Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

en van „selection languages" soos Chinook (t.a.p., bis. 85). Dis al 'n begin. Jespersen is m.i. op die regte weg gewees waar hy in Language, (Londen, 1922) die neiginge bestudeer het van die kant van die taalaanlerendes af. Ook Afrikaanse taal geleerdes het vir die kennis van ons toestande klem gelê op 'n onderskeid o.m. tussen taaladoptasie en -adaptasie (wat effens 'n ander indelingsbasis vertoon as by Sweet).

Dit wil my toeskyn dat ons te dikwels uit die oog verloor waar dit eintlik om gaan.

Om dit te verduidelik let ons op 'n paar ander feite.

Onder die Europese intrekkelinge wat nie Hollanders was nie en wat in betreklik sterk getalle gekom het om 'n moontlike invloed op die kolonistetaai te kon uitoefen, is die Franse Hugenote en die Duitsers veral te noem.

Die Franse Protestante was maar gering in getal, hulle het nooit meer as 'n agste van die blanke bevolking uitgemaak nie. Daarby was hulle byna almal jong of jongerige mense, ook vlytig en gewillig en seker dankbaar. Aan 'n begeerte en 'n vermoë om hulle aan te pas het dit bepaald nie ontbreek nie. Waar hulle boonop grond tussen ander Vryburgers gekry het en so meesal verspreid tussen hulle gewoon het, is dit geen wonder dat hulle taal nie deur die ander koloniste aangeleer is nie, maar dat hulk juis die kolonistetaai gaan aanleer het, 'n omstandigheid wat temeer deur gemengde huwelikke bevorder is. In minder as drie geslagte het Frans in onbruik geraak. Behalwe 'n paar gespesialiseerde woorde en pleksname is alle spore van Frans wat direk tot die Hugenote in SuidAfrika herleibaar is, verdwyn. Dat hulle kon meegehelp het om vroeëre ondeninge te bestendig, kan verwag word. (Vgl. Boshoff Volk en Taal). Besonder lesenwaard is die artikel van prof. J. J. Smith in De Goede Hoop (1915): „De Geschiedenis van de Franse Taal bi Zuid-Afrika" oor die uiterlike lotgevalle van Frans hier.

Om die nou verwantskap wat tussen Duits en Nederlands bestaan, is dit moeilik om na te gaan wat werklik aan Duits ontleen is. 'n Mens kan hoogstens praat van:

a. Woorde wat seker van Duits af kom, soos sommige kragsuitdrukkinge van soldate en matrose, t.w.: by my siks, e.d., ver-

Sluiten