IO Die Profete tree voor ons op nie als mense wat 'n asketiese en bespiegelende lewe lei nie, afgesonder van die bose wereld om hul heen. In die publieke lewe het hul opgetree, en hul belang was ook in publieke sake. Tereg merk Rauschenbusch op «the religion of the prophets was not the devoutness of private religion. They lived in the open air of national life».1) Maar alhoewel hul prediking in een noue betrekking staan tot die sosiale en politieke toestande van hul tyd, bly hul bo alles die boodskappers van God. Teenoor die sosiale sonde word die eise van Gods wil gestel. Terugkeer tot Gods wege is die gedurige aanmaning. Dit is ook opmerkelik hoe dik wils die profetiese boodskap gerig is, nie tot die indiwidu nie, maar tot die volk als een geheel. Dit geld ten minste van die profesie solang die nasionale lewe nog nie deur vreemde oorwinnaars vernietig was nie. Die profete beskou die nasies als morele persoonlik hede, behep met nasionale sonde, en gedreig met 'n nasionale straf. Hul maak dus hul beroep op die nasionale bewussyn, en die doel van hul boodskap is, o. a., 'n opwekking van die nasionale gewete. Dit is «Israël» wat gesondig het, «Jakob » wat afgedwaal is, «Juda» wat Jehovah verlaat het ep teen «Samaria» en «Jerusalem» sal die goddelike toorn gerig word. a) Waar ongeregtigheid en straf op onomwonde manier aangekondig moet word, is een van die grote vereistes vir die profeet, moed, heldemoed om sy goddelike boodskap te bring. Vrees of 'n valse voorstelling van Gods wil verdien die ernstigste bestraffing. *) Hy moet als 'n «koperen muur» staan teen die ganse land. 4) Nie alleen moet hy die boodskap aan die Volk bring nie. Ook die regeerders, vorste en 1) Christianity and the Soc. Crisis p. 22—3. 2) H. F. Ward, Social Ministry p. 20—I. Vg. Amos 1—4; Jes. 1—3. 3) Jer- 5 : 3°—1. 6 : '3. 23 = 14—«7! Ez. 2 : 6, 3 : 9. 4) Jer. 1 : 18. i8 koninkryk, of tot die kerk, die sigbare of die onsigbare of tot die hemel nie. Dit sluit dit alles in. *) Dit is so veel omvattend als die regering van God, en soo wyd uitstrekkend als die natuur van die mens.2) Beide die teenwoordige en die toekomstige tyd word daardeur ingesluit — die teenwoordige potensialiteit van die Koninkryk en sy toekomstige volmaking.3) Soos Prof. Bavinck dit kernagtig uitdruk: «Het Koninkrijk is er in religieus ethischen, het komt in eschatologischen zin». 4) Dit kan korteliks beskryve word als die regering van God gevestig in die lewe van die mens, 'n regering wat gedurig uitbrei in die maatskappy en wat sy voleindiging vind in die lewe hierna. s) Nadruk moet in verband met ons onderwerp daarop word gelê dat dit betrekking het op die menselike lewe hier op aarde, en nie bloteliks beskou moet word als een ryk of toestand wat buite die menselike lewe om bestaan. Die ideaal moet altyd wees om dit hier op aarde in die maatskappy te verwerkelik. Hier moet daar 'n sosiale toestand heers wat sal ooreenstem mét die wil van God. *) «Good men constituting a good society, ^living in league with all goodness human and divine—this is the Kingdom of Heaven». *) Ook is die Koninkryk uit die aard van die saak 'n sosiale eenheid. 1) J. M. B a r k e r, The Social Gospel and the New Era. Vg. Rauschenbusch, Christianity and the Soc Crisis pp. 54, 65. 2) S. Z. Batten, The Social Task of Christianity p. 72. 3) F. G. P e a b o d y, Jesus Christ and the Soc. Question p. 40. H. C. Vedder, Socialism and the Ethics of Jesus p. 351. 4) Geref Dogm. III p. 258. 5) Vg. W. D. Hyde, Social Theology p. 255. Vg. C. M. Bishop, Jesus the Worker p. 142. Vg. L. S t e i n, Die Sociale Frage im Lichte der Philosophie p. 680. 6) Vg. Matt. 6: 10. Vg. Slotemaker de Bruine, Christ. Soc Studiën p. 85. Vg. Plantz, The Church and the Soc. Problem p. 188. 7) Faunce, The Educational Ideal of the Ministry p. 115. 19 Alhoewel dit in ons is, bestaan dit nie uit losse indiwidue nie naar vorm 'n organiese geheel soos uit die gelykenis van die suurdesem veral blyk. Dit is 'n ontwikkelende proses van sosiale geregtigheid wat bevorder moet word deur indiwidue. *) Jezus verdere woorde en ook Sy dade stem ten volle ooreen met bierdie opvatting van die Koninkryk. Sy werksaamheid »s gerig sowel op die mens als sosiaal wese als op die mens als geestelik wese. Die skerpe grens tussen die geestelike en die sosiale was Hem onbekend. Dit is Hem te doen om die mens te red, maar die mens als lid van 'n gemeenskap en onafskeidelik daarmee verbind. Trouens, Hy noem die mens goed in so ver hy 'n ware lid is van die gemeenskap en vir die algemeen welsyn daarvan lewe. *) Die mens wat trag om sigself te red deur sigself en vir sigself, sal sigself verlies, maar hy wat gewillig is om sigself op te offer deur vir andere te lewe, sal sigself vind. *) Opmerkelik is hoe Hy aantoon dat die grote toetsvraag op die oordeelsdag gestel 'n sosiale vraag is. Die eis daar gestel is die vervulling van sosiale pligte, die voed van die hongerige, die sorg vir die vreemdeling, die kranke, die gevangene. 4) Sy prediking rig Hy dus grotendeels in vir die mens als sosiaal wese, en preek oor rykdom, 6) huwelik, *) arbeid, 7) verhouding tot die owerheid; 8) oor sosiale deugde soos barmhartigheid, •) vergevendsgesindheid 10) en ook oor sosiale 1) J. M. B a 1 d w i n, The Social Gospel and the New Era p. 7. 2) Vg. W*. F. Ward, Social Ministry p. 33. 3) Matt. 16 : 25. 4) Matt. 25 : 34—6, vg. Jac I : 27, 2 : 13. 5) Matt. 19:23—4; Mark. 4:19; Luk. 12:16—21, vg. 1 Tim. 6:9; Jac. S : 1—6. 6) Matt. 19 : 3—9, vg. Ef. 5 : 23—31. . 7) Matt. 10: 10; Luk. 10:7, vg. 1 Tim. 5 : 18; Jac. 5 :4. 8) Matt. 22 : 17, vg. Rom. 13 : 1—7; Tit. 3 : I. 9) Matt. 5:7; Luk. 6 :36, vg. Ef. 4 : 32; Jac. 2 : 13. 10) Matt. 18 : 21; Mark. 11 : 25, vg. Kol. 3 : 13. 24 nuwde indiwidu het Hy die oplossing van die sosiale probleme toeyertrou. *) Hy moes dan ook wees «Het zout der aarde» en «Het licht der wereld». *) Soos deur die verskillende verwysinge reeds aangetoon is, bevestig die apostoliese skrywers herhaaldelik die sosiale beskouinge van Christus. In die brief van Jakobus staan die dagelikse pligte in die sosiale lewe van die mens op die voorgrond. Die toets vir die ware godsdiens beskou hy als «weezen en weduwen bezoeken in hunne verdrukking» en die betoon van barmhartigheid aan arme. 8) Petrus vermaan tot eensgesindheid, broederlike liefde en barmhartigheid, 4) en lê nadruk op die deugd van onderdanigheid. 8) Johannes toon keer op keer in sy briewe aan dat ware liefde tot God nie kan bestaan nie sonder liefde tot die medemens. *) Paulus bespreek openlik die brandende sosiale probleme van sy tyd, die morele sy van. die huwelik, 7) die christelike houding teenoor die betaling van belastin ge, 8) teenoor die owerheid, 9) teenoor arbeid,10) en die verhouding van die indiwidu tot die maatskappy. n) In die voorafgaande is daarop gewys hoe in die prediking van die Pentateuch, Profete en Christus, 'n openbaring van Gods wil gegee is met betrekking tot sosiale verhoudinge. Die wil van God was die uitgangspunt vir hierdie prediking, en Sy kerk kan in sy prediking ook vandaag geen andere hê nie. Die wil van God alleen moet die kerk vandaag deur woord en daad verkondig. Waar God in Sy Woord als 1) Vg. Rauschenbusch, t a. p. p. 308 — 9. 2) Matt. 5 : 13, 14. 3) Jac. I : 27, 1 : 13. 4) 1 Pet. 3 : 7—9. 5) I Pet. 2: 13—14, 3:1, 5:5. 6) 1 Joh. 3 : 10, 14, 4:8, 20, 21, 5 : 1, 2. 7) I Kor. 7 : 9—16, 28, 39. 8) Rom. 13 : 6, 7. 9) Rom. 13 : i—s; Tit. 3 : 1. 10) Rom. 4:4:1 Tim. 5 : 18. 11) Rom. 12:4—5; 1 Kor. 12:12—27; Ef. 4:25. 25 openbaring van Sy wil, aldus duidelik aan ons geopenbaar het die sosiale sonde, pligte en verantwoordelikhede, moet die kerk vir wie Sy Woord die grote bron van waarheid en kennis is, ewe duidelik vir die mens met sy sosiale node en behoefte, dieselfde boodskap van God bring. Trouens, soos deur die Profete en Christus ook herhaaldelik geleer, is die religieuse en sedelike onskeidbaar. Tot die ware godsdiens behoor ook die betoon van sosiale geregtigheid. In 'n kerk dus waar daar op ware godsdiens aangedring word, moet daar noodwendig wees 'n aandring op 'n ware sosiale geregtigheid. d. Behoefte aan etiese voorligting. Vir die Kerk wat Christus als sy Hoof erken, en vir wie Gods Woord eeuwigdurende waarde besit, kan daar geen twyfel bestaan nie omtrent die verpligting tot sosiale werksaamheid. Maar omdat daar ten alle tyd 'n sekere mate van onsekerheid is gewees omtrent die grense van die sosiale arbeidskring van die kerk, dien nog op 'n andere feit gelet te word. 'n Belangryke waarheid wat vroeër meestal voorbygesien was, maar wat in ons eeu meer en meer sy volle erkenning yerkry, is dat sosiale probleme sedelike probleme is. Opmerkelik is dit om te sien hoedat die meeste hedendaagse sosiologiste dit als 'n feit van die grootste belang beskou. Sabatier beweer tereg «Sociologists are more and more coming to the conclusion that the social question is dependent on the moral question».1) Die krag en die erns van die I) Aangehaal deur C. R. B r o w n, The Soc. Message of the Modern Pulpit p. 66. So ook Leslie Stephen, Soc Rights and Duties p. 22. So ook Peabody, Jezus Christ and the S. Q. p. 116. So ook Nathusius, Mitarbeit der Kirche p. 543. So ook W. C. Höchstetter, Die Soc Frage und die Kirche p. 75. Vg. Slotemaker de Bruine, Sociologie en Christendom p. 25. 26 moderne sosiale beweginge blyk uit die eise herhaaldelik gestel vir meer regvaardigheid, gelykheid en vryheid.l) Die sedelike sy van die sosiale probleme is natuurlik geen nuwe. ontdekking van die twintigste eeu nie, want deur die Skrif word dit herhaaldelik uit die oogpunt beskou. Die Profete, soos aangetoon is, was die grote predikers van sosiale geregtigheid. Ook Jezus Christus het die sosiale probleme altyd uit 'n etiese oogpunt beskou, nooit uit 'n bloot politieke of ekonomiese. Slegs in so ver die sosiale kwessies morele kwessies was het Hy hul behandel.2) Die Skrif bied ons aan opvattin ge aangaande rykdom, arbeid, loon, ens. Maar soos D. G. Rietschl aantoon, «niemals sind diese Gesichtspunkte wirtschaftlicher" Art, sondern immer rein ethisch». *) Die oplossing van die sosiale probleme sal uitbly so lang nie ingesien word nie dat die enigste oplossing te vind is nie langs ekonomiese en politieke weg nie, maar langs sedelike weg. «Wij hebben geen rekensom voor ons», sê N. G. Pierson, «maar een kranke maatschappij die aan tal van' kwalen lijdt. Die kwalen zijn niet van stoffelijken, maar voor een groot deel van zedelijken aard».4) Alteen wanneer die ryke sy plig leer insien teenoor die arme, en die werkgewer teenoor die arbeider, en die sterke teenoor die swakke, en vice versa, soos beide in O. en N. Test. geleer word, kan daar verbetering in sosiale toestande kom. Waar dus sosiale probleme grotendeels sedelike probleme is, behoor die kerk van Christus ongetwyfeld 'n belangryke aandeel te neem in die poginge tot oplossing daarvan. Die hulp van die kerk blyk so veel te meer onontbeerlik 1) Henry George, Social Progress p. 182—3. P 1 a n t z, The Church and the Soc. Problem p. 70. 2) H. C. King, The Ethics of Jesus p. 18. Rauschenbusch, Christianity and the Soc. Crisis p. 47. 3) Wie verhalt sich die Evang. Kirche die Sociale Frage gegenüber? p. 27. 4) De Sociale Quaestie p. 4—5. 27 wanneer daarop gelet word dat hoe meer die beskawing toeneem, hoe ingewikkelder die maatskappelike en dus ook die sedelike verhoudinge word. Die grote arbeidkwessie, byv., was in vroeêre eeue veel minder ingewikkeld en die verhoudinge en pligte van werkgewer en arbeider was 'n direkte, en betrekkelik gemaklik om vas te stel. Die sedelike verpligtinge was dus ook min of meer duidelik. In die toestand is daar meestal 'n belangryke verandering gekom met verreikende gevolge. Om slegs enkele te noem, die verhouding is dikwils nie meer 'n persoonlike nie, daar werkgewer en arbeider slegs in indirekte verhouding tot mekaar staan. Die gevolg is dikwils gewees dat die gevoel van verantwoordelikheid by al twee al minder word. Die invoer van masienerie het 'n ontsettende invloed gehad op die verhouding tussen werkgewer en werknemer. Eersgenoemde word weer afhankelik van en ondergeskik aan die willekeur van laasgenoemde, veral waar die arbeiders als liggaam nie goed georganiseer is nie. Maar tegelykertyd tree ook vandaag tevoorskyn in die vakvereninge 'n faktor van verreikende sosiale betekenis, 'n faktor wat kan dien tot self verdediging maar ook tot verdrukking van werkgewer sowel als van die hele maatskappy. Dat die sedelike probleme hierdeur steeds vermeerder en ontsettend ingewikkeld word, spreek van self. Die handel word ook tegelykertyd meer ingewikkeld en roep telkens nuwe sedelike probleme tevoorskyn onder 'n steeds toenemende belanghebbende aantal mense. *) Die steeds vermeerderende sosiale en tegelykertyd etiese probleme wag vandaag nog grotendeels op 'n oplossing. Waar, soos reeds aangetoon, daar geen etiek is sonder religie, en geen religie i) Henry George, Social Progress p. 34. W. Moore Ede, The Church and Town Problems p. 3. C. S. Gardner, The Ethics of Jesus and Soc. Progress p. 126. 28 sonder etiek, kan 'n kerk wat getrou is aan die Woord, die probleme nie ter syde laat nie.x) Dat daar grote behoefte is aan etiese voorligting in die sosiale probleme kan nie ontken word nie en word deur vele skrywers oor die probleme herhaaldelik beweer. Die groot behoefte blyk o. a. daaruit dat beide in Engeland en Amerika vereniginge gestig is bepaald met die doel om etiese kennis in verband met maatskappelike probleme te versprei. So is daar in Engeland, «Ethical Societies», en in Amerika, «Societies for Ethical Culture».a) Als doel word aangegee «ethical culture», of, «the spreading of moral idéas». *) Uitdrukkelik word ook beweer dat hul trag om wat edel en goed is te bevorder in die maatskappy daar die kerk in die opsig so weinig verrig. *) Manne van gesag, soos die professore SidgWiek, Seeley en Bosanquet, beweer dat hul deur sulke vereniginge trag om op te bou die morele lewe van diegene oor wie die kerk geen invloed meer het nie. 6) Die invloed van sulke vereniginge kan uit die aard van die saak slegs beperk wees, en kan op die volk als geheel maar weinig invloed uitoefen. Van waar moet die volk dan die sedelike voorligting, wat so dringend nodig is, ontvang? Van die staatsmanne is daar vandaag meestal weinig heil in die opsig te verwag, behalve waar soos in Nederland, 'n 1) C. R. Brown, The Soc. Message of the Modern Pulpit p. 65. Vg. O. S c h r i e k e, Hebben wij als predikanten een roeping op Sociaal gebied? p. 11. Vg. W. G r a h a m, The Soc. Problem p. 346. Vg. P. M. Strayer, The Reconstruction of the Church p. 15. 2) Beskryf in „Ethics and Religion" ed. J. R. S e e 1 y. 3) Tb. Inleiding. 4) Ib. G. von Gizycki p. 2Ö6. 5) Ib. p. 17, 26, §6—7. 38 o. a. wys op die proletariese karakter van die eerste gemeente en beweer, «zij streefde naar een communistische organisatie». Om dit te bewys haal hy aan nie alleen uit Hand. 2 en 4 nie, maar wys ook op die kommunistiese samelewe van Jezus en die Apostels en die feit dat daar maar één beurs was.J) Ook die bevele van Christus om gewillig te wees om besittinge te verlaat sou wys op een kommunisme deur Christus in die lewe geroep. 2) Ook die sogenaamde „Christen-sosialiste" eis die opheffing van privaat besit van grond en voortbrengingsmiddels op grond van Hand 2 en 4. 8) Dat daar egter van een kommunisme geen sprake kan wees nie, blyk uit die volgende. a. «Niemand zeide dat iets van hetgeen hij had zijn eigen ware».4) Dus, hy besit en behou wel iets wat sy eie was, maar hy het dit nie als sodanig beskou nie. b. Die verkoop van besittinge was een geheel vrye en onverpligte daad, soos duidelik blyk uit die woorde van Petrus tot Ananias. Hy beweer daar uitdrukkelik dat sy besittinge sy eie was, en hy daarmee kon doen wat hy wou. 6) c. Daar is geen bewys dat wat hier verhaal word van die Christene te Jeruzalem, 'n algemene gewoonte was. Geen ander geval van gemeen besit word in Hand. vermeld nie. Inteendeel, behou die moeder van Markus haar eie woning in Jeruzalem. 6) Bowedien word deur die disiepels te Antiochie besluit om 'n vrywillige bydrae te stuur naar die broeders in Judaea «nadat een iegelijk der discipelen vermocht». 'J d. Paulus weet van so 'n kommunisme niks af, en vele van sy woorde weerspreek die praktyk. Waar hy beweer dat God die blymoedige gewer lief het 8) en aanmaan tot 1) Joh. 12 : 6. 2) Oorsprong van het Christendom p. 287—9 (vert. Gomet). 3) R. J. W. Rudolph in Het Diaconaat p. 589. 4) Hand. 4:32. 5) Hand. 5:4. 6) Hand. 12 : 12. 7) Hand. 11 : 29. 8) 2 Cor. 9 : 7. 39 een gereëlde bydrae volgens vermoé vir die arme, *) kan 'daar geen sprake wees nie van 'n gemeenskappelike besit van goedere, e. Bowedien is daar geen. spore te ontdek nie van 'n algemeen formeel en verpligtend sisteem. Doel van die mededeelsaamheid was alleen versorging van die arme. Daar was geen eweredige verdeling niét maar verdeling volgens die behoefte van die nooddruftige. a) Veel eerder kan van die eerste gemeente beweer word, «lts economics were those of a loving family».8) Die vrywilligheidsbeginsel tree in die eerste eeue altyd op die voorgrond. Die kommunisme van Plato word deur die apologeet Lactantius uitdrukkelik een dwaling genoem. *) Merkwaardig is dit dat die liefdearbeid gedurende die eerste eeue ten nouste verbind word met die erediens. Daar waar die Christen hom verplig om sigself naar liggaam en siel aan God te offer, bied hy ook aan 'n offer van aardse gawe aan sy medemens. 5) Dit het geskied op die liefdesfeeste (Agape) wat oorspronkelik met die Avondmaalsviering verbind was, maar later als aparte instelling gevier word. Tot die gemeenskappelike maaltyd moes iedereen naar vermoë spys en drank meebring. Op die wyse word die arme wat teenwoordig is voorsien van lewesbehoeftes. Later dien die gemeenskappelike maaltye by die grafte van die martelaars ook om die arme te voed. *) Ook was dit gebruikelik om ieder Sondag of een maal per maand gawe van geld of eetware mee te bring. Dit word dan op die tafel neergelê en also die Heer toegewy. 'n Gawe waaraan daar 'n gebrek kleef word geweier. Ook van iemand wat geëkskommuniseer was of van lapsi of van i) i Cor. 16:2. 2) Hand. 2:45, 4:35, 6:56. 3) Peabody, Jesus Christ and the Soc. Question p. 1—6. 4) A. Harnack, t.a.p. p. 23. 5) A. H a r n a c k, t. a. p. p. 19. .6) A. Harnack, Mission und Ausbreitung des Christentums, I p. 135. 40 misdadigers word dit nie aangeneem nie. *) Die voorsitter besluit wie van die arme daarvan sou geniet en hoeveel hy moes ontvang. Hierby moes die diakene hom met raad en daad bystaan. Die gawe word dan aan die einde van die diens verdeel onder behoeftiges wat teenwoordig is, terwyl 'n deel daarvan naaf die huise van die arme gebring word. Justinus die Martelaar verhaal dat nie alleen aan weduwees en wese en sieke die gawe aangebied word nie, maar ook aan gevangene en vreemdelinge. 2) Later word die offers nie meer op die tafel geplaas nie maar word naar die Biskop se huis gebring of naar 'n kamer (gazophylacterium) in die kerkgebou wat daarvoor ingerig is. In die volgende eeue word die liefdemaaltyd louter 'n maaltyd vir die arme deur een of andere ryke gemeentelid aangerig. Dit ontaard, egter, en word deur die Concilium Trullanum 680 geheel en al verbied. *) Die bedeling en ondersteuning wat aan die behoeftige word verleen, geskied hoofsakelik deur die diakene onder toesig van die biskop. Die uitgebreidheid van die diakonale werk word bewys deur die beskrywing daarvan gegee in die Constitutiones Apostolicae. Dit sluit in huisbesoek, die verskaf van voedsel, drank en kleding, die loskoop van skuldenaars of gevangene, die in kennis stel van die biskop aangaande die toestand van die arme, die versamei van aalmoese en die sorg vir die begrafenis. *) Selfstandig kan hul egter nie als armversorgers optree nie. Met die stygende mag van die biskop, moet die diakene 'n meer ondergeskikte plaas inneem, daar die armversorging reeds in die derde eeu meer en meer in die persoon van die biskop gekonsentreer word. Dit word als 'n heilige plig van die 1) Lonkhuyzen, Het Diaconaat p. 77. 2) Apol. I 67. 3) W. Moll, Geschiedenis van het Kerkelgk Leven p. 331. C h a r t e r i s, The Church of Christ p. 95. 4) Const. Apos. IV. 41 grootste belang beskou vir die biskop om getrou en de gelik in die armversorging te wees. *) In die derde eeu word ook subdiakene aangeStel, om die diakene te help met die meer eenvoudige dienste. Hul tree nie werkdadig "op nie in die armversorging, daar hul arbeid meer bepaal word tot die diens aan die kerkdeure, die bewaring van orde in die kerk, die doen van boodskappe ens. Hierdeur word die diakene beter in staat gestel om hul kragte aan armversorging te wy.2) Gereëlde hulp word ook verskaf deur die weduwees en diakonesse. Tot aan die einde van die derde eeu bestaan daar weduwees wat gereëld liefdadigheid betoon. Uhlhorn meen egter, dat alhoewel in die brief van Plinius aan die keizer Trajanus daar melding gemaak word van twee vroulike iïiccxovoi, daar tot die einde van die tyd geen sprake kan wees nie van diakonesse als draers van 'n amp in hoëre sin. *) Oral word die weduwees aangetref wat nie alleen die voorwerp is van" die christelike liefdadigheid nie, maar ook die gemeente dien. Hul is behulpsaam in die onderwys van vroue en kindere, veral die wat sig vir die doop voorberei. Die verpleging en versorging van gevangene is ook 'n deel van hul werk — alsook die gewone arme en kranke versorging. *) In die Ooste ontstaan in die begin van die vierde eeu die vaste instelling van die vroulike diakonaat wat die arbeid van die weduwees gaandeweg verdring. Die konsilie van Laodicea (360) verbied die formele aanstelling van weduwees tot versorging van arme. Verpleging en versorging van arme en noodlydende val hul ten deel — alsook hulp by die doop en die salwing 1) Uhlhorn, I p. 155—6. 2) Ib. 157—8. 3) Ib. p. 160. Vg. C. Gerlings. De Vrouw in het Oud-Christelijke Gemeente-leven p. 178. 4) U h 1 h o r n, I p. 161. Gerlings p. 171. 42 na die doop. Met die uitbreiding van die cultus-diens in die kerk, word hul werk meer bepaal tot hulp in die kerkgebou. Als" wagteresse moes hul staan by die ingange van die kerk en ongewenste besoekers afweer. Aan vreemde vroue wys hul die sitplaatse aan en sorg vir die orde. *) Maar hierdeur word die private weldadigheid nie uitgesluit nie. Georganiseerde kerkelike liefdadigheid en private hulp werk saam met mekaar. Dit word treffend bewys in 'n geskrif van Tertullianus, waarin hy aantoon die ongepasheid van 'n huwelik van 'n christelike vrou met 'n heidense man. Hy bevestig sy mening deur aan te toon hoe beswaarlik 'n heidense eggenoot sy gade die vryheid sou gee .om haar godsdienstige pligje te vervul, soos die armoedigste mense in hul woninge te besoek, vreemdelinge te huisves, en die arme met voedsel voorsien. a) Onder diegene wat hulp van die gemeente ontvang staan weduwees en wese vooraan. Hul word gedüriglik aanbeveel aan die sorg van die biskoppe en die lede. In die Constitutiones Apostolicae word hul veral opgedra aan eersgenoemde: «Draag dan, biskoppe, sorg vir hul onderhoud, opdat hul in geen opsig verwaarloos werd nie. Gedraag u tot die wese als ouers tot die weduwees als mans, gee die werkman werk, die vreemdeling 'n huis...»3) Tertullianus verhaal dat die bydrae van die Christene tot die kerkelike kas gebruik word o. a. om jongens en meisies wat sonder ouers en sonder vermoë is, op te voed.4) Ambrosius vermaan lede om weduwees en wese te beskerm teen die onderdrukking van die magtige. 6) Wese word christelik opgevoed. Ouers wat kinderloos was, het dikwils kinders in hul huis opgeneem. Gemeente- 1) Uhlhorn, I p. 162—4. Gerlings, t. a. p. p. 179," 184. 2) By W. Mo 11 t.a.p. p. 341—2. 3) Bk. IV cap. 2. 4) Apol. cap. 39. s) De Officiis II, cap. XXIX, § 149. 43 lede word vermaan om die plig waar te neem. Die jongens word in 'n goeie handwerk opgelei en die meisies word met medewete en goedkeuring van die biskop tot 'n christelike huwelik gehelp. Vondelinge word dikwils deur Christene aangeneem en opgevoed. Als iemand so 'n kind vind, meld hy dit by die kerkdienaars aan. Dit word dan aan die sorg van 'n gemeentelid oorgegee. *) Teen die begin van die 4de eeu ontstaan die weeshuise (orphanotropheia) en huise vir suigelinge (brephotropheia). *) Die weesinrigtinge was onder die beheer van die geestelike. Later word hul die wettelike mag toegeken om die voogde en onderwysers te wees van die kinders aan hul toevertrou. 8) Dat die kerk deur die sorg vir weduwees en wese in 'n groot maatskappelike behoefte voorsiening gemaak het, is duidelik. 'n Gereëlde versorging vir weduwees het spoedig ontstaan. Sozomenus verhaal dat Biskop Eleusius van Gyzicus die heidense tempels verander het in huise waar oude weduwees ondersteun word.4) In de 3de en 4de eeu ontstaan ook die Cherotrophieë, weduweehuise, als ook die Gerontocomieë, huise vir oude manne. 6) In 'n tyd toe vondelinge meestal bestemd was vir 'n lewe van onsedelikheid, of vir die gevegte in die sirkus, of vir 'n lewe van slawerny, het die kerk deur vir hul te sorg en op te voed, die maatskappy 'n groot diens bewys. Voorbeeldig was ook die sorg vir die kranke en swakke. Die gevoel van medelyde het sig geopenbaar, deur gebed vir kranke, deur besoek en deur gawe — meestal van voedsel. Kranke versorging was nie beperk nie tot diakene of dia- 1) Lonkhuyzen, t. a. p. p. 81. Leek y, History of European Morals XI p. 32. Vg. Ambrosias, De OfKciis II, c. 15 § 71. 2) Lecky, t. a. p. II p. 32. 3) C. Schmidt, Soc. Results of Christianity p. 258. 4) Hist. Eccl. V 15. 5) Lonkhuyzen, t. a. p. p. 82. 44 konesse nie, maar dit was beskou als die plig van ieder gemeentelid. Basilius beweer dat dit een van die vernaamste pligte is van alle Christene om die sieke te besoek. *) Ambrosius toon ook aan dat daar «'n dubbele vrygewigheid (liberalitas) is, die een wat materiële hulp verleen, dit is, met geld; die andere wat bestaan in praktiese hulp is dikwils 'n heerliker en edeler.» 2) Maar veral was dit beskou als die plig van die diakene, weduwees of diakonesse. Die vernaamste plig van laasgenoemde was, die besoek en verpleeg van kranke susters in die gemeente en ook van die martelare in die gevangenisse, ter behoewe van wie hul ook aalmoese versamei. *) Gedurende die eerste drie eeue was die sorg vir die sieke en swakke meestal van indiwiduele aard. Dat daar in tye van pes heldemoed deur Christene betoon word in die verpleging van sieke, word dikwils verhaal. 4) Eers teen die einde van die derde e*eu word daar 'n meer georganiseerde voorsiening deur die kerk vir sieke gemaak. Toe het die hospitale ontstaan. In die 4de eeu word sulke inrigtinge vir sieke op vele plaatse beide in die Ooste en die Weste opgerig. 5) Hul staan onder die bestuur van die biskoppejen word deur parabolani of geestelike beamptes bedien. Daar word ook geestelikes aangestel om te sorg vir die geestelike bearbeiding van die sieke. 6) Die Concilie van Chalcedon (451) het bepaal dat alle hospitale en armhuise onder die outoriteit van die biskoppe moes staan. 7) Dat die inrigtinge soms uitgebreid en goed ingerig was blyk uit die feit dat die wat deur Basilius opgerig was, deur Gregorius Nazianzenus beskryf word als 'n «nieuwe stad van 1) Ep. 263. 2) De Officiis lib. II, cap. 15 § 73. 3) H a r n a c k, Missïon und Ausbreitung p. 139. C. Schmidt, t. a. p. p. 266. 4) Vg. Harnack, t. a. p. p. 140, 149. 5) C. Schmidt, t. a. p. p. 267. 6) W. Moll, t.a.p. p 344. 7) Chalcedon, can 8. 47 Dieselfde groothartigheid word ook betoon in die vrykoping van heidense gevangene. Socrates verhaal dat Acacius, biskop van Amidia, die vate en bekers van die kerk verkoop en daarmee 7000 persiese gevangene vrykoop en hul naar hul eie land terug stuur. *) Dit word ook als 'n christelike plig beskou om vreemdelinge gasvryheid en hulp te betoon. So bindend word die verpligting beskou dat ondersteuning van vreemde christen broeders, nie aan private welwillendheid oorgelaat word nie, maar selfs uit die gemeentekas word bekostig. Maar dit word ook byv. deur Tertullianus beskou als 'n plig wat op ieder Christen rus. 2) 'n Sterk bewys vir die christelike gasvryheid bied aan die heidense skry wer Lucianus. Hy verhaal hoedat die reisende Peregrinus orals by die Christene die grootste gasvryheid geniet. Voedsel hèt hy by hul in oorvloed ontvang, want hy verhaal dat hy niet slegs geëet maar selfs gesmui het (è(3óaxsTo), *) In verskeidene plekke word herberge vir die doel opgerig. Onder die gestigte vir kranke, wese ens., wat later verrys, word ook die xenodocheia of pandocheia, herberge vir vreemdelinge, genoem. Die sorg vir die vreemdelinge word ook als deel van die pligte van die diakene beskou. Hul het die vreemdeling, waar nodig, 'n gids verskaf, was gewoon om hom in die herberg op te soek, te verpleeg als hy krank was, en te begrawe als hy sterwe. 4) Dat die hulpbetoon nie 'n blote tydelike gevoelsuiting van liefde was nie, word bewys deur die degelike wyse waarop dit gereël was. Om misbruik van die gasvryheid van die kerk- te voorkom, word deur die biskoppe aan die reisigers aanbevelingsbriewe gegee om deur die Christene orals ont- 1) Hist. Eed. Lib. VII c. 31. Vg. Uhlhorn, Die Christliche Liebesthatigkeit I p. 383—5. 2) Harnack, t. a. p. p. 153—4. 3) De Morte Peregrini § 13 en 16. 4) Harnack, t. a.p. p. 152—4. 48 vang te word. *) By sy aankoms word ondersoek ingestel om uit te vind of hy waarlik 'n Christen is. Bowedien kon so'n vreemdeling nie langer dan twee of drie dae in die herberg bly nie. Na die tyd moes hy of vertrek of begin werk vir sy onderhoud. Dit was trouens 'n bepaling in die Const. Apos. neergelê, dat iemand wat behoeftig was weens vraatsugtigheid, dronkenskap of luiheid, geen hulp moes ontvang nie. *) Die gemeente sou waar nodig werk verskaf. Als hy dit nie wou aanneem nie, het die gemeente geen verdere verpligting teenoor hom. 3) Sulke inrigtinge, met hul degelike organisasie, het ongetwyfeld 'n groot indruk gemaak op die heidense maatskappy. Sozomenus toon dit ook aan deur daar op te wys dat Julianus ook probeer het om in te voer o. a. hospitale vir arme, en die instelling van aanbevelingsbriewe te gee aan vreemdelinge, soos deur die biskoppe gedaan, sodat hul ook in andere plase gasvryheid kon geniet. *) Kenmerkend was die houding van die kerk in die eerste eeue teenoor die probleem van die slawerny. Dit word egter' nie beskou nie als 'n probleem wat opgelos moet'word. Van die opheffing van slawerny is daar nie sprake nie, want dit word beskou als 'n natuurlike instelling. Cyrillus van Jeruzalem beweer duidelik dat slawerny als sodanig nie 'n kwaad is nie. «Slawerny is nie 'n skande nie, maar slawerny wat bestaat in die vernietiging van vryheid is sleg».5) Ook Augustinus erken dit als instelling op grond van die natuurlike ongelykheid van die mense. «Die natuurlike orde skryf dit voor, en also het God die mens geskep». 6) i) Const. Apos. II, c 58. 2) Const. Apos. I, c. 4. 3) Harnack, ta.p. p. 152, 155. Vg. Uhlhorn, I p. 193—4. 4) Hist. Eccl. V 16, by C. Schmidt, t. a. p. p. 414. 5) De Noe et Arca, oorspronkelike aangehaal deur Hastings Encycl. of R. a. E., art. Slavery, vol XI p. 603. 6) De Civitate Dei, Lib. XIX c. XIV. 49 'n Algemene beskouing oor die verhouding wat behoor te bestaan tussen die heer en sy slaaf word weergee deur Ambrosius in een van sy brie we. «Laat die heer ook sy wettige heerskappy oor sy slawe binne perke stel daar hul op geestelik gebied broeders is. Want hy word vader van die familie genoem opdat hy hul als seuns regeer». *) Slawe word ook vermaan om te berus in hul lot en getrou teenoor hul meesters te wees. So word byv. beweer in die Const. Apos.: «Aangaande diensknegte, wat kan ons meer sê dan dat die slaaf 'n goeie gesindheid (iuvoix) teenoor sy meester betoon, in die vrees van God, selfs al is hy goddeloos en steg..."2) Ook die woorde van Augustinus stem hiermee ooreen waar hy die slawe vermaan: «Gehoorsaam julle meesters, betoon hul hartelike liefde, dien hul nie met 'n blote formele diens nie, maar met 'n diens wat deur liefde ontstaan». *) Op verskillende maniere word getrag om die veragting en onderdrukking waardeur slawerny gekenmerk was, te verminder. Voorop word gestel die gelykheid wat bestaan tussen slaaf en vrye. Clemens Alexandrinus*) en Basilius8) beweer dat niemand van nature 'n slaaf is. Wanneer die slaaf of slavin die Christendom aanneem, word hul altyd als broeder of suster erken en behandel. Lactantius beskryf die verhouding deur te verklaar «vir ons is hul nie slawe nie, maar ons beskou hul en spreek van hul als geestelike broeders, medearbeiders in die diens van God.» 6) In die gemeente word hul gelyke regte toegeken met die andere lede. Hul kon ampte aanvaar en selfs biskoppe word. Drie romeinse biskoppe, Evaristus, Anicetus en Calixtus I was slawe gewees.7) Opmerkelik is dit ook dat in die o ep. n § 31. 2) iv 12. 3) De Tempore Sermo VII, oorspronkelike aangehaal byHastings, ta.p. Vol. XI p. 603. 4) Paedag. III c. 12. 5) De Spir. Sanc. c. 21. 6) Instit. V 15, oorspronkelike aangehaal deur Harnack, t. a. p. p. 146. 7) Hastings, Vol. XI p. 603 art. «Slavery». 4 5° christelike begrafplase daar geen onderskeid gemaak word tussen die graf van 'n slaaf of 'n vrye, eh kom die term «slaaf» op die inskripsies nie tevoorskyn nie, waar dit altoos vermeld word op die grafte van heidene. Ook onder die martelare, deur die kerk als heilige vereer, was daar slawe. *) Deur die slawe aldus in hul godsdienstige gemeenskap als gelyke te erken, het die Christene ook hul status als persone op belangryke wyse verhoog, ook deur o. a. hul huwelik en dus hul familielewe als iets heiligs te beskou. Onder die romeinse wet was daar geen wettige huwelik of erkende vaderskap onder die slawe. Die Const. Apos. lê op 'n christen meester die verpligting om sy slaaf 'n wettige huwelik te doen ondergaan. *) Alhoewel slawe gedurig vermaan word om te berus in hul lot, het die gees van die Christendom tog gewerk in die rigting van meerdere vryheid, en onder invloed van die Christendom het groot getalle hul vryheid verkry. Die vrykoop van slawe word als 'n heerlike daad beskou. Die Const. Apos. noem dit onder die belangryke van die christelike liefdewerke. Selfs die gemeentekas word somsgebruik om die vrykoping moontlik te maak. 3) Ambrosius vëral wys op die christelike plig. In sy pleidooi vir die vrykoping van gevangene stel hy die vraag «Sal ons Heer nie vra nie... waarom is so veel slawe op die slawe-mark gebring en waarom is so veel wat nie vrygekoop is nie, deur die vyand gedood?» *) Ook is dit bekend hoedat Christene groot getalle van hul slawe die vryheid skenk. 6) 1) Harnack, t. a. p. p. 146. 2) Cath. Encyclopedia art. Slavery, Vol. XIV p. 37. 3) IV 9, by Uhlhorn I p. 187. Harnack, I p. 147. 4) De Officiis Ministrorum, c. 28 § 137. 5) L e c k y, History of European Morals H, p. 69. R a t z i n g e r, t. a. p. p. 90— 1. 5i Die kerk trag ook om die slaaf te beskerm teen die wreedheid van sy -heer. Als iemand 'n slaaf erg mishandel of dood, word hy geëkskommuniseer. Ook die asilreg van die kerk beskerm die vlugtende slaaf. Hy word nie aan sy heer oorgelewer nie, voordat laasgenoemde 'n eed af lê om hom nie te straf nie. *) Die invloed uitgeoefen deur die christelike houding teenoor slawe, is ongetwyfeld duidelik te bespeur in die imperiale wetgeving, reeds in die tyd van Constantyn. Hy het vrylating van slawe in die teenwoordigheid van Christene als wettig erken. Die geestelike kon in hul testamente aan hul slawe vryheid skenk sonder enige voorwaarde. Ook die skeiding van lede van die slawefamilie word deur hom verbied. Justinianus bepaal ook o. a. dat die meester wat sy slaaf mishandel of dood, strafbaar sou wees. Vrystelling moedig hy aan. Slawe kon nie weier om vrystelling te aanvaar nie. Hy verbied 'n Jood, 'n heiden of 'n ketter om 'n slaaf wat Christen is, te besit. *) Poginge om die toestand van slawe te verbeter is gedurig te bespeur in die vroeëre geskiedenis van die kerk. Dit blyk veral uit die besluite geneem op vele konsilies: o. a. beskerming van vrygestelde slawe (Arles 452, Toledo 589), rus vir slawe op Son- en feesdae (Auxerre 578), verbod aan Jode om christelike slawe te besit (Toledo 589), onderdrukking van die slawe-handel deur te verbied die verkoop van slawe buite die ryk (Chalone-sur-Saöne 640—650). Konsilies te Orleans (511, 538, 549) erken die ordening van 'n slaaf tot die priesterskap. 8) Wanneer Kautsky beweer dat die eerste Christene in navolging van Christus die noodsakelikheid of ten minste die 1) Uhlhorn, I 368. 2) H a s t i n g s, t. a. p. Slavery, Vol. XI p. '604. 3) Cath. Encycl. art. Slavery, Vol. XIV p. 37—8. - Vg. Ratzinger, a. w. p. 171—3. 52 waardigheid van die arbeid nie erken nie,l) dan is sy beskouing ongegrond voor so ver dit die algemene stemming in die gemeente van die eerste eeue betref. Dit blyk duidelik wanneer gelet word sowel op die herhaalde aan man in ge by die christlike skrywers aangetref tot arbeidsaamheid, alsook uit die poginge aangewen om waar nodig arbeid aan die behoeftige te verskaf. Nuwt en betekenisvol was die christlike leer van die waardigheid van arbeid. In die Ryk word arbeid beskou als een onterende saak en op die stelling was 'n ontsaglike ekonomiese wanorde opgebou. 2) Die houding van die kerk is een teenoorgestelde. Ledigheid word als laakbaar beskou. Dit word uitdrukkelik bepaal dat die luie of bedelaar geen hulp van die kerk moes ontvang nie. s) Merkwaardig is dit dat die kerk ook die beginsel verkondig dat selfs die ryke nie ledig moes rondgaan nie. In die Const. Apos. word vermaan: «Maar indien u ryk is en geen behoefte het aan 'n amp vir u onderhoud, wees nie iemand wat rondslenter en ronddwaal nie; maar gaat of naar enige wat gelowige en van dieselfde godsdiens is of indien u tuis bly, lees die boeke van die Wet». *) Ook die vreemdeling wat die gasvryheid van die gemeente geniet, moes, soos reeds aangetoon is, na die tweede dag van sy verblyf met een of ander werk begin. Arbeidsaamheid word die Christene als grote plig gestel. «Wees ywerig in u arbeid met die nodige erns, opdat u altyd genoeg mag besit beide vir uself en die behoeftige, en nie die kerk van God tot 'n las mag wees nie», is die gesonde leer van die kerk. 6) Augustinus behandel in sy geskrif «De Opere Monachorum» besware deur monnike ingebring teen die noodsakelikheid vir hul om te werk. 1) Oorsprong van het Christendom p. 298—9. 2) Vg. S. Ulfers, Christendom en de Sociale Quaestie p. 32—3. 3) Const Apos. I, c. 4. 4) Bk. I, c. 4. 5) Const. Apos. II, c. 63. 53 Hul wys daarop dat Christus geleer het dat die mens nie bekommerd moet wees nie oor voedsel en drank.x) Hy beantwoord hul deur o. a. aan te toon die verskillende vermaninge tot werk van Christus en die Apostels, die universele behoefte aan werk en die niet minder universele plig tot liefdadigheid.2) Ook deur hul eie leefwyse toon die Christene dat hul arbeid nie als iets minderwaardig beskou nie. Tertullianus toon aan dat die Christene nie 'n afgesonderd lewe lei nie, maar meedoen aan alle dagelikse beroepe o. a. handel, skeepvaart en landbou. *) Ook die geestelike het in die eerste eeue midde in die bedryfslewe gestaan en ook deel geneem aan die handel. Dit blyk uit 'n bepaling van die sinode van Elvira waar die reël neergelê word: «Biskoppe presbyters en diakene behoor nie uit hul standplaatse te gaan nie om besigheid te dry we... als hul besigheid wil dry we laat dit binne hul provinsie geskied». 4) Hierdeur het hul ook getoon dat arbeid als sodanig nie vernederend is nie. Lecky toon aan dat die Christendom aan die deugde wat in nou verband staan met arbeid, 'n tot dus ver ongekende waarde heg. Nederigheid, gehoorsaamheid, geduld en tevredenheid word almal als fundamentele deugde beskou. Morele vooruitgang en uitnemendheid word nou vir die eerste maal moontlik vir die arbeider. s) Maar die kerk het ook reeds in die eerste eeue die probleem van werkeloosheid erken en getrag om hierin verbetering teweeg te bring. In die Pseudo-Clementynse homilieê vind ons die praktiese leus opgestel: «Vir die werkman 1) Matt. 6 : 25—34. 2) Aangehaal C. Sc h m i d t, t. a. p. p. 215. 3) ApoL 42. 4) Can. 19 oorspronkelike by Harnack, t.a.p. p. 151. 5) History of European Morals H p. 68. 54 werk, vir hom wat nie kan werk nie, aalmoes». *) Ook in die Const. Apos. tref ons aan 'n sinsnede wat aantoon hoe suiwer die opvatting was aangaande ware hulpsaamheid. Die opsieners word gebied om te verskaf «aan die jong man hulp om 'n amp te leer want hij is sekerlik 'n gelukkig man wat sigself kan onderhou». *) Maar tegelykertyd het die kerk sekere maniere van broodwinning, soos die van die akteur, geheel en al afgekeur. Iemand wat egter die beroep vaarwel sê, toon Cyprianus aan, moet die kerk help om 'n andere beroep te aanvaar, en selfs, waar nodig, met voedsel voorsien. 3) Dat die armesorg in die opsig in die eerste eeue op 'n gesonde basis gestaan het, word ook bewys deur die feit dat daar, soos reeds aangetoon is, in verband met die verskillende gestigte vir sieke ens., ook sprake is van werkplase waar die arme met hul arbeid kon voortgaan. *) Vir mense wat gewillig was om te arbeid was die christelike gemeente 'n toevlugsoord. Als voorstander van die plig om te werk, en als aanmoediger tot en verskaffer van arbeid, was die kerk ongetwyfeld van groot betekenis vir die maatskappy gedurende die eerste eeue. 6) Alhoewel alles in die kerk meestal rustig en kalm en nugter gaat en daar van radikale veranderinge in die maatskappy met al sy sosiale euwele geen sprake is, was die kerk egter op enkele punte radikaal, nl. teenoor die wereld van afgodery, onreinheid en wreedheid. Onthouding en rein wees was by die eerste Christene 'n fundamentele postulaat •) Op hul selwe het hul die beginsels op die strengste wyse toegepas. Lecky beweer dat die morele reinheid van die i) Ep. Clem 8. 2) IV, c. 2. 3) Ep. 2. 4) Vg. Cath. Encycl. art. Basil., Vol. II p. 332. 5) Vg. Harnack, t. a. p. p. 152. 6) A. Harnack, De Evang. Soc. Roeping (vert. A. S. Talma) p. 16. 55 Christene gedurende die eerste drie eeue, nooit in die latere geskiedenis oortref is nie. *) Herhaaldelik het hul protes aangeteken teen die sinnelikheid van die dag. Reeds Justinus die Martelaar verhef sy stem teen die te vondeling lê van kinders, teen prostitusie en andere onsedelikheid. *) Dat die Christene poginge in die werk gestel het om prostitusie teen te gaan, blyk uit die feit dat Keizer Constantius in 343 priesters en alle Christene die reg gee om christelike vroue wat in huise van ontug verval, vry te koop, selfs teen hul wil. B) Ook teen die algemene praktyk van aborsie het die eerste Christene kragtig hul stem verhef. Dit word als kindermoord beskou, en die strenge straf op die skuldige toegepas, het die vreeslikheid van die misdaad voor die aandag van die mense gebring. Die konsilie van Ancyra het die skuldige. moeder van die Avondmaal uitgesluit tot die uur van haar dood. *) Dit is ongetwyfeld ook onder invloed van die protes van die Christendom teen die gewoonte om kinders te vondeling te lê of te dood, dat Constantyn in die jaar van sy bekering 'n wet uitvaardig, dat die kinders wat deur hul ouers nie onderhou kon word nie, deur die Staat gevoed en gekleed sou word. 8) Ook die toneelspele, gekenmerk deur hul onsedelike voorstellinge, word deur die kerk veroordeel. Chrysostomus verteenwoordig die christelike opvatting als hy die vraag stel wat meer onterend vir 'n man en veral vir 'n vrou is dan om hul voor die publiek te vertoon, om die gelag van die toeskouers uit te lok en die bose begeertes van onreine manne op te wek. *) Die kerk het ook deur die konsilies 1) t. a. p. II, p. 11. 2) Ad Antoninum Pium § 27. 3) By Schmidt, t. a. p. p. 418. 4) L e c k y, t. a. p. H, p. 22.. 5) Leek y, t. a. p. II, p. 29. 6) Hom. 37 in Matt. § 6—7 by Schmidt t. a. p. p. 232. 56 van Elvira (305) *) en Arles (314) *) die beroep van akteur veroordeel en Christene geëkskommuniseer wat dit beoefen. Die konsilië van Trullo (692) veroordeel alle spele. Die sosiale invloed van die kerk op die gebied blyk andermaal uit die wetgewing wat ongetwyfeld 'n gevolg was van die christelike protes. Theodosius verbié*d alle vermakelikhede in die sirkus en teaters op Sondag en op heilige dae. Ook verbied hij aktriese om juwele of kostbare klere te dra, sodat die beroep hierdeur minder aantrekkelik sou word. Christene verbied hy om als akteurs op te tree. Ook die onsedelikheid trag hy teen te gaan. Regters word verbied om na 12 uur in die dag die teater by te woon daar die onsedelike vertoninge na die tyd plaas vind. Die bedoeling van die keiser was dat die immorele voorstellinge nie aangemoedig sou word nie, deur die teenwoordigheid van die magistrate. 8) Die seënrykste oorwinning, beweer Lecky, het de kerk behaal in sy protes teen die swaardgevegte. Die onderdrukking van die swaardgevegte met sy verreikende gevolge is toe te skrywe aan die invloed van die christelike kerk. 4) Met die grootste heftigheid tree die christelike skrywers op teen die bywoon van die gevegte. Athenagoras verklaar in sy pleidooi vir die Christene gerig aan Marcus Aurelius: «daar ons ag dat die aanskou van die om die lewe bring van 'n man byna dieselfde is als die daad self, het ons sulke tonele af ges weer.» 8) Tertullianus uit dieselfde gedagte: »Die feit dat 'n man soos ons, 'n broeder, in die s waard ge veg moet omkom, behoor ons uit medelyde van die skouspel weg te hou.» 6) Die christelike digter Prudentius rig 'n direkte en ernstige versoek aan die keiser om die gevegte te onderdruk. Bowedien het die kerk die doop geweier aan 1) Can. 62. 2) Cas. 5. 3) C. Schmidt, t. a. p. p. 431—2. Vg. P. J. Kloppers, De Zegepraal van het Kruis p. 580. 4) t. a. p. D, p. 34. 5) leg. C. 35. 6) De Spectaculis § 19. 57 'n professionele swaardvegter totdat hy sy roeping versaak. Ieder Christen wat die swaardgevegte bywoon word geweer van die Avondmaalstafel. Die invloed van die protes van die Christene blyk uit die keiserlike wetgewing. In 325 vaardig Constantyn 'n gebod uit wat die swaardgevegte veroordeel, alhoewel dit weinig gevolg het. Valentinianus verbied in 365 die dwing van 'n Christen gevangene om te veg. In die Ooste neem die gevegte 'n einde in die regering van Theodosius (379—395). In die Weste vind die laatste swaarjdgeveg in 404 plaas. Gevegte met wilde diere duur nog voort, maar hul word veroordeel deur die konsilie van Trullo 692. 2) Ook was die kerk die kampioenvegter veral 'n weinig later vir die arme boere of pagters. Hul word meestal deur die landheer met die grootste onregvaardigheid behandel. Selfs in geval van misoes moes hul de vasgestelde hoeveelheid produkte of die waarde daarvan in geld aan die landheer oorhandig. Hierteen dien de leiers van die kerk die heftigste protes in, byv. Chrysostomus, 3) Theodoretus, Augustinus *) en Gregorius die Grote. Hul toon aan die onregvaardigheid daarvan, en dring aan op 'n meer billike behandeling. 5) Maar die landelike bevolking word ook onderdruk deur die ontsettende belastinge en woekersisteem. De belastingbeamptes trag om sigselwe te verryk deur geldafpersinge van die bevolking. Ook hier tree die geestelike in die bres vir die volk. Theodoretus toon aan in een brief aan die keiserin Pulcheria, dat vele landgoedere deur die boere moes verlaat word, weëns die drukkende belastinge. Hy versoek haar ernstiglik om verligting daarvan te bewerkstellig, 'n Dergelike pleidooi word ook deur Gregorius die Grote aan keiserin Constantina gerig. 6). Die arme en verdrukte volk val ook ten prooi van die l) Lecky, t. a p. II p. 37. 2) Lecky t. a. p. 35—7. 3) Hom. 60 in Matt. § 3. 4) Ep. 247.. 5) Vg. Uhlhorn I 373—5. 6) Ib. 6o waarhede aan die gemeente, was van verreikende betekenis. Op kragtige wyse behandel hy die praktiese vrae van die dagelikse lewe, in die lig van die Skrif. Die ondeugde van geestelike, volk en owerheid veroordeel hy op duidelike en onbevreesde wyse. Sy prediking is doorgaande «volkstümlich practisch». ^ Ook Ambrosius kenmerk sig deur sy moraal- en gelegenheids preke. Op kragvolle wyse val hy aan die sonde van sy tyd, weelderigheid, sedeloosheid, wereldsin, dronkenskap en woeker. *) Die vermaning tot betoon van barmhartigheid en die gee van aalmoese is 'n vrugbare onderwerp van die tyd. Dit word ook by hom aangetref sowel als by Chrysostomus, Basilius en Gregorius Nazianzenus. s) In die prediking van Augustinus tree te vore 'n self er vare praktiese leer. In sy «De doctrina Christiana» lê hy beginsels neer vir die ware prediking, o. a. dat alle prediking gegrond moet wees op die Woord van God en dat die lewe en erns van die prediker self die bron is van die grootste krag. In die prediking is inhoud en waarheid van meer belang dan die blote vorme of woorde. *) Maar die praktiese en opbouende prediking tree spoedig ten einde en by Leo die Grote reeds tree 'n vorm van prediking tevoorskyn waarin die inhoud hoofsakelik beperk word tot die bespreking van kerkelike fees-dae, die verdienste van aalmoes en vasdae en die smarte van die Vagevuur. 5) b. Waarde van eerste eeuse metodes. By 'n oorsig oor die sosiale werksaamheid van die kerk gedurende die eerste eeue, blyk duidelik die degelikheid 1) Ker, a. w. p. p. 84—5. 2) Th. Fors ter in Encycl. für Prot Theo!, art. Ambrosius I, p. 446. Ker, a. w. p. p. 102—3. 3) Uhlhorn I, p. 267—8. 4) Ker, a. w. p. p. 106—108. Hastings, Encycl. of R. a. E., art. Preaching, Vol. X, p. 215. 5) Ker, a. w. p. p. 110—111. 6i daarvan, alsook die gesondë beginsels waarop dit rus. Om die broeder te help en nood en ellende te bestry het die kerk drie middele veral gebruik — middele wat vandaag nog onontbeerlik is. Die eerste is die verskerping van die gewetens van persone, die vorming van kragtige selföpofferende persoonlikhede. Sonder die krag van die ware liefde en simpatie sou die kerk nooit so veel in die maatskappy kon verrig nie. Als tweede faktor kan genoem word die ontwikkeling van die plaselike gemeente tot 'n leweskragtige gemeenskap, verenig deur broederliefde. In die aanvang was die eenheid ongetwyfeld die sterkste gewees. Hierdeur kon die kerk goed georganiseerde sosiaal werk verrig. Ook moet genoem word die feit dat die kerk in direkte verbinding tree met die maatskappelike ordeninge en gewoontes. Die toestand van die instellinge is vir die kerk nie 'n onverskillige saak nie. Daar word getrag op verskillende maniere, soos aangetoon is, om die te verander en te verbeter. Die hervorming waarnaar gestreef word is geen ekonomiese, maar een sedelike. x) 'n Feitelik onbekende deug stel die Christene op die voorgrond — «caritas». «Christianity for the first time made charity a rudimentary virtue.» 2) Die deug tree in die heerlikste lig tevoorskyn weëns die omvang van sy uitwerking, die grootte van sy liefdegawe en deur sy gemeenskap met menselewes tot dus ver geheel en al geïgnoreer of verag. *) Maar die vrygewendheid teenoor die arme en hulpelose word ook deur gesonde beginsels beheers. Wanneer ons let op die metodes aangewen nie slegs om liefde te betoon nie, maar ook om permanente hulp te verskaf en opheffing te bewerk, dan moet ons Troeltsch in die ongelyk stel wanneer hy beweer dat die liefdadigheid sig nie tot doel gestel het 1) Harnack, De Evang. Soc. Roeping (vert. A. S. Talma) p. n—12. 2) Lecky, t. a. p. H, p. 79. 3) P e a b o d y, Jesus Christ and the Soc. Q. p. 80. 66 neem deur diakonesse en weduwees wat deur die kerk ondersteun word. Ook parabolane, wat ook tot die geestelike behoor, alsook lekebroeders sorg .vir die verpleging.1} Die oude gemeentelike sosiale werksaamheid tree langsamerhand in die agtergrond om later geheel en al te verdwyn. Sinds die 5de eeu beoefen die gemeente al minder armesorg en na die 8ste eeu is daar van gemeentelike sosiale werk feitelik geen sprake. Die ware christelike lewe word beskou als uitsluitelik die van die monnike. Hul is die ware navolgers van Christus en vorm die eigenlik e militia Christi. 2} Die biskop beheers in die 5de eeu die armesorg, of persoonlik of deur sy «oeconomus» of rentmeester. Die beginsel waarvan hy uitgaan is nie meer die van die broederlike liefde nie, maar dat die arme 'n reg het op die besittinge van die kerk. Dit word bewys deur die instelling dat die kerkelike inkomste in vier dele moes verdeel word, een deel waarvan aan armversorging gewy word. 8) Tot in die tyd van Gregorius die Grote word nog aangetref te Rome en Alexandrie veral, 'n goed ingerigte en doelmatige armsorgsisteem. Die stad word verdeel in verskillende wyke, ieder waarvan onder die toesig van 'n diaken staan. Dit was die plig van die diakene om te sorg vir die arme weduwees, wese en bejaarde van hul distrikte. Navraag word gedaan aangaande die omstandighede van die behoeftige en dit word in die «matricula» of registers aangeteken, sodat geen bedriegers of luiaards sou onderhou word nie. In ieder wyk was daar ook 'n gebou waar die aalmoese ontvang word en waar die arme gevoed word. Die uitgebreidheid van die versorging word bewys deur die feit dat in die tyd van Johannes Diaconus, te Alexandrie die matricula 1) Ratzinger, a. w. p. p. 93—99. Uhlhorn, a. w. p. p. 316—328. 2) Uhlhorn, I. p. 341—2. 3) Hastings, Encycl. of R. and E. art. Charity, Vol. III p. 383. W. M o 11, t. a. p. p. 164. 7i die hulpelose daardeur verbeter word al dan nie. Geen wonder dus ook dat daar gedurende die Middeleeue 'n algehele gebrek is aan coördinasie in die hulp van noodlydende. Doel is dus nie meer nie om die ellendige te help nie, maar om sigself tè help. *) In plaas van die gemeente word in die Middeleeue die gasthuis of die klooster die uitgangspunt vir liefdadigheid. Die huise vir gaste is feitelik die Xenodocheion wat in die oude kerk aangetref word. Tot in die tijd van Karei die. Grote word nog die naam Xenodocheion daarvoor aangetref. Bij die omwentelinge van die tijd word vele daarvan vernietig, maar hul word weer herbou en in die Karolingiese tydperk was daar groot aantalle daarvan, sowel in die stede als op die platteland. Ook in die bergpasse word die huise vir vreemdelinge aangetref. Alhoewel hul formeel onder toesig van die biskoppe staan, geraak vele daarvan in die hande van private persone. 2) Die huise was oorspronkelik bedoel vir vreemdelinge, sowel als vir arme en sieke. Oorspronkelik word die verskillende soorte van hulpbehoewende in een Xenodocheion versorg, maar later verrys die siekehuis naas die gasthuis of huis vir vreemdelinge. Ten spyte van die verval wat in die tyd van Karei die Grote sig ook in die inrigtinge openbaar, word sulke huise vir vreemdelinge nog geduriglik in die Middeleeue aangetref. Christelike liefdadigheid rig geboue op waar die reisiger die nag kan deurbring, meestal buite die poorte van die grote toegangswege naar die stede. Ook word kapelle in verband daarmee gestig vir die reisigers. Soms word daar aparte vreemdeling huise vir manne, vroue en kinders opgerig. Ook pelgrims word in groot getalle onder die reisigers aangetref. s) 1) Vg. Hastings t. a. p. III p. 384. 2) Uhlhorn, II p. 66—7. 3) S. Muller, M. Eeuwsche Liefdadigheid, De Gids 1901 p. 421—7. Vg. Uhlhorn, II p. 282. 1 75 Die nouere aanraking met die volk word bewerkstellig deur die beweging wat van Franciscus van Assisi uitgaan. Hy tree op nie in die eerste plaats nie als stigter van 'n nuwe orde, maar als hervormer. Om die lewe in te rig volgens die Evangelie is sy ideaal. Die Evangelie moet in die dagelikse lewe toegepas word. Soos die Apostels gaan die bedelmonnike die wereld in sonder enige besittinge, om die Evangelie te predik. Die Fransiskaners en andere Bedelordes tree in die stede onder die volk op en hul invloed als predikers en sielsorgers oorskadu die van die andere ordes. Hul dra die klooster in die wereld. Vir liefdadigheid word op direkte wyse minder deur hul gedaan dan deur die andere ordes. Maar deur prediking soos die van Berthold van Regensburg wat aandring op barmhartigheid en persoonlike liefdadigheid, word die grond gelê vir 'n ontwikkeling van hulpbetoon onder die volk.l) 'n Ware gees van hulpverlening word by hul aangetref. Self-opoffering in die diens van andere kenmerk hul lewe. Doel van hul strewe is om die arme by te staan soos hul in die wereld lewe en werk. Daar word deur die Fransiskaners ook die «montes pietatis» opgerig, 'n soort van bank van lening, om die arme te beskerm teen die afsettery van die woekeraars. Hierdeur trag hul in een groot sosiaal misstand verbetering aan te bring. Reeds Chrysostomus, Ambrosius en Augustinus het hul stem kragtig verhef teen die woekersisteem. Ook Karei die Grote het 'n verbod uitgevaar teen woeker en selfs teen rente neem. Thomas Aquino, op Aristotles terug wysend, toon aan dat geld uit sy aard onproduktief is. Maar dit baat weinig want die volk ly ontsettend onder 'n afpersende woekersisteem. Op die «montes pietatis», wat ook in die isde eeu in Italië aangetref word, kon die arme geld leen sonder of teen 'n heel klein rente. *) 1) Uhlhorn, II p. 114—116. 2) Ratzinger, a.w. p. p. 88—9, 290—I. C. S. Loch, Charity and Social Life p. 256, 263. 76 Uit die rigtinge ontstaan ook die Hospitaal Ordes. Die genoemde «fratres conversi» en «sorores conversae», is ook behülpsaam in die versorging van die arme en sieke in die Eleemosynaria van die kloosters. Die werk word later geheel en al aan hul toevertrou. Op die wyse gaat die hospitale oor in die hande van die leke en word selfstandige inrigtinge naas die klooster. "Vele van die hospitale bly onder die toesig van die klooster of «stift», maar andere word helemaal onafhankelik, alhoewel hul ook 'n ordereël aanneem, die s.g. Augustynse, en onder 'n Meester staan. Hieruit ontstaan die ridderlike hospitaal ordes. -■) Die eerste groot hospitaal orde was die van die Johannieters. Toe in die nde eeu die stroom van pelgrims naar die Heilige Land al groter word, was die kloosters en huise vir vreemdelinge wat daar reeds was nie voldoende nie. 'n Hospitaal word naby die Kerk van Johannes die Dooper opgerig waar kranke pelgrims verpleeg word. Vele van die Ridders tree na die verovering van Jerusalem, als broeders in die hospitaal op om die sieke te versorg. Filiaalhospitale tree in verskillende plase tevoorskyn. 'n Vaste reël word" aan die orde gegee deur die Meester Raymund de Puy in 1121. Met hom tree ook tevoorskyn die beskerm van pelgrims op hul reis. Ook die sorg vir die maak van wege en brugge is aan hul toevertrou. Aalmoese en skenkinge stroom die hospitale toe en degelik en uitgebreid is die sorg vir arme en sieke. In die hospitaal te Jerusalem word soms 2000 sieke aangetref. Die arme word, behalwe die versorging, met klere en geld voorsien. Vir die geestelike versorging was daar ook 'n groot aantal geestelike in die huis. 2) Na die val van Jerusalem, egter, verdring die ridderlike diens van die Johannieters die verplegingsdiens. Hul werksaamheid word bepaal tot die stryd 1) Uhlhorn, II p. 99 101. 2) Uhlhorn, II p. 104—9. Ratzinge r, 263—4. 79 Alhoewel die hospitale onder toesig van geestelike of biskoppe staan, gaat hul in die tyd van verval wat volg, meer en meer in die hande van lekebroeders en susters oor, en also ontstaan die volkome gelaïfiseerde stedelike hospitaal.1) Aan die einde van die Middeleeue is weinig van die oude hospitale nog huise vir sieke. Hul word hoe langer hoe meer huise vir oude manne en oude vroue. Gedurende hul lewe koop vele vir hul die reg van verblyf daar in hul ouderdom. Ook sluit die gilde en broederskappe kontrakte met die hospitale vir hul oude hulpbehoewende lede. Ook die stede sorg vir hul oude stadsdienaars deur daar vir hul 'n onderkoming te verkry. Verskillend is die behandeling van die inwoners van die inrigtinge. In sommige word alle lewesbehoeftes in oorvloed verskaf, terwyl in andere maar 'n kleine rantsoen uitgedeel word sodat die arme verplig is om deur handearbeid of deur te bedel die ontbrekende te verkry. *). Afwisseling in die gewone maaltye word verskaf deur die s.g. «pitanse» of ekstrageregte. Op een of meer dae in die jaar word aan die inwoners sulke geregte opgedien. Dit word verskaf deur erflatinge of skenkinge waarby die gewer bepaal dat op sekere dae die geregte aan die inwoners verskaf sal word op voorwaarde dat hul voor hom sal bid, of die sielmisse wat vir hom gehou word sal bywoon. In vele hospitale vermeerder steeds die aantal feestdae en word op tabelle aangeduid voor wie en wanneer daar gebid en sielsmisse bygewoon moet word. *) Middeleeuse liefdadigheid openbaar sig ook op karakteristieke wij se in die versorging van melaatse. Ten gevolge van die Kruistogte word die melaatsheid oral in die Weste ver- i) Uhlhorn, II 195—8. 2) Ib. II 218—222. 3) Ib. II p. 223. 8o sprei en word selfs 'n groot gevaar vir die europeese volkere. Die omvangrykheid van die christelike sorg vir die ongelukkige blyk daaruit dat die getal huise vir melaatse geskat word op 19,000. In ieder van die huise word meestal van 1 o tot 30 verpleeg. Die medelyde vir die soort van kranke word versterk omdat die melaatse beskou word als op biesondere wijse deur Gods hand geraak en omdat ook Christus die voorbeeld van liefde teenoor hul gegee het. Biesonder groot is dus die voorliefde vir die verpleging van melaatse. Ook onder die volk staan hul bekend als «Gods liewe arme», «Gods sieke», «die arme van Christus». Die kerk vermaan ook tot liefdadigheid betoon aan hul en vergeld liefdebewyse aan hul met aflate.*) Buite die hospitale was hul lot 'n allertreurigste. Geheel en al word hul uit die maatskappy verban. Hul leef van die mildadigheid van andere. Die vasstelling of iemand als melaats te behandel is neem die kerk op sigselwe op grond van die aanwysiging van die mosaiese wetgewing. Die ondersoeking self word aan artse opgedra. Word iemand als melaatse verklaar, dan word op die dag van sy afsondering die mis in die kerk gelees vir hom, ontvang hy ook die Avondmaal, en word naar 'n hutje op die veld gelei deur 'n priester. Spys en drank word in die nabyheid van die hut vir -hom gereeld geplaas. *) Sedert die 13de eeu word egter in die stede oral die Leprosenhuise aangetref. Veel meer dan die andere hospitale draag die Leprosenhuise 'n kloosterlike karakter. Die sieke word genoem broeders of susters, daar word een magister of magistra uit hul midde aan gestel, en volgens 'n reel moet daar geleef word. Ook moet die sterkere hul swakkere broeders bedien, en word daar ook sekere handwerke beoefen. Iedere gestig besit 'n kerk of kapelle met een of meer 1) Uhlhorn, p. 251—5. Vg. Ratzinger, a. w. p. p. 273—4. 2) Uhlhorn, II p. 259—261. 82 so ontsettend veel gedaan word vir gevangene in andere lande, word vir die gevangene in eie land, wat hul lewe moes deurbring met die vreeslike ontberinge in die gevangenis, feitelik niks gedaan nie. Ook vir wese en vondelinge word nie veel van 'n goed georganiseerde en doelmatige aard gedaan nie. Vele hospitale neem wel diesulke op, veral die van die Johannieters en van die H. Geest ordes. Ook kloosters sorg vir die opvoeding van sulke kindere. Eintlike wese en vondelinghuise word maar weinig aangetref. Wese en vondelinge word meestal aan die sorg van indiwiduele vroue toevertrou. In die 15 de eeu is dit alleen die Stadsraad wat die versorging van hul onderneem. x) Vir doofstomme en epileptici word feitelik niks gedaan nie. Die sorg vir blinde is ook maar gering. Hul word in hospitale en kloosters opgeneem. Enkele inrigtinge word vir hul opgerig byv. te London en te Parys. Maar aan hul onderrig word niks gedaan nie. Selfs in die inrigting word hul maar gedeeltelik versorg, en moet hul voor hul onderhoud op straat bedel. Maar slegste van ammal word die kranksinnige versorg. Die onskadelike word aan hul selwe oorgelaat, terwyl die andere in 'n hok opgestuit word. Kranksinnige wat van elders kom, word met 'n stok die stad uitgejaag. Eers teen die einde van die Middeleeue word daar kranksinnige gestigte opgerig. 2) Meerder is egter die hulpvaardigheid wat aan gevallene vroue betoon word. In die 13de eeu ontstaan die «Orde van die Boetvaardige van die H. Maria Magdalena», in Duitsland met 'n groot aantal kloosters. Die orde word veral deur Paus Gregorius IX bevorder. Hij skenk dit sekere priwilegies. Die susters neem ook aan die reël van Augustinus. Ook die biskoppe verleen hul ondersteuning deur die insamel 1) Uhlhorn, II p. 294—6. 2) Ib. p. 296—8. Vg. Lonkhuyzen, t. a. p. p. 99. 83 van kollektes vir hul onderhoud. Arbeid is in die kloosters verpligtend en ook ontvang die jongere vroue onderrig in lees en sing. Die vroue wat die kloosters ingaan word en bly nonne. Maar ook in vele stede ontstaan huise vir sulke boetvaardige vroue (sorores de poenitentia) wat nie kloosters is nie maar verbeteringsgestigte. Hier word gestrewe om hul lewe te verander, en om hul daartoe te breng om weer 'n gereelde lewe te lei. Huwelik met sulke vroue word aangemoedig, en die kerk beskou dit selfs als 'n verdienstlik werk. Innocentius Hl bied daarvoor aan volkomene aflaat. *) By al die metodes om hulpbehoewende te versorg moet nog gelet word op een wat kenmerkend is vir die Middeleeue, nl. die gee van aalmoese (eleemosyna) of uitdelinge (larga of stipa). Hier tree tevoorskyn 'n praktyk gebaseer op 'n kerkelike leerstelling, waarvan ontelbare skare profiteer, waardeur grote rykdomme opgeoffer word, en tog wat van al die christelike liefdadigheidsinstellinge miskien van die minste sosiale waarde was vir die mensdom als 'n geheel. Die oude kerkelik gebruik om eers ondersoek in te stel naar die omstandighede van die behoeftige en om aan luiaards hulp te weier, verdwyn helemaal, want doel is nie meer ware hulpverlening, maar bloteliks die verrig van 'n verdienstelik werk, en motief is nie meer broederliefde nie, maar eiebelang. *) Kenmerkend van die middeleeuse beskouing is die opvatting van Thomas van Aquino. Doel van die gee van 'n aalmoes is om geestelik goed vir sigself te verwerf. Die gevolg en waarde daarvan moet gemeet word deur die gebede van die ontvanger vir sy weldoener. Aalmoes moet bestaan uit die «oortollige», d. i. al wat die indiwidu oorhou i) Uhlhorn, II p. 298—303. 2) Ib. p. 138—9. . 84 nadat hy afgetrek het wat vir sy eie onderhoud nodig is. *) Aalmoese word gegee aan' arme blinde en kreupele by allerlei geleenthede soos by geboorte of huweliksfees, of by 'n begrafenis. Reelmatig word aalmoese ook uitgedeel deur kloosters en kerke. In een cistercienser klooster word dageliks 5000 mense gespysig. Op feestdae of herdenkingsdae veral word die arme met kwistige hand voedsel uitgedeel. In sommige gestigte vind daar ook op sommige feesdae uitdeelinge van klere aan arme plaas. *) Veel word gedaan om die voorbede van so veel mense moontlik te verkry. Dit word als heilige plig beskou om vir sigself en sy naasbestaande sielmisse op gesette tye te laat vier. So talryk word die sielmisse dat ieder stift, klooster of kerk sy «sielmeester» besit wat boek moet hou van die dae waarop dit gevier moet word. Hul word gevier op 'n aantal dae na sy dood alsook op ieder jaardaag van sy dood. By die geleentheid word aan die arme wat die sielmisse bywoon aalmoese gegee wat bekostig word deur die skenkinge van die afgestorwene, waarvoor hul dan vir sy siel moes bid. Dikwils word die aalmoese in die kerkhof uitgedeel of selfs op die graf gelê, waar die arme dit kon ontvang op voorwaarde van voorbidding. Hoe meer die vrees vir die vagevuur toeneem hoe groter is die aantal sielmisse en uitdelinge. 8) Die uitdelinge vind ook onder allerlei eienaardige omstandighede plaas. So is daar die spysiging van arme wat «mandata» genoem word. In kloosters en stifte was dit gewoonte om daagliks die voete van arme, in navolging van Christus voorbeeld en gebod, *) te was. Op sekere dae word na die voetwassing, aan die arme 'n maaltyd verskaf, en selfs voedsel gegee om naar huis te neem. Nou verwant hieraan is die s. g. «siel-bade». In de i3de eeu 1) Encycl. Britt. art. Charity, Vol. V p. 876 (11* ed.). 2) Uhlhorn, II p. 304—308. 3) Ib. p. 144—7- 4) Joh- 13 : '5- 85 word in die stede bade vir die arme gebou, en «siel-bade» genoem, omdat hul vir die heil van die siel van die stigter gestig word. Die «sielbad» word van die kansel afgekondig, en word die arme nie alleen gewas nie, maar ook van spyse voorsien. *) 'n Dergelike instelling is die «Godshuise» of «sielshuise». Aan arme word vrye woning, soms ook met voedsel, vermaak, ook op voorwaarde van hul voorbidding vir die siel van die stigter. *) By die verskillende sosiale werksaamhede en invloede wat van die kloosters uitgaan, moet nog gevoeg word 'n faktor wat in die begin ten minste van grote betekenis is. Die voorbeeld van en die aanmoediging tot arbeidsaamheid deur vele monnike gegee, was ongetwyfeld van maatskappelike waarde in 'n tyd gekenmerk deur afkeur van handearbeid. Dit was geen algemene reël in die monnikendom nie, want deur sekere klasse van monnike soos de Messaliane of Euchite word beweer dat die lewe van 'n monnik byna uitsluitelik aan gebed gewy moet word. Gevolgelik word deur hul alle handearbeid en ieder vorm van aktiwiteit veroordeel. Maar deur die Kenobiete, in onderskeiding van die Anagorete of Stiliete of Reclusi, word arbeid aanvankelik als noodsakelik bestanddeel van die monnikenlewe beskou. Die opvatting word voorgestaan deur die meeste stigters van, of reëlgewers vir die kloosterlewe. 8) Ledigheid word o. a. deur Hieronymus en Basilius beskou als een van die grootste gevare vir die monnikenlewe. *) Augustinus in sy «De labore Monachorum» veroordeel die mening dat die lewe van 'n monnik slegs aan gebed gewy moet word, 1) Uhlhorn, II p. 310—312. Vg. Lo nkhuyzen, t.a.p. p. 101. 2) Ib. p. 313. 3) Hastings, Encycl. of R. a. E. art. Monasticism, Vol. VIH p. 786. P y p e r, de Kloosters p. 258. 4) Uhlhorn, I p. 348. 86 en dat werk nie vir hom bestem is nie, en toon aan die noodsakelikheid van arbeid vir alle monnike. In die Ooste was dit reeds in die derde eeu 'n vaste beginsel dat die monnik van sy handearbeid sou lewe. x) Ook volgens die Benedictynse reglement moes ten minste sewe uur per dag aan arbeid gewy word, meestal handearbeid. Die Cisterciensers veral was kragtige voorstanders van die arbeid. Alleen van hul eie handearbeid moes gelewe word. Selfs op sommige feesdae was arbeid verpligtend. In sommige kloosters mag 'n gas nie langer dan enkele dae ledig gaan nie. Daarna moes hy met die andere begin werk.2) Geen monnik, hoe geleerd hy ook al mog wees, word beskou als te goed vir die arbeid, veral tuinbou. Op die Kerkvergadering te Aken in 817 word aan alle monnike die verpligting opgelê in die keuken en bakhuis die nodige arbeid te verrig. ') Die arbeid bestaan hoofsakelik uit bewerking van die grond of veeboerdery vir die monnike, en vir die nonne uit die weef van mandjies of matte. Veral in die Weste was die bewerking van die grond so goed gereël en so doelmatig, dat grote vroeër onbruikbare landstreke tot bougrond word verander. Veral die Benedictyners is ywerig in die opsig. Bosse word uitgehou, moerasse word droog gemaak, brugge oor riviere gebou, en wege aangelê. *) «We owe the agricultural restoration of a great part of Europe to the monks» beweer die engelse geskiedskrywer Hallam. 5) Die inkomste van die arbeid gaan meestal ten behoewe van arme of gevangene, of om hul gemeenskap self te 1) Hastings, ib. p. 784. Uhlhorn, I p. 349. 2) Pyper, t.a.p. p. 259. 3) Ib. t. a. p. p. 256. 4) Uhlhorn, II p. 127. Charteris, The Church of Christ p. 109—110. Pyper, t. a. p. p. 259. 5) Middle Ages, Vol. IH p. 360 (iitu ed.). 87 onderhou. Chrysostomus verhaal hoedat die monnike besig is met handearbeid om behoeftige te kan onderhou. *) Daar word soms selfs deur die monnike grote hoeveelhede voedsel gestuur naar die landstreke waar daar hongersnood heers. *) Maar by dit alles, moet tog gevoeg word dat die waarde van hul arbeidsaamheid afneem wanneer op die doel daarvan gelet word. Dit was nie so seer nie belangstelling of wins, maar selfkastyding en die vermyding van die gevare van lediggang. Tot verheffing en veredeling van die arbeid voer dit oor die algemeen nie, omdat die begrip van die waarde en waardigheid van arbeid ontbreek. Dit blyk treffend uit die geskrifte van vername woordvoerders. Thomas van Aquino toon aan dit die lewe van arbeid slegs deur die nood is opgelê, en dat die aktiewe lewe uit sy aard onvolkomener is dan die kontemplatiewe. Dieselfde gedagte word ook by Bonaventura aangetref. s) Wanneer nog daarby gevoeg word hoe veel skade deur die Bedelmonnike aan gerig word ten opsigte van die waarde en noodsakelikheid van arbeid, deur hul vooropstelling van bedel als iets verdiensteliks in sigselwe, dan blyk dat die bewering van Naumann nie sonder grond is nie, wanneer hy beweer dat die kerk. in die Middeleeue per slot van rekening gelei het tot «eine Degradierung der weltlichen Arbeit». *) Van meer blywende en diepgaande betekenis is wat deur die kerk in die Middeleeue op die gebied van onderwys gedaan word. Reeds gedurende die eerste eeue het die christelike woordvoerders getrag om die onderwys in 'n betere rigting te stuur. Dit blyk uit die houding teenoor die heidense ge- 1) Hom. 8 in Matt § 6. 2) C. Schmidt, t.a.p. p. 254—5. 3) Uhlhorn, H p. 127—8. 4) In Die Religion in Geschichte und Gegenwart I p. 662. 88 leerdheid van die dae. Aanvankelik is daar geen beswaar teen die heidense filosofie. Clemens van Alexandrie beweer dat die Evangelie slegs volmaakte Platonisme is en lê nadruk op die ooreenkoms tussen Moses en Plato. Heidense filosofie is selfs, volgens sy mening 'n pedagoog om die wereld tot Christus te bring. Dieselfde houding teenoor die filosofie word ingeneem deur Justinus Martelaar en Origines. Maar by Chrysostomus tref ons aan tekens van protes. Hy beweer dat hy geen tyd meer het nie vir die heidense studies. Basilius toon aan dat 'n keuse moet gedaan word tussen 'n liberale opvoeding in die publieke skole of die redding van die siele van die kinders wat te verkry is in die opvoeding deur die monnike. Tertullianus, Hieronymus en Augustinus wys ook op die teenstelling tussen christelike en heidense studie. 2) Die eerste vorm van christelike skool was die kategumeniese en die kategetiese skole. In eersgenoemde word sorg gedra vir die onderwys van pasbekeerders, beide oud en jong. Dit was gebruikelik om volle lidmaatskap tot die kerk uit te stel totdat hul 'n tyd van toetsing in die christelike leer en lewe deurgemaakhet. Kategetiese skole, met die doel om kategete te vorm, het ontstaan te Alexandrie en daarin word onderwys gegee beide in heidense en christelike vakke. Die griekse geleerdheid word in die diens van die kerk gebruik. Nie alleen in Bybel studie nie, maar ook in die praktiese vraagstukke van die dagelikse lewe word onderwys gegee. Hieruit ontstaan die episkopale of katedrale skole. Hul word georganiseer deur die biskop vir die opleiding van die geestelike en staan onder sy toesig. In die Weste word sulke skole meestal katedrale skole genoem omdat dit by die katedrale geplaas is. Langsamerhand word ook sekulaire i) P. Monroe, History of Education p. 106. z) Ib. t. a. p. p. 106—107. 3) Ib. p. 108. 8g leerlingen opgeneem. *) Die katedrale skool word n gereëlde instelling deur kerkelike wetgewing bepaal. So bepaal die konsilie van Rome (863) dat die biskoppe in ieder biskoppelike stad onder die bevolking, en in iedere plaas waar daar behoefte daaraan is, onderwysers aan sal stel om onderrig te gee in letterkunde en in die sewe «artes liberales». z) Op die 3de Lateraanse concilie (1179) word bepaal dat ieder katedrale skool 'n onderwyser (magister) moes hê wat kinders van arme en ryke sou onderwys gee, en dat hul dit kosteloos moes ontvang. Die skole staan onder die direkte beheer van die biskop. Hul word verdeel in elementaire skole (schola minor) waar lees, skryf, psalmsing onderwys word, en in hoëre skole (schola major) waar of in die trivium of in die trivium tesame met die quadrivium en in die Skrif onderrig verskaf word. 8) Na die verdringing van die Romeinse kuituur deur die barbare, toe opvoeding geheel en al in die hande van die kerk val, is die skole tesame met die van die kloosters, die enigste in die Weste. 4) Maar die grootste gedeelte van die lekeopvoeding geskied in die Middeleeue in die kloosters. Tussen die gde en die 13de eeu word aan onderwys buite die kloosters weinig gedaan. 5) Heel wat sorg word gewy aan die onderwys van kloosterbroeders en susters en diegene wat bestemd is om dit te word. Nie alleen word vir hul gepreek nie, maar daar word ook gelewer die kollokasies of korte toesprake wat tegelykertyd 'n preek en 'n gewone skoolles is. Dit word gewoonlik deur die abt waargeneem en reeds vroeg word dit voorgeskryf dat dit drie maal per week sal geskied. 1) Monroe, p. 108—9. Vg. Cath. Encycl. art. Schools, Vol. XDJ p. 556. 2) Catholic Encyclopedia, art. Schools, Vol. XIII p. 555. 3) Ib. p. 556. 4) Monroe, t. a. p. p. 110. 5) Ratzinger, t.a.p. p. 165. Monroe, t. a. p. p. 118. go Behalwe by die Cistersiensers waar aan niemand onderwys gegee word. behalwe aan monnike en noviete, word in die kloosters ook sorg gedra vir die opvoeding van leke. x) In die Konsilie van Aix-la-Chapelle (789) versoek Karei die Grote die monnike om kindere van slawe en vrye in hul gemeenskap op te neem en bepaal dat skole vir jongens gestig sou word in ieder klooster en katedraal waar onderwys sou gegee. word in musiek, wiskunde, grammatika en skrywe.2) Ook arme wese word in die kloosters opgeneem, waar hul voedsel en onderwys gratis ontvang. •) Sedert die tyd van Karei die Grote kom daar dubbele skole in die kloosters voor, interne vir die monnike, en eksterne vir andere leerlinge. Volgens die reëling van IsidOrus, moes die sorg vir die kinders aan die kloosters deur ouers toevertrou, opgedra word aan 'n man van rype leeftyd, en hy moes hul nie alleen onderwys nie, maar ook opvoed. *) Daar word onderwys gegee in lees, skryf en reken en in die reëls van die grammatika. Die meeste aandag word egter gewy aan onderwys in die Heilige Skrif. Tot die i3de eeu is opvoeding hoofsakelik beperk tot die kloosters. s) Van 'n opvoeding van die volk deur middel van die kansel, kan daar in die Middeleeue weinig sprake wees. Daar is 'n algehele gebrek aan selfstandigheid in die prediking. Die preke is meestal vertalinge of 'n navolging van die Homilieë van die Kerkvaders, veral van Augustinus, Gregorius en Leo die Grote. Die gebrek aan prediking en die onbekwaamheid van die predikers blyk o. a. daaruit dat Karei die Grote ingryp en trag om 'n verbetering te weeg te bring. Hy beveel dat nie slegs die biskop nie maar ieder klerikus die 1) Pyper, De Kloosters p. 296. Monroe, t. a. p. p. 118. 2) Encycl. Brittanica, art. Schools,* Vol. XXIV p. 362. 3) C. Schmidt, Soc. Results of Christianity p. 288. 4) Pyper, t. a. p. p. 297. 5) Monroe, t. a. p. p. r 18—9. 9i prediking op sig moes neem. Daar die onbekwaamheid van die predikers bekend was laat hy een homiliarium opstel wat voorgelees moet word deur die geestelike. x) Dat die meganiese voorlees van dieselfde homilieë, vir vele in 'n vreemde taal, die prediking van alle krag en lewe ontroof, en weinig invloed op die volk gehad het, was natuurlik. Die eintlike prediking wat nog bestaat, het meestal tot onderwerp legendes van heilige, verering van martelare, en die bespreking van hemel, hel en vagevuur. Ook die mis en andere seremonies neem die eerste plaas in die diens in, terwyl die opvoeding van die volk geheel en al op die agtergrond tree. Die duisternis neem toe tot die 13de eeu.2) Tydens die i3de eeu ontstaan daar 'n ontwaking op die gebied van prediking. Die kloosterhervorming en die Kruistogte, scholastiek en mistiek roep tevoorskyn 'n nuwe krag en inhoud in die prediking, sodat 'n meer selfstandige vorm van preek ontstaan. Verskillende rigtinge is daar nou in die prediking te bespeur. Die didakties intellektualisties prediking van die scholastici is 'n weerspiegeling van sy teologie. Deur definitiones, quaestiones, alsook met die invoering van allerlei spitsfondighede en kunstige indelinge, word die prediking tot blote abstrakte logiese gedagtes, en dus grotendeels vrugteloos. Die is kenmerkend van die prediking o. a. van Antonius van Padua, Albertus Magnus en Thomas van Aquino. *) Die volksprediking van die Bedelmonnike in die i3deeeu is een reaksie teen die formelikheid van die Scholastieke. Die predikers behoor tot die volk en preek tot die volk in hul eie taal, dikwils in die opene lug. Hul prediking is gekenmerk deur frisse natuurlikheid. Dramaties is dit maar 1) Schian, t.a.p. p. 641—2. Vg. Encycl. Britt. art. Preaching, Vol. XXII p. 264. 2) Kerr, t.a.p. p. 118—119. 3) S c h i a n, t. a. p. p. 645. Paul Drews in Rel. in Geschichte und Gegenwart IV p. 1739. 99 Maar dat die maatskappy daardeur nie verbeter kan word nie het duidelik geblyk. 'n Onjuiste begrip aangaande wereldse besittinge en die regte gebruik daarvan word daardeur versprei. Dat iemand die maatskappy kon dien deur sy vaste eiendom goed te versorg en geduriglik te verbeter is 'n idee wat in stryd is met die gedagtegang van die tyd. Oneindig veel meer verdienstelik was dit om besittinge aan kloosters te vermaak, of rykdom in die vorm van aalmoese onder die arme te verstrooi. Maar deur die ontsaglike skenkinge en erflatinge waardeur die kloosters verryk word, word die maatskappy tegerlykertyd op ernstige wyse benadeel deurdat dit verarm word. Soos reeds aangetoon is, word kinders dikwils onterf omdat ouers hul besittinge aan die kloosters vermaak. Waar die grondbesit uit die hande van die familie geraak, spreek dit vanself dat die neiging steeds sterker word vir die nakomelinge om in armoede te verval. Grondbesit, meestal so onontbeerlik vir die welvaart van die indiwidu, geraak op uitgebreide skaal in die mag van één deel van die maatskappy, om daar later grotendeels als dooie kapitaal te bestaan. Die groot middeleeuwse probleem van die armoede word hierdeur slegs vererger. x) Die hoogste lewe op aarde kan iemand deelagtig word deur die klooster in te gaan. Ten gevolge hiervan «The Church followed John the Baptist into the wilderness rather than Christ into the world». 2) Hierdeur word nie alleen die fondamente van die maatskappy vernietig nie, n.1. die familie en wereldse besittinge, maar word die maatskappy ook ontsettend benadeel deurdat ieder gewone dagelikse beroep als minderwaardig beskou word. Weliswaar word in die kloosters verskillende beroepe uitgeoefen, maar die motief vir arbeid is een te enge waar dit grotendeels is om vleeselike i) F. Pyper, De Kloosters p. 355- Rauschenbusch, t.a.p. p. 168—170. i) C. S. Home, The Ministry of the Modern Church p. II. 104 keeper of the individual conscience, the priesthood controlled the conduct of the laity» x) Hierdeur word die sosiale werksaamheid van 'n magtige faktor vernietig. Sosiale akti witeit kan dus alleen uitgaan van die geestelike en hul kragte is hoofsakelik gewy aan die instandhouding van die organisasie en seremonie van die kerk. 2) b. Nuwe beginsels by Luther. Die kerk in die Middeleeue het ten spyte van sy vele en grootse poginge om sosiale node te lenig, heel weinig wat duursaam was tot stand gebring. Maar bowedien was die kerk grotendeels aansprakelik vir die uitbreiding van 'n sosiale euwel met verreikende gevolge, nl., die bedelary. Armoede en bedelary word bowedien vererger deur die ekonomiese wantoestande wat die 16de eeu kenmerk. Die handel neem geweldig toe terwyl geld tegelykertyd sy waarde verloor. Die plotselinge prysverhoging van alle ware roep tevoorskyn 'n ongekende armoede onder die volksmassa, terwyl enkele koopliede skatte van rykdom versamei. Ten spyte van die strengste wetgewing daarteen, versprei die bedelary op skrikwekkende wyse in alle lande. Die toestand van die arme was oral 'n vreeslike en die kerk breng deur woord of daad hier nie die minste verbetering teweeg nie — totdat die Reformasie aanbreek. 8) Die Reformasie was nie beperk tot die kerk nie maar was voor alles 'n reformasie van die religie en het dus verreikende gevolge gehad vir die ganse menselike lewe, die kerkelike sowel als die maatskappelike. *) Ook op die gebied van die sosiale werksaamheid van die kerk tree daar 1) J. Seth, Ethical Principles, p. 336. 2) Ratzinger, t. a. p. p. 306. Rauschen b us ch, t. a.p. p. 186—190. 3) Uhlhorn, III p. 15—16, 117—8. 4) Bavinck, In de Hervorming Herdacht p. 67. Lonkhuyzen, t.a.p. p. 105. i°5 tevoorskyn 'n radikale verandering van opvatting. Want nie alleen kom daar 'n wysiging in die grondbeginsels waarop die weldadigheid rus, maar ook die doel waarom en die metode volgens welke dit beoefen word, word 'n gans andere. Die prediking van die regvaardigheid van die mens voor God sonder die werke van die wet is die alles veranderende godsdienstig beginsel van die Reformasie. Die diepgrypende leer van die verdienstlikheid van goeie werke word hierdeur in sy wortel aangetas. Want, soos beide Luther en Calvyn leer, word die mens die saligheid deelagtig alleen deur die geregtigheid van Christus. Goeie werke kom dus in 'n heel andere lig te staan. Die mens doen goeie werke nie om salig te word nie, maar omdat, hy gered is ontstaan goeie werke als vrugte van sy geloof. So leer Luther: «Gutte'frum werck machen nummer mehr ein guten frumen man, sondern ein gutt frum man macht gutte frum werck». x) Dit is goed alleen omdat dit uit een gereinigd en gelowig hart voortspruit. Die verandering hierdeur teweeggebring in die opvatting van liefdadigheid is een radikale. Die dryfkrag is nie langer 'n selfsugtige nie, om verdienstelike werke te verrig, om versekering van eie saligheid te verkry nie, maar dankbare liefde wat uit die geloof voortvloei. «Nun ist's doch nicht möglich, dasz Gott ein Werk gefalle, oder etwas bei ihm erlange, das nicht in freier Liebe geschieht» ■) is Luthers kritiek op die middeleeuse opvatting van weldadigheid. Aktiewe liefde tot die naaste word andermaal vooraan geplaas in die ry van christelike deugde. Luther toon aan dat vir alle verhoudinge tussen mense onderling daar is «keinere bessere Regel denn die Liebe». •) Die liefde is die ware sieraad (Schmuck) van die Christen voor die wereld, die 1) Van der freyheyt eynisz Christen Menschen § 23. Vg. Confessio Augustana art. VI en XX; 2) An den Christlichen Adel s. 51. 3) Aangehaal deur Luthardt, Die Ethik Luthers p. m. io6 liefde wat nie moeg word nie om te help en ook te vergeef. x) Die mens leef in sy sterfelik liggaam nie vir sigself alleen nie, maar ook vir andere mense, ja, sy eindike bestemming is juis vir hul en nie vir sigself te leef nie. Die bedoeling van die Christen in al sy dade moet daarop gerig wees «das er andern leutten damit diene und nutz sey».2) Die Christen moet sy naaste op ieder manier trag te dien sowel in geval van liggamelike als van geestelike nood. En waar hy dit nie deur geld of voedsel kan doen nie, kan hy tog liefdadigheid betoon «mit einem guten Wort und mit einem freunlichen Herzen».8) Die geloof waarop Luther so veel nadruk lê, tree dus nie te voorskyn nie als kwiëtisties en van die wereld afgekeer nie, maar als een aktief wereld beheersend element. *) Waar liefde tot Christus, in plaas van eie belang, die dinamiese krag in die betoon van weldadigheid word, kan daar ook» weer 'n ware versorging van die behoeftige tevoorskyn tree. Want liefde tot die medemens moet daaruit voortvloei, wat onmisbaar is vir die betoon van hulp van 'n degelike en blywende aard. Hierdeur word nie slegs leniging van nood, maar ook opheffing en verbetering van die behoeftige andermaal mogelik. Omdat weldadigheid nie meer 'n offer of 'n verdienstelik werk is nie, maar uit ware belangstelling moet voortvloei, is die liefdadigheid nie meer 'n massale maar 'n indiwiduele, wat betoon word van mens tot mens. Alle arme word nie soos vroeër op gelyke wyse behandel nie, maar onderskeidene behoeftiges verkry onderskeidene hulpverlening. 5) 1) Aangeüaal deur Luthardt, Die Ethik Luthers p. III. 2) Von der freyheit § 26. 3) By Luthardt, t.a.p. p. III. 4) Harnack, De Et. Soc. Roeping (vert. A. S. T a 1 m a) p. 34—5. 5) A. Harnack, De Ev. Soc. Roeping p. 35. Nathusius, Der Christliche Soziale Ideën der Ref. Zeit p. 48. C. S. Loch, Charity and Social Life p. 300—I. Slotemaker de Bruine, In de Hervorming Herdacht p. 106—7. io8 Die nadruk deur Luther op die noodsakelikheid van arbeid gele blyk o. a. ook daaruit dat hy ten gunste van die afskaffing van die vele heilige dae is, en als argument daarvoor wys hy daarop dat deur die feeste die dagelikse arbeid verwaarloos word. *) Die verpligting tot arbeid vir elk een bewys hy verder deur aanhaling van die Skrifwoord «In de zweet uws aanschijns zult gij uw brood eten». 2) Selfs is dit sonde om van die arbeid van 'n andere te lewe. Als Luther wil bewys dat die neem van woeker sonde is dan haal hy als argument aan dat dit sedelik verkeerd is om van die arbeid van 'n ander te lewe, soos deur die woekeraar gedaan word. *) Hierdeur is tegelykertyd die bedelary veroordeel. «Es ist wohl der groszten Nöte eine, dasz-alle Betteleien abgethan wurden in aller Christen heit» is Luthers beskouing aangaande die grote middeleeuse euwel met sy verstrekkende gevolge. *) Hy toon ook aan dat soos God aan Israël gebied om te sorg dat daar geen bedelaar onder die volk sou wees nie, so moes die Christene ook nog sorg dat geen bedelary toegelaat word. s) Luiheid en lediggang beskou hy als so 'n grote euwel dat hy daarop aandring dat die regering die persoon wat sig daaraan skuldig maak, sal dwing om te werk.6) In sy program vir armesorg toon hy aan dat iedere stad vir sy arme behoor te sorg en geen bedelaar wat van elders kom toe te laat nie. In ieder stad behoor daar 'n opsigter te wees wat al die arme ken alsook die nood van iedereen. Die Raad of die predikant moet hy dan daarvan in kennis stel. 7) i) An den Christlichen Adel § 52. 2) Ib. § 46. 3) Vg. Troeltsch, t. a. p. p. 573. 4) An den Christlichen Adel p. 58. 5) Uhlhorn, t.a.p. III p. 23. 6) Ib. t.a.p. DJ p. 26. Vg. sy An den Christlichen Adel p. 46, 59. 7) Ib. p. 58. iog Die mogelikheid om degelike sosiale werk van kerkwege te verrig word groteliks verhoog deur die ontkenning van die radikale onderskeiding tussen wereldlike en geestelike stand. Dit toon Luther aan is 'n valse voorstelling «weil alle Christen wahrhaftig geistliches Standes sind und unter ihnen kein Unterschied ist denn des Ambts halben allein». Die bewys hy deur i Cor. 12 en i Petr. 2 aan te haal en nadruk daarop te lê dat ons almal één liggaam vorm met Jesus Christus als Hoof. *) Die amp is niks anders nie dan die openbare funksionering van die Woord in sy verskillende vorme, in die leer deur die Woord of in die regering volgens die Woord. Dit is geen eieskap van die persoon nie, dit breng geen «character indelebilis» mee nie, maar dit is 'n opdrag. Tegelykertyd moet die ampsdraër die amp beskou nie als. 'n heerskappy nie maar als 'n diens. 2) Waar dus die geestelike amp in 'n nuwe lig gestel word en diens als die kern daarvan voorop gestel word, en waar tegelykertyd die gewone lid 'n nuwe selfstandigheid en mag word toegeken, word die sosiale mogelikhede van die kerk daardeur ongetwyfeld grotendeels verhoog. 'n Meer direkte en tegelykertyd 'n ontsaglik grote sosiale weldaad deur Luther verrig was sy in erestelling van die huweliksstaat. Hij toon aan dat dit vplgens Gods ordening is en op Sy Woord berus. Dit is by die skepping ingestel en ook Christus het dit bekragtig. Hy noem die pauselike huweliksverbod een «antichristliche Teufelslehre». s) Hy beveel aan dat in iedere stad 'n «pfarrer» aan gestel sou word en naas hom diakene wat moes help om die gemeente te regeer met preek en sakramente, en hy voeg daarby dat die gemeente hul «freie Willkür liesze ehelich zu werden 1) An den Christlichen Adel p. 7. 2) Luthardt, t.a.p. p. 91—2. 3) Ib. t. a. p. p. 98. "3 van die kerkelike gemeente. Dat volgens die sisteem die gemeentelede 'n aktiewe deel sal neem in kerkelike belange is uitgesluit. Want in die lutherse soos in die roomse kerk is die lede helemaal passief. Vir die inrigting of regering van die kerk beteken hul weinig of niks. Die lede is daar slegs om bearbei te word deur die klerus. Die kerk is vir hul 'n „heilsinstituut" waar hul die heilsgoedere ontvang deur die prediking van die Woord en die bediening van die Sakramente. Een meewerk van die lede met die kerk in die leniging van sosiale node word hierdeur uitgesluit. x) d. Verbeteringe deur Kalvyn. Die ideale van Luther ten aansien van sosiale noodleniging ly aldus grotendeels skipbreuk op die feit dat 'n kerkelike inrigting wat in staat stel om doelmatig en gesistimatiseerd hulpverlening te verskaf ontbreek. Die gebreke in sy stelsel word gelukkig deur 'n ander stelsel uit die weg geruim terwyl leemtes aangevul word. Die ander stelsel is die Kalvinistiese. I. Die uitnemendheid van Kalvyn bo Luther op kerkxegterlik gebied blyk, ten eerste, in sy opvatting aangaande die verhouding tussen kerk en staat. Waar die Roomse leer dat die staat sig aan die kerk moet onderwerp, en die Lutherse dat die kerkelike instituut deur die Owerheid geregeer moet word, toon Kalvyn aan dat staat en kerk selfstandig naas mekaar behoor te staan. Hy waarsku dat ons «deze tweeërlei regeeringen, welke' ganschelijk verscheiden zijn, niet onvoorzichtelijk vermengen». a) Iedereen 1) R i e k e r, t. a. p. p. 64. Biesterveld en H. H. K u y p e r, t. a. p. p. VI. F. L. Rutgers, De Beteekenis der Gemeenteleden als aoodanig p. 12. Uhlhorn, t.a.p. UI 72—3. L e c h 1 e r, t. a. p. 6—7. 2) Inst. IV 20: I. (vert. Landweht). 8 H4 het sy eie gebied en die een is nie per se 'n minder heilige dan die andere. x) Die regering in die staat moet erken en gehoorsaam word — behalwe waar iets teen Gods wil verorden word — 2) maar in die kerk is daar alleen een Hoof, Jezus Christus. Dit is te verstaan, soos Rieker aantoon, «nicht blosgeistig-moralisch, sondern auchpolitisch-juristisch». 8) Die alleenheerskappy van Christus sluit ieder menselike heerskappy uit. In die staat tree die kerk op nie op verlof van die owerheid nie, maar jure divino. *) Die mag van die owerheid teenoor die kerk moet slegs betoon word om «de religie door wetten, ordonnantiën en gerichten staande te houden». 6} Van 'n «jus in sacra» soos by die Lutherse is daar geen sprake nie, alleen van een «jus circa sacra» — vryheid en onafhankelikheid moet daar vir die kerk wees. 6) Dat die kerk volgens die stelsel beter in staat is om op sosiaal gebied werkdadig op te tree, is onbetwisbaar. Waar die kerk geen selfstaudigheid besit nie, maar aan bande gelê is deur die staat en dus geen sosiaal werk uit eie beweging kan verrig nie, word eie initiatief gedood, en moet belangstelling en offervaardigheid noodwendig verkwyn. Maar ook deur die selfstandigheid van die staat teenoor die kerk te poneer, in onderskeiding van die Roomse, en om gehoorsaamheid teenoor die regering als 'n goddelike instelling aan te moedig, word die moontlikheid tot sosiaal vooruitgang verhoog. Dat die staat als sodanig ook sy taak het om maatskappelike verbeteringe te weeg te bring, om «ons leven te fatsoeneeren tot welstand van menschelijke sociëteit en gemeenschap» 7) en also ook kan bydra tot die 1) Vg. Inst IV 20: 2. Vg. A. Kuyper, Calvinisme p. 98. 2) Inst. IV 20 : 32. 3) T. a. p. p. 109. 4) A. Kuyper, Calvinisme p. 97. Vg. Inst. IV 20: 3. 5) Calvyn, Inst. IV 11 : 6. Vg. IV 20: I. 6) Vg. Rieker, t. a. p. 190—1. 7) Calvyn, Inst. IV 20: 2. U5 sosiale opheffing van die volk, het geen bewys nodig. Deur dus twee selfstandige magte naas mekaar te plaas, elk een met sy spesifieke sosiale pligte en moontlikhede, verhoog die Kalvinisme grotendeels die moontlikheid tot sosiale opheffing. II. Prediking kom ook tegelykertyd tot sy volle reg by Kalvyn. Want hy leer dat «de kerk door de uiterlike predicatie en verkondiging van Gods Woord alleen gesticht en opgebouwd wordt». *-) In die kerk is daar niks heerliker of treffeliker dan die diens van die Evangelie.s) Maar van diepgrypende betekenis is die verskil van opvatting tussen Luther en Kalvyn aangaande die beduiding van die Woord van God vir die Christen. Terwyl vir Luther die betekenis van die H. Skrif byna uitsluitelik daarin geleë is dat dit regvaardiging deur die geloof predik, bevat die Woord vir Kalvyn die wil van God op elk lewesgebied. «Hetgeen diende tot een volmaakten regel, om wel te leven, dat heeft de Heere geheel en al in zijn Wet alzoo vervat en begrepen, dat Hij den menschen niemendal heeft overgelaten, hetwelk zij daarbij zouden kunnen toedoen». 4) Die Kalvinis besiet dus die ganse lewe, ook die maatskappelike lewe, in die lig van die Skrif. Hy geloof dat God in die Skrif die reël vir die inrigting van die maatskappy gegee het. Kalvyn besiet sosiale vrae soos die van rente en groothandel in die lig van Gods Woord en vind daarin 'n vaste vorm en leiddraad. s) Waar die Skrif so dikwils en duidelik wys op die sosiale pligte van die mens, is die betekenis van die nuwe opvatting aangaande Gods Woord van onbeskryf baar groot belang. In die tallose en ingewikkelde sosiale probleme besit die Kalvinis 'n vaste reël en norm waarnaar alles gemeet moet word. 1) Vg. Rieker, t. a p. p. 204. 2) Inst. IV 1:5. 3) Inst. IV 3 :3. 4) Calvyn, Inst. IV io : 7 (vert. L a n d w e h r). 5) Rudolph, Calvinisme en Socialisme p. 17. n6 III. Maar die Woord bied ook vir Kalvyn aan 'n vaste norm vir die instituering van die kerk. In die Woord vind hy beskryf «niet een tijdelijke, maar een gezette en altijddurende kerkelijke orde». *) Die noodlottige gebrek aan organisasie wat die kerkelike sosiale werksaamheid in die Middeleeue kenmerk, en ook die onsekere in die lutherse stelsel wat veroorsaak word deur die af hankelikheid van die kerk van die landvors, word hierdeur teniet gedaan. Die plaatselike kerk kan, volgens Kalvyn, als 'n goed georganiseerd selfstandig liggaam optree. 2) Ieder plaatselike kerk het sy spesifieke taak in die plaas waar hy aanwesig is. Maar plaatselike kerke staan nie als helemaal afsonderlike eenhede naas mekaar nie, soos in die geval van kerke wat ingerig is volgens Independenties of Kongregasionalisties beginsels. Koördinasie van arbeid word bewerkstellig deur sinodes. Hierdeur kan die sosiaal werk deur die kerk in een land verrig veel meer sistematies georganiseer en dus meer doeltreffend wees. Also word die kerk nie 'n blote godsdienstige gemeenschap nie, «sondern überhaupt eine Gemeinschaft des christlichen Lebens und Handelns, ein sozialer Organismus».8) IV. 'n Vaste vorm vir die ampte in die kerk word ook verkry in Gods Woord, 'n Reëlmatige sorg vir die behoeftige word andermaal moontlik gemaak deur die hernuwde instelling van die diakonaat op grondslag van Hand. 6. In die Roomse kerk word die werksaamhede van die diaken beperk tot hulp by die cultusdiensT Alhoewel die Lutherse erken dat armesorg 'n noodwendige uiting van die christelike liefde is, word geen bepaling gemaak welke kerkelike orgaan daar mee belas sal wees. Of die kerk dan of die owerheid die armesorg moet uitoefen is vir hom 'n «Zweck- l) Inst. IV li : 4. 2) Inst. IV I : 9—10. 3) Rieker, t. a. p. p. 68. Vg. Bavinck in De Hervonning Herdacht (1517—l9l7) P- 7°- ii7 massigkeitsfrage > en die neiging is by hom om dit aan die owerheid oor te laat. *) Dit onsekere word vermy deur die Kalvinis vir wie die armesorg 'n noodwendige en onontbeerlike funksie van die kerk is. In die diakonaat vind hy die spesifieke deur God ingestelde orgaan vir die uitoefening daarvan. Vir Kalvyn is die diakene «diegenen die van de kerk tot de bedeelingen der aalmoezen en verzorging der armen geordineerd» is. 2) En waar die diakonaat op N. T. grondslag is gevestig, mag hul werk natuurlik nie opgaan nie, in die uitreik van gawe, maar moet ware en blywende hulpvaardigheid betoon word. Met reg kan Uhlhorn dus beweer dat «die reformierte. Frommigkeit mehr aus Handeln angelegt is, als die lutherische.» s) V. By die Kalvinis tree die betekenis van die gemeentelede in 'n geheel nuwe lig. Hy verset sig teen alle hierargie, sowel teen die priesterlike hierargie van die Roomse als teen die politieke hierargie van die Lutherse en teen die liberale hierargie van stelsels wat op kollegialisties grondslag rus. 4) Die onmondigheid en passiwiteit waartoe hul deur roomse en lutherse kerk respektiewelik verdoem is, maak plaas vir selfstandigheid en medeseggenskap. Waar volgens die bogenoemde stelsels'n «ecclesia visibilis» sonder lede denkbaar is, en die kerk dus die lede voorafgaat, maak die lede, volgens kalvinisties standpunt, tesame die kerk uit, sodat die kerk deur hul ge vorm word. Die kerk is immers „universus electorum numerus».5) Die kerkelike roeping van die lutherse en roomse ge- 1) Rieker, t. a. p. p. 68—9. Vg. Uhlhorn, t. ap. III p. 145. 2) Inst. IV 3:9. Vg. IV 4: 1. 3) Uhlhorn, t.a.p. III p. 177. 4) R u d o I p h, Calvinisme en Socialisme, p. 40. 5) A. Kuyper, Het Calvinisme p: 54. Vg. F. L. Rutgers, De Beteekenis der Gemeenteleden p. 10—12. n8 meentelid gaat op in gehoorsaamheid. Met betrekking tot die klerus is hul slegs die objekt van hul werksaamhéid. Ook op kalvinisties standpunt is die lede objekt van die werksaamhéid van die kerkdienaars., Maar tegelykertyd is hul daarvan ook die subjekt in sover die werksaamhéid uitgaat van die gemeente en deur die gemeente gekontroleer kan word. x) Die «potestas ecclesiae» rus by die gelowiges terwyl alleen die «directio rerum» aan die ampsdraërs word opgedra.2) Immers die gelowiges vorm self 'n «heilig priesterdom» of een «koninklijk priesterdom» *) — «priesters in Hem». 4) Hier alleen kan dus sprake wees sowel van institutaire als van organies laikale werksaamhéid. Nie alleen kan die lede optree met gesag in die kerk als instituut, maar ook uit partikulier initiatief om mee te werk tot die kerstening van die huiselike en sosiale lewe. 5) 1) F. L. Rutgers, ta. p. p. 13. 2) A. Kuyper, Encyclopaedie der H. G. III p. 547 3) 1 Pet. 2:5, 9. 4) Vg. Calvyn, Inst. II 15:6. 5) A. Kuyper, t.a. p. 547—553- HOOFSTUK III. DIE TAAK VANDAAG. I. 'n Tekortkoming. Ons kerk het dus deur 'n lange tydperk van vooruitgang en agteruitgang 'n stadium bereik waarin dit vry, goed georganiseer en kragtig is om sy sosiale roeping te vervul. Dat ons kerk in die verskillende lande reeds veel verrig het op sosiaal gebied, is dikwils aangetoon. Dit is grotendeels te wyte aan die feit dat die Kalvinisme sig met alle krag op die menselike lewe werp en ieder gebied opeis vir die diens van God. Die ganse lewe is vir die Kalvinis godsdiens. . Die Kalvinisme hou altyd ten volle rekening met die bekende: «Home sum et nil humani a me alienum esse puto». Hierdeur word die Kalvinisme onderskei van die piëtisme en metodisme van ons tyd wat aan die bekering' van die indiwidu alle aandag skenk en teenoor maatskappelike toestande meestal passief bly 1). Die uitgebreidheid van sy sosiale werksaamhéid blijk duidelik in die geskiedenis van die armesorg in die verskillende lande. Waar die Kalvinistiese kerk optree, is daar goed georganiseerd, uitgebreid en doelmatig hulpbetoon 2). 1) R. J. "W. Ru do lp h, Calvinisme en Socialisme p. 15. Vg. A. Kuyper, Calvinisme Hd. i en ii. Vg. T. H. de Visser, De Christelijke Soc. Beweging p. 121 2. R a us c h e n b u sc h, t.a.p. p. 323. 2) Vg. Uhlhorn, Deel iii. Vg. Ratzinger, t.a.p. p. 331—381. ♦ I20 Die krag van sy uitgebreide hulpvaardigheid is grotendeels, ja, soms byna uitsluitelik geleë in sy diakonale stelsel. Indrukwekkend is die somme geld bestee en die aantal swakke en hulpelose deur die diakonaat gehelp. 'n Goed georganiseerde diakonaat moet trouens ook altyd die uitgangspunt wees vir die kerkelike hulpverleening. Daartoe is die liggaam ook deur goddelike ordening ingestel. Maar dat ons kerk vandaag, ten spyte van sy diakonale arbeid, en ten spyte van die sosiale werksaamhéid van sy lede wat in alle lande sig openbaar in die oprig van vereniginge en inrigtinge om liefdadigheid en hulpvaardigheid in allerlei vorme te betoon, in sy sosiale pligte nog verreweg te kort skiet, kan nie betwyfel word nie. Talryk is die « getuienisse van beide vriende en vyande hiervoor. Nie alleen is die tekortkoming in 'n duidelike plig van ontsettend groot nadeel vir die maatskappy, maar dit is, soos reeds aangetoon is, van ontsettend veel skade vir die Kerk van Christus, en dit is grotendeels die oorsaak waarom daar vandaag so'n noodlottige skeiding is tussen die kerk en 'n groot en blykbaar toenemend gedeelte van die bevolking in ieder land. Dringend nodig is dit dus vir die kerk in ieder land om *sy roeping in hersiening te neem, om 'n duidelik beeld van sy spesifieke plig te verkry, en om 'n heldere insig te win in die kwessie waarom die kerk in sy roeping sig tot dus ver aai! so'n betreurenswaardige versuim skuldig gemaak het — en wat vandaag sy ongedane plig is. In die algemeen geneem, is die sosiale werksaamhéid van die kerk te veel terapeuties en te weinig profilakties gewees. Te uitsluitend hou die kerk sig besig met die gevolge van die sosiale wantoestande en te weinig met die oorsake. Kernagtig druk H. F. Ward die waarheid uit wanneer hy beweer: «We have been content with the ambulance work, when we ought to have been assaulting the strongholds of I 2-1 evil.» Tot dus ver het die poginge deur die kerk aangewen om verbetering in maatskappelike toestande te bewerkstellig, grotendeels bestaan slegs uit filantropiese middels aangewen om nood te versag, sonder 'n deurtastende strewe om die bestaande orde te verbeter, Gevolgelik bestaan liefdadigheid tesame met die grootste onregvaardigheid teenoor die voorwerpe van die liefdadigheid. «Millions for charity but not a cent for justice» *) is 'n beskrywing van die sosiale arbeid van die kerk wat ongetwyfeld oordrywe is, maar tog veel waarheid bevat. Te veel word sosiale vooruitgang gemeet, ook deur die kerk, met die aantal gevalle van christelike liefdadigheidsbetoon — te weinig met die veranderinge in sosiale verhoudinge. *) Maar die sosiale probleme is nie bloteliks probleme van materiële of uitwendige nood en hulpverlening nie. Hul is, soos reeds aangetoon is, sedelike probleme, wat te doen het met verhoudinge tussen mens en mens. Die werksaamhéid van die kerk moet dus dieper deurdring. Die kerk moet trag om die wanverhoudinge wat die nood en ellende veroorsaak, uit die weg te ruim. Sosiaal arbeid wat die oorsake van sosiale ellende ter syde laat, moet noodwendig Sisyphus arbeid wees. Nie slegs op 'n betoning van barmhartigheid wat nodig is weens wanverhoudinge in die maatskappy, moet die strewe van die kerk gerig wees nie, maar veral op 'n sedelike verandering van die mense. Hieruit sal dan volg 'n verandering van die wanverhoudinge met die gevolgelike wantoestande. Siedaar, korteliks, die groot, belangryk, maar grotendeels onvervulde taak van ons kerk vandaag. 1) The New Social Order p. 337. 2) H. C. Vedder, The Gospel of Jesus p. 329—330. Vg. P e a b o d y, Jesus Christ and the S. Q. p. 43. 3) J. Seth, Ethical Principles p. 281. J. O. S. Huntington, Philanthropy and Soc. Progress p. 199. W. M. T i p p y, The Socialized Church p. 40. V. D. Scudder, Socialism and Character p. 16—18. 122 II. SOSIOLOGIESE GRONDSLAE. Alhoewel die kerk als instelling van Christus, sy vaste ampte en algemene vaste beginsels besit waarmee en waar' volgens sy werksaamhede ingerig moet word, behoor dit nie die kerk, soos ongelukkig so dikwils die geval is, tot onnodige konserwatisme en die navolg van oude metodes en oude opvattinge aangaande die maatskappy te verdoem nie. Waar die maatskappelike verhoudinge steeds meer ingewikkeld wórd, en waar daar 'n direkte onderling verband te bespeur is tussen verskillende maatskappelike instellinge, en ook verskillende sosiale probleme, moet die kerk met die sosiologiese feite degelik rekening hou als sy arbeid aan die maatskappy vandaag, nie aan die middeleeuse oppervlakkigheid en ondoelmatigheid sal ly nie, maar blywende goede gevolge sal afwerp. a. Organiese aard van die Maatskappy. Om als herskeppende mag in die maatskappy te kan optree, is dit 'n eerste vereiste dat die kerk degelik rekening sal hou met die aard van die maatskappy en die sosiologiese beginsels wat dit ten grondslag lê. Vandaag is dit nodiger dan ooit te vore, omdat die maatskappy waarin die kerk moet optree, veel meer ingewikkeld en kompleks is, dan dit ooit tevore is gewees. Die betrekkelike eenvoudige maatskappy van vroeëre eeue, waarin die verhoudinge tussen mense onderling 'n meer direkte is gewees, waarin die een persoon of groep van persone afhankelik was van 'n veel kleinere aantal andere persone of groep van persone, en waar die pligte van die een persoon of groep dus betrekkelik gernakkelik kon vasgestel word, het plaas gemaak vir 'n maatskappy waarin die teenoorgestelde die geval is. Die skeiding van mekaar van betrekkelike onaf hankelike persone of groepe van persone met hul afsonderlike verhoudinge en belange, is vandaag 'n onmoontlike. Waar die verhoudinge 123 tussen mense en groepe meer ingewikkeld word, waar die een persoon of groep in direkte of indirekte verband staan met 'n groot aantal mense of groepe, daar word gevolgelik die pligte van die een teenoor die andere veel meer ingewikkeld en moeilik te bepaal, en die sosiale probleme wat ontstaan word dus ook van 'n meer komplekse aard. Die wetenskap van die sosiologie toon duidelik en oortuigend vandaag aan, dat hoe dieper ons indring in die oorsake van sosiale verskynsels, hoe meer ons oortuig word van die onderlinge verband wat daar bestaan tussen verskynsels van blykbaar verskillende klasse. Die arbeidstoestand, armoede, dronkenskap, prostitusie, is nie op sigself staande eenhede nie, soos later aangetoon sal word, maar staan in 'n noue en direkte oorsakelik verband met mekaar. Die vroeëre metode van een direkte oorsaak te wil bepaal vir ieder instelling of euwel, en dan alleen die een oorsaak in aanmerking te neem, by die behandeling van die instelling of euwel, word vandaag als verouderd erken. Die relatiwiteit van ieder soort van sosiaal verskynsel, is een feit van die allergrootste belang vir ieder wat trag om die verskynsels te studeer, of verandering daarin teweeg te bring. Die maatskappy bestaan nie uit biesondere, streng afgebakene dele nie, ieder waarvan selfstandig bestaan. Ieder fase daarvan staan in verband met andere. Staat, wet, godsdiens, industrie, is nie afsonderlike faktore in die maatskappy nie, maar staan in die nouste verband met mekaar, en vooruitgang of agteruitgang op een Van die gebiede, is af hankelik van die voor- of agteruitgang wat op die andere plaasvind. *) Die erkenning van die feit vind ons ook in die herhaaldelike beskrywing van die maatskappy als een organisme. i) E. A. Ross, Foundations of Sociology p. 12—14. Ba ld win, The Individual and Society 28—9. Herbert Spencer, The study of Sociology p. 16—19. 124 Hierdeur wil sosiologe nadruk lê op die feit dat die maatskappy soos een lewend organisme uit dele bestaan wat almal coöpereer om die lewe van die geheel moontlik te maak. In een gesonde sosiale organisme dra ieder lid sy deel daartoe by en ontvang dan die leweskrag om sy dienste moontlik te maak. Die doel van die sosiale geneesheer moet dus wees om die gesondheid van die organisme te stimuleer, beide als 'n geheel en in die siek deel daarvan, sodat dit kan absorbeer wat nie langer gebruik kan word nie, en tegelykertyd die dele versterk wat tydelik verswak is benede hul normale doelmatigheid, sodat hul opnuut die organisme als 'n geheel kan dien. *) Maar wanneer een deel daarvan siek is, dan werk dit nadelig ook op die andere dele. So wederkerig is die werking van die een deel op die ander, dat dit moeilik is te bepaal, welke die oorsaak, en welke die gevolg is. So ook staan iedere sosiale probleem in die nouste wederkerige verband met andere, sodat dit dikwils onmoontlik is om presies vas te stel welke die oorsaak en welke die gevolg is. Is dit 'n ongereëlde en onaangenaam huislik lewe wat die vader sig aan dranksug laat oorgee, of is dit bloteliks die dranklus van die vader wat die huislik lewe so bitter maak ? Maar bowedien, soos in die geval ook van die lewende organisme, blyk dit dat daar dikwils 'n hele skakel van oorsake is wat bydra om een seker gevolg teweeg te bring. Dit is herhaaldelik geblyk byv. in die ondersoek naar die oorsake van die prostitusie. Onvoldoende loon aan vroulike arbeiders, tesame met lang en vervelende werkure, maak dit vir hul dikwils onmoontlik om die nodige behoeftes van die lewe te geniet, en oorspanne arbeidskrag bring 'n reaksionaire neiging te weeg om opbeurende afleiding te soek. i) J. H. Muirhead, Philosophy and Life p. 100—I. B a 1 d w i n, The Individual and Society p. 170. Vg. Ross, Foundations of Sociology p. 192. 125 Sulke vroue met behoefte aan geld en ontspanning, val dikwils 'n gemakkelike prooi aan die verleidende man. Waar is die oorsaak in die geval te soek, by die verleiding van die man, die sensualiteit van die vrou, of by die lae lone en lange werkure, of by die selfsug van die patroon? Nie een is klaarblykelik uitsluitelik die oorsaak nie, maar almal draag daartoe by in meer of mindere mate om die noodlottige gevolg te weeg te bring. Daar is dus een «korrelasie» van oorsake en ook een «korrelasie» van sosiale probleme. Die een staan nie op sig self nie, maar in die nouste verband met en af hankelik van die andere. Om een probleem of een oorsaak afsonderlik te behandel, sonder in aanmerking te neem die betrekking waarin dit tot andere staan, soos deur vele filantrope gedaan word, is dus grotendeels vrugteloos werk. Die korrelasie van die sosiale probleme, eis dus 'n korrelasie van sosiale werksaamhede. Tesame met die leniging van een partikuliere of sosiale nood, moet ook gepaar gaan 'n bestryding van die verskillende oorsake wat meewerk om die nood in die lewe te roep. Tesame met, en onafskeidbaar van die gebruikelike terapeutiese metodes in sosiaal werk, moet gevoeg word die profilaktiese. De betoon van liefdadigheid vereis 'n bestryding tegelykertyd van die oorsake wat liefdadigheid nodig maak; die hulp aan die gevallene man of vrou moet gepaar gaan met die poging om die omgewing wat meewerk tot die val te verbeter. *) b. Indiwidu en Omgewing. Hierdie kwessie van die mens en sy omgewing en welke van die twee die uitgangspunt moet wees in poginge tot i) Rauschenbusch, t.a.p. p. 361. J. R. C o m m o n s, Soc, Reform and the Church p. 29. S. Z. Batten, The Social Task of Christianity p. 48. P e a b o d y, The Approach to the Soc Question p. 39. R. Casimir in De Toekomst der Maatschappij p. 92. 126 sosiale opheffing is een ontsettend belangryke. Want die aard en die doelmatigheid van poginge tot sosiale verbetering word bepaal deur die opvatting wat gehuldig word aangaande die verhouding wat tussen die twee bestaan. Waar in die middeleeue en daarna, en ook nog in vele kerkelike en andere liefdadigheidsinstellinge, die neiging altoos gewees is om die omstandighede of die omgewing van die mens te negeer, en sig alleen besig te hou met die geestelike verbetering van die indiwidu, is daar-vandaag 'h sterke reaksie in die teenoorgestelde rigting te bespeur. Nie die indiwidu nie, maar die omgewing moet die uitgangspunt wees vir alle sosiale verbetering van die maatskappy. Batten beweer dat ook onder moderne sosiologe die neiging bestaan om die lewe te eensydig uit die oogpunt van die omgewing te beskou. x) Selfs is daar 'n wetenskap ontstaan «Mesology» wat uitsluitelik die invloed van die omgewing bestudeer.2) Die nadruk wat vandaag gele word op die belang van die toestand van die omgewing, blyk ook uit die tallose vereniginge in die verskillende lande wat 'n heerlik en 'n noodsakelik werk verrig deur te trag om betere woninge, meer higiëniese toestande in die stede te verkry, beter arbeidstoestande, verwydering van verderflike instellinge soos drankwinkels en huise van ontug, en op die wyse die mensdom te verbeter. Dit is trouens ook die uitgangspunt van die magtige sosialistiese beweginge vandaag. Al hul strewe is gerig op die verandering van uitwendige toestande. 'n Verbeterde sosiale en politieke toestand, sal noodwendig 'n betere ménsdom in die lewe roep. Alle poginge tot sosiale hervorming moet gerig wees alleen op die omgewing, en nie op die mens nie. Want die mens is 'n produkt van sy omstandig- 1) Tbe Soc Task of Christianity p. 134. 2) Ross, Foundations of Sociology p. 152. 127 hede, en word op moreel gebied wat sy omgewing hom dwing om te word. J) Daar skyn 'n algemene mening te bestaan dat in die oplossing van sosiale probleme één van twee metodes gevolg moet word. Daar moet getrag word óf om die geestelike lewe van die mense te verbeter, óf om hul omstandighede te verbeter. Werkers vir sosiale verbetering volg meestal uitsluitelik óf die een of die andere metode. Die noodlottige gevolg is dat slegs één sy van die sosiale probleme behandel word, — die mens en sy omgewing word geskei. Dit is ongetwyfeld grotendeels die rede waarom so weinig doelmatige en blyvende sosiale verbetering bewerk word. 2) Die verskil van opvattinge aangaande die vraag of die indiwidu dan op sy omgewing die uitgangspunt moet wees vir sosiale hervorming ontstaan grotendeels deur 'n onjuiste begrip van die verhouding tussen die indiwidu en sy omgewing. Die twee word beskou als losse eenhede wat van mekaar geskei kan word, en van welke die sosiale hervormer één als uitgangspunt kan neem. Maar dit is onmoontlik om selfs in die gedagte die indiwidu van sy omgewing te skei. Deur omgewing moet verstaan word niet slegs materiële omstandighede nie, maar ook ieder persoonlike, morele, sosiale en godsdienstige invloed wat op 'n persoon inwerk. Ieder oomblik van sy bestaan word die mens geaffekteer deur sy omstandighede, terwijl tegelykertyd sy omstandighede deur die mens geaffekteer word: m. a. w., ons omstandighede word geduriglik 'n deel van ons selwe terwyl ons tegelykertyd 'n deel van ons omstandighede word. Daar is geduriglik 'n proses 1) Vg. J. Seth, Ethical Principles p. 345. Vg. W. Gladden, Social Salvation p. 24. H. C. V e d d e r, Socialism and the Ethics of Jesus p. 382. 2) W. E. Chadwick, The Soc Principles of the Gospels p. 79. 128 van reaksie tussen die persoon en sy omstandighede. "■) Sosiale hervormingspoginge sou veel meer doeltreffend wees wanneer deur beide van die twee genoemde partye die waarheid hiervan erken word, en ingesien word dat weens die aard van die verhouding tussen die mens en sy omgeving, . hier nie 'n keuse kan wees nie tussen twee alternatiewe metodes, maar dat die twee metodes noodwendig mekaar aanvul, dat die een sonder die ander geheel ontoereikend is. Om 'n beter maatskappelike toestand te skep, is die verbetering van die indiwiduele sedelike lewe onontbeerlik. Alhoewel die maatskappy geen blote aggregaat is nie van aparte indiwidue, is daar natuurlik van die bestaan van 'n maatskappy sonder die indiwidue waaruit dit saamgestel is, geen sprake. Daar bestaat dus ook geen verbetering van die maatskappy, sonder die verbetering van die indiwidue waaruit dit bestaan. Die toestand van die maatskappy hang af van die karakters van die lede daarvan, en dus moet die doel van ieder poging tot 'n degelike sosiale hervorming wees die verbetering van die indiwidu. Die oplossing van sosiale probleme lê dus in die eerste plaas in die ontwikkeling van edele persoonlikhede. Die sosiale taak van die kerk is dus voor alles die bydra tot die vorming van morele karakters. Die taak is nie om die «sosiale probleem» op te los nie, maar om te verskaf die beginsels, die persone, die publiek wat dit kan doen.2) Die metode van Christus toon ook hier die regte weg aan. Die welsyn van die indiwidu staan by Christus vooraan. 1) W. E. Chadwick, Soc. Relationships p. 294. C. H. Cooley, Human Nature and the Soc. Order p. 1—2. 2) J. H. Leighton, Jesus Christ and the Civilisation of To-day p. 104. J. R. Howerton, The Church and Soc Reform p. 143. W. E. Chadwick, The Soc Principles of the Gospels p. 77—8. P. T. F o r s y t h, Socialism, the Church, and the Poor p. 72. I2Q Hoe veel van sy toesprake is nie tot een op enkele persone gerig nie! Hoe dikwils word Sy reddende liefde nie teenoor één persoon betoon nie! Lang en onvermoeid het Hy gearbei om slegs 'n klein aantal disiepels tot hoëre dinge op te lei. Die hervorming van sosiale toestande vertrou Hy klaarblykelik aan hervormde indiwidue toe. Die hernuwde mens moet 'n hernuwde maatskappy in die lewe roep. -*) Dit is ook die metode wat die kerk moet volg en aan die indiwidu moet die meeste aandag gewy word. Prediking van bekering van die indiwidu, bekering ook van sosiale sonde, moet die uitgangspunt wees vir die hervorming van die maatskappy. Daar is nodig, nie slegs soos dikwils gedaan word, 'n vage algemene aanduiding van sonde nie, maar een duidelike aantoning en afkeuring van spesifieke sosiale sonde begaan deur verskillende mense en stande. Deur een suiwere prediking van die Evangelie in sy volle omvang moet die kerk strewe naar die vorming en opheffing van die persoonlike sedelike lewe. Hoe sal die mens 'n ware mens word, is die eerste vraag aan die oplossing waarvan die kerk sig moet beywer. *) «Ohne der Herrschaft von Gerechtigkeit und Liebe in den Herzen der Menschen, werden sich leidlich befriedigende soziale Zustande nirgends Schaffen lassen». 8; Daar is behoefte nie so seer aan uitvoerige sosiale programmas nie, als aan streng sedelike gevormde karakters. Alhoewel ekonomiese besprekinge daar veel toe kan bydra om mense 'n beter insig te gee in die maatskappelike regte wat iedereen toekom, moet die kerk deur die vernuwende 1) A. Kalthof f, De Soc. Quaestie op den Kansel p. 96. H. F. Ward, Social Ministry p. 31. F a u n c e, The Educational Ideal of the Ministry p. 171. 2) N. G. P i e r s o n, De Soc. Quaestie p. 24—5. M. S. F 1 e t c h e r, The Psychology of the N. Test. p. 303—4. S. Mathews, The Gospel and the Modern Man p. 319. 3) Nathusius, Mitarbeit der Kirche p. 21. 9 i3o krag van die Evangelie, die tiepe van mens tevoorskyn roep wat die nuwe insigte in praktyk sal kan bring. Want daar is geen sosiale teorie, hoe pragtig uitgewerk ook, wat enige betekenisvolle uitwerking kan teweegbring, solang selfsug nog oorheersend is. Die kerk moet mense verskaf met sosiale simpatie, met gewetens geoefen om die morele pligte in ieder deel van die maatschappelike lewe te besef, en met 'n heldere insig in die doel waarnaar die maatskappy behoor te strewe. *) Streng moet hier onderskei word tussen 'n indiwidualistiese godsdiens wat die mens die doel maak van die godsdiens, en 'n indiwiduele godsdiens wat die mens slegs tot uitgangspunt daarvan maak. Die bewys vir die egte indiwiduele godsdiens is dat die veranderde indiwidu ook sy omgewing sal verander en verbeter. Wanneer 'n nuwe morele standaard en 'n nuwe morele dryfeer in die menslik hart gestel word, sal die, persoon onwillekeurig sosiale invloed ten goede uitoefen. »A Christian woman will make a home sweet and Christian even if she has no theory about Christianizing the home life». 2) Onvermoeid en geduldig sal die kerk sig moet wy aan die fundamentele taak, want sede en sedelykheid is magte wat maar langsaam aangroei. Maar die motiewe krag wat nodig is vir die vooruitgang van die maatskappy, wat alleen, aanwesig is waar liefde, broederskap en geregtigheid in die harte van sy lede heers, kan die kerk alleen verskaf deur die prediking van die Woord. 3) Maar tegelykertyd is dit ook onlogenbaar dat daar in die 1) Plantz, The Church and the Soc. Problem p. 201. Vg. J. U. Oschwald Die Soc. Bewegungen der Gegenwart p. 60. 2) W. Gladden, The Church and Modern Life p. 150. 3) T. Ziegler, Het Soc. Vraagstuk een Zedelijk Vraagstuk (vert. Meezenbroek) p. 54. W. Gladden, The Church and Modern Life p. 92. i3i maatskappy dikwils 'n omgewing geskep word waar 'n morele lewe en geestelike ontwikkeling op ontsettende wyse belemmer word. Langdurige ekonomiese wantoestande, slegte woninge, lae loon, lange werkure ens., belet nie maar belemmer dikwils die ontwikkeling van die geestelike lewe en dryf dikwils tot die sieldodende gevoel van wanhoop. Ongunstige omstandighede kan veel daartoe bydra om sedelikheidsgevoel te laat verkwyn. Dit is dikwils byna onmoontlik om die indiwidu in sulke gevalle te verbeter en tot 'n hoSr lewe aan te spoor voordat sy omstandighede verander word. Die mag van die omgewing oor die karakter moet duidelik erken word en 'n verbetering van die uiterlike omstandighede is 'n noodsakelike vereiste in alle poginge tot sosiale herstel. Die ontsettende toestand van die algemene sosiale omgewing is 'n onderwerp wat alle sosiologe besig hou. A. R. Wallace gaat selfs so ver om te beweer dat die sosiale omgewing als 'n geheel, in verhouding tot ons mogelikhede en aspirasies vandaag, die ergste is wat die wereld nog ooit aanskou het. a) Die leer en metode van Christus is op die punt nie . slegs maatgewend nie, maar werp ook veel lig op hierdie kwestie wat vir ons so belangryk is. Christus het, soos reeds aangetoon is, met die indiwidu begin, en sy meeste aandag aan hom gewy. Maar met die heldere insig van die ware meester, het Hy ook die noodwendige verband tussen die indiwidu en die sosiale organisme ingesien, en die onvermydelike afhankelikheid in mindere of meerdere mate van eersgenoemde van sy omgewing. Hy het duidelik besef dat manne en vroue van Sy tyd dikwils die slagoffers was van 'n slegte 1) Slotemaker de Bruine, Christ. Soc. Studiën p. 761. P. M. Strayer, The Reconstruction of the Church p. 116. Henry George, Social Problems p. 203. Vg. M a z z i n i, The Duties of Man (Everymans Library) p. 96. 2) Soc. Environment and Moral Progress p. 153. " 132 omgewing, en dus ook in welke mate hul swakheid en sonde die gevolg was van uitwendige omstandighede. Dat die omgewing 'n diepgrypend en noodlottige invloed kan uitoefen op die geestelike toestand van die mens, leer Hy duidelik in die gelykenis van die Saaier. *) Om die indiwidu te red het Hy dit noodsakelik geag om teen sy omgewing Sy stem te verhef. In Sy poginge om indiwidue te help, het Hy in botsing gekom met die instellinge van die kerk en die maatskappy. Sy strewe om die indiwidu te red vereis ook 'n verbetering van sy omgewing. Herhaaldelik waarsku Hy teen die «zuurdesem der Farizeërs» 2) en die «zuurdesem van Herodes».8) Ook in die versoek in die «Onze Vader», «leid ons niet in verzoeking»,4) erken Hy die werkelikheid van verderwende omstandighede. Die sosiale instellinge en gewoontes wat als onveranderlik beskou was, wou Hy nie als sodanig erken nie, omdat Hy die ideaal had van 'n nuwe maatskappy. Hy het erken dat beter sosiale omstandighede vir die indiwidu onontbeerlik was, maar tegelykertyd dat om die betere omgewing te verkry ieder indiwidu moes toegerus word om daartoe by te dra, moes wees «het zout der aarde» en «het licht der wereld». 5) Die Evangelie predik 'n ideale maatskappy sowel als 'n ideale indiwidu, die een afhankelik van die ander, beide waarvan geleidelik en saam met mekaar tot een toestand van volmaaktheid moet gevoer word. 8) Die feit van die onafskeidbaarheid van die mens van sy omgewing, behoor die karakter van alle poginge tot sosiale hervorming te bepaal. Waar die mens en sy omgewing onafskeidbaar is, behoor die twee nie afsonderlik nie, maar als 'n eenheid behandel te word. Die Christendom het met l) Matt 13 : 3. 2) Luk: 12 : 1. 3) Mk. 8 : 15. 4) Matt. 6 : 13; vg. Luc. 22 : 46. 5) Matt. 5 : 13—14. 61 H. C. Vedder, The Social Teachings of Jesus p. 345. W. E. Chadwick, The Soc. Principles of the Gospel p. 46—7. C. B- Brown, The Soc. Message of the Modern Pulpit p. 151. 133 die hele mens te doen, dus met die mens tesame met sy omgewing, dus met alles wat sy liggaam of siel affekteer, alles wat die mens beter of slegter maak. Tegen alles wat man, vrou of kind verhinder om te word wat die christelike leer vereis, moet die christelike hervormer sy kragte rig. *) Noodsakelik is dit dus dat die kerk deur woord en geskrif sal getuig teen sosiale gewoontes en instellinge wat die sedelike lewe van die volk belemmer, deur 'n duidelike aanwysing op die christelike beginsels waarteen die gewoonte of instelling indruis. Noodsakelik is dit ook dat die kerk sy sedelike steun ten minste sal gee aan organisasies wat die instellinge trag op te hef. Maar tegelykertyd moet erken word dat die poginge tot verbetering van die omgeving, sonder die verbetering van die indiwidu, nooit doeltreffend kan wees nie, ewenin als 'n verbetering van die indiwidu sonder 'n verbetering van sy omgewing. Die kerk kan nie verwag nie om die menselike lewe te verbeter deur prediking en bidure, terwyl dit geen rekening hou nie met ondoelmatige woninge, armoede, onderdrukking ens. Die omstandighede sal vele, ten spyte van prediking en onderwijs, naar benede trek. Maar tegelykertyd sal meer hïgiêniese woninge, strengere arbeidswette, strengere wette teen die drankhandel en onsedelikheid, op sigselwe geen betere maatskappelike toestande in die lewe roep nie, solang die christelike deugde soos eerlikheid, self-beheersing en getrouheid onbreek. Gevolgelik kan daar geen keuse wees nie tussen die mens of sy omgewing als uitgangspunt vir sosiale hervorming. Daar moet gestrewe word om die mens te verbeter en tegelykertyd ook sy omgewing te verbeter. 2) 1) S. Mathews, The Gospel and the Modem Man p. 299. W. E. Chadwick, Soc. Work p. 40. G. H o d g e s, Faith and Soc Service p. 8—9. Vg. J. C. d e M o o r, De Kerk en het Soc. Vraagstuk p. 76. 2) J. H. Holmes, The Revolutionary Function of the Church p. 173. Vg. Baldwin, t. a. p. p. 156. 134 c. Publieke Opinie. Met die streng organiese en meestal demokratiese aard van die maatskappy, gaat daar gepaar 'n faktor wat vandaag meer dan ooit te vore van ontsettend groot mag in die maatskappy is, en 'n faktor waarmee ieder poging tot sosiale hervorming wel degelik rekening mee moet hou. Die belangryke faktor is die publieke opinie. «All social progress is the result of changes of opinion» r). Deur die diepe waarheid word die kerk 'n sosiale faktor aangetoon waardoor dit ontsettend veel kan bydra tot die sosiale hervorming van die maatskappy. Die groot mag van die publieke opinie om 'n sosiale euwel uit die weg te ruim, het herhaaldelik in die geskiedenis geblyk. Die afskaffing van slaverny was die gevolg van die publieke opinie omtrent die instelling, deur die christene geskep. Maar vandaag, weens die gees van demokrasie wat heersend is, is die mag van die publieke opinie groter dan ooit te vore. Die algemene opinie van die volk als geheel bepaal nie slegs die vorm van die regering nie, maar ook welke besluite deur die regering geneem sal word. Die magtigste en invloedrykste faktor in die politiek van die land is nie die mense wat aan die roer van sake staan nie, maar die volk als 'n geheel wat deur sy opinie en morele oordele die land maak tot wat dit is. Sosiale vooruitgang in die land is dus alleen moontlik waar daar 'n ontwaking en veredeling van die algemene mening van die volk plaas vind. So lang daar geen suiwere volksmening is nie, kan daar geen voorüitstrewende politieke aksie wees nie. Waar die volksmening duidelik en suiwer is, sal die regte politieke handeling noodwendig volg 2). 1) R. F. Cutting, The Church and Society p. 46. 2) Henry George, Soc. Froblems p. 9. A. T. Hadley, Standards of Public Morality p. 152. E. A. Ross. Sin and Society, p. 85. 135 Nooit tevore in die geskiedenis is daar 'n groter behoefte gewees nie, aan een intelligente en veredelde publieke opinie, want nooit te vore het dit so 'n geleentheid om sig te laat geld en dus so 'n ontsettende mag besit nie. Staatsman ne is nie die leiers van die publieke opinie nie, maar die volgers daarvan. Hervorminge moet ontstaan en ontwikkel onder die volk self. Staatsmanne is slegs die uitvoerders van die kollektiewe wil van die volk, en alle wetgewing wat die volkswil vooruit wil gaan, moet noodwendig misluk.l) Die mag van die publieke opinie is dus ontsettend groot. Dit blyk veral uit die verband wat daar bestaat tussen die publieke mening en die wetgewing van die land. Ieder permanente en nuttige verbetering in die wetgewing is afhankelik van 'n reeds gevormde morele oortuiging en gewoonte. Geen wet kan uitgevoer word nie, sonder die ondersteuning van die publieke opinie. Soos Prof. Steinmetz tereg daarop wys, kan maatreëls wat geneem word teen die bestryding van sosiale euwels, soos prostitutie, alleen doelmatig wees «als eenmaal ds geheele volksgemeenschap van hunne waarde en hooge betekenis doordrongen zal wezen». *) Wanneer die wet nie gelyke tred hou nie met die algemene gevoelens, verval dit in onbruik en word dit dus self skadelik, deur minagting vir die wet van die land in die hand te werk. «Quid leges sine moribus» — die vraag deur Horatius aan sy tyd gestel, is een wat vandaag geduriglijk ook moet gestel word, en die juiste antwoord moet herhaaldelik voor die aandag van alle sosiale hervormers gebring word. *) 1) Nathusius, t. a. p. p. 16. 2) Voorlesing in De Toekomst der Maatschappij p. 142. 3) W. Cunningham, Politics and Economics p. 139. Slotemaker de Bruine, Christ. Soc Studiën p. 391. A. T. H a d 1 e y, Standards of Public Morality p. 108. ■ F a u n c e, The New Horizon of State and Church p. 67. 136 Maatskappelike toestande kan dus alleen dan beter word wanneer die bewussyn van dié volk sig tot 'n hoër ideaal keer. Sosiale hervorming kan dus alleen ontstaan uit 'n ontwikkeling en veredeling van die sosiale bewussyn van die volk. . , Hier rus die grote taak dus op die kerk om op die volksgewete leidend en verbeterend te werk, deur 'n duidelike uiteensetting van die beginsels van die H. Skrif. Voordat die publieke gewete opgeskerp is tot 'n gevoel vir sy verantwoordelikheid, kan daar van 'n uitroei van sosiale euwels geen sprake wees nie. Die sosiale bewussyn is vandaag nog grotendeels 'n verwarde en die sosiale gewete is onontwikkeld en spreek met onduidelike stem. Bowedien is die algemene bewussyn van die volk geneig om sig te verset teen iedere vorm van verandering. Die mag van tradisie is hier ook een geweldige. -1) H. G. Wells beweer tereg «the general business of life is the development of a collective consciousness and will and purpose out of a chaos of individual consciousnesses and wills and purposes». 2) Die dringende taak van die kerk is dus om deur 'n duidelike uiteensetting van die christelike beginsels, die algemene gewete te vorm en te verlig. Die kerk self kan nie dieselfde metodes gebruik nie wat deur andere organisasies vir sosiale verbetering gevolg word. Maar in die mag wat die kerk besit om die sosiale gewete te doen ontwaak, het dit 'n ongeëweaarde middel tot sosiale hervorming. Die gewete van die manne en vroue wat sy ledetal vorm, moet die kerk in die eerste plaas doen ontwaak, en hul dan uit stuur om saam met andere wat op gelyke wyse géïnspireer is, te coöpereer om deur die aan- 1) Mackenzie, Elements of Constructive Philosophy p. 271. S. M a t h e w s, The Church and the Changing Order p. 147. Nathusius, t. a. p. p. 16. Plantz, The Church and the Soc. Problem pl 199. 2) First and Last Things p. 150—I. 137 stekelike mag van 'n verligte opinie, die hervorming van die maatskappy teweeg te bring. Deur die persoonlike gewete dus te doen ontwaak kan die kerk iedereen in staat stel om sy omgewing te verbeter. *) Maar om 'n algemene vage gevoel vir die sosiale misstande als 'n geheel te doen ontwaak, is van weinig waarde en kan tot geen resultaat lei nie. Die kerk moet effektiewe morele gewetens skep om spesifieke sosiale euwels in hul volle omvang te kan besef en om dan ook die spesifieke sosiale pligte en verantwoordelikhede te kan gevoel. Hiertoe is nodig dat die kerk die meer algemene opinie sal verander in 'n opgevoede opinie, deur die christelike beginsels duidelik uiteen te sit wat betrekking het op die verskillende sosiale probleme. Voor 'n sosiale kwessie reeds herhaaldelijk in die publiek bespreek is, moet die kerk reeds die nodige leiding gee. Die prediker behoor die profetiese insig te hê om die suiwere weg te sien en daarvoor te pleit, voor dat andere dit doen. Die leiding reeds van die aanvang af verskaf is van kragtige skeppende waarde, en die publieke wetgewing wat daaruit behoor te ontstaan, sal slegs 'n bekragtiging wees van die morele publieke gevoel wat also deur die kerk geskep is. Wanneer die kerk, bijv., deur 'n duidelike uiteensetting van die beginsels van Gods Woord wat daarop betrekking het, 'n heldere volksoortuiging kan skep in verband met die drankhandel, dan, in die demokratiese eeu waarin ons lewe, sal dit noodwendig lei tot 'n wetgewing wat die euwels in verband daarmee sal bestry. En omgekeerd, so lang die publieke opinie nie gekant is nie teen die euwels, sal die poginge van indiwidue of vereniginge wat hierteen die stryd aanbind, die gevolge van die euwel miskien kan versag, l) W. Cunningham, Personal Ideals and Soc. Principles p. 3*. J. H. Holmes, The Revolutionary Function of the Church p. 238. J. M. Barker, The Soc. Gospel, p. 41. 138 maar 'n doen verdwyn daarvan, sal sekerlik nie bewerkstellig word nie. Maar die mag van die publieke opinie is ook van krag in omstandighede waar die wet sig nie laat geld nie, of geen duidelike bepalinge neerlê nie. Die grens byv., tussen eerlike en oneerlike handelstransaksies kan dikwils deur die wet nie bepaal word nie en bier word dikwils ongeregtigheid wat die verreikendste gevolge het, en vele tot grote nadeel strek, straffeloos gepleeg. Ontsettend veel van die armoede met al sy gevolge is te wyte, byv., aan werkgewers of kapitaliste wat binne die grense van die wet bly, maar wat tog vele mense in ellende en armoede stort. Oor sulke mense is daar geen mag nie, behalwe die van die publieke opinie, 'n Publieke oortuiging, veredel deur die christelike beginsels van regvaardigheid en plig, is 'n mag waarmee so'n man wel degelik mee rekening sal moet hou en wat hom kan dwing om 'n meer eerlike handelwyse daarop na te hou. Geen maatskappelike euwel sou tesame met so'n publieke opinie kan bestaan nie. *) Die finale oplossing van sosiale euwels hang dus af van die moontlikheid om so'n beginselvast publieke opinie te kan skep. «Erst dann, wenn ein höheres, geistiges, sittliches, religiöses Leben und Streben durch alle Adern des Volkslebens pulsirt, is das sociale Problem gelost». 2) Nou in verband hiermee staan die kwessie van wat die aard van die invloed van die kerk op politieke kwessies behoor te wees. Vir die Protestante is die vasstelling van die omvang van die taak van die kerk in die opsig veel moeiliker dan vir die Roomse. Die Roomse skei die kerkelike en die maat- 1) A. X. Hadley, Economics p. 120. Rauschenbusch, t. a. p. p. 377. F au nee, t. a. p. p. 121. 2) J. U. Oschwald, Die Soc Bewegungen der Gegenwart p. 60. 139 skappelike gebied geheel en al als die goddelike en die profane, en gevolgelik waar die twee in aanraking met mekaar kom, is. die maatskappy geheel en al onderworpe aan die kerk. Gevolgelik kan die kerk deur «Encyclieke» sy katolieke sosiale beskouinge gee, en sosiale rèëls en eise vasstel. By óns is egter staat en kerk prinsipiêel geskei, en word die selfstandige karakter *an die staat, maatskappy en kerk erken. Alhoewel daar die prinsipiële skeiding is tussen kerk en staat, besit die kerk tog in die invloed wat dit op die politiek kan en moet uitoefen, 'n mag van groot sosiale waarde. Dikwils, ongelukkig, word die beskouing aangetref dat godsdiens en politiek ieder tot een afsonderlik gebied behoor, ieder met sy eie belange en werksaamhede. Die kerk staan dus geheel en al in geen betrekking tot die politiek nie. Die wanbegrip met sy noodlottige gevolge moet vandaag bestry word. Want die «Koninkryk Gods» kan nie op aarde verwerkelik word nie solang regeringe bedorwe is en die partygees mense bnverskillig maak aangaande die aansprake van eerlikheid en regvaardigheid. *) Tereg kon Mazzini beweer, «Every political question is rapidly becoming a social question, and every social question a religious question». 2) Politieke vraagstukke is tegelykertyd sedelike vraagstukke, dikwils van baie ingewikkelde aard, en dit is omdat dit hier ook om sedelike kwessies gaan, dat die sosiale taak en invloed van die kerk 'n uitgebreide is. Die kerk kan en moet afkeurend of voorligtend optree waar dit christelike sedelike beginsels geld. Morele vereistes en ideale moet dit voorop stel als die heersende faktore in die politieke wereld. s) 1) W. Gladden, Soc. Facts and Forces p. 223—4. J. R. S e e 1 y, Ethics and Religion p. 23. J. R. Co mm ons, Soc. Reform and the Church p. 95. 2) Aangehaal L. Abbott, The Christian Ministry p. 159. 3) S. Mathews, The Church and the Changing Order p. 133. Faunce, The Educational Ideal of the Ministry p. 150. 140 Tereg kan beweer word dat die kerk als liggaam sig nie in die politiek mag begewe nie. Die kerk druis in teen die gees van Christus wanneer dit 'n forum word vir di% bespreking van blote partypolitieke vraagstukke. *) Maar ook mag die predikant nie bloteliks wees nie, soos Voetius blykbaar verlang 'n «publicae contentionis spectatorem» "") in die sin dat hy hom geheel en al van politieke belange ontrek. Onthouding van die politieke stryd beteken nie dat hy geen boodskap vir kieser en staatsman het nie, en geen beginsels kan verskaf nie wat leiding moet gee in politieke kwessies. In teenstelling met vroeëre eeue het die volk als geheel politieke en sosiale regte. Industriële en politieke kwessies gryp in op die lewe van ieder burger met 'n mag vroeër onbekend. Aan sy lede, ook als burgers, is dit dus nodig dat die kerk de beginsels verskaf wat heersend moet wees ook in die politiek. Die publieke gewete moet aangewakker en verlig word om in die politieke kwessies die sedelike beginsels te kan insien, alsook die etiese juiste weg wat gevolg moet word. Die predikant moet die lede oplei om bo die tydelike politieke belange, ook die eeuwige geestelike belange te kan sien; om behalve die tydelike partystryd ook te kan sien die eeuwige stryd tussen waarheid en leugen, regvaardigheid en onregvaardigheid, selfsug en liefde — 'n stryd waarin die partystryd maar een episode is. Die staatsman moet hy leer om meer dan een opportunis te wees — om ook te kan sien wat die gevolg van 'n politieke beslissing sal wees vir die Koninkryk van God op aarde. s) Waar die kerk dus kan bydra om kiesers en volksleiers met hoëre ideale en beginsels te besiel, daar dra dit tegelyker- 1) Vg. Slotemaker de Bruine, Sociologie en Christendom p. 137. 2) Pol. Eccl. II p. 308. 3) L. Abbott, The Christian Ministry p. 52. W. Gladden, Soc. Salvation p. 26. S. Mathews, The Churcb and the Changing Order p. 133. 141 tyd veel daartoe by om, deur hul, sosiale euwels te bestry, en 'n meer regvaardige sosiale orde in die lewe te roep. Die doel en mogelikhede van die politiek moet dus op 'n hoër peil gestel word. Vandaag is dit te veel 'n blote spel tussen partye. Die waarskuwing van Pres. Roosevelt is nie ongegrond nie: «there is real cause for alarm lest we shall go the way of so many ancient communities where the state was brought to ruin because politics became the mere struggle of class against class». *) Dit behoor te wees die gebied waarop die edelste diens vir die mensdom verrig word. Hiertoe behoor die kerk kiesers sowel als staatsmanne op te lei. *) III. Sosiale Prediking. i. Gebreke in die prediking. Dat die kerk in sy prediking 'n magtige faktor besit om sosiale euwels te bestry en mense op 'n hoër en meer regvaardig maatskappelike lewe te wijs, waar dit die Woord van God met sy duidelike sosiale prediking het om te verkondig, is vanselfsprekend. Die geskiedenis het herhaaldelik bewijs dat die kerk hier 'n hoeveelheid en kwaliteit van sosiale mag besit wat, waar dit met krag toegepas is, ongeëweaarde uitwerkinge ten gevolge het. Maar dat die prediking vandaag die gewenste sosiale doelmatigheid nie besit nie, moet ook erken word. Noodsakelik is dit om te trag om na te spoor wat die oorsake hiervan is en welke veranderinge nodig is. Die gebrek is o. i. te wyte veral aan drie oorsake. I. Die gebrek aan etiese prediking. Hoyt weergee 'n vry algemene mening wanneer hij beweer: «The neglect of 1) Aangehaal e. a. Ross, Sin and Society p. X. 2) Vg. a. S. Hoyt, The Preacher. Vg. W. Gladden, Soc. Salvation p. 26. .Vg. S. Mathews, The Church and the Changing Order p. 133. 142 Christian ethics by the pulpit, the failure to preach applied Christianity is seen in making the Christian life an intellectual assent or an emotional response and not the whole of character».!) Höchstetter wys op diezelfde gebrek: «was der Kirche fehlt... ist, namlich dass sie mehr ihre Dogmatik auf Kosten der Ethik gepflegt hat». 2) Die allerbelangrykste -vraag hoe die mens sy dagelikse lewe en sy verhoudinge tot sy medemense moet inrig, word dikwils op ontsettende wyse verwaarloos deur die prediking. 3) En tog, soos reeds "-aangetoon is, is 'n groot gedeelte van die prediking van Christus hoofdsakelik eties. Hy, sowel als die Apostels, wys geduriglik op die pligte van die mens jegens sy naaste. Veel van Christus prediking is ook gerig teen die onvoldoende etiese standaarde en etiese onderwys van die godsdiens leeraars van Sy tyd. Sosiale vooruitgang is in sy kern een morele proses. Dit eis dat die lewe beheers sal wees deur die gees van broederskap in plaas van die gees van selfsug, deur die gees van dien in plaas van die van heers, dat 'n hoër doel naar gestrewe moet word dan die vergader van skatte op aarde. Die interpretasie en die toepassing van die beginsels als 'n lewesreël in ieder verhouding van die lewe, moet vandaag een belangrijk deel uitmaak van die boodskap van die kerk. Mense moet gewys word op hul christelike pligte en moet geleer word dat korrekte geloofsformules en intense godsdienstig gevoel van geen waarde is nie, sonder 'n lewe wat trag om Gods wil te volvoer. 4) 1) The Pulpit and American Life p. 258. 2) Die Soc. Frage und die Kirche p. 69. vg. G. Warneck, Warum hat unsere Predigt nicht mehr Erfolg p. 50 t. is. 3) Vg. J- H. Holmes, t. a.p. p. 209. J. M. B a r k e r, The Soc. Gospel and the New Eva p. 10. 4) H. F. Ward, The New. Soc. Order p. 31. J. R. Howerton, The Church and Soc. Reforms p. 80—1. N. Smyth, Christian Ethics p. 307. A. S. Hoyt, The Preacher p. 331. Vg. J. C. de M o o r t. a. p. p. 102. M3 Etiese prediking is vandaag dringender nodig en moeiliker dan ooit te vore. Waar die verhoudinge in die maatskappy geduriglik meer talryk, meer omvangryk en meer ingewikkeld word, vermeerder gevolgelik ook die etiese probleme sowel in getal als in ingewikkeldheid. Die kerk moet, deur 'n duidelike en praktiese toepassing van die etiese beginsels van Christus, geduriglik nuwe lig werp op nuwe probleme, en duidelik die onderskeid bloot lê tussen wat hier eties regvaardig of onregvaardig is. Op die wyse alleen kan daar morele vooruitgang in die maatskappy wees. Tereg beweer C. F. Dole «The world grows better by the constant annexation of new territory to the world of ethics». *) d. w. s. deur die doen ontstaan van nuwe etiesè standaarde van gedrag wat aanvankelik slegs deur die enkele, maar later algemeen deur die mense erken word. *) Maar blote etiek op sigself verskaf geen dryfveer of inspirasie tot een beter sedelik lewe. Die etiese prediking moet, soos deur Christus altoos gedaan is, in die nouste verband geplaas word met die ware godsdiens. «Morality», sê De Witt Hyde, «must be supplemented by the warm heart and tender appeal of religion before it can bring the wilfuf sinner under its beneficent control». 8) II. Die prediking van die kerk is grotendeels ook 'n faktor van ontoereikend sosiale betekenis omdat die aandag so dikwils byna uitsluitelik gevestig word op die lewe na die dood ten koste van die lewe op aarde. Wanneer Prof. Slotemaker de Bruine sê «talloze malen hebben zij (de kerken) enkel aan de persoonlijke zaligheid der enkelen gedacht; daardoor egoïsme gekweekt en de wereld vergeten» *) uit 1) The Ethics of Progress p. 317. 2) Vg. Nathusius a. w. p. p. 220. P. M. S t r a y e r, The Reconstruction of the Church p. 23. S. Mathews, The Church and the Changing Order p. 108. 3) Practical Idealism p. 276. 4) Christ. Soc Studiën p. 163. 144 hy 'n ernstige waarheid en een wat erken moet word. Te uitsluitelik bekommer sig die kerk, toon Ludwig Stein aan, om die «Jenzeitigkeitsideale» en te weinig om die «Dieszeitigkeitsideal».l) Te veel word op die voorgrond geplaas die aanbod van 'n indiwiduele saligheid, wat slegs geniet kan word in een lewe hierna en wat die christen alleen kan bereik na hy die dood ondergaan het. Te dikwils laat die kerk mense onder die illusie verkeer dat godsdiens slegs is «a passport to paradise and not the building here in the world of the city of God». *) Dat die «other-world hedonism», soos Prof. Howerton dit noem 3), noodlottige gevolge mee bring is duidelik. Hierdeur word 'n egoisme gekweek omdat die aandag slegs op eie sieleheil gerig word. Die wereld word beskou als 'n hopelose wrak waaruit die indiwidu gered moet word. Die lewe hier op aarde self is van ondergeskik belang. Want by diegene wat sig so byna uitsluitelik met die «Jenseitige» besig hou, is die neiging oorweldigend groot «to minimize the finite and fail to see the infinite shining through it». *) Deur die aandag so gevestig te hou op die lewe hiernamaals, laat die kerk dikwils die probleme van die virbygaande en tydelike lewe grotendeels ter syde. Noodlottig is dit beide vir die kerk en die maatskappy. Want die geestelike lewe wat in afsondering van die wereld geniet word en sig nie meedeel aan die wereld nie, moet noodwendig eng en swak word. Dit het ongetwyfeld veel daartoe bygedra om nie slegs die kerk van die maatskappy, 1) Die Soc. Frage im Lichte der Philosophie p. 673. 2) W. Gladden, Soc. Facts and Forces p. 224.. Vg. C. S. M a c f a r 1 a n d, The Christian Ministry and the Soc Order p. 16. 3) The Church and Soc. Reforms p. 83. 4) J. Seth, Ethical Principles p. 263. Vg. Mead, Modern Methods p. 7. 145 maar ook die maatskappy van die kerk te verwyder, *) Die eensydige opvatting van die prediking van die Woord is trouens ook in stryd met die leer van die Evangelie. Die lewe op aarde was, soos reeds aangetoon is, geduriglik die tema van Christus prediking. Hoe kan die opvatting in ooreenstemming gebring word met die bevel aan Sy volgelinge om te wees «het zout der aarde» en «het licht der wereld»? Wanneer dit algemeen gesien word dat die kerk in sy prediking ook met die wereld en sy dagelikse verhoudinge meer simpatie betoon, sal die invloed van die kerk sig met meer krag openbaar. *) III. 'n Derde gebrek in die optree van die kerk waarop gelet moet word, is die oordrewe indiwidualisme dikwils in die hand gewerk. Veel van die onsekerheid wat bestaan aangaande die sosiale roeping van die kerk is die gevolg van die foutiewe beskouing van die individu als 'n eenling, als iets afgeskei van die omgewing. Dit is 'n neiging van die Protestantisme, soos deur vele aangetoon word, om die belang en die reg van die indiwidu wat deur die Reformasie verkry was, so te aksentueer dat sy organiese verband met die maatskappy op die agtergrond gedring word. *) Die verwerp van die «massale» wat die roomse kerk kenmerk, toon Prof. SI. de Bruine ook aan, word vir vele Protestante -tot 'n «verwerpen van het Sociale en het hangen alleen aan 1) W. D. H y d e, Soc. Theology p. 176. Nathusius, t.a.p. p. 12. t H. P. Hughes, Soc Christianity p. 27. R a u s c h e n b u s c h, t. a. p. p. 368. 2) Plantz, The Church and the Soc Problems p. 190—I. 3) vg- V e d d e r, Socialism and the Ethics of Jezus p. 345. J. M. B a r k e r, The Soc. Gospel p. 36—7. W. Gladden, Soc. Salvation p. 6. Rauschenbusch, t. a. p. p. 367. 10 i46 het individueele >\ *) Die. neiging bestaat dus vir die kerk om sig met die mens als eenling te bemoei «seeking to deal with each man as if he were an isolated sinner to be transformed into an isolated saint». 2) So een uitsluitend indiwidualistiese godsdiens kan noodlottig in sy uitwerking wees. Dit bring die mens tot 'n enge standaard van geregtigheid en 'n weigering om in te sien sy pligte en verantwoordelikhede teenoor sy medemense. Afsondering en isolasie van die indiwidu is nie alleen antisosiaal nie, maar ook onchristelik. Wel is dit waar dat godsdiens met die indiwidu te doen het, maar dan nie met 'n deel van maar met sy hele bestaan, dus die indiwidu sowel naar siel als naar liggaam en dus ook die indiwidu in sy ingewikkelde sosiale verhoudinge. *) Die kerk moet vandaag opnuut aantoon dat die indiwidu sy broeders hoeder is, dat almal lede is van een liggaam, dat die ware lewe van die mens bestaat nie in selfsugtige isolasie nie, maar in die verwerkeling van 'n ware broederskap. Dit is die taak van die kerk om die maatskappy sowel als die indiwidu tot 'n hoër lewe op te lei, om sowel op aarde 'n koninkryk van geregtigheid te stig als om mense voor te berei vir die hemelse koninkryk. 4) 2. Beginsels in die Prediking. By die erkenning van die sosiale pligte van die kerk deur sy prediking, moet egter altyd voorop gestel word dat die taak van dié kerk voor alles is om die Woord van God te verkondig. Maar terstond moet hierby gevoeg word dat dit geld van die Woord in sy volle omvang. Ook in die teen- 1) Christ. Soc Stadiën p. 408. 2) Faunce, The Educ. Ideal of the Ministry p. 118. Vg. Oliver Lodge, Man and the Universe p. 239 (i8th ed.). 3) Vg. Slotemaker de Bruine, Het Hedendaagsche Soc. Vraagstuk p. 18, 4) Plantz, The Church and the Soc Problem p. 160. W. Gladden, The Church and Modern Life p. 167—8. 147 woordige tyd van sosiale belangstelling en ywer moet die grondbeginsels van die Woord duidelik voorop gestel word — die Vaderskap van God, die sonde van die mens, verlossing deur Christus alleen.1) Als aan die arme en ellendige duidelik verkondig word J3ie Vaderskap van God, dat hul 'n Vader in die hemel het wat vir hul sorg nog meer dan vir dier of plant, welke bron van hoop is daar dan vir hul in hul eensaamste ure, wat 'n gevoel van broederskap! *) Maar bowedien is die etiese voorligting wat vandaag so noodsakelik is, by die ontkenning van Gods wil als die bron daarvan, iets geheel swewends en onvas. Sonder God, soos Prof. Bavinck aantoon, is daar van reg en plig in die moraal geen sprake. Maar indien God bestaat, lê vanself daarin opgesluit die reg om te gebied en vir die mens die plig om te gehoorsaam. s) Gedurig moet die mens geleer word dat hy 'n seun van God is en voor Sy aangesig staan. Die openbaring van die verhouding van die mens tot God het in die prediking van Christus altoos 'n vername plaas ontvang. Maar voorop in die prediking moet ook staan die werkelikheid van die sonde en die noodsakelikheid van die bekering. Die prediker moet die Skrif laat spreek van sonde en genade en duidelik aantoon dat die diepste oorsaak van alle sosiale ellende in die menselike hart sit. 4) Dit is vandaag dringend nodig omdat vele in hul sosiale hervormihgsywer én begeerte om maatskappelike toestande te verander, met die fundamentele feit geen rekening hou nie en selfs ontken. Wanneer byv. Prof. Patten, 'n bekende skrywer wat oorigens op nugtere en betekenisvolle wyse skrywe oor die kerk en sy sosiale pligte, die stelling maak «Sin is misery; misery is poverty; the antidote of poverty is income», en dan daar by 1) Vg. Prof. Grosheide, De Reformatie 11 Maart '21. 2) F. D. Manrice, Social Morality p. 293. 3) Hedendaagsch Moraal p. 71» • 4) J. C. de Moor, t. a. p. p. 101. 148 voeg, «all these can be wiped out by changes in industrial conditions», *) 'n stelling wat die verdienstelike skrywer en teoloog J. H. Holmes beamen; en wanneer ook die teoloog Prof. Fagnani *) in dieselfde gees beweer, «Human nature being fundamentally good, if things are wrong the trouble must be with society» *) — dan blyk dit dat hierdie vofgelinge van Pelagius 'n gevaarlik begrip van die sonde verkondig. Maar van groter betekenis en erns is die feit dat in sosialistiese kringe die werkelikheid van die sonde ook ontken word. Die slegheid in die mens word verklaar uit die uitwendige omstandighede, en nie uit die mens self nie. Die mens is hiervoor nie verantwoordelik nie, en het dus geen skuld. Die bose in die mens verdwyn sodra sy omgewing verbeter word. Beter ekonomiese toestande sal 'n beter mensdom tevoorskyn bring. *) Dringend nodig is dit dus dat, soos beide Christus en Johannes die Dooper hul prediking begin het met 'n «Bekeert u», daar ook vandaag aan die maatskappy gerig sal word 'n prediking van sonde en bekering — bekering ook van maatskappelike sonde.5) Maar die Woord werp ook veel lig oor die maatskappelike lewe, en ook die lig moet die kerk omhoog hou. Niemand kan Christus ten volle verkondig en die lig van Gods Woord breed laat val, sonder ook die grondgedagtes en die beginsels vir die sosiale lewe aan te toon nie. 8) Die Woord is 1) The Soc Basis of Religion p. 25. 2) Van die Union Theol. Seminary New York. 3) Aangehaal J. H Holmes, The Revohitionary Function of the Modern Church p. 141. 4) Vg. Slotemaker de Bruine, De Kerk en het Socialisme p. 26. Plantz, The Church and Soc. Problems p. 146. 5) G. Warneck, t. a. p. p. 21. E. Griffith-Jones, The Master and His Method p. 130. 6) »Vg. De Nederlander 19 Maart '21. Vg. De Reformatie 11 Maart '21. 149 «quite as rich in sociological as in theological instruction». x) In die algemeen geneem, is dit 'n belangryk deel van die taak van die prediking om die beginsels duidelik te verkondig. So is pok in die jongste «Generale Synode der Geref. Kerken» in Nederland besluit «dat het niet tot de taak der kerk behoort een uitgewerkt systeem te geven dat het maatschappelik leven zou moeten volgen, doch dat de kerk hier slechts de zedelijke beginselen heeft te prediken, die duidelijk door het Woord Gods worden geleerd». *) Gewaarsku moet egter word teen 'n gevaar om algemene beginsels op vage algemene wyse toe te pas. Te veel bestaan die prediking dikwils, soos G. Warneck aantoon, uit 'n «allgemeine Satze aneinander zu reihen». 8) Om die sosiale stryd te wil afhandel deur in die algemeen daarop te wys dat mense mekaar behoor liefde te betoon, en om die arbeiders probleme te wil oplos deur algemene stellinge soos « de arbeider is zijn loon waardig» is meestal waardeloos. Die uitwerking daarvan om onder alle omstandighede dieselfde onverklaarde en dikwils onbegrepe algemene sinsnede te verkondig, is nie alleen doelloos nie maar versterk ook die neiging om 'n godsdienstige leer daarop na te hou wat uit blote ondeurdagte sinsnede bestaan. 4) Die beginsels moet toegepas word op die milieu waarin ons nou lewe en moet rekening hou met die eienaardige sosiale verhoudinge en probleme van die dag. Arbeidstoestande is daar, byv., vandaag wat in die vroeëre eeue onbekend was, soos die nagarbeid, Sondagarbeid, vroue- en kinderarbeid ens. Met die toestande moet die kerk rekening hou, alsook 1) L. Abott, Christianity and Soc. Problems p. 369. 2) Aangehaal deur De Reformatie II Maart '21. 3) t. a. p. p. 39. 4) VS- Slotemaker de Bruine, Christ. Soc. Studiën p. 423. C. S t e 1 z 1 e, The Call of the New Day p. 33. W. M. Tippy, The Socialized Church p. 27. H. Hoekstra, De Dienst des Woords en de Soc. Vraagstukken p. 14. 15° met die sedelike en geestelike skade wat daardeur veroorsaak word. Hier gee die Skrif ook weer die nodige leiding aan. Die Skrif ag dit dikwils nodig om in biesonderhede in te gaan. Soos reeds aangetoon, het die profete nie met vage algemene terme die sonde en wantoestande in die algemeen bestry nie, maar ieder een presies met naam genoem en afgekeur. Christus het ook op definitiewe wyse spesifieke euwels aangetoon en afgekeur. Die Skrif is altyd presies en altyd absoluut. Hier word ons ook die reël in die prediking vandaag aangegee. Daar behoor ook vandaag geen vrees te wees nie om die woorde en terme van ons dae op die kansel te gebruik nie, sodat die volk sal verstaan en die prediking aansluiting sal vind in die lewe van ons tyd. In 'n maatskappy gekenmerk deur stryd tussen verskillende klasse en onderdrukking of verlaging van een persoon deur 'n andere, is dit noodsakelik om veral twee christelike grondbeginsels op die voorgrond te plaas en toe te pas. Die beginsels is die waarde van die indiwidu en die broederskap van die mensdom. Die erkenning van die waarde van ieder persoon is 'n fundamentele postulaat vir sosiale verbetering en vooruitgang. Waar dit ontbreek sal onderdrukking en onregvaardigheid altoos bestaan. Dit is 'n heersende beginsel in die etiek, soos beide Kant en Hegel aangetoon het, — Kant in sy leer dat die mens die persoonlikheid van 'n andere altoos als 'n doel en nooit als 'n middel moes behandel nie, 2) en Hegel met sy beginsel: «sey eine Person und respektire die andern als Personen». *) Dit is herhaaldelik die tema van Christus prediking. Harnack toon aan hoe dat die 1) J. C. de Moor, t. a. p. p. 98. Slotemaker de Bruine, t. a. p. p. 423. 2) vg. Religion in Geschichte und Gegenwart art Kant III p. 911, 3) Philosophie des Rechts § 36. i5i Evangelie die «unendlichen und selbstandigen Wert jeder einzelnen Menschenseele feststellt». *) Christus is die eerste prediker om die absolute waarde van ieder persoon duidelik in die lig te stel. Hy was die eerste leeraar wat nadruk gelê het op die onmeetbare waarde van ieder man, vrou en kind in die wereld. Hoe veelseggend Sy woorde, «Er zal blijdschap zijn in de hemel over één zondaar, die zich bekeert» ! *) Die standaard van waarde wat in omvang was het Hy geheel en al verander. Herhaaldelik toon Hy aan dat die juiste waarde van die mens gemeet moet word nie deur sy besittinge en nie deur sy sosiale stand nie, maar alleen en geheel en al deur wat hy in sy eie persoonlikheid is. 3) Die leer van die waarde van die indiwidu deur die Christendom versprei, het ongetwyfeld die «sosiale kwessie» in die lewe geroep, want waar daar geen gevoel vir die waarde van die mens bestaan nie, kan daar nouliks ernstige poginge in die werk gestel word om die maatskappelike verhoudinge te verbeter. Die ernstige betekenis wat mense heg aan die gebrek aan lewesbehoeftes en geleenthede hang af van die beskouinge wat hul toegedaan is aangaande die waarde van die mens. In niet-christelike lande bestaan daar trouens ook nie die akute sosiale kwessie wat in christelike lande teenwoordig is. Dit is ook omdat die betekenis van die waarde van die indiwidu vandaag meer dan ooit te vore erken word, dat onse eeu een is van sosiale gisting en verandering.*) Alle morele vooruitgang wat in die maatskappy te bespeur is, is te wyte aan die erkenning van die grondbeginsel, want, soos Seth aantoon, «moral progress is, in sum and I) Das Wesen des Christentums p. 64. 2) Luc. 15 : J. 3) J. A. Leighton, Jezus Christ and the Civilisation of to-day p. 115. W. A. Chadwick, The Soc. Principles of the Gospels p. 43. 4) P. B r u i n i n g, t. a p. p. 62. "W. M. Tippy, The Sorialized Church p. 15—16. J. H. Holmes, The Revolutionary Function of the Modern Church p. 36. 152 substance, the gradual discovery of the individual». *) Wanneer die fundamentele beginsel erken en die implikasies daarvan begryp word, dan sal dit die nodige leiding verskaf in die vele probleme van die dag, die persoonlike, sosiale en politieke, en die rigting aantoon in welke alle vooruitgang moet geskied. *) Als die mensdom alleen sou besef en erken die oneindige waarde van ieder menselike wese, hoe arm, hoe onkundig en hoe verlaagd hy ook al mag wees, sou bose luste en onderdrukking tot die verlede behoor. *) Want alle sosiale misbruike is in beginsel 'n oortreding van die wet van respek vir persoonlikheid. Die mensdom weet hoe om fisiese, meganiese en ekonomiese waarde te bepaal en te gebruik, maar. nie die waarde van die mens nie. *) Dit moet die kerk vandaag die mensdom leer. Maar tegelykertyd staat dit ook vas dat solang een deel van die maatskappy gekant is teen die andere, een klas teen die andere, werkgever teen arbeider, arbeider teen werkgever, daar nooit maatskappelike vooruitgang tot stand kan kom nie. Sosiale eenheid is 'n grondvereiste vir alle sosiale wel waart, want die maatskappy bestaan nie uit losse eenhede, uit verskillende afsonderlike klasse nie, maar is 'n organies geheel. Die een deel is afhankelik van die andere en die een deel kan geen werkelike sosiale vooruitgang maak nie sonder die andere nie, want almal moet saamwerk om die een gemeenskappelik sosiale doel te verwesenlik. Waar die christelike leer die indiwidualiteit van die mens 1) Ethical Principles p. 331. 2) H. C. Kin g, The Moral and Rel. Challenge of our Times p. 2. J. U. Oschwald, Die Soc. Bewegungen der Gegenwart p. 37. 3) H. P. Hughes, Soc. Christianity p. 62. 4) P. M. S t r a y e r, The Reconstruction of the Church p. 24. S. Mat the w s, The Gospel and the Modern Man p. 313. 153 op die voorgrond stel, word daardeur die sosiale element in die mens wat hom in gemeenskap met andere mense saambind, nie negeer nie. Christus het in Sy herhaalde prediking van die Koninkryk Gods dit nie voorgestel nie als 'n blote persoonlike ondervinding, maar als 'n nuwe sosiale orde wat verwesenlik moes word deur mense wat saamwerk in Sy gees. Die Vaderskap van God en die broederskap van die mense is fundamentele postulate in Sy onderwys. Immers, om die naaste lief te hê als sigselwe is om sigself als een lid van die maatskappy te beskou en om alle andere als gelyke erkenning waardig te behandel. Al die klowe waardeur die mense verdeel word in klasse en stande wat antagonisties teenoor mekaar staan, is dus teen die gees van Christus en is hinderpale vir die koms van die Koninkryk op aarde. Ook deur Paulus word die gedagte herhaaldelik uitgespreek dat ons een liggaam vorm in Christus «maar elkeen zijn wij elkanders leden». 2) Die indiwidualisme van die mens is beperk deur die wederkerige verhoudinge van afhankelikheid wat bestaan tussen hom en sy medemense. Sosiale solidariteit is 'n vereiste vandaag van die grootste noodsakelikheid. Met die ontwikkeling van die maatskappy word hoe langer hoe meer nodig 'n voller mate van sosiale bewussyn en erkenning hiervan, want die verhoudinge van indiwidue en klasse tot mekaar word meer en meer intiem en betekenisvol. In die primitiewe maatskappy voorSien ieder persoon of ieder familie in sy eie onderhoud en is in grote mate onafhankelik van andere persone. Hoe groot die kontras wat die moderne maatschappy hiermee vorm waar ieder persoon, ieder bedryf, ieder klas op vele maniere afhankelik is van die andere! Die welvaart van iedereen 1) L. Abbott, Christianity and Soc. Problems p. 225—6. M. S. F 1 e t c h e r, The Psychology of the N. Test p. 254. 2) Rom. 12:4, 5; Cor. 10:17, Cor. 12 : !3—27- 154 word hoe langer hoe meer afhankelik van die welvaart van almal. l) Die belange van die mensdom is op vroeër ongekende onskeidbare wyse saamgestrengeld en vooruitgang kan daar nooit wees nie solang die belange en ideale van die een persoon of klas stry teen die van die andere. Absoluut noodsakelik' is dit dat daar een algemene oortuiging geskep sal word dat sosiale vooruitgang alleen moontlik is wanneer die verskillende dele of klasse in die maatskappy, saamwerk en ieder sy eie bydrae lewer om een gemeenskappelik doel, die opheffing 2) en veredeling van die heele maatskappy, te verwerkelik. Steinbüchel wys daarop dat daar nodig is «mit der Selbstverantwortlichkeit zugleich das Bewustsein der Mitverantwortlichkeit aller Einzelnen und aller Grappen der Gemeinschaft für Einander.» s) Als teenwig teen die magte wat die maatskappy verdeel en onderskei in klasse, moet gestel word 'n mag wat saambring en tot een eenheid vorm. Want, soos, Henry George tereg daarop wys, «Civilisation is the art of living together in closer relations». *) Hoe kan al die kompeterende en mekaar bestrydende stande en klasse, kapitaliste, werkgewers, arbeiders, handelaars, ens, tot die oortuiging gebring word dat hul vele lede maar één liggaam is, dat skade aan een berokken, al die andere benadeel? In die maatskappy is daar slegs een liggaam wat nie slegs by magte maar ook geroepe is om dit te verwerkelik, en dit is die kerk. Om alle staketsels af te breek wat mense van mekaar skei, om 'n maatskappelike toestand in die lewe 1) Henry George, Soc Problems p. 3—4. Vg. L. Stein, p. 661. Vg. H. C. K i n g, The Moral and Rel. Challenge of our Times p. 30. Vg. C. F. Dole, The Ethics of Progress p. 273. 2) J. M. Barker, The Soc. Gospel and the New Era p. 171. 3) Der Sozialismus als Sittliche Idee (1921) p. 283. 4) Soc. Problems p. 182. 155 te roep waar daar geen antipatie van .klas en rang sal bestaan nie, van vrye en geknegte mense — dit is die roeping van ons kerk. Die enigste integrerende mag in die maatskappy is een geestelike mag, dit is die gees van Christus in die harte van mense. Wanneer dit teenwoordig is in al sy volheid en heerlikheid, sal selfsugtige indiwidualisme verander in een dien van die maatskappy. Gardner toon aan dat die maatskappy per slot van rekening georganiseer moet word op die basis van die etiek van Jezus of op die van Nietzsche. Dit moet die ideaal nader van een groot koöperatiewe broederskap, waarin ieder een sy hóógste ontwikkeling vind deur andere te help om die hoogste in hul lewe te ontwikkel, óf dit moet nader tot die ideaal van een hierargiese piramiede, waar die «Ueber-Mensch-» bowe op setel, wat deur sy meerdere kapasiteit die sosiale masienerie regeer en dit ondergeskik stel aan sy wil. l) Maar wanneer die kerk met krag verkondig sy grote boodskap van die Vaderskap van God, die broederskap van die mens, die-waarde en heerlikheid van alle eerlik werk, en die goddelikheid van alle dien van die mensdom, dan sal daar een teenwig geskep word teen die sosiale differensiasie en onderdrukking wat op die oomblik die maatskappy vaneen skeur, en alle vooruitgang onmoontlik maak. *) IV. Op Verskillende Probleme Toegepas. a. Arbeidsvraagstuk. Vandaag is daar miskien geen ander gebied waar 'n duidelike verkondiging van die christelike beginsels meer 1) The Ethics of Jesus and Soc. Progress p. 133. Vg. Baldwin, The Indiv. and Society p. 16. 2) W. Gladden, Soc. Facts and Forces' p. 198. Slotemaker de Bruine, Sociologie en Christendom p. 162, 220. R. T. Ely, Socialism and Soc. Reform p. 351. S. Z. Batten, The Soc Task of Christianity p. 46. nodig is dan op die van die arbeid. Want die arbeidersvraagstuk is geen blote ekonomiese maar ook een sedelike, nie slegs 'n vraagstuk wat betrekking het op die waarde van produkte of loon nie, maar ook een van die waarde van die menselijke persoonlikneid. Die kwessies van die verhouding' tussen arbeider en werkgewer, van loon en moontlikheid van die arbeider om 'n menswaardige lewe te lei, is sedelike kwessies, en dus is dit nodig dat die kerk nie slegs bewus sal wees nie van die groot sedelike en geestelike vrae wat sig tesame met die nuwe arbeidsprobleme opdring, maar dat die kerk ook hier die nodige sedelike leiding en geestelike hulp verskaf. In 'n eeu waarin arbeidersprobleme sig op skrikbarende wyse op die voorgrond dring, moet die kerk óf 'n duidelike boodskap hê vir die industriële stryd óf sal sy aanspraak op morele leider moet prysgegee word. x) Uiters noodsakelik is dit dat die kerk ook op die gebied aktief sal optree voordat dit geheel en al die simpatie van die arbeiderswereld verloor, want dat daar reeds 'n skeiding tussen kerk en arbeiders bestaan kan nie ontken word nie. Ten regte of ten onregte is die arbeiders van mening dat die kerke vir hul geen vriend is nie, dat die kerk hoofdsakelik vir die ryke bestaan, en die predikers óf geen belang in arbeiderssake stel nie óf bevreesd is om vir hul saak te pleit. Kritiek is dus die posiesie van die kerk teenoor 'n groot deel van die bevolking van ieder land. ") Daar die arbeidersprobleme dus grotendeels sedelike probleme is, probleme van betrekkinge tussen werkgewers en arbeiders, betrekkinge wat weens die invoer van masienerie 1) Vg. Slotemaker de Bruine, Christ Soc. Studiën p. 423. Plantz, The Qhurch and.Soc. Problems p. 260. C. Stel zie, The Gospel of Labor p. 85. 2) Rauschenbusch, t.a.p. p. 329—330. Fannce, The Educational Ideal of the Ministry p. 119—120. W. M. Tippy,.The Socialized Church p. 72—3. 157 meer indirek, onpersoonlik en dus meer ingewikkeld word, is dit duidelik dat blote wetgewing of vakvereniginge op sigself geen radikale verbetering kan teweeg bring nie. Ten slotte rus self alle uitwendige reglement en ieder kontrak wat die regsverhoudinge bepaal, op sedelike beginsels, op eerlikheid en trou aan die gegewe woord. Sonder 'n veranderde karakter en gedrag gereëld deur die christelike beginsels, kan geen doelmatig en blywend verandering tot stand kom nie. Die hervorming waarnaar so vele verlang moet bestaan nie in die eerste plaas uit 'n vernietiging, maar uit 'n kerstening van die teenwoordige verhoudinge in die arbeiderswereld. x) Geen ander liggaam kan hierdie taak wat van fundamentele belang is verrig. Hierdeur word die taak van die kerk ook in die arbeiders kwessies bepaal en beperk. Die kerk moet die voorbeeld van sy Meester Christus volg en sig nie meng nie in die spesifieke arbeidsstryde, maar alleen duidelik die ware christelike beginsels verkondig waardeur die industriële verhoudinge moet bepaal word. In alle morele vraagstukke moet die kerk die christelike grondbeginsels neerlê en onchristelike beginsels bestry. Die betekenisvolle posiesie van te kan staan als die mag wat verskillende klasse aan mekaar moet bind deur die beginsels van broederskap en rentmeesterskap, kan alleen behou word deur sig nie in te meng nie in die onderlinge stryd van sulke klasse. Waar op die kerk de taak rus om beide aan patroon en arbeider hul pligte en verantwoordelikhede te verkondig, alsook om te wys op die gesamentlike doel waarnaar hul moet strewe, kan die kerk sig nie meng en party kies nie, in enig arbeidsstryd. Die gesigseinder van die kerk mag nooit vereng word deur 'n klasbewussyn nie, i) O. Schrieke, t.a.p. p. 43. D. P. D. Fabius, Soc. Vraagstukken p. 372. Nathusius, t.a.p. p. 135. W. Gladden, Applied Christianity p. 100. 158 maar moet veel wyder strek. Dit moet omvat 'n wereld koninkryk van geregtigheid en vrede. Arbeiders probleme moet beskou en behandel word «sub specie aeternitatis». Bowedien moet die kerk steeds die plaas bly waar patroon en arbeider saam kom en waar, tesame met die bewussyn van die Vaderskap van God, ook gewek sal word die bewussyn van die broederskap van die mensdom. *■) Dat op die Sondag iedere verhouding van onder hoor igheid opgeskort en die gelykheid van alle mense voor God erken word is een sosiale grondwet wat deur die Staat in ere moet gehou word, en waar die kerk op moet aandring. Die «grote versoendag» van die Christendom moet aan alle stande en lede van die maatskappy, sowel aan die laagste als die hoogste, aan ryke en arme, die genot van hul edelste regte en die vervulling van hul heiligste pligte moontlik maak.2) Onder die teenwoordige omstandighede moet die uitgangspunt van poginge om beter morele verhoudinge in die industriële wereld te voorskyn te roep, wees, in die eerste plaas, die werkgewers. Nie alleen regeer hul in meeste lande deur. die mag wat kapitaal en besit van produksiemiddels meebring nie, maar ook hang grotendeels die prijs vir arbeid betaal, en gevolgelik die toestand van die arbeider van hul af. Die selfsugtigste onder die werkgewers stel die loon vas, en kompetiesie. dring die edeler werkgewers om ook hul handelwyse hiernaar in te rig. Maar ook vele van die werkgewers is eerlike mense, maar weens die ingewikkeldheid en die teenwoordigheid van vele sedelike 1) Plantz, The Church and the Soc Problem p. 62. C. S t e 1 z 1 e, The Gospel of Labor p. 85. H. F. Ward, The New Soc Order p. 338. Vg. Lloyd George, Speech in Times 15 Juni '21. Vg. H. Hoekstra, De Dienst des Woords en de Soc Vraagstukken p. 12—-13. 2) J. U. Oschwald, Die Soc Bewegungen p. 24. '59 probleme, is dit nodig om ook aan hul 'n aanwysing te gee van hoe die wet van Christus ook op hul werk en verhoudinge tot die arbeiders toegepas moet word. *) Aan die werkgewer moet die kerk aanbied 'n nuwe standaard van waarde. Onvoorwaardelike toestemming moet die kerk bij hom bewerk vir die grondstelling dat die industrie bestaan om die mens en nie die mens om die industrie nie. Die bloei van die industrie moet gemeet word nie deur die winste wat af ge werp word nie, maar deur die toestande van menselik bestaan wat dit in die lewe roep. Waar arbeid en arbeidsloon op sodanige wyse ingerig word, dat die arbeider nie in staat gestel word nie om 'n ware menselike lewe te lei, om als vrye burger sy persoonlikheid te ontwikkel of sodat die familie- of geestelike lewe daardeur beskadig word, dan is die werkgewer skuldig aan 'n morele versuim en moet die kerk aandring op verandering van die toestand. Kinderarbeid moet ook met die maatstaf gemeet word. Waar die kind die reg deur die te vroeë arbeid ontneem word om sy persoonlikheid ten volle te laat ontwikkel, daar is die verantwoordelike persone skuldig aan een morele misdaad. Bowedien is dit herhaaldelijk bewijs dat misdaad onder kinders op skrikbarende wyse vermeerder waar kinderarbeid toegelaat word. Dubbel ernstig is dus die taak van die kerk om teen die gebrek van verantwoordelikheidsgevoel te protesteer. *) Die christelike beginsel van respek en verantwoordelikheid teenoor die persoonlikheid van die naaste moet hier allesbeheersend wees. Dit eis onvoorwaardelike navolging. Die werkgewer mag dus nooit die werker beskou nie als 'n blote arbeider, 'n produsent, 'n masien, maar als 'n selfstandige persoonlikheid wat die onkrenkbare reg en geleent- 1) W. Gladden, Tools and the Man p. 237. P. M. Strayer, t. a. p. p. 20. 2) R. F. Cutting, The Church and Society p. 131—8. Vg. H. C. Vedder, The Gospel of Jesus p. 111—112. i6o heid moet gegee word om sy hoogste self te ontwikkel. Higiëniese arbeidsomstandighede, werkure en loon moet alleen volgens die beginsel bepaal word. Loon mag hy nie beskou nie als 'n blote ekonomiese vraagstuk, daar dit ook 'n sedelike vraagstuk is. Ook die probleem sal nooit opgelos word nie, voordat die arbeidgewer nie slegs die eise van reg nie, maar ook van plig laat geld. Dit mag nie bepaal word nie deur die minimum bedrag waardeur arbeidskrag onder 'n stelsel van kompetiesie kan gekoop word, maar deur 'n hoër sedelike standaard. Welke loon is nodig sodat vir die arbeider en diegene wat van hom afhankelik is daar kan wees 'n mensenwaardige bestaan, waarin die hoogste self kan ontwikkel word, is die vraag wat die kerk die werkgewer moet leer om te stel by die bepaling van die loon. Dieselfde beginsel moet ook op dieselfde wijse onvoorwaardelik geld in die bepaling van arbeidsure. *) 'n Vrugbare bron van kwaad is die idee wat nog dikwils bewus of onbewus gehuldig en in die praktyk verwerkelik word, nl. dat die werkgewer die meerdere en die arbeider die mindere in ieder opsig is. Die beskouing van die minderwaardigheid van die arbeider word vandaag grotendeels deur die invoer van masienerie in die hand gewerk. Daardeur word bekwaamheid en opleiding dikwils oorbodig gemaak. Gevolgelik word dit woontlik om die arbeiders, sonder in aanmerking te neem ieders persoonlike eieskappe, eenvoudig «numeriek» op te vat, als een aantal arbeidskragte. Dr. A. Kuypers beskrywing is hier van toepassing: «Het zijn ten laatste werktuigen, geen menschen meer, die ge daar bewegen ziet, om met hun raderen in i) A. Kalthoff, De Soc. Quaestie op den Kansel p. 53—4. A. T. H a d 1 e y, Standards of Public Morality p. 90. P 1 a n t z, The Church and the Soc. Problem p. 260. C. R. Brown, The Soc. Message of the Modern Pulpit p. 65. Vg. Encycliek .van Leo XIII p. 19. Vg. Slotemaker de Bruine, Sociologie en Christendom p. 52. i6i -elkander te grijpen: werktuigen allen op diezelfde wijze ineengezet».1) Gelykwaardigheid van vele beteken ongelukkig dikwils een gevoel van minderwaardigheid vir die enkele 2). Hier teenoor moet die kerk verkondig die absolute waarde van ieder indiwidu, hoe eenvoudig en ondergeskik sy plaas ■ook mog wees irr die arbeiderswereld. Die ware verhouding behoor te wees die van selfstandige gelyke wat hul kragte verenig om een doel te bereik. Die werkgewer staan nie verhewe bo en onafhankelik van die arbeiders nie. Die wat van hom af hankelik is, hoe minderwaardig hul werk ook al mag skyn, moet hy beskou als medewerkers om een doel te bereik. Eerlikheid en trou is hierby onmisbaar vir die werkgewer, maar nie minder vir die arbeider nie. Selfs die karigste loon stel hom, nie vry nie van sy menselike verpligtinge, van trou, nougesetbeid van gewete en van eerlikheid. Die arbeider wat trag om 'n kunsmatige aanvraag vir arbeid te skep deur tydsame of ongedane werk of dergelike middels, is mede verantwoordelik vir die wantoestande die oorsaak waarvan hy so dikwils slegs by die werkgewer wil soek. Wanneer die werkman slegs wil staan op sy reg sonder vervulling van verpligtinge, kan hy nouliks verwag dat daar vooruitgang in verband met die arbeidskwessie sal wees. Die pligte het hy teenoor die arbeidgewer, maar ook teenoor die maatskappy, pligte wat by stryd en Staking altoos swaar moet weeg. Te veel en te uitsluitelik is tot dus ver nadruk gelê op regte en te weinig op pligte en verant woordelikheid. Wanneer ieder deel van die gemeenskap veg vir hul regte is die gevolg meestal oneenheid en bitterheid. Maar wanneer ieder .klas sou strewe om pligte te vervul, sou die gevolg wees welvaart, tevredenheid en eenheid *). 1) Eenvormigheid de vloek van het Moderne Leven p. 20. 2) J. P. de V o o y s, in De' Maatschappij der Toekomst p. 196—7. 3) A. T. H a d 1 e y, Standards oi Public Morality p. 6. 4) A. C. Headlam, The Church and Industrial Questions p. 22. D. S. Cairns, Christianity and the Modern World p. 274. 11 IÓ2 Die eenheid of broederskap tussen arbeiders en werkgewers is een fundamentele vereiste vir sosiale vrede en vooruitgang, en dit moet die kerk strewe om te bewerk. Groot is die behoefte hieraan omdat die skeiding tussen werkgewer en arbeider dikwels so groot en so noodlottig in sy gevolge is. Die solidariteit van arbeid in een kamp en die van kapitaal in een andere, maak die solidariteit van die maatskappy 'n onmoontlikheid. Die enigste band wat tussen die arbeider en die patroon bestaan is meestal die wat Carlyle bestempel als die «cash-nexus». *) Solang die een teen die 'ander gekant is, sal haat, onderdrukking en ellende nooit ten einde kom nie. Wetgewing en onderhandeling kan blykbaar die kloof nie demp nie. Daar is slegs een wet wat orde in die chaos kan bring. Dit is nie Ricardo's wet omtrent loon nie, of die van Malthus omtrent bevolking of die van Marx omtrent meerwaarde nie. Dit is die wet van Christus «Gij zult uw naaste als uzelven liefhebben». Daar is nodig 'n verandering van persoonlike verhouding *). Erken moet word dat die oorsaak waarom die industriële wereld 'n groot strydperk is, en waarom die lewe vandaag opgaan in 'n onbarmhartige en onwaardige gejaag naar geld, nie te vinde is in die eerste plaas in slegte arbeiders wette nie. Dit is liewer selfsug — selfsug van beide ryke en arme van werkgewer en arbeider. Solang die gees van selfsug nog oorheersend is in die mensdom kan daar geen verandering kom in die industriële toestande nie. Solang private wins die oorheersend beginsel in die ekonomiese lewe is, sal daar tussen patroon en arbeider altoos 'n onversoenbaar antagonisme bestaan. Geduriglik moet die kerk dus aandring op Christus beginsel van rent- 1) Vg. Past and Present p. 126, 160. 2) W. Gladden, Xools and the Man p. 145. T. Ziegler, Het Soc. Vraagstuk een Zedelijk Vraagstuk p. 98. H. Jones, Soc. Responsibilir.es p. 51. i63 meesterskap in plaas van eiebelang, van broederskap in plaas van selfsug. Dit geld die werkgewer sowel als die arbeider. De werkgewer moet die welvaart van sy arbeiders behartig, die arbeiders moet deur getrouheid en eerlikheid die belange van hul patroon bevorder. Ekonomiese verhoudinge moet in die lig gestel word van 'n wedersydse betoon van diens vir die voordeel van beide partye, nie vir die voordeel van slegs een klas nie, en also vir die sosiale welsyn van die hele maatskappy. In plaas van die afgeskeie klasse van vandaag, beweer Mazzini tereg, moet daar kom «an aggregate of faculties and forces consecrated to the well being of all». *) Die idee «arbeid» moet deur die kerk met 'n nuwe betekenis en waardigheid beklee word. Vandaag is arbeid meestal 'n werk vir sigself en vir selfsugtige doeleindes, en hierdeur ontstaan die wan toestande en die ellende. Verandering kan teweeggebring word. alleen deur die aanneem van die beginsel van Christus als die belangryke wet in die sosiale lewe, nl., dat iedereen 'n lewe van dien van die medemens moet lei. Arbeid moet beskou word als 'n sosiale diens, waar ieder indiwidu trag om sy plig te vervul teenoor sy naaste en die maatskappy. Die arbeid van iedereen, hoe gering en ogenskynlik minderwaardig ook, is 'n nodig bestanddeel in die groot algemeen dien van die maatskappy. Die arbeid van die steenkoolgrawer en die straatveger is onmisbaar en op dieselfde wyse 'n dien van die maatskappy als die van die staatsman of generaal. Die respek vir ieder vorm van arbeid en die wedersydse waardering van mekaars arbeid, is onmisbaar om die gees van eensgesindheid te verkry. Die i) Essays, (Camelot Series) p. 4.8. Vg. H. F. War cl, The New Soc. Order p. 103. D. S. Cairns, Christianity in the Modern World p. 280. J. M. B a r k e r. The Soc Gospel p. 93. F. Harrison. On Society p. 154. 164 kerk moet trag om arbeid te verhef en te stel bo persoonlike belang en selfsugtige wins, en dit te plaas op 'n basis waar dit beskou word als die vervulling van die edelste gebod — die dien van die medemens —x) maar ook een dien van God deur Sy wil te volvoer. Want tereg wys die Heidelbergse Catechismus daarop dat Gods wil op aarde ook eis die bedien en uitvoer van ieder amp en beroep so gewillig en getrou «als de engelen in den hemel doen».2) In dieselfde gees is daar vandaag nodig een hersiening van die beginsel van kompetiesie in die industriële wereld met sy verreikende en dikwils noodlottige gevolge. Die mening van Adam Smith dat die wet van die natuur dat die swakke in die stryd met die sterke noodwendig moet ondergaan, 'n suiwere sosiale wet is, word vandaag deur daad so "nie deur woord op skrikbarende wyse erken. Hiermee stem ooreen die leer van die s.g. «Manchester School» — met sy beginsel van «laissez faire» — dat dit met die maatskappy dan best sal gaan wanneer so min mogelik opsettelik daarvoor gesorg word deur die staat, maar ieder toegelaat word om afsonderlik, ongehinderd vir sy eie belange te sorg. Dit siet in vrye mededinging die algemene red- en geneesmiddel vir alle sosiale kwale. 8) • Die armoede en ellende veroorsaak deur die huldig van sulke beginsels is ontsettend. Dit is so veel te meer noodlottig omdat in die industriële kompetiesie die gewetenlooste patroon die standaard vir loon en pryse vasstel, waarnaar die andere hul moet skik. Teenoor die beginsel van kompetiesie moet die kerk 'n 1) H. F. Ward, The New Soc. Order p. 343. C. S. Gardner, The Ethics of Jezus and Soc. Progress p. 145. J. U. Oschwald, Die Soc. Bewegungen der Gegenwart p. 56. W. Cunningham, Christianity and Soc. Questions p. 186—7. Vg. Carlyle, Past and Present p. 168—9. 2) Zondag 49. vg. Carlyle, cAU true work is religion» (ib). 3) J. U. Oschwald, Die Soc Bewegungen der Gegenwarte p. 22. 165 andere stel, die van liefde en verantwoordelikbeid van die een tenoor die andere. Waar kompetiese aan andere die moontlikheid ontneem om 'n mensen waardige bestaan te maak moet dit onvoorwaardelik veroordeel word. Die etiese beperkinge vir alle kompetiesie moet duidelik gestel word. Dit is alleen nie immoreel nie wanneer dit 'n kompetiese is om eerlik werk te verrig, deur eerbare middels en waar een van die partye nie daardeur ten onder gebring word nie. *) Christus het Sy goedkeuring geheg aan die begeerte om uit te blink, maar Hy verskaf tegelykertyd aan Sy disiepels 'n nuwe begrip van uitnemendheid, 'n nuwe basis vir kompetiesie. Die einddoel moet wees 'n dien van die medemens. 2) Die einddoel moet die kerk vandaag aan 'n wereld wat uit sy aard mededingend is, duidelik en oortuigend voorstel. In plaas van rykdom en heerskappy als doelwit moet geplaas word die van diens van die medemens en die maatskappy. Wanneer die kerk aldus bydra. om 'n beter industriële _ orde in die lewe te roep en 'n toestand van meerdere regvaardigheid tussen werkgewer en arbeider te skep, sal dit meer verrig om nood op te hef dan dikwils deur filantropiese inrigtinge gedaan word, want die oorsaak van ontsettend veel armoede en ellende sal hierdeur bestry word. 'n Heerlik en doelmatig filantropies werk sal verrig word deur die teweegbring van industriële regvaardigheid, eensgesindheid en vrede. Deur die ryke en die patroon meer regvaardig teenoor die minder bevoorregte te maak, sal die kerk hom tegelykertyd die filantroop by voorkeur maak. Als de besig- 1) E. A. Ross, Sia and Society p. 155—8. L. Stephen, Soc. Rights and Duties p. 164. W. Gladden, Tools and the Man p. 176. F. Harrison, On Society p. 170,. 2) Vg. Luk. 22 : 24—27. Vg. P 1 a n t z, The Church and the Soc. Problem p. 262—4. i66 heids beginsels waarnaar iemand sig inrig eerbaar is, als sy handel wyse teenoor die mense in sy diens regvaardig is en hy sy plig van rentmeesterskap besef, mag hy miskien die naam van ware filantroop nie dra nie, maar sal hy tog veel meer bly wends tot stand bring dan deur vele wat die naam voer, verrig word. Tereg wys Pres. Roosèvelt daarop dat dit van veel groter belang is dat die ryke hul besigheid op eerlike wyse sal drywe dan dat hul 'n groot deel van hul rykdom aan filantropies werk sal wy. x) Die selfsugtige en uitbuitende patroon skep groter armoede dan deur filantropiese poginge bestry kan word. Wanneer aan almal regvaardigheid geskied, sal diegene wat vandaag ondersteuning nodig het, groteliks in aantal verminder. Mense moet geleer word dat regvaardigheid en liefdadigheid in sulke verhoudinge betoon, nie onderskeidene maar identiese beginsels is. 2) b. Die Drank-Probleem. Waar dit vas staan dat die kerk een duidelike taak het in die opheffing van die maatskappy, volg dit noodwendig dat dit 'n woord sal moet meespreek in die bestryding van 'n euwel wat, volgens algemene getuienis, meer dan enig andere op direkte wyse die maatskappy verswak en omlaag trek, n.1. die drankeuwel. Dat alkolisme die vrugbaarste bron is van misdade soos aanranding en onsedelikheid is herhaaldelik bewys. Van die misdade wat gepleeg word onder die invloed van drank word die volgende statistieke byv. aangegee deur Henderson. In België 45%, Switzerland 42%, 1) C. R. Brown, Soc. Message of the Modern Pulpit p. 26. 2) J. Seth, Ethical Principles p. 281. Ruskin, The Crown of Wild Olive p. 54. H. C. V e d d e r, The Gospel of Jesus p. 304. 1) Preventitive Agencies and Methods p. 228. Vg. W. C. Sul li van, Alcoholism p. 169. Vg. W. H. Gispen, Het optreden der Geref. Vereniging voor Drankbestrijding p. 6—7. i67 Frankryk 59%, Engeland 55—60%, Zweden 74% — syfers wat deur andere skrywers bevestig word. Ondersoek toon herhaaldelik aan dat te same met swaksinnigheid, kriminaliteit, sedelike swakheid en vele andere vorme van abnormaliteit daar in ontsettende groot getalle gepaar gaan dranksug by die ouers. x) Ook armoede word in ieder land aangetoon als in 'n ontsaglik groot aantal gevalle die direkte gevolg van dronkenskap. In lande soos Engeland, Amerika en Duitsland word dit aangetoon dat van die gevalle van armoede waar hulpverlening nodig is, van 25 tot 40% te wyte is aan dronkenskap. *) Tereg kon Dr. A. Kuyper van die euwel beweer: «Het alcoholisme is de pestilentie onzer eeuw, een kwaad waarmee noch pest noch cholera ook maar van verre in vernielende .kracht en werking te vergelijken is. Het alcoholisme... vermoordt de volken, ontreddert de nationale levenskracht, verderft eerbaarheid en goede zeden, verwoest het huiselijk geluk, breekt de manlijke veerkracht, verkwist het broodgeld, verkort den levensduur, drijft uit tot zelfmoord en vult in onzen tijd gevangenis en krankzinnigengesticht.» *) Die ernstige aard van die euwel word vandaag meer dan ooit te vore ingesien en vele is die metodes aangewen om verbetering te bewerk. Welke die metode is wat die kerk in sy prediking moet volg is 'n vraag van groot belang. Want alhoewel die euwel altyd bestaan het, dra die maatskappelike toestande veel daartoe by om die probleem 'n enige en vroeër ongekende ingewikkelde aard te gee. Dat hier ook een stryd vir die kerk te voer is teen 'n indiwiduele ongeregtigheid, dat die kerk dit sal bestempel 1) Vg. W. C. Sullivan, t.a.p. p. 187, 198—200 A. Schmitz, Matigheid of Onthouding p. 30. Vg. T. W. van der Woude, Armenzorg en Drankbestrijding p. 41. 2) Muller-Lulofs, Van Mensch tot Mensch p. 160—I. Vg. D e v i n e, Principles of Reliëf p. 144. Vg. C. R. Henderson, t.a.p. p. 202. 3) Heraut No. 956. i68 nie als 'n ramp waarvoor die maatskappy verantwoordelik is, maar als 'n sonde waaraan die indiwidu skuldig is, en dat die kerk hier ook geduriglik en op ondubbelsinnige wyse aan die dronkaard sy sonde moet verklaar en op verlating van die ingeslae weg moet aandring" staat voorop als sy taak. Die verbetering van die indiwidu is 'n grondvereiste. Nie alleen deur prediking maar ook . deur belangstelling en besoek moet die dronkaard gehelp en gesterk word. *) Tereg word ook deur vele hervormers op die gebied daarop gewys dat poginge tot opheffing van die euwel nie slegs anti- maar ook positief en konstruktief moet wees. Veel nadruk word dus gelê op die feit dat 'n blote bestryding van die kroeg nie voldoende is nie, maar dat 'n gesonde substituut daarvoor in die lewe moet geroep word. Waarvroeër die kroeg bevrediging verskaf het aan sy behoefte aan vriende en geselligheid, moet behoorlike plekke van vermaak opgerig word waar die behoefte op edeler wyse kan bevredig word. Leessale en klubs voorsien hier in een dringende behoefte. Alhoewel ons hier nie in die rigting van die «Institutional Church» moet opgaan nie, verdien die stig van sulke inrigtinge deur lede van die gemeente die grootste aanmoediging. 2) Maar te dikwils is hier ook die reeds genoemde skeiding tussen die indiwidu en sy omgewing ingevoer. Die indiwidu word hier menigmaal behandel sonder sy omgewing in aanmerking te neem. Uitsluitelik is die probleem dikwils behandel als 'n indiwiduele probleem, sonder die erkenning dat dit ook is 'n maatskappelike probleem. Die oorsaak vir 1) W. Gladden, Soc. Salvation p. 137. Feabody, Jesus Christ and the S. Q. p. 45. 2) Vg. V. H. Rutgers, De Taak der Gemeentebesturen p. 47. H. J. Spitzen, Armenzorg en Drankbestrijding p. 13. C. Stel zie, The Workingman and Soc. Problems p 43. J. O. S. Huntington, Philanthropy and Soc. Progress p. 131—2. 169 alkoholisme is te soek nie slegs in die boosheid of swakheid van die indiwidu nie, maar ook in vele maatskappelike toestande vandaag. Hier ook is nie slegs één, maar 'n «korrelasie» van oorsake aanwesig, en dit maak dit noodsakelik dat 'n doelmatige bestryding met die verskillende oorsake rekening sal hou. Iedere bestryding wat nie slegs tevrede is met pynstillende geneesmiddels nie sal dus verbetering van die maatskappelike omgewing 'n virname plaas in sy program moet gee. *) Vele van die oorsake wat meewerk om die euwel onder die volk te skep is terug te lei tot industriële of huiselike toestande. Lange en Vervelende werkure onder onhigiëniese toestande dra daartoe by om vele arbeiders vir hul vermoeid liggaam en gees verkwikking in die drinksalon te soek. Onvoldoende voedsel, ten gevolge van onvoldoende lone of 'n sleg gereëlde huishouding, wat die arbeider noop om stimulasie vir sy ontbrekende liggaams energie deur drank te verkry, word deur vele ondersoekers op die gebied vandaag aangegee als 'n balangryke oorsaak vir dronkenskap. Ongesellige woninge waar alle huislikheid ontbreek, dikwils weens armoede, is ook 'n erkende oorsaak Waarom duisende in ieder land die geselligheid van die kroeg verkies. Armoede speel dus ook 'n belangryke rol in die tevoorskyn roep van die euwel. Tereg word daarop gewys dat die drankgewoonte nie slegs 'n oorsaak van armoede is nie maar ook grotendeels 'n gevolg daarvan. *) Industriële toestande is dus ook in grote mate verant- 1) Goeman Borgesius, Drankbestrijding en Drankwet. W. C. Sullivan, Alcoholism p. 57. C. R. H e n d e r s o n, Preventitive Agencies and Methods p. 227. 2) W. Moore Ede, The Church and Town Problems p. 102. Goeman Borgesius, t. a. p. p. 11. J. R. Commons, Soc Reform and the Church p. 107—112. V. H. R u t g e r s, De Taak der Gemeentebesturen p. 53. M e a d, Modern Methods in Church Work p. 266. 170 woordelik ook vir die euvel. Dronkenskap staan in noue verband met die arbeiderswereld vandaag en Sullivan toon tereg aan dat die kenmerkende verskil tussen vroeëre dronkenskap en die van vandaag is dat die eerste »convivial» en die tweede »industrial» van aard is. *) Ieder poging wat die kerk dus aanwen om industriële toestande te verbeter is dus tegelykertyd 'n bestryding van die ontsettende maatskappelike euwel. Dronkenskap moet nie alleen als een indiwiduele maar ook als een maatskappelike euwel behandel word, omdat die maatskappy verantwoordelik is vir die produksie van en die handel met drank. Ook hier is die maatskappy grotendeels »particeps criminis». *) Tegelykertyd met die swakheid of dranksug van die indiwidu moet rekening gehou word met sy omgewing, met die verskillende vorme van versoekinge wat die maatskappy in die lewe roep en toelaat om te bestaan. Die drankbehoefte, soos vele andere behoeftes ook, word vaak juis opgewek deur die geleentheid wat aangebied word om die behoefte gemakkelik te bevredig. So lang die teenwoordige sisteem van drankverkoop wat in meeste lande in omgang is, in werking bly, so lang daar winst e te behaal is deur die verkoop van drank, moet die metode om indiwiduele slagoffers te verbeter 'n ondoelmatige wees. Hierdeur kan nooit bewerkstellig word nie die opheffing van 'n euwel wat die wilskrag van sy slagoffers hoe langer hoe meer verswak. Vele outoriteite beskou vandaag dranksug nie langer als 'n swakheid nie, maar als 'n siek te. So beskou die geneesheer McBride alkoholisme als 'n «disease», waarvoor 'n «morele behandling» of ieder vprm van dwang geen waarde besit. Alleen als 'n siekte moet dit medies behandel word. Daar word dus ook gepleit 1) Alcoholisra p. 206. 2) J. Brierley, Religion and To-day p. 172. J. R. Co mm ons, Soc. Reform and the Church p.'14. i7i vir die oprig van sanatoria waar sulke pasiente behandel word. x) Maar welke houding ook ingeneem word aangaande die psiegiese toestand van die dranksugtige, dit staat ten minste vas, dat op 'n maatskappy wat toestande laat bestaan, waardeur 'n groot deel van die bevolking fisies en moreel versleg, die morele verpligting rus om 'n verandering teweeg te bring. Die aard van die verandering en die spoed waarmee dit gemaak kan word, hang grotendeels af van die aard van ieder volk en sy gewoontes. *) In 'n land egter soos Suid-Afrika waar die grootste gedeelte van die bevolking bestaan uit 'n ras wat op 'n laër trap van beskawing staan, wat onmondig op sedelik gebied is, 'n ras waarvan wilskrag en weerstandsvermoe swak is, en wat fisies en sedelik deur drank ondermyn word, daar wys die christelike beginsels van liefde, verantwoordelik en respek vir die persoonlikheid van ieder mens op slegs één weg wat gevolg moet word, die weg wat lei tot totale prohibiesie. Die ideaal moet die kerk sig vandaag duidelik voor oë steL Maar die grootste voorsigtigheid is hier nodig. Deur sig te meng in een direkte afskaffingskampanje, sou die kerk deur verdeeldheid te stig, sy hoë roeping als sedelike leier van die hele volk prysgee. Bowedien sou die kerk hierdeur versaak die voorbeeld van en die metode wat gegee is deur sy Meester. Christus metode van geen direkte ingryping in die instellinge van Sy tyd maar van 'n duidelike blootlegging van beginsels wat onregvaardige instellinge in hul regte lig plaas, en hul in hul wortel aantas, is die enigste wat Sy kerk hier kan volg. Soos die euwel van die slaverny 1) The Modern Treatment of Alcoholism. Vg. Dr. A. Schmitz, Matigheid of Onthouding p. 52. D e v i n e, Principles of Reliëf p. 148—9. H. J. Spitzen, Armenzorg en Drankbestrijding p. 8. 2) Veral moeilik en ingewikkeld is die probleem waar wynbou 'n uitgebreide en lang gevestigde nyverheid is. 172 bestry is, deur die beginsels van die waarde van die mens, en die verantwoordelikheid van ieder vir sy naaste voorop te stel, so. moet die kerk in hierdie moderne vorm van slaverny dieselfde beginsels toepas. Geen polemiek teen die wynboer en die wynhandelaar sal blywende resultate tot stand bring. Drastiese metodes is hier' van weinig waarde. In England is onlangs deur die Baptist Association» van Carnarvonshire besluit om by alle kerke in die land aan te dring om geheel onthouding van alkoholiese drank 'n voorwaarde vir kerkelike lidmaatskap te maak. *) Om op die wyse vele lede uit die kerk te ban, in plaas van deur 'n gepaste oortuigende prediking tot betere insigte te bring, is ongetwyfeld nie die metode om iets blywends tot stand te bring nie. 'n Andere methode en een andere uitgangspunt is hier nodig. Die publieke opinie als die magtigste regerende faktor in ieder demokratiese land, moet die kerk hier die uitgangspunt van sy hervormingspoginge maak. Die saak van die drankbestryding, merk Goeman Borgesius tereg op, is nog geen volkssaak geword nie, maar slegs die van enkele entoesiaste. *) Solang die algemene mening teen die euwel nog nie gekeer is nie, kan daar, soos reeds aangetoon is, geen werkelike verandering in sake die produksie en verkoop van drank tot stand kom nie. Alle doelmatige poginge moet dus daarop gerig wees om die publieke opinie in die regte rigting te lei. Om die rede is plaatselike verbod, als 'n eerste Stap in die rigting van drooglegging, van veel waarde omdat dit 'n magtige factor is om die publieke gevoel wakker te skud en 'n duidelike besef te versprei van die plig en verantwoordelikheid wat op die volk als 'n geheel rus. Daarentegen is staatsmonopolie of nasionalisasie van die drankhandel 1) Daily Chronicle June 24, '21. 2) Drankbestrijding en Drankwet p. 213. '73 verwerpelik omdat dit o. a. 'n noodlottige invloed op die publieke opinie uitoefen. Waar die staat drankverkoop in sy beskerming neem en reël, moet die algemeen gevoel teen die kwaad verbind met drank verkoop en gebruik, noodwendig verswak. 'n Algemeene beskouing, hierdeur in die hand gewerk, van die drankhandel als een wettige en normale instelling, moet op die sedelike gevoel en die gevoel van verantwoordelikheid vir die swakkere naaste, ontsettend nadelig werk. *) Die kerk moet die publieke opinie verlig en in die regte rigting stuur deur in verband met die kwessie te predik die waarde van iedere mens, ook van ieder laag gevallene e dronkaard, die verantwoordelikheid van ieder een vir die toestand in die land en die absolute verpligtinge van die broederlike liefde. Die duidelike oortuiging hiervan in die hart van elk gemeentelid geskep, en deur hom tot publieke opinie gemaak, is die kragtigste dinamise faktor 'in die stryd. 'n Verligte en doelbewuste publieke opinie, also deur die kerk geskep, sal noodwendig lei, soos reeds aangetoon, tot 'n wetgeving wat 'n beliggaaming sal wees van die algemeene oortuiging van die vereistes van broederskap en verantwoordelikheid. *) c. Die Prostitusie Kwessie. Uit die geskiedenis van die metodes toegepas om die kankerende kwaad van die prostitusie teen te gaan, blyk dat drie maniere van bestryding daarvan hoofsakelik is 1) v.g. D. G. Malan, De Drank Kwestie (1920) p. 15. 2) Vedder, The Gospel of Jesus p. 228. E. Gordon, The Anti-alcoholic Movement in Europe p. 229. V. H. R u t g e r s, De Taak der Gemeentebesturen p. 36. C. R. Hender son, Preventive Agencies and Methods p. 232. Devine, Principles of Reliëf p. 146. Vg. Slo*temaker de Bruine, Wat Amerika ons Leert p. 22. 174 aangewen. Opmerkelik is dit dat in elk geval die vrou self, erken als gevallene wese, die uitgangspunt is. L Onderdrukking. Deur verskillende vorme van straf word getrag om die prostituee geheel en al te onderdruk. Dit was die metode onder die mosaiese wetgewing waar die doodstraf toegepas was. *) Ook in die oude Rome onder Constantyn was die* metode om die euwel teen te gaan, verbeurdverklaring van haar eigendom, liggamelike straf, ballingskap en selfs doodstraf. Karei die Grote het dieselfde metode gevolg en dieselfde straf ook toegepas op diegene wat haar sou beskerm. In Frankryk word dit in die i3de en 16de eeu ook toegepas. Onderdrukking is ook die metode in meeste Anglo-saksiese lande vandaag, alhoewel die straf minder streng is. II. Segregasie. Een deel van die stad alleen word afgesonderd waar die gevallene vrou haar skandelik beroep mag uitoefen en waar sy geïdentifiseer moes word deur 'n onderskeidene klederdrag. Die metode reeds aangewen onder die wetgewing van Solon, was in die i5de eeu in Spanje toegepas met die toestemming en coöperasie van die geestelike stand. In die vorige eeu is dit ook in Rome toegepas. III. Regulasie. Die beroep van die vrou word erken en metodes word alleen aangewen om die fisiese gevare in verband met die beroep tot een minimum te beperk. *) Dat geen van die metodes die euwel kan verbeter nie, word vry algemeen erken. Teen ieder metode wat die euwel als noodsakelike euwel erken, behoor die Christendom sy stem te verhef, omdat 'n erkende euwel spoedig vir vele 1) Deut. 22 : 13—27. 2) L. Abott, Christianity and Soc. Problems p. 332—40. Encycl. Britt. art Prostitution, Vol. XX p. 458—9. 175 'n goedgekeurde euwel word, en die publieke gewete dus gedemoraliseer word. *) Die metode in verskillende lande gevolg, om inrigtinge te stig waar gevallene vroue opgeneem word en waar getrag word om hul onder beter invloed te kry, en 'n ander lewesberoep te laat uitoefen, is 'n onmisbare. Dat gevallene vroue hierdeur helemaal tot 'n beter lewe kan opgehef word, is dikwils bewys. *) Ieder hervormingspoging moet van die beginsel uitgaan dat geen gevallene vrou reddeloos verlore is, dat nie een buite die perke van die christelike reddende liefde gestel is. Die verantwoordelikheid rus altyd op ons om ieder mens te behandel volgens die moontlikhede wat in hom is, en nie slegs volgens wat hy of sy op die oomblik is. 8) Dit was trouens ook die houding deur Christus ingeneem. *) Hiermee moet natuurlik gepaar gaan 'n herhaalde prediking teen die sonde van onsedelikheid, van die man sowel als van die vrou. Verbetering van die indiwiduele lewe is, soos in die geval van alle sosiale euwels, 'n eerste vereiste. Nie alleen moet poginge tot hervorming op die gebied gekonsentreer word op die probleem om versoeking so ver mogelik uit die weg te ruim, maar ook om die indiwidu te versterk teen die versoeking. Maar tegelykertyd moet ook alle poginge in die werk gestel word om die oorsake van die euwels te bestry, om dit in sy verskillende wortels aan te tas. Moderne ondersoekers op die gebied is meestal eenstemmig 1) Vg. H. PiersoD, Prostitutie Kwestie p. 18. Vg. C. V. Gerritsen, Het reglementeren der Prostitutie p. 20. G. J. D. Mounier, De Prostitutie Kwestie p. 12. 2) Vgl. Mr. A. de Graaf, De Waarde van Gestichten in den strijd tegen de Prostitutie (1910). Vg. P. Wurster en M. Hennig. Innere Mission p. 217—222. 3) W. E. Hocking, Morals and its Enemies p. 186. 4) Luk. 7 : 38—50; Joh. 8 : 3—11. '7° in hul verklaring dat die probleem nie bloteliks 'n indiwiduele maar ook een sosiale en ekonomiese is. Herhaaldelik is by ondersoek geblyk dat die treurige loopbaan gekies word nie bloteliks weens inherente bose neiginge nie, maar in ontsettend vele gevalle weens slegte ekonomiese toestande. Armoede met die gevolgelike gebrek aan lewesbehoeftes word gekonstateer als 'n grondoorsaak. *) Tesame met armoede gaat gepaar als oorsake ongunstige arbeidstoestande, onhuislike woninge en onkunde. Prol Taylor, een lid van 'n kommissie te Chicago wat 2420 gevalle van prostitusie ondersoek het kom tot die gevolgtrekking: «The vast majority were victüns of conditions and circümstances for which they were less responsible than their families, their employers, or the community». 2) Deur onvoldoende lone word tallose slagoffers gelei om 'n by verdienste te soek en 'n lewe van ontug is hiervan herhaaldelik die gevolg. Lange en vervelende arbeidsure, laat die behoefte ontstaan aan afleiding en plesier en die behoeftige meisie val dan 'n gemakkelike prooi aan die verleidende man. Ondoelmatige woninge waar vele te saam moet hok, waar die nodige privaatheid en sinnlikheid 'n onmoontlikheid is, en wat so ongesellig is, dat die meisies op straat afleiding soek, is 'n ander vrugbaar bron van die euwel. Vandaag miskien meer dan ooit te vore moet die euwel behandel word als ontstaan grootendeels uit ekonomiese toestande, en geen bestryding daarvan kan blyvende resultate lewer nie, wat dit nie als ten dele 'n ekonomiese verskynsel beskou nie. 1) Vg. F. van der Goes, De Prostitutie p. 17—20. E. R. A. S e 1 i g m a n, The Soc. Evil p. 149. J. M. Bar ker, The Soc Gospel p. 183. J. Rutgers, Is de Prostitutie een Noodzakelik Kwaad p. 16—tf. A. A 1 e t r i n o, Over Enige Oorzaken der Prostitutie p. 8. T. M. Roest van Limburg, In den Strijd tegen de Ontucht p. 22. 2) Vg. J. H. Holmes, The Revolutionary Function of the Church p. 157. 177 Tereg word dus beweer dat 'n rekonstruksie van ons sosiale en ekonomiese sisteem 'n noodsakelike faktor is in die opheffing van die euwel. Waar die kerk dus trag om t arbeidgewer, winkelier ens. te wys op hul pligte en verantwoordelikhede teenoor diegene wat van hul af hankelik is, sal dit 'n magtige bydrae lewer in die bestrijding van die euwel. Maar te uitsluitelik is tot dus ver die aandag gewy aan die gevallene vrou en te weinig aan die verleidende man. Die maatskappy meet in die opsig die man en die vrou met 'n verskillende maatstaf, en die vrou dra die grootste gedeelte nie alleen van die smaad nie, maar ook van die veroordeeling. Die «dubbel moraal», volgens welke die man wat bydra tot die vernedering van die vrou betrekkelik onveroordeel gaan, dra veel daartoe by om die kwaad te bestendig. Op die gebied, soos op andere, moet die kerk die «dubbel moraal» bestry, en aan die manne duidelik aantoon die verantwoordelikheid wat op hul rus vir die bestaan van die euwel, en op verbetering van hul leefwyse aandring. Verbetering van die man is so nodig als die van die vrou. Sonder 'n meer eerbare lewe by die manne kan nie verwag word nie 'n meer eerbaar lewe deur die vrouw nie. Aan 'n duidelike en onbevreesde aansegging van die skuld aan iedereen in die opsig, is daar groot behoefte. 2j Maar verantwoordelikheid vir die euwel rus nie alleen op die losbandige in die maatskappy nie, maar op die hele maatskappy. Waar a Lasco gewoon was om gevallene meisies in die openbaar te berisp, maar dan ook die ganse 1) Vg. W. Moore Ede, The Church and Town Problems p. 84. A. Aletrino, Over Eenige Oorzaken der Prostitutie 25—6, 30—3. J. Rutgers, Is de Prostitutie een Noodzakelik Kwaad? p. 17. E. R. A. Seligman, The Soc Evil p. 149. Rapport van Intern. Conf. te Brussel (1899). J. Addams, A new Conscience on tui Ancient-Evil p. 167. 2) H. P i e r s o n, Gewettigde Ontucht p. 46. Avril de Sainte Croiz, Een Moraal voor de Twee Geslachten p. 43. i78 gemeente aansprakelik vir hul sonde te stel,*) was sy metode 'n juiste. Die maatskappy is verantwoordelik vir die bestaan van industriële en ekonomiese toestande, die toestand van woninge, loon, arbeidsuren ens. wat die euwel vererger. Die maatskappy is daarvoor verantwoordelik dat instellinge bestaan waardeur die pleeg van ontug nie slegs vergemakkelik word nie, maar als iets algemeen en natuurlik beskou word. Die maatskappy is daarvoor aansprakelik, maar dit besit ook die mag alleen om die instelling in sy ergerlikste vorme te bestry. Soos herhaaldelik aangetoon is, kan sonder die steun van die publieke opinie, geen blywende en doelmatige hervorming tot stand gebreng word nie. 'n Verligte en veranderde publieke opinie is hier 'n eerste vereiste, want alleen so 'n verligte algemeen opinie kan lei tot doeltreffende wetgewing teen die sosiale euwel. In verband met die kwessie is die behoefte groot aan opvoeding sowel van jonge mense als van die publiek als 'n geheel. So lang daar nog onkunde en onsekerheid aangaande die magtige vyand van die mensdom bestaat, kan weerstand nooit effektief wees nie. Die groot taak van die kerk is hier ook om die nodige verligting en leiding te verskaf deur 'n heldere toepassing van die christelike beginsels. Die erkenning van die beginsels van die verantwoordelikheid van ieder vir sy naaste, die waarde van ieder mens hoe gevalle sy ook al mag wees, waartoe die kerk in sy prediking moet aandring, is die magtigste wapens in die stryd. Die verligte en gereinigde publieke opinie sal hier ook lei tot die gewenste stryd en wetgeving teen die kankerende kwaad. *) 1) Aangehaal deur Rudolph, Calvinisme en Socialisme p 44—5. 2) Vedder, The Gospel of Jesus p. 210. J. H. Holmes, The Revolutionary Function of the Modern Church p. 153H. P i e r s o n, De Prostitutie Kwestie p. 42. H. B. Breijer, De Ontucht en de Gemeente van Jezus Christus p. II. G. J. D. Mounier, De Prostitutie Quaestie p. 13. 179 d. Die «Criminaloid*. Alhoewel dit betrekkelik gemakkelik is om in die meeste sosiale wantoestande die sonde en die sondaar aan te toon en te veroordeel, is daar egter andere waarin dit nie die geval is nie. Hier rus ook 'n taak — grotendeels onvervul — op die kerk vandaag. Die steeds toenemende ingewikkeldheid van die maatskappy, waardeur die een persoon in 'n nouer en meer afhanklike verhouding teenoor die andere geplaas word, roep tevoorskyn nuwe sedelike probleme en nuwe vorme van sosiale oortredinge. Die snelle ontwikkeling van die maatskappy roep vroeër ongekende verhoudinge en etiese verwikkelinge in die lewe, en waar die publieke gewete en sedelike verligting nie gelyke tred daarmee hou nie, ontstaan daar 'n sekere tiepe van persoon wat dikwels ontsettend veel kwaad in die 'maatskappy verrig, maar tog nie als 'n kwaaddoener deur die publiek bestempel of veroordeel word nie. Omdat die soort van «quasi-boosdoener», nie tot een vasgestelde kategorie behoor nie, vind die amerikaanse sosioloog Ross dit nodig om 'n term daarvoor te skep en noem hy die soort van persoon 'n «criminaloid». *) Hierdeur word bedoel 'n persoon wat 'n onregvaardig lewespraktyk daarop na hou, maar nog steeds die effektiewe veroordeling van die publieke opinie en die wet ontkom. Dikwils is hy skuldig volgens die sedewet, maar in die oë van die publiek en in sy eie oë is hy helemaal onskuldig. So is daar vandaag die monopolis of die groothandelaar wat deur sy roekelose handelspekulasies nie alleen mededingers benadeel nie, maar deur 'n kunsmatige prys te skep vir lewesbehoeftes, vele op direkte of indirekte wyse benadeel. Hy ontduik die wet, en die'publieke opinie is nie I) 'rj Verkleinwoord gevorm op analogie van die engelse woord «asteroid». E. A. Ross, Sin and Society p. 48. i8o opgevoed nie om die verkeerde in sy handelwyse te besef. Die fabrikant wat onegte ware op die mark bring en wat skade aan duisende berokken, materieel of liggamelik, op indirekte wyse, ontkom meestal die publieke veroordeeling. Die groot landeienaar wat veel onbeboude grond besit en wat dus op indirekte wyse vele van die land afhou en dwing om, soos dikwils gebeur, hul in die agterbuurte van die stede te vestig, staan ook in die ry van »criminaloids ». Want rykdom lê op sy besitters die gebiedende plig om dit nie enkel tot eie voordeel, maar ook vir die algemene nut te bestee als desulke wat eenmaal rekening van hul rentmeesterskap moet doen. Op honderde maniere word ook besigheids transaksies verrig wat skynbaar volgens die konvensionele reëls van besigheid gedrywe word, maar "waardeur grote getalle op indirekte wyse benadeel, en selfs van hul besittinge onteien en tot die bedelstaf ge- , drywe word. Vir die gewone dief, vir die wat openlik bedrog pleeg, is daar in die wet en in die publieke opinie 'n duidelike maatstaf waarby sy daad gemeet, en die straf wat daarop 0 volg, bepaal word. Vir die »criminaloid» bestaan daar geen. En tog die gewone rower benadeel slegs een of enkele persone, terwyl die bedekte misdadiger sy slagoffers by die honderde tel — maar omdat dit op indirekte wyse geskied spreek die publiek hom vry. Die moordenaar met sy eën slagoffer is spoedig afgehandel, terwyl die > criminaloid wat deur onegte voedingsmiddels te verkoop, of deur onhigiëniese huise te verhuur die oorsaak is van onberekenbare ellende, siekte en dood, onvèroordeel bly. Sy dade geskied op indirekte onpersoonlike wyse, en dus kan hy als onskuldige en selfs als eerbare man in die maatskappy aangeskrywe staan! Die vorm van boosdoener ondervind heel weinig opposiesie vandaag, en daar sy praktyk dikwils winsgevend is, geniet hy spoedig die oorhand oor sy meer nougesette mededinger. i8i Waar hy dus die eer geniet wat die suksesvolle man meestal toekom, is hy dikwils 'n man van invloed in die maatskappy. Waar hij dus vereer en beny word, versprei hy invloed en skep hy ideale wat sy vereerders op gelyke wyse besoedel. 'n Misdaad wat hy also straffeloos kan pleeg word spoedig beskou als iets helemaal normaal. Maar sy gunstige posiesie word ook dikwels versterk deurdat hy veel aan liefdadigheid doet of deurdat hy 'n lid van die kerk is, wat hy met sy geld deur bedrog verkry ondersteun. Die volle eer ontvang hy vir sy openbare goeie dade, terwyl die indirekte kwaad deur hom verrig, geen afkeuring tevoorskyn roep nie. *) Tereg wys Hadley daarop dat daar een dubbel moraal in die maatskappy bestaat, 'n publieke en 'n private moraal, d. i. 'n moraal wat toegepas word op publieke algemene dade, sowel als een wat betrekking het op die persoonlike indiwiduele gedrag. Wat die tweede betref, bestaan daar oor die algemeen geen grote moeilikheid om presies wat reg en verkeerd is te onderskei nie, en om te bepaal welke persone deugsaam en welke ondeugsaam is. Op die gebied geniet die mensdom die voordele van die ondervinding van honderde van jare, alsook van duidelik beskrewe reëls. Maar daar die teenwoordige industriële, kommersiële en politieke verhoudinge van betrekkelike jonge dagtekening is, het die mensdom nog maar betrekkelik weinig ondervinding daarin opgedaan, en het die gewenste etiese leiding ook meestal ontbreek. Eenstemmigheid en eenvormigheid in die publieke gewete ontbreek dus geheel én al. 2) Daar bestaat nie één duidelike moraal nie wat alle mense sig geroepe gevoel om te vereer en volgens welke hul ge- 1) E. A. Ross, Sin and Society p. 48—63. P. M. S t r a y e r, The Reconstruction of the Church p. 99. C. R. Brown, The Soc. Message of the Modern Pulpit p. 137. Vedder, The Gospel of Jesus p. 42. 2) A. T. Hadley, Standards of Public Morality p. 7 15. 182 willig is om gelei te word.*) Die maatskappy, beweer een skrywer, is vandaag eties bankroet, of liewer, die etiese kapitaal wat ons nog besit bestaan uit 'n heterogene versameling van provinsiale morale. Daar is geen algemene etiese standaard nie, waarop een klas sig kan beroep teenoor 'n andere. 2) Die sogenaamde publieke moraal wat sig openbaar op kommersieel, industrieel en politiek gebied, word bepaal deur die groep of klas waarin dit verskyn. In ieder groep of klas is grotendeels bepaal deur gewoonte wat daar als reg sal geld. «Stam moraal» behoor dus nie helemaal tot die verlede nie. Die morele opinie van die klas of groep bepaal dikwils die handelwyse van sy lede. So word volgens die moraal van die industriële wereld eiebelang meestal stilswygend erken als 'n fundamentele en noodsakelike faktor in die lewe. 8) Ook in die kommersiële wereld bestaat daar 'n kommersieel moraal. Vir die groothandelaar bestaat daar die neiging om «waar» te noem wat «waarde» vir hom besit.*) Vage en algemene sinspreuke, soos «besigheid is besigheid» «ieder man se gouigheid» bepaal en reg vaardig die moraal. Tereg wys Tolstoy daarop dat wanneer mense verkeerd handel hul altyd 'n wereldbeskouing vir hul selwe uitdink, waarin die verkeerde dade hul nie als sodanig verdoem nie.5) Hiermee stem ook ooreen Carlyle's woorde «man's philosophies are usually the supplement of his practice». 6) Geldelike voorspoed is volgens die moraal die hoogste 1) A. S. Hoyt, The Preacher p. 338. C. Wichman in De Maatschappij der Toekomst p. 274. J. Brierley, Our City of God p. 188. S. Z. Batten, The Soc Task of Christianity p. 29. 2) A. W. Small, General Sociology p. 657. 3) F. Harrison, National and Soc. Problems p. 419. 4) A. H. van d e r H o e v e, De invloed van Maatschappelike Omstandigheden p. 36. Vg. Slotemaker de Bruine. Christ. Soc Studiën p. 765. 5) De Slavemy (vert. Z. S.) p. 9. 6) Past and Present p. 161. i83 vorm van voorspoed in die lewe. Hoe die geld verkry word, en hoeveel mense daardeur op indirekte wyse benadeel word, is dus vrae van ondergeskik belang. Sy veilige posiesie in die publieke opinie word versterk deurdat die «criminaloid» tegelykertyd, nog 'n ander vorm van moraal daar op na hou, 'n private moraal. Die word betoon in die familie- of vriendekring waar hy selfs 'n beste vriend of vader kan wees, of in die kerkelike betrekking waarin hy staan. Dus word die lewe in twee verdeel, ieder deel beheers deur 'n wet wat teenstrydig is met die andere. x) Die noodlottige betekenis van so'n «criminaloid» met sy «ethical bimettalism» soos Peabody dit noem, 2) kan nie lig oorskat word nie, aangesien die grootste sosiale misstande vandaag te wyte is op direkte of indirekte wyse aan on-' regvaardige maniere van geld maak. Soos reeds aangetoon is, is die meeste vorme van sosiale ellende gedeeltelik terug te lei tot industriële of kommersiële onderdrukking. 8) Die werking en gevolge van een afsonderlike politieke moraal is ook bekend. Party politieke sukses is die maatstaf volgens welke politieke handelwyse hier gemeet word. Reg is wat goeie resultate lewer. Gevolgelik is daar van een dien van die maatskappy als 'n geheel, weinig sprake. Alhoewel dit paradoksaal klink, is dit tog grotendeels waar dat in een hoog ontwikkelde maatskappy, die grootste en mees vérstrekkende kwaad verrig word, nie deur die deugdelose mense nie, maar deur diegene wat genoeg deugde besit om hul 'n sterke en voordelige posiesie in die maatskappy te besorg. *) 1) A. W. Small, General Sociology p. 658. W. E. Chadwick, Soc. Relationships p. 21. 2) Jesus Christ and the S. Q, p. 77. 3) E. A. R o s s, Sin and Society p. 97. J. R. H o w e r t o n, The Church and Soc. Reforms p. 87. 4) E. A. Ros s, ib. p. 29—30. C. R. Henderson, The Cause and Cure of Crime p. 36. i84 Waaraan is dit toe te skrywe dat reaksie teen die vorm van misdaad nog meestal uitbly? Soos reeds aangetoon is, het die publieke gewete nie gelyke tred gehou nie met die snelle ontwikkeling van die maatskappelike verhoudinge. Die publieke gewete is van nature konserwatief en 'n opinie eenmaal gevorm word nie spoedig verander nie.x) Op sosiaal gebied speel die konserwatisme die mensheid miskien die ergste parte. Tereg kan gespreek word van «the pain of a new idea» en op die gebied van die publieke gewete is dit veral van toepassing. *) Dat nuwe omstandighede nuwe sosiale euwels in die lewe kan roep, word nie algemeen erken nie. Bowedien is die algemene reëls volgens welke publieke moraliteit beoordeel word, meestal van 'n negatiewe aard. Indien 'n persoon slegs maar geen duidelik beskrewe wet, geen sosiale gebruik of instelling oortree nie, word hy als streng moreel beskou alhoewel hy tegelykertyd mag wees onvriendlik en selfsugtig. Laasgenoemde word nie als immoreel beskou nie. ■) Aan sonde word selfs deur blybaar opregte Christene 'n seer enge konnotasie dikwils geheg en alleen waar dit op direkte wyse teenoor een of meer persone gepleeg word, word dit als sodanig erken. Sonde wat op indirekte en minder aanstotelike wyse gepleeg word en waarvan die gevolge nie so in die ooglopend is nie, word nie altyd als sonde erken nie. *) Die misdaad van die «criminaloid» tref geen bepaalde persone nie, maar een algemene publiek. Dit geskied op indirekte wyse, en vele is die skakels wat hom verbind aan sy slagoffers, vele is dikwils die tussenpersone wat op indirekte wyse deur hom gebruik word om mee te werk 1) C. F. Dole, The Ethics of Progress p. 305. 2) E. A. Ross, Social Psychology p. 236. 3) F. Harrison, On Society p. 289. 4) H. C. V e d d e r, The Gospel of Christ p. 38 i85 om die kwaad te versprei. Grote afstande verwyder hom dikwils van sy slagoffers, en jare mag soms verloop voordat die uitwerking van die kwaad deur hom gestig, te bespeur is. Die verhuurder van orihigiëniese woninge, byv.. of die werkgever wat arbeiders in ongesonde toestande laat arbei, roep tevoorskyn sosiale misstande, die gevolg waarvan meestal pas na jare ontdek word. Met die toenemende afhankelikheid van die een deel van die maatskappy van die ander, word die maatskappy hoe langer hoe meer kwetsbaar deur sulke «quasi-misdadigers», en vir die publiek word dit ook al moeliker om sy misdaad presies te bepaal en dus te veroordeel. x) Kenmerkend van die publieke oordeel is ook nog dat dit sig beperk tot spesifieke konkrete gevalle, ieder waarvan op sigself en in sy enge verband beoordeel word. Vir die algemene beginsels wat daarin betrokke is, het dit weinig gevoel. Oor vele praktyke kan dit daarom geen gesonde oordeel uitspreek nie. Dobbel, byv., in al die vorme waarin dit vandaag verskyn, hetsy met kaarte of met grote handelstransaksies, skyn, volgens die publieke mening, bloteliks 'n soort van gelukspel te wees en dus nie afkeurenswaardig nie. Aan die diepere beginsels en die meer indirekte gevolge word geen aandag gewy nie. Een toepassing van meer algemene beginsels sou duidelik aantoon, dat die dobbelaar 'n vergulde vorm van 'n dief is, omdat hy sy naaste se besittinge sig toeëien, sonder 'n ekwiwalent daarvoor te gee. Wat die een win verlies die andere en die rykdom van die dobbelaar is dikwils gegrondves op die armoede van 'n andere. Waar die verskillende vorme van dobbel, ook in verband met grote handelstransaksies so een skrikwekkende algemeenheid en uitgebreidheid aanneem, en dikwils die armoede i) E. A. Ross, Sin and Society p. n—14, 51—56. P. M, Strayer, The Reconstruction of the Church p. 89. i86 van duisende veroorsaak, is die gebrek aan 'n suiwer publieke oordeel so veel te meer noodlottig. x) Enkele is daar- altyd in die maatschappy wat voel dat in die handel wyse van die «quasi-misdadiger» daar iets verkeerd is. Maar hier weer is die algemene opinie of die publieke gewete die faktor wat die deurslag gee. Waar die opinie van die enkeling in koöperasie tree met die van andere, verkeer dit altyd in die gevaar van sy indiwidualiteit te verloor, en sig te identifiseer met die heersende algemene opinie, 'n Handelwyse wat 'n persoon in privaat en-als enkeling sou afkeur, word vir hom regvaardig wanneer dit die goedkeuring wegdra van die meerderheid in die maatskappy._*) Groot inderdaad is die behoefte aan voorligting te midde van die verwarring en onsekerheid wat daar bestaan in verband met die belangryke kwessies. Vele van die ontsettende sosiale euwels sou uitgeroei kan word, indien daar slegs maar 'n duideliker kennis van sake soos hul is, en soos hul behoor te wees, mèer algemeen versprei was. Ons eerste en vernaamste vyand op die gebied is algemene onkunde. Die verwarring veroorsaak deur teenstrydige etiese standaarde is 'n tragiese verskynsel van ons tyd, en voordat ooreenstemming verkry word op kwessies van beginsel, kan daar van 'n verbetering van die maatskappy weinig sprake wees. Totdat mense opgevoed word om wat reg en wat verkeerd is in ieder transaksie te onderskei, alsook die verreikende goede of kwade gevolge daarvan, sal maatskap- 1) C. F. Dole, The Ethics of Progress p. 334. W. Gladden, Soc. Salvation p. 152—6. A. T. Hadley, Standards of Public Morality p. 45—50. 2) J. S. Mackenzie, Outlines of Constructive Philosophy p. 269—270. E. A. Ross, Soc. Psychology p. 110. L. Gumplowicz, The Outlines of Sociology (trans Moore) p. 146. i87 pelike bedrog, onderdrukking en ellende nog altyd voortwoqd. x) 'n Regbank waar morele kwessies besleg moet word skyn te ontbreek. «The absence of a central tribunal of moral adjustment is the most radical fact in our present social situation». *) Welke liggaam kan meerdere aanspraak nie alleen op die geskiktheid, maar ook op die heilige roeping maak om die leemte aan te vul dan ons kerk ? Erken moet word dat ook in die opsig die kerk tot dus ver grotendeels in gebreke is gebly. Die Christendom het 'n duidelike boodskap vir mense wat 'n dubbel moraal daarop wil na hou, wat God wil dien en Mammon, wat die onderskeidinge tussen goed en kwaad wil uitwis. Die boodskap moet die kerk vandaag duideliker dan ooit te vore verkondig. Die christelike kansel is verantwoordelik vir die doen ontwaak van die sluimerende gewete van die maatskappy in verband met die morele probleme. Dit kan alleen geskied deur 'n heldere en konkrete toepassing van die christelike beginsels op die onerkende en onveroordeelde sonde. Alhoewel die kerk sig nie kan inmeng nie in al die ekonomiese kwessies waardeur die etiese verwarring ontstaan, is dit tog ongetwyfeld sy plig om te getuig teen ieder vorm van onregvaardigheid en onderdrukking wat daarin tevoorskyn tree. Die lig van Gods Woord moet val ook oor die verborgene sonde om hul in hul volle akeligheid te vertoon. Een erkenning van die. werkelikheid van die vorme van sonde is 'n eerste vereiste. Die algemeen gehuldigde begrip van sonde is te eng en sluit vele hedendaagse misdade uit. Die kerk moet 'n breeder toepassing gee. Die gebod teen moord moet toegepas word teen die gewone erkende vorm 1) W. E. Chadwick, The Soc Principles of the Gospels p. zl—2. C. R. H e n d e r s o n, Citizens in Industry p. 289. W. Gladden, The Church and Modern Life p. 158. N. G. Pierson, De Soc. Quaestie p. 27. 2) A. W. S m a 11, General Sociology p. 660. ' i88 van doodslag, maar ewe duidelik teen die handelwyse van die werkgewer, handelaar of produsent, wat siel en liggaam dodende omstandighede tevoorskyn roep. « Gij zult niet stelen > moet gerig word teen ieder persoon wat geld of besittinge neem sonder 'n regvaardige ekwiwalent daarvoor te gee.x) Sommige skry wers bepleit die noodsakelikheid van 'n nuwe etiek vandaag. 2) Welke betekenis daaraan ook al geheg word, vir ons kan dit alleen beteken 'n nuwe en wyere toepassing van die oude etiese beginsels. Die christelike etiek wat die kerk vandaag moet leer, moet van toepassing wees ook op die nuwe etiese probleme wat gedurig tevoorskyn tree. Die kerk moet aan die lid aanbied 'n moraal volgens welke hy sy houding nie alleen teenoor vriend en naaste kan bepaal nie, maar ook teenoor sy mededingers, die arbeiders wat vir hom werk, teenoor al diegene met wie hy in handels- ef andere betrekkinge staan. Deur dieselfde beginsels op die verskillende fase van die lewe toe te pas, moet die kerk ook die bestaan van die «dubbel moraal» en die dubbele maatstaf waarmee die maatskappy vandaag verkillende dade en persone meet, bestry. Ekonomie en etiek mag nie als afsonderlike eenhede behandel word nie, soos in die praktyk dikwils gedaan word, ieder met sy eie reëls, ieder met verskillende eise wat hy aan mense stel. Want soos reeds aangetoon is, is ieder ekonomiese kwessie ook tegelykertyd 'n morele kwessie. Dat daar een reg bestaan op ekonomies gebied en 'n ander op eties gebied, soos die «Criminaloid» wil hê, word hierdeur dus uitgesluit. Dieselfde begrip van reg en verkeerd moet 1) A. S. Hoyt, The Preacher p. 175W. G1 a d d e d, Soc. Salvation p. 160. J. R. Howcrton, The Church and Soc. Reforms p. 98. W. Mooie Ede, The Church and Town Problems p. 27. 2) C. Wichman in De Toekomst der Maatschappij p. 271—3. A. T. Hadley, Standards of Public Morality. P. M. Strayer, The Reconstruction of the Church p. 22. i8o die kerk toepas op ieder fase van die lewe. Industrie en handel val nie buite maar binne Christus leer. Godsdiens en ekonomie is genoem die grootste skeppende faktore in die geskiedenis van die wereld. Groot is dus die behoefte om die twee' magtige faktore in die regte verhouding teenoor mekaar te stel en aan te toon hoe die christelike beginsels toegepas moet word in die ekonomiese wereld en in hoeverre daar veranderinge moet gemaak word in de ekonomiese toestande. Want die ekonomiese wette is nie, soos dikwils beskou word, onvermydelik of onveranderlik nie, maar is afhankelik van die intelligensie, gewete en wil van die mens. 'n Verheffing van die menselike natuur, deur die aanneming van die christelike beginsels, sal tegelykertyd die ekonomiese stryd tot 'n hoër peil verhef. *) Hier word dus 'n grote geleentheid aan die kerk gegee om in die ekonomiese misstande, wat die oorsaak is van die meeste sosiale euwels, sy hervormingswerk aan te rig. 'n Christelike gemeente deurdring met 'n heldere besef dat die beginsels van Christus op ieder gebied van die lewe kan en moet toegepas word, sal vanself die ekonomiese peil van die maatskappy ophef, 'n Verligte publieke opinie deur die predikant en die lede aldus geskep, is die magtigste bestryder van alle ekonomiese onregvaardigheid en van ieder quasimisdadiger». Die publieke opinie is tog in die laatste instansie die mag wat moet besluit of die handelwyse van die «criminaloid» toegelaat moet word, al dan nie, want waar die publieke opinie kragtig teen hom gerig is, kan hy nouliks met sy onregvaardige praktyk voortgaan. *) 1) D. S. Cairns, Christianity and the Modern World p. 280. W. Cunningham, Politics and Economics p. 147. W. Gladden, Tools and the Man p. 44—53. P. M. Strayer, The Reconstruction of the Church p. 71. 2) C. R. Hender son, The Cause and Cure of Crime p. 160. B a 1 d w i n, The Individual and Society p. 72—3 W. Moore Ede, The Church and Town Problems p. 26. 190 Als predikant en lede getrou is aan hul hoë roeping, en die ware leiding in die algemene opinie gee, sal daar spoedig geskep word 'n suiwerder en meer opregte publieke oortuiging aangaande sulke kwessies, in plaas van die gewetenlose teorieë wat tot dusver in omgang is gewees. Die koninkryk van industrie, van handel, van politiek, sal hul dan buig voor die wet van die Koninkryk van God, en dan sal ons gewaar word dat 'n grote hinderpaal uit die weg is geruim vir die koms van 'n beter maatskappy. V. Die Hulp van die Lede. Alhoewel 'n heldere en oortuigende vooropstelling van die Christelike beginsels van fundamentele belang is, en die uitgangspunt moet wees vir alle sosiale hervorming, moet dit ■egter noodwendig gepaar gaan met praktiese poginge om die maatskappy op te hef. Die bevél van Christus aan Sy gemeente is hier vir geen misverstand vatbaar nie. Trouens, die toets wat Hy stel vir ware disiepelskap bestaan in die gewilligheid om dienende liefde teenoor andere te toon. *) Die hulp verleen aan die swakke en ellendige is altyd kenmerkend van die kerk gewees, selfs in die donkerste dae van sy geskiedenis. Veral 'n oorsig van die diakonale arbeid van die kerk in ieder land vandaag toon aan hoe veel gedaan word om maatskappelike ellende te verminder. Maar tesame met die goedgeorganiseerde diakonale arbeid, wat onontbeerlik is, en altoos voorop moet staan in kerkelike hulpbetoon, bestaan daar ook werkelik die gevaar van wat Biest er veld 'n «clericalisme» noem, wat meen dat dinge alleen goed gedaan word als dit deur die amp geskied, en ook die neiging om alle praktiese sosiale hulpbetoon te beperk tot een klein aantal daartoe aangestelde manne. 2) Gevolgelik word die lede, ten spyte van die aktiewe lidmaat- 1) Vg. Matt. 25 : 34—5; Joh. 13 : 35. 2) Het Diaconaat p. 360. IQI skap waardeur die Kalvinistiese stelsel gekenmerk word, dikwils tot 'ü sekere mate van passiwiteit gedoem. Die verlies hierdeur aan die maatskappy sowel als aan die lede self berokken, is 'n grote, veral waar die behoefte vandaag so groot is aan 'n kerstening én van die huiselike én van die sosiale lewe. Weliswaar behoor die taak van die diakene sig nie alleen op die stoffelike maar ook op die geestelike te rig, en behoor die diaken behalwe die uitreik van gawe, ook met die arme te spreek oor die nood waarin hy verkeer, die vertroosting te skenk wat uit Gods Woord die ellendige toekom ens., en verder ook te trag om profilaktiese hulp te skenk. Maar in lande waar die armoede en nood groot is, is daar ook . meerdere hulp nodig, opdat nie alleen die leniging van nood maar ook die opheffing van die hulpbehoewende kan bewerk word. Laasgenoemde geskied ongelukkig dikwils nie deur die diakonaat nie. Omdat die diakonale amp veral in verband staat met die uitreik van gawe aan arme, en omdat die getal diakene dikwils klein is, terwyl hul arbeidsveld groot is, is die gevolg dikwils dat hul werk van 'n meganiese aard word. Te dikwils, soos Dr. A. Kuyper aantoon, word die diakonaat 'n «bedelingsinstituut».l) Die nodige wétenskappelike behandeling van die teenwoordige ingewikkelde probleem van armoede en nood ontbreek ook gevolgelik. Soos reeds genoemde skrywer beweer, «Het Diaconaat heeft in de Gereformeerde kerken meer practisch gehandeld dan zich tot de bewustheid der theorie verheven». *) Maar teorie en wétenskappelike behandeling is vandaag veral onontbeerlik omdat die leniging van armoede en ellende 'n meer ingewikkelde en 'n meer tyd vereisend probleem dan ooit te vore is. 'n Bron van veel kwaad is ongetwyfeld gewees 'n eensydige opvatting van hulpbetoon. Deur vele word die mening 1) Drie Kleine Vossen p. 110—m. 2) Encycl. der H. G. III p. 537. 192 nog gehuldig dat sorg vir arme bloteliks 'n uitreik van liefdegawe is. Met die opvatting is daar behoefte alleen aan een diakonale uitreiking van gawe. Maar die kerk, soos Groen van Prinsterer beweer, moet by die armesorg 'n veel ruimer betekenis hê dan 'n blote tregter te wees waardeur gawe die arme toevloei1). Ware armsorg en hulpverlening strek sig veel verder uit. Hulpverlening omvat al wat die fisiese, intellektuele en morele toestand van die arme, als indiwidu en als lid van die maatskappy kan verbeter. Doel van christelike weldadigheid is nie 'n tydelike hulpbetoon nie, maar 'n gedurige vermeerdering van die geleenthede en mogelikhede van die hulpbehoewende 2). Die grootste gebrek wat by die behoeftige kan wees is die aan moed en geloof om die lewestryd aan te pak. Onontbeerlike vereistes in ieder poging tot hulpverlening is dus opbeuring en aanmoediging. Die woorde van Elizabeth Fry, «Charity to the soul is the soul of charity» 8) verdien meerdere toepassing vandaag. Doel van alle hulp moet wees om die hulpelose te help om sigself te help. Armesorg en hulpverlening moet daarna strewe om sigself oorbodig te maak. Die eie moontlikhede en sluimerende kragte in die hulpelose moet aangewakker en in die regte rigting gestuur word om 'n vrye en selfstandige lewe mogelik te maak. Die doelmatigheid van sosiale arbeid moet gemeet word by die selfstandigheid van persone of families wat daardeur geskep word *). 1) Aangehaal D. P. D. Fabius, Soc. Vraagstukken p. 269. 2) O 11 o S c h r i e k e, t. a. p. p. 8. A. Kalthoff, t. a. p. p. 75—6. Vg. J. C. de Moor, De Kerk en het Soc. Vraagstuk p. 117. 3) Aangehaal H. M. van Nes, in Woord en Daad Jan. 1922. 4) G. H. H i n t z e n, Armwezen en Soc. Voorzorg p. 99. D. P. D. Fabius, Armenzorg p. 25. W. E. Chadwick, Soc. Work p. 40. W. M. T i p p y, The Socialized Church p. 266. S. N. Batten, The New Basis of Civilisation p. 220. 193 Christus het deur Sy handelwyse met arme en ongelukkige ook getoon dat ware hulp aan die ellendige bestaan uit die verskaf van nuwe moed en hoop. Nie die uitwendige behoefte van die hulpelose nie, maar die persoon self verkry Sy grootste belangstelling. Ook is reeds daarop gewys hoedat Sy liefdearbeid gekenmerk is deur sy geïndiwidualiseerde en persoonlike aard. Christus het duidelik aan die wereld geleer dat die ware manier om die ellendige te help is om •sig in persoonlike aanraking met hom te stel en hom also krag en moed mee te deel. «The contagion of the strength communicating life» *) is nog altoos die kragtigste redmiddel. Die opheffing van die behoeftige word nie bewerk nie deur 'n meganiese wetgewing of organisasie, maar alleen deur 'n persoonlike lewende aanraking waardeur die een krag en moed aan die andere meedeel. 'n Groot gebrek in vele vorme van hulpbetoon vandaag, kerkelike en andere, is die onpersoonlike wyse waarop dit dikwils geskied. Die gewone lid voel dat hy sy plig volvoer deur 'n bydrae te gee aan die kerkelike fonds of aan die hulpbehoewende self, en hiermee is vir hom alles afgedaan. Ware christelike liefdebetoon is dit ook nie, want tereg merk Dr. A. Kuyper op, «een barmhartigheid die alleen geld en niet ook zichzelven weet te geven, is nog de ware Christelijke liefde niet». *) Waar die diakonale arbeid ook so vaak opgaan in een uitreik van lewesmiddele, en die neiging om een «bedelingsinstituut» te word in sommige lande te minste een werkelike is, ontbreek daar te dikwils die onontbeerlike sig gedurig in aanraking stel met die behoeftige. Ongelukkig word nie oral nie, soos in die geval van die Gereformeerde kerke in 1) Peabody, Jesus Christ and the S. Q. p. 86. * Vg. Muller — Lulofs, Van Mensch tót Mensch p. 21. J. Seth, Ethical Principles p. 283 — 4. J. M. Bar ker, The Soc. Gospel p. 195. 2) Het Soc. Vraagstuk en de Christ. Religie p. 32. 194 Nederland, by die kerkvisitasie ondersoek gedaan of die diakene die arme persoonlik besoek, by gebreke waarvan hul daartoe vermaan word. Die gebrek aan noue aanraking met die behoeftige sal natuurlik veral waarneembaar wees in lande waar die verarming en agteruitgang uitgebreid is, en waar dit dus ook een ontsettend moeilik en uitgebreid werk is om die arme waarlik te help. Meer is hier nodig dan dat die diaken bloteliks die arme sal besoek wanneer hy hom lewesmiddele moet oorhandig. Daar word vereis 'n gedurig sig op die hoogte stel van sy toestand, gedurige betoon van belangstelling, en aanmoediging. Dit eis in geval van grote armoede die gebruik van vele kragte. In lande waar degelike armesorg toegepas word, word dit bewys deur die groot getalle van mense wat daarin betrokke is, uit partikuliere initiatief of van staatswege. Hoe gewens is dit nie dat lede van die kerk veral, wat aangespoor is deur 'n suiwere sosiale prediking, die uitgebreide werk op sig sal neem! Hier dien gelet te word op 'n nuwe kerkelike rigting vandaag in Amerika en Engeland aangetref, 'n rigting wat blykbaar heel wat byval vind. Als reaksie teen die engheid van vele kerke, en 'n neiging tot ekklesiastisisme waarin die kerk als «selbstzweck >, soos Nathusius dit noemJ), beskou word, en afgetrokke is van die werkelike lewe, word daar in die lande veel geywer vir 'n «socialization» of »secularisation» van die kerk. Doel is om die kerk in nouer aanraking te bring met die dagelikse lewe, om dit meer aantrekkelik te maak vir verskillende soorte en klasse van mense. So is daar, byv., in London, «Whitefields Tabernacle», geken als die . kerk « with the ever open door wat in die kerkgebou lokale besit vir sy «Day Nursery», «Girls Club», «Elocution Circle», «Boys Life Brigade», 'n i) Mitarbeit der Kirche p. 12. »95 saai vir konserte en die opvoer van tooneelstukke ens. Dit maak inderdaad 'n aangename indruk op die besoeker om te sien hoe hier die geleentheid aan vele gegee word om hul vrye tyd op meestal nuttige en leersame wyse deur te bring'. Dat die kerk daarin slaag op die wyse om ten minste in noue aanraking te kom met mense ook in hul weeklikse lewe, is op sigself beskou prysenswaardig. Die metode egter waarop dit geskied bring bepaald sy gevare mee. Die kerk is nie in die eerste plaas 'n plek vir gesellige byeenkoms nie, of waar jonge mense in hul vrye tyd ontspanning word verskaf. Waar ieder aand in die week jonge mense vir die doel daar versamei word, word die opvatting bepaald in die hand gewerk. Die idee van aanbidding en ontmoeting met God loop groot gevaar om op die agtergrond te tree. Uitstekend en wenselik is dit dat lede van die kerk sig sal beywer om deur vereniginge, leessale ens. jonge mense te help om hul vrye tyd op nuttige wyse deur te bring. Maar dit moet dan liewer geskied in aparte geboue. Per se is daar miskien geen kwaad in nie om in die kerkgebou leessale ens. te hê, maar omdat orrbewus verkeerde begrippe aangaande die doel van die kerk hierdeur geskep word, behoor dit vermy te word. Van soortgelyke aard als «Whitefields Tabernacle» ') is in Amerika vandaag die beweging vir die s.g. «Institutional Church». Doel hier is ook om in nouer aanraking te kom met allerlei soorte van mense gedurende die week, sodat die kerk kan wees «a real centre of the social life of the people». *) Die kerk moet veel van sy krag daaraan wy om mense geleentheid te gee om hul vrye tyd in die groot kerkgebou op aangename wyse deur te bring. Daar moet dus opgerig word sit-kamers, eetkamers, keukens, biljaart- 1) Vg. Whitefields, Central Mission Reports 1919, 1920. 2) P. M. Strayer, The Reconstruction of the Church p. 278. 196 kamers ens. *) Ook hier moet gemaak word voedsel en klere vir arme. Die kerk moet wees, soos de Witt Hyde beweer, «a workshop rat her than a cathedral». 2) Die grote beweging in Amerika veral, toon aan dat daar gevoel word dat die kerkJte veel afgeskei is van die dagelikse lewe en die sosiale probleme, en te weinig kontak het met sy lede, veral die jongere. Prysenswaardig is die energie wat in sulke kerke betoon word om 'n praktiese aanvulling van 'n leemte in die kerkelike werksaamhéid te verskaf. Dat daar ook werkelik goed gedaan word deur sulke kerkelike instellinge, kan nie ontken word nie. Tog is die gevare verbind aan so'n «institutional church» groot, en moet daarvoor altoos 'n wakend oog gehou word. Die gevaar van cpracticisme», soos Dr. A. Kuyper dit noem, waar kerkelike krag en aksie opgaan hoofsaakelik in een verrig van spesifieke liefdesdade, is hier een werkelike. *) Groot is die gevaar dat die ware wese en doel van die kerk hier uit die oog verloor word. Waar die klubs, die keuken, die toneel ens., gedurende die week in die kerk so veel aandag ontvang, is die neiging ongetwyfeld groot om dit vooraan te plaas in die lewe van die kerk, en op so'n manier selfs dat die * geestelike werk als minder belangryk beskou word. Maar ook die gevaar om die prediking te beperk tot die sosiale vrae van die dag is een werkelike in bowegenaamde kerke, soos blyk uit waarskuwinge van skrywers in verband daarmee. Daar bestaat die gevaar dat die belang in die sosiale vraagstukke die prediker beperk tot blote sosiale probleme van die dag. Maatskappelike kwessies staan so op die voorgrond dat die beroep op die indiwiduele siel tot berou en bekering agterwege bly. Maar indien also die Evangelie 'n blote sosiologies geskrif word, en die prediker 'n blote sosioloog, dan verlies die bediening van die Woord 1) Ib. p. 278—280. 2) Social Theology p. 245—6. 3) Vg. Drie Kleine Vossen p. 75—152. 197 sy ganse krag, en word die kerk 'n blote aanhangsel van die universiteit Die doelmatigheid van die kerk moet gemeet word, nie deur die institute of klubs nie, wat deur sy werksaamhéid in stand gehou word, maar deur die mate van die opbouing van die geestelike lewe. Sonder die aanwesigheid van geestelike motiewe krag, kan sulke instellinge weinig wat van blywende waarde is tot stand bring. Alleen wanneer die kerk getroue disiepelskap van Christus in sy lede eers skep, sal die sosiaal werk deur hul gedaan vrug kan dra 2). Maar welke ook die vorm van die sosiale werk mag wees, by ieder vorm van hulpbetoon moet rekening gehou word met die spesifieke omstandighede van die behoeftige. Armoede en nood is meestal 'n meer komplekse toestand dan die gewone lid met sy gereëlde armepenning sig voorstel. Saam met gebrek aan lewesmiddele gaan daar meestal gepaar gebrek aan moed, hoop, kennis en simpatie. In die teenwoordige maatschappy is die faktore dikwils vele .en van indirekte en ingewikkelde aard wat ellende veroorsaak, en gevolgelik moet hulp en raad van 'n veel minder oppervlakkige aard wees dan dit tot hiertoe so dikwils is gewees. In die meer homogene sosiale lewe van eertyds het liefdadigheid hoofsakelik bestaan in die uitreik van lewesmiddele aan die noodlydende en was armoede 'n meer eenvormige toestand. In die teenwoordige stad, egter, is daar vele verskillende vorme van armoede. Ieder vorm moet naar sy aard en omstandighede behandel word. Klassifikasie en onderskeiding van die verskillende soorte. van hulpbehoewendes, en gevolgelik die toepassing van verskillende 1) W. Gladden, The Christian Pastor and the Working Church p. 120. Vg. Rauschenbusch t. a. p. p. 366. Vg. F a u n c e, The Educ. Ideal of the Ministry p. 24. 2) Ib. p. 255. Nathusius, Mitarbeit der Kirche p. 2—4. L. Abbott, The Christian Ministry p. 46. iq8 metodes van hulpverlening naar gelang van omstandighede, is grondvereistes vir ieder wétenskappelike vorm van hulpbetoon vandaag. Vir die een is materiële hulp 'n eerste vereiste, vir 'n andere werk, vir 'n derde bestraffing, vir 'n vierde aanmoediging, vir 'n andere raadgewing. Sosiale en morele faktore van ingewikkelde aard staan in die nouste verband met sy ongelukkige toestand1). Hieruit volg dat wat die arme en gesonkene vandaag nodig het veel meer is dan die blote meganiese toereiking van geld of lewesmiddele — veel meer dan wat in die reël nog verskaf word deur 'n diakonale armesorg. Voor alles het hy behoefte aan 'n vriend, wat in staat is om hom in sy spesifieke toestand te help, 'n vriend wat 'n intieme kennis van sy omstandighede besit en wat gewillig is om hom gedurig by te staan met woord en daad. Persoonlike hulp van die aard het meeste hulpbehoewende vandaag uiters nodig, sowel als lewesmiddele, en hier moet dus die werk van die lede die diakonale arbeid aanvul. Van 'n verdring van die onontbeerlike diakonale arbeid mag daar nooit sprake wees nie, en leke arbeid moet alleen wees een aanvulling van een werk wat, hoe nodig ook, vandaag dikwils slegs een deel van die grote taak van hulp betoning kan vervul. Die diakenamp is en bly die hooforgaan van die barmhartigheid in die gemeente. Maar die hooforgaan mag nie die vryheid van die andere organe hinder nie. 2) Die persoonlike verhouding en die persoonlike belangstelling in die hulpbehoewende, wat Christus als die ware vorm Van hulp bestempel het, en wat vandaag deur vele erken word als 'n eerste vereiste, kan in die grote en steeds toenemende gemeentes, waar armoede en nood groot is, alleen verwer- 1) C. S. Gardner, The Ethics of Jesus and Soc. Progress p. 254. Vg. D. G. M a 1 a n, De Achteruitgang van ons Volk p. 28—9. Vg. M uil er-La 1 o f s, Van Mensch tot Mensch p. 18. Vg. G. Hint zen, Armwezen en Soc Voorzorg p. 12. 2) Vg. Biesterveld, t. a. p. p. 362. 199 keb'k word, wanneer die kerk sy lede aanspoor om self die werk ter hand te neem. Gebrek aan belangstelling of aan meegevoel is nie die oorsaak nie waarom kerkelike hulpbetoon vandaag dikwils so ontoereikend is. In ieder gemeente is daar vele toegewyde en offervaardige manne en vroue,- wat veel kon bydra tot die opheffing van ongelukkige deur in persoonlike aanraking met hul te kom, maar wat vir hul sosiale omgewing weinig doen, omdat hul krag en gewilligheid nie georganiseer word nie, omdat die rigting deur geen persoon of liggaam aangeduid word nie, in welke die kosbare energie gestuur moet word. Die treurigste verlies vir die maatskappy vandaag, beweer Strayer, is die verlies van godsdienstige entoesiasme en krag, wat verlore gaan omdat dit nie gebruik word nie in een bepaalde werk vir sosiale verbetering. *) Die gevolg biervan is nie slegs die verlore gaan van ontsettend veel dinamiese krag nie, waardeur die maatskappy so veel armer en ongelukkiger word, als ook dat die christelike lewe van vele van die beste lede 'n enge en passiewe karakter draag, maar ook dat die geestelike lewe hierdeur aan 'n verswakking bloot staan. Die beginsel deur W. James neergelê, dat ieder edele emosie, ieder gevoel van begeerte naar iets hoërs en edelers opgewek, wat nie lei tot 'n daad wat daarmee ooreenstem nie, nie slegs nutteloos maar nadelig is, daar dit 'n verswakking van die karakter bewerk, *) is ongetwyfeld 'n suiwere en dien ook op kerkelik gebied als 'n ernstige waarskuwing. Waar die lede geduriglik gewys word op die plig van liefde, broederlikheid en verantwoordelikheid, maar waar hul die beginsels nie toepas nie op praktiese wyse in die lewe, daar kan die deugde nie i) The Reconstruction of the Church p. 299. Vg. J. Addams, Philanthropy and Soc. Progress p. 13. Fannce, The Educational Ideal of the Ministry p. 116. 2 Psychology p. 148. 200 alleen nie aanwesig wees nie, maar moet 'n sedelike agteruitgang noodwendig die gevolg wees. *) Maar tegelykertyd staat ook vas die feit dat ieder poging gedaan om die lot van andere te verbeter, die eie geestelik lewe versterk en verdiep. Die bewussyn van «Mitarbeiter an dem Heil der Welt» te wees, toon Nathusius aan, geef die lewe 'n nuwe en heerliker betekenis. *) «De zorg voor breeder kring dan eigen eng-omlynde, verruimt, ontwikkelt, veredelt, verdiept». ■) Die leer van Christus «geeft en u zal gegeven worden» 4) word bevestig deur ondervinding in werk gedaan vir die opheffing van die medemens. Geen kragtiger middel is daar om die verderflike mag van engheid en selfsug in die persoonlike lewe te verbreek, dan om sigself te verlies in 'n werk van self-opoffering vir die medemens. Hier word die identiteit gevind wat bestaan tussen altruisme en die hoëre egoisme. 5) Die persoonlike sosiaal werk deur die lede verrig is nie slegs 'n magtige faktor om die hulpbehoewende en swakke in die maatskappy te help en te versterk nie, en tegelykertyd eie geestelik lewe te verryk, maar dit is ook 'n kragtige middel om die onontbeerlike sosiale eenheid in die maatskappy te bewerkstellig. Die skeiding wat daar bestaan tussen sekere dele van die maatskappy, is, soos reeds aangetoon is, die oorsaak van vele sosiale misstande. Geen sosiale hervorming kan afdoende wees nie wat die sosiale verhoudinge onaangetas laat, wat nie trag nie om 'n nouere band tussen verskillende 1) Vg. Theodore L. Cu y Ier, The Young Preacher p. 91. 2) Mitarbeit der Kirche p. 465—6. 3) Muller-Lulofs, Van Mensch tot Mensch p. 47. 4) Luk 6 : 38. 5) J. Seth, Ethical Principles p. 270. Vg. Peabody, The Approach to the S. Q. p. 184. Vg. D. G. Thompson, Soc Progress p. 60. J. O. S. Huntington, Philanthropy and Soc Progress p. 189. 20I klasse en stande aan te knoop. Een eerste vereiste is die uitroei van onderlinge misverstand en die tevoorskyn roep van onderlinge kennis met mekaar se gevoelens, behoeftes en ideale. Indiwiduele onderlinge simpatie en kennismaking is onontbeerlik. Hieraan is daar by ons 'n groot gebrek. Onder ons teenwoordige sisteem van hulpbetoon is daar grotendeels 'n toestand ontstaan waarin, soos Commons aantoon, Christene nie meer hul naaste lief het nie, maar andere mense aanstel om die liefde te betoon. Maar liefdadigheid op die indirekte en onpersoonlike wyse beoefen, mis nie alleen sy doel nie, maar laat die sosiale wanverhoudinge onveranderd, waardeur die verbetering van die toestande uitgesluit word. J) Van veel sosiale betekenis is dit vir beide partye wanneer hulpverlening also op persoonlike wyse geskied deur ryke aan arme, deur werkgewer aan arbeider, deur een uit die hoëre stand aan een van mindere stand. Die weldoener sou leer om die minderbevoorregte met sy moeilikhede en verlange te begryp. Van ontsaglik groot betekenis is dit vir die veragterde wanneer hy voel dat hy liefdadigheid ontvang nie van een Wat als sy meerdere optree nie, maar wat, afgesien van uiterlike omstandighede, sy gelyke is en saam met hom voel en strewe. Die besef dat 'n andere nog 'n vaste vertroue in hom het, en oortuig is van moontlikhede wat in hom sluimer, is dikwils in staat om die ver-, agterde te verryk met nuwe krag wat gebore is uit een nuwe hoop. 2) 1) Soc. Reform and the Church p. 12. Nathusius, Mitarbeit der Kirche p. 523. H. F. Ward, The New Soc. Order p. 222. D. P. D. Fabius, Armenzorg p. 28. W. C. Höchstetter, Die Soc. Frage und die Kirche p. 80—I. 2) A. K alt hof f. De Soc. Quaestie op den Kansel p. 158—9. Vg. J. O. S. Huntington, Philanthropy and Soc. Progress p. 159. Vg. N. G. Pierson, De Soc. Quaestie p. 32. Vg. C. S. Gardner, The Ethics of Jesus and Soc. Progress p. 149. 202 Waar die lede dus uit liefde gedwing kan word om 'n persoonlike hulpvaardigheid aan die ongelukkige in hul omgewing te betoon, sal veel gedaan word nie alleen aan die ophfef van die ongelukkige, maar ook om die onmisbare gevoel van sosiale eenheid en broederlikheid aan te kweek. Om die krag en toewyding van die leek op doelmatige wyse te kan gebruik, is nodig om hom 'n bepaalde arbeidskring aan te wys. 'n Vage en algemene vermaning om die plig teenoor die naaste te vervul maak op die gewone man weinig indruk. Maar waar hy gevra word deur 'n verantwoordelik persoon om 'n spesifieke taak op sig te neem, sal hy ongetwyfeld in meeste gevalle met erns sig aan die taak wy. Waar die groot behoefte van die noodlydende meestal is 'n persoonlike belangstelling, raadgewing en aanmoediging, en waar dit eis 'n gedurig sig op die hoogte stel van sy toestand, behoor aan iedere gewillige lid slegs een of twee families vir sy spesiale sorg toegewys te word. Vir die persone of families moet hy sig verantwoordelik stel om hul met raad en daad te help. Dit is trouens die beginsels waarop die Elberfelder sisteem rus, 'n sisteem van hulpverlening hoofsakelik in Duitsland, en op die mees doeltreffende wyse in die stad Elberfeld toegepas. Die sisteem erken die onontbeerlikheid van vrywillige persoonlike hulp aan die hulpbehoewende, 'n hulp wat nie uitsluitelik bestaan nie in die verskaf van lewesmiddele, maar veral in belangstelling en raadgewing om die behoeftige te help om sigself te help. Geen hulpbehoewende familie mag sonder 'n belangstellende vriend wees nie. Om die persoonlike liefdearbeid sistematies en doeltreffend te maak, word ieder stad verdeel in wyke (Bezirken) en ieder wyk verdeel in onderdele (Kreise). Oor ieder wyk word 'n voorsitter aan gestel. Vir ieder «Kreis» wat uit twee of drie of hoogstens vier hulpbehoewende families bestaat, word een armversorger, dame of heer aan gestel. So een armversorger 203 tree vrywillig op als vriend en raadsman vir die families. Die families vir wie hy verantwoordelik is, besoek hy minstens eens in veertien dae. Waar nodig, word op sy aanbeveling deur die stadsoutoriteite lewesmiddele verskaf. Deur kennismaking met die toestande van die familie, en deur 'n gedurige lewende belangstelling en raadgewing werk hy mee tot die opheffing daarvan. *) Die krag van die stelsel en die sukses waarmee dit toegepas word, hang af van die feit dat die armversorging vrywilliglik geskied, dat dit als een saak van eer beskou word, en omdat die armversorger toegelaat word om ieder spesifieke geval nie naar vaste reëls, maar naar die eis van omstandighede te behandel. *) Maar die stelsel hou ook rekening met die belangryke feit dat die sorg vir hulpbehoewende vandaag met die ingewikkelde maatskappelike verhoudinge, 'n móeilike en 'n wétenskappelike taak is Die armversorgers van ieder «Kreis» kom eens in twee weke saam om gevalle en metodes te bespreek. Also word ook die bevoegdheid van iedere armversorger deur besprekinge en voorligting geduriglik vermeerder. Die voorsitters wat in ieder «Bezirk» aan gestel is, vergader ook gereëld om die werk te bespreek. Die waarde van die stelsel vir die hulpbehoewende sowel als vir die armversorger is, vanselfsprekend. Maar tegelykertyd word ook rekening gehou met die belangryke beginsel dat die familie die uitgangspunt moet wees vir alle hulp wat aan hulpbehoewende geskied. Dié gevaar van 'n oordrewe institusionalisme in alle poginge tot hulpverlening is altyd gewees 'n grote, ook op die gebied 1) Vg. Gedenkskrif, «Die Stadt Elberfeld» (iaio) p. 581—4. Vg. Jabilaams Festschrift der stadtischen Armverwaltung p. 21—6. Vg. Armenordnurjg für die Stadt Elberfeld (1917). Vg. Wars ter and Hennig, Innere Mission p. 270. 2) J. O. S. Hantington, Philanthropy and Soc. Progress p. 174. D e v i n e, Principles of Reliëf p. 116. 204 van kerkelike hulpverlening. Met die nadele van institusionele hulp, hoe nodig dit dikwils ook al mag wees, moet degelik mee rekening gehou word. In die lewe in 'n instituut is die neiging groot om 'n gedwonge eweredigheid in die lewe te roep. Selfstandigheid word dikwils vernietig waar die ..kind 'n blote automaten word, en waar die idee aangekweek word dat hy tot 'n afsonderlike en minderwaardige groep van die maatskappy behoor. Dat daar 'n opvoeding en 'n disipline in die huislik e lewe is, — behalwe waar dit 'n algehele verslegte huis is, — wat nergens elders te verkry is nie, word algemeen erken. Die verwydering van 'n kind uit 'n arme familie, moet, met die oog op die gebrék aan huislike opvoeding, met die grootste voorsigtigheid geskied, 'n Eerste poging moet altyd gedaan word om die familie te help om die lede te versorg. x) Die familie is die eerste en mees fundamentele sosiale organisasie. Daarop word alle andere sosiale organisasies gegrondves. Van die suiwerheid en vastigheid daarvan hang die suiwerheid en vastigheid van die sosiale orde af. Als die familie besoedel is, is die lewe in sy bron besoedel en geen latere suiweringsproses kan hier herstelling teweeg bring nie. Die versterking en veredeling van die familielewe is dus van fundamenteel belang. Daarvan hang af die welvaart van staat en maatskappy. In die huis word grotendeels 'n volk gevorm en die toekoms beslis. *) Geen andere omgeving is so invloedryk als die van die huis. Daar en daar alleen word die fondament gelê vir die deugde wat onontbeerlik is vir alle maatskappelike welvaart, 1) Vg. R. F. Cntting, The Church and Society p. 140. Vg- ƒ. O. S. Huntington, Philanthropy and Soc. Progress p. 180—I. 2) L. Abbott, Christianity and Soc. Problems p. 138. Vg. Nathusius, Mitarbeit der Kirche p. 349. Vg. D e v i n e, Principles of Reliëf p. 97. Vg. S. Z. Batten, The Soc Task of Christianity p. 118. Vg. Mazzini, Duties of Man (Everymans Library) p. 61. 2C-5 die deugde van gehoorsaamheid, verantwoordelikheid, respek en offervaardigheid. Huiselike opvoeding moet die fondament wees vir alle latere opvoeding. *) Hieruit volg dus dat iedere praktiese poging tot sosiale opheffing, 'n aanvang moet neem by die familielewe, om te sorg dat die bron van alle sosiale lewe suiwer sal wees. Die magtige opbouende faktor moet ieder geleentheid gegee word, om sy onontbeerlike funksie te kan verrig. Waar die familielewe aantrekkelik gemaak word, waar die familiesin aangekweek word, en ouders en kinders hul pligte leer insien, daar word tegelykertyd die kragtigste morele oefenskool gestig vir beide ouders en kinders, en daar word tegelykertyd uit die weg geruim oorsake, wat soos aangetoon is, meewerk tot die bestaan van sosiale euwels soos dronkenskap en ontug. Alhoewel die toepassing van die stelsel'in Duitsland .en veral in Elberfeld, waar dit op mees doeltreffende wyse beoefen word, nie onder kerkelike nie, maar onder stedelike beheer staan, is daar geen rede waarom die kerk dieselfde beginsels nie sal toepas nie in sy sosiale werksaamhéid. Die onontbeerlike laikale werk, ingerig volgens die beginsels sal, o. i., mees doeltreffend wees, en die seënryke gevolge van persoonlike onofnsiele hulpbetoon sal deur die metode best verwerkelik word. Liefdadigheidsbetoon sal hierdeur groteliks verryk word en veel win aan volledigheid, wetenskappelikheid en degelikheid. Diakonale en laikale werk kan volgens die stelsel, mekaar op heerlike wyse aanvul. Die insameling en administrasie van geld of lewesmiddele móet noodwendig van die diakonaat uitgaan. Die lede behoor altoos ten volle die roeping van die diakene te erken en behoor hul die leiding in die saak te gee. Van grote waarde l) W. Chadwick, Soc. Relationships p. 15, 187. Vg. F. D. Manrice, Soc. Morality p. II. Vg. F. Harrison, On Society p. 51. Vg. W. Gladden, Soc. Salvaüon p. 188. 20Ó is dit dan ook wanneer die lede wat hul vir die werk aanbied, sowel als die diakene gereëld vergader om gevalle en metodes te bespreek. Hulpverlening aan en opheffing van veragterde eis vandaag behalwe liefde en toegewydheid ook bekwaamheid en voorligting. Daar is nodig, soos Faber aantoon, behalwe die «Warmblick der Liebe» ook die arztlichen Kaltblick der nuchternen Prüfung» *) of soos Peabody als eis stel vir ware hulp: «The science of reliëf must guide the sentiment of compassion». 2) In lande waar die verarming en agteruitgang uitgebreid is, is dit noodsakelik dat diakonale en laikale werk also hand aan hand sal gaan om die opheffing van indiwidue, maar veral van families te bewerkstellig. Versterking en veredeling van die familielewe is een fundamentele behoefte vandaag. Oneindig veel kan gedaan word om menige familie óp te beur, te help en te versterk, deur die gemeentelid wat met ware belangstelling en hulpvaardigheid sig als vriend en raadgewer aan die familie bied. Van groot betekenis is die vertroosting en belangstellende aanmoediging van 'n vriend wat sig in noue betrekking tot 'n verarmde familie stel. Die waarde van raadgewing en hulpaanbieding deur 'n mannelike vriend in verband met finansiële kwessies, metodes om te spaar, opvoeding van kinders, 'n seun by te staan in die keuse en aanleer van 'n beroep ens. is ontsaglik groot. Hier is ook 'n groot en betekenisvolle werk wat deur die vroulike lede kan verrig word. Beskeidene raadgewing en hulp om die huis meer aantrekkelik te maak vir' beide man en kinders, raadgewing in verband met die bestiering van huishoudelike sake, opvoeding ens., is 'n ogenskynlyk eenvoudige vorm van hulp, maar een wat egter meer sosiale betekenis kan besit dan veel van die 1) Christ. Protest. Praktische Theologie p. 245. 2) The Christian Life in the Modern World p. 155. Vg. C. S. Locb, Methods of Soc. Advance p. 180. Vg. D e v i n e, Principles of Reliëf p. 79. 207 teenwoordige grootse filantropiese beweginge. Die onontbeerlike werk kan verrig word alleen deur die gedurige belangstelling van iemand wat nie kom in offisiële kapasiteit nie, maar vrywilliglik als vriend. Die edele vorm van liefdewerk, indien dit in die regte lig gestel word deur predikant of andere kerkelike ampsdraers, sal ongetwyfeld die beste onder die lede met belangstelling vervul. Maar voorop moet staan dat ware liefde die enigste dryfveer moet wees, 'n liefde wat ontspring uit 'n vernuwde lewe. Materiële hulpverlening is betrekkelik eenvoudig, maar om die nodige geestelike rykdom aan die behoeftige mee te deel, moet die gewer dit self besit. Die ware christelike gees is die enigste krag wat voldoende is om die familie en so die maatskappy te red van degenerasie en ontbinding in 'n grotendeels indiwidualisties en materialistiese eeu. 2) Waar die helper kom als lid van die kerk, geïnspireer deur 'n suiwere prediking van die Evangelie en van die sosiale beginsels daarin vervat, en met die gees wat daardeur geskep word, en dus ook met die v«contagious influence» van 'n opreg en toegewyde lewe, is die hulp wat hy tot die sosiale opheffing van de mantskappy kan bydra, onmetelik groot. VI. Slotwoord. Met die poginge van die kerk om deur woord en daad die maatskappelike toestande te verbeter, moet daar gepaar gaan 'n duidelike aantoning van die doelwit waarnaar die indiwidu en die maatskappy sig moet beweeg. Iedere ware hervorming ontstaan uit 'n verhelderde gesig van wat reg i) Muller-Lülofs, Van Mensch tot Mensch p. 153. Plantz, The Church and the Soc. Problem p. 251. w. de w. Hyde, The Five Great Philosophies of Life p. 234. J. Setb, Ethical Principles p. 283. 208 is. In 'n maatskappy verdeel deur klasse, belange en ideale, is 'n duidelik omlynde ideaal waarnaar alle moet strewe onontbeerlik vir maatskappelike vooruitgang. In 'n eeu van spesialisasie, waarin sosiale arbeid om doelmatig te wees, in sekere mate moet meedoen, is die gevaar groot om sig so te verlies in 'n spesifieke sosiale taak, dat geen aandag • gegee word aan die algemene doelwit waarop ieder poging tot maatskappelike verbetering moet afstuur. Die entoesiast vir die verbetering van die ekonomise toestand van die arbeider, verlies uit die oog die belangryke feit dat 'n blote verhoging van loon sonder 'n verbetering van die karakter van die arbeider sowel als van die werkgewer, en sonder die aankweek van die besef-dat beide arbeider en werkgewer moet saamstrewe om 'n gemeenskappelike doel te bereik, geen werkelike verbetering tot stand kan bring nie. Dieselfde geld van andere poginge om spesifieke misstande uit die weg te ruim. Engheid in die ideaal gekoester is noodlottig. Om daarnaar te strewe om op een gebied een ideale toestand te verwerkelik, sonder om te trag om 'n algemene ideale toestand van die maatskappy te verwesenlik, is vandaag, veral met die komplekse toestand van die maatskappy en die gevolgelike korrelasie van sosiale probleme, van weinig waarde. In beide die kerk en die maatskappy is daar gebrek aan 'n duidelike algemene ideaal wat ieder indiwidu en die gehele maatskappy moet trag om te verwesenlik, Geduriglik word daarop gewys dat die wereld beter behoor te wees, sonder duidelik aan te toon welke die betere toestand werkelik is. Die russiese siener het ongetwyfeld gelyk, wanneer hy beweer «De oorzaak van de ellendige toestand der christelijke volkeren is het gemis van een hoger begrip van de beteekenis des levens». *) Dat daar 'n afwesigheid van so'n duidelik omlynde ideaal is, waarnaar die maatskappy sig moet i) Tolstoy, De Wet van het Geweld en de Liefde (vert) p. 6. 2O0 inrig, is die klagte van vele sosiale denkers vandaag.x) «Als er geene profetie is wordt het volk ontbloot» geld van O.Test. tyd sowel als van die maatskappy vandaag. Welke liggaam het 'n duideliker roeping en welke liggaam is beter in staat dan die kerk om die openbaring van die ideaal te skenk aan 'n maatskappy wat vandaag grotendeels blindelings rondtas in 'n verwarring van belange en ideale? Om die ideale vir die mensdom te skep is van die grootste weldade wat verrig kan word. Soos die Profete van ouds en soos sy Meester Christus, moet die kerk als siener 'n beeld aan die maatskappy kan aanbied, van wat dit kan en behoor te wees. Die ideaal van die «Koninkryk Gods» op aarde moet van die newelagtige vaagheid waarmee dit deur vele omring word, gesuiwer word. Die heerskappy van God in hemel sowel als op aarde, in maatskappelike verhoudinge, sowel als in indiwiduele harte, moet die kerk in heldere lyne vir die mensdom afbeeld. 2) Die ideale van Christus het in die loop van die geskiedenis wondere verrig in indiwidu en maatskappy. 'n Hernuwde toepassing van Sy beginsels deur die kerk met woord en daad, met Sy ideale als doelwit, is die voorwaarde van 'n hervormde maatskappy. 1) Vg. W. Gr aha m, The Soc. Froblem p. 458. Vg. W. Gladden, Soc. Facts and Forces p. 226. Vg. D. S. Cairns, Christianity in the Modem World p. 272. Vg. Mazzini, Essays (Camelot Series) p. 36—9. R. F. C u 11 i n g, The Church and Society p. 11. 2) Vg. W. Moore Ede, The Church and Town Problems p. 100. J. Seth, Ethical Principles p. 278—9. R. F. Cutting, The Church and Society p. 12. Newman Smyth, Christian Ethics p. 459Oliver Lodge, Man and the Universe p. 241. '4 LYS VAN GERAADPLEEGDE BOEKE. Aalders G. Ch. De Profeten des Ouden Verbonds. Kampen 1918. Abbott L. Christianity and Social Problems London 1896. „ The Christian Ministry. London 1905. Addams J. Philanthropy and Social Progress 1893. „ A new Conscience on an Ancient Evil 1912. Albers P. Handboek der Algemeene Kerkgeschiedenis. Nijmegen 1913. Aletrino A. Over eenige oorzaken der Prostitutie. Amsterdam 1901. Allen A. V. G. The Continuity of Christian Thought 1885. Baldwin J. M. The Individual and Society. London 1911. Barker J. M. The Social Gospel and the New Era 1919. Barnett S. A. Uitvoerbaar Socialisme (vert. H. Mercier). Amsterdam 1895. Batten S. Z. The Social Task of Christianity 1919. bavinck H. Hedendaagsche Moraal. Kampen 1902. n Gereformeerde Dogmatiek 2 hoogste en beste in ieder indiwidu te ontwikkel. *) Jezus, soos die ware hervormer, het begin nie by die maatskappelike toestande nie, maar by die indiwidu, nie by uitwendige maar by inwendige toestande. Hy het feitelik geen poging aangewen nie om die sosiale organisme te 1) Matt. 11:5. Vg. A. Kuyper, De Christus en de Sociale Nooden p. 31—32. 2) Joh. 13 : 15. 3) Byv. L. Abbott, Christianity and Soc. Problems p. 19. Byv. C. S t e 1 z 1 e, The Call of the New Day p. 16. Byv. Rauschenbusch t. a. p. p. 81, 85—6. 4) E. Gr i f f i t h- J o n e s, The Economics of Jesus p. 113. J. S t r o n g, The Next Great Awakening p. 189. 23 verander. Die belastingstelsel in die Romeinse Ryk was onregvaardig, maar teen die sisteem het Hy geen woord gespreek nie. Die arbeider moes nie alleen met 'n onbillike betaling tevrede wees nie, maar moes meestal gebonde in ketens werk. Omtrent slawerny het Christus helemaal geswyg. Fariseïsme was 'n magtig hiërargies sisteem, maar ook die" sisteem het Hy nie aangeval nie, maar wel die Fariseër. *) Hy wou in die eerste plaas verander nie instellinge nie maar die mens. Sy kritiek het Hy gerig nie teen die uiterlike vorm van die kwaad, maar teen die kwaad of die kwaaddoener self. Kensketsend hiervan was die houding van Christus toe Hy gevra was om 'n beslissing te gee in verband met die deling van 'n erfenis. «Wacht u van de gierigheid» was Sy enige antwoord. Die oplossing van die moeilikheid moes kom nie deur middel van die wet of arbitrasie nie, maar deur verandering van die mens self. *) Sy beginsel was klaarblykelik dat indien di£ sonde in die indiwidu oorwin kon word, die euwels in die maatskappy ook sou verdwyn, maar dat solang die sonde in die indiwidu nog heers, alle sosiale hervorming waardeloos sou wees. 8) Hy wy dus Sy meeste aandag aan indiwiduele gevalle en indiwiduele gebreke. Meestal spreek Hy slegs met enkele mense. Die heerlikste en rykste gedagtes uit Hy in die teenwoordigheid van een Fariseër *) en een Samaritaanse vrou. 6) Die hernuwde indiwidu moes die instrument wees om 'n sosiale vernuwing teweeg te bring. Nie «organisasie» nie maar «renovasie» was Sy grote metode. Aan die her- 1) Vg. J. M. Bark er, The Soc. Gospel p. 223. G. H o d g e s, Christianity between Sundays p. 49. 2) Luk. 12 : 13—15. 3) Vg. L. Abbott, t. a. p. p. 131. Vg. H. C. V e d d e r, Socialism and the Ethics of Jesus p. 349. Vg. P e a b o d y, The Christian Life in the Modern World p. 89. 4) Joh. 3 : I—21. 5) Joh 4 : 7—29. 29 party sekere christelike beginsels tot basis het. Die formulering en inskerping van sedelike beginsels, val buite hul kader. Hul is in 'n demokrasie slegs uitvoerende amptenaars. Alleen beginsels wat die volk reeds aangeneem het, kan hul in wette formuleer. Ook die magtige invloed van die pers bied in meeste lande weinig hulp aan in die opsig. Hul is daar meestal, om een party te dien en sy belange te bevorder. Dit doen dus weinig meer dan die weergee van die publieke opinie van 'n deel van die volk. Hoe onon tbeerlik blyk dus die hulp van die kerk. Weliswaar spreek die kerk ook maar tot 'n deel van die volk, maar magtig is altyd die invloed gewees van mense, hoe betrekkelik weinig ook in getal, wat besiel is met die ware christelike beginsels. *) Onthouding in verband met die sosiale kwessies is vir die kerk onmoontlik. Wie hier van die kerk onthouding verg, «maakt de kerk tot een non-valeur of hij verdedigt de onverdedigbare stelling dat het sociale uitsluitend uit technische, economische, practische, stoffelijke elementen bestaat, en zonder aanraking is met het principieele». 2) Waar die kerk sig nie buite die maatskappelyke lewe kan hou nie, maar 'n belangryke deel daarvan moet vorm, volg dit met noodsakelikheid dat die kerk sy boodskap en sy praktyk in sekere mate moet inrig naar die omstandighede van die tyd. Die kerk behoor sig op heerlike wyse by die veranderende sosiale milieu aan te pas omdat die Woord wat hom ten grondslag lê op bewonderingswaardige wyse nie tot een eeu of een «Weltanschauung» behoor nie, maar tot alle tye. Warneck toon aan dat die «Anpassungsfahigkeit» 1) L. Abbott, Christianity and Soc. Problems p. 361—4. P. M. S t r a y e r, The Reconstruction of the Church p. 62—3. 2) Slotemaker de Bruine in de Nederlander 20 Febr. 1920. Vg. A. Kalthoff, De Sociale Quaestie op den Kansel p. 8. Vg. S. Matthews, The Church and the Changing Order p. 13. 30 van die Christendom een oorsaak is vir sy uniwersele uitbreiding. *) Die Woord van God bly altyd dieselfde, maar die toepassing daarvan moet ongetwyfeld rekening hou met die maatskappelike milieu. Hierdeur word die boodskap van die kerk vandaag in' sekere mate bepaal. Want dit is die eeu van die sosiale vraagstuk. Dit is die eenstemmige getuienis van vele. Die letterkunde en tydskrifte getuig ook daar ten volle van. Nooit tevore in die geskiedenis is in dergelike mate deur alle klasse in die maatskappy so veel belang gestel in die probleme van sosiale rekonstruksie en verbetering. Vir die vele denkende persone is die sosiale probleme die grote probleme van die dag. Vir 'n groot deel van die volk is dit 'n leweskwessie. Kenmerkend van die eeu is 'n vroeër ongekende gesigsvermoë wat 'n volle blik werp op die ellende, onkunde en sonde van die volksmassas. Daarmee gepaar gaan 'n nuwe sosiale gewete wat ontwaak is en tot protes dwing teen sosiale euwele. Ook is daar 'n nuwe sosiale idealisme met sy skone drome en visioene, wat met verlange tuur naar 'n betere sosiale orde. Maar daar is ook dikwils te bespeur 'n nuwe sosiale offervaardigheid wat vele dwing om hulselwe op te offer vir die lydende menigte. a) Als die kerk sy mag wil laat geld vandaag is dit van die grootste belang dat hy die grote belangstelling in sosiale kwessies sal erken, gebruik en in die juiste rigting stuur. Want tesame met die sosiale entoesiasme gaat daar ook gepaar 1) Evang. Missionlehre (1892) I p. 294. Aangehaal deur Nathusius, t. a. p. p. 271. Vg. W. E. C had wiek, The Soc. Principles of the Gospels p. 20—I. Vg. E. A. Ross, Social Psychology p. 224. 2) W. H. P. Faunce, The Educational Ideal of the Ministry p. 8. J. H. Holmes, The Revolutionary Function of the Modern Church p. 1 — 2. 31 grote verbystering en onsekerheid aangaande die juiste weg om in te slaan. *) Tot wie moet mense sig wen om opgelei te word in die morele beginsels wat ten grondslag moet lê van die nuwe sosiale orde, dan tot die kerk? En die grote behoefte van die dag is ongetwyfeld om in 'n heldere lig te stel die onontbeerlike beginsels' vir die sosiale welsyn. Sonder die verligting en die leiding wat die kerk beter dan enig ander liggaam kan gee, skyn daar geen uitweg te wees uit die sosiale moeras waarin die maatskappy in vele lande verkeer. Pres. Wilson druk dit op kernagtige en eg amerikaanse manier uit, «The Church in its teaching must contribute to the solution of our bewildered social conditions. It is the duty of the church to supply what society is most eagerly looking for—standards of revolution». 2) Tegelykertyd word ook erken dat die kerk vandaag in vele lande tot 'n ontsettende kritieke tydperk van sy ge- . skiedenis gekom het. Want niemand durf ontken dat daar 'n gedurige proses van verwydering tussen die kerk en die volksmassa plaas vind. In die arbeiders gedagtekring is daar weinig plaas vir die kerk. Waar dit nie met haat en tegenkanting bejegen word nie, wórd die kerk ten minste beskou als van minder belang want sy werksaamheid val grotendeels buiten die dagelikse lewe. Vir die behoeftes van die mens waarin die kerk behoor voorsiening te maak, soek 1) Vg. A. Kalt hof f, De Soc Quaestie op den Kansel p. 104. Vg. A. Harnack, De Evangelische Soc. Roeping (vert. A. Talma)p. 53. Vg. C. R. Brown, The Message of the Modern Pulpit p. 3. Vg. J. R. S e e 1 e y, Ethics and Religion p. 6. Vg. G. Jackson, The Preacher and the Modern Mind p. 54. Vg. P. M. Strayer, The Reconstruction of the Church p. 116. 2) Aangehaal deur J. H. Holmes, t. a. p. p. 216. Macfarland, The Christian Ministry and the Soc Order p. 24. L. Abbott, The Christian Ministry p. 160. F au nee, The Educational Ideal of the Ministry p. 121. 32 hul bevrediging, öf in de arbeidersvereniging, öf in 'n sosialistiese leer wat lynreg gekant is teen die prediking van Christus. *) Maar die teenkanting teen die kerk kom nie alleen van die arbeiders wereld nie. Waar die denkende mensdom buite die arbeiders kringe om sig vandaag veral besig höu met die sosiale kwessies, en waar die kwessies als van die hoogste belang beskou word, spreek dit van self dat 'n kerk wat grotendeels buite die sosiale probleme staan, met weinig simpatie en belangstelling deur die mense sal bejegen word. 2) Die bittere verwyt teen die kerk uitgespreek, «The Church has stood aloof from the world, and now the world takes revenge by maintaining the position assigned to her and standing aloof from the Church» *) word in vele lande verneem en toon aan hoe ernstig die toestand van die kerk daar is. Die verhouding van die kerk tot die sosiale toestande vandaag is dus nie 'n blote akademiese kwessie. Dit geld op de innigste wyse die lewe van die kerk sowel als van die maatskappy. «) Opmerkelik is dit om te sien hoe vele skrywers, veral amerikaanse, op die mees ernstige wyse pleit vir 'n nuwe reformasie in die kerk, 'n reformasie wat hoofsakelik daarin sal bestaan dat die nuwe kerk sig met 1) Slotemaker de Bruine, Christ. Soc. Studiën p. 425. Plantz, The Church and the Soc. Problem p. 243. P e a b o d y, Jesus Christ and the Soc Q. p. 29—30. Macfarland, The Christian Ministry and the Soc. Order p. 25—6. 2) Vg. A. Kuyper, De Christus en de Sociale Nooden p. 19. 3) Aangehaal Peabody, The Christian Life in the Modern World p. 216. 4) Vg. A. S. Tal ma in die Inl. op A. Harnacks, De Evangelische Soc Roeping p. IV. Rauschenbusch, Christianity and the Soc Crisis p. 316—7. S. M a 11 h e w s, The Church and the Changing Order p. 9. 33 krag sal toe lê op die behandeling van sosiale probleme en -die leniging van maatskappelike node. *) Maar dit moet ook erken word dat die sukses van enige sosiale hervorming afhankelik is van die aanwesigheid van onselfsugtige en opregte karakters. a) Vir die waarheid hiervan het ons die herhaalde getuienis van Jezus Christus. Die soek naar die «Koninkrijk Gods» is by Hem die aanvangspunt vir alle verbetering. Karakter stel Hy vooraan. Die feit dat Hy met die indiwidu 'n aanvang maak in dié opheffing van die maatskappy, toon aan dat volgens Sy mening sosiale euwels ontstaan nie in die eerste plaas deur sosiale instellinge nie, maar uit die indiwidue self, uit hul gebrekkige, misvormde inwendige lewe. Per slot van rekening is die oorsaak van sosiale misstande dus te soek in die feit van die sonde. Bekering en vernuwing van leweswandel is die eerste vereiste vir maatskappelike opheffing. 8) Hier tree in die hg die radikaal verskil tussen sosialisme en die christelike leer. Beide het ten doel die verbetering van die maatskappy. Maar sosialisme stel omgewing vooraan, 'die christelike leer karakter. Sosialisme gaat uit van