Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Afrikaanse taalgebied verantwoordelik. So word in die Vrystaat enkel van rosyntjies gepraat, maar in die Westelike Provinsie veral van rosyne.

Hoe dit ook mag wees, die verkleinwoordestudie bring ons by die kind as 'n belangrike direkte en indirekte krag in die wordingsgeskiedenis van ons taal. Kyk ons terug na die raamwerk van die vyf groot taalwysigende faktore in Afrikaans, blyk dit dat die aspek van die karakteristieke rykdom veral, dog nie uitsluitlik nie, aan die kind (direk en indirek) toe te skrywe is.

Aan die kant van die ontstaansgeskiedenis kan in verband met die verkleinwoorde 'n beswaar geopper word wat op die oog ernstig is. Ons het by die meervoude 'n sterk argument gesien in die besondere rykdom aan verkleinwoorde, wat almal -s as pluraalkarakteristikum het. Ek het nie my pad so oop gesien om van hierdie kant 'n uitbreiding van die meervoudsvorming op -s met stelligheid voor te staan nie. Maar ek het tog gemeen om hierin 'n verstewiging van die neiging te sien. Waarom, sou iemand met dieselfde reg kan kom redeneer, is die diminutiva dan met die -s-kenmerk in die meervoud 'n krag in die een rigting gewees, en nie met die onsydige geslag eweeens verstewigend of remmend in die rigting van 'n, al is dit maar gedeeltelike, behoud van die het-karakteristikum nie ?

Dit dan wat die kindertaal in breëre sin aanbelang. Prof. Hesseling wys verder daarop dat die seemanstaal naas 'n besondere voorliefde vir die meervoud op -s ook 'n voorliefde vir xue neutrum het (Het Afrikaans, bis. 109). Hier is dus twee faktore (kindertaal en seemanstaal) wat in die rigting van die behoud van die neutrum werksaam was of kon wees. En tog is die hef-onderskeiding in Afrikaans onbekend, tensy in 'n paar argaïsmes. By ontstentenis van meer positiewe gegewens moet ek die punt onbeshs laat. Dog ek wil daarop wys dat die neiging in die seemanstaal veel te vaag en geïsoleerd gestel is om van werklike betekenis te wees. Vereers kan die voorbedde wat prof. Hesseling noem as vreemde woorde gevoel word. Maar bdangriker as dit is die bepaling of die neutrum nie 'n sekere gevoelswaarde gehad het nie — 'n gevodswaarde wat in die kolonistetaai weer anders kon gewees het: dit vir 'n bydraende faktor. In aansluiting hierby skryf ek nog 'n opmerking

Sluiten