Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

die tale self ken en self probeer beskryf het, so dikwels vingerwysinge in die rigting gegee het, of wel aanwysinge om die veranderinge te kan begryp. A. S. Gatschet, „gewiss en zuverlassiger Beobachter", volgens v.d. Gabelentz, by wie die aanhaling voorkom, (t.a.p., bis. 194) beweer: „Speaking of the languages that came to my notice, I can state that an Indian pronounces almost every word of his tongue in six, ten or twelve different ways ..."

En al die tyd is hier van die Indiaanse standpunt uit, van geen .koloniale' taal sprake nie, en van geen honderd of honderd-envyfüg jaar ontwikkeling nie, en van geen vreemde idioom wat wysigend inwerk nie 1

My groot beswaar lê vereers daarin dat prof. Hesseling vir sy snelheidsbepaling 'n gevolgtrekking induktief toepas, terwyl alleen 'n deduktiewe redeneringswyse hom kon gered het van 'n opvatting wat aan eensydigheid ly. „Doch ook tegenover Prof. Smith is 't argument dat vóór alle andere geldt, de onverklaarbare snelheid der evolutie van een taal die aan zichzelf zou zijn overgelaten" (Het Afrikaans, bis. 114).

Ten tweede vergelyk hy toestande met 'n ongelyksoortige element ten opsigte van die ongelyksoortigheid met mekaar. Om Nederlands in Nederland gedurende 'n tyd van rus en konsolidering te gaan vergelyk met Nederlands aan die Kaap in 'n tyd van aanpassing en beroering, en dan op die groeitempo te bly staar, kan so lig aanleiding gee tot skewe voorstellings. Wat weet ons bv. van die groeisnelheid van die wesnederfrankiese omgangstaal in die tyd van sy groot beroeringe ?

En derdens. wat is die basis van vergelyking ? 'n Aanhaling uit Noreen sal hierdie moeilikheid verduidelik. „Die Sprachform dieser Quellen weicht schon in altester Zeit in so hohem Masse vom Urnordischen ab. dass wir nicht umher können deren Sprache als eine wesentlich andere zu betrachten, dies nur so mehr als die ganze Vikingerzeit hindurch (verstaan: van 700 tot 1000) die Sprachverhaltnisse des Nordens in einer ungemein raschen Èntwickelung begriffen waren wodurch in dieser verhaltnismassig kurzen Zeit der Charakter der Sprache fast ganz verandert wurde" (in Paul: Grundriss der Germanischen Philologie, Strassburg 1891 Bd I bis. 422). ...

Sluiten