Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

word, die meerderes in die reël die kind voorgaan in hierdie gewoonte van verkleining. Lank voor baba kan praat word al op die wyse oor en met hom gesels. Wanneer hy wel begin woordjies artikuleer, vereenvoudig die seniores (bv. die moeders) in die reël hulle taal ook by wyse van gedeeltelike aanpassing aan die „klein-kindertaal" (Jespersen, Languagee, bis. 114, e.v.), en gebruik hulle die diminutiva in die eenvoudige vorm van die kind. Hier ontmoet die twee rigtinge mekaar. Dikwels ken die gewone taal geen ander verkleiningsvorm dan juis So 'n kompromis-produk nie, bv. / omie; tannie; Sannie. // Die treffendste kon dit tot uiting in die naamgewing / Seunie; Sussie, Doggie; en van eiename: Kalie, Kootjie, Tienie ... //Dus tog duidelik dat die kind hom nie self Seunie gaan noem nie; en die reël-egte verkleiningsvorm is buitendien in die grootmens-taal seuntjie. Die volwassenes het die kind half-pad ontmoet. Hierdie kindernaampjes dra die persone in die reël hulle hele lewe lank / Ou Oom Seunie Serfontein / Oom Jannie van Wijk, ons ouderling / Oorlede tant' Poppie Brits het 92 jaar geword //. Ten dele kan dit aan uiterlike faktore te wyte wees dat die name vaskleef, nl. dat deur die Afrikaanse gewoonte van kindervernoeming dit voorkom dat 'n hele paar kinders in die familie dieselfde naam dra, en dat Jannie al ver gevorder is in jare wanneer sy oupa, ou oom Jan, te sterwe kom. Hy bly dan oom-Jannie, en is later oü-oom-Jannie. Dog dat dit nie die hooffaktor hoef te wees nie, toon die Kosenaampies soos Seonie voldoende aan, waarmee niemand vernoem is nie.

Aan die ander kant noem die kind sy ouers Pa en Ma, praat hy van Oom en Tante, Oupa en Ouma, Neef maar Niggie, (dog die twee laastes is al sy gelykes). Logies beskou sou dit al vreemd klink vir 'n kind om uit eie beweging van „mg oupatjie" te praat, en wanneer dit geskied sou sekerlik geen verkleining bedoel wees nie.

Dit lyk my duidelik dat ons dan in hierdie omstandighede ook verwag dat liefkosing veral tot uiting moet kom. Buitendien ryp die kind eers betreklik laat in die lewe tot n goeie besef en waardering van sy seëninge, en sal 'n mens die gevoel waaruit tederheid, simpatie, verdierbaring (minagting) opskiet, eerder by die groot-

Sluiten