Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

gedruk is, soos dit dan ook deur die leiers en die in Nederlandgeboortiges gepraat is. Sy gewone spreektaal het die Afrikaner as 'n verbastering beskou, as plat, en vreemd genoeg, hom tog nie daaraan ontworstel nie. Dit is dus nie te verwag dat hy dit die moeite wérd sal beskou om die verbasterde vorm te bestudeer nie, insoverre as hy kon. Inderdaad het die paar geleerde Afrikaners van die tyd dan ook geen aandag aan die omgangstaal bestee nie. Dialektologie was boondien nog onbeoefen. Dus, al het die Afrikaners noodwendig die verskille opgemerk, het hulle nog Nederlands as die dierbare moedertaal beskou, het hulle nog nie die selfsyn van hulle eie taal raakgesien nie, het hulle „Afrikaans" as 'n noodsaaklike kwaad geduld, goed vir die kombuis en die pondok en vir gewone geselsry — en daarom veral gewettig.

Eers reisigers begin die afwykinge opmerk en deel iets broksgewyse mee (Van Rheede, Mentzel, Lichtenstein, Burchell, e.a.). Teenstra, 'n Hollander, teken selfs uit sy geheue 'n gesprek op (1825), Swaving, 'n ander, verklaar 'n lysie woorde, dr. Changuion gee al 'n twintig bladsye as 'n „Proeve van Kaapsch Taaleigen" agter in sy boek De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika hersteld (1844), Boniface, 'n Fransman, gebruik Afrikaans in 'n paar van sy hekelwerke, Meurant, 'n Engelsman, in 'n pamplet van politiekpropagandistiese strekking. Dit bly die geleerde Hollander Arnoldus Pannevis voorbehou om die oë van 'n paar Afrikaners oop te maak vir die waarde en betekenis, vir die bestaansregvêrdigheid van hulle eie taal. Die Genootskap van Regte Afrikaners gee 'n koerant, Die Patriot, leer- en lees-boeke, en later nog 'n tydskif, Ons Klyntji (met insluiting van al sy naams- en doelveranderinge), uit. Die woord „Afrikaans" vind ingang, ook die gedagte, nie net in Suid-Afrika nie, maar selfs ver buitekant. Die Pafn'oflesers en ander het intussen hulle stoepteorië opgestel terwyl hulle oor die taal gesels het. Sommige het selfs geleerd gedoen — dit kan ons gerus aanneem. Ook Nederlanders, wat hierdie letterkundige poginge onder oë gekry het, het hulle begin afvra waardeur die afstand in die vorm veroorsaak is. (Stoffel, te Winkel, Hesseling, e.a.)

Die eerste ernstige poginge om Afrikaans wetenskaplik te ondersoek het omtrent dieselfde tyd (1896) gekom van prof. J. te Winkel,

Sluiten