Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

kan tog nie, dit beteken tog iets anders, dit veronderstel 'n ander gemoedsaard by die informant, wat nou onbeskof en onmeedeelsaam is, waar die ander hom vriendelik en hulp-bereid betoon het.

Ewe-eens sien ek geen substitusiegeval in „Nee, heeltemal goed, dankie," nie, gestel selfs dat die beswaar teen die onbeskaafdheid van die dubbele hik oorkoomlik is. In ander tale, waar hoegenaamd geen sprake van inwerking langs hierdie kant kan wees nie, doen die verskynsel hom eenders voor as in Afrikaans, veral in die volkstaal. Nederlands „Nee, maar die is goed (die grap);" vergelyk: Standaard-Engels: — "Can you lend met another £5 ?" "No, no, Sir, you are forcing it a bit too far now!" Die inleidende nee is enkel die strekking van die antwoord, wat in 'n positiewe rigting later verklaar word; dis die hoofsaak, in 'n modaliteitsin weergegee, terwyl die gees besig is om die duideliker motivering „agtermekaar te kry." Jespersen, om my op dieselfde autoriteit niet dieselfde werk as prof. Bouman te beroep, lê hierdie psigologiese oorweging ten grondslag van 'n interessante verklaring oor die moontlike ontstaan en gebiedsuitbreiding van magis c.s. „Now, it very often happens that a man wants to say something, but has not yet made up his mind as to what to say..." (Language, bis. 314-16). Om dit in verband met „Nee, goed!" te bring, die nee beteken vir my funksioneel omtrent soveel as wel, nou, kgk, ens. in die sinne: „Wel, soos jy sien is ek nog gesond 1"; „Nou, dit gaan nogal!"; „Kyk, dit is altyd die beste om die blink kant bo te hou'". Die .nee het in elk geval geen of 'n sterk verbleikte ontkenningskrag, dit gee hoogstens enige twyfel of onsekerheid te kenne. Die uitbreiding is dan geensins so positief as wanneer dit sonder die voorafgaandelike nee gebesig is nie. Vergelyk nog vir presies die teenoorgestelde hiervan 'n voorbeeld — soos: „Ja leider des enmac niht sin, ..." (Walter v. d. Vogelweide, Samm. Göschen, Nr. 23, bis. 56, 16.) e.s.m. Daar kom dikwels tye wat die negatiewe en positiewe aspekte so maklik versmelt van kleur, dat die grens nie meer te trek is nie. Dit verklaar ook hoekom daar dikwels 'n sekere wisselwerking is, soos by maar, Engels but, Duits kein uit O.H.D. dihhein, Ou-Noors eittgi (etki, ekki). Jespersen wy 'n hele hoofstuk aan „Positive becomes Negative" en wys na Frans

Sluiten