Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

faktore al goed aan die werk was. Miskien was hy daartoe ook nie bevoeg nie; hy het Nederlands self moes aanleer. Op die skip op weg na Kaapstad heet dit „(ik) sprak zoo goed als ik kon Hollandsen met de scheepsofficieren..." (I, 11). Wat Viljoen ook al beweer het oor die wordingsperiode van Afrikaans, direk op Kolbe kan hy hom nie beroep om aanneemlik te maak dat die proses van verandering onder die blankes aan die gang was omstreeks 1700 nie. Kolbe het in ons taalgeskiedenis ook veel meer publisiteit reeds gekry as hy om sy betekenis daarvoor reg op het.

Op die rapport van Kommissaris-Generaal van Rheede gaan ek nie in nie, daar prof. Bosman die kant van die vraagstuk waarom dit my hier te doen is, en wat reeds in die vorige paragraaf 'n plek kon gevind het, in Onstaan (blss. 19-20) goed behandel het. Daarin het hy die kern van die saak aangedui waar hy sê: „Hoewel dit voor die hand lê dat daar in die loop van tyd groot toenadering moes plaasgevind het van die Nederlands van die Hottentotte aan dié van die blanke, is Hottentot-Nederlands vandag nog geen Afrikaans nie" (ald., bis. 21).

En eindelik, die taal van Jan van Riebeek. Ek kan daaraan vir Afrikaans nie groot waarde heg nie. Die weinige afwykinge waarop gelet is kan 'n mens net met die uiterste verleentheid op rekening van 'n nuwe uitbottende taalvorm aan die voet van Tafelberg bring. Dieselfde eienaardighede is ook in ander reis- en seejoernale te vind en selfs in gewone geskrifte in Nederland. Toe van Riebeek sy skoolopleiding gekry het was daar nog maar 'n eenheidskryftaal in die Nederlande aan die konsolidering. Daarby vind ons in van Riebeek se taalgebruik blykens sy Dagverhaal niks wat onteenseglik net Afrikaans is nie, al loop sy aantekeninge oor 'n tydperk van tien jaar. Die weinige eienaardighede wat in sy taal opgemerk word, is daar reeds in die eerste aantekeninge van die eerste jaar, en bly so deur.

Aan die hand van wat al hierdie getuienisse ons skyn te leer, lyk dit my asof ons gedwing word om te konkludeer: Die faktore wat die Nederlands van die blanke koloniste omgevorm het tot Afrikaans het eers in hulle taal tussen 1750 en 1800 so'n groot definitiewe neerslag gehad dat ons van 'n Kaaps-Hollandse variant kan praat, en na 1800 moet praat. „Afrikaans" beteken hier die

Sluiten