Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

arbeid en kan ons dikwels help om die ontwikkelingslyn van verskynsels te volg, bv. van die twee-maal-nie. Maar so'n beskrywing sal op 'n breër indelingsbasis moet gestel word as ons gewoonlik doen, as dit werklik goed aan sy doel wil beantwoord — 'n basis bv. soos ons dit vind in The Philosophy of Grammat van Jespersen.

In die vierde tydvak is die belangrikste werk gelewer. T. H. Ie Roux het in sy genoemde proefskrif die Afrikaanse klanke beskryf, veral soos hy dit in die Worcesterse geken het. 'n Tweede deel is in die vooruit si g gestel (ald., bis. 12). Die kroon op hierdie werk het hy eers gesit met Afrikaa nse Fonetiek, waaraan hy, later in samewerking met P. de V. Pienaar, 'n groot deel van sy lewe gewy het. Hier word elke klank noukeurig beskryf in sy isolasie en in sy omgewing, maar, en dit is hier die belangrikste, die tendense wat die Afrikaanse uitspraak anders kleur as die Nederlandse, ook nagespeur. Dit is 'n werk van rypheid en ewewig, — al bevat dit ook gewaagde stellinge (bv. dat die klimatologiese gesteldheid bevorderlik is om in die Afrikaanse kusstreke te brei, § 715).

Die vormleer maak nog altyd die vetste deel van ons (skool-) grammatika s uit. Behalwe die verfrissende wat ons toewaai uit die Afrikaanse Spraakkuns van A. C. Bouman en E. C. Pienaar (Stellenbosch, le druk, 1923) waar hulle veel van die ouerwetse en vir ons taal ongewettigde indelings- en behandelingswyses oorboord gegooi het, is die beskrywings meesal steriel. C. M. Booysen en mevr. E. G. Jansen vervoeg nog die Afrikaanse werkwoord voluit in al drie persone en in al twee getalle: waartoe morfologitis 'n mens nie kan lei nie! (Afrikaanse Grammatika, Pietermaritzburg, 8e druk, 1930).

Daar is min jong tale wat onder die eerste wetenskaplike werke iets kan wys wat die proefskrif van prof. Boshoff in deeglikheid, volledigheid, rykheid van dokumentasie en diepte van insig kan

ewenaar. Die geleerdheid gaan wel met veel vertoning gepaard

die bronnelys lyk na die inventaris van 'n vername boekhandelaar — maar dit sal altyd 'n standaardwerk bly. Die resultaat van sy ondersoek na die plek van herkoms van die Afrikaanse woorde is uitgekristalliseer in die opsomming: „Die Afrik, volk het egter nie alleen sy oor geërfde woordvoorraad konserwatiefbewaar nie;

Sluiten