Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Oor die Ontstaan van Afrikaans vat dr. Bosman die uitkomste saam. Vandag word sy beskouinge oor die kwessie taamlik algemeen in Suid-Afrika aanvaar.

Die verskillende opvattinge oor die wording van Afrikaans kan ons beskou, nie net in die kronologiese orde waarin die eerste publieke voorstander van elkeen opgetree het nie (soos prof. Bosman gedoen het), maar liefs na die aard van die opvatting. Daar is veral drie rigtinge te onderskei.

1. Inwendige Faktore. Dr. E. Kruisinga (in Taal en Letteren. XVI, blss. 436 e.v.) meen dat „het Afrikaans de zuivere ontwikkeling is van een Nederlands dialekt"; hy steun o.a. op wat hy weet van die eertydse Kelties-Latynse mengeltaal in Frankrijk en PidginEngels in China. Ds. W. Postma verklaar Afrikaans ook as die natuurlike ontwikkeling van „Hollands van die 17e eeu soos dit geleef het in die volksmond", en wat deur die kindertaal sy besondere karakter verkry het. (Die Brandwag. 1912). Vir C. J'. van Rijn is Afrikaans Hollands „in hart en nieren". Iets in die geaardheid het bepaald die meeste oortuigde lesers van Die Patriot gedink.

Die groot moeilikheid was die tempo. As daar nie so'n groot snelheid in die voltrekking van die vereenvoudiginge was nie, sou *n mens met hierdie verklaring kan genoeë geneem het, en aanpassingsfaktore en opwassing in 'n nuwe omgewing nog bygereken het. Met die oog op die tempo het 'n ander klomp geleerdes na die ander uiterste gegaan en net in aanmerking geneem

2. Uitwendige Faktore. of liewers net een uitwendige faktor. „1. De vervorming van het Nederlandsch in Zuid-Afrika tot Afrikaansch moet, even als die van van het Negerhollandsch buiten allen twijfel, aan de inwerking van een vreemd idioom worden toegeschreven" sê dr. P. J. du Toit (ald. bis. 107; sy kursivering).

Hierdie „vreemd idioom" is orals gesoek, net waar daar 'n kansie was. Die Boesmans is die enigste andertaliges van wie niemand enige inwerking gaan veronderstel het nie. Die taal van die Franse Hugenote en van die ontslane Duitse soldate en matrose het onder die Europese tale in aanmerking gekom; die seun van die Duitse sendeling in Namakwaland, dr. Th. Hahn, het van Hottentotse invloed gerep. Niemand het nog aan die slawetaal gedink nie, toe

3

Sluiten