Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

aangetoon. Daarby vind ek dit net so belangrik om deurgaans duidelik na vore te bring die sterkteverhouding van verskynsels in 'n groep teenoormekaar. Die geleentheid sal my gebied word om bv. by die verkleinwoorde daarop te wys watter groot nut hieraan verbonde kan wees. Ook taalverskynsels moet drie-dimensioneel besien word, anders loop 'n mens gevaar om 'n skewe voorstelling te kry.

Buitekant die eintlike bedoeling van Jespersen sal die wending lê wat ek my voorstel om aan sy skema te gee, deur by die Morfologie die standpunt van die filoloog in te neem, maar by die Sintaksis die linguïstiese metode toe te pas. Dit is nog 'n rede te meer waarom dit my so verkieslik voorkom om Jespersen se program tot grondslag te neem.

Die afbakening van die studieterrein kan dan so geskied:

A. Morfotogies (0-*\).

I. Sinteties 1. Fleksie-uitgange.

2. Suffikse en Prefikse.

II. Analities 3. Komposita (fluit-fluit e.d.)

4. Los woorde (nie ... nie e.d.)

B. Sintakties (l-*0). Versterking in die aanduidinge van:

1. Geslag.

2. Getal.

3. Persoon.

4. Verldeining en Vergroting, en Geneëntheid en Misnoë (met kragsuitdrukkinge).

5. Vergelyking.

6. Ontkenning en Bevestiging.

7. Modaliteit.

8. Aspek.

9. Tyd.

10. Plek, Ruimte, Maat en Omvang, e.d.m.

Algemene Gevolgtrekkinge en hulle algemene Betekenis.

Sluiten