Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

as towenaars en goëlaars bejeën is (Volk en Taal, bis. 428). Op die sintaksis is min direkte invloed met sekerheid vas te stel, daaronder waarskynlik die verbale verdubbeling, en die uitbreiding van die voorsetsel „vir" voor die direkte voorwerp (J. J. Ie Roux, Sintaksis, § 344).

Al weet ons betreklik weinig van hierdie gebeure wat so ver in die verlede lê dat ons dit net uit spaarsame gegewens kan rekonstrueer wat die algemene gang van beïnvloeding op sekere gebiede betref, is die teenswoordige toestande ten opsigte van Afrikaans nog net so ryk in hierdie selfde verloop as wat dit vroeër moes gewees het. Die probleem van die talebotsing strek hom immers verder as die besondere wordingsperiode uit. In die volle daglig van die geskiedenis het ons gevalle waarin die proses aan die gang is: in Namakwaland Hottentots-Afrikaans op Afrikaans: oor byna die hele eintlike Afrikaanse taalgebied van Kaffer-Afrikaans op Afrikaans en van Afrikaans op die naturelletale; daar is die gevalle in die Kaapkolonie van Kleurling-Afrikaans, en in die stede veral van Engels op Afrikaans, op die platteland van Afrikaans op Engels. Die studieveld is groot, en lê net so wel in die teenswoordige tyd uitgestrek as in die verskillende afgelope tydvakke. Die een gooi hg op 'n ander, en verhelder donker hoekies en skeurtjies.

Soos reeds gesê is dit die probleem gewees. Om, soos geblyk het, en soos natuurlik is, die invloed van een taal op Afrikaans na te gaan is 'n beroep op die direkte geskiedenis en op die taal gedoen, waar veral die woordeskat van in aanmerking geneem is. Hesseling en du Toit het tesame 'n 113 Maleis-Portugese woorde in Afrikaans gevind, maar meer as die helfte is as geërf afgewys. Tog is op die paar ontleninge en 'n tiental sintaktiese kenmerke die teorie gebou dat die blankes van verskillende nasionaliteite wel so goed en dikwels die slawejargon sou gebesig het, dat hulle Nederlands 'n taalvorm geword het „dat halverwege is blijven staan op den weg om kreoolsch te worden". Al die tyd gee dit ons niks oor die essensiële uiterlike verskil tussen Afrikaans en Nederlands nie, nl. die groter vormarmoede en die meer analities-flekterende karakter van Afrikaans — wat tog die kernvraag moes gewees het.

P. J. du Toit gaan altyd 'n stappie verder. Hy bewys, ojn. dat

Sluiten