Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

The Philosophy of Grammat, dog die kort oorsigtelike uiteensetting daarvan in die Encgclopedia Brittannica (1926) wen dit van die groot werk aan duidelikheid (aldaar, onder Grammar).

Hy sien vereers twee rigtinge waardeur dit moontlik word om 'n gedagte bekend te maak by die betrokke partye. Dit verduidelik hy skematies so:

C B A B C

Speaker: Notion —* Function Form

Heatet; Form «*•> Function ■*•> Notion

(Philosophy, bis. 57)

By die spreker is die rigting dan van die Inner na die Outet wat deur die hoorder op geneem word, by wie dit dan die teenoorgestelde rigting in die waardering van die simbole gaan, van die Outet (O) na die Innet (I), „the two parts of the lexicology of a language" (ald., bis. 39). Dit pas hy op sy sisteem van 'n grammatika toe, wat hierbo skematies aangedui is. Hy geraak dan tot 'n noodsaaklike tweedeling, „In the first part (O—*I) we take a form as given and then inquire into its meaning or function" en effens verder „this part I propose to call Morphlogy" (bis. 40). „In the second part (I—*0) we invert the process and take the meaning or function and ask how that is expressed in form" (bis. 40), en verder: „We call this syntax" (bis. 45). In verband met my indeling sal ek my van die terme Motfologie en Sintaksis bedien in dieselfde sin as Jespersen dit hier doen.

Die skema kom my die beste voor vir wat de Sausurre noem 'n goeie sinkroniese beskrywing, maar een groot gesigtspunt word tog verwaarloos, nl. die historiese en diakroniese. Jespersen praat van die aspekte: die spreker en die hoorder, dog daar is ook die ander, die vorige sprekers en hoorders, of, van die standpunt van die spreker en hoorder, die tradisie, wat hulle handhaaf of enigsins self omskep. Jespersen praat in die eerste hoofstuk van sy Philosophy i.v.m. „Living Grammar" juis oor die „types" en „formulas" maar versuim om dit in sy skema prakties te maak. Hoe ek hierdie kant van die saak gaan behandel het ek reeds

Sluiten