Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

geskied sodat die eienaardighede gladnie of baie willekeurig uitkom. Ook kan ons Afrikaans in sy vroegste toestande net ken by wyse van enigsins arbitraire rekonstruksie.

Tog is dit moontlik om enige algemene gevolgtrekkinge te verkry aangaande die ge-erfheid of eie ontwikkeling van klank- en uitspraakneiginge in Afrikaans, 'n Studie van die klugte in die versamelinge van van Moerkerken en van Vloten sal gou genoeg oortuig dat al die klanke in Afrikaans in die algemeen oorgeërf skyn te wees, maar dat die veronderstelde ontwikkeling van neiginge na die neutrale gebied toe by die klinkers, die nasalering, die slapper artikulasie in die algemeen dus, met sy gevolge bepaald by ons eiegoed behoort. Dit skyn die werk van prof. T. H. Ie Roux en P. de V. Pienaar te bewys (Afrikaanse Fonetiek, Kaapstad s.j., bis. 42, e.v.).

Miskien moet ons nog meer probleme maak. Miskien moet ons soos prof. A. C. Bouman in De Nieuwe Taalgids, (XXII, 1, bis. 37, e.v.) na aanleiding van 'n opmerking by dr. G. G. Kloeke (Reflexen van HoUandsche expansie in de huidige Nederland'sche dialekten, blss. 26-27) na die moontlikheid soek van 'n diftongisering van ie- en on- op Suid-Afrikaanse bodem deur inwerking van die Nederlandse Algemeen-Beskaafd. As 'n mens uit vyf vereensaamde gevalle nou moet besluit „dat ze relikten zijn uit de monoftongiese tijd der 17de en een deel der 18de eeuw (aan de Kaap)", (bis. 40), verwag ek binnekort 'n ander opstel waarin prof. Bouman, steunende op honderde voorbedde, kom betoog met veel erns en met groot gesag dat ons in die 17de eeu en 'n deel van die 18de aan die Kaap die suiwerste, onvervalste Middelnederlands moes gepraat het. Hoekom 'n deel van die 18e eeu uitgesluit is, sal baie min definitief kan sê, selfs met Kloeke voor hulle.

Prof. Bosman het die vraag na watter dialekte die „Grundstock" uitgemaak het, langs 'n ander weg probeer beantwoord. Die gegewens wat dr. H. T. Colenbrander in sy monografie De Afkomst der Boeren (1902) byeengebring het, is deur hom gebruik om te bereken in watter verhoudinge dialeksprekendes in die tyd van Jan van Riebeek in Suid-Afrika verteenwoordig was. Sy bevinding gee

Sluiten