Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

DIE LAASTE AAND

Nog nie na bed !

wat 'n pret, wat 'n pret!

met jurkies aan

en voetjies bloot so met Pappie te rol en stoei en stoot!

Ja, laat mag hul speel, het Mammie gesê, voor Pa hun vanaand in hul bedjie sal lê. — Maar, verleë soek Breggie bij Mammetje skuil, vra soetjies aan haar waarom Paatjie tog huü ? Nog nooit bij hul speul'tjies het hij dit gedoen, en so dikwels tot selfs die klein voetjies gesoen.

Wijd oor huis en velde

rus al lang die nag

als so bij die bedjies

twee nog bid en wag,

wakend tot die möre

— wrede skeidings-dag.

"Vader in Uw hoede

"leg ons hulle neer,

"gee ons eendag, Vader,

"aan mekander weer;

"wil, Vader, oor ons huisie waak,

"dat leed nog honger dit genaak."

Droom-verlore dotjies, rustend naas mekaar, hoor gebed nog klage, weet van geen gevaar,

Sluiten