Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

geval van ou sal ook leersaam word waar dit die probleem stel of uit die (oorspronklike) betekenis van oudheid met die bygedagte aan swakheid en hulpeloosheid die waarde van die woord as Koseterm ontwikkel het.

Ons het gevind dat verkleining hoofsaaklik deur aparte woorde bekend gemaak word, en dat die uitgang veral die waarde van toegeneëntheid het. Ook veragting kan deur die uitgang uitgedruk word, maar sulke gevalle kom so selde voor dat dit vir alle praktiese doeleindes net genoem kan word en verder buite beskouing gelaat kan word. Ons let nou op die optreding van die diminutiewe — voortaan wil ek onder die term nie eerstens of uitsluitlik „verkleining" verstaan hê nie, maar veral vergoeiliking en vertedering; deur die aanhegtig van die -(-)ie-uitgang kom die voorstelling as 'n algemene reël in 'n atmosfeer-van verdierbaring.

Om die gewone optreding te verduidelik gryp ek na die verhandeling van lektor Hoge. Orals begryp ek hom nie goed nie. So

staan daar Die verkleinwoorde wat gevorm word is: ...

II. Verkleinwoorde van byvoeglike naamwoorde: ... liefies ... swartetjie ..." (bis. 13). Dus / 'n liefies kindjie / 'n swartetjie hondjie // ens. Maar sulke Afrikaans ken ek nie. Ons kan gesubstantiveerde bvne. net somin bvne. noem as adjektiewiese verlede deelwoorde werkwoorde. En hoe word liefies byvoeglik. of waarom staan drogies c.s. dan later onder bywoorde? Van die ag afdelings hier sluit ek vereers die laaste uit, d.i. die verdubbelinge.

In alle volkslae is die gewoonste reeks verkleinwoorde die aanspreekname (-naampies!) van moeder en vader vir die kind(ers), van een kind (veral die ouer) vir die ander (die jongere, en ten dele deur navolging ook andersom), van die minnaar vir die geliefde en andersom, van die baas vir sy uitverkore diere, van almal teenoor die kleine, mooie en onskuldige. Wat ek veral opmerklik vind en wil benadruk is die omstandigheid dat daar twee rigtinge in die prosedure is, nl. dat die kind sy meerderes graag met 'n verkleinwoordsvorm aanspreek en die vorm dikwels afwykend van die algemeene norm het (omie/oompie; tannie; tantetjie, e.s.m.), maar dat, en dit is die punt wat benadruk moet

Sluiten