Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

HOOFSTUK I.

VERKLEINWOORDE OP -ie.

„In Afrikaans vorm selfstandige naamwoorde hulle verkleinwoorde deur toevoeging van die uitgange -ie, -jie, -tjie -etjie, -pie" (Botha en Burger, Afrikaanse Grammatïkefi, bis. 62).

Ek neem vereers aan dat die uitgange 'n verkleining van die gewone maat of omvang van 'n konkrete voorstelling uitdruk.

Dan kan hierdie gewone verkleiningswyse in Afrikaans versterk word op o.m. die volgende maniere, filologies gesien :

1. Deur die verdere gebruik van een of meer aparte bepalende woorde wat self kleinheid uitdruk, bv. klein j 'n (baie) klein huisie //, min. biet jie, stukkie. Hierdie aspek interesseer ons nou nie verder nie.

2. Deur 'n nogmalige aanvoeging van die uitgang wat sogeseg verkleining uitdruk. Dit geskied hoofdsaaklik langs twee wee:

(a) Die oorspronklike verkleiningsgedagte raak verlore, sodat die diminusie van eertyds nou nie langer as sodanig gevoel word nie. Die verkleiningsvorm druk enkel die normale grootte of omvang uit: besie, bessie, biesies, boordjie, deuntjie, geitjie, (ouma-) groot jie, kappie, kleinpensie, knikkertjie (dier), koppie (koffie), koutjie, loot jie, mand jie, meisie, mossie, muggie, oorbellet jie, pluimpie (gee), pokkies, praatjies, ribbetjies, rosyntjies, rympie, skilpadjie (onseÜeweheersbesie), sopie, swaaltjie, toktokkie, trompie, versie, wysie, ens. Vergelyk hiermee: pakket, trompet, druppel, e.d.

Moet hierdie en dergelike woorde dan per geval diminutief gebruik word, geskied die verkleining waar dit kan deur n vergroting van die woord met die bekende uitgang: kappietjie, koppietjie koffie, mandjietjie, meisietjie; of deur die gebruik van 'n aparte woord wat kleinheid uitdruk. Dikwels laat die taalgevoel

Sluiten