DIE KAAP ONDER DIE BATAAFSE REPUBLIEK 1803-1806 DEUR J. P. VAN DER MERWE SWETS & ZEITLINGER AMSTERDAM 1926 KONINKLIJKE BIBLIOTHEEK È DIE KAAP ONDER D!E BATAAFSE REPUBLIEK. 1803-1806. DIE KAAP ONDER DIE BATAAFSE REPUBLIEK. 1803-1806. AKADEMIESE PROEFSKRIF TER VERKRYGING VAN DIE GRAAD VAN DOKTOR IN DIE LETTERE EN WYSBEGEERTE AAN DIE UNIWERSITEIT VAN AMSTERDAM, OP GESAG VAN DIE REKTOR-MAGNIEFIKUS JDr. P. RUITENGA HOOGLERAAR IN DIE FAKULTEIT VAN DIE GENEESKUNDE. IN DIE OPENBAAR TE VERDEDIG IN DIE AULA VAN DIE UNIWERSITEIT OP DINSDAG 30 MAART 1926, OM HALF VIER UUR N.M., DEUR JOHANNES PETRUS VAN DER MERWE, GEBORE OP MIDDENDEEL, BOSHOF, SUID-AFRIKA. SWETS & ZEITLINOER Keizersgracht 471 - Amsterdam AAN MY OUERS. VOORWOORD. Gaarne maak ek gebruik van die geleentheid, wat my dissertasie my bied om openlik my innige dank te betuig aan almal, wat tot my Wetenskaplike vorming bygedra het. In die eerste plek dan, U, Hooggeleerde Brugmans, Hooggeagte Promotor, my besondere dank vir die perspektiewe, wat U deur U kolleges in die historiese wetenskap vir my geopen het — vir my verdere ontwikkeling sal dit van blywende betekenis bly. My innige dank en waardering ook vir U vriendelike hulp en bemoedigende leiding, raadgewing en belangstelling met betrekking tot die samesteUing van my proefskrif. Dit alles het my telkens met nuwe moed besiel. Ook U, Hooggeleerde Posthumus, my hartlike dank vir die nut wat ek uit U kolleges in die Ekonomiese Geskiedenis mog trek. Op hierdie terrein ook neem ek mee, waarop ek verder kan en sal gaan bou. En aan U, Hooggeleerde Fryda, kan ek die dankbare versekering gee, dat U deur U interessante en boeiende kolleges in die Ekonomie in my 'n belangstelling vir daardie wetenskap in so'n mate gaande gemaak het, dat ek my studie daarin nie met my vertrek uit Nederland sal afsluit nie. Ek dank U dan ook vir die vele wat U bygedra het om my kennis op daardie gebied te verruim. Daarby ook my dank aan U, hooggeleerde Van Emden, vir die voorreg, wat ek gehad het om U kolleges in laasgenoemde wetenskap gedurende 'n halwe jaar te kon volg. Maar daarby dink ek hier terug aan die vele andere wat aan die eerste stadia van my vorming meegewerk het. Name noem ek nie — wie dit betref weet dit wel en ontvang my innige dank. Die vierjarige studie aan die Grey-Uniwersiteitskollege neem 'n heel besondere plek in my studielewe in en hier is dit my 'n voorreg om U, Hooglerare van die Grey, en veral U, Hooggeleerde Francken, Malherbe, Holloway en Barnard hartlik dank te sê, vir wat ek van U ontvang het. En U, Mnr. Saayman, dit is my 'n buitengewone behoefte om U hier openlik dank te betuig vir U vriendelike hulpvaardigheid en welmenende belangstelling. Veel het ek aan U te danke. Bowedien voel ek my besonder verplig aan die Suid-Afrikaanse Departement van Hoër Onderwys vir steun my verleen en ook aan die Nederlandsen ZuidAf rikaansche Vereeniging en aan U, Professor Pont, vir vele tegemoetkominge. Dan is dit my 'n besonder aangename plig om die personeel van die Amsterdamse Uniwersiteits-Bibüoteek en dié van die Ryksargief te bedank vir die groot vriendelikheid en tegemoetkoming wat my daar te beurt geval het, veral tydens die verbouing van eersgenoemde inrigting. Voor my vertrek uit Nederland is dit my nog 'n diepgevoelde behoefte om langs hierdie weg ook almal van wie ek gedurende die 47sjarige verblyf alhier vriendskap en gasvryheid mog geniet, van harte te bedank. Nederland het my heel veel moois gebied, en die herinnering daaraan sal my altyd bybly. En dan ten slotte nog 'n woord van innige dank en waardering aan my Afrikaanse mede-studente vir alles wat S. A. S. V. I. A. vir my beteken het. INHOUD. Bis. Onuitgegewe Stukke Inleiding 1 Hoofstuk I. — J. A. de Mist (1749—1823) 7 II. — Op Weg na en Aankoms aan die Kaap . . 20 III. —• Suspensie van Oorgawe en Oorname van die Volksplanting 27 IV. — Die Nuwe Status van die Kolonie .... 44 V. — Jan Willem Janssens (1762—1838) .... 51 VI. — Politieke en Administratieve Instellinge . . 62 a. Installasie, Pligte en Verantwoordelikhede van die Goewerneur 62 b. Die Politieke Raad 71 c. Die Rekenkamer 75 d. Justiesie-wese aan die Kaap 81 e. Desolate Boedelkamer, Weeskamer en Bank van Lening 85 f. Die Raad der Gemeente 91 VII. — Politieke Gevoelens aan die Kaap .... 99 VIII. — Konstruktiewe Arbeid 107 XI. — Die Buitedistrikte 120 a. Reise van Janssens en de Mist .... 120 b. Kleiner Verdeling en 'n Grondiger Kennis van die Buitedistrikte 127 c. Grondbezit aan die Kaap 139 tL Die Landdros 145 e. Landdros en Heemrade 148 f. Veldkornette 152 g. Huweliksordonnansie vir die Buitedistrikte 156 X. — Algemene Beskawing aan die Kaap .... 161 Bis. Hoof stuk XI. — Onderwys-Ordonnansie vir die Kolonie . . 171 XII. — Godsdiens en die Kerkorde van de Mist . . 195 XIII. — Naturellepolitiek 225 a. Kaffers 228 b. Boesmans 238 c. Hottentotte 240 1. Die Hottentot as Soldaat 241 2. Die Hottentot en die Kolonis .... 247 3. Die Hottentot en die Sending .... 252 XIV. — Arbeid en Slawerny 272 XV. .— Die Kaap van Ekonomiese Kant 283 a. Kolonisasie van van Hogendorp en von Bouchenröder 285 b. Walvisvangs en Hout 293 c. Wijn- en Koringbou 296 d. Veeteelt 306 XVI. — Handel aan die Kaap en die Handelspolitiek van de Mist 320 XVII. — Geldmiddele 340 XVIII. — Verhouding tussen die Inkomstes en Uitgawes van die Kaapse Regering 354 XIX. i— Enige Reorganisasie-Maatreëls 363 XX. — Vertrek van de Mist en Janssens 371 XXI. - Besluit 382 Bylae A Rekwes van de Mist aan Koning Willem I „ B Stamreeks in verband die naamsaanvulling van de Mist . . „ C Afstammelinge van Mr. J. A. (Uitenhage) de Mist . . . Register van Persoonsname Portret van de Mist teenoor 7 Portret van Janssens teenoor 51 Kaart van die Kaap omstreeks 1806 INHOUD. Bis. Onuitgegewe Stukke Inleiding 1 Hoof stuk I. — J. A. de Mist (1749—1823J 7 II. — Op Weg na en Aankoms aan die Kaap . . 20 III. — Suspensie van Oorgawe en Oorname van die Volksplanting 27 IV. — Die Nuwe Status van die Kolonie .... 44 V. — Jan Willem Janssens (1762—1838) .... 51 VI. — Politieke en Administratiewe Instellinge . . 62 a. Installasie, Pligte en Verantwoordelikhede van die Goewerneur 62 b. Die Politieke Raad 71 c. Die Rekenkamer 75 d. Justiesie-wese aan die Kaap 81 e. Desolate Boedelkamer, Weeskamer en Bank van Lening 85 f. Die Raad der Gemeente 91 VIL — Politieke Gevoelens aan die Kaap .... 99 VIII. — Konstruktiewe Arbeid 107 XI. — Die Buitedistrikte 120 a. Reise van Janssens en de Mist .... 120 b. Kleiner Verdeling en 'n Grondiger Kennis van die Buitedistrikte 127 c. Grondbezit aan die Kaap 139 d. Die Landdros 145 e. Landdros en Heemrade 148 f. Veldkornette 152 gr. Huweliksordonnansie vir die Buitedistrikte 156 X. — Algemene Beskawing aan die Kaap .... 161 Bis. Hoofstuk XI. —• Onderwys-Ordonnansie vir die Kolonie . . 171 XII. — Godsdiens en die Kerkorde van de Mist . . 195 XIII. — Naturellepolitiek 225 a. Kaffers 228 b. Boesmans 238 c. Hottentotte 240 1. Die Hottentot as Soldaat 241 2. Die Hottentot en die Kolonis .... 247 3. Die Hottentot en die Sending . . . .252 XIV. — Arbeid en Slawerny 272 XV. — Die Kaap van Ekonomiese Kant 283 a. Kolonisasie van van Hogendorp en von Bouchenröder 285 b. Walvisvangs en Hout 293 c. Wijn- en Koringbou 296 d. Veeteelt 306 XVI. — Handel aan die Kaap en die Handelspolitiek van de Mist 320 XVII. — Geldmiddele . . . r< 340 XVIII. — Verhouding tussen die Inkomstes en Uitgawes van die Kaapse Regering 354 XIX. — Enige Reorganisasie-Maatreëls 363 XX. — Vertrek van de Mist en Janssens . . . . . 371 XXI. — Besluit 382 Bylae A Rekwes van de Mist aan Koning Willem I „ B Stamreeks in verband die naamsaanvulling van de Mist . . C Afstammelinge van Mr. J. A. (Uitenhage) de Mist . . . Register van Persoonsname Portret van de Mist teenoor 7 Portret van Janssens teenoor 51 Kaart van die Kaap omstreeks 1806 INLEIDING. Deur die preliminêre ooreenkoms van Londen op 1 Oktober 1801 tussen Engeland en Frankryk, is aan die Nederlandse regering die vooruitsig geopen, om van sy deur GrootBrittanje verowerde kolonies weer terug te ontvang. Hoewel dit nog onseker was welke van die besittinge teruggegee sou word, het die waarskynlike terruggawe die Bataafse owerheid onder die verpligting gebring, om hom besig te hou met die probleme verbonde aan die herkryging van belangrike koloniale gebiede — o.a. staatkundige, ekonomiese en administratiewe vraagstukke. Sedert die gebiede oorgegaan het aan Engeland, het daar ingrypende veranderinge in Nederland plaasgevind, nie alleen wat betref interne aangeleenthede nie, maar ook met betrekking tot sy koloniale besit. Gedurende byna twee honderd jaar was die koloniale aangeleenthede in die Ooste toevertrou aan die Nederlandse geoktrooieerde Oos-Indiese Maatskappy. Hierdie Kompanjie het, na 'n periode van buitengewone bloei, in die twede helfte van die 18de eeu al meer en meer agteruitgegaan en nieteenstaande die ondersteuning met magtige geldsomme deur die Nederlandse Staat in die 90er jare in totale verval geraak. By artiekel 247 en volgende van die grondwet van 1798 is die Maatskappy dan ook ontbind en in sy plek aangestel 'n „Committé tot de zaken van den Oost-Indischen Handel en bezittingen," wat op sy beurt weer op 15 Mei 1800 vervang is deur die „Raad van Aziatische zaken en bezittingen," wat onmiddellik ondergeskik sou wees aan die Staatsbewind, verantwoordelik vir die administrasie van die inkomste uit die besittinge, vir die bestuur, justiesie en verdediging. In hierdie raad en daarbuite word nou hewig geddskuseer oor die lyne, wat in die toekoms gevolg sal moet word ten opsigte van die oos-indiese handel en die bestuur oor daardie 2 gebiede. Sou' dit gaan in die gees van vryhandel of staatsmonopolie? So benoem die Staatsbewind dan ook by besluit van 11 November 1802 'n kommissie om „dat Bewind te dienen van Consideratiën en advies omtrent de voet en wijze, waarop de handel op 's Lands bezittingen in de Oost-Indië zoude behooren gedreven te worden, in dier voege, dat aan dezelve de hoogst mogelijke trap van welvaart aan den koophandel der Republiek het meeste nut en aan 's Lands financiën het meeste voordeel worde aangebragt." l) Die Kaap, wat tot dusver ondergeskik was aan die hoë regering van Batawië, is reeds op 16 September 1795 uit die hande van die Oost-Indiese Kompanjie oorgegaan aan GrootBrittanje. Die rewolusionêre gees van Europa het ook daar weerklank gevind en die laaste dae van bestuur van die OosIndiese Kompanjie het met algemene ontevredenheid en opstand gepaard gegaan. In 1801 dus moes die Staatsbewind wel rekening hou met die bestuursontwikkeling onder gemelde Kompanjie, maar ook in ag neem dat die gebied al ses jaar lang onder Engelse bestuur gesorteer het. Welke gedragslyn sou gevolg moet word ten opsigte van hierdie besitting? Op 4 Des. 1801, dus kort na die preliminêre van Londen, het die Staatsbewind hierdie probleem onder die oë gesien en aan die „Raad der Aziatische Bezittingen en Coloniën" opgedra, om die bewind te dien van „consideratiën en advies" omtrent die voet en wyse, waarop die regering aan die Kaap ewentueel sal behoort ingerig te word met byvoeging van *n konsep-instruksie vir die goewerneur van gemelde kolonie, asook die besoldiging van sy persoon.*) Hierdie opdrag is op 10 Desember in die hande gestel van die „Departement tot de Indische Zaken"8) Mr. J. A. de Mist was lid van hierdie kommissie en binne *) D. C. Steyn Parvé: „Het Coloniaal monopoliestelsel". *) Extract uit het Register der Besluiten van het Staats-Bewind der Bataafsche Republiek Vrijdag 4 Dec. 1801. •) 'n Kommissie uit die „Raad der Aziatische Bezittingen en Colonien . 3 twee maande het hy 'n uitgebreide rapport 2) oor hierdie volksplanting uitgebring en aanbeveling e aan die Staatsbewind gemaak. Iets meer dan 'n maand na die inhandiging van die rapport is die difinitiewe vredesverdrag van Amiens gesluit, waarin by die 6de artiekel bepaal word, dat die Kaap die Goeie Hoop in volle soewereiniteit aan die Bataafse Republiek bly soos dit was voor die oorlog; dat die skepe, van welke, soort ook, behorende aan die mede kontrakterende magte die reg sal hé om daar binne te loop en sulke voorrade aan te koop soos hulle tot hiertoe nodig gehad het, sonder om enige ander regte te betaal dan dié waaraan die Bataafse skepe onderhewig is. By artiekel XII onderneem Engeland om die Kaap binne drie maande oor te gee aan die Bataafse outoriteite. :) Intussen het die Staatsbewind reeds sy besluit geneem met betrekking tot die Kaap na aanleiding van die rapport van de Mist. Hierdie stuk adem 'n gees van vertroue en hoop in die toekoms en gee die algemene gedragslyne aan waarvolgens hierdie belangrike volksplanting voortaan sal moet beskou word, sowel ten opsigte van sy innerlike betekenis vir, as sy verhouding tot die moederland en die ander koloniale besittinge. Dit kom duidelik uit in die besluit van die Staatsbewind (8 Maart 1802), waarby die „Regering van de volkplanting de Kaap de Goede Hoop, zal worden toevertrouwd aan eenen Gouverneur, die tevens zal zyn Generaal en Chef over de gewapende Macht, zich in de Colonie bevindende en vier J) Memorie, houdende de consideratiën en advys van het Departement tot de Indische Zaaken, omtrent den voet en wyze, waarop de Regeering van de Caab de Goede Hoop, eventueel zal behooren te worden ingericht, tlitgegee met 'n Engelse vertaling deur The van Riebeek Society, onder die tietel: „The memorandum of Commissary J. A. de Mist " Cape Town 1920. In die vervolg aangedui deur Mem. *) Mc Call Theal: Records of the Cape Colony, vol. IV 1801—1803, p. 274. 4 Raaden, geadsisteerd door eenen Secretaris..." en „dat er zyn zal als tweede College van Bestuur, eene Rekenkamer, bestaande uit drie leden en eenen Secretaris en voorts een Raad van Justitie, bestaande uit eenen President en zes Raaden, benevens een Secretaris en Procureur Generaal..." *) Daarby sou twee kommissarisse benoem word (uiteindelik is daar maar een aangestel) om die Kaap van die Britse regering oor te neem, die verskillende kolleges te installeer, amptenare te benoem en aan te stel, „vervolgends een geheel en volledig Charter voor die volkplanting te ontwerpen en aan het Staats Bewind over te zenden ... by welk ontwerp zy bepaaldelyk zullen in het oog houden, dat het beleid der Kaapsche Regering enig en alleen aan Politieke, en van alle commercieele administratie geheel afgescheiden lighaamen zal zyn en blyven gedemandeerd, onafhankelyk van de Regering te Batavia, en dat aan de Colonisten de gehele vrye handel op het Moederland, als mede gelyke vryheid van scheepvaart op -de andere Bezittingen dezer Republiek als aan hare overige Ingezetenen, is of mogt worden verleend, zal worden toegestaan." *) Aan twee persone veral word deur hierdie besluit groot verantwoordelikhede op die skouers gelê — maar soos die toekoms sal uitwys, moes die kommissaris-generaal aan die Kaap die leeue-aandeel tors. Gedurende die aanwesigheid van laasgenoemde was die goewerneur dan ook feitlik niks meer nie as 'n ondergeskikte, hoewel troue hulp. Waar die kommissaris-generaal offisieel alleen die wetgewende mag tydens sy aanwesigheid aan die Kaap moes verteenwoordig, het hy in praktyk ook wat die uitvoerende betref, die deurslag gegee. Op wie die keuse sou val om die besitting aan die suidpunt van Afrika te gaan oorneem, om die hele lewe daar in al sy skakeringe presies te gaan ondersoek, verouderde in- l) Mem. p.157. ') Ibid. p. 158. rigtinge en misbruike te verbeter of af te skaf, en alles volgens nuwe denkbeelde te gaan organiseer, lê voor die hand. Dit was die outeur van bogenoemde rapport — Mr. J. A. de Mist. Die taak wat op sy skouers gelê is, was voorwaar geen gemaklike nie; en volkome bewus van die duisende moeilikhede wat hy op sy weg sou ontmoet, het hy sy taak aanvaar onder die motto: In magnis voluisse sat est.1) In die volgende bladsye word die Kommissaris-Generaal en die Goewereur dan vergesel na die suidpunt van Afrika en gehandel oor die eerste moeilikhede. wat hulle daar ondervind in verband met die suspensie van oorgawe van die Kaap op 31 Desember 1802, die inbesitname en nuwe verhouding van daardie volksplanting tot Batawië en die moederland, die organisasie van 'n nuwe politieke bestuur, van justiesie en verskillende administratiewe inrigtinge aan die Hoofplaas, sowel as in die buitedistrikte. Vervolgens word die aandag gevestig op die algemene beskawingstoestande en die reëling van die onderwys en kerklike aangeleenthede, om oor te gaan tot die bespreking van die naturelle-verhoudinge tot die koloniste en die sending met die daartoe betreklike maatreëls van die autoriteite, asook hulle insigte met betrekking tot die slawerny. Dan word die Kaap van die ekonomiese kant beskou veral met betrekking tot die landbou en veeteelt, die kolonisasieplanne van Van Hogendorp en Von Bouchenröder, die handel van en nuwe handelspolitiek ten opsigte van die volksplanting, waarop 'n beeld gegee word van die finansies van die Kaapse Regering, gevolg deur enige reorganisasiemaatreëls, om te eindig met die terugkoms van die autoriteite in Nederland, na die oorgawe van die Kaap op 18 Januarie 1806, ewe aangestip te hê. Alvorens egter oor te gaan tot 'n uiteensetting, beskouing *) Propertius Elegiae 2 : 10. 5 6 en waardering van die werksaamhede van die KommissarisGeneraal, met sy helper Janssens, en alles, wat daarmee in verband staan tydens die periode, wat die Kaap weer aan Nederland behoort het, is dit noodsaaklik om eers te sien wie en wat de Mist eintlik was. Mr. I A. DE MIST Kommissaris-Generaal aan die Kaap die Goeie Hoop HOOFSTUK I. J. A. DE MIST. (1749—1823) Jacob Abraham de Mist is geborc op 20 April 1749 in Zalt-Bommel, waar sy vader, Arnoldus Lambertus, predikant was van die Hervormde Kerk. Sy moeder, Geertruid Brechta Vestrinck, was 'n suster van A. Vestrinck, destyds burgemeester van Kampen en afgevaardigde namens Overyssel in die State-Generaal. Al heel jong het de Mist onder die invloed gekom van hierdie invloedryke oom wat, toe self kinderloos, sy neef as eie seun aangeneem het en hom in gedagte reeds vroeg 'n plek in die stedelike regering van Kampen toegeken het. Hier vertrou Vestrinck die jonge de Mist toe aan die geleide en onderwys van die verdienstelike geleerde J. D. van Hoven, hoogleraar in die geskiedenis en welsprekendheid.1) Na genoegsaam voorbereid te wees, is de Mist op 17 September 1766 in Leiden as student in die regte ingeskrywe, waar hy op 1 Julie 1768 op die verdediging van 'n verhandeling, de imperii alienatione, met groot lof tot meester in die regte bevorder is.?) Terug gekeer in Kampen, vestig hy hom daar op 25 Julie as advokaat. Die volgende jaar (11 November) na die dood van Mr. Herman Huber, een van die drie stadsekretarisse van Kampen, is hy deur die voorspraak van sy oom tot jongste en op 5 Desember 1778 tot twede sekretaris aangestel. *) Vir omtrent vyf en twintig jaar4) is hy werksaam 1) Handelingen van de Jaarlijksche Vergadering der Maatschappij van Nederlandsche Letterkunde te Leiden, 29 Juni 1824, p. 3. *) Ibid. *) Nieuw Nederlandsen Biografisch Woordenboek, IV, p. 990. *) Notulen de Mist. 1 Maart 1803, Deel V, Kol. Arch. 4361. 8 gewees in die stedelike bestuur van die stad Kampen, wat van buitengewone betekenis was vir sy latere staatkundige en administratiewe loopbaan. Met die oog op die sending van de Mist as kommissarisgeneraal na die Kaap en tot 'n beter begrip en waardering van die wyse, waarop hy sake van sulke uiteenlopende aard, waarmee hy daar te doen sou kry, beskou en behandel het, is dit absoluut noodsaaklik om vooraf iets meer te weet van sy staatkundige en koloniale denkbeelde. Want natuurlikerwys sou, hoewel de Mist deur 'n instruksie (waarvan hy die feitlike geestelike vader was) van die Staatsbewind gebonde was, al die veranderinge en nuwe instellinge aan die Kaap nou verband hou met sy eie denkbeelde. Op 10 Mei 1796, dan, begin die parlementêre loopbaan van de Mist, toe hy deur die kiesers van Deventer na die Nasionale Vergadering gestuur is in plaas van Mr. G. Dumbar, wat die verklaring aan die afgevaardigdes voorgele voordat hulle sitting neem, nie wou aflê nie.l) De Mist het die verklaring afgelê. Hoewel hy liberaal was en sodoende ingenome teen die ou maatskaplike vorme, asook teen die stadhouderlike regeringsvorm, moes hy van die drywery van die ultra-rewolusionêres niks hé nie en begin hy hom teen hulle te verset, omdat hy nie die trane by die een wil opdroog, om dit by 'n ander in 'n ruimer mate te laat vloei nie. *) Telkens wys hy die vergadering daarop, dat nieteenstaande dié gedurig wys op die oppermag van die kiesers, hulle tog hulle opdrag te buite gaan deur bemoeiinge met sake, waarvan die opdrag nie melding maak nie of waarvan die lede niks weet nie. Daarby bring hy onder die aandag van die vergadering, dat 'n volksparlement, wat hom met alles bemoei en tot alles afdaal net so'n kleingeestige dwingeland *) Nieuw Ned. Biogr. Woordenboek, IV, p. 990. *) Handelingen van de Jaarlijksche Vergadering der Maatschappij van Nederlandsche Letterkunde te Leiden 29 Juni 1824, p. 4. en Nieuw Ned. Biogr. Woordenboek, IV, p. 990. kan wees as 'n despotieke vors. Hy noem dit 'n „omgedraaide volksleuse tegen alle denkbeeld van vryheid strydig en alleen op een despotisch gezag gegrond" om te beweer, dat alle reg en huishoudelike bestuur aan die ingesetene toegestaan is deur die algemene wil of deur 'n afdalende konsessie of toestemming van die wetgewers, en dat nie juis omgekeerd die ingesetene volgens die reël, wat ek het hou ek, van sy indiwiduele bevoegdheid aan die algemene wetgewer niks meer en niks anders afgestaan het nie, dan wat genoem word.1) Hierdie standpunt vervat ook 'n vingerwysing van sy houding ten opsigte van vraagstukke soos die afskaffing van die gilde en ambagte, die nasionaal verklaring van die kerkgoedere en die amalgamasie van die skulde van die sewe provinsies. In die laaste geval het hy hom 'n besliste voorvegter getoon van die prowinsiale soewereiniteit. Behoudendheid en gematigdheid straal deur al sy toesprake. So sê hy tydens die debat oor die afskaffing van die gilde, dat wanneer iemand die gilde beskou as inrigtinge, wat in die teenswoordige tye nog gereël word na die ou gildebriewe van die 13de, 14de en 15de of latere eeue, so kan sy medelede nie van hom verwag, dat hy hom sou wil opwerp, tot 'n verdediger van die gildebriewe en die daarmee nog ooreen* komende teenswoordige gilde nie. Hy erken die gebreke en misbruike by die inrigtinge — die proewe, wat vir die nuwe gildebroeders bepaal is, die moeilikheid in baie plekke om die lidmaatskap van die een of ander gilde te verkry; ook die monopolistiese natuur, wat die gilde hier en daar aangeneem het. Dit alles skyn baie teen die voortduring van die gilde te pleit. Maar, meen hy, solang dit nie beproef en deur die ondervinding beslis sal wees nie, dat deur verandering en verbetering van die gildebriewe tot nut en volmaking van kunste en wetenskappe geen voordeel kan getrek word nie, dat dit dan „zeer gewaagd zyn zou met een Pennestreek alle *) Nieuw Ned. Biogr. Woordenboek, IV, p. 990. 9 10 gilden, Corporatien en Broederschappen te vernietigen." Hy herinner die vergadering opnuut daaraan „dat wy niet verseeren in het geval van eene nieuwe Republiek te maaken, maar wel om eene oude te verbeteren, wanneer men anders wysgeerige waarheden niet altyd in praktyk kan brengen." Vervolgens wys hy op die volmaking van ambagte en handwerke by hulle vyande, die Engelse. Hy gee *n reeks van verbeteringe aan die hand en is oortuig, dat dit versigtiger sou wees om die volgende wetgewende vergadering eers enige proewe te laat neem voor die spons oor al die gilde te stryk. *) Dieselfde gematigde, behoudende en versoenende tref mens by de Mist aan met betrekking tot die stuk van Godsdiens, waaroor hy op 17 Maart 1797 advies aan die Nasionale Vergadering moes uitbring. Die nasionaal verklaring van die kerkgoedere noem hy diefstal. Hy ontsê die Nasionale Vergadering die reg om enig iets wat betref godsdienstige leerstelsels vas te lê in die konstitusie. Hulle is alleen geregtig om te delibereer oor „den algemeenen uitwendigen Godsdienst, om het even door wien of op welke byzondere wyze dezelve wordt uitgeoefend, voor zooverre die kan en moet uitmaaken een voorwerp van zorge der Wetgevende Vergadering." 2) In sy advies het hy hom sorgvuldig onthou van enige skyn te gee van voorkeur aan een of ander kerkgenootskap. As verteenwoordiger van die hele Nederlandse volk en dus van die lede van allerlei gesindhede, wou hy die belange van almal in dieselfde mate behartig; en hierdie belang, meen hy, is ook die belang van die staat. „Zo wy vasthouden, en wie onzer zou daaraan kunnen of durven twijfelen? dat geene staat zonder Godsdienst bestaan kan, is het onze eerste, onze duurste Verplichting voor de instandhouding en bevordering *) Dagverhaal der Handelingen van de Nationale Vergadering, representeerende het Volk van Nederland, Deel V, Maart 1799, p. 255. ') Ibid. p. 278. 11 van den Godsdienst te zorgen. Of die na de wyze en byzondere begrippen van den Roomschen Stoel, van Calvyn, Luther, Menno Simons of Arminius geleerd wordt — daar mag ik als Christen myne eigene keuze omtrent maaken — maar als Staatsman mag ik na dethandsaangenomen beginselen aan geene deezer verschillende begrippen eenige voorkeur geeven."1) Dit was die sogenaamde Kristendom bo geloofsverdeeldheid, wat destyds in Nederland gegeid het en waarop die latere Kerkorde van de Mist vir die Kaap ook sou gegrond word. Vir de Mist was dit genoeg as maar op alle wyse deug en godsdiens aangekweek word en dat die staat daaraan nie alleen beskerming verleen nie. maar ook vir toereikende middele sorg, sodat die godsdiens nie in verval of veragting kom nie. Hy ag dan ook 'n billike skadeloosstelling vir die dienare van die gewesene heersende kerk 'n daad van strikte regvaardigheid. Maar ook moet vir die toekoms gesorg word. „Geene zwaardigheden", sê hy, „uit financieele belemmeringen afgeleid, kunnen by my opwegen tegen het schrikbarend denkbeeld, dat er ooit uit gebrek aan geld, gebrek aan deugd of Godsdienst in ons Vaderland zyn zoude."1) Dat hierdeur te veel sektes sou ontstaan, beskou hy as geen bedenking nie „om die door ouderdom eerwaardig geworden secten bloottestellen aan Verval en vernietiging".1) As daar fondse kan gevind word vir die onderhoud van leër en vloot, ter afwering van 'n buitelandse vyand, waardeur die Vaderland in gevaar geag word, dan ken hy geen „grooter gevaar en geen grootere vyand als die van Ongeloof, zedeloosheid en dwepery." x) Daarom moes hierteen gestry word deur die openbare onderwys en godsdiens en volksdeugde deur alle middele te bevorder. Verder pleit hy vir verdraagsaamheid, want die „gezegende Insteller van onze aller Godsdienst kende geen secten. Alle erkennen wy, dat zyn zuivere zedeleere niets dan vrede en liefde ademt."8) ') Ibid. p. 300. 2) Ibid. p. 301. 12 Maar genoeg om aan te toon hoe die toekomstige kommissaris-generaal oor die stuk van godsdiens gedink eri gevoel het. Hy wil vrede en vryheid vir en verdraagsaamheid jeens iedereen. Wat die verhouding van die provinsies onderling betref, het hy hom 'n federalis getoon. So verset hy hom teen die amalgamasie van die skulde van die sewe provinsies en bepleit hy die prowinsiale soewereiniteit. Teen die Unitariërs hou hy vol, dat die sewe provinsies, wat steeds as vrye volke teenoor mekaar gestaan het/tot die nuwe orde van sake nie anders as tot die Unie van Utrecht kan of mag toetree nie, omdat 'n volk sy oppermag nie mag prysgee nie maar alleen daarvan afstaan soveel as die noodsaak vereis en die ontwerpkonstitusie ook nie ter beoordeling van die inwoners van die hele land nie maar aan die verskillende provinsies moet voorgele word. Om dieselfde rede was hy ook teen die verdeling van die land in departemente. x) Die ontwerp-konstitusie is sowel deur die kiesers van die provinsies as deur dié van die hele land verwerp, 'n Nuwe Nasionale Vergadering moes sy kragte nogmaals hieraan beproef en as lid van hierdie nuwe liggaam is de Mist op 11 Augustus 1797 deur die kiesers van Deventer afgevaardig. Hier word hy ook opgeneem in die kommissie van redaksie van die nuwe ontwerp-konstitusie 1) en deel hy sy medelede mee, dat „de natie althans in de eerste jaaren de buik vol ral hebben zoo van Revolutie als Constitutie maaken. *) Ook uit sy beskouinge omtrent die regte en pligte van die mens en burger, kan duidelik gesien word, dat dit nie meer die gees van 1795 is wat in die vergadering hoof rol speel nie. Kalme verdraagsaamheid en gematigdheid skyn die deurslag te gee. De Mist self was in alle opsigte 'n toonbeeld hiervan. ') Nieuw Ned. Biogr. Woordenboek, IV, p. 990. *) Dagverhaal der handelingen van de Nationale Vergadering Dl. V, 1797, p. 507. 13 Maar sy federalisme sou hom in moeilikheid bring. Dit gebeur op 22 Januarie 1798, toe die Unitariste saamgespan het met die generaals Daendels en Joubert, om die Vergadering van federaliste te suiwer. Toe de Mist die more op die vergadering verskyn, is hy met nog 21 geesverwante in die voorsitterskamer gebring en onder 'n wag geplaas. Na die res van die vergadering indiwidueel hulle onveranderlike afkeer verklaar het van die stadhouderlike bestuur, die aristokrasie, die federalisme en regeringloosheid, is die 22 vrygelaat onder belofte om Den Haag nie te verlaat nie. Maar in begin Februarie is hulle op die Huis ten Bosch gevange geset, waar hulle byna ses maande moes vertoef en in die begin onder strenge behandeling en bewaking.*) Na sy ontslag op 14 Julie 1798 uit die gevangenis, leef hy 'n tyd ampteloos, eers op Beverwyk en daarna in Amsterdam, waar hy hom in 1800 gevestig het. Op 20 Mei 1801 is •hy, hoewel hy die kanstitusie „abhorreerde", as plaatsvervangend lid vir Kampen gekies. *) Al heel gou sou sy kragte en bekwaamheid hom op 'n ander gebied van werksaamhede voer en wel op die van koloniale aangeleenthede, waardeur sy naam solang geskiedenis bestaan, verbind sal bly met die suidpunt van Afrika. Reeds op 9 Oktober 1795 is hy benoem tot lid van die „Comité voor de Colonien en bezittingen aan de kust van Guinea en in Amerika"3) en op 4 Augustus 1800 tot lid van die „Raad der Asiatische Bezittingen en Etablissementen" en so sou hy sy werksaamhede verplaas van Wes-Indië na die Ooste. *) Noukeurig het hy hom ingewerk in al die koloniale probleme in soverre mens dit kon doen op duisende myle afstand. Menig rapport het ook in hierdie verband van sy *) Handelingen van de Jaarlijksche Vergadering der Maatschappij van Nederiandsche Letterkunde, 29 Juni 1824, p. 5. ") Bijdragen tot de geschiedenis van Overijssel, XI, p. 258. *) Nieuw Ned. Biogr. Woordenboek, IV, p. 991. *) Ibid. p. 989. 14 hand verskyn. Belangrik in hierdie opsig is o.a. die rapport, wat hy tesame met Mr. S. I. Z. Wiselius en Dr. J. van der Steege, lede van die Asiatiese Raad, op 15 Januarie 1802 aan die Staatsbewind uitgebring het oor 'n „Request van verscheiden Hollandsche Hoofdparticipanten der Oost Indische Compagnie", wat verband hou met die verliese, wat die aandeelhouers van die voormalige Oos-Indiese Kompanjie ewentueel sal moet ly ten gevolge van die bepalinge van die preliminêre van Londen betreklik Ceylon en die Kaap, n.1. „dat de Kaap eene vrije en altijd openstaande Haven voor Engeland zoude zijn. x) Hierdeur meen die aandeelhouers sal al die laste van die Kaap op die Oos-Indiese Maatskappy of op die Republiek kom, terwyl Engeland al die voordele van daardie besitting sal deel. Dit word ten volle toegegee deur de Mist c.s. met die byvoeging „dat het in zulk een onverhoopt en niet te verwachten geval, verkieselyk zyn zoude, van 't bezit dezes Uithoeks te renuncieeren".2) Maar daarby vertrou hulle op minister Schimmelpenninck by die sluiting van die nuwe verdrag. Op hierdie moment was daar nog geen sekerheid op welke voet die handel op Indië sou ingerig word nie. Maar wat die Oos-Indiese Kompanjie betref, laat de Mist hom onbewimpeld en in felle terme uit. „Zo het al gedecideerd mogt worden, dat de Indische handel niet vryelyk maar by uitsluiting, moet gedreven blyven, dat dit dan nog altyd uitvoerlyk is, zonder die zelfde, nu eenmaal vernietigde Oost-Indische Compagnie te herstellen, waardoor zeker alle de, daarby plaats gehad hebbende, elendige vooroordeelen, diezelfde bekrompen geest, waarmede het Bewind is bezield geweest, en een groot gedeelte van de schreeuwendste abuizen en verderflykste gebreken tegelyk weder zouden hersteld wor■den *.."*) De Mist het nooit 'n goeie woord gehad nie vir i) Rapport van Mr. S. L Z. Wiselius, Dr. J. van der Steege en Mr. J. A. de Mist op een Request.... A'dam 1802. a) Ibid. p. 22. ») Ibid. p. 24. 15 daardie inrigting wat uit 'n kommersiële oogpunt vir 'n lang tydperk enig in sy soort was en met die oorblyfsels van bestuur ens. waarvan hy aan die Kaap wel deeglijk rekening sal moet hou. Twee weke na hierdie advies lewer de Mist sy beroemde rapport oor die Kaap in, wat sy voorlopige sienswyse omtrent daardie besitting weergee. Soos reeds gemeld is, het de Mist hierdie rapport in 'n minimum tyd opgestel en daarin die Kaap in die kleinste besonderhede beskou. Hy openbaar hier 'n nugtere en sterk vooruitstrewende politiek. Hierdie denkbeelde kon nie maar so meteen by hom onstaan het nie. Wel was hy lid van die Asiatiese Raad en sodoende in die sentrum van alle gedagtewisselinge oor koloniale aangeleenthede — maar daarby het hy invloed ook in 'n ander verband ondergaan. MMP| Natuurlik het hy heel wat informasie ingewin by Afrikaners wat destyds in die Republiek vertoef het, o.a. O. M. Bergh en H. A. Vermaak. Maar bowedien was hy ook een van die redakteure van 'n tydkrif „Nationaal Magazijn" *) waar die eerste nommer in Augustus 1801 verskyn het en „waarin ieder eerlijke man, zonder onderscheid van welke Godsdienstige of Staatkundige denkwijze hij zijn moge" 2) sy gedagtes sou kan weergee ter bevordering van die vereniging van alle partye — „om de Natie over alle haare tegenwoordige en toekomstige belangen, haar als een onafhanglijk en handel-1 drijvend volk, naar binnen en naar buiten aangaande, op eene bescheidene wijze toe te lichten en om tot tegengif te dienen tegen alle smaad en schotschriften, die hun bestaan en belang vinden in geduurige scheuringen, aanhitsingen, wantrouwen en kwaad zaad tusschen het volk en deszelfs Bestuurderen of Ambtenaren of tusschen Burgers en Burgers ') Nationaal Magazijn No. 1—20, Univ. Biblioteek Amsterdam, No. 445, G 27. *) Nationaal Magazijn No. I, Jr. 9. 16 onderling te doen gebooren worden." Om hierdie heillose poginge te laat misluk en oral vrede, orde en verligting te bring, te herstel of te bewaar, sou dan die doel wees van hierdie nuwe tydskrif. J) Of bowestaande van die hand van de Mist is, is nie bekend nie, maar dit is in elk geval van die hand van die redaksie en tiperend van die staatkundige houding van de Mist in 1801 en van die gees wat in daardie tyd botoon gevier het. Op 16 Oktober 1801 was in Nederland 'n nuwe staatsreëling afgekondig, waarby 'n oppermagtige staatsbewind van 12 persone die gehele leiding van die staat sou hé. Die departementale besture sou groot selfstandigheid geniet; die vermenging van skulde word beperk, 2) beginsels, waarvoor de Mist vroeër kragtig uitgekom het. Die staatsreëling van 1801 staan in die teken van reaksie en gematigdheid en de Mist kon hom hierby neerlê. Daarom word daar in die eerste afleweringe van die „Nationaal Magazijn" skerp kritiek uitgeoefen op die staatsreëling van 1798 — maar na Oktober 1801 kon die redaksie verklaar: „gematigdheid, zugt tot Rust, Orde, onderwerping aan de Wet vervult onze geheele ziel."3) Die laaste afleweringe is feitlik alleen gewy aan koloniale aangeleenthede; meninge voor en teen die afskaffing van die Oos-Indiese Kampanjie; uitsluitende handel deur die Asiatiese Raad vir die rekening van die staat; die inrigting van bestuur oor en die regte van die koloniale inboorlinge met hulle godsdienstige en ekonomiese belange. Hierdie besprekinge van teenoorgestelde koloniale denkbeelde was seker ook nie sonder invloed op de Mist by die opstelling van sy Kaapse rapport nie. So verskyn daar in die laaste aflewering van die tydskrif 'n „Schets of Plan van een toekomstig Bestuur en inrichting van den Oost-Indischen Handel" en wat die Kaap betref, 1) Ibid. No. 9, p. 121. 2) Blok: Geschiedenis van het Nederlandsche Volk, IV, p. 86. *). Nationaal Magazijn, p. 194. 17 word hierin aanbeveel absolute vryhandel aan die Nederlandse en Kaapse ingesetene en dat die Asiatiese Raad geen goedere daarheen sou verskeep nie behalwe wat nodig sou wees vir die Goewermenit en die besetting.1) Dit is ook die groot lyn wat deur die Kaapse rapport van de Mist loop en wat hy later aan die Kaap breër sou uitwerk. In elk geval, op grond van hierdie rapport, word de Mist by besluit van 1 April 1802 deur die Staatsbewind, (zich verlaatende op de goede kennis en trouw van Mr. J. A. de Mist) aangestel tot kommissaris-generaal oor die Kaap die Goeie Hoop. ») Hy word gelas om met die eerste geleentheid met 'n oorlogskip te vertrek, die Kaap oor te neem en „de noodige ordre te stellen op het beleid der Regeering en in het algemeen op alles wat verder tot een goede en richtige administratie van Justitie, Finantie, Policie en verdediging behoort". *) Hoe hy hom met die Goewerneur en Generaal en Chef Janssens van sy taak aan die Kaap gekwyt het, sal in die volgende hoofstukke behandel word. Na sy terugkoms in Julie 1805 herneem hy sitting in die Asiatiese Raad. Onder Lodewyk Napoleon was hy een van die manne, wat die vors om hom geskaar het om voorligting oor die belange van die land. So word hy op 12 Julie 1806 benoem tot Sekretaris-Generaal van Koophandel en' Kolonië en Staatsraad in buitengewone diens; vervolgens op 7 Mei 1807 tot landdros van Maasland, en in dieselfde jaar nog tot lid van die Raad van State, met die voorsitterskap van die vierde afdeling n.1. Koophandel en Kolonië. Op 27 Mei 1809 stel Lodewyk Napoleon hom aan as eerste president van die *) Ibid. p. 256. Die skets is van die hand van C. v. Vollenhoven Jansz. 11 Desember 1801 — en de Mist begin aan sy rapport werk op 10 Desember 1801. ») Uitgaande St. 64 Notulen J. A. de Mist Maart 1803. Dl. V. Kol. Archief 4361. Rijks Archief. a) Ibid. 18 kort te vore ingestelde „Hof van Rekeninge". Hierin was hy werksaam tot 1 Januarie 1813. Onder Willem I is de Mist benoem tot lid van die Raad van Koophandel en Kolonië. waarvan hy deel uitgemaak het tot die ontbinding van hierdie liggaam op 25 Julie 1820, om op 27 September van dieselfde jaar lid van die Eerste Kamer te word en hierdie funksie het hy beklee tot sy dood in Voorburg op 3 Augustus 1823.*) Tot sover sy staatkundige en koloniale Joopbaan. Maar de Mist het, nieteenstaande sy uiters drukke staatkundige lewe, ook nog belangstelling gehad vir ander lewensterreine. „Intusschen betoonde hij zich niet slechts, zijn gansche leven door, een vurig beminnaar en ijverig voorstander der letteren en wetenschappen, maar was ook zelve daarin niet weinig bedreven...; had een grondige kennis van het Romeinsche en het hedendaagsche Regt, welks beoefening hij ook te midden zijner staatkundige werkzaamheden altijd bleef voortzetten."2) Cicero, Livius en Tacttus verskaf aangename en versterkende voedsel aan sy gees — so ook Virgilius, Ovidius en veral die wysgerige Horatius. Schiller en Goethe het hy hoog waardeer; met die waarde van Corneille, Racine, Voltaire en Molière was hy goed bekend. Maar sy eie vaderlandse letterkunde het hy nie verby gegaan nie en verposing gesoek by 'n Feith, Bilderdyk, Helmers of Tollens.') Daarby was hy ook verskillende jare een van die direkteure van die Hollandsche Maatschappij van Wetenschappen te Haarlem; lid van die Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde te Leiden en van die Zeeuwsen Genootschap der Wetenschappen.*) De Mist was beslis 'n man van groot talente en van 'n *) Nieuw Ned. Biogr. Woordenboek, IV, p. 992. ») Handelingen van de Jaarlijksche Vergadering der Maatschappij van Nederlandsche Letterkunde te Leiden 29 Juni 1824, p. 7. *) Ibid. *) Nieuw Ned. Biogr. Woordenboek, IV, p. 992. 19 hoogstaande karakter, iemand met 'n sterk imponerende persoonlikheid en 'n groot werkkrag. 1) Na sy terugkoms uit Suid-Afrika was hy ook lid van die Koninklijke orde van de Unie en na die opheffing daarvan, ridder van die Keizerlijke Orde van de Reünie.2) Op 6 September 1816 het hy 'n rekwes ingestuur aan Koning Willem I, waarby hy versoek om sy voorvaderlike naam Uitenhage by dié van de Mist te mag voeg. Die toestemming is hom die volgende jaar verleen.3) De Mist was driemaal getroud:*) Eers met Amelia Elizabeth Struberg, oorlede op 20 Desember 1783; op 8 Mei 1796 met Elizabeth Margaretha Morre, oorlede op 8 Februarie 1800; en vir die derde keer op 20 September 1808 met Magdalena de Jonge, wat op 6 Februarie, 'n paar maande voor die oud-kommissaris-generaal self, oorlede is. Amelia Elizabeth was moeder van 10 kinders, waarvan by haar dood nog ses in lewe was. Hiervan is Christiaan Hendrik as 1ste luitenant ter see, op 20 Januarie 1803, net voor hy sy vader aan die Kaap sou kom besoek, oorlede op die rede van Batawië. Twee ander, n.1. Augusta, 'n dogter van 18 jaar, en Mr. Arnoldus Lambert (in die kwaliteit van sekretaris) het hulle vader na die Kaap vergesel.5) *) Semonville die Franse gesant in den Haag beskrywe de Mist kort voor sy vertrek na die Kaap as volg: „Le premier de ces commissaires (Pijman sou eers as twede Kommissaris meegaan).... de citoyen de Mist, homme de talent, d'un haut caractère et 1'un des plus constans ennemis de 1'Angleterre". (Colenbrander: Gedenkstukken, Dl. IV, 1ste stuk, p. 6.) *) Nieuw Ned. Biogr. Woordenboek, IV, p. 992. ') Slen Bylae A. S Sien Bylae C. -*) Nieuw Ned. Biogr. Woordenboek, IV, p. 992 en Bylae B. HOOFSTUK II. OP WEG NA EN AANKOMS AAN DIE KAAP, Reeds op 1 April 1802 het de Mist opdrag van die Staatsbewind ontvang om met die eerste geleentheid na die Kaap te vertrek.1) Sy instruksie ontvang hy op 8 Mei van dieselfde jaar. 2) Tog het dit nog tot die 5de Augustus geduur. voordat die vloot van uit Texel onder seil kon gaan. Die tussentyd is in beslag geneem deur die uitrusting en inskeping van die troepe, wat vir die nuwe besetting bestem was, asook deur die inname van voorrade vir die reis en voorlopige gebruik aan die Kaap. Dit het met heel veel moeilikhede gepaard gegaan.*) Op 8 Julie vertrek de Mist met generaal Janssens, die nubenoemde goewerneur, „in een rijk met vlaggen versierde sloep, door een groot aantal roeiers bemand" na die oorlogskip De Bato in Texel. *) Hiervandaan neem hy van die Asiatiese Raad afskeid en bedank hulle vir hulle vriendelikheid en vertroue, voel bekommer oor die goeie uitslag van sy missie, maar sal nie terugdeins om die eenmaal ingetredene *) Uitg. stuk 64 Notulen J. A. de Mist, Maart 1803, Dl. V, Kol. Aren. 4361 Rijks Arch. s) Secrete Notulen van het Staats Bewind No. 444, Rijks Archief, Den Haag. 3) Uitg. Stuk 15 De Mist — As. Raad Notulen de Mist, DL I, Kol. Arch. 4357. *) Dagverhaal van eene reis naar de Kaap de Goede Hoop en in de Binnenlanden van Afrika door Jonkvr. Augusta Uitenhage de Mist, in 1802 en 1803. Penélopé, dl. VIII 1835, p. 72-96, 97-127. Ook „Onze Eeuw", 15de Jaargang dl. III, p. 369—396 en dl. IV, p. 86—107: De reis van Augusta van Uitenhage de Mist door de Binnenlanden van ZuidAf rika, 1803—1804, door Johanna W. A. Naber. 21 loopbaan te voleindig nie. *) Aanmoedigend is dan ook die antwoord, dat sy poginge en bedoelinge mag meewerk tot die heil van die vaderland en tot bevordering van die geluk en bloei van die belangrike kolonie, wat aan sy sorg en beleid opgedra is. 2) Bowedien vaardig die Asiatiese Raad rog een van hulle lede af om persoonlik hulle afskeidsgroete aan hom oor te bring.3) Op 5 Augustus 1802 dan, nadat de Mist nog 'n afskeidswoord gerig het aan die president van die Staatsbewind en hom versoek het om alleen uit eie dade en offisiële rapporte en stukke beoordeel te word, gaan die vloot, bestaande uit die oorlogskepe Bato, Pluto, Kortenaar, die fregat Maria Reigersbergen en ses transportskepe Zeenimph, Vrouw Johanna, Jupiter, Batavia, Henrica Johanna en Maria Aletta, tesame + 20.000 laste, onder Skout-by-nag Simon Dekker, onder seil. *) Behalwe die Goewerneur met sy twee seuns, *) is die Kommissaris-Generaal vergesel deur sy dogter Augusta, sy oudste seun Mr. Arnoldus Lambertus as sekretaris, sy swaer Mr. Lambert Christiaan Hendrik Strubberg en 'n hele aantal amptenare en troepe, bestem vir die verskillende kolleges en die besetting aan die Kaap. Heel langsaam het die reis gevorder — eers 'n langdurige windstilte en daarna 'n storm, waardeur hulle genoodsaak was om in Plymouth skuiling te soek. Hier het hulle gebruik gemaak van die uitnodiging van Lord Barrington, om sy kasteel te besigtig. Op 30 Augustus kon hulle anker lig, om Uitg. St. 14 de Mist—As. Raad 15 Julie 1802. Not. de Mist, Dl. t Kol. Archief 4357. *) Ink. St. 44 As. Raad—de Mist 20 Julie 1802. Not. de Mist, Dl. I. Kol. Arch. 4357. *) Ink. St. 45 Extract uit de Resolutiën van den As. Raad 19 Julie 1802. Not. de Mist, Dl. I, Kol. Arch. 4357. *) Uitg. St. 40 De Mist — Staatsbewind 5 Aug. 1802. Not de Mist, Dl. I. Kol. Arch. 4357. s) Jan Willem, 3 jaar oud, en Henry 14, met Dr. Helnrich Lichtenstein as hulle goewerneur. (Kaapsche Courant 2 Maart 1805). 22 op 27 September in Santa Cruz binne te loop, waar die geselskap 'n reis op Teneriffe gemaak het — Augusta op 'n esel. Intussen kon de Mist aan die Asiatiese Raad meld, dat daar alle redene tot tevredenheid bestaan oor die reis, „daar de gewoone zeeziekten, nog mij nog geene van de mijne een uur verhinderd heeft in onze gewoone daaglijksche beezigheeden, dat is het bestudeeren en prepareeren van allerley Kaapsche stukken lecture enz. te volenden." *) Op 20 November kondig die gedruis, deur die imatrose gemaak, om hulle doopplegtigheid te vier aan, dat die lienie naby was.2) Dieselfde dag stuur de Mist sy gelukwensinge aan Janssens en verseker hom by herhaling, dat, soos niks in die noorder halfrond in staat was om hulle goeie samestemming te stoor nie, ook geen menslike wese dit in die suider halfrond sal regkry nie — want die sukses van hulle missie hang af van hulle verenigde poginge en onverbreekbare harmonie. *) So meld de Mist ook aan die Asiatiese Raad, dat die Goewerneur (met welke ik altijd in de beste en vertrouwelijkste harmonie blijve) nog 'n volmaakte gesondheid geniet, maar dat sy famielie ly aan die „ongewoonte der zee en soms zeer zware bewegingen van onzen bodem." *) Op Donderdagmiddag 23 Desember 1802 is die Bato, na 'n „niet ongelukkige doch echter niet zeer voorspoedige Reize van vier maanden en 18 dagen, in Tafelbaai ten anker gekomen" en word deur die skout-by-nag Simon Dekker van die Pluto met 21 skote gesalueer, wat met 'n gelyk getal deur die Bato beantwoord is. Die kasteel word begroet met 15 en antwoord met 'n gelyk getal. Hierop stuur Luit.-Gen. 1) Uitg. St 42 De Mist. As. Raad 21 Aug. 1802. Not. de Mist, Dl. I, Kol. Arch. 4357. 2) Dagverhaal Augusta de Mist. Penélopé. 1835. *) Uitg. St. 46. De Mist—Janssens 20 Nov. 1802. Not. de Mist, Dl. I, Kol. Arch. 4357. «) Uitg. St. 42. De Mist As. Raad 21 Aug. 1802. Not. de Mist, Dl. I, Kol. Arch. 4357. 23 Dundas die heer Barnard aan boord, om die KommissarisGeneraal geluk te wens met sy veilige aankoms en om tewens te verneem, wanneer de Mist en Janssens dink om aan wil te kom. *) En so is die Nederlanse outoriteite nog maar deur die tydsruimte van een nag geskei van die moment, waarop hulle hulle pligte met al die konsekwensies daarvan sou aanvaar, onbewus van al die moeilikhede en teleurstellinge, wat hulle op hierdie vergeleë suidpunt van Afrika sou ontmoet. * * * Die volgende more, Vrydag 24 Desember 1802, om 11 uur, stap die Kommissaris-Generaal en die Goewerneur aan wal, verwelkomd deur 19 skote van die kasteel en tussen twee rye soldate, onder die gehoor van krygsmusiek en andere militêre vertoon, neem hulle na die gewone pligpleginge intrek in die kasteel, -) waar drie Bataafse kommissarisse, 3) reeds op 20 April 1802 uitgestuur „ter voorbereiding van onderkomen en subsistentie van de 2 a 3000 Bataafsché troepen" asook vir die Kommissaris-Generaal en die Goewerneur en Generaal en Chef met hulle gevolg vir huisvesting gesorg Direk hierop gee Dundas aan de Mist te kenne, dat die het. *) lede van die Raad van Justiesie en ander kolleges van Kaapstad, die predikante en kerkraad van die protestantse gemeente, landdros en heemrade van Stellenbosch en ander notabele amptenare verlang en gereed was om die Kommissaris-Generaal en die Goewerneur te komplimenteer. 6) Die Luit.rGoewerneur stel hulle self voor en hier kom de ') Ink. St I. Not. de Mist, Dl. II. Kol. Arch. 4358. •) Uitg. St. 2. Not. de Mist, Dl. II, 4358 (Kol. Arch.). ») Muller, Benay en de Klerk Dibbetz. Uitg. St. 31. Not. de Mist, Dl. III, Kol. Arch. 4359. 4) Uitg. St. I. De Mist. Dundas 3 Mei 1802. Not. de Mist, Dl. II, KoL Arch. 4358. s) Uitg. St. 2. Not. de Mist, Dl. II. Kol. Arch. 4358. 24 Mist vir die eerste keer in werklike aanraking met die probleme, waarmee hy te doen sou hê. Maar volgens sy instruksie was sy eerste plig om die Kaap direk na sy aankoms van die Engelse oor te neem, met alles wat voor die oorgawe in 1795 aan die Oos-Indiese Kompanjie behoort het.*) Vir hierdie doel word op 25 Desember 'n konferensie gehou tussen Dundas, de Mist en Janssens, waarin besluit word, dat die oorname sal plaasvind op 1 Januarie 1803. Die troepe by die kasteel sou verwissel word met sonsondergang op 31 Desember en met dagbreek op nuwejaar 1803 sou die klein Bataafse vlag op die kasteel gehys word en die grote om 11 uur, gesalueer deur 21 skote van die skepe. Die installering van die Goewerneur sou opgeluister word deur drie „generale salvo's van de musquetten" en daarna 15 skote van die skepe beantwoord deur die kasteel. ') Intussen kon die aanwesigheid van twee militêre magte tot botsinge aanleiding gee en om hierteen te waak, is daar 'n kartel gesluit vir die weersydse uitlewering van deserteurs. *) Alles skyn 'n reëlmatige verloop te hê — 'n groot gedeelte van die Engelse troepe was al ingeskeep en verskillende batterye verlaat. De Mist het reeds oneindige preparasies van militêre en siviele aard gemaak, pastorale en gerusstellende boodskappe en ook briewe aan die ingesetene van die buitedistrikte en aan die Kaffers en Hottentotte gestuur „en tegen de volgende dag reeds 70 gasten op een pragtige maaltijd genoodigd", toe daar in Tafelbaai op die laaste dag van die jaar 'n Engelse brik aankom met depêches van die Engelse ministerie. Hierby word die Luit.-Goewerneur gelas om die oorgawe van die kolonie, as dit nog geen voldonge feit was nie, prowisioneel te suspendeer, met die uitdruk- ') Art. 3, 4 en 5 Instructie 7 Mei. Secrete Notulen van het StaatsBewind. No. 444. Rijks-Archief, Den Haag. 2) Uitg. St 7 Not. de Mist, Dl. II. Kol. Arch. 4358. 3) Uitg. St 7 Not. de Mist, Dl. II. Kol. Arch. 4358. 25 like bepaling egter, daarby geen stap te doen nie, wat enige vyandelike oogmerk van die kant van Sy groot-Brittaniese Majesteit sou kon laat vermoed. ') Dundas het die reeds geëmbarkeerde troepe so gou moontlik laat ontskeep, die kasteel en batterye weer laat beset en begelei deur die vise-admiraal Curtis gaan hy om half vier die middag de Mist en Janssens bekend maak met sy nuwe orders, met die byvoeging, dat die Engelse outoriteite geneë en bereid is om sodanige minlike skikkinge te tref as wat met hulle instruksies maar enigsins bestaanbaar sou wees. Wat het daar intussen in Europa gebeur.? Die depêche van Lord Hobart aan Luitenant-Generaal Dundas is gedateer 17 Oktober 1802 en die Britse minister gee te kenne, dat „circumstances having recently occured which render it advisable to delay the restitution of the Cape of Good Hope to the Batavian Government, I am to signify to you his Majesty's Commands, that you should retain possession thereof until further orders. It is however extremely desirable that in the Execution of this instruction every circumstance should be avoided which may be calculated to excite Jealousy in the Batavian Government, or to create an apprehension of its arising from an hostile motive." Dundas moes die Bataafse troepe verhinder om te land, in geval hulle nog nie aangekom het nie of in elk geval voorkom, dat hulle enige invloed op die uitoefening van sy gesag sou hê.*) Op 16 November d.o.v. beveel Lord Hobart die dadelike en volkome ontruiming van die kolonie, met die byvoeging: „The utmost cordiality subsisting between His Majesty's Government and that of the Batavian Republic, you will observe the most conciliatory conduct in all your proceedings with the officers belonging to that Republic and you will especially *) Ink. St. 55. Dundas—de Mist 31 Dec. 1802. Not. de Mist, Dl. III, Kol. Arch. 4359 en Not. de Mist 1 Jan. 1803, Dl. III. Kol. Arch. 4359. *) Mc Call Theal, Records 1801 — 1803, Vol. IV, p. 447. 26 excrt yourself to prevent any misnnderstanding that may arise in consequence of my Instructions of the 17th ultimo." *) Die Vrede van Amiens is op 27 Maart 1802 definitief gesluit. Op 5 Augustus van dieselfde jaar vertrek die Bataafse besetting na die Kaap. Meer dan twee maande na hulle vertrek stuur Hobart sy kontra-order aan Dundas. Dit bereik die Kaap op 31 Desember 1802, net 'n paar dae na die Bataafse besetting geland het. Voor 17 Oktober 1802 was daar dus omstandighede aanwesig, waarop die Britse Ministerie sy besluit van daardie datum gegrond het en wat voor die 16de van die volgende maand in soverre verander het dat die Amiense bepalinge ten opsigte van die Kaap kon uitgevoer word. Wat die omstandighede was meld Lord Hobart nie. Soos bekend is ook Malta nie deur die Engelse ontruim nie. Die onwilligheid, waarmee Engeland die vredesbepalinge van Amiens ten uitvoer gebring het, grond hom, ten regte of ten onregte, op die houding, wat Napoleon van uit 'n Britse oogpunt op die vasteland aangeneem het. Na Maart 1802 was daar geensins vrede nie — dit was 'n tyd van onrustige verademing. Engeland het 'n skerp en angstige oog gehou op die doen en late van die Eerste Konsul, veral met betrekking tot Nederland en Hannover en sy planne in Egipte. Aan die ander kant het Napoleon die ontruiming van Malta en die Kaap geëis. Beide partye het mekaar met die grootste wantroue aangesien. In hierdie algemene verhouding tussen Engeland en Frankryk moet die „circumstances" van Lord Hobart dan eok gesoek word. In sy depêches verklaar hy onomwonde, dat die besluit nie teen Nederland geneem is nie en ook nie as sulks moes opgeneem word nie. Die veranderde standpunt van die Britse Ministerie ten opsigte van die oorgawe van die Kaap het dus hoogs waarskynlyk gelyke tred gehou met die ongunstige of gunstige indruk, wat die houding van Napoleon op die Britse outoriteite gemaak het. In elk geval was dit voorwaar geen aangename verrassing vir die Bataafse outoriteite aan die Kaap nie. ]) IbiA p. 450. HOOFSTUK III. SUSPENSIE VAN OORGAWE EN OORNAME VAN DIE VOLKSPLANTING. Direk na die berig van Dundas konfereei De Mist dan ook met Janssens oor wat hulle te doen staan. Sou hulle die Kolonie, wat hulle regmatig toekom en nou weerregtelik onthou word, gewapenderhand neem? Lang het hulle oor hierdie vraag gedelfbereer, die voor en teen oorweeg, om tot die slotsom te kom, dat dit 'n gehasardeerde en onverantwoordelike stap sou wees en wel om die volgende redene. Die helfte van die Bataafse troepe het nog nie aangekom nie en dié wat geland het is nog nie van die nodige wapens en amu~ niesie voorsien nie. In werklikheid was daar maar 1450.*) Die kawallerie en artillerie het nog geen enkel perd nie. Ook die skepe was sleg uitgerus en die van die Engelse tweemaal so sterk en beter toegerus.2) Daarby moes die aantal weerlose en sommige rykbelade Bataafse transportskepe nie in gevaar gebring word nie. Op die lienieskepe is o.a. 100.000 guldens klinkende munt. As daar gewapenderhand opgetree en die kasteel miskien geneem word, sal die Engelse troepe naby Kaapstad geleër, met die Hottentot-korps saamspan en aangehits deur kwalikgesinde ingesetene van die buitedistrikte, verwoestinge aanrig, waarvan die gevolge nie te voorsien is nie. Bowedien is dit gewaag om hier 'n stap te neem, wat in Europa as 'n vyandelikheid beskou kan word en die Asiatiese besittinge in gevaar kan bring. Hulle sou dus berus, „mits *) De Mist—Smissaert 15 Jan. 1803. De Mist, Brieven en Bijlagen, p. 35. Kol. Archief 4356. *) Ibid. Die Engelse het 8 oorlog skepe gehad. 28 het goed recht en de onafhanglijkheid der Republiek ongeschonden bewaard en de eer der Bataafsche krijgsmacht thans hier aanwezig, behouden blijven." *) Nog dieselfde dag protesteer de Mist skriftelik teen die weerregtelike suspensie van oorgawe van die Kaap. *) Die volgende drie dae is daar gekonfereer tussen de Mist-Janssens en Dundas-Curtis om aan die vereistes van die veranderde omstandighede te gemoet te kom. De Mist wys die Engelse outoriteite daarop, dat die Bataafse Republiek die Kaap nie verkry het deur of by die Amiense vrede nie, maar dat sy wettige tietels van eiendom meer dan anderhalwe eeu ouer is en nog nooit deur enige moondheid betwis nie. Die sesde artiekel van die Vrede van Amiens gee daarom ook nie die Kaap aan die Bataafse Republiek terug nie, maar verklaar „zeer naif en overeenkomstig het Publieke Recht: „The Cape of Good Hope n.b. remains in full sovereignty to the Batavian Republic as it was before the w a r." Die suspensie van uitoefening van hierdie soewereiniteit vir 'n kort tyd, deur oorlogskans veroorsaak, is deur die ratifikasie van hierdie traktaat daadlik opgehewe. Die Engelse Goewerment is volgens die 12de artiekel verplig om die kolonie terug te gee binne drie maande na die ratifikasie, wat deur Groot-Brittanje op 12 April 1802 gegee is. Dat hierdie driemaandelikse dag op 12 Juli 1802 verstreke is, deur die lang reis van die Kommissaris-Generaal, kan nie as argument aangevoer word teen die goeie reg van die Bataafse Republiek op die Kaap nie — ook nie ter regverdiging van die suspensie van oorgawe nie. Toe die Kommissaris-Generaal op 24 Desember 1802 aan wal stap, het hy sy voet op die grond van die Bataafse Republiek gesit en nie op enige eiendom van Sy Groot-Brittaniese Majestiet nie. Sodoende, ») Ibid. ^ Uitg. St. 25. Not. de Mist, Dl. III. Kol. Arch. 4359. 29 tree die Kommissaris-Generaal van hierdie oomblik af in die soewereine regte, wat voor die oorlog aan die Bataafse Republiek toebehoort het en na die oorlog aan die Republiek gebly het — dus „niet bij nieuwe cessie, maar bij een gecontinueerd, niet ontnomen, maar gedurende den oorlog alleen in de uitoefening gesuspendeerd recht." Die feit, dat 1 Januarie 1803 bepaal was vir die oorgawe, kan alleen as 'n „personeele arrangement van Conventie" beskou word en kan nooit enige verandering bring in die goeie reg van die Bataafse Goewerment nie. Maar ook kan so'n wettige verdrag nie sonder daadlike belediging deur een van die kontrakterende partye verbreek word nie, nog opgeskort onder verklaring, dat dit nie met vyandelike oogmerke geskied nie, wat „ipso facto is eene protestatio actui contrari o." „Men schrikt op het denkbeeld als men dit' zou willen rechtvaardigen met het pretense recht der sterksten en met het onvermogen der zwakste part ij, om zich daartegens te kunnen verzetten en men. wil zich niet laaten overreden, dat zodanig zijn of worden zou de Logica van het Brittisch Ministerie."1) Dit was die gronde, waarop de Mist geprotesteer het teen die suspensie van oorgawe en teen al die koste, skade en verliese, wat daaruit vir die Bataafse Republiek sou voortvloei. Inderdaad was dit 'n kragtige en logiese verdediging van die regte van sy vaderland. En Dundas — wat kon hy teen die logiese redenering van die Kommissaris-Generaal inbring? Hy kon die handelwyse van die Britse Ministerie nie probeer regverdig nie. Vir hom was die handhawing van suspensie dan ook alleen 'n troue nakoming van sy plig en of dit regverdig of onregverdig was ') „Résumé van de Conferentie gehouden tusschen Dundas—Curtis en De Mist—Janssens op 1—3 Januarie 1803 door de Mist opgesteld." Uitg. st. 41. Not. de Mist, Dl. III. Kol. Arch. 4359. 30 en op welke beginsels dit ook al berus, het hy nie in oorweging geneem nie. As troue amptenaar, „ben ik genoodzaakt geworden eene uitdrukkelijke ordre van den Koning, mijn Meester, de overgave van de Kolonie uit te stellen" en is hy oortuig, dat de Mist en Janssens openhartig en edelmoedig sal erken, dat dit vir hom onmoontlik is om die outoriteit, wat hy so stellig gelas is om te handhaaf, op enige wyse te kompromitteer.1) Hierdie houding van Dundas is buitengewoon tiepies van die meeste dienare van die Engelse Kroon in Afrika. Getrou het hulle opgekom vir die Britse belange — die middele, wat hulle dikwels aangewend het vir die verwesenliking van hulle doel was van minder belang — hoe die gemeenskap was waarteenoor hulle te staan gekom het, is feitlik nooit in die oog gehou nie. Sterk het die Britse imperialistiese pioniers hulle gevoel in die bewustheid van die mag, waardeur hulle gerugsteun word. In elk geval op 3 Januarie 1802, geïnspireer deur weersydse beginsels van mensliewendheid en staatkundige versigtigheid,3) is daar 'n ooreenkoms3) getref, wat die verhouding tussen die twee magte moes reël, veral wat die Bataafse troepe betref en hulle bewapening. Hulle moes 'n kamp naby Wynberg betrek en geen van die magte mog in die tussentyd rekrute aanwerf nie. Op beide punte het daar moeilikheid ontstaan. Dundas het daarop gestaan, dat die Bataafse artillerie ongewapend die kamp moes betrek, nieteenstaande die onlogiese, wat volgens de Mist in hierdie stelling sou opgesluit lê, dat die gewone troepe hulle muskette mag behou en die artillerie nie. Meer nog, de Mist was van gedagte, dat hy ') Ink. St 127. Not. de Mist, Dl. IV. Kol. Arch. 4360. Dundas-De Mist en Janssens. Copie translaat *) Uitg. St. 41 en 42 : Résumé van Conferentie enz. Not. de Mist Dl. III. Kol. Arch. 4359. 3) Kaapsche Stadscourant en Africaansche Berigter, 8 Januarie 1803. Ink. St. 60. Kol. Arch. 4359. 31 nie sy troepe mog blootstel aan „eene surprise van eene hoop onverlaten Boeren, Caffers of Hottentotten, wanneer deze troepen geen artillerie bij zich hebben, om ten minsten eenig respect te kunnen inspireer en." *) De Mist moes hom egter neerlê by die eise van die Engelse Goewerneur. Vernederend en kwetsend was dit vir sy ontwikkelde regsgevoel, om toe te staan, dat sy troepe op „eigen bodem, door een wettig en aan onze zijde ongeschonden Vredesverdrag, in onze oude magt is teruggekomen" deur diplomatieke geweld, wat alleen gegrond is op die reg van die sterkste, in 'n klein hoekie geban en geduld sou word. „D i t denkbeeld is mij verschrikkelijk en menigmaal moet ik met geweld mij herstellen in het phlegma, dat hier zo nodig is om de zaaken niet uit haar geheel te brengen", skrywe hy aan die Asiatiese Raad. *) Ook wat betref die aanwerf van troepe het daar byna botsing ontstaan, deur abusiewe rapporte wat Dundas ontvang het. Hier het dit gegaan oor vier Kaapse burgers, wat op 28 Desember 1802 diens geneem het onder die Bataafse baniere. Dit was voor die sluiting van die ooreenkoms van 3 Januarie 1803 en daarom het de Mist hierin geen terme gevind om hierdie handeling as 'n troubreuk te bestempel nie. Van die Britse kant is daarby aangevoer, dat de Mist die vertrek van die Bataafse skepe en gedeelte troepe vir Indië bestem, doelbewus vertraag, om te gebruik teen die Engelse krygsmag. *) Nadat die Kommissaris-Generaal Dundas oortuig van die haas, waarmee die skepe ververs word, het hy toegestem om die Britse matrose (enige honderde), wat *) Uitg. St. 25 A. Not. de Mist Di. III. Kol. Arch. 4359. Die Nederlandse geskut aan die Kaap het toe bestaan uit 6 sesponders, 4 drieponders en 4 „Howitzers". Deur die nalatige inskeping was 6 sesponders en 2 „Howitzers" onkompleet *) De Mist—As. R. 31 Jan. 1803. De Mist, Brieven en Bijlagen, p. 37. Kol. Arch. 4356. *) Résumé van Conferentie.... Uitg. St. 41 en 42. Not. de Mist, DL III. Kol. Archief 4359. 32 hy intussen gewapend aan wal laat kom het, weer aan boord te laat gaan. *) Dit was 'n gespanne en onsekere toestand, waarin die twee magte in die begin verkeer het. Later skyn die verhouding beter te geword het. Op 10 Januarie, met die vertrek van die Bataafse troepe na die kamp by Wynberg, word hulle deur die Nederlandse outoriteite geïnspekteer in geselskap van Luitenant-Generaal Dundas „zo wel als eene menigte Britsche Hoofd- en andere officieren.'*') Die Engelse offisiere was by hierdie geleentheid vol bewondering en lof oor die „ongewoone schoone manschappen... en de goede krijgstaal." s) De Mist en Janssens was hier erg trots op, „want één Bataafsch grenadier of Dragonder draagt twee Engelschen onder zijn arm... en daar men de Republiek als geheel uitgeput en kragteloos had afgeschildert, gaf deze schone revue een electrischen slag, die de Engelschen tot nadenken bragt" *) By die terugkoms op die kasteel, inspekteer de Mist die Engelse garnisoen, „een zeer proper jong volkje van omtrent 2000 man". 5) Hierdie rapporte van de Mist staan in sterk kontras met dié van 31 Desember 1802, toe hy en Janssens moes oorweeg oor 'n ewentuele aanval op die Engelse mag. Hy moes dan ook, nieteenstaande die optimistiese beskouing, 'n afwagtende houding aanneem. Weens die suspensie van oorgawe, is de Mist natuurlik verhinder om sulke kolleges of amptenare aan te stel, om hom behulpsaam te wees in verskillende administrasies soos dié van finansies, magasyne, die bewaring en versorging van >) Ink. St. 127. Dundas—de Mist Febr. 1803. Not de Mist DL IV, Kol. Aren. 4360. 2) Not. de Mist 10 Jan. 1803, DL III. Kol. Arch. 4359. ') Ibid. *) De Mist—Smissaert 15 Jan. 1803. De Mist Brieven en Bijlagen, p. 35. Kol. Archief 4356. 5) Ibid. en Not. de Mist 10 Jan. 1803, Dl. III. Kol. Arch. 4359. 33 lewensmiddele vir die Bataafse troepe, verversing van die skepe, betaling van die militêre en siviele soldye en andere. Daarom benoem hy vir die tussenstand van sake 'n kommissie, onder die naam van „Bataafsche Raad", wat onder sy oppertoesig die bogenoemde sake in behandeling moes neem.1) Alles wat die direkte militêre aangeleenthede betref, is egter oorgelaat aan Generaal Janssens. Dit lê voor die hand, dat weens die aanwesigheid van twee garnisoene, heel wat skepe, wat ververs moes word, 'n dubbele stel amptenare, die vraag na lewensmiddele geweldig moes toeneem en dit veral wat betref brood. Die Bataafse Raad kry dan ook die volgende dag, 5 Januarie 1803, opdrag, om twee lede te benoem, om met die bestaande graankommissie te konfereer en te sorg vir die aandeel koring, wat ter beskikking van die Bataafse leër en vloot sou gestel word.2) Die graan word deur die boere uit die buitedistrikte aangevoer teen 'n vasgestelde prys — in begin Januarie 1803 40 Rds per vrag van 10 mudde, wat op 8 Januarie verhoog is tot 42 Rds. Hiervan moes die boere 3 Rds aan tiendes betaal in die regeringskas. Die graan word dan in die goewermentsmagasyne opgeslaan en aan die bevoorregte en gekontrakteerde bakkers gelewer teen 48 Rds. die vrag.s) Die kommissarisse, in April 1802 deur die Asiatiese Raad uitgestuur, het gesorg dat daar 'n sekere hoeveelheid graan aanwesig was; hulle het geboue oorgeneem of gehuur ten behoewe van die Bataafse regering, goedere van verskillende aard, asook geldelike voorskotte van die Engelse regering, *) Not. de Mist 4 Jan. 1803, Dl. III. Kol. Arch. 4359. Die Bataafse Raad het bestaan uit: R. A. de Salis (Pres.) en Mrs. L. C. H. Strubberg, E. de Man, R. van Burmania, M. A. Wichers, D. de Nijssen, Willem. Hiddingh en J. P. de Medenbach Wakker (Sekr.). ») Not. de Mist 5 Jan. 1803, Dl. III. Kol. Arch. 4359. Die Graankommissie het bestaan uit Gen. Dundas (Pres,), J. J. Vos, W. S. van Rijneveld en J. Barrow. (Kaapsche Stadscourant en Africaansche Berigter 8 Jan. 1803. Ink. St. 60. Not. de Mist, Dl. II. Kol. Arch. 4358.) *) Ibid. 3 34 partikuliere pcrsone en liggame ontvang en kontrakte aangegaan vir verdere leweransies. Op 8 Januarie 1803 gelas die Kommissaris-Generaal hierdie kommissarisse om hulle „rekeninge en plichten" af te sluit en met duidelike inligtinge oor die hoeveelheid en soort van lewensmiddele nog onder hulle beheer, oor te dra aan die Bataafse Raad en gee sy tevredenheid te kenne in verband met hulle „praeparatoire bestellingen en aangewende zorgen, om onze perzoonen, familiën en gevolg, maar vooral om 's Lands Troepen en zee vaarende manschappen en de zieken onder dezelve wel en naar behooren te logeeren." x) Op 15 Januarie 1803 het die Bataafse Raad alles oorgeneem. Hierdie liggaam moes onmiddellik nagaan die kwaliteit en hoeveelheid lewensmiddele, meestal brood, suurkool en vlees, *), wat met die Nederlandse bodems aangekom het, dit laat ontskeep en met die Skout-by-Nag Simon Dekker oorlê, wat daarvan kon dien ter reviktualiëring van die Indiese skepe. 3) Dit het in die bedoeling van de Mist gelê, om hierdie skepe so gou moondik onder seil te kry, met die oog op ewentuele openlike vyandelikhede. Maar dit het met ontsettend veel moeilikhede gepaard gegaan. „Eene Armee van 20,000 Man geloove ik niet, dat zo veel moeite en harrewarren als de victualieering en vorderingen van 's Lands Bodems veroorzaken kan." *) Die Kommissaris-Generaal kon die skeepsbrood nie kwytraak nie, omdat die soldate en matrose intussen aan vars koringbrood gewend geword het.6) Eindelik het hy die prowisionele ekwipagemeester gelas om die skepe terstond van alles te voorsien, „het mag kosten wat het wil" en het hy die Asiatiese Raad aanbeveel, om die ») Uitg. St. 31. De Mist—Commissarissen Dibbetz, Benay en Muller. 8 Jan. 1803. Not de Mist Dl. III. Kol. Arch. 4359. *) De Mist Br. en Bijl. 10 Febr. 1803, p. 64. Kol. Arch. 4356. *) Not. de Mist 5 Jan. 1803, Dl. III. Kol. Arch. 4359. «) De Mist—As. Raad 31 Jan. 1803. De Mist, Br. en Bijl., p. 39. Kol. Archief 4356. *) Uitg. St 33. Not. de Mist Dl. III. Kol. Arch. 4359. 35 skeepskommandante in die toekoms te gelas, om self hulle skepe te laai en te los, wat 'n groot finansiële voordeel vir die Bataafse Republiek sou meebring, veral omdat die huur van sloepe en arbeid aan die Kaap so enorm duur is. So~ doende sou die kommandante daar self belang by hê om so gou moontlik te laai en te los. Laasgenoemde het hom menige hoofbreking besorg. „Ik bezweere U en hen", skrywe hy 24 Januarie 1803 aan Dekker, „bij onzen liefde voor het Vaderland en bij den Eed door ons allen in onze betrekking aan dat Vaderland gedaan, dat wij door geene strubbelingen in zulke critique ogenblikken, als waarin wij ons te zaamen hier bevinden, 's Lands kostbaare bodems een ogenblik langer dan noodzaaklijk aan gevaar exponeeren." J) Eindelik kon die Bataafse Raad in begin Februarie rapport *) uitbring oor die rekeninge van die kommandante van die eskader en na die vertrek hiervan, kon de Mist sy aandag aan ander sake wy. Die groot haas waarmee de Mist die eskader weg wou hê, het ook nog op 'n ander grond berus. Hy wou hierdeur aan die Bataafse regering laat blyk, dat hy in geen geval die kolonie sonder order van sy regering wil verlaat nie en as die skepe weg was, sou dit wees „vaincre ou mourir." Hy het dan ook die kamp aan Wynberg gaan besoek, om hom op hoogte te stel van die toestande daar. Omdat meer en meer gevalle van desersie voorkom, het hy die kamp snags Iaat bewaak. Die jong en ongesonde wyn en brandewyn, wat die soldate te drinke gekry het, was nie sonder nadelige uitwerking nie en het die Kommissaris-Generaal besluit, om daar 'n kantien te laat oprig, sonder egter, om enige pagter te benadeel. Hy het die troepe aangemoedig en op 25 Januarie 1803, na die hysing van die groot Bataafse vlag in die kamp, het hy in die oop veld 'n maaltyd van meer dan *) Uitg. St. 38. De Mist—Dekker. Not. de Mist Dl. III. Kol. Arch. 4359. *) Ink. St 121a. Not de Mist, DL IV. Kol. Arch. 4360. 5) Ink. St 72. Janssens—De Mist 11 Jan. 1803. Not de Mist Dl. III, Kol. Arch. 4359. 3fi 100 koeverte gegee aan offisiere en see-offisiere. Die troepe het Nederlandse jenewer gekry en „is alles met gepaste vrolijkheid en ten algemeene genoegen afgeloopen." *) By hierdie geleentheid het de Mist „hartelijke traanen" gestort by die sien van die kamp en by die oorweging van die omstandighede en vernedering, waarin die Republiek hom op die oomblik bevind, „sodat hij met moeite een ter materie toepasselijke korte aanspraak aan de officieren (kon) uitbrengen." *) Gelukkig vir de Mist sou hierdie onbestendige stand van sake nie lang meer duur nie. Reeds op 16 November 1802 het Lord Hobart, eerste staatsekretaris van Groot-Brittanje, 'n depêche met die La Concord (kaptein Wood) aan Dundas gestuur, om sonder verder oponthoud die Kaap aan die Bataafse Republiek terug te gee volgens artiekel 6 van die Vredesverdrag van Amiens, en daarby alles in ag te neem, wat sou kan dien om enige impressie of vermoede weg te neem, as sou die nodig geoordeelde suspensie van oorgawe aan vyandelike oogmerke moet toegeskrywe word. Dundas het daarop prys gestel om die nuus persoonlik aan die Kommissaris-Generaal oor te bring.5) De Mist herinner hom aan sy protes van 31 Desember 1802, in verband met die koste, wat weens die suspensie van oorgawe sou ontstaan. Verder besluit die Kommissaris-Generaal, om die volgende dag (Sondag) om 12 uur 'n konferensie te hou met Janssens en Dundas-Curtis, die aand die Engelse wagte by die kasteel deur Bataafse te laat vervang en die forte te beset. *) Daarby gee hy instruksie aan die prowisionele ekwipagemeester, Jacob Claris, om te sorg, dat die groot Bataafse vlag Maandagmore by sonsopgang op die kasteel gehys word, asook die *) Notulen de Mist 25 Jan. 1803, DL III, Kol. Arch. 4359 en De Mist— As. Raad 31 Jan. 1803, Br. en BijL de Mist, p. 37. Kol. Arch. 4356. *) De Mist—As. Raad 31 Jan. 1803. Br. en Bijl. de Mist. Kol. Arch. 4356. ») Not. de Mist 19 Febr. 1803, Dl. IV. Kol. Arch. 4360. *) Ibid. 37 twee geheime vlae vir Februarie op Leeuwenkop en Leeuwenbil. Om 8 uur Maandagmore 21 Febr. 1803 is die vlag met 21 skote van die kasteel gesalueer, beantwoord met 21 van die bodem onder kaptein Siccama, waarop 15 skote van die Engelse bodem weerklink het, beantwoord met 15 van die kasteel. Die kanongebulder het tewens die ingesetene gewaarsku, dat die verskuiwing van die soewereiniteit oor die Kaap van die een kant van die Engelse Kanaal na die andere op daardie moment verwesenlik word. Op dieselfde dag het die Kommissaris-Generaal die gelukwensinge in ontvangs geneem van die Bataafse hoof- en onderoffisiere, van alle politieke en kerklike kolleges en van vele notabele ingesetene. 1) Reeds op die middag van 21 Februarie was genoegsaam alle Engelse troepe geëmbarkeer, „gewis spoediger dan ik (de Mist) ééne sloep met victualie naar onze Land's schepen heb kunnen krijgen." *) Ook Janssens wens die Kommissaris-Generaal geluk en beloof om sy getroue medehelper te wees en soek sy genoeë alleen in die sukses van de Mist. want hy vrees, „dat het geluk niet mijn deel weezen zal." s) In elk geval kon die sesde artiekel van die Vredesverdrag van Amiens nou effektief gemaak word en so begin die afrekening tussen die hoofde van die twee betrokke partye. Finaal sou die afrekening tussen die regeringe self in Europa geskied, maar de Mist en Dundas moes tot ooreenstemming kom oor die weersydse vorderinge. Beide het breedvoerige rapport e aan hulle respektiewe regeringe uitg eb ring. 4) De Mist het sy lys van vorderinge geopen met die pos van 250,000 Rds in papiergeld, wat Sir James Craig in die begin ») Not. de Mist. 21 Febr., DL IV. Kol. Arch. 4360. s) De Mist-As. Raad 22 Febr. 1803. Br. en Bijl. de Mist, p. 69 vo Kol. Arch. 4356. ') Ink. St. 136 Janssens—de Mist 20 Febr. 1803. Not. de Mist, Dl IV Kol. Arch. 4360. *) De Mist—Staatsbewind 12 Maart 1803. Secr. Not. de Mist 1802 1803, 1804. Kol. Arch. 4353 en Mc CaU Theal, Records, V, p. 163-175. 38 van 1797 met die Nederlandse stempels laat slaan en in sirkulasie gebring het. Hierdie geld is aangewend vir die bestryding van Engelse militêre uitgawes aan die Kaap. x) Dundas het die billikheid van hierdie terugbetaling dadelik toegegee en ooreenkomstig daarmee aan sy regering geadviseer. 2) In verband met die twede pos was dit moeiliker, om tot ooreenstemming te kom. Dit staan in betrekking tot die koste, wat voortgevloei het uit die suspensie van oorgawe. Reeds op 31 Desember 1802 het de Mist die Britse regering verantwoordelik gestel vir die vermeerdering van koste, wat hieruit sou gebore word en hom op 20 Februarie 1803 weer daaraan herinner. 3) Hy het sy vowiering taamlik ruim geneem, meld hy aan sy regering, en wel aan ekstra koste vir „het formeeren van het Camp aan de Wijnberg en eventueel Retour van goederen, Canon, Ammunitie enz.",4) die som van 50,000 Rds. Aan die Staatsbewind noem de Mist dit 'n „illiquide doch echter zeer rechtvaardige" B) bate en hy het die reg hierop dan ook warm bepleit by Dundas. Laasgenoemde het dit nie „onjuis of onredelik" gevind nie, maar wou dit nie op hom neem om hierop te besluit nie en het dit aan die konsiderasie van Lord Hobart oorgelaat. *) Die derde pos van 25,000 Rds vir die onderhoud van al die troepe, staf van offisiere, die Kommissaris-Generaal en die Goewerneur met hulle famielies en gevolg — vir die traktemente van al die politieke amptenare, intermediêre bediendes, pakhuishuur ens. van 1 Januarie tot 20 Februarie 1803, kon Dundas nie sonder meer toestaan nie. Tereg wys hy de Mist daarop, dat dié uitgawes, hoewel minder, tog ») Brieven en Bijl. de Mist, p. 98 vgg. en Mc Call Theal, Records, V, p. 172. J) Ibid. 3) Uitg. St. 49 De Mist—Dundas. Not. de Mist, Dl. IV. Kol. Arch. 4360. *) De Mist—Bat. Gouvt. 15 Jan. 1803, p. 19 vgg. De Mist, Br. en Bijl. Kol. Arch. 4356. 6) Ibid. o) Mc Call Theal, Records, V, p. 172. 39 moes gemaak word nieteenstaande die suspensie nie, waarop de Mist die eis vervang deur skadëvergoeding te vra vir die langer oponthoud van twee maande van hom self, sy sekretaris en gevolg, waarop hy met groter billikheid kon aandring. Ook hierdie pos het Dundas aan die konsiderasie van die Britse Sekretaris van Staat oorgelaat. Sodoende het die hele deklarasie van die Kommissaris-Generaal te staan gekom op 325,000 Rds of ƒ650,000 hollands kourant of £ 65.000. Op 29 April 1802 het die Asiatiese Raad aan Dundas die versoek gerig om 'n seker bedrag aan die drie vooruitgestuurde Bataafse kommissarisse (Muller, De Klerk Dibbetz en Benay) voor te skiet vir die uitvoering van hulle sending. Hulle het 42300 Rds ontvang uit die Koloniale kas, wat natuurlik ten bate van die Britse outoriteite gebring moes word. Daarby het dieselfde kommissarisse van die Engelse outoriteite lewensmiddele en goedere van verskillende aard ontvang ter waarde van 38131 Rds, 4 sk. en Yï stuiwer. Dit lê voor die hand, dat die Engelse regering aan die Kaap materiale van verskillende aard gehad het, wat dié teen 'n verminderde prys tot eie voordeel aan die Bataafse regering kon oormaak, daar veral deur die hoë transportkoste die daadlike waarde tot 'n minimum teruggebring word. Aan die ander kant het die Bataafse regering daardie artiekels besonder nodig gehad. By die oorname van hierdie goedere kon die Kommissaris-Generaal dan ook sterk afding. So koop hy ammuniesie vir 75000 Rds, materiale, nodig vir vestingbou 6000 Rds, voer vir 7700 Rds; brandspuite vir die kasteel teen 333 Rds, 2 sk., 4 st.; drukpersmateriaal vir 1440 Rds; bagage, ten dienste van die kwartiermeester-generaal in die kasteel, vir 500 Rds en in die kaserne vir 4073 Rds 6 sk. 3 st., tesame 'n bedrag van 95017 Rds, 1 sk. 1 st. Daarby het de Mist 132 kawallerie-perde teen 70 Rds per stuk oorgeneem. De Mist het dit 'n goeie koop geag — Dundas meen daar meer voor te gekry het dan dit die geval sou wees by publieke vandiesie. Die volgende pos het gegaan oor 365 40 sla we, wat in 1795 by die inbesitname van die Kaap die eiendom was van die Oos-Indiese Kompanjie en toe as prys verklaar was. Die Engelse regering het hulle van die prys-agente gekoop vir 150 Rds elk. De Mist het hulle teen dieselfde prys oorgeneem, d. i. 54.750 Rds. Verder was die Burgerraad van Kaapstad aan die Engelse regering 'n som van 8334 Rds, 1 sk. 1 st. skuldig, waarmee loodwaterbuise uit Engeland bestel was. Hierdie som het die Bataafse outoriteite oorgeneem. Die jaarlikse rente op die kapitaal van die Bank van Lening kan eers in Maart 1803 gein word, sodat Dundas die som van 20,833 Rds (vir 10 maande) gedeklareer het. Die laaste pos van 31,992 Rds het de Mist betaal vir 'n hoeveelheid slawegereedskappe en ander materiaal, gebruik vir die regeringsboerdery onder Duckitt, op Klapmuts, vir die verbetering van die landbou. Tesame toon die debiet-sy van die Bataafse regering dus 'n som van 300,597 Rds, 7 sk. 5 st. of iets meer dan £ 60119, sodat die Bataafse regering nog ongeveer £ 5000 van sy Engelse nabuur te vorder gehad het. x) Op 4 Maart 1803 is die dokumente deur die beide verteenwoordigers, onder voorbehoud van die goedkeuring van hulle respektiewe regeringe, onderteken.s) Beide het rede tot tevredenheid gehad. So kon de Mist aan die Asiatiese Raad kort hierna meedeel: „Ik vleie mij, dat de Raad mij het recht doen zal, dat ik voor het Vaderland goed heb kunnen rekenen en dat de suspensie van overgave der Colonie, in stede van aan de Financien schadelijk geweest te zijn, veel eer nog een aanzienlijk pecunieel voordeel heeft opgeleverd." *) Ook Janssens was hoogs tevrede. Dieselfde dag nog skrywe hy aan die Raad van Oorlog, dat die gehele oorname „zeer ten voordeele van de Republiek is geschied." *) *) De Mist, Br. en Bijl, p. 98. Kol. Arch. 4356. *) Ibid. ») De Mist, Br. en Bijl., p. 92. Kol. Arch. 4356. 4) Janssens—Raad van Oorlog. Janssens, Br. en Bijl., p. 19. Kol. Arch. 4375. 41 Hoewel volgens die Bataafse verteenworodigers aan die Kaap, die suspensie vir die Bataafse Republiek finansieel gunstig afgeloop het, het die medalje ook 'n keersy, wat van groter betekenis was. Gedurende die hele onbestendige tydperk, het de Mist met groot kalmte en versigtigheid gehandel. Wel het hy geprotesteer en sy saak as 'n bekwaam advokaat bepleit en hoewel die troepe „woedend waren en alle de warme Vaderlanders vlamden op het signal van attaque", het hy sy kop vir geen minuut verloor nie en so die Kaap gevrywaar teen oombliklike verwoesting. x) Tog was daar sommige persone aan die Kaap, wat hierdie trankwiliteit van die Kommissaris-Generaal as Anglomanie geïnterpreteer het.*) Sy handelwyse hier word in verband gebring met die binneloop van die Bataafse vloot in Plymouth in Augustus 1802 en so word beweer, dat hy die Kaap destyds aan die Engelse teen 'n groot prys verkoop het.») Ook ten opsigte van die internasionale verhouding in Europa was die suspensie van oorgawe van groot betekenis. Die kalme versigtigheid, waarmee de Mist gehandel het, is o.a. gebaseer gewees op die oorweging, dat hy die pas verkrege vrede van Europa nie in die weegskaal moes lê nie. „Ik zou in Africa het vuur der oorlogs in Europa hebben kunnen doen ontsteeken", skrywe hy aan sy kommittente. *) Reeds was dit die geval deur die houding wat die Britse ministerie ingeneem het ten opsigte van die Kaap. >) Die berig van suspensie het Europa op 'n psigologies onjuiste moment bereik. Engeland meen, gegrond of nie, rede te *) De Mist—Smissaert, Br. en Bijl., p. 35. Kol. Arch. 4356. *) De Mist—As. Raad 31 Jan. 1803, Br. en Bijl. p. 37. Kol. Arch. 4356. Ook Colenbrander: Gedenkstukken, Dl. IV, 2de stuk, p. 66. 3) De Mist—Smissaert, Br. en Bijl., p. 35. Kol. Arch 4356 *) Ibid. *) Sien ook Colenbrander: Gedenkstukken IV, 1ste stuk, p. 337, 338 en 339, waar die Engelse gesant in Den Haag gewag maak van die ongunstige indruk wat die suspensie van oorgawe van die Kaap verwek het. 42 hê om te vermoed, dat Frankryk hom weer wou meester maak van Egipte, om daarvandaan in Engels-Indie te opereer. Om hierdie rede weier Engeland om Malta te ontruim, omdat hy van hierdie eiland uit 'n onderneming op Egipte kan belet. Frankryk eis ontruiming van Malta kragtens die Vrede van Amiens. Engeland wys op sy vermoede omtrent die Franse oogmerke met Egipte. Frankryk ag hom geen verantwoording aan Engeland skuldig te wees in verband met wat hy nog wil doen nie, maar eis dat Malta ontruim moes word. Op hierdie kritieke moment kom die tydinge van die nie-ontruiming van die Kaap aan die Bataafse Republiek en van Goree aan Frankryk. Beide, Frankryk en Engeland, het gewag op die antwoord van Rusland. Maar intussen het die suspensie van oorgawe van die Kaap die Bataafse Republiek in 'n moeilike parket geplaas. Napoleon, destyds Eerste Konsul van die Franse Republiek, redeneer, dat 'n goewerment, wat tot so'n handelwyse in staat was, ook nie sou terugdeins, om 'n onverhoedse aanval Op die Bataafse Republiek te maak nie en het daarom 'n „considerabel aantal Troepen" laat marseer na Walcheren en ander dele van die Republiek, o.a. Breda, Bosch, Grave en Nymegen.J) Skerp teken de Mist dan ook die toestand van die destydse Bataafse Republiek, as hy sê: „Wij zijn niet langer het troetelkind der Fortuin — alles loopt ons tegen en de elementen schijnen zig uitsluitend voor onze naburen en tegen ons verbonden te hebben." *) In elk geval kon de Mist die genoegdoening smaak, dat sy handelwyse nie bygedra het tot die verergering van die gespanne toestand in Europa nie en kon hy die dank ontvang van beide die Engelse Luitenant-Goewerneur en die Viseadmiraal, van al die vername en gegoede ingesetene sowel *) J. Spoorz, Tijdelijke Pres. van het Staatsbewind—De Mist en Janssens 10 April 1803. Mc Call Theal, Bel. Hist. Doe. III. p. 203 vgg. 2) De Mist—Smissaert 15 Jan. 1803. De Mist, Br. en Bijl., p. 35. Kok Arch. 4356. Ook Colenbrander: Gedenkstukken IV, 1ste stuk, p. 337. 43 as van die militêre en siviele amptenare aan die Kaap.1) Daarby is by besluit van 31 Maart 1803, sy gedrag en beleid, „compleet en van rondsomme goedgekeurd, en men zal met empressement voldoen de meerdere kosten door dit interval veroorzaakt."1) Op 25 Februarie 1803 het die Kommisaris-Generaal 'n groot eetmaal ter afskeid gegee aan die Britse verteenwoordigers, met die gehele Engelse en Bataafse militêre en siviele staf, asook die presidente van al die aanwesige kolleges en is by die geleentheid die welsyn van die Britse Koning en die Bataafse Republiek elk met 21 kanonskote gehonoreer 3) en op 4 Maart het die Britse outoriteite onder militêre honneurs afskeid geneem. *) En so staan de Mist na twee maande aanwesigheid aan die Kaap op die punt, om met sy konstruktiewe arbeid 'n aanvang te maak. *) IbidS 2) Ink. St. 386, secreet Not. de Mist, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. s) De Mist—Staatsbewind 3 Maart 1803, Br. en Bijl., p. 92. Kol. Arch. 4356. *) Br. en Bijl. de Mist, p. 98. Kol. Arch. 4356. HOOFSTUK IV. DIE NUWE STATUS VAN DIE KOLONIE. So kon die Kommissaris-Generaal op 1 Maart 1803 oorgaan tot die uitvoering van artiekel 8 van sy instruksie, waarby bepaal is, dat hy direk na die oorname van die kolonie, 'n proklamasie sou uitvaardig, om die Kaapse bevolking bekend te maak, dat die Kaap weer in eiendom terruggekeer is aan Nederland, dat hy gekwalifiseer is om „ordre te stellen op het beleid der Regering", Jan Willem Janssens namens die Staatsbewind te proklameer as goewerneur van die kolonie en generaal en Chef oor die besetting en daarbenewens alle „geconstitueerde magten", wat die Goewerneur behulpsaam moes wees in sake van politiek bestuur, finansies en justiesie te organiseer en in werking te stel.1) Reeds vóór die gedenkwaardige dag het hy kennis gegee aan die Rade van poliesie en justiesie, om hulle na afloop van die godsdienstige plegtigheid in die Gereformeerde en Lutherse kerke, wat op 1 Maart tussen 9 en 10 uur in die more sou plaasvind, na die kasteel te begewe.2) Hy self met die Goewerneur is die more „in statie" na die Gereformeerde kerk om die openbare danksegging daar by te woon en om 11 uur in die groot saai van die kasteel „met open deuren en ten aanhooren van een zeer talrijk vergaderde menigte van allerlei rang en staat", s) na die voorlesing van sy geloofsbrief,4) die Goewerneur Jan Willem Jans- *) Secrete Not. van het Staatsbewind 9 April 1802—31 Dec. 1802. No. 444 Rijks-Archief. 2) Uitg. St. 60 De Mist—L. C. H. Strubberg. Not. de Mist, Dl. IV. Kol. Arch. 4360. s) Not. de Mist 1 Maart 1803, Dl. V. Kol. Arch. 4361. *) Uitg. St. 64. Not. de Mist, Dl. V. Kol. Arch. 4361. 45 sens, asook die Politieke Raad en die Raad van Justiesie plegtig gémstalleer, met toesprake „ter materie dienende." J) Maar alvorens te sien wie die Goewerneur was en sy plig en verantwoordelikheid met dié van die verskillende bestuurskolleges nader te beskou, is dit gewens om eers te sien, wat die bedoeling van die Staatsbewind was ten opsigte van die toekomstige bestaan van die Kaap. Vir die laaste 9 jaar het daar in Nederland groot veranderinge plaasgevind. Meegesleur in die vernielende oorlogstroom tussen magtige nabure, waarin, soos de Mist sê, Nederland nie meer die troetelkind van die fortuin was nie, maar die woede van al die elemente moes ondervind !) — na inwendige twiste en omwentelinge, het daar 'n moment van verademing gekom met die Vrede van Amiens. Op hierdie moment het die Bataafse Republiek *n groot kalmte getoon, in teenstelling met die gees van 1795. Met nuwe moed kon daar weer gewerk word aan die herwinning van die vroeëre welvaart en in verband hiermee het die Nederlandse Staatslui natuurlikerwys hulle oë gerig op die koloniale besittinge, wat weer almal, behalve Ceylon, aan die moederland teruggekeer het. Maar ook hier het die bewindsmanne as 't ware in die duister rondgetas. Die Oos-Indiese Kompanjie, waaronder die Nederlandse Koloniale besittinge in die Ooste direk gesorteer het, was afgeskaf. Die Nederlandse Staat is hierdeur ■beswaar met die skulde van die Kompanjie, die skadeloosstelling van die aandeelhouders en met die las van die onderhoud, administrasie en beskerming van die kolonies en die Oos-Indiese handel. Hier kan mens maar net dink aan die traktemente van die politieke, siviele en militêre dienare, om *n idee te kry van wat die vernietiging van die Oos-Indiese Kompanjie vir die Nederlandse staatskas moes beteken. Aan die ander kant kry die staat ter vergoeding van voornoemde uitgawes, die eiendom in gebruik van die geboue, ') Not de Mist, 1 Maart 1803, Dl. V. Kol. Arch. 4361. 2) Br. «n Bijl. de Mist, p. 35. Kol. Arch. 4356. 46 pakhuise en werwe van die voormalige Oos-Indiese Kompanjie in Nederland, die eiendom en gebruik van dieselfde goedere in en die territoriale inkomste van die kolonies en die voordele van die Oos-Indiese handel. Besluit die regering om die handel aan partikuliere oor te laat. dan vind hy 'n bron van inkomste in die rekogniesies van die partikuliere skepe en in- en uitvoerregte op die koloniale produkte na Nederland en uit- en invoerregte op goedere uit die Republiek na die kolonies. In 1801 is in hierdie verband nog niks definitiefs bepaal nie. Die Asiatiese Raad het die plek van die Here XVII ingeneem en voorlopig het daardie liggaam 'n hele eskader oorlogskepe en vragskepe uitgerus, om troepe en goedere na die Kaap en Indië te neem en daarvandaan die opgestapelde Indiese produkte na Europa te bring. In elk geval was dit duidelik, dat deur die afskaffing van die Oos-Indiese Kompanjie, die koloniale gebiede in 'n ander verhouding tot mekaar onderling en tot Nederland te staan gekom het. Beide, wat handel en bestuur betref, kon van geen terugkeer tot die ou sisteem van die suiwer konnmersiële inirigting sprake wees nie. Inmiddels het ander en nuwe koloniale denkbeelde hulle laat geld. Knap hoofde, o.a. die van Hogendorps en Nederburg, het hulle met hierdie probleme besig gehou. Hierdie figure is dan ook verteenwoordigend van die heersende denkbeelde oor die Nederlandse koloniale handel en, bestuur van die dae — die laaste wens verbetering,maar rog voortgang langs die ou lyne — die eerste wil vryhandel, 'n vrye vaart en 'n liberale bestuursinrigting. Wat die Ooste betref, is ook later 'n middelweg gevind. Maar onder die koloniale gebiede het die Kaap 'n heel besondere posiesie ingeneem. Hierdie besitting het altyd 'n handlangersrol gespeel. Dit het onder die Oos-Indiese Kompanjie nooit bdangstelling geniet om sigselfswille nie, maar uitsluitend kragtens sy posiesie as middelwegstasie tussen Europa en Indië. In die 17de en 18de eeu het die seereise na Indië geweldig lang geneem en het met buitengewone moeilikhede gepaard 47 gegaan, 'n Groot gedeelte van die opvarende het langs die weg omgekom, waarby die voedsel, hoofsaaklik skeepsbeskuit en soutvlees, 'n groot rol gespeel het. Dit was dus besonder goed gesien van die Here XVII, toe hulle in die middel van die 17de eeu oorgegaan het tot die vestiging van 'n verversingstasie aan die suidpunt van Afrika, waar hulle skepe na Indië, asook die repatriërende ververs en die siekes verpleeg kon word. Hierdeur sou veel menselewens gered word, wat op hulle beurt weer diensbaar gemaak kon word aan die groot en enige doel van die Kompanje n.1., om in die handel op die Ooste 'n so groot moontlike winsmarge te kry. Vir hierdie handel kon die Kaap feitlik niks van betekenis lewer nie. In elk geval was en moes dit ook hier die strewe van die suiwer kommersiële onderneming wees, om die verversingsmiddele so goedkoop moontlik in hande te kry en die bestuur op sy onkosbaarste te laat uitvoer. So moes die outoriteite vir 'n lang reeks van jare self sorgdra vir die verskaffing van vars vlees, waarvan die diere van die Hottentotstamme verkry is. Oorloë tussen die stamme en hulle trek na die binnelande in tye van droogte, het dit vir die outoriteite soms moeilik gemaak, om aan hulle verpligting te voldoen en dit was die eerste prikkel om self tot die veeteelt oor te gaan. Ook wat die so onontbeerlike graan en groente betref, was dit dieselfde geval. Hierdie behoeftevervulling het die eerste paar boerderye (in 1657 aan die Liesbeekrivier) bewerk deur die eerste vryburgers aan die Kaap in aansyn geroep. Met die verloop van tyd het die behoefte al meer en meer geword en in eweredigheid die vraag na die lewensmiddele. Dit was in die belang van die Kompanjie, om hom in sy noodwendige behoeftes aan die Kaap deur partikuliere te laat voorsien. Sodoende het die vryburgers ongemerk aangegroei — hulle werksaamhede hoofsaaklik gerig op die bevrediging van die behoefte van die Kompanjie. Laasgenoemde was feitlik die enigste afnemer, want hierin het hy ook aan die Kaap sy streng monopolistiese karakter bewaar. Die voortbrengsele van die koloniste word teen 48 vasgestelde pryse afgeneem en hulle behoeftes, in soverre die van buite af moes kom, deur die Kompanjie teen vasgestelde pryse bevredig. Dit was te voorsien, dat hier op die een of ander tyd botsing moes kom. Dit sou uitbly, totdat die moment aanbreek, waarop die aanbod die vraag sou oortret En ongemerk en geleidelik het daardie tydstip genader. Die afset het nie in eweredigheid met die voortbrenging vergroot nie. Dit het nooit in die bedoeling van die Oos-Indiese Kompanjie gelê, om aan die Kaap te koloniseer nie. Wel is teen die end van die 17de eeu 'n aansienlike aantal Hugenote na die Kaap gestuur, maar die Kompanjie het nie afgewyk van sy suiwer kommersiële rigting nie. Ongemerk en teen die wil in van die Kompanjie, het die Kaap sy kinderskoene ontgroei in dié opsig, dat mens teen die end van die 18de eeu aan die Kaap aantref 'n landbou-kolonie in plaas van die oorspronklike verversingstasie en wel met heel ander belange. Gedurende 'n eeu al het die simptome van hierdie ontgroeiing hulle geuit in 'n belangebotsing tussen die ingesetene en die Kompanjie. Die Here XVII het soveel moontlik ooreenstemming en harmonie probeer teweegbring, waarin hulle amptenare in die so vér verwyderde streke nie altyd met ywer meegewerk het nie. Hoe meer daardie handelsliggaam in die twede helfte van die 18de eeu agteruitgegaan het, hoe meer was hy op besuiniging gestel en het hy sy monopolistiese regte tot in die kleinste probeer handhaaf. Aan die ander kant het die bevordering van die belange van die koloniste ander eise gestel. Daarom het die Nederlandse regering, na die ontbinding van hierdie .monopolistiese liggaam, hom tereg van advies laat dien oor die voet en wyse, waarop die koloniale besittinge in die algemeen en die Kaap in die besonder in die vervolg behandel sal moet word tot die meeste nut en welvaart van beide, moederland en kolonie. Die advies, oor die Kaap uitgebring, toon aan, dat die outeur die bogenoemde veranderde toestand van daardie besitting, skerp in die *oog gevat het, waar hy sê: — „Den Caabschen Uithoek, dan oorspronkelyk alleen tot eene ver- 49 verschingsplaats bestemd, is, bij toeval, ongevoelig en mis* schien tegen den wensch, maar zeker tegen de gedagten der eerste oprichters, in eene aanzienlyke landbouwende Colonie veranderd. En deeze verandering maakt-dezelve thans, der oplettendheid van het Gouvernement dubbel waardig." *) Kragtens dié veranderde toestand, sou die Kaap dan ook in 'n ander verband tot beide, Indië en die moederland, te staan kom. Tot September 1795 het die Kaap onder die „Hoge Regering" van Batawië gesorteer. Dit sou in die toekoms nie meer die geval wees nie. Reeds op 26 Desember 1802, direk na die aankoms van de Mist aan die Kaap, het hy dan ook aan die ingesetene van die buitedistrikte, die gerusstellende boodskap gestuur, dat die Kolonie voortaan nie meer van die Hoë Regering van Indië, nog van enige kollege, amptenaar of dienaar van die voormalige Oos-Indiese Kompanjie sal afhang nie, maar alleen en onmiddellik van die Bataafse Goewerment en in ondergeskiktheid hieraan, van die Asiatiese Raad en verseker hy hulle in die vervolg „eenen Vrijen Handel en uitvoer van 's Lands producten naar buiten." *) Voorwaar twee uiters gewigtige verandering e ten opsigte van die Kaap. Wat die „Vrijen Handel" betref, sal later nader behandel word. Wat die Kaapse afhanklikheid van Batawië aangaan, het de Mist hom nader toegelig, deur te kenne te gee, dat die Kaap „een deel van het Land zelve" word, „gelijk Cas en Magazijnen hier thands den Eigendom van het Land zijn, even als in Amsterdam of Rotterdam." ') Waar die Kaap dus vroeër alleen as hulpmiddel ten dienste van Indië beskou en as sulks in die politiek van die OosIndiese Kompanjie behandel was, gaan hy nou 'n heeltenmal ander status kry, deur feitlik 'n provinsie van Nederland te *) Mem. de Mist, p. 13. *) Uitg. St. 7. De Mist—Ingezetenen der Buiten-Districten van de Kaapsche Volksplanting 26 Dec. 1802. Not. de Mist, Dl. II. Kol. Arch. 4358. s) Nota aan As. Raad 31 Jan. 1803. De Mist, Br. en Bijl., p. 39. Kol Arch. 4356. 4 word. En hoewel daar geen' territoriale eenheid was nie, kon die staatkundige eenheid in die toekoms van groot betekenis wees, want hoewel 6000 myl ver verwyder, sou die Kaapse belange en behoeftes, wat bestuur, justiesie, en ekonomiese aangeleenthede betref, veel beter in die moederland direk geken en behartig word dan via Batawië. Daarenteen bly dit nog 'n ander vraag, hoe hierdie provinsie-status van die Kaap geïnterpreteer sou word, wanneer by die Bataafse belastingbetaler aangeklop word, om 'n bydrae vir die sluiting van die Kaapse begroting. By die installasie van die Goewerneur, sou die Kommissaris-Generaal 'n geleentheid gebied word, om die bedoeling van die Staatsbewind ten opsigte van die Kaap nader te ontvou. Intussen is 'n kennismaking met die persoon, aan wie die Nederlandse regering die uitvoerende mag oor die Kaapse volksplanting toevertrou het, seker nie misplaas nie. Wie was die nuwe goewerneur Janssens? J. W. JANSSENS Goewerneur en Generaal en Chef aan die Kaap die Goeie Hoop 1803—1806. HOOFSTUK V. JAN WILLEM JANSSENS. (1762—1838.) Janssens is gebore in Nijmegen op 12 Oktober 1762 en oorlede op 23 Mei 1838 in Den Haag. Sy vader, Johannes Jacobus. was ook in die militêre diens as kaptein by die regiment van Aylva. x) Anna Rees was sy moeder. Reeds op 12-jarige leeftyd het die jong Janssens in militêre diens getree as kadet om in 1777 die rang van vaandrig, in 1787 1ste luitenant en 'n jaar later kaptein te word. As sodanig het hy die veldtogte van 1793 en 1794 meegemaak en is hy op 13 September 1793 by Meenen swaar gewond en as gevolg hiervan op 1 Januarie 1796 gepensioneer en is hy daarna in 'n administratiewe betrekking werksaam. Van 1797 tot 1802 het hy hom besonder verdienstelik gemaak as kommissaris-generaal oor die beheer van die Franse troepe, wat destyds deur die Bataafse Republiek onderhou is. In hierdie betrekking het hy kragtig opgekom vir die Nederlandse belange. In Maart 1800 het hy sy benoeming ontvang als sekretarisgeneraal van die ministerie van oorlog. Op 5 Augustus 1802 vertrek hy met de Mist van uit Texel na die Kaap as goewerneur oor die volksplanting en generaal en chef van die militêre besetting daar, waartoe hy sy benoeming op 18 Februarie 1802 van die Staatsbewind ontvang het. Aan die Kaap is hy op 1 Maart 1803 deur die Kommissaris-Generaal in sy beide funksies geïnstalleer. In hierdie *) Handelingen en Geschriften van het Indisch Genootschap te 's-Gravenhage, 2de Jaargang 1855, p. 364 en Nieuw Ned. Biogr. Woordenboek Dl. I, Kolom 1211. 52 kwaliteite het hy die Kommissaris-Generaal dan ook trou bygestaan in die moeilike taak, wat hulle te vervul gehad het. Nog geen drie maande na die Kaap uit die hande van die Engelse oorgeneem was, het nuwe oorlogstorme in Europa losgebars en moes Janssens hom uit die Noorde van die Kolonie, waar hy op reis was, om beter bekend te word met die mense en land, wat hy in die vervolg sou moet bestuur, in haas na Kaapstad begewe, om middele ter hand te neem ter verdediging van die volksplanting. Hierby kon die militêre ervaring, wat hy in Europa opgedoen het, hom goed te pas kom. 'n Groot gedeelte van die troepe vir die verdediging van die Kaap bestem, het met die skip Vreede op die uitreis vergaan. Daarby moes die Goewerneur begin Januarie 1804, op instruksie van sy Regering, sy beste en volledigste afdeling soldate (de 23ste regiment infanterie, bestaande uit 775 koppe, mans, vrouens en kinders) na Batawië sien vertrek, sodat hy op ander verdedigingsmiddele bedag moes wees. So het hy met groot ywer en toewyding die burgers probeer aanmoedig om hulle te oefen, om by 'n ewentuele aanval op die Kaap, in die verdediging te help. Verder het hy 'n Hottentot-korps gevorm, asook van die dienste van Maleiers en Javane probeer gebruik maak. In die Hottentot-Holland-gebergte het hy graanmagasyne aangelê, om daarheen terug te trek in geval hy die vyand nie kon weerstaan nie. Dit het dan ook gebeur na 6 Januarie 1806, toe die Goewerneur, na 'n dappere verdediging, die Bloubergvlakte moes verlaat, In hierdie gebergte het hy dan ook op 18 Januarie 1806 gekapituleer en op 5 Maart daarop het hy hom met 'n aantal van sy soldate ingeskeep na Holland, waar hy op 5 Junie 1806 aangekom het. Die Kaapse periode van Janssens moet tot die ongelukkigste dae van sy lewe gereken word. Nooit het hy hom hier in sy funksie as goewerneur gelukkig gevoel nie en. dwarsdeur die hele periode gee hy daaraan onbewimpeld uiting aan de Mist, asook aan die Nederlandse regering. Grotendeels het hierdie ongelukkige gevoel uit sy eie karakter* 53 voortgevloei. Wel het hy groot moeilikhede of sy weg gevind, maar dit op sigself kon hom nie so laat reageer het as wat sy uitinge aantoon nie. Reeds by die gespanne toestand wat geheers het tydens die suspensie van oorgawe van die Kaap, slaan hy aan die Kommissaris-Generaal voor, om sy funksies van goewerneur en generaal te laat rus en hom toe te laat om hom stil in die binneland terug te trek, totdat 'n veranderde stand van sake sou ingetree het.*) De Mist het hierdie gedagte van die <3oewerneur toegekrywe aan sy „gevoelig Caracter", wat hom soveel maal sedert hulle kennismaking al verhinder het om opgeruim te wees en selfs sy gesondheid aangetas het.2) Dieselfde het gebeur met die aankoms van 'n sekere Grand as „conceiller privé extraordinaire" aan die Kaap. „Ik schrikte tegen het ongenoegen, dat de braave maar driftige man bij zijn retour over deze benoeming zal gevoelen", skrywe de Mist aan Smissaert, die sekretaris van die Asiatiese Raad op 11 Mei 1803 8) Janssens was toe op reis in die binnelande. Telkens word in sy korrespondensie met de Mist 'n ongelukkige swaarmoedigheid aangetref, wat gepaard gegaan het met 'n uitgesproke onderskatting van sy eie bekwaamhede as goewerneur. „De post van Goeverneur alhier maakt mij volmaakt rampzalig" Ik heb geen vermogen van mij zelve, en kan dus zonder post niet bestaan, maar konde een sober onderhoud voor mijn huisgezin eenigzints verzeekert worden, zag ik mij gaarne een andere destinatie en wel in een zeer subalterne betrekking, onverschillig waar en hoe?" skrywe hy aan die Asiatiese Raad op 15 September 1803.4) Ook op 25 Augustus 1803 reeds meld die KommissarisGeneraal, dat die swaarmoedige in die korrespondensie van *) Janssens—De Mist 15 Jan. 1803. Secrete Not. de Mist 1802, 1803, 1804. Kol. Arch. 4353. *) De Mist—Janssens 19 Jan. 1803. Secrete Not. de Mist 1802, 1803, 1804. Kol. Arch. 4353. *) De Mist, Br. en Bijl., p. 115 vo. Kol. Arch. 4356. *) Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 33. Kol. Arch. 4375. 54 Janssens hom getref het, „temeer daar de beweeggronden tot die swaarmoedigheid uit uwe (Janssens) vermeende ongeschiktheid tot de waarneming van uwe post afgeleid, geen fundament hebben..." *) Selfs aan boord skip op die uitreis het die Goewerneur aan hierdie swaarmoedige trek uiting gegee, deur aan de Mist sy ondsag te vra. Hoe langer hy aan die Kaap gebly het, hoe meer het dit toegeneem. „Dit doet hem veele zaaken zwaar tillen en zich zeiven beschouwen als ongeschikt voor dit Gouvernement." *) Die Kommissaris-Generaal meen dan ook, dat die ontslagaanvrage toegestaan kan word, mits die bekende „trouw en eerlijkheid" van die Goewerneur op 'n ander „stille, minder brillante, doch honnette wijze" erken en beloon word. •) In elk geval, die Goewerneur was minder gelukkig dan hy verdien het — „hij kan zich niet opbeuren, ziet alles met een zwarter oog ..." meen de Mist. 4) Die Kommissaris-Generaal het hom dan ook op allerlei wyse probeer aanmoedig en hom daarop gewys, dat alle regeringsposte hulle moeilikhede meebring. Telkens ontvang Janssens die versekering van die volle ondersteuning van die Kommissaris-Generaal — maar die moeilikhede, wat hy op sy weg gevind het, skyn hom alle moed te ontneem. Die terme, waarin die aanmoediging geskied het, werp tewens 'n lig op die persoonlike verhouding tussen die twee outoriteite aan die Kaap; — „Welaan dan mijn braave, mijn achtingwaardige Vriend! gij doet hetzelfde, doch hebt niet den nodigen moed, hervat dien en denkt, dat de triomfe grooter zijn zal, naar maate haare verkrijging meer moet kosten. Uwe ta- 4) De Mist—Janssens. Secrete Not. de Mist 1802, 1803, 1804. Kol. Arch. 4353. 2) De Mist—St. Bewind 3 Sept. 1803. Secrete Not. de Mist 1802, 1803, 1804. Kol. Arch. 4353. 3) Ibid. 4) Ibid. 55 lenten, uwe beproefde trouw maaken U tot hoofdgebieder dezer Volkplanting ten vollen berekend."1) Die Goewerneur het gedurig gestuit op onbekwaamheid of minder betroubaarheid van sommige van sy amptenare. Tydens sy verblyf aan die Kaap het daar verskillende gevalle voorgekom, wat 'n persoon van sy oorgevoeligheid, van oordrewe beskeidenheid en onderskatting van eie bekwaamhede, diep moes getref het. So moes hy 'n luitenant-kolonel ter Horst skors en verban weens disobediënsie. z) Jacob Claris, „Collonel en Capitaine ter Zee", moes hy in die se funksie as prowisionele ekwipagemeester suspendeer, omdat dié 'n Engelse skip Jefferson, wat onder Amerikaanse vlag Tafelbaai binnegekom het, laat ontsnap het. By die behandeling van hierdie saak, moes die Goewerneur tewens ondervind, dat die prokureur-generaal hom aan partydigheid skuldig gemaak het en 'n ander, Copes van Hasselt, moes as publieke vervolger aangestel word.s) En so was daar meer voorvalle van soortgelyke aard, wat nie gunstig kon inwerk op die eienaardige karakter van die Goewerneur nie. Maar sy swaarmoedigheid het die toppunt bereik, toe hy op 31 Julie 1804 die mededeling van die Kommissaris-Generaal ontvang, dat dié sy funksie gaan neerlê en die Goewerneur . sodoende sy verantwoordelikheid ten volle moes aanvaar. Intussen het dit hom 'n behoefte geword, om die Kommissaris-Generaal dikwels te kom raadpleeg. Hy sou liewer gesien het dat de Mist hom self met die hele uitvoering van die bestuur belas het en die Goewerneur hom alleen met die militêre aangeleenthede besig gehou het. Hy gevoel hom maar 'n matige luitenant-kolonel, maar deur roetiene sou hy tog nuttig kon wees. „Het enige, dat ik van den Hemel en myn Vaderland bidde, is in de eene of andere Buitenlandsche *) De Mist—Janssens. Secrete Not. 1802, 1803, 1804. Kol. Arch. 4353. *) Uitg. St. 228. De Mist—Gouv. en Raad 22 Julie 1804. Ink. St. 354 Bijl. A. Not. de Mist, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. s) Br. en Bijl. Gouv. en Raad 1804—1805, p. 1—207. Kol. Arch. 4374. 56 Bezitting, ondergeschikt op een eenigszints voordelige wijze geemployeerd te worden," skrywe hy aan de Mist op 4 Augustus 1804. *) Maar dit is genoeg om aan te toon, hoe swak die figuur Janssens hom langs dié van de Mist aan die Kaap geopenbaar het. En tog het die Goewerneur sy plig vervul. Dieselfde swaarmoedige Janssens, wat sy eie kundighede gedurig onderskat het, kon op 8 Januarie 1806 op die Bloubergvlakte toon, dat hy sy plig teenoor sy vaderland geken het en het onder erg ongelyke vooruitsigte 'n dapper stryd teen sy vyande aangebind, waaraan dan ook die eervolle en gunstige kapitulasie van 18 Januarie te danke was. Die gedagte kan wel opkom of hierdie uttinge van abnormale swaarmoedigheid, waarvan die spore in feitlik al sy korrespondensie aan die Kaap teruggevind word, nie te wyte was nie aan die verhouding, waarin hy gestaan het teenoor die kragtige en gesonde persoonlikheid van die KommissarisGeneraal. Eersgenoemde tog het maar 'n twede plek in die Kolonie ingeneem tot die terugtrekking van die Kommissaris-Generaal teen die end van 1804. Kon dit ook wees, dat die Goewerneur hom deur die oorvleueling van de Mist as 'n vyfde wiel aan die wa gevoel het? Decaen, die nu-benoemde Franse Goewerneur van Isle de France, deel iets in hierdie verband mee aan Decrès, die Franse minister van Mariene en Kolonië. Eersgenoemde het tydens sy oponthoud aan die Kaap, kort na die aankoms van die Bataafse outoriteite daar opgemerk, dat Janssens as staatsman weinig vertroue van die koloniste geniet, maar, meen hy, daarteenoor staan sy patriotisme en trou aan die regering. Op dieselfde moment gaan de Mist aan die Kaap deur as 'n man, begaafd met groot talente, bekleed met byna onbeperkte mag, van wie se bekwaamheid in administratiewe aangeleenthede veel verwag word, wanneer hy aan die ander Ink. St. 362. Janssens—de Mist. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. 57 kant nie die naywer van die Goewerneur ontmoet nie, want, sê Decaen, sedert die aankoms van die twee persone is daar „une froideur et une mésintelligence réciproques" tussen hulle opgemerk.1) Dat daar onenigheid tussen Janssens en de Mist sou bestaan, is ook tot Napoleon deurgedring, maar die Nederlandse outoriteite weerspreek dit nog teen die end van 1804.') Dit is eg ter moontlik, dat die eienaardige houding van die Goewerneur oorsaak gevind het in die verhouding, waarin hy tot die Kommissaris-Generaal gestaan het, hoewel dit nie uitkom nie nóg in hulle weersydse korrespondensie, nóg in die met die Nederlandse Regering. *) Dit kan dus wees, dat die Goewerneur ontevrede was met 'n twede plek en dan veral met so'n bekwaam figuur teenoor hom en dat hy hom daarom so swak en sonder moed aan die Kaap getoon het. Laasgenoemde is nie te rym nie met die waardering, wat Janssens oral, ook na die oorgawe van die Kaap, te beurt geval het in Nederland, by Lodewyk Napoleon, by die Keiser en later ook by Willem I. Na sy terugkoms in Nederland het hy selfs veel meer vertroue dan de Mist geniet. *) So word. in 1814 die ontwerp-instruksie aan Fagel, die Nederlandse ambassadeur in Londen, in verband met die onderhandeling oor die herkryging van die Nederlandse Kolonië, o.a. ook aan sy oordeel onderwerp.") Ook de Mist self het altyd met groot lof gepraat oor die *) Decaen—Decrès 21 Mei 1803. Colenbrander: Gedenkstukken, Dl. IV 2e stuk, p. 66. 2) Colenbrander, Gedenkstukken, IV, 2e stuk, p. 529. *) Sien ook Schimmelpenninck—Janssens, Mc Call Theal, Records of the Cape Colony 1803—1806, vol. IV, p. 218 en Mc Call Theal, Bel. Hist. Doe. m, p. 309. 4) Sien ook Colenbrander, Dl. IV, 2e stuk, p. 606, 607, 619, waar Decrès en Schimmelpenninck hulle uit oor die „énergie" en „activité", „les „talens" en „le mérité" en volledig erkende „braafheid" en „eerlijkheid" van die Goewerneur. *) Heeres: Afstand der Kaap de Goede Hoop. Historisch Leesboek H. Brugmans, p. 481. 58 verdienstes en bekwaamhede van die Goewerneur.1) Nog 'n ander feit werp enigsins lig op hierdie eienaardige kant van die Goewerneur se karakter. Toe die Indiese regering n.1. tot die aanvulling van die afbeeldsels van die GoewerneursGeneraal op die paleis te Weltevreden, by Batawië, ook om sy portret gevra het, is die versoek beleefd geweier, om die vir hom smartlike gebeurtenis, dat Jawa onder sy goewerneur-generaalskap aan die Engelse oorgegaan het.2) In elk geval, na sy terugkoms is hy op 11 Julie 1806 deur Koning Lodewyk Napoleon benoem tot staatsraad in buitengewone diens en sekretaris-generaal van die ministerie van oorlog en mariene. In verband met die oorgawe van die Kaap, sê hierdie vors in sy „documents historiques et réflections sur le Gouvernement de la Hollande" (dl. I p. 298): „le Gouverneur Janssens a fait son devoir".3) Vervolgens is Janssens op 18 Julie benoem tot staatsraad in gewone diens; 24 September 1806 intendant-generaal van die Rynleër en op 7 Desember 1807 tot direkteur-generaal van oorlog i. p. v. Dirk van Hogendorp. Op 22 Mei 1809 is hy op versoek eervol ontslaan. Hy behou die rang van generaal, wat hy met sy benoeming tot goewerneur van die Kaap ontvang het, bene wens die tietel van staatsraad met 'n pensioen van ƒ 8000. Nou het hy hom aan alle openbare betrekkinge onttrek en 'n reis deur Switserland en Italië gedoen. Maar reeds in 1804 is sy naam naas dié van C. A. Verhuell en Mr. C. T. Elout genoem in verband met die betrekking van goewerneur-generaal van Nederlands-Indië. In 1807 het Koning Lodewyk Napoleon generaal Daendels daarvoor uitgekies. Aan Janssens, egter, dra die vors op om ') O.a. De Mist—As. Raad 10 Junie 1803. De Mist, Br. en Bijl., p. 248. Kol. Arch. 4356. ') Handelingen en Geschriften van het Indisch Genootschap te 's Gravenhage, 2de Jaargang, 1855, p. 368. 3) Hand. en Geschr. van het Indisch Gen. te 's Grav. 2de Jrg. 1855, pag. 366. 59 die berig van sy abdikasie van die troon van Holland aan Napoleon oor te bring. Met hierdie geleentheid het die Keiser hom verskeidene ure met die Generaal onderhou op Rambouillet. Ook na die inlywing van Holland by die Franse Keiserryk het Janssens die vertroue van die Keiser bly geniet, eers as een van sy diviesie-generaals in aktiewe diens en teen die end van 1810 as goewerneur-generaal van Nederlands-Indië om Daendels te vervang.1) Op 25 April kom hy in Banjoewangi, op Jawa aan en op 16 Mei neem hy die bestuur op Buitenzorg van Daendels oor en wel onder erg ongunstige omstandighede. Die Europese sowel as die inlandse bevolking was ontevrede as gevolg van die willekeurige optrede van Daendels. Daar was 'n volledige gebrek aan geldmiddele, die papiergeld was in diskrediet en die vloot verniel of deur die Engelse geneem. Die leër het vir die grootste gedeelte uit Javane bestaan en die gemeenskap met Holland deur die Engelse see-oppermag hoogs beswaarlik.2) Reeds vóór die aanvaarding van die bestuur deur Janssens, was deur die Engelse besluit, om 'n aanval op Jawa te maak en 'n afdeling van die mag, daartoe bestem, van Madras onder seil. Op 4 Augustus 1811 begin die Engelse op Tjilintjing te land; na 'n kort geveg op Weltevreden op 10 Augustus, is 'n aanval op die kamp op Meester Cornelis, deur Janssens met 8000 man verdedig, gemaak. Op 26 Augustus het die Engelse die kamp stormenderhand geneem. Janssens het hom oor Buitezorg, naby Semarang, teruggetrek, waar hy weer 'n leër op die been gebring het — maar op 17 September moes hy Jawa aan die Engelse oorlewer.8) Janssens is met sy staf as krygsgevangene na Engeland. ') Hand. en Geschr. van het Ind. Gen. te 's-Gravenhage. 2de Jaarg. 1855, p. 367. *) Nieuw Ned. Biogr. Woordenboek, p. 1212. <) Ibid. 60 Tydens sy gevangenskap verleen Napoleon hom die grootkruis van die Orde der Reünie as blyk van tevredenheid oor sy gedrag op Jawa. In November 1812 kry die Generaal verlof om na die vasteland terug te keer, op sy woord, om nie teen Engeland die wapens op te neem, voordat hy uitgewissel sou wees nie. Op sy versoek, dat sy gedrag op Jawa deur 'n krygsraad ondersoek sou word, het Napoleon geantwoord, dat hy die saak self ondersoek het en Janssens volkome geregverdig geag het.1) Die Keiser verhef Janssens tot baron van die Keizerryk. Daarby kry hy die bevel oor die 31ste militêre diviesie in Groningen. Toe die Engelse oorloskepe voor Hamburg verskyn, het Janssens kommandant geword van die 2de militêre diviesie te Mézières. In April 1814 dien hy sy ontslag by die Franse in en keer na Nederland terug als luitenant-generaal in die Hollandse leër, met die opdrag van die Soewereine Vors, om die infanterie en kawallerie te organiseer. In 1815 word hy kommissaris-generaal van oorlog, maar op sy herhaalde versoek kry hy op 24 Mei 1815 sy ontslag en word benoem tot kanselier van die Militêre Willemsorde. Daarby verhef Koning Willem I hom en sy nakomelinge in die Nederlandse adelstand. Janssens was tweemaal getroud. Sy eerste vrou, Anna Barbara Balneavis, het hom met twee dogters en twee seuns na die Kaap vergesel. Dr. Heinrich Lichtenstein was die goewerneur van die twee laasgenoemdes. Die oudste seun Henry, was later aan die Kaap luitenant by die korps dragonders en is daar op 6 Junie 1805 verongeluk. Met leedwese ontvang Lichtenstein die berig op sy reis in die Noorde van die Kolonie. Op 26 Januarie 1822 het Janssens 'n twede ») Ibid. p. 1212. 61 huwelik aangegaan met Sara Louisa Hartsen, waaruit een seun, Henri Guillaume Charles Louis, gehore is.1) So was die lewensloop van die persoon wat die Kommissaris-Generaal op 1 Maart 1803 aan die Kaap as Goewerneur en Generaal en Chef geïnstalleer het. 1) Ibid. en Hand. en Geschr. van het Ind. Gen. te 's-Gravenhage. 2de Jaarg. 1855, p. 369. Navorscher 1905, p. 189. HOOFSTUK VI. POLITIEKE EN ADMINISTRATIEWE INSTELLINGE. a. Installasie, Pligte en Verantwoordelikhede van die Goewerneur» By die installasie van die Goewerneur op 1 Maart 1803, het die Kommissaris-Generaal die geleentheid nie verby laat gaan nie, om die ingesetene nader op hoogte te bring met die bedoelinge van die Staatsbewind ten opsigte van die Kaap.]) In hierdie troonrede raak hy al die kwessies aan, wat volgens sy instruksie sy aandag sal moet geniet. Eers skilder hy in felle kleure die ongelukkige toestand, waarin die Republiek die laaste kwart eeu verkeer het en waarin die besittinge moes deel. Maar die herinnering aan daardie roemlose dade, „die voor de eer der Natie nimmer moeten zijn gebeurd", wil hy aan die ewige vergetelheid prysgee. Vol optimisme herinner hy aan die Vrede van Amiens en die terugkeer van die Kaap aan die moederland; die vernietiging van die oktrooi van die Oos-Indiese Kompanjie deur die nuwe staatsreëling en die onttrekking van die kolonie aan die opperbestuur van die hoë Indiese regering, om voortaan aan geen ander mag dan dié wat die moederland bestuur, onderhewig te wees nie. Daardie mag sal sy bevele laat uitvoer deur die Asiatiese Raad in Nederland en deur die Goewerneur en Politieke Raad aan die Kaap en wel volgens „vaste voorschriften en wetten, die bepaald zullen worden bij het Chartre, hetwelk ik (de Mist) in Last hebbe hier te *) Not. de Mist 1 Maart 1803, Dl. V. Kol. Arch. 4361. 63 ontwerpen en daarop de sanctie van het Bataafsch Gouvernement te vraagen."1) Maar die outoriteite is ook vas beslote om die besware van die volksplantinge noukeurig te ondersoek en aan gegronde klagtes te gemoet te kom — meer dan in die verlede die geval was, toe die oktrooi van die voormalige Oos-Indiese Kompanjie nog van krag was, met 'n wisselende berekening van wins en verlies, wat nie altyd met die persoonlike belange van die Kaapse ingesetene gestrook het nie. Die teenswoordige goewerment egter, „wil en kan en zal aan de Kaapsche Volkplanting meerdere gunsten toestaan dan zij ooit van het voorig bestuur hadden kunnen hoopen" of te verwag het van enig ander moondheid. Maar waarom, vra de Mist, wil die Bataafse goewerment hom soveel onkoste laat welgeval ten opsigte van die Kaap? Seker nie om die eiendomsreg van die berge, riviere en dale sonder meer nie! Dit sou vir altyd 'n drukkende laspos bly vir die finansies van die moederland. Nee, deur „bijkomende middelen van naarstigheid, kuns en industrie (moet men) de wil der natuur ter hulpe koomen, om derzelver voortbrengselen in soorten en hoeveelheid te vermeerderen, niet alleen maar om die in hunnen aart en bewerking zodanig te verbeteren en te verfijnen, dat die begeerlijke en prijshoudende voorwerpen worden van handel en verkeer naar buiten."2) Daarom moet ou vooroordele in verband met die landbou en veeteelt afgelê word, om sodoende 'n beter behandeling van die Kaapse wynsoorte, waarvoor de Mist 'n groot toekoms sien, algemeen te maak. Bowedien wys hy op die voordele, wat getrek kon word uit die aankweek van katoen, indigo, vlas, hennip, tabak en peulvrugte. Ook huide, veile en pelterye kom in aanmerking en dan moet daar veral dadelik enige skepe aangeskaf word om die binnelandse produkte na die Hoofplaas te bring en ook enige groot skepe, om oorsese ') Ibid. *) Aanspraak de Mist bij installatie van den Gouverneur. Not. de Mist 1 Maart 1803, Dl. V. Kol. Arch. 4361. 64 handel te kan drywe en hier moedig hy die jong manne spesiaal aan om hulle as seevaarders te bekwaam, om „het anders vadzig leeven, waartoe het zagte climaat en de overvloed van levensmiddelen aan deezen Uithoek, zo ligtelijk uitnodigt in aanhoudende en voor de maatschappij nuttigere bezigheden te veranderen." *) Maar ook geestelike middele moet aangewend word om die welsyn van die Kolonie te bevorder en hier veral die Godsdiens, „in soverre die zijne heilzaame uitwerkselen in de menschelijke maatschappij naar buiten doedt ontwaaren, zonder welke alle uiterlijke plichtplegingen" in sy oog geen waarde het nie. Hy spoor die ingesetene aan om deur hulle gedrag die ongunstige getuienisse van soveel skrywers te loënstraf, om oortuig te wees van die republikeinse waarhede, dat 'n vryheid deur dapperheid verkry, alleen deur deug behou kan word en dat 'n maatskappy, in hom self verdeel, nie kan bestaan nie. As dit alles betrag word, het hy hoop, dat die Kolonie dié trap van welvaart en bloei, waartoe dit vatbaar skyn, sal bereik. Hy self bied namens die Bataafse Goewerment, die middele daartoe ruimskoots aan. Hierdie program van die Kommissaris-Generaal laat wel dink aan 'n hedendaagse verkiesingskampanje — maar dit getuig van optimisme, hoop en vertroue in die toekoms van die Suidafrikaanse volksplanting. Wat meer is, dit was geen ydel geklank van woorde van de Mist nie — dit was hom erns. Maar dit moet in die oog gehou word, dat hy nog aan die begin van sy Kaapse periode staan en die praktyk eers sou moet uitwys, hoeveel van hierdie program wel deeglik verwesenlik kon word. De Mist wou nie eintlik breek met die verlede nie, hoewel sommige van sy latere besluite daardie grens nader — hy wou verbeter, opbou en nuwe lewe inblaas. Net soos hy die Nasionale Vergadering gewaarsku het, dat hulle nie byeengekom het, om 'n nuwe republiek te maak nie, maar 'n oue te ver- *) Ibid. 65 beter, so kom hy ook aan die Kaap, om gebruik te maak van wat hy vind, wel met ingrypende veranderinge, soos later aangemerk sal word. Verskillende onderwerpe het hy hier buite beskouing gelaat, o.a. sy houding ten opsigte van die naturelle en slawe, onderwys en meer direk ook die finansies van die Kaap en alles wat daarmee in verband staan, wat egter reeds sy volle aandag geniet het. Soos reeds aangemerk, was de Mist tót kort voor sy vertrek van die Kaap, beide wetgever en uitvoerder van die wette. Hy sit agter selfs die kleinste uiting van die Goewerneur en Raad na buite. Elke besluit is aan sy goedkeuring onderwerp. Sy wil lê ten grondslag van al die besluite en handelinge van die uitvoerende mag. Kan hier sprake wees van magsusurpasie van die kant van die Kommissaris-Generaal? Wel staan vas in die eerste plek, dat hy kragtens sy sterk persoonlikheid, sy gesonde gees en kragtige deurvoering van wat hy wou, die daarteenoor staande, miskien swakker persoonlikheid van Janssens kon oorvleuel het. Maar dit kon tewens die geval gewees het met twee meer eweredige kragtige persoonlikhede, daar die Staatsbewind hoewel nie direk nie, dan tog indirek die opening daartoe gegee het. Naas die instruksie *) van die Goewerneur en Generaal en Chef het hy 'n besondere instruksie ontvang, wat sy handelwyse sou reël tydens die aanwesigheid van die Kommissaris-Generaal. Gedurende hierdie periode moes hy hom in rang en mag en gesag beskou as alleen in die twede plaas.') Daarby moes hy die Kommissaris-Generaal raadpleeg oor alle sake van enige gewig en die bevele van laasgenoemde (in so verre nie in stryd met sy besondere instruksie nie) opvolg en ten uitvoer bring. *) Die hoogste militêre honneurs sou gegee word aan *) Secrete Not. van het Staats-Bewind 9 April 1802—31 Dec. 1802. No. 444 Rijksarchief, Den Haag. *) Ibid. Bijzondere Instructie uit 4 artiekels art. I. *) Ibid. art III. 5 66 die Kommissaris-Generaal en aan die Goewerneur dié van Generaal en Chef. Oorspronklik sou die Kommissaris-Generaal maar net 12 maande aan die Kaap vertoef het — daarna sou die Goewerneur en Generaal en Chef sy hande vry gehad het, om op te tree volgens sy eintlike instruksie. In werklikheid het die Kommissaris-Generaal 21 maande in funksie gebly1) en nog vyf maande daarna groot invloed gehad op die gang van sake, hoewel hy hom op 'n landgoed in die Kolonie terug getrek het, sodat die eindike instruksie van die Goewerneur maar 'n klem jaar van krag was. Welke mag is verleen aan die hoof van die bestuur aan die Kaap en welke pligte en verantwoordelikhede is op sy skouers gelê? De Mist was die opsteller van die stuk, wat bogenoemde moes reël en by die eerste afdeling daarvan, wat gaan oor die politieke kwaliteit en verpligtinge van die Goewerneur, het die outeur veral in die oog gehou, dat daar in die verlede aan die Kaap dikwels misbruik van mag van die kant van die Goewerneur plaasgevind het. Maar aan die ander kant wou hy die mag ook nie te veel beperk nie, waaruit 'n magtelose regering sou kon voortsprei; want die kommersiële bestuur van die verlede, waarvan die lede agente van die OosIndiese Kompanjie was, moes vervang word deur 'n „gouvernements-Bestuur", waarby „zeer veel authoriteit in den persoon van den Gouverneur zich moet verzaamlen." 2) Sodoende was de Mist bedag op middele, om 'n kragtige bestuur tot stand te bring met vrywaring teen magsmisbruik. Die Goewerneur word dan ten strengste verbied om geskenke aan te neem. Oortreding hiervan gaan gepaard met die verlies van sy betrekking. Hy word belas met die algemene sorg vir die verdediging, veiligheid, rus en goeie orde en sou sy ») Uitg. St. 255. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. *) Mem. de Mist, p. 72. vivjy uuu v»v/t cu viic ivuncijM, wöl uici ure een ui auucr au- ministrasie belas is en toesien, dat hulle hulle pligte nakom. In moeilike gevalle, waaroor hy sou moet beslis, sal hy die opienie vra van die Politieke Raad, waarvan hy altyd voorsitter is — maar in geval hierdie kollege hom oorstem en hy die betreffende besluit skadelik ag vir die belange van die Kolonie of die moederland, het die outeur hom twee weë oopgelaat; óf hy kon die besluit prowisioneel oneffektief laat bly en dan moet hy die advies van elke lid van die Politieke Raad inwin en met dié van hom self opstuur aan die Asiatiese Raad, öf hy kon die Kollege aanvul met twee lede uit die Raad van Justiesie en een' uit die Rekenkamer. Dit verhoed, dat die Goewerneur willekeurig en outokraties sal optree, maar aan die ander kant sou hy ook nie deur die Politieke Raad oorheers word nie. Beide, Goewerneur en Kollege, sou dus met versigtigheid moet handel, want deur die verpligting om hulle adviese direk op te stuur, kan die Asiatiese Raad hulle kontroleer. Tog sou nog voor die vertrek van die Kommissaris-Generaal verandering aangebring word ten opsigte van hierdie gesagsplitsing. Die regspleging was heeltemal onafhanklik van die uitvoerende mag, maar in gevalle, waar die Raad van Justiesie gunstig adviseer, kon die Goewerneur die voltrekking van doodvonnisse opskort en die stukke opstuur aan die Bataafse Goewerment. Dit was bekend, dat die behandeling van gevangene aan die Kaap allesbehalwe goed was. Daarom word aan die Goewerneur opgedra om toe te sien, dat die selle droog en lugtig is en die gevangene geskikte klere, voedsel en slaapplek sal verskaf word. Die opsteller, bewus van die feit, dat 'n groot deel van die ingesetene teen die Oos-Indiese Kompanjie in opstand verkeer het, by die oorgang van die Kaap aan die Engelse in 1795 en dat die besitting meer dan sewe jaar lang onder Britse bestuur was, wou middele aanwend, om die gehegtheid 67 68 aan die moederland en lojaliteit aan die Bataafse regering te bevorder, om sodoende die Bataafse soewereiniteit en die afhanklikheid van die volksplanting te bewaar. Hierdie doel moes die Goewerneur probeer bereik deur die aanmoediging van kunste en wetenskappe en die bevordering van goeie sedes en beskawing, handel, landbou erT seevaart. In hierdie verband is dit aan die Goewerneur ook absoluut verbode om self handel te drywe, waardeur die belange van die ingesetene benadeel sou word en wrywing kon ontstaan. Soos reeds gemeld, was de Mist die opsteller van hierdie Instruksie ■— hy sê dit self — maar al was dit nie bekend, wie die geestelike vader van hierdie stuk was nie, sou na die lees van sy Kaapse rapport, alle twyfel daaromtrent opgehewe wees. Duidelik tree dit in die lig, veral in verband met die sorg vir die buitedistrikte en die Hottentot- en Kafferpolitiek. De Mist wou besondere aandag skenk aan die inwoners van die buitedistrikte. Hy het gevoel, dat hulle in 'n staat van verwaarlosing verkeer het en nie die nodige belangstelling van die regering in de verlede geniet het nie. Dit sou verander kragtens die veranderde oogpunt, waaruit die Bataafse regering die Kolonie beskou het, in teenstelling met dié van die Oos-Indiese Kompanjie. Die Goewerneur moes hom voortdurend op die hoogte hou met die belange en behoeftes van die buitedistrikte en ter bevordering van hierdie kennis is hom opgedra, om gereelde korrespondensie te hou met die landdroste. De Mist wou die hele gemeenskap in die Kolonie nader aan mekaar bind en die kloof, wat daar reeds bestaan het tussen die Kapenaar en die buiteman, verklein. So sou die Goewerneur voorsiening maak in die geestelike behoeftes van die koloniste en hier veral weer van die buitedistrikte. Die openbare godsdiens onder hulle moes geëerbiedig en beskerm word, die opvoeding bevorder, deur kundige en geskikte skoolmeesters oor die hele Kolonie te versprei en daar moes toegesien word, dat laasgenoemde hulle pligte vervul — ook deur nuttige skoolboeke, almanakke en van tyd tot tyd ook „nieuwspapieren met Vaderlandsche en 69 Europische Nouvelles en voorschriften van verbeterde Land economie" onder die bereik van die ingesetene te bring. Om dit te verwesenlik, sou die Goewerneur tot sy besondere disposiesie en onder sy opperdireksie die goewermentsdrukkery hê. Om bogenoemde bedoeling so gou moontlik effek te laat neem. sal die Goewerneur in sy kwaliteit van generaal en chef tussen Kaapstad en die buitedistrikte korrespondensieposte stig, waardeur alle politieke en militêre orders, rapporte en informasie die koloniste in die minste tyd kan bereik. Ook aan die verhouding tussen die boere en inboorlinge en veral tussen die grensbewoners en die Kaffers, moes spesiale aandag gegee word. 'n Afdeling troepe, onder 'n bedaarde offisier, sou na die grensdistrikte en veral na GraafReinet afgestuur word, om die verwaarloosde orde daar te herstel en 'n goeie verhouding met die Kaffers te verkry of te bewaar en te waak teen invalle van hulle kant — maar veral om die „noodelooze wreedheden en mishandelingen tegen dezelve en de Bosjesmans Hottentotten of eenige 's Lands inboorlingen, te veelmalen gepleegd door alle militêre en politieke middelen... te doen cesseren." Hier raak de Mist een van die moeilikste probleme in die Suidafrikaanse geskiedenis aan, 'n vraagstuk, wat al groter en groter afmetinge aangeneem het en waarvan die oplossing vandag nog vér in die toekoms lê. Die Naturelle-politiek sal later behandel word. Wat hierdie deel van die instruksie betref, dien hier alleen op gewys te word, dat de Mist die opvatting in verband met die wreedheid en mishandeling van die on» skuldige inboorlinge onmiskenbaar van Barrow oorgeneem het, van wie hy by die opstelling van sy rapport „met succes" gebruik gemaak het1) — die man, wat so bevooroordeeld was teenoor die boerebevolking van die Kaap. Hoe die Kommissaris-Generaal hierdie sienswyse, na eie aan- *) Mem. de Mist, p. 4. 70 skouing en ondervinding gewysig het, sal op sy bestemde plek behandel word. Die laaste afdeling van die instruksie het gegaan oor die funksie van die Goewerneur in sy kwaliteit as Generaal en Chef. As opperhoof van die hele militêre mag, die burgermag ook ingesluit, sou hy sorg vir die goeie behandeling van die troepe, wat huisvesting, klere en voedsel betref en tewens dat daar vir 'n hele jaar proviesie in die magasyne aanwesig sou wees. Die militêre organisasie aan die Kaap, wat betref krygsartiekels, orde, wette en jurisdieksie, sou dieselfde wees as in Nederland. In geval omstandighede veranderinge eis, moes die Asiatiese Raad of die Raad van Oorlog in kennis gestel word. Die praktyk sou in hierdie geval bewys, dat 'n afstand van 6000 myl die uitvoering van hierdie artiekel in die weg gestaan het — meer spesiaal wat appèl tot die Hoë Militêre Geregshof in Nederland betref, wat later gelei het tot die instelling van *n hoë militêre geregshof aan die Kaap. Desnieteenstaande is die bedoeling van die Bataafse regering ook hier duidelik — 'n nadere toehaling van die band tussen die Kolonie en die moederland. Die verhouding tot ander moondhede word vasgelê in die opdrag, om aan die Kaap alle skepe, Nederlandse en andere, te prowiandeer, teen redelike betaling — 'n direkte uitvloeisel van Artiekel VI van die Vredesverdrag van Amiens, waarby die Nederlandse regering die verpligting op hom geneem het, van absolute gelyke behandeling wat verversinge betref van die skepe van die medekontrakterende moondhede met die van die Bataafse Republiek. Dit was die bevoegdhede en verpligtinge van die Goewerneur in sy politieke en militêre kwaliteit. Maar daarby word hom sterk onder die oog gebring, dat hy deur sy senders tot verantwoording sal geroep word en daarom moes hy elke kwartaal dubbele afskrifte van die notule en besluite van die Politieke Raad en ook 'n kort balansstaat van die publieke kas (deur die Rekenkamer opgemaak), aan die 71 Asiatiese Raad opstuur, waaruit sy hele bestuur aan die Kaap kon gekontroleer word. Maar hoewel die Goewerneur uitgebreide outoriteit besit het en al die belange van die volksplanting in die eerste instansie aan hom opgedra is, kon hy natuurlikerwys nie alles behartig nie en sodoende sou hy in sy uitvoerende kwaliteit in die eerste plek bygestaan word deur 'n „Raad van Politie." !) b. Die Politieke Raad. Hierdie kollege, wat bestaan het uit vier lede, met die Goewerneur as aanblywende voorsitter, is ook op 1 Maart 1803 aan die publiek voorgestel, met 'n aanspraak, waarin die Kommissaris-Generaal begin met 'n aanhaling uit sy Kaapse rapport, om die Kaapse ingesetene aan te toon, hoe dit moontlik was vir die Staatsbewind, om soveel verandering e in die volksplanting te laat invoer. „Hoe zeer wij doch met alle welmeenende 's Lands Ingezeten, de rampen, verliezen en vernederingen betreuren, die ons, den nu geëindigden oorlog berokkend heeft — hoezeer niemand meer dan wij een afschrik kan hebben, van alle, zogenaamde revolutionaire maatregelen — zo is dit echter een, zo niet het eenigst gelukkig uitwerksel van staats omwentelingen, en van de groote epoques van oorlog en vrede, dat men, bij zulke tijden, als ware het door eenen electrischen slag, zaaken veranderen, en verbeeteringen daar stellen kan, waar toe vijftig jaaren, in rust en vrede doorgebragt, anders ontoereikende zijn."8) ') Die Raad het in die begin bestaan uit Rudolph Antony de Salis; Mr. G. R. van Polanen (eers op 26 Maart met die Amerikaanse skip Silemis aangekom); Mr. Jacobus Philippus Medenbach Wakken provisioneel: Willem Ferdinand van Rheede van Oudtshoorn; sekretaris: Mr. G. H. Neethling; 2de sekretaris en chartermeester: Mr. Jacob Gerbrand Copes van Hasselt. *) Not. de Mist 1 Maart 1803, Dl. V. Kol. Arch. 4361; Mem. de Mist, pag. 13. 72 Maat direk na hy die ingesetene op hierdie heüsame vrug van die Rewolusie gewys het, bring hy in herinnering, dat die volmaakte aan hierdie kant van die graf nie te vind is nie, dat die grootste vryheid en volksvoorspoed daar bestaan, waar die Wet regeer en geen „eigendunkelijk gesag" nie — waar die openbare rus en veiligheid nie deur elke onverlaat gestoor kan word nie, maar waar eerbied en Godsdiens en burgerdeugde en gehoorsaamheid aan die wettig aangestelde magte van bestuur die toon aangee. Hy is deur die Bataafse goewerment gestuur, om „den stouten slag te slaan" waardeur die „gebrekkig gebouw" en „wanstaltig zamenstel van een koopmans Bestuur", wat miskien wel vir 'n verversingsplaas draaglik was, maar vir 'n aansienlike volksplanting ondienstig en drukkend geword het, te vernietig en 'n „nieuwen verbeterd" in die plek te stel. Hy handig aan die Raad 'n instruksie oor as leidraad, waarvolgens hulle hulle beraadslaginge en handelinge te reël sou hê en vra hulle om aanmerkinge oor wat hy in daardie stuk vasgelê het, sodat hy aan die Staatsbewind 'n stuk 'kan oorlewer, wat van alle kante goed besien is. In hierdie instruksie1) sal dan tewens moet uitkom hoe die Kommissaris-Generaal meen om „met eene spons al het voorige gebrekkige en verkeerde" uit te wis.2) Dit sou veel gemakliker gesê dan gedaan wees. In elk geval, die eerste afdeling van die instruksie gaan oor die samestelling van die kollege, wanneer hulle vergader en hoe hulle stem veral tydens die afwesigheid van die Goewerneur, wat alle stukke, memories, rekweste, adresse en briewe, geadresseer aan Goewerneur en Raad oopmaak en in deliberasie bring, wanneer hy dit goedvind.3) Oorspronklik moes hy dit doen in teenwoordigheid van die Raad, maar op aandringe van Janssens het de Mist dit verander en so- ') De Mist, Br. en Bijl., p. 200. Kol. Arch. 4356. *) Mem. de Mist, p. 14. *) Instructie Politieke Raad art. 15. 73 doende die outoriteit van die Goewerneur veel verhoog. By lange afwesigheid of oorlyde van die Goewerneur, sal die presidium by die vier lede rondgaan en in laasgenoemde geval sal hulle volgens die bestaande wette en gewoontes moet regeer, sonder nuwes te maak en by staking van stemme sal hulle een lid uit die Rekenkamer en twee uit die Raad van Justiesie byvoeg. Die Raad van Poliesie sou hom nooit mag beskou as 'n kollege, afgeskei van die Goewerneur nie, maar met en naas hom belas wees met die beleid van die publieke sake van die Kolonie (behalwe dié wat afsonderlik aan die Goewerneur opgedra is), waaronder in die eerste plek verstaan word, die opmaak van 'n leër, waarin al die bruikbare gronde, volgens hulle ligging, in die verskillende distrikte sal aangeteken word. Hierby sal ook aangegee word aan wie die gronde behoort, in leen of in eiendom, welke soort en hoeveelheid produkte daarop voortgebring word en waarvoor die onuitgegewe plase nog geskik was. Om van dit alles op hoogte te kom en ook met betrekking tot ewentuele veranderinge, moes die Raad 'n reëlmatige korrespondensie met die landdroste van die distrikte onderhou. Breedvoerig word dan die aandag gewy aan die bestaande toestande in die distrikte met die oog op die ontwikkeling van die aanwesige welvaartsbronne. Ter bevordering hiervan is rus en orde 'n eerste vereiste. Die groot uitgebreidheid van die destydse distrikte het hierdie gewenste voorwaarde nie in die hand gewerk nie en so het 'nTldeiner verdeling daarvan die besondere sorg van die Kommissaris-Generaal geniet. Dit sou dien tot die gerief van die ingesetene en tot 'n beter handhawing van rus en orde asook tot 'n beter uitvoering van die regspleging. In die agtergrond van die gedagte van die Kommissaris-Generaal het altyd gelê die woelinge in die grensdistrikte van Graaf-Reinet en Swellendam. Binne drie jaar moes die Raad van Poliesie advies in verband hiermee by die Asiatiese Raad indien. Direk moes hulle alle middele aanwend vir die verbetering van landbou en vee- 74 teelt, desnoods deur die aanlê van eie modelplase, waar „nieuwe en verbeterde huishoud-kundige regelen" in praktyk gebring word. Hier kom boomaanplantinge die eerste aan die orde, om te kan voorsien in die nodige brand- en timmerhout. Maar middele moes ook aangewend word vir 'n beter verkeer tussen Kaapstad en die buitedistrikte en' tussen die dorpe en die boerderye onderling. Oor die riviere wat die hoofweë doorsny moes, indien enigsins moontlik, brfie gebou en ponte of skuite aangelê word, om die deurgaan van mense, vee en waens te vergemaklik. Langs die hoofweë moes „bekwaame wegwijzers" geplaas en vir herberge gesorg word, veral op die plekke; waar daarin nie voorsien word deur die gasvryheid van die ingesetene nie. Dit sou dan rusplekke wees vir mens en dier en boweal die aanvoer van produkte uit die binneland „naar de Kaapstad als de algemeene Markt" vergemaklik. Maar ook die geestelike behoeftes van die bevolking word aan die spesiale sorg van die Raad opgedra, o.a. 'n beter voorsiening in verband met geneeskundige hulp. Dan gee die outeur die lyne aan waarvolgens die Staatsbewind sy naturelle-politiek gevoer wou hê — eers ten opsigte van die behandeling van die slawe en dan die beskerming en behartiging van die belange van die Hottentotte en die bevordering van 'n goeie buurskap met die Kaffers. Daarop volg die finansiële politiek, wat die Raad hier in praktyk sou bring, die rigsnoer vir belastinge, die inwendige handelspolitiek, die verhouding van die kollege tot die Raad van Justiesie en ten slotte die verpligting, dat 'n driemaandelikse verslag aan die Asiatiese Raad opgestuur sal word. So het die Kommissaris-Generaal op 1 Maart weer aan die Kolonie 'n Nederlandse politiek bestuur gegee en kon die Goewerneur met sy Raad 'n aanvang maak met hulle werksaamhede. Maar daar hierdie werksaamhede van so'n uitgebreide aard was en veral ter voorkoming van die „menigte mesures" in die verskillende takke van administrasie spesiaal van finansiële kant, het de Mist in sy rapport oor die 75 Kaap aan die Staatsbewind voorgestel, om nog 'n Kollege van politiek bestuur in te stel, geheel onafhanklik van Goewerneur en Raad en alleen verantwoordelik aan die Asiatiese Raad vir al die finansiële uitgawes van die Kolonie. Die hele finansiële beheer sou onder hierdie Kollege berus. Sonder sy kontrole en ondertekening sou geen betalinge in geld of aflewering van goedere aan die siviele of militêre staat van die Kolonie geskied nie. De Mist het hier as voorbeeld geneem die „Generaliteits- en andere Gewestelijke Rekenkameren" in Nederland. Die Rekenkamer. Die Kommissaris-Generaal het gewag tot 31 Maart, voordat hy oorgegaan het tot die installasie van hierdie Kollege.1) In sy aanspraak by dié geleentheid gee hy duidelik sy bedoeling weer omtrent hierdie liggaam. Dit was 'n inrigting wat nuut en sonder voorbeeld was in die Nederlandse volksplantinge. In Nederland eg ter, is 'n dergelyke instelling „van de oudste tijden der Gemeenebest-Regeering, door alle wisseling van tyden heen en onder allerley Regeeringsformen ... bewaard gebleeven, zelfs in de laatste jaaren in welke men de vernietiging van alle oude instellingen, zonder onderzoek van derzelver deugd of ondeugd, in navolging eener tweede beeldstorming, scheen gezwooren te hebben, is dit Heiligdom van 's Lands Finantien, hoe zeer in de form veranderd en misschien verbeterd, doch echter, wat het weezen der zaak aangaat, met eerbied bejeegend en voor vernieling bewaard gebleven." *) Maar deur die instelling van 'n Rekenkamer wou die Kommissaris-Generaal die ingesetene 'n besondere blyk van wel- *) Tot lede van die Rekenkamer is benoem Egbertus Bergh, Pieter Laurens Ooete, Coenraad Nelson en sekretaris: Jan Frederik Serrurier. *) Aanspraak by die installasie van die Rekenkamer, 31 Maart 1803. Dl. V. Kol. Arch. 4361. 76 willendheid van die Bataafse regering skenk, wat hierin geleë was, dat die Staatsbewind hom gelas het, om prowisioneel alleen persone, wat aan die Kaap gebore is of wat deur langdurige inwoning met hulle gelykgestel kon word, aan te stel as lede van hierdie Kollege. Dit is bekend, dat de Mist die ou Burgerraad af geskaf het — die enigste Kollege, waarin 'n kiem van volksverteenwoordiging aanwesig was. Deur die instelling van 'n Rekenkamer wou de Mist 'n kardinale moelikheid omseil — die punt waaroor alle volksplantinge in die verlede in botsing gekom het met die moederland — n.1. belasting sonder medeseggingskap in die aanwending van die belastingpenninge. Waarskynlik het die Kommissaris-Generaal die les wat Engeland geleer het ten opsigte van dieselfde kwessie met sy Noord-Amerikaanse Kolonies ter harte geneem. Daardie groot ontnugtering op die gebied van kolonisasie en die verhouding tussen moederland en Kolonie was nog vars in die geheue. In elk geval was sy bedoeling hier duidelik: „De rigtige verantwoording van de penningen, tot 's Lands dienst bestemd en waarvan een goed gedeelte door de Ingeseetenen zelve moet worden opgebragt, koomt dus onder het oog en passeert de narekening van hunne eigene Medeburgers. Er kan dus, zonder den kwaadaartigsten Laster bot te vieren, nimmer een vermoeden of verwijt ontstaan, dat een eenig 's Lands Dienaar alhier zich ten quader trouw en teegen zijn pligt met 's Landspenningen zou hebben verrijkt of agterlijk blijven in het doen van zijne Jaarlijksche Rekening en verantwoording." 1) Dit was buitengewoon goed gesien van de Mist. Aan die een kant wil hy deur die Kollege kontrole uitoefen op al die ander amptenare, wat met die inkomste of uitgawes van die Kolonie te doen gehad had. Zelfs die hoogste mag aan die Kaap was nie van die kontrole uitgesonder nie, hoewel hy die Rekenkamer gelas, om die Goewerneur en Raad behulpsaam te wees „in het bezorgen van prompte en rigtige be- *) Ibid. 77 taalingen, die zijl: tot het Bestuur der gemeene zaak nodig oïrdeelen."1) Daarby moes die Kollege Goewerneur en Raad voorlig en raadgee in alle sake, wat met die finansies te doen gehad het, maar nooit mog hulle die hoogste liggaam op enige manier teenwerk nie, of struikelblokke in die weg lê, wat die voortgang van die algemene bestuur kon bemoeilik. Maar aan die ander kant wou de Mist deur die besetting van die Kollege met Afrikaners, die koloniste meer geheg maak aan die moederland. Hy wou hulle 'n bewys gee, dat die kommersiële bewind van die Oos-Indiese Kompanjie 'n saak van die verlede was en dat die Bataafse regering hulle as 'n Kolonie op 'n regvaardige wyse wou behandel. Alles sou egter afhang van die pligsvervulling van die aangestelde lede, wat direk deur die Asiatiese Raad benoem word. Die Kollege sou in rang net onder die Goewerneur en Raad kom. Die praktyk sou leer, dat dit een van die nuttigste instellinge was, wat de Mist aan die Kaap in die lewe geroep het. Die eintlike doel van die nuwe inrigting was om te sorg, dat al die inkomste van die goewerment op 'n reëlmatige wyse ontvang en niks tot skade van die land uitgegee word nie. Bowedien moes die Kollege toesien, dat aan die land niks in berekening gebring word, wat nie inderdaad aan goedere -gelewer of aan handearbeid verdien is nie. Hulle moes by alle publieke aanbestedinge toesien, dat die laaste betaling nie geskied nie, voordat dit geblyk het, dat aan alle voorwaardes van die kontrak voldaan is. Wanneer daar van landsweë inkope gedoen word, dan was dit die plig van die Kollege om toe te sien, dat die berekening die markprys nie oortref nie en ten slotte moes hulle alle administrasies, wat met die inkomste en uitgawes van die land te doen het, op so'n wyse kontroleer, om die land te laat toekom waar dit reg op het — m. a. w. die Rekenkamer was verantwoordelik vir die *) Ibid. 78 juiste ontvangs en besteding van al die fondse van die Kolonie.1) En so'n instelling was absoluut noodsaaklik. De Mist meen. dat onder die medewerkende oorsake van die treurige verval van die Indiese besittinge, ook gereken moet word die slegte waarneming van die menigvuldige ampte „die voor een goed deel geschapen wierden, om den uit het Vaderland derwaards gezonden gunstelingen in korten tijd te verrijken." Maar dit het nie by slegte waarneming alleen gebly nie, maar selfs oorgegaan tot die „schandelijkste landsdieverijen, over welke de verstaalde voorhoofden niet meer schaamrood wierden." Deur die gebruik van slegte gewigte by die regeringsmagasyne of deur die afkoop van hereregte, waardeur die amptenare hulle verryk het, is daar geknaag aan die hartaar van die Nederlandse maatskappy. „Ik ben onverbiddelijk gestreng en kan met moeijte mijn gelaatendheid bewaaren, als mijn pligt van mij vorderd op dit onderwerp te denken, te spreken of te schrijven." s) Bostaande het meer op die amptenare-wêreld aan die Kaap betrekking gehad. Maar ook in verband met transaksies tussen die Regering en partikuliere het die Goewernement maar al te dikwels aan die kortste toutjie getrek en hier het die verontwaardiging van de Mist geen perk geken nie. Om hulle kontrole goed uit te oefen, moes die Rekenkamer dikwels persone voor hulle laat verskyn in verband met rekeninge. Dit het soms tot wrywing met die Kollege aanleiding gegee. Sommige het geweier om te verskyn of om die gevraagde ophelderinge te gee. So verskyn daar op 27 Junie 1803 'n proklamasie van die Kommissaris-Generaal, waarin hy nogmaals die doel van die Koloniale Rekenkamer breedvoerig uiteensit. Om aan te toon hoe diep oortuig de Mist *) Publicatie de Mist 27 Junie 1803. Not. de Mist, Dl. VII. Kol. Arch. 4363. *) Aanspraak by die instelling van die Koloniale Rekenkamer 31 Maart 1803. Not. de Mist, Dl. V. Kol. Arch. 4361. 79 was van die noodsaaklikheid van hierdie instelling en van die feit, dat die land in finansiële transaksies met partikuliere nie altyd eerlik behandel is en word nie, getuig wat in skrif op 'n kopie van hierdie proklamasie in die hand van de Mist aangebring is. Die proklamasie begin met: „De CommissarisGeneraal van het Bataafsche Gouvernement in ervaaring gekomen zijnde, dat sommige [Ingezetenen, waarschijnlijk bij gebrek aan genoegzaame kennis van den aart en het doelwit der Coloniale Rekenkamer, zwaarigheid maaken, ofschoon daartoe behoorlijk geroepen, echter voor gemelde Rekenkamer te verschijnen en aan dezelve opening en opheldering te geeven, omtrent zodanige vraag-poincten als aan hen aldaar zouden worden voorgesteld. .. verklaart:" — en dan gaan hy kalm voort om die doel van die instelling weer te gee. Om die woord Ingezetenen het hy egter later 'n teken aangebring en aan die voet van die proklamasie by dieselfde teken die volgende neergeskrywe: „Varians lectio [schurken, van ouds gewoon den Compagnie of het land op alle wijzen te bedriegen — 25 % hoger prijs te declareeren, als zij zelve voor de goederen betaald hebben — te zweeren, dat zij echter niets daarbij winnen, waarom zij discretelijk 5 % daar boven vragen — nu het onderzoek daar na op alle wijzen zoeken te ontduiken; en den Commissaris-Generaal vervloeken, om die helsche uitvinding eener Rekenkamer, waarvan men hier te voren geen denkbeeld had, daar men in de geruste possesie was te steelen zo veel als men gevoeglijk doen kon. En de Commissaris-Generaal, echter, eenen eed aan God en het Vaderland gedaan heeft den laatsten gestolen gulden die hij ontdekken mogt, tot voor de poorten der Helle terug te haaien, hetgeen hij met de nijptang der Rekenkamer, zonder zich te branden, zeer gemaklijk doen kan en zal. Zo is het enz."1) Dit is voorwaar sterke uitdrukkinge aan die adres van die partikuliere handelare van die Kaap en die verontwaardiging ') De Mist, Br. en Bijl., p. 257. Kol. Arch. 4356. 80 van die kalme en beredeneerde gees van de Mist moes al heel- diep gewees het alvorens hy kon oorgaan om op so'n manier en insulke terme daaraan uiting te gee. Maar ook wat die Rekenkamer self betref, sou die Kommissaris-Generaal gou ondervind, dat dit nie voldoen nie aan die heilsame oogmerk, waarvoor dit ingestel was — óf deur misvattinge omtrent die ware gees en mening van sy pligte óf deur die verkeerde toepassing van sommige voorskrifte. In elk geval het daar gedurig botsinge voorgekom met die administratiewe amptenare, wat erg skadelik was vir die bevordering van die algemene belang en tot stremming van die publieke administrasie gelei het. Dit sou egter blyk, dat die moeilikhede grotendeels voortgesprei het uit die besetting van die Kollege. Daarom besluit die Kommissaris-Generaal dan ook, uitgaande van die beginsel, „dat 's Lands behoud de hoogste wet is," om die Rekenkamer te ontbind en al die lede daarvan te ontslaan.1) Maar op dieselfde dag, 11 April 1805, het die Kommisaris-Generaal weer oorgegaan om 'n Kollege onder dieselfde naam in te stel, bestaande uit 'n aanblywende president en twee lede, met 'n sekretaris en 'n kontroleur (met advieserende stem).2) Na hierdie verandering in die besetting van die Kollege, het dit dan ook volkome beantwoord aan die verwagtinge van die Kommissaris-Generaal, sodat hy aan die Staatsbewind kon meedeel: „De Coloniale Rekenkamer voldoed ten vollen aan de bedoeling, die ik had, toen ik de creatie daarvan aan den Asiatische Raad en door den Raad aan het Staats Bewind voorsloeg."8) Ook nog telkens daarna getuig hy met tevredenheid aan sy Regering oor die werksaamhede van hierdie Kollege. Na die vertrek van die Kommisaris-Generaal, sou Janssens >) Not. de Mist 11 April 1804, Dl. X. Kol. Arch. 4366. *) Clement Matthiesen, Abraham Fleck, Michlel Gie, Jan Frederik Serrurier en Godfried An dries Watermeyer. 3) De Mist, Br. en Bijl., p. 145 vo. Kol. Arch. 4356. 81 die werksaamhede van die Rekenkamer nog verder uitbrei en dit tot 'n sentrale maak, waarop die finansiële kant van alle administrasies in alle opsigte sou uitloop. Uit die aart van die saak was die ontvangers van die goewermentsinkomste direk onder die superwiesie van die Rekenkamer. Voorheen was alle ontvangste beheer deur 'n „Boekhouder der Generale Lands-Inkomsten". *) De Mist het die werksaamheid in drie gesplits en wel in 'n „ComptoirGeneraal", die ontvanger van ,,'s Lands middelen te water" en die ontvanger van die binnelandse inkomste,2) om sodoende 'meer orde en reëlmaat te bring in die verantwoording van die regeringsinkomste. Deur die instelling van die Koloniale Rekenkamer het die Kommissaris-Generaal seker heel veel misbruike, wat vroeër, toe die een mes die ander in die skede gehou het aan die orde van die dag was, opgehef. Maar nog op 'n ander wyse wou hy die vroeëre gebrekkige opruim en verbeter. Wat goed was vir die Kaap as 'n suiwer verversingstasie, kon uit die aard van die saak nie meer deug vir 'n landbouende kolonie nie en de Mist het sy nuwe ideë ook toegepas, wat die regspleging betref. d. Justiesie-wese aan die Kaap. Gedurende die latere jare van die bestaan van die OosIndiese Kompanjie, was daar telkens ontevredenheid wat die regspraak aan die Kaap betref. Daar was 'n Raad van Justiesie, maar sonder 'n goedomlynde instruksie. Die publieke vervolger, onder die naam van fiskaal, was heeltemal onafhanklik van die Raad van Justiesie en gehaat deur die meerderheid van die inwoners, om sy willekeurige handelwyse. *) Uitg. St. 140. De Mist—Col. Rekenkamer 28 Junie 1803, Dl. VIL Kol. Arch. 4363. *) Ibid. 6 82 Die instelling van hierdie onafhankelike amp het in die begin juis ten doel gehad, om te waak vir die belange van die Kompanjie en vir die beskerming van die koloniste teen die eiedunklike gesagsuitoefening van die politiek-kommersiële outoriteite aan die Kaap. Maar mettertyd het die uitoefening van hierdie funksie vir die inwoners geweldig drukkend geword. Die fiskaal was alleen verantwoordelik aan die Here XVII in Nederland. Tog kon by die Raad van Justiesie op Batawië geappeleer word teen vonnisse van die Kaapse Raad van Justiesie en teen die handelwyse van die fiskaal. Wel was daar duisende plakkate en ordonnansies aanwesig in die Argief van Kaapstad, maar geen algemene bekende wetboek nie. Landdroste en heemrade moes die laëre jurisdieksie in' die buitedistrikte uitoefen sonder 'n rigsnoer, waarvolgens hulle hulle handelwyse kon reël. Al die bogenoemde kon en het tot botsinge aanleiding gegee. Wel is daar deur die Kommissarisse-Generaal in 1793 poginge aangewend om verbeteringe aan te bring, maar sonder die gewenste sukses.l) Die funksie van die fiskaal, om te waak vir die monopolistiese kommersiële belange van die Kompanjie was onder die veranderde omstandighede nie meer nodig nie. Daarom het de Mist aan die Staatsbewind voorgestel, om aan die Kaap 'n Raad van Justiesie van ses lede te gee, almal gepromoveer in die regte, met 'n prokureur-generaal en 'n sekretaris. Daar die naam fiskaal aan die Kaap 'n wanklank geword het in die ore van die ingesetene, het die publieke aanklaer die naam van prokureur-generaal gekry. Dieselfde geld met betrekking tot die naam landdros, wat hy deur balju wou vervang. In die buitdistrikte het die ou naam van landdros egter voortgelewe. Dit lê voor die hand, dat appèl teen gelewerde vonnisse nie meer na Indië gerig sou word nie, maar direk na die Hoë Geregshof van Nederland in Den Haag. Ook die gebruik of 1) Mem. de Mist, p. 90. 83 misbruik, dat 'n persentage van die boete, deur die Raad opgelê, die fiskaal ten goede kom, word afgeskaf, daar dit in die verlede aan ernstige misbruike onderhewig was. Die beklaagdes was van oordeel, dat hulle vervolg word hoofsaaklik, om die sak van daardie beampte te vul. So het de Mist ook op 1 Maart 1803, by die installasie van die Raad van Justiesie, die geleentheid gehad, om aan sy juriediese geskooldheid uiting te gee en aan die publiek en die Raad1) mee te deel, wat die taak van laasgenoemde was en hoe hy die uitvoering daarvan verwag. De Mist, die juris, het 'n heilige eerbied vir alle gesag gehad. Hy beskou die regterlike amp dan ook as die edelste roeping, wat 'n sterfling te beurt kon val: „Geen mensch koomt de Godheid nader dan hij, aan wien de Wet het zwaard der rechtvaardigheid heeft toevertrouwd — die naar die Wet over het leven of dood zijner strafschuldige medeburgers moet beslissen — en in wiens handen de bescherming van derzelver Eer en de zorg voor de veiligheid van hunne persoonen en bezittingen als in eene onschendbare bewaarplaats zijn ter neder gelegd." Hulle taak sou te moeiliker wees, daar tot die oorgang van die Kaap aan die Engelse, geen vak hier meer onseker en minder reëlmatig was nie dan die regspleging. Veral moes die Raad waak teen alle eiedunklike wraakneminge en diegene, wat deur die wet en vir die openbare veiligheid in die gevangenis kom, vir geen oomblik aan mishandelinge blootstel — nog hulle die noodsaaklike genietinge onthou nie. Die Raad sal nie toelaat, dat op onsekere vonnisse of ten gevolge van politieke maatreëls, persone in nimmereindigende ballingskap sal sug nie. Ook die dra van kettings moet alleen toegepas word, waar dit uitdruklik deur die wet bepaal is. Die Kommissaris-Generaal oorhandig die Raad dan 'n instruksie, waarvolgens hulle hulle handelwyse verder in te rig het. By die afwesigheid van die president, sal die oudste lid *) Mts. L. C. H. Srubberg ('n swaer van de Mist), E. de Man, R. van Burmania, M. A. Wichers, W. Hiddingh en D. Denijssen. 84 vaa die Raad as tydelike voorsitter fungeer, totdat die Staatsbewind tot 'n ander benoeming kan oorgaan. Al die stukke aan die Raad gerig, word deur die voorsitter ontvang en geopen. Oor die algemeen sal die Raad dieselfde wyse van prosedeer volg as tot nog toe aan die Kaap gebruiklik, in soverre egter, as wat dit nie met hulle instruksie of met die staatsreëling of met enige proklamasie in hierdie verband van die Kommissaris-Generaal in stryd was nie. Maar daarby word die uitdruklike bepaling gevoeg, dat alle meer omslagtige en kosbare gewoontes sou afgeskaf word; dat voortaan alle versoeke, klagtes en regsvorderinge van welke aard ook, by rekwes ge doen en alle pleidooie mondeling en met oop deure gehou sal word, behalwe in gevalle waar die Raad, om besondere re den e, anders sal goedvind.1) Die Raad moet alle siviele sake in behandeling neem. In uitsprake van sulke sake, bo ƒ 5000 Hollands koerant, sou die gevoniste reg van appèl hê by die Hoë Nasionale Geregshof in Den Haag, mits hy binne tien dae na die vonnis gevél is, appèl aanteken. Verder sou die Raad moet oordeel oor alle kriminele sake, sonder uitsondering; ook oor alle openbare of bedekte aanslae teen die veiligheid van die Staat en die publieke rus of strekkende tot „vilipendie" van die wettige outoriteite, regbanke of amptenare of tot omkering van die wettig ingevoerde of nog in te voere orde van sake. Die Raad van Justiesie moes ook waak teen alle misdrywe deur die goewermentsamptenare, dienare of lede van die verskillende kolleges begaan, gedurende die waarneming van hulle pligte en ook daarna.') By artiekel 66 van die instruksie word die grensskeiding tussen die regterlike en wetgewende en uitvoerende magte bepaal. Dit is veral hierdie artiekel, waarin die Goewerneur *) Proclamatie de Mist 1 Maart 1803 art. 38. Kol. Arch. 4354. *) Ibid. art. 55. 85 en Raad later verandering sou eis, daar dit botsing kon laat ontstaan tussen die politieke en die regterlike mag. Trouens, die Raad van Justiesie sal hom in sy deliberasies, vonnisse of besluite deur geen ander outoriteit hoegenaamd laat beinfluenseer nie, maar as regterlike mag volkome onafhankelik wees. Kort voor die vertrek van die Kommissaris-Generaal het hy dan ook nog hierin die verlangde verandering teweeggebring, wat later breedvoeriger behandel sal word. Die ou Raad van Justiesie moes egter, nog bly fungeer tot 1 April en intussen moes die pas geïnstalleerde Raad hom besig hou met die ondersoek van die prosesstukke van die gedetineerde opstandelinge uit Graaf-Reinet en Swellendam en de Mist van advies dien, waaruit sou moet blyk, of daar terme bestaan, om ook hulle in te sluit in die algemene amnestie, deur die Kommissaris-Generaal op 1 Maart afgekondig.1) Ook die Procureur-Generaal, Mr. G. Beelaerts van Blokland, het sy instruksie op 1 Maart ontvang. Hy sou ondergeskik wees aan die Raad van Justiesie en te wens die funksie van Landdros oor die Kaapse distrik beklee. e. Desolate Boedelkamer, Weeskamer en Bank van Lening. In 'n nou betrekking tot die Raad van Justiesie staan 'n ander nuwe instelling van die Kommissaris-Generaal. Die Staatsbewind het hom by sy instruksie opgedra, om alleen twee nuwe inrigtinge aan die Kaap te organiseer, n.1. die Koloniale Rekenkamer en die Raad der Gemeente. Op sy 1) Hierdie gevangene het die koloniale kas maandeliks /1100 HoH. koerant gekos. De Mist, Br. en Bijl., p. 165 vo. Kol. Arch. 4356. 85 cic outoriteit het hy hier 'n derde bygevoeg en wel die Desolate Boedelkamer. *) Vroeër is alle insolvente boedels en eksekusies, wat deur die regterlike vonnisse ten uitvoer gebring moet word, oorgelaat aan „eenen Sequester", wat terselfdertyd die sekretaris van die Raad van Justiesie was. *) By hierdie ministeriële funksie van hom, het hy al die boedels en die eksekusie van al die vonnisse vir sy rekening gehad. Met die beste Wil van die wêreld, deur onafgebroke arbeid en met heel veel klerke, was dit hom onmoondik, om tussen 3 en 400 boedels en eksekusies ten uitvoer te bring.8) Dit het 'n erg nadelige invloed op die samelewing gehad. Die mense het-geweet, dat die „sequester" vér agter was met die uitvoering van die aantal vonnisse en sodoende koop hulle, alle roerende en onroerende goedere vèr bo die waarde, in die versekering, dat hulle drie jaar of langer besitter van die goedere kon bly, eer hulle deur wanbetaling aan die beurt kon kom, om ^.geëxecuteerd" te word. Dit het daarby die gevolg gehad, dat borge erg maklik te verkry was. So sien de Mist dat huise en vaste goedere aan die Kaap verkoop word vir 60, 80 en selfs ƒ 100,000 en meer, wat op die beste gragte in Amsterdam nie die helfte van die somme sou opbring nie. *) De Mist het gesien, dat die hele ekonomiese gebou aan die Kaap in duie sal moet val, as dit langer so moet voortgaan. Die Kommissarisse-Generaal het in 1792 byna dieselfde toestand aangetref en dit toe probeer verbeter deur die oprigting van 'n Bank van Lening en die kreasie van 'n groot som papiergeld. Dit was wel 'n tydelike hulp, maar geen genesing nie. Die fasiliteit, wat deur die instelling van die Bank van *) „Desolate Roedelen zijn aan den Gerechte subject gewordene boedelen."a) Mr. J. A. Truter. s) De Mist—Staatsbewind 9 Junie 1803. De Mist, Secrete Not. 1802, 1803, 1804. Kol. Arch. 4353. «) Ibid. 87 Lening gebore is, om geld op hipoteek te kan leen, het wel die eksekusies gedurende 'n tyd stopgesit, maar dit het as gevolg gehad, dat die pryse van vaste goedere geweldig gestyg het. „Toen de kas der Bank ledig en geene gereede penningen daaruit meer te bekomen waren, suppleerde men dit door personeele borgtogten en onder faveur van deze borgtogten, die de Ingezetenen alle door en aan elkander geobligeerd en genoegzaam allen, over en weder tegelijk Crediteuren, Debiteuren en Borgen maakten, kogt men eigendommen voor ongehoorde waarde, die men te vooren wist nooit te zullen kunnen betalen en waarvan ook de gewoonte heeft ingevoerd, dat geen penning betaald wordt; doch waarvan men zich vleidde de renten te zullen winnen, of in welker bezit men anders berekende 3, 4 of meer jaaren ongestoord en buiten executie te kunnen blijven zitten.1) In hierdie stand van sake kon de Mist verligting bring deur 'n nuwe kreasie van papiermunt en hom sodoende aan inflasie skuldig maak, maar hy het besef, dat hy hierdeur die kwaad nog sou vererger en die pryse nog hoër sal laat styg. Daarom het hy 'n middel in werking gestel, wat die krediteure hulle wettige vermoë sou teruggee en tegelykertyd die kopers sonder eie vermoë en die sisteem van borgtogte sou bedwing. Na hy hieroor die advies van die vorige „sequester", die Raad van Poliesie en die Raad van Justiesie en ander kundige persone ingewin het, besluit die Kommissaris-Generaal, om 'n desolate Boedelkamer *) in te stel, wat alle insolvente boedels so gou moondik sou afwikkel. Die Boedelkamer sou 4 % van die opbrings van alle verkopinge van roerende en onroerende goedere aan die Ont- *) De Mist—Staatsbewind 7 Junie 1803. Secr. Not. de Mist 1802, 1803, 1804. Kol. Archief 4353. 2) O. M. Bergh, A. de Smldt en W. S. van Andringa; Sekretaris: R. D'Ozy; Conunis: A. Moorrees; Klerke: J. A. H. Palck, J. G. Munnich en bode H. Keeve. 88 vanger-generaal ten bate van die koloniale kas inlewer en 2 % in gevalle, waar direkte skikkinge tussen krediteure en debiteure getref is. Ook sou hulle hulle uitgawes moet dek uit 1V, % van die opbrengs van bogenoemde verkopinge.*) Die wyduitgestrektheid en die dunbevolktheid van die Kolonie bet die taak van hierdie Kollege soms heel moeilik gemaak. Dikwels het hulle vér in die binneland gereis, om eksekusies uit te voer en as hulle op die bestemde plek aankom, vind hulle, dat die betrokke persone met alle roerende goedere weggetrek het.2) Maar reeds in Junie 1803 kon die Boedelkamer verslag uitbring aan de Mist, waarin hulle meedeel, dat byna al die vonnisse geskik is, sonder om tot verkoop oor te gaan en dat hulle 'hoop, om deur 'n prompte afdoening van sake die publieke krediet te herstel en die sirkulasie te bevorder, deur die krediteur so gou moontlik, maar op die mins drukkende wyse, aan sy wettige besit te help.*) En tog is daar gedurende die eerste jaar van die bestaan van die Kollege, nie minder dan 538 vonnisse gevel nie, waardeur die land uit die 4 % 7932 Rds en uit die likwidasie teen 2 % 4182 Rds, 6 sk., 2 st. ontvang het.4) Kort voor die vertrek van die Kommissaris-Generaal uit die Kaap, het die Boedelkamer aan hom meegedeel, dat op daardie oomblik meesal klein vonnisse aan hulle opgedra word en dat hulle sodoende nie in staat sal wees om die salaris van die bode uit die % van die verkopinge te betaal nie, waaruit blyk, dat daar in elk geval verandering i) Besluit de Mist 22 April 1803. Not de Mist, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. (Instructie, Ink. St 404, Bijl. A. Not de Mist, Dl. XI. Kol. Arch. 4367). >) Desolate Boedelkamer—De Mist 20. April, 1803; 24 Mei, 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. *) Ink. St. 245, Dl. VII. Kol. Arch. 4363. 4) Ink. St. 345. Des. Boedelkamer—de Mist 9 Junie, 1804. Not de Mist, Dl. X, Kol. Archief 4366. 89 ingetree het, wat die opeengestapelde insolvente boedels betref.1) Die Desolate Boedelkamer het in nou verband gestaan met 'n ander heel ou instelling aan die Kaap, van wie hy dikwels boedels gekry het, om te beredder. Dit was die Kollege, waaraan die sorg vir die belange van die wese toevertrou was. By sy Kaapse rapport het de Mist die voortbestaan, desnoods met verbetering, van die Weeskamer2) aan die Staatsbewind aanbeveel. Hierdie instelling was by die aankoms van die Kommissarisse-Generaal in 1792 in 'n erg ontredderde toestand. W^. S. van Ryneveld is toe aangestel. om reorganisasie in die hand te neem. De Mist het die organtsasie self ondersoek en 'n seer gunstige rapport uitgebring oor die Werksaamhede van die Kollege van weesmeesters. In 1804 kon die Kamer beskik oor 186,937 Rds — dit het 'n groot som aan die regering geleen vir die aankoop van koring en het nog ongeveer 75,000 Rds in die kas gehad. Die Kommissaris-Generaal was só tevrede oor die werksaamhede van hierdie Kollege, dat hy prowisioneel afgesien het van enige reorganisasie en het die lede stilswyend in hulle funksie laat kontinueer.3) Behalwe die kontrole deur die Rekenkamer uitgeoefen oor die administrasie van die Weeskamer, het die Kommissaris-Generaal Goewerneur en Raad spesiaal opgedra om een keer elke jaar self inspeksie te hou en toe te sien, dat daar geen verwarring ontstaan nie.4) Reeds is in verband met die Desolate Boedelkamer melding gemaak van 'n finansiële instelling — die Bank van Le- *) Ink. St. 404. Des. Boedelkamer—De Mist 19 Febr. 1805, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. ') Pres.: W. S. van Ryneveld; Sekr.: J. P. Faure: Geswore Klerk: G. A. Watermeyer; Klerke: P. E. Faure, P. A. Poupart, J. H. Berrangé en P. J. Poggenpoel. *) Uitg. St. 242. De Mist—Gouvr. en Raad, Stellenburg, 17 Aug. 1804. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. •) Ibid. 90 ning opgerig in 1793 deur die Kommissarisse-Generaal Nederburgh en Frykenius, om te voorsien in die so dringende behoefte aan sirkulasiemiddele. Die oprigters het 'n aansienlike som papiergeld — 659,755 Rds, later vermeerder tot 810,255 Rds1) — gekreëer, wat aan die ingesetene kon uitgeleen word op hipoteke van roerende en onroerende goedere teen 5 % rente. Hiervan sou 4 % gaan aan die regeringskas en die res om die uitgawes van die bank te bestry.2) Op 4 Mei 1804 het die Kommissaris-Generaal aan die Bank van Lening 'n nuwe instruksie gegee, waarby die bestuur opgedra word aan drie kommissarisse met 'n boekhouer, tesourier en enige klerke. Beurtelings sou die kommissarisse die presidium gedurende een jaar beklee. Geld kon uitgeleen word op hipoteek van gronde, huise en ander goeie onderpande, o.a. obligasies, notarieel geregistreerde pandbriewe. goud, silwer, juwele, koopware, waardevolle huisraad en dergelike artiekele. Op pande, geleë in Kaapstad, mog nie meer as die helfte van die geskatte waarde uitgeleen word nie en op dié buite die stad twee-derdes. Op goud en silwer mog 85 % verstrek word. Onroerende goedere mog nie vir minder dan ses maande aangeneem word nie. Vir die pandbriewe moes geseëlde papier gebruik word en bowedien sou ieder een, wat 1000 Rds of meer te leen kry, een Rds en dié benede 1000 Rds 34 betaal. Daar mog nie meer dan 20,000 Rds in die Bank berus nie. Alles bo hierdie bedrag moes in die kas van die Ontvanger-generaal gestort word en onder die toesig van die Koloniale Rekenkamer staan. Aan die end van elke jaar sal die boeke aan Goewerneur en Raad vir eksaminasie deur die Rekenkamer op ges tuur word.3) Hierdie Bank van Lening het 'n eienaardige bron van inkomste vir die regëring gevorm, waaroor later meer in besonderhede gehandel sal Word. J) Mc CaU Theal, Records, vol. V, p. 195. s) Mc Call Theal, Records, 1793—1796, p. 259. s) Mc Call Theal, Records, vol. V, p. 198. 91 f- Die Raad der Gemeente. Die vryburgers of amptelose ingesetene aan die Kaap het heel vroeg onder die bestuur van die Oos-Indiese Kompanje so nie medeseggingskap in die regering nie, dan tog sydelingse invloed kon uitoefen, veral wat besluite betreffende die belange van die burgerbevolking aangaan, deurdat enige burgers kon sitting neem in die Raad van Justiesie, waarvan hulle inferieure lede was. Hulle het alleen sitting geneem, wanneer in die Raad sake behandel word, waarin 'n burger betrokke was. Hand aan hand met die vermeerdering van die bevolking, het die belangrikheid van hierdie kwasie-verteenwoordigers toegeneem. In 1783 was hulle getal drie, maar in die volgende jaar is die konstitusie van die Raad van Justiesie in soverre verander, dat dit bestaan het uit ses Kompanjiedienare en ses burgerrade, gepresideer deur 'n lid van die Politieke Raad. Die eersgenoemde lede word, by vakature, direk aangestel deur die Goewerneur en Raad. Maar in 'n derglike geval by die burgerrade, het die voorsitter van die Raad van Justiesie met die sittende burgerrade, twee burgers gekies, waaruit die Goewerneur een kon aanstel. Uit die Raad van Justiesie is nog 'n Kollege- saamgestel, waarin beide Kompanjiedienare en burgerrade sitting gehad het, onder voorsitterskap van 'n lid van die Politieke Raad. Dit was die Kollege van „Commissarissen uit den Raad van Justitie", waaraan uitgebreide algemene, maar ondergeskikte werksaamhede toevertrou was. 0.a. moes hierdie Kollege sorg vir die instandhouding van die strate van Kaapstad, van die hoofweë, koringmeule en ander geboue, wat op die koste en vir die gebruik van die burgers ingerig is. Hulle moes ook sorg vir die invordering en beheer van gelde, wat die ingesetene aan die burgerkassa moes betaal, waaronder die nagwag- en skoorsteengeld. Van al hierdie fondse moes die 92 Kollege een keer per jaar verantwoording doen direk aan die Raad van Poliesie. Verder het die wykmeester onder hierdie Kollege gestaan en by vakature het hulle 'n geskikte persoon aan die Politieke Raad voorgestel. Bowedien moes hulle nog sorg vir 'n genoegsame hoeveelheid koring in die Kompanjiemagasyne, die verkoop daarvan aan die bakkers en die verhuur van die koringmeule ten bate van die burgerkassa; hulle hou 'n oog oor die gepriwiligeerde bakkers, slagters en drankslyters. Hulle adviseer die Politieke Raad in verband met ewentuele voedselskaarste of te verwagte buitengewone prysstyginge. Daarby ondersoek en waardeer hulle die gronde van die Kompanjie. wat aan die ingesetene mag uitgegee word en met die wykmeesters was hulle belas met die goeie orde en rus van die stadsingesetene. Maar hierdie burgerrade het nog 'n besondere funksie gehad, wanneer hulle alleen vergader en onder voorsitterskap van een van hulle lede. Dan het hulle werklik 'n burgerraad gevorm, alleen gekonstitueer, om die regte van die ingesetene te verdedig en in geval van klagtes, om 'n mondstuk van hulle medeburgers te wees by die Goewerneur of by die Goewerneur en Raad. Gedurende die hele tydperk van die Engelse tussenregering aan die Kaap, het hierdie burgerraad dan ook as 'n adviserende liggaam opgetree by die Goewerneur. Hulle het aanbevelinge gedoen vir die uitgee van kleinere muntspesie, vir vernuwing van papiergeld, herstel van weë, verbetering van watertoevoer vir die stad (o.a. het hulle loodpype vir die Kaapse waterleiding uit Engeland bestel), herstel van geboue — alles wat die algemene belang van die ingesetene kan bevorder, het 'n onderwerp van hulle belangstelling uitgemaak; en kragtens die wyse, waarop hulle gekies word, kon hulle in die wese van die saak ook werk vir die belange van die ingesetene. In hoeverre die Engelse regering aan die Kaap hierdie adviese gevolg het, word in die midde gelaat. In elk geval is hier reeds aanwesig 'n kiem van 'n verteenwoordigende regering. Sou de Mist hiermee rekening hou? 93 In sy Kaapse Rapport maak hy onderskeid tussen die beleid en bestuur van sake, wat die Kolonie in die algemeen betref en dié wat alleen in verband staan tot ondergeskikte aangeleenthede wat Kaapstad of die buitedistrikte aangaan —; en hier het hy as parallel gebruik die onderskeid, wat gemaak is in die beleid van die algemene belange in die Republiek en die besondere administrasie van die departemente en stede. Hy wou dus aan Kaapstad 'n bestuur gee, met 'n vasgestelde en beperkte gebied van werksaamheid, sodat die bestuur hom nie sou bemoei nie met sake, Wat alleen sou afhang van die Goewerneur of Goewerneur en Raad. So meen de Mist, om aan die sorg van die Gemeenteraad op te dra, die bewaring van goeie orde en veiligheid binne die stad; die voorsiening van Kaapstad van genoegsame lewensmiddele; 'n betere reëling van die burgerreg van Kaapstad; die onderhoud van geboue en magasyne. Daarby sou die Gemeenteraad sorgdra vir die reinheid op weë en strate, vir die voorkoming van besmettinge, voorsiening teen brand, vir nagwagte, vir die benoeminge van „chirurgyns, vroedmeesters of vroedvrouwen en schoolmeesters". Ook wou hy die Raad juriediese bevoegdheid toeken oor klein burgergeskille, o.a. limietskeidinge. Verder sou die Kollege gereeld insamel en administrateer al die stedelike belastinge. wat deur die Goewerneur en Raad aan die Kollege oorgedra word en verder alles, wat te doen het met die handhawing van rus en orde binne Kaapstad en omgewing.1) So het dit in die bedoeling van de Mist gelê, om die ou Burgerraad af te skaf en in plaas daarvan in te stel 'n Raad der Gemeente, met bogenoemde sake aan sy sorg toevertrou. Hierdie Kollege sou bestaan uit sewe lede, nie jonger dan 25 jaar nie en inwoners van Kaapstad en die daaronder sorterende distrikte. Die keuse van die lede sou hy wil oorlaat „aan kiezers Uit de gesamentlyk gequalificeerde Burgers, die tot eene zekere, nader te bepalen somme, in de publieke ') Mem. de Mist, p. 82. 94 Lasten betaalen, by vrye stemming te kiezen, en welke, zo wel voor de eerste maal, als telkens, by elke nieuwe verkiezing, een dubbel getal aan den Gouverneur aanboden, om daar uit het eerste zevental, en vervolgens jaarlyksch, een te kiezen".1) Met die instelling van hierdie Kollege, het die KommissarisGeneraal 'n maand langer gewag as met die ander. Hy het dus by dié tyd al geleentheid gehad om hom enigsins vertroud te maak met die toestande aan die Kaap. So gaan hy op 31 Maart 1803 oor tot die installasie van die Raad der Gemeente.2.) Die lede8) van hierdie Kollege sou die tietel van „Vader des Vaderlands" kon verdien, wanneer hulle hulle roeping getrou volg en beantwoord aan die bedoeling van die Bataafse Goewerment. Hulle moes nie regeer nie, maar saggies lei — nie straf nie, maar bestraf en vermaan. „Eene aanhoudende zorg voor de zuiverheid, gezondheid en het uiterlijk aanzien van deeze uwe schoone Stad en van de wegen en waterleidingen in en nabij dezelve"; toereikende lewensmiddele, sorg teen slegte mate en gewigte, voedsel aan behoeftiges en grysaards; die verbetering „van de zoo noodige opvoeding der jeugd, van de beschaaving en verligting uwer Natuurgenooten, van welke couleur zij zijn mogen; de uitbreiding van'handel en scheepvaart" — dit word oor die algemeen opgedra aan hierdie Kollege. Maar by die prowisionele instruksie4) word in die besonder nog aanbeveel „houtpotingen van opgaande Boomen en brandhout op alle mooglijke wijze binnen het stedelijk District te bevorderen en aan te moedigen".5) Hulle sou direk moet *) Ibid. p. 83. 2) Not. de Mist 31 Maart 1803, Dl. V. Kol. Arch. 4362. *) Cornelis van der Poel, Gerrit Hendrik Meijer, Anthony Berrangé, Pieter van Breda, Jan Andries Horak, Jacobus Johannes Vos, Johannes Adrianus Vermaak en Sekr. Cajus Jesse Slotsboo. *) Br. en Bijl., de Mist. Kol. Arch. 4356. Mc Call Theal, Records, V, p. 178. 6) Ibid. Art. 9. 95 ondersoek welke goewermentsgronde geskik was vir boomaanplanting en die geskikste wyse, waarop 'n deel daarvan verkoop of op rekogniesie uitgegee kon word. Die Raad der Gemeente sou daarby ook moet opstel 'n reeks van keure, waarby die bakkerye, slagterye, drankhuise en herberge in die kleinste besonderhede gereël word. Die „vrijzwarten" van die Kaapse distrik sal onder die sorg van die Raad staan en gebruik word om die brandspuite te hanteer. „Gevaarlijke Fabricquen, Traficquen of Handteeringen", waarby maklik brand kan ontstaan, sou nie in digbeboude buurte mog opgerig word nie. Daarby sou weer 'n stedelike skuttery ingestel word, om te waak teen vabonde, bedelaars en suspekte vreemdelinge. Die Raad slaan ag op die sedelike gedrag van die burgers en ingesetene van Kaapstad, „opdat dezelve geen onbetamelijke of ergerlijke conduiten of verkwistende levenswijze voeren." *) Om die onkoste, in verband met al die bogenoemde werksaamhede te dek, sou die stedelike Kassa sy fondse trek uit die bestaande waggelde, leeue-, tier-, brüe- en waensgelde. Hulle sou geen reg hê om hierdie belastinge te vermeerder of nuwes in te voer nie, sonder die toestemming van die Goewerneur en Raad. Daarbowe sal al hulle finansiële aangéleentheid aan die kontrole en inspeksie van die Koloniale Rekenkamer onderhewig wees. Volgens hierdie instruksie word die grootste gedeelte van sake, wat vroeër opgedra was aan die Burgerraad, toevertrou aan die sorg van die Raad der Gemeente, maar tewens kom daar ook duidelik uit 'n verskil in die bevoegdhede aan die twee Kolleges gegee. Die Burgerraad was veral die vertolker en verdediger van die belange van die burgery van die hele Kolonie by die hoogste mag in die Volksplanting. Van hierdie bevoegdheid is daar in die nuwe instruksie geen sprake nie. Die Raad der Gemeente was 'n suiwer munisipale instelling tot Kaapstad en die Kaapse distrik beperk. Hoewel by ar- '*) Ibid. Art. 26. 96 tiekel sewe bepaal word, dat die Kollege 'n reglement sal ontwerp „naar hetwelk de oproeping, verdeeling en stemming der stembevoegde Burgers tot het doen van eene nieuwe keuze voor een der afgaande Leden" en aan die beoordeling van Goewerneur en Raad sal aanbied — tog was hierdie skynbare uitbreiding van die kiesreg nie van so'n groot betekenis nie, omdat die Kollege, wat gekies word, die bevoegdheid gemis het om op te tree vir die voorregte van al die ingesetene en hulle belange by die Regering te verdedig. Die Burgerrade is nie deur die ingesetene as sulks gekies nie, maar 'n vakature is opgevul deur die Goewerneur. uit 'n dubbeltal, deur die sittende Burgerrade ingedien. In 1803 het dit in die bedoeling gele van die KommissarisGeneraal, om die Kollege regstreeks deur die ingesetene van Kaapstad en distrik te laat kies — maar wanneer daar 'n maatreël deur die Regering geneem word, wat volgens die bevolking drukkend of teen hulle belange was, dan kon die Raad der Gemeente hier geen diens bewys nie. Dan moes die burgery direk na Goewerneur en Raad gaan. Wat meer is, die ingesetene was daar reeds gewoon aan, om hulle klagtes deur middel van die Burgerraad aan die owerheid te bring en was onder die indruk, dat die Raad der Gemeente dieselfde bevoegdheid gekry het. Tot hierdie lig-r gaam het hulle hulle dan ook inderdaad gewend, toe hulle objeksie geneem het teen die handelwyse van die ad interim fungerende prokureur-generaal Copes van Hasselt. Hulle teleurstelling wai te voorsien op die mededeling, dat hulle klagtes direk aan die Goewerneur moes ingedien word. Maar die tyd sou daarby leer, dat selfs die voorreg, om deur invloedsuitoefening op die keuse van die afgevaardigdes medeseggenskap te hê in die munisipale beheer, hulle mettertyd ontneem sou word. Die Raad der Gemeente was nog geen jaar oud nie, toe die Goewerneur hom op die volgende wyse uit oor die punt van volksverteenwoordiging aan die Kaap: „De Raad der 97 Gemeente zal volstrekt behooren te worden gereorganiseerd — men durft na de ondervinding als een vaste waarheid stellen, dat wil men land en stad voor bederf behoeden, er alhier geen schaduw van grondvergaderingen of burgerlijke stemmingen behoord plaats te grijpen, dat geen ondergeschikt bestuur eenige invloed op gewapende (?) heeft en wat het maar diergelijke zijn mogt — daar waar veele steeden zijn behooren zij vrij veel administrative magt, eige huisselijke directie te hebben, en het Gouvernement is het algemeen Vereniging-punt — daar waar maar een plaats is, opgevuld met allerhande vreemdelingen, daar behoord de Gouvernements- en steedelijke directie in een te smelten; of in plaats van te simplificeeren, geeft, het struikelblokken, verwarringen en gebrek aan expeditie." 1) En hierdie sienswyse van die Goewerneur is dan ook in die begin van die volgende jaar in praktyk gebring, toe die Raad der Gemeente 'n veranderde instruksie *) ontvang het, waarby die liggaam se sorg omtrent die onderwys duideliker omskrywe word. Twee lede uit hulle midde sou spesiaal toesig hou oor die publieke skole (die Latynse skool in Kaapstad uitgesonderd) en let op die opleiding wat gegee word en die vordering deur die leerlinge gemaak. Verder sou die Raad der Gemeente sorg vir 'n betere opleiding, asook die verbetering van die sedelike gedrag van die leerlinge en toesien, dat niemand as onderwyser sal optree binne Kaapstad en onderhorige distrik, sonder 'n skriftelike sertifikaat van die Kollege, waaruit sou moet blyk, dat sy kwalifikasies en morele beginsels hom daar reg op verskaf. Maar wat die kiesing van die lede van die Raad der Gemeente betref, word by artiekel drie bepaal, dat alle vakatures deur die Goewerneur aangevul sal word uit 'n nominasie van vier notabele persone, aan die Goewerneur voorgestel *) Ink. St. 314. Janssens—De Mist 25 Maart 1804. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. ») Mc Call Theal, Records, V, p. 208. 7 98 deur die sittende lede van die Raad der Gemeente. Hier is dus 'n terugkeer tot dieselfde kiesmetode, wat vroeër gevolg was met betrekking tot die ou Kollege van Burgerrade en gepaard met die* inkrimping van die bevoegdhede van die Raad der Gemeente tot suiwer Kaapstadse munisipale, is deur die konstitusioneel-reaksionére houding, veral van die Goewerneur, die kiem, wat kon ontplooi het tot 'n gesonde verteenwoordigende regeringsisteem aan die Kaap, in sy knop vernietig. HOOFSTUK VII. POLITIEKE GEVOELENS AAN DIE KAAP. Die Kommissaris-Generaal het vir die besetting van die hoogste Kolleges aan die Kaap, persone uit Nederland meegebring. Dit het veral gegeid, wat die Rade van Poliesie en Justiesie betref. Maar vir die mindere Kolleges moes hy die meeste amptenare aan die Kaap self vind, waarby sy keuse nie alleen deur die bevrediging Van die bekwaamheidseis beslis kon word nie. Trouens hy moes 1803, 1804. Kol. Arch. 4353. 103 bende regering, wat liewer 'n vreemde oorheersing sou wil verdra, dan onder 'n allesbederwende anargie te lewe.1) Dit is natuurlik die beskouing van die Anglomaan self. Die Jakobyne beskou hulle self as diegene, wat uitsluitend geheg is aan die Moederland. In elk geval, die Kommissaris-Generaal moes hiermee rekening hou en het self, na eie ondersoek, tot die konklusie gekom, dat beide benaminge, wat die massa aangaan, erg onregverdig is. Met die uitsondering van enige heethoofde, wat mens oral vind, het hy onder die vernaamste „der laatst gefungeerd hebbende hooge ambtenaren,8) veele verstandige, bedaarde hoofden" aangetref, aan wie dit nie as 'n misdaad moet toegereken word nie, dat hulle verskillende takke van bestuur in hande gehou het in plaas van alles aan 'n totaal Engelse (militêre) regering oor te gelaat het. En onder die amptelose ingesetene, „die partijzugt met de schandnaam Jacobijnen bestempelde, zijn mij mogelijks zo veele braave, industrieuse en agtingswaardige Burgeren bekend geworden, dat ik gemeend hebbe, de doorgaande opinie van deze te moeten eerbiedigen. Het zij dan uit waarachtig attachement, 't geen ik gewis heb aangetroffen, hetzij uit antithese tegen hen, die zich door het Britsch Gouvernement hadden laaten emploieeren ... genoeg, de liefde voor het oude Moederland en gehegtheid aan het tegenwoordig Bataafsch Gouvernement, is het Sbibboleth van deze laatste, die ik gelove de grootste menigte Ingezetenen der Kaapstad — en van de bijna geheele massa der Landbewooneren uittemaaken." 8) Tog het die Kommissaris-Generaal voor 'n moeilike probleem te staan gekom. Volgens sy instruksie moes hy twee *) Mc Call Theal, Bel. Hist. Doe. III, p. 192. *) Van die Raadslede wat die Kapitulasie op 16 Sept. 1795 onderteken het was op hierdie moment nog in lewe: J. J. Rhenius, J. J. Le Sueur, O. G. de Wet,' C. Brand, W. S. van Rijneveld en E. Bergh. ') De Mist—Staatsbewind 12 Maart 1803, De Mist Secrete Notulen 1802, 1803, 1804. Kol. Arch. 4353. 104 Uit die vier lede van die Raad van Poliesie benoem uit die „notabelste en geschikste Ingezetenen der Volkplanting zelve."1) Daarby moes hy alle middele aanwend, om hier aan die Kaap 'n Bataafse gees te skep. So versoek hy die Raad van Justiesie in April 1803, om nuwe prosesse so veel moontlik te probeer vermy, „die uit hunnen aart de scissien en partijschappen alhier moeten gaande houden en aanvuuren, die ik zo gaarne wenschte te smoor en en te vernietigen."2) Om die probleem van besetting van ampte op te los, het hy die volgende staatkundige reëls tot rigsnoer geneem. Hoewel die oorgawe van 'n besitting aan die vyand, die gevolg van nooddwang kan wees en nie ipso facto aan 'n politieke bestuur 'n daadlike misdaad behoef te vervat nie, behoort geen goewerment „zodanige persoonen, die raades of daades daartoe hebben gecoöpereerd, naderhand een openbaar blijk van goedkeuring, belooning of vertrouwen" te gee nie; en veral dan nie, wanneer sulke persone hulle direk na die oorgawe weer in belangrike poste deur die oorwinnaar laat gebruik het.8) Dit sou gevaarlik wees in die vaderland, maar in eweredigheid met die afstand van die Kolonie nog gevaarliker, omdat die middele, wat in 'n volksplanting kan aangewend word vir die verdediging van die onafhanklikheid, teen alle vreemde mag en invloed, inferieur is. Hoewel die Kommissaris-Generaal dus oortuig was van die feit, dat daar onder die Anglomane bekwame en eerlike persone te vind is, het hy tog besluit, dat dit versigtiger sou wees, om nie van hulle kragte gedurende die eerste jare gebruik te maak nie, daar „het publiek en de posteriteit alleen daaden beoordeelt en op derzelver gevolgen calculeert" en hy nie die skadelike voorbeeld wou stel nie, dat „over- *) Art. 13. 2) Uitg. St. 98. De Mist, Pres. en Raad van Justitie. Not. de Mist. Dl. VI. Kol. Arch. 4362. ") De Mist—Staatsbewind 12 Maart 1803. Secrete Not. de Mist 1802, 1803, 1804. Kol. Arch. 4353. 105 geeven en niet overgeeveninhet oog van den Souverein gelijksoortige daaden zijn." x) Hierdie uitsluiting wou hy egter alleen toepas in verband met die hoogste amptenare. So kon hy nie van die vroeëre regente gebruik maak vir die besetting van die twee Politieke Raadsposte nie. De enigste oud-lid van die Politieke Raad. wat nie die kapitulasie onderteken het nie, was W. F. van Reede van Oudtshoorn, wat dan ook tot lid van die nuwe Politiek Raad benoem is. Volgens de Mist sou beide partye genoeë geneem het in geval al vier Rade uit Nederland gekom het en daarom benoem hv tot vierde lid Jacobus Philippus Medenbach Wakker, wat oorspronklik as sekretaris vir hierdie Kollege bestem was. Tot eerste sekretaris word benoem Mr. J. H. Neethling a) en tot twede sekretaris en chartermeester Mr. C. J. G. Copes van Hasselt, wat as „Auditeur Militair" na Suid-Afrika gekom het. So het de Mist al die Kolleges aan die Kaap beset en geinstalleer en is die bestuursmasjiene in beweging gebring. Dit was te voorsien, dat die radere in die begin maar stroef sou werk. Dit het veral gehaper aan die regte persone om die regte plekke in te neem en die ondervinding sal leer, dat juis hierdie gebrek groot invloed sou uitoefen op die grotere sentralisasie van bestuur, wat deur de Mist later, en na sy vertrek, deur Janssens in praktyk gebring is. Beide, die gebrek aan bekwame hande, asook die bo-uiteengesette politieke gevoelens aan die Kaap, was dan ook seker nie sonder invloed op die latere konstitusioneel-reaksionêre houding van die outoriteite en veral van die Goewerneur nie. *) Ibid. *) Van hom getuig die Kommissaris-Generaal: „Met lof in Leyden gestudeerd, reeds door de voorige Commissarissen-Generaal voor eenige maanden tot substituut Fiscaal was bevorderd en sedert het Engelsen Bestuur als Advocaat en Notaris met applicatie heeft gepractiseerd — die van een goed en hier geëerd geslacht, van onbesproken conduite en een zeer zagt humeur zijnde van de algemeene achting jouisseert en door zijne locaale kundigheeden den nieuwen Raad in Veele pointen kan voorligten." 106 Die bestuur en alles in verband met die buitedistrikte en verskillende ander sake, moes nog ter hand geneem word — maar intussen kon die ingestelde Kolleges in elk geval met hulle werksaamhede voortgaan. HOOFSTUK VIII. KONSTRUKTIEWE ARBEID. Een van die eerste werksaamhede van die nuwe Raad van Justiesie aan die Kaap was, om die Kommissaris-Generaal te adviseer omtrent sy bevoegdheid, om bestaande wette (en hier het dit die stuk van desersie betref) te verander. Die Bataafse militêre wetboek van 1799 het geen genoegsame voorsiening gemaak vir die behandeling van deserteurs in die Kolonies nie. Daar die Bataafse Staatsreëling van 1798 aan die Staatsbewind geen wetgewende mag toegeken het kon genoemde liggaam daardie bevoegdheid, volgens die adviseurs, ook nie aan die Kommissaris-Generaal oordra nie. Maar wanneer hulle in aanmerking neem, dat van die Kommissaris-Generaal geëis word, dat daar goeie administrasie sal wèes, dat hy die welvaart van die koloniste. sal bevorder en daar hy weens die groot afstand en onder die drang van omstandighede nie mag wag op bevele uit Nederland nie, reken hulle, dat sy kommissie hom wel die mag gee, om onder buitengewone omstandighede die nodige orders, bevele en reglemente daar te stel. Hulle adviseer hom dus om desersie met die dood (kogel of koorde) te straf.1) 'n Ander kwessie, wat de Mist so gou moontlik wou afhandel en waarvoor hy die advies van die Raad van Justiesie nodig gehad het, was dié met betrekking tot 'n aantal persone, wat sedert 1799 in die gevangenis gesit het as gevolg van die opstand, in Graaf-Reinet. „Van alle individu's door deeze fataale suspensie in ongerustheid geraakt, zijn geene meer te beklagen dan 17 gevangenen, waarvan veele ter dood gecondemneerd, die met mij binnen den omtrek van het kasteel gelogeerd zijn en >) Ink. St. 129. Not. de Mist, Dl. IV. Kol. Arch. 4360. 108 daarin vrij omwandelen. In mijne komst stelden zij al hunne hoop en hunne verlossing bijna zeker. Nu sterven zij duizend dooden en ik kan die ongelukkig en niet zien of..." skryf die Kommissaris-Generaal aan die Staatsbewind. *) Hierdie gevangene is nie ingesluit in die amnestie, wat die Kommissaris-Generaal op 1 Maart 1803 afgekondig het nie. Op dieselfde dag rig dertien 2) van hulle 'n rekwes aan de Mist, om in die amnestie ingesluit te word. Hulle erken, dat hulle hulle skuldig gemaak het aan ongereeldhede, wat in rustige tye en met bedaarde gemoedere nie behoort plaas te gehad het nie, waaroor hulle berou het. Maar aan die ander kant spreek tot hulle voordeel die begrip, waarin hulle verkeer het, „dat zij aan eene door dwang en eene buiten hun toedoen gedaane overgaave aan den vijand aangestelde Regeering, niet dat respect verschuldigd waren, die,men anders behoorde te observeeren. Dat ook de driften, die in onrustige tijden de gemoederen der menigte in beweging zetten, bet hunne toegebragt hebben, om de ondergetekenden tot stappen te brengen, waarvan zij de gevolgen niet vooruit zagen.. .*) By die opdrag van die Kommissaris-Generaal aan die Raad van Justiesie, om die prosesstukke van die rebelle Bester c.s., wat in Augustus 1800 tot die dood en ander strawwe veroordeel was en nog steeds in die gevangenis gesit het, te ondersoek, wys hy veral op die langdurige gevangenis en afwesigheid van hulle famielies en ekndomane, die politieke gebeurtenisse tydens hulle detensie voorgeval en die goeie impressie by ewentuele faworabele advies, wat hulle vrylating waarskynlyk op die gees van die ingesetene sal moet maak. *) De Mist—Staatsbewind Jan. 1803, Not. de Mist, Dl. III. Kol. Arch. 4359. ') G. J. Bester, Theunis Boota, Gert Rautenbag. Willem Grobler, P. J. van Kamer, Jean Isaac Bonté, Petrus Rautenbag, Lucas Meijer, Godl. Erd. Chr. Koch, J. J. Krüger, G. Scheepers, M. Prinsloo, Z. van Jaarsveld. Adriaan van Jaarsveld is intussen in die gevangenis oorlede. (Uitg. St. 156. Not. de Mist, Dl. V, Kol. Arch. 4361. Mc Call Theal, Records. III. p. 213—300). ») Ink. St. 156. Not. de Mist, Dl. V. Kol. Arch. 4361. 109 Die advies was gunstig en gebaseer op die algemene strekking van die proklamasie, wat die Kommissaris-Generaal by die oorname van die Kolonie in en op naam van die Staatsbewind moes afkondig. Hierin het die Bataafse Goewerment blyk gegee van alle vorige redene tot misnoeë met wortel en tak uit te roei en dat alle vorige twiste uitgewis, vergewe en vergete sal wees.1) Dit was vir de Mist 'n daad van innige voldoening, om konform die advies van die Raad van Justiesie, aan die gevangene hulle vryheid te skenk en hulle daarby nog van mondproviesie vir die reis na hulle plase te laat voorsien. Aan die grond van hierdie groothartige daad van die Kommissaris-Generaal het, egter, sy strewe gelê, om die ingesetene weer te win vir en verknog te maak aan die moederland. ,, Sf&H*^; By die verlening van die vrybriewe 2) en kennisgewing daarvan aan die Goewerneur en Raad, verklaar die Kommissaris-Generaal dan ook onomwonde, dat sy wens gewis voldaan sal wees, as hierdie blyk van welwillendheid en toegeeflikheid van die Bataafse Goewerment die gemocdere van vele versag en hulle aan die Regering sowel as aan wet en orde mog verbind. Ter bevordering van hierdie strewe van de Mist, het hy nog voorsiening gemaak in 'n ander dringende behoefte, wat dikwels in die verlede tot misverstand en gevolglik tot wanorde aanleiding gegee het en in die toekoms nog meer kon gee. Dit betref hier die kodifikasie van plakkate, keure en ordonnansies, waarvolgens die ingesetene hulle te reël het. Gedurende anderhalwe eeu is daar in die volksplanting duisende plakkate en ordonnansies deur verskillende outoriteite gegee —- in die eerste plek deur die bewindhebbers van die Oos-Indiese Kompanjie direk, of ten gevolge van bevele van *) lok. St. 187. Raad van Justitie—de Mist 30 Maart 1803. Not. de Mist, Dl. V. Kol. Arch. 4361 en Procl. de Mist 1 Maart 1803. Instructien. Kol. Arch. 4354. 2) Uitg. St. 85. Not. de Mist, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. 110 die Nederlandse regering, 'n Ander hoeveelheid is in die lewe geroep deur die Hoë Regering van Batawië onder die opperbestuur, waarvan die Kaap tot 1795 gesorteer het. Ook die Goewerneur met of sonder Raad het hierdie aantal met 'n groot hoeveelheid vermeerder, volgens die eis van veranderde tydsomstandighede. Hierby het die Kommissaris-Generaal 'n ander hoeveelheid toegevoeg en gedurende die Engelse tussenregering is boweop nog verskillende nuwe plakkate en verordeninge bygekom. Daarby moes die Kommissaris-Generaal kragtens die las van die Bataafse Regering om 'n nuwe bestuursinrigting aan die Kaap in te stel, weer 'n hele reeks van nuwe orders in die lewe roep. Baie van die bogenoemde plakkate en ordonnansies moes mekaar teenspreek of was onuitvoerbaar, andere is herroep, sommige is verander of vernuwe, ook soms omdat deur 'n gebrekkige uitvoering van gegewe orders, veral in 'n besitting op so'n groot afstand, die vermoede gewek is, dat die bepalinge nie deug nie en so word probeer om die foute, gewaan of eg, al weer deur 'n nuwe reeks van ordonnansies te verbeter.1) Wel was die stukke almal aanwesig in die argief van die Kaap — maar niemand het 'n oorsigtelike kennis van hulle inhoud gehad nie. Dit lê voor die hand, dat hulle te doen gehad het met alles, wat die bestuur oor die volksplanting 'n onderwerp van sy beskouing moes maak. Maar al was die outoriteite ook enigsins op hoogte van die inhoud van die stukke, wat op hierdie tydstip nog in praktyk moes nagekom word, tog was dit maar een kant van die saak, daar diegene, wat die verpligtinge moes nakom, daar grotendeels onkundig van was. In die opdrag van hierdie taak van kodifikasie aan 'n Kommissie, wys die Goewerneur dan ook daarop, dat die ondersoek breed moes opgevat word, om tewens te lei tot 'n grondiger kennis van die mense en die land, al hulle be- *) Uitg. St. 267. De Mist—Janssens 27 Des. 1804, DL XI. Kol. Arch. 4367. 111 lange, goeie hoedanighede en gebreke, om sodoende te kom tot die samestelling van 'n nuwe plakkaat, gebasseer op die huidige toestand van die Kaapse maatskappy. Die samestelling van hierdie maatskappy gaan gepaard met moeilikhede, wat mens nie in Europa aantref nie, omdat hier gevind word „Burgers", deur geboorte sowel as deur akte van die goewerment; „Tempor air e Inwooners"; mense gedoop en vrygebore, wat nie in die burgerreg deel nie; „Vrijgeboren Indigenes", wat die Regering nuttiger, gelukkiger en vryer wens te sien. Daarby kom nog mense, wat in slawerny gebore is en later vrygeword het en uit ander geweste na die suidpunt van Afrika gekom het en wat kragtens hulle gewoontes, beskawing, sedes en godsdiens nie onder die ander klasse gerangskik kon word nie. Eindelik word hier aangetref „Lijfeigenen, die geen wil aan zich hebben en ongelukkig niet als verpligtingen kunnen opgelegd worden, zonder dat hun staat gedoogt in civile vrijheid te deelen, en welke alleen negatif kunnen worden gesoulageerd, door verpligtingen, welke men derzelver meesters oplegt." f) So was die „sociëteit" saamgestel, waarvoor die Kommissie3) 'n „algemeene Placaat van Police" moes vervaardig. Die Kommissaris-Generaal het hierby aan die hand gegee, dat die fatale onderskeiding tussen Burgers en Vryburgers en die vroeëre Kompanjiedienare (nou goewermentsdienare), waaraan hy die grootste gedeelte van die Kaapse onluste toeskrywe, heeltemal uit die oog verloor sal word en dat die plakkate bereken sal wees op die teenswoordige belange en behoeftes van die veranderde staat van die Kolonie as buitelandse besit van die Bataafse Republiek en nie van 'n afsonderlike merkantiele maatskappy nie. Behalwe hierdie nuttige poging tot kodifikasie van die be- *) Ink. St. 391. Not. de Mist, Dl. XI. Kol. Arch. 4367 en Schouwburg van Letter- en Huishoudkunde, 1805, Dl. I, Stuk III, p. 55. 2) Mr. R. G. van Polanen, Mr. J. A. Truter, W. S. van Rijneveld, Mr. G. Beelaerts van Blokland en Mr. D. Denijssen. 112 bestaande plakkate, het de Mist nog 'n ander effektiewe verandering in verband met die regspleging aan die Kaap in die lewe geroep, waarby hy tekortkominge van die verlede uit die weg wou ruim en wel deur 'n „verkorte regspleging" in te voer, *) wat bestaan het in de vluggere afdoening van appèlsake tussen ingesetene onderling of tussen ingesetene en vreemdelinge, wat andersins deur die Hoë Nasionale Geregshof in den Haag behandel moes word. Dit het veel tyd geëis en met geweldige koste gepaard gegaan en veral die nadelige gevolg gehad, dat vreemde skepe afgeskrik word om die Kaap aan te doen. Onder die Engelse tussenregering is daar nogal teen heelwat sake appèl aangeteken en nou het de Mist aan die nuwe Raad van Justiesie opgedra, om as buitengewone „Appelatons-Rechter" op te tree vir diegene, wat behoorlik appèl aangeteken het, gedurende die laaste ses maande van die Engelse tussenregering tot by die oorgawe van die Kaap aan die Bataafse outoriteite op 21 Februarie 1803. Vir uitheemse appelle sou die Goewerneur en voltallige Raad van Poliesie as appèlregbank fungeer. Die Raad van Justiesie kon natuurlik nie as appèlhof met betrekking tot sy eie uitsprake ageer nie. Hierin moes die Goewerneur en Raad in die eerste, en die Hoë Nasionale Geregshof in Den Haag in die laaste instansie regspreek. Mettertyd het hierdie appelle so menigvuldig geword, dat Goewerneur en Raad die Kommissaris-Generaal versoek het om verhoging van koste, om persone sodoende meer by die uitspraak van die Raad van Justiesie te laat berus.') Hierdie reëling, hoewel die beste onder omstandighede, was in elk geval nie gesond nie. Tereg merk Janssens dan ook aan, dat dit sy vak nie is nie — „bij een Appell heb ik altoos een onaangenaame gewaarwording; men beslisd niet *) Uitg. St. 212. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. *) Ink. St. 400. Gouvr. en Raad—De Mist 18 Febr. 1805. Not. de Mist, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. 113 gaarne in en over zaaken, die men niet grondig kend, en ik ken dit soort zelfs niet oppervlakkig.1) Was dit die doel van die Kommissaris-Generaal, om deur derglike maatreëls rus en orde onder die ingesetene teweeg te bring, erg teleurstellend sou 'n besluit van die Staatsbewind van 20 September 1802, aangaande die samestelling van die politieke bestuur aan die Kaap vir hom wees. By hierdie resolusie word 'n sekere George Francois Grand, aan die Kaap aangestel as „conceiller privé extraordinaire" en sonder enige motiewe aangaande die aanstelling aan die Kommissaris-Generaal te meld, na die Kaap gestuur. Al heel gou sou daar moeilikheid met hierdie „nieuw geschapen wezen" ontstaan.3) Grand was aan die Kaap, volgens de Mist, „zeer bekend" en laasgenoemde het baie bitsige aanmerkinge oor hom deur dïe ingesetene hoor maak. Buitengewoon was die pretensies van hierdie man. Volgens sy eie beskouing sou hy die bemiddelaar wees tussen die Bataafse Goewerment en die Goewerneur en Raad aan die Kaap en in rang volg op dié van die Goewerneur. Hy sou toegang hê tot al die regeringsdokumente en registers en die vergaderinge van die Politieke Raad na beliewe bywoon. Op die buro's moes, volgens hom, die Franse taal gebruik word; daar hy aanneem, dat al die lede van die Raad daardie taal magtig was, moes die deliberasies ook in Frans gehou word, terwyl dit vir die sekretaris 'n vereiste sou wees. Daarby het hy 'n groter traktement geëis. Direk na sy aankoms het hy met sy oudiënsies by en briefwisseling met die Kommissaris-Generaal begin, tot groot er- Janssens—De Mist 18 Febr. 1805. Not. de Mist, Dl. XI, Kol. Arch. 4367. *) Grand was Switzer van geboorte, opgevoed in Engeland, toe in diens van die Engelse Oos-Indiese Kompanjie. Hy was die eerste keer getroud met Noel Catherine Werleé. Hierdie vrou staan in verband met sy sending na die Kaap deur die Staatsbewind. Kort na sy aankoms aan die Kaap het hy hom offisieel van haar laat skei en is getroud met 'n dogter van Egbertus Bergh. In 1820 is hy aan die Kaap oorlede. Sien o.a. Dorothea Fairbridge : „Lady Anne Barnard..." 1924. 8 114 gernis van laasgenoemdc. De Mist beklaag hom dan ook by die Asiatiese Raad oor die feit, dat hom nie gemeld is „wat men eigenlijk met dien man wilde gedaan hebben, meer dan hem een pensioen van ƒ 2000 en een titel te geeven en hem zoo doende, om politieke redenen,1) die ik zeer wel b e g r ij p e, van de hand te zenden." 2) Die verskyning van Grand aan die Kaap was aan de Mist te meer nie welgevallig nie, omdat hy in sy strewe, om hier „op nieuws eenen Bataafschen Geest te vestigen, om langzamerhand de daar aan oppositie belangen, neigingen en parthijen te doen vergeeten" vêral deur vreemdelinge gedwansboom word.8) Daarom versoek hy die Nederlandse Regering, om voortaan geen vreemdelinge, siviele of militêre, hierheen te stuur nie. Hy het Grand aan die Raad voorgestel as Raad Konsulent, van wie advies kon ingewin word, wanneer die Raad dit sou nodig vind, waardeur Grand dus geen invloed van enige betekenis op die gang van sake kon uitoefen nie, en wat feitlik daarop neergekom het, dat hy vir die Nederlandse outoriteite onskadelik gemaak is met 'n titel en 'n ƒ2000 pensioen. 4) Hy moes hom egter, intussen besig hou met „zich te prepareeren tot het verkrijgen van die locaale kennis en Taai-kundigheden, die hij nog zo zeer behoefde, om aan het doel zijner missie met vrugt te kunnen beantwoorden." 5) Op 31 Julie 1804 was hy genoeg gevorder in die landstaal om te verstaan, wat in die Raad behandel word.6) Hiermee sou die saak dus afgehandel wees, maar Grand' wou met sy vrou na Switserland gaan en vra verhoging van salaris. 1) *) Die eerste vrou van Grand is met Tallyrand getroud. (Not. de Mist, 30 Mei 1804, Dl. X, Kol. Arch. 4366.) *) De Mist—Smissaert 11 Mei 1803. De Mist, Br. en Bijl., p. 115 vo. Kol. Arch. 4356. s) De Mist, Br. en Bijl., p. 148 vgg. Kol. Arch. 4356. *) Not. de Mist, 26 Mei 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. B) Ink. St. 220. Grand—de Mist Not de Mist, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. •) Uitg. St 235. De Mist—Janssens 31 Julie 1804, Dl. X. Kol. Arch. 4366. 7) Not de Mist 11 September 1804, Dl. X. Kol. Arch. 4366. 115 Die spanning het daarna hoog geloop tussen de Mist en Grand. „Partez" skrywe die Kommissaris-Generaal aan hom, „et que le Dieu vous aie dans sa sainte garde. Mais excusez moi, je vous en prie de toute correspondence ulterieure".1) Intussen het die Staatsbewind die gedrag van de Mist ten opsigte van Grand goedgekeur. Laasgenoemde was erg ontevrede, maar moes hom aan die genome skikkinge onderwerp. Dit wys in elk geval op die verhouding, waarin die Nederlandse Regering destyds gestaan het tot sy bondgenoot Frankryk. 'n Ander sprekende voorbeeld in hierdie verband, betref die angsvallige oplettendheid, waarmee die Franse botanis Neven, deur die eggenote van die Eerste Konsul na Suid-Afrika gestuur, volgens opdrag van die Staatsbewind aan die Kaap behandel is. „Hem zal," sê de Mist, „dezerzijds alle die hulp en attentie beweezen worden, die een geprotegeerde van de Echtgenoote des Eersten Consuls en een man van talenten, recht heeft van het Bataafsch Gouvernement te verwachten." 2) Daarteenoor egter, het die Kommissaris-Generaal, met die toestemming van die Staatsbewind, sorgvuldig alle direkte Franse invloed in die Kolonie geweer. Sodoende het hy beslis geweier om Broussonnet as Franse Konsül aan die Kaap toe te laat. Wel het hy later aan Bruix toegestaan, om aan die Kaap te vertoef, om sodoende die korrespondensie tussen Janssens en die Franse Capitain General Decaen op Isle de France te vergemaklik.8) Hierdie weigering, om vreemde Konsuls aan die Kaap toe te laat, is veral ook in toepassing gebring op Pringle, die agent van die Engelse Oos-Indiese Kompanjie aan die Kaap. Die Staatsbewind laat in hierdie verband aan Napoleon ■) De Mist-Grand, 25 Nov. 1804, Dl. X. Kol. Arch. 4366. *) De Mist-Staatsbewind, Febr. 1803. Not. de Mist, Dl III Kol Archief 4359. •) Uitg. St. 260. De Mist-Bruix 18 November 1804, Dl. XI Kol Arch. 4367. Ook De Mlst-Decaen 19 Mei 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362^ 116 meedeel, dat die beswaar, om 'n Franse agent aan die Kaap toe te laat, sy oorsaak vind in die feit, dat ander moondhede dit dan ook sou wil hê, wat gevaarlik geag word „voor de belangen van beide natiën." *) * ★ * Intussen, egter, kon de Mist die herinnering lewendig hou aan 'n roemryker tydperk in die geskiedenis van sy vaderland, deur die nagedagtenis te eer van dié man, wat met 'n klein klompie landgenote anderhalwe eeu tevore, onder moeilike omstandighede, die kiem gelê het van die toekomstige beskawing aan die suidpunt van Afrika. Op 28 Mei 1804 rig die Raad der Gemeente die versoek aan die Kommissaris-Generaal, om Kaapstad te voorsien van 'n „legaal wapen, waarmede de stads-publique gebouwen en werken behooren te worden gemerkt en bestempeld", daar dié liggaam tevergeefs in die stadsargiewe na iets dergliks gesoek het.2) De Mist het nie lang op hom laat wag nie. „Het wapen der Kaapstad zal zijn een anker van sabel op een goud veld, zijnde een zinnebeeeld der Goede Hoop, gedekt door het wapen, gevoerd bij den eersten Grondlegger deezer Volkplanting, van Riebeek, zijnde naar de daarvan voorkomende afbeelding in erkende geaccredediteerde werken, drie goude ringen op een rood veld, met het omschrift, zegel van de Kaapstad, en zulks om daardoor te vereeren en zo mooglijk te vereeuwigen de nagedagtenis van een man, die in de tijden den Vaderlande zo veel dienst bewees en de geboorte gaf aan deeze Volkplanting." 8) Dinsdag 2 Julie 1804 was dan ook 'n dag van feesviering ») Colenbrander: Gedenkstukken 1795—1840, Dl. IV, 2de Stuk, p. 529. 2) Ink. St. 338. J. J. Vos, J. A. Vermaak, Meld van Onkruijdt en P. J. Truter Snr.—De Mist. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. ») De Mist. Not. 12 Junie 1804, Dl. X. Kol. Arch. 4366. (Hier is 'n tekening bygevoeg volgens voorgaande beskrywing). 117 vir die ingesetene van Kaapstad. Dié more om 10 uur word die Kommissaris-Generaal deur 'n deputasie uit die Raad der Gemeente van sy woning afgehaal en na die stadhuis begelei. So ook die Goewerneur en die Raad van Poliesie. Vóór die gebou was 'n erewag van grenadiers opgestel, om die militêre honneurs aan die Kommissaris-Generaal te bewys. Onder musiek en kanongebulder word die wapen binne en buite die gebou aangebring, na 'n gepaste aanspraak van die voorsitter van die Raad der Gemeente, beantwoord deur die Kommissaris-Generaal. Dieselfde middag het die Raad der Gemeente 'n pragtige maaltyd gegee, waarby al die outoriteite en hoofde van die verskillende administrasies teenwoordig was. Hier was dus weer geleentheid vir die Kommissaris-Generaal om uiting te gee aan gevoelens ten opsigte van die stigter van die volksplanting, die opkoms en groei van hierdie besitting met gedagtes van aansporing en aanmoediging vir die toekoms. „Stond het aan mij", sê die Kommisaris-Generaal, „om namen, door de oudheid eerbiedwaardig gehouden, met eene pennestreek te kunnen veranderen, nog heeden droeg deze schoone en sierlijke hoofdplaats den naam van Riebeekstad." *) Reeds het Janssens aan die Kommissaris-Generaal voorgestel om die naam Kaapstad te verander in Riebeekstad en dié van die Kolonie in Zuid-Afrika.2) „Met een besluit van U was het afgedaan en door de officieele stukken zoude zig een ieder er schielijk aan gewennen. Sommige, die de Raad der Gemeente van de Kaap als de Vertegenwoordigers van het Zuid-Afrikaansche Volk of het volk van de Kaap de Goede Hoop willen aanschouwen, zouden er langzamerhand door gedesabuseert worden", skrywe die Goewerneur aan «J Not. de Mist 3 Julie 1804; Ink. St. 224 en 225; De Kaapsche Courant 7 en 14 July 1804; Kronyk van het Historisch Genootschap gevestigd te Utrecht, 6de Jaargang 1850, 2e Serie, p. 455 vg. *) Janssens dateer ook altyd sy briewe Zuid Africa in plaas van Kaap de Goede Hoop. 118 de Mist.1) Hierdie voorstel het wel die simpatie van die Kommisaris-Generaal gehad, maar hy het veral gestuit op die beswaar, wat so'n naamsverandering sou hê in verband met die handelswêreld. „Intusschen kan de eerste naam (ZuidAfrika) ongevoelig blijven gebruikt worden, zo als thans in offkieele stukken al in trein is..." 8) Twee dae na die heuglike gebeurtenis in Kaapstad, het die Goewerneur aan de Mist voorgestel, om ook die ander bestaande drosdye van Stellenbosch, Swellendam en GraafReinet te magtig om wettig gebruik te maak van die wapens en seëls van die Goewerneurs, na wie hulle genoem is.8) Bowedien sou die distrikte van Graaf-Reinet en Stellenbosch elk in twee gesplits word. Wat die naam van die suidelike deel van Graaf-Reinet betref, het Janssens aanbeveel, dat „indien de Colonie Graaf Reinet in twee werd verdeeld, dat het eene de Mist en het andere Uit den Hage mag worden genoemd — de naam Graaf Reinet blijft behouden door het gezamentlijke en door het Dorp.4) Die Kommissaris-Generaal wou die nuwe drosdy Janssensdam noem, maar op die sterke aandringe van die Goewerneur, het hy dit hom laat welgeval, om sy voorvaderlike famielie-naam in Suid-Afrika te laat verewig en so is die suidelike gedeelte van GraafReinet, Uitenhage") genoem. *) Not. de Mist, Nov. 1803, Dï. IX. Kol. Arch. 4365. ») De Mist—Janssens Roodezand, 29 November 1803, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. a) Ink. St. 344, 5 Juli 1804. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. *) Janssens—De Mist, 14 November 1803, Dl. IX, Not. de Mist, Kol. Arch. 4365. ") In verband met die naam Uitenhage dien opgemerk te word, dat die Kommissaris-Generaal tot 22 Januarie 1817 (en dus ook toe die naam aan die nuwe drosdy gegee is) genoem was (Mr.) J. A. de Mist. Maar op daardie datum het hy en sy wettige nakomelinge by Koninklike besluit die reg verkry om in die vervolg die veroorloofde gebruik te maak van die voorvaderlike famielienaam Uitenhage. Van hierdie datum ar onderteken hy hom dan ook altyd J. A. Uitenhage de Mist. Waar die naam Uitenhage vandaan kom blyk duidelik uit Bylae A. en B. Die Engelse vertaler van Lichtenstein deel in hierdie verband mee: „It must be observed mat De Mist is the Commissary-general's title, not his name" I! (Henry Lichtenstein, Tra veis in Southern Africa, London 1812, p. 234). 119 Wat die Noordelike gedeelte van Stellenbosch betref, het die outoriteite dieselfde voor stelle van „de Mist" en „Janssensdam" gedoen en ten slotte het die Goewerneur van beide hierdie benaminge afgesien en is die nuwe drosdy genoem na die vroeëre Goewerneur Tulbagh. In elk geval het die Kommissaris-Generaal sy toestemming verleen aan die versoek van die Goewerneur, om die drosdye te magtig die wettige gebruik te maak van die respektiewe wapens. Uitenhage het die wapen van de Mist, „zo eigenaartig als fraay"1) noem die Goewerneur dit, ontvang. So het Kaapstad en die vyf buitedrosdye, die wapens, wat hulle nou nog voer, ontvang uit de hand van die Kommissaris-Generaal, in blywende herinnering aan die kort en laaste periode, wat die Kaap hom mog verheug het onder die beheer te staan van dié land, waaraan hy sy opkoms te danke gehad het. ») Ink. St. 344 5 Julie 1804. Not de Mist Dl. X. Kol. Arch. 4366. Mooi uitgevoerde oorspronkUke tekeninge van die wapens deur Janssens na Nederland vir bestelling opgestuur in Janssens Br. en Bijl. 1802—1806, p. 532—534. Kol. Arch. 4375. Hier het die wapen van Kaapstad die randskrif: Wapen van den Raad der Gemeente van Kaapstad. HOOFSTUK IX. DIE BUITEDISTRIKTE. a. Reise van Janssens en de Mist. Tot sover is meer gelet op die bemoeiinge van die Kommissaris-Generaal, in verband met die algemene politieke bestuur en administrasie en die inrigting van die Justiesie aan die Kaap. Maar die buitedistrikte moes sy besondere belangstelling geniet. Hier moes hy die bestuur inrig na die gees van § 77 en volgende van sy Kaapse rapport, nadat hy vooraf eerstehands informasie ingewin het van die beste, onpartydigste en mees gegoede en notabelste ingesetene.l) Direk na sy aankoms aan die Kaap, het hy 'n deputasie uit die grensdistrikte ontvang, wat hom versoek het, om 'n gerusstellende boodskap aan hulle medeburgers, wat die Komissaris-Generaal hulle ook nie onthou het nie.') Hulle het die Kommisaris-Generaal op hoogte gestel met die ontredderde toestand van die koloniste op die oostelike grens, deur die langdurige verwoestinge van die Kaffers. In sy brief aan die buiteliede sê de Mist, dat dit hom bedroef, dat „weder op nieuws op de grenzen deezer Volkplanting misverstand en onderlinge rovereien met en van de Caffers plaats hadden, dat daarom zo veele nuttige en sterke handen hunne akkers, kudden, Huizen, Vrouwen en kinderen moesten verlaaten, om zich in een campement te verzamelen, ten einde de verdere invallen en stroopereien der *) Instructie art. 16. *) Reeds op 25 Desember 1802 is die boodskap afgestuur. 121 Caffers te kunnen voorkomen of geweld met geweld te keeren." *) Dit was die eerste uitlating van die Kommissaris-Generaal aan die Kaap met betrekking tot die verhouding tussen blank en swart en dit toon duidelik aan, welke standpunt hy toegedaan was. Hy was nog nie op hoogte van die werklike toestande nie. In elk geval kon hy die ingesetene meedeel, dat hy 'n aansienlike getal troepe met hom meegebring het, om te waak vir die veiligheid van die ingesetene. Hy sou terstond 'n afdeling soldate na die oostelike grens stuur, om hulle teen alle verdere oorlas te beveilig, want „het Lot der Ingezetenen der Buiten Districten zal onverwijld mijne ernstigste oplettendheid verdienen, gelijk zij een voorwerp zijn van de tederste zorg van het tegenwoordig Bataafsch Gouvernement." De Mist beloof beskerming, maar eis gehoorsaamheid en medewerking. Alle oortredinge sou hy met bittere gestrengheid behandel. In groot trekke maak hy hulle bekend met die veranderinge, wat daar ten opsigte van die Kolonie plaasgevind het en kondig aan, dat hy voornemens was, om die land binne 'n jaar te deurreis.2) Was daar altyd 'n groot verskil in alle opsigte tussen die inwoner van Kaapstad en dié van die buitedistrikte, die eerste openbaring van die gevoelens van die laaste gee hieraan uiting op 'n onbewimpelde wyse. In antwoord op sy boodskap beloof hulle die Kommissaris-Generaal skriftelike nakoming van sy bevele. „Een zucht — Een wensch, daar wij reeds lange na gestaroogd hebben Eens een tijd gebooren te zien, om door de Handhavers en beschermers van het menschelijk Recht en vrijheid geregeert te worden. Met een woord om weder te keeren onder de Baniere van het Lieve Moederland. Wie onzer is niet opgetogen van vreugde over dese gelukkige gebeurtenis... wij smachten na Ulieder bescherming... na zeven harde jaaren doorgebracht en vele versmaadingen, ja verdrukkingen om haar verkleefd- *) Uitg. St. No. 7. Not de Mist Dl. II. Kol. Arch. 4358. ') Ibid. 122 hcid geleden te hebben, weder ter Rugh keeren 'sullen om haare goedheden te ondervinden ..." *) Bowestaande mag oordrewe wees, maar is seker geen ydel geklank van woorde nie. Reeds is gewys op die groot kloof tussen buiteman en Kompanjiedienaar. Toe die Kaap in 1795 aan die Engelse oorgegaan het, het die plattelander die Kompanjiedienaar met die vreemde oorwekUger vereenselwig — iets wat voor die hand gelê het kragtens die swak verdediging en die feit, dat soveel van die amptenare direk in diens van die Engelse regering oorgegaan het. *) Hierdie oorsaak was egter, alleen bykomstig en' het die natuurlike, reeds skerp getekende verskil tussen die inwoners van Kaapstal en van die buitedistrikte, wat 'n uitvloeisel was van verskillende lewensomstandighede en algemene beskawing maar net geaksentueer. Maar voordat die Kommissaris-Generaal sy reëlinge kon tref in verband met die buitedistrikte, wou hy eers deeglik op hoogte kom met die behoefte en belange van daardie deel van die gemeenskap. Reeds op 3 April 1803 neem die Goewerneur afskeid vir sy binnelandse reis, met die volgende woorde aan die Kommissaris-Generaal: „Mijn aanweezen was alhier nodig, niet om te bestieren, maar om bestieren te leeren... schrijft mij voor alles, wat gij wild, dat door mij gedaan zal worden en weest van mijne gehoorzaamheid, achting, erkentenis en vriendschap verzekerd." 8) De Mist wou die Goewerneur dan ook te hulp kom deur hom 'n leidraad te verskaf in die sake, wat sy spesiale opmerksaamheid op die reis sou moet'geniet. Weens tydsgebrek, egter, moes die Goewerneur genoeë neem met die Kaapse rapport, met die versoek van die Kommissaris-Ge- *) Ink. St. 52. H. L. Neetbling, Josias Hoffman en 22 andere ingezetenen van Stellenbosch—De Mist en Janssens. Not. de Mist, Dl. II, Kol. Archief 4358. ') Mem. de Mist, p. 80. ») Ink. St. 189. Not. De Mist, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. 123 neraal, om die dwalinge, wat daarin voorkom, te verbeter. Tog bring hy enige punte onder die aandag van die Goewerneur en wel die verkleining van die distrikte, met 'n naasteby bepaling van plekke, wat kon dien as middelpunte van „nieuwe arrondissementen"; die uit si en na 'n geskikte plek, om die Hottentotte in die Rietvallei „een kraals-wijs verblijf" aan te wijs en ook 'n geskikte plaas vir die landbouers van Van Hogendorp en Von Bouchenröder in die nabyheid van die Plettenbergsbaai. Daarby moes die Goewerneur 'n versigtige ondersoek instel na die gesindheid van die sendeling Dr. van der Kemp en die Hottentotte onder hom en die nut of onnut, wat mens „politiquement" van hom te wagte het. Die Kaffers moes Janssens op alle moontlike wyse bevredig. l) Die Goewerneur, vergesel van sy aide-de-camp Paravicini de Capelli en ag dragonders, het die reis deur die oostelike gedeeltes van die Kolonie onderneem en is oral buitengewoon vriendelik ontvang deur die ingesetene. Hulle is oor die destyds klein dorpie Swellendam tot aan Algoabaai, waar die Goewerneur die sendelinge Van der Kemp en Read met 'n aantal Hottentotte onder hulle beskerming aangetref het. Aan die Zwartkopsrivier is aan die sendelinge 'n plek (Bethelsdorp) aangewys, waar hulle met hulle beskermlinge kan verblyf hou. Dit was naby Fort Frederik, waar 'n afdeling van 150 Bataafse troepe „Waldecksche Jagers", onder Majoor Von Gil ten, gestasioneer was,'om rus en orde aan die oostelike grens te handhaaf. Hiervandaan is die geselskap na die Sondagsrivier, waar 'n ontmoeting met Ndlambe en ander Kafferkapteins, wat met Gaika in oorlog verkeer het, plaasgevind het. Die Goewerneur het hulle probeer beweeg, om weer oor die grens terug te keer en het toe 'n onderhoud met Gaika aan die Katrivier gehad en 'n verdrag met hom probeer sluit. Hiervandaan is hy oor Graaf-Reinet na die ») Uitg. St. 88. De Mist—Janssens. Not. de Mist, Dl. VI. Kol. Archief 4362. 124 noordelike gedeelte van die Kolonie, om die toestande van daardie koloniste en van die Boesmans te wete te kom. Aan die noordelike grens van die Kolonie bereik die tyding die Goewerneur, dat die oorlog in Europa opnuut uitgebreek het en moes hy in allerhaas na Kaapstad terugkeer, om vir die verdediging van die Kolonie te sorg.1) Teen die end van Julie 1803 is Janssens weer terug aan die Hoofplaas, met 'n beter insig van die werklike toestande in die buitedistrikte en hou hy hom besig met die militêre organisasie in verband met 'n ewentuele verdediging van die Kaap. Hy het met die koloniste in aanraking gekom, hulle ler wenswyse gesien, ook hulle moeilikhede, veral met betrekking tot die invalle van die Kaffers aan die oostelike grens en van die Boesmans in die noorde, die moeilike verkeerstoestande, gebrekkige opvoeding en beskawing en sou hy later beter bereken wees om verordeninge oor daardie gedeelte van die Kolonie te help maak. Die Kommissaris-Generaal was intussen besig met sy „instructie-winkel" en met sy werksaamhede om die stroefheid van die politieke masjiene te verminder. * * * Op 9 Oktober 1803, iets meer dan twee maande na die terugkoms van die Goewerneur uit die binnelande, het die Kommissaris-Generaal met 'n groot gevolg van 22 blanke, 17 Hottentotte en slawe, in vyf waens, elk met twaalf osse bespan en 25 perde, sy reis begin.2) Heel veel tyd is in beslag geneem vir die uitrusting van so'n groot geselskap, waar- *) Vir die reis van Janssens en onderhandelinge met die Kaffers sien Lichtenstein, II, p. 138—194. a) Stukken tot de Landreize van de Mist Oct. 1803—Maart 1804, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. Lichtenstein, Reize, Dl. I. Mc. Call Theal, Belangr. Hist. Doe, III, p. 121—187; Godée Molsbergen, Reizen in Zuid-Afrika, Dl. II, p. 167—189. Augusta de Mist in Penélopé 1835 en in „Onze Eeuw", Jaarg. XV, Dl. 3 en 4. 125 onder ook die dogter1) van die Kommissaris-Generaal, met haar vriendin E. M. Vers veld hulle bevind het.3) Waar Janssens die suidelike en noordoostelike gedeeltes van die Kolonies deurreis het, gaan die Kommissaris-Generaal in 'n noordwestelike rigting, om dan dieselfde dele as die Goewerneur te besoek. Op die reis, wat wel met veel ongemakke gepaard gegaan het, maar ook nie van buitengewone aantreklikheid ontbloot was nie, het die Kommissaris-Generaal self kon kennis maak met dieselfde probleme, waarmee Janssens te doen gekry het en waarvan die kennis so onontbeerlik was vir die uitvoering van die opdrag van sy hoë kommittente. Nou kon ook hy 'n insig kry in die le wens wyse, die maniere en gewoontes, die trap van beskawing, politieke en godsdienstige beskouinge en ekonomiese toestande van daardie wrede rusverstoorders in die buitedistrikte van die Kolonie. Hy hoef hulle nou nie meer te sien deur die bril van *) Jule Philippe Auguste (geb. te Kampen 15 Nov. 1783 — oorl. te Nymegen 5 Maart 1832) was die jongste kind van die Kommissaris-Generaal en is op 5 Aug. 1809 getroud met Anton Baron de Howen, luitenantkolonel van die Artillerie. In 1821 het sy haar reisbeskrywing : „Relation D'Un Voyage En Afrlque Et en Amérique Par Madame ***" te Namen uitgegee. Dit is deur Wed. Van Meerten—Schilperoort in Nederlands vertaal onder die tietel „Dagverhaal van eene reis naar de Kaap de Goede Hoop en in de Binnenlanden van Afrika, door Jonkvr. Augusta Uitenhage de Mist, in 1802 en 1803". (Penélopé, Dl. VIII, 1835), en aangevul uit Lichtenstein deur Johanna W. A. Naber in „Onze Eeuw" (15de Jaargang, Dl. III, p. 369—396 en Dl. IV, p. 86-107) onder: De Reis van Auguste van Uitenhage de Mist door de Binnenlanden van Zuid-Afrika 1803—1804. Van Augusta bestaan daar 'n kryttekening (vermoedelik deur haar man, de Howen vervaardig) en op die oomblik in bezit van 'n kleindogter van haar zuster Anne Amelia Eschaurier. Sien Bylage b. *) Colenbrander (Koloniale Geschiedenis, Dl. I 1925, p. 166) deel mee, dat de Mist met Lichtenstein 'n reis in die Noorde van die Kolonie maak in 1805. Die reis van de Mist het geduur tot 23 Maart 1804, waarop Lichtenstein hom vergesel het. Wel het Lichtenstein in 1805 deur die Noordelike dele 'n reis gemaak, maar in geselskap van Landdros Van der Graaf van Tulbach. 126 'n Barrow of 'n Grandpré nie. Hy kon self op hoogte kom met daardie ander probleem der probleme, wat betref die verhouding tussen die kolonis en die Kaffers, waarvan die Europeaan van die 18de eeu in Europa altans, geen begrip gehad het nie — 'n probleem, wat al ingewikkelder geword het en al is dit dan ook in 'n gewysigde vorm, in 1926 nog na sy oplossing soek — nou dat gestrewe word na algehele afskeiding op territoriaal, maatskaplike en ekonomiese gebied van die kant van die blanke regering. In elk geval het die kennis, deur de Mist op hierdie reis opgedaan, die grondslag gevorm van sy besluite ten opsigte van die baanbrekers van die beskawing in Suid-Afrika. Hierdie werksaamhede van de Mist en Janssens het in die eerste plek tot doel gehad, die vestiging van rus en orde onder die ingesetene as sulks, en hier het hulle as middele aangewend 'n betere regeling van die politieke en regterlike bestuur van die buitedistrikte, waartoe 'n kleiner verdeling van die gebiede en 'n meer sentrale plaatsing van die drosdye, as hulpmiddele moes dien. Daarby moes die bevordering van beskawing deur die reëling van onderwys en godsdiens sy deel bydra, om die distrikte tot 'n reëlmatige maatskappy op te voer. Die welvaartsbronne moes in sommige gevalle opgespoor en in andere in beter weë gelei word. In 'n nou verband met die vestiging van rus en orde in die buitedistrikte staan die behandeling van die naturelleprobleem en in verband hiermee weer die sending. Met al hierdie kwessies het die Kommissaris-Generaal hom op sy reis besig gehou en daarom sal by die afsonderlike behandeling van hierdie onderwerpe, ook gewys word op die beeld, wat die Kommissaris-Generaal van hulle op sy reis gevorm het. In die eerste plek het 'n kleiner verdeling van die grensdistrikte die aandag van de Mist in beslag geneem. 127 b. Kleiner Verdeling en 'n grondiger Kennis van die Buitedistrikte. Nog vóór die koms van die Kommissaris-Generaal in Suid-Afrika, het dit in sy bedoeling gele, om 'n verandering teweeg te bring in die verdeling van die gebied, waaroor hy prowisioneel die bestuur moes inrig. Die hele gebied was destyds verdeel in die vier distrikte van Kaapstad, Swellendam, Stellenbosch en Graaf-Reinet en veral wat die twee laasgenoemde betref, was .die drosdye feitlik op hulle grense en dan nog nie vér van Kaapstad nie, gevestig. Dit was ondoeltreffend, daar die oogmerk van derglike indelinge nie anders kan wees nie dan om „de Politie en de goede orde in een kleiner bestek te beter te kunnen handhaven — en om aan de Ingezetenen, in alle opzichten, op eene spoedigere, minder kostbaare en zekerer wyze meerder veiligheid en gemak te bezorgen." 1) Die feit, dat die drosdye nie in die sentra van die distrikte gelê het nie, was 'n gevolg van die natuurlike uitbreiding van die Kolonie na die noorde en ooste. Dit was dan ook juis gesien van de Mist, dat hier verandering moes kom en veral met die oog op die kontrole en beskerming van die ingesetene, wat hulle aan die noordelike en oostelike grense bevind, in moeiliker omstandighede gelewe het en dikwels in aanraking moes kom met die naturelle, wat gedurig tot botsing aanleiding gegee het. Vir hierdie mense, verder weg van beskaafde invloede, gedurig gespits op verdediging teen wilde diere en op moordbeluste vyande, was dit 'n dringende behoefte, om die handhawers van wet en orde so na moontlik onder hulle bereik te hê. Wanneer daar sake opkom, waarby hulle die tussenkoms van die landdros nodig het, het die gevaarlike omstandighede, waaronder hulle gelewe het, hulle *) Mem. de Mist, p. 84. 128 afwesigheid van huis en goed nie geregvêrdig nie, wat tot gevolg moes hê, dat hulle dikwels eiehandig en onwettig moes optree. Die Kommissaris-Generaal was dan ook oortuig, dat hierin die grondoorsaak van al die troebele en oproer in die grensdistrikte moes gesoek word. Hy wou hier selfs radikaal te werk gaan, deur aan te beveel, om die ou name van die distrikte deur nuwes te vervang of selfs met nommers aan te dui1) en die naam landdros deur bal ju te laat vervang2) soos die benaming fiskaal reeds deur prokureur-generaal vervang is. In die uitvoering van die verdeling, het die KommissarisGeneraal sy rasionalistiese idees, egter, nie so vér deurgevoer nie. Maar daarteenoor staan, dat hy nou van eie ondervinding kon gebruik maak, daar hy dié streke self besoek het. Duidelik is dan ook sy motivering van die verdeling tydens sy besoek aan Graaf-Reinet.8) Volgens sy sienswyse is hierdie gedeeltes te seldsaam besoek deur die owerheidspersone, sodat die Goewerneur vroeër ook nie op hoogte van sake kon wees wat die grensdistrikte betref nie. „Een der Hoofdoorzaaken van de desordres te vooren in dit district voorgevallen en van deszelfs tegenwoordig geheel vervallen staat moet gezogt worden in zijne al te groote uitgestrektheid" en. in die groot afstand van die residensie van die landdros van die grensveldkornetskappe. Die landdros het hierdeur nie die mense, wat onder sy jurisdieksie verkeer het, geken nie en hom in die sedelike onmoontlikheid bevind, om die wette en bevele van die Goewerment tot die kennis van en veel minder nog tot die nakoming daarvan aan die koloniste te bring. Die koloniste word menigmaal veroordeel of beboet vir misdrywe of tekortkominge, terwyl hulle onkundig was van die bestaan van die wette, wat hulle dan sou oortree het. Die land- *) Mem. de Mist, p. 86. ») Ibid. p. 87. *) Extract uit de Handelingen en Besluiten van Mr. }. A. de Mist, Graaf-Reinet 7 Febr. 1804. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. 129 dros kon dus onmoondik rus en orde handhaaf. Ook was hy „in de onmooglijkheid, om by invallen van Kaffers of Bosjesmans, van Regeeringswegen daadlijke tegenweer te ordonneeren, waardoor veelal eene gedwongene eigenverdediging, maar ook daaruit eene verzwakking van het zo nodig respect voor den Hoogsten Ambtenaar van dit District moest gebooren worden, die naderhand moeilyk te herstellen was en by opgewonde harssenen, ligtelyk moest overslaan, tot het aannemen van dezelfde beginselen van Regeringsloosheid, die Europa zo veel bloed en traanen gekost heeft; om niet te gewagen van meer andere bygekomene oirzaaken, uit den afkeer der Ingezetenen tegen vreemde overheersing, oorspronklyk, welk gevoel, hoezeer pryslyk in het motif, doch echter door onverstand en ongematigde toepassing, meermalen gelegenheid heeft gegeven tot desordres en wandaaden in alle landen en tyden af te keuren en strafbaar.1) Uit oorweging van bogaande, besluit de Mist, om die distrik Graaf-Reinet in twee dele of landdrosdye te splits. Die noordelike deel sou die naam Graaf-Reinet behou en bestaan uit elf veldkornetskappe. *) Die suidelike deel, waaruit 'n nuwe distrik gevorm word, het bestaan uit vyf veldkornetskappe 8) van die ou distrik, waarby die veldkornetskap Zitsekamma, 'n gedeelte van Kromme Rivier uit Swellendam bygevoeg is. Later is ook nog Winterhoek en Baviaanskloof respektiewelik van Graaf-Reinet en Swellendam afgesny en by die nuwe distrik ingesluit. *) Soos tot hiertoe gebruiklik was, word die handhawing van rus en orde en die uitvoering van die wette opgedra aan die landdros en die siviele en finansiële administrasie aan die *) Ibid. *) Die dorp Graaf-Reinet; Sneeuwberg; Voorsneeuwberg; AgterSneeuwberg ; Zeekoe-Rivier en Rhenosterberg ; Nieuwveld en de Ghoup; Tarka; Zwagershoek ; Buffelshoek ; Camdebo en Zwartberg. *) Zwarte Ruggens ; Bruintjes Hoogte; Bosjesmans Rivier ; Zuure Veld en Zwartkops Rivier. (Not. de Mist 7 Febr. 1804, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. 4) Mc Call Theal, History. 1795—1872. Vol. I, p. 151. 9 130 Kollege van landdros en ses heemrade, uitsluitend benoem deur die Goewerneur en Generaal en Chef, wat ook soveel veldkommandante en veldkornette sou benoem as hy in die belang van die ingesetene sou goedvind. Met leedwese het de Mist die vervalle staat van die publieke geboue en finansiële admindstrasie met die, as gevolg, nadelige invloed op die ingesetene ten opsigte van hulle eerbied vir die wettige owerheid, tydens sy besoek aan GraafReinet, waargeneem en voorlopige maatreëls getref, om hierin verbetering aan te bring.1) So besluit hy, dat die rekogniesiegelde na keuse óf in Kaapstad óf op Graaf-Reinet betaal kan word, maar die opgaaf- en straatgelde alleen op die laasgenoemde plek. Die buitengewone straatgelde, wat deur die ingesetene van die buitedistrikte opgebring moes word ten behoewe van weë en strate, om en in Kaapstad, sou voortaan gedurende tien jaar aan die drosdye betaalbaar wees, om „Drosthuizen, Gevangenhuizen en Secretarien op te bouwen."2) Om tot 'n gereelde korrekte betaling van die belastinge te kom, moes die ingesetene begin Maart van ieder jaar 'n opgawe doen van al hulle vee en tegelykertyd die verskuldigde daarop afdra. Hulle moes ook dié van die Hottentotte opgee, hoewel daarop geen belasting behoef betaal te word nie. Om Graaf-Reinet nog verder tegemoet te kom, het die Kommisaris-Generaal aan die drosdy nog 700 Rds gegee en 4000 Rds geleen sonder rente. Hierdie geld moes, egter, in 500 paaimente gedurende ag jaar terugbetaal word. Tewens verbied die Kommissaris-Generaal die toelating van vee op die kerkplein, in die strate of op die publieke gronde, ter voorkoming van die skadelike en soms ondraaglike sandstuiwinge. Graaf-Reinet het destyds bestaan „uit eene vrij breede en lijnregte straat, bestaande uit omtrent twintig huizen (zoge- *) Not. de Mist, Graaf-Reinet 8 Febr. 1804, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. ') Extract uit de Handelingen en Besluiten... 7 Febr. 1804, Dl. IX, Kol. Arch. 4365. 131 naamde erven) en de daar tusschen liggende tuinen. De inwoners bestaan uit smids, wagenmakers, zadelmakers, schrijnwerkers en andere handwerkslieden, die hier eene zeer goede kostwinning hebben. Ook vindt men er enkele kleine winkeliers, wier winkels er echter armzalig uitzien. De woning van den Landdrost is het oudste en tevens het slechtste huis in het gansche dorp; ook de kerk... is in eenen zeer bouwvalligen staat,"1) daar dit „gedurende de laatste onlusten tot magazijn, zoo wel, als tot eene kazerne voor het paardevolk en tot eenen stal gediend en dus aanmerkelijk had geleden..." 2) Wat die suidelike deel en nuwe distrik Uitenhage betref, word by proklamasie van 25 April 1804, deur Janssens die drosamp aan kaptein Alberti van Fort Frederik opgedra, om met 'n landkundige kommissie uit te sien na 'n geskikte plek vir die vestiging van 'n drosdy.3) Hiertoe is uitgekies die plaas van 'n weduwee Scheepers. Dit is aangekoop vir £ 400 en op 15 November 1804 kon die landdros en heemrade4) aan die Kommissaris-Generaal meld, dat hulle kollege gekonstitueer is, dat hulle besig is om 'n landdroswoning en daartoe behorende geboue op te trek en dat „de gezeegende gevolgen deezer gelukkige verandering zich duidelijk doen bespeuren." Tewens dank hulle die Kommissaris-Generaal vir sy reëlinge in verband met die openbare godsdiens op die dorp Graaf-Reinet, daar die kerk aldaar vir die grootste gedeelte Uitenhagers die naaste geleë was.6) Die nuwe distrik Uitenhage het juis dié gebied'iirgesluit, wat die meeste te ly gehad het onder die invalle van die Kaffers, waar dientengevolge die meeste regeringloosheid geheers het en wat sodoende die meeste beskerming nodig gehad *) Lichtenstein II, p. 270. ») Ibid p. 292. 3) Ink. St. 324. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. ') Kapt. A. Alberti, H. Jansen van Rensburg, J. J. Mulder en A M. Ferrijra. 6) Ink. St. 389. Not. de Mist. Dl. XI. Kol. Arch. 4367. i32 het. Daarom het dit dan ook 'n militêr, geassisteer aeur 'n afdeling soldate, as landdros gekry. Dieselfde algemene beweegredene as wat gegeid het vir die splitsing van Graaf-Reinet, het die Kommissaris-Generaal ook laat oorgaan tot die verdeling van die distrik Stellenbosch in twee drosdye. Reeds op 26 Februarie 1804 skryf die Kommissaris-Generaal aan Truter, die sekretaris van die Politieke Raad, dat dit so „noodzaaklijk als brood was, dat een vijfde Drostdy in het Noorden voor de Bokke- en Roggevelden aangelegd wordt." *) Op 22 Maart 1804 vra hy die advies van die landdros en heemrade van Stellenbosch in verband met die doeltreffende verdeling van die gebied en gee die algemene lyne, waarvolgens na sy oordeel die skeiding moes geskied. Die lokaliteit, waar die nuwe droshuis gebou sal moet word, moes voldoen aan die vereistes van gesondheid, vars lopende water en vrugbare grond. Daarby moes in die nabyheid hout gevind word en dit moes in die sentrum van die distrik geleë wees. Tewens word bogenoemde landdros en heemrade kennis gegee, dat hulle drosdy voortaan nie meer Stellenbosch en Drakenstein sal heet nie, maar alleen die eersgenoemde benaming sou hê en dat dienooreenkomstig alle offisiële state moes ingerig word.8) Op 15 Mei 1804 dien die Kommissie3) dan ook hulle rapport in, waarby hulle die Kommissaris-Generaal versoek, dat die koloniste van Stellenbosch die reg sal behou, om met die inwoners van die nuwe distrik gedurende die winterseisoen gemeenskaplik gebruik te maak van die Karovelde, daar „alle de velden in de Karro onder de nieuwe Colonie behooren." 4) *) De Mist—Truter 26 Febr. 1804. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. ') De Mist: Stukken tot de Landreize Oct. 1803—Maart 1804, Dl. IX, p. 425. Kol. Arch. 4365. *) Heemrade Samuel Johannes Cats, Cornelis de Waal Snr. en Jacobus Christiaan Faure. *) Ink. St. 350 A. Rapport van Commissie.. de Mist 15 Mei 1804. Not De Mist DL X. Kol. Arch. 4366. 133 Vir 'n drosdy kan die Kommissie geen geskikter plek aanbeveel as „Jan Dissels of anders genaamd de Groote Zeekoe Valley", 'n lening splaas van burger Pieter Ernst Kruger en wel omdat die plaas reeds van tuine en 'n menigte vrugtebome, selfs van 'n „oranjerie, die men in geen Drostdye alhier vind" voorsien is.1) So word by publikasie van die Kommissaris-Generaal van 11 Julie 1804 die suidelike grens van die nuwe distrik vasgelê van die mond van die „Verlooren-Valley, die ten noorden van de St. Helena-Baai in zee stort en verder de Verlooren Valley en de Kruis Rivier tot aan het zogenaamde kruis, waar zich die Rivier met de Berg Valley vereenigt; vandaar oostwaards door de Piekenierskloof en de Elandskloof en dan verder ten Noorden van het Gebergte van het zogenaamde Koude-Bokkenveld of Friesland, zuidoostelijk nederdalende bijlangs den zogenaamden Draai bij de Verkeerde Valley, totdat die stuit tegen de scheid-linie der Drostdy Zwellendam... en Oostelijk in de Karro tot aan de Leeuwen-Rivier, of de uiterste grenzen der Drostdij Graaff-Reinet." 2) As prowisionele landdros van hierdie nuwe distrik word aangestel Hendrik Lodewyk Bletterman en aan die hand van sy rapport het Janssens beswaar gemaak, dat die residensie van die drosdy op Jan Dissels Valley geplaas sou word.8) De Mist gee sy goedkeuring, op voorwaarde, dat die Goewerneur redelik oortuig is, dat die besware gegrond was.4) Weliswaar is daar reeds 'n kerk en 'n pastorie op Roodezand, maar die enigste oorweging by die Kommissaris-Generaal was die belang van alle ingesetene en veral van dié aan die noor- *) Ibid. ») De Kaapsche Courant 14 July 1804. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. •),Ink. St. 378. Janssens—de Mist 17 Sept. 1804. Not. de Mist, DL X. Kol. Arch. 4366. *) Uitg. St. 252. De Mist—Janssens 18 Sept. 1804. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. 134 delike grens. Hierdeur is die nuwe distrik suidwaarts uitgebrei tot die Breede Rivier van sy samevloeiing met die Hex Rivier op tot die westelike punt van die sogenaamde „eiland"; daarvandaan die westelike bergketen tot Roodezandskloof; dan die klein Berg Rivier deur die kloof; die berge van die 24 Riviere en Olifants Rivier tot die eersgenoemde prowisionele lienie.1) Die drosdy is gevestig op die plaas Rietvlei, dig by die Roodezand-kerk en Hendrik van der Graaf aangestel tot landdros. Van die begin van 1805 moes die twee distrikte hulle registers en finansies afsonderlik hou en mog Kaapstad geen straatgelde hier meer hef ten behoewe van weë en strate, om en in die Hoofplaas nie. Maar ook sou deur hierdie afskeiding die finansiële sorge van die distrik Stellenbosch verswaar word, sodat die landdros 2) van daardie distrik die Kommissaris-Generaal opmerksaam maak op die feit, dat die inkomste van die Kolonie Stellenbosch ontoereikend is en nog minder sal word deur die splitsing, „daar de inkomsten of belasting van den Vhee Boer onijndig surpasseert de revenuen, die de koorn en wijnbouwende Ingeseetenen opbrengen." 8) In elk geval, die Kolonie het nou sy sesde distrik of vyfde drosdy Tulbagh gehad en om beter bekend te raak met die toestande van sy distrik en ook om tot 'n betere kennis te kom van die naturellebevolking op die noordelike grens en van die doen en late van die sendelinge daar, is die nuwe landdros opgedra om 'n reis deur die noordelike gedeelte van die Kolonie te onderneem.4) Vergesel van die „Medicinae Doctor en Chirurgijn Major *) Mc Call Theal, Hlstory. 1795-1872. Vol. I, p. 153. s) Van der Riet. ») Ink. St. 351. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. *) Sien Lichtenstein, Reizen Vide af deeling : Reis door het Land der' Boschjesmannen, Koranen en Beetjuanen; ook Godeé Molsbergen, Reizen in Zuid-Afrika, Dl. II, p. 193 vg. i 135 Lichtenstein," het hy in Mei 1805 tot „12 dag-reisens over de Groot of Oranje Rivier" deurgedring. Janssens beloof aan die Asiatiese Raad 'n ekstrak van hulle rapport met die byvoeging, dat die reis van Lichtenstein en die onvermoeide poginge van kaptein Alberti, in Uitenhage geleentheid sal gee om die allergebrekkigste kaart van die land te verbeter.1) daar ook laasgenoemde besig is, om sy distrik op te meet, sonder koste vir die Goewerment.9) Die formasie van die twee nuwe distrikte was van buitengewoon groot belang vir die volksplanting en hoewel die destydse distrikte nog veel te groot was vir die doelmatige bevordering van meerdere „beschaving, kennis van en eerbied voor de wetten," 8) tog het die dunverspreide bevolking om finansiële redene geen verdere verdeling op die moment geregverdig nie. In elk geval het die outoriteite nou genoeg eerstehands informasie, om oor te gaan tot die inrigting van die bestuur van die buitedistrikte. Uit al die bemoeiinge van die Kommissaris-Generaal en die Goewerneur blyk duidelik, dat hulle 'n oop oog gehad het vir die behoeftes en belange van die bevolking en dit tot grondslag probeer lê het aan hulle besluite. Die outoriteite wou die mense, vir wie wette en verordeninge daargestel moes word, werklik ken in alle opsigte en veral met betrekking tot die buitedistrikte, seker in teenstelling tot die uitgangspunt van die Britse tussenregering, wat wel 'n aantal kolleges behou het, maar dan hoofsaaklik om sy besluite ten uitvoer te bring, afgesien of die inhoud van daardie verordeninge strook met die histories gewordene in 'n verowerde maatskappy. Onder hierdie mense is mettertyd 'n sterk ontwikkelde indiwidualisme ontstaan. Dit lê dan ook heeltemal voor die ») Sien Kaart Lichtenstein Reizen, DL III, hier agter in gereproduseer. ») Jansens—As. Raad, 31 Oct. 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 548. Kol. Arch. 4375. ») De Mist—Truter 26 Febr. 1804. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. 136 hand. Van die kant van die sentrale regering in Kaapstad, is die buiteliede altyd min of meer verwaarloos. Heel vroeg in hulle bestaan het hulle 'n soort van selfstandigheid ontwikkel. Elke nuwe distrik was ook 'n nuwe „Colonie". Deur middel van die landdros en heemrade is die kontak met die sentrale regering onderhou — maar dit was nie altyd skerp gereken nie. Die landdros was die offisiële verteenwöordiger van die regering in Kaapstad en solang laasgenoemde genoeg produkte van die buitedistrikte betrek het en daar geen inbreuk op die monopolie van die Kompanjie gemaak word nie, kon die buitedistrikte hulle eie weg opgaan. Daarby kom die feit, dat die buiteman feitlik self vir sy verdediging teen die Naturelle moes sorg, wat die selfstandigheidsin geweldig in die hand gewerk het. Bowedien het die landdros, in elk geval die heemrade, hulle medeburgers grondig geken en verstaan en sodoende rekening gehou met hulle eienaardighede, gewoontes en tradiesies. Daarom kon die hof van landdros en heemrade feitlik al die geskille, wat tussen die ingesetene van die buitedistrikte opgekom het, besleg en was dit by uitsondering, dat die mense met die Raad van Justiesie in Kaapstad te doen gekry het. Ook hierdie Raad was saamgestel uit 'n gelyk getal burgers en Kompanjiedienare, wanneer sake in verband met 'n burger behandel moes word en kon dit in die vorm van die ou burgerraad by die sentrale regering in Kaapstad en selfs in Europa in die bres spring vir die belange van die vryburgers. Die ingesetene van die buitedistrikte was bewüs van die feit, dat hulle hulle wat die praktyk betref, self regeer het en daarom kon dit in 1795, al het ander vreemde invloede ook hiertoe bygedra, toe die Kompanjie-regering 'n nouer toehaling van die band tussen die distrik en sentrale regering probeer bewerkstellig, op twee onafhanklike republieke uitloop. Dit was met hierdie mense, wat de Mist en Janssens te doen gekry het in die buitedistrikte en dit strek hierdie outoriteite tot lof, dat hulle hulle soveel opofferinge getroos 137 het, om èn persoonlik èn deur adviese, op die hoogte te kom van die goeie hoedanighede sowel as die tekortkominge en behoeftes van hierdie deel van die maatskappy, waaroor hulle alles te reël gehad het. Kenmerkend is die insig dan ook, waarvan die Kommissaris-Generaal na sy reis en die persoonlike aanraking met die buitemense getuig. As 'n mens meerdere beskawing, kennis van en eerbied vir die wet wil hê onder die verafgeleë ingesetene („die echter minder woest zijn als veele stedelingen, doch om welke te bestieren een bijzondere tact noodig is, die weinige bezitten"), dan moet daar gesorg word vir behoorlike amptenare, wat ordentlike woninge moes hê. Daar moes kerke wees, predikante en skole en in die begin moet die algemene kas tot die onkoste hiervan bydra, omdat anders die „Ingezetenen ten Platten Lande, die het dubbeld in 's Lands Kas daarin betalen, reden hebben zich over de ongeëvenredigde faveurs der laatste zeer te beklagen." 1) Dit wys duidelik daarop, dat dit in die toekoms nie meer sou wees belangstelling vir die buitedistrikte alleen ter wille van Kaapstad nie, maar ook om hulle-selfswille. Sowel die bestaan van die ingesetene van Kaapstad as dié van die besetting was volkome afhanklik van die rus en welvaart van en die gevolglike gereelde aanvoer van lewensmiddele uit die buitedistrikte. Daarom moes dit ook in die bedoeling van die outoriteite lê, om laasgenoemde te bevorder — ook deur middel van 'n doeltreffende bestuur oor daardie distrikte.. So wys die Politieke Raad daarop, dat die landdros die hoofregeringspersoon in die buitedistrik moes bly. In die persoon, wat daardie pos beklee, moes verenig wees verskillende hoedanighede, wat mens nie telkens by een figuur terugvind nie. Die Raad sou sien, dat die beampte die nodige aansien en onafhanklikheid moes hê en dat hy derhalwe goed gesalarieer moes word. Daarom stel hy voor, dat die pos van vandiesie-meester af- *) De Mist—J. A. Truter 26 Febr. 1804. Not. de Mist, DL IX, p. 425. «Kol. Arch. 4365. 138 geskei sal wees van die drosamp en aan die sekretaris toevertrou word en die landdros sy traktement direk uit die Goewermentskas sou kry. Hierdie skeiding van pligte word aanbeveel, omdat, ingeval die landdros in sy funksie as vandiesie-meester maatreëls neem ter invordering van agterstallige vandiesie-gelde, hy deur die ingesetene in die eerste plek beskou word as hulle vervolger en wel in sy eie belang, daar hy 'n gedeelte van sy inkome uit die vandiesie-penninge ontvang het. Die afskeiding van die twee ampte moes ook plaasvind weens die feit, dat die landdros, in geval van geen prompte betaling van die vandiesie-gelde by die Raad van Justiesie, in Kaapstad aangekla moes word. Word die sekretaris van die drosdy vandiesie-meester, dan is die moeilikheid opgelos, want dan kon hy by wanbetaling voor die landdros ter verantwoording geroep word. Hierdeur sou die landdros dan ook groter onafhanklikheid kry. Verder beveel die Politieke Raad aan, dat die salarisse van die landdroste volgens die meerdere of mindere moeilike bestuursomstandighede van die verskillende distrikte sou varrieer en dat die sekretaris nooit landdros sou word nie op die drosdy, waar hy die funksie van sekretaris beklee het, om „intrigues en Cabalen" teen die landdros soveel moontlik te voorkom. *) Ook sou by ieder drosdy 'n aantal gewapende „politie-ruyters" moes wees en wel op 'n minder veragtelike voet as tot nog toe gebruiklik, asook van 'n beter bestaan voorsien. Eindelik beveel die Raad aan die indienshouding van enige sogenaamde „Caffers", maar onder 'n ander benaming, omdat hulle funksie niks uitstaande het met die nasie, wat so genoem word nie. Hulle soü egter, voortaan nie meer gerekruteer mag word uit voormalige misdadigers nie. Hierdie advies is ten volle vasgelê in die ordonnansie op die bestuur van die buitedistrikte, deur Goewerneur en Raad uitgegee op 23 Oktober 1805, maar alvorens tot die bespreking daarvan oor te gaan, is dit miskien nie ongewens *) Ink. St. 364 A. Not. de Mist, Dl. X. Voorstel van de Raad van Politie re Bestuur der Buiten-Districten. Kol. Arch. 4366. 139 nie, om eers nader bekend te word met die verskillende soorte van grondbesit, wat tot basis van die ekonomiese lewe van die destydse kolonis gedien het. c. Grondbesit aan die Kaap. Toe die Bataafse outoriteite aan die Kaap kom, het daar drie soorte van besitreg van gronde bestaan, en wel grond in eiendom, op erfpag en in lening. Reeds onder Jan van Riebeek, in 1657, is aan enige persone stukke grond, sonder die grootte daarvan te bepaal, toegestaan, onder voorwaarde „dat na expiratie van drie jaren, aan hun in vollen en vrijen eigendom zal worden afgestaan, al het land, dat bevonden zoude worden, het zij door hen alleen, dan wel met adsistentie van anderen, te zijn bebouwd beploegd..." *) Ook is in dieselfde tyd enige tuintjies in lening sonder betaling aan partikuliere afgestaan. In 1703 is ook sonder betaling vir die wei van vee grond in lening toegestaan 2) Sedert 1714 skyn die eerste belasting op leningsplase gehef te wees. Die derde soort van besitreg, n.1. erfpag, waarby grond teen die betaling van rekogniesie uitgegee is, het die eerste keer voorgekom op 18 Februarie 1732.!) Die leningsplase is eers sonder betaling verkrygbaar gestel; toe moes die tiende van die opbrings van die daarop verboude graan en in 1714 bowedien nog ses Rds jaarliks betaal word. Hierdie bedrag is opgevoer, sodat by die aankoms van de Mist aan die Kaap, 24 Rds vir die besit van 'n leningsplaas betaal is. Deur die betaling van hierdie rekogniesie of huur het die huurder ook meer sekerheid gekry en was sy besit nie alleen ') Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift, Dl. II 1825, p. 278. ') Ibid. *) Ibid. p. 279. 140 afhanklik van die wil van die regering nie. Hiermee het ook hand aan hand gegaan 'n groter verbetering van die gronde. Waarskynlik was dit die rede, waarom in 1715 reeds aan die leenbesitters die verpligting van jaarlikse vernuwing van die leen opgelê is.1) Nieteenstaande was die leenbesit nog 'n onsekere. Niemand het die reg van vervreemding gehad nie. ^Vel kon die leenbesitters by verlating of intrekking van die plaas die opstal verkoop. Dit het die tydelike eienaars natuurlik aangespoor, om die plase so veel moondik te verbeter, daar hulle geweet het, dat hulle die koste by verkoop weer kon goedmaak. Bowedien is daar 'n belasting van 2% % van die koopsom, deur die koper te betaal, gelê op die verwisseling van eienaar van die opstalle. Die uitgifte van grond het ook die volle sorg van de Mist en Janssens na hulle aankoms aan die Kaap geniet. Reeds in die begin van 1803 het die Goewerneur en Raad die gedagte van die Kommissaris-Generaal hieroor ingewin. Laasgenoemde was van oordeel, dat „een Gouvernement doorgaans het beste doet en zich aan de minste bedillingen en verantwoording blootstelt 's Lands goederen publiek en aan de meest biedende te verkoopen"; a) want, meen hy, „algemeen goed is geen goed: de minste eigendommen zijn voor een Land het beste — hoe meer private grondeigenaren, hoe meerder gehegtheid aan het land, waarin men woont — hoe beter cultuur — hoe meer alienatien hoe meer Heeren Rechten — hoe minder bedrog, besteelen, kosten van opzicht en onderhoud etc " 8) Maar daar moet sekere uitsonderinge wees en dit betref veral gronde, wat grens aan dié, Wat reeds in besit is. Deur dié gronde publiek te verkoop, kon die pryse hiervan miskien onbillik hoog opgeja word. Maar ook moes die oog altyd gehou word op 'n sekere aantal onontbeerlike uitspanplase, *) Zuid-Air. Tyds. 1825. Dl. II, p. 282. ») Uitg.. St 128. De Mist-Gouvr. Raad, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. *) De Mist—Janssens 12 Dec. 1803, Dl. IX, p. 269. Kol. Arch. 4365. 141 tot die gerief van die buiteliede op reis van en na Kaapstad. Hiervan het die toevoer van koring en ander lewensmiddele afgehang en ook die binnelandse handel. Maar anders was dit gestel met die gronde in die nabyheid van Kaapstad, wat volgens de Mist veel liewer verkoop kon word dan in lening uitgegee. Deur laasgenoemde gedragslyn word die ou leenstelsel „geperpetueerd, de Ingezetenen niet geattacheerd aan eenen grond, op welken zij geenen .eigendom hebben en dien zij niet als vrij allodiaal goed aan hunne kinderen kunnen nalaaten en die daarvoor dikwerf worden teruggehouden, om alle mogelijke verbeteringen te doen aan gronden, die zij niet weeten of niet soms aan hun of hunne kinderen weder zullen worden ontnomen." 1) Daarby is grond' in eiendom verkiesliker, omdat geld makliker geleen word op gronde in eiendom dan op die roerende goedere, opsta] of geboue van 'n leningsplaas, wat deur verval en brand 'n minderwaardige sekuriteit aanbied. Persone, wat aan die Kaap geen geleentheid gehad het om hulle geld in obligasies en effekte te belê nie, sou dit wel ter leen wil gee aan besitters van vrye vaste eiendomme. So adviseer de Mist, dat in die eerste geval in die nabyheid van Kaapstad geen gronde uitgegee word nie, wat lê tussen dié, waarop die Regering reeds 'n aanvang gemaak het met houtpotinge. Verder sou gronde, wat dien tot uitspanplase en vir weiveld van die „naastbijliggende Bewooners" moet uitgesonder word. Ander gronde, geleë rondom reeds gekultiveerde en met huise beboude lande, sal aan die eienaars hiervan aangebied word, onder voorwaarde, dat die koopsom getakseer sal word op die basis van verderaf geleë gronde, by publieke verkoping en dat die kopers binne die eerste jaar die in eiendom verkrege gronde „met graaven, steenen of Hout omheinen en ter bepooting of cultuure ontginnen." a) Verder moes hierdie gronde nie afsonderlik verkoop word nie en moes, behalwe die 40ste penning herereg *) Uitg. St 128. De Mist—Gouvr. en Raad, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. ») Ibid. 142 bowe die koopskat, jaarliks een of twee skellings betaal word. Al die ander gronde, wat buite die bowegenoemde uitsonderinge val, sou by publieke veiling verkoop word. Maar ook in verband met die bouterreine in en om Kaapstad, moes meer reëlmaat en orde bewerkstellig word. So beveel die Kommissaris-Generaal aan, dat die Raad der Gemeente dit moes laat afbaken en in blokke verdeel en onderverdeel en publiek verkoop, ten profyte van die stedelike kas, op voorwaarde, dat daar binne 'n jaar 'n begin met die bebouing gemaak sal wees, anders sou dit gekonfiskeer word. Tot sover wat betref die gronde in en om Kaapstad. Groot verwarring het geheers in verband met dié wat verderaf geleë was. Hier word die plase besit in eiendom, in leningseiendom en in lening. Veral wat die leningsplase betref, was dit nie bekend of hulle nog in besit was van die persone op wie se name hulle in die boeke aangeteken staan nie, daar by verkoop dikwels geen oorskrywing plaasgevind het nie. Ook was daar groot onsekerheid, waar die gronde lê en welke gedeeltes deur usurpasie geannekseer is. Tereg merk Janssens dan ook aan, dat die land sonder plan, orde of oordeel gekoloniseer is. „Een ieder, die een plaats in leening begeerde, zocht een plaats, stelde er een paal of baak op en als niemand er iets tegen heeft, vraagt hij het aan en bekomt het in leening op een jaarlijksche vergunningsbrief of ordonnantie; het recht, dat hem zodanige ordonnantie gaf, strekte zich van de paal een half uur aan alle zijden uit en hier aan en aan de steriliteit van de drooge grond en de naaktheid van verre het meerendeel der bergen, is toe te schrijven, dat een bevolking van ruim 20,000 zielen (Hottentotten en Lijfeigenen niet meegerekend) genoegzaam het geheele land geoccupeerd heeft." *) Die outoriteite het dan ook besef, dat die uitgee van gronde in die verlede, alles te wense oorgelaat het en dat daar 'n rigsnoer vir die toekomstige verkrygbaarstelling, veral van le- *) Janssens—Gijsbert Karei van Hogendorp, 19 Jan. 1804. Br. en Bijl., Gouvr. en Raad 1803-1804, p. 263. Kol. Arch. 4373. 143 ningsplase, moes vasgelê word. In 'n konferensie, wat die Goewerneur met kundige Kapenare gehad het, is tot die besluit gekom, dat dit oor die algemeen af te keur was, om leningsplase op 'n gemaklike wyse aan die besitters in vrye eiendom te laat kry, „omdat het Gouvernement een recht zou afstaan, waaruit noch het Gouvernement, noch de Leenbezitter eenig voordeel zoude genieten: niet het Gouvernement, omdat er nauwlijks een bezitter van een Leeningsplaats zal worden gevonden, die dezelve niet door koop of andere onereuse titul verkregen en er de waarde van betaald of in rekening gevalideerd heeft." Maar dit sou die besitter van die leningsplaas ook geen voordeel aanbring nie, omdat dit by „dezen positif geen onderscheid maakt in het principe van bearbeiden", daar hy die waarde van die plaas aan sy voorgangers betaal het met die herereg en die jaarlikse rekogniesie aan die regering.1) Die leningsplase is vir tweërlei doeleindes aangewend — vir verbouing en vir weiveld. In die eerste geval was daar minder beswaar teen verandering in eiendom, want by eiendomsplase word heel gou tot subdiviesie oorgegaan en dit kon 'n beter verbou ini die hand werk. Maar juis hierdie onderverdeling het die beswaar uitgemaak in die twede geval, daar dit nie bevorderlik vir die plaas in sy aanwending as weiveld kom geag word nie.8) In die begin van 1804 het die Goewerneur en Raad oorgegaan tot die definitiewe reëling van die uitgifte van leningsplase.1) Volgens van Ryneveld was daar in die begin van 1805 ongeveer 2000 leningsplase in die Kolonie.4) In die vervolg moes elke nuwe leningsplaas op 'n rekwes 1) Verslag van de Commissie re landerijen, Not. de Mist, Dl. IX, p. 107. Kol. Arch. 4365. ') J. A. Truter—De Mist, 13 Nov. 1803. Not. de Mist, Dl. IX, p. 91. Kol. Arch. 4365. *) Extract Resolutie genomen by Goewerneur en Raaden van Politie aan de Kaap de Goede Hoop op Woensdag 29 Febr. 1804. Gouvr. en Raad. Br. en Bijl. 1804—1805. Bijl. 4, p. 472. Kol. Arch. 4374. 4) Zuid-Afr. Tyds., Dl. IX, p. 370. 144 by die Goewerneur en Raad aangevra word. Hierdie rekwes sou dan in hande van die landdros en heemrade van die betreffende distrik geplaas word vir 'n ondersoek na die bestaanbaarheid van die plaas, om die belanghebbendes te hoor en dan skriftelik rapport te doen aan Goewerneur en Raad. Daarby sal op die drosdy en aan die kerk 'n bekendmaking van die aangevraagde plaas en waar dit lê moet geskied. Op hierdie rapport sal die Goewerneur en Raad dan besluit en by ekstrak-resolusie aan die ontvanger van die goewermentsinkomste kennis gee, om 'n ordonnansiebrief op te trek en die naam van die applikant met die gebruiklike rekogniesiegeld in sy boeke aan te teken. Ook die eienaars van reeds uitgegewe leningsplase moet opnuut aansoek doen binne 'n bepaalde tyd en wel vir die Kaapse distrik 2, Stellenbosch 4 en Swellendam en GraafReinet 6 maande. Na 'n jaar kon die Goewerneur reeds getuig, dat die bogenoemde maatreëls „veele inconvenienten hebben doen ophouden en eene zeer nuttige regelmatigheid in dit vak hebben te wege gebragt." *) Maar die saak was nog vir verdere verbetering vatbaar. So word alles, wat by resolusie van 29 Februarie 1804 alleen omtrent leningsplase vasgestel was, in die toekoms ook in toepassing gebring op landerye, wat in eiendom of in erfpag versoek word.8) By die rekwes sou voortaan, behalwe die naam van die suppliant, ook moet gevoeg wees dié van die drosdy of distrik en die veldkornetskap, waarin die aangevraagde grond geleë is, die juiste ligging daarvan, aan welke plase dit grens en die grootte, wanneer dit in eiendom versoek word. Al die gronde, in eiendom of erfpag aangevra, moet deur die geswore landmeter van' die. Goewerment opgeneem word en hy sal sorgdra, dat daar geen sogenaamde kettingstreke oorbly nie. *) Extract Resolutie, genomen by Gouvr. en Raaden van Politie aan de Kaap de Goede Hoop op Woensdag 15 Mey 1805. Br. en Byl. Gouvr. en Raad 1804—1805, p. 473. Kol. Arch. 4374. ') Ibid. 145 Verder moes opgegee word of die plaas geskik was vir landbou en dan vir welke soort kuituur, of veelteelt en dan vir welke soort vee of ook of dit vir beide geskik was. Veral omdat die leningsplase nie opgemeet word nie, moet by die aanvraag presies uitgedruk word hulle ligging, met byvoeging van die omliggende berge en riviere en die besitter van die leningsplaas moes in die sentrum bou, sodat die opstal as baken kon dien. Die veldkornet van die distrik sal dan alle belanghebbendes van die gedane versoek informeer en in Kaapstad sal weekliks in die „Courant" kennisgegee word welke plase of landerye in die afgelope week aangevra is. Sodoende is daar meer reëlmatigheid in die uitgee van gronde gebring, maar dit skyn nie of die Goewerneur geneig was om die advies van de Mist op te volg, om deur die verandering van lenings- in eiendomsplase 'n sekerder besitreg in die Kolonie in te voer nie. In elk geval was daar in die grond van die saak, op hierdie tydstip altans, nie so'n uitgebreide verskil tussen die twee soorte van besitreg nie, daar van die intrekking van die leenreg van owerheidsweë heel selde gebruik gemaak is en die leenbesitter dus feitlik seker was van die jaarlikse vernuwing, wat hom sodoende die voordeel van verbeteringe daarop in 'n groot mate verseker het. Wel het hy magteloos gestaan teenoor die owerheid met betrekking tot die verhoging van die jaarlikse rekogniesiegelde. Dit het aan die eiendomsgrond 'n groter regsekerheid gegee, hoewel hierdie faktor minder gewig gehad het in 'n tyd, toe die kolonie nog maar dun bevolk was. d. DIE LANDDROS. Soos reeds gemeld is, het de Mist by die organisasie van die bestuur oor die buitedistrikte ten volle gebruik gemaak 10 146 van die aanbevelinge van die Politieke Raad in daardie verband. l) By die ordonnansie van 23 Oktober, 1805 deur Goewerneur en Raad uitgegee, word die bestuur oor elke distrik dan ook opgedra aan 'n landdros aangestel deur die Goewerneur en bygestaan deur enige notabele burgers as heemrade. Landdros en heemrade geassisteer deur 'n sekretaris word ook beklee met die regterlike mag tot 'n bepaalde som en 'n Kommissie uit hierdie kollege sou tewens dien as 'n huwelikshof vir die buitedistrikte. Elke distrik is daarby verdeel in 'n aantal veldkornetskappe en die veldkornette sou ook 'n bepaalde gedeelte van die publieke bestuur uitoefen. Wat die algemene bestuur betref ontvang die landdros en kollege van landdros en heemrade hulle bevele van die Goewerneur en Generaal en Chef en van die Goewerneur en Raad, maar in hulle regterlike funksie ook die dekrete van die Raad van Justiesie as opperste geregshof van die Kolonie. In kriminele sake was die landdros en kollege van landdros en heemrade ondergeskik aan die prokureur-generaal. Die vandiesie-meesterskap sou voortaan aan die pos van die Sekretaris verbonde wees. Laasgenoemde sou nooit tot landdros van sy eie drosdy bevorder word nie, behalwe in geval van afsterwe van sy chef. Deur die ordonnansie2) word dan aan die spesiale sorg van *) Ink. St. 364 A. Voorstel van de Raad van Politie re Bestuur der Buitendistricten. Not de Mist Dl. X Kol. Arch. 4366. *) Ordonnantie raakende het Bestier der Buiten-Districten in de Nederlandsche Zuid-Africaansche Volkplanting aan de Kaap de Goede Hoop, gearresteerd by Gouverneur en Raaden van Politie, op den 23 October 1805. Ter Gouvts Drukkery. (70 p. folio druk). Br. en Byl. Gouvr. en Raad 1804—1805 p. 432—468 Kol. Arch. 4374. Ook G. W. Eybers: Bepalingen en Instructiën voor het Bestuur van de Buitendistricten van de Kaap de Goede Hoop (1805). Adam 1922. Die eerste 78 artiekels is van 2 Nov tot 28 Des. 1805 in die „Kaapsche Courant" weekliks verskyn. (Eybers p. 62 noot). Die ordonnansie bevat: Algemene bepalinge, en instruksies vir die landdros; vir die landdros en heemrade; vir die sekretaris en vandiesiemeesters; vir die veldkornette; vir die bodes ouderskout en mindere bediendes. * * * • sul. - 'Sb 147 die landdros opgedra die bewaring van die oppermag van die Bataafse Republiek, die beskerming van alle persone, eiettdomme en besittinge en die bevordering van die bloei en welvaart van sy distrik. Om dit op die doeltreffendste wyse te kan behartig moes hy in die eerste plek alle persone, waaroor hy gestel was, hulle bestaan en onderlinge betrekkinge, sowel as die plase, landerye en voortbrengsels daarvan, van naby leer ken. Hy moes noukeurig let op die opvoeding van die jeug en probeer om die middels ter bevordering hiervan aan ieder huisvader gemaklik te maak. Die landman as hoog nuttig en eerwaardig sou met onderskeiding behandel word en die Hottentotte as vry mense met volle beskerming van hulle persone en eiendom. Ook die stamme aan die grense van die Kolonie moet op so'n wyse behandel word, dat hulle nooit 'n regmatige oorsaak kan vind om gewelddadig teen die ingesetene op te tree nie. In geval van botsing met die naturelle, waarby geen uitstel kan geduld word nie sal die landdros 'n kommando oproep, wat volgens sy instruksie sal moet optree. In geval van molestasie van die ingesetene deur die naturelle is die verpligting op die landdros gelê om by die betrokke hoof satisfaksie te eis en by weiering handel die sentrale Goewerment op voorstel van die landdros. Om twis met die naburige stamme te voorkom mog geen ingesetene buite die grense van die volksplanting trek nie sonder skriftelike permissie van die Goewerneur en Generaal en Chef. Die landdros moes steeds van die beginsel uitgaan, dat die volksplanting sy voorspoed uit die menigvuldigheid en deugsaamheid van die voortbrengsels van die land te wagte het en dientengevolge sou hy wat die landbou en veeteelt betref die ingesetene bystaan met leiding en raad, hoofsaaklik in verband met die verandering van die Kaapse in woldraende skape. Hy let op die graanbou, wynkultuur, aanplanting en konservasie van bosse, maak bougereedskappe meer bekend onder die ingesetene en sorg vir die reëlmatige uitgifte van erwe en plase in eiendom of in lening. Daarby staan hy die ontvanger van die landsinkomste in alle opsigte by met vol- 148 ledige informasie. Alles in verband met gestrande skepe val onder sy spesiale verantwoordelikhede. Elke landdros het in sy distrik die beleid van alle kriminele sake en moes sulke misdadigers voor die Raad van Justiesie in Kaapstad laat vervolg. In gevalle, waar die landdros meen, dat daar geprosedeer sal moet word is hy bevoeg om met medekennis van die heemrade 'n voorondersoek in te stel en dan 'n dekreet van die Raad van Justiesie aan te vra, wanneer die voorondersoek 'n vervolging regverdig., In gevalle, waarin besondere spoed vereis word en waarop die doodstraf sou kan volg, mag die landdros handel sonder die regterlike dekreet, — dieselfde geld met betrekking tot landlopery en desersie. So lang die gebruik van slawe in die volksplanting nog nie opgehef is nie, moes die landdros dit tot een van sy heiligste pligte reken om vir die lot van hierdie ongelukkige te waak, alle mishandelinge te voorkom en alles te doen, wat sou kan strek tot hulle beskawing en hulle deur die kennis van sedelike pligte tot nuttige lede van die maatskappy probeer vorm. Hy moes hulle beskerm teen hulle lyfheer maar ook omgekeerd. Vir die uitvoering van sy bevele sal die landdros tot sy beskikking hê een bode, een onderskout, ses ordonnansieruiters en ses justiesiedienare (vroeër Kaffers genoem). Bowedien waak die landdros vir die ongestoorde uitoefening van die openbare godsdiens in die kerke van sy distrik en moedig die bewoners deur gepaste middele aan om die godsdiensoefeninge vlytig by te woon. Tot sover die pligte van die landdros self — maar net soos die Goewerneur die leidende figuur in die Politieke Raad was, sou die landdros ook die vernaamste plek in die kollege van landdros en heemrade moet inneem. e. LANDDROS EN HEEMRADE. Hierdie kollege bestaan in elke distrik uit die landdros as voorsitter en ses heemrade, grondbesitters, nie jonger nie dan 149 30 jaar, waarvan hulle die laaste drie jaar in die betrokke distrik gewoon het. Vir die eerste keer word hulle direk deur die Goewerneur en Generaal en Chef benoem en ieder jaar tree die twee oudste af en word in hulle plek twee ander deur die Goewerneur gekies uit 'n lys van vier persone, opgestuur deur die landdros en sittende heemrade. Die landdros met twee heemrade geassisteer deur die sekretaris sou fungeer as kommissarisse vir huweliksake. Die heemrade moes op dieselfde grondbeginsels werksaam wees as die landdros en slaan besonder ag op die voordeligste en geskikste voortbrengsels van hulle distrik, veral dié, wat vir uitvoer geskik kan wees en wel wol, wyn en brandewyn. Vir die voortbrenging van goeie wol moet die teelt van wolgewende skape spesiaal bevorder word — maar ook die verbetering van die rundvee en perde moes nie uit die oog verloor word nie. Wat die finansies van die distrik betref sal die kollege toesien op die deeglike invordering van die belastinge en die doelmatige aanwending daarvan, sonder die bevoegdheid om nuwe belastinge in te voer. Die inkomste van die distrikte het veral bestaan uit „Hoofd-, Schapen- Beesten- en pontongelden; kooppenningen van Erven op 't Dorp en sommige ligte Boetens", wat vir Swellendam toe b.v. gemiddeld 3122 Rds p. a. opgebring het.1) Verder het die drosdye ook nog vaste eiendomme besit, soos die woninge van die landdroste, sekretarisse, bodes en substituutbodes, en gevangenhui se, en Swellendam nog o.a. die vrye gebruik van twee leningsplase in die omtrek. Vir Stellenbosch het by bogenoemde inkomstes nog „molengeld en tol van Pieter Langenhoven" bygekom. Die gewone uitgawes het bestaan in „De tractementen, vacatiën, schrijfbehoeftens van Landdrost, secretaris, Heemraden, Chirurgyn, Bodens en Pon ton voerders; 't vernieuwen *) Anthony Alexander Faure—de Mist, Zwellendam 28 Maart 1804. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. 150 en. repareeren der wooningen als meede van de Ponton aan de Breede Rivier..., benodigdheden voor 't gevangenhuys en kostpenningen van Crimineele gevangenen". Die Landdros het o.a. 148 Rds vir hout en vier Rds per dag vakasie ens. ontvang.1) By bogenoemde uitgawes het ook nog bygekom koste van onderhoud van klowe, weë en waterleidinge, reparasie van brandspuite, kersgeld vir die ordonnansieruiters om by die nagwagte van lig voorsien te wees en ook „Soutgeld by het afstraffen der gevangenen te werden gebruykt.2) Dit was dus 'n heel eenvoudige finansiële huishouding, waarvoor die verantwoording op die skouers van landdros en heemrade gelê word. In die funksie van ondergeskikte regbank van landdros en heemrade het tot sy judikatuur behoort alle geskille oor landerye, limietskeidinge, die skut van vee en alle sake in verband met vandiesies asook ander gedinge nie belangriker dan 300 Rds nie. Verder sou die landdros en heemrade sorgdra vir die aanlê en onderhoud van weë en strate, vir goeie mate en gewigte en verordeninge in verband met bakkerye en slagterye op die dorpe asook vir die nodige brandspuite en brandmeesters. Die pligte van die sekretaris was van tweërlei aard. In die eerste geval moes hy die kollege van landdros en heemrade assisteer en noukeurig notuleer alles wat in die vergaderinge behandel word. In die twede plek was hy vandiesiemeester en kon van die verkoopsom van alle roerende goedere deur hom verkoop 5 % en van onroerende iy2 % aftrek, waarvan hy persoonlik 2 % en 'n % respektiewelik mag behou, maar dan moes hy ook alle ewentuele koste en ska de in verband met verkopinge vir sy rekening neem. Die bode is belas met die uitvoering van die bevele van die landdros, van landdros en heemrade of van die sekretaris. Hy is verantwoordelik vir die besorging van dagvaardings, *) Ibid. 2) Not. de Mist, Dl. IX, p. 507—523. Kol Arch. -1365. 151 vir die in-orde-maak van die raadsaal voor elke sitting en elke dag ontvang hy bevele van die landdros of sekretaris. Behalwe die gebruiklike daggelde of leges ontvang hy uit die Goewermentskas 300 Rds. p. a. Sy aanstelling berus by die Goewerneur. Verder was nog aan elke drosdy verbonde die onderskout met ses ordonnansieruiters, van hierdie moment af „PóïiceRuiters" genoem, asook ses mindere dienare onder die onmiddellike orders van die landdros. Hulle sou op 'n „distinctive" wyse gekleed gaan. Die onderskout sou voorsien wees van *n stok of 'n degen en die mindere dienare van 'n -stok en sabel. Die onderskout, poliesiedienare en die minderes ontvang 360, 180 en 60 Rds elk respektiewelik per jaar. Eersgenoemde met twee poliesieruiters doen die nodige patroeljewerk. Gedurende die godsdiensoefening op Sondae hou een poliesieruiter en een dienaar wag by die kerk om daar alle ongereeldhede te weer. Ook was die onderskout spesiaal opgedra om toe te sien, dat slawe nie in groepe bymekaar kom nie en veral, dat hulle nie dobbel of veg nie. In verband met die kwaaddoenery van slawe op straat en gedurende die nag veral in Kaapstad, gee die Goewerneur na sy vertrek na Nederland aan die hand om die strate snags te verlig en „met kijen te vloeren met en benevens de verpligting, dat de slaven in steede van als het ware blootvoets te moeten gaan, gedwongen wierden klompen of schoenen te dragen", waardeur veel diefstal en ander misdade voorkom sou word, want: ,,Dat men zich verbeelde eene donkere Nagt, geruis van Zee en Wind, zwarte menschen met bloote voeten op een vloer van aarde gaande, en het zal niet vreemd voorkomen, dat zij, die het niet willen, niet gezien nog gehoord worden".1) !) Verhandeling om trend het geene gedaan behoord te worden indien de Hollandsche volkplanting aan Afrika's Zuidelijk voorgebergte bij de Vreede weder aan de Bataafsche Republiek terugkomt Cartel—-Schip Bellona den 10 Meij 1806. (Aziatische Raad 21 Bylage N. 109. Rijks Arch. Den Haag.) Hiermee ook my dank aan Dr. Falks, dat hy my aandag op hierdie dokument gevestig het 152 Daarom moes daar dan ook spesiale waaksaamheid ten opsigte van die slawe in ag geneem word. Maar die onderskout moes ook nog toesien, dat die taphuise op die bepaalde tyd sluit en dat daarin geen verbode spele toegelaat word nie, dat die strate skoon bly en geen perde of osse los daarin rondloop nie. Hy sal slawe, Hottentotte en vryswartes by oortredinge self kan arresteer en blanke na opdrag van die landdros, tensy dié op heterdaad betrap word in verband met moord, brandstigting of enige ander swaar misdaad. Daarby is hy onmiddellik belas met die toesig oor die gevangene en gevangenisse. Laasgenoemde moes behoorlik skoongemaak word; die lug daarom moet herhaaldelik gesuiwer word, deur die mure te laat wit, kruide te brand, besproeiing met asyn en derglike middele. Die gevangene moes goeie en gesonde voedsel kry en siviele van kriminele, siekes van gesondes, mans van vrouens en Europese van gekleurde gevangene afgesonder wees. As hierdie gedeelte van die instruksie dan ook goed uitgevoer is, sou dit 'n omwenteling van die gevangeniswese aan die Kaap teweeg gebring het, want by die aankoms van de Mist was dit in Kaapstad self in 'n allerellendigste toestand. In die buitedistrikte sou die toestande dan seker ook nie rooskleuriger gewees het nie. Selfs na hierdie hervorminge moes die gevangene op die drosdye nog elke aand in boeie geslaan word. Dit was egter nie as straf bedoel nie, maar alleen as 'n voorbehoedmiddel teen ontvlugting, daar die gevangenisse in die buitedistrikte nie al te veilig kon gewees het nie. | VELDKORNETTE. 'n Ander figuur van groot betekenis in die buitedistrikte was die veldkornet, vroeër veldwagmeester. Soos reeds aangemerk het die finansies van die kolonie geen verdere verkleining van die distrikte in drosdye geregverdig nie. Tog was die distrikte nog te groot vir 'n doelmatige bestuur deur 153 die landdros en heemrade. So word die distrikte onderverdeel in veldkornetskappe en wel op so'n wyse, dat die verste afstand tussen twee inwoners van 'n veldkornetskap nie meer dan ses uur te perd (d.d. ± 36 myl) sou wees nie. Reeds op sy landreis het de Mist die waarde van hierdie persone leer ken en sy sienswyse oor hulle werksaamhede kenbaar gemaak.x) Hy wou dan ook aan die veldkornette meer aansien gee deur klein regterlike bevoegdhede aan hulle amp toe te voeg. Dit sou vir die ingesetene op die grense van die uiterste nut wees en veel kosbare prosedures uitwin. En hier bedoel hy vernaamlik die herhaaldelik voorkomende gevalle van grensskeiding-onenighede tussen die ingesetene, met die gevolglike hoë koste in geval so'n geskil voor landdros en heemrade in die eerste, en vóór die Raad van Justiesie in die twede instansie moes gebring word, veral daar so'n geskil altyd deur 'n kommissie plaaslik moes ondersoek word. Daarom het dit in die bedoeling van die Kommissaris-Generaal gelê om sulke sake „ter eerste instantie direct te stellen aan de Rechtelijke uitspraak van den Véld-Cornet en twee adsessoren, door hem uit onpartijdige niet bevriendde, noch door partijen gewraakte ingezeetenen gekozen. Zo worden de Boeren in onze landprovinciën ontscheiden." *) Verder wou hy hulle die bevoegdheid verleen om strawwe aan slawe te laat toedien, daar elke indiwidu tot nog toe gestraf het na mate van sy drif en humeur wat dus aan eksesse onderhewig was. Daarby kan niemand verwag, dat 'n slaaf alleen om 'n pak sla te kry 50 uur of verder na 'n drosdy sal opgestuur word nie. „Over het geheel," sê de Mist, „geloove ik, dat het é re publica is, de Veldcornets personeel als Vrederechters en Chefs der gewapende Landmilitie en met twee assessors gevoegd als Landrechters ter eerster instantie meer aanzien te geeven en kragtdadig te maintineeren."s) *) De Mist—J. A. Truter 26 Nov. 1803. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. 2) Ibid. *) Ibid. 154 Hierdie gedagtes word teruggevind in die instruksie van 1805 aan die veldkornette, waarby hulle as „ondergeschikte Magistraatspersonen" beskou word en by afwesigheid van die landdros, namens hom, die goewerment verteenwoordig. Daarom word die verpligtinge van die landdros in die klein op die skouers van die veldkornette gelê. Ook hy moes hom besonder beywer om met die inwoners van sy veldkornetskap bekend te word, met hulle plase en wat daar voortgebring word en nog in die toekoms voort te bring is. Sodra hy verneem, dat onder die bewoners van sy omtrek geskille ontstaan het, wat tot prosesse kon aanleiding gee moes hy sy bemiddeling aanbied en die geskil in der minne probeer bylê. Hy maak die inwoners bekend met alle bestaande wette, plakkate en ordonnansies en sien, dat dit nagekom word. Verder ontvang die veldkornette van die Kaapse distrik bevele van die prokureur-generaal, want hy was die landdros van die Kaapse distrik totdat de Mist hom, kort voor sy vertrek na Europa, van daardie funksie onthef het. Die veldkornette van die buitedistrikte ontvang hulle bevele van die landdros of van die kollege van landdros en heemrade. Al die veldkornette sal die dekrete van die Raad van Justiesie moet uitvoer. Die veldkornet hou ook boek van al die ingesetene van sy wyk, waarin die manskappe verdeel sal wees in drie klasse nl. van 16—30; 30—45, en 45 tot 60 jaar ouderdom. Wanneer hy vir militêre operasies of andersins kommandeer sal hy preferensie gee aan die jongste en hier weer aan mense sonder beroep of ambag. By onnatuurlike sterfgevalle sal hy die lykskouing moet verrig en by gevalle van moord die voorondersoek lei en daarby alles noukeurig aanteken. Nog 'n ander verpligting het op die skouers van die veldkornet gerus en wel om toe te sien, dat niemand, wat geen burger of inwoner van die kolonie was hom sonder permissie van die Goewerneur in sy wyk kom vestig nie. Inwoners van ander distrikte moet by vestiging in sy wyk eers aan hom self kennis gee. Dit was egter aan die veldkornet verbode om 155 'n kommando aan te voer sonder spesiaal verlof van die landdros, behalwe in gevalle van komplot, van deserteurs, drossende slawe of ander vabonde. Die autoriteite het die reëlmatigheid en sekerheid van die binnelandse korrespondensie as een van die kragdadigste middele beskou om die inwendige handel en beskawing aan te moedig. Ter bevordering hiervan moes die veldkornet hom spesiaal beywer om die briewe en pakkette van die regering aan die ingesetene en omgekeerd met die meeste spoed hulle bestemming te laat bereik. Wanneer 'n plaas in sy wyk in lening of in eiendom aangevra word, was dit die plig van die veldkornet om die grond noukeurig te ondersoek en aan die autoriteite rapport uit te bring. Ook moes hy 'n oog op die gebruik van die uitspanplase hou en toesien, dat 'n reisiger daar nie langer dan 24 uur op 'n keer vertoef nie, behalwe wanneer deur vol riviere of onvoorsiene omstandighede die betrokke persone verhinder word om die reis voort te sit. Sodra hy 'n alarmskoot hoor, moet hy 'n vertroude persoon na die naaste sein pos stuur om toe te sien, dat die sein behoorlik opgeneem en verder deurgestuur word. Gelyktydig sorg hy, dat alle persone, wat tot die diensdoende gewapende burgery of andere korpse behoort en op verlof is, onmiddellik na hulle poste vertrek en neem hy die nodige maatreëls om die rus en orde te bewaar. Bowedien sorg elke veldkornet in sy wyk vir die instandhouding en verbetering van die weë. Eindelik sal hulle onderling gereëlde korrespondensie hou om mekaar die nodige informasie te verskaf ter bevordering van die welvaart van die volksplanting. Hiermee is die bestuur oor die hele volksplanting prowisioneel gereël -— prowisioneel, omdat die autoriteite aan die Kaap in die loop van die tyd nog heel veel sou verander en omdat alles nog deur die Nederlandse Regering moes goedgekeur word. Sover getuig al die besluite van die KommisarisGeneraal en sy helper van 'n uitgesproke goeie wil. Die 156 sisteem, wat hulle hier ingevoer het was beslis vatbaar vir 'n ruim sukses, veral as daaraan genoeg tyd gegun was om, al was dit dan ook deur veranderinge hier en daar, aan die werklike toestande aan te pas. Die krag van hierdie sisteem, was juis die besondere belangstelling, wat die platteland daarin geniet het. Oor die geheel geneem oortref hierdie bestuursinrigting dan ook seker al sy voorgangers. En al het de Mist dan ook, waarskynlik onder invloed van Montesquieu te veel waarde geheg aan die gesag van die geskrewe wet, waardeur hy alles as met 'n towerslag wou verander — tog het hy in plaas van die verskillende „kolonies", wat hy by sy aankoms aan die Kaap gevind het, een geheel te voorskyn laat tree, aaneengestrengeld deur vesels wat loop deur die Goewerneur en Goewerneur en Raad en ander bestuurskolleges aan die Kaap, langs landdros en landdros en heemrade tot die veldkornet op die verste grens van die kolonie. Hy het die bande, wat die hele maatskappy aanmekaar bind en wat nooit stewig gewees het nie en op sommige punte verbreek was weer vernuwe en helder aan die dag laat tree. In vele gevalle sou die snoere miskien te stewig aangetrek of vir daardie tyd te nuut wees, waardeur reaksie sou moet ontstaan — maar een feit staan vas, dat de Mist nuwe veerkrag verskaf het aan 'n liggaam, wat vir 'n lang tyd verwaarloos en siek was. 9- HUWELIKSORDONNANSIE VIR DIE BUITEDISTRIKTE. Voor die vertrek van die Kommissaris-Gneraal van die Kaap, het hy volgens opdrag van sy regering nog een noodsaaklike maatreël getref, spesiaal in die belang en tot die gerief van die ingesetene van die buitedistrikte. Dit was in verband met die aangee en voltrekking van huwelike. Reeds voor sy reis na die binnelande het de Mist die advies van die Raad van Justiesie oor „de vexatoire gewoonte om 157 jonge lieden aan de uiterste grensen naar Kaapstad te laten komen om te trouwen".1) Tot nou toe was dit verpligtend, dat dit in Kaapstad sou geskied. Toe die kolonie nog nie so uitgebreid was nie kon aan hierdie verpligting sonder groot ongerief gevolg gegee word. Maar mettertyd het die afstand tussen Kaapstad en die grensdele so groot geword, dat die reis heen en weer enige maande geduur het ook al weens die moeilike en langsame verkeer. Op so'n huweliksreis kon daar gemaklik misbruike plaasgryp, afgesien nog van die tyd, moeite en koste, wat die betrokke persone hulle moes getroos. Hieraan wou die Kommissaris-Generaal tegemoet kom, deur aan die buitedistrikte 'n huweliksordonnansie te gee, waarin hy bepaal, dat die landdroste met twee heemrade van elke distrik geassisteer deur die sekretaris voortaan 'n kommissie van huweliksake sou uitmaak. Hulle moes die eerste Saterdag van elke maand vergader op die drosdy. By die aantekening tot 'n huwelik voor die kommissarisse moet 5 Rds betaal word ten profyte van die kerk, waartoe die bruid behoort. Voortaan was dit verpligtend vir die ingesetene van die buitedistrikte om voor die kommissarisse te trou. Hulle kon dit wel tuis doen, maar dan moes die koste van die kommissarisse vergoed en bowedien 25. Rds ten profyte van die kerk- en skoolfonds van die betrokke drosdy betaal word. Verder gee die ordonnansie voorskrifte in verband met die konsent van ouers of yoogde, kwessies van bloedverwantskap en besware, wat teen 'n voorgenome huwelik mag ingebring word. Die huweliksgebooie moes op drie agtereenvolgende Sondae na klokgelui op die drosdy afgekondig word en die name van die betrokke persone openbaar aangeplak. Die huwelike word deur die kommissarisse in die drosdy met ope deure voltrek. Daarna sou dit die ondertroude persone vrystaan om na hierdie voltrekking en bevestiging hulle huwelik deur 'n *) Uitg. St. 167 De Mist — Raad van Just 7 Sept. 1803. Not. de Mist Dl. Vin Kol. Arch. 4364. 158 kerklike persoon te laat inseën ooreenkomstig hulle godsdienstige gebruike. Daarby mog die kommissarisse alleen die huwelik van kristene voltrek: — „En alzo de wetten mede verbieden, dat Christenen met heidenen — of slaven met vrye persoonen — of slaven onderling — wettige huwelijken mogen aangaan, wordt het aan Commissarissen ten gevolge van dien verboden, eenige zodanige persoonen met eikanderen in ondertrouw aanteneemen." *) Hierdie ordonnansie sou op 1 Januarie 1805 in werking tree. Maar die ordonnansie het ook in verband gestaan met die kerk van Kaapstad. Laasgenoemde het naamlik 'n finansiële voordeel gehad by die voltrekking van die huwelike van buiteliede in Kaapstad. Janssens het dan ook in hierdie verband opposiesie van Kaapstad verwag. Sodoende het hy op sy landreis in die middel van 1803, geen prowisionele maatreëls met betrekking tot 'n huwelikshof vir die buitedistrikte getref nie — te meer, omdat op daardie moment 'n algemene kollekte ten behoewe van die Swellendamse kerk plaasgevind het en 'n ewentuele opposiesie van die kerk van Kaapstad hierop 'n nadelige invloed kon hê. Maar ook is reeds gewys op die feit, dat die kerkraad van Swellendam by sy aanbeveling omtrent middele ter stywing van die Swellendamse kerkfondse aan de Mist die instelling van 'n huwelikshof uit landdros en heemrade versoek het 2) Dit is van belang in verband met die teenwerking wat die ordonnansie later sou ondervind. Welseker was dit goed gesien van die Kommissaris-Generaal om in dié stand van sake, soos hy dit in hierdie opsig in die buitedistrikte aangetref het, verandering aan te bring. Maar soos met menig ander besluit van hom het hy te radikaal te werk gegaan en die tradiesies en gewoontes van die *) Art. 22. Huwelijksordonnantie 20 Sept 1804. (Beknopte Gesch. van de Nederd. Herv. Kerk aan de Kaap de Goede Hoop. Kotté 1888.) *) Ink. St. 242, 6 Junie 1803, Not. de Mist, Dl. VII. Kol. Arch. 4363. 159 ingesetene nie genoegsaam in aanmerking geneem nie. Dit sou blyk uit sy besluite in verband met die kerk en onderwys en sou ook hier die geval wees. Vir die ingesetene was die voltrekking van die huwelik 'n godsdienstige seremonie, te nou aan die kerklike verrigtinge verbonde en sou hulle hulle liewer groot opofferinge getroos, dan om hiervan verstoke te bly. Wel het hulle die reg gehad om die huwelik, na die voltrekking deur die siviele amptenare, deur hulle predikant te laat inseën, maar dit kon hulle nie bevredig nie. Voorheen moes hulle wel die verklaring van die huwelikshof in Kaapstad hê om te bewys, dat daar geen wedike besware teen die voorgenome huwelik bestaan het nie — maar die voltrekking het altyd deur die predikant geskied. In hierdie sin moet die bogemelde versoek van die Swellendamse kerkraad aan de Mist met betrekking tot die instelling van 'n huwelikshof uit landdros en heemrade dan ook opgeneem word. Hulle het alleen die verplaatsing van die selfde gebruike, wat in Kaapstad gegeid het ten opsigte van die huweliksvoltrekking na die buitedistrikte gewens. De Mist het veel verder gegaan. Die ordonnansie was dan ook maar net een jaar van krag, want in 1806 het Generaal Baird hom buite werking gestel en die landdros en heemrade in 'n huwelikshof gekonstitueer om ewentuele besware te ondersoek, maar die huwelike sou alleen deur geordende predikante mag voltrek word.1) In verband met die huwelike van die siviele amptenare en militêre onder die 25 jaar, het de Mist sy regering versoek om 'n wet te maak, wat hulle sou verbied om 'n huwelik aan te gaan tensy 'n geregtelike skriftelike verklaring van hulle ouers in hulle besit was. Dit het veral noodsaaklik geword, omdat de Mist gevalle onder die oog gekry het, waar dié persone met ongewenste vroue „vrijgelaaten slavinnen en publieke ligte-kooien" 'n huwelik aangegaan het. Intussen het hy beslis hierteen opgetree en vertel hy van 'n luitenant 4) Mc Call Theal, History 1795—1872. Vol. I, p. 214. 160 Cisseaux, wat hom aan dieselfde vergryp skuldig gemaak het en binne 24 uur met 'n skip na Batawië gedeporteer is. *) Nog op 'n ander gebied was dit absoluut noodsaaklik vir die regering om in te gryp veral tot beskerming van die militêre aan die Kaap. Op 31 Desember 1803. het die Goewerneur 'n uitgebreide proklamasie die lig laat sien in verband met „de ontuchtige levenswijze van veele in en by de Kaapstad omzwervende Hottentottinnen, zo wel als van anders vrye en onvrye vrouws-persoonen... welke een zeer schadelijke invloed heeft op veel individus, en inzonderheid op de Troupes van den Staat in deze Colonie." Teen dergelike „vrouwspersoonen" het die Goewerneur dan ook kragdadig laat optree.2) i) De Mist — As. Raad 29 Junie. 1803, De Mist Br. & Bijl No. 11 Kol. Arch. 4356. a) Publicatie Kaapsche Courant 31 Dec. 1803. Not de Mist Dl. IX p. 373. Kol. Arch. 4365. HOOFSTUK X. ALGEMENE BESKAWING AAN DIE KAAP. Die Kommissaris-Generaal het heel gou besef, wat die algemene peil van beskawing aan die Kaap was en hy het geweet, dat die bevordering van die ekonomiese welvaart hand aan hand moes gaan met 'n meerdere beskawing. Buitengewone poginge sou hy doen om laasgenoemde op 'n hoër peil te kry — maar wat het hy in hierdie verband aan die Kaap aangetref? Teen die end van die 18 de eeu kan mens aan die Kaap, kragtens sy verwaarloosde en sterk geïsoleerde toestand geen algemene beskawingstoestande verwag, wat enigsins 'n vergelyking met dié van die moederland kon deurstaan nie. Weliswaar was daar 'n markante verskil in hierdie opsig tussen die inwoners van Kaapstad en omstreke en die van die verderaf geleë distrikte. Hoe verder landwaarts in hoe minder het die moontlikheid geword vir die deurwerking van die reeds karige beskawingsmiddele. Die inwoners van Kaapstad en omstreke het in elk geval veel met mekaar in aanraking gekom en ook met vreemdelinge, daar Kaapstad veel besoek is deur skepe van alle nasionaliteite. Die skepe het gewoonlik ook n geruime tyd aan die Kaap vertoef vir die inname van verversinge en het dikwels krante en ander leesstof uit Europa meegebring, wat gretig deur die ingesetene gelees is. Ook het laasgenoemde nog heelwat korrespondensie met die moederland onderhou. Bowedien het hulle die beskawingsinvloed van die kerke ondergaan, daar hulle elke Sondag nog enige dienste kon bywoon. Ook aan onderwys het dit in Kaapstad nie heeltemal ontbreek nie. So het hier by die aankoms van die KommissarisGeneraal 'n Latynse skool bestaan. De Mist woon op 29 Sep- 11 162 tember, die promosic van enige „discipelen" van hierdie skool by en was so tevrede, dat hy die „Corrector" 100 Rds deur die Goewerneur en Raad laat skenk het.*•) Onder die Bataafse bestuur het 'n sekere Pahud en sy vrou hier 'n „Fransche Jufferschool" opgerig, waarvan Janssens later die volgende kon meedeel: „Met het Fransche Juffer-School van de familie Pahud gaat het vry wel. een voorval is er geweest, het welk gevaar het in duigen te doen vallen dreigde; dan dit is voorbij, zonder dat men weten kan of de beschuldiging van een Jong Meisje regens den Heer Pahud gegrond was dan niet. Ik helle tot de laatste opinie over. Soortgelijke instituten zijn hier buiten maten kostbaar en instructie voor de Jongelingen van het mannelijk geslacht, is dringender als die voor meisjes noodzaaklijk." ■) Daarby het die bemiddelde ingesetene hulle seuns na Nederland gestuur om daar te gaan studeer. De Mist kon van verskillende Kaapse ingesetene by die besetting van verskeidene bestuurskolleges gebruik maak. *) Tydens die verblyf van die Kommissaris-Generaal aan die Kaap was daar ook nog verskeidene Kapenare wat in Nederland op skool of in die uniwersiteit was. So word by resolusie van Goewerneur en Raad bepaal, dat die ƒ 100,000 aan wissels, wat maandeliks vir die onderhoud van die troepe, op die Asiatiese Raad getrek word, „vooral toegestaan worden aan de Weeskamer voor haar pupillen en andere, die gelden tot onderhoud en opvoeding van kinderen in de Bataafsche Republiek hebben te remitteeren." By die eerste trekking reeds kry die Weeskamer die volle som waarvoor hy ingeskrywe het — ƒ 14,400; „M. C. Gie voor de weduwe Melissen ƒ 9024; en D. G. Anosl tot onderhoud en opvoeding van de zich in de Republiek bevin- i) Not de Mist Dl. VDI Kol. Arch. 4364. ») Janssens-As. Raad, 31 Oct 1805. Janssens, Br. & Bijl., 1802-1806. Kol. Arch. 4375. *) 0.a. J. H. Heetriling en J. A. Truter, beide in Leiden in die regte gepromoveer. 163 dende Kinderen van Wijlen den Predikant H. R. van Lier ƒ 2000; aan Gilles Tugnot tot onderhoud en opvoeding van de zich meede aldaar bevindende kinderen van Wijlen W. J. van Oosterzee ƒ 1000 en aan O. M. Bergh ƒ 2000 voor deszelfs zoon in Holland ter voortzetting zijner studie." x) Ook kry H. Zorn ƒ2000 „tot reiskosten en onderhoud van deszelfs zoon, die tot voltrekking van zijne opvoeding naar Europa staat te vertrekken" en word dieselfde bedrag toegestaan aan Hendrik Cloete „ten behoeve van zijn zoon in Nederland." *) Maar genoeg om aan te toon, dat bemiddelde Kapenare hulle tog die opoffering Iaat getroos het om van hulle kinders in staat te stel in Nederland 'n opleiding te geniet. Daarby was daar in Kaapstad verskillende vereniginge wat tot bevordering van die algemene beskawing gewerk het. De Mist gee b.v. aan ,,de Sociëteit alhier opgerigt onder de naam Bataafsche Harmonie eene somma (assignatie) van ƒ300 tot aanschaffing van Couranten, maand en Tijdschriften." s) Ook het aan die Kaap sedert 1802 'n departement van die Nut bestaan. Al hierdie faktore moes in elk geval tog heilsaam gewerk het op die verhoging van die algemene beskawingspeil van die ingesetene in en om Kaapstad. Maar op die platteland was selfs die geringste beskawingsinvloede afwesig. Dit lê ook voor die hand. Want op 'n baie groot oppervlakte het daar 'n heel geringe aantal huisgesinne vér van mekaar versprei gewoon. Tereg kon die Raad van Poliesie in sy advies aan die Kommissaris-Generaal met betrekking tot die bestuur van die buitedistrikte in hierdie verband dan ook opmerk, dat dit hier aan onderwys ontbreek en moet ontbreek en hoewel daar 'n algemene verlange bestaan om goeie skok te stig stuit mens teen die byna onoorkoomlike beswaar, geleë in die groot afstande tussen die plase. Daarby *) Extract Resolutie van Gouvr. G Raad 22 Sept. 1804. Br. G Bijl. Gouvr. G Raad 1803—1804 p. 322 en 325. Kol. Arch. 4373. *) Janssens G Raad — As. R. 19 Dec. 1804. Br. & Bijl. 1804—1805. Kol. Arch. 4374. Ook Not. de Mist 11 Junie 1803, Dl. VII, Kol. Arch. 4363. ») Not. de Mist 11 Junie 1803 Dl. VU Kol. Arch. 4363. 164 „kunnen de Europeaanen, die zig van den beginne buiten hebben nedergezet niet verondersteld worden tot de meest redelijke classe te hebben behoord — derzelver kinderen hebben geen andere voorbeelden als die van de ouders, en bij de vermogendste bekoomen zij onderwijs, meest door persoonen van dezelve stand en classe, als de eerste bewooneren waren. Indien men hierbij voegd, dat onder hen zig een natie, die tot een soort van dienstbaarheid is gebragd, bevindt en dat zij frequent met andere wilde volken grensoorlogen hebben, die op de onregelmatigste wijze gevoerd worden — dan zal het onnodig zijn op te merken, dat zulk een maatschappij onder zulke omstandigheden moeilijk te bestieren is."1) Maar ook Janssens en de Mist gee hulle in drukke weer ten opsigte van die koloniste na hulle die mense self besoek het.. In die kort verslag oor sy reis aan die Staatsbewind sê eersgenoemde, dat hy om die volksplanting te leer ken een van die grootste reise te perd gemaak het, wat tot nog toe in een tog in Suid-Afrika gedaan is. Dit het hom omtrent vier maande geneem en sy hoofdoel was om hom „by uitsluiting met de ressources van het land, de belangens der Colonisten en derzelver tegenwoordige staat" bekend te maak. Hy is verbaas oor die feit, dat daar tot nou toe soveel teenstrydige *) opienies oor die land bestaan. „Zuid-Africa is een groote gebrek aan water hebbende woestein." Waar daar nie gebrek aan water is nie vind mens „boven verbeelding vrugtbaare plekjes", maar die is vér uitmekaar geleë en vir die algemene nut verlore, deur die moelike transport, weens die onbevaarbaarheid van die riviere. Die buitedistrikte vind hy in 'n „zeer onvoordelige situatie" — ook as gevolg van die wanorde veroorsaak deur die rewolusionêre gees, wat uit Europa hierheen oorgewaai het. Reeds voor die oorgawe aan i) Ink. St. 364 A. Mot de Mist Dl. X Kol. Arch. 4366. ..*) Janssens—Staatsbewind 15 Sept. 1803. Janssens Br. & Bijl. 1802— 1806. Kol. Arch. 4375. 165 die Engelse was die rus op die platteland en meer spesiaal in Graaf-Reinet gestoor. Die Engelse het probeer om hieraan 'n end te maak maar het nie geslaag om die harte van tdie ingesetene te win nie. Daarby het die Hottentotte en Kaffers gemene saak teen die koloniste gemaak en op sy reis het die Goewerneur „honderden van huisen en plaatsen afgebrand en verwoest gevonden" en 'n groot menigte rundvee en skape is die prooi van die vyand geword. 'n Aansienlike streek grond besonder geskik vir veeteelt is „nog heeden door de kaffers geoccupeerd". Die gevolg van dit alles was, dat 'n menigte ingesetene met hulle huisgesinne en vee trekkende en swerwénde was „een gedeelte zelve, die zig gewapend tegens de Engélschen hadden verzet waaren tot buiten de bewoonde streeken der Colonie getrokken." Hierdie toestande deür Janssens in die buitedistrikte aangetref was voorwaar nie rooskleurig nie en seker allermins aan die algemene beskawing bevorderlik. Aan de Mist deel hy uit Swellendam mee: „De Mans zijn zonderling schoon en schijnen goede inborst en1) met veel vooroordeel te hebben, braave voorgangers, maar veele konde er alles goeds van maken; weijnige slegte intriguanten kunnen hun voor hun zeiven en voor anderen gevaarlijk en ongelukkig maken en van deze laatste hebben zij er reeds van allerlei) soorten gehad. Opvoeding en instructie ontbreekt hen en niets behoeven zij meer dan dat." 2) Hy beveel die Kommissaris-Generaal dan ook ten sterkste aan om geen dag te verloor om ten minste drie predikante en 'n *) Verwonder was Janssens, dat telkens 'n kommandant met tien jong mans, gewapen en elk met twee perde op eie koste hom op sy reis vergesel het en hy meen, dat dit wel ooreenkoms met die Arabiere moet hê (Mc Cafl Theal Bel. Hist. Doe. III p. 209). Ook de Mist was na sy aankoms aan die Kaap verras deur die feit, dat enige koloniste aan hom die kostelose gebruik van hulle waens, trekos se en perde toegestaan het ter vervoering van die goedere vir die Kamp aan Wynberg. (Ink. St 72 en Uitg. St. 32 Not de Mist Dl. m Kol. Arch. 4359.) *) Janssens—De Mist, 9 April 1803, Mc Call Theal, Bel. Hist. Doe. Dl. m p. 209. 166 dosyn skoolmecsters uit die Republiek te laat kom nie. Ook van uit Mosselbaai berig hy de Mist, dat die koloniste „minder zindelijk en minder beschaafd" word en „gelijkt na de beschrijving van Barrow; over 't generaal tog schijnd hij wat bruijne coleur gegeven te hebben Onderwijs behoeven zij boven al, maar hoe dit bezorgd? De predikanten verbeelden zich te groote heeren te zijn, de schoolmeesters zijn meest waanwijs en zelden wijs en de menschen wonen zoo verre uijt een, dat het nog moeijelijk zijn zal plaatsen voor de schoolmeesters uijttedenken, waar zij enigzins tot algemeen nut zijn kunnen." *) Ook de Mist het met hierdie onbevredigende en verwarde toestande kennis gemaak. Op sy reis het die meeste van hierdie ongelukkige ingesetene hom om vrystelling van rekogniesiegelde versoek. Die Goewerneur het in die verlening daarvan tot versigtigheid aangemaan, daar volgens sy •pvatting dié mense, waarvan baie seker besonder ongelukkig was, die gawe besit „onder schijn van eenvoudigheid op de aandoenlijkste wijze en zoms zeer overdreeven voortedragen." 8) Maar hierdie verwarringe kon deur 'n kragtige Kafferpolitiek grotendeels bedwing word en die ingesetene tot rus en vooruitgang terugkeer. Heeltemal van 'n ander aard egter, en van groter betekenis vir die beskawing van 'n groot aantal ingesetene self, was die „aardsvaderlijke transmigratien met vrouw, kinderen, slaven en al hun vee"8) in die begin van die winter oor die Roggeveld na die Karo om na die winter weer terug te keer. Dit het jaarliks gebeur en liet aanleiding gegee tot veel moeilikhede onder die ingesetene. Want in plaas van om in behoorlike skofte voort te trek, was dit vir hierdie trekkers voordelig om so langsaam moontlik voort te ») Janssens—De Mist. 16 April 1803 Mc. Call Theal, Bel. Hist. Doe. III, p. 211 G 212. ») Janssens — de Mist M Nov., 1803. Not de Mist Dt IX Kol. Arch. 4365. ») De Mist—J. A. Truter. 26 Nov. 1803. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. 167 beweeg — soms oor 'n afstand van „7 uuren 6 a 7 dagen door te brengen en telkens te rusten en uittespannen op de goede grasvelden, of bij zoms geen waterrijke fonteinen der Roggeveldsche Boeren: Dit is een vexe en consumptie aan sprinkhanen gelijk," skrywe de Mist aan Truter.1) Die Kommissaris-Generaal het bitter klagte hieroor op sy reis ontvang en die veldkornette opgedra om hierdie kwessie te reël, maar hier was die belange van die distrikte en dus van die veldkornette dikwels teenstrydig en die moeilikheid nie so maklik op te los nie. Hierdie trekkers was alleen gedurende die wintermaande afwesig en die res van die jaar het hulle teruggekeer na hulle plase. Maar daar was bowedien 'n kategorie ingesetene, wat geen vaste verblyf gehad het nie — „die zich continueel zwervende houden en hierdoor het gras op de uitspanplaatsen doen afvreeten ter prejuditie van de ingezeetenen die reizen moeten." a) Hierdie trekbeweging, die leerskool van die latere Groot Trek, kon die beskawing onder die ingesetene nie in die hand werk nie. Kon die ingesetene wat rustig gewoon het, nog wat doen aan die opvoeding van hulle kinders, al was dit dan ook alleen om hulle te leer skrywe en die Bybel te lees en enige godsdiensonderwys met gebruikmaking van die Heidelbergse Kategismus deur die ouers self of by meer bemiddeldes deur 'n gehuurde onderwyser te gee — by die trekkers moes hiervan selfs weinig ter eg kom. Hoewel dus di grootste gros van ingesetene uit die buitedistrikte ongeleerd was, onbeskaafd was hulle nie. Die groot vriendelikheid,' gasvryheld en sindelikheid, wat beide Janssens èn de Mist op holle reis aangetref het en waarvan bogenoemde met Augusta en Lichtenstein getuig het in hulle rapporte en reisbeskrywinge strek tot bewys hiervan.3) Die ») Ibid.- *) Janssens—de Mist 29 Nov. 1803. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. *) O.a. Penélopé 1835, p. 88. Lichtenstein, Reizen I p. 57. 168 lewe op die boereplase was eenvoudig en die huise, veral ia die verderafgeleë gedeeltes van klipmure ea rietdake ea binne met witklei gewit, het vér agtergestaan by die geboue in Kaapstad en omstreke uit dié tyd. Van veel van die laasgenoemde was L. M. Thibault die argitek.$ Ook die meubele by miskien die grootste gedeelte van die buitehede het bestaan uit 'n tafel, waarop gewoonlik 'n „groote altyd gevulde trekpot" nooit ontbreek het nie, 2) 'n paar banke, veldstoele, katels ea enige ander artiekels. Hoe verder van Kaapstad verwyder, hoe minder het die behoeftes van die mense geword — feidik was dit beperk tot die eerste en noodsaaklikste natuurlike behoeftes 8) van voedsel en kleding en hierin het hulle gi^eh* deels self voorsiea. As bewys vaa hulle oabeskaafdheid is aaagevoer, dat die mense veral ia die ververwyderde dele nooit brood geëet het aie.4) Dit lê voor die hand, dat die altyd trekkeade gedeelte hoofsaaklik op vleesvoedsel aaagewese was. Maar aa eie ondersoek kaa die Goewerneur hierdie opvatting ten sterkste teeaspreek. Die graanoes b.v. van 1804 was misluk. In sommige distrikte sê die Goewerneur is heel weinig koring gewen en „veele buitenheden zullen zich bijna van brood passceren moeten, hetgeen van te vooren wel eens plaats gehad heeft, schoon ik op mijn landreizen in de streeken, waar Barrow zeijd, dat de bewooneren door luiheid en andere oorzaken geen brood eeten, ik er overal Brood, en wel bijzonder goed, heb aangetroffen, niet dat dit toen een extra voor den Gouverneur was, de Ingezetenen gebruikten het alomme; de Com- *) Die autoriteite aan die Kaap het ge weet om die dienste van hierdie persoon te waardeer. Op 6 Sept. 1803, stel die Goewerneur en Raad voor om: „Louis Michael Thibault aan te stellen als inspecteur van 's Lands Gebouwen, Capitein Ingeneur, wegens zijn kennelijke goede talenten in de Bouwkunst @ 2400 Car. Guldens — alleen personeel en gedurende het leven van Thibault.... " (Not. de Mist Dl. VIII Kol. Arch. 4364) ») Ibid., p. 95. *) Lichtenstein, Reizen II, p. 260 vg. *) Ook De Mist, Mem., p. 45. 169 missaris-Generaal later reisende en in gedeeltens van de Volkplanting geweest zijnde, die door mij niet waren bezogt, heeft mede alomme daar bewoneren waren Brood aangetroffen." *) Seker die bewoners van die buitedistrikte het weinig behoeftes gehad. Dit kon ook nie anders nie, want hulle lewensomstandighede het dit in die hand gewerk. Hulle enigste bedryf was die veeteelt en landbou alleen om in eie behoeftes te voorsien — en behalwe die gedurige waaksaamheid teen wilde diere en diefstal van die naturelle, kon hulle verder 'n taamlik gemaklike bestaan vind. Eenmaal in die jaar en soms in die twee jaar, onderneem die verafgeleê kolonisté 'n reis na Kaapstad om hulle produkte van boter, veile en huide na die mark te bring, belastinge te betaal en die nodigste artiekels o.a. tee, te koop. En dan kon hulle weens die skaarste aan weiveld aan die Kaap, daar nie al te lang vertoef nie, sodat hierdie aanraking met meer beskaafde indiwidue van heel weinige betekenis kon wees. Die maatskappy, waarvoor de Mist 'n onderwyssisteem moes besorg was dus saamgestel uit die meer beskaafde inwoners van Kaapstad, uit dié van die landbouende bevolking in die gedeeltes naby Kaapstad en uit dié op hierdie gebied heeltemal verwaarloosde veeboere van die grensdistrikte. „Het hart moet een rechtschapen man bloeden," skrywe hy aan die Staatsbewind, „als men hier eenige honderden schoone Jonge Lieden van beide sexen aantreft, aan welke de milde natuur niets geweigerd heeft, en die alleen bij gebrek van gelegenheid nauwlijks tot de eerste trappen van menschelijke beschaving geraaken kunnen. De reedelijke Jongelingen tot jaaren komende voelen en betreuren dit en de slegte worden doorgaands schadelijke en door gewoone middelen ontembaare Ingezeetenen. Tien Duizend guldens van Gouvernementsweegen jaarlijks voor de publieke opvoeding besteed. *) Janssens—As. Raad, 8 Januarie 1805, Janssens, Br. & Bijl. 1802—1806, p. 257 vo. Kol. Arch. 4375. 170 is een Capitaal, op zwaare renten uitgezet. Ik bidde, ik smeeke des ter liefde van mijne Africaanen, en ten dienste van den Lande, dat hoe eerder zo beter daaromtrent gunstige dispositien mogen genomen worden." Daarom herhaal hy sy versoek aan die Staatsbewind om 'n kundige en bedaarde skoolmeester „van onbesproken zeden" uit te stuur met een of meer ondermeesters om hier „schoolmeesters aan te fokken" en onder die toesig van die Goewerment die kinders onderwys te gee in die lewende tale, aardrykskunde, matesis en geskiedenis. Ook meen hy dat 'n vroueskool op dieselfde lees geskoei hier onontbeerlik is. *) Maar dit lê voor die hand, dat onder hierdie omstandighede geen sisteem van onderwys daargestel kan word, wat die belange van die grensboer op 'n gelyke wyse as dié van Kaapstad, Stellenbosch en die digter bevolkte omstreke sou kan bevorder nie. In elk geval de Mist het dit probeer. Sy besluit in verband met die opvoeding aan die Kaap is gepubliseer op 11 September, 1804. *) De Mist—Staatsbewind 9 Junie 1803. De Mist Br. 6 Bijl KoL Arch. 4356. HOOFSTUK XI. ONDERWYS-ORDONNANSIE VIR DIE KOLONIE. Reeds van die aanvang van sy missie as kommissaris-generaal aan die Kaap het de Mist dit as een van sy belangrikste pligte geag om te sorg vir die verhoging van die nasionale beskawing en hier veral die opvoeding en onderwysing van die jeug. Hiervan getuig al sy instruksies aan die verskillende bestuursorganisasies aan die Kaap. Hy het geen geleentheid verby laat gaan nie sonder om te wys op die verwaarsloosde opvoeding en agterlike beskawingstoestande in die volksplanting en dit veral as hy te doen het met die buitedistrikte, waar hy al die losbandigheid en ongehoorsaamheid aan die wet en wettige owerheid toeskrywe aan die afwesigheid van die nodige beskawingsmiddele. Hy is hiervan meer deurdring na sy eie waarneminge op sy landreis teen die end van 1803 en begin van die volgende jaar. Hy was nou soveel te meer oortuig van die dringende noodsaaklikheid van 'n gehele hervorming van die skoolwese aan die Kaap, of liewer van 'n gehele nuwe instelling daarvan op hoë gesag, omdat hy ondervind het, dat die ingesetene op die platteland self bewus was van die heersende gebrek aan kennis in die eerste en envoudigste wetenskappe en tewens 'n verlange het, dat die Goewerment hierdie verafgeleë streke ook 'n voorwerp van sy sorg sal maak. Soos reeds aangemerk was die onderwys aan die Kaap nie heeltemal afwesig nie, hoewel dit hier aan eenheid ontbreek het. Maar dit was uitsluitend tot Kaapstad en omstreke beperk, terwyl die verafgeleë distrikte, wat die meeste behoefte gehad het daarvan verstoke was. Ook onder die Engelse tussenregering is hierdie distrikte erg verwaarloos. 172 Die Kommissaris-Generaal wou nie die opvoeding langer op hierdie los en onbevredigende voet laat voortgaan nie en daarom gee hy aan die inwoners 'n skoolordonnansie I) bestaande uit twee dele, waarvan een die bestuur oor en die onderwys as sulks reël en die ander die middele aanwys waardeur alle uitgawes met betrekking tot die skole gedelg moes word. Die bestuur oor die hele onderwys word opgedra aan 'n kommissie2) van „scholarchen", met die Goewerneur as „opperscholarch", beskermer en voorstander. Die kommissie bestaan uit sewe lede: een lid uit die Raad van Poliesie as aanblywende voorsitter en deur die Goewerneur benoem; die tydelike president van die Weeskamer; of 'n lid uit daardie kollege deur die president benoem; twee predikante van die Hervormde en een van die Lutherse gemeentes, waarvan die jongste as sekretaris moes optree; die tydelike president van die Raad der Gemeente of een van sy lede deur die president aangestel; daarby nog 'n sewende persoon as rentmeester van die Skoolfonds deur die Goewerneur te kies en te benoem. Daarby sou die landdroste en predikante van die buitedistrikte honorêre lede van die kommissie wees en tot die deliberasies toegelaat word om te adviseer oor die skoolbelange van hulle distrikte. Dit het in die bedoeling van die Kommissaris-Generaal gelê om die kolonie self te laat sorg vir toekomstige onderwysers en daarom sou die hoofsorg van die kommissie wees om uit Nederland 'n bekwame persoon te laat oorkom om 'n kweekskool op te rig, waarin seuns en veral Suid-Afrikaners tot bekwame skoolmeesters kon opgelei word. Hierdie kwekelinge moes geleer word om die „zuiver Nederduitsch" te spel, praat, lees en skrywe. Hulle moes geoefen word in ge- 1) School-Ordre voor de Volkplanting aan de Kaap de Goede Hoop. Instructien Kol. Arch. 4354. ') J. P. de Medenbach Wakker, W. S. van Ryneveld, Fleck en Von Manger, Hesse, J. J. Vos en P. J. Truter. 173 wone rekenkunde, die eerste beginsels van aardryks- wis- en landmeetkunde, en wel tot so'n hoogte, dat hulle na 'n paar jaar bevoeg sal wees om ander daarin onderwys te gee. Aan die Raad der Gemeente en aan die predikante en landdroste van die buitedistrikte word die verpligting opgelê om toe te sien, dat die aantal benodigde kwekelinge na Kaapstad opgestuur word. Laasgenoemde moes van „goede vermogens" wees, sonder skadelike liggaamsgebreke, van eerlike ouers, van onbesproke gedrag en nie ouer dan 12 jaar nie. Die ouers of voog de van sulke kwekelinge, sover hulle nie onvermoënd is nie sorg vir klere en ook 'n jaarlikse bydrae, nooit hoër dan 100 Rds nie tot die skool fonds. Dit kon óf in geld öf in produkte geskied. Weeskinders of kinders van arm ouers word öf kosteloos opgeneem öf die skorlarge besluit met die weesmeesters of voogd e oor die skadelooss telling. So danige kwekelinge, wat ten laste van die skoolfonds of van 'n ander publieke kas onderwys ontvang het, bly egter, gedurende 10 jaar na hulle laaste eksamen tot die disposiesie van die skolarge, om werksaam gestel te word, waar die kommissie dit ook al mag goedvind. Die Goewerneur en Raad, Wat verantwoordelik was vir die algemene fondse vir die onderwys, moes ook middele beraam om 'n gebou te koop of te laat bou vir hierdie kweekskool, so veel moontlik aan die kant van die stad, waar die leerlinge nie so gemaklik gestoor kan word nie en waar hulle in die ope lug ruimte sal hê vir liggaamlike oefeninge ter bevordering van hulle gesondhetd. By die jaarlikse eksamens sal aan die bekwaamste en vlytigste leerlinge premies gegee word en aan die direkteur van die kweekskool 'n „pecunieele toelage van Eer", in eweredigheid met die meerdere of mindere bekwaamhede van sodanige leerlinge. Die kursus mag nie korter dan vyf jaar wees nie en na die aflewering van die eerste kwekelinge sou niemand in die kolonie as onderwyser toegelaat word nie, tensy hy die eindeksamen van dié instituut ter voldoening van die skolarge 174 afgelê het. By gelyke bekwaamhede sal die kwekelinge die voorrang hê. Dit was dan ook die plig van die skolarge om na die eerste vyf jaar te sorg. dat die platteland voorsien sal word van onderwysers in verhouding tot die fondse van hierdie dorpe en distrikte. Die skolarge sal ook toesien. dat uit die kassas van die distrikte doelmatige geboue vir kos- en dagskole vir jongens en meisies, so veel moontlik van mekaar geskei, opgetrek en van onderwysers en onderwyseresse voorsien word. Die buitemeesters ontvang hulle instruksies van die skolarge asook die bepaling van hulle publieke en private beloninge. Daarby inspekteer die skolarge die skole en is bevoeg om ieder onderwyser of onderwyseres, wat hom of haar aan wangedrag skuldig maak af te sit en andere in hulle plekke te benoem. Die ingesetene, wat om die een of ander rede nie van die openbare skole kan gebruik maak nie, kan tesame of ook alleen aansoek doen vir 'n huisonderwyser. By vermindering van die aantal kwekelinge sorg die kommissie, dat die getal aangevul word. Die nuttigheid van die inrigting sou verhoog word wanneer die instituut ook onderwys kan gee in die aan hierdie kant van die lienie mees gebruikhke lewende tale bv. Frans, Engels, Hoogduits, Portugees of Spaans. Maar hierby moes die skoolkommissie akyd sorgdra, dat die „nog onskuldige harten" van die kwekelinge deur die leer van vreemde tale geen groter neiging ingeboesem word vir die een of ander vreemde nasie nie. Van die begin af moes die kwekelinge ingeprint word 'n onveranderlike afkeer teen alle vreemde oorheersing en opoffering van alles, wat hulle kan ter bevordering of handhawing van die onafhanklikheid van die Bataafse Republiek en ter bewaring van die Nederlandse buitelandse besittinge. Dit moes die hoofdeug wees, wat die kinders elke dag voor oë gehou moes word en wat die kwekelinge op hulle beurt weer aan hulle leerlinge moes voorhou. Tot sover die opleidingskool van die Kommissaris-Generaal. 175 Maar binne die eerste vyf jaar moes daar ook gesorg word vir die opvoeding van die ander jongens in en buite Kaapstad. Vir hierdie doel moes die kommissie 'n bekwaam persoon uit Nederland ontbied om op te tree as hoof van 'in kos- en dagskool aan die Kaap. Hierdie persoon moes van goeie gedrag, goeie sedes en beskaafde maniere wees en bekwaam om sy leerlinge die Nederlandse taal te leer spel, praat, lees en skrywe en ook met die hulp van ondermeesters onderwys te gee in rekenkunde, in Italiaans of koopmansboekhoue, in die mees gebruiklike lewende tale en in die eerste beginsele van wis- en aardrykskunde, in Nederlandse en algemene geskiedenis. Ook moes hy bekwaam wees om onderwys te gee in „de beschaavende nuttige en voor het lichaam gezonden oeffeningen van Muziek, Dansen, Schermen en Paardrijden." Dan sou die skoolkommissie toesien, dat aan die leerlinge les gegee word in die eerste beginsels van die kristelike godsdiens, so veel moontlik in ooreenstemming met die kerkgenootskap, waartoe die ouers van die kinders behoort of behoort het. Van die ouers word 'n matige kos- en skoolgeld verwag. Die skoolkommissie sal sorg vir 'n doelmatige gebou en alle verdere reglementêre word aan daardie liggaam opgedra. Reken die Kommissaris-Generaal in die voorgaande genoegsaam gesorg te hê vir die koloniste-jongens, waarvan hy tydens sy landreis opgemerk het: „De Boeren zoons zijn ook verder van de Stad minder Heeren en werken goed mede"; *-) ook aan die opvoeding van die meisies sou hy sy aandag skenk. Van hulle getuig hy: „Maar de meisjes doen niets — of byna niets — en hun getal is legio." 2) Daarom dra hy ook aan die kommissie op om te sorg vir 'n bekwame en onbesproke onderwyseres om die direksie van 'n kos- en dagskool vir meisies op 'n geskikte plek liefs op 'n matige afstand van x) De Mist — Janssens 26 Nov., 1803 Not de Mist Dl. IX p. 35. Kol. Arch. 4365. *) Ibid. 176 Kaapstad op haar te neem. Die hoofdoel van hierdie inrigting sou wees om aan die meisies goeie sedes in te print en onderwys te gee in die eerste beginsels van die nodigste wetenskappe en kristehke godsdiens, vrouHke handwerke, tekene, huishoudkunde, maar veral om hulle te ontwen aan die nodelose en alle volksbeskawing teenwerkende oppassing deur slavinne en hulle te leer om vir hulle self te kleed en te sorg. Hulle moes voorgehou word, dat sagte beskaafdheid, sedige vrolikheid en goeie maniere „het cieraad der Sexe" uitmaak. Die sorg vir al die owerige laere skole vir kinders van meer of min bemiddelde ouers binne Kaapstad word opgedra aan die Raad der Gemeente in ooreenstemming met die skoolkommissie wat die nasionale opvoeding betref. In geval die stedelike fondse vir hierdie skole ontoereikend is, sal dit aangevul word uit die algemene skoolfonds. In geval kinders van onvermoënde ouers hier onderwys geniet, sal die Raad der Gemeente aan die onderwyser 'n gelyke hoofdelike toelae gee as wat die onderwyser vir die ander kinders ontvang, sodat daar geen voorkeur aan die een of ander kind gegee kan word nie. Daarby moes die kommissie ook sorg vir 'n onderwyser aan Simonsbaai. Maar ook die Latynse skok moes deel in die sorg en oplettendheid van die skoolkommissie en wel omdat die kennis van die geskiedenis van die Romeinse en Griekse volke en die beroemde dade van hulk helde en staatsmanne nodig is vir dié klas van burgers in die maatskappy, waaraan op rypere leeftyd die publieke bestuur kon toevertrou word. Tot grondslag van hierdie soort skole kan die reeds bestaande Latynse skool dien en die onderwys toevertrou word aan nie minder dan twee deskundige persone nie — nl. 'n Rector en 'n conrector. Ook hier word alk verdere reglementére in verband met salaris, skoolgeld, eksamens, skoolboeke en so meer aan die skoolkommissie oor gelaat. Maar die Kommissaris-Generaal wou ook middele daar stel, wat die ouers en voogde sou beweeg om gebruik te maak van die instellinge van onderwys, wat tot hulk beskikking gestel 177 word. Dit het hy op tweërlei wyse probeer doen en wel deur 'n onderwysbelasting op hulle te lê en deur te bepaal, dat geen kinders in hierdie volksplanting sedert begin 1800 gebore ooit aanspraak sal kan maak nie op enige ere-pos of siviele amp, waaraan 'n traktement van 300 Rds verbonde was, tensy hy hom in een van die voornoemde skole of daarbuite (maar dan ter satisfaksie van die skolarge) sal bekwaam het om suiwer Nederduits te spel, te praat, te lees en te skrywe en kennis het van die eerste beginsels van rekenkunde. Daarby sou niemand 'n siviele amp, waaraan n salaris van 1000 Rds verbonde is mag beklee nie tensy hy behalwe bogenoemde voorwaardes ook nog die hoogste klas van die Latynse skool, hier of elders, deurloop het. Die Goewerneur was egter vry om in heel besondere gevalle volgens goedvinding te handel. Maar ter verwesenliking van bogenoemde oogmerke moes daar middele beraam word om te voorsien in die verwagte uitgawes en die twede hoof deel van die publikasie wys dan ook die fondse aan, waaruit die ewentuele koste vir die onderhoud van die openbare skole bestry sal moet word. Reeds op 23 Julie, 1804 deel die Kommissaris-Generaal aan die Goewerneur en Raad mee, dat hy uit belastinge uit Kaapstad en die Kaapse distrik ƒ 16000 sou moet vind om sy nuwe onderwyssisteem in praktyk te bring en daar dit veral op die punt van belastinge die plig van die regering is „om te rade te gaan met de meeste inclinatie, behoeften, ressourcen en middelen van bestaan der Ingezetenen",1) so versoek hy die rapport hieroor van 'n kommissie van Afrikaanse ingesetene en „geaccrediteerde 's Lands Dienaren", bestaande uit een lid van die Politieke Raad en die presidente van die Rekenkamer, Weeskamer, Desolate Boedelkamer, Bank van Lening en die Raad der Gemeente. a) *) Uitg. St. 229. Commissaris-Generaal—Gouvr. en Raad, Not. de Mist, Dl. X Kol. Arch. 4366. 3) Not. de Mist, 23 Julie 1804, Dl. X. Kol. Arch. 4366. 12 178 Die rapport1) van hierdie kommissie is met heel klein veranderinge deur die Kommissaris-Generaal aanvaar en in die bogenoemde twede hoofdeel van sy ordonnansie vasgelê. De Mist maan die ingesetene aan om die matige bydrae, wat van hulle geverg word as 'n diens aan hulle nakomelingskap en nie as 'n las te beskou nie. Hy stel die reeds bestaande skoolfonds onder die beheer van die skoolkommissie met die spesiale las, dat hiervan onder geen omstandighede vir enige andere doel mag gebruik gemaak word nie, dan alleen ten behoewe van die onderwys. By die skoolfonds sal die volgende middele van inkomste gevoeg word: vier Rds inkomende reg op elke vat bier en een op elke anker wyn, wat van buite ingebring word;2) van elke nuwe of gekontinueerde belening by die Bank van Lening een Rds op 1000. Dit moes die kommissarisse elke ses maande oordra aan die skoolkommissie. Vir die vrylating van 'n slaaf of slavin, waarvoor tot nou toe aan die Hervormde kerk 50 Rds betaal is, sal in die toekoms 75 Rds en vir kinders benede 10 jaar die helfte betaal moet word aan die skoolfonds. Elke ingesetene van Kaapstad of van die Kaapse distrik, wat 'n testament laat optrek sal 'n legaat moet maak ten behoewe van die skoolfonds. Die hoegrootheid hiervan laat de Mist oor aan die edelmoedigheid van die testateur, maar met die beperking egter, dat diegene, wat volgens die seëlordonnansie 'n seël van 10 Rds nodig het vir die beskrywing van sy testament nie minder as 25 Rds moet bemaak nie en diegene, wat met 'n laer seël kan volstaan met nie minder as 12 Rds nie. Vir elke perd in Kaapstad aangehou, behalwe vir militêre diens en ag vir elke gepriwiligeerde bakker, met vier togperde vir elke slagter, moes een Rds betaal word. Slawe-eienaars binne Kaapstad word belas vir lyfeigene tussen 10 en 50 jaar oud vier skellings per kop van vier tot 12 stuks; vir 13 tot 20 stuks ses skellings elk en bo die 20 ») Bylae by Uitg. St. 229. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. *) 1 Anker = 44 gewone bottels; 2 ankers = een half-aam. 179 stuks een Rds per kop. Van ieder gewoon, buitengewoon of honorêre lid van openbaar toegelate of stilswyend gedulde sosiëteite van vermaak word twee Rds gevorder en van die kasteleine van bierdie sosiëteite en ook van alle herberg- en inwoners van Kaapstad of die Kaapse distrik en verkry deur biljarthouers 10 Rds. Bowedien was elke koets, „charet" en „chaise" in Kaapstad en in die Kaapse distrik onderhewig aan 'n belasting van 10, 5 en 2\/2 Rds respektiewelik. Van alle goedere en effekte, roerende en onroerende, nagelaat deur inwoners van Kaapstad of die Kaapse distrik en verkry deur iemand, wat nie in die opgaande of neerdalende lienie aan die erflater verwant is nie, moet 5 % afgegee word van die waarde van daardie goedere binne ses maande na die dood van die erflater. Erfgename betaal 5 % op daardie deel van die nalatenskap, wat oorbly na aftrek van skulde, legate of andere wettige betalinge. Eindelik sal van elke ingesetene van Kaapstad en die Kaapse distrik 'n skoolkontribusie gehef word op die wyse soos vroeër buitengewone heffinge ten behoewe van die strate plaasgehad het. Hierdie kontribusie sal deur die Goewerneur en Raad vasgestel word om die bogenoemde middele aan te vul. Dit sou egter, nie hoër dan 15 Rds vir elke huis of plaas mag wees nie en bowedien afhang van die vermoë van elke ingesetene. Niemand behoef vir die bepaling van sy vermoë insage in sy boedel te verleen nie, maar kan ingeval hy meen, dat hy te hoog aangeslaan word sy besware aan die Goewerneur en Raad voorlê. Dit word aan die skoolkommissie opgedra om reglemente op te stel vir die onkosbaarste wyse van invordering en administrasie van bestaande middele, waarop deur die Goewerneur en Raad sal bepaal word, wanneer die eerste invordering sou geskied. Opmerklik is die feit, dat tot sover van geen belasting ten opsigte van die ingesetene van die buitedistrikte (behalwe wyn) sprake was nie. Dit laat die Kommissaris-Generaal voorlopig ongereël, maar magtig die Goewerneur en Raad 180 óm, nadat hierdie skoolorder aan die Kaap in werking gebring is, te bepaal welke jaarlikse kontribusie deur die ingesetene van die platteland ten behoewe van die kerk- en skoolfonds in elke drosdy betaal sal moet word. Só het die Kommissaris-Generaal die onderwys aan die Kaap gereël. In die begin van die 19de eeu getuig hierdie ordonnansie ongetwyfeld van n geprononseerde progressiewitek op die gebied van onderwys en vir die Kaap van dié tyd, was dit seker gelykstaande aan die rewoluskmêre. Veral word hier twee nuwe denkbeelde in die praktyk toegepas en wel die vooropgesette staatsbemoeiing in verband met nasionaal of liewer volksonderwys en die onttrekking van die onderwys aan die gesag en direkte invloed van die kerk, met die gepaard gaande vervanging van die kalvinistiese beginsels deur dié van die verligte vorming van die jeug tot goeie staatsburgers. Tog sou in die Skoolkommissie nog twee Hervormde predikante en een Lutherse sitting hê en sou dieselfde kommissie moet toesien, dat die beginsels van godsdiens van die kerk, waartoe die kind behoort nie verwaarloos word nie, maar die gesag van die kerk as sulks word geban — reeds 'n maand eerder, deur die 18de artiekel van die kerkordonnansie van die Kommissaris-Generaal, waarin hy vaslê: ]~>>De openbaare Schooien strekkende tot onderwysing der jeugd, behooren niet tot eenig bijzonder Kerk-genoodskap. Het zijn Kweekplaatsen, om goede Burgers voor den staat te vormen: en als zodanige staan dezelve onder het onmiddelijk toezigt en bestuur van het Gouvernement." i) Maar kon die paar predikante kragtens hulle sitting in die skoolkommissie nog wat invloed uitoefen, later sou die Goewerneur nog meer radikaal te werk wou gaan. Na sy vertrek van die Kaap beveel hy in die eerste plek goeie skole vir daardie volksplanting by ewentuele terugkeer aan die moederland aan, „dan in de directie er over" sê hy „moeten i) Kerke-Orde. 25 Julie 1804.'Art 18. Kotzé: Beknopte Geschiedenis van De Nederduitsche Hervormde Kerk p. 98. 181 kundige mannen zijn, en wijnige of geene geestelijke — deeze laatste smooren alle liberalen denkbeelden, kunnen misschien Christenen vormen, maar veel al ellendige Leden voor eene Maatschappij, die veel activiteit behoeft." x) In elk geval is die vraag, hoe de Mist aan hierdie sisteem met uitgesproke beginsels van volksonderwys, staatsorg daarvoor en feidike onttrekking van alle kerklike invloed gekom het en waardeur hy geïnspireer was nie uit sy plek nie. Natuurlik staan de Mist op die bodem van die destyds in Nederland geldende idee — die Nederland, waarin die rewolusionêre invloede van die end van die vorige eeu reeds tot 'n staanpunt gekom het, en waarin ook op die gebied van onderwys groot veramderinge plaasgevind het. Dit lê dan ook voor die hand, dat mens, in verband met die onderwyssisteem van de Mist aan die Kaap, sal soek na iets ooreenkomstigs in die destydse Bataafse Republiek. Dit is egter ook logies, dat de Mist die gekiende in Nederland nie sonder meer na die Kaap kon oorbring nie, maar dat dit hier sy lokale kleur kragtens die verskil in landsomstandighede sou ontvang het. Beide wat die beginsels van volksonderwys en owerheidsorg sowel as die wese van die onderwys betref, gee die Kommissaris-Generaal self 'n vingerwysing in sy Kaapse rapport, waar hy sê: „Men sou dus advyseeren — en het is waarlyk der ernstige oplettendheid des Gouvernements, dubbel waardig: — dat men, uit de sederd eenigè jaaren, door de Maatschappy Tot Nut van 't Algemeen loflyk aangelegde kweekschoolen voor Schoolmeesters, onderwyzeren op favorable voorwaarden, terstond een aantal van, ten minste 20 a 25 geschikte jonge lieden, die doch meestal van minvermogende ouders gebooren, niet allen binnen de Republiek kunnen geplaatst worden, en gaarne elders hun fortuin zullen willen, beproeven, engageerden, en by vervolg, geduurig aan- *) Verhandeling omtrend het geene gedaan behoord te worden.... As. Raad 21, Bijlage N. 109. Rijks-Arch. 182 kweekte, om op de Caab, en vooral, alomme verspreid in de Land districten geemployeerd te worden." *) De Mist was dus wel deeglik op hoogte van die werksaamhede van hierdie genootskap, wat destyds gedurig in verbinding gestaan het met die Nederlandse Regering en veral waar onderwysbelange in die gedrang gekom hét. Dit sal nog duideliker word by 'n nader kennismaking met die opkoms, doel en strewe van hierdie vereniging, wat gestig is op 16 November, 1784 op Edam deur Jan Nieuwenhuyzen, sy seun Dr. Martinus en enige andere, 2) „tot verbetering van het Burger- en Schoolwezen." 8) Die stigting van 'n sodanige vereniging was gegrond op die feitlike behoeftes op onderwysgebied in die Nederland van daardie tyd. Hoe was dit dan gestel met die onderwys in Nederland in die twede helfte en veral in die laaste kwart van die 18de eeu? In die eersgenoemde tydperk is daar veel belangstelling getoon vir die wyse van opvoeding — die verskyning van Emile van Rousseau veral het die oog geopen vir die „vormelyke en kpnvèntionele," wat gedreig het om die natuurlike aanleg van die kind te verstik.4) Maar die kringe, waarin die invloed van hierdie boek deurgewerk het was die bemiddelde en ontwikkelde burgers en die poginge aangewend in Duitsland en Switsèrland om die onderwys te verbeter, het dan ook veral die kinders van hierdie klas ten goede gekom. Vir die eintlike volksonderwys was daar nog maar heel weinig belangstelling. *) Wel het daar verskillende vereniginge of maatskappye in die twede helfte van die 18de eeu ontstaan soos „De Hollandsche Maatschappij van Wetenschappen (1752) — later is dit genoem „De Bataafsche (ook Haarlemsche) Maat- i) Mem. de Mist p. 46. *) Volksalmanak 1885: Dr Martinus Nieuwenhuyzen door A. C. Kruseman p. 26. ») Jan Nieuwenhuyzen herdacht door Dr. G. W. Kernkamp, 1906. «) Ibid., p. 12. 183 schappij der Wetenschappen —; De Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde te Leiden (1766); Het Zeeuwsch Genootschap der Wetenschappen (1769); Het Bataafsch Genootschap der proefondervindelijke wijsbegeerte te Rotterdam (1770); Het Teylers Genootschap te Haarlem en het Provinciaal Utrechtsch Genootschap van Kunsten en Wetenschappen van 1778." *) Beide de Mist en Janssens is in 1802 tot direkteure van die eersgenoemde genootskap gekies.2) Selfs toe de Mist in SuidAfrika was het hy die doel en strewe van die Haarlemse Maatskappy probeer bevorder. *) Ook was de Mist direkfceur van die „Zeeuwsche Genootschap" (1803) en na sy terugkoms uit Suid-Afrika lid van die „Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde te Leiden." *) Die doel van al hierdie genootskappe was om die belangstelling te wek of gaande te hou onder die ontwikkelde burgery, want die eintlike volk hét buite die sfeer van hulle direkte bemoeiinge gelê. 5) Dit was die gewoonte van hierdie genootskappe destyds om prysvrae uit te skrywe. So het die Haarlemse Maatskappy reeds in 1763 die aandag bepaal op *) Ibid. p. 9. J) Kunst en Letterbode. 1802 I p. 332. *) Op 25 Desember 1803, gee die Kommissaris-Generaal instruksies aan J. F. Meeding, die Poshouer In Plettenbergsbaai om twee eksemplare koppe en huide van ieder soort viervoetig dier na die Kaap op te stuur. Hy noem omtrent 20 soorte op en betaal 20 Rds vir 'n olifantskop. Hy stuur dit op aan die „Haarlemsche Maatschappij van Wetenschappen ter bevordering van de natuurlijke Historie en zal desgevorderd de kosten aan de Aziatische Raad met dank betalen." (Not. de Mist Dl. IX p. 281. Kol. Arch. 4365.) Ook het de Mist by sy terugkoms in Nederland aan diezelfde genootschap 'n aansienlike en welbewaarde versameling insekte (333 soorte) as geschenk meegebring in sewe kissies — met klere en wapens van Hie Afrikaanse volkstamme, wat hy op sy reis in Suid-Afrika, met behulp van Lichtenstein versamei het. (Natuurkundige verhandelingen van de Maatschappij der Wetenschappen te Haarlem VI 1ste stuk p. 259.) 4) Handelingen van de jaarlijksche vergadering der Maatschappij van Nederlandsche Letterkunde te Leyden, 29 Junie 1824. * *) Jan Nieuwenhuyzen Herdacht door Dr. G. W. Kernkamp, 1906. 184 die belang van liggaamlike opvoeding en in 1778 het die „Zeeuwsch Genootschap" te Vlissingen 'n prysvraag uitgeskrywe oor die .verbetering der gewone Nederduitsche scholen, ter meerdere beschaving der natie", waardeur hy 'n grondige ondersoek gewens het na die feitlike toestande op onderwysgebied. Die antwoorde wat hierop in 1781 ingekom het van die hand van H. J. Krom, professor in die kerklike geskiedenis en predikant in Middelburg, Kornelis van der Palm, „kostschoolhouder" te Delfshaven, D. C. van Voorst, predikant in Cadzand en G. J. Nahuys, professor in die godgeleerdheid in Leiden, gee dan ook 'n beeld ioe dit in die 80er jare met die onderwys in Nederland gestel was. Maar hierdie beeld was dan ook vérre van rooskleurig. In al die antwoorde word gekla oor die buitengewoon onbevredigende toestand, waarin die laer onderwys oor die algemeen verkeer het beide wat leerkragte, leermiddele en lokale betref. Veral word daar gewys op die groot onbekwaamheid van die onderwysers. Hulle was mense van heel weinig ontwikkeling en hulle onderwyswerksaamhede was gewoonlik aan ander poste verbind — dikwels aan dié van koster of voorleser, geregsbode, notaris en so meer. Ook die leermiddele was verouderd en ondoeltreffend. Hieronder was die A. B.-Boek, die Heidelbergse Kategismus, 'n „Evangelium" en 'n paar spelboekies die belangrikste. l) Seker kan aangeneem word dat die laer onderwys toe nie so buitengewoon gebrekkig was, as wat bogenoemde rapporte dit geskilder het nie. In die 80er jare word in Nederland veral twee soorte skole aangetref — die openbare en die besondere. In die begin was die eersgenoemde veral armeskole. Later het daar ook diakonie- en kerkskole bygekom. Die aansienlike en vermoënde ingesetene het gewoonlik gebruik gemaak van die besondere skole d.i. inrigtinge, wat met die toestemming van die stedelike besture vir die rekening van die onderwyser self i) Volksalmanak 1885 p. 44—54. 185 gehou is.1) Hy sorg vir die lokaal, skaf self leermiddele aan en dit was natuurlik in sy belang om sy werk so goed moontlik te doen, daar sy inkomste afgehang het van die hoeveelheid leerlinge, wat hy kon trek. In elk geval die laer onderwys het heel veel te wense oorgelaat en hoe nader na die end van die 18de eeu hoe meer die drang vir verandering hom openbaar het. In 1784 is die Nut opgerig met die doel om hierdie onderwys te verbeter, en die oprigter, 'n doopsgesinde leraar, *) het hom met die publisis en latere professor J. H. Swildens hierin besonder verdienstelik gemaak. Laasgenoemde het veral sy oog gehad op die hervorming van die leerboeke. Beide het hulle bemoei met die opvoeding van die laere volksklasse. Dit was nou in die heftige strydperiode tussen die Patriotte en die Prinsgesindes. Die Nut het hom in die begin sorgvuldig gehoed van enigsins party te kies. Die bestuur wou 'n sisteem van onderwys, waaraan almal, van welke party of geloof ook al, sou kan deelneem. So nodig hulle ook verskillende Hervormde predikante uit om sitting te neem in die bestuur, maar hiervan is nie gebruik gemaak nie. Die destyds nog heersende staatskerk het die Nut altyd as 'n produk van dissenters beskou — in die begin was al die leidende kragte in die bestuur dan ook Doopsgesindes. Maar die vereniging kon nie lang uit die destydse staatkundige woelinge bly nie en is sterk patrioties gekleur geword, sodat dit ook geen vriendelikheid van die landsregering kon verwag nie. Maar na 1795 sou dit verander, deurdat die Patriotte die mag in hande gekry het. Nou het daar dan ook 'n bloedtyd vir die Nut aangebreek. Kragtig kon hy meewerk tot x) Sien v. d. Does: Bijdrage tot de Geschiedenis der wording van de Anti-Revolutionaire of Christelijk-Historische Staatspartij 1925 p. 253 vg. *) Jan Nieuwenhuyzen: Gehore 4 September 1724 te Haarlem, daar boekverkoper van 1744—1758. 1758 leraar van die Doopsgezinde gemeente te Middelharnis; 1763 na Aardenburg; 1782 na Monnikendam; 1806 oorlede. 186 die hervorming van die onderwys. Dr Martinus Nieuwenhuyzen, die ywerige sekretaris het, wat die werksaamhede van sy vereniging betref die leeueaandeel gehad. Hy het volksliedjies en skoolboekies (o.a. Schoolboekjen van Nederlandssche Deugden en Trap der Jeugd1) geskrywe, n- verhandeling hoe om ordendik te lees en met Adriaan Loosjes het hy vir die hoogste klas van die laere skool, „Levensschetsen van beroemde mannen en vrouwen" bewerk. Daarby het hy hom beywer vir 'n skoolbdbhoteek, vir die oprigting van departementale skole, vir kosteloos onderwys en dat die aanstaande onderwysers hulle aan 'n eksamen sou onderwerp. Sodoende het hy die kampvegter van die volksonderwys geword. Ongelukkig vir hom kon hy nie die tyd beleef, toe daar ook van owerheidsweë belangstelling vir sy strewe en dié van sy vader getoon is nie. *) Die reëling van die volksonderwys was ook een van die onderwerpe van beraadslaging van die Nationale Vergadering. Reeds op 10 Junie 1796 benoem daardie liggaam 'n kommissie om een „Plan van Nationaal Onderwys" te ontwerp.8) Die hoofbestuur van die Nut het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om 'n adres aan die Nationale Vergadering in te dien, waarin hy sy denkbeelde oor volksonderwys uiteensit. Tewens het hierby gegaan m oorsig van die werksaamheid van die „Maatschappij tot Nut van 't Algemeen" en 'n eksemplaar van die werke deur dié vereniging uitgegee. Die Nationale Vergadering antwoord hierop „dat de Maatschappij tot nut van 't algemeen voor en na den jare 1787 niét opgehouden had zich verdienstelijk aan het Vaderland te maken." 4) Die adres is toe voorgelê aan die bogenoemde kommissie, wat op sy beurt' aan die hoofbestuur van die Maatskappy 'n aantal vrae gestel het. Die antwoord hierop is vervat in 'n geskrif i) Volksalmanak 1885 p. 61. ») Volksalmanak 1885 p. 64. ») Jan Nieuwenhuyzen herdacht door Dr. G. W. Kernkamp, 1906, p. 41. *) Ibid. 187 getietel, „Algemeene denkbeelden over het Nationaal Onderwijs"1) en kom op die volgende neer: Die regering van die land behoort te sorg var die onderwys en opvoeding van al die kinders sonder onderskeid; die onderwys sal by dié wet gereël word en onder landstoesig staan; vir soveel dit nodig was, sou dit uit belastinge bekostig word en in alle stede, dorpe en gehugte moet goeie en doelmatige skole bestaan. Daarby moes' die onderwysers geëksamineer word en hiervoor moet daar van landsweë kweekskole opgerdg word. Die onderwysers van die algemene skole moet deur die staat en gemeente (munisipaliteit) besoldig word; ook die onderwysers van die besondere skole sou onder landstoesig staan en die gang van die onderwys sou gebonde wees aan „regeling en metode". Soveel moontlik moet die leermiddele algemeen wees. Die leermiddele, meen die Nut, wat tot hiertoe bestaan het was verouderd en moes vervang word deur meer doelmatige. Die godsdienstige onderwys moes geen leerstellige wees nie maar meer 'n waarlik opvoedende en sedekundige karakter aanneem. Lyfstrawwe moes verbode en die tug onder die jeug deur die gevoel van eer en skande en deur 'n sedelike en redelike sagtheid gehandhaaf word. 2) Op 9 Maart 1798 laat die Regering van die Bataafse Republiek aan die ingesetene weet, dat hy 'n Departement van Nasionale Opvoeding ingestel het en die burger Theodor van Kootem tot agent benoem is. Volgens die 6de artiekel van sy instruksie moes die agent sorg „dat alle onderwys in de leerstellige Godgeleerdheid der onderscheidene Gezindheden en alle eeredienst of uiterlijke ceremoniën, welke aan bijzondere kerkgenootschappen verknocht zijn, van de publieke scholen geweerd worden." Die volgende jaar het J. H. van der Palm opgetree as agent vir die Nasionale Opvoeding en van hom het Nederland sy eerste Wet op die Laer Onderwys van ») Volksalmanak 1885 p. 63. *) Jan Nieuwenhuyzen herdacht door Dr. G. W. Kernkamp, 1906, p. 42. 188 1801 gekry. By hierdie wet word bepaal, dat die gemeentebesture sal sorgdra dat daar genoeg skole sal wees, waarop kinders teen betaling van skoolgeld onderwys kan ontvang. Ook moes hulle sorg vir die kinders van minvermoënde. Die onderwyser moet 'n behoorlike bestaan hê en waar die skoolgeld nie genoeg was nie moes dit aangevul word. Verder sou daar nog beide openbare en besondere skole bestaan. Daar sal onderwys gegee word in lees, skrywe en die eerste beginsels van rekenkunde en wel op 'n sodanige wyse, dat dit die kinders deur die ontwikkeling van hulle verstandelike vermoëns tot redelike wesens kon vorm en ook om in hulle harte die kennis en gevoel van alles in te print, wat hulle aan die Opperwese, aan die maatskappy, aan hulle ouers, aan hulle self en aan hulle medemense verskuldig is. Daarby moes in die skoolboeke en leer-metode alles met die meeste sorg vermy word, wat kon strek tot die ondermyning van 'n goeie sedekunde en van die eerbied vir die Opperwese, maar tewens moes nagelaat word al die leerstellige, wat deur die onderskeide kerkgenootskappe verskillend begryp word. Die skooltoesig word opgedra aan departementale skoolbesture, elk uit drie skoolopsieners. Daarby sal elke burger geregtig wees om 'n besondere skool op te rig en daarin, soos op die openbare skole, onderwys te gee, maar hy moes toestemming van die gemeentebestuur kry en bowedien eers 'n eksamen aflê. *) Hierdie ontwerp is op 6 Maart 1801 deur die verteenwoordigende liggaam in behandeling geneem en die meeste aanbevelinge van die Nut word dan ook in bowestaande teruggevind. Maar die Nut het ook deurgedring na die Kaap, waar de Mist in verband met sy onderwyssisteem wel deeglik rekening gehou het met die insigte op onderwysgebied van 'n departement van daardie vereniging. Kort na sy aankoms aan die Kaap gee die „Departement !) Van der Does: Bijdrage tot de Geschiedenis der wording van de Anti-Revolutiionaire of ChristeUjk-Historische Staatspartij. 1925 p. 268, 269. der Bataafsche Maatschappij tot Nut van het Algemeen" die Kommissaris-Generaal kennis van die oprigting van bogenoemde Departement na die voorbeeld van die Nut in Nederland," zullende de pogingen van hetzelve, voornamentUjk daarheen gerigt worden, om het alhier zo zeer verwaarloosd onderwijs der Jeugd te verbeeteren."*) Die KommissarisGeneraal het die Departement2) van sy volle goedkeuring verseker en aangemoedig om deur voorligtinge en hulp „nut te doen in de mij aanbevolene gewigtige vakken van de zo gebrekkige opvoeding en beschaving uwer medevolkplantelingen." 8) Dit is dan ook seker nie van belang ontbloot nie om in verband met die verhouding van de Mist tot die Nut en die 1) Ink. St. 203 Dept. der Bataafsche Maatschappij tot Nut van het Algemeen — de Mist, 13 April, 1803. Not. de Mist Dl. VI Kol. Arch. 4362. ') Dit was die enigste departement van die Nut in Suid-Afrika en is op 15 Junie 1802 opgerig deur H. A. Vermaak, wat na 'n tweejarig verblijf in Nederland so oortuig was van die nut en belang van die Maatskappy, dat hy die werksaamhede daarvan na die Kaap oorgebring het. Die departement het begin met 11 lede tnaar het gou gegroei. In 1803 is geen berigte by die hoofkantoor binnegekom nie, maar volgens die „Algemeen Verslag" van 1804, het die ledetal vermeerder tot 62. In 1805 was die departement 112 en in 1807 114 sterk. Na 1807 het die ledetal af geneem tot 23 in 1820. Die algemene verslag van 1822 deel mee, dat van die „Departement, ,Cabo de Goede Hoop' sinds twee jaren, na het protesteeren van een geweigerden wisselbrief geen berigt is ontvangen, terwijl de geruchten van« daar hetzelve als vernietigd moeten beschouwen". (Nutswerk: Maandblad van de Maatschappfl tot Nut van 't Algemeen, Jaargang 1916—1917 p. 60.) Teen die end van 1803 is 'n rekwes van „D. Pallas en P. H. Polemann Cand. Chymiae et Pharmaciae" by die Kommissaris-Generaal ingedien om 'n priwilege van 15 jaar te verkry met betrekking tot die persing van Castor ohe uit die saad van 'n seker plant aan die Kaap. Op advies van die chef van die hospitaal met 'n paar scheikundige het de Mist dit nie toegestaan nie. Die Kaapse departement van die Nut, het die saak van genoegsame belang beskou om op die voet van die Nut in Nederland oor hierdie plant 'n prysvraag uit te skrywe. Ink. St. 270. Not. de Mist, Dl. VII, Kol. Arch. 4363 en Ink. St. 286 Not. de Mist, Dl. VIII. Kol. Arch. 4364. *) Uitg. St 97 De Mist—Dept. der Bat. Maatschappij tot Nut van het Algemeen 15 April 1803, Not de Mist Dl. VI KoL-Arch. 4362. 189 190 beginsels, wat hy in sy ordonnansie vasgelê het korteliks na te gaan, wat die Kaapse departement hom aanbeveel het. Voor 1 Junie, 1803 wou die Kommissaris-Generaal die denkbeelde van die departement hê oor die beste inrigting van algemene skole vir die verskillende ouderdomme en sekse en ook in verband met die fondse, waaruit die koste vergoed sou moet word.x) Die opvoeding aan die Kaap „is Elendig, om niet te zeggen Nul" betoog die departement in sy antwoord aan de Mist en op die voorbeeld van die Maatskappy in Nederland; wÜ die departement dan ook alles in sy vermoë doen om die nodige verbeteringe aan te bring en om „bet licht der Reede te verspreiden." 2) Uitgaande van die goedwilligheid van die Kaapse ingesetene beveel hulle aan om nie gebruik te maak van belastinge nie, maar wel van *n „Don Gratuit" ter verkryging van 'n skoolfonds. De Mist het hom egter nie op hierdie goedwilligheid verlaat nie. Die departement verdeel die jeug aan die Kaap in drie klasse en wel, dié van vermoënde ouers, dié van die „gezeegenden middenstand" en dié van die „schaamle gemeente". Vir die eerste klas kon genoegsaam deur die ouers gesorg word. Die jeug van die twede klas geniet wel enige onderwys, maar dit is erg gebrekkig weens die onbekwaamheid van die onderwysers, waaronder byna niemand te vind was, wat sy eie moedertaal grondig verstaan het nie. Hulle was ontbloot van alle mensekennis en wou „alle kinderen, van welke inborst ook, denzelven ouden weg, als het waare opdrijven." *) Ook beveel die departement verbetering van die slegte toesig oor die skoolwese en van die skooltug aan. Die derde klas word spesiaal aan die sorg van die regering ») Uitg. St 97. De Mist—Dept. der Bat. Maatsch. tot Nut v/h. Alge meen. Not. de Mist, Dl. VI, Kol. Arch. 4362. ») Ingek. St 232. Not. de Mist Dl. VI, Kol. Arch. 4362. ') Ibid. 191 opgedra met die aanbeveling „om voor deeze op het voorbeeld onzer liefderijke voorvaderen in de Republiek een betaamlijke gestigt en behoorlijk schoolweezen daar te stellen." Hiervoor kon die kerk- en weesfomdse gebruik word. Vir die platteland word kosskole aanbeveel, omdat die afstande tussen die plase te groot was vir dagskole. Die ouers sou dan gedeeltelik in natura en gedeeltelik in geld betaal en die onderwyser sou moet sorg vir die losies van die kosgangers.1) Die departement het hom dan ook inderdaad beywer om bekwame leerkragte uit Nederland te kry en „zelfs de penningen voor den overtocht van bekwame leerkrachten waren in 1804 betaald." *) Tot sover die bemoeiinge van die Nut in verband met die laer onderwys in Nederland, -die vaslegging van die grootste gedeelte van sy beginsels in die Wet van 1801, en die advies van die Kaapse Departement. In hoeverre de Mist regstreeks beïnvloed is deur die strewe en denkbeelde van die Nut is natuurlik 'n ander vraag. De Mist was wel bekend met die werksaamhede van hierdie vereniging en hom bowedien goedgesind. Maar dit lê in elk geval voor die hand, dat de Mist goed op hoogte was in verband met die wetgewing op die gebied van onderwys in Nederland voor sy vertrek na die Kaap — te meer daar hy geweet het, dat hy die onderwys op daardie suidhoek sou moet gaan reël. Uit die vergelyking van die inhoud van die „Algemene denkbeelden" van die Nut, *) Reeds in 1792 het die Politieke Raad 'n resolusie aangeneem, waarby die gebrekkige onderwys deur private skoolmeesters, verbeter sou word deur die instelling van Kosskole. Hiervan het egter, niks tereg gekom nie. Die ingesetene van die buitedistrikte en veral dié aan die grense was nog steeds aangewese op privaat onderwysers. In 1806 het Stellenbosch alleen 24 sulke onderwysers gehad. (Zuid-Afr. Tijds. Dl. II 1825, p. 416 G DL IV 1827, p. 208). Teen die end van 1805 bestel die Goewerneur nog „een menigte voorschriften om na te leeren schrijven, schoolboeken voor eerst beginnenden, zoowel ais voor meer gevorderden". (Janssens, Br. en Bijl. 1802-1806, p. 530 vg. Kol. Arch. 4375). *) Nutswerk: Maandblad van de Maatschappij tot nut van 't algemeen. Jaargang 1916—1917, p. 60. 192 waarvan die hoofbeginsels neergelê is in die bepalinge van die Wet van 1801, met dié van die ónderwysordonnansie vir die Kaap blyk dan ook 'n onmiskenbare ooreenkoms. Welke van bogenoemde bepalinge en beginsels word dan in die ónderwysordonnansie van die Kommissaris-Generaal aan die Kaap teruggevind? Voorop staan natuurlik, dat die laer onderwys nie meer soos in die verlede aan hom self oorgelaat word nie maar by wet gereël is. Dit doen die Wet van 1801 vir Nederland en die ónderwysordonnansie van de Mist van 1804 vir die Kaap. Beide erken nog besondere skole. x). Van laasgenoemde kon die ingesetene aan dié Kaap hulle bedien, wanneer hulle om die een of ander rede nie van die openbare skole kon gebruik maak nie. Maar alvorens so'n skool gestig kon word moes die onderwyser deur die betrokke opsieners, aan die Kaap nog skolarge genoem, geëksamineer word. Hierby is een van die vurigste wense van die Nut in vervulling gegaan. Dit moes dan ook die verbetering van die leerkragte in die hand werk! 'n Ander aanbeveling van die Nut, wat de Mist aan die Kaap in praktyk gebring het, geld die verband, wat hy gelê het tussen die onderwys en belasting. Soos reeds aangetoon, het hy die belastinge aangegee, waaruit die middele vir die bekostiging van sy onderwyssisteem gevind moes word. En dan, die Staat sorg vir die onderwys van al die'kinders — ook dié van onyejmoënde ouers. Dit was die sentrale punt in die strewe van die Nut, wat by die wet van 1801 reeds sy toepassing gevind het. Beide laasgenoemde wet en die ordonnansie van de Mist maak bepalinge omtrent die onderwys in dogmatiese leerstelsels. In hierdie verband het die Nut gemeen, dat die onderwys in die nasionale godsdiens moes wees 'n „eenvoudige samenstel van de natuurlijke godsdienst" en dat dit nie vermeng moet word met enige dogmatieke leerstelsel nie.a) i) By die wet van 1803 word hulle in Nederland afgeskaf. Eers die wet van 1806 het die onderwys in Nederland definiüef gereël. ») Van der Does: Bydrage p. 270. 193 Maar die wet van 1801 het nie die onderwys daarin verbied nie — alleen moes nagelaat word om onderwys te gee in daardie gedeelte van. die leerstellige, wat deur die onderskeide kerkgenootskappe verskillend begryp word. Aan die Kaap word die leerstellige onderwys nog minder verbied. Hier moes dit gegee word so veeLmoontlik in ooreenstemming met die beginsels van dié kerkgenootskap, waartoe die ouers van die kind behoort of behoort het. Natuurlik kon die moeilikheid aan die Kaap veel makliker omseil word, deurdat die oorgrote meerderheid van die ingesetene tot een kerkgenootskap behoort het. Katolieke was hier feitlik nie. Alleen moes met die kinders van die Lutherse ouers rekening gehou word. In hierdie opsig het die ordonnansie van de Mist dus nie so ver as die wet van 1801 gegaan nie. Wel onttrek beide stukke die skool aan die gesag van die kerk — maar hier ook weer nie heeltemal nie. In Nederland is die toesig oor die skole in elke departement toevertrou aan 'n aantal opsieners, uit die burgers aangestel, waarvan 'n groot gedeelte gewoonlik predikante was en sodoende die invloed van die kerk kon laat geld. Wel word die onderwysers deur die departementale besture aangestel maar ook weer op aanbeveling van die opsieners. Soos reeds gemeld bepaal die kerkorde van de Mist, dat die openbare onderwys nie aan 'n enkele kerkgenootskap verbonde sou wees nie maar uitsluitend onder toesig van die Regering staan en moes dien om goeie staatsburgers te vorm. Dit is kenmerkend van die algemeen heersende gees van die end van die 18de eeu, waarby die mens en die natuur in die middel van die lewe geplaas word en die Openbaring meer op die agtergrond geskuiwe is. Die einddoel van die mens word uit die ewige na die tydelike verlê, daar die kind minder tot hemelburger en meer tot wêreldburger gevorm moes word.1) In elk geval word die invloed van die kerk op die onderwys aan die Kaap ook nie heeltemal geweer nie. Die twee Hervormde predikante en een Lutherse van Kaapstad was lede *) Van der Does: Bydrage p. 265. 13 194 van die kommissie van skolarge en die buitepredikante was honorêre lede. Sodoende kon die kerk as sulks nog sy invloed laat geld. Wel het die Goewerneur later gemeen, dat -die invloed van die predikante so veel moontlik geweer moes word, omdat hulle alle liberale denkbeelde teenwerk — maar die ordonnansie van de Mist het nie so ver gegaan nie. Uit die oogpunt dus van die 'denkbeelde van die Nut in Nederland soos vervat in sy „Algemeene denkbeelden" en gedeeltelik vasgelê in die wet van 1801 is daar in die ónderwysordonnansie van de Mist vir die Kaap niks nuuts en niks vreemds nie. Dit pas daar geheel in sonder enige disharmonie. Maar dan moet dit ook uit 'n destydse Europese standpunt besien word. In Nederland is al 'n geruime tyd geywer vir volksonderwys en gewys op die gebrekkige van die bestaande. Daar is geywer vir staatsorg vir die onderwys, vir eenheid daarvan, beter leerkragte en leermiddele. Bowedien staan mens in die destydse Nederland, wat die kerklike lewe betref op die standpunt van 'n kristendom bo geloofsverdeeldheid. Diegene, wat so'n standpunt toegedaan was, kon die wet van 1801 natuurlik sonder moeite aanvaar. Maar geheel anders was dit aan die Kaap gestel. Bogenoemde denkbeelde was vir die oorgrote meerderheid vreemd. Dat die KommissarisGeneraal daar 'n sisteem ontwerp het om die middele van onderwys mettertyd onder die bereik van elke ingesetene, vermoënd of arm te bring sou selfs die Kapenaar toegejuig het. Maar die geleidelike opvoeding tot die Nederlandse standpunt van 1801 het hulle ontbreek. Dit was dan ook veral die verbreking van die direkte verband tussen kerk en onderwys, waardeur die sisteem van de Mist skipbreuk sou ly. Dat die organisasie -van sy skoolwese andersins pragtig inmekaar gesdt het kan niemand ontken nie. Maar al die voordele, wat ewentueel uit die ordonnansie kon voortvloei, het die ingesetene liewer opgeoffer dan om 'n onderwys, volgens hulle insigte, te hê, wat nie op hulle godsdiens gebaseer was nie. Onder die ordonnansie is maar een skool opgerig, wat egter ook nie lang bestaan het nie. *) *) Mc Call Theal, History 1795-1872. Vol. I, p. 173. HOOFSTUK XII. GODSDIENS EN DIE KERKORDE VAN DE MIST. Onder die Bataafse bewind is daar miskien geen enkel besluit aan die Kaap geneem nie, wat die naam van de Mist so lang in lewendige herinnering gehou het as sy besluite in verband met die godsdienstige en kerklike aangeleenthede. De Mist het die waarde van godsdiens en godsdienssin ten volle besef. Soos aangemerk, was hy reeds in die Nationale Vergadering 'n groot kampvegter vir die instandhouding van die openbare Godsdiens. Hiermee het hy nie bedoel 'n bepaalde reliegie, maar soos hy self in sy Kaapse rapport sê, „Men bedoeld hier niet een of ander byzomder godgeleerd -stelzel, maar de openbaare erkentenis van het bestaan van een, oneindig, Opperwezen, de erkende plicht om dit Wezen te eerbiedigen en hulde te doen, en om daar uit, zo wel als uit besef van de,noodzaaklyke bevordering van tydelyk en eeuwig geluk, af te leiden, en voorschriften van, en verplichting tot, de betrachting van allerlei maatschappelyke deugden."1) Hierdie standpunt van 'n kristendom bo geloofsverdeeldheid is kenmerkend van die destyds heersende gees op godsdienstig gebied. Wat die kerklike reëling betref was almal tevrede — beide Hervormdes en Katolieke. Dit was 'n gees van buitengewone verdraagsaamheid. Op hierdie standpunt het de Mist hom dan ook geplaas dn verband met al sy besluite ten opsigte van die godsdienstige aangeleenthede aan die Kaap. Dit blyk by elke uiting van hom in verband met die godsdiens. Reeds op 27 Februarie, 1803 het die twee predikante van die Nederduitse Hervormde Gemeente van Kaapstad, asook die *) Mem. de Mist. p. 44. 196 Lutherse predikant afgekondig, dat op 1 Maart tussen 9 en 10 uur v.m. daar 'n plegtige byeemkoms in die twee kerke sou wees. De Mist het hulle opgedra om op daardie uur „den Geever van alles Goeds in het openbaar te danken voor de zegeningen van den Vrede — voor het afwenden van nieuwe onlusten, die ons scheenen te bedreigen; voor de ondersteuning in deze angstvolle dagen genadiglijk verleend aan Hen in welkers handen het beleid van zaken berustte en om tevens zijne vaderlijke goedheden aftesmeeken over het Moederland en deszelfs Bestuurderen, zo wel als over deze Volkplanting en alle derzelver in- en opgezetenen en over de persoonen, die geroepen zijn of zullen worden om te waaken voor derzeivers belangen, veiligheid en voorspoed en tot het toedienen van onpartijdig, recht." x) Die Kommissaris-Generaal en die Goewerneur met hulle gevolg en al die amptenare het hierdie plegtigheid bygewoon 'n uur voor die kolonie offisieel weer aan Nederland teruggekeer het. Hierdie houding van die Kommissaris-Generaal het dan ook seker 'n besondere goeie indruk gemaak op die gemoedere van die ingesetene. Op hierdie tydstip het daar sewe gemeentes van die Nederduitse Hervormde2) Kerk aan die Kaap bestaan (Kaapstad, Stellenbosch, Drakenstein, Roodezand (Tulbagh), Zwart land (Malmesbury), Graaf-Reinet en Swellendam) en sedert 1780 ook een Lutherse gemeente in Kaapstad. Eersgenoemde gemeentes het van hulle stigting af tot op 'n sekere hoogte onder die Klassis van Amsterdam gesorteer. Die Klassis het gesorg vir geordende predikante, wat egter dienare was van en besoldig is deur die Kompanjie en later deur die Nederlandse Staat. Behalwe die Hervormdes en Lutherse was aan die Kaap ook nog aanhangers van ander rigtinge — o.a. Rooms Kato- *) Uitg. St. 54. De Mist—Predikanten van de Nederduitsch Hervormde Gemeente van de Kaapstad. Not. de Mist, Dl. IV. Kol. Arch. 4360. . ') Ook alleen Hervormd, Gereformeerd of Nederduitsch Gereformeerd in offisiële dokumente genoem. Sien ook Spoelstra : „Het Kerkelijk en Godsdienstig leven der Boeren." p. 409. vgg. 197 lieke en Mohammedane. Maar die Gereformeerde reliegie was die predominerende, en op die platteland die enigste. Die Lutherane het maar eers in 1780 toestemming ontvang om openbare godsdienscereninge te hou. Vir die bekleding van die hoëre ampte b.v. van die Politieke Raad en Raad van Justiesie het ledemate van ander gesindtes as die Gereformeerde nie in aanmerking gekom nie, hoewel die Lutherse sedert 1780 kon sitting hê in die Politieke Raad maar sonder stem. De Mist en Janssens het hulle dein ook van hierdie kant van die lewe aan die Kaap op hoogte probeer stel. Hulle het tot die konklusie gekom, dat die voorsiening in die geestelike behoeftes van die koloniste skroomlik verwaarloos was. Die Kaapse Hervormde gemeente het op hierdie tydstip drie predikante gehad,1) die Lutherse een2) en hierdie gemeentes kon dus redelik goed versorg word. Stellenbosch was ook voorsien. ') Op Swellendam is Ds Ballot deur J. H. von Manger vervang, tot Ds Jan Augustus Schutz, wat op weg was na Batawië laasgenoemde se plek op Swellendam ingeneem. het. Ds. Ballot is na Roodezand en beide Drakenstein en GraafReinet was vakant. Dit was dan ook weer die geestelike versorging van die buitedistrikte, wat veral die aandag van die outoriteite geniet het. Toe die Goewerneur tydens sy reis op Swellendam vertoef, smeek hy die Kommissaris-Generaal om geen dag te verloor nie om uit Nederland drie predikante te laat kom.4) Meer dan twee jaar later skryf hy self aan die Asiatiese Raad: „De BuitenLiedem zijn zeer op het aanzijn van Predikanten gesteld en zo het geschikte menschen zijn kunnen zij het grootste nut doen — vier nieuwe predikanten waren hier vol- *) Fleck, Von Manger en Serrurier (Junie 1804, emeritus geword). *) Hesse. a) M. Borcherds. *) Janssens—De Mist, 9 April 1803, Zwellendam. Mc Call Theal, Bel. Hist Doe III, p. 210. 198 strekt noodzakelijk."1) Daar was dan ook werklik behoefte in hierdie verband. Ds Schutz moes ook 'die distrik van GraafReinet bearbei. Om hulle blydskap te kenne te gee word die Ds by sy aankoms op die dorp met kanonskote verwelkom en by sy vertrek word daar „bijkans uit alle de huijzen met kleijn geweer geschooten."a) Op die dorp self het hy 63 kinders gedoop. Hierdie getal ongedoopte kinders uit so'n dunbevolkte streek strek tot bewys van die verwaarloosde kerklike toestande in die grensdistrikte. Maar ook nader by die Kaap was die toestande op hierdie gebied allesbehalwe rooskleurig. Kort na sy aankoms het die Kommissaris-Generaal 'n besoek gebring aan Simonsbaai en het hy „met smerte" gesien, dat die staat van opvoeding en Godsdiens daar in die bitterste verval was „of liever buiten hetgeen sommige geschikte ouderen daar toe binnen hunne huizen gebrekkig bijbrengen beide aldaar geheel onbekend zijn."8) Op hierdie moment het aan die Simonsbaai 180 blanke en 420 Hottentotte gewoon en hierdie getal het de Mist belangrik genoeg voorgekom om hulle sedtelike belange ter harte te neem. Tewens was Simonsbaai die hawe gedurende die Noorwes-moesson en gedurende hierdie tyd het veel skepe hier skuiling gesoek — onder die beskerming en regering van 'n „Mogendheid, die roem draagt eene voorstanderesse van Godsdienst en beschaafdheid te zijn." 4) Hierdie skepelinge, na so'n lang en gevaarlike reis, moes geleentheid hê en aangemoedig word om God te dank en by siekte of sterfbedde dié troos te hoor „die dikwerf de doodsangsten lenigt en veelmalen gelegenheid *) Janssens—As. Raad, 31 Oct. 1805. Janssens, Br. & Bijl. Kol. Arch. 4375. Ook Ink. St. 209. Not. de Mist Dl. VI. Kol. Arch. 4362, (waarby de Mist die onverwylde toesending van 'n paar Di. uit Nederland versoek). ') Ink St. 365. Schutz v. d. m. te Zwellendam 23 July 1804. Not. de Mist Dl. X. Kol. Arch. 4366. *) Uitg. St. 77. De Mist—Predikanten der Hervormde Gemeenten alhier 24 Maart 1803. Not. de Mist Dl. V Kol Arch. 4361. «) Ibid. 199 gegeven heeft om de ruwste gemoederen te vermurwen." *) Daarom beveel die Kommissaris-Generaal, dat een van die Kaapse predikante vier maal in die jaar, daar sal gaan preek en die sakramente bedien. Daarby moes 'n geskikte persoon van onbesproke gedrag daarheen gestuur word om behalwe die daaglikse onderwys van die jeug in lees, skrywe en rekene ook iedere Sondagmore die inwoners daar te stig deur enige toepaslike gebede en enige Kapittels uit die Evangelie voor te lees of deur „korte leerende, vermaanende en troostende driscourssen en Psalmzingen, alles zonder het aanvoeren van eenige dogmatische geschillen tusschen byzondere kerkgev noodschappen." 2) Maar die eerste bemoeiinge van de Mist was gerig op die verbetering van die huishoudelike en finansiële aangeleenthede van die gemeentes van Swellendam en GraafReinet. By sy aankoms het die eersgenoemde gemeente oorhoop gelê met Ds Ballot. Reeds op 2 April 1803, vra hy ontslag weens lastering van die onderlanddros (Stockenström).8) 'n Paar dae later was Janssens self op Swellendam en deel hy aan de Mist mee, dat Ballot erg onbemind en J. H. von Manger daar geliefd was, met die versoek om laasgenoemde tydelik na Swellendam te stuur.4) Die KommissarisGeneraal benoem Ballot tot prowisionele predikant van Roodezand en dra J. H. von Manger op om die huishoudelike en finansiële sake van Swellendam in orde te gaan bring. By sy Kaap stadse traktement sou dié van Swellendam gevoeg word. 5) Die geldelike sake van Swellendam was in 'n benarde toestaifd. De gemeente was belas met ƒ 68,000 Kaaps,8) *) Ibid. s) Ibid. •) H. W. Ballot—de Mist, 2 April 1803. Not. de Mist, Dl. VI. KoL Arch. 4362. *) Ink. St. 209. Janssens—De Mist, 9 April 1803. Not. de Mist, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. ') Not. de Mist, 19 April 1803 en Uitg. St. 101 De Mist—Von Manger. Not de Mist Dl. VI. Kol. Arch. 4362. *) 3 gulde Kaaps = 1 Rds = 2 Car. Holl. guldens. 200 waarvan ƒ 18,000 renteloos aan die Kaapse kerk skuldig was. ƒ 50,000 moes dus gevind word en Janssens stel voor, dat oor die hele volksplanting 'n „liefde collecte" gehou sou word. Hy is oortuig, dat dit veel sou opbring onder die ingesetene van die oostelike distrikte, mits daar 'n predikant „van genoegen" was. Hy wou ook oorgaan om die landdros en heemrade te magtig as kommissarisse vir huweliksake, maar meen, dat hiermee eers gewag moes word tot na die kollekte, omdat so'n maatreël die ongenoeë van die Kaapse kerk kon opwek. Die voltrekking van die huwelike in Kaapstad het naamlik aan die Kaapse kerk 'n finansiële voordeel besorg. So besluit de Mist dan ook om 'n kollekte in al die gemeentes te laat hou en spoor dienooreenkomstig al die kerkrade1) aan om hulle ondersteuning te verleen, met die hoop, dat daar „blijmoedig en rijkelijk" gegee sal word deur almal, wat prysstel op die Godsdiens en „de daarmede onafscheidelijke bevordering van beschaving, verligting en deugd in deze Volkplanting." a) Op 8 Junie, 1803 het die Kommissaris-Generaal 'n publikasie in hierdie verband die hg laat sien, waarin hy die ingesetene daarop wys, dat na mate die bande van Godsdiens by enige volk losgemaak en geminag word, misdade in dieselfde eweredigheid vermeerder en die gesag van die wet vertrap word. Die taferele, wat hulle in die grensdistrikte afgespeel het, meen hy, is 'n treurige bevestiging van hierdie waarheid. *) Hy dra die Goewerneur en Raad op om ƒ 2000 Holl. koerant uit die landskas op die lys te plaas en met sy goedkeuring voeg die Kollege van Weesmeesters hier 300 Rds by. *) Op versoek van die kerkraad van Zwartland is die kollekte hier weens de uitgestrektheid „van een omtrek van 25 uuren te l) Uitg. St 132 De Mist — Hervormde Kerkeraad van Kaapstad, Not de Mist Dl. VII. Kol. Arch. 4363. a) Not. de Mist, 19 April 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. ») Uitg. St. 133. Not de Mist Dl. VII. Kol. Arch. 4363. «) Ink. St. 271 en Uitg. St. 151. Not. de Mist, Dl. VII. Kol. Arch. 4363. 201 paard" deur die veldkornette verrig.1) Maar ook die kerkraad van Swellendam self het middele probeer vind' om die kerkskuld te verminder. In verband met die algemene kollekte versoek hulle de Mist om op „Hoog Gezag" te bewerkstellig, dat op enige Sondae agtereen van al die preekstoele sal afgekondig word, wanneer, waar en deur wie die kollekte gehou sou word. Daarby wou hulle n predikantswoning laat bou vir ƒ 10 a ƒ 14000 omdat die woninghuur so hoog was.9) Hierdie geld sou van die Weeskamer geleen en terugbetaal word na die kerkskuld gedelg sou wees. Dan versoek die kerkraad toestemming om respektiewelik 10 en 5 Rds te ontvang van elke plaas en erf wat verkoop word. Waar vroeër een Rds ten behoewe van die kerk betaal is vir elke kind, wat buite die openbare godsdiensoefening gedoop word beveel hulle 'n verhoging tot vier Rds aan en vir elke persoon, wat lidmaat word een Rds i. p. v. die gebruiklike 4 skellinge. Ook reken hulle dat die kerklike fondse versterk kon word in geval die Kommissaris-Generaal uit die kollege van landdros en heemrade 'n kommissie vir huweliksake sou wil aanstel. Eindelik sou die vakante gemeentes na vermoë kon bydra. 3) Gedeeltelik is dan ook op hierdie aanbeveknge deur die Kommissaris-Generaal ingegaan toe hy Swellendam persoonlik besoek het op sy landreis en die kerk sake daar gereël het.4) By hierdie geleentheid plaas hy die administrasie van die kerkgoedere, geboue en fondse onder die kerkraad met die predikant as voorsitter, onder oppertoesig, egter, van die landdros as die hoogste siviele amptenaar van die distrik. Wel kon en moes die kerkraad sorg vir die gewone en nodige onderhoud en reparasie aan die kerkgeboue maar dit mog geen geboue koop of verkoop, bou of afbreek teen 'n hoër koste as 100 Rds sonder skrdftelike toestemming van die landdros nie. Die kerkgelde sou deur een ouderling en een diaken ontvang *) Ink. St. 265. Not. de Mist, Dl. VII. Kol. Arch. 4363. ') 240 Rds p.a. 3) Ink. St. 242, 6 Junie 1803. Not. de Mist, Dl. VII. Kol. Arch. 4363. ') Swellendam, 10 Des. 1803. 202 en bewaar word in 'n kis met drie slotte, waarvan doe sleutels respektiewelik by die predikant, een ouderling en een diaken sou berus. Die fondse van die kerk sou bestaan in die gewone kollektes gedurende die godsdiensoefeninge, gifte, geskenke en legate; doopgelde, (buite die gewone godsdiensure 2 Rds elk); lidmaatskapgelde een Rds per lid; trougelde 5 Rds per paar, die helfte as een van die twee persone buite Swellendam woonagtig was; begrafnisgelde, ongesien waar iemand in die distrik Swellendam begrawe word en wel 3 Rds as die persoon ouer dan 12 jaar en 2 Rds, wanneer hy benede daardie ouderdom oorlede het. Verder sou die kerkfonds gestyf word deur 'n Yi % van die koopskat van alle vaste goedere, huise, landerye en erwe binne die distrik Swellendam. Dan sou as kerkkontribusie van elke lenings- of eiendomsplaas vir die eerskomende 10 jaar d.i. 1804—1813 betaal word vier stuiwers per week, na 1814 sou dit die helfte wees. Hierdie weekgelde was in Maart, 1804 vir die eerste keer betaalbaar. Die landdros en die kerkraad moes binne twee jaar 'n predikantswoning laat bou. Sodra die kerkskuld afgelos is moes die landdros en die kerkraad die kerk fondse in sokede effekte belê of bestee aan nuttige inrigtinge vir die opvoeding van die jeug-1) Tewens verbied die Kommissaris-Generaal, dat lyke voortaan binne die kerk begrawe sou word.2) Dit skyn in elk geval in hierdie tyd nie veel meer te gebeur het nie, want dit word aanbevelingswaardig gevind, dat bier te lande die i) Zwellendam 10 Dec. 1803. Stukken tot de Landreize. Dl. IX. Kol. Arch. 4365. *) Dit was toe ook nog gebruiklik om lyke van soldate in 'n pragtige kis grafwaarts te dra maar sonder die kis „behoorlyk in doeken gewonden" te begrawe, sodat die kis weer vir die volgende lyk kon gebruik word — en dit nie uit minagting nie, maar omdat die hout so duur aan die Kaap was. Ook wanneer aanverwante van die oorlede soldaat vir 'n kis wil sorg, mag daar geen gebruik van gemaak word nie, daar dit dan 'n vernedering vir die ander kan skyn. 203 meeste lyke buite begrawe word „en het ware te wenschen, dat niemand zich hiervan uitzonderde, want hoe zuidelijker, fraayer en gezonder een Tempel, daar het Opperwezen in gediend word kan zijn, hoe beter en nuttiger het is; de schoonste cieraad van deze plaats is zuiverheid, eenvoudigheid en gezonde frissche lugt" en dit kom dus nie daarop aan of iemand buite of binne die kerk begrawe word nie. *) In elk geval, het die Kommissaris-Generaal kragtens die bestaande gemeen die kerksake op Swellendam gereël te hê; ook in diê van Graaf-Reinet kon hy reëhnaat en orde bring. By sy aankoms daar het hy 'n kommissie uit die „Gereformeerde kerkeraad" ontvang en met hulle die sake bespreek. Deur die militêre inkwartiering en gedeeltelike gebruik tot perdestal onder die Britse tussenregering was die kerkgebou heeltemal ongeskik vir godsdiensoefeninge. De Mist het die kerkraad dadelik opdrag gegee, dat die gebou skoongemaak, die skietgate toegemessel, die mure gepleister, die glasrame in orde gebring en alles gerestoureer sal word om te verhoed, dat kerk en godsdiens hier deur langer verloop en voortdurende mismoedigdheid heeltemal sal verval. Die fungerende kerkraad sou aanbly, maar aan die end van elke jaar sal een onderling en een diaken aftree en twee ander in hulle plek gekies word. Solang daar nog geen predikant is nie, sal die landdros sy plaas vervang er wees. Die inkomste en beheer daarvan en van die kerkgoedere sal dieselfde wees as van Swellendam behalwe dat hier nog plaasgelde tussen een en drie Rds, na mate die afstand van die preekstoel, bygekom het. Wanneer die kerkgebou weer vir gebruik geskik was sou dit uitdruklik verbode wees om openbare godsdiensoefeninge op Sondae in enig ander private huis of gebou te hou, maar alleen in die kerk met ongeslote deure en aan niemand, kristen of heiden, blank of swart, vry of diensbaar sal die toegang *) Extracten uit de Kaapsche Courant, 9 Febr. 1805. Janssens, Br. & Bijl. 1802-1806. Kol. Arch. 4375. 204 geweier mag word nie. Die predikant van Swellendam sal voorlopig twee agtereenvolgende Sondae in die jaar op Graaf-Reinet kom diens hou. Van regering sweë skenk die Kommissaris-Generaal aan die kerk van Graaf-Reinet 300 Rds. *) Die kerkraad van Stellenbosch het op hierdie moment ook in moeilikheid' verkeer. Met die groot brand, wat daar op 28 Des., 1803 tydens die landreis van die Kommissaris-Generaal plaasgevind het was die pastorie o.a. ook in die as gelé. Om Stellenbosch te help het de Mist 75000 Rds aan papiergeld gekreëer en' aan' die betrokke persone volgens taksasie van die koste van herbou, onder seker voorwaardes verdeel. Vir die bou van 'n nuwe pastorie het die kerkraad ƒ 10,000 gevra terwyl dit by aanbesteding ƒ 24,000 gekos het. Sodoende word 'n verhoogde subsiedie versoek. *) Oor hierdie aangeleentheid het daar botsing gekom tussen die siviele en kerklike outoriteite, wat die standpunt van de Mist in hierdie opsig duidelik illustreer. Landdros van der Riet van Stellenbosch beklaag hom by die Kommissaris-Generaal oor die feit, dat in sake herbou van die pastorie die kerkraad nie eers by hom te rade gegaan het nie. *) Laasgenoemde was voornemens om 'n dubbele-verdiepinggebou met 'n plat dak te laat optrek. *) Daarom gee de Mist aan die predikant en kerkraad van Stellenbosch duidelik te kenne, dat indien hulle iets van dié aard van die Regering versoek, hulle eers vooraf die konsiderasie en advies van die plaaslike politieke mag moes inneem en na verkryging van die samestemming van landdros en M De Mist stukken tot de Landreize, 9 Febr. 1804. Dl. IX p. 325. Kol. Arch. 4365. *) Ink. St 356 M Borcherds G Kerkeraad — de Mist 22 July, 1804. Not de Mist Dl. X. Kol. Arch. 4366. 3) Ink. St. 357. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. *) Uitg. St. 233. De Mist—Van der Riet, 28 July 1804. Not de Mist, DL X. Kol. Arch, 4366. 205 heemrade sou hulle voorstel by die Goewerneur en Raad ingedien word.*) Aan landdros van' der Riet verklaar die KommissarisGeneraal, dat hy van gevoelens is. dat in 'a orden tlike Regering maar „één Hoogste Civile Autoriteit" uit een of uit meer hoofde saamgestel, mag wees, om die geheel te kan oorsien, alles ten beste van die algemeen te kan lei en bestuur, °:n ooreenkomstig hierdie prinsiepe meen hy, dat die kerklike bestuur ook behoort te wees onder die „surveillance der Civile Autoriteit". Maar niemand mag hieruit die reg aflei om n predikant of kerkraad 'te gebied en te beveel nie. Alle wyse regerings het dit vir 'n goeie staatsmaksieme gehou, dat aan die geestelikheid alle eerbied en onderskeiding in die maatskappy verskuldig was, omdat die godsdiens self in agting en waarde gehou word in eweredigheid met die distinksie, waarmee die kerkdienare behandel word. Daar moet harmonie bestaan tussen regente en geestelikheid. „De in Europa zeer gewoone en overoude toost of conditie Moses en Aaron strekke daarvan ten bewyze." 2) Staan die kerklike bestuur dus onder die toesig van die hoogste plaaslike siviele outoriteite, ook sou laasgenoemde hulle moet bemoei met suiwer kerklike aangeleenthede, hoewel dit alleen 'n voorwerp van oplettendheid van die regering behoort te wees in so verre dde uitwerking daarvan invloed kon hê op die publieke orde en die geluk van die maatskappy. 3) Hierdie beginsel van de Mist het sy praktiese toepassing gevind in verband met die uitoefening van die godsdiens op Stellenbosch. Daar was ontevredenheid in die gemeente en wel in verband met die denk wyse van de Mist oor die redelike *) Uitg. St 232. De Mist—M. Borcherds, 28 July 1804. Not de Mist Dl. X. Kol. Arch. 4366. *) Uitg. St 233. De Mist—Van der Riet, 28 July 1804. Not. de Mist, Dl. X Kol. Arch. 4366. ») Uitg. St. 219. De Mist—M. Borcherds, 14 Junie 1804. Not. de Mist, DL X Kol. Arch. 4366. godsdiens, waarmee die predikant van Stellenbosch volkome ooreengestem het. x) Die ontevredene het aparte godsdienstige samekomste gehou op dieselfde ure as die kerkdiens aan die gang was. Veral het hierdie ontevredene aanstoot geneem aan die preek, 2) deur Borcherds gelewer, toe die Kommissaris-Generaal onder die gehoor was tydens sy landreis. s) De Mist het gemeen, dat die siviele outoriteite nie sal ingryp nie, mits daar geen private godsdienstige samekomste gelyktydig met die openbare kerkdiens gehou word nie en mits daar nie onder voorwendsel van sulke huisoefeninge verkeerde en „voor den waaren redelijken Godsdienst schadelijke leeringen" onder die ingesetene versprei word, wat 'n slegte invloed kon hê op die publieke gees van die burgermaatskappy. Sodoende dra hy die landdros op om die bobedoelde godsdiensoefeninge te verbied. Die KommissarisGeneraal beloof om in sy kerkordonnansie hieromtrent uitdruklike bepalinge te maak.4) Hierdie uitinge van die Kommissaris-Generaal gee in elk geval 'n idee van hoe hy hom die verhouding tussen kerk en staat aan die Kaap gedink het en hoe hy dit dan ook in 'n ewentuele ordonnansie waarskynlik sou vaslê. Soos aangemerk het hy reeds voorlopige reëlinge, meer van huishoudelike en finansiële aard, veral in verband met die kerke van Swellendam en Graaf-Reinet getref. Maar hiermee kon hy nie volstaan nie. Hy het hom intussen ên deur adviese èn deur eie waarneming probeer oriënteer in die kerklike en godsdienstige aangeleenthede aan die Kaap. Soos hy op al die ander terreine aan die Kaap georganiseer en gereorganiseer het wou hy dit ook hierin doen. En so het hy aan die Kaapse inge- *) Ink. St. 343 M. Borcherds—De Mist. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. ») Ibid. ») Mc Call Theal, Bel. Hist. Doe. III, p. 186. Op 18 Maart 1804. «) Uitg. St. 219 De Mist—Borcherds, 14 July 1804. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. 206 207 serene 'n kerkwet*) gegee, wat as basis van die hele kerklike organisasie aan die Kaap sou dien en wat van al sy besluite seker die langste lewensduur gehad het.2) Na sy politieke en ander besluite reeds lang van die baan geskuiwe was, het die gees van hderdie wet nog in Suid-Afrika deurgewerk. Die ordonnansie wat die kerklike aangeleenthede aan die Kaap reël is gepubliseer op 25 Julie, 1804. Die Kommissaris-Generaal was deurdring van die waarheid, dat geen beskaafde maatskappy sonder godsdiens kan bestaan nie en dat dit daarom die plig van die Regering was om die openbare godsdiensoefeninge van alle kerkgenootskappe, wat ter bevordering van deug en goeie sedes 'n „Hoogst Wezen" eerbiedig, aan te moedig en te beskerm. Tewens was hy oortuig, dat hierdie beskerming moes steun op vaste en regverchge beginsels en gewysig word deur reëknatige wette, waarsonder die beste en nuttigste instellinge op die duur onbestaanbaar is en op die end uitloop op verwarringe, skeuringe en verdeeldhede tot die verderf van die staat. Kragtens die voorgaande dan gee die Kommissaris-Generaal aan die Kaapse ingesetene 'n kerkwet, waarvan by die eerste artiekel reeds 'n radikale verandering in die bestaande toestande aangebring word. Soos reeds opgemerk is, was daar aan die Kaap tot die end van die 18de eeu maar een wettig erkende reliegie, waarvan die erkenning ook burgerlik* voorregte ingehou het. Dit was dié van die Gereformeerde of Hervormde Kerk. Van die vroegste tye af was aan die bekleding van die hoëre burgerlike ampte die vereiste van belydenis aan hierdie rekegie verbonde. Wekswaar het die Evangeliese Lutherse sedert 1780 vryhedd van openbare godsddensoefening verkry en kon hulle lede van die Politieke Raad word maar sonder stem. Van nou af geniet alle kerkgenootskappe, wat ter bevorde- 1) Provisioneele Kerken-Ordre voor de Bataafsche Volkplanting aan de Kaap de Goede Hoop, 25 July 1804, Instrucöen. Kol. Arch. 4354 ») Tot 1843. 208 ring van deug en goeie sedes 'n „Hoogst Wezen" eerbiedig gelyke beskerming van dde wet en sal daar geen uitsluitende voorre g te in die burgermaatskappy aan enige geloofsbelydends verbonde wees nie. Teoreties het dus alle godsdienstige rigtinge gelyke bestaansreg gekry. Prakties was dit egter nie die geval nie. Behalwe die twee reeds bestaande n.1. die Hervormde en Lutherse mog geen andere enige uiterÜke godsdiensplegtighede uitoefen of openbare samekomste hou nie sonder die voorkennis en toestemming van die Goewerneur. Van hierdie opening het Janssens dan ook later gebruik gemaak om te sorg vir die Katolieke, hoofsaaklik militêre, aan dde Kaap. „Verre het meerder gedeelte der militairen beneden den graad van officier zijn de Roomsche Godsdienst toegedaan," skrywe hy aan die Asiatiese Raad.1) By die Bataillon van Waldeck was 'n predikant van die taal en godsdiens van die meerderheid van daardie regiment, maar die Roomse soldate het geen geestelike aan die Kaap nie. Die gemis van 'n priester word veral by die voltrekking van 'n doodvonnis gevoel. Die Goewerneur durf nie besluit of dit wenslik sou wees om die Roomse Godsdiens hier op dieselfde voet as die Hervormde of Lutherse toe te laat nie, maar was „wel van begrip, dat een priester en een Gapellaan bij uitsluiting aan de Corps d armee geattacheerd allernuttigst zoude weezen." s) Sodoende versoek hy dde Asiatiese Raad om 'n geskikte Roomse priester met die eerskomende geleentheid uit te stuur*) en op 30 Oktober, 1805 is dan ook Joannes Lensink, Jacobus Nelisen en Lambertus Princen, priester, kapelaan en koster aan die Kaap aangekom en is hulle 'n regeringsgebou vir die inrigting van hulle godsdiensoefening aangewys.4) Maar — om terug te kom tot die kerkorde van de Mist — elke kerkgenootskap sou sy gevoelens openlik bely, dié van *) Janssens — As. Raad 19 Jan. 1805. Janssens Br. & Bijl. 1802—1806 p. 93. Kol. Arch. 4375. ') Ibid- kW 9ÏÉ «) Janssens Br. & Bijl. 1802—1806 p. 72 vo Kol. Arch. 4375. *) Gouvr. & Raad Br. & Bijl. 1804—1805 p. 381. Kol. Arch. 4374. 209 ander nie anbehoorlik beoordeel nie en aan iedereen vry toegang tot sy byeenkoimste vergun. Die regering laat elke kerkgenootskap vry wat sy besondere leerstelsel betref en sal hier nooit enige beslissing neem of bepaling maak nie. Maar die regering behou aan hom die onvervreemdbare mag om die uitwerking van hierdie leerstelsels op die burgerstaat en op die gees en gedrag van die ingesetene te beoordeel en sal derhalwe verplig wees om dit uitwerking teen te gaan of te belet as dit skadelik bevind word. Die toestemming van die Goewerneur word vereis 'in geval 'n gebou ingerig of opgetrek word met die doel om daarin openbare godsdiensoefeninge te hou; ook wanneer 'n aantal lede op buitengewone tye openlike godsdienstige samekomste wil hou en dan onder toesig van hulle, ilcerkraad, wat moet waak teen onbehoorlikhede en leringe, wat strydig mag wees teen die goeie sedes of rus van die burgerstaat. Elke kerkgenootskap betaal sy eie leraar en kerkdienare en sorg vir die onderhoud van sy geboue. As die regering dit nodig ag sal hy die kontribusies van die lidmate bepaal; bydrae uit die goewermentskas moet as subsiedies beskou word. Ook mag daar geen vermeerdering van lerare plaasvind nie sonder die toestemming van dde goewerment. Benoeming van nuwe lerare sal geskied na verlof vir inwoning van die Goewerneur verkry is. Bowedien' word geen ongeordende persoon gesalarieerd deur besondere vereniginge met die doel om onder die kristene te arbei in die kolonie toegelaat of geduld om te preek of onderwys te gee nie. Wil iemand godsdiensonderwyser word dan moet hy eers verlof van inwoning kry en dan geeksamineer word deur die kerkraad van dié gemeente, waaraan hy behoort. Die regering verleen egter, alle hulp, ondersteuning en aanmoediging aan diegene, wat onder die naam van sendeling godsdiens en beskawing wil gaan bring aan die heidene buite die grense van die volksplanting. Die Goewerneur bepaal die getal en wys die verblyfplekke aan van die sendelinge, wat onder dde Hottentotte binne die volkplanting in afsonderlike dorpe of krale woonagtig, wil arbei. 14 210 Hierdie sendelinge mag hulle met die burgerlike staat van die Hottentotte alleen in soverre bemoei as wat hulle deur die Goewerneur toegestaan word. Daarby onderhou elke kerkgenootskap sy behoeftig es uit gifte van of kollektes onder die lede. Iedereen mag lidmaat word van welke kerkgenootskap hy verkies en is ook vry om tot andere kerkgenootskappe oor te gaan. Maar waar geen uitdrukking hieraan gegee is nie, word hy stilswyend beskou om te behoort aan dié kerkgenootskap, waarvan sy ouers lidmate is of waarin' hy gedoop is. In geval die ouers aan verskillende kerkgenootskappe behoort, sal aan dié van die vader die voorkeur gegee word, tensy die ouers anders ooreengekom het. Die openbare skc!e, wat strek tot opvoeding van die jeug, behoort nie aan endge besondere kerkgenootskap nie. Dit is kweekplekke om goeie burgers vir die Staat te vorm en as sulks staan hulle onder die onmiddellike toesig en bestuur van die Goewerment. Tot sover die algemene beginsels, waarop die godsdiens aan die Kaap in die toekoms moes berus. Opmerklik is die gees van verdraagsaamheid, wat aan hierdie kerkwet ten grondslag lê. Dit is kenmerkend van die destyds in Nederland heersende, reeds getemperde, beginsel van vryheid, gelykheid en broederskap. Van' uit 'n destydse Nederlandse standpunt besien, was so'n gelykstelling van alle godsdienstige rigtinge dan ook te verwagte aanvaarbaar en toejuigbaar. Maar uit die standpunt van die Kapemaar, kragtens die groot en wesenkke verskil in ontwikkeling tussen die ingesetene van moederland en volksplanting op elke gebied was 'n ander houding dan ook seker verklaarbaar. Een groot gedagte het die Kommissaris-Generaal in hierdie eerste gedeelte van sy ordonnansie probeer vaslê en wel die absolute onder geskiktheid van die kerk aan die staat. Die gesag van die kerk moes so miniem moontlik gehou word. Daarom word die toelating van en beskikking oor die predikante aan die regering gereserveer. Daarom word die verband tussen kerk en onderwys 211 grotendeels verbreek. Die enige doel van die onderwys moes voortaan wees om van die kind 'n goeie staatsburger te maak. Die bepalinge omtrent die hou van oefeninge het dieselfde onderliggende strekking. Die Kommissaris-Generaal wou alles ten uiterste weer, wat die uitoefening van sy politieke bestuur ook maar in die kleinste kon dwarssit. Daarom moes daar absolute verdraagsaamheid wees, daar bevoorregting van sommige godsdienstige gesindhede tot wrywing in die burgerlike maatskappy kon aanleiding gee. Wel sou die regering hom nie bemoei met die leerstellige van die kerkgenootskappe nie, maar sodra die uitwerking daarvan skadelik op die burgermaatskappy geoordeel word, dam gryp die regering in. Ook die angsvallige noiukeurigheid, waarmee die sendelinge later behandel sou word, wys daarop, dat alle invloede diensbaar gemaak moes word aan 'n reëlmatige politieke bestuur. Teoreties gee die Komimissaris-Generaal dus volkome vryheid maar prakties het hy al die leisels in die hande van die regering gelaat. Maar reeds is gewys op die standpunt van 'n Kristendom bo geloofsverdeeldheid, waarop de Mist gestaan het. Hierdie eerste gedeelte van die kerkorde is dan ook n vaslegging aan die Kaap van daardie toestand, wat in Nederland in die begin van die 19de eeu geheers het. Maar behalwe enkele uitscnderinge was dit absoluut vreemd aan die Kapenaar van daardie tyd. In elk geval sit daar niks nuuts in bostaande beginsels wat de Mist self betref nie. Maar dit is alleen een kant van die saak. By wie het hy terade gegaan alvorens so'n kerkwet aan die volksplanting te gee? Hy self noem die Goewerneur en Raad. Maar beide die Goewerneur en die Raad kon in hulle beskouing van die Kaapse godsdienstige aangeleenthede nie wesenlik van die Komimissaris-Generaal verskil nie, daar almal (met uitsondering van van Reede van Oudtshoorn) op Europese standpunt gestaan het. "Wat wel van betekenis kon wees, was die feit, dat net voor die vertrek van de Mist na die Kaap, in Nederland vertoe wen de Kapenare hulle stemme laat hoor het in verband met die onverdraagsaamheid, wat aan 212 die Kaap sou heers en wat n direkte gevolg sou wees van die bevoorregting van die Gereformeerde rebegie en dientengevolge onbdlike behandeling van Lutherane, Katolieke en Mohammedane aan die Kaap.1) Van nog meer betekenis sou die uitspraak wees van die Kaapse geestelikes van dié tyd. Hier het die KommissarisGeneraal die gerusstellende opienie ontvang van 'n leraar van die Gereformeerde Kerk, wat destyds groot invloed gehad het en later sekretaris sou word van die eerste Algemene Kerkvergadering aan die Kaap. By hom persoonlik tref die Kommissaris-Generaal die allergrootste verdraagsaamheid aan, waar hy in verband met andere gesindtes sy gevoelens aan de Mist op die volgende wyse vertolk: — „Als individu, en afgezonderd van de wetten der gezindheid, tot dewelke ik behoor, ben ik, zo door opvoeding als de beginselen van mijn geboorteland van de tolerantie; ex is geen christelijke sec te, die ik niet meen verdragen te moeten worden en er kan kwalijk groter afkeer tegen eigentl. gezegde consciëntiedwang bij ienrant gevonden worden, dan ik U met vreugde durf melden, dat mij in mijne jeugd is ingeprent — laat ieder onsterflijk mensch daaromtrent vrij, geheelenal verantwoordelijk zijn voor den Opperste Rigter...a) Ook uk die ontvangs, wat die kerkorde deur die kerkrade van Kaapstad en Stellenbosch te beurt geval is, blyk duidelik, dat dde toonaangewende geestelikes, al was dit inwendig nie die geval nie, ukerlik tog akkoord gegaan het met die beginsels van de Mist en die kerkorde as sulks toegejuig het. So het die bogenoemde beginsels hulle toepassing aan die Kaap gevind in ooreenstemming met die algemeen gangbare Nederlandse godsdienstige opvattinge, in ooreenstemming met die godsdienstige beskawing van de Mist self, met uiterlike instemming van die Gereformeerde leiers en toejuiging *) McCall Theal, Bel. Hist. Doe. III. p. 118—119 (E. Bergh en H. A. Vermaak bevind hulle o.a. destyds in Nederland). 2) Ink. St. 343. M. Borcherds—de Mist, Junie 1804, Not. de Mist Dl. X. Kol. Arch. 4366. 213 van Lutherane, Katolieke en Mohamrnedane aan die Kaap. Dit was die Gereformeerde Kerk, wat hier moes opoffer. Tot 1795 was die kerk aan die Kaap in leer, diens en tug geheel eenselwig met die moederkerk in Nederland en is hier ook die kerkorde met die Post-akta van die Dordtse Synode van 1618 en 1619 gehandhaaf. Waar landsonistandighede wysdginge gevorder het is die kerkorde op Batawië gebruiklik, gevolg — maar dit het slegs op heel ondergeskikte punte van die Dordtse verskil. Teoreties kon die Gerefxwmeerdes nog die Nederlandse Geloofsbelydenis behou, prakties egter, was dit nie die geval nie, want die kerkorde van de Mist het daar regstreeks teen ingegaan, beide wat bogenoemde beginsels en die toekomstige kerkbestuur betref. Die twede gedeelte van die ordonnansie bevat dan ook voorskrifte omtrent die behoorlike bestuur van die kerkgenootskappe, wat in die kolonie toegelaat is. Natuurlik hou die Goewerneur oppertoesig oor die bestutu: en die kerkfondse. Vir die Hervormde Kerk, waaraan die verre meerderheid van die ingesetene behoort het en wat die enigste op die platteland was het de Mist spesiale voorsieninge en bepalinge gemaak. In verband met die reg om hulle eie predikante te beroep, kon die Kommissaris-Generaal, weens die groot afstand van Nederland, die uitoefening daarvan nie toelaat nie, Derhalwe sou die Nederlandse Regering in hierdie behoefte voorsien. Die Goewerneur beskik oor die dienste van nuaangekomene predikante in dié mate, dat hy in ooreenstemming met hulle persoonlike geskiktheid en tot die meeste diens van die kerk, hulle standplase aanwys en ook van die een na die ander plek mag verplaas. By nuwe gemeentes word die ouderlinge en diakens vir die eerste maal deur die landdros van die betrokke distrik benoem. Die kerkraadslede word jaarliks gekies maar die keuse was onderhewig aan die goedkeuring van die Goewerneur, wat die bevoegdheid het om n nuwgekose kerkraadslid, wanneer daar gewigtige redene voor aanwesig was, deur n ander te vervang. 214 Die Kommissaris-Generaal stel die salarisse van die twee predikante van Kaapstad vas op ƒ 4000 en ƒ 3600 Holl. koerant sonder vry inwoning of enige ander rantsoene: dié van die ander predikante op ƒ2000 Holl. koerant, met die vry gebruik van die pastorie en daaraan behorende tuin of laad. Emeriti-predikante behou twee-derdes van hulle salaris, dié van die buitedistrikte daarby nog die vry gebruik van die predikantswoning tot die aankoms van sy opvolger om daarna lewenslang die volle traktement te ontvang. Die traktement word uit die goewermentskas betaal, totdat dit uit ander fondse gevind kon word. Predikante uit Europa geniet gedurende die eerste ses maande n toelae van ƒ80 Holl. koerant per maand. Daarby bevestig de Mist sy besluit in verband met die kwartaallikse preekbeurt van een van die predikante van Kaapstad in Simonsbaai. Daarom het hulle hoër salarisse as die ander ontvang. Verder sal in Simonsbaai gesorg word vir vervoer en behoorlike losies. Die kollekte, wat daar opgeneem word sal apart bewaar bly ten behoewe van daardie ingesetene. Weens die uitgestrektheid van die ander distrik sal die buitepredikante ook viermaal op afsonderlike plekke in hulle gemeentes diens hou en die ingesetene herinner aan hulle verpligting om die wette na te kom, die owerheid te eerbiedig en hulle wys op die misdadige geleë in die mishandeling van hulle slawe en die vry-Hottentotte, wat in hulle diens is. Die ingesetene van die buitedistrikte sal sorg vir die vervoer van die predikante en kerkraadslede en hulle voorsien van behoorlike losies en padkos. By die dood van n predikant sal sy weduwee of kinders nog ses maande (behalwe die kwartaal, waarin hy oorlede is) die gewone traktement en daarna sal sy ƒ 60 Holl. koerant per maand lewenslang of tot sy hertrou, ontvang en sal die gemeente gratis bedien, word deur die ander predikante. Na ses maande mag die besoekende predikant ƒ24 Holl. koerant 215 van daardie gemeente deklareer ten laste van die fonds, waaruit die gewone traktement van die predikante betaal word. Die godsdiensoefeninge word op vasgestelde ure gehou. Verder het die verpligting op die predikante gerus om eksakte doopregisters te hou en ook registers van nuwe lidmate en huwelike, waarvan jaarliks outentieke kopieë aan die politieke sekretarie in Kaapstad opgestuur moet word. Die administrasie van kerkgoedere, geboue, gelde en fondse in die buitedistrikte bly aan die kerkraad met die predikant as aamblywende voorsitter, maar in Kaapstad aan die kommissaris-politiek, wat van goewermentsweë in die kerkraad sitting het — alles egter onder oppertoesig van die Goewerneur. Die kerkrade sal geen vaste eiendom mag koop of verkoop of geboue oprig of afbreek, wat hulle nie uit die suiwere oorskot van hulle inkomste kon bekostig nie. Ook mog hulle geen leninge ten laste van kerk- en armfondse kluit nie sonder skriftelike toestemming van die Goewerneur. Die kerkfondse sou dieselfde wees as dié, wat die Kommissaris-Generaal reeds vir Swellendam vasgestel het, behalwe dat nou ook sitplaasgelde, deur die kerkrade te bepaal toegevoeg word . en dat die trougelde betaal word aan dié kerk, waartoe die bruid behoort. Ook word hier geswyg van die % van die opbreng s van verkogte vaste goedere. Die kerkraad is persoonlik verantwoordelik vir die administrasie van die kerkgelde en moet jaarliks 'n kort rekening, geëksamineer deur die plaaslike landdros en na dit drie agtereenvolgende Sondae van die preekstoel afgelees en met ewentuele. aanmerkinge van lidmate aan die Goewerneur opgestuur word. Om meer sekerheid te hê, dat die bowegenoemde besluite (en die wat daar in die vervolg nog sal bykom) uitgevoer word, wil dde Goewerment as proef 'n algemene kerkvergadering van die Hervormde gemeentes om die twee jaar in Oktober of November in Kaapstad laat hou. Hierdie kerkvergadering sal saamgestel wees uit die twee predikante en twee ouderlinge van Kaapstad en die predikante en een 216 ouderling uit die buitedistrikte. Die Regering sal verteenwoordig word deur twee kommissarisse-politiek deur die Goewerneur te benoemTlIn geval die plattelandse afgevaardigdes verhinder worcTmag die gemeente hom laat verteenwoordig deur twee diakens of selfs deur twee oud-kerkraadslede. Die presidium van die kerkvergadering sal beurtelings waargeneem word deur die predikante te begin van die oudste gemeente af en as sekretaris sal optree die predikant, wat waarskynlik die volgende keer 'n presidentbeurt kry. Die besprekingspunte en die wyse van behandeling asook die bepaling van die fondse, waaruit die onkoste van die vergadering gedek sal word, moes in oorleg met die kommissarisse-politiek op die eerste vergadering in 1805 ontwerp en ter goedkeuring aan die Goewerneur aangebied word. Een hoofpunt van bespreking staan egter, vas nl. die eenvormige nakoming van al die artiekels van die kerkorde. Die kerkraad van Kaapstad gee aan die Goewerneur die datum van die vergadering met die ewentuele beskrywingspunte op en na hy sy skriftelike toestemming verleen het, stuur die kerkraad dit vroegtydig op aan die ander gemeentes. Al die ander kerkrade het die reg om beskrywingspunte in te stuur. Die Kaapse kerkraad het twee stemme en die ander, wat op die vergadering verteenwoordig is elk één. Die kommissarisse-politiek woon die vergadering by, gee skriftelik nog ander beskrywingspunte op en. voordat tot n besluit oorgegaan word, was die president verplig om eers die advies van die regeringsverteenwoordigers daaroor in te win. Laasgenoemde het ook die reg om besluite op te skors, totdat die opiende van die Goewerneur ingewin is. Aan die Goewerneur word oorgelaat om te beslis of die proefneming aan sy verwagte nut voldoen het. Eindelik word alle vroeëre kerklike gebruike en besluite, wat in stryd mag wees met die kerkordonnansie ingetrek en vernietig. In hierdie twede gedeelte van die ordonnansie word veral gehandel oor die bestuur en finansiële kant van die Hervormde Kerk, waartoe by verre die grootste aantal ingesetene behoort 217 het en hier lê dieselfde beginsels as van dde eerste gedeelte ten grondslag. Die regering verskaf en besoldig die predikante en beskik oor hulk dienste. Die gemeentes (al was dit dan ook deur middel van dde Klassis van Amsterdam) mog geen beroep uitbring nie. Dit was grotendeels n bevestiging in hierdie verband van die toestand, wat onder die Oos. Indiese Kompanjie geheers het, toe die predikante selfs die rang van onderkoopman gehad het en geregtig was op die voorregte aan daardie rang verbonde. Wat die bestryding van die algemene kerklike uitgawes betref word daar in so verre verandering aangebring, dat die bronne direk aangewys word en die ingesetene sodoende bewus kon wees van die verband tussen hierdie gedeelte van dde belastinge, wat hulk moes opbrdng en die doel waarvoor dit aangewend word. Die direkte bestuur van die gemeentes bly toevertrou aan die betrokke kerkrade. In verband met die, wyse van kiesing hiervan is reeds op 5 November, 1792 deur die kerkraad van Kaapstad gebruik gemaak van die aanwesigheid van die Kommissarisse-Generaal Nederburgh en Frykenius om tot hulle kennis te bring van „een locaal gebruyk", dat jaarliks ter kiesing van nuwe diakens aan die Regering n dubbel ge tal aangebied moet word, waaruit laasgenoemde dan die nuwe ampsdraers aanwys. Die kerkraad betoog verder, dat dit reëlreg in stryd was met artiekels 22 en 24 van die Dordtse kerkorde, met die destydse gebruik in Hervormde gemeentes in Nederland en in Nederlands-Indië, waar beide in die stede en op die platteland die keuse deur dk kerkraad gedoen word. Die kerkraad van Kaapstad kon hom derhalwe nie voor eie gemeente nóg voor die Klassis van Amsterdam verantwoord nie as hy hierdie geleentheid' verby laat gaan sonder 'n poging om van hierdie gebruik ontslaan te raak. So was sy versoek, dat kerkraadslede deur dde kerkraad self gekies en dan ter approbasie aan 'dde Regering aangebied sal word. *) Zuid-Afr. Tyds. Dl. V 1828, p. 367. vg 218 Die Kommissarisse-Generaal het geen besluit oor hierdie versoek geneem nie. Wel blyk uit 'n dergelike rekwes van 9 April, 1804 deur dieselfde kerkraad aan de Mist, dat volgens partikuliere berig te, die bewindhebbers deur die tussenkoms van die Klassis van Amsterdam hier oor gunstig besluit het, maar dat daarvan geen offisiële kennisgewing aan die Kaap ontvang is nie, waarskynlik weens die oorgawe van die Kaap aan Engeland.1) Tegelykertyd versoek dde Kaapse kerkraad die Kommissarisse-Generaal om toe gelaat te word, dat hy „benevens de kerken in de Buitendistricten hetzelfde regt mag genieten van voortaan eene vrye nominatie en electie te hebben, zowel van Diakenen als den Ouderling op dien voet als in het Gemeenebest." 3) Die antwoord van de Mist op hierdie versoek, was die toesenddng van 'a gedrukte kerkorde en verwysing na artiekels 23 en 24 daarvan.3) Hierby word bepaal, dat die kerkrade in elke gemeente verkies word op die wyse by „de Kerken^Order bepaald". Dit laat aan duidelikheid te wense oor. Sy eie kerkorde kan dit nie wees nie. Dan kan hy bedoel het öf die Dordtse öf diè wat op Batawië in gebruik is. Die laasgenoemde verskil maar alleen in klein onderdele van die Dordtse. Die volgende artiekel bring meer duidelikheid, daar dit bepaal dat alle jaarlikse verkiesinge van nuwe ouderlinge en diakene aan die Goewerneur ter goedkeuring aangebied word. Dit staan dus vas, dat daar wel jaarlikse verkiesinge plaasgevind het en dat die versoek van dde kerkraad van Kaapstad in soverre toegestaan is, dat in die vervolg geen dubbel getalle meer behoef aangebied te word nie en 'dat die gekose persone die goedkeuring van die Goewerneur moes wagdra. Laasgenoemde hou die bevoegdheid, om wanneer *) Ink. St. 370. Kerkeraad van Kaapstad—de Mist, 9 April 1804. Not. de Mist, Dl. X, Kol. Arch. 4366. Ook Zuid-Afr. Tyds. Dl. V 1828, p. 413 vg. ') Ibid. ' ») Uitg. St. 248. De Mist—Kerkeraad van Kaapstad, Stellenburg 21 Aug. 1804. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. 219 daar s.i. gewigtige redene toe bestaan, een of ander van die gekose persone deur iemand anders te vervang. Uit dieselfde artiekel skyn dit of die hele kerkraad aan dde end van die jaar aftree. In bogenoemde rekwes van de kerkraad van Kaapstad versoek hulle ook die Kommissaris-Generaal om toegelaat te word om 'n algemene vergadering te hou om daardeur die kerkverband sterker te maak — maar dat hulle in elk geval nog sal bly sorteer onder die Klassis van Amsterdam en so onder die Noord-Hollandse Sinode. In sy antwoord van 21 Augustus met die toesending van die gedrukte kerkorde verwys hy die kerkraad na artiekels 46 tot 51 daarvan, waarby die Kaapse gemeentes bevoegdheid verleen word om 'n tweejaarlikse algemene kerkvergadering te hou — die eerste keer by wyse van proefneming. Hierdeur kry die Kaapse gemeentes dus n sterker kerkverband. Maar tewens tree ook hier dde bedoeling van' die Kommissaris-Generaal duidelik aan die lig. Die kerk was vir hom 'n helpende bestuurskollege. Die hoofplig van die algemene kerkvergadering sou wees om die Regering sekerheid te verskaf, dat die bepalinge van die kerkorde op 'n reëlmatige voet nagekom word. Ook sou, soos reeds aangemerk, die Goewerneur sy goedkeuring aan alles, wat besluit word moes heg. En tog is die kerkorde deur dde kerkrade in soverre hulle hulle daaroor geuit het, toegejuig. De Kaapse kerkraad is baie in genome met dde nuwe kerkorde en dank die KommissarisGeneraal daarvoor. Hulle wou alleen alles gehad het, wat die Bataafse Kerk ontvang het by die nuwe staatsreëling. Veral is hulle bly oor die verbetering, wat dde Kommissaris-Generaal in die salarieering van die predikante aangebring het, want daardeur sou die Klassis van Amsterdam minder moeite ondervind om geskikte persone te vind om hierheen te stuur.1) Insgelyks ag dde kerkraad van Stellenbosch dit sy plig om sy dankbetuiginge te voeg by dié van die kerkraad van Kaapstad en die Kommissaris-Generaal eenstemmig te verseker, ') Ink. St. 375. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. 220 dat „wij zeer gevoelig zijn over de weldadige voorzorg voor het onderhoud der Leeraaren onzer gezindheid, mitsgaders derzelver weduwen, alsmeede uw HoogE tijdigen voorzorg voor de conservatie eni herstelling eener gepaste Ordre, in het kerkelijk bestier onzer gemeentens."1) Ook op die kerkraad van die „Evangelische Luthersche Gemeente" het die nuwe kerkorde 'n diep indruk gemaak. In 'n groot konsistoriale vergadering uitdruklik belê om die belangrike inhoud van dde kerkorde te oorweeg ds die algemene gevoelens gewees dat, „de bedoeling deeser, na de beginselen van burgerlijke gerecbtigheeden, christelijke verdraagzaamheid ... ontworpen nieuwe kerke-orde geenszints konde zijn, om met betrekking tot de kerkelijke zaaken in deeze Colonie alles op den ouden voet te laaten; maar veelmeer: dat dezelve en door de algemeene grondbeginselen en door de bijzondere bepaalingen daarin vastgesteld aan de Evangelische Luthersche gemeente deezer plaats alle rechten en vrijheeden welke maar andere wettig opgerichte en door de wet beschermde kerkgenootschappen in deeze Volkplanting koomen te genieten en durven handhaaven, vergunt, toekent en wezentlijk verschaft." Die gemeente sou nooit vergeet, dat de Mist die grondleer van dde ware verdraagsaamheid aan die Kaap was nie. Ook sou die kerkraad die „Evangelische Luthersche Consistorium" in Amsterdam kennis gee van die gunstige veranderinge, wat gemaak is ten opsigte van die uitwendige betrekkinge van sy gemeente aan die Kaap.2) So het die of fisiële antwoorde gelui van die kerkrade van die grootste gemeentes aan die Kaap. Die Lutherse gemeente kon inderdaad op genome wees oor die vryheid deur die kerkorde verleen. Wat dié van dde kerkrade van Kaapstad en Stellenbosch betref bly dit natuurlik die vraag of hulle onder *) Ink. St. 383. M. Borcherds, J. Groenewald, W. A. Krifle, W. de Vos en G. Joubert—de Mist. Dl. XI. Kol. Arch. 4367. ') Ink. St 381. Hesse, Hohne, Mader, Van den Bergh, Stokbroo, Heyneman en Stadler—De Mist Not de Mist, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. 221 die omstandighede andere kon doen, waar die kerkorde hulle op hoër gesag gegee is. Dit kan ook wees, dat hulle hulle met die beginsels, wat daaraan ten grondslag lê vereenselwig het — vir Borcherds was dit seker nie onmoontrik nie. In elk ^geval is hier geen stem teen opgegaan nie — hoewel andersi ns stilswyendheid nie juis aanvaarding of instemming behoef te beteken nie — te meer omdat die plattelandse gemeentes hulle in hierdie verband nie uitgelaat het nie. In elk geval kon die Kaapstadse 'kerkraad hom op hierdie kerkorde beroep toe Sir David Baird teen die end van 1806 die kerkraad beveel om weer 'n dubbel getal diakens te nomineer om die Goewerneur die nodige getal daaruit te laat kies.1) Kragtens artiekel 24 van die Kerkorde van de Mist, meen die kerkraad, dat alleen die goedkeuring van die Goewerneur verkry moet word en hierdie reg word verseker deur artiekel 8 van die Kapitulasie, waarby die burgers en ingesetene hulle regte en voorregte bly behou,... en die godsdiens soos dit op daardie oombhk in gebruik was somder verandering gehandhaaf sou word. Dit mog egter nie help nie, want in 1808 stuur die kerkraad onder protes die dubbel getal aan die Goewerneur ter keuse, 2 waardeur die kerk weer n stap terugdoen in verband met sy vrywording van die staat. Maar ook in 1824 sou die kerk hom beroep op artiekel 46 van hierdie kerkorde om toestemming te kry vir die byeenroeping van 'n algemene kerkvergadering op die 2de November van daardie jaar. Na twintig jaar word dus gebruik gemaak van die deur de Mist verleende reg. Reeds in 1710 is aan die Goewerneur-Generaal van Hoorn op sy terugreis na Nederland' die versoek gedoen, dat aan die Kaap by wyse van klassis 'n jaarlikse kerkvergadering deur die drie kerke van Kaapstad, Stellenbosch en Drakenstein mag gehou word. 8) Dit het egter nie gebeur nie. Eers op 30 Augustus ») Zuid-Afr. Tyds. 1828, Dl. V, p. 414. *) Ibid., p. 416. *) Beknopte Geschiedenis van de Nederduitsche Hervormde Kerk aan de Kaap de Goede Hoop. Kotzé 1888, p. 51. 222 1745 is die eerste algemene kerkvergadering in Kaapstad gehou met 'die hoofdoel om n reglement te ontwerp ter bepaling van welke distrikte onder dde verskillende gemeentes sou behoor.1) Hierop is ook besluit om jaarliks 'n klassikale (later verander in gekombineerde) vergadering te hou, natuurlik onder inwagting van die goedkeuring van. die Goewerment. *) In 1759 is dde jaarlikse gekombineerde kerkvergaderinge op , bevel van dde Politieke Raad gestaak, omdat die Raad van gevoele was, dat die byeenkomste van weinig nut was en die reiskoste van die predikante en ouderlinge te groot om deur dde gemeentes gedra te word.8) En so vind na 65 jaar die algemene kerkvergadering van 1824 plaas, en wel omdat die kerk nou „eenigermate aan haar zelve is overgelaten, en in kerkelijke zaken hetzij eer of pligt betreffende, kerkenraden geen hoger gerigt beeft om zich daarbij te vervoegen, iets te nadeliger en gevaarlijker, daar dit Kerkelijk Genootschap meer en meer toeneemt, en er ook inmiddels verschijningen plaats gevonden van andere godsdienstige gezindheden in deze Volkplanting tevoren niet bekend, ofschoon voor als nog niet regstreeks, nogtans eventueel zouden kunnen strekken om de bij ons vastgestelde orde van zaken omver te werpen." 4) En die vergadering sou hom alleen bepaal tot 'die kerklike sake van die Hervormdes en veral besig hou met die nodige wysinge, veranderinge, verbeteringe en venmeerderinge van die „vigerende kerkenorde", ooreenkomstig die teenswoordige behoeftes van tyd en plaas met inagneming van die fundamentele grondstellinge van die Nederlandse kerk. 5) Hierdeur is die kerkorde van de Mist nie afgeskaf nie, maar uitdruklik besluit dieselfde vergadering, dat dit beskou moet word as die grondwet van die Hervormde Kerk in die volks- *) Ibid. p. 61. ') Ibid. p. 63 6 66. *) Ibid. p. 61 noot. *) Zuid-Afr. Tyds. I 1824, p. 418 (Deur die voorsitter Berrangé.) *) Ibid. p. 419. 223 planting, terwyl •die bepalinge van 1824 slegs modifikasies sou wees, gehore uit die veranderde gesteldheid van tye en omstandighede.x) Ook die voorsitter van die derde Algemeene Kerkvergadering op 3 November 1829, bring in herinnering, dat die vergadering ondankbaar sou wees, as hy by hierdie geleentheid nie die wyse verordening van, Kommissaris-Generaal de Mist sou erken nie, daar dit tog ten grondslag van die teenswoordige^inrigting lê.a) So het die kerkorde van de Mist, al was dit dan ook gewysig, van krag gebly tot 1842 toe dit vervang is deur n nuwe kerkorde, bekragtig deur ordortnansie No. 7 van Goewerneur Napier, daar eersgenoemde opgehou het om geskik te wees en verouderd of ontoepaslik geword het vir die Nederduits Gereformeerde Kerk en vir die kerklike staat van die kolonie in die algemeen.*) Die kerkorde van de Mist, is later heel verskillend beoordeel. Dit is genoem 'n gedenkteken van die sorg vir die belange van en 'n weldaad vir die Kaapse kerk.4) Maar dit word ook genoem 'n „Caesaropapistisch produkt"; 5) de Mist self as „zoon der Revolutie" die invoerder van die goewermentskool,8) en aanbrenger van die kollegiale kerkreg, waardeur van die kerk 'n genootskap gemaak is en van hierdie vals kerkbegrip uitgaande, het dde kollegialisme gekom tot n valse magsbegrip en 'n verkeerde magsplaatsing, tot 'n verlaging van die amp om te eindig met die 'kerk as ancilla van die staat.7) *) De Ned. Ger. Kerk in Zuid-Afrika door H. G. Royaards, Kist en Royaards, Dl. VIII, 1848, p. 291. 2) Zuid-Afr. Tyds., Dl. VII, 1830, p. 6. *) Ordonnantie van den Gouvr. der Kolonie ter herroeping der Kerkorde van 1804 en invoering der Kerkorde van 1842. (Kist en Royaards, DL VIII, 1848, p. 353; ook Spoelstra p. 413). «) Kist en Royaards, Dl. VIII, 1848, p. 279, 282. ") Spoelstra: Het Kerkelijk en Godsdienstig leven der Boeren, p. 212. 6) Cachet: Gedenkboek, p. 6. 7) C. J. H. de Wet: Kollegiale Kerkreg., p. 142. 224 Welseker is die mag van die kerk deur hierdie kerkwet van de Mist absoluut ondergeskik aan dié van die staat gestel. Hy het die kerk selfs als hulpinstituut by sy politieke organisasie gebruik en hom gekortwdek deur die vernaamste middel tot die deurwerking van godsdienstige invloede, die onderwys nl. te ontneem. Die algemene beginsels staan direk teenoor dié van Dordt, wat die Kapenaar oor die algemeen toe nog gebukJig het. Dit alles kon de Mist later vérwyt word maar hy het gehandel volgens die gees van sy tyd en eerlik teenoor hom self. Behalwe dit alles sou ook hierdie stuk weer bewys lewer van die buitengewone organisatoriese talent van die Kommissaris-Generaal. In verband met bostaande is nog merkwaardig 'n laaste uitlating van Janssens. Die Goewerneur wou n nog skerper staatstoesig hê oor die keuse en afhanklikheid van die geestelikes aan die Kaap. So beveel hy na sy vertrek uit Suid-Afrika aan die Nederlandse Regering om die predikante in die kolonie met onderskeiding te laat behandel, „maar zij moeten geen magt of autoriteit op hun zelven uit maken, hoe weinig men in deeze toestaat, men kan zeker weezen, dat het misbruikt worden 2al — de Hoof dgebieder koomt de vrije beschikking over deze Eerwaarde Heeren toe, ook om dezelve te plaatsen, waar zij het nuttigst zijn." Selfs nie al kon die gemeentes die predikante self onderhou nie; „de Regeering betaald de Geestelijkheid, de Geestelijkheid gehoorzaamd de Regeering", want in Afrika weet 'n „verligt Hoofd-Gebieder veel beter welk zoort van Leeraaren de Gemeenten' behoeven, als de 'door slechte zendelingen voor de aarde, voor de maatschappij, voor een redelijke Godsdienst bedorvende dweepers."1) l) Verhandeling omtrend het geene gedaan behoord te worden. (As. Raad 21 Bijlage N. 109). HOOFSTUK XIII. NATURELLEPOLITIEK. Die algemene voorstelling omtrent die inboorling of wilde in die natuurstaat gedurende die 18de eeu, soos o.a. by Rousseau in Frankryk en Herder in Duitsland teruggevind word, was dat dié edel en sag van inbors sou wees, dat die beskawing die mens bederwe het — daar word gedweep met die natuurstaat en die onskuld van die wilde word in felle kleure afgeskilder teenoor die bedorwenheid van die beskaafde Europeaan. Dit lê ook voor die hand hoe uit hierdie standpunt die verhouding tussen die inboorling en die kolonis voorgestel word, waar die bedorwenheid en gewaande onskuldigheid met mekaar in aktuele aanraking kom. Op hierdie selfde bodem staan ook die vereniginge later opgerig ter beskerming van die inlander o.a. dSe „Aborigines Protection Society" in Engeland. Wat die Kaap betref het hierdie teenstelling veral sy uiting gevind in die beskrywing van John Barrow, Engelse amptenaar onder die Britse tussenregime aan die Kaap, waarin die Kaapse kolonis in n buitengewoon ongunstige lig voorgestel word. Sulke lektuur is natuurlik in die destydse Europa gretig gelees deur almal, wat enigsins belanggestel het in die verhouding tussen^die „noble savage" en die wrede kolonds — te meer omdat hierin die bewys gelewer word vir die waarheid van die filosofiese beskouinge oor dde mens in die natuurstaat. Ook de Mist het hierdde reisbeskrywing gelees en dde invloed, wat dat op hom gehad het tree buitengewoon helder op die voorgrond. Sy insigte in verband met die natureUebevolking van Suid-Afrika was, in elk geval voor sy vertrek daarheen dan ook n portret van dié van Barrow, wat neergekom het op 'n geprononseerde vooroordeel teen dde kolonis en n diepgaande gevoel van medelyde 15 226 met die arme verdrukte inboorling. Onmiskenbaar getuig sy Kaapse rapport hiervan, waar hy die onderwerp met vuur en gloed behandel. Waarmee, sê hy, het „die goede Lieden" van die ontstaan van die kolonie af die vervolginge en mishandelinge van die kompanjies dienare verdien! Terwyl hulk vreedsaam in hulk „vaderlyke hooien" woon, kom 'n vreemde nasie hom op hulle land vestig en maak hom van hulle vee meester. „Jalours zou men zeggen, om de Spanjaarden in. America, op een kleiner toneel, en in een minderen graad natehootsen, vervolgen de Colonisten deeze stilk vreesachtige Lieden, verstrooyen hunne kraaien of Dorpen, ontsteelen hun Vee, maaken de Mannen en Zoonen tot slaaven en lyfeigenen, versaagen anderen, uit lyfs-vreeze, naar woeste hookn en bosschen, die ongevoelig tot den staat van wildheid vervallende, nu op htm beurt, de gevaarlykste vyamden der Colonie geworden zyn en met welke Boschjesmans Hottentotten, eenen geduurigen oorlog moet worden onderhouden, verweerender en aanvallender wyze, by welke alk denkbeelden van beschaaving en menschlykheid uit bet oog verkoren, worden, en die by de grensbewooners in Graaf Reinet, realiseert het treurig iedeaal van Hobbes, Bellum omnium contra omnes."1) Bowestaande betref veral die Hottentotte. Maar geheel ooreenstemmend daarmee was die opvatting van de Mist in verband met die verhouding tussen Kaffer en kolonis. Eersgenoemde is volgens die Kommissaris-Generaal „een vreedzaam en zagtzinnig Volk, wiens groote en enige rykdom in Vee bestaat." a) En aan die adres van die koloniste veral aan die oostelike grens rig hy die volgende; „Maar dat men dan ophoude hun Vee te steekn, ten' einde zy niet tot weerwraak getergd worden." *) Aan die Kaffers moes respek maar ook vertroue inge-. *) Mem. de Mist, p. 112. ') Ibid., p. 113. *) Ibid. boesem en die inwoners van (jraat-Keinet genoodsaak word tot onderwerping aan orde en wet. Ook in verband met die Boesmans geld die bogenoemde opvatting in hoofsaak: „Men moet de byzonderheden van deze verwilderde Lieden, en de gruuwlen die den geduurigen, en nu noodzaaklyk geworden, Oorlog tegen die Ongelukkigen veroorzaakt in de beschryving van Barrow, zelve leezen, om overtuigd te worden van de noodzaaklykheid, om, op alle mooglyke wyzen de zaaden van Godsdienst en Menschlykheid, onder de afgelegen Inwoon eren van Graaf-Reinet te verspreiden en te doen wortelen schieten. Alle middelen van temporaire defensie, tegen die woeste Nabuuren die door armoede en honger geperst, het rooven van Vee, houden als een middel van bestaan, zyn alleen palliativen, en verdeedigers en aanvallers, zyn/ byna, gelyksoortig geworden."1) Dit is die opvatting van dte Mist oor die verhouding tussen blank en swart aan die Kaap van die end van' die lSde eeu — maar meteen moet daarop gewys word, dat dit sy beskouing was, voordat hy in persoonlike aanraking met hierdie probleem gekom het. Ook hy sou tot die ontdekking moet kom, dat daar 'n groot verskil bestaan het tussen die filosofiese filantropiese beskouing van dde end-18de eeuse Europeaan en dié van diegene, wat met die vraagstuk aktueel te doen gehad het. Die instruksies van die Goewerneur en van die Goewerneur en Raad ten opsigte van die naturelle is dan ook direk op bowestaande beskouinge van die Kommissaris-Generaal gebaseer. *) *) Mem. de Mist, p. 114. •*) Sien Instructie voor de Gouvr. art. 40 en Gouvr, 6 Raad art. 33 & 34. 227 228 a. KAFFERS. By die aankoms van de Mist aan dde Kaap was die Kafferkwessie dan ook een van die eerste, wat sy aandag opgeëis het. Aan die koloniste laat die Kommissaris-Generaal weet, dat deur hulk kommandant twee of drie bedaarde en „der Kaffersche taal en gewoonten kundige Burgeren naar derzelver Capitedns of opperhoofden als parkmentadren afgezonden (zouden worden) om hen van mijne komst en van de vreedzame en vriendelijke gezindheid van het Bataafsche Gouvernement te verzekeren, alk vijandelijkheden te doen staken, het meerdere door hun van UL. geroofd Vee terug te bedingen en dan opnieuw uit naam van de Bataafsche Republiek te bevestigen de voorengen. Vredestractaten, waar-, bij de Groote Vdsch Rivier tot een eeuwige grensscheiding tusschen de beide volken gesteld is. Zweert hen dat na dezen nooit geen Bataafsch Kapenaar over dde Rivier zal koomen om hen te ontrusten maar doet hen van hunne zijden, het zelve beloven ... Maar als dit ook alzo naar mijn wensch mog te gelukken, dan bezweere ik alle de Burgeren en Ingezetenen van de Districten van Graaf-Reinet, Stellenbosch en Zwellendam, die langs de grenzen woonen van voortaan de Caffers ongemoeid te katen en dien eenmaal getroffen Vrede heilig te onderhouden zonder welke alle, moeite om UL. gelukkig te maaken, verlooren is." 1) Hierin lê reeds 'n vingerwysing van dde strenge afskeddingspolitiek, wat die Kommissaris-Generaal geddnk het om te volg ten opsigte van dde koloniste en die Kaffers. Op 2 Maart, 1803 bring veldkommandant Linde rapport uit oor dde vyandeldkhede op dde oostelike grens en wys op die noodsaaklikheid van öf De Mist öf Janssens se teenwoor- *) Uitg. St. 7. De Mist— Ingezetenen der Buiten-Districten van de Kaapsche Volkplanting, 26 Dec. 1802. Not. de Mist, Dl. II. Kol. Arch. 4358. 229 digheid in daardie gedeelte van die kolonie om die vrede, „die eigenlijk maar een wapenstilstand is te bestendigen en op de daar geheel verwoeste districten en het terugkomen der gevlugte ingezetenen naar derzelver verlatene wooningen en landereien de promste ordres te stellen." x) n Maand later het Janssens sy landreis aanvaar, onder uitnodiging van de Mist, om onder aanneembare voorwaardes 'n spoedige einde te maak aan „de langduurige strooperijen en verwoestingen, die de schoonste streeken dezer Colonie zedert lang geteisterd en ontvolkt hebben." a) Die Goewerneur moes die Kaffers op alle moontlike wyse probeer bevredig en as dit kon gebeur, moes hy selfs finale reëlinge tref en nie wag op die koms van die Kommissaris-Generaal self nie. *) Intussen laat laasgenoemde aan die Kaffers weet, dat die Kaap werklik weer aan die Bataafse Republiek terugekeer het en dat die „Nieuwe Regeering de oude vriend is en blijven wil van de Caf fersche Natie, mits dezelve niet meer over de van ouds gestelde grenzen kome en de Kaapsche Ingezetenen m hunne persoonen, goederen of vee niet meer ontrusten/' Die kafferkapteins kon biwnekort „halskraagen van mooi koper met een opschrift" en die naam van die kapteins daarop van hom verwag.4) Die Goewerneur sou hom dan ook heel gou van- die werklike toestand op dde grens vergewis. Daar vind hy honderde huise en plase, van die ingesetene afgebrand en verwoes, 'n groot hoeveelheid beeste en skape van die koloniste in besit van die Kaffers en 'n uitgebreide koloniale gebied deur die laasgenoemde geokkupeer. „Het gevolg van dit alles is geweest, dat een menigte opgezeetenen met derzelver huisgezinnen en vee trekkende en zwervende waaren ... een gedeelte *) Not. de Mist, 2 Maart 1803, Dl. V. Kol. Arch. 4361. ') Uitg. St. 75. De Mist—Janssens, 23 Maart 1803. Not. de Mist, Dl. V. Kol. Arch. 4361. *) Uitg. St. 88. Dé Mist—Janssens. Not. de Mist, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. *) Uitg. St. 66. Not de Mist, DL V. Kol. Arch. 4361. 230 zelfs tot buiten de bewoonde streeken der Colonie getrokken," skrywe die Goewerneur aan die Staatsbewind.1) Die groot anoeikkhedd, waarteen die Goewerneur gestuit het was dde feit, dat verskillende stamme teen die Kosa-opperhoof Gaika in opstand was en hulle hulle aan die koloniale kant van die grens (Groot Visrivkr) bevind het Sy hoofdoel was dan ook om hulle uit die koloniale gebied te verwyder. Tot hierdie doel het hy aan die Sondagsrivier n onderhoud gehad met die afvallige kapteins, „Conga Sambee, Jalousa, Ghachou en Tholy." 2) Die Kaffers erken, dat hulle geen reg oor die westelike kant van die Visrivier het nie, maar hulle was besig om Gaika te beveg. Hulle neem egter die aanbod van die Goewerneur aan om as bemiddelaar op te tree tussen hulle en Gaika en doen n heilige belofte om die koloniste met rus te laat. Na n reis van drie dae oor die Visrivier vind die onderhandeling met Gaika plaas, „waar hij mij (Janssens) door zijne moeder, twee zijner vrouwen, verscheidene Capiteinen en circa drie honderd menschen zijner Natie vergezeld, kwam vinden. Wij handelden in het openbaar onder de vlag van de Republiek, ieder omringd van dezijne, hetgeen een vrij interessante vertooning maakte." 8) Ook Gaika van wie Janssens rede gehad het om „de intelligentie van de jonge bijzondere schoone Koning van de zeer schoone Kaffersche natie te bewonderen" maak 'n belofte om sy weerspannige onderdane sonder wraakneming terug te ontvang. Dit het hy egter, met groot weersin onderneem. In hierdie verband skrywe^ Janssens aan de Mist: „Ik zoude vermeenen, dat niets ten behoeve van Gaika moest opgeofferd worden, wil hij door slegte raad (o.a. van Buis) te volgen, en door dubbeld te weezen in zijn verderf loopen, dat hij het *) Janssens—Staatsbewind, 15 Sept. 1803. Janssens, Br. en Bijl. 1802— 1806. Kol. Arch. 4375. 2) Ibid. ») Ibid. 231 doed, misschien was voor de Colonie goed dat een andere de gewaande titul van koning gegeeven wierd..."1) In elk geval het die Goewerneur met die meegedeelde vage beloftes van die Kafferhoofde sy reis voortgesit en die verdere onderhandehnge aan die uiters bekwame offisier van Fort Frederik, kaptein Alberti opgedra. Reeds in Europa het de Mist aanbeveel, dat daar 'n sterk afdeling troepe onder n bekwame offisier na Fort Frederik, by Algoabaai gestuur moet word om die orde op die grens te bewaar. 2) Op 23 Maart, 1803 dra hy aan die Goewerneur op om hieraan uitvoering te gee, omdat die militêre mag moes dien om „zo wel aan de Caffers als vooral aan onze eigene Ingezetenen in die quar tieren ook het nodige respect zal inboezemen tegen het van de eene of andere zijde schenden der gesloten wapenstilstand en het vertrouwen geeven aan de Caffers, dat het Bataafsch Gouvernement voortaan wil waaken tegen het dezer zijds opnieuw beginnen van onlusten en grensovertredingen, en dus een waarborg van beide Parthijen opleveren, dat den nu te sluiten finaalen vrede des noods door de sterke hand zal worden gemaintineerd." 8) Hierdie militêre mag onder Majoor von Gilten is ook gou af gestuur na Algoabaai en het bestaan uit 136 manskappe van die Battaillon van Waldeck, "waaronder odk Kaptein Alberti hom bevinrj het. Toe die Kaapse Regering, by die hernuwing van die oorlog tussen Frankryk en Engeland opdrag kry om sy volledigste afdeling soldate na Batawië te stuur, is 'n gedeete van hierdie troepe met Majoor von Gilten teruggeroep en van nou af was die res onder die bevel van Kaptein Lodewyk Alberti. Op die oostelike grens het hy 'n baie belangrike rol gespeel veral in verband met die Kaffers. *) Janssens—de Mist, 16 Oct. 1803. Not. de Mist, Dl. IX, p. 152 Kol. Arch. 4365. 3) Mem. de Mist, p. 113. *) Uitg. St 75. De Mist—Janssens, 23 Maart 1803. Not. de Mist, Dl. V. Kol. Arch. 4361. 232 By al die onderhandelinge met laasgenoemide was hy teenwoordig en later toe hy die militêre landdros van Uitenhage word, het hy persoonlik die verhouding tussen blank en swart op die oostelike grens gereël. Deur sy gedurige aanraking met die Kaffers het hy n uitstekende kennis van hulle sedes, gewoontes en godsdiens opgedoen. *) Hy het die vertroue van beide die ingesetene en die naturelle gewin en gedurende sy landdrosskap van Uitenhage was daar rus op die oostelike grens. Die reis van die Goewerneur het volgens Alberti die heilrykste gevolge gehad. Die Goewerneur bet geslaag om deur sy töegewendheid die onbepaalde vertroue en „ongekunstelde liefde" van die ingesetene te win.a) In verband met die Kaffers sê Alberti, „werden de meeste gepaste besluiten genomen ter bewaringe der openbare rust en eensgezindheid." *) Langsamerhand het die gevlugte ingesetene weer na hulle woonplase teruggekeer. Maar soos reeds aangemerk het dit die Goewerneur nie geluk om die Kaffers uit die Suurveld oor die grens te kry nie. Tog het hulle al meer en meer na die grens teruggetrek. *) Om volkome gerustheid aan die grensbewoners te verseker moes die uitgeweke hordes egter, desnoods met geweld oor die grens verwyder word. Dit sou die Kommissaris-Generaal op sy reis moet doen. Maar intussen het daar opnuut oorlog in Europa ontstaan en kon aan die Kommissaris-Generaal nie n sterk genoeg gewapende mag verstrek word om die Kaffers oor die grens te dry we nie en moes daar genoeë geneem word met die onderhouding van die vriendskaplike verbintenis deur die Goewerneur aangegaan. Die uitgeweke Kaffers moes, volgens Alberti, voortdurend in die vrees gehou word om beide deur Gaika en deur *) Na sy terugkeer in Nederland, vasgelê in „De Kaffers aan de Zuidkust van Afrika", Amsterdam 1810. *) Lodewijk Alberti, De Kaffers aan de Zuidkust van Afrika, p. 225-. ») Ibid., p. 226. *) Ibid., p. 227. 233 die 'kolonie aangeval te word. Verder is alle gemeenskap tussen hierdie hordes en die Hottentotte verhinder en gesorg, dat geen gemeenskap tussen die Kaffers en koloniste plaasvind nie. Waar die hande van die regering dus lamgeslaan is deur die uitbreek van 'n nuwe oorlog in Europa en die Goewerneur sy grootste aandag moes skenk aan die ver* dediging van die kolonie teen 'n ewentuele aanval van Engeland, kan daar geen kragtige Kafferpolitiek gevoer word nie. De Mist het ©p sy reis probeer om met die Kafferhoofde in aanraking te kom maar dit het hom nie geluk nie. Tog skyn dit, dat dit in die bedoeling gelê het van die Bataafse outoriteite om die betrekkinge tussen die koloniste en Kaffers op die oostelike grens op 'n gesonde basis te bring. Die Kafferpolitiek wat gevolg moes word sou volgens Alberti moet berus op twee grondbeginsels nl. die verdrywing van al die Kaffers uit die Suurveld oor die koloniale grens en die vernietiging van alle gemeenskap tussen die koloniste en Kaffers en ook tussen laasgenoemde en die Hottentotte. Hierdie beginsels is ook vervat ia die eerste boodskap van de Mist aan die ingesetene van die grensdistrikte en aan die Kafferkapt eins. Solang die uitgeweke Kaffers in die Suurveld vertoef, bly die grensboere in 'n verontruste toestand en kon bogenoemde beginsels oök nie in praktyk gebring word nie — nog minder kon daar 'n vooruitsig wees van 'n rustige ontwikkeling van die oostelike distrikte. Die Kaffer het geen besef van „mijn en dijn" gehad nie en hier lê die kern van al die Kaffermoeilikhede. Wanneer al die Kaffers binne hulle grense teruggekeer het moes die opper hoof hom verbind om toe te sien, dat geen van sy onderdame (sy afgevaardigdes uitgesonderd') ooit oor die Visrivier sou gaan nie en, meen Alberti, ewentuele oortreders moes deur daardie opperhoof self gestraf word. Die uitlewering van die op 'koloniale gebied gearresteerde Kaffers moes op die grens geskied. Blyk hierdie maatreël onvoldoende, dan moes die oortreders op die moment van arrestasie gestraf word. Maar die Visrivier was die grensskeiding en as dit gedurende die hele jaar net op sekere 234 plekke oorganklik was, dan kon die grens heel gemaklik deur middel van n paar forte bewaak word. Dit was, egter, nie die geval nie en so het Alberti gemeen, dat die doelmatigste bewaking kon geskied deur n aantal grensruiters en wel 60 Europese soldate, wat langs die grens moes patroeljeer en in gedurige verbinding met mekaar moes staan. Die bepaling van die- Kaffers binne hulle grense sou só belangrdk wees vir die rus en welvaart van die Volksplanting, dat die koloniste sonder die minste onbillikheid die onkoste verbonde aan die onderhoud van die grensmag kon dra. Maar aan die ander kant moes dan ook geen enkel blanke of Hottentot sy voet oor die Visrivier sit nie — aan geen kolonis moes veroorloof word om oor die grens te gaan jaag of vee te ruil nie. Ook oortreding in hierdie verband moes swaar gestraf word. Die plan van Alberti kom dus neer op die onverbiddelike afskeiding van. kolonis en Kaffer. In hierdie tyd was dit seker 'n gesonde politiek. Maar dan moes hy Ook kragtig deurgevoer word en om dit te kan doen was in die eerste geval 'n sterk krygsmag aan die grens nodig — seker sterker as wat die Bataafse Regering destyds kon verskaf. Die feit, dat daar altyd 'n meerdere of mindere mate van ruilverkeer tussen die twee partye bestaan het, wat nou absoluut stopgesit moes word, het aan die grond van die moeilikheid gelê en daarby het die onontwikkelde begrip van die Kaffer ten. opsigte van andermansgoed dan sy rol gespeel. Dit was dan ook te voorsien, dat hierdie ruilhandel nie afgebreek kon' word sonder weersydse poginge om die verbod te ontduik nie. Reeds het die Goewerneur die koloniste verbied om Kaffers in hulle diens te neem. Ook is die verskillende blankes, wat by die grens of onder die Kaffers gewoon het en gevaarlik was vir die goeie betrekkin ge met die Kaffers van die grens verwyder. Coenrad Buis,1) wat onder die Engelse tussenregime voëlyry verklaar was en intussen by Gaika gewoon ') Sien Lichtenstein: Reizen II, p. 127, 172, 194 ens. 235 het is beweeg om binne die koloniale grense terug te keer. Thomas Ferreira met sy twee se tros Stephanus en Hendrik moes na Swellendam en Jan Arend Rens na die drosdy Stellenbosch vertrek om daar onder toesig van dde landdros te woon.1) Dit was die optrede van hierdie Thomas Ferreira ,,-met een zoo hardvochtig gemoed en van zoo afschuwelijke grondbeginselen," wat die verontwaardiging van de Mist in so'n mate gaande gemaak het en hom die volgende aan die ingesetene van die buitedistrikte laat skrywe het: — „Maar evenzeer heb ik mij moeten bedroeven en ergeren over de hier ingekomene tijding, dat een Ingezeten Tomas Fereira *) genaamd, in Zwartkops Baai woonachtig, zich niet ontzien heeft eenen onschuldigen Kaffer die zelfs met een present naar dezerzijds gezonden was en staande de onderhandeling te branden en te mishandelen." 3) Dit was ook dieselfde berig, waarop die jonge baron van Pallandt sy brosjure teen die Kaapse Goewerment gebaseer het. Deur die besondere voorspraak van' die KommissarisGeneraal by die Staatsbewind op dde staf van Janssens geplaas het van Pallandt tydens dde afwesigheid van die Goewerneur op sy landreis in die middel van 1803, ongeoorloofde gebruik gemaak van die regeringspers om 'n pamflet met 'n sterk strekking teen de Mist en Janssens te laat druk.4) In hierdie pamflet bespreek hy in die eerste plek en veral die verhoudinge tussen die oproerige koloniste en die inboorlinge J) Lichtenstein: Reizen II, p. 140, 167. Not. de Mist, 16 Junie 1803, Dl. VII. Kol. Arch. 4363. *) Lichtenstein glo dat „Barrow het afbeeldsel van een Afrikaansch Colonist naar hem geschetst had". (Lichtenstein: Reizen II, p. 140). *) Uitg. St 66. De Mist—Ingezetenen der Buiten-Districten, Maart 1803. Not. de Mist, Dl. V. Kol. Arch. 4361. *) Remarques Generales sur le Cap de Bonne Esperance, par A. Baron de P., secretaire privé du Gouverneur & General en Chef. 1803. Ook in Engels vertaal en uitgegee vir die „Trustees of the South African Public Library" onder „General Remarks on the Cape of Good Hope, by Baron A. van Pallandt, private secretary to General Janssens", Cape Town 1917. 236 en Kaffers, waarby hy wys op die wrede mishandelinge van die kant van die eersgenoemdes en die swakheid van die teenswoordige outoriteite om in te gryp ten gunste van dde mishandelde heidene. Hy prys dan ook die rigslyne deur die Engelse Regering gevolg ten sterkste aan om kragdadig teen die boere op te tree en veral die Hottentotte in beskerming te neem. Hy heg geen geloof aan die nuwe maatreëls deur die outoriteite getref, daar die Kaap nooit al die koste deur die Republiek daarvoor gemaak kon vergoed nie. Aan die end van die brosjure gaan hy oor om die weinige aan te gee, wat die kolonie wel ewentueel sou kon voortbring. *) 1) Op 1 Julie net de Mist gehoor van die bestaan van die brosjure en dat 'n aantal eksemplare hulle op die Spion, vir Europa bestemd, bevind. By 'n „zeer terloops gedane doorblading" is dit de Mist duidelik geword, dat „by deze Brochure de daden van het Gouvernement alhier öf verkeertelijk voorgesteld óf zeer bitter beoordeeld waaren — dat daartoe op een zeer insidueuse wijze gebruik gemaakt was van 's Lands Drukkerij en wel door iemand, die in de zich zelve op het titelblad gegevene qualiteit als secretaire intime van den Gouverneur en Generaal en Chef" daartoe nie bevoeg was nie. Die brosjure kon dan ook alleen skadelike mistroue saai tussen die Staatsbewind en de Mist of diegene, wat die skrywer onder die tietel „Gouvernement" wil verstaan. (Notule De Mist, 1 Julie 1803 DL VII. Kol. Arch. 4363). De Mist het weer vir van Pallandt in die bres gespring en die fungerende Goeverneur de Salis verzoek om die saak so te laat. Alleen moes van Pallandt „het Gouvernement" ekskuus vra in die persoon van de Salis, omdat hy die regering op 'n „vrij stekelachtige wijze taxeert", soos die prokureur-generaal Beelaerts van Blokland die strekking van die brosjure saamgevat het. (Uitg. st. 143 De Mist — R. de Salis; Dl. VII Kol. Arch, 4363. (Uitg. st. 143 De Mist—Janssens. Not. de Mist, Dl. Vffl Kol. Arch. 4364). Op 5 Augustus, 1803 sluit Janssens aan de Mist 'n afskrif van 'n brief aan vanPallandt in, waarby hy aan laasgenoemde te kenne gee, dat dié hom een van die grootste bitterhede laat smaak het. „Indien iets so groot is als U faut, om het zagt te noemen, zo is het mijn droefheid, 237 In elk geval dieselfde politiek van absolute afskeiding tussen blank en swart en militêre forte om dit te handhaaf, het Janssens nog na sy vertrek van die Kaap aan die Nederlandse Regering aanbeveel. Hy voeg daar nog by, dat die grensplase alleen aan lojale ingesetene en wel sonder die betaling van rekogniesie toegestaan moet word, en dat die Hottentotkorps desnoods later die Europese grenssoldate kon vervang. Maar in geval daar gevrees word vir n te groot vernietiging van die Kafferstamme onderling, deur die terugdrywing van dié aan die koloniale kant van die grens, dan mag daar enige krale binne die kolonie toegelaat word, mits die Kaffers dan nie oor die grens gaan nie en die middele by dié hand gehou word om hulle te forseer om die gemaakte beloftes na te kom en mits hulle dan koloniale onderdane word. Vuur- verpligt te zijn UwHEd. tot wiens geluk en genoegen, ik zo gaarn hadde toegebragt.... te moeten intercideeren van heden af op mijn Bureau of in mijn woning te Koomen.... Wat het aan Janssens kost dit aan eene jonge mensch van eene der eerste famillien van het Vaderland te moeten schrijven, kan alleen door mij gevoeld worden." (Ink. st. 276a Janssens—de Mist, 5 Aug. 1803 en Ink. st. 276b Janssens—van Pallandt. Not. de Mist, Dl. VIII, Kol. Arch. 4364). Van Pallandt het aan de Mist verklaar, dat daar 50 eksemplare gedruk was; twee daarvan is op die skip gevind, een vir Nederburgh en een vir Quensen, lid van die Staatsbewind. 38 Stuks het van Pallandt aan die Prokureur-Generaal oorhandig en ses via Engeland na Europa gestuur (Not. de Mist 1 Julie 1803; R. A. de Salis—de Mist, 8 JuHe 1803 -4- bylae van Beelaerts van Blokland, Nat. de Mist, Dl. VU Kol. Arch. 4363). Die direkteur van die goewermentsdrukkery het verklaar, dat hy onder die indruk verkeer het, dat die brosjure 'n geheime stuk van Janssens was en dat hy dit daarom uit diskresie nie gekontroleer het nie. (Not., de Mist 1 Julie 1803, Dl. VII, Kol. Arch. 4363). Op die tietelblad van die eksemplaar deur my gebruik (Utrechtse Univ. Bibi. no. 3004) staan „Pour Monsr. Nederburgh", vermoedelik in die band van Van Pallandt. Van vier eksemplare kon duS geen verantwoording gegee word nie. 238 wapens moes onder geen omstandighede aan die Kaffers verstrek word nie. *) Die Goewerneur was ook voornemens om poginge aan te wend vir die beskawing van die Kaffers. Hiervoor sou veral in aanmerking kom die seuns van opperhoofde. Hulle sou onder die leiding van 'n bekwaam persoon geplaas word om onderwys te ontvang in „zedekünde als in dat van verschillende handwerken, bijzonderlijk ten behoeve van den landbouw ....". Na n tyd sou hulle dan, voorsien van gereedskap, teruggestuur word om onder hulle landgenote as fakkels van die beskawing te gaan dien8), want „genieten zij, geniet de volksplanting rust en vreede". 3) Maar die spoedige herneming van die Kaap het die outoriteite nie die tyd gegun om 'n Kafferpolitiek te voer, waarvan die uitkomste enigsins te beoordeel was nie. Die rus en kalmte, wat onder die Bataafse Regime op die oosteüke grens geheers het, was grotendeels die gevolg van die bemoeiinge van die ywerige en verstandige kaptein Alberti. b. BOESMANS. Aan die noordoostelike grens het die Goewerneur ook met hierdie deel van die naturelle-bevolking kennis gemaak. „Dit zijn wilden," sê hy, „die nog het verst van alle beschaving en dus het naast aan de natuurstaat zijn. Zeederd 33 jaaren zijn zij bijna continueel in gevegten met de Colonisten, die aan de eene zijde het leven van veele menschen aan de andere zijde het verlies van veel vee kosten ". *) 1) Verhandeling omtrend het geene gedaan behoord te worden.... Aziatische Raad 21, Bijlage N. 109. Rijks Archief. ') Lodewyk Alberti: De Kaffers aan de Zuidkust van Afrika, p. 252. 3) Verhandeling omtrend het geene gedaan behoord te worden.... Aziatische Raad 21, Bijlage N. 109. *) Janssens—Staatsbewind, 15 Sept. 1803. Janssens, Br. en Bijl. 1802— 1806. Kol. Arch. 4375. 239 Janssens het begryp, dat hy hierdie wesens anders moes behandel as die Kaffers en Hottentotte. Daarom gee hy hulle geskenke, skiet vir hulle wild en laat hulle „vrywillig beloven" om af te sien van hulle rowerye. As dit gebeur sou hulle weldade van die koloniste ontvang in plaas van vervolg te word. Hy het die onmoontlikheid ingesien om met die Boesmans algemene ooreenkomste te sluit, omdat hulle so onbeskaafd was, omdat hulle geen „vereenigde natie" uitmaak nie, daar elke huisgesin op hom self onafhanklik rondswerwe „zonder regering, zonder Godsdienst en zonder zig zelfs overdekte hutten te maken". Die Goewerneur vind die Boesmans in die ooglopend klein en net so onaansienlik „als de Kaffers kloek en schoon zijn".1) Augusta de Mist beskrijwe die eerste Boesmanvrou, wat sy gesien het as volg: „Hare verschrikkelijke leelijkheid, haar wild voorkomen en walgelijke morsigheid gaven ons een slecht denkbeeld van dezen volkstam".2) Dit was dan ook waar. Die Boesman was die vyand van almal en almal was vyande van hom. Oordrewe sal dit seker ook nie wees om te sê nie, dat die Koloniste hulle destyds as roofdiere beskou het en ook as sulks behandel het. Die vorming van n nuwe distrik uit die noordelike gedeelte van Stellenbosch, waar die Boesmans hulle opgehou het, het dan ook o.a. ten doel gehad om die betrekking tussen die koloniste en hierdie rondswerwende Boesmans beter te reël en te kontroleer. „Het was de wensch der regering, aan de rovereijen dezer arme wilden, door vriendschappelijke verbonden een einde te maken, en op deze wijze de Colonisten van het Roggeveld en Onder-Bokkeveld langzamerhand den ouden haat te doen vergeten".*) Daarom is van der Graaf, die nuwe landdros van die nuwe distrik Tulbagh, ook opgedra om die noordelike gedeelte van *) Ibid. ») Penélopé, Dl. VIII 1835, p. 88. *) Lichtenstein: Reizen IV, p. 5. 240 sy distrik te deurreis en o.a. die verhouding tussen die koloniste en die Boesmans te probeer reël. Dit het in Desember 1804 gebeur, toe 'n aantal Boesmans aan die Zakrivier byeenversamel is en onder die invloed van' geskenke belowe het om nie meer,te roof nie en een van hulle, Goedhart, as hulle kaptein te erken. Die landdros het belowe om binne ses maande weer terug te kom, om hulle klagtes te verneem en 'n plegtige verdrag met hulle te kom sluit. Teen die. end van April 1804 is die landdros met Lichtenstein dan ook weer op reis na daardie gedeeltes. Op hierdie moment was die Boesmans weer hard aan die steel, kaptein Goedhart nergens te vinde en van n ooreenkoms met hulle het dan ook niks gekom nie.1) Die laaste rapport van Janssens oor die Boesmans lui dan ook nog: „De Bosjesmans blijven nog gestadig rooven; dit is niets vreemds: men heeft dog eenige extra middelen moeten bezigen om het te stuiten of te verminderen".2) In hierdie onsekere verhouding het die betrekkinge tussen die Boesmans en koloniste gedurende die Bataafse regering aan die Kaap voortgeduur en veel verandering in die toestand was op hierdie tydstip met die beste wil nie aan te bring nie. Die kolonis het beskik oor vee, wat die Boesman nie gehad het nie en waarvan hy hom by die geringste geleentheid meester gemaak het, dikwels ten koste van sy eie lewe. c. HOTTENTOTTE. Dit was met hierdie gedeelte van die naturellebevolking aan die Kaap, waarmee die koloniste oor die algemeen die meeste te doen gekry het en dit is ook in verband met hulle, 1) Lichtenstein: IV, Reis door het land der Boschjesmannen, Koranen en Beetjuanen; ook Janssens—As. Raad 31 Oct. 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802-1806, p. 548. Kol. Arch. 4375. 2) Janssens—As. Raad, 31 Oct. 1805. Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 547. Kol. Arch. 4375. waartoe die allergrootste sorge van die Kommissaris-Generaal hulle uitgestrek het. Reeds is aangemerk, wat hy oor hulle toestand as sulks en hulle verhouding tot die koloniste gedink het. Hierdie sienswyse van hom met betrekking tot die Hottentotte het die grondslag gevorm vir die gedragslyn, wat die Kaapse regering ten opsigte „der oude Lands Inboorlingen" moes volg en is vasgelê in die instruksie vir die Politieke Raad.1) Laasgenoemde regeringsliggaam moes toesien, dat die Hottentotte onder geen voorwendsel hoegenaamd mishandel of in hulle eiendomme benadeel word nie en alle middele aanwend om hulle te beskawe en in nuttige landsarbeiders te verander, hulle onvervreemdbare stukke grond vir dorpe en krale aanwys; hulle klagte en besware met „deelneeming en zagtheid" aanhoor en ophef; hulle huwelike en vermeerdering in eweredige verhouding met hulle beskawing op alle moontlike wyse bevorder en geboorte-, trou- en doodregisters van hulle laat hou.2) Oor die algemeen kan die Hottentotte binne die destydse volksplanting in drie groepe verdeel word en wel die Hottentot as soldaat, die Hottentot en die kolonis en die Hottentot en die sending. 1. DIE HOTTENTOT AS SOLDAAT. By die aankoms van die Nederlandse-outoriteite aan die Kaap, was daar in 'n kamp aan die Rietvallei 'n aantal Hottentotte geleër onder Britse offisiere en in Britse soldy. Die hoofdoel van die Engelse Regering was om hulle teen die koloniste te beskerm. Oor die ontstaan van die korps deel Janssens mee, dat toe die moeilikhede tussen die koloniste en die Kaffers onder die Engelse regering so groot geword het, dat Generaal Dundas daar self heen moes om die rus ») De Mist, Br. en Bijl. E, p. 200. Kol. Arch. 4356. >) Ibid. art. 31. 16 241 242 te herstel, het laasgenoemde gevind, dat n groot aantal Hottentotte, gedrywe deur die „Wreedheeden der Boeren" hulle by die Kaffers aangesluit het en besig was om geweldige verwoestinge aan te bring. Dundas wou hulle van die Kaffers skei en tewens teen die wraak van die ingesetene beskerm. Daarom het. hy hulle vredesvoorwaardes deur Maynier Iaat aanbied en hulle veiligheid en onderhoud belowe. 1) Dit was hierdie Hottentotte met andere wat nou aan die Rietvallei geleër was. Die Kommissaris-Generaal het n spesiale opdrag van sy regering gehad om uit te vind, of dit doenlik sou wees om hierdie korps te handhaaf. Reeds op 11 Januarie 1803, het hy hom persoonlik gaan oortuig van hulle toestand.2) Op 24 Februarie 1803 bring Janssens rapport8) uit oor hierdie korps, wat toe bestaan het uit 306 militêr diensdoende besoldigde manskappe, 130 ander mans, wat nie diens doen nie en ook geen soldy ontvang nie, maar wel deur die regering onderhou word en daarby 289 vroue en 237 kinders.4) Hierdie Hottentotte was erg geheg aan die Engelse Regering en bang vir die terugkoms van die Hollandse gesag uit vrees, dat' hulle weer aan die „wraak der Blanken zullen worden opgeofferd". Dit was die indruk, wat Janssens van hulle by sy besoek aan die Kaap gekry het. 5) In hierdie verband het die kaptein F. S. V. Le Sueur ook n baie interessante verslag aan de Mist uitgebring. Hy vind, dat die Hottentotte hulle oor verskillende sake ten opsigte van hulle *) Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 18. Kol Arch. 4375. ') Not de Mist, 11 Januarie 1803, Dl. III. Kol. Arch. 4359. *) Ink. St 146. Janssens—de Mist 24 Febr. 1803. Not. de Mist, Dl. IV. Kol. Arch. 4360. 4) Op 4 Maart berig Janssens aan die Asiatiese Raad, dat die korps onder, „Europische officieren en onderofficieren bestaat uit 7 Capiteins, 30 Corporaals, 17 tamboers, 258 soldaten, 104 bijloopers, 285 vrouwen en 267 kinders. (Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 18. Kol. Arch. 4375.) s) Ink. St. 146. Janssens—de Mist, 24 Febr. 1803. Not. de Mist, Dl. IV. Kol. Archief 4360. 243 vroeëre base bekla teen wie hulle dan ook n wrok opgeneem het. Hiervan het die Engelse party getrek om die weggelope Hottentotte in beskerming te neem en te onderhou, waardeur 'n groot vertroue in en gehegtheid aan die Engelse ontstaan is, te meer omdat nie alleen weerbare manne aangeneem is nie maar enigeen jong of oud, man, vrou of kind. Hierdeur is die haat teen die ingesetene nog vergroot en „zeijlieden noemden de Ingezetenen niet meer gelijk in voorige tijden Baas of Seur maar Dutsman en somtijds ook wel gelijk ik het hooren mompelen Dem Dutsman". *) Dit het voor die hand gelê, dat hierdie versameling Hottentotte erg opgenome was met die reëling, waarby in hulle onderhoud voorsien word, terwyl hulle daarvoor geen arbeid behoef te verrig nie. Vandaar dan ook hulle haat teenoor die koloniste en hulle Iojaliteit teenoor die Engelse' regering. Goed het Alberti dan ook die handelwyse van laasgenoemde saamgevat as hy sê: — „Men gaf hun de vrijheid, om hunne Meesters hetzij met of zonder wettige reden, te verlaten, en onderhield talrijke Benden op kosten der Regeering, waartoe de Planters niet zelden moesten bijdragen." 2) In elk geval die Goewerneur het hulle sy volle beskerming beloof en verseker, dat hulle as vry mense beskou en behandel sou word. Iedereen van hulle sou die vryheid hê om te gaan, waar hy wil, mits hy vir n eie bestaan kon sorg om sodoende geen las vir sy omgewing te word nie. Die Goewerneur wil sy bes doen om sover moontlik vir werkverskaffing te sorg. Hy was ook van oordeel, dat 'n gedeelte van hierdie versameling in 'n militêre korps geformeer kon word — andere by die Hernhutters op Baviaanskloof geplaas of onder instrukteurs om hulle te beskawe. 'n Ander oplossing sou wees om die Hottentotte hulle werksaamhede onder die ingesetene te laat hervat. Maar, meen die Goewerneur, dit moes nie gebeur nie, voordat dié reëlinge getref is, wat *) Ink. St. 277. Capiteyn F. S. V. le Sueur-De Mist, 8 Aug. 1803 Not. de Mist, Dl. VIII. Kol. Arch. 4364. ») Lodewyk Alberti: De Kaffers aan de Zuidkust van Afrika, p. 217. 244 die veiligheid van die Hottentotte sou waarborg en hulle die versekering sou verskaf, dat die te make ooreenkomste deur die ingesetene sou nagekom word. Aan elk van die ag kapteins en aan n paar ander Hottentotte gee die Goewerneur vir eie rekening 'n goue dukaat en beveel, dat die versameling in die Rietvallei voorlopig net so bly as onder die Engelse regering.1) Voordat die Kommissaris-Generaal definitief kan besluit oor die voortbestaan of ontbinding van hierdie korps, moes hy eers sy advies aan die Staatsbewind uitbring.2) Hy het hom, egter, veroorloof om hierin ongehoorsaam te wees, omdat hy volkome oortuig was van die absolute nutteloosheid en kosbaarheid van die groep Hottentotte aan die Rietvallei*) en nie maande kon wag om die „invreetende kanker" te laat ophou nie.4) Volgens de Mist het die 259 Hottentotsoldate die land ƒ 442 Hollands per dag of ongeveer ƒ 162.000 per jaar gekos.5) Die uitgawes in verband met die korps was besonder hoog veral uit hoofde van die hoeveelheid bylopers en ook weens die feit, dat die Engelse regering „die alles zoo ruim als wij bekrompen doen", geen onderskeid gemaak het tussen Europese en Hottentotsoldate — ook nie wat soldy betref niet.6) De Mist het die korps self gaan inspekteer, en hom baie ongunstig daaroor uitgelaat: „Het was doorgaands eene verzameling van luiaards, slapers en dronkaarts, die dit gemakkelijk leven verre boven den arbeid koozen en die alle *) Ink. St. 146. Janssens—de Mist, 24 Febr. 1803. Not. de Mist, Dl. IV. Kol. Arch. 4360. *) Resolutie van het Staatsbewind, 7 Oct. 1802 No. 16. De Mist, Br. en Bijl. Kol. Arch. 4356. 3) De Mist, Br. en Bijl., p. 153 va Kol. Arch. 4356. *) Not. de Mist, 4 April 1803. Dl. VI. Kol. Arch. 4362. ») De Mist, Br. en Bijl., p. 153 va Kol. Arch. 4356. 8) Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 23. Kol. Arch. 4375. 245 tesamen gewis voor 25 dragonders zouden gaan loopen." *) Ook Janssens merk twee groot gebreke by die Hottentotte op, nl. dat hulle hulle so gou te buite gaan aan sterk drank en dat hulle slaap sodra hulle nie onder toesig was nie.3) Hierdie uitsprake staan reeds al in n felle kontras met die gehuldigde opvattinge van die outoriteite by hulle aankoms aan die Kaap. Die nutteloosheid en kosbaarheid van die korps het die Kommissaris-Generaal dan ook reeds op 4 April 1803 laat besluit om die bevelvoerende offisier op te dra „de vrijwillige verhuuring dier manschappen in dienst der landlieden niet alleen toe te laaten, maar zelfs op alle mooglijke wijze aan te moedigen." *) Die huur moes geskied deur skriftelike huurkontrakte, wat ook deur die Hottentot onderteken moes word, met inagneming van die voorsorgmaatreël, dat daar nie teveel van hulle in die selfde distrik sou gaan nie, maar dat hulle so veel moontlik oor die hele land versprei word. Uitdrukhk beveel de Mist aan, dat dit nie kraalsgewyse moes gebeur nie, maar indiwidueel heeltemal teenoorgesteld met sy Kaapse rapport in hierdie verband. *) Later kon hy aan die Staatsbewind rapporteer, dat hierdie poging besonder geluk het, daar op 8 Junie 1803, die koste nog maar ƒ 160 per dag beloop het. Die regering self het ongeveer 80 van hierdie Hottentotte gebruik om aan die goewermentsboutplantinge werksaam te wees. Ook die Raad der Gemeente het n aantal in diens geneem, waarby die onversigtigheid begaan is om die Hottentotte met bandiete en kettingslawe mee te laat werk, omdat die harde grond nie deur die swakkere Hottentotte kon opgegrawe word nie. 5) Verontwaardigd het de Mist sy afkeuring te kenne 1) De Mist—Staatsbewind. De Mist, Br. en Bijl., p. 153 vo. Kol. Arch. 4356. ») Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 23. Kol. Arch. 4375. *) Not. de Mist, 4 April 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. *) De Mist, Br. en Bijl., p. 153 vo. Kol. Arch. 4356. ") Not. de Mist. 19 Julie 1803, Dl. VII. Kol. Arch. 4363. 246 gegee oor die gelykstelling van vrye Hottentotten met het „schuim van slaven". *) Die kern van die korps het, egter, bly bestaan. Op 8 Junie 1804 het die Staatsbewind besluit, dat die korps wel behou mag word. Daarooreenkomstig word F. S. V. le Sueur, wat tot nou toe die korps prowisioneel gekommandeer het, aangestel as Kommandant en Majoor. *) Na die besetting aan die Kaap verswak is deur die sending van die beste Kaapse betaillon*) na Batawië, moes Janssens alle middele aangryp ter verdediging van die volksplanting teen n ewentuele Engelse aanval en het hy op alle moontlike maniere probeer om 'n sterk Hottentotkorps te vorm. Vir hierdie doel het hy de Mist, toe dié op sy landreis was, herhaaldelik versoek om „sterke Hottentotten, hoezeer de Boeren ook kermen mogen" na die Kaap op te stuur.4) Die Kommissaris-Generaal kon, egter, aan hierdie wens nie in n voldoende mate gevolg gee nie, daar die boere hulle Hortentot-bediendes nie kon mis nie. So skrywe hy ook aan Janssens, dat uit die noordelike gedeelte van die kolonie „weinig of geene Hottentotten zonder daadlijk ongerief der Ingezetenen te krijgen zijn. Doorgaands hebben de Noordelijke Ingezetenen zeer weinig Volk in hun dienst en menig middelmatig Burger aan de Hoofdplaats zou zes Boeren kunnen gerieven. Twee of drie Hottentotten voor veewagters, en een paar slaven (de vrouwen en kinderen daarvan niet mede gerekend) maaken, zelfs by groote Boeren, den geheelen omslag uit.6) Later kon de Mist meld, dat op Stellenbosch reeds 90 Hottentotte moes aangekom het en dat Kom- *) Ibid. ») Janssens, Br. en Bijl., 13 Oct. 1804, p. 226. Kol. Arch. 4375. *) Die 23ste Bataillon Infanterie, wat met vroue en kinders 775 koppe getel het. (Gouvr. en R.—Gouvr.-Gen. en Raad van Ned.-Indiën. Not. de Mist, Dl. IX, p. 365. Kol. Arch. 4365). *) Janssens—De Mist, 14 Nov. en 1 Dec. 1803. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. ») De Mist—Janssens, Roode Zand, 26 Nov. 1803. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. 247 mandant Linde nog 60 op sy lys het. Hy beveel dan ook hulle opsending aan, „doch de oogst is in dezen waarachtig noch een beletzel van belang: en indien men tot veel werk slaven niet ontbeeren kan, zijn veele districten nu even zeer om Hottentotten verlegen. Ik zegge dit niet om de Boeren voor te spreken, waarvan ik de fouten nu van nabij beter zien kan, dan veele die op rapporten van anderen moeten oordeelen: doch daar de waarheid mij in de oogen springt moet ik die doch hulde doen". x) In elk geval het die drang van omstandighede die outoriteite van gedragslyn Iaat, verander en die swak besetting aan die Kaap versterk deur 'n bataillon ligte Hottentotinfanterie, wat op 8 Januarie, 1806 toe Janssens uitgetrek het na die Blauwbergvlakte 181 persone sterk was.8) 2/ DIE HOTTENTOT EN DEE KOLONIS. Maar die Hottentot-arbeider was op hierdie tydstip vir die kolonie seker van veel meer belang as die Hottentotsoldaat. Reeds het de Mist daarop gewys in sy boodskap aan die Goewerneur, toe dié hom die opsending van Hottentotte vir die korps versoek het. Die kolonie het in daardie staat van ontwikkeling verkeer, waarin daar byna geen blank arbeider te verkry was nie. Dit lê voor die hand — veral met betrekking tot arbeid in verband met landbou en veeteelt Uitgestrekte onbewerkte gronde het nog op ontginning gewag. In plaas dus, dat n blanke hom as arbeider gaan verhuur, het hy self as landbouer of veeboer opgetree. Die *j De Mist—Janssens, 6 Dec. 1803. Not. de Mist Dl. IX, p. 217. KoL Arch. 4365. J) 1 Luit. Colonel, 1 Adjudant 2 Kapteins, 1 1ste Luitenant, 2 Sersjantmajoors; 3 Sersjant Wagmeesters, 1 Fourier; 8 Korporaals; 3 Tamboers; 159 soldate. (Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 649. Kol. Arch. 4375. 248 enigste arbeidskragte, waarop almal aangewese was, het bestaan' uk dié van die Hottentotte en slawe. De Mist het probeer om die arbeidstoestande van die Hottentot te verbeter en wel om deur middel van arbeidskontrakte n beter verhouding te laat ontstaan tussen Hottentot en blanke en veral tussen eersgenoemde en die boer. Hy spoor die 'koloniste aan om meer gebruik te maak van die arbeid van vry Hottentotte, wat hulle teen n matige loon kan huur in plaas van om die toevlug te neem tot die aankoop van slawe, waardeur soveel geld jaarliks uit die kolonie vloei, waardeur die weelde aangemoedig, die „volkszeden" verbaster, en die opvoeding van die jeug ly. Die Kommissaris-Generaal is oortuig van die feit, . dat die verwydering tussen die Hottentotte en ingesetene die gevolg was van die gebrekkige en soms troulose nakoming van die voorwaardes, waarop die Hottentotte in diéns getree het. Dit kon daarin bestaan, dat die blanke nie die ooreengekome huur betaal nie öf dit bemoeilik öf dat die Hottentotte as hulle die diens wou verlaat, weerregtelik aangehou word. Dit alles bring verbittering teweeg en die noodwendige gevolg hiervan is, dat die Hottentotte dan by ander persone gaan steel, wat hulle onbillik onthou was. Daarom moes van 1 Mei 1803 by elke huur, wat langer duur as drie maande van n gedrukte kontrak gebruik gemaak en deur die landdroste, heemrade, kommandante of veldkornette mee onderteken word. As hierin nie voldaan word nie dan het die huurders ook geen reg om 'klagtes teen die Hottentotte in te bring nie. Hy moedig die ingesetene aan om die Hottentot goed en met gematigdheid te behandel en veral na afloop van die huur sonder „korting of afknibbelen" die ooreengekome loon te betaal. Aan die ander kant moes die Hottentot die kontrak ook stiptelik nakom.1) In die kontrak2) self word vasgelê, dat die huurder die Hottentot met sy vrou en kinders behoorlik *) Not. de Mist, 18 April 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. ») Uitg. St. 95. Not. de Mist, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. 249 van kos en onderhoud sal voorsien en na afloop van die huurtermyn die huurlinge met hulle volle loon vry sal laat gaan. Drie weke voor die afloop van die huur is beide partye vry om die huur op te sê. Gebeur dit nie, dan is die huur stilswygend nog vir drie maande verleng. In geval die Hottentot in diens sterwe, dan sal sy vrou alles ontvang, wat hom toekom, en vry wees om te vertrek, waarheen sy wil. Alle geskille moet voor die gebruiklike regterlike outoriteite gebring word. Daarby sal drie gelykluidende kontrakte geteken word, waarvan een berus by die outoriteit, waar die kontrak aangegaan is, een by die huurder en een by die Hottentot. Hierdie kontrakte is opgestel kort na die aankoms van die Komimissaris-Generaal aan die Kaap en is nog deurtrek van sy ongunstige opvatting van die verhouding tussen kolonis en Hottentot. Die Hottentot as arbeider het hy nog nie geken nie. Van die verregaande luiheid' van die deurslag Hottentotarbeider het de Mist nog niks ge weet nie.1) Sy eerste ontnugtering in hierdie verband het die versameling Hottentotte aan die Rietvallei hom besorg en dit moet tot sy eer gesê word, dat hy nie geskroom het om by oortuiging van opienie te verander nie. Nietemin was die bemoeiinge van die outoriteite ten opsigte en ten gunste van die Hottentotte seker ook nie oortollig nie. So deel Janssens aan die end van die Bataafse Regime aan,die Kaap aan die Asiatiese Raad mee, dat die poginge deur dk Goewerment aangewend nie van sukses ontbloot was nie: „Door Fermdteit en Rechtvaardigheid van het Gouvernement gaat het met de Hottentotten hoe langer hoe beeter, derzelver getal groeit aan; er zijn meer geboortens als *) Augusta merk m hierdie verband aan: „Verregaande luiheid maakt de hoofdtrek van hun karakter uit; het is niet dan in de uiterste noodzakelijkheid, dat zij zich bij de kolonisten verhuren, en een echte Hottentot zal zich bij sterken honger nog liever den bulk met een lederen riem toesnoeren, dan te werken of zfch door de jagt voedsel tc verschaffen." Augusta, Penélopé, VIII 1835, p. 90). 250 sterftens; zommige Boeren doet het leed dat Mishandelingen worden geweerd. Zij hebben ook nog wel hier en daar plaats, want ingewortelde kwaade gewoontens worden niet in een ogenblik uitgeroeid — eens zullen de opgezetenen de Regeering zeegenen, de destructie van die goede Natie te hebben voorgekomen; dog dat genoegen zullen ook gespaard zijn voor die er de oorzaak niet van zullen zijn geweest."1) Nog na die Goewerneur van die Kaap vertrek het getuig hy van die Hottentotte op die volgende erg vleiende wyse: „Het is een goed, vernuftig, trouw en braaf volk, alle hunne kwaade hoedanigheden hebben zij, zoo wel als de Kaffers van de Christenen — die zig by uitsluiting menschen noemen — overgenomen. Zij zijn van het uiterste nut voor de Volkplanting." a) Welseker moet ook nie uit die oog verloor word nie, dat dde optrede van sommige koloniste ten opsigte van hulle Hottentotbediendes soms nie te regverdig was nie. 'Maar dit moes grotendeels gesoek word in die ontwikkelingstoestande van daardie tyd. Die groot uitgestrektheid van die kolonie was verdeel in vier ddstrdkte, wat so groot was, dat die drosdye haas onmoontlik bereikbaar was vir ingesetene in geval van klagtes teen Hottentotbediendes. Die gevolg hiervan was, dat die koloniste in die meeste gevalle die afstraffing van hulle bediendes self ter hand geneem het. Dit is ook nie uitgesluit nie, dat die Hottentotte uit n Europese standpunt van daardie tyd gesien, deur sommige koloniste onregverdig behandel is, wat die loon betref. Daar was altyd n wesenlike verskil tussen Hottentot- en slawe-arbeid en die verskil het hom sterk geuit in die beskouing van die kolonis ten opsigte van hierdie werkkragte. Die slaaf was die eiendom van die kolonis — dde Hottentot was vry. Alleen hierom sou die kolonis veel meer belangstelling toon vir die goeie onderhoud en versorging van die slaaf om sodoende *) Janssens—As. Raad, Den Haag, 31 Oct. 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802-1806, p. 547 en 547 vo. Kol. Arch. 4375. ') Verhandeling omtrend het geene gedaan behoord te worden.... Aziatische Raad 21, Bijl. N. 109. Rijksarchief, Den Haag. 251 die meeste arbeid oor die langste tyd te verkry. Daarenteen kon die Hottentot na n kort opseggingstermya die diens verlaat. Dit lê dus ook voor die hand, dat die kolonis geneig sou wees om die gevaarlikste en swaarste arbeid deur die Hottentot te laat verrig. Maar aan die ander kant moet ook in die oog gehou word, dat die Hottentot as arbeider vér agter gestaan het by die slaaf. Afgesien van sy ingebore luiheid was sy hggaamskrag oor die algemeen veel minder as dié van die lyfeigene. Daarom is die Hottentotte ook meer gebruik by die veeteek en wel in die buitedistrikte, waar hulle goeie dienste verrig het. By die landbou naby Kaapstad is veel meer van slawerarbeid gebruik gemaak. In elk geval het die Kommissaris-Generaal deur sy arbeidskontrakte n beter verhouding tussen die koloniste en die Hottentotte probeer skep. Maar ten opsigte van die wreedaardige mishandehnge, wat die Hottentotte uit dde hande van die koloniste sou ontvang het, moes die Kommissaris-Generaal (in teenstelkng tot Janssens soos reeds hiervoor aangetoon) tot n groot ontnugtering kom. Het hy by sy aankoms aan die Kaap, die Hottentot-kolonis-verhouding deur die bril van Barrow gesien — toe hy daarvan vertrek kon hy openlik getuig in verband met dde beweer.de mishandehnge van die Hottentotte: „Deeze jeremiade schreef ik, voor dat ik de Kaap zelve doorkruisd had, op het gezag voornaamlyk van Degrandpré en Barrow. Ik dagt Joen niet, dat het mooglyk was, uit enkel natdonalen nyd zo veele lasteringen te kunnen uitbraken. Indien men de helft daarvan, terstond afsnydt, een vierde voor twyfelachtdg houdt, en het 'laatste door goede inrigtingen verbetere, zullen de Hottentotten nog gelukkiger zyn dan een Meyereysche kleine boer." *) *) Mem. de Mist Voorwoord S. F. N. Gie, p. vii. 252 3. DIE HOTTENTOT EN DIE SENDING. In sy Kaapse rapport beveel de Mist aan om alle moontlike aanmoediging en proteksie te verleen aan die „Hernhuttersche of Evangelische Broederschap" en andere godsdienstige maatskappye, wat hulle beywer om die kristelike Godsdiens aan die Kaap onder die heidene te bevorder. Die maatskappye moes meewerk om „de Inwooneren, eerst gelukkig — dan deugdzaam en daarna getrouw, aan het Gouvernement te maaken." *) By sy aankoms aan dié Kaap, was hier drie sendingsgenootskappe en veral onder die Hottentotte werksaam — die Hernhutters aan die Baviaanskloof van die Morawiese sendingsgenoatskap; die Londense sendingsgenootskap met van der Kemp en Read onder dde Hottentotte aan die oostelike grens en in medewerking met die Londense, dde Rotterdamse Sendrngsgenootskap aan die Zakrivier in die noorde van. die kolonie. In Kaapstad self is op 22 April, 1799 die ,,Zuid-Afrikaansche Zendelings-Genootschap" opgerig. *) ' Beide die Hernhutters*) en Dr; van der Kemp*) heet die Bataafse outoriteite by hulle aankoms aan die Kaap welkom, belowe trou en gehoorsaamheid en vra om beskerming. Van der Kemp deel aan' die Kommdssaris-Generaal mee dat daar op daardie oombbk 273 Hottentotte, mans, vroue en kinders onder hom en Read versamei was. Die Morawiese Instituut aan die Baviaanskloof was die oudste (hu die middel van die 18de eeu deur Georg Schmidt *) Mem. de Mist. p. 49. ») Zuld-Afr. Tyds.. Dl. II 1825. p. 17. ') Ink. St. 175. Not de Mist, Dl. V. Kol. Arch. 4361. «) Ink. St 63, 16 Sept. 1802. Van Bota's plaats by Algoa Baai, Dl. III. Kol. Arch. 4359. 253 opgerig) *) en ifewens die mees gewaardeerde genootskap aan die Kaap. Nergens word anders dan met lof van hulle arbeid gewag gemaak nie. Beide de Mist en Janssens bet hulle perscxmlik besoek en was baie ingenome met wat hulle daar gevind en gesien het. Op die oombiik toe de Mist hulle besoek was daar vyf sendelinge2) aam die hoof van ongeveer 1000 Hottentotte en het Baviaanskloof bestaan uit omtrent 200 huise „van eene bouworde, geschikt voor het klimaat, en1 doorsneden door eenige lynregte straten," met die kerk in die middel.8) Die werksaamhede van hierdie sendelinge is veral gewaardeer, omdat hulle die beginsel van arbeidsaamheid onder die Hottentotte vooropgestel het. Daarvan was die aangelegde tuine en die messemakery sprekende voorbeelde.4) Duidelik teken Lichtenstein die verskil tussen die Duitse en ander SendmgsgenóoEskappe in die volgende: „Hoe zeer munt niet zulk eene inrigting boven de zoodanige uit, die de zendelingen van Hollandsche zoo wel als Engelsche bekeeringsgenootschappen in andere landstreken van Afrika's zuidelijk deel hebben daargesteld. Terwijl de Hernhutters in elke luchtstreek even achtenswaardig blijven, overal, waar -zij komen, werkzaamheid en waarlijk godsdienstige gezindheden inboezemen, en de wilden eerst tot menschen en dan tot Christenen vormen, ziet men in gemelde zendelingen, eenige weinige eerbiedwaardige mannen uitgezonderd, enkel baatzieke ledig gangers of onverstandige dweepers, die hun bekeeringswerk met den doop, hun onderwijs met de leer der drieëenigheid beginnen, en er zich weinig aan laten gelegen zijn, hunne kweekelingen eerst als menschen te leeren gevoelen, en ontberen, te leeren hunne behoeften te ontwaren en door arbeid te vervullen." 5) *) Lichtenstein: Reizen I, p. 300. ») Mansveld (uit Zeist, Nederland), Kuhnel, Schwin, Rose en Korhammer. (Lichtenstein: Reizen, p. 301, 303). *) Lichtenstein: Reizen I, p. 303 vg. Augusta: Penélopé 1835, p. 104 *) Lichtenstein: I. p. 303, 310. ') Lichtenstein: Reizen I, p. 311 vg. (Kunivering van my.) 254 Hierdie teenstelling kam oor die algemeen toegepas word op die eerste verteenwoordigers van die Londense Sendingsgenootskap in Suid-Afrika. Op 31 Maart 1799 kom die eerste vier sendelinge ven laasgenoemde genootskap in SuidAfrika aan.1) Kicherer en Edwards het na die noorde van die kolonie gegaan om onder die Boesmans werksaam te wees. Edmond en van der Kemp het hulle onder die Kosas aan die oostelike grens begewe. Van der Kemp het daar egter nie lang gebly nie toe die Kafferoorlog uitbreek en hy na Kaapstad moes vertrek. Aam die oostelike grens was heel veel swerwende Hottentotte en van hulle het van der Kemp 'n aantal aan die Algoabaai versamei, waar hy met sy latere helper Read deur Goewerneur Janssens op sy reis besoek is. Die Goewerneur het hom n plek aangewys, waar hy sy Hottentotkraal moes vestig en die wens te kemme gegee, dat die Hottentotte tot meerdere arbeidsaamheid moes aangesit word. Met die toestemming van Janssens is hierdie plek Bet hels dorp genoem. De Mist het; verder bepaal dat die grond binne 'n jaar deur bome of klippe afgebaken moes word en nooit verkoop mag word nie behalwe aan persone, wat hulle daar metterwoon) wou vestig. Die opbrings hiervan sou dien om die fondse van die instituut te styf.2) Dr Johannes Theodorus van der Kemp het n ewe sonderlinge as afwisselende lewensloop gehad. Hy was die seum van n Hollandse predikant van Rotterdam. Heel vroeg is hy na .die Leidse Akademie, waar hy in die ou tale en in die medisyne gestudeer het.8) Voor die voltooiing van sy studie het hy hom in militêre diens begewe en opgeklim tot die rang van luitenant. Na n 15-jarige diens het hy deur 'n verkeerde huwelik sy ontslag aangevra en1 hom weer aan die mediese studie, en wel in Edinburgh, gewy. In 1782 is hy weer in *) Berichten van den Predikant Kircherer aangaande zijne Zending tot de Heidenen. Amsterdam 1805, p. 10. 2) De Mist—Van der Kemp. Not. de Mist, Dl. IX, p. 310. Kol. Arch. 4365. •) De Vereeniging: Christelijke Stemmen, Dl. XI 1857, p. 157. 255 Leiden. Na hy tot Doktor gepromoveer is, het hy n inediese praktyk uitgeoefen o.a. in Middelburg en was ook hoof van n militêre hospitaal. Maar in 1791, toe hy hom reeds in Dordrecht gevestig het, is hom die Ongeluk oor-kom om sy vrou en kind in die Maas te sien verdrink en van nou af het hy hom geïnteresseer in teologiese studies.1) Toe die Kaap in 1795 aan die Engelse oorgaan, het die Londense Sendinggenootskap hom beywer om die heidene aan die suidpunt van Afrika te bearbei. Van der Kemp het hom in verbinding gestel met bogenoemde genootskap met die bekende gevolg. iDie aansporing van Janssens tot meerdere arbddsaamheid onder dde Hottentotte by Bethelsdorp het egter, nie veel gehelp nde. Ellendig was dde toestand van hierdie versameling Hottentotte dan ook toe die Kommissaris-Generaal hulle teen die end van 1803 op sy reis aantref. Van der Kemp self het sy opwagting by die Kommissaris-Generaal aan die Algoabaai kom maak. 36 jaar tevore toe de Mist nog student in Leiden was, het hy van der Kemp (toe luitenant) dikwels ontmoet. Beide herinner nog verskillende voorvalle, wat hulle daar saam belewe het en. die koffiehuis, waar hulle mekaar dikwels gesien het. Heel verskillend' egter, het hulle lewes geloop. De Mist, Kommissaris-Generaal van die Bataafse Republiek, 'n man wat vooraanstaande betrekkinge to hulle vaderland beklee het en nog. beklee — van der Kemp, n sendeling in die rampsaligste omstandighede, 'n geleerde, wat deur dweepsieke godsdienstige denkbeelde afgedaal het tot die allerlaagste beskawingstoestande, waarvan n mens maar n voorstelling kan maak. „Juist op het heetste van den dag," sê Lichtenstein, „zagen wij eenen boerenwagen, door vier magere ossen getrokken, langzaam door de zandige duinen op ons komen aanrijden. Van der Kemp zat op eene dwars over denzelven gelegden plank, zonder hoéd, den eerwaardigen kalen schedel gerust aan de heete zonnestralen bloot- *) Ibid. en Algemeene Vaderlandsche Letteroefeningen. 2de Stuk, 1813 p. 517. 256 stellende. Zijne 'kleeding bestond in eenen afgesleten zwarten rok; kamizool en broek waren van hetzelfde goed; hemd, halsdoek of das en kousen droeg hij niet, maar aan de voeten droeg hij veldschoehen, zoo als ze de Hottentotten dragen... een groote, magere en eerbiedwekkende gestalte, met sporen in het helder gelaat, dat hij voorheen' een zeer schoon man was geweest, terwijl in zijn oog thans nog een vuur schitterde, waaruit men de kracht opmaken kon, die hij in. vroegere jaren moest bezeten hebben."'1) So het die tans 70-jarige vrpeëre losbandige offisier vafi der Kemp daar uitgesien. In plaas van om die Kommissaris-Generaal te groet doen hy 'n gebed. Sy helper Read het hom ook vergesel. Dié wou van sy nederigheid en ootmoed in die openbaar getuig deur 'n Hottentottin te trou. Hierdie voorbeeld is 'n paar jaar later deur van' der Kemp gevolg deur met 'n jong vrygekogte slawemeisie te trou.2) Hierdeur is die veiwydering tussen die Londense sendelinge en die koloniste, wat reeds al groot was nog vererger. Van der Kemp en Read, die 'kampioene vir die Hottentotte sou later groot onheile besorg deur vals verklaringe in verband met die mishandehnge van die Hottentotte deur die koloniste na Engeland op te stuur» wat die „Swarte Ommegang" van 1811 ten' gevolge gehad het, en wat die koloniste èn teen die Londense Sendinggenootskap èn teen die Hottentotte sowel as teen die Engelse regering diep verbitter het. Maar was die toestand van 'die leier buitengewoon armoedig, 'n nog erger skouspel het de 'Mist gewag, toe hy die Hottenitotkraal self besoek het. Hiervan sê die ooggetuie Lichtenstein: „Men kan zich in der daad, geene verbeelding maken van den kommerlijken toestand, waarin zich dit instituut aan den reiziger, inzonderheid, wanneer hij de Baviaanskloof gezien heeft, voordoet. Op eene uitgestrekte vlakte zonder eenen enkelen boom, ja bijna geheel zonder drinkbaar water, staan 40 tot 50 kleine hutten in de gedaante van halve 1) Lichtenstein: Reizen I, p. 474. •) Ibid., p. 476. 257 kogels en waarin geen mensch regtop staan kan, ongeregeld een verstrooid dn de rondte. Omtrent in het midden staat een leemen hut, met een dak van stroo, dde de kerk genoemd wordt, en vlak daar naast eenige kleinere hutten voor de Zendelingen. Thans reeds ziet alles er vervallen uit, gelijk het ook slordig era armoedig gebouwd is .. . geen struik te zien; de geheele grond is kaal en plat getreden; nergens is eenige spoor van menschelijke vlijt; waar men hun ziet, ontdekt men magere, met oude vodden of geheel naakte gestalten, trage slaperige gezigten."1) Nieteenstaande hierdie groot armoedigheid, het van 'der Kemp nie die onderhorige Hottentotte tot arbeidsaamheid aangespoor nie. Hulle tydelike welsyn het hy heeltemal uit die oog verloor en deur 'n paar uur godsdiensonderwys per dag alleen aan hulle sieleheil gedink. In sy ede hut het 'n armoede geheers „die in morsigheid ontaardde" en hierdie voorbeeld het sy 250 leerlinge maar al te graag gevolg. De Mist het hom dieselfde finansiële steun (ƒ 500 Hollands koerant) 2) as aan die Hernhutters gegee en hom van n aantal „ploegen, eggen, schuppen, ijzere gereedschappen, zaadkoorn, tuinzaden enz." voorsien,3) maar die beginsels, waarvan van der Kemp en Read uitgegaan het 'met die natuurlike arbeidskuheid van die Hottentotte kon nie bevorderlik werk tot dde vooruitgang van dde instituut nie. Teen die end van 1805 sou van der Kemp hom skuldig gemaak het aan onluste-stokery op die oostelike grens. Ten minste Janssens berig aan die Nederlandse Regering, dat hy genoodsaak was om van der Kemp in elk geval solang die oorlog met Engeland duur „op 'n bescheidene evenwel beslissende wijze van Bethelsdorp te verwijderen." 4) 1) Lichtenstein: Reizen I, p. 477. ") De Mist—Janssens, 5 Dec. 1803. Not. de Mist, DL IX. Kol. Arch. 4365. *) Ink. St 390. J. T. van der Kemp—de Mist, 18 Nov. 1804. Not. de Mist Dl. XI. Kol. Arch. 4367. *) Janssens—As. Raad (Den Haag), 31 Oct 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 547 vo. 17 258 Die Goewerneur teken van der Kemp as 'n allerverstandige man, wat oor byna alles ewe gesond kon redeneer, maar op die punt van bekering van die heidene „heeft hij zulke zonderlinge begrippen, immers gedraagd hij er zkh zo zonderling in, dat het gedreigd heeft groot gevaar te veroorzaaken." *). Daar is 'n proses teen' hom opgemaak, wat nog hangende was, toe die Kaap aan Engeland oorgegaan het.3) In Februarie 1805, het met die skip Silenus enige sendelinge van die Rotterdamse Sendinggenootskap aan die Kaap aangekom. Onder hulle 'het Ds Kicherer, 'n geordende predikant van die Hervormde Kerk hom ook bevind. *) Hy was een van die vier sendelinge van die Londense Sendinggenootskap, wat op 31 Maart, 1799 aan die Kaap aangekom het en toe 'n sendingstasie aan die Zakrivier onder die Baster-Hottentotte ges tig het.4) In die begin het hy veel aanhangers gevind onder die Baster-Hottentotte en wel omdat hy, deur die middele hom verskaf deur die Londense Senidinggenootskap n groot aantal mense kon onderhou. Maar in dieselfde mate as sy middele verminder het, is die getal van sy volgelinge ook *) Ibid. *) Na die Verskyning van die eerste deel van die vertaling van die reisbeskrywing van Lichtenstein deur W. Goede in 1813, is deur Ds. Albert Goedkoop, 'n verdediging van die karakter van Dr. van der Kemp verskyn in die „Algemeene Vaderlandsche Letter-Oefeningen", 1813, twede stuk, waarin Goedkoop opkom teen die beskuldiginge, wat Lichtenstein teen van der Kemp sou ingebring het op p. 469 vg. van Dl. I Reizen. Hierdie verdediging is woordelik oorgeneem en weerspreek ook met verklaringe van de Mist en Strubberg, deur die vertaler in sy voorrede, p. III—LX van deel III: „Reizen in het Zuidelijk gedeelte van Afrika in de jaren 1803, 1804, 1805 en 1806 uit het Hoogduitsch door W. GoeBe 1814". Uit hierdie stukke blyk duidelik, dat Lichtenstein die werkmetode van Van der Kemp en die ellendige toestand, waarin sy stasie destyds verkeer het, zeker nie verkeerd beoordeel het nie. Van der Kemp is op 7 Desember 1811 in Kaapstad dood en begrawe. (Algemeene Vaderlandsche Letter-Oef. II, 1813, p. 511). 8) Proclamatie 20 Febr. 1805, Br. en Byl. Gouvr. en Raad 1803—1804, Bylage 3, p. 471. Kol. Arch. 4373. *) Berichten van den Predikant Kircherer, p. 10. 259 agteruitgegaan, en wel omdat, soos lichtenstein sê, die sendeling vergeet het, dat „de mensen niet slechts bidden, maar ook werken moet."1) Kicherer het in Januarie 1803 besluit om na Europa te vertrek om verdere hulp te verkry of tot herstel van gesondheid en behartiging van huislike belange.2) In elk geval het hy drie Hottentotbekeerlinge') meegeneem, wat egter nie van sy instituut was nie.4) Hierdie Hottentotte het groot belangstelling in Europa en in Engeland gewek, waar hulle in groot vergaderinge vrymoedig getuienis van hulle belydenis afgelê pet5) en in die aansienlikste huise ontvang is. Ondertussen is 'die sorg oor die instituut aan n Afrikaner van geboorte, Christiaan Botana toevertrou en vir hom het landdros van der Graaf era Lichtenstein op hulle reis in die middel van 1805 aan die Zakrivier aamgetref. Soos reeds opgemerk is, het die Goewerneur hierdie kommissie op 'n ondersoekingstog na die noordelike gedeelte van die kolonie gestuur om te probeer ooreenkomste met dde Boesmans te sluit, 'n beter verhouding tussen) hulle en dde 'koloniste te skep, om meer orde era reëlmaat in die noordelike gedeelte van die volksplanting te weeg te bring en om beter bekend te word met die streek, wat die distrik Tulbagh sou insluit. Maar die kommissie moes sy aandag ook spesiaal wy aan die Hottentotte aan dde Oranjerivier en'daaroor era veral die regering inlig omtrent die werksaamhede en politieke gesiradheid van die sendelinge onder hulle.6) Toe Lichtenstein aan die Zakrivier kom vind hy hier nog omtrent 40 volgelinge en feitlik dieselfde armoedigheid en onverskillighekl dn verbarad met die voorsiening in hulle daaghkse behoeftes as wat hy op Bethelsdorp aaragetref het — *) Lichtenstein: Reizen IV, p. 64. *) Berichten van den Predikant Kircherer, noot p. v. *) Sien portret van hulle in Berichten van den Predikant Kircherer. ') Lichtenstein: Reizen IV, p. 65. 5) Berichten van den Predikant Kircherer. Voorbericht, p. vi. 6) Lichtenstein: Reizen IV, p. 3, 5 en 6. 260 nieteenstaande dde goeie voorbeeld wat Botma self gegee het. *) Tot sover die vexnaamste groepe Hottentotte, wat binne die kolonie onder direkte invloed van die sendelinge gestaan het en waarmee die Regering hom bemoei het. Behalwe hierdie bemoeiing het en moes die outoriteite ook hulle aaradag skenk aan die verhouding tussen dde koloniste en die sendelinge. Hier het dit veral gegaan oor dde sogenaamde oefeninge, wat deur ongeordende persone onder die koloniste gehou is en waaraan die Kaapse predikante aanstoot geneem het. By sy aankoms aan die Kaap tref de Mist hier 'n pragtige „oefeninghuis" van dde Sttid-Afrikaanse Sendinggenootskap aan, waarin elke week, deur sendelinge oefeninge gehou is» en wat drukker besoek word dan die gereëlde kerkdienste. Hierteen het die „eerbiedwaardige bedienaaren" van die Gereformeerde gemeente van Kaapstad hulle besware dngebring en het dde Kommissaris-Generaal na ryp ondersoek met kragtige middele „tegen zulk een geestelijk misgewas" voorsien om geen skeuring in die kerk en geen geboorte van 'n nuwe sekte toe te laat nie.2) Maar dit was nie alleen in Kaapstad, waar die oefeninge moeilikhede veroorsaak het nie. Op 1 Desember, 1803 skrywe de Mist aan Ds Ballot van Roodezand, dat die oefeninge van sendelinge onder die blankes in stryd was met die betekenis van die woord sendeling, skadelik vir die ledemate van die kerk en indruis teen die eenheid van die kerkleer en „"uiterlijke kerkenordre". Hy magtig die 'kerkraad dus, dat hy, „tegen zodanige per zoon en en inkruipzelen zal waaken en dezelve met de daad tegengaan en beletten." 3) Wel moge persone, na eksaminasie deur die kerkraad en toestemming van die Regering as godsdiensonderwysers toegelaat word, maar hulle mog geen deel van die leraarsamp uitoefen' nie. ») Ibid., p. 68 vg. ') Lichtenstein: Reizen III. Voorrede, p, XLIV. 3) De Mist—Ds. Ballot, 1 Dec. 1803. Not. de Mist, DL IX. Kol. Arch. 4365. 261 Op sy landreis het die Kommissaris-Generaal veel klagtes oor dieselfde saak gehoor en kon nie toelaat nie, dat die leiding van die openbare godsdiens oorgaan in dde hande van „private en bngequahficeerde perzoönen." Daarom gelas hy die landdros van Stellenbosch om toe te isien, 'dat geen enkele sendeling van enige Afrikaanse of Europese genootskap in daardie kwaliteit ter inwoning nog minder vir die uitoefening van enige gedeelte van die leraarsamp binne sy distrik sal toegelaat word nie. Wel moes hy diegene, wat buite die grense van die volksplanting onder dde heidene wil gaan arbei alle hulp en bystand op hulle deurreis verleen, maar hulle tewens waarsku om hulle te onthou van „alle openbare of private predikingen Chathechisatien, oeffeningen of wat dies meer zij binnen deeze Volkplanting en onder de Christenen." *) In geval so'n persoon binne die volksplanting as onderwyser wil optree, moet hy eers alle betrekkinge met sy sendinggenootskap opgee en na verlof van die Goewerneur vir inwoning te verkry het, deur die betrokke kerkraad geëksamineer word. Hierdie moeilikhede met die sendelinge het dan ook geboorte gegee aan artiekels 12 en 13 van die kerkorde van de Mdst (25 Jube 1804), waarin hy die bogenoemde instruksie aan die landdros van Stellenbosch vasgelê het. Artiekel 14 van daardie kerkorde reël die regte en verpligtirage van die sendelinge, wat buite die volksplanting onder die heidene gaan arbei. Hulle sou alle moontlike hulp, ondersteuning en1 aanmoediging van die Regering ontvang. Die sendelinge, wat aan die toegelate Hottentot-versamelinge binne die volksplanting werksaam gaan wees, sou volgens artiekel 15 van die kerkorde onder die onmiddellike beskerming van die Regering staan en hulle bemoeiing met die burger like staat van die Hottentotte sou deur die Goewerneur vasgestel word. ») De Mist—Landdrost van Stellenbosch, 22 Maart 1804. Not. de Mist, Dl. IX, p. 485. Kol. Arch. 4365. 262 Maar alvorens oor te gaan tot die bespreking van die definitie-we reëling van die sending onder dde Bataafse bestuur is dit nie inisplaas nie om te sien, wat de Mist en Janssens persoonlik van hulle werksaamhede en metode van arbeid gedink het. Behalwe die Morawiese Broeders is byna al die ander sendelinge deur die Londense Sendinggenootskap gesteun. Dit was seker 'o> faktor, wat tot (moeilikhede kon aanleiding gee veral in verband met die staatkundige aspirasies van, die Bataafse outoriteite. Hulle wou 'n nuwe' Bataafse gees aan die Kaap invoer en alles wat hierdie poging bemoeilik kon dan ook teenwerking van die kant van die outoriteite verwag het. Na sy terugkoms in Nederland is die opienie van de Mist in hierdie verband gevra deur die vertaler (W. Goede) van die reisbeskrywdng van Uebtenstein. Aan hom verklaar die gewese Kommissaris-Generaal dat die onafhanklikheid van die sendelinge in hulle geestelike stand en leer al gou gevolg is deur 'n „vermeende onafhankelijkheid in het burgerlijk leven".1) En dit sou dan ook een van die hoof gebreke van van der Kemp gewees het, wat seker die gedagte gehad het om een „geestelijk chef" te word van 'n volk, wat aan hom en nie aan die koloniale regering onderworpe sou wees nie. Maar het van der Kemp wel hierdie gedagte gehad? De Mist beantwoord die vraag deur die volgende: „Er zijn geschiedkundige waarheden, die uit de bijeenvoeging van verschillende daden, gesprekken en handelingen worden opgemaakt, welke eenen schranderen opmerker en kenner van het menschelijk hart niet ontsnappen en waar zijn, ofschoon zij niet door notaris en getuigen bevestigd worden."2) Dan maak de Mist melding van die groot moeite, wat die outoriteite ondervind het om rekrute vir die Hottenot-Bataillon van die instituut van Van der Kemp te kry. Van die, wat *) Lichtenstein: Reizen III. Voorrede, p. XLV. *) Lichtenstein: Reizen III. Voorrede, p. XLV. De Mist—W. Goede. Ook Janssens—As. Raad, 5 Jan. 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 261. Kol. Arch. 4375. 263 aangewerf is het heel gou 'n aantal gewapend gedeserteer, hoewel hulle op gelyke voet met die Europese soldate behandel is. Toe hulle deur n paar koloniste-offisiere agterhaal en aangemaan is om terug te keer was die antwoord: „Wij behooren tot het bataillon van Jezus en de heer van der Kemp is onze generaal. Wij hebben met de Generaal Janssens niets te doen." x) Al die maatreëls van die Nederlandse outoriteite aan die Kaap wys daarop, dat n sterk poging aangewend is om 'n Bataafse gees in die volksplanting aan te kweek en dit was dan ook natuurlik, dat enige agitasde teen daardie poginge kragtig teengegaan sou word. Volgens dde outoriteite aan die Kaap was van der Kemp besig om n imperium in imperio aan die Kaap te vorm. Reeds in 1803 en 1804 het die Kaapse regering voldoende redene gehad om die verhlyf van van der Kemp met enige honderde manskappe onder sy order op n afstand van „200 uuren" van Kaapstad te mistrou. Desnieteenstaande het hy dieselfde behandeling van die outoriteite ontvang as die Morawiese Broeders, tot die end van 1805 toe hy te gevaarlik geword het op die oostelike grens en deur die Goewerneur na Kaapstad opontbied is.3) Ook laasgenoemde het sy gedagtes omtrent die destydse sending in Suid-Afrika openlik aan die Asiatiese Raad te kenne gegee. So bid jhy daardie Raad om die Rotterdamse Sendinggenootskap te beweeg „provisioneel geen nieuwe zendelingen na herwaarts te zenden; dit schynd mede in de Boekenkas fraayer en nuttiger als het inderdaad ds. Algemeen ^ijn de zendelingen Elendelingen zonder opgeklaarde denkbeelden — zij doen zeer veel kwaad en tevergeefsch zoek ik uit te vinden, welk goed zij doem. Onder de Colonisten doen zij veel nadeel, fanatiseerden zommigen — vooral de vrouwen en brengen hierdoor twist en tweedragt in de huisgezinnen; de openbaare Godsdienst heeft weinig toeloop, de oeffeninge *) Ibid. ') Ibid. 264 veele."1) Volgens Janssens [en over den geheelen inhoud dezer missive denkt de Commissaris-Generaal en ik (Janssens) mede eenstemmig]') leer die Sendelinge aan die onbeskaafde mense enige vir hulle ten' minste onbegryplike woorde, waaruit alleen skadelike gevolge kan getrek word. Dat die mens na die ewebeeld van God gemaak is, laat by baie Hottentotte die twyfel opkom of die Opperwese soos hulle lyk of soos 'n blanke. „Dat alle menschen gelijk en miserable zondaars zijn — dat men God en Zijnen geliefden Zoon moet eer en, doed veelen hunner denken, dat ander Gezag, het aardsche, niet behoefd erkend nog geëerbiedigd te worden en .dat zij het slegts als een groot kwaad moeten dragen en hunne gebeden na den Zaligmaker moeten opzenden — zij brevelen dikwels de woorden van het Lam, zoenbloed, afwassching der zonde enz. Het aantrekkelijke dat de Zendelingen voor de wilden hebben is dat zij eendge geschenken uitdeden en derzelver leerlingen in de grootste luihuid, die zoveel bekoorlijks voor alle wilden heeft doen voortleven." 8) So verlaat die Hottentot dan die diens van die koloniste of word verhinder om daar as arbeiders op te tree, daar hulk dit aangenamer vind om n paar uur per dag te luister na die gebede en predikasies van die sendelinge. Daarom „kan men niets armoedigere verbeelden als de zogenaamde schooien." *) Tog sonder ook Janssens die Morawiese instituut hiervan uit, hoewel daar volgens hom, ook nie veel vordering in die arbeidsaamheid van die inboorlinge gebring word nie. Die Goewerneur gee dan die vereistes aan van sendelinge, wat enigsins n kans het om in hulk poging te slaag. Dit moes verstandige manne wees, wat in staat sou wees om die wilde te beskaaf, deur hulle langsaam en deur de voorbeeld die *) Janssens—As. Raad, 8 Jan. 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802-1806, p. 259. Kol. Arch. 4375. 3) Ibid., p. 260. 3) Ibid. *) Ibid. l$M4-*i 265 voordele van beskawing en arbeidsaamheid te laat üisien. Daar moet geen behoeftes by dde mens in dde so genaamde „Natuurstaat" opgewek word nie sonder om te sorg vir die middele van bevrediging. Daarom moes die Hottentot eers geleer word om te werk en veral in die land bou, want dit verbind die mens om op 'm vaste plek te bly woon en as hy sover gekom het dan volg alle verdere beskawing gou. Tot op hierdie trap van beskawing behoort die naturel alleen in verband met godsdiens bekend gemaak te word, dat daar 'n Opperwese is, wat alles sien en weet, wat die goeddoen beloon en die kwaad straf. Vir 'n sendeling, wat langs hierdie lyne te werk gaan, meen Janssens is die moontlikheid van sukses nie uitgesluit nie.1) Op 28 Januarie, 1805 skrywe Janssens weer aan die Asiatiese Raad, dat sendelinge „genoegzaam het eenige is wat de Volkplanting niet ontbreekt", dat hulle deur die buiteliede „geabhorreerd worden vöornamentlijk, omdat zij hunne huysgezinnen fanatiseeren en de Heidenen, die bij hen nuttig werk verrigtten deboucheeren." 2) Die Goewerneur het hom al ongunstiger ten opsigte van die sendelinge uitgelaat aan die Nederlandse Regering. Teen die end van 1805 deel hy mee: „Het werk van het aantal zendelingen om Heidenen te bekeeren maakt weinig voortgang, en veroorzaakt meer kwaad in alle opzichten als goed."8) En na sy terugkoms in Nederland, met uitsondering van die Morawiese Broeders heet dit: „Men kan zich niet te veel haasten de meeste dezer Zendelingen (Elendelingen) weg te zenden en aan de geduld wordende, zoo er kunnen zijn eene qeheele wijzing te geven," veral omdat dde sendelinge terwyl 1) Janssens—As. Raad, 8 Jan. 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806. Kol. Arch. 4375. 2) Janssens—As. Raad, 28 Jan. 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 265. Kol. Arch. 4375. ») Janssens—As. Raad, 31 Oct. 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 547 vo. Kol. Arch. 4375. 266 ) Janssens—As. Raad, 31 Oct. 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 547 vo. Kol. Arch. 4375. s) Janssens—De Heeren G. E. Overbeek en J. Bongardt, Gecommitteerden van de Directeuren van het Z.-A Genootschap ter bevordering van de uitbreiding van het Christendom onder de Heidenen. 9 Mei 1805. Zuid-Afr. Tyds.. Dl. VI, 1829, p. 461. 267 het ten 'opsigte van die invloed en soms stille politieke teenwerking van die sendelinge is dit verklaarbaar, dat hulle die werksaamhede, regte en verpligtinge daarvan reël op n wyse, wat deur die destydse sending genootskappe minder bemoedigend of selfs teenwerkend beskou kon word. Hierdie reëling het gebeur deur die publikasie1) van die Goewerneur en Raad van 20 Februarie 1805, waarby aan sendelinge toegestaan word om stasies onder die heidene buite die grense van die kolonie te stig, mits dit só ver van die grens verwyder is, dat daar geen „dagelijksche gemeenschap" met die grensbewoners, nog minder met die ingesetene en naturelle binne die grense kon plaas hê nie. Niemand, wat inwoner van die kolonie was, mog in die krale toegelaat word nie behalwe op skriftelike verlof van die regering. Daarby moes elke sodanige sendeling, voor hy oor die grense gaan voorsien' wees van 'n regerdngsertifikaat, waarop die plek, waar hy 'n stasie gaan aanlê uitgedruk staan, sodat die Regering altyd kon weet waar elke sendeling hom bevind. Ook word op laasgenoemde die verphgting gelê om op geskikte tye rapport te doen van die toestand van hulle poste, en wel hoe die naturelle in beskawing vorder, waarin hulle hulle bestaan vind, hoeveel vee hulle besit en die aard van die grond wat hulle bebou. Tot sover die sending buite die grense van die volksplanting. Aan Kicherer word toegestaan om sy stasie aan die Zakrivier aan te hou mits hy hom binne die omtrek bepaal wat die landdros van Tulbagh sal aanwys en mits daar geen gemeenskap tussen sy volgelinge en' ander inboorlinge of koloniste plaasvind nie. Die instituut van die Hernhutters by Baviaanskloof, wat op allerhande wyse probeer het om ooreenkomstig die intensie van die Regering te werk te gaan mag sy werksaamhede voortsit. Hierdie sendelinge word aanbeveel om voort 'te gaan *) Proc. van Gouvr. en R. 20 Febr. 1805. Br. en Byl. Gouvr. en Raad 1804—1805, p. 471. Kol. Arch. 4374. Ook: Kaapsche Courant 23 Febr. 1805. Not. de Mist, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. 268 om die naturelle nywerhedd in te print, maar hulle moes egter geen poging aanwend om enige Hottentot of Baster uit die diens van die ingesetene te lok nie. iDan word cbe versameling Hottentotte op Bethelsdorp onder van der Kemp nog toegestaan om binne die grense te verbïy, maar onder die uitdruklike voorwaarde, dat nog van der Kemp, nog een van sy helpers, nog iemand' wat tot sy instituut behoort, sonder toestemming van die Goewerneur of die landdros van Graaf-Reinet buite die grense van die kolonie mog gaan nie. Daarby mog alleen swerwende Hottentotte in die versameling opgeneem word' en niemand' toegelaat word, wat nog in diens by 'n kolonis is of gedurende die laaste jaar was nie. Ook reël die proklamasie die innerhke werksaamhede van die institute, deur te bepaal, dat geen onderwys in skrywe mag gegee word nie, aangesien dit nie nodig was vir die aanvanklike beskawing nie. Hiervoor moes uitdruklik verlof van die Regering verkry word. Vir soverre die vatbaarheid van die naturelle dit toelaat moet hulk met die eerste beginsels van maatskaplike orde (soos dit in die moederland en in die kolonie bestaan) bekend gemaak word. Daarby mog vir geen ander owerheid dan dié van die Bataafse Republiek en van die Kaap gebid word nie. Onder al hierdie voorwaardes sal die Regering hulp en aanmoediging aan die sending verskaf maar teen oortredinge sal ernstige middele gebruik word. Dit was te voorsien, dat hierdie reëling van die Regering nie deur die sendelinge sou toegejuig word nie, maar onder die omstandighede was daar seker geen ander weg vir die outoriteite oop nie. Die beginsels, waarvan die Regering uitgegaan het ten opsigte van die beskawing van die inboorlinge was ook buite twyfel die gesondste. Die beskawing moes uitgaan van die beginsel van arbeidsaamhèid' om sodoende dié heiden in sy daaglikse behoeftes onder leiding self te laat voorsien. Hierop was die destydse sendelinge nie ingestel nie. Die meeste van hulk het uit Europa gekom met ideë, wat wel in 'n beskaafde maatskappy hulle toepassing kon vind, maar 269 nie onder die Hottentotte van daardie tyd met hulk edenaardige ingebore antipatde teen alles, wat 'n kragsinspanndng vereis het nie. Die Bataafse regime aan die Kaap is dan ook altyd beskou as erg onbevorderiik aan die uitbreiding van die sending te gewees het. 20 jaar later, ter geleenthekl van die 25-jarige bestaan van die Suèd^Afrikaanse Sendingsgenootskap, word hierdie periode in dde volgende woorde gekarakteriseer: „Met het jaar 1803 vooral, zag het er donker voor dit genootschap uit. Het is eene zaak van openlijke bekentenis en' daarom mag ik er dan ook hier vrij van spreken en behoeven wij niet te aarzelen, van althans dit ervan te gewagen, dat namelijk het Genootschap, bij het destijds bestaand Bataafsch Gouvernement alhier, ver van bijval, veel vooringenomenheid tegen zich vond; hetgeen dan ook natuurlijkerwijze van dien invloed was, dat 's genootschaps werkzaamheden grootelijks gestremd en maar, op zijn best aan den gang gehouden werden." *) Die Naturelkpobtiek van die Bataafse outoriteite aan die Kaap het dus hierop neergekom, dat hulle die Hottentotte binne die kolonie en in diens van die koloniste kragtig beskerm het en regverdig wou behandel sien deur die koloniste en dit moes bewerkstellig word deur arbeidskontrakte. Aan die Hottentotte onder beskerming van die sendelinge was alle gemeenskap verbied met ander inboorlinge dn of buite die kolonie, omdat dde outoriteite die arbeid van die Hottentot by die koloniste ten sterkste aanbeveel het en die werkwilliges nie deur die leerlinge van die sendelinge wou weggelok hê nie. Teen die Hottentotte en Boesmans buite die grense van die volksplanting het die Regering 'n muur opgewerp — wou die vrede met hulle bewaar deur alk verkeer tussen hulle en alle kotondale ingesetene stop te sit. Alleen is die bemoeiing tot hulle uitgestrek, waar daar sendelinge onder hulle op die ge- J. C. Bei-rangé, 3 Dec. 1804. Zuid-Afr. Tyds., Dl. II, 1825, p. 20. 270 sag van die Goewerment verkeer het. Laasgenoemde moes so nou en dan verslag doen van hulle werksaamhede en die Regering op hoogte hou van alles, wat kan strek tot meerdere kennis van die stamme buite die grense. Die einthke Bantoeprobleem, wat na 'n eeu sulke groot afmetinge sou aangeneem het, dat die Suidafrikaanse Regering onverantwoordehk sou handel om nie alle moontlike middele ter oplossing aan te wend nie het toe nog nie bestaan, nie. Wel het die botsing tussen) blank en swart al plaasgevind, maar die outoriteite het nog geen regeringsverantwoordelikheid oor die Bantoes aanvaar nie. Die enige doelwit was om die vrede tussen die ooswaarts trekkende blankes en die suidweswaarts voortbewegende Bantoestroom te bewaar en dit moes gebeur deur 'n absolute skeiding tussen blank en swart, wat seker op daardie moment die redelikste oplossing gewees het, mits dit deur kragtige middele en ten strengste deurgevoer was. Beide blank en swart was toe al bewus van die feit, dat daar wedersyds iets te haal was en om die ontduiking van die verbod in daardie verband te voorkom, moes daar 'n militêre mag op die oostelike grens onderhou word, waartoe die kragte van die destydse outoriteite verre van toereikend was. Die vredesverdrae met die Bantoe-hoofde was uit die bose, beide kragtens die klein invloed wat die Kafferhoofde, as dit daarop aangekom het, gehad het en kragtens die morele opvatting van die Bantoe. Wel het die Goewerneur 'n plan gehad om 'n poging tot beskawing van die Bantoes aan te wend, deur seuns van kapteins bekend te maak met landbou en landbougereedskappe en het hy ook aanbeveel om desnoods 'n aantal van' die uitgewekene Kaffers in die Suurveld te laat bly mits hulle koloniale onderdane word — maar die kort tyd, wat aan die Bataafse outoriteite aan die Kaap gegun is het hulle verhinder om enige iets positiefs in die rigting te doen. Eers omtrent 50 jaar later1) sou die Kaapse Regering sy verantwoordelik- 1) Sien Brooks: The History of die Native Policy in South-Africa trom 1830 to the present day. (1925). 271 held begin gevoel om die Bantoes te regeer en het die verhouding van blank en swart op elke lewensgebied al ingewikkelder geword, totdat op hierdie oomblik eers die probleem ernstig aangepak word en die tydsbestek van n ander eeu sal miskien geverg word om die uitkomste van hierdie poginge te toets.1) *) Genl. Hertzog, Premier van die Unie van Suid-Afrika, dien op die oomblik wetgewing in gebaseer op sy segregasie-politiek. HOOFSTUK XIV. ARBEID EN SLAWERNY. In die begin van die 19de eeu was die arbeidskrag aan die Kaap geweldig skaars en duur. Dit het sy invloed gehad op die werksaamhede van bedde die Regering en die koloniste. Die Goewerneur het dan ook al heel gou die noodwendigheid ingesien, dat die Goewerment sy eie werkkragte, vrye en slawe moes hê. Ja het niet statelijk, dat in een tijd ak deeze de Europisch soldaat, die een ambagt kan, voor eenige stuivers daags voor het Gouvernement gedwongen' worden te arbeiden, terwijl nevens hem staat een skaf van een particulier voor uuren ten behoeve van zijn lijf heer een Rijksdaalder en soms een ducaton daags moet worden betaald?" skrywe Janssens aan dde Staatsbewind teen die end van 1804.1) Daarom vra die Goewerneur sy Regering om tussen 150 en 200 ambagsliede uit te stuur.2) Hy wou ook meer lyfeigene hê. Die jong skwe kon dan as ambagsldede opgelei word, sodat hulle later by ewentuele vryworddng dn eie onderhoud sou kan voorsien. Vir Janssens was daar dan ook geen ongelukkiger wese nie, dan 'n vrygeworde slaaf, wat nie in sy eie behoeftes kon voorsien nie. Veral kort na die aankoms van die Bataafse outoriteite aan *) Zuid-Afrika, Hoofdquartier aan de Liesbeeks rivier den 8 Dec. 1804. Janssens, Br. en Bijl. 1802-1806. p. 163. Kol. Arch. 4375. *) 10 timmerliede, 10 wagenmakers, 4 draayers, 1 kuiper, 1 zmeeder, 10 slotemakers, 6 geweermakers, 4 Lademakers, 2 Blikslagers, 38 Metselaars, 1 verver, 4 Geelgieters, 3 Loodgieters, 2 Pompenmakers, 1 Instrumentmaker, 2 Graveurs, 4 Steenhouwers, enige steenbakkers en Hoefsmeeders, 1 Glazenmaker, 10 Zadelmakers, enige vylmakers en 2 zeilmakers. (Hoofdquartier Liesbeekrivier 9 Dec. 1804, Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806. Kol. Arch. 4375). 273 die Kaap het hulle buitengewoon veel arbeidskrag nodig gehad, hoofsaaklik vir die reparasie van die vervalle Goewermentsgeboue en inagasyne. Reeds het de. Mist al die uitstuur van 25 è 30 kundige „metselaars, timmermans en smitsgasten" vir die Kaapse Regering versoek. „Nu gebruiken wij van particulieren gehuurde werkslaven tegen 3, 4 a 5 guldens per dag." Hy meen, dat sulke ambagsliede uiters nuttig kan wees vir die ingesetene — „en dit staat met mijn project tot vermindering der slaven in een onverbreekbaar verband."1) Ook 'die vervoer was buitengewoon duur. So het de Mist maar van 'n ryperd gebruik gemaak, omdat n rytuig vir hom te duur was. „Om van de Haarlemmer Poort naar Sloterdijk te rijden koomt men met een koets met 6 paarden en men doet u ddscretelijk 6 a 8 Rijksdaalders betalen."9) Later het die Raad der Gemeente dan ook die transportpryse vasgelê.8) Was die Regering dus bedag op maatreëls vir goedkopere arbeidsverskaffing, die ingesetene was hoofsaaklik op eie en op slawe-arbeid aangewese. Reeds is op die feit gewys, dat die Hottentot as arbeider, behalwe as skaapwagter, nie veel beteken' het nie. Blank arbeiders was nie te verkry nie. Trouens, dit lê voor die hand, dat by die boerebedryf, waar *) De Mist—Staatsbewind, 9 Junie 1803. De Mist, Br. en Bijl. § 65. Kol. Arch. 4356. 2) De Mist—Staatsbewind, Junie 1803. Not. de Mist, Dl. III. Kol. Arch. 4359. 8) 0.a. vir 'n „Kapwagen met 8 paarden 16 Rds per dag voor 3 dagen en 14 Rds voor meer dagen". Vir 'n Karrewywagen 15 Rds en 13 Rds; Charet 15 Rds en 13 Rds; Chaise 10 Rds en 8 Rds; en vir 'n ryperd 4 Rds en 3 Rds. Dan moes daar ses uur per dag op 'n klein draf gery word. Daarby is nog bepaal: 46 Rds vir 'n Kap- of „Bolder"wa met koetsier en 8 perde met 'n vrag of met persone en bagage na Falsbaai in twee dae, en 15 Rds per dag oponthoud. Vir 'n charet of wa op rieme 40 Rds en 12 Rds; vir 'n karrewy- 'of oopwa met perde 40 Rds en 12 Rds na Falsbaai; chaise met perde 30 Rds en 8 Rds heen en terug; vir 'n ryperd na Falsbaai 10 Rds en 3 Rds vir twee dae; 'n ossewa na Falsbaai 20 Rds, retour 30 Rds. (Kaapsche Courant 1 Junie 1805. Janssens, Br. en Bylae 1802—1806. Kol. Arch. 4375). 18 274 grond nog ruiskoots en gemaklik verkrygbaax was elke blanke sou prefereer om vir eie rekening te werk. Met 'a baie klein kapitaal kon hier selfstandig gewerk word. Die bevolking het weliswaar sterk vooruitgegaan, maar die toestand, waarin een groep in die blank maatskappy in diens van 'n ander groep tree was toe nog vér van die werklikheid af. De Mist het die aangroeiende bevolking toegejuig, mits daar vir elke blanke wat gebore word een slaaf sterwe of weggestuur word. Na twee of drie generasies meen hy, sal die blanke dan mekaar dien en die „algemeene Heer en Jufferschap" verdwyn en in die plek daarvan sou daar ryk, welgestelde, behoeftige en arm ingesetene kom. Die laaste sal gedwing word om die twee eersgenoemde groepe te dien.1) Hierdeur sou die lot van die Hottentot ook verbeter word daar mens by afwesigheid van slawe-arbeid meer prys op sy dienste sou stel. Daarby word die produkte dan met eie arbeid voortgebring, waarvan die wins reeds by voorbaat verlore is deur dde groot kapitaal, wat andersins vir die aankoop van slawe uitgevoer word. Ook die skande aan hande-arbeid' verbonde, omdat mens met slawe gelykgestel word, moet dan ophou. Volgens de Mist kan geen maatskappy sonder die stand van arme en min of meer behoeftiges bestaan nie. Die arme moet werk om uit die gebrek te kom — die ryke om nie daarin te kom nie. Arbeid word dan 'n fiesiese behoefte, wat op eie belang gegrond is. Aan die grond' van hierdie gedagtegang van 'de Mist lê sy sienswyse omtrent slawehandel en slawemy. Dit was die tyd van geweldige propaganda vir die verbod van slawehandel en afskaffing van slawemy. In sy meergemelde Kaapse rapport aan die Staatsbewind betoog de Mist, dat Godsdiens en wysbegeerte reeds lang tot 'n beslissing gekom het ten opsigte van die noodsaaklikheid, geoorloofdheid en onmenslikheid van ») De Mist—Janssens, Roode Zand, 26 Nov. 1803. Not. De Mist, Dl. IX, p. 35. Kol. Arch. 4365. 275 die slawehandel in die algemeen, maar „Staatkunde en Belang, hebben van dit vonnis ten hunnen nadeele geweezen, aan de rechtbank der noodzaaklykheid, hooger beroep gedaan, en daar zal dit geschil nog wel lang aan den spijker blijven hangen." 1) Wat die Kaap betref, is hy egter nie van die noodsaakrikheid van slawemy oortuig nie en beskou hy die langsame afskaffing van slawemy daar dam ook heeltemal moontlik — en wel deur die aanvoer met 'n progressie we jaarlikse vermindering toe te laat. Maar in 'n gelyke verhouding moet in arbeid vir die landbou en veeteelt voorsien word. So beveel hy aan om die kinders, wat in die vervolg van die aanwesige slawe aan die Kaap gebore word, vry te verklaar, met die voorbehoud egter, dat daar vir hulle onderhoud gesorg word, deur op die regte tyd grond ter verbouing tot hulle beskikking te stel of om hulle op 'n ander mander 'n vaste koswinning te besorg, om te verhoed, dat die verkrege vryheid nie in 'n straf verander nie en die vryverklaarde slawe deur gebrek en armoede gaan steel nie. 'Bowedien lê hy 'n swaar belasting op die invoer van slawe. In die gebrek aan arbeid moes, behalwe deur dié van die vrygeworde slawe, nog voorsien word deur dde uitsending van fluks boereseuns en -meisies uit Europa, deur die vergunning aan soldate, wat hulle engagement met eer uitgedien het van 'n stuk grond ter bebouing en wel onder sekere voorwaardes. In die derde geval moes die arbeid van die Hottentotte beter aangewend word. Die uitvoering van hierdie gedagtes dra die Kommissaris-Generaal dan- ook op aan Goewerneur en Raad in hulle instruksie, waarby een van hulle heiligste pligte sal wees om te sorg vir dde lot van die ongelukkiges, solang die gebruik van slawe aan die Kaap nog nie opgehef is nie. Daar moes toegesien word, dat die ingesetene nie kragtens die tietel van *) Mem. de Mist, p. 109. 276 eiendom die cbensbare mishandel nie, maar hulk as natuurgenote te beskou en tot nuttige medeburgers te beskaaf.1)' Uitdruklik word Goewerneur en Raad beveel om van die begin af te ondersoek of dit moontlik sou wees, in ooreenstemming met die bestaan en welvaart van die kolonie, om die gebruik van skwe heeltemal of gedeeltelik „en dan bij langzaame uitsterving — of door andere voorzichtige en wel bereekende middelen te kunnen missen, en hunne dienst door vrije persoonen, 't zij 's Lands Inboorlingen, of van buiten inkomende werklieden te doen vervangen, zo min mogelijk tot schade der tegenwoordige Meesters."2) Daarby moes Goewerneur en' Raad so gou moontlik 'n beredeneerde verslag oor hierdie onderwerp aan die Kommissaris-Generaal of die Asiatiese Raad opstuur. Op 10 Desember 1804, voldoen die Goewerneur dan ook aan laasgenoemde opdrag. deur die Staatsbewind n uitgebreide memorie 8) oor die slawemy aan die Kaap te doen toekom» Hierin toon die Goewerneur hom 'n besliste teenstander van slawehandel en slawerny en wou, dat" slawe-arbeid nooit aan' die Kaap ingevoer was nie, maar lê hom neer by die feit, dat die eens gebeurde nie té ontdoen is nie. Ontsettend veel is daar gedurende die laaste jare in Europa oor slawehandel en slawemy geskrywe, maar die Europeane is daardeur, meen Janssens, nie vryer geword nie en die negers nie gelukkiger nie — „maar ontzettende verwoestingen zijn de gevolgen van zogenaamde liberale denkbeelden geweest."4) Die Goewerneur baseer sy sienswyse op die praktyk, soos hy dit na 'n twee-jarige aanwesigheid aan dk Kaap gevind het en kant hom teen die makers van sisteme, wat n paar skynwaarhede vooropstel, konklusies daaruit trek en uitvoer- *) De Mist, Br. en ByL, p. 200 art. 31 vg. Kol. Arch. 4356. ') Ibid., art 32. ») Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 171. Memorie F, 10 Dec. 1804. Kol. Arch. 4375. ') Ibid. 277 baar ag in plaas van hulle op die werklikheid te plaas, deur alle belange van die maatskappy te oorweeg en daarop verder voort te bou. Sy standpunt gee hy dan ■weer in die volgende: „Het vernietigen van de slavernij in Zuid-Africa zoude alle de eigendommen' omverwerpen en de Colonie in Blende — misschien onherstelbaar — dompelen —... alle de industrie hier is op het bestaan van slaven gebaseerd." Hierdie voorspelling van Janssens in verband met die afstraffing van slawerny aan die Kaap is 30 jaar later in al sy konsekwensies bewaarheid'. Die slaaf was 'n kosbare eiendom. Behalwe die arbeid wat die partikulier as sulks, by 'n ewentuele vryverklaring sou moet mis, was die slaaf net soos enige ander partikuliere eiendom beleenbaar. Die grootste gedeelte slawe het dan ook onderpande vir skulde gevorm. By waardeloosverklaring van hierdie onderpande bly die skuldvorderinge egter nog van krag. Dit lê dus voor die hand hoe 'n groot verwarring hieruit 'kon voortsprei en in werklikheid ook plaasgevind het in 1834, hoewel die slawe toe nie waardeloos verklaar is nie, maar die skadeloosstelling te weinig en die metode van uitbetaling benede kritiek was. Maar bowedien kon Janssens nie .die verbod van slaweinvoer aan die Kaap aanbeveel nie, omdat die prys van arbeid dan geweldig sou styg en eindig met die ruïnering van alle industrieë gebaseer op slawe-arbeid. Met die oortuiging, wens en begeerte dus om die slawerny mettertyd te doen eindig en eindelik heeltemal af te skaf moet daar egter nog steeds ingevoer word solang dit onvermydelik vir dde belang van die maatskappy was. Uit die verhouding in vermeerdering van die blanke bevolking en die slawe aan die Kaap meen' Janssens geregtig te wees om te voorspel, dat onder goeie leiding van die Goewerment die slawe spoedig sou verminder en slawerny ten slotte byna heeltemal sou verval. Wanneer hierdie stadium bereik is sou die hele vernietiging dan ook onskadelik kon geskied, kragtens die fek, dat Suid-Afrika vatbaar is vir kolonisasie en kragtens die groter vermeerdering van blanke bo slawe sal die vroeë toekoms „zonder geweld, zonder omver- 278 werping of wclvaartstremining" die oplossing van die sfawekwessie bring, want deur die vermeerdering van vry mense word die verkryging van gronde moeiliker — die konkurrensie word groter en deur die kosbaarheid van slawe sal elkeen self moet begin werk. Reeds bespeur die Goewerneur dde beginstadium van hierdie toestand. Die afkeer van arbeid en vooroordeel teen kleur het reeds verminder. Die Goewerneur het die Hottentotte op gelyke voet met Europeane in die soldatestand verhef en op die Goewermentswerkplase werk burgers. Europese soldate, vryswartes en slawe deurmekaar. Maar om hierdie oplossing in die hand te werk moet dde Regering 'n sterk immigrasiepoldtiek volg, Hier het die Goewerneur egter, die oog grotendeels op soldate-immigrante. Wel wou hy hier bevorderlik te werk gaan, maar nie ten nadele van die Republiek nie — ia die sin om 'n soldaat na afloop van die eerste kontrak verlof tot inwoning te gee nie. Wel sou hy die verlof wil verleen na die soldaat 'n twede verband met die Regering aangegaan het, omdat die aanvoer van soldate dde Republiek andersins te duur te staan sou kom. Aan die slot van die memorie gee die Goewerneur die volgende gedragslyn aan ten opsigte van die slawehandel. Sodra die vrede weer herstel sou wees, moes die slawe, wat volstrek nodig was deur Goewermentskepe gehaal word om die groot kapitaaluitvoer te verhoed. Die inkoopsprys sou wel in Mosambique betaal moet word, maar tog verminder wees deur die Kaapse produkte, wat daar verhandel kon word. Hoewel die bepaling daar was, dat vir die volle waarde van die inkoopsprys van ingevoerde slawe koloniale produkte afgeneem moes word, het ddt dde Regering aan middele ontbreek om hieraan stiptelik te laat voldoen. In die twede geval moet die Regering immigrasie van Europeane, veral die „zogenaamde gemeene Menschen" so veel moontlik begunstig. Dan moet die outoriteite deur alle gepaste middele die vooroordeel teen vry blankarbeid probeer oorwdn en in verhouding tot die bevolkingsvermeerdering dde verkryging van grond in klein stukke begunstig. 279 Janssens was dus in teorie ten gunste van die afskaffing van slawe maar hy het op die iKxdsaaklikheid van slawearbeid aan die Kaap gestuit. Hy was oortuig van die feit, dat die kolonie voorloopig nog nie sonder daardie arbeid kon klaarkom nie. Waar de Mist kort na sy aankoms aan die Kaap, die invoer van „Cargaisoenen slaven" verbied1) daar wens Janssens 'n jaar later, dat die Goewerment n 300 stuks slawe meer besit het, mits hulle deur dde Regering self aangekoop is. In die wens van kundige en eerlike Kapenare om die invoer van slawe te belet sien die Goewerneur 'o spekulasiegees, deurdat hy meen, dat die mense vooruit weet, dat die verbod weer sou opgehef word, terwyl hulle intussen hulle slag geslaan het.3) Reeds kort na die aankoms van die Bataafse outoriteite aan die Kaap is toestemming verleen om 'n aantal slawe te land' en te verkoop, maar hiervoor is reeds onder die Engelse tussenregering kontrakte aangegaan. 0.a. het die burger Francois de Lettre 50 stuks ingevoer en Charles de Gaillande 10 stuks onder tevore aangegane kontrakte. 8) Ook in Januarie 1804, het die Amerikaanse skip „The Frdendship" van Clement en Crocker 'n „lading slaven" geland, verkoop en n teemwaarde aan koffie, peper en suiker ingeneem. *) Teen die end van 1805 gaan die Goewerneur inderdaad oor om weens die gebrek aan werkende hande in die landbou „eenige honderden aangebragte slaven te laaten invoeren" maar onder die uitdruklike bepaling, dat daar geen enkele harde piaster voor uitgevoer mag word nie, maar uitsluitend koloniale produkte. Om nie bedroe te word nie moes die ver- *) Gouvr. en Raad—As. Raad, 8 Maart 1803, Br. en Byl. 1803—1804, p. 6. Kol. Arch. 4373. >) Janssens—De Mist, 25 Nov. 1803. Not. de Mist, Dl. IX, p. 51. Kol. Arch. 4365. *) Gouvr. en Raad-As. Raad, 9 Maart 1803. Br. en Byl. 1803-1804, p. 6 en 8. Kol. Arch. 4373. «) Secr. Truter—De Mist, Jan. 1804. Not. de Mist,' Dl. IX, p. 351. Kol. Arch. 4356. 280 koopgeld van die slawe op n spesiale plek gedeponeer bly, totdat die Regering- die versekering gehad het, dat bowegemelde bepaling wel nagekom was. *) Die Goewerneur was dan ook nog na die oorgawe van die Kaap in 1806 oortuig van die onmisbaarheid van slawe-arbeid aan die Kaap. Hy meen egter, dat daar 'n nuwe welberedeneerde wet met betrekking tot die slawe gemaak moes word daar die Kaap ..deze rampzaligen nog hebben moet." Veral lê hy nou nadruk op die feit, dat die Hottentot-arbeid grotendeels sal moet strek om die slawerny minder noodsaaklik te maak en eindelik heeltemal te laat ophou. Tog sou die plotselinge afskaffing van die slawerny die „onzaligste gevolgen hebben". Die koloniste moes langsamerhand bekend gemaak word met die onderskeid in werksaamheid tussen maatskappye waar slawerny wel bestaan en dié daarsonder Maar „de zo bijzonder aan handen gebrek hebbende landbouw kan zioh bij proviesde nog van geene slaven passeren". Tot hierdie arbeid was die Hottentot ongeskik, blank arbeid is daar nog nie genoeg nie en „totdat eigen bevolking en vermenging van geslagten genoegzame geschikte handen zal gegeven hebben, moet men slaven behouden, maar betere schikkingen, die eene andere uitkomst beloven, maken. Alle die op hunne plaatsen veele slaven hebben, behoorden verplicht te zijn in evenredigheid veele jonge meiden aan te houden. De middelen voor jonge slavinnen de vrijheid te doen erlangen, behoorden gemakkelijker te zijn, dit zoude de vermeerdering van vrije menschen tot handenwerk bestemd bevorderen — of een mansslaaf slaaf blijft kan zoo veel niet schelen, dat eindigd met zijn leven, maar een slavin' deelt dit rampzalig erfdeel aan hare afstammelingen meede." *) Die verskil in opvatting oor hierdie kwessie tussen de Mist 1) Janssens—As. Raad, 12 Dec. 1805. Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 557. Kol. Arch. 4375. !) Verhandeling omtrend het geene gedaan behoord te worden.... Aziatische Raad 21, Bijlage N. 109. Rijks-Archief. 281 en Janssens is duidelik. Die eerste sou graag verder gegaan het in verband met die verbod van invoer en langsame afskaffing van die slawe. ,,Ik wil niet", sê hy, „dat men gelooft, dat mijn anti-slaafsch systema, op de nieuwerwetsche brooze zogenaamde philantropische gronden rust, maar op practische staatmaximen, waarvan men ten minsten de valschedd moet aantoonen, eer men het contrarie systema wil verdeedigen." *) Wanneer die Kaap langer onder die Bataafse Republiek gebly het, sodat de Mist sy denkbeelde, na hy hulle in SuidAfrika getoets het aan die Nederlandse Regering kon meedeel, was dit nie onmoontlik, dat daardie Regering sou oorgegaan het tot die langsame afskaffing van slawerny nie. Die aangehaalde uitlatinge van die Kommissaris-Generaal en ook dié van Janssens wys op groot versigtigheid ten opsigte vam die belange van die slawe-eienaars. In die begin van 1805 was daar 29445 slawe teenoor 25757 blanke aan die Kaap.8) Hierdie getal slawe het teen die destydse geringe prys van gemiddeld ƒ300 Hollands 'm kapitaal van byna 9 miljoen gulde Hollands verteenwoordig en dit op daardie klein blanke gemeenskap. In verband met afskaffingsplanne sou groot omsigtigheid dus ook geëis wees en moes en kon in daardie rigting op 'n langsame wyse te werk gegaan' word — te meer omdat dit 'n vasstaande feit is, dat nergens ter wereld, waar slawemy in praktyk was, slawe so goed versorg en behandel was as aan die Kaap nie. Hulle behandeling en toestand kon nooit op dieselfde lyn as die Wes-'Indiese en Amerikaanse plantasieslawe geplaas word nie. Die Bataafse outoriteite was dan ook op die regte weg met hulle langsame afskaffingsplanne. Ten opsigte van die langsame afskaffing van slawemy het die twee outoriteite ooreengestem — maar by Janssens sou dit 'n natuurlike proses moes wees. Wel wou hy die proses verkort deur die middele, waardeur slavinne hulle vryheid kon' verkry te vergemaklik — maar *) De Mist—Janssens, Roode Zand, 26 Nov. 1803. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. ') Ink. St 405. Not de Mist Dl. XI. Kol. Arch. 4367. 282 hy sien die oplossing eintlik in die verhouding tussen die grotere blanke- dan slawevermeerdering. Hierdie proses kan langer geduur het as wat Janssens gedink het, te meer omdat hy teen die sienswyse van de Mist in, gedrywe deur die noodsaaklikheid van slawe-arbeid vir die kolonie, die invoer van 'n aantal toegelaat het, al was dit heel weinig in vergelyking met dié onder die Britse bestuur van 1795—1802. *) In elk geval wou beide die kwessie oplos met n oop oog vir die belange beide van die ingesetene en van die slawe. En die Bataafse Regering? Dié het in daardie tyd aan die spits gestaan ten opsigte van die afskaffing van slawerny. Toe manne soos Wilberforce en' Clarkson nog niks positiefs by die Engelse Regering bereik het in verband met die afskaffing van slawehandel nie (veel minder slawerny) toe was R. D'Ozy, wat deur die Kaapse outoriteite na Nederland gestuur was op sy terugreis met 'n instruksie aan die Kaapse Regering om alle slawekinders, wat voortaan aan die Kaap sou gebore word vry te verklaar.a) Ongelukkig arriveer hy aan die suidpunt van Afrika, toe die Engelse vlag al weer daaroor gewaai het. Die uitvoering van daardie instruksie sou ongevoelig 'n einde gemaak het aan slawerny aan die Kaap en daardie volksplanting die groot onheile gespaar het, wat in verband met hierdie kwessie na 1834 sou volg. ') Mc Call Theal, History of South-Africa 1795-1872, Vol. I., p. 30, 40, 84. =>) Cory: The Rlse of South Africa. 1919. Vol. Dl, p. 7. HOOFSTUK XV. DIE KAAP VAN EKONOMIESE KANT. Teen die end van die 18de eeu was die Kaap nog steeds 'n gewilde besit (kragtens sy ligging as nalitêre voorpos van Indië en sy funksie as rus- en verversingspunt op die lang en gevaarlike reise na die Ooste. Vir hierdie voordele het die Oos-Indiese Kompanjie hom groot finansiële verpligtinge getroos, om 'n siviele aclministrasie en 'n muitere besetting aan die Kaap te onderhou. Vir die genot van dieselfde voordele het Engeland hom van die suidpunt van Afrika meester gemaak en nog groter finansiële uitgawes aanvaar. Gedeeltelik lê dieselfde motiewe ten grondslag by die Bataafse Republiek ten opsigte van die Kaap in die begin van die 19de eeu. Maar dan ook net gedeeltelik, daar die Bataafse outoriteite 'u nuwe koloniale politiek met betrekking tot die herkrege besitting gevolg het Dit sou nie meer wees die Kaap uitsluitend ter wille van die Ooste nie, maar as deel van Nederland en om hierdie politiek met vrug te kan volg moes die outoriteite deurdring in die waarde en betekenis van dde kolonie as sulks en die oog rig op die ontwikkeling van dde welvaartsbronne van die nuwe Nederlandse provinsie. Hulle moes nagaan, welke welvaartsbronne die Kaap bied en in hoeverre dié vir ontwikkeling vatbaar was. Dit wil nie sê, dat die suidpunt van Afrika sy betekenis vir die ooste verloor het nie. Inteendeel. Alleen sou 'n kragtige poging aangewend word om die belange van die kolonie meer in ooreenstemming te bring met dié van dde moederland, en aan die grond hiervan het die gedagte gele om deur die ontwikkeling van die inwendige welvaartsbronne van die kolonie die groot finansiële laste van die moederland te verminder. 284 Tot nog toe was die Kaap in vergelyktog met die ryk besittinge in die Ooste as 'n suiwere laspos in1 finansiële sin vir die moederland beskou — maar dan ook alleen in finansiële sin sonder die feit to aanmerking te neem, dat duisende mense op weg na en van die Ooste hulle lewensbehoud aan hierdie tussenstasie te danke gehad het, waarvoor groot pekuniële opofferinge wel kon gemaak word. De Mist en Janssens sou dus die vir ontwikkeling vatbare welvaartsbronne aan die Kaap moet opspoor, daar leiding aan gee om sodoende te probeer om die uitgawes ten opsigte van en die inkomste van die kolonie in meerdere ewewig te bring en ook die bevolking van 'n beter bestaan te verseker. En wat was hierdie welvaartsbronne? Die Kaap het in sy 150-jarige bestaan ontwikkel in n suiwer landbouwkolonie. Buitelandse handel was so te sê afwesig — graant en wynbou eni veeteelt het die basis van die ekonomiese lewe aan' die Kaap gevorm. Met die ontwikkeling hiervan sou die vooruitgang of verval van die Kaap to die toekoms hoofsaaklik gepaard gaan. Wel was daar ook nog ander bronne soos die walvisvangs en houtkuituur, waaraan die outoriteite veel aandag geskenk het, maar hulle was van minder betekenis. Wat die outoriteite altyd dwarsgesit het, was die feit van 'n altyddurende nadelige handelsbalans van die Kaap en die groot 'moeilikheid to verband daarmee met betrekking tot die geld- en betalingsmiddele aan die Kaap. „De balans van den handel is 20 zeer in nadeel dezer Volkplantingi, dat de verbazende uitgaven van het Gouvernement, ten koste van de onder den druk der belastingen zugtende Republiek, het verschil niet kan dekken. Waar Patriottismus, dat van alle tijden is, gebied deze Volkplanting, haare wezentlij ke en meer bijzonder de gewaande behoeftens, welke van elders, dan uit het Moederland moeten aangebragt worden, 'te verminderen en haare eigen' voortbrengselen te vermeerderen." *) 1) Extract „Kaapsche Courant", 16 Maart 1805. Janssens, Br. en Bijl 1802-1806. p. 363. Kol. Archief 4375. 285 Om hierdie nadelige handelsbalans ten goede te beïnvloed het die outoriteite een ligpunt gesien en wel die wolkuituur en die ewentuele uitvoer van daardie artiekel na die buiteland. Maar alvorens die poginge in daardie verband te bespreek moet eers gewys word op die kolonisasieplanne op hierdie ■tydstip, wat veral verbonde is aan die persone van Gysbert Karei van Hogendorp en Majoor B. F. von Bouchenröder. a. KOLONISASIE VAN VAN HOGENDORP EN VON BOUCHENRÖDER. Gysbert Karei het vir jare al ontsettend veel belanggestel in koloniale aangeleenthede en met sy broer Dirk was hy besiel met nuwe denkbeelde oor die koloniale politiek, wat in die begin van die 19de eeu gevolg moes word. Hy was 'n groot voorvegter vir dde vryheid van beide handel en vaart, van afskeiding van politieke en kommersiële bestuur oor die kolonies en geen bewerking van laasgenoemde in die uitsluitende belang van die moederland nie al moet dit ook lei tot 'n ewentuele mondigheid en afskeiding van dde moederland.1) Hy het sy denkbeelde vasgelê in „Verhandelingen over den Oost-Indischen Handel". In die 2de stuk hiervan gee hy sy gedagtes ten opsigte van die Kaap weer, waar hy in die voorwoord meedeel, dat dit oorspronklik sy oogmerk was by die skrywe van hierdie stuk sy beginsels by die Goewerment 1) „De blyde verwagting van den bloei deezer koloniën, welke myn hart met genoegen vervult, en myne pen bestuurd heeft, is by sommigen gemengd, ja overwogen door de bekommering, dat zulke koloniën niet kunnen onderhoorig blyven, en dat wy ze verhezen zullen, omdat wy ze zo sterk maaken. Alzo verliest elk vader zyn kind.... Zo hebben de oudste stammen Koloniën uitgezonden, zo stammen wy van aloude Koloniën af, zo moeten ook onze Koloniën volken worden." (Verhandelingen over den Oost-Indischen Handel. G. K. van Hogendorp, 1802 2de stuk, p. 121). Sien ook Uiteenzetting door Mr. O. van Rees in Handelingen en Geschriften van het Indisch Genootschap, 3de Jaargang, 1856, p. 146 vg. 286 te doen ingang vind. Ten opsigte van die Kaap kon liy reeds in die inleiding van hierdie uitgebreide verhandeling getuig, dat sy beginsels op koloniaal gebied ingang gevind het: „De uitkomst heeft mijne verwagting in zo verre overtroffen, dat, het zij ingevolge der poogingen door mij en door anderen gedaan, om het Publijk van ons waar Staatsbelang te overtuigen, het zij veel meer uit hoofde van de inwendige kragt der waarheid, die op de Leden van het Gouvernement, zo wel als op ons, een onweêrstaarabaaren invloed gehad heeft, de heilzaamste Besluiten met opzigt tot de koloniën aan de Kaap reeds genomen zijn en de beste middelen reeds in volle werking zijn gebragt, om deeze Besluiten ter uitvoer te leggen." *) Maar dit het by Gysbert Karei nie alleen by skrywe gebly nie. Reeds in die begin van 1802 het hy die plan opgevat om aan die Kaap te koloniseer en het hy applikasies van so'n groot aantal persone ontvang om as koloniste deur hom uitgestuur te word, dat hy sy skema moes uitbrei om die mense vir sy vaderland te behou en nie na Noord-Amerika te sien vertrek nie.8) Op sy rekwes aan die Bataafse outoriteite is die kostelose vervoer van 'n aantal koloniste met 20 stuks skape en Jandbougereedskappe8) tesame met dié van Von Bouchenröder in regeringskepe na die Kaap toegestaan.4) Op 29 April 1803, kom die ProkureurJGeneraal Mr Gerrit Beelaerts van Blokland, wat met H. A. Vermaak die agente van Gysbert Karei aan die Kaap sou wees, met Van Bouchenröder en al die bybehorende goedere met die skepe Hoop en *) Verhandelingen over den Oost-Indischen Handel, 2de Stuk, behelzende eene Staatkundige Beschouwing van de Koloniën benoorden en beoosten Kaap de Goede Hoop... door Gijsbert Karei van Hogendorp, Amsterdam 1802. Inl., p. II. ») Ibid., p. 120. ») Die gereedskappe is teen ƒ60 Holl. per las oorgevoer. De Mist— J. Olthof, Mei 1803. Not de Mist, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. *) Ink. St. 162. Extract uit de Resolutien v/d. Raad der Az. Bezittingen en Etablissementen, 12 Aug. 1802. Not. de Mist, Dl. V. Kol. Arch. 4361. 287 Resolutie ia Falsbaai aan. De Mist het direk orders gegee om die goedere invoervry te laat land en voorlopig sonder huur in die Goewermentspakhuise op te slaan.1) De Mist was goed op hoogte van die planne van Van Hogen dorp, daar hy voor sy vertrek uit Nederland daaroor persoonlik ingelig was. Op 12 Mei, 1803 reeds, presenteer H. A. Vermaak, namens van Hogendorp 'n rekwes aan die Kommissaris-Generaal, waarin gronde versoek word veral aan die kus en wel aan die Plettenberg- of Algoabaai geleë om sodoende die verskeping van ewentuele produkte te vergemaklik. De Mist gee sy spyt te kenne oor die feit, dat van Hogendorp met soveel haas gehandel het. Weens die lang reis van die Kommissaris-Generaal en die suspensie van oorgawe van die kolonie kon hy nog nie na geskikte gronde uitgesien het nie. Die Goewerneur het opdrag gehad om dit op sy landreis te doen maar dit sou nog enige maande duur voordat n besluit geneem kon word. Daarby gaan die versoek van Gysbert Karei om gronde aan een van die genoemde baaie te verkry met groter moeilikhede gepaard as wat in Europa vooruitgesien kon word en veral weens die groot afstand van Kaapstad. Aan verskillende ander versoeke word gevolg gegee o.a. om sekere leegstaande geboue aan die aangekome koloniste af te staan en om die skape op Robben Eiland te laat wei. Wat die versoek om kostelose vervoer na Plettenbergsbaai betref meld die Kommissaris-Generaal, dat die Regering self geen skip het om hout daarvandaan te laat haal nie. Ook op die versoek om die „Nationaale tuin" vir instruksie aan die nuwe koloniste te gebruik is afwysend geantwoord, daar dit by die vertrek van die Engelse in 'n wildernis ag ter gelaat is.') Dieselfde voorregte is aan Von Bouchenröder toegestaan. Hierdie gepensioneerde Majoor het reeds in Amsterdam aan die Kommissaris-Generaal landerye en erwe (van 2 Hollandsche quadraat uuren) tot die aanleg van woninge, bou- en *) Not. de Mist, 29 April 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. *) Not de Mist, 12 Mei 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. 288 weilande, bosse en plantasics naby «116 Plettehbergsbaai versoek en gemeld, dat hy met hom meeneem sy huisgesin uit vyf persone, enige knegs en meide en omtrent 20 land- en ambagsliede. Ook versoek hy van die Kommissaris-Generaal om ewentuele produkte vry uit te mag voer.1) De Mist het hierop gunstig besluit in die sk» dat hom die landerye sou verskaf word mits dit nog nie geokkupeer is nde en dat dit die intensie van die Goewernement was om gelyke vryheid van' handel aan die Kaap as in Nederland toe te laat, met dié verstande egter, dat die Kaapse ingesetene nie met vreemde lande mag handel drywe nie.9) Die KommissarisGeneraal maak hom daar attent op, dat hy sy koloniste gedurende twee jaar sal moet onderhou en in geval van mislukking van sy onderneming op eie koste na Nederland-sal moet terugstuur. Hierdie maatreël is deur de Mist geneem om te verhoed, „dat veele, welkers zaaken in Europa waaren verloopen zich gaarne naar eene zoodanige Colonie zoude willen begeven om zich ten koste der Regeering aldaar een bestaan te kunnen bezorgen, behalven nog dat die Colonie zoude blootstaan om met den tijd een prooy te worden' van eene menigte tot armoede gebragte, en daardoor tot alle excessen eerder te permoveeren heden." *) Weinig kon de Mist toe dink, dat dit presies die geval met Von Bouchenröder sou wees. Direk na die aankoms van laasgenoemde het^ die moeilikhede begin. Hy en Vermaak het self op reis gegaan om na geskikte gronde te soek, maar vind die beste reeds geokkupeer. Hulle het aangedring om gronde vér van Kaapstad en soos reeds gemeld aan die Plettenbergsbaai te kry om 'n ne dersetting te vorm. Die Regering het 'n kommissie aangestel om die gronde *) Majoor van Bouchenröder, 't Nieuwe Wapen van A'dam in de Warmoesstraat — De Mist, 1 Mei 1802. a) De Mist (Den Haag)—v. Bouchenröder, 10 Mei 1802. Br. en Byl. Gouvr. en R. 1803—1804, p. 278. Kol. Arch. 4373. •) Ibid., p. 280. 289 daar te gaan ondersoek.1) Janssens bring self bieroor rapport uit, waarin hy wys op die gebrekkige lokale kennis, waarop kolonisasieskemas van uit Europa onderneem word. Die kennis van die gesteldheid van die land berus grotendeels op mededelinge van reisbeskrywers, waarvan sommige opsetlik onnoukeurig is en andere in goeder trou. Gedurende die laaste jare heers in Europa 'n ontsettende kolonisasiekoors, en hy meen, dat selfs Gysbert Karei hom daardeur laat meesleep het — miskien aan die hand van die bloei in Noord-Amerika. ..Coloniseeren is zijn stokpaardje — de meest mooglijke onaf hang lij kheid misschien een by oogmerk."2) Janssens het intussen tot die gevolgtrekking gekom, dat die uitvoering van die skemas soos van Hogendorp dit gewens het prakties onuitvoerbaar was. In die eerste plek was daar nie genoeg vrugbare gronde, deur die gebrek aan water, aan die Plettenbergsbaai beskikbaar nie. Maar veral was die Goewerneur teen 'n nedersetting aan die Oostelike grens en so ver van die regeringsetcl verwyder, weëns die politieke en militêre moeilikhede, wat daaruit kon ontstaan. „Indien de verschillende Baaijen bevaaren zullen worden behooren daar magistraten, rechters, Pohce, Bureaux van Douanes te zijn als meede eene militaire bezetting en waar zullen de kosten tot derzelver onderhoud van daan komen?" Wanneer die baaie bebou en bewoon word, kan die vyand daar land en ververs en selfs die verversinge na Kaapstad stopsit. Sodoende kan 'n nedersetting daar alleen in die belang van die vyand wees en lê dit voor die hand, dat die Regering dit moes teengaan. Daarby wou die Goewerneur nie die verantwoordelikheid aanvaar nie om aan die oostelike grens, waar „de rust aan een zijde draad hangt" 'n aantal mense, wat by mislukking *) A. A Faure, Landdros van Zwellendam en J. W. Wernich, geswore landmeter. (Reizen in de Binnenlanden van Zuid-Afrika, B. F. von Bouchenroeder, A'dam 1806, Bijlage C). 2) Uiteenzetting van Janssens over de Colonisatie van G. K. van Hogendorp en Von Bouchenröder, 19 Sept. 180-4. Br. en Byl. Gouvr. en Raad, 1803-1804, p. 258. Kol. Arch. 4373. 19 290 van die onderneming ontevredenheid kon teweeg bring toe te laat nie.1) Hierdie standpunt van die Goewerneur werp n helder hg op sy kolonisasiepoütiek. Wel het hy vermeerdering van die bevolking gewens, want hierdeur moes die slawekwessie opgelos word, maar so dig moontlik by Kaapstad. Geen uitbreiding van die kolonie moes plaasvind nie en veral nie in oostelike rigting nie. Ook De Mist beskou die uitbreiding na die grense as fataal: „Kon ik alle de grenzen der Volkplanting in rotzen en onvrugtbaare zout-valleien herscheppen, deed ik het gewis — elke nieuwe grond naar buitenwaards uitgegeven, houde ik gelijk aan een worm, die geplant word om langzamerhand de banden af te knagen, waarmede een Gouvernement de Maatschappij moet in orde houden." *) Van die begin af aan was dit dan ook duidelik, dat beide van Hogendorp en von Bouchenröder in hulle oorspronklike planne sou teleurgestel word. Laasgenoemde het van sy ondersoekingstog teleurgestel teruggekom. *) Intussen het daar onenigheid in sy gesin ontstaan; sy vrou wou van hom af, sy jongste seun het hy laat arresteer, sy landliede was besig om 'n proses teen hom aanhangig te maak4) — met Vermaak verkeer hy in onvrede8) en tot oormaat van ramp bring sy gearresteerde seun 'n uitgebreide aanklag teen sy vader in, as sou dié in samenwerking met verskillende vooraanstaande Nederlanders, Duitsers en Kapenare 'n komplot gevorm het om voorbereidinge te tref eers die Kaap en daarna die OosIndiese Besittinge van Nederland afhandig te maak.8) So- 1) Ibid., p. 259. 2) De Mist—Janssens, Roode Zand, 26 Nov. 1803. Not. de Mist, Dl. IX.. Kol. Arch. 4365. *) Janssens—De Mist, 25 Nov. 1803. Not. de Mist, DL LX. Kol. Archief 4365. *) Ibid. *) De Mist—Staatsbewind, 9 Junie 1803. Br. en Bijl. de Mist. Kol Archief 4356. 8) F. von Bouchenröder—De Mist en Janssens, 11 Julie 1804. Not de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366. 291 doende is hy as n gevaarliké indiwidu vir die Volksplanting beskou en het die outoriteite besluit om hom na Nederland (via Amerika) te verban, sodat van Hogendorp, van wie hy ƒ15000 Hollands,1) op hipoteek van die toegesegde landerye aan die Kaap geleen het hom daarvoor kon aanspreek. 2) Reeds n maand vroeër is die jongste seun na Batawië gestuur weens „het gevaar van vader- of kinder-moord" met 'n aanbeveling aan die Goewerneur-Generaal en Raad van Nederlands-Indië om hom nie as n misdadiger te beskou nie. *) So het daar van die kolonisasieplanne van von Bouchenröder niks tereg gekom nie.4) Aan van Hogendorp word, weens sy „gevaarlijke staat- !) Von Bouchenroeder: Reize in de Binnelanden van Z.-Afr., p. 33. *) Extract Res. van Gouvr. en Raad, 29 Aug. 1804, Br. en Byl. Gouvr. en Raad, 1803—1804, p. 319; ook Janssens—As. Raad, 19 Dec. 1804. Behalwe, dat Gijsbert Karei aan Von Bouchenröder geld geleen het en dat hulle koloniste en gereedskappe saam na die Kaap vertrek het, het Van Hogendorp niks met Von Bouchenröder te doen gehad nie. Self skrywe Gysbert Karei aan Janssens: „Ik begeer niets met hem gezamentlijk te doen." (Van Hogendorp—Janssens, 10 April 1804, Br. en Byl. Gouvr. en Raad, 1803-1804, p. 270. Kol. Arch. 4373.) H. A. Vermaak en Mr. G. Beelaarts van Blokland was sy agente aan die Kaap en nie, soos Colenbrander ook aanneem (Koloniale Geschiedenis, Dl. I, 1925, p. 167) von Bouchenröder nie. ") De Mist—Gouvr. Genl. en Raad van Ned.-Indiën, 7 Julie 1804. Secrete Not. de Mist 1802, 1803, 1804. Kol. Arch. 4353. 4) Volgens de Mist was von Boucheröder uit 'n deftige Hessiese famielie, maar van 'n érg „turbulenten en heevigen aart; de geestdrift, waarmede hij in alle zijne daden bestuurd wordt, klimt veeltijds tot eene tomelooze woede op." (De Mist-Van Polanen, 29 Aug. 1804, Br. en Byl. Gouvr en Raad 1803—1804, Kol. Arch. 4373). Na die terugkoms van Von Bouchenröder in Nederland (begin 1805) het sy „beknopt berigt nopens de Volkplanting de Kaap de Goede Hoop A'dam 1806", verskyn, waarin hy hom teen de Mist en Janssens verdedig en die verkeerde beginsels van die Gewese-Kommissaris-Generaal Nederburgh en Ou-fiskaal van Ryneveld probeer weerlê. In dieselfde jaar verskyn sy „Reize in de Binnenlanden van Zuid-Afrika. gedaan in den jare 1803". 292 kunde" om 'n kolonie binne 'n kolonie te stig, 'n nedersetting vér van Kaapstad geweier. Hy wou sy oorspronklike plan nie opgee nie èn die moeilikheid van gebrek aan vrugbare gronde aan die Plettenbergsbaai oplos deur 'n groot „associatie met aanzienlijk kapitaal" te vorm en dan die reeds geokkupeerde vrugbare gronde van die boere in die omtrek opkoop om sodoende een uitgestrekte gebied tot sy beskikking te kry.1) Die outoriteite aan die Kaap wou niks hiervan weet nie en het hom 120 è 130 morge grond aan die Houtbaai in volle en erflike eiendom aangewys, wat binne ses jaar gekultiveer moes wees, en binne die eerste 25 jaar nie vervreemd mog word nie.3) Maar ook die onderneming van van Hogendorp het op 'n totale fiasko uitgeloop, sodat hy beide die geld aan van Bouchenröder geleen en die groot kapitaal vir die onderhoud van sy landliede, vir die aankoop van landbougereedskappe en opregte Spaanse skape verloor het. Hy het nog die by oogmerk gehad om aan te toon, dat van n nedersetting sonder slawe-arbeid wel deeglik 'n sukses kon gemaak word. Dit was een van die red ene, waarom hy so vér van Kaapstad gronde wou hê. Die mislukking van die onderneming is grotendeels te wyte aan die oorgrote haas van die ondernemers, voordat hulle self op hoogte was met die lokale gesteldheid van die land en die kolonisasie-moontlikhede aan die suidpunt van Afrika in die begin van die 19de eeu. Maar ook die angsvallige versigtigheid van die reg erin gsou tori teite in verband met die uitbreiding van die kolonie met die vrees vir moeilikhede met die Kaffers en rusverstoring onder dde grensbewoners self het die onderneminge seker nie in die hand gewerk nie. By die oorgawe van die Kaap aan die Engelse in 1806 het die Goewerneur by die bepalinge van kapitulasie nog spesiaal vir van Hogendorp in die bres gespring, deur van die Engelse ') Van Hogendorp—Janssens, 10 April 1804, Br. en Bijl. Gouvr. en Raad 1803—1804, p. 270. Kol. Arch. 4373. . *) Extract Res. Gouvr. en Raad, 14 Nov. 1804. Br. en Byl. Gouvr. en Raad 1803-1804, p. 286. Kol. Arch. 4373. 293 outoriteite te probeer beding, dat die nuwe regering Gysbert Karei sal ondersteun „in de uitvoering van deeze zijne plans" en hom sodanige regte en voorregte sal vergun as die Nederlandse Regering voornemens was om te doen. Dit is egter nie toegestaan nie, maar geheel oorgelaat aan die diskresie van die toekomstige Britse Goewerneur.1) Later nog is verskillende poginge aangewend om aan Gysbert Karei skadevergoeding te besorg maar sonder gevolg.2) 17 Jaar later sou die Britse „Settlers" van 1820 aankom om dieselfde gebied, waarvan van Hogendorp so veel verwag het, met sukses te kom koloniseer — maar dan op n groter skaal as wat hy as partikuher in 1803 in staat was om te doen. b. WALVISVANGS EN HOUT. Soos reeds aangemerk moes die walvisvangs aan die kus van die kolonie, hoewel nie van groot betekenis nie, ook getel word onder die welvaartsbronne wat die belangstelling en beskerming van die Bataafse outoriteite sou geniet. Sedert 1780 is die walvisvangs reeds met wisselvallige uitkomste aan die hand geneem deur Engelse. Amerikaners en ook Kapenare.s) By die aankoms van die Kommissaris-Generaal aan die Kaap was die walvisvangs in hande van n sekere James Murray. Die traan, wat hy gebraad het is grotendeels deur die garnisoen vir aandlig gebruik.4) *) Articulen van Capitulatie voorgesteld bij den Gouvr. en Genl. en Chef J. W. Janssens aan Brigadier Generaal Beresford Janssens Br. en Bijl. 1802-1806, p. 623. Kol. Arch. 4375. 3) Sien Colenbrander: Gedenkstukken IV, 2de stuk, p. 758. «) Zuid-Afr. Tyds., Dl. IV 1827, p. 342. Reizen naar de Kaap de Goede Hoop, Ierland en Noorwegen 1791-1797, door Cornells de Jong. Haarlem 1802, Dl. I, p. 157. *) Not. de Mist, 19 Julie 1803. Dl. VII, Kol. Arch. 4363. 294 Maar reeds in 1802 is die „Geoctroyeerde Africaansche Visscherij Sociëteit" in Nederland opgerig met 'n uitsluitende oktrooi vir 20 jaar van die Bataafse Regering. Ook aan hierdie onderneming het die Kommissaris-Generaal vryheid van invoerregte en kostelose opslaan van gereedskappe in die Goewermentspakhuise toegestaan.l) Hoewel hy verskil het oor die wyse van oprigting, beloof de Mist sy volle ondersteuning, omdat hy alles, wat die handel en rykdom van sy vaderland kan vermeerder op alle maniere wou aanmoedig. Teen die inbreuk op die uitsluitende regte van die „Sociëteit" deur enige Engelse en Amerikane moes de Mist kort na sy aankoms aan die Kaap optree.9) Veral ten opsigte van die Afrikaners was Gysbert Karei nie oor hierdie bevoorregting te spreek nie en het hy sy besware by die Staatsbewind ingedien8) maar sonder gevolg.4) Die walvismaatskappy het met „indifferent succes" van 1803 tot 1806 die bedryf uitgeoefen. By die oorgawe van die Kaap aan Engeland is die besittinge van die maatskappy as 'n prys vir die Britse land- en seemag verklaar en verkoop vir 25000 Rds.5) Onder die Bataafse bestuur aan die Kaap was die walvisvangs dan ook maar van uiters geringe betékenis. 'n Ander aangeleentheid, waarin die Kommissaris-Generaal direk na sy aankoms wou voorsien was die groot gebrek aan brand- en timmerhout in die nabyheid van Kaapstad. Duisende slawe, sê hy, word elke dag uitgestuur om vuurmaakhout te gaan soek en soms vér van die' stad, sodat hulle dikwels die Goewermentsbosse, wat naderby Kaapstad geleë was verniel 1) link. St. 200 Van Hall, Sappé en Muntling, Bestuur der Geoctroyeerde Af. Visschery Soc—De Mist, 24 Dec. 1802. Not. de Mist, Dl. VI. Kol. Archief 4362. 3) Not. de Mist, 13 Mei 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. 8) Verhandelingen over..... Gijsbert K. van Hogendorp, 2de stuk, p. 309. *) Not. de Mist, Dl. VI, p. 24 Kol. Arch. 4362. «) Zuid-Afr. Tyds., Dl. IV 1827, p. 342. 295 of in brand steek om sodoende nie so vér te hoef te gaan nie. Daarom stel de Mist Hendrik Cloete, senior, van Constantia aan as „Inspecteur van 's Lands Domeinen en Bosschen." 1) Hy sou 'n opsigter met die verdere werkkragte tot sy beskikking hê en moes direk met houtpotinge begin in die omtrek van Kaapstad en veral tussen Tafel- en Falsbaai. Gedurende die planttyd kon hy oor 30 Goewerrnentslawe beskik en gereedskappe soos byle, pikke, skoppe, grawe en kruiwaens sou hom van regeringsweë verstrek word. Hierdie slawe sou direk onder die toesig staan van twee „Hout-baazen der Boomplanterei kundig."") „Het houtpooten, om en naby de Kaapstad is, naast het brood, eene tweede onmisbaare behoefte" en daarom moet die Regering self bosse aanlê en versorg en nie in dieselfde fout van die voorgangers verval nie, wat gedurende 'n eeu die hout om die stad weggekap het en byna nooit weer nuwe bome aangeplant het nie. Die bosse moet dan Goewermentseiendom bly, omdat die Regering beter by magte is om die bome tot volkome wasdom te laat kom dan partikuliere, wat dikwels uit geldgebrek genoodsaak word om jong bome te laat kap. Maar veral moet die Regering, self bosse hê „om den exorbitanten, duuren en dikwerf onmogelijken aanbreng van hout uit de Plettenbergsbaay of uit Nederland of van Java, daardoor te kunnen missen." *) Die gronde sou beplant word met eike, denne of ysterhoutbome en waar die grond daarvoor nie geskik was nie met „Witte Boomen" of ander soorte, wat gou groei en vir brandhout geskik sou wees.4) Bowedien moes sorgedra word, dat die Goewermentsbosse dig by mekaar aangelê en toegepoot word. Die gronde, wat die Regering self nie kon beplant nie, sou so gou moontlik aan partikuliere teen betaling van rekogniesie !) Not. de Mist, 12 April 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. a) Ibid. 8) Uit. St. 112, De Mist—H. Cloete Snr. Not. de Mist, Dl. VI. Kol. Archief 4362. *) Ibid. 296 uitgegee word en hierop moes binne n jaar met die aanplanting van bome 'n begin gemaak wees.1) Maar hierdie bemoeiinge van die Kommissaris-Generaal sou hulle vrugte eers in die verre toekoms afwerp. Op die moment het die regering veel hout nodig gehad vir die restourasie van die verskillende vervalle geboue en vir die oprigting van 'n nuwe graanmagasyn. Aan die Plettenbergsbaai was daar genoeg hout voorhande, maar die transport moes oor see geskied, daar dit oor land prakties onuitvoerbaar was.*) Op 26 Mei, 1803, kry die poshouder, Meeding, van Plettenbergsbaai opdrag om die nodige hoeveelheid te laat kap en saag en vir die aanstuur gereed te maak.*) Dit is later deur 'n Goewermentsvaartuig afgehaal, sodat die Goewerneur kon meld, dat die Regering al sy benodigde hout uit Plettenbergsbaai laat aanvoer het en voorlopig nie meer in hierdie opsig van die moederland of Java of Amerika afhanklik was nie. Ook het die Staatsbewind in hierdie tyd weer 'n proefneming laat maak met olyfbome, spesiaal vir daardie doel uit Portugal na die Kaap gestuur,4) wat vir de soveelste maal weer op n mislukking uitgeloop het. c. WYN- EN KORINGBOU 'n Aansienlike gedeelte van die bevolking veral van die destydse Stellehbosse en Kaapse distrikte het 'n middel van bestaan gevind m die wynbou. Uit die opgaaflyste van 1804 l) Ibid. *) Van Rijneveld sê in sy „Beschouwing over de veeteelt, landbouw, handel en finantie van de Kaap" 1805 dan ook: „Hout is er in overvloed, veel meer als de Kaap voor eigen gebruik noodig heeft." Die transport met kusvaarders is gemaklik genoeg, maar daar was nog geen enkele saagmeul in die Kolonie nie. (Zuid-Afr. Tyds. 1831, Dl. VIII, p. 44.) *) Not. de Mist, 26 Mei 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. «) Not. de Mist, April 1803, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. 297 blyk in. welke gedeeltes van die kolonie veral op die wynbou toegelê en hoeveel wyn daar geproduseer is. So het Kaapstad: 339800, die Kaapse distrik, 2007433, Stellenbosch, 17510074, Swellendam, 1860254, Graaf-Reinet (Uitenhage) 324399 wingerdstokke gehad en in dié distrikte is respektiewelik 4, 885^, 10749, 432%, 121"/16 lêers wyn gepars.1) Die opgaaflyste moet nie as noukeurig opgeneem word' nie. Dit is veral opgemaak vir belastingdoeleindes en as sulks sou die kolonie dan ook meer voortgebring het as wat die lyste aan gee. Maar dit gee in elk geval 'n beeld, waar en in welke verhouding die produkte in die destydse verdelinge van die kolonie verbou is. Stellenbosch was die wynbouende sentrum by uitnemendheid. Behalwe die geskiktheid van die grond het die moeilike transport2) 'n groot rol gespeel in die bepaling van die plek waar, en die soort van produk, wat sou voortgebring word. Kaapstad was die marksentrum vir die produkte, wat nie vir eie konsumpsie aangewend word nie. Vir die verder af geleë gedeeltes van die kolonie was dit in hierdie tyd weens die groot transportmoeilikhede oor land feitlik uitgesluit om hulle op die wynproduksie vir die handel toe te lê. Dit was dieselfde geval met die graanbou, soos later aangemerk sal word. Die meeste verder af geleë koloniste het dus uitsluitend vir eie gebruik wyn geproduseer. Beide de Mist en' Janssens het die oog gehad op die uitbreiding of altans die verbetering van hierdie produk en wel vir die uitvoer. By geleentheid van die installasie van die Goewerneur, vra die Kommissaris-Generaal die medewerking van die ingesetene in hierdie verband. Deur n béter bewerking van die „veele soorten van den kostelrjken wijn, die deezen gezeegende grond opleevert" meen de Mist, dat dit 'n ..begeerlijke en prijshoudende voorwerp van handel en verteer naar buiten" kan word en met die beste Madeira en baie ander *) Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 254. s) Extracten Kaapsche Courant, 11 Mei 1805. Janssens, Br. en Bijl 1802-1806, p. 364. Kol. Arch. 4375. 298 Europese wyne sou kon meeding.1) Maar die KommissarisGeneraal sou later hierop terugkom, na hy kennis gemaak het met die inferieure gehalte van die wyne, wat oor die algemeen aan die Kaap geproduseer is. „Ik opineere rondelijk", skrywe hy aan die Goewerneur, „dat te veel wijn in deeze Colonie gewonnen wordt, dat daardoor de qvtahteit der meeste slegt en de prijzen laag zijn, omdat gemeene wijnen, de kosten van transport over zee niet lijden kunnen — en de prijs van het vaatwerk, die van de wijn surpasseert. Ik wenschte daarom, dat meer koorn gebouwd worde en dat «it den overvloed daarvan goed zwaar bier gebrouwen wierd tot gezonden voedenden drank voor de troepen en goed ter verzending op de schepen. Het is in den uitkomst hetzelfde welk product een land geeft, als het maar kan gedebiteerd worden."8) Merkwaardig in hierdie verband is die feit, dat meer dan 'n eeu later, weens die groot kriesis in die wynindustrie, daar werklik sprake was van 'n ander aanwending van die gronde tot sover vir die wynbou gebruik. Ook Janssens openbaar sy insigte met betrekking tot die wynbou. Volgens hom sou die wynbouers sonder 'n aansienlike uitvoer altyd 'n wisselvallige bestaan hê. Wel was daar vermeerdering van binnelandse konsumpsie maar mi gelyke verhouding neem dde wynproduseerders ook toe. Alleen uitvoer kan hierdie bestaan verbeter, te meer omdat wyn geen behoefte van eerste noodsaaklikheid was nie. En om die vraag van buite af op te wek „moet de hoedanigheid uitstekend en de prijs matig zijn." 8) Daarom beveel hy aan om meer op die kwaliteit dan op die hoeveelheid te let, want daardeur kon volstaan word met minder grond, minder vaatwerk en 'n ge- ») Uitg. St. 63. Not. de Mist, 1 Maart 1803, Dl. V. Kol. Arch. 4361. a) De Mist—Janssens, Znid-Africa, Outiniquas Post, 21 Dec. 1803. Not. de Mist, Dl. IX, p. 261. Kol. Arch. 4365. Ook de Mist—Staatsbewind, 9 Junie 1803. De Mist, Br. en Bijl. Kol. Arch. 4356. s) Extract Kaapsche Courant, 16 Maart 1805. Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 363. Kol. Arch. 4375. 299 ringer opslagruimte. Geen slegte wyn behoort uitgevoer te word nie, omdat „de weinige wijnen van verheven qualiteit geen faam aan de overigen kunnen geeven; zij verliezen zich als het waare, in de algemeene veroordeeling." *) Verder moes aan die Kaap nagelaat word om vreemde wynname na te boots, omdat verskillende luggesteldhede en gronde aan die wyne van verskillende streke ook besondere eienskappe meedeel. Die Kapenare moet alleen probeer volmaak, wat die natuur in hulle omgewing wil. Die verkoop van slegte wyne aan die skepe of garnisoen het hierdie produk aan die Kaap in diskrediet gebring. Daarom moes die wyne vir uitvoer gekeur word en beveel die Goewerneur aan, dat die Regering self, 'n kelder sal aanlê om wyne vir Indië op te slaan. Volgens Janssens was die goeie wyne aan die Kaap ontsettend duur en met die koste van in-, uit- en vervoer word dit in Europa, Amerika of Indië feitlik onbetaalbaar. In elk geval die Regering het die verbetering van die wynkultuur aangemoedig ook deur die kolonie te laat profiteer van die kennis van 'n Duitse wynboukundige, wat hulle uit Europa meegebring het. Hierdie persoon het daar, egter, nie in geslaag om beter wyne te produs eer nie.a) Veral wat die graanbou betref is daar veel owerheidsorg aan die dag gelê. Reeds is daarop gewys, dat de Mist, wat hierdie artiekel van eerste noodsaaklikheid betref n groter produksie aangemoedig het. In die laaste jare was daar dikwels 'n tekort aan koring aan die Kaap en dan moes die brood verbruik van owerheidsweë gereël word. Dit was die geval in 1797, 1800 en ook onder die Bataafse bestuur.8) In 1804 toon die opgaaflyste aan, dat Kaapstad 250; 262; ») Ibid. *) Mc Call Theal, History 1795—1872, Vol. 1, p. 172. ») Ibid., p. 23, 77. (So word J. J. Vos teen die end van 1804 deur die Graankommissie afgevaardig om die graanoogs in die Kaapse en Stellenbosse distrikte te gaan opneem, sodat die konsumpsie vir die volgende jaar gereël kan word om skaarsheid of gebrek te voorkom. Not. de Mist Dl. XI). 300 en 120 mudde koring, gars en rogge; die Kaapse distrik, 23893; 19104; en 385%; Stellenbosch, 94118%; 41081; 3541%; Swellendam, 30841%; 17619; 201% en Graaf-Reinet (Uitenhage): 8183%; 3914%; —; mudde voortgebring het. Van die 157287 mudde tarwe moes omtrent 75000 mense, die besetting nie meegereken nie, dus gedurende 'n jaar van brood voorsien word. Wel sou die Hottentotte en slawe heel weinig brood gekry het. Maar Janssens merk nog by bowestaande aan: „De oogst van Tarwe is bij verre zo groot niet als deeze staat aanduid. Het meerdere gedeelte is voor de Hoofdplaats, bezetting en exportatie verloren, omdat het op plaatsen voortgebragt wordt, waarvan den vervoer onmogelijk is. Dit jaar (1805) moet de geheele Colonie op een matig rantsoen geplaatst worden, omdat er niet genoeg ter voeding gewonnen word."1) Dit het dan ook weddik in 1805 gebeur. Die Goewerneur meld aan die Asiatiese Raad, dat die ,,Rationen Brood", wat aan die ingesetene verstrek word nog in gewig verminder is. Hulle kon dit maar viermaal per week verkry. Op Woensdae, Vrydae en Sondae is daarby rys uitgegee teen vasgestelde pryse. Janssens hoop, dat daar geen verdere vermindering hoef plaas te gryp nie.8) Die troepe het wel elke dag brood ontvang, dog waar dit vroeër anderhalwe pond per dag was, word dit nou tot op die helfte teruggebring.3) Duidelik tipeer die Goewerneur die destydse toestand in verband met die graanbóu in die volgende: „In de Districten van deze uitgestrekte Volkplanting, van waar de Graanen de kosten van transport naar de Marktplaats kunnen dragen, word niet veel meer ingezameld als voor veele jaaren: — bij een zeer gunstig gewas is men wel eens met de hoeveelheid verlegen geweest; — bij een middelbaar had men het strikt !) Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 254. Kol. Aren. 4375. ») Janssens—As. Raad 10 April 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 295. Kol. Arch. 4375. ») Janssens—Secr. van Staat, Dept. van Oorlog G. J. Pijman, 13 April 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 329. Kol. Arch. 4375. 301 nodig Broodkoorn en bij mislukking schoot men te kort."1) Die Goewerneur staan dan ook erg skepties teenoor die moontlikheid van 'n ewentuele uitvoer — „dat de uitvoer van graan en een belangrijke tak van voordeeligen handel moge worden, is te wenschen maar niet ligt te verwagten." 2) Weens die ongestadigheid in produksie het die Regering al die verkry gbare koring na die hoof plaas laat opbring en in magasyne opgeslaan. Die graanbouers het tussen die 45 en 47 Rds per vrag van 10 mudde ontvang. Wel was daar jare, waarin die vrag maar 24 Rds opgebring het. Maar intussen het hulle bencdigdhede ook in dieselfde eweredigheid gestyg. Uit die grotere prys vir graan mag dus geen groot welvarendheid van die graanbouers afgelei word nie. Die boere moes hulle graan teen van owerheidsweë vasgestelde pryse lewer. Aan die ander kant is die maksimum pryse van hulle benodigdhede soos slawe, hout, yster, kledingstowwe en gereedskappe nie vasgestel nie en dit kon natuurlik drukkend word. Maar die Goewerneur het nie sy weg ope gesien om hier 'n matige prysstelling vas te lê nie, daar dit synsinsiens aan 'n verbod van die artiekels sou gelykstaan, omdat geen partikulier dit dan sou invoer nie. *) Wel wou die Regering die landbou aanmoedig, deur self die landboubenodigdhede, wat nie deur partikuliere sou ontbied word nie uit Nederland te bestel. Van Reede van Oudtshoorn bring reeds op 31 Maart 1803 verslag uit oor die onontbeerlikste goedere, wat vir die landbou nodig sou wees. En so word die volgende artiekels deur die Regering bestel: „300,000 lbs ijzer, naar model, 200 hoeden smeekolen in 3 modellen; 1000 stuks platpikken, 2000 graven met stelen, 2000 koornsikkels, 1000 koornschoppen volgens model, 50 scheepels Amsterdamsche beslaagen, 30 stuks koomharpen, niet al te digt van draat, 16 moolensteenen, *) Extract Kaapsche Courant 9 Maart 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802-1806, p. 362. Kol. Arch. 4375. ') Ibid *) Ibid. 302 50,000 grauwe moppen, 600,000 geele klinkers en 30 vaten cement." *) Hierdie lys gee enigsins 'n beeld van die goedere, wat destyds vir die landbou benodig was. Reeds is daar teen die end van die 18de eeu poginge aangewend om nuwe landboumetodes aan die Kaap in te voer. So het die kolonie in 1799 'n landbou-departement gekry en is 'n landboukundige William Duckitt met 'n aantal helpers in September, 1800 in die kolonie aangekom, waar hy die Goewermentseiendom Klapmuts tot 'n modelplaas moes inrig. Op 'n liberale wyse is hy deur die koloniale Regering van slawe, gereedskappe en ander benodigdhede voorsien. Die eksperiment het egter, op 'n totale mislukking uitgeloop, behalwe dat dit die Engelse ploeg aan die Kaap geïntroduseer het. In minder dan 'n jaar het die proefneming die Regering omtrent £8000 gekos.2) By die oorname van die Kaap in 1803 deur die Bataafse outoriteite, was Duckitt nog besig op Klapmuts en stuur hy 'n rekwes aan die nuwe Regering om 'n aantal smede, messelaars, houtsagers en landboubenodigdhede. Hy wys die Goewerneur op die feit, dat die nuwe model ploeg die vereiste trekkrag op die helfte verminder het. Hy erken egter, dat dit „tijd en volhardigheid" sal kos om die vooroordele van die boere uit die weg te ruim. Tot 'n spoediger verbetering van die kolonie beveel hy aan om 'n „landbouwlijke academie te etabléeren", daar hy verskeidene aansoeke van boere gehad het om hulle seuns in die landboubedryf op te lei. *) Hy het egter, geen verdere ondersteuning van die Bataafse outoriteite gekry nie. Wat hierdie welvaartsbronne betref het dit dus vir die verwesenliking vir die einddoel van Janssens n.1. die verbetering van die nadelige handelsbalans van die kolonie nie al te rooskleurig uitgesien nie. Die graan was gedurende die laaste 1) Br. en Byl., Gouvr. en Raad 1803—1804, p. 94. Kol. Arch. 4373. 2) Mc. Call Theal, Hlstory 1795—1872, Vol. I, p. 77 en 78. 8) Ink. St. 190 A. William Duckitt—Janssens. Not. de Mist, Dl. VI. Kol. Arch. 4362. 303 jare nie eers genoeg vir die binnelandse konsumpsie nie en moes met rys uit Indië aangevul word, wat die handelsbalans nog nadeliger gemaak het. Selfs was dié koring teen die end van 1805 so skaars, dat die Goewerneur die ingesetene gelas om al hulle rogge, na aftrek van 'n genoegsame hoeveelheid saad vir die volgende jaar, aan die Goewerment teen 4 Rds die mud te lewer — niemand mog rogge verkoop nie op 'n straf van 500 Rds.1) Dit wil egter nie sê, dat die kolonie nie vir 'n groter graanproduksie vatbaar was nie. Wel het die boere sommige jare teen 'n magtige vyand, die droogte, te kampe gehad — maar die moeilike transport het ongetwyféld n groot rol gespeel, terwyl die vasstelling van die pryse, waarteen die boere hulle graan aan die Regering moes lewer seker ook geen prikkel vir 'n groter produksie kon wees nie. Nogtans, die landbou moes, kragtens die nuwe status van die Kaap as landbouende kolonie aangemoedig word. Het die regeringsoutoriteite vóór hulle vertrek uit Nederland reeds die advies van dié daar vertoewende Kapenare ingewin,8) dieselfde sou gebeur na hulle aankoms aan die Kaap. 'n Man van wie advies op byna elke punt betreffende die destydse welvaartstoestand en 'n ewentuele verbetering daarvan, ingewin is, was die gewese Fiskaal W. S. van Ryneveld, wat weens sy pro-Britse gevoelens en die baie klagte, wat teen die end van die 18de eeu teen hom ingebring is, geen regeringsbetrekking onder die Bataafse regime gekry het nie. Desnieteenstaande het hy op versoek van die Regering uitgebreide rapporte uitgebring oor die landbou, veeteelt handel en finsansië van die kolonie.8) Teenoor die nadele van groot uitgebreidheid en dun bevolking, groot droë en minder vrugbare *) Publicatie van Janssens, 4 Dec. 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802— 1806, p. 614. Kol. Arch. 4375. 2) Mem. de Mist, p. 56. *) Beschouwing over de veeteelt, Landbouw, handel en Pinantie van de Kolonie de Kaap de Goede Hoop in 1805. (Het Nederduitsch Zuid-Afr. Tyds., Dl. VIII, 1831, p. 34 vg.; ook Dl. IX, 1832 en Dl. X, 1833). 304 streke, die afwesigheid van bevaarbare riviere ter vergemakliking van die transport uit die binneJande meen hy, staan in die eerste plek 'n sagte en. gesonde klimaat en sekere heel vrugbare en waterryke dele. Die kolonie sou meer dan sesmaal die hoeveelheid koring kan produseer as daar maar genoegsaam arbeidskrag verkrygbaar was en die landboubenodigdhede teen billike pryse. Onder die Engelse tussenregering is daar aan die Kaap, volgens Van Ryneveld, groot ontwrigting plaasgevind, wat 'n besondere nadelige invloed op die landbou gehad het. Deur die groot vertier van die Britse garnisoen aan die Kaap is die pryse van alles geweldig gestyg. Die boere egter, moes hulle koring teen vasgestelde pryse lewer. Alle vrye arbeid kon in Kaapstad self aangewend word. Slawe was duur (600 Rds) en dié wat ingevoer word is meestal deur Kaapstadters gekoop. Ook deur die verwoestinge in die oostelike distrikte, waar die meeste vee geteel word, kon die graanbouers nie genoegsame trekveë, selfs teen duur pryse (25 Rds per os) magtig word nie. Vir die aanmoediging van 'die landbou, was dit dus absoluut noodsaaklik, dat daar in arbeidskrag voorsiening gemaak word en wel deur die aanmoediging van die veeteelt (deur rus en orde in die oostelike distrikte), die invoer van Spaanse esels en 'n matige jaarlikse aantal slawe. Die afskaffing van die slawerny sou die landbou ten gronde laat gaan. Selfs die buitengewoon hoë belasting deur die Bataafse outoriteite op die invoer van slawe gelê moes opgehef word, want dit was geen prohibiesie nie en tog het dit indirek swaar op die landbou gedruk. Bowedien beveel hy 'n premie vir die invoer van slawe aan, maar hulle moes deur die ingesetene self aangebring word, om die voordele aan daardie handel verbonde aan die kolonie te behou. Dit is dieselfde gedagte, wat Janssens in verband met sy slawepolitiek toegedaan was. In die kort kom die aanbevelinge van van Ryneveld op die volgende neer: Invoer van slawe, alle moontlike sorg vir die rus en orde in die binnelande en daardeur die gemakliker verskaffing van trekvee vir die landbou; die invoer en voort- 305 teling van esels; die aanmoediging van die boer tot groter sorg vir voer, beskutting en stalling vir sy trekvee en daarom ook meerdere aanplanting van hout en dan as 'n temporêre maatreël die goedkopere verkryging van die noodsaaklikste landjoubenodigdhede.1) Om die transportmoeilikheid vir die graanbouers te verminder en hulle daardeur tot 'n groter produksie te prikkel, beveel van Ryneveld aan om graanmagasyne op verskillende punte in die graanbouende sentra self aan te lê en wel een op Tulbagh en een aan die Saldanhabaai.2) Soos reeds in die voorgaande bladsye gemeld, het die Regering sy aandag aan al hierdie punte gegee, hoewel veral in verband met die invoer van slawe die Regering van Ryneveld sou teleurgestel het. Maar wat al die ander aanbevelinge betref, het die outoriteite hulle beste kragte aangewend. Selfs die invoer van esels is aangemoedig en bevorder. Maar nieteenstaande bogenoemde poginge om die landbou te verbeter, het die Regering erken, dat ,,na nauwkeurig onderzoek bevonden (is) dat de locale gesteldheid van dit land, de moeilijkheden van transport der producten, en andere omstandigheden meer, wezentlijke hinderpaalen zijn om vooralsnog aan den tak van Landbouw in de kolonie die verbetering toe te brengen, waarvoor dezelve anderzints wel even als in de meest begunstigste Landen van Europa en vooral op het voetspoor van ons in dit opzigt zo gezegend Vaderland, alhier ook zoude kunnen vatbaar zijn." Die outoriteite erken met leedwese, dat solang die ingesetene hulle nog nie op die voortbrenging van produkte geskik vir uitvoer toegelê het nie, landbou en alle andere kanale nie op 'n wesenlike verbetering, waarop 'n duursame bestaan van die kolonie kan gevestig word kan hoop nie. Tot nog toe het die bestaan van die kolonie van erg onsekere omstandighede af gehang nl. van die vertering van die garnisoen en aan- ») Zuid-Afr. Tyds., Dl. VIII 1831, p. 287 vgg. !) Ibid, p. 297. 20 306 komende skepe.1) Dit moes in die toekoms verander. Die Regering het dan een ligpunt in hierdie opsig gesien en dit het op die gebied van die veeteelt gelê. Afgesien dus van die poginge reeds aangewend ter bevordering van die veeteelt ten dienste van die landbou sou die veeteelt as sulks nou in 'n besondere mate die belangstelling van die bwerheid geniet. d. VEETEELT. Teen die end van die l&de eeu was daar aan die Kaap 'n algemene strewe onder die ingesetene merkbaar om die veeteelt te verbeter — in die sin, dat daar gelet is op die vergroting en versterking van die struktuur van die grootvee om beter te kan beantwoord aan die vereiste as slag- en lasdier» So is by die heeste nie so seer gekt op die verbetering van die melkhoeveelheid nie as op die werkkrag en die hoeveelheid vlees, wat so'n dier kon oplewer. 'n Mooi perd en 'n span mooi en sterk osse was die ideaal van elke boer. Op die gebied van die veeteelt was dit weer van Ryneveld, wat die outoriteite met advies bygestaan het en die rapport*) en aanbevelinge, wat hy die Regering aangebied het, werp 'n helder lig op hierdie bestaansbron en die ontwikkebngsmoontlikheid daarvan. Ook was hy oortuig van die feit, dat die toekomstige welvaart van die koknde nie gesoek moet word in die twee bestaande hoofprodukte van die kolonie nl. graan en wyn nie 1) Proclamatie van Gouvr., 9 Mei 1804, bylae by Uitg. St. 199 en ook by Ink. St 333. Not. de Mist Dl- X. Kol. Arch. 4366. 2) Aanmerkingen over de Verbetering van het Vee aan de Kaap de Goede Hoop, inzonderheid over de Conversie der Kaapsche in Spaansche of wolgevende Schapen, door W. S. van Ryneveld, Oud Fiscaal dezer Volkplanting. Gedrukt door A. Richert Boekdrukker van het Gouvernement aan de Kaap de Goede Hoop 1804." 'n Eksemplaar hiervan te vind in Br. en Byl. Gouvr. en Raad 1804-1805, p. 324. Kol. Arch. 4374. 307 maar dat daar na ander middele moes omgesien word en dié sou enkel bestaan „in de verandering van ons Vee, in de verbetering zo wel van ons Rundvee, als hoofdzakelijk in de verandering van onze schapen."1) Daarom verdien die vee dan ook die grootste oplettendheid. Hy wys op die groot voordele geleë in die verbastering van die Afrikaner met die Vaderlandse of Fries beeste en veral om die onbegryplike geringe hoeveelheid melk, wat die Kaapse koeie gelewer het — en melk, boter en kaas is belangrike produkte van die kolonie, vir die binnelandse konsumpsie, maar die laaste twee is ook geskikte artiekele vir uitvoer na Indië en vir die konsumpsie van skepe. Goewerneur van Plettenberg het die eerste paar Fries heeste aan die Kaap ingevoer. Daarna is nog verskillende vaderlandse koeie na die Kaap gestuur en is die verbastering veral in die Kaapse distrik, maar geleidelik ook in Stellenbosch en Swellendam, met sukses in die hand geneem. Die ingesetene begin dan ook al die voordele van verbastering in te sien. Koeie van die eerste graad van verbastering gee 5 è 6 maal meer melk as die suiwer Kaapse. Van Ryneveld meen, dat behalwe melk en boter die baster beeste nog ander voordele bied: Hulle is veel .makker, hulle kan veel meer gebrek uitstaan, omdat hulle verskillende „soorten van gewassen of heesters nuttigen waarvan het Kaapsch vee afkeerig is."s) Ook sou die baster trekosse op die duur te preferere wees. Van Ryneveld doen dan enige aanbevelinge em die verbetering van die beeste in die hand te werk — dit sal in verband met sy advies ten opsigte van die konversie van die skape behandel word. Hoe het dit met laasgenoemde in die kolonie gestaan en wat was die verwagtinge van die outoriteite daarvan? Reeds onder van Riebeek is aan die Kaap enige woldraende skape uit Nederland ingevoer. In 1689 en 1724 was dit weer die geval, maar die poginge het op mislukkinge uitgeloop. 1) Aanmerkingen, p. 12. J) Ibid., p. 42 vg. 308 In 1789 het Kolonel Gordon enige Spaanse skape uit Nederland ter proefneming ontvang.1) Hiermee is op die Goewermentsplaas Groenekloof 'n aanvang gemaak met die verbastering van die Kaapse skape. Van hierdie gekruiste skape het die destyds vooruitstrewende gebroeders van Reenen 'n aantal bemagtig, waarmee hulle verder geboer het en waarvan hulle ook weer aan ander ingesetene afgestaan het. Toe die Bataafse outoriteite aan die Kaap kom, was daar dus wel wat belangstelling vir die verandering van die Kaapse harige skape in woldraende. Janssens deel aan van Hogendorp mee: „De proeven met Spaansche schapen bewijzen, dat de wol hier gewonnen van een superieure qualiteit is en dus het beste artikel van uitvoer worden kan." a) Reeds in sy eerste openbare aanspraak by die installasie van die Goewerneur deel de Mist die ingesetene mee, dat daar middele ter bevordering van die welvaart van cbe kolonie sou aangewend word en dat hy onder daardie middele tel „het afleggen van oude vooroirdeelen nopens den Akkerbouw en Veeteelt en het proefneemen van zodanige middelen van verbeetering als gegrond op herhaalde en langduurige ondervinding den landman met vertrouwen kunnen worden aangepreezen, vooral in het vermenigvuldiging van het Spaansche ras van schapen en in de verfijning van de wol, *) waarvan de uitvoer binnen weinige jaaren eenen zeer aanzienlijke tak van handel zal kunnen opleeveren." *) Ook Janssens meld aan die Staatsbewind in sy beskouing oor die moontlikhede, wat die kolonie bied, dat daar aanmerklike verbeteringe moontlik is en in die eerste plek „het converteeren van alle de hairige Afrikaansche schapen in *) Volgens von Bouchenröder (Beknopt berigt nopens de Volkplanting de Kaap de Goede Hoop 1806, p. 23) is hierdie skape aan Gordon gestuur deur die „Hollandsche Maatschappij tot Nut van 't Algemeen." ') Janssens—G. K. van Hogendorp, 19 Jan. 1804. Br. en Bijl. Gouvr. en Raad 1803-1804, p. 267. Kol. Arch. 4373. s) Kursi vering is van my. *) Uitg. St. 63, 1 Maart 1803. Not. de Mist, Dl. V. Kol. Arch. 436k 309 goede Spaansche woldragende." 1) Met die oog hierop is die advies van die ou-Fiskaal ingewin en die grootste gedeelte van sy aanmerkinge gaan dan ook oor die wolkuituur aan die Kaap. Soos reeds aangemerk is ook hy oortuig vaft die noodsaaklikheid van introduksie van woldraende skape en ook van die noodsaaklikheid „dat het Gouvernement hierin onverwijld krachtdaadige maatregelen neeme." s) Hy wys op die groot voordele wat die woldraende skape bied en meen, dat geen moeite, geen koste of opofferinge mag ontsien word om hierdie verandering met die meeste spoed aan te bring nie. Om sy opvatting* te staaf, het hy by die van Reenens om informasie gegaan. Hulle het in 1792 met die verbastering begin uit skape, wat hulle van Gordon gekry het. In 1795 het die broers elk op eie verantwoordelikheid gaan boer en het J. G. van Reenen vir sy aandeel 150 baster Spaanse ooie en twee ramme gekry, terwyl hy in 1804 2700 ekstra goeie wolgewende skape besit. Daarby het elke ram of hamel en elke ooi jaarliks 3 en 2 pond wol respektiewelik gelewer, wat hy aan die Kaap teen 4 skellinge (ƒ 1 Hollands of 2 shillings) die pond verkoop het. Van hierdie wol is in Europa as n proefneming stukke laken vervaardig en teruggestuur om aan te toon „welke uitneemende stof de Kaapsche wol kon uitleveren."*) Ook die ander broer van Reenen en die Landdros Faure van Swellendam het 'n eweredige sukses gehad. Laasgenoemde gee die versekering dat elke skaap jaarliks gemiddeld 3 pond wol lewer en dat hy in Kaapstad 'n gretige mark vit die wol vind. Van Ryneveld meen, dat daar ook nog ander kwaliteite is, *) Memorie B: „de tegenzijde der medaille of de onaangenaame en moeijlljke situatie daar men zig in bevind met eenige der oorzaaken daar van." Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 155 vo. Kol. Arch. -4335. Op 21 Dec. 1804 stuur Janssens 6 memories aan die Staatsbewind. Ink. St. 396, Byl. A Not de Mist, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. *) Aanmerkingen, p. 12. 8) Aanmerkingen, p. 15. 3iO wat die baster Spaanse bo die Kaapse skape verkieslik maak. Eersgenoemde „zijn wel kleinder van staart en hebben, dus minder staartvet, doch hebben veel meer (zogenaamd) binnenvet en zijn ook veel zwaarder in gewigt." Daarby. meen hy, dat die baster Spaanse skape veel minder onderhewig is aan siektes. Behalwe brandsiekte weet hulle niks van skurfte en luise en veral van die geilsiekte (waaraan jaarliks 20 % van die skape omkom) nie. Sonder twyfel gaan van Ryneveld te vér in die aanpryse van bogenoemde voordele — en was hy seker ook in meer dan een opsig onjuis. Daarom het von Bouchenröder ook so geweldig teen hom en veral teen sy „Aanmerkingen" te velde getrek.1) Daarby moet in die oog gehou word, dat feitlik al die gegewens, waarop die „Aanmerkingen" gebaseer is, afkomstig was van die enigste paar wolboere en dat dit in laasgenoemde se eie belang was om hulle proefneminge so geslaagd moontlik voor te stel, daar al die ander koloniste by ewentuele gedwonge verandering van skape, by hulle sou moet kom aanklop vir woldraende skape om mee te begin.2) In elk geval die kolonie het destyds volgens van Ryneveld 1 % miljoen skape gehad *) en hy meen, dat die volksplanting jaarliks ten minste 4 miljoen pond wol vir die uitvoer kon lewer, waardeur daar 'n hele omwenteling in alle takke van landbou en handel sou kan plaasvind. Om hierdie heilsame invloed aan die kolonie te besorg, moet die Regering strenge maatreëls neem. „De sterke stand zal alleen in staat zijn deeze gunstige verandering daar te stellen en de Ingezetenen zullen, over het algemeen genomen, tegen wil en dank moeten worden gedwongen, deze weldaad in hunnen schoot te ontfangen." *) Die geringe navolging, wat die eerste ondernemers J) Beknopt berigt nopens de Kaap de Goede Hoop, p. 75 tot p. 126. *) Aanmerkingen, p. 69. *) Ibid. p. 19. (Volgens die opgaaflyste van 1804 was daar 1130585 skape en bokke. Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 254. Kol. Arch. 4375.) 4) Aanmerkingen, p. 22. 311 op hierdie gebied gehad het strek tot bewys van die vooroordeel, wat by die meeste koloniste heers in verband met die verandering van hulle skape. Daarom moes die Owerheid hierdie saak nie meer aan partikuliere inisiatief oorlaat nie. Wel kon daar aanmoediging wees in die vorm van premieë en vrystelling van uitvoerregte op wol — maar die aktiewe maatreëls van die Regering moes bestaan in die instelling van 'n „Commissie ter conversie van de Kaapsche in bastaard Spaansche, of wol-geevende schapen." *) Die kommissie sou bestaan uit 'n president, vise-president en 12 lede. Die doel van .hierdie kommissie sou in die eerste plek wees die versameling van goedgekeurde tamme en daarvoor moes hy oor 'n fonds van 50,000 Rds beskik om dadelik self te begin met die voortteling van woldraende skape. Die aanwesige baster Spaanse skape in die kolonie sou as uitgangspunt geneem word. Derhalwe moes niemand, wat reeds Spaanse skape in die een of ander graad van verbastering besit oor 'n enkele ram disponeer nie sonder die konsent van die kommissie. Ook mag niemand met die verandering, sonder toestemming van die kommissie, 'n aanvang maak en geen ram ontvang of koop nie voordat so'n dier deur die kommissie goedgekeur is. Sodra die kommissie skape tot sy beskikking het sou die boere van die Roggeveld die eerste gehelp word, onder voorwaarde, dat die kommissie die reg sou hê om, nadat die verbastering 'n seker graad bereik het, oor 5 % van die verbasterde vee te beskik gedurende 'n sekere tyd om die ander distrikte ook te kan help.3) Van J. G. van Reenen kry die kommissie 400 stuks goeie ramme van die vyfde graad van verbastering.3) Van Ryneveld meen, dat die kommissie die lopende uitgawes uit eie geproduseerde wol sou kan goed- *) Ibid. p. 29. 2) Aanmerkingen, p. 33. (Bogenoemde punte is vastgelé in die Konsepinstruksie vir die Kommissie, bestaande uit 56 artiekels opgestel deur Van Ryneveld : Aanmerkingen, p. 54 vg. ») Ibid. p. 37. 312 maak. Vir die aankoop van vee en geskikte gronde gee hy twee middele aan die hand — die benodigde som in papiergeld te kreëer en na die „operatie" weer te vernietig of om die som in vier dele te splits, vir die rekening van die Goewerment, die weeskamer (waarby gevoeg kon word 3941 Rds van die vroeëre sosiëteit ter verbetering van Landbou, Kunste en Wetenskappe) die Raad der Gemeente en die laaste kwart deur middel van inskrywing. *) Dieselfde aanbevelinge, wat van Ryneveld ten opsigte van die skape gedoen het sou ook geld met betrekking tot dde rondere. Hier ook sou bogenoemde kommissie alles reël — eni met meer hoop om te slaag, omdat in hierdie verband minder vooroordeel te bespeur is, dan in verband met die skapeteelt. a) Hierdie rapport van van Ryneveld is op 26 Maart, 1804 aan Goewerneur en Raad ingehandig en dadelik aan die Kommissaris-Generaal deufgestuur. *) De Mist sê in verband met hierdie „weldoordagte Plan" van van Ryneveld: „Indien ik reeds voor mijne komst in Zuid-Afrka overtuigd geweest ben van het groote nut, dat in deze verbetering van het ras der schapen gelegen is, heeft deze overtuiging geduurende mijne landreize een graad van zekerheid gekregen, die boven alle tegenspraak is." *) Hierdeur moes die nadelige handelsbalans Van die kolonie beïnvloed word. Hy beveel aan, dat die Regering geskikte keurmeesters sal aanstel om die wol vir uitvoer te eksamineer en sorteer in „gemeene, middelbaare en beste soort", om daardeur die reputasie van hierdie uitvoerartiekel te bewaar. Hy keur die plan van Van Ryneveld goed om deur sagte en ongevoelig werkende dwangmiddele dde saak te bevorder en staan toe, dat van Regeringsweë 25000 i) Ibid. p. 38. *) Ibid. p. 45—48. ») Extract Resolutie Gouvr. en Raad, 16 April 1804, Br. en Byl. Gouvr. en Raad 1804-1805, p. 377. Kol. Arch. 4374. *) De Mist-Gouvr. en Raad 14 April 1804, Br. en Byl. Gouvr. en Raad 1804—1805, p. 377. Kol. Arch. 4374. 313 Rds gekreëer en tot die disposiesie van die kommissie gestel word. Die res van die benodigde fondse kon volgens die aanwysinge van die outeur van „Aanmerkingen" verkry word. Bowedien beveel die Kommissaris-Generaal nog aan, dat ter bevordering van die konversie na 10 of 12 jaar die dubbele opgaafgeld betaal sou word deur diegene, wat nog nie hulle skape in woldraende verander het nie. 'Hierop besluit die Goewerneur en Raad dan ook om die plan van Van Ryneveld „zoals het zelve legt" en „en gros te adopteeren".1) Aan die hand van hierdie rapport het die Goewerneur en Raad 'n proklamasie 3) die hg laat sien, waarin gewys word op die onsekere middele van bestaan van die koloniste, (afhanklik van die wisselvallige vraag van die garnisoen en aankomende skepe) en die poginge van Regeringsweë om hulle 'n sekerder bestaan in die toekoms te besorg. Die natuur wys die middele met die vinger aan as die ingesetene maar wil meewerk. „Zo wel het climaat van dit Land, als deeze en geene kleine proeven, welke sedert eenige jaaren alhier reeds zijn genomen bewijzen onwederspreekhjk, dat niets meer geschikt kan zijn om dit heilzaam oogmerk te bereiken, dan de verbetering van het vee in deeze kolonie en hoofdzakelijk de verandering onzer schapen in zogenaamde Spaansche of wol-geevende schapen." *) Die aandag word gevestig op die monsters van laken gefabriseer uit Kaapse wol, op die vooroordeel van die ingesetene teen veranderinge, waardeur die Regering tot die oortuiging gekom het dat in hierdie gewigtige saak volgens 'n vaste sisteem reëlmatig te werk gegaan moet word en gaan die Goewerneur en Raad oor tot die benoeming van 'n kom- *) Extract Resolutie Gouvr. en Raad, Maandag 16 April 1804. Br. en Byl. Gouvr. en Raad 1804—1805, p. 377. Kol. Arch. 4374. ») 9 Mei 1804, gepubliseer 17 Mei 1804, Bylae by Ink. St. 333 en by Uitg. St. 199. Not. de Mist, Dl. X. Kol. Arch. 4366; ook Aanmerkingen, pag. 89. *) Ibid. 314 missie ter verbetering van veeteelt en landbou, waarvan van Ryneveld president geword het. Die instruksie van die kommissie was dieselfde as die konsep van Van Ryneveld, met die uitsondering, dat hierin vasgelê word, die verskillende strawwe vir ongehoorsaamheid aan die kommissie. So word daar b.v. 'n boete van 1000 Rds en konJiskasie van al die skape gelê op die sny of ombreng van 'n Spaanse ram. Diegene wat gebruik maak van nie-goedgekeurde skape verbeur die tamme, al die lammers daarvan geteel plus een derde van al sy skape. By 'n twede oortreding word sy veeplaas ingetrek en hom verbied om verder vee in die kolonie aan te hou.1) Genoeg om te laat sien, dat dit die Regering erns was. Op 2 Junie, 1804 was die kommissie gekonstitueer en het hy hom aan die Kommissaris-Generaal en aan die Goewerneur voorgestel.2) Die doel van die Regering en sy helpers in verband met die verbetering van die vee kan nie anders dan toegejuig word nie. Of die metode, wat hulle aangewend het die doeltreffendste was is minder seker. Daar was nie een van die maatreëls van die Bataafse tussenregering aan die Kaap, wat so'n groot element van dwang in gehou het as hierdie nie — te meer, daar dit 'n ingryping op die gebied van die partikuliere bedryf was, en veral in die werksaamhede van dié koloniste, wat die verste van die regeringsetei verwyder was en as sulks 'n onafhankliker lewenswyse aangekweek het. Dit was dan ook te voorsien, dat die kommissie groot moeilikhede op sy weg sou !) Die Kommissie het bestaan uit: Pres.: W. S. van Ryneveld; visepres.: Christoffel Brand; lede: P. J. Truter Snr.; J. J. Vos (Pres. van Raad der Gemeente); J. G. van Reenen; J. Zom; Dirk G. van Reenen; R. Cloete; Servaes van Breda; J. P. Eksteen; sekr.: P. J. Truter (Lid van Raad der Gemeente). (Procl. Janssens, 9 Mei 1804; Aanmerkingen, p. 95) en Willem Jan Klerk, Leopold Huizer, J. A. Munnik en Frederik van Reenen: Aanmerkingen, p. 104.) a) Aanmerkingen, p. 104. 315 ontmoet, wat inderdaad die geval was. Groot (skynbare of werklike) vooroordele moes oorkom word.1) In elk geval die verslag van die reis van 'n gedeelte van die kommissie in September 1805, gee 'n duidebke beeld van die soort moeilikhede, wat ondervind is.9) Die meeste koloniste het nie aan die verandering geglo nie en was htüwerig om tot die konversie oor te gaan, omdat die woldraende skaap nie so'n groot en vet stert het nie, omdat hulle nie geweet het hoe om die skape te skeer nie en ook weens die moeilike transport. Oral het die kommissie probeer oorreed en oortuig en ook gedreig waar nodig. So het hy in al die dele, veral die noordelike gedeelte van die kolonie (behalwe die uiterste grensgebied) die boere laat aanvraag doen vir baster Spaanse ramme. Maar reeds twee dae vóór die vertrek van die KommissarisGeneraal van die Kaap stuur die Goewerneur en Raad hom die eerste verslag van die kommissie, oor al sy werksaamhede gedurende die eerste ses maande. Die Regering is vol hoop, „dat de aanmoediging van het Gouvernement tot verbeetering van het ras der schapen eene allergewenschte uitwerking heeft en dat men zich gerust met de vooruitzicht kan verblijden. *) Die „Aanmerkingen" van Van Ryneveld is opgestuur aan Prof. H. W. Tydeman en is bespreek in die „Schouwburg Van In» en Uitlandsche Letter- en Huishoudkunde" (1805 I No. III. p. 52 ; No. IV 29—31 ; 1806 II, No. I, p. 10—14; No. IV p. 212—216; en 1807 IV, p. 284—289), waar veral gewys word op die verkeerde beginsels, waarop die hele werkie van Van Ryneveld berus het. Dit betref hoofsaaklik die dwangmiddele, waardeur die koloniste geforseer sou word om die verandering in verband met hulle skape aan te bring. Hierdie dwangmiddele stry teen die destydse aangenome beginsels van Koloniale bestuur, veral wat onbelemmerde handel betref. Die motief vir hierdie dwangmiddele sou gevind word in die vooroordeel van die koloniste, terwyl dit in werklikheid was die behou van Kaapstad as die enigste markplaas van die Kolonie en sluiting van alle andere baaie, waardeur die kolonis verplig was om sy produkte, hoe moeilik die transport ook was, na die Kaapstad te bring. 2) Notul of Dagverhaal der Reis en Verrichtingen van President en Gecommitteerde Leden uit de Commissie van Veeteelt en Landbouw in de beide Roggevelden. Hantam etc. Mc Call Theal, Bel. Hist. Doe III, p. 324-435. 316 dat dit zonder onvoorziene toevallen in weinige jaren aan de Colonie eene consistentie zal bijzetten, welke den thans precairen voorspoed van hare Bewooners in een wezentlijken welvaart zal doen veranderen." *) Tewens word die KommissarisGeneraal versoek om by sy aankoms in Nederland te ywer vir hierdie poginge van die Regering em enige opregte beeste, goeie wolgewende skape en esels na die Kaap te laat stuur. Ook die rapport *) van die kommissie, wat ook mededelinge bevat oor die reis onder die boere in September 1804, getuig van optimisme. Daar was heel veel moeilikhede maar „thans beginnen de zwarigheden te verminderen — vooroordeel en misvatting schijnen bij veelen vervangen' te worden door rede en opmerking en de Commissie heeft het genoegen, den bijval vam veelen in haare oogmerken te zien toeneemen." In die afgelope ses maande (tot die end van 1804) kon die kommissie nie almal, wat om wolgewende ramme aansoek gedoen het bevredig nie. Tot sover was hulk hoofsaaklik besig, met die inbesitname en organisasie van die plase, wat van regeringsweë tot hulle beskikking gestel was, met die versamei van 'n veestapel van die beste vaderlandse beeste, so opregte Spaanse en 'n aantal ander skape, wat die hoogste graad van verbastering bereik het. Laasgenoemde is op «Be reis teen die end van 1804 by die beste veeboere ingekoop. Ook is by die korresponderende lede in die Roggeveld 'n kkin aantal skape onder goeie sorg vir voortteling gelaat ter aanmoediging van die Roggeveldse boere. Aan 13 ingesetene is deurmekaar 50 ramme uitgedeel. J. A. van Reenen het aan die kommissie 74 ramme bo die sesde graad van verbastering aangebied teen 20 Rds die stuk, mits die kommissie tewens 200 ooie teen 40 Rds elk sou neem. Die kommissie het dit te duur gevind. Inderdaad was dit ook nie goedkoop nie, daar die prys van een ooi feitlik ooreengekom het met dié van 'n vrag koring van 10 mudde. Ink. St 412. Gouvr. en Raad-de Mist, 23 Febr. 1805. Not. de Mist, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. *) Ibid. Bylage A. 317 Daarby stuur die kommissie 'n portefeuljie wolsoorte met beskrywing van kwaliteit, graad van verbastering en aan wie dit behoort. Die wol is opsetlik nie gewas nie omdat deskundiges meen, dat wol sonder vettigheid aan mot onderhewig is. Ook was daar bygevoeg 'n hamelvel van die sesde graad .van verbastering. Verder het die kommissie die 450 ooie onder sy sorg laat skeer en ruim 1400 pond wol verkry, wat teen 4 skellinge die pond in Kaapstad verkoop is. Ongelukkig kon die kommissie die skape, voor hulle geskeer is nie die vereiste behandeling laat ondergaan nie n.1. hulle eers verskillende kere te laat was en daarna in „de daartoe expres ingerichte zweethokken te plaatsen." Beide Regering en kommissie was dus vol hoop vir 'n ewentuele sukses. Ook die berigte aan die Nederlandse Regering gestuur getuig hiervan. „Wij hebben alle reeden om ons te vleijen met een gelukkigen uitslag deezer onderneeming en bespeuren 'er dagelijks vorderingen in", skrywe die Goewerneur en Raad 8 maande later aan die Asiatiese Raad.1) En Janssens deel aan dieselfde Hggaam mee: „Het verbeeteren der wol beloofd te zullen slagen ... het toezenden van zuivere Rammen en Oyen van het veritable beste Spaansche ras zal een groote weldaad zijn..." 2) Die vooroordele, wat in die begin' teen die verandering bestaan het skyn langsamerhand te verdwyn en die Regering is oortuig van die feit, dat die subsidies vir hierdie poginge aangewend in 'n ruim mate vergoed Sal word. Omdat die middelsoort „hier reeds vrij aanmerklijk is toegenomen" versoek die Regering, dat die skape wat uitgestuur word tot die „uitgeleezendste" soorte moet behoort.*) Bowedien is die Regering oortuig van die feit, dat buite- *) Gouw. en Raad—As. Raad, 30 Oct. 1805. Gouvr. en Raad, Br. en Byl. 1804—1805. Kol. Arch. 4374, p. 274. *) Janssens—As. Raad, 31 Oct. 1805. Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 545. Kol. Arch. 4375. ») Gouvr. en Raad—As. Raad, 30 Oct 1805. Gouvr. en Raad, Br. en Byl. 1804—1805, p. 274. Kol. Arch. 4374. 318 landse handelare „de schone schape-wol", wat reeds geproduseer word, sodra in groter hoeveelhede gelewer, sal laat afhaal, net soos skepe nou na Batawië gestuur word om waardevolle produkte na Europa te bring.1) Selfs het 'n paar Duitsers die voorneme gehad om van die gemene wol klere vir buiteliede. Hottentotte en slawe te fabriseer. Volgens Janssens kan dit wel gedurende die oorlogstoestand gebeur maar nie in vredestyd nie daar die arbeid te duur was.2) Ook die leerlooiery is veel verbeter. Reeds was daar gelukkige proefneminge in verband met leerhoede en skoene gemaak. „Deze beide articulen behoeven althans zolang de oorlog duurt niet naa herwaards te worden gezonden, omdat wij het eerste met uitzondering van de onder-officiershoeden zeer goed kunnen' suppleerem door Iedere casketten, welke meer kosten als hoeden, doch in proportie veel beter bestand zijn tegen het climaat, en langer duuren — en wat de schoenen aangaat, deze worden hier zo goed als in Europa gemaakt en zijn niet duurder." Selfs verwag die Goewerneur, dat die grotere vraag die leer, wat in die vervolg geproduseer word, sal verbeter. Ook sou in die toekoms nie meer slopkouse uit Europa nodig wees nie, daar die Kaapse leer „het zwart Imperiaal" wat hiervoor gebruik is gemaklik vervang het.8) Seker was die werksaamhede van die Bataafse outoriteite met betrekking tot die veeteelt nie sonder vrug nie en was die hoop op beter dae vir die kolonie nie sonder grond nie. Maar een faktor is onderskat en wel, dat die koloniste nieteenstaande dwangmaatreëls, die hele saak tog bly beheers het en deur stilswyende teenwerking heel veel kon gedoen het i) Extracten „Kaapsche Courant", 2 Maart 1805. Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 361. Kol. Arch. 4375. ») Janssens-As. Raad, 12 Dec. 1805. Janssens, Br. en Byl. 1802-1806, p. 559 vo. Kol. Arch. 4375. ») Gouvr. en Raad-As. Raad, 30 Oct 1805. Br. en Byl. 1804-1805, p. 379, Kol. Arch. 4374, en Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 560. Kol. Archief 4375. 319 aan die skaal van nusluJddng of sukses. Hoe die wolkuituur hom sou ontwikkel het as die Bataafse Regering langer aan die Kaap gebly het is nie vas te stel nie. Wel staan vas, dat onder die Britse bestuur die hele poging om deur dwangmiddele al die skape in woldraende te verander op 'n mislukking uitgeloop het.1) En tog was dit skerp gesien van de Mist en Janssens, al was hulle metode minder doeltreffend. Die toekoms het hulle verwagtinge in hierdie verband nie teleurgestel nie, daar Suid-Afrika na 'n eeu een van die grootste wolprodüserende lande van die wereld sou word nadat dit selfs Australië van sy eerste merienoskape voorsien het. M Mc Call Theal, History 1/95—1872, Vol. t p. 172. HOOFSTLLK XVI. HANDEL AAN DIE KAAP EN DIE HANDELSPOLITIEK VAN DE MIST. Aan die grond van die poginge van die outoriteite om die welvaartsbronne aan die Kaap te ontwikkel bet naas die gunstige bervloeding van die handelsbalans veral twee motiewe gelê nul. om die ingesetene 'n so goed moontlike bestaan te verseker en om Nederland in die toekoms te hulp te kom met betiekking tot sy groot finansiële laste ten opsigte van die Kaap. Hoe welvarender die koloniste word hoe meer inkomste die Kaapse Regering ook mag verwag ter bestryding van alle Goewermentsuitgawes. Hierdie strewe kom ook bevorder word deur die aanmoediging van die handel, wat met die voortbrengsels en benodigdhede van die kolonie in so'n nou verband gestaan het. Die gedagte het posgevat, dat die voortbrenging gestitmuleer kon word deur 'n meer liberale behandeling van die koloniste op handelsgebied. Wel het die Kaap geen groot oorskot van produkte vir die uitvoer gebied nie — maar vir die binnelandse konsumpsde het dit tog 'n groot verskeidenheid gelewer. Veral was dit produkte uit die landbou en veeteelt afkomstig en hierin' kon 'n taamkke ruil plaasvind, ook kragtens die gebiedsverdeling, waarin die produkte vernaamlik voortgebring is. Behalwe die feit, dat elke kolonis van die platteland sover moontlik self gesorg het vir die bevrediging van die eerste noodsaaklike behoeftes, was Graaf-Reinet grotendeels 'n veedistrik, so ook die noordelike deel van Stellenbosch en gedeeltelik ook Swellendam. Die Kaapse distrik het veral wyn en graan voortgebring en so ook Stellenbosch en Swellendam. Hoewel die meeste boere dus self in hulle behoeftes as brood, vlees, boter, 321 groente en vrugte voorsien het, was 'daar tog dikwels 'n oorskot, wat sy weg na Kaapstad, die enigste markplek van die kolonie, gevind het. Hierdie oorskotproduktie het veral voorsien in die behoeftes van 'n drieledige konsument — die ingesetene van Kaapstad, waaronder die siviele amptenare van' die Regering en dan die garnisoen en dde aankomende skepe. As teenprestasie het die boere gewoonlik meegeneem landboubenodigdhede, kledingstowwe (in soverre hulle daar self nie deur leer dn voorsien het nie, want vér van Kaapstad het die koloniste, mans altans, dikwels velklere gedra) en veral tee, wat heel veel in die kolonie gebruik is. Hierdie ruilhandel het dan veral in Kaapstad plaasgevind. Soos reeds aangemerk het die Kaap geen aansienldke oorskot in sy hoofprodukte gebied nie. Veral sou dit moes wees graan, wyn en vlees. Laasgenoemde artiekel was in oorvloed aanwesig en kpn voldoende voorsien in die binnelandse behoeftes en veral in die eise van skeepsverversinge maar was geen einthke uitvoerartiekel nie. Reeds is gewys op die feit, dat daar onder die Bataafse regime altyd 'n tekort aan korig was, vernaamlik deur die slegte oeste ten gevolge van droogte en ruspes. So skrywe die Goewerneur aan dde Asiatiese Raad, dat die oes van 1805 minder onvoordelig was as dié van 1804 „maar millioenen van rupsen hebben aan dezelve schade toegebragt..." *) Daarom was dit ook altyd 'n saak van owerheidsbemoeiing. Die graankommissie moes ieder jaar dde verwagte oes nagaan en as dit blyk, dat daar 'n ewentuele tekort gaan wees, dan het die Regering ingegryp en die rantsoene vir die ingesetene en die garnisoen bepaal. Dit kon gemaklik gebeur, daar al die koring (eie konsumpsie en saadkoring van die boere uitgesonderd) eers teen 45 en later 47 Rds die vrag van 10 mudde deur die koloniste in die graanmagasyne moes gelewer word. Hieruit 1) Janssens—As. Raad, 12 Dec. 1805. Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 556. KoL Arch. 4375. 21 322 is die graan aan die bakkers gelewer, wat vit die verdere distribusie onder owerheidsbepaldnge gesorg het. Maar die Regering kon nie alleen met die vemindering van rantsoene volstaan nie. Hy moes die tekort aanvul met rys uit Indië of meel veral uit Noord-Amerika. So kry die Kommissaris-Generaal drie dae voor sy vertrek na Europa die opdrag van Goewerneur en Raad om by sy oponthoud in Noord-Amerika 400,000 pond goeie meel te koop teen 'n prys nie hoër nie as 6% Spaanse matte die 100 pond. *) Wel het die Regering gereken om deur besondere aanmoediging van die landbou 'n ewentuele oorskot vir die uitvoer te kry — maar momenteel was daar nie voldoende vir die binnelandse konsumpsie en verversing van die skepe nie. Tog was die hoop nie ongegrond nie, want die Kaap het reeds in die verlede al graan uitgevoer b.v. in 1792, 5230 mudde koring en in 1793, 9475 mudde koring, 189% mud rog, 5 mud boontjies en 7 mud erte ens. a) Wyn het die Kaap in groot hoeveelhede geproduseer — hier was die garnisoen veral die groot afnemer, daar die Kaapse wyn oor die algemeen nie in die Europese smaak geval het nie met uitsondering van die Madeira en Constantiawyne, wat hoog aangeskrywe gestaan het en hoewel duur tog vir uitvoer geskik was. Op 23 Mei, 1804 stuur de Mist met n Engelse skip, wat met Franse gevangene op weg na Frankryk was 8 dele duplikaat van sy notule vir die Staatsbewind aan Ambasadeur Schimmelpenninck. Met dieselfde geleentheid stuur hy ook ,,3 halve aamen witte en drie Roode Constantia" wyn met die versoek aan Schimmelpenninck om „den Eersten Consul een proeve ervan te geven" uit de Mist se naam. 8) Nou en dan het Batawië en Noord-Amerika en ook Neder- x) Ink. St 410. Gouvr. en Raad—de Mist 22 Febr. 1805. Not. de Mist, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. 2) Mem. de Mist p. 99 en 100. a) Uitg. St. 200. De Mist—Schimmelpenninck, 23 May 1804. Not. de Mist Dl. X. Kol. Arch. 4366. 323 land 'n hoeveelheid Kaapse wyn afgeneem. Janssens meld, dat die prys van Kaapse wyne hierdeur in 1805 geweldig gestyg het en die wynbou ten goede gekom het.1) Onder die Engelse Regering egter is al die ou wyne opgekoop, sodat die verkrygbare nie ouer as 2 è 3 jaar was nie.a) Tog is van hierdie koloniale produk in die verlede ook al wat ingevoer. In 1792 is 32 lêers wyn van verskillende kwaliteite en 6 lêers brandewyn na Nederland verstuur;8) in 1793, 632 en in 1795 weer 23 lêers wyn en 6 brandewyn.4) Ook hier kon die toekoms, veral by 'n beter behandeling van dde produk iets vir die uitvoer bied. Bowedien het die Kaap in 1792, 52740 lbs talk en 4144 Ibs aloe en in 1793, 39355 lbs boter, 416 olifantstande en in 1795, 228% lêers traan, 204109 lbs aloe, 493 lbs veile, 30440% lbs beesvelle, 1030 lbs bokvelle, 121 lbs buffelvelle, 508 lbs leer, 1 kas skaapvelle, 2 kissies wol en 100 lbs olifantstande uitgevoer.8) Op 20 Januarie 1804 is saam met die 23 Battaillon Infanterie na Batawië gestuur 100 lêers Kaapse wyn, 600 mudde tarwe en 160 vate gesoute vlees.8) Onder hierdie paar voorbedde is natuurlik nie gereken, wat die passerende skepe aan die Kaap as verversinge gekry het nie. Desnieteenstaande het die Goewerneur die buitelandse handelsmoontlikhede van die Kaap goed ingesien en wys hy telkens op die feit, dat die kolome gebrek het aan onontbeerlike artiekele en daarteenoor maar heel weinig voortbrengsele het, wat gewild was. „In veele behoeftens te hebben en weinig te kunnen aanbieden, bestaat het groot zo niet eenig i) „De wijn rijst in prijs — de goede qualiteit is in het zuiden van Noord-America voordeelig verkogt." Janssens—As. Raad, 31 Oct. en 12 Dec. 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 545 en 557. ») De Mist—Staatsbewind, 9 Junie 1803. Br. en Bijl., p. 153 vo. Kol. Arch. 4356. «) Mem. de Mist, p. 99. *) Ibid, p. 100. ") Ibid. p. 100. «) Gouvr. en Raad— Gouvr. Genl. en Raad van Ned.-Indiènë. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365, p. 365. 324 ongeluk van dit land." *) Sy enigste hoop was dan ook gevestig op die invloed, wat die wol ewentueel op hierdie stand van sake kon hê. De Mist self het tot die oortuiging gekom, dat die Kaap heel weinig „zeehandel" kon bied „maar indien men hier eene geheelen vrijen, of immers zoo min mooglijk gelimiteerden handel wil toestaan, durve ik voorspellen de mooglijkheid, dat hier waarlijk Commercie kan en zal worden gedaan, door ruiling van Europeesche of Noord-Americaansche met Indische waaren." 2) Dit het gedui op die moontlikheid om van die Kaap 'n stapelplaas te maak. Inderdaad het iets in die rigting in 1804 plaasgevind, toe 'n aantal rykbelade retourskepe uit Indië vir rekening van die Asiatiese Raad aan die Kaap gekom het. Ca. het die skepe 1,896,438 lbs koffie, 1,636,103 lbs suiker en 357,000 lbs peper aan boord gehad. Uit vrees, dat die skepe prysgemaak sou word deur die Engelse het die outoriteite besluit om die goedere te laat los en aan die Kaap te verkoop. Dit is veral deur Amerikane weer uitgevoer.8) Maar hierdie voorbeeld was 'n uitsondering onder die drang van oorlogsomstandighede. Aan die ander kant het die Kaap beide uit Nederland en uit Indië heel veel nodig gehad. In die eerste plek het die Regering self allerhande artiekele uit Nederland vir sy skeepswerf betrek vir die reparasie veral van die skepe, wat vir die rekening van die Asiatiese Raad na Indië passeer het. *) Extracten Kaapsche Courant, 2 Maart 1805. Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 361. Kol. Arch. 4375. 2) De Mist—Staatsbewind 9 Junie 1803. Br. en Byl. de Mist, p. 153 Kol. Arch. 4356. 8) So moes die Afr. Visschery Sociteit 500,000 lbs koffie kry volgens opdrag van die Staatsbewind; op 31 Desember 1804 word 160,000 lbs koffie @ &lA stulwer die lb, 157,000 lbs suiker @ 4 st. en 13,000 lbs peper @ 9 st. die pond verkoop; ook 4 soekels foely @ 7H Rds die lb, 12J>£ kaste indigo @ 2J4 en \% Rds die lb, 22 halwe lêers Tamarinde @ 7 stuiwers die lb verkoop. (Gouvr. en Raad—As. Raad, 25 Jan. 1805, Br. en Byl. 1804—1805, Kol. Arch. 4374, p. 264; ook Not. de Mist, Dl. IX, p. 351. Kol. Arch. 4365. 325 Hieronder was hoofsaaklik ankers, touwerk, seilgaring, seildoek, teer, pik, mashoute en steenkool. Maar ook moes uit Nederland aangevoer word die benodigdhede vir die ambagswinkels van die Regering en slypstene, selfs messelstene en panne, ysterspykers, potte, allerlei geslage en gegote ysterwerk, koper, tin, blik, lood, staal en gereedskappe daarvan gemaak; verder gereedskappe vir die landbou en allerlei ambagte, huismeubels, vate, duie, boomstukke en hoepels, olyfolie, terpentyn, verfware, glasruite, verskillende soorte seep, tabakspype, tabak, borstelwerk, papier, penne en allerlei skryfbenodigdhede, kledingstowwe, karsaai, kouse, hoede, mutse, garing, vaderlandse kaas, jenewer en Nederlandse perde, beeste, skape en varke.1) So versoek die Kommissaris-Generaal, kort na sy aankoms aan die Kaap, die Staatsbewind om 'n skip van 300 laste na die Kaap te bevrag met Goewermentsgoedere en die oorskietende ruimte te vul met „duigen hoepelijzer, heele en halve wijn bottels, kurken, timmerhout, steenkoolen" en. andere gewilde ware om direk deur die Regering hier te verkoop en die skip dan as kusvaarder te gebruik, omdat die Kaapse Regering maar 'n paar klein sloepe gehad het en intussen 'n Engelse brik teen ƒ 3000 moes huur.3) Eienaardig is die lys van „snuijsterijen voor Kaffers en wilden", wat die Goewerneur in 1804 uit Nederland bestel het: „koperdraad, Flutes au bec en massa; vuurslagen, Tondeldoozen, gladde knocr>en met oogen, porceleine Pijpen met houte roeren, 'tabak, kraaien, fijne kleine liefst rood en wit, idem gevlamde; Boslemmer messen met scheeden; groot staale paknaalden, Boekspiegeltjes, gemeene scheermessen (wat moes die „Kaffers en wilden" hiermee aanvang?) geruite roode en geele doeken om op het hoofd te dragen en rood kopere plaaten." *) ») Mem. de Mist p. Ét. •) De Mist—Staatsbewind, 9 Junie 1803 § 63 en 68. De Mist, Br. en Bijl. Kol. Arch. 4356. ») Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806. Kol. Arch. 4375, p. 529. 326 Hierdie lys gee 'n interessante insig in die mees gewilde artiekels van die naturelle en die besondere waarde, wat hulle aan uitstaande kleure en dan veral rooi geheg het. Die naturel was gelukkig as hy kon rook uit 'n mooi pyp liefs met 'n lang steel, as hy sy nek, arms en bene met krale van die im-dieoog-lopendste kleure kon versier, die meid met 'n rooi doek om haar kop, 'n spieëltjie om hierdie bykomstige skoonheid te kan admireer en 'n groot en skerp sakmes, waarsonder hy hom nooit veilig en gelukkig gevoel het nie. Maar ook uit Indië het die Kaap veel nodig gehad en veral speserye, peper, koffie, tee, suiker, rys, katoengaring, bindrottings, lynwade en jatyhout.1) Op 20 April 1803 reeds vra die Kommissaris-Generaal die Indiese Regering „voor en boven alles een quantiteit FatyBalken en Houtwaaren, waaraan hier totaal gebrek is en daarentegen groote behoeften tot herstel van de deerlijk vervallende 's Lands gebouwen en dat tot gerief der Ingezetenen een goede voorraad bmdrottingen neffenS eene quantiteit Coffy en zuiker..." na die Kaap te stuur.2) Hierdie goedere vir die Kaap sou aangebring word met een van die skepe van die Asiatiese Raad. Twee dae tevore het de Mist Goewerneur en Raad aanbeveel om dde skip „Maria en Suzanna", wat op weg was na Batawië deur partikuhere te laat bevrag en dat die skip by retoer „voor deze volksplanting weder zoude kunnen inneemen Bindrottingen, zuiker en Coffy of andere Indische waaren, die hier geheel en al ontbreeken, of immers niet in overvloed voor handen zijn."8) Die Goewerneur en Raad ontbied dan ook 'n uitgebreide hoeveelheid artiekele uit Indië vir die Kaapse Volksplanting, 1) Mem. de Mist, p. 102. ') De Mist—Staatsbewind, 9 Junie 1803. De Mist, Br. en Bijl. 119 va Kol. Arch. 4356. ») Not. de Mist, 18 April 1803, DL VI. Kol. Arch. 4363. 327 waaronder die belangrike plek, wat hout ingeneem het veral die aandag trek. *) Op 12 Desember 1805, kon Janssens aan die Asiatiese Raad meedeel, dat intussen n skip uit Nederland met goedere vir die Kaap aangekom het, asook een uit Indië met rys, jatyhout, blou doek, koffie ens, en ook dat die gevraagde kustvaarder gearriveer het, waarmee die hout uit Plettenbergsbaai kon afgehaal word.2) Daarby is in die begin van 1803 aan 'n sekere Carstairs „Kaapsche Burger" verlof gegee om *n skeepslading koopware, „onder welke ook veele Kaapsche producten" na Paramaribo te bring en om terug te keer met Wes-Indiese ware na die Kaap.') Daar die Regering aan die Kaap geen kommersiële meer sou wees nie, moes in elk geval gesorg word vir die afrekening tussen die Kaapse en Indiese Goewermente omdat eersgenoemde heel veel uitbetaal het aan voorskotte en aan reparasiegelde ten laste van die Indiese Regering en die Kaap heel veel produkte uit Batawië betrek het. So het de Mist 'n „Indisch Balance Boek" onder beheer van' die Rekenkamer laat aanlê om die twee rekeninge.te likwideer.4) In elk geval is bostaande. voorbedde genoeg om aan te -) O.a. „500 lbs noten muscaten, 500 lbs nagelen, 200 foely, 4000 peper, 4000 coffy boonen, 50 lasten ryst, 15000 lbs poeder zuyker, 500 lbs catoene garen, 1000 bosschen Rotting, 4000 stuk wel benaaide Gonny zakken, 4400 Faty balken en planken (van verskillende lengtes en diktes), 5000 faty duigen, 50,000 stuks jaty pomphout, 200 paar windboomen, 180 paar rood vlagge doek, 100 blauw en 100 wit, 1000 lbs thee, 25 potten gengber en 2 bottels oleum cocapoeti". (Gouvr. en Raad—As. Raad, 2 Junie 1803, Br. en Byl. 1803-1804, p. 15 vo. Kol. Arch. 4373). *) Janssens—As. Raad, 12 Dec. 1805, Janssens, Br. en Byl. 1802-1806 P *) Ink St. 222. W. Anne Carstairs—de Mist en Uitg. St. 114. De Mist-Gouvr. en Raad van Suriname, 10 Mei 1803. Not. de Mist, Dl. VI. Kol. Arch. 4363. n v . *) De Mist—Staatsbewind, 9 Jutfle 1803, Br. en Byl. p. 119 vo. Kol. Archief 4356. 328 toon, wat die Kaap in die begin van die 19de eeu kon aanbied, wat dit daarteenoor nodig gehad het en waarvandaan die artiekele gekom het. Maar daarby moet gedurende die hele periode van die Bataafse bewind aan hierdie volksplanting in die oog gehou word, dat daar abnormale oorlogstoestande geheers het, wat die weinige buitelandse handel, wat die Kaap kon bied, nog op allerhande maniere belemmer het. En tog is gedurende 1804 aan die Kaap teen 'n waarde van 896162 Rds ingevoer, waarteen aan Kaapse produkte 'n waarde uitgevoer is van 162074 Rds. Bowedien is nog uitgevoer aan buitelandse produkte, wat tevore ingevoer was 'n waarde van 450514 Rds, sodat die invoer die uitvoer oortref het met 'n waarde van 280514 Rds. Maar die pos van 450514 Rds het ander jare nie plaasgehad nie, daar dit afkomstig was uit die verkoop van Indiese produkte van die Asiatiese Raad uit sorg, dat dit in die hande van die vyand sou val. Daarby was die invoer, volgens Janssens nog veel groter, kragtens die feit, dat daar aan die Kaap heel veel gesmokkel is.1) Die bepaling van die juiste invoer word by die ontvanger van in- en uitgaande regte opgemaak volgens die opgawe teen inkoopsprys, terwyl die eintlike waarde deur die Kolonie verskuldig bestaan het uit die totaal van die verkoopsprys, waarteen die invoerders hulle goedere aan die Kaap afgeset het. Die uitvoerwaarde is wel, vir die betaling van regte, bereken teen die inkoopsprys aan die Kaap, sodat die berekening van die invoerwaarde teen verkoopsprys en dié van die uitvoer teen inkoopsprys in die Kolonie 'n juister beeld sou getoon het van die handelsbalans. Hierdeur sou laasgenoemde egter nog ongunstiger gewees het vir die Kaap. In elk geval toon bostaande syfers, dat daar meer dan vyfmaal meer ingevoer dan uitgevoer is en dat die kolonie dus 'n groot *) Janssens—As. Raad, 10 April 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 283. Kol Arch. 4375. 329 nadelige handelsbalans gehad het. Bowedien is gedurende die jaar 1804, 206,700 harde piasters in- en 170418 stuks uitgevoer. Die 36282 Spaanse matte het dus die betalingsbalans van die Kolonie 'n weinig gunstig beïnvloed.1) Hoewel die Kolonie dus nie veel vir die buitelandse handel gebied het nie, het dit tog in die bedoeling van die Bataafse Regering gelê om ook deur sy handelspolitiek die voortbrenging te prikkel en sodoende die buitelandse handel gunstig te beïnvloed. Daarom is die monopolistiese standpunt van die Oos-Indiese Kompanjie dan ook oor boord gegooi. „Indien het doch beweezen is", se de Mist, „dat de Caab meer producten oplevert, en onder een goed bestuur, en veranderd systema, noch veel meer zal kunnen opleeveren, dan de Ingezeetenen zelve, en de daar passeerende, of eenige tyd verblyvende Schepen en Manschappen, tot hun eigen nooddruft en consumptie benodigd zyn, dan behoeft het geen betoog, dat men de wegen behoort open te maaken, of, voor zo verre de reeds opengemaakte niet toereikend zyn, te verwyden en te vermeerderen, door welke deeze overtollige Producten, met voordeel voor hun die ze geteeld, of uit de eerste hand gekogt, die den welvaart en rykdom dier Ingezetenen vermeerderen en hun het verblyf aan de Caab, te aangenaamer maaken kan, maar waar door ook een wederkeerig voordeel moet gebooren worden, voor de Nederlandsche handelaaren, die deeze producten in koop ontfangen — of als Comniissionairen voor de Eigenaars te gelde maaken en de retour koopmanschappen weder derwaards zenden zullen", *) Dit toon reeds aan dat die Nederlandse Regering in die toekoms die oog nie alleen gehad het nie op die welvaartsvermeerdering in die kolonie maar die handel ook wel deeglik in aanmerking sou neem. By die vertrek van die KommissarisGeneraal uit Nederland het dit nog nie vasgestaan hoe die koloniale handel van die Republiek sou gereël word nie. ') Ibid. *) Mem. de Mist p. 98, 99. 330 Die Asiatiese Raad het die plek van die Here XVII ingeneem en as sulks handel op die Ooste gedrywe — maar die kwessie moes nog uitgemaak word of die Asiatiese Raad uitsluitende handel altans in sekere produkte, op die Ooste sou hê, of daardie handel weer aan partikuliere maatskappye toevertrou sou word, natuurlik afgeskeie van die bestuur oor die koloniale gebiede en of die handel en vaart heeltemal vry vir alle Nederlandse onderdane gelaat sou word. Ten opsigte van die Kaap, egter, was die saak makUker te reël, omdat hierdie besitting in vergelyking met die ryk Ooste, wat handel betref, feitlik nie in aanmerking gekom het nie. Daarom kon die Kommissaris-Generaal dan ook ten opsigte van die Kaap aanbeveel, dat aan die Kapenare soos vroeër toegelaat word om aan aankomende skepe' verversinge te lewer teen harde geld of goeie wisselbriewe of in uitsonderingsgevalle teen koopware. Daarenteen sal Kaapse, of uit Nederland of Indië ingevoerde produkte, alleen na die moederland uitgevoer mag word — en omgekeerd alleen van Nederland ingevoer mag word. Kaapse produkte vir binnelandse konsumpsie sou by vervoer van die een na die ander distrik nie aan regte onderhewig wees nie behalwe tot stywing van die plaaslike finansies.1) Laasgenoemde het de Mist dan ook in praktyk gebring in verband met sy onderwyssisteem aan die Kaap. Maar op 4 Julie 1803, het die Kommissaris-Generaal bogenoemde rigslyne van hom breër uitgewerk en sy handelspolitiek ten opsigte van die kolonie prowisioneel vasgelê.*) Kragtens hierdie reëling van die Kommissaris-Generaal word dit aan ieder partikulier verbode om enig iets met betrekking tot wapens en ammuniesie in die kolonie in te voer op 'n straf van konfiskasie van die vaartuie, waarmee die goedere aangebring is en 'n boete tienmaal die waarde van die goedere. Dan was nog absoluut verbode om handel te drywe in tee, t) Mem. de Mist, p. 107. ■) Uitg. St 142, 4 Julie 1803. Not. de Mist 01. VII. Kol. Arch. 4363. 331 speserye en amfioen — artiekele, waarin die Asiatiese Raad tot op nadere orders die alleenhandel gehad het. Maar reeds is gewys op die feit, dat veral tee (en oók speserye) heel veel aan die Kaap gebruik is.1) Hier word 'n absolute verbods bepaling vir dié handel daarin aan die ingesetene opgelê. Die Kommissaris-Generaal wou, egter, hierin tegemoet kom deur 'n opening te laat, waardeur die ingesetene tog van hierdie goedere vir eie konsumpsie voorsien kon word. So suo retoerskepe van die Asiatiese Raad (of van 'n maatskappy wat ewentueel die alleenhandel in hande mog kry) van die Goewerneur en Raad verlof kon vra om van die artiekele aan die Kaap te los en te verkoop. Die derde verbodsbepaling betref die gebied, waarmee absoluut geen handel gedrywe mag word nie en wel met alle lande of plekke geleë ten Noorde van die lienie en ten Ooste van die nriddagslyn lopende deur die piek van Tenneriffe met uitsondering natuurlik van Nederland self. Hierdie uitsluitingsgebied het dus die hele Europa en Asië omvat. Natuurlik was hierdie bepaling veral teen Engeland gerig, want beide Engeland en sy Oos-Indiese besittinge lê binne die verbode gebied. Handel kon dus gedrywe word met Nederland, met die Oos- en Wes-Indiese besittinge van Nederland en met Amerika. Dit het veral in die bedoeling van die Kommissaris-Generaal gelê om oor die algemeen die handel van die Kaap te beperk tot dié met die Bataafse Republiek en in 'n mindere mate tussen die kolonies onderling. Dit sal duideliker blyk by die preferensiële in- en uitvoerregte. Maar ook op bostaande verbodsbepaling het die Kommissaris-Generaal 'n opening gelaat. Wanneer daar uiters noodsaaklike gevalle hulle opdoen, dan word dit aan die prudensie van die Goewerneur en Raad oorgelaat om toe te staan, dat artiekele uit daardie gebied aan die Kaap aan wal gebring 1) „Gij hebt zo wel als ik nu gezien, mijn lieve Gouverneur, hoe zeer de Africaanen op de thee gezet zijn.... zo wel als bij ons de coffy wordt ingezwolgen...." Skrywe de Mist aan Janssens op 22 November 1803. (Not de Mist Dl. IX, p. 171. Kol. Arch. 4365). 332 mag word en dan veral goedere ter bevordering van die landbou. 'n Ander opening het daarin bestaan, dat die goedere uit die verbode gebiede mag ingevoer word mits dit in een van die hawes van die Bataafse Republiek ingelaai en in- en uitvoerregte daarvoor betaal is. Dieselfde het gegeid vir die uitvoer van1 die Kaap na daardie gebiede — met uitsondering van verversinge en benodigdhede ter bevordering van die reis van aankomende skepe. Tot sover die verbodsbepalinge. Dan volg 'n reeks van goedere, wat vry mog ingevoer word en andere waarop in- en uitvoerregte sou gehef word. Onder eersgenoemde het enige soort vee geval, natuurlik altyd onder voorbehoud, dat dit nie kom uit die gebied, waarmee handel verbode is nie. Insgelyks sou vry mag ingevoer word alle gereedskappe vir die wyn- en landbou en die veeteelt. Hierdie bepaling harmonieer met die opvatting van die outoriteite met betrekking tot die bevordering van landbou en veeteelt. Nog meer — growwe geverfde manufakture, growwe linne (wit, grys of blou) en blou geruit vir slawe of Hottentotte kon vry ingevoer word. Fynere kledingstowwe is hier uitgesluit, omdat dit as lukse beskou is. Bogenoemde goedere mog egter, ook alleen uit die moederland bestel word en moes die Nederlandse industrie in die toekoms te goede kom. Verder is nog vrygestel die meubels, boeke en lyfstoebehore asook ongekonsumeerde lewensmiddele van persone, wat deur die Bataafse Regering in enige betrekking na die Kaap uitgestuur word. Daarop volg al die goedere, wat aan in- en uitvoerregte onderhewig sou wees en wel 10 % invoerreg (van die inkoopswaarde) op alle goedere, wat ingebring word uit lande of plekke geleë buite die verbode gebiede. Dit kom nie daarop aan in die skepe van welke nasie die goedere aangevoer word nie. Maar as die goedere uit een van die Wes- of Oos-Indiese besittinge van Nederland afkomstig is dan sou maar 5 % gehef word en wanneer uit een van die hawes van die Bataafse Republiek net 3 %. Op die invoer van slawe is 'n hoë tarief gele, wat wys op 333 die rigting deur de Mist ingeslaan met betrekking tot die afskaffing van slawerny. So moes vir elke ingevoerde mamslaaf 25 Rds, 'n slawe-vroü 20 Rds en kinders benede 12, 15 Rds betaal word. Tot sover wat die invoerregte betref. In verband met die uitvoer het in die eerste plek in aanmerking gekom die verversinge deur skepe van alle nasies aan die Kaap ingeneem. By die Vrede van Amiens (art. VI) het Engeland gelyke behandeling in hierdie opsig beding vir al die skepe van die kontrakterende moondhede met dié van die Bataafse Republiek en op 4 Julie 1803 was dit aan die Kaap nog nie bekend nie, dat die oorlog met Engeland opnuut uitgebreek het. So het de Mist 'n uitvoerreg van 5 % gelê op alle verversinge, behalwe dié wat ingeneem word deur oorlogskepe van alle nasies en die skepe van die Asiatiese Raad op hulle heen- en terugreis na die Ooste. Daarby word 'n reg van 5 % gehef op die uitvoer van alle vreemde muntspesies. Dit was heeltemal verbode om Nederlandse muntstukke uit te voer behalwe met die toestemming van Goewerneur en Raad. Reisigers egter, mog die oorskot van die geld deur hulle in die kolonie gebring sonder die betaling van' enige regte weer uitvoer. Bowedien sal aan uitvoerregte op goedere tevore aan die Kaap ingevoer 5 % van die inkoopswaarde betaal word, wanneer dit bestem is vir enige land of plek buite die verbode handelsgebied; 4 % wanneer dit gaan na een1 van die Nederlandse kolonies in Oos of Wes, 2 % op alle goedere, (dus ook Kaapse produkte) bestem vir enige hawe van die Bataafse Republiek en 3 % op alle Kaapse produkte en koopware na enige plek in die gepermitteerde gebied. Maar beide vir die in- en uitvoer van sulke artiekele moes 'n borgstelhng gegee word, dat die goedere wel in een van die Nederlandse kolonies of in die Bataafse Republiek aan wal sou gebring word, Daarby kry die Kaapse handelare nog die toesegging, dat die uitgevoerde goedere nie soos vroeër gebruiklik, eers in dde magasyne van die Asiatiese Raad opgeslaan behoef te word nie. Vir die los of laai van elke skip sou 10 Rds betaal word, 334 maar wanneer bestem vir of komende van 'n Nederlandse besitting alleen 6 Rds en vir Nederland 4 Rds. Bowedien moes vir die uitklaring1 by die vertrek van elke skip 4 Rds en vir die tekening van alk sertifikate elk 1 Rds betaal word. Inderdaad steek hierdie reëling van die handel, hoewel minder vry as onder die Engelse tussenregering,1) tog buitengewoon gunstig af, met wat tevore aan die Kaap gegeid het. Wel het die Kommissarisse-Generaal Nederburgh en Frykenius „gedurende hun verblijf aan de Caab, daar in zo veele faculteiten aangebragt, als hunne magt, en het, toen noch aanwezig systema eener geoctroyeerde Handel Maatschappij, en Commercieele Regeering, maar eenigszints kon toekten" 3) — maar nou was die handel met die moederland en die ander Nederlandse kolonies met klein uitsonderinge heeltemal oopgesit. Die in- en uitvoerregte, wat die Kapenare ten aansien van die handel met die moederland en die ander Bataafse kolonies moes betaal kan dan ook as suiwer f iskale regte aangemerk word. Natuurlik het dit voor die hand gele, dat die handelspolitiek, waar dit enigsins kon, teen die belange van die konkurrerende moondhede sou ingaan; en hier was dit veral Engeland en sy besittinge, wat getref moes word. Daarom was dan ook alle handel met heel Europa (die moederland natuurlik uitgesonderd) en Asië verbode. Daarby het die Kommissaris-Generaal terdege die oog gehou op die bevordering van die binnelandse welvaartsbronne, deur alle vee en landbougereedskappe vry van enige regte te laat invoer, mits dit uit die gepermitteerde handekgebied kom. Maar weens die oorlogstoestande kon van hierdie voordele nie die volle of liewer heel weinig voordeel getrek word. Die Bataafse skepe was feitlik van die see verdrewe. Die lyste van aankomende skepe toon dan ook aan, dat die oorgrote meerderheid Amerikane en Dene was. Beide die Regering en die *) Vry Invoer uit Groot-Brittan]e en Ierland en 5 % op goedere uit die Britse kolonies. Mc Call Theal, History 1795—1872, Vol. I, p. 32. a) Mem. de Mist, p. 99. 335 koloniste was vir die aanbring, veral van die eerste behoeftes van hierdie skepe en dan weer van die weinige handelare aan die Kaap afhanklik. Laasgenoemde het die goedere ingeslaan en dan weer teen woekeragtige pryse beide aan die Goewerment en aan die ingesetene verkoop. Teen die end van 1805 was die Kaapse papiergeld ten opsigte van die Spaanse matte, die enigste in die buitelandse handel gewilde geld, tot op die helfte van 'n paar jaar gelede gedaal. Alle ingevoerde artiekele moes in hierdie harde geld betaal word en dit het geweldig swaar gedruk op die ingesetene met hulle gedepresieerde papiergeld. Janssens wou in die eerste geval die woekerwinste van die paar Kaapse handelare uitskakel en die aangebragte goedere vir ieder gemakliker verkrygbaar stel, deur te bepaal, dat die goedere in detail verkoop sou word. Sodoende sou iedereen, wat iets nodig gehad het in die geleentheid gestel word om dit in klein hoeveelhede in hande te kry en die handelare die kans ontneem word om die goedere buite verkoop te hou en daardeur die pryse nog hoër op te ja. Die Goewerneur het nog verder gegaan en kragtens die opening, wat aan Goewerneur en Raad gelaat is in die tariefreëling van die Kommissaris-Generaal besluit om „al 't geen tot onontbeerlike behoeftens behoord" van invoerregte vry te stel afgesien met welke neutrale skepe dit ook mag ingevoer word.1) Dit was 'n direkte ingryping in die verbodsbepalinge van de Mist of ten minste in die betaling van 10 % inkomende regte. Onder die eerste en onontbeerlike behoeftes was ook begrepe, pik, teer, touwerk, seildoek, rawedoek, seilgaring, yster, steenkool, ploegskare, koringsikkels, pikke, grawe, growwe laken en karsaai.2) Dit is grotendeels artiekels, wat die Goewerment vir die garnisoen en skeepswerf ter reparasie van aankomende skepe en ook vir die kusvaart nodig gehad het en dan die *) Gouvr. en Raad—As. Raad, 25 Sept. 1805. Br. en Byl. Gouvr. en Raad 1804—1805, p. 245. Kol. Arch. 4374. ») Ibid. pag. 246. 336 landbougereedskappe, wat die koloniste ten goeae geKom het. Was die Goewerneur by sy aankoms aan die Kaap oortuig van die heil geleë in 'n so vry moontlike en onbelemmerde handel, na 'n tweejarige ondervinding het hy heeltemal ander idees daarop nagehou. Hierdie verandering van sienswyse het hy in sy memorie van 8 Desember, 1804 aan die Staatsbewind meegedeel. Hy wys op die ydele, wat geleë is in die spekulatiewe volmaakthede van baie aangeprese sisteme, waarin die gebreke van die bestaande geplaas word teenoor „volmaaktheids verbeeldingen, die men niet kende maar fraay schilderde."1) Die uitkomste leer, egter, dat die nuwe sisteme lamhede en verkeerdhede inhou wat nie te voorsien. was nie. Dit was ook die geval, meen hy, wat die Kaap betref. Dieselfde wyse van bestuur, dieselfde vrye loop van die handel en dieselfde manier om aan die nodige te kom, in 'n volksplanting te wil invoer as in 'n goedgeorganiseerde staat, is ewe onsinnig as om van 'n kind diesel f de te eis as van 'n volwassene. „De Kaap is een bedorven zeer jong kind, want schoon meer dan 150 jaren een ververschingsplaats geweest zijnde, koomt zij eerst zeedert zeer onlangs als volkplanting te voorschijn",8) en moet nog aan 'n leiband leer gaan. Die opienie van die Goewerneur „komt uit ondeivindingsovertuiging voort en is bijna het tegenovergestelde van de denkbeelden, die hij, alvorens de ondervinding hem geleerd had, voedde." In verband met die feit, dat die handel sy vrye loop moes hê en uitsluitend aan partikuliere moes oorgelaat word, meen hy, dat dit wel in Europa met sukses opgevolg kon word, maar nie aan die Kaap nie. Wel moes hier geen handel deur die amptenare as sulks gedrywe word nie maar die Goewerment moes „wel voorziene magazijnen van behoeftens van eerste noodzakelijkheid hebben, zo voor derzelver ommeslag als tot gerief van particulieren en meer bijzonder voor de 1) Janssens—Staatsbewind, Z. A. Hoofd quartier aan de Liesbeeks rivier den 8 Dec. 1804. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 157. Kol. Arch. 4375. *) Ibid. 337 buiten Lieden." Want daar dit nie die geval was nie kon (hierdie goedere slegs toevallig en teen buitensporige pryse gelewer word. Wel kry die ingesetene groot pryse vir hulle produkte, maar die voortbrenging bet met gelyke tred duurder geword, daar die arbeid so ontsettend duur was. Bowedien was die ingevoerde benodigdhede feitlik onbetaalbaar. So betaal die Regering 80 Rds vir 'n stuk slegte karsaai om „de naaktheid van de soldaten te bedekken... ijzer is spoorloos duur, zo wel als vaatwerk en ander hout — een wagen, die voor tagtig a negentig Rds verkrygbaar was word tusschen de drie en vier hondert RdS betaald." Ook vra die Goewerneur aan de Mist in die begin van 1805 om die Asiatiese Raad te beweeg om die magasyne uit Nederland aan te vul „daar de goederen hier 2, 3 a 4 maal kosten als ze verkrijgbaar zijn .. „!***ï . Hierdie toestand van sake het 'n geweldig nadelige invloed op die produksie — minder graan en slegter wyn word hierdeur voortgebring. Deurdat die binnelandse produkte ook duur geproduseer word verminder die kanse op uitvoer en daarby ') Ink. St. 410. Janssens en Raad—De Mist, 23 Febr. 1805. Not. de Mist, Dl. XI, Kol. Arch. 4367. Ook gee Janssens 'n vergelyking van Nederlandse en Kaapse pryse van verskillende goedere: b.v. Ammoniac ƒ2.— 8 St. en 10 Rds; Camphor ƒ 6 en 12 Rds; manna /1 4 St. en 3 Rds; opium ƒ 10 en 32 Rds; sambuc ƒ 1 4 St. en 5 Rds; Jalappa ƒ 2 8 St. 't lb en 10 Rds; Karsaayen t stuk 28 @ 30 Rds en 80 a 85 Rds; grove Lakens d'Ell 1 a \]/2 Rds en V/2 a 5 Rds; fyne Blauw Lakens d'Ell 6 & 8 Rds en 14 @ 16; ordinaire knoopen 't Gros 4 & 6 schellingen en 5 a 6 Rds; hemde linnen (katoen) 't stuk 24 ell 4% & 5 Rds en 12 a 13; Blauwe en Roode Saayen d'Ell 3 & 4 scfa. en 10 & 12 sch.; Hoeden 't Stuk 7 a 8 sch. en 4 a 5 Rds; naaygarens 't lb 7 a 8 sch. en 6 a 7 Rds; ordinaire kousen 't douz. 2 a 2'/2 Rds en 12 a 15 Rds; vlaams Linnen 't Stuk 16 a 18 Rds en 55 a 60 Rds; Ravedoek 't Stuk 11 a 12 Rds en 35 & 40 Rds; zyldoek 't stuk 18 a 20 Rds en 50 a 60 Rds; yzer 't 100 lb 7 a 8 en 15 a 16 Rds; smeekolen de hoed 17 a 18 en 38 a 40 Rds; Lynoly de kelder van 15 vlessen 12 a 14 Rds en 50 a 60 Rds; teer 't vat 8 a 10 en 50 a 60; Pik 't vat 18 a 20 Rds en 60 a 70 Rds; touwwerk 't 100 lb 8 a 10 en 30 a 40 Rds. — „Smeerkaarsen 1 Rds 't lb" aan die Kaap en „Een lb hair Poeder 10 schellingen." (Janssens—As. Raad, 4 Maart 1805). 22 338 moet die Goewerment sy benodigdhede uit die hande van die „enkelde particulieren wringen" en die boer, wat dieselfde artiekels nodig het moet dan nog hoer pryse betaal. Om in hierdie toestande verandering aan te bring, meen die Goewerneur, dat dit absoluut noodsaakhk was, dat die Regering daar welvoorsiene magasyne op nahou om te kan voorsien in oorlogsbehoeftes en skeepsmateriale, yster, hout, duie, vloerstene, klinkers, molestene, steenkool en kledingstowwe vir die troepe, slawe en bandiete. Die gedagte was veral, dat die Regering nie afhanklik van 'n paar partikuliere sou wees nie en ook, dat die ingesetene teen billiker pryse aan die nodige gehelp sou word. Dus die Regering sou alleen as 'n konkurrent in die handel optree. Ook was dit absoluut noodsaaklik, dat die Regering sy graanmagasyne bly behou, want as die graanproduksie een enkele jaar aan hom self oorgelaat word, dan sou die moontlikheid van 'n hongersnood nie uitgesluit wees nie. Ook wou Janssens Goewermentswynkelders laat aanlê, omdat die ingesetene nie kapitaalkragtig genoegwasom genoeg vaatwerk aan- te skaf vir die so nodige bewaring van die wyn, totdat dit vir uitvoer geskik sou wees nie. Die Kaapse handelare was hiervan goed op die hoogte en het geweet, dat die wynbouers na geringe tyd verplig sou wees om teen lae pryse te verkoop. Die Regering wou dan wyne opslaan veral vir die gebruik van die garnisoen en vir uitvoer na Batawië. Aan die grond van die moeilikhede wat Janssens deur die instelling van Goewermentsmagasyne wou oplos het eintlik gelê die geringe aanvoer van die benodigde goedere deur die buitelandse skepe. As daar 'n groter voorraad aangebring word sou dit vanself die pryse druk. Dit was dus die plig van die outoriteite om die buitelandse skepe op allerhande maniere na die Kaap te lok. Dikwels het daar geskille ontstaan tussen die vreemde handelare en die Kaap, wat deur 'n proses moes opgelos word. Tot die skade van die vreemdes moes hulle dan langer aan die Kaap vertoef as nodig was. Hieraan het die Kommissaris-Generaal probeer tegemoet 339 kom, deur 'n „Kamer1) van Commercie" in te stel, wat al hierdie sake so gou moontlik moes afhandel, „ter beneficeering van de commercie en ter uitlokking van vreemde natiën om deze Colonie aan te doen en met derzelver Ingezetenen eenen hoe langer hoe uitgebreider handel te openen of te onderhouden. s) Die ewentuele geskille sou in der minne „buiten form en kosten van proces" bygelê word. Maar nieteenstaande die poginge van die outoriteite om in die allernoodsaaklikste behoeftes van die garnisoen en ook van die ingesetene te voorsien, was hulle gedwonge deur die oorlogstoestande om hulle behoeftes persoonlik op Batawië en in Nederland bekend te laat maak. So is die Raadslid van Poliesie R. G. van Polanen na Batawië en R. d'Ozy na Nederland gestuur om sodoende te probeer voorsien in die allernoodsaaklikste benodigdhede vir die Kaap en ook om daardie Regeringe in te lig omtrent die militêre situasie van die volksplanting. s) In elk geval het die outoriteite met erns probeer om deur hulle maatreëls die welvaartsbronne van die kolonie en die daarop berustende handel veral met die moederland te bevorder. Hulle poginge het geen geleentheid gehad om vrugte af te werp nie en die feitlik reaksionêre maatreëls, waartoe Janssens later sy toevlug geneem het is gebore uit die abnormale toestande as gevolg van die toe heersende oorlog met Engeland, waardeur die Bataafse skepe heeltemal van die see verdrywe was. Bogenoemde poginge staan ook in 'n nou verband met die verhouding tussen die Regeringsinkomstes en -uitgawes aan die Kaap. *) Pres.: Mr. R. G. van Polanen; leden, O. G. de Wet, C. Matthiesen, Mr. J. A. Truter en D. G. Onosi. ») Uitg. St. 213, Publicatie de Mist 24 Mei 1804, Dl. X. Kol. Arch. 4366. «) Janssens—As. Raad 28 Jan. 1805. Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 265. Kol. Arch. 4375. HOOFSTUK XVII. GELDMIDDELE. In die voorgaande is reeds ge wys op die ontsettende duurte, wat aan die Kaap geheers bet gedurende die tydperk onder behandeling. Byna geen enkel dokument uit die tyd 'kan ter hand geneem word of 'n klag word daarin in hierdie opsig geuit Dit het natuurlik 'n nou verband gehou met die gelden sirkulasiemiddele wat ten dienste van die kolonie en die Regering gestaan het. Tot 1781 was daar alleen metaalgeld aan die Kaap in omloop en dit het uit 'n heterogene versameling van munt soorte bestaan, veral Spaanse matte of piasters, Portugese halfJohannas, rupees, Engelse ghienies en krone en Hollandse guldens, dukate, stuiwers en nog meer. Hierdie muntstukke is deur aankomende, skepe in sirkulasie gebring en deur die Oos-Indiese Kompanjie met die betaling van sy troepe en amptenare aan die Kaap. Maar in 1781 tydens die oorlog met Engeland, na 'n mislukte poging van die Goewerment om geld van die ingesetene te ieen is die toevlug deur Goewerneur van Plettenberg geneem tot die uitgifte van papiergeld in Ryksdaalders en skellinge. By die inbesitname van die Kaap deur die Engelse in September 1795 was daar papiergeld in omloop teen 'n bedrag van 1,291,276 Rds en 42 stuiwers,1). waarvan 680,000 Rds dié kapitaal uitgemaak het van die in 1793 opgerigte Bank vanLening. Die totaalbedrag is deur Generaal Craig vermeerder met 250,000 Rds, ook na 'n mislukte poging om geld ter bestryding van die siviele en militêre onkoste van die ingesetene te leen.2) Bowedien is deur die Engelse Regering in 1802 nog *) Not de Mist, 22 Aug. 1803, Dl. VIII. Kol. Arch. 4364. »)' Van Ryneveld, Zuid-Afr. Tyds., Dl. LX, 1832. 341 245,000 Rds gekreëer, waarvan 80,000 bestera was vir die aankoop van rys en 165,000 gevoeg is by die kapitaal van die Bank van Lening. Laasgenoemde instelling het toe 810,255 Rds op goeie onderpande uitgeleen gehad. So was daar by die aankoms van die Bataafse outoriteite aan die Kaap 1,786,276 Rds papiergeld aanwesig en hierdie som kan kragtens die voorgaande in drie soorte verdeel word. In die eerste geval die 80,000 uitgegee vir die aankoop van rys, met die bedoeling om die som in eweredigheid met'die verkoop van dde rys uit die regeringsmagasyne te vernietig. By die aankoms van de Mist was dit nog nie die geval nie en kan aangeneem word, dat die grootste gedeelte van hierdie papiergeld nog in sirkulasie was. In die twede geval het die Bank van Lening 'n kapitaal van 845,000 Rds gehad, wat ook grotendeels in omloop was, daar dit aan die ingesetene op goeie onderpande uitgeleen was. Dit was van die ander papiergeld verskillend' in dié sin 'dat die Regering hieraan 'n bron van inkomste gehad het, daar dié-^ Bank van Lening dit teen 5 % uitgeleen het. In die derde geval was daar dus 861,276 Rds oninwisselbare papiergeld in sirkulasie. Weens die feit, dat die Kaap altyd 'n nadelige handelsbalans gehad het, moes daar altyd meer geld die kolonie uitgestroom dan binnegekom het. En die geld vir buitelandse betalinge moes wees en was dan ook alleen goeie wissels b.v. op die Engelse Regering of op die Asiatiese Raad en harde geld. Goeie harde geld, veral Spaanse matte (die enigste in Indië gewilde geld soos Janssens dit noem) het die kolonie vinniger verlaat dan dit binnegekom het. Janssens deel wel mee, dat by die aankoms van die Bataafse outoriteite aan die Kaap 'n aansienlike hoeveelheid goud- en süwermunt aanwesig was. Dit is enigsings vermeerder deur die verkoop van dié Indiese produkte aan die Kaap en deur die harde geld van vreemde skepe vir verversinge ontvang. Maar die verminde- 342 ring het direk al begin met die vertrek van die Engelse uit die volksplanting in 1803.1) Die Kommissaris-Generaal het daarby ƒ 100,000 klinkende munt vir die Kaap meegebring. Weens die suspensie van oorgawe en omdat de Mist oortuig was van die feit, dat die geld nie met voordeel aan die Kaap in sirkulasie gebring kon word nie het hy ƒ 85,024 na Batawië deurgestuur,2) eb die res aan die Kaap in sirkulasie gebring.8) Onder die Bataafse bestuur aan die Kaap was daar dus heel weinig harde geld aanwesig. Onder die Engelse bestuur is hier egter, kopermunt ter waarde van' 25,000 Rds Kaaps in sirkulasie gebring. Dit het bestaan uit 600,000 koperdubbeltjies van 24 op die Kaapse Rds of 12 op die Hollandse gulde. Die dubbeltjies was egter met 'n verhoogde koers van 100 % in omloop, daar hulle maar 'n reële koperwaarde van V14 Hollandse gulde gehad het. Teen hierdie prys het de Mist dan ook by sy aankoms 'n 180,000 stuks of ƒ 1500 Holl. koerant van die Engelse Regering oorgeneem.4) Sy bedoeling was om die dubbeltjies met B. R. (Bataafse Republiek) te laat bestempel en dan deur middel van betaling aan die garnisoen in omloop te bring. Later, na die stempel reeds deur 'n Engelsman gemaak was, het hy besluit om van hierdie voorneme af te sien, omdat die bestempeling erg duur sou wees en ook uit vrees vir namaking en insmokkeling uit Engeland en die moeifikheid om die stempel te laat bars. Maar daarby was hy oortuig van die noodsaaklikheid van 'n hoeveelheid muntstukke van geringe waarde veral ter betaling van lewens- i) Janssens—As. Raad 4 Maart 1805. Memorie H. Br. en Byl. 1802— 1806, p. 287. Kol. Arch. 4375. a) Dit het bestaan uit 1, lA< %• % en 1/« guldens en 358,400 pees heele duiten en 156800 halve duiten. (Ink. St. 323, Gouvr. Gnl. en Raad—De Mist, Not., Dl. IX. Kol. Arch. 4366). 3) Uitg. St. 33, Dl. III en Not de Mist, 3 Junie 1803, Dl. VII. Kol. Arch. 4363. 4) Not. de Mist 28 Dec. 1802, Dl. n, Kol. Arch. 4358 en De Mist— As. Raad 18 Maart 1803, secrete Not. de Mist, 1802, 1803 en 1804. Kol. Arch. 4353. 343 middele deur die troepe. Die kleinste munt aan die Kaap was die Kaapse skelling van ses stuiwers, waarop dus drie van die dubbekjies gegaan het. Daarom versoek die KommissarisGeneraal die Asiatiese Raad dan ook om in plaas van die 25,000 Rds (ƒ 50.000 Hollands) aan kopermunt, waarvan die koper ƒ 43 a 44,000 Hollands sal opbring, (natuurlik teen die verhoogde koers van die dubbekjies) klein Kaapse muntstukke te slaan en wel 600,000 stuks van 2 stuiwers, 600,000 van 1 st. en 700,000 van 'n y2 stuiwer. Met die eerste 600,000 sou dan die Engelse dubbekjies ingeruil en die res deur die troepe in omloop gebring word.1) Al die spesies tesame, meen de Mist, suo aan die Kaap 'n waarde in koers hê van f 87.500 *) en tog geen hoëre reële waarde nie dan ongeveer die duurte van die koper van 43 a 44,000 Hollandse gulde.3) Dus die reële waarde van ƒ 25,000 Hollands aan Engelse kopermunt, wat aan die Kaap 'n waarde in koers gehad het van ƒ 50,000 Hollands of 25,000 Rds wou de Mist laat vervang deur muntspesie van' 'n omloopswaarde van 2,150,000 stuiwers of 44,791 Rds d.i. ƒ 89,582 Hollands. Die ingesetene was al gewoon aan die gebruik van hierdie klein munt „en er kwam eene revolutie tegen de Bataafsche Republiek als men hen plotseling wilde zeggen, dat hunne ideaale Rd geene 48 stuiwers of 24 Dubbeltjes waardig was. Men maakt die dubbeltjes zo men wil, mits men maar toestaa, dat er 24 in den Rd en dus 12 op een Hollandsen Gulden gaan, die nu .buiten contest op die waarde d.i. op een halve Kaapsche Rd. of met 20 % avance gehouden en bij betaling van Assignatien of Promessen alzo bereekend worden." 4) Dit skyn dus of de Mist by die slaan van die nuwe stuiwers ter inwisseling van die Engelse dubbeltjies op die onkunde van die ingesetene wou spekuleer. In elk *) De Mist—As. Raad, 18 Maart 1803. Secrete Not. de Mist 1802, 1803 en 1804. Kol. Arch. 4353. 2) Vermoedelijk 89500. ») Not. de Mist, 3 Junie 1803, Dl. VOL Kol. Arch. 4364. *) De Mist—As. Raad, 18 Maart 1803. Secrete Not. de Mist 1802, 1803, 1804. Kol Arch 4353. 344 geval het hy die Asiatiese Raad ook nog versoek om die ƒ 14,976 (in %, % en Vi« guldens) wat hy nie na Batawië deurgestuur het nie, aan te vul tot ƒ 52,000 in dieselfde klein muntstukke „om de prijs der eerste levensmiddelen, die voor kleine peuningswaarde gekogt worden alhier te doen daalen." *) So word daar aan die Kaap altyd gereken in ryksdaalders, skellinge en stuiwers (en soms ook in Kaapse guldens van drie op een ryksdaalder) waarvan daar geen metaalekwiwalent was nie. Die stuiwer was die geldeenheid, waarvan 6 op een skelhng, 48 op een ryksdaalder Kaaps en 24 op een gulde Hollands gegaan het. Maar een gulde Hollands was destyds 20 Hollandse stuiwers, sodat die Kaapse stuiwer in Nederland 20 % benede die Hollandse was. Was daar dus 'n klein hoeveelheid klinkende munt in omloop, die' hele geldsisteem van die Kaap het gestaan of geval met die papiergeld. De Mist was dan ook oortuig dat, solang die Kaap nog 'n nadelige handelsbalans het „op geene aanblijvende circulatie van Bataafsche Munt, in hoe groot eene menigte ook aangebragt te hoopen is", en dat die aanhou van papiergeld nog onteenspreeklik noodsaaklik was. *) Intussen is daar nie altyd goed gelet op die vernietiging van ingetrokke en slegte stukke papiergeld nie — te meer kon op die oomblik nie met sekerheid meegedeel word, hoeveel daar werklik in sirkulasie was nie. Om meer sekerheid in hierdie verband te kry het de Mist 'n kommissie van „Conversie" aangestel om volgens spesifikasie nuwe kartonne muntspesies te vervaardig, waarteen al die papiergeld, wat in omloop was sou ingeruil word. *) In die geheel het hy 2,086,000 Rds laat vervaardig en dit het bestaan uit 861,000 Rds oninwisselbare papiergeld, 845,000 as kapitaal van die Bank van Lening en 65,000, waarvoor ») Not. de Mist, 3 Junie 1803, Dl. VUL Kol. Arch. 4364. *) Not de Mist, 22 Aug. 1803, DJ. VUL Kol. Arch. 4364. *) Ibid. 345 daar nog rys in die magasyne aanwesig was.1) Verder (bet de Mist aan Stellenbosch, na die brand van Desember 1803, 75,000, aan die nuwe drosdye van Uitenhage en Tulbagh elk 25,000 en aan die kommissie van Veeteek en Landbou ook 25,000 Rds laat toekom. a) Laasgenoemde somme moes te beginne met 1 Augustus 1806 binne 25 jaar terugbetaal en die geld uit sirkulasie getrek en vernietig wees.3) Daarby was onder die nuwe aangemaakte papiergeld ook nog 150,000 vir die opbou van magasyne en regeringsgeboue en bowedien 15,000 Rds om as reserwe vir ewentuele inwisseling van slegte note te dien.") Die nuwe papiergeld sou uit stukke karton van blou, groen, rooi en geel en van verskillende grootte vervaardig word. 5) Op 18 Februarie, 1805 kon Janssens aan de Mist meedeel, dat die kommissie van konversie met sy werksaamhede en rapport gereed was, met die voorstel om aan die kommissie 'n blywende aandenke in die vorm van 'n stuk huishoudelike silwer te laat toekom en aan die amptenare, wat aan die uitvoering gehelp het 'n geldelike beloning van 5 % van die wins deur die omwisseling gemaak.e) So was daar aan die Kaap ongeveer twee miljoen Rds papiergeld aanwesig. Wel is die hele hoeveelheid nie in sirku- 1) Intussen is vir 15000 Rds verkoop en die geld vernietig. (Uitg. St. 160. Not. de Mist, Dl. VIII. Kol. Arch. 4364). 2) Not. de Mist, 30 Maart 1804. Dl. X. Kol. Arch. 4366. ») Ibid. en Janssens, Br. en Byl. 1802—1806, p. 530. Kol. Arch. 4375. *) Ibid. 5) Die verdeling was as volg: Serie A, 200 stuks van 500 Rds; B, 320, van 400; C, 515 van 300; D, 510 van 250; E, 920 van 200; F, 1420 van 100; G, 1000 van 75; H, 3500 van 50; I, 1000 van 40; K, 1050 van 30; L, 7500 van 25; M, 7000 van 20; N, 14000 van 10; O, 22000 van 5; P, 16000 van 4; Q, 16000 van 3; R, 22000 van 2; S, 60000 van 1; T, 70,000 van Y2\ V, 200,000 van %; W, 400,000 van % Rds. (Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 530. Kol. Arch. 4375.) Sien eksemplare van die nuwe kartonne munt: Uitg. St. 159a. Not. de Mist, Dl. VIII, Kol. Arch. 4364. •) Ink. St. 399. Janssens—de Mist, 18 Febr. 1805. Not. dé Mist, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. 346 lasie gewees nie, daar in die koffers van die Bank van Lening en in die Goewermentskas altyd 'n hoeveelheid berus het. Daarby moet in aanmerking geneem word, dat weens die erg langsame verkeer en die weinige handel aan die Kaap die sirkulasie van die geldmiddele ook uiters langsaam was en die kolonie dus in eweredigheid veel meer geldeenhede nodig gehad het dan dit die geval in weggeorganiseerde maatskappye met 'n snel verkeer en 'n druk handel sou gewees het. In elk geval die papiergeld was gedepresieer ten opsigte van die metaalgeld. Was die depresiasie te wyte aan die feit, dat daar te veel papiergeld in sirkulasie was? Die Kaap het destyds 'n populasie van 25,757 blanke gehad.1) Daar was heel weinig handel gedrywe, wat dus min geldeenhede vereis het. Maar aan die ander kant was die sirkulasie weer besonder langsaam, waarvoor natuurlik meer geldeenhede nodig was. Janssens meen, dat daar nie te veel papiergeld vir die binnelandse transaksies in omloop was nie. „Was er te veel," sê hy, „zoude men — oppervlakkig — denken, dat de renten -moesten verminderen en dit is het geval niet: zij houden zig niet alleen staande op 6 %, maar door zwendelarij, word die het nodig hebben door sommigen merkelijk meer afgeperst." s) Natuurlik depresieer die rente-eenhede in verhouding tot die depresiasie van die kapitaaleenhede. Maar as daar te veel geld in die kolonie was, moes daar ook mense wees, wat geen gebruik vir hulle geld geweet hét nie en dus 'n kleinere rente bo niks sou verkies het. Dit was nie die geval nie, meen Janssens, want, „ondertusschen zijn er veele particulieren die geld ter leen verlangen en het niet kunnen bekoomen dan zelfs als zij goede Hypotheek aanbieden; doch de Hypotheeken kon de wel eens door den tijd de waarde niet behouden, die zij nu hebben en daarom minder vertrouwen geewen." *) Seker was die maatstaf van 'n gelykblywende rentevoet 'n *) Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806. Kol. Arch. 4375, p. 254. ') Janssens—As. Raad, 4 Maart 1805, Memorie H. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 287. Kol. Arch. 4375. «) Ibid. 347 bewys, dat daar nie te veel geld in die kolonie was nie — maar seker kon dit nie geld as 'n bewys, dat die papiergeld' nie gedepresieer was, juis omdat daar te veel was nie. Vir die weinige binnelandse transaksies, wat daar plaasgevind bet en waarvan veel nog deur direkte ruil geskied het was die hoeveelheid papiergeld dan seker ook buitengewoon groot. Maar aan die ander kant, het die sekuriteit waarop die geldsoort berus het ook 'n groot rol gespeel. Reeds is aangemerk, dat byna die helfte deur die Bank van Lening op goeie onderpande uitgeleen is en dat 'n ander gedeelte binne 25 jaar terugbetaal en vernietig moes wees. Die outoriteite het die onderpande by die Bank van Lening voldoende beskou om die 845,000 Rds nie te laat depresieer nie en wou ook vir die ander gedeelte, wat alleen' op die goeie vertroue in die Regering berus het, 'n beter sekuriteit aanwys, daar ,,het de pligt (was) van een Gouvernement om het Credit van dit papier op alle mooglijke wijze te maintineeren." 1) Daarom verklaar die Goewerneur en Raad op outorisasie van die Kommissaris-Generaal, dat behalwe die reële onderpand, wat die Bank van Lening vir die waarde van hierdie papiermunt gehad het, „tot securiteit van al het overige speciaalijk en uitdruklijk te verbinden alle de Domeinen, Bosschen, Gebouwen, onuitgegeven landen, Plaatsen en erven, binnen deze Volkplanting gelegen, benevens alle de publieke inkomsten, thands binnen dezelve van de Ingezetenen wordende geheven, alle welke tot geene andere einden zullen mogen worden gebruikt dan tot bekostiging der gemeene zaaken deze Volkplanting betreffende en vermindering van dat gedeelte der Papieren-munt, hetwelk niet behoort onder de reëele securiteiten van de Bank van Leening." 2) Dit het wel heel mooi geklink, maar dit was nog 'n ander saak, wat hierdie bosse en domeine en regeringsgeboue en x) De Mist—Gouvr. en Raad, 26 Febr. 1804. Not. de Mist, Dl. IX. Kol. Arch. 4365. 2) Not. de Mist, Dl. IX, p. 349. Kol. Arch. 4365. 348 koloniale inkomstes kon realiseer. In die eerste geval word die koloniale inkomstes gebruik om die lopende uitgawes te dek en die eerste surplus sou moet dien om die finansiële laste van die moederland met betrekking tot die militêre uitgawes aan die Kaap te hulp te kom, en sou dit nie gebruik word vir die aflossing en vermindering van die papiergeld nie. In die twede geval ontneem die Regering hom die reg van vrye disposiesie oor die landsdomeine en onuitgegewe gronde deur hierdie proklamasie, want voortaan sou alle penninge daaruit voortgevloei moet dien ter vermindering van die papiergeld, altans omgesit in ander waardes as sekuriteit van daardie papiergeld. Bowedien kon die sekuriteit van Goewermentseiendomme op daardie moment seker nie as 'n voldoende sekuriteit beskou word nie. 'Die regering is pas met boomaanplantinge begin, natuurbosse was daar wel in Plettenbergsbaai te vind,, maar het op die moment heel weinig rendeer. Ook uit die uitgifte van nuwe plase kon weinig voortkom. Maar bowedien het dit ook nie werklik in die bedoeling van' die Regering gelê om „dat noodsaaklik kwaad" uit die weg te ruim nie. Nee, behalwe die feit, dat die kolonie dan, weens dreinage van alle rcetaalgeld, gou sonder sirkulasiemiddele sou wees, moes die papiergeld tot 'n politieke einde aangewend word. Janssens meen, dat dit vir die grootste meerderheid van ingesetene in die grond van die saak onverskillig was onder welke Europese moondheid hulle hulle bevind, 1) en 'n sterke bo 'n swakke verkies, kragtens die voordele van 'n kragdadiger beskerming en die aanhou van groot besettinge aan die Kaap gedurende oorlogstye. So vra Janssens, „zoude het papiere geld, dat de goede trouw van de Republiek tot voornaame waarborg heeft, niet de sterkste 'Band zijn, die nog overig blijft?" As hierdie band verbreek word „welk belang blijft dan voor de meerder- 1) Dit kon in elk geval nie van die meeste plattelandse ingesetene gesê word nie. Die houding later,, egter, wat verskillende vooraanstaande Kapenare o.a. Sir J. A. Truter, W. S. van Ryneveld en H. Cloete en andere ingeneem het, wys, dat janssens tot 'n sekere hoogte goed gesien het. 349 Tieid der volksplantelingen over, om te wenschen aan de Bataafsche Republiek onderworpen te blijven? Zoude men wel te veel op edelmoedig aankleeven en devouement mogen rekenen van dezulke en deeze zijn veele, die Europa, niet bij uitsluiting Nederland, als het moederland beschouwen? Noemd men hier niet algemeen een Duitscher, Engelschman, Portugees even zeer als een Hollander Vaderlandsch Men sch? Wat verbind dan aan eenen staat boven aan den anderen? het belang, en die het eigen belang ten grondslag weet te leggen, zal zo niet het zuiverste, immers het warmste patriottisme doen ontstaan ..." *) Nogtans sou dit die papiergeld nie vrywaar teen depresiasie nie. Die Ryksdaalder het dan ook ten opsigte van die Spaanse mat en die Nederlandse gulde al meer en meer geval —— so selfs dat dit teen die end van 1803 'n 30 % depresiasie aangetoon het.2) Dit sal ook blyk in verband met die ander betaalmiddel, waartoe die Regering gedurende die hele Bataafse bestuur aan die Kaap sy toevlug moes neem vir die bekostiging van militêre en andere uitgawes, en wat ten dienste van die ingesetene gestaan het met betrekking tot hulle buitelandse betalinge. Dit was wissels op die Asiatiese Raad betaalbaar in Amsterdam na ses weke sig. Daar was 'n groot vraag na die wissels aan die Kaap. Reeds op 8 Januarie, 1803 bied de Mist ƒ 200,000 Hollands koerant vir publiéke inskrywing aan. Na al die aanvrae binnegekom het, blyk, dat die hoogste bod 25 % was „boven het kapitaal in Kaapsche Rds papiere munt, naar de gewone valuatie 'tegen 48 stuivers Kaapsch Ct. en in Nederland met Caroli guldens van 20 stuivers te voldoen." s) Hierdie 25 % agio het egter nie beteken, dat vir 'n wissel van ƒ 200 Hollands ƒ 250 of 125 Rds Kaaps moes betaal word ») Janssens—De Mist, Jan. 1804. Not de Mist, Dl. IX p. 341. Kol. Arch. 4365. 2) De Mist—Janssens, 22 Nov. 1803. Not. de Mist, Dl. IX, p. 171. Kol. Archief 4365. *) Not. de Mist, 11 Jan. 1803, Dl. III. Kol. Arch. 4359. 350 nie maar wel ƒ 210 Hollands of 105 Rds Kaaps. So sê de Mist „de assignatien op den Aziatische Raad worden getrokken met 25 advance te weeten: de Kaapsche Rds voor 2 guldens Hollandsen Courant, waarin reeds 20 % bereekend is en zulks met nog 5 % advance geaugmenteerd ...'" *) By die eerste uitgifte van papiergeld aan die Kaap is die Kaapse Ryksdaalder omgereken teen 48 stuiwers Hollands. Toe de Mist aan die Kaap kom, het hy vasgelê, dat die Kaapse Ryksdaalder omgereken sou word teen twee gulde Hollands van 20 stuiwers elk. Dus het die Kaapse Ryksdaalder 'n effektiewe koopkrag gehad van 40 stuiwers Hollands m.a.w. die Hollandse stuiwer was by omrékendng lVs Kaapse stuiwer werd, sodat die Hollandse gulde 'n agio van 20 % gemaak het ten opsigte van die Kaapse Ryksdaalder. Die betalinge aan die moederland het uitsluitend deur wissels op die Asiatiese Raad geskied; en by die aankoop van die wissels teen 'n omrekeningskoers waarby een Ryksdaalder van 48 stuiwers Kaaps twee gulde Hollands van 20 stuiwers Hollands elk koop, is dus reeds 20 % agio van die Hollandse geldbereken. Daarby het dan nog 5 % vir die wissels gekom. Die Kaapse Regering het dan ook werklik op hierdie basis omgereken. In Maart, 1803 oorhandig die Kommissaris-Generaal aan die Goewerneur en Raad 'n ontwerp vir die organisasie van die Goewermentsinkomste. Hieroor moes die Raad advies uitbring en terselfdertyd 'n begroting vir die res van die jaar 1803 opmaak, sodat de Mist 'n basis kon vind vir die hoeveelheid wissels, wat hy in die loop van die jaar nog sou moet uitgee. 2) Op 13 Junie, 1803 is hierdie advies uitgebring en tewens 'n begroting aan de Mist aangebied, waarin die fungerende Goewerneur de Salis en Raad die som, wat vir die res van die jaar nodig sou wees begroot op 984,612 Hollandse guldens, sodat daar dus „met de 25 % advance tot bestrijding *) Ink. St. 176. Extract uit de Vergadering van den Politieke Raad. Not. de Mist Dl. V. Kol. Arch. 4361. -) Ink. St. 176. Not. de Mist, Maart 1803, Dl. V. Kol. Arch. 4361. Ook Not. de Mist, 6 Junie 1803, Dl. VII. Kol. Arch. 4363. 351 der vocrenstaande uitgaven benodigd zijn aan wissels een bedragen van ƒ935,492."1) Volgens hierdie berekening van die fungerende Goewerneur en Raad het 'n wissel van ƒ 100 Hollands aan die Kaap dan ook 52 j/£ Rds Kaaps gekos of 5 % meer dan die 20 % agio van die Hollandse gulde ten opsigte van die Kaapse Ryksdaalder. Van Pallandt het dan ook skepties gestaan teenoor die bewering van die outoriteite as sou die wissels maar alleen 5 % duurder gekos het 3) Dit was alleen 'n verskil van standpunt tussen de Mist en van Pallandt In die grond van die saak het beide gelyk gehad. Waar laasgenoemde uitgegaan het van die tydstip 1781, toe die eerste papiergeld uitgegee is en die Kaapse Ryksdaalder 'n koopkrag gehad het van 48 Hollandse stuiwers, het de Mist uitgegaan van 1803 toe die papier Ryksdaalder die effektiewe waarde van 40 Hollandse stuiwers verteenwoordig het, wat die Kommissaris-Generaal ook deur sy uitbetalinge bestendig het. In werklikheid het die ingesetene dus 'n kwart op die waarde van hulle geld sedert 1781 verloor. In elk geval is daar teen hierdie premium 'n groot aanvraag vir wissels gewees en hoewel dit in 1805 'n veel groter agio gemaak het, het die Regering dit op 25 % gehou. s) So is daar elke maand vir die traktement en onderhoud van die troepe aan die Kaap ƒ 100,000 Hollands op die Asiatiese Raad getrek en veral toegestaan aan die weeskamer en ander *) lak. St 249. Gouvr. en Raad—de Mist, 13 Junie 1803, Dl. VII. Kol. Archief 4363. *) „Les vingt et cinq pour cent, dont on charga la lettre de change bien loin d'entretenir cette illusion, en diminua la force, surtout après la demonstratie» qu'on fit pour en appuier la justesse et 1'idée qu'on tachat de leur donner que la charge reêlle n'etait que de cinq pour cent, sans vouloir se rappeller a quelques conditions le papier monnoyé avoit été remis aux habitans, ou faire 1'aveu qu'on les rendit d'un quart plus pauvre par cette introduction." (Remarques sur Le Cap de Bonne Esperance, par A Baron de P., secretaire privé du Gouverneur et General en Chef 1803. Univ. BiW. Utrecht, Na 3004, p. 35). *) Janssens—As. Raad, 31 Mei 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802—1806, p. 348. Kol. Arch. 4375. 352 persone, wat gelde moes remitteer tot onderhoud en opvoeding van kinders in die Bataafse Republiek. Ten opsigte van die Spaanse mat was die Kaapse papiergeld nog meer gedepresieer, omdat dit veel meer gevra was dan wissels op die Asiatiese Raad, kragtens die feit, dat met die Spaanse matte oral betalinge kon gemaak word. Die verhouding tussen die Spaanse mat en die Kaapse Rds was aan hewige skommelinge onderhewig. Dit het grotendeels afgehang van die hoeveelheid aankomende skepe, die hoeveelheid verversinge, wat hulle ingekoop het en of die goedere, wat hulle ingevoer het in Spaanse matte of in natura verreken is. So was die Spaanse mat teen die end van 1803 tussen 108 en 120 stuiwers papiergeld, 'n paar maande later op 132 stuiwers1) en op 31 Mei, 1805 meld Janssens aan die Asiatiese Raad, dat die harde piaster reeds 3 Rds 6 sch. d.i. 180 stuiwers, kos.2) Hierdie depresiasie van die papiergeld ten opsigte van die Spaanse mat was geweldig nadelig beide vir die Regering en vir die partikukere, daar sekere behoeftes alleen deur vreemde neutrale skepe kon bevredig en in Spaanse matte betaal moes word. Wanneer 'n amptenaar ƒ 1600 Hollands in die Republiek ontvang kon hy daarvoor 640 Spaanse matte gekoop het. Aan die Kaap, egter ontvang dieselfde persoon 800 Rds (omdat die Rds teen twee gulde Hollands omgereken word) en daarvoor kon hy maar 292 piasters koop. Wat 'n piaster in die Republiek gekoop het kon nie daarvoor aan die Kaap gekwer word nie. Vrag, assuransiekoste en wins van die koopliede het die effektiewe waarde van die ƒ 1600 Hollands of 800 Rds Kaaps nog minder laat word. Daarby dien aangemerk te word, dat die traktemente van die ampte-nare onder die Bataafse bestuur heel ongunstig vergelyk het *) Janssens—As. Raad, 4 Maart 1805, Memorie H. Br. en Bijl. 1802— 1806, p. 287. Kol. Arch. 4375. ») Janssens—As. Raad, 31 Mei 1805. Janssens, Br. en Bijl. 1802-1806, p. 348. Kol. Arch. 4375. 353 met dié, wat onder die Engelse regime gegeid het.1) Soos reeds aangemerk was die pryse aan die Kaap ruim 150 a 200 % hoer vir dieselfde artiekels as in die Republiek. Natuurlik het die oorlogstoestand met die gevolglike geringe aanbod hier 'n groot invloed gehad, maar daar die betaalmiddel aan die Kaap 25 a 30 % gedepresieer het ten opsigte van die Nederlandse gulde, was die werklike verskil in' pryse natuurlik iets kleiner. In elk geval die depresiasie van die papiergeld het swaar gedruk op die kolonie Op hierdie feitlik ontwrigte geldsisteem het al die poginge van die outoriteite berus om meer ewewig te bring tussen die inkomste en uitgawes van die kolonie ten opsigte van die moederland. Trouens de Mist het die uitdruklike opdrag gehad om alles aan die Kaap so eenvoudig en so min kosbaar moontlik in te rig. 'n Buitengewone poging moes aangewend word om in die vroeë toekoms, deur die ontwikkeling van die inwendige welvaartsbronne die kolonie self in die nodige uitgawes aan die suidpunt van Afrika te laat voorsien. *) Vol. Br. en Byl. Gouvr. en Raad 1803—1804, p. 169—171 vo. lys van Hollandse traktemente en p. 35—45 ly« van Engelse traktemente Kol. Arch. 4373. 23 HOOFSTUK XVIII. VERHOUDING TUSSEN DIE INKOMSTES EN UITGAWES VAN DIE KAAPSE REGERING. Die Kaap is altyd as 'n finansiële laspos ten opsigte van die moederland beskou. Oppervlakkig gesien, is dit ook inderdaad die geval gewees, d.i. dat die Oos-Indiese Kompanjie hom altyd (behalwe 'n kort periode in die begin van die 18de eeu) ») aanmerklike somme moes getroos om die finansiële rekening ten opsigte van die Kaap te laat sluit. Maar die Kaap as laspos mag nie sonder meer aangeneem word nie. Alleen kragtens die feit, dat die kompanjie nieteenstaande die finansiële opofferinge tog geen afstand van daardie besitting wou doen nie, wys op ander voordele, wat teen daardie groot nadeel kon opweeg. Maar selfs alleen finansieel beskou mag die Kaap nie as 'n laspos bestempel word nie alleen uit hoofde, dat die Kaapse boeke n tekort aangewys het. Dit kon alleen gebeur, wanneer elke debietpos wel deeglik vir die Kaap as sulks aangemerk moet word. En dan rys die vraag, wat moes gebeur met poste soos die aanbou van fortifikasies en ander verdedigingsmiddele, die aanbou en onderhoud van magasyne vir die verversing van skepe na en van Indië, die administrasieonkoste hieraan verbonde, al die uitgawes in verband met die militêre besetting en selfs die koste verbonde aan die siviele administrasie. Word al hierdie poste beskou uit die oogpunt van die Kaap as verversingstasie, as die voormuur van Indië, dan sou hierdie poste op die Indiese Rekening en via Indië (kragtens die groot winste) op die moederland gebring moet word. Selfs die siviele administrasie-uitgawes kan hieronder geskaar word, want dit was onontbeerlik om die ingesetene te i) Sien Colenbrander: Koloniale Geschiedenis, Dl. I, 1925, p. 160. 355 Iaat voorsien in die behoeftes van die op Indië varende skepe. En uit hierdie gesigspunt moet die Kaap as finansiële laspos dan seker ook beskou word tot die end van' die 18de eeu. Intussen egter het die Kaap langsamerhand self ontwikkel in 'n landboukolonie en sodoende ook 'n ander karakter aangeneem. Sy funksie as verversingsplaas het nie daardeur opgehou nie, wel verminder deur die verbeterde skeepvaart, maar sy betekenis as militêre voormuur is op hierdie tydstip nog eerder in belangrikheid toegeneem. Eers die toepassing van stoomkrag op die skeepvaart en die Suezkanaal sou hierin 'n radikale verandering bring. So is in die begin van die 19de eeu die Kaap dan ook beskou as 'n provinsie van Nederland en sodoende losser ten opsigte van Indië te staan gekom. Uit hierdie nuwe verhouding tot die moederland word die Kaapse finansies dan ook hier beskou, hoewel die grootste deel van die laste nog direkte verband bly bahou met die Indiese besittinge. Om 'n beeld te kry van die verhouding tussen die inkomstes en uitgawes aan die Kaap onder die Bataafse bestuur sal die finansiële staat oor die jaar 1804 (die middelste en normaalste jaar van hierdie periode) hier nader beskou word.1) In die eerste geval het onder die inkomstes in aanmerking gekom die opbrings uit die leningsplase. In die geheel was daar 2022 plase van hierdie soort in 1804. Hiervan was 212 egter öf deur die Engelse Regering gedurende ses jaar vrygestel van betaling van rekogniesie (weens die verwoestinge van die Kaffers en Hottentotte) öf was op die Oomblik nie in besit nie — terwyl 'n 21-tal teen die helfte van die gewone rekogniesiegeld in gebruik was. Dus kon op die rekogndesiegeld van ruim 1800 plase gereken' word en wel teen 24 Rds p.a. Daarby het elke verkoop van die opstal van so'n leningsplaas no9 2^2 % van die koopsom opgebring. Vir die verkoop van ■ *) Dit geskied aan die hand van die syfers deur W. S. van Ryneveld In 1805 verstrek. (ZulAAfr. Tyds., Dl. IX, 1832, p. 366—390 en Dl X, 1833, p. 13-33). 356 alk vaste eiendomme buite Kaapstad moes 'n hérereg van 4 % betaal word. Ook van die verpagting van die soutpanne het nou en dan klein bedrae in die Goewermentskas gevloei. Bogenoemde middele het in 1804 47,719 Rds 13 St. opgebring.1) Aan die drankpag, aksynse en hérereg op die verkoop van vaste goedere binne Kaapstad het 118,038 Rds 38 St in gekom.2) Aan in- en uitvoerregte is in 1804 opgebring die som van 102,460 Rds 23 St. teen 37,107 Rds 18 St. die vorige jaar. Die groot vermeerdering in 1804 was gedeeltelik te danke aan die kwendiger handel van die Amerikane aan die Kaap maar veral weens verkoop van Regeringsweë van vyf skeepskdinge Indiese produkte, wat grotendeels weer uitgevoer is. In normale tye sou hierdie bron van inkomste veel kleiner wees. Daarenteen sou die handelsvryheid, wat onder die nuwe sisteem aan die Kaap verleen is seker 'n gunstige invloed op hierdie pos gehad het. Aan seëlregte het die ingesetene 20,998 Rds 6 St. in die Regeringskas gestort. Daarby is uit die rente op die beleende kapitaal van die Bank van Lening 25.977 voortgevloei, aan vandiesiegekk 62,009 Rds 6 St.; posgeld 250 Rds 36 St.; hawe- en ankergéld 941 Rds 26 St. (1803: 5,055 Rds 42 St.); justóesie-opbringste 6000 Rds; Goewermentsdrukkery 3939 Rds 43 St.; van die Weeskamer 1396 Rds 24 St.; verkogte ammuniesie 2831 Rds 36 St.; ekstraoidmêre ontvangste b.v. prysgeld van die Engelse Kroon en besittinge van die Engelse Oos-Indiese Kompanjie, en verkogte gronde 420,017 Rds 28 St.; ontvangs van penninge of wissels uit Nederland 272,662 Rds 34 St. en vir die afdoening van insolvente boedels deur die Desolate Boedelkamer 8683 Rds 47 St. Alks te same kom die inkomstes dus te staan op 1,093,927 Rds 19 St. Maar dit was nie alles suiwer en standhoudende *) Hieronder is ook begrepe enige agterstallige gelde. •) Van 1 Sept. 1804-31 Aug. 1805 betaal Matfeld ƒ 185,000 Ind» valuasie, Ai. ólófjff/s Rds vir die pag van koele wyne en Brandewyn. (Br. en Byl. Gouvr. en R. 1804-1805. p. 388 vo. Kol. Arch. 4374.) 357 inkomste nie. In die eerste plek moet hiervan afgetrek word die ektraordinêre inkomstes soos die konfiskasie van die goedere van die Engelse Kroon en die Engelse Oos-Indiese Kompanjie; ook die opbrings van die verkoop van kruid en ammuniesie aan die ingesetene, daar dit tot die militêre staat behoort het; so ook die wissels en ander geld deur die Nederlandse Regering aan die Kaapse Goewerment gestuur. Die som ieder jaar deur die Weeskamer aan die Goewermentskas uitgekeer is net voldoende gewees om die bediendes van daardie administrasie te betaal en dit was ook die geval met die eksekutoriale verkopinge, wat gedien het tot die bekostiging van die Desolate Boedelkamer. Dus moet die hoofsom met 705,591 Rds 20 St. verminder word sodat die suiwer koloniale inkomste 388,335 Rds 47 St. Kaaps bedra het. Hierdie berekening is nog. in soverre te gunstig ten opsigte van die normale koloniale inkomstes, dat die in- en uitvoerregte oor 1804 abnormaal groot was weens die verkoop van die Indiese produkte aan die Kaap, wat ander jare nie plaasgevind het nie. Die grootste pos onder die koloniale uitgawes was die betaling van die siviele traktemente en wel 150,495 Rds 24 St. Dit sou by verdere uitbreiding van die kolonie en verdeling in meerdere drosdye heel wat vermeerder. In die twede geval het die predikante en kerklike bediendes die Regering 10,040 Rds 40 St. gekos. Soos reeds aangemerk is daar spesiale belastinge aangewys, waarmee die skoolkommissie die koste vir skole en onderwys moes bestry. Dan is daar 70,566 Rds 18 St. uitgegee aan die onderhoud van regeringsgeboue en fortifikasies. Dit het die vorige jaar 167,194 Rds 24 St. beloop. Die verskil is opvallend en was veral te wyte aan „den desolaten staat, waarin de Engelschen ons alle de publieke gebouwen hebben achtergelaaten en die ik moest laaten herstellen en noch verder moet laaten verbeteren of de gemeene zaak kon niet gered worden", skrywe de Mist aan die Staatsbewind.1) Dit is een van die poste, waarby twyfel kan ontstaan of dit ') De Mist, Br. en Bijl., p. 156. Kol. Arch. 4356. 358 op rekening van die kolonie of op dié van die moederland moet kom Onder hierdde geboue was in die eerste geval cue Kasteel met de daarin zijnde Barakken, Gouvernement*Hotel en wooningen voor gehuwde officieren, wagten, provoost, Weeskamer, Secretarieën van Politie en Justitie, Ontfangst Generaal, 's Lands Drukkery etc. etc." Daarby was die Goewermentshuis in die „Tuin", waar die Goewerneur onderdak moes vind, ook in n erg vervalle staat. Ook die barakke en die hospitaal „superbe en groote Gebouwen, gelijkende naar de Admiraliteitsgebouwen te Rotterdam waaren totaal onbruikbaar .... de daken ingevallen enz." *) Die Regeringsgeboue in Falsbaai het reparasie dringend nodig gehad. Die koringmagasyn is onder die Engelse heeltemal afgebrand en moes daar van duur pakhuise gebruik gemaak word. Kragtens die gebruik van hierdie geboue sou mens van gedagte wees, dat die grootste gedeelte van die koste daaraan verbonde by die militêre uitgawes in berekening gebring moet word. Trouens die barakke. die hospitaal word uitsluitend, die koringmagasyn grotendeels en die kasteel gedeeltelik in verband met die militêre en die aankomende Nederlandse skepe gebruik. Van Ryneveld meen dan ook, dat met alle redelikheid maar van die bedrag op die koloniale rekening moes kom. Janssens daarerateen is van gedagte „dat om binnen de grenzen der billijkheid te blijven, het corps darmee, zoo lang het onvermogen der kolonie voortduurt, voor rekening van de Republiek moet blijven, ten minste niet met die koloniale lasten te worden verward; maar dan behoort tot het corps darmee alleen soldij, kleeding. wapenen, voedsel, fourage, remontes enz., maar geenszins gebouwen, vaste werken enz.; dit behoort tot het locaal, en dus tot de kolonie." 2) Volgens hierdie opvatting van Janssens sou die volgende pos van 108,562 Rds 7 St. vir die aanvulling of onderhoud van die ammuniesiemagasyne ook gesplits moet word en alles, wat aan onderhoud ») De Mist, Br. en Bijl., p. 156. Kol. Arch. 4356. *) Zuid-Afr. Tyds., Dl. X, 1833, p. 17. 359 bestee is op die koloniale rekening moet kom. So'n gemengde pos is ook dié van 31,788 Rds 36 St. vir die aanvulling of onderhoud van die regeringskeepswerf en betaling van die geëmplooieerdes en matrose, daaraan verbonde. Wel kon die Kaapse skepe ook hier gerepareer word, maar die Kaap het destyds maar alleen 'n paar klein sloepe gehad' en die werf was uitsluitend tot die gerief van aankomende Nederlandse skepe. Die traktemente van die ekwipagemeester, onderekwipagemeester en inspekteur van die rede is reeds by dié van die siviele amptenare ingesluit. Janssens het gemeen, dat die ékwipagewerf „met al deszelfs omvang moet zijn ten laste van de kolonie", terwyl die uitgawes vir reparasie van oorlogskepe of dié van die Asiatiese Raad of van vreemdelinge aan die koloniale kas vergoed moes word.1) Tot die aanvalling en onderhoud van die regeringsgraan- en ander magasyne het 1804 41,239 Rds 26 St. geëis. Die aankoop van graan kan natuurlik nie as 'n suiwere uitgawe bestempel word nie, daar dit sonder of met heel weinig verhes of wins elke jaar moes af gereken word. Die admindstrasiekoste kon op die koloniale rekening geplaas word, alhoewel die militêre sowel as die burgery van Kaapstad vir hulle brood van die magasyne afhanklik was. Maar daarby kom hier ook sulke onderdek voor, wat óf op die militêre rekening öf op dié van skepe van die Asiatiese Raad gebring moet word. So is daar onder hierdie pos in berekening' gebring „fourage 20,000 Rds, verzending naar Batavia met het schip Neptunus 12,000 Rds". Die eerste behoort tot dk militêre uitgawes en die twede tot dié van Batawië. Dan het die onderhoud van die slaweloge die Regering 6178 Rds 17 St. gekos en grotendeels word die slawe gebruik vir arbeid in verband met aankomende skepe en ook by die militêre departement. Hier ook sou 'n splitsing nie onredelik wees nie — maar die Goewerneur meen, dat dit „oneigewaardig (zou) voorkomen; de tegenwoordige omstandigheden kunnen sommige bij het personeel van het *) Zuid-Afr. Tyds., Dl. X, 1833, p. 18. 360 Corps darmee doen dienstbaar zijn, maar anders hebben hunne bezigheden, voor het meerder gedeelte, betrekking tot het locaal; en wat het werk aan schepen aangaat, moet het aldaar onder de kosten berekend worden." &) Verder is 2,507 Rds 3 St. betaal vir die onderhoud van die bandiete of bannelinge en aan traktemente vir die mindere dienare van justiesie 10,332 Rds 9 St. Skepe van die Asiatiese Raad het hier verversinge geniet vir 5961 Rds 19 St. Dit was geen koloniale uitgawe nie. Bowedien is in berekening gebring die betaling van wa- en skeepsvragte. Dit was weer 'n gemengde pos, want volgens Janssens „behoort het meerder gedeelte der wagenvracht tot de koloniale lasten."2) Vir die aanlê en onderhoud van bosse en landerye is 465 Rds uitgegee en aan subsidieë 1000 Rds. Daarby het die hospitaal en geneesmiddelmagasyne 52,023 Rds 33 St. gekos en wel ten laste van die Asiatiese Raad vir aankomende skepe en die militêre besetting. Regstreekse uitgawes ten dienste van die Indiese Regering het 5812 Rds 6 St. beloop en aan ekstraoixiinêre uitgawes word die pos van 46,193 Rds 4 St. aangetref, wat ook maar gedeeltelik ten laste van die kolonie kon aangemerk word. Verder is aan sekrete uitgawes 902 Rds 2 St. en vir die mihtêre staat 746,797 Rds 27 St. in berekening gebring. Dus beloop die regeringsuitgawes in 1804 die som van 1,292,849 Rds 19 St. Maar soos reeds aangemerk kan verskillende van hierdie poste nie uitsluitend op die koloniale laste gebring word nie. Dit is dan ook moeilik om 'n splitsing in che verskillende gevalle te maak. Met betrekking tot die onderhoud van goewermentsgeboue en fortifikasies, kan mens redeneer, dat dit die kolonie as sulks weinig kon skeel, (soos Janssens ook gemeen het) onder welke moondheid dit hom bevind en dus uit eie beweging wel die koste vir regeringsgeboue sou maak maar nie vir forte en verdedigingsmiddele teen die buiteland nie, *) Zuid-Air. Tyd*., DL X, 1833, p. 22. ») Ibid., p. 24. 361 te meer daar die koloniste tog self hoofsaaklik in hulle binnelandse verdediging moes voorsien of liewer voorsien het. In elk geval was die destydse Regering van oordeel, dat hierdie uitgawes uitsluitend, altans grotendeels ten laste van die kolonie moes kom. Dit was die geval met die poste van onderhoud van regeringsgeboue en fortifikasies, koste in verband met die onderhoud van die slawe, die betaling van waen skeepsvragte en die ekstraordinêre uitgawes. Ten opsigte van die laaste drie het die Regering die billikheid ingesien, dat hulle maar alleen gedeeltelik op die koloniale rekening geplaas kan word. Maar word die ongunstigste standpunt vir die kolonie ingeneem en word al hierdie gemengde poste ten nadele van die Kaap aangemerk, dan kom die uitgawes van 1804 te staan op 299,761 Rds 45 St. en die suiwer landsinkomstes uit die leningsplase, pagte, in- en uitvoerregte, seëlregte, rente van die Bank van Lening, vandiesie-, pos-, hawe- en ankergelde en van die drukkery op 388,335 Rds 47 St. en dus 'n oorskot van ruim 88,594 Rds. Onder die inkomstes was die pos van in- en uitvoerregte abnormaal hoog. Maar word dié van die vorige jaar geneem, toe van regeringsweë geen Indiese produkte verkoop is nie — 37,107 Rds — dan het die koloniale inkomste die suiwere laste nog met 23,241 Rds oortref. Volgens die berekening van Van Ryneveld was daar 'n oorskot van 141,560 Rds 45 St., waarby Janssens die volgende opmerking maak: „Het zoude in de Republiek niet weinig verwonderen, als men haar berekenen wilde, dat zij in het jaar 1804 groote Rds 140.000 op de kolonie geprofiteerd had." 1) Welseker kon die oorskot uit die oogpunt van die Republiek nie as 'n wins op die besit van die Kaap aan gereken word nie. Die besoldiging en onderhoud van die militêre besetting het buitengewone ei se aan die skatkis van die Republiek gestel. Hier kon mettertyd verandering aangebring word, deur die koloniste persoonlik aan die verdediging te laat meehelp. In *) Zuid-Afr. Tyds., DL X, 1833, p. 29. 362 die binnelandse verdediging was dit reeds al die geval en ook sou en het die koloniste by die Engelse aanval in 1806, al het hulle aantal dan ook nie *n groot gewig in die skaal gewerp nie, tog getoon, dat hulle in die toekoms by die verdediging teen buitelandse aanvalle wel 'n faktor sou wees. Tereg se de Mist dat die moederland „geen pecunieel voordeel van deze Volkplanting getrokken heeft, daar het geheel product der Goloniale belastingen jaarlyks door de tractementeö der civiele ambtenaaren, onderhoud van gebouwen, en der middelen van verdediging enz. enz. wierd geabsorbeerd en de Volkplanting nimmer in staat geweest is, of immers nimmer zich in staat gesteld heeft zich zelve te kunnen bedruipen." *) Maar op daardie moment kon nie meer van die kolonie verwag word nie. Dit was reeds bowe verwagting. dat dit alle uitgawes behalwe dié van die mihtère staat kon bekostig en vir die indirekte voordele ten opsigte van die Nederlandse besittinge in die Ooste moes die moederland gewiUig wees om wat ten koste te lê. Elke provinsie van 'n land bring nie eweveel in die skarkis in nie. Die Kaap was een van die ekonomies swakkere provinsies van die Bataafse Republiek. Van geen enkele ander provinsie is verwag om alleen vir sy verdediging te sorg nie en seker kon dit ook nie van die Kaapse verwag word nie, alleen omdat hy buite die geografiese grens van Nederland geval het en sodoende swaar verdedigingskoste meegebring het. i) De Mist—Gouvr. en Raad. Zwartberg, 26 Febr. 1804. Not. de Mist, Dl. IX, p. 345. Kol. Arch. 4365. HOOFSTUK XIX. ENIGE REORGANISASIE-MAATREËLS. Die besluite tot reorganisasie met betrekking tot verskillende takke van administrasie deur die Kommissaris-Generaal, kort voor sy vertrek na Nederland staan gedeeltelik in verband met die regeringsfinansies aan die Kaap. De Mist het intussen die geleentheid gehad om te sien, hoe die nuwe adnrinistratiewe masjiene, wat hy aan die suidpunt van Afrika inmekaar gesit het gefunksioneer het. Waar sy instruksie hom die vrye hand gelaat het kon hy dan ook veranderinge en aanvullinge aanbring. Reeds op 1 Maart 1803 by die installasie van die Politieke Raad versoek die Kommissaris-Generaal hulle aanmerkinge in verband met die instruksie, wat hy hulle gegee het. Op 31 Julie, 1804 het hy weer die advies van' die Goewerneur en Raad gevra in verband met die instruksies van die hoogste kolleges. Intussen het die Kommissaris-Generaal verskillende kere besprekinge met die Goewerneur hieroor gehad.1) In elk geval het die Goewerneur en Raad hulle bedenkinge in gestuur op 28 November, en 1 Desember 1804.2) Maar die besluit van de Mist is reeds aangeteken in sy notule onder 27 November 1804. Dit is egter hoogs waarskynlik, dat hy die advies van 28 November reeds in hande gehad het of in elk geval van die inhoud daarvan op hoogte was, voor hy sy besluite van 27 November geneem het, omdat juis daardie bedenkinge almal behandel word. Laasgenoemde geld in die eerste geval die funksie van die Rade van Poliesie. Goewerneur en Raad was van oordeel, dat die Raadslede ook toegelaat *) Janssens—De Mist, 1 Dec. 1804. Mc Call Theal, Bel. Hist. Doe., III, p. 296. 2) Mc Call Theal, Bel. Hist. Doe. III, p. 272 en 296. 364 sou word om ander funksies te beklee, waardeur hulle bekend sou raak met die verskillende administrasies, waaroor hulle te oordeel het. Dit sou dan ook tewens n finansiële besuiniging meebring.1) Dieselfde aanbeveling word ten opsigte van die Raad van Justiesie gedaan.8) De Mist kon hiertoe nie besluit nie. „Het is incompatibel", sê hy „dat aan leden van den tegenwootdigen Raad, eenige subalterne administratien uit welken hoofde zij aan den Lande comptabel of redevabel worden zouden, worden aanbevoolen." s) As dit gebeur sou die Raadslede onder die toesig en korreksie van die Rekenkamer te staan kom, waardeur die outoriteit van die Politieke Raad in die gedrang sou kom. Wel was hy oortuig van die feit, dat daardie kollege nie in eweredigheid met die swaar koste van sy inrigting presteer nie en besluit hy om in die plek van Van Oudtshoorn, wat intussen bedank het,4) geen nuwe lid aan te stel nie. Ook hoef die Goewerneur by 'n ewentuele volgende aftreding van 'n Raadslid geen nuwe te benoem nie. Hierdeur sou die Politieke Raad dan uit drie lede bestaan, wat ook 'n aanmerklike finansiële besparing vir die kolonie sou beteken. Ook met betrekking tot die Raad van Justiesie was de Mist teen die beginsel van opeenhoping van ampte op een hoof. „De Lusten eener maatschappij moeten even als de Lasten zo veel mooglijk verdeeld en bij allerlei persoonen en geslachten elk naar haaren stand, talenten en conduiten genooten worden."5) Tog kon die Raadslede van Justiesie voortaan gebruik word by die administrasie van' die Weeskamer, Bank van Lening of Raad der Gemeente — funksies wat met die regspleging niks uitstaande het nie. Tot verdere besuiniging besluit die Kommissaris-Generaal om die Rekenkamer met twee lede te verminder en die Desolate Boedelkamer en die *) Mc Call Theal, Bel. Hist. Doe. III, p. 275 en 290. ») Ibid., p. 287. *) Not. de Mist, 27 Nov. 1804, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. *) Not. de Mist, 3 AprÜ 1804, Dl. X. Kol. Arch. 4366. 5) Not. de Mist, 27 Nov. 1804 § 17, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. 365 Bank van Lening elk met een. Ook sou die pos van onderekwipagemeester en capitaine du Port aan Falsbaai verval en dieselfde, wat betref dié van Groot-Major en Major de Place en direkteur van die Goewermentsdrukkery. Hierdeur sou daar 'n aanmerklike vermindering aan traktemente bewerkstellig word. Verder het die Raad van Poliesie beswaar gemaak teen die volkome onafhanklikheid van die Raad van Justiesie as regterlike mag en gemeen, dat in sekere gevalle die hoogste politieke mag in die kolonie reg van opskortóng van behandeling of uitvoering van vonnisse moes hê. *) Hoewel die KommissarisGeneraal ten volle oortuig was van die beginsel, „dat de Rechterlijke magt geheel afgescheiden van. alle wetgevende of uitvoerende magten, koud als marmer, zonder aanzien van persoon, en alleen God en de Wet in aanschouw hebbende. tusschen den man en zijnen naasten", moet regspreek, het hy gevoel, dat daar soms gevalle kan ontstaan, skadelik vir die politieke staat van die maatskappy.a) Daarom word artiekel 66 van die instruksie van die Raad van Justiesie in soverre verander, dat die Goewerneur en Generaal en Chef die bevoegdheid kry om die uitoefening van die regterlike mag vir 'n kortere of langere tyd op te skort in sodanige sake, waarvan die behandeling of beslissing skadehke gevolge vir die algemene belang mag hê. *) Op die aanbeveling van Goewerneur en Raad om weens die ontsettende duurte goedere uit Nederland of Indië tot die gerief van die Goewerment en ingesetene te laat aanbring4) en in goewermentsmagasyne op te slaan het die KommissarisGeneraal goedgunstig besluit, mits dit nie met die militêre goedere in die magasyne verwar word nie. Hy verleen Goewerneur en Raad ook die mag om in laasgenoemde geval tot *) Mc. Call Theal, Bel. Hist. Doe. Dl, p. 274 en 301. *) Not de Mist, 27 Nov. 1804, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. ») Not. de Mist 27 Nov. 1804, Dl. XI. Kol. Arch. 4367 en Instrucüen, Kol Arch. 4354, Raad van Justitie art. 66. 4) Mc. Call Theal, Bel. Hist. Doe. m. p. 277. 366 'n aparte administrasie te besluit, wanneer dit nodig mag geag word.1) D'Ozy is na Nederland en Van Polanen na Batawië gestuur. In verband met die oprigting van regeringswynkelders het die Kommissaris-Generaal afwykend besluit. Die spesiale toesig oor die landsmagasyne word aan die Rekenkamer opgedra en die Prokureur-Generaal onthef van sy funksie as magistraat van die Kaapse distrik, wat voortaan deur die president van die Raad der Gemeente sou waargeneem word. Die mag van die Prokureur-Generaal word verminder, omdat hy selfs die Goewerneur as suspekt kan laat arresteer en omdat onder die rustige binnelandse toestande so'n uitgebreide mag vir hom nie nodig was nie.a) Ook aan die besware van Raadslid Van Polanen teen sekere bepalinge van die prowisionele instruksie van die Politieke Raad, waarmee Goewerneur en Raad akkoord gegaan het is deur de Mist tegemoet gekom. Dit het veral betref die voorsorgmaatreëls vir die bekleding van die pos van Goewerneur as dié langer dan vier weke afwesig was of te sterwe sou kom, wanneer die presidium by die vier lede sou rondgaan. In die eerste geval is die Raad van oordeel, dat die Goewerneur alleen bekleed was met die uitvoerende mag, öf hy ook al handel volgens sy eie instruksie öf volgens die besluite van Goewerneur en Raad. Deur die rondgaan van die voorsitterskap by die vier lede word die uitvoerende mag verdeel en dus verswak. Daarom het die Raad ten sterkste aanbeveel, dat by langdurige afwesigheid van die Goewerneur die uitvoerende mag weer op een persoon sou oorgaan en wel op dié van die oudste lid met die volle voorregte en verantwoordelikhede aan die ampte van die Goewerneur en Generaal en Chef verbonde. Hierop het die Kommissaris-Generaal besluit, dat die Goe- 1) Not. de Mist, 27 Nov. 1804, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. 2) Uitg. St. 243. De Mist—Janssens, 6 Aug. 1804. Not. de Mist. Dl. X. Kol. Arch. 4366. 367 werneur by langdurige afwesigheid een van die Raadslede in sy plek op 'n spesiale instruksie sou aanstel en dat die persoon dan die voorregte aan die Goewerneursamp verbonde sou geniet, asook die gebruiklike verantwoordelikhede sou aanvaar. In geval die Goewerneur te sterwe kom, word sy plaasvervanger by meerderheid van stemme uit en deur die Raad gekies. Die aanbevelinge van die Goewerneur en Raad wys op 'n groter konsentrasie van mag in die persoon van die Goewerneur. So meen die Raad: ,,Dat de advijzen der Raad van Politie, hunne concurrentie tot sommige zaken' der Colonie mogen den Gouverneur nuttig of' noodwendig geoordeeld worden; het is echter en behoord alleen den Gouverneur te zijn, die eigenlijk en in effecte de Colonie regeerd: de gronden van zijn systema van regeering moeten door den Raad aangenomen en agtervolgd worden." 1) Die Kommissaris-Generaal het dan ook besluit, dat voortaan alle oppergesag aan die Goewerneur sal behoort en alle uitoefening hiervan alleen deur hom en op sy naam sal geskied en dat hy tewens die bevoegdheid sal hê om kolleges of amptenare te suspendeer of af te sit. Want dit sou 'n verlamming van sy mag wees, wat veral nie in 'n volksplanting op so'n groot afstand van die moederland mag gebeur nie, wanneer die Politieke Raad soms by meerderheid van stemme en teen die opienie van die Goewerneur besluite mog neem. Waar die grensskeiding van die magte van Goewerneur en van Goewerneur enRaad nog onduidelik mag voorkom sou die Goewerneur beslis en 'n verslag van die indiwiduele opienies van die lede aan die Asiatiese Raad opstuur.3) Na die oorgawe van die Kaap in 1806 het Janssens selfs 'n Politieke Raad as onnodig beskou. In gevalle, waar die Goewerneur raad nodig mag hê sou hy dit van sy hoofamptenare verkry. Wel kon daar 'n sekunde of luitenant-goewerneur *) Mc Call Theal, Bel. Hist. Doe. III, p. 297. s) Not. de Mist, 27 Nov. 1804, Dl. XI. Kol. Arch. 4367. 368 wees met geringe mag om by siekte of afwesigheid van die Goewerneur op te tree.1) Sodoende wou hy 'n nog groter konsentrasie van mag in die persoon van die Goewerneur gele sien. In bogenoemde advies van Van Polanen het 'n paragraaf voorgekom, waarin skerp beskuldiginge teen de Mist vervat was. Volgens van Polanen sou die Kommissaris-Generaal deur gebrek aan energie, deur 'n „schroomachtigen geest" en 'n beredeneerde sorg om buite verantwoordinge te bly aan die Kaapse bestuur 'n slapheid en 'n lydelike gedrag meegedeel het.2) By die eerste lesing hiervan, sê de Mist het dit hom as 'n donderslag getref, by die twede is hy deur weemoedigheid vervul en dat die „nu tienmaal herhaalde Jeezingen in mij ontstoken hebben dat gevoel van verontwaardiging, en geoorloofde drift tot verdediging van eer, die alleen getemperd wordt door het besef en overtuiging, dat niet alle leden van den Raad het daar in besloten vergif hebben opgemerkt ..."*) Die Goewerneur het n.1. aan de Mist meegedeel dat hy en die ander Raadslede hulle met die advies van Van Polanen verenig het. Laasgenoemde het nog gewys op die beter en manliker gees van die Goewerneur en gemeen, dat dit nie deur belemmerende instruksies verhinder moet word nie. In elk geval de Mist was geweldig verontwaardigd. Ongetwyfeld moet die beskuldiging dan ook as 'n persoonlike van Van Polanen teen die Kommissaris-Generaal opgeneem word. Soos reeds aangetoon, was daar wel hier en daar verskil van opvatting tussen die Goewerneur en die Kommissaris-Generaal en kan die gedagte opkom of die Goewerneur nie agter die beskuldiginge sit nie. Die brief van Janssens, wat die advies *) Verhandeling Omtrend het geene gedaan As. Raad 21 Byl. N. 109. Rijksarchief. J) Van Polanen—Gouvr. en Raad, 24 Oct. 1804. Mc. Call Theal, Bel. Hist Doe III, p. 307. s) De Mist—Janssens, 3 Dec. 1804. Mc. Call Theal, Bel. Hist. Doe. III, p. 310. 369 van Van Polanen begelei het maak egter nie so'n indruk nie1) — ook nie die lang brief van die Kommissaris-Generaal nie, waarin hy aan Janssens persoonlik uiting gee van sy verontwaardiging en gekwetste gevoel en die Goewerneur versoek om die Raad mee te deel, dat hy geen antwoord sou gee op daardie voorstel van hulle nie, maar dit met al die ander stukke, wat tot sy verantwoording moet dien onder die oog van die Staatsbewind sou bring. Seker was die beskuldiging van Van Polanen ongegrond. De Mist kon van ander tekortkominge beskuldig word maar seker nie van gebrek aan energie, van slapheid en poging om die verantwoordelikheid te ontving nie. Hierteen getuig sy energieke optrede tydens die suspensie van oorgawe van die Kaap, waar hy in erg kritieke omstandighede verkeer het — maar bowe alles getuig hierteen sy handelinge en besluite vasgelê in sy notule, wat hy na sy terugkoms aan die Staatsbewind* ingehandig het. 'n Paar maande na die vertrek van die Kommissaris-Generaal het Janssens oorgegaan tot verdere reorganisasie.a) Niks is belangriker meen hy, dan 'n gereëlde, duidelike en spaarsame administrasie nie „en hoe zeer de beste wijzing van den Commissaris-Generaal aan dezelve alfaier gegeeven was, kon mij de uitvoering niet voldoen — de onderscheiden raderen wilden niet ooreenstemmen," 8 Die Goewerneur wou die hele administrasiewese vir die Regering gemaklik oorsigtig maak en veral die finansiële staat van die kolonie sodanig konsentreer dat die Regering „ten allen tijde uit een zelfcer beginsel kan werkzaam zijn, om de nodige middelen tot het afsnijden van uitgaven het beteugelen van verkwisting, het verbeteren van Finantiën en wat dies meer is daar te stellen." Vir hierdie doel het hy die hoofde van al die administrasies op geroep en tot ongedwonge medewerking opgewek. Elk van hierdie *) Janssens-De Mist, 1 Dec. 1804. Mc. Call Theal, Bel. Hist. Doe. DL p.296. ») Janssens—As. Raad, 31 Mei 1805. Janssens, Br. en Bijl 1802—1806 p. 349 vg. Kol. Arch. 4375. ») Ibid., p. 350. 24 370 amptenare moes 'n rys Optrek Van die persone, geboue en. goedere, met byvoeging van salarisse en uitgawes, wat vir sy departement sou nodig wees. Al bierdie opgawes word aan