Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

èn kostlike maal

bij elektriese skijn ;

en ik raai die gedagte

van die meisie klein :

„og, was ik maar net

in die vrolike trein,

ïk sou tog, o so gelukkig, sijn".

DAAR RUIS 'N LIED

Daar ruis 'n lied van lang verlee,

en stemme singend kom van ver; en immer ruis mijn siele mee met stemmelied van lang verlee, uit d' eeuwe her.

Daar ruis 'n lied van lang verlee

wanneer die wind so sag verrijs ; en immer, buigend naar beneè, die bometop sing klaaglik mee eenselfde wijs.

Daar ruis 'n lied van lang verlee in d' oseaan s'n maatgesang ; en immer ruis die skulpies mee met d' eeuwelied van grote see — diep opgevang.

Og, kon ik sing van lang verlee

gehjk die skulpies so getrouw, wat opgegaar, nog kleinlik gee die weerklank van 'n wêreldsee — bij d' oor gehou.

Sluiten