beminde regtsgeleerde, di in Holland vroeër 'n hoe amp beklee het en stellig nog hoër sou geklim hê, was dit ni dat hy an 'n borskwaal het begin te ly ni en syn betrekking moes neerlê om, in gehoorsaamheid an syn dokter, di warme klimaat van Indi te beproef. Syn vrou, di 'n baronnes was, het gesterwe met di geboorte van haar enige kind, en di was mar één jaar oud, toen syn pa naar Indi vertrek het. Daar di kleine Johannes toe te jonk was, dat syn pa hom kon meeneem, het di kranke man syn kind toevertrou an di sorg van syn broer Willem en di-syn vrou, Debora, totdat hy (Maurits) naar Holland sou terugkeer. Debora, van wi eigenlik di anbod om di kind te verpleeg uitgegaan het, het ni vergeet om 'n ansienlike som vir di onderhoud van di kleintji te vra ni, en sy het dan ook dubbeld, van wat sy gevra het, gekry. Dit was, toen Maurits van Wyk dri jaar weg was (en toe was daar nog gin sprake van syn terugkoms ni), dat syn broer, di dit ni al te volop in Holland had ni, besluit het om met syn huisgesin naar di Kaap te verhuis, alwaar di „Hollandsche Oost Indische Compagnie" op di billikste voorwaardes plase an immigrante uitgereik het. Di kleine Johannes moes natuurlik mee, en dit is vir hom, wat ons nou hier antref as n karaktervolle jonge man van neëntien jaar. Ek het jou Klaartji vandag van naby beskou," seg Johannes plagend an Gert, toen hy hom, 'n half-uur na syn terugkoms, in di tuin ontmoet, en sy lyk ni al te lelik ni! „Di koei se stert weet, dat sy ni lelik is ni!" antwoord Gert kortaf. . „Nee," vervolg Johannes, laggend, „sy 's verbrand mooi. E kan nou verstaan —" „Kyk hier!" herneem Gert, wat skielik begin te vrees, dat syn maat nog mededinger van hom sou word, en di fyne eergevoel van syn neef ken: „jy moet oppas dat pa jou m in haar geselskap vang ni, want jy moet weet, dat sy verre beneë onse stand is!" „Eers stuur jy my naar haar toe met blomme, en dan waarskuw jy my teen by haar gesien te word!... As^ekjouhan in di as slaan, het jy jouselwe daarvoor te dank." Veragtelik kyk Gert syn neef au: „Nee, boeti!" seg hy, „jy kan nog bai korsies brood opeet, eerdat..." Skielik word di gesprek afgebreek deur di verskyning van 'n grote konstabel, di net by di tuinhek inkom, en reguit naar Johannes stap, met di woorde: — „D'is vir jou, wat ek soek! Jy 's myn gevangene." „Wat!?" — roep Johannes, verbaasd. „Kom mee !" seg di diener en wou di jongeling an di kraag pak, mar laaagenoemde slaan sonder moeite di onvrindelike hand weg, en tel 'n stuk van 'n stok op, wat daar naby hom geleg het. „Vat nou an my, gekke vent," dreig hy, „as jy durf!" Di konstabel, sonder om 'n twede poging te maak om di jonge man te gryp, steek syn hand in syn sak, haal daar 'n bloue papier uit, en seg toe met 'n triomferende uitdrukking op syn gelaat: „Hier 's myn bevelskrif, meneertji, as jy wil weet wat ek hier kom maak. Rose of geld, sien jy, meneertji, — alles wat 'n mens steel, is diefstal en vir diefstal gaan 'n mens tronktoe... Nou toe! Graan jy jou oorgee of ni?" „Nee!" klink di besliste antwoord. „Goed!" antwoord di diener, bring toe syn fluit naar di mond, en'n nare skelle alarm roep'n half-dosyn geelswarte dieners te voorskyn, wat aldityd buitekant in di straat staan wag het. „Verdedig my!" roep Johannes toe an Gert, terwyl hy rooi word in di gesig. „Jy, tog, weet dat ek gin rosedief is ni!" „Verdedig jouselwe!" antwoord Gert, glimlaggend, met di hande in di broeksakke. „Hoe wil ek weet, dat jy gin rose gesteel het ni?" „Lafhartige bedrieger!" bulder Johannes met diepe verontwaardiging syn neef toe, mar voordat hy meer kon praat, was hy beetgepak deur di sewe stuks, di stok uit syn hand geruk, en moes hy sig onderwerp. Hy werd direk naar di tronk (gevolgd deur 'n klomp nuwskierige Hotnotjies en ander straatlopers) gelei, en in een van di hokkies daar in voorarrest opgesluit. HOOFDSTUK II. Johannes is losgelaat mar tot 'n bakleislag gedwing. Diselfde agteriniddag na di inhegtenisneming van Johannes, sien jy syn gekrenkte pleegvader, bleek van ergernis, in di kantoor van di waarnemende publieke anklaër, di agteroor in 'n leuningstoel sit met gevoude arms en meneer Yan Wyk ankyk deur 'n goue bril met di waardigheid van 'n hoofregter. „Ja," seg di amtenaar, „di dieners het wel 'n beetji grof met di ventji te werk gegaan; en as u tuis was, sou hulle waarskynlik, ter wille van u, hom ni so in di openbaar gepak het ni. Mar, siet u, meneer, diefstal is diefstal!" „Watter bewys het julle, dat hy diefstal gepleeg het? Ek verseker u, dat daar ni 'n eerliker jongeman in di hele land is ni. En ek eis, dat julle hom dadelik loslaat!" „Dit sal u niks help om hier kwaad te word ni, meneer van Wyk. Lees daar di verklaring van Oesman Ahmed !" vervolg di amtenaar met 'n glimlag, terwyl hy syn hand naar 'n dokument reik. „Lees, hoe hy een van uw twee seuns met syn oë gevolg het tot by uw poort. As di jong s'n bene wat jonger was, sou hy di kereltji met blomme en al op straat gepak hê. Lees dan di verklaring van Klaartji Keyns, di met di blomme gevang was, en kyk of u dan nog twyfel!" Di goeie man vat di twee papiere op in syn béwende hand, set syn bril op en lees albei deur. En waarlik di verklaring het sleg gelyk teen Johannes. Na 'n korte stilswyging en 'n diepe sug, seg hy op 'n bedaarde, bedrukte toon an di aanklaër : „Wat kan ek doen, om di jongeling di vernedering van tronkstraf te bespaar?" „Wel—'m !" bring di aanklaër skouderophalend uit, met 'n kyk asof hy 'n anbod wou uitlok. „Kryg hom uit, myn vrind!" hervat di pleegvader, „en ek sal uw vrindelikheid onthou!" Di kantoormeneertji het toe dadelik syn pen neergesit, met Jan Wessels 'n onderhoud gaan hê (want di was di direkte oorsaak van al di onaangenaamheid), di tronkbewaarder las gegee om di jongeling los te laat, en in 'n anderhalf uur na syn inhegtenisneming was Johannes weer 'n vrye man. Hy het dadelik naar syn oom gestap (di in di voorhuis was) om syn onskuld te betuig, mar di skyn was daarim só teen hom, dat hy ni alle suspisi kon uitwis ni, viral toen Gert daar tussenbei kom en met di onskuldigste gelaat ontken dat hy ooit syn neef met blomme uit di kamer gestuur het. „Gert!" seg Johannes, na hom 'n rukki in di oë gesien te hê; „di Hemel weet alleen, wat nog van jou sal word !" „Wat?" klink di skreestem van Debora, wat nou skielik haar verskyning maak na enige minute afgeluister te hê, wat daar gesels was. „Wat? Durf so 'n nutsnuts, so 'n tronkvoél, sulke taal teen Gert gebruik ? Di Hemel weet alleen wat van jou sal word, — van jou — jou ellendeling! Yan jou, wat onse huis so in di skande steek.... D'is hoogtyd, dat — „Nee, vroutji, nee! dit 's nou genoeg!" val haar man haar in di rede, terwyl hy an Johannes wenk om di kamer uit te gaan. „Ja," gaat Debora voort, „hy verdien, dat hy 'n jaar in di tronk gebly het, di skelm!" Intussen stap Johannes naar di buitekamer, om daar di kussing van syn bed met di bitterste trane te deurweek, wat hy nog in syn lewe gestort het. Toen Gert later daardi kamer inkom, neem hy van Johannes ni di minste notisi ni. Tot laat di vollende agtermiddag het hy gin woord met syn kamergenoot gesels ni. Toe kom hy op eens woedend di kamer binne, stap met 'n kieri in syn hand reguit naar syn neef, di toe op 'n stoel naas di bed met 'n boek in di hand sit, en roep in syn gesig: — „Smeerlap! wat het jy vir Klaartji teen my gaan babbel ?" „Niks!" antwoord Johannes, bedaard. „Niks? Sal sy vir my lafhartig noem, as jy ni dl gedagte vir haar ingepomp het ni ?" „Ek het gin woord met haar oor jou gepraat ni." „D'is 'n afgedankste leun, wat jy daar vertel, skennertong! Jy moet my verklik hê by haar!" „Verklik?" herhaal Johannes, di nou van syn stoel opgestaan het, om op 'n moënlike anval van di kieri meer gereed te wees. „Wat het ek verklik? Het jy dan 'n kwaad gedoen, wat ek kon verklik? Loop vra vir Klaartji, wat sy bedoel!" „Klaartji kan naar di maan gaan met jou en al! En," vervolg hy, ,,moeni glo dat ek klaar is met jou ni, boeti ! Pa is siek van jou, ma is siek van jou, en ek is siek van jou, — almal is siek van jou... buiten Klaartji!... En ook Klaartji sal binnekort klaar wees van jou !" Met di laaste woorde was daar op di gesig van Gert 'n boosaardige, vreeswekkende laggi, wat enigsins vir Johannes laat skrik het. „Ek wou," seg Johannes onverskillig, „dat ek klaar van jou was." Hierdi opmerking was 'n kooltji vuur by kruit. Gert swaai syn stok agteruit, om syn kamergenoot daarmee 'n geweldige hou toe te bring, mar laasgenoemde gryp meteens syn arm, en 'n verskrikkelike stoeiing was di gevolg. Binne 'n minuut leg tafeltji, stoele, lamp — alles, wat los was in di kamer omver. Tot di dag toe het Johannes altyd onder syn neef ootmoedig gebuig, — uitgeskel geword sonder te antwoord, klappe ontvang sonder weerstand, ens. Hoe bitter boos Gert dus nou was, laat sig lig begryp: hy was ni net 'n gebelgde man ni, hy was 'n briesende leo, en di haat vir Johannes fonkel sö skerp uit syn oë, dat Johannes bewus word onder di worsteling, dat syn lewe in gevaar was. „Nou toe, jou tronkvoël, maak — maak dit nou klaar met my!" roep Gert met gejaagde asem, en hy gryp naar di keel van di ander, alsof hy di wou verwurg; mar Johannes weer syn hand weg, en toen Gert nog 'n maal syn teenstander toespring, struikel albei oor 'n stoel wat in di weg le, met di gevolg dat Johannes syn kop geweldig teen 'n ander stoel stamp, terwyl syn bevegter met di neus só hard teen di poot van syn ledekant te land kom, dat di bloed dadelik daaruit stroom. Juis toen di twee weer opstaan, verskyn meneer Van Wyk by di deur met di ernstige woorde: „Kom, Kerels ! daar 's 'n klomp Boesmans angekom op di plaas van —" Hy het di sin nog ni geuit ni of deins vir 'n oomblik terug op di gesig daar voor hom. „Hemel, kerels!" seg hy; „wat betéken dit?" Albei di jongelinge staan bleek en uit asem — di één met 'n bloedneus, di ander met 'n bult op di voorkop — bewegeloos di ou heer in di gesig te anstaar. „Wat betéken dit?" kom di vraag weer. „Wat betéken di bloed op jou gesig, Gert?" „Hy wou my vermoor, pa!" stamel Gert. Di ou heer kyk toe vir Johannes skerp en vragend an. „Hoef ek te sè, oom, dat hy alweer jok ?" seg laasgenoemde. „Hoef ek te sè, dat hy my angeval het ?" „Skaam julle, kinders! skaam julle tog! Het ek julle grootgemaak asof julle broers was, om nou met malkaar te baklei asof julle wilde honde is ? Foei! foei! En jy, Johannes, jy, wat altyd so sagaardig was — Di sin werd afgebreek deur di skelle stem van Debora, wat dit nou op haar senuwes het, om di berig wat daar in di dorp versprei was. „Wat draal julle tog so ?" skree sy ongeduldig, terwyl sy naar di buitekamerdeur angehol kom. „Di Boesmans sal nog al onse vee vlak voor julle neuse wegsteel!" „Gin roesi meer ni!" gebied Van Wyk syn angenome seuns. „Gryp julle gewere, kerels. Julle moet gaan help om di bende skelms te verdry we 1" Binne'n minuut of wat was dri manspersone van Welbedacht naas mekaar, mar stilswygend en in verlore gedagtes, op weg naar di kasteel om daar as vrywilligers hulle dienste an te bied, want juis op di tyd was daar moeilik manskappe van di garnisoen te mis. Hoe verskillend was di gemoedere van di dri: di vader teleurgesteld en beangst, di stiefseun nydig en wraakberamend, di neef droefgeestig en naar syn vader verlangend. HOOFDSTUK III. 'n Komplot. Soas in di eerste hoofdstuk angestip, het Gert in di laaste tyd syn neef leer haat. Toen hy in syn jongere daë vir Johannes in alles kon kommandeer so's 'n hontji, was Johannes syn beste maat. Nou kon hy dit ni meer doen ni, en Johannes was syn ergste vyand. Mar daar was ook verskeie ander omstandighede, wat meegewerk het om 'n bitter gevoel in Gert teen syn neef op te wek. Weëns di skranderheid van Johannes, was hy hoer geleerd dan syn neef; hy was ook musikaler, en populairder in di maatskappy. Mar dit was ook nog ni al ni,—Gert het 'n vrees gekoester, dat syn stiefvader vir Johannes in di erfenis sou begunstig —'n vrees, wat sonder grond was, want Debora het reeds gesorg" dat Johannes niks uit di boedel sou kry ni. En by al di hiergenoemde omstandighede kom nog di feit, dat Gert sig sterk verbeel, dat syn neef di meisi wat hy (Gert) vir di oomblik so hartstogtelik liefhet, van hom wou afrokkel. Di klomp gewapende, uiterst brutale Boesmans, wat so onverwags hul verskyning gemaak het op di plaas van 'n meneer Jan Louw, in di buurt van Swartland, en van wi so'n verontrustende berig an di Kaapse fort gebring was, het niks meer daardi aand van hulle laat hoor ni. 'n Kleine patrolli was uitgestuur vir omtrent 15 myle van di kasteel om, indien moënlik, te verneem of di rowers al-nader kom, mar hulle het teruggekeer sonder iets van di skelms uit te vind. Di vollende more moes Willem van Wyk by di Gouwerneur verskyn om te beraadslaag oor wat gedoen moes word, want \ an der Stel had van 'n burger, di met dagbreek daardi oggend van buite ingekom was, verneem, dat di Boesmans di vorige aand «esien was met ses stuks vee, op di rugge waarvan kalbasse vol brandewyn vasgestrop was—alles buit, wat op di plaas van Jan Louw gekry was—en dat di van hulle, wat nugter genoeg was om voort te wandel, onverskrokke in di rigting van Koeberg, dus in di direksi van di kasteel, getrek het. Van der Stel leg an Van Wyk uit, dat dit ni raadsaam was 0111 soldate uit di kleine garnisoen te onttrek ni—ons hoef ni hier in di rede daarvan te tree ni—en meen dat dit goed sou wees om sonder versuim enige vrywilligers naar Koeberg te stuur. „Goed!" antwoord Van Wyk, „ek kan daarvoor sorg. Hoeveel vrywilligers wil U hê?" „Wel, ek hoor, dat daar omtrent 30 Boesmans is, en almal, op hul manier, gewapen. Dus moet ons voorsigtig wees !.... Kyk, meneer Van Wyk, ek stel jou an as kaptein van di vrywilligers—kry soveel, as jy kan,—ons het hier avonturiers genoeg—mar sorg, dat jy dit jou eerste werk maak om 'n paar van hulle uit te stuur om di skelms te gaan bespied. .. . Wi weet, miskien het di hele boel al laat vat! Dus sou ek dit ni nodig ag om al jou manskappe tegelyk uit te stuur ni. Hulle verwag natuurlik beloning en, jy weet, di Compagnie wil hier so min uitgawe maak as mocnlik. .. . Mar, daar 's gin tyd te verloor ni. Stuur jou verkenners uit!" „Dit sal gedaan word!" antwoord Van Wyk met 'n buig. „En laat hulle my direk op hulle terugkoms by di kasteel kom sien!" „Goed! dit sal gebeur!" Daarop verlaat Van Wyk di Gouwerneur, bestyg di pêrd wat intussen buitekant vir hom gewag het, en ry naar di paradeplein, alwaar reeds 'n klomp jonge vrywilligers bymekaar gekom het, di een gretiger as di ander om op di Boesman-pes jag te gaan maak. Ondertussen was Abram, di vertroude,skrandere Boesmankneg van di pas-angestelde kaptein, in 'n ernstige gesprek met Gert Rass by di stal van Van Wyk. „Ek wil he," fluister Gert, na syn oog in alle rigtings gegooi te he, dat jy hom só tussen hulle moet lei, dat hy ni moënlik kan ontsnap ni!" „Sal kleinbaas my nooit by di seur verklik ni?" „As ek jou verklik, verklik ek vir myselwe." „Kleinbaas gaat my niks tabak gee ni?" „Hier!" seg Gert, terwyl hy 'n riksdaler uit syn sak haal en dit in di hand van di jong stop. „Later gee ek jou tabak!" „Foeitog! basi, foeitog!" klink op daardi oomblik 'n vroustem net bo'kant di koppe van di twee knoeiers, en albei kyk meteens op. Daar steek di kop van ou Fekki, di brawe ou Hotnotse binnemeid te Welbedacht, uit di venster van di soller. „Ons is vas!" seg Abram halfluid, terwyl hy syn kleinbaas angstig in di oë kyk. Mar Gert was meer gebelgd as verleë. „Wat op aarde soek jy daar op di soller, jou ou nutsnuts!" roep hy haar toe. „Niksni, basi!" antwoord sy verskrik: „ek het mar 'n bak aartappels kom haal.' „Daar groei gin aartappels in di venster ni!" bulder hy, mar ni "al te luid ni, daar hy ni di andag van ander mense wou trek ni. „Maak, dat jy dadelik di trap afkom!" Een, twee, dri kom Fekki di trap afgewaai, en pas was sy onder,'of Gert stop syn vuis voor haar neus en sweer haar toe in alle erns dat, as sy 'n enkele woortji van wat daar gepraat was, an enigeen vertel, sy haar laaste asem sou uitblaas. Ek sal niks sê ni, basi! niksni!" antwoord Fekki met trane in "di oë, „mar moet tog ni vir baas Hannes in di hande van di Boesmans laat val ni. Hy is tog 'n al te liewe, goeie basi. Hulle sal hom doodmaak." Hou nou jou smoel!" waarskuw Gert haar met nferme mar bedrukte stem. „Onthou, wat ek jou geseg het!" ^ „Ag, liewe basi!" en di ouvrou val op haar knie. „Ek bid—. "Kom, Abram!" roep Gert di jong ongeduldig toe. Di twee spring elk op 'n perd, wat alreeds opgesaal was, en ry weg naar di parade-plein. Fekki bars toe so's 'n klein kind in trane uit, en pas was di twee ruiters uit haar gesig of sy slaat diselfde pad in om, uiteenslaande haar belofte, vir Johannes te gaan waarskuw, as sy dit moënlik nog intyds kon doen. Waar bly julle dan so lank, kerels?" vraag kaptein Van Wyk, toen Gert en Abram sig by di ander ruiters buitekant di kasteel voeg. „Ek wil sonder versuim 'n paar vrywilligers uitkies om te «aan kyk, waar di Boesmans vir hulle ophou." ° 'n Algemene gemompel was di gevolg, en ontevredenheid was daar te lees op di gesig van iedereen, uitgesonderd op di van Gert, want di besluit was net naar syn smaak en wat hy ook mar verwag het. „Alweer di afgedankste vrekkerigheid van di Compagnie," brom éne halfluid,—„bang, dat ons te veel ammunisi sal opskiet,—bang vir 'n paar riksdalers!" „Twee kerels is vir eers genoeg," vervolg di kaptein. „Wi is gewillig?" „Ek! Ek!" roep verskeie uit di twintigtal. Johannes, egter, dring met syn pêrd vorentoe en vraag vir syn oom om hom di eer an te doen. Daar was hierop 'n glimlag te bespeur sowel op di gesig van di kaptein as van Gert; mar by di eerste was trots di oorsaak, en by di laaste 'n satanse voldoening. Gert fluister iets an Abram, wat aldityd kort agter hom gestaan het, en di jong spring Johannes agterna om ook n dienste an te bied. ,,'n Geskikter paar is daar ni te kies ni!" roep een uit di klomp: „di één is di dapperheid self, en di ander di listigste van syn stam." „En hulle ken makaar," voeg 'n ander by. Di meeste ander kerels het egter min omgegee wi verkies werd. Hulle had wel almal lus vir '11 jarj op di gele bende, mar watter avontuur was daar in 'n bespieding van Boesmans! Ook Johannes het gemeen, dat Abram 'n nuttige speurgenoot sou wees. Di twee werd dan ook angestel, en gin tyd werd daar verkwis ni. Di twee ruiters sit toe sonder versuim dadelik af naar di vlakte in di rigting van waar Durbanville nou staan. Pas was hulle weg, of ou Fekki kom uit-asem by di kasteel an, net in tyd om Johannes en Abram van 'n distansi af te sien wegry; sy gooi haarselwe toe op di grond en skree en huil bitterlik. „Sy tjank oor haar volk wat ons gaan uitroei," merk Gert, koeltjies op. „Sy is 'n gevaarlike spioen. Ons moet haar in di pad steek." „Gin Boesman-spioen kan ooit gevaarlik wees ni," laat 'n ander volg. „Seg liewer, dat di meid beduiweld is." „Nou ja," seg Gert, terwyl hy di kaptein sien huistoe ry, „spioen of gek — albei is hier ewe ongewild!" Hy ry toe nader naar haar, jaag haar op en di veld in. „Ek sweer jou toe!" seg hy an haar vóór hy omdraai, „as Jy 'n enkele woord an iemand ooit vertel, van wat ek met Abram gepraat het, vrek jy. En sorg, dat jy ook nooit weer ou voet naby di fort sit ni." Nog altyd snikkende, vervolg di oumeid di pad naar buite. HOOFDSTUK IV. Johannes as bespieder. Dit was omtrent half neë in di oggend en in 'n sagte sonneskyn, dat Johannes en syn kneg — of, liewer, dat Abram en syn slagoffer — di pad naar buite op flinke pêre ingery liet. Daar Abram di omtrek beter dan syn jonge heer geken het, was hy di leidsman. Na op 'n afstand van tussen 15 en 20 myle van di fort afgesaal te hê en niks bespeur te hê ni, werd di koers voortgeset in di rigting van enige heuwels. Abram was bisonder stil op di weg, mar Johannes het dit mar toegeskrywe an 'n beetji vreesgevoel. „Hiersa om!" seg Abram saggies an Johannes, toen hulle teen di middag naby 'n bult, met suikerbossies begroeid, uitkom. „Mar waarom sal ons so 'n ompad neem?" vraag Johannes, di, sonder dat hy weet hoekom, effentjies ongerus begin te voel. „Word jy iets gewaar?" Di jong skud syn kop. Hy vertel ni, dat hy al vir 'n kwartier op di spoor van di veediewe was en dat hy al werkelik 'n paar van di kroeskoppe gewaar het ni. Ofskoon Johannes alles behalwe tevredegestel was deur di antwoord, wat hy op syn vraag gekry het, volg hy di jong sonder di minste agterdog. „Hier afsaal, kleinbaas!" versoek di Boesman, toen hulle an di anderkant van di suikerplaat by 'n grote sloot uitkom, terwyl hy, sonder nog op 'n antwoord te wag, van syn pêrd afspring en daarmee watertoe stap. „Mintig Abram!" merk Johannes op, terwyl hy in di ronte ongerustheid by hom. Hy duik agter enige bossies weg, nog voordat di ruiter hom opgemerk het, en blyf daar skuil totdat di man hom virby was. Tot syn verwondering, merk hy, dat di ruiter nimand anders was ni as Abram. Hy had gin idee wat dit kon betéken ni, en laat di jong ongestoord syn gang gaan. Na 'n rukki stap hy weer vort, totdat syn wandeling plotseling tot 'n stilstand gebring werd deur 'n gesteun, wat syn ore tref. Hy luister, hy tree nader naar di plek van waar di geluid kom, en hoe skrik hy, toen hy 'n witman met bloed bevlek in di gras voor hom sien lê! „Wat is dit?" dog hy, terwyl hy naar di gewonde tree. „Hemel!" — en di trane kom in syn oë, toen hy di kop van di gekwetste oplig en Gert hom syn gesig vertoon. Met di eerste oogopslag verbeel Gert hom, di swak en mar half by syn bewustsyn was, dat dit gin mens was ni mar di gees van Johannes, wat daar staat, en van loutere andoenin» gaan hy an di huil; mar uit di waan werd hy dadelik verlos toen Johannes hom anraak en naar di wond soek. „Hier!" seg Gert met 'n floue stem, sonder Johannes in di gesig te kyk, en hy wys naar syn linkersy. Johannes skrik toen hy di gevaarlike posisi van di wond merk, mar werd gou weer gerusgestel, toen hy Gert se onderbaatji uittrek en sien dat di kwetsuur ni by di hart was ni. Di koël had wel 'n ribbetji geraak en heelwat bloed laat vloei, mar gevaarlik lyk di wond daarim ni. „Mar hoe het dit dan gebeur, Gert? Hoe kom jy hier?" vraag Johannes, terwyl hy 'n stuk hemp van Gert afskeur en di kluitende bloed afveeg, wat toen al opgehou het om te vloei. Gert antwoord alleen met 'n diepe sug, en syn neef wis, dat dit niks sou help om di vraag te herhaal ni. Na Johannes alles an di wond gedoen het, wat hy kon, neem Gert, di nou weer heeltemal by homselwe was, 'n sittende houding in en begin: — „Sien jy dit?" Hy wys naar di opgevoude laken, wat 'n entji weg van hom leg. „Wel?" „Ek was net op di punt om dit te gaan ophys, toe skiet n ver vlakste skelm my." „Mar ek begryp ni — waarom wou jy dan di laken ophys ?" „Om jou te red!" „My?" „Ja, jou! en," — met 'n gelaat waarop 'n bitter verwyt te lees was — „dit is di beloning!" „Kom mar, ou broer!" seg Johannes met 'n sug. „Ek verstaan jou ni. Mar jy is swak, en ek behoort jou ni nou vir uitlegge te vra ni." Hy sit syn hand om Gert se lyf om hom op te lig. Gert stoot di vrindelike hand weg. Johannes sien hom verbaas an. „Ek wou jou ophelp Gert! Daar 's gin siel hier, buiten my, om jou te help ni." „Ek het jou hulp ni nodig ni!" mompel Gert, knorrig. „Mar man, wees tog redelik!" „Gaan naar di hoenders!" brom Gert en maak tegelyk 'n poging om self op te staan. Noueliks was hy op, of syn knieë wankel onder syn sware liggaam, uit pure swakheid (,wat natuurlik te wyte was an verlies van bloed), mar Johannes gryp hom gou onder di arm en hou hom op. Gert bied gin weerstand meer ni, en hy praat ook gin woord ni. Hoe uitgeput Johannes ook was deur vermoeienis en honger, ondersteun en gelei hy syn neef an di arm vir 'n lange distansi vooruit, ofskoon di voortgang herhaaldelik afgebreek moes word deur 'n rus langs di pad. Uiteindelik het 'n boerwa, wat op weg was naar di Kaapstad, hulle opgevang en opgetel, en veilig tot by di huis van Willem van Wyk gebring. Was Johannes nou met syn neef versoen? HOOFDSTUK VIII. Di Ontvangs Tuis. Di verdwyning van Gert van Welbedacht op di morre, toen hy so stilletjies met Abram uitgery het, was vir syn huisgesin iets onverklaarbaar en dit het, viral by syn moeder, heelwat angs verwek. Sy het ooral gesoek en laat soek naar hom, mar kon gin spoor van hom errens kry ni. Di gewenste informasi kon natuurlik deur Malherbe en Joosten verskaf word, mar daardeur sou hul voor di dag bring 'n samenswering, waarvoor hulle lelik gestraf mag word. Daarom het daar van hulle kant niks uitgelek ni, en Debora haar angs het by di halfuur toegeneem. Teen di middag was sy ook al glad radeloos. Begryp dus haar vreugde, toen sy, presies om twaalf uur, met béwende hande di voordeur oopmaak en haar oé op haar verlore seun val! Van di ander, wat haar seun by di arm vashou — van Johannes — neem sy ni di minste notisi ni. Mar, wat sien sy? — Haar bleke gelaat word bleker. Haar vrolikheid word skielik deur ontsteltenis vervang. „Daar is bloed an jou klere, Gert!" En toe, vir di eerste maal, werp sy 'n kyk op Johannes, 'n kyk so vol van agterdog en verwyt, dat dit di eergierige jongeling as 'n dolk tref. „Weg hier!" seg sy an hom, terwyl sy hom half wegstoot en haar seun by di arm neem. Toe net kom di ou heer Van Wyk di deur uit en dadelik, toen hy merk dat Gert hulp nodig het, gryp hy hom by di ander arm. Onder 'n boel vraë en gissings — meer gissings as vraë, want di vraë het tog gin antwoord ontvang ni — werd Gert deur di twee naar binne gelei en op 'n breë, ouderwetse rusbank in di eetkamer neergesit. „So!" seg Debora: „nou wil ek sien waar jy seergekry het." En sy begin ook somar meteens Gert se klere losmaak. Gert steek syn regterhand uit en help haar, mar syn lippe beweeg hy ni. Debora bring 'n skrikgeluid uit, asof sy di stuipe gaan kry, toen sy di wond ontbloot het en di posisi daarvan sien. „Vlak by di hart!" merk sy op, terwyl sy haar man 'n veelbetekende kyk gee. „En dit lyk naar 'n geweerwond! Hotnots dra gin gewere ni. Waar is Johannes? Hoekom is hy ni hier ni?... Loop, Willem, loop keer Johannes!... Gert, myn kind, kom uit met di waarheid! Het Johannes jou geskiet? Het hy?" „Foei, vroutji!" knor haar man haar. „Watter reg het jy om soiets te vermoed?" „Watter reg, Willem! Is ek dan blind? Het ek ni vir Johannes netnou met hom gesien ni? Haat Johannes ni vir Gert ni? Is Gert ni stil, omdat hy vir syn neef — so 'n neef! — wil beskerm ni?... En Johannes is weg!... Kyk, Willem, as jy ni 'n konstabel gaan roep ni, dan..." „Wees tog ni so onredelik ni, vroutji," seg haar man bedaard. „As Gert te swak of te nukkerig voel..." „Te edelborstig, meen jy!" val sy skerp in. „Goed!" vervolg hy; „as Gert te edelborstig voel om met di waarheid uit te kom, Johannes sal di geheim opklaar. „Wat! vir liomselwe verklik?" „Jy vergeet jou pasiënt, Debora. Ons moet hom ni ontstel ni. Verpleeg jy hom so goed as jy kan. Intussen sal ek vir Johannes gaan sien. Ek brand ook al van nuwskierigheid om te weet, hoe dit met syn verkenning afgéloop het." ,,'M!" brom Debora ergerlik, toen sy haar man di gang naar di voordeur sien instap; „hy gaan nog van daardi kleine farisee 'n afgod maak. Syn broer se seun anbid hy, en syn vrou haar seun skrob hy af. Mar wat kan jy ook anders van 'n stiefvader verwag!" Haar man het op di stoep gaan kyk, het di naam van Johannes herhaaldelik uitgeroep, het vir hom in di slaapkamers gaan soek, mar nerrens was hy te kry ni. Toe kom Steintji, di meid, met 'n paar verwilderde oë naar haar baas angeloop en roep uit: „Seur, baas Hannes leg dood in di melkkamer!' „Di verskrikte pleegvader gaan toe haastig naar daardi vertrek. Dit was 'n kamer, wat alleen gestaan het buitekant di huis en ni ver van de kombuis ni. Daar vind hy di jonge kerel agteroor op syn rug, uitgestrek op di misvloer en vas an di slaap, met 'n stuk brood in di een hand. 'nGlimlag kom daar op di gesig van di medelydende man. „Gaan 'n kussing haal, Steintji," gebied hy di nuwskierige meid, wat haar neus by di deur insteek. Hy het skaars di order gegee, of Debora verskyn op di toneel. „Waarvoor moet hy 'n kussing hê?" vraag sy skerp. „Wil jy hom in syn liederlikheid anmoedig om van myn melkkamer 'n slaapvertrek te maak? Ek sal hom wakker skud!" Mar dit was ni nodig dat sy dit sou doen ni, want haar kalkoens tem het hom reeds opgewek. Half-verleë staan hy op. „Ekakeus ma," seg hy, en gaan uit. „Kom mar hier, myn jong!" seg syn oom, di, hoe sagaardig hy ook was, dit moeilik vind om syn verontwaardiging oor syn vrou haar gedrag weg te steek. „Jy sal ni deur jou oom as 'n hond behandel word ni." Hy lei di jonge man toe naar 'n betji in 'n ongebruikte kamer in di huis. „Slaap jou mar hier uit, myn seun," vervolg hy, „voortaan sal dit jou kamer wees. Ek sal dit vir jou opknap en meubeleer. Want ek dink, dat dit bes is vir jou eu Gert albei, dat julle apart slaap. Nou toe, myn seun, ek sal jou ni nou met vraë lastig val ni. Gaan lê mar nou !" „Nee oom," antwoord Johannes, op wi di hartelikheid van syn oom indruk gemaak het: „ek voel alweer fris genoeg om te gesels." Di twee gaan albei op di kooi sit — daar was nog gin ander meubels in di kamer ni — en Johannes deel toe omslagtig alles an syn pleegvader mee wat hy gedurende di laaste 24 uur deurgegaan het, en di goeie man sit met di diepste andag naar elke woord te luister, sonder di verteller 'n enkele maal in di rede te val. Toen di verhaal op 'n ent was, draai di anders sterke man syn gesig weg, sodat syn oë (wat nou nat geword het), ni di weekheid van syn hart an syn pleegkind mog verraai ni; mar di skrandere jongeling het di uitwerking van di stori op syn oom tog bespeur, en, daardeur angedaan, word ook syn gemoed vol, Hy gryp di hand van syn oom, sien hom met liefde in di gesig an en seg, na 'n korte stilswyging, met 't blye gelaat: „Goddank! daar is in di huis één nog wat my ni haat ni!" Juis op daardi oomblik gaan di deur oop en Steintji vertoon haar koperkleurige gesig. — „Daar is 'n man moet blinke knope, wat vir seur wil sien." „Het jy hom in di sitkamer gebring?" „Ja seur." „Goed! ek kom." Daarop verlaat di huisheer di jongeling en stap naar di voorkamer. „Wel, wat is dit?" vraag Van Wyk van di bode van di Gouwerneur. „Syn Eksellensi wil weet of di jonge meneer Van Wyk al tuisgekom het." „Ja," antwoord di ander, wat mar half gesteld was op di onhoffelike manier, waarop di vraag gedoen was. „Nog iets?" „Ja, en wat hy uitgevoer het." „Seg an syn Eksellensi, dat ek syn Eksellensi oor 'n half uur persoonlik sal kom sien." „Tussen ons, meneer Van Wyk," gaan di vrypostige boodskapdoener voort: „Syn Eksellensi is 'n beetji vererg, dat hy syn informasi omtrent di Boesmans van iemand anders moes kry as van uw spioen." „Hoe?" vraag Van Wyk, di nou nuwskierig word. „Watter informasi het hy dan gekry?" „Vir-effe het daar 'n man by di kasteel angekom en vertel, dat 'n kleine klompi burgers uit Stellenbosch al di vee wat di Boesmans gesteel het, op 'n koei en 'n kalf na, vanmorre vroeg teruggekry het." „En di diewe?" „Di laaste een is weg!" „Hoe 's dit moënlik!" „Ja, meneer Van Wyk, ek mag u einlik ni alles vertel wat ek gehoor het ni, want Syn Eksellensi is 'n snaakse kerel — hy verdra ni dat ek iets buitekant di kasteel vertel ni, wat ek binnekant af geluister het; mar u en ek is albei vertrouelinge van Syn Eksellensi, ni waar ni?" „Ek weet ni," antwoord Van Wyk, di te nuwskierig was, om di mond van di verwaande bode te stop. „Gaan voort. „Wel d'is byna onverklaarbaar, mar om vier uur van oggend het di boere di plek angeval, waar 'n skaapwagter gerapporteer het dat de Boesmans di aand tevore gaan slaap het, en al Di Gouwerneur kyk syn vrind meteens suur an. „Wat wil jy te kenne gee?" „Mag ek vry praat?" vraag Van Wyk, skugter. „In watter opsig," vraag di Gouwerneur, met 'n skerpe kyk, „geniet onse burgers ni di volste vryheid ni?" „Ek bedoel in di handel, Uwe Eksellensi," antwoord di ander op eerbiedige toon, — „in di verkoop van hulle produkte an di skepe." Dit was duidelik, dat Van Wyk an 'n fyne snaar geroer het, want di Gouwerneur kryg 'n kleur en kyk hom verergd an. „O, ek sien!" seg hy: „jy is ook een van di, wat meen, dat ek en myn raad di alleenhandel in produkte in hande begin te kry! Ek dank jou vir di kompliment. Fluisterings van daardi aard het ek al meer gehoor. Mar laat mij nou vir jou, as vrind, iets waarskuw: hou jou beskuldigings vir jouselwe, anders mag daar teen jou beskuldigings gemaak word — verstaan jy?" Van Wyk word skielik rooi in di gesig. Hy voel syn eer gekwets. „Watter beskuldigings, Uwe Eksellensi?" vraag hy so bedaard as moënlik. „Ek is hier di vertegenwoordiger," antwoord di Gouwerneur op verhewe toon, „ni alleen van di Oost Indische Compagnie ni, mar van Nederland, en as iemand my beskuldig. . . ." „Mar ek het u t.i beskuldig ni!" val Van Wyk hom gou in di rede. „Nou toe!" seg di Gouwerneur, di ook mar gretig was om van di onangename onderwerp af te stap, viral daar syn gewete ni al te rein was ni. „Waarvan het ons gepraat?... Ja! di Boesmans ! Nou, ek moet sê: jou jonge neef het hom flink gedra. Kyk ! op Vrydagaand, vandag oor 14 daë, gee ek 'n dinner in di kasteel. Ek hoop om jou daar te sien, en laat jou neef ook daar wees — ek nooi hom." „Ek sou liewer, Uwe Eksellensi, dat u di uitnodiging laat bly." „Waarom ?" „Hy is nog bai jonk, en ek sou ni lyk dat hy bo myn stiefseun, wat ouer is, vereer word ni." „Dan nooi ek albei," was di antwoord. Daarmee was di gesprek afgeloop en na 'n hoffelike groet, gepaard met 'n half gedwonge glimlag, verlaat Van Wyk di Gouwerneur. Mar laat ons tot Gert terugkeer. Gert het 'n paar daë in syn bed in di buitekamer gebly. Daar het syn ma en Steintji hom goed opgepas en op di derde dag was hy al só sterk en gesond, dat di dokter hom geseg het, hy kon di vollende morre opstaan. Di dokter was gin tien minute weg ni, of Gert kryg weer besoek — dit was omtrent 3 uur in di agtermiddag. „Di noy moet mar hier inkom!" klink di stem van Steintji buitekant di deur, en Klaart] i Keyns tree binne. „Hoe val jy dan so uit di lug, Klaartji?' seg Gert an di halfverleë meisi, terwyl hy 'n sittende houding inneem, en met 'n prettige gelaat syn hand naar haar uitsteek. Hy was regtig bly om haar te sien. „Ek gaan ni lank hier bly ni," antwoord Klaartji, terwyl sy Gert se hand neem. En, asof om vir Gert duidelik te laat verstaan, dat ook sy, met al haar bekende vrolikheid en ligsinnigheid, nog wat beskeidenheid besit, voeg sy by: „Ek sou hier ni ingekom het ni, as ek ni by toeval vir Steintji hier buitekant op di pad ontmoet het ni. Ek het haar gevra hoe dit met jou gaan, en toe lei sy my hiernaartoe, mar ek het nooit geweet dat jy hier alleen was ni... Ni waar ni, Steintji ? Steintji knik bevestigend. „Jou ekskeusies laat my minder dink van jou visite," seg Gert. „Is dit dan sonde, om 'n sieke vrind te kom kyk? Of is ek ni meer jou vrind ni?... Steintji, basta jou lelike neus daar by di deur insteek! Laat vat! Jy kan oor n uur weer kom." Steintji verdwyn toe. „Dan gaan ek ook uit," seg Klaartji en sy wou net afskeid neem. „Moeni so verkeerd wees ni, Klaartji! Kom sit hier op di stoel en gesels 'n beetji met my!" „Wat sal jou ma sê, as sy hier inkom?" „Ma kan ni hier inkom vir ure ni. Sy en di oubaas is vanmiddag uitgery naar meneer Van Zyl." „Nou toe!" seg Klaartji, di haar sware lyf op di stoel neerplak: „waaroor wou jy gesels?'' „Stoot jou stoel nader. Ek wil saggies praat." Klaartji gee eers 'n kyk naar di deur se kant, en skuif toe haar stoel tot teen di kooitji an. „As jy mar weet, vetgesiggi," herneem Gert, „hoe ek naar jou verlang het! En vandag maak jy ekskeus, dat jy kom verneem hoe dit met my gaan!" „Nouja," antwoord sy onverskillig, „wat kom dit ook daarop an of ek naar jou verneem of ni?" „Ontken, Klaartji" — en syn gesig trek meteens donkerder — „ontken, as jy kan, dat daar 'n ander is, wat myn plek in jou hart ingeneem het!" Klaartji skater uit van di lag. „Al is daar ook twintig in myn hart, wat daarvan? Jy het mos ni meer reg om daarin te wees as ander ni!" „Gee my 'n soen, jou wyse ding!" (Gert het haar natuur al tamelik goed geken.) „Net ene mar, hoor!" stipuleer Klaartji. „Jy klou ni weer vir my vas so 's laaste keer ni! Anders gaan ek weg." „Nee, toe mar!" antwoord Gert, en Klaartji laat hom toe om dri soene op haar plompe wang te druk. „Het jy al vir Johannes ook toegelaat om vir jou te soen?" vraag hy, terwyl hy haar vorsend in di oë kyk. „Hy het my nog ni vir 'n soen gevra ni!" „As hy vra, sal jy gee?" Klaartji trek haar skouers op, wat natuurlik betéken, dat sy dit wèl sou gee! „Hou jy werkelik van myn ellendige neef, Klaartji?" vervolg Gert op 'n bittere toon. „Dalkies!" antwoord sy. „Wi weet!" „Wat?" roep hy — „so 'n rosedief en tronkvoël?" „As dit ni vir syn liefde vir my was ni," antwoord sy, „dan was hy gin rosedief en tronkvoël ni. Hy het in di ongeluk gekorn, omdat liy te veel gewaag het om my 'n plesier te doen. Sou jy, wat kamma vir my so lief het, soveel vir my oorgehad het?" Toe merk Gert eers op, hoe di virk in di steel steek. Dit was deur syn eië toedoen, dat Klaartji so toegeneë tot Johannes geword het. „Klaartji," seg hy, na 'n korte swyging en terwyl hy haar stip in di oë kyk, „as ek jou 'n geheim vertel, sal jy jou mond hou?" „Sê mar ja, las ontsla!" antwoord sy. „Nee, jy moet belowe!" dwing hy. „As ek ni verplig is om myn mond oop te maak ni, dan sal ek dit toehou!" „Nimand sal jou daartoe verplig ni. — Di man, wat te veel uit syn weg gegaan het om vir jou 'n plesier te doen, is ekself. Di blomme was myne, en Johannes het dit van my gekry om vir jou te gee. Ek was di rosedief, Klaartji, om daardeur 'n hartedief te word." Vir 'n oomblik wis sy ni wat om te sè ni. Toe antwoord sy: „Ek weet wi vir di diefstal geboet het... Waarom het jy dit ni eerder erken ni?" „Sou jy my graag in di tronk gesien wil hê?" „Liewer eerlik in di tronk as oneerlik daarbuite!" „Jy word bisonder vroom, Klaartji!" seg Gert met'n spotlag. „Mar ek dink, jy sal minder geneig wees om vir myn neef te verdedig, as jy weet, dat hy net so min vir jou omgee as vir di man in di maan." „Wat maak jou so heftig teen jou neef?" vraag sy laggend. Jaloesi, as jy wil weet," antwoord hy, — „di gedagte dat jy van hom hou." „Wat sou dit help, dat ek van hom hou? Jy 't my laat verstaan, dat hy om my niks gee ni." „Nee, en wat meer is, hy gaan jou ondergang bewerk." „Myn ondergang!" roep sy verbaas uit. „Hoe?" „Hy is Protestants!" „Dit is jy ook." „Ek is dit in naam — hy in daad. Jy is Rooms. „Ja, en trots daarop!" val sy in. „Wat daarvan?" „Johannes gaan anstaande jaar naar Holland om predikant te word. Hy is sö sterk anti-Rooms, dat hy syn bes sal doen, wanneer hy terugkom, om di Compagnie te beweeg, om al wat Rooms in di land is, te verban." Dit is iets wat Gert uit syn vingers gesui het, maar hy gee ni meer om ni watter wapen hy gebruik, solank as hy mar syn doel kan bereik. En syn laaste woorde het dan ook di gewenste uitwerking gehad. Di liggelowige meisi kry 'n kleur en word merkbaar ongerus, want, wat ook al van haar geseg mog word, an haar geloof was sy geheg. Di geskille tussen Protestant en Roomsgesinde was ook toe oneindig skerper dan vandag en di waarskynlikheid van vervolging des te groter. „Voel jy nog, dat jy van hom hou?" vraag Gert. „Nee, niks!" was di nadrukkelike antwoord. „Ja," gaan hy voort: „en d'is omdat ek jou lief het en hier wil hou, dat ek hom haat en onskadelik wil maak." Klaartji sit doodstil en kyk vlak voor haar neer. „Klaartji! jou vyand is myne. Is myne joue?" Daar kom trane in di oë van di meisi. Gert merk dit. Hy meen, dat hy haar hart heeltemal gewin het. Hy vat haar hand in syne, en sy laat dit toe. „Moet ek jou vertel wat myn plan is met onse aartsvyand?" vraag hy. Sy knik, sonder om op te kyk. „Ek het 'n tytji geleë 'n briefi in syn sak gekry. D'is in syn eië handskrif. Deur twee of dri lyntjies daarby te voeg, kan ek 'n gevaarlike kleur an di inhoud gee — só gevaarlik, dat, as di Gouwerneur dit in hande kry, Johannes stellig uit di land verban sal word." „Mar sê nou, dat jy di handskrif ni goed namaak ni, en di bedrog word ontdek ?. . . Laat ons hom liewer vra om te belowe, dat hy nooit 'n woord teen di Roomse geloof sal sê ni." „Laat dit mar in myn hande!" antwoord Gert. „En kom, nou moet jy my weer 'n paar soene gee!" Voor sy nog kon antwoord, het hy haar om di hals beet gekry en plak hy soen op soen op haar gesig. „Nee, nee! so ni saam ni!" roep sy laggend uit, mar dit help ni.' Gert klou haar nog vaster, en sy het al haar kragte nodig gehad om haar uit syn arms los te maak. Jou ou flirt!" seg sy half skertsend, half ernstig, 'n ent van hom af; „so het jy met Alice Pentz en Joey Villet ook gemaak, en vandag ken jy hulle ni." Gert wou nog op di rake verwyt iets antwoord, mar Klaartji alip toe met 'n Goendag di deur uit en verdwyn uit syn gesig. ° „Was dit wel verstandig," seg hy by homselwe, tien minute later, „dat ek met haar so vry gepraat het?" HOODSTUK X. 'n Eigenaardige Spel. Dri of vier daë, na Gert opgestaan het, vind daar m 'n kleine saai in Heerengracht 'n interessante basaar plaas. 'n Ansienlike getal buitemense het ingekom vir di geleentheid, soas di klompi uitgespanne karre op di kale plein naas di nuwe kerk, getuig. Reeds van 10 uur in di oggend was di basaar an di gang, mar vir di jongeliede het di pret eers in di aand om agtuur begin, toen 'n kleine mannetji plaasneem by 'n tafeltji an di regterkant van di saai en dadelik an di jonkkerela witte lintjies, elkeen met 'n nommer daarop (van 1 opwaarts), begin te verkoop; terwyl, an di anderkant van di saai, 'n jonge vrou rooskleurige lintjies, ook met nommers, an di jonge dames verkoop. Iedereen, wat 'n lintji gekoop het, steek dit an di bors, sodat di nommer (wat swart en groot was) lig deur di ander anwesige gesien mag word. Sodra di jonkkerel di dame teekom, wat diselfde nommer dra as hy, was dit syn plig om haar met lekkers of koek te gaan trakteer en daarna kon hy met haar gaan rondstap in di tuin, wat net agter di saai was en waarmee di saai gemeenskap had deurmiddel van 'n grote deur. Di tuin was omringd met 'n witte muur en di paaitjies daarvan was met rye lanternkies opgelig, terwyl 'n kleine benning van tyd tot tyd Johannes steek dadelik daarop di lintji in syn sak, sonder eens op di nommer te let, en stap van syn vrinde weg, terwyl Joosten, om 'n gewisse skrobbéring van Malherbe te ontwyk, naar 'n ander kant van di saai gaan. Malherbe was 'n blasse, korte, welgesette kerel van sowat 25. Hy had 'n vette gesig; 'n swarte krulkop; 'n paar donkerbruine oë; 'n Napoleonneus; 'n breë mond, wat sowèl syn skertsende as syn gebiedende geaardheid verraai; en 'n wye, vooruitstekende kin. Hy was 'n regsgeleerde van beroep en was by vele bekend as „di Franse Advokaat." Joosten was langer, mar ook skraler, as Malherbe. \ ir n man, was hy bisonder blank en fyn van vel. In syn grote, ligbloue oë was syn eerlike karakter te lees; en syn hoffelike . en innemende maniere het dadelik verklaar, dat hy van gin o-emene afkoms en slegte opvoeding was ni. Hy was in di Ö diens van di Compagnie. Pas het di maters van Malherbe hom verlaat, of syn oë ontmoet di flikkerende kykers van 'n onbekende, flinke meisi, wat vlak voor hom staan. Hy was ni van 'n skromerige geaardheid ni, mar di onverwagte verskyning en onbewegelike, betowerende kyk van di vreemde jonge dame maak hom op di eerste oomblik 'n beetji verleë. „Wel?" vraag hy, glimlaggend. „Wel?" antwoord sy, met 'n heldere stem, en knyp haar delikate lippies weer toe. Toe, vir di eerste maal, val Malherbe se oog op haar lintji _ 24. . „ „Hoe onnosel van my!" roep hy. „Natuurlik!— myn violet.' (Dit was di naam, waarby elke meisi by haar nommergenoot bekend was.) „Hoelank stap myn violetji al met haar nommer rond?" „Myn suster en ek en — kyk, ek het amper 'n naam genoem — dri van ons meisies het 'n paar minute geleë onse lintjies gekry." „En mag ek di eer hê," gaan Malherbe voort, „om an jou iets te presenteer?" Tegelyk maak hy 'n beweging om naar 'n tafel te gaan. Johannes by homselwe, „mar daar is nimand, buiten daardi grysaard, wat so 'n eer werd is ni. Terwyl hy also oor haar dink, wi sou hy haar sien nader dan syn neef Gert Rass, di 'n beleefde buiging an haar maak, en haar syn nommer wys. Sy sien haar pa vragend an — di man, met wi sy gesels het, was haar vader kryg 'n knik van hom, en toe, met 'n skerpe blos op haar wange, verlaat sy hom om met Gert weg te stap. Johannes, sonder dat hy dit wis, los n diepe sug. Hy keer syn gesig van di twee weg, en stap di saai uit. Wat de rede was, wis hy ni, mar toen hy tuis en m syn stille kamer kom, gevoel hy opnuw neerslagtig en ongelukkig. Hj gryp 'n opwekkende boek, om daarmee di droefgeestige bui, di gewig op syn hart, te verdrywe. Mar dit help ni. Herliaaldelik kom di laaste gesig, wat hy in di basaar anskou het, voor syn oë, en dan sug hy onwillekeurig. Mar wat gaan di vreemde meisi hom an! Gun hy syn neef dan ni di geselskap van so 'n engeltji ni? Omgang met haar sou tog vir Gert verbeter, ni versleg ni! Watter rede is daar, dat sy so gedurig voor syn gees sweef? So redeneer hy by homselwe, °totdat syn kop begin te brand. Hy gooi toe di boek op di tafel neer en, 'n paar minute later, was syn kamer donker en hy in di kooi. As hy gelet het op di nommer van di meisi, wat daar nou dryf op di stroom van syn hete gedagte en as hy dit vergelyk het met di nommer in syn sak, sou hy ontdek hê, dat di twee diselfde was, en dat hy 'n heel ander aand kon deur- gebring hê. . . Mar hoe het Gert dan daardi aand an di liefelike meisi gekom? Deur loutere skelmstuk. Hy het vroeg in di aand deur bedrog dri nommers, namelik 11, 12 en 13, in hande gekry, in plaas van een. Voordat hy een daarvan an syn baatji gesteek het, het hy eers gaan uitvind, watter meisies diselfde nommers het, om daarna syn keus te maak. Daar gin een van di dri noiens hom angestaan het ni, het hy gemeen om sonder 'n „violet" te gaan — totdat hy di gemelde bekoorlike meisi di deur het sien inkom. Hy volg haar toe, kyk watter nommer sy verkry, en gaan toe, so gou as hy kon, van di „1" van syn nommer „13" 'n „2" maak. Yerder weet di leser, hoe hy in syn lis geslaag het. Kwansuis uit pret, het hy, om ni betrap te word ni, sowel syn eië lintji as di van syn gestole noy afgetrek en in syn sak gestop. Nadat hy 'n kwartier met haar rondgestap het, merk sy op, glimlaggend, toen sy di jongste van haar twee vrindinne, wat saam met haar naar di basaar gekom het, gewaar word: „Kyk, hoe liefies loer haar geleide vir haar in di gesig!" „M!" antwoord Gert, toen syn oog op gemelde paartji rus, wat vlak onder di lanterns loop: „Jy kan an di kerel se hele houding sien, dat hy tot oor di ore op haar versot is. Mar so is hy ook altyd op al wat rok dra." „Ken jy hom?" „Of ek hom ken!" en Gert lag spottend. „As hy ni goed is ni," seg sy onrustig, „dan gun ek hom ni by haar ni, want, ofskoon ek haar vanmorre vir di eerste keer ontmoet het, het ek haar lief. Is daar iets slegs in syn karakter?" „Ek seg niks!" antwoord Gert, mar syn gesig en syn stem het haar reeds opgewekte suspisi meer dan versterk. „Kan ons haar ni by ons kry ni?" vraag sy. „Wag! wag!" seg Gert, di juis op daardi oomblik 'n vrind, wat alleen was, opmerk. „Ek sal 'n plan maak. Ekskeus my vir 'n minuut!" Gert laat syn „violet" vir 'n rukki alleen, en tree in 'n korte gesprek met syn vrind, di, omdat hy te laat op di basaar gekom was, gin nommergenoot kon gekry het ni. Frits Kohier was syn naam — 'n witkop kerel van sowat 25. Toe kom Gert naar syn noy terug en byna tegelyk stap Kohier naar Joosten, om hom te sê, dat Gert hom privaat wou sien. Joosten, di ni wis wat daar verkeerd was ni, vraag syn meisi verlof om sig vir 'n oomblik van haar te verwyer en stap direk met Kohier naar Gert toe. „Boeti," fluister Gert an hom, „ek wou marnet gesê het, dat jou baatji spierewit van agter is. Jy moet seker errens teen di muur geleun hê." het, naar di land gehelp. Toen di water weer an di terugkeer was, het vyf uit di ses al 'n vaste voet op di sand gekry en, met di hulp van Joosten en Malherbe, veilig di wal bereik. Mar waar was di sesde? En waar was Johannes? Di meisi, wat ongelukkig an di agterste kant van di bootji gesit het, en wat ook di jongste van di dri jonge dames was, was met di terugstroming van di water teruggedrywe, en Johannes, di dit bemerk het, het onmiddellik met klere en al naar haar toe geswem, sonder vir 'n oomblik an di gevaar, waaran hy hom blootstel, te dink. Mar hoe dieper hy inswem, hoe dieper trek di water haar in en, hoewel sy slegs kort voor hom uit was, het sy al tweemaal heeltemal onder di water verdwyn sonder dat hy haar kon gryp. Di water sleep haar nou naar 'n skerpe rots en stellig was di kop van di drenkeling daaran vermorsel, as di Voorsienigheid dit ni gewil het ni, dat di laaste gryp, wat Johannes naar haar doen, geluk was. Met 'n vinnige ruk an haar arm, vlieg haar liggaam, tesame met di van Johannes, skram di rots virby in di vliedende stroom, en twee sekonde later klem Johannes met syn linkerhand an 'n ander rots vas. Sonder moeite klim hy op hierdi klip niet meisi en al — 'n kordaatstuk, waarvoor Malherbe en Joosten, wat albei nog in di water staan en met beklemde harte di toneel anskou het, hom luid en hartelik toejuig. ^ „Ek kan myn oë byna ni glo ni!" seg Malherbe, met 'n sug van heerlike verligting. „So 'n ratse daad het ek in myn lewe nog ni anskou ni, laat Joosten volg, met syn grote oë steeds gevestig in bewon dering op Johannes. Intussen draag Johannes di meisi tot op di hoogste part van di rots, wat ook mar dri voet bo' di oppervlakte van di water was en waaroor di water gedurig spat. Hy Ijk so trots op syn sukses, dat hy syn drag nog ni neergesit het ni. Toe, vir di eerste keer, kyk hy haar in di gesig, ofskoon mar van sylangs, en, wat 'n rilling loop daar deur syn hart, toen hy in haar herken di engelagtige dame wat hy so innig op di basaar bewonder het! „Toe, flirt! jy kan haar nou mar gerus neersit!" skree iemand, wat op di wal staan, sowat 30 of 40 tree van Johannes af. Malherbe en Joosten, di albei nou teruggestap was naar di wal, kyk di spreker skerp an. „Ondankbare ding!" seg eersgenoemde, „as jy ni so onnosel geroei het ni, sou hy nooit an haar behoef geraak te hè ni." „Ek het met Johannet gepraat!" antwoord di ander, sonder eens naar Malherbe te kyk. Mar di vermaning van di papnatte Gert — want di berisper was nimand anders as Gert Rass ni — het tog vir Johannes getref, di dadelik daarop syn drag wou neersit; mar wat word hy nou eers gewaar? Di meisi was slap, haar kop hang af, haar oë was toe! Hy lig haar gou weer in syn sterke arms op, en kyk haar nogmaals in di soete, doodsbleke gesig an. „Wat makeer?" roep Joosten angstig, di op di afstand kon merk, dat daar iets verkeerd was. „Sy is dood!" antwoord Johannes, van wi 'n warme traan op haar voorhoof drup. „Voel haar pols, Johannes!" roep Malherbe. Johannes kniel op syn een been, om haar op syn ander been te laat rus, sodat hy syn een hand los kon kry. Hy voel haar pols, en, werkelik, dit was asof dit nog saggies klop. Tegelyk merk hy ook, dat haar boesem nog op en af effentjies beweeg. Terwyl hy nog dink, wat hy sou doen, gaan haar betowerende, bloue oë ope en sy staar haar redder vol in di gesig an. Johannes blyf bewegeloos op haar kyk. Trots en bly klop syn hart nog 'n maal. Dit was asof syn tong in syn keel vas sit en asof di meisi in syn arms gegesp was. 'n Beelderiger pryntji, dan wat di twee daar op di rots nou lewer, kan noueliks verbeel word. „Wat is jou naam?" vraag hy haar eindelik, terwyl sy nog in onveranderde posisi op syn been en in syn arms rus en terwyl haar natte hare oor syn skouer tot op di klip sleep. „Hester Linde," antwoord sy sag, op werktuigelike toon en byna onhoorbaar. „Dogter van di dominee, wat noukort uit Indi hier angekom het?" skuitji onderstebo, om di water, wat daar nog in was, te laat uitloop. „Ek sal meegaan!" seg Gert, di tot nog toe doodbedaard en met gevoue arms di handelwys van di ander anskou het, en hy tree nader naar di skuit. „Loop rol jy jou mar droog in di sand, ou boeti!" was di antwoord van Malherbe. „Jy sien daar so's 'n verkluimde hoener uit." Joosten lag hartelik. „Waarom mag ek ni meegaan ni ?" vraag Gert op uitdagende toon. Omdat ons gin Jonas in onse skip wil hê ni!" antwoord Malherbe droogweg, sonder om op te kyk. Joosten lag nog harder as tevore. Dat Gert vreselik gebelg was, kon enigeen an syn witte, béwende lippe, sowel as an syn vurige oë, sien. Mar hy was ni een, wat lig syn kop verloor ni, en, daar hy ni man genoeg vir di twee was ni, het hy ni gewaag om te doen wat syn vuis voor gejeuk het ni. Hy blyf weer doodstil. Malherbe en Joosten het di lekkasi in di skuit toegestop, di vaartuig weer reg gedraai en in di water ingestoot. Daarop spring di twee daarin en roei met 'n kleine omweg (om di seebamboes te vermy) naar di rots, waar di paar gevangene di naderende redding met innige en uiterlike vreugde afwag. Ofskoon di skuit ni te gemakkelik in di woelige water te beheer was ni, het sy, met haar twee sterke roeiers, tamelik gou haar bestemming bereik en sonder versuim met di gelukkige passasiers naar di land teruggekeer. „Laat my jou gelukwens!" seg Gert hoffelik an di jonge dame, toen sy an wal stap, en druk haar di hand. „En wens jy jou neef ni geluk ni?" vraag Joosten, verontwaardigd. „Waarom sou ek?" antwoord Gert, onverskillig. „Omdat hy di dame gered het, wat jy wou verdrink hê!" herneem Joosten haastig. „Of spyt dit jou, dat hy daarin geslaag het?" 'n Spotlag was di antwoord. Na 'n korte stilswyging vraag hy, met 'n stem wat toon dat hy alles behalwe op syn gemak was, en sonder naar haar te kyk: „Hester, is myn neef di enigste jonge man in di Kaap, van wi jy hou?" 'n Glimlag kom daar op haar lippies en sy kyk weg. Hy merk dit en voel nou self geneigd om te lag. „Weet jy, Hester," seg hy, „dat dit ni beleefd is om weg te kyk as 'n mens met jou praat ni?" „Fraai lyk di berg van hier!" seg sy drogies, mar vol van di lag. „En fraai ontwyk jy myn vraag!" antwoord hy. „Toe, antwoord!" „Waarom wil jy dit weet?" vraag sy, kwansuis ernstig. „Omdat," — begin hy, terwyl hy vlak voor hom uit kyk, mar daar stop hy ook. „Weet jy, Johannes," seg sy gou en met 'n kastige knorstem: „dat dit ni beleefd is ni om weg te kyk as 'n mens met jou praat ni?" „Omdat," voltooi hy syn sin, „daar ander buiten Gert is, wat baiing, baiing, baiing van jou hou. Nou tevrede?" Hy sien haar di slag vol in di gesig an. Sy kyk af, en eer een van hulle weer di stilte breek, klink daar in hul ore di geklap van pêrehoewe, wat dan ook 'n ent maak an di delikate gesprek. Albei kyk op en Hester trek skielik haar arm uit di van Johannes. Kort daarna verskyn daar om di draai van di Kloofnek twee ruiters, di, voordat di wandelpaar hulle nog kon herken, vlak by hulle stilhou. „Myn kind! dan het di Heer jou tog bewaar!" roep vrolik Hester haar vrome vader uit, terwyl hy van syn pêrd spring. „Myn pa!" klink di blye stem van di verraste meisi, di toe haar teerbeminde vader om di hals vlieg. HOOFDSTUK XIII. JOHANNKS KN DI PREDIKANT. Dit was Ds. Wynand Linde, wat syn dogter, syn enige kind, op wi hy verdold was, daar ontmoet het. Di ander ruiter, wat ook nou afgestyg het, was Jan Morkel, by wi di predikant tuis was. Di leeraar was 'n grote, deftige heer van sowat vyf-en-sestig. Syn gesig was nog min gerimpeld, en syn oè, waarin syn liefderyke geaardheid te lees was, glinster nog soas di van 'n jonge man. Hy was 14 dae tevore in di Kaap angekom, uit Indi, op weg naar Holland, mar hy was van plan om n tydlank in di Kaap te bly, eerdat hy syn reis, wat in di daë nog 'n hele waagstuk was, sou voortset. Di grootste skepe was toe gin tiende so swaar ni as di wat teenwórig tussen di Kaap en Engeland vaar, en di vinnigste van hulle het meer as sesmaa.1 so lank geneem as di hedendaagse grote skepe om di reis af te lê. „Myn liewe kind!" seg de gemoedvolle vader, „Pa het al gedink, dat hy dalk ni eens di lyk van syn hartji sou sien m, en hier is jy springlewendig." Weer moes hy de blydskapstrane uit syn oë vee. „Mar kyk hoe lyk ek, pa!" seg sy prettig. >>Ag! jy sien daar kapitaal uit, myn hartji, kapitaal! — Kom sit nou hier, jou kleine stoutert!" gaan di verheugde man voort, di haar toen naar 'n walletji, wat met gras begroei was, lei, „en vertel my tog gou hoe di ongeluk gebeur het." „Vertel Pa vir my eers," dring Hester by hom an, „hoe pa so gou van di ongeluk gehoor het!" „Al nuws, wat ek in di Kaap gehoor het, myn kind, was dat 'n plesierskuitji in Kampsbaai omgeslaan het. Dit het 'n jong, wat te pêrd van Houtkraal af gekom het en di ongeluk van 'n afstand anskou het, in di Kaap kom vertel. Toe word ek angstig en ek kry meneer Morkel om my hierheen te bring. Op di pad ontmoet ek 'n geselskap en hulle het geseg, datjy op 'n rots agtergebly het. — Vertel nou, myn kind, hoe dit was!" „Kom sit hier by ons, meneer Van Wyk!" nooi Hester vir Johannes, di 'n entji opsy gestaan het, en van wi di dominee, in syn onuitsprekelike vreugde tot nog toe gin notisi geneem het ni. „Dit is meneer Van Wyk, pa!" stel sy hom voor. Dag, jongeman!" seg haar vader beleefd, sonder egter meer dan 'n enkele kyk op hom te werp. Hester begin toe haar stori te verhaal. Hy vertel hoe Gert Rass, Frits Kohier en Charlie Winterbag, wat almal in di skuit' was, vir haar en di ander twee meisies met lekkernye «etrakteer het, terwyl hulle (di mans) uit flessies — sy weet self ni, wat daarin was ni — gedrink het en vrolik geword het. Toe besluit hulle om in 'n kleine kreek di skuitji te gaan land, juis omdat gin ander dit nog gedoen het m! „En nou," sluit sy, „sal meneer Van Wyk verder vertel wat daar gebeur het." Nee, hy is te sleg!" val Malherbe in, di, saam met Joosten, ook nou vir hom by di geselskap voeg, en di beskeidenheid van Johannes ken. Sonder op 'n voorstelling an di predikant te wag, vertel hy alles presies so's dit voorgeval het. Toe staan di ou' man op, gryp di hand van Johannes, di ook toe opstaan, en met 'n uitdrukking van hartelike dankbaarheid op di gelaat, seg hy: „Mag onse God jou seen, myn seun!... Ek wou, dat ek jou kon beloon naar jou verdienste!' „Ek is reeds beloon geword meer dan ek verdien, meneer Linde," antwoord Johannes. „Di geluk, waarmee di Voorsienigheid myn swakke poging bekroon het, en uwe blydskap daar- oor doen myn hart meer dan goed." „En jy Hester! — Het jy al ooit jou dappere redder gedank?" Gelyk met syn woorde, neem di gulle ou heer werktuigelik di regterhande van syn dogter en Johannes en bring dit bymekaar. . Johannes neem haar hand en kyk haar stil en tederlik in di oë. Albei bloos. Di harte van albei bons. Toe buig syn «resig vorentoe naar hare, en, asof deur 'n onbekende krag naar elkaar getrek, gee hul elkaar 'n kus. Daarmee tril in lieerlike andoening elke lidmaat van di jonge man se lyf, en Hester laat haar kop sak en syn hand los. Dit was di eerste soen, wat Johannes vir 'n jonge dame gegee het — en dit vir haar, vir wi hy 'n agting had asof sy verreweg te verhewe, te goed, te heilig was vir hierdi gewone wereld, en vir wi 'n opregte liefde reeds in syn hart ontvonk het. Ds. Linde merk di verleentheid van di jonge twee en breek di gestremde houding deur 'n afleiding: „Jou naam is Yan Wyk! Van wi is jy 'n seun?" „Myn pa heet Maurits," antwoord hy. „Maurits!" herhaal di predikant, verwonderd. „Vanwaar?" „Op di oomblik is hy in Indi." Verbaasd kyk di vreemdeling hom di gesig. „Ken u hom, dominee?" hervat Johannes. „Myn brawe seun!" roep di weleerwaarde man verrast, „hoe's dit moënlik! Ek behoort in jou gesig eerder gesien te hê wi se seun jy was! Jy is di ewebeeld van jou liewe vader. Ek het regter Van Wyk dikwuls ontmoet en ik herinner my, hy het my geseg, dat hy 'n enige seun an di Kaap het." „Is hy nog gesond en wel, dominee?" „Di warme klimaat akkordeer met hom, ofskoon hy mar altyd sukkelend is — mar nou herinner ek my nog iets, myn jong! — hy het my gesê, dat hy gedurende di laaste jaar en 'n half nog gin taal of tyding van syn seun gehad het ni." Johannes se oë fonkel en syn voorhoof frons. „Hoe kan dit moënlik wees!" roep hy. Mar skielik val syn suspisi op Gert, want dit was Gert wat gewoon was di brie we van Welbedacht te gaan pos en af te haal. Toe vervolg hy met 'n gesakte stem: „Ek het verskeie maal an myn pa gedurende di laaste twaalf maande geskrywe, ofskoon ek gin enkele brief van hom ontvang het ni." „Ah! mar dan moet daar bedrog in di spel wees!" Johannes sug. Hy had ni di minste twyfel ni, of syn neef het di briewe agtergehou en daarmee ook di geldwissels, wat stellig in sommige van di briewe van syn pa gesluit was, want vroeër had hy gereëld van syn vader geldpresentjies ontvang. Mar hy durf syn suspisi ni te kenne gee ni. Hy wou egter net iets antwoord, toen Malherbe di diskussi breek. „Ekskeus my!" seg hy, „mar di jongejuffrou sal siek word as sy ni in beweging bly ni." Ds. Linde besef dit ook; stap direk naar syn pèrd, wat aldityd deur Morkel vasgehou was; gooi di regter steebeul van di saai oor naar di linkerkant, en versoek Morkel om syn dogter op di dier te lig, — 'n taak, wat Morkel dan ook geredelik en handig verrig het. „Toe Jan!" seg di predikant daarna, „spring nou op jou pêrd en breng Hester veilig tuis!" „En u?" vraag Morkel. „Ek stap!" was di trotse antwoord. Hoe Morkel en di ander ook dwing, dat di ou heer op di pêrd sou klim, hy wou ni. „Ek wil met di verlore seun nog wat spreek!" seg hy glimlaggend. „En twee of dri niy 1 afdraans kan myn bene gin kwaad doen ni!" So geseg, so gedaan! Hester en haar eskorte groet di res van di geselskap en ry weg. HOOFSTÜK XIV. 'n Waagsame en gewigtige besluit. Almal het veilig en wel tuisgekom, behalwe Hester Linde; sy was koorsig en het kort na haar ankoms kooitoe moet gaan. Haar toestand, hoewel dit gladni ernstig was ni, het heelwat besorgdheid by haar kommervolle vader verwek, di byna gedurig, tot middernag, an haar sy was. Di vollende morre het amper al di koors haar verlaat, en tee.n di middag mog sy weer opstaan. Mar laat ons tot Johannes terugkeer. Teen twee uur in di agtermiddag van daardi dag verskyn Joosten onverwags buite an di venster van syn kamer. Johannes, wat toe net besig was met 'n brief an syn pa — 'n brief wat hy self di dag sou pos — sit di pen neer, en skuif di raam op. In 'n kits was Joosten in di kamer en di venster weer toe. „Hoe lyk jy dan so serieus boeti?" begin Johannes, di kon merk, dat Joosten slegte nuws had. „Lyk ek so, ou broer?" antwoord Joosten, terwyl hy naar di deur, wat geraeenskap had met di binnegang, stap, om dit toe te maak. „Lyk ek so!" herhaal Johannes met 'n gedwonge glimlaggi — gedwonge, want op daardi oomblik was hy alles behalwe tot pret geneig. „Jy lyk, of jy tot di dood veroordeel is!" „As ek jou vertel, wat my beweeg het om jou te kom sien, sal jy dalk minder lus hê om grappe te maak!... Jy weet mos" — hy praat nou fluisterend — „dat John, di seun van ou Fekki, wat eers by julle gewerk het, smorrens myn kantoor skoonmaak? — Yan morre seg hy vir my: ,Baas is mos 'n vrind van baas Hannes neh?' ,Wat daarvan?' vraag ek. ,Ek is jammer vir baas Hannes!' seg hy. ,Hoekom dan John?' vraag ek. ,Nee, somar, baas,' antwoord hy, asof hy reeds te veel geseg had. Dog hy het toe al myn nuwskierigheid gaande gemaak en ek dwing hom om my meer te sê. Mar al, wat ek verder uit hom kon kry, was: ,Baas kan vir baas Hannes sê, hy moet 'n pistool by hom dra.' Nou, myn eerlike gedagte is —" „Dat Gert myn lewe wil neem!" vul Johannes in. Joosten sien hom verwonderd an. „Jy praat koel, ou broer, oor iets wat so ernstig is!" Johannes onderdruk '11 sug. „Jy is ni di eerste ni, Frans, wat my opmerksaam gemaak het van myn gevaar. Mar wat jy my daar vertel het, sal my nog meer op myn hoede sit. Gin halfuur gelee ni vang ek Gert in di stal fluisterend gesels met daardi jong, wat ek gladni vertrou ni, Abram, en net toen hul my gewaar, kyk di Boesman beteuterd weg en albei van hulle was dadelik doodstil. Ek wou, Frans, dat ek heeltemal uit di pad van myn neef kon wees; en, om di waarheid te sê, ou boeti, myn hart verlang hoe langer hoe meer naar Indi. Ek wil by myn vader wees — ek wil al te graag by myn vader wees!" Johannes se oë word vogtig en hy kyk weg. „Dit sal my innig spyt," seg Joosten, di sigbaar angedaan was deur di gemoedelike woorde en stem van syn maat, „om myn beste vrind te verloor, mar jou neef, lyk dit my, koester helse planne teen jou, en daarom, as jy an jou vurige hartewens wil toegee — di skip ,Postlooper' vertrek oormorre naar Batavia." Johannes skud syn kop. „Ek het ni genoeg geld ni!" seg hy, „en myn oom sal my ni sonder pa se versoek naar Indi laat gaan ni." „Dan dros jy eenvoudig!" „Dros?" herhaal Johannes, asof soiets te vreselik sou wees, mar syn kyk, wat syn woorde gevolg het — syn stipte, vragende blik in di oë van syn welmenende maat — het tog verraai dat hy di onverwagte voorstel ni as heeltemal verwerpelik beskou het ni. „Ek sal jou di nodige geld voorskiet," bied Joosten an. „Jy laat dan net by my 'n briefi agter, waarin jy rondborstig di rede opgee, waarom jy so stil weg naar Indi vertrek het; dan sal ek dit an jou oom oorhandig, as di skip weg is." „Nee, só durf ek ni weggaan ni! Ek sal hulle eers moet groet. „Nou, as jy dan ni van jou kans wil gebruikmaak ni —as jy liewer binne 'n dag of wat vermoor wil word, dan om naar jou pa te vertrek sonder jou famili hier formeel goendag te sê, dan het ek gin raad ni!" „Ek lyk ni om so's 'n dief van hier weg te glip ni," seg Johannes; „dit is al!" „Ek sal al di skuld, as daar enige skuld is, op my neem," beloof Joosten. „Mar is dit sleg van 'n kind om naar di teenworigheid van 'n sieke, waardige, verlangende vader te sug, en om di enigste weg, wat daar ope is vir hom, te gebruik om dl vader te gaan sien? Wi weet watter vreugde dit vir hom sal wees, om jou by hom in syn laaste daë te he! Johannes haal syn sakdoek uit, om syn oë, wat natgeword het, af te vee. Vir 'n rukki was albei stil en toe bring Johannes uit met klem: „Ek sal gaan!" „Nou praat jy as 'n man!" vervolg Joosten met opgehelderde gesig „Mar jy moet mar by my kom bly tot oormorre. Jy is hier ni veilig ni." „Dank u hartelik Frans! mar dit sal ek nooit doen ni. Myn laaste daë in di Kaap moet ek tuis deurbring. „Jy word alweer onredelik, Johannes!" „Dwing my asseblief nou ni verder ni!" vraag Johannes, en 't was duidejik, dat gin smeking gebaat sou he ni. „Beloof my dan," herneem Joosten, „dat jy jou pistool gedurig by jou sal dra, dat jy soveel moënlik uit di vonke van Gert sal bly, en dat jy hierdi kamer sal toesluit, wanner jy alleen hierin is!" „Goed! ek beloof dit." „Ek sal dadelik vir jou 'n kajuit op di ,Postlooper' gaan boek," vervolg Joosten- bly, spring daarop deur di venster en verdwyn. Johannes stap toe di kamer uit om 'n wandelinki te gaan neem en verder oor syn gewigtige voornemen te dink, mar toen hy by di buitedeur kom, loop hy syn tante Debora teen di lyf, di hom voorkeer. „Kyk hier!" seg sy, op 'n toon wat skerpe agterdog verraai; „ek het nou net vir Joosten sien wegstap van di kant van jou venster — was hy by jou?" Johannes was 'n beetji verleë. Hy wis di aard van di vraè wat sou volg. „Ja tante!" erken hy. „En wat kom hy so buitentyds by jou venster soek?" „Hy 't my mar 'n beetji kom sien, tante." „O!" seg sy, met 'n bittere spotlag. „Ek merk dit al: daar's 'n gekonkel gewees!. . .. Nou, ni uit nuwskierigheid ni, mar as voog van jou, eis ek — jy hoor nou! — ek eis, dat jy my presies vertel wat julle daar gebrou het! En as jy weier om dit an my te sê, — wel dan is ek virgoed klaar met jou!" „Waarom is tante tog in di laaste tyd so bits teenoor my?" Dit is gin antwoord op myn vraag ni!" skree sy. „Wat ek wil weet is, wat daardi nutsnuts by jou kom soek het? Dit 's wat ek wil weet! Hoor jy nou?" „Daar was gin nutsnuts by my ni, tante!" antwoord Johannes, enigsins gestoord. „Waaroor het julle gepraat ?" gil sy. „Gaan jy antwoord of ni ?" „Ons het ni 'n enkele woord oor tante gepraat ni." „Jou brutale ellendeling!" roep sy uit. „Is dit di antwoord, wat jy vir my moet gee? vir my, wat vir jou groot gemaak het!" en sy kyk hom an asof sy hom kon vermoor. „Jou dief! jou skelm! jou —. Had ek jou mar nooit in onse huis geneem ni! Had ek jou mar by jou siekelike vaar — dl ou vrek — agtergelaat!" „Tante!" seg Johannes, terwyl hy haar verontwaardigd ankyk: „belédig my soveel as tante wil, maar laat myn vader bly!" „Ek seg, dat jou vaar 'n vrek is!" skree sy nogmaals; „en ek seg dat, as jy gesterf het toen jy gebore was, dit vir jou 'n seën sou gewees hè — en vir di wereld ook!" Johannes se gesig word bloedrooi. „Ek beloof vir tante," seg hy — en hy bring elke woord lanksaam en met nadruk uit — „dat ek vir tante ni lank meer met myn teenworigheid lastig sal val ni!" „O! dan wil jy my bangmaak, dat jy sal weggaan, jou kleine bog! Dink jy ek sal tjank, as jy uit di weg is? Hoe gouer jy laat vat, hoe blyer sal ek wees! As jy nou op di oomblik wil gaan inpak, sal ek di Hemel dank!" Johannes staan doodstil vir haar in di oë te kyk. „Ja," hervat sy, „loop uit myn gesig uit!" Daarmee gee sy hom 'n stoot naar di deur se kant. „Ek wil jou ni meer sien ni!" As Johannes nog enige aarseling 'n paar minute tevore gehad het of hy Joosten se raad sou anneem of ni, syn tante het finaal syn koers vir hom beslis. HOOFDSTUK XV. Ondervindings op 'n Dinner. Di leser sal onthou, dat Johannes en Gert albei genooi was naar di grote maal wat daar in 'n vertrek van di kasteel sou plaasvind. Di uur bepaald daarvoor was agtuur in di aand. Ongelukkig, of gelukkig, tref dit nou so, dat daardi aand net di aand moet wees voordat Johannes di Kaap De Goede Hoop heimelik sou verlaat. Dat hy di hele dag stil en neerslagtig was, spreek vanself. Dat syn hart gedurig onrustig, selfs angstig, geklop het en dat dit hom viral gehinder het, dat hy syn gewigtige besluit ni an syn brawe pleegvader mog meedeel ni, is ook te verstaan. Ook behoef dit noueliks geseg te word, dat syn gaan naar 'n vrolike eetparty, onder sulke omstandighede, geweldig teen syn gemoed gestuit het. Mar wat kon hy anders? As hy di fees ni bywoon ni sou hy stellig suspisi verwek dat daar iets verkeerd was. Hy moes dus gaan. Di grote tafel in di eetsaal.was pragtig met blomme opgeskik; witte bediendes, almal soldate van di Compagnie, was volop; ja, alles duid an, dat dit gin gewone okkasi was ni. Di voornaamste amtenaars van di Compagnie, uitgedos in hul aparte amtsgewaad en al di hoogste ingesetene van di Kaap was teenworig — altesame 'n goeie veertig gaste, onder wi ook Joosten en „di Franse advokaat" te vind was. Di enigste uitgenooide, wat ni anwesig kon wees ni, was Willem van Wyk, di 'n sware verkouentheid had. Dit was 'n paar minute vóór ag, toen di voordeur van di eetsaal oopgemaak en di gaste ingelei werd. Johannes, met syn gewone beskeidenheid, was een van di laaste om in te kom. Net toen hy by di deur instap, dog hy, dat hy di hand van iemand aan syn sy voel. Hy skrik effentjies, gryp naar syn sak en kyk skielik om — maar nee, hy merk alleen 'n paar bekende gesigte van mense, di gelyk met hom di kamer ingekom het, en syn beursi was daar veilig nog! Hy skryf toen mar syn skrik toe an syn beklemde, lig ontstelde gemoed. Tot syn blye verrassing werd syn sitplaas an tafel hom angewys naas di van nimand minder ni as Hester Linde. As sy mooi en lief gelyk het, toen hy haar met bleke gesig en natte klere laas in Kampsbaai gesien het, nou was sy met haar pragtige kleur, haar sierlik opgemaakte, goue hare, haar vrolike gelaat, en haar deftige klere, di anvalligheid self. Sowel hy, as sy, was vir di eerste oomblik 'n beetji verleë met di toeval dat hul naas elkaar sou sit. Di wedersydse groet was dus mar styf — meer hoffelik as hartelik. Toen almal hul plase ingeneem het, het Ds. Kalden, di desmalige predikant van di Kaap, op versoek van di Gouwerneur, di an di hoof van di tafel gesit het, 'n korte gebetji afgerammel. „Ek het ni geweet," begin Johannes an di noy naas hom, sonder eers na te dink wat hy daar praat, „dat ek jou hier sou ontmoet ni. Ek het al gedink, dat ek jou nooit weer in di Kaap mag sien ni!" „Jy het ni gedink, dat jy my ooit weer in di Kaap sou sien ni?" herhaal sy, verwonderd. „Pa en ek gaan mos ni more al van hier vertrek ni! Of —" „Nee," val Johannes haar gou in di rede om 'n misverstand te "voorkom, „mar en hy swyg skielik. Hy het amper laat volg: „ek gaan!" „Of meen jy," voltooi sy haar sin, sonder syn verleëntheid te "merk, „dat jy gedog het, dat jy my nooit weer sou ontmoet ni, tensy jy daartoe, soas vanaand, gedwing word?" Half plagend, half verwytend, laat sy volg: ,,'n Man kan daarim bai in twee daë tyd verander, neh!" Di verskillende en teenstrydige gevoelens, wat daar in di bors van Johannes opstyg, kan ni lig beskrywe word ni, en hy wis ook ni watter antwoord an di jonge dame te gee m. Mar hy werd gou uit syn dilemma verlos, deurdat 'n lawwe kaptein, wat an di anderkant van Hester gesit het, haar andag juis toe naar 'n blommetji trek en daarna haar geselskap vir homselwe hou. Na Johannes hieran en daaran geproe het — hy het byna niks geëet ni — en na hy 'n paar woorde met di kolonel, wat naas hom sit, gewissel het, sit hy vlakvoor homselwe te kyk, terwyl di gesig van Hester noodwendig van hom weggekeer was, daar sy besig was om naar 'n avontuur van di kaptein te luister. Di hart van Johannes brand van verlange om weer met di meisi in 'n fluisterende gesprek te raak, want hy was nou beslote om haar verkeerde opvatting van syn woorde weg te ruim deur an haar openhartig en vertrouelik syn grote geheim mee te deel Toen di langgerekte, uiterst vervelige stori van di kaptein dan eindelik klaar was, fluister Johannes an di noy: „Mag ek nou 'n woortji met jou gesels?" „Vir-effe het jy my afgeskeep!" seg sy, terwyl sy met genoee di ernstigheid op syn gesig merk. „Ni afgeskeep ni, Hester!" ontken hy, sag, en hy kyk vader, wat al lank in di pos sou gewees hê, as dit ni uit myn besit geheimsinnig yerdwyn het ni." Ds. Kalden kyk intussen di brief deur. „Hier 's iets prettigs!" roep hy. „Hier 's iets fraais!" „Lees dit hard uit!" seg di Gouwerneur. Di dominee lees: „Lieve Vader! ^ at is toch de reden, dat ik geen brieven meer van u ontvang ? \\ aaraan toch scheelt het? Ik verlang van harte naar u. Ik wou dat ik bij u ware! Ik geniet niet meer te Welbedacht de helft der hartelijkheid en der liefde die mij hier vroeger ten deel viel. Wat de oorzaak is, weet ik niet. Mijn brave oom blijft nog dezelfde, gulle, lieve man van altijd, maar Gert schijnt een hekel in mij gekregen te hebben. Hij schijnt erop uit, mij het leven bitter onaangenaam te maken — en, wat erger is, het komt mij voor, dat tante Debora hem daartoe aansart. Maar afijn! 't is misschien lafhartig om te klagen: mogelijk zie ik de zaken donkerder in, dan wat ze zijn. Wat de politiek alhier betreft, er is heel veel, dat veranderd moet worden. Onder de burgers heerscht er algemeene ontevredenheid over de autocratische gedragslijn, welke onze Gouverneur heeft ingeslagen. Hij schijnt hoegenaamd geen sympathie met de burgers te hebben en hij stelt oneindig meer belang in zijn uitgestrekte boerderij te Hottentots Holland dan in zijn ambtwerk. Er zijn in 't geheel ongeveer twee miljoen wijnstokken in 't land, en daarvan eigent hij één-derde. Hij bezit ook bijna 8,000 rundvee en ongeveer 10,000 schapen. Daarbij zorgt hij altijd dat zijn produkten het eerst in de markt komen en dat hij de hoogste prijzen ervoor krijgt, ten gevolge waarvan de burgers groote schade lijden, vooral daar de marktbehoeften, zooals gij weet, zeer beperkt zijn. De Weleerw. Petrus Kalden, die een gunsteling van den Gouverneur is, heeft het voorbeeld van zijn beschermer gevolgd en doet ook meer aan de boerderij op zijn plaats te Zandvliet dan aan zijn openbare plichten. Frans van „Jou neef is ni so 'n skelm ni!" skree Debora, di tot nog toe alleen stille nuwskierigheid openbaar het. „Di brief is erg genog sonder di byvoegsel!" las di rooie kapteintji by. „As selfs syn moeder erken, dat hy 'n skelm is," beweer di sekretaris, „wi kan dan nog twyfel an syn skuld?" „Wi? — Almal wat syn moeder ken!" antwoord Malherbe. „En ek twyfel ook!" laat Joosten volg, ofskoon syn woorde half verdrink het in di afkerende uitlatings, wat di opmerking van Malherbe uitgelok het. „En ek!" verlaat halfluid di lippe van Hester Linde, di bewe van verontwaardiging. Debora wou net weer praat, toen Ds. Kalden 'n beursi en 'n kaartji uit 'n sak van Johannes te voorskyn bring, en uitroep: „Hier is iets moois! Hier is di kroon van alles!" Weer was daar stilte. „Hier is jou waarlik waar," gaan di predikant voort, ,,'n reisbiljet, uitgemaak op di naam van Johannes van Wyk om morre — let wel! — morre, met di ,Postlooper' naar Indi te vertrek!" Joosten merk, dat di saak verlore was. Hy sug en kyk weg, terwyl Johannes nou vir di eerste maal naar di vloer kyk. „Is jou biljet ook 'n vervalste dokument?" vraag Gert met 'n satanse, segevierende laggi, want, dat syn lis só uitmuntend bevorder sou word, had hy nooit verwag ni. Di goeie Ds. Linde skud mismoedig syn kop. „Dan blyf daar niks meer oor ni," hervat di Gouwerneur, „dan dat di booswig in di tronk gestop word." „En as di uiterste straf, wat di wet vir rebelli voorskryf, op hom toegepas word," voeg Ds. Kalden by, „dan is dit syn verdiende loon." Di laaste woorde was te veel vir Hester. Sy spring van haar sitplaas op en gaan by di Gouwerneur op haar knieë val. „Spaar syn lewe!" smeek sy met 'n hartwekkende stem. „Spaar tog syn lewe! Hy is onskuldig!" „Moeni vir jou so mal hou ni, myn kind!" knor Van der Stel haar, half ergerlik. „Hy het myn lewe gered!" bring sy uit. „Ek smeek U, spaar hom!" „As hy onskuldig is," seg Kalden, „sal hy ni geskiet of gehang word ni!" „Geskiet of gehang7" roep Hester verskrikt uit, terwyl haar hele gesig doodsbleek word. „Geskiet of —." Sy sak halfbewusloos an di voete van Van der Stel neer. Johannes was so innig angedaan met di manier, waarop Hester syn saak opgevat het, dat hy vir di oomblik syn eië lot vergeet het en naar haar toe wou stap, om haar daar weg te neem, mar hy werd skielik teruggeruk deur vier onvrindelike, sterke hande. „Moet jou tog ni so verneder om mynent wil ni, Hester!" seg hy an di skone dame. 'n Minuut later was hy op weg naar di tronk. HOOFDSTUK XVII. Johannes in syn sel. Di sel, waarin Johannes opgesluit was, was di kleinste en di donkerste in di gevangenis. Hy sit daar nou op di kant van 'n harde, houte ledekantji; di gevangenbewaarder het hom verlaat, di sware deur was op di grendel, en al, wat hy kon sien, was enige sterre, tussendeur di yster boute van n vierkantige luggat in di muur. Wat daar nou in syn gemoed omgaan, kan beter verbeel dan beskrywe word. Syn gedagte rol oor al di gebeurtenisse van di aand terug, en hy dink oor syn toestand: syn plan om naar syn pa te vlug is verydel; hy is afgeskeur van syn vrinde; onder sterke verdenking van 'n allerernstigste misdaad; weggeruk van di meisi, wat hy al in di diepste van syn hart liefgekry het; ontroof van syn vryheid en syn goeie naam; en hy weet ni wat nog di ent van di vervolging sou wees ni. Hy gevoel dat, hoe geregtigd hy ook was om te skry we wat hy in di gelese brief geskry we het, syn saak swart lyk weëns di bykomende omstandighede: di pistool in syn besitj di listige byvoegsel in rooie ink an syn brief; di ongelukkige tikket in syn sak, waarvan nimand buite Joosten 'n verklaring kon gee ni, en vir Joosten mog hy ni verklik ni. — „En as myn pa verneem, dat syn seun vir hoogverraad of sedisi gekerkerd, verbanne of gehang is!" Johannes val op syn knieë en stort syn gemoed uit an syn Hemelse Yader. Daarna gaan hy op di harde bed lê en perbeer om te slaap. Dit was eers omtrent twee uur in di morre, toen hy insluimer, mar om dri uur was hy weer wakker en toe het hy ook ni weer kan slaap ni. Di lange, vreselik lange dag het stil virbygegaan; gin mens het hom kom stoor ni, behalwe dat 'n tronkbediende hom 'n paar maal kos ingebring het en dat 'n beamte hom om twee uur 'n dagvaarding het kom oorhandig om di vollende morre 'n voorlopige verhoor voor di Hof van Justitie te ondergaan. Di beambte, 'n vrindelike kerel, deel hom ook mee, dat syn oom, alsook Ds. Linde, versoek het om hom te sien en op borgtog uit te laat, mar dat dit geweier was. Op di vraag of hy (Johannes) an enige persone wou laat kennis gee om getuinis vir syn verdediging te kom aflê, het hy syn kop geskud. Hy wou ni vir Joosten in di ongeluk wikkel ni. Daar hy di twede aand vaker was as di eerste, het hy tamelik vroeg an slaap geraak, maar herhaaldelik skrik hy wakker uit benoude drome. Teen een uur in di nag droom hy — ofskoon hy altyd gespot het met di idee dat daar geeste bestaan — daar was 'n gedaante in syn sel. Hy skrik weer op, hy kyk of hy iemand in di byna stikdonkere vertrek kon bespeur, hy luister — en, werkelik, het hy ni daar 'n kleine kraakklank by di deur gehoor ni? Of het hy hom dit mar verbeel? Hy luister weer. Nee! hy hoor niks, hy moet hom vergis hê. Hy gooi syn kop weer op di harde kussing neer en sluimer weer in, maar gin vyf minute later ni, of hy skrik nog 'n maal wakker. Dislag is hy seker, dat hy iets gehoor het. Hy sit weer oorent, staar weer met syn grote oë in di ronte, en wat 'n ysige rilling loop daar deur syn lede, toen hy ongetwyfeld 'n wese an di onderent van syn kooi bemerk onder di dowwe weerkaatste maanskyn, wat daar deur di luggat skyn! Syn grote kykers blyf stip gevés op di gedaante, en hy sien ook duidelik dat dit nader kom. Johannes had gin denkbeeld wi of wat dit kon wees ni. Daar was tog nimand buite hom in di kamer ni toen hy gaan slaap het, en di deur was op di grendel. „Wi is jy?" roep hy. „Wat soek jy hier?" „Tseut!" was al antwoord wat hy kry. „Wi 's dit?" vraag hy nog 'n maal. „Stil!" klink saggies 'n meisistem, net bo'kant syn gesig. „D'is ek — Klaartji Keyns." „Klaartji Keyns?... Hoe kom jy hier?" „Ek weet mos waar pa di sleutels sit,' antwoord sy. „Mar wat soek jy hier?" „Ek sou eerder gepraat liê," fluister sy, „as ek eerder seker was, dat ek in di regte sel was... Trek gou vir jou an, meneer Joosten wag vir jou hier buitekant." „Joosten!" herhaal Johannes, heerlik verrast. Dadelik swaai hy syn lyf uit di kooitji, ruk syn bo'klere — syn onderklere had hy reeds an — van 'n spyker in di muur agter hom af en in 'n kits was hy kant en klaar. „En nou?" vraag hy. „En nou moet jy my volg!" antwoord sy. Mar 'n gevoel van agterdog kom daar by hom skielik op. „Klaartji," seg hy, „gaan jy my ni dalk van di pan in di vuur help ni?" „Vertrou jy my ni?" „Ek vertrou Gert ni," antwoord hy, „en jy is Gert se noy." „Een van syn halfdosyn noiens was ek," hervat sy bitter, „mar hy 't mos nou 'n ander, wat hy syn hele hart op sit — daardi waspoppi uit Indi! — mar ons moeni versuim ni, kom ■ „Mintig, Klaartji! as jy my hier uithelp, dan weet ek ni hoe om jou te beloon ni," seg Johannes, terwyl hy hom deur di dogter van di sipier an di arm laat neem. Mar net toen hul by di deur kom en sy an di slot vat, staan sy stil. „Jy moet my eers twee dinge belowe eer ek jou hier uit bring !" „Wel?" „Vir eers moet jy belowe, dat jy nooit di Roomse sa] vervolg ni!" „Ek het nog nooit so 'n idee in myn kop gehad ni," antwoord hy. „Dan moet jy my ook belowe, dat jy nooit an enigeen sal vertel ni, dat dit ek is, wat vir jou hier uitgelaat het!" „Ek beloof dit!" verseker hy haar. Klaartji lei Johannes deur di deur, sluit dit weer agter haar toe en sit dit op di grendel. Toe lei sy hom deur 'n gang, wat in 'n agterplaas uitkom. Alles was doodstil. Sy bring hom toe by 'n leertji wat sy naas 'n twaalfvoet-hoë muur gesit het. „Hier sal jy moet opklim!" seg sy. „Meneer Joosten is net an di ander kant." „Van harte dank, Klaartji," seg hy, terwyl hy haar di hand druk. „As ek ontvlug, sal ek jou altyd onthou as myn brawe redster. As ek ni ontvlug ni, — bid vir di waspoppi uit Indi!" Hy klim toe di leertji op. Syn hande kon net di bo' ent van di muur mooi beetvat, om syn liggaam daarop te help. „Hier's ek!" fluister Joosten, di onderkant Johannes an di buitekant van di muur staan, waar dit gelukkig ni so hoog was as an di binnekant ni. Sonder moeite gly di vlugteling di muur veilig af en kom naas syn maat te land. „Jy's 'n gawe boeti !" seg Johannes an syn vrind, terwyl hy hom saggies op di skouer slaan. „Ek wil perbeer om reg te maak, wat ek verbrou het!" antwoord di ander. „Gaan jy my naar 'n skip tiring?" „D'is glad buite di kwessi! Vir eers is di see te onstuimig vir 'n skuitji, en, vir twede, sal gin kaptein vir jou an boord wil hê ni, of dit moet wees om jou an di Gouwerneur oor te lewer." „Wat, dan?" vraag Johannes, bitter teleurgesteld. „Jy moet vlug naar een van di verste boerplase!" „Mar as ons te veel vertoef," opper Kohier, „mag onse hasi ontsnap." „Ontsnap!" herhaal Gert, spotlaggend. „Ontsnap vir hoelank ? As ons hom ni vandag vang ni, dan vang ons hom morre !" „Waar slaap ons dan vannag, meneer Rass?" vraag di diener, terwyl hul naar gemelde heuweltji ry. „By di een of ander boer — by Adam Tas waarskynlik." „Adam Tas is onse vyand," seg Kohier. „Hy beskou mos vir di Gouwerneur as 'n soort van pes in di land." „Soveel te meer rede waarom ons by hom sal oornag," antwoord Gert. „Johannes is 'n bewonderaar van daardi fanatieke boer en sal heel moënlik nog vanaand of vannag by hom gaan skuil en hulp soek, en aldus reguit in di wip loop." „Nou kyk!" versoek Kohier gretig, „sal julle an my di plesier laat om hom di eerstp te gryp?" „Goed!" antwoord Gert, di wis dat Kohier se hart in syn mond sit: „mar Johannes het vanmorre vreemde klere angehad, het jy my gesê." „Nou wat daarvan?" vraag Kohier met 'n spotlag. „Iemand moet dit vir hom gegee hê!" „Wel?" „Di iemand kan hom net so gemakkelik 'n pistool in di hand gestop hè." Kohier word bleek. „Mar," vervolg Gert, op onverskillige toon, „jy is ook mos gewapen, Frits!" „Miskien is dit bes," seg Kohier na 'n korte swyging, „dat al vier van ons hom legelyk pak." Gert moes op syn lippe byt om ni uit te bars van di lag ni, en di diener kyk weg, dat Kohier syn geamuseerde gesig ni mog sien ni. Al pratend het hul by di bult angekom, waar hul vir 'n rukki sou afsaal. Dit was ni ver van di dorpi van Stellenbosch ni. Di kerels maak toe hul pêre an enige suikerbosse teen di heuweltji vas en klim toe met hul gewere naar di top, sowat veertig tree van di diere af. Gert sit syn roer teen 'n grote, gladde rots neer, klouter di klip op en kyk toe van daar in 7 alle rigtings ; mar, buiten di lede van syn eië geselskap, kon hy gin mens, selfs gin veewagter, errens bespeur m, ofskoon di bossies ooral bai laag groei of afgebrand was, behalwe in syn onmiddellike omgéwing. „Juli !" roep Gert an di jong, „gaan hierdi kannetji vol water maak !" Skoorvoetend stap di Hotnot naar di klip waar Gert sit, en laasgenoemde gooi 'n blikkannetji, wat an syn belt gestrop gewees het, in di jong se hande. „Baas!" seg Juli an di diener, di 'n paar tree van hom af was : „sal baas ni saamgaan ni ? Ek is 'n beetji bang om sovér alleen te gaan. Di skout willig in en, met hul gewere op hul skouers, stap di twee naar 'n sloot, omtrent 300 tree van di top van di bult af. „Dink jy, Johannes sal opgehang word?" vraag Kohier an syn metgesel. „Wel," antwoord Gert, terwyl hy syn lyf agteroor op di rots uitstrek, met syn hande agter syn kop, „opgehang of ... doodgeskiet." „Doodgeskiet ?" herhaal Kohier verwonderd. „Syn verhoor sal"mos ni voor 'n krygsraad plaasvind ni! Hy sal mos naar Holland of Batavia gestuur word vir syn straf, ni waar ni ?" „Ja, mar veronderstel," antwoord Gert, „dat hy ni wil bly staan,' as ons op hom afkom ni; of veronderstel, dat hy ons las gee op di pad naar huis, — hoekom is ons gewapend ?" ^ „Mar jy sal hom mos ni skiet as hy hom gewillig onderwerp ni ? „Wel!" antwoord Gert an syn vertroude maat, met n veelbetékende oogknip : ,,'n ongeluk is gou !" Terwyl hulle so an di praat was, val di oog van Kohier op iets wat skielik 'n gril deur syn lyf ja. „Goeie tyd, Gert !" seg hy, terwyl hy angstig kyk naar 'n varse spoor 'n kleine entji van di rots af, an de linkersy daarvan, „daar is 'n pasgemaakte skoenmerk, waar nóg ek nóg jy geloop het!" Gert neem dadelik weer 'n sittende houding in. „Wat roer hier naby ons?" merk hy op, toen hy di top van 'n tak sien beweeg, en hy en Kohier spring gelyk op hul voete „Staan stil!" klink meteens 'n harde stem van iemand, di te voorskyn kom kort onder di rots en een van di gewere gryp,—„of .... 'n ongeluk is gou !" Gert staan botstil en Kohier beef so's 'n riet. Hulle was gin ses tree van hul gewere af ni, mar di man, teen wi di gebruik daarvan bedoel was, was nog naderby ja, mik reeds met een daarvan naar di kop van Gert. „Asseblief tog, Johannes !' smeek Köhler, di inmekaar kon gesak hè van benoudheid : „moet tog ni"skiet ni !" „Jy het my gebied om stil te staan," seg Gert, met 'n stem wat weinig angs verraai, „en ek doen dit. Hoekom mik jy ?" Johannes, di geaarsel het, met syn vinger an di trekker, of hy sou skiet of ni, laat di geweer sak, gryp ook di ander geweer, en stap met di twee vuurwapens enige treë agteruit. Toe, met in elke hand 'n geweer, laat hy di kolke van albei op di grond rus, en kyk nogmaals vir Gert an. „Sou jy myn lewe gespaar he, Gert, as jy my gevang het ?" „As jy ongewapend was, — seker !" antwoord di gevatte Rass. „Ek val nimand an ni, wat ni vir homselwe kan verdedig ni." „O, Gert !" roep Johannes uit op 'n toon, wat di diepste verontwaardiging uitdruk: „ek kan myn sinne noueliks glo, dat jy, wat eers myn beste maat was, met wi ek altyd saamgeëet het, saamgeslaap het, saamopgegroei het,—dat jy myn bitterste hater en vervolger is .... Het jy gin hart meer in jou ni, Gert ?" „Ek vervolg jou ni!" „Vervolg my ni ! Waarom is jy hier?" „Om n bevel van myn regering, teen myn sin, uit te voer !" „Nee!" antwoord Johannes, bitter: „jy is hier om'n getrouë maat, wat jou liewer gehad het dan 'n broer, te vermoor ! Jy het my van myn eerlike naam beroof, jy het my in di tronk laat smyt, jy het my van huis en vrinde verban en tot 'n ellendige vlugteling gemaak. Is dit ni genoeg ni ? Sal^niks as net di anskouing van myn lyk vir jou tevrede stel ni ?" Gert staan hom op di ongevoeligste en onbeskaamste manier in di gesig te kyk. „Wat jou betref, Köhler," vervolg Johannes, „ek gee ni om, hoeveel van jou soort vir my agtervolg ni. Net mar, as ek jou vir 'n twede maal so vang, sal ek jou ni net met 'n bewerasi laat loop ni!" Di koue sweet tap van Köhler se gesig af. „Di eerste een van julle," hervat Johannes, „wat daar van di klip afspring, jaag ek 'n koël deur di lyf." Daarop stap hy met di twee gelaaide gewere naar di pêre ; sny di buikgorde van dri van di saais af; maak di bussies kruit, wat hy daar opgetel het, vas an syn belt; en bind een van di twee gewere met 'n buikgord an di saai van een van di pêre vas. Toe draai hy naar 'n ander pêrd, 'n pragtige hings, wat hy goed geken het, en sit syn geweer teen syn skouer asof hy di dier wou skiet. „Spaar tog myn Venus!" roep Gert, byna smekend. Syn pêrd was di enige ding op aarde wat hy opreg liefhad. „Is dit ni genoeg, dat ek jou gespaar het ni?" antwoord Johannes. „Ek het twintig guldens in myn sak," vervolg Gert, „en ek sal jou almal gee, as jy myn pêrd wil spaar!" „Laat Köhler di geld hier bring!" In 'n oomblik was Köhler by Johannes met di geld. „Beloof jy my ook," roep Johannes an Gert, „dat jymyni verder sal vervolg ni?" „Ja, ek beloof dit." „En dat" — toe kom di diener en di jong net 'n 50 tree van hom angestap — „en dat jy dadelik an daardi twee vrinde van jou sal gebied om hulle gewere neer te lê en naar jou toe te kom?" Gert sou byna enige ding gedoen hê om syn kosbare, geliefde pêrd te behou. „Skout! Juli!" roep hy vir hulle: „gooi neer julle gewere en kom hiernatoe ! Di waterhalers had wel 'n luide gepraat gehoor, mar hulle had niks van Johannes tussen di bosse gesien ni en het tot nog toe ni di minste suspisi gehad ni, dat hy een van di "sprekers was. Toen hulle nog aarsel, skree Köhler so hard as hy kon: „Smyt dadelik neer jul gewere en hardloop hiernatoe!" Glad verbluf, werp hul di wapens in di bossies neer en hol nader. Toen hul sowat 20 tree van Johannes was, gebied hy: „Nou bly jul staan, waar jul is!" Nou eers merk hul hoe di virk in di steel steek en was terstond gehoorsaam. Johannes stuur vir Kohier terug naar di ander, gaan toe di gewere van Juli en di diener optel, en maak dit ook vas an diselfde pêrd, waarop hy di ander geweer gebind het. Toe haal hy di tome af van di ander dri pêre, bind dit by di gewere vas, jaag di losse pêre di veld in, spring op di rug van di reeds swaarbelaaie dier, en ry pylreguit van daar in di rigting van Elsenburg, 'n plaas wat toe in besit was van Samuel Elsevier, 'n gunsteling van di Gouwerneur. 'n Beetji later was di son onder. HOOFDSTUK XX. Hoe Gert en Frits huistoe gegaan het. „Wel, wel, wel!" brom Gert, met 'n kopskudding, toen Johannes uit di gesig verdwyn en hy van di klip, waarop hy solank 'n gevangene gewees het, afspring, „van al di onbeskame brutaliteit, wat ek in myn lewe van getuie gewees het, is dit di ergste!" Kohier sug 'n luide sug van verligting. „Ons kan onse sterre dank," seg hy, „dat ons nog asemhaal." „Ag!" antwoord Gert, „ek wis dat hy ons nooit sou skiet ni. Ek ken hom mos! Hy kan dit ni eens oor syn hart kry om 'n kat te versuip of om 'n hoener se nek om te draai ni. As 'n vlieg in syn melk val, dan red hy dit!" „Sal ons di pêre gaan keer?" vraag di jong. „Sekerlik jou druiloor!" antwoord Gert. „Kyk waar loop hul al!" Di diener en di jong, di albei bai nors was, hol toe naar di diere toe. Intussen ontdek Gert di plek, waar Johannes geskuil het. „Hier is di nes," merk hy an syn vrind op, „waar di vent lê hy weer opstaan, en hy hol agter di diere 'n ent an, mar di goed was van skrik weer an di galop gegaan en om hulle in te loop was buite di kwessi. 'n Minuut of wat later kon hy syn eië hart duideliker hoor klop dan hy di getrap van di pêre kon verneem. Hy besluit om an te stap. Mar 'n benoude gevoel kom syn bors binne. Hy was moeg. Dit was donker, stikdonker. As hy deur 'n struikrower angeval word, hoe sou hy maak ? As 'n tier of ander wilde dier daar op hom afkom, waarmee kon hy hom verdedig ? En dan, as hy in di pad wil hou, dan moes hy di grawe van twee Slamse hadjies virby. Hy vee di koue sweet van syn gesig af, en, na nog 'n paar tree verder gestap te hê, besluit hy om 'n entji weg van di pad agter 'n bossi te gaan neerlê tot di anbreking van di dag. 'n Uur daarna was hy an di slaap. Mar hy het ook ni lank in di droomwereld gewees ni, of hy hoor iets of iemand naderkom. Syn hare rys oorent. As hy ni pas uit syn slaap ontwaak het en nog 'n beetji lighoofdig was ni, sou hy miskien gegis hê, dat dit Gert was, wat daar ankom, mar an di moënlikheid had hy nou gin gedagte ni. Hy spring vinnig öp en skree as 'n dolle man, met 'n oorverdowende stem: ,,Wi 's daar? Staan of ek skiet jou morsdood op di plek !" Nou, Gert had gin swakke senuwes ni, mar so 'n akelige, onverwagte geluid is kapabel om di sterkste man di bewerasi te gee. „Wat!" skree Gert, werktuigelik en hard in antwoord, terwyl syn lyf van kop tot toon skud. „Neer met jou wapens!" roep Kohier, half huilend van angs, „en hardloop dat jy bars!" Gert, di dadelik weer van syn skok herstel was en selfs vererg was op homselwe, dat hy so kinderagtig geskrik het, antwoord ewe koel: „Ek het gin wapen ni, en jy naar jou piet, eer ek sal hardloop! — Ek het bai lus om jou neus plat te stamp, gekke bluffer 1" „Dan is dit aldityd jy, Gert!" roep di verblyde Kohier, di toe di stem van syn maat herken, en hy veeg 'n paar trane uit syn oë. Hoe kwaad Gert ook daardi aand was, hy kon ni nou help om te lag ni. Ons hoef ni te vertel, hoe hulle oor di pad gekom het ni. Laat dit genoeg wees om te sê, dat 'n paar sware donderbuië op hulle afgekom het en dat Gert nooit soveel vloekwoorde tevore in syn lewe as in daardi nag gebruik het ni. HOOFDSTUK XXI. JOHANNES BY Dl VENSTER VAN ADAM TAS Nadat Johannes vir sowat vyf minute uit de gesig van syn vervolgers, steeds in de rigting van Elsenburg, gery het, klim hy van syn skimmel af; maak di dri gewere, di dri tome en di twee bussies kruit en haël los en gooi dit agter 'n paar bossies neer. Toe bestyg hy weer di pêrd en slaan daarmee glad 'n ander koers in: hy ry nou weer, meer of min, in di rigting van Stellenbosch, namelik naar di plaas van Adam Tas, vir wi hy goed geken het en di 'n bekende teenstander van di Gouwerneur was. Adam Tas, so meen Johannes, sou hom vrindelike raad en hulp verleen — daar was hy oortuig van! Toen hy oplaas by genoemde plaas uitkom, ry hy reguit naar di woonhuis, mar, net toen hy stilhou naby di voordeur, merk hy, dat hy in di donker byna teen 'n opgesaalde pêrd, wat daar au 'n jonge eikeboom gebind was, vasgery het. Hy spring af en vind toe, tot syn teleurstelling, dat daar nog dri of vier ander opgesaalde pêre kort by hom staan. Dit verwek suspisi by hom. Hy lei syn skimmel 'n 20 of 30 tree terug, swaai di toom oor 'n boomtak en kom toe, met geweer in di hand, weer naar di huis, om by 'n venster, van waar hy mansstemme gehoor het, te gaan inloer, om te ontdek wat daar gaande was. Na eers naar alle kante gekyk te hê of daar dalk nimand vir hom bespeur ni, loer Johannes deur 'n ruit. Di venster was effentjies ope en an di binnekant daarvan het daar gehang 'n witte gordyn, waardeur hy gemakkelik in di verligte kamer kon sien. Syn eerste ontdekking was dan ook ni onaangenaam ni. Hy sien daar om 'n skryftafel vyf kerels sit, vir almal van wi hy meer of min geken het en van wi hy medely en hulp mog verwag. Daar was, vir eers, di einaar van di plaas, Adam Tas, 'n goedgeleerde en flinke boer. Di sit daar met n grote dokument in di hand. An syn linkerkant sit Henning Huising, 'n handelaar, wat di rykste man an di Kaap geword het deur 'n monopoli, waaronder hy vir vyf jare vlees verkoop het teen ls/4 d. per lb. an di Compagnie en 2 d. per lb. an di burgers. Naas Huising sit Wessel Pretorius. An di regterkant van Tas sit Nicolaas van der Westhuisen, en langs hom was Pieter van der Byl. Di dri laasgenoemde was almal knappe boere, di ook hoog angeskrewe was in di maatskappy. Daar di gesprek ni in 'n al te sagte toon gevoer werd ni, kon Johannes elke woord opvang. „En om hoelaat het jy di Tafelvallei verlaat?" was di eerste wat hy hoor. Dit was 'n vraag van Tas. „Kort na di afloop van di klugspel—omstreeks half elf," antwoord Huising. „Ja," vervolg Tas, na 'n korte stilswyging, en terwyl hy 'n snuifi naar syn neus bring, „ek kan begryp, dat Willem Adriaan oortuig is, dat daar 'n samenswering bestaan om hom van kant te maak en dat hy vir ons en onse vrinde di eerste sal verdink." „Jy moet mar liewer daardi papier opskeur," gee Van der Byl an di hand. „Waarom?" seg Tas, en kyk syn vrind vreemd an. „Dit mag jou en almal van ons in di pekel bring. „Ag!" roep Tas spottend, — „in di pekel bring! Wat is daar te vrees? In gin een van di ag-en-dertig beskuldigings teen di Gouwerneur is daar 'n sweem van sedisi ni. Want wat beweer ons? Dat hy diensbodes en slawe van di Compagnie op syn boerplaas laat werk. Dat hy materiaal, wat an di Compagnie behoort, vir syn private geboue gebruik. Dat syn handlangers met geweld vee gevat het van inboorlinge wat geweier het om dit te verkoop. Dat hy vir 'n bespottelike prys wyn gekoop het van boere wat, deur syn toedoen, gin mark daarvoor gehad het ni, en dat hy dit toe duur an vreein delinge verkoop het. Dat liy gin grond, sonder omgekoop te word, an iemand wil toeken ni. En so voort. Is daar 'n greintji van misdadigheid in enige van di verklarings ? En is daar 'n woord in wat ons ni kan bewys ni? Mar al wan di dokument ook sedisieus, wat sou dit help om dit op te skeur? Een van di daë sal di vloot, waarmee ons di klagte naar di Gouwerneur-Generaal en Raad van Indi gestuur het, hier terug wees; dan sal Willem Adriaan tog net so seker, as dat ek di papier hier in myn hand het, van onse smeekskrif hoor—öf direk van di Gouwerneur-Generaal óf van 'n ander—en dan sal hy ook tog te wete kom wi dit gestuur het." „Mar dan sal hy nog ni weet, wi dit opgetrek het ni!" opper Yan der Byl. „As Van der Stel hom op nimand anders sal wreek ni, ek vrees hy sal gin genade an jou, as opsteller, toon ni! D'is daarom, viral, dat ek jou raai om di papier te vernietig." „Hoe sal hy weet, dat dit ek is wat di petisi opgetrek het, tensy een van julle my verklik? Gin Gouwerneur of handlanger van hom sal dit tog durf wa om hier di papiere van 'n vrye burger te kom deursnuffel ni! Nee, nee! hierdi dokument gaan ek hou En ek wil ook an julle voorstel om 'n afskrif daarvan an di Raad van Sewentien in Holland te stuur, ingeval di direksi in Indi onse griewe ni wil herstel ni. Wat seg julle?" „Ek stem volkome in," antwoord Huising. „Ek is net so seker as ek hier sit, dat de Indise Raad ons gin voldoening sal gee ni, want al di menére van di Compagnie is tog mar soveel koppe onder één mus." „Sluit jy dan ni di Raad van Sewentien onder di ,menére' van di Compagnie in ni?" vraag Van der Byl. „Di enigste onderskeid is, dat di direksi in Holland 'n trap lioër is." „D'is waar!" stem Huising toe. „Mar as di Raad van Sewentien onse klagte ignoreer, kryg hul di publiek van Nederland op hul kpp. Want sal di volk van onse vaderland—di mense wat roem dat hulle di meeste individuele vryheid op aarde geniet — dit toelaat, dat hul medeburgers hier in Suid Afrika minder vryheid geniet?" „Neem plaas, meneer Starrenburg!" versaek Tas, di al gougou di papier, wat in syn hand gewees het, omgekeer en onder 'n boek gestop het. „Watter iiuws bring meneer Starrenburg?" „Lees hier!" antwoord laasgenoemde, terwyl hy 'n briefi, wat in potlood geskryf was, an Tas oorhandig. „Lees dit hard op!" Tas lees:— „De Kuilen. Den WelEd. Heer Joliamm Starrenburg! Landdrost van Stellenbosch ! WelEd. Heer! — Wij zijn door den fiskaal verzocht geworden u ten spoedigste te doen Keten, dat Johannes van Wijk wit de gevangenis ontsnapt is en dat hij zich thans, naar alle waarschijnlijkheid, in uw distrikt bevindt. Mijn vriend, Frits Kohier, ik en twee bedienden zijn bezig hem te zoeken. Uw d.w. dienaar, GERT RASS." Pretorius kon ni help om syn genoë met 'n lekkere lag te kenne te gee ni, mar an di gesigte van di ander was daar gin téken van blydskap te bemerk ni. „En nou?" vraag Tas, droogweg : „wat nou?" „Nou wil ek julle almal herinner an jul plig!" vervolg Starrenburg op vaderlike toon. „Gin een van julle moet di droster met 'n pêrd, met kos, met herberg, met raad, of iets anders, help ni!" „Kyk hier, meneer Starrenburg," antwoord Tas, ernstig, „TJ hoef my ni myn plig te kom vertel ni, want gin vlugteling van di gereg sal by my met guns ontvang word ni. As hy hier op myn plaas kom, sal hy ni sonder 'n sterke eskort weer hiervandaan weggaan ni—en direk naar di drosdy gebring word. As de jongeling skuldig is an 'n misdaad, dan verdien hy gestraf te word; as hy onskuldig is, behoort hy ni di ongelukkige lewe van 'n veragte droster te lei ni." Almal, buiten Pretorius, knik toestemmend. Johannes skrik vir di woorde van di man by wi hy beskerming wou soek en hy besef, dat hy sonder versuim van daar moes wegkom. Mar nou, hoe kom hy by syn pêrd sonder I>i sweep klap en di twee flinke pêre draf met di nuwe voertuig di werf af. Daar was gin mens te sien ni, buiten 'n paar volk wat besig was, 'n hele ent van di huis, om druiwe te sny. Toen hul 'n half uur gery het, altyd in di wa'pad wat naar Franschhoek geloop het, seg Pretorius an Johannes, dat daar gin rede was, waarom hy ni sou opstaan en op dibankiagter hom (Pretorius) sou sit ni, want daar was gin mense in of naby di pad te sien ni. Johannes was mar te bly om dit te doen, en binnekort was hy in 'n angename gesprek met syn beskermer. Mar hierdi gesprek het ni lank geduur ni. „Loer, kerel!" seg Pretorius op eens. „Ek hoor pêre ankom!" Johannes loer deur di vierkantige ruitji, wat agter in di kar was, en bemerk dat daar dri vinnig naderende, gewapende ruiters in di pad 'n korte entji agter di kar was. Hy deel dit in 'n haastige fluister an syn vrind mee, en duik dadelik weer onder di bankies in. Daar di kar nou net op di top van 'n hoogte gekom was, trek Pretorius di leisels in, kwansuis om di pêre 'n beetji te laat blaas, mar met di einlike doel om di ruiters te laat virbygaan. „Wel! wel!" seg Pretorius, toen di dri, tot di ontsteltenis van Johannes, naas di kar stilhou. „Hoe ry julle dan asof daar sewe duiwels agter julle anis! Waar 's julle vaart heen?" „Ons wil di duiwel, wat vóór ons uit is, inloop!" antwoord n korte, dikke vent. „Het u altemit niks van hom gehoor of gewaar ni?" an di duiwel het ek al bai gehoor," antwoord Pretorius droogweg, „mar nog niks gewaar ni." „U behoort te weet wi ek bedoel," hervat diselfde ruiter, half gestoord. „Ek bedoel Johannes van Wyk, natuurlik." „Nou waarom het jy dan ni so gesê ni?" seg di boer. „Wil u so goed wees, meneer Pretorius," begin een \an di ander twee, beleefd, „om te sê, of u gin idee het waar hy mag wees ni?" „Wat 'n onnosele vraag!" antwoord Pretorius met 'n stem „Watter getuinis, myn kind, sal jy kan gee, wat baiing ander ni kan gee ni ?" „Ek kan vertel," deel sy nou vir di eerste keer an haar pa mee, „wat ek opgemerk het, toen hy daardi aand by di deur van di eetsaal ingekom het. Net toen hy ingekom het, het Charlie Winterbag syn hand in Johannes se sak gesteek en gou weer teruggetrek. — O ! dit is so dom van my, dat ek ni weer daarom gedink het ni!" „Ja, mar wat wil jy te kenne gee?" „Dat Charlie Winterbag, wat 'n grote vrind van Gert Rass is, di vervalste brief in Johannes se sak gestop het." „Hoe?" roep di dominee, haastig en opgetoë. — „Jou gevolgtrekking is ni sleg gegrond ni ! Mar Gert Rass — waar was hy, toen di voorval plaasgevind het ?" „Net kort agter Charlie Winterbag." „Mar jy het Rans niks sien doen ni ?" „Byna onmiddellik daarna het Charlie Winterbag vir hom 'n knikki gegee, en toe glimlag hulle skelm-skelm met mekaar." „Eu Johannes — het hy niks gemerk ni ?" „Hy het omgekyk, mar gin notisi verder van hulle geneem ni, en miskien ook nooit weer daaran gedink ni." „ü'is 'n belangryke voorval, myn kind, — uiterst belangryk. Wat 'n jammer, dat jy 't ni eerder vertel het ni! . . . Mar wag, wag !" gaan di ou heer voort, asof alles vir di oomblik reg was. „Jou getuinis sal nuttig wees in di saak waarin Rass 2,000 guldens van Gideon Malherbe eis vir wat di van hom geseg het." „As di Gouwerneur oortuig word, pa, dat dit ni Johannes is, wat di ongeoorloofde woorde geskrywe het ni, sal hy vir Johannes laat loop ?" Ds. Linde skud syn kop. „Ek twyfel, myn kind," seg hy, „want selfs wat Johannes erken het, dat hy geskrywe het, is erg genoeg, sou ek dink, om di Gouwerneur te regvaardig om hom — voorlopig, te minste — in di tronk te sit. En dan, wi weet, miskien mag hy ook beskuldig word van tronkbraak, van diefstal van 'n pêrd, en wat ni al ni ! As n mens 'n hom beskuldig het en dat hy (Gert) daardeur skade gely het, geskat op 2,000 guldens, begin Malherbe hom met 'n tergende gesig as volg te kruisvra:— „Jy is bekend met'n dame van di naam van Klaartji Keyns, ni waar ni?" „Ek weet wi jy bedoel," was di antwoord. „Ja, en jy was tot onlangs dik in haar geselskap?" „Ek weet ni wat jy met ,dik' wil te kenne gee ni, mar ek het haar nou en dan gaan sien." „En sy vir jou?" „Wat het dit met di saak te doen?" „Jy sal dit gou genoeg agterkom," seg Malherbe. — „Antwoord myn vraag!" „Sy was net eenmaal by my, en toe was ek siek." „Presies! — Jy het haar nou en dan ,myn suikerpotji' genoem?" „D'is 'n leun!" antwoord Gert, onder di gelag van 'n heelparty, wat egter dadelik tot stilte geroep werd. „Jy het meer as eenmaal vir haar ruikers rose gebring?" „Ek weier om te antwoord," seg Gert, terwyl hy naar di President om beskerming kyk. „Jy is verplig om te antwoord," verklaar Elsevier op verhewe toon. „Nouja," seg Gert, „mar sy 't my di blomme gevra." «En. jy 't dit meestal in di tuin van Jan Wessels gepluk?" „Ek sien waarnaartoe jy mik!" seg Gert, di skerp naar di vraër kyk. „Dit wil ek wel glo!" merk Malherbe op, laggend. „Antwoord jy mar myn vraag!" Gert wend hom weer naar di regbank. „Is ek verplig," vraag hy, „om sulke vraë te antwoord?" „Antwoord di vraag!" gebied di waarnemende President, di ni an di publiek di skyn van partydigheid wou gee ni. Meineed is 'n misdaad, waarvan in di ou daë meer gemaak werd as teenworig, en Gert wis ni watter getuinis Malherbe in syn mou had ni. Na 'n ruikertji versamei te hê, staan di oudste meisi, 'n klein entji van liom af, syn handigheid met di werktuig te bewonder, en toen haar suster by haar kom, seg sy in di Franse taal fluisterend, dog hard genoeg dat Johannes dit kon hoor: „Onthou jy hoe rou. hy in di begin in syn vak was? Kyk hoe lekker werk hy nou!" „D'is gin wonder, dat pa so opgenome is met hom ni!" antwoord di jongere suster, ook in di Franse taal — 'n taal wat albei van hulle goed geken het mar — so's di meeste kinders van Kaapse Franse ouers — selde gebruik het. Di eenvoudige Kaaps-Hollans het vir hulle gemakkeliker geval as di taal van hulle ouers. „Wat ek meer dan syn vlugheid bewonder," hervat di oudste, „is syn pragtige liggaamsbou. Ek weet waarlik van nimand, wat 'n mooier postuur het ni. Weet jy ?" „Ek weet van nimand, wat so 'n indrukwekkende gesig het ni. Daar is iets so verhewe, so edel, en so mannelik in syn gelaat, dat ek regtig ni vir hom sou kon toespreek asof hy myn mindere is ni." Johannes skoffel mar vort, asof hy gin di minste belang in di gesprek stel en gin woord daarvan kon verstaan ni, wat di natuurlike gevolg had, dat di gesprek eerder op 'n harder dan op 'n sagter toon gevoer werd. „Ja," herneem di oudste suster : „nimand, wat ni beter weet ni, sou sê, dat hy di seun van 'n matroos of 'n soldaat is. As hy in di klere van 'n krygsman was," — Sy blyf meteens doodstil. Dit was of sy skielik geskrik het. Halfverleë kyk sy haar suster an. „Wat makeer?" vraag laasgenoemde, verwonderd. „Kyk !" fluister Louise (want so het sy geheet), „hy kryg 'n kleur ! — Hy 't ons verstaan !" Jeanette sit haar hand op haar mond en sien haar blosende suster laggend an. Toe, tot di verbasing sowél van Louise, as van Johannes, stap di jongste meisi reguit naar hom, en, terwyl sy hom vlak in di gesig kyk, begin sy, op haar gewone soete toon: „Meneer Emmert, het jy opgevang wat ons gepraat het ?" Johannes kon 'n glimlag ni weer hou ni. Hy trek di skoffel in en kyk syn toespreekster vrindelik an. „D'is mos ni myn skuld ni, jongejuffer !" seg hy in goeie Frans „is dit ? — 'n Mens moet nooit onderstel in di teenwoordigheid van vreemdelinge, dat di ni syn taal kan verstaan ni." Louise word bloedrooi in di gesig, en, sonder 'n woord te praat, stap sy reguit huistoe. Toen sy by di voordeur kom, kyk sy om en wink an haar suster, met elke téken van misnoeging, om haar te volg. Jeanette skud haar kop. Louise stap di voordeur in. Louise de Villiers het, jonk as sy was, di hart van meer dan een jongeman in Franschhoek gewin, ofskoon sy nog vir gin een van hulle in hul liefde angemoedig het ni. In di grond van haar hart was sy 'n uitstekend goeie meisi, mar as gevolg van haar goeie geboorte en van al di attensies wat an haar bewys was, was sy hoogmoedig, ja in sommige opsigte selfs ydel geword. „Kyk hier, meneer Emmert!" hervat di agtergeblewe meisi vrymoedig; „ek gaan nou openlik met jou praat, of jy dit lyk of ni." Daar kom 'n voutji of twee in Johannes se voorhoof, mar hy besef, dat hy gin verleentheid moes toon ni. „Ek luister," seg hy, terwyl hy syn skoffel optel en di noytji nuwskierig ankyk. „Pa het gesê," blaker sy in haar soete onskuld uit, „dat ons ni vir ons met jou moet bemoei ni en jou allerande vraë moet doen ni, en —" „U sal dit dus natuurlik ni doen ni!" seg Johannes gou, met geveinsde onverskilligheid. „Dit is ook ni myn plan ni," antwoord sy. „Ek wil net weet, waar jy di Frans geleer het en hoe jy by Donkerhoek uitgekom het — dit's al!" Johannes aarsel 'n oomblikki. „Jongejuffer," seg hy toe, „u moet uw vader behaag. — Gaan hom vra of u my di vraë mag vra, en as hy seg ja, dan antwoord ek u geredelik." „Sy kyk hom stip in di oë, asof sy wou uitvis wat daar in syn gemoed omgaan. „As jy dink, meneer Emmert," seg sy, „dat ek te vrygeestig is, dan moet- jy my mar ekskeus. Ek praat al om di ander dag myn mond virby. Jou Franse aksent was so suiwer, dat ek ni kon help om te dink ni, dat jy te goed opgevoed was vir di betrekking wat jy beklee. Verstaan jy? — Mar jy hoef ook ni bang te wees, dat ek ooit iets van jou sal gaan vertel ni! Of is jy bang?" „Glad ni!" antwoord Johannes. Wat kon hy anders sê? „Ken jy ook Duits?" Johannes knik bevestigend. „Net so goed as Frans?" „Net so goed as Hollans." „Ek wens, ek het Duits geken," seg sy. „Vir iemand, wat Hollans ken, is Duits bisouder gemakkelik." „Nou kyk!" gaat sy gretig voort, „as pa nou vir my toelaat om by jou Duits te leer, sal jy vir my leer?" „Dit sou my 'n eer en 'n plesier wees, jongejuffer," was di antwoord, „mar dan gaan u iets vertel, wat u belowe het om ni te vertel ni, en —" „Ag!" roep sy, „watter kwaad is dit dan om te weet, dat jy Duits ken! Baiing skorri-morri ken Duits!" en daarmee verlaat sy hom meteens en hol di stoep op en binnentoe, om vir haar pa, di in di klein-eetkamertji 'n pypi sit te rook, te vertel, dat Emmert Duits ken en gewillig was om vir haar onderrig daarin te gee. Haar pa slaan syn pyp uit. „Het hy dit angebied?" vraag hy, „of het jy vir hom gevra?" „Ek het vir hom gevra." „Nou," seg di huisbaas, sonder syn dogter te knor en sonder di minste verwondering oor di kneg se kennis te kenne te gee, „jy wil mos al lank graag Duits geleer hê! Daar het jy mos nou 'n onderwyser by di hand." „Dus hy mag vir my leer, pa ?" seg sy vrolik. „Ni alleen mag hy vir jou leer ni, myn kind, mar hy mag daarvoor ieder agtermiddag 'n uurtji afkry. In hierdi kamertji kan jy jou lesse ontvang. — Onthou mar, wat ek jou tevore geseg het, — gin persoonlike vraë ni !" Hoog in haar skik met di inwilliging van haar vader, stap sy di kamertji uit om vir di kneg di antwoord oor te bring. Mar, net toen sy in di gang kom, wat naar di stoep lei, stop haar suster haar. „Kyk hier," seg laasgenoemde verontwaardigd, „ek het afgeluister jou versoek an pa! — Skaam jy jou ni?" „Pa het hom ni geskaam om dit toe te staan ni," antwoord Jeanette, na haar suster 'n beetji vreemd angekyk te hê. „As pa ni omgee vir di eer van syn dogter ni," antwoord Louise haastig, „dan gee ek nog om vir di eer van myn suster. Jy weet tog net so goed as ek, dat Emmert 'n verdagte vlugteling is." „Ag kom, ou sussi, goud is goud, al kom dit van 'n verdagte vlugteling." Daarop stap Jeanette di deur uit en gaan an di werkman in di tuin di blye mededeling doen. „En wat seg uw ma?" vra Johannes, di nog glad ni gretig was om di taak an te neem ni, daar hy gevoel dat dit hom net in nuwe gevare sou lei. „Ma? — Ma seg altyd alles wat pa seg... Wanner kryg ek myn eerste les?... Morre?" HOOFDSTUK XVII. 'n Belangryke ontdekking. Di vollende agtermiddag sit Emmert in alle erns lesgee an Jeanette in de eetkamertji en, as gevolg van di kinderlike vrymoedigheid van di meisi, was di betrekking tussen di twee binne di eerste twintig minute meer di van broer en suster as van kneg en noy, of van meester en leerling. Johannes was ook van di begin af tuis in syn nuwe rol en het syn bes gedoen om di onderrig an syn bisonder intelligente leerling so interessant as moënlik te maak. Sy, van haar kant, het ook haar bes perbeer om hom te behaag, ni so danig omdat hy nou haar onderwyser was ni, mar omdat sy, onbewus, 'n medelydend gevoel vir hom gekoester het. Syn beleefde, hoffelike, innemende, ontsagwekkende maniere hét haar ook hoe langer hoe vaster oortuig, dat hy van 'n rang was ver bo di, wat syn nederige beroep sou te kenne gee. Met geesdrift werd di lesse op di bepaalde uur dag na dag voortgeset, en di twee se verhouding teenoor elkaar het hoe langer hoe gemeensamer geword. Toen hul op di vyfde of sesde dag byééngekom en hul sitplase by di tafel teenoor elkaar ingeneem het, vraag Johannes, somar om iets te se: „Waar kryg u di mooie grammatika vandaan?" „Van di kaggel," antwoord sy, terwyl 'n sagte blos haar ronde wange bedek. Johannes was slim genoeg om meteens te bemerk, dat sy, om di een of ander rede, syn vraag wou ontwyk, en hy het syn wereld te goed geken, om op di regte antwoord an te dring. Mar sy hervat toe self: „Jy dink nou seker, meneer Emmert, dat ek mar snipperig is neh?.. . Mar kyk, al sou ek jou ook sê, van wi ek hierdi boek gekry het, dit is tog tien teen één, dat jy di persoon ni sal ken ni—te minste, ni persoonlik ni. Tegelyk met haar woorde slaan sy di agterste blaai in di boek ope en wys hom, terwyl sy hom met 'n skalkse glimlag ankyk, wat daar geskrywe staan: — „An myn gestole violet. — F. K." 'n Onangename, uiterst onangename gewaarwording tref di jongeling, mar hy laat niks merk ni. ,,'n Duitse spraakkuns," seg hy met geveinsde onverskilligheid, „is 'n vreemde present om vir 'n Franse jonge dame te gee, mar in hierdi geval blyk dit 'n bisonder nuttige present te wees." „Jy sal ni sê, dat dit 'n vreemde present is ni," seg sy in haar gewone onskuld en heeltemal van haar hoede af, „as jy weet, dat ,F. K.' van Duitse afkoms is en graag wil hê, dat ek syn moedertaal moet ken." „Ek sien ni," seg Johannes, glimlaggend, „waarom u Duits moet leer ni, net omdat hy van Duitse afkoms is. Jeanette besef nou, hoe sy haar mond virby gepraat het en kryg 'n hoë kleur. „Dit lyk my," vervolg Johannes, nog in diselfde toon, „dat ek an 'n tere snaar geroer het.... Toe mar! Ek sal ni weer ni!.... Laat ons mar di les begin." Jeanette blyf 'n rukki stil, en begin toe weer: „Dit lyk of ek jou onder 'n verkeerde indruk gebring het angaande di man, wat my hierdi boek gegee het!" „Glad ni!" was di antwoord: „wat uwe lippe ongeseg gelaat het, vul uw kleur an." Dit was met opset, dat Johannes haar onder di impressi laat, dat hy reeds besliste gedagtes in di saak gevorm het, want hy was brandend nuwskierig om te verneem, wat daar tussen haar en Frits Kohier skuil en op di manier wou hy di waarheid uitlok. Di jonge dame staar vorsend in syn oë, en seg toe met soete erns: „Kyk, meneer Emmert, ek gaan nou met jou openhartig praat. Waarom ek dit doen, is, omdat ek bang is, dat jy anders an di een of ander sal gaan vertel, dat daar 'n verlowing of 'n verstandhouding tussen my en iemand met di voorletters van ,F. K.' bestaan. Daar is gin verlowing of verstandhouding tussen ons ni! Ek het di man in di Kaap by 'n basaar ontmoet en daar lank met hom rondgestap en vóór ons uit mekaar gegaan het, het hy my hierdi boek belowe, en gevra of hy an my mag skrywe." „En u het natuurlik ja gesê!" Jeanette glimlag. „As jy hom geken het, dan sou jy my dit ni kwalik neem ni." „En nou vind daar 'n gereëlde briefwisseling tussen hom en u plaas met toestemming van uw ouers?" „Smider toestemming," antwoord sy op minder prettige toon. „Mar kyk, jy mag vir gin mens daarvan vertel ni! — ons skrywe an elkaar in di geheim. Hy laat 'n suster of 'n niggi syn briewe adresseer, en ek rig myne an ,Frieda K .' Dan kry hy dit direk, en dit het nog by nimand agterdog! verwek ni." „Dit lyk my," seg Johannes, di uiterlik nog ni di minste blyk gegee het van hoe teleurstellend di nuws was ni, „dat selfs di beste meisies kapabel is om bedrog te pleeg, waar liefde in di spel is." „Daar is gin liefde in hierdi spel ni," ontken sy — „en tog — Haar gesig pleit skuldig. „En tog," voltooi Johannes di sin, „u het hom hef, ni waar ni?" „Ek het respek vir hom, ek bewonder syn karakter, ek — ek hou van hom! — Mar kyk, meneer Emmert, vervolg sy, rooi van verleentheid, en sy sit haar hand op syne, „boeti! ek sal jou van vandag af ,boeti' noem, as jy ni myn geheim verklik ni en as Waarom kyk jy my so ernstig en verwonderd an? Was ek bai stout?" „Mag ek u 'n vrypostige vraag doen?" „Wel?" „Het hy om uw hand gevra?" Sy knik bevestigend. „En?" „Ek het hom gesê, dat ek te jonk was vir so n vraag en dat hy eers vir pa en ma sal moet sien, eerdat hy sulke voorstelle an my maak." Onwillekeurig verlaat 'n sug van verligting di bors van Johannes. „Mar ek moet erken, boeti, dat ek baiing, baiing van hom hou, en ek dink seker, dat ook jy di hoogste agting vir hom sal hê, as jy hom ken. — Daar is net één ding in hom wat my hinder — vreselik hinder, — hy is so hatig teen di redder en liefste vrind van di beste meisi wat ek in myn lewe ontmoet het. Jy sal wel di naam gehoor hê van di kerel wat ek bedoel — Johannes van Wyk — daardi jongeman, wat beskuldig was van hoogverraad en uit di tronk gevlug het jy weet mos! Arme kereltji! hij sit nou waarskynlik diep in Kafferland.... as hy ni al dood is ni. As Jeanette di minste suspisi gehad het, dat sy van di persoon gesels, wat. op di oomblik vlak teenoor liaar sit, sou di kleur en uitdrukking op syn gelaat hom dadelik verklik hê, mar van soiets het sy nooit gedroom ni. Met syn gewone teenwoordigheid van gees, hervat hy . „Mar di Johannes van Wyk is mos mar 'n deugniet, ni waar 111?" „As jy dit an myn vrindin, Hester Linde, moet sê, sal sy jou nooit weer ankyk ni. Jy moet di laaste brief, wat ek van haar gekry het, sien! Dit bevat 'n lange beskrywing van 'n regsaak tussen 'n meneer Gert Rass en '11 meneer Gideon Malherbe, mar daar is byna gin paragraaf in ni, of sy laat haar liefde vir Van Wyk deurstraal, ofskoon sy nooit, selfs an my — wat sy nogal haar beste maat noem — direk wil erken dat sy hom bemin ni." Johannes voel, dat syn hart onstuimig bons en dat syn wange vuurwarm word. Sy vervolg: „Mar ,F.K.' dink ni so ni. Hy noem vir Van Wyk — om syn eië woorde an te haal — 'n lafhartige huigelaar, so skelm as 'n jakhals en so venynig as 'n slang, en hy kan di kerel onder syn oë ni verdra ni. Weet jy, wat hy vir my in syn laaste brief geskrywe het? — Mar dit is ook geheim hoor! — Hy skryf, dat Gert Rass 'n eed geneem het, om Van Wyk se lewe te neem, as hy uitvind waar hy hom ophou. En ek is tog so bang, só bang, dat Frits — dat F.K., meen ek — 'n hand in di daad mag hê, want hy seg in een van syn brie we, hy is jammer dat hy Van Wyk met 'n oorveeg laat loop het, toen hy hom laas ontmoet het." Onwillekeurig glimlag Johannes. Jeanette kyk hom verbaasd an. „Foei, oul boeti!" seg sy: „d'is regtig ni iets om oor te lag ni. Dit lyk my waarlik, of jy genoeë daarin sou skep as Frits vir di arme klein Van Wyk beetkry en doodmaak." Johannes had moeite om syn lagspiere te bedwing. „Hoe lyk di Johannes van Wyk?" vraag hy, asof uit blote nuwskierigheid. „Ek het hom nog nooit gesien ni. Frits het eenmaal geskrywe, dat Van Wyk se gesig genoeg was om vir enig mens, wat karakter kan lees, di skrik in di lyf te ja. — Mar sê vir my, hoekom het jy geglimlag? Het jy dan ook iets in te bring teen di beminde van myn liewe Hestertji — teen Van Wyk?" „Ek hou van hom net soveel as van myselwe." „Wat? Ken jy hom?" Johannes se gesig trek weer ernstig met di herinnering van syn netelige, gevaarlike posisi, mar hy sien di meisi met.syn „En df meneer Rass het my daarna weer met besoeke kom vereer (?). Ek wou hom di eerste maal glad ni sien ni, mar pa het my daaran herinner, dat 'n mens goed vir kwaad behoort te vergeld, en moet vergewe, en altyd teenoor almal — selfs teenoor hulle, vir wi 'n mens gin agting kan hê ni — beleef moet wees. Toe het ek hom, ofskoon droog, daarom ni ongepoets ontvang en behandel ni. En wil jy glo, di kerel was só vrindelik en hoffelik in syn maniere, dat ek byna vergeet het wi hy was — dat ek noueliks in hom kon herken di man, wat vir Johannes van Wyk op so 'n snode manier vervolg het: ,vervolg,' seg ek, Jeanette, mar moet ek ni miskien „gedood" skrywe ni? want, wi weet, of di ongelukkige jonge man ni reeds omgekom is ni — verskeur deur 'n wilde dier, vergaan van honger, of gesneuwel an di gifpyle van di wrede Boesmans.— Liewe Jeanette, ek wou dat ek by jou was om myn hart an jou uit te stort!" Johannes het di briewe van begin tot end deurgelees, herlees, en nog 'n maal gelees. Daarna was hy in 'n diepe peinsing geraak. Nuwe gedagtes was in hom opgewek. Wat gaan syn toekoms wees? Sal hy voortdurend boerjong op 'n afgeleë plaas moet speel? Sal hy mar altyd moet lewe as 'n vlugteling van di gereg — altyd bevrees vir syn medemense? Sal hy syn brawe vader tot di dood toe onder di pynlike indruk laat bly, dat syn seun gesterwe het as weggelope boos wig in Suid Afrika se wildernis? Sal hy di liewe engel, di dag en nag syn gedagte besighou en di 'n vuur in syn hart angesteek het, wat niks dan haar werkelike anwesigheid sou kan uitblus ni — sal hy haar nooit weer mag ontmoet ni? — Nee, nee! só kan dit ni voortgaan ni! Op só 'n manier mag hy syn lewe ni verslyt ni! Mar wat staan daar dan vir hom te doen? As hy syn gesig an di Kaap vertoon, sou hy hom opnuw an arrest en tronkstraf blootstel, want 't was duidelik, dat de gesaghebbende amtenare vrindelik gesind gebly het teenoor Gert, anders sou hulle hom stellig angekla hê op wat uitgelek het in syn regsaak teen Malherbe. En dan, Gert het 'n eed geneem om, kom wat wil, vir hom (Johannes) om di lewe te bring. Hy voel dat hy tussen twee vure was. Na 'n dosyn planne uitgedink en verwerp te hê, besluit hy om deurmiddel van Jeanette an Joosten en Malherbe van ayn verblyf op Donkerhoek bekend te maak en om vir een of albei van hulle te versoek om met di eerste di beste geleentheid vir hom op di plaas 'n besoek te bring: dan kon hy met hulle raadpleeg wat di beste was vir hom om te doen. Dit was lank na middernag, dat Johannes an di slaap geraak het. Di vollende agtermiddag was di vollende brief op weg naar Gideon Malherbe: — „Waarde Heer, — Uw vrind, J. v. W., is in huur hierby myn pa, Pierre de Villiers. Nimand op hierdi plaas, buiten my, weet wi hy is ni, en hy verlang, dat ook nimand in di Tafel vallei, behalwe u en meneer Frans Joosten, daarvan sal weet ni. Sou een van u ni plan kan maak om vir Donkerhoek te besoek ni, sonder di ware rede te laat blyk? Skeur hierdi briefi tog dadelik op. As u dit antwoord, moeni di naam van J. v. W. noem ni: daar is alreeds oorgenoeg gevaar in hierdi reëls. Ek -is, Met hoogagting, Jeanette de Villiers." HOOFDSTUK XXIX. Belangryke besoekers op Donkerhoek. Teen di middel van Februari (1706) — net 'n paar daë na Jeanette di briefi an Malherbe weggestuur het — daag daar in di agtermiddag 'n deftiggeklede meneer met dri gewapende soldate, almal te pêrd, te Donkerhoek op. Vlak voor di stoep het hulle stügehou en afgespring. Di groot meneer gooi toe syn toom in di hande van een van syn onderdanige bediendes, ruk 'n opgerolde dokument uit 'n baatjisak, en stap daarmee di treetjies van di stoep op. 'n Harde geklop an di voordeur bring di huisbaas, di toevallig in di voorvertrek gewees het, te voorskyn. „Bly om u tuis te kry," klink op verhewe toon di stem van di besoeker en hy laat 'n gedwonge laggi volg, terwyl hy di hand van di boer druk. „\\ at bring u so onverwags hier, meneer Starrenburg — en dit met 'n eskort ?" seg Pierre de Villiers met 'n vrindelike gesig. „Kom binne asseblief! En julle ook, kerels!" seg hy an di soldate, „saai af en kom drink koffi." „Gin afsalery ni!" gebied di landdros di dri soldate. „Blyf julle daar, totdat ek terugkom — of totdat ek julle roep!" Toe stap di landdros met di huisheer di grote eetkamer in, en, na syn keel uit di wynkraffi, wat daar op di tafel gestaan het, ongenooid, natgemaak te hê, gooi hy syn lyf in 'n leuningstoel neer en begin: — „Di doel van myn koms, meneer De Villiers, is om jou naamtekening an hierdi getuigskrif vir onse geliefde gouwer neur te vra." Met di woorde plak hy di papier voor di Franse Afrikaner neer. ,,'n Klomp smeerlappe," gaan di landdros voort, „is brutaal genoeg gewees om naar di Gouwernëur-Generaal in Indi 'n memori te stuur, wat 'n vrag gemene, leunagtige, sedisieuse klagte teen onse hoofbestuurder bevat. Hulle het hom beskuldig van bedrog, van verdrukking en ek weet ni van wat als ni! Di vloot het tien daë gelee uit Indi in di Tafelvallei angekom, en toe het syn Eksellensi di agterbakse knoeiery agtergekom. Natuurlik, di direksi in Indi het bitter min notisi van di rebellieuse geskryf geneem, mar onse geagte Gouwerneur is bevrees, en tereg ook, dat di oproermakers diselfde beskuldigings naar di Raad van Sewentien in Holland sal stuur; en di foutsoekende Hollandse publiek, as hul daarvan hoor, mag vir di Raad verplig om an di geskree van di rebelle gehoor te gee. Jy ken mos di ellendige Nederlandse publiek! Nou ja, nou het onse waardige Gouwerneur hierdi sertifikaat, as teenwig, laat optrek, om dit naar Holland te stuur, en hy verlang dat al di burgers, wat waarheid en vrede lief het, dit sal onderteken... Het jy pen en ink by di hand? Anders kan jy mar myn potlood neem." 10 De Villiers, di met volkome bedaardheid het sit luister, vat di papier, op luie manier, in di hand en lees dit deur. „Begryp ek u reg, landdros, dat di Gouwerneur self dit het laat optrek?" „Ek sweer dit, myn vrind." Di boer glimlag. „Mar dan is hy mos so's 'n jakhals wat syn eië stêrt prys!" Di landdros kyk hom beknorrend an. „Ni sulke growwe srappe ni, myn vrind!" „Ek meen ni om hom te beledig ni," herneem De Villiers. „s'ó 's jy weet, het ek hom altyd trou bygestaan, waar hy, 'in myn opini, reg was, mar ek het hom nooit beskou as 'n man wat di deugde van 'n heilige en di tak van 'n voorbeeldige regeerder besit ni, gelyk hierdi getuigskrif wil laat verstaan. — Waarom het di Gouwerneur dit ni an 'n ander oorgelaat om so 'n ding an di gang te sit ni?" „Omdat gin private persoon daaran sou gedog het ni, en ook omdat, as 'n private persoon dit begin het, vele van di ontevrede burgers geweier sou hfi om dit te téken; terwyl hulle nou weet dat di Gouwerneur 'n oog op hulle hou — sien jy m ?. . . Buitendien, di voornaamste saak is ni, wi di stuk opgetrek het ni mar of dit getéken word en wi dit teken." '„Hoeveel," vraag De Villiers, „het dit reeds getéken?" ','n Goeie 200, en ek hoop om nog minstens 40 name te kry. „Het daar party geweier?" ,,'n Paar van di skuim, mar hulle sal dit nog berou. Al di voorste boere het vrywillig getéken." „Het Adam Tas?" . „ „Nee, mar di het 'n skroef los in syn boënste verdieping. „Wessel Pretorius?" „Wessel Pretorius aap vir Tas in alles na." Jacob van der Heiden? Henning Huising? Pieter van der Byl? By di noeming van ieder van di dri name het Starrenburg syn kop geskud. . m . Di boer gaan voort: „Is di naam van Fran?ois du Toit, of Nicholas van der Westhuizen, of Jacob Cloete, of Pierre Meyer, of Hercules du Pré, of Cornelis van Niekerk op di lys. verneem en, daar nimand van di huisgenote voor was ni, spring Jeanette op om di deur te gaan oopmaak. Haar bruine ogies fonkel van blydskap, toen sy di man, van wi sy 'n oomblik tevore gepraat het, voor haar sien staan. Malherbe sien haar vriendelik en gemeensaam an. „Mar kyk !" seg hy, terwyl hy syn hand naar hare uitsteek: „het ek jou dan ni tevore gesien ni?" „Op di basaar." „Natuurlik!" roep hy. „Hoe takel di ouderdom tog myn geheuë toe! — Jy was myn violet!" „Myn suster was dit," antwoord sy, geamuseerd; „ni ek ni! Mar kom in, meneer Malherbe!" „Is u mejuffrou Jeanette de Villiers?" Sy knik, glimlaggend. Malherbe loer di voorvertrek in of hy nimand sien, wat di gesprek mog afluister ni. „Waars hy? fluister hy. Voordat sy kon antwoord, kom haar pa op di toneel. „Pa," seg Jeanette, sonder di minste verleentheid te toon, „laat my vir pa voorstel an 'n kennis van my meneer Gideon Malherbe." Di kennismaking was heel hartelik, want ni alleen was di vader van Malherbe 'n goeie vrind van Pierre de Villiers vroeër gewees ni, mar by reputasi het hy di jonge wetsgeleerde al 'n paar jaar geken en vir hom 'n hoë respek gekoester. Hy had natuurlik ni di minste suspisi van di ware doel van di besoek gehad ni, en het onder di indruk gewees dat di jonge man mar 'n plesiersuitvluggi uit di Tafelvallei gemaak het en syn mooie dogters wou kom kyk Malherbe se pêrd werd, op bevel van di gastheer, naar di stal gebring; en di ruime vryslaapkamer werd an di geëerde gast afgestaan. Blyer nog as Jeanette, om di „Franse advokaat" te sien, was Louise, ofskoon sy dit minder getoon het. 'n Skerpe blos het haar wange bedek, toen hy met syn glimmende, donkere oë in hare kyk en haar hand druk. Haar gedagte was, dat Malherbe naar di plaas gekom het alleen om weer vir haar te sien. Min het sy toe geweet, dat, tot op di oomblik dat hij haar suster op di stoep ontmoet het, hy ni di minste idee gehad het ni, dat syn gewese „violet" daar woonagtig was. Malherbe werd deur di verskeië huisgenote van Donkerhoek só hartelik onthaal en besiggehou, dat 'n hele paar ure verstryk het, eerdat hy 'n kansi gekry het om weer apart met Jeanette 'n woortji te wissel. „Waar kan ek hom sien?" fluister hy toe. „Yanaand in syn buitekamer," antwoord sy, — „agter di huis." Toe kom Louise weer tussenby, en Malherbe, di goed daarin geslaag het om syn ongeduld weg te steek, had weer gedurig meer dan een tot geselskap, tot omtrent half-tien in di aand. Toe het hy di mense „Goennag" gesê en hom naar syn slaapkamer ver wy der. Mar 'n paar minute later het hy stilletjies deur di venster gespring en naar di buitekamer gesluip. „Jou barbaar!" seg hy an Johannes, toen hy di by di kêrslig in di ongeskeerde gesig kyk; „nou het ek uitgevind waarom jy jou op hierdi plaas ophou — d'is om di bekoorlike attraksi. Wat sal Frans sê, as hy hoor, dat syn violet jou private sekretaris ge word is?" Johannes was op di eerste oomblik so angedaan van blydskap, dat hy byna ni kon antwoord ni. „Man!" bring hy uit: „ek is tog so bly om jou te sien!" en hy kon di hand van syn maat byna ni laat los ni. Eerlank was di twee in 'n geestige gesprek, en met geboeide andag het hul naar di interessante verhale, wat di een vir di ander te vertel had, sit luister, totdat di vetkêrs uitgebrand was. „En wat sou jy my raai?" vraag Johannes, net toen di pit in di blikblaker syn laaste flikkers gee en di twee in duisternis gehuld werd. „Om vir eers hier te bly. — Di malle rol, wat Willem Adriaan speel, is 'n galg wat hy vir homselwe bou. En as hy eers eenmaal hier weg is, sal jy vir gin vervolging hoef te vrees ni, terwyl, as jy nou in syn hande val, bewaar jou!" „Watter rol speel hy dan nou?" „Wat! het jy dan ni gehoor ni? — 'n Week gelede het 'n klomp gewapende soldate, onder bevel van Starrenburg, di peer gesny was en dat dit vol met 'n fyne witte stof gestop was. Toen ek onse meid gaan ondervra, vertel sy, dat sy Rass by myn venster 'n uur tevore gesien het, mar sonder pere ! Ek was twee daë siek an di gif." Na nog hiervan en daarvan gesels te hè, het Johannes vir syn vrind gevra om an syn (Johannes syn) pa '11 brief te skry we en an di kranke vader mee te deel dat syn seun nog fris en veilg was. Daarna seg hul elkaar Goennag en Goendag. Di vollende morre, tot di diepe teleurstelling van Louise, neem Malherbe afskeid van di Donkerhoek huisgesin en slaan syn koers weer in Kaaptoe. HOOFDSTUK XXX. 'n Twede avontuur met Boesmans. Op las van di Gouwerneur en syn Raad (wat ook mar grotendeels bestaan het uit syn gewillige handlangers) werd Pieter van der Byl, Henning Huising en di twee ander op 'n skip geplaas en naar Amsterdam gestuur om voor di hoogste gesaghebbende aldaar, op aanklagte van sedisi en samenswering, te verskyn. Intussen het verskeie gevange burgers in di tronk in di Kaap sit kwyn. Van der Heiden was weke lank opgesluit in 'n liederlike sel, saam met 'n vuile Hotnot. Di meeste van hulle het toe mar, om hul vryheid terug te kry en hulle gesondheid te behou, om vergiffenis gevra dat hulle di memori getéken het. Daarop werd hulle uit di gevangenis ontslaan. Adam Tas en Jacob Louw, di gin ekskeus wou vra ni, was di enigste, wat agtergebly het. Johannes het, sonder te aarsel, besluit om di raad van Malherbe op te volg. Mar binne veertien daë daarna gebeur daar iets, wat syn enige bron van plesier op Donkerhoek vernietig het. Jeanette was só danig met hom geword, dat sy dikwuls, selfs soms wanneer Johannes in syn werk was, syn geselskap opgesoek het. „Piet," seg juffer De Villiers een middag an haar man, „dink jy ni, dat Jeanette al te eië met jou kneg word ni?" Juffer De Villiers was ni iemand wat dikwuls an haar man wenke gegee het ni, en sy het van Johannes gehou, mar daarom juis had haar opmerking soveel te meer effek. „Jy 't gelyk!" seg haar man na 'n korte stilte. Van daardi dag af was di Duitse lesse en Jeanette haar gesprekke met Johannes op 'n ent! Meer dan nee maande nadat Johannes uit de tronk gevlug het, en toen hy hom op di plaas al bitter het begin te verveel, vind daar 'n kermis op di dorp van Stellenbosch plaas, en al di huisgesinne, wat van hulle plase weg kon kom, het met waëns en karre naar di toneel van plesier en vrolikheid vertrek. Di kermis was 'n jaarlikse fees of piekni, mar by vorige geleenthede was dit di Compagnie, wat di verversings verskaf het en vir di pryse, wat uitgedeel was by di verskillende speeltjies, betaal het; di-slag het di pretmakers self vir drank en pryse moet sorre en opdok. Ook Pierre de Villiers het besluit, ofskoon eers op di laaste oomblik, om naar di kermis te gaan. „Emmert," seg hy, terwyl hy met leisels in di hand sit op di voorbanki van di kapwa, wat op di werf met ag esels ingespan staan en terwyl di lede van di famili hulle plekke in di wa inneem: „ons sal dri daë wegbly. Pas jy nou in myn afwesigheid mooi op vir di plaas. Wees viral op jou hoede vir di Boesmans, want ek hoor dat daar 'n klompi van daardi ledige skelms in di buurte rondswerf. Di skape wei op Du Toit se plaas: laat di mar daar bly." „Moet hy dan alleen agterbly?" vraag Jeanette an haar pa, net toen sy op di punt was om haar voet op di voortrappi van di wa te sit om op te klim. „Klim in, myn kind!" seg haar vader ongeduldig. „Ek mag tog vir hom gaan goendag sê," seg sy, „al het ek vir meer dan 'n half jaar ni met hom mag praat ni!" en sy stap naar Johannes toe, di net 'n paar tree van haar af was, reik hom haar hand toe en seg op 'n toon vol meegevoel en hard genoeg, dat almal in di wa dit kon hoor: „Dag, myn liewe ou boeti! As nimand anders om jou sal dink terwyl ons weg is ni, ek sal." Sy had onvirsigtig gehandel. Sy had liewers stil moet bly. Mar sy het haarselwe ni kan help ni. Di omstandigheid, dat haar pa, haar ma en haar suster dit benede hul waardigheid gereken het om hom di hand te gee, het haar onwillekeurig te ver in di ander rigting laat gaan. „Ba!" roep Louise, met 'n gesig vol afkeer, toen Jeanette naar di wa terugkeer en inklim. Ook was haar vader sigbaar vererg. Syn suspisi dat syn dogter verlief was op syn kneg was nou 'n vaste oortuiging geword. „Dag Emmert!" roep hy kortaf. „Dag Emmert!" roep ook syn vrou en di voertuig met di sware lading hol di werf af. As Johannes kon afgeluister hê alles wat daar toe in di wa gepraat was, sou hy heelwat gehoor hê, wat alles behalwe strelend vir hom en syn „sussi" sou gewees hê en hy sou ook verneem hê, dat dit di vaste plan van syn heer was om hom eerlank uit di diens te ontslaan. Mar Johannes het ook al met syn oë genoeg opgemerk om te weet hoe di wind waai. Hy stap naar di voorvertrek van di leë huis en gooi syn lyf in 'n gemakkelike leuningstoel neer. Onwillekeurig voer syn gedagte hom terug naar di Tafelvallei. Di laaste keer, dat hy in so 'n grote kamer gewees het, was al lank gelee: toe was hy gast van di Gouwerneur, en had hy Hester Linde an syn sy. Waar was di meisi nou? 't Was tussen sewe en ag maande, dat hy laas nuws omtrent haar gehoor het. Sedert di tyd het Jeanette gin vertrouelike woord met hom durf gesels ni, en nóg Malherbe, nóg Joosten het hom kom kyk of an hom geskrywe. En hy had tog so 'n onuitsprekelike verlange, om weer iets van di allerliefste engeltji te verneem. Wat sou hy tog wil gee om haar nog eenmaal te sien! Met 'n diepe sug staan hy op en gaan naar syn werk. Op di middag van di vollende dag, terwyl hy met syn ete an tafel besig was, hoor hy di stem van di veewagter by di met di ander, terwyl di arme gepaaide man, ofskoon liy so regop blyf staan as hy kon, so's 'n rietji begin te bewe, — en dit nogal niteenstaande dat hy al gemerk het, dat hy met 'n vermomde kerel te doen had. „Is jy di Frits Kohier," vraag di laaste, met 'n growwe, akelige stem, „wat met di laaste nuwe jaar só hoenerkop was, dat 'n skoorsteenveër jou in 'n kruiwa moes huistoe ry?" Kohier verkleur van bleek tot bloedrooi. Di vraag het vir hom getref as 'n verpletterende donderslag. Hy kon dit ni ontkennend antwoord ni. Mar nimand kon van di geheim weet ni, meen hy, dan alleen di skoorsteenveër, di 'n fooitji gekry het om syn mond te hou. Hy keer toe syn gesig naar Jeanette en fluister, onnoselweg: „Jou boeti is 'n skoorsteenveër." Jeanette kyk haar minnaar geskokt an: „Het hy di waarheid vertel?" vraag sy, ernstig. „Sulke grappies kan vir prinse oorkom," antwoord Kohier met 'n miserabele laggi. „Sies!" roep sy: „grappies van di aard is mar skandelik!" „En Fritsi," klink di nare stem weer, terwyl di einaar daarvan nog 'n slag vir syn radelose slagoffer an di wang vat: „hoe gaat dit nog met Ertji September? Nog so danig met haar?" „Hy beledig my!" roep Kohier, na 'n oomblikki geaarsel te hê wat hy sou antwoord. „Hy beledig my verskrikkelik! Ek wil met hom verder niks te doen hê ni! Niks! glad niks!" Hy draai hom toe om, om uit te stap, mar di ander gryp hom toe by di kraag van di nek en hou hom vas. „Wag, vrintji," seg hy, „jy gaan ni hier uit ni, eer jy di dame om ekskeus gevra het vir di affront wat jy haar angedoen het." „Watter affront?" roep Kohier, terwyl di sweetdruppels langs syn wange af rol. „Dat so 'n smeerlap as jy so 'n fatsoenlike meisi durf vra om jou vrou te wees." „Ek vra nimand om .ekskeus ni!" skree di arme kerel desperaat, met 'n huilstem en perbeer nou te vergeefs met al syn mag om los te ruk. Syn teenstander sit toe bedaard syn ander hand an Kohier se broek van agter, tel hom vierbeen in di lug op en wou hom net by di deur uitsmyt, toen hy (Kohier) met 'n hese, benoude stem uitroep: „Asseblief tog! asseblief tog! ek ml om ekskeus vra!" „Wat moet ek sê?" vraag hy, toen syn voete weer grond bereik en syn broekpype teen elkaar klap. Jeanette, di totaal verslaë was, blyf intussen als versteend staan. „Seg: ,Hooggeëerde noy", klink di gebod, „ek sal jou nooit weer met myn geselskap beledig ni!" Kohier brom dit agterna so vinnig as hy kon, sonder om op te kyk. „Nou toe!" seg di ander: „nou kan jy loop!" Daarop werd de ongelukkige man losgelaat. Woedend, en sonder om eens naar Jeanette om te sien, stap hy di waënhuis uit. Toe haal Malherbe di mombakkies van syn gesig af en nou, vir di eerste keer, ontdek Jeanette, di nog ni oor di spektakel kon kom ni, dat ook sy gekul was. „Hoe 't ek myn rol gespeel?" vraag hy, innig geamuseerd. Jeanette het ni geantwoord ni, mar omgedraai en met geboë hoof en natte oë huistoe gestap. En Kohier?—Kohier het syn goed uit syn kamer gaan haal, syn pêrd gaan opsaal en weggery van Donkerhoek sonder 'n enkele persoon te groet, — ni eens vir Jeanette ni. Mar as dit di akeligste dag was wat hy in syn lewe gehad liet, dit was een van di heerlikste wat Joosten gehad het, want, vóór daardi dag nog geënt het, het laasgenoemde al genoeg rede gehad om te glo dat hy di „violet," wat eenmaal so lelik van hom beroof was, nog sou terugkry as bruid. HOOFDSTUK XXXIII. JOHANNES ONTMOET VIR GERT. Nimand te Donkerhoek, buiten di dri betrokke persone en Joosten, het geweet wat daar in di waënhuis plaasgevind het ni. En di skielike verdwyning van Kohier was, sowél vir Gert as vir di ander, 'n duistere raaisel. Johannes, di, toen hy uit syn siekbed opgestaan het, van di teenwoordigheid van Gert op di plaas heimelik verneem het van Malherbe, liet goed gesorg, dat hy uit di gesig van syn wraaksugtige neef gebly het en het gemeen om hom voortdurig te vermy; mar syn lot het dit anders gewil. Daar hy nog ni heeltemal fris gevoel het ni, het hy vroeg daardi aand in syn kooi gekruip en dadelik daarna di kêrs doodgeblaas. Mar hy kon ni slaap ni. Om neen uur—di maan was toe al mooi hoog— hoor hy deur syn ope venster (wat weg van di huis, bergwaarts, gekyk het) 'n dowwe gesels. Hy klim saggies uit syn bed en gaan by di venster luister. Dadelik herken hy toe di stem van syn gevreesde neef. Mar met wi praat di? Hy luister nog 'n beetji en verneem duidelik di stem van 'n jonge dame, en 't was of di paar nader en nader kom. Mar hy kon gin een van bei sien ni, daar enige digte bome vir hom van liulle afskei. Johannes trek hom in 'n kits an, bind 'n rooie sak doek oor 'n gedeelte van syn gesig, glip stilletjies di venster op syn sokkies uit en stap soetjies tot kortby di twee, sonder dat hulle iets van syn teenwoordigheid gewaar. „Ons moet nou huistoe gaan!" seg di sagte vrouestem, wat 'n sekere mate van ongerustheid verraai. 'n Vinnige trilling loop deur di hele lyf van Johannes. Ken hy ni di stem ni ? Mar hoe op aarde... ? nee, onmoënlik! Hy moes dit hom mar verbeel hê ! Hy blyf muisstil en luister weer. „Nog ni!" was di sagte, mar tog enigsins gebiedende antwoord van Oert, di di dame by di arm neem, om haar verder te lei. „Jy 't my belowe," seg sy, sonder haar voet te versit, „dat jy ni verder dan vyftig stappe van di huis sou gaan ni, en ons is nou al verder." Nee, Johannes had ni misgehoor ni. Di silwere, soete stem, wat hy daar verneem het, was van haar, van Hester Linde! En deur di takke kon hy ook nou tamelik duidelik sien di pragtige vorm, di golwende hare, di snuwblanke gelaat van di meisi, naar wi hy al so inniglik verlang het. „Nog 'n kleine entji!" seg Gert,—„net tot by di buite hekki van di vrugteboord, dan draai ons om." „Ni 'n voet verder dan di ent van di boord ni!" stipuleer sy sugtend, terwyl sy syn hand van haar saggies afstoot en lusteloos voortstap. Johannes kon hulle ni bra agtervolg ni, daar hy gevaar sou loop van ontdek te word. Hy gaan toe terug en stap, koeskoes, om di boord, al in di skaduwi van di kweper-heining, en gaan skuins agter di ruwe „buite hekki" op syn hurke sit. Syn hart klop onstuimig. Pas had hy syn posisi ingeneem, of di twee was by di poortji. „Laat ons deur gaan en 'n entji verder wandel!" stel Gert voor. Di meisi kyk hom verontwaardigd au en wou net omdraai, toen hy haar saggies weer by di arm gryp. „Jy maak myn kuiertji op Donkerhoek bitter onaangenaam vir my!" seg sy, met patetise stem. „Ek vra u nou, meneer Rass, om myn arm te laat los." „Stem eers myn begeerte toe!" seg hy: „verloof jou an my. „Ek het jou ni lief ni!" antwoord sy, ongeduldig. „En ek het jou dit tog al so bai gesê !—Neem jou hand weg, meneer Rass. Hy steur hom ni in di minste an haar versoek ni, en vervolg: „Jy kan leer om my lief te hè." „Laat tog asseblief myn arm los!" „Nog ni !" antwoord hy... „Kyk hier, ek weet dat jy nog gedurig oor iemand treur—" „Wat jy wou vermoor hê!" voltooi sy syn sin. „Wat ek wou gered het," hervat hy, asof hy haar verwyt ni gehoor het ni. „Gered!" herhaal sy, veragtelik. „D'is ek wat syn lewe gered het toen syn jong hom in di hande van di Boesmans gelei het—ek!. . . Di jong self sal dit bevestig. „As ek jy was, meneer Rass," antwoord sy, „sou ek daardi geskiedenis verswyg en begrawe as ek kon." Nog altyd, asof hy ni naar haar luister ni, gaan hy voort: „Mar syn lewe is weer in gevaar, en ek kan dit weer red! Hy het hierdi woorde met soveel nadruk geuit, dat sy ni wis, wat om daaruit te maak ni. Vorsend kyk sy in syn misterieuse gesig en, na 'n oomblikki van stilte, vraag sy: „Leef Johannes van Wyk?" »As jy my trou," seg hy, langsaam en met klem, „sal ek sorre, dat hy ni gehang word ni!" „Seg my eerlik, meneer Rass," vraag sy weer, brandend nuwskierig: „leef hy?" „As hy ni leef ni, sou ek hom ni weer kan red ni. Hy's op 'n plaas in Stellenbosch, waar ek hom enige oomblik kan gaan pak as ek wil. — W at is jou antwoord? \Vil jy my trou en hom in vrede laat lewe, of wil jy my afstoot en hom an di galg sien?" Sy blyf 'n rukki stil, met haar grote oë nog altyd vorsend geves op syn onleesbare kykers. >,As jy nou di waarheid vertel het," antwoord sy toe, gemoedvol, „dan is jy wreed, vreselik wreed; en as jy gejok het, dan is jy oneerbaar en gemeen!— Mar laat my huistoe gaan! Ek smeek jou nou, laat my gaan." „Nog ni!" seg hy, met iets skrikwekkends in syn ferme stem. „Dan skree ek!" „Dit sou dan jou laaste skree wees!" antwoord hy, beslist, en haal 'n pistool uit syn bors te voorskyn. Daar hy met syn rug naar Johannes gekeer was, kon di ni di moortuig bemerk ni, mar laasgenoemde word hoe langer hoe ongeruster en skuif nader teen di half-ope poortji. „Hester Linde!" spreek Gert di meisi op vastbeslote toon toe, „ek het jou lief, hartstogtelik lief, soas ek jou al twintigkeer gese het, en ek het alles in di wereld vir jou oor, mar as jy Qi nou belowe, dat jy my sal neem ni, dan, net so waar as jy leef, sal jy ook gin ander neem ni!" Sy sien hom nou vol in di gesig an met 'n uitdrukking, ni van vrees meer ni, mar van onuitsprekelike veragting. „O! jou lafaard!" roep sy: „Had ek jou mar eerder so goed geken ! — Mar, jy 't my in jou mag, en met 'n wolf wil ek ni redeneer ni. Hier is myn hart: deurboor dit met di koël wat jy bedoel het vir di hart van hom, by wi jy net as modder by 'n diamant is. . . Aarsel jy?" „Ek amuseer my!" „Myn ellende is dus jou genot?!" „Jou sotheid is." „O martel my ni meer ui!" bid sy. „Vervul jou doel, as jy di moed het." „Nog ni!" seg hy met 'n satanse gesig. „Nog ni!" En meteens ruk hy haar met geweld nader, teen syn bors vas. Toe, vir di eerste keer, val Johannes se oog op di pistool. Sonder vir 'n oomblikki te aarsel, vlieg hy op, en, eer Gert sig nog kon verdedig, had hy di pistool beetgegryp—mar ni uit Gert se hand ni. Laasgenoemde het dit te styf vasgehou.'n Woeste stoeiery tussen di twee manne volg, di oorgehaalde trekker van di vuurwapen slaat neer en di skot gaan in di lug af. Intussen was Hester uit di hande van haar „geleide" bevry geword en het sy vinnig weggeloop. Johannes het gou moet besef, dat hy ni meer di kraghad, wat hy vóór syn siekte besit het ni, en in di heftige worsteling met syn sterkgeboude neef, was hy ongetwyfeld di swakste. Dit het vir Gert dan ook uiteindelik geluk om syn teenstander plat op di grond, half in di heining, te gooi, 'n knee op syn bors te plant en hom by di keel te gryp. Mar di afgeskote skot was deur meer as een in di huis te Donkerhoek gehoor, en Malherbe en Joosten het dadelik op di gerug uitgehol. Di eerste wat hulle buitekant ontmoet het, was di bleke Hester. „Wat 's daar gebeur?" roep Malherbe, di 'n sterke vrees had dat Gert vir Johannes ontmoet en doodgeskiet het. „Help!" antwoord sy, byna uitasem. „Meneer Rass veg daar met n vreemdeling." En, sonder om vir hulle iets meer te vertel, draai sy om en gelei di twee naar di strydtoneel. „Hier 's di moordenaar!" roep Gert, toen di dri daar by hom uitkom; en hy laat tegelyk syn slagoffer los, di glad uitgeput en goed beseerd was. „Wat betéken dit alles?" vraag Malherbe, „Wi 't di skot geskiet ?" Gert was met eens bereid met 'n verdigte, geloofbare verklaring — en Hester swyg. Intussen het Joosten vir Johannes by di kraag gegryp, mar pas had Malherbe Gert se andag begin te trek, of hy (Joosten) maak van di geleentheid gebruik om syn maat te laat vlug. Gert sig op haar mog wreek, het sy hom ni wil verklik ni. Wat later, egter, toen sy vir Joosten alleen ontmoet, seg sy nuwskierig: „Het u gin idee ni, meneer Joosten, wi di vreemdeling was? — Nee? — Ek sou graag syn hand wil druk en hom hartelik bedank vir syn kloeke gedrag." Op versoek van Johannes, het ook syn twee maters ni 'n woord, van wat hy vir hulle 'n beetji later in di aand meegedeel het, gerep ni. Min het Hester Linde gedroom, dat haar lewe gered was daardi aand deur hom, vir wi s'n redding sy dag na dag, sedert syn gevangenneming, gebid het; hom, van wi sy'n onuitwisbare, byna heilige beeld in haar hart gedra het; hom, vir wi sy — ofskoon sy dit nog nooit an iemand in di wereld vertel het ni — net so innig lief gehad het as vir haar dierbare, teerbeminde vader self. HOOFDSTUK XXXIV. 'n Heuglike Piekni. Terwille van di jonge kuiergaste op Donkerhoek, sou op di vollende dag 'n grote piekni plaasvind, vollens 'n besluit wat al twee of dri das tevore geneem was. 'n Stuk of twaalf jonge mense, woonagtig op di plase wat di naaste an Donkerhoek gelee was, sou ook an di pret deelneem, 't Was dan ook voornamelik an hierdi piekni te wyt, dat Malherbe en Joosten, di al di vorige dag sou vertrek hê van di plaas, so lank oorgebly het. Om sewenuur in di morre was di hele party by mekaar en byna almal gereed om te vertrek naar di plek — 'n half uur te voet van di woonhuis — waar di vermaak sou plaasvind. Joosten en Malherbe was net besig in de waënhuis om daar iets met Johannes af te spreek, toen Jeanette daar met 'n toegeplakte briefi ingewaai kom. „Mag ek myn boeti vir 'n slaggi alleen sien?" vraag sy. Malherbe en Joosten stap sonder versuim di waënhuis uit. „Pa is vereffe met di kapkar naar Stellenbosch," begin sy, „om vir meneer" — (sy 't haar byna verspreek) — „om vir 'n vrind van hom daar te gaan haal, en hy 't hierdi briefï agtergelaat vir ma om vir jou te gee." „Vreemd," merk Johannes op, terwyl hy di envelop oopskeur, „dat jou ma vir jou met 'n boodskap naar my stuur!" „Lees dit, boeti!" seg sy ongeduldig. „Ek is nuwskierig." Johannes lees: „Emmert! — Jy het jou gedurende jou verblyf op Donkerhoek tot gister toe op voorbeeldige wyse gedra, waarvoor ek jou moet prys en hartelik dank; mar, om 'n rede, waarnaar jy nóg vir my nóg vir Juffer de Villiers ooit hoef te vra, moet ek vir jou versoek om myn plaas te verlaat binne 24 ure. — Pierre de Villiers." Jeanette staan glad verslaë. Dat Johannes syn ontslag sou kry, het sy al 'n weeklank gevrees, mar dat hy so kortweg en met so min kennisgéwing afgedank sou word, had sy vir gin oomblik verwag ni. „En nou?" vraag sy. „En nou," antwoord hy, sonder syn gemoedstemming te verraai, „moet myn liewe sussi, as 'n laaste guns, vir haar ma gaan vra of Emmert mag meegaan naar di piekni." „Naar di piekni?" herhaal sy, verskrik. „Ja, naar di piekni!" seg hy, bedaard. „En jy moet gou maak, sussi, want sommige gaan al vort." Di goeie meisi perbeer toe ernstig om hom te laat afsien van so 'n gedagte, mar wat kon sy daartoe anvoer as rede? Gert sou ni meegaan ni, want di het persoonlik an haar gese dat hy sou gaan jag en was alreeds uit. Van Hester Linde mog sy ni rep ni, want 't was juis van haar dat sy vir Johannes wou weghou, vollens afspraak met Malherbe en Joosten dri daë tevore. Sy kon alleen sê, dat daar gevaar was, dat hy herken sou word.... Di ent was dan—om 'n lange stori kort te vertel—dat sy an syn versoek voldoen het, en dat hy di gevraagde verlof gekry het. Di laaste van de piekni-gangers het om twintig minute oor sewe di huis verlaat. Almal het gestap, meestal in pare. Hester Linde was een van di voorste, Johannes een van di laaste. Met laasgenoemde het Malherbe gestap, tot di ergernis van Louiae, di sowat 15 tree voor hom uit was en opgeskeep was met di geselskap van twee lawwe kerels, van wi sy niks gehou het ni. „Trek jou hoed nog 'n beetji voor-oor," raai Malherbe vir syn vrind, „en stoot jou ,tandpyndoek' 'n beetji hoër op, anders is jy só sleg vermom, dat jy net so goed met jou blote gesig mag loop!" Louise haar skoenbantji het skielik losgegaan ! (As jy vir iemand in di pad wil wag, liewe leseres, sonder om dit te laat blyk, laat mar jou skoenbantji losgaan;!). In 'n oomblik was Malherbe by haar met di anbod om di vieter vas te maak, mar dit was onnodig, want di ding was nooit los gewees ni, ofskoon, natuurlik, Louise dit ni erken het ni! Di jonge dame het haar doel bereik. En di twee lawwe kerels, wat di slag 'n beetji te lanksaam gewees het, vind sig uitgesny deur „di Franse advokaat" en het toe mar vooruit gestap naar ander meisies. Johannes stap toe 'n tytji alleen, mar had vir Jeanette en Joosten, di di opgeruimdheid self was, eerlank by hom. „Hoekom lyk jy ni om naas my te stap ni?" vraag Louise an Malherbe, sonder om naar hom te kyk. „Hoekom stap ek naas jou?" was syn wedervraag. „Dit is mar by geluk," seg sy. „Ek wou dat di geluk my meer wil gee dan dit!" Louise bemerk met innige genot di strekking van syn opmerking. „Ag kom," seg sy, blosend, „ek weet dat jy niks van my hou ni." „Ek hou ni van jou hoogmoed ni." ,,'n Opregte vrind sou so 'n foutji missiën." ,,'n Onopregte vrind sou." „Mar waarom noem jy my hoogmoedig ? — Ek wens dat ek 'n kans het om jou te wys hoe nederig ek is!" Jy 't nou 'n kans, 'n ekstra goeie kans! " antwoord Malherbe. „Gaan stap met Emmert en vraag hom om ekskeus, dat jy hom meer as eens beledig het." Sy swyg. „Onse kneg," was di antwoord. „Wat 'n fraaie, losse liggaamsbou het hy !" Inmiddels stap Johannes di helling op. Ni voor twaalf uur was hy terug ni. Hy had toe twee grote, pragtige bosse bsrgblomme in syn hande. „Gee hierdi bos vir Jeanette," seg hy an di seuntji wat hom te gemoet gekom het, „en hierdi ene vir di jonge dame met di witte klere." Daarop verwyder hy hom weer. Dit spreek van self dat Jeanette en Hester hartelik bly was om di mooie ruikers te kry. 'n Jonge dame, wat ook ni van blomme hou ni, is ni 'n opregte lid van haar geslag ni. „Seg vir hom," versoek Hester di seuntji, „dat ek di present hoog op prys stel." Toe keer sy tot Louise, di vlak voor haar sit: „Foei! het jy dan gin blomme gekry ni? — Ek sal jou van mijne gee. — Is hy kwaad met jou, Louise?" Di toegesproke meisi, di (hoe sy dit ook wou wegsteek) al lank laat blyk het dat daar iets was wat haar geweldig hinder, het ni opgekyk of geantwoord ni, mar saggies opgestaan en weggestap 'n ent ver,, naar 'n eensame plekki, waar sy uit di gesig van almal was, en daar het sy gebly. Toen Jeanette en Hester 'n half uur later kon loskom van 'n paar kerels, wat vir hulle besig gehou het, het hulle Louise gaan opsoek. Hul kry haar toe op di gras lè met oë rooi van di huil. Mar wat haar geskeel het, mog nóg haar vrindin nóg haar suster weet. Sy het haar oë afgevee, en na 'n rukki het di dri teruggegaan naar di res van di party. Teen dri uur, toen di geselskap in 'n bedaarde stemming was en di meeste van hulle lui uitgestrek lê op di droë gras, staan Hester op, stap naar 'n tamelik grote, ronde rotsklip, sowat vyftien of twintig tree hoër op in di kloof, om di skone uitsig van daar 'n beetji te gaan geniet. Byna op diselfde tyd kom 'n broertji van Louise naar Johannes toe, di 'n korte entji an di linkerkant van di rots gesit het, en' gee an hom 'n dikke brief. Di eerste woorde, wat vir Johannes op di envelop tref, was (in potlood): „Moet dit m nou lees ni!" Di adres was in ink en di handskrif was di van Louise. Hy steek di brief toe in syn sak. Hester, di vir di eerste keer daardi dag alleen was, het op di klip gaan sit en saggies by haarselwe di treurige welbekende lietji, „Vergeet my ni," begin te sing. Johannes, vir wi sy ni, van waar sy gesit het, kon gesien het ni, val saggies in met syn tenoorstem. Sonder om eens te soek naar di medesinger, raak sy almeer verdiep in di duet, wat soveel soet-sure herinnerings naar haar aedaate teruL'L'e- T_ * 1 1 ® oÖ bnng het, en, met haar soetluidende, allerliefste stem, sing sy onwillekeurig hoe langer hoe harder. Johannes, di ook 'n heldere, pragtige stem had, volg hare. Binnekort het al di gesprek, wat daar onder di res van di geselskap gewees het, van self skoon opgehou, en iedereen luister met bewondering en hartsgenot naar di strelende, heerlike musiek. Toen di lied uit was, roep al di toehoorders, asof met één stem: „Encore!" Toe staan hulle ook almal op en skuiwe nader naar di rots. j)Wi is di kerel wat so gesing het?" vraag Louise, verwonderd. „Emmert! antwoord 'n jonge Du Toit, terwyl hy naar Johannes agter di struike wys. „Ken u dan ni di stem van uw eië kneg ni?" „Emmert!?" fluister sy, verstomd. Intussen stap di geslepe Joosten naar Johannes, en bind di „tandpyndoek," wat Johannes alreeds losgemaak het, oor laasgenoemde se oë en gedeelte van syn gesig. Di mond en skoongeskeerde kin van Johannes was toe heeltemal bloot. Toe het Joosten vir syn verblinde vrind naar di rots gelei, en naas Hester, di onderwyl opgestaan het mar ni van plaas verander het ni, laat staan. Jeanette, wat kort onderkant di klip gestaan het, byt op 'n vinger en beef in angstige spanning. „Dames en here!" spreek di jolige Joosten daarop di geselskap toe, „ek is verplig om Emmert se oë te verblind, anders sal S)11 mond te veel water, as hy al di anlokkende gesiggies hieronder anskou." „U liet gin obsjekai om weer te sing ni?" vraag hy toe beleefd an di jonge dame. Sy skud haar kop effentjies, toestemmend. „Sing! Sing!" roep verskeie stemme tegelyk. „Sal ons begin?" vraag „Emmert," terwyl Joosten van di klip afspring. Sy knik. Toe begin hulle weer. Al di ander was stil as di graf. Heerlik weer was di harmoni. Trillend weer het iedere noot in di rotsagtige kloof weerklink. En met soveel effek werd iedere woord uitgebring, dat dit ingedring het tot in di diepste hoeki van elke hart, en di fynste snare daar laat ril het. Was dit dan 'n wonder dat selfs Louise haar oë vogtig geword het? Mar di lied werd ni weer voleindig ni. Toen hul di twede lyntji van di laaste versi bereik, „Ons sal elkander bly getrou," toe hou di meisi skielik op en di trane rol oor haar wange af. Sy kon ni verder ni. Haar gemoed het haar oormeester. „Vergewe my!" stamel sy, sidderend, an di jongeling naas haar, „mar jou stem herinner my al te bai an een—" „Wat jou getrou gebly het," volledig hy haar sin, met syn gewone stem, en hy ruk di doek van syn gesig af. Haar oë val op syn gelaat.—Sy skrik. Sy deins vir 'n sekond terug. „Johannes!" stotter sy, en, in weerwil van di bewustheid dat alle oë op haar geves was, gooi sy haar hande om syn nek en val wénend van vreugde met haar kop op syn bors. „Hester!" was al, wat di jonge man in syn verrukking kon uitbring. En, terwyl hy haar met syn linkerhand teen syn hart druk, stoot hy met di ander di haartjies, wat haar blanke voorhoof bedek het, opsy om hierop di sagte soentji te druk, wat hul hele aardse toekoms sou verseël. „Pragtig! Pragtig!" roep di opgetoë Joosten, di nou weer op di klip terug was.—„Vrinde! laat my an julle voorstel iemand, wat julle almal al van gehoor het mar ni almal ken ni—Johannes van Wyk!" dri liet, 11a 'n reis van baiing maande, in di hoofstad van Holland angeland en behoorlik voor de gesaghebbende gekom. 'n Degelike ondersoek werd naar de beskuldiging teen hulle en naar hulle kontra-klagte teen di Gouwerneur ingestel, en di gevolg was—dat Haman an syn eie galg gehang werd! Di Raad van Sewentien het namelik besluit om di Gouwerneur, di Secunde (Samuel Elsevier), di dominee (Petrus Kalden) en di landdros van Stellenbosch (Johannes Starrenburg) almal naar Nederland te terug te roep! Toen hierdi onverwagte besluit in di Kaap, na verloop van 'n lange tyd, ontvang werd, werd onmiddelik al de burgers, wat daar toe nog in de tronk was, losgelaat,—- ook Adam Tas. Dit was toe, dat laasgenoemde syn plaas geheet het „Libertas"— 'n naam wat di plek vandag nog behou. Di berig het in di Kaap angekom net 'n paar daë voor Malherbe en Joosten op Donkerhoek verskyn het. Van der Stel het ni dadelik afgetree ni, mar syn mag was virgoed gekrenk en Johannes had nou gin kriminele vervolging meer te vrees ni. Mar Gert? —Ja Gert was ongetwyfeld nog 'n bron van ernstige gevaar, mar hy had an Joosten geseg dat hy Donkerhoek teen di middag sou verlaat, en behoort dus nou al 'n grote ent op weg naar di Kaap gewees hê. Johannes sou gedurig uit syn spoor bly en met di eerste di beste geleentheid naar Indi vertrek, om syn vader te gaan sien. Dit was di plan! Laat ons naar di piekni-span terugkeer. Omtrent 'n uur na Johannes di vermomming af gegooi het, nader daar dri manne te pêrd van di kant van di Donkerhoek-woning. „D'is pa, di eerste ene," merk Jeanette op. „A !" seg Hester, met 'n blye glimlag, terwyl sy opstaan, „dan is een van hulle myn pa! — Ja daar is hy—- di twede ene! Sien jy ?" Di twee meisies had gelyk. Di eerste ruiter was Pierre de Yilliers, en di twede Ds. Linde; mar wi was di derde? Gin een uit di geselskap kon hom herken ni. So 'n vyftig tree links van waar di jongspan gesit het, het di vaders van Jeanette en Hester, 'n kleine entji van elkaar, hervat hy, op 'n patétise toon, wat mar al te duidelik verklaar het, dat daar iets swaar op syn hart gedruk het, en hy stap op sy om syn twee metgeselle en Hester, di aldri nou nader kom, te ontmoet. Johannes had 'n eintji agtergebly: hy had gin lus om di heer van Donkerhoek te ontmoet ni. Dog Jeanette het nou by di ou-mense bygekom, mar eer sy iets an haar pa van di interessante nuws van di dag kon vertel, het Hester haar gekeer en iets in haar oor gefluister. „Vrinde," seg Ds. Linde an di ander twee mans: „wens myn dogter geluk! Sy is vandag verloof geraak an een van di mooiste, knapste, kloekste, edelste jongelinge in Suid Afrika!" „Malherbe?" gis De Villiers, sonder 'n uitdrukking van teleurstelling op syn gesig te kan vermy: hy had di geheime hoop gekoester, dat hyself di eer sou hê van di skoonvader te word van di bekende „Franse advokaat." „Nee," antwoord di predikant, „ni hy ni, mar iemand ruim so fluks, — jou gewese kneg!" „Wat? Emmert?" roep di einaar van Donkerhoek, asof hy deur 'n donderslag getref was. „Niemand minder ni!" antwoord di leeraar, met iets prettig op syn gulle gelaat. „Wens u my ni geluk ni?" De Villiers wis ni wat om te antwoord ni. „En u?" vraag di predikant an syn ander vrind. „Ja, d'is miskien myn plig om dit te doen," kom di gedwonge antwoord lanksaam en met 'n sug uit, „ofskoon ek gladni weet wi of wat hy is ni... Mar, om di waarheid te sê, myn goeie vrind," gaan hy voort, met 'n effe glimlag, terwyl hy syn regterhand op di skouer van Hester sit, di an syn sy staan: „di nuws is vir my ni te danig angenaam ni. Ek het altyd gevoel, wanneer ek hierdi liewe juweeltji gesien het, dat ek nimand liewer as skoondogter sou wil he ni, en ek het — miskien onredelik — my daarmee meer as ooit di laaste dag of wat gevlei — Mar wat sal ek nog daaroor praat? — 'n Mens wik en God beskik!... Hestertji!" vervolg hy, met 'n tedere kyk, „veeg af daardi traantjies, myn hartji; ek misgun vir jou nimand wat vir jou wérd is ni!" Toe kyk hy weer, asof ongeduldig, di kloof op. „Waar blyf dl Malherbe tog?" „Emmert!" roep di predikant. „Kom hier myn seun!" Di jongeling, di nog altyd 'n entji opsy gebly het, tree toe nader. ,,'n Beeld van 'n jonge man!" laat di vreemdeling fluisterend uit, toen syn oog op Johannes val, di vyf of ses tree van hom en di leeraar af stilstaan. „Wat 'n edele gesig!" 'n Ieder se oë was nou op Johannes gerig. Mar laasgegenoemde het net naar één gekyk, en dit was di onbekende. So stip, so vreemd, so vorsend staar di twee elkaar stilswygend an, dat dit was of di een di ander mesmeriseer. „Bewonder jy hom ?" vraag, met sagte stem, di dominee, op wi se gemoed di gestremde situasi 'n merkbare effek begin te kry. „Hy betower my!" antwoord syn vrind, geroerd, „ek voel asof hy myn hart en siel naar hom toe trek." „Gin wonder ni!" antwoord di dominee, met angedane stem. „Hy is .... jou .... seun!" „Myn seun!... Johannes?" roep regter Maurits van Wyk in verrukking uit en, terwyl di blydskapstrane naar syn oë skiet, omhels hy syn tegemoetkomende seun, di, van gemoedsandoening, an di snik gaan so 's 'n kleine kind. Dit was neëntien jare van hulle elkaar laas gesien het. Toe was Johannes nog 'n kruipende kleintji van 'n jaar oud. So hartdroerend was di gesig, dat ook di twee meisies ni hul gemoed kon bedwing ni. „Onse Heer in di Hemel," seg di gelukkige vader, toen hy weer in staat was om te praat en terwyl di vreugde uit syn natte oë straal, „het myn brandende hartsverlange geskenk!" HOOFDSTUK XXXYI. Dl EINDE. Toen di geselskap tamelik laat in di agtermiddag by di Donkerhoek-woonhuis terugkom, toe sit Gert, di verwag was om by di tyd 'n goeie 20 myl van di Kaap gewees te hè, ewe plegtig 'n boek te leea op 'n bank op di stoep; en juffer de Villiers vertel kort daarna vir Johannes (met wi sy nou danig opgenome was), dat syn neef nooit daardi dag gaan jag het ni mar dat hy, net na di vertrek van di geselskap, naar di huis teruggekeer het; dat sy hom in di vrugteboord agter di werfmuur sien loop het, asof hy daar 'n spoor volg; dat hy ook meer as eenmaal in di buitekamer gesien was, en dat hy haar later 'n hele boel vraë gevra het omtrent „Emmert." Terwyl di meeste van di geselskap nou in di huis vrolik gesels, het Andries du Toit by Gert op di stoep uitgekom en hom dadelik, ewe onskuldig, di dinge wat daar op di piekni plaasgevind het, begin te vertel. Gert het doodbedaard naar alles sit te luister sonder lip of oog of enig ander liggaamslid te beweeg, mar toen di stori klaar was, toe leg hy saggies syn boek op di vensterbank agter hom neer, staan op en stap di treetjies af. Intussen was Johannes naar di stal gegaan saam met Malherbe, om di pêre wat voer te gee. Malherbe en Joosten, en moênlik ook Johannes, sou Donkerhoek nog daardi aand verlaat. „Ou broer!" seg Johannes in di loop van 'n gesprek, „hoe's dit dan dat jy en Louise vandag so skuw vir elkaar was ? Ek het dan al gedog, dat julle 'n ogi op elkaar had!" „Toe mar," antwoord di ander, op 'n toon wat verklaar het dat Johannes an 'n fyne snaar geroer het, „ek sal ni sê of jy reg of verkeerd gedog het ni." „Wag, wag!" vervolg Johannes gou, sonder naar di enigsins onbeleefde antword van syn vrind geluister te hê, terwyl hy syn hand in syn sak steek om daar iets uit te haal: „nou kry ek mos gedagte ! —sy 't my 'n brief vandag gestuur!—Begryp jou, 'n brief vir „Emmert" van Louise de Villiers! Mar ek weet al wat daarin staan—-'n verwyt of 'n beknorring of 'n sedeles—almal dinge waarmee sy myn soete sussi aldeur getrakteer het. Arme onskuldige Jeanette!" Johannes neem net di brief tussen di voorvingers van syn twee hande om dit op te skeur, toen syn vrind hom keer: „Moeni kwaad vir kwaad vergeld ni, ou broer!" „Nou, hier!" seg Johannes, „lees jy dit dan mar!" Johannes skud syn kop in verwondering. „Nou eers verstaan ek," seg hy, „waarom — Di gesprek werd skielik afgebreek deur di verskyning by di deur van meneer De Villiers se jongste seuntji, di vir Johannes kom sê, dat meneer Rass hom vir 'n oomblikki in di buitekamer wou sien. Johannes, di al tamelik ongerus gevoel het na wat hy verneem het van juffer de Villiers, het op di plek besef, dat daar iets gevaarliks agter di onverwagte versoek skuil. Hy kyk Malherbe veelbetekenend en vragend an. „Hoe eerder jy hom ontmoet, hoe beter miskien," merk di laaste op, — „Kom, ek gaan mee!" Sonder te versuim, stap di twee naar di buitekamer, terwyl di kleintji naar di huis hol. „Wel, Gert!" begin Johannes, toen hy, met Malherbe, syn gewese slaapkamer binnestap en syn neef naas di kistafeltji sien staan. „Wou jy my sien?" „Sou ek dan ni bly wees om myn neef terug te sien ni!" was di gerede, te danig vrindelike antwoord. „Na met soveel kommervolle liefde vir hom oorals gesoek te hê!" las Malherbe spottend by. Rass kyk di laaste spreker veragtelik an. „Voertsik!" roep hy. „Ongenooide gaste hoort ni hier ni en moet hul snaters hou!" Daarop keer hy weer naar syn neef: „Neemmyn hand Johannes! Van nou af is ons weer vrinde!" „Vrinde? Nee, broers!" roep Johannes, opgetoë van blydskap. So 'n gulle ontvangs had hy nooit verwag ni. Hartelik druk hy dan ook di hand van di man met wi hy saam opgegroei het. „Goed!" stem Gert toe, „broers sal ons wees!— elkaar voortaan liefhê en elkaar voortaan verdedig! Laat ons di verlede vergeet en mekaar se gesondheid drink!" Tegelyk met syn woorde, trek Gert een van di twee volgeskenkte, kleine kelkies pontakwyn, wat daar op di tafeltji naas 'n wynfles gestaan het, nader, en plaas dit vlakvoor Johannes. Di agterdogtige Malherbe wou an syn maat wenk om di wyn te laat staan, mar kon syn oog ni vang ni. Toe kom hy JOHANNES VAN WYK. JOHANNES VAN WYK. 'N H1STORISE ROMAN IN AFRIKAANS DEUR J. H. H. DE WAAL. AMSTERDAM-KAAPSTAD. Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers-Maatschappij, v/h. JACQUES DUSSEAU & Co. 1 9 0 6. Druk van J. H. DE BUSSY, Amsterdam. VOORWOORD. Yan ek rnyn verstand gekry het, was daar altyd n bisonder sagte plekki in myn hart vir myn moedertaal, di suiwere onvervalste Afrikaans van myn pa en ma — di spreektaal van myn volk. Ek kon nooit begryp ni, en ek begryp vandag nog m, hoe verstandige mense kan beweer, dat Kaaps-Hollans ni degelik genog is vir skryftaal 'ni en jy ni daarin ordentelik jou beste gedagtes kan uitdruk ni. So 'n idee omtrent onse taal beskou ek as 'n blyk van oppervlakkige oordeel of van blote onkunde, of van albei. Dit is 'n idee, wat seker deur nimand wat di minste studi van di spraak gemaak het, gekoester word ni. Inteëndeel, almal wat bekwaam is om te oordeel sal verklaar dat Afrikaans net so verdienstelik en net so kragtig is ofskoon in sommige vakke ni net so ryk in woorde ni as di beste taal in di wereld. Ek het dan ook altyd, naar myn nederige vermoë, hard gepleit, dat Afrikaans tot skryftaal verhef moet word. Nou het ek ook di daad by di woord gevoeg, en 'n eenvoudige historise roman vir onse jongeliede geskrywe. Van harte wil ek hoop, dat hierdi kleine werki 'n beetji sal bydra om meer belangstelling in onse dierbare nasionale taal - di enigste wat ons Afrikaners nog ons eië mag noem — op te wek en help om haar 'n stootji vooruit te gee. Myn manier van spel wil ek an nimand opdring ni. Daar di spelling nog ni vasgestel is ni, kan 'n ieder spel so s liy wil. Wat vir my di meeste las gegee het, was di woortji. ,,di . Ek het dit in alle gevalle di geskrywe, behalwe wanneer dit di besittelike voornaamdwoord is, dan het ek ooral, waar daar anders .verwarring met di lidwoord mag wees, di klemteken op di klinker gesit (di). f j. H. H. de Waal. 30 Maart, 1906. HOOFDSTUK I. Daarin Johannes Van Wyk en syn huisgenote an di leser voorgestel word. „Dit is jy, wat di rose gesteel het," roep uit, half uit asem, di gele tuinjong van Jan Wessels, di destyds — dit was in di begin van di jaar 1706 — een van di mooiste blomtuine in di Tafel vallei gehad het. „Ja jy!..." Hierdi woorde was gerig an Gert Rass, di net by 'n sydeur van di huis van meneer Willem van Wyk op di straat uitkom. „Wat? Hoe sê jy?" vra Gert met angematigde verontwaardiging. „Jou ellendige kaaskop, hoe durf jy my so beledig?" „Mar meneer," antwoord di Malaier, totaal verbluf, „was dit dan ni vir meneer, wat ek vereffe hier sien inloop het ni ? Was dit ni meneer, wat di bos blomme gepluk het ni?" „Is jy beduiweld, kerel? Wat wil ek met blomme maak?.... Mar, wag, Oesman, myn neef hou van rose. Miskien...." „Nee, meneer, dit was ni baas Hannes ni!" antwoord di Malaier, di nog mar sterke suspisi op Gert Rass had. „Kyk hier!" seg laasgenoemde ferm, „jy moet nou mar dadelik maak dat jy wegkom, anders skop ek jou di straat af!" Brom-brom stap Oesman toe huistoe. Gert was 'n sterkgeboude, tamelik mooie jonkkerel van twee-en-twintig. Hy was di stiefseun van di hooggeagte Willem van Wyk, di uitgekom het van Holland naar di Kaap, om syn fortuin in di toen nog minbesogte suidhoek van Afrika te soek. En hy het daarin ook goed geslaag. Deur handel te dry we met di skepe (op weg naar Indi) wat in Tafelbaai varse kos kom haal het, het hy gou 'n welgestelde man ge- word en het een van di grootste huise in di Kaap bewoon. Ook was daar min vrugte- en groentetuine, wat syne oortref het. Daar hy 'n welopgevoede man was en daarby iemand van gesonde verstand en rype ondervinding, was hy van Willem Adriaan van der Stel, di desmalige Gouwerneur an di Kaap, 'n raadgewer en vrind geword, en het ook van hom ettelike gunste geniet. Hy was 'n gesette man van sowat sestig, was eerlik in syn wandel, nougeset in syn werk, en bemind m di omgang. Juffer Van Wyk, an di ander kant, was 'n skrale, wysneusige, isigrimmige vroutji, wat, van haarselwe, heeltemal benede di stand van haar man was. Sy het egter tamelik mooie, reëlmatige gelaatstrekke gehad, was twaalf jaar jonger as haar man, en kon haar bisonder minnelik voordoen, as sy daartoe di lus had, ofskoon so 'n lus in di laatste tyd mar selde by haar opgekom het. Mar om nou naar di blomme terug te kom! Oesman het n bos rose gehol het, icax Gert Rass; hy het di blomme daar gepluk om 'n belofte te vervul, wat hy an Klaartji Keyns, di dikke, prettige dogter van di tronkbewaarder, gemaak het — di meisi, op wi hy toe, in di geheim, 'n ogi had. Mar wat nou gemaak? As hy di blomme gaan wegbring naar di noy, dan mag Jan Wessels of Oesman hom daarmee op pad vang. As hy dit ni wegbring ni, mag Klaartji teleurgesteld wees Hy gooi homselwe agteroor in syn bed — hy was nou in syn buitekamer - om 'n plan uit te dink, mar juis op daardi oomblik kom syn neef, Johannes van Wyk, wat di kamer met hom gedeel het, ingestap. „Aits!" seg Johannes, toen syn oë op di pragtige bos rose val' wat daar op di tafel in 'n glas staan: „d'is seker weer vir Klaartji, neh?" „Ek het ni di minste idee van waar dit kom m. antwoord Gert met so 'n onskuldige uitdrukking as hy sig molik kon anstel. „En nog minder weet ek, vir wi dit bestem ia. dog, dat dit joue was?" „Myne?' antwoord Johannes met 'n glimlag. „Jy weet beter dan dit, ou broer Nee wat! Dit sal mar seker an diselfde man behoort, wat ook eergister vir Klaartji Keyns blomme gebring het! Jy dink ek het jou ni gesien ni, neh?" „Mar kom, Johannes," hervat Gert, sonder te laat merk hoe raak syn maat geraai het; „wat maak ons twee tog met hierdi ruiker! Bring jy dit naar Klaartji Keyns en sê vir haar, dat jy dit in myn kamer gekry het." „En dat dit van jou kom?" „Nee, — net mar, dat jy 't in myn kamer gekry het". „Waarom gaan jy ni self ni?" „Omdat di blomme ni myne is ni. Weier jy om vir my 'n plesier te doen?" „Ek haat om vir so 'n doeligebruik te word." „Toe, ou broer!" dwing Gert. „Loop tog met eens!" Huiwerig neem Johannes di ruiker op, en stap di deur daarmee uit. Hy was di jongste van di twee. Hy had tot nog toe syn neef in alles behaag — of perbeer te behaag — om in syn guns te bly. Ook nou, hoe lusteloos hy ook in hierdi geval was, sou hy dit doen. Gert kon syn lag ni hou ni, toen Johannes daar met di blomme verdwyn. Dit was syn oortuiging, dat Johannes deur di jong van Jan Wessels gesien en betrap sou word, en niks sou hom meer angestaan het ni. Want geheimelik had hy, ofskoon hy dit nog ni laat merk het ni, syn neef in di laaste tyd begin te haat. Johannes was ni lank uit ni, of was weer terug, sonder enigeen op di pad teegekom te hê. Hy het di blomme an Klaartji besorg en het dadelik teruggekeer. Dit was ook di eerste keer, dat Klaartji met Johannes in anraking gekom het. Blosend het sy van hom di blomme ontvang, — blosend, want, daar hy vergeet het om te sê, dat hy di ruiker in di kamer van Gert gekry het, was sy onder di indruk, dat Johannes mar di voorbeeld van syn kamergenoot volg, om met blomme haar toegeneënheid te wil win. Mar di leser sal miskien vra: wi is dl Johannes dan? Laat ons, voor ons verder gaan, nader met hom kennis maak. Johannes was di seun van Maurits van Wyk, 'n deftige, alom kyk, „dit lyk daarim te gevaarlik hier! Laat ons 'n entji verder ry!" „Ek is warm en dors, kleinbaas! en myn pêrd ook. Waarvoor is kleinbaas dan so bang?" Ja, dog Johannes, waarom voel hy so ongerus? En minste van al moes hy dit an di jong laat merk. Hy kyk nog 'n slag naar alle kante, gly toe soetjies van syn saai af en lei syn pêrd naar di sloot. Mar, — hoe vreemd kyk hy op, toen hy merk dat Abram met pêrd en al verdwyn was ! „Wat 'n lafaard is ek," dog hy toe weer by liomselwe „om so angstig te voel! Abram sal wel 'n beetji hoer op in di sloot wees! — Abram, is jy daar?" Gin antwoord ni. „Abram!" roep hy harder. Nog gin antwoord ni. „Ek vertrou myn Boesmangids ni," seg syn gemoed hom toe en hy wou net op syn pêrd spring, mar „zieng! zieng!" gons daar twee of dri pyle syn kop virby en hy merk byna tegelyk, dat daar vier of vyf kale Boesmans op hom angehol kom. In 'n kits was syn geweer teen syn skouer, hy los '11 skot, en di voorste anvaller, di toe omtrent 25 tree van hom af was, stort neer op di grond. Di ander deins toe vir 'n oomblik terug, en Johannes wou di geleentheid waarneem om op syn pêrd te spring, mar, helaas, di brawe dier had 'n pyl in di kop gekry en sink in een. „Abram!" roep Johannes nog 'n maal, mar in plaas van Abram, maak sowat vyftien Boesmans hul verskyning omtrent 40 tree van di jongeling af. Gee hy hom an di barbare oor, sou dit vir hom gewisse dood betéken, en daarom besluit hy om syn lewe so duur as moënlik te verkoop. Hy spring in di sloot af, hol toe naar 'n skeur in di wal an di anderkant en, met syn rug teen di wal, begin hy syn geweer te laai, mar hy het nog ni di koël daarin gestop ni, of 'n Boesman verskyn op di wal vlak teenoor hom. Johannes lig meteens syn geweer teen syn skouer, alsof hy op syn vyand anleg, waarop laasgenoemde skielik wegspring en syn maters waarskuw teen di gevaar van di witman van vóór an te val. Intussen had Johannes tyd om syn geweer te herlaai, mar hy wis toe ni, dat ses of sewe Boesmans di sloot laër af oorkruis het ni, met di intensi om hom in di rug an te val. En hy sou ook stellig onverwags in di nek gesteek gewees hê, was dit ni dat, toen enige van syn anvallers net nog 'n paar tree van hom af was, daar 'n luid geroep deur iemand angehef werd, wat di opgewonde Boesmans dadelik doodstil het laat staan. Di stem was di van Abram, wat, toen hy bemerk hoe syn goeie, getroue kleinbaas op di punt staan van vermoor te word, op di laaste oomblik spyt gekry het van syn verraad en nou di kleine gele bende waarskuw om ni nader te gaan ni. „Ek sal hom an julle oorlewer," verseker hy hulle in hul eië taal, toen hy by hulle kom, „mar dan maak julle hom ni dood ni?" „Wat!" val di leier van di skelms in, verontwaardigd; „maak hom ni dood ni, nadat hy myn broer so in di heup geskiet het?" „Nog ni!" hervat Abram. „Ek het 'n plan, wat vir julle beter sal uitwerk." „Abram weet bes!" klink toe di stemme van meer dan een van di Boesmans, wat rondom Abram vergader het en wat, om di een of ander rede, alle vertroue in hom skyn te koester. „Nee! hy moet doodgemaak word dadelik!" hou di lioofman an. „Sal jy di eerste wees om hom te gryp?" vraag Abram. Iedereen wis, dat Johannes wel kon oorrompel word, mar hulle wis ook wat 'n gelaaide geweer kon doen, en di anvoerder moes ook toe mar ingee. Abram, di tot nog toe met syn pêrd an di hand gestaan het, gee di dier oor an di sorg van 'n vrind — hy had meer as één vrind onder di klomp — en tree toe nader naar syn ongelukkige kleinbaas, wat nog altyd doodstil in di klipskeur staan en toe nog niks van di raad, wat daar geliou was, wis ni. „Baas Hannes!" roep Abram, nader gaande en voordat Johannes hom kon bemerk. „Abram!" antwoord di jongeling met 'n half gesmoorde stem, en syn hart klop met vernuwde hoop; mar hy blyf nog bewegeloos. „Waar 's di Boesmans?" Abram verskyn toe op di wal net bo'kant syn kleinbaas. „Baas Hannes!" seg liy, „di Boesmans is bier naby en sal seker vir baas Hannes vermoor, as baas Hannes ni oorgee ni." „Oorgee? Wat praat jy!... Waar 's jou pêrd ?" „Afgevat, kleinbaas!" Johannes kyk di jong stip in di oë an en vraag: „Is jy myn vrind, Abram, of myn vyand?" „Foei, kleinbaas, ek kon maklik weggevlug hê, mar ek bet myn lewe gewaag om di van kleinbaas te perbeer om te red." Abram het di woorde op so 'n plegtige toon uitgebring, dat Johannes ni kon help om hom te glo ni. „Is daar tog gin ander raad ni, Abram?" „As kleinbaas oorgee, dan weet ek van raad, anders ni! Hulle kan kleinbaas maklik van hierdi kant af kom doodsteek. — O tyd! daar kom hul ook al an! Gee oor, kleinbaas, gee oor!" Johannes besef nou vir di eerste maal hoe geheel onverdedigbaar syn stelling was, en sonder verder te aarsel, klim hy di wal op en gee homselwe oor an di genade van di barbare, wat hom ongetwyfeld sou vermoor hê, as dit ni vir di tydelike tussenkoms van Abram was ni. Hulle omring hom, beskou hom met nuwskierigheid asof hy 'n wese van 'n ander wereld was, en was blykbaar regte trots op hulle vangs. Di anvoerder gee toe bevel, dat hulle Johannes met 'n riem sou vasmaak, en binne 'n paar minute was syn hande en voete vasgebind en hy tussen enige bossies op 'n bult in di nabyheid gesleep. Abram het intussen met di leier van di vagebonde (vele van wi mar half nugter was) uit di gesig van syn kleinbaas verdwyn; en, na 'n lange gesprek, werd di brutale besluit geneem om di gevangene te hou tot sonsopgang di vollende more, wanneer di Gouwerneur al di Boesmans, wat in di Kaapse tronk was, op 'n sekere plaas, 'n ent ver van di fort, moes loslaat en tegelykertyd 'n grote witte vlag op 'n bepaalde plek moes opsteek as 'n téken, dat di Boesmanvolk ni vir hul gegepleegde diefstal gestraf sou word ni! As dit ni gebeur ni, sou di gevangene sonder barmhartigheid gedood word. Abram sou di boodskapdoener wees. Asof di Gouwerneur en syn Raad di eer van hul volk sou opgee om di lewe van 'n byna onbekende jongeling te red! HOOFDSTUK V. 'n Gewaagde besluit. Dit was laat in di aand; di maan skyn lief en helder oor di kasteel en di strand, en werp 'n flikkerende silwer streep op di rimpelende water van di fraaie baai; di bewoners van Tafelvallei of — soas sommige toe reeds di plek het genoem — Kaapstad leg byna almal rustig in di arms van Morpheus; en, behalwe di onophoudelike gedreun deur di branders veroorsaak, was alles in di omgéwing van di fort vredig en stil. Alleen in di pad naar buite, wat syn ingang naar di dorp gemaak het tussen di kasteel en di strand, was daar dri mense te sien, wat daar al 'n hele tyd op en neer gewandel het. Vir een van hulle ken di leser reeds, en met di ander twee is dit wérd om kennis te maak. Hulle is Gert Rass, Frans Joosten en Gideon Malherbe, dri van di ansienlikste jonge Afrikaners an di Kaap. Hulle was nou sowat 'n 150 tree van di kasteel af, an di buitekant van di dorp. „Dit moet al omtrent 11 uur wees," merk Gert op. „Ek word hoe langer hoe ongeruster," seg Joosten. „Kaptein van Wyk, d'is waar, het vanaand berig ontvang dat 'n klompi Stellenbosschers vir hulle gereed maak om di Boesmans te verdry we; en hy mag hom vlei, dat di wegbly van Johannes betéken, dat hy hom by di Stellenbosschers angesluit het; mar ek vertrou daardi jong, wat saam met Johannes weggery het, net so ver mar as wat myn neus lank is." „Kyk hier, Joosten!" seg Gert, „ek ken Abram al jarelank en ek kan jou verseker, dat hy te vertrou is." „Deur syn Boesmanvrinde miskien." „Deur jou en my," antwoord Gert. „Rass het al vergeet," val Malherbe skertsend in, „dat daardiselfde — wat is syn naam?" „Abram!" help Gert hom „Ja, dat daardiselfde Abram ses jaar gelee an di hoof gestaan het van 'n bende veedie we!" Gert kon dit ni ontken ni. „Ag, kom!" seg hy, „Abram is eerlik." „Eerlik!" herhaal Malherbe, spottend: „nee, kerel, vertel my ni, dat 'n man, wat vrywillig onderneem om syn maters te gaan bespied, eerlik kan wees ni! As 'n man syn volk — di mense van syn geloof, syn land, syn taal, syn vlees, syn bloed — kan verraai, is hy kapabel vir di gemeenste laagheid." „Mar as jy veronderstel, dat Abram vir syn volk sal verraai", vervolg Gert, „veronderstel jy ni tegelyk, dat hy vir Johannes, wat di vyand van syn volk is, sal getrou wees ni? Waarom is julle dan om di veiligheid van Johannes so besorgd?" „Omdat," antwoord Malherbe, „Abram dalk 'n beter Boesman dan diensjong is." „Mooi geantwoord," seg Joosten; „mar — van di os op di esel! — is dit wérd, dat ons langer opbly? Ek voel vaak en wil gaan inkruip." Gert was mar te bly om dit te hoor. Hy was jammer, dat hy di twee daar by toeval ontmoet het en sou in syn skik wees om van hulle ontsla te raak, want hy wou al te graag di eerste wees om vir Abram alleen te sien. „Gaan julle twee mar gerus huistoe," raai hy syn medewandelaars. „Ek sal hier bly tot half-één, en as Johannes in di tussentyd ankom, sal ek by julle kom anklop." Malherbe en Joosten neem di voorstel met dank an en verlaat Gert. „Ek kan ni verstaan ni," fluister Joosten an syn maat toen hulle twee wegstap, „waarom Rass so danig graag syn neef wil ontmoet. In di laaste daë kom hulle mar sleg met elkaar klaar." Di getrap van 'n naderende pèrd word toe gehoor, di twee kyk om, en werkelik, daar kom 'n ruiter van di kant van di vlakte an! Albei keer toe naar Gert terug en juis toen hul daar kom, hou di ryer by hulle stil. „Nag baas Gert!" klink di stem van Abram, di dadelik syn kleinbaas herken. „Waar is baas Johannes?" vraag Malherbe en Joosten di jong byna tegelyk. „Wag 'n beetji, basies!" antwoord Abram bedaard, terwyl hy van syn natgeswete pêrd spring. Hy vertel toe omslagtig, hoe hy en syn baas Hannes onverwags op 'n ontelbare klomp Boesmans afgekom het; hoe hy ettelike gewond het; hoe syn basi gevang was; hoe hy (Abram) toe 'a skikking met di Boesmans gaan tref het, om di lewe van syn basi te red; en wat dan eigenlik di skikking was! Abram het di verdraaide feite met soveel bisonderhede versterk en op so 'n geloofwaardige manier vertel, dat selfs di wetgeleerde, skerpsinnige Malherbe, na 'n strenge kruisvraging, tot di gevolgtrekking moes kom, dat di jong di waarheid vertel. „D'is 'n akelige stori," merk di diepgeskokte Joosten op, „mar Goddank, hy kan nog gered word!" „Ja!" seg Gert, met skynbare erns; „iets moet gedoen word. ",Nou, kerels," stel Malherbe, op besliste toon, voor: „laat ons di voorstel van di Boesmans anneem!" „Wi is ons?' vraag Gert glimlaggend. „Jy, Joosten en ek." „Sotlieid!" spot Gert. „Kan ons dri dan di tronkdeure gaan oopmaak en di kroeskoppe daaruit laat loop?" „Nee, ons kan ni!" antwoord Malherbe, „mar d'is ook gladni nodig ni. As ons di witte vlag gaan ophys, dan sal di Boesmans — as hulle by di tyd nog ni deur di Stellenbosschers verdry we is ni vir hulle natuurlik verbeel, dat ons ook an di ander voorwaardes van hul voorstel voldoen het. „En so onse nasi hier verneder?" opper Gert as beswaar. "En so," vervolg Malherbe, half-vererg, ,,'n duisend Boesmans deur dri Afrikaners laat kul." „En so," voeg Joosten by, „di lewe van ons beste kameraad red." Angemoedig deur di ondersteuning wat hy van Joosten kry, het Malherbe nou tot 'n vaste besluit gekom. Hy keer tot Abram: „Hoever is di plek van hier, waar di vlag moet opgesteek word?" „Tien myle omtrent, baas." „Sou jy presies weet, waar dit is?" „Ja, baas, d'is daar waar baas Burger di maspaal in di grond geplant het." „Nouja, as ons jou nou naar di kooi stuur en ons maak jou om halfdri wakker en ons gee jou 'n varse pêrd, sal jy di laken wat ek jou sal gee an di paal gaan vasmaak ? „Ja baas!" was di huiwerige antwoord. „Jy is ni bang ni?" „Nee, mar baas sal my seker iets gee?" „Ek sal jou 'n nuwe kombêrs gee." „Goed, danki, baas, mar as ek iemand kan kry om my te help om di vlag op te sit — kan baas Gert ni saamgaan ni! „Ja, ek sal saamgaan!" antwoord Gert, sonder nog di ander eers te raadpleeg. „Mar julle sweer," voeg hy by, „dat hierdi onderneming, hoe dit ook al afloop, 'n geheim sal bly! Gin siel buite ons moet daar ooit 'n woord van weet ni. „Gin siel ni!" antwoord Joosten, sowel as Malherbe. „En jy, Boesman!" spreek Malherbe di jong toe, „sal ook jou snater dig moet hou!" „Baas kan op my vertrou!" HOOFDSTUK VI. Dubbele Verraad. Om kwart voor dri in di oggend staan in 'n donker eikelaninki, wat in di Keizersgracht (nou Darlingstraat) loop, Malherbe, Rass en Abram naas twee flinke, opgesaalde pêre, op di nek van één waarvan 'n styfopgevoude witte laken vasgemaak was. Op hierdi pêrd klim Abram; op di ander, Gert. Laasgenoemde had syn geweer by hom. Di ruiters draai toe hulle pêre reg, om voort te gaan, mar Abram had nog iets te sê; hy kyk Malherbe an: „Myn kombêrs asseblief, wat baas beloof het!" „As jy terugkom!" fluister Malherbe, ongeduldig. „Nee, baas, nee! ek wil dit nou hê, anders gaan ek ni." Malherbe se hande jeuk om di brutale jong 'n opstopper te gee, mar hy gevoel, dat as hy sig ooit moet beteuel dat was dit nou. „Wat wil jy nou met di kombêrs maak ?" seg hy. „Jy gaan mos ni slaap op jou pêrd ni!" Mar hy steek syn hand in syn broeksak, haal daar vier of vyf silwer geldstukke uit, en stop dit in Abram se hand. „Wees solank hiermee tevrede. As jy terugkom, kry jy di kombêrs!" Di jong lyk nou tevrede, en di twee nag-reisigers (nog altyd vreesagtig, dat hulle deur di burgerwag naby di kasteel gesien mag word en onraad verwek) stuur 'n voetpad in, wat met 'n omweg verder weer in di buitepad draai. Na 'n ent in di hardepad gery te hê en na Abram an Gert di ware gebeurtenis met Johannes vertel het, stel Gert an di jong voor dat hulle vir 'n paar uur sal ronddwaal in di veld en dan weer huistoe draai. Abram wis ni hoe hy dit het ni. „Hoekom," vraag hy, na 'n tytji sprakeloos voortgery te hê, „hoekom was kleinbaas dan gewillig om saam met my te gaan ?" „Omdat," antwoord Gert ronduit, „as een van di ander twee saam met jou gegaan het, dan mog julle Johannes red." Di jong was nog meer verbaas. „Wil kleinbaas tog ni nog hê, dat baas Hannes moet doodgemaak word ni?" „Welseker!" was di antwoord, „en jy behoort dit goed genoeg te weet!" 'n Korte swyging volg. Toe gaat Gert voort: „Johannes het een van jou maters in di heup geskiet, so 's jy my self vertel het; hy 's 'n vyand van jou nasi; en noudat jy 'n kans het om wraak te neem, nou sink jou hart naar jou tone toe." Abram sug. „Goed, myn kleinbaas!" seg hy, terwyl hy reguit voor hom kyk. En di twee ry voort. Dit was al heeltemal lig toen Gert gebied dat hulle nou sou omdraai—hulle was toe 'n grote afstand van di maspaal. „Di son is netnou uit, kleinbaas!" merk Abram op met 'n huwende stem. „Nou ja, wat daarvan?" seg Gert wrewelig. „Sal ek ni mar di laken daar gaan opsteek ni?" Dit was duidelik, dat Abram, gelyk di dag tevore, berou gekry het van wat hy belowe het. Hoe nader di noodlottige oomblik kom, hoe harder klop syn hart. „Welseker ni!" bulder Gert uit, en hy kyk di jong met so 'n paar kwaie oë in di gesig an, dat Abram ni gewaag het om di versoek te herhaal ni. Gert word intussen 'n kleine hasi gewaar op 'n korte afstand van hom af, en hy beveel Abram oin syn (Gert s'n) pêrd en geweer vas te hou solank as hy (Gert) di diertji gaan vang. Mar Gert was gin twaalf tree weg ni, of di jong roep hom skielik toe: „Staan of ek skiet!" 'n Koue gril loop deur Gert se lyf en hy word so bleek as di dood. Nog nooit tevore het hy di jong in 'n regtig slegte humeur gesien ni. „Wat makeer jy, Abram?" vraag hy, so kalm as hy kon. „Kyk daar! dan sal jy weet," seg di jong op 'n driftige toon, terwyl hy naar di blinke lug wys, wat di opgang van di son ankondig. Gert, di nou weer 'n beetji van syn geweldige skrik herstel was, seg toe tamelik bedaard: „Myn liewe Abram, jy moeni vir jou so dwaas hou ni. Wrintig, jy laat my dink, dat jy gek geword het." „Ek gaan di laken nou ophang!" seg di jong, sonder van di woorde van syn baas notisi te neem, en tegelyk laat hy Gert se pêrd los, laat di geweer sak, en maak 'n beweging om te vertrek. Gert lag. „Kyk nou oor daardi heuwel!" seg hy. Abram kyk, en moes di punt van di son net sien uitkom, 'n Rilling loop deur syn lyf. Boosaardigheid fonkel uit syn oë. Hy kyk Gert woedend an, kners op syn tande en skree: — „D'is jou skuld, dat baas Hannes nou vermoor word — joue!" en hy lig nog 'n maal vinnig di geweer teen syn skouer. „As baas Hannes ni verdien om te lewe ni, dan jy ook ni!" Bam! val . di skot. 'n Kerm verlaat di keel van Gert en hij rol op di grond, terwyl Abram met pêrd en geweer in di rigting van waar hy di veediewe verlaat het vlug. HOOFDSTUK YII. Benoude Ure. Mar laat ons tot Johannes terugkeer. Toen ons hom verlaat het, leg hy daar tussen enige bossies op di grond met gebonde hande en voete. Teen di aand werd hy in 'n noordelike rigting, byna 'n myl van waar hy gevang was, gesleep en tussen enige struike neergesit vir di nag. Hy het nóg kos nóg water van di Boesmans gekry, mar daarvoor het hy ook gin trek gevoel ni; syn broekpype was albei verskeurd en syn bene vol skrape as 'n gevolg van di gesleep; en syn hande, wat reeds gebloei het agter syn rug, werd nou — dit was 9 uur in di aand — nog stywer vasgeknoop. Mar, behalwe dat syn sakke deursnuffel was, het hulle hom van gin klere beroof ni, en 't het ook tamelik seker gelyk, dat hulle an Abram sou woord hou, ofskoon hul — viral noudat hulle nugterder geword was — mar min verwag, dat hul vrypostige voorstel angeneem sou word. 'n Gevoel van onrus het sig al by meer as een openbaar; hulle voel, dat hulle reeds te lank vertoef het ; één na di ander vlug weg, en, teen elf uur was daar skaars 'n dosyn agtergebly. Mar di dosyn lyk onverskrokke, en an al hulle maniere kon di gevangene te duidelik merk, dat hy gin genade van hulle kon verwag ni. Twee wagte, wat vrywillig onderneem het om hoede te hou en om di jongeling deur di hart te steek, as di vyand mog opdaag, neem pos sowat vier of vyf tree onderkant Johannes, terwyl di orige Boesmans 'n entji daarvandaan in n veiliger posisi gaan slaap. Wat daar in di gemoed van di prisonier omgegaan het, is ligter te begryp dan te beskrywe. Hulpeloos en doodstil leg hy daar op syn rug met syn grote bloue kykers hemelwaart gerig. Di enige geluide, wat di sombere nag vir hom oplewer, was di gebulk van 'n koei, wat di diewe op 'n kleine afstand van daar vasgemaak het, en di geklik van di koddige taal, wat di twee barbare kort by hom gesels. Mar di gepraat word al sagter en al minder. Teen middernag verkondig 'n dubbele gesnork, dat di wagte albei an slaap was. Toe flikker daar weer in di hart van di gevangene hoop op om te ontvlug. Soetjies probeer hy om syn hande uit di riem te trek, mar dit help ni. Daarna span hy al syn krag in om los te ruk. Di sweet tap van syn voorhoof af. Mar niks baat ni. Sonder di gebruik van syn hande kon hy syn voete ni losmaak ni en kon hy ook ni wegkruip ni. Mar hy kon tog weg rol, dog hy. Helaas, nee! — hy moes tot syn ontsteltenis ontdek, dat syn wagte voorsigtiger gewees het dan hy gedog het: hulle het ni gaan slaap ni sonder eers di lange riem, waarmee syn voete geboei was, ook an 'n dunne mar stewige struik vasgemaak te hê. 'n Diepe sug verlaat syn bors. As hy ooit in syn lewe radeloos gevoel het, dan was dit nou. Blyf daar dan niks, glad niks, vir hom oor ni? Was alle kans, alle hoop, hom ontseg? Nee, nog ni! „Roep my aan in den dag der benauwdheid 1" het di Heer gesê. Hy was gewoon iedere aand di Hemelse Vader te anbid. Sal hy dit dan nou ni doen ni? Kniel kon hy nog. Hy doen dit, en hy stuur naar di Hemel op di vurigste gebed, wat hy nog in syn lewe gebid het. 'n Ernstige gebed bring altyd hoop naar di hart. Dit ondervind ook di geboeide jongeling nou. Hoe akelig hopeloos syn posisi ook lyk, by God was alles moënlik. Johannes gaan toe weer lê, en vir di eerste maal daardi nag maak hy syn oë toe. Dit was half-een. Mar hy was net an di insluimer, toen hy weer moes wakker skrik. Iemand het hom an di arm beet. „Wat's dit?" roep hy, halfluid. „Sjuut, basi!" klink 'n gefluister by syn oor. „Het basi 'n mes daar?" Johannes kon syn ore byna ni glo ni, toen hy di stem van di brawe ou Fekki verneem, di stilletjies as 'n muis by hom uitgekom het. Nadat sy daardi morre deur Gert Rass di veld ingejaag was, het sy haar naar di hut van haar seun begewe 3 < (naby Kuils Rivier), en daar liet sy van di gevangeneming van haar geliefkoosde basi gehoor, en ook van di omtrek waar di Boesmans vir hulle opgehou lipt. Hoe moeg sy ook was, haar angstige hart het haar laat besluit om alles in haar vermoë te doen om Johannes te red. Sy het haar koers toe weer in 'n noordelike rigting voortgeset, het van 'n afstand di bewegings van di skelms met haar oe gevolg en, hoewel ni sonder grote moeite ni, het dit haar geluk om by haar gevange basi uit te kom. „Fekki! is dit jy?" seg Johannes soetjies. 'n Straal van moed skiet syn hart binne. Mar nou eers bons dit in syn bors. Daar was net één skrede tussen vryheid en di dood! „Basi se mes! gou, basi!" fluister di meid sidderend en ongeduldig, en sy gryp naar syn sak. „Naas daardi jong leg een," antwoord Johannes byna onhoorbaar. Fekki sien dadelik di blinke instrument, wat waarskynlyk bedoel was en daar klaar leg vir di hart van Johannes. Sy tel dit ongehoord en ongesien op, gaan saggies naar haar kleinbaas terug, sny di rieme eers van syn voete en toe van syn hande los, stop di mes vir di veiligheid in syn sak, en lei hom met 'n omweg heeltemal uit onmiddelike gevaar van di barbare, terwyl di twee wagte nog rustig deurslaap. Na di erg moege, dog uiterst gelukkige, 55-jarige swarte vrou hartelik bedank te hê, verlaat Johannes haar omtrent dri honderd tree van di Boesmans af en slaan syn weg op 'n draf in naar di Tafelvallei. Hy was nou wel dors en honger en kon, deur 'n beetji uit di pad te draai, by 'n kleine Hotnotskraal angegaan hê, maar hy besef, dat hy eers 'n paar myle van di Boesmans verwyderd moes wees, eerdat hy homselwe uit gevaar kon beskou. So hol hy voort oor bossies en klippe vir 'n goeie twee en 'n half myl. Toe verkwik hy syn gestel met heldere water by 'n slootji, en vervolg syn koers met 'n vinnige stap, wat egter na 'n uur of wat heelwat slapper geword het. Kort na sonsopgang merk hy, dat 'n gewapende jong te pêrd van di Kaapse kant ankom. Dit verwek weer 'n beetji wat hulle daar gekry het, was di vermiste diere, op 'n paar na; 'n paar veile; 'n stuk riem an 'n boomstam vasgemaak; en d'is al! Mar u weet mos, meneer Van Wyk, daar is niks in di wereld moeiliker om te vang ni, as 'n Boesman. Hy kruip mos in 'n gat weg, so's 'n ystervark; netmar, jy kry ni syn gat so gou ni. Tag! meneer Van Wyk, myn keel is al glad droog van al di praat." Van Wyk kon ni help om te glimlag ni. „Steintji!" roep hy: „skink 'n kelki wyn in en bring dit hier!" „Mintag! d'is lekker wyn," seg di bode, na de kelki in één slik geleeg te hê. „As 'n mens so dors is as ek, kan hy dri sulke kelkies opdrink sonder dit te voel." Van Wyk maak asof hy di wenk ni merk ni. „Seg an di Gouwerneur, dat ek binne 'n halfuur by hom sal wéés," seg hy. „Nou, goendag!" „Goendag!" mompel di bode met 'n sure gesig, en stap weg. HOOFSTÜK IX. 'n Onveewagtb Besoeksteb. Vollens belofte, was Willem van Wyk, binne 'n half uur nadat di bode hom verlaat het, by Willem Adriaan van der Stel. Na hul vir elkaar beleef gegroet het, begin op 'n spottende toon di Gouwerneur (di nog niks van Johannes se avontuur geweet het ni): — „Wel kaptein, is jou spioene al uitrankink? Hul het seker 'n genoeglike jag gehad?" „Só genoeglik," antwoord Van Wyk, „dat di een byna syn lewe daarvoor opgeoffer het, en di ander nog ni terug is ni!" „So? Wat meen jy?" vraag di Gouwerneur, meer ernstig. Daarop vertel Van Wyk alles, wat Johannes hom meegedeel het, — behalwe wat Gert betref, want hy had 'n inwendige suspisi dat daar iets kwaads agter di geheimsinnige houding van syn stiefseun skuil. Toe vertel di Gouwerneur weer, op syn beurt, alles wat di bode reeds an Van Wyk vertel het en, met di liuigelary waaran di beste mense sig soms skuldig maak, veins di toehoorder asof alles nuws was — hy wou di Gouwerneur ni laat weet, dat hy di stori al van di praatsieke bode verneem het ni. „Dus," eindig Willem Adriaan met 'n glimlag, „dan was dit mar 'n handjivol vrypostige veediewe, wat vir di mense so skrikgemaak het, en di Compagnie het gin sent daarby verloor ni. Di hele aferre is so nietsbeduidend, dat ek dit ni eens an di hoofdireksi sal meedeel ni, viral daar ons gin enkele van di diewe gevang het ni.. . Mar vir Boesmans behoef ons ook nooit ernstig bang te wees ni, Van Wyk. Hulle is ni Hotnots ni!" „Nee," merk Van Wyk op, „mar ook van di kant van di Hotnots behoef ons niks te vrees ni, solank as ons hulle goed behandel." „A! mar dit sal ons ook! Dit was di politiek van myn vader en sal di politiek bly van al syn opvolgers. Ons het di Hotnots altyd onse beskerming verleen en hulle byna met netsoveel simpati behandel asof hul onse kinder3 was. „Daar is sommige, wat meen, dat ons van hulle slawe moet maak." „Dit sou slegte politiek wees, en nóg ek, nóg di gesaghebbende bo my, sal dit toelaat. Nooit sal inboorlinge van Afrika slawe wees ni!" Soas iedere kenner van Suid Afrikaanse geskiedenis ook ^ weet, nooit gedurende di Hollandse bestuur an di Kaap was Kaffer, Hotnot of Boesman slaaf ni. Wel was'n antal Malaise veroordeelde naar hierdi suidhoek uit Oost Indi gestuur en hulle het, as gedeelte van hul straf, vir 'n seker tydperk in sommige gevalle leweslank — as slawe moet dien; en wel het Engelse handelaars, selfs nadat di Koloni oorgeneem was deur Engeland, skipladings opgeraapte Masbiekers hier ïngevoer en verkoop as slawe; mar di oorspronkelike inwoners van di land was altyd net so vry as di blanke selwe. „Ons behandel onse swartes goed," stem Van Wyk toe, „mar dink u ni, Uwe Eksellensi, dat burgers 'n beetji meer vryheid behoort te geniet ni?" in di ope lug in di middel van di afgeslote plaas heerlike musiek lewer. Mar daar was an di einaardige spel sekere strenge reëls verbind, waarvan miskien di belangrykste was, dat nimand an syn of haar nommergenoot syn of haar naam of di name van ander sal sê ni, tensy hulle elkaar tevore geken het. Dit was 'n bepaling, waarop sommige ouers sterk angedring het, omdat hul hulle dogters van ongewenste geselskap wou vrywaar. 't Was dus duidelik verstaan, dat kennis, wat op di manier gemaak was, ni langer dan di aand sou duur ni. Di saai was fraai opgelig en met blomme opgeskik, verversings en lekkernye was volop, en daar was in Tafelvallei min fatsoenlike jongemense wat ni in di populaire vermaak deelgeneem het ni. „Ons moet gou maak, as ons ni gefop wil raak ni, kerels!" merk Gideon Malherbe op, di pas di saai ingekom het met Frans Joosten en Johannes van Wyk, „want di kanaries is ni so volop as di fiskale ni, en kyk hoe koop hulle al di lintjies weg! — kom julle?" „Nee wat! ni ek ni!" antwoord Johannes, met 'n glimlag. „D'is 'n al te gekke aferre." „Ah jy in Rome is, ou broer," hervat Malherbe, „moet jy mar so's di Romeine maak, anders. . „Ander moet jy Rome verlaat," voltooi Johannes di sin. „Nee," herneem Malherbe, „anders sal ek geweld moet gebruik om jou di Romeinse voorbeeld te laat volg." En daarmee gryp hy Johannes saggies an di arm en lei hom — gevolg deur Joosten, wat dik van di lag was — naar di tafeltji, waar, op bestelling van Malherbe, vir ieder van di dri 'n nommer verkry werd. Johannes had nommer 23; Malherbe, 24; en Joosten, 25. Hoe geneig Johannes ook altyd was om di geselskap van jonge dames te vermy, het hy hom ni teen di wil van syn welmenende vrind wil verset ni, mar hy kon daarim ni help om 'n beetji skeef te kyk ni, toen di nommer in syn hand gestop werd. Joosten, di goed wis hoe ontuis Johannes sig by sulke geleenthede gevoel, het di sure trek op syn vrind se gelaat gemerk, en bars uit van di lag. 1 „Kyk!" seg di vrymoedige jonge dame soetjies, sonder op ayn anbod te antwoord: „daar kom di meneer, wat vir-effe hier by u gestaan het, by myn suster uit. Hulle nommers akkordeer seker!" Malherbe kyk om, en, waarlik, daar sien hy Joosten an di sy van 'n blosende meisi, wat byna di ewebeeld van haar ouer suster was. „Hy het dit net so gelukkig getref as ek," merk Malherbe op, en toe herhaal hy syn anbod an haar om iets te gaan gebruik. „Nee, dank u!" antwoord sy, „ni nou ni." „Sal ons eers 'n beetji naar di musiek daar buitekant in di lekkere lug gaan luister?" Sy knik, en di twee stap toe naar di wandelplaas. Joosten het intussen syn noy met soetgoed gaan trakteer en daarna het ook hulle twee naar di tuin gestap. En waar was Johannes? Het hy ook syn „violet" gevind ?Klop syn hart ook an di sy van 'n anvallige meisi? Johannes was naar 'n hoektafel gestap en het daar 'n paar dingetjies gekoop. Toen hy daar klaar was, wou hy omdraai om huistoe te gaan — want tuis, waar daar tog boeke was, sou hy minder eensaam gevoel, dan hier, waar syn vrinde hom noodwendig verlaat — mar toe val syn oog op 'n beelderige, onbekende meisi, di, ook met 'n lintji op haar bors, met 'n grote, statige, eerbiedwekkende grysaard an di gesels was. Hoe min hy ook in di reël op meisies gelet het, sy was so pragtig in syn oë, dat hy ni kon help haar te bewonder ni> ja hy kon syn oë ni van haar aftrek ni. Sy had gin gelaatstrek ni, waarop 'n ongunstige anmerking te maak was: haar gladde voorkop, haar volmaakte neusi; haar fyngesneë, rooie lippies; haar ronde kinnetji, haar skone hals, was almal van di reinste wit; terwyl haar plompe wangetjies, waarin 'n paar bekoorlike kuiltjies skuil, 'n rooskleurige blos vertoon, wat haar seksgenote wel mog beny. Haar grote, helderbloue, skitterende oë kon di ruwste hart smelt. En dan, haar postuur; haar goue hare; di onskuld, wat haar gelaat openbaar — „So '11 engel nog, ja, sou ek wel an myn sy wil hê," seg „Werkelik?" seg Joosten, lialf verleë. „Stof asseblief af, Frits!" „Wat! voor al di mense?" klink di vrouelike stern van Kohier. „En daar is ook 'n swarte kol op di punt van jou neus!" vervolg Gert. „Gedosiwaar!" antwoord Joosten, „hoe ry di ongeluk my dan so!" en hy vryf syn neus met syn sakdoek. „Di kol is nog daar," verseker Gert hom. aarom gaan jy jou ni fatsoenlik in 'n kamer oppoets ni ? Frits kan mos solank jou noy oppas!" „Goed!" stem hy toe. „Wees so goed om haar te se, Frits, dat sy vir my vir tien minute moet verskoon en dat ek jou intussen as plaasvervanger stuur. Daarop verdwyn Joosten deur 'n sydeurtji van di tuinmuur; Kohier stap naar di lewendige, swart-oog meisi; en Gert, heerlik geamuseerd, stap vort met syn metgesel. Toen Joosten, binne vyf minute, met 'n paar buitengewoon vurige oë, terugkeer, was syn violet, sowel as syn plaasvervanger, verdwyn. Vir di res van di aand het hy, innig boos, solider meisi moet gaan. Hulle het hom 'n lelike poets gebak en, slegste van alles, hy wis van gin middel om hulle uit te betaal ni. HOOFDSTUK XI. Hoe Johannes 'n vakansidag deurgebring het. Meer as 'n week het virby gegaan, na di dag van di basaar, sonder dat daar iets, wat wérd is om hier an te stip, gebeur het, behalwe dat Abram op 'n goeie aand vir Gert in syn buitekamer met 'n besoek verras het en dat laasgenoemde, na eers gedreig te hè om di jong dood te skiet, in 'n lange gesprek met hom getree het, en hom uiteindelik ni alleen met tabak getrakteer het ni, mar beloof het om te sorre, dat hy weer te Welbedacht in diens geneem sou word. Daar Gert, om begrypelike redene, vir nimand vertel het ni, dat dit Abram was wat vir hom geskiet het, werd di jong, na 'n skrobbéring van syn oubaas om hy so lank weggebly het sonder verlof, geredelik weer in diens geneem. Johannes het hom daarmee gladni ingelaat ni. Van oneindig groter belang dan di terugkoms van Abram was wat daar gebeur het op 'n vakansidag, twee daë voordat di grote dinner van de Gouwerneur sou plaasvind. Di water in di Tafelbaai was op di oggend van daardi dag so stil en gelyk as dit gewoonlik is, wanneer daar gin wind waai ni, en dri of vier plesierskuitjies, gelaai met jongemense, was daar op di ligbloue water te sien. Johannes was ni in een daarvan ni. Hy, Malherbe en Joosten het verkies om di dag deur te bring met te jag op di hellings van Leeuwkop, di berg wat, tesame met di majesteuse Tafelberg, di vrugbare Tafelvallei insluit, en wat ook skeiding maak tussen di Vallei en di onsaglike Indise Oseaan. Na 'n halfdosyn patryse geskiet en 'n slaap onder enige silwerbome geniet te hê, besluit di dri om naar Kampsbaai, 'n mooie maar gevaarlike baai, wat an di voet van Leeuwkop, an di anderkant van di stad, gelee is, te stap, om daar 'n bad te gaan neem. Dit was toe 2 uur in di agtermiddag. Toen hulle naby di baai kom, merk hulle, dat 'n skuitji, waarin dri vroumense en dri manspersone sit, in di rigting van di wal geroei word. „Al was di see ook so effen as 'n spiël, dan sou ek nog gin skuitji hier laat land ni," merk Joosten op. „Ja," val Malherbe in: „di water herinner my an Gertie Momberg — tamelik lief van buite mar kwai van binne." „Waarom juis Gertie Momberg?" vraag Joosten, wat in syn kinderdaë heelwat kalwerliefde vir genoemde meisi gehad het. „Jou violet op di basaar het eer gelyk as een van daardi soort." „Het sy?" antwoord Malherbe onverskillig. „Ek het al vergeet, hoe sy gelyk het!" „Dan het jy bitter min notisi van haar geneem!" vervolg Joosten, di wis dat de teenoorgestelde di geval was. „Sy moet haar vreselik by jou verveel hê!" „Wel," antwoord Malherbe, „sy het daarim ni, terwille van 'n Kohier, van my weggeloop ni!" Joosten kry meteens 'n kleur. „Ek verseker jou," seg hy, na 'n korte stilte, „dat myn noy net so onskuldig, net so eerlik, net so goed was as enig ander op di basaar, en ek sou haar di hele aand behou he, aa.,. „Sy daartoe lus gehad het!" las Malherbe gou in. „Jy wil tog ni vertel, dat Kohier haar met geweld weggeneem het ni?" „Nee, met lis." „Hoe kan jy dit bewys?" seg Malherbe spottend. „Is skriftelike getuinis goed genoeg?" vraag Joosten met 'n glimlag. „A! het jy di?" Joosten steek syn vingers in 'n onderbaatjisak en ruk daar 'n geknakte brieft uit, wat hy an Malherbe oorhandig en wat, in 'n meisieshandskrif, as volg lees: „Waarom het jy ni gistraand weer opgedaag ni? Jou prettige plaasvervanger het gesê, dat hy en ek vir jou moet wag in di laninki naas di' basaar, en dit het ons gedoen. Het hy miskien gefop? Ons vertrek weer vanmöre. Adieu! — Jou violet." „Hoe het sy jou naam en adres geweet?" vraag Johannes, terwyl Malherbe nog 'n maal di papiertji bekyk. „Ek weet ni," antwoord Joosten. „Van my het sy dit ni gekry ni; en wat Tiaar naam en adres is, weet ek vandag nog ni." „Arri!" merk Johannes op, di nou weer seewaarts kyk: „di skuitji maak goeie vordering. — Mar kyk, hoe slaan di branders daar teen di rotse! Di water is hitr ni te danig kalm ni!" „Di water is hier nooit heeltemal kalm ni!" voeg Malherbe by, di werktuigelik di brieft an di einaar terughandig. Terwyl hulle so an di praat was, stap hulle naar 'n grote, ronde granietrots, waarop hulle klouter om daar *n beetji af te koel, voordat hulle in di anlokkende, yskoue water sou spring. Hulle trek hul skoene en sokkies uit en toe gaan hul naas elkaar op di hoogste part van di klip sit, om van daar di gang van di waagsame kleine vaartuig, wat al nader en nader tot di smalle en gevaarlike inham kom, met hul oé te volg. „Kyk hoe skud en swai di ding!" seg Malherbe. „Nee, kerels, ek sit liewer hier by myn patryse as daar by di mooiste meisi." Daar di see hoog was, het di seegewas ni kan hinder ni en het di bootji lekker di eerste paar rotse, wat anders stellig lelik in di pad sou gewees hê, virby kan gaan. Mar pas was dit daar virby, of dit begin geweldig te skommel en te draai, as gevolg van di warreling van di water tussen di ongesiene rotse. Di skuit was egter ni meer ver van di land af ni, en dit lyk of di twee roeiers, di bedaard en gerus bly, al hulle krag inspan om so spoedig moënlik di wal te bereik. Intussen spring di dri jagters, een na di ander, van di rots, waarop hulle gesit het, af, en gaan naar di sandplek, waar di skuitji moes land. Toen di vaartuig sowat 40 tree van di strand was, kryg dit 'n harde stamp teen 'n skerpe, uitstaande rots, en dit het min geskeel of een van di meisies was uitgewip. Di skuitji het daardeur wel 'n lekkasi gekry, mar het weer reg geval. Di gevaar was egter nog ni oor ni. „Laat ons hulle gaan help!" gee Johannes an di hand, en in 'n kits was syn bo'baatji af en spring hy di bytend koue water in. Di ander twee volg ook dadelik syn voorbeeld. Mar di water word daar so skielik diep, dat hulle ni meer dan 15 tree kon instap ni. „Toemar! alles is nou reg!" roep een van di kerels uit di skuit. Mar hy het ni agter hom gekyk ni. „Stuur weg van daardi klip, kerels!" waarskuw Johannes hulle. „Daar 's 'n brander agter julle!" Mar, öf omdat di roeiers te eisinnig was, óf omdat hulle hul teenworigheid van gees verloor het, hulle maak heeltemal 'n verkeerde draai, en di brander, onder 'n harde gegil van di meisies, wip di skuitji in 'n kits op, smyt dit teen 'n rots omver en bars skuimend oor di span los. Vir 'n oomblik was daar byna niks van di kant van di wal te sien ni as net di bodem van di omgevalle skuit. Mar diselfde brander, wat di skuitji omgegooi het, het ook di persone, wat daarin gewees Sy knik bevestigend. Toe slaan daar weer 'n brander teen di rots, en 'n paar druppels val op haar gesig. Sy skrik toe meteens op asof sy uit 'n droom ontwaak, ontlos haar van haar helper, en staan naas hom op di rots. En nou word sy vir di eerste maal bewus van di toestand waarin sy verkeer. Dit spreek vanself, dat di dri op di sand (di ander vier, wat in di skuitji gewees het, was reeds op weg naar huis), verras en bai bly was, dat di meisi, vir wi hul byna hoop opgegee het, springlewendig was. „Hoereh!" roep Joosten, terwyl hy syn hoed vrolik in di lug gooi. „Hoereh!" volg Malherbe. Mar Gert blyf so stil en onbewegelik as 'n pilaar. Hester dek haar gesig met haar twee hande en begin bitterlik te snik. HOOFDSTUK XII. Johannes geniet Hester haab geselskap. Dat sy di natte, koue klere an haar liggaam voel, toon di herhaalde rillings van haar lyf mar al te duidelik, en iedereen besef, dat daar iets gedoen moes word om haar sonder versuim van di rots af te kry. Gelukkig was di see vinnig an di sak en was di stroming van di water — dus ook di gevaar anmerkelik verminderd. Mar Johannes sien nog gin kans om met haar van di klip weg te kom ni. „Daar 's di skuitji!" roep Joosten uit, asof hy reeds di redmiddel in syn hand had, en wys met syn vinger naar di houte vaartuig, wat 'n entji van hom af tussen twee rotse vasgespoel leg. Binne 'n minuut of wat was hy en Malherbe by di bootji en, na 'n paar rukke en plukke, het hulle dit losgekry en op di sand gebring. Di roeistokke was al daar. Toe keer hulle di ,,'n Ander, wat gelukwensing verdien," val Malherbe in, terwyl hy syn baatji antrek, „is Gert llass: hy het vyfjaar hardepad vir strafbare manslag ontkom, deurdat syn roekelose daad gin menselewes gekos het ni." „Julle opmerkings is bai amusant," seg Gert, „mar ek het gin tyd om meer daarnaar te luister ni. — Kom Hester!" „Wat!" roep Malherbe, terwyl hy, met syn oë op Gert gevestig, werktuigelik syn hand uitsteek om di dame, wat kort agter hom gestaan het, voor te keer. „Dink jy, ons sal haar in jou hande vertrou ! „Ek moet haar huistoe neem!" antwoord Gert, met bewonderenswaardige bedaardheid. „Dit is vir haar, wat ek aldityd in myn natte klere hier gewag het." „O vir haar?' bring Malherbe spottend uit. „Nou ja, vra vir baas Hannes of jy di eer mag hê om agter hom en haar an huistoe te stap!" Gert begin 'n duintji fluit, terwyl Johannes, di naas Malherbe staan, saggies an laasgenoemde fluister: „W aarom so bitter, ou boeti? Jy doen tog gin goed met jou bytende woorde nir Intussen het Joosten syn skoene al angetrek, en di meisi het, soveel as moënlik was, di water, uit haar klere gedruk. Johannes en Malherbe trek ook nou hul skoene an en Gert staan daar onbewegelik. Wat sal hy doen? Sal hy naas di meisi gaan stap, teen de wil en sin van di ander, en n bakleislag waag met dri? Of was dit bes om op fatsoenlike manier te retireer? „Met wi wil jy liefste wees?"vraag hy toe an Hester, asof hy '11 bevredigende oplossing oplaas ontdek het. „Met myn vader!" antwoord sy en ontwyk aldus syn vraag. „Nou!" seg Gert, terwyl hy Joosten ankyk, „as julle dan so vrindelik wil wees om haar tuis veilig te besóre, goed! Ek sal di skuitji uit di water trek en dan mar direk huistoe gaan." „Ek sal jou help, Gert!" bied Johannes beleefd an. „Jou hulp naar di duiwel!" antwoord Gert, di toe di skuitji driekwart uit di water gaan trek, mar dit ni verder kon kry ni en dit daar so laat. Daarop stap hy vinnig weg. Di ander dri kerels het toe di skuit op 'n veilige plek gesleep, en daarna begin ook hulle hul voetreis di sagte helling op, stadwaarts. Di ander dames en here, wat met di skuit omgeslaan was, was al ver vooruit. Tot hulle skande, moet hier geseg word, dat hulle net om hul eië persoonlike kondisi gedink het toen hulle uit di water gekom het, en skaars omgekyk het om te sien, wat daar van hul jongste metgesel sou word — só min het hulle oor haar bekommerd gevoel. Toen hulle vir haar vir di eerste keer, na di ongeluk, gemerk het, was sy al op di rots geland. Hoe sy daarvandaan verlos moes word, het hul in di hande van di agterblywende kerels gelaat en so snel weggestap as hulle kon om vir hulle warm en droog te loop. „Kan ek jou myn arm presenteer?" versoek Johannes di dame beleefd. „Is dit nodig?" vraag sy, met 'n bedeesde glimlag. „En gesellig!" antwoord Johannes. „Ons het vir vier of vyf myle 'n lange, vermoeiende, opdraënde voetpad voor ons, en dit is nou al kwart voor vier." „En ons is almal papnat!" voeg Malherbe by: „daarom moet ons vinnig stap. Dus jonggejuffrou, moeni di anbod afwys ni." Daarop neem sy, ofskoon enigsins huiwerig, Johannes se arm. Na sowat 'n myl en 'n half geloop te hê in warme sonneskyn, verslap hul tred, en Malherbe en Joosten stap 'n beetji weg van di voetpad om wild te soek. Johannes, di syn veldhoed an di dame geleen het, daar sy haar eië hoed in di see verloor het, begin nou di son skerp voel en haal syn sakdoek uit om dit op syn kop vas te maak. „Wag, ek sal dit vir jou doen!" bied syn gesellin, di van di see af mooi vry met hom gepraat het, vrindelik an. „Asseblief!" seg hy, en hy gee di sakdoek an haar. Sy bind toe di doek, soas hy verlang het, netjies oor syn kop. Johannes het onderwyl 'n geleentheid gehad om haar vol in haar anminnelike — ofskoon enigsins bleke — gesig te kyk en hy voel opnuw asof syn bloed vinniger deur syn hart stroom. Vir 'n rukki stap hulle voort sonder iets te sê. Toe begin hy weer: „Voel u nog koud, jongejuffrou?" „Nee, weledele heer," seg sy, „di jongejuffrou voel nou eer te warm as te koud", en sy kyk glimlaggend in syn gesig. „Nou, kyk!" dreig hy, „as jy met my spot, dan noem ek jou somar ,Hester'!" „Dan betaal ek jou uit," antwoord sy in diselfde toon, „deur jou somar ,Johannes' te noem!" „Uit jou mond," vervolg Johannes, „sou selfs myn eië alledaagse naam lief klink!" En toe, asof hy reeds te veel geseg het, laat hy volg: „Hoe het jy myn neef leer ken?" „Ek was syn violet op di basaar." „Mar daarna was julle mos, vollens di reëls, weer vreemdelinge van elkaar?" „Dit behoort ons gewees te hê," lag sy. „Mar hy het my byna elke dag daarna kom kyk." „Was jou pa daarop gestel?" „Myn pa was naar Stellenbosch gegaan en ek was by meneer Morkel tuis." Na 'n korte stilswyging hervat Johannes: „Hou jy van myn neef?" „Toen ek hom pas ontmoet het, kon ek hom ni verdra ni," antwoord di meisi, di te onskuldig en opreg was om terughoudend te wees. „Daar was iets in syn oë — ek weet self ni wat ni — mar ek was bang daarvoor: iets vreemds, iets afstotends, iets akeligs! En, daar 'n Hottentotse towerheks vir my, 'n uur voor ek naar di basaar gegaan het, ewe ernstig geseg het: ,Pas op vir di lintji noy! het ek glad ongelukkig gevoel. Mar hoe meer hy met my gesels het, en hoe meer ek hom angesien het, hoe minder het syn kyk my gehinder, en ek was naderhand ni alleen skaam oor myn verbeelding en kinderagtige bygeloof ni, mar syn geselskap was vir my angenaam. — Mar, noudat jy van di basaar praat, hoekom was jy dan ni daar ni?" „Ek was daar," antwoord Johannes, terwyl hy 'n sug onderdruk. „Het jy 'n nommer gekoop?" „Nee!" seg hy „of ja\ —ja, ek het!" Sy kyk hom verwonderd an. „Dit lyk my," seg sy, „of jy dit byna vergeet het! Was jy ni gelukkig met jou nommer ni?" „Só ongelukkig," antwoord hy, „dat ek di basaar verlaat het binne tien minute na ek vir di lintji betaal het." „En toe moet jou violet di hele aand sonder geselskap rondstap?" seg sy vrindelik mar verwytend. „D'is ni reg ni! Ek weet seker, meneer Rass sou ni soiets gedoen het ni!" Di berisping was onverwag, mar dit was raak en hy kon daar niks op antwoord ni. Wi was di beledigde violet ?" gaan sy voort. „Of liewer, — om ni te nuwskierig te wees ni — wat was jou nommer?" „Ek glo," seg Johannes, terwyl hy syn vingers in 'n onderbaatjisak steek, „dat ek dit hier by my het, as dit ni in di see is ni." En ja waarlik, daar bring hy di gekreukelde lintji te voorskyn! „Wat! ,23'?" roep sy verbaasd, en kyk hom vreemd an. „Dit was myn nommer!... Jy het dit dus an jou neef geleen!" vervolg sy met haar gewone sagte stem, terwyl haar kleur hoer styg; „en ek was di beledigde!... Sou jy my laat verdrink hê, as jy my vooraf gesien het?" „Op myn woord!" antwoord Johannes, met nadruk, „as ek geweet het, dat ek jou nommer had, sou ek di basaar nooit so vroeg verlaat het ni!" ,,'M!" bring sy glimlaggend uit. „Sê mar ja!" Mar Johannes was ni daarmee tevrede ni. Hy moes haar al di omstandighede haarfyn vertel, en sy het stil naar alles geluister. „Dan moet meneer Rass gefop hê," besluit sy. „So 'n stoutert! Mar wag, e^ sal hom kry!" '/< Johannes was 'n beetji verbaasd, dat sy Gert se bedrog ni afkeur ni, want „stoutert", soas di woord meestal gebruik word, het gin slegte betekenis ni. Mar dan, Johannes het nog ni lank genoeg geleef ni, om te ondervind, dat di beste meisi in di wereld gin bedrog as kwaad sou reken ni, as sy bewus was dat dit gepleeg was uit liefde vir haar — ja, selfs al hou sy persoonlik ni van di bedrieger ni. 5 liefderyk in haar glinsterende oé. „Ek was mar onseker of ek vir jou 'n sekere geheim behoor te vertel of ni. . Wil jy dit hoor?" „As dit wérd is om naar te luister," antwoord sy plagend, „en as ek dit oor mag vertel." „Jy mag dit möreagtermiddag oorvertel." Johannes lyk so ernstig, dat ook di dame nou onwillekeurig 'n serieuser gesig opsit. Om 'n lange stori kort te maak — hy vertel haar toe wat syn grote plan was. Doodstil het sy naar alles sit te luister en haar gelaat was nou, sonder dat sy dit wis, sigbaar betrokke. „Sou jy bly wees," vervolg Johannes, altyd op sagte toon, „as ons elkaar eendag weer ontmoet?" „Jy het myn lewe gered," seg sy. „Ek kan jou heldedaad nooit vergeet ni!" „Is dit di enige rede, waarom jy ;bly mag wees om my weer te ontmoet ?" Byna onmerkbaar skud sy haar kop. „Daar is dus ook 'n ander rede?" fluister hy, terwyl hy anbiddend in haar soete gesig kyk. „By di tyd dat ek jou weer ontmoet," antwoord sy, syn vraag ontwykend, „sal jy waarskynlik 'n trotse pa, miskien 'n gryse oupa, wees." Johannes swyg vir 'n oomblikki. Toe fluister hy: „Daar is net een meisi, wat ek regtig liefgekry het en innig lief het. As onse Liewe Heer haar an my wil gee, sal ek trou, mar sy is 'n engel, en gin man is haar werd ni." Hester bloos geweldig. „Gin geheime praatjies an tafel ni!" roep di kapteintji uit, di verlangend was om nog 'n stori an di jongejufFrou te vertel, en so luid was syn berisping, dat di meeste angesetene dit kon gehoor hê, en verskeie gaste het dadelik opgekyk naar di betrokke persone. „Laat hulle tog mar gesels!" val di Gouwerneur goedsmoeds in. „Ek het my vermaak om te sien, hoe fraai hulle twee daar sit te konkel." Di oë van almal werd nou naar di blosende twee gerig, en di vette Kolonel van di Ruitery, di tamelik hoog in di takke was, gee an di hand, dat Johannes, van wi hy 'n hoe opini had, syn avontuur met di Boesmans sou vertel. „Speets!" skreedirooie kapteintjienook 'npaar ander, „Speets!" „Spaats!" klink di basstem van meneer Frans van der Stel, broer van di Gouwerneur. „Spoots!" roep Malherbe by di onder ent van di tafel uit, uit blote malligheid, en laat 'n heelparty van di jolige geselskap hartelik lag. 'n Mens is mos nooit laggeriger ni dan wanneer hy syn elboog 'n beetji te hoog opgelig het. Selfs Johannes was nou geneigd om te lag oor di gekkelike luim waarin sobaiing verkeer, en toen Malherbe hom met 'n wenk anspoor om an di geroep gehoor te gee, staan hy op. „Ek sal bly wees," seg hy, „as ek van 'n toespraak mag verskoon word; mar as di jonge dame, wat hier naas my sit, netnou met my di lied: ,'Vergeet My Ni!' in 'n duet wil verenig, sal dit my 'n eer wees om an di geselskap te sing." „Goed!" antwoord di Gouwerneur... „Di jongejuffrou het mos gin beswaar ni?" „Nee!" roep di vrolike kolonel uit, met 'n vuisstamp op di tafel. „Al bars di bottel, sing moet sy." „Hy moet mar oppas, dat hy ni netnou bars ni!" merk meneer Smuts tamelik luid op met betrekking tot di laaste spreker, en tante Debora lag so lekker, dat sy haar sye moes vashou. „Jy sal sing, ni waar ni?" vraag Van der Stel nog 'n maal an di meisi. „Ek sal perbeer," antwoord sy beleefd. Na 'n paar likeurtjies en koffi gedrink te hè, werd Johannes en Hester versoek hul lied te lewer. Daar Hester 'n beetji senuweagtig was, het di twee m mooi ingesit ni, maar toen hul eers an di gang was, het dit puik gegaan en jy kon ook an di gesigte van de meeste mense i'esien hê, dat hulle angenaam verras was om sulke mooie stemmusiek van sulke jonge mense te kry. Daar was vyf versies. Ons sal net di woorde van di eerste en di laaste gee: Wat vreugde tog, as ek en jy Vir altyd by elkaar kan bly, Vir altyd liefkoos, nooitni skei — Nooit, nimmer ni! Mar as ons lot dit so wil hê, Dat onse we'ë anders lê, Wat sou ons hart' elkaar steeds sê? „Vergeet my ni." Ons sal, ons sal elkaar onthou, Ons sal elkander bly getrou, En op elkaar ons hoop ook bou, — Wi hinder, wi? Di liefde het so sterk 'n krag, Dat, hoe ons ook al skeië mag, Sy bring ons weer tesaam een dag! — Vergeet my ni! Toen hulle klaar was, weerklink di saai van toejuiging, en di twee was verplig om di hele lied van begin tot end weer te gee. So lief, so patéties, so hartroerend was di harmoni weer, dat, toen di lied vir di twede keer geëindig was, het meer as een vrou di trane uit di oë moet vee. Selfs Johannes en Hester was gemoedelik angedaan met di stemme van elkaar. „Julle pas in alle opsigte by makaar!" verklaar di Gouwerneur, di aldus di stilte breek met wat hy vir 'n kompliment bedoel. „Ek hoop," seg di angeklamde kolonel, met 'n hik, „dat hy net so getrou an haar sal wees as an syn regering." Intussen het Johannes en Hester weer gaan sit. „Getrou an syn regering!" roep Gert uit, in angematigde verontwaardiging, terwyl hy van syn sitplaas, naby di deur, opstaan om van 'n onverwagte geleentheid, wat uitstekend in syn kraam te pas gekom het, di volle gebruik te maak. Almal kyk verwonderd naar hom op, en weer heers daar stilte. „TTwe Eksellensi en dames en here," spreek Rass di an- wesige vrymoedig toe, — „ekskeus my dat ek dit se mar, as Johannes van Wyk net so getrou an syn noy moet wees as an syn regering, dan sal sy geregtigd wees op egskeiding binne 'n week 11a hul trou! ' 'n Kleine opskudding was di gevolg van hierdi krasse beskuldiging. Yerskeie kerels val vir Gert met driftige opmerkings an, mar di Gouwerneur versoek op 'n ernstige toon, dat daar stilte sal wees, en Gert, di doodbedaard bly, gaan voort: „Hy is myn neef, mar ek het myn land en volk liewer as myn peè'f, en daarom is ek verplig om an myn owerste bekend te maak — hoe ongeskik ook hierdi oomblik daartoe is — dat daardiselfde Johannes van Wyk, wat daar so onskuldig sit, misdadige voornemens het teen di hoogste lede van di landsbewind." „Wat? Wat hoor ek?" roep Willem Adriaan, geskokt, en ^ met 'n blyk van angs op syn rooi gesig; terwyl di meeste anwesige glad verslaë kyk. ,,'n Verbrande leun!" seg Malherbe. ^ „Smyt di eerste kerel, wat ons weer stoor, di deur uit!" gebied Van der Stel driftig an di bediendes; en, dat di Gouwerneur opgewonde was, was mar te duidelik an syn vurige oë te sien. „Gaan voort, meneer Rass!" Weer was daar stilte en Gert, di nog heeltemal koel bly, gaan an: „Ek het vanmorre 'n brief in syn eië handskrif, 'n brief wat an syn pa gerig was, op syn tafel sien le — wi weet, miskien het hy dit nog in syn sak — en daaruit blyk dit helder en duidelik, dat hy besig is om in 'n geheime opstand teen uwe Eksellensi deel te neem. Ek het sterke getuinis" — „Gryp hom!" gebied Van der Stel syn bediendes. „Gryp di klein Van Wyk! Ondersoek syn sakke dadelik!" Onder di kleine opskudding, wat volg, staan Johannes bedaard van syn sitplaats op, om ni 'n spektakel naas di jonge dame te laat plaasvind ni, en tree 'n stap agteruit. Twee van di bediendes kryg hom toe, sonder dat hy weerstand bied, by di arms beet en hou hom vas. HOOFDSTUK XVI. Gert kryg syn sin. Di leser sal miskien verwonderd wees, dat Willem Adriaan van der Stel, wat tog destyds di hoogste man an di Kaap was en 'n passende waardigheid moes ophou, so driftig kon word op 'n gast, en dit nogal op di ongestaafde getuinis van iemand wat hy skaars geken het. Daar was twee redes hiervoor. Di eerste was, dat hy, hoe skrander en hoe welopgevoed en geleerd hy ook was — hy het vroeger selfs 'n regtersamp in Amsterdam beklee — 'n ongelukkige humeur had; en di twede was, dat hy, bewus van syn afkeurenswaardige, selfsugtige praktyke, 'n opstand van burgers half te wagte was. Niks sit vir 'n mens mos gouer op syn pertji ni as 'n skuldige gewete. — Toen syn vader, di beroemde Simon van der Stel, na twintig jare an di hoof van di koloni gestaan te hê, in 1699 bedank het as Gouwerneur, het reeds di ontevredenheid onder di koloniste met di hoofambtenaars an di Kaap begin, mar toe was daar tog nog voorspoed in di land. Nou egter, in 1706, noudat dit met di handel sleg gestel was, was daar 'n algemene gekla onder di burgers oor di gedrag van di Gouwerneur en syn gunstelinge. An di dienaars van di Oost Indische Compagnie werd bisonder geringe salarisse betaal, en dit het vir di meeste van hulle te swak gemaak om di versoekings, wat daar in hulle weg gekom het, te weerstaan. Om ryk te word was di ambisi van byna iedereen en, daar hulle ni hulle doel op geoorloofde maniere lig kon bereik ni, het hulle dit op ongeoorloofde maniere moet behaal. Mar laat ons tot Johannes terugkeer. Noueliks was hy gegryp, of Malherbe spring op. „Ek protesteer," roep laasgenoemde op geërgerde toon. „Daar is gin wet in ons land ni, wat di Gouwerneur di reg gee, om somar enigeen vir enige'losse rede te laat gryp!" Van der Stel, di nog beter di wette geken het as Malherbe, kyk hom met grote oë an, mar durf syn opmerking ni bet wis ni, en di bediendes, di ook wis hoe groot di vryheidsreg van di burgers was — di Hollanders was van altyd af di grootste 6 liefhebbers en genieters van vryheid — aarsel enigsins, of hul di gebod van di opgewonde Gouwerneur sou gehoorsaam. „Ma" ek eerbiedig opmerk,. Uwe Eksellensi," gee Joosten beleefd an di hand, „dat daar gin haas by di saak nodig is ni. Morre is tyd genoeg! Dit is tog ni angenaam om di vreugde van di aand so te steur ni. "Van der Stel sou waarskynlik an Joosten se suggessi gehoor gegee hê, was dit ni vir 'n anmerking ni van 'n offisier naas hom: — „Wat staan daar so dik an di kleinkerel s'n sy?" seg hy. „Dit lyk my wrintig of dit 'n pistool kan wees! „Dan het Uwe Eksellensi di volste reg om hom te laat pak en ondersoek!" verklaar di fiskaal. „Sekerlik!" seg Willem Adriaan. „Sekerlik het ek di reg! Voel in syn sakke!" Di bediendes gehoorsaam toe di bevel, en bring 'n gelaaide pistool onder uit di baatji van Johapnes. Di geselskap, soas lig te begryp is, kyk glad verstom. Nimand, buite Joosten en Hester, het so'n ontdekking verwag ni. Vir 'n korte oomblik heers daar 'n skrikwekkende stilte. „Wat betéken dit?" vraag Van der Stel toe, tamelik kalm, mar so bleek as 'n laken. „Wat betéken dit, dat jy met my an tafel kom sit met 'n pistool in jou sak?" „Vrees," antwoord Johannes, di nou vir di eerste keer, vandat hy beskuldig was, syn onbegrypelike stilswyging breek, — „loutere vrees, dat ek deur myn neef anders onverwags angeval en vermoor sou word." „Sotte ekskeus!" roep di fiskaal uit. „Jy sou ni vir 'n anval bang gewees het ni," roep 'n ander, „as' jy gin rede vir so'n vrees gehad het ni en as jou gewete rein was." Intussen het 'n bediende 'n papier uit een van di sakke van Johannes gekrap, en Ds. Kalden, di dit nou bemerk, spring van syn sitplaas op en gaan di papier van di bediende vat. ,Wat 's dit, Kalden?" vraag di agterdogtige Gouwerneur. Johannes, di byna onmiddellik, toen hy di brief gesien het, dit herken, antwoord toe self: ,,'n Private brief an myn der Stel (broeder van den Gouverneur en boer te Hottentots Holland) en zijn oude vader worden ook, gelijk Ds. Kalden, boven de andere kolonisten begunstigd, 't Is van groot belang tot de welvaart van 't land, dat deze grieven zonder verzuim hersteld worden. Uw liefhebbende zoon, Johannes." Kalden stop toe vir 'n oomblik. „Erken jy," vraag di Gouwerneur vir Johannes, „dat jy daardi brief geskrywe het?" Johannes gee 'n bevestigende knik. „Verskoon my, uwe Eksellensi!" merk Malherbe op; „di brief is wel in krasse taal geskrywe, mar dit bevat gin sedisi ni." . „Wag, wag!" roep Ds. Kalden, met 'n wrede laggi, „julle gee my ni 'n kans om di ent, di beste van alles, te lees ni! Hier is 'n postscriptum! Luister, asseblief! Daar was weer doodse stilte, toen di dominee voortgaan: p g Maar de dagen van den tyran zijn geteld. Hij zal binnenkort een onverwachten slag krijgen, en dan zal niemand meer van hem en de zijnen last hebben." „Skande!" roep di kolonel, boos. „Verraad!" klink di stem van 'n ander. „Boei hom!" skree 'n derde. „Ek kan di Gouwerneur verseker," seg Johannes toe, heel bedaard, „dat ek di postscriptum, wat daar gelees was — as dit ooit daar staan — ni geskrywe het ni!" „O, alles het jy geskrywe, behalwe di slot!" seg Van der Stel met 'n bittere spotlag. „Dit is in rooie ink geskrywe, so's di res," verklaar Ds. Kalden. „En di handskrif is presies diselfde." „Laat my dit sien!" versoek Johannes, en di dominee stop dit voor syn neus. )( „Ek sweer," seg Johannes, toen syn oë op di „P-S. va , „dat dit ni myn handskrif is ni! Dit is 'n nagemaakte skrif, waarvan myn brawe neef wel rekenskap sal kan gee." „Johannes swyg 'n oomblikki. „Is myn pêrd hier in di nabyheid?" „Jy moet te voet gaan, ou broer. Ek het dit ni durf wa om 'n pêrd te gaan haal ni." Johannes skud syn kop. „Hoe ek hulle sal kan ontvlug, weet ek ni!" „Ag, kom! Ek sou graag di man wil sien, wat jou gaan vang! — Kyk hier!" vervolg Joosten, terwyl hy buk om 'n kleine bonnel op te tel: „hier het ek vir jou 'n ou pak klere en 'n veldhoed meegebring. Trek jou swarte pak uit en klee jou hierin!" In 'n kits het Johannes syn klere verwissel. „Moet di afgesmyte klere nou hier bly lê?" vraag hy. „Ek gaan dit nat maak en op di strand gooi," fluister Joosten. „Jy sal wel raai hoekom!" Johannes moes glimlag. Daarna bedui Joosten vir syn vrind hoe hy moes loop om deur nimand bemerk te word ni; stop ses of sewe beskuite en tien guldens in di sak van syn maat; gee hom 'n hartelike, gevoelige handdruk, en neem toe afskeid van hom. Dit was sowat half twee. Di lug was koel en angenaam; alles was stil as di graf, en dit was lig genoeg vir di vlugteling om syn pad te sien. HOOFDSTUK XVIII. Dl HOP IN VERLEEND HEID. De vollende oggend om halftien was di kleine saai van di Hof van Justitie propvol. Di hele dorp was bekend met wat daar op di dinner voorgeval het en, daar byna al di ingesetene vir Johannes óf persoonlik óf by ansien geken het, was di belangstelling in di saak bisonder groot. Onder de anwesige, wat in di voorgestoelte gesit het, was illem van W yk, di bai neerslagtig lyk; Gert, di daar was om getuinis af te lê; Ds. Linde; en verskeie offisiers. Di regbank het bestaan uit Gouwerneur van der Stel, as President, en 9 ander manne, meestal hooggeplaaste persone in diens van di Compagnie. Om kwart voor tien, onder algemene stilte, tree di trotse Willem Adriaan, in lange toga gekleed, di hofsaal binne. Almal, wat al gaan sit het, staan weer op ter eerbewysing, en di Gouwerneur, na 'n statige buiging gemaakt te hê, neem plegtig syn sitplaas in di hoë stoel in. Daarna kom ook di ander 9 lede van di hof in en gaan naas en voor di President sit, mar op laëre stoele. Di publieke aanklaër staan toe op en roep di naam van Johannes van Wyk uit. Daarop sluit 'n beamte 'n sydeurtji ope, om di beskuldigde, wat in 'n sykamertji onder di sorg van 'n konstabel behoort gewees te hê, te laat inkom. 'n Pynlike stilte heers daar in di saai en di oë van 'n ieder was gerig naar di sydeur. Di gemelde beamte blyf 'n paar minute weg en kom toe met 'n verbouereerde gelaat, waarop iedereen kon sien dat daar iets verkeerd was, di hof by 'n ander deur in. „President!" seg hy, senuweagtig, „di sipier is hierbuite. Hy kom van di tronk en hy seg, dat Johannes van Wyk ni te kry is ni!" Di een kyk di ander verwonderd an. „Wat?" seg di President, terwyl syn gesig rooi word. „Gevlug?" Di beambte trek syn skouers op. „Roep di bewaarder hier!" gebied Yan der Stel. Koos Keyns was alreeds by di deur en hy tree nou vorentoe. „Johannes van Wyk was onder jou bewaring, ni waar ni?" „President!" seg Keyns met béwende stem, „ek het hom opgesluit in di agterste sel van di tronk en di deur op grendel en op slot gesit, mar hy is verdwyn." „Was daar ander gevangene by hom opgesluit?" „Gin een ni, President !" „Dus het iemand hom uit 'n venster gehelp." „Onmoënlik, President! Di yster boute kon hy ni breek ni." „Dan moet iemand di deur oopgebreek hê," vervolg Van der Stel, di hoe langer hoe kwaaier word. „Di deur is nog op di grendel, President! En al kon hy ook deur di deur gekom hê, dan kon hy nog ni oor di hoë agterplaasmuur ni." Willem Adriaan skud syn kop. „Wonderlik!" roep hy. ,,'n Grondige ondersoek sal ingestel word!" Hy was toe op di punt om di hof te verdaag, toen 'n blanke visser sig deur di gedrang dring naar vorentoe en iets in di oor van di publieke anklaër fluister, terwyl hy 'n swarte baatji en 'n hoed vlakvoor laasgenoemde op di tafel neersmyt. „Wat 's dit nou weer?" roep di President ergerlik uit met syn oog op di vervaarde indringer. „Di ongelukkige gevangene," antwoord di kroonvervolger, „het homselwe verdrink." Dit verwek met eens 'n kleine sensasi in di saai. „Hoe?" vraag di Gouwerneur verbaasd. „Verdrink? Syn lyk gekry?" „Net mar syn baatji en syn hoed, meneer!" antwoord di visser. Ds. Linde en Willem van Wyk, angedaan deur di tyding, staan toe op en verlaat di saai. „Nou," vervolg di President, „dit was miskien ook mar di beste wat hy kon doen." Meteens was Malherbe op syn voete. „Ek het hier verskyn, seg hy, „om Johannes van Wyk te verdedig. En ek protesteer teen uw laaste opmerking. Di hof het gin reg om te onderstel, dat myn kliënt skuldig is an 'n misdaad ni. Ek kan bewys, dat hy net so min skuldig is daaran as di onskuldigste in hierdi vergadering. Ek kan bewys, dat daardi Gert Rass, wat di voornaamste getuië teen di angeklaagde is, en wat so goed weet hoe om rose te steel en 'n ander daarvoor te laat straf—" „Stop!" roep di President uit. „Jy durf ni sulke aspersies maak ni!" „Laat my voortgaan!" versoek Malherbe, en, sonder om op verlof te wag, vervolg hy: „Ek kan bewys, dat dit Gert Rass self is, wat di reëls geskrywe het, waarop myn ongelukkige kliënt angekla word, en—" „Stop!" roep di President nog '11 maal met luide stem. „Gaan dadelik sit, of—" Malherbe voel, dat hy di grense van syn reg oortree het, en gaan toe sit. Daarop werd di hof verdaag. Toen Gert by di deur kom, werd hy deur ettelike jonkkerels uitgejou en een van hulle vraag hom harduit, waarom hy ni vir Malherbe uitdaag om te bewys wat hy gesê het ni. „Verheel jy jou," antwoord Gert, „dat ek dit ni sal doen ni?" „Hoekom doen jy dit ni nou ni?" vraag di ander. „Loop haal hom, raasbek!" seg Gert, „en ek sal jou ni teleurstel ni!" „D'is ni nodig om my te haal ni," klink di heldere stem van Malherbe kort agter Gert. „Jy 't gesê," begin Gert an Malherbe, „dat ek 'n roosdief is?" „Presies!" „En dat ek '11 ander daarvoor het laat straf!" „Juis." „En dat ek di skrywer was van di sedisieuse brief!" „Ja! en ek sou daarby gevoeg hê, as ek ni gestop was ni, dat dit nimand anders was as jy ni of 'n handlanger van jou, wat di brief in Johannes se sak gestop het!" Gert kyk vir Malherbe skerp an, asof hy hom kon vermoor. „Is dit dalk ook ni ek wat vir Johannes versuip het ni?" vraag hy op bytende toon. „Wi weet!" was di bedaarde antwoord. Hoe woedend Gert ook van binne was, hy bedwing syn humeur op lofwaardige manier. „Sal jy dit alles kan bewys?" seg hy. „Haarfyn!" „Goed, babbelaar! dan sal jy dit in di Hof van Justitie moet bewys! Ek hoop mar, dat jy ook ni vir jou vóór di tyd sal gaan versuip ni!" Daarna stap Gert weg, tot di teleurstelling van di jongere toeskouers, wat gehoop het dat di opgewonde twee tot 'n vuisgeveg sou geraak. Toen Malherbe weer alleen was en Joosten hom ontmoet, seg laasgenoemde: „Ek vrees, dat jy ni alles sal kan bewys, wat jy teen Gert geseg het ni, en Gert sal syn dreigement nakom!" „Ek vrees dit ook," antwoord Malherbe, „ofskoon ek oortuig is, dat ek alleen di reine waarheid gepraat het... Mar, kyk, Joosten, nou moet ons ook gin steen onangeroerd laat ni, om uit te vis teen hom alles wat ons kan!" Joosten knik en stap terug naar syn kantoor. HOOFDSTUK XIX. Op jag vir Johannes. Dit was een uur in di middag. Willem van Wyk, synvrou en Gert sit an di tafel te Welbedacht. Hulle was al klaar met eet en op di punt om op te staan. „Wat sal syn arme vader daarvan sê!" merk di hui3vrou op met 'n vrome sug. Haar man blyf stil. „Ek het jou mos altyd gesê," gaan sy voort, „dat Johannes 'n deugniet is en dat ons hom moet wegstuur. „Dit het jy eers begin te sê," antwoord Van Wyk met 'n sagte stem, „vandat syn pa gestop het om vir hom of ons geld te stuur. Johannes was altyd 'n liewe kind." ° „En ek seg," roep sy bits, „dat hy altyd 'n karnalli was, 'n opperste karnalli!" „Hy is dood, moedertji!" herinner hy haar, nog altyd sag en bedaard, terwyl hy syn sakdoek naar syn oë bring. „Dood of ni," hervat sy, „hoe kan ek di skande vergeet, wat hy op ons huis gebring het!" „Vroutji!" seg hy, terwyl hy syn hand in alle liefde op hare sit, „jou hart is al te hard vir di van 'n vrou !" „En joue," antwoord sy, gebelgd, terwyl sy haar hand wegtrek, „is al te week vir di van 'n man — behalwe as dit jou stiefseun betref." Van Wyk staan op met 'n diepe sug en stap di gang in om naar 'n ander kamer te gaan, mar toe hoor hy 'n geklop an di voordeur en gaan dit oopmaak. „Wel, Kohier?" seg hy an di besoeker. „Is Gert hier?" vraag di ander, vervaard. „Hy is binne! — Wat mankeer?" „Johannes leef!" antwoord Kohier met gejaagde asem, „en is vanmorre gesien geword deur 'n karweier wat hom ken." „Johannes?" herhaal van Wyk verbaas, met 'n skielik opflikkerende gesig. „Ja, Johannes!" antwoord Kohier. „Hy had 'n vaal pak klere an en was op weg naar Stellenbosch... Mar Gert — waar is Gert? Ons moet di droster gou gaan vang." „Foei! Kohier, om so te praat! Johannes was tog altyd 'n vrind van jou." „Kan ni help ni, meneer van Wyk! Hy is nou hoogverrader. Moet ek 'n hoogverrader laat loop, omdat ek eers syn vrind was?" Di ou heer swyg. Gert, wat di stem van Kohier uit di eetkamer herken het, het van di tafel opgestaan, syn hoed gegryp, en naar di voordeur gekom. „Het jy gehoor, Gert," vertel di senuweagtige Kohier gretig: „Johannes is vanmorre op di vlakte gesien geword in di klere van 'n smous?" Gert staar syn maat in di gesig. — „So, so! dan was di natte klere op di strand blote oogverblinding," seg hy, en vervolg toe met 'n veelbetékende oogknip an syn maat: „Klere van 'n smous! Di muis het 'n stêrtji, Frits! Ek sal ni graag di ,smous' wil wees, wat di klere geleen het ni!.. . Weet di polisi van di nuws?" „D'is ek, wat dit vir hul gebring het, ek\" antwoord Kohier, trots op homselwe, „en ek het angebied om met jou en 'n paar ander vir hom te gaan vang." „Jy behoort jou te skaam," seg Van Wyk verontwaardigd, „om so uit jou weg te gaan om 'n maat—" „ Da» pa!" roep Gert, nog eer syn stiefvader klaar met praat was, en hol di stoep af, gevolg deur Kohier, en hy pyl reguit naar di stal. Dri kwartier later verlaat Gert, Kohier, 'n diener en 'n Hotnotjong, almal te pêrd en almal met gewere gewapen, di kasteel, na sekere instruksies van di gesaghebbende ontvang te hê. „Was hy te voet?" vraag Gert an Kohier, toen hul di stadpoort uitry. „Te voet, en hy 't gelyk of hy reeds doodmoeg was." „Hoe ver was hy toe van di Kaap?" „Tien of twaalf myl." „Só ver? Dan sal ons hom ni al te gou vang ni." „Hoe verder hy is," antwoord Kohier, „hoe prettiger di jag. Mensig! hij sal ook skeef opkyk as ons op hom af kom! ' „Moeg of ni," vervolg Gert, „hy sal syn twaalf myl of syn tweemaal-twaalf myl moet terugstap Kaaptoe!" en toe voeg hy as 'n twede gedagte by: „d'is te sê, as hy di Kaap met syn lewe kan bereik!' „Natuurlik!" stem Kohier in. „Ons moet ook mos 'n beetji pret hê 1" en hy lag hartelik op di vooruitsig. Hulle ry intussen op 'n harde tred voort. Mar, daar di pêre van di konstabel en di jong ni al te fluks was ni, het di voortgang eerlang anmerkelik verslap. Net waar hul iemand op di pad ontmoet, vraag hul naar Johannes, mar nimand had iets van so 'n mens gesien ni. By De Kuilen, 'n plek halfpad tussen di kasteel en di drosdy van Stellenbosch, het hul 'n beetji stilgehou en an 'n soldaat, wat hul daar ontmoet het en wat op 'n flinke perd gesit het, naar Stellenbosch gestuur met 'n boodskap, waarvan di leser later weer sal hoor. Na meer dan vier ure op di weg gewees te hê — hulle het ni altyd reguit gery ni — stel Gert voor, dat hulle naar 'n sekere heuweltji, van waar daar 'n mooi uitsig was, sou ry, om daar 'n slaggi af te saai om di pêre 'n beetji te laat rus. Di son was toe al goed laag. sweet het, terwyl ons so onbedagsaam di rots beklim het — gedoriwaar! gin vyftien tree van ons af ni! Mar wag mar! Morre is nog 'n dag! Wi laaste lag, lag di lekkerste." Kohier kyk 'n beetji suur. „Jy het hom belowe," herinner hy syn maat op 'n toon wat vrees en teleurstelling verraai, „dat jy hom ni verder sou vervolg ni." „Wat !" antwoord Gert, met 'n holle, bittere spotlag, terwyl di wraak uit syn oë fonkel. „Verbeel jy jou, ek gaan myn skandelike neerlaag van vanmiddag ni dubbeld en dwars goedmaak ni ! Waarvoor neem jy my ? . . . Glo my, Frits, hoe meer hy my dwarsboom, hoe nydiger word ek; en, tussen ons twee, al moet ek ook daarvoor gehang word, vrek sal hy !" „Ek hoop van harte," seg Kohier, met 'n bèwerige stem, „dat jy hom sal vang, mar ek het tog gin lus om verder agter hom te gaan ni!" Gert trek 'n viese gesig. „Ek behoort geweet te he," seg hy, „wat 'n bangbroek jy is !" Rass het an 'n fyne snaar geroer, mar daarom was di steek des te skerper. Kohier kyk syn maat in di gesig an om 'n vertoning (hoe gedwonge ook) van verontwaardiging an te hef, mar Gert stap daar weg sonder enige notisi van hom te neem. Daarop hol Kohier met 'n brawado-fluit di heuwel af. Intussen had di diener en di jong, na 'n boel moeite, di pêre bymekaar gekeer. Dit word toe al vinnig donker en di eerste sterre, tussen onweerswolke, maak al hul verskyning an di hemel. „Gin een van di pêre het 'n saai of 'n toom ni, baas," brom di nukkerige Hotnot an Kohier, toen di by di pêre angekom het. „Kan ni help ni," antwoord Kohier," „ek gaan my ni meer seermaak in di struike ni!" Hy spring toe op di perd, wat an di jong behoort het. „Hoe gaan baas hom stuur?" vraag di Hotnot. „By syn ore of syn maanhaar," was di antwoord, en tegelyk kryg hy di pêrd an di nekhare beet. Di konstabel lag. „Jy lag?" seg Kohier, „mar kyk hoe kunstig stuur ek hom!" Hy gee daarop di dier 'n klap met di platte hand en, waarlik, dit lyk of di nuwe manier van ry 'n groot sukses was, want netjies stap di pêrd in di gewenste rigt-ing—di rigting van di naaste boerplaats. „Arri!" roep di jong uit. „Ek gaan ook perbeer!" En een, twee, dri! sit hy op di rug van Gert se hings. „Ek ook!" volg di diener, en ook hy swaai syn lyf op. Mar hulle vergeet glad, dat Gert, di nog ewe tydgenoeg angestap kom, ook 'n pêrd moet hê. Pas het di Hotnot di wakkere hings 'n waai gegee, of di dier draai syn lyf om en sit af in 'n galop Kaapwaarts,—en di ander twee draai ook om en volg! „Hoei! hoei!" skree di ruiters hul stemme hees, mar alles help niks. „Wag vir my, julle—!" skree Gert, di nog sowat veertig tree agter was, mar 'n minuut later was syn sterke stem ni meer in staat om di ore van di vervaarde ryers te bereik ni. So het di pêre 'n volle tien minute in di half gebaande pad voortgehol, voordat hulle di galop met 'n draf vervang; en, tot di krediet van di ruiters moet geseg word, dat hul pragtig tot nog toe op hul pêre bly sit het. „Laat ons afspring en onse pêre terugja !" stotter Kohier. „Jaag waarnatoe, baas?" vraag di jong. „Naar baas Rass, natuurlik, jou onnosel!" „Nou toe!" seg di Hotnot, di ook al alle respek vir Kohier verloor het: „sal kleinbaas afspring en onse pêre keer?" Di diener skater van di lag; en, sonder verdere suggessies, laat di ryers hul an di wil van di diere oor, wat, tot di geheime vreugde van aldri, reguit Kaaptoe laat vat. Mar selfs vir 'n geoefende ryer is dit ni lig om op 'n kale, draffende dier te sit ni, viral as di ding se kloue nou en dan teen 'n stomp stamp of in 'n struik haak. Dus moet dit ni tot afbreuk van di perdry-reputasi van Kohier strek ni, dat hy soas 'n stuk natte seep oor di nek van syn bees gegly het, toen di dier oor 'n losse tak an di kant van di pad gestruikel het. Syn perd het ook ni nog vir hom gewag ni. „Wag vir my! wag vir my!" skree hy an di ander, toen „Ingeval ons di memori naar Holland stuur," hervat Tas, „sal ons dit net so geheim moet hou as toen ons dit naar Batavia gestuur het, anders mag di Gouwerneur onse planne dwarsboom." „Anders mag di Gouwerneur onse liggame an 'n dwarsboom hang, moet jy liewers sê!" laat Van der Byl volg. „Nadat daardi kleine Van Wyk di kerel soveel skrik in di lyf geja het, het hy glad syn kop verloor en is hy kapabel om enige streek te begaan." Op hierdi oomblik hoor Johannes 'n pêrd in volle galop met di pad naar di huis kom. Hy spring toe gou weg van di venster en staan 'n entji daarvandaan, 'n Minuut later hou di ruiter naby di huis stil, en spring dadelik van syn swart- bruine pêrd af. „Hier jy!" roep di vreemdeling, met syn gesig in dirigtmg van Johannes gedraai. „Wi 's daar?" Johannes skrik effentjies. „Het hy vir my gewaar geword?" dog hy, „of praat hy met iemand anders? Johannes blyf doodstil staan. „Wi 's daar? Het jy gin ore an jou kop ni?" roep di vreemdeling, tweemaal so hard as di vorige keer. Johannes beweeg ni. Mar van di anderkant van di huis kom daar toe 'n kleine swartjong angehol. „Het baas my geroep?" vraag laasgenoemde. |,Kom hier!" lui di gebiedende stem. „Hou myn pêrd vas en lei hom koel! Ek is netnou terug." Di jong gehoorsaam. Di vreemdeling, sonder enige verdere notisi van Johannes te neem, hol toe haastig di treetjies van di stoep op en stap naar binne sonder om eers te klop. Intussen gaan Johannes naar di venster terug. „Naand vrinde!" seg di pas-angekomene, enigsins vervaard, toen hy di kamer, waarin di vyf kerels sit, instap. Di manne staan almal, uit beleefdheid, op en groet di indringer met 'n stywe buiging. „Dit spyt my," seg hy op 'n hoe toon, „dat ek julle so moet hinder, mar ek is daarim bly om jul almal hier te ontmoet." om di suspisi te wek van di jong, wat nou met Starrenburg se bruine liings naby Kohier se skimmel staan? As liulle ontdek of vermoed, dat hy daar was, sou syn pêrd hom weinig baat, want, ofskoon dit 'n fraaie dier was, het dit reeds tékens van flouheid begin te toon, waarskynlik omdat dit ni gewend was om lange ritte af te lê ni. As liulle dit wou, sou hulle hom makkelik kan injaag. Hy neem 'n stoutmoedige besluit. Hy stap reguit naar di klong toe, di hom tot nog toe ni gewaar liet ni. „Gee hier daardi pêrd!" gebied hy di Masbieker. Di jong staan verskrik. „Is dit dan baas s'n?" vraag hy met 'n beefstem. „Dit raak jou ni!" antwoord Johannes en gryp tegelyk di toom. Di Masbieker, di nou vir di eerste keer di geweer merk, laat skielik di pêrd los en sit op di loop so hard as hy kon, terwyl hy so's 'n gekmens uit di onderste van syn keel „Moord! moord!" gil. Dit bring natuurlik al di manne, wat in di huis was, uit. „Wat 's dit?" Wat 's dit?" roep meer as een tegelyk. ,,'n Rower!" skree di jong. ,,'n Rower! Daar ry hy weg op di pêrd wat ek vasgehou het." 'n Paar van di boere hol 'n ent van di stoep af, terwyl Johannes in 'n harde galop wegry. „Stomoor!" seg Tas an di jong, terwyl di ander vier kerels gou hul pêre gaan losmaak om di vlugteling agterna te sit; „hoekom het jy di pêrd somar afgegee?" „Hy 't 'n geweer, baas!—hy wou my skiet!" „Hoor jul, kerels?" roep Tas, „hy's met'n geweer ge wapen!" Dit bring di yweriglieid van di manne tot 'n skielike stilstand. Gin een had 'n geweer by hom ni, en 'n ieder had syn lewe lief. „Ek sal niks verwonderd wees ni," fluister Pretorius an Van der Westhuisen, „of d'is Johannes van Wyk." „Gekheid!" antwoord laasgenoemde. „Hy is gin dief ni!" „Lig hier, kerels! lig hier!" roep Starrenburg, di dit heeltemal op syn senuwes had. Tas stap naar hom toe en trek 'n vuurhoutji. m „Is hierdi skimmel een van julle pêre?" skree di landdros di ander toe. „As dit was," antwoord Pretorius niet 'n lag, „sou een van ons al lank daarby gewees hê." Intussen het Huising 'n kleine lanternki opgesteek en kom hy di vreemde pèrd kyk. Net toen syn oog op di dier val, seg hy: „Ek ken hoin net so goed as ek myn eië pêre ken: d'is di pêrd van Frits Kohier." „Van Frits Kohier?" herhaal Starrenburg met 'n stem, wat jou sou laat dink, dat hy di stuipe gaan kry. „Van Frits Kohier, wat besig is om vir Johannes van Wyktesoek? Dan bespeur ek grote onraad!" „Dan bespeur ek" seg Pretorius, met geveinste erns, „dat eers Kohier, en nou onse landdros vir Van Wyk in syn vlug met 'n pêrd gehelp het.— Vrinde, is dit ni onse plig om dadelik di landdros te arresteer ni?" „Moeni gek wees ni," bulder Starrenburg, gebelgd. „Jy weet goed genoeg dat ek dit ni kon help ni!" Ook Van der Westhuisen en Huising kon nou ni hulle lag hou ni, en hulle pret het ni verminder ni, toen di landdros hulle vertel, hoe hy 'n kerel naby di venster gesien het en met hom gepraat het mar hom vergis het vir 'n jong of 'n seun wat te lui was om di pêrd te kom vashou. 'n Beetji later het al di besoekers vir Tas verlaat, behalwe Starrenburg, wat verkies het om in di huis van Tas te oornag. „Di kleine karnalli," het hy an Tas gesê, „mag vir my op di pad voorlê: ek gaan ni myn lewe in gevaar stel ni!" HOOFDSTUK XXII. Johannes in di genade van 'n prettige boer. Johannes se eerste gedagte was, toen hy van di plaas van Adam Tas wegspoed, om 'n ent ver van di dorp te ry, in di veld vir 'n paar uur te gaan slaap (want hy was al vreselik afgemat) en om dan weer in 'n noordelike rigting voort te ry. Mar toen 'n wilde dier, waarskynlik 'n jakhals, vlakvoor hom op di pad virbyspring, verander hy van gedagte. Daar was di tyd nog baiing tiere en bobiane in di berge rondom Stellenbosch en ni lank tevore ni het 'n leo naby di drosdy 'n os verskeur. Johannes was nou hieran herinnerd geword, en hy had gin lus om syn lewe nodeloos in di waagskaal te sit ni. Hy neem dus 'n ander besluit: hy sal haar di plaas van Wessel Pretorius ry ! Di sou hom gin ongunstige ontvangs gee ni! Pretorius het gin twaalf minute te pêrd van Tas gewoon ni. Johannes het syn pêrd reguit soontoe gestuur. Toen hy omtrent 'n honderd tree van di woonhuis kom, klim hy af en gooi syn moege lyf plat op di grond langs di pad. Hy wag daar vir Pretorius. Hy het ook skaars tien minute daar uitgestrek gelê, of hy hoor 'n ruiter naderkom. Daar di lug swaar betrokke was, was dit bisonder donker, en Pretorius het byna vas teen di pêrd van Johannes gery, voordat hy dit opgemerk het. „Jou karnalli!" seg di boer an di menselike vorm, wat hy daar voor di dier sien. „Kom, ek wed met jou, jou naam is Johannes van Wyk!" „Meneer Pretorius kan mos beter sien dan 'n vlermuis !" antwoord Johannes, di, alhoewel hy di man slegs 'n paar maal nog in syn lewe ontmoet het, dadelik gevoel, asof hy met 'n ou getroue vrind te doen het. „Dan moet 'n vlermuis byna gladni kan sien ni!" seg Pretorius. „Nee, ek weet dat dit jy is, omdat ek jou hier verwag het." „Verwag het?" herhaal Johannes, verwonderd. „Sekerlik—na jy vir ons by Tas afgeloer en afgeluister het, en ontdek het dat jy moënlik by almal, buiten by my, dit sleg sou tref." „U het my tog ni by di venster opgemerk ni?" „Ek het ni, mar dit spreek tog vanself, dat jy ni di huis van Tas verlaat sou hê ni, as jy ni ons gesprek gehoor het ni! Johannes voel nou weer 'n beetji onrustig. "As di res van di geselskap net so knap as u gevolgtrekkings maak, dan vrees ek, dat ek hier ook ni veilig is ni." „Dit is jy ook ni! — Mar kom, spring op jou pêrd en laat ons huistoe ry." „Eik dank u," seg Johannes met 'n sug, „mar ek draai liewers hier om." „Daar 's gladni soveel haas by nodig ni!" verseker di boer di jongeling. „ Vannag sal nimand jou hier kom soek ni! — Kom, spring op di pêrd! Jy gaan nou rustig en lekker in n verebed in myn vryslaapkamer slaap en morre bring ek jou veilig van hier weg, en gin haan sal daar ooit naar kraai, dat ek jou gehelp het ni!" Johannes twyfel 'n oomblikki wat hy sou doen, en seg toe: „Meneer Pretorius, ek gee my heeltemal oor an uw genade." Hy bestyg toe weer di landdros se pêrd en di twee manne ry tesame naar di woonhuis. Daar angekom, versoek di boer syn jonge vrind om op di stoep vir hom te wag, totdat hy (Pretorius) di pêrd van Starrenburg sou weggedrywe hê. So geseg, so gedaan. Pretorius het, terwyl hy op syn eië pêrd het bly sit, di ander pêrd by di toom gevat, hom 'n ent terug in di pad afgelei, en toe, met 'n hou van di karwats, op loop geja. Di skerpsinnige dier het reguit in di rigting van di drosdy gehol. Di vrou en kinders van Pretorius was al in di kooi, toen hy met syn gast di huis instap. Hy 't Johannes eers naar di spens geneem, om hom daar wat kos te gee, en het hom daarna naar di vryslaapkamer gebring, waar hy (Pretorius), na 'n fluisterend gesprek en na di uitgeputte jongeling met al di nodige voorsien te hê, hom gelaat het vir di nag. Dat Johannes 'n diepe, soete, heerlike slaap geniet het, behoef noueliks geseg te word. Di sware buië reën, wat daar gedurende di nag geval het, het hy gladni gehoor ni, en dit was ni voor half-ag in di oggend ni, dat hy wakker geword het. Hy sou waarskynlik nog langer geslaap hê, as Pretorius ni di kamer met soveel gerug ingekom het ni. „Hier s kos vir jou, jong!" begin di boer, terwyl hy 'n skinkbord met kos en koffi belaai op di stoel naas di bed neersit. „Weet uw huisgenote, meneer Pretorius, dat ek hier is?" was di eerste, wat Johannes vra. 8 „Net mar myn vrou," antwoord di ander, mar laat daarop volg: "ofskoon, tot myn spyt, onse nuwe kok—'n meid, wat ons net gister in di huur geneera het—ook agtergekom het dat daar 'n vreemdeling hier geslaap het. Sy moet ons gisteraand hoor praat hê. En ek het di nuwskierige ding vir-effe in di gang gevang." „D'is vreselik jammer!" seg Johannes, met 'n sure gesig... „Ek sou haar graag wil omkoop om haar mond te hou! Mag ek haar sien?" „Is jy gek, kerel? Sy 's 'n Kaapse meid, wat jou dalkies ken!" „Waar is sy nou?" „Myn vrou het haar naar di kombuis gestuur. — Nou toe, ek sal jou nou verlaat en binne tien minute kom ek jou haal." Daarop stap Pretorius di kamer uit. Pas het Johannes hom angetrek en syn oggendkos naar binne geja, of daar klink onverwags by syn kamerdeur in di gang 'n vrouestem: "Baas Hannes!" Johannes skrik.... Ken hy ni daardi stem ni? „Baas Hannes !" lui dit weer. Ja, Johannes herken di stem—'n growwe, lelike stem, wat eenmaal in syn ore geklink het asof dit van '11 reddende engel was—di stem van ou Fekki ! Hy gaan dadelik di deur oopmaak, en daar staan di ou meid lewensgroot voor hom. „Ek het tog só verlang," begin sy, op 'n andoenlike toon, met trane in di oë, „om weer di goeie gesig van myn liewe kleinbaas te sien!" „En ek is ook regte bly om/om te ontmoet, myn goeie ajali." Tegelyk steek hy syn hand in syn broeksak en haal daar sestien guldens uit — net soveel geld as di meid in vier maande sou verdien—en stop dit in haar hand, met di woorde : „Hol terug naar jou werk, ajah, en seg an nimand dat jy my gesien het ni!" Sy wou nog haar dank uitdruk, maar toe hoor sy di roepstem van haar juffer en laat toe vat. Kort daarna was Pretorius by syn gast terug en twee minute later leg Johannes ingekrimp onder di bankies agter in di kapkar. asof hy belédigd was. „Diuk jy dat, as ek geweet het, waar di droster skuilhou, ek hom ni al lank op myn kar gehad sou hê ni?" „Ek het ni gemeen om u anstoot te gee ni," maak di beleefde kerel ekskuus. „Ek vrees mar," seg di derde ruiter laggend, „dat u ni al te ge makkelik vir Johannes van Wyk op di kar sal kry ni!" „Waarom ni?" vraag Pretorius, so serieus as moënlik. „Hy 't 'n geweer!" „Poe! Dit het ek self! Ek kry di klein karnalli met geweer en al op di kar." „Laat ons anry kerels," seg di isigrimmige vettetji, wat di eerste vir Pretorius toegespreek het. „Wat sal di landdros sê, as hy hoor dat ons so versuim!" „Waarom so haastig?" vraag Pretorius. „Is julle uit op di spoor van syn pêrd ?" Di beleefde kerel lag. „As ons dit was, meneer Pretorius," seg hy, „dan was ons al lank in di stal van di landdros. „So? So?" seg di boer, asof di nuws hom geweldig verras: „dan is di landdros se pêrd weer in syn stal? — Dus is di vlugteling sonder pêrd! Hoekom soek julle hom dan so ver van di drosdy?" „Omdat hy ni di landdros se pêrd sou opgegee het ni, as hy ni 'n ander in di plaas gekry het ni — daarom!... Kom, maters, ons verkwis net onse tyd hier!" „Nog één vraag net!" herneem di beleefde een: „Gin een van ons dri weet presies hoe di wegloper lyk ni, terwyl u, so 's ek verstaan, hom goed ken? —" „O ja!" seg Pretorius, „ek ken hom goed — hy 't binne di laaste dri jaar eenmaal by my in di huis geslaap! „Kan u ons sê, hoe hy daar uitsien?" „Wel, ek kan sê, hoe hy daar behoort uit te sien," gaan Pretorius voort, nog altyd op syn sedige toon: „ore spits, hare regop, wange bleek, oë kortsiende, lippe „Ek ry!" roep di ronde mannetji. „Meneer Pretorius speel di gek met ons! Ek sal ni verwonderd wees ni, of hy 't ons aspres agtergehou om di wegloper 'n kans te gee om te ontsnap. Daarop steek hy di spore in syn pêrd, en di ander twee volg. Kort daarna ry ook di kapkar weer voort. „Nou toe nou!" seg Pretorius, met 'n lekkere lag, an Johannes, di met 'n sug van verligting syn lyf weer oplig; „hoe 't ek myn rol gespeel?" „Puik!" antwoord Johannes, di ook moes lag; „mar ek was daarim lelik benoud. U 't só naby di blote waarheid gekom, dat ek al bang was, u sou ent met te sê: „En kom, ek wed jul dat hy hier agter in myn kar leg!" „Ha, ga, ga, ga!" skater Pretorius. „Moe ni glo ni!" „Ek kon ni in erger gevaar ge wees het ni!" vervolg Johannes. Di gesig van di boer word dadelik weer serieus. „Di grootste gevaar," seg hy met 'n sug, „is nog voorhande." HOOFDSTUK XXIII. Hester Linde, na di peest. Ons sal vir 'n oomblik vir Johannes laat bly, en keer naar di huis van Jan Morkel, di an di bo' ent van Heerengracht gewoon het. Hy was einlik 'n tuinboer, mar, daar hy ni ryk was ni, het hy nou en dan betalende gaste in syn grote huis ingeneem. As sodanige het Ds. Linde en Hester daar loseer. Dit was dri uur in di agtermiddag — di vierde dag na Johannes in di tronk opgesluit ge wees het. Di vrome grysaard sit in 'n grote leuningstoel in di voorhuis met 'n oopgeslane boek in di hand. Syn oë is nog daarin, mar as jy hom gevra het, wat di laaste was wat hy gelees het, sou hy dit ni kon gesê het ni : syn gedagte was glad op iets anders. Hy maak 'n vou in di blaai waar hy opgehou het en slaan di boek toe. „Hester !" roep hy. 'n Bleke meisi, met 'n paar geswolle oë, kom uit haar kamer, wat net regoor di voorkamer was, en tree naar haar vader toe. „Ja pa ?" klink haar sagte, soete stem. „Kom sit hier by my, myn kind !" Hester gaan toe op 'n stoel naas haar pa sit. Hy neem haar hand in syne. „Hester !" seg hy tederlik, „dit sal nooit gaan ni, myn kind !" Hester byt op haar lippe, en weer word haar oë vogtig. „Myn liewe kind," vervolg di vader, „jy doen jou gesondheid kwaad, jy doen jouselwe onreg an. Jy eet byna niks, jy sluit jou gedurig in jou kamer op, jy kom ni eens met jou pa nou en dan 'n beetji gesels ni, — jy huil marnet! En dit alles oor iets, wat jy tog niks an kan doen ni, — niks in di wereld ni. Jy kan ni so angaan ni, myn hartji! Ons vertoef hier in Suid Afrika gedeeltelik uit plesier, mar ook gedeeltelik ter wille van myn gesondheid, en tot nog toe het di klimaat my só goed beval, dat ek gedog het om hier 'n volle jaar te bly, mar watter plesier sal ek verder hier hê en hoeveel sal dit myn gesondheid bevorder, as ek jou dag na dag só moet sien !" Di trane rol in 'n gloed haar wange af. „Hy het myn lewe gered !" stotter sy uit. „Ek weet dit, myn liewe kind, ek weet dit. Ek waardeer di daad net so hoog as jy. Ek is net so dankbaar daarvoor as jy is. Ek sal dit net so min vergeet as jy. Ek rig ni myn stem naar onse liewe Heer ni, of ek bid vir di ongelukkige jongeling. Mar wat help dit nou om weg te kwyn oor syn lot? Onse goeie Hemelse Yader het di lot van 'n ieder in Syn hand. Niks sal daar met di jonge man gebeur ni, of dit sal ooreenkomstig wees met di wil van di Heer, di altyd weet wat best is." Hester vee haar trane af. „Ek weet ek is dwaas," seg sy; „ek weet ek is kinderagtig !" „Beloof nou vir my," hervat haar vader, „dat jy sal perbeer om di lot van Johannes van Wyk te vergeet en jy sal trag om opgeruimd te wees !" „Ek ial, pa!" antwoord sy. „Ek sal perbeer om minder lafhartig te wees." „D'is reg, myn hartji!" 'n Korte stilswyging volg. „Mar pa," seg sy toe, terwyl sy smekend in syn oë kyk, „sal pa my toelaat om getuinis te gaan aflê as hy gevang is en voor di hof verskyn ?" hond wil slaan, kan hy gou 'n stok kry. — Ek gaan Malherbe dadelik sien." Met di woorde spring hy op, en hy stap syn kamer in om syn hoed te haal. Wat di gesprek was, wat hy 'n kwartiertji later met di „Franse advokaat" gehad het, hoef ni hier herhaal te word ni. HOOFDSTUK XXIV. Koos Emmert in Franschhoek. Daar di pad naar di toen nog dunbevolkte Franschhoek vol gate en bulte en slote was, was di voortgang van di kar met Johannes en syn beskermer ni al te vinnig ni, en dan het Pretorius ook di pêre, wat hy te danig op gestel was, verskeie maal laat rus. Ondertussen het hy vir Johannes meegedeel wat syn doel met hom was. Hy (Pretorius) sou namelyk tot binne 'n myl van 'n sekere afgeleë plaats, di eindom van 'n meneer De Villiers, ry, en dan sou Johannes daarheen, wanneer dit donker was, moet stap. Daar meneer De Villiers 'n persoonlike en politieke vrind van Pretorius was en daar hy gebrek an 'n kneg had, was Pretorius seker dat hy (De Villiers) vir Johannes gretiglik in diens sou neem. „Mar as hy agterdog kry," het Johannes gewaag, „dat ek 'n wegloper is ? ... of as hy om di een of ander rede weier om my in diens te neem ?" „Dan oorhandig jy hom hierdi briefi !" antwoord Pretorius, di uit syn sak 'n toegeplakte brief haal, wat al vroeg in di morre geskrywe was, gerig an Pierre de Villiers, Donkerhoek. „Mar jy gee dit ni af ni, tensy jy in di nood kom, anders sou jy my onnodiglik an gevaar blootstel. Gehoor ?" „Goed !" antwoord Johannes, terwyl hy di brief anneem. „En jy skeur dit op," vervolg Pretorius, di nou vir di eerste keer besorgd oor homselwe lyk, „so gou as hy besluit het om jou in diens te neem." „Ek sal!" beloof Johannes, sugtend. In di agtermiddag hou di boer syn kar naby 'n tamelik diepe sloot stil en, na hy in di ronte gekyk het of daar nimand in di nabyheid was ni, laat hy Johannes daar uitklim. Na hy di vlugteling Gods beste seën toegewens het, draai hy met syn kar om en ry terug met diselfde pad waarmee hy gekom het. Johannes, an di ander kant, stap di sloot in, om hom daar weg te steek totdat dit donker sou word. Daar het hy gebly tot neënuur. Toe pyl hy reguit naar di woonhuis van Donkerhoek — 'n fraaie, nuwe gebou, wat op di sagte helling van 'n pragtige berg eensaam en alleen gestaan het, 'n kwartier te pêrd van di naaste ander boerhuis. Dit was net voor slaaptyd, dat Johannes by di huis angekom het. Hy stap direkt naar di voordeur en klop. 'n Veertigjarige, mooie boervrou verskyn. Johannes haal syn hoed af. „Naand juffer!" seg hy met 'n stem so ootmoedig as hy dit moënlik kon maak. „Wi 'sjy?" vraag sy kortaf. „Koos Emmert, juffer!" ,,'n Basterd Ierse naam! Tog ni Rooms ni?" „Protestants, juffer!" „Van waar kom jy?" „Uit di Kaap, juffer!" „En wat soek jy hier?" „Werk, juffer !" „Werk? Stap om naar di kombuis!" Di vrou sluit toe di voordeur toe en stap naar binne, terwyl Johannes om di huis stap naar di kombuisdeur. Alles was daar donker. Na 'n beetji gewag te hê, ion hy 'n dowwe lig in di kombuis sien, en 'n oomblikki later gaan di deur ope en di huisbaas, 'n blasse, flinke man van sowat vyf en veertig, kom te voorskyn met 'n kandelaar. „Kom binne, Emmert!" seg hy op gebiedende toon, mar ni onvrindelik ni. Johannes, met hoed in di hand, stap di kombuis in. Alles in di huis was doodstil, wat ook gin wonder was ni, want almal, buiten di meneer en juffer, was al in hul slaapkamers. „Ai!" merk di landman op, terwyl hy Johannes van kop tot toon beskou, „jy lyk mos ni so 'n bedelaar as myn vrou gesê het ni! Is jy ook 'n matroos of soldaat, wat uit di diens van di Compagnie gevlug het ?" Johannes antwoord met 'n skuldige laggi. Toen di boer dit bemerk, wou hy gin verder vraë van di aard vra ni, want te veel kennis mog hom onder wetsverpligtings bring, en hy was uiterst gretig om blanke hulp op di plaas te hê. „Jy 't an juffer De Villiers gesê, jy kom hier werk soek. Verstaan jy boerdery?" „Tamelik!" antwoord Johannes, met 'n nederige glimlag. „Wat ek ni weet ni, sal ek wel gou anleer." „Nou," vervolg di boer, „jy lyk sterk en fris genoeg! As jy mar net so ywerig en vertroubaar sal wees, dan hou ek jou hier! Mar ek moet jou vooraf sê, jonkman, dat ek jou vir eers ni meer dan dri guldens in di maand sal betaal ni. „Ek is tevrede," antwoord Johannes. „Nou toe!" seg di boer: „kom hiersa!" Pierre de Villiers stap met syn blikblaker en smerige vetkers di deur uit en gelei di pasgehuurde kneg naar n kleine, dolleë buitekamertji, naas di stal. „Hier 's jou slaapvertrek!" seg hy. „Tevrede daarmee? „Ja, meneer!" was di antwoord. W at kon di arme drommel ook anders sê? „Morre sal ek dit vir jou laat meubeleer. Vannag sal jy op di voersoller moet slaap!" Di boer gelei di jongeman toe naar di voersoller, wat deurmiddel van gemetselde treetjies (an di buitekant van di gebou) bereik werd. „Wag 'n beetji hier!" seg hy. „Ek gaan vir jou 'n kombêrs en 'n kussing haal." Hy stap toe di trap af en binnentoe, en kort daarna was hy by di voet van di treetjies terug met genoemde slaapgoed, wat Johannes gou angeneem het. „Mag ek 'n kers kry?" vraag Johannes beleefd. „Nee, nee!" seg di boer, „jy mag brand maak. — Het jy vuurhoutjies by jou?" „Ja meneer!" „Gee dit hier!" seg de Villiers. „Jy sal jou nes gemakkelik genoeg in di donker kan kry." Johannes was dadelik gehoorsaam. „Nag!" seg di boer, en stap met syn kêrs huistoe. „Goei nag, meneer!" antwoord di arme jongeling nederig, en stap sugtend di trap op. Om vyf uur in di oggend staan hy op, trek hom gou an, en gaan naar di kombuisdeur om daar vir syn meneer te wag om te verneem wat daar vir hom te doen was. 'n Meid en 'n paar van di volk het nuwskierig vir hom daar bekyk, dog dit het hom ni gehinder ni. Wat hom wél gehinder het, was di ontdekking dat meneer en juffer De Villers gladni di enigste witte bewoners van Donkerhoek was ni. Hy vind uit, dat daar vyf kinders in di huis was. Di oudste was 'n regop, statige agtienjarige brunette, met 'n paar skitterende, donkerbruine oë; 'n fraai gevormde neusi; 'n paar gladde, volle, gesonde wangetjies; dunne, ferme lippies en 'n kinnetji waarop daar niks te sê was ni. Ook was haar postuur bevallig. De twede kind was ook 'n meisi, en omtrent 'n jaar jonger dan haar suster. Sy het byna presies diselfde gelaatstrekke van haar suster gehad, behalwe dat sy kuiltjies in haar blosende wange gehad het en dat daar iets geestiger, iets vroliker en iets openhartiger en sagter in haar voorkom was; sy was ook 'n beetji voller van lyf, ofskoon 'n paar duim kleiner. Dan volg twee seuntjies op elkaar, met di ouderdomme van 11 en 9. Nadat Johannes vir 'n geruime tyd by di kombuisdeur gewag het, het di jongste meisi hom 'n koppi koffi gebring, en kort daarna het di oudste hom kom sê, dat haar pa besig was om 'n paar briewe te skrywe, wat daardi oggend moes weggaan en dat hy vir hom („Emmert") na di ontbyt werk sou gee. Johannes het di skoonheid van di twee jonge dames, alsook van di seuntjies, bewonder, mar hy sou liewer wil gehad hê, dat hul vyftig myl van daar was. Syn enigste gedagte was dan ook, of dit moënlik was dat di een of ander van di vele bewoners van Donkerlioek hom ni, opsettelik of onopsettelik, vroeër of later sou vasbring ni. HOOFDSTUK XXV. 'n Wetsproses. Laat ons nou weer 'n slaggi naar di Kaap terugkom. Dri weke is virby na di klugspel in di Hof van Justitie en ons vind onsselwe alweer in diselfde koertsaal. „Rass versus Malherbe!" lees di griffier uit. „Ek verskyn vir di eiser!" klink di ronde stem van'n wetsgeleerde in di voorste bank. „En ek vir myselwe!" volg Malherbe. Di slag was dit ni di Gouwerneur wat di President van di hof was ni mar wel syn secunde, Samuel Elsevier. illem Adriaan het gin lus gehad om in di saak deel te neem ni. Di saai was ni groot ni en al di moënlik verkrygbare siten staanplek was gevul. Op di bank agter Malherbe sit W illem van Wyk, Jan Morkel, Frans Joosten, Ds. Linde, Hester, Klaartji Keyns, di verteënwoordiger an di Kaap van di bank van di Oost Indische Compagnie, en nog 'n paar ander. Ook was al di vrinde van Gert, selfs Abram, anwesig. „Begin!" seg di voorsitter, met 'n knikki an Gert se regs- verteënwoordiger. Laasgenoemde het toe di saak kortelik ingelei, en toe vir Gert opgeroep in di getuiëhokki. Met vaste tred en 'n parmantige gesig stap di eiser daar naartoe; mar, hoe selfvertrouend en koel hy ook gewoonlik was, toen syn oog op di gesigte van di ry agter Malherbe val, kon jy sien, dat hy m so heeltemal op syn gemak gevoel het ni. As daar één was, wat hy nooit daar verwag het ni, dan was dit Klaartji Keyns, en juis sy kon hom di meeste kwaad doen. Nadat Gert vertel het hoe en wanneer en waarvan Malherbe „Een- of tweekeer het ek daar 'n paar blommetjies gepluk," seg hy. „Sonder verlof?" „Ek het ni geweet dat meneer Wessels enige objeksi sou hê ni!" „Sonder verlof?" herhaal Malherbe. „Sonder mondelinge verlof!" „Sonder enige verlof hoegenaamd!?" roep Malherbe ongeduldig. „En op één geleëntheid het di jong van meneer Jan Wessels jou geja tot in jou huis. Ontken jy dit?" „Geja het hy my ni!" „Gevolg dan!" gee Malherbe an di hand. Gert swyg. „Di bossi rose, wat jy daardi dag gesteel het, het jy vir jou neef Johannes gegee om vir Klaartji Keyns te bring—?" „Ek het dit ni gesteel ni!" protesteer di getuie. „Nouja," gee „di Franse advokaat" toe: „wat jy sonder verlof gepluk het! — Antwoord jy mar myn vraag !" „Ek kan my niks van so 'n sending herinner ni." „Niks herinner ni!" herhaal Malherbe spottend. „Wat 'n gerieflike leemte in jou geheuë! In alle gevalle, jy sal dit ni ontken ni?" „Ek het geantwoord." Malherbe gaan voort: „Ek kom nou tot 'n ander punt, en sal nog 'n keer jou ongelukkige—of gelukkige—geheuë moet lastig val. Onthou jy di aand toen jy op di maaltyd van di Gouwerneur was?" „Ek onthou hoe dit daardi aand ontdek was, dat jou intiemste vrind besig was met sedisi en hoogverraad." Malherbe trek syn neus op. „Gert Rass is van my gin vrind ni!" seg hy, „en—" „Hy sal dit ook nooit word ni," vervolg Gert, di ook nou syn' neus optrek. „Mar daar 's 'n .gerieflike leemte' in jou geheue, want dit was ni Gert Rass, wat van sedisi en hoog- verraad betrap was ni!" „Virsigtig! meneer Rass!" waarskuw Malherbe hom. „Virsigtig!—Onthou jy, dat jy di eetsaal binnegekom het met Charlie Winterbag?" „Onmoënlik is dit ni." „En dat Johannes van Wyk byna tegelyk met julle daar ingekom het?" Gert aarsel. Hy bemerk nou waarop Malherbe wou afkom. Hy had soiets ncoit verwag ni. Hoe op aarde is di geheim uitgelek? Hy werp 'n kyk vol agterdog op Winterbag—as di mar ni omgekoop was ni! „Ek kan my niks daarvan herinner ni," was syn antwoord. Malherbe kyk hom deurdringend an en hervat: „Mar jy sal dit ni ontleen ni?" „Ek kan daar niks van onthou ni!" „Laat my dan jou geheuë 'n beetji verfris. Onthou jy, dat jy 'n sekere brief, wat in rooie ink geskrywe was, an Winterbag oorhandig het?" Gert trek an syn korte, pikswarte moestassi en blyf 'n rukki stil. „Watter brief?" vraag hy toe. „Di brief wat Winterbag in di sak van Johannes gestop het," antwoord Malherbe met 'n harde stem. 'n Doodse stilte heers daar in di saai. Almal wag met gespanne belangstelling op di antwoord. Tot di algemene verbasing, lyk Gert nou bepaald verleë en blyf stil. „Toe! toe!" haas Malherbe hom an. „Jy is verplig om te vertel wat jy onthou!... Jou vrind Winterbag sal netnou anvul wat jy vergeet het." Gert draai syn gesig naar di arme, bleke Winterbag (di nog an gin mens in di wereld iets omtrent di slinkse streek vertel het ni) en gee hom 'n bitter verwytende, verpletterende kyk. „Toe!" herhaal di kruisvraër ernstig: „erken!" „Toe, meneer Rass!" jaag di ongeduldige voorsitter hom ook an. „Ek erken," seg Gert toe, „dat Winterbag di brief van my gekry het, mar dit neem ni weg dat Johannes dit opgestel het ni!" „Dus," vervolg Malherbe, „jy erken, dat myn verhaal tot dusver juis is!" „Ek erken," skree Gert, di nou vir di eerste keer syn meur verloor, tervvyl di diepste verafskuwing op syn gesig te lees was, „dat Charlie Winterbag 'n gemene, laë bedrieger is!" Malherbe glimlag. „Hy is jou beste vrind, ni waar ni! „Myn vuilste, lafhartigste, veragtelikste vyand!" roep Gert uit. „En ek weier om hier langer an jou brutale kruisvraë onderwerp te word—ek stap hier uit! Gert wou toe net uit di hokki stap, mar werd dadelik deur 'n strenge „Bly waar jy is!" van di President gekeer. „Ek is nog ni klaar ni," herneem Malherbe, di nou 'n dokument opneem. „Luister—di vollende paragraaf in di brief, beweer ek, is deur jou geskrywe." Daarop lees hy uit 'n afskrif van Johannes se brief di posUcriptum, waarop laasgenoemde van sedisi beskuldig was. „Wat seg jy daarvan?' „Ek seg dat Winterbag net so lig kan lieg, as dat jy hom kan omkoop! Hy sal syn eië moeder an di galg bring, as jy hom tien guldens daarvoor betaal!" „Pas op, myn vrind, pas op!" hervat Malherbe. „Jou beste vrind is ni di enigste wat daarvan weet ni. Jou suikerpotji-." „Suikerpotji naar di hoenders!" „En jy ook!" roep Klaartji uit, tot di pret van almal. „Meneer Rass!" merk di voorsitter op, „ek het di brief van Johannes van Wyk hier voor my, en ek dink dat ek duidelik kan merk dat di laaste gedeelte daarvan in 'n donkerder kleur ink geskrywe is, as di eerste deel. Ook is di handskrif in di twee gevalle ni presies diselfde ni. Kan jy dit verklaar?" Gert skud syn kop. „Net nog één punt," hervat Malberbe, „dan is ek klaar!— Op di 5de van verlede maand het jy 'n tjek, wat op di naam van Johannes van Wyk uitgemaak en deur Maurits van Wyk getéken was, in di Kaapse bank gewissel. Ni waar ni?" Gert blyf 'n oomblikki stil en antwoord toe: „Is Johannes se naam ni agterop ni?" „Syn naam mar ni syn handtékening ni!—Het jy di geld, wat jy getrek het, an hom oorhandig? „Hy het my di geld geskuld." „En daarom het jy dit gehou?" „Jy sou diselfde gedoen hê." „Waarvoor het hy di geld geskuld?" » ^ ir dienste, wat ek an hom bewys het." „Watter dienste?" Gert aarsel. „Antwoord dadelik !" jaag Malherbe hom an. „Myn kop voel duiselig!" seg Gert, terwyl hy syn hand an syn voorkop sit en naar di regbank kyk. „Ek voel ni fris ni!" „Laat hom afstaan!" gebied Elsevier. Di deurtji van di getuiëbank werd toe deur 'n bediende oopgesluit en Gert stap daaruit. „Wil julle met di saak nou voortgaan?" vraag di President. Gert se adviseur vraag vir hom (Gert) toefluisterend: „Sal ek vir Winterbag oproep?" „Sluit di verbrande saak !" antwoord Gert, hard genoeg dat dri of vier ander dit kon hoor. „Mar dan durf ek ni andring op jou eis ni." „Eis naar di maan !" „Goed !" seg di 'regsgeleerde en hy maak toe an di hof bekend, dat syn kliënt ni verder met di saak sou angaan ni. „D'is di beste wat meneer Rass kan doen ?" seg di President. „Hy sal natuurlik al di onkoste moet betaal." Daarmee sluit di aferre. Dit spreek vanself, dat di vrinde van Malherbe almal diep in hul skik was met di afloop, dog in di hart van nimand was daar sulke innige vreugde ni, as in di van Hester Linde. ^ Mar wat sou di gevolg van di obenbarings in di prosés wees ? Sou Gert gearresteer word ? Sou di beskuldigings teen Johannes teruggetrek word ? HOOFDSTUK XXVI. Johannes en Jeanette. Di soek vir Johannes het op 'n ent gekom op di aand van diselfde dag waarop Pretorius hom naar Franschhoek vervoer 9 het, want nóg Starrenberg nóg enig ander ambtenaar van di Compagnie het in di verste verte enige idee gehad ni in watter rigting hy uit was. Di algemene gedagte was, dat hy '11 geheime herberg gekry het by di een of ander boer in di nabyheid van di drosdy, want watter ander redelike gevolgtrekking kon 'n mens maak uit di vroegtydige terugkeer van di landdros se pêrd en di spoedige, spoorlose verdwyning van di vlugteling? Wat ook in gin geringe mate di soek naar di jongeling ontmoedig het en onraadsaam gemaak het, was di vyandige houding van di boere, op di plase van wi di soekers gekom het. Meer as een het openlik te kenne gegee, dat, as Johannes van Wyk op hnlle plase sou kom, hulle hom eerder sou help dan an di gesaghebbende oorhandig. So het Johannes stil en ongestoord op Donkerhoek gebly. Hoe anders di lewe ook hier was van wat hy tot nog toe gewoon was, hy het binne 'n paar weke heeltemal tuis gevoel in syn nuwe omgéwing, en, ofskoon hy ni di gemakke en genoëns, wat hy in di Tafelvallei gehad het, kon vergeet ni, was hy te Donkerhoek, waar hy van di oggend tot di aand hard moes werk, gelukkiger dan te Welbedacht. Hy mis syn boeke, hy mis syn musiek, hy mis syn goedhartige oom en syn getroue vrinde, en hy mis, meeste van alles, di engelagtige gesig van di meisi, wat nou dag en nag in syn gedagte leef. Mar hier was gin tante Debora ni en gin Gert Rass ni. Te Welbedacht was hy 'n meneer gewees, deur twee uit di dri huisgenote gehaat, ja vervolgd ; te Donkerhoek was hy 'n kneg, deur al di huisgenote so goed behandel as 'n angestrande vreemdeling, 'n vermoede gevlugte bandiet, mar ooit kon verwag hè. Selfs di huisvrou, wat hom so stuurs ontvang het toen hy daar angekom het, was regte goed vir hom geword. Syn kamer was, di dag na syn ankoms te Donkerhoek, gemeubeleer met 'n houte betji; 'n houte stoel; 'n kleine, gebrekkige kassi, waarvan di meeste knoppe al af was ; n lompe kis,' wat tot tafel moes dien, met 'n soort van kleetji daaroor, en 'n blik kom en beker. An di vale kleibepleisterde muur het daar 'n spotkope spiëltji gehang, waarin 'n mens se gelaat meer naar 'n drilvis as naar 'n gesig gelyk het. Di misvloer — selfs in di beste kamers van di woonhuise van daardi tyd was daar gin plankvloere ni — was só ongelyk, dat jy in gin posisi jou stoel op syn vier pote tegelyk kon laat staan ni. En tog, binne di eerste veertien daë het Johannes meer geheg geword an hierdi hokki, dan hy gedurende di vorige twaalf maande gewees het an di puik gemeubeleerde, ruime kamers in di huis van syn oom. Hy was gevra geword om al syn ete an di tafel saam met di ander huisgenote te neem, mar hy het verkies om dit in syn buitekamer te hê. Ook het hy syn meneer versoek om verskoon te wees van di huisgodsdiens by te woon, en di politieke Pierre de Villiers het dit geredelik toegestaan'sonder eens naar di rede van di versoek te verneem. Di boer was oortuig, dat Johannes 'n droster was en mense wou vermy. Om di rede het hy ook syn vrou en kinders geheimelik beveel om ni di jongeman te ondervra ni. Onnodige kennis is in sommige gevalle tot 'n mens se nadeel. Hoe vrindelik ook di huisgenote van Donkerhoek teenoor Johannes was, hul het altyd op 'n sekere distansi van hom gehou, wat ook ni te verwonder was ni, want hoe kon hulle so 'n onbekende anloper op 'n gelyke voet met hulselwe stel! Viral vir di famili De Villiers, wat van 'n bisonder goeie afkoms was, sou 't vernederend gewees hê om soiets te doen. Met di twee jonge dames van di plaas het Johannes ni wil gesels ni, ofskoon hy bai dikwuls 'n geleentheid daartoe gehad het. Hy wis al te goed in watter lig hulle hom beskou. Meer as eenmaal het hy lus gehad om hieroor of daaroor 'n woortji met hul te wissel, mar an belediging wou hy hom ni blootste] ni, selfs ni an 'n suspisi van vermetelheid ni. Buitendien, daar was altyd nog di gevaar, dat hul hom vraë sou doen, wat hy ni lus mog hê om te antwoord ni en wat hy ni mog weet hoe om te ontwyk ni. Hy het daarom liewers uit hul vonke gehou. Op 'n goeie agtermiddag, omtrent dri weke nadat hy op di plaas angekom was en terwyl hy besig was om in di blomtuintji, wat daar voor di woonhuis gestaan het, te skoffel, kom di twee jonge dames di tuintji in om blomme te pluk. fonkelende, sympati-verwekkende oë vrindelik en vertrouelik an, en seg an haar, na 'n korte stilswyging: „Ek mag u met 'n grote geheim vertrou, ni waar ni?" Sy kyk verwonderd in syn geheimsinnige gelaat, en knik. „U ken vir Johannes van Wyk," seg hy, langsaam, „beter dan u vir Frits Kohier ken." Nog altyd met haar vorsende oë op syne gevestig, was sy vir di oomblik sprakeloos: di grote sluier het van haar geestesoog verdwyn: sy het oplaas ontdek, wat sy al solank heimelik nuwskierig was om te weet — wi, einlik, di kneg van haar vader was. Haar gesig word rooi en jy kon daarop merk, dat verskillende gewaarwordings haar boesem ingeneem het. Hy neem haar hand. „Is jy teleurgesteld, sussi?" Haar oë word vogtig, en sy skud haar kop. Di verrassing het haar angedaan. „Emmert!" klink op daardi oomblik di harde stem van Pierre de Villiers buitekant. „Kom kerel, di werk wag!" Johannes gryp syn hoed en stap uit. HOOFDSTUK XXVIII. Belangryke briewe. Jeanette was di hele agtermiddag ontstemd en stil, en in di aand, omtrent agtuur, toen 'n paar windmaker kerels uit di omtrek op Donkerhoek kom kuier het, toe maak sy n floue ekskeus om ni voor te gaan ni. 'n Beetji later, terwyl Louise en haar ouers op di breë stoep di lekker someraandlug en di prettige geselskap van di jonge kuierlinge sit te geniet, toe glip Jeanette stilletjies di agterdeur uit om vir Johannes op te soek. Laasgenoemde was toe net besig kort agter di huis om 'n duiwehok vir di seuntjies te maak, di 'n week of wat tevore vertrek het naar 'n soort van kostskool op Simondium. „Wel?" vraag hy, verwonderd, toen di jonge dame by hom haar verskyning maak. „Kom ons gaan 'n entji in di vrugteboord wandel," stel sy fluisterend voor. „Ek het vir jou 'n vrag vraë, wat ek ni langer kan opkrop ni." „Ek gaan graag, myn goeie sussi, mar sou jou pa dit lyk? Jy moet onthou, dat ek mar 'n dienskneg by hom is!" „Hoekom is pa dan ni daarop tee ni," antwoord sy haastig, „dat ons ieder agtermiddag vir 'n uur alleen in elkaar se geselskap mag wees? — Nee, boeti, seg mar liewer reguit, dat jy kwaad is vir my noudat jy uitgevind het, hoe ek van Frits Kohier hou. Mar kom, ek wil nou eenmaal met jou praat, en ek sal met jou praat!" Tegelyk neem sy syn arm. Johannes kon sien, dat sy brand om iets te verneem of te vertel, en hy voel, dat hy haar versoek ni kon weier ni, te meer daar hy self innig verlang het om 'n twede vertrouelike gesprek met haar te voer. Hy laat di duiwekou staan, stap met haar deur di agterpoortji van di ringmuur, wat daar om di werf was, en tree di vrugteboord in. Dit was toe nog helder lig. „Boeti," begin sy, „jy ken vir Frits Kohier beter as ek. Seg vir my eerlik: wat weet jy van hom?" Johannes swyg 'n oomblikki. „Niks bisonders ni," seg hy toe; „ek glo, dat hy in di grond van syn hart ni sleg is ni." 'n Glimlag helder haar gesig op. „Uit di mond van syn vyand," seg sy, „kan Frits gin groter kompliment verwag ni! — Mar sê nou vir my, boeti: waarom haat hy jou so?" „Ek glo ni, dat hy my haat ni. Myn neef, Gert Rass, haat my, en Kohier is syn beste maat." „Mar Frits is regtig bai kwaad vir jou, weet jy?" „Dalk het hy goeie rede," antwoord Johannes, 'n beetji ongeduldig. „Watter rede?" dring sy by hom an. „Hyself sal di vraag beter as ek kan antwoord." „Hoe lyk dit, boeti," seg sy, teleurgesteld, „of jy ongewillig is om my uit di duister te help op di punt wat my di meeste hinder?" „Moeni kwaad word ni, myn goeie sussi! — Nog ander vraë?" „Nog honderd ander," seg sy, „as jy my mar wil antwoord.. . Ek wil jou hele geskiede ais weet! Laat staan vir Frits'n oomblik en vertel my, eerste van alles, hoe jy uit di tronk gevlug het." Johannes skud syn kop en gümlag. „Myn stoute sussi," merk hy op, „het alweer di strenge gebod van haar pa vergeet!" „En myn agterhoudende boeti," antwoord sy gou terug, „het vergeet dat ek syn vertroueling geword het." „Later," seg hy met 'n sug, „sal jy alles weet." „Later!" herhaal sy, half verwytend, half spottend, mar toen haar oë syn grote, edele, medelyverwekkende kykers ontmoet, werd haar tere hart dadelik weer met meegevoel gevul. „Toemar," seg sy, „ek sal ni kwaad met kwaad vergeld ni." Daarop trek sy, na rondgekyk te hê of nimand haar altemit gewaar ni, enige briewe uit haar roksak. „Kyk hier," fluister sy, „hier het ek al di briewe, wat ek van Hester Linde ontvang het, vir jou gebring om te lees. Wat jy di minste daarin moes geweet hê, het ek stom genog gewees om an jou te gaan verklik. Nou mag jy ook mar di res, wat daarin staan, weet." Johannes voel of hy diefstal pleeg, toen hy di papiere uit haar hand anneem. Hy kon dit byna ni glo ni, dat hy dri sware briewe uit di pen van di besitster van syn hart in syn hand had. Hy steek dit in syn baatjisak, en, na hy nog 'n goeie ruk met di openhartige Jeanette gesels het (dog sonder 'n woord teen Kohier te rep), stap hy met haar huistoe. Dit was toe al tamelik donker. Jeanette het haar gaan ansluit by di geselskap op di stoep, terwyl Johannes naar syn buitekamer gegaan het. Hy sluit di deur toe, steek di kêrs op en, met bonsende hart, begin hy di briewe lees. Di eerste het o.a. vertel van di noue ontkoming wat di skryfster in Kampsbaai gehad het; di twede het 'n noukeurige beskrywing bevat van wat op di onvergetelike dinner in di kasteel en, twee daë daarna, in di Hof van Justitie plaasgevind het; di laaste brief het voornamelik tot inhoud gehad di (vir hom) uiterst interessante verhaal van di saak tussen Rass en Malherbe, mar di paragraaf, waarby Johannes di langste vertoef het, was di vollende: „Jy het nou net di name van al di dwarstrekkers genoem." »Ek het di name van al di edelste burgers genoem/' verklaar Pierre, koel. Di landdros kyk di boer geskokt an. „Hoe lyk dit," seg hy, „of ek 'n vyand, in plaas van 'n vrind, hier voor my het?" „U het 'n vrye burger voor u, landdros!" „Nou!" seg Starrenburg met grote waardigheid, terwyl hy opstaan om weg te gaan: „nimand wil an jou vryheid peuter ni, nimand wil jou dwing om te téken ni — mar dit seg ek jou, myn edele Gouwerneur en ek onthou wi onse vrinde is en vergeet ni wi onse vyande is ni." Met di virsigtigheid, wat destyds al di mannelike lede van di Kaapse De Villiers geslag gekenmerk het, het Pierre, noudat di landdros uit syn meur was, dit veilig geag om stil te swyg, en uit fatsoenlikheid volg hy di landdros tot op di stoep. Mar laasgenoemde het ni weer naar di boer omgekyk ni. Sonder versuim het hy op syn pêrd gespring en weggery, gevolg deur syn dri beskermers. Nog twee weke het virbygegaan, en op di brief van Jeanette an Malherbe het gin antwoord gekom ni. „Ek vrees," seg Johannes an haar — dit was gedurende di uur vir di Duitse les — „dat di brief dalk in verkeerde hande geval het." »Dan sou jy ni hier gesit het ni," antwoord sy. „Tog is dit vreemd," merk hy op, „dat Malherbe dit ni geantwoord het ni." Miskien is hy ni di vrind, wat jy gedog het dat hy was ni." Johannes kyk haar an asof hy ni wis of hy met haar moes instem ni. „Hy is een van di opregste karakters an di Kaap," se8 hy. "mar dit is moënlik, dat hy daartee opsien om syn goeie reputasi in di weegskaal te gaan sit vir so 'n vernederde, niksbeduidende ongeluksvoël as wat ek is." „Jy was altyd bai gek naar hom, ni waar ni?" „Nimand kan 'n broer liewer hê ni." Juis op di oomblik word daar 'n geklop by di voordeur huis vati Adam Tas omsingel, cli lessenaar met al di papiere daarin buitgemaak, vir Tas gevange geneem en liom in di kasteel opgesluit." „Wat! Het hul dit durf wa?" „En 'n paar daë gelede het hul vir Wessel Pretorius, Jacob van der Heiden, Pieter van der Byl, Henning Huising en nog een of twee gepak op anklagte van sedisi." „Mar is di kerel dan glad gek ge word? En hoe is dit dat jy nog ni an di pen is ni?" „Omdat ek nooit van di ,sediseuse memori' geweet het ni en dus niks getéken het ni. — Willempi het an di kerels soveel te kenne gegee dat, as hulle di waarheid van di klagtes wil ontken, hy hulle weer sou laat loop, mar di laaste een het geweier. Wat seg jy daarvan?" „Pragtig!" „Ek het ook gistraand van di fiskaal gehoor, dat daar nog ander burgers is, wat agter di tralies gesmyt sal word. As hulle jou moet vang, sal ek ni in jou skoene wil wees ni!... Nee, jong, bly jy mar hier tot di storm oor is. As jy dan mar uit di vonke van jou ellendige, wraaksugtige neef kan bly — wat, ek erken, moeilik sal gaan — is jy veilig! — Weet jy, dat hy al tweemaal perbeer het om myn lewe te neem? Een aand, kort na di saak, wat hy teen my gehad het, terwyl ek besig was om my in myn kamer uit te trek, klink daar onverwags 'n skot, omtrent 20 tree van myn venster af, en 'n koel vlieg skram teen myn nek virby en dwarsdeur myn spiël. Ek het dadelik myn geweer gegryp en uitgehol, mar, toen ek buitekant kom, was daar gin mens te sien ni. Myn keel het heelwat gebloei, — hier kan jy nog di merk sien." „Hoekom seg jy dat dit Gert is?" „Ek het di vorige aand 'n naamlose briefi ontvang: ,Pas op vir Gert Rass! — jou lewe is in gevaar!' — omtrent 'n week daarna kryg ek in di agtermiddag op di kleedtafel in myn slaapkamer 'n pragtige peer. Ek dog dat Joosten dit daar vir my gebring het, want, so's jy weet, bring hy dikwuls vir my vrugte, en ek begin daaran te eet, mar ek proe meteens iets bitter, en toe merk ek, dat daar 'n kiepi in di agterdeur: „Baas Emmert! Baas Emmert!" Daar was angs en vrees in daardi stem. Hy spring toe op om te gaan verneem, wat di jong wou hê. „Baas Emmert," seg di Masbieker, vervaard: „di berg wemel van Boesmans." „Waar is di vee?" vraag Johannes haastig. „Op di werf, baas Emmert." „En di Boesmans?" „Nog in di berg, baas Emmert, mar vannag wil ek ni op Donkerhoek slaap ni." „Jy 't gin wil van jou eie ni! Laat di vee vir eers op di werf bly en jaag hul teen sononder in di kraal. Di jong skud syn kop. „Ek glo ni," seg hy, „dat daar by di tyd nog volk op Donkerhoek sal wees ni. „Julle lafaards!" seg Johannes verontwaardigd, en hy stap naar buite om te sien of hy enige Boesmans kon gewaar, mar daar was gin enkele te bespeur ni. Di veewagter het gin speeltjies gemaak ni. Teen di aand was jong en meid, di laaste een, op soek. Johannes was nou stok alleen op di grote, afgeleë plaas, en alles was somber stil. Hy het toe mar self di vee in di kraal gaan ja, en, nadat hy in di spens di inwendige mens versadig het, het hy al di vensters van di huis op skuif en di buitedeure op slot gesit en toe stilletjies met kussing en haalgeweer binnekant di grote kraal, waarin daar 'n stuk of twaalf beeste was, syn intrek geneem. Tot omstreeks twee uur in di nag was alles doodstil. Toe word hy wakker gemaak deur 'n kleine geraas kort buitekant di kraal. Hy lig syn kop' soetjies op en gryp naar di geweer. Noueliks had hy dit gedoen, of hy sien in di floue maanskyn di swarte kop en kale bo'lyf van 'n kleine mens net oorkant hom bo di kraalmuur. Terwyl hy aarsel wat hy sou doen, kom daar nog twee koppe bo di muur te voorskyn. Daar hy in di donkere skaduwi van di muur was, meen hy dat di Boesmans hom ni sou gewaar ni en besluit om ni te gou op hulle te vuur ni, in di eerste plaas omdat hy dit ni oor syn hart kon kry ni om koudbloedig 'n medemens dood te skiet ni (al was 'n Boesman deur vele as '11 soort van dier beskou); in di twede plaas omdat hy tog ni goed in di donker kon mik ni en ni onnodiglik hul andag op hom wou trek ni. Mar 'n oombükki later verskyn daar nog 'n skelm by di muur, '11 sagte gefluister vind daar tussen hulle plaas, daarop werd 'n vinnige beweging van di arms en skouers van meer dan een an Johannes sigbaar en vóór hy nog begryp wat dit beteken, vlieg daar twee of dri pyle kort by syn kop virby en klap in di kleimuur agter hom vas. In 'n kits was di roer teen syn skouer en 'n skot gevuur. Di effek was merkwaardig. As 'n blits was al wat Boesman was van di muur verdwyn, di vee bulk en hol teen elkaar asof hul gek was, en Johannes moes mar oppas dat hy ni vertrap word ni. In 'n paar minute was alles weer doodstil. Johannes laai toe weer syn geweer en neem nog 'n maal naas di muur (mar ni op diselfde plek as tevore ni) posisi in. Daar het hy gesit, helder wakker en op di hoede, tot byna vier uur. Toe staan hy saggies op en loer oor di muur, mar, nog eer hy iemand kon sien, gons '11 pyl syn oor virby, wat hom skielik weer in syn tamelik veilige stelling het laat terugduik. Van toen af was di stilte, wat daar buitekant di kraal geheers het, gebreek, want di Boesmans het nou anhoudend gebabbel en gelag. Mar om di gewapende witman an te val het nimand durf wa ni. So het uur na uur virbygegaan tot omstreeks tien uur in di móre. Toe begin daar 'n gekap an di muur, en dit het ook ni lank geduur ni of 'n groot stuk tuimel in. Dit was alles behalwe 'n gevoel van gerustheid, wat nou vir di verdediger van di kraal besiel, mar hy wag wat moet gebeur bedaard af. Na 'n rukki val daar nog 'n stuk van di muur in, en daarna nog 'n stuk. So het di vernieling voortgegaan, totdat di gat groot genoeg was vir 'n os om deur te loop. 't Was virniet dat Johannes 'n kans soek om van uit di kraal op een van di afbrekers te vuur. Hy kon ni soveel as 'n voet of 'n vinger van iemand te sien kry ni. Intussen groei di ope plek in di muur al groter en groter, totdat 'n os, getref deur 'n klip wat, ingegooi was van di ander kant van di muur, met volle vaart deur di opening hol, gevolg op 'n streep deur al di ander beeste. De gele rowers het in hul doel geslaag! En hulle het hul vreugde te kenne gegee met 'n luide juigkreet. Skaam, verleë, kwaad, blyf Johannes nou dol alleen in di ruime kraal agter. Di bloed kook in syn lyf toen hy hoor hoe, onder gelag en baldadig geskree, di vee, wat an syn sorg oorgelaat was, di helling op gedrywe werd. Na 'n minuut of wat getwyfel te hê, wat hy sou doen, loer hy oor di muur en ontdek dat daar gin Boesman agtergebly het ni en dat 'n dertig of veertig van hulle agter di vee an was. Toe spring hy met syn geweer uit di kraal, en hol di Boesmans 'n ent agterna om, so gou as hy hulle binne skot kon kry, op hulle te vuur. Mar hy het di barbare te min krediet vir moed gegee. Hy was m ver geloop ni, of skielik swai di hele lot, as één man, om en loop hom storm. Johannes was verstandig genoeg om ni met syn agterlaaier di grote oormag af te wag ni. Hy neem direk di toevlug .naar 'n yselike rotsblok in di nabyheid, en beklim dit onder 'n reën van pyle, een waarvan hom laag agter in di linkerbeen tref. Gelukkig was daar 'n kleine holte bo op di klip, waarin hy, deur syn lyf plat daarin te gooi, tamelik beskermd was teen di pyle. Gin Boesman het dit gewaag, om di klip op te klouter ni. Hulle het verkies om dit te omsingel, terwyl 'n paar naar di beeste terug gestuur werd om dit di berg in te ja, n taak wat ni al te lig was ni. Di ligte wond, wat Johannes gekry het en waarvan hy op di eerste oomblik niks gedink het ni, het begin om lelik seer te word. Hy besef dat di enigste redmiddel was om di gif uit te suig, mar dit het di posisi van di wond vir hom ni toegelaat ni. Hy kyk daarnaar en bemerk, dat dit vinnig swel. Di bloue kring, wat daar om di wond was, word al breër, en di pyn al skerper. Eindelik was di smart so erg, dat hy daarvan hard moes kreun. Dit was of di steking met elke polsslag deur murg en been trek. „Hy 's vergewe!" roep iemand onder di klip in Boesmantaai, en Johannes het genoeg van daardi taal geken, om di uitroep te begryp. Hy besluit toe om di pyn, hoe vreselik dit ook was, meer manmoedig te dra, en leg doodstil. Toen hy vir vyf minute so geleg het, hoor hy diselfde stem, wat tevore gepraat het, sêf „Hy 's stil—hy 's dood!" Syn linkerbeen was by df tyd al glad styf, syn gesig koud, syn lyf béwerig. „Hemelse Vader!" bid hy, „ontferm U oor my!" Skaars was hierdi woorde uit, of 'n Boesman staan op di klip vlak voor hom, met pyl en boog in di hand. Johannes gryp met eens naar syn roer, mar di Boesman was te gou vir hom, en ruk dit sonder di minste moeite uit syn hand. „Jy is sterwend, baas Hannes !"seg di kroeskop bedaard en met 'n heerlike voldoening op syn gele bakkies. Nou eers word Johannes gewaar wi dit was wat daar voor hom staan. Hy blyf doodstil op syn rug lê en met syn grote oë kyk hy di jong stip an in syn gemene gesig. „Abram," stamel hy, „wat soek jy hier?" „Ek het al gekry, wat ek gesoek het!" antwoord di rower met 'n segevierende, helse laggi. „Het jy dan ni geweet dat ek kaptein is ni?" Johannes sien hom bitter verwytend an. „Dit is myn pyl," vervolg di jong, stadig en met trotsheid, „wat vir jou geraak het—myne! hoewel ek toe nog ni geweet het vir wi ek so netjies geskiet het ni." »Het jy dan gin gevoel meer ni, Abram," seg di gewonde, met moeilike asemhaling, „vir jou ongelukkige, gewese kleinbaas ?" Innige satisfaksi blink uit di jong se kleine, vale kykertjies. „Hoe hard is tog jou hart geword, Abram!—Kom, Abram, ek weet dat julle Boesmans 'n teegif het vir di gif wat julle an di pyle smeer. Kan jy ni gou vir my daarvan kry ni? Ek sal jou baiing betaal." „Di jong vat an 'n kleine kalbassi, wat an 'n leerbelt an syn sy swai. „Hierin het ek dit," seg hy, „hierin! En hierin aal dit bly!.... A nee, ons moet moes kiets maak,—a ja a! Vanmöre, toen jy een van myn mense deur syn skouer geskiet het, was jy jammer? Of het jy weer jou geweer gelaai om 'n ander deur di kop te skiet? O nee! witman het gin genade vir Boesman ni, Boesman het gin genade vir witman ni. Nee, nee, ek kan jou ni nog 'n slag op ons laat skiet ni.— Mar ek sien jou gesig trek inmakaar van di pyn. Ek sal jou van di pyn gou losmaak." Daarop sit hy di geweer agter hom neer, lig syn boog op en steek 'n pyl daarin. „Skiet my deur di hart!" stamel Johannes. „Martel my tog ni meer ni." „Goed!" antwoord di jong en laat weer syn pyl en boog sak, om di baatji van di doodswakke jongeling te ontknoop. Toen dit klaar was, neem hy weer bedaard syn wapen op en was net op di punt om 'n pyl in di bors van syn slagoffer te skiet, toen hy plotseling, deur 'n geheimsinnige koel getref, dood op di rots neerstort. Di gerug van di mysterieuse skot het so gou as blits di hele klomp Boesmans, wat onder teen di klip gesit het, laat opspring. „Daar kom hul!" roep een van hulle en, gouer dan dit kan vertel word, was di laaste een op hol. Johannes wou syn bo'lyf oplig om te sien wi dit was wat di skot afgevuur het, dog syn krag het hom reeds te veel begewe. Mar dit was ook ni nodig, dat hy syn liggaam sou vermoei, om naar di sleutel van di wonderlike voorval te soek ni, want binne 'n paar minute daarna staan Malherbe en, kort daarop, ook Joosten lewensgroot vlak voor hom op di rots. „Daardi kalbassi!" was di eerste wat Johannes uitstotter, terwyl hy effentjies syn kop oplig. „Gou! gee vir my ! Sonder om nog naar di rede van di vreemde, smekende versoek te vra, ruk di verskrikte Malherbe met alle haas di kalbassi van di belt van di gesneuwelde Boesman los en handig dit an syn doodsbleke maat oor. Johannes slik in één teug di helfte van di vloeistof, w at daarin was, op. 'n Koue gril loop deur di lyf van Joosten, toen hy di groene vog herken „D'is gif!" roep hy, ontsteld, en ruk di kalbassi uit Johannes se hand. „D'is gif! d'is di sap van di venbol!" „Ek weet dit!" antwoord Johannes byna onhoorbaar, met 'n floue glimlag op syn perse lippe, en hy laat weer saggies syn kop op di klip sak. HOOFDSTUK XXXI. Weer by mekaar. Na vir nog 'n halfuur byna ondragelike pyn gely te hê, word Johannes half bewusteloos. Toe het syn twee angstige vrinde hom opgetel, naar syn buitekamer gedra en in syn bed gesit. Al di middels, wat hul perbeer het om hom by syn kennis te bring, het niks gebaat ni. Mar daar was ook gin téken dat hy erger word ni en 't was duidelik dat di pyn hom meer en meer verlaat. Eindelik sluit by syn oë en val hy weg in 'n diepe slaap. „Dit sal hom goed doen!" fluister Malherbe, met syn hand an di pols van syn hulpelose maat. „Ek sal jou nou 'n rukki alleenlaat, Frans, en gaan kyk of ek ni enige van di vee uit di hande van di diewe kan red ni." Hoe Joosten ook so 'n waagsame onderneming afkeur, Malherbe stap met syn geweer uit met di mening om op syn pêrd te gaan klim en di spoor van di Boesmans op te volg. Tot syn verbasing egter, moes hy bemerk, net toen hy buite kom, dat di beeste kraalwaarts di helling af kom. En gin enkele kroeskop was errens te sien ni. Hulle was waarskynlik almal di skrik in di lyf geja met di val van hul kaptein en was op di loop gegaan. Malherbe het di diere almal, op een na—want di was deur 'n gifpyl gedood—in di vernielde kraal geja, en toe di stukkende plek met stokke en bossies toegemaak. Daarna het hy naar di woonhuis gegaan om te sien wat di skelms daar uitgerig het, mar, vreemd om te verhaal, di laaste deur en venster was toe en daar was gin spoor van Boesmans naby ni. Johannes se twee vrinde het by beurte trou by hom di hele nag ge waak. Om vyf uur in di morre word hy vir di eerste keer wakker, en di pynlike trek, wat daar di vorige aand op syn gesig gewees het, was weg—wat dan. ook 'n verrukkelike verligting in di kommervolle harte van syn oppassers veroorsaak het. Di venbolsap had syn lewe gered! „Waar 's Abram?" was di eerste wat hy vraag, terwyl hy 'n sittende houding inneem en verwonderd rondstaar. „Ni hier ni, ou broer!" antwoord Malherbe. „Jy"'s in jou kamer—sien jy?.... Di lyk van Abram leg waar ek hom doodgeskiet het." „O ja,.... ja, hy 's dood! Joosten! jy ook hier?" Joosten druk saggies syn hand. „Wat is myn God goed!" vervolg Johannes en gly toe weer agteroor op syn kussing. Di warme trane rol so 's di van 'n kind syn wange af. „Bly kalm, myn brawe ou broer!" seg Malherbe, di ook nou syn hand druk. „Watter engel het vir julle hierheen gestuur?" „Joosten s'n!" antwoord Malherbe met 'n sydelinkse, skalkse kyk naar syn bedoelde vrind, di moes glimlag. „Dit was ons plan gewees," gaan Malherbe voort, om vanmiddag, tegelyk met meneer De Villiers se wa, hiernaartoe te kom en 'n dag of wat hier deur te bring. Mar, na ons net dri ure op Stellenboseh gewees het—en na Fransi toe al vir 'n volle uur syn swart-oog violet uit de geselskap van Frits Kohier ontruk het—seg daardi windmaker meisi, toen ek di twee per ongeluk onder 'n moerbeiboom stoor: —,Meneer Malherbe, onder al di vrolikheid hier op Stellenbosch voel ek daarim tog angstig en droefgeestig. Ek het so 'n voorgevoel', seg sy, ,dat Emmert deur Boesmans vermoor sal word'. —'Binne 'n uur', beloof ek toe vir haar, ,is ek op weg naar Donkerhoek'. ,Ek ook', laat onse vrind Frans volg, vir wi dit gin geringe opoffering was ni om hom van di bevallige brunet los te skeur. Ons het ons woord gehou—en di eerste mens, wat ons op hierdi vreselik stille plaats bemerk het, was di Boesman op di rots met syn rug naar ons gekeer en met 'n boog in di hand. Dit het dadelik by ons onraad verwek. In 'n oomblik was onse pêre an 'n boom gehak en toe kruip ons nader, mar pas het ons dit begin te doen, of di kroeskop tel syn wapens op. Ek kon ni meer wag ni—en jy weet di gevolg!" ,,'n Wonderwerk!" seg Johannes, terwy] di dankbaarheid uit syn oë glinster. „Mar ons mag ni jou senuwies ontstel ni, ou broer," vervolg Malherbe. „Ons het nog baiing nuws—goeie nuws! Mar dit later!" Daarop vat hy di huissleutel, wat hy al di vorige aand uit di sak van Johannes gehaal het, en gaan vir laasgenoemde 'n eier in di kombuis kook. 'n Uur of wat later, toen Johannes weer ingesluimer het, het syn twee verplegers hom 'n rukki verlaat om di lyk van di geskote Boesman te gaan begrawe. 't Was 4 uur in di agtermiddag, toen Pierre de Villiers met syn famili en dri kuiergaste met di wa by syn huis terug was. Gin een van hulle het toe nog iets geweet van wat daar op di plaas gebeur het ni. Mar toen nóg Emmert nóg enige meid of jong te voorskyn kom en hul di geslote deure en hortjies bemerk, werd skerpe ongerustheid verwek. Jeanette, wat di eerste was om van di wa af te spring, het met 'n beklemde hart dadelik om di huis naar di buitekamer gehol. Uit vrees, dat sy opnuw di drif van haar ouers sou ontlok, het sy, nóg te Stellenbosch, nóg op weg naar Donkerhoek, haar angsgevoel laat merk ni; en, selfs vir haar suster, vir wi di plotselinge verdwyning van Malherbe en Joosten van Stellenbosch onverklaarbaar was, het sy di oorsaak van hul vertrek ni meegedeel ni. Dit spreek dus vanself dat, toen sy di buitekamerdeur oopmaak en daar inkyk en haar oë op haar doodsbleke, hulpeloos liggende „boeti" en op di ernstige, verwonderde gesigte van syn anders opgeruimde maters val, sy geweldig geskrik het. Sy sou 'n minder vreeswekkende ontvangs gehad hê, as di kerels geweet het, dat di wa al angekom het, mar hulle had II daarvan niks geweet ni. In alle gevalle, na sy kortelik alles, wat daar plaasgevind het, uit di mond van Malherbe verneem het, was sy weer gerusgesteld. „Ek het nuws," seg sy, nadat sy Johannes se hand gedruk het, „mar voor ek dit vertel, moet ek vir pa hierdi ontdekking—" „Jeanette!" breek 'n harde, driftige stem haar woorde af : hoe durf jy?" — Mar toe bemerk meneer de Villiers wi di ander in di kamer was, en syn toorn word deur verwondering en nuwskierigheid vervang. 'n Heleboel vraë was di gevolg, sodat hy gou di toedrag van sake geweet het — behalwe, dat hy onder di helemaal onjuiste idee verkeer het, dat di twee vreemdelinge op 'njagparty uit gewees het en by loutere toeval by Emmert uitgekom en syn lewe gered het. Kort daarna het ook juffer de Villiers en haar twee seuntjies di sieke kom kyk; mar Jeanette, hoe sterk sy ook daarnaar verlang het, het ni di dag weer gewaag om haar verskyning by Johannes te maak ni. Toen Louise, tot haar angename verrassing, van haar suster verneem, dat Malherbe in di buitekamer was, had ook sy lus om di kranke te gaan sien en het dadelik daarheen gestap. Mar, toen sy in di kamer kom, het sy—miskien verbouëreerd deur di teenworigheid van Malherbe, op wi sy smoorverlief was begin te lag en praat met laasgenoemde en met Joosten, en ni eens in di rigting van Johannes gekyk ni. Malherbe bemerk hierdi verregaande onverskilligheid teenoor syn bedlegerige vrind, en seg an haar met 'n enigsins verwytende kyk, wat meer seergemaak het dan di woorde self: „Het u hier gekom, jongejuffer, om uw sieke kneg te sien, of om ons te sien?" Louise bloos geweldig. „Dag Emmert!" seg sy werktui„elik „Siek?" Mar dit was of 'n gevoel van bittere verontwaardiging in haar opkom oor di onverwagte berisping. Haar hoogmoed was gekrenk. Sonder om op 'n antwoord op haar vraag an Johannes te wag, seg sy toe, met 'n kleur so rooi as vuur: „Mar watter reg het jy, meneer Malherbe, om my so 'n vraag te doen?" „Diselfde reg wat u het om dit ni te antwoord ni!"' seg Malherbe, terwyl hy met innige genoë di uitdrukking van gekwetste ydelheid in liaar skitterende ogies bespeur. Sonder iets meer te praat, stap Louise met 'n bravado-fluit di kamer uit. „Ek hoor. seg n mansstem an haar. toen sv buitekant kom. ..dat * rideon Malherbe en Frans Joosten gister op 'q jag uit was en dat hulle, sonder dat hulle dit wis, julle kneg van di dood verlos het. Is dit waar?" „Loop vraag dit an hunselwe"' antwoord sy kortaf, en stap naar di huis toe, om haar te gaan uithuil in haar slaapkamer. Malherbe en .Joosten het di stem. wat met haar gepraat het, meteens geken. Hulle kyk elkaar verwonderd an. en Malherbe stap naar di deur en stoot dit toe. „Frits. klink op daardi oomblik. buitekant, di angstige stemmetji van Jeanette: „Kom hiersa:'' In 'n kits was di verblyde Kohier, di waarskvnlik 'n nu we blyk van liefde in di toeroeping gesien het, an di sy van svn „gestole violet"' en op weg met haar naar di stoep. „'n Nuwe plaag hier," brom Malherbe an -Joosten, „om onse rus te verstoor! As Kohier hier is. dan kan jy sweer dat Rass ook hier is." „En as Ra&s hier is, las Joosten in, „dan kan jv sweer " Op n vlugtige gebaar van Malherbe, het Joosten ni di sin voltooi so 's hy gemeen het ni. Hy laat volg: „Dan kan jy sweer dat ons ni lig van daardi dubbele pes ontsla sal raak ni." „Vir Kohier reken ek ni," vervolg Malherbe. ..behalwe as 'n miserabele werktuig van Rass. Sonder Rass is hy n muggi." Joosten het anders gedink. Vir hom was Frits Kohier 'n oneindig gedugter vyand as Gert Rass—ofskoon 'n vyand in glad 'n ander opsig. Mar Joosten mog syn geheime Vrees ni openbaar ni. Waar jaloesi di oorsaak van jou angs is. daar blvf jy stil. 'n Onwillekeurige sug was al antwoord, wat Malherbe gekry het.—Ni mand het 'n meisi ooit met meer oprestheid bemin ni. dan Joosten vir Jeanette. HOOFDSTUK XXXII. Boontji kryg syn loontji. Di vollende more, teen elf uur, toen di huis an di kant gemaak was, stap Jeanette di voorkamer in. Kohier het toe al 'n half uur vir haar daar sit wag. „Jeanette," seg hy, terwyl hy naas haar op di sofa plaasneem en haar op syn minnelikste manier in di gesig kyk,— „nou moe! jy ja sê!" Sy lag, blosend. „Ek mag jou gin antwoord gee ni, eer ek—" „Met ma en pa gepraat het," volledig hy gretig haar sin. „Ek het met jou ma en pa gepraat, net 'n half uur gelee, en hulle willig albei in —albei! Dus, myn hartlammetji!" vervolg hy, segevierend, terwyl hy met syn gesig nader kom om haar te soen, „ons twee is verloof!" „Nee, nog ni!" antwoord sy gou, glimlaggend, terwyl sy haar kop wegtrek. Hy kyk haar an, of hy 'n klap in di gesig gekry het. „Jy 't my jou woord gegee, dat, as jou ouers toestem—" „Ni myn ouers alleen ni," val sy hom in di rede. „Ek het jou op Stellenbosch gesê, dat ook myn bueli eers moet toestem." „Mar dit spreek tog van self," seg hy, met 'n uitdrukking van misnoeging op syn verleë gesig, „dat julle kneg sal toestem as jou ouers dit doen, — viral, daar hy my waarskynlik nog nooit in syn lewe gesien het ni en niks kwaad van my weet ni! Buitendien, wil jy jou dan so verneder om jou geluk te laat afhang van di oordeel van 'n bediende?" Sy kyk hom plagend an. „Wi weet," seg sy, „of ek ni myn geluk by 'n ander kan kry ni! Jy vergeet dat meneer Joosten ook so 'n beetji van my hou!" „Joosten!" herhaal Kohier, veragtelik: „Joosten is jou gelyke ni. Joosten behoort tot di geselskap van 'n gevlugte bandiet. Joosten is, as gevolg van syn gedrag, uit di diens van di Compagnie ontslaan ge word; Joosten is 'n deugniet en syn plek is in di tronk." Jeanette haar gelaat kryg 'n ernstige trek. „Mag ek jou vra," vervolg liy, lialf verskrik oor di verandering in haar gesig, „om nou meteens di toestemming van jou boeti te gaan haal ?" Aarselend staan sy op. Dit was duidelik, dat sy ni op haar gemak gevoel ni. Dit was, of iets haar teehou. Kohier was gelyk met haar van di rusbank opgespring. Hy gryp haar hand. „Beloof my nog eens," seg hy, met 'n stem wat senuwagtige ongerustheid openbaar, „dat jy my dadelik ,ja' sal sê, as jou boeti gin kwaad van my weet ni." Sy knik toestemmend. Daarop verlaat sy hom. 'n Paar minute later was sy stilletjies in di waënhuis ingesluip, waar Johannes, di al byna heeltemal hersteld was en by geluk toe alleen was, besig was om 'n biesroei-mantji te vleg. „Boeti!" seg sy, met 'n skamerige laggi en 'n hoë kleur op haar soete gesig, „sê gou, eer iemand vir my hier vang, keur jy dit goed dat ek my an meneer Frits Kohier verloof?" Johannes kryg 'n donkere plooi in di voorhoof, en hy tel weer di mantji op wat hy neergesit het. „Ek begryp jou ni, boeti," seg sy, verwonderd — „Jy lyk ontevrede!" „Liewe sussi!" antwoord hy, terwyl hy syn kop krap en met syn bleke, benéwelde gesig naar haar opkyk, „ek weet waarlik ni op di oomblik wat om te antwoord ni!. . .. vanmiddag om vyf uur is ek weer hier. Kan jy dan terugkom?" „Di's goed !" seg sy. — „Pa is uit vanmiddag. - Is myn goeie ou boeti heeltemal gesond?" „Amper!" antwoord hy. Daarop verlaat sy hom. 'n Half uur later, toen Malherbe by Johannes kom, vertel laasgenoemde hom van Jeanette haar besoek. „Is hier ni iewers 'n mombakkies te kry ni ?" vraag Malherbe, met 'n ondeunde gelaat. Johannes glimlag en kyk syn vrind vragend an. „ Daar moet twee in di slaapkamer van di jongetjies wees.—Hoekom?" „Ek sal perbeer om een daarvan in di hand te kry." Toen Jeanette, om vyf uur in di agtermiddag weer by Johannes in di half-donkere waënhuis kom, brandend nuwskierig om te hoor wat hy te sê had, fluister hy an haar:— „Bring hom hier!" „Bring hom hier?" herhaal sy en kyk hom an, asof sy wou sê : „Mar is jy dan gek ?" „Beloof my mar," vervolg Johannes, „dat jy stil sal bly solank as hy hier is !" Hoe onwillig sy ook gevoel het om di onverwagte versoek te gehoorsaam, het sy tog, na sy gemerk het hoe beslote hy was, daaran voldoen. En Kohier, bewus van di gunstige indruk, wat hy gewoonlik in staat was om op vreemdelinge te maak, het, in weerwil van di „vernedering", ni gehuiwer om te kom ni: binne enige minute, na Jeanette vir Johannes verlaat het, was sy, vergeséld van Kohier, in di waënhuis terug. „Brr!"gril laasgenoemde, toen syn oë op di vermeende kneg val en hy ni bemerk, dat di man 'n mombakkies op di gesig had ni. „Wat 'n akelige gevreet het jou boeti!" fluister hy an di meisi, di dik van di lag was en ni gedink het dat Johannes, wat di laaste tyd so stil en sedig was, vir so 'n kinderlike frats sou ingaan ni. „D'is genoeg om 'n mens di béwerasi te laat kry!" „Stap nader!" raai sy hom, terwyl di vermomde man nog mar altyd besig was om an 'n tuig, wat teen di muur hang, te peuter. „My hê?" vraag laasgenoemde, met 'n stem, wat selfs Jeanette ni vir di van Johannes sou geneem het ni, as sy ni rede gehad het om te weet dat dit hy was ni. Di jonge dame het ni opgelet, hoe stram en skraps di witte baatji van haar boeti dislag gepas het ni en hoeveel korter dan gewoonlik syn gestalte was. „Weet jy miskien iets teen myn karakter, meneer kneg?' vraag Kohier, met 'n hart wat glad ni normaal geklop het ni, en hy tree skoorvoetend 'n paar tree dieper di waënhuis in. Di „kneg" kom hom toe te gemoet en, sonder 'n woord te praat, paai hy hom an di wang, eers met di een hand, toe Gert liet egter gou syn gevangene gemis. „Waar 's di skurk?" roep hy.— „.Toosten, ek het hom an jou oorgegee!" „Uit myn hande geglip!" was de floue antwoord. „Te vrot dat jy 'n halfdooie man kon vashou ?" bulder Gert, bitter boos. Dit was duidelik, dat hy syn wraak teen di vreemdeling nog lank ni versadig het ni. „Ja, te vrot," antwoord Joosten, koel. „Wi is di vent? Ken jy hom?" „Ken jy hom?" vraag Joosten. Gert was in 'n luim om vir Joosten in di keel te vlieg, mar hy wis dat hy ni opgewas vir di twee was ni, en daarom swyg hy toe mar. Malherbe en Joosten, met Hester tussen hulle, het toe huistoe gestap, en Gert het kort agterna gekom. Net toen hul by di ingang van di werf kom, val daar onverwags 'n pistoolskot, waarvan di koël 'n gat dwarsdeur de hoed van di meisi sny. „Ekskeus! ekskeus!" roep Gert. „D'is 'n ongeluk! Ek hoop, jul 't ni geskrik ni!" Malherbe en Joosten kyk hom albei meer dan verergd an. Malherbe, ja, het inwendig kwaad genoeg gevoel om di kerel op di plek te verpletter, as hy dit kon. Mar hy het, gelyk Joosten, sig goed beheer. Hoe sterk ook hulle agterdog was, hulle kon ni di gehate kerel beskuldig van met moedswil di skot op een van hulle afgevuur te hê ni. „Gee hier di pistool 1" was al wat Malherbe seg. „Met di grootste plesier !" antwoord Gert, en handig terstond di wapen oor. „Anders mag jy weer 'n ongeluk maak," vervolg Malherbe, — „so 's een of twee keer tevore in di Tafelvallei!" „Jou grap is alweer te diep vir my," was di rfepliek. Toen Hester tuis gebring was en gevra werd om 'n verklaring te gee van wat daar plaasgevind het, antwoord sy alleen: „Vra vir meneer Rass!" Verder weier sy om 'n enkel woord oor di voorval uit te laat. Uit pure vrees, dat „Gaan jy ?" vraag ,hy. „Nee!" was di besliste antwoord. „Goed!" seg Malherbe, tot haar innige ontsteltenis: „hoeveel ek ook jou geselskap op prys stel, totdat jy vir Emmert gaan ekskeus vra, skei ons!" „Poe!" roep sy, met geveinsde minagting, en, met haar kop indi lug, stap sy van hom weg, terwyl hy terugkeer naar Johannes. Eerlank was almal op di gekose piekni-plek in di fraaie, breë kloof, waar di natuur so skilderagtig en heerlik was as op min ander plekke in di Suidhoek van Afrika. In di middel van di kloof vloei daar 'n heldere stroom yskoue bergwater tussen di ruwe, losse klippe deur, en rondom was daar 'n menigte donkergroene, wilde, ouë bome van allerhande grootte, met hier en daar 'n kale grasplek tussenin. Di geselskap het tot sitplaas gekies 'n mooi gelyke grasplek in di skaduwi van enige bome. Johannes was di enigste wat ni daarheen gegaan het ni. Mar hy was naby genoeg. Ongemerk het hy gaan sit agter enige struike, van waar hy 'n tamelik goeie gesig had van Hester Linde. Uit daardi posisi het hy hom verlustig in di anskouing nogmaals van di beeldskone meisi. Sy sien daar nou effentjies groter en voller uit dan toen hy haar op di onvergetelike feesmaal verlaat het. Van haar anvalligheid het sy in di tussentyd niks verloor ni. Daar sweef, ja, iets droefgeestig op haar soete gelaat, mar di frisse blos van jeug en gesondheid was nog onverminderd op haar volle wange; haar voorhoof, haar neusi, haar hals, had nog almal di reine blankheid van di witte leli; en di bekoorlike kykers, waarmee sy al onwillekeurig di hart van meer as een gesmelt het, skitter meer as ooit. Wat was sy pragtig! Wat was sy lieflik! Wat was sy betowerend! Johannes kon syn oë ni van haar aftrek ni. Wat was dit vir hom 'n hemelse gesig! Wat klop syn hart! Meer as 'n half uur het hy haar anskou en bewonder, en dit sou nog langer geduur hê, had sy ni van plaas verander ni. Daarop staan hy op en gaan weg. „Wi is dit?" fluister Hester an Jeanette, toen sy hom virby enige bome sien stap. 12 HOOFDSTUK XXXV. Na neentien jabe. Ons sal ni uitwei op di effek wat di onververwagte, vreemde voorval op di aparte toeskouers gehad het ni: hoe Jeanette, angedaan deur 'n vereniging van vrees en vreugde — meer vreugde dan vrees — haar hande senuweagtig geklap het; hoe Louise, na in stomme verbasing di toneel anskou te hè, haar vir di twede maal uit di geselskap verwyer het; en hoe Johannes daarna deur di res van di geselskap gelukgwens en met nuwskierige vraë bestorm werd. Ons sal onse andag op 'n ander punt wei: — Hoekom het Johannes, wat vir so 'n lange tyd so uiters virsigtig gewees het om publieke herkenning te vermy, syn masker so stoutmoedig, in di anwesigheid van sobaiing, afgegooi? Was dit te wyt an 'n oomblik van ververrukkelike geluksaligheid en gevolgelike onbehoedsaamheid? Nee, Johannes had, as altyd, al syn teenwoordigheid van gees behou. Was 't dan te wyt an wanhopigheid, as gevolg van syn ontslag uit di diens? Nee, nog nooit gedurende di laaste twaalf maande was hy met sterker hoop besiel ni. Syn handeling was di vrug van 'n kalme besluit wat hy na rype oorweging reeds vroeg in di more geneem het. Toen Jeanette vir hom met Malherbe en Joosten in di waênhuis gekry het, het hulle al af gespreek, dat hy hom sou ontmasker nog eer di piekni-geselskap terug was,— net mar, hulle plan, waarop di ontmaskering sou gebeur, was ni so romanties as wat werkelik di geval was ni. Mar het diselfde gevare dan ni nog bestaan, wat op di dag van syn ontvlugting uit de tronk bestaan het ni? Om op hierdi vraag te antwoord, laat ons onse andag 'n bietji op di politieke geskiedenis van daardi tyd bepaal. Soas di leser in 'n. vorige hoofstuk verneem het, was Pieter van der Byl, Henning Huising en twee ander deur di Gouwerneur naar Amsterdam gestuur om aldaar voor di HoofDirekteure te verskyn op anklagte van sedisi. Een van di vier burgers (Jan van Meerland) het op see gesterwe. Di ander van hul pêre afgeklim, terwy] di derde man, di ui 'ri al te flukse pêrd gehad het ni, nog 'n goeie skot agter was. Hester het met vrolike, blosende gesig naar haar pa gehardloop, en dit was ni moeilik vir Johannes (di agtergebly het by di res van di geselskap) om an al haar maniere en di houding van haar pa te merk ni, dat sy di grote nuws an haar vader meedeel. Johannes had dit, natuurlik, ook mar verwag. Mar wat hom wel as bisonder vreemd voorgekom het was, dat, toen di derde ruiter 'n entji van haar af van syn pêrd afgestyg het, sy opstap naar hom toe en hom met byna eweveel hartelikheid groet as vir haar pa self. Di vreemdeling het ni versuim om reguit naar di piekniklomp te stap ni, na syn pêrd an 'n seuntji toevertrou te hè, en hy was dan ook di eerste van di dri besoekers om by hulle an te kom. Meneer De Villiers het onderwyl an 'n skoen van hom, wat losgegaan het, staan peuter, en Hester het haar weer gevoeg by haar vader. Johannes het ook intussen opgestap naar Ds. Linde, di uitermate bly was om hom te sien en lank en hartelik syn hand gedruk het. Mar laat ons tot di onbekende man terugkeer. „Jonge vrinde!" was di eerste, wat hy sê, na di jonge mense vrindelik mar met 'n ernstige uitdrukking op syn gesig gegroet te hê, „wees so goed om my te sê, wi van julle is meneer Gideon Malherbe ?" „Hy sal netnou hier wees," antwoord 'n jonge Andries du Toit. „Hy 's besig om varre te pluk hoer op in di kloof." „Ek is op syn spoor gewees van Kaapstad af," vervolg di vreemdeling, „en sou hom dl te graag wil sien!" Daar was gin man in Suid Afrika ni —- ni eens Ds. Linde ni — wat 'n gelaat had so gebiedend en 'n houding so aristokraties, as di persoon wat nou op di koms van Malherbe wag. Syn hare was al goed grys, syn wange was ingeval en geelbleek, en di diepe plooie in syn breë voorhoof was bewys, dat hy 'n man was wat al baiing in syn lewe deurgestaan het; mar syn fonkelende oë, syn regop postuur en syn heldere stem het te kenne gegee dat hy nog betrekkelik jonk was. „Ek wil julle ni in julle pret hinder ni, myn jonge vrinde," Malherbe neem di brief an, skeur di envelop ope, trek di inhoud uit, — en wat sou hy in syn hand sien, dan vier of vyf banknote! So 's te begryp is, was di nuwskierigheid van di twee nou goed wakkergeskud. „Laat ons hoor wat di begeleidende brief te vertel het!" seg Malherbe. Hy hou dit toe an di lig se kant — dit was al skemer — en hy lees: — „Waarde Emmert! Dit is nou half ses in di oggend. Pa en ek was 'n kwartier gelede in di boord by di hekki, waar meneer Rass gistraand angeval was, en ek het 'n knipmes daar opgetel, wat pa meteens herken het as joue. Dit is 'n geheim waarmee nimand anders as hy en ek bekend is. Ek meen mar, dat dit billik is om vir jou dit te vertel, sodat jy kan weet, as pa jou vandag ontslaan uit ayn diens met 'n paar woorde (soas syn plan is), wat di grote rede daarvan is. Hoe onbegrypelik ook jou gedrag gewees het, ek het innige medely met jou, omdat jy 'n wees is en ek ni weet by wi en hoe jy nou tereg sal kom ni. Ek sluit vir jou hiermee in 'n present van 100 guldens van myn private geld, wat, hoop ek, vir jou tot nut mag wees. Dan wil ek jou ook vra, om my tog te vergewe, dat ek my so ongepoets teenoor jou gedra het. Ek kan jou verseker, dat dit ni uit blote hoogmoed was ni (so 's jy jou seker sal verbeel), mar meer uit jaloesi en koppigheid — jaloesi, omdat jou geselskap so 'n bron van genot en verstandsontwikkeling vir Jeanette was, — koppigheid, omdat ek, na eenmaal 'n verwyderde houding teenoor jou angemeen te hê, dit ni sonder verlies van waardigheid kon verander ni. En jou verhewe manier, wat gladni ooreenstem met jou nering ni, het heelwat bygedra om di kloof, wat daar tussen ons was, breed te hou. Ek hoop jou alle voorspoed toe. Skeur hierdi brief dadelik op en seg tog an gin mens in di wereld iets daarvan ni! Louise." „Wat seg jy hiervan!" roep Malherbe met 'n opgeflikkerde gesig, terwyl hy di brief en note an syn vrind oorhandig. gou nader en roep haastig: „Wafcter skelm loer daar by di venster in?" Terwyl Johannes en Gert naar di venster kyk (waar niinand te sien was ni), ruil di ander gou en onopgemerkt di twee kelkies om. „Jy 't teen jou lange, vuilswarte ooghare gekyk!" antwoord Rass, terwyl hy di kelki, wat voor hom gestaan het, oplig.— „Hier, .Tohannes! joue en Hester hare!" Daarop drink di twee, ieder in één sluk, di kleine glasies leeg. Gert trek met eens 'n nare gesig. Hy draai syn gesig naar Malherbe en sien hom met meer as agterdog an. Di oë van laasgenoemde verraai skuld. Gert word woedend. Hy vlieg daarop syn gehate vyand toe, en eer di sig nog kon verweer, had hy (Malherbe) tussen syn oë een van di hardste vuisslaë weg, wat di sterke Gert al ooit an iemand toegedien het. In plaas van terug te slaan, snel Malherbe di kamer uit en hardloop naar di kombuis toe om melk of brandewyn vir Gert te gaan haal. Intussen ruk Gert 'n knipmes uit syn broeksak, mar Johannes sien dit en gryp di arms van syn neef. Hoe di boosaardige kerel toe ook stoei en sukkel om di mes oop te maak, hy kon ni syn twee hande daartoe tegelyk vry kry ni. Mar di worsteling het ni lank geduur ni, of Rass toon tekens van verswakking. „Vat di ver— mes!" bulder hy toe, en hy smyt di instrument neer. „Bring my water!" Johannes skrik, en laat hom los. Daarop gaan hy (Gert), asof heeltemaal uitgeput, op di kooitji sit. Malherbe, gevolg deur Juffer de Villiers, kom toe net op daardi oomblik haastig di kamer in met 'n glas brandewyn en ander medisyne. Sonder verset, neem Gert di glas an en drink daar 'n goeie sluk uit. Daarna het hy ook van di medisyne geneem. Mar hy word hoe langer hoe swakker. Johannes steek di kêrs op, want dit was nou al tamelik donker, en moes geweldig skrik toen hy sien hoe geelbleek syn neef ge word het. „Ek verlang," seg laasgenoemde an hom, met sagte stem, „om vir jou alleen hier te hè. Laat juffer de Villiers eu daardi skurk uitgaan!" Huiwerig stap di bedoelde twee di kamer uit. „Johannes!" seg Gert toe: „ek sterf!" „O Gert!" roep di verslaë Johannes, di weer in volle maat di kinderlike, broederlike liefde van jonger jara voel opkom in hom, en di hand van syn neef gryp. „Praat tog ni so ni! Wat het jy begaan?" „Ek het myn liggaam vergewe met di venbolsap wat jou lewe gered het. Ek het perbeer om jou te vermoor en het myself vermoor!" Johannes, ontroerd, kyk vlugtig naar di rak, waar di halfgevulde kalbassi van Abram gestaan het, en mis dit. „Hoe kon jy tog soiets doen?" roep hy. — „Hier! drink nog 'n sluk brandewyn, drink!" En hy sit di glas teen di perse lippe van di sieke. Gert skud syn kop, wat hy vooroor buig en met albei hande vashou. „Te laat!" seg hy, met moeilike asemhaling. „As teenmiddel vir pylvog is venbolsap goed, mar as 'n gif kan gin vlees en bloed dit weerstaan ni. — Laat my lê!" Johannes help syn neef om plat op di bed te lê, en di stille trane rol oor syn mannelike wange. „Ek het dit verdien!" stamel di sterwende. „Di genadige God vergewe my!" Daarop sluit hy syn oë, en toen Ds. Linde, di deur Malherbe geroep was, di kamer binnekom, was Gert Rass ni meer ni! + * * Di treurige gebeurtenis het — dit spreek van self — di vrolikheid, wat daar op Donkerhoek geheers het, deur 'n akelige somberheid laat vervang, en nimand het dit dieper gevoel ni, dan Johannes. En tog, vir hom juis was dit — so's dit altemit ook was vir Hester en vir Malherbe — 'n redding en 'n seën. * * * Ses jare daarna. — In di leeskamer van een van di liefste en best gelee wonings in di fraaie Tafelvallei kom, teen agtuur in di aand, 'n beeldskone jonge vrou in, vir wi nimand, wat ni beter geweet het ni, vir '11 moeder angesien sou hè. Sy had 'n oopgeskeurde brief in di hand. „Ou filosoof!" seg sy, sag en glimlaggend, an di flinke jonge man, di met 'n ouë boek in di hand op di sofa sit; „sit weg daardi droë ding, en luister hier naar 'n brief wat Piet Somer vanaand gebring het!" „Slaap Mauri al, hartji?" vraag di man, terwyl sy naas hom gaan sit en hy 'n arm om haar lyf sit. „Ou Fekki sus hom an di slaap!" antwoord sy,—„mar hoor nou wat Jeanette skryf!" Sy lees:— „Jeanetteslust, Constantia. 3 April, 1713. Liefste Hester, Net 'n paar haastige lyntjies! Ek het jou gesellige buurvrou—myn ou hartlam van 'n suster — oorgehaal om 'n dag of wat langer by my te bly. Dit is 'n lus om te sien hoe lief en lekker haar twee krulkoppies met onse komieki, dierbare Fransi speel.— Louise het my vertel wat 'n orasi al di Kaapnaars oor di mooiheid van jou Mauri maak. Jy moet mar ni te ydel word ni! Louise praat dikwuls van jou, en as jy moet hoor hoe sy aldeur vir myn goeie boeti prys, dan weet ek ni of jy ni meer jaloers dan trots sou word ni. Mar jou jaloesi sal gou op 'n stokki kom, as jy dan weer hoor hoe sy haar diksak van 'n man opvysel: daar 's ni nog so 'n man in di hele wereld ni! Poe! ek dink: Gideon kom ni by Frans se hakke ni! Stem jy ni mee ni?—Frans het weer vanjaar 'n pragtige wyn-oes gehad. Di Compagnie het hom alweer 'n hoe betrekking angebied, mar hy het alweer geweier. Nee wat! ons wil ni ons lot verwissel ni, want ons is meer as tevrede met hoe ons dit het. Ek sal mar hier moet ent, ou hartji, want Piet Somer word al ongeduldig. Wanner kom julle kuier? Jou liefhebbende sussi, Jeanette." Ons sal di gelukkige paartji op di rusbank laat, en sien wat geword is van di ander persone, wat 'n rol in di geskiedenis gespeel het. Frits Kohier het 'n vrou getrou benede syn stand, mar een vir wi hy noueliks werd was — Klaartji Keyns. Sy het hom goed onder di duim gehou en 'n bestendige, fatsoenlike lewe laat lei. Di ernaar van Welbedacht het syn Xanthippe (Debora) twee jaar na di dood van haar seun verloor. Kort daarna het hy, saam met syn broer Maurits en Ds. Linde, 'n reis naar Holland gemaak. Di Kaapse klimaat het vir di vader van Johannes so gesond gemaak, dat hy di gevaarlike, lange reis oor di see ni gevrees het ni, mar di dri was gin maand in hul vaderland terug ni, of di ou borskwaal pak di regter met verdubbelde geweld an en het binne 'n week syn einde gekos. Syn broer Willem het 'n jaar weggebly en toe naar SuidAfrika met 'n flukse, goedige weduwe as bruid terruggekeer, terwyl di dominee agtergebly het as professor in di godgeleerdheid. 1