Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

'n Teoretiese moontlikheid is nog lank nie altyd 'n praktiese werk' likheid nie.

Daar is nog 'n derde uitgangspunt by die behandeling van hierdie ontkenning, nl. om die verklaring enkel in natuurlike taalwettelikheid te soek. W. de Vries het o.m. 'n poging aangewend om die verskynsel psigologies te deurpeil (Dysmelie, § 10). Maar hy het hom geen voldoende rekenskap van die essensiële, wat die ontkenning uitmaak, gegee nie. Die eensydigheid lei tot 'n wan-voorstelling, en laat ons oor die besondere posisie van nie2 in die duister.

Die belangrikste poging is die van prof. Bosman, en verreweg die eenvoudigste. „Deur sintaktiese analogie is uit twee konstruksies soos hy loop die huis uit en hy loop uit die huis 'n sogenoemde kontaminasieproduk hy loop uit die huis uit ontstaan. Op dieselfde manier kry ons al lank al uit al lank en lank al. 'n Soortgelyke verklaring kom my by die dubbele nie aanneemlik voor: ek gaan nie en ek sal nie gaan gee aanleiding om te sê: ek sal nie gaan nie. (Ontstaan, p. 136).

'n Mens wonder alleen hoekom die tweevoudige m'e-eenhede in Afrikaans so'n uitbreiding gekry het, terwyl dieselfde moontlikheid langs dieselfde weg ook in Duits, Nederlands en ander Germaanse tale bestaan het en bestaan — om net by die groep te bly. Daar moet tog nog ander redes voor te noem wees. As ek die Holsteiner Platt in die opsig beskou, (Fülle des Ausdrucks, §§ 53-67) konstateer ek 'n verrassende ooreenkoms in die gewoonte van die platduitse volkstaal en Afrikaans om versterking deur bepaalde verdubbeling uit te druk (Unsere Plattdeutsche Muttersprache, von G. F. Meyer, Garding, 1921), maar by die ontkenning staan sake tog anders, by die ontkenning kom dit haarfyn-presies ooreen met wat die Nederlandse, Engelse en Amerikaanse dialekte (om 'n paar te noem) vertoon in die algemeen. Vanwaar dan die verskil ?

Ook betwyfel ek dit of al die nie-konstruksies langs hierdie weg op 'n oortuiende wyse verklaarbaar is. Vir sy voorbeeld het prof. Bosman 'n verbale ontkenning gekies, seker die maklikste geval. Het die verskynsel dan hier begin ? Wie sal kom waardeer wat primair en wat sekundair is ? Kan ons nie liewers as primair voorbeelde soos: „Ek sien niemand nie" neem i.p.v. wat prof. Bosman

Sluiten