Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

bywoorde, inderdaad verdubbel te word, is dit dan weer primitief ? Is Frans ne-pas primitief? Is die „ongeskoolde" „Ik had geen goesting voor een peerke Nie". of die Vondeliaanse geval: „Hier is geen blijven niet" (Wdb. Ned. I, Kol. 1949) primitief? Sal die gemeenskapsproduk taal dan ooit iets anders wees as die uiting van ^n primitiewe gees ? Of moet ons die woorde „de zinsbouw van 't Afrikaans op een meer primitief standpunt staat dan die van 't Nederlands" so interpreteer dat die hele Nederlandse sinsbou primitief is. maar „talryke gevallen" van Afrikaans net meer ?

In sy Onderzoekingen sien prof. Bouman hierin nog iets anders: „het verschijnsel vloeit voort uit de behoefte aan aanschouwelikheid bij minder ontwikkelde sprekers" (bis. 66). 'n Paar reëls hoërop lui dit egter: „Dit in de germaanse talen alleenstaande verschijnsel ..." Hoe rym prof. Bouman sy uitsprake met mekaar — dat die behoefte net by die „minder ontwikkelde (Afrikaanse) sprekers" so sou bestaan het om daar op die spesiale Afrikaanse manier tot uiting te kom ? Dit lei ons net tot argumente wat om die begrip „primitiewe gees" gaan draai, iets wat ons onderwerp nie eintlik raak nie, maar iets waaroor prof. Bouman hom reeds lank gelede deegliker moes georiënteer het. In sy Onderzoekingen soek prof. Bouman bepaald te laag onder.

In hierdie hoofstuk, wat die Nieuwe Taalgids-artikel kom steun en waarin „ons vroeger resultaat door een en ander slechts bevestigd (wordt)", (bis. 68), kom nog *n opmerking wat baie daartoe

bydra om 'n duistere teorie verder te verduister: (we) kunnen

dan ook bij het ontstaan van de dubbele ontkenning een zekere invloed van een vreemde taal, waarschijnlik de kleurlingentaal, aannemen" (bis. 68). Hier is sprake van net „een vreemde taal", tog het ons al van Hottentots en Bantoe, apart en parallelgaande.' gehoor, en nou kom die kleurlingetaai die inboorlingegeure nog opdringeriger maak. As ons meer van die Boesmantaai af geweet het?

Want dit is 'n belangrike saak. In hierdie artikel het ons reeds gehoor van Sanskrit (60), Goties (61), Grieks (61), die Wesgermaanse dialekte (62-64), Latyn (64), Frans (64), Oud-Noors (64), Engels (64), Deens (65), naas die genoemde inboorling- en kleurlingtale, maar sodra iemand die natuurlikste ding van die

Sluiten