Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Die tagtig jare was nie almaal goud. Selfs silwer nie ! Die weer was somtijds swaar ; Met wolke swart, met blits die hemel rijk ; Na elke somer kom die winter koud ! Nie altijd nie het jij die son gewaar, Die goud sien blink als vonke in 'n aar ; . Nie altijd het jouw pad die vlakte deurgestrljk.

Vir tagtig jare het jij volgehou,

En hou nog vol — al bewe ook jouw hande, Al moet jij om te lees jouw bril gebruik. Nog is jouw stem nie afgedaan en flouw, Nog is jouw gees nie ingeklem in bande : Jouw tagtig jare is nog nie 'n skande, Waarvoor jouw grijs ou kop in rouw hoef weg te duik.

Jij kijk getroos jouw tagtig jare trug,

Op al jouw lang, lang lewe op land en see — Jouw loopbaan so met ondervmdtng rijk — En praat daaroor nog sonder traan of sug : Die hele reis daar het jij vrede mee. Ikself sou baje graag mijn beste gee, Als ik eenmaal soos jij getroos terug kan kijk !

AAN 'N SEEPKISSIE.

Hulle het jou in England gemaak, seepkissie, • Om hier in ons land als 'n doodkis te dien ; Hulle het op jou letters geverwe, seepkissie, En ik het jouselwe als doodkis gesien.

Klein Jannie van ouboetie Saarl, seepkissie, Het hier in die kamp met sijn sussie gekom —

En jij was bestem, soos jij weet, seepkissie, Daar oorkant in England als doodkis vir hom I

Sluiten