Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

die rol wat groot stede speel as bymekaarkomplek van mense van verskillende slag die heele jaar deur, leer dat die verkeer tussen land en stad, tussen stad en stad, veel drukker is dan 'n mens gewoonlik dink. Vandaar dat 'n groter groep geleerdes vandag al meer die standaarduitspraak as 'n sekere kompromis tussen verskillende uitspraaknorme gaan beskou, met 'n uitruilplek, soos die vernaamste stad, as sentrum. (Jespersen: Phonetische Grundfragen, bis. 32, e.v.)

Hierdie metode kan veel breër toegepas word, en nie net met betrekking tot die uitspraak alleen nie. Daar is ook soveel gebiede waar die vraagstukke met vrug te bestudeer is. Hoe kom dit bevoorbeeld dat 'n mens met minder sonde en ergernis onder die werkende klasse in Australië met die beskaafde uitspraak van Engels oor die weg kan kom as onder die arbeiders in Engeland self, of anders gesê, hoekom word eenvormiger Engels in Australië as in Engeland gepraat ? Die gerugmakende werk van joernalis Mencken The American Language, bevat nog interessante gegewens. Hy spog bevoorbeeld daaroor, 'n feit wat Weekley so ge-erge het in Adjectives and other words, (Londen, 1930, bis. 162, e.v.) dat 'n mens oor die groot Amerika (Noord, natuurlik) geen dialekte in die eintlike sin van die woord het nie (ald., bis. 28, e.v.) en sê „No other country can show such linguistic solidarity — not even Canada" (bis. 29) — 'n pragtige Amerikanisme, die „no-other-country"-besigheid. Dit is te meer uniek, sê hy, as die heterogene samestelling van die Amerikaanse volk in aanmerking geneem word. — Hy kan veel voordeel haal uit 'n besoek aan Suid-Afrika.

Wyle mnr. G. R. von Wielligh het een en ander van groot belang in die twintigste paragraaf van Ons Geselstaai, (Pretoria, 1925) oor die „Wisselwerking van Beskaafde en Onbeskaafde Uitspraak" (blss. 77-80) gesê. Hy het opgemerk hoedat taalmoeilikhede opgelos word wanneer families uit verskillende dele van die land saamwoon. 'n Driehonderd sulke families het hulle op 'n nedersetting in die Mapochsgronde gevestig. Die ouer mense behou hulle uitspraak- en taalmaniertjies; hulle kinders behou sommige van die ouerlike taalgewoontes, word groot, trou, en „die twede

Sluiten