Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

breë blik op sake as voorwaarde stel; afdeling 3, omdat die onderwerpe wat voorlopig hier opduik aantrekliker in die volgende tydperk toeskyn, en meer aktuele waarde het.

By dit alles weet ons nog so min van ons taal, is daar so weinig bestudeer. Byna die hele veld lê nog braak en wag op die arbeiders. Die nuttigste werk is sover gelewer in die rigting van beskrywing van sommige gebiede soos ons die vandag ken. Hoewel de meeste hulle (direk of indirek) met die ontstaansvraagstuk besiggehou het, is hier baie min uitgerig, minder as wat patriotiese entoesiaste sal wil toegee. 'n Mens moet net die sillabus van die Suid-Afrikaanse universiteite naslaan, om te sien hoe die twee rigtinge soos verteenwoordig deur proff. Hesseling en Bosman onderskeidelik, as die groot, die byna uitsluitlike probleme gestel word; en 'n mens hoef afgestudeerdes van ons universiteite maar te ondervra om verstom te raak oor wat hulle van alles eintlik gesnap het.

Die groot seën vir die Afrikaanse taalstudie het in die omstandigheid gelê dat die doktorandi 'n proefskrif moet inhandig. Vir die Afrikaner is dit handig om na sy eie taal te gryp as „die redder uit nood", maar ook soms 'n behoefte, 'n soete plig. Party studente voor hulle akker selfs breed aan, stel 'n verdere deel in die vooruitsig ... maar ongelukkig is geen tweede proefskif nodig nie, en die vooruitsi gte vergrys, soos meneer die gedoktoorde.

Maar hierdie seën is al te dikwels ook die vloek van ons taalstudie. Hy wat 'n kompilasiewerk voorlê het geen groot gevare te dugte nie. 'n Eerlike en ywerige student kan met veel „Sitzfleiss" 'n bydrae van blywende waarde lewer. Daarom is ons beskrywende dissertasies ook so waardevol. Maar hy wat hom met die ontstaanskwessie besighou „is courting danger". Hy sien so dikwels net een moontlikheid en pronk met so'n parmantigheid met sy „teorie" dat hy meer as een ewewigtige denker totaal oorrompel, en die saak dikwels groot kwaad aandoen. Die ongeluk is dat daar altyd 'n teorie moet wees, liefs so eng omskrewe as moontlik; dat die feite so dikwels vir die teorie verdraai, selfs nekomgedraai word ('n blinkende voorbeeld is J. Wittmann se bydrae); dat voorgangers moet bewys wat hulle nooit gesê het nie. Die wortel van die kwaad lê dikwels daarin dat die doktorandus nog te onryp is in kennis, te beperk van uitsig, en te voortvarend in sy jeugdige ywer.

Sluiten