Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

europese tale wat 'n opeenhopende ontkenning het, in die volgende punte, tesaam geneem, af:

1. Die gewone, natuurlike ontkenning van 'n sin of sinsdeel geskied altyd, en nie net by wyse van uitsondering of uitsonderlike versterkinge alleen nie, langs die weg van „cumulative negation", tensy die volledige sin uit 'n onderwerp plus gesegde plus ontkenning bestaan, wanneer een nie voldoende is, of tensy dit 'n geval is soos hieronder sal genoem word.

2. Die twee (of meer) ontkennende lede is dieselfde woord wat herhaal word; dikwels egter is die eerste lid proklities aan 'n ander woord verbind en nog in die anlautende n kenbaar (niks; niemand; nêrens; niewers; nooit; nimmer), of dit is soms alweer weggeval (geen, g'n); „maar" behoort nie meer hierby nie.

3. Die sintaktiese posisie van nie2 is aan die einde van die ontkenningseenheid, wat 'n sin of sinsdeel kan wees. Dit kom daar eintlik nie op aan hoe kort of hoe lang die eenheid is nie.

Tweemaal-nie word geïsoleerd beskou.

Die belangrikste poginge wat aangewend is om die geheim van die verskynsel te ontsluier kan hier kortliks genoem word.

Dit is deur sommige as 'n geïsoleerde verskynsel beskou, wat dus 'n eie verklaring verlang. Dit geld veral van die vroegste poginge. In die eerste Afrikaanse grammatika, deur ds. S. J. du Toit opgestel (£ersfe Beginsels van Di Afrikaanse Taal, 2e druk, Paarl, 1882.) staan dit duidelik, as eerste punt onder „Afrikaanse Uitdrukkings : „Nes in Frans het ons n dubbele ontkenning in ons twe-mal ni. Dis deur die Franse vlugtelinge in ons taal ingebreng" (t.a.p., bis. 16; vgl. ook bis. 2 aldaar). Van die ander verdubbelings rep hy geen woord nie. In 'n later en gedeeltelik omgewerkte uitgawe hiervan {Fergdykende Taalkunde fan Afrikaans en Engels, deur S. J. du Toit, Paarl, 1902) kwalifiseer hy die uitspraak met „denkelik afkomstig van die Franse vlugtelinge" (t.a.p„ bis. 30). Du Toit gee hier geen blyk dat hy van Hesseling se verklaring kennis dra nie. Prof. te Winkel sien die kenmerk meer in 'n moontlike historiese verloop. Die Franse ne-pas

Sluiten