word die veroordeling van die Reformers van Desember 1895. In elk geval kon ri daad teen regering en onafhanklikheid uitgelê word om nie alleen die Reformers in te sluit nie, maar ook iedereen wat betrokke was by daardie ongelukkige beroering, selfs al was hy geheel onkundig omtrent ri aanslag op die Repubhek. Dit sou ri Besware van Milner. 633 noodlottige klad wees op enige voorstel van stemreg, as dit ri bepaling bevat het om sodanige persone uit te sluit. ri Bewys van staatsburgerskap en stemreg in land van herkoms kon nie altyd so maklik gegee word nie, sê Milner, daar iemand sy land as minderjarige kon verlaat het of daar nie die nodige eiendomshoedanigheid kon besit het nie. Bepalings van hierdie aard kon in die hande van amptenare wat bevooroordeel teen die Uitlanders was, ri werktuig word om hulle die stemreg te onthou. Die vereiste van ri inkome van £ 200 die jaar vind Milner buitengewoon hoog. Geheel beswaarlik ag hy die voorbehoud, dat die regering naturahsasie kon verleen aan persone wat aan die eiendoms- en inkomstehoedanighede nie voldoen nie. Die voorwaardes vir verkryging van burgerreg mag nie veranderbaar wees nie, of alleen onder duidelik bepaalde omstandighede. Ook die woorde „gedurig verblijf" kon gebruik word, sê hy, om mense op onredelike wyse van die stemreg uit te sluit. Die aantal verteenwoordigers van die Uitlanders in die Eerste Volksraad was nie alleen te gering nie, maar ook hulle verkiesing tot lede van daardie hggaam sou nog te lang uitbly. Milner se bedoeling was om hulle dadelik verteenwoordiging in die Eerste Volksraad te gee, wat reeds te lang sonder voeling met die Uitlanders gewees het. Daar moes die Uitlanders hulle stem kan laat hoor. Verteenwoordiging in die Twede Volksraad was nie voldoende nie, want dit het geen mag gehad wat die geldmiddele betref nie. Sake van werklik eersterangse belang word alleen deur die Eerste Volksraad behanhandel, soos b.v. gebeur het met die verslag van die Industriële Kommissie, die voorgestelde Adviserende Raad, die openbare orde op die goudvelde en onderwys. Dit alles was vraagstukke van lewensbelang vir die Uitlanders en tog is dit in die Eerste Volksraad behandel. Die uiterste belangrikheid van die stemreg vir die Eerste 634 Milner eis ri aanmerklike Stap. Volksraad en vir die President het vir Milner die toestand van die Uitlander wat sy ou burgerskap afgesweer het, as onbevredigend laat ag. Milner betreur dit, dat die President geen ruimer voorstel gedaan het nie, want dit kon die Uitlanderbevolking nie tevrede stel of by die Britse regering verdere besorg dheid oor die toestand van die vreemdelinge verwyder nie. Hy kon seker nie, sê hy, die Britse regering aanmoedig om iets in ruil te gee vir die soort wetgewing wat die President voorstel om in te voer nie. {jwaèft Die toestand was ernstig, anders sou hulle nie daardie besprekings hou nie. Dat hy by die regering van die Repubhek aangedring het op die doen van ri aanmerklike stap in die rigting van stilling van die ontevredenheid onder ri groot deel van die inwoners, was te danke aan sy vaste oortuiging, dat geen kleine maatreël nog van enige nut sou wees nie. „Die regering het veel goed te maak vir sy behandeling van die Uitlanders in die verlede en dit het veel, inderdaad alles, te win by die oplê van stilswye aan die klagtes en by die verwydering van ri lange lys van griewe uit die geskille tussen die Britse regering en die Suid-Arikaanse Repubhek". — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 45). Milner dreig nog verder: Klaarblyklik begryp die President nie hoe ver hy gewillig gewees het om te gaan in die rigting van ri minlike skikking, toe hy bereid was om alle andere geskille in verband met die toestand van Britse onderdane in die Suid-Arikaanse Republiek te laat vaar nie, as hy hom maar kon oorhaal tot 'n vrysinnige maatreël vir stemreg. Dit was duidelik, dat die Britse regering dink, dat die klagtes van die ondertekenaars van die versoekskrif goed gegrond was en dat hulle slegs wag op die uitslag van die besprekings met die President alvorens die regering van die Republiek in verband met die saak te nader. Vreemdelinge en Landsbestuur. 635 „Staatspresident: Het schijnt mij toe, althans zoo versta ik uit uw antwoord, dat indien ik er niet toe overga om mijn land over te geven aan de vreemdelingen, er niets aan de zaak te doen is. Ik zal uw antwoord in overweging nemen en indien mogelijk om 3 uur er een antwoord op geven; ik moet Uwe Excellentie echter doen opmerken, dat het mij toeschijnt, dat deze vriendschappelijke conferentie op niets zal uitloopen, want uit alles wat U zegt, schijnt mij toe, dat er niets aan de zaak te doen is, tenzij ik het geheele bestier des lands aan de vreemdehngen geef. „H ooge Commissaris: Het zou mij ook spijten, indien de conferentie op geen resultaat zou uitloopen, maar ik moet protesteeren tegen uwe herhaalde bewering, alsof door mijn voorstel uw land aan de vreemdelingen overgegeven zou worden.... „Staatspresident: U haalt nu weer aan van den adviseerenden raad, welke bestaan zou uit personen, die geen burgers zijn; wie zal dan regeeren? „Hooge Commissaris: Waarom kan er geen adviseerende raad zijn van personen, die geen burgers van den staat zijn, maar die de belangen der Uitlanders vertegenwoordigen? „Staatspresident: Hoe kunnen vreemdelingen mijn staat.regeeren? Hoe is het mogelijk?". — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 45 en 46). Na ri verdere verdaging het die President ri beredeneerde antwoord gegee. Hy betuig sy leedwese oor die feit, dat sy voorstel omtrent die stemreg deur Milner onaanneemlik geag is. Dit het so ver gegaan as moontlik was in die belang van volk en staat. Wat die ondergeskikte punte betref wat deur Milner aangeroer is, sê die President, dat 'die bedoeling nie was om die opneming van nuwe burgers op onredelike wyse te beperk of te belemmer nie en dus met die een hand weg te 636 Besprekings geeindig sonder Ooreenstemming. neem wat met die ander gegee is nie. As sy voorstel in die wette van die land opgeneem is, sou Milner gesien het, dat ook in hierdie opsig die bedoeling was om op billike en redelike wyse te werk te gaan. Die President stel tenslotte voor: „Daar volgens zijne eigen erkenning mijn voorstel omtrent stemrecht een belangrijke stap in de rechte directie is, zal ik bereid zijn te ondernemen, om mijn voorstel voor den Volksraad te leggen en aan te bevelen, ook zonder dat Zijne Excellentie daarmede ten volle instemt. „Van zijnen kant verwacht ik dan weder, dat Zijne Excellentie mijn verzoek om arbitrage over toekomstige geschillen onder de Conventie voor Harer Majesteits Regeering zal leggen en aanbevelen. „Zijne Excellentie zal echter gereedelijk verstaan dat zoo Harer Majesteits Regeering mij niet zoo ver tegemoet zal komen, men ook bezwaarlijk zou kunnen verwachten, dat het volk der Zuid-Afrikaansche Repubhek mijn ingrijpend voorstel tot stemrecht zal goedkeuren... " — (Gbk. No. 4, 1899. bl. 47). Milner ag die gevolg van hierdie vertoog van die President te wees dat hulle twee nie tot ooreenstemming kon geraak nie en dat sake nog net staan soos vóór die samekoms die geval was. Aangaande die voornemens van die President om sy voorstel tog voor die Volksraad te lê, sê Milner: „Ik wensch hoegenaamd niets te doen om U daarvan af te leiden, maar U moet het uit eigen beweging doen en niet als een deel van een verstandhouding met Harer Majesteit's Gouvernement. Op dezelfde wijze als U verlangt eenig voorstel omtrent arbitrage te maken, zal ook dat voorstel op eigen merieten in overweging genomen moeten worden, maar niet als een deel van de tegenwoordige onderhandelingen. Deze conferentie is geheel ten einde en er is geen verplichting aan een of anderen kant, die daaruit geboren wordt". — (Gbk. No. 4, 1899, bl. 48). President se Plan voor Volksraad. 637 Die President het nog 'n lansie gebreek vir die onderwerping van geskille aan 'n skeidsgereg, bestaande uit onpartydige regsgeleerdes, waarop Milner antwoord, dat daar sake was, waaroor wel skeidsregterlike uitspraak toegelaat kon word, maar weer andere waarby sulks nie sou toegestaan word nie. Hy het geen magtiging gehad om hierdie saak te behandel nie. Daarmee was die besprekings op 'n end. President Krüger het woord gehou en sy voorstelle voor die Volksraad gelê. Op 9 Junie 1899 het die Eerste Volksraad die optree van die President by die Bloemfonteinse besprekings goedgekeur en dit aan die Uitvoerende Raad opgedra om die voorstel van die President insake stemreg in uitgewerkte vorm op te trek en so spoedig moontlik aan die wetgewende vergadering vir behandeling voor te lê. Hierdie besluit was eenstemmig en is derhalwe ook ondersteun deur die lede van die teenparty in die Raad onder aanvoering van die Engelsman Loveday en dit het bewys dat die President se voorstel omtrent die toekenning van stemreg aan die Uitlanders ver genoeg gegaan het. Die bedoelde wetsontwerp is reeds op 12 Junie aan die Volksraad toegestuur en die volgende dag daar in behandeling geneem. Op 14 Junie is dit goedgekeur en het die Volksraad die besluit geneem om dit openbaar te maak vir beoordeling deur die volk. Op 15 Junie het die Volksraad, op voorstel van die regering, verdaag tot 3 Julie teneinde die volk geleentheid te gee om sy gevoelens daaromtrent uit te spreek. — (Leyds: Eenige Cornèsp., bl. 44 en 45 n). Staatsekretaris Reitz was daar oortuig van dat, nadat Transvaal op hierdie wyse die Engelse tegemoet gekom het, die Britse regering dit nie sou durf om oorlog te maak, omdat die Repubhek nie met Milner kon saamgaan so ver as hy verlang het nie. — (Leyds: Eenige Corresp., bl. 46). Volgens ri mededeling van Dr. Clark het Chamberlain gesê. 638 's Spaak in die Wiel. dat hy tevrede sou wees, as die President sy voorstel van terugwerkende krag sou maak vir iedereen wat kon bewys, dat hy die nodige aantal jare in die Republiek woonagtig gewees het. Sir Henry Campbell-Bannerman, die leier van die Britse Liberale Party, het te kenne gegee, dat nog ri klein tegemoetkoming van die President Transvaal se stelling baie sou versterk. — (Leyds: Eenige Cottesp., bl. 51). Chamberlain was ongetwyfeld goed op die hoogte van gebeurtenisse in Transvaal en dit blyk ook uit die mededeling van Dr. Clark, dat die Minister van Kolonies kennis gehad het van die inhoud van die President se voorstelle, maar op 12 Julie laat hy deur middel van die Britse Agent volledige besonderhede van die President se nuwe planne aanvra en gee hy te kenne te verwag, dat die regering met hierdie planne nie sou voortgaan, voordat die Britse owerheid ri kans gehad het om dié te oorweeg nie. — (Gbk. No. 9, 1899, bl. 1). Staatsekretaris Reitz antwoord op baie versoenende wyse, maar wys daarop, dat Milner op Bloemfontein gesê het, dat die President uit eie beweging met die planne kon voortgaan, maar nie as verstandhouding met die Britse regering nie. Dit is gedaan. Die ontwerpwet is opgetrek deur ri kommissie van die Volksraad wat reeds verslag ingedien het, sodat die hele saak uit die hande van die regering geneem is en dit dus nie meer moontlik was om aan die versoek van die heer Chamberlain te voldoen om die planne aan sy oordeel te onderwerp alvorens dit te behandel nie. — (Gbk. No. 9, 1899, bl. 2). Die ontwerp deur die Volksraadskommissie in ooreenstemming met die President se voorstelle opgetrek, is op 13 Julie deur die Volksraad in behandeling geneem en op 19 Julie 1899 tot wet verhewe. Daardeur is dit vir vreemdelinge onder andere moontlik gemaak om die naturahsasie en daarmee die kiesreg, aktief en passief, vir die Twede Volksraad te verkry na twee jaar en die volle stemreg, dus ook vir die Eerste President beskuldig van Woordbreuk. 639 Volksraad , na verloop van nog vyf jaar daarna. — (Leyds: Eenige Corresp., bl. 58 n). Na aanleiding hiervan skrywe Dr. Leyds op 21 Julie 1899 aan die heer P. Grobler, Onder-Staatsekretaris vir Buitelandse Sake: „Men heeft toch nog verder toegegeven en is van 9 tot 7 jaren gedaald. Voor het oogenblik schijnt de oorlog bezworen. Maar vlei U niet met de hoop, dat gij nu rust zult hebben, de Engelschen zullen ons die nooit gunnen. Zij zijn met blindheid geslagen; als zij uiteindelijk Zuid-Afrika verliezen, zal het hun eigen schuld zijn." — (Eenige Corresp., bl. 70). Dr. Leyds het maar al te seer gelyk gehad. Op 28 Julie 1899 verklaar Lord Sahsbury in die Hoerhuis, dat uit aantekeninge van die bespreking tussen Sir Evelyn Wood en President Krüger in Mei 1881 op Newcastle in Natal gehou by die onderhandelings oor die Verdrag van Pretoria, blyk dat die President sy woord aldaar aan die Engelse verpand nie nagekom het nie, om ri nuwe tydperk van samewerking in te lei, waarin albei rasse op volkome gelyke voet sou behandel word. „Daar was egter", sê Lord Sahsbury, „geen twyfel omtrent die standpunt van ons politiek, waarin President Krüger toegestem het in daardie welbekende protokol nie, en dit was die standpunt, waartoe hy verbonde was gedurende die res van sy politieke loopbaan in verband met die Transvaal-Staat. Maar hy het juis die teenoorgestelde weg ingeslaan". — (Leyds: Eenige Coiresp., bl. 100). President Krüger het na aanleiding hiervan op 7 September 1899 aan ri verteenwoordiger van die Mancheeter Guardian verklaar, dat hy inderdaad gelyke behandeling toegemeet het en altyd probeer het om die vreemdelinge oor te haal om burgerskap te aanvaar met die voorregte en laste tegelyk; maar hulle het altyd probeer om die voorregte te bemagtig, terwyl hulle die laste geweier het. Toe in 1881 vele van hulle burger- 640 Chamberlain se Oogmerk. reg kon kry, het hulle verkies om hulleself by die Britse Resident as Britse onderdane te laat inskrywe. In 1895 het hulle verset aangeteken teen kommandering vir die Kafferoorlog, hoewel die kommando die ware toets was vir gewilligheid om die verpligtings van burgerskap te aanvaar. Sir Henry Loch het gekom en vertel, dat hulle nie begeer het om burgers te word nie en hy het die Raad daartoe beweeg om hulle vry te laat Later het die President ri uitnodiging aan die Uitlanders gestuur om deel te neem in die Malaboch-veldtog. Enige het gehoor gegee en het op hulle krygsdiens volle burgerreg ontvang. Die Verdrag van 1884 het wel burgerlike regte, maar geen politieke regte toegestaan nie; nietemin het hy probeer om hulle dié regte te laat verwerf deur krygsdiens te verng, maar hulle het geweier. In dieselfde stuk vertel die man van die Manchester Guardian, dat hy ook 'n gesprek gehad het met Generaal Joubert wat ri swaarmoedige kyk op die toestand aan die dag gelê en die sterke oortuiging uitgespreek het, dat die heer Chamberlain die stemregvraagstuk uitgekies het omdat hy geglo het. dat die Boere, hoewel hulle op ander sake sou toegee. hierin voet by stuk sou hou en derhalwe die oorlogsaanleiding sou verskaf wat hy nodig gehad het — (Leyds: Eenige Corresp.. bl. 101 n). Dr. Leyds het uit geloofbare bron uit Kaapstad verneem, dat Rhodes in vertroue aan iemand verklaar het, dat dit die plan van Chamberlain was om langsamerhand telkens troepe te stuur en die langs die grense van Transvaal te laat pos vat en daarmee die taktiek van druk voort te set, en na stemreg ri nuwe verdrag af te pers, waardeur die Repubhek met hande en voete sou gebind wees en aan Engeland die geleentheid sou verskaf word om die Republiek in te lyf, wanneer hy wil. Hierdie taktiek van druk is deur Rhodes aanbeveel in die oortuiging, dat die Boere te laf was om te veg. „Krüger sal alles toegee wat die Moeder-regering eis.... Onthou dat Krüger, Britse Voorstel vir Gesamentlike Kommissie. 641 J indien die Moeder-regering bly vasstaan, op die end sal toegee. Al wat hulle hoef te doen is om voort te gaan met toebereidsels so openlik moontlik. Niks sal Krüger beweeg om 'n skoot te skiet nie", aldus het hy in daardie dae aan Beit gekabel, soos tans bekend is uit Michell se lewensbeskrywing van Rhodes (Deel II, bl. 247). Rhodes wat die naam gehad het van Suid-Afrika te ken as slegs weinige, mag die leidende Afrikaners van die Kaapkolonie geken het — van die Boere in die Republieke het hy bfykbaar geen begrip gehad nie, voeg Dr. Leyds aan bowestaande toe. — (Eenige Corresp bl. 103 n). Aan die juistheid van Rhodes se kensketsing van die planne van Chamberlain hoef 'n mens nou nie meer te twyfel nie. Op 2 Augustus 1899 nooi Milner die President uit om afgevaardigdes te benoem om tesame met afgevaardigdes van die Britse regering te ondersoek of die stemregwet voldoende en onmiddellike verteenwoordiging aan die Uitlanderbevolking verskaf en, indien nie, watter wysigings en aanvullings nodig mag wees om die genoemde uitslag te verkry. „Dit moet verstaan word, dat in hierdie besprekings die afgevaardigdes van Haar Majesteits regering die vryheid sal hê om enige aanbevelings te doen wat daarop bereken is, om die betrokke maatreëls te verbeter en om te verseker dat die verlangde gevolg verkry word". — (Gbk. No. 9, 1899, bl. 4). Die voorgestelde gesamentlike ondersoek moes beperk bly, gee Milner verder te kenne, tot die politieke verteenwoordiging van die Uitlanders in die aanbevole sin, maar nèdat die ondersoek voltooi is, sou die Hoë Kommissaris bereid wees om met die President in bespreking te tree nie alleen van die verslag van die ondersoek nie, maar ook van ander sake, waaronder skeidsgereg sonder die betrekking van vreemde moondhede of enige vreemdelinge daarin. 41 642 Steeds meer en hoër Eise. Hiermee het dit sowel as met die beskuldiging vanl SalisburySliker dan ooit geword. dat Engeland, ondanks wat daar reeds van Transvaal se kant gedaan is. sou voortgaan met die oLedelike te eis en beslote was om die eise steeds notr te stel na mate meer toegegee is. In volkome ooreenstemmmg hiermee was die berig deur die Johannesburgse verteenwoordiger van die Times op 27 Julie 1899 aan sy bkd gesem ..Nog slegs die kantjie van die vraagstuk u' ^ngeraak^ A ge sien van die gehele onvoldoendheid van die kiesregpunt, is nog geen beshssende voorsiening aan die hand gegee me be'eSmg tot die herverdeling van kiesafdelings me terwyl itS^^^^^^TV ^heTeel borg selfs nog nie vermeld is nie". Hierdie telegram het deel ^gemaak van die sameswering wat teen die Repubhek op tou geset is. Die berig aan die Times, wat gehee het dl gevoel van die Uitlanders weer te gee. moes as ophitsing smidde Z* doen by die debatte wat in die Engelse Parlement vudie volgende dag vasgestel is. By hierdie geleentheid he Lord Salisbury sy aanval op die Republiek en op Preset Kruger persoonlik gedoen. Op dieselfde datum as die Tunestelegram het Chamberlain sy handtekening geset onder die brief aan die regering van die Republiek, waarin hy die Presdent dieselfde verwyt gedoen het van sy woord in 1881 ver pand. nie in te gelos het nie. - (Leyds: Eenige Corresp., Vverband met die voorstel van Chamberlain en Milner om •n gesamentlike kommissie te laat ondersoek doen na die doelJfendheid van die kiesregwet. het Dr. Leyds n waarskuwing aan die regering gestuur. Dit sou syns groot nadeel, miskien tot die ondergang van die Repubhek^ Die tegniese besware van beraadslaging oor allerlei soort van sake deur 'n veelhoofdige kommissie, is al baie groot, want dit tloeZ vir alle lede om hulleself strik by die een of ander Gevare van Gesamentlike Kommissie. 643 punt te bly bepaal. Veel sou ook afhang van die samestelling van die kommissie. Die grootste gevaar het egter bestaan in die vasstelling van 'n beginsel vir bemoeiing met binnelandse aangeleenthede wat talryk kon wees en die punte van taal, onderwys, bewapening, belasting en oor die algemeen die sogenaamde Uitlandergriewe sou raak. Die werksaamheid van 'n dergelike kommissie het in 1877 voorafgegaan aan die inlywing van die Repubhek deur Shepstone. Die benoeming en die werking van 'n sodanige kommissie kon vir die Repubhek geen heil bring nie. Die Engelse sou hulle eise nie opgee nie; kry hulle die sake na hulle sin, dan was dit al heel spoedig uit met die Republiek. Wanneer daar onenigheid in die kommissie ontstaan, soos in 1877 die geval was, dan bestaan daar gevaar vir onmiddellike botsing, terwyl die gebrek aan ooreenstemming in die kommissie oor verskillende punte wat van lewensbelang was vir die Republiek, aanleiding sou gee tot die stuur van ri ultimatum, indien nie van ri oorlogsverklaring nie. — (Leyds: Eenige Corresp., bl. 75—77). Die regering in Pretoria het self al die voorstel van Engeland beskou as gerig teen die onafhanklikheid van die Repubhek en het die voornemens gehad om afwysend daarop te antwoord. Die Nederlandse ministers Pierson en de Beaufort het ook die gesamentlike kommissie onaanneemlik geag, maar het die Republiek ten sterkste aanbeveel om nie dadelik die aanstelling daarvan te weier nie, maar om te trag om uitstel te verkry, by voorbeeld deur inligtings te vra en te vertel, dat tyd nodig was om eers die wet vir ri jaar in werking te sien, voordat die vraag kon rys of ri ondersoek nodig was. Hierdie wenk is nie alleen aan Dr. Leyds in Den Haag gegee nie, maar is ook deur middel van die Nederlandse konsulgeneraal in Pretoria aan President Krüger en Staatsekretaris Reitz persoonlik meegedeel. Die heer Reitz het Transvaal se dank vir die raad betuig en daar tewens op gewys, dat die 644 Britse Wantroue in Boere-Regering. kommissie deur Engeland voorgestel geheel in die binnelandse aangeleentheid van die stemreg sou ingryp en dat die besluite van die kommissie deur die Republiek sou moet gevolg word. Transvaal sou homself op dié wyse met gebonde hande en voete aan Engeland oorlewer. terwyl in verband met skeidsgereg en ander sake van Engeland niks verkry is nie as 'n belofte om dié sake later te bespreek. — (Leyds: Benige Corresp., bl. 81). Minister N. G. Pierson het as persoonlike vriend oor hierdie saak ook 'n brief geskrywe aan die heer George }. Goschen. Eerste Lord van die Britse Admiraliteit, en gesê, dat die Britse voorstel skyn te ontstaan uit 'n seker mate van wantroue wat blykbaar geen grond het, solank die maatreëls deur die Volksraad geneem nog nie uitgevoer is nie. Die heer Goschen het geantwoord: „ri Ondersoek van die voorgestelde veranderings toon aan, vir sover as ons kan oordeel, dat die kieswet vol slagysters en vanggate is wat geheel die blykbare bedoehng in die weg kan staan, en verder is dit so ingewikkel, dat sonder meer kennis van die uitwerking daarvan ons nie kan oordeel in hoever die Uitlanders sal win by enige verdere verteenwoordiging nie. Vandaar ons voorstel, wat seker baie billik is, om dit deur deskundiges te laat ondersoek. Daarin is niks wat die eergevoel van die Boere kan krenk nie. Dit is twyfelagtig of hulle self al die nodige gegewens tot hulle beskikking het. „En om openhartig te wees, ons het geen onbeperkte vertroue in die begeerte van die Transvaal om die Uitlanders reg te laat wedervaar nie, Ek is daar oortuig van, dat geen grote moondheid vir onbepaalde tyd die toestand kan verdra wat Transvaal tot dusver toegewys het aan die groot menigte van ons landgenote onder sy beheer en waaruit slegs die toestaan van 'n werklik doeltreffende aandeel, hoewel dit maar Dr. Leyds oor Britse Planne. 645 'n kleine mag wees, in die politieke mag hulle kan uithelp ". Dr. Leyds wat insage gekry het van die brief van die heer Goschen, het aan die heer Pierson die volgende opmerkings daaromtrent gestuur: „Wanneer Engelschen officieel zitting hebben in een commissie die niet alleen statistieken verzamelt, maar ook een oordeel over een wet kan uitspreken en daarenboven amendementen kan aan de hand geven, dan heeft Engeland een stem in onze wetgevende macht. „Als men van traps en a pitfall spreken kan, is het hier. Het doel der Engelsche Regeering is duideüjk: men wil ons verlokken tot een handehng, waaruit men later een argument voor de zoogenaamde suzereiniteit wil putten „Al komen wij met Engeland overeen dat dit geval niet zal mogen gelden, als antecedent, na Verloop van eenigen tijd zal Engeland er tóch gebruik van maken en een tweede dergelijke toestemming van ons eischen als een verlichting. „Wij wantrouwen het Engelsche woord en zijzelf hebben ons het recht er toe gegeven ... „Het is der Britsche Regeering niet te doen om te weten of onze kieswet goed is of om het haren onderdanen gemakkelijk te maken burgers der Repubhek te worden — zij wil slechts den een of anderen maatregel doordrijven waaruit haar suprematie blijkt en waarin de Republiek toestemt. „Bij de Uitlanders zelf bestaat niet zulk een hevig verlangen naar de naturalisatie, maar zij worden er door Chamberlain toe gekommandeerd ... „Vóóruit wordt de kieswet verklaard te zijn 'full of traps and pitfalls'. Het is dus duidelijk welke instructiën de Engelsche leden der Enquête-commissie zouden medekrijgen. — Een lezing van de wet zelf zal U dadelijk aantoonen. dat de bewering van den Heer Goschen onjuist is en niets anders dan een voorwendsel. Dat de redactie verbeterd zou kunnen 646 Nuwe Transvaalse Voorstelle. worden wil ik gereedelijk toegeven. Bij welke wet - zelfs in Engerd - i'dat niet ket geval? Maar ik ontken da « met opzet angels en voetklemmen in zi,n gelegd. Te goeder ? Z Wft onze Regeering inderdaad er naar gestreefd om Zl^aZ^ïLJn van ket Engelsche <~uvernement getoet . komen. Naar ^^^^Z ^st^^ MaL "herhaal het: het is Engeland niet te doen om een goede wet. doch om de enquête-conunissie^et: goed of met . _ (Benige Corresp., bl. 88. 134. 135. 138-140). D^ TransvaaJregering kon die gesamentlike kommie nie aanvaar nie. maar het ook nie. terwille van Co„ Kaapstad. Amsterdam. 1896). Huber, M.: Die rechtlichen Verhaltnisse einer Schweize- rischen Meeresschiffart unter Schweizerflagge (Zürich. 1918. Schweizerische Vereinigung für internationales Recht. 7.) In Memoriam N. Z. A. S. M. — (Niet in den Handel. Druk van J. H. de Bussy. Amsterdam 1910). Jfeppe, Carl: The Kaleidoscopic Transvaal. — (Second Ed. London. Chapman ö Hall, Ltd. 1906). Jorissen, Dr. E. J. P.: Transvaalsche Herinneringen. 1876-1896. — (De Bussy. 1897). Jorissen, Dr. E. J. P.: Codex van de Locale Wetten der Zuid-Afrikaansche Republiek. Eene Proeve. — (Groningen. Erven B. van der Kamp. 1894). Josson, Maurits: Schets van het Recht van de ZuidAfrikaansche Republiek. — (Gent. Drukkerij I. Vanderpoorten. 1897). Kuyper, Dr. A.: Transvaal op de Vredesconferentie. — (Boekhandel voorheen Höveker en Wormser. Amsterdam. Pretoria). Leyds, Dr. W. J.: De Eerste Annexatie van de Transvaal. — (Amsterdam. Allert de Lange. 1906). 792 Leyds, Dr. W. J.: Het Insluiten van de Bóeren-Republieken. — (In Twee Deelen. Amsterdam. Allert de Lange. 1914). Leyds, Dr. W. J.: Herinneringen aan President Krüger, — (Dietsche Stemmen. Tijdschrift voor Nederlandsche Belangen. Nummer 5 en 6. Mei en Junie 1918. Derde Jaargang). Leyds, Dr. W. J.: Eenige Correspondentie uit 1899. — (Als manuscript gedrukt, 's Gravenhage. 1919). Liszt, Dr. Franz von: Das Völkerrecht systematisch dargestellt. ~ (Berhn. Verlag von O. Haring. 1904). Louter, Prof. J. de: De Transvaalsche Deputatie. 1884. Manger, Jr„ Dr. J. B.: Bismarcks Buitenlandsch Beleid. ~ (Tijdschrift voor Geschiedenis. 40ste Jaargang. Aflevering 2). Martens: Nouveau Recueil général de Traités, ens. — (20 dele. 1843-1875). Molteno, PercyA.: A FederalSouth Africa. — (London. Sampson Low, Marston & Co., Ltd. 1896.). Ogden. H. J.: The War against the Dutch Republics in South Africa. — (Published by the National Reform Union. Manchester). Oordt, B, A. J. F. van: Paul Krüger en de Opkomst der Zuid-Afrikaansche Republiek. — (H. A. U. M. Kaapstad. Amsterdam). Oppenheim, M. A. LL. D.; L.: International Law. A Treatise. — (Two Volumes. 3rd. Edition. Longmans, Green and Co. London. 1920). Phillips, Lionel: Some Reminiscences. — (London. Hut- chinson & Co.). 793 Reventlow, Graf Ernst zu: Deutschlands auswartige Politik. 1888-1914. — (Berlin. 1915. Ernst Siegfried Mittler und Sohn). Rose, Edward B.: The Truth about the Transvaal a Record of Facts based upon Twelve Years' Residence in the Country. — ("Morning Leader" Publication Company. London). Spoorweg van Lourenco Marqués naar de Grenzen der ZuidAfrikaansche Republiek. 1875-1889. Lotgevallen van den. Statham, F. Reginald: The Case for the Transvaal. — ("National Review", May 1897). Stead, William T.: Joseph Chamberlain. Conspirator or Statesman? ("Review of Reviews" Office. London). Stuart, J.: De Hollandsche Afrikanen en Hunne Republiek in Zuid-Afrika. — (Amsterdam. G.W. Tielkemeyer. 1854). Theal, LL. D., George McCalL: History of South Africa. ~ (Swan Sonnenschein. 1897-1904). Tolverbond en Spoorwegen. ~ (Oranje-Boek van die OranjeVrystaat. Bloemfontein. 1889). Westlake, John: International Law. — (2nd. Ed. 1910-1913). Walker, Eric A.: Lord de Villiers and his Times. South Africa. 1842-1914. — (Constable 6 Company, Ltd. London. Bombay. Sydney. 1925). Ward and G. P. Gooch. Sir A. W.: The Cambridge History of British Foreign Policy 1783-1919. — (Vol. III. 1866-1919. Cambridge University Press. 1923). Woolsey. Theodore D.: Introduction to the Study of International Law, designed as an Aid in Teaching, and in Historical Studies. — (Ed. Sampson Low. London. 6th. Ed. 1888). 794 Transvaalse Amptelike Uitgawes. (Groenboeke.) 1884. 1894, No. 1 en No. 2. 1895, (twee sonder No.). 1896, No. 1 en No. 2. 1898, No. 1 en No. 2. 1899, No. 1, No. 3, No. 4, No. 5, No. 7. No. 8, No. 9, No. 10, No. 11. Staatscourant der Zuid-Afrikaansche Repubhek. Locale Wetten der Zuid-Afrikaansche Repubhek. Notulen van den Eersten Volksraad. Notulen van den Tweeden Volksraad. Britse Amptelike Uitgawes. (Blou- en Witboeke). 1853, No. 1646 van. 1854, No. 1758 van. 1872, C. 508. 1875, C. 1361. 1877, C. 1776. 1881, C. 2998. 1882. C. 3098, C. 3114. C. 3144. C. 3219. 1884, C. 3914, C. 3947. 1890, C. 5918, C. 6200, C. 6201. 1896. C. 7933. C. 8068. 1897, No. 311. No. 311-1. No. 311-11, C. 8380. C. 8404r C. 8423. C. 8474. 1898. C. 8721. 1899, C. 9343, C. 9345, C. 9507. C. 9521. C. 9530. 1900'. Cd. 43. 1901, Cd. 623, Cd. 624, Cd. 625. 795 'n Ruime gebruik is gemaak van onuitgegewe amptelike stukke van die Suid-Afrikaanse Republiek vanaf 1884 tot 1899; van die argief van Dr. W. J. Leyds met ryke versamelings van partikuliere en amptelike briewe en aantekeninge tydens die waarneming van die ampte van Staatprokureur, Staatsekretaris en Gesant van die Suid-Afrikaanse Republiek gemaak; van verskillende dag-, week- en maandblaaie: Times, Standard and Diggers News, Daily Chronicle, Press, Volkstem, Ons Land, National Review, Law Quarterly Review, Edinburgh Review, Dietsche Stemmen, Tijdschrift voor Geschiedenis, Archiv für Politiek und Geschichte, enz.; van vlugskrifte van die Manchester Transvaal Committee, National Reform Union, „Review of Reviews", „Morning Leader", ens.; en van artiekels van die heer Carl Jeppe oor verskillende onderwerpe van inwendige staatsbelang in verband met die griewe en eise van die Uitlanders. Hierdie artiekels ia in die jare vóór die Twede Vryheidsoorlog wel privaat versprei, maar nooit openbaar gemaak nie. INHOUD. EERSTE BOEK. Ontstaan en Staatsregtelike Ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Republiek. Hoofstuk I. Ontstaan en Erkenning van die SuidAfrikaanse Republiek. bl. 1 In Natal. — Binneland toe. — Ewigdurende Onderdaanskap. — Inboorkngstaatjies. — Grikwas. — Oranjerivier-Soewereiniteit. — Pretorius op Bloemfontein. — Boomplaas. — Moshesh. Beroep op Pretorius. — Versoek om sluiting van verdrag. — Owen en Hogge. — Sluiting SandrivierVerdrag. — Tussen onafhanklike moondhede. Hoofstuk II. Eerste Grondwetsreëtings. bl. & Erkenning van bestaande Repubhek Drie-en- Dertig Artikelen. — „Zuid-Afrikaansche Repubhek". — Vlag en wapen. — Ontstaan van Grondwet. — „Gecombineerde Krijgsraad" en ..Comitéraad". — Goedkeuring deur Volksraad. — Opvattings van regter S. G. Jorissen en Hoofregter J. G. Kotzé. — Beskuldigings insake slawerny. — Wetgewing. — Regspraak. — President en Uitvoerende Raad. — Staatsekretaris. — Krygsmag. — Regterlike Mag. — Geldmiddele. — Hoofstad Buitelandse betrekkings. 798 Hoofstuk III. Staatsregtelike Ontwikkeling na 1858- bL 22 Wysiging. — Godsdiensbepalings. — Staatspresident. — Onder-President. — Grondwetsplanne van Pres. Burgers. — Verantwoordelike hoofamptenare. Uitvoerende Raad. — Staatsekretaris en Notulehouer. — Oorlogsverkkuing. — Verdrae. — Aanvulling van regterlike mag. — Geldmiddele. — Grondwetswysiging in 1896. - Drukpers. — Vereniging en vergadering. - Onderwys. - Ontslag van regters. - Twede Volksraad. - OntwerpGrondwet van 1899. - Verbod van Toetsingsreg. — Rooms-Katoheke en Israeliete. Hoofstuk IV. Sfrod rossen Regterlike en Wetgewende Mag. (Die Toetsingsreg). bL 36 McCorkindale vs. Bok. N. O. - Besonderhede. — Adv. S.G. Jorissen: volksraadsbesluit het geen krag van wet. ~ Uitspraak van Hoofregter J. G. Kotzé. — Volksraadsbesluit het krag van wet. — Amerikaanse stelsel van toetsing. - Grondwet op gelyke voet met ander wette. - Hooggeregshof besit geen toetsingsreg nie. - Volksraad die hoogste gesag. - Parlement slegs sedelik gebonde deur besluite van sy voorgangers. - Slegs die Wetgewer oordeel of n wet volgens Grondwet tot stand gekom het. — Latere wet of besluit is 'n herroepende wet. - Volksraad aedehk verplig onafhanklikheid van Regbank te eerbiedig. - Aan Volksraad kom die beslissing toe of dit wenslik is om n wet deur middel van 'n besluit te verander. — Volksraad moet selfs skyn vaa bemoeiing met Regbank vermy. ~ Doms vs. Bok. N. O. - Feite. — Pleidooi van advokate. dat volksraadsbesluit 799 teen die Grondwet in geneem, onwettig is. *— Uitspraak deur regter S. G. Jorissen. — Gevolgtrekkings. — Regte van Doms nie weggeneem deur volksraadsbesluit nie. — Besluit, onreëlmatig in vorm, het geen wetskrag. — Grondwet van 1858 'n samestelling van bestaande wette. — Grondwet hersien in 1889. — Toetsingsreg in 1890 verbied. — Veranderde opvatting van Hoofregter Kotzé. — Hess vs. die Staat. — Nuwe stellings van Kotzé. — Verbod van toetsingsreg in die Grondwet. — Brown vs. Leyds, N. O. — Toedrag van sake. — Uitspraak van Hoofregter Kotzé. — Buitewerkingstelling van proklamasies. — Besluit staan nie op gelyke voet met behoorlik tot stand gekome wet nie. — Volksraad nie bo Grondwet verhewe nie. — Gesag van staatsmagte ontleen aan die Grondwet. — Regterlike mag bevoeg om wette aan Grondwet te toets. — Die Grondwet is van opperste gesag. — 'n Wet kan nie deur besluit verander word nie. — Art. 220 van die Grondwet. — Bylaes No. 1 en 2 van 1859. — Handeling van Volksraad geen wet nie, tensy in behoorlike wetsvorm geskied. — Verbod van toetsingsreg is in stryd met Grondwet Reëling van werksaamhede van Wetgewende Mag. — Uitvoerende en Wetgewende magte betoon eerbied vir voorskrifte van Grondwet. — Beoordeling omtrent behoorlike totstandkoming van wette is veilig by die Volksraad. — Uitspraak van regter H. A. Ameshoff.—'Toetsingsreg in volle omvang aanvaar. — Uitspraak van regter G. T. Morice. — Proklamasie slegs geldig na verskyning. — Handelwyse van klerk agteraf deur volksraadsbesluit beskerm. 800 — Aksie aan die gang. — Besluit nie bedoel om teen gees van Grondwet in te gaan nie. — Klerk verpüg om vergunnings uit te reik. — Hy word daartoe beveel. — Wet No. 1 van 1897. — Beroep op Sir Henry de Villiers. — Gewigtige vraag aan die regters. — Houding van regters. — De Villiers bemiddelaar. — Antwoord van regters. — Volksraadskommissie vir hersiening van Grondwet. — Kotzé ontevrede. — Krüger se opvatting van verstandhouding. — Vertraging in werksaamhede van Kommissie. — Kotzé ag verstandhouding geskonde en dus vervalle. — Kotzé kry ontslag. — Sy verset help niks. — Gregorowski word Hoofregter. — Kotzé was te haastig. — Geskil met Sir Henry de Villiers. — Krüger en de Villiers se opvattings van die verstandhouding. — Verkeerde weg deur Kotzé ingeslaan. — Politieke aard van sy handelwyse. — Die wetlike bevoegdhede van die Volksraad. — Dr. Coster oor soewereine mag van Volksraad. — Dr. Leyds oor handelwyse van Volksraad. — Moontlike gevolge van vonnisBrown. — Grondwetlikheid van die Hooggeregshof. —Verbod op toetsingsreg en houding van Hof. — Wet No. 1 van 1897 nodig vir herstel van regsekerheid. — Dr. Leyds aan Jhr. Beelaerts. van Blokland. — G. J. Goschen aan N. G. Pierson. —Antwoord van Dr. Leyds op Britse beskuldigings. Hoofstuk V. Die Eerste Inlywing deur Brittanje. bl. 95 Ontdekking van goud en diamante. — Sandrivier-Verdrag oor die hoof gesien. — Geskilpunte. — Waterboer. — Skeidsgereg. — Beshssingvan R. W. Keate. — Pres. M.W. Pretorius tree af. £01 — Beroep op Pres. Brand. — Pres. T. F. Burgers. — Europa en die Engelse politiek in SuidAfrika. — Inboorlinge kry vuurwapens van Engelse. — Geskreeu om inlywing. — n Britse statebond in Suid-Afrika begeer. — Opdrag aan Sir Theophilus Shepstone. — Voorbereiding van inlywing. — Krüger en Jorissen na Londen. — Beroep op Britse regverdigheidsgevoel. — Boere teen Britse bestuur. — Krüger en Joubert na Londen. — Tevergeefs. — Plegtige volksverklaring op Wonderfontein. — M. W. Pretorius en W. E. Bok gevange geneem. — Die Driemanskap. — 16 Desember 1880 staat van beleg en oorlog afgekondig. — Boere-wapens met oorwinning geseën. Hoofstuk VI. Verdrag van Pretoria, 1881. (Britse Soesereiniteit). bh 106 Vrede gesluit. — Verldaring van Sir Evelyn Wood. — Soesereiniteit noodgedwonge aanvaar. — Verdrag van Pretoria. — Inhoud van vernaamste artiekels. — Volksraad teen goedkeuring. — Verset en voorstelle van die Driemanskap. — Slawerny. — Engeland weier om wysiging in oorweging te neem. — Verdrag goedgekeur onder verset. Hoofstuk VII. Die Verdrag van Londen, 1884. (Soesereiniteit opgehewe). bl. 113 Verdrag van Pretoria onuitvoerbaar Krüger, Smit en du Toit na Londen. — Eerste ontmoeting met Lord Derby. — Besware teen Verdrag van Pretoria. — Beroep op Sandrivier-Verdrag. 802 — Wcnke vir wysiging. — Lord Derby se mening oor aard van verdrae tussen Brittanje en Boere. — Britse eensydige verklarings. — Lord Derby stem toe in nuwe ooreenkoms. — Nouere aaneensluiting van Afrikaanse state onder Engelse toesig. — Ontwerp-verdrag deur Boere ingedien. — Lord Derby ag dit onbevredigend. — Vasstelling van Transvaalse grense moet voorgaan. — Lord Derby gee n ontwerp vir 'n nuwe verdrag. — Opheffing van soesereiniteit. — Verklaring van Lord Derby. — Amptelike mededeling aan Sir Hercules Robinson. — Sluiting van die Verdrag. — Onmiddellike aanknoping van diplomatieke onderhandelings met ander moondhede. — „Voltooiing" van verdrae. — Chamberlain se opvatting van Art. 4. Hoofstuk VIII. Aanknopingspünte in Europa. bl. 132 In Nederland. — Besef van stamverwantskap. — Hartlike onthaal. — Komitees vir behartiging van Boere-belange. — Stigting van Ned. Z. A. Vereeniging. — Geldgebrek in Transvaal. — Aanvrae vir konsessies. — Steun van Dietse beskawing. - Spoorweglening misluk. - Nederlandse inwendige politiek. — Onthaal in ander lande. Spoorwegkonsessie. — Onthaal in Berlyn. — Benoeming van Jhr. Mr. G. J. Th. Beelaerts van Blokland tot gesant. - Dr. W. J. Leyds benoem tot Staatsprokureur. — Kennismaking met Krüger. — Benoeming eers afgewys. — Vir drie jaar aanvaar. — 'n Moeilike reis. ~ Aankoms in Pretoria. 803 TWEDE BOEK. Vernaamste Gebeurtenisse in Ekonomiese en Maatskaplike Strewe. Hoofstuk DC Begin van die Treinspoor en Spoorver- keerspotitiek. y 147 Boere verwerf Delagoabaai. — Regte aan Portugal afgestaan. — Engelse aansprake. — Uitspraak van MacMahon. — Brits-Portugese ooreenkoms. — Pres. Burgers ywer vir spoorweg. — Inlywing deur Engeland. — Opmeting deur Machado. — Konsessie-aanvrae. — Ooreenkoms met Portugal. — Handelwyse van Natal en Kaapkolonie. — Konsessie verleen aan Nederlanders. — Houding van Volksraad. — Portugal verleen konsessie aan MacMurdo. — Kapitaalgebrek. — Nederlandse en Duitse banke bring uitkoms. — Aanvang van spoorwegbou. — Moeilikhede met Portugal oor ryloon. — Bou gestaak. — Aanleg van „Randtram". — MacMurdo-konsessieingetrek. — Aanleg hervat. — Hulp van Kaapkolonie. — Voltooiing van verskillende lyne. — Spoorverkeerspohtiek. — Voorwaardes van konsessie. — Ryloonsverlaging. — Klagtes van mynbase. — Ondersoek na toestand van mynnywerheid. — Die Industriële Kommissie. — Uiteensetting deur die heer Middelberg. - Verslag van Kommissie. — Verdere vragverlaging. — Verset van President teen naastingsplanne. — Aankoop van aandele deur regering. — Voordeel van partikuhere spoorwegbeheer. — Maatskaplike waarde van die 804 N. S. A. Spoorwegmaatskappy. — Einde van die Nederlandse Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy. Hoofstuk X. Spoorwegpolitiek teenoor die Buurstate, bl. 167 Poging tot verbinding met Kaapkolonie. — Vrystaat, Kaap en Natal soek verbinding met Johannesburg. — Verhouding tot Oranje-Vrystaat. — Uitnodiging vir byeenkoms in Kaapstad. — Ooreenkoms met Oranje-Vrystaat. — Pres. Krüger en Pres. Reitz ontmoet op Potchefstroom. — Wysiging van Krüger se afsydige politiek. — Kommissie-de Winton. — Optree van Sir Henry Loch. — Strook grond na Kosibaai. — Britse misleiding. - Brittanje palm gebiede van Zambaan en Oembegisa in. - Natal se verbindingsplanne. — Redes vir toestemming aan Natalse versoek. — Ooreenkoms met Natal. — Medewerking van Portugal. — Houding van Kaapkolonie. — Kaap begin vragloonoorlog. — Ossewaverkeer. — Besprekings in Kaapstad. — Sluiting van Transvaalse drifte. - Kaapse beroep op Engeland. — Britse inmenging. — Transvaal bereid tot bespreking. — Schreiner ag driftesluiting skending van Londense Verdrag. — Waarskuwing van Chamberlain. - Kaapkolonie belowe steun vir moontlike krygsveldtog. — Drifte oopgemaak. ~ Londense Verdrag nie geskend nie. - Verklaring van Schreiner. — Mening van p. A. Molteno. - Oordeel van Asser. — Natalse belangegemeenskap met Transvaal. - Bespreking van geskille in Pretoria. - Voorstel van Transvaal. - Kaap ontevrede. — Voorstel van Schrei- 805 ner. — Kaapse spoorwegkoste. — Geen ooreenstemming. — Voorstel van Hunter vir nuwe byeenkoms. — Sluitingswens. — Verdere byeenkomste. — Uitlanders en Transvaalse spoorweg. — Naasting van spoorweg in Oranje-Vrystaat Hoofstuk XI. Invoerpolitiek en Tolverbond. bl. 191 Invoerregte veral uit flskale oorwegings. — Vrystelling vir sendeling Coillard. — Transvaalse verlange na tolverbond. — Geen ooreenstemming met Kaap. — Tolverbondspoging van Kaapse kant — Krüger wil eers onafhanklike seehawe. — Tegemoetkoming van Natal. — Weer n „skending" van Londense Verdrag. — Verdrag met Portugal deur Brittanje geratifiseer. — Toestemming van Lord Kimberley. ~- Die Kaap en die Johannesburgse mark. — Verdrag met België. — Voorstel van Kaapkolonie. — Goeie voornemens van Transvaal. — Art. 39 van die Spoorwegkonsessie. — Vertoog van Hoë Kommissaris. — Wysiging van konsessie. — Bevoorregting van Kaapse drank. — Tolverbondspoging van Pres. Reitz. — Transvaal en Natal afsydig. — Poging herhaal. — Natal ag tyd nog nie ryp nie. — Transvaal wil eers eie hawe. Hoofstuk XII. Die Strewe na 'n Onafhanklike Seehawe. bl. 201 Tolverbond en onafhanklike seehawe. — Kosibaai ongeskik. — Begeerte van Pres. Krüger Voordele deur Brittanje geëis. — Voorwaardes vir toestaan van Kosibaai. — Transvaal vertrou op Britse beloftes. — Belofte van Jan Hofmeyr. 806 — Verdrag oor Swasieland. — Byeenkoms op Colesberg. — Voorwaardes van Transvaal. — Handelwyse van Loch. — Tegemoetkoming van Transvaal. — Derde Swasielandse Verdrag. — Inlywing van Zambaan en Oembegisa. — Verset van Transvaal. — Verontwaardiging van OranjeVrystaat. — Britse redenering. — Britse klagtestelsel. — Beweerde inbreuke. — Brittanje betuig vriendskaplike gevoelens. Hoofstuk XIII. Strewe insake See- en Riviervaart. bl. 212 Planne vir stigting van stoomvaartmaatskappy. — Voornemens om hawegebied van Portugal te koop. — Waarskuwing van Jhr. Beelaerts van Blokland. — Portugese naywer. — Dr. Leyds in Lissabon. — Geen afstand van Portugese grond. — Transvaal verlang los- en laaiplekke. — Belangstelling in Europa. — Volksraad belowe steun vir nasionale stoomvaartbedryf. — Regsgeleerde mening van Prof. Asser. — Seebriewe, seevlag, ens. — Onoorkoomlike struikelblokke. — Skeepvaartregte op riviere. — Die Chaddock-aansprake. — Regte aan Transvaal aangebied. — Houding van Portugal. — Mening van Prof. Asser. — Staatsregtelike toestand van bevaarbare riviere. — Volkeregtelike reëlings. — Britse medewerking aangebied. — Spoorwegverbinding verdring bevaring van riviere. Hoofstuk XIV. Kabelverbinding met Europa. bL 224 Behoefte aan doelmatiger verbinding met Europa. — Ooreenkoms met Ooster- en Suid-Afrikaanse Telegraafmaatskappy. — Belang van Johannes- 807 burg. — Misbruik van Britse monopolie. — Stappe van Dr. Leyds vir onafhanklike kabel. — Medewerking gesoek by Portugal, Duitsland en Frankryk. — Duitse eise. — Franse belangstelling. — Hanotaux beveel uitstel aan. — Aanbiedings van Hoffer en Treu. — Hanotaux vat die saak weer op. — Aanbiedings sonder vraag van regeringstoelae. — Eindelik geen kabel. Hoofstuk XV. Om die Besit van Delagoabaai. bl. 232 Die MacMahon-uitspraak. — Rhodes. — Vraag aan Brittanje. — Geen voornemens tot teëwerking. — Voorstel van Rhodes. — Antwoord van Krüger. — Erkentlikheid van Krüger teenoor Portugese. — Transvaal se belang by Delagoabaai. — Gerugte oor vervreemding van Delagoabaai. — Houding van Duitsland. — Rothschild en Rhodes. — Piervergunning in Lourenco Marqués. — Mededelings van Sivewright. — Versekerings van Duitsland. — Portugese die mins beswaarlike bewaarders van Delagoabaai. — Gerugte van Engelse aankoop. — Dr. Leyds in Parys. — Portugese geldgebrek. — Plan-Ochs. — Plan-de Burnay. — Van Kretschmar na Lissabon. — Voorstel van spoorwegmaatskappy. — Franse planne. — Portugal uit die brand gehelp. — Samewerking tussen Mogambique Compagnie en British South Africa Company. — Voorstel van Dr. Leyds tot neutralisasie van Delagoabaai. — Gevaar van Britse oorheersing. — Medewerking van Frankryk gesoek. — Onderhoude van Dr. Leyds met Franse owerheidspersone. — Bewerking van Portugese openbare 808 mening. — Belgiese planne. — Dr. Leyds in Berlyn. — Duitse versekerings. — Engelse planne. — Houding van Duitse Keiser. — Engels-Duitse ooreenkoms. — Duitse vergissing. — Transvaalse politiek teenoor Portugal. — Duitsland teen Portugal. — Frankryk teen Engeland. — Engelse diplomatieke handigheid. Hoofstuk XVI. Moeilikhede met die Dinamietmono- 253 potie. nl. Alleenreg aan Ed. Lippert — Klagtes van Engelse. — Regeringskommissie van ondersoek. — Uitslag ongunstig vir maatskappy. — Beroep op die Hof. — Regering kry gelyk. — Poging tot skeidsgereg. — Staatsmonopolie. — Bestuursmaatreëls. — Uitvoering opgedra aan L. G. Vorstman. — Groot winste op invoer van dinamiet. — Weer kommissie van ondersoek. — Verslag. — Invoer van grondstowwe noodsaaklik. — Plaaslike behoeftes te groot vir fabriek. — Aanbevehngs van kommissie. — Industriële Kommissie. — Pryse te hoog geag. — Volksraadskommissie. — Raadpleging van regsgeleerdes aanbeveel. — Prysverlaging. — Chamberlain teken verset aan. — Antwoord van Staatsekretaris Reitz. — Vernietiging van monopohe onwenslik. — Mag van Nobel. — De Beers. — Pryse nie te hoog nie. — Goeie sake. — Dinamietmonopolie in staatsbelang. Hoofstuk XVII. Besondere Wetgewing op Asiate. bl. 273 Inleiding. — Grondwet staan besondere wetgewing toe. — Verdrag van Londen n hinderpaal. 809 — Ongerymde toestand.—Verblyf van Oosterlinge onder blanke onwenslik. — Afbakening van woonwyke. —Versoek aan Britse regering. — Wysiging » van Londense verdrag aanbeveel. — Toestand van Arabiere.—Wetgewing aan Volksraad in begeerde rigting toegestaan. — Wet No. 3 van 1885. — Verset van Britse kant. — Transvaal se standpunt. — Beweerde oortreding van Verdrag van Londen. — Wysiging van die wet. — Britse beswaar ingetrek. — Toepassing van wet bring nuwe moeilikbede. — n Regterlike uitspraak. — Engeland erken Transvaal se optree as juis. — Nuwe klagtes. — Engeland gee uideg aan wet. — Volksraad besluit tot stipte toepassing. — Ooreenkoms insake skeidsgereg. — Hoofregter Melius de Villiers van Oranje-Vrystaat as skeidsregter aangewys. — Die aansprake van die twee partye. — Redenering van die skeidsregter. — Noodsaaklike dade van self behoud. — Vreemdelinge en die plaaslike wette. — Transvaal kry gelyk. — Chamberlain betuig medegevoel met Asiate. Hoofstuk XVIII. Behandeling van Kaapse Kleurlinge, bl. 298 Toestand van kleurlinge in Transvaal. — Vriendskaplike versoek van Britse Agent. — Ongeriewe deur die Paswet ver oorsaak. — Uitspraak van landdros Broeksma. — Wet deur Volksraad verduidelik. — Britse Agent ag kleurlinge geregtig op skadeloosstelling. — Voorwaardes vir intrekking van beweerde vergoedingsregte. — Antwoord en stappe van Transvaalse regering. — Aanwysing aan pasuitdelers. — Kleurlinge in hegtenis geneem vir versuim om passé te dra. — Die South African 810 League in die geweer. — Kommissie van ondersoek. — Onreëlmatighede ontdek—^Beskuldigings van Milner. — Sy dwalings. — Milner deur Staatsekretaris tereggewys. 811 DERDE BOEK. Moeilikhede met die Uitlanders. Hoofstuk XIX. Stryd tussen Regering en Uitlanders. bl. 313 Ontdekking van goud. — Krüger voorsien sonde. — Stoflike welvaart bevorder. — Aanmoediging van gouddelfnywerheid. — Delwerskomitees. — Begin van griewe. — Krüger verwelkom Uitlanders en gee hulle raad. — Tegemoetkomings aan Johannesburg. — Voorval Leebman. — Ontstemming by burgers. — Krüger bring kalmte. — Dankbetuigings van Johannesburg aan President en regering. — n Ongunstige kentering. — Rhodes en Loch. — Swasieland en Britse eise. — Verdediging teen Rhodes-planne. — „Moordenaars en dieven". — Uidander-verteenwoordiging. — Twede Volksraad. — Aard van die reëling. — Wetgewende bevoegdhede. — Beperkings. — Stryd tussen Volksrade. — Bedoeling van President met Twede Volksraad. — Transvaal National Union. — Die Malaboch-veldtog. — Loch in Pretoria. — President beledig. — Loch hits Uidanders geheimlik op. Hoofstuk XX. Uitlander-Griewe. bl. 329 Oproep van Charles Leonard. — Doeleindes van National Union. — Drie dinge geprobeer ten uitvoer bring. — Belastings onbülik. — Uitlanders in groot gevaar. — Invloed van President en Staatsekretaris. — Toestand van regterlike mag. — Beweerde geldverspilling. — Omkopery. — 812 Bevoorregting van Hollanders. — Kleine myndiwidende. — Uitlanders gehaat en bedreig. — Eise. — Chamberlain aan die woord. — Uitlanders veronreg. — Beloftes nie nagekom nie. — Geen geweld beoog nie. — Brittanje geregtig op raadgewing.—Stemreg. — Onderwys. — Belastingdruk. — Openbare vergadering. — Staatsmonopoües. — Spoorweë. — Poliesie. — Selfbestuur vir mynstreek. — Uitnodiging aan President. Hoofstuk XXI. Weerlegging van die Uitlander-Griewe. bl. 342 Natuurlike oorsake van foute van Krügerbeleid. — Geringe uitwerking van omkopery. — Snelle ontwikkeling van Staatsbehoeftes. — Konsessies in hande van Uitlanders self. — Die prys van dinamiet. — Belastings nie te hoog nie. — Tegemoetkomings aan myne. — Toestand van Hooggeregshof. — Onderlinge verhouding van bevolking. — Grondbesit. — Grondwaarde. — Onderwys. — Skole vir Engelse. — Beweerde trou van Uidanders. — Griewe sterk gekleur. Getuienis van W. P. Schreiner. — Hollanders in staatsdiens. — Afrikaners in staatsdiens. — Politieke toestand van Afrikaners uit ander dele van Suid-Afrika. Hoofstuk XXII. Die Voorbereiding van die Invals- planne. W- 364 Rhodes se doeleindes en middele. — Krüger in Rhodes se weg. — Sir Hercules Robinson. Amptelike Britse medewerking nodig. — Rutherfoord Harris. — Gebied van Khama. — Chamberlain sluit 'n voordelige koop. — Plan van Loch. 813 — Loch se wenk aan Phillips. — Harris se sending na Londen. — Die Ministerie van Kolonies. — Robert White as spioen. — Insmokkel van vuurwapens. — Jameson verkry 'n „uitnodigingsbrief". — Onverwagte misbruik daarvan. — Krygsmag op Pitsani Potlugo. — Uitstel van Johannesburgse opstand. — Tweedrag onder samesweerders. — Geskil oor die vlag. — Doel van die omwenteling. — Jameson word haastig. — Kapt. Heany as bode. — Jameson se besluit. — Die aanvang van die intog. Hoofstuk XXIII. Die Inval en die Eerste Gevolge, bl. 379 Oorskryding van die Transvaalse grens. — Proklamasie van die President. — Hoë Kommissaris keur Jameson se daad af. — Jameson weier om terug te trek. — Chamberlain bied President medewerking aan. — Aanbod van Hoë Kommissaris. — Onvoorwaardelike oorgawe. — Chamberlain vertrou op edelmoedigheid van President. — Skending van Londense Verdrag. — Uidewering van gevangenes. — Voorwaardes. — Verband met oorgawe van Johannesburg. — Uidewering gereël. Hoofstuk XXIV. Die Opstand in Johannesburg. bl. 388 Verskil van lewensbeskouing by Uitlander en Boer. — Progressiewe se hoop op oplossing. — Maatreëls ten voordele van die myne. — 'n Oordrewe en verdraaide voorval. — Oorhaastigheid van Uitlanders. — Werk van politieke stokebrande. Lionel Phillips preek geweld. — Plan vir beroep op Engeland. — Duisende vreemdelinge steun 814 regering. — Beloftes van President. — Berig van Jameson se inval. - Regeringskommissie in Johannesburg. — Verwarde berigte. — Boere onderskat. — Beweegredes vir oproer. — Opstandelinge in minderheid. — Onvoorwaardelike oörgawe geëis. — Onder beskerming van Hoë Kommissaris. — Oorhandiging van wapens aan regering. — Amnestieprokkunasie. — Versoening en belofte. — Einde van verwikkelings. — Vertrek van Hoë Kommissaris. — Verlange van Chamberlain. Hoofstuk XXV. Die Lot van die Gevangenes. bl. 400 Chamberlain versoek loslating op borgtog. — Toegestaan. — Verhoor van 63 beklaagdes. — Die vonnisse. — Doodvonnisse gewysig. — Verligting van vonnisse. - Voorwaardes. — Doodvonnisse verander in boetes. — Speeltuie. — Rhodes. Beit en Harris. — Jameson en andere voor die Hof in Londen. — Aard van die oortreding. — Jameson se straf. Hoofstuk XXVI. Die Inval en die Vraagstuk van Britse Amptelike Medepligtigheid. bl. 40? Oortuiging van Transvaal. — Rhodes kry vooraf kennis. — Wat Ghamberlain vertel. — Hy waarsku Rhodes vir gevolge. — Jameson te haastig. — Planne in die war gestuur. — Aansporings uit Londen. - Flora Shaw. — 'n Wenk van Fan-Beid. _ Verdeeldheid in Johannesburg. — Flora Shaw by Chamberlain. - Phgsversuim van Komitee. Vergete telegramme. — Mededeling van Rhodes aan Chamberlain. — Chamberlain „verskriklik kwaad". — „Opdragte" aan Hoë Kommissaris. — 815 De Villiers en Hofmeyr. — Jameson en die Hoë Kommissaris. — Sodra Pretoria beset sou wees. — Die proklamasie van afkeuring. — Sir Hercules Robinson onkundig van Jameson se planne. — Medepligtige Ryksamptenare. — Die Hawksleybriewe. — Samestelling van Komitee van Ondersoek. — Nie heeltemal veikg nie. — Die kabelgramme. — Vernietiging van bewyse. — Rhodes weier inhgting. — Gebruik van kabelgramme. Chamberlain ongerus. — Hawksley aan Fairfield. — Stilswyging omtrent inhoud van kabelgramme. — Pligsversaking deur Komitee. — Chamberlain as hd van Komitee. — Beslissing van die Komitee. — Bewysstof agterweë gehou. — Vrae in die Laerhuis. — Chamberlain pleit Rhodes skoon. — „Wrokkige nuuskierigheid". — Rede vir agterdog teen Chamberlain. — Kaapse ondersoek verbygegaan. Hoofstuk XXVII. Skadeloosstelling vir die Inval. bl. 431 Chamberlain maak voorbehoude. — Morele of intellektuele skade. — Stoflike skade. — Gespot met shillings en pennies. — Chamberlain vra volle besonderhede. — Aansprake op vergoeding van morele skade. — Chamberlain ten gunste van skeidsgereg. — Transvaal stem toe in skeidsgereg met Britse regering. — Weier skeidsgereg met Geoktrooiëerde Maatskappy. — Vergoeding bly onbetaald. Hoofstuk XXVIII. Saamhorigheidsgevoel van Afrikaners. bl. 439 Die moeilikhede van Transvaal. — 'n Klag uit 816 Natal.- Bystand deur Oranje-Vrystaat. — Aanklag teen Geoktrooiëerde Maatskappy. — Dankbaarheid van-Transvaal. — Kaapse Afrikaners. Krüger voorvegter vir Dietse ras. — Kapenaars bang vir beskuldiging van ontrou. — Die Afrikaner-Bond. — Rhodes saai tweedrag. - Bondskongres op Kimberley. - Rhodes oor beginsels van die Bond. - Strewe na *n Verenigde SuidAfrika. — Republieke wantrou Rhodes. - Na die Jameson-Inval. - Hofmeyr. Theron, van den Heever. — Chamberlain doen beroep op Hofmeyr. — Afrikaners hink op twee gedagtes. — Gebrek aan krag. - Vergadering op Graaff-Reinet. — Gedaan met Rhodes. - Bondskongres op Burgersdorp. - Voorstel van F. S. Malan. - S. J. du Toit maan tot versigtigheid aan. Rede van F. S. Malan. -Rede van S. J. du Toit. - Rhodes as skeidsmuur verdwyn. — Dagons. Hoofstuk XXIX. Hervorming van die Geoktrooiëerde Maatskappy. bL 458 Brief „van die Koningin" aan Lobengoeloe. — „Delf na goud". - Publiekregtelike bevoegdhede. 1 Misbruik '.van mag. - Voorstel Merriman. Sauer. - Amendemente Schreiner en Rose-Innes. Verslag van Kaapse Gekose Komitee. - Wysiging van oktrooi gevra. - Bron van gevaar vir SuidAfrika. - Chamberlain belowe ondersoek. — Chamberlain wil nie aan sy pligte herinner word nie. _ *n Nederige antwoord. - Oorlog teen Matabeles. - Aanvullende oktrooi. - Weinig verandering.