Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Klein Jannie van ouboetie Saarl, seepkissie, Was fluks en gesond,. vir sijn jare nog groot;

Maar hier in die kamp, soos jij weet, seepkissie. Was hij maar drie weke, en toe — was hij dood !

Onthou jij vir Jannie ? Jij weet, seepkissie, Hij het in sijn speletjies met jou gespeel;

Die son het sijn krulkop geskilder, seepkissie, So blink als sijn strale, als goud so geel.

Op die Vrijdagmöre, onthou jij, kissie, Het Tannie gesê : „Ag, klein Jannie die hoes!"

En die Vrijdagaand, soos jij weet, seepkissie, Was Jannie sijn lewe al half verwoes.

Hulle het jou op Saterdagmiddag, seepkissie, Gedra naar sijn tent als 'n doodkis daar!

Die wit gesiggie — jij weet, seepkissie,

Die handjies gevouw en gekruis oormekaar.

Hulle het jou in Engeland gemaak, seepkissie.

Om hier vir ons kinders als doodkis te dien : Hulle het vir jou lijkies gevinde, seepkissie.

En ik het jouselwe als doodkis gesien.

(Uit: Dichters uit Zuid-Afrika.)

Sluiten