Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

afwyking lyk, self 'n ontkenning van die gewone wet, dat minus maal minus *n plus is: soos ons dit in die taallewe in die genoemde redefiguur reeds opgemerk het. Natuurlik ken Afrikaans ook die universele taalgewoonte om twee negativerende dele van dieselfde begrip teenmekaar te stel en 'n positiewe uitslag te bereik, d.i. as ons nie () ... nie as een negativerende deel beskou / Hy is nie 'n onaansienlike ventjie nie / Dit was gladnie so dislojaal nie / Hobsons, Skankwan, p. 10: ... was sy nie so onmisbaar nie / Hy is nie erg wantrouig nie / Sonder om sy reg te ontken //.

Al is die bereikte uitslae hier positief, is daar tog 'n ander betekenisnuanse as in die geval waar die bewering sonder die omweg geuit word: Vergelyk / Hy is nie n onaansienlike ventjie nie, / met: / Hy is 'n aansienlike ventjie. // Die twee beweringe is albei in betekenis positief, maar die tweede is stelliger, onvoorwaardeliker; die eerste bevat 'n element van voorwaarde, van onsekerheid. Hoe groot die graad van onsekerheid is, hang van die stellinge af. / Hy het geen mislukkinge gehad nie, / en, / Hy het baie voorspoed gehad. //

In Afrikaans lyk dit dus na 'n logiese denkfout om, in teenstelling met hierdie mening dat twee ontkenninge n positiewe uitslag gee, dubbel te negeer vir 'n eenvoudige ontkenning: / Malherbe: Loutervure, p. 15: *N mens kan nie stilstaan nie. Ja, ek vrees, Hester, ek kan nie meer so kinderlik glo nie / Dies., p. 16: Nee Hester, geloof is goed, maar geloof moet nie onredelik wees nie / von Wielligh, Dóe Storüs, 17: Moeni praat hoe die wêreld toen lyk nie //.

Temeer moes hierdie verskynsel opvallend gewees het, wanneer die nie-Afrikaanse belangstellende dit nie in sy taal of in verwante tale ken nie. Want selfs al ken hy uit die volkstaal gevalle wat met die Afrikaanse voorbedde enigsins verwant is, bly die sintaktiese posisie van nie2 (die afduitings-nie) moeilikhede oplewer en maak die Afrikaanse verskynsd tot iets unieks in die Indo-europese taalfamilie. Prof. Bouman het veral met klem op hierdie kant van die saak gewys. (A. C. Bouman. Onderzoekingen over Afrikaanse Syntaxis, Kaapstad, 1926, bis. 65-66.)

'n Logiese denkfout hoef 'n mens hier nie te soek nie. Dit kan

Sluiten