Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

sonder enige verantwoording waarom te Winkel as die groot gesaghebbende op die gebied kan of mag aanvaar word, of waarom Kolbe se Hotnots-Afrikaans dieselfde as die Afrikaans van die beskaafde Kapenaar moet beskou word.

Hesseling, wat in sy bekende Gids-opstel („Het Hollandsen in Zuid-Afrika," Jan. 1897, blss. 138, e.v.) te Winkel op die voet volg, altans wat die taalkundige beweringe betref, en teenoor Frans Maleis-Portugees stel as die faktor wat vir die omvorming van Nederlands in die suidelike Afrikaspits verantwoordelik is, het dit as 'n feit verkondig dat die wordingsperiode vroeg afgesluit is. Hy beroep hom vereers op seker uiters-seldsame gevalle van afwykende taalgebruik in Jan van Riebeeck se Dagverhaal. „Het is in allen gevalle opmerkelijk dat reeds in het Dagverhaal ... een woord voorkomt als .party mense' en dat 50 jaar later, dus 25 jaar nadat de groote toevloed van slaven uit Madagascar en Ceylon was aangekomen (hy doel op die jaar 1676), alle geslachtsonderscheiding verdwenen was," dat ons vir wij gebruik word, praeteritum en imperfectum saamval, en infinitiefsuitgang -en verlore raak „by sommige werkwoorden". Die voorbeeld „party mense" het hy aan te Winkel se opstel ontleen, waar die professor dit, saam met ander afwykinge, as „niet oorspronkelijk Afrikaansch maar Oud-Nederlandsch" bestempel (t.a.p., bis. 350). die student egter hierin o.m. die bewys van die wording van 'n nuwe taal sien. Die terminus-ad-quo herlei hy uit die „manifest" wat deur burger Pletsholt opgestel en in in 1739 deur die oproermaker Estienne Barbier uitgevaardig is (t.a.p., 145); hierin herken hy al die die karakteristieke eienaardighede van Afrikaans, wat in 1739 kant-enklaar 'n ander taal was; die proses is trouwens reeds omstreeks 1700 af geloop. Waar Hesseling hierdie oortuiging deel, is dit duidelik dat die Hugenote vir hom te laat kom, dewyl hy die oorsaak vir „al deze taalverbastering" in eksterne faktore, in talebotsing naamlik, wil gaan soek. „Het is inderdaad zonder voorbeeld dat de taal eener kolonie in betrekkelijk zóó korten tijd in die mate afwijkt van de taalvormen der moedertaal als dat het geval is geweest met het Afrikaansch" (bis. 138) en daarom is dit duidelik „dat hier geen sprake kan zijn van de spontane ontwikkeling van

Sluiten