EWIG GISTER ~z<ï~L% Ï>g7 e DEUR JOHAdMA VAM BROEKHUIZEM EWIG GISTER H0 EWIG GISTER SUID-AFRIKAANSE SKETS DEUR "Z-a. Z "fe 27 JOHANNA VAN BROEKHUIZEN v - »— .• ... v - *• , UITGEGEE DEUR BOSCH & KEUNING - BAARN 'DEPOT v. NED. PUBL V K.B. v lil LIBELLE-SERIE Nr. 127 Prys van één nommer 45 0 ent. Vier nommers per nr. 40 sent. Agt of meer nommers per nr. 35 sent. Dubbele nommers dubbele pryse. ri EWIG GISTER. FAANS GREYLING is in die vreemde gebore. Sy ouers was uitgewekenes. Net na die Boere-oorlog het Faans Greyling se vader en moeder Suid-Afrika verlaat, om in Europa te gaan woon. Faans se vader het aan Suid-Afrika gedink, soos mens aan jou ouerlike huis dink, na jou ouers se dood. Volgens hom was Vryheid dood in die land van sy geboorte. Faans se vader het tot die bitter einde van die Boereoorlog toe geveg. Toe sy volk op die ou end oorwin en sy land van haar vryheid beroof was, was hy geestelik te diep gewond om ooit heeltemal te genees. Eindelik weer op sy plaas terug gekeer, het hy sy jong vrou daar getref. — Hulle was kort voor die Boere-oorlog getroud. Haar eerste kindjie is in die konsentrasie-kamp gebore en het in die konsentrasie-kamp gesterf. — Hy het haar by die swart gebrande fondament van hul huis gevind. Sy was besig om, met die hulp van 'n kaffermeid, die mure weer op te bou. Maar hy het haar uit gesig van die ruienes gely en haar besweer dat hulle moet weggaan, dat dit onmoontlik vir hulle is om in hul eie land onder 'n vreemde bewind voort te leef. Sy het besef dat sy wond te diep was vir genesing; sy het hom lief gehad, daarom het sy met hom saamgegaan. Hulle het die plaas verhuur. Hulle het 'n klein kapitaal op die bank gehad, en kon op die rente daarvan leef. Toe het hulle Suid-Afrika verlaat om nooit weer terug te keer nie. In die vreemde is Faans gebore. Hy het nie boeties of sussies gehad nie. Hy het sonder maats van sy eie ouderdom opgegroei. Faans Greyling het homself heeltemal vereenselwig met die belange van sy ouers: en die lewes van sy ouers was gebou op hul herinneringe aan 'n heerlike en uiteindelik smartlike verlede. Vir Faans was sy ouers die mees tragies-romantiese mense op die wêreld. Teenoor die berge van hul herinneringe was sy lesse en sy reise en sy kindersiektes miershope. Toe Faans groot geword het, het sy ouers alles aan hom toevertrou. Die smart van sy vader oor die verlore onafhanklikheid van sy volk, wat gedurig aan hom geknaag het soos 'n kanker, maar waarmee hy nie altijd sy vrou wou beswaar nie, het hy weer en weer in alle bitterheid aan sy seun geopenbaar. Haar heimwee na haar land, wat Faans se moeder so min moontlik aan sy vader laat merk het, het sy uitgesnik by Faans. Die sterk, opbruisende jong gevoel van Faans het alles na sy ouers toe uitgegaan. Hulle lewes was sy lewe. Faans Greyling en sy ouers het egter ook 'n aktuele belang met mekaar gedeel. 'n Diepgaande liefde vir die natuur was hulle aldrie eie. Faans se vakansie-dae het hy met sy ouers buite deurgebring. Hulle het lang wandeltogte onderneem deur die Duitse bosse, en die Switserse berge beklim. Nog maar 'n baie klein seuntjie, het Faans sy oë al wyd oopgerek van verbasing, toe sy moeder hom gewys het: hoe in die lente klein knoppies aan kaal takke uitkom, om later oop te bars en hel groen blaart)ies ten toon te sprei. Daarom het Faans studievakke gekies, wat natuurgeheime aan hom sou openbaar. Baie, wat ander mense ontdek of uitgedink het, het hy in hom opgeneem. Faans se studente-jare was vir hom interessant en belangrik, omdat sy ouers sy studies stap vir stap gevolg het, en hulle hom in lang briewe oor al hul doen en denke, met hul laat saamleef het. Hulle was drie uitgewekenes. Die gedagtes van Faans se vader en moeder het telkens terug gegaan na hul plaas in die ou Transvaal, toe hul net getroud was, toe hul volk nog vry was en die toekoms hul toegelag het. Faans se gedagtes was meestal by sy ouers en hul tekort. Hy het hul vergelyk met plante, waarvan die stele geknak is, voor die knoppe kon bot. En sy geheime verdriet was dat hy nie deelgenoot was van hul groeiende, aktiewe lewes nie, maar alleen deelgenoot is van hul geknakte lewes. Daarom het hy homself vasgeklamp aan hul verlede. Daarom kon hij weer en weer luister as hulle vertel van vroeër, toe hulle nog mense was wat ook hul deeltjie bygedra het tot nut van die maatskappy en tot opbou van 'n volk. Hul verlede was ook vir hom, nes vir hulle, 'n groter werklikheid dan die hede. 'n Werklikheid waar hy as indiwidu buite gestaan het. — Daarom het hy sy eie ek soveel moontlik weggeskakel en hom vereenselwig met sy ouers. Van sy vader het hy gehoor dat die Boere-volk ten onder gaan. Sy vader het hom vertel dat fortuinsoekers, gelok deur Suid-Afrika se goud en diamante, die land oorstroom; dat die Boere nie teen daardie mense kan kompiteer nie, omdat die Boere idealiste is en nie die waarde van geld ken nie. Diep in sy onderbewussyn het Faans begryp dat daar dus vir 'n kind van die Boere-volk ook g'n toekoms is nie. Hierdie gedagte het nooit die rypheid van woorde bereik nie, maar dit was tog gedeeltelik in selfverdediging dat Faans so heeltemal in die verlede opgegaan het: sy volk en sy ouers het tog 'n roemryke verlede gehad! Hy het sy ouers baie lief gehad. Hulle was uiters sensitief en teruggetrokke, en tog voorkomend teenoor iedereen, — en o, so goed vir hul kind. Hy het hulle geïdealiseer. Die noodlot was wreed teenoor hulle gewees, het hy gedink. Die noodlot het hulle gedwing 'n negatiewe bestaan te ly. Maar met hoeveel waardigheid aanvaar hulle dit nie! Hulle verryk die daaglikse lewe met hul herinneringe. Faans se moeder het weggekwyn van heimwee. Toe sy een winter ernstig koue vat, was haar liggaam te swak om teen die dood te stry, en haar gees te bedroef. Faans se vader, gebroke deur die besef van wat hy haar aangedoen het, het haar 'n paar maande later in die dood gevolg. Faans Greyling se bestaan was ineens doelloos en leeg. Wat vroeër vir hom die grootste werklikheid was, het baie vaag en onwerklik geword, toe hulle, wat dit beleef het, nie meer daar was nie. Faans het voor sy eie tekort te staan gekom, wat baie groter was dan die tekort van sy ouers. 'n Ver uitsig. Maar hy wou nie aan homself dink nie. Hy het krampagtig vasgeklou aan wat vroeër alles vir hom beteken het. Hy het besluit om na Suid-Afrika te gaan, na die Transvaalse plaas wat hy van sy ouers geërf het; om die tuin, die vrugteboorde, die landrye, alles te herskep soos dit vroeër was, volgens sy ouers se verhale en volgens die ou portrette in sy besit; om die verlede te herroep; die egte, ware deel van sy ouers se lewes te herleef; en homself te wy aan hul nagedagtenis. 1. In die donker, wat die uitgestrektheid van vlaktes en bulte bedek, is hier en daar 'n ligkol. Dis lewende, flikkerende ligkolle, wat teen die takke van die doringbome opspeel na boontoe. Die hart van elke ligkol is n grillig dansende vuur. Langs een van die vure sit Faans Greyling. Hy sit met sy gesig in sy hande. Hy kyk nie na die vuur nie. Hy kyk nie na die karaktervolle silhoëtte van die doringbome, wat deur die vuurlig so skerp afgeteken word teen die donker nag, nie. Hy kyk binne in homself. Al wat hy van sy omgewing besef is die eensaamheid. Hy is bly daaroor. Nou hoef hy nie die eensaamheid wat binne in hom is, met woorde en dade vir sy medemens te verberg nie. Hy woon nou al vir 'n paar weke in n tentjie op sy plaas, maar kan hom nog nie indink dat hierdie wildernis eenmaal 'n vooruit boerdery was nie. Hy het geweet dat 127-11 die kakies nie alleen die huis verbrand het nie, maar ook die vrugtebome omgekap het. Hy het geweet dat na sy ouers niemand hier geboer het nie maar dat die plaas verhuur was aan sy vader se buurman, wat dit gebruik het as weiland vir sy vee. En tog was hierdie onbewerkte, uitgestrekte stuk Bosveld vir hom 'n skok, waar hy nog nie oorheen is nie. Hy het 'n oorweldigende verlange gehad om dinge dadelik voor sy oë te sien verander. Hy het 'n argitek gekry om die plaashuis weer op te bou. — Die ligte teen die oorkantste bult toon aan waar die werksmense se kampplek is. — Hy het baie kaffers gehuur om die gronde wat hy wil bewerk skoon te maak van klippe en bossies. — 'n Hele end weg sit die kaffers om hul vuur hul langgerekte stories te vertel. — Nou, nog voor by begin boer, is sy kapitaal al baie kleiner en staan hy voor die keuse om of die plaas op te gee en van sy rente te gaan leef, of al sy geld in die plaas te steek en met boer 'n bestaan te maak. Hy besef maar al te goed hoe bitter min hy van boer afweet. Voor hy hierheen gekom het, was hy te vervul gewees van die sentiment van sy voorneme, om te dink aan die werk daaraan verbonde. En nou is die taak wat hom wag 'n pioeniers-taak! Ineens moet hy lag: Hy van alle mense, hy, Faans Greyling wil pioeniers werk kom doen. O, hy moet lag! En toe sit hy stil: diep verneder, diep ongelukkig. Toe voel hy sy moeder naby hom en dit is vir hom asof sy hom vra om op te kyk. Hy doen dit: Die maan het opgekom en gooi haar sagte lig oor die bosveld om hom heen. Dis van verlange hierheen wat sy moeder wegge- kwyn het. Haar heimwee was na hierdie vlaktes en bulte en krom, taai ou doringbome. Faans haal diep asem: die natuur waar sy oë op rus, groots en eensaam, gee uiting aan 'n magtige godsgedagte. Die Skepper hiervan is ook sy Skepper, sy God: magtig en instaat om hom, Sy skepsel, te sterk in sy taak. Van toe af berei Faans homself voor vir sy werk. Terwyl aan die huis gebou word gaan hy na 'n Landboukollege. Vir 'n oomblik het hy daaraan gedink om by 'n ervare boer in die leer te gaan, waardeur hy natuurlik baie praktiese ondervinding sou opdoen. Maar hierdie gedagte het hy weer gou van hom afgesit, want dit sou meen dat hy as lid van die famielie by die boer moes inwoon en tot nou toe was dit vir hom onmoontlik gewees om op intieme voet te verkeer met iemand anders as sy ouers. Nou dat hulle nie meer daar is nie, vermy hy nog meer as vroeër diepe, meningvolle kontak met mense sodat hy homself heeltemal aan sy herinneringe van hulle kan wy. Op die landbou-kollege kom Faans in aanraking met ander jong Afrikaners. Meeste van hulle het hulle jeug op plase deurgebring en van kleins-af gehelp met die boerdery. Meeste van hulle is goeie atlete, beoefenaars van Rugby. Hulle is gehard en gebruin deur die buite lewe wat hulle ly, en gewend aan die brandende son. Eens op 'n tyd het Faans op ski's die besneeude berge afgeseil en groot spronge gewaag. Maar tussen die besneeude bergtoppe was die lug fris en opbeurend. Die laaste jaar van sy verblyf in Europa het Faans gladnie aan sport gedoen nie, maar by sy swak moeder gebly. Sy spiere is sag. En o, die harde, gebukkende werk! Sy vel is wit. En o, die brandende son! En dan sy onkunde van praktiese dinge! As Faans terneergedruk voel oor sy eie swakheid, gaan sy gedagtes terug na die oomblik waarin dit tot hom gekom het dat die Skepper van die grootse natuur ook sy Skepper is, vir Wie geen ding onmoontlik is nie Faans hou homself eenkant, maar tog hoor hy soms die gesprekke van sy mede-studente aan, waardeur hy tot die ontdekking kom dat hierdie jong Afrikaners nasie-trots het; en dat hul hoë verwagtinge koester vir die toekoms van hul volk. Toekoms?" dink Faans Greyling, „Nasie-trots?" En sy pa het dan gesê dat die Boere-volk ten ondergang gedoem is? Eendag kom Faans in 'n winkel om iets te koop. Hy hoor dat die assistente teen ander klante Engels praat, toe praat hy ook maar Engels teen haar. Die enigste dame wat die landbou-kursus saam met hom volg is toevallig in die winkel, 'n Paar van hulle het met 'n moterkar saam in dorp toe gekom. Op pad terug proefplaas toe sit die dame agter in die kar langs Faans. Sy is jonk en bevallig, maar Faans is skaars bewus van haar teenwoordigheid. Hy sit diep in gedagte toe hy haar stem hoor. ,,Mnr. Greyling," sê sy, „ek dag jy is 'n Afrikaner?" ,.Natuurlik is ek 'n Afrikaner!" „Dan het jy vandag verraad gespeel, mnr. Greyling." Hij kyk haar strak aan en kom tot die ontdekking dat sy bleek is van verontwaardiging en dat haar groot, bruin oë onheilspellend vonkel. ,,Ek begryp u nie, mej mej?" „Begryp u my nie, Afrikaner wat die wapens neerlê, terwyl die stryd in volle gang is!" Faans antwoord nie. Hy kyk na buite. — Die moterkar jaag deur 'n knik, sodat Faans en die noointjie tot byna teen die dak skiet. ,,Mnr. Greyling!" „Pardon, mej?" Faans kyk haar aan en sien trane in haar oë. ,,Sal u my nie vertel wat ek gesondig het nie? vra hy ernstig. ,,Ek is jammer, maar ek begryp u werklik nie. Sy voel sy opregtheid dadelik en vertel hom: „Die winkel, waar ons nounet gewees het, behoort aan 'n Engelse Suid-Afrikaner. Hy is hier gebore, maar beskou Engeland as sy „home": tot so 'n mate dat hy sy winkelbediendes byna almal uit Engeland laat kom, terwyl dit tog meestal Boere is wat by hom handel, 'n Maand gelede het hy 'n Afrikaanse meisie ontslaan, om plek te maak vir die Engelse miss wat u bedien het. — Daar is nog een of twee Afrikaners in sy diens, en ons moet voorkom dat hulle ook ontslaan word, deur te staan op Afrikaanse bediening. Na 'n kort stilte vervolg sy: „Dit is maar een geval. Daar is baie sulke gevalle in ons land. Ek is verwonder dat jy dit nie weet nie, mnr. Greyling." „Ek het my hele lewe in Europa gewoon, mej Ek het nie besef nie " „Mnr. Greyling, ons vernaamste wapen is ons taal!" „Wapen, mej? Is dit dan oorlog? — Die Boere-oorlog, ja, toe het ons mense geveg! Drie jaar lang het hul die oormag van Engeland weerstaan! Maar op die lang duur het ons verloor. Die oorlog is verby, mej. Ons moet die feit in die oë kyk, dat ons verslaan is." Sy sit regop en byt haar lip, om haar onstuimige woorde in bedwang te hou. Toe kom daar 'n medelydende uitdrukking in haar oë: Hy het met soveel droefheid gesê: Dat ons verslaan is. ,,Maar ons is nie verslaan nie, mnr. Greyling," sê sy met kalme oortuiging. „Mej," sê Faans opgewonde, „Dis om die rede dat my ouers Suid-Afrika verlaat het. My vader het end uit geveg, maar toe ons verslaan is, kon hy onder vreemde bewind hier nie bly nie. Hy het verkies om 'n vreemdeling te wees in 'n vreemde land. „Ek verstaan," sê sy saggies, „O, ek verstaan baie goed hoe hy moes gevoel het. „Mnr. Greyling, jou ouers het hul deel gedoen. Al ons mense wat die Boere-oorlog moedig en trou deurworstel het, het hul deel gedoen vir ons land en volk. „Ek weet dat in Europa die idee bestaan, dat die end van die Boere-oorlog ook die end van die Boere-volk was. Maar dit is nie so nie, mnr. Greyling " „Mej, ons roem lê in die verlede. Daar is g'n toekoms vir ons nie. Ons is 'n volk van idealiste, wat alles feil gehad het vir vryheid. Ons is oorwin deur 'n volk, wat selfs 'n klein nasie van haar hoogste besit kon beroof, om rykdom te bemagtig. Engeland het die doel van die Boere-oorlog bereik, terwyl baie van ons mense die verliese wat hulle in die Boere-oorlog gely het, nooit weer te bowe gekom het nie, en bitter armoede ly." „Maar mnr. Greyling," sê die noointjie, „dis nie wêrelds-goed wat 'n nasie maak nie. — Die fortuinsoekers met al hun rykdom, is vandag hier, maar sodra hulle gekry het, wat hulle kom soek het, gaan hulle weer weg. SuidAfrika het g'n dieper mening vir hulle nie. En ons het Suid-Afrika lief. Ons wortels is diep in Suid-Afrikaanse bodem ingegroei. Uit die eenheid wat ons volk met ons land en natuur vorm, het ons taal gespruit. Na ons ons onafhanklikheid verloor het, het ons taal nog altyd deur gegroei en gevorm. Wat alleen moontlik was, en is, omdat ons, nieteenstaande alles, 'n volk gebly het. Sy leun na hom toe, en kyk hom met skitterende oë aan. „Mnr. Greyling, die groot stryd het eers na die Boereoorlog begin! — Elke dag stry ons vir ons volksbestaan. Ons stry deur iets edels en sterk van ons indiwiduele lewes te maak, deur ons taal te praat, deur ons volksaard uit te leef. Opswelging deur die vreemde volk wat ons land binnedring, maak ons onmoontlik deur onsself, Afrikaners! te wees. Dit is waar jy en ek ons deel kan doen." Daarna praat hulle nie meer op die rit proefplaas toe nie. Faans dink: As dit waar is wat sy sê, was hul ballingskap verniet. As dit waar is wat sy sê, was hul negatiewe bestaan in die vreemde nie nodig gewees nie. As dit waar is wat sy sê, kon hul deelgeneem het aan hierdie moedige stryd; kon hul tot die end van hul dae opbouende, aktiewe lewes gely het! Dan sou Vader sy bitterheid verloor het en Moeder nooit weggekwyn het van heimwee nie Die res van die dag is Faans as versuf. Hij besef dat die noointjie waarheid gepraat het. O Vader, Moeder, dink hy, julle het nie verstaan nie! Die aand tref dit hom hoe eienaardig dit is dat hy oor al hierdie dinge met 'n vreemde noointjie gepraat het. Sy oë soek haar. Sy sit onder 'n lamp en lees. Die lig van die lamp laat die goud in haar bruin krulle uitkom. Sy is goudbruin gebrand van die son. Vir n oomblik laat sy haar boek op haar skoot lê, terwyl sy luister na 'n grap wat een van die kérels vertel. Toe lag sy daaroor en haar vriendelike oë lag saam. Van daardie aand af let Faans dikwels op haar. Sy is maats met die kérels. Faans voel daar oortuig van dat hulle met baie moeilikhede en lewensprobleme na haar toe kom. Hulle behandel haar met die grootste respekt en bewys haar baie klein diensies. Sy gaan rustig haar gang en werk met 'n wil. Hy was natuurlik aan haar voorgestel, maar het nooit op haar naam gelet nie. Nou verneem hy dat sy Sannie M ooiman heet. Sannie vertel hom, na hy 'n paar keer haar geselskap opgesoek het, dat sy, tesame met haar broer en suster die Bosveld plaas van hul ouers geërf het. Haar suster hou vir hulle huis. Maar sy hou so baie van 'n buitelewe, dat sy haar broer help met die boerdery. Een Sondag sit Faans in die koelte van 'n wilgerboom, langs die watervoor. Sy liggaam rus uit van die ongewone arbeid, maar sy gedagtes is kaos. Om mens se lewe aan jou herinneringe te wy, terwyl daar 'n toekoms is om vir te werk, dit, besef hy, is futiel. Maar hy kan sy gedagtes nie losruk van die verlede nie: tot nou toe het hy sy rede van bestaan daar gesoek. Naboom op die Bosveld-plaats en in die agtergrond die deur droogte geteisterde doringbome. 2. Toe Faans weer op die plaas kom is die huis klaar. Dit lê hoog teen die bult. Vanaf die breë stoep het mens 'n ver uitsig. Dis 'n eenvoudige huis, met groot kamers, van binne en buite wit gepleister. 'n Ou Boer uit die omtrek het die mooi stinkhout meubels met riempies-matte gemaak. Faans loop om en deur die huis: dit doen koud en doods aan. Hy gaan sit op die boonste stoep-trappie. Hy dink daaraan dat sy moeder self begin het om hierdie huis weer op te bou; met haar hande die stene aangedra en opgepak het. Meteens besef hy welke heerlike eretaak dit vir hom, Faans Greyling, sou gewees het, om self die huis weer steen vir steen op te bou. Hy voel teleurgestel. — Hy kyk na sy hande en lag spottend by die gedagte hoe wit en sag en nutteloos hulle was, toe hy net van Europa gekom het. Nou is hulle al gehard en bruin en baie kundiger. Faans kyk uit oor sy Bosveld-plaas en voel onverwags bly om weer hier te wees: hierdie eensame, wilde deeltjie van die wêreld is sy enigste tuiste. Vir weke loop Faans op die klipharde grond van sy plaas rond en wag vir reën. Soms kom daar wolke op wat dunner en dunner word en weer verdwyn. Hy dink aan die verhale van sy vader: vroeër het die reën baie gereelder geval. Wat het oor ons land gekom? vra hy homself af, met n eindelose verlange in sy hart na vroeër en sy ouers in hul jeug. Toe moes ek geleef het, dink hy dikwels. Maar nou beveg hy sy neiging om die hede te ontvlug in die verlede. Êrens het hy gelees dat Paul Kruger se raad aan sy volk was, dat hulle al die skone en edele uit die verlede moet soek en daarna hul toekoms-ideal vorm. Dit was vir hom asof die Skepper van sy denke, ook daar die bevel gegee het: Laat daar lig wees! Nou weet hy: Nie wegskuil agter 'n grootse verlede nie, maar daarop voortbou vir die toekoms! Die skone en edele uit die verlede? — 'n Gees van „doen wat jy kan!" Ek ken tog ook iets, dink Faans. Onderkant die voor, wat hy vanaf 'n borrelende fontein laat grawe het, kry hy nou n stukkie grond onder water. Die stukkie grond ploeg hy om. faans het vakke studeer wat hom natuurgeheime openbaar het. Baie, wat ander mense ontdek en uitgedink het, het hy in hom opgeneem. — Nou gebruik hy sy kennis om self te ontdek en uit te dink. Op die klein stukkie grond wat hy onder water het, maak Faans sy proewe met koring. Maar Faans moet n bestaan maak uit sy boerdery. Daarom bid hy vir reën. As die reën nie gou kom om die grond sag te maak vir die ploegskare nie, gaan die reëntyd verby en sal die gesaaides verdroog op die lande. Die skone en edele uit die verlede? vra Faans weer aan sy geheue. — Moed in tye van teenspoed! is die antwoord. Daar is n nuwe, vasberade trek om Faans se mond. Hy gaan aan met sy koring-proewe. Aloor die Bosveld wag die Boere op reën. Die beeste word maer. Op party plekke moet vee afgemaak word, om hul van 'n honger-dood te red. Faans spandeer meer as hy kan bekostig om vir sy vee voer te koop. — Gelukkig het hy nog die fontein! Eendag werk Faans op sy stukkie grond onderkant die voor, toe daar dik, swaar wolke opkom. Faans kyk skaars daarna: so dikwels al het wolke opgekom: en g'n reën geval nie. Faans is vér van sy huis af. Dit word donkerder en donkerder, maar Faans merk dit nie, so verdiep is hy in sy werk. Die wolke pak alhoemeer saam, Verweg blits dit. Met 'n sug van tevredeheid oor goed geslaagde arbeid, kom Faans regop; kyk Faans op in 'n vreemde, duistere wêreld, 'n wereld stil in afwagting. Hy kyk na die doringbome wat hy leer lief kry het — bome, geteister en gehard deur droogtes en storms —: dis somer, en nog is hul blaarloos. Dit kom hom voor asof die doringbome hul kaal takke soos verlangende arms opsteek na die dreigende onweerswolke bo hulle. 'n Bliksemflits deurklief die wolkmassa, gevolg deur n donderslag wat klink asof alle ellemente van lug en wolke saamspan om die aardbodem te verpletter. Faans verbleek. Hy trek sy asem in van skrik. Toe val die reën. Die wolke het water vergaar tot hulle dit nie meer kan hou nie, maar hul swaarte ineens op die wêreld moet uitstort. Reën. — Ineens besef Faans dit. Hy gooi sy arms op in die lug. „Reën!" skree hy uit, ,,Reën!" Toe staan hy stil, met sy kop agteroor, sodat die groot druppels op sy gesig neerplof. Hy dink nie aan al die mense wat al deur die weerlig gedood is nie. Hy is vol eksultasie: die reën val op die klipharde grond en maak dit sag en nat; die reën val op hom en deurweek sy klere en maak sy liggaam nat. Sy grond en hy, Faans. Hy staan stil en dit reën op hom en op sy grond en op sy bome en op sy vee. — Eindelik reën! Toe dit opklaar begin Faans te ploeg. Dae lank loop hy van sonop tot sononder agter die ploeg. Die son bak op sy rug. Sy hande, wat hy so gehard gedink het, word eers rou en toe vol eelte. Die skone en edele uit die verlede? vra Faans homself af. En die antwoord kom: taaie volharding. Saans val hy uitgeput in 'n gemaklike stoel neer. Dan lees hy in die koerant van die reëns wat aloor die Bosveld val en dat die ander Bosveld-boere ook al hul kragte inspan om gou te ploeg, sodat hul gesaaides nog reën kan kry, voor die reëntyd verby gaan. — Hy voel 'n ongekende saamhorigheid met daardie ander boere. Vroeg kruip hy styf en uitgeput in die bed. Klaar geploeg, saai Faans. Hy wen nou al aan die harde werk en voel saans nie meer so afgemat nie. Sy spiere word hard, sy vel gesond bruin en in sy oë glans 'n nuwe lewenslus. Een soel aand sit Faans op sy stoep. Die lug is belaai met die geur van Mimosa. Faans se liggaam is aangenaam moeg. Geestelik voel hy tevrede. Hy trek sy skoene en sokkies uit en woel sy voete diep in die warme grond in. Hy dink aan die saad wat hy gesaai het: dat na 'n tydjie n vreemde, koorsige ywer. Aan die stukkie grond onderkant die voor bestee Faans baie tyd en sorg. Weer is hy daar besig: „Baas, baas! roep die kaffer, „baas, die sprinkaan hy kom! en hy wys met sy lang bruin arm na 'n donker wolk aan die horison. Faans verroer hom nie. Dit voel vir hom of 'n koue hand op sy hart lê: Sprinkane! Nader en nader kom die wolk, wat lyk soos 'n stofwolk, maar bestaan uit triljoene hongerige insekte. Faans het in die koerant gelees dat sprinkane die Transvaal binne gevlieg het. Maar hy het gedink, gehoop, dat hulle nie hierdie kant uit sou vlieg nie. Suid-Afrika was vir jare vry gewees van hierdie plaag. En nou, juis nou! dat hy 'n begin maak met sy — op daardie oomblik voel hy dit só sterk — egte, ware lewe, moet hulle weer kom „O God, help my!" bid hy saggies. Die woorde wat hom al so dikwels geïnspireer het, roep hy ook nou tot sy hulp: Die skone en edele uit die verlede? „Geloof!" dink hy, so duidelik en klaar, dat hy begryp: dis Gods antwoord op my gebed om hulp. Hy onthou wat hy gelees het oor sprinkaan-bestryding. Hy spring om. „Januarie, Adoons! roep al die volk! Maak baie vure! baie rook! Laat die klein kaffertjie op blikke slaan en skree! Ons gaan die sprinkane skrik maak!" En terwyl alles om hom heen in rep en roer is, sê hy saggies teen homself: „Miskien trek hulle verby." Maar hulle trek nie verby nie. Terwyl hulle nog besig is om gras en hout bymekaar te maak vir die vure, begin die sprinkane te val. Toe Faans sien dis tog hopeloos om sy gesaaides te red — die jong plantjies wat fris en sterk 'n voet bo die grond staan — gee hy al sy aandag aan die lap grond onderkant die voor, waar hy sy proewe met koren gemaak het. Die sprinkane word verjaag deur die dik rookwolke wat van onderkant die voor na boontoe borrel, en land n endjie verder aan, waar sappig groen hulle lok. Half verstik in die rook veg Faans en sy kaffers die sprinkane. Sprinkane klou aan hul hare en kruip in hul klere. Sprinkane vlieg teen hul gesigte aan en word onder hul voete vertrap. Sprinkane reën op Faans se lande en op sy weivelde en eet en eet en eet Sprinkane! Eindelik styg die hoofswerm op en vlieg verder. Hulle laat 'n kaal gevrete wêreld en duisende sprinkane agter, wat nog lang aan die oorgeblewe stammetjies van gras en koring, en aan alle groen wat die hoofswerm oorgeslaan het, knaag. Faans gebied sy kaffers om mekaar af te los, by die een lap koring wat hy gered het, onderkant die voor, en die vure aan die gang te hou. Daarna loop hy stadig na sy huis toe. Hy het die hele dag nog niks geëet nie, maar daar dink hy nie aan nie. Hy het hoofpyn. Sy oë brand van die rook. Ook in sy hart is 'n dowwe, knaende pyn. Hy gaan op die boontste stoep-trappie sit, met sy gesig in sy hande. Lang sit hy so. Hy hoor nie die klippe-klap 127-IV van naderende perdepote nie. ,,Faans, sê 'n stem by hom. Faans kyk op in Sannie se gesig. — Vir 'n oomblik staar hy haar aan, sonder om te begryp. Toe staan hy lanqsaam op. „Sannie," sê hy ontroerd, ,,is dit regtig jy?" Sannie glimlag effens. ,,Ja Faans, sê sy sag, „En dit is my broer Koos." Nou eers sien Faans die sterk-geboude Boere-kêrel langs Sannie. „Mnr. Greyling, sê Koos Moolman, „ons het die sprinkane in die rigting van jou plaas sien sak en hierheen gejaag in die hoop dat ons jou nog kon help. Maar " n veelbetekenende gebaar na die afgevrete landerye voleindig sy sin. „Is daar nog iets wat ek kan doen?" vra Faans. „Jy moet jou beeste en skape oor hulle jaag. As hulle kans kry om eiers te lê en die eiers kans kry om uit te broei, het ons netnou weer groot swerms oor die hele land." „Outa Januarie! roep Faans, en toe die ou nader kom, gee hy hom sy bevele. Faans staan en swaai soos n dronk man. Hy het swart strepe oor sy gesig, waarteen sy vel doodsbleek afsteek. Onder sy oë is donker vlekke. „Kom in Faans, sê Sannie, „Kom rus uit in 'n gemaklike stoel, terwyl ek vir jou koffie maak." Meer dood as lewend laat Faans hom deur Sannie na binne ly. Koos verdwyn stil om 'n ogie oor die werkvolk te hou en te help waar nodig blyk, want hy weet dat kaffers, aan hulself oorgelaat, liewers luier en gesels. In die reëntyd. Hy kan dit uitskree as hy daaraan dink, dat daar 'n taak vir sy ouers gewag het, wat hulle nie aanvaar het nie, waar hulle blind voor was. Sy ouers: plante, geknak voor die knoppe kon bot, — en dit so nodeloos. „Faans," sê Sannie, „ken jy Jopie Fourie en ander gedigte deur Jan Celliers?" Faans spring op en kyk haar verward aan. ,,Ek het 'n boek vir jou gebring," verontskuldig Sannie haar, „Dis net na die 1914 rebellie geskryf. Het jy van die rebellie gehoor, Faans?" „Nie veel nie." „Dis een van die mylpale van ons strijd: ons rebellie teen oorlog: ons weiering om saam met die volk wat ons van ons vryheid beroof het, te veg teen n volk wat ons nooit enige kwaad gedoen het nie. Drieduisend Boere was in die gevangenis, Faans, o.a. Genl. de Wet. Jopie Fourie is gefussileer. Baie van hulle het al hul besittings verloor. Maar die rebellie was 'n bewys dat die Engelse nog nie ons volkskarakter ondermijn het nie; dat die Afrikaners nog getrou is aan hul tradiesies!" „Ja Sannie, — Dankie Sannie." Faans weet nie wanneer Sannie weggegaan het nie. I oe hy weer sien is hij alleen. Hij gaan weer sit met die boek tussen sy hande: — Sy vader kon 'n rebel gewees het teen dwingelandy! Sy vader was 'n gebroke man gewees. Werktuiglik blaai hy deur die boekie. Toe val sy oog op die tietel van 'n gediggie: Ons „Ewig Gister . „Ons ewig gister," fluister hij, „Vader en Moeder behoort aan ons „ewig gister". Hy lees die gediggie: 127-III Daar lê 'n skat vir ons bewaar op vaarlands veld, in vaarlands aarde. O, waar is edelsteen of goud wat haal by onse skat se waarde? Dis moedertrane en heldebloed en reg verkrag deur snood geweld, dis oumens-swakheid wreed bespot, dis kindergraffies op die veld. En niks kan ons die skat ontroof of ons die vrug daarvan onthou: dis ons volk se vryheidspand, en dis die skat wat nasies bou. Onthou, jul sla we wat vergeet: Niks is so heuglik, niks beslister, as dat ons son sal opkom uit ons skoon en droewig ,,ewig gister"! Stil sit Faans en dink daaroor. Toe spring hy op en sê dit luid uit: ,,Ons son sal opkom uit ons skoon en droewig ,,ewig gister". Met groot treë loop Faans oor die vlaktes. Wat het Sannie gesê? „Iedereen wat die Boere-oorlog trou en moedig deurworstel het, het hul deel gedoen vir ons land en volk." En nou, dink Faans Greyling, is dit ons beurt. iets in die saad sal begin lewe dat dit sal oopbars en 'n groen sprietjie na boontoe sal spruit, die grond wegstoot en opgroei na die son toe, om ook eendag saad te skiet. Die lewe gaan aan, dink hy, — altyd gaan die lewe aan. Dis so 'n stil aand in die eensaamheid van die wye Bosveld. Die lewe gaan aan, dink Faans. Daar is nie net 'n ver- lede nie; daar is 'n toekoms ook vir my volk ook vir my. Sannie, dink Faans. Waar kom dié gedagte vandaan? vra hy homself verwonderd af. Dis so stil. Dis aand in die eensaamheid van die wye Bosveld. Sannie, dink Faans. 3. Dit reën telkens weer. Die gesaaides kom mooi op. Faans en sy kaffers is net besig met onkruid wied. Faans, die baas, moet 'n voorbeeld stel vir sy kaffers, dan werk hulle goed. Maar as die baas saam werk, moet hy beter werk dan die kaffers Hoe hard Faans ook werk, snags kan hy nie slaap nie. Selfs aan die werk, dink hy dikwels aan Sannie. Maar snags, as hy alleen is, en dis donker, is sy verlange na haar 'n pyniging. Vroeg-vroeg gaan hy soggens weer aan die werk, met Skoon gewas en versterk deur die koffie en toebroodjies wat Sannie hom toeberei het, sit Faans in die voorhuis met Sannie. „Dis heerlik om jou hier te hê, Sannie," sê hy. „Maar hoe jy hier kom, is vir my 'n raaisel." „Wat jy nie besef nie, ou kluisenaar," antwoord sy laggend, „is dat ons bure is." „Bure?" uit die veld geslaan. „Wat in hierdie deel van die wereld meen," vervolg Sannie, „dat ons ure te perd van mekaar af woon. Maar tog: bure!" „Sannie, het jy op die landbou-kollege al geweet, dat ons bure is?" Sannie knik. „Toevallig, deur my broer." „Waarom het jy my nie gesê nie?"vra Faans verwytend. „Ag jy het nooit na my woonplek verneem nie." Hy merk haar kwasie-onverskillige toon en leun impulsief na haar toe, terwyl hy haar hand neem. „Sannie, as jy weet hoe ek die laaste tyd na jou verlang het! — Uiteindelik het ek " Meteens bly hy stil. Hy laat haar hand los. Sannie se blik volg syne deur die venster, na die kaalgevrete landerye en weilande. „Uiteindelik het jy?" vra sy. „Uiteindelik het ek na die landbou-kollege geskryf en hulle jou adres gevra." „En?" „Ek wag nog op antwoord. — Maar nou het daar iets bo al my verwagtinge gebeur: Sannie, jy het self gekom! Maar " die sprinkane was my voor," sê Sannie. Faans kyk na Sannie. „Ek sien jy verstaan, Sannie. Ja, dit is so: ek het jou lief, Sannie. Maar: ek moet weer van vooraf begin " J^aans spring op. Hy voel nog styf en moeg. Maar 'n groot rusteloosheid is in hom. Sannie gaan hom voor na buite. Op die stoep draai sy om. „Dit gebeur meer dat 'n boer van vooraf aan moet begin, Faans. Dis n heerlik moedige werk. — Jy het jou skool alleen deurgemaak, Faans. Jy ken jou taak. En ek Faans, jy mag my nie die voorreg ontneem om van vooraf aan saam met jou te begin nie!" Sannie staan baie naby hom en haar mooi bruin oë blik vol stralende verwagting in syne. Faans neem haar in sy arms. Later loop hulle buite. „Jy weet, Sannie," sê Faans, „dis eers die laaste tyd dat ek as indiwidu ontwaak het, dat ek myself geword het Daarna het ek na jou begin verlang." „In my gedagtes, vervolg hy, „het ek ons langs mekaar deur die lewe sien gaan, met ons oë in die verte in die toekoms." Na n tydjie: „Daar is iets wat ek jou wil wys, Sannie." Hulle loop na die lap koring onderkant die voor. Daar bly Sannie verwonderd staan. „Maar Faans, sê sy, „hierdie koring is al ryp! — Ter- wyl orals die koring maar só hoog staan!" sy wys met haar hand 'n voet bo die grond. „Ek het hierdie stuk grond onder water gekry en die koren gesaai, net voor die reëns geval het,'' sê Faans. „In die geval sou hierdie koring hoër gestaan het as die ander koring. Maar Faans, dis al ryp! — Faans?" „Ja Sannie. Ek het proewe gemaak, en: hierdie koring word baie gouer ryp as die gewone koring." Sy kyk hom stilswyend met haar blye oë aan. Faans kan dit uitjubbel van geluk. „Al val die ploegreëns laat, Sannie, sal hierdie koring tien teen een opkom en ryp word, voor die reëntyd verby is." „Faans!" sê Sannie, „Dis 'n uitkoms vir ons boere!" Die son gaan onder agter die ver-weg buite. Swart teken doringbome af teen die vlam-kleurige lug. Faans en Sannie sit bo-op 'n koppie. Faans sê: „Jan Celliers noem die verlede van ons volk ons „ewig gister", omdat dit ons inspirasie is vir die toekoms. Die woorde van Oom Paul het my dit aan die verstand gebring: Soek in die verlede al die edele en skone, en vorm daarna jul toekoms-ideaal Ek het hierheen ge- kom om 'n stukkie van die verlede te herroep; om myself te wy aan die nagedagtenis van my liewe ouers. — Hier het ek geleer dat ons op die verlede moet voortbou vir die toekoms!" Faans en Sannie kyk oor die plaas, wat vroër aan sy ouers behoor het en na die huis wat Faans weer laat opbou het, soos dit vroeër was. Faans en Sannie kyk na die lap koring onderkant die voor, die ryp koring, warm geel in die laaste strale van die ondergaande son. „Faans," sê Sannie, „op hierdie plek, ryk aan die verlede, het jy begin bou vir die toekoms." Die foto's in hierdie boekie is van die Suid-Afrikaanse Spoorweë. BRINKMAN PROD NR B DEPOT NED PUBL 6C 178 2 1 79 202 MET EEN BOEKSKE IN EEN HOEKSKE I I ■■ P O c Z ro m Z > z o UITGAVE EN DRUK VAN BOSCH & KEUNING TE BAARN • LIBELLEN-SERIE Nr. 127 . m'