Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

groot breedte uit. Dit is die kwessie van die middele wat Afrikaans hom ten nutte gemaak het en nog maak om die gewone uitdrukkinge van 'n konsepsie te versterk.

Die begrip „versterking" kan nogal baie arbitrair beskou word. Vereers kan dit maar een van meer en selfs kragtiger werkende faktore wees, of 'n verskynsel kan die gedagte wek dat dit 'n versterkingsmiddel is, maar essensieël net 'n uitvloeisel, 'n sekundaire dryfveer wees. 'n Behandeling van die aspek van tweemaal-nie sal dit mooi openbaar. Aan die ander kant is daar die omstandigheid dat wat grammaties-logies na 'n versterkingswyse lyk, dit nie meer is nie en werklik nooit eintlik was nie, soos ek by 'n beskouing oor die diminutiva, om een te noem, sal aantoon. Dit hang saam met die opmerking dat wat eenkeer wel 'n versterking was, in die loop van die ontwikkeling so kan verbleik in intensiveringskleur, dat daar geen versterking meer gemerk word nie. Sulke oorwegings laat die vraag opkom: wat moet aangeneem en wat gemy word ? Waar sal 'n mens dan begin ?

Die willekeurigheid kan egter so oordryf word dat 'n onderwerp naderhand geen onderwerp meer is nie, maar 'n ekskuus word. Met al die skolastieke skerpsinnighede wil ek my nie inlaat nie. Daar is genoeg probleme in ons taal om nog probleme te maak wat eerder serebraal as aktueel is, meer probleme van houding dan van substansie.

My uitgangspunt was eenvoudig beskaafde Afrikaans van vandag soos ons dit bv. in die Afrikaanse Bybelvertaling het, gestel teenoor moderne beskaafde Nederlands. Toon die Afrikaanse taalbeeld in die geval iets afwykends, wat verband kan hou met 'n behoefte om 'n proposisie in sy uiting krag by te sit, het ek gemeen dat hier iets interessants is om te ondersoek. Die gebruikmaking van 'n versterkingswyse lei die aandag in 'n nuwe baan: wat het die behoefte daartoe laat ontstaan ? Daardeur is al dadelik die noodsaaklikheid ingesien om die toestande te vergelyk toe die behoefte nie gevoel was nie of minder sterk gevoel was, met die omstandighede wat sy gebruik later begunstig het. Eers in die rigting word 'n mens deur die historiese beskouing in so'n jong taal byna altyd na die wordingsjare teruggevoer. Hiermee het ek die

Sluiten