Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

eenvoudig 'n versterking van die ontkenningsgedagte wees, wat hom oor 'n deel of oor die geheel van die sin uitbrei, soos van Ginneken dit wil voorstel {Leuvensche Bijdragen, VI, 1, 1904, bis. 194 e.v.). Boondien is die verskynsel om die ontkenningsgedagte te versterk met 'n ander woord wat negatiewe of byvoegende betekenis het, nie spesifiek Afrikaans nie. Dit word in byna alle tale op een of ander manier aangetref. Prof. Jespersen wy 'n lang hoofstuk (VII) aan „Doublé Negation" in sy werk Negation in English and other Languages, (Kopenhagen, 1917). Onder die verskillende soorte „doublé negations" stem die „cumulative negation" (p. 64 e.v.) ooreen met die verskynsel onder bespreking. Jespersen toon die verbreidheid van hierdie ontkenningsmanier aan deur te verwys na voorbeelde uit Ou-, Middel- en Moderne Engels, Middel- en Moderne Hoogduits, Deens („extremely rare"), Frans, Spaans („not at all raVe", p. 67), uit Slaviese tale (Servies en Russies); Grieks („very frequent"), Magjaars („sometimes there are three negative words in the same sentence", p. 67) en „in many other languages", bv. in Bantoe.

Maar in al die voorbeelde is daar geen taal wat met die Afrikaanse eienaardigheid ooreenstem insover die tweede lid globaal dieselfde is as die eerste ontkenningswoord nie (behoudens 'n paar proklitiese gevalle), m.a.w. insover die lede van die „cumulative negation" telkens dieselfde vorm vertoon nie. In Afrikaans kan 'n mens, uiterlik beskou, met die volste reg van 'n herhaalde negasie praat.

Hierdie omstandigheid is dit wat in die besonder by die eerste kennismaking die gedagte aan 'n onlogiese ontkenningswyse opwek. Maar dit kom veral deurdat die kennismaking van die vreemdeling op die geskrewe vorm berus. Dan sal die gewoonte van Afrikaans veelmeer bevreemdend lyk as wanneer die lewende taal gehoor word; want die „vreemde" tweede nie word met meer klem gelees as dit in die gesproke taal ontvang, daar waar dit in ongepassioneerde geselsry soms nouliks hoorbaar nog uitgespreek word. Tweedens berus die opvatting op 'n verkeerde insig van die wese van hierdie ontkenningstweevoudigheid.

Die Afrikaanse nie () ... nie wyk dus veral van ander Indo-

Sluiten