Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

letterkundige gebied die eerste opbloei van 'n beskeie literatuur teen die uitgang van die eeu.

4. Die twintigste eeu ken „die opbloei van die Afrikaanse literatuur, verdiepte taalstudie — nou ook deur Afrikaners self — en die offisiële erkenning van Afrikaans deur verskillende toonaangewende liggame" (p. iii).

Al dadelik val dit op dat hier geen sprake van die tradisionele indeling in Oud-, Middel- en Moderne Periodes is nie. Dit sal ook geenszins ernstig kan oorweeg word nie. Afrikaans is 'n Germaanse taal wat sy groeiproses in die moderne tyd deurgemaak het, waarop gevolglik die gewone kriteria van die tradisionele afbakening in die drie tydperke ontoepaslik is. Maar 'n groot deel van die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans lê in die duister en baie probleme sal nooit in volle klaarte kan gebring word nie.

Dr. Ie Roux neem die maatskaplike faktore ook in aanmerking, en met reg. Hy trek sy grense breed. Maar of sy skema orals instemming gaan win, is 'n ander vraag. Dat die lyne tussen die tydperke nie al te skerp kan getrek word nie, lê voor die hand. So sal almal met dr. Ie Roux kan akkoord gaan by punte drie en vier, maar hoe bepaal hy die skeiding tussen die eerste en tweede periodes ? In die eerste vyftig jaar het Afrikaans ontstaan, in die daaropvolgende honderd jaar het dit vaste vorm gekry. Die hele sisteem lyk so matematies-noukeurig en so eenvoudig in opset, dat 'n mens skepties voel oor die uiterlike „Gesetzmassigkeit" waarmee Afrikaans met al sy onopgeloste raaisels aangaande sy wording, hom gedra. Dit lyk al te veel of die taal vir die skema gemaak is, m.a.w. asof eintlik te min notisie van die inwendige gebeure geneem is, meer op die uitwendige en toevallige gelet is.

Vereers oor die „tyd van die ontstaan van Afrikaans."

Die ouderdomskwessie is te dikwels dienstig gemaak aan een of ander teorie oor die ontstaan, en is net een keer tot 'n onderwerp van afsonderlike studie gekies, nl. in die eerste deel van die Straatsburgse dissertasie van W. J. Viljoen: Beitrage zur Geschichte der Cap-hollandischen Sprache (1896). Hy wou veral die gangbare mening bestry het, dat Afrikaans onder invloed van Engels sy kenmerkende karakter verkry het. Uitgaande van die by Kolbe

Sluiten