Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

het die, ook in Nederlands bekende dubbele ontkenning, so beinvloed dat dit „(zich) tot op onzen tijd in Zuid-Afrika gehandhaafd" het (Vragen van den Dag, IX). Vir Prof. Mansvelt is die, in sy soort blykbaar alleenstaande, tweevoudigheid nog duisterder in oorsprong. „Of dit eigenaardig gebruik uit het Frans der Hugenoten, of uit het oude en-niet is voortgekomen, laat zich niet met zekerheid bepalen ... Mijne mening is, dat 't tegenwoordige ni-ni aan de verenigde uitwerking van beide invloeden kan worden toegeschreven." (Dr. N. Mansvelt: Proeve van een KaapschHoüandsch Idioticon, Kaapstad, 1884, blss. 111-112). Miskien sluit Mansvelt hom bewus by du Toit tot op 'n sekere hoogte aan. Hy gebruik deurgaans die Patriotspelling. Tog skyn die aanname van Franse inwerking vir hom onvoldoende om die verskynsel volledig te verklaar.

Hesseling is, meen ek, die eerste wat in die nie-duplisering 'n verwante verskynsel gesien het as in die ander verdubbelinge waaraan Afrikaans so besonder ryk is. Hy bestry die mening van te Winkel dat Frans hier 'n bestaande neiging kom bestendig het, want die „syntachtisch gebruik ... in het Afrikaansch is geheel anders dan in het Nederlandsch en in het Fransch"; vervolgens wys hy aan dat die „pleonasme" ook by ander woorde gehoor word (uit ... uit) (De Gids, 1897, bis. 142, en Het Afrikaansch, bis. 117-119). Hier deur kom ons nader aan die waarheid. Die verskynsel boet nou veel van sy besondere vreemdigheid in. Na Hesseling word deur ander geleerdes hierdie beskouing haas sonder uitsondering met hom gedeel; dit doen hulle natuurlik nie altyd deur navolging nie. Prof. A. C. Bouman is glo die enigste wat sedert 1897 van hierdie gebaande weg afgeswaai het, waar by die nie2 nie meer as 'n deelverskynsel beskou nie, maar as 'n geïsoleerde geval in die Afrikaanse taallewe (Onderzoekingen over Afrikaanse Syntaxis).

Die Vraagstuk' van sy Herkomst a. Oorge-erf.

Veel belangriker is 'n ander gesigspunt waaruit die vraagstuk beskou is, naamlik of hier sprake van oorerwing, „spontane" ontwikkeling of van vreemde beïnvloeding is. Beide Mansvelt en te

Sluiten