Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

'n Nederlander, en prof. W. J. Viljoen, 'n Afrikaner. Deur albei is die ontstaansvraagstuk enigsins aangeroer, die eerste het direk van vreemdtalige inwerking (Frans) uitgegaan, die tweede indirek van natuurlike ontwikkeling. Dit is profeties van wat die toekoms gaan leer. Maar eers met die epochmakende Leidse proefskrif van D. C. Hesseling sal die eintlike stryd gaan losbreek.

Hy bly lank die reus in die veld. Sy vernaamste verdienste is egter nie, soos hy gemeen het, sy teorie nie, maar wel dat hy met sulke kragtige historiese en taalkundige argumente voor die dag gekom het, en sy studieveld so deeglik verken het, dat iemand „hom moes ken" as hy nog iets daarvoor of daarteen wou sê, solank as hy op dieselfde fondament wou voortbou. T. H. Ie Roux het inderdaad in 1910 getuig dat na sy beskeie mening die laaste woord oor die kwessie voorlopig gesê is (Beschrijvende Klankleer van het Afrikaans, Leiden, bis. ii). Daarom kon 'n oortuiende bestryding van sy argumente (as dit mog nodig geblyk het) nie meer geskied op 'n blote grondslag van spekulasie nie. Vir by 'n twintig jaar of meer het sy verklaring die standaard aangegee, en alle hipoteses oorheers. Wel was daar teenspraak, maar hy het ook kragtige ondersteuning gevind, veral van die kant van Afrikaners. Dr. P. J. du Toit (Afrikaansche Studies) bring meer bewysmateriaal by, dr. T. H. Ie Roux is tevrede, dr. Th. Schonken (Oorsprong der Kaapsch-Hollandsche Volksoverleveringen, A'dam, 1914) tree die verklaring by en sien meer bewyse raak (blss. 158161). Nederlanders self, soos proff. Verdam, van Ginneken, Lecoutere, aanvaar Hesseling se teorie. By al die betuiginge van instemming het die woorde van dr. E. Kruisinga, dr. H. MeyerBenfey, ds. W. Postma en C. J. van Rijn nie baie ernstige denkers kon oortuig nie.

Die al te enge opvatting is in 1916 deur die knap, ewewigtigoordelende en wetenskaplik-geskoolde Afrikaner, dr. D. B. Bosman, aangetoon (Afrikaans en Maleis-Portugees). Hy het teenoor die teorie van Hesseling (Het Afrikaansch, 1899), 'n ander gestel wat op 'n breër basis gebou is, die Vreemdelinge-Nederlands-teorie. Hij word sterk gesteun van 'n ander standpunt uit deur prof. S. P. E. Boshoff Volk en Taal van Suid-Afrika (Pretoria, 1921). In sy

Sluiten