Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Hy beroep hom op geskrewe stukke, maar skryftaal is konserwatief en was toe sterk aristokraties. Die wesentlike veranderinge kan dus ingrypender gewees het as dit ons uit die geskrifte toeskyn en kan van 'n sneller verloop gewees het as 'n 300 jaar. In Ou-noors was geen Mentzel en geen Teenstra nie!

Wat is sy basis ? Hy noem klank- en vormveranderinge en karakterverandering. Tot nogtoe het ons ons in de Afrikaanse taaiondersoek op die standpunt van die filoloog alleen gestel, wat noodsaaklik, maar eng en doods is. Eensydigheid straf altyd self sy apostel. Ook die linguïstiese beskouingswyse eis sy regmatige plek op, want taal is ook 'n selfstandige sosiale verskynsel: nie hierdie kennis nie, alleen hierdie erkennis en eiemaking sal die vorser red (Vgl. F. de Saussure, Cours de linguistique générale, Paris 1916, blss. 13 e.v.).

Dit kom daar nie op aan watter besware iemand begerig is om teen hierdie argumente aan te voer nie, hulle moet 'n verdere spoorslag bly om versigtig te wees wat betref die aksioma waarby dr. Hesseling e.a. so graag sweer, d.i. aangaande die noodsaaklike aanname van talebotsing op grond van die tempo en om op hierdie grondslag 'n ekslusiewe verklaring as 'n onomstootbaarheid te wil gaan opbou. Dit is in elk geval duidelik dat die hele vraagstuk nie met een sin soos by Hesseling af te maak is nie, maar wel dat dit aan 'n ondersoek dien onderwerp te word, wat aanspraak sal maak op die beste kragte van 'n skitterende talent in sy volle rypheid — en dat baie voorarbeid daartoe nog nodig sal wees. Dan sal die Afrikaanse taalstudie ook miskien sy voordeel hieruit kan haal.

Nou kan ons heel-kort op die poginge let om die eintlike wording van Afrikaans te verklaar.

Die probleem het hom laat aan die aandag van belangstellendes aanbeveel.

Toe die Afrikaners hulle eers begin bewus word het van die afstand tussen die spreektaal en die as beskaaf erkende norm, het hulle van „plat-" en „hoog-Hollands" begin praat; „hoog-", ter aanduiding van die agting wat hulle die algemeen-erkende beskaafde vorm toegedra het, soos dit nog by alle plegtige en openbare geleenthede gebruik is, soos dit in die Bybel en Gesangboek

Sluiten