Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

de gekombineerde getuigenissen wettigen toch de onderstelling dat reeds in de eerste tachtig jaar van het bestaan der volksplanting onze taal wijzigingen hadden ondergaan" wat spontane ontwikkeling alleen nie kan verklaar nie (t.a.p., bis. 8). Natuurlik moet hy die saak ook so voorstel, anders verloor die Maleis-Portugeesteorie vanself te veel aan waarskynlikheid. Tog is die opmerklike verkoeling oor die waarde van hierdie getuigenisse aan afdoende bewyskrag 'n aanduiding dat prof. Hesseling dienaangaande die stellige waarheid naderbykom.

Die voorstanders of bestryders van Hesseling se hipotese het hulle in hoofsaak by sy bepaling van die ouderdomsgrense neergelê, sonder om hulle standpunt verder te motiveer.

Dr. Johannes Wittmann is almal se band om die groeiperiode met verbluffende gemak te bepaal. Hy het so raat as 1928 'n nuwe teorie opgestel (Die sprachgeschichtliche Entwicklttng des Deflexfanstypus im Afrikaans, Bonn, 1928) dat die uitkoms van die dialekbotsing onder die eerste koloniste. byna almal Nederlanders „met onbetekenende by-elemente" (uit Boshoff aangehaal), Afrikaans is soos ons dit vandag ken (t.a.p., bis. 49). Daartoe is dit nodig om die wordingsjare nog vroeër te stel as enige persoon voor hom gedoen het, d.m. vóór die aankoms van die eerste belangrike nie-Nederlandse element, die Hugenote (1688). Afrikaans het dus sy „Periode der Deflexion als Resultat der Dialektmischung" sedert 1687 ingetree (t.a.p., bis. 57).

Die taal groei hier nogeens vir die teorie, die teorie rig hom nie na die taal nie. Immers, dr. Wittmann sien geen swarigheid om die feite in sy kraam in te wring tot hulle pas nie. Hy motiveer sy tydsbepaling aan die hand van die genoemde Dagverhaal (bis. 5) en steun verder op die uitspraak van van Rheede soos dit deur prof. D. B. Bosman interpreteer word (bis. 6) en op die indirekte „annahernde" bepaling van Viljoen, sonder om hom sy volle eer hierin te gee (bis. 7). Eindelik, so redeneer hy, word die woord Afrika ners in 1739 in sy moderne betekenis gebruik „was auch auf einen gewissen Abschluss in der sprachgeschichthchen Entwicklung schliessen lasst" (bis. 7, my kursivering). Kolbe het hy gladnie meer nodig nie.

Sluiten