Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

se bydrae, waar dit deskriptief is, 'n deel van die eerste hoofstuk kan uitmaak.

Die besondere voorliefde vir hierdie gebruik hang saam met baie probleme wat intiem verbonde is aan die ontwikkelingsgang van ons taal en die rol van die kinderryke gesinne daarin. So sterk is die voorliefde dat die verskynsel in sy voldraenheid as tipiesAfrikaans kan bestempel word. Ook hier het Afrikaans verder gegaan as enige ander Germaanse taal.

Eintlik kan dit enigsins bevreemdend wees. Suid-Afrika met op die Hoogland sy vlakte-eindeloosheid wat eenselvig wegdein tot die „ylbloue bande der ver-verre rande"; ons land met sy wydkringende bergkettings, waarvan die toppe hoog in die lug bo die wolke troon; ons seë wat selfs die Vliegende Hollander skrik sou ingeboesem het; ons volkere, waarvan sommige se harte so koud kan wees as hulle beskawing oud en primitief is; ons diere waarvan party soorte lewiatanstelge is, ons oerwoude — alles is groot en groots, die verskyninge, die verskynsels, die stryd om 'n bestaan. Maar ons taal is ryk aan verkleinwoorde, al aanskou ons die grootsheid dag aan dag. Die omgewing het dus geen invloed op die vorming van hierdie taalgewoonte nie.

Vir Otto Jespersen het Engels 'n tipies-manlike karakter en een van die redes daarvoor is die groot afwesigheid van diminutiewe, soos die ryk aanwesigheid daarvan in Afrikaans (Growth and Structure of the English Language*, 1923, bis. 10). Moet ons af lei dat o.m. hierom Afrikaans kinderlik van aard is ? Vir sulke berekeninge is ek ten enemale onbevoeg. Maar volgens hierdie maatstaf kan dit nodig word om ons geskiedenis in party opsigte te herskrywe, kan dit aanleiding gee tot 'n „revaluation of values". Ouhoogduits bv. „kennt die Diminutiva kaum; wenn sie vorkommen, danken sie ihre Existenz lateinischem Vorbild" (Die Diminutiva im Deutschen deur Ferd. Wrede, Marburg 1908, bis. 129). Dan is Nieuhoogduits in die opsig kinderlik, Ohd. manlik, kontemporaine Latyn kinderlik... en al die tyd hou die waardering stand as die diminusie op 'n ander as 'n suffiksale meinier tot uiting kom...

Pierson (Oudere Tydgenooten, 1882-'86) meen ook te sien hoe

Sluiten