DIE^OS||yAN|MEifWEDE AFRIKAANSE BEWEGIN#f i. V;j-"iii1i;rY:;:Vitj]^- . '. .... rMsCH00NE3£S 0700 7427 DIE PROSA VAN DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING. AKADEMIES PROEFSCHRIFT TER VERKRUGING VAN DE GRAAD VAN DOCTOR IN DE LETTEREN EN WIJSBEGEERTE AAN DE UNIVERSITEIT VAN AMSTERDAM, OP GEZAG VAN DE RECTOR-MAGNIFICUS DR. P. ZEEMAN, HOOGLERAAR IN DE FAKULTEIT DER WIS- EN NATUURKUNDE, IN HET OPENBAAR TE VERDEDIGEN IN DE AULA DER UNIVERSITEIT OP VRIJDAG 17 NOVEMBER 1922, DES NAMIDDAGS TE 3 UUR DOOR PIETER CORNELIS SCHOONEES, GEBOREN TE UNIONDALE, ZUID-AFRIKA. AMSTERDAM IDru*kerii MCMXXII J. H. DE BUSSY. INHOUD. VOORWOORD Bis. vu HOOFSTUK L DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING Bis. 1—28 § 1. Historiese Inleiding (1—4). § 2. Teëstelling tussen die Eerste en Twede Beweging: (4—6). § 3. Die Twede Beweging veel meer dan Taalbeweging {6-7). § 4. Gevaar vir Isolasie (8). § 5. Kultuur-toestande (8—14). § 6. Kalvinisme en Kuns (14—18). § 7. Die Prosa. — Algemene Karakteristiek (18—25). §8. Krietiese Standpunt (25—27). § 9. Beperking van Onderwerp. — Indeling (27-28). HOOFSTUK II. POLEMIESE PROSA Bis. 29—40 Adr. J. H„ H. de Waal (29-30). G. S. Preller (30-31). Dr. D. F. Malan (31-32). Prof. N. J. Brümmer (32-33). Die Brandwag (33). Prof. J. J. Smith (34). Dr. T. B. Muller (34-35)- Ons Moedertaal (36). Adv. C. J. IaHgenhoven (37—40). HOOFSTUK III. PROSA UIT DIE TYDSKRIFTE Bis. 41—61 § 1. (o) De Goede Hoop (41—43). (&). (43—45). § 2. Die Brandwag (45—55)- Jan F. E. Colliers (48—53). Hettie Cilïié en E. H. F. de Roubaix (53-54). Iz. vam Heerden (54-55)- § 3- Die Huisgenoot (55—60;. § 4. Ander Tydskrifte (60-61), X INHOUD. HOOFSTUK IV. G. E. TON WIKLLIGH, „Die Laaste stem uit Die Genoot- skap van Regte Afrikaners" Bis. 62—99 Lewensskets (62-63). Eerste Skrywers (63—66). Jakob Platjie (67—71). Huis en Veld (71—74). Staan jou Man (75—77). Boesman-Stories (77—82). Styl en taal (82—99). HOOFSTUK V. ROMANS, TERHALE EN SKETSE Bis. 100—230 § 1. Adv. J. H. H. de Waal: Lewensskets en inhoud van sy twee romans (100—103). Is Joh. van Wyk 'n historiese roman ? (104—108). De Waal se romans is intriegeromans (109—111). Karaktertekening (112—117). Natuurbeskrywing (118-119). Styl (119—125). Dialoog (126). Anglisismes (127—130). Taal (130—132). Stompies (132-133) ; § 2. J. Lub (133—135)- § 3- J- G. Engela (135-136). § 4. Adv. C. J. Langenhoven: Lewensskets (136-137). Ons Weg deur die Wereld (II en III) (137—140). § 5. Christian Zinn. (140-141). § 6. Dr. D. F. Malherbe: Vergeet nie, inhoud (141—143). Bettie se „offer" (143—148). Karaktertekening (148—150). Gebrek aan objektiwiteit (150). Styl (151—158); § 7. Mej. Chris. C. Euvrard (158-159). § 8. JoubertReitz (159—161). §9. Jochem van Bruggen: Lewensskets (161-162). Teleurgestel (162—171). Op Veld en Rande (171—174). Ampie (174). Die Burgemeester van Slaplaagte (174—176); § 10. Gordon Tomlinson (176—180). § 11. Adv. H. A. Fagan: Lewensskets; Uit 'n Studente-Album (181-182). Uitgesogte Afrikaanse Verhale (182-183). § 12. Reenen J. van Reenen: Lewensskets; Celestine, Verborge Skatte (183—185). Die Lokaas (186—188). § 13. Léon Maré: Die Nuwejaarsfees (188—195). Ou Malkop (195—197). § 14. D. P. duToit (197—199). § 15. A. du Biel: Getrou (199—202). Die Misdade van die Vaders (202—205). § 16. Mevr. M. Jansen-Pellissier: Lewensskets; Die Veldbloüfx&etjie; Verskil tussen goeie en slegte tendenswerk (205—207). Sedeprekery (207-208). Styl en taal (208-209). § I7- J- XI H. Malan: Lewensskets (209-210). Die Swerweling as historiese roman (210—212).Karaktertekening (212—14), Styl en taal (214—219). § 18. Ds. J. H. Kruger: Lewensskets en inhoud van Twee Rampe en twee Gelukke (219-220). Die kenmerke van goeie dialoog (220). Karaktertekening (220—223). Styl en taal (223—225). § 19. Mej. Sadie Bosman (225—228). § 20. G. J. Ot(o (228-229). § 21. Wolla (229). § 22. Slypsteen (230). HOOFSTUK VI. SATIERIES-HUMORISTIESE PROSA Bis. 231—248 § 1. Ds. Willem Postma {Dr. O'Kulis): Lewensskets (231-232). Die Eselskakebeen (232-233). § 2. Reenen J. van Reenen: Die Agterstevoortrekkers (234—239). § 3. Adv. C. J. Langenhoven (Sagmoedige Neelsie): Sonde met die Bure (239—243). Doppers en Filistyne (243—248). HOOFSTUK VIL DIDAKTIESE PROSA Bis. 249—261 § 1. Adv. C. J. Langenhoven: Ons Weg deur die Wereld I, IV, VI, IX (249—253). Aan Stille Waters.— Langenhoven se letterkundige opvattings (253—259). § 2. Dr. C. Lonis Leipoldt: Praatjies met die Oumense (259—261). § 3. G. Jordaan (261). HOOFSTUK VIII. DIEREBESKRTWING Bis. 262—269 § 1. A. A. Pienaar (Sangiro): Lewensskets (262-263). Sketse uit die O os-Afrikaanse Dierewêreld (263—269). Hans Anton Aschenborn (269). HOOFSTUK IX. REISBESKRYWING Bis. 270—273 § 1. A. J. Jacobs {Dómitie) : Reisavonture op Land en See (270-273). XII INHOUD. HOOFSTUK X. HISTORIESE PROSA Bis. 274—325 § 1. Inleiding (274—276). § 2. Gustav S. Preller: Lewensskets (276—278). Voortrekkermense I en II (278). Dagboek van Louis Trigardt (279), Piet Retief (279—282). Kaptein Hindon (282-283). Baanbrekers (283). Twee Geskiedkundige Opstelle (284). Genl. Botha (284-285). Letterkundige Opvattings (285—288). § 3. J. H. Malan: Boer en Barbaar (288—291). § 4. Dr. S. P. E. Boshoff: Vaalrivier, Rebellie-Sketse (292-293). § 5. J. A. Smith: Brit en Boer (294-295). Naar Bloedrivier en Paardekraal (295). § 6. Dr. J. D. du Toit (Totius) : Ds. S. J. du Toit in Wegen Werk(296—300). §7.Ds.W.Postma(I>r. O'Kulis) : Doppers (300-301). Die Boervrou (301—304). § 8. Thos. Blok: Grensboere (304). § 9. Ds. G. B. A. Gerdener: Sarei Cilliers (305—307). § 10. A. J. Tan der Walt: Lewensskets (307). Noordwaarts (308—310). Vastrappers I (310-311). § 11. Senator G. G. Mnnnik: Kronieke van Noordelike Transvaal (311—313). § 12. Ds. J. D. Kestell: Lewensskets (313), Die Voortrekkers (314-315). Christiaan de Wet (315—317). § 13. Dr. N. J. Tan der Merwe: Marthinus Theunis Steyn (317—324). § 14. Mevr. Lenie Boshoff-Liebenberg: Moedersmart en Kinderleed^A-Z2^)- NAAMREGISTER Bis. 327—330 HISTORIESE INLEIDING. 3 neemlik bestempel; maar die feit bly dat Melt Brink se optree — al het hy dit self nie bedoel en self nie eens geweet nie — een van die sterkste aanvalle op die vesting van die Hoog-hollandse skryftaal van Suid-Afrika was: hy het immers die mense gewend gemaak aan 'n taalvorm wat nie meer Nederlands was nie; en toe die afwykinge eers begin het, moes die eindresultaat Afrikaans wees." (Die Huisgenoot Mei 1922.) Geen gebeurtenis het soveel bygedra tot die eenheidswording van die Afrikaanse volk nie as die oorlog van 1899—1902. „Die Transvaalse Vryheidsoorlog van 1881 was maar 'n begin, en die Jameson-inval van 1895 maar skrikmaak, vergeleke met die ontsettende jare tussen 1899 en 1902 .... Die kloof tussen Kolonialer, Vrystater, Transvaler en Nataller (was) toegespoel deur *n vloed van wee en ellende. Die hele Afrikanerdom het gevoel, asof hulle verlate was deur die ganse beskaafde wêreld Waar hul vroeer, teenoor die naturelle, hul ^«wverwantskap gevoel had, het hul nou, teenoor Engeland, leer besef, dat hul lede van een nasie is ... . In smart en angs is ons nasie gebaar geword. Die swaard het ons geboortemerk op ons voorhoofde geskrywe. Maar ook by ons het die dood die lewe gevoed. Die puinhope van die twee Republieke het die vrugbare bodem geword, waarin die nu we Afrikaanse Nasie wortel, van die Kaap tot in Kongoland, en van Duits-Suid-Wes tot BritsOos-Afrika!" !) „In die oorlogsjare is die vaderlandsliefde in lewendige ligte uitgelaai. Op die oorlogsveld en in die vreemde kom besinning en inkeer tot menige Afrikaner. En na Vereniging is dit oopgegaan, saggies-seer, en beginne drup-drup, soos bloedtrane uit die geheue drup." 2) Met ons het dit gegaan soos Tennyson so mooi sê: If a state submit „At once, she may be blotted out at once And swallowed in the Conqueror's chronicle. But in wars of freedom and defence The glory and grief of battle won or lost x) Dr. T. B. Muller: Die Geloofsbelijdenis van 'n Nasionalis. (i9r3), p. 8. 2) Preller: Inleiding tot Die Vlakte, 5de druk, p. iz. 4_ TEËSTELLING TUSSEN DIE EERSTE EN TWEDE BEWEGING. Solders a race together — yea — tho' they fail, The names of those who fought and feil are like A banked up fire that flashes out again From century to century, and at last May lead them on to victory, — I hope so Like phantoms of the Gods." Na die oorlog word die stryd vir die erkenning van Afrikaans hervat deur 'n jonger geslag en is die Twede Beweging al gou aan die gang, eers in die Kaap en later in Transvaal en Vrystaat. Nog sestien jaar sou dit egter duur, voordat die volkstaal deur staat, uniwersiteit en kerk erken word.i) § 2. Teëstelling tussen die Eerste en Twede Beweging. Besonder skraal was die letterkundige oes van die Patriot-beweging. Maar dat die Regte Afrikaners met taaie volharding en groot opoffering gestry en so die pad vir 'n jonger geslag skoongemaak 't sal iedereen erken. Teen alle vooroordeel in het hulle die durf gehad om 'n volk sy eie taal te leer lees, en afgesien van hul prestasies op ander gebied, verdien hulle al daarvoor alleen die dank van alle Afrikaners. Dat die hele beweging feitlik doodgekwyn het deur die politieke omswaai van een talentvolle leier is 'n bewys van die lae trap van ontwikkeling waarop die volk toe nog gestaan het. Selfs vandag nog belemmer verskil van politieke insig ons vooruitgang op kulturele gebied, maar gelukkig het die volk tans so 'n beskawingspeil bereik, dat selfs vyfof meer renegaatleiers die Twede Beweging nie sou doodkry nie. Primitiewe letterkundige begrippe en die gemis aan leidende persoonlikhede was naas die reeds genoemde oorsake aanspreeklik vir die gedeeltelike mislukking van die Patriot-beweging. Wanneer daarby die maatskaplike toestande in aanmerking geneem word, dan blyk dadelik, dat 'n opluiking van nasionale kuns in die laaste kwart van die neéntiende eeu allermins te verwagte was. Aan H Die taalstryd het Dr. E. C. Pienaar beskryf in: Taal en Poesie van die Twede Afr. Taalbeweging. Vgl. daarby egter Hoofstuk III. TEËSTELLING TUSSEN DIE EERSTE EN TWEDE BEWEGING. h die Kaap het wel betreklike rus geheers, maar daar het ook'n deur-en-deur verengelste onderwyssisteem alle vooruitgang op kulturele gebied ondermyn. In die republieke het die Trekkers 'n stryd op lewe en dood gevoer teen die inboorlinge en die insluk-politiek van 'n magtige wêreldryk, terwyl hul intussen nog die land bewoonbaar gemaak het. By al die faktore kom nog die ontdekking van die goudvelde, met die daarop volgende instroming van uitheemse elemente, wat 'n landelike bevolking voor geweldige ekonomiese en kulturele vraagstukke gestel het. „Wij zien in de jaren 1884 en 1900 in Zuid- Afrika een reeks van gebeurtenissen voorvallen, zóó buitensporig van karakter, dat men in de nieuwere geschiedenis te nauwernood de wedergade zal vinden." !) In so 'n woelige tydperk kon die kuns nie opbloei- nie. Daar was geen tyd vir rustige besinning nie en die vinnige loop van die gebeurtenisse het alle geleidelike ontwikkeling onmoontlik, gemaak. Voeg ons daarby nog die stryd op taalgebied en die gebrekkige eenheidsbesef, dan hoef dit niemand te verbaas nie, dat die kunsontwikkeling gering was, en die Patriotters alleen voortrekkerswerk kon verrig. Wanneer dan na die oorlog van 1899—1902 die vaste wil van die volk kenbaar word om die stryd vir nasionale selfstandigheid met geestelike wapens voort te set, dan ontbreek die leiers ook nie en word die geskiedenis van die Twede Beweging gekenmerk deur 'n gestadige vooruitgang, wat sedert die laaste jare met verrassend snelle tempo toeneem. Die ,,nou-rym-ons-lekker"-periode2), waarin iedereen, van Generaal Joubert af tot die skaapwagtertjie in die veld versies inmekaar gedraai het, was verby en al dadelik word op die ernstige strewe van die Twede Beweging nadruk gelê. In 1906 sê Preller al: „Afrikaans het tot hiertoe groteliks gedien als 'n soort van trog, om al die o'erloop vulgariteit van die nasie op te vang";3) en Jan Celliers verklaar in sy brosjure, Doel van Ons Tydskrif: „As ons let op wat in hoofsaak tot nog toe gelewer is in die Afrikaanse *) Dr. W. J. Leyds: Het Insluiten van de Bóeren-Republieken I, p. XI. 8) Vgl. L. v. Niekerk: De Eerste Afr. Taalbeweging^, p. 64. 8) De Volkstem, 18 Aug. 1906. KALVINISME EN KUNS. 15 Prof. J. J. Stnith het daarop gewys, dat sekere kunsuitings al agterdog veroorsaak het. „Ons volk is by uitstek Kalvinisties en die geroep om die kuns ter wille van die kuns self te bewonder, wat die kunstenaar ook al mag voorstel, het heelwat argwaan teen die kuns verwek. Om 'n agterveldse patriarg 'n skilderstuk voor te hou of 'n beeldhouwerk te toon wat 'n voorstelling aee van Voortrekkersdogters wat in die Oranje-rivier baai, sal by hom nie juis liefde vir die kuns wek nie, want as afstammeling van die Hugenoot en Geus het hy alreeds met die idee vertroud geraak, dat die beeldhoukuns 'n werktuig in die diens van die afgodedienaar is en die skilderkuns 'n instrument om Roomse kerkvensters mee te versier."1) Op die Bloemfonteinse Taalkongres is daar in 1909 'n skermutseling gewees oor die vraag of die Akademie die opvoering van toneelstukke moes bevorder.2) „Dit voorstel werd echter hevig bevochten" in 'n voorlopige komiteevergadering al, en hoofsaaklik deur kerklike teenstand verwerp. Merkwaardig is egter, dat daar tog ook predikante ten gunste van die voorstel was. In Die Banier (Des. 1921) bepleit Dr. H. J. Steyn die oprigting van beroepsgeselskappe op goeie gronde. „Die tyd is verby om die toneel te bestry op grond dat dit teen ons sedes is. Die Engelse toneel is nie alleen 'n gevaar vir ons sedes nie, maar ook vir ons nasionale gevoelslewe." 3) In die taalstryd het die liefhebbery-toneel uitstekende dienste bewys en ook tans nog is daar geselskappe, wat groot gedeeltes van die land afreis. Jan Celliers sê in 1910 al: „Dis op ander plekke ook duidelik gebleke dat die toneel'n magtige middel kan wees tot sedelike opvoeding, deur aan die mens 'n spieël voor te hou van sy drifte, hartstogte en ydelhede. En die toneel boesem eerbied en liefde in vir die landstaal. In ons land, veral, waar^so min gelees word, kan die toneel 'n groot rol speel..." 4) !) Die Huisgenoot, Feb. 1919. 2) Vgl. Jaarboek I, p. 49 vlg. en p. 14. Vgl. ook Dr. G. Besselaar: Z.-A. in de Letterkunde, p. 95. 8) In die pers is aangekondig, dat D. J. Smal, die bekende yweraar vir gelyke taalregte na die buiteland gaan vir tegniese toneelopleiding. *) Akademie Jaarboek I, p. 92. 16 KALVINISME EN KUNS. Hoe die Kalvinistiese gees reageer op die moderne Nederlandse letterkunde blyk o.a. uit die jaarboeke van die Akademie. In 'n voordrag De Dichter als Ziener sê Dr. J D. du Toit (Totius): „Bij overvloedige tol van eerbied, die gij zeker met mij aan de nieuwe Hollandse dichters betaalt, moet toch bejammerd worden het waarlik arm-zijn van hun verzen aan dat ideëel-zienlike, dat logies-objektieve. Hun subjektievisme doet hen omdwalen in een ijle, onlogiese, zinledige wereld." {II 57)- Ter stawing van sy oordeel voer hy aan Belpaire, Kunst- en Levensbeelden. Van l'art pour l'art wil Totius nie hoor nie. Met instemming haal hy Prof. Woltjer aan: „Het begin en einde van alle poëzie is de ere Gods in het woord Hem toegebracht uit en door zijn schepsel". In 1912 spreek Dr. I. J. Marais ( f 1919) sy professorale banvloek uit oor „De Nieuwere Richting in de Nederlandse Letterkunde", 1) waarmee hy hoofsaaklik die Tagtigers bedoel. „Zij verheerliken de kunst; zij zijn artiesten, die woordkoppelingen dulden, vaak door geen mens verstaan..." Beets, Da Costa, Van Lennep, Bosboom-Toussaint, Bilderdijk, Van Koetsveld en De Genestet — die noem hy almal „sterren van de eerste rang"! „Met hun heengaan nam de middelmatigheid bezit van het terrein"! Dat Van Deyssel dit waag om manne soos Vosmaer en Jan ten Brink die' les te lees word genoem „verwaandheid, die alle perken te buiten gaat". En dan volg die uitspraak: „De Opstellen van Van Deyssel, de Letterkunde van Kloos, de Studies van Van Eeden zijn geen letterkunde die veredelt." Veral die wêreldbeskouing van die Tagtigers prikkel tot teëspraak. „Het esthetiese neemt de plaats in van het etiese. Het schone wordt verheerlikt tegenover het goede en het ware, en het heilige." Steunende op Taco de Beer en Ds. Hulsman word die wêreldbeskouing dan veroordeel. Johan de Meester en Vermeylen val onder die skrywers „van mindere rang" en alleen enkele sonnette van Perk vind genade. En eindelik kom die volgende sug van verligting: „Goddank dat onze Zuid-Afrikaanse x) Jaarboek III, p. 54 vlg. DIE PROSA. — ALGEMENE KARAKTERISTIEK; 23 In die laaste tyd is daar egter 'n rêaksie gekom op die awontuurlike rigting. J. van Bruggen, Leon Maré, Kruger, Van Reenen en ander verdiep hul in karakterstudie en ook in talrykè tydskrifverhale word die mens meer en meer hoofsaak. Deur die genoemde skrywers is realistiese werk van goeie gehalte gelewer. Oor die algemeen moet egter geseg word, dat ofskoon ons goeie vertellers het, wat die kuns van aanskoulike voorstelling verstaan, daar nog uiters selde 'n karakter geskep is, wat deur plastiese uitbeelding en fyn, menskundige aanvoeling 'n blywende indruk maak. Daar is meer as een skrywer met 'n raak opmerkingsgawe, maar ons voel telkens asof die dinge meer deur 'n soort projeksie-» apparaat bekyk word, as deur die oog van 'n kunstenaar. Wat Van Deyssel „de oppermacht der intuïtie" noem, ontbreek nog. „The depiction of the external, objective, carnal, precedes in every form of expression of which we can have records, the consideration of the internal, the subjective, the spiritual. We go from shapes, and forms, and bulk, and externals, to the presentation of the life within." !) Daar is al genoeg aanduidings dat by ons die ontwikkeling dieselfde weg sal volg. En Stoddard toon aan dat dit ook op ander terrein die geval was. Sohet die skilders eers die Madonna met 'n oureool geskilder; later pas „illumined and glorified by a light from within." Verskillende skrywers het op gelukkige wyse die inboorling geteken en ook hier is die strewe merkbaar om van die skildering van uiterlike eienaardighede oor te gaan tot die uitbeelding van dieper menslikheid. En naas die jagstories met hul bonte awonturereeks staan Sangiro se Sketse, waarin hy probeer „om die diere se gewaarwordinge uit hulle uiterlike beweginge te verstaan." 2) . Die groot behoefte aan leesstof in die moedertaal het meer as een skrywer, veral in die begin, uit pure vaderlandsliefde na die pen laat gryp. „Ons het 'n volk om te behou, ons het 'n nasie om op te voed, ons kan nie wag nie!" 8) was die wagwoord. In baie voorredes kan J) Stoddard: The Evolution of the English Nóvel, Chapter I. -) Yobr woord. 3) Jan Celliers in Die Volkstem, 19 Junie 1907. 24 DIE PROSA. — ALGEMENE KARAKTERISTIEK. mens dan ook sien, dat die enigste doel van die skrywer was om die leeslus aan te moedig. So verklaar De Waal van sy Stompies, dat hulle „van geen besonder gehalte op letterkundig gebied (is) nie", „die enigste doel van die skrywer is om te help voorsien aan (lees in) 'n nasionale behoefte".1) „Ons kan nie ons volk laat agterbly nie", sê Langenhoven by die verskyning van Stukkies en Brokkies (1911) en selfs in 1918 heet dit nog: „Die hele boek is maar 'n noodshulpie". Ook D. P. du Toit reken homself maar onder die „handlangers en knoeiers, wat somar roustene aandra vir die binnemure".2) Onder sulke omstandighede hoef die groot gebrek aan tegniek, waarop in die volgende hoofstukke herhaaldelik sal gewys word, geen verbasing te wek nie. Vandag is die toestand só verander, dat ons met die volste reg van alle aspirant-kunstenaars kan eis, dat hulle goed georiënteer is in die wêreldletterkunde, dat hul ten minste 'n begrip het van die algemeen erkende tegniese reëls, voordat hulle aan skrywe gaan. Ons kan ook met reg verwag, dat hulle geen uitgediende, outydse modelle navolg nie, dat hulle steeds in voeling bly met die literêre vooruitgang in ander lande. Maar aan die eise het nog net enkele voldoen en daarom het ons letterkunde allesbehalwe 'n moderne cachet. Op taalgebied heers daar by die meeste skrywers groot onsekerheid. Daar is nog 'n soekery, 'n rondvallery om die juiste vorm te kry, wat natuurlik maklik verklaarbaar is, by 'n geslag wat gister eers geleer het om sy eie taal te skryf. By meer as een is die taal nog stroef en onbuigsaam, wanluidend en sonder ritme. Ander weer, soos Preller, wat goed op die hoogte van die moderne stylkuns is, skryf al in 1906 'n gekultiveerde taal, klankvol wegdeinend op bevallige ritme en telkens verrassend deur oorspronklike beeldspraak, ontleen aan Airikaanse volk en bodem. 3) Uit tallose voorbedde in die volgende hoofstukke sal blyk hoe 1) Voorrede 2de druk. 2) Voorrede: Sy Ta se Skuld. s) Vgl. b.v. sy Persoonlike appresiasie van Joh. van IVyk, De Volkstem, 18 Aug. 1906. KRIETIESE STANDPUNT. 25 gevaarlik diep die vreemde parasiete al deur die bas van die taalboom geknaag het, en hoeveel speurende sorg daar sal nodig wees om hulle uit te vroetel. By enkele skrywers is daar 'n welbewuste strewe na mooiheid van klank en frisheid van segging, by die meeste egter 'n gedagtelose naskrywery van geykte Hoog-Hollandse beeldspraak. Gelukkig is daar ook al prosa geskryf, wat bewys, dat Afrikaans in smydigheid, in seggingskrag en klank alleen 'n kunstenaar nodig het om tot sy reg te kom. Wanneer ons let op die stroom middelmatige verse, dan blyk dit hoe nuttig Jacob Geel se uitspraak ook vir ons kan wees: „Laat ons het Proza bewerken: de echte Poëzie zelve zal er bij winnen". § 8. Krietiese Standpunt. In die volgende hoofstukke word 'n poging gedoen om die letterkundige waarde van ons vernaamste prosawerk te bepaal. Wie bekend is met die toestande in ons land sal toestem, dat by die estetiese kritiek 'n verwysing na die kultuur-historiese waarde van die besproke boeke noodsaaklik is. In enkele gevalle word dit afsonderlik gedoen, maar hier kan met nadruk daarop gewys word, dat die meeste behandelde werke, wat ook al hul gebreke mag wees, en hoe primitief hul ook dikwels mag skyn vir iemand, wat op die hoogte van die moderne Europese lettere is, tog almal, byna sonder uitsondering, voortrefldke dienste in ons taalen kultuurstryd bewys het. Daarom pas dit ons om 'n eresaluut te bring aan al die voortrekkerskrywers, wat ons volk van 'n geestelike hongerdood gered 't, deur wie se liefdevolle ywer ons nie langer as doofstomme bywoners in ons eie land hoef te sit en swyg nie. 'n Eresaluut, nie alleen aan die begaafde artieste nie, maar ook aan die, wat in alle eenvoudigheid houtkappers en waterdraers was, toe die meeste nog stil gesit 't, of niks anders as spot oor had vir 'n beweging, wat 'n einde aan ons lang periode van geestelike knegskap gemaak het. 26 KRIETIESE STANDPUNT. Die gevoel van piëteit hoef egter ons kriétiese vermoë nie te verlam, mag ons nie belet om sonder doekies omdraai 'n estetiese oordeel uit te spreek nie. Dit sou 'n verkragting van ons gewete wees en 'n fatale uitwerking hê op die verdere ontwikkeling van ons jong letterkunde. Nou dat die taalstryd feitlik afgeloop is, word dit tyd om vas te stel, wat ons tot dusverre bereik het; om te waardeer wat skoon is, om te laak wat gebrekkig is. Tyd ook, om die voortbrengsele van ons kuns te meet aan die meesterstukke van die buiteland. Want ons wil vorentoe beur! Ons wil Suid-Afrika „hoog opstooten midden in de vaart der volken". Ons wil nie 'n pieperig-bleek kasplantjie hê nie, wat alleen 'n sukkelbestaan kan voortsleep in 'n vaderlandse broeiatmosfeer. Dit moet 'n kan-nie-dood wees, wat ook die kritiek van ons Dietse stamgenote nie kan ontwortel nie, in vaderlandse bodem geplant, maar tog bestand teen alle wind en weer. Op dié gedagte is ook die kriétiese beskouing in die volgende hoofstukke gebaseer. Wie dit daarmee nie eens is nie, sal op meer as een skynbaar onbillike oordeel stuit. Maar laat diegene bedenk, dat ons op kuns-, net so min as op ander gebied 'n laer kan trek en met doringtakke inmenging van buite afweer. Op die gevaar van isolasie is reeds in 'n vorige paragraaf gewys. As ons digters reeds so 'n hoë peil bereik het, dat selfs Europese fynproewers hulle werk kan waardeer, dan hoef ons prosaïste ook nie met minder tevrede te wees nie. Jong Suid-Afrika streef ook op kunsgebied vooruit en die kunstenaar wat laag mik, sal in 'n paar tiental jare skoon vergeet wees. Daarom moet ook ons prosakuns op 'n kosmopolietiese plan kom te staan, wat geensins denasionalisering hoef te beteken nie. In die stadium van ontwikkeling, waarin ons tans verkeer, kan 'n gemotiveerde kritiek, waarin breedvoerig op prinsipiële kwessies ingegaan word nuttig wees en daarna is ook in hierdie werk gestreef. As dit lei tot 'n ruimer belangstelling in ons prosakuns, tot meer vergelykende studie en 'n juister insig in letterkundige verskynsele, dan is die doel van die skrywer bereik. Op die ooreenkoms tussen ons toestand en die BEPERKING VAN ONDERWERP. — INDELING. 27 Vlaamse is al dikwels gewys en dit geld ook .van die kritiek. August Vermeylen sê: „Elke flamingant achtte het zijn plicht zijne algemeene gedachten in de godentaal weg te brullen of uit te kwinkeleeren. In het begin onzer herwording, na het jaar 1830, was de literatuur het voornaamste wapen der Vlaamschgezindheid geweest, en lang nog meende ieder taalstrijder dat wapen te moeten hanteeren. Het vergde dan ook meer dan gewonen takt van den kritikus, om zich niet schuldig te maken aan landverraad, als hij den rijmelenden taalbroeder wat minder „puik" moest verklaren." *) § 9. Beperking van Onderwerp. — Indeling. Die volgende bespreking is beperk tot oorspronklike prosa, wat meer of min tot die terrein van die skone lettere behoort. Buiten beskouing bly dus («) suiwer wetenskaplike prosa, waaronder 'n groot aantal Afrikaanse dissertasies en die Populèr-Wetenskaplike Serie van die Nasionale Pers; (ö) godsdienstige prosa, soos die kinderbybel van Ds. Conradie en 'n hele paar preekbundels; (c) vertalings en omwerkings; (d) kinderboeke. Daar word 'n poging gedoen om te bepaal in hoeverre ons historiese prosa, deur versorging van styl en ander artistieke kenmerke tot die gebied van die kuns behoort. In § 7 is 'n algemene karakteristiek van ons prosa gegee. Op enkele strominge word daar gewys, maar tewens blyk ook hoe alles by ons nog in wording is. Veral by die romans en verhale is dit moeilik om tot 'n bevredigende indeling te geraak. Waar daar nog net vae aanduidings is van enkele hoofgroepe, en die meeste skrywers nog in verskillende rigtings rondsoek, word dit onmoontlik en ongewens om nou al kampe af te baken. Om dié rede is die voorkeur gegee aan 'n kronologiese indeling, wat onder ander die voordeel bied, dat die meeste skrywers as 'n eenheid kan bespreek word en, waar nodig, die ontwikkelingsgang in hul werk kan aangedui word. Op die manier is die ver- 1) Verz. Opstellen II, p. 149. 28 BEPERKING VAN ONDERWERP. — INDELING. brokkeling van 'n skrywer se werk soveel moontlik beperk. G. R. von Wielligh word in 'n afsonderlike hoofstuk bespreek, omdat hy in baie opsigte ,,'n Laaste stem uit die Genootskap van Regie Afrikaners" is. Vir die ander hoofstukke is geen opheldering nodig nie. Op enkele uitsonderings na word hier die Akademie:spelling gevolg. 36 POLEMIESE PROSA. die stryd ook in felheid toe. In Julie 1914 word die maandblad Ons Moedertaal opgerig as orgaan van die A. T. V., onder redaksie van J. J. Smith, T. B. Muller . en G. C. Tomlinson. Spoedig moes die teenstanders uitvind, dat die blad „geen heuningtou" was nie, „waarop allerhande soorte goggas hulle kan kom vergas Ons Moedertaal is veeleer 'n eselskakebeen soos die wat Simson met sulke dodelike gevolg op die Filistynse vyande van syn volk gebruik het . . ." (15 Okt. 1914). Die offisiële erkenning van Afrikaans deur drie Provinsiale Rade het die redaksie oormoedig gemaak. „ Nou behoef die Afrikaanse Taalbeweging nie langer te stry nie als Ismaeliete, teen wie alle man se hand gekeer is; hul veg nou met die steun van die landswette agter hul •rug" (15 Julie 1914). En op kwaai-sarkastiese wyse het hul geveg! Veral in die kolom Taalnuws en Opmerkings word nydige klappe uitgedeel. Die beste Nederlands van Afrikaners noem hul nie meer „amper-Nederlands" nie, maar „stertjie-Afrikaans", en as Ons Land per ongeluk „het universiteit" skryf, dan sê Ons Moedertaal: „Werkelik dis treurig dat daar in ons verligte dae nog soveel deurgekapte erdwurms is wat doelloos in twee rigtings tegelyk spartel." (15 Okt. 1914). Maar later word die redaksie moeg om die „gebasel" van teenstanders te „verpletter", omdat hul „ander werk het als om slapers en dromers te probeer wakker maak." (1 Nov. 1915.) * Die „ander werk" was dan ook van meer ernstige aard. B. B. Keet pleit op oortuigende wyse vir 'n Afrikaanse Bybel. „Daar is ontsaglik veel onderskeid tussen 'n taal waarmee ek my kan behelp en 'n taal wat ek liefhet; en al was daar g'n ander rede nie, sou ek hierdie rede afdoende beskou om te streef naar die doel wat ek my voorstel." (15 Sept. 1914.) Fagan en Tomlinson se belletristiese bydraes word onder 'n ander hoofstuk bespreek. 1) Smith set sy werk voort in Die Huisgenoot, waarin Ons Moedertaal in 1916 opgaan. Tot die polemiese prosa moet ook gereken word G. Vir verder besonderhede oor Ons Moedertaal kan verwys word na Dr. E. C. Pienaar: Taal en Poïsie3, p. 64—74. POLEMIESE PROSA. 37 S. Preller se twee Taal-Tiepes, Die Engelse Afrikaner en 'n Predikant. (Die Brandwag, 15 Feb. en 15 Maart 1914.) Jiems, 'n Engelse Afrikaner, wat saam met die Boere veg, raak aan stry met sy maats oor Afrikaans, wat volgens hom „te arm (is) om te bestaan". „Wat is 'n „stoep" op Engels, Jiems?" wou een van die seuns weet .... Dit was róak. Almal is tjoepstil. — „En wat bedui julie vir koppie, spruit, veld, kommando .. . ?" Nou was 't Koen se kans om in te vryf: „Daar het jul dit," sê hy, „die skatryke mooie Engelse taal leen selfs woorde uit ons armoedige Afrikaans." So raak Jiems getroef deur die Boereseuns, wat selfs vir die lastige sportterme raad weet! Ook sy eerwaarde, wat al die populêre argumente teen Afrikaans aanvoer, kry goed op sy baadjie. Hy wil: „Gij zult de dorschende os niet muilbanden" vertaal met „ |y moet die os wat koring trap die bek nie toebind nie". Maar sy optimistiese teenstander weet vir alles raad: „Vir ons is Afrikaans die taal van die Toekoms in ons wê'relddeel, ons glo daarin, ons werk en leef daarvoor." „Ons skryf tien jaar na bowestaande gedagtewisseling. En, kyk, — 'n mens moet jou oë vryf om séker te maak dat 't regtig só is! Maar dit is so! Sy hoogmogende is 't nou so waarlik ,,'n lus geworde om gade te slaan hoe daar gewoel word in Afrikaans, en om die eerste vrugte daarvan te proef!" En selfs in minder dan tien jaar, selfs in vy f jaar is die wonder geskied! Dit hoef ons dan ook nie te verwonder nie, dat 'n warm kampvegter vir Afrikaans, C. J. Langenhoven, wat nog in 1911 die oorsetting van die psalme in Afrikaans as heiligskennis beskou 't, in 1922 self een van die eerstes is om die hand aan die ploeg te slaan ! In Ons Land van 12 September 1911 skryf Langenhoven: „Als die Hollandse Kerk my sou vraag om die Bybel, die psalmen gesangböek en die formuliere, wat aan my hart geheiligd is deur my vroegste herinneringe in Afrikaans o'er te set, dan sou ik dit ten enemaal weier, al had ik die bekwaamheid daarvoor; en ik sou die voorstel (hoe onlogies ook) beskouw als heiligskennend. Dit sou vir my smaak 'n parodie wees." POLEMIESE PROSA. 39 teen Afrikaans weggebesem. Bitter is die aanklag teen die Hoog-Hollandse literatuur van Suid-Afrika; daarin „mankeer die goddelike vuur — die element wat onbepaalbaar is, wat jy nie kan voorskryf nie soos jy nie van elke wa-skilder en klip-kapper met paster- en duimstok-voorskrifte kan 'n Murillo of 'n Michael Angelo maak nie" (p. 445). En die gevolg is: ,,'n land sonder skrywers en sonder lesers; 'n beskaafde nasie sonder eie literatuur. Die inspirasie ontbreek Ontbreek! ontbreek!! ontbreek!!! in ons heerlike Suid-Afrika, waar elke berg en elke vlakte skreeuw om digters, waar elke tafereel öuit ons roemryke geskiedenis skreeuw om skrywers" (p. 447). Maar met voldoening word gewys op die ontluikende letterkunde in die moedertaal. „Ons wat so lank kwynend gesuig het aan die artifisiële gomelastiek tepels van die ingevoerde botteltjies dooie kondens-melk, begin nou aan ons eie moederbors gevoed en verpleeg te word" (p. 449)- Treffend is ook die aanklag teen die skoolsisteem. „Die Afrikaanse kind (word) deur les en boek, voorskrif en voorbeeld ingeprent en wysgemaak dat die taal van sy huis nie 'n taal van kuituur en beskawing is nie" (p. 460). Deur die hele betoog klink „die smeekstem van 'n Afrikaner met mede-Afrikaners om te erken wat syne en hulle s'n is, wat dit tog maar altyd sal bly, wat nie van die gehalte is om ons voor te skaam nie" (p. 4.61). En by die laaste gedagte tril die stem van gloeiende verontwaardiging: „Te skaam nie, menere! Skande op daardie skaamte! dis onse kostelikste roem, onse hoogste besitting: die één enigste witmans-taal wat in Suid-Afrika gemaak is en nie oor die seewater klaar gekom het nie, wat die spore van die lief en leed draag van alles wat ons en onse vadere hier deurleef en deurworstel en deur triumfeer het; die één band wat ons als nasie aan mekaar heg; die uitgedrukte siel van ons volk" (p. 461). In 1919 toe die Kaapse Sinode oor die erkenning van Afrikaans moes besluit, kom Langenhoven nog 'n keer met "n vlammende aanklag: „Komt aan, gij de Villiers's en Steytlers. Gij hadt er nu honderd jaar tijd voor — (om 'n letterkunde op te bou) gij en degenen die het voorrecht hadden Hooghollands evengoed als 40 POLEMIESE PKOSA. gij, of beter, aan te leren — zoals de priesters in de Middeleeuwen het Latijn aanleerden. En wijst ons, mijne heren, waar gij gezaaid hebt? Waar is uwe oogst? Het volk van Zuid-Afrika hongert te midden van de overvloed zijner mededingers. Ziet, zoals van gemelde priesters, is uw akker dor en onvruchtbaar gebleven. Ge hebt ons kuituurhuis voor ons woest gelaten: gij en uwsgelijken, de bevoorrechten onder een onbevoorrecht volk wier plicht het was geweest in onze bittere behoefte te voorzien. Ge kunt me geen enkel boek noemen — ook niet tot één toe — dat, door een Afrikaner in 't Hooghollands geschreven in al de tijd toen men, volgens u terecht, het Hooghollands onderwees en schreef en predikte, vandaag als een volksbezitting in de letterkunde leeft. En deze dorre landen van u voorbijgaande zijn wij begonnen — een korte halve generatie geleden — met onze gemene kombuistaai. En de werken onzer schrijvers in het Afrikaans hebben ons nu reeds een eigen letterkunde bezorgd, zodat de Afrikaner ook in de kultuurwereld zijn hoofd niet meer met schaamte hoeft te laten hangen. Denkt gij, dat is niets? Dat wij gearbeid hebben waar degenen die ons nu tegenstaan niets deden?.... Komt het u als een kleinigheid voor dat ook deze nieuwe tempelbouw belemmerd zal worden door de Rehums en de Simsais?" So skryf Langenhoven in sy brosjure De Heilige Ennen van Rehum en Simsai, wat onder die lede van die Sinode versprei is. Hoe mooi word daarin die deftige toon met sy bybelse wendinge vir die hoogeerwaarde here getref! Dit was sy antwoord op die brosjure Onze Afrikaans-Hollandse Spreektaal, van Melius de Villiers met 'n aanhangsel van Ds. A. I. Steytler (1919), waarteen ook J. J. Smith in Die Huisgenoot op kalm-wetenskaplike wyse te velde getrek 't. 1) x) Augustus 1919. Op aandraDg van enige predikante is Prof. Smith se verweer oorgedruk en as pamflet versprei. HOOFSTUK III. Prosa uit die Tydskrifte. i) J i. («) De Goede Hoop (1903—1914). Die oprigting van die tydskrif De Goede Hoop in Julie 1903 deur Mev. Koopmans-de Wet en „Onze Jan", „benevens andere der voorste Afrikaners in de Kaapstad".2) met Adv. J. H. H. de Waal, 'n erkende voorstander van Afrikaans as redakteur, is ongetwyfeld 'n feit van groot betekenis in die geskiedenis van die Twede Afrikaanse Beweging. Die talentvolle leier van die Eerste Beweging, Ds. S. J. du Toit, het deur sy on-Afrikaanse politiek van ni. 1896 die hele saak, waarvoor hy en sy medestryers met soveel opoffering sedert 1872 ge-ywer het, laat misluk. Die laaste spartelings van die Genootskap van Regte Afrikaners het nog tot 1909 geduur, toe die tydskrif Ons Taal dood gekwyn 't, maar veral om politieke redes moes daar 'n heeltemal nuwe begin gemaak word. Die ondersteuning van De Goede Hoop deur „Onze Jan" was 'n voldoende waarborg vir die eg-Afrikaanse rigting van die blad, en die redakteur het van die staanspoor af vasgetrap vir Afrikaans. Deur sy verstandige stadig-oor-die-klippers-taktiek-3) het hy veel gedoen om Werk, wat later gebundel is en ook los artiekels of verhale van skrywers, wat in die volgende hoofstukke ter sprake kom, word hier nie behandel nie. 3.) Goede Hoop, Julie 1903. 3) In die Junie-nommer 1905 merk hy op dat sommige lesers beswaar het teen te veel Afrikaanse stukke en gee die versekering „dat na Juli de bijdragen in 't Kaapsch-Hollandsch een zeer gering deel 42 DE GOEDE HOOP (IQO3 IQI4). die ou vooroordele teen die moedertaal weg te ruim, terwyl sy kragtige artiekels onder die nom de plwme fan van Rozenburg 'n groot stoot aan die nasionale beweging gegee het. De Goede Hoop was dan ook veel meer as 'n „eerste voorbode van die naderende renaissance', soos Dr. E. C. Pienaar in sy dissertasie beweer (2de druk, p. 12). „Van Kaapstad begint die viktorie vir die Twede Beweging en Adv. De Waal was seker een van die vernaamste kampvegters, wat deur middel van sy blad suksesvolle voortrekkerswerk gedoen het. Dat Gustav Preller se verdienste in verband met die Twede Beweging besonder groot is, ly geen twyfel nie, maar om te verklaar dat dit „op sy kragtige inisiatief in die lewe geroep" is, soos Dr. E. C. Pienaar doen, (Diss. p. 1) is stellig onjuis. *) De Goede Hoop het leesstof bevat vir mense van ryper leeftyd, maar was tog meer bepaald vir jongeliede bedoel.2) Dit het dan ook veral by jong Suid-Afrika lees- en skryflus opgewek en as propagandamiddel goeie dienste bewys. Op die betekenis van De Waal se werk word in 'n volgende hoofstuk gewys. Onder sy medewerkers was daar niemand, wat Afrikaanse prosa van letterkundige gehalte gelewer het nie. Dit is meestal kort, luimige verhaaltjies. Van 'n diepgaande letterkundige kritiek is daar ook nouliks sprake; kort aankondiginge is die reêi. Wat De Waal se opvatting van 'n roman is, blyk duidelik uit die volgende: „In de gewone roman heeft de held altijd te kampen met een listige mededinger om de hand van de beminde . . . Onverwachte gebeur- van ons maandblad zullen opnemen." Na aanleiding van Preller se brosjure Laat 't ons toch Ernst wegen sê hy: „Wij willen (Preller) in alle vriendelikheid waarschuwen niet te haastig te werk te gaan De invoering van Afrikaansch als schrijftaal moet zacht en geleidelijk geschieden" (Sept. 1905). !) Na aanleiding van die kwessie het daar 'n vinnige polemiek ontstaan in Die Burger. 12, 13, 22 Aug. en 5, 14, 16 Sept. 1921. Prof. J. J. Smith het in Die Huisgenoot, Sept. en Okt. 1921, 'n helder uiteensetting en samevatting van die korrespondensie gegee. Oor die geskiedenis van die Twede Beweging is die laaste woord seker nog nie gesê nie, maar voorlopig is m. i. Prof. Smith se konklusies heeltemal juis. -) Vgl. die eerste no., Julie 1903. DE GOEDE HOOP (1915—T92l). 43 tenissen, gemoedprikkelende verrassingen komt ge heel weinig tegen" (G. H. April 1913). Dit word gesê na aanleiding van Malherbe se roman Vergeet Nie, en in die nommer van Des. 1911 hoor ons van „verrassingen die zo onontbeerlik zijn voor 't sukses van 'n roman". Dr. D. F. Malherbe gee in die nommer van September 1906 uiting aan sy bewondering vir Johannes van Wyk. By sy beoordeling het die betekenis van die roman vir die taalstryd swaar geweeg. „Ons volkstaal, ons dierbare boompie, swoeg vandag onder die dubbele las van vyandskap en verfoeielike vooroordeel. En daarom verdien diegene, wat skriftelik of andersins manmoedig optree vir die saak ons ondersteuning en waardering." Vandag sal Malherbe seker nie meer van Johannes van Wyk o. a. beweer nie: „Oral'n diep-historiese gevoel, wat omstandighede en gebeurtenisse in die oog hou .... (De Waal) bied ons in sprekende simbole die inwendige van sy persone." (b). De Goede Hoop (1915—1921). Vanaf Januarie 1915 tree Prof. Ds. N. J. Brümmer as redakteur op. Hy is in 1866 gebore op die plaas Prospect, distrik Dordrecht.l) In sy studiejare op Stellenbosch het hy blyk gegee van buitengewone knapheid en daarna in Skotland en Duitsland sy teologiese en filosofiese studie voortgeset; maar 'n dringende beroep as predikant na Jansenville het hom van die doktorsgraad laat afsien. Op filantropies, kerklik en wetenskaplik gebied het hy prominent opgetree en ook as voorstander van die A. T. V. belangrike werk gedoen. Sedert 1911 is hy professor in die wysbegeerte aan die Stellenbosse Uniwersiteit. Die grootste gedeelte van sy werk is in Hollands, o.a. Spoken en Eerbied. Die Afrikaanse brosjure Die Afrikaanse Nasie is al onder Polemiese Prosa bespreek. Die grootste .gedeelte van die blad verskyn ook onder Brümmer se redaksie nog altyd in Hoog-Hollands, en ofskoon daar heelwat Afrikaans in voorkom, word *) Die lewensskets is aan Die Brandwag, Des. 1918 ontleen. 4é_ DE GOEDE HOOP ( 1915 1921). dit, as mens op die inhoud afgaan, langsamerhand veral die orgaan van die konserwatiewe minderheid, wat aan Nederlands vashou. Die voorstanders van Afrikaans 'verenig hul rondom Ons Moedertaal (1914), later verenig met Die Huisgenoot (1916) en Die Brandwag (5910). Dat die politieke beroeringe, wat na 1912 die Afrikaners in twee kampe splits, invloed gehad 't op die groepering van lesers is ontwyfelbaar. In h'ierdie oorsig van die letterkundige prosa uit die tydskrifte sou 'n nadere bespreking van die kwessie egter uit sy plek wees. Brümmer skryf veral oor etiese en sosiale vraagstukke en sy kragtige Hollandse artiekels wek in kerklike kringe groot belangstelling. Vanaf Augustus 1918 verskyn van hom 'n reeks didaktiese stukke Die Spraaksame Ossewa 1) in Afrikaans. Die ossewa is vir hom 'n beeld van die menslike lewe en elke deel daarvan kry 'n sinnebeeldige betekenis, van die as, wat ,,'n fatsoenlike karakter, die draagbalk van (die) lewenswa" is, tot die lunspen, die simbool van getrouheid. Die lewenswa kom by Brandewynshoogte, Praatdrif, Skinderkrans, ens., wat natuurlik aanleiding gee tot allerlei didaktiese oorpeinsings. „Die ossewa is al oud en daar sit wysheid in sy jare" (Sept. 1918). Dat so 'n sistematiese vergelyking soms uitloop op 'n soekery na vae ooreenkomste spreek vanself. Tog vorm dit 'n mooi bydrae tot ons didaktiese literatuur. Brümmer skryf 'n rustig betoënde styl, wat soms verras deur kernagtigheid en slegs selde storende wendinge bevat soos die volgende: „as 'n goeie ding gemisbruik kom worde" (Feb. 1919). Dat Brümmer soms agtiende-eeuse middels gebruik om sy blad vol te kry blyk uit 'n digwedstryd in die jaargang 1916. 'n Prys word nie alleen uitgeloof vir die beste gedig nie, maar selfs die onderwerp word aangegee, nl. die verhaal Hansie Smal, wat in een van die nommers van die blad verskyn het. By die beoordeling van die ingestuurde stukke gee Brümmer die verrassende uitspraak: „Poëzie moet vloeien, moet zalvend zijn . . . 2) (Sept. 1916). Dit staan daar! ]) 'n Paar daarvan het eers in Ons Moedertaal gestaan. 8) Ek kursiveer. DIE BRANDWAG ( IQIO—10,22). 45 Hoe laag die literêre peil van die blad word, blyk uit die opname van 'n eindelose reeks prulrympies. As staaltjie kan die volgende „gedig" dien, wat in 'n maandelikse wedstryd bekroon is: Geagte Heer, die editeur, Ek wil vir jou weer pla, Want ek wil in die „Goede Hoop" Vir jou 'n plekkie vra. Ek wil ook iets vir jou instuur Soos al jou vrindetal; En daarom skryf ek nou vir jou Oor „Lente in die Dal", . Op die manier kry die rymelaar „Charon" nog twee en 'n halwe kolom vol! (Sept. 1920.) Die bekroonde verhaal in dieselfde nommer is nie van veel beter gehalte nie. Dit is van ,,'n weerspannige dogter", wat „met 'n treurige, bleek gesiggie .... soos 'n skim deur die huis" dwaal, omdat haar vader vir Roelie weggejaag het. Sy is Protestants, maar voel so ellendig dat sy in 'n klooster wil gaan! Gelukkig oorwin Koos, 'n ander minnaar sy beskeidenheid, „versamei (genoeg) moed om sy geluk te beproewe" en in 'n ommesientjie word die weerspannige dogter weer 'n verstandige bruid. 'n Aantal verhale van E. de Roubaix staan op hoër plan, maar omdat sy beste werk in Die Brandwag verskyn het, word dit daar bespreek. Die letterkundige kritiek van De Goede Hoop bestaan nog altyd uit kort aankondiginge. „Dons maar op, alles sal reg kom!" word Marius toegeroep, (Nov. 1916). Wie Afrikaanse werk van letterkundige gehalte in De Goede Hoop soek, kom egter tot die oortuiging dat alles verkeerd loop. $ 2. Die Brandwag (1910—1922). Die Brandwag is opgerig op 31 Mei 1910 onder redaksie van Dr. W. M. R. Malherbe en Gustav Preller. Na die eerste ses nommers egter, vanaf 1 September 1910, is Dr. Malherbe alleen redakteur, totdat hy in 46 DIE BRANDWAG (iGTO 1922). September 1919 weer vervang word deur Preller, wat die blad redigeer totdat die uitgawe in Februarie 1922 om finansiële redes gestaak word. Die doel van die blad word in die eerste nommer só omskryf: „Die Brandwag heeft positie gekozen op 'n punt waar 't terrein alsnog onbewaakt bleef: het Afrikaner huisgezin." Dit wil die plek verower, wat opgevul word deur „vreemde kaf, als Home Notes en Home Chat en Home Journal, enz." Verder wil die tydskrif probeer om „leiding en koers te geven aan de vele zeer bekwaam gebleken Afrikanerpennen, die ernaar streven 'n eigen nasionaal-afrikaanse letterkunde te helpen groot maken." Met die uitvoering van die programma het die blad uitstekend geslaag en dank sy die medewerking van feitlik alle skrywers en digters van betekenis kon dit 'n hoë literêre peil bereik en tot die end toe handhaaf. Dat die blad 'n faktor van groot betekenis in die kuituuren taalstryd was is ongetwyfeld, en die verdwyning daarvan moet as 'n ramp beskou word. Daar is werk van blywende waarde in gepubliseer en deur middel van die wedstryde het 'n hele reeks nuwe skrywers, soos Jochem van Bruggen, Léon Maré, E. de Roubaix, M. Jansen, Hettie Cillié, e. a. bekend geword. In die kinderafdeling het Mev. Iz. van Heerden naam gemaak met haar voortreflike verhale, sodat „Tannie van Die Brandwag" 'n geliefde naam by die kleinspan oor die hele land is. Veel het die blad ook daartoe bygedra om gesonde begrippe oor kuns ingang te laat vind. Deur goeie vertalings en studies oor buitelandse kunstenaars is 'n poging gedoen om in voeling te bly met Europese kuns, terwyl talryke sketse, veral oor die Voortrekkers, die historiese belangstelling aangekweek en wakker gehou 't. So word b.v. aangedring op die publikasie van ou handskrifte: „Daar is al soveel in die laaste oorlog verlore gegaan, dat ons nou betyds moet begin om te red, wat nog te redde is." (15 Julie 1910.) Gesond was die letterkundige kritiek van die blad. Reeds in die eerste jaargang waarsku die opstellekommissie teen verhale met „awonture en kunsmatige verwikkelinge. Daarin moet die bekoring van 'n verhaal nie gesoek word nie, maar wèl in onopgesmukte voor- DIE BRANDWAG (iQIO—IQ22). 47 stelling van buitengewone of gewone gebeur tenisse — met ware en rake tekening van karakters." (Des. 1910.) Die krietikus X verklaar: „Ons skrywers begin in te sien, dat die krag en betekenis van 'n verhaal nie geleë is in gesogte samevlegting van buitengewone gebeurtenisse, opsetlike mooi-soekery, maar juistheid van skildering, natuurlike voorstelling, diepte en waarheid van karakter-uitbeelding, selfs in wat grappig is." (15 Feb. 1911.) Dit is nog iets anders as die „gemoedprikkelende verrassingen", waar De Goede Hoop na gesoek het! Ofskoon in die eerste jare die blote verskyning van 'n Afrikaanse boek al 'n gebeurtenis van belang was, laat die blad hom nie verlei nie tot wat G. S. P(reller) noem „onnadenkende, steriotiepe koerante-aanprysino-e" (15 Sept. 1913). Nadruklik word gewys op die waarde van elke boek vir die besonder Afrikaanse kuituurtoestand, maar steeds ook aangetoon, dat dit geen bly wende maatstaf moet wees nie. 'n Mooi voorbeeld daarvan is J. F. E. C(elliers) se beoordeling van Stompies deur Adv. J. H. H. de Waal. „Ons is bly met die verskyning van sulke werkies. Wat in ander land daarvan gesê mag word, gaat ons nie aan nie; ons weet net dat 't vir ons S. A. goed is, en dat manne wat hul daarop toelê om ons volk aan lees en aan dink en aan gebruik van sy eie taal te bring, alle lof verdien. Die skrywer siet goed in dat romanties aangelegde verhaaltjies, met 'n pikante sousie van awontuurlikheid of wonderbaarlikheid daaroor, meer lesers sal trek dan iets wat bepaald op letterkunde aangelê is, op karakter- en gevoelstudie van 'n fynere soort Nou die skrywer die groot publiek al by herhaling tevrede gestel het, spreek ons die hoop uit nog eendag 'n roman van sy hand te sien wat in diepgang, in gevoel- en karakterstudie, 'n letterkundige eersteling sal wees in ons werelddeel. . ." (15 Jan. 1912.) In die laaste jaargange tree veral Adv. Eugène, N. Marais op as krietikus, en ofskoon sy opmerkings meestal raak is, sou mefts van een wat self digter is, nie sulke snaakse bewerings oor poësie verwag nie. Sonderling is b.v. die volgende uitspraak na aanleiding van Van Bruggen se bundel Lente-Stemme: „Om die soort van G. R. VON WIELLIGH. 63 byna op die papier, en dan sien hy nog maar vyf tot ses letters tegelyk." „Omdat hy lange tyd op die platteland deurgebring het en 'n ystersterk geheue besit, beskik hy oor 'n skat van tiepiese Afrikaanse uitdrukkinge soos miskien geen ander lewende persoon op die oomblik nie." Vanaf 1876 het Von Wielligh geskryf in Die Patriot, maar toe die blad 'n onnasionale politiek begin te verdedig, het hy hom daaraan onttrek (1891). Later was hy weer medewerker vir Ons Klyntji, waarin die eerste paar hoofstukke van Jakob Platjie verskyn het. Ook aan die blad Ons Taal het hy bydraes gestuur. In 1907 het sy eerste Dierestories verskyn, vier dele waarvan tussen 1917 en 1922 uitgegee is. Verder: Jakob Platjie (1918); Eerste Skrywers (1918); Boesmanstories I—IV (1919—1921); Staan jou Man (1920); Robinson Cruso'è (1920), Huis en Veld in 1921 gepubliseer, maar reeds in 1916 geskryf; Nimrod Seeling(1921); Ghwennie Bamveld (1922). 'n Groot aantal stories en artiekels het in die tydskrifte verskyn, o. a. Ons Geselstaal in Die Huisgenoot (1921—'22), terwyl nog'n paar werke in die pers is. Von Wielligh is feitlik die enigste voorstander van die Eerste Beweging, wat ook aktief opgetree het in die twede. In Eerste Skrywers (1918) skets hy die ontstaan en werk van Die Genootskap van Regte Afrikaners, en verdedig die opvattings van die genootskap teenoor verskillende aanklagte van die Twede Beweging. Hy deel allerlei feite mee wat van groot belang is vir die geskiedskrywer van die Patriotbeweging, polemiseer teen die spelling en organisasie van die Twede Beweging en gee talryke taalkundige beskouings, wat getuig van 'n uitgebreide kennis van die volkstaal, maar wat soms minder juis is deur sy gebrek aan wetenskaplike^ insig in taalverskynsele. Reeds vanaf 1877 het Von Wielligh „alle egte en suiwere Afrikaanse woorde, uitdrukking^, sinswendinge, ens" opgeteken, maar sy werk het in die Anglo-Boere-oorlog in die hande van die vyand geraak. *) Sy uitgebreide studie oor Ons Geselstaal in Die Huis- l) Vgl. Eerste Skrywers, p. 57. 64 G. R. VON WIELLIGH. genoot (1921—22) getuig van 'n onverflóude belangstelling in die ontwikkeling en dialektiese verskynseïs van die volksspraak. Hy is 'n voorstander van purisme. Woorde soos „energie, soliditeit, affiliasie, alternatief" noem hy taalkriekies, „wat ons mense op die platteland — en ook baie dorpelinge — hoor sing, maar hulle weet nie waar die goedjies presies sit nie." i) Hy waarsku veral teen die gebruik van Neerlandse uitdrukkings „deur skrywers wat in Hollands en in Holland gestudeer het." 2) Eienaardig is dan ook die poging wat hy doen om Hollandse en vreemde uitdrukkings „nae 's landts gheleghenheyt" te verafrikaans. Woordevloed word ,,'n waterval van woorde" (Eerste Skr., p. 9); wierookvat, „wierooktessie" (p. 59); 't onderspit delven, „die onderspit byt" (Huis en Veld, p. 31); wittebroodsdagen, „soetebroodsdae" (p. 32); clairvoyance, „heldersienery" (t. a. p., p. 177); propaganda, „voortplantingplanne" {Die Brandwag, Feb. 1918). Von Wielligh se oordrewe purisme hang saam met sy opvatting van kuns. Eweas die ou Genootskap streef hy daarna om „die grote gros te bereik, wat letterkundig honger en dors ly". 3) (>Die ou Genootskap het vir leesstof vir die minder bevoorregtes gesorg, terwyl die nuwe net vir lektuur vir ontwikkelde persone wil sorg". Hulle stelling is „Ons mik hoog". *) In die voorwoord van Huis en Veld verklaar hy:.„Nog vashoudende aan die ywer om ons mense meer en meer te laat lees, het ons vir ons meer deur die populêre Afrikaanse verhaaltrant laat lei, as om ons aan praalgeskrif te bind, want ons volk hou min van geskrifte, volgeprop met dromery, maar verlang wel om verhale met korte bewoordinge in sy (lees hul) ware kleure afgeskilder te sien. So het ons die wenk gevolg van „praat gou want ek woon ver"." Von Wielligh staan dus nog heeltemal op die ou Patriotstandpunt. Hy vergeet dat daar sedert 1875 groot dinge gebeur 't, dat die Twede Beweging die taalstryd *) Eerste Skrywers p. 35. 2) t.a.p., p. 85. s) t.a.p., p. i5q. *) t.a.p., p. ij4. G. R. VON WIELLIGH. 65 gewin 't, juis omdat die intellektuele gedeelte van die bevolkino- die voortou geneem 't en nie tevrede was alleen met rympies en grappies nie. Vandag mag nie iedereen meer rympies maak nie „van Generaal Smuts af tot die veewagtertjie in die veld , en hom dan verheel dat hy ons letterkunde help opbou. Dit neem natuurlik die feit nie weg, dat in die periode vóór 1900 die Patriotskrywers op kulturele gebied nuttige werk gedoen 't, dat hulle die land geskoffel het waarop ons vandag ploeg en saai. Maar vir my is dit nog 'n ope kwessie of die taalstryd nie al vóór die Anglo-Boere-oorlog kon o-ewin gewees het nie, as die leiers van die Eerste Beweging hoër gemik 't. Dit is onloënbaar dat daar tans nog 'n groot skare rustelose soekers na skoonheid is, wat spartel om hulself te verhef bo die wanhopig reëlmatig terugkerende besighede van die alledaagse lewe, mense wat bevrediging soek vir dieper behoeftes dan dié van geldsak en liggaam. Hul sit dikwels op afgeleë buiteplase, waar alle middele om die vae drang na iets hoërs en skoners te verwesenlik heeltemal ontbreek en waar 'n oorspronklik warme aandrif langsamerhand jammerlik verkwyn. i) As Von Wielligh hom geroepe voel om vir die „minder bevoorregtes" te skrywe, dan doen hy seker nuttige werk, maar dit ontslaan hom nie van die plig om „hoog te mik" nie, en daarby tog te sorg, dat hy nie bokant die vuurmaakplek van sy lesers gaan nie. Daal hy af tot hulle peil, wat hy in Huis en Veld en elders maar al të dikwels doen, dan leer hy hul miskien wel hul eie taal lees, maar dan is daar geen sprake van kulturele opheffing nie. En dit is tos: sy doel, want hy verklaar sy standpunt as volg: „Die kunstenaar lewer 'n kosbaar monument om sy volk onder die ander volke te laat uitblink; maar die Volksskrywer saai die sade, wat voedsel vir sy eie volk lewer." 2) Von Wielligh is geen dienaar van die skoonheid nie. Sy begrip van kuns druk hy so uit: „Kuns is skoon, i) Vgl. my artiekel oor Letterkundige Kritiek in Die Huisgenoot van Des. 1920. 3) Private meedeling van die skrywer. 5 G. R. VON WIELLIGH. 83 prosa is. Gevoel vir die klankwaarde van woorde, vir die fyner modulasies, vir die mooi melodie van glydende woordereekse besit hy nie. Ewe geduldig stryk hy sy ramkie en op die eentonige deun „kerf" hy riel na riel uit. Dit is die totaalindruk. In Jakob Platjie word ons af en toe deur 'n mooi klankeffek verras en ook in die Boesman- en Diere-Stories, maar in Huis en Veld dreun die dowwe preektoon dwarsdeur. Herhaling van dieselfde woorde is 'n vaste kenmerk van sy styl. „As 'n man wild na huis bring, dan word die afgekoude bene 'n entjie van die deur van sy hut op 'n hopie gegooi. So het elke man in die kraaltjie sy eie beenhopie. Die aigeete bene, so lank gee'et word, word in die hol bak van die horsbeen van 'n volstruis geplaas. Is daardie beenskottel vol bene, dan word dit na die beenhopie gedra en daar neerge^wz." (Boesman-Stories III p. 34-35.) En so gooi Von Wielligh nog 'n paar paragrawe aldeur bene op die beenhopie, totdat dit 'n berg word! In Huis en Veld (p. 145) kom behalwe ander herhalings voor: herstel — stel — stel, alles in een paragrafie.l) „ Onder sy aanvoer kom hul altyd vierkant veilig anderkant uit" (t. a. p., p. 67). „Dit het Daan gesê, en hy gaan toe op 'n verraderlike blok sit, wat sy plesier daarin vind om óm te slaan en die een wat daarop wou sit, nog die moeite te gee om dit weer met sukkel in ewewig op die grond te plaas en dan daarop te sit, met meer aandag wat onder as wat voor die sit ter plaas vind" (t. a.'p., p. 24). Afgesien van die storende herhaling is dit seker besonder lompe styl. En sulke voorbedde is daar soos bossies! *) Met nog een tok-tok-deuntjie kan ons volstaan. „Daar 1) Vgl. nog Eerste Skrywers, p. 27: gedruk — gedruk — druk* kery — drukpersie; p. 60: „Ons was met ons deurkruis van ons land...", ens. 2) Vgl. o.a. H. en V., p. 143: „Al hierdie gebeurtenisse het baie gevoelig 'n diepe indruk op die Afrikaanse huislike lewe en dinkwyse gemaak en nagelaat." Lomp is ook: „Hy skuif sy raam op en staan die heerlike koffie met tyd te geniet, terwyl sy oë 'n blik werp wat buite in die fris oggendlug plaasvind." (S.j.At., p. 119). G. R. VON WIELLIGH. 85 lek sie: geen dingh en is soo kleyn, 0,f 't ga/et u tot het irmigh breyn: Qeeri dit of dat, geen boere-schuyt, y; . Ö f gy en treckt er voordeel uyt.1) As Von Wielligh in die sewentiende eeu geleef 't sou, hy seker 'n tiental emblematabundels geskryf 't. Wat van Vader Cats geseg is, geld ook van hom: „Niets is hem te gering; geen afstand is hem te groot, geen combinatie te zonderling; zijn blik volgt de vloo, dwaalt van de oester tot het haantje van den toren." 2) „De voorstellingen (in Sinne - en - Minnebeelden) zijn meerendeels ontleend aan het dagelijksch leven; een doorgehakte paling welks twee deelen zich zoeken te vereenigen, een brandend hout en een mooi meisje, eene papegaai in een kooi, een spinneweb, een windhaan, een rattenval, een bordurende juffer.. . . verwelkte rozen, een vlinder, eene fuik, enz." 3) „Frans weer was soos sodawater: druk jy die prop in, dan bruis dit, maar die gas is gou uitgekook. Gou driftig, maar gou weer goed." (H. en V., p. 14.) Met 'n mooi plaatjie daarby sou dit 'n goeie sinnebeeld wees. Cats redivivus, maar dan tog in onderbaadjiesak-formaat, want van sy fyn vertellerstalent is daar by Von Wielligh weinig te bespeur. Dit is bekend, dat Cats twistery tussen man en vrou verdedig deur daarop te wys, dat 'n braakmiddel af en toe goed is vir die maag. Dit is wel iets na Von Wielligh se smaak: „Om iemand kwaai woorde toe te voeg,, of om hom vomitief in te gee, kan jy iets onaangenamer terug verwag" (H. en V., p. 88). Dieselfde skerp „tegenstelling van verheven en plat" wat by Cats so 'n komiese indruk maak, tref ons ook by Von Wielligh aan. As Cats bevoorbeeld wil duidelik maak, dat die gedrag van iedere vryer noukeurig ondersoek word, dan sê hy: Een vryer moet het lyf als op de rooster leggen, Om daer, gelyck een worst, te worden omgewent, Totdat men aen den reuck syn roet (vet) en reuzel kent. 4) 1) Jacob Cats: Houwelijck I, 235. 2) J. Prinsen: Handboek tot de Ndlsche Lett. Ges.2, p. 335. 3) G. Kalff: Ndlsche Dichters der 17de Eeuw, p. 37 (Cats). *) Vgl. Kalff, t. a. p., p. 100. 86 G. R. VON WIELLIGH. Von Wielligh verklaar met groot erns: „.... so nutteloos as 'n horlosie sonder wystefs, of so onhoubaar as 'n mosterd-pleister onder 'n hond se bors, net so sal die samelewing op aarde sonder vrouens wees." (H. en V., p. 121). „Zeker, Potgieter had gelijk toen hij, met het oog op Huygens, zeide dat voor den waren dichter • niets te laag is om het tot zich op te beuren. Indien de dichter het lage dan ook maar opbeurt. Dat doet Cats zelden. Gewoonlijk bukt hij zich of hurkt er bij neer Liefst houdt hij zich bij het dagelijksch leven; maar het dagelijksche wordt licht alledaagsch, het alledaagsche staat niet ver van het platte, het platte daalt gaarne af tot het ruwe." So gaan dit ook met Von Wielligh. Dat hy sy boere ens. van die ou dae, beelde ontleen aan hul daelikse bedryf laat gebruik, is goed gesien. As Frans die slagter b. v. in Huis en Veld na aanleiding van 'n opmerking dat gebrekkige en sieklike mense nie behoort te trou nie sê: „Dus hulle is van egtelike Liefde uitgesluit. Hul moet hulle geluk in Vrindskap gaan soek — en is stompoor gesny en op die stoppelland geja." (p. 16), dan tiepeer dit meteens die man se hele persoonlikheid. Willie se grappie: „Ons het die ou jaar net vandag nog aan die puntjie van sy stert, vannag glip hy hand uit en slaan bolmakiesie oor die afgrond van die verlede" (p. 47) pas mooi in die koffiedrink-atmosfeer. Maar wanneer Dolf se vrou in volle geselskap sê: „dan maak Ma eers goed vuur op hulle asplekke" (p. 74), stap sy oor die grense van alle welvoeglikheid. Von Wielligh moet bedenk, dat wat uitstekend pas in Jakob Platjie nie orals kan gebruik word nie. Koos Fonk se mikstuur „maak vrolik en olik en dan moet daar weer van die hond se hare gehaal worde om op die hond se bytplek te sit" (p. 81). Sina is „vir die tronk so bang ... as 'n bobbejaan vir die hits van 'n gloeiende yster" (p.5) — dit is raak opmerkings, wat ons dadelik as psigologies juis voel. Maar ongelukkig het die Hotnot-Griekwa-Boesman-suurdesem deur al Von Wielligh se werk getrek. Dolf se „beskouing omtrent sake het nie dieper ingedring as 'n speld in 'n aap se duim !) Kalff: t. a. p., p. 98. G. R. VON WIELLIGH. 87 nie'" (H. en V., p. 13); sy gestalte „laat iemand aan 'n bobbejaanpaal dink . . . terwyl Frans iemand aan 'n ronde-rib skapie herinner" (p. 13) 1); Hessie „kielie 'n kort stukkie op die klavier" af (p. 36); Dolf lyk „net verspot . . . asof hy te veel galsterige varkspek geëet het" (p. 97) en in Staan jou Man sit „algar . . . by hierdie tyd soos paddas danig erg van die gemmerbier opgeblaas" (p. 61); „Die son steek asof hy Fant in 'n groot stuk kaiings wou opsmelt" (p. 18); Soekie Grasman as „so grappig dat hy 'n hele vrag ape van lag sal laat uitskater" (p. 104) en druk Sytjie „om haar beenderige ribbe" (p. 131); „M. A. en B. A.-tietels was vir hulle net soveel wérd as 'n broeksak vir 'n hond" (p. 149); „ons almal weet dat die troos wat hieraan ontleen is, maar altyd 'n handvol vlieë bly" (p. 244). Met sulke beelde sal Von Wielligh seker die outas en aias in die kombuis laat lag.2) Met eienaardige logika probeer hy om die plat taal van die Patriotters goed te praat: ,,'n Fout werd gevinde met die Eerste Skrywers, dat hul ongekuiste taal gebruik het. Maar dit vind 'n mens by die eerste skrywers van alle volke en die rede is hierin te soek: dat as iemand van 'n vlooi praat, dan is dit onbeskaaf, maar by mag wel van 'n vlieg praat. Dis niks om van 'n koei te praat nie; maar pas op om van 'n bul te praat. Iemand kan sê: „dis leuenagtig"; maar „dis waaragtig" ■dan is dit vloek. In die opvoeding word hom geleer wat te sê en nie te sê nie. Dus hy word geleer hoe om in die sitkamer te praat. Alle dinge is geoorloof; maar alle dinge is nie oorbaar nie". (Eerste Skr., p. 38.) Met iemand wat hom van sulke argumente bedien, val •daar nie te redeneer hie.3) Dat „die eerste skrywers van alle volke" hul van ongekuiste taal bedien het, is 1n bewering wat stellig onwaar is in sy algemeenheid; l) Vgl. in Glorie Pan; „Niks op aarde is bestendig nie; alles is van korte duur nes 'n lappie op die seer vinger van 'n bobbejaan." ■{Die Brandwag, 10 Des. 1913). -) Vgl. ook die onsmaaklike opmerking in S. j. M., p. 65: „Ons ou mense het min van snorbaarde gehou, wat so hinderlik met soen •en sop-eet geblyk het"! 3) Vgl. ook die snaakse betoog om te bewys dat jy, jou, ens., nie plat is nie. Eerste Skr., p. 97. 88 G. R. VON WIELLIGH. bowendien kan die gebruik daarvan in die negentiende eeu bes waarlik geregverdig word deur 'n vergelyking met toestande van vyf of ses eeue terug. In sy studie Ons GeselstaalVerklaar Von Wielligh: „Dog iemand wat regtig meen om suiwer Afrikaans te bestudeer, moet peil tot die bodem om die Afrikaanse gedagtegang baas te raak. Hiervoor lewer Plat Taal ons 'n uitstekende geleentheid om te leer hoe woorde van suiwer gehalte te vorm. Dit wil sê, as ons meester van die Afrikaanse Plat Taal is, dan besit ons die sleutel om woorde van 'n hoë gehalte te smee; besit ons dan sulke doeltreffende woorde, dan word praalskrif op suiwer grondslae vir ons so duidelik as die son aan die hemel — altyd opklim, opklim tot die hoogste sport." !) Von Wielligh is hier ongetwyfeld op die regte spoor, al raak hy ook verward in sy beeldspraak. Met plat taal bedoel hy blykbaar die geselstaal van die onderste lae van die samelewing, wat volstrek nie noodwendig plat is nie, terwyl onder praalskrif, taal van letterkundige gehalte moet verstaan word. As Von Wielligh dus bedoel dat die kunstenaars die volkstaal moet beluister, dan gee hy 'n raad wat baie groot skrywers van alle volke gevolg het. Dit is bekend hoe Vondel, Hooft, Brederoo en ander sewentiende-eeuers gedurende die wordingsproses van die Neerland^e taal geput't uit die sappige volkstaal. Hooft sê in 'n brief van 1630: „Verworpelingen van woorden van straet op te raepen ende doen dienen daar ze deugen, al was 't onder de edelen, daer kan men eer af hebben". Van Vondel vertel G. Brandt: „Om op elke stof en zaak de rechte spreekwysen te vinden, onderzocht hy, by allerley slagh van menschen, wat Duitsche woorden elk ontrent zyn werk, handteering en kunst gebruikte. De landtluiden vraagde hy, hoe sy spraaken ontrent den landtbou, en hoe ze 't geen daar toebehoorde noemden, en uitdrukten. Ontrent den huisbou vraagde hy op gelyke wyse de timmerluiden en metzelaars: ontrent de zeevaart en 't scheepstuig 2) Die Huisgenoot, Okt. 1021, pag. 247. In Hoofstuk XII van Eerste Skr. behandel hy plat taal en ook in Die Huisgenoot, Junie 1921, Hoofstuk XV van Ons Geselstaal. Vgl. die voetnoot van die redaksie oor wat Von Wielligh onder „plat taal" verstaan. g. r. von wielligh. 89 de zeeluiden; ontrent de schilderkunst, en wat daar toe hoorde, de schilders: en zoo voort ontrent alle ander bedryf, wetenschappen en kunsten. Ditstrekte tot opbou der taaie en om van al wat hem voorquam met woorden die de zaake eigen waaren te spreken." i) Dit is presies wat Von Wielligh met groot y wer en toewyding gedoen het en die uitkomste van sy jarelange ondersoek is dikwels verrassend. Maar dit is van meer belang- vir die taalwetenskap as vir die letterkunde, omdat Von Wielligh geen kunstenaar is nie, wat uit sy versamelde gegewens 'n werk van skoonheid kan skep. Hy is eenvoudig 'n belangstellende leek, wat hom verlustig in die „raak kolskote"2) van die „spraakmakende gemeente", wat „sy lag nie kart bedwing vir die raaksê-uitdrukkings" 3) van die volksvernuf nie. As hy binne „die grense van sy eie ploegland"4) bly, en die gesprekke van eenvoudige volkstiepes of inboorlinge weergee, bereik hy dikwels 'n mooi effek, maar sodra hy hom „werp op die vleuels van praalskrif" dan gee dit 'n lelike misoes af. Van sy fyn opmerkingsgawe waar dit dinge uit die alledaagse lewe geld, uit die boerebedryf en jagveld getuig byna iedere pagina van sy werk. Ook die gewoontes van die diere het hy ywerig bespied. Hy het honderdmaal geluister na geselsery oor „pynplekkies en weersgesteldheid"5), hom „knippeldik" versadig aan die kwinkslae en „pittige" gesegdes van eenvoudige siele, wat jarelank in die veld- en woestyneensaamhede rondgeswerf het. Daarom is daar in sy beeldspraak so dikwels 'n plat-by-die-grondse geestigheid, 'n kombuis* agtige bysmakie, daarom verlustig hy hom in bywonergrappies. Wanneer hy binne „die grense van sy eie ploegland" bly; dan is sy beeldspraak ook baie beter as die van sy „praalskrif". Ter tiepering 'n paar voorbedde: „Mog daar 'n verskilletjie ontstaan, word dit so gou doodgedruk as die vonkie wat val op 'n pypróker se broek (ff. en V., p. 15); „Nie- 1) Leven van Vondel, Ndlsche Klassieken, p. 123. 2) Eerste Skr., p. 100. s) Die Huisgenoot, Okt. 1921, p. 247. *) Eerste Skr., p. tti, 6) H. en V., p. 15. 90 G. R. VON WIELLIGH. mand kry die eer om hom te fop nie; hy lê altyd vir hulle klaar, nes 'n haas wat met sy oop oë slaap, of nes 'n ystervark met sy skerp penne, na die bedrieër toe." (S. j. M., p. 68.) „Vat hom aan sy hakskeen, en jy kry 'n terugskop met die polvy van 'n velskoen, waarin 'n nommer-12-voet sit, om jou maagpyn en winduit op jou hurke te bring; dan pak hy die parmant aan die arms stamp hom nes 'n karringstaf op en af, tot hy hik." (id., p. 12); „Daarom het al die mans in daardie dae nes spinnekoppe gèlyk wat tot agter hulle nekke oopgeboener was." (id., p. 6); „Fant het net soos iemand wat korhaan jag, om en om Sytjie gestap tot sy gaan sit, toe korrel hy" (id. p. ^29); „Wie sy ou steeks perd, wat gewoonlik agteruitbeur as daar seekoegate agter is, verruil vir 'n ander wat gewoonlik die vaart neem as daar miershope en slote voor is, weet bepaald dat hy deurgaans in die midde van onsekerheid verkeer." (id., p. 239). Rosa „sal haar laaste seep uitleen en dan haarself met 'n baksteen skrop" (Jakob Platjie, p. 166). Abdol maak geld „soos gemaalde koffie uit 'n meul." (id., p. 71.) „Oom, my bokke is regtig mooi — hulle kloue kraak nes blinkleer stewels as hul so rondstap." (id., p. 57.) Wanneer Von Wielligh nou sulke uitdrukkings gebruik, dan bly hy binne sy eie ervaringssfeer en ofskoon daar geen sprake is van digterlike siening nie, voel ons dirék dat alles eg en deurleefd is. Maar te dikwels vergeet hy dat die lekker-gesels-praatjies om die wagvuurtjie in die oop veld sleg pas in die sitkamer en dan verspreek hy hom lelik. So lank as hy nog by die wagvuurtjie bly, kan ons soms met genoege luister na sy jaganekdotes en vertellings van die ou dae, dan hinder sy gekruide styl ons nie, omdat dit so innerlik-eg is, so getuig van intieme omgang met die natuur in sy oer-staat. Maar sodra hy die sitkamer binnestap, begint hy op onnatuurlike toon te preek, — dan rek hy ,,'n taai-tammeletjie so lank uit as (hy) kan" J) en jaag die geselskap uitmekaar deur sy „pittige plat taal". Die gedurige botsing tussen sy natuurlike geselsstyl en sy onegte „praalskrif", wat hom *) Die Huisgenoot, Mei 1921, p. 25. Ons Geselstaal. G. R. VON WIELLIGH. 91 verlei tot 'n ridikule vermenging van hoog en laag is juis wat ons kriewelrig maak. By die bespreking van Huts en Veld is aangetoon, dat hy Kleopas Kipte maklik uitstof, wanneer hy sy sondagse manel aantrek. Dan word hy gewoonlik onverstaanbaar in sy geaffekteerde hoogdrawendheid. „Met hulle (die Trekkers) aangesigte na die noorde gekeerd, dwaal hulle dadr ver in die suide op die agtergrond en sit op die verlede te broei. Die verlede is vir vleis en bloed onnaakbaar; dog ons herinneringe, nes 'n vliegtuig, is in staat om ons uit die deinsige hoogte op ons ou dwaalplekke te laat neerkyk. Hulle sien uit hulle voëlvlug die ouderlike woning, waarin hul die besitters van lewe met sy worstelinge geword het; hulle sien die speelplekke met die waentjies en poppe wat hul verbeeldingskrag gevoed en uitgeswel het, om deur bespieëling die weg van toepassing te volg;.... Daarop kefcr die herinnering langsaam terug.... tot waar hul daardie aand gesit het. Dan lei Herinnering hul tot onder die uitgebreide vleuels van Hoop, wat hul aan die hand vat " (S.j.M., p. 282-283). Dit is seker nie moontlik om meer „vishoekvas in die spinnerakke" ï) van jou verbeelding te raak nie, om nou 'n tiepiese Von Wiellighaanse uitdrukking te gebruik. Eers dwaal die Trekkers, dan sit hul „op die verlede te broei". Hul herinnering word met 'n vliegtuig vergelyk; die vliegtuig kry 'n hand wat deur die gevleuelde Hoop gevat word! Hiermee kan vergelyk word Eerste Skrywers, p. 106: „Die heldemoed van die Afrikaner daar aan die dag gelê, het die sluise van nasionale ontwaking oopgetrek; want die volk werd daarvoor intyds ryp gemaak, sodat die verrassing nie as 'n onweerslag op hulle gekom het nie." In die voorwoord van Huis en Veld kom nog 'n voorbeeld van verwarde beeldspraak voor: „Hierdieswakke poging, deur ons aan die hand gegryp om 'n druppeltjie in die emmer te laat val — is dit mis, dan is dit mis, — is die uitvloeisel van 'n dryfveer, wat ons aanspoor, nie alleen die skouer teen die wiel te sit nie, maar om J) S. j. M., p. 133. G. R. VON WIELLIGH; 93 Man. Daar ontmoet ons ook nog juffroue, wat bordjies dra met die opskrif: „alle toegang ten strengste verbode" en wat hul voorstel hoe hul ,,'n weg sal baan deur 'n Eden van aardse saligheid"!! Dikwels gee Von Wielligh se neiging om abstrakte begrippe te verpersoonlik, of met iets anders te identifiseer aanleiding tot die allersnaakste kombinasies. „Die wapenhuis van Rennie en Ester was taamlik gevuld met'nrommel van deug en ondeug; die taak om die gebruik daarvan onder 'n ystervoet vas te trap was aan streng moeders en minder geduldige vaders oorgelaat." (id., p. 148); „Die woorde was maar die vingers wat die harpsnare van aldaagse gebeurtenisse bespeel" (id., p. 158); „Het die uitlegginge altyd die blou strikkies van waarheid om hulle nekke gedra?" (id., p. 147); „Hoe verkwikkend dit ook al vir moeder en dogter was om in die arms van liefde te val tyd, egter, het die skerp snede van die swaard van skei stomp gevyl en dit minder gevoelig gemaak." (id., p. 144); „Hulle prikkelende nuuskierigheid om die groot dorpe en see te sien, was die goue eiers van hulle verwagting waarin die kuikentjies van verrassing reeds piep." (id., p. 218). Op die jagveld is die Boesman „vis in die water en stuurman aan die roer van sy verstand". (B.-St. III, p. 47). „Waarom moet ons ons woordeskat gaan verryk met woorde wat yskoud is en wat met ons geen meegevoel koester nie?" {Eerste Skr., p. 80). In Eerste Skrywers (p. 125) haal Von Wielligh met instemming 'n veroordeling van retoriese uitdrukkings aan, maar juis die twee gewraakte beelde is hy besonder lief voor. In die voorwoord al vertrou hy dat hy „in die arms van 'n genadige beoordeling sal val" en so is daar nog baie ander soorte arms in sy werk te vind, 1) terwyl „Dingaan die teuels van tirannie en dood gevoer het net waarheen hy wou" (S. j. M.,p. 11). Von Wielligh is trouens die laaste man, wat oor retoriese styl moet klaag, want dit sou geen sware taak wees om 'n paar paginas afgeslyte frases uit sy werk neer te skryf nie. !) Vgl. o.a. S.j.M., p. 144, 195, 270,282; H.en F., p. 146; N.S. Voorwoord. 94 G. R. VON WIELLIGH. In Huis en Veld vind ons: „steunpilare van die samelewing" (p. 128), „stortvloed van trane" (p. 130); „op die louere gaan rus" (p. 177 en 14); „om 'n luisterend oor te neig aan die sang.... van voëls, wat.... hulle lieflike akkoorde laat weergalm" (p. 43). In Eerste Skrywers: „Toe het die son van ons nasionale ontwaking.... sy ligdolke in die duisternis van ons slapende harte ingepriem ..." (p. 103). In Staan jou Man: „Dit het.'n vaste fondament van sellstandigheid onder hulle voete geskuiwe en die vryheidsvlam in hul harte aangeblaas" (p. 149); „Die nag het met sy sneeuwit kleed gekom...; verkwikkende slaap het sy sagte ferwele hand oor die vermoeide ooglede gestryk; die ongestadige weer het sy septer van gesag aan'n kalm dag. oorhandig" (p. 277). So word soms lang stukke aanmekaar gelas deur die banaalste beelde, i) waarvan sluier, 2) floers, tyd, 3) weegskaal en spinnerak die vernaamste is. 4) Wat 'n floers is weet Von Wielligh blykbaar nie, want hy skryf: „Om die floers van treurigheid te onderdruk staan die haan.... vlerk klap en kraai..." (S. j. M., p. 240). 5) En hoe mens se oogmaat jou 'n sluier voor die oë kan hang is ook nie duidelik nie, (id., p. 5). 'n Totale gemis aan digterlike siening openbaar Von Wielligh in.sy natuurbeskrywing. Hy het ongetwyfeld veel opgemerk en kan ons vertel van watter bossies skape en bokke die meeste hou. Iemand wat van plan is om in die Karo te gaan boer, sal heelwat praktiese informasie in Huis en Veld vind. Maar 'n kunstenaarsblik op die natuur soos die van Malherbe het Von Wielligh nie. „Bome is hier in oorvloed, ons sien hier die soet doring, kaffer !) Vgl. b.v. S.j.M., p. 191. s) O. a. S.j.M., p. 213, H. en V., p. 123, 67, 86, ioi, 130. 3) O.a. S.J.M., p. 167, 143. *) Uit Die Huisgenoot van Febr. 1922 blyk dat Von Wielligh nog lastig op sy „praatmasjien" die ou deuntjies afdraai. Die „spinnerakke" en die „kloue (wat) nes blinkleerstewels kraak" is daar, terwyl die katalogus van die verskillende soorte koppies en rante uitgebrei word denr „pramkoppies"! (p. 421). 5) Vgl. ook Eerste Skrywers, p. 49, waar B'n floers van neerslagtigheid" 'n somber gevoel „verwek". G. S. VON WIELLIGH. 97 babetjies" in „die hongerige poorte des doods, of liewers gesê, die snakkende monde"! (Jakob Platjie, p. 130-1). As staaltjies van die onbeholpe uitdrukkingswyse, wat mens so dikwels in Von Wielligh se werk aantref, kan die volgende dien: In Jakob Platjie: „Dan kom hul luidrugtig in geselsery . . . huistoe", (p. 3); „By wyle het my vader in sy stadjie by sy famielie deurgebring" (p. 59); „Hul had dun arms en bene met volwasse buikies, wat nie op gereëlde voeding kan beslag lê nie ..." (p. 108); „Hul is by uitnemendheid byejagters, om byneste op te spoor" (p. 112); „Dit was genoeglike dae van wetenskaplike voedsel vir altwee partye" (p. 211). In Huis en Veld: „Edelmoedig het hulle (die Uitgewers) op die voorgrond getree om hulle medewerking tot die bloei van 'n eie Afrikaanse letterkunde geldelik te ondersteun"1) ('n Woord vooraf); „Die lug is ... elektries swanger" (p. 154). In Eerste Skrywers: „Dit was die skone ideale en toewyding" (p. 1). „En dan draai ons 'n sterker soeklig op al hierdie gesigspunte in ons gesigsveld om te getuig, nie wat ons uit ander bronne ontleen het nie, maar waar ons oog- en oorgetuige van was." (p. 3); „Hulle moes onder die wapenrusting van geheimhouding van hulle persoon hulle skuilhou." (p. 6.) „Hiermee word dus 'n maatstaf in die hande van die beoordelaars geplaas, wat wel in toepassing mag geneem worde . . ." (p. 7); „ Die skrywer het ... al die westelike distrikte van die Kaap weer besoek met opmetings van plase" (p. 28); „dan ontruk ons nie uit*) nie; maar werp juis gemaakte geskiedenis in 2) die gapende kake van die vergetelheid" {p. 47). „Nog minder het iemand getrag om die skone wêreld, wat medegevoel afdwing met te veel geleerdheid te bederwe" (p. 53); „As 'n skrywer baie met geoefendes (in plat taal) omgegaan het, en hy self daar l) „Ondersteunen" is waarskynlik 'n drukfout. Die twede „hulle" slaan op „ondersteuners" in die vorige sin. Vergelyk S.f. M., p. 239: „Rustig verhef hulle die woonhuis deur die Trekkers hulle eie hande opgebou". !) Kursivering van Von Wielligh. 7 98 G. R. VON WIELLIGH. nie mis in bedeeld is nie ..." (p. 101); „Hierdie beweringklop ons op die skouer, eis verdediging om nie abuislike foute te maak nie" (p. 129). In Staan jou Man: ,,'n Lusoord van aardse skepping" (p. 3); „aangematigde skrik" (p. 15); die liewe brawe koffie" (p. 37); „Sytjie (was) reeds daar, want sy het die aankoms van haar pleegouers eerder ontvang as die huismense gedink het" (p. 102) 1); „Toe word 'n Hof van Heilige Geloofsgerig aangestel" (p. 150). Wat dit nou eintlik is, sal Von Wielligh wel alleen weet! „Sy voel gelukkig om spoedig van aardse smart verlos te wees en te herenig met haar eggenoot . . ." (p. 164). In Nimrod Seeling: „twee wakker blou oge wat 'n lig van bewussyn laat uitstraal het . . ." (p. 59); „Hulle toon toe aan dat dié soort lewe, wat ek verkies, 'n afbrekende eeu is . . ." (p. 116). In Boesman-Stories: „Want 'n weerklank klink altyd mooier as die stem wat dit weerkaats" (I, p. 34); „sy pylkoker val aan stukkies en die pyle daarin verdor sy in kaf" (I, p. 141); „So gevoel die kinders hul veilig onder die beskerming van hulle ouers — al groei hulle op omsingel deur en onder verskeurende ongediertes. Een dag leef hul in oordaad, dae daarna vergaan hul onder die gevreet van ondraaglike honger en dors. Hulle ken net 'n dag van vandag en bekommer hul glad nie oor die dag van móre deur voedsel en deksel daarvoor opsy te sit nie." (III, p. 31); „om dit mooi te bewerk en glad te slyp, het hy die kuns nog nie verstaan nie" (III, p. 5); „Watter ander gevolg moet ons hieroor vel . . ." (III, p. 105). In Diere-Stories: Outa is „uitgedos in vriendelikheid self . . ." (I, p. 9); Die dierestories „verskaf . . . sielslewe in die hart van die ou bokwagter" (I, p. 12); „Toe lag die Voëls nie meer nie; maar sit mekaar knersend van verontwaardigheid kwaai aan te kyk ...." (I, p. 24). Oor die algemeen is Von Wielligh se taal suiwer, maar spore van Engelse invloed kom tog voor. „Wydbegrippig" (broad-minded) (Eerste Skr., p. 59); „Koos vra hul om saam brekfis te neem" (J. P.,p. 70); !) Vgl. N.Seelittg,?. 57: Baie seediere,wat my geheuge ontsnap het..."! G. R. VON WIELLIGH. 99 ,,'n Korte wandeling gaan neem" (H. en V., p. 34); „Toe die klok twaalfuur slaan, rys die vrinde . . ." (id., p. 52); „nukomelinge" (id., p. 174); „Móet tog nie moeilikhede halfpad gaan ontmoet nie" (S.j. M.,v. 17); „alles het sy natuurlike self gebly" (id., p. 39); „'n dood geheim" (id., p. 136); „die naarste van drome" (id., p. 263); „toe hy so 'n skewe kyk na Kraai gooi" (B.-S. II, p. 4 en 155); 1) „ondergroei" (id., p. 107); „Die Boesman kan baie wreed wees en 'n plesier daarin neem ..." (IV, 121); „Julie neem dit lekker" (D. S. I, p. 43); „Jakhals het uit sy eieself geweet . . ." (id., p. 48); Jakhals vra aan Wolf „hoe 'n tyd hy daarvan gehad het" (id., p. 61); Wolf vra „in 'n fluister" (id., p. 66); „En jy meen te vertel die kinders het dit alles opgevreet?" (II., p. 11); Die kat „pir" (id., p. 19). Ook in Robinson Crusoë is daar voorbeelde van letterlike vertaling. Met die voorsetsels raak Von Wielligh soms verward: „met bliksem . . . vergeseld; in vatbare (?) wyse opgestel" (E. Skr., p. 32, 120); Die Boesmans „bedien hul met ribbebene wat hol geslyp is" (B.-S. III, p. 20). „Kammageleerdes" (E. Skr., p. 108) is 'n gelukkige neologisme, „pou-trots" (S. j. M., p. 6) egter nie, en nog minder „posing" (id.,p. 27). Von Wielligh gebruik ookgraagvorme soos: „as komme kan", „ontvalle", „soude", (E. Skr., p. 6, 8, 53). 'n Paar voorbeelde van verkeerde woordskikking kom voor, o. a.: „Oom Willem word tot kommandant gekies, omdat hy dapper is en kan in die grootste gevaar sy hoof koel hou." [J. P. p. 151.) ') N. S, p. 50, „afskeidskyk". HOOFSTUK V. Romans, Verhale en Sketse. $ u Adv. J. H. H. de Waal. Jan Hendrik Hofmeyr de Waal is gebore op 30 Desember 1871 op die plaas Bakkerskloof, Stellenbosch. Sy vader was boer en handelaar, sy moeder die oudste suster van „Onse Jan". Aan die Normaal Kollege in Kaapstad het hy gematrikuleer en daarna was hy 'n tydlank onderwyser 'o. a. op Uitenhage en Utrecht. Later het hy 'n betrekking aangeneem in sy vader se ysterhandel, maar die joernalistiek het hom aangelok en as voorbereiding vir dié vak het hy regte gaan studeer in Londen, waar hy aangesluit 't by die Inner Temple en as studievrind o. a. Generaal Jan Smuts had. Nadat hy in besonder kort tyd sy wetseksamens afgelê het, tree hy in die huwelik met Emma de Koek (1898) en woon vir ses jaar in dieselfde huis as „Onse Jan", vir wie hy as „luitenant" dien. In Julie 1903 word hy redakteur van die tydskrif, De Goede Hoop, waarin Stompies, Johannes van Wyk en Die Twede Grieta verskyn het. „Sy bedoeling met daardie o-eskrifte was om die jong lesers soveel moontlik met feesstof in populêre skryftrant te voorsien, en wel in die taal wat hy van jongsaf voorgestaan het — Afrikaans." !) Op sy kantoor is op 5 Oktober 1906 die Afrikaanse Taal Vereniging ontstaan. Aan sy inisiatief is die erken- !) Hierdie feite is ontleen aan Die Brandwag, Des. 1918. ADV. J. H. H. DE WAAL. 101 ning van ons taal in die Kaapse geregshowe te danke. i) In Des. 1914 het hy afgetree as redakteur van De Goede Hoop, as gevolg van 'n wryving met die uitgewers oor politieke kwessies. Onder die nom de plwme, Jan van Rozenburg had hy naamlik Generaal Hertzog se politiek verdedig by die kabinetskriesis in 1912. Nederland het sy dienste as voorvegter vir ons taalregte erken deur sy benoeming tot lid van die Leidsche Maatschappij. Óp die oomblik is hy lid van die volksraad vir Piketberg en een van die voormanne van die Nasionale Party in die Kaapprovinsie. Johannes yan Wyk, (1906).2) Johannes van Wijk is 'n jongeling van edel inbors, wat deur sy onbesproke gedrag, hoflike maniere en fyn _ beskawing die gunsteling van die Kaapse samelewing» word. Dit wek die jaloesie en haat op van sy neef, Gert Rass, wat besluit om sy ondergang te bewerk, 'n Plan om Johannes deur die Boesmans te laat doodmaak misluk. Gert word egter tot nuwe wraakplanne geprikkel deur die feit, dat Hester Linde aan Johannes die voorkeur gee. Deur vervalsing van 'n brief slaag hy daarin om Johannes op 'n aanklag van hoogverraad teen die Goewerneur, Adriaan van der Stel, in die gevangenis te kry. Johannes ontsnap, word deur Gert en sy handlangers agterna gesit, maar vind eindelik onder die naam Koos Emmert 'n skuilplaas by 'n boer, Pierre de Villiers aan wie hy hom as kneg verhuur. Hier raak hy weer deurmekaar met die Boesmans, maar word op die laaste tippie deur sy vrinde, Malherbe en Joosten, gered. Intussen het die goewerneur sy ontslag gekry en hoef Johannes nie meer as droster te lewe nie. Gert drink 'n vergiftigde kelkie wyn, wat hy vir Johannes bestem had en sterf. Met 'n driedubbele huwelik eindig die verhaal. Johannes van Wyk het oorspronklik in De Goede Hoop verskyn, die eerste hoofstuk in Jan. 1904. Die skrywer 1) Vgl. Die Burger, 23 Sept. 1921. 2) Eerste hoofstuk in De Goede Ifoop, Jan. 1904. 102 ADV. J. H. H. DE WAAL. verklaar self, dat die ontstaan van die roman te danke is aan sy betrekking as redakteur van die blad. 1) De Waal het skrywer geword, nie deur 'n innerlike skeppingsdrang nie, maar deur die dwingende mag van omstandighede. Toevallig het 'n yweraar en hartstogtelike voorstander van die lang geminagte volkstaal die middel in die hand gekry om aan verstokte teëstanders te wys, dat in dié taal 'n roman kon geskrywe word. Eers probeer hy om deur uitlowing van 'n honorarium die skryflus van sy lesers op te wek, maar die resultaat was teleurstellend; al die stukke moes in die snippermand. Aangemoedig deur die sukses van sy toneelspel Angelina het De Waal toe besluit om self 'n roman te skrywe. Met sy nugter verstand het hy 'n reeks toneeltjies op kunsmatige wyse inmekaar gepas en die resultaat was 'n leesbare roman, wat veral die jongeliede, vir wie De Goede Hoop in die eerste plaas eintlik bedoel was met groot spanning gevolg het. Ons staan hier voor 'n gewigtige kuituurgebeurtenis. Dit naamlik: in 1904 het die eerste Afrikaanse roman van die Twede Beweging verskyn. 2) ' Die skrywe van Johannes van Wyk was n daad van betekenis. Na al die gekibbel 'n daad. En 'n daad, wat vir meer as een die oë laat oopgaan het. Vir lange jare had die teëstanders van Afrikaans met triomfantlike gebaar hul onweerlegbare stelling opgedreun: „Het Afrikaans heeft geen letterkunde!" De Waal se antwoord was: Johannes van Wyk. „Die eerste oplaag het bestaan uit 500 eksemplare, en die drukkerskoste was toe slegs een-sesde van wat dit vandag vir so 'n aantal sou wees. Tog is-ek destyds gelukgewens geword met my moed dat ek oxt gewaag &het om 'n boek in Afrikaans uit te bring." 3) Vir die voorstanders van Afrikaans was J. v. W. dan ook 'n welkome bondgenoot. Die Afrikaanse Taalgenootskap in Pretoria het onmiddellik 'n beroep gedoen op alle Afrikaners om dit te lees, en die meeste krantehet dit warm aanbeveel. !) Die Burger, 12 Aug. 1921. ü) Vgl. vir „voorbodes" van die Twede Beweging: e. c. Pienaar, Taal en Poësie van die Twede AfrikaanscTaalbeweging, 2de druk, p. 195») De Waal in Die Burger, Aug. 1921. ADV.J. H. H. DE WAAL. 103 By die beoordeling van J. v. W. moet veral rekening gehou word met die omstandighede waaronder dit ontstaan het. Maar sedert die eerste uitgawe het nou byna twintig jaar verloop. De Waal het dit herhaaldelik omgewerk en in 1921 het reeds die vyfde druk verskyn, veral omdat dit vir drie publieke eksamens tegelyk voorgeskrywe was.!) Noudat die taalstryd verby is, moet ook die literêre waarde van J. v. W. bepaal word. Omdat egter in bou en opset Die Twede Grieta soveel ooreenkoms daarmee vertoon, kan die twee romans tegelyk bespreek word. Die Twede Grieta is die dogter van Johan Conradie, wat kort na haar geboorte, waarby haar moeder sterf, uit die huis van haar vader gesteel word en in Natal as Miss Grace Palmer opgroei. Andries Burger, pleegsoon van Conradie, loop saam met sy vrind, Bertie Muller, van die S. A. Kollege weg aan die begin van die Anglo-Boere-oorlog en hul sluit by die republikeinse leërs aan. Phineas Marais, stiefbroer van die „eerste" Grieta, Conradie se oorlede vrou, is die sondebok van die roman. Hy verlaat die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch na die dood van sy vader, wat 'n groot erfenis nalaat, word 'n geldwolf, loop in die oorlog oor na die Engelse en vervolg Andries en Bertie, vir wie Hester Fourie, sy verloofde afgewys het as doodsvyande. Andries en Bertie beleef die wonderlikste awonture in die oorlog. Andries red Grace uit die hande van Kaffers, en Bertie word verpleeg deur Hester. Na die oorlog ontdek Conradie dat Grace Palmer sy doodgewaande dogter is, 'n feit wat Phineas se roofproses teen hom in duie laat val. Presies soos Johannes van Wyk eindig die verhaal met 'n driedubbele huwelik. Andries trou met die twede Grieta, Bertie met Hester en selfs Conradie slaag daarin om ,,'n sagsinnige liewe vroutjie van ag-en-twïntig jaar" raak te loop, terwyl Phineas na Engeland vertrek om die reputasie van S. Afrika daar te verbeter. l) Voorwoord Vyfde Druk, waartan al die sitate ontleen is. 104 ADV. J. H. H. DE WAAL. Ook die Twede Grieta het in De Goede Hoop verskyn, vanaf Jan. 1912. „Het grondplan van de meeste Scottsche romans is: de" held trekt de wereld in, beleeft komische of tragische avonturen en sluit in het eind zijn bruid in de armen. Dit geldt voor Waverley, Old Mortality, Abbot, Fortunes of Nigel, Peveril of the Peak, Quentin Durward, RobRoy en meer andere; de avonturen zijn meestal die van den oorlog. en van de politiek... En naast dit hoofdtype spreekt dikwijls de sensatieroman van Radcliffe in de geheimzinnige verwikkelingen, het duistere mysterie, dat den lezer tot het eind in spanning houdt." 1) In hoofsaak pas hierdie karakteristiek ook op die twee romans van De Waal. Dit word begryplik as ons lees, wat hy self omtrent die ontstaan van joh. van Wyk meedeel:2) „Ek het tevore (d. w. s. vóór die skrywe van J. v. W.) maar min romans gelees — net die van Van Lennep, Victor Hugo en 'n halfdosyn ander..." Van Lennep herken ons dan ook dadelik in De Waal se romans en .aangesien Van Lennep al sy slim draaitjies van Walter Scott geleer 't, het ons hier te doen met n navolging uit die twede hand. 3) Aan 'n goeie historiese roman kan die volgende eis gestel word: „Hij make gansch een tijdperk uit het verleden, weer levend, in den vollen rijkdom van al wat er in omging, idealen en vooroordelen, zeden en gebruiken; hij geve voor een oogenblik de illusie, dat we tijdgenooten zijn van een voorbijgegaan leven, van een vergeten beschaving."*) So iets eis natuurlik diepgaande i) J. Prinsen: De Oude en de Nieuwe Historische Roman in Nederland, p. 18. 3) Die Burger, 12 Aug. 1921. «) Volgens Prinsen, t.a.p., p. 51 is die „romantische roes in Scott gekristalliseerd. Van dit kristal is Van Lennep de grove namaak in ordinair vensterglas." Na 'n vergelyking van die twee skrywers kom Prinsen tot die gevolgtrekking, dat al oorspronkhkheid van Van Lennep is een zekere Hollandsche, soms lamlendige, soms goedmoedige breedsprakigheid en een evenzeer Hollandsche ordinaire neiging tot laagbij-de-grondsche moppigheid." p. 53. *) Louis Maigron, Le roman historiqut, gesiteer deur Prinsen, t.a.p., p. »» ADV. J. H. H. DE WAAL. 105 historiese studie en nog veel meer. „Het is een gave van het genie, het algemeen menschelijke, het grootsche en geweldige, zoowel als de teerste gevoelstrillingen in de tragédie humaine onder welke vormen, in welke tijden ook, te voelen, te zien, te grijpen en uit te beelden met middelen die altijd treffen, die altijd leven van innerlijke waarheid."1) Die historiese romanskrywer moet, soos Victor Hugo van Scott gesê het, wees: ,,'n buigzame solide geest, die in zich opneemt als weeke was het cachet van iedere eeuw en van ieder land en dezen indruk voor de nakomelingschap bewaart als onvernielbaar brons.2) Nou ontstaan die vraag: In hoeverre het Johannes van Wyk reg op die naam historiese roman? Walter Scott maak gebruik van 'n spannende intriege om sy historiese stof kleur en lewe te gee. Daar is 'n sterk didaktiese element in sy werk: „het aanbrengen van historiekennis, niet zoo zeer tot leering en waarschuwing voor toekomstige geslachten als wel uitsluitend om het hebben van die kennis zelve, het wekken van liefde en belangstelling voor het verleden. Die tendenz spreekt duidelijk uit de lange inleidingen, de geleerde noten bij den tekst, de ophelderingen en citaten aan het slot, de historische uitweidingen in de romans zelve."3) In Joh. van Wyk is egter die intriege hoofsaak. Die historiese agtergrond word gebruik alleen om die. leser die illusie van werklikheid te gee. Daarvoor het De Waal 'n besonder awontuurlike tydperk uit die vroegste geskiedenis van die Kaap gekies, waarin hy sy karakters die wildste kaskenades kon laat uitvoer, sonder om die skyn van waarheid prys te gee. Pas in 1911 is die dagboek van Adam Tas ontdek op die Kaapse Biblioteek en in 1914 het Dr. Leo Fouché dit uitgegee. Die aantekeninge van Adam Tas stel ons in staat om diep in te dring in die Kaapse toestande gedurende die stryd van die boere teen W. A. van der Stel. Op vertroulike manier deel Tas allerlei klein feitjies mee, met behulp waarvan 'n romanskrywer sonder l) Prinsen t. a. p. p. 7. 3) id. p., 25. s) id. p., 21. 106 ADV. J. H. H. DE WAAL. veel moeite 'n kleurryke beeld kan skilder van die boerelewe aan die begin van die 18de eeu. In 1904 het De Waal natuurlik nie die dagboek tot sy beskikking gehad nie, maar selfs na 1911 het hy skynbaar geen aandag geskenk aan die nuwe gegewens, met die gevolg dat sy uitbeelding van die historiese persone en toestande vaag en soms heeltemal onjuis is. Selfs die dokumente wat reeds in 1904 beskikbaar was,l) het De Waal nie geraadpleeg nie, want die historiese vernis, wat op J. v. W. lê, is baie dun. Die feite wat die outeur verwerk, kon hy uit die eerste die beste skoolhandboekie gehaal het. Hy doen hoegenaamd geen poging om deur te dring tot die psiege van die manne, wat in die worsteling teen Adriaan van der Stel die eerste saadjies van ons nasionale bewussyn gesaai het nie. „Adam Tas en de mannen van 1705, die de rechten en voorrechten der kolonisten zo onmiskenbaar geformuleerd en zo dapper gehandhaafd hebben, mogen.... met recht genoemd worden de grondleggers van ons politieke zelfbewustzijn."2) Wat vertel De Waal ons van die manne? Hulle was „almal welopgevoede, knap boere, hoog aangeskrywe *in die samelewing".3) Henning Huising het „die rykste man aan die Kaap geword deur 'n monopolie"'. En die arme drommels is so onversigtig om by 'n „ejfe opgeskuifde raam", waarvoor „net 'n dun wit gordyntjie" hang,, op me 'n alte sagte toon" 'n gesprek te voer sodat Johannes elke woord kon opvang! En dit terwyl daar sulke mense soos Piet Rob was, van wie Tas verhaal: „Mij is vertelt als dat de noordse Piet Rob deese morgen met zijn Paarde wagen na Hottentots Holland is gereeden, die Schoft heeft welligt op deese Lichtmis dag weder wat aan te brengen, want het een zeekere zaak is dat die vent 't verklikkers ambagt sterk oeffent, dan hij staat er mettertijd voor beloont te werden ....*) Selfs die gewigtige dokument teen die goewerneur lê oop op die skryftafel! !) Eet Dagboek van Adam Tas: Leo Fouché, Hoofdstuk II § 1—3«) t.a.p., p. 362. 3) /. v. W., p. 133. 4) Dagboek onder datum 2 Febr., p. 126. Vgl. ook p. 142 waar Tas gewaarsku word: „ook zeijde hij mij dat ik op mijn hoede moeste weesen...." ADV. J. H. H. DE WAAL. 107 En dis die manne, wat flou grappies maak met Starrenburg, die vent wat hul soos die pes gehaat 't, en van wie Tas in sy dagboek praat as „de schoft Landdrost, i) Landdrost Beëlzebub,2) schofagtigen roffiaan". 3) Set maar 'n paar sinnetjies uit Tas se dagboek naas die floue geteem, wat De Waal hom in die mond lê en dan voel iedereen direk hoe onwaar, hoe absoluut vals die uitbeelding in % v. W. is. Op Van der Bijl se raad om die dokumente teen die goewerneur liewer stukkend te skeur antwoord Tasr „Ag", sê Tas spottend, „lelik in die pekel bring! Wat is daar op stuk van sake, om te Vrees ? In g'n een van die ag-en-dertig beskuldigings teen die Goewerneur kom daar 'n sweem van sediesie voor nie "4) Vergelyk hiermee wat Tas in sy dagboek onder datum 28 Des. 1705 aanteken: , immers zoude die eervergeeten vend (A. v. d. Stel) ons gaarne van kant helpen zoo 't hem anders doenlijk was, die vervloekte Tyran heeft de Ingeseetenen zederd eenige jaaren op een ongehoorde manier gedrukt en geplukt, dat ze bijna baloong zijn geworden, nu soekt die onbeschaamden schendbrok de schuld van zijn hals af te schuiven en mannen van eeren op dusdanigen manier een smette aan te wrijven. O Tijden! O Zeden! dog de regtvaardige God mag men hoopen zal 't quaad eens op des bazen kop doen nederdaalen en niet toelaaten dat de Vroomen langer onderdrukt worden." 5) In die paar sinne voel ons die woes-laaiende passie van 'n man, wat veel gely 't. Dis glad 'n ander kérel dan die Tas, wat De Waal so kalmpies laat redeneer oor die Goewerneur wat „ons planne mag dwarsboom". 6) Op pagina 186 word ons meegedeel, dat die goewerneur die volgende persone gevange geneem 't: Wessel Pretorius, Jacob van der Heiden, Pieter van der Bijl en Henning Huising. Op die volgende pagina begin Hoofstuk XXX met die woorde: „Op las van die *) Dagboek, p. 138 onder datum 18 Feb. 1706. 2J t. a. p., p. 142. s) P. 150- *) J. v. W. p. 133. *) Dagboek, p. 90. «) /. v. W. p. 134. 108 Goewerneur en sy raad .... is Pieter van der Bijl, Henning Huising en die twee ander op 'n skip wat op weg was na Amsterdam, gesit . . . ." Wie is die twee ander? Uit die verband kan ons alleen tot die gevolgtrekking kom, dat De Waal Pretorius en Van der Heiden bedoel. Maar wat hy daarop laat volg is in stryd hiermee, want ons verneem, dat Van der Heiden in die Kaapse tronk bly. Hier bestaan dus duisterheid in die voorstelling.i) Die historiese waarheid is, dat Henning Huising, Pieter van der Bijl, Ferdinand Appel en Jan van Meerland na Holland gestuur is om voor die Here XVII te verskyn. 2) Dat al die gevangene, met uitsondering van Tas en Louw 3) die goewerneur om vergifnis gevra het, is ook in stryd met die historiese feite. Zevenhoven b.v. kon die landdrost met al sy dreigemente nie klein kry nie, en toe die raadslid Brommert hom aanraai: „Ga bij den Goeverneur en bid hem om vergiffenisse" was sy manlike antwoord: „Dat kan ik niet doen, ik hebbe de waarheid gezegd. ... Is dit naer recht handelen? 't Lijkt beter naer Inquisitie." 4) Op pagina 186 kom daar nog 'n onjuiste bewering voor: Willempie het aan die kérels te kenne gegee dat, as hulle die waarheid van die klagtes wil ontken, hy hulle sal laat loop; maar die laaste een tiet geweier." Fouché egter beweer: „Enkelen werden reeds bij het eerste verhoor door de dreigementen van Starrenburg zo bang voor „de scherpere middelen" die hen wachtten, dat zij alles deden, wat hun gevraagd werd."5) Ook die spesiale pluimpie wat De Waal aan Tas gee, kan die leser onder 'n verkeerde indruk bring. „Na zijn gevangenneming gedraagt hij (d.i. Tas) zich niet met de standvastigheid, die velen van zijn minder begaafde broeders tonen. 6) J) Eers op'p. 232 verneem ons, dat Jan van Meerland op die see gesterf het. 3) Fouché,. Dagboek, p. 236. ») /. v. JV„ p. 187. *) Fouché, p. 248. 6) p. 242. «) t. a. p., p. XXVI. AUV. J. H. H. DE WAAL. 109 Ook Die Tzveae Grieta noem die outeur ,,'n historiese roman", maar weer is hier die intriege hoofsaak en staan die geskiedkundige gedeeltes meestal geheel los, nes hoofstukke wat gelig is uit 'n historiese handboek. In Hoofstuk II b.v. gee die skrywer op p. 52—62 1) 'n skets van die Engelse anneksasie-politiek. Op p. 159— 163 word die oorgawe van Cronjé beskrywe; opp. 290— 295 vind ons militêre beskouings en selfs die vernaamste punte van die vredesverdrag van Vereniging. Waarskynlik het De Waal met hierdie opsetlike byvoegsels die bedoeling gehad om sy jong lesers op aangename wyse 'n les in vaderlandse geskiedenis te gee, wat hulle in 1912 erg nodig had, want dit is bekend, dat die onderwys in dié vak veel te wense oorgelaat 't en dat selfs vandag nog die waarheid op allerlei wyse verdraai word. Die didaktiese element is dan 'n welbewuste poging van 'n patriotiese skrywer om die anti-nasionale onderwyspoütiek van die Engelse oorwinnaar teë te werk. Hier het ons dus 'n voorbeeld van die wyse waarop die politieke toestand na die oorlog invloed uitgeoefen het op die letterkunde. Dat die skrywer alleen deur 'n dorre betoog die nodige atmosfeer vir sy verhaal kan skep is 'n teken van swakheid. So kry ons geen begrip van die dramatiek van die worsteling nie. „De moderne historische romankunst veronderstelt, dat ge uw historie kent en dat een enkele toespeling genoeg is, om u in den tijd te verplaatsen en wie ze niet kent, moet aan die enkele toespeling maar genoeg hebben om zich het noodige decor te fantaseeren."2) Die historiese verhoudinge moet ons voel „als een vanzelf sprekende bijzaak". Die doel moet wees om ons die reële lewe te laat meelewe, „gezien in zijn algemeene menschelijkheid door een modernen mensch en kunstenaar . . . ."3) Die moderne historiese roman is „een roman als elke andere, een greep uit het leven, het algemeen menschelijke in schoonheid gezien en uitgebeeld, om esthetische motieven gedacht en gevoeld *) Twede Druk, 1921. *) Prinsen: De Oude en de Nieuwe Historische Roman, p. 91. s) id. 110 ADV. J. H. H. DE WAAL. in oude tijden en verhoudingen. De historische romanschrijver is niet langer de soms weerspannige slaaf der historie; de historie is zijn dienares geworden, die onderdanig en hulpvaardig, zich op den achtergrond houdénd, aanbrengt, wat tot kennis van de economische, sociale, maatschappelijke toestanden, waarin de helden van 's kunstenaars verbeelding leven ter beschikking moet zijn." !) De Waal staan dus nog heeltemal op die ou standpunt en dit spreek vanself, dat vir ons jongere, wat die moderne opvatting ken en waardeer, sy historiese uitweidings die eenheid van sy romans hinderlik verstoor. Die ware kunstenaar laat ons deur middel van die ervarings van sy persone, deur die uitbeelding van hul sielelewe voel, wat daar omgegaan het in die hart van die volk gedurende 'n seker tydperk. In Hoofstuk VIII slaag De Waal dan ook uitstekend daarin om ons deur middel van 'n samespraak tussen Bertie Muller en Kaptein Glide 'n stukkie oorlogspsigologie te gee. Maar meestal bly die intriege hoofsaak en is die oorlog 'n handige raam waarop die outeur oneindige awonture borduur. Dit was dan ook volstrek nie sy bedoeling om die innerlike roersels van die volksiel gedurende die wanhopige worsteling uit te beeld nie. Presies soos by Johannes van Wyk het hy 'n periode uit die geskiedenis geneem, waarin hy sy persone die bontste awonture kon laat beleef en tog 'n glimp van waarheid behou. De Waal se twee werke is geen historiese romans nie, maar wel intriegeromans, presies soos die van sy leermeester, Jacob van Lennep. J. H. van den Bosch het op voortreflike wyse hierdie soort roman geskets2): „De stof der kunst is het karakteristieke en typische in zijn steeds nieuwe verwerkelijking. Als voortbrengsel der phantazie, behoort tot de kunst ook de reproductie van het toevallig-uiterlijke. Niet echter tot de beste. Het toevallige is niet noodwendig, het is waar noch onwaar. Tijdelijk mag het behagen, misschien door nieuwheid en gloed, voor een oogenblik spannen door 3) t. 8. p., p. IO4. *) Taal en Letteren, 1892. ADV. J. H. H. DE WAAL. 111 vreemde ongewoonheid — weldra is het achter de bank geworpen en verouderd; de onverschilligheid der nakomelingschap velt er een zwijgend maar welsprekend vonnis over. Wil het eeuwig leven als de natuur, dan moet het kunstwerk — zelve Eeuwige natuur zijn, typisch en voleindigd. De Intrigeroman als zoodanig, niet kind van rijpe ervaring .... kind van één dag daarentegen is bestemd om op denzelfden dag te sterven. Het is de roman der willekeur, wjer type men in den Graaf de Monte Christo heeft leeren kennen. De intrigekunstenaar (al is zijn gave benijdenswaardig) geeft ons geen werkelijkheid, niet de wereld vol karakter rondom ons te aanschouwen, — het is de droomwereld eener spelende phantazie. Zijn' helden zijn marionetten, hij de man in de poppekast. Het is de roman der oppervlakkigheid, zonder diepte van leven, zonder inwendigen samenhang. In de mysterieuze natuur is ook alles bont en willekeurig dooreengeworpen, als in een uitdragerswinkel; — voor oppervlakkige blikken: want in de diepte is alles één. Het is kunst zonder waarheid, zonder wijsheid, geest en beteekenis, omdat het kunst zonder idee is." i)0 Ook De Waal se helde is marionette, aangeklede poppe, waarby die awontuur alle psigologie verdring. „Scherp getrokken is de lijn tussen deugd en boosheid. Hier ontwikkelen zich dan ook geen karakters; hier wordt ook geen moeite gedaan, om uit elk, overigens zo wonderlik samengesteld menselik hart, te halen, wat er, onder de werking van allerlei samenlopende of elkander strijdige invloeden, uit te halen is; verre van daar; onder al het levendig bedrijf, speelt ieder zijn hem toebedeelde rol op de meest passieve wijze; ieder van zijn _ kreaturen is gewaarmerkt tot een vast en onmiddellik te herkennen tiepe "2) Die enigste ontwikkeling, wat daar by De Waal se hoofkarakters te bespeur is, bestaan daarin dat die oorspronklike eienskap waarmee hy hul bedeel het, hoe langer hoe sterker Vgl. hierby nog Prinsen: Handboek tot de Nederl. Lett. Ges. p. 613-614. *) J. Koopmans: De Beweging, 1913. 112 ADV. J. H. H. DE WAAL. word. Sy helde word al dapperder, sodat hulle in die laaste hoofstuk Uebermenschen is, sy skurke al hoe swarter, totdat hul die baarlike duiwel in persoon word. Hy bedenk allerlei middeltjies, wat daarop bereken is om ons bewondering vir sy held te laat styg, of ons veragting vir sy skurke te vergroot. Johannes van Wyk bied homself as vrywilliger aan teen die Boesmans; hy is vergewingsgesind teen Gert en verpleeg hom as hy gewond is; hy red Hester Linde op besonder dapper wyse; as hy Gert heeltemal in sy mag het, neem hy'geen wraak nie, maar wil alles vergeef; selfs Gert prys sy saggeaardheid: „As 'n vlieg in sy karringmelk val, dan red hy dit!"l) Hy gee twintig guldens aan ou Fekkie; „die gebrek aan intellektuele geselskap het hy geweldig gevoel" 2) op die plaas by Villiers; van Fritz Köhler wil hy nie skinder nie; en as Gert sterf, dan voel Johannes. „weer die kinderlike, broederlike liefde van jonger jare opstyg in hom". 3) Voorwaar, 'n voorbeeldige jong kérel! 'n Tugendheld! So ook Andries Burger. Hy is wel 'n bietjie koppig op skool, maar De Waal laat ons goed voel, dat dit eintlik 'n goeie eienskap is, wat net pedagogiese leiding nodig het. As Andries dan ook Perold se skool deurloop het, word hy 'n tiepe van die nasionale student. Hy wil nie eers met sulke „rou rooi" dametjies, soos Grace Palmer praat nie, en die koppigheid van die kind moet ons bewonder, omdat 't die onversetlike wilskrag van die jongeling verklaar, wat teen die wens van sy pleegvader en professor tog oorlog-toe gaan. Andries is ook 'n sportsman van die eerste water; hy weier om met sy beste vrind 'n dop te gaan steek en "verwyt hom ernstig sy losbandigheid en gebrek aan nasionale sin. Bertie se swakheid moet dien om ons 'n hoër dunk van Andries te gee. In die oorlog word Andries so gou gebrei, dat, „hy amper enigiets sou waag". 4) Hy maak 'n stoutmoedige aanbod aan Generaal De Wet (p. 159) en as verkenner is hy die dapperheid in persoon, wat !) /. V. fV., p. 126. s) t. a. p., 164. 3) t. a. p., p. 250. *) Tw. Gr., p. 160. ADV. J. H. H. DE WAAL. 113 altyd die vyand baas raak. Op 'n koppie red hy Bertie, neem drie National Scouts gevange en skiet een dood. Sy gewonde vrind verpleeg hy met die grootste selfopoffering (p. 206). Phineas voel „glad ongerus in Utrecht" as hy hoor, dat daardie waagduiwel.... in die rondte swerf as verkenner" *) en al is hy ook nie vandag se kind nie, waar dit op geslepenheid aankom, moet hy telkens erken, dat Andries hom uitoorlê. Andries kry altyd die mooi rol; hy red Grace van die Kaffers, bring haar in veiligheid en voorsien haar van geld; hy maak die geld buit, wat Phineas en Loogman van die weduwee afgeneem het en stuur dit aan haar terug met De Jager. As Genl. De Wet 'n skitterende oorwinning behaal, dan is Andries daarby. 2) As veldkornet Potgieter in die nood raak, dan is 't Andries, wat hom raad gee 3), en met die hulp van twee vrinde bestook hy die Engelse uit 'n voordelige posiesie sodat die kommando ontsnap en die vyand groot verliese ly. Maar Andries is nie alleen 'n onverskrokke krygsman en verkenner nie, hy kan ook 'n mooi gedig maak en behaal selfs 'n prys daarmee. *) As die vrede gesluit word, dan hoor ons: „niemand het die prysgee van die duurgekogte onafhanklikheid van die Transvaal dieper ter harte geneem nie as die jong hooghartige Andries." 5) By die tekening van sy skurke gaan De Waal presies op dieselfde wyse te werk. Die een laag swartsel na die ander smeer hy op. Gert Rass steel blomme, bring Johannes daardeur in die moeilikheid, val hom aan met 'n karwats en wil hom verwurg; hy stook Abram op om Johannes deur die Boesmans te laat vermoor; wil die laken nie opsteek om Johannes te red nie, en het selfs minder gevoel vir sy neef dan die Boesman, Abram; jak Johannes af, wat hom verpleeg 't en laat sy ouers onder die indruk kom, dat sy neef hom gewond 't; aan Klaartjie vertel *) t. a. p., p. 242. 2) Vgl. p. 217. s) t. a. p., p. 261. «) p. 283. 5) P- 295. 8 114 adv. j. h. h. de waal. hy kluitjies oor sy neef; op die basaar fop hy met sy nommer, beskinder Joosten en beroof hom van sy „violet"; hy laat 'n vervalste brief in Johannes se sak stop om hom van hoogverraad beskuldig te kry; is dadelik gereed om sy ontsnapte neef te agtervolg en wil hom koelbloedig doodskiet; bedreig Hester Linde met 'n pistool, lieg as hy in die moeilikheid raak, en huigel vrindskap vir Johannes om hom te kan vergiftig. Gert word só gevaarlik in sy duiwelagtige haat, dat De Waal verplig is om hom op te ruim voor hy Johannes en sy vrinde kan beloon vir hul deug.--1) Phineas Marais, die eks-teoloog is ook 'n monster, wat al monsteragtiger word. Sy huigelary word hoe langer hoe geraffineerder, en om die bewondering vir Andries des te hoër te laat styg word sy teëstander al hoe gewikster in Fariseïese listigheid. Hy moet deur sy verraad en geldsug die nodige verwikkelinge skep, sodat Andries 'n kans kan kry om sy edelmoedigheid en onverskrokkenheid aan die dag te lê. Die laagheid van Phineas is die terrein waarop die patriot Andries, le ckevalier sans peur et sans reproche steeds met sukses opereer. Andries is dwarsdeur die roman die lieweling van die outeur, orals word hy verheerlik, orals word die pad vir hom skoongemaak. Op De Waal pas dan ook uitstekend die volgende verklaring van M. H. van Campen: „Twee eigenaardigheden hebben alle pseudo-menschscheppers gemeen, ten eerste: het verzoeten hunner* nobele figuren tot dupen en engelen?-1*- welke twee begrippen, als men de gewikstheid der duivelen daarbij in aanmerking neemt, vrij wel elkander dekken! —; zij doen dit zuiver instinctmatig, of wel: een onduidelijk bewustzijn van hun onvermogen, in de menschschepping de aesthetische schoonheid te bereiken, doet hen streven naar de ethische, welk streven tevens tot gevolg heeft dat zij hun ignobele schepselen zoo zwart maken als de satan zelf is, daardoor wordt de ethische schoonheid langs een omweg bereikt: de lezer voelt, hoe boos de auteur op zijn figuur, hoe ver- *) Feitlik die enigste menslike gevoel, wat beide Gert en Phineas besit, is liefde vir hul... .perde! ADV. J. H. H. DE WAAL. 115 öntwaardigd hij is, het ethisch schoon bevindt zich dus in den auteur-zelf! En als het tweede dezer eigenaardigheden moet genoemd, dat de pseudo-menschschepper, hetzij min of meer bewust van zijn onvermogen als zoodanig, hetzij zelfs geheel onbewust daarvan en instinctief, de menschbeelding op het zooveelste plan doet terugwijken en het bijwerk brengt op het allereerste: het bijwerk van de „intrigue", van de taal, van de natuurbeschrijving, het bijwerk van alles en nog wat. Schiep de Heer in zes dagen heel de wereld en één menschenpaar, zij besteden dunkt mij, volle zes dagen aan het scheppen eener menschenlóóze wereld en stelen vijf minuten van den sabbath, om honderd menschen te maken ! Die menschen zijn er dan ook naar .... —-" i) Alleen die volgende reserwe moet ek maak: wat bywerk van taal en natuurbeskrywing betref, is daar by De Waal geen sprake nie — hy vertrou enkel op 'n spannende intriege en 'n historiese versiering om sy verhaal leesbaar te maak — wat later bewys word. Hoe dat by De Waal alles afhang van die grillige toeval blyk uit die verlowing van Hester Fourie en Bertie. Hester sê Phineas af, nie as gevolg van 'n geweldige sielekonflik nie, waarin haar patriotisme en liefde in botsing kom. Tot op die laaste behou sy haar naïewe geloof in sy opregtheid, ja verneder haarself voor haar veragtelike aanbidder: „Ek weet, dat jy my sal beskou as 'n bedriegster, 'n valse skepsel . . . Ek weet dat jy die naam van Hester Fourie sal verag, sal verfoei, sal wil uitdelg uit jou geheue, . . . . 2). Sy is selfs gewillig om Phineas te trou al was hy ook „handsupper" — eenvoudig omdat haar eie pa ook sy nasie verraai het — 'n rede wat psigologies absoluut vals is, omdat juis die skrynende pyn daardeur veroorsaak, haar die verlore ideaal des te inniger sal laat koester en haar verlange om dit in die minnaar terug te vind oneindig versterk. „Pa het my diep teleurgestel, maar Phineas sal sy man staan — hy sal aan sy volk getrou bly", so sou die vrou Hester geredeneer het, die vrou wat geloof het J) Nederlandsche Romancières van onzen Tijd, p. 10. s) Tw. Gr., p. 305. 116 ADV. J. H. H. DE WAAL. dat hy 'n volksleier behoort te word l1) As De Waal wou gehad 't, dat ons Hester Fourie moet bewonder as 'n fiere dogter van die Vrystaat, dan moes hy die bitter kneusing van haar meisieshart uitgebeeld 't by die oorlopery van haar vader en minnaar, die wondere, geheimnisvolle rypwording van haar kinderliefde vir Bertie en haar langsame bewuswording van die feit, dat haar gevoel vir Phineas 'n vergissing was. Maar in die roman gehoorsaam sy aan ,,'n onverklaarbare, waarskuwende stem .... 'n instink wat na geen menslike raad wou luister nie", 2) terwyl sy tog héél goed weet, dat Bertie die plaas van Phineas in haar hart ingeneem 't. Of het Phineas haar ook leer huigel? Haar liefde vir Bertie is nie 'n allesbeheersende, allesoorwinnende passie nie, wat haar met dwingende mag na die geliefde dryf, maar haar lot word beslis deur die absoluut toevallige ontdekking van Nurse Nellie. Haar lewe is nie die langsame ontplooiing uit 'n innerlike drang, wat onverbiddelik dryf na die vervulling van 'n eie sielsgeaardheid nie, omdat die skrywer nog nooit geloop 't op die slingerpaadjies, wat soos 'n wirrel-warrelvlegwerk uitgesprei lê oor die groot wonderland — das Ewig- Weibliche. Die blinde toeval! In Johannes van Wyk het die nommertrekkery op die basaar 'n beslissende invloed op die lewensgeluk van ses persone. En as Johannes sy kans laat glip, dan speel dieselfde blinde toeval hom die meisie nogeens in die hand, dan kry hy 'n geleentheid om Hester te red en verseker die flink optrede van sy vrinde hom 'n ongestoorde wandeling met haar. By die eetmaal is dit wéér die blinde toeval, wat hom 'n sitplaas naas Hester gee; wat die kaptein en kolonel met plotselinge doofheid slaan, sodat hy sy geheimpies uitvoerig aan haar kan vertel. Voorwaar, Johannes laat ons dink aan Van Lennep se motto hyDe Roos van Dekama. Hy is die man wat: „wacht en stille sitt" en tog alles kry, terwyl Gert met al sy slim planne homself in die ongeluk stort. i) t.a.p., p. 38. s) t. a. p., p. 306. ADV. J. H. H. DE WAAL. 117 Joosten, vir wie Fritz Köhler, „g'n enkele keer die kans wou gee nie"1) om met Jeanette te praat nie, word ook deur die blinde toeval gehelp — anders was hy vandag seker nog ongetroud! En Grace Palmer? Haar huwelik is afhanklik van die toevallige ontdekking, dat sy die Twede Grieta is. Sy self gee drie redes op, waarom 'n huwelik met Andries onmoontlik is.2) „De Intrigeroman kan alles bewijzen. Hij is een droom; de natuurwet is er buiten dienst gesteld."3) Om dié rede behoef dit dan ook geen verbasing te wek nie, dat daar nog 'n hele reeks onwaarskynlikhede in die twee romans te vind is, o.a. die verdwyning van Grieta, die onvoldoende motivering van die haat tussen Andries en Phineas en veral die feit, dat Conradie die Kaap verlaat sonder Andries mee te deel wie Grace is. Op die manier kry Andries nog 'n kans om sy koppigheid te wys en die feit, dat hy nou al deur sy oorlogervarings tot selfstandige man geryp is, verhinder sy pleegvader nie om hom nog soos 'n stout seuntjie te behandel nie! In J.v. W. laat die karakter van Abram ons ook twyfel aan die egtheid daarvan; die skoot wat Abram net presies in die hart tref, terwyl hy op Johannes se hart mik, verwek 'n skeptiese glimlag. Dat Gert in die gifdrinktoneel hom so maklik laat fop, klink ook onwaarskynlik. De Waal slaag daar nie altyd in om sy sterk-romantiese gegewens deur 'n onweerstaanbare suggestiewe werking tot onbetwyfelbare realiteit te maak nie. Dit blyk ook duidelik uit Andries se awontuur by Utrecht. Ons verneem dat 't „buitengewoon donker" is — só donker selfs, dat die ruiter „nouliks die kop van sy pêrd kon sien."4) Tog laat ,,'n warrelwindjie'n dun stofwolkie .... opstuif"! Later eers word die terrein deur bliksem af en toe verlig. Maar dit bly só donker, dat die kaffer „slegs 'n donkere gestalte" is. Die skrywer laat ons egter nie voel deur allerlei fyn trekkies nie, dat dit werklik donker is. Hy teken die hele toneel asof *) J. v. W., p. 210. *) Tw. Gr., p. 331. s) Taal en Letteren, 1892. 4) Tw. Gr., p. 225. Dag op dieselfde pagina is seker 'n drukfout vir nag. 118 ADV. J. H. H. DE WAAL. dit alles in die skroeiende son gebeur't. „ Verbysterd en asof half lam leun sy (Krysie) mét haar een hand teen een van die opstaande rotse." Het Andries kat-oë gehad, of het hy dit ook alles „met die hulp van (die) weerlig" so haarfyn gesien? Hy soek nie voel-voel na die gewere en bandeliers nie — hy tel sommer „een van die twee Lee-Metfords en die bandeliers op . . . ". Hy loop nie struikel-struikel oor die los klippe in die donker nie — „hy nader .... die meisie". En sy sien hom „verward'' aan; „sy skud haar kop", as hy haar iets vraag en „aan haar kappie en jas kon jy . . . . s i e n, dat sy terdeë met klei in botsing gewees het." Het dit ook alles gebeur met die hulp van bliksemstrale, want dis nog só donker, dat hy byna oor die twee doodgeslaande perde val. Die gebrek aan suggestiewe besonderheidjies belet ons om die waarheid van die nagtelike toneel te voel. Die skrywer het dit nie innerlik deurleef nie, maar met sy nugter verstand die awontuur inmekaar gesit. En hy was hier tog op bekende terrein, want hy was self onderwyser in Utrecht en het seker meer as een van die donderstorme gesien, wat met sulke plotselinge felheid kan neerswaai, so geheel anders as in die Kaap. Die donderstorm word as volg beskrywe: „Die stormwolk, waaruit soveel vog gegiet en vuur geskietwas, was nog met onverminderde water en elektrisiteit belaai en woed nog aldeur voort, (dus 'n wolk, wat voortwoed!) maar nie meer vlak bo-kant die hoofde van die jong twee nie. Die reusagtige massa was na die noordweste gedrywe, en slegs die nadruppels val nog by die vlugtelinge. Met die ooptrek van die hemel kom ook die opgaande maan te voorskyn." !) Van natuurviesie geen sprake nie, nog minder van indiwiduële impressie of verrassende segging. Die hele beskrywing word gegee enkel om die laaste sinnetjie, want Andries moet 'n kans kry om „die sewentienjarige poppie" te bekyk. Die beskrywing van Patrysvlei2) is soos die van 'n afslaer, wat 'n plaas wil verkoop. Patrysvlei is ,,'n lushof" t) t.a.p., p. 233. *) t. a. p., p. 89. ADV. J. H. H. DE WAAL. 119 met mooi draadheinings. Daar is 'n „deftige woonhuis" met „netjies ingerigte buitegeboue, stalle, krale, kampies en pluimveehokke"; „in sag groen gelowerde vrugteboorde", 'n groot tuin, 'n „massiefgewalde dam", deur 'n „altydlopende stroom gevoed" en verder „uitgebreide, duidelik afgebakende saai- en weilande". Die skrywer versekerons, dat 't ,,'n bekoorlike landgoed, 'n paradysie" is, maar so 'n vendusieagtige ophemeling laat ons totaal koud en het met kuns niks te maak nie. Die van buitegekome obserwatoriese gewaarwording is nie deur die van binne opstygende deurvoeling tot 'n psigiese verbeelding geryp nie. Die verslag van die voetbalwedstryd in hoofstuk vyf van Die Twede Grieta is ook 'n bewys van De Waal se onmag as kunstenaar. So 'n beskrywing kan 'n rapporteur van 'n agterveldse krantjie ook gee, want dis kleurlose joernalistiek, sonder 'n persoonlike aksent, in die allergewoonste voetbaljargon. Die partytjie by Bertie was in 'n groot saai „waar die meeste van die mense in vrolike gebabbel vergader was.... Verversings en lekkernye is intussen xovAgedeel en van die keurigste sterk dranke kon jy te drink kry." 1) In Johannes van Wyk nog 'n staaltjie: Hester en Johannes sing saam op die rots: „Toe begin hulle weer. Al die ander was stil as die graf. Heerlik weer lui (weerlui ?) •die skone melodie. Trillend weer het iedere noot in die rotsagtige kloof van kant tot kant weerklink. Met soveel gevolg is elke woord uit^bring ^?word dat dit ing^dring het tot in die diepste hoekie van elke hart en die fynste snare daar geroer het. Was dit dan wonder dat selfs Douise haar oë vogtig ^word het ? 2) Viermaal weer; sesmaal ge opmekaar gestapel! en dit in ses-en-'n-halwe reël! By die waaragtige kunstenaar, wat hom diep in sy stof inlewe, verander ritme, styl, taal, woordekeus voortdurend al na gelang van die stof. De Waal wil hier musiek in woorde verklank en hy hakkel soos 'n doofstomme. Die mooi alliterasie: „Trillend weer het iedere noot in die rotsagtige kloof van /èant tot /èant !) t. a.p., p. 313. s) t. a. p, p. 229. 120 ADV. J. H. H. DE WAAL. weerklink" gaan verlore in die aanswellende gutturale kakofonie. De Waal se styl het geen, eie geluid nie. Sy taal is die van die koele gedagte, ontspring nie uit 'n ontroerde gemoed nie, mis harmoniese ritme. Nooit voel ons daarin die koorsagtige klop van die digter, nooit tintel daarin die warm liefde vir singende woorde nie. Kort en saaklik deel hy ons mee, soveel as nodig is om die intriege te verstaan, soms met katalogusagtige dorheid. Grace word ingelei in ,,'n kamer van middelmatige grootte, wat klaarblykelik gedien het vir eet-, slaap- en werkkamer tegelyk, want in die middel staan daar 'n tafel met 'n bord, 'n -kaasbak, 'n suikerpotjie, 'n standertjie, 'n paar koppies en pierinkies en nog meer sulke goed; naby die venster sien jy 'n tafeltjie met 'n goedkoop naaimasien en 'n werkmandjie daarop, terwyl, aan die teenoorgestelde kant van die kamer, die voetenent van 'n ledikant van agter 'n Japanese skerm uitsteek. Verder bemerk jy daar ook 'n wastafeltjie en enige ander meubelstukke — almal oud en eenvoudig, maar net en sindelik."1) Geen verrassende wending, geen metaforiese vermoë. Dit is net asof hy 'n reusagtige settery het, waarin die sinne netjies in hul bakkies gerangskik staan — la phrase fait une fois pour toutes. 2) As iemand skrik of verbaas is, dan het hy „wydgespalkte, wit kykers", (J. v. W., p. 37); Malherbe en Joosten volg Johannes se bewegings „met beklemde harte en wyd-geopende oë", (% v. W., p. 71); „Die dominee sien sy dogter met wydgespalkte oë aan", (y. v. W. p. 149); „die meid, met 'n uitdrukking van angs in haar groot, wit oë". (Tw. Gr., p. 7). ,,'n Klein gil verlaat sy bors, en met wydgespalkte kykers starend staan hy vir 'n oomblik asof versteend", (Tw. Gr. p. 173); „ontsettend verras staar hy die meisie met wydgespalkte oë en ope mond aan", (Tw. Gr., p. 392); „Palmer!?" roep Conradie, met groot oë, verbysterd", (Tw. Gr., p. 353); „Maar voor hy iets meer sê, deins hy verskrik terug, en staar haar met wydgespalkte oë aan", (Tw. Gr.,p. 350); Tw. Gr., p. 349. Beter geslaag is die beskrywing van Johannes se kamer, J. v. W., p. 163. s) Vgl. Rémy de Gourmont: Esthêtique de la langue franfaise. ADV. J. H. H. DE WAAL. 121 „Met wydgeopende, verwilderde kykers staar hy die besoekster asemloos aan", (Tw. Gr., p. 369); „Met ope monde asof deur towery geboei, gaap hulle die singers in verlore bewondering aan", (J. v. W., p. 97); „die trotse Chrissie staar met wye fonkelende oë vaag op na die plafond", (Tw. Gr., p. 224). As Boonzaaier dié romans moes illustreer ! Dieselfde uitdrukking kom ook by Van Lennep voor: „Welnu! waar wacht gij op?" vroeg de man, wien de uitdaging gold, aan den voerman, die met wad opgespalkte oogen, dit tooneel stond aan te gapen." Soms laat De Waal nogal wonderlike maneuwers uitvoer: „Maar Jeanette het alreeds haar oë met stille valksblikke na huis, werf en elke plekkie daar rondom, vir sover as haar gesig nie versper was nie geslinger", (J. v. W., p. 199); „Sy oë begin van vooraf in sy kop te rol", (J. v. TV., p. 15). Nog 'n ander stylverstening is: ,,'n Rilling loop deur sy lyf", (J. v. W.,r). 38); ,,'n Vinnige rilling loop deur die hele lyf van Johannes", (J.v. TV., p. 215); ,,'n Ysige rilling tref die lede van die sielvermoeidestudent", (Tw. Gr., p 389); „Hester haar liggaam tril van die skok", (Tw. Gr., p. 200); „wat 'n gril skud sy lede", (Tw. Gr., p. 250); „Dit was of Andries 'n geweldige skok deur al sy lede kry", (Tw. Gr., p. 314). „Wat 'n rilling loop daar deur sy hart", (J. v. TV., p. 72). Van Lennep gebruik die uitdrukking ook: „Een koude rilling liep mij door de aderen." 2) Nog 'n ander stylverstening is asvaal of vaal soos as. 3) So sou ons die hele inwentaris kan opmaak van die bakkies in De Waal se settery; van die beperkte aantal stereotiepe uitdrukkings, wat met tergende reëlmatigheid by amper elke dialoog voorkom — die „knersende tan de", „geamuseerde gesigte", die „hande in die hare", die krappery agter die ore, of op die kop, die „bevestigende knikkies", „wit bewende lippe", „glinsterende, wetende, verwilderde, verslindende . . . . oë"; „vuurrooi wange", x) ftrdinand Huyck, p. 42. s) o. a. Ferd. Huyck, p. 91. 3) Vgl. o. a. J. v. W., p. 101, 122, 201; Tw. Gr., p. 200, 357. 122 ADV. J. H. H. DE WAAL. ,,veel-betekende(?) glimlaggies", „angstig-kloppende, bonsende harte" en al die verskillende soorte kykeW — o.a. „die kyk .... wat as 'n dolk tref", (J, van W., p. 46). Dan nog De Waal se besonder hartlam-uitdrukking kykers — van allerlei aard, diep, vurige, swart, donkerbruin, glimlaggende, skitterende, medely wekkende, sielvollel), glimmende, bewonderende, grys, groot, ope, blink, pragtige, patetiese 2) 'n Enkele maal word ons verras deur 'n raak tekening: „rooi as 'n granaatappel", (Tw. Gr., p. 121); „met 'n berouvolle krakie in sy stem", (Tw. Gr., p. 269), — maar dis nes 'n eensame blommetjie in 'n vaal stoppelland. Meestal is De Waal doodtevrede met die ou beskrywende adjektiewe, wat die Neerlandse skrywers van vóór 1880 duisendmaal afgerinkink het. Dit blyk veral waar hy die uiterlik van sy persone teken. Hester Linde het ,,'n lelieblanke kleur, afgewissel deur die roseblos van gesond- heid, daarby vertoon sy 'n paar oë so helder, so hemelsblou, so sielvol, as g'n digter of skilder sou kan teken nie; 'n lieflike neusie gelyk en reg as van 'n marmer beeld." (J. v. IV., p. 63). Sy is 'n engelagtige wese, (J. v. IV., p. 72 en 162) met hemelse oë; ook Grieta is ,,'n beeldfraaie mens.... meer geskik vir die tuiste van engele, dan vir hierdie prosaiese aardbol", (Tw. Gr., p. 1); ,,'n buitengewone juweel" met „melkwit hals" en „goudbruin hare, wat tot sieraad sou gestrek het vir die skoonste towergodin", terwyl Hester weer 'n „liewe juweeltjie" is, ,,'n allerpragtigste kind, die beeldskone predikantsdogter" met ,,'n sneeziblanke gelaat". Sy is „die liewe engel wat dag en nag Johannes se gedagte besig hou en 'n vuur in sy hart aangesteek het wat niks kan uitblus nie. . . ." (J. v. W., p. 178). Ook Grace laat ,,'n vlammetjie. . . . ontbrand, wat Andries nie lig kon blus nie". Nes by Hester word ons verseker van die magteloosheid van die skilder en nou ook nog van die beeldhouer: „Het ooit 'n skilder 'n kinnetjie pragtiger geskets? Het ooit 'n beeldhouer 'n mondjie bedeel met soveel uitdrukking, soveel karakter, soveel soete onskuld, as wat vertoon word !) Uit /. v. W. ») Uit Tw, Gr. ADV. J. H. H. DE WAAL. 123 deur daardie twee gesonde, klein, allerliefs gevormde lippies?" (Tw. Gr., p. 239). Sy is ook soos haar moeder „meer geskik vir die tuiste van engele": „Dat 'n regtige, gewone, aardse mens so fouteloos (anglisisme!) daar kon uitsien, sou hy nooit kan geglo het nie." Ons glo dit dan ook nie!! Mens moet na Tollens en sy konfraters gaan om die sussies van De Waal se engeltjies te kry. Hoor maar hoe Tollens „Het Ongenoemde Meisje" „besing" 1): „Der nachtegalen zang is schoon, Maar tienmaal schooner is haar toon, Haar stem doortintelt merg en bloed; Geen ziel, die zij niet smelten doet; Geen booswicht is er, als zij zingt, Wien niet een traan in de oogen dringt. Zij zweeft, als had zij wiekjes aan: Haar zooltje laat geen teeken staan. Haar vlechten zijn als ravengit, Haar boezem is als zwanenwit; Geen enkel sproetje vlekt haar kin En 't englenzieltjen evenmin. Wie zulk een meisje ooit ontmoet, Zoo schoon, zoo rein, zoo engelgoed; Wie 't orgiën van een stem vernam, Zoo fraai of ze uit den hemel kwam, Geloof hij 't vast — zweer hij 't vrij: Dat is mijn meisje! dat is zij! De Waal se „fouteloos fraai" meisies dra natuurlik ook klere, „fouteloos passend" soos Grieta; hul het „lieflike gelaatstrekke", „pragtige elegante" gestaltes, of anders „heerlik-fraai — slank en tog vol"; meestal „langwerpige" gesiggies soos Hester Linde, Hester Fourie en Grace; maar die koddigste is wel die plomp2) wange, wat by De Waal blyk baar die betekenis van die Engelse plump het!! Vergelyk ons nou hiermee die manier, waarop Van Lennep sy dames en here teken, dan val die sterk ooreenkoms dadelik in die oog. In De Roos van Dekama word Madzy as volg voorgestel: „Voor zooveel men, 1) Dichtbloemen, p. 150. 3) J. v. W., p. 63 en 226. 124 ADV. J. H. H. DE WAAL. nu zij gezeten was, haar gestalte kon beoordeelen, was zij rijzig van postuur; doch haar fijne leest was gewikkeld in een zwarten zijden mantel, die niets liet bespeuren dan de bevallige ronding van een leliewitten arm .... De kap van den mantel bedekte het hoofd, en was onder'de kin vastgestrikt, doch liet echter vryheid om de edelste en tevens innemendste wezenstrekken te beschouwen, welke immer in het hart eens jongelings liefde verwekt hebbenDe strenge regelmaat des beloops van neus en voorhoofd, welke aan het profiel der Grieksche Juno herinnerden, was getemperd door den zachten, minzamen opslag van twee groote, helder hemelsblauwe oogen, overwelfd door gitzwarte wenkbrauwen, zoo zuiver van omtrek, als waren zy door een penseel gevormd, en door de kuiltjes welke in de van gezondheid schitterende wangen en in de ronde kin als tot een schuilplaats voor de bevalligheden gevormd waren. Een klein vlekje ter zijde der bovenlip, instede van het gelaat te ontsieren, stak geestig af tegen de blanke tinten van het fijne, met blauwe adertjes gemarmerde vel, en verhoogde de levendigheid van uitdrukking der wezenstrekken, vooral wanneer zij zich tot een lachje saamtrokken, en de halfgeopende rozemond, de dubbele rij der hagelwitte tandjes ontdekken liet." 2) Vir Reinout is Madzy dan ook dadelik 'n „lieve engel". „Reinout .... had een wel niet rijzige, maar toch in allen deele fraai gevormde, gestalte. Ravenzwart haar krulde hem met bevalligheid om de slapen; zijn gelaatstrekken waren fijn en regelmatig, en schoon van nature bleek en door de zuiderzon en de vermoeienissen des oorlogs met een gele tint overdekt, hoogst bevallig en innemend. Geest en scherpzinnigheid straalden uit zijn gitzwarte oogen, wier levendigheid waarde gaf aan alles wat hij zeide." 3) Malherbe „was middelmatig van gestalte, welgeset, kragtig gebou. Sy bias kleur en Paryse neus het duidelik te kenne gegee dat hy van Franse af koms was; en sy groot welgevormde kop, versierd met 'n bos digte, pikswart krulhare, het blyk gelewer van meer 1) Vgl. hiermee Tw. Gr., p. 233-4 waar Krysie ook 'n kappie dra. 2) t. a. p., p. 106. Uitgave Sijthoff. s) t.-a. p., p. 44. ADV. J. H. H. DE WAAL. 125 dan 'n gewone mate van harsings; terwyl sy diep, vurige, donkerbruin kykertjies, wat treffend gepas het by sy swaar wenkbroue, die wakkerste skerpsinnigheid verraai het." {J. v. TV., p. 61.) Daar is nog meer reminisensies aan die versteende terminologie van vóór 1880 by De Waal. „Iedereen luister met ingetoë bewondering na die sielverheffende, heerlike musiek", (J,v. TV.,p. 228); verbryselende tyding, (J. v. TV., p. 251); „wat daar in sy gemoed omgaan, kan beter verbeel dan beskrywe word", (J. v. TV., p. 106); 'n ontluikende man, (J. v. TV., p. 8). De Waal besef nie die gevoelswaarde van die woord ontluikende nie, want ofskoon ,,'n ontluikende maagd' 'n doodgewone staaltjie van die Parnastaal is, kan ons ons moeilik 'n ontluikende man voorstel. In Die Twede Grieta kom ook nog voor: „verhewe, edele gelaatstrekke", (p. 209); „onvergeetlike, hartstrelende", (p. 318); ,,'n soet druppel in die bitter beker", (p. 12); „hartedrif" (p. 382); „dit was asof 'n pnem sy hart deurboor en sy bloed yskoud word", (p.96);x) ,,'nVloed van bitter onaangename gewaarwordings deurstroom sy beklemde gemoed", (id. vgl. J. v. TV., p. 174); „sy was weggevaar na die heerlike wêreld van die sorglose vergetelheid, rustig in die arms van die slaapgod ", Rijks-advokaat; bijna 40 jaar dus. Het ambt maakt de man. Deze man moet dus wel tot in z'n tenen advokaat zijn geworden, vooral omdat-ie van z'n eigen natuur al had, wat dat ambt in 'n mens pleegt te ontwikkelen: handigheid in 't pareren en uitvallen; scherpzichtigheid van elk plekje dat de tegenpartij bloot geeft; en bij deze schermmeesters-talenten, toch eenvoudige waarheidszin en oprechtheid. . . . 1) Dieselfde eienskappe is ook te vind in die romans van Advokaat De Waal. Hy het sy eie pleiterstalent aan Malherbe geskenk en die kruisverhoor van Gert is een van die besgeslaagde gedeeltes van Johannes van Wyk. Phineas behaal ook 'n advokateoorwinning op die Smithfïelders en die weduwee, en sy listige draaitjies laat ons meer aan die geregshof dan die Teologiese Kweekskool dink. Vir die samestelling van sy intrieges kon De Waal dan ook profiteer van sy eie ervaring by die geregshof, 'n element wat 'n ruim plaas beslaan in albei romans. Die lewendigheid van sy dialoog laat aan dieselfde invloed dink. Oor 'n raak antwoord staan sy persone selde verleë, en tog ontaard dit nie in 'n yernufsdialoog nie, maar is gewoonlik 'n weergawe van die los natuurlike gesèlstoon. Dat hy dit egter nie altyd tref nie, bewys die volgende kromtaal, wat hy in die mond van Professor Clarke lê: „Jy het skone vooruitsigte, my jong (sic!), as jy net getrou by jou studies wil bly; en ek gee jou my woord, dat alles, wat ekkan doen om jou meriete bekroon te kry met die sukses, wat dit verdien, sal ek.2) Ook Ds. Kestell en Conradie spreek Andries toe as my jong. 3) 'n Staaltjie van gebrekkige psigologie vind ons in Die Twede Grieta. Dis Andries se verjaarsdag en hy moet natuurlik die gewigtige gebeurtenis aan sy maat op skool meedeel. „Mag jy soet opgroei! fluister die ander grappig terug."*) Wie sou so 'n ou-tante-agtige wens verwag van 'n kind van elf jaar? As hy nou nog gevra 't: „Het jy baie presente gekry?" dan kon ons dit verstaan! J) J. Mathijs Acket: Nieuwe Taalgids, 15de jg., 6de afl., p. 275. s) Tw. Gr., p. 67. 3) t.a.p., p. 295, 311. *) t. a. p., p. 14. ADV. J. H., H. DE WAAL. 127 By De Waal kan ons konstateer 'n byna volslae veronagsaming van die volkstaal. Hy was een van ons eerste skrywers en het soos weinig ander die kans gehad om gebruik te maak van tiepies Afrikaanse wendinge, wat in die rykste verskeidenheid net op die lewewekkende adem van die kunstenaar gewag 't. Maar in plaas daarvan gebruik hy die dorre beendere van 'n voos ou-tydse retoriek, wat al twintig jaar morsdood was. Of wat uit kuituuroogpunt nog veel erger was, hy leen hot en haar van die Engelse en set die jong lesers van De Goede Hoop 'n onsmaaklike hutspot a 1'anglaise voor — juis dié mense, wat hy, as taalyweraar, moes oortuig van die deugdelikheid van die Afrikaanse taal. As De Waal woordkunstenaar gewees 't, dan sou hy op sy togte met die Rondgaande Hof, wat hom in nou aanraking met al die klasse van die samelewing oor 'n uitgestrekte gebied van die Kaapprovinsie gebring 't, die volkstaal beluister 't, met volle teue die fris veldgeur van die ongerepte Afrikaanse idioom ingedrink 't. En indien hy ook al dikwels die verpestende lug, wat stadig maar seker by ons taaivensters ingewaai het, moes opsnuif, was dit dan nie juis sy heilige plig as voorman om met speurende sorg alle uitlandse bysmakies uit die nasionale taalspys, wat hy vir argelose jongeliede opgedis het te verwyder nie ? Maar die Engelse stormwind het De Waal omgewaai en al het hy in die afgelope sewentien jaar effentjies gespartel om op te staan, die vyfde druk van Johannes van Wyk en die twede druk van Die Twede Grieta bewys dat dit hom tot nog toe nie geluk 't nie. In sy dissertasie Taal en Poësie van die Twede Afrikaanse- Taalbeivcging het Dr. E. C. Pienaar gekonstateer, dat met betrekking tot anglisismes Johannes van Wyk „aan 'n ongeneeslike kwaal ly". 1) In Die Burger van Augustus 1921 laat De Waal hom as volg daaroor uifef „Is dit die skuld van die outeur dat soveel anglisismes burgerreg verkry het in ons taal? Toe ek die boek geskrywe het, het ek die spreektaal ten naastenby weergegee soos hy gebruik geword het, nie soos ek of my taalvriende sou verkies het dat hy moet wees nie. My J) Twede Druk, p. 153, noot. 128 ADV. J. H. H. DE WAAL. skryftaal was maar 'n weerspiegeling van die spraak.... Die woorde lyk (hou van) en kyk (blik) .... sou ek darem in geen geval laat vaar het nie. Hulle het pos gevat in ons taal en verarm dit nie." Dr. Pienaar het ongetwyfeld gelyk as hy beweer, dat De Waal se taal ,,'n weerspiegeling was van 'n kunsmatigvervalste spraakwerklikheid, soos die onder bepaalde anti-nasionale skoolinvloede in'bepaalde kringe geheers het." J) Teregword ook verder gelaak die gebrek aan „historiese atmosfeer" in Johannes van Wyk „omdat die skrywer deftige Hollanders van die jaar 1700 anglisismes in die mond lê, wat tuis hoort by verengelste Afrikaners van twee honderd jaar later, en selfs dan nog maar in sekere kringe." 2) „Moed broei moed" is die vertaling, wat Grace Palmer gee van „Courage breeds courage". Andries verbeter dit tot: „Moed kweek moed"3). Dit is presies die wyse waarop De Waal te werk gaan. Sy gedagtewêreld is Engels, eri sy skrywery is 'n langdurige gesukkel, 'n kriewelagtige gepeuter om aan Engelse gedagtes 'n Afrikaanse tint te gee. Só kan geen kunswerk ontstaan nie. Ons stuit gedurig op uitdrukkings en woorde, waarvan die Engelse voorbeelde hul direk aan ons opdring. Dit is dan ook 'n vergeefse poging om die twee romans van anglisismes te suiwer, wat die skrywer alreeds probeer doen 't; die rooi suurdesem het deur-en-deur getrek tot in hul kern, soos blyk uit die volgende paar voorbeelde wat gemaklik verdubbel kan word. ïn Johannes van Wyk, vyfde druk, 1921, kom voor: p. 29, „sou hy'n twintigtal van daardie gebroed binne vyf minute kon uitgevee het; p. 149, „Wat 'n jammer. . . ." p. 173, „dat F. K. . . . sy kop mag verloor en 'n hand in so 'n daadhê;p. 174, Sou sy nie .... iets kan sê of doen wat hom mag weggee nie? p. 215, (hy) bind sy rooi sakdoek oor die groter deel van sy gesig; p. 224, Die twee lawwekérels *) Die Burger, Aug. 1921. 2) Vgl. ook Dr. Pienaar se dissertasie, p. 151—6 en Dr. Boshoff: Volk en laai van Suid-Afrika, p. 407—424 waar die kwessie uitvoerig bespreek word. 3) Vgl. hiermee /. v. W., p. 210 ,,'n Vreesagtige hart sal nooit 'n flinke vrou vang nie." ADV. J. H. H. DE WAAL. 129 . . . . vind hulle uitgesny deur „die Franse advokaat"; p. 76, „Gou nou!" haas Joosten sy twee vrinde aan,. . . In Die Twede Grieta, twede druk, 1921: p. 11, watter adres hom in Johannesburg sou vind, p. 54, Brittanje steek weer sy vinger in die pasty; p. 136, 'n Stuiwer vir jou gedagte; p. 149, maar sy vrees het nog die bo-hand gevoer; p. 213, Ons kon om die lewe nie raai; p. 242, in die klein uurtjies van die nag;p. 308, die gees vanjingoïsme — waarvan alle. . . Afrikaners in die stede prooi was; p. 326, koerasie.byeengesamel; p. 328, in watter woorde die nuus te breek; p. 377, Die aparte uitdrukkings, wat daar beurtelings op die gelaat van Grieta verskyn het. . . was 'n studie. — Plompe wange is reeds in 'n ander verband genoem. In Die Twede Gfieta hoor ons nog van 'n milde behandeling! (Eng. mild). Ook die volgende uitdrukkings, meestal onbeholpe vertalings, toon duidelik aan hoe De Waal in Engels ■dink en dan 'n woord of wending kies, wat glad nie in die verband pas nie. In 'Johannes van Wyk b.v. p. 48, aan die agterdeel van die huis; p. 80, 84, 246 die gestremde (Eng. strained) stilte, verhouding, ens.; p. 84, En hy . . . ontmoet haar lippe met syne ... in 'n soete, hartelike kus; p. 101, U het ons almal uiters gul vergas; p. 180, Die stem klink op verhewe toon1); p. 2i7,jy't my in 'n desperate weg gedring; 'n goeie dag gee. In Die Twede Grieta: p. 41, Die ruime stellasies ... was besprenkeld van toeskouers2); p. 56, Op laasgenoemde plek spring daar 'n stad op; p. 59, tegelyk sou die forte by Pretoria gegryp word; p. 198, sy volledig die sin; p. 175, Intussen doen die verpleër aldeur alles in sy vermoë om die vloei van die bloed te stuit, en werklik was die lekkasie(!)binnekortaanmerklik verminder. Kyk (blik), kom kyk (besoek) en lyk (hou van) is vaste uitdrukkings van De Waal. By die gebruik van voorsetsels is hy ook gedurig onder Engelse invloed of maak hy die snaakste foute. In Johannes van Wyk b.v. p. 19, onttrek. . . . uit; p. 24, voorsien .... met 3); p. 59, *) Vgl. p. 62, 'n verhewe betrekking in die diens van die Kompanie. ') Vgl. J. v. W., p. 226 en 2tv. Gr., p. 237. 8) Vgl. Tw. Gr., p. 296. 9 130 ADV. J. H. H. DE WAAL. trakteer met lekkers; p. 60, deelneem in; p. 61, Aan sy breë mond kan jy . . . . lees; p. 71, vermorsel aan 'n rots; p. 96, hy roep op diesangpaar; p. 128, vervang met; p. 170, gedagtes in die saak vorm; p. 180, om ou naamtekening aan hierdie getuigskrif te verkry; p. 204, hy hou hom onledig aan die heel-maak van 'n . . . . mandjie; ens. In Die Twede Grieta: p. 335, om hom met die nou gang te begewe na sy kompartement; p. 344, berus by haar laaste antwoord; p. 369, hy spring met 'n skrik in sy sitplaas op; p. 388, 'n kelkie .... tot mekaar se gesondheid drink; p. 227, „Kom!" roep die boer aan die pêrde; p. 156, duskant van Paardeberg; p. 285, ryk in bobbiaan . . . .; ens. 'n Voorbeeld van stokkerige Hollands vind ons in Johannes van Wyk, p, 190: Die verbeide vyand. Telkens is die woordskikking verkeerd. In die Tw. Gr., p. 47, b.v. Die trant van die spel, ja, het so 'n keer geneemr dat, binne vyf minute na die ongeluk, was een van die donkerbloues in staat . . . .; p. 79, Hy het my onder ander vertel .... dat ofskoon Hollands en Engels op papier gelyke regte het, word daar in die praktyk gesorg .... 1) Die lidwoord ontbreek in: om sake weer op ou voet te kry; pas het hy hierdie prooi in oog gekry; hulle wag tot oordeelsdag. 2) Of anders staan dit waar dit onnodig is: Omtrent honderd kanonne (word) in die werking gebring. 3) Verder kom daar nog 'n hele stel uitdrukkings of woorde voor wat (a) 'n allerkoddigste indruk maak deur hul lompheid; (b) volniaak onverstaanbaar of ongebruiklik is; (c) waarvan De Waal die gevoelswaarde nie besef 't nie. Ek gee enige voorbeelde: (a) Uit Johannes van Wyk'. (p. 42) Toe verkwik hy sy gestel by 'n dammetjie; p. 68, die lewendige kou water; p. 70, Versigtig en langsaam kom hy (die skuit) met sy swaarbelaaide mense- *) Vgl. ook /. v. W., p. 199 en Tw. Gr., p. 333. s) Tw. Gr., p. 309, 51, 80. s) t.a.p., p. 159. ADV. J. H. H. DE WAAL. 131 vrag gedurig nader; p. 82, die gemoedvolle vader; p. 192, 't Was allesbehalwe 'n gevoel van gerustheid waarmee die verdediger van die kraal nou beset was. Hy moes die toneel .... toeskow, p. 226, Die liewe natuurlike musiek, wat hierdie lewendige water op sy weg .... ondertoe na die vlakte baan; p. 82, En wat kom die gewaad ook daarop aan, solank as dit nog reg is mlet sy inhoud\ (Ds. Linde tot Hester); p. 227, Daardie selvolle kykers, wat so sy hart verteer het. Uit Die Twede Grietax (p. 236) Haar storie. . . . het sy op so 'n belangprikkelende manier vertel, dat dit van begin tot end die aandag van haar geleide boeiend geïnteresseer het; p. 295, So het die burgers hulle gelate wil berus by die besluite . . . .; p. 394, die vooruitlopende weet-al-leser; p. 4, in die wye, rond-gegruisde tuinpaadjie. (b) Uit Johannes van Wyk; p. 7, Sy . . . . ontlos haar van haar helper; p. 201, die bedleërige; p. 163, 'n aangestrande vreemdeling, 'n vermoede gevlugte seeman; p. 24, spieder en bespeurder; p. 2, sy goedbelynde gesig. Uit Die Twede Grieta: p. 295, die harttrillende vierkleur; p. 308, weervaardigheid; p. 381, die salig-oorstelpte besoeker. (c) Uit Johannes van Wyk; p. 5, die dik prettige dogter; p. 235, met 'n gesig oppervlakkig prettig; p. 140, 'n prettige boer; p. 169, 253, nering; p. 102, Het komt my voor dat tante Debora hem daartoe aansart; p. 58, die mense 'was gemoedelik aangedaan; p. 68, Köhler het haar (die meisie) met geweld weggeraap; p. 80, terugwerping; p. 75, toewerping; p. 165, Ek weet waarlik van niemand wat 'n mooier vorm en postuur het nie (van Johannes geseg); p. 188, en al die huisgesinne .... het met waens en karre na die se tel van plesier en vrolikheid vertrek. 132 ADV. J. H. H. DE WAAL. Uit Die Twede Grieta'. p. 19, Wat sal van daardie verskriklike wil van hom word, as ; As ek jou belet om dit met geweld uit hom te delg; p. 20, Phineas Junior .... het welig opgegroei; p, 34, Haar geselligheid, wat sy by al haar kennisse .... beoefen het; p. 114, na 'n koppie koffie by 'n buurman te benuttig het; p. 286, om Andries handtastelik te verwelkom; p. 302, tasbare dank; p. 265, nouliks was daardie aanval aanvaar. Stompies. Stompies, 'n bundel stories, rympies en toneelspelletjies is, wat die prosastukke betref, uit dieselfde hout as die romans gesny. Tien of twaalf sulke stompies met timmermansvaardigheid aanmekaar gelas en met historiese kleefstof van 'n patriotiese merk vasgelym vorm die lang stompe van die romans. Maar dis dorre stompe van 'n stokoue, doodgebloeide boom, wat De Waal omgekap 't om die taalvuurtjie mee op te stook. In Stompies (1911) word die getal van die „engelagtige" meisies met hul „betowerende, hémel-fraaie kykers (o.a. p. 7, 10, 156), plompe rooskleurige wangetjies (p. 98), Venusagtige gestalte (p. 140), ens. vermeerder. Hulle „stuur 'n elektriese stroom deur al die lede" (p. 156) van hul aanbidders en as hulle so onversigtig is om in die water te val, of deur Kaffers toegetakel word, dan kry die dapper redders, wat toevallig daarop afkom die welbekende „koue rilling" wat „deur hul hele lyf loop" (o.a. p. 78), totdat hul uiteindelik „die hemelse gedaante van hul teergeliefde(s) te gemoet vlieg" (p. 83) en „verrukkelike vreugde in hul hart straal." (p. 83.) Die gelukkige paartjies word dan nog almal voorsien van 'n liewe gesonde seuntjie (p. 60), „twee fraaie kindertjies" (p. 104) of „drie gesonde kleintjies" (p. 158). Die voorwoord bevat nog 'n merkwaardige verklaring: „Soals die ironie dit wil, gee ek, die alle digters en rympiesmakers beskou als beklagenswaardige dromers en dwepers, nou self 'n klomp rympies uit! —" Dat iemand wat so 'n beskouing daarop na hou, geen kunswerk kan lewer nie, spreek vanself. Hy het self dan ook J. LUB. 188 erken dat hy nie „in die wieg gelê was om romans te skrywe nie. (Hy) het maar die leeslus onder ons volk vir Afrikaans wil help opwek" 1). Hierdie oordeel kan na ons ondersoek volkome bevestig word. Sy romans het geen letterkundige, maar wel kultuur-historiese waarde. Dit was propaganda-werk, wat verskyn het in 'n tyd toe die meeste ander voormanne nog niks gepresteer had en daar feitlik geen Afrikaanse leesstof was nie. Sy doel het De Waal dan ook bereik: Hy het 'n groot deel van die Afrikaanse volk hul eie taal leer lees. Wanneer ons nou dat die stryd vir Afrikaans gewin is, behoefte «revoel om ook die letterkundige waarde van die eerste prosawerk te bepaal, dan moet daar nogeens met nadruk op gewys word, dat Johannes van Wyk met al sy gebreke 'n faktor van belang in die taalstryd was. Dat dit gelees is, is veral te danke aan die spannende intriege. Wat J. Koopmans van Van Lennep sê is ook van De Waal waar: „Meesterlik worden de draden in één punt samengetrokken; als in een vuurwerk knapt en knettert de kruithuis aan alle kanten; de ene vonk ontsteekt de andere en draait de spil naar de gewenste zijde 2). Solank as daar mense is wat 'n boek lees alleen „vir die stone' , sal De Waal se romans seker gelees word. § 2. J. Lub. J. Lub is op i Mei 1868 gebore te Garijp, 'n dorpie in die provinsie Friesland. In 1892 het hy as onderwyser na die Transvaal gekom. In die Anglo-Boere-oorlog was hy vir ses maande in diens van die Rooi Kruis as bestuurder van die ambulanstreine. Na die vrede het hy opgetree as Hollandse dosent aan die Johannesburgse Normaal-Skool en tans is hy inspekteur van skole op die Rand. Vyf bundels sketse het van hom verskyn: Eenvoudige Mense (1908), Donker Johannesburg (1910)»), In en om de Goudstad (1912), Het Zwarte Gevaar (1913), Oom Frikkie en ander Sketse (1918). 4) i) Die Burger, Aug. 1921. ~) De Beweging, 1913. 3) Ook in Engels verskyn as Dark Johannesburg. *) Lewensskets ontleen aan Prozabundel van Hoekstra en Viljoen. 134 J. LUB. Van Lub se sketse is 'n groot aantal in Afrikaans geskrywe, maar dit is die Afrikaans van 'n buitelander, waarin, hoe goed hy die taal ook al deur 'n langdurige verblyf onder ons mense geleer 't, tog altyd nog iets vreemds klink. Omdat sy persone meestal in 'n Engelse milieu optree, kom daar in sy werk nogal baie Engelse uitdrukkings voor en hoewel dit soms deur die geaardheid van die sketse noodsaaklik word, moet die veelvuldige gebruik van woorde soos „cab, stretsjer, uitgeswindel, loafers, motormen, sweets, gingerbier" ens. beslis afgekeur word. „George lyk om te „marry", maar sy „job" betaal maar net £ 12-ios., en hy het die laaste tyd op die reisies verloor, want sy „friend" het hom die „wrong tip" gegee" (Eenv. Mense 3, p. 52). Al dien so 'n staaltjie nou ook ter karakterisering, tog word die herhaling van sulke gebrabbel op lange laas onleesbaar. Die verwording van die Afrikanerkarakter in die kosmopolietiese goudstad — dit is die vernaamste onderwerp van Lub se sketse. „Daar binne in die kuil (Johannesburg), vergaan 'n deel van ons arm mense, wat in hoë plekke behoort te wees, maar wat nou in hole van ellende omkom en bedelaars is... . of nog erger" (Oom Frikkie, p. 66). Die degenerasie van sulke sosiale drenkelinge word in lewendige tafreeltjies beskryf. Die algemene opset is gewoonlik so: eers word met 'n paar vegies die stadsbeeld geteken; dan ontmoet „meester" een van sy oud-leerlinge of 'n ander bekende van die plaas, wat nou in die uiterste ellende verkeer. So kry „meester" af en toe 'n kans om die rol van Hildebrand tèenoor die diakenhuismannetjie te speel. Anders word allerlei straattiepes op die manier van Justus van Maurik beskryf, soms met 'n moraliserende prekie as slot. „Dink tog 'n bietjie, as julie die busdrywer(s) sien, dat hy ook een van ons medemense is", ens (Eenv. Mense, p. 36). Met 'n poliesman as geleider besoek Lub die gevangenisse, agterbuurte en reddingshuise. Die redakteur van Die Brandwag het sy werk juis gekarakteriseer: „Sulke sketse is menslike dokumente . . . . 'n simpatieke argief, wat die koue koerante en dokumente-argief van vandag se geskiedenis aanvul vir die toekoms" (t. a. p., Des. 1918). J. G. ENGELA. 135 Dit is goeie joernalistiek, met veel mensekennis geskryf, en dit werp 'n lig op die ontstaan van ons arme blanke, 'n kwessie wat nog altyd aktuëel is. By die beskrywing van sy melankoliese tonele gebruik Lub soms melodramatiese motiewe, wat as pakkende slot moet dien. Op die manier verswak hy die indruk van roue realiteit, wat sommige van sy woordfoto's op ons maak. Ter afwisseling kry ons sketse in die komiese genre, wat meestal goed geslaag is. § 3. J. G. Engela. J. G. Engela is gebore in 1862 op Ceres, waar hy alleen Engels op die skool kon leer. Op sewentienjarige leeftyd was hy al ouerloos en toe moes hy tog-ry, skoolhou en allerhande ander werk doen om 'n bestaan te maak. In die Transvaal was hy op die kantoor van die mynkommissaris, toe die oorlog uitbreek. Hy is by Paardeberg gevang en na Ceylon gestuur. Na die vrede was hy klerk in 'n winkel en in dié tyd het sy boeke verskyn. In 1914 is hy as winkel-inspekteur aangestel, en toe hy op sestigjarige leeftyd volgens die regulasies moes aftree, het hy gaan boer op „Die Vlakte", in die distrik Bloemhof. Afrikaanse Yerhale en Gesellige Half-Uurtjies. In die voorwoord van sy twede bundel, Gesellige HalfUurtjies verklaar die skrywer, dat hy „in alle eenvoudigheid getrag (het) om ons volk tot meer lees aan te spoor." Dié doel het hy seker bereik, veral omdat in 1909, toe die eerste bundel verskyn het, Afrikaanse boeke nog baie skaars was, maar ook omdat hy sy grappies op aangename wyse vertel. Engela laat gewoonlik een of ander norse persoon in 'n strik loop. Hoe om iemand 'n poets te bak is sy spesialiteit. Wie onder humor nog iets anders verstaan dan pure grapperigheid sal dit seker nie eens wees met Nico Hofmeyr nie, waar hy in die voorrede van die Verhale die skrywer se „fyn humor" roem. Minder gelukkig is Engela met sy ernstige verhale, 136 wat by voorkeur 'n moordgeskiedenis behandel en erg melodramatics is. Vir romantiekerige situasies is hy ook lief. So hoor ons dat Gratia „plaas neem op die ou omgevalle boomstam, en . . . haar betraande oe omhoogslaan, naar die heerlike groen lommer waarmee die woud so kunstig in 'n Septembergewaad versier* was . . . . Saggies roer sy die snare van haar Mandoliefte aan. . . ." (Half-Uurtjies, p. 33). Tog ken Engela Rhijnvis Feith seker net uit sy gesangeboek. Gesels. t. Gesels (2de druk, 1913) is die swakste van die drie bundeltjies. Taal en styl is hier besonder onbeholpe, die grappies word flou, soms selfs stuitend. Die Storms van Bergendal is seker die summum van alle bereikbare onnatuurlikheid. 'n Broer, wat met sy verlore gewaande suster trou, haar dan keel af sny; 'n lyk, wat na 'n vreeslike storm deur die „rumoerige woelwaters. . . met alle sorg" in 'n kar „neergelê" word; 'ngedrogtelike misgeboorte, wonderlike drome, en geesverskynings, waarby vier predikante te pas kom, 'n groot skat, ens. . . . brr! Dis'n gruwelstuk, wat Jan Vos sou laat watertand! As 'n staaltjie van Engela se gebrekkige sinsbou kan die volgende dien: „David was 'n Hotnot van ongeveer 40 a 50 jaar: Kort en sterk geboud, en was van nature 'n buitegewoon opgeruimde skepsel, en kon hom . . (p. 41) ; „Hy was uit op huisbesoek, en waarmee hytoe klaar was, en weer op die terugreis huis toe" (p. 42). Dié snaakse gebruik van die voegwoord tref mens deur die hele boek aan. § 4. Adv. C. J. Langenhoven. Polietikus, joernalis, digter, prosaïs en toneelskrywer is Langenhoven, en veral in die laaste tyd toon hy 'n veelsydige bedrywigheid op letterkundige gebied. Op Oudtshoorn was hy redakteur van Het Zuid- Westen. In 1911 het verskyn Stukkies en Brokkies, ,,'n leesboekie vir almaal en hulpboekie vir Kristelike Jongeliede- en Debatsverenigings". Dit is in 1914 opgeneem in Ons ADV. C. J. LANGENHOVEN. 137 Weg deur die Wêreld*), grotendeels 'n didaktiese werk, wat egter ook verhale, fantasieë, samesprake, aforismes en o-edigte bevat. Die verhale en fantasieë word hier bespreek, die didaktiese gedeeltes in hoofstuk VII. Die samesprake behoort tot die toneel-literatuur en die „Spesiale stukke vir JDebatsvereniginge" (Afd. V.) kan buiten beskouing bly>) . Op Langenhoven se belangnke aandeel in die taalstryd het Dr. E. C. Pienaar gewys 3). Nadat hy 'n tydlank lid van die Kaapse Provinsiale Raad was, word hy vblksraadlid vir Oudtshoorn. Tans is hy senator. Van hom het ook verskyn: Die Pad van Suid-Afrika, 'n digbundel; twee satieries-humoristiese verhale: Sonde met die Bure (1921) en Doppers en Filistyne (1922), wat in hoofstuk VI bespreek word; Die Hoop van SuidAfrika en ander toneelstukke; Twee Geskiedkundige Opstellei) in samewerking met G. S. Preller; in Engels: Republicans and Sinners en The Everlasting Annexation. Aan Stille Waters, wat nou in Die Burger verskyn, is 'n reeks artiekels oor onderwerpe van uiteenlopende aard. Daar is verhale, fantasieë, gedigte en bewerkings van psalme, gesange en Engelse liedere. Binnekort verskyn dit in' die Almal se Boeke-serie, terwyl die gesange al afsonderlik uitgegee is onder die tietel Afrikaanse Gesange. Die Eensame Hoop (1922) is 'n kinderverhaal. Ons Weg deur die Wêreld. (Afdelings II en III.) In die eerste verhaal raak Ou Verkeerde Faans ,,'n onvermoeide ou twismaker" onder die strelende warmte van die kaggel al sy kwellings kwyt. Maar daar sal „nie more weer vuur in die kaggel wees nie" en daarom moet Neef Kerneels maar dadelik die saak oor die bogslootjie tussen hom en sy buurman skik. Lammetjie en^ Wolf is die vernaai van 'n verdwaalde kindjie, wat in die i) Die derde druk verskyn nou in afsonderlike afdelings. ») Vgl. Hoofstuk I, § 9. *) Taal en Poësie s ens., p. 58—64. *) Sien Hoofstuk X. 188 ADV. C. J. LANGENHOVEN. hande raak van 'n verstokte misdadiger, vir manslag tot lewenslange gevangenisstraf veroordeel. Klein Miemie verteder die ou sondaar se hart en hy bring haar terug na haar ouers. Die omkeer by Hans Bonsa word alleen op betogende wyse beskfyf; daar is geen plastiese uitbeeldinp-, soos van Miemie se dwaaltog nie, wat met mooi innigheid geteken word. Dieselfde innigheid tref ons in Twee Oues van Dae, waar 'n grysaard op gevoelige wyse uiting gee aan sy liefde vir 'n troue hond. Die Nuwe-Jaars-offer is 'n verhaal van 'n jonge man, wat gewillig die dood tegemoet gaan om 'n medeminnaar te red. In die Brief klink die fyn sarkastiese toon van Doppers en Filistyne al helder op, en ook die Sonde met die óure-motief is aanwesig. „Eergister het Bertus Bakbene weer 'n straal van my beurt water gesteel om sy ou pattatta-tuintjie nat te maak en ek het sy jong se graaf daar uit sy hande geruk en hom 'n skrams raps daarmee oor die korrelkop gegee en toe in die uitkeerplek ingerol om weer reg te lawe" (p. 48) 1). Waterlei-moeilikhede gee ook in Doppèrs en Filistyne aanleiding tot kostelike humor, maar Oom Stoffel moet op die dorpse bure 'n meer verfynde taktiek toepas. Die naskrif van die brief is 'n mooi voorbeeld van misplaatste moederliefde. Die Kluisenaar van die Karro „kon ... uit elke bossie 'n preek haal" (p. 60). Dit is 'n botaniese les in aantreklike vorm. Meester bevat skoolherinneringe. Dat meester egter ,,'n suiwere Nederlandse aksent" had is onjuis, want die Nederlandse „e" is allesbehalwe „presies die Afrikaanse ij" (p 62). Die Fantasieë begint met 'n allegorie in Bybelse styl. In die orige stukke is „Boet Nelie" 'n grysaard, wat soos Jonathan in Waarheid en Droomen op weemoedige wyse aan mymer gaan. Hy het 'n hunkering na die ou „romantiese, skilderagtige" boereplase „met onbewerkte hoekies en kweek-plekkies onder 'n skaduboom om op te lê en droom" van sy kinderdae (p. 77). Niks is daar wat hom so treurig stem nie as die gestadige verwoesting van soveel heerlikheid in die natuur deur die moderne boerderymetodes. „Alles moet nou gelyk gemaak word — gelyk en reghoekig en reglynig. Die tyd van sentiment Nuwe Deel I. Sitate uit die nuwe druk word afsonderlik vermeld. ADV. C. J. LANGENHOVEN. 139 is verby: dis nou die dag van besigheid". Daarom gaat Boet Nelie vir laas kuier na die ou watersloot en hy gesels op vertroulike wyse daarmee oor die ou dae. Hy is ook, die vriend van die ou wa, wat vir brandhout moet verkoop word. Die sê van Nelie „Sy hart is so vol liefde dat daar plek is vir al die ou goedjies^ wat hy as kind mee maats gemaak het en al is hy nou 'n bejaarde man .... dan kom hy nog met my gesels net soos toe hy 'n kind was — met my, die stomme ou wa asof ek 'n mens was net soos hy" (p. 100). Die motorkar wat Nelie mee plaas toe ry „is 'n masien. Daar is geen siel in hom nie en hy roof my van my siel ook." (p. 105.) Op die ou geboorteplaas vind hy nêrens troos nie. „Al die ou dinge wat sy hart aan vasgekleef het en die metgeselle van sy skooldae en die, dierbare van sy huisaltaar word een vir een weggeruk . . . ." (p. 107.) Maar die ou berg het staande gebly en die moet vir hom die raaisels van die lewe help oplos. „Seg my, my ou berg, wat is die plan van die hele besigheid?" (p. 109.) Net soos Elia wil hy weg wees „van die kranksinnige gewoel van die wêreld en nader naar die troosvolle rus van die voorportaal van die hemel" (p. 110). En die berg vertel hom: „dis nie die groot dinge wat belangrik is (nie)." (p. 110.) Op die weemoedige kadans van sy mymerstemming laat Nelie hom saggies voortwieg en die klare eenvoud 1) van sy volsinne, wat met rustige en kalme geleidelikheid mekaar opvolg is in harmoniese ooreenstemming daarmee. Maar die doodnugter opmerkings oor mishandeling van die maag, en die walging vir „insak-gansveermatrasse", waarin party mense op „bloedige Karro-somerdae" kruip — dit is wanklanke in die fantasie-atmosfeer. Blykens die voorberig van die derde druk het Langenhoven afgesien van „die imperfektum wat (hy) eentyd van malligheid wou invoer". 2) * „ . Eienaardig is die gebruik van „ieder 'n mens" 1. p. y. iedere mens 3), „tussenposend" (p. 67), ,,'n lustige gemak" 1) Vgl. die opmerkings oor 'n eenvoudige styl op p. 190-1. In Die Banier, Julie 1921, staan ook 'n artiekel oor: Lett. Styl. *) Opvloog op p. 5 is seker 'n drukfout. 3) O.a. p. 17. Vgl. Ons Weg: „elk 'n man", p. 136. 140 CHRISTIAN ZINN. (p. 84, Ons Weg). Enkele minder gelukkige uitdrukkings kom voor: die kalwertjies wat wil laat drink wees (p. 15); die dik doringplate ... het begint minder te weergalm (p. 19); 'n groot karree-boom, wie se diepgaande wortels. . . . (p. 41); hy stuur hom daar haal (p. 54). Daar is 'n paar opslag-mangelwortels tussen die beetrye, i) o.a.: „sonder om enige partikuliere persoon toe te spreek (p. 6); met 'n effe suggestie van rood (p. 80, Ons Weg); die doodskleed van die nag word ingegaar deur die hand .... (id. p. 79). Daar is oorspronklike beeldspraak: as verkoue en sinkings jou gelyk beetkry „een aan die disselboom ... en die ander aan jou briek . . ." (p. 6); maar taamlik afgeslyte kom ook nog voor o. a.: die veld . . . weef 'n prag-tapyt op die vloer van die aardse tempel . . . (Ons Weg, p. 29); die onstuimige boesem van die rivier (p. 88); om snare in die liefde-ontblote hart aan te roer (p. 21); die laken of doodskleed van die winter, (Ons Weg, p. 78)- § 5. Christian Zinn. Van Christian Zinn het in 1911 verskyn: In Harte Vzrenigd, of Sketse uit die Boere-Lewe. Dit is 'n verhaal uit die tyd van die Jameson-strooptog en Anglo-Boereoorlog, waarin die skrywer geleentheid vind om heelwat politieke beskouings aan die man te bring. Die dapper held, mooi meisie en lae verraaier ontbreek nie. Die liefdesverhaaltjie is vol soeterige sentimentaliteit. Daar is o. a. sprake van ,,'n miljoen dralende soene"! Die historiese gebeurtenisse word oppervlakkig behandel en die uitwerking daarvan op die uitgebeelde persone uiters gebrekkig aangedui. Letterkundige verdienste het die verhaal nie, want die styl is onbeholpe, gebrekkig en taamlik vol anglisismes. Vir die taalkundige kan dit interessant wees, omdat daar soveel oorgangsvorme in voorkom. Van die woord baie het Zinn blykbaar 'n groot afkeer; dit kom glo maar eenmaal voor (p. 127). As voorbeeld van taal, styl en spelling kan die volgende dien: Dit was net als of Suid Afrika verdoemd was !) Vgl. P. 46. Dr. D. F. Malherbe. 141 om 'n vreselike terugsetting te kry net so's voorspoed in bereik was. Die land had mooi vooruit gegaan, in alle rigtinge was verbeterings te bespeure, kapitaal had ingevloei, en die wonderlike rykdom wat S. A. eige is, werd geopend, (p. 33); Sannie haar auntie Maria maak net goeie vooruitgang met haar jongste minnaar, 'n jeugdige luitenant die met 'n party van die Yeomanry uitgekom had, en die so opgenome was met die lewe in die>uitgestrekte Karroo, dat hy met graagte daarnaar vooruitsiet om sig neer te set tot vee-boerdery ... (p. 132). § 6. Dr. D. F. Malherbe. Vir sy lewensloop en werk kan verwys word na Dr. E. C. Pienaar se proefskrif. 1) Van belang is die volgende meedeling: „As 17-jarige knaap het hy een keer deur die Karo gery sonder om meer te sien as 'n vervelige uitgestrektheid van vlakte, dor en verlate. Maar toe hy in 1907 weer in daardie omgewing kom, het dit hom magtig aangegryp. Daar was vir hom so 'n wonderlike geheimsinnigheid in, so 'n bekoring dat hy gemeen het om daar vergoed te bly. In dié stemming is sy eerste werklike gedigte geskrywe."2) Vir sy prosawerk ook, is soos nader sal blyk, sy verblyf in die Karo van groot belang gewees. Tergeet Nie, (i9T3)« In die nabyheid van die rustige Karodorpie, Steenburg woon die Du Pré famielie op die plaas Rietfontein. Oom Willem en Tant Annie het saam oud geword in die Karoeensaamheid. Hul dogter, Bettie is ook 'n „kind van die vrye veld, 'n pragtige voorbeeld van die Afrikaner-meisie". Oom Willem is enigsins melankolies van geaardheid en die oorlogsgerugte vervul hom met 'n donker voorgevoel. „Die vuur sal brand van noord tot suid ... en dit is my asof . . . ek die end nie sal belewe nie", so lui sy !) Taal en Poësie ens.8, p. 320. In 1921 het nog van Malherbe verskyn : Die Timmerman, 'n Verhaal in Verse en Koringboere, 'n toneelstuk ; in 1922: Rivier en Veld, 'n digbundel. s) Die Brandwag, Des. 1918. 142 DR. D. F. MALHERBE. profetwse woorde op die vooraand van die groot kriesis. En die plegtige huisgodsdiens is nog nie afgeloop nie, toe Servaas Vermaak, die bywoner, wat dorp toe was en daar Adonis as skaapwagter gehuur 't, met die oorlogstyding vergoed 'n end maak aan die „rustige rus" van die plaasbewoners. Nie lank na Servaas kom Bettie se verloofde, Piet Marais, geneesheer op Steenburg om afskeid te neem. Hy is Kolonialer, maar offer al sy goeie vooruitsigte op om by die Boere-ambulans in diens te tree. Oom Willem, wat in alle sake die Bybel tot rigsnoer neem, veroordeel rebellie, maar heg tog sy goedkeuring aan Piet se daad, as hy hoor dat hy veral gaan om geneeskundige hulp te gee. Met gloeiende geesdrif verdedig Piet sy handelwyse teenoor Bettie se besware en peil dan op sy vosperd reguit Boere toe. Ons ontmoet hom weer by die Boeretroepe, maar nie meer as Rooikruisdokter nie, want dis al die tydperk van guerilla-oorlog. Piet is trots al die teleurstellings nog dieselfde vurige entoesias, die geswore vyand en bestryer van papbroekerigheid. „Nee, manne, laat ons saamstaan(,) almal wat kan tot die end." Onder sy invloed word die flouhartige Japie du Plooy en Oom Jan ook „bitter-einders". Intussen kom Bester, die beroemde rebelle-kommandant met 600 man die eentonigheid van'n vervelige namiddag verdryf op Rietfontein. Bester, 'n 35-jarige man, wat tot hiertoe alle vroue met onverskilligheid verby gegaan 't, moetdadelik „hands-op" vir Bettie! As sy na Piet verneem, deel hy haar mee, dat hy weet van 'n Dr. Marais, wat vroeg in die oorlog aan koorssiekte dood is. Hy beloof haar om nader inligtings in te win. Oom Willem verwek heelwat ontstemming onder die rebellekommando deur die verdediging van sy bybelse standpunt aangaande trou aan die regering. Die volgende oggend sukkel hy dorp toe met sy eseltjies om die besoek van die Boere aan Kommandant Hunt te rapporteer, en loop 'n lelike skrobbering op, omdat sy rapport so laat inkom. Bester se liefde vir Bettie beïnvloed die bewegings van sy kommando en deur sy herhaalde besoeke aan Rietfontein raak die Du Pré famielie in die moeilikheid. Oom Willem, pas herstel van 'n swaar siekte word in 'n vreeslike storm dorp toe gevoer deur die Engelse. In DR. D. F. MALHERBE. 143 haar radeloosheid bedenk Bettie 'n wanhopige plan om. haar pa te red. Sy skryf 'n brief aan Bester, wat met sy kommando nog in die nabyheid verkeer, en laat dit deur Servaas besorg. Maar Adonis verklik alles aan die Engelse en as Servaas terugkom van sy vrugtelose tog, word hy saam met Bettie en haar moeder na die tronk geneem. Oom Willem en Servaas word na Port Alfred gestuur deur die militêre, Bettie kom agter die tralies, terwyl Tant Annie vrygelaat word op parool. Intussen het Dr. Marais een van Genl. De Wet se vertroudes geword en as Du Plooy met rapporte na die Kolonie vertrek, kry hy 'n brief vir Bettie mee, wat hy in Bester se hande laat. Maar deur sy poging om die brief aan Bettie te besorg, raak Bester gevange en word ter dood veroordeel. In die tronk kry hy geleentheid om Bettie te vertel, dat Piet nog leef. Kort na Bester se teregstelling keer Bettie en haar moeder weer terug na Rietfontein. Oom Willem het kort na sy aankoms in die kamp op Port Alfred beswyk. Na die vrede kom Piet terug om sy bruid te trou. Bettie word ons voorgestel as 'n ideale Boermeisie. Alleen die feit, dat sy haar afgeleefde ouers nie kan verlaat nie, weerhou haar om Piet se voorbeeld te volg en aan te sluit by die ambulans. In die gevangenis en teenoor Hunt gedraag sy haar kloek. Sy is blykbaar trots op die rol wat sy gespeel 't, en as Piet haar na die oorlog vra, of sy bereid is om vol te hou in die groot stryd teen die Engelse kultuuroorweldiging, antwoord sy met 'n tikkie verontwaardiging in haar stem: „Piet, mag jy my nog so 'n vraag vra nadat ek soveel opgeoffer en gely het?" !) Dit kom my egter voor asof Bettie haarself moedsitrillig in die ongeluk gestort 't, en as dit die geval is dan verloor haar „offer" vir die nasionale saak heelwat van die heroïese kleure, wat die skrywer daarin geweef 't. Op pagina 66 staan: „ Al die veerkrag van haar nasionale gevoel is deur die oorlog in volle beweging gekom, en niks is daar sterker by haar gewees as die wens om Vergeet NU (1920), p. 198. Ek kursiveer. 144 DR. D. F. MALHERBE. positief te mag meedoen aan die stryd nie. Maar hoe kon sy haar ouers verlaat? Onmoontlik vir haar om uit te gaan as verpleegster! En so is dit haar ernstige gebed geword dat sy op watter wyse dit God behaag'n aandeel mog kry aan die oorlog. En as sy niks kan meedoen nie, dan wou sy meely met haar volk." Hoe edel hierdie besluit op sigself ook al mag wees, dit neem die feit nie weg, dat Bettie se naasbysynde plig ongetwyfeld was om vir die veiligheid van haar afgeleefde ouers te sorg. Maar as sy by haar vader se siekbed moet waak, dan spook die gedagte van deelneem aan die oorlog, wat 'n idéé fixe by haar word altyd deur haar brein: „Sou die Here haar roep om haar siek vader op te pas, en mag sy daarom geen deel hê aan die oorlog nie ? Sou dit haar roeping en werk worde, beskeie en stil, ■waar sy hoe' aspirasies had F' 1) Piet Marais se oorlogsgeesdrif en wie weet, miskien ook die Engelse romans, wat sy van die skool af meegebring 't, 2) het haar blykbaar taamlik sentimenteel gestem en haar belet om 'n nugter kyk op sake te behou. As Bester haar meegedeel 't, dat 'n sekere Dr. Marais in die begin van die oorlog aan koorssiekte dood is, maak sy allerhande onuitvoerbare planne — „sy sou stilletjies wegraak, te voet loop as dit al was, haar lewe daaraan waag, sy sou sóre, dat sy êrens by die Boere te lande kom, sy sou Piet soek .... en as hy waarlik dood was, sy graf met haartrane bevogtig!" 3) Die laaste sinnetjie kon wel in een van Feith se romans gestaan 't! Daar is trouens meer wat ons aan die sentimentele romans van die agtiende eeu herinner, 'n Paar ou briewe van Piet maak sy „met voldoening ope en lees dit in stil mymering en met die gevoeligheid van 'n teer vrouehart." (p. 64.) Dat Bettie „in die traag-skrydende ure van die'nag" romantiese plannetjies uitgedink het, is psigologies volkome juis, maar ons is nie gewend, dat 'n flink Boermeisie van drie-en-twintig jaar, wat bowendien reeds op haar agtiende jaar „selfbewus en ryP genoeg vir verantwoordelijkheid" (p. 33) was, dat so 'n 1) t.a.p., p. 91. Ek kursiveer. 2) Vgl. p. 15. s) p. 89. Ek kursiveer. DR. D. F. MALHERBE. 145 meisie, tans die enigste 1) stut en steun van haar grys ouers in uiters benoude dae haar al te lank oorgeeaan 'n Wertheriaanse sentimentaliteit nie. Bettie se volgende dade toon dat sy doelbewus, ja moedswillig alles doen om ,,'n aandeel aan die oorlog te kry" — m. a. w. sy leg die veiligheid van haar ouers in die waagskaal ter wille van 'n meisiesagtige gril, wat sy vir „hoë aspirasie" aansien! Sy weet, dat haar pa ■n swartkruis agter sy naam het, dat die geringste suspiesie hom in lewensgevaar kan bring en tog ontvang sy Bester „alleen in die sitkamer" (p. 92). Bester het ongetwyfeld 'n sterk indruk op haar gemaak, en ofskoon sy trou bly aan Piet en haarself wys maak, dat „as Piet dood is, sy ook dood (sou) wees vir die wêreld" (p. 90), sien sy tog verlangend uit na Bester se terugkeer. En nie alleen omdat sy hoop, dat hy nuus van Piet bring nie. Piet behou wel die ereplaas in haar gemoed, maar uit die omstandigheid, dat sy oorweeg wat Bester vir haar kan beteken in geval Piet werklik dood is, kan ons besluit dat sy persoonlikheid haar diep getref het. Sy redeneer so: „Sy is mos sterk genoeg, sy het Piet te lief om aan enig ander man te dink" (p. 95). En sy doen dit tog! Bettie maak 'n kriesis van ernstige weifeling deur. Sy het Bester lief en al wat haar terughou is „die dure besef van plig en eer." (p. 99.) Oom Willem het dadelik die groot gevaar ontstaande uit die herhaalde besoeke van Bester ingesien en Bettie ernstig gewaarsku (p. 95). Sy het volkome goed geweet, „dat alle persone, wat geheime konneksies met so 'n o-evreesde en verwenste mens het op die ongenadigste manier sou gestraf word." (p. 96.) Tog ontvang sy Bester nóg eenmaal alleen — sy dink nie aan die gevaar waaraan sy haar ouers blootstel nie, ofskoon hy haar meedeel dat sy stap gevaarlik is en dat die Engelse dus naby is — sy gaat swygend met hom die sitkamer binne en steek nog daarby 'n kers op (p. 97). Op die manier bewerk sy haar pa se ongeluk. Kan ons haar dus glo i) Sy het nog wel 'n broer, „wat op die aangrensende aanleg woon", maar van hom verneem ons net, heeltemal teen die end van die roman, dat hy na Servaas se gevangeneming die plaasbelange behartig 't — 'n rol wat erg onwaarskynlik klink 10 146 DR. D. F. MALHERBE. as sy uitsnik: „Ag Pa, ek kan dit nie help nie, ek is netso onskuk%soosPa"?(p. 102). Miskien wel; miskien was dit bloot vroulike onversigtigheid. Maar die volgende stap van Bettie — die brief wat sy aan Bester skry we — is alleen ^ verklaarbaar as 'n moedswillige poging om haarself ,,'n aandeel aan die oorlog" te verskaf. Sykom tot die konklusie, dat alleen Bester haar pa kan red. Het sy gemeen, dat hy die Engelse moet agtervolg en Oom Willem terugbring plaas toe? Moes Bester vervolgens Rietfontein verdedig teen die Engelse oormao-? homself, sy kommando en die vrouens laat platskiet ter wille van één man? Of moes hy die afgeleefde, sieklike grysaard, teen die se eie wil saamsleep op sy'swerftogte? In haar opgewondenheid het hierdie eenvoudige oorwegings nie by haar opgekom nie en in haar naïewe geloof aan Bester se al-sterkheid skryf sy aan hom — 'n impulsiewe daad — psigologies volkome juis. Maar haar moeder se opmerking, dat haar plan gevaarlik is, bnng haar nie tot nadenke nie. En plotseling blits dit deur haar gedagte: Nou kan ek my „hoe aspirasies" bereik — sy kry die „besef.. . dat sy self in die draaikolk van gebeurtenisse begin meedans. Was dit dan nie altyd haar ernstige versugting nie?" (p. 107). Juis, sy is lank al moeg vir die eensame lewe op die plaas,' waar sy al meer dan 'n jaar opgesluit sit. Haar romantiese siel smag na dade van durf en intussen suggereer sy haarself, heeltemal ter goeder trou, dat sy alles doen om haar pa se ontwil! Maar Servaas is die man, wat haar tot rede sal brino- r Hy weet meer dan sy: „Die vlakte, die bossies, dit lewe van duisende kakies so na Vaaldam se kant toe. Die hele wêreld is vanaand vol van hulle." (p. 110.) Hy erken: „dis byna verniet om so iets te probeer en daarby gevaarlik." (p. 109.) Helaas! Arme Servaas verloor ook al sy gewone boere-nugterheid — hy kan „die vurige pleit van 'n skoon jonkvrou" nie weerstaan nie! En hy gaat jou waarlik waar op die dollemansboodskap uit, ofskoon sy vrou uitdruklik verklaar dat dit „gek mense se werk is om so iets te doen" (p. 112). By 'n nugter beskouing van die feite moet ons kies tussen twee opvattings: (1) öf Bettie is ten spyte van DR. D. F. MALHERBE. 147 haar drie-en-twintig jaar nog maar 'n bogkind soos, Janetta haar noem, wat met die grootste onversigtigheid haarself, haar ouers en Servaas in die ongeluk stort, öf (2) in 'n toestand van radelose opgewondenheid maak die idee fixe „om haar deel aan die oorlog by te dra" haar onbekwaam om die simpelste logiese gevolgtrekking te maak. In albei gevalle word dit dan egter onmoontlik om haar handelwyse as 'n onselfsugtige, edele daad te beskou en verloor haar offer sy grootse betekenis. Soos Malherbe haar geteken 't kan sy nooit as heldin, as die „moedige Boermeisie met haar sterk en besliste karakter" 1) beskou word nie. Sy is eenvoudig die slagoffer van haar kinderlike onnoselheid of van haar „hoe aspirasies", wat ons medelyde opwek, en die bewondering vir haar kloek gedrag in die gevangenis word getemper deur die bewussyn, dat dit allés onnodig was, terwyl ons haar bowendien met reg kan verwyt, dat sy haar ouers en Servaas met sy famielie in die ongeluk gestort 't — ja selfs die dood van haar vader verhaas het. Bettie, soos die outeur haar wil voorstel, is 'n psigologiese teenstrydigheid. M. H. van Campen het die raak opmerking gemaak, „dat kunst het zichtbaar worden der noodwendigheid in 't voorgesteld gebeuren ten gevolge heeft, en dat het blijken dier noodwendigheid de schóónheid van 't voorgesteld gebeuren uitmaakt." 2) Dit is juis die sigbaarwording van die noodwendigheid, wat ons in Bettie se „offer" mis. Malherbe het een van die mees dramatiese momente in sy verhaal laat glip. Hy gee ons self die gegewens vir die uitbeelding van 'n geweldige konflik: aan die een kant Bettie se geheime liefde vir Bestèr, die bestaan waarvan sy self nog nie wil erken nie; daarmee saamgevleg die hoop, dat hy haar iets omtrent Piet Marais sal kan meedeel en bo-op dit, haar kriewelige ongeduld om na 'n jaar van gedwonge niks-doen eindelik haar lang gekoesterde plan om aktief op te tree in die oorlog uit te voer. Aan die ander kant: die besef dat dit haar plig is om terwille van haar ouers en as verloofde van Piet, wat mis- !) p. 129. 2) Over Literatuur, p. 110. 148 DR. D. F. MALHERBE. kien nog leef alle omgang met Bester te vermy. As Bettie in só 'n konflik eenvoudig haar naasbysynde plig gedoen 't, dan sou ons haar ook sonder om te weet, dat sy dapper was in die tronk, as 'n heldin kan bewonder. Vtrgeet Nie is 'n aaneenskakeling van dramatiese tonele, waarin die oorlog voor ons geestesoog verbytrek. Sonder veel verandering sou dit dan ook moontlik Tvees om die roman om te werk tot 'n toneelspel, waarin daar wel veel aksie, maar weinig botsing van hartstogte sou voorkom Ons kry 'n indruk van wat daar gewoel en gekook het in die hart van die volk gedurende die oorlogsjare, van die lyding van vrouens en oumense, van die dapperheid van die Kolonialers, die laagheid van die National Scouts, die vervolging en plaery onder die krygswet. Maar by die beoordeling van die boek moet ons een faktor veral nie veronagsaam nie: dit naamlik, dat die teenswoordige geslag nog in meerder of minder mate onmiddellik betrokke was in die gesketste gebeurtenisse, dat daar tallose herinneringe van die groot oorlog nog lewe in ons bewussyn. Dié herinneringe word deur die skrywer in dramatiese verhoudinge gegroepeer en iedereen kan dadelik uit sy eie ondervindinge analoge gebeurtenisse rekonstrueer. Dit versterk die indruk wat die gelesene op ons maak honderdvoudig. Die skrywer roep ou halfvergete impressies uit hul wegkruipplekkies te voorskyn. Op onbewuste wyse vul ons self die verhaal aan, en so kry dit op laas 'n aktuèle kleur, 'n sterk geprononseerde persoonlike karakter, wat die leser tot in die diepste roersele van sy siel beweeg, maar wat die verhaal op homself nie besit nie. Ek noem een voorbeeld om my bewering te verduidelik. Die teregstelling van Bester herinner ons dadelik aan Kommandant Scheepers. Die oorspronklike ontroeringe, veroorsaak deur die tragiese uiteinde van Scheepers, versterk die indruk, wat die soortgelyke lot van Bester by ons verwek en raak daar gedeeltelik mee geïdentifiseer. Die gevolg is, dat Bester-Scheepers in die roman 'n werklik lewende persoonlikheid vir ons word. Maar nou ontstaan die vraag: Is Bester, wanneer ons ons persoonlike ervarings heeltemal uitskakel, nög 'n lewende persoonlikheid, ontroer die wyse waarop DR. D. F. MALHERBE. 149 Malherbe hom uitgebeeld het ons dan nog? Dit is die enigste wyse waarop ons die kunswaarde van Vergeet Nie vir die nageslag kan bepaal, want oor 'n tagtig of honderd jaar, sal die boek nie meer in so 'n voordelige posiesie verkeer nie, dan kan dit alleen nog profiteer van die nasionale oorleweringe van die groot stryd. En selfs dit sal die boek nog 'n groot voorsprong gee, want by 'n volk met 'n kragtige bewussyn word die nasionale helde uit 'n vergange glanstydperk altyd met 'n stralekrans van heilige aanbidding versier. Dit is bekend dat De Geuzen van Onno Zwier van Haren lank as 'n kunswerk van die hoogste skoonheid beskou is, eenvoudig omdat dit 'n nasionale onderwerp behandel. 'Maar ons keer terug tot Malherbe se karakteruitbeelding en vraag: Wat weet ons nou eintlik van Bester? Hy is 'n bekwame en dapper kommandant, wat verlief raak op Bettie. As hy hoor, dat haar verloofde nog leef, besluit hy na enige stryd om haar dit mee te deel. In die hof verdedig hy sy handelwyse op hartstogtelike manier en gaat sy dood tegemoet soos 'n held. Alleen by dje beskrywing van sy laaste dae kry ons enigsins 'n blik op sy°sielelewe en die totaalindruk bly vaag. Bester is sonder lewensdoordringing geteken, daar is niks indiwiduëels, wat hom tot 'n duidelike persoonlikheid maak me. Piet' Marais eweso. Hy is 'n tiepe van die ontwikkelde Afrikaner, wat deur 'n vyfjarige studie in Europa sy insigte verruim en sy lewe verdiep het. Hy het daar „jare van worsteling" gehad, hy moes dikwels „met smart afskeid neem van oortuiinge wat (hom) in vlees en bloed oorgegaan (was) van (sy) kindsheid af. Hy was 'n ernstige soeker na waarheid, wat uit ou tradiesies en nuwe wetenskap vir homself 'n eie lewensbeskoumg gebeitel het. In die karakter van Piet lê seker 'n stukkie outobiografie, maar in 'n oorlogsroman was daar geen kans vir 'n psigologiese uiteenrafeling van hierdie interessante fase in die ontwikkeling van die Afrikaanse student nie. Ons wag nog op die kunstenaar, wat die botsing en gedeeltelike samesmelting van die Afrikaanse en Europese kuituur moet uitbeeld. Ons verneem ook nog enige besonderhede van Piet se oorlogservaring en hoe hy verlang na Bettie. Maar 150 DR. D. F. MALHERBE. 'n lewende persoonlikheid, met wie ons al die wisselende stemminge van die awontuurlike kommandolewe deurvoel, word hy nie. Ook Tant Annie bly 'n vae figuur. Op Bettie het sy blykbaar geen invloed nie. Selfs aan Hunt was dit duidelik, dat sy geen aktiewe rol kon speel nie en die treurige gebeurtenisse slaan haar dan ook heeltemal terneer. Oom Willem is met meer liefde geteken. In sy bybelyastheid, sy afkeer van pronk en na-apery is hy 'n tiepe van die Afrikaanse boer. Ons verneem dat „dors na kennis hom aangespoor (het) tot selfopvoeding", maar uit die opgawe van sy biblioteek blyk, dat dit hoofsaaklik godsdienstige kennis was, waar hy na gestreef 't. Hy bly getrou aan die Engelse regering, omdat sy godsdienstige oortuiging hom leer, dat rebelleer sonde is. Maar, as hy later persoonlik kennismaak met die onregverdige taktiek van die Engelse, laai sy haat op teen die vyand van sy volk en kry hy simpatie met die rebelle. Vergeet nie is die plegtige boodskap, wat hy aan Servaas gee op sy sterfbed. Bester, Piet Marais en Tant Annie is karakters, wat getiepeer, maar nie psigologies gekrëèer is nie. Die skrywer staan te veel met sy eie ekheid tussen die objektief beeldende teksdele, hy mis die gawe om sy gegewens tot 'n saamgegroepeerde eenheid te bring, om sy persone heeltemal objektief van uit hul eie innerlike wese te laat lewe. Deur die subjektief deurleefde werklikheid vleg hy sy eie beskouings en daardeur verdwyn die realiteitsillusie. Die roman word 'n aaneenskakeling van dramatiese momente, maar geen epiese struktuur, waarin die ganse sielelewe van 'n groot tydperk in sy gehele menslikheid tot een grootse beelding samesmelt nie. As Piet Marais oorlog toe ry hoor ons: „Dis die eerste rit vanaand van 'n besielde Kolonialer na 'n slagveld wat so groot sal word soos byna die gehele beskaafde Suid-Afrika, na 'n oorlog wat nie sal oortref word in gemene gruweldade nie. . . . ens." (p. 22). Dit is wat Malherbe weet, maar Piet was tog geen profeet nie. Op hinderlike wyse dring die skrywer homself hier op die voorgrond. Sy historiese kennis verwerk Malherbe presies soos DR. D. F. MALHERBE. 151 De Waal. Op pagina 52—54 staan 'n lang oorsig van militêre gebeurtenisse en op pagina 63-64 'n uiteensetting van die toestande onder die krygswet. Alleen deur 'n betoog kan hy die nodige atmosfeer vir sy verhaal skep. Só kry ons geen begrip van die dramatiek van die worsteling nie. . . Soms egter slaag Malherbe daarin om deur pittige plastiek die leser direk te tref. 'n Voorbeeld daarvan is die mooi kommando-toneeltjie in hoofstuk X, waar n lewendige dialoog ons dadelik op hoogte van sake bnng. Die brief uit die konsentrasiekamp met sy bemoedigende woorde: „Gaan voort, want ons saak is reg en God sal ons nie verlaat nie" laat ewe ons gemoed tril en ons sien die duisende vroue in geduldige lyding. 'n Oombhk later vaag die nugter vraag van Generaal De Wet: „Hoe is die posiesie?" alle droomgepeins weg. Maar as kort daarop „soos 'n magtige gebed waar berusting in ruis" die burgers se plegtige lied tussen die koppies weergalm en die generaal en sy staf met eerbiedig gebaar hul hoede afhaal, dan sweef ons op die klankedeining na 'n wonderland van heilige herinnering — dan sien ons die stoere manne „saamsing met vrou en kind, met vrind en bloedverwant onder gewyde dak . . ." Hier is innigheid van weergawe. Ons voel die diepe kneusing van sterk manneharte, wat op die nuwe dag in stille Godsvertroue wag. 'n Skrywer, wat so mooi die nodige sfeer met uiters gevoelige tikkies kan aandui, hoef waarlik nie sy toevlug tot koel-verstandelike histories geredeneer te neem nie. Hy hoef nie uit sy denkbewussyn allerlei verklarende toeligtings aan te voer nie — die leser vang dadelik die aksent van waaragtigheid uit die klank van sy woorde op. Maar selfs by hierdie mooi veldtablo kom die skrywer se opdringerigheid te pas. Hy vind dit nodig om weer blyk te gee van sy historiese kennis en vertel ons dat „die wêreld in kampe van blokhuise afgeperk is ... . waaromheen swaar kolomme opereer met 'n onuitputhke gedetermineerdheid om die groot veggeneraal van die Boere in die reusenetwerk van bewegende lyne toe te wikkel".i) Dat De Wet se gevangeneming die Boer- i) p. 138. 152 DR. D. F. MALHERBE. magte sou knak is 'n feit, só vanselfsprekend, dat die meedeling daarvan absoluut oorbodig is, vir ons èn vir die nageslag. Mens sou ewegoed 'n Fransman daaraan kan herinner, dat Blücher en Wellington vir Napoleon wou vang by Waterlooü As die skrywer die onVe iniormasie tog wou meegedeel % dan moes hy dit so in die dialoog gevleg 't, dat ons dit nie voel as 'a opsethk skoolmeesteragtige opmerking nie. t Gebrek aan plastiek is daar in die volgende sinnetjie: In n omsientjiestyd is die welkom bevel uitgevoer " (p i "c \ Dit is 'n blote konstatering, wat by die leser geen impressie van die handeling wek nie. En juis in die vorige sin slaag die skrywer daar pragtig in om deur die herhaling van die woord af saai 'n duidelike gehoorbeeld te suggereer. „Afsaal", klink dit deur die rye „afsaal tot ver agteruit en rondom". Ons hoor hoe slaperige burgers met sware basstem mekaar die woorde nasê, totdat die klankeketting dreun in die agterste gelid Maar in plaas van die gehoorhalJusinasie te verinntjr deur die geskuifel van die saais, wat met dowwe plof en stiebeuelgennkel op die aarde bons, kom die skrywer met sy niksseggende verklaring: „In 'n omsientjiestyd is die welkom bevel uitgevoer." Nog so 'n geval vind ons op pagina 13. „Dit kan stil, ontsettend stil word op Rietfontein. In die middel van die dag kan dit gebeur dat daar geen lewensteken te bespeur is nie." Uit so 'n beskrywing blyk duidelik dat die outeur me m die toestand is nie, maar praatiies^ oor die toestand maak. Hoeveel mooier is die beeld waarmee hy ons dadelik die stilte en eensaamheid op Steenburg laat voel — die dorp, „waar alle geluid en rumoer van menslike bedrywigheid nietig wegsterwe soos die breek van 'n dun, droë takkie in 'n ontsa£like woud . A Dan is daar nog iets wat hinderlik is in die kommandotoneel. Japie du Plooy is „deur die invloed van Dr. Marais tot n waaghals en onvermoeide verkenner omgetower." (p. 138.) Ook al „in 'n omsientjiestyd"? Vir so 'n sielkundige bolmakiesie het mens 'n ouderwetse toordokter nodig en ek twyfel of Piet dié kuns in Duitsland geleer t. 153 Daar is nog meer voorbedde van die neiging van die skrywer om hom tussen sy verhaal en die leser te plaas. Servaas kom die dorp ingery op die 12de Oktober 1899. Dan kry ons in enkele raakgetekende lyne 'n pragtige ets van Steenburg en omgewing, — maar dit is nie Servaas, wat die dorp so sien nie — dit is Malherbe. Ons loop nie saam met Servaas onder die peperbome nie. Nee,, die skrywer sit op een van die koppies en peins oor die „sukkel-werksaamheid" van klein mensies en die wydomhemelde velde, waarin die dorpie „soos 'n nouliks. sigbare stippie" wegsink. Intussen vergeet ons Servaastotaal, verdwyn alle realiteitsgevoel. Malherbe vertolk die gedagtes van sy persone deur sy lieriese parafrase in plaas van die gedagtes self, in hul eie taal te gee. Op pagina 34 word die gang van die verhaal onderbreek deur die volgende opmerking: „Arme Bettie en Piet, watter reggeaarde sou nie medely hê metjulle nie,..." en op pagina 46 roep hy uit: „O, die wonderlike gawe van heerlike ontboeseming aan die mensekinders gegee, Bettie se innerlike lewe word soms op fyn-psigologiese wyse deurvoel. Haar tobbery oor die lot van die geliefde, die nuansering van haar gevoelens by die verskyning van Bester, die manier waarop sy wik en weeg wat hy vir haar sou kan beteken ingeval Piet werklik dood is, dit is treffend uitgebeeld. Maar haar karakter word onwaar, omdat ons nie kan glo aan die egtheid van haar „offer"nie. Ook die tekening van Oom Willem is aandoenlik in sy egte menslikheid. Maar die groot betekenis van Vergeet Nie as literere kunswerk lê nie in die karaktertekening of komposiesie nie, maar in die styl met sy sterk persoonlike aksent. Malherbe se prosa is byna heeltemal vry van vreemde invloed. Dit is prosa met 'n eie ritme, prosa waarop 'n fyn digterlike waas rus. Hy beskryf nie alleen die uiterlik van wat hy sien nie, maar dring deur tot die innerlikste wese, sodat ons die geur daarvan kry. Die skroeiende son brand ons deur die hele boek, ons sien die stowwerige dwarrelwinde op hul grillige togte oor die vaal Karovlaktes. Al die wisselende natuurtonele het die skrywer diep ontroer — die skaduwees van die swart wolke, langsaam skuiwend oor die jong skaapbossies, wat „soos dwergies 154 DR. D. F. MALHERBE. koes"; die plasreens, wat neerbons met woeste geswiep, die langgerekte kettingligte wat geheimsinnige tekens aan die swart hemel skrywe. Op Rietfontein het hy die witgeswelde arms van die vyelaning gesien, „waar die jong vye soos klein kindervuisies aan uitioer" ; Steenburg teken hy met 'n paar uiters fyn penseelstrepies — die „rustige Karodorp, dromend in selftevredehheid enwyd omwoon deur slapende koprande wat in donkerbruin pantser en ylvaal groei uitgebeiteld rus teen die ewigblou hemel aan." !) Sonder aarseling vertolk die digter die fantastiese skyn wat die dinge in sy oog aanneem; sy impressionistiese beelde tril en bewe van jong lewe. Sy metafore is nie spoggerige blinkgoed, wat as versiering van buite opgeplak is nie, hul sit vasgegroei in sy skepping, wel spontaan op uit sy onbewustheid. Adonis se ou baadjie is „lewensmoeg en klaar met die wêreld", die kleurevariasie van sy gelapte ferweelbroek is „soos 'n bont mensesee by 'n wedstryd waar die son sy ligte glans oor heenstrooi op 'n vrolike somermiddag". So gee Malherbe ons telkens met 'n paar raak-etsende woorde 'n verrassend-nuwe kyk, en haal hy skoonheid selfs uit die flenter-ploiings van 'n ou Hotnot. Op die plaas het hy die „dowwe basmusiek van die ooie, swaar van dreuning nes dié van 'n aanstormende vloed afgewissel deur indringende skreenote van die lammertjies" gehoor; hy het die kalwers stofdraaie sien maak as hul onbekommerd die jong dag ingaan. Die swaar reendruppels spat teen die vensterruite „of jy ertjies saai"; die westewind, „die hoopbederwer van die Karoboer vlie tussen die wolke in en skeur hul uiteen met dreunende en druisende gebaar. Wild klop hy hulle uiteen, die swaar gepakte wolkemassas soos 'n geoefende hanteerder van 'n sweep 'n digte klomp vee, totdat J) Uitgebeiteld is minder gelukkig, want terwyl ons deur die woorde omwoon en slapende die goliat-rotse as lewende monsters voel, laat uitgebeiteld weer aan 'n dooie materie dink. „De hoofdzakelijke schoonheid van een „beeld" bestaat daarin, dat het de verborgen eenheidsessentie van twee verschillende of zelfs schijnbaar tegenstrijdige begrippen, zaken of wezens aantoont. En hoe duideliker en overtuigender ons die eenheid wordt aangetoond, hoe grooter onze verrukking is." (M. H. v. Campen Over Literatuur, p. 138). Die verborgen eenheidsessentie wat Malherbe ons eers so goed laat voel, verbreek hy deur een ongelukkige woord. 155 hul uitgedun heenseil, een-een wegsmeltend onder sy verskroeiende asem, en die lug weer vry neerblou in die hittige sonstrale." !) So magtig is die indruk van die natuur op die skrywer, dat hy al die wisselende stemminge van sy persone met 'n stukkie natuurviesie deurwewe. As Servaas „vol van vrees vir die toekoms" teen „die vaal hange uitslinger met sy kar", dan lyk „die swygende rande so naar, so onvriendelik nes dreigende ongediertes", dan ry hy op 'n pad, wat „spookagtig wegslinger tussen die donker swartkoppe in." Wanneer Piet Marais wegry van Bettie oorlog toe, dan is dit donkermaan, dan sing ,,'n byterige Oktoberluggie 'n klaende sangetjie" in sy ore. En as Bettie hom agterna kyk dan straal „die blinkende sterre met oë van genade op 'n verbroke vrouehart" neer. By haar ontwaking die volgende oggend „lê die sonnegoud heilig en skoon soos 'n glimlag van Gods genade" op tafelrande en koppies. Vir Japie du Plooy en sy maate; is die rooi lug 'n onheilspellende teken. Die westewind laat Bettie huiwer; „net so wreed en meedogenloos soos die stofstorm daar buite heenbruis, so het die omstandighede ook met haar lewe gespeel!" Wanneer Oom Willem weggevoer word van Rietfontein hang ,,'n afgryslike weer in die lug" en na die storm ruis die sagte buitjies „soos 'n vreedsame verontskuldiging vir verbygegane wreedheid" neer oor die onskuldige grysaard. En die yroue op die plaas voel „of die natuur selfs geen simpatie en gevoel vir hul leed had nie." Oor die kindertjies van Servaas „gly die sonstrale van 'n koninklike somermiddag beskermend en seenend." Oom Willem sterf saam met die ondergaande son en die geruis van die see is 'n plegtige dodeklag". Wanneer Bester sy doodvonnis hoor, sien die son „soos 'n rustige god in spraaklose medely op 'n toneel van menslike leed" neer. By die uitvoering van die vonnis kom die son weer „net agter verre rande uit . . . terwyl rondom die ïigfontein 'n bloedrooi halwe maan ver in die blou uitsirkel. Betyds gekom om bloedvermaak te aanskou". Hier egter kry ons die indruk, dat die son en die bloedrooi i) P. 65. 156 DR. D. F. MALHERBE. maan daar met geweld bygesleep is. Veral die gekursiveerde sinnetjie bederf die stemming, terwyl die omskrywing „Ïigfontein" banaal is. Wanneer Piet en Bettie na die oorlog op die klipheuwel by Rietfontein sit, dan „treur ook die son in sy bloedrooi vlieserige omhulsel, 'n weerglans van die bloed wat vergiet is op die Afrikaanse velde", maar enige oomblikke later as hul twee siele „saam(vloei) in 'n heilige vervoering van onvermengde geluk, van toekomsdrome en toekomsweelde" dan „skemer die laaste glimlag van die ondergegane son in roerlose stilte uit ..." Virgeet Nie begint met die son en eindig met die son. Meestal slaag die skrywer daarin om met sy digterlike viesie op die natuur sy stemmingsbeelde te verfUnerlik, maar dit word ook soms bloot manier. Naas eg-Afrikaanse beelde, wat getuig van fyn waarnemingsgawe kry ons egter ook flou-geryde uitdrukkings soos: „Verder het hy die sleutel waarmee hy onmiddellike toegang tot Bettie sou verkry", (p. 69); Bester is oortuig van sy „onblusbare liefdegloed" vir Bettie (p. 96); A an Oom Willem het die willekeur sy skaamtelose hand geslaan. (p. 149); Bester het sy vonnis in die gesig gekyk soos 'n marmerbeeld (p. 186); die maatskappy, waarvan hy 'n bruikbaar lid geword het(p. 17); vanaand sal 'n nog bitterder leed haarsiel deurboor (p. 19); Daar brand 'n vuur, daar gloei 'n drif, 'n hartstog wat geen stormvloed sal uitdoof nie, daar setel 'n beslistheid wat die teerste bande nie sal verander nie. (p. 22). En so staan hy daar voor Servaas as 'n toonbeeld van goeie voornemens (p. 7); ens. Ook onvervalste retoriek: Die suiwer suiderhemel met sy ontelbare fiikkerbronne . . . . 'n klanklosefpj prag van lewende juwele gesaai oor die grondelose boesem van die lug, . . . . (p. 44); 'n gloeiende naald boor langsaam deur sy siel, agterlatend 'n smal baan van verskroeide lewensvreugde (p. 44) — 'n beeld wat positief walglik is. Dan vind ons ook nog uitdrukkings, wat onduidelik en onbeholpe of minstens vreemd is: Bettie is besig om met haar eenvoudige musiek „die grondtoon van haar lewensgeskiedenis te vertel (p. 73); die trek van verwyt in haar vader se woorde (p. 105); 'n woord wat wreed dr. d. f. malherbe. 157 sou val op die tere bodem van plegtige liefde . . . (p. 38); Bettie is die voorwerp van die liefde (p. 18); Dit is of sy beperktheid oor homself weggegroei.... het (p. 195); Bester met sy listige planne en parmantigheid moes in die hand kom, ja selfs op sy lewe was dit gemunt, waar kleurlinge in diens van Sy Majesteit hul lewe moesprysgee onder sy handel (p. 161); Bester „met sy onverskrokke bende (p. 161); program (p. 31); ««'«speling i.p.v. toespeling2) (p. 77 en 90); vuurgeveg (p. 140); Daarheen word gestuur wat in die oë van die Engelse outoriteite as lastige pro-Boer-mense verskyn het . . . (p. 151). Alle kommunikasie met die distrik (is) afgesny en handel tot 'n nietigheid afgedruk (p. 82); sommige oomblikke voel dit hom of sy verstand hom begewe onder die invloed van gedagte (p. 150). Waagmoedis 'n ongelukkige neologisme; wikkelwakkel is ontleen aan Guido Gezelle se gedig: „Bonte Abeelen" „Die Dood se grillige ««^klemming" is geen Afrikaans nie. (p. 154). 'n Voorbeeld van lelike klink-klank staan op p. 175: Dit was 'n beleefde voorspel van die treurig/." Malherbe is trouens nogal lief om kort op mekaar, soms in een sin dieselfde woorde te gebruik. So kry ons tweemaal toevallig op p. 99; warrel op p. 65; huis op p. 17, skynbaar op p. 18, nou op p. 14. Gevoel is maar al te dikwels gemengd— 'n stereotiepe niksseggende uitdrukking: (p. 24) daar woel 'n mengeling van gevoele in haar siel; (p. 66) 'n warreling van gemengde gevoel. As 'n kunstenaar ons vertel dat iets onbeskryflik is, dan is dit 'n belydenis van onmag of 'n retoriese reminisensie. Enige voorbedde: (p. 65) Wie beskryf haar sielelyding ...; (p. 44) met 'n onbeskryflike krag; (p. 46) die onbeskryflike weelde van onbeheerste gevoel. 3) Op !) Die verkeerde gebruik van bende is oor die hele land verbrei deur 'n welbekende lied uit die ffa/ülu/'ah-bwadcl, waarin van „'a Daniêlsbende" sprake is! Ook Von Wielligh praat in Eerste Skrywers (p. 138, by die portret) van „die klein bende van die Genootskap van Regte Afrikaners". 2) "n Germanisme. s) Vgl. nog p. iot, 158, 104; en p. 24, Piet met sy onnoembaar soet glimlag! 158 MEJ. CHRIS. C. EUVRARD. p. 34 kom nog 'n ouderwetse slim draaitjie voor: „Bettie is toe na haar kamer gegaan en ... wat sy daar gemaak het, sal iedereen wel weet wat van meisies kennis het"! En wat moet ons dink van die „arme student wat met 'n verskeurde hart en verslae gees moet afskeid neem van sy dierbaarste op aarde en dit vir baie lang tyd"! (p. 34). Afgeslyte uitdrukkings ontstel ons in dubbele mate by Malherbe omdat sy stylkuns oor die algemeen deur so 'n innige, suiwer-eenvoudige woordkeus beheers is. Ons voel dat hy gesoek het na die alleen-juiste woord en dikwels klink daar 'n harmoniese toon in sy geïndiwidualiseerde sinsbou. Hy wou méér gee, dan 'n gewone amusementsroman en as een van die eerste kuus-mtings in prosa sal sy werk steeds van belang bly. Hy het die joernalistieke vaalheid uit ons taal weggevaag deur sy fleurige beelde, ontleen aan Afrikaanse veld en lug, en daarby besit hy as digter 'n fyn gevoel vir woord- en klankwaarde. Ten spyte van die foute in sy styl en komposiesie hang Vergeet Nie soos 'n klein druiwetrossie in die groen wingerd van ons letterkunde. Die beelde met hul Karo-omwaasde ongereptheid is die wynkleurige korrels, mekaar verdeukend in die transparante ronding van sappige swelling, wat die tingerige steeltjies in hul lieftlegroei bedek. En wie, stil-gelukkig, die korrels een vir een in al hul sonnegeurende sappigheid geproef het, sal ook die tere stingeltjie nie al te wreed vergooi nie. § 7. Mej, Chris. C. Euvrard. Van Chris. C. Euvrard, onderwyseres in Rhodesië het drie novelles verskyn: Twee Susters, Lena en Twee Broers. Haar werk word hier alleen vermeld, omdat aan Twee Susters in 1914 die eerste prys toegeken is in die jaarlikse wedstryd van die Akademie. Dit is van geen letterkundige belang nie, en bevat oorlogsondervindings in onbeholpe skoolmeisies-styl. Ter tiepering 'n enkel staaltjie: „Lena was skaars onder die seil uit, toe een van die wagte wat by die wa was, vir haar vra of hy die seil sal aftrek. Lena sê ja en in 'n paar oomblikke / JOUBERT REITZ. 159 was die seil af en kon almal weer lag kry. Die seil was maar net af van die wa, toe 'n offisier daar kom. Hy begin met mev. van Eeden en tant Sannie te praat, en terwyl hulle nog praat, kom 'n paar soldate ook by die wa en begin ook met die meisies te praat." {Twee Susters2, p. 45.) Die redakteur van Die Brandwag het in Des. 1918 nog verklaar, dat ofskoon haar werk oppervlakkig is dit „veel daartoe by(dra) om leeslus op te wek by die wat anders nooit 'n boek sou opneem nie" (p. 214). Vir die taalstryd mag dit dus miskien wel van enige betekenis gewees het. 1) § 8. Joubert Reitz (1880—-1919). Joubert, 'n seun van President F. W. Reitz is gebore op Bloemfontein in 1880, kort na die slag van Majoeba. Daarom het sy vader Generaal Piet Joubert gevra om sy peetoom te wees. Met die oorlog van 1899—1901 het hy dadelik aangesluit by die Pretoria-kommando. In 1900 het hy gedien onder Kaptein Heinrich du Toit en terwyl hy in die Soutpansbergse distrik siek lê aan die koors, het die Engelse hom gevang en na Bermuda gestuur. Na die vrede is hy met twee broers Madagascar toe, maar omdat dit daar nie na hulle sin was nie, het hulle teruggekom na die Transvaal. Joubert het hom toe as prokureur op Potchefstroom ge vestig, waar hy in 1919 oorlede is. Van hom het verskyn twee romans: Die Dolosgooier (1916) en Beproewing (1918). Vir die Potchefstroomse koerant het hy dikwels gedigte en prosastukke geskrywe, meestal van grappige aard. Onuitgegee is 'n reeks artiekels oor „Oom Fanie en sy ervarings met 'n maai- en vliegmasjien." 2) ') Die Kommissie vir Taal en Lettere het gerapporteer: ,,'tNovelletje... Twee Susters, hoewel taal, stijl en inhoud nog veel te wensen overlaten, is nochtans van genoegzame historiese waarde en geeft blijk van belofte voor de toekomst..." Akademie-Jaarboek V, p. 51- *) Meedelings van Oud-President F. W. Reitz. 160 Die Dolosgooier. Frits Kok, 'n Johannesburgse klerk gaan na die diamantvelde by Bloemhof, maar die groot geluk bly weg. Gedurende 'n aanval van moedeloosheid wil hy vertrek, nadat hy op die stasie ,,'n sterretjie" gesien .het, maar sy kaffer gooi die dolosse en die se voorspelling blyk juis, want Frits kry 'n paar mooi diamante. Nou trek hy weg om sy „sterretjie" te gaan soek en al gou blyk dit, dat sy die dogter is van Harvey, met "wie hy 'n vennootskap gesluit het. Met Collins het hy op Bloemhof moeilikheid gehad en dié strooi nou skinderpraatjies uit, want hy het ook 'n oog op die „sterretjie". Collins slaag daarin om 'n fabelagtige skat uit Sekekoen se kaffer stad te roof, maar hy beswyk aan 'n wond op die hoëveld, waar Frits hom nog eers verpleeg. Frits Iaat die kaffers jë 5000 betaal vir die verlore diamante en die dolosgooier se twede voorspelling kom ook reg, want hy sluit Maria in sy arms. Beproewing. Hierdie roman is meer of min op dieselfde plan gebou as Die Dolosgooier. 'n Doodgoeie jonge man word vervolg deur 'n gewetelose skurk, maar na baie moeilikheid triomfeer die onskuldige, word plotseling skatryk en trou met die meisie, terwyl sy mededinger deur 'n koeel uit die weg geruim word. Die ekspediesie na Duits-SuidWes en die opstand vorm die agtergrond van die verhaal; 'n vervalste tjek gee aanleiding tot verwikkeling en die spanning oor die erfenis word deur middel van 'n naamsverandering tot die ontknoping bewaar. Teen sy sin en oortuiging het die skrywer deelgeneem aan die Duits-Wes-veidtog. Die raamwerk van' Die Dolosgooier het hy in 'n militêre gevangenis geskryf, want hy het in die hande van die Duitsers geraak. Later het J. H. Malan, die „Oom Fanie" van die voorwoord dit persklaar gemaak, onvoltooide gedeeltes verder uitgewerk, taal en styl verbeter, kortom die hele boek oorgeskryf met behoud van die oorspronklike in- JOCHEM VAN BRUGGEN. 161 triege.i) Dat die aandeel van die bewerker taamlik groot was, blyk uit 'n vergelyking melBeproewing, waarin taal en .styl'so sleg versorg is, dat die verhaal feitlik onleesbaar is. Dit krioel van anglisismes en alle moontlike foute. Reitz had aanleg om 'n spannende intriege inmekaar te sit, maar sy uitdrukkingsvermoë was hopeloos swak. Selfe na die skawery van die bewerker het daar in Die Dolosgooier soveel oorgebly, wat onbeholpe is, dat van letterkundige vérdienste weinig sprake is, oiskoon dit deur die handige toepassing van Afrikaanse motiewe seker tot die beste van ons awontuur-romans behoort. As voorbeeld van die kreupel styl en taal kan die volgende dien: „Frits, hoewel 'n jonge, onervare man, terwyl hy nog onder sy komberse half-sit, half-lê, naar die pragtige natuurprent kyk, gedronge om die natuurskoon in oëskou te neem en, daar hy 'n dorpenaar was, moes tot die konklusie kom .... ens. (p. 17); Harvey.... had die saak van die likwidasie moet laat vaar. .. Harvey het dit so haastig aangeneem, dat die kérel had begin te dink " (p. 105). Anglisismes groei ook nog geil: {Hy) moes van skool om sy eie lewe te verdien (p. 4); ■ons geluk is uit (p. 26); hy begin te voel dat die grappie nie die kers wérd was nie (p. 146), ens. Op p. 3 is daar al 'n toespraak tot die „troue geagte leser" en dwarsdeur die verhaal bly die skrywer aan die woord. Collins, Hooper en Petrus is tiepes van die bekende volbloed skurke. In Beproewing neem die politiek 'n groot plaas in. Die skrywer sê self: „Maar laat ons liewer nie van die dinge praat nie, anders word die verhaal 'n politieke vlugskrif..." (p. 97), wat dit dan ook teen die end werklik word. § 9. Joehem van Bruggen. 2) J. van Bruggen is gebore te Groede, in die provinsie Zeeland, Nederland, op 29 September 188r. In 1892 het sy vader hom in Johannesburg gevestig. Aan die Pre- ') Meedeling van die heer J. H. Malan. Vgl. ook voorwoord van „Oom Fanie". Sitate volgens die iste druk. 2) Die biografiese feite is ontleen aan Die Brandwag, Des. 1918. 182 JOCHEM VAN BRUGGEN. toriaanse gimnasium het Jochem begint verse maak oor die Voortrek. Die Anglo-Boere-oorlog het 'n end gemaak aan sy studie en vir sewe maande was hy op kommando, totdat hy, by die oorgawe van Johannesburg vasgekeer is. Van toe af moes hy vir homself sorg en in plaas van ingenieur te word moes hy lewe van die geringe verdienste, wat 'n agentskantoortjie aan 'n onervare jong man in daardie tyd kon gee. Na die vrede het hy in 'n wassery die gestrykte wasgoed in pakkies opgemaak, boordjies getel, ens. Maar dit kon hy nie uithou nie. Hy het uitgebars die veld in, ruimte toe en by sy boesemvrind G. J. Oosthuizen op Steenkoppies gaan woon. 'n Tydlank was hy daar onderwyser aan die C. N. O. skool. 'n Debatsvereniging en koor het onder sy leiding gebloei, terwyl daar ook van hom toneelstukke opgevoer is. Sy volgende onderneming was 'n tabaksbesigheid, wat hy met sy vrind Oosthuizen opgerig het. Aanvanklik het alles, goed gegaan, maar later, veral deur 'n konneksie met 'n uitgeslape seun van Israël het die besigheid 'n totale mislukking geword, met die gevolg dat albei in 1909 diep in die skuld was. In Ouboet is o. a. 'n sydelingse herinnering aan hierdie episode, wat vir 'n tydlank sy letterkundige aspirasies heeltemal gesmoor het. In 1912 het hy sy Voortrekkerverse weer verwerk, maar kon geen uitgewer daarvoor kry nie. In 'n wedstryd van Die Brandwag het Die Praatmasjien in 1914 'n prys gehaal en van toe af het Van Bruggen sy koers gekry. In 1917 het sy roman Teleurgestel die Hertzogprys van die Akademie behaal en in 1920 is sy kort verhale onder die tietel Op Veld en Rande gebundel. Van 'n nuwe roman, Ampie het twee hoofstukke in tydskrifte verskyn. „As boer moet ek in hierdie swaar tye net my kop gebruik om die boerdery agtermekaar te hou, wat my werk as skrywer uitermate belemmer", skryf Van Bruggen na aanleiding van Die Burger se enquête. Die Burgemeester van Slaplaagte het in die serie Almal se Boeke in 1922 verskyn. Teleurgestel. is 'n roman uit die Anglo-Boere-oorlog. Die Boere van Waterval en omstreke is besig met skyfskiet as die JOCHEM VAN BRUGGEN. 163 veldkornet hulle kom opkommandeer. Dirk Liebenberg het sy afgeleefde ouers na die kruitbadjie by Waterval gebring en op 'n wandeling deur die kloof probeer hy om Maria Brinkman oor te haal om sy vrou te word. Sy gee egter die voorkeur aan haar ou speelmaat, Gys, wat as gevolg van 'n speelse opmerking van haar die kordaatstuk uitvoer om 'n blom op 'n gevaarlike krans by die waterval te pluk. By dié geleentheid word Gys en Dawid, Maria se broer, deur Swartbooi, 'n geheimsinnige potteskuurder in 'n spelonk gelei, waar hy vir hulle dolosse gooi en somber voorspellings oor die naderende oorlog maak. Na vyftien maande kom 'n kommando nuwejaar vier op Waterval. Dirk koester hands-op-planne, wat afstuit op die idealisme van die vrouens. Later vind hy geleentheid om met Stols en Greef, wat graag hul famielies wil besoek stilletjies af te swenk van die kommando. Hy trakteer hulle op 'n paar goeie doppe "perskesop". Stols is 'n swak jabroer en laat hom maklik oorhaal, maar Greef ry met sy maats se perde terug kommando toe. Dirk vind Maria nog onhandelbaar en sluit in groot verbittering by die Engelse aan, waardeur hy sy pa se dood veroorsaak. Stols sukkel terug Boere toe, maar laat in sy verbouereerdheid sy geweer agter, wat die vyand aanleiding gee om die woonhuis op Waterval af te brand. Deur Dirk se verraad word Gys en Dawid vasgekeer in Swartbooi se grot, waaruit hulle met moeite ontsnap. Gys word later gewond, die vrouens raak in die kampe, maar na die vrede trou Gys met Maria, en Dawid met EUtie Greef, terwyl Dirk 'n suiplap word. In Teleurgesteld Van Bruggen sy oorlogservarings verwerk. „Hy het die verwoeste plase gesien na die oorlog, en hy het geluister na die ondervinding van die Bittereinders, na die verhale uit die tyd toe die Engelse oor Steenkoppies en omgewing hot en haar getrek het en uit die droewe tyd van Johannesburg se renbaan." !) Swartbooi se prototiep was ,,'n verdwaasde ou kaffer, wat die Hartleys — daardie tabakmagnate — se kombuisgereed- J) Die Brandwag, Des. 1918. 164 JOCHEM VAN BRUGGEN. skap geskuur het, dag vir dag in 'n driffie en as 'n malmens geskreeu het party nagte as hy rondloop." ^} In Die Burger het Van Bruggen verklaar: „Inooreenstemming met my vorige werk, sal my strewe bly; 'n afbeeldsel van die lewe soos ek dit gewaar, wat duidelik sal Staan in die skynsel van romantiek." 3) Nou is „romantiek" juis een van die terme wat moeilik definieerbaar is, maar Van Bruggen wil blykbaar te kenne gee, dat hy geen realis in die enge betekenis van die woord is nie. Is die opvatting juis, dan gaan hy van dieselfde beginsel uit as meer dan een kunstenaar van betekenis. Johan de Meester sê b.v. „En als ik iets.als onbelangrijk voel — als een ding dat me niet interesseert — dan is 't het realisme, dat aan de loutere beschrijving zonder meer van een brok werkelijkheid z'n volle kracht geeft. Dat zou ik nooit kunnen doen." 3) Cyriel Buysse verklaar: „De beschrijving van een realiteit is toch heel iets anders dan die realiteit .... Als de artiest niets aan de werkelijkheid toevoegde zou hij geen artiest zijn. Het beschrijven van détails zonder meer, zooals Van Deyssel wel eens heeft gedaan, daar voel ik niets voor. Dat kan ik niet mooi vinden. „L'ame des choses", zooals de kunstenaar die voelt, moet uit zijn werken spreken." *) En Is. Querido verklaar met die grootste stelligheid: „Ik moet met mijn innerlijk leven ingaan op de dingen .... ik kan de dingen niet klein zien: ik moet ze vergrooten, doorlichten ... ik moet er heelemaal door vervoerd worden . ... Ik heb niets aan de realiteit!"5) Ofskoon ons Van Bruggen se beginsel dus kan aanvaar, lei sy ver-romantisering dikwels tot 'n sodanige vermooiing en opsiering van die werklikheid, dat die egtheid van sy figure in die gedrang kom. En daarvan sê Querido: „Elke willekeurige fantastische belichting van 'n werkelijkheidstafereel.... wordt valsch maakwerk, onechte, ge^ drochtelijke romantiekerij." 6) Swartbooi met „sy dwalende *) Die Brandwag, Des. 1918. 2) Brief van 6 Jan. 1922. 3) D'Oliveira, De Jongere Generatie, p. 21. 4) t.a. p., p. 70. 6) t. a. p., p. 139. •) Querido: Over Literatuur, p. 43. JOCHEM VAN BRUGGEN, 165 orein, wat sy lewe so vol misterie maak" (p. 195), sy geheimsinnige grot en orakeltaal is seker romanties beteken, maar wek skeptiese bedenkings van ernstige aard. Gys en Maria op wie ook 'n sterk romantiese skynsel val, bly vir ons vae figure. Stols daarentee, wat deur sy jabroer-geaardheid geen aanleiding tot romantiekerige vermooiing gegee het nie, is deur 'n raakrealistiese uitbeelding tot 'n lewende mens geword, wat ons nie maklik vergeet nie. Arme Liepie met sy „bangoormekaar-kyk oë", seer rug en orige knipmes ken ons deur en deur. Nog 'n ander byfiguur, Moeder Greef met haar laslappies en ou-mens gemaal is met trekkies van boetserende fynheid geteken, terwyl Luikes Greef met sy droë humor ook goed geslaag is. By die uitbeelding van Dirk Liebenberg gee Van Brugo-en 'n psigologiese uiteenrafeling, maar sy afkeer van die skepsel van sy eie verbeelding is só groot, dat dit hom nie geluk om onpartydig teenoor die figuur te staan nie. Sy haat vir die walglike kreatuur het hom verhinder om heeltemal op te gaan in Dirk se psiege. Reeds in die eerste hoofstuk verraai hy deur 'n kwasi-twyfel sy vooroordeel. „Ons huiwer om hom so wreed te beskuldig, want ons ken sy verlede nie in besonderhede nie. Miskien sal die toekoms 'n gedagte aan die moontlikheid daarvan regvaardig." !) Nou weet ons al: Dirk gaan die sondebok word, en die ongeregtigheid word dan ook by wavragte op hom gelaai! Maar let wel, Van Bruggen sèlf ken sy verlede nie in besonderhede nie. Hoe kan so 'n persoon nou ooit fel-lewend vir ons word? Met 'n sug van verligting neem die outeur afskeid van hom: „En so het ons klaar met Dirk" (p. 219). Hy het só boos geword, dat hy hom, na 'n paar kwaai trappe vir ou-laas, uit sy verhaal bons! Dit word mos bruilofetyd en daarby pas Dirk, die suiplap met sy „valse gryns" nie. Maar dis 'n oplossing, wat ons nie bevredig nie. Geslaag is die figuur nie, ofskoon daar telkens brokke treffende analiese is. Maar meestal neem Van Bruggen teenoor Dirk die houding van 'n bestraffende regter aan. „Kan 'n wolwe-aard so gou verander !) p. 8. Twede druk. Ek kursiveer. 166 JOCHEM VAN BRUGGEN. in skape-gedweeheid; 'n dwingeland in 'n oe-dienaar... ?" (p. 12). 'n Oombükkie tevore het hy nog gehuiwer „om hom so wreed te beskuldig", maar nou is sy vonnis al gevel. Juis die bo sy onderwerp staande gevoelloosheid verhinder hom om 'n warm-menslike omtrek aan die verraaiersfiguur te gee. Later word Dirk dan ook eenvoudig as 'n besetene uitgebeeld. „Die fluisterstem van* sy gewete sterf in die diepte weg, wat Satan bliksemsnel met misdaadplanne vul" (p. 145). By die dood van sy moeder kry hy 'n „laaste kans" (p. 191). „Dis een van die momente, waarin 'n goeie gees, so hom die tyd gegun werd om tot die harde hart van Dirk deur te dring, 'n ander mens (van hom) sou kon maak". Gelukkig bly ons die koddige psigologiese gedaanteverwisseling bespaar! Soms gaat Van Bruggen so op 'n paar tree van sy persone af staan en bepeins dan hulle toestand. Gys is „in strak starend gepeins" (p. 216). En dan roep die outeur uit: „O watter gedagtes! So sterk nog as in sy volle kragtyd . . . ." ens. Daar is nog meer sulke hinderlike ingrypsels van die outeur. „Die leser wat onsigbaar agter Dirk aangestap en oor sy skoüer geloer het . . . Dirk is te ongeduldig om die kamer rond te kyk, maar ons kan dit nog net doen, vóór die aandskemering ons dit belet" (P- 23)-l) Dit is verroeste romantegniek van die jaar nul! Dat Van Bruggen egter 'n plastiese gawe van geen geringe betekenis het nie, bewys die welgeslaagde toneel, waar Liebenberg vir Greef en Stols wil oorhaal om die wapens neer te lê. 'n Weemoedige klaagtoon van verdrietige berusting deurhuiwer die ritme van Van Bruggen se styl in Teleurgestel. Die smart oor verlore onafhanklikheid en die droewige herinnering aan oorlogsleed tril na in somber klanke. En teen die end word Van Bruggen moeg vir die trommelslae wat „die doodmars deurdof", ,,'n Lange sombere storie .... ons wil hom deurhardloop" (p. 222). Tog klink daar soms 'n skaterlag; as die kakies retireer vir 'n rollende pampoen (p. 173) en Greef vir Stols laat „handsop" (p. 156). 'n Paar mooi kindertoneeltjies beloof iets vir die toekoms. x) Vgl. ook p. 206 en 222. In Op Veld en Rande kry ons net eenmaal 'n toespraak tot die „geduldige leser" (p. 101). JOCHEM VAN BRUGGEN. 167 Opvallend is die gebruik van koppelwoorde soos: knutselwerk-uitdenk-vermoë (p. 230), swaai-arm-beduie (P Q), goudblom-oorlaai (p. 20), droomglans-dowwe oë (p iQS) 'n Enkele maal word daarmee 'n mooi enek bereik maar meestal gee die oorvloedige aanwending 'n indruk van gesogtheid, terwyl baie saamkoppelings in stryd met die taaleie is. Die voorliefde virlang-asem sinswendings versterk die sware klank van sy prosa, wat met afgemete pas moeisaam voortbeweeg. En daardeur ook hoor ons telkens dissonante b.v.: „Vanonder oop het hoëveld se voor- en najaarsstorme daardeur o-estroom en binne die lang huise opgestuiwe in die smal-langwerpig drukke reghoek-ruimte, waar die lewe in en uit rumoer na sy hokkies, en kinders spelend raas, natbesweet" (p. 221). Toghet Van Bruggen deurgaans n fyn gevoel vir woordklank. Telkens kry ons brokkies van sinne wat in gereëlde versritme vorentoe gly; „en vinnig word' haar stap, ofskóon sy dralend peins oor ^ondervraag " (p. 77). Maar ons stuit ook op klinkklank: terwyl' sy rol-o& die kamer vergenoeg deurrol" (p. 114K Al kante uit wil hy koers vat, so rol sy uitpuil oë al kante uit (p. 149); dat drie.... by die val hulle eie val sal vind (p. 194); dit beslis die twyfel van die onbesliste goeie man (p. 150). Koppelwoorde en sinsbou gee aan Van Bruggen se styl 'n moderne cachet, 'n Allersnaakste indruk maak daarnaas, die ouderwets-retoriese taal, soos ons die ken uit die Hollandse predikante-literatuur van vóór 1880, wat ook nog dikwels van Suid-Afrikaanse kansels gehoor word. 'n Knagende wee, wat die hart verteer (p. 86); Daar drup dit in sy hongerige siel heilsame lafenisdruppe en sy gedagte sien, as deur hemelse ingewing . .. (p. 83); wat alles die plegtige oomblik verhewe maak (p. 67) ; 'n Suff... tower 'n nuwe gevoel in sy boesem (p. 51); 'n swarte afgrond ... gaap (p. 76), ens. Dit knoei ook van sulke domineesterme soos: hartsvriend (p. 202), hartebodem (p. 76), brandende gemoed (p. 50), tomelose hartstog (p. 126), geestesoog (p. 57), skoonste hemeldeug (p. 80), ens. > 1 1 1 „ En hoe deftig paradeer Van Bruggen met n hele kommando holrug perde! Ditisperdewat al meer as n nalwe 168 JOCHEM VAN BRUGGEN. eeu nie meer „pylsnel oor die pad sweef" nie (p. 70), dis ou doodgemoorde knolle, wat skaars nog 'n vuiliskar kan trek. Gys is die „eweknie van Dawid in geesdriftige opwerping van oorloglugkastele"; daar is in die kloof ,,'n reusemagneet" wat hom trek (p. 56); „Die ontboeseming was as 'n warme son, wat die yskors ontdooi" (p. 82); „toegedekte liefde (het) haar windsels afgegooi" (p. 99); Die liggie lei hom soos 'n vuurtoring die . . . skip (p. 167); aan bande gelê (p. 169); ens. Gelukkig toy ons tussen die muwwe, onpersoonlike beeldspraak so 'n enkele keer 'n fris veldwindjie: As Swartbooi die plaasmense sien wegvoer deur die kakies dan is „die lewe wat in sy oë kom blink,... soos die ... in 'n koei se oë, wat wild oor die kraalmuur kyk, wanneer haar pasgebore kalfie hok-toe weggedra word" (p. 196); „die stryd teen onsigbare wapens... soos mambas in die ruigte" (p. 192); „Af drif toe... kom 'n groot tentwa aangeklop" (p. 7). Daarnaas kry ons egter weer sulke badkamer-beeldspraak soos: Maria „aarsel niks om 'n doeltreffende bekoeling uit te giet nie oor sy brandende gemoed"! (p. 50); „Of 'n vloed yskoue water oor hulle rugge uitgegiet word, so laat, wat agter is hulle ril" (p. 65). Ook onsmaaklike triwialiteite soos: „Daar is geen druppel bloed meer in Stols se neuspunt nie; dis alles weggestroom na die midde van sy romp..." (p. 157). In sy natuurbeskrywing is Van Bruggen onbeholpe en soms banaal. Hy skerm met groot woorde wat volkome retories en aandoeningloos van algemeenheid is. „Dieskone dal lê voor die perdelose ruiters in volle somerweelde. Die ou opstal lyk so skilderagtig... Ook is dit of die skouspel hom hipnotiseer.. . Die ganse moot brei uit in sombere somerweelde" (p. 126-7). Sulke niksseggende frases laat ons heeltemal koud. Nie deur die woord somber ontstaan die indruk van somberte nie. Die somberte-emosie moet hy in beeld bring, moet hy ons laat aanvoel deur plastiese trekke. Maar hy verswak nog meer die indruk van sy frases deur te praat van „die lentegroen, (wat) in jeugdige ydelheid wou spog ..." En dan vervolg hy met valse, ondeurvoelde beeldspraak: „Uit egaal donkergroen spreek nou éénselfde stemmige gedagte, waaruitgeswelde rypheid elke deeltjie van die ernstige boskasie 169 herinner aan verwelking." Dit is viesie-verknoeiing. „Die stemming deel sig onbewus mee aan die twee..." Juis, onbewus, want hoe dit gebeur bly vir ons 'n raaisel. En dat Stols en Dirk albei in presies dieselfde stemming geraak, is papier^fteigologie! Daar is nog meer holle frases: „Dieselfde voorjaarsagtermiddag het ook sy toweraandeel volbreng in die natuurherlewing" (p. 20). Dirk kry „lewens-lente-visioene"! Die voëltjies smg mooi „en dis of die ganse omgewing wil meedoen aan 'n gemoedsontboeseming'! (p. 31) „Grootse natuurskoon" (p. 47), „roerlose aandskoonheid" (p. 90); „dis van die aande, waarin natuur sy wonders koonheid wys met stille majesteit" (p. 166), „ruwe natuurprag" (p. 52); „Die lente het weer'n jong gewaad oor die velde gesprei" (p. 202). En op p. 52 is daar weer ,,'n grootse gedagte, wat setel in die lower-woestheid". Die gedagte spring van sy „setel" af en hou 'n netjiese prekie in die tale Kanaans. „Dis 'n plekkie, wat mensekindere wil goedmaak en verhef bo wéreldse nietighede," ens. Duisterheid is dikwels die gevolg van die retoriese opblasery. „Die kranse voor en weerskante is hoog en amper loodreg, bedek met ruwe natuurprag, wat gestapel op kwynend-skemerlig en duister... (p. 52). Hoe moet mens jou nou 'n voorstelling vorm van wilde plante gestapel op skemerlig en duister? Op p. 32 is daar „klanke, wat hemelwaart denk en dankbaar swewe, vir sparende liefde..." Al slaan denk ook op gevoel dan is dit nog 'n onbeholpe parallelisme. Onverstaanbaar is: „Ligvlekke, wat die boomskaduwees werk, hou vaste lyne" ens. (p. 87). En wie hoor nie die gekreun van die bombastiese blaasbalk agter sinne soos die volgende: „Dis pynlik om die afbreuk van geesverbystering (?) te sien, wat flou, al flouer 'n kwynend verset teen eie onmag vertoon en in sielsmart oorgaan ..." ens. (p. 9). Maria se „sterk gestel (het) begin te luister na die stem van siekte. Tallose skrikgedagtes het senewee-skokkend met haar liefde gespeel en bondgenoot geword van 'n ongesteldheid wat haar sou neerdruk ens. (p. 234-5) En daarom het die siekte so gesloer om uit te breek, uit eerbied vir die grondigheid van haar verset en heldepoge." Sy kom uit die hospitaal „met twee (!) grote, siel-vertolkende oë, 170 JOCHEM VAN BRUGGEN. verhewe-boeiend" ! En daar is nog meer voorbedde van sulke opgeskroefde woordkramery. Wat moet mens aanvang met taalgeknoei soos die volgende: „Humeur lê diep bedolwe onder tallose swaardrukkende gedagtes" ens. „ 'n Onmag van sy logies verstand, laat pessimisme die vrye teuel" (p. 82); Luikes is „oortrek deur die waas van sy karakter..." (p. 35); „die inwendige Greef" (p. 36); !) ens. ens. Die verpersoonliking van abstrakte begrippe gee aanleiding tot raaiseltaal en gesogte wendings. „As die sluipga7ig van hulle genegenheid tuis gekom het is dit getrouheid tot die dood ..." (p. 35); „die koers ... waar vinnig verlange die bome deursoek" (p. 76); „Hartverheffende momente wat grondslag vir 'n toekoms lê en lewens bou of brokkel — kort as 'n sug, 'n fluisterwoord, 'n oogstraal as diamante bly skitter aan die langste lewensdraad en nog glansies op sy rafelpunt werp; gebonde aan seisoen nog tyd" (hoe rym dit met „kort as 'n sug" ? P. C. S.) ens. (p. 106.) Met nog een voorbeeld van Van Bruggen se onbeholpenheid kan ek volstaan: „Maar lewe het vasgeklem aan sy omhulsel met ongekende adhesie, waardeur die wetenskap verbaas, wat eers verwaarloos werd, omdat geen hoop bestaan het nie, met ywer die omhulsel onder sy behandeling geneem het." (p. 214). Die dialoog is meestal onnatuurlik-styf en soms so deftig as 'n redevoering. Gys sê: „Dis of natuur 'n moedwil toon om haar wonderwerke treffender te maak. (p- 53)» Ons volksaard is opgeruimd en vol korswil, wat wys veral op sulke dae, waar hoop, by nuwe begin, ook nuwe ambiesie gee" ens. (p. 89). En hoe netjies ryg Dirk sy sinne aan mekaar as hy pleit vir Maria! Hy eindig so: „Die hoop sal my in doodsgevaar dapperversigtig, in moedeloosheid vasberade maak en my nasie laat liefhê, omdat jou ideale myne sal word!" Met dié woorde vat hy haar hand „wat sy nie kon terug trek nie, omdat haar sielestryd onbeskryflik geword het." Dieselfde onmag om heftige emosie plasties uit te beeld vertoon Van Bruggen ook waar hy Dirk se houding moet *) Vgl. p. 108. JOCHEM VAN BRUGGEN. 171 beskryf: „As hy verneem dat sy moeder gestorwe is, voel hy getref en kyk somberna die aarde voor syvoete." (p. 191.) Die taal van Teleurgestel is sterk Hollands gekleur. Woorde soos bot, mat, meewarig, halfliggend, gebly (gesneuwel) (p. m), hawe, struik, dryn word dikwels aangetref. Maar ook die sinsbou is onafrikaans en veral die gebruik van infinitiewe vorme is storend. „Maria hunker na meer wete, nou die skiete opgehou het" (p. 171). Van sulke vorme krioel die boek en dit gee soms aanleiding tot duisterheid soos op p. 184: ,,'n wese, wat versuim tot sy kom". Onafrikaans is ook: „Maria en Elsie doen saam in die spel" (p. 91); „waarvoor diensies" (p. 6). Die gebruik van die vorme hè en het is soms verkeerd. Op Veld en Bande. In Op Velden Rande (1920) is dit moeilik om die skrywer van Teleurgestel te herken, as die laaste verhaal, Die Beeswagtertjiebuiten beskouing bly. Alleen enkele stylwendings soos „wit orkaan gedrewe wolke" (p. 122), en 'n paar geykte frases soos „toe twee harte, wat lief en leed van die wêreld verstaan, opreg ineensmelt!", „sielsgenot" (p. 109), „hartsgevoel" (p. 28), „hartetaal, vol gloed" (p. 59), herinner aan die manier van Teleurgestel. Hier ook geen romantiekerige opsiering, maar onvervalste werklikheid. Hoe raak en eenvoudig-waar wordSitman, die „meeldiaken" met sy „ongebleekte kussingsloop" nie geteken nie! Hy is die man, „wat sit waar hy sit", „die elfde plaag" (p. 27). Soos Van Bruggen hom geteken het met sy astrante indringerigheid, altyd kunsies bedenkend om tog maar nooit aan die werk te kom nie, sy windmaker-praatjies wat eie nietigheid moet bedek, sal die bywonersfiguur lewe in ons letterkunde. Hy staan vlak voor ons met al die flenters van sy verslegting. Hoe goed is nie geteken sy poging om tog nog 'n skyn van vernaamheid te ontleen aan die reputasie van sy onbekende „ouboet Karei van Staanderton se distrik". En die dialoog is so spontaan — dis die lewende terugbeelding van egte gesprekke sonder retoriese byspinsels van die outeur. Hoor maar ou Sitman se gesanik: „Nou ja! ek hoor toe gister of was dit eergister nee 172 JOCHEM VAN BRUGGEN. dit was gister, dit wil my nou goed byval — Willemse het gister hawer gelaai — ja dis reg, dit was gister... Nou ja, ek hoor toe gister by Oom Andries dat meneer de Klerk altemit iemand sal nodig kry om hand by te sit" (p. 23). Hoe raak is ook die bywoner se hele persoon iikheid geteken in die kwasi-gewigtige wyse waarop hy meedeel, dat hy „tot 'n besluit gekom 't" (p. 256), of as hy klaag oor die baie werk (p. 43). Uit so 'n paar plasties uitgebeelde toneeltjies word Sitman vir onsmeteens fel-lewend, terwyl Dirk Liebenberg, trots al die swaarwigtige analiese alleen 'n toneelskurk bly. Ook „kromrug Bettie" met haar huilende kleinspan in. die rokerige lug van die hartbeeshuis is goed getiepeer. Hoe mooi leef die moeder-instink op in die verdwaasde skepsel, as daar planne gemaak word om haar kinders na die weeshuis te stuur. Sy glo tog so vas, dat niemand anders so goed vir hulle sal kan sorg nie, al sit sy in die grootste ellende. „Daar is Driesie!... Uit die staanspoor is sy maag onderste bo!... Sal hulle tussen die kliprandjies rondloop om aambeibossie te> soek ? En dit laat trek? En dit vir hom ingee? —Nog nooit nie!..." (p. 54). Hoe diep het Van Bruggen ingedring in die kommergedagtetjies van die arme sieltjie! Die ander bywoners se mentaliteit word ook met 'n paar fors trekke aangedui: Willemse, die staatmaker voorman, Neef Niklaas met sy naïef-wysgerige praatjiesoor „bestiering" en „bestuur", Gouws, die dwarskop. Stols, uit Teleurgestel kon deur die oorlog nie in sy gewone lewe geteken word nie. Maar nou sien ons die bywoners in hulle daelikse besigheid, hulle getob oor allerlei kwellings en die wrokkende gevoel oor hul afhanklike posiesie. En ook hulle baas, Andries Vry, die konserwatiewe boer en Bybelvaste ouderling ontmoet ons. 'n Enkele maal kom Van Bruggen self om die hoekie loer, op pagina 29 nl., waar hy verstandige maar onletterkundige opmerkings maak oor kafferpolitiek. Ouboet, Oom Jannie en Die Praatmasjién is ook goed geslaag. Veral die lugtige verhaaltoon val op na die sware sleepgang van Teleurgestel. Daar is 'n vaardigheid in komposiesie, 'n handige groepering van allerlei tiepes uit die boerelewe, wat met al hul eienaardighede JOCHEM VAN BSUGGEN. 173 goed geteken word. As realistiese skilder van die plattelandslewe openbaar Van Bruggen 'n bewonderenswaardige deurdringingsvermoë. Stoffel Harmse, die omslagtige verteller en lastige buurman, met sy vervelende „jy kan vir Sarie ook vra", Oom Jannie en die weduwee, wat by „o-ebrek aan stof vir vertroulike konversasie hoofpersone uit geslagregisters van al twee kante opnoem •en bespreek" (p. 101) — dit is fyn-psigologiese trekkies, wat bewys dat die skrywer hom ingeleef het in die mentaliteit van sy mense. Hulle karakter word nie bestuur deur geestige bokkespronge van die outeur nie, maar daar is 'n innerlike ontplooiing, wat ons direk as waar en noodwendig voel. Dit geld egter nie van Die Beeswagtertjie nie, wat eenvoudig 'n nugter bedenksel is, en waar alleen Kleinbooi met enige lewenswarmte geteken is. Die mynwerkers is alleen met so 'n paar atrepies toneelverf bestryk en die styl het weer dieselfde •opgeskroefdheid as in Teleurgestel. Veral pagina 140 is .swak, waar „die onmusikale • Josef 'n singlus uiter", en ,,'n siel-treffende Engelse liedjie" deur sy neus gons „met omgewing-influenserende dreun"! Die. beskrywing van die begrafnis in Oom Jannie (p. 83) is ook gedeeltelik misluk. Die toespraak tot die „onverskillige, gevoellose ligmis" is heeltemal misplaas, terwyl die volgende .-sinne ons aan die paddas herinner, wat met so 'n voortreflike gawe des onderskeids die boere op Waterval verwelkom (p. 88). „Kyk! die osse hou op met wei, of •die redelose vee gevoel, dat nou die tyd nie is vir sinlike lus nie," ens. (p. 83). In die natuurbeskrywing tref ons nog gemeenplaatse weerklank vind ens. vp. zy;. oy & Xntdek het dat hv klapwiekende skoenlappers (p. 32) ontdf K net Drie verhale gebruik die Duits-Suid-Wes-veldtog en verantó^g vang politieke oortuiging as motief en die rneeste is dan ook geskryf tussen 1915 en 1918. Droorte van Helene Oldendorf bevat 'n belofte, Oog *m Z is in sy soort goed. Die gelukkige en treurende ptarles van clie meeste verhale maak geen blywende Ldruk op ons nie, wat behalwe aan reeds genoemde oorsake ook gewyt moet word aan onbekendheid met dt teaniek van die kort verhaal. „More real brains are rtquïStrThe construction of an «^.■'j^ than for a hundred pages of many a novd sê Harry T. Baker, 1) en die uitspraak bevat seker waarheid. § 12. Reenen J. van Reenen. Reenen T van Reenen is in 1884 op Calvinia gebore. t 3et'hvmet sv B A.-eksamen die eerste Koningin S^SU^'K V| A. Kollege behaal. Vier jaar i) The Contemporary Short Story, (p. 101). 184 later het hy in Amerika sy studie vir siviele ingenieur voltooi en na 'n jaar praktiese ondervinding op o-root besproeiingswerke in Nebraska na Suid-Afrika terug o-ekeer.Gedurende sy studiejare het hy hom ook op taal en lettere toegelê en reeds van 1898 af op die tekenkuns. Aan die Brandwag-intervievrer vertel hy: „Dit was met jUe herlewing van die Afrikaanse Taalbeweging, wat in 1915/16 so sterk gegaan het, dat die skryflus by my opgekom 't. Ek het 'n paar hoofstukke prosa en verse geskrywe, wat my vrinde hier op Bloemfontein beval 't. Hulle aanmoediging het my beweeg om Die Agterstevoortrekkers (1917) uit te gee. Maar gedurende die voorbereiding van dié werk moes ek toe my ou teone toepas: n.1. dat die poging om leeslus onder ons volk op te wek, sal misluk, of in alle geval baie langer sal neem eer dit met sukses bekroon word, as die leesstof nie geïllustreer is nie." i) Van Reenen is ook 'n kampvegter vir die bestryding van grondverspoeling en het hom spesiaal gewy aan die studie van die Boesmankuns, nadat hy in 1917 'n voordrag van die skilder Pierneef oor die inboorlingekuns gehoor het. Ook op die gebied van folklore het hy al interessante ontdekkinge gedoen.-Behalwe die genoemde werk het van hom verskyn Celestine (1919), en Verborge Skatte (1920), twee bundels sketse; 'n roman: Die Lokaas (1921) en twee kinderboekies. Hy het ook baie ander werke geïllustreer. Die Agterstevoortrekkers word in hoofstuk VI bespreek. Celestine en Yerborge Skatte. Dit is twee bundels verhale, hoofsaaklik navolging van Edgar Allan Poe, aan wie Verborge Skatte dan ook opgedra is. Celestine bevat spookstories, met een waarvan die skrywer in 1903 'n prys behaal 't in The South Afncan News. Dié verhaal, 'n Hopie Bene, is 'n droom, maar in die orige word die geheimsinnige element nie verklaar nie, behalwe in Tant Annie. James Russel *) Die Brandwag, Des. 1919. REENEN J. VAN REENEN. 185 Lowell het aan Poe toegeken „a power of mfluencing the mind of the reader by the impalpable shadows of mystery".!) Verder sê hy: „In raising images of horror, also, he has a strange success; conveying to us sometimes by a dusky hint some terrible doubt which is the secret of all horror." 2) Dit is wat ons grotendeels by Van Reenen mis. Sy voorstellinge is te nugter, sy geheimsinnigheid te deursigtig. Die subtiele reahstiese illusie, wat Poe b.v. in een van sy beste verhale Ligeia skep, lê buite Van Reenen se bereik. Wie b.v. Poe se nagwake by die lyk van die Lady Rowena vergelyk met die enigsins analoge situasie in die verhaal Celestine (p. 30) voel direk, dat dit veral realistiese uitbeelding is,'wat by Van Reenen ontbreek. Poe verstaan die kuns om deur allerlei suggestiewe besonderhede 'n dodelik beklemmende atmosfeer te skep —Van Reenen noteer alleen die geheimsinnige feit. Die vergelyking wat Dr. Dorothy Scarborough tussen Poe en Hoffmann maak, pas ook op Van Reenen „His (Poe's) horrors have amoreawful effect because he is an incomparably greater artist. He knows the economy of thrills as few have done. His is the genius of compression, of suggestion." 3) Die Verborge Skatte word deur Professor Erts se buitengewone vernuf ontdek. Die raaiselskrif in Die Voortrekker se Skat is gebaseer op die van Poe se verhaal, The Gold-bug. In Die Kinderdief word gebruik gemaak van 'n motief, waarop Poe o.a. The Purloined Letter gebou het: „the intellect suffers to pass unnoticed those considerations which are too obtrusively and too palpably self-evident. The Minister had deposited the letter immediately beneath the nose of the whole world, by way of best preventing any portion of that world from perceiving it." Ook in die uitwerking van die besonderhede is daar ooreenstemming. Van Reenen het 'n aangename verteltoon en sy verhale is verdienstelike ontspanningslektuur. 3) Ihe Works of E. A. Poe I, p. XI (1866). t. a. p., p. XII. Ihe Supernatural in Modern English Fiction, p. 59. 186' REENEN J. VAN REENEN. Die Lokaas. Gert Vermaak, 'n begaafde weeskind word deur oom Willem en tant Miem aangeneem. Toe hy ses jaar oud was, kom 'n ontwikkelde Hollandse skeepskaptein om gesondheidsredene op die Karoplaas woon. Onder sy leiding word Gert so buitengewoon skerpsinnig, dat dit die opmerksaamheid van 'n kapitalis trek, wat hom na Europa stuur om vir advokaat te leer. Na sy terugkoms vestig hy hom in Kaapstad en word gou een van die leiers van die Boereparty. Maar die kapitalis gebruik 'n mooi vrou as lokaas, en by die stemming oor 'n gewigtige wetsontwerp word Gert ontrou aan sy party. Voorop moet gestel word, dat die skrywer geen poging doen om die geleidelik voortskrydende geestelike ontwikkeling van 'n geniale kind te skets nie. Hy gee alleen ,,'n loshangende versameling van staaltjies wat Gert (hom), af en toe in die laaste dertig jaar.... vertel het." Die skrywer is nie die objektiewe uitbeelder van 'n deurleefde werklikheid nie, hy is net die verteller van Gert se geskiedenis. Hy self tree telkens op die voorgrond, spreek „die welwillende leser" toe (p. 29), en voel hom kort-kort gedronge om brokkies van sy eie wysheid by die verhaal in te las. Daarom mis dit die warme tinteling van intimiteit, daarom bly die skrywer maar al te dikwels aan die buitekant van sy persone. „Dit lyk asof (Gert) teenoor die kaptein voel soos 'n minnaar teenoor sy nooientjie — hulle gesprekke was hom heilig en dit sou heiligskennis wees om dit te publiseer" (p. 29). Alweer die treurige sluiertaktiek, 'n vyeblaartjie om eie magteloosheid as kunstenaar te bedek! Is dit dan nie juis die kunstenaar nie, wat met sy wondere intuïesie moet deurdring tot die heilige der heilige ? Die uiterlike lewensfeite sien ons almal, lees ons daagliks in die krant, maar dit is die kunstenaar, wat die verborge roersele van die hart moet openbaar. Hy moet so opgaan in die persoonlikheid van sy figure, dat hy alles seker weet, dat hy die kleinste nuansering van gevoelens en gewaarwordinge kan ontleed. As hy alleen REENEN J. VAN REENEN. 187 kan sê: „Dit lyk asof..." (p. 29), dan twyfel ons aan die egtheid van sy voorstelling. Hoe moet ons nou met Gert &meelewe, as van die drie belangrikste jare uit sy ontwikkeling selfs geen „loshangende versameling van staaltjies" meegedeel word nie? Maar wat wèl verhaal word is, dat die R. M. S. Tartar presies om vieruur uit Tafelbaai o;estoom 't met Gert aan boord en dat hy met die R. M. S. Scot uit Europa teruggekeer 't! Van die jong advokaat weet ons nie veel meer dan die plaat by p. 132 ons te sien gee nie — 'n jongkêrel soos duisend ander — geknip uit die eerste die beste kleermakerskatalogus! Gelukkig is daar enkele gedeeltes waar Van Reenen nie alleen die verteller nie, maar Gert self is. Die uitmekaarhalery van Oom Willem se oorlosie (p. 19-20), die waterlei in die nag (p. 40) en nog ander toneeltjies uit Gert se kinderjare toon, dat die skrywer 'n fyn psigologiese insig het. Dit geld ook van die manier, waarop Gert sy besluit neem om Stella nie op te gee nie. Hoe treffend-juis is dit gesien om die nesmakende dui'we die deurslag aan sy redenasies te laat gee! Maar die mooi gestileerde sinne, wat Gert se dink-taal moet voorstel is weer van Van Reenen. Ook enkele gelukkige trekke in Tant Miem en Oom Willem toon, dat die skrywer 'n taamlike uitbeeldingsvermoë het. Maar dit is alles so fragmentaries, dat die persone tog vaag bly. So word die planne van die intrigerende kapitalis met dieselfde behendigheid as in Verborge Skatte uitgewerk, maar daar is weinig aanduiding, dat hy behalwe draadtrekker ook mens is. Gert is blykbaar 'n uitsonderingsfiguur, maar selfs so beskou, is daar enkele trekke in sy karakter, wat wys op 'n verdraaide psigologie. Op p. 24 word ons verseker: „Soos 'n openbaring ... word sy volksbewussyn skielik gebore". Hy is nog maar ses jaar oud, maar omdat hy so 'n talentvolle knapie is, wil ons dit aanneem. Ongeveer ses of sewe jaar later hoor ons egter: „Volksbewussyn sal hy maar ontwikkel in die vreemde lande wat hy later sal deurreis" (p. 68). Afgesien van die teëspraak is die voorstelling hier absoluut vals, want daar is geen enkele jongeman van twaalf of dertien jaar 188 LÉON MARE. nie wat, selfs al begryp hy die abstrakte idee ook, so 'n wonderlike besluit kan neem. En die wysgerige bespieèlinge op p. 52-53 is geen „raaisel" nie, maar eenvoudig gedagtes van die skrywer self, wat hy aan die twaalfjarige knapie opdring. As voorbeeld van die swak tegniek kan aangehaal word, dat deur die lang uitweiding op p. 11-12 die spelende Gertjie skoon vergeet raak. Net so gaan dit met die kaptein. „Ons durf darem nie langer by hierdie interessante woordkuns vertoef nie, want ons vriend die seevaarder wag nog al die tyd vir ons op die drumpel van die voordeur..." (p. 16). Op p. 22 heet dit: „Maar ek loop my verhaal verby, en ons moet eers weer 'n bietjie terugkeer." Van Reenen het 'n los, gemaklik-vloeiende styl,"wat egter weinig persoonliks het. Beeldspraak gebruik hy maar selde; die „verdraaide beeld" op p. 139 is nie gelukkig nie, en die „spatsels van die smeer van die misvloer" wat mens aan golwe laat dink nog minder (p. 66). Die „liefdesbeker" (p. 52) ken ons al van toeka se dae af! „In hierdie dae begin Gertjie al in brein en liggaam tamelik uitrek" (p. 39) — 'n pynlike proses, wat mens aan die inkwisiesie laat dink! Verkeerd is: „Maar die werk wat hy gedoen het, gee 'n weerkaatsing in sy professionele werk" (p. 92). Veral in Verborge Skatte is die anglisismes volop. „Toe ek my op my ou dag geskilder het as omring deur 'n kring talryke kinders (p. 112); om hande op die skobbejakke te lê (p. 151); Alles wys daarheen ...; Kan ek vanaand ... met my kollega opkom?" (p. 154) ens. In Celestine kom o.a voor: „Gelukkig had ek nie lank te wag... (p. 93); van êrens... val daar 'n geweldige hou (p. 33); haar brood en botter verdien" (p. 20). § 13. Léon Maré. H. L. F. Maré is in 1889 op Pietersburg gebore. Na 1902 het hy o. a. op Wellington en Pretoria sy opvoeding voortgeset. Maar hy moes al gou sy eie potjie skraap en toe het hy, terwyl hy in die posdiens was, privaat gewerk vir Skool-Hoer. Hy is nou amptenaar in die Uniegebou, LÉON MARÉ. 189 Pretoria. Party van sy eerste stukke het in Nederlands verskyn. Van 1911 af is hy 'n troue medewerker van Die Brandwag gewees. Van hom het verskyn: Die Nuwejaarsfees op Palmietfontein (1918) en Ou Malkop. Laasgenoemde is bekroon met die Hertzog-prys van die Akademie (I9I9)1)- Die Nuwejaarsfees, (1918). Léon Maré is een van die weinige Afrikaanse skrywers by wie die awontuur bysaak en die mens hoofsaak is. 'n Armsalige putgrawertjie, wat deur 'n harde rotsrif skade ly, 'n houtryer op weg na die mark met 'n vrag sulke eenvoudige motiewe gebruik hy vir verhale. Too- leer ons Toot veel beter ken in die omvang van 'n kort verhaal, dan al die brawe-Hendrik helde van die awontuur-romans, wat hemel en aarde beweeg deur hul buitengewone dade. Léon Maré besit die gawe om sy karakters te laat lewe, só te laat lewe, dat mens hul asem op jou aangesig voel. Deur die tekening van allerlei uiterlike eienaardigheidjies, gelaatsuitdrukking gebare, ens. sien ons hul vlak voor ons staan. Terselfdertyd openbaar hy in sy beste stukke 'n indenkingsvermoë, wat hom in staat stel om selfs die fluistergeheimpies van 'n mensehart te verstaan, deur te dring tót die diepste kern daarvan en al die begeertes, stemmingö» lewensaanvoelinge uit te beeld. Deur ligte aanwaaisetè van allerlei herinneringe laat hy ons heel die verledè van sy figure begryp, terwyl ook die inwerking van hul omgewing plasties voorgestel word. Selfs waar hy ro.m^T tiese gegewens kies, soos in die oorlogsverhale is dit too- altyd meer die mense, as hul awontuurlike ondervindinge, wat Maré interesseer. Met hoeveel liefde verwyl hy nie in Die Kommandeer van Japie Moolman by allerlei besonderheidjies, die aanval van die waghond, die trappery op die kat, ens. Soms is sy tafreeltjies n byna dood-nugter kopie van die gewone lewe en tog ontroer dit omdat deur die beskrywing so iets warmmensliks huiwer. Daar is b.v. die inmekaar geknmpte ij Uit: Lett. Leesboek, Bot-Kritzinger. 190 LÉON MARÉ. Toot op die putwal (p. 152)1) met sy brood en koffie; langs hom sy verkluimde seuntjie. Hoe suiwer en eg word die outjie se kindergedagtes weergegee! Dan weer Toot in sy huur-kamers, met 'n konsertiena op die knie, of besig om 'n kinderskoentjie heel te maak. Goed gesien is dit ook om Outa Booi na die oorlog op Japie Moolman se geroeste ploeg te laat afkom (p. 85). Deur sulke -eenvoudige middels bereik die skrywer sy doel. Met tallose klein handelinge bou hy vir ons 'n lewende mosaïek. Op iedere pagina gee hy blyke van fyn waarneming. Hy het gesien hoe die wind met die ou ooms se baard speel, hoe die stoffies agter 'n galopperende ruiter uitslaan en wegkwyn, hoe die wagvure opflikker en fantastiese skaduwees ronddans. Vir al die wisselinge in die natuur het hy 'n ope oog — vir die songetinte wolke, die wasige mis op die bergrande, die wondere van die sterrehemel. Ook weet hy hoe die steenbokkie „sy eerste bekkievoi soet gras onderuit 'n graspol" afknyp (p. 195), hoe die rysmiere uit hul gaatjies glip, hoe die muggies „in sirkels van tallose spikkeltjies wals en sigsag ... oor waterpoele" (p. 102). Telkens weef hy mooi stemmingsstukkies mmekaar, gee hy met 'n paar trekke die atmosfeer so duidelik aan, dat dit die werklikheidsillusie versterk. Altyd geluk dit hom natuurlik nie. Hy is te veel geneig om iedere keer weer te praat van gordyn, disk, karmosyn, silhoeëtteer, ens. Op p. 42 las hy op storende wyse 'n kwasi-astronomiese opmerking in: „Die klein fonkelende sterretjies is ligte van die eindelose Planetewêreld..." ens. Grotendeels misluk is ook die tekening van Annie Bester voor die ou harmonium: „In die voorhuiskamer,^ voor 'n oopgetrekte vensterraam . .." ens (P- 37"38)- Uit allerlei klein besonderhede blyk dat Maré die toneeltjie alleen as toeskouer beskryf. 2) In Die Nuwejaarsfees word die vrolikheid van 'n klomp ohfantjagters met forse trekke geteken. Die kaskenades van Oom Klaas, wat 'n ankertjie egte brandewyn op slinkse wyse bespring, is goed beskryf. Annie Bester, J) Alle sitate volgens 2de druk. *) Hy vergeet selfs die „groot hanglamp", want op p. 40 word die huisgodsdiens by kêrslig gehou. LÉON MARÉ. 191 Japie Moolman, Freek en sy perd Bles behandel episodes uit die vryheidsoorlog. In Wrange Vrugte word 'n geeerde volksraadslid deur kindergebabbel en die afskietery van klappers op Krismisaand aan sy verraad in dieselfde oorlog herinner. Die skets gee blyk van 'n goeie psigologiese insig. Die afskeid van voortrekkers aan Dassieshoek in die ou Kolonie en die rit van Frans Malan om die laers vir Dingaan te waarsku, word in twee sketse beskryf. Die Stem van die ou Kajferkraal-Murasies is 'n poging om die mentaliteit van 'n Soeloesoldaat te teken, 'n poging, wat herhaal word in Soeloe-Eer uit die bundel Ou Malkop. Moebie vertel van die tobbery van 'n kaffermoeder oor haar seun, wat toevalle kry en Joggem Helberg is 'n jongkêrel, wat in 1863 deur leeus verskeur word. Die eerste druk van Die Nuwejaarsfees het ook nog bevat 'n retoriese beskrywing van 'n storm, wat met reg by die twede druk weggelaat is. Drie nuwe verhale, Wrange Vrugte, Moebie en Joggem Helberg het daarvoor in die plaas gekom, terwyl tallose taal- en stylverbeteringe gemaak is. Onvoldoende taalkennis gee Maré se werk 'n lelike knou. Hy maak foute, wat skooljongens kan verbeter. Sy interpunksie is swak, sy spelling treurig. Hy skryf b.v. lysels, geoeffende, vors (fors), vergaarderde, gesannikie, ens. Die dubbele negatief ontbreek dikwels en anglisismes is volop o. a. „die hele van die ander dag (p. 42); een onheil, wat moet plaas neem (p. 56); 'n menende knik (p. 60); afwerk (p. 92); twee meer veldstoele (p. 105); (ek) lei die weg soheentoe (p. 138); opgelig (p. 141); hy gee 'n ander gapie (p. 148); gesette kake (p. 193); as die vlamme ... opflaar (p. 201); haar bors ... hewe op en af (p. 225); (hy) rys hom uit sy sitplek (p. 61); toe het bloedvergiftiging in die been gesit" (p. 217) ens. ens. Woordskikking en verbuiging van byvoeglike naamwoorde is dikwels gebrekkig, b.v. „En hy word gou agterna gevolg, na die plek van bestemming, goed of sleg, deur sy troue manskappe (p. 78); deftige geklede dames (p. 157); 'n spoelende en bruisend, kristal stroom water (p. 102). ; Die opdrag om 'n kort skets te skryf, waarin die woorde alleenliks en nouliks nog nie mag voorkom nie 192 sou seker vir Maré die swaarste straf wees. Tot vervelens toe prop hy dié woorde in alle hoekies en gaatjies, en naderhand weet hy absoluut nie meer, wat hul eintlik beteken nie! In Ou Malkop kom selfs voor uiteindeliks (p. 145), oogverblindeliks \ (p. 148), nahturliks (p. 195), en die volgende: „Guillaumet kan geen woord uitkry van verbasenheid (!) nie en blik die gouverneur alleenliks nel meer in verwondering aan" (p. 198). Foutiewe meervoudige vorms soos die volgende kom voor: lofliede (p. 178), sugge (p. 95), streeltjies (p. 94), wandels (p. 131), getjilpe, gefluite, gebruise (p. 43, 45, 52) ens. Die werkwoord word verkeerd gebruik in: „Die son kom agter die koppie uit en skitter strale van goud oor... (p. 101); 'n vensterraam, waardeur 'n groot hanglamp sy breë wit lig... na buite ... stroom (p. 37); tante sweef haar arms so voor haar uit (p. 35). Maar hy gewaarword nie 'n meisie nie (p. 75); Towenaars alleen woon so 'n kluisenaarslewe (p. 131); deur sy fluksheid het hy gou bevorder tot kommandant. .. (p. 209); Uit die gewoel... hef 'n nat voorhoof omhoog (p. 211); agtervolg (p. 60); die doudruppels... blinken skitter en rol boomstamme orals af" (p. 54). Lomp, of heeltemal onverstaanbaar is o. a. die volgende: „ Haar gemoed skiet haar diep (p. 60); Die grasdak... skep nuwe herinneringe... te voorskyn (p. 98); met 'n gefynde oor (p. 79); Ek worstel om van 'n betowerende wilskrag los te kom (p. 123); 'n stulpende onderaardse skok (p. 141); 'n Vaal hond ... vlieg ... uit sy skuilplek, haal-haal oor die gedraai of die ruiter hou-hou met sy karwats agtertoe .. . (p. 61); die vroutjie ... word veronderstel deur haar rokende man langsr aan (p. 152); die agent is toegehul in die geheime; deur al sy omgewings van grootheid en deftigheid, word geen ondersoek ingestel nie... (p. 155); nog 'n terugdeinsende tree vorentoe" (p. 228). Die volgende rariteite gebruik Maré ook: geheelal (p. 42); die toeskou van so 'n klomp waens... het 'n dagbreek-oujaarsmore net toepaslik gekleur (p. 14); gewigte rapport (p. 40); 'n staanbeeld uitgehou in graniet (p. 43); met opgestrekte lippe (p. 56); wyshooftig (p. 70); diep bewoog (p. 72) j Die jonge rapportganger... arriveer LÉON MARÉ. 198 terug (p. 114); opgedoste krygsmanne (p. 125); sissendevurige dinamiet lonte1) (p. 141K Hoe die skrywer soms sukkel, blyk uit die volgende. In die eerste druk kom voor: ,,'n toegerankte grennadella stoepie" (p. 43). Dit word in die twede druk: 'n grenadella.gerankte stoep"! (p. 44)- Op p. 122 kry ons weer ,,'n toegerankte grenadella-veranda". 2) Soms is daar iets telegramagtigs in die styl, meestal veroorsaak deur die veelvuldige gebruik van verlede deelwoorde. Wanneer Ter Blanche die voorhuiskamer beskou, .lees ons: ,,'n Mooi aardige skulpaddoppie kom eindelik onder oog, opgestaan en oorgetree, en dit word gou opgetel van die tafeltjie, waar 'n groen kleedjie netjies oorgetrek is, en waarop 'n groot lamp met 'n kleurio-e oorglas staan, en dit word noukeung beskou en bewonder." (p. 56.) Dit is 'n tiepiese voorbeeld van Maré se verwarde, inmekaargedrukte sinne, slordig aanmekaar gekoppel. Sulke £#-*#-reekse is daar soos bossies. „En eindelik sissend en stomend verlaat die lokomotief die treinstasie stadig, en onder 'n geween en geskreeu van „hoeré!" en hoede in die lug opgegooi. En sy (!) trek voort, en nouliks ... ens." (p. 68). Dat die koppelwoord naderhand glad geen betekenis meer het nie, of heeltemal verkeerd gebruik word, blyk uit sinne soos die volgende: „Onderwyl hy besig is, kom die diensmeisie binne, en met 'n silwer teepot, en sinese koppies en pierings... Engelse invloed blyk uit die volgende: „ n Man van professie (p. 178); dit help nie vir ons om oor gestorte melk te huil nie (p. 190); tot my dooddag toe (p. 207); 'n buig" (p. 160). i) Vgl. ook p. 238. „Die twee is getroud..." ens. 200 a. du biel. § 15- A. du Biel. A. du Biel is die 27ste Oktober 1884 gebore op Geelhoutboom, distrik Mosselbaai. Gereelde onderwys het hy nooit gehad nie en in „die bittere publieke skool van die lewe" het hy al sy kennis opgedoen. Van sy twaalfde jaar af het hy baie gelees en van kleins af met' sy vader lang reise gedoen. Maar reeds op vyftienjarige leeftyd moes hy sukkel om vir homself 'n bestaan te vind en 'n weinig later het die sorg vir. sy ouers ook op honi geval. Getrou het hy in 1914 onder baie moeilike omstandighede geskryf. i) Die Misdade van die Vaders het in iqi&9 verskyn. 'n Nuwe roman, Kain, wat oor die periode 1870—80 handel is nou in die pers. Op die oomblik verskyn in afleweringe Oor Berg en Vlakte of Onder die Vterkleur, 'n verhaal vir die jeug, in die eerste nommer waarvan „pakkende awonture" in vooruitsig o-estel word. Die letterkunde beskou Du Biel as „die^ kragtigste wapen om ons volkie te ontwikkel". Hy streef veral daarna om die leeslus van jong Suid-Afrika op te wek. Getrou. Dit is 'n Hugenote-roman, die gebeurtenisse waarvan in Frankryk, Holland en Suid-Afrika plaasvind. Die Europese atmosfeer is egter so swak aangedui, dat dit net so goed Pole of Tibet kon gewees 't. Moet die praatjies oor Lodewyk XIV, die „prag en praal van Versailles" en 'n paar armsalige ma chère's ons nou onder die indruk bring, dat ons in Frankryk verkeer? Met die innerlike kern van die tydperk kom ons nooit in aanraking nie, en die historiese vliesie is baie dun. Met 'n komieklike naïwiteit vertel Du Biel ons in beeldspraak, wat baie op die van Von Wielligh gelyk, hoe hy gesukkel het om „Vader Tyd se rytuig" te laat stil hou! (p. 142). „Dit neem dan ook heelwat inspanning van dieverbeeldingskrag om die plek voor te stel soos dit twee eeue Oorspronklik as vervolgstorie in Die Huisgenoot verskyn; in 1921 in Die Burger-Leeskring uitgegee. A. DU BIEL. 201 gelede was, want die meedoënlose hand van vooruitgang spaar nie die oudhede nie" (p. 141). Dat die koms van die Hugenote was „die stigting van die Afrikaanse volk" (p. 127), is 'n onjuiste bewering. Verrassend is die meedeling, dat die sewentiende eeu veral die eeu was „waarin die hele wêreld sy eie sienswyse wou handhaaf ten spyte van Kristelike liefde, van reg — ja, ten spyte van die Almagtige" (p. 147). Ook die volgende slaan ons heeltemal dronk: „As ons die Amerikaanse volk beskou . . . dan vind ons oral 'n diep bewussyn van die majesteit van die Allerhoogste" (p. 127). Sulke bewerings toon duidelik dat die skrywer 'n primitiewe historiese insig het. Van 'n realistiese uitbeelding is daar dan ook geen sprake nie. „So 'n man was ds. Pierre Simond, en ons kan aanneem dat voorgaande in hoofsaak sy lewensgeskiedenis was" (p. 146). Moet hy felle emosie beskryf, dan pas hy die welbekende sluier-taktiek toe! „Wel, leser, ons sal die twee vanaand nie verder volg nie. Daar is tye in die lewe van 'n mens wat te heilig is om aan vreemde oë te ontbloot" (p. 30). 1) Gedurig dring die skrywer homself op die voorgrond. Hy lewer prekies soos 'n teologiese student en gebruik selfs die dialoog vir sedekundige verhandelinge. 2) Die twee „ou seerobbe", wat op p. 160 begin te praat, het nog nooit soutwater geruik nie! Hoeveel sou die sewejarige Marie van Henri se storie (p. 15—20) verstaan het? Die verhaal is van die Johannes van Wyk-soorX. —j 'n aaneenstrengeling van awonture — soms erg onwaarskynlike. Daar is 'n toneelheid, wat wondere verrig, 'n skurk doodsteek en selfs Adriaan van der Stel laat sidder. Die skurk is „nie geheel sleg nie — geen mens is" (p. 99). 3) Tog kom daar van die psigologie nie veel tereg nie. Die ontstaan van liefde is vir Du Biel eenvoudig. „Daar is diepe agting in haar hart vir haar vriend —'n agting wat besig is om in liefde te verander: die enigste weg waarlangs 'n edele liefde kan ontstaan"! Vgl. o.a. ook nog p. 210. „Ek laat dit aan die verbeeldingskrag van die leser oor...."! 3) O. a. p. 184. 8) Waarom is dit „die treurspel van mislukte lewens"? 202 A. DU BIEL. {p. 53).!) Die ingewikkeldste psigologiese prosesse word ons in een sinnetjie meegedeel. „In een uur het hy van 'n jongeling tot 'n man geword" (p. 38). Ofskoon heeltemal slegte mense volgens Du Biel dus nie bestaan nie, skyn hy aan heeltemal goeies tog te geloof, want Van Bergen is stroperig braaf en daar is nog ander ook wat niks op hul kerfstok het nie. Potsierlik is veral die toneel met Juffr. Le Notre. (p. 54 vlg.) Die Misdade Tan die Taders. Veel beter geslaag is Die Misdade ■ van die Vaders. Hier is die skrywer op meer bekende terrein, want dit is 'n verhaal uit die Voortrekker-periode. Jan Alpenveld, 'n misdadiger besluit om aan die Kaap 'n fatsoenlike lewe te begin. Met sy hoflike maniere verower hy die hart van Annie Bester, 'n eenvoudige plaasmeisie, die aangenome kind van Petrus Liebenberg, wat verloof was aan sy seun Tjaart. As Oom Petrus beswaar maak teen die huwelik, vlug Annie met Jan Kaap toe. Annie is die dogter van ,,'n roekelose kérel en 'n hopelose dronkaard" (p. n 2de druk). „Die Heilige Skrif is vir (Liebenberg) 'n lewendige wet en hy trag om dit letterlik te volg". Na Annie se vlug sny hy haar naam uit die famielie-register voor in die Bybel en lees daaruit die vervloeking plegtig voor: „Die de misdaad der vaderen bezoek aan de kinderen, aan het derde, en aan het vierde lid dergenen, die Mij haten." Jan Alpenveld raak na enige tyd in die hande van die gereg maar tussen sy seun, Nikolaas en Tjaart se dogter, Lenie ontstaan weer 'n liefdesbetrekking, wat deur dieselfde Bybelteks verydel word. Nikolaas trek alleen na die woeste Noorde, waar hy later op geheimsinnige wyse groot dienste aan die Trekkers bewys. Hy ontmoet Lenie weer en val in 'n geveg met die Kaffers. Tjaart word deur sy vrou geleer, dat die grootste gebod die van die liefde is. Twee motiewe uit Getrou word nog 'n keer gebruik. Ek kursiveer. A. DU BIEL. 2Q8 Soos Annette in haar eenvoud verlei word deur die genoegens van Parys en die mooi praatjies van La Fontaine, word ook Annie Bester bekoor deur die fyner lewe in Kaapstad en die vername houding van „Graaf Alpenveld". Van Bergen bewys sy ou vrinde groot dienste sonder dat sy ware naam bekend word, Alpenveld net so. Die geheimsinnige „Verdwynende Boerewag" is 'n knap verafrikaansing van die dolende middeleeuse ridder. In plaas van gifbrakende monsters veg hy teen leeus: die skone dame word nie uit 'n onderaardse kerker van 'n betowerde kasteel gered nie, maar uit die hut van 'n Kafferkaptein. Die Voortrekkers word verdedig teen lasterpraatjes; die vrymaking van die slawe, die kafferpolitiek van die Britse regering en die handelwyse van die Engelse sendelinge word bespreek, 'n Poging word gedoen om dit alles binne die kader van die verhaal te hou; die historiese uitweidings is kort. „Dit sou te lank duur om alles hier mee te deel ....en dit is ook geskiedenis." (p. 124). Dat Du Biel ten spyte van sy goeie verhaal tog nie daarin slaag om ons in die volle werklikheid van die Voortrekkertydperk te plaas nie, is hoofsaaklik 'n gevolg van sy gebrekkige en verouderde tegniek. Hy hou gedurig 'n praatjie met die leser, gee beskouings oor die gedrag van die karakters, las sedekundige prekies in net waar hy kan. Die hoofverhaal loop oor drie geslagte, maar daarby moet ons o.a. ook nog kennis maak met al die bewoners van Uitkyk. Die gevolg is dat die meeste persone baie vaag geteken word. Selfs waar dit enigsins uitvoeriger gebeur, soos o. a. met Lenie, kry ons selde die indruk, dat ons met werklik lewende mense te doen het. Lenie word ons op p. 59 voorgestel as 'n digteres. Dit word verseker, dat haar vader die „kundigheid" (!) waardeer, ofskoon ons van die waardering nooit iets merk nie. Die geduldige leser word op p. 135 weer aan Lenie se digterskap herinner en 'n gediogie „wat sy in dié dae gemaak het" word meegedeel.&„In die dae" is net voor die Groot Trek, maar op p. 141 word ons vertel — dis nou 'n goeie paar maande later — dat van dieselfde gedig, wat ons al klaar gelees het nog net „enkele reëls" geskryf is! 204 A. DU BIEL. Deur sulke onhandige sette i) is dit, dat ons in plaas van die uitgebeelde persone altyd sien Meneer Du Biel aan sy skryftafel, verskans agter Theal, Cory en ander historisie! „In 'n oomblik sien hy alles in sy ware kleure. Hy aanskou sy eie siel in al sy naaktheid " (p. 144). Dit is van die soort blits-psigologie, wat so dikwels in Getrou voorkom. 2) Van wat in die siel van Nikolaas en Lenie omgaan na die indrukwekkende vervloeking" deur Oom Tjaart hoor ons weinig. Du Biel bly te veel aan die buitekant. Nikolaas „lyk jare ouer: die gewone hoopvolle glimlag is van sy gelaat weg, en in plaas daarvan staat erns geskrywe" (p. 98). — „Arme Lenie! Sy is nou maar slegs die gees van wat sy vroeër was; en die treurige en hopelose blik op haar gesig is onyergeetlik" (p. 99). Later slaag Du Biel daar veel beter m om ons te laat voel die tragiese noodlot, waarteen Nikolaas tevergeefs stry. Die vloek wat op hom rus deur sy geboorte kan selfs deur sy dapperste dade nie weggeneem word nie. „Die misdade van sy vaders" maak 'n volkome rehabilitasie in die trekkerslaer onmoontlik, en dat hy sy lewe opoffer vir dieselfde mense, wat hom as 'n onwaardige uit hul gemeenskap stoot is 'n treffende kliemaks van 'n eg-menslike drama. Met sy dood is die drama uit, en die slothoofstuk verswak alleen die indruk. 3) Lenie behoort aan niemand anders as aan die gevalle held nie. Deur die kreasie van Nikolaas Alpenveld word Die Misdade van die Vaders iets meer dan 'n gewone awontureverhaaltjie. Die moralisasies, wat 'n groot gedeelte yan die roman inneem is van dieselfde gehalte as in Getrou. Daar is geen sprake van mooiheid van segging of oorspronMIkheid nie. „Hoe wonderbaar is ons lewe! Alles is veranderlik; niks bly vir een enkele uur geheei dieselfde nie." (p. 124.) Van sulke afgesaagde bewerings knoei die boek. Of anders kry ons twyfelagtige stellings ) Vgl. b.v. p. 41. „Albei sê baie wat nie juis vir ons van belang is me . Hoofstuk XIX staan op 'n verkeerde plek, en daarom moet die leser uitgenodig word „om 'n weinig terug te gaan"!; s) Vgl. ook die plotselinge omkeer by Oom Tjaart, p. 234. 8) Die sgn. proloog kan ook gerus weggelaat word. MEVROU M. JANSEN-PELLISSIER. 205 soos die volgende: „Dit is een van die wonders van die skepping dat dit in die mag van die mens is om te word wat hy verkies" (p. 50). „Die taal en styl openbaar 'n bekoorlike helderheid en "eenvoud", verklaar Prof. J. J. Smith in sy voorwoord. Helder en eenvoudig is dit seker, maar dit mis alle bekoorlikheid, omdat Du Biel geen eie stem het nie. Daar is niks persoonliks in sy styl, nêrens iets wat ons ontroer deur fynheid van segging of klank nie. Dikwels stuit ons op 'n eentonige „hul-lerigheid". „Hul wou blomme pluk. Plotseling het hul 'n aantal Kaffers na hul sien aankom, en hul het begin hardloop. Hul het gou gesien dat hul nie sou voorbly nie, en het na 'n dik plek bosse weggedraai, waar hul gedink het dat hul miskien kon wegkruip. Hul het die bosse gehaal; maar hul was doodmoeg, en die Kaffers was kort agter hul. Hul moed was al byna op, toe hul by 'n erdvarkgat kom." (p. 187.) In die taal is daar 'n paar anglisismes, onder meer die volgende: „watter goeie doeleinde kan dit dien (p. 98)T ontdoen" (p. 132, 228). In Getrou: „En die dogter, is sy skoon? (Hollandisme). — O ja, sy is gangbaar (p. 39); sy is in geen haas om terug te gaan nie (p. 92); vroulike vorms" (p. 48). Die gebruik van beken en erken (p. 65, 71), gelaster (p. 86) *) is verkeerd. $ 16. Mevrou M. Jansen-Pellissier. Martha M. Pellissier is gebore op Bethulie. Haar grootvader was 'n Franse sendeling. Aan die HugenoteKollege het sy in 1909 die B. A. graad behaal, daarna onderwys gegee in Pieter-Maritzburg en in 1912 in die huwelik getree met Advokaat E. G. Jansen L. V. Vir jare al is sy een van die stuwende kragte van die Afrikaanse saak in Natal. Vir verskillende vereniginge het sy ge-ywer en onder haar leiding het die SaamwerkUnie die eerste openbare eksamens in Afrikaans gehou. In verband met die eksamens het sy haar ook toegelê op taalstudie en met medewerking van C. M. Booysen x) Ook gespot in M. v. d. V., p. 201. 206 MEVROU M. JANSEN-PELLISSIER. 'n Afrikaanse grammatika geskryf. Haar Brandwa%verhale is in 1919 gebundel onder die tietel Die Veldblommetjie en andere Verhale. Verder het sy nog geskryf Afrikaner Harte, 'n toneelstuk. Die meeste verhale in Die Veldblommetjie het 'n duidelike strekking. Dit is veral pedagogiese én seksuele vraagstukke, wat behandel word. „Die skryfster toon ons die sedebederf aan wat saam met 'n bioskoopbeskawing tot ons oorgewaai het" sê Dr. W. M. R. Malherbe in sy voorwoord. Daar is eintlik drie „veldblommetjies". Een volbring haar kinderplig ten spyte van die ontevredenheid van haar verloofde, die ander twee word verlei deur die skynskoon van die wêreld. Waarom die Agteruitgang ? is geskryf „uit oortuiging dat die agteruitgang van ons mense op godsdienstig gebied grotendeels toe te skrywe is aan die feit dat Afrikaans nie van die kansel gebruik word nie..." (p. 47). Die skryfster gaan só te werk: verskillende episodes uit die lewe word op so 'n manier samegevoeg, dat dit as afskrikwekkende voorbeeld of direkte les kan geld. Om haar moraal beter te laat inslaan, verskerp sy die situasie gewoonlik en eindig met 'n melodramaticse slot, wat soms nogal onwaarskynlik is, soos b.v. die moord op p. 169. Om meer nadruk te lê op die didaktiese doel word die lesers direk toegespreek 1) en beskouings oor die gedrag van die karakters ingevleg. 2) As gevolg van dié werkwyse het Die Veldblommetjie 'n bydrae op nasionaal-sedekundige gebied geword, wat 'n ernstige waarskuwing bevat, en sal meewerk tot opbouing van 'n gesonde Afrikaanse kuituur. Uit'n letterkundige oogpunt moet egter die bewuste vooropstelling van 'n tendens afgekeur word. Die vernaamste fout is „that the moral suggests the tale far more frequently than the tale suggests the moral" 3). „Zoodra je de bijgedachte hebt: ik wil 't leven zóó laten zien, dat de menschen onder den invloed van mijn werk op ideeën komen, die ze anders niet zouden hebben, moet je het 1) O.a. p. 61. 2) O.a. p. 183. 8) The English Novel: Walter Raleigh6, p. 268. MEVROU M. JANSEN-PELLISSIER. 207 leven een beetje verwringen, datgene er uitkiezen, waardoor die ideeën worden opgewekt, en zoodoende een eenigszins valsch beeld geven van het leven." 1) Dit is 'n gevaar waaraan die skryfster in haar ywer om ons oor te haal tot haar opvattings nie ontsnap nie, maar dit geld meer die bou en opset van die verhale, want in die uitwerking van details word ons dikwels getref deur raak tekening van die lewe op^ plaas en dorp. Natuurlik kan tendensieuse werk ook goeie kuns wees. Volgens Frederik van Eeden is die verskil tussen goeie en verkeerde tendens-literatuur dit: „dat de kunstenaar, die een zuiver kunstwerk maakt, daarbij wordt bewogen door de schoonheid van zijn idealen, ook al zijn dit ethische idealen. De mensch, die onzuiver werk maakt, denkt om den invloed, dien hij op anderen zal hebben, tracht zijn lezers over te halen tot zijn overtuiging. Dit nu kan een echt kunstenaar als zoodanig niets schelen. Die let alleen op de schoonheid van hetgeen hij voor zich ziet. Let u op een van de hoofdwerken van Shelley, dan voelt u, dat hij in grenzelooze bewondering is voor hoog-menschelijke eigenschappen. Maar u merkt niet in hem de kleinste poging om iemand te bekeeren tot zijn opvattingen. Als die bekeering komt, dan moet ze komen door de schoonheid van wat hij te aanschouwen geeft." 2) Bedenklik lyk my die houding, wat Professor Jan F. E. Celliers in sy voorwoord by die sketse Uit die Lewe van Gawie J. Otto aanneem teenoor strekkingsliteratuur. „Die meeste sketse laat hy heeltemal vir hulselwe spreek. Dog as egte Afrikaner, wat voel vir sy volk, sien hy met besorgdheid hoe gebruike en sede onder ons verander, en nie altyd in voordelige sin nie. Daarom verwyl hy graag met liefde by herinneringe uit die verlede ... en kan hy nie nalaat nie om nou en dan voor die ligbeeld te tree wat hy op die doek gooi en 'n paar ernstige woordjies met ons te praat... So 'n opbouende strekking vra nie in die eerste plaas of hierdie of daardie opvatting van kuns daarmee tevrede is nie; en dit was maar altyd en oral die kenmerk van i) Willem Kloos in De Mannen van '80 aan het Woord3: D'Oliveira,. p. 46. *) t.a. p., p. 76. 208 MEVROU M. JANSEN-PELLISSIER. die letterkunde van 'n jong volk, wat vir sy opbou waarskuwing en lering nodig het. Van die ouere skrywers is daar menigeen wat ook, so tussenin, gemoedelik met ons kan gesels." Die sedeprekery in ons letterkunde kan op dié wyse nie geregverdig word nie. Aan 'n letterkunde wat in die begin van die twintigste eeu pas ontluik, moet tog ander eise gestel word, dan aan die van volke wat al vyf of ses eeue bestaan. Is daar dan miskien sedert die tyd van Maerlant b.v. geen vooruitgang in kunsbegrip gewees nie? Moet ons literatuur dan opgebou word op hopeloos verouderde beginsels? Die Europese volke van vandag het seker nog net soveel „waarskuwing en lering" nodig as in die tyd van Maerlant, en tog is daar geen enkele kunstenaar, wat nou nog b.v. natuurlike historie op rym gee nie. As ons skrywers voortgaan met die „gemoedelike geselsery" en sedeprekery, dan kry ons 'n versameling van traktaatjies en geen letterkunde nie. Wanneer iemand sketse uit die lewe skryf, dan moet dit só lewend wees, dat die skrywer nie nog met 'n stokkie by sy beeld hoef te staan en preek nie. Teken hy die egte Boereseuns, dan sal ons vanself weet, dat hy nie die „bioskoopaanbidders, sigaretteverslinders, ens" bedoel nie. (p. 16.) „Al wat werkelijk schoon is geeft een zekere veredeling en heeft daardoor ook overeenkomst met godsdienstige dingen. Als iemand die goed begrijpt en als iemand een stuk kunst goed begrijpt, dan wordt hij daardoor tot nadenken gebracht en dan wordt hij er ook beter door. Het zal ethisch werken, zooals ook de muziek ethisch werkt..." 1) Op dié wyse werk die kuns mee tot die opheffing van 'n nasie. Die dae van Vader Cats is verby. Ons het tot die oortuiging gekom, dat „juist het aller-subliemste in den mensch, het edelste, door iemand die er didaktisch naar zou streven niet kan worden bereikt... Zoodra je didaktisch te werk gaat, moet je de menschen al redeneerend er toe brengen goed te zijn. Maar wanneer je de menschen kunt ontroeren door schoonheid, dan worden zij vanzelf goed." 2) | 2) Lodewijk van Deyssel. t. a. p , p. 32. 3) Herman Robbers, in De Jongere Generatie: D'Oliveira, p. 120. J. H. MALAN. 209 Enkele verhale 'va. Die Veldblommetjie is sonder strekking. Ons Heldinne beskryf die tyding van vlugtende vroue gedurende die Anglo-Boere-oorlog; Andrus is 'n grapperige vertelling van die makmaak van 'n kwaai vrou en Die Storie van 'n Lam 'n goeie kinderverhaal. Die skryfster het 'n aangename verteltoon, wat alleen in Liefdeswee spore van retoriek vertoon. Hier hoor ons o.a. van hartsnare (p. 177) en dat „die tand van twee lange jare byt" (p. 183). Ook die beeldspraak word troebel: „In sy donkere kykers, skuil daar nou weemoedige skaduwees wat die weerkaatsing is van die soet-suur liefdesbrand in die hart" (p. 174). Die styl is eoter deurgaans helder en natuurlik. In Liefdeswee is daar 'n paar mooi brokkies natuurbeskrywing. Enkele anglisismes kom voor, o.a.: „Perderuiters .... dring hul 'n weg deur die skaar (p. 24); ek gaan vir ft wandeling (p. 42); Tante .... haas na die kombuis : Ou !-£ TÜi èTHpXVSITTÓtTtXli vpa.%SGl VXVTCOS tVSITTl ?>f AA?07$ xpsTYji % Kxxix: x^Xa. irpxy/xx fipxx" noXXaxt;, xxi /Sijjtia, xxl nxtlix t<; êptpxrtv vi®ou; ino'tviaev (lxXXov >j /a*%a/ fivpióvsxpoi, irxpxrx^el^ x'i /x£y(5-T«;, xxl xoMopxix ttóKsuv.2) Samuel Johnson het ook 'n juiste opmerking gemaak. Sommige biograwe, sê hy, „rarely afford any other account than might be collected from public papers, but imagine themselyes writing a life, when they exhibit a chronological series of acrions or preferments; and have so little regard to the manners or behaviour of their heroes, that mere knowledge may be gained of a mans real character by a short conversation !) Edwards and Hole, t. a. p., p. 24-5. 2) Gesiteer deur James Boswell in sy Life of Samuel Johnson. Hy gee daarby die volgende vertaling van Langhorne: Nor is it always in the most distinguished achievements that men's virtues or vices may be best discerned; but very often an action of small note, a short saying, or a jest, shall distinguish a person's real character more than the greatest sieges, or the most important battles." Uitgawe Napier, I, p. 6. 21 322 with one of his servants, than from a formal and studied narrahve begun with his pedigree and ended with his J-uneral. i) Wanneer die skrywer sy boustof omwerk tot n gebou, verdien die gekursiveerde woorde seker nader oorweging. In die volgende hoofstukke word die onderhandelinge wat gelei 't tot die nouer vereniging van die twee republieke beskryf. Dan volg die diktaat van President bteyn waarin die staatkundige gebeurtenisse vanaf 1896—1899 uiteengeset word. Vervolgens gee die skrywer n gedokumenteerde verslag van die onderhandelinge wat aan die oorlogsverklaring voorafgegaan 't Die tok geduld sowel as staatsmansbeleid en beslistheid"van die Vrystaatse President word daardeur duidelik geopenbaar (I, p. 235). „Hoewel hy ook lank reeds aan vrede gewanhoop het, was hy egter beslis om nie na die wapen te gryp nie voor hy met 'n rein gewete sy volk kon verseker dat elke moontlike middel te baat geneem was om die onheil af te keer" (I, p. 246). Die President se houding blyk duidelik uit sy antwoord aan 'n paar offisiere wat gesê 't: „Laat ons maar veg": „Ek stem nie toe tot oorlog 'n minuut voor dit nie anders kan me, maar weet dit, as ek die dag sê „Oorlog" dan moet julle nie met my van vrede kom praat nie.' Dan moet dit gaan tot die bitter einde" (I, p. 273) Manlike woorde van een, wat ook met dade bewys 't, dat hy tot die grootste van die Bittereinders behoort' Hoe graag sou ons meer wil weet van die „sieleworsteling" daar in die eensame veld, op 'n stille sabbatsmore 8 Uktober 1899 — net voor die versending van die ultimatum. (I, p. 275.) Maar dit is een van die dramatiese momente wat die biograaf net vir ons aanstip. Wanneer Steyn, gebroke in die liggaam, maar onverwinhk in die gees afskeid neem van sy getroue by Vereniging, dan sê Van der Merwe ook: „Geen pen kan dit ooit beskryf nie" (II, p. 5l). En as die sterke man, gedeeltelik herstel terugkeer na sy geannekseerde vaderland, dan roep die skrywer weer uit: Wat dié middag deur die hart van die Vrystaters by Kaalspruit- *) Rambler, No. 60. DR. N. J. VAN DER MERWE. 323 stasie (naby Onzerust) gegaan het, sal geen pen ooit beskrywe nie" (II, p. 148). Maar sulke verklarings help ons nie om die tragiek van Steyn en sy volk se lyding te begryp nie. Hier moet die kunstenaar-biograaf deur die skoonheid van sy beeldende woord, deur die innigheid van sy weergawe ons ontroer, hier kan hy nie volstaan met 'n blote vermelding van feite nie! In die twede deel word Steyn as „die siel van die vryheidstryd" geteken. „Om sy ware grootheid te leer ken, moes 'n mens hom egter in sy daaglikse handel en wandel onder sy offisiere en burgers sien" (II, p. 34). Hier word Van der Merwe in waarheid weer lewensbeskrywer, want uit die kommando-anekdotes leer ons Steyn as mens veel beter ken as uit sy offisiële depêches. Sou „die half-barbaarse gesegdes van Ruiter" (II, p. 37) wat ons weerhou word, „uit vrees dat die leser wat Ruiter nie geken het nie" dit „wat ru en plat sal vind", sou dit nie die realiteit van die skildering verhoog 't nie? Hier geld Plutarchus en Johnson se opmerkings weer. In die volgende hoofstuk is die president weer self aan die woord en vertel hy van die „poginge tot vrede". Mev. Steyn se oorlogservarings en haar ontmoeting met die president na die vrede, hulle vertrek na Europa om herstel van gesondheid te soek word dan beskryf. Onder die geneeskundige behandeling van prof. Winkler kom die langsame herwinning van lewenskragte en eindelik keer die volksheld weer tot sy vaderland terug. Die beskrywing van die lewe op Onzerust is goed geslaag, en op treffende wyse word Steyn, as „volksiener en raadsman" geteken. Sy bemoeiings om selfregering en die vereniging van die verskillende state te verkry is die onderwerp van die volgende hoofstukke. Wanneer die politieke verdeeldheid na die totstandkoming van die Unie begint, is Pres. Steyn weer die raadsman van al die leiers. „Die enigste plek waar al die partye so nou en dan in die gesonde lug van vertroue kom asem skep het, was daardie boerplasie op die vlaktes van Kaalspruit. Almal het daar hulle hart kom lug. Niemand het tevergeefs na Onzerust gekom nie. Soos 'n vader innig besorg oor dreigende onenigheid onder sy kinders, het President 324 MEVR. LENIE BOSHOFF-LIEBENBERG. Steyn alles in sy vermoë gedoen om vrede en eenheid te bewaar" (II, p. 242). Die onderhandelinge tydens die Hertzogkriesis en die rebellie word in extenso afgedruk. Daar is ook 'n uiteensetting van die president self oor sy houding tydens laasgenoemde gebeurtenis. In die slothoofstuk word die laaste dae van die president, sy begrafnis en die roudienste beskryf. In sy voorwoord het die skrywer die hoop uitgedruk, dat sy arbeid ,,iets sal bydra om die inspirasie van president Steyn se lewe vir die Volk te bewaar en lig te werp op 'n seer belangrike deel van ons volksgeskiedenis..." (p. VII). Dié doel sal hy ongetwyfeld bereik, nie alleen omdat sy stof van soveel nasionale belang is nie, maar ook omdat sy lewensbeskrywing uitmunt deur 'n helder, goedversorgde styl. § 14. Mevr. Lenie Boshoff—Lieoenoerg. Moedersmart en Kinderleed, (1921). „Dis van die grootste belang dat persoonlike ondervindinge, soos hierdie in verband met die lewe in die Konsentrasiekampe, vir die nageslagte bewaard bly. Dis almal kosbare materiaal vir die toekomstige skrywers wat ernstige werk sal maak van ons geskiedenis en ons volk se geaardheid noukeurig sal bestudeer." Aldus Jan Celliers in sy voorwoord, en daarmee het hy die waarde van die boekie goed aangedui. Die skryfster het agtien maande in die konsentrasiekampe gesit en deel haar ervarings op ongekunstelde wyse, sonder enige literêre pretensies mee. Sy praat so reg uit haar hart oor die dae van bitter swaarkry en ons luister met ontroerde gemoed... In algemene trekke ken ons die lydensgeskiedenis van die kampe, maar dis juis die persoonlike element van herinneringe soos die van Mevr. Boshoff wat daar 'n inniger lewe aan sal gee vir die nageslag. Daar is ander vroue wat hul ondervindings ook te boek geste) 't, en dis 'n voorbeeld wat navolo-inp- verdien. 326 want daar gaat nog meer as een vertelling uit dié tyd van mond tot mond, wat vir ons geskiedenis nie mag verlore gaan nie. Die twede gedeelte van Moedersmart en Kinderleed bevat „herinneringe uit die laaste oorlog", o. a. 'n verhaal van 'n huisgesin verwoes deur drank", wat oor die algemeen minder geslaag is as die eerste gedeelte. „Alles hierin meegedeel is die waarheid en niks minder dan die waarheid" verklaar die skryfster. Dit verhoog die waarde van die meedelings, wat dus van historiese belang is en ons ook 'n merkwaardige kyk gee op die lyding van die Boerevrou en die heroïese wyse waarop sy dit gedra 't. NAAMREGISTER. Alleen die name van Suid-Afrikaanse skrywers en persone is hier opgeneem. Die plek waar die vernaamste bespreking(s) voorkom, is met kursiewe syfers aangedui. A. Aschenborn, Hans Anton, 269 Beyers, Generaal C. J., 292. Bezuidenhout, Daniël, 313. Biel, A. du, 58, 200- 205. Blok, Thos., 304-305 Boonzaaier, 121. Booysen, C M., 205. Boshoff, J. N., 313. Boshoff-Liebenberg, Mevr. Lenie, 324- B. Boshoff, Dr. S. P. E., 292-293. Bosman, Sadie, 225 — 228. Brink, Melt, 2, 3, 197. Bruggen, J. van, 21, 23, 46, 47, 161-176. Bruggen, J. R. L. van (Kleinjan) 47, 58. * 1 Brümmer, Ds. N. J., 14, 29, 32 33, 43, 44- c. Cachet, Prof. Jan Lion, 231. Cillié, Dr. G., 12. Cillié, Hettie, 46'—53. Celliers, Prof J. F. E., 5, 7, 10 11, 12, 15, 17, 22, 31, 47 48—53, 194, 207, 228, 285, 324 Conradie, Ds., 27. D. D'Arbez, Sien Oordt, J. F. van. Dugteren, C. J. L. Ruysch van, 55 Dómine, Sien Jacobs, A. J. 328 NAAMREGISTER. E. Engela, J. G., 135-136. I Erasmus, D. J., 308. Engelbrecht, J. F., 55. Euvrard, Chris. C, 158-159. Engelenburg, Dr. 277. F. Fagan, Adv. H. A., 36,51,181 — 183. I Fouché, Dr. Leo, 105, %, Fanie, Oom, Sien Malan, J. H. | Fourie, Chris, 185. Gass, Van, 278. I Gieljam, Stoffel, Sien Langenhoven. Gerdener, Ds. G. B. A., 305—307. | Goldblatt, Sarah, 182. H. Hatting, J. H., 278. 1 Hermanus, 59. Heerden, Ds. J. P. van, 11. Hertzog, Genl., 6, 101. Heerden, Mevr. Iz. van (Tannie Hoffman, Pres., 304. van die Brandwag), 46. Hofmeyr, J. H. (Onze Jan), 41,313. Heerden, Iz. van, (Vaalswaer), 54. Hofmeyr, Marjorie, 182. Heever, Adv. F. v. d., 60. | Hoogenhout, C. P., 209. J. Jacobs, A. J. Dómine, 270—273. I Jeppe, Carl, 55. Jansen-Pelissier, Mevr. M., 46, Jordaan, G., 261. $05-209. K. Kamp, Prof. J., 18. Keet, Prof. B. B., 36. Kestell, Ds. J. IX, 17, 313-317. Kleinjan, Sien Van Bruggen, J. R .L. I Klerk, L. C, de 278. Koopmans-de Wet, Mevr. Maria, 41, 302. j Kruger, Ds. J. H., 219 — 225. I Kruger, Pres., 7, 23, 283. L. Langenhoven, Adv. C. J., 21, 24, Leipoldt, Dr. C. Louis, 34, 58, 37, 38, 39, 40, 136-140, 259-261. 239 - 248, 249 - 259, 277, 284. Lombaard, H. S, 291 Linde, M., 58. Lub, J., 21, 133—135. NAAMREGISTER. 329 M. Malan, Dr. D. F., 13, 31. Malan, Essie, 182. Malan, J. H., ar, 159, i6o,209—219, 288-291. Marais, Adv. Eugène, N., 47, 48, 60, 276. Marais, Prof. I. J., 16, 17. Maré, Léon, 23, 46, 188-197. Maré, Steph, 55. Marius, 45. Malherbe, Dr. D. F., 43, 60, 94, 141-158. Malherbe, Mevr. K., 60. Malherbe, Dr. W. M. R., 33, 45, 206. Maritz, Genl., 53, 293. Merwe, Dr. N. J. van der, 317—324. Meurant, L. H., 1. Mimmie, Nig., 54. Moorrees, Prof. A., 17. Muir, Dr., 177. Muller, Dr. T. B., 34- 36, 176. Munnik, Senator G. G., 311—313. N. Neelsie, Sagmoedige, — — Sien Langenhoven. | O. O'Kulis, Dr., — Sien Postma, I Oordt, J. F. van, 55. Ds. Willem Oosthuyse, Marthmus, 313. Oldendorf, Helene, li Otto, G. J., 207, 228-229. P. Pannevis, A., 1. Pienaar, A. A., (Sangiro), 23, 58, 262-269, 293. Pienaar, Dr. E. C., 11, 29, 42, 57, 128, 137, 141, 287. Pierneef, 184. Plessis, L. J. du, 292. Postma, Rikie, 58, 182. Postma, Ds. Willem (Dr. O'Kulis), 231—233, 300-304. Preller, G. S., 5, 21, 24, 30, 31, 37, 42, 45, 461 47, x37, 274, 275, 276 - 288. Pretorius, President, 276. R. Reitz, Pres. F. W. 2, 312. Reitz, Joubert, 159-161, 210. Rey, Genl. de la, 276. Roubaix, E. de, 45, 46, 53-54. Roux, Frina, 184. Rozenburg, Jan van, Sien Waal, Adv. de Reenen, Reenen J. van, 11, 23, 59, 183-188, 234- 239. s. Sangiro, Sien Pienaar, A. A. Schoon, Ds. H. F., 278. Schumann, T., 182. Slypsteen, 230. Smit, Erasmus, 27S. Smith, J. A., 294-295. Smith, Prof. J. J., 1, 2, 15, 34,36, 40, 55, 57, T76, 205. Smuts, Generaal Jan, 65, 100. Steenkamp, Anna, 278. Steyn, Dr. H. J., 11, 15. Steyn, President, 275, 313. Steytler, Ds. A I., 40. Swart, C. R., 182. 830 NAAMREGISTER. T. Tannie van die Brandwag, Sien I Toit, Dr. J. D. du, (Totius), 16, Mevr. Iz. van Heerden. 231, 232, 296 — 300. Theunissen, N. H, 59, 182. Tomlinson, G. C., 36, 176—180. Toit, D. P. du, 24, 197-199. Totius, Sien Toit, J. D. du, Toit, Ds. S. J. du, 1, 2, 41, 197, Trichardt, Karl, 279. 292, 297, 298, 300; V. Vaalswaer, Sien Iz. van Heerden. Velden, D. van, 313. Veritas, 182. Viljoen, Dr. W*. J., 210. Villiers, F. E. de, 182. Waal, Adv. J. H. H. de, 21, 24, 29, 3°, 4i, 42, 43, 47, 100-133, 230, 285, 200, 300. Walt, A. J. van der, 307—311. Wessels. D. W., 182. Wet, Generaal De, 313. I Wet. Mevr. De, 316. Wieïligh, G. R. von, 28, 62— 99, 182, 183. Wijk, Eugène C. van, 1S2. Wolla, 229. z. Zinn, Christian, 140-141. STELLINGE. I. Die aandeel van Gustav Preller in die Twede Afrikaanse Beweging word deur Dr. E. C. Pienaar in sy dissertasie oorskat. II. By die literatuuronderwys behoort die hoofdoel nie te wees die uitpluisery van taalkundige vraagstukke nie, maar wel die opvoeding tot 'n begrip van skoonheid. III. „Wanneer de schaduw valt, en dat het sterflijck Dal Snachts vleughelen bespreet, zoo slaept den [grooten Al, De Son, in Thetis schoot, ..." Pascha, (739-41) Verklaar met Diferee, dat de schaduw des nachts de aarde met vleugelen bespreidt en dat „den grooten Al" de zon is die 't alles verlicht, en niet 't heelal zoals Van Lennep en Unger menen. IV. In het geding tussen Dr. Leendertz en Dr. Sterck of Eusebia, aan wie Vondels Perer en Pauwels werd opgedragen, Anna van den Vondel of Maria Tesselschade Roemers zou zijn, heeft Dr. Sterck gelijk. V. De bewering van John Middleton Murry, dat James Boswell een absolute pionier op het pad der biografie was, is onjuist. VI. De mening van Di\Theal, dat Jan van Riebeeck uit lage stand in Kompanjiesdienst is opgeklommen kan niet als juist worden aanvaard. VII. „In sommige van sy liedjies en in 'n heel enkele reël ook, is daar onmiskenbare bewys van ware poetiese gevoel en digterlike uitdrukking. Al wat mankeer is die handskaaf en die sandpapier." (Adv. E. N. Marais in Die Brandwag, Maart 1920.) So 'n bewering is in stryd met die wese van alle egte poesie. VIII. Gemeenskapskuns behoort nie as algemene leuse voorgeskryf te word nie. I DIE PROSA VAN DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING. [Aan my orou en binders. r VOORWOORD. Wanneer ek van die laaste skof op die akademiese pad terugblik, dan is dit my 'n aangename plig om die Here Hooglerare van die Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte te bedank vir die onderwys wat ek gedurende enige jare kon ontvang. Besonderlik wil ek U, hooggeleerde Prinsen, my geagte promotor bedank vir u voortreflike leiding, waaraan my dissertasie veel te danke het. Ook aan U, hooggeleerde Boer, Brugmans en Stoett wens ek my opregte dank uit te spreek vir die inleiding in die hoëre taal- en historiese wetenskap. Die welwillende belangstelling wat U steeds in my studie getoon het, sal altoos vir my 'n aangename herinnering wees. Aan U, hooggeleerde Six, Swaen en Scholte betuig ek ook my erkentelikheid. Dat ek my proefskrif in my moedertaal kon skryf, is 'n voorreg wat ek baie op prys stel. Aan die hulpvaardigheid wat ek steeds by die UniversiteitsBibliotheek en by die Nederlandsche Zuid-Af rikaansche Vereeniging ondervind het, is ek veel verskuldig; ook aan die direksie van die N'ederlandsche Bank van Zuid-Afrika vir opestelling van hul argief. Met opoffering van eie belange het die heer en mevrou Spier, die heer J. Ingwersen Sr., mevrou Schaberg-Kemink en die famielie Nierkens aan my en my gesin in die tyd van die groot woningnood 'n rustige woon- en studeerplekkie gegee. Dat ons dit ten hoogste waardeer, spreek vanself. Sonder die daadwerklike steun van die Unie-regering en die Herman-C osterFonds sou ek my studie nie kon voltooi het nie. Aan almal ons innige dank! Dié dank kom ook toe aan ons Hollandse vriende, wat soveel gedoen het om ons verblyf hier te veraangenaam deur hul gasvryheid en hul bereidwilligheid om ons steeds met raad en daad by te staan. In die sonnige suide sal die glimlag van hul vriendskap nie vergeet word nie! HOOFSTUK l. Die Twede Afrikaanse Beweging. § i. Historiese Inleiding. Meer as sestig jaar gelede het die eerste Afrikaanse geskrif verskyn, die Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en yan Twijfelaar over het onderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelijke en Westelijke Provincie (x86i). Merkwaardig genoeg is dit 'n Engelsman gewees, wat allèreers tot die tans so vanselfsprekende gevolgtrekking gekom het, dat Afrikaners Afrikaans praat en bygevolg dié taal ook sou kon lees en beter verstaan as Hollands. Prof. J. J. Smith het onlangs ontdek, dat die skrywer van die politieke vlugskrif die Cradockse magistraat Li H. Meurant (1811—1892) was.1) Ongeveer tien jaar na die verskyning van die eerste Afrikaanse boek word Ds. S. J. du Toit oortuig van die deugdelikheid van die volkstaal deur die Hollandse onderwyser Arnoldus Pannevis. Wanneer laasgenoemde op 7 September 1872 in De Zuid-Afrikaan 'n artiekel skryf oor De Bijbel in het Afrikaansch, dan begint die Eerste Beweging, wat op 14 Augustus 1875 vaste vorm kry deur die oprigting van Die Genootskap van Regte Afrikaners. 2) Die verdienstelike werk deur die Eerste Beweging, nie alleen op taal- maar ook op nasionale gebied verrig, is deur verskillende skrywers behandel. 3) Reeds vóór die *) Vgl. Die Huisgenoot, Jan. 1922: Eerste Skrywers en Eerste Geskrifte in Afrikaans. z) Die vyftigste verjaardag van die Genootskap in 1925 mag seker nie ongemerk verbygaan nie. 3) Dr. L. van Niekerk: De Eerste Afr. Taalbeweging (1916); Ds. S. J. du Toit in Weg en Werk, deur Dr. J. D. du Toit (1917); Eerste skrywers deur G. R. von Wielligh (1918); S. J. du Toit, Geskidenis van die Afr. Taalbeweging (1880). t 2 HISTORIESE INLEIDING. anneksasie van die Transvaalse Republiek (1877) het Die Patriot al roering in die Kaapprovinsie veroorsaak; 1) „en in die jare van lydelike verset wat daarop gevolg het, kom die patriottiese ontboeseminge vinnig in verset teen die nasionale druk; 'n oorkropte gemoed stort hom dikwels uit in bittere versugtinge, of die digter verdiep hom in blye bespieëlinge van 'n mooier móreskemer, eendag."2) Maar die groot stoot, wat gelei het tot 'n nasionale herlewing deur die hele land het eers gekom met die Vryheidsoorlog. Op 15 April 1881 verklaar Die Patriot: „Die Afrikaners, veral die jeug, het nou 'n afkeer gekrij teën vreemde tale en sede, veral teen Engels, en daar is 'n ambisie opgewek ver ons eie volk en ons eie taal Die verwijt dat ons, Afrikaners, gen nasionaliteitsgevoel het nie, is oek nou beskaam."3) Dit was die eerste kragtige ontwikkeling van die volksbewussyn, waarvan in die stryd teen Willem Adriaan van der Stel al duidelike kieme te sien is. 4) Tot volle rypheid het die volksbewussyn egter in 1881 nie gekom nie. Die Jameson-inval veroorsaak in 1895 weer 'n sterk opflikkering van die volksgees, maar in die tyd kwyn ook die Patriot-beweging dood, weens die on-Afrikaanse politiek van die leier, Ds. S. J. du Toit. „Die genadeslag aan die vooruitgang van ons taal is toegedien deur die politieke volte face — en gevolgelike onpopulariteit — van die persoon, die aan die spits gestaan het van die beweging wat, in die oë van die publiek, onafskeidelik aan hom verbonde was." 5) Heeltemal dood was die Afrikaanse Beweging egter nie, en in die volgende periode het o. a. die bloemlesing van Pres. F. W. Reitz, Twee-en-SesJig Uitgesogte Gedigte, asook die talryke bundels van Melt Brink goeie dienste bewys. Seer juis is die opmerking van Prof. J. J. Smith: „Dat Melt Brink in sy tyd 'n kultuurfaktor van betekenis was, val nie in die minste te betwyfel nie In later jare het beoordelaars sy taal as onafrikaans en sy kuns as onaan- 1) Vgl. Ds. S. J. du Toit in Weg en Werk, p. 203. s) Preller: Inleiding tot Die Vlakte, 5de druk, p. 7. s) Gesiteer deur Dr. J. D. du Toit: Ds. S. /. du Toit, p. 210. 4) Vgl. Dr. S. P. E. Boshoff: Volk en Taal van Suid-Afrika, p. 62. 6) J. H. H. de Waal in Die Burger, 12 en 13 Aug. 1921. 6 DIE TWEDE BEWEGING VEEL MEER DAN TAALBEWEGING. taal . . . . dan kan dit ons nie verwonder nie as baie mense dink: die Afrikaanse taal is nou net geskik om mekaar grappies te vertel en mekaar lekker te laat lag. Alhoewel erken moet word dat sommige van die grappies en grappige versies goeie werk is, is dit ons tog duidelik dat van die Afrikaanse taal meer ge-eis word .... Omdat toevallig die vrolike kant van ons geaardheid sig die sterkste geopenbaar het in ons letterkunde, moet dit die vat-plek wees vir ons om die Afrikaner te vang, moet dit die aanknopingspunt wees om hom in te lei tot hoè're dinge."'.!) $ 3. Die Twede Beweging veel meer dan Taalbeweging. In die eerste jare neem die taalkwessie alle aandag in beslag, maar al gou blyk dat die Twede Beweging, nog veel meer as die van Die Patriot nie uitsluitend 'n taalbeweging is nie. Generaal Hertzog begroet Die Brandwag as volg in die eerste nommer: „Het Afrikaanse volk ontwaakt tot het gevoel van mannelik eigen kracht, r eigen waarde en zelfrespekt, verlangt zichzelf te zijn .... Te lang reeds is 't volk begocheld geworden door de luister van vreemde reklame en bedrogen geworden door 't hooghartige ener aangematigde uitheemse meerderheid. Evenals op industrieel en maatschappelik gebied, zo ook op intellektueel gebied willen wij onszelven zijn. Wij willen zijn zoals wij zijn en niet zoals anderen zijn . . . ." En al gaandeweg groei die besef, dat die grondslag van alle beskawing is die ontwikkeling van die hele volk volgens die noodwendigheid van sy eie siel en sy eie geaardheid. „Ons praat vandag van 'n Afrikaanse volk en ons werk vir 'n Afrikaanse toekoms. Ons min ons eie land, en ons stry vir die erkenning van ons eie taal. Ons begin waarde te heg aan die erfenis wat die vadere aan ons nagelaat het en ons raak gesteld op dié sake wat ons as 'n volk van ander volke onderskei *) Ek kursiveer. DIE TWEDE BEWEGING VEËL MEER DAN TAALBEWEGING. Die skokkende gebeurtenisse van die laaste twintig jare het baie Afrikaners wakker geskud. Hul het begin besef dat hul lede is van 'n Afrikaanse volk — 'n volk met eie tradiesies en sedes en gewoontes, 'n eie taal en 'n eie roeping onder die volke van die aarde." *) Die bedrywigheid van die laaste jare is van veelsydige geaardheid. Daar word nie uitsluitend gestreef na politieke mag nie, maar ook pogings aangewend om op ekonomies gebied onafhanklik te word. 'n Teken van die kulturele manbaarwording van die volk is dit ook, dat met liefdevolle y wer gewerk word om die geestelike erfgoedere van die voorvaders teen verwaarlosing en verbastering te beskerm. Op kultuurgebied is die leuse orals: „oneigene, ik late u, gaat reizen!" Die laaste boodskap van President Kruger, waarin hy die volk aanspoor om uit die verlede te neem wat goed is en daarop yoort te bou vir die toekoms het in goeie aarde geval, 'n Eensydige betragting van die mooi leuse lewer egter groot gevaar op. Die strewe na 'n eg-Afrikaanse kuituur mag nie lei tot 'n skrikkerige afwering van alle vreemde invloede nie. Geskiedenis beteken juis verandering, en as ons vandag probeer om 'n beskawing te ontwikkel uitsluitend uit wat ons as goed Afrikaans in die verlede voorkom, dan moet dit op mislukking uitloop. Hoe hoog ons ook al die tradiesies van die voorgeslag skat, ons moet nie vergeet nie, dat ons tans voor ander probleme as ons voorvaders staan. Jan Celliers het in 1913 al gewys op die onmoontlikheid van isolasie: „Die dag sal nog kom dat Suid-Afrika net soos enige beskaafde land gelyk-op sal deelneem aan die wêreld se beweginge en worstelinge op geestelik gebied, aan die wêreld se vergaderde kennis. Die idee, wat sommige mense nog koester, om van S. A. 'n soort alleenstaande Israël te maak — bang en wars van uitlandse inmenging en invloede — is 'n droombeeld wat met die dag reeds vaer word." 2) 1) Die Huisgenoot, Julie 1919. — Prof. J. J. Smith. Vgl. ook Hoofstuk III, § 3. 2) Neerlandici, Sept. 1913. 8 GEVAAR VIR ISOLASIE. — KULTÜUR-TOESTANDE. § 4. Gevaar vir Isolasie. Ook onder ons kunstenaars is daar wat met bangerio-e angsvalligheid alle buitelandse invloede van ons wil weer, wat hul krag soek in 'n benoude, stikagtige isolement. Hul hoop om op dié wyse 'n suiwer Afrikaanse kuns te kan opbou, vry van alle basterdelemente. Ons moet maar aansukkel op ons eie doringpaadjie, omdat ons toestande so glad anders is as in die ouere kuituurlande. Dat hierdie rigting totaal verkeerd is, word al dadelik bewys deur die feit, dat ons beste kunstenaars juis onder die inwerking van buitelandse invloede hul skoonste werk geskep het. Die egte kunstenaar laat hom nie verbaster deur 'n vreemde kuituur nie. Hy ontleen daaraan wat vir die volle ontplooiing van sy gees diensbaar is, en vervorm en verwerk die vreemde bestanddele dan tot 'n suiwer nasionale kunswerk. 'n Volk wat nie sy man kan staan teenoor vreemde invloede nie, gaan te gronde en so ook die kunstenaar. Maar met reg kan ons van hom eis, dat hy ons blik sal verruim en ons in intieme aanraking bring met die kuns ook van ander lande. Isolering op letterkundige gebied sou beteken opdroging, sou aanleiding gee tot 'neindelose herkouery. Laat ons kunstenaars dus gerus van alle oorde hul gees verryk. As hul mans genoeg is, sal hul selfstandigheid niks daaronder ly nie en ons kuns sy nasionale stempel behou. In elk geval geen Chinese muur rondom Suid-Afrika nie! § 5- Kultuur-toestande. Dit sou seker te optimisties wees om te beweer, dat daar by ons al 'n waaragtige diep-wortelende kuituur is. Maar so 'n kuituur is in elk geval in wording en die kieme van 'n Afrikaanse skilder-, bou-, toon- en beeldhoukuns maak al ons harte bfy. Wie dan nog let op die wondere ontluiking van ons letterkunde binne 'n tiental jare weet, dat daar inwendige kragte aan roere is, wat tot die skepping van nog grootser skoonheid KULTUUR-TOESTANDE. 9 sal lei. Ook by ons wag die jeug „het hoofd vol duistere glories en de handen bevend van voorgevoel." i) „Het zijn eerst de dichters, die een volk ontdooien. Het zijn de dichters, waar zij muziek gaande maken en. gezongen worden; of waar zij, vanaf het tooneel, de groote gevoelens ontboeien; het zijn de dichters, die een volk, aan zichzelf ontdekt, één maken." 2) So het ook ons digters die dinge, wat daar roer en woel in die hart van die nasie, vertolk en die solidariteitsgevoel versterk, terwyl die prosaïste ons gevoel van nasionale eiewaarde verhoog het deur die skildering van grootse dade uit die wordingstydperk van die volk. Moeilik is dit om die kulturele lewenshouding te bepaal van 'n volk, wat nog altyd moet stry vir die verowering en behoud van 'n nasionale kuituur. Vas staat egter, dat geskiedkundige en ekonomiese faktore 'n egalige en natuurlike ontwikkeling onmoontlik gemaak het. 'n Groot gedeelte van die volk — miskien kan die werklike toestand benader word deur te sê die helfte — leef nog voort in byna volslae onkunde van die kuituuropenbaring, wat orals om hul opbloei. By so 'n besondere gebeurtenis as 'n Dingaansviering b.v. merk hul wel dat daar 'n roering is, maar die dieper betekenis van die kuituurbeweging bly onbegrepe, omdat hul deur 'n agterlike ontwikkeling die orgaan daarvoor mis. 'n Dikwels oordrewe belangstelling in die efemere politieke kibbelarye is die toppunt van hul geestelike inspanning. So 'n groot persentage agterlikes het natuurlik 'n ingrypende invloed op die letterkunde. Daaraan moet toegeskryf word die sterk didaktiese en moraliserende elemente in ons kuns. ' Op die platteland doen die talryke debatsvereniginge veel om meer as een versufte siel, vir wie die lewe nouliks meer dan 'n plantebestaan van dowwe verveling is, op te beur en langsamerhand enige aandeel te laat kry in die intellectuele beweging. Maar hoeveel kosbare energie, word nie verspil op debatte van die: *) Vermeylen: Verz. Opstellen. 2) Carel Scharten: De Roeping der Kunst, p. 5. 10 KULTUUR-TOESTANDE. „Wat is sterker: vuur of water"-tiepe nie? As 'n mens so maand na maand die notule van baie vereniginge, (gelukkig nie alm al nie) deurlees, dan kan jy jou verbaas oor die deurtrapte advokate-Iistigheid, wat aan een of ander beuselagtige onderwerp bestee word, en die geesdriftige koppigheid waarmee die kwessie eindelik uitgebaklei word. Triomfantelik word dan die uitslag aan die pers meegedeel, asof dit 'n belangrike probleem is, wat nou vergoed opgelos is! Op baie plekke is daar gelukkig mense wat leiding kan gee, en daar bereik die vereniging of lees- en studie-sirkel dan ook sy doel, maar dit is 'n feit dat meer as een persoon, met behulp van 'n bietjie gladheid van tong 'n posiesie inneem, waartoe sy geestelike ontwikkeling hom geen reg gee nie. Op die manier kry ons kunsdespote in onderbaadjie^sakformaat, wat, ondanks hul goeie bedoelinge, remmend werk op die ontwikkeling van 'n algemene kunsbegrip en die opbruisende energie van die jong mense op niksbeduidende sakies laat verflenter. Aan die spits van die intellektuele gedeelte van die volk staan die wetenskaplik gevormde leiers, ten volle toegerus met al die geestelike goedere van die buiteland. En öm hulle, die steeds groter wordende skare, wat deur 'n verbeterde onderwysstelsel in staat is om aktief deel te neem aan wetenskap en kuns. Veral in die laaste jare het dit duidelik geblyk, dat skoonheid vir ons nie meer 'n weelde-artiekeltjie, 'n goue rand aan die bord waaruit ons die daelikse brood eet, is nie. Kuns het vir ons geword 'n noodsaaklikheid, en gelukkig is ons kuns van so 'n geaardheid, dat dit nie op die bergtoppe van ongenaakbare afsondering alleen enkele begenadigdes ontroer nie, maar verstaan en gewaardeer word deur 'n groot gedeelte van 'n volk, wat jare lank al soek na skoonheid in eie taal, skoonheidsuitinge van eie kuituur. As dit waar is dat die materiële posiesie van die kunstenaar 'n simptoom is vir die kulturele peil van 'n volk, dan kan ons op een inspirerende voorbeeld wys. Jan Celliers is uit die geesdodende sleur van 'n regeringskantoor verlos deur 'n spontane uitbarsting KULTUUR-TOESTANDE. 11 van algemene waardering. Dit is 'n erkenning van die waarde en onmisbaarheid van: kuns, wat moed gee vir die toekoms, 'n bewys dat die gemeenskap belang stel in ideële goedere. Die suksesvolle reise van Lauwerijs en Hullebroeck is ook aanduidings in dieselfde rigting. 1) Naas al die tekens van groei, deur Dr. E. C. Pienaar in sy dissertasie opgesom2) kan nog gewys word op die oprigting van die Tydskrif vir Wetenskap en Kiens in Bloemfontein (1922). Eensydig sou egter bostaande oorsig van ons kuituurtoestand wees, as daar nie op gewys word nie, dat selfs by die ontwikkelde lae van die volk nog tallose spore van gebrekkige kunssin aanwesig is. So verklaar Dr. H. J. Steyn: „Ons volk is wel prakties en berustend van aard, maar te min idealisties. Sy eie geestesstryd en die van stamverwante laat hom meesal koud. Die laat hy oor aan 'n paar in sy oog eksentrieke idealiste Daar is nie 'n innerlike drang wat hom aangryp om naar 'n verafgelege horison te kyk nie; daar is by ons nog 'n gebrek aan liefde vir die abstrakte en bespiegelende, ons is nie genege om te werk vir resultate wat alleen deur ons nageslag gepluk sal word nie." 3) Die skilderskrywer Reenen J. van Reenen beweer: „In Suid-Afrika bly, by die meeste van ons, die bontgekleurde wandkalenders wat die naaste smouswinkel aan ons stuur, nog die maatstaf wat ons gebruik by die beoordeling van skilderye." *) Wanneer Jan Celliers ons vertel: „Sommige korrespondente het my soveel per les aangebied, as ek hulle wil leer hoe om digters te word", (Die Huisgenoot, Aug. 1921) dan twyfel 'n mens aan die gehalte van die geesdrif vir letterkunde. In die Kersmisnommer van Ons Land, 1919, beveel Ds. J. P. van Heerden vir 'n ekstra prys aan 'n verhaal, getietel: De Dronkenschap van Dokter Dirkse, waarin alle woorde met die letter d begin. Dat ]) Vgl. my artiekel: Kuns regeringsaak? Die Brandwag, Jan. 1921. s) Taal en Poësiez ens. p. 110—117. s) Die Banier, Aug. 1921. Dr. Steyn se verdienstelike artiekels oor Die Dietse Bond het seker reg op meer algemene belangstelling en behoort herdruk te word. *) Die Huisgenoot, Nov. 1921. 12 KULTUUR-TOESTANDE. dit tot 'n aaneenskakeling van onsin aanleiding gee, Wyk uit die volgende: „De drank doet duizenden dwaasheden. Daarom drinkers, die de drankduivel dienen, denk diep daaraan. Doorziet daardoor de dwaasheid der dronkenschap, de droevige doodslag der drankzuchtigen. Doodt dus dadelik, doch degelik de drankduivel. Doet dus de drankduivel deerlik delgen. . . ." Sedelike oorwegings het sy eerwaarde hier inderdaad 'n „droevige doodslag" op die kuns laat pleeg! Dat so 'n rederykers-aardigheidjie nog in 1919 kan bekroon word, is 'n aanduiding dat ons kunswaardering soms nog uiters gebrekkig is. Ook die opvoering van so 'n kykspel as die Medea van Jan Vos op Pretoria 1) deur die „Afrikaans-Hollandse Toneelvereniging" is 'n bedenklike teken. Oor die gehalte van ons leesstof het Jan Celliers 'n opmerking gemaak, wat seker tans ook nog waar is: „In ons stede. . . . behoor baie van die mense wat so los in hul skoene staan — en wat hulself tog vir erg beskaaf hou — tot die wat weinig meer lees, of kan lees dan sulke goed soos Tit-bits en die Strand Magazine " *) En veel uit die volgende, wat in 1911 geskryf is, bly vandag ook nog waar: „As ons let op wat tot nog toe (hoofsaaklik) in ons land geskryf is, as ons sien wat vernaamlik. . . gelees word, dan moet ons sê, dat die awontuurlike en romantiese — dié soort soos Captain Kettle en Sherlock Holmes, die soort wat sig besig hou met die growwe feite van die lewe — nog altyd die meeste in die smaak val In 'n jong land is dit amper nie anders te verwag nie — ons hele bestaan is hier prakties, geestelik oppervlakkig, woelerig en alledaags. Vraagstukke en gevoelens en gedagtes waar die groot wêreld daarbuite al moeg van is, daar het ons nog nie eers aan geroer nie." 3) Dr. G. Cillié gaat selfs so ver om te beweer, dat ons al ons kuituur „oorgeneem (het) van ons ingevoerde medeburgers. Dis nie ons eie nie, dis geleen. Ons a) Dr. E. C. Pietmar: Taal en Poësie3 ens., p. 47. 2) Die Brandwag, Junie 1917. s) id. 15 Aug. 1911, Skrywers en Gekrifle, deur N.N. (Jan Celliers). KULTUUR-TOESTANDE. 13 sogenaamde nuwe kultuurvorme is 'n suiwere na-apery ... As ons so vuurwarm word oor ons eie tradiesies en gewoontes en sedes, dan praat ons sp ongemerk.... 'n hele boel nonsens." Tog erken hy: „Op die gebied van ons geskiedenis, van ons boerdery, ons nywerheid en veral ons taal en letterkunde het ons verbasend vooruitgegaan. Op taalgebied het ons waarskynlik in die afgelope twintig jaar 'n groter ontwikkelingsproses deurgegaan as die Engelse taal in vyf eeue, van die tyd van Chaucer tot vandag toe. Dit alles getuig van 'n vitaliteit, 'n groeikrag, 'n energie, 'n lewe, wat ons met verbasing en blydskap vervul." 1) Optimisties is Dr. D. F. Malan: „Ik geloof dat het Afrikaanse volk op het gebied van de kunst een schone toekomst tegemoet gaat. Voor die verwachting meen ik goede gronden te hebben. Ik bedoel niet alleen het feit gedurende de lange wachtensmoede uren in de. kampen ontdekt, dat ons volk even kunstig kan zijn met het mes als dapper met de Mauser.... Ik bedoel ook het feit dat de kunst ons volk ongetwijfeld aangeboren is .... Ons volk is samengesteld hoofdzakelik uit drie elementen — het Hollandse, het Franse en het Duitse, 't Zijn juist die volken van Midden-Europa, die uitblinken in kunstgevoel en kunstprodukten, denatuurlike erfgenamen van de beschaving en de kunstzin van de oude Grieken en Romeinen." 2) Van belang is ook die volgende: „Hier in S. A. kan ons nog nie praat van 'n spesifiek Afrikaanse toonkuns nie, hoewel ook hier die eerste druppels na 'n langdurige droogte begint te val.... Ons vernaamste musiek-eksamens word afgeneem deur 'n Engelse liggaam, wat elke jaar sy eksaminatore uit Groot-Brittanje naar S. A. stuur. Dit bewys hoe primitief die opvatting van ons outoriteite van die doel van die toonkuns is, dat hulle sulke verouderde toestande laat voortduur Ons volk is kultureel nog nie ontwikkel nie, en geldelik nie sterk genoeg om hom ontberings te getroos of groot somme uit te gee vir goeie skilderstukke nie." 3) *) Die Banier, Okt. 1921. Het Geleerde Jong Suid-Afrika,n Program? *) Akademie- jaarboek I, p. 94. s) Dr. H. J. Steyn: Die Banier, Des. 1921. 14 KALVINISME EN KUNS. By die beoordeling van die letterkundige waardering kan ook gewys word op die soms hoogs eienaardige keuse van werke uit die Nederlandse letterkunde, wat vir publieke eksamens voorgeskryf is. Dikwels het dit geblyk, dat daar 'n besondere voorkeur was vir minderwaardige skrywers soos Justus van Maurik en ander, wat in Holland, 5f totaal onbekend, óf nog alleen deur die onderste lae van die samelewing gelees word. Tereg het dan ook die Akade mie daarteen protes aangeteken 1) en in die laaste jare kom ook hierin verbetering. § 6. Kalvinisme en Kuns. 'n Belangrike faktor in ons kultuurlewe is die feit, dat die Afrikaner volk Kalvinisties is. „Als wij de ziel van dit volk wensen te bepalen zonder zijn religie 'n prominente plaats in te ruimen, zou het zijn 'n opvoeren van Hamlet zonder de prins erbij", verklaar Ds. N. J. Brümmer. *) „Geheel ons Afrikaans-Protestantse religie is gebaseerd op 'n zeker Godsbegrip zoals in de (Dordse) Canones omschreven." Die „teugelloze willekeur" van die Afrikaanse natuur was ,,'n school voor de beoefening van de deugd der onderworpenheid was o-enoeo- om de Afrikaner tot ernst, ja tot somberheid te stemmen, en voorwaar de weemoedsschaduw der oude Germanen valt nog bij de besten onder ons volk op te merken." Daar mag wel 'n kern van waarheid in die laaste opmerking wees, maar laat ons veral die somber stemming nie oordryf nie. „Om den wat stroef gesloten mond van den Calvinist heeft Cats vaak een gezonden lach doen spelen", sê Dr. Kuyper. 3) Dit was by ons nie nodig nie, want 'n guitige humor is juis een van die kenmerke van die Afrikaner volk. En in die „meedogenloze" natuur van Suid-Afrika is die stralende son tog steeds 'n simbool van blyheid gewees» wat ons uit die bedompige huise gelok 't na jag- en veldvermaak. *) Akademie-Jaarboek V, p. 89. -) ld. I, p. 83. Die Afrikaanse Volksziel. s) Het Calvinisme en de Kunst. KALVINISME EN KUNS. 17 schrijvers ons een andere weg hebben aangewezen. Couperus, Van Eeden, Van Deyssel en anderen kiezen wij niet tot model in Z. A. Daartegen waarschuwen wij..." Prof. A. Moorrees breek 'n lansïe vir Bilderdijk in sy dankwoord en prys die kritiek van Beets teenoor die „van sommige latere kritici, wier kritiek grotendeels schijnt te bestaan uit geïdealiseerde viswijventaal."1) Ook Ds. J. D. Kestell verklaar dat „ondanks de moderne neiging om de schrijvers van 1880 te volgen, men zich hier bij ons nog steeds vastklemde aan 'n oudere generatie, en inzonderheid aan Beets."2) As „men" beteken die ou garde, dan is die bewering in hoofsaak juis. Onder die jongere is daar seker niemand, wat die sonderlinge kritiek van Prof. Marais sal aanneem nie. Ons het in die woorde van Prof. Moorrees geleer om „het goede uit alle tijden en alle richtingen... te waarderen "3) en weier om 'n metode te volg! wat die meeste egte kunswerke op die Kalvinistiese indeks sou plaas, 'n metode, wat tot sulke ongerymdhede lei as om Van Koetsveld en Van Lennep o. a. onder „de sterren van de eerste rang" te reken! Prinsipiële voorligting by die moderne literatuur is ongetwyfeld 'n dringende eis, veral in 'n Kalvinistiese gemeenskap, maar dit moet iets anders wees as 'n veroordeling met een breë armswaai. Daar is ook in Suid-Afrika nog mense wat glo dat kristëlike beginsels teenoor egte" kuns nooit vyandig hoef te staan nie. Raak Jan Celliers in sy takvolle lesing oor Kuns en Sedelikheid nie die wortel van die kwaad nie, waar hy sê: „Ons opvoeding in alles wat skoonheid en kuns aangaat, is te seer verwaarloos Word daar nie te veel „angsvallig bedek (ge) hou (nie), wat deur eerlike, openlike behandeling die aantreklikheid van verbode vrug en geheim sou verloor en gevaar sou voorkom " ? (Die Huisgenoot Jan. 1922.) Aangesien daar nou al tekens is, dat die yoetpaadjie van ons Afrikaanse kuns uitdraai na die internasionale grootpad, word dit 'n aktuële kwessie. *) Jaarboek, p. 67. Vgl. ook sy oordeel oor Beets in V, p. 95 vlg. -) V, p. Ï03. 3) III, p. 68. 2 18 DIE PROSA. — ALGEMENE KARAKTERISTIEK. Prof. J. Kamp het die verskil in geestesgesteldheid tussen Europa en S. A. goed geformuleer: „Van de problemen die daarginds de moderne ziel bewonen, schokken en folteren, horen wij hier nog maar 't verre gerucht. Voor 't grootste deel wandelen wij nog maar op de traditionele paden... En op emotioneel gebied^ op 't terrein van de kunst? Wij zijn vermoedelik nog ver van Oud-Europa z'n tegenwoordige koers op dit gebied We zijn nog eenvoudig, nog natuurlik, ja zelfs nog tamelik naïef. En aan onze kunst komt dat ten goede. Maar de vraag is of diep onder de oppervlakte van Jong-Zuidafrika z'n geestelik leven niet reeds kiemen zijn aan te wijzen, van dat modern-europese. 't Kontakt tussen hier en daar wordt al veelvuldiger en al intenser... Ik meen, dat grondige kennis van, en diep inzicht in de getijen van hedendaags Europa, niet te vroeg onder ons bevorderd kunnen worden. Opdat wij weten, en gewaarschuwd zijn, en niet overrompeld worden." 1) Van groot belang vir die letterkunde sal die Afrikaanse Bybelvertaling wees. As die vertalers daarin slaag om deur verhewe eenvoud 'n waardige vertolking van die gewyde teks te lewer, sal dit veel bydraag om vastigheid te gee op stylgebied. § 7. Die Prosa. — Algemene Karakteristiek. In die letterkundige voortbrengsele van die periode wat ons die Afrikaanse Renaissance kan noem, sitdaar ongetwyfeld sterk militante elemente — en geen wonder ook, want die letterkunde van alle volke is 'n weerspieëling van die geestelike strominge wat die volksiel diep geroer het. Vir tientalle van jare voer ons al 'n taalstryd —, 'n stryd wat feitlik elke indiwidu dwing om grondig na te dink oor allerhande taalkwessies, waaroor hy hom onder normale omstandighede nooit sou bekommer nie. En die taalstryd is terselfdertyd 'n stryd vir ons volksbestaan, vir ons volkseenheid. „Ons jong Afrikaanse taal moet win en sal win", is die vlam- J) Die Banier, Okt. 1921 na aanleiding van die tydgkrif: Het Getij. DIE PROSA. ALGEMENE KARAKTERISTIEK. mende passiekreet van die herlewende volk; en, eweas die manne van die Pleïade in Frankryk, verdedig ons kunstenaars met heilige ywer die moedertaal, deur die opheffing waarvan 'n lang periode van geestelike knegskap beëindig word; vol van die besielende weelde van 'n pasgewonne vryheid, slinger hul manifeste teen die wikkende, weënde twyfelaars wat nog lus het om 'n vreemde taal aan ons op te dring, maar wat nou vasgekeer is tussen die langsaam maar seker sluitende sirkel, waarin die asgaai van die jeugdige stryders blink in die skittering van 'n nuwe son. Juis die roes van 'n toekomstige maar sekere oorwinning is dit wat 'n rustige objektiewe beskouing van ons literêre kuns so erg moeilik maak. Baie boeke wat in die taalstryd kragtige wapens was, sal later nog alleen van kultuurhistoriese belang wees. Ons loop groot gevaar om in die hitte van die stryd 'n literatuur voort te bring wat die karakter van fabriekwerk draag. Die tot vervelens toe herhaalde geroep van die teenstanders: „Afrikaans het g'n letterkunde nie!" het prikkelend gewerk en 'n atmosfeer geskep, waarin wel 'n kragtige strydliteratuur kan ontstaan, maar slegs by uitsondering 'n uiting van stralende skoonheid wat deur alle tye heen sal geniet en gewaardeer word. Die uitdagende houding van die. voorstanders van Hollands, wat hul steeds beroep het op 'n eeue-oue letterkunde, het ons opgehits tot dade van durf. In jeugdige oormóed het ons aan skrywe gegaan — nie altyd omdat hier binne ons 'n magtige worsteling van ideë was wat tot vertolking gedwing 't nie, maar ook om te bewys dat ons taal sy man kan staan. In die laaste paar jaar het daar 'n oorweldigende aantal boeke in Afrikaans verskyn; en omdat in die taalstryd juis dié.wapens so uiters belangrik was, kon die kritiek dikwels nie onvoorwaardelik veroordeel nie. Maar nou begint die tyd verby te gaan waarin ons 'n boek gaan aanbeveel eenvoudig omdat dit in Afrikaans geskryf is. Vir ons jong skrywers is daar nou geen aanleiding meer nie vir dié oorhaasting waardeur in die verlede veel middelmatigs op die pers gekom 't. Egte kuns kan nie ontstaan nie omdat dit geëis word as bewys vir die manbaarheid van 'n jong taal — net 20 so min as wat die goue erepennings van die talryke Nederlandse diggenootskappe van die 18de eeu egte poèsie uitgelok het. Egte kuns moet spontaan voortkom uit 'n innerlike onweerstaanbare drang, waaraan die geroepe kunstenaar, die „begenadigde eenling" eenvoudig moet gehoorsaam. Nasionale eersug het nog nooit 'n letterkunde van blywende waarde gefabriseer nie, eenvoudig omdat dit iets is wat nie gefabriseer kan word nie. Gun die kunstenaar die tyd om met rustige toegewydheid sy taal te troetel en te streel totdat hy daarin die fynste roersele van sy siel kan uit, die teerste opwellings kan verklank. Laat die koorsagtige strydstemming van die laaste tyd ons hoofde nie op hol bring nie. Die fiere, lewenskragtige eienskappe van ons volk is die waarborg vir die langsame, gestadige opbloei van 'n gesonde nasionale letterkunde. So was dit in alle lande, en so sal dit ook by ons wees. Maar nie in één nag sal daar 'n katedraal uit die velde opdoem nie, soos Albert Verwey êrens sê. Die waardelose ou timmerasie het ons omgesmyt, die wanordelike periode van die afbrekery het ons deurgemaak, maar die tyd is nou ryp om ernstig en rustig te bou aan die nuwe lewende kuns. Nd die omwenteling moet en sal daar iets groots kom — maar as vanself. Naas die militante element is daar, soos reeds by die beskouing van die kultuurtoestande opgemerk, 'n sterk didakties-moraliserende stroming. 1) Die toenemende sedebederf, „wat saam met 'n bioskoopbeskawing tot ons oorgewaai het" 3) laat meer as een skrywer 'n preektoon aanslaan of traktaatjies in verhaalvorm skryf. Die kunstenaar wat ons 'n didaktiese roman in goeie sin kan gee ontbreek nog. Carel Scharten sê tereg: „Het (is) ongetwijfeld mógelijk, dat... een strekking, mits tot een bezielenden hartstocht gegroeid, een gróót talent tot de hoogste en tevens voor ieder verstaanbare kunst opvoert...." 3) By ons het die didaktiese stroming op die gebied van die roman nie veel meer opgelewer as •x) vgl. § 5. 2) Dr. W. M. R. Malherbe in 'n voorwoord by Die Veldblommetjie. %) De Roeping der Kunst, p. 399. DIE PROSA. — ALGEMENE KARAKTERISTIEK. 21 soetsappige vermanings nie, wat heeltemal los en uit die verband staan, of anders verhale, opsetlik só saamgestel, dat die strekking die enige doel is. Langenhoven, wat aanvanklik sy lewenswysheid op betogende wyse meegedeel het, begin dit nou in verhaalvorm te verwerk en by hom is daar seker kans, dat die strekking tot besielende hartstog sal vergroei en mettertyd 'n opbloeiing van gemeenskapskuns bring. Hy en ander skrywers teken die kuituurverbastering op satieries-humoristiese wyse, terwyl die mentaliteit van die,arme blanke en sy agteruitgang in die stede realisties geskets is deur J. van Bruggen en Lub. Die romanties aangelegde skrywers volg die voetspoor van historisie soos Preller en J. H. Malan en verheerlik die nasionale verlede. Die Voortrekkerperiode veral word met liefde bestudeer, maar ook die Anglo-Boere-oorlog lewer stof vir 'n paar romans en talryke sketse. J. H. Malan en De Waal gaan terug na die vroegste tydperk van die Kaapse gesjeiedenis, terwyl ook resente gebeurtenisse, soos die opstand van 1914 behandel word. Die invloed van Van Lennep is duidelik merkbaar by sommige skrywers. Dikwels moet die historiese agtergrond hoofsaaklik dien om 'n hele reeks awonture meer waarskynlik te maak. Die digterlike gees, wat die historiese feite moet interpreteer, en deurdring tot die innerlikste kern van 'n tydperk, sonder versmoor te raak onder noukeurige argeologiese gegewens is alleen af en toe aanwesig. Daarom is die resultaat meestal nie veel meer dan ,,'n gekleurde historieprent" nie. 'n Aaneenryging van kakelbonte awonture, wat die nuuskierigheid prikkel deur al die konwensionele kunsies van 'n vernuftige intriege vind nog groot byval, selfs by die ontwikkelde klasse. Dit is 'n voorkeur, wat deur die tallose minderwaardige Engelse ontspanningsromans aangekweek en in stand gehou word.*) As 'n skrywer maar behendig die draadjies kan trek van 'n klompie houtpoppies, liefs met 'n stukkie vierkleur om die hoed, en hul 'n paar ingewikkelde dansies laat uitvoer, waarby 'n paar „rooies",. of 'n klomp Soeloes in die stof getrap x) Vgl. Jan Celliers: Die Roman. Die Huisgenoot, Aug. 1919. 22 DIE PROSA. ALGEMENE KARAKTERISTIEK. word, dan vind hy lesers genoeg! Op karakterontwikkeling kom dit minder aan as daar maar genoeg aksie, beweging en verrassinge is. Jan Celliers het die oorsake van die toestand as volg geformuleer: „Hoe kan verwag word dat 'n jong kuituur, wat, so te sê, gister eers ontwaak het, onder 'n jong volk, wat van die begin af 'n harde stryd om sy bestaan te stry gehad het teen 'n hardhandige natuur, teen honderd-duisende barbare, teen 'n vreemde oorheerser van buite, sou ooreenkom met die van ouer lande? Hoe kan verwag word dat ons vir ons besonder sou verdiep het in 'n studie van die mens en sy omgewing vir filosofiese of vir kunsdoeleindes? Ons het die mens en die natuur bestudeer met die oog op die praktiese vrae van die dag, wat gou en goed opgelos moes word, waar ons bestaan van afgehang het. En dié stryd hou nog altyd aan .... Ons bloed is nog aldag te veel in beweging, jaag ons aan, ons het te veel te doen, ons moet gou klaar wees, het nie tyd om veel te droom of te peuter nie .... Om een en ander rede is ons romans nog veel meer op handelinge en vermenigvuldiging van gebeurtenisse aangelê as op karakterstudie van 'n persoon of versameling van persone. Dis vir ons onmoontlik om soiets doodkalm te behartig en ons grote stryd te vergeet; onwillekeurig straal die stryd, en alles in verband daarmee, in ons werk deur — romans, toneel, alles." i) Dat die opvatting van 'n goeie roman, soos deur Jan Celliers in dieselfde voorlesing uiteengeset nog lang nie algemeen is nie, blyk uit 'n pleidooi in Die Huisgenoot (Okt. 1919), waarin ongetwyfeld die gevoelens geuit word van „die grote gros van fatsoenlike mense, wat.... 'n pittige, boeiende verhaal belaai met „kunsies", verkies bo 'n sielkundige studie van mens en natuur." 2) En dit sal seker nog lank duur voor al die „fatsoenlike mense" tot juister kunsbegrippe kan opgevoed word en leer insien, dat Hollanders, wat iets van letterkunde afweet al lank al nie meer op Van Lennep „roem as 'n egte en groot romanskrywer" nie. t.a.p. 2) Die skrywer is J. W. van Kaapstad. HOOFSTUK II. Polemiese Prosa. „Ik houd van woorden, die op mij neêrbonken als vallende balken, van woorden, die mij voorbijsissen als kogels", sê Lodewijk van Deyssel. Sulke woorde van „roode gramschap" en „gele spotternij" sal in die volgende oorsig telkens aangehaal word met die doel om daarop te wys, dat enkele van ons strydskrifte oor die taalkwessie, nie alleen van histories, maar ook van letterkundig belang is. Hier word dus geen gedetailleerde geskiedenis van die taalstryd gegee nie — dit het Dr. E. C. Pienaar in sy dissertasie gedoen Met die oprigting van die tydskrif, De Goede Hoop, in Julie 1903 onder redaksie van Adv. J. H. H. de Waal, 'n algemeen erkende voorstander van Afrikaans, wat al sedert 1897 bydraes in dié taal gelewer het in Ons Land*) kry die Twede Beweging vaste vorm. As eindpunt van die taalstryd kan beskou word 7 November 1919, die dag waarop die Kaapse Sinode Afrikaans as offisiële kerktaal naas Nederlands erken het. Wat Ds. N. J. Brümmer in 1909 gesê het geld ook tans nog: „Dit is wel waar, dat so nou en dan nog een of ander Rip van Winkel uit syn slaap opflikker en teen Afrikaans uitvaar, maar dit is maar die stuiptrekkinge van 'n slang wat swaar vervel." 3) In die sestienjarige stryd het daar 'n groot aantal polemiese geskrifte verskyn, aanvanklik in Hoog-Hollands M Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging, 2de druk, 1920. s) Sien Die Huisgenoot, Okt. 1921. *) De Volkstem, 30 Des. 1909. Vgl. Die Huisgenoot, Julie 1922, oor opposiesie in die gemeente Noorder-Pêrel teen Afrikaanse preke. 30 POLEMIESE PROSA. weens die groot vooroordeel teen die moedertaal, maar later meestal in Afrikaans. Reeds in die twede nommer van De Goede Hoop^) moet De Waal ,,'n geachte correspondent uit Stellenbosch", wat gekla het oor „te veel Afrikaansch" daaraan herinner, „dat Kaapsch-Hollandsch bij velen bijval vindt en hoe langer hoe meer als zelfstandige taal erkend wordt." By sulke kalme teregwysings het dit natuurlik nie gebly nie en De Waal het later onder die skuilnaam Jan van Rozenburg die teenstanders meer as een kopskoot gegee. Twee jaar later, op 19 April 1905 begint die stryd ook in Transvaal, wanneer Gustav Preller sy reeks artiekels Laat 't Ons Toch Ernst Wezen in De Volkstem publiseer. Dit is 'n kloek, goedgedokumenteerde manifes, wat met onverbiddëlike logika al die argumente van die teenstanders ontsenu en as gevolg gehad 't die stigting van-Die Afrikaanse Taalgenootskap, op 13 Desember 1905. In Julie 1905 word Preller se artiekels met weglating van die eerste gedeelte en voorsien van 'n nuwe inleiding in brosjure-vorm üitgegëe, met die ondertietel: Gedachten over de aanvaarding ener Afrikaanse Schrijftaal. 2) Afgesien van die historiese betekenis van Preller se brosjure verdien dit, ofskoon nog in Nederlands opgestel, ook uit letterkundig oogpunt 'n ereplaas onder die polemiese literatuur van die Twede Beweging. Met 'n forse stem verkondig hy die waarhede, wat vandag so vanself sprekend lyk, maar sestien jaar nodig had om algemeen ingang te vind. In die polemiek van dié jare klink daar uit meer as een artiekel 'n warme oortuigingsdrang op. Met die J) Aug. 1903. ». 2) Vgl. Dr. E. C. Pienaar: Taal en Poësie van die Twede Afr.Taalbeweging3 p. 16, waar 'n uitvoerige bespreking aan die brosjure gewy word. Die voorrede van Dr. Engelenburg is g-edateer 14 Julie 1905. Pienaar se datum, Junie, is dus 'n vergissing. Die eerste gedeelte, wat in die brosjure weggelaat is, bevat 'n droom oor drie perskebome in 'n snaakse tussentaal, nog Hollands, nog Afrikaans, waarvan die volgende 'n staaltjie is: „Deze bomen waren hier geplant van steggies, en by al twee waren klompies mense hard bezig om te proberen ze te laten groeien, de een deur water te lei, de ander deur los te spit, de een weer deur te snoei, en de ander deur mest te geven." De Volkstem, 19 April 1905. 31 stryd vir die vereenvoudigde spelling (1904) het dit krioel van spellingdeskundiges en nou was weer iedereen' filoloog! „In ons vaderland kan het gebeuren dat uw schoenmaker meer theologiseert dan uw zoon, die student is in de theologie," sê Allard Pierson in Intimis. Lees mens filologie in plaas van teologie, dan was dit presies ons toestand. Onder al die dilettante-wysheid en verwarde taalbegrippe kom egter ook telkens brokstukke van entoesiastiese welsprekendheid voor, waaruit blyk dat heel die volk in roering was. Naas die lekeredenasies staan dan die kalm-wetenskaplike betoë en ernstige pleidooie van die leiers, wat so stadig aan met hul mokerslae alle opposiesie vergruisd het. Van die begin af was daar. al sekerheid van die uit-^ eindelike oorwinning, ,,'n Mens kan net sowel perbeer om die see met 'n besem te keer as die Afrikaanse taal met sulke klein dingetjies", sê Preller op 9 Augustus 1905 in De Volkstem. Met groot erns pleit Jan Celliers twee jaar later vir 'n eie letterkunde: „Maar dit is tog voor elke Afrikaner duidelik dat slegs 'n eige letterkunde, uit Afrikaanse grond opgeskote, deurtrokke van die Afrikaanse gees en v'r Afrikaners verstaanbaar, deur en deur in taal en inhoud, dat so 'n letterkunde alleen bereken is om hier werkelik doel te tref. Wie wil ons help om so 'n letterkunde voor ons mense op te bouw ? Ons het 'n volk om te behou, ons het 'n nasie om op te voed; ons kannie wag nie!" 1) En in die volgende jaar roep Dr. D. F. Malan: „Dit is ons Ernst!" „G'n taalgeleerde kan 'n werkelik lewende taal maak nie, ewemin als 'n skeikundige op syn laboratorium di lewe kan skep. Di taalgeleerde kan di taal alleen vind en analiseer. Iedere lewende, kragtige taal word gebore op di bodem van di volkshart en di volksgeskiedenis en leef alleen in di volksmond. G'n volk kies ooit syn spreektaal of, voor lange tyd selfs syn skryftaal nie, op raad van eksperte. Volke en tale word saam gebore en sterf saam." 2) Op helder wyse set hy uiteen, dat Nederlands nooit ons volkstaal kan 2) De Volkstem, 19 Junie 1907. 2) Dit is ons Ernst, 13 Aug. 1908. 32 POLEMIESE PROSA. word nie, dat Afrikaans onuitroeibaar is. „Di Afrikaanse 1 aalbeweging is niks minder nie dan 'n ontwaking by ons volk tot 'n gevoel van eiëwaarde en tot di roepingom n waardiger plaas in te neem in di wereldbeskawing." 1) Hoe die „gevoel van eiëwaarde" al sterker word blyk uit die brosjure Die Afrikaanse Nasie (1908) waarin ■froi. JN. J. Brümmer 'n uiteensetting gee van wat hy as 'n nasie beskou. Hy konstateer, dat tot nog- toe alleen die Hollandse Afrikaners met die benaming kan aangedui word „omdat hulle 'n eie en aparte volkssiel besit en hulle daarvan skerp bewus geword het" Hy ontken alle „nasionale eenheid" tussen Nederland en Hollands Suid-Afrika. „Om die eerlike waarheid te sê, is daar meer soortgelykheid in wêreldbeskouing gees en strewe tussen die Afrikaner en die Skot, dan tussen die Afrikaner en die Hollander... . 2) Wat die Hollandse letterkunde betref, die veelbesproke kultuurskat — die bestaan nog vir enkele spesialiste onder ons volk, en sekere uittreksels daarvan bestaan ook soms vir studente, solank as hulle vir 'n eksame of prys werk Ons volk as volk dra van Hooft, Vondel, Cats of üilderdijk net so min kennis as van die man in die maan. Van Couperus, Van Eeden, Perk en Kloos wil ek nie eers praat nie. Of hierin ooit verbetering kan kom, betwyfel ek sterk. Die Hollandse skrywers skryf nie vir ons me, en al sou hulle ook vir ons skrywe dan raak hulle tog ons volkssiel nooit." Dit is verstaanbaar, dat sulke opmerkings in die hitte van die taalstryd gemaak is, maar Brümmer gaan in sy militante ywer tog té ver, al sit daar natuurlik 'n kern van waarheid in die bewenngs. Die werk van sulke geestelike anstokrate soos Hooft en Vondel kan nooit deur die hele nasie gewaardeer word nie. Sonder ons Cats uit dan sou dieselfde bewering met die grootste stellio-heid van die Nederlandse volk self kon gemaak word. Care! Scharten sê b.v.: „Het leelijke, het onWegwerkbare feit x) Dit is ons Ernst, 13 Aug. 1908. Vgü u'6 raak °Pmerkings oor hierdie bewering in Die Brandwag, 15 uebr. 1913, en in 'n volgende nommer Brümmer se repliek. POLEMIESE PROSA. 33 is juist, dat Vondel vergeten worden kon, en ongelezen blijft en ongelezen blijven zal.... Er zijn altijd de dichters voor weinigen naast die voor heel een volk geweest." i) En in ander lande gaan dit net so. Edward Garnett sê b.v. van Engeland: „Ons toneel is het grofste in Europa en onze verwaarlozing van het drama van Shakespeare is werkelik een schandaal." 2) Clément Vautel het nog onlangs in verband met die Molière-herdenking opgemerk, dat die Franse dié kunstenaar alleen met die lippe eer. „Ieder doet alsof hij Molière op zijn duimpje kent. Maar, in gemoede, is al dat fraais, en is al die wierook nu wel echt? Is die geestdrift die op een vastgesteld uur losbarst, niet veeleer zelf ook komedie?"3) Met 'n pleidooi vir 'n Afrikaanse letterkunde sluit Brümmer sy betoog. „Ons het lang genoeg ons sielkos in blikkies ingevoer en die ingelegde en ingevoerde kos vergewe 'n mens dikwels." Maar die manier waarop hy hom die ontstaan van 'n letterkunde voorstel, getuig van weinig insig. „As elkeen van nou af aan begin om vir sy boek stof bymekaar te maak, dan sal dit wel nie te lang duur nie of ons het 'n eie letterkunde" ! Dis maar gelukkig dat al die Stellenbosse studente nie die raad opgevolg het nie! Saam met die Unie gebore, staan Die Brandwag vanaf 1910 trou op die uitkyk en telkens as artiekel 137 van die grondwet veronagsaam word, het sy waarskuwingsienjaal weerklink. „Die Afrikaner moet beleefd wees en ware beskawing voorstaan, in woord en voorbeeld, maar nie tot so 'n mate dat hy syn eige taal verwerp, nie tot so 'n mate dat hy aan Filistijne die wapens in hande gee waardeur juis die hogere beskawing en verdraagsaamheid vernietig sal word, deurdat die Afrikaner-aard met die Afrikaner-taal vernietig word." (Die Brandwag, 1 April 1911.) Van maand tot maand het die redakteur, Dr. W. M. R. Malherbe die stryd vir Afrikaans voortgeset en 'n hele reeks warm pleidooie 1) De Roeping der Kunst, p. 5 en 25. 3) In 'n artiekel: Het Boek in Engeland {Algemeen Handelsblad?) s) Gesiteer in die Algemeen Handelsblad. 3 34 is daar te vinde in die redaksionele kolomme, veral van die eerste jare. i) In 1911 verskyn Leipoldt se digbundel Oom Gert Vertel, voorafgegaan van 'n weldeurdagte, besadigde pleidooi van J. J. Smith, tans professor in Afrikaans aan die Stellenbosse Uniwersiteit. „Die werk van die Afrikaanse Beweging is.... 'n oortuigingswerk; en 'n oortuigingswerk moet dit altoos bly. 'n Vyand kan jy beveg, en desnoods dwing, maar 'n vrind en 'n bloedverwant, met dieselfde belange en dieselfde ideale as jyself, moet jy oortuig — as jy ten minste nie jou eie ondergang wil bewerkstellig nie."2) Die oortuigingswerk doen Smith op meesterlike wyse. Hier is 'n geskoolde filoloog aan die woord, wat met kennis van sake praat. „Ek grond my mening op die geskiedenis van die wording van ander tale en op die herlewing in ons volk."3) En met onverbiddelike logika bewys hy, dat die argumente van die teenstanders „alles maar slim praatjies" is! Ook Die Geloofsbelydenis van 'n Nasionalis deur Dr. T. B. Muller is 'n pragstuk van logiese redenering. Hy skets die ontstaan van ons nasionale bewussyn. „Die puinhope van die twee republieke het die vrugbare bodem geword, waarin die nuwe Afrikaanse Nasie wortel, van die Kaap tot in Kongoland, en van Duits Suid Wes tot Brits Óos Afrika." Hier word die vaste stem gehoor van een wat na 'n goedomlynde doel streef. „In plaas van na-praat, wil ons nou saampraat en met ander nasies meewerk in die algemene taak van die mensheid." En op oortuigende wyse bepleit hy die middele om die doel te bereik, terwyl alle jeugdige voortvarendheid getemper word deur die besadigde erns van een wat sy verantwoordelikheid as leier voel. „Die karaktervorming van 'n nasie moet plaasvind deur 'n langsame groeiproses; deur voort te gaan op die weg reeds ingeslaan; al wat goed is, te ontwikkel en al wat nadelig is weg te kap Die !) Sommige is van Jan Celliers, soos o.a. die artiekel Stryd en Taalstryd, (1/4/ri), in hierdie paragraaf aangehaal. 3) Oom Gert Vertel*, p. XX. 3) t. a. p., p. XXI. POLEMIESE PROSA. 35 gevaar van die oormoedigheid van 'n jong nasionale entoesiasme is ek my wel bewus van; maar ek weet ook, dat sonder entoesiasme niks groots op aarde tot stand kan kom nie. . . ." 'n Warm entoesiasme klink dan ook heerlik op in sy hele betoog en met gloedvolle oortuiging leg hy sy „geloofsbelydenis" af: „Ek self sou my erfenis as lid van die Afrikaanse nasie vir geen ander burgerreg in die wereld wil verruil nie. Die grote nasies van Europa is wel oud en sterk en ervaringsryk, .... maar hul dra ook reeds die spore van hul ouderdom, en rypheid begin al op meer dan een plek in afgeleefdheid oor te slaan By ons is dit so anders. As 'n jong nasie sien ons amper ons hele loopbaan te gemoet. 'n Jong volk leef vorentoe. Sy leuse is die hoop; geduld en moed sy wagwoorde; 'n jeugdige entoesiasme sy dryfveer; en sy ywer is nog ongekoel deur die ontnugterings van mislukking. Vir my altans is dit veel heerliker my druppeltjie te probeer bydra by die self-bewuswording en karaktervorming van 'n jong nasie dan om te help dokter aan die kroniese kwale van 'n oue. . . Misluk ons pogings en moet ons ondergaan, neergedruk deur 'n vrag van onoorkomelike moeilikhede, dan is dit in elk geval beter om te sterf as eerlike stryders op die slagveld, dan om te versink in 'n bedwelmende luilekker eentonigheid van niksdoen Laat Jong Suid-Afrika sy nasionale geloofsbelydenis onderteken, nie met sy naam, maar met sy lewe en dan het ons niks te vrees vir die toekoms nie!" Hoeveel erns daar in die woorde lê, blyk uit die feit, dat Muller in 1905 'n Rhodesbeurs van £ 300 per jaar om in Oxford te studeer van die hand gewys 't, omdat hy „eenvoudig nie geld kon aanneem nie van 'n man wie se politiek hy verfoei en wie hy beskou as die aartsknoeier teen die vryhede van die Afrikaner-volk." In 1918 is hy aan die griep oorlede in die ouderdom van 34 jaar. Om die warm idealisme, gesonde argumente en forse styl is Muller se brosjure een van die beste stukke van ons polemiese prosa. Namate die Afrikaanse Beweging sterker word, neem !) Tomlinson in Die Brandwag, Des. 1918. 38 POLEMIESE PROSA. Een van die laaste, maar ook "een van die welsprekendste pleidooie vir Afrikaans het Langenhoven gelewer op die vyfde jaarvergadering van die Akademie in Julie 1914.1) Hierin tril die stem van 'n fel-bewoë gemoed so innig, dat dit meer geword 't dan 'n episode in 'n verbygaande stryd, en op sigself beskou, kunswaarde het. Dit is die skone kristallisasie van gevoelens en gedagtes, wat jare lank in die hart van die volk geleef het, maar nog nie hul definitiewe uitdrukking gehad het nie. En al die „dorstige vulletjies", wat jare lank gesukkel en geploeter het langs hopeloos versperde ompaaie om by die dam te kom, weet maar al te goed hoe raak en hoe juis Langenhoven die vermoeienisse en vernederinge van die pynigende dwaaltog geskilder het! „Ik denk terug met bitterheid aan die verdere verlore lewensjare wat dit my gekos het, nadat ik skool en kollege verlaat, om vir myself te doen wat my leeraars vir my moes gedaan het: om dieselfde intellektuele skool-kultuur deur lange en pynlike self-oefening om te set en tot my siels-besitting te maak" (p. 427). Dit is veral op die gevoelskant, die psigologiese kant van die saak wat Langenhoven nadruk lê. „Ik wil namelik sukkel om 'n skerpe lyn te trek tussen die gebruik van 'n taal als 'n verstands-medium, en sy gebruik als 'n gevoels-medium; en in albei gevalle nie alleen als 'n middel tot uitwendige openbaring nie, maar als 'n middel tot inwendige bewustsyn" (p. 428). .... „Dit mag vir elke Afrikaner ewë verstaanbaar wees om te lees: „Die huis se muur is stukkend", of om te lees: „De muur van het huis is stuk". Eersgenoemde uitdrukking roep 'n beeld van 'n puinval voor sy gees. Laasgenoemde doet dit ook op 'n manier. Maar in die eerste geval is beeld en uitdrukking deur onheuglike lewensgewoonte onafskeidelik vasgeheg aan mekaar. Laasgenoemde uitdrukking val nie met dieselfde spontane voegsaamheid in die gedagte-wereld, waar die beeld uit die elemente van vroegere ervaringe deur die geheuge opgebouw word nie" (p. 440). Met 'n fris oorspronklikheid word al die ou argumente x) Herdruk in Ons Weg deur die Wereld (1919): Afrikaans als Voertaal. 48 DIE BRANDWAG (iQIO 1^22). crediggies goed te maak, is veel moeiliker dan om 'n goeie stoel te maak. Dit vereis meer tegniese bekwaamheid en seker veel meer arbeid. Dit kos altyd handwerk om alle spore van sukkel uit jou werk te skaaf en weg te polieer" (Maart 1920). Nadat hy die aanwesigheid van „ware poëtiese gevoel" gekonstateer het sê hy: „Al wat makeer is die handskaaf en die sandpapier. . . En laat die digter dit vir 'n grondbeginsel eerbiedig: in die maak van 'n volmaakte rympie is handewerk van net soveel betekenis as inspirasie." Na aanleiding van dié resensie het ek aangetoon, dat so 'n beginsel 'n absolute miskenning van die wese van alle egte poësie is. (Die Brandwag, Okt. 1920.) i) Dit is bes moontlik, dat Marais met skaaf en handwerk iets anders bedoel as die gewone opvatting van dié woorde in die letterkundige geskiedenis, wat uit die agtiende eeu dateer. Hy moes egter bedenk 't, dat die woorde 'n danig slegte reuk het met betrekking tot poësie en aanleiding kan gee tot fatale misverstand. Een van die trouste medewerkers was Jan F. £. Celliers.3) As digter is hy bekend genoeg, maar dat hy ook een van ons mees verdienstelike prosaskrywers is, daarop mag nog wel gewys word. In Die Brandwag het onder sy eie en onder verskeie skuilname heelwat prosastukke van hom verskyn, waarin hy op populêre wyse allerlei historiese, sosiale en wetenskaplike onderwerpe behandel. In dié stukke munt sy styl uit deur helderheid en logiese gedagtegang, eienskappe, wat dit dan ook bevatlik maak vir selfs onontwikkelde lesers. Die meeste daarvan ïs later herdruk in sy Afrikaanse Leesboek (1920). Veel het hy ook gedoen om juiste begrippe oor kuns en meer besonderlik oor letterkunde te bevorder. In dié verband kan gewys word op 'n reeks artiekels, getietel l) In sy repliek hierop maak Preller hom van die kwessie af met 'n paar kwinkslae oor Binspirasie-bakoond"(!) en ontydig slapende of badende digters — grappies wat in 'n hoogstaande tydskrif seker ongepas is. En hyself het nadruklik verklaar: „Die digkuns is geen handwerk nie". Voorwoord, Die Vlakte, (1020) p. 7. ~) Vir lewensskets, sien dissertasie Dr. E. C. Pienaar, p. 209. DIE BRANDWAG (iQIO IQ22). 49 Lewe en Lettere in Die Burger, 1921,1) waarin hy blyk gee van 'n gesonde kunsopvatting. In die stadium van ontwikkeling, waarin ons volk tans verkeer, is so 'n causerie oor kuns van groot waarde.'n Verdienstelike omwerking van 'n roman van Henri Bordeaux, Bang vir die Lewe, het ook van hom in Die Brandwag verskyn en is later opgeneem in Die Burger-leeskring (1919). Colomba van Prosper Mérimée het hy ook daarvoor vertaal (1920). Dit is veral in sy natuurbeskrywings, dat Celliers as woordkunstenaar verdienstelik is. Hier openbaar hy 'n fynheid van gevoel vir die kleinste klanknuansering, 'n liefde vir die woord, wat ons dan ook van hom as digter mag verwag. Skoonheid in die natuur bring hom in 'n jubelende ekstase: „O laat my hier verlore raak, hier altyd bly, hier sterwe as dit moet, want hier bereik die lewe sy hoogste heerlikheid, so naby die Onsienlike as nêrens anders nie. ..." (Die Brandwag, Jan. 1917.) „Ons wil een word met die gaos van dartelende geluk en ongebondenheid, ons wil verfrommel word in die mallende, krullende skuirn, ons wil onsselwe vergeet en verloor in die wilde vrye roes van uitjuigende, uitspattende beweging en krag ..." (Jan. 1918). In sy uitgelatenheid laat hy die woorde om ons wirrel-warrel, soms wel in verbysterende veelheid, maar altyd vol suggestiewe klank. „Die see in die rotse! O, nêrens soos hier is die water 'n beeld van krag —'dronk, mal van pret, van selfbewuste eie weelderige oordaad, sigself oortreffend, oorrollend, oorbotsend in aksie-begeerte teen hindernis, swelgend in oordaad van alles-oorswalpende aanstorming, melk-wit oor-soppend die rotsbanke se skulpskurfte, swoep! opdoeffend teen blinde klip, oppluimend, uitspattend in 'n wolk van skuim wat bo in puntjies uitpyl en wind-verwaaid neerswiets in die siedende karning omlaag; na aanstorming waggel-wild wegvallende elke keer, in rotstregters ingesuie, maar opgudsend weer na halwe wegsakking, in altyd-durende dans van strydlustige durf en ongeduld." (id.) 2) Vanaf Feb. 1922 voortgeset in Die Huisgenoot. s) Op die mooi passage het Dr. E. C. Pienaar in sy dissertasie ook gewys, 2de druk, p. 228. 4 50 DIE BRANDWAG (19IO—1922). „Malkop-moedwillig spring waterdruppeltjies af van die oorleunende kranse bo, om te kyk wie die beste kan duik — met 'n stadig-lange swaai, net of die lug hul dra in hul val, seil hul neer, en pets op onse hande of val in die rivier naas die skuit." (DieBrandwag, Jan. 1917.) Sulke impressionistiese prosa is in ons letterkunde maar al te skaars! Noem dit navolging van die Tagtiger woordkuns as jy wil; praat van Querido-aanse oorlading — ook goed; maar hier is in elk geval 'n ontroerde, wat soek na treffende segging en juiste klank. Celliers raak nie alleen in vervoering oor die skoonheid in die natuur nie; hy is die peinsende wandelaar, wat steeds na dieper waarheid soek, telkens met 'n wondervraag stilstaan. „Pylsnel skiet 'n groot naaldekoker soos 'n blou bliksemstraal deur die lug en is weg met een van die stryders. En ek verwyder my, met die ewige vraag op my lippe, hier as in die groot wêrelddaarbuite: Waarom, God, waarom?" (Leesboek p. 206.) „Die genius van die veld het die invloed op ons, dat ons telkens die vraag aan onsselwe doen: het ons lewe en bestaan op aarde 'n doel of is alles sommerso?" (id. p. 204.) „Soek ons hier nie wat ons soek in die donkere dieptes van ons eie gees, in elke ander gees, in elke oog, in boeke, in die natuur: wat, waar is die groot geheim, is daar skoonheid, is daar waarheid vir my te ontdek?' (In die Kango-grdtte. Die Brandwag, April 1918.) Mooi plastiese uitbeelding is daar ook in Winter-mdremark: „Kaffers wat werk toe gaan, loop met skouers hoog opgetrek, hande diep in die broeksakke, elke voet einaeina neergeset, — almal ewe stuurs.... 'n Pikenien het 'n soldaatbaadjie aan; en as jy daar so inkyk, sien jy sy kaal pensie, en daaronder sy nakende maer beentjies, wat lyk of daar as aan kleef." (Leesboek p. 133.) Drie verhaaltjies van 'n wonder-mooi innigheid het Celliers ook geskryf: Sy tel nie mee nie, en Nie nodig nie, in sy Leesboek en Waarom Hy en nie Ek me? in Die Brandwag (15 Maart 1914). Hier is hy ook die woord-arties, wat ons verras met fris beeldspraak. „Arme Gawie verwag 'n bondgenoot en uitredder in oupa en begin dadelik: „Meneer, is dit nou reg " maar, wie DIE BRANDWAG (iQIO IQ22). 51 sê, die. ou-meid blus hom in 'n kits, met 'n maxim-sarsie van kort en klein gekapte skreeuerige woorde ...." Onder sy ander verhale munt die volgende uit: Suster Greta, (5 Aug. 1913); 'n Ou Vlam, (1 Mei 1912). Vyf Minute, (15 Junie 1913), is besonder goed gestileer. Die goeie beginsels wat hy in Die Huisgenoot, (Aug. 1919) aanbeveel, word hier toegepas — geen kakelbonte awonture nie — maar studie van die mens. 1) Van sy hand is ook die reeks didaktiese Briewe van Bram, waarin 'n paar treffende gedagtes voorkom. 2) Vir 'n juiste begrip van Celliers se kunsopvatting is die volgende van belang: „Kuns is nie daar vir die kuns nie, maar vir die mens, 3) omdat dit ook maar een van die middele in die mens se hand is in sy strewe naar geluk, deur volmaaktheid, waarheid, skoonheid ... In ons land het 'n» skrywer 'n besonder moeilike taak: hy staat voor die moeilikheid dat die buite-bevolking ander leesstof nodig hèt as die dorpsbevolking; en hy mag die buite-bevolking nie sommer aan hul lot oorlaat nie, en sê, „ek bemoei my net met die dorpsmense", omdat die Afrikaners te min in aantal is teenoor die inkomelinge van buite, omdat elke Afrikaner 'n onmisbare gewig in die skaal is vir ons taal- en volksbestaan. Die nasionale skrywer moet as-ware elke Afrikaner uitsnuffel en soek om hom '« skool te gee, 'n meester, 'n boek, wat Ay kan verstaan, wat hom voorlig en opvoed.^) Hier staan Celliers dus op dieselfde standpunt as Langenhoven en in verband met die se opvatting sal die vraag nader bespreek word.5). 'n Groot gedeelte van Celliers se prosawerk is dan ook suiwer didakties en ontstaan uit 'n drang om die volk op te voed tot 'n beter begrip van kuns. In dieselfde artiekel sê hy verder: „Aan die ander kant staat die dorpsman, wat al gesnuffel en geproe het in die letterkundige tuin van die groot wêreld... Aan hom moet ook gegee word wat sy smaak bevredig en wat enigsins 'n vergelyking kan deurstaan met die *) Vgl. p. 21 vlg. 2) Een daarvan is opgeneem in die Leesboek, p. 185. s) Kursivering van jdie skrywer. ■*) Ek kursiveer. DU Brandwag, Julie 1917. 6) Sien Hoofstük VII. 62 DIE BRANDWAG (I9IO-— IQ22). letterkundige voortbrengsels van die buiteland .... Die Afrikaanse kunstenaar moet dus nie altyd*) uitsluitend aan die beginner dink nie en sy gevoel of siening in-toom nie i) — hy moet daar dikwels die volle teuel aan gee en die allerbeste lewer wat hy kan, want veral die opgevoede man moet vir ons taal en nasionale saak gewin word..." In sy poesie word die twede gedeelte van die program uitgewerk en gelukkig het dit weinig gely onder sy didaktiese en patriotiese geteoretiseer. As 'n digter ons kom vertel, dat hy nie altyd... sy gevoel of siening in-toom nie, m. a. w. dat hy dit soms tög doen om vir die „beginner" bevatlik te wees, dan sou ons verwag dat dit met sy kuns heeltemal misloop, hoe goed die bedoeling ook al mag wees. Gelukkig is dit by Jan Celliers nie die geval nie. Wat C. R. de Klerk van Vondel sê, geld ook hier: „De «beste schilders zijn niet zelden de onbeholpenste stamelaars als ze hun eigen werk trachten te duiden in woorden."2) „Nut en stichting", „nuttigheid voor de scholieren en opluikende jonkheid", sulke woorde kry mens in meer dan een Berecht van Vondel, maar in sy beste werk, soos b.v. die Lucifer, vergeet hy totaal, dat hy die mense wou „verbeter" en is hy veral 'n soeker van skoonheid. Verblydend is dit, dat Jan Celliers in die laaste tyd ook in sy teoretiese beskouing 'n veel juister standpunt inneem. „Geniale uitbeelding, plastiese voorstelling, dis die eintlike werk van die kuns, die letterkunde En die uitbeelding is hier alleen goed as dit, daardeurheen, die gronde en dieptes laat sien, sonder dat dit die eintlike welbewuste doel van die kunstenaar was om bepaald sedelik of opbouend te werk te gaan, soos die predikant of die onderwyser. 'n Ware kunswerk kom alleen voort uit 'n vrye estetiese stemming of gevoel, wat sy doel bereik sonder dat dit lyk of hy 'n bepaalde doel gehad het. As die vrye uiting hom 'n rigting laat voorskrywe deur 'n sedelike of ander doel, word persone en toestande vanself verdraai, pasklaar gemaak, om aan die doel of l) Ek kursiveer. Die Brandwag, Julie 1917. *•) Kultuurbeschouwende inleiding tot Vondels spelen, p. XI. DIE BRANDWAG ( igiO 1922). 53 strekking diensbaar te wees, en dan is so 'n werk, as kunswerk, nie meer van die beste nie." l) Een van die skryfsters wat baie opgang gemaak 't in die tydskrif en wie se werk herhaaldeÜk bekroon is, is Hettie Cillié. Sy is die dogter van 'n onderwyser, wat in 1884 uit Wellington na Transvaal getrek 't. Na die Engelse oorlog het sy haar opvoeding aan die Hugenote-Seminarie ontvang. In 1906 en 1909 het sy Taalbondpryse vir histories-romantiese verhale gekry. 'n Twintigtal van haar stories en sketse is in verskillende krante en tydskrifte gepubliseer. 2) Sy teken by voorkeur 'n eenvoudige verwikkeling, waarin die liefde 'n rol speel en verstaan die tegniek van die kort verhaal goed. Haar karakteruitbeelding getuig van groot mensekennis, maar is nie treffend genoeg om 'n blywende indruk te maak nie, veral omdat haar styl so onpersoonlik is. Twee Susters, (Die Brandwag, 1 Maart 1913) en 'n Ongeluk, (15 Des. 1910) is tiepiese verhaaltjies, op rustig-aangename toon vertel. Emannel H. F. de Roubaix. Van hierdie skrywer het 'n hele reeks verhale in verskillende tydskrifte verskyn. Hy is gebore in 1880 op Tabaktuin, 'n plaas digby Nieuwoudtville. Jare lank het hy sy vader se skape opgepas. Die enigste lektuur was die Bybel, Katkisasieboek, Ons Kleintji en Ons Tydskrif. In 1898 kon hy op Nieuwoudtville skool gaan en met die Engelse „Step by Step" begin. Gedurende die oorlog het hy by Gen. Maritz aangesluit. In die Boland het hy gematrikuleer en sedert 1907 hou hy skool in Namakwaland. Veertien jaar was hy x) Kuns en Sedelikheid. Die Huisgenoot, Jan. 1022. Ek kursiveer. Vgl. egter Reg 60 Reg (1. 22): „In nse tyd van ionye nasionale opbou. ...is kuns wat 'n sedelike of ander str kking het, ook te verdedig." (Voorwoord). 8) Lewensskets aan Die Brandwag, Des. 1018 ontleen. 54 die brandwag (19IO 1922). op Roggeland en vanaf 1922 is hy op Paardekraal (NoordBokveld). Die gewoontes van die Boesmanlanders, hul awonture op lang trektogte — dit is die tema van Roubaix se verhale. Soms gee hy 'n reeks los anekdotes, (Op wag in Boesmanland b.v., (Die Brandwag, 1 Mei 1916), maar meestal 'n afgeronde verhaal. Hy ken die mense deur en deur, en in eenvoudige, ongekunstelde taal, wat uitstekend pas by sy onderwerp, vertel hy die ervarings van eenvoudige siele. Dit is 'n primitiewe beskawing, wat hy beskryf in onopgesmukte toneeltjies van roerende eenvoudigheid. Treffend het hy die agterdog van die Boesmanlanders teenoor allerlei nuwighede geteken in In die Land van Dr. Steenkamp, (Die -Brandwag, Julie 1920). In sy styl is daar af en toe 'n fris oorspronklikheid; sy taal en beeldspraak sit vasgewortel in die Boesmanlandse aarde. Met sy dialoog is hy minder gelukkig. Daar stuit mens telkens op gedagtes van die skrywer self. Onwaarskynlik klink dit b.v. om 'n Namakwalandse „boggie van veertien jaar" te hoor praat van „ware skuldvergiffenis, (wat) altyd volg op ware skulderkentenis", (Die Brandwag, 1 Des. 1917). Ook die outa in Maar 'n ou Hotnot praat 'n opgepoetste, onware taal. In die laaste tyd vertoon De Roubaix 'n neiging vir melodramatiese .grieselighede. .So teken hy in Pietertjie en Johannetjie 'n verlore seun, wat op sy ouers se graf met 'n skeermes sy nekare afsny. (Die Huisgenoot, Junie 1920.) Iz, Tan Heerden — (Vaalswaer). Onder die jagstories, wat in Die Brandwag verskyn het, verdien die reeks Herinneringe van 'n Jagter deur Vaalswaer vermelding. Dit is geen geweldige awonture wat hy verhaal nie. So af en toe vleg hy wel 'n klein anekdote in, maar hy is in die eerste plaas die peinsende jagter, wat onder die bekoring van die bosveld sy gedagtes vrye loop gee en met 'n paar trekkies mooi 'n stemming aandui, 'n Goeie voorbeeld daarvan staan in die nommer van 1 Oktober 1916. Vaalswaer is in 1870 in die distrik Cradock gebore. Sedert 1905 het hy met Preller saam- DIE HUISGENOOT (1916—1921). 55 gewerk in die taalstryd, o. a. as sekretaris van die A.T. G. Met sy eggenote, Tannie, woon hy nou op Potgietersrust. Die Brandwag bevat ook verskillende goed geslaagde oorlogsverhale, waarvan o. a. die volgende kan genoem word: 'n Bestorming deur Nig Mimmie (15 Mei 1911) ; Oormag deur P. (Sept. 1921); Boere op See deur O. D. (Sept. 1921). Onder die groot aantal verdienstelike kort stories verdien die volgende veral aandag: Die Bymot deur Carl Jeppe (15 Des. 1910); Sy lerugkoms deur Steph. Maré (1 Des. 1912); Wraak deur J. F. Engelbrecht (15 Des. 1912); 'n Brief deur H. (1 Des. 1915); Oom Hans (Sept. 1921). Van sulke min of meer onbekende outeurs sou daar 'n mooi bloemlesing kan saamgestel word. As vervolgstorie het vanaf 1 Oktober 1914 'n roman in Afrikaans: Die Aiggies van die Kommandeur verskyn deur J. F. van Oordt (1856—1918), 'n skrywer, wat onder die naam D'Arbez 'n hele reeks Hoog-Hollandse romans gepubliseer het i). Van hom is ook die verhaal Die Wolwegat, later opgeneem in die bundel Losse Klippe. § 3. Die Huisgenoot (1916—1921). In Mei i9i6isZ>«^^T«z^«ö