Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

der: strawasie, skalt en walt, jaarhonderd, Werda ? laer, en wens dat jy op Bloksberg sit, iets vuiste dik agter die ore hê, ens.

b. Woorde wat waarskynlik van Duits af kom: aapskilloeder (byna uitgesterf), bolmakiese, Kretie-en-Pletie, ens. (Vgl. Boshoff, t.a.p., bis. 405, e.v.)

Onder die nie-Europese tale neem die krom-Portugees van die slawe en Hottentots die belangrikste plek in. Ons wag nog steeds op 'n monografie wat die Hottentotse invloed na waarde kan aanwys en skat. Of die invloed in die Boland tydens die wordingsjare sterk op die vormleer van die kolonistetaai ingewerk het, altans sterker as Maleis-Portugees, dien nog uitgemaak te word. Uit Hottentots het wel vroeg name van plante en diere en begrippe in betrekking met die bodemgesteldheid in die blanketaal oorgegaan, party nog al so vervorm vandag dat 'n mens nouliks 'n Hottentottisme sal vermoed. „Graatjie-meerkat" lyk so onskuldig Afrikaans, maar as die uitleg van dr. S. J. du Toit korrek is, en ek sien geen rede om dit te betwyfel nie, kom „graatjie" van die Hottentotse woord „gara" — 'n meerkat. Op rekening van Hottentotse taalgewoontes kom ook sintaktiese eienaardighede van moderne Afrikaans soos: pa-hulle. Dat die invloede later veral tot bepaalde streke beperk is, t.w. Namakwaland, maak dit wenslik dat so'n studie bes deur 'n Namakwalander behoort onderneem te word, daar hy tog gepredestineer is om die probleem deeglik te kan ondersoek.

Die invloed van krom-Portugees in die slawemond op die blanketaal is die aspek wat nog die deeglikste ondersoek is. Dr. Bosman het bewys dat Maleis-Portugees as handelstaal 'n onbetekenende rol aan die Kaap gespeel het, as slawetaal van omstreeks 1700 tot 1767 van enige belang kon gewees het, wat sedert 1767 afgeneem het tot daar die volgende eeu nouliks iets van „te bespeur is, 'n bewys dat dit nooit lewensvatbaarheid gehad of wortel geskiet het nie" (Ontstaan bis. 66), en eindelik dat die invloed in hoof saak tot die Kaap en omstreke beperk was. Die invloed op die taal is te bemerk in 'n paar, sê sestig, leenwoorde wat veral 'n aanduiding is van die bedrewenheid wat die Maleiers as koks gehad het, en, wat, soos prof. Boshoff sê, ook getuig van die ontsag waarmee hulle

Sluiten