- BELEDIGING IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG M. BLISS BELEDIGING IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG - BELEDIGING IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG PROEFSCHRIFT TER VERKRIJGING VAN DEN GRAAD VAN DOCTOR IN ÜE RECHTSGELEERDHEID AAN DE RIJKS-UNIVERSITEIT TE LEIDEN, OP GEZAG VAN DEN RECTOR MAGNIFICUS DR. J. HUIZINGA, HOOGLEERAAR IN DE FACULTEIT DER LETTEREN EN WIJSBEGEERTE, VOOR DE FACULTEIT DER RECHTSGELEERDHEID TE VERDEDIGEN OP WOENSDAG 5 JULI 1933, DES NAMIDDAGS TE 3 UUR DOOR MAURICE BLISS GEBOREN TE UNIONDALE, ZUID-AFRIKA KEMINK EN ZOON N.V. — OVER DEN DOM — UTRECHT AAN MY MOEDER. INHOUD. Blz. HOOFSTUK i. BELEDIGING IN DIE ROMEINSE REG 1. Die Injuria Begrip in die Algemeen 1 2. Historiese Oorsig van Belediging 7 3. Verder Ontwikkeling van Injuria 12 4. Belediging in die Algemeen 15 5. Die Beledigingsaksie I. Animus Injuriandi 17 II. Eerbegrip 24 III. Omstandighede wat die Belediging Ophef 30 IV. Skatting van die Injuria 33 Resumpsie 36 HOOFSTUK II. BELEDIGING IN DIE ROMEINS-HOLLANDSE REG 1. Inleiding 37 2. Die Bestanddele van Belediging I. Animus Injuriandi 45 II. Die Objektief Begrip van Belediging 60 III. Noodsaaklikheid van Openbaring 69 IV. Waarheid en Bewys Daarvan 75 Resumpsie van die Eerbegrip 87 V. Omstandighede Waarin Belediging Opgehef Word 88 3. Straf en Vergoeding by Belediging 91 HOOFDSTUK III. BELEDIGING IN DIE ENGELSE REG 1. Algemene Oorsig 94 2. Geskiedenis en Ontwikkeling van Belediging 97 3. Die Beledigingsaksie 102 4. Beginsels Toegepas by Belediging 106 5. Die Malice-Begrip ; I. Die Standpunt Ingeneem teenoor Malice 109 II. Kom die Bedoeling of Motief van die Dader ooit in Aan- • merking ; 111 III. Omstandighede waarin Malice 'n Belangrike Faktor word 114 IV. Betekenis van Actual Malice 116 V. Bewys van Actual Malice 119 6. Eerbegrip I. Inleiding 120 II. Die Verskillende Eersoorte 122 III. Konstruksie van Beledigende Woorde 124 7. Noodsaaklikheid van Openbaring 126 8. Waarheid 129 9. Andere Omstandighede wat die Belediging Ophef 133 I. Absolute Privilegie 134 II. Beperkte Privilegie 135 III. Eerlike Kritiek (Fair Comment) 138 HOOFSTUK IV. BELEDIGING IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG 1. Inleiding 142 2. Animus Injuriandi 144 3. Eerbegrip 164 I. Openbaring (Publication) 164 Resumpsie 172 II. Goeie Naam 174 A. Sosiale Eer 180 B. Beroepseer 182 C. Kredieteer 187 4. Waarheid 189 Vergelyking met andere Regssisteme A. Duitse Reg 199 B. Franse Reg 201 C. Nederlandse Reg 202 5. Uitsluiting van die Wederregtlikheid I. Beperkte Privilegie 205 Resumpsie 216 II. Eerlike Kritiek 217 Aangehaalde Litteratuur 222 Register 228 N.B. Cursiveering, tensy anders gemeld, is deur die skrywer self. HOOFSTUK I. BELEDIGING IN DIE ROMEINSE REG. 1. Die Injuria Begrip in die Algemeen. t Belediging is 'n species delik van die genus injuria. As sulks bestaan daar 'n nou verwantskap en aldus is die beginsels van injuria in die algemeen toepaslik en geldig vir die verskillende soorte van injuriae. Oor injuria as geheelsisteem is daar veel geskryf en bestaan daar groot stryd en meningsverskil om 'n eenheidsbegrip te formuleer wat as kriterium en inklusiewe formula sal kan dien vir al die gevalle waar die actio injuriarum toegestaan is. Tot sover, egter, het die tower-formula wat die moeilikheid sal oplos, die Romaniste nog nie geluk om te ontdek nie en al is so 'n formula uit die aard van die saak byna onmoontlik, is dit nie sonder waarde om hier 'n paar van die kriteria wat tot dusver vasgestel is, kortliks en onkrities uiteen te set. In die algemene betekenis van die woord sluit dit alles in „quod non iure fit". In sy spesiale betekenis is dit, volgens Ulpianus, „contumelia". *) Verder word die injuria gepleeg „aut in corpus aut ad dignitatem, aut ad infamiam" 2) van die aangerande persoon. Buite beskouwing moet gelaat word die vasstelling van die injuriasisteem deur die teksboek skrywers, daar hulle behandeling kort en onvolledig is, en somtyds sonder inagneming van die historiese ontwikkeling en bykomende verklarende bronne geskied. 3) 1) Digesta 47.10.1 pr. „Injuria ex eo dicta est, quod non iure fiat; omne enim quod non iure fit, injuria fieri dicitur, hoe generaliter. Specialiter autem injuria dicitur contumelia" cf. Inst. 4.4. pr. Dig. 9.2.5/1. 2) Dig. 47.10.1/2. 3) o.a. Puchta: Pandekten Sek. 387; Dernburg: Pandekten II. Sek. 317; Windscheid: Lehrbuch des Pandektenrechts II. S. 200; Sohm-Mitteis-Wenger: Institutionem S. 74.4; Modderman: Handboek voor het Romeinsch Recht III. S. 200. 1 Nou moet hier melding gemaak word van die feit dat die skrywers nie so veel moeilikheid vind met die spesiale delikte nie;l) die begrip en beginsels van die biesonder gevalle kan nog met 'n seker mate van sekerheid vasgestel word: die moeilikheid is, die vasstelling, die soek na 'n eenheidsbegrip vir al die biesondere injuriae onder die edictum generale. Beskou ons nou die skrywers wat die vraag met volledigheid behandel, en tewens daarby met inagneming van die historiese ontwikkeling en bronne, dan is dit opvallend hoe die kriteria van die injuriasisteem steeds verander en afwyk van die van die vorige skrywer. Alreeds vroeg was die groot struikelblok die besiging van injuria in die spesiale betekenis van contumelia. Dus het Stelzer die injuria begrip vereenselwig met belediging, waardeur die eer gekrenk is, en die twee begrippe as gelykbetekenend beskou. 2) Die poginge van die vroeëre skrywers om 'n eenheidsbegrip vas te stel en die kriterium te ontdek vir al die gevalle, word gekritiseer deur Mainzer 3) en hy beweer dat, siende die wye en vrye arbitrium van die praetor om die actio injuriarum te weier of toe te laat, dit onnodig is om die injuriasisteem te probeer te begrens. 4) Sy eie teorie egter oor die injuriasisteem, is die contumeliabegrip; dat in elke geval waar die actio injuriarum toegestaan word, 'n bewuste minagting plaasvind, en Vos rangskik hom saam met Puchta, Dernburg en Pernice as behorende tot die „contumelia-theorie van den subjectieven kant". 5) Nou het Vos die poginge aangewend deur die vorige skrywers duidelik aangetoon, gekritiseer en verwerp, en die nutteloosheid daarvan beklemtoon, maar in sy Resumptie, word 1) Convicium, Ademptata pudicitia, Infamatio. 2) Lehrbuch des Teutschen Criminalrechts: Sek. 404: geciteer deurLandsberg: Injuria und Beleidigung, p. 4. Hierdie formula hou nie rekening met al die vorme van injuriae reales nie, wat nie noodsaaklik 'n krenking van die eer is nie. 3) „Die astimatorische Injurienklage in ihrer geschichtlichen Entwicklung". 4) Vos: Injuria en de Actio Injuriarum p. 73 „Bedenkt men ... si quis adversus ea fecerit, prout quaeque res erit, animadvertam... dan blijkt daaruit duidelijk, dat de praetor het begrip niet heeft willen fixeeren" (D. 47.10.15/25). 5) op. cit. p. 104. Hy beskryf hierdie teorie op p. 105 v. (.lieselfde fout begaan en hy gee 'n sisteinatise fikseering van die injuria begrip. Volgens sy mening, beweer hy dat die animus injuriandi niks anders is dan die dolus malus nie, en dat die actio injuriarum berus op die skending van boni mores. *) Nou kan dit erken word, dat sy injuria begrip erg wyd omskryf is, maar die inkonsekwensie deur hom begaan, in 'n fikseering van die injuria, is duidelik.2) Vos, byvoorbeeld, verwerp die bewering van Ulpianus dat injuria 'n spesiale betekenis van contumelia het, en hy beweer dat daar maar één begrip van injuria is, nl. die grammatiese betekenis „omne quod non iure fit".3) Een van die eerste skrywers wat hom bevry het van die injuriabelediging teorie, wat vroeër die heersende was, 4) was Walter. B) Laasgenoemde erken aan elke persoon „Rechtsfahigkeit" gebaseer op die Romeinse existimatio „qui ex delicto nostro auctoritate legum aut minuitur aut consumitur" 8) en dat 'n injuria „jede zurechenbare widerrechtliche Verletzung dieser Rechsfahigkeit" was. Hier is die kriterium, die krenking van die regtsbevoegdheid van elke individu, wat hy later wysig met toegevoegde contumelia.7) Dit is in stryd egter met sy bedoeling en hy bepaal later dat krenking van die existimatio voldoende is. Hierdie teorie het as grondslag gedien vir veel van die navolgende skrywers, alhoewel nie in sy gehele aspek aangeneem nie. Weber 8) wat vóór Walter ges'kryf het gee as definiesie van injuria „Eine 1) Die skending van die objektiewe reg, vind 'n sanksie in die spesiale edikte De Convicio (Dig. 47.10.15/2), De Adtemptata Pudicitia (üaius III. 220; Dig. 47.10.15/15-24 vir die gevalle daaronder) en die edik, „De Iniuriis quae servis fiunt" — Dig. 47.10.15/34. 2) Sie byv. die resensie oor sy boek deur Kooiman: Themis: 1915: p. 160. 3) op. cit. p. 158: Hierdie bewering van die skrywer word streng bestry deur van Kan: Z.S.S. xxxvi: p. 434. 4) Pag. 2 (2). 5) Ueber Ehre und lnjurien nach Romischen Recht N.A. des Criminalrechts Bd. IV. p. 241: geciteer deur Landsberg: op. cit. p. 4; voor hom Kleinschrod (Alten) A. des Criminalrechts Bd. I p. 7. 6) Dig. 50. 13. 15/1. 7) Vos: p. 77 sien hierin dus 'n subjektiewe element. 8) Ueber lnjurien und Schmahschriften (1803) Bk. I. p. 16. jede unbefugte Handlung, wodurch Jemand die vollkommenen Rechte eines Andern in Ansehung des guten Namens, der Ehre oder Achtung vorsatziich verletzet". Die verbetering deur Walter, en vollediger wetenskaplike ontleding was meer aanneembaar vir die latere" skrywers, wat nog steeds moeilikheid gevind het om die contumelia leer van Ulpianus te versoen met die krenking van existimatio teorie. Laasgenoemde sluit alleen in die objektiewe delik, sonder inagneming van die contumelia of veragting, wat nie van 'n injuria mag uitgeskakel word nie. So het die latere skrywers, in injuria alleen 'n persoonlike krenking gesien, om die contumelia teorie in te sluit, en daar was 'n onderskeid gemaak tussen persoonskrenkinge en vermoënskrenkinge.x) Landsberg2) byvoorbeeld, verdeel die krenkinge dus in persoonskrenkinge wat hy noem „Verletzung des Affektions-lnteresses" (Jhering „ideale interessen") waarvoor die actio injuriarum die aangewese aksie is, en „Verletzung des Vermogens-Interesses' vir welke gevalle, beskerming verleen word onder die lex Aquilia. Nou is hier die groot moeilikheid om 'n injuria gepleeg teen 'n slaaf uit die weg te ruim. Dus meen sommige skrywers soos Huschke en Pernice die moeilikheid op te los, deur erkenning van 'n spesiale slaafreg, *) 'n servilis injuria.4) Vos beweer dat sulks nie 'n gegronde argument is nie, „Zeker P kon de slaaf object eener injuria zijn, doch niet hij maar zijn heer werd daardoor getroffen". 5) Maar die moeilikheid van die probleem neem steeds ander vorme aan, en nieuwere ondersoekinge in die ontwikkeling van die Romeinse Reg in verband met slawe, as gevolg van die ontdekking van die Dikaiomata (Papyrus Hellensis 1), word die moontlikheid aangeneem van 'n „Iniuria ipsi servo facta". Die teorie veronderstel, dat daar 'n verbetering in die toestand van die slawe gekom het, in die tydperk tussen Gaius en Ulpianus en dat 1) Vide hieroor Vos: op. cit. p. 78. 2) op. cit. pag. 52-64. 3) Die slaafreg word afgelei van Dig. 47. 10. 15/35: „Ipsi servo facta iniuria inulta a praetore relinqui non debuit". 4) Volledig behandel deur Vos: pag. 79-94. 5) op. cit. p. 91: Vos se teorie dat daar geen iniuria ipsi servo facta of servilis iniuria was nie word ondersteun deur Kooiman t.a.p. 'n iniuria teenoor 'n slaaf nie meer beskou word nie in contumeliam domini maar servo ipsi, en dat die dominus alleen die aksie instel namens die slaaf.1) Steeds gaan daar grote probleme gepaard met die oplossing van die eenheids-injuria begrip. Jhering'2) beskou die kriterium van injuria in die subjektiewe element van animus injuriandi. Dit is juis in hierdie kenmerkende animus injuriandi waar die verskil lê van andere delikte, maar om die skeidingslyn tussen injuria en ander delikte soos furtum en rapina, waar animus ook 'n vereiste is, te verduidelik, beweer hy dat die onderskeidings karakteristiek die openbaring in die injuria is, „tritt der Thater offen mit seiner Person für die Rechtsverletzung ein, bekennt sich zu demjenigen was er gethan hat". Hy beweer self, egter, dat sy teorie nie op die bronne berus nie en dit is derhalwe geen verwondering dat sy teorie skerp kritiek uitlok nie. ') Verder verdeel hy die actio injuriarum in twëërlei soorte; 1. „Abstrakten Injurienklage" is die injuria 'n persoon aangedoen ,,in dem was sie ist d.h. ihres Körpers, Freiheit und Ehre'. ^ 2. „Konkreten" of „realen Injurienklage" is die injuria wat betrekking het tot 'n persoon „in dem was sie hat" en hiermee word verstaan sy betrekking tot die buitewereld. 4) Verder het die poging aangewend om 'n eenheidsbegrip te formuleer, andere skrywers genoodsaak om 'n verdeling te maak tussen die verskillende soorte van injuria, 'n taktiese stap wat nie altyd met sukses bekroon was nie. Dus Mommsen 5) alhoewel hy die eerste 1) van Meurs in Tijdschrift voor Rechtsgeschiedenis 1923: iv. p. 278; Lenel (Das Edictum Perpetuum) kan hierdie bewering, dat 'n verandering plaasgevind het na die tyd van Gaius „nicht folgen, kann jedoch auf seine Atisfiihrungen hier nicht naher eingehen". (p. 401(7)). 2) Rechtsschutz gegen Injuriose Rechtsverletzungen (Jahrb. für Dogmatik) Bd. 23, p. 155. 3) vide byv. Landsberg: op. cit. pag. 13-27: Theal op. cit. pag. 44-69: Vos op. cit. pag. 109-118. 4) op. cit. p. 180: cf. Dernburg's verdeling in „Direkte und Indirekte Injurienklage" op. cit. II. S. 137. 5) Römisches Strafrecht: p. 788. was om van die teorie, dat injuria 'n „Ehrenkrankung" is, definitief los te breek, vind dit 'n onmoontlikheid om al die injuriae onder een groep te rangskik.*) Injuriae word dus verdeel in „Verletzung der Personlichkeit in ihrer körperlichen und seelischen Integritat". Die eerste groep het betrekking tot die liggaamsintegriteit en gesondheid van 'n persoon, terwyl die gevalle onder die twede groep, krenkinge van die „Psyche" of „seelische Gemütsruhe" insluit. Hierdie karakteristieke van 'n injuria vorm geen verskilspunt met andere onregmatige handelinge nie en tereg merk Vos op, in verband met sy kritiek oor Maschke, wat ook steeds by die actio injuriarum 'n krenking óf van die liggaamlike óf psiegiese integriteit sien, dat „immers door elk onrecht wordt een leed veroorzaakt waardoor de psychische integriteit wordt gekrenkt, zoodat ook Maschke's onderscheiding niet als uitgangspunt kan dienen voor het opsporen van een enger begrip iniuria". 2) Al die verskillende teorië, lewer dus 'n negatiewe resultaat. Selfs Vos, wat die taak op hande geneem het om die verskillende meninge grondig te bestudeer en kritiseer en dan op die ashoop daarvan 'n nieuwe en kritiek-proef begrip te rekonstrueer, „dat mijne opvatting der iniuria meer in overeenstemming is met de bronnen van het Romeinsche recht dan die der andere schrijvers" 3) het nie in sy taak geslaag nie.4) Tewens is dit ook hoogs gevaarlik om te dogmatiseer en sistimatiseer in verband met 'n regssisteem waaroor daar nog so veel onsekerheid bestaan. 5) Iedere skrywer het sy eie vooraf vasgestelde begrippe en sienswyse en dan word 'n deel van die reg so gevorm om by sy insig te pas. „Een zekere subjectiviteit heerscht er dan natuurlijk bij het kiezen der plaatsen, maar subjectiviteit is nu eenmaal niet te vermijden bij het reconstrueeren uit ruines. Het komt 1) vide hieroor Theal op. cit. p. 78: en Maschke op. cit. p. 38: 2) op. cit. p. 103. 3) op. cit. Inleiding p. xi. 4) van Kan Z. S. S. xxxvi. p. 435, meen dat die formula van Vos, „Uns schwerlich zu der Meinung veranlassen können dass der Verfasser, das Dunkel welches in den römischen iniuria-Lehre herrscht, mit einem Schlag eingehend erleuchtet habe". 5) Hieroor Kooiman t.a.p.; van Oven Rechtsgel. Magazijn 1926: p. 523. er maar op aan, zich niet te verbeelden, zekere objectieve, criteria gevonden te hebben".1) By die behandeling, egter, van die selfstandig delik, belediging, meen ons dat die taak ietwat makliker is. Veel voorbeelde in die Corpus Juris kom dan voor, waardeur die beginsels en verskillende elemente daarvan tot 'n sekere mate afgelei kan word. Die beginsels in verband met belediging in die Romeinse reg, va! sowel onder die edictum generale, as onder die spesiale edik. Aldus moet elke beginsel van die Digesta 47.10, die Institutes, 4.4 en die Codex 9.35 en 9.36, wat betrekking het tot belediging, in ag geneem word. Dit is wenslik dat die injuriae onder die xn Tafels ten eerste ondersoek word, tewens die historiese ontwikkeling tot die Justiniaanse wetgewing. 2. Historiese Oorsig van Belediging. Die delicta privata van die Leges xn Tabularum is 'n vooruitgang in die Romeinse Strafreg, aangesien die vaste boete, die privaat wraak vervang deur privaat straf. Die beginsel van self-help word afgeskaf en die Staat vervul die plig om die getroffe persoon te kompenseer vir die misdaad teen hom gepleeg.2) Die leges xu Tabularum'2) is die wetgewing waarin vaste sanksies vir private delikte, d.w.s. misdade met 'n privaatregtlike sanksie, skriftelik bepaal is. Die formele inhoud van Tabula vm wat die injuriareg bepaal, is I. vin. 1. Qui malum carmen incantassit. Die sanksie vir hierdie privaatdelik injuria was die doodstraf, wat dus in vergelyking met die straf vir os fractum en membrum ruptum, 'n belangrike en oneweredige verskil vertoon. Die straf, uitgevoer 1) van Meurs op. cit. p. 281. 2) Oor die oorgang van privaatwraak tot privaatstraf, vide Mommsen: op. cit. pag. 60-63; Hitzig: Injuria: pag. 192. 3) Tabula VIII. Vir die inhoud en vasstelling vide Bruns: Fontes J.uris Romani Antiqui: Caput. II. p. 28. deur die oorheid, bestempel hierdie misdaad dan ook meer as 'n publieke delik of crimen. Vos1) fikseer die woord „occentare" of „incantare" in sy werklike betekenis 2) as die „uitspreken van tooverformules, die schimp en schande over iemand brengen . .. wij behoeven ons niet te verwonderen, dat men aan een dergelijke doodbidderij geloof hechtte en die derhalve als een groot misdrijf beschouwde; immers zelfs nog heden ten dage . .. heerscht het bijgeloof, dat men iemand kan doodbidden, zoowel als ... gezondbidden". Van Kan in sy kritiek3) behandel dan ook die belangrike vraag waarom „occentare (gleichbedeutend mit dem von Plinius erwahnten incantare") so 'n ernstige sanksie gehad het en hy skryf „statt der öffentlichen Beleidigung die Anwendung von bösen Zauberkünsten erblickt hat, welche gemass der Vorstellung eines an mystiche Einwirkungen der bösen Gedankenwelt glaubender Volkes auf Vernichtung der ganzen Persönlichkeit gerichtet war". 4) Die vraag of malum carmen met sy eienaardige straf dus werklik onder die injuriae, die private delikte kan gerangskik word, word algemeen ontken. Die verklarende tekse is ook onseker. Dus Paulus in Sent. V.4.6 groepeer carmen famosum onder die „iniuriarum actiones ex lege duodecim tabularum", maar in 'n andere opinie (Coll. 2.5.5) word alleen melding gemaak van die „lex generalis" 5) en die „speciaies, velut illa: manu fusti si os fregit". °) So ook Gaius (Inst. 111.223) wat onder die strawwe vir die injuriae onder die Twaalf Tafels alleen die generalis lex en die speciaies leges noem, met stilswyging oor die malum carmen. 1) op. cit. p. 17: vir vollediger beskrywing vide Maschke op. cit. pag. 11-28. 2) Die vroeëre mening was afgelei van Cicero (Tusc. 4, 2, 4) „Si quis occentavisset, sive carmen condidisset", dat occentare, mondelinge, en carmen condere, skriftelike belediginge was, en dat hier alleen skriftelike injuriae strafbaar was. 3) Z.S.S. (R.A.) XXXVI: p. 435. 4) Malum carmen incantare as die uitspreking van tower formulae word algemeen aangeneem: vide byv. Jörs: Römisches Recht, p. 179. 5) „Qui injuriam alteri faxit, quinque et viginti poena sunto". 6) Bruns: op. cit. p. 28. Aldus word malum carmen algemeen as delictum publicum beskou. *) Nog is malum carmen 'n injuria in die werklike betekenis van die begrip, 2) alhoewel dit later as aanknopingspunt gedien het vir die latere spesiale edikte, en so met tyd die karakter van injuria aangeneem het. 3) II. vin. 2. Si membrum rup(s)it, ni cum eo pacit, talio esto.4) III. vim. 3. Manu fustive si os fregit libero CCC si servo CL3) poenam subito. Die os fractum het dus 'n vaste geldstraf as sanksie, terwyl hier weer 'n groot verskil en oneweredigheid vertoon is met die sware sanksie van membrum ruptum. Die vroeëre skrywers verklaar hierdie verskil deurdat membrum ruptum die afslaan of verlamming van 'n liggaamsdeel is, °) waarin die sanksie van talio prakties uitgevoer kan word, terwyl by os fractum, alleen 'n beenbreuk, dit nie die geval sou kan wees nie. Hierdie teorie is egter bestry deur Maschke en sy mening is dat rumpere — corrumpere „algemein gebraucht wie unser „verderben", alhoewel dit kan insluit „auch das abgerissene und nicht nur das gebrochene Glied".7) Wat die werklike sanksie in verband met membrum ruptum was, is grotendeels 'n saak van logiese veronderstelling, daar die bronne defek is en waarskynlik verlore gegaan is. 8) Die waarskynliker teorie gebaseer op historiese ondersoek en vergelyking, is dat talio nie die enigste sanksie vir membrum ruptum was nie. Maschke kan dit onmoontlik aanneem dat daar so 'n gebrek 1) Arangio-Ruiz: Istituzioni, p. 240; Vos op. cit. p. 19; Hitzig op. cit. p. 58. „Das carmen famosum wird nicht als injuria bezeichnet... und nicht als reines Privatdelikt behandelt." 2) Binding Z.S.S. XL. p. 109 „das carmen famosum was sicher nach Zwölftafelrecht kein Fall der Injuria: Jörs, op. cit. p. 179. 3) p. 16 (1). 4) en 5) Bruns op. cit. p. 28. 6) Vos: p. 8; Huschke op. cit. p. 118 v. 7) op. cit. p. 4; cf. Binding Z.S.S. XL. p. 107. 8) vide hieroor Binding op. cit. p. 106. in 'n regssisteetn kan bestaan, dat waar 'n swakker man deur 'n sterkere aangeval word, hy alleen voldoening kan verkry deur talio, wat hy liggaamlik nie in staat is om te doen nie. Hy beweer dus dat daar 'n alternatiewe geldstraf was. Vos1) is van mening dat daar ook 'n geldstraf in plaas van die onuitvoerbare talio toegelaat was, „bij elke lichamelijke beschadiging, indien geen minnelijke schikking met den tegenstander mogelijk was .. . Wilde men van talio ook na mislukking dier minnelijke schikking geen gebruik maken, welnu, dan is ons slechts overgeleverd, dat men bij os fractum 300 as, in alle andere gevallen 25 as kon vorderen". 2) Die skrywers oor injuria, is in die algemeen hier in ooreenstemming, dat die oneweredigheid van sanksie tussen membrum ruptum en os fractum „Taten des Hasses — der Leidenschaft — der Feindschaft",3) deur 'n billiker en redeliker verklaring moet vervang word, en dat die sanksies van die Twaalf Tafels, nie die juiste wet weergee nie. Ook word die toelating van 'n geldstraf in plaas van 'n onuitvoerbare talio ondersteun deur 'n teks van Gellius 20, 1, 37 „nam si reus, qui depecisci noluerat, iudici talionem imperanti non parebat, aestimata lite judex hominem pecuniae damnabat atque ita si reo et pactio gravis et acerba talio visa fuerat, severitas legis ad pecuniae multam redibat". Ook hierdie privata delicta het dus nie veel in gemeen met die werklike injuriae van die later reg nie. 1) v. Kan's kritiek op. cit. p. 435 „Dazu soll membrum rumpere verstanden worden in ganz allgemeinen Sinn der körperlichen Verletzung. Der Satz „Si membrum rupsit... talio esto" ware also der Ausdruck einer allgemeinen Anerkennung der Privatrache in allen Fallen der körperlicher Vergewaltigung. Die im Festustexte hinzugefügte Milderung „ni cum eo pacit" hatte demgemass die Bedeutung einer ebenso unbeschrankt geitenden freiwilligen Komposition". 2) so sien hy in die bepalinge omtrent membri ruptio „een voortreffelijk voorbeeld van overgang van de bloedwraak tot het door de overheid gefixeerde strafrecht", p. 13; Binding op. cit. p. 111, beweer dat die geldboete van 300 as, verdubbel, dus 600 asses, moes wees. Hy sien 'n vergelyking tussen die ou Romeinse injuria en „dem stumpfen Schlag und Stoss der germanischen Volksrecht". 3) Binding op. cit. p. 109. VI. vin. 4. Si iniuriam faxsit, viginti quinque poenae sunto. x) Hierdie bepaling is belangrik, daar dit die enigste lex is, waar die woord injuria voorkom. Die verklarende tekse 2) kan derhalve ook hier volledig uiteengeset word: Coll. 11.5.5. Iniuriarum actio- legitima- ex lege XII Tab. qui iniuriam alteri facit, V et XX sestertiorum poenam subit. Geil. 20.1.12. ita de injuria poenienda (in XII) scriptum est: 'si iniuriam alteri faxsit, viginti quinque aeris poena sunto': hiermee ook, Festus (371): Geil. (16.10.8). Gai. 3.223. propter ceteras vero iniurias XXV assium poena erat constituta. Gai. 3.220. Iniuria autem committitur non solum cum quis pugno puta aut fuste percussus vel etiam verberatus erit, sed et. . Weer is die algemene teorie dat die ou Romeinse injuria van die XII Tafels nie 'n persoonlikheidskrenking soos later ontwikkel is nie, maar alleen liggaamlike krenkinge.3) Die injuria is 'n „Körperliche Ubermutstat gegen die Person als solche, ... die deshalb nur dolo malo und mit der Absicht, den Angegriffenen herabzuwürdigen begangen werden konnte. Ihre Mittel sind Schlag und Stoss".4) Ook hier is die bronne onvolledig vir die vasstelling van die injuria, maar meeste van die skrywers berus op Gai, 3.220 vir hulle beweringe.5) 1) Verklarende en vaststellende tekse is Pauhts de iniur. (Coll. 2.5.5.) Gaius (111 : 220, 223) Festus (371) Gellius (16.10.8 : 20.1.12 : 20.1.32). 2) Bruns t.a.p. 3) vide in die algemeen Girard: Droit Roman p. 419; Landsberg op. cit. p. 56; Pernice op. cit. II. 1. p. 22; Hitzig op. cit. p. 58; Mommsen op. cit. p. 784; Maschke op. cit. p. 11; Jörs op. cit. p. 179 „lassen unserer Quellen erkennen dass darunter zwar körperliche Misshandlungen aller Art, nicht aber wortliche Beleidigungen verstanden wurden". 4) Binding op. cit. p. 108; Anders Vos p. 33 die nóg dolus nóg culpa vereis vir die gevalle van injuria in die XII Tafels: dus alleen 'n gepleegde handeling en gevolgsaanspraaklikheid. 5) Binding: p. 107; dat die verdere ontwikkeling van die praetoriese Actio injuriarum aestimatoria aan hierdie vorm van Injuria aangeknoop het, word afgelei uit Gaius III. 220. „Iniuriarum committitur non solum cum quis pugno pulsatus ... sed et si cui convicium factum fuerit..." Die vasgestelde geldboete van 25 as vir hierdie gevalle is dus vir minder ernstige letsels en andere gelyksoortige gevalle. Die bekende narratief oor Veratius (Gellius „Noctes Atticae" XX.I.13) gee as voorbeeld van 'n injuria wat onder hierdie groep geval het, 'n oorvyg. Paulus (Coll. 11.5.5) verwys na die „injuriam faxsit" as die lex generalis. Dit bevat die ceterae injuriae waarvoor daar nie 'n biesonder sanksie is nie. Nou is daar onsekerheid oor die vraag hoe ruim hierdie begrip van injuria werklik is, nl. of dit alleen tot die krenking van die persoon beperk is of tewens ook gevalle insluit van vermoënskrenkinge. Maar of die begrip wyd of eng is, is daar oor die vraag of dit alleen betrekking het tot liggaamlike letsels en niet tot eerkrenkinge,x) nie veel meningsverskil nie. Alleen later met die Praetoriese wetgewing en met 'n fyner beskawing, was sulke vorme van injuria uitdruklik erken om aan die vereistes en behoeftes van die tyd te vul. 'n Kort oorsig van die XII Tafels lei tot die gevolgtrekking dat die delicta privata, alhoewel kort en onvolledig beskryf en bepaal, 2) alleen dan tot liggaamskrenkinge van 'n ligte of meer ernstige natuur, betrekking het. Met die ontwikkeling van die staat en 'n meer beskaafde en ingewikkelde maatskappy het die behoefte sig voorgedoen om die delicta privata uit te brei vir gevalle waarin eerkrenkinge, en die nadeel aan onstoflike belange berokke, uitdruklik beskerming moes kry. 3. Verder Ontwikkeling van Injuria. Die verdere ontwikkeling het plaasgevind deur middel van die Praetoriese actio injuriarum aestimatoria, alhoewel die juiste datum van die nieuwe aksie nie met sekerheid vasgestel kan word nie. Hitzig 3) neem aan dat die eerste edik, die edictum generale, eerder ingevoer is dan die lex Cornelia de Injuriis (672 A.U.C.). 1) Hitzig op. cit. p. 59. „nur das objectieve Moment der Rechtswidrigkeit ohne das subjectieve Moment der Hybris zu fordern": vgl. Binding op. cit. 106-111. 2) Binding byv. vind dit merkwaardig dat die mees voorkomende vorm van liggaamskrenking by 'n krygshaftige volk, 'n wond deur 'n skerp wapen, in die bronne ontbreek. Hy meen dat die straf daarvoor verlore gegaan is. 3) op. cit. p. 69. Die doel van die eerste Praetoriese edik was om die ou vaste geldboete van die XII Tafels te vervang deur die actio injuriarutn aestimatoria, en nie om die beginsels en omvang van die ou injuria begrip te verander nie.*) Deur ander tydsomstandighede en verandering van geld waarde, het die vaste geldboete van die XII Tafels verouderd en onvoldoende geword, en die Praetor het 'n maatreel geneem om die sanksie van die privaatstraf meer redelik vas te stel. Die veranderde strafmiddel was 'n aestimatio van die injuria, wat meer rekening hou met die aard van die delik, die persone daarby betrokke, die vermoë van die dader en die biesondere omstandighede van iedere geval. Ook het die Praetor, vir die vasstelling van die boete, recuperatores injuriis aestimandis aangestel. Die aanknopingspunt van die actio injuriarum aestimatoria was dus die injuriae van die XII Tafels. Later met die invoering van die spesiale edikte, Convicium, Ademptata Pudicitia en Infamatio2) vir gevalle wat óf nie onder die edictum generale geval het nie, óf nie voldoende beskerming daarin gevind nie, het die skatting van die boete vir die nieuwe gevalle van injuriae nie meer plaasgevind deur die recuperatores nie maar deur die aangewese judex unus. In die klassieke tyd het die judex gelyke regsmag met die recuperatores, om selfs in die ouëre gevalle van injuriae, die strafboete te skat. Belediging in die Romeins reg word behandel onder die edictum generale, 3) wat tewens al die verskillende vorme van injuriae insluit, en onder die later spesiale edik vir belediging. Hierdie verdubbeling van die aksie, deur die invoering van die spesiale edik vir belediging, ag Labeo as oortollig,4) aangesien die Praetor alleen 1) Geil. XX. I. 13: Hitzig op. cit. p. 62 „Die Neuerung, von der Gellius berichtete, hat den Injuria-begriff nicht getroffen", cf. Pernice op. cit. p. 25 „nur Strafe und Verfahrung abgeandert". 2) Hitzig op. cit. p. 62, meen dat die invoering plaasgevind het ongeveer in die laaste eeu van die Republiek. Vir die oorgang van die injuriae van die XII Tafels na die Praetoriese Edikte verwys ek na: Huschke op. cit. p. 118 v.; Landsberg op. cit. p. 29 v.; Pernice op. cit. 11.2. p. 23 v.; Mommsen op. cit. p. 787 v.; Maschke op. cit. p. 36 v.; Hitzig op. cit. p. 60 v.; Karlowa: Rom. Rechtsgeschichte II. p. 1328 v.; Voigt (ibid) 1. p. 700 v., II. p. 956 v. 3) So genoem deur Labeo: Dig. 47.10.15/26; Dit is twyfelagtig of 'n dergeIike edik werklik bestaan het: vide Hijmans op. cit. p. 281(1). 4) Dig. 47.10.15/26. 'n spesiale niaatreel vir sulke gevalle wou geneem het. Maar dit blyk dat daar 'n beter rede vir hierdie spesiale wetgewing ontstaan het. Die moderne teorië neem weer aan, dat aangesien die edictum generale vasgeknoop was aan die injuriae van die XII Tafels, dat daaronder alleen voorsiening gemaak was vir ligte liggaamlike letsels.1) Die demonstratio van die normaal formula van die edictum generale2) maak melding van „verberare" en „pulsare" 3) en die feit dat verberatio en pulsatio, dikwels as voorbeelde van injuriae dien, onder die edictum generale bevat, het dus veel skrywers tot die mening gelei dat alleen ligte liggaamskrenkinge daarin omvat was. Onder die edictum generale egter val daar ook veel gevalle, waar die actio injuriarum toegestaan word, sonder dat in die genoemde voorbeeld daar sprake kan wees van verberatio, pulsatio of liggaamlike injuriae. 4) Ook hierdie teorie blyk dus nie voldoende nie en kan derhalwe nie as volkome juis aangeneem word nie en meer so uit die rede van Labeo waarin hy die spesiaal infamatio edik oortollig ag. Die juiste tydperk wanneer belediging as aantasting van 'n onstoflike belang, onder die edictum generale beskerm was, kan nie vasgestel word nie, maar tussen die klassieke tyd en die Justiniaanse wetgewing het die injuria begrip onveranderd gebly,5) sodat in die klassieke tyd die gevalle van injuria wat deur die wet beskerm was, sy hoogtepunt bereik het. Die invoering van die spesiale edik vertoon sig logies as 'n noodsaaklikheid. Die Praetor namate die eise van die tyd, hoëre beskawing, meer ontwikkelde kuituur en gevolglike meer fyngevoeligheid van die burgers het dit nodig geag, ten eerste die 1) vir die meer ernstige vorme van liggaamskrenkinge was daar spesiale voorsiening in die tyd van die Republiek: vide Landsberg op. cit. p. 39; Huschke op. cit. p. 131; Pernice op. cit. p. 23. 2) vide Lenel: Das Edictum Perpetuum Sek. 190. 3) Coll. 11.6.4. 4) Dig. 47.10.13/2: waar iemand na die gevangenis geneem word omdat hy 'n bevel van die Praetor ongehoorsaam was. Ook Ulpianus 57 (Dig. 47.10) lewer veel voorbeelde van gelyksoortige gevalle, wat onder hierdie edik val. 5) Landsberg op. cit. p. 64 noem as enigste verskil dat „die Nothzucht entschieden nicht mehr als injuria" maar „unter das crimen vis fallt". bestaande middel vir liggaamskrenkinge so uit te brei dat dit ook gevalle van eerkrenkinge sou bevat, en later wanneer die maatskappy so ver ontwikkel het dat eerkrenkinge veel voorgekom het, was spesiale maatreëls en wetgewing nodig om sulke gevalle van krenkinge spesiaal te beskerm, en hy het dus met die nieuwe voorsiening, die delik ook met meer noukeurigheid en beslisheid omskryf, omdat „ea enim, qua notabiliter fiunt, nisi specialiter notentur, videntur quasi neclecta".1) Vir die ondersoek na die Romeinsregtlike begrip van belediging moet derhalwe dien al die gevalle en beginsels van injuria wat in die Corpus Juris Civilis voorkom.2) 4. Belediging in die Algemeen. Verskillende tekse van die Romeinse juriste defineer injuria. Labeo3) vereenselwig dit met die hybrisbegrip van die Griekse reg. 4) Die later juriste, Gaius,5) Paulus6) en Ulpianus 7) besig ook die spesiale betekenis van injuria in die sin van contumelia. Die gelykheid tussen die Pauliaanse en Ulpiaanse tekse, beide in die algemeen en spesiaal betekenis van injuria lei dan tot die gevolgtrekking „dass die Aussdeutung des Injuria-begriff zur Zeit des Paulus und des Ulpian unumstritten war". 8) Die spesiale Infamatio Edik is as volgs 9): „Ait Praetor: ne quid 1) Dig. 47.10.15/26. 2) Dig. 47.10: Inst. 4.4: Codex 9.35 et 36: 3) Coll. 11.5.1. 4) Hitzig op. cit. p. 55 in sy navorsing oor die injuria begrip kom tot die gevolgtrekking dat die oorspronklike betekenis van die hybris begrip, alleen betrekking gehad het tot „Gewaltthatigkeiten". Hy beweer met sekerheid dat die Injuria en Hybris dieselfde ontwikkling deurgemaak het. 5) Insc. 1.141; 111.222; 6) Coll. 11.5.1: Hierdie teks is defek en vorm die basis van Inst. 4.4.pr. wat die oorspronklike teks voltooi en die gebrekke daarvan tot 'n seker mate herstel: vide Kunkel Z.S.S. (R.A.) XL1X: p. 166. 7) Coll. VI1.3.4: vide Dig. 47.10.1.pr. identiek met die teks van Paulus: Die ander Ulpiaase teks oor injuria is opgeneem in Dig. ad leg. Aquil. 9.2.5, en het betrekking tot injuriae onder die lex Aquilia. 8) Kunkel: Z.S.S.(R.A.) XLIX: p. 166. 9) Dig. 47.10.15/25: Lenel op. cit. Sek. 193: vir voorbeelde in aansluiting by die Formula vide Dig. 47.10.15/29-33. infamandi causa fiat. Si quis adversus ea fecerit prout quaeque res erit animadvertam".x) Verder bevat die belediging twee bestanddeele, krenking van eer en animus injuriandi, '2) „Generaliter vetuit praetor quid ad infamiam alicuius fieri. proinde quodcumque quis fecerit vel dixerit, ut aliam infamet, erit actio iniuriarum".3) Blyk dit hieruit dat belediging alleen krenking van goeie naam insluit dan bewys die beginsels van die aksie in die algemeen, dat krenking van eergevoel ook voldoende beskerm is. 4) Die Praetor is nie van bedoeling om die beledigingsaksie in noue grense te beperk nie; dit blyk uit die „prout quaeque res erit animadvertam", wat hom dus 'n vrye oordeel toeken om die aksie te weier of toe te laat, en sy oordeel in verband hiermee is steeds gebaseer op „bonum et aequum" beginsels. Daar word geen onderskeid gemaak tussen mondelinge of skriftelike belediginge nie5) en voorbeelde van objektief beledigende woorde 8) en handelinge 7) kom in die bronne dikwels voor. Vóór die bestanddele van belediging behandel word moet hier opgemerk word, dat die meer ernstige vorme van belediging, convicium en libellum famosum buite beskouwing bly. Die spesiale edik de Convicio8) word ook onder die injuriae gereken maar die delik is 'n biesonder geval „quod cum vociferatione ... quod in coetu dictum est convicium est: quod autem non in coetu nee vociferatione 1) cf. Dig. 47.10.15/28: Coll. 11.6.5,4: Dat hierdie edik aangesluit het by die carmen famosum condere van die XII Tafels, word aangeneem, daar die normaal formula „quod N.N. il(li) (libel)um misit AiAi infamandi causa , gegee in Coll. 11.6,5 op die carmen famosum gestel is. Die oorspronklike formula het gelui „Quod N.N. illum immissit AiAi infamandi causa" — vide Lenel: Nachtrage zum Edictum Perpetuum Z.S.S. (R.A.) XX. p. 31. 2) vide p. 17. 3) Dig. 47.10.15/27. 4) vide p. 25 (2). 5) Mondeling: bijv. dixerit, cantet, Dig. 47.10.15/27; maledictum Dig. 47.10.15/12: cf. Cod. 9.35.5 et 9. Skrijtelik: bijv. carmen conscribat vel proponat Dig. 47.10.15/27; libello dato Dig. 47.10.15/29. 6) Codex 9.35.3; 9.35.10; 9.35.5; Dig. 47.10.11/9; 47.10.15/30 : 47.10.12. 7) Dig. 47.10.15/29-33; Dig. 47.10.19. 8) Dig. 47.10.15/2-14: Paul. Sent. 5.4.21: Coll. 11.5.4.: Lenel op. cit. Sek. 191. dicitur, convicium non proprie dicitur sed infamandi causa dictum".*) Libellum famosum -) is die objek van spesiale wetgewing om anonieme skriftelike beskuldiginge van misdade, wat later veel die geval was, te voorkom. Die sanksie was die doodstraf, as die skrywer ontdek was, en hierdie sanksie bestempel dit ook dan meer as 'n delictum publicum. Die derde spesiale edik, de adtemptata pudicitia, bevat die volgende gevalle: „Si quis matrifamilias aut praetextato praetextataeve comitem abduxisse, sive quis eum eamve aaversus bonos mores appellasse adsectatusve esse dicetur".3) Hierdie delik bevat dus gevalle van eerbaarheidsaanrandinge, óf deur die weglokking van 'n begeleider, óf deur iemand onvoegsaam aan te spreek of te volg. Hierdie delik kan gepleeg word deur woorde 4) of deur dade, byv. volging van 'n persoon. Die strafbaarheid is hier weens sedebeskerming en moet onderskei word van belediginge, waar eerkrenkinge, in sy verskillende soorte, beskerm word. 5. Die Beledigingsaksie. Twee bepaalde elemente van belediging wat steeds by die onregmatige daad aanwesig is en die misdryf tot selfstandig delik bestempel, is 1. Die animus injuriandi; 2. Aanranding van eer en goeie naam. I. Animus Injuriandi. Die Romeinse reg beskou die gepleegde en ongeoorloofde handeling waardeur die beledigde in sy eer en goeie naam gekrenk is, nie as voldoende om strafbaarheid te veroorsaak nie, maar vorder by elke geval van belediging die vereiste van animus injuriandi. 'n Sub- 1) Dig. 47.10.15/12: Coll. 11.5.4 „vel in auribus dum convicium patimur": of hier alleen krenking van die gehoorsin bedoel is, is twyfelagtig, aangesien convicium plaas kan vind in die afwesigheid van die gekrenkte persoon. Dig. 47.10.15/7: Convicium is 'n misdrijf „contra bonos mores", Paul. Sent. 5.4.21. 2) Codex 9.36 de libellis famosis. 3) vide Lenel op. cit. Sek. 192. 4) alleen wanneer die handeling geskied „blanda oratione" Dig. 47.10. 15/20,21. 2 jektiewe vereiste beheers die algemene injuria reel, waarvan belediging 'n species is. „Enim injuria ex affectu facientis consistat".1) Uit die verdere bepaling van die subjektiewe element kan vasgestel word nie alleen die uiting van 'n wederregtlike wil nie, maar tewens bewussyn dat die wilsuiting beledigend of krenkend is: „(Iniuriam facit) nemo nisi qui scit se injuriam facere".2) Terwyl vereis word dat die wilsuiting gerig moet wees op 'n wederregtlike doel, is dit in die Romeinse reg onverskillig of die dader weet wie beledig word, as dit maar uit die handeling blyk dat die belediger die belediging van iemand, al is dit vir hom persoonlik 'n onbekende persoon, beoog het. 3) Die strafbaarheid is, egter, uitgesluit op grond van error excusabilis, dus waar iemand, onder die indruk dat hy sy slaaf straf, in die werklikheid 'n vrye man beledig, 4) of waar die injuria gepleeg is deur 'n nie-doleuse, in die omstandighede, handeling nie. 5) Die gevorderde bewussyn van die onregmatigheid van die daad, is nie 'n spesiale kennis tussen reg en onreg nie, want die bewussyn van wederregtlikheid word aangeneem by elke persoon wat normaal is, en as „doli capax" toerekenbaarheid vir die gevolge van sy dade, moet dra. °) Onder die gevalle waar toerekenbaarheid vir belediging uitgesluit word, maak die bronne dan ook alleen melding van die doli incapaces: „Sane sunt quidam qui facere (iniuriam) non possunt ut puta furiosus et impubes, qui doli capax non est. .. hos .. . sive convicium dicant, iniuriam fecisse non videri".7) Word hierby nog gevoeg die gevalle van toevallige en onopsetlike dwaling,8) dan is die gevalle waar die wederregtlikheid per se op- n Dig. 47.10.3/1. 2) Dig. 47.10.3/2. 3) Die animus word altyd gestraf, selfs „etiamsi nesciat, cui faciat": Dig. 47.10.3/2 cf. „Praevalet quod principale est iniuriam eum mihi facere veile, nam certus ego sum, licet ille putet me alium esse quam sum, et ideo iniuriarum habeo" Dig. 47.10.18/3 et 5. 4) Dig. 47.10.3/4. 5) Dig. 47.10.4 gee 'n geval waar iemand sy slaaf wil straf maar per ^buis 'n slag toedien aan iemand anders, wat digby die slaaf staan, „in proximo te stantem invitus percusserim". 6) Maschke op. cit. p. 85 „wird in den Quellen Vorsatz und Bewustsein der Rechtswidrigkeit gleichgesetzt". 7) Dig. 47.10.3/1. 8) Supra n. (4) en (5). gehef word, dus waar iemand nie aanspraaklik is nie vir die gevolge van sy doleuse handeling nie, volledig geillustreer. In al die ander gevalle sou 'n beroep op die onwetenheid van die onreg wat gepleeg is, die dader van belediging nie per se vrystel nie. Die tot dusver behandelde animus begrip, vorder 'n bepaalde wederregtlike doel. Meer duidelik blyk dit uit die verskillende tekse, dat in die beledigingsaksie 'n opsetlike beledigende uiting en bewussyn van die beledigende aard daarvan, nie voldoende is nie. Die Romeinse reg vorder daarby dat die wilsuiting gerig is op 'n bepaalde wederregtlike doel d.w.s. om die beledigde in sy eer en goeie naam te krenk. Die animus injuriandi sou dan in die moderne terminologie van die regswetenskap, met die begrip, oogmerk om te beledig,*) aangedui kan word. 2) Die reel kan derhalwe nouer bepaal word. Pleeg die belediger 'n ongeoorloofde handeling dan is hy in elke geval verantwoordlik vir die gevolge daarvan, tensy hy kan bewys dat dit nie sy bedoeling was om iemand in sy eer of goeie naam te krenk nie, maar dat sy oogmerk geoorloofd was. Talryk is die voorbeelde in die bronne waar die belediging strafbaar is, omdat die bepaalde wederregtlike doel aanwesig is. Ek neem hier slegs enkele gevalle uit die Corpus Juris, a) iniuriae faciendae gratia b) per injuriam vexandi causa c) infamandi causa of gratia d) ad infamiam of in invidiam of ut infamet e) iniuriae faciendi causa f) famam insectari3) en verder, animus of affectus iniuriandi, animus infamandi, ens. In al hierdie gevalle sou die afwesigheid van 'n ongeoorloofde oogmerk die dader van die gevolge moet vrystel, en steeds moet dit die dader toegestaan word om sy werklike bedoeling by die uiting van 'n belediging te bewys. 4) 1) Vir 'n uitvoeriger behandeling oor opset en oogmerk: vide p. 45 v. 2) Anders Vos op. cit. p. 123 v. (cf. Hijmans: Romeinsch Verbintenissen Recht p. 281) volgens wie, animus injuriandi alleen dolus malus is. Animus injuriandi egter word hier vasgestel vir injuriae in die algemeen, dus gevalle van injuriae ad personam, ad dignitatem, ad corpus, almal in sy vasstelling inbegryp. Vos gee egter toe, dat „Een opzet om te krenken zal zich meestal voordoen bij gevallen omschreven in de speciale iniuria-edicten", p. 132. 3) In volgorde a) Dig. 47.10.20; b) 47.10.13/3; c) 47.10.15/25,32; 47.10.10; Codex 9.35.10; d) 47.10.15/27; 47.10.38 et 39; e) 47.10.15/33; f) 47.10.15/29. 4) In hoever die dader hom kan beroep op 'n wettige einddoel, waar hy Nou kan die oogmerk om te beledig as vereiste, uit die gevalle gegee, die strafbaarheid vir belediging sowel uitbrei as beperk. Die beperkheid is alreeds hierbo uiteengeset nl. objektiewe beledigende woorde, bring die dader nie per se in die peil van strafbaarheid nie, tensy die krenkende bedoeling nie steeds aanwesig is nie.1) Die teenoorgestelde word vertoon in die gevalle waar die belediging bestaan uit woorde wat nie uit hul aard as beledigend aangeneem kan word nie, maar waar dit uit die omstandighede blyk dat die dader die woorde gebesig het om iemand leed aan te doen. Gebruik die dader dus die andersins onskuldige woorde „Si quis non debitorem quasi debitorem appellaverit" wat allerminst in sigself 'n vermoeding van oogmerk om iemand te krenk, aantoon, dan is die gedagteuiting tog strafbaar wanneer dit „injuriae faciendae causa" geskied. 2) Ook dus, is hierdie minagtende uiting gering teen die eer van die gekrenkte, die contumelia waardeur iemand die reg op goeie naam en eer van 'n ander opsetlik kwets, in sigself voldoende om die belediging strafbaar te maak. Die Romeinse reg vereis nie dat as gevolg van die belediging daar werklik nadeel aan die eer of goeie naam bewys moet word nie. 3) Of die beoogde kwetsing van eer of goeie naam in die werklikheid geskied is dus 'n onverskillige faktor. Meer voldoende blyk dit uit die omstandighede waarin die belediging opgehef word, dat sulks geskied omdat die bepaalde wederregtlike doel vervang word deur 'n geoorloofde doel, is dit 'n vervul- 'n belediging gepleeg het, word nie duidelik aangetoon nie. Dig. 47.10.23. „Qui in domum alienam invito domino introiret, quamvis in ius vocat, actionem iniiiriariim, in eum competere Offilus ait" is meer 'n bewys dat animus, opset is, of enkel die bewussyn van die pleging van 'n beledigende handeling. Die praetor het blykbaar die oogmerk om te beledig steeds aangeneem waar 'n injuria gepleeg word. Die animus moet dus by gebrek aan meer duidelike gevalle, beperk word tot die wil regstreeks gerig op 'n belediging, sonder inagneming van verskillende motiewe of einddoele. 1) Gevalle van objektief beledigende woorde lewer die Codex 9.35.3; 9.35.9; 9.35.10 byv. die woord „slaaf" en daarby word die oogmerk om te beledig nog as positiewe vereiste gestel. 2) Dig. 47.10.15/33. 3) vide Codex 9.35.3; cf. 9.36.1/3: so ook die belediging kranksinniges aangegaan Dig. 47.10.3/1,2. ling van amtsplig of van andere wettige pligte, of is dit die algemene doel om die publieke belange te bevorder. Die voorbeelde, waarvan daar nie so veel aanwesig in die bronne is nie, toon aan dat hier enkel op die feit dat die oogmerk geoorloofd is, die wederregtlikheid verval.1) Dus die uitoefening deur 'n skoolmeester van die tugtigingsreg teenoor 'n leerling, selfs waar dit n ernstige kastyding is, is nie strafbaar nie „quia non iniuriae faciendae causa hoe feceiit sed praecipiendi (causa)".2) By vervulling van 'n amtsplig verval die wederregtlikheid omdat 'n magistraat, byvoorbeeld, nie 'n injurieuse doel beoög nie, „non ea mente ut injuriam facit"3) maar omdat die belediging in die algemene belang geskied „ad vindictam maiestatis publicae ïespiciat". Die opsetlik krenkende uiting, die bewussyn dat hiermee die regte van die beledigde gekrenk word, moet by die primêre publieke belange wat beoog en bewaar word, as onderling beskou word. So word dit blykbaar aangeneem in die Romeinse reg, want selfs die feit dat die belediging „ad contumeliam alicujus pertinet" ') is 'n onverskillige faktor in so 'n geval, en die aangerande eer word nie beskerm nie. Waar die Romeinse reg die skeidingslyn sou vasgestel het, tussen die vrye gedagteuiting wat die reg van iedereen is, aan die een kant, en die beskerming van 'n aanranding van eer en goeie naam, wat die reg steeds moet beskerm aan die ander kant, in sigself twee botsende belange, moet in die afwesigheid van meer bepaalde gevalle, in die oogmerk en in die billikheid van die aksie gesoek word. Die bevordering van die publieke belange is in sigself 'n geoorloofde oogmerk en aangesien uit die bogemelde citaat, die publieke belange as primêr beskou word, sou die grenslyn namate die omstandighede 1) vollediger behandel op. p. 30 v. 2) Dig. 19.2.13/4: cf. Dig. 47.10.15/38, in die geval van 'n kastyding anders is dit geoorloofd. „Si quis corrigendi animo aut si quis emendandi non (actionem) tenetur". 3) Dig. 47.10.33: Die materiele reg is hier dieselfde as in die gewone gevalle waar 'n amtsplig nie uitgeoefen word nie. Alleen word by die bewvsvoering die onus van bewys op die beledigde geplaas, en dit moet hy definitief aantoon. 4) Dig. 47.10.33: 'n ander geval waar die oogmerk nie strafbaar is me, is waar die injuria „per jocum" geskied, Dig. 47.10.3/3. van elke geval, deur die Praetor also vermoedlik vasgestel word. x) Ook by die uitoefening van 'n reg, verval die strafbaarheid omdat sulks in sigself 'n geoorloofde doel is. „Is qui jure publico utitur, non videtur iniuriae faciendae causa hoe facere; iuris enim executio non habet iniuriam".2) Waar die dader misbruik van sy reg maak, dus sy reg nie uitoefen met inagneming van die regte van andere nie, maar die reg word uitgeoefen „injuriae faciendae causa" dan sou die strafbaarheid vermoedlik nie uitgesluit wees nie. Opmerklik is dit dat by die uitoefening van 'n plig, is dit 'n amtsplig of andere analogiese gevalle, of uitoefening van 'n reg, dat die Romeinse reg by die gevalle van belediging, die grense waarin die plig of reg uitgeoefen mag word, nooit objektief of absoluut vasstel nie, maar sulks afhanklik maak van die oogmerk van die dader. Die pleging van 'n handeling, wetens en willens, wat die eer van die beledigde aantas, en gepaard met die doel om sulks te krenk, is steeds 'n strafbare handeling. By die oorweging of die belediging strafbaar moet wees of nie, het die Praetor hem 'n vrye oordeel, namate die omstandighede, toegelaat, om tot 'n billike en redelike oordeel te kom. Ook verleen die beskerming van 'n onstoflike belang d.w.s. eer en goeie naam, haar nooit tot vaste en alomvattende beginsels wat elke geval van belediging sal kan insluit nie; al kan dit gekonstateer word dat die twee hoofelemente, die animus injuriandi en die aanranding van eer is, en word die andere beginsels van die aksie ook noukeurig uiteengeset, dan is die vordering alleen tot sover gebring dat die geldende en 1) vide pag. 31. 2) Dig. 47.10.13/1: Wanneer Vos op. cit. p. 126 ter stawing van sy bewering dat animus injuriandi nie die betekenis dra van doel om te krenk nie, omdat Ulpianus se uitspraak in hierdie geval dan sou beteken „dat hij, die van het publiek recht gebruik maakt, niet geacht wordt daarmede de eer of de waardigheid van een persoon te hebben aangetast! Dat Ulpianus een dergelijken onzin zou hebben neergeschreven, zal wel niemand aannemen", dan is dit wel so, omdat dit allesbehalwe is wat Ulpianus bedoel. Ulpianus beweer alleen, wat logies is, dat die wederregtlikheid verval omdat dit „non videtur iniuriae faciendae causa" geskied. Ulpianus bemoei hom nie met die moontlikheid dat die uitoefening van 'n reg iemand in sy eer of in 'n ander opsig kan krenk nie. Waar die doel geoorloofd is, verval die strafbaarheid onverskillig of dit iemand in sy eer krenk of nie, „etiamsi ad contumeliam alicujus pertinet". Dig. 47.10.33: supra p. 21(4). algemene beginsels van die delik en die gedragslyn wat die regter m sulke gevalle aanneem, aangetoon is. Neem ons, byvoorbeeld, 'n moeilike vraag in verband met belediging, die bewys van animus injuriandi, dan kan hier geen vaste reels gestel word nie. Elke geval moet op sy eie meriete, en volgens sy biesonder omstandighede besluit word. Dat die Praetor by sy beslissing, nie aan een of ander definitiewe reel, hom wou vasbind nie en steeds die'geval billik en vry oordeel, blyk uit die beginsels van die aksie self: „Iniuriarum actio ex bono et aequo est.. . ubicumque contra aequum .. . aequitas actionis omnem metum eius abolere videtur . ) Kom 'n geval van belediging voor die Praetor, dan besluit hy prout quaeque res erit", en volgens die omstandighede; en „plemor esset praetoris animadversio" 2) toon aan die verhouding wat die Praetor steeds aanneem. En alleen deur middel van so n ïuime oorweging van al die biesonderhede en omstandighede, is mens in staat om moeilike vrae in verband met belediging, die animus ïnjuriandi, die beskerming van eer en goeie naam, die vordering van publieke belange, regverdig op te los, namate die beginsels van die aksie. Die demonstratio van die formula van die Spesiaal Edik ') „Item si dicat infamatum se esse, debet adicere, quemadmodum infamatus sit": en onder die edictum generale „Qui autem iniuriarium, inquit, aget certum dicat, quid iniuriae factum sit"4) bewys dat in die aksie, noukeurigheid en veel biesonderhede noodsaaklik was, daar die Praetor nie lig sou aanneem dat 'n injuria gepleeg was nie, condemnatio waarvan eerloosheid as gevolg had. ) Die Praetor se moeilikheid sou seker nie so groot gewees het nie in die gevalle waar die woorde, in hulle karakter en gewone betekenis beledigend was nie, aangesien hier 'n bedoeling om te krenk, uit die aard van die saak, aangeneem kan word. As A vir B 'n slaaf 1) Dig. 47.10.11/1. 2) Dig. 47.10.15/28: cf. Dig. 47.10.18/2, „quod sua cuiusque iniuria propriam aestimationem haberet". 3) Paulus: Coll. 11.6. sek. 5: Lenel: op. cit. Sek. 193. 4) Lenel op. cit. Sek. 190: Dig. 47.10.7 pr.: Coll. 11.6.1.: cf. D. 47.10.7/4. 5) Dig. 47.10.7. pr. „Quia qui famosam actionem intendit". noeni, clan lê sy krenkende bedoeling, blykbaar en in die meeste gevalle opgesluit in die uitlating self. Waar die belediging nie so klaarblyklik is nie, waar die oogmerk steeds bewys moet word dan is die Praetor se taak om die „affectus" vas te stel moeilik. Hier neem hy in ag al die bykomende omstandighede, en dan moet sy oortuiging dat die handeling animo injuriandi geskied het, sonder twyfel wees. In elk geval, sou die dader hom kan vrystel van die gevolge van belediging, deur bewys van 'n oogmerk anders dan die om te beledig. *) il. Eerbegrip. Die objektiewe sy van belediging is die gekrenkte eer of goeie naam van die beledigde, en die animus injuriandi is die uiting gerig op sulk 'n krenking „infamandi causa" of „ad infamiam". Val derhalwe te konstateer watter regte onder die begrip van eer beskerm was, dan blyk dit dat die eerbegrip in die Romeinse reg wyd was. Onder eer word beskou die volmaakte genot van burgerregte, 2) en die existimatio van die burger word wyd gedefineer as „dignitatis mlasae status, legibus ac moribus comprobatus".3) Enige ontkenning van die toekomende regte van die burger, is dit in sy werklike eer, d.w.s. gevoel van innerlike waarde en die sedelike waarde hom toegeken deur sy medemense, is dit in sy persoonlikheidsregte in die algemeen, is dit kredietbenadelinge,4) dan val dit onder hier die wye begrip en word deur die reg as eerkrenkinge beskerm. Onder die Spesiale Edik val meer die beskerming van die eer wat 1) Codex 9.35.5. „Si non convicii consilio te aliquid injuriosum dixisse probare potes, fides veri a calumnia te defendit": Die algemene mening van die Romeins-Hollandse outoriteite is dat die „fides veri" hier betrekking hef tot die „non convicii consilio" dus bewys van die waarheid van geen animus injuriandi. Vide byv. Matthaeus op. cit. 47.4.1.10. en Voet op. cit. 47.10.20. Anders Weber: Ueber Injurien I. p. 181: wie dit interpreteer „auch wahre Aeusserung als lnjurie angesehen wissen, wenn solche animo injuriandi geschehen sein sollte". Die heersende opvatting egter is soos bogemeld. 2) v. Liszt-Schmidt: Lehrbuch des Deutschen Strafrechts p. 504. 3) Dig. 50.13.5/1. 4) Sie verder p. 26. die beledigde geniet in die skatting van sy medemense en enige vermindering of vernedering van die genot daarvan word gestraf, „Generaliter vetuit praetor quid ad infamiam alicuius fieri proinde quodcumque quis fecerit vel dixerit, ut alium infamet, erit actio iniuriarum".1) Om die algemene agting van die publiek teenoor die beledigde persoon te doen daal, is openbaring van die belediging aan een of meerdere persone, noodsaaklik. Geskied die handeling alleen tussen belediger en beledigde dan is hier geen krenking van goeie naam nie, maar krenking van eergevoel alleen. Dat die Romeinse reg ook die waardigheidsgevoel van die beledigde self, beskerm het, is dan ook in ooreenstemming met die hoë mate van beskaafheid en beskawing wat sig in die later tydperk van Romeinse geskiedenis ontwikkel het. So word by beledigende uitinge nooit uitdruklik gevorder dat sulks altyd geopenbaar moet word nie en gevalle waar die waardigheidsgevoel getref word en as sulks bestraf word, kan uit meerdere citate afgelei word: „Si quis non debitorem quasi debitorem appellaverit, iniuriae faciendi causa, iniuriarum tenetur". 2) By die afwesigheid van biesonder bepaalde misdade teen die persoon in sy verskillende hoehanighede gerig, val onder die eerbegrip dus gevalle van belediging wat in die moderne strafregwetenskap nie altyd as 'n eerkrenking beskou sul word nie en wat derhalwe as aparte delik, bestempel word.3) Behalwe dus die krenking van gevoel van die beledigde self in verband met sy eie innerlike waarde, val onder die eerbegrip die 1) Dig. 47.10.15/27. 2) Dig. 47.10.15/33. Anders Binding: Lehrbuch des G.D. Strafrechts I, Bd. 2: p. 133 wie as grond van die strafbaarheid by belediging nie die krenking van eergevoel sien nie, maar die uiting van minagting teenoor die persoon in sy regtlike of sedelike sfeer. 3) In die Nederlandse Strafreg word die kredietbenadelinge nie as belediging gereken nie: sie byv. Noyon: Wetboek van Strafrecht III. p. 13.: Simons: Strafrecht 11. p. 49.: Hofmann: Ned. Verbintenissenrecht (1932) p. 301. Die Duitse Strafwetboek maak onder Belediging egter spesiale voorsiening vir belediging deur benadeling van Krediet. St.G.B. 187 en 188, deur bewering van niet-kredietwaardigheid of die vertroue in die finansiele krag van die beledigde te ondermyn: v. Liszt: Lehrbuch: p. 507 rangskik sulke belediginge egter nie onder die eerbegrip nie maar onder die „Vermögensrechtlichen Interessen". regte van die burger in verband met al sy verskillende maatskaplike hoedanighede, sowel in verband met sy sedelike waarde as in sy beroeps en kredietwaardigheid. Die gevalle in die bronne waar vermoë of krediet benadeel word, word as sulks strafbaar gestel omdat deur middel van sulke belediginge die gekrenkte persoonlik getref word en die oogmerk is ook gerig op die treffing van die beledigde persoonlik. Die gevalle kom veel voor en die Romeinse reg in haar verdere ontwikkeling het gevalle van kredietbenadelinge biesonder volledig beskerm. „Si creditor meus cui paratus sum solvere in iniuriam meam fideiussores meos interpellaverit, iniuriarum tenetur". (Dig. 47.10.19). Vir 'n geval van vermoënsbenadeling, waar die handeling gerig is om die beledigde persoonlik te krenk, verwys ek na Dig. 47.10.20 „Si iniuriae faciendae gratia Seia domum absentis debitoris signasset sine auctoritate eius, qui concedendi ius potestatemve habuit, iniuriarum actionem intendi posse respondit".1) So blyk dit dat in belediging 'n minagtende kontumelieuse handeling gepleeg is teen die regte van 'n andere, waardeur die getroffene in sy eergevoel en goeie naam gekrenk word. By die uitlegging van die objektiewe beledigende woorde, het die Romeinse reg die beginsel toegepas dat sulks geinterpreteer moet word nie alleen uit die aard van die woorde self nie, maar ook in die betekenis daarvan, volgens die wette, gewoontes en algemene sede begrippe van die Staat. Hierdie reel is toepaslik vir ieder beskawing en maatskappy; maar wat as beledigend aangeneem sal word, is 'n wisselende faktor afhanklik van eie gewoontes, beskawing en sedebegrippe, en by die uiteensetting van die manier waarop die konstruksie van wat beledigend is, berus, is verder kommentaar oorbodig. ,,'Probrum' et obprobrium idem est: probra quaedam natura turpia sunt, quaedam civiliter et quasi more civitatis; ut puta furtum, adulterium natura turpe est: enimvero tutelae damnari hoe non natura probrum est, sed more civitatis: nee enim natura probrum est, quod potest etiam in hominem idoneum incidere". (Dig. 50. 16.42). 1) Vir verder analogiese gevalle vide Dig. 47.10.15/31-33; In die algemeen vir gevalle van belediging wat gestraf word om die gunstige ekonomiese bestendigheid te handhaaf vide Theal op. cit. p. UI. In die Romeinsregtlike belediging kry ons derhalwe ook gevalle van belediging wat by ander maatskappye en ander beskawinge nie as sulks miskien sou beskou word nie; byv. waar iemand vuil klere dra of sy hare lang laat groei met die doel om 'n ander daarmee te beledig. *) Twee faktore in verband met die aanranding van eer verdien biesonder melding, weens die belangrikheid -daarvan: 1. Die objektiewe belediging is die krenking van 'n regsbelang nl. eer en goeie naam. Die bepaalde wilsrigting om te krenk, en die uiting van 'n belediging is voldoende vir die strafbaarheid van die delik. Die regsbelang van eer en goeie naam word beskerm sodra n belediging gepleeg is, sonder om te vorder of die eer en goeie naam werklike nadeel gelei het. Belediging is 'n wraakademende „actio vindictam spirans" 2) en vergoeding berus op die beginsel van reparasie vir gekrenkte gevoelens „at in actione injuriarum de ipsa caede vel veneno ut vindicetur, non ut damnum sarciatur". 3) Hierdie beginsel waarop vergoeding berus, word ook in die gevalle van belediging in die bronne ondersteun: „Si non es nuntiator, vereri non debes, ne ea propter, quod iniuriae faciendae gratia quidam te veluti delatorem esse dixerunt, opinio tua maculata sit; quin immo adversus eos, quos minuendae opinionis tuae causa".4) Ook word"'n belediging gerig teen kranksinniges of impuberes gestraf •') alhoewel dit in sulke gevalle allermins aangeneem kan word dat daar altyd 'n werklike krenking van eergevoel of goeie naam bestaan. Is die geestestoestand in hierdie gevalle nog in staat om 'n krenking van eer as 'n inbreuk op hulle regte te beskou, en die 1) Dig. 47.10.15/27. 2) Dig. 37.6.2/4: Waar die beledigde dus die handeling inwillig (in 'n delictum privatum) geld die beginsel „nulla iniuria est, quae in volentem fiat". Dig. 47.10.1/5. 3) Dig. 47.10.7/1. en in verband hiermee die reel „Si quis enim iniuriam dereliquerit, hoe est statim passus ad animum suum non revocaverit, postea ex paenitentia remissam iniuriam non poterit recolere". (Dig. 47.10.11/1.) 4) Codex 9.35.3. cf. 9.36.1/3. De Fam. Libellis „Sin vero minime haec vera ostenderit, capitali poena plectetur. Huiusmodi autem libellus alterius opinionem non laedat". 5) Dig. 47.10.3/1. „Namque his pati iniuriam solent, non facere". Dig. 47.10.3/2. „Itaque pati quis injuriam, etiamsi non sentiat, potest". gemoedstoestand word derhalwe ongunstig benadeel, dan sou ook in sulke gevalle sprake van werklike eerkrenkinge kan wees. Dit hang egter af, van die ontwikkeling van die impubes en die aard van die kwaal by kranksinniges. 2. In die Romeinse reg word alleen eer en goeie naam beskerm, wat deur die beledigde verdiend is, namate hy sy sedelike en regspligte in die werklikheid nakom, 'n Belediging is nie afhanklik van die oordeel van die publiek nie, verdiend of onverdiend, maar die waarheid van die belediging sluit steeds die wederregtlikheid uit. „Eum qui nocentem infamavit, non esse bonum aequum ob eam rem condemnari: peccata enim nocentium nota esse et oportere et expedire". *) Die uiting van de waarheid is blykbaar die reg van iedereen en in die bogenoemde citaat is dit merkwaardig dat die belediging alleen van objektiewe sy beskou is; „peccata esse nota esse et oportere et expedire", die uiting van die waarheid altyd regverdig. Dat die reg nie alleen toegestaan word, waar misdade van 'n persoon, gestraf of ongestraf, geopenbaar word nie, maar in iedere geval waar die waarheid geuit word, en onverskillig of die feite geopenbaar word, met of sonder animus injuriandi, word geillustreer in Codex 9.35.10. „Si quidem aviam tuam ancillam infamandi causa rei publicae civitatis Comanensium dixit Zenodorus ac recessit, iniuriarum actioni statim conveniri potest. Nam si perseveret in causa facultatem h^bens agendi, super hac deferri querellam ac tune demum, si non essa serva fuerit pronuntiata, postulari convenit". Die enigste kriterium is dus die bewys daarvan. By hierdie bepaling en by die exceptio veritatis in die algemeen, is die reel van die Romeinse reg onbevredigend en onvolledig behandel. Wat egter vermoedlik vasgestel kan word is, dat die uiting van die waarheid in sigself die wederregtlikheid ophef. 2) Misbruik van die reg word onvoldoende beskerm 3) en die feit, dat die belediger 1) Dig. 47.10.18 pr.: Leonard: „Schutz der Ehre" p. 25 N. 81. „Den slechten Mann darf man verachten", cf. ook Codex 9.35.5. 2) So word ook by die skatting van die injuria die werklike reg op eer van die beledigde in ag geneem „secundum gradum dignitatis vitaeque honestatem crescit aut minuitur aestimatio injuriae": Inst. 4.4.7. 3) Eén geval waar die reg om die waarheid te openbaar verval, is waar die dader onder 'n bepaalde plig van geheimhouding staan. Byv. waar n alleen van sy reg gebruik maak om onedele motiewe te bedek en die beledigde deur die openbaring van die ware feite te krenk, is in veel gevalle onverskillig. Nou kan die argument geopper word, dat waar die openbaring van die waarheid steeds afhanklik is van die animus injuriandi, dat dit dan onnodig was om dit as 'n spesiale reg te beskou, aangesien die dader immers, selfs waar die telasgelêde feite onwaar is, hom kan beroep op geoorloofde oogmerk. Met hierdie argument kan egter niet veel voldoening mee gevind word nie, aangesien waarheid as absolute reg toegeken, veel feite tot openbaring toelaat wat liewers in die publieke belange self nie geopenbaar moet word nie. En dat die Romeinse reg die waarheid steeds as in die publieke belange beskou en die waarheid as heersende beginsel in die Staat sy plaas laat inneem, word uit die aangehaalde tekse bewys. Uit die onvolledige bepalinge hieroor, laat die volgende beginsels hulle, wellig as geldend, vasstel: 1. Die waarheid word steeds toegelaat en dien as volledige vrystelling van die strafbaarheid van die belediging. 2. Uit hierdie algemene reel vloei twee beperkinge. Uit die ratio van Paulus in Dig. 47.10.18 pr. kan dit miskien veronderstel word, dat die openbaring van die waarheid nie in stryd met die publieke belange moet geskied nie. Hier meen ek dat die billikheid waarmee die aksie toegestaan was in iedere geval van belediging, „bonum et aequuin", dergelike gevalle nie uit die peil van strafbaarheid sou verwyder het nie.1) Die straffing van onnodige en ongewenste waarhede berus egter nie op enige geval in die bronne gemeld nie en word hier alleen as 'n vermoeding voorgestel. 'n Twede beperking wat meer konkrete ondersteuning in die testament aan die dader toevertrou, deur hom geopenbaar word, „injuriae faciendae causa": Dig. 9.2.41. vide ook Maschke op. cit. p. 86. Hierdie gevalle van misbruik van die reg is vanselfsprekend gering en maak nie voorsiening vir gevalle waar 'n dergelike opgelegde plig ontbreek nie. 1) Ook vorder die Praetor dat die belediging nie uitgeoefen moet word nie „contra aequum", en hy stel as beginsel voor dat die „aequitas actionis omnem metum ejus abolere videtur". Dig. 47.10.11/1: vide egter Codex 9.35.10: p. 28. bronne vind, is dat die dader die bewys van die waarheid moet lewer en die gelewerde bewys sluit die wederregtlikheid uit.1) Die Romeinse reg, egter, maak nie die non-bewys van die waarheid as kriterium om die telasgelêde feit as belediging anders te straf nie, aangesien die geval in Codex 9.35.10 waar die waarheid nie bewys is nie, gestraf word omdat dit „infamandi causa" geskied. Hieruit sou dit dan blyk dat die algemene beginsel van afwesigheid van beledigend oogmerk die dader kan bystaan as hy nie in staat is om die vereiste bewys te lewer nie. Gevalle van belediging wat in die bronne voorkom, stel nie alleen die onwaarheid as bepaalde vereiste van belediging in verband met die sedelike karakter van die beledigde nie,2) maar enige feit waardeur die veronderstelling ontstaan dat die algemene agting sou kan daal, is dit in verband met die burgerlike status van die beledigde, 3) of is dit in verband met vermoëns of kredietbenadelinge. 4) Die vraag of die Romeinse reg 'n wetenskap van die onwaarheid van die telasgelede feite gevorder het, of dat culpose onkunde voldoende was vir die strafbaarheid, word nie deur die bronne opgelos nie. 5) Meer aanneembaar en meer in oorstemming met die algemene beginsels van die delik, blyk dit, dat die onwetenskap in sigself nie die dader van die gevolge vrystel nie, waar 'n aanranding van eer en goede naam gepleeg word met die beooging van sulk 'n wederregtlike doel. Waar die dader bona fide 'n onwaarheid openbaar, is dit weer vir die regter om namate die omstandighede van die saak bonum et aequum te oordeel. lil. Omstandighede wat die Belediging Ophef. In die Romeinse reg is die aantal gevalle waarin die belediging opgehef word, nie talryk nie, en ook is dit onnodig om, in 'n regssisteem waar die strafbaarheid van die delik afhanklik is van 'n ongeoorloofde oogmerk, die voorbeelde volledig te verduidelik. Uit 1) Codex 9.35.5 en 9.35.10. cf. Codex 9.36.1/3. 2) Dig. 47.10.15/13 „furem dixisset qui non erat". 3) Codex 9.35.10. 4) Dig. 47.10.15/31-33; 47.10.19; 42.5.31/5. 5) Theal: Injuria und Beleidigung: p. 113. die vereiste van die aanwesigheid van 'n strafbare oogmerk kan die beginsels waardeur die strafbaarheid opgehef word, logies vasgestel word. Die strafbaarheid verval in elke geval waar die dader 'n wettige handeling pleeg of wanneer die oogmerk geoorloofd is. Onder wettige handelinge val die uitoefening van 'n reg „juris enim executio non habet injuriam". x) Die vervulling van 'n reg is altyd 'n geoorloofde doel en solang as die reg behoorlik uitgeoefen word en die grense daarvan word nie oortree nie, word die strafgevolge steeds uitgesluit. Egter kan daar van 'n absolute reg alleen sprake wees in sover, dat die dader ook in ag neem die regte van andere; word derhalwe misbruik van die reg gemaak, of die reg word as dekmantel gebruik vir 'n ongeoorloofde handeling, dan word die strafbaarheid nie uitgesluit nie. 2) By die wettige uitvoering van bevele van gesaghebbende persone val die wederregtlikheid ook weg omdat „non est in ea causa ut agat iniuriarum, propter praetoris praeceptum".3) By die eerlike vervulling van 'n plig is die oogmerk steeds geoorloofd en enkel op grond hiervan „officii honeste faciendi gratia" 4) word die strafbaarheid uitgesluit. By die vervulling van 'n amtsplig, of by analogiese gevalle ontstaan daar 'n presumpsie dat die oogmerk geoorloofd is en hierdie presumpsie dien as opheffing van die wederregtlikheid.5) 'n Geval van vervulling van amtsplig word volledig verduidelik in die bronne in die geval van 'n magistraat: „Quae iure potestatis a magistratu fiunt, ad iniuriarum actionem non pertinent" (Dig. 47.10.13/6) moet gelees word in verband met die analogiese teks ,,quia tarnen non ea mente magistratus facit, ut iniuriam faciat, sed ad vindictam maiestatispublicaerespiciat". (Dig. 47.10.33).°) Terwijl die reg van die magistraat om beledigende feite te las te lê erken word is hierdie reg nie onbeperkt nie. Die wet stel as vereiste dat by die uitoefening van die plig, die 1> p. 22(2): cf. ook Dig. 50.17.55 et 151 „Nullus videtur dolo facere, qui suo jure utitur; Nemo damnum facit, nisi ... qui quod facere ius non habet . Z) Hier verwys ek na die citaat op p. 19(4). 3) Dig. 47.10.13/2. 4) Dig. 47.10.15/23: vide ook Mommsen op. cit. p. 77. 5) Vide p. 21(3). 6) cf. Dig. 47.10.32. magistraat geinspireer moet word deur pligsvervulling. Dat die doel regverdig is, word alleen tot so ver aangeneem as daar geen kontrabewys kan gelewer word nie van 'n injurieuse oogmerk. Die belediging word beperk vasgestel in so ver as uit die inhoud van die belediging of uit die omstandighede, die aanwesigheid van die doel om 'n belediging te pleeg, nie aangeneem kan word nie. Tereg, dus, het die Romeinse reg hier ook die beledigende oogmerk strafbaar gemaak en die objektiewe wettigheid van die belediging nie as maatstaf geneem nie. Waar die grense van amtsplig vasgestel word, as steeds afhanklik van oogmerk, dan is voldoende beskerming verleen deur die wet vir misbruik van pligsuitoefeninge. Ook word die moeilikheid om die grense self te bepaal, wanneer oortreding van die reg begin, en wanneer die reg binne sy grense uitgevoer word, deur hierdie logiese beginsel tot in sekere mate opgelos. Dat die bewysvoering van animus injuriandi hier 'n moeilike taak vir die beledigde sal wees, laat dit maklik veronderstel word. Dieselfde beginsel geld ook by die uitoefening van andere pligte, byvoorbeeld, 'n onderwyser teenoor 'n leerling.1) Die bronne lewer nog 'n geval van geoorloofde oogmerk, waar iemand 'n ondersoek instel in verband met die swangerskap van sy vrou „Si non iniuriae faciendi animo, sed quia juste credidit vel nimio voto liberorum suscipiendorum ductus est vel ipsa euin illexerat ut crederet, quod constante matrimonio hoe fingebat, aequissimum erit ignosci marito".2) Hierdie geval wys duidelik dat bewys van non-animus injuriandi, die private indiwidu altyd vrystel van strafgevolge, as dit uit die omstandighede of uit die vorm van die belediging blyk, dat dit nie sy doel was om die gekrenkte persoon te beledig niet. 3) Ook word die doel as geoorloofd beskou, in verband met die uitoefening van beroep of betrekking, selfs waar onware en beledigende feite telasgelê word „Si quis astrologus vel qui aliquam illicitam divinationem pollicetur consultus aliquem furem dixisset, qui non erat, iniuriarum cum eo agi non potest, (sed constitutiones eos tenent)". 4) 1) p. 21(2). 2) Dig. 25.4.1/8: ook geldig vir die Romeins-Hollandse reg: Voet: Commentarius 47.10.2. 3) Vir die Romeins-Hollandse reg, vide p. 58. 4) Dig. 47.10.15/13. Aangesien dat die actio injuriarum „pro publica utilitate exercetur" *) was daar seker veel analogiese gevalle waar die publieke belange primêr beskou was en waar die bevordering daarvan die belediging ophef.2) Tewens word die wederregtlikheid uitgesluit in die gevalle waar die geinjurieerde 'n belediging teen hom gepleeg nie ter harte neem nie „hoe est statim passus ad animum suum non revocaverit" (Dig. 47.10.11/1); of waar hy die belediging inwillig (Dig. 47.10.1/5); of waar die pleging van 'n belediging deur sy eie gedrag veroorsaak word „multo minus, si meretricia veste feminae, non matrum familiarum vestitae fuissent . (Dig. 47.10.15/15). IV. Skatting van die Injuria. Verskillende faktore wat geweeg het by die toekenning van vergoeding in die beledigingsaksie is alreeds behandel. Belangrike faktore was die gedrag en houding van die beledigde self, die nadeel aan sy eergevoel teweeggebreng en of hy dit werklik as n belediging beskou het, en die feit dat werklike materiele skade nie gevorder word nie. Verder word die injuria geskat op die basis dat die beledigde werklik 'n man van eer is, en word die straf verhoog of verminder namate hy sy burgerpligte in die algemeen nakom. ') Ook vorder die reg bewys dat die eiser, persoonlik deur die belediging getref was, „nam si incertae personae convicium fiat, nulla executio est".4) Terwyl die Romeinse reg, belediging nie in verdere biesondere delikte verdeel het nie, was die injuria egter gerangskik in injuriae atroces en injuriae leves. Faktore wat die aard van die injuria ernstiger maak, die mate van publisiteit en verspreiding, die hoedanigheid van die persoon aangerand, en die aard van die belediging self, 1) Dig. 3.3.42/1. 2) Dat in die Romeinse maatskaplike organisasie veel gevalle wat in die Engelse en Suid-Afrikaanse reg as gepriviligeerd beskou, vide p. 133 en p. 205, ook beskerming gekry het is 'n logiese veronderstelling. Absolute privilegie egter, was onbekend. 3) p. 28. 4) Dig. 47.10.15/9: vir die biesonderheid vereis by die beledigingsaksie vide p. 23. s was in ag geneem om die injuria as atrox te bestempel. Die algemene beginsels is steeds dieselfde vir injuriae atroces of leves; alleen word die vergoeding toegeken, verhoog volgens die omstandighede waarin die belediging geskied, en die groter nadelige gevolge veroorsaak in verband met die persoon, plek en die soort belediging gepleeg.x) In verband met die persoon, sou die eergevoel van 'n hoë amtenaar of 'n meer ontwikkeld mens deur 'n belediging pynliker getref word dan in die geval van 'n mindere persoon; in verband met die plek, sou die mate van rugbaarheid vergroot word en die belediger in sy eer en goeie naam des te groter nadelige gevolge veroorsaak. Ontbreek dergelike beswarende omstandighede dan word die belediging as injuria levis gestraf. By die skatting van die belediging word die volgende beginsels ook toegepas: Ten eerste, dat die berekening van die vergoeding „bonum et aequum" geskied.2) Ten twede, „Qui iniuriam agit, certum dicat, quod iniuriae factum sit, et taxationem ponat non minorem quam quanti vadimonium fuerit. 3) Die vadimoniumsom word eers vasgestel deur die Praetor. Vir die geval van 'n injuria atrox word dit uitdruklik verklaar: ,,Sed cum atrocem iniuriam praetor aestimare soleat, si simul constituent, quantae pecuniae nomine fieri debeat vademonium, hac ipsa quantitate taxamus formulam, et iudex quamvis possit vel minoris damnare, 1) 'n Injuria atrox is sulks „persona aut tempore aut re ipsa". Dig. 47.10.7/8. cf. 47.10.7/7. In verband met die persoon is die injuria atrox waar 'n magistraat beledig is; in verband met die plek waar dit geskied, byv. in die teenswoordigheid van die menigte, en in verband met die aard van die belediging gee Dig. 47.10.7/8 as voorbeeld die toevoeging van 'n wond of 'n slag op die mond. cf. Paulus Sent. V. 4.10. „Atrox injuria aestimatur aut loco aut tempore aut persona: loco, quoties in publico irrogatur; tempore, quoties interdiu; persona, quoties senatori vel equiti Romano, vel alias spectatae auctoritatis viro". 2) In die Estimatio Klausule: Lenel: op. cit. Sek. 190: „quantam pecuniam recuperatoribus bonum aequum videbitur ob eam rem Nm P A° A° condemnari". 3) Lenel op. cit. Sek. 190: Coll. 11.6.1. Hitzig op. cit. p. 64, het hier, verkeerd, „maiorem" vir „minorem". plerumque tarnen propter ipsius praetoris auctoritatem non audet minuere condemnationem". *) Die moeilikheid egter, is hier veroorsaak deur die taxatio deel van die actio injuriarum. Na die Praetor die summa vadimonii voorlopig vasgestel het moet die beledigde self die taxatio som skat om in te voeg by die Formula. Op sy skatting van die injuria moet die recuperatores dan ten slotte vergoeding toeken volgens die beginsels in die Estimatio-klausule. 2) Nou moet die eiser, die taxatio som me minder skat nie, dan die vadimonium som nie. Desgevolg het sommige skrywers beweer dat „minorem" fout is, en dat daarvoor „maiorem" gelees moet word.3) Andere skrywers beweer, weer, dat die taxatio alleen betrekking het tot injuriae ex lege Cornelia. 4) Die lex Cornelia het die praetoi, egter, nie aangegaan nie en die teorie dat die eiser nie onder die vadimoniumsom durf gaan nie is meer aanneemlik. ') Die oplossing van die probleem skyn egter in Gaius IV.177 waarin 'n „contrarium iudicium decimae partis" teen die eiser uitgespreek word, mits hy nie in sy aksie geslaag het nie. Nou moes die regter 'n basis hê waarop 'n injuria, wat volgens sy oordeel nie gepleeg is nie geskat moes word, sodat hy die tiende deel daarvan kon reken vir die „iudicium contrarium". Volgens die grootheid of kleinheid van die taxatio, sou die risiko van die eiser afhang, in die geval van 'n ongunstige afloop van die aksie. Was hy suksesvol dan sou hy in die werklikheid veel minder toegeken word dan die taxatio som; by sy non-sukses is die risiko blykbaar in die betaling van die een-tiende som daarvan. ®) 1) Gaius III. 224: vgl. Ulp. Coll. 11.2.1: Volgens Gaius en Ulpianus word die vadimonium alleen vasgestel in verband met atroces injuriae. cf. Hitzig op. cit. p. 266. 2) p. 34(2) cf. Siber. op. cit. p. 233. 3) Byv. Huschke: Gaius p. 135: eers ook gevolg by Lenel: Hitzig op. cit. p. 67 wie se mening op Gaius IV. 186 berus: In 'n later artiekel egter deur Lenel „Die Taxatio bei der Actio Iniuriarum Z.S.S. p. 381, waar hy ook Gaius kwoteer, kom hy tot die gevolgtrekking dat „wir müssen also bei der Lcsart „minorem" stehenbleiben". (Bd. 47) 4) Mommsen op. cit. p. 803: N. 3. 5) Karlowa op. cit. II. 1333. 6) Lenel op. cit. Z.S.S. Bd. 47. p. 381 „Ihr Zweck war M. E. den Mager zu bestimmen, schon bei seinem Vadimoniumsantrag die kunstige Notwendigkeit der Taxatio zu berücksichtigen". Verder beweer Lenel in ondersteuning van sy teorie dat die eiser in veel gevalle die vadimoniumssom met juisheid hoog sou skat, om voldoende vergoeding te kry van die verweerder. In so 'n geval was die risiko erg gering.*) Ten slotte moet opgemerk word dat in die Justiniaanse wetgewing, die beledigde 'n keuse gehad het om of 'n privaatregtlike of strafregtlike aksie, sonder uitsondering, in te stel vir die gelede injuria. 2) Rcsumpsie van die Romeinsregtlike Belediging. (Gevolgtrekkinge.) 1.Die kern van die belediging is die animus injuriandi d.w.s. 'n krenkende wilsuiting gerig op die bepaalde doel om iemand in sy eer of eergevoel aan te tas. 2. Die eerbegrip is wyd: sowel sedelike as kredietbenadelinge val onder die eerbegrip, 'n Krenking van eergevoel is ook'n belediging en vir die strafbaarheid daarvan is openbaring aan die beledigde alleen, voldoende. Rugbaarheid is 'n faktor in die injuriae atroces. 3. 'n Werklike krenking van eer of oorgevoel is nie 'n vereiste nie. Die wederregtlike bedoeling gerig op die krenking van 'n persoon is voldoende. 4. Onder die reg op eer word verstaan, nie die skatting van die publiek of die beledigde self nie, maar namate hy sy sedelike en saaklike pligte werklik vervul. Openbaring van die waarheid is die absolute reg van elke persoon. 5. Die omstandighede waarin die belediging opgehef word is almal gevalle waar die wederregtlike doel ontbreek. In sulke gevalt bestaan daar 'n presumpsie van geoorloofde oogmerk vir die dader; hierdie presumpsie, egter, kan weerlê word deur kontrabewys. By elke geval van belediging sluit 'n geoorloofde oogmerk vermoedlik, die wederregtlikheid uit. 1) t.a.p. „Missglückte aber diese Spekulation, und ergab sich so die Notwendigkeit, die Injurienformel selbst zu taxieren, dann wird der Klager urn seines eigenen Risikos willen die Hörner einziehen und die Taxatio auf das richtige Mass zu reduzieren wünschen". 2) Inst. 4.4.10. HOOFSTUK II. BELEDIGING IN DIE ROMEINS-HOLLANDSE REG. 1. Inleiding. In die Romeins-Hollandse belediging soos dit neergelê word in die geskrifte van die outoritatiewe skrywers vir die Suid-Afrikaanse reg, is daar 'n treffende gelykenis met die beginsels van die Romeinsregtlike belediging.1) So berus aanspraaklikheid vir injuria in die algemeen op dieselfde beginsel as in die Romeinse reg, nl. elke ongeoorloofde handeling waardeur die dader iemand krenk, animo injuriandi, in verband met sy persoon, sy waardigheid of sy eer. Alvorens die praktiese invoering van die Romeinse Reg, 2) was daar andere invloede gerig op die formulering van die inheemse reg, byvoorbeeld die kanonieke, germaanse en gewoontereg, maar na die Romeinse reg haar invloed laat geld het, was die invloed, veral in verband met die onregmatige daad, so oorheersend, dat min spore van die invloed en beginsels van die vroeëre regssisteme oorbly. Eén voordurend invoering van die kanonieke reg was die amende honorabel of die actio ad palinodiam,3) die „wederevening" van die injuria deur middel van terugtrekking en verklaring dat die belediging onwaar was, en dat die belediger die beledigde as 'n man van eer erken. Beginsels wat onbekend was, egter, in die Romeinse reg en wat voorgeduur het in die Romeins-Hol- 1) Vir die invloed van die onregmatige daad van die Romeinse reg op die Romeins-Hollandse reg, raadpleeg mens Lee: Introduction to Roman-Dutch Law: p. 321; Wessels: History of the Roman-Dutch Law p. 695 v. en p. 706. 2) Algemeen aangeneem volgens die heersende mening: vide Modderman: De Receptie van het Romeinsche Regt; cf. van Lunteren: Overzicht p. 157; vide egter Fockema Andreae, Bijdragen Bd. IV p. 435. 3) Wessels op. cit. p. 706: S.A.L.J. vol. 38: p. 129. landse reg vorm 'n uitsondering en behalwe bogenoemde geval, vertoon die vroeëre invloede hulle as onbelangrik.x) Merkwaardig is die gesaghebbende en steeds toenemende invloed van die Romeinse beginsels op die Romeins-Hollandse beledigingsaksie, vanaf die sestiende eeu. "In the pages of Grotius and occasionally of Voet we detect indications of a more archaic order of ideas derived fronm Teutonic sources. But the Roman Law drove the native law out of the field. In the text-book writers and probably, also in the practice of the Courts of the eighteenth century the Roman-Dutch law of delicts, was substantially the same as the Roman Law expounded in the Institutes and Digest." 2) Vanaf Antonius Matthaeus II (1601—1654 ,,de Criminibus", Lib. 47: Tit. 4) wie se geskrifte suiwer op die Romeinse reg gebaseer is, word die Romeinse reg steeds met meer gesag toegepas deur die navolgende juriste en bereik sy hoogtepunt in die werke van van der Keessel (1738—1816: Praelectiones of Dictata ad Lib. XLVII et XLVIII Pandectarum),3) wie tesame met van der Linden (1756—1835) die twee laaste gesaghebbende skrywers oor die Romeins-Hollandse reg was. In die ruime periode tussen Matthaeus en van der Keessel het die juiste interpretasie van veel van die Romeinse beginsels 'n vooruitgang ondergaan, en die uiteensetting van van der Keessel is derhalwe ook, wat die Romeinse reg betref, die volledigste en juisste. Die invloed van die Romeins-Hollandse outoriteite is nie alleen belangrik as outoritatief vir die Suid-Afri- 1) Vide egter die exceptio veritatis: p. 75v.: Lee in S.A.L.J. vol. XXIX: p. 27 v. 2) Lee op. cit. p. 321: cf. van Hamel: Inleiding tot de Studie van het Nederlandsche Strafrecht p. 59. „En dat gerecipieerde recht bleef zijn toenemenden invloed behouden zoo als het in verloop van tijd door latere schrijvers werd uitgewerkt en toegepast". Vide ook van der Keessel: Theses Selectae 18. Die Hollandse Praktyk in Rechten (1655) vonnis XIII: p. 34, gee 'n interessante geval hoe die Romeinse reg periode van verjaring van een jaar gepleit was in 'n ernstige aanval gepleeg op 'n persoon. Die Hof besluit dat elke injuria verjaar na een jaar, uitgesonder die, wat uit die Corneliaanse reg ontstaan. 3) In manuskrip. Hier vind ons die beste uiteensetting van die libri terribiles, alhoewel v. d. K. sterk onder die invloed van die Romeinse Reg staan. Op die vraag „an veritas excusat a poena iniuriarum" wyk hy van al sy voorgangers af: vide p. 82 v. kaanse reg nie, maar self op die inheemse reg, wat aangetoon was deur hulle geskrifte, is die invloed vérstrekkend en veral so in verband met die strafreg, aangesien die arbitrêre en onsekere karakter daarvan.*) Die belediging in die Romeins-Hollandse reg was 'n privaatregtlike sowel as strafregtlike aksie en die beginsels daarvan word nie alleen gevind in die boeke oor kriminele reg nie,2) maar word sonder onderskeid van beginsel, ook behandel in die boeke oor die siviele reg of die aantekeninge op die Digesta.3) Die outoriteite het nie 'n strenge onderskeid gemaak tussen misdade en onregmatige dade nie en in die werke van Grotius, Huber en van Leeuwen, byvoorbeeld, word onregmatige dade hoofsaaklik behandel van kriminele standpunt. Die invloed van die Engelse reg op hierdie afdeling van die Suid-Afrikaanse reg word gewoonlik toegeskryf aan hierdie rede nl. daf die Engelse reg alreeds lang n fuiste onderskeid gemaak het tussen delikte en misdade4) terwyl in die Romeins-Hollandse reg daar verwarring beheers tussen die twee verskillende aksies en dat hulle nie selfstandig behandel word nie. As ek my beperk tot die beledigingsaksie alleen, dan blyk hierdie rede vir die invoering van beginsels van 'n vreemde regssisteem wat nie gebaseer is op die Romeinse reg nie, onvoldoende en wel op hierdie grond. Dit was onnodig om 'n verskil te trek tussen die privaatregtlik en strafregtlik beledigingsaksie, omdat die beginsels dieselfde was, en die beledigde 'n keuse gehad het om óf die een óf die ander in te stel vir reparasie van die gelede injuria. Selfs in die Engelse reg5) het die aksie vir „libel" of „slander" in sy historiese ontwikkeling hom met moeilikheid bevry van sy bepaalde strafregtlike aard en dit was alleen tussen die sestiende en sewen- 1) cf. van Hamel op. cit. p. 61; Simons: Nederlandsche Strafrecht p. 61. 2) Byv. Matthaeus op. cit.; Damhouder: Practyke in Criminele Saken, Cap. CXXXV. 3) Grotius: Inleiding tot de Hollandsche Rechtsgeleerdheid 3.36; van Leeuwen: Roomsch Hollandsch Recht 1V.XXXV11: Censura Forensis V.XXV; Huber: Heedensdaegse Rechts-Geleertheyt VI.V11I; Voet: Commentarius ad Pandectas 47.10; van der Keessel op. cit. 4) Byv. Wessels op. cit. p. 704 v; cf. Lee op. cit. p. 323. 5) vide p. 97 v. tiende eeue, dat éérs die mondelinge belediging, en later die skriftelike belediging, bepaald as privaatregtlike aksie ingestel kon word. Die verskillende ontwikkelinge wat hierdie twee vorme van belediging nl. libel en stander, deurgemaak het, het as gevolg gehad 'n verskil in beginsel, terwyl in die Romeins-Hollandse reg die skriftelike en mondelinge belediging geen onderskeid, nóg in ontwikkeling, nóg in beginsels, vertoon nie. Die moderne kodes behandel belediging volledig (so ver as daar sprake van volledigheid kan wees, béide in 'n kode en by belediging) in die algemeen in die strafwetboeke en die omskrywing van die vorm en beginsels van die misdaad geld ook vir die privaatregtlike aksie. En in die Romeins-Hollandse reg, soos alreeds hierbo aangetoon, is daar geen verskil van beginsel in belediging in die privaatreg of strafreg nie. Volgens die ouere skrywers word 'n vrye keuse aan die gekrenkte toegestaan om of siviel of krimineel te prosedeer.*) In die Romeinse reg is, in die Justiniaanse wetgewing, dieselfde beginsel neergelê; in die privaatregtlike aksie is daar die gewone skatting van die injuria deur die beledigde en toekenning van vergoeding deur die regter, terwyl in die strafregtlike aksie, die sanksie of straf aan die oordeel van die regter oorgelaat was, (extra ordinem Inst. 4.4.10). Van der Keessel verskil van Matthaeus en Voet, dat die kriminele aksie toegeken was vir ligte vorme van injuriae, 2) maar 'n gewoonte het ontstaan later om alleen krimineel te prosedeer wanneer die 1) Onverskillig of die injuria, atrox of Ievis was; vide Matthaeus op. cit. 47.4.2, 5 et 7: en Proleg. 1.1. in med. cf. Voet 47.10.13, 14 en 15: Vinnius, Institutiones 4.4.10. en van der Linden: Verhandeling over de Judicieele Practycq II.VI.9; Die sanksie was sonder onderskeid van aksie egter, die amende honorabel en amende profitabel: Voet 47.L0.18. 2) Alhoewel hy berus meer op 'n interpretasie van die ratio juris van die Romeinse injuria: 'nam si ipsa Civilis actio ex aequo et bono sit, et non concedenda facile, ubicumque contra aequum quis venerit, et ob hoe ipsum plenior sit, Praetoris animadversio ..., qumodo criminalem accusationem ob levem contumeliam ... (nie toegestaan sou word nie)" Dictata 47.10.14; en die gewoonte om in sy tyd die kriminele aksie alleen toe te staan vir ernstige vorme van injuriae: „Et haec quidem sententia de criminali accusationi ob leviorem injuriarum non permittenda passim etiam hodie in Foro obtinet." injuria van 'n bepaalde ernstige vorm was, sodat die bewering van Matthaeus en Voet in akkoord met die praktyk van hulle tyd was. *) Die gewoonte om die kriminele aksie alleen in te stel wanneer die gepleegde belediging van 'n ernstige aard was, word neegelê deur veel van die latere outoriteite: „Misdaad tegen de eer en goeden naam . . . veeleer tot de Civiele dan tot de Crimineele Practijk behoorende ... en zulks nog maar alleen in sommige atroce gevallen, waarbij de Crimineele Justitie is geïnteresseerd". 2) Alhoewel die reel neergelê deur Voet en Matthaeus nie uitdruklik afgeskaf was nie, het gewoonte die wet so ver verander dat belediging enkel as siviele aksie beskou was en ernstige gevalle, waarby die publieke belange betrokke is of waar hoogaanstaande persone beledig word, word deur die outoriteite aangedui as ge skikte gevalle vir die kriminele aksie.3) Die siviele aksie egter was steeds toegestaan selfs in gevalle van injuriae atroces4). Die beledigingsaksie in die Romeins-Hollandse reg vertoon dus in sy prosesuele ontwikkeling twee aspekte. 1. Oorspronklik word die aksie ingestel sonder onderskeid van omstandighede, óf krimineel, óf siviel. 2. Die verdere ontwikkeling het die aksie in die praktyk so ver gewysig dat, tensy die omstandighede van persone of betrokke 1) Bynkershoek: Observationes Tumultuariae: No. 440, gee 'n voorbeeld van 'n geval van belediging wat oorspronklik as siviele aksie ingestel was, maar wat weens belangrike en dringende omstandighede en vir redes van spoed, gedurende die verhoor in n strafaksie oorgegaan het. Buite beskouwing bly bepaalde vorme van injuriae, wat die objek was van spesiale kriminele wetgeving soos byv. misdade onder die Lex Cornelia de Injuriis en Libella Famosa: vide hieroor Voet 47:10.16. en de Villiers: The Roman and Roman-Dutch Law of Injuries p. 162v.; Rechtsgeleerde Observatien XC1; van der Keessel, Theses Selectae DCCCI1; van Zurck, Codex Batavus: Cap. Injurie seks. IV-V1I en XI. 2) Kersteman: Rechtsgeleerd Kweekschool 2.12. p. 59: cf. van der Keessel op. cit. 47.10.14. 3) Byv. belediging van offisiere, Merula: Manier van Procedeeren: cap. „Injurien"; publieke of religieuse vereniginge, Kersteman: Academie Tit. IX: Explicatie p. 20; verder gevalle van belediginge waar die aksie deur die Prokureur-Generaal ingestel word is gegee in Bynkershoek op. cit. Nos. 253, 490, 530 en 945. 4) Van der Keessel op. cit. 47.10.11 „nam ut de injuria atroci civiliter agi possit". publieke belange sodanig was om dit as crimen te bestempel, die aangewese aksie privaatregtlik was.*) Egter, moet dit in ag geneem word dat die sanksie van die aksie meer van 'n penale aard was. 2) Die amende profitabel, waardeur 'n geldboete op die belediger gelê was, was 'n straf op sy beurs, en die vergoeding was toegeken öf aan die arme öf aan 'n liefdadigheidsinrigting, öf aan die beledigde self.3) In die Suid-Afrikaanse privaatreg word ook geen onderskeid van beginsel gemaak tussen die privaatregtlike en strafregtlike belediging nie. 4) Die Romeins-Hollandse outoriteite geld vir albei aksies en die omskrywing van die delik is in al twee gevalle identiek. Dus word in die strafregtlike belediging vereis 1. Animus injuriandi. 2. Openbaring van die belediging aan een of meerdere persone behalwe die beledigde self.5) 3. Dat die woorde beledigend is wanneer hulle van 'n aard is "calculated to expose another person to hatred, contempt or ridicule". 6) 4. Dat die waarheid as exceptio alleen toegelaat word, wanneer die openbaring daarvan in die publieke belange is. Tereg het die Hof besluit in Queen v Houghton and Wright 2 E.D.C. p. 35, dat wanneer van der Linden (Regtsgeleerd Practicaal 2.5.16.) beweer dat ,,de misdaaden tegen de eer... hebben doorgaans alleenlijk een civiele actie, tot amende honorabel en profitabel, ten gevolge . . . Zeldzaam is eene bloote injurie het voorwerp van lijfstraffelijk onderzoek, ten waare bijko- 1) vide byv. ook Boey: Woorden-Tolk I. p. 164: „Zoo is het woord crimen egter meer gebruikelyk en van applicatie op gruwelyke en verfoeylyke misdaaden, die direct het publiek beleedigen, en men is gewoon dat van Delict, meer te gebruiken voor mindere misdaaden, waar door particulieren werden benadeelt... de particuliere delicten werden vervolgt door niemant, als die daar door is beleedigt". 2) vide p. 91 v.: alhoewel die outoriteite beweer dat die sanksie van 'n privaatregtlike aard was. 3) Voet 47.10.17 in med: Van der Linden op. cit. 1.16.4. p. 173: Papegaey ofte Formulier Boek l.VIII. p. 95: van der Linden, Judicieele Practycq l.VI.9: p. 197. 4) Vide vir die beginsels van die kriminele belediging Gardiner & Lansdown: S.A. Criminal Law and Procedure II p. 1071. 5) Rex v. Mclver (1929) T.P.D. p. 574. 6) Hierdie objektiewe standaard van wat beledigend is, is uit die Engelse reg ontleen. mende verzwarende omstandigheden daar toe aanleiding geven b v waar in de Overheid of Leden van Regeering gehoond worden; . . .wanneer zy van dien aart is, dat de openbaare rust door dezelve gestoord wordt," dat die vroeëre reel nie uitdruklik afgeskaf was nie, maar alleen dat dit een seldsame geval was om krimineel te prosedeer waar alleen private belange by n belediging betrokke was. Die erkenning deur die Hof dat die beledigingsaks* in die Suid-Afrikaanse reg, onverskillig van die aard van die injuria, beskerm word in die strafreg sowel as in die privaatreg, het nie aehelp om die belediging sy juiste plek in die strafreg te laat inneem nie. En wel blyk dit om hierdie rede. By die privaatregtlike aksie wat alleen gaan om vergoeding vir die belediging te kry, is dit vir die beledigde van groter materiele voordeel dan die instelling van die strafregtlike aksie. Betering geskied alleen deur middel van 'n toekenning van geldelike vergoeding en aangesien n belediging steeds deur die hof aangeneem is, wanneer die woorde beledigend is en daar is geen, deur die hof erkende en bepaalde geval van privilegie om die belediging op te hef nie, is die beledigde altyd creregtig op skadevergoeding. Raadpleeg mens die hofsake dan word dit duidelik gesien, dat belediging alleen as 'n privaatregtlike aksie voorkom en gevalle, waar dit krimineel vervolg word, is seldsaam. Hier toon die Suid-Afrikaanse reg volledige ooreenkoming met die Engelse reg en 'n verskil van die vastelandse reg, waar belediging, ligte so wel as ernstige gevalle, meer onder die strafreg behandel word. Hiermee het die Suid-Afrikaanse reg haar van die verdere ontwikkeling van die Romeins-Hollandse belediging, afgesny, want alhoewel die belediging in die laasgenoemde regssisteem meer van 'n sivielregtlike aard was, is die sanksie van die misdryf van 'n strafregtlike aard. By die afskaffing van die amende honorabel,1) die versoeking van vergeefnis deur die belediger en n verklaring „dat hem het gebeurde van harten leed is, en dat hij den geinjuriëerden houdt voor een man van eer, op wiens gedrag hij niets te zeggen weet", 2) die werklike „weder-evening" van die injuria, het die belediging in die Suid-Afrikaanse reg 'n suiwer privaatregtlike 1) vide p. 169. 2) Van der Linden op. cit. p. 173. aksie geword, waardeur die geskonde regsbelang in geld gekomputeer word, en in byna elke opsig by die Engelse aksie aangesluit het. Die gevolg is dat die kriminele aksie as subordinêr beskou word: "For both slander and libel damages may be recovered in civil proceedings, but as either of these forins of defamation may give rise to a breach of the peace and as damages hold out no terror for a man of straw, our law wisely provides a criminal remedy".1) Was die strafregtlike belediging werklik toegepas omdat die "public peace and order" gehandhaaf moet word deur straffing van die misdaad, dan word dit tereg gevra waarom openbaring alleen aan die beledigde, nie tot 'n "breach of the peace" kan lei nie, soos erken word in die Engelse reg. By elke geval van belediging word deur die ongunstige benadeling van die beledigde, hetsy in sy eergevoel alleen of hetsy in sy eer in die algemeen, die publieke belange getref, en dit is die plig van die strafreg om dergelike gevalle te voorkom. Dat die motief by die instelling van 'n beledigingsaksie alleen die verkryging van „damages" is, is in stryd met die aksie van die Romeins-Hollandse reg, aangesien die geldboete deur middel van die amende profitabel, telkens aan die arme van die land uitgereik was. M.i. het die Suid-Afrikaanse reg haar plig versuim om belediging as 'n misdaad vollediger te erken, wat dringender word na die sanksie bloot as 'n kwessie van skadevergoeding oorgegaan het. Afgesien hiervan word 'n belediging deur die howe te maklik gekonstateer, en dit kom deur die toepassing van die Engelse begrippe van belediging en nie deur toepassing van die beginsels van die Romeins-Hollandse reg nie, die geldende reg, 'n ondersoek wat hierna uiteengeset word.2) By 'n terugvalling op, en 1) Gardiner <& Lansdown op. cit. p. 1071. 2) Wetenskaplike vooruitgang van die Romeinse beginsels kom nie veel voor nie en die rede hiervan is nie ver te soek nie: vide byv. G. Scheltinga: Dictata over de Groot's Inleiding: Voorreeden p. 3: „In de behandeling nu van dit boek zal men dikwels zien, dat het voorgestelden wet, het zelfden is, als in het Romeinsche recht. Dit komt door dat in veel opzigten daar ... 't Roomse regt ten deele door uitdrukkelijke aanneemingen, ten deele door stilzwijgen Hollandsch recht geworden zyn: als die dingen voorkomen zullen wij ons in deze verhandeling hier niet mede ophouden, dan dat wij die plaetsen egter willen voorlesen, om telkens te toonen hoe men dit in het Roomsche recht uitdrukt." toepassing van, die beginsels van die outoritatiewe reg sal die aksie in die Suid-Afrikaanse reg sowel 'n meer wetenskapliker as n billiker kleur aanneem, in plaas van die onvaste en inkonsekwente beginsels wat teenswoordig geld. Ook meen ons dat hierdeur, die instelling van die aksie nie so maklik toegestaan sal word me as die regters die vereiste van animus injuriandi strenger en deegliker ondersoek, en by die afwesigheid daarvan, beskerming afhanklik maak van die beginsels van die lex Aquilia, want eiënaaidig genoeg is daar talryke gevalle van belediging in ons Hof beslissings, en dit was nie die geval in die Romeins-Hollandse reg nie as mens die regspraak raadpleeg nie.*) 2. Die Bestanddele van Belediging in die Romeins-Hollandse Reg. Die delik belediging bevat twee hoofdele: 1. 'n Ongeoorloofde wilsuiting. Die skuldbegrip wat behandel word onder animus injuriandi. 2. Eer en goeie naam, wat deur die belediging gekrenk word. Onder die eerbegrip moet gekonstateer word die objektieve eer en goeie naam wat deur die reg, teen 'n aanranding daarvan, beskerm word. I. Animus Injuriandi. Die vereiste wat gestel word deur die outoriteite vir injuria in die algemeen en vir belediging in die biesonder, is dat die handeling ongeoorloofd is, wanneer dit animo injuriandi geskied. Hierdie essensieele bestanddeel vereis dus 'n noukeurige ondersoek, of hiermee bedoel is die ruime begrip van opset, of 'n meer bepaalde en engere begrip van oogmerk. Terwyl die woorde animus injuriandi op sigself al 'n ondubbelsinnige betekenis aantoon nl. die bedoeling om te krenk, word hierdie begrip deur die outoriteite vertaal met opset of oogmerk. 2) Hierdie twee verskillende begrippe en presies welkeen die vereiste by die skuldbegrip is, het in die moderne Nederlandse reg heel wat stryd en begripsverwarring veroorsaak, alhoe- 1) vide byv. Bijnkershoek: Observationes Tumultuariae. 21 Byv. Huber op. cit. VI. VIII. 3 beskryf die skuldbegrip as „opzet van hoon" of enkel „opzet" terwyl van der Linden die juiste woorde besig „oogmerk om te beledigen". (1.16.4: p. 173). wel dit algemeen aangeneem word dat opset voldoende is vir die strafbaarheid by 'n belediging. *) By opset as vereiste, berus aanspraaklikheid enkel op die feit dat die dader uiting gee aan krenkende woorde en bewussyn dat die woorde krenkend is, of anders omskrewe, dat die dader 'n handeling gewil het terwyl hy weet dat die handeling beledigend is. By opset word dus nie ondersoek die doel waarmee die beledigende woorde geuit is nie, terwyl by oogmerk as vereiste dit gevorder word dat die gedagteuiting op 'n bepaalde doel gerig is. Oogmerk bevat tewens die kenmerk van opset, nl. die uiting van bewuste krenkende woorde, maar die wilsuiting moet gerig word op die doel om die beledigde te krenk. Die begrip sluit dus twee elemente in. 1. Die element van opset. 2. Die strewing van die wilsrigting na 'n bepaalde doel om te kwets of te krenk. Om die begrip deur praktiese voorbeelde te verduidelik, kan enige objektief beledigende woord geneem word, byvoorbeeld, die woord „verraaier". Gebruik die dader die woord „verraaier" teenoor iemand en hy is 'n persoon van normaal ontwikkeling en verstand, dan is opset aanwezig by die uiting van die woord, d.w.s. die dader gebruik die woord willens en wetens, met bewussyn van die beledigende betekenis van die woord, en hy sou derhalwe, afgesien van enige regsgrond, gestraf moet word vir 'n belediging wat gepleeg is. Het die Romeins-Hollandse reg dan opset as voldoende beskou by die skuldbegrip dan moes die dader steeds die aanspraaklikheid dra vir die gevolge van sy onwettige daad. Vereis die reg, egter, dat bewussyn en opsetlike pleging van die belediging nie strafbaar is nie, sonder dat die dader by die bewussyn nog daarby 'n seker ongeoorloofde doel beoog het, dan is die strafbaarheid afhanklik van die doel waarmee die beledigende woorde gebesig is. En by die uiting van die beledigende woorde is dit die reg van die dader om steeds te bewys met watter doel hy die woorde geuit het. Die dader kan, byvoorbeeld, bewys dat hy die woord „verraaier" gebruik het om die betrokke persoon te waarsku teen pligsversuim en hier is sy oogmerk, waarskuwing; of die beledigde daarmee te plaag of 1) Vide Tijdschrift voor Strafrecht: XXI: p. 390; XIII: p. 116 en p. 423; XII: p. 474 en p. 490; II: p. 327; Noyon: Strafrecht III. p. 19 v.; Simons: Strafrecht II. p. 52; anders Levy: in Tijdschrift voor Strafrecht XXX. p. 89 v. te terg; of hy kan die woord as 'n grap bedoel. In al hierdie gevalle ontbreek die oogmerk om te beledig. Die woord „verraaier hang dus steeds af van die werklike bedoeling van die dader en waar hy 'n bedoeling anders dan die om te beledig kan bewys, het hy reg op volledige vrystelling van aanspraaklikheid vir die uiting van sy gedagte. Word die twee begrippe van opset en oogmerk verwar dan word 'n groot fout begaan, aangesien dat by oogmerk die objektiewe beledigende woorde nie 'n belediging veroorsaak nie, tensy daar nie van die ongeoorloofde doel, voldoende bewys gelewer word nie.1) So kan daar meerdere praktiese gevalle voorkom waar die omstandighede 'n geoorloofde doel ondersteun. Byv., die vader van n meisie, wat deur 'n seker persoon verlei was, waarsku die verloofde van laasgenoemde oor sy onsedelike gedrag, as gevolg waarvan die verlowing gebreek word. Veronderstel dat die vader n normaal ontwikkeld mens is, dan het hy opsetlik uiting gegee aan bewuste beledigende woorde, wat die eer van die betrokke persoon aantas. Maar in hierdie geval sou die gewone aanspraaklikheid daarvoor opgehef word, omdat die oogmerk te beledig ontbreek en vervang word deur die doel om 'n plig te vervul. Die wet moet alleen besluit of 'n dergelike pligsbesef 'n geoorloofde doel is of nie, volgens die gewoontes en beskawing van die Staat. Word die doel as geoorloofd aangeneem, dan berus beskerming op die feit dat 'n beledigende oogmerk ontbreek, en vervang word deur 'n geoorloofde 'doel om te'waarsku of vervulling van 'n plig. Nog 'n voorbeeld, wat die oogmerk verduidelik in verband met 'n persoon wat 'n publieke betrekking beklee, kan geneem word. 'n Poliesie-Kommissaris waarsku die publiek teen die praktyke van 'n berugte persoon wat veel swendel pleeg. Ook hier is daar 'n opsetlike uiting van beledigende feite, tewens bewussyn dat deur die openbaring van die feite die beledigde in sy goeie naam gekrenk 1) Die doel van die dader most altyd geoorloofd wees en in die omstandighede as sulks aangeneem kan word. Waar die bepaalde doel om te beledig ontbreek, maar alleen vervang is deur 'n ander afkeurenswaardige oogmerk byv. behartiging van sy eie selfsugtige belange, dan behoort die reg dit ook as belediging te straf. Geoorloofde oogmerk word hier nie as 'n noodwendige alternatief beskou nie as die bepaalde beledigende oogmerk ontbreek nie. sal wees. Maar die priinêre dryfveer by die Poiiesie-Kommissaris is die vervulling van sy plig en beooging van die beskerming van die publiek, en die bevordering van die algemene belang is steeds 'n geoorloofde oogmerk. In hierdie geval sou daar al 'n presumpsie ontstaan, dat die oogmerk geoorloofd was volgens die omstandighede, terwyl in die voorgenoemde geval die dader sy geoorloofde oogmerk positief sal moet bewys. Beide gevalle sou dus in die Romeins-Hollandse reg beskerm word enkel op grond van die geoorloofde oogmerk. Alhoewel die outoriteite nie regstreeks, duidelik en op 'n wetenskaplike manier die animus injuriandi as oogmerk verklaar nie, kan ook hier soos in die Romeinse Reg, van die beskrywing soos dit in die geskrifte voorkom, die oogmerk as vereiste by 'n belediging ontwyfelagtig afgelei word; dit moet as noodsaaklike vereiste beskou word dat die bedoeling, om öf die eer öf die goeie naam aan te rand, steeds aanwesig moet wees, voordat die dader aanspraaklik gehou kan word vir die uiting van beledigende woorde.*) Ten eerste bevat die animus injuriandi die subjektiewe vereiste van wetenskap of bewustheid dat die gepleegde handeling of geuïtte gedagte, beledigend is. Dit word deur Huber verduidelik: „wordt eerstelijk vereyscht, in de misdaders kennisse van 't geene sy doen", 2) wat ooreenstem met die reel van die Romeinse reg „iniuriam nemo (facit) nisi qui scit se iniuriam facere." (Dig. 47.10.3/2). Die kennis wat hier vereis word is nie 'n biesonder wetenskap tussen reg en onreg nie, maar die wetenskap wat van ieder normaal ontwikkeld mens verlang en verwag word. As die gepleegde handeling dus in stryd met, of 'n oortreding van die reg is, dan moet die doli capax, as normaal mens, aanspraaklikheid vir die gevolge 1) Die meeste outoriteite stel die animus injuriandi kortliks as positief vereiste en verduidelik die begrip dan verder deur middel van die opnoeming van uitsonderinge waarin die strafbaarheid uitgesluit word. Dus soos in die gevalle van „doli incapaces"; of weens biesonder gemoedstoestande soos toorn, woede, „ab irae impetu", provokasie ens. Byv., Matthaeus op. cit. 47.4.1.7. „Injuria non sit sine animo injuriandi" (gevolg deur die omstandighede waar daar geen animus injuriandi is nie): cf. Voet 47.10.1, 2 et 20; van Leeuwen Censura Forensis V.XXV.I. 2) H.R. VI.VIII.3. van sy ongeoorloofde handeling aanvaar en in die Romeins-Hollandse reg, soos in die Romeinse reg, word alleen impuberes en kranksinniges van die gewone gevolge vrygestel.Aanspraaklikheid word hier uitgesluit omdat in sulke gevalle daar geen sprake kan wees nie 1. van die willing van 'n handeling, 2. bewustheid van die beledigende aard van die handeling, 3. die beooging van 'n wederregtlike bedoeling'. Behalwe die bewussyn van die belediging wat gepleeg woord, sonder die biesonder wetenskap tussen reg en onreg, vorder die Romeins-Hollandse reg, ten twede, die oogmerk om te krenk. Dus stel van der Keessel, as die vereistes van 'n injurieuse handeling „Injuriam non esse sine animo contumeliam inferendi". 2) Ook word die oogmerk as vereiste bevestig deur van Leeuwen3): „Dicitur injuriandi affectu, quia ad hoe ut injuria illata dicatur, injuriandi animus atque affectus concurrere debet, neque sine contumeliae affectu injuria committitur", en uitdruklik word dit in die Hollandsche Consultatien (Kort Begrip) aangetoon, dat opset alleen nie voldoende is nie. „iets ignominieus werdende geobjicieert (opset) kan geen injurie werden gepraetendeert, nisi adsit animus injuriandi, tenzy dat 'er d'intentie bij is om te injurieren",4) maar dat die 1) Huber op. cit. VI.VIII.3: vide ook Voet: 47.10.1; van Leeuwen V.XXV.6 „Injuriam itaque committunt omnes qui doli capaces sunt... per eos qui ut fiat dolo malo curant"; van der Keessel 47.10.1 et 12; Matthaeus op. cit. Prol. 11.14; Huber op. cit. VI.VIII.XI: By hierdie bepaalde gevalle moet nog gevoeg word die verdere voorbeelde deur dit outoriteite gemeld, waarin die bewussyn van die handeling uitgesluit word: byv. dronkenskap onder bepaalde omstandighede, of onder die invloed van slaap ens. 2) 'n Verder vereiste wat alreeds bo aangetoon is, is „non fieri injuriam absque dolo" Dictata 47.10.1. Hy verduidelik die subjektiewe vereiste wanneer hy daarby voeg „nam injuria ex affectu facientis existit". Contumeliam omskryf hy (t.a.p.) „Existimo veteres contumeliam ita intellexisse, ut omne factum Juri nostro contrarium, quo in contentum adducimur vel quo suum erga nos contentum Auctor contumeliam indlcat". 3) C.F. V.XXV.I; Voet 47.10.8 gee gevalle van beledigende woorde geuit „infamandi causa". 4) Caput Injurie XII; cf. Hollandsche Consultatien en Advyzen V.LXXXI.2, waar animus injuriandi uitgesluit is in verband met noodsaaklike verdediging. Oogmerk as vereiste kan uit die veel gevalle gegee altyd af gelei word: byv. Sande, Opera Omnia V.VIII.V „qui diffamandi causa famam spargit". In die praktiese reg moet dit altyd beweer word dat die belediging ge- 4 bedoeling gerig op die objektiewe kwetsing of krenking, met die beledigende uiting gepaard moet gaan. Word verder bevestiging hiervan verlang, dan verwys ek na van der Linden1) waar hy „misdaad tegen de eer" beskryf as 'n „injurie waar door men verstaat alle daaden of gezegden, met een oogmerk om te beledigen,, tot schending van iemands eer ingerigt". Uit die oogmerk as vereiste, vloei nog andere beginsels wat toegepas moet word by belediging. 1. Die reg beskou die aanranding van eer en goeie naam nooit enkel objektief nie,2) en by woorde wat objektief beledigend is, kan die dader steeds sy werkelike bedoeling bewys, nl. dat hy by die uiting van sulke woorde 'n ander mening of betekenis daarby bedoel het. Die interpretasie van die regter sclf, of die toehoorders, is nie die oorwegende faktor nie,3) maar die dader moet dan ook redelike bewys lewer van sy werklike bedoeling. Die reel as sulks is wyd gestel en die Romeins-Hollandse reg pas hier 'n billike uitsondering toe. Die doel van die reg is om voldoende beskerming te verleen aan eer en goeie naam, wat deur ongeregverdigde en minagtende handelinge daarop gerig, gekrenk word. As daar onvoldoende beskerming verleen word vir gekrenkte eer dan veroorsaak dit 'n onbevredigende toestand nl. ontevredenheid en self-wraak deur die gekrenkte burger wat geen beskerming in die reg vind vir die aanranding van sy eer en goeie naam nie. By die konstruksie van wat beledigend dien die reg dus in ag te neem die algemene beskawing en sede begrippe van die Staat. Nou kan dit voorkom dat 'n indiwidu van 'n abnormale laë sedelike gehalte, of van 'n abnor- pleeg was „animo injuriandi, intentie om te injurieer" vide 'n geval in Kersteman Academie der J.P. Tit. IX: p. 137: cf. casus-positie in Hollandsche C. en A. V.LXXXI; 1) Op. cit. 1.16.4. p. 172. 2) „Nam uti cetera maleficia distinguit affectus, ita et iniuriam" Voet 47.10.1. 3) „Injuria ex ore et animo non ex sensu sibi applicantis, aestimandae sunt; sensus in patiente non facit injuriam sed affectus in faciente". Mevius Decisiones 7.113 n. 3 (veel gekwoteer in die Suid-Afrikaanse regspraak); cf. die Romeinse Reg: „Nemo aestimandus est dixisse quod non mente cogitaverit" Dig. 33.10.7/2. male laë ontwikkeling in die algemeen is, en dan kan sy begrippe oor wat beledigend is, in stryd met die „bonos mores" van die Staat wees. Waar hy uiting aan 'n belediging gee wat volgens sy „affectus" nooit in stryd met die sede begrippe van die Staat is nie, dan moet die reg hierdie botsing van verskillende belange voorkom en die voorkeur gee aan die beskerming van gekrenkte eer, en nie aan die beroep van die dader op sy opvatting nie en dat volgens sy standaard van ontwikkeling, die gedagteuiting geen beledigende betekenis het nie. Dat die Romeins-Hollandse reg gestreef het om by beledigende woorde hierdie billike reel toe te pas, volgens die primêre belange van die handhawing van die sedelike standaard en die algemene maatskaplike orde van die Staat, soos dit verteenwoordig is deur die normaal ontwikkeld mens en nie volgens die beskouwing van 'n abnormale indiwidu, wie se oordeel dit nie kan aanvaar nie, blyk uit die volgende citaat: „In injuria dijudicianda non est respiciendum ad mores ejus, qui injuriam facit, sed ad moros bones civitatis".*) Die verskil van beginsel wat toegepas word in hierdie gevalle en in die vorige, waar 'n normaal mens hom beroep op sy „affectus" waar hy beledigende woorde uit, is dat die abnormaal mens steeds gedagtes uit wat volgens sy sede en eer begrip nie eeraantastend is nie. Hiermee word die eer van die aangerande steeds gekrenk en as die reg die dader se bedoeling in ag neem dan word die belange van die staat, deur verhindering van onnodige belediginge, nie gehandhaaf nie. 2) Logies is dit dus dat die algemene belange in sulke gevalle primêr is. Gaat die reg egter dieselfde beginsel toepas waar 'n normaal mens 'n beledigende woord uit, met bewussyn dat die aard van die woord in botsing is met die algemene gehandhaafde standaard, maar die woorde word gebruik in 'n ander betekenis of met 'n geoorloofde doel, dan is die beskerming verleen vir gekrenkte eer oordryf en lei weer tot 'n ongewenste toestand in 'n beskaafde staat nl. prikkelbaarheid en oorfyngevoeligheid van die burgers. Belediging vertoon steeds 'n stryd 1) Van der Keessel: Dictata 47.10.1: cf. Matthaeus op. cit. 47.4.1.2. 2) Ook hierdie reel is alleen algemeen neergelê. Die regter moet besluit volgens die omstandighede en waar dit in uitsonderlike gevalle kan bewys word dat hier werklik geen beledigende doel teenswoordig was nie, dan geld die algemene reel dat daar geen aanspraaklikheid veroorsaak word nie: vide bewys van animus, p. 57. tussen botsende belange1) nl. reg op vrye gedagteuiting en reg op beskerming van gekrenkte eer, en die reg moet probeer om harmonie tussen hierdie teenstrydige regte te skep, volgens billike en redelike beginsels. Van die voorafgaande moet uitdruklik onderskei word die gevalle van regsdwaling, omdat die oogmerk 'n uitoefening van 'n veronderstelde reg is, en nie om die beledigde te krenk nie. Hier beskou die reg die injuria as opgehef op grond van 'n error excusabilis: „ceterum ita demum laesio juris alieni pro injuria habenda est si quis sciens eum intulerit, nam qui putat sibi competere servitutem itineris, et prohibendi domino fundem ingreditur, injuriam non facit quia non vult alterum laedere sed suo jure uti". 2) 2. Terwyl die reg vorder dat die wilsuiting regstreeks gerig is op die krenking van eer en goeie naam, word dit nie vereis dat werklike krenking van die een of die ander 'n noodwendige gevolg moet wees nie, want voldoende is reeds die feit dat die reg van 'n ander aangetas is.3) Ter verduideliking van hierdie beginsel kan ons die geval neem waar 'n hoogaanstaande persoon beledig word, sonder dat die goeie naam wat hy geniet, in die daad enige vermindering van agting ondergaan, of dat sy eergevoel enigsins pynlik daardeur getref word. Terwyl nadelige gevolge aan eer en goeie naam by die skending van die regsbelang veronderstel word en die ongeoorloofde handeling op sigself 'n strafbare feit is geld die reel egter, dat die beledigde nie onverskillig teenoor die belediging moet staan 1) „cum injuria aestimetur non tantum ex affectu facientis, sed etiam ex affectu cujusque patientis". v. d. Keessel op. cit. 47.10.1. 2) v. d. Keessel op. cit. 47.10.1. 3) Dus stel van der Keessel dat „tertium requisitum est, ut contra jus aliquid factum sit" Dictata 47.10.1. By belediging word die eerkrenking gestraf sonder bewys van materiele skade, of daling van goeie naam in die skatting van die publiek, of werklike krenking van eergevoel. Dit word bewys deur die sanksie van amende honorabel et profitable. „Sed tantum actionem privatam ex lege Aquilia ad indemnitatem, si forte injuria illata etiam ad damnum rei familiaris pertinuerit" Voet 47.10.18. In sover egter is die definiesie van belediging deur Voet gegee 47.10.1 „Delictum ... quo ... fama laeditur dolo malo" onjuis, as sou dit veronderstel dat daar werklike nadeel vereis word. Beter was dit om dit omskrywing van die Dig. 47.10.1/2 te bewaar as „injuria ... ad infamiam pertinere". Die beginsel van Codex 9.35.3, ante p. 27(4), word deur die outoriteite algemeen aangeneem. nie, want beskou hy die aanranding as iets minderwaardigs of bemoei hy hom nie daarmee nie, omdat hy dit nie as 'n werklike inbreuk op sy regte voel nie, dan is dit bonum et aequum dat die strafbaarheid deur sy gedrag en reaksie daarteen, opgehef word. *) Sulke gevalle kan veronderstel word waar die beledigde aangeval word deur iemand wie se oordeel of opinie hy minag, byvoorbeeld, die belediger is 'n bekende ongebalanseerde of fanatieke tiepe; of hy word beledig deur iemand van wie hy op belangrike vraë verskil, of wie se sienswyse anders is, byvoorbeeld, 'n politieke opponent. 'n Ander beginsel wat steeds erken word is dat elke indiwidu 'n reg op eer en goeie naam het en sonder uitsondering van persoon of stand, word die reg om 'n aksie vir belediging in te stel aan iedereen toegestaan. Hierdie beginsel is juis en die erkenning daarvan is van groot belang vir die maatskappy. Waar die aksie ingestel word, neem die regter in ag, in hoever die beledigde nog reg op beskerming van eergevoel en goeie naam het en of hy hierdie beskerming nie deur die manier waarop hy sy sedelike en regspligte vervul, verbeur het nie. Dus kan persone-van algemeen bekend laë sedelike en morele gehalte, hulle beroep op die beskerming van die 'reg, en die regter moet dan, volgens die omstandighede, besluit of daar 'n inbreuk op die regte van die beledigde plaasgevind het. 2) Die vraag moet nog beantwoord word, welke beginsels die regter toepas by die interpretasie en aanneming van animus injuriandi in 'n belediging. Want daar kan by die animus injuriandi as oogmerk, verskillende motiewe, dryfvere of einddoele die dader inspireer om 1) „Nam injuria ex dissimulatione aboletur". Vide hieroor Voet 47.10.19. In die algemeen ag die outoriteite dit raadsaam dat die beledigde n gepleegde belediging nie ongestraf verby laat gaan nie, aangesien die veronderstelde nadelige gevolge anders 'n hinderpaal mag wees in die uitoefening van sy pligte, of by die toewyding van sy dienste in die algemene belang, byv. vir kerk en staat: vide Voet 47.10.23. 2) Voet erken gelyke regsbeskerming aan alle persone, onverskillig van rang of stand, of gedrag, solang as dit kan bewys word dat daar n onreg teen hulle gepleeg is: „Quid enim si homicidae adulterium, adultero homicidum aut furtum aliudve scelus praeter veritatem objectum fuerit?" (47.10.17). Aan hierdie beginsel moet die voorkeur gegee word, want Voet is anders inkonsekwent. In 47.10.4 beweer hy die teenoorgestelde. Vir die exceptio veritatis vide p. 77 v. uiting te gee aan beledigende woorde en die vraag is in hoever al hierdie verskillende elemente in ag geneem word. Uit die skaarsheid van die gegewens kan hierdie moeilike vraagstukke nie bevredigend opgelos word nie. Egter blyk dit dat by die skuldbegrip, 'n wilsuiting gerig op die bepaalde doel om te krenk1) voldoende vir die strafbaarheid is, sonder dat die regter die werklike einddoel, waar sulks 'n beledigende middel nie regverdig nie, as vrystelling van strafbaarheid laat dien. Die bereiking van 'n indirekte doel deur middel van 'n beledigende handeling, animo injuriandi, kan beter verduidelik word deur praktiese gevalle. Byv. éen koopman beledig 'n ander koopman. Eindelik streef hy na die verbetering van sy eië saak, maar om hierdie einddoel te bereik, pleeg hy 'n belediging en die belediging is gerig op die krenking van goeie naam van sy konkurrent, sodat die publiek meer geneig sal wees om by hom te koop. Óf miskien pleeg hy die belediging onder die verkeerde indruk dat die beledigde oneerlik teenoor hom handel. Al hierdie motiewe 2) sou vir die regter onverskillig wees, omdat die direkte oogmerk van die dader niks anders was, dan om die beledigde nadeel te veroorsaak nie, en die gepleegde belediging kan in die omstandighede nie geregverdig word nie. Ons neem nog 'n ander voorbeeld waar die motief van die dader nie geoorloofd is nie en waar die strafbaarheid dus nie opgehef word nie. A wens met B te trou. Om C te verhinder met haar te trou, openbaar hy beledigende feite van B aan C. Ook hier is dit die oogmerkvan A om die eer en goeie naam van B in die oordeel van C te krenk, maar die einddoel waarna hy streef nl. om self met B te trou, sou nie deur die regter in ag geneem word nie. Was die omstandighede anders, byv. A is 'n vri'end van B. C is 'n persoon van slegte karakter. Om die huwelik tussen B en C te verhinder, openbaar A dieselfde beledigende feite van haar aan C, dan sou sy werklike oogmerk 'n geoorloofde een wees. In 'n geval van belediging moet die regter dan besluit, na oorweging van die omstandighede, öf in casu, die dader die oogmerk gehad het om 'n onreg te pleeg, contra jus alterius, öf dat die dader 1) Ek verwys ook na p. 47—48. 2) Die verskillende motiewe wat die dader kan inspireer om 'n belediging te pleeg is talloos. se bedoeling nie sulks was nie, maar vervang word deur 'n geoorloofde doel. *) By die pleging van 'n belediging met die direkte doel om te beledig, sou faktore soos ondergeskikte motiewe, einddoel, dryfvere wat deur die reg nie erken word nie, die dader van strafbaarheid nie vrystel nie. Ten slotte moet behandel word die beginsel waarop die strafbaarheid in gepriviligeerde gevalle opgehef word, want ook hier blyk dit duidelik dat animus injuriandi, oogmerk is, en dat vrystelling van strafbaarheid berus in hierdie gevalle op afwesigheid van 'n krenkende oogmerk en aanwesigheid van n geoorloofde, en aldus deur die reg erkende, oogmerk. Die Romeins-Hollandse reg erken as 'n geoorloofde geleentheid die uitoefening van n amtsplig, of pligte in verband met betrekking, pos of beroep, en die strafbaarheid word opgehef omdat die uitoefening van dergelike en analogiese pligte of belange, 'n geoorloofde doel is. Die beginsel waarop die reg hier beskerming verleen, is die beooging en behartiging van wettige publieke of private belange. Neem ons byvoorbeeld die geval van 'n magistraat, in die uitoefening van sy amtsplig, dan is die analogie met dieselfde geval in die Romeinse reg duidelik: „Quod reipublicae venerandae causa, secundum bonos mores fit, etiamsi ad contumeliam alicujus pertinet, quia tarnen non ea mente magistratus fecit ut injuriam faciat, sed ad vindictam majestatis publicae respiciat, actione injuriarum non tenetur'.2) Veronderstel dat die magistraat 'n belediging pleeg, nie „ad vindictam majestatis publicae" nie, maar met die oogmerk om die beledigde te krenk, dan is die magistraat aanspraaklik vir sy ongeoorloofde handeling. ,,Si tarnen hi contumeliosis verbis aliquem contra bonos mores oneraverint... non ad vindictam majestatis publicae, non monendi et eru- 1) 'n Voorbeeld hiervan kry ons in 'n beslissing van die Hof in Bynkershoek: Observationes Tumultuariae (1933) No. 1108; 'n Pastoor het iemand 'n dief genoem. Vonnis was vir die verweerder (pastoor) en n versoek om in hoër beroep te gaan, deur die beledigde, was afgewys, omdat „injuria non videretur dixisse pastor, quod dixerat ad transigendam litem, turn quod ne quidem satis probaretur ea ipsa injuria". 2) Voet 47.10.20 et 2: cf. Dig. 47.10.33: waar die magistraat dus 'n persoon In die Hof vir sy wangedrag berisp dan verval die wederregtlikheid omdat „non laedendi proposito, sed jure licito ac jure honoris sui id fecisse praesumi debet". Voet op. cit. 47.10.20. diendi causa, sed ad concitandam invidiam atque infamiain, injuriarum actione teneri possunt".*) In gevalle van beperkte privilegie berus die opheffing van die strafbaarheid dus steeds op 'n presumpsie van geoorloofde oogmerk, en hierdie beginsel word deur die outoriteite met nadruk bevestig: „Die van getuigen tegens hem beleidt voor recht tot haer hoon yets spreekt of schrijft, kan daer over niet altoos worden aengesprooken, maer wel als hy het te grof maekt en boven 't geene tot sijn saeks verdeediging van nooden was, of dat hy het boos-aerdiglijk verdicht hadde sonder eenig bewijs; in welke gevallen die beleedigt is, sijn aensprake doen kan".2) Vergelyk mens 'n analogiese geval, deur van Leeuwen gegee: „Sed si quis ad reprobandos testes crimen objiciat, Jure, neque injuriae causa fecisse id vide'oitur", 3) dan berus die opheffing van strafbaarheid in gevalle van privilegie 1. Op die presumpsie dat die oogmerk om te krenk afwesig is, 2. Omdat daar 'n presumpsie bestaan van geoorloofde oogmerk nl. 'n wettige pligsvervulling in een of ander vorm. Die materiele reg in die gevalle van privilegie bly onveranderd. 4) Die presumpsie van pligsvervulling egter, verplaas die onus van bewys van ongeoorloofde oogmerk op die beledigde. Verdere voorbeelde in die Romeins-Hollandse reg waar die wederregtlikheid opgehef word, weens afwesigheid van ongeoorloofde oogmerk, geskied in die gevalle, waar die gemoedere van die dader in so 'n biesonder toestand verkeer dat die gewone aanspraaklikheid vir belediging uitgesluit is. In gevalle van provokasie, woede of toorn, beskou die reg die oogmerk nie as krenkend nie, maar „se defendendi" of „purgandi causa" en dieselfde beginsel geld vir retorsie van 'n belediging. Waar 'n belediging gepleeg word op iemand en die beledigde beskerm homself deur weerpleging van 'n gelyksoortige belediging op die dader, dan gebruik hy 'n middel waarop hy volle reg het. 5) 1) Voet 47.10.2: Tereg merk Voet op dat 'n beledigende oogmerk nie lig aangeneem sal word nie: „tametsi id non facile praesumendum est". 2) Huber op. cit. VI.VIII.12. Die cursiveering is deur Huber self. 3) C.F. V.XXV.3. 4) Dus geen afwyking van die algemene beginsel dat „maleficia distinguit affectus non eventus". 5) Van Leeuwen C.F. V.XXV.11. „ut si injuriam passus, eam simili injuria Bewys van Animus Injuriandi. In verband hiermee word 'n moeilike vraagstuk in die beledigingsaksie aangetref. In die meeste gevalle van belediging, egter, is die materiele verskil tussen opset en oogmerk by die bewysvoering nie groot vertoon nie. Waar beledigende woorde geuit is, met bewussyn van die krenkende aard van die woorde, sou daar tewens in die meeste gevalle die oogmerk om die beledigde te krenk, aanwesig" wees;1) en dit is die beginsel wat die Romeins-Hollandse reg by die bewysvoering van animus injuriandi toepas. Sodoende word die moeilikheid van die bewysprobleem tot 'n seker mate vereenvoudig. Terwyl by die aanneming van oogmerk om te beledig, waar die woorde beledigend is, die verskil tussen opset en oogmerk dan as onbelangrik vertoon is, word die belangrikheid van verskil hierin gesien, dat die dader waar oogmerk 'n vereiste is, hom steeds kan beroep op sy werklike oogmerk, en bewys daarvan dien as vrystelling van strafbaarheid. Die outoriteite besef ten volle die moeilikheid om vaste beginsels vir die bewys neer te lê en stel as eerste reel, dat dit grotendeels aan die oordeel van die regter oorgelaat moet word,2) na inagneming en oorweging van al die bykomende omstandighede. •') Waar repulerit, sibi ipsi Jus dixisse videatur... Ita tarnen ut injuriae verbales realibus compensari non possint, nee si quis verbis injuriam patitur, verberibus alium excipere impune possit: quamvis mitius puniri soleat qui injuria alterius commotus, et quasi incitatus, ob justum animi dolorem, quem temperare difficile est, in alterum commiserit". By noodsaaklike verdediging van persoon of goed, wat tewens verdediging van naasverwante insluit, beskou die reg ook dat die dader „suo jure utitur". In die algemeen vide H.C. en Advysen V.LXXX1: cf. vervolg op H.C. en A. Caput lnjurie XIII: vir volledige behandeling vide Voet 47.10.20 en de Villiers op. cit. p. 193 v.; Rechtsgel. Observatien XCVII, Obs. 3.36.2 N. 4: Sande op. cit. VI.VIII.7; van der Keessel Dictata 47.10.8; van Leeuwen C.F. 5.XXV.5. 1) Die normaal mens moet geag word as volkome bewus van die gevolge van die uiting van 'n belediging. 2) Volgens sy diskresie: vide Voet 47.10.8 en Matthaeus op. cit. 47.4.1.3. 3) „Si injuriandi desit propositum, quod ex circumstantiis colligendum est, dum dolus in mente residet et in dubio non praesumitur" Voet 47.10.20: cf. Huber op. cit. VI.VIII.8; Dig. 47.10.15/25,28. Die eiser moet derhalwe al die omstandighede van tyd, plaas, aard van die belediging, met noukeurigheid uiteenset: Kersteman Academie IX: p. 120 en 124. die woorde in hulle aard, per se beledigend is, dan word die animus injuriandi as aanwesig geag,x) en die onus van bewys van geoorloofde oogmerk word op die belediger verskuif.2) As voorbedde van beledigende woorde gee die outoriteite as maatstaf, alles wat in stryd is met die goeie sedes en gewoontes van die Staat, dus woorde wat verbied is, wat ongeoorloofd en onverdiend is, en wat in stryd is met die volkome regte van die beledigde.3) 'n Voorbeeld hiervan kry ons in die volgende geval: Titius skryf 'n brief aan Sempronius, „vol valsche klachten", omdat Sempronius genoodsaak was om die seun van Titius van sy skool weg te stuur. Dit was besluit o.a. dat aangesien die brief van Titius vol valse beskuldiginge, „falsa crimina", was, dat animus injuriandi aanwesig was en sy pleit dat die brief ter noodsaaklike verdediging van sy seun, wat deur Sempronius van sy skool weggestuur was, kon hom in die omstandighede geen actio injuriadum teen Sempronius gee nie, waar laasgenoemde 'n beledigende antwoord geskryf het nie. 4) Roep iemand 'n andere 'n dief, dan word die animus injuriandi aangeneem „donec probat se animo injuriandi non habuisse".E) Ook word dit neergelê dat waar die woorde in hulle aard duidelik beledigend is, 'n teenverklaring, sonder meer, dat die woorde nie as beledigend bedoel word nie, nie voldoende is nie, siende dat dit teenstrydig met die belediging seif is: „Si quis dicat, salva tuo honore es fur, aut nequam, vel aliter, protestetur de animo non injuriandi, et mix convicium faciat, non excusatur a poena injuria- 1) Matthaeus op. cit. 47.4.1.10. steunend op Codex 9.35.5; cf. Voet 47.10.20; van Leeuwen C.F. V.XXV.4 ,,In facto per se contumelioso injuriarum affectus semper praesumitur, nisi innocentiam quis probet suam". 2) „Praesumptio militat contra eum qui commissit, adeoque si dicat se animum injuriandi non habuisse, hoe probare tenetur" v. d. Keessel Praelectiones 47.10.1 en cf. n(l) supra. 3) Vide byv. Wassenaer op. cit. 19 : 13; v. d. Keessel op. cit. 47.10.1 „Animum injuriam inferendi praesumi in eo, qui dicit vel facit, quo alterius juri detrahitur, unde onus probandi contrarii ipsi incumbit". 4) H.C. en A. V.LXXX1; vir falsa crimina en kalumnieuse klagte vide ook Kort Begrip H.C. Cap. Injurie XIII. 5) v. d. Keessel: Comm. Inst. 4.4.4: verder voorbeelde in Voet 47.10.8. en de Villiers op. cit. p. 90 v. rum, nam protestatio actui contraria nihil operatur".*) Hierdie geval geld alleen waar die dader enkel deur sy bewering, van strafgevolge vry wil kom. Logies is dit dus dat dit in sigself nie as voldoende geag word nie, en die dader moet deur vollediger bewys en volgens die omstandighede, sy bewering dat hy geen animus injuriandi gehad het nie, ondersteun. Waar hy bewys hiervan voer, is die regter billik en redelik in die aanneming dat die dader werklik nie 'n ongeoorloofde doel beoog het nie. 2) Waar die woorde twee verskillende betekenisse het, is die Hof geneig om die woorde in 'n onskuldige betekenis te interpreteer: „quoties enim alia potest capi conjectura, pro delicto praesumendum non est".3) Hier sou die onus van bewys van animus op die beledigde wees. Ten slotte moet die beledigde, waar die woorde nie beledigend is nie, steeds die animus injuriandi van die dader bewys: „In facto autem quod per se contumeliosum non est, statur negationi ejus qui injuriam commisisse dicitur, neque si verba sint talia, quae injuriam indifferenter, neque necessario non important, actioni injuriarum locus est, nisi prius actor injuriandi animum probaverit: omnis enim praesumptio bona est". 4) Die beledigde sou dan voldoende bewys moet lewer van die beledigende oogmerk, want, soos dit hierbo blyk, word dit nie in twyfelagtige gevalle maklik aangeneem nie. Ook in die Romeins-Hollandse reg is die aksie steeds een „aequuni et bonum concepta". 1) v. d. Keessel, Dictata 47.10.7; cf. Voet 47.10.9; Vinnius op. cit. 4.4.1; Wassenaer op. cit. 19.13. 2) Zurck: Codex Batavus, Injurie 2. N.l. „voor reparatie van injurie word gehouden, zo de injuriant betuigt geen intentie tot beleedigen gehad te hebben": cf. Vervolg op H.C. en Advysen XXIII, waar woorde „uit haastigheid en niet met voornemen om te injurieren" gespreek word. Vir die eed van suiwering, dat die verweerder geen bedoeling gehad het om te krenk nie, vide Voet 47.10.23; 12.2.10; Matthaeus op. cit. 47.4.1.10; Huber VI.VIII.6; dit was toegepas in al die gevalle waar van die animus getwyfel word, „want anders soo de ... woorden in haer aert hoonelijk zijn"; die gevalle wat Huber gee is as „het by geval, of jok is geschiedt". 3) Voet 47.10.20. 4) van Leeuwen C.F. 5.XXV.4. Waar die belediging alleen in die teenswoordigheid van die beledigde plaasvind „si in solitudine iniuria facta" is dit ook 'n geval om onder eed te suiwer, van der Keessel op. cit. 47.10.12/5. Resumerend oor die animus injuriandi kan dit vasgestel word dat onder hierdie begrip te verstaan is, die uiting van bewuste beledigende woorde met die doel om die beledigde in sy eer en goeie naam te grief of te krenk. II. Die Objeklief Begrip van Belediging. Die ondersoek na die skuldbegrip of animus injuriandi stel as vereiste die skending van 'n regsbelang van die beledigde, „Nullam factum aut dictam injuriam esse nisi contra jus alterius commissam sit".1) Die objektiewe geskende regsbelang is die reg op eer en goeie naam van die beledigde,2) en hier moet ondersoek word in hoever die reg haar beskerming verleen waar hierdie regsbelang aangetas word. Belediging word deur die outoriteite in die algemeen beskou as 'n injuria wat geskied deur middel van woorde, hetsy mondeling of skriftelik,3) en belediging deur middel van feitelikhede word onder die injuriae reales gerangskik. Die onderskeid tussen injuriae verbales en injuriae reales is nie so streng geskei nie en belediging sluit alle injuriae in, waar die persoon van die belediger nie aangerand word nie, maar waar hy persoonlik deur enige handeling in sy eer en goeie naam gekrenk word. 4) Ook erken die Romeins-Hollandse reg die „injuria ad dignitatem pertinens", 'n navolging van die 1) van der Keessel op. cit. 47.10.1: cf. Voet 47.10.1: Belediging vereis 'n positiewe objektiewe handeling, 'n Beledigende gedagte is nie strafbaar nie: „Si quis passus non sit honores alicui decenni, honor itaque denegatus non est injuria: v. d. K. op. cit. 47.10.1. 2) Vide Voet 47.10.1; Vinnius 4.4.1; vide definiesies van Grotius op. cit. 3.36.1; en van Leeuwen R.H.R. 4.37.1. Vide ook Papegaey VIII: Request 1 „Ende alsoo den Suppliant, door 't selve onwaaragtig aan-seggen, grootelijks is geinjurieert, ende in sijn Eer naam ende faam geledeert". cf. Hessen Judicieel F.B. 1.111. No. 23; Kersteman Academie IX: p. 117 „waarby iemand door een ander in zijn eer en goeden naam geoffenceert en verkort word". 3) Voet 47.10.8 et 10: Grotius op. cit. 3.36.2: afbeeldinge word onder skriftelike belediginge ingesluit. 4) Boey: op. cit. Injurie: p. 369: „al het geent, dat tot veragting van iemand werd gedaan, door woorden, schriften, of daden": Injuria in die Romeinse reg word onderskei in „re" en „verbis"; „Re quotiens manus inïeruntur; verbis autem ... quotiens non manus inferuntur". Dig. 47.10.1/1. Romeinse begrip „qua comes matronae abducitur".x) Ook hier, is die waardigheidsdelik beperk tot gevalle van immorele aanrandinge, of handelinge wat gerig is teen die eerbaarheid van 'n persoon. Die eer en goeie naam, wat deur 'n belediging aangerand word, moet nou nader bepaal word. Onder eer, of beter die eergevoel, word verstaan die inwendige eer, die gevoelens van die beledigde self wat gekrenk word. 2) Onder krenking van goeie naam, of die uitwendige eer, word verstaan die ongunstige benadeling van die oordeel of agting van die maatskappy teenoor die beledigde. Beskerm die reg alleen 'n aanranding van goeie naam, dan word die begrip eer ongewens nou beperk, en die persoon as gevoelsmens met eer en sedebegrippe, word dan uitgeskakel. Inagneming van goeie naam alleen by belediging, skep dus 'n ongewenste toestand, omdat 1: 'n Belediging geopenbaar aan die beledigde alleen, waardeur dus enkel sy eergevoel gekrenk is, nie strafbaar is nie, en die beledigde het geen erkende regsmiddel om sy geskende regsbelang te beskerm nie, tensy die krenking deur n ander middel beskerm word. 2: So 'n toestand lei tot gevaar vir Staat en maatskappy, aangesien die beledigde geneig sal wees om self die belediging te straf. Onvoldoende erkenning van reg op eergevoel sou dan lei tot self-wraak, stoornisse van die publieke orde, of waar die beledigde nie in staat is om die belediging self te herstel nie, sou sy ontevredeheid hom dwing om andere middels van wraak te soek en uit te voer. Die reg moet altyd die onregverdige toestand waar burgers genoodsaak word „om die reg in eie hande te neem", voorkom, deur middel van voldoende erkenning en beskerming van regsbelange. 3: Dit is altyd 'n teken van ontwikkeling en beskawing, waar die reg die indiwidu erken as gevoelsmens en die handhawing van sy eie gevoelens van self waarde, wat van groot belang vir die maatskappy is, as 'n plig beskou. Hoe meer die maatskappy onwikkel des te meer word die innerlike gevoel van waarde van die indiwidu gewaardeer en erken deur die reg. 1) vide Voet 47.10.7: v. d. Keessel 47.10.2; en p. 17 supra. 2) Die innerlike eer of waarde wat bestaan uit sedelike waarde, eienskappe van siel, geestelike waarde en eienskappe van hoofd, faktore wat buite die publieke skatting van die beledigde staan, vide Tresling: Objectieve Zijde van het begrip Beleediging, p. 6. Dat die Romeins-Hollandse reg in haar ontwikkeling die noodsaaklikheid vir voldoende beskerming van eergevoel erken het, blyk uit die volgende citaat van Huber: „Noch kan opzet aenspraek van hoon geeven over saken, ofte verwijtingen, die in zich selfs niet oneerlijk zijn, gelijk of men yemant een beedelaer, of schijlig, of mank, of diergelijke met toorningen gemoede, noemde; . . . dewijl echter de menschen soodanig zijn, dat sy om sulke oorsaken dikwils moeyten, en vechterijen aenstellen, soo is de plicht van een Rechter om sulks voor te koomen, met de straffen het geene met opzet van hoon wordt gedaen ofte gesprooken".1) Die strafbaarheid van belediging lê opgesluit in die voorskrifte van die wet nl. 'n minagting van die regte van 'n andere, animo injuriandi. Derhalwe is objektiewe omstandighede soos die teenswoordigheid van een of meer persone 'n faktor om in ag te neem by die straffing van die injuria: hoe meer publisiteit, hoe meer word ten eerste, die eergevoel van beledigde self pynliker getref en des te groter is ten twede, die nadeel aan sy maatskaplike goeie naam ook 'n gevolg van die publisiteit. Die omskrywing van die belediging delik is beperk tot die ongeoorloofde aanranding van die eer en goeie naam. Bykoinende omstandighede word voldoende in ag geneem om die belediging te bestempel as injuria atrox of injuria levis. 2) 'n Belangrike faktor van die belediging in die Romeins-Hollandse reg, dus, is die beginsel dat die injuria gestraf word weens die gekrenkte gevoelens van die beledigde self, „cum injuria aestimetur non tantum ex affectu facientis, sed etiam ex affectu. cujusque patientis." 3) Die eer van die indiwidu het meer dan een aspek en dit kan in verskillende soorte verdeel word, 1: Die skatting van die beledigde self van sy eer. Hier staan dit in verband met sy gevoel van innerlike waarde, en hierdie begrip van eer laat sig nie nouer bepaal nie. Dit is afhanklik in elke indiwidu van sy intellektuele en morele ont- 1) H.R. VI.VIII.8 en ook VI.VIII.17; cf. vollediger behandeling in Voet 47.10.8. waar die gevalle geskied „infamandi gratia". 2) vide hieroor p. 70. 3) v. d. Keessel Dictata 47.10.1; cf. Paulus Sentent 5.4.1 en Dig. 47.10.7/1: ante p. 27(3). wikkeling en die selfskatting is dus 'n persoonlike en onafhanklike faktor. Die reg moet elke ontkenning van reg op eergevoel van die indiwidu, deur 'n toegevoegde belediging, straf, en die skatting van die strafboete of vergoeding is afhanklik van die soort persoon wat beledig is, en van die bykomende omstandighede. *) 2. Die skatting van die eer deur die maatskappy. Die algemene maatskaplike oordeel kan weer verdeel word, in die verskillende betrekkinge tussen maatskappy en indiwidu. i In verband met die betrekking, pos, amt of beroep wat hy vervul, ii In verband met sy familie of private lewe. Hier staan die maatskaplike oordeel in verband met die sedelike waarde van die mens as sosiale wese. Die krenking van die maatskaplike eer kan tewens 'n krenking van eergevoel veroorsaak. 2) Ek meen hier, vir die Romeins-Hollandse begrip van eer, wat in die algemeen wyd aangetoon is in die verskillende verspreide beledigende handelinge en woorde, in die geskrifte van die outoriteite, tot 'n andere groepeering oor te gaan. 'n Belediging word deur hulle altyd aangedui as 'n krenking van eer en goeie naam en by die verduideliking van hierdie twee begrippe en hul omvang, word die eerbegrip aangetoon. Die uitwerking van 'n eeraantasting op die beledigde kan een van drie vorme aanneem. 1: Krenking van eer en goeie naam. 2: Krenking van goeie naam. 3: Krenking van eer. Onder eer wat hier sinoniem is met eergevoel, word steeds verstaan die faktor wat by elke belediging aanwesig is en is alreeds hierbo aangetoon. Derhalwe moet die begrip „goeie naam" nog vollediger oorweeg word. Goeie naam, algemeen beskou, is die 1) Die maatskaplike betrekking beklee deur die beledigde, dus byv. 'n hoë amtenaar of geestelike, kom hier in aanmerking. Voet stel as vereiste by die skatting van die injuria, inagneming van die sosiale stand en maatskaplike betrekking van die beledigde: (47.10.13): onder die injuriae atroces word meer voorreg toegeken aan hoogaanstaande persone byv. 'n Magistratus, Parens of Patronus: v. d. Keessel op. cit. 47.10.7. 2) Krenking van goeie naam en eergevoel as gevolge van 'n belediging, word altyd in die Romeins-Hollandse reg toegepas by die reparasie daarvan, in die Amende honorabel et profitabel, (vide p. 92—93). Die amende profitabel word ook toegestaan waar die eergevoel alleen gekrenk is, „si privata tantum scriptura per epistolam injuria facta sit". Voet 47.10.17. oordeel of skatting van die publiek teenoor die beledigde. Hierdie erkenning van reg op goeie naam van die indiwidu, het betrekking tot al die verskillende hoedanighede wat die indiwidu in die Staat inneem. Die agting van die publiek kan dus in verband staan met sy pos of beroep, d.w.s. sy beroepseer, of tot sy waarde as mens, d.w.s. sy sedelike eer. Voordat die goeie naam gekrenk kan word, is dit noodsaaklik dat die gunstige oordeel van sy medemense tot 'n ongunstige oordeel oorgaan, en om hierdie gevorderde daling of vermindering van agting te weeg te bring, moet die belediging steeds aan een of meerdere lede van die publiek geopenbaar word. Wanneer openbaring geskied veronderstel die reg, dat die goeie naam by 'n belediging altyd ongunstig benadeel word en werklike bewys hiervan is onnodig. *) 'n Ander belangrike beginsel in verband met goeie naam is die vraag of die reg elke aanranding daarvan straf, of alleen beskerming verleen aan die goeie naam wat werklik verdiend is, namate die manier waarop die beledigde sy algemene pligte vervul en vervul het. Erken die reg die algemene goeie naam wat die beledigde geniet in die oordeel van die publiek, onverskillig of die oordeel juis of onjuis is, dan dien die waarheid van die belediging nie as opheffing van die strafbaarheid nie. Word die waarheid van die belediging, as 'n volledige beskerming van strafgevolge toegestaan, dan moet die reg op goeie naam werklik verdiend wees. 2) Op hierdie vraag is die Romeins-Hollandse reg nie heeltemaal definitief nie, maar die heersende mening is dat die reg op beskerming van 'n benadeling van die goeie naam verval, wanneer die publieke belange by die openbaring van die waarheid gebaat word. Waar die handeling alleen geskied tussen belediger en beledigde dan is dit alleen eergevoel wat gekrenk word en die goeie naam kan in so 'n geval nie nadeel lei nie. Dat die Romeins-Hollandse reg, die eergevoel van die beledigde as iets onafhankliks van die maatskaplike oordeel beskou, is verduidelik in die gevalle waar iemand bespot word met sy armoede, sy liggaamsgebrekke, soos kreupel- 1) Ante p. 52. 2) Die exceptio veritatis word uitvoeriger behandel op p. 86. heid, blindheid of enige ander liggaamlike misvorming,1) of waar 'n algemeen bekende slegte persoon, deur onware telasgelêde feite, beledig word. 2) By die erkenning van die waarheid as verdediging alleen in beperkte gevalle, word dit ook veronderstel dat die beledigde, alhoewel hy die gunstige maatskaplike oordeel verbeur het waar sy ondeugde algemeen bekend is, nog reg het op eergevoel en beskerming daarvan, en die openbaring van ware feite sonder dat die publieke belange daarby betrokke is, is altyd strafbaar. 3) In die meeste gevalle van belediging word die eer en goeie naam getref. Gevalle waar die eergevoel alleen getref is, kan geskied, byvoorbeeld, waar die belediging in 'n brief aan die beledigde persoonlik gestuur word, of as dit plaasvind in 'n eensame plek waar daar geen andere persoon teenswoordig is nie. In die privaatregtlike aksie is dit moeilik om 'n geval te veronderstel waar die goeie naam alleen benadeel word, sonder dat daarby ook die eergevoel getref word; in die strafregtlike aksie waar die beledigde nie persoonlik die aksie instel nie, kan daar gevalle voorkom waar die goeie naam alleen gekrenk word, sonder dat die beledigde ooit persoonlik daarvan te hore kom, byvoorbeeld, 'n regeringslid wat afwesig is, en wie se gemoedsgesteldheid dus nie aangetas word nie. Die eerbegrip self,4) in die Romeins-Hollandse reg net soos in die Romeinse reg, is nie eng begrens nie. 1: Onder beskerming van eer val belediginge in verband met die sedelike waards van die mens. As voorbeelde van sulke objektiewe beledigende woorde in die geskrifte, kom daar voor „falsa crimina", en woorde wat in die algemeen tot die skande en onteering van iemand strek, soos dief, oorspeler.5) In die algemeen word beskuldiginge van onsedelike gedrag en woorde of uitdrukkinge wat ongeoorloofd is, as 'n bele- 1) Voet 47.10.8: Matthaeus op. cit. 47.4.1.3: vide p. 62(1). 2) Voet 47.10.17. 3) Die belediging in sulke gevalle word dan ook gestraf as 'n krenking van eer en goeie naam. 4) Eer word nou in die wye sin geneem as insluitend krenkinge van eergevoel en goeie naam, „cum id circa aliquem fiat, aut dicatur, quod si verum foret, existimationem aut consumeret aut minueret v. d. Keessel 47.10.2. 5) „Furem, adulterium", v. d. Keessel op. cit. 47.10.2: hy gee al die gevalle van beledigende woorde wat in die Corpus Juris voorkom; cf. Matthaeus 47.4.1.2: „quia natura probra sunt, nemo dubitabit injuriam esse". 5 diging beskou. x) Dit word nie vereis dat 'n bepaalde ondeugd of misdaad, of 'n bepaalde feit telasgelê moet word nie. Algemene uit— drukkinge wat die sedelike waarde van die beledigde aantas, is strafbaar, sy dit in verband met sy privaat, familie of sosiale lewe. Waar die woorde in hulle gangbare en objektiewe betekenis twyfelagtig of onskuldig is, dan moet dit noukeurig ondersoek word of 'n regsbelang hier werklik aangetas is; hier moet die ondersoek afhanklik wees van die bykomende omstandighede en die bedoeling van die dader, voordat dit besluit kan word dat die woorde irt 'n gunstige of ongunstige betekenis aangeneem kan wees.2) Waar die woorde in hulle gewone betekenis dus onskuldig is, wanneer die belediger byv. sê: ,,Jy het Mevrouw A. geld betaal" dan kan dit wees dat hierdie woorde gebruik was in 'n andere en bepaalde beledigende betekenis met die doel om die beledigde te krenk, as dit uit die omstandighede bewys kan word byv. dat die bedoeling van die dader was: „Jy het Mevrouw A. geld betaal (vir immorele doeleindes)". In sulke gevalle moet die geskende regsbelang beskerm word, want, „Sive directo famam alicujus detrahunt, sive per obliquum, cum id circa aliquem fiat, aut dicatur, quod si verum foret existimationem aut consumeret aut minueret".3) 2. Die beroepseer van die beledigde word ook beskerm, d.w.s. die verband tussen indiwidu en maatskappy met betrekking tot die beroep, amt, pos of betrekking wat ny uitoefen. Sulke gevalle kom nie veel voor in die outoriteite nie, maar Voet gee voorbeelde van 'n regter of magistraat, wat deur middel van 'n belediging gepleeg op hulle verteenwoordigers nl. 'n balju of bode, self beledig is. 4) 3. Onder die laaste groep van eerbeskerminge val die krediet- 1) Vir onsedelike beskuldiginge, vide Kersteman Acad. p. 128—130: (vir skeldname t.a.p. p. 121); Boey Woorden-Tolk op. cit. I p. 369. 2) Voet 47.10.8; van der Keessel op. cit. 47.10.2; Derhalwe moet die eiser die „ipsa verba aut factum contumeliosum debet describere, nee sufficit ut alternative illud aut illud dicat". v. d. Keessel 47.10.12/2: cf. Voet 47.10.12. 3) van der Keessel: 47.10.2. 4) Voet 47.10.6 in med.: In 47.10.8 sê Voet dat daar 'n belediging gepleeg is onverskillig of die beledigde 'n privaat persoon is of 'n regter in verband met sy amt. benadelinge en bevat al die gevalle van die Romeinse reg.*) By die kredietbelediginge word dit vereis, soos in die Romeinse reg, dat die animus injuriandi gerig is op die krenking van die eer van die persoon self. 2) Die objektiewe sorteering van die eerbegrip is om aan te wys die wye eerbelange en eerbeskerming wat onder belediging geval het. By die aantasting van die beroeps of kredieteer, sou dit 'n noodwendige vereiste vir benadeling daarvan wees, dat openbaring aan andere persone geskied het. Onder die grootste groep, egter, die sedelike eer, is openbaring alleen 'n ïaktor om die erns van die delik en nie die aard daarvan, te affekteer nie. . Hierdie behandeling oor die eerbegrip in die Romeins-Hollandse reg, met die korte aanduiding van die eersoorte soos hierbo uiteengeset, ag ons dan voldoende, omdat dit nutteloos sou wees om die onstoflike regsbelang 3) wat in die Romeins-Hollandse reg beskerm was, verder en vollediger te verduidelik en te beskryf. Selfs in die moderne regswetenskap is dit 'n kontroverisieele vraag, wat presies onder die eerbegrip te verstaan is en by die bepaling van hierdie onstoflike belang heers daar groot meningsverskil.4) Nog word die vraag enigsins deur die outoriteite opgehelder. Die regsbelang wat beskerm word is éénvoudig, eer en goeie naam, en enige gedagteuiting wat die eer of goeie naam aantas, d.w.s. die 1) Byv. „Si quis fidejussorem, locupletiorem vel approbatum, admittere nolit", of om iemand 'n skuldenaar te noem in stryd met die waarheid: van der Keessel op. cit. 47.10.2. 2) vide byv. Voet 47.10.7: alhoewel hy die gevalle rangskik onder injuriae reales. 3) Die regsbelang wat geskend is by ander delikte byv. onder die lex Aquilia, kan vasgestel word aangesien dit iets stofliks of konkreets betref, nl. die materiele skade wat as gevolg van die pleging van die delik gelei word. By die misdade van moord of mishandeling betref dit lewe of liggaam. By belediging egter is 'n stoflike belang alleen 'n indirekte gevolg byv. waar 'n handelaar, in verband met sy besigheid, skade lei. 4) Ontkenning dus van intellektuele vermoë of kundighede, twyfel aan liggaamskrag, en om die spot te voer met liefhebberye, word nie as eerkrenkinge beskou nie: vide Simons: Strafrecht 11. p. 49; Noyon: Wetboek van Strafrecht 111. p. 13; vir 'n uitvoerige behandeling van eer vide Tresling: Objectieve Zyde van het begrip Beleediging p. 59 v.; van Lamsweerde: Beleediging van eene Collectieve Eenheid p. 64 v. oordeel van die publiek in 'n onbeperkte sin, is strafbaar as 'n belediging. Behalwe hierdie onvoldoende en onbevredigende reel word die begrip verder verduidelik deur opnoeming van gevalle van beledigende woorde. En juis by herhaling alleen van die objektiewe beledigende woorde van die Romeins-Hollandse reg, word die nutteloosheid daarvan vertoon. Want elke Staat, namate die tydperk en namate sy beskawing, het verskillende begrippe oor wat beledigend is of of wat nie beledigend is nie. Elke geval van belediging moet dus besluit word volgens die geldende eer en sedebegrippe. Derhalwe word daar altyd verskillende faktore toegepas by die uitlegging van wat voordelig en wat nadelig is volgens die algemeen oordeel. In die Romeins-Hollandse begrip van eer sien ons dus, behalwe die uiteensetting van die eersoorte, 'n voldoende verklaring in die reel dat beledigende woorde sulks is, wanneer die woorde deur die wet en die maatskappy verbied word, wanneer die woorde tot skande van die beledigde strek, of beter, wanneer die belediging óf die eergevoel van die beledigde pynlik kan tref, óf die gunstige oordeel van die maatskappy teenoor die beledigde tot 'n ongunstige oordeel kan bewerkstellig.1) En onder hierdie reel val nie alleen woorde wat in sigself beledigend is nie, maar tewens enige woorde wat in verband met bykomende faktore en omstandighede, 'n beledigende betekenis kan aanneem. Die oordeel van die maatskappy van één tydperk kan nie as maatstaf dien nie, omdat hierdie oordeel steeds verander, en is „afhankelijk van haar steeds wisselende sociale samenstelling, evenzoo groeit het begrip omtrent eer met hare omgeving mede". 2) En dit is die taak van die reg om die begrip van eer by belediging te erken volgens die behoeftes en belange van die Staat en maatskappy. Dat die beskouwing oor wat beledigend is, ook in die RomeinsHollandse reg gewissel het, blyk uit die geval van enkel die woord „leuënaar" as voorbeeld geneem. Volgens die ouere skrywers3) word hierdie woord as per se beledigend aangeneem, maar oor dieselfde woord en die vroeëre beginsel skryf Kersteman, „zulks zou 1) vide p. 65—66. 2) Praeadvies N.J. Vereeniging 1915: p. 8—15. 3) Damhouder op. cit. CXXXVI.6: cf. Carpzovius Prac. Rer. Crim. 93.39: Huber VI.VIII. 8 (meer bepaald volgens die omstandighede hier neergelê). hedendaags met onze manier van Practijq niet zeer Quadreeren".a) En ook by die herhaling van beledigende woorde van die RomeinsHollandse reg moet dit onthou word dat woorde in sigself nooit as maatstaf van belediging kan dien nie. Daar is altyd talryk andere faktore en bykomende omstandighede o.a. tyd, plaas, manier van openbaring, betrekking tussen belediger en beledigde en bedoeling van die belediger, wat steeds oorweeg moet word. III. Noodsaaklikheid van Openbaring. Alreeds het die vorige behandeling oor die eerbegrip gelei tot die gevolgtrekking, dat eer en goeie naam twee verskillende begrippe is en dat die reg, by 'n belediging, nie alleen die krenking van goeie naam beskerm nie maar ook die krenking van eergevoei. Met die erkenning dus, van die reg op eergevoel en beskerming van gekrenkte gevoelens, sou die vraag oor die noodsaaklikheid van openbaring oortollig wees, was dit nie dat die Suid-Afrikaanse reg by 'n belediging steeds vereis, dat dit geopenbaar moet word aan andere persone behalwe die beledigde self. 2) 'n Krenking van eergevoel, waar die belediging gerig is tot die beledigde alleen, en waar sy goeie naam nie skade lei nie, is sonder beskerming in die reg. Sonder twyfel is dit, dat in die gevalle van krenking van goeie naam, die nadele vir die beledigde groter is dan by die krenking van sy eergevoel alleen. Want behalwe dat in sulke gevalle sy eergevoel ook gekrenk is, is die voordele wat die gunstige oordeel van die publiek in sy maatskaplike hoedanighede beteken, ernstig aan nadelige gevolge blootgestel. Aktuele of potentiele skade kan in al die gevalle van belediging wat geopenbaar word aangeneem word. Elke indiwidu het volkome reg op ongestoorde omgang en geselskap met sy medemense en waar 'n belediging in verband met sy sedelike waarde geopenbaar is, dan lei dit tot uitsluiting van hierdie geselskap. 3) Waar die objektiewe gekrenkte eersoort die beroepseer is, 4) 1) Academie der J.P. p. 123. 2) vide p. 164. In andere regssisteme word ongeopenbaarde belediginge onder „Eenvoudige Belediging" gestraf: vide p. 172—3. 3) Ook kan so'n belediging, nadelig wees vir die uitoefening van sy beroep. 4) Meer bepaald die gevalle waar reg op goeie naam die draër daarvan 'n middel van bestaan besorg. dan veroorsaak dit dieselfde nadele, behalwe dat die gevaar hier nog groter is, want dit kan skade aan sy beroep veroorsaak of vermindering van inkomste of moontlike ontslag uit sy betrekking. En waar die kredieteer benadeel is dan word die gevaar van moontlike materiele benadeling die duidelikste getoon. Neem dus gevalle waar dit getwyfel word aan die solwabiliteit van 'n besigheidsman, of waar sy bekwaamheid om sy skulde te betaal aangeval word, dan toon dit aan hoe blykbaar, potentiele materiele skade 'n onmiddelike gevolg van 'n belediging kan wees. Waar 'n regssisteem alleen krenking van goeie naam beskerm by 'n belediging, dan moet daar 'n ander middel van beskerming bestaan, waar eergevoel alleen gekrenk is.1) In die Romeins-Hollandse reg bestaan hierdie behoefte nie, want belediging sluit sowel krenking van eergevoel as krenking van goeie naam in. Egter was dit erken, dat openbaring en die mate van publisiteit en rugbaarheid, nadeliger gevolge vir die beledigde het2) en dat die delik derhalwe swaarder gestraf moes word. Volgens die swaarheid van die delik word injuriae verdeel in injuriae atroces, en injuriae leves, en die injuriae atroces is o.a. afhanklik van die tyd en plek waar dit geopenbaar word. Onder die meer ernstige groep val dus, volgens Voet, die gevalle waar die belediging in 'n theater of op die mark geskied en hy onderskei dit van 'n geval van injuria levis, waar die belediging in 'n eensame plek, sonder die teenswoordigheid van andere mense, geskied. 3) Sie dus, dat volkome ag geneem word van die objektiewe omstandighede, om die delik namate die ernstigheid van die geval swaarder te straf, sonder dat die kern van die delik daarmee verander word nl. krenking van eer en goeie naam en die wilsuiting gerig op so 'n krenking. Uit 'n ondersoek na die eerbegrip van die Romeins-Hollandse reg 1) In die Engelse Reg bestaan hier 'n leemte en daar word aan hierdie behoefte van die maatskappy nie voldoen nie. vide p. 126. Hierdie onvoldoende beskerming word dan ook gekritiseer: vide p. 109(1). 2) Deur dat dit ten eerste, die beledigde pynliker in sy eergevoel tref en ten twede, die skatting van 'n grotere deel van die publiek in verband met sy goeie naam, ongunstig benadeel. 3) Voet 47.10.13; cf. v. d. Keessel Dictata 47.10.7, rangskik onder injuriae atroces gevalle wat plaasvind „in theatro vel foro: vel in conspectu praetoris"; cf. van Leeuwen C.F. 5.25.8; cf. vir die Romeinse Reg: ante p. 34(1). blyk dit, dat die meeste skrywers die vraag nie met volledigheid behandel nie. Tussen die begripsbepalinge van die verskillende skrywers, is daar heel wat onderlinge stryd of die eer 'n ruime begrip aandui, of dat dit alleen beperk is tot krenking van goeie naam. Grotius behandel belediging kort en onvolledig, en volgens sy definiesie is eer beperk tot beskerming van goeie naam. „de eer nemen wy hier eng, sulcks dat daer door beduit werd het ghoed ghevoelen dat anderen van ons hebben. Andersins werd hoon oock ghezeit jegens ons eer te geschieden".1) Terwyl Grotius sterk onder die invloed van die Romeinse reg staan, 2) meen ek dat hy hier die eer soos dit in dit spesiale beledigingsedik te interpreteer is, aangeneem het.3) Hier gaat dit nie om onvoldoende beskerming van eergevoel nie, alleen dat Grotius sulke gevalle onder „hoon" straf, terwyl hy onder lastering, openbaring aan een of meerdere persone vereis.4) Eén outoriteit, wat positief steeds openbaring vereis, is Huber: „Woordelijke hoon is ,als aen yemant in 't openbaer en in gezelschap van menschen . .. invoegen dat daer uit een gerucht ontstaet" 5); maar openbaring word deur hom vereis, nie omdat in die gevalle waar daar geen openbaring is geen regsbelang aangetas word nie, maar omdat, „heimelijke quaetspreekingen geven in desen geen aenspraek, om dat geen recht-stoelen voor sulke klachten genoeg souden zijn". Wenslik is dit wel, om nie elke onernstige geval van belediging te straf nie, maar die grenslyn deur Huber vasgestel, 1) „Lastering": op. cit. 3.36.1. cf. van Leeuwen R.H.R. 4.37.1, wat onder die invloed van Grotius dieselfde bepaling maak. 2) vide hieroor Fockema Andreae in sy uitgawe van de Groot: Inleiding, Voor-Rede. 3) vide p. 16(3). 4) Veel van die outoriteite trek 'n verskil tussen „hoon", waarin alle soorte belediginge gestraf word en onderskei dit van „laster waar die belediging in die openbaar en in die teenswoordigheid van andere geskied, vide Kotze: S. van Leeuwen, Commentaries: Chapter XXXVII (a); In beginsel egter is daar geen onderskeid tussen hoon en laster nie, want laasgenoemde is 'n bepaalde geval van die „genus" eerkrenkinge en Grotius op. cit. 3.32.17 skryf van „Hoon als spruitende uit verachting". 5) H.R. VI.VIII.15: die vereiste dat „een gerucht ontstaet" vorder nie werklike nadelige gevolge nie: vide sy bewering in VI.VIII.8. (Die cursiveering is van my.) tussen geopenbaarde en ongeopenbaarde belediginge is so wyd, onredelik en in stryd met die beginsels en billikheid van die Romeins-Hollandse reg, dat dit verwerp moet word.*) Vir elke positiewe bewering van die outoriteite, dat openbaring aan andere steeds 'n vereiste by belediging is, kan daar ook na 'n teenoorgestelde bewering verwys word. Van der Keessel skryf van 'n „iniuria in solitudine facta" (Dictata 47.10.12/5); Voet beweer dat die amende honorabel toegestaan word „praefertim si privata tantum scriptura per epistolam injuria facta sit" (op. cit. 47.10.17) en Kersteman se definiesie van belediging is: „woordelijke laster .. . zoodanige die 't zy publicquelijk in presentie van getuigen, of afzonderlijk met woorden, of ook wel in geschriften geschiedt..."2) Gaat dit hier dus om die stryd vir die noodsaaklikheid van openbaring, uitdruklik as vereiste deur die outoriteite gestel, dan is dit volgens die definiesies van belediging van die meerderheid van hulle nie steeds n vereiste nie.3) Die gevalle hierbo genoem veronderstel alreeds dat n belediging gestraf sal word selfs waar daar geen openbaring plaasgevind het nie. In sommige gevalle word openbaring byv. by krenking van die beroeps- of kredieteer, 'n noodsaaklikheid; maar in die algemeen egter beweer die outoriteite ook dat n belediging kan geskied in die teenswoordigheid of afwesigheid van die beledigde, met stilswyging of in die eersgenoemde geval, die teenswoordigheid van ander persone vereis word.4) 1) Ook is dit in stryd met Huber se bewering dat „opzet van hoon" wat hy met nadruk vereis, steeds strafbaar is. op. cit. VI.VIII.2, 3 en 7; By hoon deur middel van geskrifte vereis Huber ook publikasie aan andere: VI.VIII.18; In die Engelse reg waar openbaring steeds 'n vereiste is, neem hulle aan dat in die Romeinse reg „any insult offered to the party defamed alone, in writing or speech was publication as much as a communication to a third party" en die Dig. 47.10.5/9 word geinterpreteer dat scripserit, composuerit en ediderit, „are disjunctive expressions of distinct and separate acts and that though ad infamiam qualifies them all it was quite as possible to scribere ad infamiam as edere ad infamiam" (dus dat openbaring nie altyd 'n noodsaaklikheid is nie): vide Spencer Bower: Actionable Defamation p. 440: Hy kwoteer die ou hofsaak, R. v. Burdett (1820) 4 B. and Aid. p. 95. 2) Academie J.P. IX: p. 117. 3) Die belangrikste outoriteite oor hierdie vraag is versamei deur Gardiner in S.A.L.J. XIV. p. 184. 4) o.a. Sie Damhouder op. cit. CXXXVI.5; Matthaeus 47.4.1.2; Voet 47.10.8: Nóg word openbaring vereis waar die outoriteite gevalle gee van 'n Kwessie alleen van positiewe en negatiewe beweringe oor die noodsaaklikheid van openbaring, om die vraag op te los, is nie voldoende nie en steeds moet die verband tussen eer en eergevoel met die algemene beginsels van die delik die beslissende faktor wees. Ten eerste is belediging 'n „injuria ad infamiam pertinens" en die kenmerk van die delik is die contumelia,1) wat duidelik deur van der Keessel2) omskryf word as: „veteres contumeliam ita intellexisse, ut omne factum Jun nostro contrarium, quo in contentum adducimur, vel quo suum erga nos contemtum Auctor contumeliam indicat, ad injuriam referatur, nam injuria refertus ad existimationem nostram, ad pudorem nostram, ad suggillationem nostri, cum autem existimatio et dignitas nostra minuatur". Ten twede word daarby vereis dat die minagtende uiting geskied met 'n bepaalde doel om te krenk. Dit blyk uit hierdie twee vereistes van 'n belediging dat hulle onafhanklik is van bykomende faktore soos byv., die aantal persone in wie se teenswoordigheid die handeling gepleeg is. 3) Ook sou dit in stryd met die derde beginsel van belediging, dat die gekrenkte gevoelens van die beledigde in ag geneem moet word, wees, dat beskerming van die laasgenoemde steeds afhanklik is van openbaring. In die Engelse reg, waar al hierdie belangrike faktore onverskillig is, kom dit ons as logies voor, dat die kern van belediging anders in die openbaring vasgestel is. Dit word daar alleen vereis dat die woorde beledigend is 4) en dat openbaring aan 'n ander of andere persone, behalwe die beledigde self, geskied het. Die laasgenoemde beledigende woorde; anders is dit in meer ernstige gevalle van belediging wat hier nie behandel word nie, soos convicium Dig. 47.10.15/4, 5, 8, 11, wat in die openbaar en in die versameling van die menigte geskied byv. Mattheus op. cit. 47.4.1.2. „in publico et cum clamore" en libellam famosum Codex 9.36.1. byv. Rechts. Obs. XCV1. 1) „Injuria in bepaalden zin, al het geent, dat tot veragting van iemand werd gedaan", ante p. 60(4). 2) op. cit. 47.10.1. 3) Behalwe dan dat die manier van openbaring as 'n bewys van animus injuriandi aangeneem kan word. 4) volgens die „reasonable man" of „bystanders test": vide hieroor infra p. 124 v. vereiste word neergelê in die omskrywing van die delik self, nl. openbaring van beledigende woorde. Die outoriteite van die Romeins-Hollandse reg is geneig soms, om geïsoleerde tekse van die corpus juris civilis na te bots en nie belediging as 'n geheel te beskou of te verklaar nie. Wanneer die verband tussen enkele tekse en belediging as geheel, nie steeds in die oog gehou word nie, dan is die gevolg, wat so dikwels in die outoriteite voorkom, onvoldoende verklaarde en teenstrydige beginsels. Hier is dit dus noodsaaklik om belediging soos dit beskryf word deur die outoriteite, nie deur een of ander skrywer met 'n enkel bewering te laat vasstel nie, maar as geheel te bepaal na inagneming van al die verskillende beginsels wat neergelê word. Die beginsels in verband met die eerbegrip kan derhalwe as volg vasgestel word: I. Die eerbegrip in die Romeins-Hollandse reg is wyd en regsbeskerming word verleen wanneer die volgende belange geskend word: 1. Eer en goeie naam. Dit geskied in die meeste gevalle van belediging. II. Goeie naam. Om die gewenste vermindering van die publieke agting teweeg te bring, is dit noodsaaklik dat in hierdie, en in die vorige geval, openbaring aan andere persone plaasgevind het.x) Krenking van goeie naam is voldoende, maar die beledigde versoek gewoonlik ook herstelling van sy gekrenkte eergevoel. III. Eergevoel alleen. -) Openbaring aan andere, behalwe die beledigde self, is hier geen vereiste nie. Hierdie bepalade vorm van 1) In die praktiese voorbeelde van belediging, wat ons in die R.-H. Reg kry, is dit meesal gevalle van krenking van eer en goeie naam en „in presentie van getuigen". Hessen J.F.B. III.22; Kersteman Academie: IX: p. 125 v. 2) Die definiesie van „reputation" deur de Villiers op. cit. p. 24, gegee as „that character for moral or social worth to which he is entitled amongst his fellow-men", is minder juis, as veronderstellend dat die beledigde geen gevoel van innerlike waarde of enige gevoelens self het nie. Volgens hierdie definiesie is sy morele waarde alleen afhanklik van die maatskaplike oordeel en openbaring word dus steeds vereis. In die Hollandsche Consultatien V.LXXXI word iemand beledig deur middel van 'n brief sonder dat openbaring daarvan aan iemand anders gemeld word. Waar die beledigde hierdie provokasie vergoed deur middel van belediging is nie so ernstig as die twee vorige gevalle nie, aangesien die reg die mate van rugbaarheid en publisiteit en bykomende omstandighede in ag neem, by die straffing van die belediging. IV. Waarheid en Bewys Daarvan. In die Romeinse reg1) is die behandeling oor die exceptio veritatis onbevredigend. Die algemene reel blyk dat die beledigde se reg op goeie naam beperk is in sover as hy beskerming daarvan nie deur sy eie handelinge en gedrag verbeur het nie. Die beginsel só beskryf lyk billik en sou dan in ooreenstemming wees met die „bonum et aequum" beginsels van die aksie in die Romeinse reg. By vollediger ondersoek na die reel, blyk dit egter dat dit so vasgestel is, dat voorsiening nie gemaak word vir gevalle waar die waarheid nie as beskerming moet dien nie. Waar die reg om die waarheid te spreek steeds die primêre erkende beginsel is, dan kan die belediger gebruik van sy reg maak om enige waarheid, al is dit in verband met die geheime privaat lewe van die beledigde, of al moet dit in die belange van die publiek self nie toegelaat moet word nie, te openbaar, en die volledige beskerming wat die reg vir die waarheid verleen, kan as dekmantel dien vir onedele motiewe of persoonlike dryfvere. En by so 'n algemene reel kan dit logies ingesien word dat die kriterium van wat reg en edel is, nie die bereikte ideaal is 'wat dit oppervlakkig lyk nie, want die natuur van die mens sou in veel gevalle lei tot misbruik van die reg, en aanhoudend vervolging van die beledigde vir sy misstappe of ondeugde. Ten eerste veronderstel die reg, dat die maatskappy alleen voordeel kan trek uit die openbaring van die waarheid en daar word geen voorsiening gemaak vir die gevalle waar die waarheid onbelangrik of in stryd met die publieke belange is nie, waar die beledigde, byv., homself hervorm het. Ten twede ontken die reg die beledigde enige reg op eergevoel en goeie naam en hiermee word retörsie, dan moet hy vrygestel word, volgens die R.-H.R., selfs waar sy retorsie in die openbaar geskied, en dit in die omstandighede nie oordryf is nie. 1) p. 28 v. geen voorsiening gemaak nie vir die gevalle waar die beledigde ten spyte van sy misdaad of ondeugd, nog 'n man van eer kan wees1) en reg het op die agting van sy medemense. Hierdie grenslyn, die steeds toelating van die exceptio veritatis, sou dus nie die mees gewenste of ideale grenslyn wees nie, en vir hierdie redes. Die Romeinse reg in haar wye beskerming van die waarheid van 'n belediging, maak nie voldoende voorsiening vir misbruik van die reg nie. Nog 'n ongewenste gevolg is dat daar geen uitsondering bestaan vir gevalle waar die openbaring van die waarheid nie meer die publieke belange baat nie. Gevalle waar die openbaring onnodig en ongewens is kan redelik veronderstel word: byvoorbeeld, die misdade van 'n persoon, in die verlede gepleeg, en wat hy deur middel van sy gedrag daarna en sy werklike berou, volledig sy reg op eer en goeie naam herstel het. In die ingewikkelde moderne maatskappy kan ook gevalle voorkom, soos politieke misdade en selfs 'n onbelangrike inbreuk op sedelike en regsgebied, die openbaring waarvan by die exceptio veritatis steeds die dader 'n verwyt gemaak kan word, en hom van sy verder regte en deelneming in die maatskaplike lewe onthou. Die argument wat hier gebruik kan word, dat die groot baat wat die meeste gevalle van waarheid vir die maatskappy oplewer, die heersende beginsel moet wees en dat die gevalle waar die openbaring die kleinere aantal gevalle nie regverdig nie, van subordinêr belang is,2) moet verwerp word, as in stryd met billikheid en die plig van die reg. Hier sou die plig van die reg wees om 'n grenslyn te trek wat die openbaring in die een geval beskerm, en in die ander geval straf, en hier is die vasstelling van die grenslyn 'n probleem van die grootste moeilikheid in die beledigingsaksie. En juis op hierdie punt meen ek, dat die RomeinsHollandse reg in die onderlinge stryd wat gevoer was oor die execptio veritatis, en die onsekerheid oor die juiste grenslyn wat gevorder 1) Met die omstandighede waarin 'n misdaad soms gepleeg word of met die aard van die misdaad of ondeugd, word geen rekening gehou nie. 2) So byv. de Villiers op. cit. p. 124 v: „But it is of infinitely less consequence that one person should have to suffer for the consequences of his own misconduct through the existence of a certain rule, than that the public should be made to suffer through the establishment of a hard and fast rule to the contrary". Dat die reel so vasgestel kan word om al twee gevalle te beskerm, sien hy dus nie as 'n moontlikheid nie. was, 'n geleentheid bied om 'n billike, en sover dit moontlik is in die waarheidsprobleem, 'n regverdige reel te bepaal. Aangesien die probleem 'n belangrike een is, meen ek om hierdie vraag in biesonderheid te behandel. Die exceptio veritatis wat mens sou verwag as geldend in die Romeins-Hollandse Reg, sou dan dieselfde wees as in die Romeinse reg, omdat Dig. 47.10.18. pr. en die gehele corpus juris ook die grondslag gevorm het van die exceptio veritatis in die eersgenoemde regssisteem. En wat die exceptio veritatis in die Romeinse reg was, is al hierbo uiteengeset. Biesonderhede omtrent die waarheid en toelating daarvan in die Romeinse reg, wat die outoriteite moeilikhede veroorsaak het, dien ook hier uiteengeset te word. In die afwesigheid van teenoorgestelde beginsels, geld die exceptio vir allerlei misdade, gestraf of ongestraf, en ondeugde onverskillig of die telasgelêde feite strafbaar was of nie, en onverskillig of die waarheid geopenbaar is, in verband met die sedelike waarde van die beledigde, of in verband met sy algemene goeie maatskaplike naam. Ook vorder die Romeinse reg nie, dat die waarheid voor 'n magistraat of ander outoriteit geopenbaar moet •word nie, of op enige bepaalde wyse moet geskied. So ver as dit in die bronne gemeld word, is die exceptio alleen uitgesluit waar die dader onder 'n bepaalde plig van geheimhouding staan, *) 'n uitsondering wat die algemene reel nie veel verander nie. Ook is die animus injuriandi by die exceptio 'n onverskillige faktor. In die vasstelling van die grenslyn in die Romeins-Hollandse reg was die ratio van Paulus, Dig. 47.10.18 pr. „peccata enim nocentium nota esse et oportere et expedire", die groot struikelblok in die interpretasie van die reel2) en elke skrywer het by sy interpretasie hiervan, 'n ander grenslyn vir die toelating van die waarheid vasgestel, en 'n ander reel vir die manier waarop openbaring moet geskied. Grotius is van mening dat elke beledigende uiting strafbaar is, „alwaer 't oock soo dat sulks waerachtig waer, uitgenomen wanneer sodanig te kennen gheven gheschied aen de overheid tot straffe 1) p. 28(3). 2) Mevius Decis 5.389: n. 4: „Hoe poscit ratio quae habetur in dicta lege 18", wanneer hy sy interpretasie daarvan gee. des misdaeds".a) Die vereistes wat Grotius stel, dat die waarheid beperk moet word tot ongestrafte misdade en dat dit dan alleen geopenbaar mag word voor die oorheid, is ook onbevredigend, en in so flagrante stryd met die Romeinse beginsels, dat dit stilswygend verbygegaan kan word. So ook Schorer, 2) wat beweer dat die waarheid die strafbaarheid nie ophef nie, alhoewel die dader vrygestel word van die actio ad palinodiam of amende honorabel.3) Uit hierdie laatste bepaling, blyk dit dat die herstelling van die beledigde in sy eer steeds uitgesluit word en dat alleen die geldboete betaal moet word. By so 'n reel, word die beledigde nie meer vir 'n man van eer aangesien nie, alhoewel die reg dit 'n misdaad ag om die waarheid te openbaar. Ook hier is die exceptio veritatis dus onbevredigend behandel, en die reel word te vaag verklaar, daar dit tot die gevolg lei, dat die beledigde 'n reg op eer ontken word. Öf die reel moet vasgestel word dat in sekere gevalle, die beledigde, alhoewel, die belediging waar is, nog 'n reg op eer en goeie naam het en dus 'n reg op die volledige straf sanksie, óf dat die strafbaarheid in sy geheel opgehef moet word, omdat die reg die openbaring in so 'n geval nie beskerm nie. Vinnius se kriterium van die exceptio veritatis, is dat dit alleen toegestaan moet word waar die telasgelêde feit sodanig is, dat die publieke belange daarby betrokke is, „veluti si quis latro, homicida, adulter, sacrilegus appelletur",4) en hy gee as interpretasie van lex 18 D.h.t. dat „hoe autem vel maxime procedit si infamaverit apud magistratum: quoniam tum omnino praesumitur fecisse ut super objecto crimine, quod tarnen utique probare debet, inquisitio institueretur". Die eerste bewering is logies, maar die twede is bewys dat Vinnius moeilikheid het met die reel, en die manier waarop die openbaring moet geskied. Egter, vorder hy nie uitdruklik dat dit voor die outoriteite moet geskied nie, maar wel, dat die waarheid volkome moet bewys word. Die bewys van waarheid sluit die animus inju- 1) op. cit. 3.36.2: Hierdie bewering is in akkoord met Grotius se begrip van eer nl. die oordeel, verdiend of onverdiend, van die publiek: p. 71(1). 2) Aantekeninge 479: vide ook Gail: Pract. Observ. Lib. 2, Obs. 99; Groenewegen de leg. Abr. 47.10.18. 3) cf. Sande op. cit. V.VIII.7; Voet 47.10.9 et 17; Groenewegen op. cit. D. 47.10.10. 4) op. cit. 4.4.1, Commen. III: steunend op Dig. 47.10.18 pr. riandi uit, „alias si ex circumstantiis animus injuriandi adfuisse arguatur". Hier stel Vinnius 'n billike reel; alhoewel in die Romeinse reg die bewys van waarheid die strafbaarheid ophef, word by afwesigheid van bewys, die geoorloofde oogmerk anders ook in ag geneem om die strafbaarheid op te hef. Immers 'n onware telasgelêde feit sluit ook die wederregtlik'neid uit waar die belediging nie animo injuriandi geskied nie.1) Voet ag dit eers as 'n injuria realis, „si manifeste calumniosa delatione effecerit, ut homo insons quaestioni subjectus ac tortus fuerit", 2) maar wanneer hy die vraag behandel of die waarheid as vrystelling van strafbaarheid dien, behandel hy dit onder die injuriae verbales. 3) Ten eerste vereis Voet, dat die openbaring van die waarheid in die belange van die publiek moet geskied en hy gee as voorbeeld, 'n ongestrafte misdaad, 4) omdat hier, die oogmerk om te beledig afwesig is. Maar wanneer Voet die belange van die publiek en afwesigheid van beledigende oogmerk beperk tot gevalle van ongestrafte misdade, dan is die reel te wyd verklaar. Voet neem nie in ag nie dat die waarheid, in verband met 'n misdader wat al herhaaldelik gestraf is vir ernstige misdade, ook in die publieke belange geopenbaar behoort te wees. Volgens Voet word hierdie geval uitgesluit, en 'n actio injuriarum word toegeken, waar die waarheid in verband staan met „tale maleficium, cujus intuitu delinquens jam poenam sustinuit, nee ultra coërcendus, injuriarum actio,.. . locum habet, ... ut proinde non alia quam injuriae faciendae praesumtio supersit". In één opsig is Voet volkome reg, waar hy van Gail, Christinaeus, Grotius en Groenewegen 5) verskil, dat die telasgelêde feit nie noodsaaklik voor die outoriteite as kriminele 1) vide ante p. 30. In die geval waar die dader hom beroep op die bewys van die waarheid, wat hy nie in staat is om te lewer nie, en of hy dan nog die reg het om sy oogmerk te bewys, maak die Romeinse bronne geen melding nie. Vir die libellum famosum sou dit nie geld nie, vide Codex 9.36.1/3: maar vir 'n convicium is die reel nie vasgestel nie. 2) op. cit. 47.10.7. 3) op. cit. 47.10.9 et 10. 4) op. cit. 47.10.9: Voet baseer sy interpretasie ook op Dig. 47.10.18 pr. 5) In volgorde Pract. Obs. 2.99; Leg. Mechlin 2.4.10 et 11; op. cit. 3.36.2; de leg. Abr. D. 47.10.18: Al hierdie skrywers ondersteun die teorie dat die „veritas convitii excusat" alleen wanneer dit „in judicio objectum sit". aanklag ingedien moet word nie en wel omdat anders, „omnes ilios, qui crimen judici inanifestarunt, quod tarnen tandem plene probari nequit, injuriarum teneri, utcunque sine dolo malo, justissimo facti errore, etiam prudentissimos fallente". Hier trek Voet 'n verskil tussen die onvolkome bewys en die affectus van die dader.1) In stryd egter met hierdie bewering, waar die animus en bewys onderskei word, verklaar hy ten slotte: „Plane, si veritas convicii, continentis ea, quae detegi reipublicae interest, (al die gevalle deur Voet gegee waar die waarheid toegelaat word, is in die algemene belang) plene probata non sit, non dubium, quin peccatum intelligi debeat, et injuria coërcenda sit, utcunque non leves adversus eum, cui facta injuria, praesumtiones militent".2) Behalwe die onsekerheid hier, is die groot fout wat Voet begaan, die beperking van waarheid tot ongestrafte misdade. Één vooruitgang egter is die wyse waarop die waarheid geopenbaar mag word; dus, nie alleen voor die oorheid nie. Ewemin bevredigend weer is die beperking deur Huber van die waarheid tot ongestrafte misdade: „Opzet van hoon is soo zeer strafbaer, dat al heeft yemant verweeten een ware misdaedt... ten ware het sulk een misdaedt was, aen welkers ontdeckinge 't gemeene beste veel geleegen mochte zijn".3) Afgesien van die feit dat Huber nie melding maak van welke soort misdade in die algemene belange geopenbaar moet word nie, is dit teenstrydig met die reel van die Romeinse reg om dje waarheid te beperk alleen tot bepaalde soorte van ongestrafte misdade, en nie tot ander eienskappe waarby die publieke belange geinteresseer is nie. Logies is dit egter dat Huber, 'n misbruik van die reg om die waarheid te openbaar, wil voorkom. Volgens van Leeuwen, is die waarheid alleen geregverdig op bewys daarvan. Aanspraaklikheid word uitgesluit, „si sceleratum aliquem dicti factive veritate infamet, vel accuset delicti, aut criminis, quod patefieri reipublicae interest, injuriarum actio non tenebi- 1) op. cit. 47.10.1: „Nam uti cetera maleficia distinguit affectus, ita et injuriam". 2) op. cit. 47.10.9. 3) op. cit. VI.V11I.7 (die cursiveering is van Huber). tur, si modo probare illud possit".1) Die feit dat van Leeuwen hier „si' sceleratum ... dicti factive veritate infamet" in die alternatief plaas tot „vel accuset... interest" mag miskien bewys wees dat hy die waarheid toelaat in verband met misdade alreeds gestraf. ) Verder, word daar geen melding gemaak, van die wys waarop die waarheid geopenbaar moet word nie. Tot sover is al die outoriteite in ooreenstemming dat die waarheid, in sigself, nie voldoende is nie en hier is die strenge reel van die Romeinse Reg gematig. Onbevredigend egter is die onsekerheid in verband met verskillende belangrike vrae: 1. Of die openbaring alleen moet geskied voor die oorheid of nie. 2. Die vraag of volkome bewys gelewer moet word. 3. In welke gevalle die waarheid toegelaat word. Volgens die algemene mening so ver is dit beperk tot ongestrafte misdade. Die onsekerheid en teenstrydigheid wat onder die outoriteite oor hierdie belangrike beginsels heers laat dit moeilik aanneem, of die juiste inheemse reg weergegee is, en nie die indiwiduele poginge van die skrywers om die Romeinse reel te verklaar nie. 3) Dit blyk egter, dat die misinterpretasie nie sover gestrek het nie dat die waarheid, in sigself, in die Romeins-Hollandse reg steeds die strafbaarheid volkome ophef. Hierdie matiging van die reel is billik en die outoriteite is ook biesonder voorsigtig om ongewenste waarhede en misbruik van die reg te voorkom. Vóór die grenslyn definitief bepaal kan word is daar nog twee belangrike outoriteite oor hierdie vraagstuk. Ten eerste Matthaeus 4) wat van al die ander outoriteite verskil, 1) C.F.V.XXV.I.; vir valse beskuldiginge wat nie bewys was nie, was daar sware straffe in die Romeins-Hollandse reg: vide byv. Zurck C.B. Injurie XII; Boey Woorden-Tolk I. p. 369. 2) Hier sou hy dan van die ander outoriteite verskil. Die moontlikheid dat dit werklik sy mening is, is erg gering, daar die teenoorgestelde meer afgelei kan word van sy definiesie van eer: vide p. 71(1). 3) Volgens de Villiers op. cit. p. 119 sou dit wees dat hierdie skrywerg „in stating their views not really on the Roman-Dut'ch Law, but with regard to the proper interpretation of the Roman Law, follow the views of a promiscuous array of ancient interpreters, Spanish, French, German, Frisian and Dutch who misinterpreting the provisions of the Roman Law..vide ook S.A.L.J. XXIX.: p. 27 v. 4) op. cit. 47.4.1.8. 6 in sy bewering dat die openbaring van gepleegde misdade steeds in die algemene belang is, en 'n skuldige persoon is volgens hom „is est,, quem admissum crimen legibus obnoxium facit". Die struikelblok egter vir Matthaeus is sy interpretasie van Codex 9.35.5 *): „fides veri, non sunt referenda ad veritatem criminis objecti, tanquam et ille qui verum crimen objedt, teneatur injuriarum, si id fecerit convicii consilio". Het Matthaeus hom hier beperk tot misbruik van die reg, as dit „convicii consilio" geskied, dan was dit juis. Volgens sy wye verklaring, egter, sou ware misdade wat ten volle die belange van die publiek behartig, ook strafbaar word wanneer 'n beledigende oogmerk aanwesig is. Die grenslyn, getrek tussen die reg om die waarheid te openbaar, 2) en die animus, is nie altyd die billikste rèel nie. Die skrywer wat sy mening die volledigste en die mees ondubbelsinnig uitspreek is van der Keessel, tewens ook een van die laatste outoritatiewe skrywers. Sy uiteensetting van die Romeinse reg is in die algemeen beter dan die van sy voorgangers, erf ook is sy behandeling van die Romeinse reg in verband met die exceptio veritatis 'n juister weergewing van die Romeinse reel. Eers beweer hy dat die reel van die Romeinse reg uitdruklik oorgeneem is nie alleen in Zeeland en in sekere dele van Holland nie, maar dat die reel tewens ooral ingevoer moet word,3) tensy daar 'n teenoorgestelde gewoonte in gebruik is.4) Van der Keessel behandel volledig die teenstrydige teorië van die vorige skrywers: „alii varie distinguent, scilicet utrum convicium objectum relevari Reipublicae intersit, nee ne? Priori casu poenam injuriarum cessare docent, non 1) vide ook supra p. 24(1). 2) dus die reel dat „nemo damnum facit, nisi qui id fecit, quod facere jus non habet". 3) nl. Dig. 47.10.18. pr.: vide Theses Sel. 802; vir die reel wat in Zeeland gegeid het verwys ek ook na van Zurck: C.B. Injurie XIII; die dele van Holland was Kennemerland en Rynland. 4) t.a.p.: In sy Commen. ad Grotium 3.36.2 (in manuskrip) maak hy ook melding van 'n statuut van die gemeente Woudrichen (1476): In hierdie geval, is die bewys van waarheid in ooreenstemming met die Romeinse reel, maar nie daarop gebaseer nie; vir verder Statute en Wette vide ook de Villiers op. cit. p. 106(25). item posteriori. Sed in ipsa hac distinctione, inter se dissentiunt".1) Hy dui as verkeerd aan onder andere, die interpretasie van Bronkhorst En.IV.77 wat, die waarheid as geen verskoning laat geld nie, selfs waar die ware misdaad bewys word, wanneer die telaslegging animo injuriandi geskied.2) Van der Keessel beweer, dat die beginsel van Dig. 47.10.18. pr. die waarheid altyd toelaat: „nam illud quod publice expedit, fit iure promittendi, tum verum non est injuria". 3) Wanneer van der Keessel hierdie bewering maak is sy interpretasie van die Romeinse reg juis, maar dat die waarheid altyd geen injuria is nie, is in stryd met die opvatting van die meerderheid van die outoriteite. Ook wil van der Keessel die streng begrensde reel van die Romeinse reg toepas, wanneer hy die waarheid altyd as verskoning laat geld: „qui alicui injuriam fecit objiciendi illi, quod probare potest, sine discrimine itaque, utrum animo injuriandi id fecerit, an sine hoe animo, nam verbum infamandi semper significat injuriam facere".4) Duidelik is die verskil tussen hom en die andere skrywers, wanneer hy die exceptio veritatis nie alleen by ongestrafte misdade toelaat nie, maar steeds, as die belediging maar alleen waar is; nóg vereis hy dat die openbaring voor 'n bevoegde outoriteit of op 'n bepaalde wyse moet geskied nie. Alleen word die strafbaarheid nie uitgesluit nie, waar die misdader in sy eer herstel is, deur middel van die genade van die oorheid en vergeefnis van die misdaad: „Nonnulli enim omne crimen nondum punitum notum fiere Reipublicae interesse dicunt, alii tum demum Reip. interesse credunt, cum criminis legitima fit accusata,aut illud magistratui nunciatur, aliquam distinctionem hic recipiunt... Quaestio hic non est de vitio corporis aut alio naturali alicui objecto, sed de crimine objecto sive punito sive nondum punitum, nisi tarnen Imperans etiam punitum crimen per beneficium gratiae extinxerit, et reum in integrum restituerit; nam tum famam recuperat, adeoque pro nocenti non amplius potest 1) Praelectiones 47.10.6: Dictata 47.10.6 (al die citaties is geneem uit hierdie tekse). 2) cf. Matthaeus: p. 82. 3) Pralectiones t.a.p. 4) Dictata t.a.p. haberi".*) Dat 'n persoon as gevolg van 'n eenmaal gepleegde misdaad, as eerloos beskou moet word vir die duur van sy lewe, en dat die reel onder geen omstandighede versag mag word nie, kom ons as onbillik voor. Hier is die reel van die ouere skrywers, sonder twyfel, verkiesliker. Vir moontlike gevalle van misbruik van die reg, sluit van der Keessel alleen die strafbaarheid nie uit nie, wanneer die persoon in sy eer offisieel herstel word of met sy liggaamsgebrekke bespot word, „de vitio corporis aut alio naturali alicui objecto". 2) Logies egter is die bewering, dat die waarheid die strafbaarheid geheel ophef en nie alleen die amende honorabel nie: „veritatem convicii omnino excusare a poena injuriarum, quae et mihi verissima videtur".3) Ten slotte stel van der Keessel die vereiste van die Romeinse Reg, dat waar die dader iemand beskuldig van 'n misdaad, dat bewys daarvan gelewer moet word: „ceterum probe notandum crimen objectum in nostra sententia plane esse probandum, nee defundi aliquem posse nominando auctorem suum". As die bewys nie gelewer word nie, dan verval die strafbaarheid nie. Nou moet dit toegegee word dat van der Keessel tot hierdie gevolgtrekkinge gekom het deur 'n juisste beskouwing van die Romeinse reg, en nie deur middel van geisoleerde tekse nie, maar deur middel van oorweging, waardering en ondersoek na die beledigingsaksie as 'n geheel.'1) Nie alleen is sy interpretasie reg nie, 1) Dictata t.a.p.: volgens die vele beweringe van van der Keessel moet sy argumente ook geldig wees vir die reg van sy dag, byv.: „In quibus verbis (Lex 18 pr. D.h.t.) novum pro nostra sententia latet argumentum" en „eum qui nocentem infamavit, hoe Jure fecisse, quod novum praebet argumentum ad probandum, actionem injuriam non esse dandam, si quidem non detur contra eum, qui jure publico utitur". Tot hoever v. d. K. wil gaan word bewys deur sy interpretasie van Codex 9.35.3: alleen wanneer „non es nunciator" kan die beledigde 'n aksie instel omdat „omnis itaque hujus casus decisio pendet a veritate objecti convicii". So 'n interpretasie van hierdie teks word nie veel teengekom nie, alhoewel dit nie teenstrydig met die Romeinse waarheidsreg is nie. 2) cf. ook Matthaeus op. cit. 47.4.1.8; Voet 47.10.8. 3) t.a.p. verskillend dus van Groenewegen, Voet, Sande, (vide ante p. 78(3)) en Huber Obs. R.J. Part. 2 Obs. 41. 4) Die actio injuriarum t.a.p. sê hy „Est ex bono et aequo, adeoque non debet quoties utilitas publica et aequitas naturalis aliquem subet absolvi" maar hy bewys ook waar die andere skrywers verkeerd was: 1. In verband met skrywers soos Matthaeus,1) beweer hy dat in Codex 9.35.5 die „fides veri" alleen betrekking het tot die feit, „quod reus declaravit, se non iniuriandi animo convicia dixisse en dat die animus nie in ag geneem word nie by die uitoefening van die reg om die waarheid te spreek. 2. Sy argument teen die andere skrywers, wat die kriterium van 'n belediging selfs waar dit waar is, vasgéstel het in die „a//ecfu injuriandi consistere, adeoque locum habere posse, licet verum crimen objectum sit", is dat waarheid in sigself 'n reg is: „hac injuria non puniatur in eo est, quod is, qui nocentem infamavit jure publico utatur, qualem non facere injuriam, supra vidimus, licet animum injuriandi habeat . ) Uit hierdie verskillende en teenstrydige teorië, moet 'n grenslyn vasgestel word vir die exceptio veritatis, en nóg die strenge bepaling van° van der Keessel, nóg die onvoldoende verklaringe van die vorige skrywers kan enkel as kriterium dien.3) Volgens van der Keessel kan die waarheid nooit teenstrydig met die publieke belang wees nie. Moontlik is dit, dat in die lange tydperk tussen die vorige skrywers en laasgenoemde, daar verandering en vooruitgang plaasgevind het in die toepassing van die Romeinse reg, maar dan is dit merkwaardig, dat alleen van der Keessel van die veronderstelde verandering, melding maak.4) Ook bewys hy nie volkome dat die verandering ooral gegeid het nie. Onjuis is derhalwe die bewering van de Villiers 5) dat hy dit nie noodsaaklik ag om die interpre- en dit is veral so, wanneer die misdade van 'n persoon geopenbaar word, beweer hy. 1) p. 81—82. 2) Dictata t.a.p. 3) Die regspraak verleen ook geen hulp nie. Al die voorbeelde wat in die boeke oor die praktyk voorkom is gevalle van onware telasgelêde feite. 4) Dus Scheltinga in sy „Aanmerkingen over de Groot" verklaar in sy Voor-rede dat ruim 100 jaar verloop het sinds die laaste uitgawe van Groenewegen en dus „kan men ligtelijk begrijpen dat er in deze inleiding gevonden worden veele zaeken die na die lyd verandert zijn geworden". Maar oor de Groot 3.36.2. (Lastering) is sy kommentaar alleen „omnia qua hic occurrunt per se satis plania sunt". (In Manuskrip) 5) op. cit. p. 119—120 'n verdediger van die exceptio veritatis van die Romeinse Reg, sonder erkenning van enige matiging van die strenge reel. tasies van die ouere skrywers te oorweeg nie, maar dat dit voldoende is om die mening van van der Keessel te volg. Al die skrywers moet in ag geneem word en uit die teenstrydige teorië moet 'n billike en redelike grenslyn bepaal word. Na die beskouwing van al die outoriteite meen ons, dat nóg die billikheid van die aksie, nóg die outoriteite verwaarloos sal word wanneer ons die volgende reëls neerlê, as aantonend die juiste beginsels van ons reg; maar aangesien die moeilikheid van die probleem, word hier geen beroep op volmaaktheid gemaak nie.*) Verder sal die reëls wyd verklaar word sodat daar 'n gewenste vryheid van billike en redelike oordeel deur die regter toegepas kan word. 1. Om die waarheid te spreek is die reg van iedereen, maar die reg kan alleen uitgeoefen word waar die publieke belange bevorder word. 2. Terwyl die vereiste wat veel van die outoriteite stel, dat die reg nie animo injuriandi uitgeoefen moet word nie, bewaar moet word in beginsel, om misbruik van die reg te voorkom, moet die reg die voorkeur gee aan die publieke belange waar sulks klaarblyklik deur die openbaring van die waarheid bevorder word. Die belange van die publiek is primêr in sulke gevalle, en die oogmerk om te beledig subordinêr. 3. Wat onder die publieke belang ingesluit is, moet wyd verklaar word en is afhanklik van die sede en saaklike begrippe van die Staat. Die waarheid is nie beperk tot gestrafte of ongestrafte misdade nie, maar tewens enige feit waardeur die maatskappy beskerm sal word in haar betrekking tot die publiek of privaat lewe van die beledigde. 4. Waar die publieke belange nie bevorder word nie of waar die openbaring in stryd is met die publieke belange, verval die strafbaarheid nie. Misbruik van die reg en beledigende oogmerk moet dan oorweeg word. Misbruik van die reg is ook afhanklik van die tyd, plek,2) omstandighede en meriete van elke biesonder geval. 1) Ons verwys hier na wat ons alreeds hieroor gesê het op p. 75 v. 2) van Hasselt (377 Brieven) Brief 31, gee 'n geval van misbruik van die reg. 'n Predikant mag nie die „zondige zeden en gebreken ... van den predikstoel" van 'n lid van sy gemeente blootstel nie. Hierdie beperking is op hom gelê uit die aard van sy beroep. „Hy mag in genen dele iemand in Onder hierdie groep val die strafbaarheid van ongewenste en onnodige waarhede. 5. Waar die telasgelêde feit 'n misdaad is, alreeds gestraf of nog ongestraf, moet die dader die waarheid daarvan bewys. Geskied dit nie, dan moet hy gestraf word en onverskillig is sy beroep op nonanimus injuriandi. Dit sou wenslik wees om die bewys altyd as 'n noodsaaklikheid te vereis, aangesien veel morele oortredinge wat telasgelê kan word, nie strafbaar is nie. So 'n reel sou egter in stryd wees met die beginsels van die aksie, omdat geoorloofde oogmerk anders die strafbaarheid ophef. Die strafwetboek moet dus as onbevredigende standaard dien vir die gevalle waar die waarheid bewys moet word. In al die andere gevalle kan die dader hom beroep, om van die strafgevolge vry te kom, op sy geoorloofde oogmerk. Resumpsie van die Eerbegrip in die Romeins-Hollandse Reg. 1. Eergevoel en goeie naam word albei beskerm. By die krenking van eergevoel is openbaring aan andere nie 'n vereiste nie. Dit mate van publisiteit by 'n belediging maak steeds 'n verskil op die aard van die injuria d.w.s, die belediging word gestraf óf as injuria atrox, óf as injuria levis. 2 Die eerbegrip self is wyd. Dit staan in verband met die sedelike waarde van die mens en ook in verband met sy kredietwaarde. Ook word dit as 'n belediging gestraf, waar die liggaamsgebrekke van die beledigde die objek van 'n minagtende handeling is. Die wye eerbegrip is 'n noodwendige gevolg van 'n gebrek aan n verdeling van belediging in verskillende soorte, wat in die moderne regswetenskap as biesonder delikte behandel word. 3. As algemene reel beskerm die reg verdiende goeie naam en eergevoel meer beperk dan in die Romeinse reg. Waarheid word toegelaat1) tensy wanneer dit teen die publieke belange geskied. het bijzonder, veel minder zijne overigheid traduceeren en van den predikstoel doorhalen". By analogie geld dieselfde beginsel vir ander gevalle van uitoefening van 'n beroep byv. doktore, advokate ens. waar beroepsgeheime geopenbaar word. 1) Ook in verband met die gesondheidstoestand van die beledigde waar die publieke belange, by die openbaring daarvan, betrokke is, byvoorbeeld as iemand aan melaatsheid lei: vide Matthaeus op. cit. 47.4.1.8. > Die Romeins-Hollandse reg het 'n billike grenslyn vasgestel en meer voorsiening word gemaak vir misbruik van die exceptio veritatis dan in die Romeinse reg. 4. Werklike nadeel aan die eer en goeie naam of bewys daarvan, word nooit gevorder nie. V. Omstandighede Waarin Belediging Opgehef Word. Behalwe die waarheidsreg en ander gevalle van 'n uitoefening van 'n reg1) erken die Romeins-Hollandse reg bepaalde gevalle Van geoorloofde geleenthede waar daar 'n presumpsie ontstaan van geoorloofde oogmerk. Waar die publieke belange by 'n belediging betrokke is, of in gevalle van uitoefening van amtsplig ens. waardeur die algemene belange" bevorder word, word 'n belediging anders strafbaar, beskerm. Die beskerming daarvan is billik, want anders sou die uitoefening van amt of beroep, of die bevordering van die publieke belange, steeds belemmer word, as dit aangeneém word dat die dader in sulke gevalle 'n beledigende doel beoog. Nou kon die reg hierdie gedagteuitinge 1. Absoluut beskerm, onverskillig of daar animus injuriandi is, of nie. 2. 'n Beperkte beskerming verleen, wat óf objektief vasgestel word namate die grense van die plig wat uigeoefen word, onverskillig van animus injuriandi of nie, óf subjektief vasgestel is op grond van werklike afwesigheid van animus injuriandi. Absolute beskerming word in sulke gevalle nooit erken nie en die vraag is, of die Romeins-Hollandse reg die oortreding van die pligsgrense, of die animus injuriandi, die strafbare faktor gemaak het. En hier blyk dit, dat die reg haar nie bemoei het met 'n objektiewe limitatiewe vasstelling waarin die belediging beskerm sal word nie, maar in ooreenstemming met die vereiste van afwesigheid van animus injuriandi, beskerming alleen verleen waar die ongeoorloofde doel ontbreek. Sodoende, word dit beskou, dat in sulke gevalle die 1) Juris Executio; „suo jure utitur nemini facit injuriam" van der Keessel: Dictata 47.10.1; vide ook van Leeuwen C.F. V.XXV.I.; Damhouder op. cit. CXXXVI.3. oogmerk 'n wettige uitoefening van 'n plig is, en die beledigde moet, as hy 'n aksie vir belediging instel, die teenoorgestelde bewys. Hierdie presumpsie van geoorloofde oogmerk is alreeds hierbo behandel.1) Ek meen hier ter stawing van my sienswyse, nog 'n beroep te maak op 'n paar andere voorbeelde. In die geval waar n magistraat gewoonlik vrygestel word van die gevolge van 'n belediging, geskied dit omdat hy geen oogmerk gehad het om 'n onreg te pleeg nie, „Magistratus autem regulariter non censet injuriam voluisse facere dum civem verbis corrigit". 2) In die andere gevalle van pligsuitoefening, ag die outoriteite die beledigende doel as vervang deui 'n geoorloofde oogmerk; dus, in 'n geval van 'n skoolmeester of andere persone in die uitoefening van gesag; „qui bono animo coirigendi quid facit, licet imprudentiam laeserit". 3) Egter is dit redelik dat waar 'n magistraat, byvoorbeeld, sy pligte nie oortree nie, dat daar byna nooit 'n belediging gepleeg is nie, omdat hy deur die uitoefening van sy pligte binne die pligsgrense al bewys lewer dat hy nie deur 'n oogmerk om te beledig geinspireer is nie. Derhalwe beskou die outoriteite, afgesien van die materiele reg wat 'n geoorloofde oogmerk vereis, dit as n noodsaaklike gevolg dat 'n magistraat alleen 'n belediging kan pleeg, wanneer hy sy pligte oortree. Tereg merk Voet op, dat die animus injuriandi afwesig is, selfs waar 'n magistraat „verbis reprehenderit acrioribus" 4) en van der Keessel maak die strafbaarheid afhanklik van die pligsoortreding, „nisi forte Magistratus potestatem suam egressus injuriosum quid fecerit, qui injuriarum tenetur".5) Die volledigste beskrywing van die grense van die pligte van n magistraat, word geïllustreer in die volgende citaat: ,,Si magistratus bene observans omnia quae possunt illum ducere ad puniendum, objicit, quaedam reo injuriosa hoe casu reus licet postea innocens, reperiatur ]) Vide p. 55 v. 2) Anonymi: Praelectiones p. 10 (In manuskrip) ; vgl. Huber H.R. 6.VI1I.12 en van Leeuwen C.F. V.XXX.3: ante p. 56. 3) van der Keessel: Dictata 47.10.1; cf. Voet 47.10.2. „si... non monendi et erudiendi causa ... injuriarum actione teneri possunt". 4) Voet 47.10.2. 'n Injurieuse oogmerk sou in sulke gevalle nie lig aangeneem word nie. 5) van der Keessel 47.10.1/3. tamen contra magistratum non habet actionem injuriarum, quod si tarnen judex ob leves suspiciones innocentem incarceravit datum incarceratio actionem injuriarum contra judicem".1) Die beginsels in verband met beperkte privilegies is dus: 1. Die materiele reg vorder 'n geoorloofde oogmerk, wat in dergelike gevalle gepresumeerd word. 2. In die meeste gevalle in die werklikheid is die oogmerk ongeoorloofd alleen waar daar 'n pligsoortreding is. Wanneer de Villiers 2) beweer dat „very frequently the commentators (in gevalle van beperkte privilegie) by indiscriminately making the existence of animus injuriandi the principal, or even sole, test of the injurious nature of an act, overlook the true standpoint, that the character of an act which it is externally lawful for a person to do cannot be affected by the presence or absence of animus injuriandi", dan moet die voorkeur gegee word aan die „willekeurige" beginsels deur die outoriteite neergelê, wat logies die objektiewe belediging nie as geoorloofd beskou nie, maar dit alleen in akkoord met die beginsels van die aksie stel nl. dat 'n ongeoorloofde oogmerk nooit 'n objektiewe geoorloofde belediging regverdig nie. Wanneer de Villiers verder gaan en die strafbaarheid afhanklik maak van die objektiewe vorm van die belediging, d.w.s. alleen wanneer dit 'n pligsoortreding is of nie, 3) dan is dit teenstrydig met die beginsels van die Romeins-Hollandse reg, en hy word ontrou aan sy leer anders, dat animus injuriandi steeds 'n vereiste by belediging is. By sy standaard van wat 'n „overt lawful act" is, heers daar soms verwarring oor die animus injuriandi. Dus beweer hy „where ... the magistrate acts secundum bonos mores, reipublicae venerandae causa, there exists not a mere rebuttable presumption 1) Anonymi op. cit. p. 14. 2) op. cit. p. 200. Hy beskou pligsuitoefening as 'n reg, maar hy vergeet dat die reg ontstaan op grond van 'n bepaalde plig wat die dader beoog, en wat wettig is. 3> „A magistrate is not liable in an action of injury for anything said or done by him within the proper limits of his authority in the bona fide execution of his duty" op. cit. p. 39. Maar hy is blykbaar onbewus dat deur „bona fide execution of his duty" niks anders veronderstel word dan 'n geoorloofde oogmerk nie. Vide in die algemeen sy opmerkinge op p. 37 v. en p. 200 v. of the absence of animus injuriandi, as one might be apt to conclude from Voet's remarks in Section 20, but it is conclusively assumed that animus injuriandi does not exist; in other words, its absence or presence is immaterial".1) Hier vergeet de Villiers dat die animus nie 'n onverskillige faktor is nie want reipublicae venerandae causa vervang die animus injuriandi, en is in sigself 'n oogmerk 2) wat geoorloofd is. Presies waar Voet dus verkeerd is, blyk vir ons nie dmdelik nie. Behalwe magistrate en regters, word beperkte beskerming verleen aan advckate3) en getuie in 'n hofsaak. 4) Waar die publieke belange in die algemeen bevorder is, word die ongeoorloofde oogmerk ook geag as afwesig. Sulke gevalle geskied in die wetgewende raad: „in duumviro onus legationis alii imponente, quam ad quem vices pervenerant" (v. d. Keessel Dictata 47.10.1), of in die gevalle waar 'n publieke spreker, kritiek in die algemeen belang uitoefen: „si orator aliquis, aut praeco verbi divini, in seculum et mores invectus sit. Si tarnen odio indulgens non tam vitia quam personam notare voluerit, ne concionatorem quidem excipiendum judico".5) Uitoefening van beroep is ook 'n geoorloofde doel; as 'n dokter 'n verkeerde diagnosis stel word hy beskerm e) en 'n „astrologus" selfs as hy iemand 'n dief noem, omdat die beledigende oogmerk in sulke gevalle ontbreek.7) 3. Straf en Vergoeding by Belediging. 'n Belediging word verbeter deur die amende honorabel en die profitable amende. Die amende honorabel is die eintlike „weder- 1) op. cit. 39(16). 2) animus „reipublicae venerandae causae". 3) Damhouder op. cit. CXXXVI.3; Anonymi op. cit. p. 14 „... Advocatum qut accusat et inter accusandi necessario ignotniniosum debet proferre licet accusatus.. 4) Anonymi op. cit. p. 14 citeer Leyser vol. 8: Sp. 551; Utrechtsche Consultatien 2 : 100. 5) Matthaeus op. cit. 47.4.1.7.; cf. Voet 47.10.20. in med. Hy vereis dat daar geen beledigende oogmerk is nie. 6) Voet 47.10.20. 7) Voet 47.10.20; van der Keessel 47.10.12. evening" van die injuria en is 'n vorm van rekantasie waardeur die dader openlik om vergeefnis vra en daarby verklaar dat hy ,,'t gene . .. onbedagtelijk ende tegens de waarheyt geseyt heeft gehadt, ende dat het selve hem van herten leedt is ende te verklaren van den Suppliant niets te weten, dan alle eer en deugt".1) Hierdie sanksie is dus 'n herstelling van die gekrenkte eer van die beledigde. Die profitable amende is 'n geldboete, „waer inne den Regter aen des klaegers zeggen niet en is gebonden, maar mag uytspraek van de boete doen na bescheydenheyt, zorgvuldelijk lettende op den staet van beyde, op de plaetse waar het gheschied is ... en op alle verdere omstandigheden". 2) Hierdie geldboete is nie gebaseer op die werklike skade wat deur die beledigde gelei is nie, en waar dit die geval is moet die beledigde 'n aksie onder die lex Aquilia instel. 3) Die belediger moes onder eed verklaar die bedrag van die geldboete, „dat hy gelijke Hoon om zoo veel ofte meerder niet en zoude willen lijden" 4) en die boete was dikwels toegeken aan behoeftige mense of 'n weldadigheidsgestig en nie aan die beledigde self nie.5) Gewoonlik word die injuria verbeter met rekantasie sowel as die geldboete en die eiser het die volle reg om altwee sanksies te eis. Terwyl die beledigde die bedrag van die boete self skat, neem die regter in ag die werklike eer en goeie naam van die beledigde.6) Aangesien die belediging 'n aanranding van eergevoel is, is die 1) Papegaey F.B. VIII. p. 94; Voet op. cit. 47.10.17; van Leeuwen R.H.R. 4.37.1; v. d. Linden Judicieele Pr. 1.26.9. Voet reken dit as 'n privaatregtlike sanksie omdat dit nie 'n geldboete is nie, óf van waarde vir die skatkis óf 'n liggaamstraf is nie. Volgens die ouere skrywers is hierdie sanksie uitgesluit waar die belediging waar is. Vide p. 78(3). 2) Grotius op. cit. 3.35.2: Die amende profitable is gebaseer op die actio aestimatoria van die Romeinse reg. 3) Voet 47.10.18: „sed tantum actionem privatam ex lege Aquilia ad indemnitatem, si forte injuria illata etiam ad damnum rei familiaris pertinuerit". Vide ook de Villiers p. 177 v. 4> Grotius op. cit. 3.35.2: Voet 47.10.17. 5) van Leeuwen R.H.R. 4.37.1.; Voet 47.10.17. „pauperibus applicandam". Hierdie sanksie is meer van 'n penale dan 'n privaatregtlike aard. 6) „vitae honestatis": van der Keessel op. cit. 47.10.7: cf. Vinnius op. cit. 4.4.10. Comm. 1. By die skatting word ook oorweeg of dit 'n injuria atrox of levis is: p. 70. gedrag en houding van die beledigde self belangrike faktore wanneer hy reparasie vir sy gekrenkte eer versoek: „Cum injuria aestiinetur non tantum ex affectu facientis, sed etiam ex affectu cujusque patientis ... Si quis injuriam passus eam ad animum non revocavit non aequum et bonurn, unde hac oritur, non est, ut is, qui videtur patientia sua injuriam condonare dein ex poenitentias remis- sam injuriam ex equatur".1) Derhalwe kry ons 'n beskrywing van 'n belediging, waar die aangerande beweer, dat hy die gemelde „Injurien ad animum gerevoceert, ende openbaerlijk getesteert, dat hy van meeninge was reparatie van dien te versoeken". 2) Ook in sy sanksie dus, gaat dit by die beskerming van die aangerande onstoflike belang, hoofsaaklik oor die gekrenkte eergevoel van die beledigde self. 1) van der Keessel op. cit. 47.10.17.: „Facile intellegitur injuriarum dissimulatione aboletur"; vir biesondere gevalle waar dit geskied, vide Voet 47.10.23. 2) In die Papegaey ofte F.B. Vlll p. 94: en dat hy deur die belediging „grootelijks is geinjurieert ende in syn Eer, naam ende Faam geledeert". HOOFSTUK lil. BELEDIGING IN DIE ENGELSE REG. 1. Algemene Oorsig. Die grondslag van die beginsels waarop aanspraaklikheid vir onregmatige dade in die Romeinse teg berus, geld nie vir die Engelse „Law of Torts" nie. Hierdie regssisteem erken nie aanspraaklikheid verwysbaar of aan injuria of aan injuria damnum datum (onder die lex Aquilia) nie. In die Romeinse reg word elke delik gegroepeer onder die een of ander actio, die actio injuriarum of die actio legis Aquiliae, terwyl hierdie verdeling in die Engelse reg onbekend is. In die laasgenoemde regssisteem is daar 'n aanmerklike aantal handelinge of versuime, elkeen met sy eie biesonderheide, en die verskillende delikte is almal selfstandig en onafhanklik van elkaar: „The English Law of Torts is arbitrary, and (in the historical sense of the word) barbaric ... To put it briefly, there is no English Law of Tort; there is merely an English Law of Torts i.e. a list of acts and omissions which, in certain conditions are actionable . . . If the layman wants to know the nature of those breaches of duty which give rise to actions for damages, the only answer that can be given is: ,Read this and the preceding volume'"1) (d.w.s. een of ander boek waarin delikte behandel word). In die afwesigheid van bepaalde omvattende beginsels waarop aanspraaklikheid vir onregmatige dade berus, kan dit in die Engelse reg gebeur, dat sommige sorgelose of moedswillige handelinge waardeur iemand in 'n regsbelang getref word, ongestraf bly, as daar geen selfstandige delik, wat voorsiening daarvoor maak, bestaan nie, en waarin die gepleegde handeling pas. Die Romeinse reg 1) Miles: Digest of English Civil Law: Book II. Part III. PrefaceXIII-XIV. het in hierdie opsig, getroffe regsbelange volledig beskerm *) en is dus verkieslik, ten spyte dat haar biesonderhede, in verband met die handeling, nie so volledig weergegee word nie en ten spyte van haar gebrek aan terminologie, in vergelyking met die Engelse reg: „Particular torts are the only torts which there are; the typical or normal tort does not exist. Doubtless the courts are predisposed to find a remedy for damage intentionally or carelessly inflicted. But unhappily it is still possible for a clever and unscrupulous man to inflict great loss on another, without coming within the pale of the English Law of Torts; for that Law is, at present, verv little more than the embodiment of a series of archaic conceptions, none of which may fit the case".2) On 'n voorbeeld wat hier van belang is, te neem. Mondelinge belediging of „slander", het so 'n historiese ontwikkeling deurgemaak, dat dit alleen toegepas wórd in die gevalle waar die woorde of per se vervolgbaar is, in erkende gevalle, of waar die beledigde materiele skade kan bewys; sodat 'n opsetlike krenkende belediging wat mondelings geskied in sommige gevalle nie vervolgbaar is nie.3) Tot 1891 was beskuldiging van 'n getroude vrou van oorspel, as 'n per se belediging, nie strafbaar nie.4) In 1891 was hierdie onregverdigheid tot 'n seker mate, d.w.s. alleen toepaslik waar 'n vrou beledig word, herstel, met die gevolg dat dit nog moontlik is om 'n man van sedeloosheid of onbetaamlikheid te beskuldig, sonder dat dat daar 'n regsmiddel bestaan om die belediging te straf.5) Die Engelse Deliktereg met sy eienaardige karakteristieke is die gevolg van sy historiese ontwikkeling. Van ouds af, was dit die 1) Neem die actio injuriarum, waardeur die persoon, waardigheid of eer getref kan word en die actio legis Aquiliae, later uitgebrei om al die gevalle van veroorsaking van materiele gelede skade te beskerm, dan is 'n alomvattende beskerming van regsbelange verskaf. 2) Miles op. cit. p. XIV. 3) In die privaatregtlike aksie; in die strafregtlike aksie, word alleen woorde wat „blasphemous, seditious or obscene" is, gestraf. 4) „However malicious and industrious the circulation of the lie". Carr: English Law of Defamation: L.Q.R. XVIII: p. 255; anders nou, met die invoering van die Slander of Women Act, 1891 (54 & 55 Vict. c. 51). 5) „Though a man's reputation for decency and courage is no less dear to him, than her fair fame is to a woman". Carr. op. cit. p. 255; cf. Pollock: Law of Torts: p. 249. neiging om 'n gepleegde onreg te straf, nie omclat die dader erkende beginsels van wat geoorloofd is, oortree het nie, maar omdat daar 'n erkende regsmiddel, 'n „appropriate form or action" bestaan het wat gepas het by die ongeoorloofde handeling: „The ancient common law knew nothing of large classifications founded on the substantive nature of what was in issue. There were forms of actions with their appropriate writs and process, and authorities and traditions *) whence it was known, or in theory was capable of being known, whether any given set of facts would fit into any and which of these forms. In early times it was the existence of a remedy in the King's Court, not the failure to provide a remedy for an apparent wrong, that was exceptional. No doubt the forms of actions feil, in a manner, into natural classes or groups. But no attempt was made to discover or apply any general principle of arrangement". 2) Sommige van die hedendaagse Engelse skrywers probeer dan ook 'n groepeering van onregmatige dade, maar, verskillend van die Romeinse reg, word die beskermde regsbelange gesorteer volgens hul objektiewe aard, sonder inagneming van die manier waarop die vorm van belang geskend word.3) Stephen4) probeer 'n groepeering volgens die subjektiewe handelswyse van die dader, maar die moeilikhede van die Engelse reg waar boosaardige opset en nalatigheid nie duidelik van elkaar by delikte onderskei word nie, forseer hom om 'n spesiale groep vas te stel, waar die dader aanspraaklik is onverskillig van die teenswoordigheid van opset of nalatigheid, byvoorbeeld, „trespass to land". Hier gaat dit dus om die objektiewe handeling alleen. Die historiese ontwikkeling wat belediging deurgemaak het, het as gevolg gehad 'n bepaalde verskil in beginsel met die ooreenkomende aksie van die Romeinse en Romeins-Hollandse reg. Hierdie verskil in beginsel en ontwikkeling, word deur die Suid Afri- 1) 'n Beginsel wat steeds bewaar word in die gemeen of ongeskrewe reg. 2) Pollock op. cit. p. 3—4: cf. Stephen: Commentaries on the Laws of England: vol. III: p. 1 et seqq. en p. 371. 3) Miles op. cit. p. 545: „there is no class of tort which cannot be committed negligently as well as intentionally (met die uitsondering van malicious prosecution en deceit) ... Conversely every act which is a tort if negligently, will be equally a tort if committed intentionally". 4) Commentaries vol. III p. 372. kaanse regters blykbaar geignoreer wanneer hulle 'n gelyksoortigheid in die twee aksies sien en wanneer hulle beginsels van die Engelse reg toepas, met verwaarlosing van die geldende reg. 2. Geskiedenis en Ontwikkeling van Belediging. Die tyd toe Pollock en Maitland hul geskiedenis oor die Engelse reg geskryf het, kon hulle met juisheid beweer, dat daar nie veel navorsingswerk oor die vroeëre beledigingsaksie, bestaan nie.x) Sinds die tyd egter het hierdie onderwerp meer in aanmerking gekom. 2) Oorspronklik val die beledigingsaksie uitsluitend onder kerklike regsgebied. Die regshowe van die kerk het belediging as 'n sonde gestraf en dit is ongeveer tussen die einde van die vyftiende en die begin van die sestiende eeu, dat die howe van die Koning of die burgerlike reg, haar reg van jurisdiksie oor hierdie afdeling van die reg begin uitvoer.3) Om die regsmag van die kerklike howe weg te neem, was eers moeilik, alhoewel toe die stryd eenmaal begin was, het die gemeenreg howe, soos gewoonlik, hulle reg van jurisdiksie oor die grotere gedeelte van die beledigingsdelik, spoedig bevestig. 4) Die privaatregtlike aksie vir mondelinge belediging (stander) is ouër dan die ooreenkomende aksie vir skriftlike belediging (libel). 'n Sogenaamde „Action of Case" vir „slanderous words" 5) was toegestaan deur die burgerregtlike howe en by hierdie soort aksie, 1) (1898): vol. II. p. 536; Reeves: History of English Law (1869) vol. III p. 105 behandel dit kortliks. 2) Byv. Carr: L.Q.R. XVIII: p. 255 en p. 388; Veeder: Select Essays in Anglo-American History 111. p. 446; Holdsworth: L.Q.R. XL: p. 302 en p. 739 en XLI: p. 13; ibid, History of English Law (3"i Ed.) vol. II, p. 366, 382—3; vol. III p. 409—11; vol. V p. 205—212. 3) Miles op. cit. p. 501; vide Pollock and Maitland op. cit. p. 536; Spencer Bower: Actionable Defamation, Appendix I, p. 225; Carr. op. cit. p. 269 et seqq. 4) vide as voorbeeld Russell's Case: Dyer 26 b, (Miles op. cit. p. 502); cf. Holdsworth op. cit. XL: p. 304 en p. 398—399: Regsmag van die een of die ander Hof was besluit volgens die aard van die misdaad nl. of dit geregtlik onderwerp was aan die Kerk of aan die burgerlike howe. 5) nl. 'n Privaatregtlike aksie. 7 moet materiele skade bewys word, want die werklike skade is die kern van dié aksie. Alreeds vroeg dus, vertoon die aksie die ewentuele vorm wat dit gaan aanneem nl. skade, en nie die toegevoegde opsetlike contumelia of veragting, as hoofelement. Ook het die howe besluit, dat mondelinge beledigende woorde nie as 'n misdaad met strafregtlike vervolging beskou kan word nie en ook hierin vind ons dus 'n vroeë aanwysing van die verskil later gemaak tussen „libel" en „slander".1) Die vereiste dat materiele skade steeds bewys moet word, het mettertyd as 'n onbillike reel by die howe ingedring en so word sekere woorde aangeneem as beledigend per se omdat uit hul aard self, die moontlikheid van materiele skade aangeneem kan word. Ten eerste was dit erken in die gevalle waar die belediger 'n misdaad telaslê. 2) Later in die saak van Mercer v. Sparks (1586) Owen, 51, word 'n ander beginsel in verband met slander, nl. dat opset („malice") van die dader nie noodsaaklik deur die beledigde beweer moet word nie, toegepas; alhoewel die hof verklaar het dat die woorde „malicious and slanderous" was, was „malice" van die dader, in die aksie, nie beweer nie.3) Die beslissings wat onrniddelik hierop gevolg het, het as gevolg van die verklaring van die hof, malice as vereiste van „slander" beskou, maar die hedendaagse teorie dat opset geen bestanddeel vorm nie, was definitief erken in die begin van die neentiende eeu. 4) Anders was die ontwikkeling van „libel". Skriftelike belediging („written or printed") het onder die jurisdiksie van die „Star Chamber" geval en was beskou as 'n suiwer kriminele aksie.B) In die kriminele aksie was die waarheid van die belediging, of die aangetaste eer van die beledigde onverskillige faktore. In die ses- 1) Holdsworth op. cit. p. 306; vide infra p. 99. 2) vide Russell's Case: p. 97(4). 3) vide Miles op. cit. p. 502. 4) vir volledige behandeling vide Holdsworth op. cit. XLI: p. 24—28. 5) Miles op. cit. p. 502; Holdsworth op. cit. XL: p. 305, verklaar dat die „Council and Star Chamber" 'n strenge kontrole oor die drukpers aangeneem het, met die gevolg dat die „Star Chamber" regsmag uitgeoefen het in verband met oortredings van hul reels, neergelê vir die drukpers. Sodoende was skriftelike belediging beskou as 'n misdaad. tiende eeu was die „Action of Case for Libel ook ingevoer en dit was beskou as alternatiewe aksie vir 'n „bill" d.w.s. die vorm van kriminele vordering voor die Hof van die „Star Chamber . In die privaatregtlike aksie (Action of Case) was die waarheid van die belediging 'n volledige beskerniing en aangesien skade bewys moet word in hierdie aksie, was openbaring aan een of meerdere persone, behalwe die beledigde self, 'n vereiste.1) Aangesien die „Action of Case" as alternatief van :n „bill" beskou was, het die hof skade aan die beledigde toegeken, sowel as 'n geldboete of gevangeskap vir die belediger, vir die misdaad gepleeg. Alhoewel die „Star Chamber" in 1641 afgeskaf was, was skriftelike belediging nog vir 'n lange tyd as strafregtlike misdaad beskou en hierdie sienswyse het miskien gelei tot die hedendaagse geldende beginsel, dat werklike skade nie bewys moet word nie. Die verdere ontwikkeling van skriftelike en mondelinge belediging was dieselfde, maar die beginsels van verskil wat hierbo aan-getoon is, was bewaar. Sodat teenswoordig die Engelse reg 'n verskil erken tussen skriftelike belediging, waarin alle aanrandinge van eer wat beledigend is, vervolgbaar is, en mondelinge belediginge, waar, as die woorde nie onder die bepaalde groepe van wat per se beledigend is, 2) val nie, werklike skade dan bewys moet word. In die afwesigheid van sulke bewys, is daar geen andere regsmiddel vir die beledigde toegestaan nie. Die rede waarom 'ri verskil gemaak word tussen libel en slander,3) afgesien van die konserwatiewe vashouding aan die presedent-stelsel, is dat skriftelike belediging anders 'n groter mate van „malice" vertoon, omdat die opstelling daarvan meer vasberadenheid bewys. 4) Hierdie rede is m.i. onvoldoende want behalwe die feit, dat opset anders 'n onverskillige faktor is, is 'n groter opset by skriftelike belediging, nie 'n noodwendige gevolg nie. Tereg word dit opgemerk, dat as gevolg van hierdie verskil, by 'n onskuidige of toevallige foutiewe verslag in 'n koerant, of 'n verkeerde H Miles op. cit. p. 502; Holdsworth op. cit. XL. p. 397. 2) vide p. 104 v. 3) Twee vorme van dieselfde species, belediging. 4) „As it is accompanied with greater deliberation, indicates a greater malice, and is in general more widely propagated than oral slander": Addison: Law of Torts p. 189. voorstelling van skriftelike feite, sware vergoeding toegeken sal word, wat by 'n mondelinge belediging, by ontbreking van haar bepaalde vereistes, nie eers vervolgbaar is nie en „the assumption of a superior degree of malice is not apparent". x) Die twede rede wat gegee word nl. dat die rugbaarheid of publisiteit deur middel van skriftelike belediging altyd groter en verderreikend is, 2) is ook nie 'n waarheid wat geen uitsondering ken nie. Want behalwe dat hierdie argument blykbaar alleen die gevalle van gedrukte (koerant, boeke of tydskrifte) belediginge omvat, is nadeliger gevolge vir die beledigde in sulke gevalle nie altyd 'n waarskynlikheid nie, want al geskied die belediging in 'n koerant wat nóg deur die beledigde3) nóg deur sy vriende of deur enige kennis van hom gelees word, of al is die belediging in 'n vreemde taal opgestel, dan is aanspraaklikheid nie uitgesluit nie. Dat hierdie reeds onvoldoende is en die kritiek van sommige skrywers uitlok, wat die billikheid van hierdie onderskeiding nie kan insien nie, is geen faktor van verrassing nie: „There is inuch cause to deem this and other like reasons in our modern text-books mere afterthoughts, devised to justify the results of historical accident: a thing so common in current expositions of English Law that we need not dweil upon this example of it".4). Hierdie citaat het eintlik betrekking tot die volgende rede wat sogenaamd aanwys, waarom skriftelike belediginge per se, alleen uitgesonder word: „the theory being that their tendency to injure the Plaintiff's reputation is so manifest that the law does not require evidence of their having actually injured it". Maar die kritiek geld ewegoed vir die vorige teorie en Pollock kan nie aanneem nie, dat 'n skriftelike belediging in 'n koerant, byvoorbeeld, wat geen kennis van die beledigde van weet nie, steeds groter nadeel vir sy goeie naam veroorsaak, dan 'n mondelinge belediging wat in hulle teenswoordigheid geskied.5) die hierbogenoemde rede, alhoewel dit 1) Carr op. cit. p. 258. 2) „Vox emissa volat, littera scripta manet": vir 'n kritiek van hierdie beginsel vide Carr: p. 259. 3) Waar die beledigde nie 'n publieke persoonlikheid is nie en dus anders onbekend is. 4) Pollock: op. eit. p. 244. 5) In die algemeen het die onderskeid tussen libel en slander al veel kri- oppervlakkig billik lyk, kan dus veel onregverdigheid in die werklikheid veroorsaak. Behalwe hierdie onderskeid tussen die Engelse en Romeinsregtlike belediging, bewys die historiese oorsig, dat van die begin af toe belediging as privaatregtlike aksie erken was, die kriterium van die aksie vasgestel was in die materiele skade gelei. In geen stadium van sy ontwikkeling is daar enige aanduiding, dat die strafbaarheid berus op die ongeoorloofde handeling, waardeur die beledigde in sy eergevoel gekrenk word nie. Die beginsel waarop skadevergoeding berus is die nadeel aan goeie naam, en die beginsel van 'n solatium vir die gekrenkte gevoelens van die beledigde, was in die beledigingsaksie 'n onbekende element.1) Die beginsels toepaslik in die oorspronklike strafregtlike belediging nl. dat waarheid geen beskerming verleen nie, en dat openbaring aan andere geen vereiste is nie, was steeds in die kriminele aksie bewaar sodat in hierdie beginsels die strafregtlike en privaatregtlike aksies verskillend is 2); aldus weer 'n onderskeid, wat in tïek uitgelok: vide byv. Holdsworth op. cit. XL: p. 306 en 397 XL1: p. 31; Carr op. cit. p. 225 v; van Veeder op. cit. vol. III p. 446 v; Fisher L.Q.R. X: p. 158 v. Die onderskeid getrek Iê opgesluit in sosiale, politieke sowel as geskiedkundige redes: In Jones v. Jones (1916) 2 A.C. p. 490 het Lord Haldane die mening geopper dat werklike materiele skade gevorder was om die privaatregtlike aksie, van die gebied van die geestelike regsmag, te onderskei: vide Pollock op. cit. p. 244(d): Holdsworth op. cit. XLI: p. 31 beskryf dit as „a division due historically to the need for finding some remedy for the mistakes made by the common law in the initial stages of the development of the tort". In Tomlin's Law Dictionary 1835: vol. II gee hy 'n saak van Libel in 1793, „where a young lady of quality received £ 4000 for reflections upon her chastity, published in a newspaper, although she could have brought no action for the grossest verbal aspersiotis against her honour". 1) Pollock op. cit. p. 249: „The law went wrong from the beginning in making the damage and not the insult the cause of action"; cf. Carr. op. cit. p. 399 en Holdsworth op. cit. XL. p. 304. 2) Die verskil tussen die twee aksies is 1: In die kriminele aksie is die beginsel waarop die straffing gebaseer is, die moontlike inbreuk op die publieke rus en orde wat kan ontstaan, deur die aanranding van die gemoedsgesteldheid van die beledigde. 2: In die privaatregtlike aksie is dit nie die algemene belange wat bewaar word nie, maar die goeie naam van die indiwidu. die Romeinse reg onbekend is. En in die volgende ondersoek sal dit gesien word dat, behalwe in verband met die exceptio veritatis, die Engelse en Romeinse beginsels van elkaar in byna elke opsig volkome verskil; hierdie verskil is des te meer merkwaardig wanneer dit in ag geneem word, dat sommige skrywers beweer dat die Romeinse reg die Engelse reg beïnvloed het. x) Precies waar hierdie invloed haar vertoon het, is nie duidelik nie en hierdie verbeelde gelykheid is meer 'n wenslikheid dan 'n werklikheid. 3. Die Beledigingsaksie. In die Engelse reg vind die aanranding van die eer van die indiwidu, haar praktiese en toepaslike beskerming in die privaatregtlike aksie. By belediging kry die eer 'n wye interpretasie en dit word beskou as iets, wat vir die persoon van bepaalde materiele voordeel is. Word derhalwe die eer wat 'n persoon geniet, in verband met die stoflike voordele wat dit hom versorg in die algemeen, in onguns gebring, dan word dit beskou as belediging. In Watkin v. Hall (1868) L.R. 3 Q.B. p. 396 het die hof besluit dat dit beledigend was, om van 'n veehandelaar te sê dat daar siekte onder sy vee was, „because no one would buy cows of the cattle-dealer". 2) Hierdie standpunt van die Engelse reg teenoor eer, sluit uit die selfskatting van sy eer deur die indiwidu, en die onstoflike belang wat hier beskerm word, het dan ook bepaalde eienaardige karaktertrekke. Die waarde van eer, alleen beskou uit die oogpunt van andere, vereis steeds openbaring en wanneer dit die geval is, dan ontstaan daar eers 'n beledigingsaksie; met hierdie bepaling egter, dat die Engelse reg beskerming verleen, onverskillig of daar werklike skade gevolg het in verband met sy beroeps of sosiale eer, of dat die beledigde 1) Pollock op. cit. p. 244 (d); Spencer Bower op. cit. Appendix XIX: p. 436, waar hy beweer dat die Engelse Reg oor „Libel" uit die Romeinse reg geneem is: hy citeer as bewys R. v. Burdett (1820) 4 B & Aid. 95. Miskien het dit betrekking tot die naam „Libellum". vide ditto Sherman: Roman Law in the Modern World (1922): vol. II. p. 376 waar hy beweer dat die Engelse „law of libel and slander" sommige van die Romeinse beginsels bevat. 2) vide hieroor Drucker: Onrechtmatige Daad. p. 170. alleen blootgestel was aan die veragting, vyandskap of bespotting van sy medemense. Die kern van die delik lê derhalwe in die openbaring daarvan en behalwe wanneer dit 'n ernstig geval van belediging is, waarby die publieke belange betrokke is, in welke geval die beledigde 'n keuse het tussen die privaatregtlike of strafregtlike aksie, is die aangewese aksie, die privaatregtlike een.1) Van die eiser word dit alleen verwag dat hy bewys van openbaring aan andere lewer. Hiermee veronderstel die reg 'n prima facie belediging 2) en die verweerder moet een of andere erkende grond vir beskerming bewys,3) waaronder geoorloofde oogmerk nie erken word nie, om van die gevolge vrygestel te word. Die beginsels wat in die algemeen hierbo uiteengeset is, moet toegepas word met inagneming van die feit of die belediging n libel of 'n slander is, 'n verskil wat bevestig was in die saak van Thorley v. Lord Kerry (1812) 4 Taunt p. 355. „Slander" of onware mondelinge belediginge moet óf per se beledigend wees 4) óf vereis dan bewys van skade. Die strafreg maak nie voorsiening vir belediginge nie aangesien alleen „blasphemous, seditious or obscene words" strafbaar is,5) waarmee die eer van die 1) Wilke: Der Schutz der Ehre im englischen Rechte: Z.Q.S. Bd. L. p. 104: „Die Entwicklung des englichen Rechtes ist bei der Ausgestaltung der rechtli'chen Schutzes der privaten Ehre hauptsachlich durch das Bestreben geleitet worden, dem von einem Beleidiger in seiner Ehre Angegriffenen tuniichst unmittelbare petsönliche Genugtuung zu geben ... Aber auch diese zivilrechtliche Entwicklung ging von dem Gedanken aus, dass an sich nur ein starkeres öffentliches Interesse den staatlichen Ehrenschutz rechtfertigte . 2) vide Holdsworth op. cit. XL: p. 312, vir 'n beskrywing hoe jurisdiksie oor die privaatregtlike belediging deur die gemeenreg oorgeneem was en dat die kern daarvan openbaring was, bewys waarvan, bewys van opset e- teken. _ 3) vide Blake Odgers: Digest of the Law of Libel and Slander, vir n dis- kussie oor die beskerming verleen, in die geval van 'n eerlike kritiek wat in die publieke belange is; hy beweer dat, die gesegde dat hier geen „libel of slander" is nie, nie beteken, dat die woorde nie beledigend is me, maar dat die beledigende woorde nie aanspraaklikheid veroorsaak nie (p. 159). 4) vide hieroor Blake Odgers op. cit. p. 35: Pollock op. cit. p. 244. 5) vide in die algemeen: Odgers op. cit. p. 368; Russel: Crimes and Misdemeanours vol. 1. Chap. 14 p. 983. Gatley: Libel and Slander p. 8; Fraser: Libel and Slander p. 329; Spencer Bower op. cit. App. 17 p. 425; Stephen: Commentaries: vol. IV. p. 134; Halsbury's Laws of England XVIII: p. 609. beledigde nog getref mag word, nog altyd belang by het; die beginsel van strafvervolging is dan ook omdat die publieke rus en vrede in gevaar gestel word. Raadpleeg mens die skrywers en die aangehaalde hofbeslissings daar weergegee, dan word hierdie strafregtlike beginsel bevestig. Dieselfde beginsel is ook toepaslik vir kriminele skriftelike belediging en was bevestig in R. v. Labouchere (1884) 12 Q.B.D. p. 322. Die gevolg was dat die aantal straf regtlike beledigingsaksies aansienlik verminder het. Mondelinge woorde wat per se beledigend is, val onder die volgende groepe: A. Woorde wat die eiser beskuldig van 'n misdaad. Ook hier pas die Engelse reg strenge reels toe en die misdaad moet dus van so 'n aard wees dat die beledigde daarvoor lyfstraf kan ondergaan, óf deur gevangeskap óf 'n kastyding.1) As die sanksie vir die misdaad ,, a fine in the first instance with possible imprisonment in default of payment" is, dan is dit nie meer 'n belediging per se nie. 2) 'n Verder beperking is dat die misdaad telasgelê van so 'n aard is, dat dit volgens die voorskrifte van die wet moontlik is, vir die beledigde om dit te pleeg. As dit gesê word byv. van 'n koster, dat hy die parogiale kloktoue gesteel het, dan is die woorde nie beledigend per se nie omdat die koster reg het op die kerk eiendom ex officio.3) Die leek word dus in sy bedoeling om 'n belediging te pleeg, verhinder, as hy nie op die hoogte is met die tegniese bepalinge van die wet nie. So ook vir dieselfde rede is dit geen belediging om van 'n man te sê, dat hy £ 75 van sy vrou gesteel het nie. 4) 'n Goeie voorbeeld lewer die beslissing van die Hof in die saak van Williams v. Stoft (1883) 1 C. & M. p. 615. Hier was dit besluit, dat dit nie 'n belediging per se was nie, waar 'n man iemand wat nie sy klerk of bediende was nie, met verduistering (embezzlement) van geld beskuldig het, omdat 'n aanklag vir „embezzlement" in so n geval nie moontlik is nie. Hier neem die Hof nie in aanmerking die gekrenkte eer of goeie naam van de beledigde nie en verwag 1) vide byv. Odgers op. cit. p. 35—65; Gatley op. cit. p. 45—78; Pollock op. cit. p. 244 v. 2) Ormiston v.G.W.R. Co. (1917) 1 K.B. p. 598. 3) Jackson v. Adams (1835) 2 Bing N.C. p. 402. 4) Lemon v. Simmons (1887) 57 L.J.Q.B. p. 260; verder voorbeelde in Odgers op. cit. p. 36 v. dat die toehoorders, die werklike betrekking tussen belediger en beledigde moet weet. Die vereiste formaliteite is in duidelike teenstelling met die maklike wyse waarop goeie naam in 'n „libel" beskerm word. B. Woorde wat iemand van 'n besmetlike siekte beskuldig, veral seksuele siektes, omdat as gevolg, die beledigde van die geselskap en sosiale omgang uitgesluit sal word.1) Beskuldiginge van 'n man van immorele gedrag word by hierdie gevalle nie ingesluit nie. Verder moet die beskuldiging betrekking hê tot 'n siekte waaraan hy op die oomblik lei, aangesien, as dit in die verlede was, dit nie die noodwendige gevolg" van uitsluiting van die geselskap mag veroorsaak nie. 2) C. Woorde wat betrekking het tot die beroep, pos, amt of besigheid van die beledigde. Die toets neergelê is dat die woorde „must touch the plaintiff in his office, profession or trade", en van so 'n aard moet wees om hom, in verband daartoe, te benadeel.3) Die Engelse reg beskerm ook die krediteer van 'n handelsman op 'n biesondere manier en enige beskuldiging van non-solwabiliteit, 4) finansiele moeilikhede of ontduiking van die voorskrifte van die Insolvensiereg is per se beledigend. D. Onder die laaste groep val die woorde wat 'n vrou beskuldig van onkuisheid of oorspel en is die gevolg van 'n spesiale wetgewing in verband hiermee.5) Ook hier vorder die reg 'n strenge toets en die beskuldiging van immorele gedrag waarin die werklike seksuele handeling tekortskied, is nie vervolgbaar nie. Die Engelse reg maak dus slegte voorsiening voor eerkrenkinge waar die belediging mondelings geskied. °) Wanneer een van die 1) Carr op. cit. p. 257 ag die beginsel waarop aanspraaklikheid hier berus, die fiesiese aspek van aansteeklikheid, waardeur die beledigde van die geselskap van sy medemense uitgesluit mag word en nie die morele aspek waardeur die siekte mag ontstaan het nie. 2) Carslake v. Mapledoram (1788) 2 T.R. p. 743. 3) Odgers op. cit. p. 45. 4) byv. bankrotskap: Brown v. Smith (1853) 13 C.B. p. 596. 5) vide p. 95(4). 6) ln dit Skotse reg waar die Romeinse invloed sterk is, word geen onderskeid tussen libel en slander erken nie. Vide Spencer Brown op. cit. App. XVIII. p. 433; Green: Encyclopaedia of Scots Law (1910) vol. IV. p. 306; Bell: Dictionary and Digest of the Law of Scotland p. 298; Erskine: Principles of the Law of Scotland. p. 115. Engelse skrywers *) derhalwe beweer dat „reputation is worse protected with us than perhaps with any civilised nation in the world" dan het dit betrekking tot die bogenoemde gevalle van slander. Want in verband met libel is die goeie naam-aspek van die eerbegrip, weer meer voldoende beskerm dan miskien in enige ander beskaafde land, by die afwesigheid van die noodsaaklikheid vir 'n subjektiewe vereiste van óf opset óf oogmerk.2) Waar die woorde nie beledigend per se is nie, vorder die reg dan dat die gelede skade, wat bewys moet word, 'n onmiddelike en natuurlike gevolg van die belediging moet wees. Is die skade as 'n te verwyderde gevolg beskou, dan word aanspraaklikheid uitgesluit. 3) Dit word ook gevorder dat die skade, wat die beledigde lei, iets materieels moet wees. Uitsluiting van lidmaatskap van 'n kerklike liggaam word nie aangeneem as 'n „temporal advantage" nie. 4) Anders was dit besluit waar die gevolg was, dat 'n man die vrywillige gasvryheid van sy vriende verloor het, omdat die hof gemeen het dat 'n vrye maaltyd iets van materiele waarde was. 5) Het die belediging skriftelik geskied, dan was die hof se moeilikhede meteens opgelos, want „damages" as gevolg is onverskillig. Die beginsels wat hierna volg het betrekking tot belediging in die algemeen d.w.s. toepaslik vir libel en slander. Die leser onthou dan self die onderskeid wat anders gemaak word tussen die twee vorme van belediging. 4. Beginsels Toegepas by die Beledigingsaksie. Aangesien die Engelse reg hoofsaaklik van die standpunt uitgaan om die goeie naam te beskerm, ®) is een van die belangrikste vraë 1) Carr op. cit. p. 256. 2) vide p. 109v. 3) Vicars v. Wilcocks (1806) 8 East p. 1, 9 R.R. p. 361; die gewone beginsels van veroorsaakte skade, afgesien van die bedoeling van die dader, word by die skadevergoeding toegepas, vide Pollock op. cit. p. 245(g). 4) Roberts v. Roberts (1864) 5 B. & S. p. 384, omdat dit alleen beteken, verlies van „consortium vicinorum". 5) Davies v. Solomon (1871) L.R. 7 Q.B. p. 112; vir meer gevalle vide Odgers p. 63—65; Spencer Bower op. cit. p. 78—91. 6) vide Gatley op. cit. p. 1: Addison: Law of Torts p. 4: Odgers op. cit. p. 1, defineer eer as 'n „jus in rem, a right absolute and good against all the world". vir die hof om te besluit of die woorde, waaroor gekla word, hierdie goeie naam kan benadeel. By die oorweging hiervan word die vraag gestel of die woorde van so 'n aard is, dat die algemene oordeel van die publiek, die goeie agting, of die vertroue van die medemense in verband met die indiwidu self, of in sy beroep, as gevolg benadeel kan word.*) Spencer Bower2) in sy kommentaar oor die Engelse terminologie van „libel" skryf as volgs: „It is curious but quite in accordance with English habits and propensities in the field of terminology, that a word should have been selected, to convey the notion of one main species of defamation, which does not cannote a single constitutive element in that form of tortious act. That the term does not suggest either falsity or malice is certainly not to be complained of, for neither of these are ingredients in the concept of defamation in general. But further it does not suggest any injury to reputation . .. It suggests, in fact, nothing whatever but a document". 3) Die twede belangrike vraag wat die hof steeds moet besluit is of openbaring van die belediging plaasgevind het, omdat, die woorde nie vervolgbaar is vir die rede dat hulle blykbaar 'n opsetlike krenking van die beledigde aantoon nie, maar omdat sulke woorde dan blykbaar 'n benadeling van die goeie naam is. Die eergevoel van die beledigde self, is 'n onverskillige faktor en hierin bewys die Engelse reg 'n belangrike verskil van die RomeinsHollandse reg. „Demgemass schützt das englische Recht dem einzelnen nur gegen öffentliche ungerechtfertigte Angriffe auf seine Ehre. Das bedeutet, dass nicht seinem Ehrgefühl, nicht sein Selbsbewustsein, sondern nur der gute Ruf, den er in seiner gesellschaftlichen oder beruflichen Sphare oder in der öffentlichen Meinung genietst, das Rechtsgut ist". '4) 1) vir die algemene toets vir beledigende woorde vide Capital and Counties Bank v. Henty (1882) 7 A.C. p. 741. 2) op. cit. App. 1. p. 228. 3) Één faktor, egter, in die woord „libel" opgesluit, is openbaring aan andere, en dit is in ooreenstemming met die oorspronklike begrip. 4) Wilke, Z.G.S. Bd. L. p. 104: Die Engelse beledigingsaksie wyk in beginsel, van die vastelandse begrip oor belediging, af, en tereg merk Carr op, die moeilikhede van 'n „intelligent foreigner having an intimate acquaintance with the Legal Systems of Modern Europe ... to pronounce on the Ook is die eerbegrip sodanig wyd, dat gevalle van kredietbenadelinge inbegryp is, soos 'n bewering van non-solwabiliteit, waar die goeie naam getref word, sonder dat die eergevoel van die beledigde enigsins daarmee in betrekking staan. Die reg beskou eer as 'n materiele baat of as 'n bepaalde stuk eiendom. Die morele en opheffende waarde van eergevoel vir die indiwidu is onverskillig: „Reputation is the property protected 'oy the law; injury thereto is the wrongful act; and publication is the means and the only means by which the actionable injury is inflicted. It is often loosely said that defamatory matter is matter injurious to the reputation. This is not so. It is not the matter but the publication which causes the injury". *) Vir die strafregtlike libel geld weer ander beginsels. Dit is 'n misdaad onder die gemeenreg om beledigende woorde van iemand te openbaar, maar die aksie word alleen toegestaan wanneer die aard van die misdaad sodanig is, dat dit die publieke rus verstoor of wanneer die publieke rus daarmee aan gevaar blootgestel word. 2) Privaateer moet beskerm word deur middel van die privaatregtlike aksie en die beginsel van die strafreg, waar die aksie ingestel word, is alleen die beskerming van die publieke belange. So het die hof aangeneem, dat die publieke belange ook aan gevaar blootgestel is, waar die openbaring alleen aan die beledigde geskied,3) en ook dan moet die belediging van so 'n aard wees dat dit tot 'n breuk van die publieke rus kan lei of „under the circumstances might reasonably or probably tend to provoke a breach of the peace".4) Die authenticity or otherwise of some half-dozen or so main propositions in the English Law of Defamation". 1) Spencer Bower op. cit. Article 6. 2) R. v. Labouchere (1884) 12 Q.B.D. p. 322; R. v. Adams (1888) 22 Q.B.D. p. 66; Wood v. Cox (1888) 4 T.L.R. p. 654; R. v. Lord Mayor of London (1886) 16 Q.B.D. p. 777; vide ook Stephen: Digest of the Criminal Law p. 134; Russell op. cit. p. 984; Gatley op. cit. p. 9v; Fraeser: Libel and Slander p. 323 v; Wilke op. cit. p. 136. 3) R. v. Adams (1888) 22 Q.B.D. p. 66; cf. R. v. Wegener (1817) 2 Stark p. 245; R. v. Brooke (1856) 7 Cox, p. 251. 4) Die Hof se houding teenoor die strafregtlike aksie is „to discourage criminal prosecutions launched merely to extract apologies or vindicate private character". Russell op. cit. p. 984. Hy citeer R.v. The World 13 Cox p. 205. faktor van „menace to public order and security" word illogies geïgnoreer waar die belediging mondeling is, alhoewel n onmiddelike verstoring van die publieke rus nog 'n noodwendiger gevolg sal wees dan by skriftelike belediging: „One would have thought on the theory that slander being less injurious to personal reputation as an asset, would justify its being thought more inimical to public order than libel. The fact remains that English law has never concerned itself with mere private oral defamation".1) Uit hierdie korte uiteensetting van die beginsels blyk dit, dat by die beledigingsaksie 'n subjektiewe vereiste vir skuld nooit in aanmerking kom nie. Beledigende woorde en openbaring, sluit al die vereistes in, en derhalwe is die enigste manier om van aanspraaklikheid vry te kom, uitgedruk in die woorde van Lord Loreburn in Hulton and Co. v. ]ones, 2) wanneer hy sê, „the only remedy to escape frorn an action for defamation is to abstain from defamatory words". 5. Die Malice-Begrip. 1. Die Standpunt Ingeneem teenoor Malice. In die Romeins-Hollandse reg is geen belediging strafbaar nie, tensy die nie animo injuriandi geskied het nie. Die Engelse reg besig vir wat in die andere regssisteme, 'n subjektiewe vereiste by die skuldbegrip is, die woord malice. Neem ons die definiesies van belediging deur die skrywers of die howe gegee, dan is dit alleen 'n objektiewe omskrywing, wat geen melding maak van 'n innerlike faktor van die belediger nie: „The publication of defamatory words give rise to a prima facie cause of action. The Plaintiff need not prove the falsity of the words nor malice, unless and until the Judge rules that the words were published on a privileged occasion".3) 1) Spencer Bower: App. XVII. 2) (1910) A.C. p. 20. 3) Gatley op. cit. p. 5; cf. Miles op. cit. p. 500: Sec. 190; Salmond, Law of Torts p. 517; Fraser op. cit. p. 2; Folkard, Law of Libel and Slander p. 67; vide ook Wilke op. cit. p. 106: „Ob der sich über einen anderen gegenüber einem Dritten in ehrenkrankender Weise Aüsserende dabei auch die Absicht einer Beleidigung des anderen hatte, kommt es nicht an. Die ehrver- Die Engelse reg maak 'n onderskeiding tussen malice in law of ordinary malice wat altyd aangeneem word by 'n belediging en wat onderskei word van die gepriviligeerde gevalle van belediging, waar die teenswoordigneid van malice 'n belangrike faktor is, malice in fact of actual malice. Op bewys hiervan verval die beskerming van die reg, anders aan sulke gevalle verleen. Gewone malice het dus geen rol om te vervul nie en is in die daad niks dan 'n nuttelose en artifisiele oorblyfsel nie. Wanneer dit in die vroeëre beslissings van die hof verklaar word, dat „malice is the gist of the action", dan word hiermee alleen bedoel, dat die reg 'n ongeoorloofde opset steeds teenwoordig ag, waar 'n onwettige daad, sonder enige ekskuus of beskerming van die wet daarvoor, gepleeg word.1) En die vraag wat die regter gewoonlik stel, na die vereistes van openbaring en beledigende woorde bevredigend vasgestel is, is of daar geen privilegie of ekskuus bestaan nie, om die dader van die gevolge van die belediging, wat hy anders steeds moet aanvaar, vry te stel nie.2) Malice het dus as begrip geen ander betekenis nie, behalwe dat iemand verantwoordlik is vir die gevolge van sy dade. In Shaw v. Morgan 3) was die dictum van die Hof dat „malice is imputed to him (d.w.s. die verweerder) without any evidence but the making of the statement (nl. beledigend)". Die eiser is dus nie genoodsaak om malice van die verweerder, te beweer of te bewys nie: „We all know that a man may be the publisher of a libel without a partiele of malice or improper mo- letzende Wirkung als solche genügt"; en Holdsworth op. cit. XLI: p. 24; Vir die strafregtlike aksie vide Russell op. cit. p. 997. 1) Een van die oudste sake om die doktriene van malice as onnodig te verklaar, en so vry te kom van die vroeëre heersende mening van die noodsaaklikheid vir malice was Bromage v. Prosser (1825) 4 B & C. p. 255, waarin dit neergelé was: „nor is there any instance of a verdict for the Defendant on the ground of want of malice"; cf. ook McPherson v. Daniels (1829) 10 B & C. p. 272. 2) vide Odgers op. cit. p. 281; en die dicta in Shaw v. Morgan (1888) 15 R.op. p. 870, en die Ierse saak: Harris v. Arnott (1890) 26 L.R.Ir. p. 75; cf. ook Folkard op. cit. p. 204. 3) Supra (2): cf. Capital and Counties Bank v. Henty (1882) 7 App. Cas. p. 787: Pollock op. cit. p. 254(5). tive".1) Terwyl malice in sy gewone betekenis sinoniem is met kwaadwilligheid, is die juridiese betekenis2) iets veel minder en onvaster,3) en die noukeurige uitgevoerde verskilslyne wat getrek word, om dit van malice in fact te onderskei word dan ook skerp gekritiseer. Spencer Bower vergelyk belediging, wat in sigself n onreg is nl. objektiewe beledigende woorde, met trespass of assault, en sien nie die noodsaaklikheid om die woord malicious by belediging toe te voeg nie, ewemin as by enige ander onregmatige daad, waar dit geen vereiste is nie. 4) Verder kritiseer hy die dubbelsinnige interpretasies van die woord deur die howe, waarby dit beskou word in sy gewone betekenis as kwaadwilligheid, maar in sy juridiese betekenis as 'n ongeoorloofde daad opsetlik gedaan, sonder enige wettige oorsaak of verskoning daarvoor. Die onnodigheid van malice by belediging laat die vraag stel of die opset of bedoeling van die dader ooit in aanmerking kom, al is dit dan ook in biesondere en uitsonderlike gevalle. II. Kom die Bedoeling of Motief van die Dader ooit in Aanmerking. 'n Ondersoek na die hof beslissings bevestig dan ook, dat hierdie faktore nooit oorweeg word nie, as die hof oortuig is dat die woorde volgens die standaard van die normaal mens, die „ordinary reasonable man of average intelligence", die sogenaamde „bystander's test", beledigend is. Geskied dit, dan word bewys van die bedoeling of motief van die dader 'n onverskillige faktor en word nie deur die hof toegelaat nie. 5) „It does not signify what the motive of the 1) Abrath v. North E.Ry.Co. (1886) 11 App. Cas. p. 253 v. 2) Folkard op. cit. p. 204 noem dit meer terg „malice by inference of law". 3) d.w.s. iets wat altyd aangeneem word, sonder om dit te bepaal. 4) op. cit. App. II. Hy beskryf die begrip malice as 'n „vituperative and meaningless epithet", en die twee betekenisse van die woord as 'n „blunder in terminology". 5) Spencer Bower op. cit. Art. 17(4), ook vir die geskiedkundige ontwikkeling van hierdie reel; Pollock op. cit. p. 258—259; Clerk & Lindsell: Law of Torts p. 499; Blake Odgers op. cit. p. 4 en p. 93; cf. Heaton v. Goldney (1910) 1 K.B. p. 754; Haire v. Wilson 9 B & C. p. 643. person publishing the libel was or whether he intended it to have a libellous meaning or not".1) Die verhouding wat die hof aanneem om alleen die objektiewe beledigende woorde in ag te neem,2) kan veel onregverdigheid veroorsaak, want selfs as die woorde by toeval, of per abuis, of met 'n bona fide geloof in die waarheid daarvan geopenbaar word, of in grap geuit is, of met geen bedoeling of oogmerk om die beledigde te krenk nie, as die woorde in 'r. onskuldige betekenis gebruik word, sou die hof al diè faktore ignoreer.3) „He (the defendant) cannot defend himself by showing that he intended in his own breast not to dejame or that he intended not to defame the Plaintiff, if in fact he did both" (d.w.s. uit objektiewe standpunt) het die hof neergelê in Hulton & Co. v. Jones, (1910), A.C. p. 23. Die verweerder was in hierdie beslissing aanspraaklik, omdat daar 'n toevallige ooreenstemming van name was tussen 'n werklike persoon en die naam deur hom gebruik in 'n verdigte verhaal in 'n koerant. In die Romeinse reg sou die verweerder aanspraaklik wees, in die geval waar die eiser vir hom 'n onbekend persoon was, as hy werklik die bedoeling gehad het om 'n belediging op iemand te pleeg.4) Waar die gedaagde 'n leesbibliotheek is, wat ook aanspraaklik gestel word vir die inhoud van beledigende boeke wat uitgeleen word, dan is die Engelse reg geneig om die belediging te verskoon waar daar afwesigheid van nalatigheid is, saam met onwetenheid van die beledigende inhoud van die geskrifte, en daarby dat sulke onkunde natuurlik was, d.w.s. nie te danke aan enige nalatigheid nie. 5) Vorder dan die Engelse reg alleen, waar 'n belediging in 'n boek verskyn, dat dit voldoende is as die toehoorders die verweerder vereenselwig met in die boek beskrewe persoon, so geld ook die teenoorgestelde reel, dat dit voldoende is om die strafbaarheid op 1) Nevill v. Fine Art and General Insurance Co. (1895) 2 Q.B. op p. 168. 2) vide verder hieroor Folkard, op. cit. p. 204. 3) vide Odgers op. cit. p. 4. Gatley op. cit. p. 7. 4) vide p. 18(3). 5) Vizetelly v. Mudie's Select Library (1900) 2 Q.B. p. 179—180: cf. Welldon v. the Times Book Co. (1911) 28 T.L.R. p. 143: op bewys hiervan word dit besluit dat verweerders nie die boek geopenbaar het nie. te hef indien die toehoorders wel die aard van die belediging verstaan, maar nie die betrekking daarvan tot die beledigde insien nie,*) en die feit, dat dit die bedoeling van die dader was om die beledigde te krenk, is onverskillig. Die gevaar is meer aan die ander kant, egter, dat lewende persone steeds deur hulle vriende verkeerd herken sal word in verdigte karakters in romans of verhale, en die enigste maatreel is om uitdruklik in die verhaal te beweer dat die karakters geen betrekking het tot lewende persone nie. Waar die woorde nie beledigend is nie, dan is die bedoeling van die dader om iemand te beledig of te krenk, ook onverskillig. 2) Één verder belangrike beginsel waarin die Engelse reg van die Romeinse reg verskil, is dat, aangesien die onverskilligheid van opset of oogmerk, in die eersgenoemde regssisteem, skadevergoeding geëis kan word teen 'n kind 3) of 'n kranksinnige. 4) Juis deur die toepassing van hierdie beginsel is dit dat die teorie, overigens aanneembaar, dat implied. malice gelyk is aan opset of die bewuste uiting van beledigende woorde, onjuis blyk, en die Engelse doktriene moet gerangskik word as iets „sui generis", nie bepaald opset nie, en totaal verskillend, beide in beginsel en toepassing, van oogmerk. Die verskil tussen die Engelse en die Romeinse reg word ewegoed aangetoon, as in plaas van die Romeinse reg, die Skotse reg geneem word, want die invloed van die Romeinse reg is hier sterk. In die Skotse reg is animus injuriandi 'n belangrike faktor en nie 'n onbestemde begrip soos die negatiewe malice van die Engelse reg nie. Animus word erken as die kern van belediging en alhoewel dit aan- 1) Sadgrove v. Hole (1901) 2 K.B. p. 1. 2) Clerk & Lindsell op. cit. p. 500; woorde wat 'n aanranding is van die gevoel van waardigheid van die aangerande, val nie onder die eerbegrip nie en word nie gestraf nie: Salmond op. cit. p. 519. 3) Defries v. Davies 3 Dowl. 629. 4) Mordaunt v. Mordaunt (1870) L.R. 2 P. & D. p. 142: vide hieroor Halsbury op. cit. XXVII p. 478, en vol. XIX p. 403; Odgers op. cit. p. 465— 466; Fraser op. cit. p. 127; Folkard op. cit. p. 496; dit geld ook vir die strafregtlike belediging. Egter neem die Engelse reg in oorweging, die ouderdom en ontwikkeling van die kind, in die aksie; by kranksinnigheid, moet bewys deur die verweerder of beklaagde gevoer word van sy kranksinnigheid en dan word dit 'n „plea of excusable ignorance": Spencer Bower op. cit. Art. 20(11). 8 geneem word by beledigende woorde, *) is dit nie 'n presumpsie juris et de jure nie, maar, „may be weakened or elided by special circumstances indicating the absence of any deliberate intention to injure".2) Onder die invloed van die Engelse reg word dit die neiging in die Skotse reg, om ook die openbaring meer as die kern van die delik te beskou en dit alleen te verontskuldig waar dit in die algemeen belang geskied. In die Skotse reg, in verder ooreenstemming met die Romeinse reg, is belediging 'n species van die genus injuriae, 3) terwyl in Engeland dit 'n selfstandige delik is, sonder verwantskap met enige andere gelyksoortige delikte. 4) III. Omstandighede waarin Malice 'n Belangrike Faktor word. Die Engelse reg het op grond van die algemeen belang 'n groep van erkende privilegies (absolute and qualifed privilege) en gevalle waar die dader sy eerlike kritiek oor sake van belang vir die publiek (fair comment) uitspreek, uitgesonder van die anders te wye beginsel waarop aanspraaklikheid berus. So beweer Carr dat die Engelse reg van belediging bestaan uit 'n „series of exceptions to the commonly accepted and de facto Common Law rule in favour of unbridled licence of speech". 5) In hierdie uitsonderinge 6) is dit billik en logies genoeg, dat die 1) Green's Encyclopaedia: vol. IV, p. 309. 2) Bell's Dictionary and Digest of the Law of Scotland, p. 298: Spencer Bower op. cit. App. XVIII (6): p. 433, beweer dat in die Skotse reg dit 'n slegte pleit is om alleen „malice" in die algemeen te beweer, sonder verder biesonderhede. 3) vide byv. Bell op. cit. p. 533. 4) Vir die erkende verskil tussen „malice" in die Engelse en Romeinse reg, verwys ek na Spencer Bower op. cit. App. XIX: p. 439(3). 5) op. cit. p. 256: Hierin word gesien trouens die egte toets; Speech word óf as beledigend beskou óf verskoon in die geval van privilegie. 6) vollediger behandeling op p. 133 v.: By absolute privilegie, is malice steeds 'n onverskillige faktor, en dit word alleen ondersoek waar „the defamatory matter was published on a justifiable occasion , in Hooper v. Truscott (1836) 2 Bing N.C. p. 464; cf. Shaw v. Morgan (1885) 15 R. p. 870. vide Gatley op. cit. p. 5: en p. 214—215; Wilke op. cit. p. 124. wederregtlikheid uitgesluit moet word op grond van die primêre publieke of maatskaplike belange, maar die grenslyn tussen hierdie belange en die gekrenkte eer van die beledigde was vasgestel, in die feit dat die dader nie geinspireer moet word deur werklike opset, ongeoorloofde motief of krenkende bedoeling nie. Aangesien dat malice in die gewone geval van belediging 'n begrip sonder doel of omskrywing was, het die Engelse reg by die uitgesonderde gevalle waar malice aanspraaklikheid veroorsaak, nie 'n konsekwente of duidelike bepaling van die begrip gegee nie, maar dit wyd omskryf sodat dit alles insluit, waarvan dit afgelei kan word, dat daar 'n misbruik van die privilegie anders toegestaan, plaasgevind het. By die gevalle van beperkte privilegie het die reg dan bepaal dat beskerming erken word op die voorwaarde, dat die reg uitgeoefen moet word vir die doel waarmee dit toegestaan word, en dat 'n onjuiste gebruik daarvan die dader aanspraaklik maak vir „actuai malice". By die standpunt kom dit hierop neer, dat oortreding of misbruik van die privilegie, actual malice is, en as gevolg waarvan actual malice net so veel definiesies kry as die aantal wyse waarop misbruik van 'n reg objektief gekonstateer word. Hier is daar 'n verskil van die Romeins-Hollandse reg omdat, in laasgenoemde sisteem, alleen die oogmerk om te beledig in sulke gevalle aanspraaklikheid veroorsaak, terwyl in die Engelse reg daar vele andere faktore aangeneem kan word waaruit aanspraaklikheid volg, sonder dat die dader enigsins 'n beledigende oogmerk beoog het, maar wat tog as misbruik of oortreding van die privilegie aangeneem word. Soos in die Romeins-Hollandse reg, word in hierdie gevalle beskerming per se verleen, en die beledigde moet dan beweer en bewys, dat die dader beweeg was deur actual malice by die openbaring van die belediging.x) 1) Spencer Bower op. cit. Art. 37(1); vide Clark v. Molyneux (1877) 3 Q.B.D. p. 237; Jenoure v. Delmege (1891) A.C. p. 73; Adam v. Ward (1917) A.C. p. 334; Gatley op. cit. p. 6; Odgers op. cit. p. 282. IV. Betekenis van Actual Malice (Malice in Fact). Hier het die Engelse reg dus 'n meer substansiele begrip geskep, iets wat deur bewys van sy teenswoordigheid of afwesigheid, op die uitslag van die aksie, 'n belangrike invloed het. Die Engelse skrywers erken self die moeilikheid om die begripsbepaling daarvan volledig uiteen te set,1) en volgens ons mening kan dit best negatief vasgestel word met hulp van die beginsels waarop die privilegie beperkt beskerm word. Die reg erken qualified privilege en fair comment as 'n verdediging, wanneer die dader beledigende woorde uit vir die doel waarmee dit erken word, nl. publieke belange, of om 'n reg wat binne die grense van die privilegie val, uit te oefen. 2) Waar dit nie die geval is nie, neem die reg aan dat actual malice teenwoordig is. So kan onder hierdie begrip, 'n krenkende oogmerk sowel as enkel die objektiewe oortreding van die grense van 'n reg, ingesluit word. Ten eerste omvat dit dan „indirect or improper motive" 3) en die motief moet iets anders wees dan 'n vervulling van plig. 4) Hiermee kan dit moeilik aangeneem word dat by die nie-vervulling van die plig, die Engelse reg malice anders straf, omdat dit dan op die krenking van die beledigde gerig is. Dit is nie 'n direkte gevolg wat vereis word nie, omdat die indirekte of ongeoorloofde motief omgeskryf word as 'n misbruik van die objektiewe privilegie: „Malice means making use of the occasion for some indirect purpose",5) en die wye definiesie van malice as insluitend enige indirekte of onjuiste motief, e) vorder nie 'n bepaalde wilsrigting gerig op 'n belediging nie. 1) vide byv. Odgers op. cit. p. 282. 2) vide hieroor Clerk & Lindsell op. cit. p. 557; „The question is whether the Defendant is using the occasion honestly or abusing it", in Royal Aquarium Society v. Parkinson (1892) 1 Q.B. p. 454. 3) Clark v. Molyneux (1877) 3 Q.B.D. p. 237. 4) Dickson v. Earl of Wilton 1 F & F: p. 427; Adam v. Ward (1917) A.C. p. 309; Odgers op. cit. p. 282. 5) Browne v. Dunn (1893) 9 R. p. 72; cf. Royal Aquarium Society saak (supra noot (2)). 6) „Malice which avoids privilege is a wrong feeling or motive existing Derhalwe kom daar faktore voor wat op sigself as voldoende dryfvere vir actual malice beskou word nl. persoonlike wraak of kwaadwilligheid (personal spite or ill-will)1); maar dit is alleen een van die maniere waarop malice aangetoon word en „malice in the actual sense may exist even though there be no spite or desire for vengeance in the ordinary sense".2) Nóg word dit noodsaaklik gevorder dat die verweerder beweeg moet word deur gevoelens teen die eiser persoonlik. Gatley citeer 'n saak waar die bedoeling van die kritiek (fair comment) was om iemand anders, nl. die vader van die eiser, te beledig. 3) As voldoende bewys vir actual malice word ook aangeneem die •bewussyn van die dader dat die belediging onwaar was: „There can be no better proof of malice than the promulgation of an injurious statement in the knowledge of its falsity". 4) Ook hier meen ons dat die bewussyn van die onwaarheid in die Romeins-Hollandse reg, in sigself nie 'n krenkende oogmerk is nie, alhoewel dit as 'n sterke bewys daarvan aangeneem sal word. 'n Ander faktor wat actual malice vorm is „a gross and unreasoning prejudice" in verband met die onderwerp (subject-matter) van die belediging. Waar 'n belediging gepleeg is teen iemand uit woede, sonder dat daar persoonlike gevoelens van vyandskap, kwaadwilligheid of wraak teenoor die beledigde is, maar as gevolg van woede, roekelose feite telasgelê word, onverskillig of hulle waar of onwaar is, dan beskou die reg dit ook as misbruik van die privi- in the mind of the defendant at the time of the publication and actuating it". Halsbury vol. XVIII: p. 712; in Clark v. Molyneux (supra (3)) word dit beskryf as „indirect or wrong motive", (p. 246), „an improper motive" (p. 249), „some motive other than that alone wnich would excuse him" (p. 245). 1) Halsbury op. cit. p. 712; Folkard op. cit. p. 203; Odgers op. cit. p. 282. 2) Gatley op. cit. p. 692; Addison op. cit. p. 227. 3) op. cit. p. 693: Mayer and Glover v. Others: Times April 14, 15, 1926: vide ook Odgers op. cit. p. 283. 4) Hayford v. Forrester Paton (1927) S.C. p. 754; „conclusive evidence of malice", Clark v. Molyneux (supra). Die reg vorder kennis van die onwaarheid; die feit alleen, dat dit onwaar is, is nie in sigself 'n bewys van malice of weerlegging van bona fides nie: vide byv. Caulfield v. Whitworth (1878) 18 L.T. p. 527. legie en as malice.1) Hierdie gemoedstoestand is in sigself ongeoorloofd, want die Engelse reg neem ander faktore nie in ag nie; onverskillig is dit dus, of die verweerder in die omstandighede, „honestly believing it to be true, or in fact with an excess of honesty", 2) 'n belediging uit boosheid uit. Uit hierdie uiteensetting blyk dit, dat die howe nie presies verduidelik waarom al hierdie faktore aanspraaklikheid veroorsaak nie. Voldoende word dit geag om algemeen te beweer, dat sulke faktore 'n misbruik van die privilegie is, en om derhalwe 'n begripsbepaling van actual malice te konstateer, moet al die beslissings van die howe geraadpleeg word, voor mens enigsins kan vasstel in hoever misbruik van privilegie geinterpreteer word. Raadpleeg mens die skrywers dari blyk dit, dat actual malice meer deur middel van voorbeelde uitgelê word dan dat 'n bepaling van die begrip gegee word. Spencer Bower verklaar dat malice „means and means only an evil motive, intention or state of mind proved as a fact or inferred as a fact from other facts. It includes personal ill-will, hatred, vindictiveness, animosity, envy or desire to inflict injury, anger and passion, if accompanied by or resulting in reckless indifference as to the truth or falsity, any unreasoning or obstinate prejudice against a class".3) Met hierdie verskille van die Romeins-Hollandse reg nl. 1. dat malice, wat 'n ander begrip is dan oogmerk om te beledig, by die gewone geval van belediging nie 'n vereiste is nie; 2. dat waar dit van belang word, in gevalle van privilegie, die otnskrywing daarvan nog nie bepaald die vereiste van oogmerk om te beledig stel nie, meen ons om aan te toon hoe verwarrend dit is om die beginsels van die Engelse reg van belediging toe te pas in die Suid-Afrikaanse reg. 1) Royal Aquarium Society v. Parkinson (supra p. 116(2)) op. p. 431; cf. Gwvnne v. Stopes, Times, May 4, 1928; cf. Halsbury op. cit. p. 712; Odgers p. 283; Gatley p. 696; Fraser p. 261. 2) Gatley p. 696. 3) op. cit. Art. 37(1): Hierdie omskrywing is wyer dan die definiesie gewoonlik gegee en is dan ook 'n poging om 'n inklusiewe malice-formula te beskryf. V. Bewys van Actual Malice.') Die reels vir die bewysvoering van hierdie „indirect or improper motive" word gewoonlik met biesonder volledigheid uiteengeset, en dit kan een van tweërlei soorte wees: 1. Uiterlike Bewys (Extrinsic Evidence), is bewys wat buite of onafhanklik van die belediging self aangevoer word, en wat ooreenstem met geen ander voorneming of bedoeling, dan die van malice nie. Oorweeg word in verband hiermee, die gedrag van die verweerder van die tyd af dat die belediging gepleeg is, sy houding teenoor die eiser, vorige disharmonie of vyandskap, 'n langdurige haat, vorige belediginge gepleeg teen die eiser, of 'n herhaling of bevestiging van die belediging. 2. Innerlike Bewys (Intrinsic Evidence). Hierdie bewys word opgemaak uit die beledigende woorde self, byv. kragtige en oordrewe taal, en die manier en omvang van die openbaring. Hier neem die Engelse reg die objektiewe beledigende woorde in ag, om te besluit of die woorde vir die vorm van privilegie, nie ongeoorloofd of oordryf is nie. 2) Aangesien misbruik van die uiterlike privilegie streng voorkom word, word dit beskou dat die teenswoordigheid van persone, wat geen belang by die gepriviligeerde geleentheid het nie, 'n misbruik veroorsaak, tensy die teenswoordigheid van die „unprivileged persons was casual and not at the instance of, or sought for, by the defendant". 3) En in die geval waar daar meer dan een verweerder is (co-defendants, jointly and severally liable) dan is bewys van malice van een van die verweerders voldoende om die privilegie, wat anders deur 'n ander verweerder gepleit en bewys kon word, 1) vir volledigheid vide Gatley op. cit. p. 694—721; Odgers op. cit. p. 283—297; Spencer Bower op. cit. Art. 38—39; Folkard op. cit. p. 206—215; Clerk & Lindsell p. 558—560; Addison op. cit. p. 227—228. 2) Egter laat die Engelse reg die dader 'n rèdelike ruimte toe, waarin hy sy reg kan uitoefen; „We must go further and see not merely whether the expressions are angry, but whether they are malicious' , Shipley v. Todhunter (1836) 7 C. & P. p. 690; Laughton v. Bishop of Sodor and Man (1872) L.R. 4 P.C. p. 508. 3) Toogood v. Spyring (1834) 1 C. M. & R. p. 194; Jones v. Thomas (1885) 53 L.T. p. 678. op te hef.1) So ook in dieselfde geval, word 'n pleit van eerlike kritiek van die andere verweerders, opgehef. 2) 6. Eerbegrip. 1. Inleiding. Die Engelse reg beskerm alleen die eer as 'n maatskaplike faktor en enige werklike of moontlike nadeel daaraan veroorsaak, word met skadevergoeding gekompenseer. 3) Die reg op goeie naam word aan iedereen toegestaan, en wanneer hierdie reg benadeel word, onverskillig van die manier van, of bedoeling by, die aanranding, is die hof bereid om vergoeding toe te ken en dit is alleen dan die eer as 'n maatskaplike of ekonomiese baat, wat by die skadevergoeding in aanmerking kom, en nie die leed aan die indiwidu self veroorsaak nie: „The law recognises in every man a right to have the estimation ... in the opinion of others unaffected".4) Hiermee word dit erken dat eer, meer as 'n stoflike dan 'n onstoflike belang beskou word, en dat dit 'n species van eiendom is5): „Reputation is regarded by the law in the same light as that in which it is regarded by the common understanding of mankind viz. as carrying with it, if good, temporal advantages, the value of which though not mathematically estimable in money, is supposed capable of practical computation by the proper tribunal". 6) Inkon- 1) Smith v. Streatfield and Others (1913) 3 K.B. p. 764. 2) Thomas v. Bradbury, Agnew & Co. Ltd. (1906) 2 K.B. p. 627. 3) Folkard op. cit. p. 202: „When the law has once defined the right to character and reputation it follows as a legal consequence that any one who has wilfully (hierdie woord is m.i. onnodig) deprived another of the enjoyment of that right offends against the law..." Odgers op. cit. p. 1: „No man may disparage or destroy the reputation of another. Every man has a right to have his good name, maintained unimpaired". 4) Scott v. Sampson (1882) 8 Q.B.D. p. 503. 5) vide byv. Spencer Bower op. cit. App. 111. In die strafreg word die eeraanranding buite beskouwing gelaat. 6) Spencer Bower p. 243(1). Of die mensdom dit in die algemeen verstaan as iets van materiele waarde, is twyfelagtig. Seker is dit in stryd met die Romeins-Hollands reg, waar die innerlike waardegevoel van die indiwidu ook 'n belangrike faktor was. sekwent is dit dan anders, dat soms by mondelinge belediginge, selfs die materiele waarde van die eer nie beskerm word nie. As gevolg, word totaal uitgeskakel die gevoelens van die beledigde self; die feit dat die belediging hom persoonlik tref in sy eie waardegevoel en in sy persoonlike skatting van sy eer, is onverskillig. Waar dit alleen die geval is, by 'n belediging, verleen die reg geen middel vir beskerming nie *): ,,A communication of the defamatory matter to the person defamed cannot injure his reputation, though it may wound his self-esteem. A man's reputation is not the good opinion he has of himself, but the estimation in which others hold him".2) Hierdie belangrike verskil tussen die Engelse en die Romeinse reg, word nie onopgemerk deur die skrywers verbygegaan nie wanneer hulle die twee regssisteme vergelyk, en veral Spencer Bower 3) lê hierop nadruk: „In other systems of law where the proprietary aspect of reputation is either ignored, or not solely regarded, it follows naturally that the outrage and indignity renders the perpetrator as liable in the one case as in the other. This was so in Roman Law where the „fama" of the citizen involved more than mere reputation4) and also in Scotch Law5) which in many other respects follows the Roman theory." Die openbaring steeds vereis by die belediging, verhoog dan die eiendoms-aspek van eer, want alleen deur middel hiervan kan die sosiale of ekonomiese voordele daarvan benadeel word. Maar, gelyk met die Romeins-Hollandse reg, word bewys van materiele skade nie gevorder nie, waar die woorde eenmaal as beledigend aangeneem word. e) 1) vide byv. Stephen's Commentaries: p. 391: „A person's reputation is what other people think of him. The law protects reputation, but gives no civil redress for wounding a man's self-esteem". 2) Gatley op. cit. p. 91. 3) op. cit. App. IV. p. 258. 4) cf. op. cit. App. XIX: p. 439—440. 5) op. cit. App. XVIII. p. 433; vide ook Bell's Dictionary p. 298. 6) vide Odgers op. cit. p. 1; Spencer Bower op. cit. App. 111(5); Die moontlikheid van nadelige gevolge is die hooffaktor. II. Die Verskillende Eersoorte. Die Engelse reg het anders 'n ruime begrip van goeie naam geskep, wat nie veel van die Romeins-Hollandse reg verskil nie. Daar ontbreek egter 'n sorteering van die eersoorte en meeste skrywers is tevrede om die eerbegrip te verduidelik deur aangehaalde beslissings van die howe. *) Die algemene definiesies egter wys dan, dat ook in die Engelse reg, die eer nie uitsluitend in verband met die sedelike waarde van die mens staan nie. Die hof beskou die woorde as beledigend wanneer hulle 'n vermindering van skatting in enige opsig, waaroor daar 'n maatskaplike oordeel van die beledigde bestaan, kan veroorsaak: „Reputation is the esteem in which he is held or the goodwill entertained towards him, or the contidence reposed in him by other persons, whether in respect ot his person, character, his private or domestic lite, his public, social, professional, or business qualifications, qualities, competence, dealings, conduct or status, or his financial credit".2) Enige vermindering van die algemene agting, hierbo omskryf, veroorsaak 'n beledigingsaksie of eeraanranding.3) Die eersoorte kan verdeel word in: 1. Die Sosiale Eer. Die eer hier is die algemene maatskaplike oordeel en dit word gevorder, dat die woorde van so 'n aard is dat die karakter of goeie naam van die beledigde blootgestel word aan die „hatred, contempt or ridicule" van sy medemense.4) Die hof is aan hierdie algemene toets nie gebonde nie, want daar kan gevalle 1) byv. Odgers: p. 16: Hy gee eers 'n algemene definiesie van beledigende woorde en vervolg: „It is impossible to define a libel (d.w.s. krenking van eer) with any greater precision or lucidity. We proceed at once therefore to give instances." cf. Gatley op. cit. p. 14. 2) Spencer Bower op. cit. Art. 5.1.(a). „No definition less general than this would be accurate", Art. 5.2.(m): cf. App. III. p. 251. 3) Salmond op. cit. p. 519: „The test of the defamatory nature of a statement is its tendency to excite against the Plaintiff the adverse opinions or feelings of others"; vide ook Scott v. Sampson 8 Q.B.D. p. 503. 4) Halsbury's Laws p. 619 Sec. 1176; Clerk & Lindsell op. cit. p. 500; Gatley op. cit. p. 14; Odgers op. cit. p. 16. Dit is die algemene toets van beledigende woorde, vasgestel deur Baron Parke, en word gewoonlik deur die skrywers gekwoteer. (vide Folkard p. 67) Salmond op. cit. p. 518 voeg nog daarby „fear, dislike or disesteem". voorkom van belediginge, byv., 'n beskuldiging van kranksinnigheid of liggaamssiekte, waarby die veragting of verwyt van die maatskappy nie noodsaaklik 'n gevolg is nie. Hier beskerm die reg die krenking, enkel op die grond dat dit die beledigde, van sy reg op maatskaplike omgang en geselskap, onthou.x) Hierdie algemene objektiewe faktore as veronderstelde gevolg van die belediging is egter 'n voldoende standaard; verder is dit die hof onverskillig, watter soort eer aangerand is, en of dit in verband staan met bepaalde persoonlike hoedanighede van die indiwidu. 2. Die Ekonomiese Eer. Hierdie wye groep omvat die eer in verband met die pos, betrekking, amt, beroep, of besigheid, en die beroepseer word aldus aangedui, omdat die Engelse reg in sulke gevalle die eer as 'n ekonomiese of materiele faktor beskou. 2) Die reg vorder dat die belediging nie alleen die middel van lewesbestaan bedreig nie, maar dat dit 'n beskuldiging van die persoon in verband met sy amt, beroep of betrekking moet wees. 3) Maar die hof interpreteer hierdie vereiste wyd en 'n kritiek byv. op gefabriseerde goed, kan beskou word as 'n belediging van die vervaardiger daarvan. 4) Onder hierdie groep val ook die aanranding van die kredieteer, wanneer, byv., 'n beskuldiging van finansiele onbestendigheid of 1) „A tendency to exclude from society is sufficiënt, though character or credit is in no way assailed": Spencer Bower op. cit. App. III. Sec. 5. 2) „The words must impute to the Plaintiff some quality which would be detrimental or the absence of some quality which is essential to the successful carrying on of his office, profession or trade": Oatley op. cit. p. 33; cf. Odgers p. 23—27. 3) „A reflection upon a man's business, official or professional reputation": vide byv. Ratcliffe v. Evans (1892) 2 Q.B. p. 529. Waar skade aan die besigheid veroorsaak is, sonder om die beroepseer self aan te tas, byv. 'n aanval op die eiendom van die beledigde, dan word 'n ander aksie „an action on the case" toegestaan: vide Griffiths and another v. Benn (1911) 27 T.L.R. p. 346; Odgers op. cit. p. 14 en p. 66 v.; Qatley op. cit. p. 40. 'n Voorbeeld is waar A. beweer, dat daar 'n gebrek is in B. se bewysstukke van eiendom van land, waardoor B. verhinder word om die grond te verkoop. 4) byv. Linotype Co. Ltd. v. Brit. Empire Co. Ltd (1899) 81 L.T. p. 333: „It is a criticism of the goods but would nevertheless involve a reflection upon the seller or maker". bankrotskap gemaak word,*) en sulke belediginge word deur die reg biesonder beskerm. Die beginsel waarop beskerming van die ekonomiese eer berus, is nie die „hatred, contempt or ridicule" toets nie, alhoewel dit soms as die algemene standaard vir beledigende woorde neergelê word, 2) maar die materiele nadeel wat vir die beledigde kan ontstaan. Die algemene eerbegrip word goed beskryf in die uitspraak van die hof in Tournier v. Nat. Prov. Bank of England Ltd (1924) 1 K.B. p. 477 waar Scrutton L.J. uitspraak lewer: „Any printed or written words are defamatory which impute to the Plaintiff that he has been guilty of any crime, fraud, dishonesty, immorality, vice or dishonourable conduct, or has been accused or suspected of any such misconduct, or which have a tendency to injure hiin in his office, profession, calling or trade. And so too are all words which hold the Plaintiff up to contempt, hatred, scorn or ridicule and which by thus engendering an evil opinion of him in the minds of right-thinking men, tend to deprive him of friendly intercourse and society." Behalwe dan die neiging, om 'n aanranding van eiendom wat nie op die eienaar gerig is nie, as belediging te konstateer, vertoon die Engelse reg in haar interpretasie van die goeie-naam-aspek van die eerbegrip, nie veel verskil van die Romeins-Hollandse reg nie. III. Konstruksie van Beledigende Woorde. Woorde is beledigend volgens die mening daaraan toegeskryf deur die omstanders en die bedoeling van die dader is onverskillig. 3) Die hof neem die standaard van die „reasonable man" aan, en die toehoorder's-toets, as enigste kriterium word so streng toegepas, dat, waar die dader 'n gedagte uit, wat onder die omstandighede 1) Shephearci v. Whitaker (1875) L.R. 10 C.P. p. 502: vide ook Gatley p. 25—27 en 33—39. 2) vide kritiek hieroor, deur Spencer Bower op. cit. App. III Sec. 5 en Art. 3; Hy detineer 'n belediging derhalwe ook algemeen, as „that the natural tendency thereof is to injure that person's reputation or to diminish the willingness of others to associate with him". 3) Capital and Counties Bank v. Henty (1882) 7 A.C. p. 745: In die ou saak van Fleetwood v. Curie (1619) Hobart, p. 68 was dit alreeds neergelê dat „the slander and the damage consist in the apprehension of the hearers." deur feite wat aan hom onbekend, maar vir die toehoorders bekend, beledigend is, aanspraaklikheid nie uitgesluit sal word nie.1) Vir die betekenis van die woorde is die toets toegepas, die van 'n normaal mens, „average reasonable man", (Nevill v. Fine Art & General Insurance Co. (supra)), of „ordinary, just and reasonable citizen" (Mycroft v. Sleight (1921) 90. L.J.K.B. p. 883). Die hof neem nie in aanmerking die oortuiging of mening van 'n bepaalde groep, byv., die lede van 'n vakvereniging, of die oordeel van 'n abnormale seksie of groep nie: „The very circumstance that will make a person be regarded with disfavour by the criminal classes will raise his character in the estimate of right-thinking men". 2) Die vraag of die woorde na vorm of inhoud per se beledigend is, of alleen so in verband met die manier waarop hulle geuit word, of in saamhang met bykomende omstandighede, is onverskillig. Alleen vorder die reg dan, dat 'n innuendo, waarin beweer word die werklike betekenis wat die woorde moet dra, bygevoeg moet word.3) Die logiese veronderstelling dat by die innuendo, as „meaning thereby", die bedoeling van die dader in aanmerking geneem word, word nie ondersteun deur die beslissings van die howe nie, want enkel die „bystander's test" nl., of die toehoorders die woorde in hulle spesiale beledigende betekenis verstaan en die betrekking tot die beledigde insien, is voldoende en beslissend. Waar die woorde 'n dubbelsinnige betekenis het, dan moet die verweerder bewys dat die woorde ook vir die toehoorders, 'n onskuldige betekenis gehad het. As sy gedagteuiting dus as 'n grap bedoel was, dan moet dit bewys word dat dit só verstaan was, want 1) vide Salmond op. cit. p. 523: Hy citeer Morrison v. Ritchie (1902) 4 F p. 645. 'n Resente saak, Cassidy v. „Daily Mirror" Newspapers (1929) 2 K.B. p. 331, is 'n interessante voorbeeld hiervan. Verweerders het 'n foto van 'n getroude man in die geselskap van 'n jong dame, laat afdruk in 'n koerant. Die man voeg daarby, dat hy aan die jong dame verloof is. Sy vrou, van wie hy tussen tafel en bed geskei is stel 'n aksie in op die grond, dat die afkondiging beteken, dat sy nie getroud was nie, maar met haar man in oorspel geleef het. Hierop het die Hof haar skade toegeken. Die verweerders se pleit was, dat dit geen libel was nie. 2) Mawe v. Piggott (5869) Ir.R. 4 C.L. p. 54. Die oordeel van die maatskappy in die algemeen, dien as standaard: Gatley op. cit. p. 15; Odgers op. cit. p. 16. 3) Odgers op. cit. p. 98—99; Pollock op. cit. p. 258. dit word die dader nie toegestaan om spesiale feite te pleit, wat vir die toehoorders onbekend was, as hulle 'n beledigende betekenis daaraan geheg het nie.1) Die juriesisteem pas uitstekend by die Engelse beledigingsaksie, omdat „the purpose is to put the jury as much as possible in the position of the bystanders and all the circumstances which were apparent to the bystanders at the time words were uttered should be put in evidence". 2) Vroeër was dit die gewoonte van die hof om die groeiende aantal beledigingsaksies te voorkom en die woorde „in mitiori sensu" 3) te interpreteer, maar dit was later afgeskaf en die woorde word nou in hulle gewone en klaarblyklike betekenis uitgelê.4) Terwyl dit 'n billike reel is, kan dit aan die ander kant weer lei tot 'n wye en liberale interpretasie van wat beledigend is, en as gevolg, 'n oorvloed van beledigingsaksies. 5) 7. Noodsaaklikheid van Openbaring. Alreeds het dit geblyk dat die Engelse reg alleen die goeie naam beskerm. Aldus word dit steeds gevorder by belediging, dat daar openbaring geskied aan een of meer persone, behalwe die beledigde self.6) Alhoewel die reg die eer (reputation) van die indiwidu as haar 1) Odgers op. cit. p. 104; Waar die eiser 'n beledigende betekenis beweer, dan mag hy die verweerder oor sy werklike bedoeling by die uiting van die woorde nie ondervra nie, vide Heaton v. Goldney (1910) 1 K.B. p. 754. Vir 'n saak waar innuendo verklaar word, vide Australian Newspaper Co. Ltd. v. Bennett (1894) A.C. p. 287 v. 2) Odgers op. cit. p. 95. 3) In die begin van die sewetiende eeu: vide Holdsworth op. cit. XL: p. 412—414, en p. 304. 4) Roberts v. Camden 9 East p. 93; Odgers op. cit. p. 95—98. 5) Dit is dan ook die geval in Engeland. Belediging is 'n deel van die reg waaroor daar veel geskryf word en waaroor daar 'n voldoende literatuur is. 6) Odgers op. cit. p. 131; Gatley op. cit. p. 91 v.; Fraser op. cit. p. 24; Folkard op. cit. p. 261; Salmon op. cit. p. 529; Pollock op. cit. p. 254; Clerk & Lindsell op. cit. p. 516; Barrow v. Lewellin (1615) Hob. 62; Edmonson v. Birch and Co. (1909) 1 K.B. p. 371. plig beskerm, word die reg op eer meer bepaal deur die eienaardige voorskrifte van die wet, dan dat die regte van die indiwidu ook die wet moes geformuleer het, want die beginsels van belediging ignoseer die minagting van die indiwidu self1); alleen die werklike of veronderstelde benadeling van een faktor, goeie naam, wat volkome onder die eerbegrip afgesonder en onafhanklik beskou is, word oorweeg. Die gevolg is dus 'n wesenlike verskil van die RomeinsHollandse reg, waar, behalwe die beskerming van goeie naam, ook die krenking van eergevoel gestraf word. Maar hierdie faktor is in die Engelse reg onverskillig en die kern word gestel in die openbaring van die belediging, 2) en wat in sigself voldoende is, om 'n prima facie aksie vir belediging te doen ontstaan. 3) Om hierdie steeds vereiste beginsel te handhaaf, kom daar eienaardige praktiese gevalle voor, waarby al die onbelangrike kleinighede en tegniese fynhede oorweeg word, voordat dit besluit is, of daar openbaring plaasgevind het of nie. Dit word soms beweer, dat openbaring van die belediging opsetlik moet geskied, maar daardeur word nie bedoel die gewone opset nl. 'n subjektiewe element nie, maar die vraag of die belediging, volgens die normaal-mens-standaard, onder die omstandighede, die aandag of kennis van andere persone, behalwe die beledigde, sou getrek het. 4) Derhalwe is dit voldoende as die hof van mening is dat die dader sorgeloos in die openbaring van die belediging 1) byv. Pollock op. cit. p. 254. 2) Spencer Bower op. cit. Art. 6: „It is not the matter but the publication which causes the injury". Vide ook Hebditch v. Macllwaine & others 2 Q.B. p. 58—61, per Lord Esher M.R.: „The material part of the cause of action in libel is not the writing but the publication"; Powell v. Gelston (1916) 2 K.B. p. 619. Die verskil tussen die Engelse en Romeinse reg word aangewys deur Spencer Bower App. IV, p. 258 en App. XIX, (3, (1) en (2)). Vir die verskil van die Skotse reg (ibid) App. IV. p. 258 and App. XVIII(3) p. 433; vir die Skotse reg ook Bell op. cit. p. 298: „Damages are also awarded as a solatium to the feelings of the defamed person". 3) Gatley op. cit. p. 5. 4) Ook beteken die woorde „intentional publication" nie oogmerk om te beledig nie: Die vereiste is enkel die openbaring van woorde wat as 'n belediging van eiser aangeneem kan word. Stephen op. cit. p. 398. was,x) en nalatigheid om maatreels teen openbaring te neem, word veral onredelik toegepas, in die gevalle van persone wat deelneem in die verspreiding van gedrukte werke. Die vergissing van 'n koerant om in 'n afdeling daarvan, 'n firma onder „First meetings under the Bankruptcy Act" in plaas van onder „Dissolutions of Partnership" op te neem, is 'n ernstige belediging. 2) Of die openbaring deur middel van die eiser self of onder sy aansporing plaasvind, as in die geval waar hy 'n bediende stuur om 'n koerant te koop, uitgegee vele jare gelede en waarin daar 'n belediging verskyn, is onverskillig.3) Één uitsondering erken die reg, en dit is waar die verweerder die belediging openbaar aan sy vrou 4); anders is dit, waar openbaring plaasvind aan die vrou van die eiser en in so 'n geval is die dader aanspraaklik. 5) Ons wil al die gevalle waarin dit moeilik om te besluit was, of daar openbaring plaasgevind het, nie hier herhaal nie. Egter, kan 'n paar voorbeelde gegee word om die moeilikheid veroorsaak in sommige gevalle, te verduidelik. Openbaring was dus gekonstateer, wanneer die skrywer van 'n beledigende brief dit aan sy klerk gee, om te tik of oor te skryf, voordat dit weggestuur word.6) 'n Biesonder moeilikheid word getref in die geval waar 'n brief mondelings gedikteer is aan 'n klerk, wat dit in skrif moet neerneem. Hier sou die juister opinie wees, dat die dader nie aanspraaklik vir „libel" sal wees nie, maar vir „slander". 7) 1) Om 'n beledigende dokument op die straat te verloor, is voldoende nalatigheid in die bewaring daarvan: Weld-Blundell v. Stephens (1920) A.C. p. 956. 2) Stepheard v. Whitaker (1875) L.R. 10 C.P. p. 502; vir biblioteke ens., vide ante p. 112(5). 3) Duke of Brunswick v. Harmer (1849) 14 Q.B. p. 185. 4) Wennhak v. Morgan (1888) 20 Q.B.D. p. 635. 5) Wenman v. Ash (1853) 13 C.B. p. 836: Hier meen die Hof dat die man en vrou „essentially distinct and different persons" is. In die vorige geval is hulle „one". 6) Pullman v. Hill & Co. (1891) 1 Q.B. p. 524: Waar 'n besigheidsman 'n gepriviligeerde brief skryf, dan word die privilegie ook uitgebrei aan die klerk of tiepist. 7) vide hieroor Gatley op. cit. p. 92; cf. Odgers op. cit. p. 141; Pollock p. 255(x). By 'n belediging, deur middel van 'n brief, het die Hof die openbaring vraagstuk met volledigheid behandel. In die saak van Huth v. Huth, het die Hof neergelê, dat, waar 'n brief in 'n open koevert gestuur word, daar geen presumpsie van openbaring aan die posbeamtes is nie. Waar die belediging egter op 'n poskaart geskryf is, het die Hof 'n liberale konsessie gemaak vir non-openbaring nl. as dit bewys kon word, dat die poskaart nie deur 'n enkel persoon, vanaf die tyd dat dit gepos was, behalwe deur die beledigde, gelees was nie.*) Waar openbaring aangeneem word, veronderstel die reg, dat die beledigende woorde nadelige gevolge gehad het en hiermee is daar ooreenstemming met die Romeins-Hollandse reg. Bewys van werklike skade word in altwee regssisteme nie gevorder nie. 8. Waarheid. Dit dien as volledige beskerming vir 'n gepleegde belediging, as die woorde of inhoud waar is (plea of justification) en hier is die Engelse reg meer in ooreenstemming met die Romeinse reg en weer afwykend van die Romeins-Hollandse reg. As openbaring eenmaal gekonstateer word dan is die hoofsaak tussen belediger en beledigde die benadeelde goeie naam en die verhouding wat die hof aanneem is, dat hierdie species van eiendom se geldwaarde hoog of laag is, namate dit van 'n goeie, slegte of middelmatige gehalte is. In die Romeinse reg, was die waarheid toegelaat omdat dit in die publieke belange geag was, om die werklike en verdiende karakter van die indiwidu aan die maatskappy te openbaar, maar in die Engelse reg is hierdie etiese beginsel nie die belangrikste faktor nie, maar wel die feit, dat skadevergoeding anders op 'n verkeerde basis toegeken sou word, want „the law will not permit a man to recover 1) (1915) 3 K.B. p. 39: Dus moet die dader 'n ondersoek instel, om uit te vind, of enige posbeamte dit nie miskien gelees het nie. Wil die dader anders van aanspraaklikheid vrykom, dan moet hy bewys, dat die beledigende woorde óf nie deur die omstanders verstaan was nie, óf dat die beledigende inhoud nie deur die persoon of persone, aan wie openbaring plaasgevind het, gelees was nie: vide Pollock op. cit. p. 256. 9 damages in respect of an injury to character which he either does not or ought not to possess".1) In hierdie standpunt is die Engelse beginsel waarop die waarheid toegelaat word, dus in logiese verband met die beginsel waarop goeie naam beskerm word. Want as die aangerande goeie naam, die hooffaktor, sleg is, kan daar nie sprake wees van 'n belediging nie. Hiermee het die Englese reg van twee botsende beginsels, nl. 1: die beskerming van goeie naam wat benadeel kan word in die oordeel van die publiek, maar waar die oordeel in stryd is met die werklike verdiende naam, maar waarvan die publiek onbewus is. 2: beskerming van goeie naam as 'n species eiendom, wat derhalwe afhanklik is van die werklike waarde daarvan, laasgenoemde beginsel gekies. Hierdie beginsel vind Spencer Bower2) onlogies nl., dat die gedrag van die betrokke partye die bedrag van skadevergoeding kan beïnvloed. In die exceptio veritatis kritiseer hy die illogiese reel toegestaan, ,,to give evidence not only that the Plaintiff had no reputation to lose, but that his conduct has been such that he ought to have had none" en dat „in mitigation of damages, evidence of Plaintiff's bad character may be given". Volgens sy mening „it would seem logical that the only thing to be regarded would be the difference in money value before and after the publication of the defamatory matter". Maar die inkonsekwensie begaan aan sy eie teorie, nl. dat eer 'n species van eiendom is, is hy blykbaar nie bewus van nie. Want behalwe die feit dat skadevergoeding nie berus op die werklike skade gelei nie, 3) maar op die gepresumeerde nadeel wat kan ontstaan en dat die geld waarde van eer voor en na die belediging ook nooit presies bereken kan word nie, is daar egter 'n belangriker fout wat hy begaan, nl. waar 'n eiendom benadeel is, neem die reg altyd 1) McPherson v. Daniels (1829) 10 B. & C. p. 272; vir die RomeinsHollandse reg vide p. 86—87. 2) op. cit. App. 111. p. 243; cf. Art. 42: p. 665. 3) Byv. die jurie is ook nie gebonde aan die werklike skade wat bewys word nie: Davis <& Sons v. Shepstone (1886) 11 App. Cas. p. 191. Daar is ook geen bepaalde wetlike reel vir die skatting van skadevergoeding nie: Bray v. Ford (1896) A.C. p. 50. in aanmerking, die soort en waarde daarvan, en derhalwe pas die Engelse reg alleen 'n redelike regsbeginsel toe. Hierdie standpunt van die reg, tewens daarby die beginsel waarop die reg om die waarheid te spreek toegelaat word, word verduidelik in die volgende citaat: „Not because any merit is attached by the law to the disclosure of all truth in season and out of season (indeed it may be a criminal offence) but because of the demerit attaching to the plaintiff if the imputation is true, whereby he is deemed to have no ground of complaint tor the fact being communicated to his neighbours. It is not that uttering truth always carries its own justification, but that the law bars the other party to redress which he does not deserve".*) In die strafreg geld die exceptio veritatis nie onbeperkt nie. Vroeër onder die gemeenreg was die waarheid 'n onverskillige faktor en die reel was selfs, „the greater the truth, the greater the libel", omdat ware belediginge net sowel 'n inbreuk op die openbare orde kan veroorsaak, as onware belediginge. Dat die waarheid dan nooit n verdediging kan wees nie, was gewysig in Lord Compbell's Libel Act,2) waardeur dit toegelaat word, wanneer dit in die publieke belange geskied, omdat die voordeel vir die publieke belange die gevaar wat dit anders blootgestel aan is dan balanseer. ) By die openbaring van die waarheid, wat as n absolute reg beskerm word in die siviele aksie, is die motief of oogmerk van die dader onverskillig, as dit maar eenmaal ooreenkom met die vereiste „true in substance and in fact". By hierdie uiterlike standaard geld die reel dat, „an act which does not amount to a legal injury cannot be actionable because it is done with a bad intent .4) 1) Pollock op. cit. p. 266; ln die Skotse reg is die exceptio veritatis dieselfde as in die Romeinse reg: Green op. cit. p. 312; Bell's Dictionary, p. 302. 2) 6 & 7 Vict. C. 96, sec. 6. 3) Waarheid en die publieke belange moet albei gepleit word: vide Russell op. cit. p. 1018—1019; Odgers op. cit p. 197: Die publieke belange moet bewys word, „otherwise there is no countervailing advantage to compensate the public for the risk of a breach of peace". 4> Addison op. cit. p. 26; cf. Stephen: Commentaries p. 373; en Allen v. Flood (1898) A.C. p. 1; in die algemeen, vide Gatley op. cit. p. 172; Odgers op. cit. p. 149; Fraser op. cit. p. 149; Folkard op. cit. p. 245; McPherson v. Daniels (supra). Bewys van die waarheid van sy pleit moet deur die belediger gevoer word en hy moet dit volledig bewys. Dus moet hy die waarheid van die bepaalde telasgelêde feit bewys1) en waar daar meer dan een feit telasgelê word, van elkeen. Die reg maak die volledige bewys 'n voorwaarde waarop die waarheid beskerm word, en in die afwesigheid van volle bewys kan „malice" aangeneem word en wat die skadevergoeding verhoog. 2) Maar die hof beskou dit ook voldoende as bewys aangevoer word van die belangrike faktore (substantial truth) van die belediging as geheel. 3) „The main charge or gist of the libel", is dit standaard wat aangeneem word.4) Aangesien die bewys by die exceptio veritatis as volledige beskerming dien, word al die andere bykomende faktore as onverskillig geag. As die dader, byv., 'n beledigende berig openbaar, sonder enige geloof in die waarheid daarvan en dit word later gekonstateer, dat dit waar was toe hy dit geuit het, dan word hy beskerm. 5) Teenoorgesteld, is 'n redelike geloof in die waarheid daarvan, of bona fides by die openbaring, onvoldoende om die strafbaarheid op te hef, waar die waarheid nie volledig kan bewys word nie. Om te wys hoe streng die hof die volledige bewys van die gestipte telasgelêde feit toepas, en waar dit dus beskou word, dat die dader op 'n gewigtige faktor tekortskiet, kan 'n paar voorbeelde geneem word. Waar die verweerder beweer dat die eiser 'n horloge op 'n sekere dag gesteel het, dan is dit onvoldoende om te bewys dat dit gesteel was op 'n andere dag. 6) 'n Algemene beskuldiging van slegte gedrag word nie geregverdig deur bewys van 'n enkel voorbeeld daarvan nie.7) Om van 'n redakteur van 'n koerant te sê, dat hy 'n „felon editor" is, word op bewys van 'n eenmaal gepleegde en gestrafte misdaad, nie beskerm nie. Nie omdat die openbaring nie in die publieke be- t) Wernher, Beit & Co. v. Markham (1901) 18 T.L.R. p. 763; Digby v. Financial News Ltd. (1907) 1 K.B. p. 502. 2) vide Simpson v. Robinson 12 Q.B. p. 513. 3) Gatley op. cit. p. 175—178; Spencer Bower op. cit. Art. 25; Weaver v. Lloyd (1824) 2 B. & C. p. 678. 4) vide Sutherland v. Stopes (1925) A.C. p. 409. 5) Pollock op. cit. p. 271. 6) Maisel v. Financial Times Ltd. (1915) 3 K.B. p. 339. 7) Bishop v. Latimer (1861) 4 L.T. p. 775. lange is nie, maar omdat volgens die tegniese beskouwing van die wet 'n „felon" iemand is, wat nog nie die vonnis oor hom uitgespreek ten volle uitgedien het nie of daarvan vrygestel was nie; as hy egter na veroordeeling, en die periode van gevangeskap, op vrye voete gestel word, dan is hy nie meer 'n „felon" nie. x) By hierdie strenge bewysvordering, is die waarheid as 'n verdediging nie 'n gunstige pleit vir die dader nie en derhalwe is hy ook geneig waar dit enigsins kan, om gebruik te maak van andere middele van beskerming nl. beperkte privilegie of eerlike kritiek. 9. Andere Omstandighede wat die Belediging Ophef. Behalwe die reg om die waarheid te spreek het die Engelse reg 'n groep van privilegies, absoluut en beperk, (absolute and qualified privilege) en eerlike kritiek (fair comment) geskep, om die anders te wye beginsel waarop aanspraaklikheid berus, te matig. Aangesien malice anders geen rol speel nie, kon die Engelse reg nie soos die Romeins-Hollandse reg, 'n paar voorbeelde aantoon, waar weens die betrokke algemene belang, animus injuriandi nie aangeneem word nie, en die andere gevalle op die algemene beginsel van afwesigheid van oogmerk beskerm het. Die gevolg was, dat 'n erkende groep privilegies ontstaan het, waarvan die aantal steeds groei, namate die veranderende vereistes van die algemene belange en die uitbreiding van die maatskaplike lewe. Vandaag is die aantal aansienlik groot en word ook deur die teksboekskrywers met biesonder volledigheid behandel. Hier meen ons, dat dit nutteloos sal wees om al die gevalle van privilegie te herhaal, maar alleen om 'n paar van die heersende beginsels waarop beskerming berus, aan te toon. Die Engelse reg het blykbaar nie voldoening gevind in die eenvoudige beginsel, dat die algemene belang die wederregtlikheid in sulke gevalle ophef nie, maar alhoewel dit ten slotte hier op neerkom, moet die hof eers besluit of dit 'n „privileged occasion" is, en wat 'n gepriviligeerde geleentheid is. 1) vide hieroor Pollock op. cit. p. 270. Om iemand 'n „libellous journalist" te noem, wat eenmaal tevore skadevergoeding weens 'n belediging moes betaal, word ook nie beskerm nie: vide Wakley v. Cooke and Healey (1849) 19 L.J. Ex. p. 91. is afhanklik van die beslissing van die hof. Derhalwe moet hierdie talryke beslissings geraadpleeg word, as mens al die gevalle van privilegie wil weet. Die beginsels waarop 'n privilegie erken word, kom egter hierop neer. Waar die publieke belange so vitaal, belangrik en uitgestrek by die openbaring betrokke is, verleen die reg absolute beskerming1); die vrye gedagteuiting moet steeds die voorkeur geniet, terwyl die belange van die indiwidu as subordinêr beskou word. Waar die publieke belange nie in so 'n wye mate betrokke is nie, het die Engelse reg dit ook billik geag om die geval te beskerm, maar om 'n grenslyn vas te stel tussen die publieke of sosiale belange wat bevorder word en die beskerming van eer van die indiwidu, het die reg die privilegie afhanklik gemaak van die voorwaarde, dat dit alleen gebruik word vir die doel waarmee dit toegestaan word. Sodoende het dit gekom, dat die Engelse reg in sulke gevalle, die motief van die dader ondersoek. Egter sou 'n limitatiewe objektiewe vasstelling van die grenslyn van die privilegie, meer in ooreenstemming gewees het met die algemene beginsels van belediging; enige objektiewe buitesporigheid namate die omstandighede van die geval, moes dan die strafbare feit gewees het. Maar die Engelse reg het in hierdie kriterium nooit blykbaar voldoening gevind nie, maar buitesporigheid (abuse of the privilege) gekonstrueer as „actual malice" en laasgenoemde as die standaard, waarin die privilegie nie meer beskerm word nie, neergelê. 2) I. Absolute Privilegie. Hierdie gevalle word beskerm selfs waar die dader bewus is van die onwaarheid van die belediging en selfs as dit geopenbaar word 1) Onbekend in die Romeinse Reg; 'n Geval wat in die Engelse reg absoluut beskerm sou word, kom voor in Dig. 47.10.15/29, waar iemand in n versoek vir appél aan die Keiser, iemand beledig, en waar die strafbaarheid nie uitgesluit word nie. 2) Stephen: Commentaries, p. 373: „The motive of the Defendant is material and will determine the tortious or innocent character of his act. Folkard: op. cit. p. 158 wat die Engelse reg van belediging beskou as „one of the most scientific branches of the English Law , (Preface, P.v.) is van mening, dat die reg in sulke gevalle „most wisely makes the issue depend on the existence or absence of express malice". (p. 158) „with the express intention of injuring the Defendant".x) Absolute privilegie verskil van beperkte privilegie omdat dit is „not founded on absence of malice in the party sued, but is founded on public policy." 2) Onder absolute beskerming val die handelinge van Parlement (Parliamentary Proceedings) 3), Hofsake in verband met die regters, magistrate, advokate, prosederendes, getuige 4) en jurielede. 'n Verder belangrike groep is offisiele berigte tussen Staatsamtenare in verband met hulle offisiele pligte en ook verklaringe in offisiele dokumente van judisieele of quasi-judisieele handelinge. II. Beperkte Privilegie. Ook hier word dit beskou, dat die belange en welvaart van die maatskappy primêr is. 5) Onder hierdie groep word ingesluit al die gevalle, waar die hof van mening is, dat die meedelinge wat in die publieke belange geskied, nie gedreig moet word deur die instelling van 'n 'oeledigingsaksie nie, tensy mala fides van die dader bewys kan word en die aantal gevalle is byna talloos. Die onus van bewys van actual malice moet altyd deur die beledigde gevoer word: „Qualified privilege is a defence only to the extent that is throws on the Plaintiff the burden of proving express malice", °) en die krite- 1) Gatley op. cit. p. 186. 2) Munster v. Lamb (1883) 11 Q.B.D. p. 604/5; Burr v. Smith and others (1909) 2 K.B. p. 315/6. 3) Ook die offisiele verslaë daarvan was in 1840 absoluut beskerm, as gevolg van 'n belangrike hofsaak Stockdale v. Hansard (1839) 9 A. & E. 1. 4) In die Skotse reg, gelyk met die Romeins-Hollandse reg is hierdie privilegie nie absoluut nie; nog is verslaë van die handelinge van Parlemente en Hof, absoluut beskerm: vide Spencer Bower op. cit. App. XVIII, 4 & 5. 5) Die maatskaplike belange en nie die belange van die indiwidu nie, vorm die grondslag van die beskerming: Macintosh v. Dunn (1908) A.C. p. 379. 6) Smith v. Streatfield (1913) 3 K.B. p. 769/770. Pollock op. cit. p. 275/6 kritiseer, soos hy beweer, die artifisiele reel neergelè, dat die hof gewoonlik malice aanneem, dat privilegie dan hierdie presumpsie weerlê, en dat die eiser dan actual malice moet bewys: „It is better to say that where there is a duty... or a right... to communicate matter of a certain kind, a person acting on that occasion in discharge of the duty riurïi vir beskerming word steeds gesoek in die feit, dat die bewering of kritiek bona fide gemaak moet word.*) Die moeilikheid van die hof is om te weet wanneer beskerming toepaslik is en eers word die geval ondersoek in haar objektiewe aspek, voordat die maatskaplike belange wat dan daarby betrokke beskou is, beskerm word. 2) Eers na die geval objektief as gepriviligeerd aangeneem word, kom die bykomende vraag van actual malice wat die beskerming dan laat verval, onder behandeling. Die feit, dat daar 'n objektiewe vordering van die publieke of sosiale belange en gemak geskied het, word dan subordinêr, as daar bewys is van mala fides.3) Die hof neem aan, dat onware beledigende meedelinge mala fide geuit, nooit die publieke belange kan vorder nie, maar steeds nadelig daarvoor is. 4) In die gevalle wat nie gepriviligeerd is nie, sal die mees onskuldige bedoeling, aanspraaklikheid veroorsaak. Onder beperkte beskerming val koerantverslaë van judisieele en parlementêre handelinge en uittreksels van Publieke registers en dokumente; verder word ook beskerm verklaringe gemaak in 'n or exercise of the right incurs no liability, and the burden of proof is on those persons who allege that be was not so acting". Hierdie verklaring, in sy wetenskaplike aspek, vorder dan dat die privilegie afhanklik is van geoorloofde oogmerk en die afwesigheid van 'n beledigende oogmerk. Uit die beslissings blyk dit egter, dat 'n objektiewe oortreding van die grense van die privilegie ook voldoende is, onverskillig van die oogmerk om te beledig of vervulling van plig; alleen word sulke gevalle ook as „indirect or improper motive" gekonstrueer. (vide byv. p. 119(3)). Die algemene verklaring van Addison op. cit. p. 27 is derhalwe meer in ooreenstemming met die geldende beginsel: „There are acts which the law only allows conditionally upon their being done bona fide and without malice in the popular sense", want hier word vir die vrystelling nie 'n bepaalde wilsrigting nl. vervulling van plig, gevorder nie. 1) Odgers op. cit. p. 206. 2) Die objektiewe gevalle van „privileged occasions" en vasstelling daarvan, veroorsaak steeds moeilikheid: vide byv. Stuart v. Bell (1891) 2 Q.B. p. 346; Vir die biesondere gevalle, vide Spencer Bower Art. 30; Odgers op. cit. Chapter X; Gatley Chaps. XII-XV p. 212—367; Clerk <£ Lindsell p. 529—541. 3) Gatley op. cit. p. 212 beweer dat beskerming „depends entirely on the honesty of purpose with which the statement is made" (cf. op. cit. p. 214). 4) Gatley op. cit. p. 214. vergadering of vereniging, wanneer sake in die publiek of semipublieke belange behandel word. Vóór die objektiewe gepriviligeerde geleentheid kan ontstaan, vereis die hof, dat die dader 'n plig of belang by die openbaring van die belediging het en dat die openbaring alleen moet geskied aan 'n persoon, met 'n ooreenkomende belang of plig om dit te hoor.1) Ontbreek hierdie objektiewe vereiste dan verval die beskerming, op grond van mala fides. Die plig of belang moet van 'n wettige, morele of sosiale aard wees. By 'n meedeling tussen privaat persone word dit as 'n sosiale belang beskou in die gevalle, byv., waar vertroulike informasie op versoek verskaf word, in verband met die karakter of bekwaamheid van 'n bediende, tussen die belanghebbende persone; 'n wettige belang, byv., waar aan die oorheid of bevoegde persone, informasie verskaf word om die administrasie van justiesie behulpsaam te wees. Ook is dit wettig waar die dader vir sy eie regte of belange optree, byv., verklaringe in verband met die herstel van een of ander teen hom gepleegde onreg, of waar dit in self-beskerming geskied. Die belang kan ook van 'n finansieele aard wees, byv., 'n meedeling in verband met 'n bank, tussen twee klante daarvan; of waar die twee betrokke arbieters in 'n arbitrasie aksie, elkaar berig oor die geskiktheid van 'n voorgestelde regter. 2) Die verskil tussen beperkte privilegie en die exceptio veritatis, is dat in die vorige geval die bona fides en redelike geloof in die waarheid, voldoende vir beskerming is, 3) terwyl by die exceptio veritatis waar bewys van die waarheid ontbreek, sulke faktore onverskillig is. Nog 'n verskil is, dat terwyl die reg om die waarheid te spreek aan iedereen toegestaan word, privilegie alleen ontstaan in die gevalle waar die dader 'n plig of belang by die openbaring kan pleit. 1) Hunt v. Great Northern Ry. Co. (1891) 2 Q.B. p. 191; Harrison v. Bush (1855) 3 E & B. p. 248—249. 2) Roff v. British and French Co. (1918) 2 K.B. p. 677. 3) Collins v. Cooper (1912) 19 T.L.R. p. 118; Fountain v. Boodle et Uxor (1842) 3 Q.B. p. 5; Clark v. Molyneux (supra) p. 244; Botterile v. Whytehead (1879) 41 L.T. p. 590. III. Eerlike Kritiek. (Fair Comment) Dit is die andere vorm van beperkte privilegie, waar bewys van actual malice die beskerming ophef.1) By eerlike kritiek word dit vereis, dat dit 'n uitdrukking van die mening van die dader is, die waarheid waarvan hy nie moet bewys nie, mits dit billik (fair) is, 2) en betrekking het tot 'n saak van publieke belang. Óf dit in die publieke belang is, moet die regter besluit, en óf die kritiek billik is, word aan die jurie oorgelaat. Die verskil van die exceptio veritatis lê weer in die kwessie van bewys en of dit verskillend van die beperkte privilegie is, is 'n twispunt. Die heersende mening egter is, dat eerlike kritiek 'n verdediging „sui generis" is.3) Die verskil lê dan ook hierin, dat iedereen die reg het om sy eerlike mening uit te spreek en belangrike dinge te kritiseer, terwyl by beperkte privilegie, steeds vereis word 'n bestaande plig of reg by die uiting van 'n belediging. 4) Verder word kritiek beperk tot 'n uiting van mening en nie tot die bewering van feite nie. 5) Tot 'n resente datum, 1906, was dit 'n betwisbare punt of die actual malice van die verweerder, die uiterlike kritiek as onbillik kon bestempel, maar die afwesigheid van malice as 'n belangrike vereiste, was bevestig in Thomas v. Bradbury, Agnew & Co. Ltd. (1906), 2 K.B. p. 627. Hier was die argument aangevoer, dat die kern van belediging 'n onware telasgelêde feit was, en dat kritiek wat geregverdig is en betrekking het tot die publieke belange, die faktor van malice onverskillig maak. Die Hof het egter besluit, dat die uiterlike kritiek nie voldoende was nie, „Comment disturbed by malice cannot be fair",«) selfs al is die kritiek, obpektief beskou, nie buitesporig nie.7) 1) vide Gatley op. cit. p. 387: „The state of mind of the defendant in a defence of fair comment is a matter directly in issue . 2) Sutherland v. Stopes (1925) A.C. p. 62. 3) Odgers op. cit. p. 158; Gatley op. cit. p. 369; Pollock op. cit. p. 362; anders Salmon op. cit.: vide egter die laaste uitgawe van sy boek deur Stallybrass p. 564—567 en Excursus C. 4) vide egter L.Q.R. XXIII. p. 99. 5) Fraser op. cit. p. 156. 6) per Collins M.R. p. 642: cf. Mcquire v. Western Morning News Co. (1903) 2 K.B. p. 110: „The view expressed must be honest". Bewys van uiterlike faktore soos persoonlike vyandskap word by die pleit, dat die kritiek nie beskerm moet word nie, toegelaat. 7) d.w.s. dit bly uiterlik nog „fair comment". Terwyl die Hof in 'n vorige saak, Merivale and Wife v. Carson (1889) 20 Q.B.D. p. 282, ook neergelê het dat by die teenswoordigheid van malice: „the comment would not then really be a criticism of the work. The mind of the writer would not be that of a critic, but he would be actuated by an intention to injure", lê daar die volgende verskil. In die laasgenoemde beslissing was „fair comment" nog nie beskou as 'n privilegie nie, maar as die reg van iedereen en derhalwe was malice of motief 'n onverskillige faktor. Waar die grense van kritiek oortree was, sou dan by bewys van actual malice, die kritiek nie meer „fair" wees nie en ook nie uitoefening van die reg nie,1) maar as die kritiek objektief „fair was, dan het die hof die motief van die dader nie ondersoek nie. Die beslissing in Thomas' saak het egter vasgestel, dat die objektiewe kritiek, billik of onbillik, afhanklik was van die motief van die dader: „Proof of malice may take a criticism, prima facie fair, outside the right of fair comment, just as it takes a communication, prima facie privileged, outside the privilege" (p. 640). Hierdie teorie was later definitief bevestig in Lyle-Samuels v. Odham's Ltd. (1920) 1 K.B. p. 143: „Comment which may be objectively and prima facie fair, may become unfair if made with a malicious motive . Terwyl die hof dit as standaard maak vir die gevalle waar die kritiek objektief billik is, word die teenoorgestelde beginsel, dat objektiewe buitesporigheid, die dader moet vrystel waar die motief of geloof bona fides was, nie toegepas nie. 2) Dit is weer een van die inkonsekwente reels, wat so dikwels voorkom in 'n aksie sonder enige vaste beginsels. As die vraag of dit in die publieke belange is eenmaal aangeneem word, byv. in verband met staatssake, administrasie van die reg, kritiek oor boeke, kunswerke, publieke tentoonstellinge en uitvoeringe, en publieke vergaderinge, dan word die volgende faktore in verband met die eerlike kritiek oorweeg: 1: Dit moet 'n kritiek en nie 'n telaslegging van 'n feit wees nie. 3) 2: As standaard vir wat „fair" is soek die hof die kriterium weer in die oordeel van die normaal mens: „Would any fair man, however 1) vide ook L.Q.R. XXIII: p. 97: cf. ook t.a.p. p. 5—6. 2) Campbell v. Spottiswoode 3 B. & S. p. 769, 32 L.J.Q.B. p. 185. 3) As dit die geval is, dan moet die waarheid daarvan bewys word. exaggerated or obstinate his views, have said that which this criti- oö ' cism has said?" *) Die kritiek moet in verband staan met die saak waaroor die oordeel gevel word en die hof duld nooit 'n bewering van onegte of onedele motiewe (corrupt or dishonourable motives) van die eiser nie. 2) 3: Die kritiek moet berus op ware feite en wat waar uiteengeset word. 4: Ten slotte word besluit of die dader sy eerlike mening en oorftuiging uitspreek, of dit met 'n ongeoorloofde motief geopenbaar het. Voor ons van die Engelse beledigingsaksie afstap is dit wenslik om die belangrikste verskilspunte met die Romeins-Hollandse reg hier te tabuleer. A. Die Engelse reg vereis nooit 'n subjektiewe element van óf oogmerk óf opset by belediging nie. In die Romeins-Hollandse reg word oogmerk om te beledig steeds vereis. Die Engelse reg pas die beginsel toe, dat elkeen verantwoordlik is vir die gevolge van sy dade. Uit hierdie beskouwing vloei daar drie gevolge: 1. Woorde word steeds geinterpreteer volgens die oordeel van die toehoorders. Die bedoeling van die dader self, kom nie in aanmerking nie. 2. As die woorde eenmaal beledigend is, dan kan die dader hom nie beroep op sy bedoeling nie, nóg op die feit dat die belediging per fout, ongeluk, onoplettendheid, onopsetlike dwaling, onstrafbare nalatigheid of deur enige ander verskonende faktor, gepleeg was nie. 3. Kranksinniges sowel as impuberes kan aanspraaklik wees vir belediging. B. Die Engelse reg beskerm alleen goeie naam. Hieruit vloei twee verskilspunte met die Romeins-Hollandse reg: 1. Die eergevoel van die beledigde self kom nooit in aanmerking nie. 1) Merivales Case (supra p. 139) p. 280—1. 2) Hunt v. Star Newspaper Co. Ltd. (1908) 2 K.B. p. 309. 2. By belediging word openbaring steeds vereis en net soos animus injuriandi die kern van die Romeins-Hollandse aksie vorm, so is openbaring die kern van die Engelse aksie. C. Die Engelse reg stem meer saam met die Romeinse reg wat die exceptio veritatis betref. Hieruit sou dit dan blyk, dat die Engelse reg die werklike verdiende goeie naam beskerm, maar feitlik is dit, omdat die species van eiendom, goeie naam, dan nie geregtig is op materiele vergoeding nie. Waarheid as 'n ideaal, of as in die publieke belange, is nie die heersende faktor nie. Die Romeins-Hollandse reg het 'n grenslyn vasgestel by die toelating van die waarheid nl. dat die publieke belange daarby betrokke moet wees. D. Aangesien oogmerk of opset geen vereiste is nie, het die Engelse reg 'n groot aantal privilegies geskep, waarin die wederregtlikheid opgehef word. Hier word vir die eerste maal die grenslyn vasgestel in die motief van die dader. Die Romeins-Hollandse reg het haar nie met veel gevalle of veel biesonderhede bemoei nie. E. Die Engelse aksie is in die meeste gevalle suiwer een vir skadevergoeding. Die Romeins-Hollandse reg het die „amende honorabel" of versoek vir vergeefnis, en die oplegging van 'n geldboete in die aard van 'n straf vir die gepleegde onreg, as 'n volkome reparasie geag. HOOFSTUK IV. BELEDIGING IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG. 1. Inleiding. Belediging in die Suid-Afrikaanse reg vertoon in sy geheel meer verwantskap met die aksie van die Engelse reg, dan met die van die Romeins-Hollandse reg. Met die oorneming van die Engelse terminologie soos byv. „libel and slander ,1) „malice, implied and actual", „qualified and absolute privilege", „fair comment , het gepaard gegaan die invoering van die tngelse begrip en beginsels. Tereg beweer Lee: „In the Roman-Dutch colonies the English Law of Torts has imposed itself upon the Roman-Dutch Law of Delict... the adoption of English nomenclature has accompanied the adoption of much of the substance of English Law". 2) Alreeds vroeg het die Engelse begrip van belediging haar invloed al vertoon en in die ou saak van Hare v. White 1 R. p. 350 (1865) het Regter Watermeyer verklaar dat hy „could not help regretting that in°some way... the wholesome law of slander and libel which 1) ln die Suid-Afrikaanse reg word daar, soos in die R.-H.R., geen onderskeid gemaak tussen mondelinge en skriftelike belediginge nie: Steenberg v. Cooper 21 S.C. p. 495. Onjuis is die bewering van Gardiner & Lansdown op. cit. p. 1071 dat „the English terms libel and slander correspond in the Roman-Dutch authorities to injuria literis and injuria verbis '. Daar is alleen 'n ooreenkoms van terminologie en hulle bewering as veronderstellend verder, gelykheid van beginsels, is derhalwe sleg uitgedruk. In sommige beslissings van die hof word die voorkeur gegee aan die uitdrukkinge „verbal" en „literal injury" in plaas van „libel" en „slander" — byv. in Monckten v. British S.A.Co. (1920) A.D. p. 332 en Skinner v. Shapiro (1924) W.L.D. op p. 166. Hierdie terminologie is juisster, aangesien daar geen onderskeid van beginsel is nie, soos in die Engelse begrippe van libel en slander. 2) op. cit. p. 322. formerly prevailed here had been changed, and they now had something far less satisfactory in its place (d.w.s. die beginsels van die Engelse reg) ... He thought that the departure from the old practice was not one that should be pressed anymore than was absolutely necessary". Hierdie bewering was grotendeels te danke aan die afskaffing van die sanksie van amende honorabel en profitabel, waardeur die Engelse begrip van „temporal damages" vir belediging ingevoer was: „There was it seemed a far greater similarity between the English action and our own, as now brought, than was generally supposed" (p. 249). Hierdie tydige waarskuwing was volkome juis en die vermoeding van die Regter, dat die Suid-Afrikaanse reg sou oorgaan na die Engelse begrip, was mettertyd bewys. Want die invloed van die Engelse belediging het steeds toegeneem in plaas van verminder en in die uiteensetting wat hierna volg, sal die gelykheid aangewys word. Die Suid-Afrikaanse en Engelse beginsels is byna dieselfde in verband met die volgende punte: 1. Alhoewel animus injuriandi tegnies 'n vereiste is, is dit nie die Romeins-Hollandse begrip van oogmerk om te beledig nie, maar meer in ooreenstemming met die Engelse implied malice. Die begrip het egter geen vaste vorm of bepaling nie, en daar ontbreek 'n konsekwente en wetenskaplike verklaring daarvan. 2. Die eerbegrip is beperk tot goeie naam. Alhoewel die reg die eergevoel in beginsel ook beskerm, is dit hoofsaaklik die openbaring wat die belangrike faktor is, en dit is steeds 'n vereiste by 'n belediging. 3. Die animus word soos in die Engelse reg, alleen belangrik in die gevalle van beperkte privilegie, waar „actual malice" die beskerming dan ophef. Daar is ook 'n aansienlike aantal „privileged occasions" en die ingewikkelde doktriene van die Engelse reg is hier oorheersend. 4. Die aksie is, met enkele uitsonderinge, suiwer 'n privaatregtlike aksie vir skadevergoeding, gebaseer op die Engelse model. Die amende honorabel en profitabel is deur onbruik afgeskaf. Verskilspunte met die Engelse reg, bestaan in verband met die volgende beginsels: 1. Daar word geen onderskeid gemaak tussen skriftelike en mondelinge belediging nie. 2. Die Suid-Afrikaanse reg het, volkome juis, die voorkeur gegee aan die Romeins-Hollandse reg dat die waarheid in sigself nie die wederregtlikheid ophef nie, maar dat dit alleen geopenbaar mag word in die algemene belang. Verder word dit gevorder dat die dader die waarheid moet bewys. 2. Animus Injuriandi. 'n Lange reeks beslissings van die howe het bepaal dat animus injuriandi 'n vereiste by belediging is, en ook die definiesies van belediging deur die teksboekskrywers gegee, sluit die animus as bestanddeel van belediging in. By hierdie definiesies word die animus vereenselwig met die begrip oogmerk om te beledig: „Defamation is the malicious publication of language, whether in writing or by word of mouth, with the intent to injure the reputation of another person, by bringing him into hatred, ridicule, or contempt." x) Aangesien egter dat die teksboeke 'n herhaling van judisieele beslissings is, is dit nodig om die animus injuriandi in die hof beslissings te ondersoek, want in die Suid-Afrikaanse reg, soos in die Engelse reg, moet die beginsels gesoek word in die judisieele presedente.2) Wat eenmaal in 'n saak neergelê is, word as verpligtend beskou vir die volgende beslissing, en die beginsel, verkeerd of onverkeerd, word herhaal en toegepas. 'n Ondersoek na die hofsake lewer 'n onbevredigende resultaat oor die vraag van animus injuriandi. Nie alleen ontbreek daar 'n duidelike en ondubbelsinnige verklaring van die begrip nie, maar die uitsprake is nie altyd konsekwent nie. In sommige gevalle word dit as positiewe vereiste gestel en vereenselwig met oogmerk,s) in andere gevalle is dit opset, en in die meeste gevalle is dit die „implied malice" van die Engelse reg. 1) Nathan: South African Law of Torts: p. 98; cf. Maasdorp: Institutes of Cape Law: IV p. 104: „Defamation is the publication of any injurious or defamatory communication ... with the malicious intent of injuring him in his good name, fame, credit, or reputation ..." 2) Vide oor „Judicial Precedents", S.A.L.J. 1917, p. 280, deur J. G. Kotze. 3) In Nasionale Pers Bepkt. v. Long (1930) A.D. p. 99 het die Hof so ver gekom om 'n vaë begrip van oogmerk, in die animus te erken. „There must exist an intention to commit a wrong, or as it is usually expressed, there must be an animus injuriandi". Tereg het die Hof in 'n ou saak, Mackay v. Philip (1830) 1 M. p. 462, besluit dat die uiting van beledigende woorde tewens daarby die oogmerk om te beledig uitsluit. Verweerder was derhalwe skuldig, „because he has failed to show that the statements injurious to the character of the plaintiff, published by him, were published under any of the circumstances in respect of which Voet (op. cit. 47.10.20) declares that the absence of all(?) intention to injure is to be held as proved or presumed". Raadpleeg ons Voet 47.10.20 dan word dit gesien, dat afwesigheid van 'n beledigende oogmerk voldoende is om die strafbaarheid op te hef. Sodoende het die Hof verder beweer dat die dader onskuldig is, wanneer hy „was actuated by some motive which is in law held sufficiënt to excuse the error (nl. uiting van 'n objektiewe bleediging) into which the defendant has fallen". *) Hiermee was die fondament vir later ontwikkeling goed gelê, maar ongeveer hierdie tyd vind die toepassing van die Engelse malice-begrip plaas. In White v. Pilkington2) word animus injuriandi vervang deur malice en „legal malice is the wrongful act done intentionally (opset) and without just cause or excuse". By die steeds toenemende invloed van die Engelse begrip, was dit noodsaaklik om die verskil tussen animus injuriandi en malice te verklaar, en sodoende het die Hof willens en wetens 'n analogie probeer sien in die twee begrippe. In Botha v. Brink (1878) Buch. p. 130 het de Villiers C.J. verklaar: „The rule of the Roman-Dutch Law differs, if at all, from that of the English Law in allowing greater latitude in disproving malice. Under both systems the mere use of defamatory words affords presumptive proof of malice, but under our law, as I understand it, the presumption may be rebut- 1) In die ou sake is oogmerk sowel 'n teoretiese as 'n praktiese vereiste. In Haupt v. Elster 3 M. p. 39 was dit besluit dat die woorde, „then he must have made a false oath ... are not actionable without extrinsic proof that they were used animo injuriandi". In Lewison v. Philips 3 M. p. 37 het die Hof eiser gekompenseer vir die „injury done to his feelings", waar hy in 'n spotprent afgebeeld was, omdat die verweerder „had published them for the express and avowed purpose of annoying the plaintiff and hurting his feelings"; Cf. ook Hare v. White (supra). Anders was die beslissings nl. onverskilligheid van animus in White v. Pilkington 1 Searle p. 107 en Baumann v. Smith (1869) Buch. p. 301. 2) (1856) 1 Searle p. 107. 10 ted not only by the fact that the communication was a privileged one, but by such other circumstances (examples of which are given by Voet 47.10.20) as satisfy the Court that the animus injuriandi did not exist". Hierdie oppervlakkige bewering het as grondslag gedien vir talryke later beslissings, en die growwe fout deur die regter gemaak om 'n begrip oogmerk met malice, 'n onvaste begrip wat nóg oogmerk, nóg bepaald opset is, te vereenselwig, word oor die noof gesien. Die uitspraak was alleen juis in sover, dat die RomeinsHollandse reg, by die uiting van objektiewe beledigende woorde, in die meeste gevalle animus injuriandi aanneem, maar volgens hierdie uitspraak is dit vereenselwig met malice. Derhalwe word die animus 'n negatiewe faktor, wat geen bepaalde rol het nie, tensy wanneer dit onder die omstandighede gemeld in Voet 47.10.20 geskied, in plaas van 'n positiewe vereiste by elke belediging. Die onmiddelike gevolg van hierdie beslissing was 'n verwarring tussen die twee begrippe in die regspraak. Die hof was tevrede dat elke belediging „malicious" was, en om van die aanspraaklikheid daarvan vry te kom, moes die dader een of ander bepaalde omstandigheid, wat deur Voet gemeld word, bewys. Het die hof Voet op 'n juiste manier geinterpreteer dan was daar nog nie fout te vind met die toepassing van hierdie reel nie. Dat die hof egter afwesigheid van animus injuriandi, in sigself nie as 'n voldoende opheffing van aanspraaklikheid beskou nie, blyk meermale uit die beslissings. Die hof beskou alleen bewys van 'n bepaalde erkende privilegie, as 'n vrystelling van die gewone verantwoordelikheid vir 'n objektiewe belediging. So word daar twee verdediginge erken: „Presumption of malice is rebutted .. . where the truth of the charge originally made has been pleaded and proved. The other case is where the defamatory words were used on a privileged occasion, for then it lies upon the plaintiff to prove express malice".*) Afgesien van 1) Dippenaar v. Haumann (1878) Buch. p. 139; Dat oogmerk anders onverskillig is blyk uit die dictum van die regter, op p. 143: „There is another matter in relation to malice upon which I had forgotten to say a few words. It is said that in this case the defendant was actuated by the purest motives (Die verweerder was 'n Predikant en hy het by die Magistraat 'n klag ingedien dat eiseres haar onwettige kind vermoor het) in what he did. This may be quite correct. 1 believe myself that he believed he was doing hierdie gevalle word, „every man presumed to intend the consequences of his own acts". Talryk is die voorbeelde waar die reel altyd presies op hierdie manier verklaar word, sonder inagneming van die animus buite gepriviligeerde gevalle. x) Neem ons byvoorbeeld een saak waar die animus begrip nie enkel 'n herhaling van 'n vorige presedent is nie, maar waar die begrip opnieuw oorweeg word,2) omdat die regter erken. ,,lt is quite true that the animus injuriandi is recognised to be an essential of the action but there is no clear definition of these words, whilst some of the decisions and some of the expressions of opinions by judges are inconsistent with each other in their references to this phrase", dan is daar 'n hoopvolle verwagting dat hier ten slotte die begrip ten minste opgehelder en definitief bepaal sal word, óf opset, óf oogmerk, óf malice. Die feite van die saak was dat verweerder, 'n persoonlike vriend van eiser, lasterlike berigte oor laasgenoemde gehoor het. Met die doel om aan die berigte 'n einde te maak, het hy verskillende persone gevra of hulle daarvan gehoor het en dat dit sy plan was, om eiser van die laster wat in omgang was, te waarsku. In die laëre Hof het die Magistraat tereg besluit dat die verweerder onskuldig was, weens gebrek aan beledigende oogmerk. 3) Op appél na die hoëre Hof ondersoek die regter soos bogemeld, die verskillende outoriteite en mirabile dictu, kom tot die gevolgtrekking, „that a person who like the defendant on an unpri- right but at the same time he ought to have been guided by his own regulations". 1) Ek verwys hier na 'n resente beslissing van die Appèlhof, Kleinhans v. Usmar (1929) A.D. p. 126: „If A charges B with theft... A can only escape liability if he either justifies the charge or if he made it bona fide believing it to be true on a privileged occasion", cf. Nasionale Pers Bepkt. v. Long (1930) A.D. p. 99; Tothill v. Foster (1925) T.P.D. p. 863. Vir 'n geval van 'n beskuldiging van diefstal waar verweerder se bedoeling klaarblyklik beskerming van sy eiendom was, maar waar die Hof besluit het dat die woorde in sigself beledigend was, 'n flagrante verkeerde beslissing, vide Scott v. Kretzman 15 E.D.C. p. 48. 2) Jooste v. Claassens (1916) T.P.D. p. 727. 3) Tewens volgens Berlichius: Concl. 60, en Brunnemannus ad Cod. 9.35.5, sluit bewys van vriendskap animus injuriandi uit. In hierdie geval was die oogmerk duidelik om 'n einde te maak aan die lasterlike praatjies, uit vriendskap vir die eiser. vileged occasion repeats slanders to a third party in the course of ordinary (d.w.s. unprivileged) conversation cannot escape liability by asserting or even proving that he was a friend of the slandered plaintiff and had no intention of injuring him. He knew the vvords were slanderous, he meant them to have the meaning which they would ordinarily convey; there was no legal or social justification for their use".*) Hier word die animus vereenselwig met opset nl. 'n uiting van bewuste beledigende woorde, en die omstandighede waaronder die wederregtlikheid opgehef word, sluit dus nie afwesigheid van oogmerk in nie. Ook hier is animus dus in beginsel die implied malice van die Engelse reg. Hier kan nou die logiese vraag gestel word: Waarom is dit nodig om die animus injuriandi2) as vereiste by belediging te erken en nie in toto, soos in die Engelse reg, „implied malice" invoer en toepas nie? Deur middel hiervan sou die onreg steeds gepleeg op die Romeins-Hollandse begrip deur die howe, vir goed uit die weg geruim word. Hierdie konserwatiewe handhawing van die RomeinsHollandse terminologie is m.i. gebaseer enkel op die erkenning dat die Suid-Afrikaanse reg van die Romeins-Hollandse reg afstam: „It is essential to bear in mind that by the civil law, differing in this respect, as pointed out by Folkard, from the English Law,3) the ground upon which the action for defamation rests is the injuria, the personal insult or contumely to which the plaintiff has been exposed. No action lies for such injury, as such, unless the defendant was actuated by animus injuriandi".4) In hierdie verklaring het die animus-injuriandi-begrip blykbaar sy wetenskaplike hoogtepunt in die Suid-Afrikaanse reg bereik. Want in die toekoms het die regters, steeds met inagneming van 1) p. 732: By die skatting van die skadevergoeding, beweer die regter: „we are bound to accept the magistrate's finding that he was actuated by friendly feelings to the plaintiff". Die ander regter se beslissing is byna dieselfde: „It seems to me idle and futile to say he was repeating the defamatory matter to stop the spread of it". (p. 738) 2) Nl. animus injuriandi in die sin waarin die howe dit besig. 3) Waarom die Hof 'n omweg kies, om eers via 'n Engelse skrywer die verskil tussen die Romeinse Reg en die Engelse reg aan te toon, en die verskil dan toe te pas by die Suid-Afrikaanse reg, is nie duidelik nie. 4) Bennett v. Morris 10 S.C. p. 236, per de Villiers C.J. hierdie verskil tussen die „civil law" en die „English law", en steeds met die erkenning dat „defendant must be actuated by animus injuriandi", anders verder rustig aangegaan met die toepassing van Engelse beginsels en die vereenselwiging van die twee begrippe, malice en animus injuriandi. Uit hierdie vereenselwiging het derhalwe die volgende gevolge ontstaan: 1. Animus injuriandi is by belediging 'n onverskillige faktor. Alreeds het ons hierbo aangetoon dat die belediger hom nie kan beroep op sy geoorloofde oogmerk nie, maar moet in staat wees om een of ander gepriviligeerde geleentheid, of waarheid in die publieke belange, te kan pleit. 'n Merkwaardige en duidelike voorbeeld hiervan lewer die beslissing in Mankowitz v. Geyser (1928) O.P.D. p. 138. Verweerder, 'n markmeester, verwyt die eiser dat hy van sy (verweerder's) aardappels steel. Verweerder het 'n lot aardappels aan eiser verkoop en verweerder self het 'n ander lot gekoop. Die beskuldiging was gemaak toe hy sien dat eiser van sy aardappels wegneem. Hierop antwoord die eiser dat hy nie steel nie, maar alleen 'n groene aardappel vir 'n rype wissel. Die markmeester herhaal die beskuldiging en voeg daarby toe dat eiser eerlik moet handel. In die laëre Hof besluit die magistraat dat daar geen animus injuriandi was nie, en weer is dit die hoëre Hof wat beweer: „Presumption (van animus injuriandi) cannot be rebutted save by proving that the case falls within certain definite and recognised categories of privilege, exemption or excuse". Die gevolg was dat verskillende „privileges" gepleit was deur die verweerder. 1. Waarheid van die beskuldiging was nie spesiaal gepleit nie en kon dus verweerder nie verontskuldig nie. 2. Verdediging van sy eiendoms regte. 3. Die belediging was geuit in sy hoedanigheid as publieke amtenaar. 4. Dat die verwyt 'n eerlike kritiek was. Die Hof ondersoek al hierdie pleite en verwerp een na die ander. Die Hof beweer verder dat, „even if they (die woorde) were spoken on a privileged occasion there was express animus injuriandi". Hierdie saak is ook belangrik vir die definitiewe bewering van die Hof dat as die verweerder nie een of andere privilegie bevestig nie, „if he does not prove that, it will not avail him to show that in fact he had no intention to injure" (p. 139) en ten slotte om die houding wat die Hof by 'n belediging aanneem te verduidelik: „The question is not so much: Did Geyser have an intention to injure Mankowitz? But has Geyser established a legal ground of privilege, fair comment or other excuse?" Tot so ver al geld die invloed van die Engelse beledigings-begrip. Meer juis was die beslissing van die Hof in Keet v. van Deventer (1924) O.P.D. p. 57, alhoewel afwesigheid van oogmerk hier aangeneem was op grond van 'n erkende omstandigheid in die RomeinsHollandse reg, nl. verdediging van die dader self en om 'n misverstand op te helder. *) 'n Teken van die onsekerheid wat daar heers oor die animus begrip onder die regters, vind ons in die volgende verklaring van Regter Blaine: „It is not absolutely clear to me from the authorities what exactly is animus injuriandi. 2) Apparently it is not the same as the express malice of English law, although I am inclined to think that it imputes slightly more to the defendant than the legal malice which is used in a special and technical sense in the English Law; but for practical purposes it may I think be regarded as substantially equivalent to such malice" (p. 63). Die feit dat die Hof vir praktiese doeleindes, animus injuriandi dieselfde as malice beskou, lei dan tot die groot blunder steeds begaan, dat afwesigheid van oogmerk om te beledig in sigself g'n verdediging is nie. Behalwe die „privileged occasions" erken die Hof geoorloofde oogmerk alleen in die gevalle van rixa, ab irae impetu, 3) en die ander erkende en analogiese gevalle in die outoriteite gemeld. ) 1) Gail: Observatie II C.100: p. 563: „Retorqueren van injurien": „ghy liegt sulks" (so was die feite in hierdie saak) omdat „sodanige woorden te hebben voortgetragt om zyn eere te verbeteren en niet met opset te mogen injurieren". Vgl. H.C. en A. V.LXXXI.8: As die dader alleen antwoord „tu mentiris", dan word daar bewys met so 'n antwoord nie 'n animus injuriandi nie, maar „(animus) se purgandi". 2) Alhoewel die aangehaalde citaat uit Gail (hierbo), gekwoteer voor die Hof, al duidelik genoeg die vereiste, wilsrigting om te krenk, verklaar. 3) Lachter v. Glaser (1914) T.P.D. p. 461; Rabie v. Fourie (1914) T.P.D. p. 99. 4) In Laloe Janoe v. Bronkhorst (1918) T.P.D. p. 165 het die Hof die algemene beginsel dat belediging alleen opgehef word in die twee gevalle van waarheid daarvan, en privilegie, bevestig. Die Hof ondersoek die beslissing in Botha v. Brink (supra p. 145) waar dit algemeen verklaar word dat Die gevolg van die verwaarlosing van die billike vereiste van oogmerk om te beledig voordat aanspraaklikheid ontstaan, is dat beiedigingsaksies telkens voor die howe kom, wat anders alleen tydverkwisting veroorsaak. Van 'n krenking van eergevoel en goeie naam, of van verdiende reg op beskerming, is daar in veel gevalle van belediging, wat deur die howe behandel word, nie veel blyk nie. Ook moet dit onthou word dat hierdie maklike standaard vir 'n belediging sowel vir mondelinge as skriftelike beledinge geld,*) en nie soos in die Engelse reg nie waar daar vir „slander" vereis word, óf ernstige vorme van eerkrenkinge, óf anders, bewys van materiele skade. 2. Die standaard vir wat beledigend is, word uitsluitend gesoek in die „reasonable man" of „bystander's test", soos in die Engelse reg, en die bedoeling van die dader is 'n onverskillige faktor. Die toepassing van die omstander's toets was bevestig in die belangrike saak van Sutter v- Brown (1926) A.D. p. 163: ,,In defamation as in all injuriae the intention of the perpetrator is vital. But the Court cannot dive into the mind of a defendant; it can only die omstandighede gemeld in Voet 47.10.20 die wederregtlikheid ophef, (waaronder afwesigheid van oogmerk in sigself voldoende is). In verband hiermee beweer die Hof dat „absence of animus injuriandi would only come in the absence of justification or privilege, when there is either a mistake, or the statement was made in joke, or where compensation can be relied upon". 1) Geen onderskeid van beginsel was alreeds vroeg neergelê in die ou saak, Hare v. White 1 R. p. 247. Die maklike standaard waarmee belediging aangeneem word lê miskien gedeeltelik opgesluit in die prikkelbaarheid van die volk. As 'n gedagteuiting enigsins skerp of onplesierig is, dan word dit telkens beskou as 'n belediging en die hof is geneig om dit as sulks aan te neem. M.i. kan skerper optreding deur die hof en minder geneigheid om 'n belediging te konstateer, hierdie oorgevoeligheid en soms onverdraagsaamheid, sover matig, dat vrye gedagteuiting meer haar regte plek kan inneem. Veel sake het al die kritiek uitgelok dat verweerder, „would have better consulted his own dignity by not bringing an action on such petty and unsubstantial grounds , alhoewel die regter gebind deur presedent, dat daar 'n belediging in so 'n geval is, die eiser moet ondersteun: vide byv. de Villiers v. Veis (1921) O.P.D. p. 55; Pillay v. Toins (1919) N.P.D. p. 138; Brill v. Dykman (1920) O.P.D. p. 252. interpret his language as it would be understood by reasonable men; he is assumed to have meant what his language thus interpreted would convey".1) In sigself is hierdie verklaring nie teenstrydig met die Romeins-Hollandse beginsel nie. Want dit is volkome juis dat die standaard vir wat beledigend is, gesoek moet word in die sedes en gewoontes van 'n Staat, soos dit verteenwoordig is in die normaal ontwikkelde mens („persons of ordinary intelligence and experience" (p. 163)). Dit moet dus nie aan die belediger toegestaan word om 'n beroep op sy abnormale standaard te maak nie, waar hy 'n man van laë sedelike gehalte is, of 'n sienswyse teenstrydig met die bonos mores van die Staat het, maar die interpretasie moet wees dat „which a reasonable person reading them in their context would be likely to give them", die standaard neergelê in Johnson v. Rand Daily Mails (1928) A.D. p. 190. Dat dit die enigste bedoeling egter van die Regter is kan moeilik aangeneem word. Ten eerste word dit deur die Hof nie uitdruklik uit hierdie standpunt beskou nie en ten twede omdat, volgens Sutter v. Brown, die beginsel van die „reasonable man" steeds toegepas word by beledigende woorde. Hieruit volg dit dat die mening of bedoeling van die dader self, al is hy ook 'n normaal ontwikkelde persoon, nooit in aanmerking kom nie. Gebruik hy dus woorde in 'n andere, dan hulle gewone, betekenis, dan moet hy bewys, „what meaning the words were intended to convey and dit in fact convey to the person in whose presence they were spoken". 2) Anders bly 1) Cf. Middellandse Nasionale Pers v. Stahl (1917) A.D. p. 636 waarin lnnes C.J., die magistraat verwyt dat hy die Engelse reg verkeerd toepas: „If the plaïntiff had attributed a secondary meaning to the language... if he had given evidence in support of such special circumstances, then he would have laid a foundation for evidence to the effect that the words had as a fact been understood in a secondary sense":'Dit is s.i. die regte verklaring van die Engelse reg. Cf. ook Yates v. McCrae (1929) T.P.D. p. 487. 2) Cf. Ross v. Rojesky 4 H.C.G. p. 161: „what we have to consider is not so much what the defendant may have had in his own mind on the occasion in question, as the effect which the language he employed was calculated to have on the minds of the audience". cf. van der Merwe v. Slabbert (1921) A.D. p. 88. Hier het die laëre Hof 'n blunder begaan om op eksepsie, dus sonder inagneming van die omstandighede, te besluit dat die woorde, „Ek groet jou nie, jy is te vervloeks sleg", nie beledigend was nie. cf. ook Leslie v. African Life Assurance Society Ltd. (1927) W.L.D. p. daar alleen oor die bevestiging van 'n „qualified privilege" of „truth ior the public benefit" of rixa, self-verdediging ens. As verder bewys vir die beginsel waarop aanspraaklikheid berus nodig was, dan is dit in die verklaring van die Regter dat die wederregtlikheid by belediging uitgesluit word, waar die openbaring aan die „reasonable man" toevallig nie plaasgevind het nie: „Of course it is always open to the Defendant to show that the words used made no impression on the mind of the person addressed, because he was deaf or ignorant of the language used, or for other reasons, so that there was no publication to the prejudice of the Plaintiff". Hier word die beginsel van geen belediging net so onlogies uitgerek as in die Engelse saak van Huth v. Huth, x) waar daar geen belediging gekonstateer sal word nie, wanneer die afsender van 'n briefkaart kan bewys dat dit nie deur 'n enkel posbeamte gelees was nie. Ter verdere verduideliking van die sienswyse deur die hof aangeneem, dat die bedoeling van die belediger self onverskillig is, waar dit gekonstateer word dat die woorde beledigend is, verwys ek eers na die beslissing in Peters v. Tose (1910) E.D.C. p. 107: Hier het verweerder, 'n naturel,2) in die teenswoordigheid van andere, aan die beledigde in Kaffertaai gesê: „Waar is my kind? Jy het hom gedood, moordenaar". Die feite bewys dan ook dat, deur die invloed van die eiser, die seun sy werk verlaat het en as gevolg gearresteer en gestraf was. Tereg het die Magistraat besluit dat die woord moordenaar deur die naturelle telkens en veral in so 'n geval gebesig word in die sin van ruineer of bederj; Uit hierdie twee omstandighede, nl. 1. Die besiging van 'n woord nie in die letterlike maar in 'n spesiale betekenis. 2. Dat die oogmerk die verdediging van sy seun was, en derhalwe dat 'n verwyt van die skuldige persoon ge- 248, oor die konstruksie van beledigende woorde: „If the Court concludes that the words would be so understood it will presume that they bore that meaning unless it is shown that owing to special circumstances known to the only persons to whom they were published the words were in fact understood in a non-defamatory sense". (Kopstuk) 1) Vide p. 129(1). 2) Daar is geen feite in die saak wat aantoon dat die naturel nie 'n normaal mens was nie. oorloofd was1) (alhoewel hierdie faktor nie in oorweging geneem was nie beide in die laëre en hoëre Howe), was dit voldoende om die dader vry te stel van skadevergoeding. Ook hier egter is daar 'n flagrante verkeerde beslissing van die hoëre Hof. Die logiese en juiste besluit van die magistraat word verwerp omdat, „the question is, what meaning had these words for the bystanders?" (p. 109) en aangesien dat „the record discloses no evidence of circumstances going to show that those who heard the words took them in any other than their ordinary acceptation" (p. 110) is die uitspraak van die hof vir appéllant (eiser).2) Ten slotte verwys ek na die uitspraak van die Appèlhof in Crawford v. Albu (1917) A.D. p. 115 waarin die beginsel duidelik bevestig word: „The question is not what he (Defendant) intended but what his language in its ordinary significance meant". Vergelyk mens hiermee Masch v. Leask (1916) T.P.D. p. 114 waar die advokaat vir die appéllant die Hof probeer beïnvloed met die argument, „if the person who uses the words had no intention of doing any harm or to defame and he uttered the words merely in jest, then he ought not to be mulcted in damages" waarop die Regter in sy vonnis antwoord, „That is a doctrine to which 1 cannot subscribe . . . (Defendant) must prove to the Court that it was in jest and the words must have been accepted as such by the readers .. . If however the Court comes to the conclusion that the words may have been used as a joke but that it was not taken as such by the readers . .dan is verder kommentaar oorbodig. 3) 1) 'n Verdediging of beskerming van 'n seun was erken as 'n geoorloofde oogmerk in die R-H.R. vide p. 56(5) en 58(4). 2) Anders was die besluit in die vroeëre saak, Clark v. Rood (1908) E.D.C. p. 307 waar dieselfde woord „murderer" gebruik was, maar waar dit uit die omstandighede geblyk het, „that the Defendant did not use the words as implying that the Plaintiff had been guilty of the crime of murder as known to the law". Waarom was hierdie „precedent" nie gevolg nie? In nog 'n vroeëre saak McLoughlin v. Impey (1875) Buch. p. 78 was die beslissing weer soos in Peters v. Tose (hierbo): „the evidence of the writer of the article as to what he intended thereby would not be admissible. The words used must be taken according to their true meaning... and in the sense they would be understood by the readers". 3) In Reynolds v. Ainslie (1904) T.S. p. 868: „even bona fides and au absence of all ill-will is no defence in respect of an unprivileged occasion"; cf. Farrar v. Hoy (1907) T.S. p. 194. By die fikseering van die maatstaf van wat beledigend is, in die objektiewe woorde alleen, het die aksie volkome by die Engelse begrip aangèsluit. Want selfs in die gevalle waar die subjektiewe faktor in ag geneem word byv. waar dit in grap of skerts geskied, is die beginsel nie omdat 'n beledigende oogmerk ontbreek nie, maar omdat die omstanders of die lesers ook die grap insien. Hierby sou dit wenslik wees dat 'n volk 'n goeie sin voor humor het, want waar hulle van die bykomende omstandighede onbewus is, sou dit anders moeilik wees om die humor altyd raak te sien. Tot sover blyk dit dus dat aanspraaklikheid berus op die feit dat uiting gegee word aan objektiewe beledigende woorde, sonder inagneming van die doel waarop die wilsuiting gerig is, sonder inagneming van die onbewuste en onopsetlike pleging van 'n belediging, almal faktore wat steeds vereis was in die Romeins-Hollandse reg nl., beledigende oogmerk en die doel om 'n injuria te pleeg: „Injuna ex ore et animo aestimandae sunt; facit injuriam affectus in faciente".1) Die regspraak is dan ook inkonsekwent waar die belediging ,,in rixa" of „ab irae impetu" geskied. Hier word die wederregtlikheid uitgesluit omdat „there was no intention on the part of the defendant to defame the Plaintiff or reflect upon his honour".2) Hier vereenselwig die Hof, andersins tereg, animus met oogmerk, maar die vraag is waarom die oogmerk alleen in hierdie gevalle ondersoek en toegepas word. Soms word die animus in sulke gevalle ook vereenselwig met opset, wanneer die Hof verklaar dat aanspraaklikheid uitgesluit word, „if the presumption of animus injuriandi is rebutted by proof ... of his being in such a state of anger that he was not responsible for what he said". 3) Om konsekwent te wees moet die 1) Mevius: Decisiones 7.11"3. n. 3: Telkens anders gekwoteer deur die howe, vide byv. in Nasionale Pers Bepkt. v. Long (supra). 2) Havenga v. Lotter (1912) T.P.D. p. 397. cf. Priest v. Spence (1927) E.D.L. p. 233 waar verweerder 'n antwoord skryf op beledigende briewe: „Plaintiffs two letters ... were so provocative in their terms that Defendant may quite reasonably be taken to have been incapable, owing to the sense of injury under which he wrote, of forming any definite intention of defaming or insulting the Plaintiff". 3) Wilhelm v. Beamish 11 S.C. p. 13, alhoewel hierdie geval die beginsel van die R.-H.R., dat retorsie van injuria in sigself 'n geoorloofde oogmerk is, (Voet 47.10.20) nie duidelik verklaar nie. Hier sluit die Hof die strafbaar- gemoedstoestand dan in andere gevalle behalwe rixa ens. ook ondersoek word om te sien presies waarop die wilsrigting gerig is, en word dit nie gedaan nie dan moet die hof, in gevalle van rixa, alleen die vraag stel of die toehoorders bewus was van die toorn van die verweerder, en of hulle die belediging verstaan het, nie as 'n opsetlike telaslegging nie, maar uit woede geuit en as weer-ewening van 'n gepleegde onreg.a) Die verskil tussen opset en oogmerk het waarskynlik nog nie tot die howe deurgedring nie, want 'n bewuste beledigende uiting, word telkens vereenselwig met 'n bewuste beledigende doel. Dit kom deur die invoering van die Engelse malice en die verwarring van die begrip eensyds met sy grammatiese betekenis van boos opset, en die erkenning andersyds dat animus injuriandi, „intention to injure" isDerhalwe word „maliciously" en „malicious intent to injure" as sinoniem beskou: „When a man complains of the use of malicious words, the meaning conveyed to the ordinary mind is that the words were used maliciously (opset) or with malicious intent (oogmerk) 2). Beter sou dit wees as die Hof in sommige gevalle die „ordinary mind" buite beskouwing laat bly, en die begrip 'n „judicia!" en konsekwente verklaring gee. Die beginsel om aanspraaklikheid vir belediging alleen in die beledigende woorde te soek, het al tot eienaardige beslissings gelei; 'n voorbeeld daarvan is die bekende saak, Fichardt v. Friend Newspapers Ltd. (1916) A.D. p. 1. Tydens die wêreldoorlog het een of ander insidente gelei tot skerp anti-Duits gevoel in sommige stede, met die gevolg dat Duitse besigheidsplekke deur die menigte beskadig was. 'n Verslag daarvan het in die koerant verskyn en die Hof moes besluit of die woord „Duitser" beledigend was. Onlogies wil die Hof nie die bykomende omstandighede inagneem nie: „It would be damaging not because it reflected upon the character or heid uit omdat opset, d.w.s. „responsible for what he said" nie aangeneem word nie; cf. Rabie v. Fourie (1914) T.P.D. p. 99. 1) Soos byv. in Fradd v. Jacquelin 3 N.L.R. p. 149; Die Hof vereis dat daar provokasie vir die rixa moet wees, vide Norton v. Crooks (1914) E.D.L. p. 532; of „abuse on both sides", vide Wiggill v. Gqangasholo (1909) E.D.C. p. 327. 2) Dold v. van Wyhe (1917) E.D.L. p. 379. reputation but owing to circumstances wholly unconnected therewith; because of the present war witn Germany and the feeling caused by the manner in which tnat war is being conducted" (p. 5).*) Van wanneer af die aangerande eer so eng beperk word dat dit tewens nie enige vermindering in die agting van die publiek kan insluit nie, is nie duidelik nie. 2) Tereg het die Hof verklaar dat waar 'n inbreuk op 'n reg gepleeg word, die beledigde 'n middel vir die beskerming van sy geskende regsbelang moet hê, en die aangewese aksie hier is meen die Hof die „actio injuriarum", waarby die beledigde, malice sowel as materiele skade moet bewys.3) Die animus injuriandi word nie oorweeg nie. Natuurlik het hierdie „precedent" as model gedien vir die volgende analogiese sake en in Richter v. Mack (1917) A.D. p. 201, waar die verweerder van eiser geskryf het as 'n „German enemy subject" het die Hof dieselfde beginsel nl. „circumstances wholly unconnected (with his character or reputation)" as nie voldoende om 'n belediging te veroorsaak nie, gevolg.4) Verder besluit 'n ander Regter dat „the second ground of appeal is that the jury were directed to ascertain what meaning (d.w.s. beledigend) the writer of the letter intended to convey instead of what meaning the language used actually did convey. Had he so charged the jury the learned Judge would certainly have been wrong". Met die verwysing na die sienswyse oor belediging deur die hoogste Hof van die land ingeneem ag ons dit as 'n vrystelling van die plig om verdere voorbeelde aan te haal. Gaan ons verder in die ondersoek na die bepaling van die begrip 1) Bykomende omstandighede word anders sowel in die R.-H.R. as in die Suid-Afrikaanse reg oorweeg: vide byv. K.v.T. 21 S.C. p. 177; Louw v. Kielblok (1911) C.P.D. p. 209. 2) vide p. 176 v. 3) Of die „actio doli": van waar die Hof hierdie vereistes vir 'n actio injuriarum opgespoor het (cf. in Carelse v. van der Schyff (1928) T.P.D. p. 94 word ook „malice" en „actual damage" vir die „actio injuriarum" vereis) is nie duidelik nie. M.i. is die regte aksie, een onder die lex Aquilia, as die Hof materiele skade en opset vereis en 'n aksie vir belediging nie toestaan nie. Cf. ook S.A.L.J. XLVII op p. 366. 4) Cf. Hammerschlag v. Beamish (1916) T.P.D. p. 536. de Villiers C.J. het tereg van die ander regters verskil omdat „there was animus against plaintiff personally and against persons of the race of plaintiff" (d.w.s. Duitsers). in die regspraak, dan blyk dit dat die howe dit soms vereenselwig met opset1) en nie met implied malice van die Engelse reg nie, want daar word nog gevalle erken soos byv. kranksinniges, impuberes en rixa waar die bewussyn van die uiting van beledigende woorde nie aangeneem word nie. 'n Verwagting dan dat, die hof die begrip as bloot opset duidelik sou verklaar het, word ook nie vervul nie. 3. In die omstandighede word animus injuriandi dus nog verkeerd met die „legal malice" van die Engelse reg vereenselwig. Vir die praktiese toepassing van die animus injuriandi moet mens soos in die Engelse reg, die beslissings in verband met privilegie raadpleeg, want alleen hier word dit oorweeg en met volledigheid behandel. Alleen in enkele gevalle kom dit voor dat die hof, waar 'n privilegie nie gekonstateer word nie, geneig is om afwesigheid van oogmerk as voldoende aan te neem, en dan eers na groot inspanning om te sien, of daar nie op een of ander manier, miskien 'n privilegie bevestig kan word nie, byv.: „All the circumstances of the present case satisfy me that that even if the occasion on which the Defendant showed the letter to the barman was not in strictness a privileged one, he was not actuated by any animus injuriandi".2) Meer definitief was die verklaring van animus injuriandi as opset deur Regter Solomon in Whittaker v. Roos and Bateman (1912) A.D. p. 130. 3) Daar word geëis „First: 'An intention on the part of 1) In stryd dus met die bronne: In die Nederlandse strafreg is die subjektiewe vereiste opset en nie oogmerk nie: (Art. 261 en 266 Ned. Str. W.B.) vide Noyon op. cit. III p. 19 v., en Simons: Strafrecht II. p. 52; alhoewel oogmerk om te beledig vereis word in die privaatregtlike aksie (B.W. art. 1412) is hier ook vir oogmerk, opset bedoel, en is aldus lang erken ( n beslissing in 1896): vide Hofmann: Ned. Verbintennisenrecht: p. 307. 2) Bennett v. Morris 10 S.C. p. 223: Die feite was eenvoudig dat verweerder, 'n hoteleienaar, 'n beledigende brief oor die vorige eienaar in sy hotel ontdek het. Op 'n onskuldige manier en sonder om daaraan tweemaal te denk het hy dit aan een van sy bediendes gewys. Die Hof kies hierdie lange omweg, eers 'n ondersoek na 'n privileged occasion, om ewentueel te besluit dat verweerder geen belediging beoog het nie. So ook in Taute v. Odendaal 23 S.C. p. 691, waar die belediging geuit was in die belange van 'n oom: „I would not treat the occasion as a privileged one... but there was no animus injuriandi". 3) Die saak was nie een van belediging nie, maar die vonnis hier het betrekking tot die bestanddele van injuria in die algemeen. In dieselfde saak gee Regter Innes 'n verklaring van animus injuriandi wat dit as oogmerk the offender to produce the effect of his act'; in other words the animus injuriandi. It is not necessary in order to find that there was an animus injuriandi to prove any ill-will or spite on the part of the defendants towards the plaintiffs; and it is quite immaterial what the motive was or that the object which the defendants had in view was a laubable one. It is sufficiënt that the injuries suffered by the plaintiffs were inflicted by the defendants, not accidentally or negligently but with deliberate intention". Het die regters liewers die voorkeur gegee aan die logiese verklaring in Miller v. The State 6 O R. p. 6: „The chief element of the offence is the animus injuriandi i.e. to injure another in his honour or his good fame or his reputation", dan het die animus begrip miskien 'n ander ontwikkeling deurgemaak. Maar al word dit aangeneem dat die afwesigheid van die bedoeling om te krenk, onverskillig is, dan moet dit anders duidelik genoeg vir die howe wees, dat enkel die gevorderde bewussyn van 'n belediging, wat steeds aangeneem word, behalwe in die gevalle van rixa, kranksinniges,1) impuberes2) ens.,3) al 'n belangrike verskil vertoon tussen die Suid-Afrikaanse animus en die Engelse malice. Maar selfs hierdie verskilspunte word geïgnoreer en die terminologie steeds gebesig vir animus is „legal or implied malice", byv. in de Graaf v. Viljoen en Viljoert (1916) A.D. p. 545, kom die Hof tot die gevolgtrekking dat daar geen privilegie was om die belediging te verskoon nie en dat, „in such a case the law implies the existence of animus injuriandi. That is not actual but legal malice. I gather from the evidence that there was no personal ill-will between the bestempel: „When an unlawful aggression... has been proved, the law presumes that the aggressor had in view the necessary consequence of his conduct; that is, that he had the intention to injure, the animus injuriandi. That does not mean that he was actuated by malice or ill-will, but that he deliberately intended that the operation of this unlawful act should have effect upon the plaintiff". (p. 124—125) ... where intention to injure a person is present, the motive which actuated the wrongdoer is immaterial save as an element in the assessment of compensation". (p. 125) 1) Queen v. Hay 16 S.C. p. 290; vide ook de Villiers op. cit. p. 30. 2) De Villiers t.a.p. 3) Die paar andere gevalle wat in die regspraak voorkom: vide p. 158(2). parties concerned. *) But legal malice is sufficiënt to found liability unless rebutted. It may be negatived in various ways". Terwyl die Hof haar nie bemoei met die animus van die dader totdat daar 'n privilegie op een of ander manier bevestig word nie, word dit, onlogies genoeg, by die skadevergoeding in ag geneem om die bedrag toegeken te verhoog: „if they (die jurie) found on evidence that the second defendant (redakteur van 'n nuusblad) was actuated by express malice or iil-will towards the plaintiff in writing the articles ... they might take that into account in assessing the damages".2) 'n Resente beslissing bewys duidelik dat die Suid-Afrikaanse reg in toto die Engelse reg wil naboots in verband met malice en dat dit nooit oorweeg word buite gepriviligeerde gevalle nie. In Holzgen v. Woolwright (1928) T.P.D. p. 8, het verweerder, die hoof van 'n skool, 'n brief aan die voorsitter van 'n siekefonds geskryf, waarin hy 'n klag indien oor die mediese behandeling deur eiser, 'n dokter, van 'n leerling van sy skool. In sy brief kom voor: „I consider it my duty to protest against the callous way this case was handled by your doctor, and to ask that a thorough investigation in connection with it be ordered. I shall be pleased to hear the result of it". Hierdie geval toon selfs alleen in die objektiewe feite hierbo gemeld dat die oogmerk, 'n vervulling van plig was, en is verder ondersteun deur die feit dat die brief geadresseer is aan die bevoegde outoriteit om die gevraagde ondersoek in te stel- Hier kon die Hof redelik tot die besluit gekom het, dat die dader weens afwesigheid van oogmerk 1) Die feite was dat dit beweer was van die Direkteur vir Onderwys, dat hy 'n swarte lys van onderwysers en aspirant onderwysers gehou het, wat te vergelyk was met die proskripsie van die Romein, Marcus Antonius; cf. Pickard v. S.A. Trade Protection Society & others 22 S.C. p. 89: „It was also proved satisfactorily that the defendants in making the publication were not actuated by any express malice or ill-will. The question is whether Defendants can succeed in showing privilege ... (anders) ... legal malice will be inferred". 2) Knoetze v. Voorligter Drukkery & Marais (1922) E.D.L. p. 218: volkome ooreens met die beginsel van die Engelse reg: „The spirit and intention of the party are fit to be considered by a jury in estimating the injury done to the Plaintiff", Odgers op. cit. p. 281. cf. Pollock op. cit. p. 258. Vir 'n kritiek van hierdie „anomalous rule... that the amount of damages may be affected by the conduct of the parties", vide Spencer Bower op. cit. App. Hl. om te beledig, nie aanspraaklik was nie. Hierdie beginsel klink te eenvoudig blykbaar vir die Hof en die tegniese en ingewikkelde doktrienes van die Engelse reg het 'n meer wetenskaplike kleur. So besluit die Hof dat hier geen privilegie is nie, en wel omdat die skool 1. 'n Dagskool was. 2. Derhalwe staan die hoof daarvan nie „in loco parentis" nie en gevolglik het hy geen plig of belang (duty or interest) by die indiening van die klag teen eiser nie. Hier word alleen gelet op die objektiewe privilegie en of sulks, volgens die onlogiese toepassing van 'n vereiste graad van verwantskap kan bestaan. In die afwesigheid van privilegie is dit „not necessary to consider whether the respondent proved animus injuriandi or not cr. .. abused the occasion" (p. 12). Meer onjuis nog is die houding van die Hof om die skadevergoeding te verhoog omdat verweerder logies trou bly aan sy geoorloofde oogmerk: „The appellant, under cross-examination adhered to his view that the respondent had behaved callously in not treating the boy at the hospital. The appellant's attitude may be explained by an obstinate but honest, adherence to his original view ... But, of course such attitude exposes him to the risk that the damages will be heavier if it should turn out (d.w.s. volgens die oordeel van die Hof) that the occasion was not privileged".1) Dit word anders erken dat daar 'n verskil is tussen actual en legal malice, maar dit is alleen van belang by die skadvergoeding: „It will be important however for the plaintiff, whenever he can do so, to prove actual malice, as it will go in aggravation of damages". 2) Wat hierdeur bedoel is, is nie duidelik nie want in die 1) Cf. Groenewald v. Homsby (1917) T.P.D. p. 81, 'n geval van pligsvervulling. Die verweerder waarsku die opsigter van 'n Staatsneersetting teen die gedrag van 'n vreemdeling, wat daar nie by behoor nie, met die vrou van een van sy vriende (verweerder's) wat afwesig op militêre diens was. Tereg besluit die Hof maar op die verkeerde beginsel, dat dit 'n gepriviligeerde geleentheid was, in plaas van, die geoorloofde oogmerk as enigste en voldoende verskoning te oorweeg, en dat verweerder derhalwe nie aanspraaklik was nie. Dat die Hof ten slotte by die vasstelling van die privilegie neerkom op geoorloofde oogmerk word nie raakgesien nie: „It was his duty and his right... to do what he did". Weer word die voorkeur gegee aan 'n omweg in plaas van die logiese en direkte toepassing van die R.-H.R. begrip van oogmerk. 2) Maasdorp op. cit. p. 110. li Romeins-Hollandse reg is daar net een vorm van oogmerk nl. doel om te krenk. Dit word seker bedoel dat beswarende omstandighede die skadevergoeding sal verhoog, d.w.s. volgens dit 'n injuria atrox of levis is. Die outoriteite beweer nooit dat aktuele oogmerk enkel die kenmerk van 'n injuria atrox is nie, maar alleen dat die objektiewe omstandighede bewys kan wees van animus injuriandi. Animus injuriandi self het egter geen trappe van vergelyking nie. Dit geskied alleen in die Suid-Afrikaanse en Engelse reg waar die beginsels van actual en implied malice onseker is en willekeurig toegepas word. Die volhouding aan die teorie dat animus injuriandi 'n bestanddeel van belediging is, kan nie meer geregverdig word nie. Om konsekwent te wees by die volledige invoering van die Engelse beginsel, moes die subjektiewe element van die dader, in die omskrywing van die delik ook totaal geïgnoreer word. En dit geskied dan ook in die beslissing in Pitout v. Rosenstein (1930) O.P.D. p. 115 waar dit verklaar word: „Our Courts have for many years currently (N.B.) taken, as a sufficiënt definition of defamation in the Roman-Dutch Law the well-known words which are adopted in Halsbury's Laws of England as a sole definition: ,A defamatory statement is a statement which, if published of and concerning a person, is calculated to expose him to hatred, contempt or ridicule' *) So ver het die verwaarlosing van die outoriteite en die invoering van die Engelse begrip gekom. En uit hierdie verwarring wat daar heers kan ons alleen konstruktief resumeer: 1. Die animus injuriandi in die Suid-Afrikaanse reg word verkeerd vereenselwig met die Engelse „legal malice". Alhoewel die belediger in die meeste gevalle aanspraaklik gehou word vir malice is daar nog belangrike verskille in beginsel tussen die Suid-Afrikaanse en Engelse begrippe. 2. Die Suid-Afrikaanse reg probeer in toto om die malice-begrip toe te pas en dit 'n belangrike faktor te maak alleen by gepriviligeerde gevalle. Die geldige bronne word hier verwaarloos. I) Cf. ook die ou saak van Watkins v. Ewing 3 E.D.C. (1883-4) p. 155, waar die Hof al verklaar het dat dit goed sou wees om die definiesie van Baron Parke: nl. „a publication without lawful justification or excuse calculated to injure the reputation ..aan te neem. In principe is daar dus geen verskil met die later ontwikkeling van die animus begrip nie. 3. Die animus begrip behoor feitlik nóg opset nóg malice te wees, maar volgens die outoriteite is dit oogmerk om te beledig. Hierdie oogmerk is die kern van die belediging en in elke geval waar dit ontbreek of nie bewys kan word nie, moet die belediger vrygestel word. Hierdie oogmerk is 'n selfstandige faktor wat as vrystelling dien, afgesien van die bestaan van een of ander privilegie. Die beslissings is in sover juis dat die animus steeds aangeneem word waar die woorde beledigend is. Egter moet dit die belediger steeds toegestaan word om sy werklike oogmerk te bewys. 4. Woorde wat beledigend is, moet nie altyd volgens die oordeel van die toehoorders geinterpreteer word nie. Die bedoeling van die belediger self, is 'n belangrike faktor. 3. Eerbegrip. I. Openboring. (Publication) Die Suid-Afrikaanse reg beskerm alleen gekrenkte goeie naam en tewens waar dit die geval is, kom die gekrenkte eergevoel ook in aanmerking. Vóór 'n aksie vir belediging kan ontstaan, moet die hof tevrede wees dat bewys gelewer is, van openbaring aan ten minste een andere persoon, behalwe die beledigde self. *) Dit was uitdruklik neergelê in Hall v. Zietsman 16 S.C. (1899) p. 213: „It is essential to such action (beledigingsaksie) that there should be some allegation of publication" (p. 215). So ook in Kearns v. Wheeler 3 S.A.R. p. 89, het die regter besluit: „Summons in this case is one for damages for injury to the reputation and a libel requires publication". Hierdie belangrike beginsel, sou dan die verwagting wek, dat dit eers bevestig sou word na oorweging van die outoriteite. Al twee sake egter is kort behandel, sonder inagneming van die outoriteite, 2) so dat ook die vermoeding hier is, dat die Engelse beginsel toegepas was. Die gevolg is dat 'n belediging sonder openbaring nie erken word nie, en die teksboekskrywers stel as vereiste, dat „publication will also have to be both alleged and proved".3) Soos in die Engelse reg soek die howe die kriterium van belediging in 1) Openbaring as noodsaaklikheid is 'n bekende vereiste en daar is 'n reeks beslissings in verband hiermee. Alreeds vroeg kon dit afgelei word uit die ou saak van de Lettre v. Kiener 3 M. p. 12; cf. Konigsberg v. Stanislaus and Another 21 S.C. p. 663; Lubbe v. Robinsky (1923) C.P.D. p. 110. Onverskillig is dit vir die hof wie die derde persoon(e) is. Dit kan byv. die vrou of man van die beledigde wees: vide Kuzzulo v. Kuzzulo (1908) T.S. p. 1030. 2) Hierdie beslissings het die vereiste van openbaring positief bevestig. In die vorige beledigingsaksies was daar openbaring, sodat die hof nie uitdruklik die noodsaaklikheid daarvan moes neerlê nie. Vide byv. Mackay v. Philip 1 M. p. 455; Moodie v. Fairbairn 3 M. p. 14; Bailey v. Abercrombie 3 M. p. 33. 3) Maasdorp op. cit. p. 141; Nathan op. cit. p. 130. openbaring en in Queen v. Shaw and Fennell 3 E.D.C. p. 323 het die Hof neergelê, dat waar 'n belediging in die publieke belange aeskied of eerlike kritiek is, dat die „publication is no libel" in plaas van, dat daar geen belediging is nie waar die oogmerk, bevordering van' die publieke belange of eerlike kritiek is. In Reddall v. Kraus 3 H.C.G. p. 95, waar die verweerder beweer het dat eiser skuldig was van strafbare oneerlikheid (nl. dat hy diamante aan hom toevertrou, gewissel het) het die Hof verk[aar> dat „the very gist of the action is that the defendant must publisn the false and malicious words" (p- 101) en dat „the real point in the case is; Was there a publication to — (een van die getuie aan wie openbaring beweer was)". Het die howe hierdie beginsel van openbaring beperk tot die privaatregtlike aksie en by die strafregtlike aksie (wat byna nooit ingestel word nie), die strafbaarheid in die gepleegde onreg vasgestel, dan was die beginsel in die praktyk nog tot 'n seker mate juis. Maar hier wyk die Suid-Afrikaanse reg, eienaardig genoeg, van die Engelse reg af. Weliswaar het die Hof in Miller v. The State, 6 O.R. (1899) p. 76, besluit dat openbaring in kriminele belediging nie 'n vereiste was nie en dat dit dan sou ooreenstem met die beginsels van die Romeins-Hollandse reg. Volkome juis is die dictum van Regter van Leeuwen, dat die kern van die delik die animus injuriandi, gerig op die krenking van eer en goeie naam, is. Weer het hierdie regte beslissing nie lang geldig gebly nie, want in Rex v. Mclver (1929) T.P.D. p. 574, *) trek die Hof 'n verskil tussen kriminele injuria en kriminele belediging. By laasgenoemde misdaad is openbaring noodsaaklik, en die Hof verwys vir hierdie sienswyse na Huber, van Leeuwen, Grotius2) en Moorman. Verder beweer die Hof dat „for criminal injuria, (publication) is not necessary because you attack the dignity of the individual himself and your conduct amounts to an insult of his dignity". Die Hof regverdig hierdie standpunt omdat „the two offences are different or have been treated as distinct in the Roman-Dutch Law '. Hierdie bewering is juis, maar aangesien die Hof die verskil tussen die twee delikte 1) vide ante p. 42(5). 2) vide ante p. 71. in die Romeins-Hollandse Reg nie behandel of verduidelik nie, meen ons om hier te herhaal, dat die waardigheidsdelik beperk was tot aanrandinge van die eerbaarheid van die beledigde.1) Waar die eer aangetas word dan is dit kriminele belediging. In die regspraak van die Suid-Afrikaanse howe, kom dit dan ook voor, dat in die enkele gevalle waar 'n ongeopenbaarde belediging gestraf word, dat dit feitlik die „injuria ad dignitatem" van die Romeins-Hollandse reg is. So byv. in Banks v. Ayres 9 N.L.R. p. 34, waar verweerder 'n brief aan 'n vrou geskryf het, waarin hy immorele voorstellinge maak. Die Hof het hier dus nie die eer, maar die eerbaarheid van die vrou beskerm. Beskerming van eer, sonder openbaring van die belediging, kom in geen enkel geval in die regspraak voor nie. 2) In Hayter v. Lanham 8 E.D.C. p. 178, het die Hof in verband met eeraanranding, verklaar, dat „a man's reputation is the estimate in which others hold him and not the opinion he has of himself. Without publication therefore Plaintiff's repute was not affected so as to give rise to a cause of action" en verder dat ,,no cause of action can arise if defamatory words are addressed to the Plaintiff alone". Wanneer de Villiers derhalwe beweer, dat daar „exists a difference between English and Roman-Dutch Law on the subject of publication of a libel and it has been suggested that in this country it is perhaps advisable that in order to secure uniformity with the English law publication should be regarded as necessary,3) ... there appears to be no good reason for any assimilation of this kind. Our law seems to be more logical, consistent and in accordance with common sense than the English", 4) dan is die feite, waarop hierdie edele pleidooi vir die Suid-Afrikaanse reg berus, nie duidelik nie. Want behalwe dat die wens van Morice om eenparigheid met 1) ante p. 60. 2) Wanneer Nathan op. cit. p. 130, steunend op Voet 47.10.7, skryf, dat openbaring onnodig is in die gevalle van „injuries which consist in the communication of contumelious matter only to the person injured" soos byv. „to solicit a woman to have carnal intercourse .. .(or) to make immoral overtures to a woman", dan is hier suiwer die waardigheidsdelik bedoel. Voet onderskei (47.10.7) hierdie injuriae van belediging en in die teksboeke behoor hulle ook nie 'n plaas onder belediging (defamation) in te neem nie, maar moet as aparte injuriae gerangskik word. 3) nl. Morice: English and Roman-Dutch Law: p. 325. 4) S.A.L.J. XXI: p. 183. die Engelse reg in te voer, in die omstandighede onnodig is, kan de Villiers ter stawing van sy argument, dat openbaring nie altyd noodsaaklik is nie, alleen verwys na Banks v. Ayres (supra) 1) en dan het hy geen geval van belediging geciteer nie, maar n selfstandige gelyksoortige delik, die waardigheidsdelik. Uit die werklike feite vloei daar egter belangrike gevolge. Terwyl belediging 'n onnodige mate van beskerming kry waar dit geopenbaar word, en trouens by elke belediging probeer die beledigde sy uiterste bes om dit te bewys, wat ook gelei het tot veel en inkonsekwente beslissing oor wanneer daar openbaring is en wanneer nie, bestaan daar 'n leemte in die reg, waar die belediging alleen tot die beledigde gerig is en waardeur hy alleen in sy eergevoel gekrenk is. Hierdie leemte het ontstaan, nie omdat die Romeins-Hollandse reg geen voorsiening vir sulke gevalle gemaak het nie, maar deur 'n verkeerde toepassing van die reg. Die sienswyse van die hof kan dus nie geregverdig word nie en dat daar gevalle voorkom waar 'n regsbelang getref word, sonder dat die hof dit wil beskerm, blyk uit die aangehaalde beslissing. „If the Plaintiff chooses to publish the slander himself to another, or repeat what has been said by the Defendant to him individually, the Defendant cannot be deemed liable for the consequences tesulting from the Plaintiffs own words".2) Sodat die belediger met die grootste mate van sekerheid iemand kan beledig, net so grof as hy wil, mits hy voorsigtig genoeg is om maatreels te neem, dat niemand anders, behalwe die persoon wat later verantwoordlik is vir die verdere verspreiding van die belediging, dit by die eerste openbaring hoor of lees nie. Hiermee word die kruipende lasterer volledig beskerm, 'n beginsel wat onregverdig en onbillik is, en die hof wil die werklike belediger nie aanspraaklik hou vir enige herhaling van die belediging nie, self 1) In sy boek, p. 132, tereg gerangskik as 'n „Injuria ad dignitatem pertinens". Hy citeer daar ook Bailey v. Abercrombie and Chiappini 3 M. p. 33, blykbaar as 'n „injuria ad dignitatem", waarby openbaring nie vereis word nie, maar hierin kan ons hom nie volg nie, want in hierdie saak was daar openbaring en die Hof was tevrede, dat sulks plaasgevind het. 2) supra p. 165: Reddall v. Kraus, p. 101. al was dit sy kenlik doel om dit rondom bekend te maak en rugbaarheid daaraan te gee. *) Tot welke tegniese fynheid die hof soms genoodsaak is om publikasie te konstateer, blyk meermale uit die regspraak, en die werklike kern, die animus injuriandi word heeltemaal in die agtergrond gelaat. Waar die dader dus 'n brief aan sy privaatklerk gee om getik te word en die brief is bedoel vir 'n gepriviligeerde geleentheid, dan is daar geen openbaring nie.2) Waar 'n beledigende brief, geadresseer aan die eiser, gepos word, is daar geen openbaring as dit deur 'n klerk van eiser gelees word nie, tensy die verweerder weet of kon geweet het, dat die brief deur die klerk gelees sou word: „Whether the document complained of was dealt with by the defendant in such a manner that he could reasonably anticipate that it would come into the hands of any person other than the subject of the alleged libel".3) Hierdie toets is egter meer aanneembaar dan die strengere een neergelê in Marais v. Smuts 3 O.R. (1896) p. 106, waar dit besluit was, as 'n beledigende brief eenmaal afgestuur word, dat die dader „is responsible for all consequences, even for those that are not intended by him" en „by posting it, the writer has sent his letter into the world and must be held responsible for the consequences" (op p. 173). 'n Andere belangrike vraag wat in die verband ter sprake kom, is die geleentheid wat verbygegaan het, maar wat nog nie verlore is nie, om 'n verandering in ons regssisteem in te voer met die beginsel van openbaring by belediging. Dit het geblyk dat 'n strafregtlike vervolging in die Romeins-Hollandse reg mettertyd alleen ingestel was in ernstige gevalle van belediging. Maar die reparasie van die privaatregtlike aksie het ook meer die sanksie gehad van 'n strafaksie. Die boete gelê op die eer van die dader, deur middel 1) Die beslissing in MacDonald v. Dormer 2 S.A.R. p. 270, waar die belediger aanspraaklik was vir 'n belediging oorsee gepubliseer, en toe in die Republiek geopenbaar, was omdat die belediging hier oorspronklik al geopenbaar was en die ronde gedoen het. 2) Celliers v. Fagan 24 S.C. p. 372; Hughes v. Price 26 S.C. p. 388; vir „confidential publication" vide ook Blackwell v. Holt 4 H.C.G. p. 393. 3) iMartin v. Kemlo 26 S.C. p. 459: Hier was die argument gevoer, dat as daar eenmaal openbaring is, dat die verweerder dan aanspraaklik is. Die regter vra „Must there not be some animus injuriandi"? Die antwoord is, dat openbaring, bewys daarvan is. van die amende honorabel, is soms 'n groter straf dan 'n geldboete, wat 'n ryke man byv. heel maklik kan betaal. Alhoewel die amende honorabel in die Suid-Afrikaanse reg nie uitdruklik afgeskaf is nie, is dit deur onbruik nie meer 'n bepaalde deel van die aksie nie. In Hare v. White 1 R. (1865) p. 247, het die Hof verklaar, dat die amende honorabel nie meer opgelê was nie, omdat die vonnis van die Hof telkens deur middel van gyseling uitgevoer moes word, en dat die Hof teen so 'n handelswyse ongunstig staan.*) Aldus is die privaatregtlike aksie alleen één vir skadevergoeding. 2) Hier het die reg eenvoudige belediging, d.w.s. in die gevalle waar die beledigde alleen in sy eergvoel getref is sonder dat daar noodsaaklik openbaring aan andere is, 'n plek kon toeken onder die strafreg, en die onreëlmatige strafaksie, waarvan nooit gebruik gemaak word nie, hiermee versterk en 'n bepaalde rol gegee. Die Engelse strafreg maak meer voorsiening vir die gevalle waar die beledigde alleen gekrenk is,3) maar die beginsel, dat die belediging alleen van 'n bepaalde ernstige vorm moet wees, is arbitrêr, en die Suid-Afrikaanse reg kon onder eenvoudige belediging al die gevalle van belediging insluit, wat nie onder die privaatregtlike aksie beskerm word nie, of waar die belediging van so 'n onbelangrike aard is, dat die beledigde nie geregtig is om 'n aksie vir skadevergoeding in te stel nie. Watter soort aksies onder die privaatregtlike aksie ingestel moet word, en watter onder die strafaksie, wens 1) Maar die amende honorabel kom nog voor in enkele latere gevalle, byv. in Attwell & Co. v. van der Ven (1875) Buch. p. 93; Hart v. Robinson 12 E.D.C. p. 24, en in van Reenen v. Mollett 2 S.A.R. p. 5. In Swarts v. Lion Bottle Store and Another (1927) T.P.D. p. 316, het die Hof die vraag of die amende honorabel afgeskaf was, nie besluit nie: alleen dat daar geen presedent vir 'n versoek daarvoor, deur middel van 'n mosie en nie deur 'n aksie, was nie. Dit is twyfelagtig of hier 'n amende honorabel versoek was, aangesien die beledigde alleen die verspreiding en openbaring van 'n beledigende kennisgewing deur middel van 'n bevel van die Hof, wou verbied het. 2) „In a civil action the Court is not called on to punish the Defendant but to award such damages as would give full recognition to the gravity of the case": Wilson v. Halle & others (1903) T.H. p. 199. 3) Juis op hierdie punt het die Suid-Afrikaanse reg van die Engelse reg afgewyk en op die grond, dat dit anders in stryd met die bronne sou wees. In die enigste geval dus, waar die Engelse reg nog 'n gelykheid met die Romeins-Hollandse reg vertoon, is dit die oortuiging van die regters dat dit anders moet wees. ons nie om hier oor te dogmatiseer nie. Wenslik lyk dit egter, dat onder die vorige aksie beskerming meer toepaslik is, waar die beroeps- en kredieteer benadeel word, aangesien die moontlikheid 1) van materiele skade hier meer blykbaar is, en dan die andere gevalle van belediging onder die strafreg te beskernu. As die Suid-Afrikaanse reg só ver gaan, om beginsels van die Romeins-Hollandse reg wat dit as verouderd beskou, af te skaf, dan moet daar geen beswaar wees nie om die plooibare en redelike beginsels van die beledigingsaksie, meer 'n juiste plek in die strafreg te laat inneem nie, soos dit die geval is in die moderne vastelandse regswetenskap.2) Hierby sou die reg nie ontrou word aan die Romeins-Hollandse belediging nie, aangesien die aksie daar 'n privaatregtlike een met 'n strafregtlike sanksie was, en die hof self beswaar maak dat die ou strafregtlike sanksie nie meer wenslik is om prakties uit te voer nie. As gevolg was dit dan die plig van die howe om ongeopenbaarde belediginge, as beskerming onder die privaatreg nie verleen word nie, dan uitdruklik te erken onder die strafreg. Nog meer noodsaaklik is beskerming vir gekrenkte eergevoel alleen, nodig, wanneer dit in aanmerking geneem word, dat die reg anders by die skadevergoeding in 'n geopenbaarde belediging, vergoeding ook baseer op die gekrenkte gevoelens en die contumelia gerig teen die persoonlikheid van die beledigde: „The measure of damages is the injury to Plaintiff's feelings and the loss that may be naturally inferred from such publication", het die Hof verklaar in Hart v. Robinson 12 E.D.C. p■ 24. Weer in Salzmann v. Holmes (1914) A.D. p. 483: „But the slander was of the grossest possible nature and the malice and illfeeling undoubted. Under these circumstances, the Court should have awarded a substantial sum by way of compensation for the contumelia inflicted and by way of penalty upon the Defendant for his aggravated and maficious defamation".3) In Sutter v. Brown 1) Sonder dat daar werklike skade bewys of bevorder word. 2) vide verder p. 172. 3) vide vir die beginsels waarop skadevergoeding in 'n belediging berus: Wilson v. Halle and Others (1903) T.H. p. 178; Kimpton v. Rhodesian Newspapers Ltd. (1924) A.D. p. 758; Dibakwane v. Magwani (1926) T.P.D. p. 444. • (1926) A.D. p. 171: „By our law compensation is awarded in defamation cases for the contumelia and for any patrimonial damage duly proved".*) Sodat dit uit die regspraak volkome blyk, dat gekrenkte gevoelens ook oorweeg moet word. Maar die hof is inkonsekwent om 'n krenking van eergevoel alleen by 'n geopenbaarde belediging te beskerm, en hierdie inkonsekwensie kan nie op enige redelike manier verklaar word nie. Alhoewel die reg gekrenkte eergevoel beskerm en die contumelia straf, sou die kern volgens die hof in die openbaring lê, en by krenking van eergevoel alleen, ontbreek die kern, sodat gekrenkte eergevoel dus 'n faktor is wat steeds afhanklik is van die teenswoordigheid van een of ander „reasonable man". As die toehoorder 'n normaal mens is dan kan daar ook krenking van eergevoel van die beledigde wees. Maar sodra as die toehoorder nie aanwesig is nie, of aan doofheid of onkunde van die gebesigde taal lei, 2) dan kan daar nie meer sprake wees van gekrenkte eergevoel nie en die beledigde is sonder 'n middel van beskerming. Want die twee begrippe van eergevoel en eer is volgqfis hierdie beginsel afhanklik van elkaar. Daar mag nie 'n krenking van eergevoel wees, tensy die goeie naam ook nie daarby skade lei nie, en die beginsel is altyd, „(vergoeding) in respect of his wounded feelings and in respect of the estimation in which he is known to the public".3) Openmaring, as kern, is dus weer 'n invoering uit die Engelse reg, en weer word teenstrydige en onversoenlike beginsels met elkaar gepaar, sonder dat die onwetenskaplike toestand as 'n gevolg geskep, die bewuste aandag van die regters trek. 1ï cf. hiermee Spendifi v. East London Daily Dispatch Ltd. (1929) E.D.L. p. 129: „Solatium is a very good ground for awarding damages for injury done to feelings"; Gray v. Poutsma and others (1914) T.P.D. p. 219: „It is really the contumelia or insult which has to be assessed"', en op. p. 211: „Damages may be awarded as a solace to the wounded feeling of the injured party apart from any loss which may have been caused by the libel to his reputation or his business or profession". 2) Sutter v. Brown ante p. 153. 3) Gray v. Poutsma and others (supra noot (1)): vide Hayter v. Lanham (supra p. 166). Resumpsie. Terwyl die Suid-Afrikaanse reg in principe die goeie naam sowel as die eergevoel beskerm, word vergoeding prakties alleen toegeken vir die benadeelde goeie naam; tewens daarby kom ook in aanmerking gekrenkte eergevoel. Daar bestaan geen regsmiddel vir gekrenkte eergevoel alleen nie, tensy dit 'n aanranding van die eerbaarheid is. Waar daar geen openbaring plaasgevind het nie, beskou en beskerm die hof nie die indiwidu as gevoelsmens met 'n innerlike waardegevoel nie. Hierdie leemte in die reg is in stryd met die bronne en kan herstel word: 1. Deur erkenning en praktiese invoering van die „amende honorabel" as twede vorm van sanksie in die privaatregtlike aksie. Tewens daarby kan 'n geldboete, volgens die omstandighede van die saak, ook opgelê word by 'n ongeopenbaarde belediging. *) 2. Meer wenslik en meer in ooreenstemming met die moderne strafregwetenskap sou dit wees, om gevoelskrenkinge alleen, onder die strafreg te vervolg as eenvoudige belediging. Alhoewel die andere regssisteme nie alleen ongeopenbaarde gevalle onder eenvoudige belediging beskerm nie, vorm sulke gevalle ten minste 'n belangrike deel daarvan. Ons wil hier 'n paar voorbedde gee: I. In die Nederlandse Strafwetboek (Art. 266) is „Eenvoudige Beleediging" 'n aparte species van belediging. Terwyl smaad, smaadskrif of laster (Art. 261 en 262), die element van publisiteit vereis, 2) kan daar onder eenvoudige belediging gestraf word die krenking van eergevoel alleen, nl. waar dit geskied, óf in teenswoordigheid van die beledigde,3) óf deur middel van 'n toegestuurde of aangebode brief. II. Die Duitse strafreg erken ook „Einfache Beleidigung" (Str. G.B. Art. 185) waaronder beledïginge aan die beledigde self gerig en waar die bedoeling is om hom persoonlik in sy eergevoel te 1) Soos gemeld in Voet 47.10.20 in med. 2) nl. „met die kenlijk doel om daaraan ruchtbaarheid te geven". 3) Belediging kan ook deur feitelikhede geskied d.w.s. 'n injuria realis. In so 'n geval moet 'n slag, byv., animo injuriandi en nie animo laedendi geskied nie. In die laasgenoemde geval is dit nie belediging nie maar 'n ander misdaad. krenk, gestraf word. Van eenvoudige belediging word onderskei, „Verléumdung" (laster) en üble Nachrede (bose naprating) wat altwee as Rufgefahrdunge (benadeling van roep of reputasie), gerangskik word. III. Die Franse reg het ook 'n onderskeiding tussen krenking van naam en krenking van die eer van die beledigde alleen, deurgevoer, en eenvoudige belediging word gestraf onder Art. 471 No. 11 van die Code Pénal, „Sur la contravention d'injure non publique" (die Presse Loi van 29 Juli 1881, Art. 33 verwys uitdruklik hierna vir ongeopenbaarde belediginge). Artiekel 471 No. 11 is n Poliesiedelik (Contraventions de Police) en die straf is nie hoog nie, maar in elk geval, word voorsiening gemaak vir belediging wat nie in die openbaar geskied nie. II. Goeie Naam. Belediging word alleen uit die objektiewe standpunt beskou en die onregmatigheid van die daad word vasgestel in die openbaring aan andere persone, behalwe die beledigde self. Die hof moet ook tevrede wees, dat die woorde betrekking het tot die beledigde persoonlik. 1) Na hierdie vereiste bevredigend bevestig is, dan moet dit besluit word of die woord beledigend is, en is dit die geval, dan moet daar 'n privilegie bestaan om die wederregtlikheid op te hef.2) By die eerkrenking het die Suid-Afrikaanse regspraak twee beginsels van die Romeins-Hollandse reg gehandhaaf: 1. Bewys van werklike materiele skade aan die aangetaste goeie naam, word nie gevorder nie. As die woorde as beledigend aangeneem word, dan is dit voldoende. 3) Selfs waar die beledigde 'n handeldrywende genootskap is, geld die beginsel dat geen materiele skade bewys moet word nie, as die woorde in staat is om die handels en kredietbekwaamheid te benadeel.4) 2. Volgens die regspraak moet die beledigde om die nadeel aan sy goeie naam aan te toon, by die verhoor bewys lewer, dat die toe- 1) Tereg het die Hof besluit in Jorissen v. The State 3 O.R. p. 153, dat om aan die eiser te sê, dat sy seun in verstandhouding met rebelle verkeer, nie betrekking tot hom persoonlik het nie. Hier was dit 'n belediging van die seun. 2) In Skinner v. Shapiro (1924) W.L.D. p. 162, het die Regter met 'n ernstige vermaning begin: „It is also well to remember that the principles of our law of defamation are derived from the Roman-Dutch Law and that the Courts have to apply our law. It is in my opinion a great convenience to adhere to the simple and elastic principles of our law". Na hierdie eerbiedige huldiging behandel hy vyf vrae in verband met belediging, almal gebaseer op die Engelse privilegies ens., maar die vereiste van oogmerk word nie aangeraak nie. 3) Botha v. Pretoria Printing Works (1906) T.S. p. 713; Salzmann v. Holmes (1914) A.D. p. 482. 4) Fichardt v. Friend Newspapers Ltd. (1916) A.D. p. 1: vide, egter infra p. 186. hoorders die woorde as beledigend verstaan het.1) In die werklikheid egter word hierdie reel meer in akkoord met die RomeinsHollandse reg toegepas, want by die konstruksie van wat beledigend is, het die hof as standaard geneem, die normaal ontwikkeld mens. 2) Hierdie beginsel is billik en neem in ag die sedebegrippe, mate van beskawing en biesonder interne omstandighede van die land.3) „The true meaning of the language used is the test of liability, not the sense in which it may happen to have been interpreted by a particular nidividual", het die Hof bevestig in Sutter v. Brown (1926) A.D. p. 163. Alhoewel dit vereis word, dat daar openbaring moet wees en dat die toehoorders die woorde begryp het, is die vraag of die woorde beledigend is, feitlik deur die hof besluit: „The mere fact that the hearers understood it in a defamatory sense does not make it defamatory unless they were reasonably justified in so understanding it".4) Ten eerste neem die hof die gewone betekenis van die woorde in ag,B) maar die verband, die omstandighede, en manier van uiting, word ook oorweeg.6) Tereg het die Hof ook besluit, in beginsel, dat die bewering van die belediger alleen, dat hy geen oogmerk om te beledig gehad het nie, onvoldoende is, tensy die bykomende omstandighede hom in sy bewering ondersteun: „Should the surrounding circumstances show that the writer never intended to injure the Plaintiff (dit behoort al voldoende in sigself te wees) 1) Dit is nie noodsaaklik om so 'n bewering in sy deklarasie te maak nie: vide Parshotam v. Lallu (1917) C.P.D. p. 290; vide ook Gramonsky v. Moller (1927) S.W.A. p. 71, en Holdt v. Meisel (1927) S.W.A. p. 45. 2) vide ante p. 152; In een saak het die Hof besluit, dat die woorde „Jy het my dogter betower" nie as beledigend aangeneem kan word nie, omdat geen verstandige mens in so iets sou glo nie en dat die eiser derhalwe geen nadeel kon lei nie: In re du Plooy 10 S.C. p. 7. 3) Dus is dit altyd beledigend om 'n blanke met 'n naturel te vergelyk, vide Louw v. Kielblok (1911) C.P.D. p. 209; de Villiers v. Veis (1921) O.P.D. p. 55. 4) Rudd v. de Vos 9 S.C. p. 493. 5) vide ook Nasionale Pers Bepkt. v. Long (1930) A.D. p. 87. 6) 'n Innuendo moet bygevoeg word om die betekenis van die woorde te verklaar; vir die konstruksie van woorde, vide Middellandse Nationale Pers v. Stahl (1917) A.D. p. 630; Leslie v. African Life Assurance Society Ltd. (1927) W.L.D. p. 248. that he was in no way reckless and could not have known that what he wrote might per infortuniam apply to the Plaintiff, then according to our law he has a good defence".*) Onverskillig is ook die bewustheid tussen reg en onreg en die algemene beginsel is, dat die verweerder verantwoordlik moet wees vir die gevolge van sy ongeoorloofde handeling.2) Die eerbegrip is wyd geïnterpreteer en hiermee is daar ook ooreenstemming met die Romeins-Hollandse reg.3) Die howe beskou as voldoende, die vermindering van die algemene goeie agting wat die beledigde geniet, en daar is net soveel eersoorte as wat daar verskillende maatskaplike hoedanighede van die beledigde is. Die eersoorte, egter, wat benadeel word, is afhanklik ten eerste, van die algemene standaard neergelê, vir wat beledigend is. Terwyl in die ou sake dit as voldoende aangeneem was, dat belediging 'n injuria is in verband met die krenking van goeie naam, faam en krediet van die beledigde, 4) het die howe later die standaard, vir wat beledigend is, nouer bepaal nl. woorde, „calculated to expose the Plaintiff to contempt, hatred or ridicule".5) Voldoende, wat die beginsels betref, toegepas by die objektief begrip belediging, is die uitspraak in Gladwyn v. Sunde 8 G.W.R. p. 143: „Any one who either utters, writes or in any way publishes language calculated to injure another in his fair fame and reputation, or to bring him into hatred, contempt or ridicule, is liable to an action for any damages which the subject of the defamation may have thereby sustained".e) In hierdie wye verklaring van belediging word dus aangetoon dat die eerbeskerming nie uitsluitend in verband staan met die sedelike waarde van die mens nie, maar immers enige handeling insluit waardeur die gekrenkte in die algemene goeie agting van die maat- 1) Nasionale Pers Bepkt. v. Long (1930) A.D. p. 99. 2) Jooste v. Claassens (1916) T.P.D. p. 732, en Dippenaar v. Haumann 3 Roscoe p. 47 en 49. 3) vide ante p. 65 v. 4) Horstock v. Boniface 1 M. p. 467. 5) Mann v. Booker 19 S.C. p. 419: Tereg het die Hof neergelê, dat as die woorde nie van so 'n aard is nie, dat daar geen belediging, volgens die reg, gepleeg is nie. Ek beperk my nie tot 'n juiste tydstip van historiese ontwikkeling nie. 6) Die laaste deel is sleg uitgedruk as veronderstellend, dat werklike nadeel, bewys moet word. skappy, ongunstig benadeel word. Hierdie wye eerbegrip word dan ook bevestig in die beslissing in Pitout v. Rosenstein (1930) O.P D. p. 117: „Reputation ... is not confined to reputation for moral character or moral conduct, but includes a man's reputation for all those qualities lacking which he will fall lower in the opinion of his fellowmen. The matter is put into a nutshell*) in Halsbury's Laws of England: 'A statement is defamatory as being calculated to expose a person to hatred, contempt or ridicule, if it tends to lower him in the opinion of men whose Standard of opinion the Court can properly recognise, or to induce them to entertain an ill opinion of him' ". Hier het die Hof weer die voorkeur, aan die Engelse verklaring van die eerbegrip, gegee. In beginsel vertoon die eerbegrip van die Engelse reg veel gelykheid met die Romeins-Hollandse reg, alleen dat die laasgenoemde regssisteem, by 'n vermoëns of 'n kredietbenadeling, 'n krenking gerig teen die persoon self, as vereiste stel. En hierdie wilsrigting, via krediet of vermoë na die beledigde persoonlik, word in die regspraak nie verduidelik nie. Die Hof het dan ook, ten onreg besluit in Wessels v. Bosman (1918) T.P.D. p. 431, dat „there can be no doubt that an action will lie for defamation of property just as well as for defamation of an individual".2) Hiermee het die Hof 'n nieuwe eerbegrip geskep om benadelinge van vermoë in te sluit, in plaas van die juiste beginsel, dat 'n vermoënsbenadeling 'n belediging is, wanneer die dader deur middel hiervan, sy wil gerig het op die krenking van die eiënaar persoonlik. 3) Die feite in die bogenoemde saak was, dat verweerder beweer het, dat die eiser se skape besmet was met brandsiekte, en die Hof was van mening, dat die woorde „are per se plainly calculated to injure" (p. 430) sonder om 1) 'n „Nutshell" begrip van eer is geen wetenskaplike uiteensetting van die begrip nie. By hierdie alomvattende nutshell begrip moet nog gevoeg word die gevalle van kredietbenadelinge en beroepsbenadelinge wat nie noodsaaklik „hatred, contempt, or ridicule" veroorsaak nie. 2) Voorheen alreeds het die Hof in Cape Times Ltd. v. S.A. Newspaper Co., Ltd. 23 S.C. p. 47 besluit, dat die actio injuriarum die krenking gerig teen die eer, persoon of eiendom insluit: vide de Villiers op. cit. Supplement: p. 1 (p. 21). 3) vide vir die beginsel in die R.-H. reg, p. 67(2), en vir die Romeinse Reg, p. 26. 12 bevredigend te beantwoord wat, per se, geïnjurieer word. Vir sulke gevalle kom dit ons wenslik voor, dat 'n suiwer benadeling van vermoë onder die lex Aquilia beskerm word. Ook in Reek v. Flavell 2 S.A.R. p. 221 waar die beledigende woorde gerig was teen 'n seker danssaal, die Alhambra Hall, dat dit nie 'n ordentlike plek was nie, het die Hof dit as 'n belediging van die eiënaar aangeneem. maar op welke beginsel, blyk nie duidelik uit die saak nie. Siende dat die kritiek gerig was teen die plek self, is die bewering van die Hof, „remarks damaging to the character of the Plaintiff" onjuis, en as dit die geval is dan het 'n aksie vir belediging geen grense meer nie. Die standaard neergelê vir beledigende woorde, nl. van so 'n aard, dat dit die beledigde gehaat, veragtelik of belaglik maak, is uit die Engelse reg oorgeneem en tot dusver, het hierdie begrippe nog nie 'n duidelike verklaring van hulle juiste betekenis gekry nie. Die Hof het byv. onder eerkrenkinge ingesluit „an imputation . . . of poverty, of leprosy of insanity of bastardy or of anything else which according to the Standard prevailing in this country, is calculated to bring a person into contempt even though it may not reflect on his moral character".*) In sulke gevalle, veral by 'n beskuldiging van armoede, het die Hof die belediging onder die „calculated to bring.. . into contempt" gedeelte gebring, maar of dit werklik die geval is, is twyfelagtig. Die Romeins-Hollandse reg het in sulke gevalle nie die krenking van goeie naam gestraf nie, maar die krenking van eergevoel. 2) 1) Pitout v. Rosenstein (supra); Ten onjuiste het die Hof na die vasstelling van hierdie objektiewe toets, en blykbaar om die beginsel van Fichardt v. Friend Newspapers Ltd. (Supra p. 156) te handhaaf, verder verklaar, dat „a statement which does not so reflect (d.w.s. op sy karakter of naam) is not defamatory, even though it may bring that person into contempt or hatred, by reason of circumstances wholly unconnected with his character or reputation, or by 'reason of special circumstances prevailing at the time or in the locality where it was published'". (p. 118) Waarom het die Hof dan in hierdie beslissing en in 'n vorige een (O.P.D. (1921) de Villiers v. Veis: p. 55) besluit, dat dit beledigend is om iemand met 'n Kaffer, in sy manier van lewe en doen, te vergelyk, omdat onder die bestaande omstandighede „it denotes a low and degraded Standard of comparison": (Ek kwoteer uit laasgenoemde beslissing.) 2) vide ante p. 62. Die juiste rol wat die begrippe haat, veragting en spot by belediging speel en of al die gevolge noodsaaklik moet ontstaan, het ook nog nie die aandag van die howe geniet nie. Die bespotlik making van die beledigde, is blykbaar in sigself nie altyd voldoende nie, want in Kimpson v. Rhodesian Newspapers Ltd. (1924) A.D. p. 755, was dit besluit dat, „no doubt appellant was held up to some ridicule ... but in order to be defamatory ridicule must have an element of contumelia. The mere raising of a laugh is not sufficiënt".1) Die dikwels herhaling van hierdie drie begrippe2) in 'n beledigingsaksie is nutteloos, aangesien die standaard van wat beledigend is, al vasgestel is in die feit dat woorde beledigend is, wanneer hulle die gunstige oordeel van die normaal mens, ongunstig benadeel. In verband met hierdie beginsel moet die Hof dan alleen oorweeg die eersoort wat aangetas is,3) en die vorm wat die benadeling aanneem nl. óf 'n krenking van eergevoel, óf vermyding deur die maatskappy in die sosiale of beroepslewe, óf moontlike benadelinge aan die kredietwaarde, van die beledigde. Tot dusver ontbreek daar 'n groepeering van die eersoorte in die Suid-Afrikaanse reg, maar uit die regspraak oor wat beledigend is, kan die beskermde eersoorte, almal in verband met die verskillende maatskaplike hoedanighede van die indiwidu, onder die volgende groepe gerangskik word: A. Die sedelike waarde van die indiwidu vir die maatskappy, wat verder verdeel kan word, volgens die pligte wat die indiwidu moet vervul in 1. Sedepligte, 2. Regspligte. Hierdie eersoort kan aangedui word as die sosiale eer- B. Die beroepseer van die indiwidu, in verband met sy pos, amt of beroepshoedanigheid. 1) Anders, die ou saak van Lewison v. Philips 3 M. p. 37. 2) byv. Yates v. McCrae (1929) T.P.D. p. 480: die vraag of woorde beledigend is „depends on whether in the minds of people of ordinary sense, it tends to bring the plaintiff into hatred, contempt or ridicule or injure his character". 3) In die teksboeke word beledigende woorde gewoonlik apart behandel, as of dit 'n onafhanklike bestandeel van belediging is, en nie uitsluitend in verband met eerkrenkinge staan nie: vide byv. die behandeling van „Defamatory words" in Maasdorp op. cit. p. 114v. en Nathan op. cit. p. 114v. C. Die kredieteer van die indiwidu, waaronder krediet of vermoënsbenadelinge, beskerm word. Hierdie groepeering is gebaseer op die objektiewe eersoorte wat beskerm word. Die verdeling probeer anders nie om die eersoorte onafhanklik van mekaar te skei nie, want 'n krenking van die sedelike eer kan tewens die beroep benadeel, x) terwyl 'n krenking van die beroepseer, weer die vertroue in kredietwaarde kan ondermyn. A. Sosiale Eer. I. Sedelike Pligte. Enige telaslegging van 'n ondeugd, of enige ontkenning van die sedelike waarde van 'n persoon, wat nom bestempel as 'n ongeskikte sosiale wese, en dus tot uitsluiting van die maatskaplike samelewing kan lei, is beledigend. Die beledigende beweringe is nie beperk tot immorele gedrag nie,2) maar sluit alles in wat, volgens die oordeel van die maatskappy, veragtelik is. In die regspraak kom daar, derhalwe, beskuldiginge voor van lafhartigheid, oneerlikheid, onvertroubaarheid en verraderlike gedrag. 3) Die reg vorder nie, dat die ondeugd, 'n strafbare misdaad moet wees nie; voldoende is dit as dit tot die gevolg kan lei, dat die beledigde uitgesluit sal word van die geselskap van sy medemense. Die hof moet besluit of 'n dergelike gevolg kan voortvloei, volgens die steeds wisselende sedebegrippe, oordeel en ontwikkeling van die maatskappy en volgens die aard en omstandighede van die saak. Ons neem één geval om hierdie beginsel te verduidelik, wat tewens die doelloosheid van die herhaling van objektief beledigende woorde 1 > In Bok v. Erasmus and Toerien 2 S.A.R. het die Hof aangeneem, dat die belediging geopenbaar was „with a view to injure him (beledigde) in his good name, honour and character and to insult and damage him in his office as Government Secretary". 2) As voorbeelde uit die regspraak; immoreele gedrag van 'n vrou, byv., om te beweer, dat sy 'n hoer is, Edwards v. Stewart (1917) T.P.D. p. 159; of dat sy onkuis is, Jacobs v. MacDonald (1909) T.S. p. 442; om van 'n man te sê, dat hy oorspel gepleeg het, Bloem v. Zietsman 14 S.C. p. 361; of dat hy 'n koppelaar is, Sahd v. Sahd (1914) C.P.D. p. 612. 3) vir hierdie gevalle vide Nathan op. cit. p. 114. bewys. Tydens die Suid-Afrikaanse Republiek het die Hof besluit, dat dit per se beledigend was om van die Staatssecretaris te sê, dat hy 'n ateïst was, en dat hy sy kinders van die doop onthou het.1) Volgens die omstandighede was hierdie beslissing ook juis, want destyds moes elke amtenaar lid van die Protestanse Geloof wees. Die Hof oorweeg dus „the existing and dominant social and religious circumstances and conditions". Kom so 'n geval weer voor, dan moet die hof dieselfde omstandighede oorweeg om te besluit of dit weer aangeneem sal wees as 'n belediging, of 'n belediging per se. Maar die vorige beslissing kan nie as verpligtend aangeneem word nie. II. Regspligte. Onder hierdie groep val meer bepaald, beskuldiginge van een of ander ondeugd, wat, as sulks waar was, 'n oortreding van die reg sou wees. Hierdie groep is wyd en sluit in al die belediginge, wat volgens die strafreg, 'n strafbare misdaad is. Ook hier vorder die reg nie, dat 'n bepaalde misdaad telasgelê moet word nie, so lang as dit uit die woorde aangeneem kan word, dat die beledigde skuldig is aan strafbare gedrag 2); nóg word dit gevorder dat die misdaad omskryf moet word.3) Ook is dit geen vereiste, dat die telasgelêde misdaad volgens die vereistes van die strafreg, werklik 'n strafbare misdaad in die omstandighede is nie. Die Hof het dus aangeneem dat dit beledigend is om van iemand te sê, dat hy land gesteel het,4) alhoewel so 'n misdaad, volgens die voorskrifte van die strafreg, onmoontlik is, tensy die bewering 'n ander vorm neem nl., bedrog in verband met die akte van transport. 1) Bok v. Erasmus en Toerien 2 S.A.R. p. 164. 2) vide byv. Prosser v. Geary (1878) Buch. p. 163; Erasmus v. Pieterse 2 S.A.R. p. 225, „words used in an insulting sense as saying generally a man is a thief, are actionable per se". 3) In Steenberg v. Cooper 21 S.C. p. 493, het die Hof verklaar; „Our law does not agree with the English Law... that there must be proof that a crime was alleged". 4) Erasmus v. Pieterse (supra N. (2)) en N. (3); vir die Engelse reg in verband met stander vide p. 104. Alhoewel die sedelike eer uitsluitend in verband staan met die natuurlike, lewende persoon, het die Hof ook 'n belediging van 'n oorledene persoon bevestig, waar die dader die nagelatene persoonlik wou tref. In Spendiff v. East London Daily Dispatch Ltd. (1929) E.D.L. p. 113, het die Hof besluit, dat die vrou en kinders „have a right of action only if the nature of the aspersion be such that they themselves are airectly affected in status or patrimonial interest. Mere hurt to their feelings of regard for the deceased man does not entitle them to such action". Juis was die besluit, dat die dader deur die besiging van die woord „dependants" die nagelatene wou krenk. Onjuis, egter, is die besluit, dat alleen hulle status of patrimonieele belang beskerm word, aangesien Voet (47.10.5) so 'n belediging ook beskou as 'n krenking van die eergevoel en waardeering van die erfgename vir die oorledene persoonlik. B. Beroepseer. Die beroepseer staan in verband met die betrekking, pos, amt of ander hoedanigheid wat die persoon in die maatskappy vervul. Hierdie eer word volledig beskerm en sulke gevalle van belediginge kom dikwels in die regspraak voor. Ten eerste val onder hierdie groep die beskerming van eer wat nie in direkte verband met die beroep staan nie, maar met 'n andere hoedanigheid wat die persoon in die maatskaplike lewe vervul, en buite sy beroep self. Dit geskied byv. wanneer 'n lid van Parlement, x) in sy hoedanigheid as sulks, beledig word. Sulke gevalle kom ook voor waar 'n burgemeester of 'n stadsraadlid in hulle offisieele hoedanigheid beledig is,2) en die belediging gerig is teen hulle persoonlik as sulks, en nie in hulle private hoedanigheid nie. Onder hierdie groep val dus die sosiale hoedanighede wat die indiwidu beklee, hetsy van 'n publieke of 'n semi-publieke aard. Die vorm van krenkinge bevat nie alleen ongeoorloofde gedrag in verband met pligsvervul- 1) Walter v. Powrie, Foord p. 191; of 'n aspirant kandidaat vir Parlement, Ward Jackson v. Cape Times (1910) T.H. p. 257. 2) vide byv. Hofmeyr v. Stigant 6 Buch. p. 95; Maberley v. Cunningham (1910) C.P.D. p. 141. linge nie, maar beskuldiginge van onbekwaamheid, ongeskiktheid of^n andere feit wat die beledigde as ongewenste persoon vir sy pligte bestempel. In al hierdie gevalle, aangesien die publieke en sosiale belange wat daarby betrokke is, laat die hof 'n ruime mate van geoorloofde kritiek toe, voordat 'n belediging gekonstateer word. Ten twede word beskerm die eer,*) wat vir die draër daarvan, 'n middel van bestaan besorg, en die reg straf enige ongunstige benadeling van die publieke agting in verband met die pos, amt, betrekking of beroep van die beledigde. Tereg blyk dit uit die regspraak, dat ook in hierdie gevalle, alhoewel die belediging gerig is teen die beroepsbekwaamheid, die contumelia gerig teen die beledigde persoonlik ook 'n belangrike faktor is. Die reg beskerm nie alleen die moontlike materiele skade aan die beroep nie, maar vorder, dat die belediging gerig moet wees teen die beledigde persoonlik 'in verband met die beroep wat hy uitoefen. By die toekenning van skadevergoeding kom die gekrenkte eergevoel ook dus in aanmerking. In Carelse v. van der Schyff (1928) C.P.D. p. 94, het die Hof neergelê, dat „words that might damage his trade are not sufficiënt unless the words cast contempt upon his character as a trader", en in dieselfde saak vereis die Hof, dat contumelia in een of ander vorm aanwesig moet wees. Tereg was dit ook besluit in Goodall v. Hoogendoorn (1926) A.D., dat waar 'n belediging gerig was teen 'n persoon in sy hoedanigheid as bestuurder en aandeelhouer van 'n maatskappy, dat dit nie 'n belediging van die eiser persoonlik was nie: „The Plaintiff must allege that the words complained of apply to him personally" (p. 15), en verder dat die injuria, „is alleged to have been done merely to the company, and if so the company can sue . (p. 16) 2) 1) Geskonde regsbelang: „An action for defamation vvill lie in respect of a libel calculated to injure a man's reputation in the way of his business , Yates v. McCrae (1929) T.P.D. p. 485; Die beroepseer is dus 'n species van die genus goeie naam. In hierdie saak was eiser 'n vrugte-kweker en die belediging het neergekom op die feit, dat hy onbekwaam vir sy beroep was 2) cf. hiermee Urquhart v. Barlow (1904) O.R.C. p. 4, waar die Hof besluit het: „It is evident from the articles in question that there was no attack aimed at him, (d.w.s. teen verweerder persoonlik, 'n dokter, maar dat Dat die Hof tewens by die benadeling van die beroepseer, die gekrenkte eergevoel in aanmerking neem, word duidelik verklaar in Gray v. Poutsma and Others (1914) T.P.D. p. 211: „There is no doubt that damages may be awarded as a solace to the wounded feelings of the injured party, apart from any loss which may have been caused by the libel to his reputation or his business or profession".1) Behalwe die cpntumelia gerig teen die beledigde self, neem die hof in oorweging, die moontlike nadeel wat aan die beroep en die uitoefening daarvan, gebonde is. In die algemeen is dit hierdie beginsel, wat die belangrikste is in 'n beroepsbelediging en by die toekenning van skadevergoeding. Waar die woorde byv. gerig is teen 'n prokureur, en dit word as beledigend gekonstateer, dan neem die Hof aan, dat die „words are actionable as calculated to injure the plaintiff professionally".") Ook in Johnson v. Rand Daily Mails (1928) A.D. p. 203, word die beginsel van skadevergoeding vir die moontlike nadeel aan die beroep, neergelê: „The words refer to the Plaintiff in the way of his calling and are calculated to cause him damage in his trade". Die verskillende beroepsere is afhanklik van die verskillende beroepe wat 'n indiwidu kan uitoefen, en wat deur die reg erken word. In die regspraak is daar dan ook talryke voorbeelde van krenkinge van verskillende beroepsere. Beskuldiging van oneerlike en onsede- 'n beskuldiging van nalatigheid in verband met die uitroeiing van kinderpokkies, gerig was teen die verantwoordelike outoriteite) apparently the attack was aimed at a system ... It is unfortunate that he was entangled in the department where there was such negligence, charges in connection with which reflected on him". (p. 7). 1) cf. Wilson v. Halle & Others (1903) T.H. p. 178. 2) Chabaud v. Knight 2 Roscoe p. 7; Becker v. Vosloo (1908) E.D.C. p. 333; 'n Goeie voorbeeld van 'n beroepsbenadeling lewer die onlangs besluitte saak van Joseph v. Black and Others (1930) W.L.D. p. 339, waar die Hof, 'n belediging gerig op die beroep van 'n prokureur, dat sulks van 'n berugte en oneerlike gehalte was, en wat herhaaldelik in 'n tydskrif gepubliseer was, as 'n biesonder ernstige geval beskou het. Skadevergoeding eweredig met die aard en publisiteit van die belediging was toegeken nl. £ 1250. Op appèl was hierdie uitspraak bevestig. Werklike skade wat bewys is, word ook by die vergoeding ingesluit, vide Sutter v. Brown (1926) A.D. p. 171. like gedrag kan ook 'n persoon in sy beroep benadeel byv. 'n predikant. *) Die algemeen vereiste egter is, óf onbekwaamheid of ongeskitheid in betrekking tot die beroep,2) óf enige verwyt of beskuldiging, wat die vertroue van die publiek in verband met die beroep van die beledigde, kan skok. Die beroepseer is volgens die regspraak, nie alleen 'n regsbelang van die normaal lewende persoon nie,3) maar word tewens ook beskerm waar 'n regspersoon, 'n maatskappy, naamlose vennootskap, vereniging ens. 'n beroep uitoefen- Die standpunt van die Hof is, dat 'n regspersoon ook geregtig is op die gunstige oordeel en vertroue van die publiek, in verband met die uitgeoefende beroep: „An imputation of dishonesty or of dishonomable conduct in carrying on a business would of course be actionable if made against a company, equally as when made against an individual".4) Alhoewel sulke gevalle nie deur die outoriteite behandel word in verband met belediging nie, moet die hof hier, om konsekwent te wees, die ongeoorloofde handeling van die dader, gerig teen die goeie naam van die maatskappy5) straf sonder om te vorder dat daar bewys van materiele skade, altyd 'n moeilike vereiste by belediging, moet wees nie- Want as die reg op goeie naam van 'n maatskappy erken word, dan moet die gewone beginsels van die beledigingsaksie vir sulke gevalle geld, behalwe dat krenking van eergevoel, wat juridies nie moontlik is nie, uitgeskakel is. Ongelukkig het die regspraak in sulke gevalle die beginsels van die Romeins-Hollandse reg weer verwaarloos, en die beginsels van die Engelse reg, wat bewys van materiele skade vorder, in sommige gevalle toegepas. e) 1) Shaw v. Williams 4 E.D.C. p. 105; Ir. Johnson v. Rand Daily Mails (supra) was die beskuldiging een van oneerlikheid. 2) Yates v. McCrae (supra). 3) Voet, byv. 47.10.6, ag dit ook moontlik, dat 'n injuria teen 'n klooster, deur middel van die belediging van 'n monnik, gepleeg kan word. 4) Cape Times v. Richards & Sons 18 S.C. p. 15. 5) Gekrenkte eergevoel by 'n belediging van 'n maatskappy is nie moontlik nie, aangesien eergevoel alleen 'n eienskap van die normaal lewende mens is. Vide byv. van Lamsweerde: Beleediging van eene Collectieve Eenheid, p. 64 v. 6) vide ook de Villiers in S.A.L.J. XLVII. p. 410. So het die Hof besluit, op Engelse outoriteite, in Cape Times Ltd. v. W. A. Richards & Sons 18 S.C. p. 15, dat waar één koerant, die ander beledig, die beginsels toegepas verskillend moet wees dan in die geval waar één persoon, die ander beledig: „It is not a question of character, but a question of business" (p. 19) en vervolgens vereis die Hof bewys van materiele skade: „In an action by one newspaper company against another for defamation, the Plaintiff Company must show that some injury to its business is likely to result or has resulted from the defamation. A mere imputation against the character of the Plaintiff Company is not by itself actionable". Die Hof het hier 'n grote fout begaan, omdat die belang wat by belediging aangetas word, nie 'n stoflike belang is nie, maar 'n onstoflike belang. Die Hof wil van belediging in dergelike gevalle 'n materiele delik maak, met bewys van materiele skade, en hierdie inkonsekwensie kan nie op 'n redelike manier verklaar word nie. As 'n maatskappy alleen in haar stoflike belange beskerm word, dan is die aangewese aksie vir 'n onregmatige daad, die actio legis Aquiliae, en nie die actio injuriarum nie. Feitlik ontken die Hof 'n nuusblad 'n reg op goeie naam, „this is not a case where a private person . .. has had to vindicate his character.. . this is a matter of two companies". Die verskil tussen die goeie naam van n persoon en 'n maatskappy in verband met die beroep, word nie deur die Hof verklaar nie en hierdie beslissing moet verwerp word as in stryd met die beginsels van die aksie. Wenslik sou dit in elk geval wees, om onnodige beledigingsaksies te voorkom, dat die howe, waar die animus injuriandi ontbreek, beskerming alleen verleen op die beginsels van die lex Aquilia nl. culpa of dolus en bewys v,an materiele skade, voordat vergoeding toegeken word. Dieselfde fout was begaan in Cape Times Ltd. v. South Ajrican Newspaper Co. Ltd., 23 S.C. p. 48, waar die Hof, sonder verwysing na enige outoriteite, beweer: ,,The action ... is instituted by the corporate body and being a trading company, 1 think the imputation of libel should be of a nature capable of injuring the company in the conduct of its business, or in some way which may affect the business. In this case no special damages have been alleged and certainly none have been proved and there is nothing to show that the business of the company has been in any way injured, outside what might be said to be its moral reputation ..1) Dat 'n aanval op die morele beginsels van 'n koerant, die gunstige aansien van die publiek kan benadeel, word oor die hoof gesien deur die Hof. Tereg egter het die Hof in Fichardt v. Friend News papers Ltd. (supra), neergelê, dat 'n handeldrywende maatskappy 'n beledigingsaksie kan instel, sonder dat bewys van materiele skade gelewer word: „a trading company can sue by way of libel as it has a business status and reputation to maintain (p. 5) ... no special damage need be proved" (p. 6), sodat hierdie onreëlmatigheid in die beledigingsaksie alleen betrekking het op genootskappe. (corporate bodies) C. K r e d i e t e e r.2) Onder hierdie groep val die benadelinge van die solwabiliteit of betalingsbekwaamheid van 'n natuurlike persoon of van 'n regspersoon. In die regspraak kry ons nie veel sulke gevalle nie, aangesien die krenking in die meeste gevalle gerig is teen die beroepseer en die reg dan ook die moontlike vermoënsnadeel wat kan veroorsaak word, in aanmerking neem. Waar dit byv. van 'n handelaar gesè word, dat 'n siviele vonnis vir sy skulde teen hom uitgeneem is, dan word dit beskou as 'n kredietbenadeling. 3) Vir die gevalle waar die eiser 'n maatskappy is, is die beslissing in African Life Assurance Society Ltd. v. Phelan and Others 25 S.C. p. 743, van belang. Hier was die kredietwaardigheid van 'n leweversekeringsmaatskappy in 'n ongunstige lig geopenbaar. Tereg het die Hof besluit, dat die gevolg sou wees, dat die publiek haar vertroue in die maatskappy sou verloor, as al die feite en gevolgtrekkinge wat uit die beledigende artiekel vloei, waar gewees was. Die oogmerk om te krenk was ook aanwesig, aangesien die artiekel 1) cf. ook die beslissing in African Life Assurance Society Ltd. v. Phelan & Others 25 S.C. p. 753. Ook het die Hof besluit in Bhika v. Prema & Others (1910) T.S. p. 101, dat 'n maatskappy wat nie handel dryf nie, nie die reg het om 'n beledigingsaksie in te stel nie. 2) Geskonde regsbelang: „If the words reflect on ... his (verweerder's) financial stability „Carelse v. van der Schyff (1928) C.P.D. p. 94. 3> Pickard v. S.A. Trades Protection Society and Others 22 S.C. p. 89. geskryf was deur 'n bediende van 'n konkureerende inaatskappy. Daar was ook bewys van werklike skade, maar die Hof het 'n groter bedrag toegeken. Dit was alleen wenslik, dat die Hof uitdruklik neergelê het, dat bewys van materiele skade, hoe gering ook, nie 'n vereiste is nie, maar alleen 'n faktor is wat die skadevergoeding kan verhoog. 4. Waarheid. M Die exceptio veritatis word in die regspraak bevredigend behandel en die hof het die voorkeur gegee aan die reel van die meerderheid van die outoriteite, maar die gevalle waarin dit toegelaat word, uitgebrei. Die vasgestelde grenslyn is dus nie die strenge beperking tot ongestrafte misdade van Grotius, Voet, ens., nie, nóg die onbeperkte toelating van die exceptio veritatis van van der Keessel, die Romeinse en die Engelse reg nie, maar één waarin die hof haar 'n vrye oordeel toegeken het, om die waarheid toe te laat, wanneer die publieke belange daardeur bevorder word. Alhoewel die Hof in Johnson v. Rand Daily Mail (1928) A.D. p. 203, waar die waarheid bewys was, die Engelse reel nageboots het2): „for the law will not permit a man to recover damages in respect of an injury to a character which he either does not or ought not to possess", en ook in Solomon v. Robinson & Co. Ltd. (1927) N.P.D. p. 1263): „the gist of the action is the injury done to the Plaintiff's reputation and if the Plaintiff had no reputation to be injured he cannot be entitled to more than nominal damages , is hierdie reels te wyd verklaar en kan tot die gevolgtrekking lei, dat die waarheid steeds die wederregtlikheid uitsluit.4) Die hof laat die waarheid nie steeds as ekskuus geld nie, en ontken nie die beledigde in sulke gevalle, sonder uitsondering, 'n reg op goeie naam nie. Die waarheid in sigself, word nooit as eksepsie aangeneem nie, O Die teksboeke behandel waarheid alleen as 'n „Defence": vide Nathan op. cit. p. 148 v.; en Maasdorp op. cit. p. 130 v.; die verband tussen waarheid en die eerbegrip word blykbaar oor die hoof gesien. 2) Hier citeer die regter die Engelse saak McPherson v. Daniels 10 B. & C. p. 272. 3) Hier word Odgers op. cit. p. 401, geciteer. 4) Tereg het die Hof egter, neergelê in Sahd v. Hilkowitz (1927) E.D.L. p. 310: „Evidence of Plaintiff's bad reputation is admissible in an action for defamation in mitigation of damages". cf. Chester v. Oldman (1914) T.P.D. p. 67. tensy die verweerder pleit en kan bewys, dat die openbaring in die publieke belange was, „for the public benefit or in the public interest". Die verweerder moet dus bewys 1: die waarheid, 2: dat die publieke belange daarmee bevorder is. Die hoofvraag is wanneer die publieke belange by die openbaring van beledigende feite betrokke is, en dit blyk, dat die howe geneig is om dit wyd te verklaar, en hulle dus nie beskou as gebonde aan die enge interpretasie wat deur die outoriteite gegee is nie. In 'n ou saak het die Hof besluit, dat veritas convitii nie gepleit mag word nie, waar die beledigde beskuldig was van onkuisheid en onbetaamlikheid. Onbillik, was daar 'n verskil gemaak tussen morele en regtlike oortredinge: „The law presumed the absence of animus injuriandi where the convitium accused the Plaintiff of an act which by law is punishable as a crime and when the accusation has been made for the ends of public justice". 2) In Botha v. Brink (1878) Buch. p. 123, het die Hof die exceptio veritatis met meer beslistheid vasgestel: „If he (verweerder) proves that the words are true, he does not completely rebut the presumption of malice unless it appears frorn the pleadings, or unless the defendant avers and shows, that some public benefit was to be derived from the publication. The truth is an ingredient, and a very important ingredient, in the defence; but unless the declaration discloses some circumstances showing that advantage is to be derived from the publicity of the charge, the defendant cannot rely for his defence upon the truth alone . ..". Hieruit blyk dit, dat die reg die exceptio as voldoende ag, as die objektiewe woorde die belange van die publiek behartig. Dit word nie gevorder dat die belediger die bevordering van die publieke belange moes beoog het nie. Hiermee is daar ook nie fout te vind nie, aangesien die waar- 1) Patterson v. Engelenburg and Wallach's Ltd. (1917) T.P.D. p. 356: Dit geld ook vir die strafaksie, Wet No. 32/1917 Art. 158. 2) Sparks v. Hart 3 M. p. 5. Hierdie enge interpretasie is in ooreenstemming met sommige van die ouere outoriteite, vide ante p. 78 v.: In die volgende sake, waar die waarheid gepleit was, was dit almal gevalle waar die beledigde 'n publieke pos beklee het, of 'n telaslegging van 'n misdaad krimineel vervolgbaar, en was dus altyd toegestaan: vide byv. Hill v. Curlewis and Brand 3 M. p. 520; White v. Pilkington 1 Searle p. 107; Vigors v. Campbell (1868) Buch. p. 120; en Williams v. Shaw 4 E.D.C. p. 105. heid in so 'n geval toegestaan moet word, en die oogmerk derhalwe, as 'n subordinêr faktor beskou moet word. Verwarrend egter is die uitspraak in sover, dat die regter die bcwys van betrokke publieke belange, 'n feit maak om die „presumption of malice" te „rebut", twee begrippe, die een objektief en die ander subjektief, wat apart gehou moet word in die exceptio veritatis. Alreeds blyk dit uit waarheid in die publieke belang, dat die publieke belange primêr is, selfs al is daar miskien persoonlike dryfvere. Verder het die regter in sy uitspraak, die publieke belange self nie verder verklaar nie, maar alleen dat die bevordering van die publieke belang spesiaal gepleit moet word, aangesien die pleit van waarheid in sigself, onvoldoende is.*) In welke opsigte die publieke belange mettertyd ruimer geïnterpreteer word, blyk uit die beslissing in Bloem v. Zietsman 14 S.C. p. 365, waar die regter verklaar: „As to the question of what is for rfie public interest, I ain not sure that, at the present day, the case of Sparks v. Hart (supra) would be supported. I think the decisions at the present day tend to widen the question of public interest". Die gevolg is dat die publieke belange nie meer beperk is tot die openbaring van ware misdade nie, maar uitgebrei was tot gevalle van beskuldiginge van onkuisheid en onbetaamlikheid, waar die telaslegging klaarblyklik die maatskappy beskerm teen 'n onsedelike en ongewenste indiwidu. Die regspraak het dit duidelik gemaak, dat ook alreeds gestrafte 1) Ook word dit tereg gevorder, dat selfs waar die waarheid in die publieke belange is, die reg behoorlik uitgeoefen moet word en „that the speaker has not gone further than the truth absolutely required... if he has exaggerated and gone beyond what the truth requires, the presumption of malice is not rebutted, and the defendant still remains liable for damages": Meurant v. Raubenheimer 1 B.A.C.'p. 93; Beter was dit as die regter gesê het, dat buitesporigheid in die uitoefening van die reg, of misbruik daarvan, die strafbaarheid nie ophef nie. Eienaardig is dit, dat juis hier waar die oogmerk onverskillig is, dit dan so 'n belangrike rol inneem: vide byv. Maasdorp op. cit. p. 133: „The words will be presumed to have been spoken maliciously and with intent to injure, (nl. waar die woorde waar is), unless the defendant alleges and is prepared to prove facts negativing such intent on his part"; so 'n „fact negativing intention" is die publieke belange wat daarby betrokke is. misdade, geopenbaar mag word,1) as die misdaad onlangs gepleeg was, en van so 'n aard is, dat die openbaring daarvan die publieke belange bevorder. Tereg dus het die Hof in Graham v. Ker 9 S.C. p. 185, besluit: „As a general principle 1 take it to be for the public benefit that the truth as to the character or conduct of individuals should be known. But the worst characters sometimes reform and some of the inducements to reformation would be removed if stories as to past transgressions could with impunity be raked up after a long lapse of time. Public interest, as I conceive it, would suffer rather than benefit from any unnecessary reviving of forgotten scandals. But the commission of recent offences against the law or against society stands on a different footing. It is generally for the public interest that others who might have any dealings with the guilty individual, should be informed of his true character and it is a sufficiënt protection to the innocent that the burthen of proving the truth of the defamatory words lies upon him who uttered them". Hier het die Hof 'n moeilike vraag in verband met die publieke belange, logies en billik opgehelder.2) Hier gaat die Hof van die beginsel uit, dat die openbaring van langtevore gepleegde en gestrafte misdade, die publieke belange nie baat nie, en dat deur die beskerming van sulke gevalle, die gewenste aanmoediging om te hervorm vernietig sal word. Maar dan kan in sommige gevalle, namate die omstandighede, 'n openbaring van 'n resente misdaad weer die publieke belange bevorder, en tewens andere afskrik van die pleging van misdade. Tereg het die Hof dus besluit, in van Wyk v. Steyn (1924) O.P.D. p. 70, na inagneining van al die bykomende omstandighede nl., die geaardheid van die misdaad, die feit dat die misdaad onlangs gepleeg was, en die lokale omstandighede, dat die openbaring van 'n veediefstal, wat in die distrik veel voorgekom het, geregverdig 1) In Michaelis v. Braun 4 S.C. p. 205, was daar 'n poging deur die advokaat gemaak om op die bewering van Grotius, die waarheid alleen toe te laat, wanneer dit voor die oorheid geskied. Tereg het die Hof besluit, (p. 208), dat die dictum in Botha v. Brink (supra) nie teenstrydig is met die andere outoriteite nie: vide ante p. 78 v. 2) So ook die beslissing hierin, dat die exceptio veritatis toegelaat word waar die beskuldiging teen die eiser, 'n persoon wat n verantwoordlike en publieke pos beklee het, was dat hy skuldig aan immorele gedrag was. was, en aan die verweerder die exceptio veritatis toegestaan.1) Hier vind ons 'n billike toepassing van die beginsel alreeds neer- gelê in Graham v. Ker. '11 Onbeperkte toelating van die exceptio veritatis was neergelê in Preller v. Schultz,2) waar Regter de Villiers, na 'n oorweging van die outoriteite, tot die gevolgtrekking gekom het, dat die Romeinse reg soos geïnterpreteer deur van der Keessel, die juiste beginsel van die Romeins-Hollandse reg weergee, en dat die beginsel dat die waarheid altyd geregverdig is, in verband met enige gestrafte misdaad, die outoritatiewe sowel as die billikste reel was. Dit is weer 'n bewys van 'n feit wat so dikwels voorkom, om die geskrewe woord van die outoriteite letterlik te interpreteer en om onder geen omstandighede, 'n afwyking of toepassing van billiker beginsels toe te staan nie. Die beslissing egter, is al in beginsel skuldig aan twee ernstige foute. 1: Ten eerste is die reel van van der Keessel, nie die outoritatiewe een nie. 3) Juis uit die onsekerheid wat onder die outoriteite geheers het, was dit die plig van die Hof, om die gebondenheid aan die een of die ander beginsel te matig, en die konserwatiewe en letterlike interpretasie van 'n reel wat geag word as geldend, te laat vaar. 4) Hier meen ons, dat dit 'n goeie geleentheid gebied het om die grenslyn neer te lê eers na 'n bestudeering en vergelyking van die teorië in die verskillende moderne regssisteme. 2: Dat die waarheid sigself altyd regverdig, die billikste reel is,5) en dat „it is the absolute right of every person to speak the truth", 6) kan moeilik aangeneem word. Dat die reel, so uitgedruk, aantreklik lyk nl. dat die waarheid die heersende beginsel moet wees, wat steeds moet triomfeer en dat die sedelike standaard van die maat- 1) „The question whether a particular thing is in the public interest is not a question of law, but a question of fact, which can hardly be determined by appealing to Voet or to any other authority" (p. 71). 2) 10 C.L.J. 91; De Villiers op. cit. p. 115v. (Ek kwoteer hieruit) 3) Ek verwys hier na die aangehaalde outoriteite: p. 77 v. 4) t.a.p. p. 119: „as this Court, however, has to administer the RomanDutch Law... the question at issue really is what the provisions of that system of law ... are upon this subject". 5) „Public policy... does not require that a man should be thought to be otherwise than he really is", op. cit. p. 122. 6) op. cit. p. 108. 13 skappy hoog gehou moet word, val oppervlakkig nie te betwyfel nie. Dat hierdie ideale voorstelling, in die werklikheid egter, nie altyd so mooi geskilder kan word nie, kan in veel gevalle voorkom; want die reg kan as beskerming dien vir persone wat uit verkeerde pligsbesef, steeds die waarheid openbaar, om 'n persoon wat eenmaal 'n misstap begaan het, te vervolg en hom vir altyd as ongewenste sosiale wese te bestempel; andere persone weer kan die reg uitoefen om aan hulle neiging te voldoen, om die private lewe van die indiwidu gedurig onder die aandag van die publieke opinie te bring, onder die sogenaamde dekmantel, van die vervulling van 'n edele plig, en die misbruik van die reg, om genoeë aan hulle gevoelens, van wraak en ontevredenheid en onedele motiewe te verskaf, word steeds toegestaan. Dat dit dikwels sal voorkom, laat nie veel twyfel oor nie.*) 'n Meer ernstige fout egter deur de Villiers begaan, is die feit dat by die strenge toepassing van sy reel, hy selfs toestem, dat 'n paar gevalle onregverdig vir die beledigde mag wees, maar dat die groot baat vir die maatskappy in die meeste gevalle, die heersende beginsel moet wees.2) Hierdie bepaling is onbillik en des te meer, as dit in ag geneem word, dat die moderne strafregwetenskap die standpunt inneem, dat selfs 'n gestrafte misdader ook in die toekoms 'n behoorlike burger, wat sy sedelike en regspligte vervul kan wees, en dat geen hinderpaal in sy weg moet geplaas word om hierdie gewenste hervorming te bereik nie. Dat sulke gevalle die slagoffers moet word van 'n vurig verdedigde en subjektiewe beoordeelde 1) Anders sou die mening van de Villiers wees: „And with my view als» that when a man speaks the truth there can be no reasonable presumption that he is actuated by an intention to injure ..." (p. 127). Volgens sy meningkan 'n grenslyn nie vasgestel word vir die openbaring van gestrafte misdade nie: „If the line can be drawn anywhere between the case of the person who enjoys the protection of the law against the utterance of the truth, and the case of the person to whom such protection is denied,... it is a pity that a line has not been drawn by the authorities as a guidance for those who desire to regulate their conduct according to the prescripts of the law. I do not think the line really can be drawn anywhere with any show of reason'" (p. 126). Waarom moet dit verwag word van die outoriteite om die grenslyn te bepaal, 'n feit egter wat hulle alreeds, al is dit op onvoldoende wyse„ geprobeer het. 2) Vide ante p. 76(2). teorie, *) kom ons as onbillik en onwenslik voor, want in die strafreg is die vroeëre verklaring van eerloosheid, waar die beklaagde skuldig gevind word,2) nie meer per se 'n gevolg nie. Die voorkeur moet dus gegee word aan die vasgestelde grenslyn van die exceptio veritatis in die Suid-Afrikaanse regspraak, en juis hier kom 'n woord van lof toe aan die billike en regverdige toepassing van die moeilike probleem. Volgens die beslissings, het die howe steeds gestreef om misbruik van die reg te voorkom, terwyl die bevordering van die publieke belange, 'n belangrike rol speel in die besluit, of die exceptio veritatis toegestaan moet word in die omstandighede, of nie. Waar die publieke belange werklik gevorder was, het die hof die animus as onverskillig geag, al is dit dan ook op die verkeerde beginsel, dat die objektiewe bevordering, die subjektiewe oogmerk altyd weerlê. Hier is die beginsel van die materiele reg, alhoewel dit in die meeste praktiese gevalle dan sou wees, dat by die bevordering van die publieke belange tewens daarby n krenkende oogmerk afwesig was, om die uitoefening van die reg enkel uit objektiewe standpunt te beskou. Dit sou anders gewees het as die reg uitdruklik verklaar het, dat by die exceptio veritatis die publieke belange beoog moet word, want by hierdie vereiste, sou selfs by die objektiewe bevordering van die publieke belange, die oogmerk om te beledig strafbaar gestel moet word. By die toelating van die exceptio veritatis, moet die reg 'n keuèe uit drie verskillende beginsels of vereistes maak. 1: Dat die dader die publieke belange moes beoog het, onverskillig of die publieke belange in die daad werklik gebaat word. 2: Die werklike bevordering van die publieke belange, onverskillig of dit die oogmerk van die dader was. 1) Die feit, dat de Villiers van al die outoriteite, alleen die mening van van der Keessel, as outoritatief en billik aanneem. 2) Wanneer de Villiers op. cit. p. 124, beweer, dat „as a rule ... the legal disability attaching to a person on account of crime attachés to him through life, and even without enquiry into the facts of possible temptations, youth or other extenuating circumstances", dan is sy mening, kort uitgedruk, verouderd. Jüis is dit, soos hy opmerk, dat bankrotskap van 'n persoon hom vir sommige publieke hoedanighede, byv. as Parlementslid in Suid-Afrika, onbevoegd maak, maar dit regverdig nog nie sy algemene bewering nie. 3: Die beooging sowel as die werklike bevordering van die publieke belange. Dat die reg die voorkeur gegee het aan die twede beginsel,x) is billik, en by die objektiewe bevordering van die publieke belange wat gekonstateer word, „truth for public benefit", word die oogmerk van die dader nie ondersoek nie. Het die hof die eerste beginsel hierbo, toegepas, dan was die doel waarmee die exceptio veritatis toegestaan word nl. die openbaring van gewenste waarhede, verydel as die dader sy geoorloofde oogmerk nie kan bewys nie. Ook is die eerste vereiste alleen :n bevestiging van 'n alreeds geldende beginsel in belediging, nl., geoorloofde oogmerk dien altyd as opheffing van die aanspraaklikheid, as dit in die omstandighede bewys kan word, sodat hierdie reel nie bepaald betrekking het tot die exceptio veritatis nie. Die toepassing van die derde vereiste sou die grenslyn ewemin altyd bevredigend vasstel, aangesien die dader gestraf kan word waar die waarheid klaarblyklik in die algemene belang is, maar waar miskien, bewys van wraaksug of persoonlike dryfvere, die algemene primêre belange by die openbaring betrokke, kan vernietig. Dat die persoonlike motief onverskillig geag moet word blyk meer duidelik in die openbaring van ongestrafte misdade. Byv. A weet dat B 'n misdaad gepleeg het, maar uit vriendskap vir B, openbaar hy nie hierdie feit nie. Na hulle 'n rusie gehad het, besluit hy om dit te doen. Dieselfde beginsel moet ook geld vir andere gevalle: byv. A weet dat B 'n onbekwame amtenaar is wat steeds sy pligte versuim. By die openbaring word A geïnspireer deur min of meer sterk persoonlike dryfvere teen B, maar ook hier is die publieke belange by die openbaring primêr en A moet ongestraf bly. Was dit anders, dan was die beginsel om gewenste waarhede te beskerm, in sommige gevalle vernietig. Die teenoorgestelde geval byv. waar die dader bona fides 'n bevordering van die publieke belange beoog het, 1) So byv. in Kleinhans v. Usmar (1929) A.D. p. 121: „The presumption of animus injuriandi... is conclusively rebutted by proving justification i.e. that the charge was true and that its publication was in the public interest . Alhoewel die Hof dit beter kon uitgedruk het, nl. dat animus injuriandi in so 'n geval onverskillig is. sonder dat die publieke belange werklik daarby bevorder word, sou ook by die derde vereiste nie beskerm word nie. *) Ten slotte bly daar nog oor, die resumeering van die exceptio veritatis in die Suid-Afrikaanse regspraak, vir vergelykende doeleindes: 1. Die exceptio word alleen toegestaan waar die publieke belange by die uitoefening van die reg bevorder word. Waar dit die geval is, is die oogmerk 'n onverskillige faktor. 2. Wat onder publieke belange te verstaan is, kan uit die aard van die saak nie maklik vasgestel word nie, en moet in elke biesonder geval volgens die omstandighede besluit word. Uit die regspraak blyk dit, dat publieke belange 'n wye verklaring kry. Dit sluit in: I. Telasgelêde feite in verband met 'n persoon in 'n publieke betrekking of hoedanigheid. Die toepassing van die reel hier is wyd en sluit in amtenare,2) kandidate vir publieke poste ") en diegene wat alreeds 'n publieke pos vervul,4) en uitoefening van 'n beroep, waarby die publieke belange betrokke is.*') II. In al die andere gevalle, waar dit bewys kan word, dat die publieke belange bevorder is deur die openbaring van die feite. Die exceptio is nie beperk tot gestrafte en ongestrafte misdade nie, maar sluit tewens in ondeugde op morele gebied; met die besliste beperking, dat waar die publieke of private lewe geopenbaar word, die hof die omstandighede noukeurig ondersoek om 1) Hier is dit 'n vraag van die oogmerk van die dader en die biesondere omstandighede van die geval. 2) Byv. 'n magistraat: Meurant v. Raubenheimer 1 B.A.C. p. 87. Enige wangedrag van 'n amtenaar in verband met sy betrekking, „official misconduct": Mackay v. Philip 1 M. p. 463; Die reel is hier so wyd, dat dit aangeneem mag word dat onder amtenare verstaan word, elkeen wat sy salaris uit die publieke skatkis trek. 3> Byv. 'n kandidaat vir Parlement: Bosch v. the „Friend" P. & P. Co. (1908) O.R.C. p. 30. 4) Byv. lid van 'n stadsraad: Watkins v. Ewing 3 E.D.C. p. 155. 5) Byv. 'n Predikant: Williams v. Shaw 4 E.D.C. Ook in verband met publieke beroepe, byv., 'n leweransier van eetware by 'n Landboutentoonstelling: Johnson v. Rand Daily Mail (1928) A.D. p. 190. te besluit of die publieke belange daarby bevorder is. Buitespo- righeid in enige vorm word steeds gestraf.1) 3. By die exceptio veritatis vereis die hof, waar die telasgelêde feite 'n beskuldiging van 'n misdaad is, of van gedrag wat krimineel vervolgbaar kan wees, dat die telasgelêde feit met die gelewerde bewys ooreenstem. As iemand beskuldig word van algemene misdadige gedrag, dan regverdig die bewys van één bepaalde misdaad nie sulk 'n beskuldiging nie.2) Teenoorgesteld, waar iemand 'n bepaalde telasgelêde misdaad probeer bewys, deur algemene onsedelike en ongeoorloofde gedrag, dan is dit ook nie voldoende nie.3) Die waarheid word aan iedereen toegeken as 'n reg, maar dit moet in die pleidooi gemeld word dat die publieke belange daarby betrokke is. 4. Bewys van die waarheid word steeds gevorder,") aangesien die exceptio veritatis juis op hierdie punt van die gepriviligeerde gevalle, waar die geoorloofde oogmerk die aanspraaklikheid ophef, verskil, 'n Bona fide geloof in die waarheid is nie voldoende nie, en die dader moet dan op 'n ander privilegie steun. Die gewone bewysmiddels word toegestaan, en uitgesonderd beskuldiginge van 'n bepaalde misdaad, is die hof in sommige gevalle tevrede met 'n sterk of „substantial" bewys.5) Waar daar meer dan een feit telasgelê word, moet ieder aparte beskuldiging bewys word.6) Die hof het in die algemeen strenge reels oor die toelating van bewys en dit word aan die dader nooit toegestaan om bewys van die waarheid te lewer nie, tensy hy dit 1) Meurant v. Raubenheimer 1 B.A.C. op. p. 93: „it must also be shown that the speaker has not gone further than the truth absolutely required". 2) vide byv., Sutherland v. MacDonald 3 M. p. 6; Die Hof moet besluit of die bewys dan voldoende is, om die algemene beskuldiging te regverdig, Ross v. Rojesky 4 H.C.G. p. 129. 3) Dit is ook 'n vraag van die soort bewys en die omstandighede: vide Fyne v. Lee 17 S.C. p. 251. 4) vide byv. Dippenaar v. Haumann 3 R. p. 43; in die afwesigheid van volkome bewys, maar waar die gelewerde bewys die feit ondersteun, dat die beskuldiging nie helemaal onjuis was nie, dan word dit deur die hof in ag geneem by die skadevergoeding: vide byv. Kennedy v. Dalalisle (1919) E.D.L. p. 1. 5) vide byv. Rojesky v. Ross (supra). 6) vide Williams v. Shaw 4 E.D.C. p. 105. nie spesiaal gepleit het nie. As hy dan in sy bewering, dat die belediging waar is, volhou, word die skadevergoeding verhoog. *) Vergelyking met Andere Regssisteme. A. Duitse Reg. By Eenvoudige Belediging (St.G.B. Art. 185) wat gerig is teen die krenking van die beledigde self en nie alleen om die gunstige oordeel van andere teenoor die beledigde te benadeel nie, hef die bewys van waarheid, die strafbaarheid nie op nie. Die strafbaarheid lê hier opgesluit in die krenkende handeling self, en waarheid of onwaarheid is dus onverskillige faktore. Anders is dit by die krenkinge van goeie naam wat onder die „Rufgefahrdunge" val, I: Die „üble Nachrede" (St.G.B. Art. 186), ,,das Behaupten oder verbreiten von nicht erweislich wahren Tatsachen in Beziehung auf einen anderen". Die wet vorder dus nie bewussyn van die onwaarheid nie, maar alleen dat die telasgelêde feit onbewysbaar is. Dat die dader 'n bona fides geloof in die waarheid daarvan het, is onverskillig. Die kenmerke van die „üble Nachrede" is.2) 1: Dat die dader bewus 'n telasgelêde feit beweer of versprei. 2:Dat die telasgelêde feit van 'n eerkrenkende aard is, en sodanig, dat dit die beledigde in die publieke oordeel veragtelik maak of verneder. II. Die Verleumdung (St.G.B. Art. 187), wat van die üble Nachrede verskil, omdat in plaas van 'n onbewysbare telasgelêde feit, die strafwetboek „unwahre Tatsachen" vorder, en omdat die openbaring teen betere wete geskied het.3) Die wet vereis dus by Verleumdung, bewussyn van die onwaarheid, en die bona fides geloof van die dader kom, sodoende, in aanmerking. Verder is daar geen verskil tussen Verleumdung en üble Nachrede nie. By die bewys van 1) vide Scott v. Kretzman 15 E.D.C. p. 48. 2) vide v. Liszt-Schmidt: Lehrbuch des Deutschen Strafrechts, p. 513; Schürhoff: Zur Lehre von der Beleidigung (Diss. 1927) p. 27. 3) Art. 187 oor Verleumdung vorder: „Wer wider besseres wissen in Beziehung auf einen anderen eine unwahre Tatsache behauptet oder verbreitet, welche denselben verachtlich zu machen oder in der öffentlichen Meinung herabzuwürdigen oder dessen Kredit zu gefahrden, geeignet ist". waarheid verval die strafbaarheid in beide gevalle en ook in die geval waar die Familie Eer benadeel word, deur belediging van 'n oorledene (St.G.B. Art. 189). Die Duitse reg beskerm die exceptio veritatis dus in 'n ruimer mate dan die Suid-Afrikaanse reg, want bewys van waarheid, sonder meer, is voldoende. Die strafbaarheid word egter nie in elke geval volkome opgehef nie, en is nie uitgesluit nie waar dit die voornemens van die dader was, deur die vorm van die belediging self, die manier van uiting, of die omstandighede waarin dit geskied, om 'n belediging te pleeg. Hier kan die dader nie vir Verleumdung of üble Nachrede gestraf word nie, maar vir eenvoudige belediging. (St. G.B. Art. 192, 193). ^ Vir die bewys van die waarheid word al die gewone bewysmiddels toegelaat, (St.G.B. Art. 190) maar waar die telasgelêde feit 'n kriminele strafbaar misdaad is, het die Strafwetboek vir die bewys daarvan, voorsiening gemaak (St.G.B. Art. 190). 1. Dit is voldoende bewys, wanneer die beledigde vir sy misdaad in 'n regsgeldige manier veroordeel word. 2. Bewys is uitgesluit, wanneer die beledigde daarvan op 'n regsgeldige manier vrygespreek word, al is dit weens gebrek aan bewys, weens uitsluiting van die delik, of weens 'n grond van opheffing van die straf.2) Die bewys is dus in die Duitse reg die kriterium van die exceptio veritatis,3) en die dader kan, waar bewys gelewer word, ten hoogste gestraf word vir eenvoudige belediging. Waar die dader nie in staat is om die bewys te lewer nie, kan hy hom ook beroep op Art. 193, waar die strafbaarheid opgehef word, by kritiese beoordelinge op die gebied van wetenskap, kuns en industrie. 1) vide Liepmann, in V.D. des Deutsch. und Auslandischen Strafrechts: Bd. IV. p. 253; volgens Art. 192 word die dader gestraf vir eenvoudige belediging „wenn aus der Form der Behauptung oder Verbreitung oder aus der Umstanden unter welchen sie geschat, hervorgeht." 2) vide v. Liszt-Schmidt op. cit. p. 517. 3) vir die Burgerlike Wet vergelyk mens Art. 824 B.G.B., waar die eiser bewys moet lewer, dat die beskuldiginge in verband met kredietbenadelinge, ongegrond is. Die bepalinge van die strafaksie geld ook vir die Burgerlike Reg (B.G.B. Art. 823) en word daarby toegepas, sodat die gedaagde hom altyd op die waarheid kan beroep: vide byv. Drucker: Onrechtmatige Daad p. 164. B. Franse Reg. Hier word die exceptio veritatis veel minder beskerm dan in die Duitse reg. Daar word twee vorme van belediging in die strafreg onderskei: 1. 'n Telaslegging of verspreiding van 'n bepaalde daad, wat die eer (honneur) of aansien (considération) van 'n persoon of liggaam (corps) aantas, is 'n belediging (diffamation). *) 2. Elke ander krenkende of mingagtende uitdrukking, smaad en skeldwoorde, wat nie 'n bepaalde daad telaslê nie, is 'n injuria (injure).2) By Diffamation en Injure word openbaring of publisiteit uitdruklik gevorder, aangesien ongeopenbaarde injuriae (si 1'injure n'est pas publique) onder Art. 471 No. 11 gestraf word. Die bewys van waarheid word by „injures" nie toegelaat nie, en by „diffamation", volgens die C.P. Art. 370, stel die bewys die dader vry van straf, maar dit kan alleen gelewer word deur middel van 'n vonnis of 'n autentieke akte. Ontbreek 'n dergelike bewys, dan word die dader gestraf vir laster (calomnie). Hier wyk die Franse van die Duitse reg, waar alle bewysmiddels toegelaat word, af. Die wet van 1881 het die exceptio veritatis uitgebrei, 3) en die waarheid word toegelaat by Diffamation van amtenare en liggame in verband met die uitoefening van hulle pligte, en „les administrations publiques", 4) almal dus gevalle waarby die publieke belange betrokke is. Verder is die exceptio, volgens Art. 35, toegestaan, waar die ware telaslegging 'n Diffamation of Injure van 'n direkteur of leier van 'n finansiele, kommersiele of industriele onderneming 1) „Presse Loi" 29 Julie 1881, Art. 29; vide Liepmann op. cit. p. 280; v. Lilienthal, V.D. des D.A. Strafrechts Bd. IV, p. 413. Onder die Code Penal was die woord laster (calomnie) gebesig. Die C.P. is al tweemaal verander: 1. Deur die Loi van 1819; 2. Deur die hedendaags geldende Presse Loi van 1881: Art. 29—35. 2) Presse Loi (1881) Art. 29. 3) Art. 35 in verband met Art. 31: vide Garraud: Traité Droit Pénal Frangais (1924) V. p. 110. 4) Art. 31, sluit in gevalle van publieke persoonlikhede, soos kabinetministers, parlementslede, staatsamtenare, ens. is.1) Die waarheid word dus nog beperkt toegestaan en openbaring van die private lewe van die persoon, of andere gevalle behalwe die wat hierbo genoem is, word nie deur die waarheid beskerm nie. 2) Hier het die Suid-Afrikaanse reg dus, 'n billiker en redeliker grenslyn toegepas. Die bepaalde aangewese middels vir bewys, wyk ook van die Suid-Afrikaanse reg af. C. Nederlandse Reg. Belediging word ook onderskei in: 1. Eenvoudige belediging wat meer negatief dan positief omskryf word3) as elke opsetlike aanranding van eer en goeie naam wat nie die karakter van smaad of smaadskrif dra nie, word as eenvoudige belediging gestraf. Die bewys van waarheid word hier nie toegelaat nie. 2. Die meer bepaalde omskrewe smaad en smaadskrif (Str.W.B., Art. 262), waarby 'n kenlik doel om aan 'n bepaalde telasgelêde feit4) rugbaarheid te gee, 'n vereiste is (Art. 261). Die telasgelêde feit moet sodanig wees, dat dit as 'n aanranding van eer en goeie naam aangeneem kan word. Tewens bevat Art. 262, nog 'n ander bepaalde vorm van belediging nl., laster, wat blykbaar nie as selfstandig delik behandel word nie, maar wat alleen ontstaan: 1. In geval die bewys van die waarheid van die telasgelêde feit by smaad en smaadskrif toegelaat word, en die dader die bewys nie lewer nie. 2. Waar die telaslegging teen betere wete geskied het. 1) Vir die gevalle wat daar nie genoem word nie, is die waarheid of bewys daarvan onverskillig, wat die strafbaarheid betref. 2) Die Franse reg is in hierdie opsig konserwatief en die matiging van die vroeëre strenge reel, is grotendeels 'n gevolg van die beroemde uitspraak van Royal Collard in 1819 oor die Franse Drukperswet, waarin hy pleit vir die waarheid, as steeds in die voordeel van die maatskappy: vide hieroor Simons: Vryheid van Drukpers p. 187; cf. ook v. Lilienthal op. cit. p. 416. 3) Noyon op. cit. p. 58; vide ante p. 172. 4) Eenvoudige belediging verskil van smaad en smaadskrif hierin, dat in die eersgenoemde misdaad, enige ondeugd wat nie 'n bepaalde feit is nie, gestraf word, terwyl by die laasgenoemde delikte, 'n bepaalde telasgelêde feit gevorder word; opset word in al twee gevalle as vereiste gestel. Die strafbaarheid vir smaad en smaadskrif verval, wanneer die dader in die algemeen belang gehandel het of uit noodsaaklike Verdediging. Hier word die behartiging van die algemene belang deur die dader gevorder,*) maar by die beantwoording van hierdie vraag kom dit nie in aanmerking nie of by die drang om die algemene belang te bevorder, daar nog 'n ander persoonlike rede bestaan het, byv., wraaksug. 2) Die bewys van die waarheid word nie altyd toegelaat nie, maar volgens Art. 263 St.W.B., alleen in die volgende gevalle3): 1. Wanneer die regter die ondersoek naar die waarheid nodig ag, tot beoordeling van die bewering van die beklaagde, dat hy in die algemene belang of tot noodsaaklike verdediging gehandel het. Hier is die bewys afhanklik van die diskresie van die regter en die gelewerde bewys sluit dan die strafbaarheid uit. 2. Wanneer aan 'n amtenaar 'n feit telasgelê word, begaan in die uitoefening van sy bediening. Hier moet die bewys, op aansoek van die beklaagde, steeds toegelaat word. Word sulke bewys gelewer, dan volg strafloosheid nie noodsaaklik daaruit nie, want die regter het nog 'n vrye oordeel, of die telaslegging geskied het in die algemene belang of tot noodsaaklike verdediging. 4) In verband met die bewys van waarheid staan ook die bepaling van Art. 365, waarin as volkome bewys van die waarheid dien, die feit dat die beledigde op regterlike wyse, onherroeplik skuldig verklaar is aan die telasgelêde feit; 'n vervolging vir laster word dan uitgesluit. Waar die beledigde vrygespreek word op regterlike wyse, dan dien dit weer as volkome bewys van die onwaarheid van die telasgelêde feit. In al.die ander gevalle word die gewone bewysmiddels toegelaat, en die straf vir onbewysbaarheid, waar bewys toegelaat word, is altyd laster. 1) Simons: Strafrecht p. 55. 2) Noyon: op. cit. III: p. 24; so is die Suid-Afrikaanse reg ook, vide ante, p. 196. 3) Bewys van waarheid van die telasgelêde feit in die Burgerlike Reg, (Art. 1412 B.W.) sou dan toegestaan word in verband met dieselfde bepalinge as in die Strafwetboek, en moet daar gesoek word: Marchant: Beleediging in het Burgerlijk Recht (1894) p. 50. 4) Simons op. cit. p. 56. Die aangewese gevalle in die Nederlandse reg, waar die bewys van waarheid toegelaat word, is heel streng beperk in vergelyking met die Engelse, x) Duitse en Suid-Afrikaanse Reg, alhoewel die reel billiker blyk dan die van die Franse reg. 1) vide ante p. 129 v. 5. Uitsluiting van die Wederregtlikheid. I. Beperkte Privilegie. Waar die omstandighede hulle verleen, tot 'n presumpsie van afwesigheid van oogmerk, word die belediging opgehef. In die Romeins-Hollandse reg het 'n paar voorbeelde, nl. uitoefening van publieke en beroepspligte, die omstandighede waar daar n presumpsie van geoorloofde oogmerk is, aangetoon, en as gevolg waarvan, die onus van bewys van krenkende oogmerk in sulke gevalle altyd op die beledigde berus. Tereg is die aantal gepriviligeerde gevalle deur die Suid-Afrikaanse reg uitgebrei, namate die vereistes van die ingewikkelde moderne maatskappy; tewens daarby is beskerming ook uitdruklik verleen aan eerlike kritiek gerig op 'n publieke persoonlikheid, liggaam of vereeniging, en analogiese gevalle waarby die publieke belange betrokke is. Het die reg in al hierdie gevalle die beginsel van die materiele reg toegepas, nl. presumpsie van geoorloofde oogmerk, en dat bewys van animus injuriandi dan die beskerming ophef, dan was die weg gebaan vir 'n logiese en konsekwente toepassing van die gewone beginsels van belediging en in ooreenstemming met die beginsels wat deur die outoriteite uiteengeset is. Die regspraak het egter die voorkeur gegee aan die Engelse begrippe van „Qualified Privilege" en al die beginsels van beskerming en aanspraaklikheid wat daarmee gepaard gaan. Hierdie keuse was ongelukkig en wel omdat dit, ten eerste 'n verwaarlosing van die beginsels van die Romeins-Hollandse Reg beteken. Ten twede kry ons nie meer 'n logiese toepassing van die animus injuriandi begrip nie, maar die ingewikkelde begrippe van die Engelse „actual and express malice". Ten derde word malice alleen 'n belangrike faktor in gepriviligeerde gevalle, en die „express malice" word net so veelsydig en dubbelsinnig verklaar, as die begrip in die Engelse reg. Daar word dan ook 'n onderskeiding gemaak tussen die twee vorme van malice, die legal malice wat aangeneem word, en actual malice wat in die gevalle van privilegie bewys moet word, terwyl die animus injuriandi in 'n gewone of 'n beskermde geval van belediging, alleen één betekenis het, nl. die bedoeling om te krenk. Terwyl die Suid-Afrikaanse reg ook 'n onbeperkte privilegie, soos in die Engelse reg, erken in verband met die beraadslaginge van Parlement,1) ens., is dit nog nie deur die howe besluit of dieselfde onbeperkte beskerming aan regters van die Hoëre Geregshowe verleen sal word nie.2) Volgens die outoriteite is die beginsel wat gevolg moet word in sulke gevalle duidelik. Beskerming word alleen aan regters verleen wanneer hulle nie 'n misbruik van hulle pligte maak om die beledigde te krenk nie. Beskerming is afhanklik van die oogmerk van die regter. Vir magistrate,3) advokate, prokureurs4) en getuie5) in 'n hofsaak, geld die reel van beperkte beskerming van die RomeinsHollandse reg. Die gepriviligeerde gevalle, deur die howe erken, word deur tweërlei uitdrukkinge aangedui óf as 'n gepriviligeerde meedeling (privileged communication) óf as 'n gepriviligeerde geleentheid (privileged occasion). Hier is daar 'n verskil sonder onderskeid, want vir 'n gepriviligeerde meedeling moet die hof alleen eers besluit, of dit geskied het by 'n gepriviligeerde geleentheid.6) Vir al twee vorme van privilegie geld dieselfde beginsels. Die beginsel waarop 'n gepriviligeerde geleentheid ontstaan, is dat die dader 'n meedeling waarby hy 'n plig of belang het, openbaar aan 'n persoon, met 'n ooreenkomende plig of belang om dit te hoor. Uit al die talryke hof beslissings is daar alleen enkele, waarin die beginsel van beskerming, logies en duidelik uiteengeset word. Dus in Loveday v. Lombard 3 O.R. p. 62 het die Regter die materiele 1) Wet No. 19/1911. 2) Nathan op. cit. p. 133 beweer met sekerheid, dat die Engelse beginsels toepaslik is. 3) Bosman v. Bisset 1 S.C. p. 319: tereg was beskerming verleen omdat die oogmerk was die „bona fide object of upholding the dignity of his office". 4) Briscoe v. Benson (1914) T.P.D. p. 598; Richards v. Kuranda (1914) W.L.D. p. 43. 5) Dippenaar v. Haumann (1878) Buch p. 140. 6) vide byv. Yates v. McCrae (1929) T.P.D. p. 491. As die geleentheid beskerm word, dan word die meedeling ook beskerm. reg as volgs verklaar: „Eene gepriviligeerde geleegenheid, in dien zin echter, verstrekt alleen een gekwalificeerde of conditioneele verdeediging, en de privilegie gaat tot niet, zoodra het bestaan van werkelijke kwaadwilligheid of intentie om te krenken of beleedigen, aanwesig is . .. Derhalwe waar gevoelens worden uitgesprooken in onnodige, overdrewenen, beleedigende of krenkenden taal en er omstandigheden aanwezig zijn waaruit het bestaan van kwaadwilligheid of de intentie om te injurieeren, redelijkerwijze kan worden afgeleid, moet de spreker beschouwd worden de privilegie te hebben overschreden en zich schuldig gemaakt aan laster".x) Hierdie uitspraak kon wel as model gedien het vir die regspraak. Inteëndeel word die voorkeur gegee aan die Engelse begrip van malice by beperkte privilegie. Dus verklaar die Appèlhof in Perl v. Shapiro (1926) A.D. p. 124: „The occasion being privileged the presumption of animus injuriandi arising from the defamatory nature of the statement was rebutted and the onus of affirmatively establishing the existence of such animus passed to the appellant. Theoretically he could discharge that onus by proving that the respondent published the statements mala fide, in that he had been actuated by personal ill-will, or by some indirect or improper motive, or that he said what he did not know to be true, reckless whether it was true or false. But practically he was confined to very narrow ground; there was no suggestion of personal ill-will, nor was the element of recklessness present. .. after elimination of these factors . . . the only possible way of establishing mala fides was to show that the statement was untrue". 2) Hierdie beslissing is karakteristiek van die beginsels neergelê in verband met beperkte privilegie. In plaas van 'n duidelike verklaring van wat animus injuriandi is, probeer die regters om soveel moontlik faktore aan te wys, wat die teenswoordigheid van actual malice 1) Die oogmerk om te beledig, as strafbare faktor, is ook verduidelik in die ou saak van Keyter v. Ie Roux 3 M. p. 323, waar verweerder 'n beledigende brief geskryf het met die doel om die verkiesing van eiser as ouderling van die kerk te verhinder: „Defendant was not actuated solely by a conscientious desire and intention to perform his duty, but by a malicious desire and intention to prevent Plaintiff from holding the office of elder". 2) 'n Andere regter verklaar malice as „mala fides or it is expressed in legal latin with an animus injuriandi" (p. 128). of mala fides kan bewys. Merkwaardig is dit anders, dat mens in sulke gevalle, vir die eerste maal 'n verklaring van die belangrikheid van animus injuriandi, en 'n beskrywing daarvan, ontmoet. Maar juis in hierdie beskrywing het die howe animus injuriandi volledig vereenselwig met actual malice. Die animus is nie meer 'n bepaalde wilsrigting om te krenk nie, maar is enige mala fides van die verweerder. Animus injuriandi word dus dieselfde geag as: 1. Persoonlike dryfvere. 2. Indirekte of ongeoorloofde motief. 3. Die roekeloosheid waarmee die belediging geuit word. 4. Ongegrondheid van die beledigende uiting. 5. Onwaarheid daarvan; in plaas, dat die hof verklaar, dat al hierdie faktore ten hoogste as bewys van animus injuriandi kan dien. Die gevolg is dan ook dat in sulke gevalle die Engelse reg haar invloed ten sterkste uitgeoefen het, en dat die beslissings gereeld op Engelse presedente en „leading cases" berus: „The onus of proving that the defendant was actuated by any bad or improper motive rests on the Plaintiff... In the absence of animus injuriandi, which in the English law is called malice, on the part of the Defendant, the Plaintiff cannot succeed".J) As die Hof eenmaal die express malice van die Engelse reg oorneem, dan moet die inkorporasie van legal malice ook volg, sodat die twee begrippe van mekaar geskei moet word. Hierdie verskil tussen die twee begrippe word dan ook meermale bevestig: „and by malice is not meant malice in law but the ordinary meaning that malice bears in society. It means ill-will, spite, anger any other motive . .." 2) Aangesien die „society" die begrip moet verklaar is dit geen verwondering dat dit so veel verskillende interpretasies geniet nie. 1) Restall v. Malloch 18 E.D.C. p. 89; vide byv. Skinner v. Shapiro (1924) W.L.D. p. 157, waarin die regter al die Engelse „leading cases" nagaan, nadat hy gepleit het vir die inagneming en toepassing van die R.-H. reg, en dan tot die gevolgtrekking kom, „that the Defendant did not act in good faith but mala fide thus exceeding the limits of his privilege and indicating that he was actuated by animus injuriandi" (p. 166). 2) van Nes v. du Toit (1916) T.P.D. p. 337; cf. ook Upington v. Saul Solomon (1879) Buch. p. 281: „He (d.w.s. uitgewer van 'n koerant) may have been influenced by what the law would call malice but not by that express malice which I think is culpable in cases of this kind' . Vide ook ante p. 159. Die Howe is daar oortuig van, by die toepassing van die malicebegrip in hierdie gevalle, dat dit volkome ooreenstem met ons geldende reg: „Our Roman-Dutch Law is very similar as regards a privileged occasion to the principles of the English Law".*) Dan moet die Hof tenminste bewys dat die outoriteite, „anger, spite, ïll-will, indirect and improper motive, mala fides" vereenselwig het met animus injuriandi, en dat die animus alleen in beskermde gevalle belangrik word. Of anders verklaar die Hof, dat daar prakties geen verskil van beginsel is nie: „What is a privileged occasion has often been laid down in our courts of law. We have practically adopted the English law in this respect, which is for all practical purposes the same as our own". 2) Met sulke willekeurige uitdrukkinge word 'n analogie, wat nie bestaan nie, geforseer, en hiermee word alleen 'n verklaring en toepassing van die reg grotendeels vereenvoudig, deur verwysing na, en toepassing van, die talryke, veelsydige en handige Engelse presedente. Met die praktiese invoering van die Engelse beginsels het dit, egter, nog nie so ver gekom dat 'n konsekwente bepaling van die beginsel van beskerming neergelê is nie. In Monckten v. British S.A.Co. (1920) A.D. p. 325 3) het die Hof vir die bewys van express malice, die reel as volgs verklaar: „this he can do by proving that the Defendant published the communication not in good faith but mala fide, thus exceeding the limits of his privilege and indicating that he was actuated by that animus injuriandi which is an essential element in actions for verbal or literal injury".4) Dat die Hof, die mala fides 'n faktor maak om die be- 1) Davis v. Jacobs (1914) T.P.D. p. 220. 2) Laloe Janoe v. Bronkhorst (1918) T.P.D. p. 165: vir die gevolg van die „practical similarity" in hierdie beslissing, vide infra p. 214(1); cf. ook Bruce v. Callaghan 2 E.D.C. p. 259. 3) cf. ook Ehmke v. Orunewald (1921) A.D. p. 584. 4) verder dat „animus injuriandi may be established not only by proving actual ill-will towards Plaintiff, but by showing that the Defendant was actuated by any indirect or improper motive or that he stated what he did not know to be true, reckless whether it was true or false". In McLean v. Murray (1923) A.D. p. 414 het die Hof ook animus injuriandi 'n dubbelsinnige verklaring gegee: „Mala fides (-d.w.s. animus injuriandi) may be established in other ways than by proving that Defendant was not actuated by a sense of duty or ill-will. If for example Defendant had 14 skerming van die objektiewe privilegie op te hef, is juis. Minder juis is die gevolgtrekking, dat oorskreding van die privilegie, animus injuriandi beteken. Volgens hierdie beslissing blyk dit, dat mala fides = exceeding the privilege = animus injuriandi. Hier vergeet die Hof, dat 'n persoon die grenslyn van sy privilegie kan oortree, sonder dat hy daarmee die krenking van iemand beoog. Meer juis sou dit gewees het, om eenvoudig te beweer, dat animus injuriandi * oorskreding van die privilegie, en dat die andere faktore soos persoonlike haat, ens. bewys van die animus kan wees. Tereg het die Hof in Middler v. Hamilton (1923) T.P.D. p. 452, beweer, dat die objektiewe oortreding nie met animus injuriandi vereenselwig moet word nie: „Exceeding the limits of his privilege is not the equivalent of animus injuriandi. Animus injuriandi is not the same thing as express malice and the proof of the latter is one of the ways of proving the former". Die Hof is gewoonlik nie tevrede met die feit, dat animus injuriandi in sigself as opheffing van die beskerming dien nie, en die menigvuldige Engelse verklaringe van die begrip word gewoonlik daarby toegevoeg: „The onus lay on the Plaintiff to show that the Defendant went too far or in some way abused the privilege by being actuated by express malice, in the sense of some improper motive, an intent or desire to injure the Plaintiff". *) By die gepriviligeerde meedeling op 'n gepriviligeerde geleentheid, moet dit geskied, „bona fide, and without malice and upon sufficiënt grounds" en die Hof gee weer 'n dubbelsinnige verklaring van malice: „Malice in fact is of two kinds viz.personal malice against the indiwidual or general disregard of the right sort of consideration due to all, which is productive of injury to the Plaintiff".2) acted from some ulterior or improper motive that would be sufficiënt... The test to be applied is, was the Defendant acting bona fide or mala fide". Die feite was, dat verweerder, 'n lid van die stadsraad, 'n inskrywing vir die bou van 'n brug gekritiseer het, omdat die bedrag in die inskrywing, die werklike totaal tekortgeskiet het. 1) Urquhart v. Odendaal (1920) C.P.D. p. 581; of anders, „Did the Defendant make this statement in good faith and on reasonable grounds or did he make it maliciously and with an animus injuriandi?" in Maberley v. Cunningham (1910) C.P.D. p. 141. 2) Kroger & Co. v. Bettington 2 E.D.C. p. 371. In één beslissing word dit reguit verklaar, dat by privilegie die oogmerk om te beledig 'n onverskillige faktor kan wees: „It is not necessary that one should find that the respondent was actuated by an^er or ill-feeling against the appellant and that he intendedto injure the appellant and to cause him damage. It is enough in order to hold respondent liable for defamation if he did not make his remarks bona fide or by way of self-defence or in the exercise of his duty ..x) M.a.w. die Hof het hier alleen bevestig wat so dikwels in die beslissings van die howe te sien is, dat die Engelse begrip van actual malice of mala fides iets anders is dan die bepaalde begrip van animus injuriandi. Die eerste vraag wat die hof altyd besluit is, of die geleentheic werklik gepriviligeerd is en is dit so, dan word tewens die meedeling ook beskerm. Sulke gevalle is al veel uitgebrei, maar neem steeds toe as gevolg van uitdruklike judisieele erkenning. Beskerming word dus verleen aan vergaderinge van 'n Stadsraad, Kerkraad, Hawebestuur, Kamer van Koophandel, Skoolraad en verdere analogiese gevalle, waarby die publieke belange in grotere of mindere mate betrokke is,2) en die geleentheid is gepriviligeerd omdat daar 'n ooreenkomende plig en belang tussen die dader en toehoorders is. As die privilegie eenmaal gekonstateer word dan is die volgende vraag, of die dader binne die grense van die privilegie gehandel het. Het die hof genoeë geneem met die beginsel dat in dergelike gevalle van uitoefening van 'n plig of belang, waarby die publieke belange bevorder word, 'n presumpsie van geoorloofde oogmerk ontstaan, en dat by bewys van die teenoorgestelde die beskerming verval, dan was die weg gebaan vir n positiewe beginsel wat vir elkeen begryplik sal wees.3) Het die reg tewens haar uitdruklike beskerming verklaar waar die dader 'n kritiese beoor- n Visser v. Struben 6 O.R. (1899) p. 114. 2) byv. ook die vergadering van skuldeisers in 'n insolwente boedel: Per v. Shapiro (1926) A.D. p. 121. 3» soos byv. in Kleinhans v. Usmar (1929) A.D. p. 127: „In general an action lies for the malicious publication of statements which are false in faci and injurious to the character of another ... unless it is fairly made by a person in the discharge of some public or private duty, whether legal or moral... In such cases the occasion prevents the inference of malice ... and affords a qualified defence depending upon the absence of actual malice". deling vel op die gebied van kuns, wetenskap, industrie, publieke persone, instellinge, werksaamhede en onderneminge, dan was die voorbeelde van wat gepriviligeerd is, en beginsels van beskerming, volledig verduidelik. As ons die beslissings van die howe raadpleeg dan blyk dit dat dit nie die so eenvoudig is nie, en die juris is alleen in staat om te weet wat beperkte privilegie eintlik is, na raadpleging van honderde presedente uit die regspraak,1) Engels sowel als Suid-Afrikaans, want die Engelse regspraak geld ewegoed vir die SuidAfrikaanse reg. Hierdie negatiewe vasstelling is allesbehalwe 'n praktiese metode vir 'n regssisteem, wat se waarneembare vorm alreeds alleen te vinde is in verskillende outoritatiewe skrywers, en talryke judisieele beslissings van twee verskillende regssisteme. Want as die dader 'n belediging geuit het, dan vraag die hof nie of hy dit met 'n geoorloofde oogmerk bedoel het nie, maar, bestaan daar 'n erkende privilegie om hom te beskerm. En die besluit of daar 'n privilegie is, hang af van die objektiewe omstandighede. As daar geen vorige presedent van 'n gelyke of gelyksoortige geval is nie, dan moet die regter met 'n seker mate van willekeurigheid besluit. Dus moet die juris en andere belangstellendes weet, dat die beraadslaginge van 'n partikuliere en vrywillige vereniging van boere nie gepriviligeerd is nie, en dat 'n koerant wat 'n verslag daarvan druk, selfs al is dit „without malice, a fair and accurate report", aanspraaklik is, omdat die vergadering nie gepriviligeerd is nie. 2) 1) vide byv., die vaë verklaring van Nathan op. cit. p. 133: „Where... the law presumes that from the nature of the circumstances there is an animus injuriandi... but ailows the defendant to prove that the communication in the particular circumstances, was made in good faith and without malice, the occasion is said to be one of qualified privilege". Hier behoort dit nie 'n geval van „qualified privilege" te wees nie, maar 'n geval van geen belediging. Die teksboekskrywers behandel hierdie gevalle met groot biesonderheid, en gee talryke Hof beslissings aan: Nathan op. cit. p. 132 v.; Maasdorp op. cit. p. 118 v. 2) Philpott v. Whittal, Elston, Crosby & Co. (1907) E.D.C. p. 193. Alles hang dus af van die vasstelling van 'n privilegie. Die pleit van verweerders, dat hulle geen animus injuriandi gehad het nie, was onverskillig. Die Hof is milddadig genoeg om te sê, dat „it lies on the defendants to show that in this particular instance they are not responsible for the ordinary conse- So is daar andere gevalle wat mens eenvoudig alleen moet onthou, deur middel van die feite van die saak, en die beslissing gegee; byv., waar die eiser gehoor het, dat verweerder hom beskuldig met die vaderskap van haar onwettige kind en hy het met 'n paar getuie na haar toe gegaan om die beskuldiging te bevestig, wat dan ook geskied het, het die Hof die meedeling nie as gepriviligeerd beskou nie, omdat dit „extra-judicial" gemaak was.1) 'n Publieke vergadering wat bygeroep word om die toestand en vooruitsigte van n publieke skool te bespreek, en borgstellers te kies, is nie n gepriviligeerde geval vir 'n persoon om beweringe teen die hoof van die skool te maak nie, aangesien die klag alleen voor die skoolbestuur ingedien moes word2); maar as 'n lid van 'n skoolbestuur, 'n belediging aan 'n andere bestuurslid openbaar in verband met die hoof van die skool, en selfs as dit buite 'n vergadering van die raad geskied, dan word dit beskerm. 3) Die ooreenkomende pligte of belange kan, afgesien van publieke vergaderinge, komitees, ens., van 'n wetlike, morele of sosiale aard wees: „Defendant must have an interest or duty (legal, moral or social of perfect or imperfect obligation) to make the communication and that the person to whom it is made has a corresponding duty or interest to receive it".4) Dat die reg hiermee alleen soms 'n quences of their conduct", maar wanneer die Hof hierdie woorde gebruik, is dit meesal 'n teken, dat die dader aanspraaklik gehou moet word. 1) Reyneke v. Reyneke 6 C.L.J. p. 111. 2) Bruce v. Callaghan 2 E.D.C. p. 259. 3) Calder v. Ring (1910) E.D.C. p. 235; 'n vergadering van aandeelhouders waarby persverteenwoordigers aanwesig is, is nie gepriviligeerd nie. Adler v. Etheridge (1907) T.H. p. 142. 4) Taylor v. Rider (1912) W.L.D. p. 219 (geciteer uit Halsbury s Laws of England 18, p. 686); vide ook Holzgen v. Woolwright (1928) T.P.D. p. 11 (vide ante p. 160). • Die Hof stel, soos in die Engelse reg, beskerming in die feit van die toehoorder se „corresponding interest or duty". Is daar andere persone teenswoordig, dan moet die Hof besluit of dit 'n „abuse of the privilege" is, of nie: vide byv. Kleinhans v. Usmar (1929) A.D. p. 121, waar verweerder 'n kosbare ram van sy plaas gemis het. Toe hy 'n ondersoek instel en die vrou van sy vroeëre plaasbestuurder beskuldig met die feit, dat haar man die ram weggeneem het, moes dit besluit word, of die teenswoordigheid van andere toehoorders, wat gedurende die gesprek opgekom het, bewys was omweg kies om tot die gevolgtrekking te kom dat die animus geoorloofd is, via 'n vasstelling eers van 'n privilegie, word nie raak gesien nie. Onder hierdie groepe word ook beskerm die uitoefening van 'n godsdienstige plig, want die reg het gestreef om die privilegies so alomvattend as moontlik te maak. Onder dergelike pligte val die openbaring van enige feit in verband met kerksake, en nie alleen die uitoefening van sy beroep deur 'n predikant nie. Die „common interest or duty", en nie die oogmerk nie, is die kern van die privilegie. Dus waar verweerder, wat nie 'n lid van 'n sekere kerk is nie, 'n beledigende feit meedeel aan die lede van die kerkraad nl., dat eiser, 'n lid van die kerk, skuldig was van onsedelike gedrag met sy vrou (d.w.s. van verweerder), dan word die geval nie as gepriviligeerd beskou nie, omdat verweerder geen lid van die kerk is nie. *) Die feit dat sy oogmerk geoorloofd is, is onverskillig, omdat die reg hom geen „common interest or duty" in die omstandighede wil toeken nie. 'n Andere voorbeeld van ooreenkomende plig en belang is die verskaffing van vertroulike informasie, in antwoord op 'n versoek daarvoor, byv., in verband met die karakter en bekwaamhede van 'n bediende, en die feit dat sulke gevalle as gepriviligeerd beskou word, 2) en nie onder die algemene reel van afwesigheid van oogmerk val nie, bewys hoe inklusief hierdie privilegie-formula geskep is. Met die inkorporasie van die Engelse begrip malice was die howe dan ook miskien genoodsaak om hierdie gevalle uitdruklik te beskerm, want anders sou die publieke en sosiale belange steeds belemmer word, as vrye gedagteuiting anders steeds aanspraaklikheid veroorsaak. Nog 'n erkende groep wat beskerm word, is meedelinge in verband met familiesake, en 'n goeie voorbeeld van die manier waarop van n oortreding van die privilegie. M.i. moes die Hof eenvoudiger, alleen die animus van die dader ondersoek. 1) Laloe Janoe v. Bronkhorst (1918) T.P.D. p. 165; 'n Geval wat veel lyk op die H.C. V.LXXX1 (ante p. 58(4), is waar 'n vader optree in verdediging van sy seun, wat van die kerklidmaatskap verwyder is. Dit was besluit dat dit 'n gepriviligeerde geval is: vide Ehmke v. Grunewald (1921) A.D. p. 575. 2) vide Bulpin v. Jackson 13 S.C. p. 254. die objektiewe privilegie vasgestel word, lewer die saak van Fick v. Watermeyer (1874) Buch. p. 86. Die feite was dat verweerder 'n brief aan sy skoonvader geskryf het, waarin hy gewaarsku het teen die verlowing van sy niggie (d.w.s. van verweerder) met n persoon van algemene bekende slegte karakter en gedrag. Die doel was om die huwelik te verhinder. Hier sou dit redelik gewees het as die Hof alleen oorweeg het, of die oogmerk van die dader in die omstandighede geoorloofd was of nie, maar dit word nie gedoen nie, en die vraag wat die Hof as belangrik ag, is of só 'n geval g-epriviligeerd moet wees. Ten eerste is daar die gewone voordrag oor die Engelse beperkte privilegie: „The English Law does not presume animus injuriandi where there is a privileged communication and I have no doubt that the same doctrine would apply here. The question therefore is whether the letter is a privileged communication". (p. 90) As hoof faktor in die vasstelling van die privilegie, is die graad van verwantskap tussen die belediger en die betrokke meisie, teen wie se verlowing met die beledigde, hy gewaarsku het. So besluit een regter dat die geval as gepriviligeerd beskou moet word omdat, „the defendant was married to a first cousin of the young lady, and a first cousin is a close relationskip", (p. 91), terwyl Hoofregter de Villiers (hy was in die minderheid), van hierdie standpunt verskil: „1 can understand a privileged communication by a person standing in loco parentis . . . but I should be very sorry to extend this to a letter written to a cousin . .. there is no case in which a privileged communication has been recognised as between cousins" (p. 90). Hier is dus 'n onopgeloste probleem vir die Suid-Afrikaanse privilegieformula, nl., nie die vraag of die oogmerk geoorloofd of krenkend was nie, maar of die verwantskap van oom en niggie (deur huwelik) 'n gepriviligeerde geleentheid is, en die uitslag moet afgewag word totdat dit judisieel bevestig of verwerp word. *) Die graad van verwantskap is in sulke gevalle dus die belangrikste faktor, en is voldoende om 'n gepriviligeerde geval vas te stel. 1) Byv., Nathan op. cit. p. 146 is met Regter de Villiers eens, dat die graad van verwantskap nie voldoende is nie: „It does not appear safe to lay down that a communication made under such circumstances ... is privileged" (p. 147). Neem die hof die graad van verwantskap nie as voldoende nou aan nie, dan word die meedeling onder geen omstandighede beskerm nie. Dus waar 'n moeder aan 'n vriend meedeel, dat verweerder haar dogter verlei het, is die meedeling op grond van die verwantskap, nie gepriviligeerd nie, alhoewel as die vriend dieselfde feite aan die moeder meegedeel het, dit dan beskerm sou geword het. x) En talryke ander voorbeelde kan gegee word waar die howe in plaas van die toepassing van die logiese en eenvoudige beginsels, van die Romeins-Hollandse reg, steeds die voorkeur gee aan die bepaling van een of ander privilegie, 2) en deur hierdie onnodige omweg tot die gevolgtrekking te kom, dat die animus geoorloofd is, in plaas van die direkte toepassing van die hoofbeginsel, dat beskerming berus op die afwesigheid van animus injuriandi. Resumpsie. 1. Die oogmerk om te beledig moet steeds die strafbare faktor wees. 2. In die gepriviligeerde gevalle moet die „express malice" wat aanspraaklikheid veroorsaak vereenselwig word met die animus injuriandi van die materiele reg. Die feit dat die geleentheid of meedeling objektief, as gepriviligeerd gekonstateer word, is nie voldoende om die animus 'n onverskillige faktor te maak nie. Die objektiewe privilegie moet opgehef word op bewys van animus injuriandi.3) Die regspraak is verkeerd wanneer hulle beweer, dat oortreding van die privilegie = animus injuriandi, in plaas van dat animus injuriandi = oortreding van die privilegie. 1) Bloem v. Zietsman 14 S.C. p. 361: Die beledigende woorde was, „I arrt surprised that Mr. M. did not teil me that my child Maria is in the familjr way, because she is in the family way by Z."; vide vir 'n gepriviligeerde geval, Roberts v. Duthie 11 S.C. p. 280; en vir ander gevalle van nou of verre verwantskap, vide Taute v. Odendaal 23 S.C. p. 691; Tromp v. MacDonald (1920) A.D. p. 1. 2) vide ook die gevalle geciteer, ante p. 161. 3) Anders de Villiers op. cit. p. 209, wat die animus injuriandi as onverskillige faktor beskou, en as die belangrike faktor, of die dader by 'n privilegie nie buite die grense daarvan gegaan het nie. Hierdie uiterlike standaard as kriterium, is in stryd met die outoriteite: vide ante p. 90 v. 3. Die reg het 'n groot aantal gepriviligeerde gevalle geskep, 'n nabootsing van die Engelse reg wat onnodig is. Die reel vir presumpsie van geoorloofde oogmerk kan meer positief vasgestel word, dan deur verwysing na talryke presedente uit die regspraak. I. In die gevalle waar die algemene belange klaarblyklik bevorder word, is die presumpsie van beledigende oogmerk uitgesluit, en die beledigde moet bewys lewer van beledigende oogmerk, voordat die verleende beskerming verval. Die oortreding van die grense van die privilegie is in sigself sterke bewys hiervan. II. Voorbeelde van gepriviligeerde gevalle is Hofprosesse, vergaderinge van offisiele of publieke liggame en vereniginge, uitoefening van wettige pligte en beroepspligte, en die vryheid van drukpers. III. Die howe probeer altyd waar die oogmerk geoorloofd is om 'n privilegie te konstateer. Aangesien geoorloofde oogmerk in sigself as opheffing van aanspraaklikheid dien, is dit onnodig om eers die privilegie objektief vas te stel. Die hof moet direk besluit of die oogmerk georoloofd was, en nie die aantal privilegies eindloos uitbrei nie. 4. Wenslik sou dit wees om die onvaste en ingewikkelde begrippe van die Engelse „qualified privilege" af te skaf, en dit te vervang deur die beginsels van ons outoritatiewe reg. II. Eerlike Kritiek. Hierdie vorm van beperkte privilegie is in toto uit die Engelse reg oorgeneem, onder die naam van „Fair Comment". Hierdie terminologie is dubbelsinnig en die vraag moet beantwoord word, of die „fairness" afhanklik is van die objektiewe buitesporigheid, of die subjektiewe bedoeling waarmee die kritiek uitgeoefen is. Die outoriteite behandel nie veel gevalle van eerlike kritiek nie en tereg het die Hof in Crawford v. Albu (1917) A.D. p. 136, verklaar dat „The phrase 'fair comment' is unknown to the Roman and Roman-Dutch Law"; maar al was die uitdrukking onbekend, was die beginsel van beskerming van kritiek toegepas.1) Immers die vraag van eerlike kritiek moet besluit word, nie volgens wat die 1) vir die R.-H. reg vide p. 91(5). geval in een of ander regssiteem was nie, maar volgens die behoeftes van die maatskappy self. Elke persoon het 'n reg op vrye gedagteuiting en 'n reg om vrye kritiek te lewer oor sake waar die uitlokking van dergelike kritiek, billik afgelei kan word. Kritiek sou dan geoorloofd wees in verband met publieke sake, persone, vereniginge en werksaamhede, en oor kuns en wetenskap in die algemeen. Die vrye kritiekuiting moet dan ook nie onbeperk wees nie en die reg van die gekritiseerde persoon moet ook in ag geneem word. Die volgende beginsels word deur die howe toegepas en die beginsels is anders billik. 1. Kritiese beoordeling in die Suid-Afrikaanse regspraak word alleen toegelaat in die gevalle waar die publieke belange daarby betrokke is. Sulke gevalle is uit die aard van die saak uitgebrei en die howe besluit altyd of die kritiek werklik in die belange van die publiek is.1) Waar die drukpers die reg van eerlike kritiek uitoefen was dit neergelê, dat dit geensins van die reg, wat aan 'n private persoon toegestaan is, afwyk nie: „A public writer, proprietors, editors and publishers of Newspapers enjoys no greater rights, privileges or exemptions in respect of the publication of libels than does any private individual".2) 2. Die telaslegging moet 'n kritiek wees en nie 'n bewering van feite nie. Die kritiek moet op ware feite berus. 3) Nathan 4) beskou dit as „in effect a plea of justification" maar hierdie bewering is onjuis. Die exceptio veritatis is 'n telaslegging van 'n ware feit of feite wat bewys moet word, terwyl by die eerlike kritiek die dader buite die ware feite gaan, en alleen sy opregte kritiek op ware feite baseer. Die waarheid van die kritiek self moet nie bewys word nie, solang as dit regverdig en gegrond is. 1) byv. kritiek oor die publieke dade van 'n publieke man, soos 'n stadsraadlid: Watkins v. Ewing 3 E.D.C. p. 155; vide ook Upington v. Saul Solomon (1879) Buch. p. 260 en Harris v. A.C. White P. & P. Co. Ltd. (1926) O.P.D. p. 104; vir „matters of interest to the public" vide Crawford v. Albu (1917) A.D. p. 122. 2) Payne v. Sheffield 2 E.D.C. p. 174 en 171—172; cf. Ribbink v. Marais <& Roos 4 S.A.R. p. 236. 3> Crawford v. Albu (supra) p. 114; Hartley v. Palmer 24 S.C. p. 228; African Life Assurance Society Ltd. v. Phelan 25 S.C. p. 743. 4) op. cit. p. 163. 3. Dit word gevorder, dat die kritiek eerlik moet wees, en redelik van die feite afgelei kan word. Dit word nie toegestaan om onedele of onegte motiewe te las te lê nie.*) Die reg het haar nie gebind tot 'n objektiewe standaard van wat regverdig is nie, maar vorder dat „the right must not be maliciously exercised". 2) Met hierdie bepaling het die hof 'n redelike beginsel neergelê, maar dit is teenstrydig met die arbitrère objektiewe beginsel, dat onedele en onregte motiewe nie telasgelê moet word nie. Hierdie standaard is te wyd en algemeen neergelê, en stel 'n objektiewe maatstaf vas, selfs waar die dader die kritiek met 'n geoorloofde oogmerk uitoefen. Ook is uit in stryd met die bewering van die Hof, dat die kritiek deur die feite geregverdig moet wees, want dit kan wees dat so 'n telaslegging, volgens die omstandighede, volkome juis is.3) Tereg anders, neem die hof in aanmerking die bedoeling van die dader om dit as die kriterium van eerlike kritiek te maak. 4. Siende, dat die kritiek op grond van die publieke belange toegelaat word, is dit redelik dat die uitoefening daarvan in verband moet staan met die publieke hoedanigheid van die gekritiseerde persoon, en nie in verband met sy private lewe nie: „Fair comment must be comment on facts which can be proved to be true. You must not attack the private character of the individual". 4) Ten slotte kom dit ons wenslik voor om die bewering van de Villiers, dat die grenslyn van „fair comment" in sy uiterlike standaard vasgestel moet word,5) te behandel, wat ons alreeds in verband met beperkte privilegie gedoen het.6) Hy beweer, dat „where 1) „Base, sordid or corrupt motives''', vide Farrar v. Madeley (1913) C.P.D. p. 888; Luyt v. Morgan (1915) E.D.L. p. 223; Watkins v. Ewing 3 E.D.C. p. 155; Crawford v. Albu p. 102. 2) Crawford v. Albu p. 114; vide ook Hooper v. Jackson (1922) E.D.L. p. 410 en African Life Assurance Society v. Phelan p. 105. Beter sou dit wees as hierdie subjektiewe vereiste aangedui word deur, en vereenselwig met, animus injuriandi. 3) Beter dus is die verklaring in Upington v. Saul Solomon (1879) Buch. p. 261; „By fair comments I mean such as are not in excess of what the occasion required and which impute no improper motives except such as may fairly and reasonably be gathered from the plaintiff's conduct". 4) Apthorp v. Drew (1908) O.R.C. p. 91. 5) op. cit. p. 227. 6) ante p. 90. a person remains within the iimits of his rights with regard to freedom of expression of opinion, the question whether he has been actuated by animus injuriandi cannot properly arise. Only when he has overstepped those Iimits can the question whether he was so actuated and whether he is liable to an action of injury arise". Hier stel de Villiers die algemene reel wat hy in die gevalle van privilegie neerlê. Dit kan toegegee word dat terwyl die objektiewe grense nie oortree word nie, die animus gewoonlik ook geoorloofd is, en dat bewys van die teenoorgestelde byna onmoontlik is, maar m.i. het de Villiers die materiele reg nie juis weergegee nie. Die kriterium word sonder meer in sulke gevalle, altyd deur hom objektief vasgestel. Dit is teenstrydig met die Romeins-Hollandse reg want selfs by die exceptio veritatis was die outoriteite van mening, dat die animus injuriandi strafbaar was en dit was feitlik alleen van der Keessel, wat die animus by die waarheid steeds as onverskillige faktor beskou het.2) En die algemene beginsel waarop beskerming in die Romeins-Hollandse reg vir gepriviligeerde gevalle berus, moet ook geld vir eerlike kritiek. Vir de Villiers egter is dit nie duidelik nie, dat „if (the) comment is justified by the facts commented upon, it can matter whether the comment is made honestly and without malice or otherwise". 3) Ook kan hy nie insien nie „how the abstract quality of fairness or unfairness of comment can be affected by the spirit in which such comment is made". Hier gaat dit alleen om 'n woordestryd. Het die regters die woorde „honest criticism" gebruik, dan het dit ooreengekom met die subjektiewe vereiste van non-malicious, wat hulle neergelê het. 4) Hierdie argument is dus onbelangrik. n Groter moeilikheid wat de Villiers ondervind, is wanneer hy probeer om die grenslyn van eerlike kritiek volgens die outoritatiewe beginsels vas te stel. Dus vereis hy by die kritiek, dat dit deur 1) op. cit. p. 39 v., p. 200, en p. 209. Die aangehaalde citaat is uit sy boek, p. 227. 2) vide ante p. 85. 3) S.A.L.J. XXXIV. p. 203; Hy kritiseer die beslissing in Crawford v. A'bu, waar die malice van die dader as 'n belangrike faktor besluit was. 4) de Villiers wil dan ook die woorde „permissible comment", wat meer met sy objektiewe grenslyn ooreenstem, invoer. Ek citeer uit sy artiekel in die S.A.L.J. (Supra N. 3). die feite geregverdig moet word en „even supposing the comment... was somewhat exaggerated .. ., but the persons in whose presence the comment was made were fully cognisant of the facts referred to, and were as competent as the person making the comment to judge as to its appropriateness or otherwise, it would, one may suppose, have been held by the Praetor that the person whose actions were commented upon had practically suffered no injury". Hier word de Villiers sy leer ontrou nl. dat die strafbaarheid van belediging in die bedoeling van die dader lê, en nie in die mening aan die belediging toegeskryf deur die toehoorders, of die onverskillige feit, dat hulle van die spesiale omstandighede van die saak bewus is nie.1) Hy stel dan meteens 'n objektiewe standaard, as of die Praetor in die Romeinse reg die werklike nadeel aan goeie naam gestraf het, en nie die wederregtlike bedoeling van die dader nie. Hy beweer dan ook, na sy vassteliing van wat fair comment is, dat „all this may appear to be somewhat indefinite in respect of not drawing the line clearly between what is permissible and what is not permissible comment, but it generally is not easy to lay down the exact limits of rights, for instance of the right of self-defence". Myns insiens moet die moeilikheid opgelos word, in die afwesigheid van teenoorgestelde beginsels in die geldende reg, in die toepassing van die algemene beginsels van die aksie, nl., dat die kritiek uitgeoefen moet word, nie met die oogmerk om iemand te krenk nie, maar met die oogmerk om 'n opregte mening uit te spreek en die algemene belange te bevorder. Hiermee word die reel meer billik en meer konsekwent neergelê, dan wanneer 'n objektiewe arbitrêre grenslyn vasgestel word, want die ewentueele besluit volgens die omstandighede, moet in elk geval aan die oordeel van die regter oorgelaat word. I) Roman and Roman-Dutch Law of Injuries, p. 90—91: „the Court should look at the meaning intended by the speaker to be conveyed". vide ook S.A.L.J: 28 p. 172 en S.A.L.J: 18 p. 46. Maar in sy artiekel in die S.A.L.J: XXXIV op p. 205, beweer hy, inkonsekwent genoeg en in stryd met die Romeinse en R.-H. reg, dat „the first question in an action for defamation is whether damage has actually been done to the reputation of the plaintiff". Ek vervvys slegs na p. 27 en p. 52 ante, vir die weerlegging van hierdie bewering. AANGEHAALDE LITERATUUR. A. Romeinse Reg. Arangio-Ruiz: Instituzioni di Diritto Romano (2a. Ed. 1927). Arndts: Pandekten (1883). Baron: Pandekten (1890). Binding, K.: Die Ehre und ihre Verletzbarkeit (1892). Bruns: Fontes Juris Romani Antiqui (1909). Dernburg: Pandekten (Bd. 11. 1894). Girard: Droit Roman (1924). Hij mans: Romeinsch Verbintenissenrecht (1927). Hitzig: Beitrage zur Geschichte der Injuria (1899). Holder: Pandekten (1891); Institutionen des Romischen Rechts (1893). Huschke: Gaius, Beitrage zur Kritik seiner Institutionen (1855). Jhering: Rechtsschutz gegen Injuriose Rechtsverletzungen (Jahrb. für Dogm.) (1885). Jörs, P.: Römisches Recht (1927). Kubler: Geschichte des Römischen Rechts (1925). Landsberg: Injuria und Beleidigung (1886). Lenel, O.: Das Edictum Perpetuum (1927). Leonhard, R.: Der Schutz der Ehre im alten Rom (1902). Mainzer: Die astimatorische Injurienklage (1909). Maschke: Die Persönlichkeitsrechte des Römischen Injuriensystems 1903). Modderman: Handboek voor het Romeinsch Recht (1913). Mommsen: Römisches Strafrecht (1899). Pernice: Labeo, Römisches Privatrecht (1873, 1900, 1892). Puchta: Pandekten (1877). Siber: Römisches Recht (Grundzügen für die Vorlesung Bd. II.) (1928). Sohm: Institutionen (1924). Thiel: Iniuria und Beleidigung (1905). Vos, L.: Iniuria en de Actio Iniuriarum (Ac. Pr. 1913). Windscheid: Lehrbuch des Pandektenrechts (1900). Zum altesten Strafrecht der Kulturvölker (Hitzig: Römisch Recht, 1905). TYDSKRIFTE. 1. Zeitschrift der Savigny-Stiftung (Romanistische Abteilung): van Kan Bd. XXXVI. p. 434. Binding Bd. XL. p. 106 „Rechtsgleichende Vermutungen .. ." Lenel Bd. XLVII. p. 381 „Die taxatio bei der actio Iniuriarum". Kunkel Bd. XLIX. p. 158 „Exegetische Studiën zum Aquilischen Haftung". 2. Tijdschrift voor Rechtsgeschiedenis: 1923 IV. p. 278. van Meurs „Iniuria ipsi Servo Facta". 3. Themis 1915 p. 160. 4. Rechtsgeleerd Magazijn 1926 p. 523. B. Romeins-Hollandse Reg. Anonymi: (Manuskrip) Praelectiones ad lib. XLVII et XLVIII Pandectarum. Barels, J. M.: Crimineele Advyzen (1777). Boey, T.: Woorden-Tolk (1773). Bijnkershoek, C. van: 1. Observationum Juris Romani (1735). 2. Quaestionum Juris Privati (1744). 3. Opera Minora (1744). 4. Opuscula Varii Argumentii (1743). 5. Observationes Tumultuariae (1923 en 1933) (Meyers, de Blecourt en Bodenstein). Cannegieter, I.: over H. de Groot's Inleiding (1796—1797) (Manuskrip). Damhouder, J.: Practijcke in Civile en Criminele Saken (1660). Fockema Andreae, S. J.: Oud-Nederlandsch Burgerlijk Recht(1906). Grotius: Inleydinge tot de Hollandsche Rechts-geleertheyt (1767). Hamel, van: Inleiding tot de Studie van het Nederlandsche Strafrecht (1927). Hasselt, J. J. van: De Hollandsche Rechtsgeleerdheid zo in het Civiele als Criminele: 377 Brieven (1804). Hessen, W.: Judicieel Formulier-Boek (Supplement van de Papegaay of Formulier-Boek) (1788). Hollandsche Consultatien en Advijsen (V) (1728). Kort Begrip der Hollandsche Consultatien en Advijsen (1742). Vervolg op Hollandsche Consultatien (1780). Hollandse Praktijk in Rechten bestaande in Vonnissen, Observatien van Oordeelen en Consultatien (1655). Huber, U.: 1. Heedendaegse Rechts-Geleertheyt (1742). (Gewoonlik geciteer.) 2. Praelectiones Juris Civilis (1749). Keessel, D. G. van der: (In Manuskrip) 1. Dictata ad Lib. XLVII et XLVIII Pandectarum. (Gewoonlik geciteer.) 2. Praelectiones ad Librum XLVII et XLVIII Pandectarum of Dictata ad jus Criminale (Kortere aantekeninge). 3. Commentarius ad Grotium. 4. Collectanea Juridica Dictata de Institutionibus. Theses Selectae (1800). Kersteman, F. L.: 1. Rechtsgeleerd Kweekschool of Sleutel der Crimineele Practyk (1789). 2. Rechtsgeleerd Woordenboek (1772). 3. Academie der jonge Practizijns (1765). Leeuwen, S. van: 1. Het Roomsch Hollandsch Recht (1780) (Kotze's vertaling 1921—1923). 2. Censura Forensis (1741). 3. Manier van Procedeeren in Civile en Crimineele Saken (1768). Leyser: Meditationes ad Pandectas (1772). Linden, J. van der: 1. Regtsgeleerd, Practicaal en Koopmans Handboek (1806). 2. Verhandeling over de Judicieele Practijcq (1794). Lunteren, S. A. van: Overzicht van de Geschiedenis der Romeinsche en Oud-Nederlandsche Rechtsvorming (1928). Matthaeus, A.: De Criminibus (1679). Merula, P.: Manier van Procederen (1781). Noodt, G.: (Manuskrip) 1. Dictata ad Pandectarum. 2. Dictata ad Institutiones (1710). 3. Excerpta ex dictatis in Pandectas. Papegaey ofte Formulier-Boek door Willem van Alphen (1682). Pols, M. S.: De Bestaan, de Ontwikkeling en de Tegenwoordige Toestand van het Nederlandsche Strafrecht (1879). Rechtsgeleerde Observatiën (1777). Sande: Opera Omnia Juridica (1721). Decisiones Frisicae (1698). Scheltinga, G.: (Manuskrip) 1. Aanmerkingen, Uitbreidingen, Byvoegsels ende Ophelderingen over Hugo de Groot (1760). 2. Dictata over de Inleiding tot de Hollandsche Rechtsgeleerdheid van Hugo de Groot (1762). Vinnius, A.: Institutionum Commentarius (1665). Voet, J.: Commentarius ad Pandectas (1716). Wassenaer, G.: Praxis Judiciaria of Practyk Judicieel (1746). Weber: Ueber Injurien und Schmahschriften (1803). Zinspreuken by de Neederlandsche Rechtsgeleerden Gebruikelijk van Antonius Matthaeus (1775). Zurck, E. van: Codex Batavus (1764). C. Engelse Reg. Addison: A Treatise on the Law of Torts (1906). Bower, George Spencer: A Code of the Law of Actionable Defama- tion (1923). Clerk & Lindsell: The Law of Torts (1929). Folkard, H. C.: The Law of Slander and Libel (1908). Fraser, Hugh: Principles and Practice of the Law of Libel and Slander (1925). Gatley, Clement: Law and Practice of Lib^l and Slander (1929). 15 Halsbury: The Laws of England, vol. XVIII (1911). Law Quarterly Review. Miles: A Digest of English Civil Law: Law of Quasi-Contract and Torts (1921). Odgers, W. Blake: 1. A Digest of the Law of Libel and Stander" (1929). 2. Common Law of England (1927). Pollock, F.: The Law of Torts (1929). Pollock and Maitland: History of English Law (1898). Russell, W. O.: A Treatise on Crimes and Misdemeanours (1923). Salmond, Sir John: The Law of Torts (1928). Scottish Law: 1. Bell's Dictionary & Digest of the Law of Scotland (1890). 2. Erskine, John: Principles of the Law of Scotland (1911). 3. Green's Encyclopaedia of the Law of Scotland (1910, vol. IV). Stephen: 1. Commentaries on the Laws of England (1928). 2. Digest of the Criminal Law (1926). 3. History of the Criminal Law of England (1883). Wilke, Gustav: „Der Schutz der Ehre im englischen Rechte". (Zeitschrift für das gesamte Strafrechtswissenschaft, Bd. L.) D. Suid-Afrikaanse Reg. Beslissings van die Hooggeregshowe van Suid-Afrika. Bodenstein, H. D. J.: Engelse Invloeden op het Gemeen Recht van Zuid-Afrika (Rede, 1912). Lee, R. W.: An Introduction to Roman-Dutch Law (1931). Maasdorp, A. F. S.: Institutes of Cape Law (Vol. IV, Third Edition). Nathan, M.: The South African Law of Torts (1921). South African Law Journal. Villiers, M. de: The Roman and Roman-Dutch Law of Injuries (1899 en Supplement 1915). Wessels, J. W.: History of the Roman-Dutch Law (1908). E. Algemeen. Drucker, W. H.: Onrechtmatige Daad (Ac. Pr. 1912). Gericke, W. F. L.: Laster (Ac. Pr. 1881) Hippel, R van: Deutsches Strafrecht (1925). Lamsweerde, van: Beleediging van eene Collectieve Eenheid (Ac. Pr. 1894). Liepniann: Einfache Beleidigung (Vergl. Darstellung des Deutschen und Auslandischen Strafrechts, Bd. IV, 1914, p. 217). Lilienthal, von: Übler Nachrede und Verleumdung (ibid. p. 375). Liszt-Schmidt, von: Lehrbuch des Deutschen Strafrechts (1927). Marchant, H. P.: Begrip en Gevolg van Beleediging in het Burgerlijk Recht (Ac. Pr. 1894). Noyon: Het Wetboek van Strafrecht (Derde deel — 1927). Schürhoff, E.: Zur Lehre von der Beleidigung (1927). Simons, D.: 1. De Vrijheid van Drukpers (Ac. Pr. 1883). 2. Leerboek van het Nederlandsche Strafrecht (Tweede deel — 1929). Tresling, I. D.: De Objectieve Zijde van het Begrip Beleediging (Ac. Pr. 1895). Tijdschrift voor Strafrecht. Zeitschrift für dass gesamte Strafrechtwissenschaft. REGISTER.') A. Abnormaal mens: 51, 125. Actio Injuriarum Aestimatoria: 12. Actio Legis Aquiliae: 45, 92, 94, 178, 186. Amende Honorable et Profitable: — in die R.H.R. 43, 91 v. — in die S.A.R. 43, 169. Animus Injuriandi: — in die R.R. 17 v. Bewys van 23. — in die R.H.R. 45 v. Bewys van 57 v. — in die E.R. (vide Malice) — in die S.A.R. 144 v. Animus Injuriandi en Malice: 145 v., 148, 150, 158 v., 160. Animus Injuriandi en Opset in die S.A.R.: 158. B. Beledigde, iedereen kan beledigd wees: 27, 53. —, moet beledigd wees: 33, 35, 93. —, natuurlike persoon: 185. —, regspersoon: 185. Belediging: — Eenvoudige, 172 v. — Kriminele, 39 v., 41, 42 v., 108, 165. — Mondeling en Skriftelik 16, 60, 99 v., 104 v., 143, 151. — Oorsig (Histories): R.R. 7, 12; R.H.R. 37 v.: E.R. 97 v. Betekenis van Beledigende Woorde: 50 v., 107, 124 v. — Konstruksie en Interpretasie van: 152 v., 175 v. C. Contumelia: 1, 15, 73, 170, 183. Convicium: 16. D. Damnuni Injuria Datum: 94. Delicta Privata: 7. Dignitatem, Injuria ad: R.R. 17, R.H.R. 60, S.A.R. 165 v. Doli Capax 18, 49. Dwaling, onopsetlike 18, 52. E. Edictuni generale: 12 v. Edikte, spesiale praetoriese: 13, 15 v. Eerbaarheid: (vide Injuria ad Dignitatem) Eerbegrip: — R.R.: Eergevoel, 25; Goeie naam, 25; Kredieteer, 26. — R.H.R.: Eergevoel, 61 v., 92; Goeie naam, 61 v.; Kredieteer, 66; Beroepseer, 66. — E.R.: Eergevoel, 121, 127; Ekonomiese Eer, 123; Goeie Naam, 120, 122, 127. 1) Afkortingc: R.R. = Romeinse reg; R.H.R. = Romeins-Hollandse reg E.R. = Engelse reg; S.A.R. == Suid-Afrikaanse reg. Die getalle verwys na die bladsye. — S.A.R.: Beroepseer, 182 v.; Eergevoel, 170 v., 183; Kredieteer, 187; Sosiale Eer, 180 v.; Vermoënsbenadeling, 177. Engelse Reg: — invloed op S.A.R.: 39, 43 v., 142 v., 145, 155, 160, 162, 205 v. — verskil van die R.H.R.: 101, 114, 118, 127, 129, 140 v., 171. Error Excusabilis: 18. Exceptio Veritatis: (vide onder Waarheid). G. Geoorloofde Doel: (vide Animus lnjuriandi). I. Impuberes: R.R. 18; R.H.R. 49; E.R. 113; S.A.R. 158 v. Injuria: — Atrox en Levis: 33 v., 41, 62, 70, 162. — Begrip in die algemeen in die R.R.: 1 v. — Onder die Twaalf Tafels: 11 v. — Reales en Verbes: 60. Innuendo: E.R. 125; S.A.R. 175 (6). L. 1 «x- A run In ( i'irlo A p4 1 n lartic Anui liae). Libel: 98 v. Libellum Famosum: 17, 41 (1). M. Malice: — Engelse Reg: Legal, 109 v.; Actual, 114 v., 116 v., 134 v., 205 Bewys van, 119 v. — Suid-Afr. Reg: Legal, 146 v. 1R8 V ■ Artiml 150 V lfil 205 207 v. Malum Carmen: 7 v. Membrum Ruptum: 9. Motief van die Dader: 53 v. — in die Engelse Reg: (vide Ma. lice). N. Naam, goeie: (vide onder Eerbegrip)- Nadeel aan goeie naam: (vide Skade). Normaal-mens-standaard: 51, 152, 175. J. Justiniaanse Wetgewing: 36, 40. K. Kanonieke Reg: invloed op die R.H.R.: 37. Kranksinniges: R.R. 18; R.H.R. 49; E.R. 113; S.A.R. 158 v. Kritiek, Eerlike: R.H.R. 91; E.R. 138 v.; S.A.R. 217. Kruipende Lasterer: 167. O. Objektief Begrip van Belediging: (vide Eerbegrip). Objektiewe Woorde: 20, 26, 50, 59, 68 v., 107, 112, 153 v., 156. Omstandighede, Bykomende: 20, 22 v., 62, 175. Ongeopenbaarde Belediginge: 72. Onregmatige Daad: in die E.R. 94 v. — en Misdaad: in die R.H.R. 39 v. Oogmerk om te Beledig: 19. — Verskil tussen Opset en Oogmerk: 45 v., 156. Oorledene, Belediging van: 182. Openbaring as Vereiste: R.R. 25; R.H.R. 65 v; E.R. 73, 102 v., 107, 126 v.; S.A.R. 69, 164 v. üs Fractum: 9. P. Plig: — Amtsplig: 21, 55. -— Ooreenkomende Plig en Belang: 137, 206, 211, 213 v. Privaatregtlike en strafregtlike Belediging: R.R. 36, 40; R.H.R. 39 v.; E.R. 91 v., 101 v., 108; S.A.R. 42 v. Privilegie: — Beginsels waarop Beskerming berus: R.R. 20 v.; R.H.R. 55 v., 88 v.; E.R. 114 v., 133 v.; S.A.R. 149, 158 v., 205, 211 v., 218 v. ■— Qepriviligeerde Gevalle: R.R. 30 v.; R.H.R. 89 v.; E.R. 133 v.; S.A.R. 203 v., 206, 211. Provokasie: 56. R. Regsbelang by Belediging: 27, 60 v. — in die R.R. en E.R.: 94 v. Romeinse reg, invloed op die R.H. R.: 38 v. S. Skade: — Materiele geen vereiste: 20, 27, 52, 61, 102, 121, 130, 174. — Vereiste waar regspersoon beledigd is in S.A.R.: 174, 185 v. — Skadevergoeding in die algemeen en Skatting: in die R.R. 27, 33 v.; R.H.R. 91 v.; E.R. 120, 129 v.; S.A.R. 170, 183 v. Skotse Reg, Vergelyking met E.R.: 113, 121, 135 (4). Slander: 95 v., 103 v. Straf: (vide onder Skadevergoeding). Subjektiewe Vereiste: (vide onder Animus Injuriandi). T. Taxatio in die R.R.: 35. Toehoorders, uitlegging van woorde: in die R.H.R. 50; E.R. 111 v., 124 v.; S.A.R. 151 v., 175. Twaalf Tafels, Injuriae van die: 7 v. V. Vereniginge: (vide onder Beledigde, regspersoon). Vergoeding: (vide onder Skadevergoeding). Vermoënsbelediginge: (vide onder Eerbegrip). — in die S.A.R.: 177. W. Waardigheidsdelik: (vide lnjuria ad Dignitatem). Waarheid van die Belediging: — in die R.R.: 28 v. — in die R.H.R.: 75 v.; betrekking tot goeie naam: 64. — in die E.R.: 129 v. — in die S.A.R.: 189 v. — in die Duitse Reg: 199 v. — in die Franse Reg: 201 v. — in die Nederlandse Reg: 202 v. Wederregtlikheid, Opheffing van: (vide Privilegie). Wetenskap tussen reg en onreg: R.R. 15; R.H.R. 48 v.; S.A.R. 176. Woede (ab irae impetu): 56, 155. as bewys van Malice in die E.R. 117. Woorde, Beledigende: (vide Betekenis van Beledigende Woorde). STELLINGE. 1. Daar is geen toekoms vir die Romeins-Hollandse reg in SuidAfrika nie. 2. Dit is wenslik dat die gemeenreg van Suid-Afrika vervang word deur 'n kode. Die kode moet gestel word op n Vastelandse Kode waar die invloed van die Romeinse reg sterk is. 3. Die beslissing van die Hof in Estate Weisford v. Estate Wright (1930) O.P.D. p. 162, dat alhoewel volgens die Romeins-Hollandse reg, die woord „kinders" onder 'n testamentêre voordeel, die kleinkinders en andere nakomelinge van 'n oorledene kind insluit, maai dat die Hof gebonde was aan 'n teengestelde beginsel van die Privy Council in Galliërs v. Rycroft 17 C.S.C. p. 569, nl. dat so 'n beskikking nooit die kleinkinders kan insluit nie, is verkeerd. Die Hof moes die voorkeur gegee het aan die beginsels van die RomeinsHollandse reg. Die bewering van die Hof op p. 166: „this Court is bound by every Privy Council decision on the Roman-Dutch law unless obiter dictum" is onjuis en moet afgekeur word. 4. 'n Te groot gebondenheid aan vorige Hof-presedente belemmer die wetenskaplike vooruitgang van 'n regssisteem. 5. Die beslissing van die Appélhof in Rex v. Detody (1926) A.D. p. 201, dat „the principle of abrogation by disuse can have no application to legislative enactments "in force" at the date of Union in any of the Provinces" en dat volgens Art. 135 van die Suid-Afrika Wet 1909, „in making that provision Parliament really adopted, in respect of South African legislation, the English rule that a Statute remains in force until duly repealed", is nadelig vir die Suid-Afrikaanse reg. Die Hof moes haarself die reg toegeëien het om statute en ordonnansies wat verouderd en onbillik is of nie meer uitgevoer word nie, deur onbruik uitdruklik as ongeldend te verklaar, in plaas dat 'n spesiale Parlementêre wetgewing nodig is vir die afskaffing daarvan. 6. Die beslissing in Cape Explosives Works, Ltd. v. S.4. 0/7 & Fat Industry en Cape Explosives Works, Ltd. v. Lever Bros. (S.A.) Ltd. (1921) C.P.D. p. 244, dat „where in the ordinary course the Post office is used as the channel of communication, and a written offer is made, the offer becomes a contract on the posting of the letter of acceptance", is onbillik en in stryd met die beginsels van die Romeins-Hollandse reg. Die gewone beginsels van 'n kontrak moet geld nl., dat daar geen ooreenkoms ontstaan nie, voordat die aanneming van die aanbod aan die aanbieder meegedeel is nie. 7. Die reel van bewysreg neergelê in Surmon v. Surmon (1926) A.D. p. 47, nl. „that neither a husband nor a wife is permitted to give evidence of non-access to bastardise a child born in wedlock" en dat „the rule only applies to husband and wife and does not exclude evidence aliunde" (oorspronklik neergelê in die Engelse saak, Russell v. Russell (1924) A.C. p. 687), is onredelik en onbillik. Die reel pater est quem nuptiae demonstrant van die materiele reg, sluit in beginsel bewys van die teenoorgestelde, deur die egtgenote, nie uit nie. 8. Waar die Romeins-Hollandse outoriteite afwyk van die Romeinse reg, dan moet die beginsel toepaslik vir die Suid-Afrikaanse reg, eers neergelê word na 'n oorweging en vergelyking met andere moderne regssisteeme. 9. Waar die beginsel van die Romeins-Hollandse reg alleen 'n nabootsing van die Romeinse reg is, dan moet die beginsels van die Romeinse reg soos verklaar deur die moderne skrywers, gevolg word. 10. Dit is wenslik dat 'n leeraar vir vergelykende regswetenskap in elke Suid-Afrikaanse Universiteit, waar daar 'n fakulteit vir regsgeleerdheid is, aangestel word. 11. Daar is 'n fakulteit vir regsgeleerdheid aan sewe van die Suid-Afrikaanse Universiteite. Ten hoogste behoort daar vier te wees, elkeen met 'n groter staf en met meer spesialisering in die gedoseerde onderwerpe. 12. Die inboorlinge reg in Suid-Afrika word verwaarloos. 13. Die Suid-Afrikaanse strafreg is verouderd, nie soseer in verband met die omskrywing van die biesondere misdade nie, maar in verband met die belangrike vraë soos poging, opset, kranksinnigheid ens. Te veel aandag word gewy aan die gepleegde misdaad en te min aan 'n ondersoek van die misdadiger op krimineel-psigologiese gebied. 14. Die juriesisteem in strafsake behoort heeltemaal afgeskaf te word. 15. Dit is wenslik dat die verskillende prosesreels van die afdelinge van die Hooggeregshowe van Suid-Afrika onder een gemeen wetgewing gebring word, soos die geval is in verband met de prosesreels van die Magistraatshowe. 16. Dit is noodsaaklik vir elke Suid-Afrikaanse juris om naas 'n volledige kennis van Engels en Afrikaans, oor 'n voldoende leeskennis van Latyn, Nederlands, Duits en Frans te beskik. Niemand moet as regter aangestel word voordat hy nie aan hierdie vereistes voldoen nie. 17. Daar behoort 'n dosent in die Suid-Afrikaanse reg in ten minste een Nederlandse Universiteit aangestel te word. 18. Dit is hoogs nodig dat die Suid-Afrikaanse Universiteite 'n reeling met Nederland tref, dat Nederlandse professore Suid-Afrika jaarliks besoek om kollegas in die regswetenskap te gee.