Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

mene strekking 'n opvallende ooreenkoms. Jespersen som dit op in die woorde: „The chief point I want to make, however, is with regard to grammar. In all these languages ... the grammatical structure has been simplified very much beyond what we find in any of the languages involved in their making ... the chief rule being common to them all, that substantives, adjectives and verbs remain always unchanged. The vocabularies are as the poles asunder — in the East English and French, in America Chinook, etc. — but the morphology of all these languages is practically identical because in all of them it has reached the vanishing-point" (Language, bis. 233). Hy praat van Frans, want hy het ook gekreoliseerde Frans op Mauritius ondersoek.

Hier het ons te doen met die hoogste graad van onkundigheid aangaande die gewoontes van die taal wat die grondslag vorm — 'n soort van lingua franca, gebruik naas die gewone eie taal. As geleentheidstaal kan dit ook invloed hê op die gewone idioom van die gebruiker. In elk geval het die gebruiker 'n gevoel dat dit maar 'n tydelike kwessie is, net vir wanneer en so lank as die geleentheid hom voordoen. Hoe langer die jargonsprekende hom tussen suiwersprekendes sou bevind, hoe meer hy in taalopsig gesosialiseerd sou word, en in die voortskryding van sy kundigheid gebruik maak van sy verworwe kennis tot op 'n sekere graad van korrektheid (Jespersen, t.a.p., bis. 145). 'n Mens mag hier enige trappe onderskei vir die gerieflikheid. Daar is vereers die trap van betreklike amorfie of afleksie, gevolg deur die periode van grotere volmaking wanneer die adapterende nog krom praat maar tog oor die algemeen die taalmiddele goed gebruik, en eindelik die periode van betreklike volmaking.

Voordat talebotsing (of ander faktore, indiwidueel of kollektief geneem) as 'n verklaringspoging bevrediging kan gee, moet dit ook die innerlike ontwikkelingsrigting in Afrikaans verklaar. Die ondersoek sover het hom veral bemoei met taalanatomiese aspekte, dog sonder om selfs daarin sterk na die neiginge te soek wat algemeen en bo-besonderlik is. Ons staan nog heel aan die begin.

Die metode was nog altyd die filologiese. Dit skyn my toe dat, hoe noodsaaklik hierdie werkwyse is, dit altyd onvrugbaar sal bly

Sluiten