Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

eenig Nederlandsch dialect" (bis. 140). Terwyl Hesseling die ,zoo korten tijd" as die fondament beskou waarop hy sy hele teorie bou, kan 'n mens met die volste reg verwag dat hy die fondament heg moet lê, dat hy hom oortuiend moet verantwoord oor die onomstootbare waarheid en vastigheid van die fundamentele kwessie.

Tog glip hy in sy Leidse proefskif (Het Afrikaansch, Leiden, 1899), wat dieselfde probleem van die wordingsverklaring van Afrikaans stel, saggies oor hierdie moeilikheid heen. Weer sê hy dat dit „bij het Afrikaansch volstrekt onmogelijk is aan spontane ontwikkeling van een Nederlandsch taaleigen te gelooven, wanneer we zien dat reeds in 1739, dus 87 jaar na de stichting der Kaapkolonie, in geschrifte een taal zich voordoet, die ten eenenmale afwijkt van alles wat in Nederlandsche dialecten bekend is." Dié taal is volslae Afrikaans. Hy fondeer sy argument op die bekende manifes, en maak vervolgens in 'n voetnoot die opmerking van „veel oudere voorbeelden, doch van geringen omvang," in die Dagverhaal en by Kolbe. Kort daarop beroep hy hom op Viljoen, maar op 'n onoordeelkundige wyse, waardeur hy 'n arglose leser bepaald op 'n dwaalspoor lei aangaande die bevindinge van Viljoen (ald., bis. 14).

Om die vir hom prinsipiële kwessie aanneemlik te maak. gebruik hy nog geen twee volle bladsyde nie — terwyl die hele werk deurloop tot op bis. 156. 'n Mens sal dit bepaald sonderling kan vind, tensy dit is dat Hesseling en ander na hom so oortuig van die stelligheid van die „feit" is, dat verdere bewysvoeringe as tydverspilling aangesien is. Eerder glo ek dat daar toe geen nuwe voorbedde deur hom kon bygebring word nie. Prof. Hesseling is dan ook baie minder entoesiasties hieroor by die omwerking van sy proefskrif vier-en-twintig jaar later, (Het Afrikaans, Leiden, 1923). Hy lewer sdfs 'n deurslaggewende bewys waarom die manifes van Barbier taalkundig nie so belangrik hoef te wees as wat hy vroeër gemeen het nie (t.a.p., bis. 8). Sommige van sy vroeëre opmerkinge sak ook uit of af na voetnote toe. Maar hy vestig nou die aandag nog op die meedeling by van Rheede en op 'n paar opmerkinge van Mentzd. „Heel ved hebben we aan die mededdingen niet, maar

Sluiten