Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

te sien van dialekte wat bots, asook van tale wat bots. 'n Kompromis moet gesluit word — want taal is 'n middel en die psigies-sosiale middel moet so goed as moontlik volgens die konvensie aan sy doel as simbool beantwoord. In die kolonistetaai aan die Kaap doen dieselfde toestande hulle weer voor: dialekte- en talebotsing; alleenlik sal die kindertaal nou 'n groter rol speel of kan speel, en sal die isolasiefaktor, die sentrumverwydering, van 'n groter gewig wees. Aan die ander kant is daar in die boerende koloniale bevolking weer kragte aan die werk wat meer konstant bly, wat nie van hawe tot hawe en van skip tot skip sal (of hoef te) verander nie. Maar oor die kolonistetaai alleen.

Die dialekspreker sal dit nie so moeilik vind om hom aan die koloniale norm aan te pas sover as hy daartoe in staat is, as 'n spreker van 'n verwante taal nie, en die weer as 'n spreker van 'n onverwante taal nie. Dit is in die grond van die saak 'n kwessie van graad. Die taalaanlerende kind gaan essensiëel langs dieselfde weg tot sosialisering as die volwassene, of andersom. Dit het Jespersen oortuiend aangetoon (Language, bis. 225).

So gesien hoef dit niemand te bevreemd dat ook die neiginge in die taalsosialisasie van die grootmense (dialeksprekendes en vreemdtaliges) in 'n nuwe omgewing met sy besondere behoeftes, en van die kinders dieselfde is nie. Hierdie neiginge is die treffendste merkbaar in die morfologie, wat vereenvoudig word na 'n (vermoedelike) periode van verwarring, van 'n rykdom aan dubbelvorme; en in die uitspraak, wat na enige weifeling prakties eenvormig word, selfs afwykend van die beskaafde norm in die moedertaal. Die onvrugbaarste terrein om hierdie neiginge van uniformering en vereenvoudiging te bestudeer, is die woordeskat — wat eerder leer hoe die groep met nuwe begrippe in aanraking gekom het, en hoe hy hom gehelp het.

Met die oog hierop kan nog heel kort gevra word waar dan die essensiële uiterlike verskil tussen Nederlands (17e eeus) en Afrikaans lê? In die klankeskat sekerlik nie, anders sou die een nie hier die ander daar, van Noord-Holland oor Suid-Holland en Seeland tot in Vlaandere die „Grundstock" kon gaan soek en telkens meen gevind te hê nie. In die woordeskat ook nie; dit is

Sluiten