Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

hierdie besonderheid ten grondslag van hulle opvatting gele het liewers as die algemene „annahernde" gevolgtrekking, sy bevindinge kon plooi na wens nie.

Die uitspraak sal altyd verwondering verwek. „Gebroken Nederduitsch" in die mond van 'n Hottentot en met 'n eksklusief Hottentots-Hollandse (verbale) fleksievorm van toe, is ten dele beskaafde Afrikaans en ten dele beskaafde amper-Afrikaans, d.i. vroegAfrikaans! Dit is tog klinkklare onsin. Hier het ons eintlik weer die hoërgenoemde verwarring tussen twee verskillende vorme.

Die auteur het dit nodig gevind om die meeste van hierdie Hottentotsinne te verklaar, en sy Nederlandse vertaler moes ook die verklaring gee, 'n uiters noodsaaklike byvoeging, want selfs *n Afrikaner kan maar nie altyd sonder meer wys word wat in hierdie taal met sy bywyle „heutigem (Afrikaanse) Charakter" gesë is nie, nog die Nederlander wat daarin ook baie „Heutiges" behoort te vind. Vgl. „Duitsman ja musku slim, ons al te maal verraden", wat beteken „de Duitschers ... zijn ons al te sno, zij zullen onzen gantschen handel verraden" (I, 491) waarin ek meer Nederlands as Afrikaans kan raaksien, en „Kobes ik jou hemme versproken ..." of „Die volk, ja, denkum ons beesten" wat baie nader aan Duits in sommige opsigte as aan Afrikaans staan. Maar *n Afrikaner sien hierin, insoverre dit geen moderne Afrikaans is nie, 'n prototipe daarvan, wat ook geen Nederlands meer is nie.

Nou kan *n mens die bepaalde sinne ontleed en aantoon waarin hulle absoluut on-Afrikaans is. Maar waarom ? Kolbe het self die antwoord duidelik genoeg gegee. Dwarsdeur die beskrywing trek hy die skerpste onderskeid tussen twee vorme: Hottentots-Nederlands en die Nederlands van die blanke koloniste. Die eerste noem hy uitdruklik „Hottentots-Hollandsch" (I, 121), „gebroken nederduitsch" (I, 416, 491), „gebroken Hollandsen" (I, 477, 502, 520), en hy onderskei daarby nogal alle grade, van waar een weggeloop het want „Kamme niet verstaan" (I, 504) tot die graad waar een so goed gepraat het as hy „ooit gehoord" het (I, 528). Dog elke keer wat 'n blanke praat is dit vir Kolbe vanselfsprekend dat hy dit suiwer doen. Absoluut nêrens, maar absoluut nêrens, gee hy die kleinste van klein aanduidinge dat Nederlands in die mond van die blanke afwykinge vertoon het nie, al weet ons dat die omvormings-

Sluiten