Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

tcnsy dit aangevul word deur die linguïstiese beskouingsmanier

terme wat ek hier besig in die sin wat F. de Saussure daaraan gegee het en soos hulle as beginsel reeds deurstraal in Marty se leer, of pregnanter en duideliker op 'n weliswaar nog enge gebied by die fonoloë van die Praagse skool.

Engels bly Engels, met sy kenmerklike, hom tiperende trekke, al is dit hoe kragtig ook deur Frans beïnvloed in selfs die fyne nuanses. Dat filoloë berekeninge maak dat maar ongeveer 'n derde van die Engelse woordmateriaal eiegoed is, verander die taal nog nie daarom tot iets anders as Engels nie, want die taalwese bly suksessief en simultaan net en enkel Engels, d.i. iets anders as watter taal ook al, nieteenstaande die gemeenskaplike van taal in vorm en verskyning nie. En dit is ook die tipies-Afrikaanse, in teenstelling met ander tale, wat nie net sy eie sosyn wys nie, maar wat eers en veral moet aangetoon word om 'n juiste perspektief te kry. Hoe noodsaaklik kennis van die uiterlike wese van ons taal in sy afstamming en verandering is, dit sal impotente en doodse kennis bly totdat ook die volheid van die innerlike gebeure en neiginge daaroor uitgestort word. Waar sover hierdie aspek in die bespreking van die huidige stand waarop die Afrikaanse taaiondersoek hom bevind, nie uitgestraal het nie en ook verder nie sal uitskyn nie, is dit aan geen miskenning daarvan te wyte nie, dog enkel aan die aard van behandeling wat die taaiondersoek soos dit hier sketsmatig aangedui word, te beurt geval het. Maar die verruiming van uitsig en van metode het ook vir die beskouing van ons taal reeds 'n behoefte geword. 4. Kindertaal.

Die persoon wat veral kragtig die opvatting verdedig het dat Afrikaans voortgekom het uit die Nederlandse volkstaal, vervorm in die mond van die kind. is ds. Postma. Die eerste keer wat hy die opinie in geskrifte kenbaar gemaak het, is in 1905 in die koerantartikels oor „Afrikaans ons Schrijftaal". In later artikels afgedruk in Die Brandwag (Febr. en Maart 1912) formuleer hy sy opvatting duidelik in vyf stellinge, maar weet tog nie om die gang oortuiend voor te stel nie. Dis maar 'n verklaringspoging soos die ander teorië, en ly aan te veel eensydigheid en onbewese stellinge.

4

Sluiten