Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

hy weer in die algemene opsomming: „As ons 'n sirkel beskryf met Gouda as middelpunt en Gouda-Amsterdam as straal, dan sou daarmee die gebied aangegee wees waaruit die meeste Nederlanders na Suid-Afrika verhuis het" (Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, 1.1). Hiermee gee hy dr. Boekenoogen dit in hoofsaak gelyk.

Dog dit is nie genoeg nie. Dit is die begin. Ons wil dieselfde metode ook op die ander periodes toegepas hê, — of, wat miskien beter is, kaarte kry, opgestel vir al die periodes volgens die dialekgeografiese metode. Dit sal baie arbeid kos, nougesetheid vereis, maar kan waardevolle aanduidinge gee. Dan moet ook die stammoeders in aanmerking geneem word.

By al die ooreenstemminge en verskille in klanke alleen, kan nie stilgestaan word nie. Dit gee ook meer 'n toevallige as 'n aktuele antwoord, dit is maar 'n klein onderdeel van die vraag. Ons het ook 'n studie nodig van die ooreenstemminge en afwykinge in die woordvorme, in die woordgebruik en -materiaal, en in die sinsvorme. Dog ook dit kan ons nie ver bring nie, al is dit uiters nodig. Daar moet duidelike, lewendige ontwikkelingsnei#inge aangetoon word en waartoe' dit ons voer, want daarop kom dit aan. Maar dit is eers moontlik as die nodige voorstudie af is — en die voorstudie is nog nouliks in die beginstadium. Voor ons Afrikaners ten behoewe van ons taalkennis hier kan sintetiseer, die tendense kan soek, moet die Nederlander eers sy analitiese voorarbeid volbring hê.

Wat hier van die gewone 17de eeuse Nederlandse volkstaal gesê is, geld ook van die 17de eeuse seemanstaal.

Aan al die eise kan nie voldoen word nie. Daarvoor lê die 17de eeu al te ver terug. Maar vandag en more is nog in die bereik, elkeen met 'n seemanstaal en -tale. Selfs al is die nie Nederlands nie, is daar nog hoop. Watter tendense toon die hedendaagse seemanstale dan ? Wat doen hulle met die erfgoed, hoe leen hulle, hoe skep hulle self, en hoe is die uiterlike gedrag in vergelyking met die stamtaal in die klankeskat, die vormleer, die sinsbou, die woordvoorraad; — watter rol speel affekwoorde, en dergelike vrae?

Anders gestel — die historiese feite verkondig dit luidkeels dat ons taal grootliks uit die seemanstaal moes voortgekom het. As ons egter die neiginge, wat in Afrikaans tot volle ontplooiing gekom

Sluiten