Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

die volk het gewoeker met sy ontvange talente, en ruimskoots selfstandig geskep om in eie behoefte te voorsien." (t.a.p., bis. 427).

Afrikaans-Engelse woordeboeke is volop op die mark, o.a. die eendelige van Kritzinger-Steyn (Pretoria) en die tweedelige van prof. Bosman (Kaapstad) waarvan die eerste deel, 'n vertaling van die Concise Oxford Dictionary, reeds verskyn het. Afrikaans-Duits is ewe-eens verkrygbaar. Die kroon van almal sal wel die Afrikaanse Staatswoordeboek word, waaraan prof. J. J. Smith en medewerkers reeds byne tien jaar besig is.

Dr. J. J. de Roux het ons die Afrikaanse Sintaksis behandel in sy genoemde Utrechtse proefskrif, wat maar 'n eerste deel is met bytitel „Woordgroepe". Gelukkig bly 'n ware geleerde trots ampspligte altyd jonk en wil ons die verskyning van die tweede deel hoopvol tegemoet sien.

Hoewel hierdie klein klompie geleerdes veel presteer het, die afgebakende gebiede deeglik verken het, bly nog so ontsaglik veel oor om te doen, — so baie kompilasie- en interpretasie-werk. Afrikaans is nie maar net 'n jong Gemaanse taal nie, dit is 'n interessante taal, en in menige opsig naas en teenoor Engels die interessantste. Daarin is soveel faktore werksaam gevind, dat die uitkomste alleen daarom belangwekkend en leersaam kan wees. Maar Afrikaans besit nie net op hierdie terrein 'n algemene karakter wat 'n gevolg van die faktore alleen is nie, dit het daarbinne eie tipiese karaktertrekke wat die belangstelling gaande maak, bv. by ontkenninge die afrondingspartikel nie. Deur hierdie verskynsel te deurgrond kan al 'n belangrike bydrae gelewer word tot ons kennis van die voorkomste en gedrag van die ontkenning in die Indo-europese talegroep, in die mate as wat die Afrikaanse verskynsel of uniek of hoog-gespesialiseerd' is. Dan het die Afrikaanse geleerde nie net 'n enge taak teenoor sy eie taal om te vervul nie, hy het ook 'n groot verantwoordelikheid om te dra. Hy het 'n taak teenoor die talegroep waartoe Afrikaans behoort. Baie aspekte wat vir die Indogermanis as 'n abstraksie bestaan, word in die lot gevalle van ons taal as 'n werklikheid aangetref. — Of die kwessie van 'n substratum nie veel aan waarskynlikheid gaan verloor as dit volgens die taalgebeure by ons besien word nie —

Sluiten