vorm wat by die blankes die algemene was. Miskien kan ons om gerieflikheidshalwe 'n datum te kies, sê dat ons vanaf 1775 definitief van Afrikaans kan begin praat, vanaf 1800 van Afrikaans moet praat, 'n Afrikaans egter wat besonder ryk aan dubbelvorme moes gewees het, soos die dialoog van Teenstra ook enigsins aandui. Von Wielligh spreek hom oor die ander aanverwante vraag, die gebied waar Afrikaans ontstaan is, baie duidelik uit. „Om vir ons doel vir spraakvergelyking 'n naam vas te stel vir die bodem waar Afrikaans sy taalvorm gekry het, sal ons die streek tussen die see, die Bergrivier en die Hottentots-Holland-gebergte die Bakermat van Afrikaans noem" (Ons Geselstaai, Pretoria, 1925, bis. 14). Dog die uitspraak is te stellig. Dit is waar dat die Kaapkolonie ons ons taal gegee het, maar dat dit juis die Boland is, wil ek nie toegee nie, al het dit waarskynlik die vernaamste bydrae gelewer. Dit is vandag juis opmerklik hoedat ons van 'n Bolandse en n Onderveldse uitspraakwyse moet praat as teenoormekaarstaande. Omstreeks 1775-1780 sou 'n mens waarskynlik van 'n Westelike en 'n Oostelike norm gepraat het — insover dit dan sou bestaan het. In beskaafde kringe is dit vandag die twee belangrikste vorme, nl. 'n Bolandse en Onderveldse. Dit is, o.m. ook een van die redes waarom ek meen dat proff. Viljoen, Boshoff, e.a. te veel waarde aan die argument heg dat dit noodsaaklik is om in die groot mate van uniformiteit die bewys te sien dat Afrikaans op 'n ruimtelik betreklike klein gebied moes gevorm gewees en vandaar verder moes uitgebrei het. Dat dit nie so hoef te wees nie, bewys die betreklike dralekvrye uitspraak van Engels in Noord-Amerika, Australië en in Suid-Afrika self, waar die norme telkens in 'n meerdere of mindere mate verskil van die wat in Engeland gehuldig word. Die ruimte-aspek is maar een onder baie in die uniformering van 'n spraaknorm.i) Insover dan as ons in Afrikaans argumentshalwe twee *) Nes ons die opvallende eenheid konstateer van die Afrikaanse spraaknorm, is die eenheid ook opmerklik by ander uitinge van die Afrikaanse gemeenskapsgees, bv. in die godsdienspleging (tot omstreeks 1850), die republikeinse regeringsvorme, of meer spesifiek, die eendersheid in die volkspoësie, die bygetowe en volkskundige uiting in die algemeen. Hoofsaak is die aspek van verkeer, van samelewing, nie van ruimte nie. Verkeer gedurende die Groottrek is gewigtiger as verkeer op 'n klein gebied. heid die naam Afrikaans aan ons taal gegee.1) Dit is eintlik deur hulle bemoeiinge dat die naam ingang gevind het — ook in Nederland. 4. 1900-vandag: deur die uitwendige gebeurtenisse raak die Afrikaners geheel-en-al gespeen van Nederland as 'n vaderland en soek hulle hul nasiekrag in hulself — nie meer buitekant hulle nie! Hulle word vinnig heeltemal taalbewus en selfstandig. Die periode van Dilletantisme is ook ver-goed verby — nie net in die taalstudie alleen nie I Van hierdie afdeling het die eerste nog die meeste die belangstelling gaande gemaak, daarna eers die vierde. Afdeling 2 en 3 het nog geen verleidelike bekoring vir ons studente gehad nie: afdeling 2, omdat daar so uiters-min gedokumenteer is om op af te gaan, waardeur die studies hier 'n sterk spekulatiewe karakter noodsaaklik moet hê, 'n vereiste wat weer by die student volkome rypheid en 'n *) Oor die benaming is ook al gediskuteer. Meyer-Benfey wys op die tekortkominge van die term vir die Duitser en meen die voorkeur aan „Burensprache" te moet gee. Hy stel hom op die Europese standpunt W. J. Viljoen, 'n gebore Afrikaner, verkies die term „Cap-Hollandisch" — dit was nog voor die Angloboere oorlog: Ook hy word Duitser in sy proefskif. P. J. du Toit vind dit in 1905 nog nodig om 'n kortademige pleidooi ten voordele van die benaming „Afrikaans" te lewer (Afrikaansche Studies, blss. 1-4). Die hele saak verdien nouliks al die gedebatteerdery. Dit is dood-eenvoudig, as dit maar net in die lig van die geskiedenis besien word. Toe die afwyking van die Nederlandse moedervorm die spreektaal so skerp afteken dat dit belangstelling in die omstandigheid begin opwek het, het die naam daaraan uiting gegee dat dit net as 'n plaaslike, 'n „Kaapsche" afwyking van Hollands, nou „Hoog-Hollandsch" aangesien is; vandaar ook die term Kaaps-Hollands en Cape Dutch. Maar na die Groot-trek en die exodus oor die Transgariepse, het die woord „Kaaps" wel te eng geword. Toe die beweging vir die erkenning van die landstaal omstreeks 'n veertig jaar later wortel geskiet het, was Afrikaans die taal van die belangrikste kontingent blankes van beskaafde .Afrika", die taal met 'n toekoms — heel natuurlik die beste kandidaat. Dat kort daarop 'n Su/d-Afrika teen die orige dele te staan gekom het as gevolg van die belangstelling wat Europese moondhede in die barbaarse praktijk van koloniale besit begin toon het was geen aanleiding om die naam tot „Suid-Afrikaans" te verander nie die gedagte van Suid-Afrikaners het maar eers met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 begin posvat Wat ons veral nodig het om die ontstaansmodlikheid op te los, is vereers die insig dat alles nie nou op te los is nie; tweedens 'n oog om sake ook in die breedte te sien, en derdens die ewewigtigheid om nie probleme te soek waar geen werklike probleme bestaan nie. Daar is neiginge wat moet opgespoor word, tendense wat ongeteoretiseerd in hulle breë deining moet nagespeur word. Die taal hou die oplossing van die „geheime" in sy wese, sy struktuur. Kan ons dit waarheidsgetrou lees. is daar geen geheim nie, en geen teorie nodig nie. Oor die ontstaanskwessie dan. Die crux van die saak is vereers iets wat die ontstaan as sodanig self nie raak nie. Vir die leek was Afrikaans, by wyse van inferensie, eenvoudig „Plat-Hollands", maar behalwe 'n sekere „verbastering" in vorm, Hollands in hart en niere. So het Pannevis daarin net die resultaat van aanpassing aan nuwe omstandighede gesien. (5. J. du Toit in Weg en Werk, Paarl 1917, bis. 102-107). Dit is die geleerdes voorbehou om van die ontstaansgeskiedenis 'n probleem te kom maak, en hom ook enigsins onoplosbaar te maak. Geleerdes, probleme en teorië, waar die een is, is die ander, en selde skyn die son daar. Die geleerdes vind die Afrikaanse ontwikkelingstempo so snel, so uitsonderlik, dat alleen n uitsonderlike verklaring bevrediging kan bring. Op die argumente en gevolgtrekkinge het ons reeds gewys. Maar of ons taal in 1700, in 1750, in 1800 sy draai gekry het, dit sal aan hulle groot beswaar min verander. Vyftig, honderd, selfs honderd-en-vyftig jaar oud en so'n mate van afwyking — dit bly onnatuurlik, dit wek onweerstaanbaar die vermoede dat daar iets uitsonderliks aan die gang moes gewees het. afgesien van die faktore van isolasie en dialektevermenging. Alleenlik die gewelddadige inwerking van 'n andersgeboude vreemde taal kan vir dié geleerdes oortuiging bring. Is dit, soos prof. Hesseling nogal naïef gesê het „inderdaad zonder voorbeeld dat de taal eener kolonie in betrekken^ zóó korten tijd in die mate afwijkt van de taalvormen der moedertaal als dat het geval is geweest met het Afrikaansch" (De Gids Tan 1897 bis. 138)? Ek sou met meer reg kon beweer: „Het is inderdaad zonder voorbeeld dat er ooit ergens in heel de wêreld dezelfde toestanden geheerscht hadden als aan de Kaap, waardoor Nederlandsch tot Afrikaansch geworden is". Immers, met watter koloniale tale vergelyk prof. Hesseling Afrikaans? Of hoekom word die groot waarheid nie met voorbedde terwille van sy betekenis vir die teorie bewys nie ? Miskien omdat die waarheid dan nie so selfgefabriseerd sou geklink het nie, want dan moes dit, ge toets aan die werklikhede, afgekook word tot 'n nuwe „teorie". Vir my wil dit deurskemer asof prof. Hesseling nooit so'n breë vergelyking gemaak het nie, (as hy kon), maar hom eenvoudig op die standpunt van die belangstellende en simpatieke Nederlandse Afrikanervriend gestel het, wat die Patriot-Afrikaans met 1900-Nederlands vergelyk het, en vir 'n besluit 1900-Nederlands met Nederlands van omtrent 1813, maar in die 87 jaar amper geen veranderinge opgemerk het nie, in elk geval niks in vergelyking met wat Afrikaans te sien gegee het nie. P. J. du Toit laat hom op 'n naïewe wyse daartoe verlei om 'n oordeel uit te spreek oor hoe Afrikaans ongeveer sou uitgesien het as daar geen Maleis-Portugese inwerking was nie. „Men zou in dat geval o.a. nog geslachtsonderscheidingen en tijdbepaling gekend hebben, hoe zeer die dan ook in kleine bijzonderheden van die der hedendaagsche moedertaal mochten verschild hebben" (Aft. Studies, bis. 6). Die gesigseinder is aanmerklik beperkter — by Hesseling word van koloniale tale gepraat, die epigoon dink net aan twee vorme: die moedervorm en die één koloniale. Vóór ons egter uit hoofde van hierdie formule van Hesseling noodsaaklik aan vreemde inwerking moer dink, moet hy of 'n dissipel eers kom bewys waarin die voorbeeldeloosheid sit as inaggeneem word 'n ander taal (of Nederlands self) wat in gelyke omstandighede as Nederlands in Suid-Afrika aan isolasie en die ander, later te noeme faktore blootgestel is, uitgenome MaleisPortugees of wat daarmee gelyk te stel is, en wat ander afwykende tendense, en watter, openbaar. Maar dit kan hulle nie so maklik nie. Die hele kwessie van die ontwikkelingstempo by verskillende tale onder bepaalde omstandighede moet nog ondersoek word — as daar iemand is wat met ons kennis van vandag daartoe bekwaam is (uitgesonderd 'n doktorandus, natuurlik, wat wel alles kan!) Op 'n paar oorwegings wil ek tog graag ewe wys. Wat die waardering van die ontwikkelingstrap betref, kan die verhoudinge al anders staan as Hesseling en ander ons wil wysmaak, d.m. as G. von der Gabelentz Die Sprachwissenschaft* (Leipzig, 1901) die moondikheid korrek voorstel. Hy sê op bis. 283: „Wo sich ein kleines, thatkraftiges Volk durch Einverleibung anderer zu Macht und Grösse erhebt, da scheint die Sprache besonders schnell abgenutzt zu werden. Die markigen Züge des AngelsSchsischen sind in wenigen Jahrhunderten zum Englischen verbüchen. Jene Tungusenstamme, die im Mandschuvolke vereinigt China erobert haben, sprechen eine weit verschhffenere Sprache als ihre in Horden lebenden, halbwilden Stammesvettern. Und zwei der altesten Cultursprachen, die chinesische und die ëgytische, tragen schon in ihren frühesten Denkmalern ein weit verwischteres. moderner es Geprage, als ihre jüngeren Verwandten. So muss es der Geschichtsforscher an zwei verschiedenen Stellen erleben, dass das Alter der altesten Urkunden zu der AlterthümÜchkeit der Sprachen fast im umgekehrten Verhaltnisse steht". As ons in aanmerking neem hoe die klompie Hollanders aan die Kaap die Hugenote, wat eens 'n agste van die blanke bevolking uitgemaak het, en die Duitsers, waarvan die verhouding in die Afrikaanse bloedmenging in 1806 28 % was, geabsorbeer het, hulle taal aan die vreemdelinge gegee het, en in Afrika voor dié koms van die Engelse tot „Macht und Grösse" geklim het, is die parallel werklik treffend genoeg om dit ook in die tendense in die taalontwikkeling uit te brei — en waar bly die groot waarheid van prof. Hesseling se bewering dan presies vassteek ? Wat v. d. Gabelentz hier ongesistematiseer meedeel, het Henry Sweet omstreeks hierdie tyd beter geskei. In die Voorwoord tot sy The Historg of Language (London, 1908) heet dit „Much of what I have said about the conditions of linguistic change and stability is, I think, new ... " (viii). By hierdie nuwighede staan ons ewe stil (Hoofstuk V „Changes in Language"). „As regards the relative rapidity of change in a group of dialects gedruk is, soos dit dan ook deur die leiers en die in Nederlandgeboortiges gepraat is. Sy gewone spreektaal het die Afrikaner as 'n verbastering beskou, as plat, en vreemd genoeg, hom tog nie daaraan ontworstel nie. Dit is dus nie te verwag dat hy dit die moeite wérd sal beskou om die verbasterde vorm te bestudeer nie, insoverre as hy kon. Inderdaad het die paar geleerde Afrikaners van die tyd dan ook geen aandag aan die omgangstaal bestee nie. Dialektologie was boondien nog onbeoefen. Dus, al het die Afrikaners noodwendig die verskille opgemerk, het hulle nog Nederlands as die dierbare moedertaal beskou, het hulle nog nie die selfsyn van hulle eie taal raakgesien nie, het hulle „Afrikaans" as 'n noodsaaklike kwaad geduld, goed vir die kombuis en die pondok en vir gewone geselsry — en daarom veral gewettig. Eers reisigers begin die afwykinge opmerk en deel iets broksgewyse mee (Van Rheede, Mentzel, Lichtenstein, Burchell, e.a.). Teenstra, 'n Hollander, teken selfs uit sy geheue 'n gesprek op (1825), Swaving, 'n ander, verklaar 'n lysie woorde, dr. Changuion gee al 'n twintig bladsye as 'n „Proeve van Kaapsch Taaleigen" agter in sy boek De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika hersteld (1844), Boniface, 'n Fransman, gebruik Afrikaans in 'n paar van sy hekelwerke, Meurant, 'n Engelsman, in 'n pamplet van politiekpropagandistiese strekking. Dit bly die geleerde Hollander Arnoldus Pannevis voorbehou om die oë van 'n paar Afrikaners oop te maak vir die waarde en betekenis, vir die bestaansregvêrdigheid van hulle eie taal. Die Genootskap van Regte Afrikaners gee 'n koerant, Die Patriot, leer- en lees-boeke, en later nog 'n tydskif, Ons Klyntji (met insluiting van al sy naams- en doelveranderinge), uit. Die woord „Afrikaans" vind ingang, ook die gedagte, nie net in Suid-Afrika nie, maar selfs ver buitekant. Die Pafn'oflesers en ander het intussen hulle stoepteorië opgestel terwyl hulle oor die taal gesels het. Sommige het selfs geleerd gedoen — dit kan ons gerus aanneem. Ook Nederlanders, wat hierdie letterkundige poginge onder oë gekry het, het hulle begin afvra waardeur die afstand in die vorm veroorsaak is. (Stoffel, te Winkel, Hesseling, e.a.) Die eerste ernstige poginge om Afrikaans wetenskaplik te ondersoek het omtrent dieselfde tyd (1896) gekom van prof. J. te Winkel, 'n Nederlander, en prof. W. J. Viljoen, 'n Afrikaner. Deur albei is die ontstaansvraagstuk enigsins aangeroer, die eerste het direk van vreemdtalige inwerking (Frans) uitgegaan, die tweede indirek van natuurlike ontwikkeling. Dit is profeties van wat die toekoms gaan leer. Maar eers met die epochmakende Leidse proefskrif van D. C. Hesseling sal die eintlike stryd gaan losbreek. Hy bly lank die reus in die veld. Sy vernaamste verdienste is egter nie, soos hy gemeen het, sy teorie nie, maar wel dat hy met sulke kragtige historiese en taalkundige argumente voor die dag gekom het, en sy studieveld so deeglik verken het, dat iemand „hom moes ken" as hy nog iets daarvoor of daarteen wou sê, solank as hy op dieselfde fondament wou voortbou. T. H. Ie Roux het inderdaad in 1910 getuig dat na sy beskeie mening die laaste woord oor die kwessie voorlopig gesê is (Beschrijvende Klankleer van het Afrikaans, Leiden, bis. ii). Daarom kon 'n oortuiende bestryding van sy argumente (as dit mog nodig geblyk het) nie meer geskied op 'n blote grondslag van spekulasie nie. Vir by 'n twintig jaar of meer het sy verklaring die standaard aangegee, en alle hipoteses oorheers. Wel was daar teenspraak, maar hy het ook kragtige ondersteuning gevind, veral van die kant van Afrikaners. Dr. P. J. du Toit (Afrikaansche Studies) bring meer bewysmateriaal by, dr. T. H. Ie Roux is tevrede, dr. Th. Schonken (Oorsprong der Kaapsch-Hollandsche Volksoverleveringen, A'dam, 1914) tree die verklaring by en sien meer bewyse raak (blss. 158161). Nederlanders self, soos proff. Verdam, van Ginneken, Lecoutere, aanvaar Hesseling se teorie. By al die betuiginge van instemming het die woorde van dr. E. Kruisinga, dr. H. MeyerBenfey, ds. W. Postma en C. J. van Rijn nie baie ernstige denkers kon oortuig nie. Die al te enge opvatting is in 1916 deur die knap, ewewigtigoordelende en wetenskaplik-geskoolde Afrikaner, dr. D. B. Bosman, aangetoon (Afrikaans en Maleis-Portugees). Hy het teenoor die teorie van Hesseling (Het Afrikaansch, 1899), 'n ander gestel wat op 'n breër basis gebou is, die Vreemdelinge-Nederlands-teorie. Hij word sterk gesteun van 'n ander standpunt uit deur prof. S. P. E. Boshoff Volk en Taal van Suid-Afrika (Pretoria, 1921). In sy Oor die Ontstaan van Afrikaans vat dr. Bosman die uitkomste saam. Vandag word sy beskouinge oor die kwessie taamlik algemeen in Suid-Afrika aanvaar. Die verskillende opvattinge oor die wording van Afrikaans kan ons beskou, nie net in die kronologiese orde waarin die eerste publieke voorstander van elkeen opgetree het nie (soos prof. Bosman gedoen het), maar liefs na die aard van die opvatting. Daar is veral drie rigtinge te onderskei. 1. Inwendige Faktore. Dr. E. Kruisinga (in Taal en Letteren. XVI, blss. 436 e.v.) meen dat „het Afrikaans de zuivere ontwikkeling is van een Nederlands dialekt"; hy steun o.a. op wat hy weet van die eertydse Kelties-Latynse mengeltaal in Frankrijk en PidginEngels in China. Ds. W. Postma verklaar Afrikaans ook as die natuurlike ontwikkeling van „Hollands van die 17e eeu soos dit geleef het in die volksmond", en wat deur die kindertaal sy besondere karakter verkry het. (Die Brandwag. 1912). Vir C. J'. van Rijn is Afrikaans Hollands „in hart en nieren". Iets in die geaardheid het bepaald die meeste oortuigde lesers van Die Patriot gedink. Die groot moeilikheid was die tempo. As daar nie so'n groot snelheid in die voltrekking van die vereenvoudiginge was nie, sou *n mens met hierdie verklaring kan genoeë geneem het, en aanpassingsfaktore en opwassing in 'n nuwe omgewing nog bygereken het. Met die oog op die tempo het 'n ander klomp geleerdes na die ander uiterste gegaan en net in aanmerking geneem 2. Uitwendige Faktore. of liewers net een uitwendige faktor. „1. De vervorming van het Nederlandsch in Zuid-Afrika tot Afrikaansch moet, even als die van van het Negerhollandsch buiten allen twijfel, aan de inwerking van een vreemd idioom worden toegeschreven" sê dr. P. J. du Toit (ald. bis. 107; sy kursivering). Hierdie „vreemd idioom" is orals gesoek, net waar daar 'n kansie was. Die Boesmans is die enigste andertaliges van wie niemand enige inwerking gaan veronderstel het nie. Die taal van die Franse Hugenote en van die ontslane Duitse soldate en matrose het onder die Europese tale in aanmerking gekom; die seun van die Duitse sendeling in Namakwaland, dr. Th. Hahn, het van Hottentotse invloed gerep. Niemand het nog aan die slawetaal gedink nie, toe 3 dr. Hesseling dit met krag en klem kom postuleer het, geïnspireer deur te Winkel se artikel van 1896. Dit is opmerklik hoedat byna al die geleerde teoriesoekers van die laaste kwart van die neëntiende eeu net 'n oog vir een moontlikheid gehad het, en wel in sover as dit buitekant die Hollandse taalvorm self lê. 'n Mens kry al 'n goeie indruk van die taaltoestande deur te let op die eensydige opvattinge van die verskillende voorstanders daarvan. As dr. Meyer-Benfey die twintigste eeu op hierdie probleem inlei en dr. Hesseling met enigsins swak-gemotiveerde spekulasies bestry, bou hy al dadelik op 'n breër grondslag, hoewel dit skaars merkbaar is. Al meer word by die ander bestryders van dr. Hesseling die aandag gevestig op die moontlikheid van natuurlike groeiinge. Op hierdie twee pylers stel dr. Bosman sy teorie op. By hom vind die twee rigtinge hulle kragtige neerslag, waar hy in aanmerking neem : 3. Inwendige en Uitwendige Faktore. Dit is tog opmerklik hoedat omstreeks 1921 die Nederlandse belangstellendes byna sonder uitsondering genoeë geneem het met dr. Hesseling se verklaringspoginge dat hulle nog instemming kon betuig met die woorde van prof. W. de Vreese: „Het zal de onverganglijke verdienste blijven van Dr. Hesseling, den aard van het Afrikaansch naar waarheid te hebben verklaard ..." Vir die Afrikaners, wat hulle maar moeilik gevlei gevoel het wanneer die slawe-taal bijgehaal word om die wording van hulle moedertaal aanneemlik te maak, vir wie die woorde van iemand soos prof. I. Marais, self 'n Afrikaner, diep moes gekwes het: „Helaas, de oorsprong, de voortgang en de ontwikkeling van 't zog. Afrikaansch zijn niet verkwikkend" (by E. C. Pienaar, 7aaZ en Poësie, 2e dr. bis. 77), vir hulle sou daar, bewus of onbewus, 'n verdere spoorslag gewees het om hulle ernstig aan die ondersoek van die probleem te waag. Ook sou hulle die swak punte en leemtes in die Maleis-Portugees-teorie makliker kon raaksien as iemand wat buitekant die eintlike lewende Afrikaanse taalwerklikheid gestaan het en meer deur die vindingryke redenering kon verblind geraak het. Met die uitsondering van 'n paar, het die Afrikaanse taalgeleerdes en belangstellendes in dieselfde rigting as dr. Bosman gesoek, hoewel voor 1916 minder ewewigtig as hy. So omstreeks 1921 na die verskyning van prof. Boshoff se eerbiedwekkende proefskrif, om maar 'n datum te kies, het die Afrikaanse geleerdes byna sonder uitsondering aan die kant van die Boshoffer en van Boshoff, die leiers, gestaan, met, soos gesê, die Nederlanders in die reël aan die ander kant. Dr. Bosman sê: „In sover nou as Afrikaans nie die spontane ontwikkeling van Nederlands is nie, is dit 'n ontwikkeling van Nederlands onder invloed van die geadapteerde Nederlands van vreemdelinge." (Afrikaans en Maleis-Portugees, bis. 118). Om die onderskeid tussen die twee rigtinge goed uit te bring, kan 'n mens prof. Hesseling se standpunt ooreenstemmend met die van Bosman so formuleer: „In sover nou as Afrikaans nie deur die Maleis-Portugese slawe- en handelstaal gekreoliseer is nie, het dit Nederlands gebly, om later weer meer Nederlands te word, in aansluiting by die Bybel- en kerktaal." Prof. Boshoff neem alles wat in Nederlands (A -B. of dialekte) voor 1652 bekend was, as erfgoed vir Afrikaans aan, „tensy daar teenbewyse is". Waar Nederlandse dialekte verder dieselfde eienaardighede as Afrikaans besit, hoef aan vreemde invloed nie ter verklaring gedink te word nie. Baie gesigspunte het nog duister gebly. Dit was deels te wyte aan 'n sekere „Kleinsehen grosser Dinge" in die terme van prof. Heymans, deels aan onvoldoende voorstudie, sodat dit haas onmoontlik was om 'n sintetiese blik van baie onderdele te verkry. Om die uiterlike wordingsprobleem deeglik te deurgrond sal die studie hom veral langs die volgende bane moet beweeg : 1. 'n Ondersoek van die 17e eeuse Nederlandse Dialekte en van die 17e eeuse Seemanstaal. Dit behoort die wegspringplek te wees. Afrikaans het uit die verskillende Nederlandse streek- en seemanstale op Suid-Afrikaanse bodem voortgespruit, ewe-as die Nederlandse beskaafde taal uit dialekte van die tyd voortgekom het, sodat n mens tereg die beskaafde Nederlands van vandag die ouere suster van Afrikaans kan noem, en nie die moeder nie. Van watter dialekte vind ons oorweënd spore in Afrikaans? Die meeste persone wat hulle hiermee besig gehou het, het moderne dialektiese uitspraakwyses ondersoek en daaruit gevolgtrekkinge gemaak. Prof. W. J. Viljoen se tweede stelling lui: „dass der Grundstock (van die Afrikaanse) Lautsystems auf der Volkssprache Nordhollands beruht" (t.a.p., bis. 58). Dr. Boekenoogen (Album Kern, 1903, bis. 245, e.v.) sien veelmeer ooreenstemminge in die dialekte van Suid-Holland, terwyl dr. M. R. Breyne in sy Rostockse proefskrif Der Einfluss Guido Gezelles auf die Südafrikanische Literatur mit einem Hinweis auf die lautliche und lexikalische Verwandtschaft beider Sprachgebiete (1925); dr. Boeckenoogen in sy argumente op die voet gevolg het, en tot die besluit gekom het dat Wes-Vlaams veral in die verband in aanmerking kon kom (bis. 32, e.v.). Hierdie Vlaming en Aktivis, wat soveel verdienstelike werk ten opsigte van ons taal aan die Friedrich-Wilhelms-Universitat te Berlyn verrig, was veral getref deur die feit dat hy in 1924 by geleentheid van sy eerste besoek aan Suid-Afrika, so goed met sy Wes-Vlaams by ons Boere oor die weg kon kom. Dit het hom aan die dink en werk gesit waarvan bogenoemde studie die uitkoms is, 'n studie wat egter van meer goeie wil as van taalkundige insig getuig, 'n Ander landgenoot van hom, dr. J. Francken, het vroeër te Gent op 'n werk van dieselfde strekking gepromoveer (vgl. G. Besselaar ZuidAf rika in de Letterkunde, Amsterdam, 1914, bis. 201). Hulle kan tog nie almal in hulle uitsluitlike houding reg wees nie. Die moeilikheid is juis die werkmetode. Afrikaans lê reeds byna 'n drie eeue weg van die tyd toe die verskillende dialekte na Suid-Afrika oorgeplant is. In die dialekte mag baie eienaardighede juis ontwikkelinge wees uit die 17e eeuse gegewens, parallel met die groei van die verskynsel in Afrikaans. En wat van die gesigspunte soos aksentuering, e.d. ? Maar by dit alles weet ons nog so min van die dialekte af. Die klanke is tog nie alles wat aandag verdien nie. Probeer ons om die ou dialekte te rekonstrueer uit die boerde, klugte en streektalige aanduidinge in die 17e eeuse geskrifte, dan is die moeilikheid alweer om die gegewens na hulle juiste waarde te skat. Die skryftradisie is so sterk dat die voorstelling van 'n klank deur middel van skryftekens natuurlik langs die konvensionele weg geskied sodat die eienaardighede gladnie of baie willekeurig uitkom. Ook kan ons Afrikaans in sy vroegste toestande net ken by wyse van enigsins arbitraire rekonstruksie. Tog is dit moontlik om enige algemene gevolgtrekkinge te verkry aangaande die ge-erfheid of eie ontwikkeling van klank- en uitspraakneiginge in Afrikaans, 'n Studie van die klugte in die versamelinge van van Moerkerken en van Vloten sal gou genoeg oortuig dat al die klanke in Afrikaans in die algemeen oorgeërf skyn te wees, maar dat die veronderstelde ontwikkeling van neiginge na die neutrale gebied toe by die klinkers, die nasalering, die slapper artikulasie in die algemeen dus, met sy gevolge bepaald by ons eiegoed behoort. Dit skyn die werk van prof. T. H. Ie Roux en P. de V. Pienaar te bewys (Afrikaanse Fonetiek, Kaapstad s.j., bis. 42, e.v.). Miskien moet ons nog meer probleme maak. Miskien moet ons soos prof. A. C. Bouman in De Nieuwe Taalgids, (XXII, 1, bis. 37, e.v.) na aanleiding van 'n opmerking by dr. G. G. Kloeke (Reflexen van HoUandsche expansie in de huidige Nederland'sche dialekten, blss. 26-27) na die moontlikheid soek van 'n diftongisering van ie- en on- op Suid-Afrikaanse bodem deur inwerking van die Nederlandse Algemeen-Beskaafd. As 'n mens uit vyf vereensaamde gevalle nou moet besluit „dat ze relikten zijn uit de monoftongiese tijd der 17de en een deel der 18de eeuw (aan de Kaap)", (bis. 40), verwag ek binnekort 'n ander opstel waarin prof. Bouman, steunende op honderde voorbedde, kom betoog met veel erns en met groot gesag dat ons in die 17de eeu en 'n deel van die 18de aan die Kaap die suiwerste, onvervalste Middelnederlands moes gepraat het. Hoekom 'n deel van die 18e eeu uitgesluit is, sal baie min definitief kan sê, selfs met Kloeke voor hulle. Prof. Bosman het die vraag na watter dialekte die „Grundstock" uitgemaak het, langs 'n ander weg probeer beantwoord. Die gegewens wat dr. H. T. Colenbrander in sy monografie De Afkomst der Boeren (1902) byeengebring het, is deur hom gebruik om te bereken in watter verhoudinge dialeksprekendes in die tyd van Jan van Riebeek in Suid-Afrika verteenwoordig was. Sy bevinding gee hy weer in die algemene opsomming: „As ons 'n sirkel beskryf met Gouda as middelpunt en Gouda-Amsterdam as straal, dan sou daarmee die gebied aangegee wees waaruit die meeste Nederlanders na Suid-Afrika verhuis het" (Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, 1.1). Hiermee gee hy dr. Boekenoogen dit in hoofsaak gelyk. Dog dit is nie genoeg nie. Dit is die begin. Ons wil dieselfde metode ook op die ander periodes toegepas hê, — of, wat miskien beter is, kaarte kry, opgestel vir al die periodes volgens die dialekgeografiese metode. Dit sal baie arbeid kos, nougesetheid vereis, maar kan waardevolle aanduidinge gee. Dan moet ook die stammoeders in aanmerking geneem word. By al die ooreenstemminge en verskille in klanke alleen, kan nie stilgestaan word nie. Dit gee ook meer 'n toevallige as 'n aktuele antwoord, dit is maar 'n klein onderdeel van die vraag. Ons het ook 'n studie nodig van die ooreenstemminge en afwykinge in die woordvorme, in die woordgebruik en -materiaal, en in die sinsvorme. Dog ook dit kan ons nie ver bring nie, al is dit uiters nodig. Daar moet duidelike, lewendige ontwikkelingsnei#inge aangetoon word en waartoe' dit ons voer, want daarop kom dit aan. Maar dit is eers moontlik as die nodige voorstudie af is — en die voorstudie is nog nouliks in die beginstadium. Voor ons Afrikaners ten behoewe van ons taalkennis hier kan sintetiseer, die tendense kan soek, moet die Nederlander eers sy analitiese voorarbeid volbring hê. Wat hier van die gewone 17de eeuse Nederlandse volkstaal gesê is, geld ook van die 17de eeuse seemanstaal. Aan al die eise kan nie voldoen word nie. Daarvoor lê die 17de eeu al te ver terug. Maar vandag en more is nog in die bereik, elkeen met 'n seemanstaal en -tale. Selfs al is die nie Nederlands nie, is daar nog hoop. Watter tendense toon die hedendaagse seemanstale dan ? Wat doen hulle met die erfgoed, hoe leen hulle, hoe skep hulle self, en hoe is die uiterlike gedrag in vergelyking met die stamtaal in die klankeskat, die vormleer, die sinsbou, die woordvoorraad; — watter rol speel affekwoorde, en dergelike vrae? Anders gestel — die historiese feite verkondig dit luidkeels dat ons taal grootliks uit die seemanstaal moes voortgekom het. As ons egter die neiginge, wat in Afrikaans tot volle ontplooiing gekom Hottentots geen noemenswaardige invloed kon gehad het nie, daar die Hottentotte veral na die binnelande toe gewoon het (nie na aan Kaapstad nie), en hulle invloed dan tog 'n Hottentots-gekleurde binnelandse Afrikaans ten gevolge moes gehad het, dus tenmiste twee dialekte waar Afrikaans nou eenvormig is. (Afr. Studies, bis. 20). Afrikaans is dus slegs Maleis-Portugees-gekleurd (om dit flou te sê). Nou sal dit niemand moeilik val om tog aan te toon dat die Hottentotse woorde in Afrikaans talryker, die Hottentots-Afrikaanse sinswendinge oorvloediger, die geskiedkundige getuienisse kragtiger is as in die geval van Maleis-Portugees nie. Waar is die kleuring-besigheid dan ? Byna al die Hottentotse woorde wat in Afrikaans geldigheid verkry het, word ook in die Engels van SuidAfrika aangetref — en tog vind Pettman dit nie nodig om die vormarmoede van Engels aan Hottentots toe te skryf nie (Africanderisms, Londen, 1913). Dit kom my voor dat ons met ons teorië verdwaald geraak het. Ons wil baie graag weet watter Maleis-Portugese woorde in Afrikaans lewe of gelewe het, sowel as woorde en uitdrukkinge uit watter ander taal ook al waarmee Afrikaans in aanraking gekom het. Daaruit val veel te leer. Maar die ondeninge en -ismes is losstaande, meer toevallige probleme, getuienisse van nabuurskap en samelewing. Ons wil egter ook weet waar die wese verander het en dan hoe en hoekom, want dit is die probleem. Of, om dit anders te stel. Ons kan die besondere kenmerke van Afrikaans nie verklaar deur in Afrikaans 'n „seleksie"-taal te sien nie. Net 'n dwaas sal hier bewyse verlang. Ook kan ons dit nie doen deur in Afrikaans 'n ,,substitusie"-taal te sien nie. Dit kan ons wel van Hottentots-Afrikaans in Namakwaland verwag, of van Neger-Hollands. Maar Afrikaans is te kennelik suiwer Nederlands in idioom, in sinsbou, in taalmaniere, in struktuur. Dan is substitusie alleen moontlik as die die substitusie-veroorsakende groep ook Nederlanders is — en dan word ons redeneringswyse onsinnig. As talebotsinge dus Afrikaans moet verklaar, is daar meer toe nodig as om oor die verryking van ons woordeskat deur aanraking met andere volkere te debateer. Dit moet die uiterlike ontwikkelingsri#fm# verduidelik, nl. om sonder die 17e eeuse Nederlandse verbuigings- en vervoegingsmiddele oor die weg te kan kom met sy eie middele. Hierdie verduideliking sal nooit en nimmer bevredigend kan wees as dit op 'n doodse manier geskied, wat ooreenstemminge tussen twee idiome opsoek en fabuleer nie. 'n Vergelyking tussen twee idiome kan ook alleen goed gedoen word deur iemand wat albei deeglik ken, wat ons ook kan sê waar wel afsonderlike maar struktureel-verwante eienaardighede bestaan in een van die twee vorme, maar nie in die ander nie, waar dus slegs uiterlik gesien, inwerking sou kon verwag word maar nie geskied is nie. Daar is die lewendige kant — die motiewe. Watter inwendige vorm het die rigting van beweging verkieslik gemaak? Jammer dat ons die inwendige vorm so selde, indien ooit, raaksien, en tog — daar sit die begin van die oplossing. Want met al ons kennis van die leenwoorde en —ismes in Afrikaans, wat weet ons nog eintlik af van die rigting van groeiing en die gevolg van die hoogopgestote talebotsing ? Om dit te verduidelik wys ek op die werk van Jespersen. Uit die gevalle wat Jespersen ondersoek het kies ons Beach-laMar, Pidgin-Engels en die sog. Oregon-Jargon. Beach-la-Mar is die algemene handelstaal in gebruik in die weste van die Stille Oseaan (Torres, Britse New Guinea). Dit is niks anders nie as Engels wat deur die Polinesiërs in hulle handelsbetrekkinge met andertaliges gebesig word. Eweso is die woordeskat byna geheel Engels in Pidgin-Engels („pidgin" is 'n verbastering van die woord „business" in die mond van Chinese). Dit geniet 'n uitgebreide aanwending as handelstaal in die hawens van China, en ook van Japan en Californië. Hier is die gebruikers van die brabbeltaal telkens nie-Engelse. Presies andersom is die verhoudinge in die Oregonse Jargon. Daar is die brabbelaars Engelse, wat in hulle onderhandelinge met andertaliges 'n vorm van Chinook gebruik „learnt imperfectly". In albei die teenoorgestelde gevalle blyk dit dat die moeilikhede vereers en veral betrekking het nie op die woordeskat nie, maar op die korrekte vorm en orde waarin die woorde moet gebruik word. Dus, al lê die saak anders in die twee gevalle, is daar in die alge- tcnsy dit aangevul word deur die linguïstiese beskouingsmanier terme wat ek hier besig in die sin wat F. de Saussure daaraan gegee het en soos hulle as beginsel reeds deurstraal in Marty se leer, of pregnanter en duideliker op 'n weliswaar nog enge gebied by die fonoloë van die Praagse skool. Engels bly Engels, met sy kenmerklike, hom tiperende trekke, al is dit hoe kragtig ook deur Frans beïnvloed in selfs die fyne nuanses. Dat filoloë berekeninge maak dat maar ongeveer 'n derde van die Engelse woordmateriaal eiegoed is, verander die taal nog nie daarom tot iets anders as Engels nie, want die taalwese bly suksessief en simultaan net en enkel Engels, d.i. iets anders as watter taal ook al, nieteenstaande die gemeenskaplike van taal in vorm en verskyning nie. En dit is ook die tipies-Afrikaanse, in teenstelling met ander tale, wat nie net sy eie sosyn wys nie, maar wat eers en veral moet aangetoon word om 'n juiste perspektief te kry. Hoe noodsaaklik kennis van die uiterlike wese van ons taal in sy afstamming en verandering is, dit sal impotente en doodse kennis bly totdat ook die volheid van die innerlike gebeure en neiginge daaroor uitgestort word. Waar sover hierdie aspek in die bespreking van die huidige stand waarop die Afrikaanse taaiondersoek hom bevind, nie uitgestraal het nie en ook verder nie sal uitskyn nie, is dit aan geen miskenning daarvan te wyte nie, dog enkel aan die aard van behandeling wat die taaiondersoek soos dit hier sketsmatig aangedui word, te beurt geval het. Maar die verruiming van uitsig en van metode het ook vir die beskouing van ons taal reeds 'n behoefte geword. 4. Kindertaal. Die persoon wat veral kragtig die opvatting verdedig het dat Afrikaans voortgekom het uit die Nederlandse volkstaal, vervorm in die mond van die kind. is ds. Postma. Die eerste keer wat hy die opinie in geskrifte kenbaar gemaak het, is in 1905 in die koerantartikels oor „Afrikaans ons Schrijftaal". In later artikels afgedruk in Die Brandwag (Febr. en Maart 1912) formuleer hy sy opvatting duidelik in vyf stellinge, maar weet tog nie om die gang oortuiend voor te stel nie. Dis maar 'n verklaringspoging soos die ander teorië, en ly aan te veel eensydigheid en onbewese stellinge. 4 Verskeie ander geleerdes het later op die moontlike rol van die kindertaal gewys, en waarskynlik niemand so sterk as prof. D. B. Bosman nie. d.i. in die omwerking van sy proefskrif. Die slothoofstuk handel juis oor „Die rol van Kindertaal". Hy het dit hier o.m. oor die deflektering in Afrikaans. Na aanleiding van die foute wat Keesje (in De Roman van een Kleuter) maak wanneer hy die ww. moet gebruik en die ooreenkoms in neiginge daar en in Afrikaans, som dr. Bosman op: „In verband met die voorgaande paragraaf het ons hier 'n komplete verklaring van die Afrikaanse werkwoordelike stelsel" (Ontstaan,1 bis. 147). Dit het hy in 1923 geskryf, in die latere herdruk kwalifiseer hy ,,'n komplete" met „byna". Dr. Boshoff skyn nie geneë te wees om te veel in die vormleer te probeer verklaar uit die geadapteerde taal van die vreemdelinge nie. Hy skyn meer aan die moontlikheid van natuurlike ontwikkeling te dink, in elk geval heg hy meer waarde daaraan as dr. Bosman, of beter, stel dr. Bosman meer op rekening van vreemde invloed. Onlangs het prof. G. Besselaar in die Gedenkboek van de Nederlands-Zuid-Afrikaanse Vereniging, (1931) weer die aandag op die rol van die kindertaal gevestig (bis. 208). Hier is ons seker by die rykste probleem in die Afrikaanse taalgeskiedenis. Dit sal altyd verwondering wek dat die kindertaal tot nog toe met die oog op ons vraagstuk so weinig wetenskaplik ondersoek is. Die geskiedenis maak herhaaldelik melding van taalverandering in die mond van die kind. Van Rheede spreek ondubbelsinnig sy besorgdheid oor die einste gebeure in 1685 uit, waar hy vertel hoe die Hottentotte 'n krom, byna onverstaanbare Nederlands praat (waarvan Kolbe ons enige tyd later 'n paar voorbeelde sal gee) en vervolg: „soo volgen de onze haer daer in nae, ja zoodanigh de kinderen van onse Nederlanders haer dat mede aanwendende een gebroken spraek gefondeert werd, die onmogelijck sal wesen nae de hand te verwinnen..." (by Bosman, Ontstaan, 1923, bis. 20). Naas sulke direkte getuienisse staan die uitsprake wat 'n ander kant sterk belig — die kinderrykheid van die Kaapse families. Reisigers maak herhaaldelik melding hiervan — dit is vir hulle so te sien van dialekte wat bots, asook van tale wat bots. 'n Kompromis moet gesluit word — want taal is 'n middel en die psigies-sosiale middel moet so goed as moontlik volgens die konvensie aan sy doel as simbool beantwoord. In die kolonistetaai aan die Kaap doen dieselfde toestande hulle weer voor: dialekte- en talebotsing; alleenlik sal die kindertaal nou 'n groter rol speel of kan speel, en sal die isolasiefaktor, die sentrumverwydering, van 'n groter gewig wees. Aan die ander kant is daar in die boerende koloniale bevolking weer kragte aan die werk wat meer konstant bly, wat nie van hawe tot hawe en van skip tot skip sal (of hoef te) verander nie. Maar oor die kolonistetaai alleen. Die dialekspreker sal dit nie so moeilik vind om hom aan die koloniale norm aan te pas sover as hy daartoe in staat is, as 'n spreker van 'n verwante taal nie, en die weer as 'n spreker van 'n onverwante taal nie. Dit is in die grond van die saak 'n kwessie van graad. Die taalaanlerende kind gaan essensiëel langs dieselfde weg tot sosialisering as die volwassene, of andersom. Dit het Jespersen oortuiend aangetoon (Language, bis. 225). So gesien hoef dit niemand te bevreemd dat ook die neiginge in die taalsosialisasie van die grootmense (dialeksprekendes en vreemdtaliges) in 'n nuwe omgewing met sy besondere behoeftes, en van die kinders dieselfde is nie. Hierdie neiginge is die treffendste merkbaar in die morfologie, wat vereenvoudig word na 'n (vermoedelike) periode van verwarring, van 'n rykdom aan dubbelvorme; en in die uitspraak, wat na enige weifeling prakties eenvormig word, selfs afwykend van die beskaafde norm in die moedertaal. Die onvrugbaarste terrein om hierdie neiginge van uniformering en vereenvoudiging te bestudeer, is die woordeskat — wat eerder leer hoe die groep met nuwe begrippe in aanraking gekom het, en hoe hy hom gehelp het. Met die oog hierop kan nog heel kort gevra word waar dan die essensiële uiterlike verskil tussen Nederlands (17e eeus) en Afrikaans lê? In die klankeskat sekerlik nie, anders sou die een nie hier die ander daar, van Noord-Holland oor Suid-Holland en Seeland tot in Vlaandere die „Grundstock" kon gaan soek en telkens meen gevind te hê nie. In die woordeskat ook nie; dit is byna suiwer Nederlands (99% % sê prof. J. J. Smith), en wat vreemd is of 'n nuwe waarde gekry het, kan byna telkens uit die veranderde omstandighede van 'n nuwe omgewing verklaar word. In die sinsbou ewe-min, wat hier ongewoon mag voorkom is merendeels ook bekend in die Nederlandse dialekte van vandag, of is verklaarbaar uit die fleksie-armoede van Afrikaans (ek dink nie aan die Anglisismes van latere datum nie). Die groot uiterlike verskil sit daarin dat Afrikaans in sy vormleer soveel eenvoudiger, d.i. meer gedeflekteerd, uitsien as Nederlands. (Vgl. T. H. Ie Roux, t.a.p., blss. 12-13). Dit is presies wat ons teoreties sou verwag het as ons kennis van die vroeër-genoemde faktore gehad het. Dan is dit my onmoontlik om te sien hoe 'n mens ooit ernstig daaraan kan dink om met een dialek ten grondslag van 'n verklaring van die Afrikaanse wesenheid te lê, of net een taal — of selfs alle tale wat in aanmerking kan kom, tesame — of net die kindertaal, — of enkel spontane groeiing geïsoleerd besien. Die één het veral op 'n paar vreemde woorde en ander idiotismes gelet, en 'n teorie van talebotsing gesoek en gevind; die ander op die vereenvoudigde vormleer, en het ontwikkeling langs die weg van natuurlike groeiing wou aanneemlik maak. Prof. Bosman het 'n middeweg ingeslaan. In die begin het hy aan die invloed van vreemdelinge wat Nederlands krom praat, geglo, maar dit naasaan en in samewerking met natuurlike ontwikkeling gestel (1916). Later het hy ook aan die rol van die kind sterk aandag gewy, nadat prof. Boshoff hom 'n verwyt daarvan gemaak het dat hy die aspek te veel verwaarloos het, en op die faktore van isolasie het hy ewe-eens gewys, maar sonder om die draagkrag daarvan duidelik te maak. Vir my is prof. Bosman nog altyd die naaste aan die werklikheid soos ek dit sien. Nie in één van die faktore is die verklaring te vind nie, maar in almal in wisselwerking, en wel so dat die een nou, die ander dan, in sy volle draagwydte tot openbaring kom. So glo ek saam met dr. J. Wittmann dat dialekvermenging met sy neiginge tot een- arbeid en kan ons dikwels help om die ontwikkelingslyn van verskynsels te volg, bv. van die twee-maal-nie. Maar so'n beskrywing sal op 'n breër indelingsbasis moet gestel word as ons gewoonlik doen, as dit werklik goed aan sy doel wil beantwoord — 'n basis bv. soos ons dit vind in The Philosophy of Grammat van Jespersen. In die vierde tydvak is die belangrikste werk gelewer. T. H. Ie Roux het in sy genoemde proefskrif die Afrikaanse klanke beskryf, veral soos hy dit in die Worcesterse geken het. 'n Tweede deel is in die vooruit si g gestel (ald., bis. 12). Die kroon op hierdie werk het hy eers gesit met Afrikaa nse Fonetiek, waaraan hy, later in samewerking met P. de V. Pienaar, 'n groot deel van sy lewe gewy het. Hier word elke klank noukeurig beskryf in sy isolasie en in sy omgewing, maar, en dit is hier die belangrikste, die tendense wat die Afrikaanse uitspraak anders kleur as die Nederlandse, ook nagespeur. Dit is 'n werk van rypheid en ewewig, — al bevat dit ook gewaagde stellinge (bv. dat die klimatologiese gesteldheid bevorderlik is om in die Afrikaanse kusstreke te brei, § 715). Die vormleer maak nog altyd die vetste deel van ons (skool-) grammatika s uit. Behalwe die verfrissende wat ons toewaai uit die Afrikaanse Spraakkuns van A. C. Bouman en E. C. Pienaar (Stellenbosch, le druk, 1923) waar hulle veel van die ouerwetse en vir ons taal ongewettigde indelings- en behandelingswyses oorboord gegooi het, is die beskrywings meesal steriel. C. M. Booysen en mevr. E. G. Jansen vervoeg nog die Afrikaanse werkwoord voluit in al drie persone en in al twee getalle: waartoe morfologitis 'n mens nie kan lei nie! (Afrikaanse Grammatika, Pietermaritzburg, 8e druk, 1930). Daar is min jong tale wat onder die eerste wetenskaplike werke iets kan wys wat die proefskrif van prof. Boshoff in deeglikheid, volledigheid, rykheid van dokumentasie en diepte van insig kan ewenaar. Die geleerdheid gaan wel met veel vertoning gepaard die bronnelys lyk na die inventaris van 'n vername boekhandelaar — maar dit sal altyd 'n standaardwerk bly. Die resultaat van sy ondersoek na die plek van herkoms van die Afrikaanse woorde is uitgekristalliseer in die opsomming: „Die Afrik, volk het egter nie alleen sy oor geërfde woordvoorraad konserwatiefbewaar nie; of prof. Karsten (Die Indogemanen, Leipzig, 1926) deur ons nie dikwels maklik kan bestry word nie (vgl. bv. op bis. 142 e.v.)? Prof. Bouman besluit sy genoemde monografie met die spreuk: Ex Africa lux l Natuurlik kan 'n mens vandag daaroor lag dat die lig uit donker Afrika moet kom. So algemeen as 'n waarheid gestel weet ek ook nie wat daarmee bedoel word nie. Maar dit is seker dat deur Suid-Afrika en deur Afrikaans baie donker hoekies in die taalwerklikheid helderder kan belig word, en daarom behoort belig te word. § 2. Doel en Metode van hierdie Studie. Dit blyk dus dat die taak wat ons taalstudente hulle telkens gestel het, so breeddeinend is as ons vlaktes. Nie die ontstaan uit die taal self verklaar nie, maar ook en veral uit die geskiedenis; nie die beskrywing van die klankleer in een dialek nie — die hele gebied word daarin betrek; die sintaksis en woordeskat word ewe-eens in 'n omlysting van grootse afmetinge gestel; daar word nie net gesoek na die bron van herkoms nie, daar word ook nog beskrywe in die historiese verloop en in die teenswoordige verskyning. Prof. Boshoff volg die historiese lyn veral in sy beloop sedert 1657 tot vandag, prof. J. J. Ie Roux weer gaan eers uit van die huidige toestande en marsjeer dan terug na 1657. Wydsheid in studieveld, in metode. Ondanks alles is nog baie gebiede onontgin, waarvan sommige aan breedheid nie hoef onder te doen vir die reeds-bewerktes nie. Ek signaleer net die Vormleer. As dit eendag af is sal ons dan allerweë op die grense van die gewone grammatika gestuit het en sal verder net deelgebiede te bewerk hê, of die geheel te sintetiseer hê. My belangstelling het in 'n ander rigting gegaan as tot hiertoe ingeslaan is. In die grond van die saak hou my taak gelyke tred met die wordingsprobleem, waaraan so baie ander nou verbonde is. Maar dit is veel enger van omvang dan die ander, daar dit aan die beskrywende kant net 'n deel van die groot geheel raak, dog aan die verklarende kant omkring dit weer die geheel en dy tot 'n groot breedte uit. Dit is die kwessie van die middele wat Afrikaans hom ten nutte gemaak het en nog maak om die gewone uitdrukkinge van 'n konsepsie te versterk. Die begrip „versterking" kan nogal baie arbitrair beskou word. Vereers kan dit maar een van meer en selfs kragtiger werkende faktore wees, of 'n verskynsel kan die gedagte wek dat dit 'n versterkingsmiddel is, maar essensieël net 'n uitvloeisel, 'n sekundaire dryfveer wees. 'n Behandeling van die aspek van tweemaal-nie sal dit mooi openbaar. Aan die ander kant is daar die omstandigheid dat wat grammaties-logies na 'n versterkingswyse lyk, dit nie meer is nie en werklik nooit eintlik was nie, soos ek by 'n beskouing oor die diminutiva, om een te noem, sal aantoon. Dit hang saam met die opmerking dat wat eenkeer wel 'n versterking was, in die loop van die ontwikkeling so kan verbleik in intensiveringskleur, dat daar geen versterking meer gemerk word nie. Sulke oorwegings laat die vraag opkom: wat moet aangeneem en wat gemy word ? Waar sal 'n mens dan begin ? Die willekeurigheid kan egter so oordryf word dat 'n onderwerp naderhand geen onderwerp meer is nie, maar 'n ekskuus word. Met al die skolastieke skerpsinnighede wil ek my nie inlaat nie. Daar is genoeg probleme in ons taal om nog probleme te maak wat eerder serebraal as aktueel is, meer probleme van houding dan van substansie. My uitgangspunt was eenvoudig beskaafde Afrikaans van vandag soos ons dit bv. in die Afrikaanse Bybelvertaling het, gestel teenoor moderne beskaafde Nederlands. Toon die Afrikaanse taalbeeld in die geval iets afwykends, wat verband kan hou met 'n behoefte om 'n proposisie in sy uiting krag by te sit, het ek gemeen dat hier iets interessants is om te ondersoek. Die gebruikmaking van 'n versterkingswyse lei die aandag in 'n nuwe baan: wat het die behoefte daartoe laat ontstaan ? Daardeur is al dadelik die noodsaaklikheid ingesien om die toestande te vergelyk toe die behoefte nie gevoel was nie of minder sterk gevoel was, met die omstandighede wat sy gebruik later begunstig het. Eers in die rigting word 'n mens deur die historiese beskouing in so'n jong taal byna altyd na die wordingsjare teruggevoer. Hiermee het ek die beperkinge en die rigtinge van die voorgenome studie aangegee, behalwe dat daar nog een kant is wat nou aandag opeis. As die studie ook verband hou met die ontstaansmoontlikhede, is dit gewens om daarvan die raamwerk op te timmer sodat 'n mens kan sien wat gedoen is en gedoen moet word, en watter nut van die voorgenome studie kan verwag word, d.i. insover as dit die aspek aanbelang. Naas die wat ? staan die hoe ? Soos die twee vrae saamhang, so is die een ten dele in die ander beantwoord. Waar ek metodies van moderne Afrikaans uitgaan, val die ooreenstemming in strekking by my en prof. Ie Roux op. Dog wat van die logiese indeling ? Hier moet 'n mens net kies wat hom die beste lyk. Dit kan gesê word dat ons indelingsstelsels in hoofsaak op die basis van die Latynse grammatika s berus. Ons Afrikaanse taalgeleerdes wat meesal in Europa geskool is, die. hart en hoof van ons beskawing, het die beste uit die stelsels oorgeneem. Juis waar veral gelet word op die verskille tussen die Afrikaanse en Nederlandse taalvorme, so dikwels met Nederlands as uitgangspunt, word die gebruiklike indelingswyses ook oorgeneem. Maar teen die sisteem en die terminologie daarvan is herhaaldelik besware geopper, en dit sal nog lank voortduw ten dele met reg. Daar is iets, voel die mense, nie in die haak nie. Ogden en Richards (The Meaning of Meaning, Londen, 1920) druk die kern van die moeilikheid pregnant uit: „What is wrong with Grammar is not its defective terminology but the lack of interest displayed by Grammarians in the less arid and familiar portions of the field which it professes to cover" (bis. 261) so sien die voorstanders van die leer van Taalsimbolisme die toestande. Daar sit baie waarheid in1). Nou kom dit my voor dat prof. Jespersen se voorgestelde indelingsbasis die beste is om al die moeilikhede tegemoet te kom, al het dit die nadeel, of wat vir sommige as sodanig kan toeskyn, dat dit tot so veel herhaling aanleiding kan gee. Breedvoerig het hy sy skema uitgewerk in 1) VgL nog vir 'n ander standpunt: Theodor Kallpky: Neuaufbau der Gcammatik. Leipzig-Berlin, 1928. The Philosophy of Grammat, dog die kort oorsigtelike uiteensetting daarvan in die Encgclopedia Brittannica (1926) wen dit van die groot werk aan duidelikheid (aldaar, onder Grammar). Hy sien vereers twee rigtinge waardeur dit moontlik word om 'n gedagte bekend te maak by die betrokke partye. Dit verduidelik hy skematies so: C B A B C Speaker: Notion —* Function Form Heatet; Form «*•> Function ■*•> Notion (Philosophy, bis. 57) By die spreker is die rigting dan van die Inner na die Outet wat deur die hoorder op geneem word, by wie dit dan die teenoorgestelde rigting in die waardering van die simbole gaan, van die Outet (O) na die Innet (I), „the two parts of the lexicology of a language" (ald., bis. 39). Dit pas hy op sy sisteem van 'n grammatika toe, wat hierbo skematies aangedui is. Hy geraak dan tot 'n noodsaaklike tweedeling, „In the first part (O—*I) we take a form as given and then inquire into its meaning or function" en effens verder „this part I propose to call Morphlogy" (bis. 40). „In the second part (I—*0) we invert the process and take the meaning or function and ask how that is expressed in form" (bis. 40), en verder: „We call this syntax" (bis. 45). In verband met my indeling sal ek my van die terme Motfologie en Sintaksis bedien in dieselfde sin as Jespersen dit hier doen. Die skema kom my die beste voor vir wat de Sausurre noem 'n goeie sinkroniese beskrywing, maar een groot gesigtspunt word tog verwaarloos, nl. die historiese en diakroniese. Jespersen praat van die aspekte: die spreker en die hoorder, dog daar is ook die ander, die vorige sprekers en hoorders, of, van die standpunt van die spreker en hoorder, die tradisie, wat hulle handhaaf of enigsins self omskep. Jespersen praat in die eerste hoofstuk van sy Philosophy i.v.m. „Living Grammar" juis oor die „types" en „formulas" maar versuim om dit in sy skema prakties te maak. Hoe ek hierdie kant van die saak gaan behandel het ek reeds aangetoon. Daarby vind ek dit net so belangrik om deurgaans duidelik na vore te bring die sterkteverhouding van verskynsels in 'n groep teenoormekaar. Die geleentheid sal my gebied word om bv. by die verkleinwoorde daarop te wys watter groot nut hieraan verbonde kan wees. Ook taalverskynsels moet drie-dimensioneel besien word, anders loop 'n mens gevaar om 'n skewe voorstelling te kry. Buitekant die eintlike bedoeling van Jespersen sal die wending lê wat ek my voorstel om aan sy skema te gee, deur by die Morfologie die standpunt van die filoloog in te neem, maar by die Sintaksis die linguïstiese metode toe te pas. Dit is nog 'n rede te meer waarom dit my so verkieslik voorkom om Jespersen se program tot grondslag te neem. Die afbakening van die studieterrein kan dan so geskied: A. Morfotogies (0-*\). I. Sinteties 1. Fleksie-uitgange. 2. Suffikse en Prefikse. II. Analities 3. Komposita (fluit-fluit e.d.) 4. Los woorde (nie ... nie e.d.) B. Sintakties (l-*0). Versterking in die aanduidinge van: 1. Geslag. 2. Getal. 3. Persoon. 4. Verldeining en Vergroting, en Geneëntheid en Misnoë (met kragsuitdrukkinge). 5. Vergelyking. 6. Ontkenning en Bevestiging. 7. Modaliteit. 8. Aspek. 9. Tyd. 10. Plek, Ruimte, Maat en Omvang, e.d.m. Algemene Gevolgtrekkinge en hulle algemene Betekenis. Deur so'n uitputtende behandelingsmethode wat die bepaalde verskynsels in drie dimensies wil voorstel, word die studie-onderwerp baie uitgebrei. Heel die taalgebeure word van twee kante besien. Waar ons vroeër hierdie onderwerp „enger van omvang" dan 'n deskriptiewe en historiese behandeling van die klank-, vorm-, woord- en sinsleer genoem het, is dit alleen juis binne die kraam van die ou grammatiese stelsel, die standpunt waarop ons by die beoordeling toe gestaan het. Daar is voordele maar ook nadele aan verbonde om 'n onderwerp so volledig te wil opdiep. Die voordele lê daarin dat 'n mens gedwing word om samehorende dele as komponente elemente van 'n geheel te sien, in plaas om die deel self as die geheel te beskou en 'n verdraaide voorstelling te kry. Dit het reeds treffend by 'n beskouing van die verskillende teorië oor die wordingsgang geblyk. 'n Vooropgestelde teorie gee al lig aanleiding tot 'n „Grosssehen kleiner Dinge". Die betekenis van 'n gegewe wat 'n stelling skyn te bewys, word so maklik oorskat. Dog dit lei ook so lig tot 'n „Kleinsehen grosser Dinge" wat hulle nie na die stelling voeg nie, tot 'n onderskatting of verwatering van die gegewens wat die teorie van sy geldigheid iets ontneem. Met 'n teorie bewys 'n mens aan die een kant dikwels te veel, aan die ander kant weer te min. Nie dat ons met die beskouinge gladnie vooruit kom nie — ons vorder telkens 'n eindjie sover as daar waarhede in die teses sit, maar ons word tog ook weer gestrem waar engheid of bevooroordeelde blindheid en moedswilligheid s skewe perspektief open. Teen hierdie gevare kan 'n metode enigsins beskerm wat die ondersoeker help om die perspektief suiwer te kry. Die nadele kan van die aard wees dat die grense te ver uitgeskuif word sodat dit net moontlik is om die hele onderwerp in 'n baie lang tydperk af te werk. Die nadeel hoef egter nie ernstig te wees nie solank as die onderwerp maar vrugbaar is. Soos ek my taak opgevat het, het dit nie moontlik geblyk om in die bepaalde tydsbestek die onderwerp uit te put nie. Dit moet later gebeur en om meer as een rede. Vereers hang die hele ondersoek so nou saam met die uitkomste van die dialekgeografiese ondersoek wat in die noordelik* en suidelike Nederlande onderneem word, dat 'n mans al daarom in baie punte net voorlopig stelling moet neem. My onderwerp hang nie daarvan af nie, dit hang daarmee saam, dog dit het al sy belang. Waar ek dus tot 'n keuse geforseer is, het ek uit afdeling A my bepaal by die twee punte wat my die belangrikste en vrugbaarste toegeskyn het: Verkleinwoorde (suffiks -er/ie of ~kie) en Die Omringing van n Kern deur Partikels, soos dit veral sy neerslag in die nie ... nie-verskynsel gevind het. Hier word oor die twee punte nie die eerste woord gesê nie, en bepaald ook nie die laaste nie. Ek het my daarvan onthou om algemene konklusies uit die twee gevalle te trek. Dit is eers veel later geregvêrdig. Oor die spelling 'n woord, 'n Tradisie was geskep en daar het vrede geheers. Maar dis die eeu van diktators ook buitekant die politiek. Uit Stellenbosch word deur prof. J. J. Smith 'n stryd gevoer teen die „Semiete" in ons taal, die vreemde woorde. Hulle sien daar te Afrikaans en te nasionaal uit. Verwarring het deur die agitasie ontstaan, kompromisse is gesluit, die skrywers moes hulle lessies weer opnuut leer, maar dit het geskyn asof die onrus wat teen die middel van 1930 geheers het, verbygaan. Weliswaar kon 'n mens nou tussen baie dubbelvorme kies, maar dit het tog gelyk of die vreemde woorde (wat nie altyd so maklik te bepaal is nie) uiteindelik op die vreemde manier gaan gespel word, *n indruk wat veral gewek is deur die „Lys van Wysiginge" (1932) wat die Akademie by hulle toe pasverskene Afrikaanse Woordelga en Spelreêls (Bloemfontein, 1931) cadeau gee. Die paar vreemde woorde wat ek gebruik het, is toe ooreenkomstig die wysiginge wat „dus geen officiële stempel dra nie" gespel omdat „(ons) meen te kan verseker dat al die belangrikste wysiginge wat die volgende Woordelys sal vertoon, hierin (in die Lys van Wysiginge) vervat is" (ald.). Maar nog is die einde daar nie. Begin Junie 1933 gelas die nuwe Minister van Onderwys die Hoofvertaler om nie die prof. Smith-rigting te volg nie maar hom na die voorskifte van die Suid-Afrikaanse Akademie te rig. en in geval van dubbelvorme by vreemde woorde die voorkeur aan die Afrikaanse skryfwyse te gee bo die internasionale spelwyse. Wie self geen diktator kan 5 wees nie, moet liewers volg. Graag sou ek my ook by die ministeriële reëling wou neerlê, waarvoor ek trouens ook voel, maar bly nou tog vir hierdie werk by die sisteem waaraan ek my gewoond gemaak het — moes gemaak het, om ook enigsins in die mode te wees. In 'n effens los verband kom bier nog 'n aanhaling van Hugo Schuchardt te pas ter verregvêrdiging, sover as dit gaan, van wat as 'n aanklag teen my mag gebruik word. Byna aan die einde van 'n lewe ryk aan jare en vol bedrywighede („In der Weite des Interesses stehe ich O. Jespersen nicht nach, ware es auch in allem Uebrigen", bis. 15) spreek hy in sy Der Individualismus in der Sprachforschung (1925) hierdie vir my belangrike oordeel uit: „Ich empfinde es immer wohltatig, wenn unter dem kühlen Panzer der Objektivitat hervor mich ein warmer Hauch von Subjektivitat anweht, die ja doch nie fehlt. Der Mittforscher tritt mir dann naher, wird mir verstandlicher. Die schone Tempelschrift ywBt onder die nie-blankes; naas meidjie staan vir die blanke: meisie (met n bepaalde gebruiksfeer) vgl. ook klemjong (klong, klonkie) en jongetjte; maatjies en Maties. Baie belangrik is die opmerklike rol wat die woord met die verkleiningsuitgang speel in die geval van homonieme / (vrugte-)boord en (hal*-) boord jie/ bees en (somer-)besie (boomsingertjie), / kop en koppie (koffie; of vir randjie) / mos en mossie / vérs (-kalf) en (gesang-)versie / groot en grootjie / swaal en swaeltjie //. In die omstandigheid dat die vorm met ieuitgang die moeilikheid voorkom wat daar in homonieme skuil, lê die afdoende verklaring waarom die waarde van verkleining totaal verlore raak, sodat. as die behoefte later ontstaan om n diminutiefwaarde na vore te bring, n stapelvorm die uitslag is. Dikwels gaan dieselfde woord in betekenis twee rigtinge uit, na mate dit met of sonder -ie-uitgang voorkom. / Maat en Maties (die naam vir die Stellenbosse studente) / bosse en bossies / kom en kommetjie / ui en uintjie / stomp en 'n stompie (sigareteind) / stuk en stukkie (nooi) / n ent en 'n eind jie mens //. Iets hiervan merk 'n mens reeds in samestellinge. bv. / donsies-donskombers / tong-kleintongetjie //. Al hierdie motiewe is wel ook in die Nederlandse taal en elders doenig. Dit is nie hulle wat Afrikaans hierdie besondere trek gegee het nie. Hulle is eerder vir n sekere mate van skommeling in die 6 Afrikaanse taalgebied verantwoordelik. So word in die Vrystaat enkel van rosyntjies gepraat, maar in die Westelike Provinsie veral van rosyne. Hoe dit ook mag wees, die verkleinwoordestudie bring ons by die kind as 'n belangrike direkte en indirekte krag in die wordingsgeskiedenis van ons taal. Kyk ons terug na die raamwerk van die vyf groot taalwysigende faktore in Afrikaans, blyk dit dat die aspek van die karakteristieke rykdom veral, dog nie uitsluitlik nie, aan die kind (direk en indirek) toe te skrywe is. Aan die kant van die ontstaansgeskiedenis kan in verband met die verkleinwoorde 'n beswaar geopper word wat op die oog ernstig is. Ons het by die meervoude 'n sterk argument gesien in die besondere rykdom aan verkleinwoorde, wat almal -s as pluraalkarakteristikum het. Ek het nie my pad so oop gesien om van hierdie kant 'n uitbreiding van die meervoudsvorming op -s met stelligheid voor te staan nie. Maar ek het tog gemeen om hierin 'n verstewiging van die neiging te sien. Waarom, sou iemand met dieselfde reg kan kom redeneer, is die diminutiva dan met die -s-kenmerk in die meervoud 'n krag in die een rigting gewees, en nie met die onsydige geslag eweeens verstewigend of remmend in die rigting van 'n, al is dit maar gedeeltelike, behoud van die het-karakteristikum nie ? Dit dan wat die kindertaal in breëre sin aanbelang. Prof. Hesseling wys verder daarop dat die seemanstaal naas 'n besondere voorliefde vir die meervoud op -s ook 'n voorliefde vir xue neutrum het (Het Afrikaans, bis. 109). Hier is dus twee faktore (kindertaal en seemanstaal) wat in die rigting van die behoud van die neutrum werksaam was of kon wees. En tog is die hef-onderskeiding in Afrikaans onbekend, tensy in 'n paar argaïsmes. By ontstentenis van meer positiewe gegewens moet ek die punt onbeshs laat. Dog ek wil daarop wys dat die neiging in die seemanstaal veel te vaag en geïsoleerd gestel is om van werklike betekenis te wees. Vereers kan die voorbedde wat prof. Hesseling noem as vreemde woorde gevoel word. Maar bdangriker as dit is die bepaling of die neutrum nie 'n sekere gevoelswaarde gehad het nie — 'n gevodswaarde wat in die kolonistetaai weer anders kon gewees het: dit vir 'n bydraende faktor. In aansluiting hierby skryf ek nog 'n opmerking van Jespersen by cuminutiva af. (The Philosophy of Grammar. bis. 239) ..... in Dan. it is noteworthy that many terms of abuse are neuten et [joh, pjok, fee some words for animals that are chiefly used in a depredatory sense. have in historica! times changed their gender and become neuter: og, asen, eesel, kreatur. This may be compared with the well-known fact that diniinutives in varioüs languages are often neuter. even if the words trom which they are derived have another gender: Gr. paidion little boy' from pais ... I suppose that when Italian has so many diminutives in -ino from feminines they were originally not real masculines hut neuters: casino ... by the side of donnina, and I venture the conjecture that it is the same depredatory neuter that is behind the curious occurrence of some forms in -o for smaller things by the side of words in -a for bigger things ..." (my onderstreping). Iets veroorsaak dan die oorloopry van die een klas na die ander, en as Jespersen se voorstelling korrek is. sal ons ook in Afrikaans moet soek na die gevoelswaarde wat (soms?) in die neutrum geskuil het. Wat die verkleinwoorde betref, het ek reeds aangetoon hoe ons taal self getuig dat hulle byna deurgaans van 'n bepaalde atmosfeer omgewe is waarin 'n „depredatory neuter" behoort te verstik. As Jespersen se gissing na die geslagsverandering van neutra na maskulina by die cliniinutiva op -ino in Italiaans juis is. kan 'n studie van die proses vir ons taal al waardevol word. Dit kom my in elk geval voor of ons weetgierigheid langs hierdie weg grootliks bevredig kan word. Belangrik kan nog ander oorwegings wees wat ons wil naspeur by 'n beskouing van „Geslag" onder Afdeling B en die wyse waarop in ons taal die lewenslose en lewendige in die verband geskei word — 'n toepassing dus van die beginsel van opposisie in die taallewe. soos ons dit by die homonimitdt i.v.m. verkleinwoorde laat uitstraal het. Hoe ryk is die gees tog nie. soos ons dit in die taal, waarin en waardeur dit werk. glimpsgewys kan aanskou nie. Dit moes George Elliot gevoel het (Spanish Gipsy): „Speech is but broken light upon the depth Of the unspoken; even your loved words Float in the larger meaning of your voice As something dimmer." Winkel het al op 'n moontlike aanwesige neiging afkomstig uit die oorgeërfde voorraad gewys (en ... nier by Mansvelt; dit en gevalle soos nooit ... niet, niemand ... niet by te Winkel), maar telkens het hulle nog n faktor meen te moet byhaal. Prof. Hesseling. wat in 1923 die verklaring van prof. Bouman as „aanneemlik" aanvaar, (Het Afrikaans, blss. 101-2) het in 1899 die vraag onbeslis gelaat of hier van ondening dan wel van „spontane ontwikkeling" sprake moet wees( Her Afrikaansch, blss. 117-9). Duideliker spreek dr. Bosman hom in 1916 uit. wat hierin *n geval van „oorerwing uit die 17e eeuws Nederlands, met die moontlikheid dat die gebruik in Suid Afrika uitgebrei is", sien (Afrikaans en Mateis-Portugees, bis. 84). Later word hy weer vaag oor die punt. en die vermoede ontstaan dat hy nou meer aan „spontane ontwikkeling" begin glo. Hy het dit nie meer oor die terrein van herkoms nie, maar oor 'n „aanneemnke" verklaring van die wording self, nl. langs die weg van sintaktiese kontaminasie. Dit is eintlik bevreemdend dat C. J. van Rijn. gesien die voorbeelde wat hy uit die Nederlandse volkstaal bybring. en gesien wat hy begerig is om te verklaar, bereid is om hierdie verskynsel deur uitstraling van die brabbeltaal van slawe, „simpele denkers" aanneemlik te maak (Het Zeer Nauwe Verband tussen Het Afrikaans en Het Nederlands, Kaapstad. 1914). Die sterkste en besgemotiveerde uitlating oor die moondikheid van *n voor-Afrikaanse, Europees-Nederlandse oorsprong van die nou so tipies Afrikaanse eienaardigheid. is die van prof. Blancquaert („Handelingen van het 6e Vlaamsche Philologencongres," gehouden te Antwerpen in het Jaar 1923. pp. 60-69. Ek haal uit *n oordruk aan). Die voordrag het vereers die insameling van voorbeelde insake dubbele ontkenning met behulp van die kongreslede be-oog. veral uit Noord-Nederland. Die belangstelling is gewek deur die genoemde Nieuwe Taalgids-artikel van Bouman. wie se mening Blancquaert dan heel versigtig bestry op grond van byeengebragte dialektologiese gegewens uit Suid-Nederland oor die kwessie. Hy tree eers van Ginneken se veralgemeende psigologiese verklaring van (negerings)duplikasie by, gee kortliks die geskiedkundige verloop van die ontkenning in Germaans weer, en poog dan n verklaring van die tweevoudige ontkenning in Afrikaans volgens sy sintaktiese eienaardigheid na aanleiding van die „dubbele tendens in de Germaansche ontkenning, eenerzijds de neiging om steeds te verzwakken en zich op allerlei wijze te laten schragen en versterken; anderzijds de tendens om daarbij steeds te verschuiven naar het einde van den zin toe." Op hierdie basis wil hy sy beskouing, sy „hypothese" bou, soos hy dit versigtiglik noem, maar „zonder echter aan deze hypothese een absolute waarde te willen hechten en veeleer daarbij den eisch te stellen dat zij zou gecontroleerd worden..." (bis. 7). Die twee tendense verduidelik hy aan die hand van die sinnetjies: ic en kan komen — ic en kan niet komen — ik kan niet komen — ik kan nie(t) komen NIET. Deur analogie „breidt zich het gebruik van het dubbele ,nie' uit tot de meer ingewikkelde zinnen" (bis. 8). Waar ons nie ... nie dan uit die omstandigheid voortgekom het dat die vroeère, in die nederlandse dialekte aanwesige, ontkenningspartikel en, ook vandag nog in uitgestrekte goue lewendig, in Suid-Afrika verdwyn het, en deur die verdubbeling vervang is, moet dit waar wees dat Afrikaans die en nie meer mag besit nie. Dit is dan ook inderdaad so, dat ons die ontkenningspartikel en in die Suid-Afrikaanse volkstaal vroeër wel geken het, maar dit vandag gladnie meer besit nie. Gebrekkige dokumentasie stel ons nie in staat om die uitgebreidheid van die en te kan bepaal nie. Tog noem ek hier 'n paar gevalle vir wat hulle wérd is. Skipper Jan Symonsz maak nog gebruik daarvan in sy briewe aan die Opperkoopman Jan van Riebeek (1655). Hy sê bv. „de robben waren soo mager dat daar geen spek op en wassen..."; „wij houden hier noch 550 vellen, die noch niet gedroocht en sijn" (Dagverhaal, I, bis. 430); „de man riep als dat hy 't alleenigh niet klaren en kon" (ald., I, bis. 431). Maar die skipper is geensins konsekwent in sy gebruik nie. Teenoor hierdie voorbeelde staan meer wat ekwiwalent van aard is, en waar die en agterweë bly. In sy enigste voorbeeld van slawe-Hollands lê Kolbe die volgende antwoord in die mond van 'n slavin-moeder oor wie en waar die vader van haar kind is: „Ik en weet het niet, vader al lang weg, vader ook lang na Holland toe" (Kolbe: Naauwkeurige Beschrijving, ens. II, 323). Waar kom sy daaraan ? Sy praat redelik Hollands, en 'n mens kan dit waag om te sê dat sy haar kennis van Hollands opgetel het deur haar aanraking met die blanke koloniste, veral met die by wie sy in diens was. Die slawe het toe trouens meesal 'n vorm van Maleis en Portugees gepraat, ondermekaar tenminste. Of sou Kolbe hier misgetas het ? Die veronderstelling skyn tog gewettig dat sommige koloniste die en as ontkenningspartikel wel deeglik in die 17e eeu gebesig het, sodat selfs die slawe (-vinne) dit soms van hulle oorgeneem het. Laat in die neêntiende eeu merk prof. Mansvelt nog op dat en as ontkennende bywoord as 'n argaïsme in Kaapland aangetref word, „doch algemeen is het vervangen door *t herhaalde ni" (Idioticon, bis. 42). Sy voorbeeld: „ek is jammer, lat hij niet 'n kom ni" i) maak 'n mens nuuskierig om te weet hoe dit presies uitgespreek is. In elk geval het dit nog ontkennende waarde, en sluit mooi aan by die hipotese van prof. Blancquaert. Tog is daar 'n paar bedenkinge teen die beskouing. Uitwendige feite, waarop prof. Blancquaert trouens self wys, laat ek onbesproke, soos die absolute afwesigheid van 'n „ontkenning met tweemaal .niet' in de 16e en 17e eeuwsche teksten — en het is juist in de 17e eeuw dat die dubbele ontkenning moet bestaan hebben, opdat zij door de toenmalige uitwijkelingen, zou overgebracht geweest zijn" (bis. 6), of soos die eienaardigheid dat die differensiasie die rigting opgegaan het, dat daar in Suid-Afrika so'n algemene uitbreiding, in Europees-Hollands so'n byna algehele uitsterwing te konstateer val. Vereers 'n beswaar van psigologiese aard. Vir prof. Blancquaert is die bygevoegde nie2 die versterkende partikel, wat in volle vorm verskyn, die eerste lid die een wat verswak is. „Ik kan NIE(T) komen NIET." Dit lê in die rigting van die historiese verloop. Maar nou is dit juis die geval dat die tweede lig agterweë kan bly sonder dat die ontkende gedagte daardeur in betekenis iets verloor. Wel voel n mens dat die sin dan van sy ritmiese beweging iets verloor *) VgL hierby G. S. Overdlep: „Een Overgangsklank" (Onze Taaltuin, II, 1, blss. 44-45). het. Die belangrikste lid is en bly niev In die dae van onvastigheid in gebruik was dit dan ook me2 wat dikwels onderdruk is. En tog sou 'n mens, volgens die geskiedenis van die Germaanse ontkenning, met reg moes verwag het, soos prof. Blancquaert dit dan ook voorspieël, dat ntei kan verdwyn, maar nie2 nou die belangrikste faktor moet word. Dat soiets wel die geval is,-of besig is om te word, ontken die Afrikaanse taalgevoel ten stelligste, selfs daar waar die nte-lid reeds proklities aan 'n ander woord gevoeg is (niemand, e.d.m.). Dit lyk of dit vir iemand wat Afrikaans net uit geskrifte ken, byna onmoontlik is om met die beste wil van die wereld 'n juiste gedagte te vorm van wat ons verdubbeling is. Waar prof. Blancquaert 'n verklaring gee hoekom die dubbele „niet" in 17e eeus-Nederlands nie gedokumenteerd is nie, nl. om logiese redes, maar in Afrikaans wel, tas hy mis. Want die dubbele ontkenning is nie daarom gebruik omdat die Patriotters en die TweedeBewegers „juis alle eigenaardigheden van de Zuid-Afrikaansche spreektaal hebben willen stellen tegenover het algemeen Nederlandsch" nie, maar omdat die taalgevoel, die gevoel van die natuurlike taairitme in Afrikaans, dit eenvoudig vereis het, logies of nie. Enigiets anders sou 'n onding gewees het, 'n poging van geweld. Dit kom my ook voor asof prof. Blancquaert die geskiedkundige verloop in een opsig verkeerd interpreteer. Die tweede opgemerkte tendens van die ontkenning „om ... steeds te verschuiven naar het einde van den zin toe", wat hy dan in die paar genoemde voorbeeldsinne verhelder, lyk my te veel na 'n feit wat op 'n toevalligheid, 'n uiterlike omstandigheid berus, liewers as een wat rekening met die wese van die ontkenning hou. As ons, argumentshalwe, die tendens in sy masjinale onverbiddelikheid 'n keer tot sy logiese eindpunt uitwerk, word duidelik wat ek bedoel. As nou die die eerste ontkenningspartikel nie in die loop van tye so verswak dat dit, soos en vroeër totaal wegval, die nie2 op sy beurt verswak en 'n versterkingswoord van node het, wat dan aan die einde moet kom, en daardie woord juis weer niet is, hoe gaan ons dit presies met analoge taal feite rym ? Ik kan komen nie(t) — Ik kan kom nie — nie(t) — Ik kan komen nie(t), e.v. Dit lyk my meer asof hierdie verklaring van die sintaktiese posisie van nte2 in Afrikaans vir die geval gemaak is. Dit sou seker nie so mooi gewerk het as die voorbeeldsinne 'n enkelvoudige werkwoord, sonder 'n hulpwerkwoord, (kan), gehad het nie. Want die verskuiwing na die einde in die waargenome sinne moet eenvoudig uit die aard van verskyning in gevalle van versterking by verbale ontkenning verklaar word, soos ek later sal probeer aandui. As oorgang tot die volgende punt kan hier weer op die netelige aard van die probleem gewys word. Prof. du Toit het waarlik nie meer kon sê wat hy nog oor die saak glo nie. In sy proefskif plaas hy die nie ... nie onder dieselfde hoof as ander verdubbelinge, alles ten bewyse van Maleis-Portugese invloed (bis. 104, § 4). Dit doen hy na aanleiding van wat prof. Hesseling op bis. 117. § 70. van sy werk Het NegerhoUands der Deense Antillen (Leiden, 1905) oor sulke konstruksies meedeel. Hy gaan dus verder as Hesseling in 1897, hoewel Hesseling hom later op die standpunt skyn te plaas. („Tijdschrift voor Nederlandsche Taal en Letterkunde," XLI, onder titel: .Africana Utl Hy wys op die moontlikheid van invloed uit Angoolse Neger-Portugees). Maar in dieselfde werk onder die hoof „Nalezing" trek du Toit sy stelling so-te-sê terug. Hy skryf: „In hoeverre er nu verband gezocht mag worden tusschen het bekende Afrikaansche verschijnsel en dat in Nederland, valt bezwaarlijk uit te maken, daar het met de voorhanden gegevens onmogelijk te bewijzen is, dat het verschijnsel door de kolonisten uit hun volkstaal in Nederland is medegebracht, al is het evenmin aan te toonen, dat dit niet het geval is" (bis. XX). Sou hy in die laaste sinsdeel die deur oophou vir die moontlikheid van selfstandige ontwikkeling, of dink hy slegs aan Maleis-Portugees ? Dit is tog opmerklik hoe die probleem by hom wegkruipertjie speel. Die Vraagstuk van sy Herkoms: b. Selfstandige Ontwikkeling. Prof. Bosman laat dit in Ontstaan uitskyn, dat die eienaardigheid op Afrikaanse bodem wortel geskiet het (Inleidende opmerking, bis. 135), maar is nie duidelik op die punt nie. Hy haal in elk geval ook ooreenstemmende „Hollandse voor- kan tog nie, dit beteken tog iets anders, dit veronderstel 'n ander gemoedsaard by die informant, wat nou onbeskof en onmeedeelsaam is, waar die ander hom vriendelik en hulp-bereid betoon het. Ewe-eens sien ek geen substitusiegeval in „Nee, heeltemal goed, dankie," nie, gestel selfs dat die beswaar teen die onbeskaafdheid van die dubbele hik oorkoomlik is. In ander tale, waar hoegenaamd geen sprake van inwerking langs hierdie kant kan wees nie, doen die verskynsel hom eenders voor as in Afrikaans, veral in die volkstaal. Nederlands „Nee, maar die is goed (die grap);" vergelyk: Standaard-Engels: — "Can you lend met another £5 ?" "No, no, Sir, you are forcing it a bit too far now!" Die inleidende nee is enkel die strekking van die antwoord, wat in 'n positiewe rigting later verklaar word; dis die hoofsaak, in 'n modaliteitsin weergegee, terwyl die gees besig is om die duideliker motivering „agtermekaar te kry." Jespersen, om my op dieselfde autoriteit niet dieselfde werk as prof. Bouman te beroep, lê hierdie psigologiese oorweging ten grondslag van 'n interessante verklaring oor die moontlike ontstaan en gebiedsuitbreiding van magis c.s. „Now, it very often happens that a man wants to say something, but has not yet made up his mind as to what to say..." (Language, bis. 314-16). Om dit in verband met „Nee, goed!" te bring, die nee beteken vir my funksioneel omtrent soveel as wel, nou, kgk, ens. in die sinne: „Wel, soos jy sien is ek nog gesond 1"; „Nou, dit gaan nogal!"; „Kyk, dit is altyd die beste om die blink kant bo te hou'". Die .nee het in elk geval geen of 'n sterk verbleikte ontkenningskrag, dit gee hoogstens enige twyfel of onsekerheid te kenne. Die uitbreiding is dan geensins so positief as wanneer dit sonder die voorafgaandelike nee gebesig is nie. Vergelyk nog vir presies die teenoorgestelde hiervan 'n voorbeeld — soos: „Ja leider des enmac niht sin, ..." (Walter v. d. Vogelweide, Samm. Göschen, Nr. 23, bis. 56, 16.) e.s.m. Daar kom dikwels tye wat die negatiewe en positiewe aspekte so maklik versmelt van kleur, dat die grens nie meer te trek is nie. Dit verklaar ook hoekom daar dikwels 'n sekere wisselwerking is, soos by maar, Engels but, Duits kein uit O.H.D. dihhein, Ou-Noors eittgi (etki, ekki). Jespersen wy 'n hele hoofstuk aan „Positive becomes Negative" en wys na Frans pas. point, jamais, plus. aucun, personne (Negation. blss. 19-20). In die Kempen word geantwoord met „Nee", in Wes- en Oosvlaandere met „Ja !" op die vraag: „Is het nog maar tien uur ?" Dit is my dus nie duidelik hoedat dergelike gevalle, waarop prof. Bouman doel, in die bewussyn van die spreker die gewoonte van 'n dubbele ontkenning by negatiewe sinne kan wek nie. Sodra prof. Bouman sy teorie aan werklike gevalle toets voel hy selfs floutjies die leemtes aan, en sê dan: „Deze substitusie moet men zich niet te mechanies voorstellen; het wezen der zaak is de modale ontkenning die vóóraf moet worden uitgesproken, maar niet noodzakelik in een bepaalde vorm" bis. 22.). Prof. Bouman wys nog daarop dat die dubbele hik ook onder Engelssprekende Afrikaners „algemeen als teken van ontkenning" gehoor word. Dit is bekend dat van hierdie klas blanke ewe-as van die Afrikaanssprekendes, dit in dieselfde mate waar is „om hun taal te modifiëren, aangezien vele van hen de inboorlingentaal konden — de historiese bronnen bewijzen dat genoegzaam — en kunnen spreken" (bis. 19). 'n Mens mag tog by dieselfde oorsake dieselfde gevolge verwag. En dit is juis so opvallend, dat die Engelssprekendes geen neiging hoegenaamd in hulle taalgebruik vertoon wat in die rigting van 'n ontkenningsvorm soos Afrikaans dit het, wys nie. Daarby staan die Engels van sulke persone boondien nog direk en kragtig onder invloed van Afrikaans self, sodat nie net die oorspronklike oorsake hier werksaam is nie, maar nog 'n addisionele een, wat des te sterker behoort te wees aangesien dit kom uit die taal van 'n volk, numeriek byna tweemaal groter, met gelyke beskawing (David Hopwood: South African English Pronunciation). Ook kan 'n mens nie die stelling handhaaf dat die Engelssprekende plattelander 'n nouer kontak met Engeland bewaar dan die Hollandssprekende in die jare van die Nederlandse Bestuur met die Nederlande nie. Maar hierby moet ek erken dat ek nie kan wys word in watter periode prof. Bouman die werking van sy invloede stel nie. Van die geval: „Nee, heeltemal goed, dankie" sê hy: „Ook deze uit breiding zal vermoedelik oud zijn..." (bis. 21). Maar hoe oud? Dit kan tog nie te oud gewees het as die ontkenning in Bantoe mee- 7 gehelp het nie? (bis. 23). Dit is eers ver in die neëntiende eeu dat Bantoes onder die vaste Koloniste in noemenswaardige getalle kom woon het en die koloniste hulle taal so kon geleer het dat daarvan invloed kon uitgegaan het. Tog weet ons uit direkte bronne (Teenstra, vgl. F. C. L. Bosman, Drama en Toneel, bis. 539) dat die nie ... me-kenmerk van Afrikaans in die Caledonse, wat nogal so ver na die Ooste nie lê nie, die gewone gebruik reeds omstreeks 1820 was. So is prof. Bouman se hipotese vir my nog op baie ander punte eenvoudig 'n raaisel. Hoe stel hy hom die verskil in aard tussen: in die huis in, al lankal en dergelike gevalle, en nie ... nie voor? M.a.w. waarom is die dubbele ontkenning vir him 'n geïsoleerde Afrikaanse verskynsel ? Om die afwykende in die tweevoudige ontkenning in Afrikaans en soms in „ongeschoolde" Nederlands te verduidelik, sluit hy hom by W. de Vries aan, wat in die eerste taal algehele herhaling, in die tweede „partiële repetitie" sien. Afgesien van wat dit mog beteken, is die grondonderskeid tussen die twee repetities dan nie een van graad, en nie van aard nie ? Moet die ontstaansoorsake dan so absoluut anders wees en hoekom? „Om tot 'n verklaring van 't Afrikaanse gebruik te geraken, zullen we van primitieve taal, dat van het kind en die van de onbeschaafde natuurvolken (— waarvoor die in Europa geboortiges so 'n voorliefde koester!) uitgaan, en steeds een zin met dubbele ontkenning in het verband van de omgeving bezien", en in 'n voetnoot hierby: „Er zijn talrijke gevallen waar de zinsbouw van het Afrikaans op een meer primitief standpunt staat dan die van het Nederlands", waarskynlik omdat Afrikaans in verkeer met primitiewe volkere gebruik word. Behalwe die geval van nie ... nie kry ons hiervan geen voorbeeld nie. Ek erken dat ek die kuns om hierdie bepaling te maak, nie meester is nie. Dit is duidelik dat dit nie die posisie van m'e2 is wat 'n primitiewe uitgangspunt vereis nie, maar die essensiële daarvan. Met die oog daarop sou ek wil weet wat „primitief" juis is — die pre-logiese van Levy Bruehl ? Maar die standpunt is lankal as onhoudbaar aangetoon. En as die Germaanse ontkenning in die lig van die geskiedenis juis dieselfde essensie het om periodiek, na 'n groot verbleiking van die ontkennende kleur van die modale ■ bywoorde, inderdaad verdubbel te word, is dit dan weer primitief ? Is Frans ne-pas primitief? Is die „ongeskoolde" „Ik had geen goesting voor een peerke Nie". of die Vondeliaanse geval: „Hier is geen blijven niet" (Wdb. Ned. I, Kol. 1949) primitief? Sal die gemeenskapsproduk taal dan ooit iets anders wees as die uiting van ^n primitiewe gees ? Of moet ons die woorde „de zinsbouw van 't Afrikaans op een meer primitief standpunt staat dan die van 't Nederlands" so interpreteer dat die hele Nederlandse sinsbou primitief is. maar „talryke gevallen" van Afrikaans net meer ? In sy Onderzoekingen sien prof. Bouman hierin nog iets anders: „het verschijnsel vloeit voort uit de behoefte aan aanschouwelikheid bij minder ontwikkelde sprekers" (bis. 66). 'n Paar reëls hoërop lui dit egter: „Dit in de germaanse talen alleenstaande verschijnsel ..." Hoe rym prof. Bouman sy uitsprake met mekaar — dat die behoefte net by die „minder ontwikkelde (Afrikaanse) sprekers" so sou bestaan het om daar op die spesiale Afrikaanse manier tot uiting te kom ? Dit lei ons net tot argumente wat om die begrip „primitiewe gees" gaan draai, iets wat ons onderwerp nie eintlik raak nie, maar iets waaroor prof. Bouman hom reeds lank gelede deegliker moes georiënteer het. In sy Onderzoekingen soek prof. Bouman bepaald te laag onder. In hierdie hoofstuk, wat die Nieuwe Taalgids-artikel kom steun en waarin „ons vroeger resultaat door een en ander slechts bevestigd (wordt)", (bis. 68), kom nog *n opmerking wat baie daartoe bydra om 'n duistere teorie verder te verduister: (we) kunnen dan ook bij het ontstaan van de dubbele ontkenning een zekere invloed van een vreemde taal, waarschijnlik de kleurlingentaal, aannemen" (bis. 68). Hier is sprake van net „een vreemde taal", tog het ons al van Hottentots en Bantoe, apart en parallelgaande.' gehoor, en nou kom die kleurlingetaai die inboorlingegeure nog opdringeriger maak. As ons meer van die Boesmantaai af geweet het? Want dit is 'n belangrike saak. In hierdie artikel het ons reeds gehoor van Sanskrit (60), Goties (61), Grieks (61), die Wesgermaanse dialekte (62-64), Latyn (64), Frans (64), Oud-Noors (64), Engels (64), Deens (65), naas die genoemde inboorling- en kleurlingtale, maar sodra iemand die natuurlikste ding van die blss. 4—5). Dit is veral omdat van Ginneken op die eensydige teënstellende aspek gelet het, dat hy die ontkenning tot 'n primitiewe teenstandsgevoel wou herlei — 'n verklaring wat op moeilikhede stuit. Ontkenning met nie in Afrikaans beskryf: a. Vandag. Met hierdie indeling in gedagte kan vereers op die teenswoordige Afrikaanse gebruik kortliks gelet word, om later 'n vergelyking met vroeëre toestande te maak, en om sodoende die moontlike ontwikkekngsneiginge na te speur. Die eerste deeglike oorsig van die gebruik word deur prof. D. F. Malherbe in sy Afrikaanse Taalboek (eerste uit ga we in 1917. Ek haal uit die sesde druk aan, Bloemfontein, 1923) gegee. Waar hy probeer „om enigsins tegemoet te kom aan diegene ... wat onder die beoefening van ons taal daagliks die behoefte aan 'n praktiese handleiding voel" (bis. 3), het hy by die behandeling van die verdubbele ontkenning telkens teen „verkeerdelike" gebruik gewaarsku. „Hierdie woordjies", sê hy, „het gewoonlik 'n vaste posisie, hoewel nie juis altyd nie, en hulle korrekte aanwending gee menigeen hoofdbrekings by die skrywe, waar hy in die gewone omgang instinkmatig sy pad vind..." (bis. 102). Hier word bewus 'n poging tot normalisering aangewend, in ooreenstemming met die meesalgemene spreekneiging. Die uitspraak hier gevel is sedertdien taamlik getrou deur die navolgers be-aam. Geskrewe Afrikaans wek sedertdien inderdaad die indruk van uniformiteit op hierdie gebied — al is daar herhaaldelik nog uitdraai-voetpaadjies weg van die geproklameerde pad af op te merk. Juis omdat die afwykinge alleen op 'n paar minder-belangrike punte te konstateer was, kon die algemene rigting sonder veel uitwendige gesagsverordening aangegee word — en gevolg word. Ons gee die vernaamste reëls hier aan: A. Me verskyn enkelvoudig, maar nie ter afsluiting van 'n negatiewe eenheid nie: 1. By samestellinge waarvan die eerste lid 'n nie- is: / „Nie-lede word ook toegelaat" / Suid-Afrika het omtrent net nie-bevaarbare riviere / Nie-oorganklike werkwoorde, S. J. du Toit / Ons nie-sinne lewer dikwels vir vreemdelinge moeilikheid op // (Spesiale Ontkenning). 2. By: verniet, nieteenstaande, niemendal, e.d. / nieteenstaande sy inspanning, loop alles op 'n mislukking uit //. 3. (a) By: niks, nooit, niemand, nêrens, nimmer, geen (g'n), wanneer die ontkenning met groot heftigheid of aandoening, soos in woede, in hartstog, uitgespreek word. Dan lê die volle sinsaksent op dié woorde, wat heel dikwels die hele uitgesproke sin uitmaak: / „Nooit gee ek my toestemming daartoe nie, nooit I" / Nou of nooit! / Nooit ofte nimmer ! // (b) In die ongepassioneerde rede is die gebruik in die volkstaal baie onvas. / Dit alles help niks, (die) slang draai (hom) maar vas, Dire Storiis, H / ... Dit alles help niks ni, Dire Storiis, 17 // Gewoonlik word met 'n nie2 afgesluit wat weer minder nodig is wanneer hierdie spesiale ontkenning self die sinsuitgang vorm (Malherbe, § 106, bis. 109). Is die niemand c.s. meer na vorentoe geskuif, terwille van groter „Hervorhebung", dan sluit nie2 die negatiewe eenheid saggies af. / Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here ... Johs. VIII, 10-11 //. Vir baie is die laaste nie onnodig. B. Nie verskyn enkelvoudig. Een nie as dit die eenheid afsluit, is voldoende: 1. „In negatief stellende zinnen met nie heek. het Afr., indien het ww. enkelvoudig is (d.i. geen hulpww. bij zich heeft) en door geen andere woorden dan de ontkenning, of een (ander) modaal Bijwoord of Pers. Vnwd. plus ontkenning, gevolgd wordt, slechts een enkel nie" (Handleiding, bis. 56-57) bv. (nog le Roux:) Ek gaan nie; Hulle meen dit dalk nie; Ons kom seker nie; Ek glo hom nie; Die eerste optree van die nuwe parlementslid bevredig ons nie. (Nexale ontkenning). 2. Hierdie reël geld ook in geval van omsetting, soos in vraagsinne en in „gebiedende" sinne. Teenoor die gewone stelling: / „Ek glo nie dat jy dit ooit geweet het nie" // staan die inversio zaken, dat me voor 't eind van de zin te staan komt, bv. Hy beheers nie sy stem nie, iets wat hom duur sal te staan kom; hy\ vier nie Dingaansdag nie, 'n aanduiding van sy gebrek aan vaderlandsliefde" (Handleiding, bis. 59). Maar wat daarvan ? Geoordeel na die voorbeelde is die bepaling „soms" vir my duister. Vir my gevoel het die stempause hoegenaamd niks met die posisie van nie in hierdie geval as sodanig te doen nie. Vir die twee volsinne is die voorafgaande ontkennende Sinne telkens soveel as 'n enkele eenheid wat in albei gevalle gevoel word as die onderwerp van die hele sin, die „uitbreiding", wat grammaties na 'n parentese lyk. Dus: Die nie-beheersing van sy stem (is) iets..., — sonder slot-m'e, presies soos in die ,,soms"~gevalle bo. Om 'n juiste insig in die saak te verkry, is dit vereers nodig om op die frekwensie van die gevalle te let. In Afrikaans staan dit hiermee omtrent soos in die A.-B.-Nederlands of in enige ander Indo-europese taal, in die algemeen gesproke. Die posisie van niex is tog, op 'n paar gevalle van minder-belangrike afwykinge na, in A.-B.-Nederlands dieselfde as in standaard-Afrikaans. Dit gebeur dan heel selde dat gevalle A hul voordoen; die niemand-gtoep sluit ek voorlopig uit, daar dit met meer reg onder C te plaas is. So ook steek een van die D-klas selde die kop uit. Die frekwensie is natuurlik in die gewone gang van sake veel hoër dan by A, en dan by E, wat byna vanself spreek. Immers, as die nie-tweevoudigheid veel las veroorsaak, sal die taalgevoel die aanleiding gee of wees vir die teenwerking daarvan. Dus word die veelvuldigste gebruik van die gevalle gemaak wat onder B en C sorteer; maar vanself kom die B-gevalle nouliks in die stof van die onder C in die gewone omgangstaal, in Afrikaans soos in A.-B.-Nederlands. As hierby egter nog bedink word dat die werkwoord in Afrikaans veel meer analities flekteer dan in Nederlands of watter Germaanse taal ook al, dat die hoofww. so vanself in Afrikaans makliker 'n hulpww. van tyd of wyse van node het, en wat ons klasse betref, uit 'n moontlike geval by B oorgaan na C, dus van 'n enkelvoudige na 'n tweevoudige ontkenningswyse, word dit duidelik dat juis die dubbele ontkenningswyse in negatiewe sinne of sinswendinge, verreweg bo staan in kwantitatiewe verskyning. Sonder om die veronderstel. Nogeens geld die strekking van hierdie opmerking ten opsigte van onderwerps- en voorwerpsbepalinge by die werkwoord. Vergelyk / Ek sal nie saamgaan nie — Ek sal vandag nie met my vriend van Tonder saamgaan nie //. Dit lê dus in die aard van die saak dat, al is die gevalle van die spesiale ontkenningstipes by nie-modale bywoordelike en by onderwerps- of voorwerpsbepalinge numeriek verreweg die belangrikste in tweevoudig-ontkennende sinne in vergelyking met die nexale tipe, die werkwoord wat die sin in al sy dele so oorheers, die spesiale ontkenningstipes nexaal gaan kleur. Die graad van kleuring hang van die omstandighede af. Dit is teoreties te verwag dat dit veel sterker by die adverbiale dan by voorwerpsbepalinge gaan wees, dus dat die bywoordelike bepalinge makliker die ontkenning die aanskyn van 'n nexale karakter sal gee. As daar verder 'n seker onvasheid uit ander omstandighede voortvloei, versterk dit juis die oorheersing van die werkwoord. Gestel die voorbeeldsin hierbo word uitgedruk as 'n rustige meedeling, sonder bepaalde benadrukking van die temporale adverbium of van die voorwerpsbepaling: / Ek sal vandag nie met my vriend van Tonder saamgaan nie // Daar is dus twee bepalinge wat spesiaal kan negeer word (vandag en met my v.v. T.). Watter een word negeer? As die ontkenning hom egter, soos dit ook die geval is, oor albei kan uitbrei, wat hier natuurlik ook deur die ww. oorheers word, kan dit net tot 'n versterking van die nexale lei, waarin die (sprei)ontkenning ook betrek word. Die tendens van die (hoof) werkwoord om die ontkenning na hom toe aan te trek, is dus uit die aard van die saak algemeen. Dit gee in seker kontrasgevalle waar ons t.o.v. die hoofwerkwoord 'n spesiale ontkenning het, maar nou deur die aantrekking iets wat op 'n nexale negasie lyk, of dit is, aanleiding tot eienaardige verwarring. Vergelyk: / Ons is nie hier om jou te veroordeel nie, maar te help, vir: Ons is hier, nie ... /Ek het nie gesê dat jy 'n harde werker is nie, maar dat jy 'n eerlike man is, vir ... maar ek het gesê, dat ... // Die Afrikaanse móenie (moet ... nie) is 'n treffende voorbeeld, soos die n't-vorme in Engels, ens. Die tweestryd vind nog mooi 'n uiting in gevalle soos „we didn't meet anybody" in die volkstaal, teenoor die meer beskaafde „we met nobody" in die literatuur- en kunstaal (Vgl. ook Jespersen, Negation bis. 56, e.v.) Trouens, die hele ontwikkelingsgeskiedenis van do-not — did-not is hiervan 'n illustrasie. In die omgang hoor 'n mens dikwels uidatings soos: / Hy kan-nie blykbaar tot 'n besluit kom nie / Hy wil-nie miskien in die moeilikheid land nie // waar die hulpww. nier aangetrek het sodat die modale bywoord nou meer na agtertoe te staan kom. Dit is asof daar 'n nuwe ontkenningsformule groei: moenie wilnie (vali), kannie, sal-nie (sali) het-nie, e.d. (Vgl. ook: Negation, bis. 48, e.v.) Gewoon is reeds: / Ek het nie die perd opgesaal nie / Hy het nie vir my gesien nie //. Hierdie gevalle is bewyskragtig genoeg hoe die werwoord, die eintlike draer van de nexus, die spesiale ontkenning 'n sekere en hoer waarde gee wat dit aanvanklik in die bepaalde verband nie gehad het nie, dus dat die ontkenningsgedagte hom verder oor die sin verbreed, selfs oor die hele sin. Hier wil ek ten slotte op 'n allerbelangrikste faktor van sintaktiese aard wys, wat in die verband in Afrikaans aanvanklik louter toevallig kon gewees het, maar wat met die oog op die verspreiding van die ontkenningsgevoel oor die hele sin waartoe die spesiale ontkenning behoort, besonder gewigtig kon word. Ek bedoel die posisie van die werkwoord in die sin. In bysinne met positiewe steeldung, beklee die werkwoord in die reël die laaste plek. So vas is die posisie dat onderwysers hulle skoliere in die les van sinsondeding dikwels hierdie bloot uitwendige faktor aanwys om uit te maak of hulle met 'n bysin te doen het of nie. As 'n werkwoord in so'n geval samegestel is, kom hulp- en hoofwerkwoorde van die bysin daar op 'n hoop bymekaar. — In die positiewe hoofsin staan die verbum finitum ook op die einde as die samegestel is, terwyl die hulpwerkwoord die plek van die enkelvoudige verbum finitum van die hoofsin betrek. In al die gevalle is aan stellende sinne gedink. Wanneer daar 'n geval van inversio is, geld die opmerkinge aangaande die slotposisie van die werkwoord telkens nog. Voeg nog die reeds-genoemde oorweging hierby dat die ww. in Afrikaans veel analitieser flekteer dan in ander Germaanse tale, dat dus telkens vir die aanduiding van die sog. Imperfektum bv. 'n hulpww. van tyd in Afrikaans nog nodig is, waardeur die hoofww. na die hoofsineinde geskuif word, dan blyk dit hoe veelvuldig die ww. die (by)sin afsluit In die gebiedende wyse word as hulpww. van wyse in ontkennende sinne, moe (t) -nie veral gebesig, terwyl in A.B.-Nederlands die enkelvoudige ww. voldoende sou geag word. Daardeur kom dan in soortgelyke gevalle die hoofww. in gebiedende sinne in Afrikaans ook aan die einde. Hierdie oorwegings toon aan hoedat die hoofwerkwoord in Afrikaans in verreweg die meeste gevalle *n eind-posisie het. Als om een of ander rede die werkwoordelike attraksie van ontkenningduidende partikels sodanig is dat die dikwels sinsluitende oorheersende hoofww. *n partikel aantrek, n partikel wat in sommige gevalle heel-natuurlik *n posisie na die ww. inneem, (vgl. die verklaring van prof. Bosman) het ons omtrent 'n toestand wat ooreenstem met die hedendaagse gebruik in Afrikaans. Ek meen dat ek na waarheid die volgende beweringe van hierdie „as "-sin reeds uit die werklike, lewende taalgewoonte van Afrikaans geabstraheer het: 1. werkwoordelike aantrekking van die ontkenningspartikels, 2. dat hierdie ontkenninge primair seer dikwels spesiale ontkenninge is (was), 3. dat die hoofww. in Afrikaans merendeels 'n sin (bysin )sluitende posisie in die gewone taalgebruik aan wys. Aangesien die eerste deel van my beskouing hoofsaaklik op punt 2 berus, dit die fondament is, wat 'n deel van my konstruksie dus m.i. aanneemlik of andersins maak, en daarna op punt 1 werp ek nog die vraag op: Watter antwoord gee die gebruik van die ontkenning in die tye van onvastigheid, dJ. voor die dae van vaste taalreglementering, op die voorstellingswyse ? Ontkenning met nie in Afrikaans beskryf: b. Vroeër. In die staaltjies van Afrikaans uit die voor-Patriotse dae word die tweemaal-nie in die reël goed versorg. In die kort dialoog wat Teenstra ons afskilder en wat die oudste soverbekende geval van geskrewe Afrikaans is, kom slegs *n sewe kort negatiewe sinne voor, waarvan vyf die tweede lid nie as afsluiting na die hoofwerkwoord het, in een wat 'n Nederlandse spreuk is ontbreek dit. Steunende op hierdie en volgende voorbeelde, mag ons veilig beweer dat die tweevoudige me-ing in die neëntiende eeu in Afrikaans reeds die algemene rigting ingeslaan het wat ons vandag ken. CE. Boniface is veel minder konsekwent in sy weergawe van die eienaardigheid. Opmerklik vind ek die omstandigheid dat hy me2 so dikwels by gebruik van enkelvoudige werkwoorde weglaat, maar dit merendeels wel aanwend by gebruikmaking van samegestelde werkwoorde: / Wel, man! het jy dan niet die perklommasie van die Goeverneur gelees, nie ? (Honderd jaar Hollands in Natal, bis. 223. Voorb. uit 1844) /, — of in Hotténtots-Afrikaans: / „Heb jy dan nie gezien watter belofte ik daar strakkies had moete doen, nie?" / „Ik had niks nie gebeloof nie! — Ikke nie." (F. Bosman, ald, bis. 308, — vbb. uit 1832) /. Die laaste voorbeeld is treffend insover as niJb onmiddelik op 'n gewoon-dialektiese manier met 'n nie versterk word, wat op 'n gewoon-Afrikaanse manier na voltooiing van die sin nogeens psigologies-afrondend opklink, selfs ten derde keer na die parentetiese uitbreiding of herhaling. Sou die hebbelikheid van Boniface om me2 dikwels met 'n komma af te skei, daarop wys dat hy nie2 opvat as 'n onvoltooide gewoontesinnetjie, (Is dit nie waar? nie?). Dan het ons hier die eerste indirekte taalkundige probeerslag om die verskynsel in sy wording te verklaar. (Ons het die moontlikheid ook by C. J. van Rijn teruggevind). Ook mag *n mens vermoed dat Boniface met die komma 'n pause wou aandui, dat die afrondingsnie anders uitgespreek is as vandag. Maar ook hier is Boniface in sy skryfwyse inkonsekwent, en uit die spaarsame optekeninge by die eksentrieke Fransman (oor sy lewe en werk, vergelyk my artikels in „Ons Vaderland, 13 Juni—9 Juüe, 1930, en F. Bosman, ald., pp. 119-225; 274-339) sou n mens moeilik tot alte vaste gevolgtrekkin ge kon geraak. Ook andersins moet versigtigheid die wagwoord wees. Waar Boniface se Hottentotte in hulle Afrikaans 'n ruim gebruik van die nie's maak, kom die dubbele ontkenningswyse in die taalgebruik van die Hotnotmeid Kaatje Kekkelbek, soos Bain en Rex dit voorgestel het, nie 'n enkele keer tot uiting nie. (F. Bosman, ald., blss. 541-3). Ongelukkig is die ander stukke wat in aanmerking kom, my nie toeganklik nie. Maar dit kom daar nie eintlik besonder op aan nie. Die paar brokstukke wat by wyse van proefbladsye in diePlate-atlas by die Afrikaanse Letterkunde (Pretoria, 1931) gefaksimileer is, gee al van die dubbele ontkenningswyse n beeld wat duidelik genoeg in sy omtrekke afgeteken staan. I. In die brief van J. Leesgierig uit Stellenbosch (28/xü/,60) staan o.m. die vdgende interessante sinnetjies: / 1. Het is toch nie reg nie zoo as dat hier toegaat, ... j 2. Hulle wil nie heh nie dat die mensche voor 9 uur en na zon onder moet komen / 3. Ja, zeh jij. jij praat reg want jij lag nie alleen nie ... / 4. Maar ik gee nie om nie om ver hulle een kers mee te breng ... //. II. By Meurant (1861): / 1. ... as hulle nog maar daarme ophou dan was het nog nix-nie //. III. By Timon van Athene uit Potchestroom (e.d. 17/vü/*66): / 1. Is dit dan nie waar nie dat de Goffirmint bezig is om ... / 2. Die leeningen in het oog houdende moes ons dan ook nie "a leede of the monish" gerky het nie. die reeds uitgedeel is ? //. IV. By Samuel Zwaartman in sy derde Boerebrief uit Fraserburg (o.d. 10/i/70): / 1. Nou het hulle drie slagters op de dorp. of Iiewers vier gloo, ik weet nie reg nie //. V. Uit Die Geskiedenis van Josef ... (1873): / 1. Hoe dikwils het ek nie in mijn gedagte met Josef saam gegaan nie na Dotan toe, ... / 2. Hoe jammer was ek nie voor die arme Josef nie toe hy daar in die kuil lê / 3. Nou ek is dan ook nie de eenigste nie wat die storie van Josef mooi vind nie, want ... /, en as Klaas Waarzegger Jnr.: 4. Jy moet tog nie jou tyd verkwis nie om die (man) teun te skrywe //. Uit die Patriot-tydperk kies ek eindelik Dire Storiis van G. R. von Wielligh, (eerste uitgawe, 1906 te Paarl): / 1. Dit is di fertellings op gemaak deur 'n nasi wat nou byna gen bestaan meer het ni. p. 1 / 2. Gedeeltes hom ni duidelik ni het hy weer laat o'erfertel, p. 2 / 3. Wanneer hulle lippe ni meer tot ons kan spreek ni, p. 3 / 4. Gen een ontsiin syn lewe ni / 5. Party fan di fo'els kan ni meer di warmte uithou ni / 6. Hy kan mar nooit in di stille ure fan di nag, by o'erdenking o'er di fraag kom ni fan: „hoe-hoe!" p. 8 / 7. ... dan steur hulle hulle an di fo'els ni meer ni, p. 9 / 8. Né, ek het glad gen besonder nuws ni, p. 12/9. Dit help alles niks. slang draai fas. p. 14 / 10. Dog bobbejaan was daarom ni te onnosel ni om te sün dat skulpad hom 'n poets gebak het, p. 16 / 11. Dit alles help niks ni, p. 17 /12. Mar Leeu kon ni uitmaak ni, waarom di twé dan anmekaar gekoppel is, p. 18 / 13. Wat sal jy tog ni wil gé ni as jy so kan loop, p. 19 / 14. Daar digteby lê nog 'n hasi te slaap en of hond tog ni so goed wil wees ni om di hasi fer hom te fang, p. 20 / 15. ... en Wolf kon ni genog praat ni om te fertel hoe sterk hy tog is ni ... / 16. Gen fo'el sal dit in syn kop kry ni om met my te kom feg ni, p. 26 / 17. Moeni tog so baing fraé fra ni, p. 28 / 18. Ou skulpad word ni maklik geprys ni o'er di kordaatstuk wat hy gedoen het, p. 32 / 19. ... hy kon daarom gen beter een kry ni as ertfark, p. 35 / 20. Duifie wou ni haar kind afgoi ni en sê ... p. 41 / 21. Mar praat ni hoe hy di slag niis ni en hoe di trane uit syn oge loop ... p. 44 / 22. Dit was ni om fan te praat ni hoe kwaad Tiir op Jakhals was, p. 46 / 23. Hy kan nou ni bo'entoe ni, of kan ook ni ondertoe ni, p. 47 / 24. Mag die Storiis steeds ni alleen di ingenome plek in ons Suid-Afrika-huise lang behou ni tot onskuldig fermaak fan oud en jong, p. 3 / 25. As al syn fere afgepluk is, dan is hy ni feul groter ni as 'n duiwe y'er p. 6 / 26. Mar hiirfan wil di fo'els niks hoor ni, p. 9 / 27. En moeni praat ni fan di fyn gelag fan di klyn foeltjis ni, p. 9 / 28. ... hulle ... traak hulle glad niks o'er di goggas ni, p. 9 / 29. ... daar is gen diir ni of hy het goggas! p. 10/30 Want brommer kan gen handwerk wys ni, p. 10/31. Jakhals denk toen baing mar sê niks, p. 13 / 32. ... hy weet alles wat gedoen word, want niks kan imand fan bobejaan syn oge wegsteek ni, p. 15 / 33. Mar soe! moenni praat hoe di wêreld toen lyk ni, toen di bye hom aanpak, p. 17/34. Dit is ni lank ni toen ek nog twé Tire en dri Bobbejane fer hulle gebreng het — en dis op, p. 18 / 35. Moeni praat ni, hoe Wolf syn kop hang en hoe syn hart nou foei nie, na al syn groot praat, p. 20 / 36. Seker, dis ni om te hoe ni of te altemit ni, p. 25 / 37. Moeni fan di ding praat ni, hoe pelsirig dat hulle dans ... p. 29 / 38. Tiir het ook gen dag of nag gerus ni om fer Jakhals op te soek ... p. 46 / 39. Di twé stap an en o. was hulle ni teleurgestel ni toen hulle di fatji botter leeg kry! p. 50 / 40. Hy kry Wolf ni fer darfandaan ni en ... p. 53/41. Wolf was ook ni links ni, p. 53 // Aan al die stukke kan nie eweveel waarde geheg word nie. In die tydperk wat 1875 voorafgaan, is dit byna sonder uitsondering nie-Afrikaners wat hulle van Afrikaans bedien het terwille van die grappige effek wat hulle daardeur wou behaal, behalwe by Meurant en Hoogenhout. Daar was ook geen vaste skryfnorm nie. Die gebruik gly uit die spoor van Nederlands in een van platheid, — is al te dikwels maar geen beskaafde Afrikaans nie. By von Wielligh is dit al anders; hy is 'n gebore Afrikaner en sluit hom by die skryfprinsipes van die Patriotbeweging aan. Tog is daar, met die oog op al hierdie moontlikhede, 'n verrassende ooreenkoms in die algemene neiging wat die nie-sinne vertoon. Die grootste skeptikus kan dit in hierdie geval nooit meer daarmee diskrediteer dat die skryftaal van die persone slegs as 'n kompromis moet beoordeel word nie. Daarenbowe kry 'n mens hier dikwels 'n juister beeld van die lewende volkstaal van die tyd dan in die letterkundige werke van die bewuste mooiskrywers uit 'n periode van genormaliseerde skryfmode. Vereers is opvallend hoe dikwels die ompad van negasie gekies word waar eintlik van 'n bewering met positiewe strekking sprake is. Die waarde van retoriese vrae in hierdie verband laat ek deurgaans buite beskouing. Vergelyk maar by (von) W(ielhgh) sinne: 10, 11, 13, 14, 18, 21, 22, 25, 27, 29, 33, 34, 35, 37, 39, 41. / Wat sal jy tog ni wil gee ni as jy so kan loop, / beteken presies: / Jy sal miskien wie-weet-hoeveel wil gee — 'n direkte voorwerp / Dit was ni om fan te praat ni hoe kwaad Tiir op Jakhals was — Tiir was onnoemlik, vreeslik, kwaad op (vir) Jakhals — adv. van graad // ens. Net so gewoon is natuurlik die positiewe vir die negatiewe, bv. / Wie kan kom dan nog glo ? // Afgesien van no's 2, 7, 10, 18, 40 en 41, en van die sinne met niks, en miskien van die met gen, is daar by W. nie meer sinne waaruit 'n mens duidelik die spesiale-negasie-tipe kan afsonder nie. Selfs in 13, 14 of 39, is die spesiale negasie totaal geabsorbeer. Immers, dit is my alleenlik duidelik waarom 39 bv. negatief is, as ek dit ongeveer so vat: / Di twé stap an en o, hulle was teleurgestel toen hulle di fatji botter leeg kry! / — of, wat juister klink, / ... hulle was erg, baie, bitter teleurgestel ... // Daar is dus 'n verskole adverbium van graad te sien (vgl. 14.) Dat dit soms, soos hier, op zero staan, verander nog nie die saak nie. Negatief gestel, word nie die hulle of was teleurgesteld genegeer nie, dit is tog ondenkbaar. Dis alleenlik die graad, uitgedruk in die adverbium (verskole, as dit nodig is in n vaaggestelde omskrywing of retoriese vraag), wat hier negeer word. As die ontkenning in die nexus betrek was, sou die sinsaksent ook anders gewees het as nou, sou die ni s nie telkens net die kleinste rimpelings op die oppervlakte gemaak het nie. Maar die geleentheid word gebied om die verbale attraksie verder te karakteriseer. Ons let eers op die posisie van nie2 in 'n paar gevalle. (a) (omj-£e-uitbreidinge van enige lengte val nog meesal buitekant die afronding met nie2, organies dus nog buitekant die nou verband gevoel, waarvan dit die afhanklike voortsetting is en waarmee dit grammaties (en logies) in 'n noue samehang staan. Hierdie bewering geld van gevalle waar van die nexaal-geworde ontkenningstipe sprake is, dus, waar die hoofwerkw., waarvan die om-te-uitbreiding afhang, ontken word. Vgl. I 4; V 4; W 10, 14 en 38. 'n Mens merk al 'n paar duidelike trappe waarlangs nie2 sy huidige standaard-posisie verower het: / Dog bobbejaan was daarom ni te onnosel ni om te sün dat skulpad hom 'n poets gebak het, W. 10 // gee eintlik 'n suiwer spesiale ontkenningstipe (by die adverbium van graad, te erg onnosel) voor 'n lang om-te-uitbreiding te sien, wat buitekant die afrondings-nie val. Dit is ongeveer wat ek die eerste stap in die ontwikkeling sou wil noem. / Dit was ni om fan te praat ni hoe kwaad Tiir op Jakhals was, W. 22 // toon 'n ander stadium, nie2 na die kort om-fe-bepaling, maar die afhanklike adverbiale bysin lê nog in die koue. As die vorige sin sou geklink het / Dog bobbejaan was daarom ni te onnosel om te sün ni dat ... /sou dit op hierdie trap gestaan het. Nog n eind verder staan die tipe: / ... en Wolf kon ni genog praat ni om te fertel hoe sterk hy tog is ni ... W. 15 // Dit is enkel nog nodig dat ni na praat ad oorbodig moet gevoel word om die huidige stand te bereik, soos baie sinne van die aard by W. reeds getuig (W. 36). Natuurlik mag 'n mens hom die saak nie so voorstel asof die drie „Stufen" mechanies-reëlmatig op mekaar sou gevolg het nie. Daar is 'n deureenvlegting van die rigtinge, maar die algemene neiging is tog baie duidelik: die om-re-uitbreiding, wat in die normale sldkking altyd op *n werkwoord uitklink, word ook nou binne die ontkenningseenheid gehaal, of die afsluitings-nie verskuif al verder na die einde van die hele verbale om-te-uitbreiding wat van die nexus afhang en rond nou ook ritmies af wat reeds grammaties en psigologies saamhoort — 'n geval wat daarom te meer moontlik word deurdat nie2 nogeens na 'n ww. te staan kom. (b) Die verloop is nogeens parallel hiermee in die geval van adverbiale uitbradinge. Dit kan in die volgende voorbeelde nagegaan word: I 1. (vergelyking), VII (rigting), W. 13 (voorwaarde), 18 (oorsaak), 19 (vergelyking), 21, 22, 24 (doel), 33, 34 en 39 (tyd); 35, 37. Twee verskillende stadia toon die sinne: / Mar praat ni hoe hy di slag nüs ni en hoe di trane uit syn oge loop ... W. 21 //, waar die tweede newegeskikte bysin nie2 mis, maar al kry in: / Moeni praat ni hoe Wolf syn kop hang en hoe syn hart nou foei ni, na ... W. 35 // (c) Presies dieselfde weer in die geval van Objeks-uitbreidinge Vgl. I 2, Hit. IH2, W. 6, 11, 12, e.v. Daar is dus 'n duidelike ontwikkelingsgang in die gebruik van nie2 as afronding van die negatiewe eenheid te bespeur. Sou daar nog ander motiewe in die rigting werksaam gewees het ? Professore M. C. Botha en J. F. Burger sê in hulle skoolboek Afrikaanse Grammatika (Kaapstad, 6e druk 1929): „Wil ons dus die dubbele ontkenning reg gebruik, dan is die eerste vereiste dat ons logies en korrek sal dink, d.i. presies sal weet wat ons wil ontken" (bis. 25). Hier is nie van ontkenning as sodanig sprake nie, maar van die sogenoemde „dubbele ontkenning" en sy korrekte gebruik. Nou weet ek nie, met die oog op die voorgaande, of von Wielligh en ander onlogies en verkeerd gedink het nie, of onlogies gevoel het nie (want ek twyfel of sprekendes, selfs al „ontken" hulle, hulle bewoordinge al sprekende uitredeneer, bv. in 'n liefdesverklaring of in groot woede), — of net grammaties gedwaal het nie, wat hulle gebruik stem nie altyd ooreen met die hier-gegewe voorskifte nie. Maar ek weet wel dat as die dubbele ontkenning moet gebruik word volgens die maatstaf soos die twee here dit in hulle eerste elf reëls neergelê het, dan dink hulle, volgens hulle waardering, of onlogies of inkorrek, of gebruik die nie2 verkeerd in reël 13, om te swyg van reël 12. Ons moet logika in hierdie verband maar liewers 'n vakansie gun, dit lyk of hy dit verdien. In reël 13 staan: „In 'n samegestelde sin waarin die bysin die hoofsin volg en die ontkenning in die hoofsin voorkom, word die tweede nie soms in die middel van die sin ... in plaas van aan die end van die hele sin, geplaas" (bis. 27). Van die voorbeeldsin met die reeds negatiefgetinte tensy swyg ek maar. Tog is die reël belangrik om weer te wys dat ons selfs vandag nog geen vastigheid het nie, (vgl. reël 12 hierby) — en ons leer dit aan die skoolkinders — hoekom nie ? Ek het reeds hierop onder C attent gemaak, en daar die gebruik probeer motiveer, in aansluiting by Malherbe. Die karakter van nie2 word m.i. nog verder in 'n ander verband enigsins vals voorgestel. Uit dieselfde bekende spraakkuns haal ek nogeens aan: „I. 1. As die eerste nie aan die end van die sin staan, kan daar natuurlik geen sprake van 'n tweede wees nie ..." (bis. 25). Waarom natuurlik ? Dit. wek die vermoede asof nie2 dan wel ,,natuurlik" is as nie^ hoër in die sin staan. Tog is hierdie natuurlikheid vir baie juis onnatuurlik, so selfs, dat die taalgeleerdes met die grootste versigtigheid 'n verklaring van die probleem aandurf. „12. As die sin taamlik lank is, sodat die herhaling van die twede nie as onverwag en onnatuurlik beskou word, kan die twede nie weggelaat word", (bis. 27). Hier word nie2 direk as natuurlik bestempel, want dit is in een moontlikheid onnatuurlik. Gevoel sou ook in die formulering beter as die nugtere beskou gepas het. Dan klink die twee voorbeeldsinne vir my oor, en is vir my gevoel, juis so dat me2 kon gebruik word, sonder dat dit vir my as erg onverwaa sou voorkom. Dit getuig ook ander Afrikaners wat ek hieroor ondervra het. Is dit dat die jongeres al verder staan dan die oueres van die vroeë 20e eeu, soos hulle van die Patriotters ? Maar die interessante lê daarin dat die twee volsinne, met nexale ontkenning in die hoofsin, presies 'n tipe verteenwoordig wat ek hoërop behandel het; op die eerste volg daar 'n na-agtergeskowe uitgebreide voorwerpsin met 'n daarvan afhanklike bysin; op die tweede 'n „fo#ies"-swakgestileerde objeksin : a. Die spreker kan hom nie verenig met die argument dat as buid-Afrika ooit onafhanklik sal word, dit sal moet geskied na *n bloedige oorlog, waarin sowel die gekleurde as die blanke rasse betrokke sal wees. b. Want ons moet nie vergeet nie, hoe meer ons taal sy eg Afrikaanse eienaardighede in sy buigingsleer, woordvorming en smsbou laat beïnvloed deur die Engelse taal, hoe makliker dit vir die Engelse taal word om hom te verdring. Ons kom dus in die huidige, spraakkunstig as korrek (en logies) aangegewe gebruik, nog op gevalle af wat op een lyn met die in baie sinne by von Wielligh te stel is. Met die oog op dit alles sien ek nie in wat inherent ..natuurlik" of andersins in die tweemaal-mes is nie. Ook die volgende paragrawe gee geen bevestiging daarvan dat ons in hierdie ontwikkeling van me2 na die logika van die redenerende verstand moet gaan soek as die belangrike dryfveer nie. Ons merk nog verder in die aangehaalde sinne op die drievoudige ontkenning waar moderne Afrikaans slegs 'n tweevoudige ken. bv. W. 15, 27, 36 en ook 16. Hierdie gewoonte is in die skryftaal gladnie seldsaam nie. en nog minder in die gesproke taal. In Ons Klyntji is talie voorbeelde vir die gryp. So een haal dr. Hesseling. bv. aan: / Dis ni di kinderharp self ni wat 'n mens kan sing ni. O. K. III, bis. 1. // Vandag word so'n wyse as oorlaai gevoel, en die algemene taalgebruik het dit een-kanttoe geskop. In die bogenoemde en by W. aangehaalde sinne sou dit nie meer opgaan om die drievoudigheid te motiveer as sou die tweede gedeelte 'n uitbreiding wees wat as 'n bygedagte toegevoeg is na die sin reeds gesluit is, en dat die toevoeging nogeens ontken word nie. Die aard van die bou maak so'n aanname al onwaarskynlik. / ... en Wolf kon ni genog praat ni om te fertel hoe sterk hy tog is ni ... W. 15 / Gen fo'el sal dit in syn kop kry ni om met my te kom feg ni, W. 16. / En moeni praat ni fan di gelag fan di klyn fo'eltjis ni, W. 27 / Seker, dis ni om te hoe ni of te altemit ni, W. 36 // Die enigste steekhoudende verklaring is m.i. dat die deel wat na die met nie2 afgeslote nexale groep staan, psigologies so eng met die groep verbonde gevoel word, dat m'e2 as 'n nie3 nogeens herhaal word aan die einde daarvan. Die gevoel van ontkenning van die hele groep openbaar hom op die nogal gewone manier. Later sal ons dieselfde prosedure van gevoelsverspreiding by voorsetsels van plek, beweging en instrument, en by temporale lokale en ander modale adverbia teenkom — as ek nie op die oomblik van modale adverbia mag uitsonder. Hierdie soort drievoudige ontkenning is dus, psigologies beskou, 'n nuwe stap in die rigting om samehorende dele in die ontkenning tot 'n eenheid bymekaar te groepeer. Histories beskou, vorm dit 'n oorgang tot die huidige gebruik. Sintakties beskou, van die moderne toestande uit, is daar 'n beweging van die tweede ontkenningslid na die einde van die eenheid toe, 'n einde wat byna deurgaans werkwoordehk afgestuit word. — Dit is tog nouliks nodig om weer te sê hoekom nie2, en nie nie3 nie, as die ouere geval in die voorbeelde te beskou is. Die antwoord is eenvoudig net, dat die hele gebruik, soos ons dit in al die gevalle leer ken het, dit so bepaal. Daar moet net gedink word aan al die voorbeeldsinne met twee-maal nie sonder dat nie2 aan die einde van die eenheid staan. Maar ek meen dat ons 'n treffende ontwikkeling in die waarde van nie2 in hierdie verskuiwing (oor die weg van 'n nie3) kan sien. Hoekom verskuif dit ? Daar moet tog 'n rede voor wees, dit moet tog 'n behoefte bevredig, al geskied dit maar ten dele. Nou, soos bv. in die geval van die om-fe-uitbreidinge, word die dele wat afhanklik van die ontkende kern is, waarmee dit 'n engere eenheid vorm, ook deur die tweede ontkennings-lid nouer in die eenheid gewewe. Die behoefte ontstaan dan om samehorende dele ook werklik samehorend, selfs in die uiterlike, te hê. Dit beteken dus, dat niea geleidelik die waarde aanneem van 'n eenheidsluitende partikel by ontkenninge. Hierdie bepaalde waarde in sy volheid skyn dus 'n latere uitvloeisel te wees, iets sekundairs — althans by die afhanklike uitbreidinge van 'n ontkende kern. Kyk ons van hierdie standpunt uit (nl. waarop dit sy nuwe waarde kry) na die toekoms, dan sien ons al dadelik 'n moontlike botsing as gevolg van hierdie nuwe waarde. Word die afhanklike uitbreiding betreklik lank, soos in geval van 'n reeks eksplikatiewe bysinne by 'n ontkennende hoofsin (in die taal van die grammatici), of is die grammaties-afhanklike bysin meer positief of neutraliserend gekleur to.v. die ontkenning (sê: nexaal) in die hoofsin, so kan hierdie nou eensluitende partikel me2 met sy uitgesproke negatiewe strekking, 'n hindernis word, — soos ons vroeër dan ook daadwerklik opgemerk het. Toe Afrikaans in die twintigste eeu begrammatiseer word, is hierdie eenheidssluitende waarde so-te-sê volledig verkry, met enige onvastighede by logiese oorwegings. (Vgl. Klas E hoërop). Maar omstreeks 1900 was dit bepaald nog nie so sterk die geval nie. (Vgl. von Wielligh). Ons moet hierdie aspek dus as heel-modern, as histories laat bestempel. Maar kyk ons van hierdie standpunt uit na die verlede, waarvan ons niks definitiefs afweet nie, maar wat ons induktief miskien nader kan leer ken, is dit tog duidelik dat in eenhede van enige uitbreiding nie2 aanvanklik kort op niet verskyn het, dit in die begin die normale orde toeskyn. M.a.w. die ontkenningspartikels het die onmiddelik-ontkende kern omring, bv. / Dit is nie waar nie / Hy sien nie veel nie / Hy kan dit nie glo nie // Dit kom my aa aanneemlik voor om hierdie begintoestand dan induktief so te rekonstrueer as sou die kern-omsingeling veral en by voorkeur plaasgevind het by die tipe van spesiale ontkenninge, wat, soos in die geval van bywoorde, reeds uiteraard nexaal gekleur is. Een rede vir hierdie vermoede is genoem. Maar al te vas aan so'n indeling mag ons nie verkleef wees nie. Let ons verder op dieselfde ontkenningsprosedure in Nederlands, waar die verskynsel, gesien vanaf 'n modern-Afrikaanse standpunt, nog „primitief" is, dus soos óns dit in die begin moes geken het, val dit juis op hoe die spesiale ontkenning in al die opgetekende gevalle numeriek ver die oorhand het. Hoe dit sy, daar is geen ontkome meer aan die gevolgtrekking dat nie2 in die begin direk na die ontkende kern sou gekom het nie. Waarom sou die bogenoemde ontwikkeling van die eenheidsluitende nie2 dan anders noodsaaklik gewees het ? En waarom toon al die ooreenstemmende Nederlandse gevalle die verhouding dan so positief op die einste manier aan ? Waarom gedra ander partikels in Afrikaans en in Nederlands hulle, mutatis mutandis, op letterlik dieselfde wyse en op hoegenaamd geen ander wyse nie (al-lank-al)? Die afsonderlike punte behandel ons later ter gelegener plaatse. Dit dan aangenome, stel ek my die begintoestand nog verder so voor dat meg, juis soos vandag in die Nederlandse voorbeelde (vgl. verder die brief van dr. Pauwels), fakultatief was, soos al2 bevoorbeeld. Dan ken my rekonstruksie die volgende stadia: 1. Nie% verskyn fakultatief. 2. Nie2 volg onmiddelik op die deur mei ontkende kern, wanneer dit verskyn. 3. In die reël word die fakultatiewe tweede-nié in wat Afrikaans gaan word, wel aangewend, veral by spesiale ontkenning (— kyk later vir motivering hiervan). 4. In die reël is daar geen uitbreiding van die ontkende kern nie — of, die gevalle waar daar wel 'n uitbreiding is, is betreklik gering, gestel teenoor die gewone gevalle (die „normale"). 5. Deur die gewone gebruik van die tweede-me (reël 3) kry die tweede-nie, afgesien van sy intrinsieke psigologiese waarde wat sy verskyning wenslik gemaak het, langsamerhand deur sy posisie nog 'n toevallige voortvloeiende waarde van eenheidsluiting in al die gevalle waar die ontkende kern geen uitbreiding het nie, wat dus nog buitekant nie^ sal val. 6. Die uitbreidinge word, deur die nuwe waarde, vanself ook in die ontkende eenheid betrek, 'n proses wat hom geleidelik voltooi, en wat in die volle daglig van ons taal geskiedenis le, soos aangetoon. Oor die psigologiese waarde kan ons ondersoek eers later gaan. Ons moet kortliks nog op die posisie van niei let, wat normaal dieselfde in al die Germaanse tale is, met sommige afwykinge na gelang van omstandighede (bv. by ontkenning van die infinitief). Die adverbiale ontkenningspartikel staan in Afrikaans in geval van die met nie genegeerde spesiale ontkenninge in die normale skikking voor die te ontkenne begrip; by nexale of volkome nexaal-geworde ontkenninge volg niex in die hoofsin (stellende) die enkelvoudige ww. of, in geval van 'n samegestelde ww., die hulpww. van tyd en/of wyse, tensy altyd niex 'n endjie verder na agtertoe verskuif word deur 'n persoonlike voornw. as objek, of 'n ander direkte objek wat nie deur 'n voorsetsel voorafgegaan word nie, en/of *n ander modale adverbium as nie. Gewoonlik val die posisie van niex in albei tipes saam. By omsetting behou nie! sy posisie ten opsigte van die statiese dele van die sin. — Maar al hierdie en soortgelyke bepalinge bring ons nie nader aan die doel nie. Dit is immers nie8 wat die moeilikheid oplewer. Tog kom juis die aspek van die plek van die eerste ontkenningslid in 'n ander hg as dit van 'n ander hoek uit besien word, nl. meer histories-sintakties. By Malherbe, (t.a.p., bis. 104) staan in verband hiermee 'n belangrike opmerking: „Die posiesie van n1 in sulke gevalle is onvas. In die voorafgaande sinne kan n1 ook staan direk na het, mag, kan, kon respektiewelik, selfs wanneer die sinsaksent anders sou val as op volk. taal, ander, herig. As n* self die aksent dra, staan dit graag voor die hoofww." Veral die laaste sin is belangrik, te-meer nog daar die voorbeeldsinne al vier nexale ontkenning het: / Jy het jou volk nie hef nie / ... 'n mens kon die berig nie verstaan nie // Nou kom dit my aanneemlik voor om in die benadrukte ontkenningswyse by samegestelde ww.e die oorspronklike toestand te wil sien in geval van nexus-negasie. Immers, "the chief use of a negative sentence (is) to contradict and to point to a contrast," (dus, met nadruk in die begin), maar: "The negative notion, which is logically very important, is (sometimes) made to be accentually subordinate to some other notion; and as this happens constantly, the negative gradually becomes a mere proclitic syllable ..." (Negation. blss. 4-5). Hierdie wisselwerking sal ons binnekort kan bestudeer. — As ons dus wil aanneem wat tog' as die waarskynlikste voorkom, dat niex of nie(t) (as daar nog geen nie2 was nie), aanvanklik voor die hoofww. van die samegestelde werkwoord gestaan het in alle nexale ontkenninge van die aard, in die algemeen, (hetsy in 'n voor- of 'n vroeg-Afrikaanse periode) dan is dit opmerklik hoe nielt volgens die kort beskrywing hierbo gegee, teruggemarsjeer het na die hulpwerkwoord. So'n mars kan 'n mens hom voorstel deur te onthou hoe dikwels die hulpww. voor die hoofww. te staan kom: / Ek kan (nie) kom // Maar dit bly tot 'n sekere hoogte 'n spekulasie. hoe waarskynlik die geval ook al is. Neem 'n skeptikus egter die moontlikheid nie aan nie, kan nog 'n beroep op ander feite gedoen word. Ons verwys na W 5, 12. 15 (kan/kon-nie); 17. 27, 35 (moenie); 21, 22, 33 (praat-nie); 18 (word-nie); 24 (mag-nie); ens., waar dieselfde faktor hom tammer maar duidelik in sy heen-en-weer-beweginge vertoon. Verder is daar die getuienis van Malherbe (hierbo), en die talie van bewyse in die materiaal deur Jespersen e.a. versamei. In al hierdie gevalle is sprake van wat ons niex noem, nou net in ander tale. Een aanhaling, weer van Jespersen, kan nog gegee word: "Before the doconstruction was fulb/ developed, there was a certain tendency to place nof before the verb, in all kinds of sentences (my kursivering), thus not only in dependent clauses ... The word-order in 'And if I not performe. God let me neuer thrive' is considered by Puttenham, The Arte of Engl. Poesie, 1589, p. 262, as a 'pardonable fauk* which 'many times giues a pretie grace vnto the speech'; it is pretty frequent in Shakespeare ... but rare after the 17th C." (bis. 13). Dus: nogal gewoon in vroeëre tye maar sterf later uit. Hier stem dus die werklike feite ooreen met my spekulasie. Die duidelikste voorbeeld is sommige moenie-sinne. / Moenie hom weer glo nie — maar, (Jy) Moet hom nie weer glo nie /; Moeni tog so baing fra'e fra ni, W. 17 — Moet tog nie ... / Moenie vir hom pla nie — Moenie hom pk nie — Moet nie vir hom pla nie — Moet hom nie pla nie // Moenie verskyn dus in 'n sin met gewone skikking, en dit trots modale adverb of persoonl. voornw. as objek. Dit geskied nie net met moenie, wat 'n mens as 'n nou blote ontkenningsformule in die gebiedende wys kan beoordeel, alleen nie, maar ook met ander baie-gebruiklike hulpww.e (kani, vali, sali, xani, asni, hetni), hoewel "minder formuleagtig as in die geval van 9 (muni). Die minder-gewone hulpww.e staan nog konserwatief teenoor die gebruikswyse.Veelvuldige gebruik, naas ander werksame faktore, wek familiariteit, en laat sekere skeidingsmure neertuimel. Die algemene gevolgtrekking vir Afrikaans uit al die gevalle, aangaande die posisie van die nie s in nexale of nexaal-oorheerste ontkenningstipes, is dat daar 'n sterk werkwoordelike magnetisme op die partikels uitgeoefen word, telkens op 'n bepaalde manier te motiveer na gelang van die ontwikkeling van die verskynsel. By samegestelde werkwoorde word nièi na die hulpww. toe, nie2 na die einde van die eenheid, wat wesentlik beteken, na die meesal eenheidsluitende verbaal-fungerende woord aangetrek. Bv. die nexaal-geworde spesiale ontkenning: / Jy moet tog nie so baie praat nie, om te gaan kuier > (Jy) Moenie tog so baie praat om om te gaan kuier nie // Ten slotte kan die verbale aantrekking op heeltemaal 'n ander manier belig word — en sal ons in hoofsaak weer tot die bekende gevolgtrekking gedwing word. Miskien kan ons die hele saak ook op 'n breër fondament stel as totnogtoe gedaan is. By von Wielligh (en ander) word niks en geen dikwels in 'n verband gebruik wat ons haas nie meer in A.B.-Afrikaans sal of kan billik nie, bv. in 1,4, 28 en 32. Hier kan egter nog soms verskil van mening bestaan, bv. by 4. Maar die hoofsaak is dat geen 'n populariteit skyn gehad te hê, wat aan die taan geraak het. Soos niks en niemand pronominaal diens doen, kon ook geen sy rol gespeel het. Maar nes niks dikwels adjektivies optree, / Ek het niks nuus om vandag mee te deel nie //, verskyn geen ook verdof tot gen, volgens die skryfwyse by W., of g'n by ander, xan, xn, x5) merendeels as 'n byvoeglike naamwoord wat 'n negatiewe kwantiteit aandui. Selfs daar waar geen pronominaal kon opgetree het, ontmoet ons hom saam met een: / Hy sien geen-een aankom nie //. Aanvanklik moes geen 'n versterkingsmiddel by bepaalde ontkenningswyses gewees het, soos niks by ander / Gen een ontsiin syn lewe ni, W. 4 // klink kragtiger, imposanter, dan: Niemand .... daar sit meer volume, meer beklemtoning in.(Vgl. Negation, 71-72). Maar geen kan optree waar niemand deur sy sterk-gevoelde voornaamwoordelike karakter uitgesluit is: / Gen fo'el sal dit in syn kop kry ni om met my te kom feg ni, W. 16 // is onbewimpeld en kragtig in sy eksklusiviteit, soos / Daar is gen dür ni of hy het goggas, W. 29 //. Dog geen het nie net in klank- en vormvolheid veel verloor nie — ook die betekenis het stadigaan verbleek, die versterker verswak. / Tiir het ook gen dag of nag gerus ni om fer jakhals op te soek, W. 38 // klink mat en moeg, is flou, is so sterk as / ... nie 'n dag of nag gerus nie ... // So ook is / ... hy kon daarom gen beten een kry ni as ertfark, W. 19 // gelykwaardig in intensiteit aan / ... hy kon ... ni 'n beter een kry nie // So soutloos is geen dikwels reeds dat hy op sy beurt deur 'n ander kragwoord moet geskraag word: / Né, ek het glad gen besonder nuws ni, W. 8 //. Daarop volg 'n interessante stratum. Geen en g'n, die duidelikste voorbeelde van die spesiale ontkenningstipe, word in die nexale verband geruk. Dit merk 'n mens al in: / Ek het g'n skaap (-kudde skape) gesien nie //, in die betekenis: / Ek het die skape nie gesien nie //. Vandaar is die oorgang van die adjektiviese onbepaalde telwoord na 'n nuwe modale bywoord van ontkenning, net 'n klein en kort stappie: / Ek het die skaap g'n (xS, xa) gesien nie //. In die westelike en noordelike deel van die Oranje-Vrystaat is dié tipe ontkenning in sekere gevalle seer gewoon: / Hy was xa daar gewees nie / Ek het dit x5 gedoen nie //. In watter mate die gebruik elders in ons land bekend is, sou ek nie met sekerheid kan sê nie. Dit het ook 'n bysmakie van platheid en vind nooit in skriftelike gebruik uitdrukking nie. Afrikaanssprekende naturelle in die aangeduide streke skyn daarvoor 'n bepaalde voorliefde te koester. Tog glo ek nie dat die gebruik van hierdie modale bywoord tot die gebiede beperk is nie; op grond van die algemene geliefdheid van geen vir ontkenningsversterkinge, soos reeds by W. geblyk is, vermoed ek 'n bekendheid oor die hele taalgebied. Dan kom dit my voor asof ons hier 'n mooi insage gekry het in wat dikwels die aanbrenging van nuwe versterkingsmiddele by ontkenninge nodig maak. Jespersen wys daarop hoedat verminderde aksent die negatiewe begrip in die opsig ondergeskik aan 'n ander woord met die sinsaksent maak, met 'n uiteindelik resulterende verswakking en selfs proklitieswording van die ontkenningspartikel. „The incongruity between the notional importance and the formal insignificance of the negative (often, perhaps even the fear — lees: ear — of the hearer failing to perceive it) may then cause the speaker to add something to make the sense perfectly dear to the hearer" (Negation, bis. 5). Dit is redelik om dan versterking te verwag in sulke gevalle. Hierdie oorweging is ongetwyfd 'n sterk spoorslag. Alleenlik is dit my nie duidelik hoekom daar wd 'n dialektiese gewoonte in Nederlands, Duits, Engels en in ander tale seker ook, te bespeure is om na nooit, niets (niks), ens., wat tog vir hul funksies geen verswakte vorme, en as 'n gehed sdf geen proklitiese vorme is nie, ook 'n nie(t) te gebruik ? Dit skyn my asof daar nog ander faktore ook doenig is. Moet ons nie eerder 'n bepaalde wisselwerking aanneem tussen die strewe aan die een kant om spesiale begrippe te ontken (spesiale ontkenninge, dus) binne-in die verband van die nexde of nexaal-geworde ontkenningswyse as die strewe aan die ander kant om te ontken nie ? As die behoefte bestaan het om 'n bepaalde begrip te ontken en dit dus binne die nexus sterk in die hg te bring voor hierdie spesiale ontkenning later verloop het in 'n nexale, dan kan die behoefte in gegewe gevalle nogeens ontstaan om die spesiale begrip te ontken, sdfs al is die partikel geen proklisis nie. Die proklisis-storie lyk my eerder na iets wat al te dikwels toevallig, hoewd kontribuerend is, dan na iets van gedurige eerste-rangs-belang. Ek meen Jespersen het ook hier die volle draagkrag van die deur hom geformuleerde prinsipes nie gesien nie — die vorm wd opgemerk, maar nie „das sich regende Gefuehl" nie, — in die woorde van Ziemer (Junggrammatische Streifzuege, 1883, p. 142, by J. 69), al kom Jespersen daar soms baie naby! (Negation, bis. 71). Hierdie wisselwerking kan 'n gevd soos die volgende illustreer (hulle is legio in die volkstaal): / Hert keen Minsch de Piep nich sehn, Meyer: Unsere plattdeutsche Muttersprache //, waar die „keen Minsch", die spesiale en so gekonsentreerde, die sterk ontkenningsvorm die positiewe „jemand" vervang, maar sdf binne die nexale ontkenning voortlewe as iets normaals, en al die tyd, let wel, terwyl die nexale ontkenningspartikel vol klink. Aan die hele beskouing knoop hom 'n teoretiese kwessie vanself vas, nl. wat is presies die versterking ? Is die tweevoudige ontkenning in sy primaire vorm ontstaan as gevolg van 'n gevoelde behoefte na meerdere versterking, of het die wisselwerking van die spesiale en nexale ontkenningstipes 'n produk gelewer met 'n tweevoudige ontkenning, sodat die behoefte na algemene versterking nie die eerste dryfkrag was nie, maar die gevolg is, die toevallige uitkoms ? Wat is hier eintlik primair en wat sekundair ? Ek twyfel of ons die saak gou en ver-goed gaan uitmaak deur ons slegs aan een van die twee moontlikhede alleen te wil vasklem. Die geskiedenis het oortuiend die bewys gelewer hoedat nuwe, in betekenis (gevoel) frisse, in vorm volle, ontkenningsmiddele aangevoer word om 'n betekenis-vergrysde en in vorm uitgeteerde partikel te kom help en eventueel te vervang. Daarlanges en dit by wyle kruisend vloei 'n ander stroming, om binne die nexale verband nog 'n spesiaal-ontkende begrip uit te bring. Dat die wisselspel maklik tot 'n gevolglike tweevoudige ontkenning aanleiding gee, blyk nog daaruit dat die besondere na-vorebrenging van 'n spesiaal-, met frisse krag ontkende begrip, ook op die gewone manier geskied om die begrip in 'n sintakties opvallende plek te stel, nl. aan die begin, of altans meer na die begin toe. / Geeneen het ek daar gesien nie / Nooit of (te) nimmer sal ek my toestemming daartoe verleen nie / Want niks kan imand fan bobejaan syn oge wegsteek ni, W. 32 // Daardeur kan hierdie spesiale negasie effens verwyderd raak van die nexaal-ontkennende modale woord, sodat die spesiale ontkenning as 'n globaal-geslote eenheid in die ontkenningssin gevoel word, ewe-as 'n kragtige positiewe groep daarbinne kan staan. Bv. / Hett keen Minsch de Piep nich sehn ? — Meyer, p. 89 // Tog is die verwydering nie eers noodsaaklik nie. Ek siteer nogeens uit Meyer, bis. 89: / Min ganze Hof, op den ik nix nich schullig bin / Kannst du din Sorgen nümmer ni vergeten ? // Nix kan as 'n positiewe eenheid gevoel word, ewe-as bv. fen mark, of zero, en nümmer as 'n duidelike temporale begrip, adverbiaal gebesig, bv. as betekenende / Kan jy jou sorge maar sedert sy dood tot welÜg aan jou graf, nie vergeet (nie)? // As die moontlikheid toegegee word, kan die, op hierdie manier ontstane, ontkenningsmeervoudigheid by die hoorder die gevoel van n versterking van die ontkenningsnosie wek, kan die negasieintensivering as 'n resultaat gevoel word — juis om die krag van die nexus, wat ook die bepaalde ontkenning oorvleuel en beskadu; van hieruit kan dit aandoen as 'n sintaktiese inmekaarskuiwing van twee soorte ontkenninge, (hoewel iets sekundairs, histories, beskou) Aan die ander kant is die moontlikheid van *n primair-bedoelde versterking van die ontkenning nie uitgesluit nie, sodat ons op hierdie plan tenslotte ook nog 'n wisselwerking kan hê, bv.: / Nie jy nie, ook nie jou broer nie. jou suster ook nie, mag na daardie dans toe gaan nie, / He hett keen Roh nich un keen Rast un keenen Freden nich, Meyer. 89 /; Please Sir, you don't know of nobody what's got no work for nobody to do ? — No, I don't! — Natal Mercury, W.W // Dit is hierdie tipe wat Jespersen ..Cumulative Negation" noem. Hierlanges is te stel: / Nee, ek weet nie // waar nee 'n aparte ontkenningseenheid is. maar in 'n newegeskikte „sin". As ons terugkeer na die kwessie in Afrikaans, val op dat die verskynsel in Afrikaans oënskynlik niks hiermee uitstaande het nie. Versterking met 'n ander woord as gevolg van die verbleking van die partikel nie(t) (aangeneem dat en nie in aanmerking kom nie), is uitgeslote. Resulterende versterking weëns die pluraliteit van dié ontkenningswoorde as gevolg van die gespesifiseerde wisselwerking, kan alleen sekundair in Afrikaans wees, aangesien nie2 opvallenderwys na niei ook volg, en die kenmerklike van ons ontkenningsprosedure uitmaak, sodat nooit ... nie ens. eerder as die afgeleide gevalle skyn, as ons één ontstaansmoontlikheid wil aanneem. En versterking self met opeenhoping van die ontkende dele in 'n nexusontkenning, is ook anders ge-aard. Die hele verskil maak ek duidelik met 'n sitaat uit Jespersen: „But repeated negation seems to become a babitual phenomenon only in those languages in which the ordinary negative element is comparatively small in regard to phonetic bulk, as ne and n ... The insigniflcance of these elements makes it desirable to multiply them so as to prevent their being overlooked! (Jespersen: Negation, 71-72), — hoewel ek reeds daarop gewys het dat Jespersen hier te min rekening met al die werklike gegewens hou. Tog meen ek dat ons reeds in staat gestel is om die verskynsel in Afrikaans juister te beoordeel. Alleenlik moet ons oor die beginperiode parallelgaande ontwikkelinge by die nie ... nieprobleem as 'n hipotese aanneem. Trouens, die ontwikkelingslyne het ons getrek, en waarom sal hulle in die nie-„belegte" gevalle in die geskiedenis van die Afrikaanse ontkenning 'n ander gedrag het, terwyl die deel van die wordingsgang wat in die ligglans van die geskiedenis lê, juis aan die algemene neiginge konformeer ? Wat dus bevreemding kan en sal wek is nie die aanname van hierdie veronderstelling nie, dog die miskenning hiervan, d.i. die aanvaarding van 'n illogiese, irrasionele gedragslyn. Volgens ons beskouing is die dubbele nie van Afrikaans dan te beoordeel: 1. In die lig van die verbale magnetisme op die ontkenningspartikel, waardeur selfs 'n suiwer kwantiteitsadjektief soos geen 'n volledige negasie-adverb kan word. Hierdie aantrekkingskrag maak veel aangaande die posisie van nie% in moderne Afrikaans oor die tussentrappe heen duidelik; en verdiep ook ons kennis van die wyse waarop niex uit sy „normale" plek kan verskuif word; sodat die eindresultaat daarvan die vermoede van 'n W^. de Vries kon gewek het — 'n vermoede wat egter duidelik op 'n sekundaire basis berus. 2. As synde aanvanklik merendeels 'n ontkenning gewees wat onder die spesiale tipe moet gesorteer word, — volgens die aard en betekenis daarvan. As daar dan 'n verbreede uitwerking van een of ander kant moes gekom het, dus analogie-radiëring, moes dit gevolglik, algemeen-taalwetlik, van die sterkere kant kon, dus van die spesiale ontkenning, wat in 'n meerdere of mindere mate binne 'n nexale verband betrek is, in negatiewe sowel as in positiewe sinne. 3. As dus 'n deelverskynsel, — waarop ons eers later kan terugkom, en wel in 'n ander verband. 4. Die vorige drie oorweginge is eie aan alle tale waarmee Afnkaans eng verwant is. Die Afrikaanse verskynsel van die dubbele ontkenning bied in die lig dus niks vreemds nie. Dit is evolusionisties beskou, slegs 'n groeisel uit n kiem wat in die" Germaanse tale. met name in die ongeskoolde substraat, aangetref word. Wat veral aan die Afrikaanse gebruik n stempel van iets unieks gee. is die opvallende krag en lewendigheid van 'n verdubbeling, opvallend bowe-al in die ontkenning wat hom tot sy huidige vorm ontwikkel het. Daardeur verlê ons net die moeilikheid. Die onopgeloste vraag is dus: wat het die ontkenning in die vroeg-periode daardie eerste vorm van twee(meer)-voudigheid laat aanneem? Anders gestel waarom het die ontwikkeling in Afrikaans n dubbele rigting opgegaan waarin dit hom van die ander eng-verwante tale tov die ontkenning onderskei. t.w. die verbasingwekkende verbreidheid van die duplisering-gewoonte. en die tweevoudigheid van dieselfde partikel, n tweevoudigheid wat ook sintakties anders geaard is as in Vlaams, bv. ? Die rede vir die verbreidheid voer ons terug na die geskiedenis. Waar moet dit gesoek word ? Ons neem eers in aanmerking die: VOOR-AFRIKAANSE TOESTANDE. Die drie belangrikste stamlande van die Afrikaanse volk is Noord- en Zuid-Nederland, Frankrijk en Noord-Duitsland. Hier moet ons na die moontlike wortels en steggies soek (Boshoff Volk en Taal. „Inleiding"). Want as dit kan uitgemaak word dat die Afrikaanse verskynsel in sy kiemvorm op Suid-Afrikaanse bodem wesens-eenders is met dieselfde verskynsel in die stamlande, meen ek dat dit buiten kyf is vanwaar die neiginge kom. Die taalwetlike voortontwikkeling is dan vir ons doel suiwer Afrikaans bevorder of hoe deur die spesifiek-Suid-Afrikaanse omstandighede.' maar die oer-essensie is oorge-erf. Dit is die ope vraag by Hesseling e.a., en wettig 'n prinsipiële ondersoek om sy betekenis in die algemene kader: (a) IN DIE NEDERLANDE. Die dubbele versterkings-ontkenning (dus: cumulative, nie resumptive, of paratactic negation, in die terme van Jespersen, nie) ontmoet ons hier, afgesien van die graad van versterking vandag, in die volgende vorme: 1. en ... niet waar en onmiddelik voor die enkelvoudige werkwoord of die (eerste) hulpww. te staan kom, en nier die nog gewone posisie beklee. „en" word as ontkenningsbywoord („het loochenwoordeken" noem Gezelle dit) toonloos uitgespreek, ook wanneer dit die enigste ontkenningspartikel is / Ik en kan niet //. Vandag word en saam met niet „hier in meerdere daar in mindere mate nog altijd gebruikt in Zuid-Nederland" (Antwerpsen Idioticon, Cornelissen en Vervliet, Gent, 1899, Dl. I, bis. 404, Vgl. ook H. Teirlinck: Zuidoostvlaamsch Idioticon, I, Gent, 1908-10, bis. 401; G. Gezelle: Loquela (in Kortrijk en Overmeire gehoor), Antwerpen, s.j. bis. 138); maar ook in Noord-Nederland word dit wel eens aangetref, bv. in Gelderland (W. Draaijer: Woordenboekje van het Deventersch Dialect, 's-Gravenhage, 1895) en in Overijssel (Gallée: Woordenboek van het Géldersch-Overijsselsch Dialect, 's-Gravenhage, 1895). 2. Nooit, nimmer, nergens, en Niemand, niks, geen, plus NIE(T). In die Noord- en Suid-Nederlandse dialekte is hierdie gebruik vir besondere beklemtoning vandag baie verbreid, in sommige verbindinge meer as in ander. Veral die ontkennende nooit word graag in 'n nexaal-ontkennende sin ingeskuif. „De dubbele ontkenning met nooit komt in het Dialect zeer veel voor" (Het Dialect van Drechterland, dl. I, deur Dr. G. Karsten, Purmerend 1931, bis. 106), heel dikwels as nooit niks of nooit geen. Maar dis nie net waar van Wes-Friesland nie, dit geld van geheel Friesland. „Niks heeft vaak nog een ontkenning bij zich: Der was niks gain vólk, 't Is niks naait waarm" (Nieuw Groninger Woordenboek, van K. ter Laan, Groningen, 1929, bis. 609). Vir die opsteller is niksnait (— „in 't geheel niet", bis. 610) al *n nuwe eenheid, wat hy dan ook aanmekaarskrywe. Nooit „begint vaak met dubbele ontkenning: Ik het ter nooit nait wést ..." (bis. 619). Dieselfde gang van sake is te konstateer in die NederlandsSaksiese en Nederlands-Frankiese tongvalle. Die Idiotica gee telkens dieselfde beskeid. Johan Winkler wil ons hier iets interessants wysmaak: JVooft niet, deze dubbele ontkenning, in het Hollandsen en Nederlandsch eigentlijk een bevestiging, is uit de friesche taal, waar zij regel is, overgenomen; het is het friesche nae net, of nimmer net .... nimmer nim, woordelijk: nooit geen" (t.a.p., I, bis. 480). 'n Mens kan met eweveel reg, parmantigheid en entoesiasme die teenoorgestelde beweer en sy argument bevestig deur te wys op dieselfde verskynsel in nie-friese dialekte buitekant elke moontlike friese invloed bv. in Amerikaans-Engels (H. L. Mencken, The American Language, London, 1922, blss. 310-313). 3. Nie(t) ... nie(t) of geen ... nie(t), ens. Die groot verdienste van prof. Blancquaert se bydrae moet m.i. nie in die eerste plek in sy verklaringspoging van die Afrikaanse verskynsel gesoek word nie, maar wel daarin dat hy die eerste, en sover my bekend, enigste Nederlander is wat doelbewus in die huidige Nederlandse volkstaal, by name Suid-Nederlandse, na gevalle van 'n ontkenningswyse gaan soek het, wat met die Afrikaanse gebruik ooreenstem. As hulle aan sy wenk gevolg gegee het en in Noord-Nederland die oog spesiaal op die aspek gehad het, kon ons vandag miskien *n duideliker totaalbeeld van die vir ons so belangrike gewoonte gehad het. Intussen moet met ongeduld, gewag word tot die tyd aanbreek om uit die dialektologiese analitiese beskrywende studies 'n sintese van die verskillende gesigspunte te kan opstel. Uit die bekende artikel haal ek sy volgende voorbeelde aan: / 1. Van spraakkunst wist ik nie feel af nie meer — Brugge / 2. saak nie kunne zegge niet, en / 3. Dad es nie schoon nie, „met het tweede niet gewoonlijk lang" / en 4. Nie(t) veel nie(t) meer, „algemeen gebruikt", — almal uit Opdorp, Oos-Vlaandere / 5. Ik heb nog geene kou nie, en / 6. Ge hoort de beenhouwers nie stoeffe nie, en / 7. We hebben er over late schiete, maar tog nie feul nie — almal uit Antwerpen, meegedeel deur dr. Goossenaerts / 8. 'kep el de lesse nu ni chat oek nijè ? — Mechelen / 9. 'k heb nie alles moge zegge van de X (zijn patroon) nie — Suide van Turnhout) / 10. Uit Werchter: „de dubbele ontkenning wordt hier wel degelijk gebruikt, vooral in vragen: 't is nie waar nie; is 'n nie waar nie ?" / 11. „Men vroeg daar (te Haecht) namelijk aan iemand of daar de dubbele ontkenning ,niet' bestond, en die persoon antwoordde zeer oprecht: ,Ik heb dat van ze leve nie gehoord nie'" / 12. Das ook nie veul nie, („wordt gewoon gebezigd", naby St. Truyden / 13. dat hebbe ze vroeger ook nooit nie gevraagd nie / 14. Te St. Pieters-Woluwe by Brussel / 15. Te Lummen //. Daarop vervolg hy: „Ziedaar een groep met voorbeelden, waarover ik, na een paar weken rondvragen en luisteren, nu reeds beschik — zonder speciaal daarvoor te hebben rondgereisd. Zij liggen verspreid over West- en Oost-Vlaanderen, Antwerpen, Brabant en Limburg; ver van elkander verwijderd en zeldzaam nog zoo ge wilt, maar zeer talrijk met betrekking tot de weinige navraag waarvan zij de uitslag zijn" (bis. 6). Hy verwag dan ook dat die verskynsel „nog op talrijke plaatsen" zou kan opgeteken word. Dit is inderdaad so. Uit die paar antwoorde wat op prof. Blancquaert se versoek om meer gegewens, ingekom het, haal ek enige sinne aan uit 'n brief van dr. J. L. Pauwels, waarin enige uiters belangrike algemene opmerkinge oor die ook Suid-Nederlandse verskynsel gemaak word. Hy sê o.m.: / „Het bestaan van dubbele ontkenningen als nooit niet meer e.a. was me reeds bekend. Doch de dubbele ontkenning met eind ni was me nog nooit opgevallen. Uwe uiteenzetting maakte er me attent op en, merkwaardig genoeg, den avond zelf van dien Zaterdag betrap ik me zelf bij het dialect spreken op dezen zin: en hij heeft er mij nooit niet meer achter gevraagd niet! Een Leuvensch doctorandus histor. uit mijne buurt verzekerde mij dat hij zelf courant de bijgevoegde negatie ni op het einde van den zin gebruikte. Hij was er zich van bewust omdat er hem eens iemand te Leuven opmerkzaam op gemaakt had dat hy ZuidAfrikaansch sprak. Sedertdien heb ik nog ettelijke malen links en recht negatieve eind-ni opgemerkt, bv. dat is niets interessants niet. dat wordt van zijn leven niet gebruikt niet. Conclusie: Aarschot gebruikt zeker en vast de suppletorische negatie op 'n einde van den zin, en wel onder den vorm: ni. Accentueering: Immer zeer zwakke bijtoon, de ni blijft duidelijk haar ni klem behouden en schijnt lang nog geen lust te hebben verder tot ne af te slijten. Ik zou dat ni het negatief zinsencliticum heeten. Gebruik: Daar kan ik bij gebrek aan voldoende materiaal geen vaste regels voor geven. Ni wordt gebruikt. Volgens vaste rgels ? Dat betwijfel ik. Ik stel me voor dat dit enchticum altijd wegblijven kan. Zuiver-psychologische factoren kunnen het bijroepen. In welke gevallen echter is dat .facultatief' gebruik mogelijk en in welke niet? Daar sta ik ,paf' voor! ... De voornaamste negatie schijnt door haar vorm geen invloed te hebben op het al of niet gebruik van eind-ni, daar dit voorkomt zoowel na: niet, niets, als na: nooit, niet meer, geen, niet meer, enz., dus na alle soorten van negaties!" Hierby moet onthou word dat dr. Pauwels self 'n dialektoloog is, en hy moes eers op die verskynsel attent gemaak word om dit op te merk 1 Prof. F. Baur verseker my dat die tweevoudige m'e-verskynsel hom herhaaldelik in seker dele van Zeeland opgeval het, byname in die hoek Breskes, Cadzand en Sluis. Sinnetjies soos / Das ni waar ni / ik heb het nie gezien nie // is in die streek heel gewoon. Dieselfde vraag oor die voorkoms van tweemaal-nie in die dialekte het ander geleerdes gestel en het telkens sonder resultaat die ondersoek moes opgee. So het dr. J. J. le Roux hom heelwat vrugtelose moeite in die rigting getroos (Sintaksis, I, blss. 168-9). Na aanleiding, van 'n „toevallige mededeling" dat die verskynsel in Blankenberge bekend sou wees, het hy hom tot prof. Vercoullie (uit Gent) gewend, wat „berig (het) dat die konstruksie aan studente uit verskillende dele van Wes-Vlaandere (Brugge, Oostende, Blankenberge) onbekend is" (bis. 169). Opvallend bly dit dat mense self dikwels van 'n taalwending gebruik maak of kan maak sonder daarvan bewus te wees. So het ek 'n Vlaamse professor 'n tweevoudige ontkenning hoor gebruik, hom daarop attent gemaak, maar hy self was tog heel verbaas daaroor en het dit 'n inkonsekwensie genoem. Dr. Pauwels het hieroor ook 'n treffende belydenis afgelê. Dit staan in elk geval vas dat die ontkenningstipe soos hierbo aangehaal is sporadies en individueel oor heel Suid-Nederland bekend is en gebruik word, en by sommige persone 'n gewoonte is (B. 2, 3); by ander word sekere ontkenningsuitdrukkinge steeds in verdubbelde vorm van die modaliteitspartikel gebruik. Leersaam is wat Cornelissen en Vervliet oor die gebruik in Antwerpe sê: „Bij niet, niks (niets) en geen blijft niet weg, tenzij wanneer achter geen het woordje meer volgt ... / ze bezit geen roö duit ni meer //. Bij sommigen nochtans wordt ni in dat geval ook uitgedrukt: / 't Is ni waar ni; / daar is niks aan te doen ni / 't is geen kleinigheid ni //." As prof. Vercoullie maar hierop gewys het! In Noord-Nederland heers daar ook dienaangaande onsekerheid. Dr. P. J. du Toit wordt deur prof. Vercoullie op twee gevalle uit die Gewaenden W euwenaer met het bedroge Kermiskind gewys. / In en vrai land most men dat kwaad nvt toelaaten nyt / Je word nyt gek nyt //. Die stuk uit die jare 1709 en 1710 speel te Utrecht, alwaar dr. A. Beets die gebruik in die volkstaal nog in die twintigste eeu aangetref het, bv. in: / 'k en zou 't je niet kunnen zeggen niet / je mot het niet gelooven niet, hoor I P. J. du Toit: Aftikaansche Studies, bis. XX //. Dit is dr. le Roux „nie geluk om daar in Utrecht 'n bevestiging van te kry nie maar die volgende sin in die Betuwse dialek laat vermoed dat die verskynsel vroeër oor 'n groter gebied verbrei was: Nou he'k tan is gezien, wad 'n warkstoaking is, en nie mar zoo effekes ok nie, heur — N. Rott. Courant, Avondblad, 8/5/1920" — t.a.p., bis. 169). So deel dr. du Toit mee dat dr. A. Opprel „meent met zekerheid te kunnen zeggen, dat zij nergens op de Zuid-Hollandsche eilanden in de volkstaal voor komt" (ald., p. XX), maar sonder om te „meen" beweer C. J. van Rijn met die stoutste stelligheid dat die „dubbele negatie in de volkstaal van geheel nederlands maar vooral in Holland en Zeeland" voorkom (Het Nauwe Verband, bis. 66). „Eerst gisteren" vervolg hy ontdekte ik het (in De Prins, 12/4/1913, bis. 171) ofschoon ik zelf zeker duizendmaal zo gepraat heb. Daar staat: ,Ik heb mn eige in geen twintig jaar gewasse solank as me wijf dood is nie"'. Dr G J. Boekenoogen meld aan P. J. du Toit dat die herhaling in NoordHolland en in Leiden onbekend is (t.a.p., XX), maar van Ginneken noem in die Amsterdamse volkstaal tog die uitdrukking nie eins nie (Regenboogkleuren, p. 174, 176; Bosman, Ontstaan, p. 136). Wie en wat moet 'n mens nou glo ? Dit lyk my of almal reg is. maar al die ontkenners te eksklusief is. Die dubbele ontkenning IS in gebruik, is vandag nog in gebruik, maar nie algemeen nie. Dit word sporadies of individueel of in 'n bepaalde verband gebesig. Dit gaan tog nie op om al die gevalle as herseskimmig, alias leuns, te wil diskrediteer of die twee sinne in die Weuwenaer as verskrywinge te wil bestempel nie. Die tweede sin is te kort en te duidelik in die normale sldldcing om soiets ooit oortuiend te maak. — Hoe stellig ek die bewering ook mog voel, hy skyn maar geen eiatlike bewyskrag vir sommige Afrikaanse taalgeleerdes gehad te hê nie. Dr. le Roux sê bv. na aanleiding van al die gevalle by hom opgenoem: „Maar hierdie voorbeelde maak oorerwing in Afrikaans nog nie waarskynlik nie; dit illustreer alleen, dat die ontwikkeling van 'n konstruksie in Nederlands moondik is sonder aanraking met vreemde tale" (p. 169). Dus — nie eers waarskynlik nie. Tog sê hy in presies die eersyolgende paragraaf dat al na die bepaalde woord-(groep) kan herhaal word, en dat „hierdie konstruksie (al lank al, al gekom al) ook in die Noordhollandse dialek voor(kom), waaruit Afrikaans dit waarskynlik ge-erf het" (§ 332). Hier berus dit op een dialek, en word al waarskynlik. Prof. le Roux kan hier natuurlik die volste waarheid verkondig, maar sulke redeneringe slaan my altyd dronk, waar 'n algemene verskynsel in een vorm wel waarskynlik oorge-erf is, in 'n ander gelykstaande vorm nie meer nie. Vermoedelijk rus die ongemotieveerde onwaarskynlikverklaring op die uitgebreidheid en weelderigheid van die tweemaal-nie's. En al-lank-al? In die aangehaalde voorbeelde het ons altwee die tipes teengekom; spesiaal-ontkennend is by Blancquaert nos. 1, 3, 4, 5, 7, 9, 10, 12 en 13, nexaal-ontkennend is 2, 6, 8 en 11. Met inagneming van die verbale beïnvloeding, is die verskynsel in Afrikaans, afgaande op die voorbeelde, embrionaal dieselfde. Dan lê oorerwing tog voor die hand, en dan is dit nie in die eerste geval die plig en taak van die Afrikaanse geleerde om hierdie tweevoudigheid te verklaar nie — dit kom dan aan die adres van die Nederlander — maar die verbreidheid van die Afrikaanse verskynsel, in vergelyking met sy sporadiese opduiking in die Nederlandse volkstaal. 4. 'n Aangevoegde vraagsin. Hier mag 'n mens vier stadia onderskei: (a) die vol tipe: / ... dink jy dit nie(t) ook (nie)? / Stem julle nie(t) saam (nie)? / Is dit nie(t) waar (nie)? //. Gewoonlik is dit minder vol of duidelik en sak af tot: (b) die reduksie-tipe: nie-waar(-nie)? nie-so(-niet)? of: (c) die leë tipe: nie(t)? wat self kan verbleik tot: (d) nê ? — 'n blote vraagpartikel. Veral C. J. Rijn (t.a.p., bis. 66) het veel waarde aan tipe (c) geheg vir die vinding van 'n verklaringsbasis, alleenlik stel hy hom hierdie geval as 'n noodsaaklike dialoog voor — hoekom ? / „De winkelier had nie kêrse". „Niet ?" //. Dat dieselfde persoon hierdie aanvoeging gebruik, geskied in ons talegroep minstens eweveel, indien nie meer nie, as in 'n dialoog-vorm „Het is voor my uitgemaakt", sê hy, „dat 3 oorzaken samenwerkten tot het algemeen en vast raken der 2e onkenning: (1) het voorbeeld der taal zelf in zekere veel gebruikte zinnen, (2) het gewicht der ontkenning, (3) het stereotype aanvulsel: Nie?" Dit blyk nie waarom (3) nie onder (1) mag val nie. Sy verklaring berus dan op innerlike taaiwerking en op 'n versterkende psigologiese oorweging, 'n moontlikheid waarop ook dr. J. J. le Roux wys (t.a.p., p. 169). Van Rijn wil ons laat glo dat die vraag-me, wat duidelik 'n leë vraagvorm geword het, deur sy posisie aan die einde van die sin, al 'n hele stuk van die Afrikaanse eienaardigheid verklaar, sintakties die weg al help voorberei het. Daartoe is egter eers nodig om aanneemlik te maak dat die pause, wat die vraagpartikel nie voorafgaan en wat duidelik geprononsecrd is. nie meer gevoel word as veroorsaak deurdat nie? tot die aangevoegde newegestelde sin behoort nie. — en dit is onmoontlik; of anders moet hy die pause wegredeneer op een of ander manier, om te bewerk dat die nie ? wel organies as behorende tot die eenheid gevoel word. Maar wat dan van sinne met 'n positiewe strekking en 'n agteraangestelde niel Dit lyk my nouliks moontlik om versterking van hierdie kant te verwag selfs al stel ek die saak al makliker voor as van Rijn met sy dialoog tussen twee persone. Aan die ander kant word ons *n groot stuk aangehelp as vasgestel word dat tipe (b). (tipe (a) val onder 3 in so'n geval) in Vlaams en Noord-hollands verskyn in die vorm van nie(t)-waar-nie. Dit is inderdaad die geval. bv. in Werchter, Berlaeren en elders. In laasgenoemde plek ..onderscheidt zich een aldaar geboren man van zijn dorpsgenooten door het veelvuldig gebruik van het instemmingvragende .Nar-nide ?' Afar is in het Berlaarsch een samentrekking van nie waar, nide een versterking van nier" (Blancquaert, bis. 4). Die voorbeeld sê minder as nie-waar nie ? 'n geval wat kennelik op dieselfde wyse moet verklaar word as die spesiale tipe in Afrikaans. Hierdie tipe is verkeerdelik by die drie voriges van opeengestapelde ontkenninge geplaas, insover dit nie opeenstapelend in dieselfde sin as die ander is nie, maar wel paratakties is. Om die belangstelling egter wat hom reeds te beurt geval het. is hy hier ingelas. (b) IN FRANKRYK. Of daar nog iemand is wat ernstig aan dr. J. Wittmann se hipotese sou verkleef wees, betwyfel ek, en as daar wel so'n persoon mog wees, bou hy op sand. Dit is tog onhoudbaar om te wil beweer dat Afrikaans tot volslae ontwikkeling sou geraak het voor die koms van die Franse Hugenote in 1687-'88. Hulle kom na die Kaap as geloofsgenote, as blankes, as Europeane met dieselfde beskawing as die ander koloniste. Hulle woon tussen en onder die Vryburgers. en huwelikke vind spoedig van albei kante ondermekaar plaas. Hier is geen moontlikheid van natuurlike sosiale teenoormekaarstelling soos in die geval van die anderkleurige (-geurige) slawe of inboorlinge met 'n ander godsdiens en beskawing nie. Insover dan as taal ook 'n gemeenskapsproduk is en as sodanig moet verstaan word, is dit duidelik hoe wederkerige taalbeïnvloeding by die Frans- en Hollandssprekendes van die tyd veel sterker kon gewees het as die slawetaliges, onder die toe-heersende omstandighede. Is daar enige moontlikheid dat die Hugenotetaal op die gebruik van die tweevoudige ontkenning op sy Afrikaanse manier regstreeks kon ingewerk het ? 1. Die dubbele ontkenning in Frans verskyn daardeur dat ne gehelp word deur ander woorde. Ne met so'n hulpwoord staan slegs proklities by die ww. Onder klemtoon word as ontkenning non aangewend, wat voor die ontkende woord te staan kom, meesal voor seulement in non seulement ... tnais aussi. Ook pas kan saam met non gebruik word. Vandag word non pas veel vul diger as non aangewend. Pas alleen is vandag algemeen in gebruik in die volkstaal en dring al die skryftaal flink binne. „Ces mot (giens, mie, goutte, pas, point, guère)" sê prof. Sneyders de Vogel „sont primitivement des substantifs è sens affirmatif, qui, aprês avoir pris la fonction d'adverbes, finissent par n'exprimer avec ne qu'une seule idéé, 1'idée négative" (Syntaxe Historique du Francais, bis. 372, Groningen, 1927). Die opkoms van hierdie dubbelheid is toe te skrywe aan die verswakking van die proklitiese ontkenningspartikel, soos ons by Jespersen reeds geleer het. „Doch hat sich im laufe der zeit für die mangelnde klangfülle der negation beim verbum ersatz gebildet durch die entstehung der komposition mit einem zweiten bestandteil, der erst entweder adverbiale oder objekt war und spater zum ersatz der bedeutungslos gewordenen und nfrz. nur noch rudimentar in der schriftsprache vorhandenen negation ne dient, vor allem pas, dann auch point ..." (J. Haas, Kurzgefasste Neufranzösische Syntax, Halle-Saale, 1924, p. 74). Dat die besondere Afrikaanse verskynsel hiermee niks direks uitstaande het nie, sal nog verder duidelik blyk. Dr. Hesseling het reeds die opvatting van te Winkel (en S. J. du Toit) dat hier o.a. net aan Franse invloed moet gedink word, ontsenu (De Gids, 1897). 10 (c) IN NOORD-DUITSLAND. Hier kry ons die volgende vorme: (1) en ... nich(t), wat in die Middelhoogduitse periode gewoon was en sintakties met (1) uit (a) en (b) ooreenstem. (2) „Damit die Verneinung recht ins Gewicht fallt, wird sie nachdrüchhch wiederholt, indem man hinter keen, nix oder andern Verneinungsformen noch ein nich oder nix hinzusetzt" (Meyer, t.a.p., bis. 89), oorstemmend met (2) uit (a). Vgl. nog O. Weise, t.a.p„ bis. 169, F. Polle Wie Denkt das Volk über die Sprache ? (Leipzig 1904) bis. 108. (3) Dr. M. R. Breyne uit Berlyn verseker my dat nich ... nich hom in die omgewing van Rostock al 'n paar keer in die Volkstaal opgeval het. Ek kon geen verdere bevestiging van ander of uit werke ver kry nie, maar vermoed sy bestaan stellig. (d) NA SUID-AFRIKA. Hier kon ek niks met absolute stelligheid vasstel nie. In die skeepsjoernale verskyn wel voorbeelde van groepe 1 en 2 soos onder (a) aangegee is, maar verder as die vasstelling hiervan kan ons nouliks gaan. Buitendien bly ons in die duister rondtas wat die eintlike saak betref, die gebruik van twee-maal-m'e. Dit lyk tog redelik om te verwag dat waar die matrose 'uit die twee Nederlande getrek, in die meerderheid is, onder hulle tenminste die neiginge van die Nederlandse volkstaal sal aangetref word, en dat die aanlerendes hulle daarby sal aansluit sover as dit gaan. Dit sal ook die beeld wees wat ons van die taalgebruik van die passasiers kry. AFRIKAANSE TOESTANDE. In Suid-Afrika aangekom, kon op die blanketaal ingewerk het dié tale van die volkere waarmee die Europeane in aanraking gekom het en wie se tale hulle moes aanleer, waardeur 'n moontlikheid bestaan het dat uit die nuwe idiome 'n neerslag geleidelik in die blanketaal kon geraak het. Dit is juis op grond van hierdie moontlikheid dat dr. Hesseling sy teorie van Maleis-Portugese vervorming van die nederlandse dialekte tot Afrikaans opgestel het. Tog kon hy geen aanleiding in Maleis, Portugees of in die resultante mengeltaal Maleis-Portugees, vind om die dubbele ontkenning in Afrikaans op rekening van die algemene slawe- of handelstaal te bring nie. Hottentots het al ewe-min so'n gewoonte, altans sover as ons kennis daarvan vandag reik. Die Boesmantaai kom nie in aanmerking nie. Die geskiedenis lewer die duidelikste uitspraak dat, insover as daar wel 'n spaarsame verkeer tussen blank en Boesman by tye te noeme val, die blankes nooit hierdie taal aangeleer het nie. Gevalle soos die van die wonderlike poliglot Johanna Coetzee, is geïsoleerd. Die Bantoes kom eers in 'n tyd met die blankes in aanraking, wat dit onmoontlik maak om invloed op hierdie manier en langs hierdie weg aan te neem. Volgens die bekende historicus H. P. N. Muller (Reisherinneringen van Zuid-Afrika, Leiden, 1889, v. 336) het die uit die Noorde afsakkende Kaffers vir die eerste keer in 1781 met die blankes in botsing geraak, en eers in 1792 het hulle groterwordende aantalle 'n oorsaak van onrus en onveiligheid geword. Maar 'n dertig jaar later weet ons direk, uit Teenstra se voorbeeld, dat die nie2 reeds vol ontwikkeld was, wat dus vroeër, sê omstreeks 1800, duidelik ook die geval moes gewees het. Aan die ander kant kan invloed van hierdie nie-Europese tale op die blanketaal bevroed word deur te meen dat hulle Nederlands aangeleer het, en gebaseer op hulle taaleie langs die weg vervorminge van Nederlands kón gangbaar gemaak het, wat in die taalgebruik van die blankes oorgegaan het. Maar vir die dubbele ontkenning geld bowestaande besware hier nogeens met dieselfde krag. Af gesien van die (on) moontlikheid om die gewoonte van tweevoudige Verneinung direk uit 'n nie-Europese taal in Suid-Afrika van die dae te wil verklaar, mag op 'n psigologiese aspek gelet word, soos van Rijn en le Roux dit aangestip het. „Die noodsaaklikheid om nadruklik te praat in die omgang met onbeskaafde rasse sal m.i. nog meegewerk het om die gebruik van nie ter afsluiting van die periode, sowel as in sy oorspronklike posiesie, te bestendig" (le Roux, t.a.p., bis. 170). Orals spring hier vraagtekens op en bewe geweldig om die aandag te trek. Hoekom nie2 die periode juis afsluit, hoekom sou die nadruklikmaking nie ewe-goed en selfs natuurliker kan geskied deur die spesiale begrip of begrippe telkens te ontken binne-in die nexale verband, d.i. sodanig dat nie nog voorkom „in sy oorspronklike posiesie" nie? Is ons so seker dat me2 primair ontstaan het uit „die noodsaaklikheid om nadruklik te praat"? En eindelik, as die behoefte in die omgang-met die onbeskaafdes in Suid-Afrika gevoel is, wat van dieselfde behoeftes onder dieselfde omstandighede in die (Nederlandse) „Deense" (Amerikaanse) Antille, of van 'n ander Germaanse taal in sulke gevalle, bv. in Beach-la-Mar ? Dit is tog redelik om by gelyke oorsake gelyke neiginge in dieselfde omstandighede te veronderstel. In Beach-la-Mar, bv. vind ek dat no enkelvoudig in elke periode voorkom, vgl.: ,JVo, negative answer; You savez me ? No, no Savez ...; no adjective: here no kaikai no adverb: not: that fellow mary he no savee carry yam no do not: no be fraid Jonnie, he good fellow ..." {Beach-la-Mar, by William Churchill, Washington 1911, bis. 47). In die bloeityd van Neger-Hollands op die Antille het die ontkenning hom op dieselfde wyse gedra as hierbo in Neger-Engels. J. M. Magens gee in sy werk Grammatica over det Creolske Sprog som bruges paa de trende Danske Eilande, St. Croix, St. Thomas og St. Jans, i America-Indföd Mand, Kiobenhavn, 1770, exemplaar in die Pruisiese Staatsbiblioteek, onder .Adverbia Negandi & Prohibendi' die volgende gevalle: Neen: Ney; No: Ikke; Nono: Aldeles ikke; Nietee gut: Intet; Nog niet; no nogal: Ikke endnu; Onoso: Ellers ikke (p. 31). Dit word duideliker as ons 'n stukkie van daardie taal hier weergee, „det brugelige Creolske Sprog, paa de Danske Eilande (wat) er deriveret af det Hollandske af Aarsage, at de forste Indvaanere vare mestendeels fra de Hollandske provincer i Europa" (bis. 7). Dit is 'n gesprek tussen twee slawe: „Neen hem (die Meester) ka wees wakker lang tit. Hem ka hoppo ? (Er han opstaaen ?) Neen, hem de lej na bobo die Bedde (Ney, han ligger paa Stengen) Mie mut praet mit hem. Ju no kan seg mie wat Ju wil hem ? Mie no kan. Hueso ? Ju no kan seg ? Mie no wil, fordeimaek mie Meester ha seg mie, dat mie mut praet die Woort na Ju Meester mie self." (bis. 52). Tog is dit onnodig om sover te gaan. In Suid-Afrika kan die vraagstuk op hierdie punt vandag sogoed bestudeer word as voor 1800. Die verhouding van Engelse en Zoeloes in Natal is veel meer ten gunste van die „onbeskaafdes" vandag as dit in die goeie ou slawetyd in Kaapland die geval tussen die Hollands- en nie-Hollandssprekendes was, en tog ken ek nog in die Engelsman se kombuis-Zoeloe, nog in die Zoeloe se basterd-Engels, enigiets wat met ons probleem die minste uitstaande het. Ons word dan gedwing om met die oorgeërfde neiginge te opereer, en dus die dubbele ontkenningswyse in sy Afrikaanse gestalte as embrionaal oorgeërf te beskou, of om hierdie verskynsel as 'n Afrikaanse ontwikkeling met Nederlandse parallelle te bestempel. Dit is opmerklik dat waar ons ook al gesoek het, buitelands die Nederlandse spraakgebied niks, wat in aanmerking kan kom, die vorm nie ... nie te sien gegee het nie, al het ons die verskynsel wel in (Noord-)Duitsland vermoed. Dr. J. J. le Roux se opmerking, dat dit aantoon hoe die verskynsel dus wel sonder noodsaaklike aanname van vreemde invloed kan voorkom, skyn my juis te wees. Ons probleme kan op hierdie stadium as volg samegevat word: 1. Het ons enige aanleiding om te glo dat die (of *n) dubbele ontkenningswyse gedurende die wordingsjare groter uitgebreidheid gehad het as, sê vandag, in Nederland (aangesien ons per slot van sake min met groot stelligheid van die 17e eeuse dialek af weet ?) 2. Waarom het juis die nie ... nie-tipe veralgemeen ? Hier het ons op 'n mistige plateau aangeland waar die vastigheid van feite ons begewe, waar die beskouing meer 'n teoretiese karakter gaan kry. Nou sal dit maklik word om 'n teoretiese skema vir die feite te maak, in plaas van die feite hulle eie, die wesentlike teorie te laat verklik. En wil egter nie meer verklaar as ek werklik kan nie, en vestig gevolglik die aandag slegs op 'n paar oorweginge wat 'n aanduiding kan word. Aangaande punt 1 let ons op Amerikaans, waar, mutatis mutandis, die algemene toestande eh taaltendense 'n beeld te sien gee wat in die belangrikste punte t.o.v. die hooftaal die selfde lyne vertoon as Nederlands in Suid-Afrika in sy verwording tot Afrikaans voor omstreeks 1820 (die jaar van die aankoms van die Britse Setlaars). Prof. dr. W. W. Charters (Missouri, professor in Opvoedkunde) het in Kansas City proefondervindelik die begane taalfoute van skoliere in mondelinge en skriftelike gebruik probeer bepaal, gehelp deur mej. Edith Miller. „Perhaps fivesixths of the material studied came from children above twelve" (bis. 265). 57 % van die foute in die omgangstaal betref die ww., terwyl „doublé negatives constituted 11 % of the errors", maar in die geskrifte daal dit tot 1 %. Hierdie aanhalinge kom uit Men eken (The American Language), wat nog hierby voeg: „lts examination threw a brilliant light upon the speech actually employed by children near the end of their schooling in a typical American city, and per corollarg, (sy kursivering) upon the speech employed by their parents and other associates" (bis. 265). Dit kom nie daarop aan watter besware 'n mens teen sulke eksperimente mag hê nie. Dit is my om die algemene gang te doen, of die syfer nou 10 % of 20 % mag wees. Daarby sou 'n mens eers werklike waarde aan die gegewens kan heg as dieselfde wyse in 'n tipies-Engelse stad uitgevoer word. Tog lyk die gevolgtrekking my uit wat ons van die Engelse skooltaal ken, gewettig dat in „American" 'n gebruik van tweevoudige ontkenning in die vulgus mobile gemaak word, wat ons tog as oordrewe voorkom, gesien vanuit die standpunt van die norm in Engels. (Vgl. Rudyard Kipling se Stalky 6 Co.) Maar dit daargelaat. Sou ons nie ook 'n toestand aan die Kaap voor 1800 mag veronderstel waarin die uiting van die ontkenningsgevoel deur middel van die partikels in een of ander vorm, sterker sou gewees het as in ooreenkomstige gevalle in die stamland(e) nie ? Want, om tot die eksperiment terug te keer, die 11 % foutiewe negasies is bereken volgens al die foute. Dan is die persentasie tog aanmerklik groter, as die foutiewe wyse van ontkenning persentatief gestel word langs al die kere wat 'n ontkenning voorkom, sê 'n 50 % of meer. In die verhale van Lardner, geskryf in gesproke Amerikaans (Mencken beweer, soos gesê, dat daar geen Amerikaanse dialekte is nie — blss. 28 e.v.), kom die modale ontkenning 100 % dubbel- of soms selfs meervoudig voor. In 'n ander hoofstuk spreek Mencken hom dan nog duideliker uit: „Syntactically, perhaps the chief characteristic of vulgar American is its sturdy fidelity to the doublé negative. So freely is it used, indeed, that the simple negative appears to be almost abandoned. Such phrases as 'I see nobody' ... are heard so seldom among the masses of the people that they appear to be affectations when encountered; the wellnigh universal forms are: 'I don't see nobody' ... " (bis. 310). — Ek kan my, met die oog op die feit dat Afrikaans voor 1875 tog net 'n spreektaalvorm was, „vulgar Afrikaans" in die gees van Mencken, geen duideliker parallel in strekking voorstel as hier gegee word nie. Insoverre as die toestande telkens van nuuts af aan die gebruik noodsaaklik maak of eenvoudig laat ontstaan, kan opgemerk word dat, uiterlik beskou, die groot onderskeid tussen Amerikaans en Engels of watter Europese taal ook-al, juis daar lê, dat in eersgenoemde so'n groot persentasie van-huis-uit nie-Engels-sprekende Amerikaners is (Mencken, t.a.p., bis. 97 e.v.), wat die landstaal aanleer so goed of so sleg as dit gaan. Presies dieselfde toestande het op 'n kleiner skaal, maar waarskynlik in dieselfde of in sterker verhouding aan die Kaap tot na die koms van die Engelse geheers. Volgens drs. D. B. Bosman en A. L. Geyer is omstreeks 1806 53 % van die Afrikaanse bloedmenging Nederlands, 28 % Duits, 15 % Frans en 4 % van ander nasionaliteite (Tydskrif vir Wetenskap en Kans, V), maar die taal is tog Nederlands, soos Amerikaans Engels is. Presies watter in- en uitwendige taalfaktore hierdie gewoonte aankweek, is moeilik om uit te maak. 't Uiterlike werking kan van 'n sekere mate van bandeloosheid verwag word, deurdat die taalgebruik van bv. die aanlerende volwasse nuweling nie van die begin af so volledig in die proses van voortskrydende sosialisering deur die ouers of onderwysers en dergelike faktore in die ou bane gehou word nie. Wanneer dit eers doelmatig geskied is, soos met sy daar-geboortige skoolgaande kinders die geval kan wees, is die kloof tussen die gewone spreektaal van die groep en die standaardtaal al wyd-gapend en word die beskaafde norm al gevoel as die onnatuurlike, die kunsmatige, die geleentheidsmatige. Hierdie veronderstelling berus dan daarop dat die verspreiding ten dele van die kant van die taaladapterende vreemdelinge kan kom. Dat dit deur ander (sterker) motiewe deurkruis of voortgestu word, spreek vanself, bv. deur die inwendige faktor(e) wat vertweevoudiging in, sê die Nederlandse dialekte, begunstig, nl. om 'n seker begrip of begrippe binne die nexale ontkenning spesiaal te negeer, om die besondere belang wat vir die geleentheid aan die besondere begrip (pe) geheg word. Hierdeur kan as resultaat, (d.i. insoverre dit nie die primaire dryfkrag is nie) later 'n gevoel ontstaan dat die ontkenning so vollediger en sterker, miskien ook duideliker, geskied en kan dit psigologies verkiesliker in 'n steeds stygende aantal moontlikhede voorkom. Maar wie sal die verhouding presies uitmaak ? Dan is daar tog ook, aanvanklik altans, remmende en ausgleichende kragte aan die werk, wat tesame sterk genoeg kan wees om die stroming lank teen te hou, of uiteindelik in sekere verhoudinge selfs te neutraliseer. Lyk dit aanneemlik om ook in die wordingsperiode van Afrikaans so'n oorwig van die sogenoemde ontkenningspleonasme te veronderstel, wek dit enigsins bevreemding dat juis die nie ... nie-konstruksie hier gaan baasspeel. Want A.-B.-Nederlands negeer in hoofsaak op dieselfde wyse as A.B.-Engels, as ons afsien van bv. die -n'f-gevalle. En die dialekte van albei tale gedra hulle hierin ook eenders. Tog is die not ... nof-prosedure in Amerikaans, volgens die voorbeelde by Mencken (bis. 310) gegee, onbekend. Ook in die Nederlandse dialekte self is die nie ... nie-tipe so wegkruiprig, dat sommige van die beste dialekkenners sy bestaan ontken het. Dus, indien die tipe uit Nederlands (en Noord-Duits?) oor ge-erf is, kom dit eienaardig voor dat juis hy in Suid-Afrika so gaan voortwoeker, hy, die swakste en kleinste, die verloënde. Hoe onwaar- skynlik ook, hy het dit gedoen (as hy oorge-erf is), en roep des te meer om 'n verklaring. Ek wys op enige moontlikhede. Prof. Bosman het dit in Afrikaans as 'n sintaktiese ineenskuiwing van twee ordes beskou, „analogiewerking, nou op sintaktiese gebied". Ook prof. H. Paul noem iets dergeliks, wat „eine noch bedeutendere Rolle (als Pleonasmus von Bildungselementen) spielt" die „Kontamination auf syntaktischem Gebiete" (Prinzipien, 5e druk, § 116) en hom volg baie ander na. Uit Kudrun verduidelik hy met: daz wil ich widerraten, daz ir mich mit besemen gestrafet nimmer mêr. Dit is natuurlik moontlik om grammaties-mechanies hierin te sien „eine Mischung aus den beiden Gedanken ,davon will ich abraten, dass ihr mich jemals wieder straft' und .straft mich niemals wieder.'" (§ 120 ald.) — Lê die verhoudinge anders, heet dit amper naïef: „Immerhin haben wir es auch dann mit einer Kontamination zu tun" (ald., bis. 171). Maar of dit die enigste manier is om die geval te beskou, betwyfel ek. Dit lyk amper of Paul e.a. die kar voor die perde span. Wat is die dryfveer ? Bloot die uiterlik-toevallige ? Veel makliker, geheel nie-mechanies-verklaarbaar en buitekant die strenge indexifering van die enkel logiese grammatiese orde, kan dit ook so verduidelik word dat die gevoel — die moeder van taal meer nog as die verstand — in die rigting van ontkenning hom sodoende oor die geheel versprei, dat dit, waar die ontkenning al deur die omstandighede minder helderkleurig is, tot herhaling of nuwe neerslag aanleiding kan gee. Dit blyk duideliker uit 'n paar ander voorbeelde van Paul: /Nun will ich zwar nicht leugnen, dass an diesen Büchern nicht manches zu verbessern sein sollte — Lessing / Ich zweifle nicht, dass sie sich nicht beide über diese Krankung hinwegsetzen werden — Lessing / vnd gentzlich kein hoffnung mehr handt zu handt zu kommen nimmer meh — Hans Sachs / ... ohne dass ich weder von dem Vorhergehenden noch von dem Nachfolgenden irgend unterrichtet gewesen ware — Goethe //, ens. As dit oor langer periodes kan gebeur dat die ontkenningsgevoel op bierdie manier die eenheid vanuit meer as een punt kan beskyn, is daar geen rede waarom dit in korter periodes nie ewe-eens kan geskied nie. Besparing is tog nie die enigste heerser wat in die taalekonomiese lewe die monopolie of diktatuur uitoefen nie. Weise, Meyer en 'n menigte ander praat ook van „Die Fülle des Ausdrucks". As ons die taalneigings in Suid-Afrika in die afgebakende periode as gelyklopend aan die in Noord-Amerika kan beskou, as ons derhalwe wil erken dat die ontkenningsgevoel uiting vind in vermenigvuldiging van die ontkenningspartfkels, kan dit hom teoreties in Afrikaans ewe-goed op sy bekende Afrikaanse manier vertoon as andersins. Dat hy hom ook andersins vertoon het, het ons reeds gewys; hieroor nog iets. Die sterkste (oorgeërfde) strominge was vermoedelik: (a) die tipe nooit ... niet, geen ... niet (meer) ens. Dit is reeds aangetoon hoe dit skyn asof geen (gen, g'n) carrière gemaak het. Ons ken die tipe in weelderige krag in dieselfde dialekte van Germaans; ons ontmoet hom in volle bloei in Amerikaans, 'n Germaanse taal wat op sy besondere manier gegroei het. Induktief sou ons hom ook in Kaapland verwag. Dat hy daar was, is nie te betwyfel nie. Maar meer, ons sou hom 'n lot soos in Amerikaans wou voorspel het. (b) die tipe en(ne) ... niet, niet ... en(ne): / ende dat niet ghesleghen nes ende ofte ghi niet ne hebt dat witte soe nemt sijn selver bloct ... La Chirurgie de M. Yperman (± 1300), 1863, f. 411), wat nog deur die sintaktiese ooreenstemmende gebruik in beskaafde Frans van die Hugenote steun kon gevind het. Die tipe is aan die Kaap van die vestiging tot aan die uitgang van die neêntiende eeu gehoor en gebruik. Ook hierdie tipe kon 'n Siegeslauf gehad het — hy was juis taai genoeg. Hoekom kon dit nie in die Kaaplandse Nederlandse dialekte, waarin dit sterk gewortel moes gestaan het, die weg opgegaan het as bv. in Frans nie ? Die toestande was tog gunstig ! As tipes (a) en (b) vlytig in gebruik was, en daarnaas en daartussen die vorm nie ... nie, maar die waarskynlik skaarse vorm nie ... nie tog in die loop van tyd, teoreties teen alle verwagtinge in, die oorhand oor die twee sterkes met hulle wederkerige bondgenootskap gekry het, word 'n sterk vermoede gewek dat dit nie die twee (-meer-)voudigheid van die negasiepartikels is wat die bestaande of ontstaande behoefte kon bevredig nie, maar slegs dié spesiale wyse van ontkenning, M.a.w. die nie ... nie-vorm het 'n inhoud wat hom tot die gewenste kandidaat maak — daar is 'n psigologiese as pek wat in die ander twee tipes gemis word. Die een mag goed vir Vlaams en Frans, die ander vir Amerikaans wees om algemeen te word, hulle deug nie vir Afrikaans nie — en verloor die wedloop, selfs met die groot voorsprong. Hierdie oorweging maak dit dus vir my onbegryplik hoekom juis die tipe nie ... nie in Afrikaans onder die omstandighede so'n oorwinningstog sou gehad het, as ons dit sonder meer as 'n sintaktiese kontaminasieproduk moet beoordeel. Hierdie junggrammatische ontleding het m.i. waarde om te wys hoedat die taalgevoel met hierdie modaliteitswoordjie vrede kan hê as hy sy posisie as me2 daar inneem waar hy dan wel verskyn, met dien verstande dat hy deur werkwoordelike aantrekking of hoe ook, wel nog elders 'n plek kan verower. „Immerhin", sê Paul in 'n ander verband, „haben wir es auch dann mit einer Kontamination zu tun". As nie% sy plek dus so kan verander, moet 'n mens die kontaminasiemoontlikheid al baie breed en „immerhin"-agtig opvat, bv. in so'n sin „Dis ni di kinderharp self ni wat 'n mens kan sing ni". In watter opsig dan verskil die dubbelvoudige nie van die ander, twee tipes wat sy ontkenningsbetekenis en -werking betref ? Watter psigologiese selfkant het dit wat hom so bevreemdend die algemene rang laat verower het ? Die tipe en ... niet is sterk nexaal, die nie(t) kom by om die verbleekte en (n, 5, an) wat sy werking nie altyd doeltreffend verrig nie, te steun, en eventueel selfs miskien te verdring as „onnodige ballas". Hierdie spesiale tipe verander dus die saak nie in gevalle soos die wat ons uit Paul aangehaal het nie. Daar sou die gewraakte pleonasme op dieselfde wyse nog kon voorkom, selfs al was en ... nich(t) in sy tweevoudigheid as die normale ontkenning aangewend. Daar is dus nog iets buitekant die werkingsfeer van en ... niet of ne ... pas wat soms voldoening kan soek. Die ander tipe nooit niet kan, van 'n seker kant beskou, al ewe-min voldoen. Soos reeds aangetoon, kan: / Ik heb niemand niet gezien // as 'n gewone nexale ontkenning beskou word: / Ik heb hem-en-alle-andere niet gezien //, d.i. die niemand, ens. kan as iets positiefs binne die nexale verband beskou word. Vgl.: / Ik ben hem op mijn huis geen cent niet schuldig //, d.i. nul centen. Insoverre dan as hierdie spesiale ontkenning in sy strelddng nie juis ontken nie, staan ons psigologies nog net sover met die nexale ontkenning (as dit in so'n verband geplaas word) as voorheen. Maar selfs al word niemand as enkel ontkennend gevoel, bly die moeilikheid hierbo genoem, nog bestaan. Ek verduidelik nogeens met een van Paul se sinne, veranderd volgens hierdie tipe: / Ich zweifle nimmer (niemals, keineswegs, ens) nicht, dass sie sich nicht beide über diese Krankung hinwegsetzen werden — Lessing //. Die pleonastiese nicht verskyn dus nog in die bysin, trots die nimmer nicht by zweifeln in die hoofsin. Van albei kante besien bevredig hierdie tipe geensins alle aspekte van die ontkenningstrewing nie. 'n Mens hoef maar net aan Afrikaanse sinne te dink soos: Ek sien nooit geen mens nie / Hy het niks geen moeite ontsien nie //, — 'n gewone1 tipe in die volkstaal. Of moet ons hier van uitbreidingsgevalle praat? Daar is duidelik nog 'n ander rigting, nl. die reeds genoemde psigologiese uitbreiding van die ontkenningsmodaliteit met 'n moontlike nuwe neerslag. Ons herken langs hierdie een dan nog die strominge wat in tipes (a) en (b) genoem is. Die grense tussen die drie is nie altyd te trek nie, is dikwels gladnie bestaande nie deurdat die strominge ineen kan vloei, bv. in / Ik en zag niemand niet // 'n Mens kan dit ook anders uitdruk, deur te sê dat die verloop in al drie dikwels presies eenders is, of, dat die een as gevolg hiervan maklik in die ander kan verloop, en dus krag bysit waar dit nie te verwag was nie. En hoekom ook nie ? By al die verskil is daar, van agter gesien, meer ooreenkoms, nl. dat die ontkenningsgevoel primair of sekundair, sterker oor die eenheid straal, ondubbelsinniger tot uiting kom. Waar daar wel verskil is, is dit meer in die rigting waarin die gevoel hom struktureel verbreed. Ons beskou nog deskriptief die volgende sinne, wat eenders in struktuur is, afgesien van die ontkenning self: / Gert het sy broer gister by die stasie gaan afhaal // kan na gelang van omstandighede so verskyn: i. Nte-Gért het sy broer gister b.d.s.g. afhaal nie. ii. Gert het-m'e „ „ „ „ afhaal nie. in. Gert het nie-sy-broer „ „ afhaal nie. iv. Gert het sy broer nie-gister „ afhaal nie. v. Gert h.s.b.g. nie-by-die-stasie gaan afhaal nie. vi. Gert „ by die stasie n/e-gaan-afhaal nie. Dan blyk dit duidelik genoeg hoedat die enigste belangrike betekenis-element in die negasie-mechaniek niex is, deur hom die eintlike ontkenningsgedagte uitgedruk word, en hoedat nie2 eintlik geen ontkenningskrag het nie, die betekenis geensins geskaad word deur sy weglating nie. Dit staan dus in die geheel nie teenoor niex as iets neutraliserends nie; in betekenis is dit ewemin 'n duidelike versterkende element. Nee, nie2 is enkel daar om die eenheid af te rond, aan die einde waarvan dit besluitend uitklink soos vir die gewone man die „amen" van sy gebed. Dit is geen nuwe ontkenningspartikel nie, 'n partikel wat ander begrippe in die nexus, of die nexus self, kom kontrasteer of kontradikteer nie; dis eenvoudig die voltooiing van die ontkenningsgedagte, uitgedruk in die partikel nie^ hoërop in die sin. Daarom kan ons in die kern van die saak nie van 'n „dubbele" ontkenning praat nie: dit is misleidend, omdat dit vals is. Daar word maar één keer ontken, presies soos in A.-B.-Nederlands met sy niet. Maar die Afrikaanse eenvoudige ontkenning geskied nou nie enkelvoudig in vorm nie. Want die onderskeid lê eerstens in die vorm, en nie in die betekenis nie. Dit is asof ons met 'n kompositum te doen het, 'n Distanz- of Fernkompositum, wat egter in sy vertweede geheel uitdrukking aan één ontkenning gee. Daar is 'n vertwee-ing van die partikel, maar geen vertwee-ing van die ontkenning nie. As ons konsekwent wil wees, mag ons hoogstens van die dubbele-nie in Afrikaans praat, geensins van die dubbele ontkenning nie. Tog is nie2 'n woord jie wat, hoe swak dit is in betekenis, hoe kleurloos, 'n duidelike waarde in die rigting van die ontkenning het — dit bly 'n negasiepartikel. Maar insover dit die waarde het, is dit ook die geval dat dit die ontkenningsgroep afsluit, m.a.w., die ontkenningsgevoel word oor die hele eenheid versprei, vereers deur die belangrike mei wat die eintlike betekenis gee, en die eenheid domineer, presies soos in Nederlands, en tweedens deur me2 wat in betekenis die onfA:enmn#s-eenheid in al sy afhanklike maar samehorende dele toe-hek, d.i. aan die slot die stempel van die ontkenning, as-het-ware, nog eens afdruk. Maar dan, die gevoel van voltooiing wat hom in m'e2 uit, vereis vanself en heel natuurlik 'n psigologiese verklaring — in Nederlands sowel as in Afrikaans, en nie 'n logiese nie. Opereer ons hier met wat ons van die historiese gang van die ontkenninge afweet, dan sal ons die vroegste toestande op SuidAfrikaanse bodem nagenoeg so moet voorstel, verduidelik aan die hand van ons sinne hierbo: i. Nie-Gert-nte het sy broer gister b.d.s.g. afhaal. ii. iii. Gert het nie-sy-broer-nie „ „ afhaal. iv. Gert het sy broer m'e-gister-me „ afhaal. v. Gert h.s.b.g. me-by-die-stasie-me gaan afhaal. vi. Gert „ by die stasie m'e-gaan-afhaal-nie. Hier is die psigologiese waardering omtrent dieselfde. Dit is nog mei wat die belangrike element is, die enigste onontbeerlike element. Nie2 kan in al die gevalle wegbly sonder dat die ontkenning onduideliker word, d.i. sonder dat daar in die betekenis iets essensiëels verlore raak. En tog het nie2 sy waarde hier as ontkenningslid. Dit volg op die kern wat nie1 ontken het, en saam met nie1 gee dit aan die kern die ontkenningskleur. Organies baken dit die kern, wat nou 'n ander gedagte(deel) weerspreek of daarmee weersprekend in teenstelling kom, af van die res, d.i. dit voltooi die ontkenning waar dit die kern afgroepeer en afrond. Belangrik is die opmerking, dat die omringing eenders is in albei gevalle van spesiale en van nexale ontkenning, (ons sluit die samegestelde ww. in ii solank uit). Dit is die gevoel wat bevrediging soek. Daar is dus 'n oppósisie tussen: (a) en ... niet (niet ... en); (b) nooit ... nie (insover dit primair is); (c) nie ... nie. Om die oppósisie duidelik te maak let ons op die vorige sinne, nou net met (a) alleen gebruik: i. Nie-Gert en-het sy broer g.b.d.s.g. afhaal, ü. Gert en-het sy broer g.b.d.s. nte-gaan-afhaal. iii. Gert en-het me-sy-broer g.b.d.s. gaan afhaal. iv. Gert en-het sy broer nie-gister ens. Die en-element is deurgaans aan die nexusdraer, of aan die eerste deel van die nexusdraer, verbonde. As nie ter versterking bykom, soos Jespersen, Haas, Blancquaert e.a. sê, dan is dit maar 'n deel van die waarheid. Die verskynsel moet anders verklaar word as tot hiertoe gedaan is. Daar is 'n bepaalde behoefte wat bevrediging soek. Die en is nou heeltemal deur die nexus geëksploiteer, soos g'n in / Ek sal dit g'n doen nie //. Moet 'n spesiale deel binne-in die sin ontken word wanneer en (g'n) sover vernexaal is dat dit self nie meer kan gebruik word nie, dan is dit noodsaaklik om 'n ander woord te gebruik. Watter woord, of tot watter rededeel dit mag behoort: dit is eintlik om die ewe solank die „innere Form" die aanknoping maar kan moontlik laat wees. Dat die aksent in die begin ontsaglik baie help om die spesiale begrip wat iets anders nou moet teenspreek of weerleggend daarmee in teenstelling moet kom, sterk na vore te bring, is net natuurlik in die geval, totdat die „innere Form" sy kombinasiewerk deeglik verrig het, d.i. vas geword het. Die oorweging keer die formulering van Jespersen e.a. dan om. Nie die aksent waarmee die ander ontkenningswoord wat nou nosioneel belangriker beskou word as en, uitgespreek word, laat en verder verswak en selfs proklities word, om dan later deur 'n ander partikel gehelp te word nie, maar omdat en as ontkenningspartikel nie meer sy funksie by die spesiale begrip kan verrig nie of goed verrig nie (om sy vernexalering), daarom word die spesiale begrip ontken deur middel van 'n ander woord, wat nog deur aksentuele krag verder steun ontvang. Gestel die nuwe word is nie(t), die neutrumvorm van 'n voornw. Dan is die toestand die volgende: Vir nexale ontkenning word en gebruik, vir spesiale ontkenning nie. Ons het egter herhaaldelik daarop gewys hoedat die spesiale ontkenning vernexaal word, bv. in die geval van geen (g'n). Die nexale magnetisme is iets natuurliks. As nie nou ook deur die aantrekking by nexale ontkenninge kan gebesig word, dus die funksie van en verrig, is die botsing en oorlapping duidelik. Op voorhand weet ons dat en moet verloor, immers dit kan net nexaal negeer, en nie kan nou spesiaal, asook nexaal negeer, waardeur dit en kan vervang. Anders as Blancquaert e.a. sien ek dan die historiese sirkelgang so: (1) Een en dieselfde partikel wat spesiaal en nexaal kan negeer, raak totaal vernexaal uiteindelik. (2) Vir die spesiale ontkenning word al meer en meer nou 'n ander woord gebruik, d.i. (ten dele) verpartikel. (3) Die nuwe partikel word ook vir nexale ontkenninge gebesig, word dus plooibaarder, en druk stadigaan die ou nexale partikel uit. Daar is dus opeenvolgende periodes van tweeheid (twee partikels, elk met sy eie funksie, dus twee funksies), dubbelheid (twee partikels, waarvan die nuwe ook die werk van die oue doen) en van eenheid (een partikel vir die twee funksies). Hierdie tipe is duidelik anders geaard as die nie ... nie-tipe. Die wisselwerking wat by en ... niet bestaan, is hier byna totaal afwesig. Ons het nie die wisselwerking tussen spesiaal en nexaal in die eerste geval nie, dog wel die duidelike afronding van die kern. Die wisselwerking is nagenoeg afwesig, juis omdat nie ... nie in sy periode van 'n dubbelheid van funksie met jeugdige krag staan, d.i. gebruik word by beide nexale en spesiale ontkenninge. „Nagenoeg" sê ons, omdat 'n tweeheid al weer floutjies inspeel by / Niks geen maar nie, dominee, afgespreek // e.d. Die oppósisie by nooit ... nie het ons hiermee aangeraak. Die saak is ook heel eenvoudig, en is reeds hoërop behandel. Dit is niks anders nie as dieselfde wisselwerking, is dus in sy essensie dieselfde as die vorige geval. Die verskil lê in die graad waarin die partikels vernexaal is: by en is dit volledig, by nooit nog nie begin nie. Trag om nooit c.s. as 'n suiwer ontkenningspartikel te gebruik by ons scs sinne hierbo, en die graad verskil is duidelik. Nooit c.s. is nog geen negasiepartikels nie, is nog enkel spesiale begrippe met 'n negatiewe strekking, veel sterker as b.v. in die Amerikaanse omgangstaal, waar hulle al meer vernexaal is. Opmerklik is hoedat ons in Afrikaans in al die gevalle van nooit ... nie c.s. die gevoel nie het as sou nooit binne 'n nexale verband wat reeds deur nie ontken is, 'n nuwe spesiale ontkenning wees nie. Nee, want in so'n geval sou die sin / Hy het nooit die boek teruggebring nie // moes gelui het / Hy het nooit die boek nie teruggebring (nie) //. Na nooit e.d. kom nie afrondend presies soos na niex, m.a.w. nooit is vir hierdie konstruksie soveel as nie ooit. Dit is die punt wat hieruit blyk en wat ek so graag wil duidelik laat verstaan: die psigologiese rede wat 'n nie2 in Afrikaans nodig maak is iets heeltemal anders as die een wat die wisselwerking soos hierbo nodig maak, en selfs daar waar dit na 'n wisselwerking lyk, is dit nie een nie, altans nie vandag nie (nooit ... nie). So sterk is juis die Afrikaanse wyse van ontkenning dat dit ook die ander wyses daar oorheers, waar die twee saamval, en enkel sy eie karakter vertoon. Ons moet dan onder die sog. tweevoudige opeenhopende ontkenninge twee soorte onderskei: «) 'n dubbele (of meervoudige) as gevolg van die wisselwerking tussen nexale en spesiale ontkenninge — 'n gewone en dikwels voorkomende verskynsel in Indo-germaans en elders. Histories volg drie periodes mekaar reëlmatig op, soos aangedui. Hier het ons 'n egte dubbele ontkenning, waarlangs ons stel: 0) die onegte dubbele ontkenning, „oneg" omdat dit eintlik 'n enkelvoudige ontkenning is wat hom in sy vorm tweevoudig vertoon. Op hierdie, eintlik seldsame soort is nog min gelet. Ons vind hom selde in die G ermaanse tale, as ons Afrikaans uitsonder, waarin hy bloei. In Ewe lewe hy psigologies eenders, maar in vorm effens anders, deurdat die twee partikels nie heeltemal dieselfde is nie. Aan die psigologiese kant toon hierdie (Afrikaanse) tipe die volgende ontwikkelingstadia: 11 1. Wanneer nie2 agter die kern fakultatief gewys verskyn by mei, is dit omdat die ontkenningsgevoel hom oor die kern (eenheid) sterker uitbrei deur die kern wat ontken word, as 'n volledige organiese eenheid af te baken — 'n eenheid wat so duideliker gegroepeerd te staan kom teenoor die deel waarmee dit in teenstelling of in weerspraak gebring is. Immers dit is die sin, die doel van elke ontkenning, en daarom is die organiese eenmaking of saamgroepeering eintlik iets wensliks in gegewe gevalle. Die aksent sal in die begin meehelp. 2. Hierdie ontkenningswyse word reël, d.i. nie2 word as die voltooiing van die ontkenning gebruik, en as n voortvloeiende resultaat met terugkerende werking, kry die ontkenningseenheid 'n bepaalde ritmiek, iets in die aard van 'n dactylus, of selfs van 'n anapaest. 3. Waar van die ontkende kern 'n uitbreiding afhang, ontstaan die gevoel om die uitbreiding ook as behorende by die ontkende kern af te baken en as 'n groter organiese geheel te stel teenoor die sin(sdeel) wat dit kontrasteer of kontradikteer. Dus is dit psigologies 'n versterkingsmiddel, en wel deur primair 'n duideliker afbakening van die eenheid, en secundair deur 'n vervoltooiing van die ontkenning. Vgl. 'n keer hiermee die sinne / Nie hy nie, sy broer was hier gewees / Niemand anders nie behalwe hy / Ons het gedink dit kan nie gebeur nie as hy weier //. Juis deurdat albei rigtinge middele van 'n bepaalde soort van versterking is, het hulle iets gemeenskapliks in inhoud by die verskil in koers. Eindelik, die kragtigste bewys vir ons argument van die verklaring van die dubbele nie's vind ek in die gedrag van die taal waar dieselfde beginsels van die Innere Sprachform, in Marty se gebruik, en wel op dieselfde manier kan werk. Dan is die verskynsel van die nie's gladnie so sonderling en raardoende nie. In die verband daarmee let ons verder op 'n paar minder-belangrike faktore wat tog volledigheidshalwe 'n reg het om ondersoek te word — deur die filoloog. AL ... AL. „Al kan herhaal word na die bepaalde woord of woordgroep, Vgl.: hy het al gekom al, en (by adverbia): die al lankal; hy was daar al lank voor my al" (le Roux, Sintaksis, § 331); maar by § 363 „van al is die herhaling fakultatief". Tussen hierdie verskynsel en dubbele-nie is die groot onderskeid in die gebruiksfrekwensie een van graad, wat by tweernaal-nie soveel hoer is. In die verbinding al lank al het ons die vorm wat deurgaans in die volkstaal verskyn, as geen ander adverbia van 'n sekundaire rang bykom nie. By (meesal enkelvoudige) tijdsadverbia waar die temporale begrip op 'n handeling slaan wat in die verlede lê maar reeds enige tyd duur, tree al in die volkstaal in die reël tweevoudig op, eers voor die bepaalde tydsbegrip en dan daarna by wyse van afsluiting. / Ek het al vroeg al opgestaan //. Druk 'n ander bepaling die temporale gedagte ook in die rigting van sy perfektiewe duur uit, en al bepaal die temporale adverbium (-groep), word hy as gewoonlik voldoende gevoel / Ek is vanmore al van vroeg af besig //. Hoe veelvuldig a/2 in die volkstaal vroeër gebruik is, kan ek nie uitmaak nie. Opvallend is dat Changuion, waar hy hieroor praat, slegs melding maak „van de verdubbeling van nie en al bv. Eks al moeg al ... (t.a.p., § 269). As ek Mansvelt goed verstaan lyk dit of die gebruik van aU toe veel algemener was as nou: „Al wordt in korte zinnen op 't eind van den zin herhaald" (t.a.p., bis. 6). Altyd of fakultatief ? Hy stel dit tog voor as die gewone reël dat dit in hierdie geval altyd herhaal word. Vandag word al2 soms selfs in al-lank-al in die geskrewe vorm onderdruk, bv. / ... en (Pilatus) het die kaptein geroep en hom gevra of Hy al lank dood was, Mark. XV, 44 //. Die plek van al2 is vandag nog gladnie vas nie. Al-lank-al is feitlik 'n kompositum en die posisie dus vas (vgl. egter die sin by le Roux hierbo). Maar naas: / Ek het al vroeg al opgestaan // kan dit ook verskyn as: / Ek het al vroeg opgestaan al //, dus 'n geval van verbale aantrekking teenoor die spesiale aard van al-vroeg-al. In hierdie sin wat meer gewoon klink, sluit die modale tydspartikel al2 die groep af; — ons kan die „groep" in sy spesiale karakter voorstel (al-vroeg-al) of in sy nexale karakter (al vroegopgestaan al). Suiwer nexaal is: / Hy het al gekom al //. Ook die posisie van al^ (of af) is dikwels baie onvas. / Hy het vanmore al vroeg opgestaan / Hy het vroeg al opgestaan / Hy het al vanmore vroeg opgestaan / Hy het vanmore vroeg al opgestaan / Hy het vroeg vanmore opgestaan al // ens., die hele reeks nog eens deur met pleksverwisseling van vroeg en vanmore. In die eerste serie voorbeeldsinne val die sinsaksent telkens op, wat in die adjunk as primair gevoel word, vroeg, en dit is ook die begrip wat deur die modale al bepaal word. Gevolglik is daar geen «Hntlike verskil in betekenis in al die gevalle nie. Wie nou die verskynsel van tweevoudige-a/, waar dit in die sinne (kan) voorkom, as 'n kontaminasieproduk wil verklaar, het 'n doodgemaklike taak. Maar is die uiterlike ineenpassing van twee moontlikhede ooit 'n primair-begryplike, 'n volledige verklaring, insover dit 'n verklaring is ? Uiterlik beskou, gaan dis bes. Om nie in herhaling te gaan verval nie, behandel ek die punt later saam met die ander. Tog wys ek nog net daarop hoe hierdie verskynsel in die wesentlike van sy verskyning in die taallewe en in sy aard om spesiaal of nexaal aktief te wees, met die dubbele-nie ooreenkom, en hoe dieselfde psigologiese verklaring hier ten grondslag kan gelê word. Vgl. 'n sin soos: / Hy het al 'n hele ruk gelede al die perskes afgepluk // Nieteenstaande die bepaling gelede, wat die tyd ongeveer aandui soos die modale partikel dit laat gevoel word, nl. hoe die gebeure in sy duur van nou af terug toe reeds geperfektiveer was, het die besondere modaliteit nog nie so goed die tydsbepaling oorglans dat die hernude uiting daarvan by wyse van partikel-repetisie oorbodig geword het nie. Die gevoelswoordjie al verskyn nogeens aan die uitgang van die temporale adverbiale groep, omdat die besondere aspek in die tydsbepaling die eenheid so op die moment beheers, volgens die gemoedstoestand van die mededeler. As die „Kaapsch-Hollandsche" ekwivalent van: / Ik had gelezen, toen hij kwam // gee Mansvelt: / Ik hal al gelees al .... t.a.p., bis. 180 // 'n Verdere opvallende ooreenkoms met die vorige verskynsel is dat al in 'n sinsdeel, wat as 'n nagedagte of uitbreiding uitgespreek word, en wat sintakties op presies dieselfde plan staan as die deel waarin al verskyn het, herhaal (kan) word: / Annie ken al die lewe, meer as genoeg al, Die Huisgen. 25/11 /32. // Kom die besondere aspek in die tydsbepaling baie duidelik en oortuigend uit, is daar geen sogenoemde kontaminasie meer nie, hoewel die uiterlike omstandighede in die sintaksis nog bewaar is. So ken ek geen reeds lank reeds nie, al is reeds lank, en lank reeds gebruiklik, hoewel miskien minder gangbaar in die volksmond. Prof. Bosman vermoed dat hierdie geval uit Nederlands oorgeërf is, en verwys na 'n ooreenkomstige gebruik opgeteken in De Zaansche Volkstaal deur Boekenoogen (Ontstaan, bis. 136). Al lank al is seker ook bekend in ander dialekte. Hierby wil ek 'n interessante vonds meedeel. Op sin 75 in dr. Blancquaert se dialektologiese vraaglys is, in die dialektografies-bewerkte gebied van die Suid-Nederlande, die volgende optekeninge gemaak: / ke al ko.rtses cKp ma* le fa wr dnu.n a.1 — St. Lievens Houtem, E. Blanquaert-H. v. Gassen: Dialect-Atlas, Zuid-Oost Vlaanderen, I, Teksten; Antwerpen s.j. bis. 98) / 2. koe awa kArtsi.s, of kae de kAts af va var dnun.a — Bevere-bij-Oudenaarde; bis. 178 / 3. kem al a wa ketsn va ve. dnu:na — Liedekerke. bis. 328 / 4. ksit al meta kesa — va ve. dnu.n al — St Gillis bij Dendermonde; bis. 102 in E. Blanquaert: Klein-Brabant, I, Teksten, Antwerpen, s.j. // Ek sou die sin in Afrikaans omsit as: / Ek het al van voor twaalf-uur af koors //, dus 'n enkelvoudige al. Ander sou 'n al2 na af mag verlang. Tog 'n belangwekkende ooreenkoms, in die algemeen besien. Daarby twyfel ek geen oomblik daaraan nie, dat dialekgeografiese gegewens dieselfde uitsluitsel vir ander streke van die Nederlandse taalgebied sal oplewer. In die ongepubliseerde materiaal van prof. Blanquaert het ek bv. nog gevind: / kae axl wa kursas —al va v«*.r dnuna. Oostakker / kan al wa korts fa vu^ar da middag al. Sas van Gent / /. Th. Frings en J. van den Heuvel gee in Die Südniederlandischen Mundarten, Teil I, Texte, Marburg 1921, vir Geertsbergen die sin (24): / az me xisterenövet toes kuöman, wören dandara al nör bet en shpen al xut vast, bis. 53 //. Dan lê die herkomsvraagstuk tog voldoende voor die hand. Ook in Duits vind ons dieselfde verskynsel dialekties, bv. at (alt)- lang alt in die Rynland, en selfs reeds at(alt)~lang-schon (mededeling prof. Joseph Muller). Soos dit uiterlik met die kernomringing deur nie's ooreenstem in die beginstadium daar, is dit psigologies dieselfde verskynsel waar die temporale adverbium afgebaken word in sy begrensing van die perfektivering teenoor ander moontlikhede van 'n duurbegrip waarlangs dit te staan kom. Ook hier lê dus 'n versterking in 'n bepaalde rigting teenstellenderwys aan die partikelomkringing ten grondslag. Belangrik is ook dieselfde mate van pleklosheid van al in hierdie dialekte as wat in Afrikaans opgemerk is, bv.: / ken am bete k^rsa gad a va vwr dnune / kam awa kesas va ve:r nu:na : / kern al awa ketsas va ve. dnu : n / ke. ad kArsn va vwr dnu.na // Nogeens 'n gelukkige omstandigheid vir wie aan kontaminasitis ly 1 SO ... SO. In somaarso (sommerso) is die dele reeds tot 'n kompositum samegegroei, wat uit die skryfnorm van die Akademie ook mooi blyk. Dit het 'n eenheidsaksent en staan langs somaar (sommer). Die gewone spreker is hom vandag nie meer bewus dat (scmer) of (scmerso) 'n eerste element so bevat nie, al laat die een skryfwyse die historiese samehang nog uitkom. Vandag kan ons hier dus nouliks van 'n so-verdubbeling in dieselfde sin praat as van 'n nieof af-verdubbeling. Daar is bv. geen sowelso, sowaarso, ens. bekend nie, (kyk egter verder). Of 'n mens moet aanneem dat so2 in somaarso aangevoeg is ter versterking na die verbleiking van soi in die samestelling somaar, of dat ons moet aflei dat so1 wel nog kragtig was, maar dat die modale partikels die ewe-eens modale bywoord maar omring het om die gevoel van onverskilligheid oor die gehele adverbiale eenheid uit te brei, of dat albei die gewone faktore hand-in-hand dieselfde rigting opgemarsjeer het, sou nie meer met ons skaarse dokumentasie te bepaal wees nie. Ewe-as dit moontlik is dat in die modale groep so maar die verband deur so kan oorheers word, wat tot versterkte beskrywing deur duplisering aanleiding kan gee, kan die groep deur maar, met sy gevoel van permissiewe laat-maar-gaan oorheers word. Leersaam is die sinne: / Mannie se gesig het gestraal en oom Jasper het geglimlag. Hy was nog van plan gewees om te vertel hoe hy aan die hond gekom het, maar sommer skielik het hy besluit om dit maar so te laat deurloop, Die Huisgenoot, 6/1/'33 //, Want ek is nog maar net somaarso 'n gewone visser, Hans die Skipper2 bis. 280 / Toe maar, sommer maar my gril, maar laat die seun maar staan, Die Huisgenoot, 3/3/*33 // So moet die ontstaan van / Hoekom het jy dit gedoen ? — O, somaar-maar I // beoordeel word. (Vgl. Ned. (n)immer-meer, en Afr. somaar-maarsol) Veelvuldiger is die so-reduplikasie wanneer die modaliteit meer aan duidelikheid win en so 'n vergelyking in die positief laat uitkom. / Hy is net so fluks soos altyd — of, as altyd //. Die vergelyking is al enigsins verbleik in: / So ver soos moontlik / So gou soos moontlik // „So word in die omgangstaal altyd gevolg deur soos of as (le Roux, §365). Dat 'n mens hier met reg van 'n so-vertweevoudiging kan praat, blyk daaruit dat die vorme so ... soos en so ... as eweveel in die vergelykinge gebruik word, dat soos dus teenoor as te staan kom, maar dan as effens sterker gevoel word, d.i. dat die vergelykingsgevoel intenser tot uiting kom, of hom oor die eenheid versprei (Vgl. egter: Somaarmaarso 1). In hierdie verband kan weer daarop gelet word hoe dieselfde gevoelsverspreiding volgens die modale aard by die vorige paragrawe by die so-partikel kan vasgestel word, dus dat die psigologiese grondslag telkens dieselfde is of kan wees. Vgl.: / En jakhals lag ... dat hy wolf so skoot om skoot so droog sit, Dire Storiis, bis. 51 // Maar wanneer van gevoelsverspreiding hier sprake is, word nie op die genetiese kant gelet nie, d.i. in hoeverre die dryfveer primair is of nie, maar slegs op die ooreenstemming in rigting in vergelyking met die tweemaal-nie's van die deskriptiewe kant. Hierdie gebruik is oorgeërf. Beide die Nederlandse en die Duitse dialekte ken dit (Vgl. bv. G. S. Over diep, t.a.p.) DIE TIPE IN ... 7A7. Besonder lewendig in die omgangstaal (in die skryftaal nogal getrou afgespieël) is die partikdvertweevoudiging wanneer deur hulle beweging uitgedruk word. / Meester weet mos, al die visgeldjies glip mos somarso in die maag in, Hans-dieSkipper bis. 130 / ln 'n boom waar 'n heuningnes of perdeby-nes in is, sal 'n bobbejaan nooit kom frugte pluk ni, of hy kry di floute as hy 'n papiir oopdraai waar in imand 'n slang ingerol het, Dire Storiis, bis. 17 / Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald deur te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan, Markus X, 25 //. Op hierdie terrein is Afrikaans besonder ryk sodat daar voorbeelde by die vleet is. Veral geliefd is in ... in, uit ... uit, deur ... deur, oor ... oor, (tot of na ... toe, met ... mee of saam). Malherbe noem die volgende verskillende soorte (Taalboek, p. 102): / Kom uit die huis uit / Die Jakhals het in die gat ingekruip / Ek sal jou met die plathand saam slaan (Bolands) / Ons gaan na die strand toe / Pa is al lankal tuis / Gaan met my saam / Het hy al gekom al ? / „Aan die geld in die bank wou hy nie aan kom nie" / Van vandag af moet dit gelde / Daar is niks verkeerd daar nie / Die kind kan nie by die trommel bykom nie //. — Vir ons doel bepaal ek my vereers net by die gevalle van 'n vertweevoudiging van dieselfde partikel. Maar ook andersins sou ek die Bolandse sin moes uitsluit — dis 'n provinsialisme. Prof. Bosman sien ook hierin slegs 'n kontaminasieproduk (Ontstaan, p. 136): / uit die huis uit // kom uit twee sinne: / uit die huis, en / die huis uit //. Waar die positiviste die saak in sy uiterlikheid so voorstel, sou 'n mens hier miskien kon verwag het dat hulle daarop moes wys hoe die toestand volgens die logika van die rededele al 'n bietjie ander lê as by nie ... nie, al ... al en so ... so. Gewoonlik word uit in die huis uit as 'n adverbium, in uit die huis as 'n voorsetsel berededeel, 'n omstandigheid wat ook vandag nog dikwels openbaar word in die verskillende vorme van dieselfde grondwoord, bv. mee-mef, tot-toe, of in heeltemaal verskillende vorme in die aparte funksies, bv. saam-met. Maar ek heg nie te veel waarde aan hierdie onderskeiding nie en maak gevolglik nie onder hierdie hoof groot beswaar teen die manier van voorstelling nie. Soos baie ander reeds voor hom, het professor Jespersen in The Philosophy of Grammar weer probeer bewys dat die grense tussen adverbia, preposisies en voegwoorde dikwels nie te trek is nie, dat daar geen voldoende redes bestaan om hier van aparte rededele te praat nie, dat hy dit gevolglik gewettig beskou om hulle saam te groepeer as „particles" (t.a.p., blss. 87—92). Vgl. nog Wundt: Die Sprache. I, 596 en Sütterlin: Deutsche Sprache, bis. 90. Teen onnodige eensydigheid moet egter ook gewaak word — 'en selfs die groot Jespersen is menslik genoeg om by-tye eensydig te wees. As ons die gevalle hierbo beskou, kan die gevonde onderskeid wel 'n nuttige aanduiding word. Die koersbywoord staan in so'n innige verband met die werkwoord van beweging, sodat daar 'n nuwe kompositum met 'n eenheidsaksent kan ontstaan: / inklim, voortgaan, toeloop, uitspat, saamstel, // e.d.m. Wat die graad van die vastigheid by die samestelling, en waar die plek van die woordaksent is, raak ons hier nie. Dit is alleenlik belangrik om te sien hoe die adverbiale bepaling meer en meer nexaal geword het, hoe dus die werkwoordelike aantrekkingskrag ook hier in volle intensiteit sy rol speel. Om die moontlike gang duidelik te maak (die „figürlich -innere sprachform"), kan 'n mens hom gevalle soos die volgende in die gees roep: (Klim in die kar dat ons kan ry — Draai die slinger voor en as die enjin vat, kom klim in (die kar) dat ons kan ry — Het jy al ingeklim ? / en / Het jy die perd al opgesaal ? (uit die saai op die perd gesit) — Nou, klim dan op en ry! // Dit hoef nie die enigste manier te wees waarop die voorsetsel bywoordehk, d.i. vaster in die werkwoordelike sfeer, kan geraak nie, maar toon tog wat die ou Latynse grammatici bedoel het met: „Omnis pars orationis migrat in adverbium". Mencken sê iewers: „John Home Tooke; despairing of bringing (the adverb) to any order, even in the most careful English, caDed it, in his 'Diversions of Purley', 'the common sink and repository of all heterogeneous and unknown corruptions'" (t.a.p., bis. 306). Alleenlik kan hierdeur weer 'n dualisme ontstaan wat (soms) in twee rigtinge moet bevredig word — presies soos vroeër by die ontkenning duidelik geblyk het. Die nexale aard is so algemeen dat die spesiale aard in bepaalde omstandighede volledig binne-in die nexale eenheid tot ontplooiing kan of moet kom, waardeur 'n sekere dubbelheid ontstaan, bv. in: / Kyk wie kan die gouste op sy perd opklim / Kom uit die huis uit \\ Sodra sy perd of die huis na die geval is, in die mededeling uitgedruk word, word die verhoudingaanduidende element ook as nodig gevoel, terwyl die werkwoordelike eenheid in die geval die element ook as nodig leer voel het. Vgl. nog die duidelike sin / Hy het van die dak af afgeval //. Van agteraf gesien en uiterlik bekyk pas die kontaminasieverklaring heel goed, maar beskou ons die aard van die dubbelheid, is die verklaring tog sielloos en oppervlakkig. Hierdie wisselwerking van die spesiale en nexale verhoudingduidinge is nie tipies Afrikaans nie, is bv. algemeen-Germaans, sodat ons die dubbelheid, in verskillende grade natuurlik, aantref reeds in die Gotiese dokumente en dit verder wel sou kan aanwys in al die Einzelsprachen, op alle trappe van ontwikkeling. (Hier is 'n ryk bibliografie, veral sedert Wundt se taalpsigologie aanhangers gevind het. Vgl.: Der Gefühlsinhalt der Sprache van Ernst Gehmlich, Langensalza, 1899; Unsere Umgangsprache, Herm. Wunderlich, Weimar en Berlyn, 1894; Die Sprachwissenschaft, G. v. d. Gabelentz, bis. 97 e.v. oor „Stimmungsvolle Substantive", etc; Psychologische Studiën zur Sprachgeschichte, F. Bruchmann, bis. 174 e.v.; Der Deutsche Stil deur Becker-Lyon, bis. 240 e.v.; Prinzipien ... van Paul, ens.) Hierdie bepaalde soort „pleonasme" of, soos Hermann Wunderlich dit noem, „verschwenderischer Zug der Sprache" vorm, globaal besien, die vetste deel van die bewyse vir die „Fülle des Ausdrucks" in die platduitse dialekte by Meyer. Dit is sonneklaar dat hierdie algemene neiging in Afrikaans oorgeërf is. Selfs sou ek nouliks wil aanneem dat dit in ons taal uitgebrei het; dit kom my eerder voor asof dit in die volkstaal hier net meer gesementeer geraak het. Vir dr. P. J. de Toit is dit egter 'n kreolisme. (Afrikaanse Studies, bis. 104). In die beskaafde skryfnorm word hierdie dubbelheid al sterk geweer waar dit kan geskied, wat egter nie altyd moontlik is nie. Inhoeverre ons alleen hierdie motief vir die resultaat moet verantwoordelik stel, as die primaire dryfkrag of ook die gevoel van versterking as 'n sekundaire gevolg van die dubbelheid 'n rol moet laat speel by wyse van meer algemeen-making van die verskynsel, weet ek nie. Tog lyk dit asof ons dieselfde wisselwerking van die twee bewegingsrigtings, net soos by die tweemaal nies, moet veronderstel. Miskien is dit die verklaring waarom in die volgende Bybelsin uit tweevoudig, om sy intensiteit, staan teenoor enkelvoudige in, waarmee dit in teenstelling verskyn: / Jou stomme en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit, en kom nooit weer in hom nie. Markus IX, 25 //. Die verklaringe van die ander gevalle, waar die dubbelheid nie formeel eenders is nie, gaan parallel met die vorige. Aan die ander kant kan ons hier ewe-goed die bekende afbakening hê waar die gevoel hom saambindend oor die hele groep versprei deur partikelvertweeing. Dit bewys sterk hoedat dan die twee rigtinge per geval ineen kan vleg. Ons waag nog 'n uitstappie na 'n ander terrein. Waar in al die hierbobehandelde gevalle die dubbelheid van partikels bestudeer is soos dit uiting vind in 'n sintaktiese groep binne die periode, primair altans, let ons nog op die dubbelheid van 'n paar partikels in opeenvolgende sinne (sinsdele). In die grond van die saak is dit maar dieselfde verskynsel, 'n uiting wat as pleonasme aangesien word, maar gefondeer op dieselfde psigologiese beginsel wat hierbo as werksaam aangedui is. Ten dele het ons reeds hierop gewys, maar moet net aanstip dat die gebied nogal uitgebreider is dan miskien in die begin verwag is. Hier word gedink aan gevalle soos: / Elsie kan nie kom nie — tenminste vandag nie / Annie ken al die lewe — meer as genoeg al / Hy is so sterk soos Jan, soos oom Piet se Jan //. Hierdie soort gebeure is kragtig in die volkstaal, soos herhaaldelik ter plaatse aangedui is. Vergelyk nog hierby sinne waar die tgd deur temporale partikels oor die belangende opeenvolgende sinne (sinsdele) sterk uitgebring word: / Toen hy ge faar sün flug hy toen in so'n klyne gatji waarin gen ander fo'el kon kruip ni — Dire Storiis, p. 7 / Papegaai luister toen 'n slaggi. Hy sê toen sulke snaakse dinge dat die fo'els almal uitbars fan di lag, tot selfs ou sedige Aasfo'el moes toen uitbars — dies. bis. 9 / As al syn fere afgepluk is, dan is hy ni feul groter ni as 'n duiwe y'er — dies., bis. 6 //. So ook met die aanduiding van plek: / Daar foor en langes Aasfo'el, daar sit die bank fo'els om na die saak te luister //. Dieselfde kan by ander adverbia en by die voegwoorde nagegaan word — maar waarom bome in 'n bos gaan tel ? Vgl. vir voorbeelde in Nederlands o.m. G. S. Overdiep, Zeventiende' Eeuwsche Syntaxis, I, Groningen, Den Haag, 2de stuk, 1932, blss. 137-171, en dr. W. de Vries oor „Herhalingskonstrukties" in die Programma van het Groningsch Gymnasium van 1911—1912, bl. 198 e.v. Met bierdie gevalle het ons eintlik op 'n terrein te lande gekom wat in 'n ander hoofstuk noukeurig moet verken word. Alleenlik moet hier gelet word op die uitsaaüng, as-het-ware, van die gevoelspartikels, op die reeds aangeduide psigologiese aktiviteit om 'n bepaalde gevoelskrag hier in die eenheid in te dra. Ons oorskou nou die geheel om met die gewonne insig 'n sintetiese beeld te probeer verkry. Die verklaring van die dubbelheid op grond van sintaktiese kontaminasie het ons orals afgewys as op sigself sielioos en het gemeen dat dit ongenoegsaam rekening hou met die aard van die verskynsel in genetiese opsig, sowel as in deskriptiewe opsig. In verband met die laaste nog een opmerking. Ons het byna altyd 'n sekere ongelykheid vasgestel by die twee sinne (sinsdele) wat sintakties sou ineengeskuif het. Die duidelikste het dit reeds by die in ... in-tipe geblyk, waar die kontaminasieproduk grammatieslogies nogal 'n hibridiese karakter vertoon. Ook het ons psigologies 'n sekere tweeslagtigheid vasgestel, 'n verskil tussen hy kom die huis uit en hy kom uit die huis en hy kom uit die huis uit. Let ons op al'lank-al word daar ook iets gekonstateer wat tog die aandag vereis. As Pilatus „die kaptein geroep (het) en hom gevra of Hy al lank dood was", word bedoel: ,,'n lang ruk, 'n hele tyd", 'n duurbegrip dus, wat iets anders wil sê as die perfektiewe al-lank-al, d.i. ,,'n lang ruk gelede", ,,'n hele tyd sedert Die verskil is besonder fyn, maar daar is hy. By die nie-verskynsel is dit nie anders gestel nie. Om die dubbelheid kontaministies aanneemlik te maak, moet, om een van die moontlikhede te kies, die praesens telkens teenoor ander tye gestel word: / Ek gaan nie — Ek sal nie gaan, of: het nie gegaan // ens. Maar waar het die proses begin, by die praesens en futurum ? — en hoekom nie by die praesens en imperfektum nie ? — sou die gebiedende wyse hier ingewerk het ? ens. Prof. Bosman gaan vir die moontlikheid uit van praesens en futurum, te oordeel na sy voorbeeldsinne. Die ineenvloeiing lyk dan goed moontlik, die „tweeslagtigheid" minder ernstig. Raadpleeg ons 'n werk soos Die Negation in den Werken Alfred's (M. Rauert, Kiel, 1910), waarin die verskynsel ook statisties behandel is, lees ons bv. i.v.m. die „Kwalitatiewe" ontkenning (hy is uit die skool van Mourek): „Von den 87 belegten Pillen kommen 40 auf den Sing. des Indik. Praes., 16 auf d enPlur. desselben Tempus, die übrigen auf das Prat." (bis. 5) — dus geen Futurum-gevalle nie 1 „Es sind 37 Fille belegt und zwar fallen 14 Belegstellen auf den Sing. Praeses., 15 auf den Plur.; für den Sing. des Prat. sind 5 Falie, und für den Plur. 3 Falie belegt" (bis. 50) e.v. Of ons soveel van die Futurum mag uitgaan ? Dan moet die kontaminasie veral met Praes. en Praet.-gevalle werk. en dit kan al lastig bewysbaar word, so op die oog altans (kyk egter verder). Ook sulke faktore kan kontaminasie in die weg staan en moet eers, lyk dit my, as kragteloos aangetoon word om die proses hier aanneemliker te maak. As: oproep en kommandeer aanldding gee om van opkommandeer te praat, geskied hier ineenskuiwing van twee „terme" wat op dieselfde hoogte lê, waar geen tweeslagtigheid in soort is nie. Of ons dit van die sintaktiese kontaminasie altyd kan sê ? Die oorwegings skyn my duidelik genoeg om ons te dwing om ook op ander moondikhede te let. In al hierdie verdubbelingsgevalle is gehandel met partikels, sogesegde gevoelswoorde (van Ginneken, t.a.p.) wat hulle ontstaan te danke het aan die behoefte (gevoel) om verhoudinge of modaliteite (in 'n breë sin) uit te druk. Dit is hierdie synsemantika, hierdie partikels waarvan sommige 'n bepaalde eenheid kan omring, nl. wanneer die rigting daarvan ontkenning, pleksbeweging, vergelyking in die positief, duurperfektivering of (en) algemene onbeslistheid, is. Om dit hier nogeens nader te omskryf is onnodig. Dit het geblyk, by sommige duidelik, (niemand ... nie; tut... uit). by ander nie, hoe daar 'n neiging bestaan om die gevoelswoorde progressief in die invloedskring van die nexusdraer te betrek, waardeur die partikelfunksie 'n groter „Geltungsbereich" kry, maar waardeur 'n sekere leegheid later kan gevoel word en die vroeërgevoelde behoefte soms op die ou manier bevrediging kan soek. Hierdeur (kan) ontstaan 'n sekere „pleonasme". Die taaineiging is in Afrikaans oorgeërf. As resultaat van hierdie dubbelheid kan 'n gevoel van versterking van die rigting(e) begin opkom en dan aktief word, kan uitbreiding bewerkstellig waar dit primair miskien nie sou geskied het nie. Maar die versterkingsgevoel mag ook 'n eerste dryfkrag wees, soos geblyk het by die tipes in ... in en aLlank-al. Iets soortgelyks het ons veronderstel by somaarso, maar dan dat so2 versterkend opgetree het na 'n vermoedelike verbleiking van soj in die kompositum somaar. Dit staan so ongeveer gelyk met die opkoms van nie(t) by en in Nederlands. 'n Vierde motief wat veral werksaam gevind is, is die psigologiese verspreiding van die gevoel wat uiting vind in die bestraling van uit verskillende punte van die bepaalde oorglansde eenheid, al geskied- dit op 'n wyse wat die prosedure 'n „pleonastiese" voorkoms gee, volgens 'n bepaalde (logies-ekonomiese) standpunt besien. Dat so'n uiting by modaliteitspartikels, waarvan die betekenis vaag en ylskynend is, 'n enigsins onduidelike gevoelskleuring het, nie vreemd behoort te lyk nie wanneer die gevoelskleuring 'n bietjie sterker moet uitgebring word volgens die behoefte van die omstandigheid, lyk my duidelik waar ons dieselfde werkwyse in die hele Afrikaanse taallewe aantref, ook daar waar ons met autosemantika te doen het, maar hieroor in 'n ander hoofstuk. Ons wil hierdie openbaringswyse van die gevoelstrekking toespits op die dubbele-m'e-verskynsel. Van Ginneken noem dit die „gevoel van tegenstreven" wat hom in die ontkenning openbaar; Jespersen, wat hierdie verklaring verwerp, het ons probleem nooit gesien nie, nooit vermoed nie; Mourek en sy skool, met hulle verklaring van die kwalitatiewe en kwantitatiewe ontkenning in wisselwerking (ewe-eens deur Jespersen verwerp) sien iets van ons probleem (insover hulle kwantitatiewe ontkenning psigologies fondeer), maar dan nie in sy karakteristieke optrede nie. Hierdie verspreiding van die ontkenningsgevoel oor die hele eenheid, afgesien daarvan of die eenheid 'n nexale karakter dra of nie, (kan) geskied deur herhaalde gebruikmaking van die (-selfde) ontkenningspartikels, maar die herhaling kan op verskillende maniere gebeur. Dit kan in die afhanklike sin opduik, terwyl die hoofsin die ontkenningskleur reeds ontvang het, soos uit Paul se voorbeelde voldoende aan te toon is, bv.: / Wird das hindern können, dass man sie nicht schlachtet ? — Schiller, Prinzipien6, bis. 170 / Freilich hüten wir uns sie nicht an den gnadigen Herrn zu erinnern, Goethe; ald., 171 (infinitief en ontkenning) / Ohne dass wir bei seiner Beurteilung weder ... noch ... Schiller //. Soortgelyke voorbeelde by Paul Deutsche Grammat ik (Halle, 1916) Deel IV, blss. 334-357; by Jespersen e.a. Hierdie motief is ook aktief in die hoofsin of bysin alleen, bv. / Schwerhch niemals, Prinz. 171 / Wie kommt es, dass nicht der Strom der Geister ... diese Eindrücke nicht bald ausgelöscht hat, Schiller — Dtsche Gram., IV, 335 //. Dikwels word, logies beskou, deur hierdie motief 'n eienaardige wyse van voorstelling bereik: / Denn sie fürchten sich vor denn Volk, dass sie nicht gesteinigt würden, Luther-Blatz Nhd. Gram.2, II, bis. 991 / Diethelm harte nur abzuwehren, dass ihm nicht Kinder und Greise die Hinde küssten, Auerbach — Blatz, 991 //. Heelwat van die gevalle van ontkenning in Afrikaans beweeg op hierdie plateau. 'n Ander vorm waarin die uiting kan openbaar word, is wanneer die verspreiding hom voordoen in die hoofsin, of in die bysin (ne) of in 'n groep in elkeen hiervan: / Is dit nie waar nie? / Glo jy ook dit is nie waar nie ? / Hy sien nie een nie //. Hier is die ontkenningspartikel dubbelvoudig, maar ook ander kombinasies verskyn: / Hy sien niemand nie / Sy glo jou nooit nie //. Dat die hier afsonderlik gesignaleerde moontlikhede ineen (kan) werk blyk te oorvloedig om bewys te word: / Is dit nie waar nie, dat hy nie een sien nie ? / of: Is dit nie waar nie, dat hy nie een nie sien ? //. Die verskillende ontwikkehngsmoondikhede van hierdie soorte, insover hulle embrionaal is, het ons hoërop reeds gesien. Tot hiertoe is die vier motiewe as soveel loslopende, self gedirigeerde prinsipes beskou wat vertweevoudiging in een of ander mate kan bewerkstellig. Maar die voorstelling is verkeerd of eensydig. Die anatomisering het slegs geskied om die kontribuerende faktore te leer ken. Die „motiewe" gaan saam, werk in dieselfde rigting, al is dit in verskillende grade van intensiteit na gelang van omstandighede. Daar is reeds op die wisselwerking tussen spesiale en nexale ontkenningsmaniere gelet, asook op die interrelasie van die so ontstane verdubbeling en die wat aan gevoelsverspreiding toegeskryf is, b.v. / Ek het voor die bure gesweer en ek sweer voor jou: Niks en geen niemand sal my verdrywe van die grond wat my eie is nie, Die Huisgenoot, 23/12/32 //. Dit het ons ook op ander gebiede kon vasstel. Maar boonop nog is dit verkeerd of eensydig om van vier motiewe as gelykbegeregtigdes te praat. Hulle beweeg dikwels in verskillende sfere, wat mekaar wel sny, maar ook nie altyd nie. Versterking as 'n primaire of as 'n sekundaire „motief" kan nie altoos teenoor die ander gestel word nie. Daar is tog 'n gevoel van onvoldoende sterk, wanneer die „verspreidings'-behoefte ontstaan, m.a.w. die „verspreiding" is die uitings-rigting liewers as die uitings-mofzef, wat self 'n bepaalde gevoel is vir iets meer, iets duideliker. Aangenome die wisselwerking van hierdie bydraende faktore, met die gemaakte voorbehoud daarby, vestig ons die aandag op 'n laaste oorweging. Die Afrikaanse verskynsel boet nou, meen ek, die laaste element van sy vreemdigheid in, waar ons die verklaring van prof. Bosman op 'n ander, en natuurliker manier, wat geen „tweeslagtigheid" oplewer nie, beskou — dit is waar die taalgebeure die eenvoudige verklaring nog eenvoudiger gaan maak. Dit geskied in aansluiting by die reedsgenoemde, sover-verskene dialekgeografiese beskrywings van prof. E. Blancquaert en medewerkers, waar die gevolgde metode die is om 'n reeks van 140 standaardsinne te neem en na te gaan hoe hulle in die verskillende plekke, deur dr. G. G. Kloeke reeds „gestandardiseer" vir so'n kartoteek, uitgespreek en gebou word. As die werk eers voltooi is, sal ons die boustowwe vir die nodige vergelyking en sintetisering besit. Onder hierdie sinne kom 'n paar ontkenninge voor waarvan ons enige nou beskou. By die suiwer nexale ontkenningstipe is die posisie van en ... nie(t) by die werkwoord betreklik vas. Al die beskrewe gebiede behandel die partikel(s) hier chablone-agtig: / sin 30: kan kaneklk tö. ni kömn i.ar dak xarla baen, 0122 // Kom daar ander adverbia by of word die aard meer spesiaal. is die plek van nie(t) al minder vas of willekeuriger, bv. / sin 3: tegawo.rdax spl.an ze niml.ar of me masi.n, O. 14 / ze spi.an van te.awo.rdex ni.jandars miar n.f me. masi.n, O. 16 / te.gawördax an spl.an ze ni andars oamlr as me masi.n, O. 37 / teganwArdax — en spena za ni. as me masi:n, 0. 24 // by sin 15: / karnavaxl wort ni fe.1 nimiar gevirt. 0.14 / vastnavn a war ni fel mir avirt, O. 19 //. Opmerklik is die bepaalde partikelvermeendigvuldiging in sekere gevalle, en, wat klem bysit, die oorheersende frekwensie hiervan soms. In die voorlaaste voorbeeldsin toon die werking hom op die wyse. Dit blyk dat niemeer al tot 'n soort van eenheid samegegroei het. In hoeverre 'n mens hier grense kan trek, sal eers later kan uitgemaak word wanneer die heele taalgebied beskryf is. Veral leersaam is twee ander sinne. By 85: ,,'t Volk zoekt niets anders dan geld en rijkdom" word nou die nie vóór anders, dan daarna geplaas en wel so dat 'n mens op 'n streektalige neiging van die een of ander skyn te moet besluit. Een segsman kon nie vir sy streek een algemene vorm aangee nie: / tfulkanzUxt ni a.ndars, of. a.ndars ni as xa.ild en re.kdam, O. 133 //. Die hoofopnemer deel my mee dat die proef persone dikwels in twyfel verkeer aangaande die plek van nie in sommige gevalle. Het ons vasgestel dat nie in 'n nexale verband die indruk van plekvasheid maak, kan dit tog in die verband deur 'n ander faktor gebeur dat daar, grammaties beskou, 'n toestand geskep word soos die wat prof. Bosman gesoek het. Vir sin 63: / Gij had me wel gezien, maar ge had tegen me niet gesproken // gee sommige dialeksprekers die tipe: / gaet me wael gazi. mar gan aet.e.ga me.i ni. aspro.kn, O. 14 //; ander die tipe: / ga za.x mae wael mür ga sprak te,ga mae ni(t), O. 15, 28 //. Een segsman gee weer albei vorme op: / ga zax me wel mar gan aete.ga me. ni xaspro.kan, of. ga spreek te.ga me. ni, O. 41 //. In hoeverre hier 'n nuanseringsverskil intree, kan ek nie uitmaak 12 nie. Tog wil ek argumentshalwe aanneem dat daar geen verskil bestaan nie (die verband skyn immers daarop te wys), en maak dan daarop attent dat so'n toestand in die gegewe geval van dialekvermenging by die taalaanlerende kinders en die taaladopterende vreemdelinge 'n gevoel van onsekerheid kan veroorsaak, asook by die normadapterende dialeksprekers, en 'n ander dryfveer kan word om in dieselfde rigting van die Afrikaanse ontkenningswyse te stuur, die psigologiese motiewe te steun. Dat daar selfs 'n verband bestaan tussen die onsekerheid by die nexale en spesiale tipes, soos aangetoon, en die psigologies-gemotiveerde vertweevoudiging, vermoed ek wel, maar kan dit nie bepaal nie. Ewe moeilik om uit te maak is die moontlike rol wat die kind by die ontstaan en verspreiding van die verskynsel kon gespeel het. In die leerryke hoofstuk oor „Paral lel en zwischen der Sprachentwicklung des Individuums und der Gattung" gee Clara en W. Stern die ou teoretiese indeling weer (Die Kinder sprache*, Leipzig, 1922, blss. 262-280): ,,Diejenigen Seiten des Sprachprozesses, die aus inneren, spontanen Entwicklungstendenzen geistigen Lebens hervorgehen, können ontogenetisch und phylogenetisch Paralellen zeigen; diejenigen Seiten, welche durch Ausseneinflüsse bestimmt werden, mussen Disparitaten zeigen" (ald., bis. 264). Aan die praktiese kant, om die ewe in watter hokkie dit geklassifiseer word. toon die kindertaal heelwat neiginge in die ontkenningswyse aan, wat met die Afrikaanse verskynsel ooreenslaan. Ongelukkig is die probleem van die kant nog nie sistematies bestudeer nie. Maar uit die genoemde werk van C. en W. Stern bring ek twee opmerkinge na vore: ,,Die Verneinung wird von G oft verdoppelt: kann nich die tiir nich aufmachen." (bis. 113; ouderdom 3^ jaar.) Let op die oft. Jammer dat daar geen spesiale ontkenninge bevoorbeeld is nie! In die bostaande geval openbaar die sog. gevoelsverspreiding hom. Verder is daar in die kindertaal 'n neiging tot agteruitskuiwing van die ontkenningspartikel na die einde. „Vielleicht ist es aber gerade bei dieser Erscheinung notwendig, nochmals darauf hinzuweisen, dass es sich um nichts weniger als ein ausnahmslos wirkendes Gesetz, vielmehr nur um eine haufig durchbrechende Tendenz handelt. Es gibt Falie in denen unmittelbar nebeneinander die konventionelle und die abwdchende Stellung der Negation vorkommen; so sagte G. einmal: günther auch a nich machen, hilde auch nich a machen, vatet auch a machen nein nein" (ald., bis. 204). Ons beskou so graag die konvensionele sintaktiese vorm as die natuurlike en normale — maar is dit werklik altoos so waar ? Om op te som : Aan die deskriptiewe kant is nie2 vandag te verstaan as die voltooiing van die ontkenning, en terselfdertyd as die heksluiter van die eenheid, d.i. die partikel wat die ontkenningsgroep p s i g o 1 o g i e s-r i t m i e s afrond. (Vgl die ooreenstemmende gebruik in die Ewetaal). Aan die histories-wordende kant is daar 'n strewe opgemerk om ook alle uitbreidinge wat afhanklik isvan die ontkende kern, deur die eenheidsluitende nie2 in die eenheid te bring. Dit, en ander oorwegings aangaande die geskiedkundige verloop die verskyning en die aard van die partikelvertweevoudiging in verwante gebiede van die taalterrein, gee aanleiding om die genesis van die me-me-verskynsel te soek in die omstandigheid dat nie2 aanvanklik kort op nier gevolg het, en wel veral ter afsluiting van die (spesiale of nexale) o n t k e n n in g s g r o e p. Die besondere b ehoefte wat sy uiting vind in die modaliteit word ook in die Nederlandse volkstaal gevoel, of kan gevoel word. Die behoefte blyk duidelik as onthou word wat die ontkenning in 'n sin eintlik wil. In hierdie . uiteensetting het ek probeer om meer helderheid in die wese van die verskynsel te verkry; dikwels kon bepaalde aspekte in hulle volle draagwydte bestudeer word. maar dikwels het ons op sommige vrae geen afdoende antwoord kon verkry nie. om die aard daarvan eensdeels, maar partykeer ook weëns gebrek aan genoegsame bearbeiding van sekere gebiede waar ons steun wou soek. Tog meen ek dat ons geregvêrdig is om te beweer dat die ontkenning in Afrikaans nie so raar is as hy lyk nie, dat hy sy geheim verklap as hy histories b'ekyk en psigologies ondersoek word, in sy samehang met ander inwendig-werkende faktore, wat almal die ontkenningswyse in die grond van die saak dieselfde rigting opgestoot het, en op hulle beurt, gesamentlik en in wisselwerking, b egunstig is deur hulle samehang met ander uitwendig-aktiewe kragte, soos ons dit soek in taal- en dialekmenging, in 'n sekere mate van losbandigheid van die taal, in kinderryke families. Het ons weliswaar orals parallelle resultate in die Nederlandse dialekte raakgeloop, en het ons in bepaalde gevalle definitief rorerwing van neiginge vasgestel, moet ons tog, wat die uitbreiding van die Afrikaanse verskynsel betref, tot die gevolgtrekking geraak dat dit in sy vrugbaarheid, en dus in die meewerkende omstandighede daartoe, Afrikaans is. (Vgl. dr. Bosman se standpunt in 1916 hiermee). In die gang van ons óndersoek het probleme opgeduik wat nooit sal opgelos word nie. Dit laat 'n mens aan die treffende Goethewoord dink wat Karl Brugmann aan sy Grundriss der Vergl. Gramm. der Indo-germanischen Sprachen laat voorafgaan het: „Da muss sich manches Ratsel lösen, Doch manches Ratsel knüpft sich auch." LYS VAN DIE BELANGRIKSTE WERKE (EN TYDSKRIFTE) wat in die Studie aangehaal is. Afrikaansche Woordelys en Spelreëls (Bloemfontein, 1931). Barrow, John. — Reizen in de Binnenlanden van bet Zuidelijk Gedeelte van Afrika in de jaren 1797 en 1798 (Haarlem. 1803). Besselaar, dr. G. — Zuid-Afrika in de Letterkunde (Amsterd. 1914). Blancquaert, dr. B. — Klein Brabant, I, Teksten, ((Antwerpen, s.j.) Dies. — Dialect-Atlas, Zuidoost-Vlaanderen, I, Teksten, (Antwerpen, S.J.). —i Kijk onder: Handelingen. Blatz, F. — Neuhochdeutsche Grammatik3 (2 die, Karlsruhe, 1900). Boekenoogen, dr. G. J. — De Zaansche Volkstaal (Leiden, 1897). Dies. — Afrikaansch en Noordhollandsch, in Album-Kern, (1903). Booysen, C. Af. en Jansen, meur. E. G. — Afrikaanse Grammatika8 (Pietermaritzburg, 1930). Boshoff, dr. S. P. E. — Volk en Taal van Suid-Afrika (Pretoria, 1921). Bosman, dr. D. B. — Afrikaans en Maleis-Portugees (Groningen, 1916). Dies. — Oor die Ontstaan van Afrikaans (Amsterdam, 1923), aangehaal as Ontstaan. Bosman, dr. F. C. L. — Drama en Toneel in Suid-Afrika, I, (Pretoria, 1931. Bof, A. K. en Krttzinger, Af. S. B. — Letterkundige Leesboek, I, (Pretoria, 1931). Botha, Af. C. en Burger, J. F. — Afrikaanse Grammatika6 (Kaapstad, 1929). Bouman, A.C. — Onderzoekingen over de Afrikaanse Syntaxis, (Kaapstad, 1926). Bouman, dr. A. C. en Pienaar, dr. E. C. — Afrikaanse Spraakkuns (Stellenbosch, 1924). Brandwag, Die, (Tydskrif, Pretoria, 1910—1922). Breyne, dr. M. R. — Der Einfluss Guido Gezelles auf die Süd-afrika- nischen Literatur mit einem Hinweis auf die lautliche und lexikalische Verwandschaft beider Sprachgebiete (Rostock, 1925). Bruckmann, F. — Psychologische Studiën zur Sprachgeschlchte. Brugmann, K. — Grundriss der Vergleichenden Grammatik der Indogermanischen Sprachen (Strassburg, 1902—'04). Burchéll, W. J. — Travels in the Interior of Southern Africa, (2 dele, Londen, 1822—4). Changuion. dr. A N. E. — De Nederlandsche Taal in Zuid-Afrika Hersteld (2de dr. Rotterdam, 1849). Churchill, W. — Beach-la-Mar, (Washington, 1911). Colenbrander, dr. H. T. — De Afkomst der Boeren (Uitgegee deur Het Alg. Ned. Verbond, 1902). Cornelissen. ]. ]. en Vervliet. J. B. — Idioticon van het Antwerpsen Dialect (4 dele, Gent, 1899—1906). Cremer, ƒ. ƒ. — Overbetuwsche Novellen8 (Sythoff, Leiden). Draaijer, W. — Woordenboekje van het Deventersch Dialect ('s-Gravenhage, 1895). Encyclopaedia Britannica, 14de uitgawe. Frings. Th. en van den Heuvel, J. — Die Südniederlandischen Mundarten, (Marburg, 1921). Gabelentz, G. von der — Die Sprachwissenschaft (2de dr., Leipzig, 1901). Gallée, J. H. — Woordenboek van het Geldersch-Overijsselsch Dialect ('s-Gravenhage, 1895). Gedenkboek van de Nederlands-Zuidafrikaanse Vereniging, (1931). Gedenkboek ter Ere van die Genootskap van Regte Afrikaners (Potchefstroom, 1926). Gehmlich, E. — Der Gefühlsinhalt der Sprache (Langensalza, 1899). De Gewaenden Weuwenaer met het Bedrogen Kermiskind. Gids, De. Ginneken, dr. Jac. van, — Grondbeginselen der Psychologische Taalwetenschap (Lier, 1904—5). Dies. — Handboek der Nederlandsche Taal (2 dele, Nij¬ megen, 1913—'14). Dies. — De Regenboogkleuren van Nederlands Taal (Nij¬ megen, 1917). Dies. — De Roman van een Kleuter (Nijmegen, 1917). Godée Molsbergen. dr. E. C. — Reizen in Zuid-Afrika in de Hollandsche Tijd (2 dele, uitgegee deur die Linschoten Vereniging, 1916). Goede Hoop, De. Waa* /• — Kurzgefasste Neufranzösische Syntax (Halle- Saale, 1924). Handelingen van het 6e Vlaamsche Philotogencongres gehouden te Antwerpen in het jaar 1923, artikel van E. Blancquaert oor Die dubbele Ontkenning. Hesseling. dr. D. C. — Het Hollandsen In Zuid-Afrika (De Gids, 1897). O*6*- — Het Afrikaansch (Leiden, 1899). Dka- — Het Negerhollands der Deense Antillen, (Leiden, 1905). Dies- — Het Afrikaans (Leiden, 1923). Hobson, G. C. en S. B. — Skankwan van die Duine (Pretoria, 1930). Hoge. dr. J. — Ondersoekings oor die gebruik van die Verklein¬ woord in Afrikaans (Kaapstad, 1932). Hopwood. David. — South African English Pronundation (Kaapstad en Johannesburg, s.j.). Huisgenoot Die (Weekblad, Kaapstad). Jespersen. O. — Phonettsche Grundfragen (Leipzig, 1904). — Negation in English and Other Languages, (Kopenhage, 1917). — Growth and Structure of the English Language, (Oxford, 1923, 4e druk). — Language, lts Nature, Development and Origin, (London, 1925, 3e druk). Aangehaal as Language. j — The Philiosophy of Grammar (London, 1929 3e dr.). Joos, Am. — Waasch Idioticon (Gent, 1900). Korsten. T. E. — Die Germanen (Berlin-Leipzig, 1928). Karsten. dr. G. — Het Dialect van Drechterland I (Purmerend, 1931). Kipling, Rudyard. — Stalky ö Co. Kloeke, dr. G. G. — Reflexen van Hollandsche Expanüe in de Huidige Nederlandsche Dialecten (1926). Kolbe. Peter. — Naaukeurlge en Uitvoerige Beschrijving van de Kaap de Goede Hoop (2 dele, Amsterdam, 1727). Kritzinger. dr. Af. S. B. —Plate-Atlas by die Afrikaanse Letterkunde (Pretoria, 1931). Laan. K. ter. — Nieuw Groninger Woordenboek (Groningen, 1929) Lecoutere, C. P. P. _ Inleiding tot de Taalkunde (2de dr. Brussel, 1921). Leuvensche Bijdragen. Lichtenstein, H. _ Reizen in het zuidelijk Gedeelte van Afrika in de Jaren 1803 ... en 1806 (4 dele, Dordrecht, 1813). Loquela van Guldo Gezelle tot Woordenboek omgewerkt (A'dam, 1907) Magens, J. M. — Grammatica over det Creolske Sprog (Kopen¬ hagen 1770). Malherbe, dr. D. F. — Afrikaanse Taalboek (Bloemfontein, 1923). — Afrikaanse Spreekwoorde en Verwante Vorme (Bloemfontein, 1925). — Hans die Skipper (2de dr. Bloemftn., 1931). — Loutervure (Bloemfontein). Mansvelt, dr. N. — Proeve van een Kaapsch-Hollandsch Idioticon (Kaapstad, 1884). Meinhof, K. — Lehrbuch der Nama-Sprache (Berlyn, 1909). Mencken, H. L, — The American Language (London, 1922). Mentzel, O. F. —t Vollstandige und Zuverlassige Geographische ... Beschreibung des ... Afrikanischen Vorgebirges der Guten Hoffnung (2 dele, Glogau, 1785—7). Meyer-Benfeg, dr. H. — Die Sprache der Buren (Göttingen, 1901). Meyer, G. F. — Unsere Plattdeutsche Mundarten (Garding, 1921). Maller, dr. H. P. N. — Reisherinneringen van Zuid-Afrika (Leiden, 1889). Nienaber, G. S. — Die Afrikaanse Beweging (Pretoria, 1931). — Honderd Jaar Hollands in Natal (Pretoria, 1933). Ogden, C. K. en Richards, LA, — The Meaning of Meaning (3de dr. Londen, 1930). Ons Klyntji. Overdiep, G. S. — Zeventiende Eeuwsche Syntaxis, I, (Groningen- Den Haag, 1932). Patriot, Die. Paul, H. — Prinzipien der Sprachgeschichte (5de dr. Halle a. S., 1920). — Deutsche Grammatik (Halle a. S., 1916). Pettman, C. — Africanderisms (London, 1913). Pienaar, dr. E. C. — Taal en Poësie van die Twede Afrikaanse Taal¬ beweging (2de dr. Kaapstad, 1920). Pierson. — Oudere Tijdgenooten (1882—1886). Po//e, F. — Wie Denkt das Volk über die Sprache ? (Leipzig, 1904). Polzin. — Studiën zur Geschichte des Deminutivums im Deutchen (Strassburg, 1901). Pretter, G. S. — Dagboek van Louis Trigardt (Bloemfontein, 1917). Programma van het Groningsche Gymnasium van 1911—'12. Rauert, dr. M. — Die Negation in den Werken Alfred's (Kiel, 1910). Riebeek, Jan van. — Dagverhaal (1652—62). (Werken van het Hist Gen. te Utrecht dele 39, 58, 59; Utrecht 1884). Roux, J. J. le. — Handleiding in het Afrikaans voor Nederlanders (Amsterdam, 1921). Magens, J. M. Malherbe, dr. D. F. Mansvelt, dr. N. Meinhof, K. Mencken, H. L. Mentzel. O. F. — Grammatica over det Creolske Sprog (Kopenhagen 1770). — Afrikaanse Taalboek (Bloemfontein, 1923). — Afrikaanse Spreekwoorde en Verwante Vorme (Bloemfontein, 1925). — Hans die Skipper (2de dr. Bloemftn., 1931). — Loutervure (Bloemfontein). — Proeve van een Kaapsch-Hollandsch Idioticon (Kaapstad, 1884). — Lehrbuch der Nama-Sprache (Berlyn, 1909). — The American Language (London, 1922). —* Vollstandige und Zuverlassige Geographische ... Beschreibung des ... Afrikanischen Vorgebirges der Guten Hoffnung (2 dele, Glogau, 1785—7). — Die Sprache der Buren (Göttingen, 1901). — Unsere Plattdeutsche Mundarten (Garding, 1921). — Reisherinneringen van Zuid-Afrika (Leiden, 1889). — Die Afrikaanse Beweging (Pretoria, 1931). — Honderd Jaar Hollands in Natal (Pretoria, 1933). — The Meaning of Meaning (3de dr. Londen, 1930). — Zeventiende Eeuwsche Syntaxis, I, (GroningenDen Haag, 1932). — Oor die Afrikaanse Sintaksis (Amsterdam, 1923). Roux. dr. T. H. Ie. — Beschrijvende Klankleer van het Afrikaans, (Leiden, 1910). Roux, dr. T. H. le en Pienaar, P. de V. — Afrikaanse Fonetiek (Kaapstad, S.J.). van. — Het Nauwe Verband tussen het Afrikaans en het Hollands (Kaapstad, 1914). Schonken, P. Th. —De Oorsprong der Kaapsch-Hollandsche Volks¬ overleveringen (Vert van D. Fuldauer, Amsterdam, 1914). Schön[eld, dr. M. — Historiese Grammatika van Het Nederlands (Zut- phen, 1924). Schuchardt-Brevier. (Halle a.S. 1922). Schuchardt. H. — Der Individualismus in der Sprachforschung(1923). — Das Baskische in der Sprachwissenschaft (WeenenLeipzig, 1925). Stern. C. und W. — Die Kindersprache (3e dr. Leipzig, 1922). Stücki. Wed. —Reis en Verblijf aan de Kaap en te Natal ... 1846 en 1848 (Kampen, 1849). Sütterlin, L. —Die deutsche Sprache der Gegenwart (4e dr. Leipzig, 1918). Sweet, H. _ The History of Language (London, 1908). Taal en Letteren. Taalgids, De Nieuwe. Tappens. — Oost-Indische Reisebeschreibung (1704). Teirlinck, Is. — Zuid-Oostvlaamsch Idioticon (Gent, 1908-"13). Tolt. dr.J.D.du. — Ds. S. J. du Toit in Weg en Werk (Paarl, 1917). Toit. dr. P. J. du. — Afrikaansche Studies (Gent, 1905). ToU. S.J. du. — Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal (2e dr. Paarl, 1882). Dtes- — Fergelykende Taalkunde fan Afrikaans en Engels, (2e dr. Paarl 1902). ToU. dr. S. J. du. Afrikaanse Volkspoèsie (Amsterdam, 1923). Tydskrif vir Wetenskap en Kuns (Bloemfontein). Vaillant, M. le. — Reize in de Binnenlanden van Afrika ... in de Jaaren 1780 tot 1785 (5 dele, Leyden, en Amsterdam, 1791). Valentijn. Fr. — Oud- en Nieuw Oost Indien (Dordrecht, en Am¬ sterdam, 1726). Verdam, ƒ. — Uit de Geschiedenis der Nederlandse Taal. Vier Evangelies en die Psalms, Die (2e dr. Kaapstad, 1929). Vil/oen. dr. W. J. — Beitrage zur Geschichte der Cap-Hollandischen Sprache (Strassburg, 1896). Vogel, H. — Dertigjaarige Zeereizen (Den Haag, 1798, 2 dek). Vogel, prof. Sneyders de. — Syntaxe Historique du Francais, (Groningen, 1927). Vragen van den Dag. Wallmann. J. C. — Die Formenlehre der Namaquasprache (Berlin, 1857). Weekley, Ernest. — Adjectives and Other Words, (Londen, 1930). Weise, O. — Unsere Mundarten, ihr Werden und ihr Wesen (Leipzig-Berlyn, 1919). Westermann, D. — Grammatik der EweSprache (Berlyn, 1907). Wielligh, G. R. von. — Dire Storiis (Paarl 1906). — Ons Geselstaal (Pretoria, 1925). Winkel, dr. J. te. — Geschiedenis der Nederlandsche Taal (Culemborg, 1901). — Inleiding tot de Geschiedenis der Nederlandsche Taal (Culemborg, 1904). Winkler, Johan. — Dialecticon (1896). Wittmann, dr. J. — Die Sprachgeschichtliche Entwicklung des De- flexionstypus im Afrikaans (Bonn, 1928). Woordenboek der Nederlandsche Taal, deur de Vries, en te Winkel, ta. Wrede, Perd. — Die Diminutiva im Deutschen (Marburg, 1908). Wunderlich, H. — Unsere Umgangsprache (Weimar-Berlyn, 1804). m r ■ OOR DIE & AFRIKAANSE TAAL 'N BYDRAE OOR SY ONTWIKKELING NA AANLEIDING VAN ENIGE VERSTERKINGSWYSES DEUR DL G. S. NIENABER LEKTOR AAN DIE NATALSE M UNIVERSITEITSKOLLEGE TE PIETERMARITZBURG - N.V. SWETS & ZEITLINGER — BOEKHANDEL & UITGEVERSMAATSCHAPPIJ, AMSTERDAM - 1934 OOR DIE AFRIKAANSE TAAL OOR DIE AFRIKAANSE TAAL - 'N BYDRAE OOR SY ONTWIKKELING NA AANLEIDING VAN ENIGE VERSTERKINGSWYSES - DEUR DR G. S. NIENABER LEKTOR AAN DIE NATALSE — UNIVERSITEITSKOLLEGE TE PIETERMARITZBURG — N.V. SWETS 6 ZEITLINGER — BOEKHANDEL 6 UITGEVERSMAATSCHAPPIJ, AMSTERDAM - 1934 INHOUD Bis. VOORWOORD. INLEIDING (a) Die huidige stand van die Afrikaanse Taaiwetenskap . 1 (6) Doel en Metode , 59 HOOFSTUK I Verkleinwoorde op -ie 67 HOOFSTUK II Kernomringing deur Partikels: Nie — Nie 84 Al-Al 163 So — So 166 In — In cs 167 BIBLIOGRAFIE 181 Aan Vader en Aan Moeder VOORWOORD. Dis miskien gewens om die aandag op 'n paar algemene punte belangende hierdie studie te vestig. Die laaste hoofstuk (II) is die eerste geskryf. Die tweevoudige nie-verskynsel het dan ook die meeste tyd in beslag geneem en beslaan die meeste ruimte. Daarna het die Inleiding aan die beurt gekom, en toe Hoofstuk I. Ek wou graag ook die uitgebreide wyse van meervoudsvorming op -s in Afrikaans behandel het, maar die artikels in De Nieuwe Taalgids (Jg. 19 en 20) na aanleiding van prof. Ohmann se bydrae (Der s-Plural im Deutschen in Annales Acad. Scient. Fennicae, ser. B, Tom. xviii, no. 1, 1924) het my weer gewys hoe die opvattinge nog altyd bly uiteenloop. Voor ek iets deegliks hieroor kan lewer, moet ek meer tyd hê om my verder in die kwessie te verdiep. Dit sou Hoofstuk I gewees het. Wat ek sover hieroor het laat ek dus vereers agterweë bly. Voorlopig mag ek meedeel dat die -s-pluralisering na my bevindinge sover heel goed verklaarbaar is sonder aanname van vreemde invloed (Vgl. Wittmann, t.a.p., blss. 54 en 72). Die rol van verkleinwoorde mag in hierdie verband nie onderskat word nie. Opmerklik is juis dat die -s-meervoudsvorming enigsins verband skyn te hou met die algemeenwording van die gebruik van verkleinwoorde. Dit was dan ooi* veral met die oog hierop dat die vedkleinwoorde op -ie in Hoofstuk I behandel is. Hierdie hoofstuk wek die indruk van iets fragmentaries. Geïsoleerd besien is sy draagwydte nie groot nie. Dog teen die gevaar om dit toen onregte moedswillig geïsoleerd te beskou, moet ek waarsku. Die hele studie kan slegs in die verband besien word, waarin die dele tot mekaar te staan kom as dele van 'n eenheid, soos die eenheid afgbaken is in dieindeling. Eers dan blyk die doel en nut van Hoofstuk I wanneer 'n sintese geskep word. bv. by die -s as 'n middel van meervoudsvorming. Hierdie probleem is besonder belangrik en interessant, nie net vir Afrikaans nie, maar ewe-eens vir ander Germaanse tale, bv. vir Nederlands waar die proses langsamerhand al meer om hom gryp, en vir Engels, waar hy hom verder gekonsolideer het as in watter Germaanse taal ook al. Soos hulle op die Afrikaanse verskynsel kan lig gooi, kan die Afrikaanse verskynsel op sy beurt neer lig versprei. Maar afgesien hiervan het ons ryklik geleentheid om die opposisiebeginsel in die taallewe treffend te bestudeer, 'n beginsel waaraan ons geleidelik meer aandag begin te heg in die taaiwetenskap, namate die linguïstiese metode ons taalbeskouing stygenderwys beheers. Dit sal darem nog lank duur voor ons die volle betekenis sal gaan besef van bv. homonieme-studie i.p.v. differensiasie in taal, dog homonieme beskou as 'n aspek van 'n breë verkynsel wat hom ook in die vormleer en sintaksis kenbaar maak. Of Marty se leer, die fonolië se insigte e.d. ons nie tot so 'n studie in breë lyn gaan bring nie ? Juis by die -s- pluralisasie, waar as gevolg van die opposisie-beginsel die -s- uitgang in die gebruik 'n nuwe waarde begin kry wat dan die deurslag tot sy algemeenwording gee deur sy groter belang in teenstelling met ander representatiewe waardes, bied die verskynsel ons weer 'n interessante kant. Nogeens moet ek beklemtoon dat ek in die deel wat hier aangebied word, die filologiese metode toegepas het — uit die aard van die saak (vgl. die Indeling). Hoewel die nuwe beskouingswyse stadigaan baanbreek, maak dit nog die periode van uitbouing deur. 'n Ander more het egter aangetrek en dit sal 'n mooi dag word. Wat die „Hoofstukke" betref, dien opgemerk te word dat die kapittelering eintlik 'n kapitulasie is aan die gewoonte om in te deel. Die Hoofstukke I en II is alleenlik te verstaan as die aanduiding van twee aspekte uit die Indeling soos ek dit gegee het op bis. 63. As hierdie werk eers volledig af is, behoort die verhoofstukking ook in ooreenstemming met die Indeling te wees. Die Inleiding sal dan ook nie so lank lyk as dit daar nou uitsien in sy verhouding tot wat in die Hoof stuk-gedeelte gelewer is nie. INLEIDING. § 1. Die huidige stand van die Afrikaanse taaiwetenskap. Niemand het hom daaraan gewaag om die groot probleme aangaande Afrikaans as taal sinteties te behandel nie. Gewoonlik word die aandag aan een of ander onderdeel gewy, te dikwels om 'n vooropgestelde teorie te bewys, maar ook wel om eenvoudig 'n beskrywing van bepaalde taalverskynsels te gee, sover as hulle binne 'n afgebakende studiegebied val. In sy Utrechtse proefskif: Oor die Afrikaanse Sintaksis, (Amsterdam, 1923) het dr. J. J. Ie Roux, B.A. 'n enige i) poging aangewend om sketsmatig die groeigang van Afrikaans histories af te baken. Hy onderskei vier periodes: 1. Die sewentiende eeu, of die tydperk van neersetting. Hy sê hiervan „dit was die tyd van die ontstaan van Afrikaans." (aldaar, Voorw. p. ii). 2. Die agtiende eeu, die tydperk van uitbreiding en af sondering, van Europese beskawingsinvloede. Teen die einde van die agtiende eeu kom die blankes in botsing met die Bantoes tamme. „In hierdie tyd het die levensvatbare deel van die veranderinge wat in die sewentiende eeu ontstaan het, bestendig en uitgebrei geword" (ald., p. ii). 3. Die neëntiende eeu, toe Engeland vergoed die Kaap in besit geneem het en Engels die voortbestaan van Afrikaans bedreig het. By wyse van verset het daaruit op staatkundige gebied die Groottrek en die eventuele stigting van die twee Boere-republieke ten Noorde van die Oranjerivier voortgekom; op politieke gebied val die stigting van die Afrikanerbond in die Kaapkolonie te noem, op *) De Indeling van dr. F. C. L. Bosman (in Afrikaanse Grammaiika" deur Botha en Burger) kom hier nie van pas nie. Hy wou 'n skema hS vir die oudste geskrifte. letterkundige gebied die eerste opbloei van 'n beskeie literatuur teen die uitgang van die eeu. 4. Die twintigste eeu ken „die opbloei van die Afrikaanse literatuur, verdiepte taalstudie — nou ook deur Afrikaners self — en die offisiële erkenning van Afrikaans deur verskillende toonaangewende liggame" (p. iii). Al dadelik val dit op dat hier geen sprake van die tradisionele indeling in Oud-, Middel- en Moderne Periodes is nie. Dit sal ook geenszins ernstig kan oorweeg word nie. Afrikaans is 'n Germaanse taal wat sy groeiproses in die moderne tyd deurgemaak het, waarop gevolglik die gewone kriteria van die tradisionele afbakening in die drie tydperke ontoepaslik is. Maar 'n groot deel van die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans lê in die duister en baie probleme sal nooit in volle klaarte kan gebring word nie. Dr. Ie Roux neem die maatskaplike faktore ook in aanmerking, en met reg. Hy trek sy grense breed. Maar of sy skema orals instemming gaan win, is 'n ander vraag. Dat die lyne tussen die tydperke nie al te skerp kan getrek word nie, lê voor die hand. So sal almal met dr. Ie Roux kan akkoord gaan by punte drie en vier, maar hoe bepaal hy die skeiding tussen die eerste en tweede periodes ? In die eerste vyftig jaar het Afrikaans ontstaan, in die daaropvolgende honderd jaar het dit vaste vorm gekry. Die hele sisteem lyk so matematies-noukeurig en so eenvoudig in opset, dat 'n mens skepties voel oor die uiterlike „Gesetzmassigkeit" waarmee Afrikaans met al sy onopgeloste raaisels aangaande sy wording, hom gedra. Dit lyk al te veel of die taal vir die skema gemaak is, m.a.w. asof eintlik te min notisie van die inwendige gebeure geneem is, meer op die uitwendige en toevallige gelet is. Vereers oor die „tyd van die ontstaan van Afrikaans." Die ouderdomskwessie is te dikwels dienstig gemaak aan een of ander teorie oor die ontstaan, en is net een keer tot 'n onderwerp van afsonderlike studie gekies, nl. in die eerste deel van die Straatsburgse dissertasie van W. J. Viljoen: Beitrage zur Geschichte der Cap-hollandischen Sprache (1896). Hy wou veral die gangbare mening bestry het, dat Afrikaans onder invloed van Engels sy kenmerkende karakter verkry het. Uitgaande van die by Kolbe aangehaalde voorbedde van „Hottentotsch-Hollandsch" (Nauwkeurige en Uitvoerige Beschrijving van de Kaap de Goede Hoop. Amsterdam, 1727, bis. 27), van die taalgebruik in 'n paar privaatbriewe uit die agtiende eeu (blss. 27-30), en veral van die indirekte bewijs dat die opvallende afwesigheid van dialekte in Afrikaans „bei einem Verbreitungsgebiet von über 500,000 englischen Quadratmeilen" (bis. 31) alleen verklaarbaar word deur die aanname dat die tiperende taalverskynsels „spatestens in der Zeit unmittelbar vor Beginn der afrikanischen Wanderung zum vollstandigen Abschluss gelangt waren" (bis. 31, vgl. ook S. P. E. Boshoff: Volk en Taal van Suid-Afrika, Pretoria, 1921, p. 7; en J. J. Smith: „Afrikaans", in Die Brandwag, Pretoria, 15 Julie, 1912, p. 109.), besluit prof. Viljoen dat: „Die Sprache vor jeder Berührung mit England ihren hyperanalytischen Charakter angenommen hatte." (bis. 33, vgl. ook bis. 58). Afrikaans moes dus teen die uitgang van die agtiende eeu sy teenswoordige karakter aangeneem het, 'n Men kan die bewyskrag van die drie argumente nouliks oor stelpend noem. Viljoen was hom maar te goed hiervan bewus; hy sê dan ook openlik: „Hiermit glauben wir, das Alter des Afrikanischen wenigstens annahrend festgestellt zu haben" (t.a.p., bis. 39; my kursivering). Dit is nie moeilik om vandag naas die indirekte bewys wat tewens sy kragtigste is, nl. dat Afrikaans teen 1800 'n afsonderlike taal moes gewees het. direkte en afdoende argumente hiervoor aan te voer nie. Sommige reisbeskrywers van hierdie tyd sê dit in soveel woorde, bv. Lichtenstein: Reizen in het Zuidelijke Gedeelte van Afrika, in de jaren 1803, 1804, 1805 en 1806, vertaling W. Goede, Dordrecht, 1813: „Een paar kloeke jonge knapen uit wier oogen kracht en genoegen straalde, vermaakten ons met aangename vertellingen hunner jagt- en reisavonturen, die rij, op eenen zeer vrolijken trant, in de korte, krachtige Afrikaansch-Hollandsche taal opsneden," (p. 182) of, „Langs dezen weg is er in deze zoodanig verarmde en bedorven spraak aan welke alle aanduiding van afgetrokken begrippen vreemd zijn, en die nu de algemeene taal zelfs der kolonisten geworden is, eene kortheid en naïviteit van uitdrukking gekomen, die vaak aan het dichterlijke ... grenst, terwyi die haar in den beginnen zelfs voor eenen geboren Hollander onverstaanbaar maakt." (bis. 263, deel I). Daarby kom die onomstootlike direkte bewys uit die taal self, waar die Groningse landbouer M. D. Teenstra 'n staaltjie van die gesproke taal by 'n boeregesin, ook teenoor slawe en diensbodes gebruik, in dialoogvorm benaderend weergee. (F. C. L. Bosman: Drama en Toneel in Suid-Afrika, Pretoria, 1931, Deel l, bis. 539-540). Dit dagteken uit 1825, dus aanmerklik vroeër as die begin van die Groot-trek. En Teenstra is nie die enigste voorbeeld nie. (Vgl. G. S. Nienaber, Die Afrikaanse Beweging, Pretoria, Deel I, Hoofstuk III.) Maar hoe versigtig Viljoen sy bevinding geformuleer het, hoe „annahernd" hy die wordingsperiode aangedui het, dit was geen beletsel vir baie ander wat die groeigang later bestudeer het, om sy argumente veral die een wat op Kolbe se werk berus, te ontwrig, en meer te laat bewys as sy bedoeling kon gewees het nie — of om sy gevolgtrekking altans onoordeelkundig af te skryf nie. Die tyd van afskrywery het in sommige opsigte begin. So praat byna alle persone na Viljoen hom na oor die hyperanalitiese (reeds deur Mansvelt gebruik) en gedeflekteerde karakter van Afrikaans — gevaarlike terme in baie gevalle. Prof. Jan te Winkel het, ewe-eens in 1896, 'n artikel in Vragen van den Dag laat verskyn: „Het Nederlandsch in Noord-Amerika." In die gedeelte wat oor Afrikaans gaan wy hy allereers sy aandag aan die taalkundige kenmerke daarvan soos dit 'n Nederlandse geleerde sal opval en merk op: „Dit is in elk geval zeker, geene taal heeft op het Nederlandsch in Zuid-Afrika grooter invloed gehad dan het Fransch waaraan het vooral moet worden toegeschreven dat het op het oogenblik van ons Nederlandsch meer afwijkt dan het Amerikaansch van het Engelsen." Aangesien die Protestantse vlugtelinge in 1688 aan die Kaap verwelkom is, „dagteekent (die afwijking) in hare eerste beginselen reeds van het jaar 1688" (t.a.p., bis. 354); en aangesien in 1724 vir die laaste keer in Frans vir die Hugenote gepreek is (alle kinderen der Hugenoten waren toen Nederlanders geworden"), sou almal toe reeds Nederlands gepraat het, veral die kinders, „maar in den tongval, dien zij spraken, verloochende hunne moedertaal zich in geenen deele." Die ander koloniste sou hulle, die meerderes in beskawing, gaan navolg het, al hét die Hugenote nooit meer as 'n agste van die blanke bevolking uitgemaak nie. Dus: „In het begin der 18de eeuw alzoo is de taal van Zuid-Afrika geworden wat zij nu is" (t.a.p., bis. 358). Indogermaniste ly geweldig aan die substraatsiekte, en hulle gaan die simptone ook in Afrikaans soek 1 'n Mens deurskou maklik die werkmetode van te Winkel om die wordingstydperk af te baken. Hij het sy eie opinie oor die saak, al kon hy dit nie op oortuiende wyse aanneemlik maak nie. Geen wonder dat hy sy teorie na die verskyning van Hesseling se werk so hg laat vaar het nie. Tog het hy in een opsig 'n verfyning aangebring. In sy Geschiedenis der Nederlandsche Taal (Culemborg, 1901) sê hy nou op bis. 34: „Omstreeks 1720 had zij de Afrikaansche spreektaal) waarschijnlijk reeds haar tegenwoordig karakter aangenomen." As bewys hiervoor noem hy die werk van Peter Kolbe, wat in 1727 in Nederlands verskyn het. Net 'n bietjie hoërop siteer hy Viljoen, op wie se aanhalinge uit Kolbe te Winkel se argument vermoedelik steun. Immers, in hierdie Geschiedenis skaar te Winkel hom aan die kant van Hesseling terwyl hy sy de teorie byna onvoorwaardelik prysgee. „Niet geheel zonder invloed van het Fransch der Hugenoten ... maar vooral onder dien van het Maleisch-Portugeesch ... werd de spreektaal ... veranderd." Groter presisering maar swakker bewysgronde, as dit nog „bewysgronde" is. Die Afrikaner P. J. du Toit, neem in sy Gentse proefskrif te Winkel se bewering heelhuids en met groot voldoening oor (Afnkaansche Studies, Gent, 1905, bis. 11.), lê dit ten grondslag van sy teorie, in aansluiting by Hesseling, dat Afrikaans verword het onder inwerking van die Maleis-Portugese mengeltaal wat as slawe- en as handelstaal aan die Kaap gelewe het — 'n teorie wat alleenlik op die manier die ongekende snelle ontwikkelingstempo kan verstaanbaar maak. Die snélle ontwikkeling blyk juis daaruit dat die proses in 1720 af geloop is. Dit is voorwaar bevreemdend dat du Toit hierdie bewering sonder enige kommentaar hoogenaamd. gesien die belang van die punt vir sy werk, kan oorneem, en sdfs sonder enige verantwoording waarom te Winkel as die groot gesaghebbende op die gebied kan of mag aanvaar word, of waarom Kolbe se Hotnots-Afrikaans dieselfde as die Afrikaans van die beskaafde Kapenaar moet beskou word. Hesseling, wat in sy bekende Gids-opstel („Het Hollandsen in Zuid-Afrika," Jan. 1897, blss. 138, e.v.) te Winkel op die voet volg, altans wat die taalkundige beweringe betref, en teenoor Frans Maleis-Portugees stel as die faktor wat vir die omvorming van Nederlands in die suidelike Afrikaspits verantwoordelik is, het dit as 'n feit verkondig dat die wordingsperiode vroeg afgesluit is. Hy beroep hom vereers op seker uiters-seldsame gevalle van afwykende taalgebruik in Jan van Riebeeck se Dagverhaal. „Het is in allen gevalle opmerkelijk dat reeds in het Dagverhaal ... een woord voorkomt als .party mense' en dat 50 jaar later, dus 25 jaar nadat de groote toevloed van slaven uit Madagascar en Ceylon was aangekomen (hy doel op die jaar 1676), alle geslachtsonderscheiding verdwenen was," dat ons vir wij gebruik word, praeteritum en imperfectum saamval, en infinitiefsuitgang -en verlore raak „by sommige werkwoorden". Die voorbeeld „party mense" het hy aan te Winkel se opstel ontleen, waar die professor dit, saam met ander afwykinge, as „niet oorspronkelijk Afrikaansch maar Oud-Nederlandsch" bestempel (t.a.p., bis. 350). die student egter hierin o.m. die bewys van die wording van 'n nuwe taal sien. Die terminus-ad-quo herlei hy uit die „manifest" wat deur burger Pletsholt opgestel en in in 1739 deur die oproermaker Estienne Barbier uitgevaardig is (t.a.p., 145); hierin herken hy al die die karakteristieke eienaardighede van Afrikaans, wat in 1739 kant-enklaar 'n ander taal was; die proses is trouwens reeds omstreeks 1700 af geloop. Waar Hesseling hierdie oortuiging deel, is dit duidelik dat die Hugenote vir hom te laat kom, dewyl hy die oorsaak vir „al deze taalverbastering" in eksterne faktore, in talebotsing naamlik, wil gaan soek. „Het is inderdaad zonder voorbeeld dat de taal eener kolonie in betrekkelijk zóó korten tijd in die mate afwijkt van de taalvormen der moedertaal als dat het geval is geweest met het Afrikaansch" (bis. 138) en daarom is dit duidelik „dat hier geen sprake kan zijn van de spontane ontwikkeling van eenig Nederlandsch dialect" (bis. 140). Terwyl Hesseling die ,zoo korten tijd" as die fondament beskou waarop hy sy hele teorie bou, kan 'n mens met die volste reg verwag dat hy die fondament heg moet lê, dat hy hom oortuiend moet verantwoord oor die onomstootbare waarheid en vastigheid van die fundamentele kwessie. Tog glip hy in sy Leidse proefskif (Het Afrikaansch, Leiden, 1899), wat dieselfde probleem van die wordingsverklaring van Afrikaans stel, saggies oor hierdie moeilikheid heen. Weer sê hy dat dit „bij het Afrikaansch volstrekt onmogelijk is aan spontane ontwikkeling van een Nederlandsch taaleigen te gelooven, wanneer we zien dat reeds in 1739, dus 87 jaar na de stichting der Kaapkolonie, in geschrifte een taal zich voordoet, die ten eenenmale afwijkt van alles wat in Nederlandsche dialecten bekend is." Dié taal is volslae Afrikaans. Hy fondeer sy argument op die bekende manifes, en maak vervolgens in 'n voetnoot die opmerking van „veel oudere voorbeelden, doch van geringen omvang," in die Dagverhaal en by Kolbe. Kort daarop beroep hy hom op Viljoen, maar op 'n onoordeelkundige wyse, waardeur hy 'n arglose leser bepaald op 'n dwaalspoor lei aangaande die bevindinge van Viljoen (ald., bis. 14). Om die vir hom prinsipiële kwessie aanneemlik te maak. gebruik hy nog geen twee volle bladsyde nie — terwyl die hele werk deurloop tot op bis. 156. 'n Mens sal dit bepaald sonderling kan vind, tensy dit is dat Hesseling en ander na hom so oortuig van die stelligheid van die „feit" is, dat verdere bewysvoeringe as tydverspilling aangesien is. Eerder glo ek dat daar toe geen nuwe voorbedde deur hom kon bygebring word nie. Prof. Hesseling is dan ook baie minder entoesiasties hieroor by die omwerking van sy proefskrif vier-en-twintig jaar later, (Het Afrikaans, Leiden, 1923). Hy lewer sdfs 'n deurslaggewende bewys waarom die manifes van Barbier taalkundig nie so belangrik hoef te wees as wat hy vroeër gemeen het nie (t.a.p., bis. 8). Sommige van sy vroeëre opmerkinge sak ook uit of af na voetnote toe. Maar hy vestig nou die aandag nog op die meedeling by van Rheede en op 'n paar opmerkinge van Mentzd. „Heel ved hebben we aan die mededdingen niet, maar de gekombineerde getuigenissen wettigen toch de onderstelling dat reeds in de eerste tachtig jaar van het bestaan der volksplanting onze taal wijzigingen hadden ondergaan" wat spontane ontwikkeling alleen nie kan verklaar nie (t.a.p., bis. 8). Natuurlik moet hy die saak ook so voorstel, anders verloor die Maleis-Portugeesteorie vanself te veel aan waarskynlikheid. Tog is die opmerklike verkoeling oor die waarde van hierdie getuigenisse aan afdoende bewyskrag 'n aanduiding dat prof. Hesseling dienaangaande die stellige waarheid naderbykom. Die voorstanders of bestryders van Hesseling se hipotese het hulle in hoofsaak by sy bepaling van die ouderdomsgrense neergelê, sonder om hulle standpunt verder te motiveer. Dr. Johannes Wittmann is almal se band om die groeiperiode met verbluffende gemak te bepaal. Hy het so raat as 1928 'n nuwe teorie opgestel (Die sprachgeschichtliche Entwicklttng des Deflexfanstypus im Afrikaans, Bonn, 1928) dat die uitkoms van die dialekbotsing onder die eerste koloniste. byna almal Nederlanders „met onbetekenende by-elemente" (uit Boshoff aangehaal), Afrikaans is soos ons dit vandag ken (t.a.p., bis. 49). Daartoe is dit nodig om die wordingsjare nog vroeër te stel as enige persoon voor hom gedoen het, d.m. vóór die aankoms van die eerste belangrike nie-Nederlandse element, die Hugenote (1688). Afrikaans het dus sy „Periode der Deflexion als Resultat der Dialektmischung" sedert 1687 ingetree (t.a.p., bis. 57). Die taal groei hier nogeens vir die teorie, die teorie rig hom nie na die taal nie. Immers, dr. Wittmann sien geen swarigheid om die feite in sy kraam in te wring tot hulle pas nie. Hy motiveer sy tydsbepaling aan die hand van die genoemde Dagverhaal (bis. 5) en steun verder op die uitspraak van van Rheede soos dit deur prof. D. B. Bosman interpreteer word (bis. 6) en op die indirekte „annahernde" bepaling van Viljoen, sonder om hom sy volle eer hierin te gee (bis. 7). Eindelik, so redeneer hy, word die woord Afrika ners in 1739 in sy moderne betekenis gebruik „was auch auf einen gewissen Abschluss in der sprachgeschichthchen Entwicklung schliessen lasst" (bis. 7, my kursivering). Kolbe het hy gladnie meer nodig nie. Sonder enige toetsing van die bewysgronde het hy hulle gegee; self het hy net die laaste argument uitgedink; en verder met die vertroue van 'n soet kind oorgeskryf wat hom pas. Dit kan dus nouliks makliker. Sover ek weet is prof. S. P. E. Boshoff die enigste wat nie veel geloof aan hierdie soort slimpraatjies heg nie. Tot dusver het dit duidelik geword, dat: 1. Die wordingsperiode as 'n besonder belangrike oorweging beskou is om die ontstaan van Afrikaans te verklaar, natuurlik, maar dat 2. Die bepaling van die ouderdom veeleer geskied ter wille van 'n vooropgestelde teorie. Die bepaling word meesal sonder veel moeite en heel vluggies gedoen, terwyl die wetenskaplike met reg juis hieroor meer sou verwag, gesien die gewig biervan vir die meeste teorië; 3. Die bepalinge vernaamlik op taalkundige oorwegings steun na aanleiding van afwykende gebruikswyses in die Dagverhaal deur Jan van Riebeek, die paar staaltjies van Hotnot-Hollands deur Kolbe meegedeel, en die manifeste van Barbier. In die jongste tyd word ook veel waarde aan die uitspraak van van Rheede geheg., Naas hierdie direkte verklaring kan nog ander gestel word (bv. die van Mentzel). Eindelik is daar 'n derde wyse om die ouderdom te bepaal, nl. deur indirekte argumentasie. Ten einde tot 'n afbakening van die groeiperiode te kom, sal ek my by 'n paar oorweginge na aanleiding van die kwessie moet bepaal. By 'n lesing van die reisbeskrywings wat oor die Kaapkoloniale toestande handel, val dit op hoedat die reisigers sedert die begin van die neentiende eeu getref word deur n afwykende vorm van Nederlands aan die Kaap, wat hulle dan „Kaapsch-Hollandsch" of „Cape Dutch" genoem het. Omstreeks 1800 is die afwyking dus 'n voldonge feit, is Afrikaans reeds Afrikaans, die taal wat deur al die koloniste gepraat is, wat elkeen moet ken as hy met hulle in aanraking wil kom. Toe William Burchell. wat in November 1810 in Tafelbaai aan wal gestap het, sy vierjarige ekspedisie van ons land onderneem het, het hy eers die nodige inligtinge ingewin en voor- bereidsels getref. Besides which a knowledge and proper pronunciation of the Dutch language, according to the Cape Dialect and even according to the corrupt dialect of the Hottentots, was not amongst the least important preparations for journey of research in this part of Africa ..." (Travels in the Interior of Southern Africa, dl. I, London, 1822, bis. 13). Hoe hy Afrikaans gepraat het met al sy goedgesindheid teenoor die Afrikaners, kan 'n mens hom goed voorstel. Op bis. 86 sê hy o.a. „Roode Hoogte, which words are, according to the Cape dialect, pronounced as an Englishman would read: Roëe Hoaghter"! Weduwee Stücki, 'n Hollandse, sê dan ook: „De Hollandsche taal wordt hier slecht gesproken door den Afrikaan. Daardoor spreekt de Engelschman het nog veel slechter (Reis en Verblijf aan de Kaap en te Natal... 1846 en 1848, Kampen, 1849, bis. .96). Die klag ook by Changuion (t.a.p., bis. 22). Burchell praat ook bepaaldelik van ro>ee vorme van Afrikaans, een in gebruik by die blankes en wat afwyk in uitspraak e.m. van Nederlands, en een deur die kleurlinge gebruik. Vandaar die tweede naam „Hottentots-Hollands" (ook by Stücki). Hierdie twee vorme sal later nog dikwels met mekaar verwar word, en waarskynlik ook nog in die toekoms. Vir sommige is dit immers 'n uitgemaakte saak dat die een uit die ander voortgekom het, dat die een die ander ook beïnvloed het in die algemene rigting. Dit is hier nie die plek om op die verhouding van die twee vorme in verband met hulle ontstaan in te gaan nie. Alleen wys ek daarop dat die twee vorme langs twee verskillende weë kan ontstaan en in hoofsaak waarskynlik ontstaan het. 'n Leersame vergelyking kan met KafferAfrikaans van vandag gemaak word. 'n Mens kan die woord van Schuchardt heel goed breër opvat: „Die lebenden Sprachen sind in methodischer Hinsicht lehrreicher für die toten (ek lees ook: und alten) als diese für sie" (Das Baskische, Weenen 1924, bis. 6). So 'n uitgangspunt kan 'n belangstellende soms van die bedrog van lugspieëlinge red. Dit sal ook leer om die uitsprake van sommige reisigers krities te lees. Vir Barrow, wat geen goeie woord vir die Boere gehad het nie, wat selfs geen Hollands (Afrikaans) geken het nie, is die ontstaan van die Boeretaal duidelik „De meeste boeren, in de afgelegen landstreken, spreken niet alleen die taal (van die Hottentotte), maar zijn er zelfs zoo aan gewoon, dat zij dezelfve onder hun eigen spraak vermengen, en die ook op de Hottentotsche manier uitspreken" bis. 214, dl. I, van sy Reizen in de Binnelanden van het Zuidlijk Gedeelte van Afrika in de jaren 1797 en 1798, Haarlem, 1803). John Barrow se opmerking dui hier vaag 'n heel belangrike onderskeid aan in die taalvorm van die koloniste — die ander vorm laat ek voortaan buite beskouing. Barrow se opmerking wys op die moontlikheid om die platteland in die algemeen teenoor die „stede" te stel, — 'n onderskeid wat ons by Mentzel weer gaan kry. Daarby moet al ook gelet word op 'n onderskeid van graad in beskaafdheid in dieselfde taalvorm. Hoewel standsverskille in werklikheid toe nog onbekend was, is sekere uitdrukkinge of uitspraakwyses as „plat" beskou. „Een Engelschman spreekt doorgaans plat Kaapsch" sê Changuion (bis. 22, De Nedetduitsche Taal? Rotterdam, 1848). Dog ook in die kolonistetaai is „Hottentotisme(n)" (bis. 121) of „Hottentotsche spreekwijzen" bis. 100) waarteen hy waarsku. By hom kom nog 'n allerbelangrike opmerking voor. Hy praat eers oor die Kaapse uitspraak, en sê dan „kleinere afwijkingen, enkele woorden betreffende, zullen in de Proeve (die Idioticon) beter hare plaats vinden" (ald., bis. 22). Vir hom lê die groot onderskeid tussen Afrikaans en Nederlands duidelik in die uitspraak. „Wij kunnen van dit onderwerp niet afstappen, zonder te erkennen, dat de beschaafde klasse overal haar beste doet om het kenmerkende der Kaapsche spraak af te leggen, en dat veel van de hierboven opgegeven voorbeelden in de platte taal der onbeschaafde klasse thuis hooren." Hy het dan ook in die begin gedroom van „de Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika hersteld" — dit het moeilik maar moontlik gelyk, tot die ontnugtering gekom het. Dr. Changuion kon hom duiderliker uitgedruk het. Hier is veral sprake van die taal van die inwoners van Kaapstad, nie van die plattelandse kolonistetaai nie (Proeve, bis. v). Ook is hy al te opvallend apologeties, te bang om die beskaafde Kapenaar op die tone te trap. Enigsins tereg ook want hy begaan dieselfde fout as baie ander om die twee vorme van Afrikaans met mekaar te verwar. Kaaps-Hollands word „in hare zuiverheid alleen door Hottentotten en ander gepeupel gesproken" (sy onderstreping; bis. v). Daarom dat Afrikaanse idiotismes ook Hottentotismes, met pejoratiewe waarde, genoem word. Hierdie opmerkinge uit die jare 1840-1844 wil die indruk wek dat ons wel deeglik van Kaaps-Hollands moet praat weëns die uitspraak, 'n paar „grammatiese" eienaardighede en enige kenmerke in die woordeskat, dat dit taamlik algemeen onder die blankes wat hy onbeskaaf reken, is asook onder de kleurlinge en dat dit van onder af in die kringe van die beskaafsprekendes indring, 'n groep wat hulle nog heftig daarteen verset. Maar die oorwinning is, sê hy, aan Afrikaans, altans die toekoms van Nederlands is soos die van 'n sieke wat aan 'n ongeneeslike kwaal ly (Proeve, iii). Dit lê buiten alle twyfel dat die meewerkende faktore Nederlands so verander het dat dit omstreeks 1800 al Kaaps-Hollands geword het, „krachtig" noem Lichtenstein die idioom. Maar ons moet onderskei tussen beskaafde en plat Afrikaans, en tussen Afrikaans op die platteland en in die stede (dorpe) waar die hoë lui soveel moontlik aan Nederlands in uitspraak en vorm gehou het, aanvanklik altans. Die onderskeid is baie belangrik, en as dit in die oog gehou word sal heelwat moeilikhede ontseil word. J. Suaso de Lima val Changuion heftig aan in De Taal der Kapenaren. Dr. F. C. L. Bosman stuur my die volgende opsomming van de Lima se standpunt. Hy verdedig alleen die vorm van die taal. Die Kaapse spraak is nie korrek volgens die spelreëls van Siegenbeek en Weiland nie, maar is tog beskaafde Hollands. Die voorbedde van sg. Kaapse taaleie wat Changuion gee is voorbedde van die onbeskaafde taal, die taal van Hottentotte e.a., maar seker nie van die Kaapse „burgerkring" nie. Hy behandel dan verder die professor se voorbedde van Hottentots en besluit, Changuion moes sy boek genoem het „Den Kapenaar belagchelijk gemaakt en zijnen spreektrant op de leest gebragt van den woesten Hottentot." 'n Mens sou geneig wees om te vra of Changuion, de noukeurige beskrywer wat sdfs 'n oor vir die gewestelike had, dan gedwaal het, of wd de Lima ? Wat wil alles dan sê ? Ek glo dat die mis- verstand uit 'n sekere doofheid vir die musiek van die werklikheid spruit. C. J. van Rijn het nuttige inligtinge verstrek oor die taal van die burgerkringe. Ons moet die saak waarskynlik so voorstel: Die Hotnots het hul eie, laat ons dit noem, plat Afrikaans, die blanke stedelinge praat 'n vorm van Nederlands wat nog die pretensie het om as egte waar te geld, maar wat in werklikheid die beskaafde Afrikaans is, net met meer aansluiting by die Bybel- en kanseltaal dan dit die geval op die platteland sou gewees het, waar ons die boere-vorm van Afrikaans op 'n verdere stadium van ontwikkeling moet veronderstel. Dit is ook opmerklik dat toe Teenstra 'n staal van Afrikaans wou meedeel, hy na die platteland gegaan het, en nie na die stedeling nie; tog is die boer geen arme nie — hy het sy slawe en slavinne. So opvallend as dit is om te merk hoe alle reisigers van die begin van die 19e eeu af wat hulle be- en ondervindinge te boek gestel het, oor Kaaps-Hollands iets mee te deel gehad het, ewe-so opvallend is die afwesigheid van meedelinge oor 'n eintlike KaapsHollands in die periode vóór 1800. Die term behoort aan die neëntiende eeu, soos sedert die laaste kwart daarvan ook die benaming „Afrikaans". Waaraan moet die afwesigheid van meedelinge dan toegeskryf word? Dit lê tog voor die hand om te veronderstel dat die vorme Afrikaans en Nederlands nog nie so ver van mekaar afgewyk het dat 'n mens van 'n tipiese Kaaps-Hollandse vorm kon praat nie. Die stilaan-werkende faktore was besig, maar die kenmerklike wat hier en moes begin deurskemer het, tog nie algemeen nie, nog „afwesig" vir wie die algemene raaksien. Ek kan my nouliks voorstel dat 'n reisiger wat Nederlands moes geken het om in 'n Nederlandse kolonie met blanke, 'n Nederlandse taalvorm sprekende koloniste, op vriendskaplike voet te verkeer, die geleentheid so heeltemal sou laat verby gaan het om nie oor sy taalmoeilikhede met die „dialek'-sprekende iets te vertel nie, al is dit vir ander as n aanwysing van wat hulle te wagte kan staan. As geleerdes ons kom vertel hoe dit en dat 'n bewys is dat Afrikaans omstreeks 1700, of selfs vóór 1687 (Wittmann) 'n eeu vroeër of meer dus, sy beslag moes gekry het, dan wonder 'n mens of hulle nie te veel in die bewyse inlees nie. Ons let op 'n paar van die belangrikstes hiervan, volgens die oorsig wat op bis. 12 gegee is. Hendrik Jakob Wikar(d) „a native of Sweden" (Patterson, aanhaling op bis. 137, deel II van Reizen in Zuid-Afrika, Den Haag 1916, waarin Wikar se Reisbeskrywing gedeeltelik afgedruk is), gebore in „Gottenburg" (ald., bis. 79) was soldaat in diens van die Kompanjie (bis. 138), het weggeloop uit sy diens en sewe jaar onder die wilde Hottentotte rondgeswerf in die omstreke van die Oranjerivier. Sy taalgebruik volgens die verhaal van 1779 is beslis geen Nederlands, nog Afrikaans nie, d.i. in formele opsig. Maar die gees daarvan, baie wendinge, die onbeholpenheid met die korrekte Nederlandse taalvorm, doen so kragtig Afrikaans aan. Of 'n mens nou-al meer met stelligheid kan sê is te betwyfel. Is daar geen Sweedse wendinge in nie, (bv. met die voorsetsels), hoelank is hy in diens van die N.O.I.K. gewees en hoelank aan die Kaap, in hoeverre is sy taaleienaardighede die gevolg van 'n gebrekkige aanlering van Nederlands deur 'n vreemde huurling, in hoeverre in ooreenstemming met die moontlike koloniale vorm, of in watter mate is daarin eenvoudig spore van Hottentots-Nederlands terug te vind ? 'n Monografie wat sy taalgebruik bestudeer en dit met die van bv. Louis Trichardt vergelyk, kan eers aanduidinge van enige waarde gee. Wat O. F. Mentzel gesê het is: „Die Sprache der Landleute ist aber so wenig reine Hollandische Mundart als die teutschen Bauern reines Teutsch sprechen. Die Mannspersonen nehmen das Maul dabei sehr voll, und das Frauenvolk hat Redensarten angenommen, die zuweilen recht lacherlich sind. Zum Exempel. Man fragt etwan, ob sie keine Bibel haben, so erfolgt die Antwort: Onz heeft geen Bibel, zu Teutsch: Uns hat keine Bibel, welches so viel sagen will, wir haben keine Bibel. Wann man sie aber alsdann fragt: Wie viel Unzen gehen auf ein Pfund ? so werden sie schamroth." (Vollstandige und Zuverlassige ... Bescheibung des ... Afrikanischen Vorgebirges der Guten Hoffnung, Glogau, 1785-'7, bis. 157-'8 uit deel II). Afgaande op die voorbeeldsin sou 'n mens kan sê, ja, maar dis byna suiwer Afrikaans! Die pad van heeft na het is tog kort 1 En dit al vóór 1750! So moes inderdaad ook almal redeneer het wat 'n vroeë afsluitingsdatum vir die wordingstydperk gesoek het. In die een sin word die hele werkwoordelike toestand van vandag gesien, en die voltrekking van die Kasusausgleich wat hier so treffend uitkom. Dit kan alles waar wees as ons die uitspraak van Mentzel geïsoleerd besien, uit sy verband geruk, of net op die voorbeeld bly staar. Mentzel trek dwarsdeur sy werk 'n baie skerp onderskeid tussen die lewe onder die koloniste aan die een kant, hulle wat op die platteland woon, en onder die meer vlottende bevolking soos hulle wat in diens van die Kompanjie staan, wat hulle veral in Kaapstad of op die paar dorpe bevind. Dit is in algemener terme wat ons later kan gaan noem: die stede versus die platteland. Hierdie uitspraak kom voor in die hoofstuk wat as titel dra „Von der Lebensart der afrikanischen Bauern oder Bewohnern des platten Landes" (t.a.p., dl. II, bis. 145). Hy onderskei vier klasse Vryburgers: 1. Die rykes, wat egter in die stede gaan woon (renteniers), bis. 145 e.v.), 2. Vryburgers „die ihr Schaflein ins Trockene gebracht haben" (bis. 149, e.v.), 3. Die „Arbdtsamen" wat hulle ook later tot sdfstandigheid opwerk, 4. Die Trekkende Klas, wat orals tuis is, maar nêrens tuis is nie. Dit is o.a. met die oog op punt 1 dat ons nie so stdlig nou-al die stad teenoor die platteland wat ons taal betref kan std nie. Dis nog net die kiem van so'n verdeling en nog nie die essensie nie. Hierdie klas vorm die brug waarlangs die plattelandse invloed die stede kan indring; hulle (die „rustende boere") is immers die geagtes, „the leisured dass". Die betekenis hiervan blyk as verder onthou word dat die sitaat van Mentzd gehaal is uit die gededte waar hy dit oor die tweede klas het, waaruit die eerste voortkom. Hed in die algemeen kan ons dan na aanleiding hiervan beweer: Dat die faktore wat Nederlands in die mond van die blankes omvorm tot Afrikaans, die eerste blykbare uitdae gdewer het by die boere, d.i. by hulle wat op die plattdand woon: en dat die uitwerkinge by die bestes onder hulle te merk is. Hierdie resultate meen ek in twee aspekte duidelik te kan sien. „Die Mannspersonen nehmen das Maul dabei schr voll" skyn op die uitspraak betrekking te hè. Die koloniste spreek dan hulle woorde al anders, al Kaaps-Hollands uit, soos dr. Changuion dit die eerste sou beskryf. Verder het „das Frauenvolk Redensarten angenommen die zuweilen recht lacherlich sind". Daar is dus verschillende „Redensarten" wat by voorkeur deur die vrouens gebruik word. Wel kan hulle nog „schamroth" word as met 'n fout die spot gedryf word, dus weet hulle goed dat die gebruik nie korrek is nie, of anders gesê, weet hulle goed waar dit anders behoort te wees. Hierdie afwykinge is blykbaar veral in die vormleer te plaas, want die „exempel" van die „lacherliche" het daarop betrekking (en nie op die inhoud nie — in Mentzel se bedoeling). Al is die koloniste-Hollands nie „rein" nie, hoor ons min oor die graad van „onreinheid", van afwyking, maar die vergelyking met „teutschen Bauern" en „reines Teutsch" aan die een kant, en die besondere aanwysing van die vrouens as die grootste taalsondaresse aan die ander kant, skyn tog duidelik genoeg te sê dat die afwykinge nog betreklik klein is in vergelyking met wat ons later gaan kry. Dis die begin. Ook wil die voorbeeldsin my dieselfde sê. Ons heeft en ons het veronderstel nog 'n hele stuk ontwikkeling, nog baie wisselvorme, en dit lyk ook asof die mans tog wel deeglik nog we hebben (we hewwen) sê. Dan is hier al baie deurmekaarlopende doublette, dan het die vormende faktore al begin om 'n bontheid te skep, maar die nuwe opkomelinge het nog die oorwinning nie behaal nie, is onge-eer en beperk in gebruiksfeer. Die koloniste-Nederlands kom al teen 1750 naby 'n tweesprong, maar is daar nog nie. Die Afrikaanse taal is dan daar gebore waar die Afrikaanse volk gebore is — op die platteland, in die deftige ou-Hollandse boerewoninge, waar moeder regeer, sy wat soms onnodig nog skaamrooi kan word — die fyngevoelige vrou. Oor die taalgebruik van die oproerling Estienne Barbier volgens sy twee manifeste wat 'n onbekende burger Pletsholt hom help opstel het amper tien jaar voor die tyd waarvan Mentzel praat, hoef ek dit hier nie te hê nie, daar prof. Hesseling al voldoende aangetoon het hoekom hy so sterk oor die waarde van sulke stukke afgekoel is. Alleen wil ek byvoeg dat as iemand hier uit die paar ooreen- stemminge tot ernstige gevolgtrekkinge wil kom, hy hom in die geval van ongeleerde of ongeoefende skrywers ook oortuiend rekenskap moet gee van die afwykinge wat nie Nederlands, maar ook nie Afrikaans is nie. As die een reeks „foute" goed genoeg is om 'n teorie op te bou, moet die ander en groter reeks ook sterk genoeg waarsku om hulle ten minste te verantwoord, dit wil sê, as 'n mens werklik op 'n wetenskaplike sin wil aanspraak maak. Dan kom ons by Kolbe, die „stilsittende reisiger" soos la Vaillant hom noem), wat so baie vorige reJsigers die les wou spelle, maar deur soveel meer na hom oor sy onjuishede weer betig is. Veral Mentzel, de la Caille en la Vaillant kon hom nie bra veel nie. Naas heelwat meedelinge oor allerlei taalgroepe en 'n lysie Hottentotse woorde (dl. I, bis. 429, v.v.) en tehvoorde (bis. 435) kom ook staaltjies voor van wat hy êrens „Hottentotsch-Hollandsch" noem (I, 121). 'n Paar hiervan is -deur Viljoen (ald., bis. 27) gesiteer, in die voetnoot hierby is al die gevalle by Kolbe *) Hottentots-Hollandse voorbedde uit Kolbe se Reisbeskrywing : Uit deel I: / Pu makum goeds // gelyk zij stukken geschut, snaphanen en ander schled-geweer noemen ... (bis. 59). / Kobes ik jou ja Tc hemme versproken, ek zoo lang zal by u blyven, tot jou Husing de dubbeltjes betaalt hemme, gy ik hemme een oorfyg gemme, is dat braa ? wagt om als gy de dubbeltjes betaalt hemme, ik ja strakjes voort lopum zoo // Dat is: Jakop ik heb u belooft om zoo lang in uw dienst te blyven, totdat gy Husing zoudet betaald hebben. Gy hebt my een oorvyg gegeven, is dat redelyk? past maar op, zoo dra als gy het geit zult hebben betaalt, zal ik wegloopen. — En dit gezegd hebbende, sloeg hy op zijn achterste, en zeide / dat is voor jou // (bis. 121) / Hottentottum Brokqua, Duivel haal Domine van Amersfoort // dat is: Geeft aan de Hottentotten een stuk brood of tabak (416) / Ons denkum, ons altyd Baas, maar ons ja zienom. Duitsman meer Baas (bis. 477) / Duitsman ja musku slim, ons al te maal verraden (491) / En zij noemen deze plechtigheid / Anders makum zoo // t wel zoo veel betekent, als dat zij nu tot andere menschen gemaakt zijn (501 / Hachalze, Muatze, wat makum zoo? // dat is: Hoort eens, kykt eens, wat wil die daar doen? (502) / gy dit Beest fangum zoo, en nu dood maakum zoo, is dat braa, wagtum ons altemaal daar van loopum zoo // Zou gy het Beestje zoo vangen, en nu zoo doden, is dat wel gedaan, ziet zoo gy het doet, lopen wy allen bene (502) / Kamme niet verstaan //: ... ik kan zulks niet verstaan (504) / dat is Hottentots manier, die oud volk altyd zoo makum en daarom ons ook zoo makum (520) / Kenie die vieur (dX vuur, vir brandende brandewyn) 2 afgeskryf. Steunende op hierdie Hollandse kromtaal in die mond von Hottentotte kom Viljoen tot die gevolgtrekking: „Dass die Sprache schon lange den Weg der Abschleifung eingeschlagen batte, erhellt aus den wenigen Beispielen die uns Kolbe überliefert, mit völliger Sicherheit. In einigen Punkten hat sie auf diesem Weg schon ihren heutigen Charakter angenommen" (t.a.p., bis. 27). Hoewel Viljoen later gaan opsom dat Afrikaans vóór 1806, vóór elke aanraking met Engels sy „hyperanalitischen Charakter" gekry het, wil hy nou laat deurskemer dat die proses ten dele teen die begin van die vorige eeu, toe Kolbe aan die Kaap was (1705-1713), voltrek moes gewees het, en verder in die gang van voltrekking was. Geen wonder dan dat die wat hulle op Viljoen beroep het, en in de buik zuypen ? (526) / Die man toverman, die man ja tover makum zoo (526) / Gy ons immers dood maakum als ons die Goeds zuipen (526) / Ey vrouw die Tovergoeds ja zoo bytum, ons ik ka me niet verdragen (528) / Vrouw jou Tovergoeds bra bytum, dat is waar, maar jou Tovergoeds ook weer gezond makum, dat is ook waar. Ons Tovermanns, zeide hy verder, kame niet helpen, maar die Duits Tovervrouw ja bra, die kame helpe //, dit het hy as 'n bedanking gesé „zoo goed als ik het ooit van een Hotten tot gehoord heb" (528). Uit Deel II: ... dat zulks ziekum of ongezond is (4) / Die volk ja denkum ons beesten, hal ons zoo makum als de Honde? wat manier is dat? ons zoo, want het deugum niet (30) / Rackwn. stok (16) / Wat jou Hert denkum? // Wat hy in zyn hert denkt? (50) / Die goed ons ja beitum, en ons bloed op| vretum, waar om ons die goeds niet weder beitum en op vretum (66) / Die Gift al gedaan dood, wie kan hy meer wat schaden (114) / Die Tovergoeds ja braaf (162) Wagtum, die Tovergoeds niet sterk genoeg, ons ja een ander makum, die ja braaf sterk (162) / Vrouw die Tovergoeds bytum als de Duivel, wat makum zoo? (163) / Hottentotsch manier zoo (167) //. Dit dien altyd onthou te word dat Kolbe in Duits vir Duitsers geskryf het, ons sal dus nie uit die spelling van bv. fangum mag aflei dat die aanvangskonsonant stemloos moes gewees het nie. Ook ander opmerkers deel ons iets oor hierdie eienaardigheid van 'n suffiks -ton mee as 'n tipiese verskynsel van Hotfenfors-Nederlands. Bv. by Wikar kortom vir 'n kort stukkie tabak (t.a.p., bis. 82), in 'n voetnoot aldaar word nog uit ten Rhijne aangehaal „De lingua eorundum: ... nisi illi, qui dudum prope fortalitium vitam transegere, nostratibus se accommondent, plurima Belgica vocabula, sola terminatione diversa callentes. Omnia ferme finiunt in kom, ut tabackom, tabacum, kortom, portiuncula, horom, audire 6c." In Tappens se Ost-Indische Reisebeschreibung (MDCCIV) word ook Kytkykum en Tabackum opgegee (aanhaling in Reizen in Zuid-Afrika, II, 6.) hierdie besonderheid ten grondslag van hulle opvatting gele het liewers as die algemene „annahernde" gevolgtrekking, sy bevindinge kon plooi na wens nie. Die uitspraak sal altyd verwondering verwek. „Gebroken Nederduitsch" in die mond van 'n Hottentot en met 'n eksklusief Hottentots-Hollandse (verbale) fleksievorm van toe, is ten dele beskaafde Afrikaans en ten dele beskaafde amper-Afrikaans, d.i. vroegAfrikaans! Dit is tog klinkklare onsin. Hier het ons eintlik weer die hoërgenoemde verwarring tussen twee verskillende vorme. Die auteur het dit nodig gevind om die meeste van hierdie Hottentotsinne te verklaar, en sy Nederlandse vertaler moes ook die verklaring gee, 'n uiters noodsaaklike byvoeging, want selfs *n Afrikaner kan maar nie altyd sonder meer wys word wat in hierdie taal met sy bywyle „heutigem (Afrikaanse) Charakter" gesë is nie, nog die Nederlander wat daarin ook baie „Heutiges" behoort te vind. Vgl. „Duitsman ja musku slim, ons al te maal verraden", wat beteken „de Duitschers ... zijn ons al te sno, zij zullen onzen gantschen handel verraden" (I, 491) waarin ek meer Nederlands as Afrikaans kan raaksien, en „Kobes ik jou hemme versproken ..." of „Die volk, ja, denkum ons beesten" wat baie nader aan Duits in sommige opsigte as aan Afrikaans staan. Maar *n Afrikaner sien hierin, insoverre dit geen moderne Afrikaans is nie, 'n prototipe daarvan, wat ook geen Nederlands meer is nie. Nou kan *n mens die bepaalde sinne ontleed en aantoon waarin hulle absoluut on-Afrikaans is. Maar waarom ? Kolbe het self die antwoord duidelik genoeg gegee. Dwarsdeur die beskrywing trek hy die skerpste onderskeid tussen twee vorme: Hottentots-Nederlands en die Nederlands van die blanke koloniste. Die eerste noem hy uitdruklik „Hottentots-Hollandsch" (I, 121), „gebroken nederduitsch" (I, 416, 491), „gebroken Hollandsen" (I, 477, 502, 520), en hy onderskei daarby nogal alle grade, van waar een weggeloop het want „Kamme niet verstaan" (I, 504) tot die graad waar een so goed gepraat het as hy „ooit gehoord" het (I, 528). Dog elke keer wat 'n blanke praat is dit vir Kolbe vanselfsprekend dat hy dit suiwer doen. Absoluut nêrens, maar absoluut nêrens, gee hy die kleinste van klein aanduidinge dat Nederlands in die mond van die blanke afwykinge vertoon het nie, al weet ons dat die omvormings- faktore al goed aan die werk was. Miskien was hy daartoe ook nie bevoeg nie; hy het Nederlands self moes aanleer. Op die skip op weg na Kaapstad heet dit „(ik) sprak zoo goed als ik kon Hollandsen met de scheepsofficieren..." (I, 11). Wat Viljoen ook al beweer het oor die wordingsperiode van Afrikaans, direk op Kolbe kan hy hom nie beroep om aanneemlik te maak dat die proses van verandering onder die blankes aan die gang was omstreeks 1700 nie. Kolbe het in ons taalgeskiedenis ook veel meer publisiteit reeds gekry as hy om sy betekenis daarvoor reg op het. Op die rapport van Kommissaris-Generaal van Rheede gaan ek nie in nie, daar prof. Bosman die kant van die vraagstuk waarom dit my hier te doen is, en wat reeds in die vorige paragraaf 'n plek kon gevind het, in Onstaan (blss. 19-20) goed behandel het. Daarin het hy die kern van die saak aangedui waar hy sê: „Hoewel dit voor die hand lê dat daar in die loop van tyd groot toenadering moes plaasgevind het van die Nederlands van die Hottentotte aan dié van die blanke, is Hottentot-Nederlands vandag nog geen Afrikaans nie" (ald., bis. 21). En eindelik, die taal van Jan van Riebeek. Ek kan daaraan vir Afrikaans nie groot waarde heg nie. Die weinige afwykinge waarop gelet is kan 'n mens net met die uiterste verleentheid op rekening van 'n nuwe uitbottende taalvorm aan die voet van Tafelberg bring. Dieselfde eienaardighede is ook in ander reis- en seejoernale te vind en selfs in gewone geskrifte in Nederland. Toe van Riebeek sy skoolopleiding gekry het was daar nog maar 'n eenheidskryftaal in die Nederlande aan die konsolidering. Daarby vind ons in van Riebeek se taalgebruik blykens sy Dagverhaal niks wat onteenseglik net Afrikaans is nie, al loop sy aantekeninge oor 'n tydperk van tien jaar. Die weinige eienaardighede wat in sy taal opgemerk word, is daar reeds in die eerste aantekeninge van die eerste jaar, en bly so deur. Aan die hand van wat al hierdie getuienisse ons skyn te leer, lyk dit my asof ons gedwing word om te konkludeer: Die faktore wat die Nederlands van die blanke koloniste omgevorm het tot Afrikaans het eers in hulle taal tussen 1750 en 1800 so'n groot definitiewe neerslag gehad dat ons van 'n Kaaps-Hollandse variant kan praat, en na 1800 moet praat. „Afrikaans" beteken hier die norme wil aanneem, val dit juis op dat die Trekkers veral uit die Oostelike gebiede voortgekom het, dus waar die nie-Bolandse uitspraak norm was, en hierdie uitspraak verder uitgebrei het. „Die ossewa" sê von Wielligh, „was die draer van Afrikaans tot die buitenste grense van ons land en het nog verder die onbekende ingedring." (t.a.p., bis. 14). Seker, maar insover op die Groot-Trek en latere kolonisasies gedoel word, is die norm bepaald nie die Bolandse gewees nie, afgesien van die moontlike oorspronklike verwantskap van die twee. Dit lyk my of ons hoogstens met stelligheid kan sê dat Afrikaans op die platteland in die Kaapkolonie uit Nederlands (d.i. die 17e eeuse Nederlandse volks- en seemanstaal) voortgekom is. Maar dit was nog altyd 'n wordende taal, ook na 1836. Dit wil my meer in ooreenstemming met die groeigang van ons taal voorkom om die tydperke vir bestudering daarvan as volg in te deel: 1. Van 1657-1775: die wprdingsjare: 2. Van 1775-1875: die tydperk van bestendiging van die taalneigings, en uitbreiding van die spraakgebied, eers geleidelik en natuurlik deur die koloniale voorposte al verder na buitentoe te verplaas, en dan ongemeen snel deur eie selfstandige kolonisasie van Afrika ten Noorde van die Oranjerivier — 'n politieke protesaksie. In hierdie periode is die eintlike Boeretaal nog vry van die in die Kolonie reeds veldwinnende Engelse taal, waarmee dit in die stede in bestendige aanraking vanaf 1806 gaan kom, toe die politieke bande met die stamland verbreek is. 'n Onderverdeling van (a) 1775-1806 en (b) 1806-1875 kan vir party sy nut hê. 3. 1875-1900: die eerste eintlike literaire tydperk en die eerste eintlike dokumentasie van Afrikaans. Die belangstelling in die taal word gewek, Afrikaners word langsamerhand taalbewus, en begin al redeneer of twis oor die ontstaan van hulle taal. Deur die geskrifte word ook die aandag van Europese geleerdes op die vorm getrek, en begin hulle hard daaroor teoretiseer. Eintlik is dit, van die kant uit, 'n tydperk van Dilettantisme. Die Eerste-Bewegers het in werklik- breë blik op sake as voorwaarde stel; afdeling 3, omdat die onderwerpe wat voorlopig hier opduik aantrekliker in die volgende tydperk toeskyn, en meer aktuele waarde het. By dit alles weet ons nog so min van ons taal, is daar so weinig bestudeer. Byna die hele veld lê nog braak en wag op die arbeiders. Die nuttigste werk is sover gelewer in die rigting van beskrywing van sommige gebiede soos ons die vandag ken. Hoewel de meeste hulle (direk of indirek) met die ontstaansvraagstuk besiggehou het, is hier baie min uitgerig, minder as wat patriotiese entoesiaste sal wil toegee. 'n Mens moet net die sillabus van die Suid-Afrikaanse universiteite naslaan, om te sien hoe die twee rigtinge soos verteenwoordig deur proff. Hesseling en Bosman onderskeidelik, as die groot, die byna uitsluitlike probleme gestel word; en 'n mens hoef afgestudeerdes van ons universiteite maar te ondervra om verstom te raak oor wat hulle van alles eintlik gesnap het. Die groot seën vir die Afrikaanse taalstudie het in die omstandigheid gelê dat die doktorandi 'n proefskrif moet inhandig. Vir die Afrikaner is dit handig om na sy eie taal te gryp as „die redder uit nood", maar ook soms 'n behoefte, 'n soete plig. Party studente voor hulle akker selfs breed aan, stel 'n verdere deel in die vooruitsig ... maar ongelukkig is geen tweede proefskif nodig nie, en die vooruitsi gte vergrys, soos meneer die gedoktoorde. Maar hierdie seën is al te dikwels ook die vloek van ons taalstudie. Hy wat 'n kompilasiewerk voorlê het geen groot gevare te dugte nie. 'n Eerlike en ywerige student kan met veel „Sitzfleiss" 'n bydrae van blywende waarde lewer. Daarom is ons beskrywende dissertasies ook so waardevol. Maar hy wat hom met die ontstaanskwessie besighou „is courting danger". Hy sien so dikwels net een moontlikheid en pronk met so'n parmantigheid met sy „teorie" dat hy meer as een ewewigtige denker totaal oorrompel, en die saak dikwels groot kwaad aandoen. Die ongeluk is dat daar altyd 'n teorie moet wees, liefs so eng omskrewe as moontlik; dat die feite so dikwels vir die teorie verdraai, selfs nekomgedraai word ('n blinkende voorbeeld is J. Wittmann se bydrae); dat voorgangers moet bewys wat hulle nooit gesê het nie. Die wortel van die kwaad lê dikwels daarin dat die doktorandus nog te onryp is in kennis, te beperk van uitsig, en te voortvarend in sy jeugdige ywer. or cognate languages, the chief cause of change is isolation from the other languages of the group: in a compact body of languages, the greater the distance from the centre the greater the changes, while, on the other hand, the most central dialect or language is generally the most conservative. Thus among the Semitic languages the Egyptian dialect of Arabic is the most central, having Syrian Arabic on one side and the North African dialects on the other, and the conservative Bedaween Arabic all round it; hence in spite of the strong foreign influence to which it has been exposed, it is still remarkably conservative, especially in its sounds ... At the present time the most central of the Germanic languages is the High German of North Germany, which is accordingly more archaic in its inflections than either Duch and Low German on the North or the Upper German dialects of Switzerland and the South" (bis. 83). Dan sê hy dit nog treffender: „Distance from the centre involves not only absence of control by cognates but also liability to foreign influence". Nou lê prof. Hesseling die hoofklem op die vreemde in vloede wat Afrikaans betref. Sweet egter konkludeer: „This last (foreign influence) however, is ptobably only a secondary cause of the remarkably unconservative character of English and French. These languages are the most remote from the original centres of their respective groups, and both have developed morphological characteristics which are far in advance of anything in their immediate cognates ..." (bis. 84, my kursivering). Sweet kan sondig deur te veel op die een uiterlike faktor van verwydering te let. Hy bewys egter wat hy sê, en hy het sy oë oor die hele aardbol laat dwaal om sy bewyse te soek. Maar hy kom nie verder in sy tydsbepalinge as „relative rapidity" nie Tog is hy ook één keer eers teoretikus, wat die werklike gegewens onvoorwaardelik verwerp,*is ook hy eers Europeaan wat na sy talegroep kyk, en dan wetenskaplike. Hy glo nie die beweringe van „missionaries among some tribes in Central America" dat: „the language changed so rapidly that the grammar of it made by a predecessor only a generation before was already quite antiquated and useless" nie (bis. 79). Tog is dit opmerklik hoe die ernstigste navorsers, wat die tale self ken en self probeer beskryf het, so dikwels vingerwysinge in die rigting gegee het, of wel aanwysinge om die veranderinge te kan begryp. A. S. Gatschet, „gewiss en zuverlassiger Beobachter", volgens v.d. Gabelentz, by wie die aanhaling voorkom, (t.a.p., bis. 194) beweer: „Speaking of the languages that came to my notice, I can state that an Indian pronounces almost every word of his tongue in six, ten or twelve different ways ..." En al die tyd is hier van die Indiaanse standpunt uit, van geen .koloniale' taal sprake nie, en van geen honderd of honderd-envyfüg jaar ontwikkeling nie, en van geen vreemde idioom wat wysigend inwerk nie 1 My groot beswaar lê vereers daarin dat prof. Hesseling vir sy snelheidsbepaling 'n gevolgtrekking induktief toepas, terwyl alleen 'n deduktiewe redeneringswyse hom kon gered het van 'n opvatting wat aan eensydigheid ly. „Doch ook tegenover Prof. Smith is 't argument dat vóór alle andere geldt, de onverklaarbare snelheid der evolutie van een taal die aan zichzelf zou zijn overgelaten" (Het Afrikaans, bis. 114). Ten tweede vergelyk hy toestande met 'n ongelyksoortige element ten opsigte van die ongelyksoortigheid met mekaar. Om Nederlands in Nederland gedurende 'n tyd van rus en konsolidering te gaan vergelyk met Nederlands aan die Kaap in 'n tyd van aanpassing en beroering, en dan op die groeitempo te bly staar, kan so lig aanleiding gee tot skewe voorstellings. Wat weet ons bv. van die groeisnelheid van die wesnederfrankiese omgangstaal in die tyd van sy groot beroeringe ? En derdens. wat is die basis van vergelyking ? 'n Aanhaling uit Noreen sal hierdie moeilikheid verduidelik. „Die Sprachform dieser Quellen weicht schon in altester Zeit in so hohem Masse vom Urnordischen ab. dass wir nicht umher können deren Sprache als eine wesentlich andere zu betrachten, dies nur so mehr als die ganze Vikingerzeit hindurch (verstaan: van 700 tot 1000) die Sprachverhaltnisse des Nordens in einer ungemein raschen Èntwickelung begriffen waren wodurch in dieser verhaltnismassig kurzen Zeit der Charakter der Sprache fast ganz verandert wurde" (in Paul: Grundriss der Germanischen Philologie, Strassburg 1891 Bd I bis. 422). ... Hy beroep hom op geskrewe stukke, maar skryftaal is konserwatief en was toe sterk aristokraties. Die wesentlike veranderinge kan dus ingrypender gewees het as dit ons uit die geskrifte toeskyn en kan van 'n sneller verloop gewees het as 'n 300 jaar. In Ou-noors was geen Mentzel en geen Teenstra nie! Wat is sy basis ? Hy noem klank- en vormveranderinge en karakterverandering. Tot nogtoe het ons ons in de Afrikaanse taaiondersoek op die standpunt van die filoloog alleen gestel, wat noodsaaklik, maar eng en doods is. Eensydigheid straf altyd self sy apostel. Ook die linguïstiese beskouingswyse eis sy regmatige plek op, want taal is ook 'n selfstandige sosiale verskynsel: nie hierdie kennis nie, alleen hierdie erkennis en eiemaking sal die vorser red (Vgl. F. de Saussure, Cours de linguistique générale, Paris 1916, blss. 13 e.v.). Dit kom daar nie op aan watter besware iemand begerig is om teen hierdie argumente aan te voer nie, hulle moet 'n verdere spoorslag bly om versigtig te wees wat betref die aksioma waarby dr. Hesseling e.a. so graag sweer, d.i. aangaande die noodsaaklike aanname van talebotsing op grond van die tempo en om op hierdie grondslag 'n ekslusiewe verklaring as 'n onomstootbaarheid te wil gaan opbou. Dit is in elk geval duidelik dat die hele vraagstuk nie met een sin soos by Hesseling af te maak is nie, maar wel dat dit aan 'n ondersoek dien onderwerp te word, wat aanspraak sal maak op die beste kragte van 'n skitterende talent in sy volle rypheid — en dat baie voorarbeid daartoe nog nodig sal wees. Dan sal die Afrikaanse taalstudie ook miskien sy voordeel hieruit kan haal. Nou kan ons heel-kort op die poginge let om die eintlike wording van Afrikaans te verklaar. Die probleem het hom laat aan die aandag van belangstellendes aanbeveel. Toe die Afrikaners hulle eers begin bewus word het van die afstand tussen die spreektaal en die as beskaaf erkende norm, het hulle van „plat-" en „hoog-Hollands" begin praat; „hoog-", ter aanduiding van die agting wat hulle die algemeen-erkende beskaafde vorm toegedra het, soos dit nog by alle plegtige en openbare geleenthede gebruik is, soos dit in die Bybel en Gesangboek het, in die seemanstaal van die sewentiende eeu springlewendig vind — d.m., as die Afrikaanse neiginge net 'n voortsetting is, kan ons dan met reg die begindatum van Afrikaans op 1657 stel, en die afwykinge as so jonk bestempel ? Moet die sogenoemde snelle ontwikkelingstempo dan werklik as so snel beskou word, terwyl daar 'n lang voorafgaandelike aanloopperiode bykom ? 'n Mens mag selfs vermoed dat die ontwikkelingsrigting in die seemanstaal veel vinniger verloop het dan in Afrikaans. In elk geval sal 'n deeglike studie van ons taal nog ten opsigte van al die argaïsmes en geykte uitdrukkinge 'n verrassende beeld te sien gee van die konserwatiewe karakter wat Afrikaans ook kan vertoon. Hier is 'n dankbare arbeidsveld. Prof. D. F. Malherbe het die weg hiertoe pragtig gebaan met sy deeglike werk Afrikaanse Spreekwoorde en Verwante Vorme (Bloemfontein, 1925). Veel nut kan die taaiwetenskap nog trek uit folkloristiese studies, soos die van dr. S. J. du Toit Afrikaanse Volkspoësie. Ek meen dat 'n deeglike studie van ons bygelowe onder die hoofde: Erfgoed, Eiegoed en Leengoed 'n kragtige hulpbron gaan word. 2. Dialektevermenging. Nie een van die genoemde taalgeleerdes het op hierdie kant van die saak diep ingegaan of dit prinsipiëel behoorlik ontleed nie. Dr. Boshoff het wel in die verbygaan enig» aandag aan die kwessie gewy, maar dit vir sy ondersoek tog nie belangrik genoeg beskou om dit verder te deurgrond nie. Dr. Bosman praat van dialekvermenging heel in die algemeen. „In hoofsaak sal dit wel hierop neergekom het dat taalverskijnsels wat beperk was tot een of twee minder goed verteenwoordigde dialekte vermy en uitgeskakel sou geword het, terwyl elemente wat in meerdere of belangrike dialekte voorgekom het versterkte lewenskrag en bestaanskanse sou gekry het," of verder, dialekvermenging sou ,,'n belangrike werking in die rigting van vereenvoudiging gehad het nie alleen nie, maar 'n gevoel van onsekerheid in die lewe geroep het, wat later gelykmakinge in die hand gewerk en bevorder het". (Ontstaan van Afrikaans, blss. 112 en 113.) Wanneer is die „later" ? Dr. J. Wittmann het hom ernstiger met die saak besiggehou in sy dissertatie: Die sprachgeschtchtÜehe Entunckhtng des Deflexhns- typus im Afrikaans (Bonn, 1928). In hierdie langnamige klein werkie wy hy 'n hele „Abschnitt" (III) aan „Die Dialektvermischung" (bis. 48-58). Ongelukkig is dit weer 'n teorie wat dan meer moet verklaar as dit kan. Hy wil bewys hoedat die „flexionsarme, man könnte beinahe sagen, flexionslose Afrikaans" sy karakter uit sluit lik te danke het aan die vermenging van die Nederlandse en Nederduitse dialekte wat aan die Kaap gepraat is tussen 1657-1685. „(Es) wird uns deutlich, dass ... das Afrikaans schon früh seine heutige Gestalt erhalten hat. Denn bereits im Jahre 1685 wurde an dem Kap eine vom Niederlandischen stark abweichende Sprache gesprochen" (bis. 48). Dit lyk asof Afrikaans teen 1685 „seine heutige Gestalt" gekry het, in minder as dertig jaar dus na die vestiging van die eerste Vryburgers. Dit is presies die bedoeling van dr. Wittmann. Waar hy die ontwikkeling in tydvakke indeel, praat hy van „2. Die Periode des Ausgleichs innerhalb der dialektisch abweichenden Grundsprachen (bis 1687)". Die derde periode is die van „Deflexion als Resultat der Dialektmischung (seit 1687)" (bis. 57). Dit is tog 'n al te enge opvatting, getuig van 'n moedswillige blindheid vir die feite wat die geskiedenis leer; dr. J. Wittmann stel hom die verloop te kinderlik eenvoudig voor, gaan uit van onvoldoende gemotiveerde veronderstellinge en ongewettigde verklaringe. Bevoorbeeld, direk na die algemene uiteensetting van wat dialekvermenging kan verklaar, en na gepostuleer is dat Afrikaans sedert 1687 „seine heutige Gestalt" verkry het, word opsommenderwys 'n grammatika gegee, blykbaar as bewys van „das Resultat der Dialekmischung". Dit is tog raar dat Afrikaans in minder as dertig jaar natuurlik, van binne-uit sulke verrassende veranderinge sou deurgemaak het, en in die volgende jare (van 1687 tot 1928) nie „eers 'n spier trek om te verroer nie". Daar sit bepaald veel in die opvatting van gelykmakende werkinge wanneer sprekers van verskillende dialekte in die omstandighede kom dat hulle heelwat met mekaar omgang moet hê. Trouens, dit is een van die belangrikste faktore wat die behoefte aan 'n standaardtaal en -uitspraak orals en altyd skep. Persone soos Jespersen, wat hulle o.m. met statistieke besiggehou het aangaande die rol wat groot stede speel as bymekaarkomplek van mense van verskillende slag die heele jaar deur, leer dat die verkeer tussen land en stad, tussen stad en stad, veel drukker is dan 'n mens gewoonlik dink. Vandaar dat 'n groter groep geleerdes vandag al meer die standaarduitspraak as 'n sekere kompromis tussen verskillende uitspraaknorme gaan beskou, met 'n uitruilplek, soos die vernaamste stad, as sentrum. (Jespersen: Phonetische Grundfragen, bis. 32, e.v.) Hierdie metode kan veel breër toegepas word, en nie net met betrekking tot die uitspraak alleen nie. Daar is ook soveel gebiede waar die vraagstukke met vrug te bestudeer is. Hoe kom dit bevoorbeeld dat 'n mens met minder sonde en ergernis onder die werkende klasse in Australië met die beskaafde uitspraak van Engels oor die weg kan kom as onder die arbeiders in Engeland self, of anders gesê, hoekom word eenvormiger Engels in Australië as in Engeland gepraat ? Die gerugmakende werk van joernalis Mencken The American Language, bevat nog interessante gegewens. Hy spog bevoorbeeld daaroor, 'n feit wat Weekley so ge-erge het in Adjectives and other words, (Londen, 1930, bis. 162, e.v.) dat 'n mens oor die groot Amerika (Noord, natuurlik) geen dialekte in die eintlike sin van die woord het nie (ald., bis. 28, e.v.) en sê „No other country can show such linguistic solidarity — not even Canada" (bis. 29) — 'n pragtige Amerikanisme, die „no-other-country"-besigheid. Dit is te meer uniek, sê hy, as die heterogene samestelling van die Amerikaanse volk in aanmerking geneem word. — Hy kan veel voordeel haal uit 'n besoek aan Suid-Afrika. Wyle mnr. G. R. von Wielligh het een en ander van groot belang in die twintigste paragraaf van Ons Geselstaai, (Pretoria, 1925) oor die „Wisselwerking van Beskaafde en Onbeskaafde Uitspraak" (blss. 77-80) gesê. Hy het opgemerk hoedat taalmoeilikhede opgelos word wanneer families uit verskillende dele van die land saamwoon. 'n Driehonderd sulke families het hulle op 'n nedersetting in die Mapochsgronde gevestig. Die ouer mense behou hulle uitspraak- en taalmaniertjies; hulle kinders behou sommige van die ouerlike taalgewoontes, word groot, trou, en „die twede geslag (gebore uit die eerste) praat (eers) eenvormig". Of ook: „dit is die kinders van die intrekkers en hulle kinders wat die deurslag vir eenvormigheid gee — nie die. ouers self nie." Die aanduidings van von Wielligh gooi al meer lig op 'n paar moontlikhede. Tog is sommige van sy gevolgtrekkinge, hoe noulettend (sy woord) die verskynsel ook gadegeslaan is, met omsigtigheid te behandel. 'n Besonder leersame studie kan een wees wat hom ten doel stel 'n ondersoek na die dialektevermenging en die rigtinge van di- en konvergensie in die uitspraak e.m. in die gemeenskappe van diamantdelwers of mynwerkers (d.m. insoverre as ons van dialekte in Afrikaans kan praat). 3. Talebotsing. Prof. Hesseling hou van die woord. Dit is die aspek in ons taal se wordingsgeskiedenis wat sover die meeste aandag geniet het. Dit lê net 'n eindjie verder as die vorige geval. In plaas van verskillende naverwante dialekte wat uit hulle streektalige, betreklik eenvormige verband geruk is, en nou diens moet verrig in 'n omgewing wat die nadele van hulle beperkte gangbaarheid sterk na vore bring, kom nou tale wat in 'n meerdere of mindere mate 'n ander sisteem ken. Hier is dus ook 'n kwessie van graad, net soos by die dialekte. Talebotsing soos ons dit in Suid-Afrika in die tyd meen te ken, dwing ons om die saak te beskou soos dr. Bosman reeds gedoen het, deur te praat van : 1. Die groep wat van huis uit een of ander Nederlandse (-duitse) dialek min of meer suiwer na gelang van omstandighede gebruik het (kwessie van dialektebotsing). 2. Die ander groep. Hier is verskillende moontlikhede wanneer die toestand in sy geheel oorsien word. Watter groep is die sterkste verteenwoordig en hoe ? Watter rol speel die politieke, ekonomiese en kulturele prestasies in die sosiale verhoudinge ? Tot watter tye en gebiede is die verskillende invloede beperk ? e.s.v. Dog daar is ook iets meer. Dit bly altyd die vraag of ons werklik ons insig na behore verdiep deur enkel op hierdie punte te let. Sweet praat b.v. van „substitution languages" soos Pidgin-Engels en van „selection languages" soos Chinook (t.a.p., bis. 85). Dis al 'n begin. Jespersen is m.i. op die regte weg gewees waar hy in Language, (Londen, 1922) die neiginge bestudeer het van die kant van die taalaanlerendes af. Ook Afrikaanse taal geleerdes het vir die kennis van ons toestande klem gelê op 'n onderskeid o.m. tussen taaladoptasie en -adaptasie (wat effens 'n ander indelingsbasis vertoon as by Sweet). Dit wil my toeskyn dat ons te dikwels uit die oog verloor waar dit eintlik om gaan. Om dit te verduidelik let ons op 'n paar ander feite. Onder die Europese intrekkelinge wat nie Hollanders was nie en wat in betreklik sterk getalle gekom het om 'n moontlike invloed op die kolonistetaai te kon uitoefen, is die Franse Hugenote en die Duitsers veral te noem. Die Franse Protestante was maar gering in getal, hulle het nooit meer as 'n agste van die blanke bevolking uitgemaak nie. Daarby was hulle byna almal jong of jongerige mense, ook vlytig en gewillig en seker dankbaar. Aan 'n begeerte en 'n vermoë om hulle aan te pas het dit bepaald nie ontbreek nie. Waar hulle boonop grond tussen ander Vryburgers gekry het en so meesal verspreid tussen hulle gewoon het, is dit geen wonder dat hulle taal nie deur die ander koloniste aangeleer is nie, maar dat hulk juis die kolonistetaai gaan aanleer het, 'n omstandigheid wat temeer deur gemengde huwelikke bevorder is. In minder as drie geslagte het Frans in onbruik geraak. Behalwe 'n paar gespesialiseerde woorde en pleksname is alle spore van Frans wat direk tot die Hugenote in SuidAfrika herleibaar is, verdwyn. Dat hulle kon meegehelp het om vroeëre ondeninge te bestendig, kan verwag word. (Vgl. Boshoff Volk en Taal). Besonder lesenwaard is die artikel van prof. J. J. Smith in De Goede Hoop (1915): „De Geschiedenis van de Franse Taal bi Zuid-Afrika" oor die uiterlike lotgevalle van Frans hier. Om die nou verwantskap wat tussen Duits en Nederlands bestaan, is dit moeilik om na te gaan wat werklik aan Duits ontleen is. 'n Mens kan hoogstens praat van: a. Woorde wat seker van Duits af kom, soos sommige kragsuitdrukkinge van soldate en matrose, t.w.: by my siks, e.d., ver- der: strawasie, skalt en walt, jaarhonderd, Werda ? laer, en wens dat jy op Bloksberg sit, iets vuiste dik agter die ore hê, ens. b. Woorde wat waarskynlik van Duits af kom: aapskilloeder (byna uitgesterf), bolmakiese, Kretie-en-Pletie, ens. (Vgl. Boshoff, t.a.p., bis. 405, e.v.) Onder die nie-Europese tale neem die krom-Portugees van die slawe en Hottentots die belangrikste plek in. Ons wag nog steeds op 'n monografie wat die Hottentotse invloed na waarde kan aanwys en skat. Of die invloed in die Boland tydens die wordingsjare sterk op die vormleer van die kolonistetaai ingewerk het, altans sterker as Maleis-Portugees, dien nog uitgemaak te word. Uit Hottentots het wel vroeg name van plante en diere en begrippe in betrekking met die bodemgesteldheid in die blanketaal oorgegaan, party nog al so vervorm vandag dat 'n mens nouliks 'n Hottentottisme sal vermoed. „Graatjie-meerkat" lyk so onskuldig Afrikaans, maar as die uitleg van dr. S. J. du Toit korrek is, en ek sien geen rede om dit te betwyfel nie, kom „graatjie" van die Hottentotse woord „gara" — 'n meerkat. Op rekening van Hottentotse taalgewoontes kom ook sintaktiese eienaardighede van moderne Afrikaans soos: pa-hulle. Dat die invloede later veral tot bepaalde streke beperk is, t.w. Namakwaland, maak dit wenslik dat so'n studie bes deur 'n Namakwalander behoort onderneem te word, daar hy tog gepredestineer is om die probleem deeglik te kan ondersoek. Die invloed van krom-Portugees in die slawemond op die blanketaal is die aspek wat nog die deeglikste ondersoek is. Dr. Bosman het bewys dat Maleis-Portugees as handelstaal 'n onbetekenende rol aan die Kaap gespeel het, as slawetaal van omstreeks 1700 tot 1767 van enige belang kon gewees het, wat sedert 1767 afgeneem het tot daar die volgende eeu nouliks iets van „te bespeur is, 'n bewys dat dit nooit lewensvatbaarheid gehad of wortel geskiet het nie" (Ontstaan bis. 66), en eindelik dat die invloed in hoof saak tot die Kaap en omstreke beperk was. Die invloed op die taal is te bemerk in 'n paar, sê sestig, leenwoorde wat veral 'n aanduiding is van die bedrewenheid wat die Maleiers as koks gehad het, en, wat, soos prof. Boshoff sê, ook getuig van die ontsag waarmee hulle as towenaars en goëlaars bejeën is (Volk en Taal, bis. 428). Op die sintaksis is min direkte invloed met sekerheid vas te stel, daaronder waarskynlik die verbale verdubbeling, en die uitbreiding van die voorsetsel „vir" voor die direkte voorwerp (J. J. Ie Roux, Sintaksis, § 344). Al weet ons betreklik weinig van hierdie gebeure wat so ver in die verlede lê dat ons dit net uit spaarsame gegewens kan rekonstrueer wat die algemene gang van beïnvloeding op sekere gebiede betref, is die teenswoordige toestande ten opsigte van Afrikaans nog net so ryk in hierdie selfde verloop as wat dit vroeër moes gewees het. Die probleem van die talebotsing strek hom immers verder as die besondere wordingsperiode uit. In die volle daglig van die geskiedenis het ons gevalle waarin die proses aan die gang is: in Namakwaland Hottentots-Afrikaans op Afrikaans: oor byna die hele eintlike Afrikaanse taalgebied van Kaffer-Afrikaans op Afrikaans en van Afrikaans op die naturelletale; daar is die gevalle in die Kaapkolonie van Kleurling-Afrikaans, en in die stede veral van Engels op Afrikaans, op die platteland van Afrikaans op Engels. Die studieveld is groot, en lê net so wel in die teenswoordige tyd uitgestrek as in die verskillende afgelope tydvakke. Die een gooi hg op 'n ander, en verhelder donker hoekies en skeurtjies. Soos reeds gesê is dit die probleem gewees. Om, soos geblyk het, en soos natuurlik is, die invloed van een taal op Afrikaans na te gaan is 'n beroep op die direkte geskiedenis en op die taal gedoen, waar veral die woordeskat van in aanmerking geneem is. Hesseling en du Toit het tesame 'n 113 Maleis-Portugese woorde in Afrikaans gevind, maar meer as die helfte is as geërf afgewys. Tog is op die paar ontleninge en 'n tiental sintaktiese kenmerke die teorie gebou dat die blankes van verskillende nasionaliteite wel so goed en dikwels die slawejargon sou gebesig het, dat hulle Nederlands 'n taalvorm geword het „dat halverwege is blijven staan op den weg om kreoolsch te worden". Al die tyd gee dit ons niks oor die essensiële uiterlike verskil tussen Afrikaans en Nederlands nie, nl. die groter vormarmoede en die meer analities-flekterende karakter van Afrikaans — wat tog die kernvraag moes gewees het. P. J. du Toit gaan altyd 'n stappie verder. Hy bewys, ojn. dat mene strekking 'n opvallende ooreenkoms. Jespersen som dit op in die woorde: „The chief point I want to make, however, is with regard to grammar. In all these languages ... the grammatical structure has been simplified very much beyond what we find in any of the languages involved in their making ... the chief rule being common to them all, that substantives, adjectives and verbs remain always unchanged. The vocabularies are as the poles asunder — in the East English and French, in America Chinook, etc. — but the morphology of all these languages is practically identical because in all of them it has reached the vanishing-point" (Language, bis. 233). Hy praat van Frans, want hy het ook gekreoliseerde Frans op Mauritius ondersoek. Hier het ons te doen met die hoogste graad van onkundigheid aangaande die gewoontes van die taal wat die grondslag vorm — 'n soort van lingua franca, gebruik naas die gewone eie taal. As geleentheidstaal kan dit ook invloed hê op die gewone idioom van die gebruiker. In elk geval het die gebruiker 'n gevoel dat dit maar 'n tydelike kwessie is, net vir wanneer en so lank as die geleentheid hom voordoen. Hoe langer die jargonsprekende hom tussen suiwersprekendes sou bevind, hoe meer hy in taalopsig gesosialiseerd sou word, en in die voortskryding van sy kundigheid gebruik maak van sy verworwe kennis tot op 'n sekere graad van korrektheid (Jespersen, t.a.p., bis. 145). 'n Mens mag hier enige trappe onderskei vir die gerieflikheid. Daar is vereers die trap van betreklike amorfie of afleksie, gevolg deur die periode van grotere volmaking wanneer die adapterende nog krom praat maar tog oor die algemeen die taalmiddele goed gebruik, en eindelik die periode van betreklike volmaking. Voordat talebotsing (of ander faktore, indiwidueel of kollektief geneem) as 'n verklaringspoging bevrediging kan gee, moet dit ook die innerlike ontwikkelingsrigting in Afrikaans verklaar. Die ondersoek sover het hom veral bemoei met taalanatomiese aspekte, dog sonder om selfs daarin sterk na die neiginge te soek wat algemeen en bo-besonderlik is. Ons staan nog heel aan die begin. Die metode was nog altyd die filologiese. Dit skyn my toe dat, hoe noodsaaklik hierdie werkwyse is, dit altyd onvrugbaar sal bly opvallend dat dit altyd opduik.*) Die persoon wat ons die historiese besonderhede oor die gesinsgrootte en die opvoeding van die kinders, hulle speelmaats en meer, deeglik gaan verwerk, daarby ook op Coetzee en Colenbrander steun, en verder probeer om die plattelandse syfers en gegewens afsonderlik te behandel, sal met die verdiende dankbaarheid van die belangstellendes ryk beloon word. Per slot van sake is dit ook nie so'n moeilike werk nie! En wat beteken 'n klomp klein kinderkolonies in gedurige kontak met mekaar (soos in die vroegste periodes) al nie vir die groei van 'n taal nie! Om my net by 'n paar van die bevindinge van Jespersen in sy samevattende werk Language te bepaal aangaande die kind en sy taal: Die invloed van die moeder as taaigeefster mag nie onderskat, maar ook niet oorskat word nie. Uiters belangrik is die invloed van die omgewing, van die speelmaats, in elk geval belangriker as die van die moeder. „Thus, in two families I know, in which a strong Swedish accent in one mother and an unmistakable American pronunciation in the other, have not prevented the children from speaking Danish exactly as if their mothers had been born and bred in Denmark ... The father, as a rule, has still less influence, but what is decisive is the speech of those with whom the child comes in closest contact from the age of three or so, thus frequently 1) Hier volg drie aanhalinge oor die kwessie van groot gesinne, een uit die begin van die agtiende eeu en twee uit beskrywings teen die einde van die eeu, dus van die „kritieke periode". Kolbe meld: „Men vind derhalven (dit slaan op 'n vorige sin hoedat vrouens die bywoning van hulle mans ywerig bevorder) in de huizen zeer veel kinderen; en kan ik met waarheid zeggen dat in de meeste huizen 6, 8, 10, 12 en meer kinderen worden gevonden" (ta.p., I, 390); of: maar men vind nog in de meeste huizen dikmaals 10, 12 of 15 kinderen, die alle gezond en frisch ziin" (I. 62). By Vogel lees ons o.m.: „De huisgezinnen bestaan in dit land gemeenlijk uit zeeven tot zeevennen en menig een ook wel uit meer kinderen." (Dertigjaar ige Zeereizen van H. Vogel... Den Haag, 1708, dl. II, 353). Barrow getuig: „Zes of zeven kinderen in een hulsgezin is weinig, van twaalf tot twintig is niet ongemeen; de meesten onder hen trouwen zeer jong, zoo dat de bevolking hier zeer schielijk kan toenemen" (t.a.p., I, 106). servants, but even more effectually playfellows of his own age or rather slightly older than himself, with whom he is constantly thrown together for hours at a time and whose prattle is constantly in his ears at the most impressionable age ... It is also a well-known fact that the children of Danish parents in Greenland often learn the Eskimo language before Danish ..." (bis. 147). Oor die uitspraak van die taal onder kinders in gebruik nog een diktum, wat presies klop met die bevindinge van von Wielligh hoërop gesiteer: „And so we may say that the most important factor in spreading the common or Standard language is children themselves". (bis. 147) Die oordeelvelling van prof. Bosman in sake die Afrikaanse werkwoordelike ontwikkeling het ons reeds gegee. Dit kan oor die hele gebied van die grammatika nagegaan word. Neem nog in aanmerking dat hierdie neiginge presies dit vertoon waarin Afrikaans sy van Nederlands afwykende uiterlike karakter te sien gee; bedink nog Jespersen se bevinding aangaande die aanlering van 'n vreemde taal deur volwassenes („The analogy of its imperfections with those of a baby's speech in the first period is striking and includes errors of pronunciation, extreme simplification of grammar, scantiness of vocabulary ..." (Language, bis. 225)), dan skyn dit tog bevreemdend dat ons nog geen breed-opgevatte „kindertaal-teorie" gekry het nie — in ons teorieryke tyd. 5. 'n Nuwe Omgewing en wat dit meebring: verwydering van die stamland, afwesigheid van baie kontrolerende faktore, en aanpassing aan nuwe vereistes wat in die woordeskat afgespieël word, maar ook in die koloniale taal die kiem lê van anders-wees. Die rigting van taalewolusie in hierdie geval is by Sweet aangedui. Prof. Bosman wy 'n uiteensetting aan wat isolasie vir ons eerste koloniste moes beteken het toe paaie nog ,,'n eufemisme" was (Ontstaan, bis. 131, e.v.) Dr. Pannevis het die eerste op hierdie faktor attent gemaak (t.a.p., bis. 104). Ook heg hy veel waarde aan die verbreking van die politieke band met Nederland, waardeur die Afrikaanse Beweging noodsaaklik geword het (ald., bis. 105). As 'n mens verder op die verskillende faktore let, val 'n sekere ooreenkoms in aard in die oog. Die Seemanstaal gee ons 'n beeld vormig-making aan die Kaap in die eerste dertig jaar die kragtigste sou gewees het. Kindertaal sou eers 'n groter krag kon geword het namate die afsondering van Nederland sterker geword het, e.s.m. Maar al die faktore het tesame die taalneigings in dieselfde rigting opgestoot, neigings wat ons al in die seemanstaal meen aangetref te hê, en wat daarom nie so heel jonk hoef te wees nie — in elk geval, nie so jonk om daarop 'n teorie te bou nie. Sien ek die uiterlike verskil tussen Nederlands en Afrikaans so, d.i. veral in die vormleer kragtens die groeineiginge, lyk dit my dat die leke-opinies oor die wording van Afrikaans meer waarheid bevat, d.i. 'n juister verhouding gee, dan die van die geleerdes vóór 1916. Dan lyk dit my natuurlik dat hulle Afrikaans „Plat-" of „verbasterde Hollands" kon genoem het, met die aksent op Hollands. Wanneer 'n mens op die omstandighede van so baie nie-Nederlandse tale en die groot getal sprekers van sommige van die tale let, en ook op die gedurige samelewe van kinders en gekleurde speelmaats, die gedurige kontak tussen kind en aja, kind en outa, baas en slawe of (en) huurlinge, wanneer hy let op faktore soos isolasie, afwesigheid van so baie baanhoudende kultuurkragte en meer, en tog nog die karakter van Nederlands so suiwer in Afrikaans bewaar vind, begin hy hom afvra hoe dit kom dat die veranderinge nie eerder groter is nie, die inwerkinge van buitekant af nie kragtiger was nie, bv. op die sinsbou ? Telkens eis die vraag 'n antwoord. Dr. Viljoen en almal na hom soek die rede by die bewussyn van die blanke dat hy van 'n hoër kuituurstand is, tot 'n hoërstaande, 'n heersersras behoort, dat hij ook Christenmens is teenoor die „heidene" of „heidens", die „swart (bruin) skepsels". Hy moet tenminste soos 'n beskaafde mens lewe, handel, dink en praat. Die steunpunt, die rigsnoer van die blanke, wat sy meerderwaardigheid voel, is die Bybel wat hy daagliks lees, bestudeer, wat sy leerboek, sy wetboek is. Maar is dit net hierdie psigologiese redes alleen wat alles verklaar ? Moet die Afrikaanse stamvaders soveel deugsamer beskou word as die Franse koloniste in Mauritius, die Spaanse veroweraars van Suid-Amerika ? En waar moet ons die kleurlinge laat inpas, of die 1 % slavinne-vrouens ? Van dr. J'. Francken is daar in die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns 'n leersame artikel oor die fornikasie-euvel aan die Kaap, en wel so dikwels met die koloniste (vryburgers) as skuldiges, nie die matrose alleen wat maar tydelik in die hawe vertoef het nie. Nee, ons moet ook ander omgewingsfaktore byhaal. Die belangrikste is in die vérsiende beleid van die Nederlandse Handelsmaatskappy om sover as moontlik te help dat ook Europese vrouelike koloniste verhuis na die Kaap van Goeden Hoope en so die weg te baan vir die vorming of instandhouding van 'n Europese familielewe volgens 'n Europese standaard. Soek ek die rede vir die afwykinge in Afrikaans van Nederlands ten opsigte van die vormleer (wat ek breed genoeg opvat om sintaktiese ontwikkelinge as gevolg van defleksie in te sluit) vir 'n belangrike deel indien nie die belangrikste deel nie, in die taal van die kind, dan soek ek die behoud van die Nederlandse karakter van ons taal in so'n opmerklik suiwere graad, vir die belangrikste deel in die kinderrykheid van die plattelandse families. Juis die kinderryke gesinne sou die lede genoeg geleentheid gebied het om in mekaar se omgang die gevolge van isolasie weëns die groot afstande en die verwydering van die moederland nie te veel te laat ondervind nie. Nee, die rol van die moeder en die huis mag by ons buitenissige, natuurminnende volk ook nie onderskat word nie. Die beste wat ons het is so dikwels by haar te vind — die moeder van die groot gesin. Wat die ander periodes betref is die vierde in sommige opsigte reeds deeglik behandel, dikwels met aansluiting aan die voorgaande. Afgesien van 'n beskywing van die spellingwyses en -beginsels van die derde tydperk ('n brokkie uitwendige taalgeskiedenis dus), sal ons veel baat hê aan 'n goeie oorsig van die taalkundige beginsels van die ou-Bewegers (vgl. M.S.B. Kritzinger se opstel hieroor in die Gedenkboek van die A.S.B., Potchefstroom, 1926), maar meer nog, aan 'n objektiewe uiteensetting, 'n beskrywing van hulle taalgebruik in alle fasette van die taallewe. Dit is 'n belangrike voor- die volk het gewoeker met sy ontvange talente, en ruimskoots selfstandig geskep om in eie behoefte te voorsien." (t.a.p., bis. 427). Afrikaans-Engelse woordeboeke is volop op die mark, o.a. die eendelige van Kritzinger-Steyn (Pretoria) en die tweedelige van prof. Bosman (Kaapstad) waarvan die eerste deel, 'n vertaling van die Concise Oxford Dictionary, reeds verskyn het. Afrikaans-Duits is ewe-eens verkrygbaar. Die kroon van almal sal wel die Afrikaanse Staatswoordeboek word, waaraan prof. J. J. Smith en medewerkers reeds byne tien jaar besig is. Dr. J. J. de Roux het ons die Afrikaanse Sintaksis behandel in sy genoemde Utrechtse proefskrif, wat maar 'n eerste deel is met bytitel „Woordgroepe". Gelukkig bly 'n ware geleerde trots ampspligte altyd jonk en wil ons die verskyning van die tweede deel hoopvol tegemoet sien. Hoewel hierdie klein klompie geleerdes veel presteer het, die afgebakende gebiede deeglik verken het, bly nog so ontsaglik veel oor om te doen, — so baie kompilasie- en interpretasie-werk. Afrikaans is nie maar net 'n jong Gemaanse taal nie, dit is 'n interessante taal, en in menige opsig naas en teenoor Engels die interessantste. Daarin is soveel faktore werksaam gevind, dat die uitkomste alleen daarom belangwekkend en leersaam kan wees. Maar Afrikaans besit nie net op hierdie terrein 'n algemene karakter wat 'n gevolg van die faktore alleen is nie, dit het daarbinne eie tipiese karaktertrekke wat die belangstelling gaande maak, bv. by ontkenninge die afrondingspartikel nie. Deur hierdie verskynsel te deurgrond kan al 'n belangrike bydrae gelewer word tot ons kennis van die voorkomste en gedrag van die ontkenning in die Indo-europese talegroep, in die mate as wat die Afrikaanse verskynsel of uniek of hoog-gespesialiseerd' is. Dan het die Afrikaanse geleerde nie net 'n enge taak teenoor sy eie taal om te vervul nie, hy het ook 'n groot verantwoordelikheid om te dra. Hy het 'n taak teenoor die talegroep waartoe Afrikaans behoort. Baie aspekte wat vir die Indogermanis as 'n abstraksie bestaan, word in die lot gevalle van ons taal as 'n werklikheid aangetref. — Of die kwessie van 'n substratum nie veel aan waarskynlikheid gaan verloor as dit volgens die taalgebeure by ons besien word nie — HOOFSTUK I. VERKLEINWOORDE OP -ie. „In Afrikaans vorm selfstandige naamwoorde hulle verkleinwoorde deur toevoeging van die uitgange -ie, -jie, -tjie -etjie, -pie" (Botha en Burger, Afrikaanse Grammatïkefi, bis. 62). Ek neem vereers aan dat die uitgange 'n verkleining van die gewone maat of omvang van 'n konkrete voorstelling uitdruk. Dan kan hierdie gewone verkleiningswyse in Afrikaans versterk word op o.m. die volgende maniere, filologies gesien : 1. Deur die verdere gebruik van een of meer aparte bepalende woorde wat self kleinheid uitdruk, bv. klein j 'n (baie) klein huisie //, min. biet jie, stukkie. Hierdie aspek interesseer ons nou nie verder nie. 2. Deur 'n nogmalige aanvoeging van die uitgang wat sogeseg verkleining uitdruk. Dit geskied hoofdsaaklik langs twee wee: (a) Die oorspronklike verkleiningsgedagte raak verlore, sodat die diminusie van eertyds nou nie langer as sodanig gevoel word nie. Die verkleiningsvorm druk enkel die normale grootte of omvang uit: besie, bessie, biesies, boordjie, deuntjie, geitjie, (ouma-) groot jie, kappie, kleinpensie, knikkertjie (dier), koppie (koffie), koutjie, loot jie, mand jie, meisie, mossie, muggie, oorbellet jie, pluimpie (gee), pokkies, praatjies, ribbetjies, rosyntjies, rympie, skilpadjie (onseÜeweheersbesie), sopie, swaaltjie, toktokkie, trompie, versie, wysie, ens. Vergelyk hiermee: pakket, trompet, druppel, e.d. Moet hierdie en dergelike woorde dan per geval diminutief gebruik word, geskied die verkleining waar dit kan deur n vergroting van die woord met die bekende uitgang: kappietjie, koppietjie koffie, mandjietjie, meisietjie; of deur die gebruik van 'n aparte woord wat kleinheid uitdruk. Dikwels laat die taalgevoel die Nederlandse volkskarakter in sy verkleinwoorde tot uiting kom. ,,Zijne goedaardigheid is zelfs openbaar in zijne dagelijksche taal, waarin verkleinwoorden eene hoofdrol vervullen. Gevoed door een stukje vleesch, gelaafd door een kopje thee, rookt men, onder het genot van een glaasje wijn, zijn sigaartje, een fijne sigaar, voor een dubbeltje gekocht, en met een lucifertje aangestoken, of vraagt men zijn kleintje om een zoentje, tenzij men het nog hebbe af te bedelen van zijn meisje, van zijn liefje. Ook is de god van een deel der Nederlandsche burgerij ons lieve Heertje, wien ter eere een ander deel een versje zingt. En klinkt het niet trouwhartig, dat: „willen we vast eventjes bidden", waarmee de eerzame huisvader ten onzent het ongeduld zijner hongerige huisgenooten tracht te paaien? ... Een volk, dat van verkleinwoorden houdt en in het gebruik daarvan zijn bescheidenheid en natuurlijke bedeesdheid bevestigt, blijft aan hartstochtelijkheid vreemd, en is bij uitnemendheid huizelijk. Binnen zijn enge grenzen beperkt, leidt het schier het leven eener groote familie, en verkeert het gaarne in een zachte feestvierende stemming." Dat die beoordeling so veelkantig is, kan daaraan toe te skrywe wees dat die aard van hierdie „verkleinwoorde" ten dele verken word, dat die een meer dit, die ander meer dat, as die uitsluitlike verklaring vooropstel, maar nooit die geheel sien nie. Deur die grammatika s is ons daaraan gewoond geraad om noodsaaklik in hierdie gebruik 'n „verkleining" te sien, dit as die primaire aspek te beskou en der hal we dit ons wegspringplek te maak by alle soekry na die oorsake van die uitbreiding. By die oorsig van die teorië wat die ontstaan van Afrikaans moet verklaar het ek op die gevaar van die houding gewys om 'n beskouing van buitekant af in te dra. Ons sal dit nog meermaals opmerk. Hier wil ek graag die duidelike uitspraak van Schuchardt aanhaal om te wys waarvandaan die gevaar dikwels kom. „Ueberall stossen wir auf Entwickelung; demzufolge muss das Sein aus dem Werden erklart, der genetischen Methode die Herrschaft zuerkannt werden. Sie betatigt sich allerdings in entgegengesetzte Richtungen, als ob Anfang und Ende vertauschbar waren. Die einen nehmen ihren Weg 'dal tetto in giu'; sie steigen vom Metaphysischen ins armoede hier nie. Noukeuriger kan ek die frekwensiekurve in sy algemene gang nie trek nie. Changuion, Pannevis, Mansvelt en die woordeboeke is ons hier van weinig nut, en dr. Hoge het net aangevoor. Watter kragte, uitwendige en inwendige, het ons taal so sterk die aansien van besondere weelderigheid aan verkleinwoorde gegee ? En watter faktore was hier aanwesig, asook in Nederlands en in Hoogduits, maar afwesig in bv. Fries en Engels, om die ontwikkeling so te begunstig ? Ek waag 'n poging om enige gegewens bymekaar te bring t.o.v. Afrikaans. Die probleem kan egter eers in Afdeling B vollediger opgediep word, wanneer o.a. aangetoon is op watter verskillende maniere geneëntheid tot uiting kom, die verhouding in algemeenheid van die wyses teenoor mekaar, en die verband van die aspek met bv. die van kleinheid. Voorlopig wys ek daarop hoe teerheid, toegeneëntheid of simpatie teenoor iemand of iets o.m. uiting vind in die gebruik om die saak met ou te bepaal / My ou vroutjie / Sy ou seuntjie / Die arme ou oom was doodmoeg / Oubaas se ou ryperd het hard gewerk / Ou vriend, pasop ! // Nou keer ons terug na die verkleinwoorde. In Afrikaans word wat minder as die normale is, in die reël aangedui deur middel van aparte woorde. Vir die aanduiding in grootte of omvang doen veral klein of stukkie diens, van maat veral bietjie. Word die kleinheid deur die beskrywende adjektief uitgedruk, kan die bepaalde voorstelling sonder die verkleiningsuitgang weergegee word. In die gewone gebruik is dit die reël dat die uitgang ook in die geselskap verskyn van „klein". Soms kan dit, logies beoordeel, 'n pleonasme wees wat die diminusie betref / 'n klein huisie — seuntjie // Dan word gesteun op die omstandigheid dat die uitgang reeds een verkleining uitgedruk het (of die adjektief, volgens die 26 verkletavorme (VgL Votkomene Concordantie ofte Woordregister des Nieuwen Testaments deur Eerw. joh. Martinum, Groningen, 1672), in die Afrikaanse vertaling (1929) 44, in Markus 21 en 30 onderskeidelik, of in 'n juister omsetting van die Nederlandse, 17 en 30. standpunt). Immers, 'n haisie is inderdaad 'n klein huis of 'n huis wat klein is, namate 'n mens dit spesiaal of nexaal voel. Dat die spraekmakende gemeente die gebruik by voorkeur aanwend, dus daarin niks steurends of oorbodigs voel nie, moet sy verklaring daarin vind dat 'n sekere behoefte op die manier bevredig word, en die behoefte sterker is as die gevoel van oormaat. Dit kan enkel 'n kwessie van kongruensie wees, soos ongeveer in drie perde, waar drie die meervoudigheid voldoende uitdruk sodat die pluraliteitsuitgang by perde logies eintlik oorbodig is. Dog die geval is anders. Hier is nie noodsaaklik sprake van 'n te-veel nie. Daar is 'n onderskeid tussen / Dit is nog 'n klein kind / Dit is nog 'n kindjie / Dit is nog *n klein kindjie // In die eerste sin is dit suiwer diminusie, in die tweede is daar 'n oorheersende gevoelswaarde by van geneëntheid, teerheid, maar in die derde versmelt die twee betekeniskleure harmonies: die verkleining word hoofsaaklik deur die beskrywende bvw., die gevoelswaarde deur die -/ie-uitgang opgewek. Dr. J. J. Ie Roux het dit goed gesê (Handleiding in het Afrikaans, A'dam, 1921, bis. 41) „Zij worden niet alleen gebruikt om iets kleins uit te drukken, maar ook een bepaalde gevoelswaarde weer te geven, een gevoel van lieflikheid. teerheid, vergoeliking. minagting" (my kursivering; ek sou vooral i.p.v. ook wou gelees het). Dus nie soos dr. Hoge dit laat uitskyn dat óf kleinheid óf kefkosing, ens. uitgedruk word nie (vgl. sy „Summary", bis. 31). maar dat albei tot uiting kom, afgesien daarvan watter aspek oorweeg. Dit is my nie duidelik aan watter kant ons die „oorspronklikheid,' moet soek nie — by Hoge, vir wie die betekenis van kleinheid primair is, of by Wrede, vir wie die diminutiva „von Hause aus Koseformen" is, of by wat le Roux blykbaar in sin gehad het 'n sekere gelyktydigheid. Wat heel seker is. volgens die huidige toestande in Afrikaans, is dat die taalfeite meer na Wrede dan na Hoge wys. onder die verstandhouding dat ons Wrede se ontwikkelingsmoontlikheid van appellatiewe uit links laat lê. Hy kon in elk geval meer instemming inge-oes het as hy nie so erg aan kiemsiekte gely het wanneer hy *n teorie moes opstel nie. Sy afbrekende werk was goed, sy opbouende werk was swak. Die word, die meerderes in die reël die kind voorgaan in hierdie gewoonte van verkleining. Lank voor baba kan praat word al op die wyse oor en met hom gesels. Wanneer hy wel begin woordjies artikuleer, vereenvoudig die seniores (bv. die moeders) in die reël hulle taal ook by wyse van gedeeltelike aanpassing aan die „klein-kindertaal" (Jespersen, Languagee, bis. 114, e.v.), en gebruik hulle die diminutiva in die eenvoudige vorm van die kind. Hier ontmoet die twee rigtinge mekaar. Dikwels ken die gewone taal geen ander verkleiningsvorm dan juis So 'n kompromis-produk nie, bv. / omie; tannie; Sannie. // Die treffendste kon dit tot uiting in die naamgewing / Seunie; Sussie, Doggie; en van eiename: Kalie, Kootjie, Tienie ... //Dus tog duidelik dat die kind hom nie self Seunie gaan noem nie; en die reël-egte verkleiningsvorm is buitendien in die grootmens-taal seuntjie. Die volwassenes het die kind half-pad ontmoet. Hierdie kindernaampjes dra die persone in die reël hulle hele lewe lank / Ou Oom Seunie Serfontein / Oom Jannie van Wijk, ons ouderling / Oorlede tant' Poppie Brits het 92 jaar geword //. Ten dele kan dit aan uiterlike faktore te wyte wees dat die name vaskleef, nl. dat deur die Afrikaanse gewoonte van kindervernoeming dit voorkom dat 'n hele paar kinders in die familie dieselfde naam dra, en dat Jannie al ver gevorder is in jare wanneer sy oupa, ou oom Jan, te sterwe kom. Hy bly dan oom-Jannie, en is later oü-oom-Jannie. Dog dat dit nie die hooffaktor hoef te wees nie, toon die Kosenaampies soos Seonie voldoende aan, waarmee niemand vernoem is nie. Aan die ander kant noem die kind sy ouers Pa en Ma, praat hy van Oom en Tante, Oupa en Ouma, Neef maar Niggie, (dog die twee laastes is al sy gelykes). Logies beskou sou dit al vreemd klink vir 'n kind om uit eie beweging van „mg oupatjie" te praat, en wanneer dit geskied sou sekerlik geen verkleining bedoel wees nie. Dit lyk my duidelik dat ons dan in hierdie omstandighede ook verwag dat liefkosing veral tot uiting moet kom. Buitendien ryp die kind eers betreklik laat in die lewe tot n goeie besef en waardering van sy seëninge, en sal 'n mens die gevoel waaruit tederheid, simpatie, verdierbaring (minagting) opskiet, eerder by die groot- mens of groot kind as by die kleuter gaan soek. Hy is wel die klein oorsaak, waardeur die liefkosing tot uiting kom, maar nie in die grond van die kwessie die liefkoser nie. Natuurlik kan dit voorkom asof hy die skepper is, bv. wanneer hy omie of pappie sê; dog die kontensie kan ook met klem geopper word dat hy die en dergelike woorde so geleer het, deurdat die voorsêër dit op die wyse gevoel het as die gees waarin die kind dit sou belewe het. Dit lê trouens ook meer in die aard van die saak dat die kind die taal aanleer dat hy dus na-skepper is liewers as oerskepper, al vind baie woorde hulle verklaring in die skeppende werksaamheid van die stamelende en nabootsende kind. Schuchardt beklemtoon dieselfde feit hoedat die twee rigtinge bymekaarkom in die geval van die opkomst van kreoolse taalvorme en wys daarop hoedat die begin van die proses van bo kom. „Alles Radebrechen einer Sprache geht von deren Erbbesitzern aus, ganz ahnlich wie die Kindersprache auf der Ammensprache beruht" (Schuchardt-Brevier, Halle a/S., 1922, bis. 139). Dit is ook die bevinding van ander, bv. van Churchili (Beach-la-Mar, 1911, bis. 17) „It is manifest that the comminution of English speech before it becomes Beach-la-Mar is chargeable to the English themselves. The study of the accompanying vocabulary will show that the islanders have scarcely ventured upon so slight a modification as mispronundation of the material communicated to them, even conquering in their effort toward accuracy grave phonetic difficulties". Dr. Hoge se stelling dat liefkosing e.m. uit die betekenis ontwikkel, lyk my juister as dit heet dat dit om die kleinheid uitgroei, tenminste in sover as dit die hypokoristika betref. Op die wyse kan 'n mens heel-goed die streelnaampies / Pa se Boesmantjie / Ons ou Kaffertjie // e.s. verstaan. Ons let in die lig van hierdie oorweging ook daarop hoe die gevoelswaarde geneties goed te begrype is by die „verkleinwoorde van bywoorde" gevorm (Hoge, bis. 13). Dr. Hoge noem as sewende afdeling „Verkleinwoorde van werkwoorde" gevorm (bis. 14) en gee as voorbedde o.m. op / Slapenstyd nadertjies / nag is aan kommetjies / Moedertjies wakies // Dit vd alweer op dat die woorde die aanskyn het dat hulle by die kind tuishoort; grootmense praat nie so met mekaar nie; hulle vorm HOOFSTUK II. KERNOMRINGING DEUR PARTIKELS. NIE () ... NIE. Onder die sintaktiese1) eienaardighede van Afrikaans het geeneen alleenstaande soveel aandag opgeëis as die sogenoemde „dubbele ontkenning" nie. Almal wat in taalkundige opsig in Afrikaans belangstel sien hierin iets sonderlings, en iets wat wel 'n besondere verklaring verdien. Onlangs het prof. A. C. Bouman in 'n monografie die probleem o.m. weer aangepak, waarin hy in hoofsaak sy bewering soos neergelê in 'n artikel wat vroeër in De Nieuwe Taalgids verskyn het, breedvoeriger uitgewerk het. Ook sommige buitelandse geleerdes wat hulle nie andersins veel met Afrikaans besig gehou het nie, het tog aandag aan die kwessie geskenk. Die redes vir hierdie belangstelling is vereers van 'n logiese en van 'n sintaktiese aard. Vandag tog word die saak nog as 'n algemene reël so voorgestel dat twee ontkenninge tesame 'n uitó^rulddng positief in strekking maak. Die Litotes toon in Latyn bv. juis 'n verhoging in die rigting aan; vgl. „non sine laude" — „met groot lof". Hoe groot die invloed van hierdie „logiese" beskouing van Latynse standpunt uit op die wordende Germaanse skryftaalnorme gewees het, kan nie altyd met al te veel stelligheid uitgemaak word nie. Maar grammatici skyn tog eensgesind van oordeel te wees dat die eenmalige gewone dubbelvoudige ontkenning in Ou- en Middelhoogduits (om van ander tale nie te praat nie), juis om die oorweging van die klassieke model in die skryftaal die wyk moes neem. In Afrikaans het ons egter 'n taal wat 'n negatiewe gedagte uit deur tweekeer ontkenningspartikels te besig, wat tog na 'n logiese *) Hier, en deurgaans in die hoofstuk, word „sintakties" in die tradisionele betekenis aangewend. Dit is beter so, want in sommige aanhalinge verder by ander taalvorsers word die woord ook so gebruik. Om geen onnodige verwarring te veroorsaak nie, het ek my hier die afwyking veroorloof. afwyking lyk, self 'n ontkenning van die gewone wet, dat minus maal minus *n plus is: soos ons dit in die taallewe in die genoemde redefiguur reeds opgemerk het. Natuurlik ken Afrikaans ook die universele taalgewoonte om twee negativerende dele van dieselfde begrip teenmekaar te stel en 'n positiewe uitslag te bereik, d.i. as ons nie () ... nie as een negativerende deel beskou / Hy is nie 'n onaansienlike ventjie nie / Dit was gladnie so dislojaal nie / Hobsons, Skankwan, p. 10: ... was sy nie so onmisbaar nie / Hy is nie erg wantrouig nie / Sonder om sy reg te ontken //. Al is die bereikte uitslae hier positief, is daar tog 'n ander betekenisnuanse as in die geval waar die bewering sonder die omweg geuit word: Vergelyk / Hy is nie n onaansienlike ventjie nie, / met: / Hy is 'n aansienlike ventjie. // Die twee beweringe is albei in betekenis positief, maar die tweede is stelliger, onvoorwaardeliker; die eerste bevat 'n element van voorwaarde, van onsekerheid. Hoe groot die graad van onsekerheid is, hang van die stellinge af. / Hy het geen mislukkinge gehad nie, / en, / Hy het baie voorspoed gehad. // In Afrikaans lyk dit dus na 'n logiese denkfout om, in teenstelling met hierdie mening dat twee ontkenninge n positiewe uitslag gee, dubbel te negeer vir 'n eenvoudige ontkenning: / Malherbe: Loutervure, p. 15: *N mens kan nie stilstaan nie. Ja, ek vrees, Hester, ek kan nie meer so kinderlik glo nie / Dies., p. 16: Nee Hester, geloof is goed, maar geloof moet nie onredelik wees nie / von Wielligh, Dóe Storüs, 17: Moeni praat hoe die wêreld toen lyk nie //. Temeer moes hierdie verskynsel opvallend gewees het, wanneer die nie-Afrikaanse belangstellende dit nie in sy taal of in verwante tale ken nie. Want selfs al ken hy uit die volkstaal gevalle wat met die Afrikaanse voorbedde enigsins verwant is, bly die sintaktiese posisie van nie2 (die afduitings-nie) moeilikhede oplewer en maak die Afrikaanse verskynsd tot iets unieks in die Indo-europese taalfamilie. Prof. Bouman het veral met klem op hierdie kant van die saak gewys. (A. C. Bouman. Onderzoekingen over Afrikaanse Syntaxis, Kaapstad, 1926, bis. 65-66.) 'n Logiese denkfout hoef 'n mens hier nie te soek nie. Dit kan eenvoudig 'n versterking van die ontkenningsgedagte wees, wat hom oor 'n deel of oor die geheel van die sin uitbrei, soos van Ginneken dit wil voorstel {Leuvensche Bijdragen, VI, 1, 1904, bis. 194 e.v.). Boondien is die verskynsel om die ontkenningsgedagte te versterk met 'n ander woord wat negatiewe of byvoegende betekenis het, nie spesifiek Afrikaans nie. Dit word in byna alle tale op een of ander manier aangetref. Prof. Jespersen wy 'n lang hoofstuk (VII) aan „Doublé Negation" in sy werk Negation in English and other Languages, (Kopenhagen, 1917). Onder die verskillende soorte „doublé negations" stem die „cumulative negation" (p. 64 e.v.) ooreen met die verskynsel onder bespreking. Jespersen toon die verbreidheid van hierdie ontkenningsmanier aan deur te verwys na voorbeelde uit Ou-, Middel- en Moderne Engels, Middel- en Moderne Hoogduits, Deens („extremely rare"), Frans, Spaans („not at all raVe", p. 67), uit Slaviese tale (Servies en Russies); Grieks („very frequent"), Magjaars („sometimes there are three negative words in the same sentence", p. 67) en „in many other languages", bv. in Bantoe. Maar in al die voorbeelde is daar geen taal wat met die Afrikaanse eienaardigheid ooreenstem insover die tweede lid globaal dieselfde is as die eerste ontkenningswoord nie (behoudens 'n paar proklitiese gevalle), m.a.w. insover die lede van die „cumulative negation" telkens dieselfde vorm vertoon nie. In Afrikaans kan 'n mens, uiterlik beskou, met die volste reg van 'n herhaalde negasie praat. Hierdie omstandigheid is dit wat in die besonder by die eerste kennismaking die gedagte aan 'n onlogiese ontkenningswyse opwek. Maar dit kom veral deurdat die kennismaking van die vreemdeling op die geskrewe vorm berus. Dan sal die gewoonte van Afrikaans veelmeer bevreemdend lyk as wanneer die lewende taal gehoor word; want die „vreemde" tweede nie word met meer klem gelees as dit in die gesproke taal ontvang, daar waar dit in ongepassioneerde geselsry soms nouliks hoorbaar nog uitgespreek word. Tweedens berus die opvatting op 'n verkeerde insig van die wese van hierdie ontkenningstweevoudigheid. Die Afrikaanse nie () ... nie wyk dus veral van ander Indo- europese tale wat 'n opeenhopende ontkenning het, in die volgende punte, tesaam geneem, af: 1. Die gewone, natuurlike ontkenning van 'n sin of sinsdeel geskied altyd, en nie net by wyse van uitsondering of uitsonderlike versterkinge alleen nie, langs die weg van „cumulative negation", tensy die volledige sin uit 'n onderwerp plus gesegde plus ontkenning bestaan, wanneer een nie voldoende is, of tensy dit 'n geval is soos hieronder sal genoem word. 2. Die twee (of meer) ontkennende lede is dieselfde woord wat herhaal word; dikwels egter is die eerste lid proklities aan 'n ander woord verbind en nog in die anlautende n kenbaar (niks; niemand; nêrens; niewers; nooit; nimmer), of dit is soms alweer weggeval (geen, g'n); „maar" behoort nie meer hierby nie. 3. Die sintaktiese posisie van nie2 is aan die einde van die ontkenningseenheid, wat 'n sin of sinsdeel kan wees. Dit kom daar eintlik nie op aan hoe kort of hoe lang die eenheid is nie. Tweemaal-nie word geïsoleerd beskou. Die belangrikste poginge wat aangewend is om die geheim van die verskynsel te ontsluier kan hier kortliks genoem word. Dit is deur sommige as 'n geïsoleerde verskynsel beskou, wat dus 'n eie verklaring verlang. Dit geld veral van die vroegste poginge. In die eerste Afrikaanse grammatika, deur ds. S. J. du Toit opgestel (£ersfe Beginsels van Di Afrikaanse Taal, 2e druk, Paarl, 1882.) staan dit duidelik, as eerste punt onder „Afrikaanse Uitdrukkings : „Nes in Frans het ons n dubbele ontkenning in ons twe-mal ni. Dis deur die Franse vlugtelinge in ons taal ingebreng" (t.a.p., bis. 16; vgl. ook bis. 2 aldaar). Van die ander verdubbelings rep hy geen woord nie. In 'n later en gedeeltelik omgewerkte uitgawe hiervan {Fergdykende Taalkunde fan Afrikaans en Engels, deur S. J. du Toit, Paarl, 1902) kwalifiseer hy die uitspraak met „denkelik afkomstig van die Franse vlugtelinge" (t.a.p„ bis. 30). Du Toit gee hier geen blyk dat hy van Hesseling se verklaring kennis dra nie. Prof. te Winkel sien die kenmerk meer in 'n moontlike historiese verloop. Die Franse ne-pas het die, ook in Nederlands bekende dubbele ontkenning, so beinvloed dat dit „(zich) tot op onzen tijd in Zuid-Afrika gehandhaafd" het (Vragen van den Dag, IX). Vir Prof. Mansvelt is die, in sy soort blykbaar alleenstaande, tweevoudigheid nog duisterder in oorsprong. „Of dit eigenaardig gebruik uit het Frans der Hugenoten, of uit het oude en-niet is voortgekomen, laat zich niet met zekerheid bepalen ... Mijne mening is, dat 't tegenwoordige ni-ni aan de verenigde uitwerking van beide invloeden kan worden toegeschreven." (Dr. N. Mansvelt: Proeve van een KaapschHoüandsch Idioticon, Kaapstad, 1884, blss. 111-112). Miskien sluit Mansvelt hom bewus by du Toit tot op 'n sekere hoogte aan. Hy gebruik deurgaans die Patriotspelling. Tog skyn die aanname van Franse inwerking vir hom onvoldoende om die verskynsel volledig te verklaar. Hesseling is, meen ek, die eerste wat in die nie-duplisering 'n verwante verskynsel gesien het as in die ander verdubbelinge waaraan Afrikaans so besonder ryk is. Hy bestry die mening van te Winkel dat Frans hier 'n bestaande neiging kom bestendig het, want die „syntachtisch gebruik ... in het Afrikaansch is geheel anders dan in het Nederlandsch en in het Fransch"; vervolgens wys hy aan dat die „pleonasme" ook by ander woorde gehoor word (uit ... uit) (De Gids, 1897, bis. 142, en Het Afrikaansch, bis. 117-119). Hier deur kom ons nader aan die waarheid. Die verskynsel boet nou veel van sy besondere vreemdigheid in. Na Hesseling word deur ander geleerdes hierdie beskouing haas sonder uitsondering met hom gedeel; dit doen hulle natuurlik nie altyd deur navolging nie. Prof. A. C. Bouman is glo die enigste wat sedert 1897 van hierdie gebaande weg afgeswaai het, waar by die nie2 nie meer as 'n deelverskynsel beskou nie, maar as 'n geïsoleerde geval in die Afrikaanse taallewe (Onderzoekingen over Afrikaanse Syntaxis). Die Vraagstuk' van sy Herkomst a. Oorge-erf. Veel belangriker is 'n ander gesigspunt waaruit die vraagstuk beskou is, naamlik of hier sprake van oorerwing, „spontane" ontwikkeling of van vreemde beïnvloeding is. Beide Mansvelt en te beelde, en liefs weer (uit) die volkstaal" aan (bis. 136). Op sy verklaring, wat ook vir prof. J. J. Ie Roux as die „aanneemlikste" toeskyn (Oor die Afrikaanse Sintaksis, bis. 170), kom ek later terug. Die Vraagstuk van sg Herkomst c. Vreemde Inwerking. Die ondubbelsinnigste uitspraak dat hier aan vreemde invloed moet gedink word, is die van prof. A. C. Bouman. Niemand het hom tot nog toe meer moeite getroos om die geheim te bepeil nie, dan hy, en ek glo dat niemand ook verder van die waarheid af was nie. In sy brochure het hy die geskiedkundige verloop in 'n paar Germaanse tale, oud en modern, nagegaan, om te toon dat die Afrikaanse verskynsel 'n unieke plek in die Germaanse ontkenning beklee. Dan probeer hy 'n verklaring vir die vreemdigheid soek. — In die verbygaan wys ek daarop dat prof. Bouman dit die ander navorsers ten laste lê dat hulle hul nie voldoende met die vernaamste literatuur vertroud gemaak het nie (bis. 60). Maar dit is nie altyd aan hom wat alles geraadpleeg, en alles verteer het, gegee om alle probleme op te los nie. Daarvoor is sommige probleme miskien te eenvoudig van aard, en vereis minder skerpsinnigheid dan aan die dag gelê word; daarvoor is die bronne soms juis nie wat in die eerste instansie nodig was nie, sodat dit dikwels verder vertroebeling in plaas van meerdere klaarheid bring. In sy opstel maak prof. Bouman die gang so duidelik. Die dubbele hik vir ontkenning onder die kleurlinge e.a. in gebruik (en wat waarskynlik Hottentots in oorsprong is, vgl. Karl Meinhof: Lehrbuch der NamaSprache, Berlin, 1909, bis. 100 by „Hëê (hm — m) = nein"), word „in de aard der zaak" as 'n „onbeschaafd klinkend geluid' deur die Nederlandssprekendes met nee(n) vervang „Weet jy waar Langenhoven woon?" — ek weet nie" of eventueel: Nee, ek weet nie". 'n Uitbreidingsgeval sien prof. Bouman in „Hoe gaan dit met jou ?" — „Nee, heeltemal goed, dankie," waar 'n nee dus optree „hoewel er een naar strekking en vorm volkomen positief antwoord gegeven wordt ..." (bis. 21). By ontkennende sinne is die weg dan so gebaan dat „Het voorkomen van een dubbele ontkenning tot een gewoonte geworden (is) voor het bewustzijn van den spreker" (bis. 22) en word die gebruik duidelik in: „Ek kan (dit) nie — se nie." (bis. 22). Dan gaan prof. Bouman nog 'n stap verder. Hy vind nou in 'n ander taal, nl. in die van die Bantoes, 'n dubbele ontkenning by die verba simplicia „door 't gebruik van de partikel te vóóraan en de gewijzigde uitgang (nl. met i, hier zelfs ni) achter aan." Dit kom „psychologies vrij nauwkeurig overeen met de uitdrukking door middel van de hik-klank, en 't is dus ook zéér mogelik dat beide gebruikswijzen, parallel gaande, elkaar gesteund hebben bij 't beïnvloeden der blanken-taal" (bis. 23). Die hipotese, soos dr. J. J. Ie Roux reeds in sy bestryding daarvan aangetoon het (t.a.p., § 329) ly aan 'n paar inkonsekwensies. Vereers lê dit tog meer „in de aard der zaak" dat die blanke 'n onbeskaaf-ldinkende geluid in sy beskaafde taalgebruik gaan vermy, dan dat hy dit gaan taboe, of altans gedeeltelik taboe, deur subsötusie, en dit langs die weg gaan adel. En verder, is dit so noodsaaklik om in JVee, ek weet nie" 'n substitusie in die voorgestelde sin te sien ? Prof. Bouman meen dat die enkele nee-sin nie as 'n goeie antwoord kan beskou word nie, omdat dit dubbelsinnig is en kan beteken: „ ,Ek weet nie,' ,Ek sê dit nie,' e.d.m." Maar is dit waar ? Waarvoor staan die „e.d.m." nog ? Vir my gevoel is die nee absoluut ondubbelsinnig: „Weet jij waar L. woon ?" „Nee". Die verduidelikende uitbreiding is ook nie die enigste reël in die besondere gevalle nie, wat 'n mens tog wel sou verwag as die gewone nee-sin so onduidelik op 'n heel-gewone vraag is. Inteendeel, die eksplikatiewe byvoeging geskied in bepaalde omstandighede alleen ter wille van groter aanskoulikheid, of as 'n middel van versterking van 'n volle begrip, en is as sodanig waarskynlik bekend in alle tale. „No, I can't teil you" of „No, I really couldn't teil you!" (let op really as modale woord met positiewe sin), „Nein, (es tut mir leid, aber) das weiss ich nicht" ens. Die vraag hierbo veronderstel tog dat die antwoord aan 'n vreemdeling gerig word. en die byvoeging dus natuurlik is om die genoemde rede. Maar is die geval „Ek sê dit nie" werklik op een lyn met „Ek weet nie" te stel. soos miskien „Ek kan dit (rêrig) nie sê nie?" Dit wêreld doen en sien hoe dit in die Nederlandse dialekte gelyk het. is hy een van die „andere, minder nauwgezette vorsers, (die) krampachtig vasthielden aan een sporadies in het Nederlands waargenomen gelijk verschijnsel — de reeds beruchte teoretici der „aanknopingspunten"" (bis. 57). Meermale het prof. Bouman hierdie vyandige houding aangeneem teenoor die sog. mindernougesettes wat nie altyd aan „een vreemde taal" (liefs so primitief moontlik) of aan een of ander ontkenningsmoontlikheid so „krampachtig" vashou nie. Elders het hy hom by van Ginneken aangesluit en teen die opvatting van spontane ontwikkeling te velde getrek, wat „veelal niet meer is dan een bekentenis van onvermogen om iets positiefs over de oorsprong van een taalverschijnsel te zeggen" (Nieuwe Taalgids, XX, I, bis. 37). Asof 'n mens altyd iets oor elke dingetjie moet sê. Komies werk dit egter waar hierdie woorde voorkom in 'n opstel oor die met oortuiging gepostuleerde diftongisering van ie- en uu- op Afrikaanse bodem, op 'n siellose fonetiese wyse voorgestel terwyl die opstel op 'n ander een volg van dieselfde auteur, handelende oor „Het probleem van de .Inwendige Taalvorm'", volgens Marty! Vir baie bly dit nog 'n baie groot probleem ook. Ek laat hierdie hipotese nou met mede, maar wil nog kortliks aantoon hoe gevaarlik dit kan wees om alles te wil verklaar deur die aanname van uitwendige beïnvloeding. Prof. Bouman se uitgangspunt is die Hottentotse Hëë (hm.m.), soos Meinhof dit skrywe. Prof Meinhof het 'n bepaalde tesis opgewerp oor die taalverwantskap van die Hottentotte en sê o.m. „Darnach ergab sich die Möglichkeit das Nama aufzufassen als eine Mischung einer nordafrikanischen Hamitensprache mit einer isolierenden Sprache, die wie die Sudannegersprachen und die Buschmannsprachen gebaut sein musste ... Ich hoffe, den Beweis für die Richtigkeit unserer gemeinsamen Anschauung haben wir (Westermann en hy) ... (uit die tale self) erbracht". (Karl Meinhof: Lehrbuch der Nama~ Sprache, Berlin, 1909, blss. 6-7). Diedrich Westermann het o.a. 'n deelike grammatika op taalvergelykende grondslag opgestel van die Ewe-taal wat „zu der Gruppe der Sudansprachen (gehort), deren Gebiet einen grossen Teil des Sudan von der West- bis zur Ostküste Afrikas cinnimmt'' (Grammatik der Ewesprache, Berlin, 1907. bis. 4.). Uit hierdie grammatika skryf ek die drie reëls onder „Verneinende Satze", soos aangegee op bis. 114, oor: „1. Die Negation me steht unmittelbar vor dem ersten Verbum des Satzes, o tritt an den Schluss, und zwar auch hinter Objekte und adverbiale Bestimmungen, ... ... womeva egbe o: sie kamen heute nicht ... 2. Folgt einem verneinten Hauptsatz ein abhëngiger Nebensatz. so wird letzterer, gleichsam als Teil des Hauptsatzes, mit in dié Verneinung hineinbezogen, d.h. o tritt an das Ende des Nebensatzes: ... mekpoe, ne magbloe ne o: ich sah ihn nicht, dass ich es ihn hörte sagen können ... 3. In Sprichwörtern werden haufig zwei Satze, deren erster verneint ist, so nebeneinander resp. ineinander gestellt, dass das verneinende o des ersten Satzes an den Schluss des zweiten Satzes tritt ...: ...asi meghea ame wógbea agble o: Wenn die Frau einen verschmaht, verschmaht man deshalb nicht auch das Feld..." Argumentshalwe stel ek vas, dat as Hottentots, wat hierdie ontkenningswyse nie ken nie, of nie meer nie, dit wel nog lewendig bewaar het, of as iemand dit aanneemlik kan maak dat Hottentots dit wel nog in jeugdige gebruik tot, sê 1720, gehou het, omtrent elke taalgeleerde hom by 'n verklaring van Hottentotse beïnvloeding van Afrikaans op die punt sou neergelê het. Immers, juis daardie so kenmerkkke neiging om alles wat in die ontkende begrip betrek is, op 'n eintlik on-Indoeuropese wyse met *n ontkenningspartikel af te sluit en organies tot 'n eenheid te bind, vind ons so getrou weer in Afrikaans, dat aan twyfel nouliks nog te denke val. Niemand sou aan die moontlikheid van spontane ontwikkeling of van oorerwing ernstig wou dink nie. gestel dat al die ander gegewens konstant bly. Dit toon m.i. oortuiend aan dat daar baie gevare aan die geesteshouding verbonde is om uitwendige oorsake vir alle taalverskynsels by ons te soek, sodra die 'n bietjie vreemd lyk. En selfs daar waar die waarskynlikheid aan beïnvloeding baie sterk is, moet nog met die grootste omsigtigheid te-werk gegaan word. 'n Teoretiese moontlikheid is nog lank nie altyd 'n praktiese werk' likheid nie. Daar is nog 'n derde uitgangspunt by die behandeling van hierdie ontkenning, nl. om die verklaring enkel in natuurlike taalwettelikheid te soek. W. de Vries het o.m. 'n poging aangewend om die verskynsel psigologies te deurpeil (Dysmelie, § 10). Maar hy het hom geen voldoende rekenskap van die essensiële, wat die ontkenning uitmaak, gegee nie. Die eensydigheid lei tot 'n wan-voorstelling, en laat ons oor die besondere posisie van nie2 in die duister. Die belangrikste poging is die van prof. Bosman, en verreweg die eenvoudigste. „Deur sintaktiese analogie is uit twee konstruksies soos hy loop die huis uit en hy loop uit die huis 'n sogenoemde kontaminasieproduk hy loop uit die huis uit ontstaan. Op dieselfde manier kry ons al lank al uit al lank en lank al. 'n Soortgelyke verklaring kom my by die dubbele nie aanneemlik voor: ek gaan nie en ek sal nie gaan gee aanleiding om te sê: ek sal nie gaan nie. (Ontstaan, p. 136). 'n Mens wonder alleen hoekom die tweevoudige m'e-eenhede in Afrikaans so'n uitbreiding gekry het, terwyl dieselfde moontlikheid langs dieselfde weg ook in Duits, Nederlands en ander Germaanse tale bestaan het en bestaan — om net by die groep te bly. Daar moet tog nog ander redes voor te noem wees. As ek die Holsteiner Platt in die opsig beskou, (Fülle des Ausdrucks, §§ 53-67) konstateer ek 'n verrassende ooreenkoms in die gewoonte van die platduitse volkstaal en Afrikaans om versterking deur bepaalde verdubbeling uit te druk (Unsere Plattdeutsche Muttersprache, von G. F. Meyer, Garding, 1921), maar by die ontkenning staan sake tog anders, by die ontkenning kom dit haarfyn-presies ooreen met wat die Nederlandse, Engelse en Amerikaanse dialekte (om 'n paar te noem) vertoon in die algemeen. Vanwaar dan die verskil ? Ook betwyfel ek dit of al die nie-konstruksies langs hierdie weg op 'n oortuiende wyse verklaarbaar is. Vir sy voorbeeld het prof. Bosman 'n verbale ontkenning gekies, seker die maklikste geval. Het die verskynsel dan hier begin ? Wie sal kom waardeer wat primair en wat sekundair is ? Kan ons nie liewers as primair voorbeelde soos: „Ek sien niemand nie" neem i.p.v. wat prof. Bosman aangee nie ? Ek wil hiermee nie sê dat dit altyd onmqontlik is om so'n gebeure uit te maak nie. Dit is bv. duidelik dat moenie op 'n sekundaire plan in gebiedende sinne staan. Laat ons dan ook, argumentshalwe, sê dat o.m. niks ... nie(t) ens. in Afrikaans primair is, aangesien die historiese verloop van die ontkenning in Germaans dit so in gevalle van die opkoms van versterkingspartikels uitwys. Dan is hierdie gebruik volgens sintaktiese kontaminasie nouliks aanneemlik te maak: / Niks, — daar het niks verlore gegaan nie, niks vir niks gebeur nie; niks aan hulle werk af- of toegedaan deur wat later buiten hulle om geskied het nie. Want dit was geen ydele illusie, dié vryheidsdrang, wat dit ingegee het nie // (Preller: Dagboek van Louis Trigardt, bis. 170 bij Bot 6 Kritzinger) / Niks g'n maar nie, dominee, af gespreek (Malherbe, Loutervure, bis. 125). // Die groot verskil tussen hierdie voorbeelde en daardie waarop prof. Bosman gelet het, is dat ons hier met „spesiale ontkennings" te doen het, wat nie verbaal is nie, tensy gedeeltelik deur 'n nexus-verband. Die volle gewig van hierdie beswaar kan ek, om nie in herhaling te verval nie, eers laat uitkom wanneer die werkwoordelike ontkenning in moderne Afrikaans behandel word. Intussen lyk dit asof prof. Bosman die kwessie te eensydig, te toevallig, beskou. Die modale versterkingspartikels is na inhoud meer gevoelswoorde, het 'n vae betekenis, sodat meerdere verduideliking of versterking deur herhaling nogal in gegewe omstandighede natuurlik voorkom soos die dialekte telkens opnuut leer. M.i. is die verklaring van die herhalingskonstruksies, soos prof. Bosman die aan die hand gee, nie een wat die wese van die saak raak nie. Dit toon, meen ik, veelmeer, dat die taalgevoel nie geweld aangedoen word wanneer die duplisering geskied op die bekende manier nie. „Ons wag al (reeds) lank vir jou" en Ons wag lank al(reeds) vir jou". Hink albei gewoon. Wanneer al eers vóór, dan na lank herhaal word, sal die taalgevoel dit kan toelaat. Maar dit is nog nie die verklaring van die vertweevoudiging nie. So-ook in: „Ek verdra dit nie langer" en „Ek verdra dit langer nie" tot „Ek verdra dit nie langer nie." Daar is, soos dit my voorkom, nog net een ander weg oop om agter die waarheid te kom. Dit is om te sien watter antwoord Afrikaans self in die loop van sy geskiedenis gee. Die groot moeilikheid is en bly gebrek aan voldoende dokumentasie oor verskillende periodes. Tog wil dit my voorkom asof die beskikbare gegewens ons in staat stel om die gang van sake noukeuriger aan te gee as tot nogtoe geskied is. Dit het ook geblyk dat daar dikwels wanvoorstellings van die kwessie gegee word wat nie aan slegte wil toe te skryf is nie, maar aan 'n gebrekkige insig in die soort en gedrag van die ontkenning self. Ook hier moet dus meer helderheid gewin word. Die ontkenning kan van tweeërlei aard wees. Dit kan 'n bepaalde begrip in die sinsgeheel negeer, of die hele sin 'n negatiewe strekking gee. Om hieraan name te gee, bedien Jespersen hom by die eerste soort van die term „special negation", by die tweede van „nexal negation" (Negation, bis. 42. Aldaar 'n diepgaande beskouing oor die indeling). Spesiale, of „woord"-ontkenning (die gewone term) is duidelik in gevalle soos: / onmoontlik, niemand, nie-bevaarbaar, non-chalant, dissonant //. Tot die klas mag ook gereken word: „Ek het die baas van die plaas ontmoet, nie die man nie, maar die vrou". „Die boom staan nie ver van die windpomp af nie". „Nie vandag nie, maar more kan jy wegbly", en miskien: „Ek rook nie 'n pyp nie, Juffrou, net sigrets." („Ek rook, juffrou, maar nie 'n pyp nie, n.s."). Tot die nexale of „sins"-ontkenning (gewoonlik genoem) behoort gevalle soos: „Hans, jy rook tog, ek kan die tabak ruik! — Ek rook nie, Juffrou, ek pruim P* Ek en rook word albei in hulle samehang negeer. Dat die twee soorte dikwels ineenvloei, veral waar albei hulle van die partikel(s) nie kan bedien, is duidelik, lê in die aard van wat ons onder „sin", gedagte-uiting, verstaan. Waar plaas ons hierdie meedeling: „Die man lyk nie bekwaam nie ?" Is dit 'n negering van die nexus: die man en Igk bekwaam of slegs van: bekwaam (Die man lyk, — onbekwaam)? Dit gaan soms moeilik om so'n onderskeid goed te trek wanneer ons met 'n ontkenning van wat verbaal gepostuleer word te doen het. Verbale ontkenninge is uit die aard van die saak nexaal gekleur. Wat die aanwending van die ontkenning betref, dit geskied veral om 'n teënspraak of 'n kontras uit te druk (Vgl. Negation, met een nie: j Dat jy dit ooit geweet het, glo ek nie //. (Nexale Ontkenning). 3. Dit kan nog voorkom dat 'n paar gevalle op die grens lê: 1 (a) By reëls 1 en 2 kan dit gebeur dat die enkelvoudige ww. deur 'n directe voorwerp, anders as 'n pers. voornw., gevolg, of by omsetting. voorafgegaan word, sonder dat *n nie2 nodig word, as niex maar na die slot geskuif word: / Hy glo (nie) jou uiteensetting van die saak nie. Hy glo (nie) (aan) j. u. v. d. s. nie // Verreweg die gewoonste gebruik is die met dubbel-nïe. (Nexale Ontkenning). (b) Wanneer, in hierdie gevalle, die pers. voornaamwoord deur 'n voorsetsel voorafgegaan word, geld die opmerking by (a) weer, bv. / Ek sien (nie) vir jou nie. //. C. Nie vecskyn tweevoudig, die tweede Ontkenningslid is ter afsluiting nodig: 1. In verreweg die meerderheid van gevalle onder A. 3 (b). 2. Byna sonder uitsondering in B. 3. Die gevalle van uitsondering bepaal hulle volgens die aksent, die besondere gemoedsaard. 3. Behoudens wat in B. gesê is, altyd wanneer die enkelvoudige werkwoord van die ontkende sin deur 'n nie-modale Bywoord (benewens die negasie-partikel) of deur 'n direkte voorwerp wat nie 'n pers. voornw. is nie, gevolg word. Dit is ook by omsetting waar. / Die wind waai nie altyd nie / Speel hy nie met giftige slange nie ? // 4. Altoos, wanneer die werkwoord saamgestel is. „So gou as die werkwoordvorm vergesel word van 'n hulpww. (tyd, wyse), of uitgebrei word met ander as modale bepalinge, dan is dubbele ontkenning wet" (Malherbe, bis. 104). / Dit sal jou nie help nie / Die kinders het nie hard geleer nie //. D. Me verskyn meervoudig: Opeenhoping van Nie's: 1. Dit gebeur wanneer 'n samegestelde sin uit 'n reeks ontkennende (by)sinne bestaan, bv. / Dit is nog lank nie 'n regvêrdiging om jou nie verder te bemoei en te kyk of jy nie die oplossing van die vraagstuk kan kry as ander nie meer glo dat dit te doen is nie // Die nie2 word orals onderdruk behalwe aan die einde van die eenheid. Vir die Nederlander bv. sou hier net een oorbodige nie wees, t.w. die slot-m'e. 2. Word egter opeenvolgende ontkennende sinne as aparte eenhede gevoel, soos in neweskikkende (hoof)sinne, sodat na elkeen 'n volledige stempause val, word die slot-nie telkens vereis / Jy ken die gebooie: jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag niemand tekort doen nie; eer jou vader en jou moeder. Markus X, 19. / ... maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie verg ewe word nie, in hierdie eeu (nie) en ook in die toekomende nie. (Matth. XII, 32) // Vir baie sou (nie) noodsaaklik geklink het — hier is dit weggelaat. Die meeste sou die sin egter anders gekonstrueer het / ... in hierdie eeu nie vergewe word nie, en ook in die toekomende nie //. 3. „Die gevoel vir nie2 op die ent is so sterk dat dikwels 'n sin in die haastige gesprek gesluit word, voordat hy werklik klaar is; dan word die bykomende woorde nog 'n keer met nie afgestuit: Jy wou my mos nie help nie, daardie tyd nie. Jy ken darem nie daardie mense nie, daardie Jan en die Cotneels nie. Uit die gevoel word sinne soos die volgende gebore wat 'n mens elke dag kan hoor: Ek sal nie my voorstel terugtrek nie as hy hardkoppig bly nie." (Malherbe, bis. 105). 4. In sommige gedeeltes van die spraakgebied, bv. in dele van Transvaal, kan nie2 al na die hoofww. kom en word aan die einde van elke uitbreiding, bv. bysin, nogeens herhaal. Dr. Ie Roux, wat hierop wys, gee in sy Handleiding (bis. 58) as voorbeelde / Hy het nie weggeloop nie van die spook af nie / Hy het nie weggeloop nie, vir die spook nie, wat aangekom het nie / Hy is nie 'n papbroek nie, wat sy eie nasionaliteit verlogen nie ... //. Hierdie gebruik is my onbekend, behalwe soos dit voorkom in C. 3. 5. Hieronder kan ook gevalle gerangskik word soos / Niks geen maar nie, dominee, afgespreek //. E. Onvaste Gebruik van nie: 1. Vgl. A. 3. (b) en D. 4. 2. n Bepaalde moeilikheid ontstaan wanneer die »tie2 'n negatiewe eenheid moet afsluit wat in sy laaste (by)sinne beheers word deur 'n werkwoord met 'n sterk positiewe strekking, en wat in 'n mindere of meerdere mate in teenstelling is met die ontkennende hoofww. (nexale verband). Dan word daar te duidelik 'n inkongruensie gevoel. In die spreektaal bly die nie2 dan merendeels agterweë, in die skryftaal word hy êrens vroeër ingewig dikwels met enige geweld aan die suiwer taalgevoel / En Hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het nie — toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het — hoe hy in die huis van God gegaan het in die tyd van Abjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie, en ook aan die wat saam met hom was, gegee het? Markus H, 25-26 / Ek bedoel ... nie beskrywende klankleer nie, wat Dr. T. H. Ie Roux ons reeds in sy Leidse dissertasie gelewer het. Prof. S. P. E. Boshoff: Volk en Taal. bis 426 //. Prof. Malherbe gee op een plek 'n eienaardige voorstelling van die moeilikheid. Hy sê: „Dikwels egter word die behoefte gevoel om nie8 te plaas voor 'n parentese of dubbelpunt of voor 'n toegevoegde verklaring of voor aangehaalde woorde..." (bis. 105). Of *n mens in dubbelpunte of aanhalingstekens praat ? Elders, en in navolging van hom by le Roux, heet dit dat by besondere verlenging van n sin die „spreker of skrywer die behoefte voel om die ontkenning af te sluit êrens waar die gedagtegang 'n pause toelaat" Die bepaling is baie willekeurig maar verduidelik die botsing van die twee rigtinge. In een geval vind prof. Malherbe selfs dat die reeds navoregedrukte afsluitings-me ook daar, „waar die gedagtegang (êrens) 'n pause toelaat," nog ongewens Hink. „In die volgende sin sou sy weglating verkiesliker wees: Niemand kan ontken nie dat toneelstukke soos X>ie Hoop van Suid-Afrika 'n goeie invloed uitoefen" (bis. 110). Dan ontbreek daar vir ons gevoel die natuurlike ritme van n goeie Afrikaanse sin. Dit staan buitendien lynreg teen die algemeen-geldige reël wat prof. Malherbe self so geformuleer het: „In 'n samegestelde sin bestaande uit hoofsin (ontkennend) pL bysin of bysinne staan nie2 op die ent" (bis. 106). Dr. le Roux sê nog dat 'n stempause dit „soms (kan) veroor- minste wetenskaplike waarde aan so'n berekening te wil heg, maat ter wille van groter duidelikheid, sou ek wil beweer dat uit elke honderd gevalle van volledige nie-ontkenninge in Afrikaans, tenminste 90 in die dubbelvoudige vorm soos in die C-klas sal staan. As daar invloed van die klas op die ander te verwagte is, d.i. waar dit moontlik is, kan dit nouliks anders wees as dat dit van ons C-klas moet kom. By 'n waardering van die so-gewone tweevoudige ontkenning stel ons vas dat hierdie gebruik soms lastig kan wees (Klas E.) Die spreker of skrywer weet dan nie presies wat om met niè2 aan te vang nie. Vergelyk die poginge om 'n kompromis te bewerkstellig, in die volgende aanhalinge wat prof. Malherbe siteer: / Die kerk kan nie ontken nie, dat daar onder die onkerkse jongkerels 'n groot aantal is wat met hart en siel veg vir die behoud van ons volk en taal / ... Met die oog op hierdie paar feite betreffende die lewe van die Koloniste, sal die leser besef dat hul nie dom, onbeskaafde mense was nie, soos dikwels voorgegee word, maar ... / Dit was dus nie wonderlik dat onder dié gesaménlike invloed, hy die grootste oorwinning van die mens behaal het nie — die om homself te beheers, (bis. 107) //. Maar dan, hierdie voorbeelde behoort tot die unV sonderinge, of by slegte stiliste. In moderne Afrikaans verrig die afsluitings-nie 'n allernuttigste werk. Dit het nie eerstelik 'n duidelike semantiese funksie nie, daarom ook kan nie2 nouliks in die eerste plek as 'n versterking van die ontkennende gedagte beskou word. Insover as die terme nie noodsaaklik oorlap nie, mag 'n mens die rol van nie2 voorlopig as 'n psigologiese afrondingsmiddel van die negasiegroep bestempel. Die gevoel dat wat die ontkenningseenheid uitmaak, nou af is, vind sy uiting daarin dat die nie-partikel nogeens opklink aan dié slot. Dit is asof die negasiepartikel, wat vroeër in sy voller, of in sy enklitiese vorm gebesig is, terughal wanneer die negasie-deel uitgespreek is. Daardeur word die negeerde groep as 'n organiese eenheid afgebaken teenoor die res van die sin, waarvan dit sintakties 'n deel vorm. Die afsluitings-nie word gevolglik in die twee- (meer- )voudige ontkenningswyse sag-weghallend uitgespreek, nie hard met vol- of newetoon nie, maar met 'n onbetoonde krag.' asof dit minder-belangrik is, versmeltend in die wegsterwende klankekoor van die sin. Daardeur verleen dit verder aan die ontkende sinsgeheel 'n sekere ritmiese beweging van volheid, met sy sagte eind-verglyding. Juis dit, die bepaalde psigologiese aspek, wek die vermoede van vreemdigheid en enigheid van die Afrikaanse ontkenningsprosedure. Tog beskik Afrikaans hier oor 'n middel wat nuttig is, wat soms groter duidelikheid en meer kleur aan die ontkenningseenheid verleen deur dit duidelik en melodies af te baken, deur so te toon waar die gekontradikteerde of gekontrasteerde groep sy afsluiting vind en die orige begin / Nie jy nie, jou broer is die een aan wie die eer toekom / En toe hulle vanweë die skare nie naby Hom kon kom nie, maak hulle die dak oop waar hy was — Mark. II, 4 / En (Hy het) hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te neem nie as net 'n stok alleen ... (Mark: VI, 8 / Die man wou gladnie weer besluit om ons te verlaat en na sy huis-toe te gaan nie //. Dit is juis hierdie gevoel van afronding waarvan sprake in D. 3 was. Om te kom tot 'n beter begrip van die vaakvoorkomende, die negatiewe eenheid psigologies-ritmies afrondende twee(meer-)voudige ontkenningspartikels, moet ons ten slotte die gevalle nog beskou van 'n ander oogpunt uit, nl. i.s. die spesiale of nexale aard daarvan. By die enkelvoudige ontkenning (A. 3 word uitgesonder) is alleen op te merk dat ons onder A. 1 'n spesiale, onder B (byna deurgaans) 'n nexale ontkenningstipe het. Gevalle onder D en E is op een lyn met die onder C te stel, waarby die memand-groep gereken word. By die niemand-groep is twee klasse te onderskei: niemand, niks, geen (g'n), wat pronominale, nooit en nimmer, en nêrens, wat (temporale en lokale) adverbiale besondere ontkenninge is. Nie is in Afrikaans, behoudens 'n paar verstarringe, soos verniet of in geykte uitdrukkinge soos: as iet kom tot niet .... slegs 'n modale bijwoord van ontkenning. Ongeveer eenders lê die verhoudinge by C, behalwe dat die skeidingslyn tussen die spesiale en nexale ontkenningswyses nou en dan moeiliker te trek is, daar die gebiede soms maklik ineenvloei. Vereers dien tog opgemerk te word hoe sterk die spesiale ont- kenhingswyse in die gevalle onder C verteenwoordig is. Die punt is belangrik aangesien ons hierin *n aanduiding meen te sien van hoe die tweevoudige ontkenning so lewenskragtig geword het. Adverbia, anders as die modales, wat in 'n ontkennende sin staan, maak die ontkenning eintlik spesiaal. / Hy praat nie vinnig nie, d.i. Hy praat (wel), maar nie vinnig nie, d.i. stadig - Bywoord van wyse / Die swaar buie val nie dikwels nie, d.i. selde Bywoord van Maat / Piet loop nie so vinnig as Jan nie, — Bywoord van Vergelyking, ens. // Natuurlik geld die bewering nog dat ons hier met 'n spesiale negasie te doen het, wanneer die adverbiale bepaling in 'n hele bywoordelike bysin tot uiting kom, alleenlik kan die ontkenning in die bysin self nexaal van aard wees, d.i. spesiaal van aard ten opsigte van die hoofwerkwoord wat dit modifiëer. / Piet loop nie so vinnig as sy vriend Jan gewoonlik loop wanneer hy haastig is nie // Maar hier is die grense byna uitgevlak, en baie sal twijfel waar om die geval te plaas. Ewe-eens is die saak by onderwerps- en voorwerpsbepalinge en -uitbreidinge gestel / Ek sien iemand, en, Ek sien niemand (nie) d.i. Ek sien, maar wat ek sien is geen (miskien, bepaalde) mens nie // Op een lyn is dus 'n essensiëel-gelykstaande geval te stel soos: / Ek sien nie die perde nie / Ek sien nie wat jou eintlike bedoeling hiermee is nie // e.d.m. Hierdie beskouinge gaan dan by punte 1, 2 en 3 onder C. By punt 4 val nog te konstateer dat ons, parallelgaande met die hierbobeweerde, meesal gevalle van spesiale ontkenning sal hê. Daarteenoor is die aard nexaal in die voorbeeldsin: /Ek sal nie saamgaan nie // Beide die ek en die sal-saamgaan word negeer in hulle samehang. Ons noem dit nexaal, solank as daar geen Adverbialezero deur die grammatika's bepleit en verregvêrdig word nie. Word die sin effens uitgebrei met 'n temporale adverbium / Ek sal nie vandag saamgaan nie // val die vervloeiing van die grense nou goed in die oog. Verstaan ons die ellips daarby / maar wel more of oormóre // is die spesiale aard duidelik. Is daar geen ellips bybedoel nie, word vandag deur die werkwoord so oorheers dat die aard nie meer onomstootbaar te bepaal is nie. Immers, die adverbium gaan altyd saam met 'n werkwoord, uitgesproke of 8